

‘Maak
‘Maak
Rasaad Adams
Die Boland-rugbyunie (BRU) het Sondag op ’n mediakonferensie in Wellington gesê vanjaar se Top- 12kompetisie met al sy kwalifiserende spanne gaan voort ondanks mediaberigte oor beweerde skeidsregter-omkopery waarby selfs Top- 12spanne glo betrek word.
Die unie sê hy het volle vertroue in die integriteit van die driedelige interne komitee wat aangestel is om dié bewerings te ondersoek.
Paarl Post het op 7 Augustus berig oor skokkende bewerings in Rapport oor die wedstrydknoeiery. Rapport het berig dat skeidsregters glo tot R15 000 omkoopgeld betaal word om wedstryde in die guns van plaaslike klubs in die Boland te beslis Fluitjieblasers het ook aan Rapport gesê klubs sou skeidsregters se brandstofkoste dek.
’n Duidelik bewoë Bennie van Rooi, president van die Boland-rugbyunie (BRU), het op Sondag se mediakonferen-
sie gesê die unie het volle vertroue en is tevrede met die wyse waarop die bewerings hanteer word.
Dit volg nadat die Kaapse Forum, ’n burgerregtegroep onder voorsitterskap van Heindrich Wyngaard, gevra het dat die Suid-Afrikaanse rugbyunie (Saru) ter wille van deursigtigheid by die ondersoeke betrek word.
“Boland kan eenvoudig nie homself ondersoek nie,” het Wyngaard vroeër gesê.
Volgens Van Rooi bestaan die ondersoek uit drie dele.
“Dit is die tugkomitee, Sanlam se neutrale ondersoekspan en dan het die klubvoorsitters ook gevra dat ’n derde komitee saamgestel word. Ek dink dis genoeg,” het hy gesê
Hy het nie uitgewei oor wat presies hierdie derde komitee behels nie.
Van Rooi is vroeg vandeesmaand deur die Kaapse Forum daarvan beskuldig dat hy persoonlike verhoudings met die
voorsitters van sommige rugbyklubs het en dit waarskynlik die integriteit van ondersoeke kan benadeel.
Hierop het hy Sondag gereageer: “Ek gaan nie my verhouding met die mense wat my as president verkies het, verander nie.
“Ek het ’n professionele rugby-verhouding met die voorsitters,” het hy gesê
Volgens Van Rooi is Sondagoggend op ’n vergadering met die BRU se 220 klubvoorsitters besluit dat vanjaar se Top-12-kompetisie voortgaan
Wyngaard het by navraag die besluit om die toernooi te laat voortgaan, verwelkom, maar volgehou dat die Kaapse Forum daarop sal aandring dat “Boland nie homself kan ondersoek nie”
Volgens Wyngaard sal hulle ook so ver gaan as om ’n skrywe te rig aan Gayton Mckenzie, die minister van sport, asook Mark Alexander, die Saru-president.
“Ons gaan daarop aandring dat hulle moet help om te verseker dat hierdie ondersoeke deeglik en onafhanklik hanteer word. As daar by Boland sulke probleme is, doen dit skade aan ’n groot deel van die Suid-Afrikaanse rugbygemeenskap. As hierdie beweerde knoeiery nie behoorlik oopgevlek word nie, gaan dit eenvoudig voortduur.”
“Kaapse Forum tree in die belang van klubs op wat stemloos is. In hierdie vergaderings waarna die president so verwys, kan ek jou verseker kry klubs nie die geleentheid om hulself vrylik uit te druk nie. Ons het die volste reg om ’n openbare sportliggaam uit te daag wat verteenwoordigend is van gemeenskappe waarin ons werk.”
