Paarl Post E-edition - 3 April 2025

Page 1


Grootouma erken skuld op klagte

Die 69-jarige Susana “Sarie” de Villiers, die Wellingtonse oumagrootjie wat met haar drie agterkleinkinders by die Bainskloofpas afgery het, het Vrydag (28Maart) in die streekshof in Worcester verskyn, waar sy skuldig op die moord op haar drie agterkleinkinders beken het.

Die staat voer aan dat DeVilliers op 20November 2021 sowat 80m by die berg van Bainskloofpas afgery het. Haar agterkleinkinders Caleb (8), Gradwell (5) en Joshua (2) Booysen is dood, terwyl sy die ongeluk oorleef het. Die drie kinders het die dag by DeVilliers, haar man, Ivan, ’n prokureur in Wellington, en hul oupa, Carl Smit, in Wellington gekuier.

De Villiers is later die middag met die kinders in haar motor weg, waarna sy deur die versperrings by Bainskloofpas, wat weens padwerke opgerig is, gery het.

Die motor waarin sy met die drie kinders gery het, het op die kruin van die pas teen die berg afgestort. Ná die ongeluk was sy weke lank in die Paarl-hospitaal waar sy deur die hospitaal se psigiatriese afdeling geëvalueer is voordat sy vir verdere evaluering na Valkenberg gestuur is

De Villiers het tydens haar hofverskyning by monde van haar regsverteenwoordiger, advokaat Sakkie Maartens, aangestel deur die prokureursfirma

van ’n geestesongesteldheid nie [en] sy is bewus van die aanklagte teen haar en sal haar prokureur opdragte kan gee,” lui die Valkenberg-verslag

“My emosionele toestand was ’n ‘warrelwind van emosies’, insluitende wanhoop, frustrasie, hopeloosheid, desperaatheid en ’n aanvaarding dat daar geen einde in sig was vir hul lyding en my volgehoue lyding as hul oumagrootjie, wat hulle innig liefgehad het nie,” het sy op 28 Maart by monde van haar regslui in die hof gesê

HAARVERMOËTYDENSVOORVALBETWIS

Sarien Engelbrecht, gesê sy het

“impulsief besluit om [haar agterkleinkinders] van verdere ellende en mishandeling te verlos deur hul lewens te beëindig en [haar] eie te neem”.

‘GEENEINDEAANLYDING’

geleef het, haar oorweldig – ’n gevoel wat moontlik tot die moorde kon bydra.

Die verslag het ook bevind dat DeVilliers “nie geestelik siek is nie” en “geskik is om verhoor te word”

“Ek het ongeveer 20km van ons huis af van die pad af en oor ’n krans gery by ’n breuk in die betonmuurversperrings en klippe langs die pad om ons almal se dood te veroorsaak. Ek gee toe dat die voormelde misdade met voorbedagte rade gepleeg is Ek ontken egter dat vooraf beplanning betrokke was. Ek wys daarop hoewel ek van plan was om die lewens van my agterkleinkinders en myself te neem, my motief was om die oorledenes en myself te spaar en van onbepaalde verdere lyding te red.”

Die beskuldigde se agterkleinkinders was in daardie stadium reeds ses maande in die sorg van pleegouers in Wellington weens dwelmmisbruik van die oorledenes se ouers en het op dié dag by De Villiers en haar man gekuier. Volgens die Valkenberg-verslag, wat op 20 Junie 2024 deur ’n paneel van drie opgestel is en die eerste keer op 11 November 2024 as ’n hofbewysstuk ingedien is, het hierdie omstandighede waarin De Villers se agterkleinkinders

Die verslag is aangevra nadat die eerste psigiatriese verslag, wat deur die Paarl-hospitaal onder leiding van die hospitaal se hoofpsigiater, Charl Prinsloo, uitgereik is, teenstrydighede bevat het.

Prinsloo se verslag het aangevoer dat De Villiers toerekeningsvatbaar is, maar dat sy verminderde vermoë ten tyde van die ongeluk gehad het.

“Haar [De Villiers se] optrede rakende die tyd [van die ongeluk in Bainskloof] het gelyk asof dit doelgerig, maar impulsief was. Haar optrede was nie as gevolg

Hoewel sy gesê het dat haar “optrede verkeerd was”, pleit sy steeds dat sy verminderde vermoë ten tyde van die voorval gehad het omdat sy ernstige emosionele stres gehad het en nie in staat was om haar optrede ten volle te verstaan of haar gedrag heeltemal te beheer nie.

Die staat het egter hierdie pleidooi weerlê.

Die verhoor sal op 14 Mei begin om die verdediging kans te gee om deskundiges te identifiseer was as getuies geroep sal word om hierdie bewering te staaf.

Laat jou stem op DM se Ope Dag geld

Drakenstein Munisipaliteit se Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (IDP) opedae het begin en duur tot 16 April. Gedurende hierdie tydperk kry inwoners ‘n unieke geleentheid om hul stem te laat hoor oor plaaslike dienslewering en gemeenskapsontwikkeling. Kom ons ontrafel waarom geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning beskryf kan word as ’n munisipaliteit se aksieplan of sakestrategie en hoe Drakenstein se inwoners hul stemme kan laat hoor en by hierdie beplanningsproses betrek te word. Ingevolge die Munisipale Stelselswet (Wet Nr. 32 van 2000) is alle munisipaliteite wetlik verplig om ’n GOP te skep – ’n strategiese vyf-jaar-plan wat die ontwikkelingsbehoeftes van die betrokke munisipale gebied spesifiseer.

Kortom – ’n GOP help ’n munisipaliteit om te fokus op die kritieke diens-be-

hoeftes van sy gemeenskappe, terwyl deeglik gekyk word na die finansiële hulpbronne waaroor die munisipaliteit beskik. En wat kan beter wees as om plaaslike diensbehoeftes direk by inwoners te bepaal?

By die Drakenstein-munisipaliteit is geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning (GOP) ’n samewerkende benadering wat daarop gemik is om gemeenskappe te betrek ten einde die beste oplossings vir volhoubare ontwikkeling te vind.

Die munisipaliteit moedig sy inwoners aan om hul stemme te laat hoor in die konsep-GOP en -begroting se openbaredeelnemingsproses, wat op 31 Maart begin het en tot 16 April duur. Verskeie GOP- opedae word in al 33 wyke van die munisipale streek aangebied. Die sessies bied die mense van Drakenstein die geleentheid om insette te lewer oor diensleweringsaangeleenthede in hul

onderskeie wyke Gemeenskappe sal ook die geleentheid kry om terugvoer te gee op die DM se konsep-ruimtelike ontwikkelingsraamwerk (ROW), wat ’n voorstelling is van die behoeftes en voorstelle wat in die GOP geïdentifiseer is Wanneer hierdie gesprekke afgehandel is, sal die publiek se kommentaar in ag geneem en geïnkorporeer word in die finale IDP, begroting en ROW, wat teen die einde van Mei 2025 aan die DM-raad voorgelê sal word. Sodra dit deur die raad goedgekeur is, moet alle ontwikkeling en projekte vir die volgende vyf jaar aan die bepalings van die plan voldoen Sluit aan by ’n opedag om u stem te laat hoor Vrr verdere inligting en skedule van die vergaderings, besoek www.drakenstein.gov za

Susana ‘Sarie’ de Villiers (69). F

Oesseisoen vrolik afgesluit

Feesgangers het die afgelope naweek by die immergewilde Oesfees op die Solms-Delta-wynland buite Franschhoek omtrent hul litte losgemaak Bekendes soos Emo Adams, Valiant Swart en Anton L’Amour, Koos Kombuis en Kie en Frazer Barry en die Tribal Echo Band het heerlike vermaak aangebied. ’n Gunsteling onder die skare was die Papier Family Band wie se jong saxofoonspeler feesgangers met sy Bobby Hendricks-treffers aan die dans gehad het Die jaarlikse Oesfees word gehou ter viering van die einde van die oesseisoen Dit bied aan plaaslike sowel as nasionale musikante die geleentheid om hul talent ten toon te stel Foto: Rasaad Adams

Paarliet verwerf sy doktorsgraad

Dr. Jerome Fredericks, ’n inwoner van die Paarl en dosent aan die Universiteit Stellenbosch (US), het vir sy doktorale tesis strategieë ontwikkel om die toeganklikheid van minibustaxidienste vir rolstoelgebruikers in sy tuisdorp te verbeter.

