Skip to main content

Paarl Post - E-edition - 6 August 2026

Page 1


Groot derbystryd Saterdag

Derbyweek tussen New Orleans Sekondêre Skool (N.O.S.S.) en Klein Nederberg Sekondêre Skool (K.N.S.S.) is volstoom aan die gang met alle paaie wat op Saterdag 8 Augustus na Faurestraat lei vir die rugby- A-spanne se wedstryde wat om 10:00 met die o.14A’s se kragmeting afskop. Die hoofwedstryd, waarin die twee o.19A-rugbyspanne sal beslis wie die Derby-kroon dra, skop om 16:00 af. Vir spanbekendstellings en die volledige program, skandeer die QR-kode. Van links is Chelsey Daniels (Mej. New Orleans), R-Jay Beukes (N.O.S.S. o.19A-rugbykaptein), Lylé Dirks (K.N.S.S. o.19A-rugbykaptein) en Modesty Isaks (Mej. K.N.S.S.).

Botsing eis drie lewens

Vier voertuie by ou tonnel betrokke

’n

Grusame botsing tussen altesaam vier voertuie het Dinsdagoggend (4 Augustus) drie lewens op die R101 by Du Toits­ kloofpas geëis en ook die verkeer onmiddellik tot stilstand gebring.

Die botsing het aan Worcester se kant van die ou tonnel gebeur.

Muneera Allie, ’n woordvoerder vir die mobiliteitsdepartement in die Wes-Kaap, het die tragiese voorval bevestig.

“Ons bevestig dat ’n botsing tussen drie swaar motorvoertuie en ’n ligte afleweringsvoertuig vanoggend omstreeks 11:30 op die R101 by Du Toitskloof gebeur het.

“Ongelukkig is drie sterftes in die ongeluk bevestig.”

Om die verkeersopeenhoping op te klaar en weens nooddienste en wetstoepassers, wat reddings- en ondersoekwerk gedoen het, het die provinsiale verkeersdienste die pad gesluit.

Die verkeer is via die N1 deur die

Hugenote-tonnel, die N2 via Sir Lowry’s Pass en die R46 via Nuwekloofpas herlei. Die R101 is eers Dinsdagaand opgeruim en teen 21:00 weer oopgestel.

Konst. Ndakhe Gwala, ’n woordvoerder vir die polisie in die Wes-Kaap, het intussen die voorval bevestig.

“Drie mense wat in die bakkie was, is op die toneel dood verklaar, terwyl een wat in een van die vragmotors was geringe beserings opgedoen het en na ’n mediese fasiliteit vervoer is.”

Gwala sê ’n dossier van strafbare manslag is geopen en die ondersoek word deur die Paarl-polisie gedoen.

Paarl Post het voorheen berig oor twee noodlottige ongelukke wat vroeër vanjaar in die DuToitskloofpas op onderskeidelik Saterdag 2 Mei en Sondag 3 Mei gebeur het.

Tydens hierdie spesifieke naweek is altesaam vyf mense in die twee afsonderlike enkelvoertuigongelukke dood, wat blykbaar ’n vragmotor en ’n motor ingesluit het.

Al twee hierdie ongelukke word ook deur die Paarl-polisie ondersoek. Die botsingtoneel aan Worcester se kant van die ou tonnel. Foto: One-Way Towing/Car-Towing Services

Seun (2) sterf ná hy in swembad val

’n Tweejarige seun van die Paarl is die afgelope Saterdagmiddag (1 Augustus) in die hospitaal oorlede nadat hy in ’n swembad geval en verdrink het.

Die polisie sê die voorval het in Antoinettestraat, Denneburg plaasgevind.

Volgens Thembakazi Mpendukana, ’n polisiewoordvoerder, is klein Camian Cameron van Wyk na ’n hospitaal gehaas, waar hy later gesterf het. Die polisie het omstreeks 12:25 op ’n klagte van ’n verdrinking gereageer en is na die hospitaal ontbied. Mpendukana sê toe die polisie by die hospitaal aankom, is hulle na ’n tweejarige seuntjie begelei. Daar is aangemeld dat hy in ’n swembad geval en in die hospitaal oorlede is, aldus Mpendukana.