ChantélleHartebeest
Die vermeende fotograaf-verkragter Achmat Alexander het die afgelope Maandag (18 Augustus) in die Paarl-streekshof in sy verhoor skuld ontken Alexander, ’n bekende fotograaf in die Paarl, word aangekla van die ontvoering en verkragting van Leighché (Leigh) Thomas Sy was 19 jaar oud toe die beweerde misdade glo in Desember 2021 gepleeg is Thomas het Maandag getuig sy het ’n paar jaar voor die beweerde verkragting by Alexander navraag gedoen oor fotosessies Sy was toe 16 jaar oud en Alexander het vir haar gesê sy is “onder ouderdom” Soos die jare verbygegaan het, het sy van die interaksie vergeet, totdat Alexander uit sy eie uit kontak met Thomas gemaak het met die aanbod van ’n fotosessie Sy was toe 19 jaar oud
Op die dag van die fotosessie het Alexander glo vir Thomas gesê dat die plek wat sy voorgestel het waar die foto’s geneem kon word, nie geskik is nie Hy het toe glo aangedring op ’n plek naby water en berge en hulle is na Bainskloofpas toe
In haar getuienis het Thomas gesê Alexander het haar alkohol aangebied Sy het die aanbod van die hand gewys Ten spyte hiervan het Alexander steeds by ’n winkel stilgehou en alkohol gekoop Volgens Thomas het hy gesê die drank gaan haar help om te ontspan. Nadat hy die drank gekoop het, het hy vir haar gewys hoe om tequila met bosbessiesap en ys te meng Thomas het erken dat sy ’n halwe glas van die drank gedrink het Dit het glo later geblyk dit het ’n dwelmmiddel bevat
Kort daarna het hulle met die fotosessie begin Alexander het toe na bewering vir Thomas aangesê om haar rok, wat tot by haar enkels hang, effens op te lig Sy sê hy het toe voorgestel dat hulle verder met die pad op vir nog foto’s ry Nadat hulle weer stilgehou het en buite die voertuig foto’s geneem het, het Alexander glo vir Thomas gesê om in die agterste sitplek van die voertuig te klim In haar getuienis het Thomas vertel hoe sy in daardie oomblik gevoel het Sy het gesê sy was bang, want daar was niemand anders behalwe hulle twee in die omgewing nie
Hy het haar selfoon by haar geneem en haar ouers het nie geweet waar sy was nie
Hy het homself op haar afgedwing en sy het uit vrees vir haar lewe gedoen wat hy vir haar gesê het
Thomas het getuig hoewel sy telkens “nee” gesê het, het Alexander voortgegaan om haar te verkrag Sy sê ook sy het nie die beskuldigde vooraf enige aanleiding gegee dat sy omgang met hom wou hê nie – nie in wat sy gesê het of selfs hoe sy haar gedra het nie Nadat sy verkrag is, sê
Thomas, het Alexander verder met haar gery om nog foto’s te neem Sy het vir hom gesê sy moet dringend by ’n badkamer kom, maar hy het net verder gegaan om foto’s te neem
Volgens Thomas het Alexander daarna met haar na ’n ander gebied gery om nog foto’s te neem. Sy onthou sy het steeds dieselfde rok aangehad Hy het uiteindelik by ’n vulstasie stilgehou sodat sy die badkamer kon gebruik Sy onthou daar was mense by die vulstasie, maar sy was nie lank genoeg alleen om vir hulp te vra nie Sy het getuig dat sy in daardie oomblik gedink het dat mense haar nie sou glo nie
Rasaad Adams
Die staat het die afgelope Maandag (18 Augustus) in die Paarl-landdroshof gesê hy sal volgende week borgtog teenstaan vir ’n 55-jarige man van Franschhoek wat verlede naweek weens die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie in hegtenis geneem is.
Volgens die staat het die twee beweerde slagoffers dié man vertrou en die feit dat hy in 2017 aan ’n soortgelyke oortreding skuldig bevind is, is genoeg rede om hom nie op borgtog vry te laat nie.
Die man is die afgelope Saterdag (16Augustus) omstreeks 07:00 die oggend by sy woning in Franschhoek in hegtenis geneem.
Hy het Maandag in die Paarl-landdroshof verskyn.
Sy identiteit word weerhou om die beweerde slagoffers te beskerm.
Hy het ook nog nie gepleit nie en sal eerskomende Dinsdag (26 Augustus) om borgtog aansoek doen.
Sy inhegtenisneming hou verband met video’s wat vroeër vanjaar aanlyn versprei is waarin hy glo seksueel met twee tienermeisies verkeer.
Een van die tienermeisies was in haar skooldrag
Die 55-jarige man se gesig was bedek toe hy verlede Saterdag (16Augustus) by sy Franschhoek-woning in hegtenis geneem is
soek vasstel dat hy in 2017 deur die Paarl-streekhof vir statutêre verkragting van ’n 17-jarige skoolmeisie skuldig bevind is en ’n opgeskorte vonnis gekry het.
Hy het dié skoolmeisie glo swanger gemaak en sy het later die baba weens ’n miskraam verloor
Dié skoolmeisie (van 2017) se ma het ook Maandag se hofverskyning bygewoon
Sy het aan die koerant vertel dat die man haar dogter al van 11-jarige ouderdom af glo seksueel voorberei het.
Jana Scheepers
Die jaarlikse Waterblommetjiefees, wat ongeveer 10 jaar oud is en een van die Drakenstein-vallei se hoogtepunte onder kos- en wynliefhebbers is, keer op Saterdag 6 September terug en beloof om ’n paradys vir die fynproewer te wees.
Toegang is gratis, met feesverrigtinge wat om 08:00 begin.
Die drie wynplase wat as deel van hiérdie fees besoek kan word, sluit in Windmeul Kelder, Rhebokskloof en Domaine Brahms almal buite die Paarl
Die fees val ook saam met Windmeul se maandelikse naweekmark, waar besoekers vars plaasprodukte, soos onder meer waterblommetjies, kan aanskaf.
