







Every year on 10 September the world observes World Suicide Prevention Day to raise awareness and strengthen global commitment to preventing suicide
It is a reminder that suicide is not only a deeply personal tragedy but also a pressing public health issue that affects millions of families and communities
In South Africa, the challenge is stark The South African Depression and Anxiety Group (Sadag) reports that as many as 23 South Africans die by suicide every day, while hundreds more attempt it
Studies suggest that young people, particularly those aged 15 to 29, are among the most vulnerable groups
Economic stress, unemployment, substance abuse, stigma around mental health, and limited access to quality mental healthcare services are all contributing factors
Experts stress that prevention begins with open conversations
Too often, stigma silences people who may be struggling with depression, anxiety, or feelings of hopelessness
World Suicide Prevention Day is not just about remembrance but more importantly about action
By speaking up, supporting one another, and pushing for better access to mental health services, South Africans can help turn the tide on this silent crisis
If you or someone you know is struggling, you are not alone You can contact the Sadag Suicide Helpline at 0800 567 567, available 24 hours a day
Rasaad Adams
Die familie van ’n 24-jarige veroor
Jana Scheepers
’n Ernstige botsing het Sondagaand (7 September) omstreeks 19:45 op die N1-snelweg in die Paarl gebeur toe ’n motoris glo in die verkeerde baan in aankomende verkeer vasgery het.
Volgens Kurt Maske, ’n ER24-paramedikus, wat op die toneel was, was vier mense by die botsing reg van voor betrokke, wat twee volwassenes en twee minderjariges insluit. Een minderjarige is in ’n kritieke toestand, terwyl die ander ernstige beserings opgedoen het.
Geen sterftes is aangemeld nie.
Die botsing het, volgens Maske, naby die Jan van Riebeeck-afrit plaasgevind.
Hy het verduidelik dat hy kort ná die oproep, wat hy om ongeveer 19:45 ontvang het, op die toneel was en onmiddellik bystand aan die kritiek beseerde minderjarige gebied het.
’n Ooggetuie het aan Paarl Post gesê dat die botsing op die N1 in die rigting van Kaapstad gebeur het.
’n Volkswagen Polo, wat glo aan die verkeerde kant van die N1 gery het, het naby die Graceland-waterpark teen ’n Audi gebots.
Paarl Post het by die Paarl-polisie navraag gedoen, maar geen terugvoer is ontvang nie. Die koerant wou onder meer vasstel of die Polo-bestuurder onder die invloed van alkohol was en of enigiemand in hegtenis geneem is.
Jana Scheepers
Saterdag (6 September) was ’n hartseer dag vir die Chicago-gemeenskap in die Paarl nadat ’n vrou in ’n brand, wat in Bosbokstraat uitgebreek het, omgekom het.
Volgens kapt. Basil Seekoei, ’n woordvoerder vir die Paarl-Oos-polisiekantoor, het die brand om ongeveer 05:00 uitgebreek. Hy het bevestig ’n 34-jarige slagoffer is in die brand dood.
Seekoei het bygevoeg geen misdaad word vermoed nie en ’n geregtelike doodsondersoek is by die Paarl-Oos-
polisie geopen. Die familie van die oorledene het bevestig dat dit ’n vrou is wat gesterf het, maar hulle het geen verdere inligting verskaf nie.
Volgens Wynand Els, die Drakenstein-munisipaliteit se waarnemende direkteur van openbare veiligheid, het die munisipaliteit se brandweerdienste om 05:48 ’n oproep van ’n brand gekry, waarna hulle om 05:00 op die toneel was. Volgens Els is slegs een struktuur verwoes. Die oorsaak van die brand was teen druktyd nog onbekend.
Jana Scheepers ’n Gesamentlike optrede deur Maitland se blitspatrollie en lede van die Klapmuts-plaaswag het die afgelope Maandag (8September) tot ’n groot deurbraak in die stryd teen onwettige drankvervaardiging gelei.
Polisiebeamptes het drankvoorraad en toerusting vir die vervaardiging van alkohol in ’n huis op ’n landgoed langs die R44 gevind.
Die beslagleggings het onder meer groot 1000liter-houers, bottels, masjiene en etanol ingesluit.
Sewe Somaliërs (vyf mans tussen 25 en 43 jaar oud), asook twee vroue (albei 20) is vir beweerde oortredings van die drankwet in hegtenis geneem. Hulle sal luidens ’n verklaring deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ná formalisering van die aanklagte in die Paarl-landdroshof verskyn.
Volgens Erica de Villiers, ’n woordvoerder vir die Klapmuts-plaaswag, het
plaaswaglede die blitspatrollie met twee vurkhysers ondersteun, wat aangewend is om die groot hoeveelhede drank en toerusting op ’n vragmotor te laai Sy het bevestig dat die onwettige voorraad tot laat die aand verwyder is – die optrede was eers teen 23:00 afgehandel, ná ure se beslaglegging, wat reeds om 20:00 begin het.
Volgens inligting wat die koerant bekom het, is die woning waar die onwettige drank aangetref is, glo verhuur, met die verhuurder wat moontlik by die bedrywighede betrek word.
Die huurder is nie een van die sewe mense wat in hegtenis geneem is nie, omdat hy nie by die huis was ten tyde die polisie se besoek nie.
Paarl Post het na die Klapmuts-polisie uitgereik om onder meer vas te stel of die Somaliërs wettig in Suid-Afrika is, asook om die datum van hul eerste hofverskyning te kry, maar het geen terugvoer ontvang nie.
Rasaad Adams
“Ek is ’n man Ek het behoeftes Dit was ’n oomblik van swakheid en sy het haarself beskikbaar gestel ”
Dít was Maandag (8 September) die getuienis van ’n 55-jarige man van Franschhoek, wat van die seksuele voorbereiding van ’n minderjarige en die vervaardiging en besit van kinderpornografie beskuldig word, toe sy borgtogaansoek in die Paarl-landdroshof voortgesit is
Die man staan tereg op drie aanklagte – die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie; die seksuele voorbereiding van ’n minderjarige en die besit van kinderpornografie
Dit hou verband met ’n video wat aanlyn gesirkuleer is waarin hy met ’n tienermeisie in haar skooldrag seksueel verkeer
Hy is op 16 Augustus by sy woning in Franschhoek in hegtenis geneem
Dieselfde man is ook in 2017 aan statutêre verkragting van ’n 17-jarige meisie – ook van Franschhoek –aangekla en skuldig bevind
Hy is in daardie stadium ’n opgeskorte vonnis in die Paarl-streekhof opgelê, maar sy naam is wel in die nasionale register van seksoortreders aangeteken
Die staat wou Maandag onder meer weet hoekom die beskuldigde gegewe sy vorige veroordelings toegelaat is om ekstra lesse aan leerders te bied en leerders te vervoer
Die staat het ook die beskuldigde se gebrek aan onderwyskwalifikasies uitgewys, nadat hy, soos wat hy getuig het, vir langer as 20 jaar by verskeie skole betrokke was
Die man is Maandag deur die staat onder kruisondervraging geneem, waartydens hy homself verskeie kere weerspreek het Hy het Maandag aanvanklik getuig dat hy by slegs een geleetheid seksuele omgang met die minderjarige slagoffer, wat in Junie verlede jaar 16 was, gehad het Hy het egter kort daarna sy getuienis verander en gesê die beweerde slagoffer het hom in Junie sowel as in Oktober verlede jaar persoonlik gekontak en gevra het dat die twee van hulle seksueel moet verkeer
Hy het erken dat hy video-opnames van albei geleenthede gemaak het en dat hierdie video’s op ’n hardeskyf gestoor is Hy het getuig dat hy dit toe van sy foon af verwyder het
Die beskuldigde het volgehou dat dit
JanaScheepers
’n Vrou van die Paarl is amper deur ’n bedrieër ingeloop wat hom as ’n werknemer by Absa voorgedoen het, maar slimdink en ’n kritieke denkwyse het haar waarskynlik van ’n moontlike bedrogspul gered
Die vrou, wat anoniem wil bly, deel haar storie om ander te waarsku sodat minder mense in hierdie lokval trap
Sy vertel dat sy op 6Augustus ’n oproep ontvang het van ’n man wat hom as Jayden Williams van Absa se bedrog- afdeling voorgestel het en omdat sy ’n Absa-kliënt is, het sy die oproep beantwoord
Die beweerde bedrieër het toe vir haar gesê hy het opgelet dat daar ’n MTN-debietorder van R99 op haar bankrekening afgaan wat hy wil stop en dat haar bankkaart gekloon is
Die Paarlse inwoner het toe dadelik onraad vermoed omdat sy nie ’n MTN-kliënt is nie, maar het saamgespeel