Fredericks, wat al 17 jaar lank ’n dosent aan die US se fakulteit geneeskunde en gesondheidswetenskappe is, het sy graad verlede maand gekry

Hy het aan die Paulus Joubert Sekondêre Skool gematrikuleer, waar hy in sy matriekjaar ook die hoofseun en topleerling was

Luidens ’n verklaring deur die US fokus ’n groot deel van sy werk op die rol van arbeidsterapie in fisieke gestremdhede

Die behoeftes van sy gemeenskap lê hom na aan die hart aangesien hy al te goed weet hoe kragtig ’n helpende hand kan wees

Hy sê hy onthou “soos gister” die oomblik toe sy lewe as kind verander het toe hy, terwyl hy op ’n straathoek gebedel het, genooi is om aan ’n vlugbal-oefensessie deel te neem

Daardie wedstryd het sy lewensrigting verander, sê hy, en verwys na die gesegde “ ’n kind in sport is ’n kind uit die hof”

Hy sê vlugbalspeel in sy vrye tyd het hom uit die moeilikheid gehou en sy selfbeeld verbeter

“Ek het my tyd meer produktief gebruik en soveel sosiale en lewensvaardighede ontwikkel ”

Vlugbal het vir hom “betekenis en doel in die lewe” gebring, voeg hy by Dit het hom die ingesteldheid gegee dat “alles moontlik is as jy net glo en hard aan jou droom werk"

Nadat hy gr 3 herhaal het, het Fredericks sy ma se raad onthou om nie toe te laat dat enigiemand vir jou sê dat jy nie die mens kan word wat jy wil wees nie

“Dit was die dag wat ek besluit het om ’n professor te word,” onthou hy “En hoekom het ek gedroom om ’n professor te wees?” vra hy “Dit was om my eie kantoor te hê, by my eie lessenaar te sit, deur die wêreld te reis, ’n verskil in mense se lewens te maak, my ma trots te maak en –laastens – om ’n hele hoender vir myself te hê Ja, ’n hele hoender vir myself!” Fredericks skryf sy sukses toe aan ’n gebalanseerde leefstyl sowel as twee

Dr Jerome Fredericks by sy doktorale gradeplegtigheid verlede maand Foto: Universiteit Stellenbosch (US)

van die beste studieleiers en akademiese mentors

Sy ma se “streng liefde en eerlike raad” het ook tot sy sukses bygedra

“Een van die waardevolste lesse wat sy my geleer het, was dat die lewe in die krag van die tong lê en dat jy lewe in enige situasie kan inspreek Met ander woorde, jy kan jou eie realiteit skep

“My inspirasie was ’n ma wat niks gehad het nie, maar my steeds kon grootmaak tot ’n doktor deur net op die Here en haar geloof te vertrou ”

Hoewel sy nie meer hier is om sy gradeplegtigheid te vier nie, sal hy dit kan deel met sy vrou, Mandy, en sy kinders Joshua, Meah en Meekah

“Ek is baie nederig en baie dankbaar vir die genade van God oor my lewe ”

Hy het ook die belangrikheid van bestendige en proaktiewe werk beklemtoon

Wanneer hy nie met navorsing of lesings besig is nie, ontspan hy deur te kook, flieks te kyk of na inspirerende musiek te luister

Fredericks hoop om wyer te publiseer en nasionaal en internasionaal met eweknieë in sy veld saam te werk

Hy het reeds van sy navorsing by konferensies in Europa aangebied en sal dit volgende jaar by die wêreldfederasie vir arbeidsterapie (WFOT) se kongres in Thailand aanbied

Lady Grey-straat-stryd woed voort

Die informele handelaars in Lady Grey-straat in die Paarl en die Drakensteinmunisipaliteit (DM) is stééds in ’n stryd betrokke – sedert verlede week se optrede toe die DM die handelaars gedwing het om van die middedorp na Patriotplein óf die taxi-staanplek langs die Bergrivier-boulevard te skuif

Na dié optrede het verskeie politieke partye hul stem dik gemaak teen die DM se behandeling van die informele handelaars, onder andere die GOODparty, wat ’n verklaring uitgereik het.

Volgens Keagen Gertse, ’n GOOD-raadslid en hoofsweep in die DM, is GOOD bewus daarvan dat [die huidige konflik tussen die informele handelaars en die DM] ’n komplekse kwessie is”, maar “GOOD moedig [die DM] aan om ’n balans tussen menslikheid, toegang tot infrastruktuur en die wetlike vereistes om handel te dryf, te vind”.

“Ingevolge die 2002-provinsiale koerant 5906 is Lady Greystraat nie ’n geïdentifiseerde perseel vir handel nie, maar artikel 2(5) van die munisipale informele handelsverordening erken die bestaan van historiese nie-afgebakende persele vir verhandeling en dat die munisipaliteit sal poog om te verseker dat informele handelaars

toegang tot waardige omgewings kry,” sê Gertse in die verklaring

“Alles inaggenome, is die kern van hierdie probleem die feit dat die munisipaliteit die afgelope 23 jaar baie min gedoen het om afgebakende gebiede te hersien en infrastruktuur te ontwikkel om informele handel in Drakenstein te huisves en te bevorder

“Dit is ’n politieke besluit, nie ’n administratiewe een nie.”

Op verlede Vrydag (28 Maart) se raadsvergadering is die kwessie ook deur die ANC, Concerned Drakenstein Residents en weer GOOD geopper, maar die DM se burgemeester, Stephen Korabie, wou geen vrae hieroor beantwoord nie.

Volgens vorige kommunikasie deur die DM het die handelaars met geldige permitte “ingestem om van hierdie opsie gebruik te maak, waarna hulle veronderstel was om hul stalletjies teen 31Maart te skuif”.

Handelaars met wie die Paarl

Post gesels het, weier egter volstrek om te skuif en voer aan dat die wettige handelaars nooit hiertoe ingestem het nie.

Een van dié handelaars is Lereagan Jantjies, wat al 27 jaar in Lady Grey-straat ’n inkomste verdien deur leerprodukte soos gordels en sakke te verkoop.

Volgens hom is die informele handelaars in dié straat reeds twee keer vantevore ( in 2008 en 2011) deur die DM gevra om te skuif

DMHOUVOETBYSTUK

Jantjies voer aan dat van 2008 tot nou nog nooit ’n plan beraam is om infrastruktuur op Patriotplein en by die taxi-staanplek in Bergrivier-boulevard vir die handelaars op te rig nie.

Volgens hom is ook nooit met die informele handelaars oor ’n moontlike oplossing en vir hul insae gekommunikeer nie.

’n Ander informele handelaar, wat verkies om anoniem te bly, voer aan dat te min voete by die DM se voorgestelde gebiede is – veral by die taxi-staanplek in die Bergrivier-boulevard – en dat dit onregverdig is om te verwag dat voetgangers dié besige straat sal moet oorsteek.

David Beukes, ’n taxibestuurder wat daagliks sy taxi hier parkeer, het aan die koerant gewys hoekom geriewe hier nie vir informele handelaars geskik is nie.