“Die waterblommetjie (ook bekend as Cape Pond Weed, Water Hawthorne of vleikos) is ’n inheemse lekkerny wat slegs in die Boland in die Wes-Kaap voorkom. Dit word net vir ’n kort tydjie elke jaar geoes, wat dit ’n gesogte bestanddeel maak. Dit word gebruik in tradisionele geregte soos die bekende waterblommetjiebredie en die KhoiKhoi het dit ook vir mediese doeleindes gebruik omdat dit ryk aan verskeie vitamiene is,” volgens die Waterblommetjiefees se webtuiste
WINDMEULKELDER
Begin die dag by Windmeul Kelder, die stigter van die fees, met die maandelikse mark, waar jy ’n stewige ontbyt kan geniet, deur die stalletjies kan loop en vars produkte kan koop. Kyk ook hoe die deelnemers in die potjiekoskompetisie meeding. Geniet ’n waterblommetjiebredieen-wyn-paring tussen 10:00 en 12:00, met die resep van verlede jaar se wenners saam met die 2023 Pinotage of vanjaar se Chenin Blanc. Spesiale aanbiedinge op Windmeul Wyne is beskikbaar by die proelokaal. Fiksheidsentoesiaste kan inskryf vir die Run the Vines-staproete, ’n maklike 5km-, ’n 10km- of die meer uitdagende 17 km-roete Daar is ’n spesiaal ingerigte speelarea vir kinders met ’n springkasteel, gesigverf en ballonvou. Die Ou Meul Bakkery gaan sy heerlike steak-en-waterblommetjietiepasteie en
word, soos waterblommetjie-tempura, waterblommetjie-en-lam-spanakopita, waterblommetjie-en-vark-skenkelsop, waterblommetjie-, halloumi- en olyfsosaties asook ’n waterblommetjie-en-beesvleispoffertjie met gekaramelliseerde uie.
Rugbyliefhebbers hoef nie bekommerd te wees nie, omdat die Springbokke se kragmeting teen die All Blacks op ’n grootskerm uitgesaai sal word, wat onderdak sal wees vir ingeval dit reën.
Die maandelikse mark bied heerlike eet- en drinkgoed. Die Rhebokskloof-stalletjie sal ’n verskeidenheid disse aanbied wat geïnspireer is deur die bestanddeel van die dag, soos ’n waterblommetjie-lamsbredie, ’n slaai met waterblommetjies, asook ’n waterblommetjie-hoenderpaella. ’n Springkasteel en grasperke sal sorg vir vermaak vir die kinders.
MTB-entoesiaste kan om 08:00 saam met Paarl Trails aansluit vir ’n begeleide fietsrit op die skilderagtige landgoed Afstande wissel van 20km- tot 50km-roetes.
DOMAINEBRAHMS
Rasaad Adams
Expanding its footprint and establishing it as the radio station that instils a sense of pride and belonging in its listeners, wherever they may find themselves
This is the vision Nicolette Kinnear, new General Manager of KC 107 7, has for Drakenstein’s community radio station
Bringing more than 25 years of radio-station management experience to the table, she took her new post up at the start of Women’s Month, signifying the start of a strong, capable and enthusiastic female-led era at KC 107 7
Kinnear lives in Cape Town and commutes to Paarl daily
She is the widow of slain police Anti-Gang Unit head in the Western Cape Lt-Col Charl Kinnear, gunned down outside his home on 18 September 2020
Kinnear told Paarl Post that although a born-and-bred Capetonian she in a very short time she has become familiar with the Drakenstein area, and specifically the Paarl Valley, and its social heartbeat
In her two decades’ experience in radio and television she had always worked behind the scenes, she pointed out “Although I have never been a presenter myself I do know that what people hear on air is the final product of many things happening behind the scenes
“At the end of the day it is about providing quality content to listeners, but also ensuring advertisers get value for their money
“I prayed to God to put me out there in the vineyards where I can make a difference And He came and planted me right here, at a radio station with more than 500 000 listeners
“Community radio is a different space One truly becomes part of the community, becoming involved in various outreach projects In the process one gets to know a radio station’s listeners personally
“The listeners feel the station is theirs and will walk in at any given time ”
Kinnear said she was privileged to
“meet the listener before the team” at a Women’s Month event on 1 August She said her short-term goals include expanding the footprint of the community broadcaster
“KC has and continues to grow outside Paarl We must continue to expand and yet bring that unique flavour the station is renowned for
“Yes, we need to maintain our authenticity; when people tune in from outside Paarl they mustn’t feel lost when it comes to the lingo and what is happening in the valley
“We are slowly realising we are not the sum total of our immediate areas any longer ”
Chair of KC’s board Dr Harlan Cloete said: “Nicolette brings an energising blend of vision, empathy and operational strength
“Her dedication to inclusive storytelling and collaborative innovation aligns so powerfully with our station’s future and the community we serve ” As General Manager Kinnear will oversee the station’s operations, spearhead strategic partnerships and help shape the broadcaster’s editorial direction as it deepens its connection to diverse audiences
She took the reins over from Naushad Khan
He is stepping away from day-to-day operations, but will continue to play a vital role in driving strategic business development and enhancing stakeholder engagement
JanaScheepers
’n Byeboer van Wellington het ongeveer
R175 000 se skade gely nadat 70 van sy byekorwe op 7 Augustus op ’n plaas buite Hermon, waar dit in kanolalande gestaan het, gesteel is.