Die bedrieër het toe vir die Paarlse inwoner gesê hy het haar bankkaart gestop en toe gesê om ’n bedrag van R2950 “terug [in haar bank] te kry” gaan hy ’n SMS stuur met die bank se finansiëlediensteverskaffer (FSP) se nommer Sy het die SMS toe wel gekry, maar het weer eens onraad vermoed omdat daar ’n bedrag van R2950 op die SMS gestaan het en nie die R99 soos blykbaar afgegaan het nie
om die transaksie van MTN “te reverse”
Hierdie versoek het haar egter nog meer agterdogtig gemaak, want nie net het sy nog nooit die cash send-funksie gebruik nie, maar het die bedrag en rede vir hierdie cash send ook nie sin gemaak nie Sy het toe gesê sy gaan dit nie doen nie, waarna hy gesê het hy gaan haar bankrekening vries – iets wat natuurlik nie gedoen is nie
Die Paarlse inwoner het later uitgevind dat die maksimum bedrag wat via cash send gestuur kan word, R5000 is – dus was die bedrieër net R50 onder hierdie limiet Hierdie geld sou dan ook die bedrag gewees het wat hy vir homself sou inpalm, maar dansky die bron se vinnige optrede het hy dit nie reggekry nie
Met die bron se besoek aan Absa waarheen sy dadelik gegaan het nadat die opoep met die bedrieër beëindig is, het hulle bevestig sy is bedrieg en dat haar rekening nie gevries is nie Die bank het ook blykbaar gesê dat hulle en enige ander bank nooit vir ’n kliënt ’n One-time Pin of pinnommer sal vra nie, asook nie ’n kaartverifikasiewaardenommer (CSV) nie Die bank het ook toevallig aan die bron genoem dat die personeelnommer wat die bedrieër vir haar gegee het, nie Absa se werklike personeelnommers weerspieël nie
die slagoffer se voorstel was dat die seksdade afgeneem word
“Sy het gesê sy wou video’s maak vir memories Sy het my foon gebruik omdat sy in daardie stadium nie ’n selfoon gehad het nie
“In die posisie waarin ek was, soos gesien op die een video, kon ek nie self die video’s opgeneem het nie Sy is die een wat dit record het ”
Die beskuldigde het homself toe weer weerspreek nadat hy aanvanklik in die staat se kruisondervraging gesê het dat hy nooit self die video’s versprei het nie
“Sy het gesê ek moet die video’s hou totdat sy eendag ’n foon het Maar sy kon dit dalk vir iemand gestuur het terwyl ons gery het van die plek [Franschhoekpas] waar die dade plaasgevind het
“Sy het langs my in die bakkie met my foon gesit Ek kon hoor sy kyk die video Sy kon dit miskien op daardie oomblik vir iemand gestuur het ”
Toe sy regsverteenwoordiger hom Maandag ondervra het, het hy egter getuig dat hy self die video-opnames vir die slagoffer gestuur het
“Sy het my gekontak en vir die video’s gevra Ek kan nie onthou wanneer nie en kan ook nie die nommer onthou wat sy gebruik het nie,” het hy getuig.
Hy het verder getuig dat dit die slagoffer was wat hom in Junie en Oktober verlede jaar gekontak het met die voorstel dat hulle seksueel verkeer
“Ek is ’n man Ek het behoeftes Dit was ’n oomblik van swakheid en sy het haarself beskikbaar gestel,” het hy aan die hof gesê
Die ondersoekbeampte, verbonde aan die Franschhoek-polisiekantoor, sal die getuiebank Donderdag (11 September) inneem
Volgens die staat sal die ondersoekbeampte getuig dat die slagoffer 16 was toe die beweerde seksdade plaasgevind het en dat die beskuldigde die enigste een is wat die kinderpornografie kon versprei het
Intussen het die staat Maandag vlugtig genoem dat meer beweerde slagoffers sedert die man se inhegtenisneming na vore gekom het
Die staat wou na een spesifieke klagte verwys wat vermoedelik vroeg verlede week aangemeld is, maar is deur die landdros in die rede geval
Die landdros het die staat daaraan herinner dat alle nuwe inligting op die klagstaat deur die relevante kanale moet gaan, wat insluit dat die beskuldigde se regsverteenwoordiger daaroor ingelig moet word
Hy het ook vir haar sy personeelnommer gegee Die bedrieër wou toe gehad het dat die Paarlse inwoner in haar bank se app ingaan om ’n bedrag van R4950 deur die “cash send”-funksie aan hom te stuur
Haar raad aan ander is om die bedrogafdeling by hul onderskeie banke se nommer op hul foon te stoor sodat hulle dadelik kan sien dat die nommer verdag is wanneer ’n bedrieër bel wat voorgee hy is van van hul bank se bedrogafdeling
JanaScheepers
Die Drakenstein-regspraktisynsvereniging of Drakenstein Legal Practitioners’ Association (DLPA) in Engels is verlede Vrydag (5 September) by ’n geleentheid by die Smul-restaurant op Diemersfontein in Wellington amptelik bekendgestel Hierdie nuutgestigte vereniging bied ’n platform waar regspraktisyns van die Drakenstein-vallei kan saamwerk en hul belange kollektief verteenwoordig word
Volgens Bertus Snyman van Snyman
Prokureurs in die Paarl, en ook voorsitter van die vereniging, is die DLPA, wat tans in ’n “vestigingsfase is” gestig met die doel om professionele ondersteuning aan regspraktisyns te bied, gemeenskapsregonderrig en -bewusmaking te bevorder, en met die plaaslike howe sowel as die Wes-Kaapse Regspraktykraad te skakel oor kwessies wat plaaslike prokureurs raak Snyman het verduidelik dat lidmaatskap tans vrywillig en kosteloos is
Die DLPA is formeel in Februarie vanjaar gestig en die eerste jaarvergadering word in November gehou. Die vereniging het reeds ongeveer 50 lede Volgens Snyman beoog die vereniging, wat tans uit ses komiteelede bestaan, om ook ’n “prokureur-vir-’n-dag”-inisiatief van
stapel te stuur Deur hierdie program sal ervare regspraktisyns op ’n roterende basis by howe in die vallei beskikbaar wees om die publiek van algemene regsadvies te voorsien Hy beklemtoon egter dat die inisiatief nie gratis regsverteenwoordiging aan individue bied nie, maar uitsluitlik gemik is op algemene regshulp en leiding Die vereniging se eerste groot vergadering vind binnekort plaas, waar gesprekke met plaaslike rolspelers soos die howe, die polisie en die balju op die agenda is Die ses komiteelede wat die DLPA bestuur, sluit in Bertus Snyman van Snyman Prokureurs in die Paarl (voorsitter), Razine Adams van Adams Prokureurs in die Paarl (ondervoorsitter), Lusharno Styles van Faure & Faure Inc in die Paarl (tesourier), Niel du Plessis van Duvenage & De Villiers Prokureurs in Wellington (sekretaris), Werner Schweidler van L Basson Prokureurs in Wellington (komiteelid) en Dillon Plaatjies van Faure & Faure Inc in die Paarl (kandidaat-regspraktisyn en komiteelid)
Enige regspraktisyn of kandidaatregspraktisyn wat in die Drakenstein werk mag ’n lid word en kan vir Snyman kontak deur e-pos te stuur na info@dlpa co za om ’n aansoekvorm te bekom Die DLPA werk tans aan ’n webtuiste
DieDrakenstein-regspraktisynsvereniging(DLPA)stelsykomiteebekend AgtervanlinksisDillonPlaatjiesvan Faure&FaureInc.indiePaarl(kandidaatprokureurenkomiteelid),LusharnoStylesvanFaure&FaureInc.indie Paarl(tesourier),uitvoerendeburgemeestervandieDrakenstein-munisipaliteitStephenKorabie(gassprekerbydie DLPAsebekendstelling),JohanLeibrandt(stadsbestuurdervandieDrakenstein-munisipaliteit)enNielduPlessis vanDuvenage&DeVilliersProkureursinWellington(sekretaris) VoorisRazineAdamsvanAdamsProkureursindie Paarl(ondervoorsitter),BertusSnymanvanSnymanProkureursindiePaarl(voorsitter)enWernerSchweidlervan L BassonProkureursinWellington(komiteelid) Foto:JanaScheepers
Chantélle
Hartebeest
Die Drakenstein-munisipaliteit het op ’n vorige geleentheid gesê die uitbreiding van die Klein Parys-begraafplaas kan nie plaasvind nie as gevolg van ’n bedreigde plantspesie wat in dié gebied groei. Die vraag rakende die belangrikheid van die spesie het opgeduik, asook hoe die munisipaliteit besluit het om dit te bewaar.
Vroeër vanjaar het Drakenstein se uitvoerende burgemeester, Stephen Korabie, en ’n paar munisipale amptenare besoek afgelê by die jare lange onaangeraakte grond aangrensend aan die Klein Parys-begraafplaas in Langenhoven-laan in die Paarl. Die munisipaliteit het toe vroeg in Junie by monde van Eda Barnard, Drakenstein se uitvoerende direkteur van openbare veiligheid, gesê die besoek volg ná “’n ondersoek na die moontlike toekomstige gebruik van die gebied”.