Volgens hom is dit wat die DM in sy verklaring gesê het en hoe die geriewe eintlik lyk, ver van mekaar verwyder.

In ’n vorige persverklaring voer die DM aan dat infrastruktuur reeds op die taxistaanplek opgerig is, soos skadunette, vullisdromme en spoeltoilette. Hoewel Beukes nie hierdie stellings ontken nie, is die infrastruktuur, volgens hom, “nie op standaard nie”

Hy voer aan dat daar net twee spoeltoilette is – te min vir die informele handelaars, hul klante en die taxibestuurders om te gebruik.

Volgens hom is die skadunette nie waterdig nie en is die perseel deurdrenk met water in die winter wanneer die Bergrivier ná swaar reën opstoot.

Beukes voer ook aan dat die perseel nie ’n volwaardige taxi-staanplek is nie, maar slegs

’n housone waar die taxi’s parkeer, afwagtend om hul klante by die eintlike staanplek by Shoprite op te laai

Dus, voer Beukes aan, sal die handelaars nie geld maak nie, omdat die publiek nie nie die housone besoek nie.

Volgens Seraj Johaar, die DM se direkteur van korporatiewe en beplanningsdienste, staan die DM by sy besluit vir alle wettige handelaars om van Lady Greystraat na die twee ander geïdentifiseerde gebiede te skuif.

“Die DM erken die bydrae deur die informele sektor tot die plaaslike ekonomie en verstaan die belangrikheid daarvan om ’n waardige en bemagtigde omgewing vir deelnemers in hierdie sektor om ekonomies aktief en suksesvol te wees, te voorsien” sê Johaar

“Die DM sal verseker dat handelaars by ander handelspersele om permitte aansoek doen. Permitte sal vir drie maande uitgereik word en slegs vir handelsgebiede wat toegang tot ablusiegeriewe en afvalverwyderingsfasiliteite het.

“Een van die hoofredes waarom die DM handelaars uit Lady Grey-straat verwyder het – ná klagtes deur inwoners, sake-eienaars en klante – was weens die gebrek aan ablusiegeriewe in die gebied. Die munisipaliteit wil verseker dat die handelaars op ’n menswaardige wyse behandel word. Ons motivering was ook om reg en orde in die gebied te herstel ”

High school in spotlight as police is called

Another incident at Klapmuts High School on 27 March required police intervention after two students engaged in a dispute over a game being played on the school premises The altercation, however, was superficial and did not involve serious physical contact.

This is according to sergeant Madilyn Dombas, spokesperson of the Klapmuts Police Station.

The Klapmuts High School has recently been under the spotlight after two stabbing incidents between learners were reported one in 2024 where a learner was stabbed in the back and the other, recently, on 25 February where one Grade 10 learner stabbed one of his peers.

After the second incident in February, a public meeting was held arranged by the school’s student governing body with the Klapmuts police also present, where numerous attended to voice their concerns and fears regarding their children’s safety.

“[On 27 March] the Klapmuts police station received a telephonic complaint

regarding a fight at Klapmuts High School. On arrival at the school one of the teachers said that the fight arose from a disagreement over turn-taking while playing games on the school premises,” Dombas said.

“On that particular day, it was one group’s designated turn, but another group also attempted to play, leading to the conflict.The students involved are from different grades, and there was no stabbing on the school premises.”

This incident is unrelated to the previous one that occurred in February and was solely a physical altercation, not a

stabbing.”

Kerry Mauchline, a spokesperson from the Western Cape Education Department (WCED), confirmed the Klapmuts police’s comment.

“No stabbing incident occurred at Klapmuts High School on 27 March A scuffle between learners during a soccer game was promptly addressed by the principal and staff.

“However, the situation escalated when parents/community members scaled the school fence, causing chaos and requiring police intervention [whereafter the Klapmuts police] escorted the community members from the school,” Mauchline said

Since the previous two incidents, the WCED has provided support to the school, including:

• Support from the Inclusive and Specialised Education Support (ISLES) team for learners and staff;

• Safety risk assessments and assistance from the Safe Schools subcomponent; and

• Controlled access points, morning searches for dangerous weapons, and improved access control measures

Stolen

Lady Grey-straat in die Paarl Foto: Jana Scheepers
Klapmuts High School Photo: Rasaad Adams

Nothingafter3years

This year marks three years since the National Department of Public Works and Infrastructure (DPWI) signed a User Agreement with Noorder Paarl High School to use the Sanddrift Sports Facility.

In their agreement DPWI’s responsibilities include to monitor the agreement to ensure that operational efficiency of the building is maintained and the user complies with terms and conditions of the agreement, as stated by former minister of public works and infrastructure Patricia de Lille. She also added that the department has committed to do renovations to bring the facilities up to standard.

This week Paarl Post visited the facility and there was no visible indication of any “renovations” done The stadium is not in good shape to host supporters if a rugby match is being played there. It is clearly vandalised and can be deemed as unsafe.

In the beginning of 2022 the principal of Noorder Paarl High reached out to DPWI to find out how the facility is being utilized, and since the school does not have any sporting facilities they asked the department for permission to make use of Sanddrift.

At the time De Lille said, “The Noorder Paarl High School,

which is a no-fee school with more than 1 000 pupils, has been in dire need of proper sporting facilities for many years. The school contacted the department to enquire about the use of the field and following the finalisation of various due processes within the department, we are delighted that we were able to sign a user agreement with the school on Friday 5 August”.

Paarl Post reached out to the department and specifically asked what renovations have the DPWI done at Sanddrift, and how much it cost. James de Villiers, spokesperson for the now DPWI minister Dean Macpherson, answered: “The property is currently in the process of being transferred to the Provincial Government. We have already signed a user agreement with the school and have assisted them by providing fencing. With regard to renova-

tions, the department advised the school to approach the Provincial Department of Education or the Provincial Department of Public Works.”

Bronagh Hammond, spokesperson for the Western Cape Education Department commented on how long the agreement is valid for, and how agreement benefitted the school.

“The agreement allows the school to utilise the property for sports and activities associated with sports. There is no ‘end date’ listed on the agreement. The school currently utilizes the property for various sports, primarily for rugby. They have also hosted training sessions at the site. The school is a no-fee school and therefore funds are limited in terms of upgrading They are currently looking for and engaging in partnerships to expand sport offerings and improve their facilities.”

Droë winter voorspel

'n Droë winter wag op die WesKaap, terwyl die oostelike kusgebiede swaar reën kan verwag, wat moontlik oorstromings kan veroorsaak.

Só voorspel die SuidAfrikaanse weerdiens

Die suidwestelike dele van die land kan dus ’n droë herfs en winter in sy reënseisoen verwag.

Die voorspelling hou ernstige implikasies vir wintergewasse en watersekerheid in.

Daarteenoor kan die suidelike en oostelike kusgebiede ’n besonder nat winter verwag.

In sy maandelikse seisoenale klimaatvoorspelling, wat vyf maande vooruit kyk, tot die einde van Augustus, sê die weerdiens seisoenale veranderinge raak die suidwestelike dele van die land en die suidelike en oostelike kusgebiede.

"Die suidwestelike dele van die land sal waarskynlik ondergemiddelde reënval ontvang, terwyl die suidelike en oostelike kusgebiede waarskynlik bogemiddelde reënval sal ervaar," lui die voorspelling.

Maksimum temperature in

die meeste dele van die land sal waarskynlik hoër as die gemiddelde wees. Dié neiging heers al maande lank en bly onveranderd.

Die landbousektor in die Wes-Kaap het sy kommer ná die jongste voorspelling van 31Maart uitgespreek.

Die Wes-Kaap is Suid-Afrika se grootste produsent van wintergewasse, insluitend koring.