Volgens Johann Kotze (31), ’n inwoner van Wellington, het hy sy onderneming, genaamnd JCK Honey, 11 jaar gelede gestig om ’n ekstra inkomste te verdien Volgens hom verpak hy self sy heuning, waarna hy dit op plaas- en feesmarkte verkoop
Hy het gesê hy het laat die aand op 7Augustus agtergekom sy byekorwe is op die betrokke plaas gesteel nadat hy sy rondes gedoen het om sy byekorwe na te gaan
Hierdie gesteelde korwe was sowat 2km van die openbare pad in kanolalande – juis om diefstal te voorkom
Kotze vermoed iemand het hom dalk “dopgehou” of kon die byekorwe steeds op ’n manier van die pad af sien Sy kiste is met ’n unieke nommer – “WC0189” – gemerk
Volgens hom is hy steeds optimisties dat hy sy gesteelde korwe sal terugkry omdat die nuus van die diefstal reeds wyd en syd gedeel is ’n Jaar gelede is ongeveer 15 van sy korwe gesteel, maar dié het naby aan ’n openbare pad gestaan Hy het nooit hierdie korwe teruggekry nie
Kotze skat sy verlies, bestaande uit die 70 korwe en die bestuiwings waarvoor die boer op wie se plaas hy die korwe in die kanolalande geplaas het, hom sou betaal, op sowat R175 000
Hierdie bedrag sluit egter nie die swerms bye in wat ook verlore gegaan het nie, omdat dit moeilik is om ’n geldwaarde hieraan te koppel
Volgens Kotze vang hy meestal sy eie bye deur kiste wat hy met ’n soet vloeistof smeer om die bye te lok, of swerms wat hy by mense se huise of op ander plekke verwyder
Hy het ’n bewys gestuur van ’n klagte wat hy by die Wellington-polisie aangemeld het, maar wat na die Riebeeck-Wes-polisiekantoor oorgeplaas is Volgens sers Henry du Rand, ’n woordvoerder verbonde aan die Malmesbury-polisie, is geen so ’n saak egter in die Riebeeck-Wes-polisiekantoor se databank nie
Chantélle Hartebeest
’n Stop-en-ry-verkeersbeheerstelsel sal oor die volgende drie maande op die R45 gebruik word terwyl infrastruktuur- en herstelwerk op dié pad in die Franschhoek- en Simondium-gebied gedoen sal word
Die Wes-Kaapse departement van infrastruktuur het die afgelope Maandag (18 Augustus) ’n kennisgewing oor die beplande herstelwerk uitgereik
Herstelwerk is geskeduleer om van die middel van Augustus tot die einde van Desember te duur
Herstel- en teer-laswerk sal van die Franschhoek-afrit
tot by Mont Rochelle-natuurreservaat gedoen word Die herstelwerk vereis dat hierdie gedeelte van die R45 24 uur per dag gesluit bly totdat die werk afgehandel is
Die pad sal bedags van Medi Centre tot by Mercedes gesluit wees terwyl waterpype by die Ou Paarl-pad verskuif sal word
Die pad van die Vrede & Lust-wynlandgoed tot by Agrimark sal vir 24 uur gesluit word By hierdie gedeelte van die R45 sal dreineringspype onder die grond gebou word vir water om onderdeur die pad te beweeg
Die datums vir die aanvang en voltooiing van die herstelwerk is nie verskaf nie
Chantélle Hartebeest
Die nuwe begraafplaas van die Drakenstein-munisipaliteit het uiteindelik geopen
Faarieg Rhoda, Drakenstein se waarnemende direkteur van gemeenskapsdienste, het bevestig dat die eerste begrafnisse by die Nieuwedrift-begraafplaas in die Paarl reeds die eerste naweek van Augustus plaasgevind het. Die munisipaliteit was genoodsaak om hierdie begraafplaas te ontwikkel nadat die Klein Parys-begraafplaas sy volle kapasiteit bereik het.
Drakenstein het voorheen, by monde van David Delaney gesê ’n verdere R2miljoen is vir dié ontwikkeling vir die 2027-’28-boekjaar geoormerk. Delaney het destyds in die posisie as waarnemende direkteur van gemeenskapsdienste gedien “Jaarlikse toewysings sal gemaak word namate die begraafplaas verder ontwikkel word. Wanneer dit voltooi is, sal die vermoë van die Nieuwedrift-begraafplaas na raming 13800 grafte wees, tesame met toegangsbeheer en heinings, uitgebreide parkeergeriewe, kantoorruimte en ablusiegeriewe op die perseel,
word dus juis ontwikkel om in toekomstige begrafnisbehoeftes te voorsien, terwyl omgewingsbewaring en begrotingsrealiteite in ag geneem word.”
Die munisipaliteit het verlede maand begin om die breë interne paaie van die Klein Parys-begraafplaas te vernou en die ruimte vir grafte te gebruik.
“Weens hierdie dringende behoefte aan en aanvraag vir grafruimte het die munisipaliteit besluit om die breër paaie in die Klein Parys-begraafplaas te vernou en dié ekstra ruimte vir grafte te gebruik. Op dié manier kan voertuie steeds grafte in die
Rasaad Adams
Vyf dae nadat hy sy babaseuntjie se eerste verjaarsdag én sy eie 22ste verjaarsdag op dieselfde dag gevier het, is Jade Williams (22), ’n jong pa van Wellington, deur ’n jare lange vriend doodgesteek.