“Die munisipaliteit is tans besig om die moontlike gebruik van die onontwikkelde gedeelte van die grond te oorweeg. Die munisipaliteit ondersoek opsies om die gebied te benut, met ’n spesifieke klem op die beskerming van die ekologies sensitiewe gedeeltes daarvan. Dít behels ’n deeglike evaluering van die omgewingsimpak en die identifisering van maniere om enige unieke ekologiese kenmerke wat op die terrein voorkom, te bewaar.”
Sy het toe verder bygevoeg: “Die moontlikheid om dit deel te maak van die begraafplaas is een van die opsies wat tans ondersoek word, maar geen besluit is nog in hierdie verband geneem nie. Die munisipaliteit sal alle relevante faktore, insluitend gemeenskapsbehoeftes, omgewingsbewaring en praktiese uitvoerbaarheid in ag neem voordat ’n besluit oor die toekoms van hierdie stuk grond geneem word.”
’n Maand later, in die begin van Julie, het Paarl Post oor die Nieuwedrift-begraafplaas berig, wat die munisipaliteit onlangs oopgestel het omdat die Klein Parys-begraafplaas vol is. In die munisipaliteit se terugvoering op ’n navraag
hieroor het hulle by monde van David Delaney, die waarnemende uitvoerende direkteur van gemeenskapsdienste, gesê: “Die uitbreiding van die Klein Parys-begraafplaas is nie moontlik nie, weens die sensitiewe biodiversiteitstoestande in die omliggende gebiede. Nieuwedrift word dus juis ontwikkel om in toekomstige begraafplaasbehoeftes te voorsien, terwyl omgewingsbewaring en begrotingsrealiteite in ag geneem word.” Vandeesweek het Paarl Post die munisipaliteit gevra om meer oor die “bedreigde spesie” te verduidelik waarna hy meer as een keer verwys het. Seraj Johaar, Drakenstein se uitvoerende direkteur van korporatiewe en beplanningsdienste, sê die munisipaliteit het in 2012 vasgestel dat die Swartland Alluvium-fynbosspesie tussen die bestaande begraafplaas en Klein Parys-weg voorkom toe hulle die moontlikheid ondersoek het om die Klein Parys-begraafplaas uit te brei.
“Die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (Sanbi) het in 2011, ná afloop van die nasionale biodiversiteitsassessering, die Swartland Alluvium-fynbosspesie as ’n kritiek bedreigde spesie (CR) verklaar Dié assessering is deel van die land se amptelike Nasionale lys van bedreigde ekostelsels, wat in die Staatskoerant gepubliseer word.
“Weens die bogenoemde bevindings word hierdie gebied as ’n bewaringsgebied beskou Indien enige ontwikkeling in hierdie gebied oorweeg word, sal omgewingsmagtiging vereis word. Die gepaardgaande omgewingsimpakstudie-proses sal bepaal hoe die plantegroei die beste bewaar kan word.” Johaar sê ’n plantkundige het tydens die assessering ook vasgestel dat minstens ses plantspesies van bewaringsbelang in die gebied van die oop stuk grond voorkom.
Dit sluit in:
Arctotis angustifolia: Kritiek bedreig
• Babiana angustifolia: Naby bedreig
• Diosma pedicellate: Naby bedreig
• Lachenalia pustulata: Naby bedreig
• Phylica thunbergiana: Bedreig
• Trachyandra chlamydophylla: Kwesbaar
Die Drakenstein-sakekamer beplan weer vanjaar sy ekspo op 1November by die De Hollandsche Molen in Franschhoek.
Die publiek word uitgenooi om die dag gratis saam met hulle te kom kuier.
Die uitstalling sal in die groot saal gehou word.
Maatskappye wat die ekspo wil borg, moet voor 15 September aandui watter soort borgskap hulle wil gee.
Sakeondernemings moet hul eie kliënte uitnooi.
Ondernemings wat nie lid van die Drakenstein-sakekamer is nie, kan ook teen ’n addisionele koste uitstal.
De Hollandsche Molen behou die regte vir die kontantkroeg en kafeteria op die perseel. Geen kos mag op die perseel gemaak word nie. Kosprodukte soos koekies, beskuit,
biltong, droëwors ensovoorts kan wel verkoop word.
Elke maatskappy wat uitstal, moet sy kenteken aan die sakekamer stuur om deur die dag op die grootskerm te vertoon. Motoruitstallers sal buite die saal uitstal.
Die perseel het ’n speelpark en swembad buite vir kinders. Geen kinders word by die stalletjies toegelaat nie Geen diere word toegelaat nie.
Die Drakenstein-sakekamer sal ander sakekamers na die ekspo nooi
Die voorsitter, Dirk Breytenbach, sal om 09:00 ’n verwelkoming doen.
Stuur e-pos na marketing@drakensteinsakekamer.co.za of info@drakensteinsakekamer.co.za met enige navrae. WhatsApp Ilde by 0727632112 of Francis by 0844048995 om jou plek te verseker.
Chantélle Hartebeest
’n Oop stuk grond aangrensend aan Paulus Joubert Sekondêr en die Laerskool Paulus Joubert in die Paarl staan vir jare ongebruik Nou het beide skole die Drakenstein-munisipaliteit genader oor die gebruik van die grond vir sportaktiwiteite vir hul leerders
Die grond – aan die agterkant van die skole en reg langs Lloydstraat –was in Mei vanjaar kortliks ’n onderwerp vir bespreking tydens ’n besoek wat die staande komitee oor onderwys vir die Wes-Kaapse wetgewer aan Paulus Joubert Sekondêr afgelê het
Tydens die besoek was Stephan Korabie, Drakenstein se burgermeester, en die raadslid Joan Anderson ook teenwoordig
Hier het Korabie die skool se versoek erken en gesê die munisipaliteit sal dit sy werk maak om te kyk wat hy daaromtrent kan doen
Oor die moontlike beskikbaarstelling van die grond aan die skole, het Korabie verduidelik dat ’n “hele proses” gevolg moet word
Terrence Adonis, die hoof van Paulus Joubert Sekondêr, het vandeesweek aan Paarl Post gesê die skool het sedert hierdie besoek nog geen terugvoer van die munisipaliteit of die staande komitee ontvang nie
“Intussen het ek – en die laerskool se skoolhoof – na die munisipaliteit uitgereik om die grond dan of aan ons te verkoop of aan ons te skenk Tussen my en mnr Uren van die laerskool en met die hulp van eksterne mense wil ons die grond in ’n megasportfasiliteit vir beide skole ontwikkel Daar lê dus ’n amptelike aansoek by die munisipaliteit van Paulus Joubert Sekondêr en die Laerskool Paulus Joubert om die grond te koop of by die munisipaliteit as skenking te kry Ons het die munisipaliteit in Julie met die aansoek genader ”
Sedert die inhandiging van hul versoek het die skole ook nog geen terugvoer van die munisipaliteit ontvang nie
Paarl Post het by die Drakensteinmunisipaliteit navraag gedoen om te hoor of enige besluit al geneem is oor die vraag of die skole van die betrokke grond gebruik sal kan maak
Seraj Johaar, Drakenstein se direkteur van korporatiewe en beplanningsdienste, het die navraag beantwoord:
“[Die] Drakenstein-munisipaliteit ondersoek tans die haalbaarheid van die vervreemding van die betrokke stuk grond Sou dit goedgekeur word, sal die voorwaardes van so ’n voorgestelde transaksie(s) openbare insette of kommentaar vereis,” sê Johaar
Motoristesaltot1NovemberniedieDuToitskloofpaskanrynie,maarsaldeurdieHugenote-tonnelmoetreis
Motoriste sal hul roetes moet aanpas indien hulle die R101 (Du Toitkloofpas) in die komende twee maande wou ry Dié pad is tot 1 November vir verkeer gesluit – van die 5-km-roetemerk tot by die 21,25-km-roetemerk Toegang sal wel toegelaat word aan inwoners wie se wonings op die pad is Volgens die Wes-Kaapse regering word die pad gesluit sodat die padoppervlak asook die tonnelvloer tussen Paarl en Rawsonville oorgedoen kan word
Jan Alleman sal eersdaags sy stem kan voeg by besluitneming oor die moontlike instelling van ’n elektroniese stemproses in toekomstige verkiesings.
Die Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK) in die Wes-Kaap, onder leiding van die provinsiale verkiesingshoof, Michael Hendrickse, sal ’n reeks openbare gesprekke oor elektroniese stemming (e-stemming) in al die streke van die provinsie aanbied.
Die veldtog begin môre (Vrydag 12September) in die Kaapstad-Metro (Khayelitsha) en eindig op 30September in die Sentraal-Karoo (Oudtshoorn).
Hierdie gesprekke vorm deel van die OVK se nasionale program, wat ses maande duur en openbare werksessies en die betrokkenheid van belanghebbendes ten opsigte van e-stemming insluit. Die doel is om gemeenskappe die geleentheid te gee om insette oor die toekoms van Suid-Afrika se verkiesingsprosesse te lewer.