Koringboere sal dus die volgende weervoorspelling, aan die einde van April, goed bestueer. Dit dien ook as riglyn vir die komende saaiseisoen en word kort voor grondvoorbereiding en aanplanting uitgereik.

Verder het die weerdiens bevestig dat die LaNiñaweerverskynsel verby is en die El Niño- suidelike ossillasie (Enso) tans in ’n neutrale fase is La Niña bring gewoonlik goeie reënval vir suidelike Afrika, terwyl El Niño dikwels droogtes meebring. Enso se invloed is minder prominent in die winter

The Sanddrift Sports Facility in Paarl Photo: Rasaad Adams

DA-raadslid in die sop oor potjiekos

Die Speaker van die Drakensteinmunisipale raad het vandeesweek bevestig dat ’n ondersoek begin is teen Ruth Arnolds, ’n DA-raadslid van wyk7 in Wellington, wat glo munisipale verordeninge oortree het toe sy en ander DA-lede in ’n oop veld in VanWyksvlei gate gegrou en oop vure gemaak het as deel van ’n voedingsprojek in haar wyk

Die klagte teen Arnolds is deur die GOOD-party by die Speaker en die munisipaliteit se afdeling vir openbare veiligheid aanhangig gemaak, waarin die party onder meer sê raadslede moet ’n voorbeeld stel wat plaaslike munisipale wetgewing betref

Keagen Gertse, die GOOD-party se hoofsweep in Drakenstein, het in ’n verklaring gesê die beweerde oortredings het op Saterdag 15 Maart op ’n oop veld in Dr Abduraghman-weg plaasgevind

Volgens hom was Arnolds en ander

DA-lede glo besig om potjiekos vir die gemeenskap te berei

“Hoewel hul bedoelings goed was, glo GOOD dit is belangrik dat openbare verteenwoordigers te alle tye die munisipaliteit se verordeninge moet nakom

“Nie net het hulle onnodige skade aan die fasiliteite veroorsaak deur groot gate in die grond te grawe om as tydelike vuurputte te dien nie, maar oop vlamme in ’n openbare park hou ook ’n ernstige veiligheidsrisiko in

“Die verordening verbied enige uitgrawings, skade of ontsiering van fasiliteite, en dit verbied ook mense om kos of alkoholiese drankies na ’n openbare fasiliteit soos hierdie te bring

“Die munisipaliteit beskik oor ander fasiliteite met braaigeriewe wat vir hierdie doeleindes gebruik kon word,” het Gertse gesê

“Sy behoort te weet dat haar optrede ook dié van die gemeenskap bepaal

“As raadslede bereid is om munisipale reëls te oortree, hoe kan Drakenstein dan van sy inwoners verwag om dit na te kom?”

Egpaar vra hulp vir baba

Jana Scheepers

Nicole (28) en William (32) Benzin van Klapmuts is steeds hoopvol vir ’n baba ná nege miskrame, maar vra vir finansiële steun om hul droom te bewaarheid weens twee mediese toestande, genaamd antifosfolipied-sindroom en servikale inkompetensie, wat hul kans op ’n suksesvolle en natuurlike swangerskap bemoeilik.

Hulle is in November 2021 getroud, maar bly reeds sedert 2016 in Klapmuts saam, waar William as ’n vlootbestuurder by ’n vervoermaatskappy werk en Nicole haar eie onderneming, genaamd Unbranded Chemistry, besit, wat haarprodukte en skoonmaakmiddels verkoop.

Nicole het aan die einde van die eerste keer onbepland swanger geraak en in Januarie 2017 ná 14 weke ’n miskraam gehad toe sy ligte bloeding ervaar het.

Sy het toe weer in 2019 swanger geraak en met haar eerste skandering op 11 weke het sy die nuus ontvang dat die fetus op ses weke opgehou groei het.

Nicole het toe medikasie ontvang om kraam aan te help, waarna haar baba doodgebore is.

Die Benzins het weer vroeg in 2020 probeer en ’n derde miskraam op ses weke ervaar.

Hulle wou vrugbaarheidstoetse aanvra, maar hierdie afdeling in die staatshospitaal was weens die Covid-19-pandemie gesluit.

Hierna het Nicole dadelik weer swanger geraak en elke dag haar bloed laat trek om haar swangerskap te monitor.

Volgens haar het die toetse niks opspraakwekkend onthul nie, maar steeds het sy haar vierde baba tussen ses en sewe weke verloor.

Die egpaar het toe ná die Covid-19-

pandemie einde 2022 weer probeer, waarna Nicole op 18 weke in Januarie 2023 weer ’n doodgebore baba gehad het. Ná die vyfde onsuksesvolle probeerslag is Nicole positief getoets vir ’n ligte geval van antifosfolipied-sindroom.

Volgens Nicole veroorsaak hierdie sindroom bloedklonte in die plasenta se are, wat beteken wanneer sy swanger is, keer die bloedklonte toegang tot onder meer voedsel en suurstof na die baba ’n Oplossing hiervoor was om bloedverdunners te gebruik, wat Nicole wel in haar volgende swangerskap in Maart 2023 gedoen het, maar het ongelukkig op vyf weke weer ’n miskraam gehad.

Sy het toe weer in Januarie 2024 swanger geraak terwyl sy bloedverdunners gebruik het en minstens elke twee weke toetse ondergaan met geen aanduiding van probleme nie.

“Op die dag van ons ‘gender reveal’ het ek twee ure voordat dit sou plaasvind, op 19 weke weer in kraam gegaan,” het Nicole vertel.

Met haar aankoms by die hospitaal was sy reeds vier sentimeter ontsluit waar sy die lewe geskenk het aan ’n seuntjie genaamd Luvan. Dit was in Mei 2024.

Nicole se plasenta is toe weggestuur vir toetse, waarna servikale inkompetensie by haar gediagnoseer is.

“Servikale inkompetensie veroorsaak dat my serviks nie toe kan bly nie, so dit laat toe dat daar infeksie of bakterieë in my uterus opeindig en dan veroorsaak dit dat my plasenta en vrugwater waarin die baba is, infeksie opdoen en dan reageer my liggaam deur van een van die twee [die infeksie of die swangerskap] ontslae te raak. Dit is dus makliker om eerder van die swangerskap ontslae te raak as wat dit is om van die infeksie ontslae te raak,” het Nicole verduidelik.

Hy het geëis dat Arnolds ondersoek word vir die oortreding van die openbaregeriewe- verordening nr 8 van 2007

Arnolds het intussen op Facebook na Gertse teruggekap

Volgens haar vind daar baie bendegeweld op dié veld plaas

“Daai parkie waarvan jy praat, is ’n battle field vir die gangsters en ons as gemeenskap gaan dit oorvat

“Nie jy en jou GOOD-party doen iets nie Ons gaan nog die potte laat prut daar en die gemeenskap gaan nog elke naweek daar uitkamp – watch me

“Hoekom kom join jy nie? Jy maak lawaai wat daar nie is nie

“Julle GOOD-party se tyd is verby Doen iets vir die gemeenskap; jy is soos ’n afkop-hoender Nee man, dien jou gemeenskap, meneer,” het Arnolds se kommentaar op Facebook gelui

Koos le Loux, die raad se Speaker, het by navraag gesê “die ondersoek teen die raadslid is aan die gang en sy is die geleentheid gegun om op die aantygings te reageer”

Die Benzin-egpaar het in Julie 2024 weer probeer, maar op vyf weke het Nicole weer eens ’n miskraam gehad.

Nicole het toe onmiddellik weer swanger geraak en op 14 weke ’n prosedure ondergaan, genaamd die McDondald- servikale serklage, ’n steek wat haar serviks aan die onderkant toe hou.

Sy het egter op 24 weke erge pyn ervaar weens haar serviks wat ten spyte van die serklage ontsluit het en deur die steke oopgeskeur het.