Die beweerde voorval het die afgelope naweek by dieselfde woning plaasgevind waar Williams se seuntjie, Izayro Fortuin, ’n jaar gelede op 11 Augustus gebore is. Williams was met die geboorte daar en het sy baba self “gevang”, vertel sy pa, Brenten Cupido.
Volgens Cupido was die familie stomgeslaan toe die Wellington-landdroshof Williams se vermeende moordenaar die afgelope Dinsdag (19 Augustus) op borgtog van R1000 vrygelaat het.
“Is my kind se lewe dan [net] R1000 werd?” het Cupido na afloop van die vermeende moor-
denaar se hofverskyning gevra
Cupido het aan Paarl Post vertel dat hy die afgelope Saterdag (16 Augustus) rugby gekyk het toe Williams se vriende by die huis opdaag met die nuus dat hy gesteek is “Van wat ons verstaan, het hy en sy eksmeisie (Izayro se ma) blykbaar oor iets gestry. Sy vriend, Edrique [Langeveld], was ook daar en het glo by die stryery betrokke geraak. Hulle twee het toe aan die baklei geraak en dís toe Edrique [na bewering] ’n mes uitgehaal en hom gesteek het,” het Williams se pa gesê.
‘HOEKON’NHEGTEVRIENDHOM DOODMAAK?’
Volgens Cupido is Williams in die gesig, hand en bors gesteek. Langeveld (19) het glo van die toneel af gevlug, maar is later deur die polisie, wat volgens Cupido binne minute op die toneel was, aangekeer
“Toe ek daar kom, was daar
drie polisievoertuie. Hulle almal het net die situasie staan en dophou. Nie een het my seun gehelp [nie].
“Dis toe ek besluit het om hom self in my kar te laai en ons is hospitaal toe.”
Williams het met sy aankoms by die hospitaal aan sy wonde beswyk, het kol. Johan Barkhuizen, die bevelvoerder van die Wellington-polisiekantoor, op navraag bevestig.
Langeveld is van moord aangekla en die saak is tot 3Oktober vir verdere ondersoek uitgestel
Cupido sê hy sukkel om die gebeure te verwerk en om te begryp dat ’n vriend van sy seun vir sy moord aangekla is.
“Hulle het saam grootgeword en gereeld saam gekuier.
“Sy hele houding vandag (Dinsdag) in die hof het ook sommer gewys hy voel niks gaan met hom gebeur nie.
“Ons het ’n kind, kleinkind, vriend en jong vader verloor.”
Cupido sê Williams was baie lief vir Izayro.
“My seun se lewe het met Izayro se geboorte verlede jaar drasties verander. Ek kon sien hoe hy baie meer verantwoordelik begin optree Hy het sy kind omtrent elke dag gesien. Hy was ’n liefdevolle pa.
“Daar was nooit ’n slegte oomblik met hom nie. Hy was altyd vol grappe en het van
musiek gehou Hy was seker nou nie die beste danser nie, maar hy het graag gedans,” het Cupido vertel. Williams en sy jonger broer, Donovan, was albei nog jonk toe hul ma oorlede is •’n Roudiens word vir volgende Donderdag (28 Augustus) beplan. Williams se begrafnis vind volgende Sondag (31 Augustus) plaas
Chantélle Hartebeest
Die oop stuk grond tussen Klein Drakenstein-weg en Mackierstraat in die Paarl is vir jare al ’n brandpunt waar mense gereeld vullis onwettig stort.
Thys Serfontein, die Drakensteinmunisipaliteit se senior bestuurder vir vaste afval en stortingsterreinbestuur, sê die munisipaliteit het hierdie spesifieke oop stuk grond reeds as ’n probleemgebied geïdentifiseer en maak gereeld daar skoon. Verlede week kon gesien word hoe munisipale werkers die afval op die oop stuk grond opruim.
“Die Drakenstein-munisipaliteit doen gereeld opruimingswerk op plekke en in gebiede waar mense rommel onwettig stort as deel van ons opruimingsprogram, wat ook die gebruik van vragmotors en laaigrawe behels.
By navraag het Paarl Post gevra of die plasing van vullishouers in die gebied sal help om die onwettige vullisstorting hok te slaan.
“Ons het voorheen ondervind dat mense vullis uit die vullishouers gooi, wat ons personeel dan moet optel,” sê Serfontein “Die munisipaliteit sal egter weer ondersoek instel of ’n 3m³-vullishouer daar geplaas kan word. Inwoners word vriendelik versoek om huishoudelike vullis slegs op die geskeduleerde vullisverwyderingsdag uit te plaas en nie huishoudelike of ander vullis onwettig te stort nie.”
Verder herinner Serfontein inwoners om te onthou dat onwettige vullisstorting ’n oortreding is. Enigeen wat bewus is van onwettige vullisstorting kan in kantoorure 0218074751 of na ure 0801313553 tolvry skakel om dit aan te meld.