Klein Camian se pa, Jody Munnik, het in ’n plasing op Facebook geskryf: “Daar is geen woorde om te beskryf hoeveel ek jou mis nie. My hart pyn elke oomblik, want ek smag daarna om jou vas te hou, jou gelag te hoor en jou pragtige glimlag weer te sien.”

In die plasing het Munnik ook geskryf klein Camian het in die “twee kort jare” wat die seun gelewe het, sy lewe gevul met meer liefde as wat hy ooit gedink het moontlik sou wees. “Elke drukkie, elke gegiggel, elke klein treetjie wat jy gegee het, is ’n herinnering wat ek vir die res van my lewe sal

koester.”

Die jong pa van die Paarl het verder geskryf oor hoe hy wens dat hy klein Camian kon sien grootword, sy verjaarsdae saam met hom sou wou vier en graag sou wou sien in watter mens die seun sou ontaard. “Daardie drome sal altyd in my voortleef,” het hy geskryf.

“Al kan ek jou nie sien nie, sal jy altyd my seun bly. Niks – nie eens die dood nie – kan die liefde wat ek vir jou het, verander nie. Ek sal jou met my saamdra in alles wat ek doen. Jou naam sal altyd met liefde uitgespreek word, en die herinnering aan jou sal nooit vervaag nie.”

Munnik het ook dankbaarheid uitgespreek vir elke “kosbare oomblik” wat hy met sy seun gedeel het.

“Jy het my lewe vir altyd verander, en om jou lief te hê, was die grootste geskenk wat ek nog ooit geken het.”

“Tot die dag dat ons mekaar weer sien: ek sal jou liefhê, ek sal jou mis, en ek sal jou vir altyd in my hart bewaar.”

Paarl Post het na Munnik uitgereik vir kommentaar, maar die bedroefde pa was nog nie gereed om met die media te praat nie.

Die polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek na aanleiding van die voorval.

Camian Cameron van Wyk (2) is Saterdagmiddag in die hospitaal oorlede nadat hy vroeër dié dag in ’n swembad geval het. Foto: Facebook/Jody Munnik

Get your new Postbank Sassa black card now

Social grant beneficiaries have just over a month to switch from Sassa gold cards to new Postbank black cards before the old cards stop working on 31 August.

Postbank warned delays could disrupt payments and urged recipients not to wait until August, when long queues are expected at sites.

New cards are available free at selected Shoprite, Checkers, Usave, Pick n Pay, Boxer and Spar stores, Monday to Friday between 09:00 and 17:00. Beneficiaries need a valid South African identity document or temporary ID.

To locate the nearest site, dial 120 355#. For assistance, contact Postbank on 0800 535 455.

Pa van Wellington sterf toe vragmotor omslaan

Megan Adendorff

'n Vragmotorbestuurder van Wellington is Maandagmiddag (3Augustus) dood toe die vragmotor wat hy bestuur het, omgeslaan en toe vlamgevat het. Volgens die polisie het die voorval omstreeks 15:35 op die Vrygunspad in die Windmeul-gebied buite die Paarl plaasgevind. Die oorledene is intussen as Cedric van Wyk, 'n 53-jarige pa van Wellington, geïdentifiseer.

Konst. Ndakhe Gwala, 'n polisiewoordvoerder, het by navraag aan Paarl Post gesê berigte dui daarop dat die vragmotor wat deur Van Wyk bestuur is, omgeslaan en toe vlamgevat het. Van Wyk is op die toneel dood verklaar. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek. Die polisie het intussen 'n saak van strafbare manslag geopen.

Cedric van Wyk (53) is Maandagmiddag dood toe die vragmotor wat hy bestuur het, omgeslaan en toe vlamgevat het. Foto: Facebook

Buitepasiënte-afdeling herstel

Die buitepasiënte-afdeling van die Paarl-hospitaal is die afgelope Dinsdag (4 Augustus) amptelik heropen nadat dit in Januarie vanjaar in ’n brand verwoes is.

Die R67 miljoen-herstelprojek is sowat ses maande ná die brand afgehandel. Dit word as ’n rekordtyd geprys omdat die herstelwerk die helfte van die oorspronklik beraamde tydperk van 12 maande geneem het.