Die doel van die werksessies is om openbare menings, insigte en voorstelle in te samel. Hierdie insette sal gebruik word om die OVK se huidige beleidsbesprekingsdokument oor elektroniese stem-stelsels te hersien en te verfyn ’n Finale beleidsdokument sal ná interne hersienings en bespreking aan beleidsmakers, insluitend die parlement, voorgelê word vir debat en ’n besluit om elektroniese stemming in Suid-Afrika toe te laat, of nie.
Wes-Kaapse gespreksessies:
Kaapstad- Metro: 12 September –Khayelitsha; Kaapstad-Metro: 15 September –Somerset-Wes; Weskus: 16 September –Malmesbury-stadsaal; Kaapse Wynlande: 22 September –Worcester-stadsaal; Overberg: 26 September –Hermanus-ouditorium; Tuinroete: 29 September – Georgegemeenskapsaal (Banketsaal); en Sentraal-Karoo: 30 September –Oudtshoorn-banketsaal.
Die verwagting is dat verskeie belangegroepe die gespreksessies sal bywoon, waaronder gemeenskapslede, verteenwoordigers van politieke partye, jeugbewegings, organisasies sonder winsbejag, die gestremde gemeenskap, vakbonde, Hoofstuk 9-instellings (’n groep organisasies wat ingevolge hoofstuk 9 van die Suid-Afrikaanse Grondwet gestig is om demokrasie te beskerm), opvoedkundige instellings sowel as geloofsorganisasies.
Die publiek word aangemoedig om aktief aan hierdie belangrike proses deel te neem, hetsy deur die bywoning van die werksessies of deur voorleggings deur die volgende kanale in te dien:
• ’n Toegewyde OVK e-stemming-webblad: Engaging with South Africa’s E-Voting Future; of
• Stuur e-pos aan evoting@elections.org. za met jou voorlegging
Die sluitingsdatum vir voorleggings is 30 September 2025.
In die tydperk wat die pad vir verkeer gesluit is, sal padgebruikers op die N1-snelweg van die Hugenote-tonnel gebruik moet maak Die tonnel sal meer verkeer as gewoonlik hê en mense se reistyd sal moontlik langer wees Dié roete het ’n tolhek – ligte motorvoertuie moet R53 vir tolgeld betaal, voertuie met twee aste betaal R146, voertuie met drie tot vier aste betaal R229 en voertuie met vyf en meer aste betaal tolgeld van R371
“Dit was ’n oomblik van swakheid en sy het haarself beskikbaar gestel ”
Dit was die verweer van ’n 55-jarige beskuldigde wat onder meer op aanklagte van die seksuele voorbereiding van ’n minderjarige en die vervaardiging en besit van kinderpornografie in die plaaslike hof teregstaan, in sy borgtogaansoek
dít nadat ’n video aanlyn gesirkuleer het waarin hy met ’n tienermeisie in haar skooldrag seksueel verkeer en dit op sosiale media die ronde gedoen het
Die meisie was ten tyde van die voorval
Ek verwys graag na die berig “DM –skoon of vuil oudit”, Paarl Post, 28Augustus 2025. Die Drakenstein-munisipaliteit het onlangs groot ophef gemaak van ’n “skoon oudit”, maar verlede week is in die Paarl Post genoem van skokkende onreëlmatige uitbetalings van R681177
[dit] neig meer na ’n “vuil oudit” soos van vele ANC-munisipaliteite! Die Drakenstein se vullisverwyderingtariewe is reeds vir baie jare die hoogste in Suid-Afrika en die dienste deur private maatskappye in luukse woonbuurte is opgehef, want die DM maak groot geld met ekstra huishoudings Dalk moet meer van die senior amptenare verantwoordelik gehou word vir sulke boekhouding! City of Excellence?
Bekommerde Belastingbetaler, PAARL
Ons hoor graag van jou! Paarl Post nooi al ons lesers om hul gedagtes, terugvoer en storie-idees met ons te deel. Of jy nou ’n mening wil lug, kommentaar oor plaaslike kwessies wil lewer, of weet van iets nuuswaardigs wat in jou gemeenskap gebeur – ons hoor graag van jou! Stuur ’n WhatsApp na 066 484 3728 of stuur jou brief per e-pos na paarlpost@novusmedia.co.za. Jou stem maak saak. We’d love to hear from you! Paarl Post invites all our readers to share their thoughts, feedback and story ideas with us. Whether you have an opinion, want to comment on local issues, or know of something newsworthy in your community – we’d love to hear from you! Send us a WhatsApp on 066 484 3728 or email your letter to paarlpost@novusmedia.co.za. Your voice matters.
On 11 September 1926, Paarl Post carried the words of the Rev William Lloyd. Writing on the establishment of the Athlone Institute, Lloyd declared that the coloured people of the district of Paarl can now boast of a complete system of education including the training of teachers. He placed his hope in time and co-operation” to make this dream a reality, but he also warned of the dangers of division, gossip, and fragmentation His vision was simple but profound: that the coloured child should “stand on his own and secure his place in the sun”
Today 99 years on as South Africa observes Heritage Month, Lloyd’s words echo with both triumph and tragedy His optimism reminds us of the resilience of a people who despite the brutal system of oppression that stripped people of their dignity, created pathways out of poverty through education and self-determination, just like Steve Biko would later advocate and whose death in police
custody is remembered on 12 September
The Athlone Institute became a beacon of coloured education in Paarl and beyond, producing teachers, professionals, and leaders who carried forward the promise of education as a tool of liberation
Yet Lloyd’s reference to “the big prob-
lem of the coloured child also reflects a painful truth: the enduring vulnerability of coloured (black) children in South Africa’s education system. Nearly three decades into democracy, coloured learners remain trapped in an unequal schooling landscape – just look at the Charleston Hill High School, the school where I taught an asbestos building that screams indignity Our unequal education system is a complete mess and a monumental failure From overcrowded classrooms to under-resourced rural schools, to no sports facilities, the challenges of access, quality and opportunity continue to haunt the very communities Lloyd spoke about Today, dropout rates remain alarmingly high, with thousands of coloured learners leaving school before completing matric, with no collective local effort to confront this reality Need I remind you that it was the collective church (black and white) who spearheaded the educational turnaround. Noorder Paarl High School
and the Athlone Training College, now the Frank Petersen Music School are reminders of the resilience of who were and what is possible
Heritage Month is not only about celebrating the past but also about confronting the unfinished struggles that history has handed down In remembering William Lloyd’s 1926 reflection we are reminded that heritage is both a burden and a gift For as long as the coloured child is denied a fair share of South Africa’s educational promise, Lloyd’s century-old words will remain an unfinished call to action. Local action and local solidarity is needed to confront our reality of lack in the coloured communities The struggle for dignity and the “place in the sun for the coloured child” Lloyd envisioned remains. We must and can do better • Dr Harlan Cloete is a researcher at the University of the Free State s Centre for Gender and Africa Studies and founder of Radio KC.