JanaScheepers
The Drakenstein Child Health Study (DCHS), led by the University of Cape Town’s Department of Paediatrics and Child Health, opened a R1 million multipurpose sports field at Langabuya Primary School, Mbekweni, which serves a low socioeconomic community, on 25 July The project reflects the study’s commitment to supporting the community and provides a multipurpose field for learners, many of whom are part of the DCHS
SOCCERFIELD
Professor Heather Zar, Principal Investigator of the DCHS, said the soccer field was at the top of Langabuya Primary’s wish list when she first met with the school principal a decade ago Since then several requests have been met, including repainting the school, building a library and providing teacher training Construction of the R1 million field began in early 2025 and was completed in May
THESTUDY
The DCHS, launched in 2010, is the first of its kind in Africa, tracking children’s health from birth through adolescence in low- to middle-income settings It follows mothers and their children from pregnancy with regular health checks to understand the factors that promote health, contribute to illness and shape long-term outcomes
STUDYFOCUS
The study specifically focuses on mothers and their children from low socioeco-
nomic communities Approximately 1 100 mothers were enrolled, attending either the Mbekweni Community Day Centre (CDC) or the TC Newman CDC, with a dropout rate of only 10% over 10 years
According to Zar, several potential sites were considered for the study, but ultimately these two areas in Paarl were chosen for several reasons:
• The sites are representative of low socioeconomic communities and the health challenges these face, but there is a very strong primary health care programme of immunisation and prevention of mother to child HIV transmission run by the Western Cape Health Department (WCHD);
• The community’s willingness and enthusiasm to participate;
• Discussions with the WCHD regarding available space where the study could operate without disrupting but rather supporting clinical services;
• The differences between the two groups of mothers (those attending TC Newman and those at Mbekweni CDC) who are distinct communities with different challenges; and
• Lack of research on maternal and child health in this area despite the many health challenges
The DCHS, originally supported by the Gates Foundation, initially set out to investigate the causes and drivers of pneumonia in children living in low- and middle-income settings such as Mbekweni and Paarl East
Despite the introduction of vaccines
targeting major bacterial causes, results showed that one in two children developed pneumonia within their first two years of life
Significantly, Respiratory Syncytial Virus (RSV) (rather than bacteria) emerged as the leading cause
This discovery, now confirmed globally, has informed the development of new interventions, including a maternalvaccine recently approved in South Africa to protect infants during their first six months of life
Another significant finding is that childhood pneumonia has lasting effects on lung health DCHS researchers discovered that each episode of pneumonia reduces a child’s lung function, potentially setting them on a lifelong path of impaired respiratory health
The study also highlights that conditions such as Chronic Obstructive Pulmonary disease (COPD), once thought to be primarily caused by adult smoking, can be traced back to early-life pneumonia
This findings underlie the urgent need to prevent and treat pneumonia in childhood to reduce the long-term burden of respiratory disease
Currently participants are followed through adolescence to understand how early life infections or other adverse exposures predispose to the development of non-communicable diseases such as asthma in adolescence
It would be ideal to follow participants through having their own children to see how their grandmother and mothers' health and specific exposures affected them, she added
Gimnasium se eersteseunshokkiespan het ’n tweede plek by die o 18-Guschkietopskole-toernooi behaal nadat hulle die knie 1-2 teen die Grey Kollege in Bloemfontein in ’n naelbyteindstryd moes buig
Juan Swanepoel is as die beste doelskieter van die toernooi aangewys, terwyl die span se afrigter, Jacques Grobler, met die eerbewys as die afrigter van die toernooi weggestap het
“Dis ’n groot eer om as die beste doelskieter aangewys te word, maar dit bly ’n spansport en ek sou baie liewer gehad het dat ons die toernooi gewen het Ek is trots op my bydrae, maar die hoogtepunt vir my was om ons laaste toernooi saam met my spanmaats te speel en, ten spyte daarvan dat ons die eindronde verloor het, dit steeds te kon geniet ” Volgens Grobler dink hy die seuns het
uitsonderlike hokkie gespeel, ten spyte daarvan dat hulle nie gewen het nie