Dokters moes toe noodgedwonge die steek oopknip, waarna haar water gebreek het en sy geboorte geskenk het aan ’n babadogtertjie, genaamd Karli, op 24 Januarie vanjaar.

Dit was die Benzin-egpaar se negende miskraam, en die een wat hulle aangespoor het om ’n laaste keer te probeer, maar die keer in die private sektor

“Ons werk nog al die pad deur die staat omdat hulle van die land se beste spesialiste het en ongelukkig wanneer ’n mens vrugbaarheidstoetse wil doen, dek die mediese fonds dit die meeste van die tyd nie. Daar was dus geen punt om private dokters te besoek as ek sou moes betaal vir toetse wat selfs oor die R40000 kon kos nie,” het Nicole gesê.

Hiervoor het hulle nou egter R300000 nodig, wat onder andere mediese kostes wat nie deur hul mediese fonds gedek word nie, insluit.

Nicole het verduidelik dat hul laaste opsie ’n transabdominale serklage is, wat aan die bokant van die serviks ingesit word waar dit by die uterus bymekaar kom

Die R300 000-skenkings, waarvoor ’n

Back a Buddy-geldinsameling gestig is, met reeds oor die R11000 se skenkings, sluit befondsing in vir die transabdominale prosdeure, bloedverdunningsinspuitings, hormoonondersteuning en deurlopende spesialissorg.

Dit sluit ook versorging vir hultoekomstige baba in wat dalk vroeg – op 28 weke – gebore kan word.

• Besoek die Benzin-egpaar se Back a Buddy geldinsameling by https:// www.backabuddy co.za/campaign/ help-nicole-william-to-have-their-rainbow-baby.

Ruth Arnolds (links) en gemeenskapslede het glo Saterdag 15 Maart potjiekos op ’n oop stuk munisipale grond in Van Wyksvlei gemaak Foto: GOOD-party
William Benzin (32) en sy vrou, Nicole (28) Foto: Nicole Benzin/ Facebook
Die Benzin-egpaar saam met hul skaap, Nina, toe hulle hul dogter, Karli, se koms in Januarie vanjaar gedeel het Foto: Nicole Benzin/ Facebook

Paarl Post

The unfair burden of municipal costs

In our valley, we face a growing problem. While everyone uses town services, only a small percentage of the population are paying for them, leaving the rest of us with higher property taxes and service fees. The new draft budget shows smaller increases than before, which is welcomed, but for homeowners already struggling to pay bills, any increase is too much.

Whith fewer residents paying their fair share, those who do pay end up covering costs for everyone else. This isn’t just unfair – it can’t last. As more people stop paying, those who continue to pay face even bigger bills. And with the Drakenstein Municipality blowing their own trumpet about the property boom in the valley, they are keeping very much quiet on the unaudited influx of informal people from elsewhere in the country, who are putting an even bigger burden on the valley’s resources.

Town officials often talk about “only” raising rates by a few percent. But they forget that these increases add up year after year, while many people’s incomes aren’t growing. For families already cutting back on essentials, even a small tax increase can push them over the edge. We need better solutions for balancing out the financial strain residents have carrying a large part of the community

Everyone benefits from clean water, electricity, rubbish pickup and safer streets. But everyone should help to pay for these services. While we should help those truly in need, a culture where many simply don’t pay hurts us all

The question isn’t whether we need these services – it’s how we can all fairly pay for them.

Soul food

Let us not become weary in doing good, for at the proper time we will reap a harvest if we do not give up Therefore, as we have opportunity, let us do good to all people, especially to those who belong to the family of believers. - Galatians 6:9-10

Briewe van ones lesers | Letters from our readers

Nuwe ontwikkelings verg plan vir skole en verkeer

Ek skryf hierdie brief met groot besorgdheid oor die huidige ontwikkelingstendens in ons geliefde Drakenstein-vallei. Die talle wooneenhede wat tans gebou word en nog beplan word, hou ernstige implikasies vir ons infrastruktuur en gemeenskap in. Eerstens het die verkeersituasie in die Paarl ’n nagmerrie geword Ons paaie, wat oorspronklik ontwerp is vir ’n veel kleiner bevolking, is nou oorlaai met verkeer. Inwoners bring al meer tyd vasgevang in verkeer deur – op paaie wat eenvoudig nie die vermoë het om die toenemende aantal voertuie te hanteer nie. Waar is die beplanning vir die uitbreiding van padnetwerke om hierdie groei die hoof te bied?

Tweedens, en moontlik nog meer kommerwekkend, is die druk wat die ontwikkelings op ons skole plaas. Skole in Paarl-Wes het vanjaar meer as 800 aansoeke ontvang vir gr.8, terwyl hulle slegs plek vir net meer as 100 leerders het. Die wanbalans skep ’n onhoudbare situasie. Waarheen sal die kinders van die in vir eding n?

gemeenskap. Welgestelde nuwe inwoners kan hul weg in gesogte skole “inkoop”, terwyl gesinne wat vir geslagte lank in die Paarl woon – dikwels binne stapafstand van skole af – uitgesluit word. Dit is onregverdig en ondermyn die samehorigheidsgevoel van ons gemeenskap. Ek doen ’n beroep op die Drakensteinmunisipaliteit en provinsiale owerhede om dringend aan hierdie kwessies aandag te skenk. Ontwikkeling is onvermydelik en kan inderdaad ekonomiese voordele inhou, maar dit moet op ’n volhoubare en inklusiewe wyse bestuur word.

Ons benodig:

•’n Omvattende verkeersimpakstudie en -plan vir die hele Paarl; •Dringende beplanning vir nuwe skole of uitbreiding van bestaande fasiliteite; •Hersiening van die skooltoelatingsbeleid om plaaslike inwoners te beskerm; en •Groter deursigtigheid in die goedkeuringsproses vir nuwe ontwikkelings

Die karakter en lewensgehalte van ons pragtig ll i is die spel. Laat

Arboretum lacks the respect it requires

I am writing to express my deep concern about the deteriorating state of the Paarl Arboretum, a once-proud collection of rare and magnificent trees that stands as a botanical heritage site in our community.

The Arboretum is not merely a park but a living museum—a one-of-a-kind sanctuary that should be preserved with the utmost care for both conservation purposes and as a natural treasure of Paarl. Instead, what we witness today is a gradual descent into neglect that threatens its very existence.

Recent incidents of large-scale cable theft highlight the ongoing security issues plaguing the area The Arboretum has become a haven for homeless individuals who, while deserving of compassion and proper social services (another pressing matter which the municipality does not address), are inadvertently contributing to the damage of this fragile ecosystem.

Perhaps more concerning is the apparent abandonment of proper horticultural management. On the southern edge along the Berg River, invasive wattle trees are flourishing unchecked. These trees were previously removed, but the lack of follow-up care has allowed them to return in force, threatening the native species and the ecological balance that makes the Arboretum special.

One cannot help but question whether this neglect stems from indifference or something more calculated. As development increasingly encroaches on green spaces throughout the valley, is the municipality deliberately allowing the Arboretum to deteriorate to justify future development? Are we witnessing a slow-motion replacement of our natural heritage with yet more brick, mortar, concrete, and steel?

The Paarl Arboretum deserves better. It deserves protection as both an environmental asset and a community space I call upon our municipal leaders to recommit to proper management of this irreplaceable resource—to secure its borders, remove invasive species, and ensure it remains the crown jewel of Paarl for generations to come.

Ons hoor graag van jou!