Jana Scheepers
Wynand de Villiers, die omstrede sakeman van die Paarl wat die promotor van die Ikoon-konsertreeks was, is weer in die nuus nadat dit aan die lig gekom het dat die Steve Hofmeyr Ikoon-konsert, wat in Oktober in Kaapstad sou plaasvind, nou ook gekanselleer is
Hofmeyr het dié aankondiging verlede Dinsdag (2 September) op sy Facebook-blad gedoen Paarl Post het verlede Maandag in ’n aanlyn artikel berig dat die konsert sou voortgaan, asook in verlede week se gedrukte koerant, maar dit is nie meer die geval nie
“Tot 48 uur gelede was [die Steve Hofmeyr Ikoon-konsert] ’n vasgemaakte konsert, maar daar is daarteen besluit Te veel het verander, te veel vrae, te veel besware en onsekerhede en net te min waarborge Niemand was moeilik nie, almal het begrip, maar dit is teleurstellend,” het Hofmeyr geskryf
Op die Facebook-blad genaamd “Steve Hofmeyr Ikoon Konsert,” wat intussen verwyder is, het De Villiers die skuld vir hierdie jongste Ikoon-konsertfiasko geplaas by wat hy beskryf as “gevestigde magstrukture in die bedryf wat doelbewus werk om enige inisiatief wat hulle nie beheer nie, te diskrediteer”
Hy het verder aangevoer dat sommige kunstenaars “oordadige optredegeld eis sonder enige oorweging vir begrotings”, en dat “tegniese lêers en produksiebates onwettig teruggehou [is] om afhanklikheid te skep” Volgens hom is daar ook van “laasteminuut-ultimatums” gebruik gemaak
om “produksies in hul kwesbaarste oomblikke uit te buit” Die media, sê hy, “verseker dat slegs gekose stemme gehoor word” en beskerm daarmee “die belange van ’n elite”
De Villiers beklemtoon dat die kansellasie ’n noodsaaklike stap was
“Die prys wat ons moes betaal, is eenvoudig te hoog Daar is ’n punt waar ’n mens se menswees belangriker word as ’n konsert, en ek en my gesin het daardie punt bereik My naam, my eer en my integriteit is vir my belangriker as enigiets anders ”
Hy sê kommunikasie oor terugbetalings “sal volg”
Hofmeyr sê in sy verklaring dat hy vroeër vanjaar drie Ikoon-vertonings in Pretoria aangebied het, wat saam sowat 18 000 mense gelok het, en dat die gekanselleerde Ikoon-konsert op 26 Oktober in die DHL-stadion ongeveer 5 000 kaartjies aanbied, maar die “finansiële projeksies” was volgens die promotor nie haalbaar nie
“Ek het dalk laat wakkergeskrik tot die onmin omdat ek altyd my fooie
initiation forum celebrates
On 4 September the Mbekweni Xhosa Traditional Male Initiation Forum (MXTMIF), in collaboration with the South African National Biodiversity Institute (SANBI), hosted an Arbor Day celebration in Mbekweni The day was marked by the planting of trees at Nompumelelo Pre-School, Mbekweni Sports Centre and Desmond Mpilo Tutu Senior Secondary School, symbolising growth, renewal and a shared commitment to the future This initiative, led by MXTMIF, demonstrated the forum’s full commitment to the United Nations Sustainable Development Goals, with a particular focus on goal 4 (quality education), goal 13 (climate action) and goal 15 (life on land) While the forum remained deeply dedicated to preserving the cultural and spiritual significance of the Xhosa traditional male initiation its mission extended beyond the rite of passage, to ensuring the safety and well-being of all initiates and guiding them to return as responsible citizens Part of that responsibility, it stressed, is caring for the environment and protecting biodiversity, ensuring future generations inherit a sustainable and flourishing world. This Arbor Day stood as a testament to the forum’s conviction that cultural preservation and environmental stewardship go hand in hand, strengthening both tradition and community Here Tutu High learners are shown involved in planting
donasie
Yolandi Swart van Paarl se Winterdiere-projek reik oor ’n wye gebied om straatdiere en troeteldiere van behoeftige gesinne by te staan Sy samel geld, kos en ander benodigdhede in om die groot nood te help verlig en werk saam met instansies soos Paarl Doenit, Drakenstein Animal Rescue (DAR) en die plaaslike Dierebeskermingsvereniging (DBV), asook ’n netwerk van vrywilligers wat die kos in verskillende gemeenskappe versprei, soos Pawrent, ’n vrywillige diereorganisasie in die Paarl “Diere kan nie vir hulself praat nie en het stemme soos myne nodig om te baklei vir hulle en namens hulle iets te doen om hul lewe te red,” het sy gesê Swart nooi enige onderneming of private persoon uit om haar projek te ondersteun, aangesien elke bydrae direk aan diere in nood bestee word Indien lede van die publiek donasies wil maak, kan Swart by 083 380 1374 bereik word
betyds ontvang het en nooit minder as koninklik behandel is nie Dit is duidelik dat my mede-kunstenaars en personeel nie dieselfde voel of hanteer is nie,” het Hofmeyr op Facebook gesê Hy het aangedui dat hy en Bokradio, wat ook by die vertoning betrokke was, sal saamwerk om ’n vertoning in Kaapstad aanmekaar te sit vir die 5 000 aanhangers wat kaartjies vir die Ikoon-konsert gekoop het indien hul geld nie terugbetaal word nie
De Villiers is die afgelope weke in die spervuur ná berigte oor wanbetaling, ’n hofgeding en kunstenaars wat hul deelname onttrek
Die twis spruit uit die Theuns Jordaan-huldeblykkonsert in Amsterdam, waar kunstenaars beweer het hulle het nie hul volle betalings ontvang nie Dit het ook tot ’n botsing met Kurt Darren gelei, wie se Ikoon-konsert intussen gekanselleer is Darren het beweer daar is geen kontrak tussen hom en die omstrede promotor geteken nie, dus was dit ook deel van sy besluit om van die Kurt
Darren Ikoon-konsert weg te stap
Intussen het die Kaapse hooggeregshof ’n likwidasiebevel teen De Villiers se maatskappy, De Villiers National Cycling (ook bekend as Cool Concerts), toegestaan ná skuld van meer as R2 miljoen aan die produksiemaatskappy Hit Factory
De Villiers sê hy aanvaar die likwidasie, maar beweer hy is deur Hit Factory “oorgefaktureer” en weier om die betrokke bedrae te betaal
Die Paarl Post het na De Villiers uitgereik, maar geen kommentaar ontvang nie Hy het by ’n vorige geleenthied aan die koerant gesê hy beplan om hom voortaan op ander sakeprojekte toe te spits
De Villiers is ongeveer 24 jaar lank ’n bekende figuur in die Suid-Afrikaanse fietsrygemeenskap
The Drakenstein Heritage Foundation chose to honour Sean and Nanette Ranger for their contribution to Paarl’s beautiful landscape heritage, by awarding them the DHF’s Dr Ivan Deacon Greening award at their 2024 AGM.
Sean and Nanette bravely prevented the removal of one of the oak trees located in Laborie Street in September 2024, as was reported in Paarl Post (“Activists halt tree felling”, 26 September 2024).
The two bold Paarl environmental activists successfully stopped the cutting down of historic oak trees in Laborie Street that were set to be removed to make way for a new traffic light last week. The activists, who have long advocated for environmental conservation of these oak trees, chained themselves to one tree, preventing contractors from proceeding with the removal.
The Dr Ivan Deacon Greening Award is an annual award, presented in memory of the late Dr Ivan Deacon, that honours his legacy as a committed member of the Drakenstein Heritage Foundation and a passionate advocate for Paarl’s arboreal heritage.
Dr Deacon championed projects such
as the Umthunzini initiative in collaboration with the Drakenstein Municipality, leaving a lasting mark on the valley’s green landscape.
It recognises individuals, companies, developers, schools, or organisations that make a significant contribution to the greening of the Drakenstein Valley through one or more of the following: Preservation of the green environment
• Education of the community
• Removal of alien vegetation
• Water-wise planting
• Preservation of existing trees and planting of new ones.
Previous projects that were awarded are the Paarl-tuinbouvereniging booklet on the top 50 trees in Paarl, the planting of 40 Coral trees with the extension of the Berg River Boulevard and the rehabilitation of the Wellington Victoria Jubilee Park, to name a few.
The DHF invites members of the public to nominate persons, groups, companies or institutions they feel made a positive contribution to their community or town in the Drakenstein municipal area
You can send your nominations to the secretary, Lyn Marais, at dhfheritage@gmail.com.
Die Weskus-distriksmunisipaliteit se hoof van toerisme, Heinrich Robertson (middel), het die afgelope week by vanjaar se Swartland-skou ’n paneelbespreking tussen verskeie gassprekers gelei Bo gesels hy met James Vos, ’n raadsheer van die Stad Kaapstad en burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei; Riaan Engelbrecht van Namaqua Koffie; en Mark Botha, ’n boer in die Cederberge wat sy plaas danksy rotsklim in ’n internasionale bestemming omgeskep het
CharlotteLesch
Die Weskus-distriksmunisipaliteit se hoof van toerisme, Heinrich Robertson, het die afgelope week by vanjaar se Swartland-skou paneelbesprekings op die skouterrein saam met verskeie gassprekers aangebied, wat tot insiggewende gesprekke gelei het
Een van die gesprekke was onder meer tussen James Vos, ’n raadsheer van die Stad Kaapstad en die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei; Riaan Engelbrecht, ’n boer van Lutzville en die eienaar van Namaqua Koffie; en Mark Botha, ’n boer in die Cederberg, wat sy plaas danksy rotsklim in ’n internasionale bestemming omgeskep het
Die landbouprodusente het meer vertel oor hoe hulle die hulpbronne op hul plase in toerismebestemmings en produkte omgeskep het, wat uiteindelik deel is van die nuutse konsep binne die toerismebedryf, naamlik agri-toerisme Die WDM het ’n insiggewende paneelbespreking daaroor aangebied en hoe om toerisme na die Swartland -en Weskusgebied uit te brei
Met Kaapstad as een van die gewildste toeristebestemmings ter wêreld, het Robertson Vos gevra hoe daardie instroming van toeriste na die Weskus gelok kan word “Hoe kan Kaapstad die Weskus help om sy toerismepotensiaal ten volle te benut en te bereik?” het hy gevra Volgens Vos is hul doelwit juis om te kyk hoe die geografiese verspreiding van toeriste reggekry kan word sodat toerisme nie net op ’n spesifieke ekonomie fokus nie, maar ’n balans tussen ervarings, produkte en dienste gevind word Volgens hom toon navorsing besoekers aan die Wes-Kaap wil nie net na ’n hotel of ’n strand of ’n berg gaan nie, maar na goed wat plaaslike mense as deel van hul alledaagse lewe doen
“Ons moet daardie produkte as ’n kern gebruik om die hele streek te bemark As ’n besoeker in Kaapstad land, bly hy nie net in Kaapstad nie Dit is hoe ons aanknoop by mekaar, wat die uiteindelike sukses vir die hele toerisme-ekonomie sal wees ”
MEERASNETBEMARKING
Hy meen dit is belangrik om ander produkte te nader sodat die ervaring tot die res van die streek kan diversifiseer Vos het drie belangrike eienskappe van toerisme gedurende die paneelbespreking geïdentifiseer, naamlik die vrolikheid, die egtheid en ook die vindingrykheid van die landbouprodusente
“Toerisme is ’n baie mededingende sektor, maar dit is baie meer as net bemarking Ons moet gaan kyk hoe saamgewerk kan word om vir die reisiger, die besoeker, die toeris (wat elkeen ’n spesifieke definisie het) die hele ervaring te bied en in al hul behoeftes voorsien ”
Hy het verduidellik ’n toeris is byvoorbeeld iemand wat vir minstens twee aande oorbly “In Kaapstad alleen het 2,4miljoen mense verlede jaar vir twee nagte oorgebly
Dit is ’n belangrike ekonomiese aanwysing, omdat dit die twee sleutelkommoditeite uitwys – naamlik tyd en geld Dus moet die vraag gevra word hoe ons besoekers langer in ons omgewing of dorp kan hou Daarom moet ons diversifiseer ”
Hy sê verder dit is belangrik om daarop te let dat die Swartland of Porterville nie net ’n plek vir toeriste of reisigers is nie
“Dit is ’n plek met produkte en dienste Vir ’n plek om ’n goeie plek te wees om oor te bly, moet dit ook ’n goeie plek wees om te besoek Ons moet die basiese goed regkry, wat bemarking soveel makliker maak
“Jy moet daarom die kos, die gemeenskap en die avontuur wat daardie plek te bied het, bemark In al daardie fokusgebiede gebruik ons produkte om die storie te vertel Die tyd is verby om jou plek net in die buiteland te bemark
SLIMBEMARKING
“Wat beteken dit vir besoekers?”