“Ek is baie trots op die seuns se vertonings ten spyte van die eindwedstryd wat hulle verloor het Baie geluk aan Grey Kollege Hulle het ’n uitsonderlike wedstryd gespeel en ons het net ’n bietjie stadig begin Dit was ’n prettige en opwindende wedstryd Ek wil net graag vir Grey Kollege dankie sê vir die geleentheid vir ons seuns om aan die Guschkie-beker deel te neem Ons het ’n wonderlike tyd gehad en die seuns het die toernooi terdeë geniet ” Oor sy toekenning sê Grobler: “Ek voel geëerd om hierdie toekenning te ontvang, maar ek dink ek was gelukkig om in die geselskap van baie goeie afrigters te wees en altyd iets by my mededingers te leer Dit is nie ’n toekenning waaraan ek gewoond is nie Ek is dankbaar teenoor die organiseringskomitee dat hulle my benoem het ”
Joubert wen jaarlikse derby in sy 60ste bestaansjaar
was ’n groot oomblik vir die Paulus Joubert Sekondêre Skool (PJSS) toe dié skool as die wenner van die jaarlikse derby teen die Hoërskool Noorder Paarl (NP) gekroon is Die hoof-rugbywedstryd het by die Faurestadion in die Paarl plaasgevind PJSS het 36-12 gewen Boonop vier dié skool vanjaar sy 60ste verjaarsdag PJSS se o 19A-rugbyspan,afrigters en bestuurspan was in hul noppies met hul trofee Foto: Ernest Kilowan
NPHS thrive in Valley Eisteddfod recitation category
Noorder Paarl High School learners proudly participated in the Paarl Valley Eisteddfod recitation
Orleansvale-speler in Boland Sentraal-span
Ghiaan Stemmers, ’n leerder van Orleansvale Primêr, is onlangs in die o 12Boland Sentraal-rugbyspan opgeneem Sy skool
The matric learners of Al-Azhar Institute Paarl are excited about spending their last days at school before fully starting to prepare for the end-of-year examinations At the back(from left) are Leon Manyevere, Zakariya Fredericks, Mizhoan Blankenberg, Yasin Qumane, Rameez Surrani and Gordan Skippers Centre: Najma Koopman, principal Rachieda Cupido, Assif-Ali Davids, Rameez Harredine, Shaqiel Sha, Akeefah Behardien and Laylah Rodgers In front: Aaliyah Moerat
Frank Pietersen duo to National Youth Jazz Fest
Two of the Frank Pietersen Jazz Ensemble Educators, Matthew Perry (saxophone) and Carin Thompson (violin) took four learners to Makhanda to take part in the National Youth Jazz Festival Here the participants were allocated to ensembles with whom they spent the week making music and being coached Every year the festival forms
Yael du Plessis (singing), Caleb Dlamini, Wesley Kakwata, Jermaine de Wee and Carin Thompson
Netbalspanne ding mee
Paulus Joubert Senior Sekondêr (PJSS) en die Hoërskool Noorder Paarl se o 19A-netbalspan het ook verlede week in hul jaarlikse derbystryd teen mekaar te staan gekom Op die foto pronk die PJSS-meisies nadat hulle 34-13 gewen het Foto: Ernest Kilowan
Chantélle Hartebeest
’n Merkwaardige vrou soos
Celeste Klem val nie net uit die lug uit nie. Inteendeel –sy is gevorm deur die vroue wat jare lank ’n pad met haar gestap en haar ondersteun het om ’n goeie lewe vir haarself uit te kerf.
“My ouma Catherine Martin –ek is na haar genoem, want my tweede naam is Catherine – het onlangs haar 99ste verjaarsdag gevier. Toe ek haar vra wat is die geheim vir ’n lang lewe, toe sê sy my ‘eer jou vader en moeder en jou dae sal verleng word’. Dis hoekom dit vir my so spesiaal is dat my eie ma, Desiree Martin, nog in my lewe is. Sy is my inspirasie Sy is die een mens wat my die beste ken – vandat ek gebore is.” Klem, wat die mede-eienaar is van Hotel du Vin en Café du Vin in Franschhoek, trek krag uit haar ma se veerkragtigheid waarvan sy van jongs af ’n getuie is.
“Ek het grootgeword en gesien hoe my ma deur baie moeilike omstandighede steeds haar kop hoog hou. Sy het my geleer om sterk te wees en om as kind al te weet dat ek onafhanklik moet wees. Sy’t my al op 16 jaar geleer bestuur en ek’t op 18 jaar my rybewys gekry. Ek is baie dankbaar vir my ma – ek eer en ek respekteer haar. Ek sal ook berge klim vir haar. Dan is daar ook my twee susters, Hilary
Steenkamp en Deidre Williams. Ek aanvaar baie raad van hulle en ek waardeer hulle. Hulle is ook my grootste cheerleaders en sal my altyd aanmoedig om voort te gaan met die goeie werk wat ek doen As ek af voel, dan sal hulle my oplig en my met hul oneindige liefde weer sterk maak. Ek is baie geseënd.”
Vandag spog Klem trots met ’n suksesvolle loopbaan in die gasvryheidsbedryf Sy het al verskeie toekennings ontvang, onder meer vir Bestuurder van die Jaar, maar dit het nie maklik gekom en net in haar skoot geval nie.
SUKSESWORDVERDIEN
“Ek was maar nog altyd ’n kreatiewe kind wat altyd dinge gedoen het wat my bang gemaak het. Ek dink dit het my sterk gemaak vir die sakewêreld. Dus, om hard te werk, is natuurlik vir my. Ek geniet baie wat ek doen in my werk en om ’n invloed in ander mense se lewe te hê, is vir my baie spesiaal. Ek het elke dag in my leiersposisie die geleentheid om mense se lewe te verbeter en soms te kan verander. Dit is nie ’n maklike bedryf nie. Die geheim is eenvoudig – om suksesvol te wees, moet jy kan hard werk, ’n goeie hart hê en goeie dinge doen. ’n Mens kry nie sukses op ’n goue skinkbord nie; jy moet dit maar verdien.