Ons sal graag van die publiek hul menings of nuus wil hoor Stuur asseblief jou briewe of kommentaar na: lise beyers@novusmedia co za of whatsapp: 0664843728

die politiek dink, dink ek onwillekeurig aan korrupsie, magsvergrype, skaamteloosheid, tenderbedrog leuens, leë beloftes en al die ander negatiewe woorde wat jy by hierdie lys kan voeg Dis asof die negatiewe die positiewe dinge wat wel plaasvind, heeltemal oorskadu, want ons sogenaamde leiers kom met moord weg

En ons, Jan Alleman en kie, sit en hou die sirkus dop Intussen gaan dit rof hierbuite Ek wil dit amper waag om te sê dat dit rowwer as ooit gaan Om die pot aan die kook te hou word by die dag ’n groter uitdaging. Geld vir daai ekstras is al lankal verby,

Die kinders se lysies van skoolbenodigdhede hou ook nooit op nie en as ouer wil jy darem nie jou kind se skoolopvoeding ’n knou toedien nie Jy haal dus maar uit en wys.

En asof alles nie reeds onbekostigbaar geword het nie help die jongste begroting wat deur ons agbare minister van finansies aangekondig is, glad nie die situasie nie Die vooruitsig vir Jan Alleman lyk maar bra power Met die karige verhogings in staatstoelae wonder ek hoe ’n gesin van vyf of ses ’n maand kan oorleef Ek het al ’n paar hartseer stories gehoor van hoe mense skarrel om aan die lewe te

het die res van my slaptjips en koeldrank vir hom gegee

Ons almal is bekend met die geweldige uitdagings waarmee ons elke dag te kampe het Die een groot vraag waarmee ek worstel, is hoe ons onsself deur hierdie harde tye hanteer Hoe maak ons seker dat ons geestestoestand bestendig bly?

My brose gevolgtrekking is dat ons hoe moeilik dit ook al kan wees, onsself eerste moet stel Iewers sal ons met die min wat ons het of verdien, goeie basiese sommetjies moet maak om deur ’n week of ’n maand te kom. En in daardie beplanstruggles wat daagliks dreig om jou te oorweldig. Daai klomp slapgat- politieke leiers sal nie die

Gouda kry gou tweede windplaas

Nóg ’n windplaas is buite Gouda in die pyplyn en bouwerk sal eersdaags op ’n stuk grond langs die R44 begin – oorkant die huidige windplaas wat reeds daar gebou is.

Die ontwikkelaar van hierdie windplaas, asook die reeds bestaande een, is Acciona Energía, ’n Spaanse hernubareenergie-ontwikkelaar wat op wind, sonkrag en hidro-elektriese krag fokus, en verskeie projekte wêreldwyd bestuur.

Volgens Acconia se hoofkantoor is die beoogde windplaas in Gouda in ’n “gevorderde ontwikkelingsfase,” met die maatskappy wat tans besig is om die ontwerp daarvan te finaliseer.

Hulle het aangevoer dat bouwerk in die loop van 2025 sal begin, maar kon nie ’n presiese datum gee nie.

“Die projek sal bestaan uit twee afsonderlike windplase [met die een windplaas wat reeds opgerig en werkend is], met altesaam 33 turbines en ’n kapasiteit van 5,9MW elk,” sê Acconia.

’n Gemeenskapsvergadering om hierdie projek aan te kondig, is Donderdag 6 Maart in die Gouda-gemeenskapsaal gehou.

’n Groot getal plaaslike inwoners het die vergadering bygewoon

’n Groot deel van dié vergadering het gehandel oor die tydelike en permanente werksgeleenthede wat die projek sal skep.

Ouers traag met aansoeke

Meer as 33000 leerders wat tans in gr.7 is, se ouers het nog nie aanlyn vir hul kinders vir gr 8 in die volgende skooljaar aansoek gedoen nie.

David Maynier, die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, vind die getal kommerwekkend, veral omdat die sluitingsdatum vir aansoeke naderkruip.

“Ons is halfpad deur die toelatingsvenster vir 2026, en neem kennis dat die ouers van meer as 33000 leerders, wat tans in die Wes-Kaap in gr.7 is, nog nie vir ’n plek in gr.8 vir 2026 aansoek gedoen het nie.

“Laerskole word in kennis gestel van die gr.7-leerders wie se ouers nie aansoek gedoen het nie, en is gevra om die ouers te kontak om hulle te herinner. Skole is ook gevra om verlede week reeds ’n nota oor aansoeke by hul einde-van-die-kwartaal-kommunikasie aan ouers te voeg.”

Maynier doen ’n beroep op ouers wat nog nie aansoek gedoen het nie, om dit so gou as moontlik te doen – voordat aansoeke op 15April sluit.

“Hulle kan dit aanlyn, by hul distrikskantoor of by een van ons aansoek-bystandstasies vir persoonlike bystand doen. Ons moedig ouers aan om al die nodige ondersteunende dokumente saam te bring wanneer hulle persoonlik bystand soek.”

Afskrifte vir alle nodige dokumente vir die aansoeke moet gesertifiseer wees

Die dokumente sluit in – die laaste amptelike skool-rapport; ID of geboortesertifikaat van die leerder; inentingskaart (laerskoolleerders); en bewys van adres (belastingrekening, huurooreenkoms, ens.).

Die volgende identifikasiedokumente word vir buitelandse leerders benodig indien dit op hulle van toepassing is: ’n Paspoort of ’n afskrif van die ouer se vlugteling- of asielsoekerpermit waarop die leerder se naam moet verskyn indien die leerder buitelandse ouers het, maar in Suid-Afrika gebore is; ’n handgeskrewe geboortesertifikaat (DHA 19-vorm); of indien die leerder nie in Suid-Afrika gebore is nie, ’n paspoort of ’n vlugteling- of asielsoekerpermit wat in die leerder se naam uitgereik is Indien enige van die bogemelde dokumente nie beskikbaar is nie, moet die ouers ’n beëdigde verklaring by die polisie aflê. Hulle moet dan in die aansoek aandui dat die verklaring die nie-beskikbare dokument/e vervang. Aansoekbystandstasies sal op verskeie plekke in Wellington, Mbekweni en Franschhoek opgestel word Dit sluit in Groendal Sekondêr en Wellington Primêr op 5 April en Boxer Mbekweni op 5 en 6 April. •Besoek https://www.westerncape.gov. za/education/service/learner-admissions om vir die 2026-skooljaaraansoek tedoen.

Volgens Gavin Lakay, ’n gemeenskapsleier in Gouda, sluit hierdie poste in boukontrakteurs vir onder meer die oprigting van die turbines en lê van die kragkabels, terwyl permanente poste die bestuur van die reeds geboude infrastruktuur op die windplaas insluit.

Tydelike poste sal ’n tydsduur van 18 tot 24 maande hê, terwyl sommige tydelike en permamente poste voorafgaande opleiding vereis.

Lakay, wat die vergadering bygewoon het, het verduidelik dat die Gouda-gemeenskap in kennis gestel sal word wanneer poste beskikbaar is en dat diegene wat aansoek wil doen, die Gouda-biblioteek hiervoor moet besoek.

Byna 80 sportspanne spook sake uit

Die derde Kobus Wiese-SuperSeries vir o.13’s is die afgelope week by die Laerskool Noord-Eind in die Paarl gehou.

Dit is nou ’n jaarlikse instelling wat saam met die hoërskole se Jean de Villiers-toernooi van die Hoërskool Gimnasium en die Frans Malherde-toernooi van die Hoër Jongenskool gehou word.

Nie net neem Wes-Kaapse laerskole hieraan deel nie, maar 45 laerskole van oor die land heen neem deel met 78 spanne wat sake oor vier dae op die sportveld uitspook. Die doel van die toernooi is om leerders die geleentheid te bied om hul volle potensiaal te bereik en in die proses deur top-skole raakgesien te word, wat daardie talent net nog verder kan uitbou.

Die Kobus Wiese-SuperSeries bied die geleentheid vir spelers in netbal, rugby en hokkie om uit te blink.