Die kollig word dus geplaas op die ervarings, die gebeurtenisse en die aktiwiteite wat uiteindelik die trekpleister sal wees om mense na jou bestemming te lok en terselfdertyd daardie bestemming markgereed te maak,” verduidelik hy verder Vos meen ’n vol program moet vir besoekers gebou word sodat daar nie tyd of geld gemors word om te soek na iets om te doen of watter attraksie om volgende in jou gebied te besoek nie
“Toeriste, reisigers en besoekers aan ons streek vereis ’n vol program sonder verwarring sodat hulle nie geld sal verloor nie ”
Hy sê verder konnektiwiteit is ook ’n sleutelfaktor om toeriste met ander streke te verbind Volgens hom is die lughawe ’n venster tot ander bestemmings. “Tans land 226 internasionale vlugte weekliks in Kaapstad vol besoekers, toeriste, beleggers en reisigers Dit is ’n slim bemarking wat daartoe sal lei dat daardie mens by ’n plek of produk op pad na sy bestemming gaan stilhou
“Nog ’n belangrike punt is vooruitbesprekings wat solied is Sonder vooruitbespreking kan jy nie jou onderneming bou of jou produk as volhoubaar bemark nie Om jou bestemming of produk te gaan bemark, moet volhoubaarheid betrokke wees, die basiese elemente moet reg wees en die prys moet reg wees omdat die mededinging groot is ” Vos benadruk dit is belangrik om daardie geografiese verspreiding reg te kry, aangesien geld in die plaaslike ekonomie sirkuleer “Die agri-toerismekonsep is iets waarvan ons ’n groot geleentheid kan maak,” voeg hy opgewonde by Hy herhaal dat samewerking van kardinale belang is
“My doelwit is om Kaapstad se syfers op te stoot, maar ek kan nie die besoeker 24 uur per dag vir sewe dae per week daar hou nie, want hy wil die res van die streek besoek Daarom moet daar nouer samewerking wees
“Weet wat jy bemark, hoe jy dit moet bemark en vir wie jy bemark,” sluit Vos af met dié raad aan elkeen
JanaScheepers
Construction of the Franschhoek cable car, or “Skytram” as it is called, has been postponed until further notice, according to the project manager Alwyn Laubscher, of Alwyn Laubscher and Associates
“The Franschhoek Cableway [Skytram] is still in its conceptual phase and there is active and ongoing engagement with the community of Franschhoek about the vision underpinning the proposed development The project is still in very early consultation phase [and] no permission requests have been filed and there is no strict timeline
“The developers are passionate about this project and the many economic benefits it can bring to the community It is important for all involved to seek broad consensus within Franschhoek on the scope and design of the proposed project Therefore we are listening and taking into account the constructive feedback we have received in our early consultations The comments and concerns from that initial process as well as extensive personal engagements with individuals and groups in the town since will shape the future of the proposed project ”
News24 reported on 6 September that the R482-million cable-car project may be postponed until 2028 However, Laubscher said no definitive completion date had been decided on
Roughly a year-and-a-half after the public-participation process closed in March 2024 Doug Jeffery Environmental Consultants, employed by the Franschhoek Cableway Company to handle the environmental-impact assessment, was still sifting through the public’s comments received
The Skytram is proposed to start at Haute Cabrière and follow a 1km cable line up the valley to the Mount Rochelle Nature Reserve
Laubscher told Paarl Post on 15 February 2024 during a public-participation meeting, which also served as the unofficial open day, or launch of the project, that construction of the cable-car project was
expected to start in early 2025 and the first visitors welcomed at the end of 2026 These dates, however, no longer applied as the process was on pause
The vision of the project’s shareholders is different from that of the Table Mountain Cable Car, as it will provide visitors with an array of outings to choose from, encouraging longer stays on top at the reserve
The lower Haute Cabrière station will include the existing offerings as well as new proposed walkways around a dam, a new deli, ablutions and parking, while the upper station at Mont Rochelle Nature Reserve will include wine tasting, a restaurant, souvenir shop, paragliding launch area, walkways and existing hiking routes
The newspaper approached Adél Groenewald, an environmental consultant at Doug Jefferey Environmental Consultants, for comment but no response had been received Questions posed to her concerned comments received during the public-participation process and the progress of their review and report
The community has, meanwhile, voiced a range of objections In addition to potential environmental risks such as impacts on local fauna and flora, opponents of the project also raised concerns about the adequacy of Franschhoek’s power grid, and opportunities for socio-economic benefits and job creation for the local community, and possible parking challenges in the town
The “Stop the Franschhoek Skytram” FB group has roughly 1400 members
Marthus Mellet, a Grade 12 learner at Wellington Preparatory School and College, has been named South Africa’s Top Achiever for AdMath in 2025, following his exceptional performance in the national examinations
Marthus achieved a perfect score of 100%, a rare and remarkable accomplishment that places him at the pinnacle of academic excellence in the country. His achievement has earned him national recognition and a prestigious trophy
“This is a moment of immense pride for our school,” said Mike Aubin, principal of Wellington Preparatory School and College. “Marthus’ dedication, intellectual rigour and passion for mathematics have set a shining example for learners across South Africa. We are honoured to celebrate this milestone with him.”
The Top Achiever award is conferred annually on the highest-performing student in Additional Mathematics across the country.
Marthus also received an award for Academic Excellence in AdPhysics after obtaining a result above 90% in his examinations.
Ellene Markram en Lara Schwabe, albei leerders van die Laerskool Courtrai, het by die afgelope Tennis Suid-Afrika-byeenkoms uitstekende uitslae behaal Ellene het die o.10-afdeling gewen, terwyl Lara die o 14-afdeling beklink het
Zeva Adams, a Grade 9 learner at Noorder Paarl High School, qualified for South Africa Gymnastics and received two bronze medals. She came third for the floor category and third in the vault category
These learners of New Orleans Secondary recently participated in the Eskom Expo for Young Scientists at Paul Roos Gymnasium in Stellenbosch from 21 to 22 August The learners participated in groups of two Participating in the Expo helps learners to develop important research skills and explore new possibilities The school was extremely proud of them for all the hard work and effort they put in. Their accolades included one silver, one bronze and three highly commended (HC) awards They were (behind, from left) Mihlali Nomdlomboyi (bronze), Lynique Cupido, Lwandle Gqotso (HC), Lithemba Mbutuma (HC), Desné Gennike, Zusiphe Tukani (HC) and Litha Baza (bronze) In front: Ngcali Nabula (HC), Miko Lufele (silver), Endinalo Mbutuma (HC), Emihle Mapete (HC) and Mihle Lufele (silver).
reg vir
is
Ntampu (Groenheuwel-rugbykaptein), Siphesile Xhala (Groenheuwel-netbalkaptein), Kaythen Johnson (Dalweide-netbalkaptein) en Cullen Goliath (Dalweide-rugbykaptein)
Engela Duvenage
Annie Olivier, hoofbestuurder van NB Uitgewers, is deur haar alma mater, Hugenote Hoërskool in Wellington, vir haar invloed in die sakewêreld en op die Suid-Afrikaanse letterkunde vereer.