“Ek is vanjaar as Best Newly Appointed General Manager in Africa 2025 aangewys. Toe
weet ek, dit kan mos net die Here wees. Want ek het vir nie een van hierdie toekennings ingeskryf nie. Dit is dus vir my baie spesiaal dat ek op ’n nasionale en inter-kontinentale vlak vereer word.”
Volgens Klem maak sy dit haar missie as leier in die werkplek om toe te sien dat haar kollegas met respek hanteer
word. Voordat sy in die posisie gekom het waar sy vandag is, onthou Klem daar was ’n tyd toe sy in ’n toksiese werksplek gewerk het. Sy vertel sy is geboelie, stief behandel en die verwagtinge was onredelik. Dit het so erg geword dat sy ’n ineenstorting gehad het en angs is by haar gediagnoseer.
BELOFTEGEHOU
“Dit was vir my een van die moeilikste dinge om met die publiek te werk, want dit was vir my en my gesin iets wat ons in privaatheid hanteer het. Toe ek eers uit daardie werk is en my nuwe werk begin, toe begin my genesing. Ek het baie goeie lesse geleer Ek het myself belowe as ’n leier in die werkplek sal ek nooit my werkers blootstel aan wat ek gesien het nie en as ek vandag na my werknemers by die Hotel en Café kyk, kan ek met trots sê ek het my belofte aan myself gehou.”
Sy is ook die trotse vrou van Anri en ’n goeie ma vir Zachary.
“My man, Anri Klem, bestuur ons onderneming, C&S Digital Media, wat hier in die Paarl in klank spesialiseer. Ons seun, Zachary, is 14 jaar oud en op hoërskool. Ons maak dit ’n doelwit om saam te bid en saam kerk toe te gaan. God bind ons as ’n gesin en dit is vir my baie spesiaal. Dit maak my hart vol en ek glimlag behoorlik as ek van hulle tweetjies praat.”
Te midde van Vrouemaand wil Klem ander vroue bemoedig om te fokus op die taak wat voor hulle lê
“Moet jou nie steur aan mense wat jou wil afkraak of afbreek nie.
“Bly gefokus op God se plan vir jou lewe en moenie bang wees nie. Doen wat in jou hart is Doen wat goed is, en goeie dinge sal met jou gebeur.”
Neil-Willem Büchner neem beheer van die bal in die o 19A-seunshokkiewedstryd, terwyl sy teenstanders van Swartland moedig ’n terugvegpoging aanwend Hugenote het die wedstryd 3-1 gewen. Foto s: Youthsports.co.za| Charmaine Stander
’n Gefokusde Amalie du Plessis, die kaptein van Hugenote se o 19A-meisieshokkiespan, hou haar oog op die bal in die interskolekragmeting teen die Hoërskool Swartland. Die telling het 1-1 gelykop geëindig
Spangenberg (Hugenote) bars deur die verdediging in die o 19A-interskole-rugbykragmeting
Hugenote se Paul Conradie skakel oor na die volgende rat in die hoop om punte op die bord te kry vir sy span in ’n naelbyt o 19A-interskolekragmeting op die Hoërskool Swartland se tuisveld
Die Hugenote-spanmaats Henré Kotze en Blessing Malema omhels mekaar nadat Blessing met die hulp van die kaptein, Heymish Zyster (agter), ’n doel vir sy span in die o.19A-seunshokkiewedstryd aangeteken het Foto: Maryke Swart
Riquelmé Albertus soek aansluiting by ’n spanmaat in die o 19A-netbalwedstryd Foto: Maryke Swart
Hoërskool se o 19A-netbalspan het die eerste keer sedert 2018 ’n interskole-oorwinning
se o 19A-netbalkaptein, Janay Bezuidenhoudt, met ’n ferm greep op die bal terwyl sy aansluiting soek by haar spanmaats. Foto: Maryke Swart
Dierosettemeisie,NitaJoubert,enhoofdirigente,Albert LourensenMienkeJansevanRensburg,bydievoorstellingvandieo.19A-rugbyspan.Foto:MarykeSwart
Hugenote-spanmaats wens mekaar geluk met hul Interskoleoorwinning in die o.19A- rugbykragmeting waar Hugenote die wedstryd met ’n enkele punt (telling 26-25) teen Swartland beklink het
Ons bedank graag die hele gemeenskap, ouers en leerders wat die Interskole byeenkoms ondersteun het. Ons as skool is trots daarop en sonder julle was dit nie moontlik nie.
Drakenstein Sakekamer praat groot sake oor ontbyt
Die Drakenstein Sakekamer het verlede Vrydag (15 Augustus) ’n sakeontbyt by die Nederburg-wynplaas aangebied Genfin was die hoofborg van die oggend Agter, van links, is Shaun Hartley (besigheidsontwikkeling en verkope: Genfin), Lyle Solomns (Genfin), Dirk Breytenbach (Drakenstein Sakekamer-voorsitter) en Dr Willie Cilliers van die AHI Voor is Ilde Naude (Bemarking: Drakenstein Sakekamer) en Francis Nieuwoudt (Kommersialisering van dienste en bemarking: Drakenstein Sakekamer). Die volgende sakekoffie vind op 5 September plaas Alle ondernemings is welkom