Helpende Hand(e) vir Huis Vergenoeg

Die Wes-Kaapstreek van Solidariteit

Helpende Hand het op 25 Maart ’n besoek aan Huis Vergenoegd in die Paarl gebring. Tydens hierdie besondere geleentheid het een van sy gewaardeerde netwerkvennote, iSimplifi Computer Training, die senior inwoners stap vir stap gehelp met uitdagings wat hulle met hul slimfone beleef. Van basiese wenke tot hoe om ’n stemboodskap te stuur was niks was te groot of te klein om aan te pak nie. Sommige van die bejaardes kon selfs vir die eerste keer op hierdie manier met hul kinders kommunikeer, wat ’n spesiale en emosionele ervaring vir almal was.

Volgens Alisha de Lange, streekbestuurder van die Suid-Streek, is dit vir Helpende Hand belangrik om ’n volhou-

bare verskil te maak.

“Ons glo dat ons met hierdie geleentheid die bejaardes kon help om gemakliker te voel met tegnologie Ons verstaan dat hulle nie met hierdie vaardighede grootgeword het nie en daarom is die uitdaging soveel groter,” het sy verduidelik.

Helpende Hand poog om deur hierdie soort projekte nie net praktiese vaardighede aan te leer nie, maar ook ’n gevoel van selfvertroue en verbondenheid te skep. “Ons is dankbaar vir vennootskappe soos dié met iSimplifi wat hierdie doelwitte help bereik.”

Indien jy meer wil weet oor Helpende Hand se projekte en hoe jy betrokke kan raak, besoek gerus www.weskaaphand.co.za

Die Laerskool William Lloyd en die Laerskool Lorraine speel teen mekaar in die Kobus Wiese -SuperSeries op La Rochelle se astrobaan Erryn Louw (naasregs) probeer die bal vir haar span wen. FOTO’S: Ernest Kilowan
Bo is die seuns van Hugo Rust teen Seodien in hul Kobus Wiese-rugbywedstryd te sien
William Lloyd speel netbal teen Lynnwood.
Die meisies van die Laerskool Noord-Eind en Paarl Netbal druk besig op die netbalbaan.
Illustrasiefoto Foto: Jana Scheepers
Marizaan Botha (iSimplifi Computer Training), Debbie Laubscher (eienaar iSimplifi Computer Training), Alisha de Lange (streekbestuurder van Helpende Hand) en Mariëtte Roos (streeksorganiseerder, Helpende Hand)

Local artists perform for free

A number of local artists waived their performance fee for the annual Paarl Rotary seniors concert in the Paarl town hall With members of the Bootscooters linedancing group are (rear from left) Deonechia Kilown, Sydwell Beziek, Patrick Martin, Pieter Galvin, Hardus Hamman, Dave Rawlings, Leon Coetzee and Peter Vanne and (front) André Terblanché (co-ordinator), Chrisli Hamman, Laurinda Hofmeyr and Lodé Fourie Not in picture: comedian John Koopman

Artists 4 Artists auction soon

Kalender/Calendar

Stuur jou kuns- en leefstylnuus na edit@paarlpost co za of 066 484 3728

4-6 APRIL

 Die gewilde Wyn- en Wildsfees keer terug na Sandringham Stellenbosch en beloof ’n naweek vol topklas-vermaak, wynproe en avontuur Feesgangers kan uitsien na optredes deur musikante soos Matthew Cleaner, GoodLuck en Henru & Schawbie Besoekers kan ook wyn proe, 4x4-safari’s aandurf en gesinsvriendelike aktiwiteite geniet Moenie hierdie unieke fees misloop nie Besoek diewynenwildsfees co za om kaartjies te bespreek

The annual Artists 4 Artists Auction is back and bigger than ever. This year, Paarl Rotary brings you a stunning art exhibition and online auction – all in support of young creative talent in the Winelands region. Join us for an evening of art and impact at a cocktail evening surrounded by incredible art by 30 artists on Saturday 12 April at the Old Tannery in Wellington (18:00). Learn from expert Phillippa Duncan on trends and smart investments You can also meet the artists behind the masterpieces Online bidding opens at the event and runs for ten days on https://www oldjwauctioners.com.All proceeds go towards tuition fees for promising young artists who need support to pursue their dreams Let’s celebrate creativity and make a difference together. For enquiries, contact Deon Erasmus - 082 552 3319.

11 APRIL

 Singer and guitarist Mel Botes brings his Dominoes performance to the ATKV Bôrdienghuis Theatre with brilliant renditions of the legenadry sounds of Pink Floyd and Dire Straits Doors open at 17:30 with pizza and wine sales and the show starts at 19:00 Tickets cost R120 and are available from Jeannine on 061 156 5386

12 APRIL

Jacques Steyn tree by die ATKV Bôrdienghuisteater in Wellington op met Sirkelkringe, ’n eenman- multimedia kabaret wat bestaan uit musiek in lewende lywe, vertellings en geprojekteerde beelde Die storie word vertel met ’n paar van sy eie komposisies asook heelwat internasionale bekende liedjies wat bekend gemaak is deur onder andere die Beatles se George Harrison, Jacques Brel, Charles Aznavour, Simon & Garfunkel, Nina Simone Mood Bl es L ciano Pa arotti Michel

Kom leer hier oor alzheimersiekte

Is Ouma oukei? Demensie-werksessies gaan in die Paarl gehou word vir mense wat dié vraag vra

Die aantal mense wat met demensie in sy verskillende vorme leef, soos alzheimers, neem teen ’n ontstellende pas toe Dit skep ’n behoefte aan gesinslede wat voorbereid is om hierdie mense op te pas en te versorg.

Drie organisasies sonder winsoogmerk (Paarl Rotariërs, Dementia SA en True2You) het hul talente gekombineer om spesiale werksessies te reël vir mense wat tans ’n demensie-lyer versorg of hulle daarop wil voorberei.

Die werksessies fokus daarop om mense wat hul pa, ma, eggenoot of ander famililid met alzheimers/demensie versorg, touwys te maak.

Die uitwerking van dié siekte op die familie van die pasiënt, en veral die familielid wat versorg, is net so erg as wat dit vir die mens met die siekte is Dit is dus noodsaaklik dat die familielid-versorger (in België ’n mantelzorger genoem) soveel ondersteuning as moontlik op hierdie reis geniet.

Die werksessies, getitel Labirint-sirkel, vind plaas in drie sessies op 8, 15 en 22Mei by die MCM Tiffany’s Sorgsentrum in Lantanastraat, Paarl-Oos, en op 9, 16 en 23Mei in die FFG-gebou (tweede

Musiekaand

vloer), Bergrivier-boulevard 73 (hoek van Rozestraat), Paarl, van 09:30 tot 12:30. Die sessies bekyk die versorger se emosies, die hantering van versorging en beheer, hoe om die gedrag van die pasiënt te verstaan, hantering van wetlike en finansiële komplikasies, doeltreffende kommunikasie met die pasiënt en ander uitdagings.

Die werksessies skep die geleentheid om interaksie te hê met ander versorgers wat dieselfde uitdagings beleef. •Om jou plek te bespreek, kontak secretary@paarlrotary.co.za of stuur ’n WhatsApp na 0832648000 (soggens) met jou naam en kontakbesonderhede Senior klubs is welkom om plekke vir lede te bespreek. Dit kos R50. Bel Rudy by 0833887085 vir navrae.

sal tehuis baat

Kom geniet ’n onvergeetlike musiekaand op 10 April in die wêreldberoemde KWV-katedraalkelder in die Paarl met ’n besonderse lys gaskunstenaars: Niël Rademan (bariton), Janel Speelman (sopraan), Elna van der Merwe (klavier) en Veronica Bell (viool).