Dit is reeds sedert 1991 ’n instelling om op die skool se Stigtingsdag ’n oudleerder wat ’n besonderse merk in die sakewêreld, op die sportveld, in die letterkunde, die kunste of die akademie gemaak het, te vereer.
Olivier, ’n voormalige joernalis met ’n liefde vir nie-fiksie, het reeds diep spore in die uitgewersbedryf getrap – onder meer as redakteur by Tafelberg Uitgewers en as bestuurder van Jonathan Ball Publishers.
Sy is in 2025 deur Media24 aangestel om NB Uitgewers te lei, in wie se stal drukname soos Tafelberg en Human & Rousseau is.
Sy het in Wolseley grootgeword en in 1993 gematrikuleer. Op skool is sy onder meer aangewys as nasionale wenner van die ATKV-redenaarskompetisie.
Daarna het sy ’n honneursgraad in filosofie en ’n MPhil-graad in joernalistiek (albei cum laude) aan die Universiteit Stellenbosch verwerf, asook verdere kursusse in die joernalistiek en uitgewersbedryf voltooi.
Op die erkenningsgeselligheid by Hugenote Hoërskool het dr. Amanda Swart, een van Olivier se voormalige leerkragte, met ’n oorsig oor haar loopbaan onder meer haar liefde vir tale
uitgelig. Olivier het op skool Xhosa en Duits geneem, waarna sy ook naskoolse opleiding in Duits aan die Goethe Instituut in Duitsland ontvang het.
Op haar beurt het Olivier aan leerders vertel hoe sy oor deursettingsvermoë, toewyding en waagmoed in die wiskundeklas van Estie du Plessis en deur haar deelname aan redenaarskompetisies onder die aanmoediging van Louise Grobler geleer het – en selfs deur te probeer hoogspring.
Sy het ook uitgelig hoe sy in dr. Swart se Xhosa-klas geleer het om ’n oop gemoed en hart teenoor ander mense en kulture te hê en krities te dink.
Olivier het die uitgewersbedryf beskryf as ’n loopbaan waarin ’n mens leer om kanse te waag, aangesien die besluit om ’n boek te publiseer, elke keer ’n waagstuk is
Sy het die leerders uitgedaag om meer te lees, vrae te stel, nie tropdiere te wees nie en oop te wees vir mense en idees wat van hul eie verskil.
Daarby moet hulle hulle ook nie blind staar teen uitdagings nie, maar volgens Olivier eerder sulke situasies as geleenthede sien waaruit hulle kan leer en groei.
“Ek sê altyd vir my kollegas hoe lief ek vir ’n lekker ou ordentlike krisis is en dat die lewe werklik maar bra vervelig daarsonder sou wees. ’n Probleem is net ’n probleem totdat jy ’n oplossing daarvoor kan kry.
“En vertrou my – ’n oplossing is altyd beskikbaar. Dis dalk net nie die oplossing wat jy aanvanklik in gedagte gehad het nie,” het Olivier gesê
Show your love for rescued animals this Spring by visiting Wellington SPCA's Wellies Paws Charity Shop Open on Fridays, 08:30-16:30 and Saturdays, 08:3012:00 Bargains galore! Browse through a range of quality second-hand clothing, shoes, books, household goods, pet accessories and bric-a-brac; let yourself and your home look great and do good at the same time Every purchase helps fight cruelty and provides a lifeline for animals in need By shopping at Wellies Paws at Wellington SPCA you’re giving more rescued animals a second chance for a happy life!
Wellington SPCA is always in need of quality items that it can sell, so before you get rid of it rather contact them on 021 864 3726
Also, enquire about dogs that are up for adoption and in need of a good home
SATURDAY4ANDSUNDAY5OCTOBER
TheFranschhoekClassicCarFestivalisbackandwill takeplaceattheHuguenotMonument(4October) andFranschhoekMotorMuseum(5October) This year’seventwillbeatributetothe75thF1Anniversary
Limitedticketsareavailable Booknowatwwwfccf co zaorcall0828966678formoreinformation SATERDAG11OKTOBER
DieikonieseTaalmonumentviersy50stebestaansjaarmet’nheerlikeopskopindiePaarl-stadsaal Almalisgenooi Besoekquicket co zaofdieHistorium, Pastorieweg11,Paarl,virkaartjies(R150) Diedeureopenom18:00 Skakel0218630543virnoginligting
Die Toyota Stellenbosch Woordfees word van 11 tot 19 Oktober in die lente aangebied. Die fees vier 25 jaar se kuns, kultuur, stories, smaak en vermaak met ’n omvangryke program, winskopies en ’n tema wat jou nooi om “deel” te neem en “deel” te wees.
Met byna 400 aanbiedings in 12 afdelings gaan gesing, gedans, gekyk en gekuier word. Bring jou kampstoel, kombers en kuiermense vir die Toyotamusiekfees se gewilde opelugkonserte by die Jan Marais-natuurreservaat. Die musiekfees bring die vibe en die vibey na die ‘Bos met vertonings deur Will Linley, die Soweto String Quartet, Early B, Mandisi Dyantyis en Die Piesangskille Gehore sal weer deur topkore bederf word. Voces Cordis is terug onder leiding van André van der Merwe, wat ook die Stellenbosse universiteitskoor dirigeer. Die Tygerberg-kinderkoor, Voices+ en lede van die Universiteit van Johannesburg-koor (Miracle Tree) tree ook vanjaar op. Aurum Cantores vier Afrikaanse koorwerk met twee nuwe uitvoerings in Sing jou lied Ander kore is die Cape Town Camerata, Overberg Women’s Choir (O fire of the Spirit) en die bekroonde Zolani-jeugkoor (New South African Gems). Teaterhoogtepunte op die Spier-toneelprogram sluit in die terugkeer van Breyten Breytenbach se Boklied onder
regie van Marthinus Basson, Die ander dogter met Sandra Prinsloo, Liefde, Lafras met Antoinette Kellermann en die wenner van die Reinet Nagtegaalteksprys vir teater, Huis van sand, deur Dianne du Toit Albertze, sowel as die naaswenner, Die kabinet, deur André Gerber.
Die Woordfees wil almal deel maak van ’n betekenisvolle ervaring met ’n rits gratis- en afslagitems Die Diskoersprogram is heeltemal gratis met gespreksreekse oor wetenskap, politiek, kuns, wyn en die groot 100 vir Afrikaans as amptelike taal.
Jaco van der Merwe bewys met sy Filmfeesprogram – grotendeels gratis of billik geprys – daar is ’n behoefte om flieks op die grootskerm te sien Die Clermont-Ferrand- internasionale kortfilmfees is die wêreld se grootste kortfilmfees – naas Cannes die grootste rolprentfees in Frankryk. ’n Aantal wenners is gratis by die Woordfees te sien Pensioentrekkers van 65 en ouer kry elke Dinsdag 10% afslag op ’n lys uitgesoekte programitems
Die Toyota Stellenbosch Woordfees bedank talle maatskappye en instellings vir hul volgehoue ondersteuning om die fees moontlik maak.
Neem deel en wees deel van 11 tot 19Oktober in Stellenbosch. Besoek woordfees.co.za vir die hele program
Auctioneer Dan Nicholl in action at last year’s auction
A trip to Mauritius is what many people dream of. This is one of the lots that will come under the hammer at Paarl Rotary’s annual Winelands Charity Wine auction at Laborie Wine Estate on 12 October. There you can bid for two air tickets and a five-day stay at the exclusive Ambre resort.
But don’t forget the auction also boasts a large collection of premium wines for the discerning buyer, auctioned by wellknown TV personality Dan Nicholl. Along with collector’s items, many interesting hospitality items will be auctioned. There will also be a silent auction of art.
All proceeds go to charities, including local educare centres supported by Paarl Rotary.
For tickets (R550), including a sumptuous three-course luncheon, bubbly and wine, contact Gerald Truter at geraldtruter@gmail.com or 082 559 8746.
Engela Duvenhage
Die pediatriese longspesialis prof Pierre Goussard is letterlik bereid om die ekstra myl vir ’n goeie saak te hardloop – en dikwels teen vreeslike steiltes uit daarby! Dié oud-Gimmie samel geld in vir ’n brongoskoop van R400000, wat die diagnose en behandeling van jong pasiënte by die Tygerberg-hospitaal, wat aan longkwale of lugwegprobleme ly, drasties kan verbeter.
Sedert die bekendstelling van sy Given Gain-veldtog in 2023 het hy reeds ongeveer 11000km vir dié saak op die pad deurgebring. Dit sluit oefening in vir sy selfgefinansierde deelname aan stadsmaratons in Rome en Praag en onlangs ook vir sy tweede Gornergrat Zermatt Ultramaraton in Switserland Dié wedloop oor berge en dale in die Switserse Alpe is een van Europa se mees uitmergelende roetes.
Goussard was nie tevrede om net die “normale” Königsdisziplin-marathon van 42,2km te voltooi nie. Dié sou hom van die dorp St. Nicklaus deur die diepste vallei in Switserland na die Riffelberg by Gornergrat neem Hy het ook ’n ekstra 3,4km opdraande gehardloop as deel van die Herausforderung-roete, en ’n verdere strawwe 514m geklim voordat hy die eindstreep op 3089m bo seespieël in 6:52:48 bereik het. Die wedloop klim altesaam sowat 2458m.
“Daardie laaste drie kilometer was basies net opdraand. Dit was ’n stryd, aangesien ek gewoonlik op seevlak in Kaapstad oefen,” erken Goussard, wat in 2022 ook die roete voltooi het.
Om die majestueuse Matterhorn as agtergrond te hê, was nogal skouspelag-
uit ’n kind se neus of lugweë te verwyder Daarvoor is ’n bronkoskoop baie handig. ’n Derde van alle bronkoskopieprosedures wat hulle jaarliks uitvoer, word gedoen om kinders met TB te diagnoseer en te behandel. Dié siekte kan groeisels in pasiënte se lugweë en hul longe veroorsaak, wat asemhaling moeilik maak. As dit nie betyds verwyder word nie, kan pasiënte versmoor. Prof. Goussard sê die Olympus-bronkoskoop waarvoor hy geld insamel, kan gevorderde tegnieke soos endobrongiale ultraklank (EBUS), radiale EBUS en krioterapie op jong pasiënte moontlik maak. Die koste daarvan is egter nie deel van die staatsbegroting nie As voorsitter van die Tygerberg-hospitaal se Kindertrust het hy daarom besluit om sy stokperdjie om maratons wêreldwyd te hardloop, as geldinsameling te gebruik.
tig, sê hy. Dit het hom herinner dat geen berg te groot is om uit te klim nie. Dié bykomende motivering om vir ’n goeie doel te hardloop, al kom die geld tot dusver nog maar stadig in, het hom verder gedra, tesame met die ondersteuning van sy gesin met die roete langs Hy was algeheel 240ste en 20ste onder die 50 mans tussen 55 en 59 jaar oud en wat die Herausforderung voltooi het.
Goussard is ’n professor in longkunde en pediatrie aan die Universiteit Stellenbosch en werk in die Tygerberg-hospitaal. As kliniese eenheidhoof van Tygerberg se pediatriese pulmonologie- en pediatriese waakeenheid (PICU) sien hy gereeld kinders met ingewikkelde respiratoriese toestande, tuberkulose (TB), MIV- verwante komplikasies, aangebore letsels en lewensbedreigende longontsteking.
Sy span word dikwels ingeroep om klein goed soos ’n blokkie of ’n klippie
“Dit sal ons pasiëntesorg verbeter en beteken dat ons hulle nie noodwendig na ander eenhede hoef te verwys nie Dit sal gesondheidsorgkoste verminder en opleidingsprogramme vir junior personeel en dokters van Afrika verbeter.”
Prof. Goussard het in die Paarl grootgeword en in 1984 aan Paarl Gimnasium gematrikuleer Daarna het hy aan die Universiteit Stellenbosch medies studeer voordat hy as pediater en longspesialis spesialiseer het.
Op skool het hy rugby en krieket gespeel en in sy vroeë dertigs begin hardloop om fiks te bly en werkstres te verlig. Hy sê die sport help om sy gedagtes skoon te maak en gee hom dikwels die tyd om deur moeilike gevalle te dink.
•Besoek sy Given Gain-blad by https:// www.givengain com/project/pierre-goussard-raising-funds-for-stellenbosch-university-south-africa of stuur e-pos aan pgouss@sun ac.za vir nog inligting.
QuintonJacobs
Voorbereidings vir die komende krieketseisoen is in volle gang by die Paarl-krieketklub, waar ’n oefenprogram reeds in Julie onder die waaksame oog van die hoofafrigter, Manfred de Kock, begin het
Die senior span speel weer vanjaar in die Premier-afdeling van Krieket Boland, waar hulle verlede seisoen verskeie titels verower het
Vier Paarl-spelers word eersdaags terug uit Engeland verwag, waar hulle vir die nuwe uitdagings geslyp is Paarl kom op 20 September teen Emirates Eagles, ’n toerspan van Dubai, te staan en pak mekaar in ’n 25-boulbeurt-wedstryd op die Parysveld Daarna vertrek die Paarl-span op ’n week lange toer na Namibië, waar hulle in Walvisbaai teen die Blue Waters- en Kleilat-krieketklubs te staan sal kom, gevolg deur ’n
wedstryd teen die Wandererskrieketklub in Windhoek
Die Gemeenskapsbeker- T20kompetisie begin op 4 Oktober, wanneer Paarl se twee senior spanne in Stellenbosch teen die Van der Stel-krieketklub kragte meet Die Paarl-spanne is die bekerhouers en sal vasberade wees om die tuisspan te troef
Die reeks word die volgende dag voortgesit wanneer die Paarl-spanne vir hul wedstryd teen die nuweling in die Premier-afdeling, Caledon, reis Paarl se eerste wedstryd in die 50-boulbeurt-ligakompetisie is tuis op 6 Desember in sy derby teen Paarl-Oos
Die Boland-T10-toernooi word van Vrydag 17 Oktober op Boland-park gespeel Die krieketklubs van die Paarl, Mbekweni, Drakenstein Edu en Klapmuts span saam en sal as Paarl Rocks meeding Hulle begin die kompetisie teen Northern Raiders en speel die volgende dag teen Overberg Indwe
Paarl Men 1st team has a chance to get the points this Sunday, when they play against Central 1 at Vygieskraal, Cape Town UCT1 has one point above them on the Grand Challenge log Paarl Hockey believes the team can retain its position in the GC league Full results of last weekend:
Saturday 6 September:
• Paarl Men 1 lost WPCC 1; 1-5
• Paarl Men 3 drew Milnerton 5; 1-1
• Paarl Ladies 2 lost Durbanville 2; 0-1
• Paarl Masters won Bellville Masters C; 4-1
• Paarl Rocks Mixed won Conberg C; 2-1
Sunday 7 September:
• Paarl Men 1 lost Milnerton 1; 1-4
• Paarl Men 2 won Milnerton
2; 5-3
Fixtures for this week:
Saturday 13 September:
• Paarl Rock Mix vs Central Masters (Masters C: Paarl Boys' Astro; 13:30)
• Paarl Masters vs Durbanville Masters (Masters B: Paarl Boys' Astro; 15:00)
• Paarl Ladies 1 vs Fish Hoek 1 (Promotion League: Wynberg A; 15:00)
• Paarl Ladies 2 vs Fish Hoek 2 (Ladies 3rd: Wynberg B; 16:30)
Sunday 14 September:
• Paarl Rock Mix vs VOB (Ladies 3rd: La Rochelle High; 13:30)
• Paarl Men 1 vs Central 1 (Grand Challenge: Vygieskraal; 13:30)
• Paarl Men 2 vs Central 2 (Grand Reserve: Vygieskraal; 15:00)
CharlWilliams
Rugbyvieringe is aan die orde van die dag in dié dorp nadat beide Roses United en Hillcrest United hul plekke in vanjaar se gesogte Boland-Top-12klubreeks verseker het.
Wat dié prestasie besonder merkwaardig maak, is dat albei spanne vanjaar hul 25ste bestaansjaar vier
Roses United, wat verlede jaar nie gekwalifiseer het nie, het hul terugkeer op glorieryke wyse gemaak deur bo-aan die punteleer
in die Witsentraal-streek te eindig Hillcrest United, wat in 2 000 gestig is, het vir die eerste keer in hul geskiedenis die Top-12 gehaal nadat hulle tweede geëindig het
Volgens die kompetisiereëls beteken dit dat Roses drie tuis-wedstryde en twee wegwedstryde in die eerste fase sal speel, terwyl Hillcrest twee tuis- en drie wegwedstryde sal speel
Die amptelike bekendstelling en loting van die 2025-BolandTop-12-kompetisie sal op Dinsdag 24 September by Bolandstadion in Wellington plaasvind Plaaslike rugbyondersteuners
meen dié dubbele deelname is ’n bevestiging van die groeiende rugbykrag in die Wellington-omgewing
Die Boland-Top-12 skop op Saterdag 11 Oktober af met die halfeindstryd wat op 15 November gespeel sal word, gevolg deur die eindstryd op 22 November
Die volledige Boland-Top-12spanne sluit in: Abbotsdale, Botrivier, Eagles, Hillcrest, Robertson, Roses United, Delicious NW, Safcol, Saldanha, Villagers Worcester, Vredenburg en Wesbank