Konsertgangers kan uitsien na ’n aand vol hoogtepunte uit klassieke musiekspele soos Les Misérables, Chess, Phantom of the Opera, Fiddler on the Roof, Sound of Music, West Side Story en vele meer.

Verder word luister aan die aand verleen met ’n spesiale kulinêre ervaring onder leiding van Mynhardt Joubert, die bekende sjef van Kokkedoor-faam en wynambassadeur van KWV-katedra lkeld

Nanette Ranger’s
“The Diver” is just one of the artworks that will be on auction at the Artists 4 Artists auction.
Janel Speelman en Niël Rademeyer is van die musiekkunstenaars wat die gehoor gaan betower in die KWV k t d lk ld t

Hawies se veranderings werk goed

Eagleskry’n opstopper

Die afrigter Hawies Fourie se veranderings het die afgelope naweek in die Kavaliers se oorwinning vrugte afgewerp.

Fourie se besluit om groot veranderings aan sy SanlamBoland-Kavaliers-span aan te bring, het Saterdag goed gewerk met ’n indrukwekkende 71-21SA Cup-oorwinning teen die Phangela SWD Eagles in die Boland-rugbystadion in Wellington. Die rustydtelling was 50-7. Dit is die Kavas se tweede oorwinning in die kompetisie en ’n broodnodige een ná twee wegwedstryde teen die Griffons en Valke, wat Fourie gedwing het om grootskaalse veranderings aan die SA Cup-wedstrydgroep vir die vierde ronde aan te bring. Die veranderings het inspirerend gelyk aangesien die Kavas 11 drieë in ’n eensydige wedstryd aangeteken het terwyl sy teenstanders geen antwoord op die tuisspan se fisieke spel en aanvallende vermoë gehad het

nie, waarna die Sanlam-BolandKavaliers met ’n 50-7-rustydtelling voorgeloop het.

Xavier Mitchell, wat van buitesenter na linkerflank verskuif is, het die telling vir die tuisspan geopen toe hy die eerste van sy twee drieë in die eerste vyf minute van die wedstryd gedruk het. Die Eagles het kort daarna twee kanse gehad om terug te slaan, maar kon nie twee strafskoppe in die Cavas se helfte omskakel nie, aangesien die besoekers se lynstaan twee keer deur die tuisspan se slot Michael Benadie gesteel is nadat die Eagles besluit het om nie die opsie van ’n strafdoel te neem nie.

Kort daarna het die Kavas die sluise oopgemaak toe die Eagles-heelagter, Roshwin Abrahams, ’n geelkaart gekry het omdat hy die bal afgeklap het terwyl die tuisspan op die aanval was. Die Sanlam-BolandKavaliers het dit benut toe drie drieë kort ná mekaar deur

James Tedder, Riaan Louw en Lunathi Nxele hulle ’n 26-0voorsprong na 20 minute se spel gegee het. Meer vyfpunters het gevolg toe Mitchell en Nxele elk hul tweede drie van die dag gedruk en die reusagtige tweederyspeler Benadie ook oor die krytstreep gegaan het om die tuisspan 43-0 te laat voorloop. ’n Verlies aan konsentrasie deur die Kavas het die besoekende span toegelaat om sy rekening te open toe die regterflank, Kirwan Cupido, ongehinderd oorgeduik het voordat die tuisspan seker gemaak het dat hulle die laaste sê voor rustyd het toe die haker Sidney Tobias die telling met sy drie van ’n kragtige lynstaanstormloop af na 50 op die telbord opgestoot het. Fourie sal egter nie tevrede wees om sy span se afname in dissipline te sien nie, aangesien Nxele in die tweede helfte ’n sondebokkaart gekry het terwyl die Eagles vroeg deur ’n Dian Basson-drie toegeslaan het

Paarl-krieketsterre vereer

Quinton Jacobs

Die Paarl-krieketklub het verlede Saterdag uitgehang en sy suksesvolle 2024-’25-seisoen met die oorhandiging van bekers aan verdienstelike spelers op ’n glasgeleentheid by die Paarl-gholfklub afgesluit.

Paarl se senior span het die afgelope seisoen die Gemeenskaps- en die BolandSuperliga-bekers gewen en was die naaswenners in die Premierliga Die tweede span was vir die tweede agtereenvolgende jaar die wenners van die Gemeenskapsbeker in die reserwe-afdeling. Die gasspreker was Shandre Fritz, ’nvoormalige Protea-vroue-kaptein.

Die volgende spelers het bekers gewen: Luke Philander: Sportman van die Jaar; Adrian Du Toit: Spelers se Speler van die Jaar; Taywin Adams: Speler van die Jaar; Stefan Conradie: Jong speler van die Jaar; Cody April: Mees belowende jong speler; Waylain September: Beste 50-boulbeurt-bouler; Adrian du Toit: Beste 20-boulbeurt-bouler; Jaywin Solomons: Beste 50-boulbeurt-kolwer; Darryl Hendricks: Beste 20-boulbeurt-kolwer; Keegan Davids: Beste tweede-spankolwer; Liam Muller en Henrico Albertus: Beste tweedespan-boulers.

voordat die plaasvervangende Kavas-haker HP van Schoor ook van ’n stormloop oorgedruk het.

JP Duvenhage het vir die Eagles se derde vyfpunter oorgesteek terwyl die Kavas veranderings van die bank begin aanbring het.

Toe die Kavas egter hul ritme terugkry, het hulle seker gemaak hulle het die laaste sê in die wedstryd toe Taine-Randall Booysen sy span se tiende drie gedruk het voordat Van Schoor sy dubbel voltooi het. Dié groot bonuspuntoorwinning het die Kavas hul

SA Cup-veldtog laat herleef en ook in die wedloop gehou om vir die Curriebeker Premierafdeling te kwalifiseer.

PUNTEMAKERS: Sanlam-Boland-Kavaliers: 71 (50) Drieë: Xavier Mitchell (2), James Tedder, Riaan Louw, Lunathi Nxele (2), Michael Benadie, Sidney Tobias, HP van Schoor (2), Taine-Randall Booysen. Doelskoppe: Tedder (8) Phangela SWD Eagles: 21 (7) Drieë: Kirwan Cupido, Dian Basson, JP DuvenhageDoelskoppe: Marlo Weich (3)

Skopboksers bring medaljes huis toe

Die Kaapse Wynland-skopboksvereniging het die afgelope naweek aan die Legacy Summer Cup-toernooi in Hermanus deelgeneem Meer as 100 Wes-Kaapse skopboksers het meegeding Die Wynland-skopboksers het puik presteer en ses goue, twee silweren vyf bronsmedaljes verower Die toernooi dien as voorbereiding vir die SA kampioenskap op 26April in Newcastle

Xavier Mitchell, linkerflank van die Sanlam-Boland-Kavaliers, op pad na die doellyn teen SWD Eagles in die Boland-stadion in Wellington Foto Ernest Kilowan
Die Paarl-krieketklub se bekerwenners by dié klub se prysuitdelingsgeselligheid
verlede Saterdag
van links, is Manfred de Kock (hoofafrigter), Jaywin Solomons, Henrico Albertus, Stefan Conradie, Lynal Jansen ( hulpafrigter) en Lyndon Fredericks (voorsitter) Voor is Adrian du Toit, Donovan du Randt, Javier Visser, Taywin Adams, Luke Philander (kaptein), Lindley Hendricks, Herschelle Poggenpoel, Liam Muller en Ultallyn Erntzen (ondervoorsitter)
Cody April, die wenner van die gesogte HJ Andersontrofee van die Paarl-krieketklub, saam met sy ouers
Vat voor vas!
Corneil Solomons van Roses United op een van sy kraglopies teen Ceres se Delicious Roses het sy Grootuitdaagwedstryd met 36-21 gewen Foto: Ernest Kilowan

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.