Die heropening is onder andere bygewoon deur Stephen Korabie (Drakenstein-munisipaliteit se burgemeester), Mireille Wenger (Wes-Kaapse LUR van gesondheid en welstand), Francois van der Watt (Paarl-hospitaal se hoof), Francis Jacobs (voorsitter van die Paarl-hospitaalraad) en Margaret Sampson (Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit se onderburgemeester).

Die brand op 27 Januarie vanjaar het groot strukturele skade aan die buitepasiënte-afdeling veroorsaak, terwyl rookskade tot op die derde verdieping van die hospitaal gestrek het. Ongeveer 750 mense, insluitend pasiënte, personeel en besoekers, moes tydens die noodsituasie ontruim word.

Korabie het die voorval beskryf as ’n leerervaring wat ook traumaties en emosioneel was. “Ons heropen vandag hierdie hospitaalvleuel, maar afgesien van die opening van die hospitaal, maak ons ook nuwe hoop vir die toekoms oop. Ons maak ook lesse oop wat geleer is. Ons maak ook ervaring oop waarna ons kan terugkyk en wat ons kan gebruik om vorentoe te gaan. Dit is ’n herinnering dat geboue kan brand, die mure kan ineenstort en toerusting kan vernietig word, soos dit gebeur het. Maar die belangrikste is, wanneer ’n gemeenskap saamstaan, kan niks die gees van hierdie gebou vernietig nie.”

Drakenstein Association for Persons with Disabilities (DAPD) is a registered NPO and Community service organisation It was established in 1985 as the Paarl Association for the Physically Disabled by local community members to serve the community Today, 41 years later, we continue to strive towards an inclusive society in which persons with disabilities are equal and active citizens.

DAPD assists persons living with impairments in addressing their specific needs an d su ppo rt s em po we rm en t pr oc es se s to st ren gt he n th ei r vo ic e an d independence We provide services in the greater Drakenstein area, from Franschhoek, Simondium, Paarl, Wellington to Hermon Saron and Gouda.

We therefore invite you, as a community member, to join our team as members of the association, to serve as volunteers or provide support in whatever means you are able, to ensure our organisation stays strong and true to its vision and mission.

You are hereby invited to the Annual General Mee�ng of Drakenstein Associa�on for Persons with Disabili�es. 20 August 2026 17h30 for 18h00.

Huguenot Community Hall 2A Aba�oir Street Paarl RSVP by 13 August 2026 021 879 3768/info@dapd.org.za

Refreshments will be served.

We currently have vacancies in the management committee. All nominations for members to serve on the management committee must be submitted to the Chairman by 13 August 2026. Please contact the office for the appropriate nomination forms; see contact details above

Hy deel verder hoe hy op die betrokke dag self gesien het hoe die gemeenskap bymekaar kom en saamgestaan het.

“Dit is waaroor ek vandag wil praat – die gemeenskap en die interafhanklikheid. Die verhoudings en saamwerk te midde van chaos. Dit was ’n les vir ons wat ek wil hê ons moet onthou wanneer chaos gebeur; hoe kom ’n gemeenskap saam om dit te laat werk.

“Daarom is my tema vandag om ’n gemeenskap deur krisis bymekaar te bring en daarom is dit belangrik vir my om daaroor te praat. Dit is presies wat op 27 Januarie gebeur het toe ’n gemeenskap saamgekom het toe daar krisis was, toe daar verwarring was, toe almal rondgehardloop het.”

Ondanks die omvang van die skade het die Paarl-hospitaal operasioneel gebly, met diensonderbrekings wat hoofsaaklik tot buitepasiëntdienste beperk was. Pasiënte het steeds toegang tot noodsaaklike gesondheidsorg gehad terwyl herstelwerk voortgesit is.

Volgens Wenger is die projek vinniger as verwag voltooi danksy noue samewerking tussen die hospitaalbestuur, die Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand se interne infrastruktuuren kliniese ingenieurspanne, kontrakteurs en gesondheidswerkers. Die laaste spesialisdienste het vroeg in Julie na die herstelde afdeling teruggekeer.

“Van die brand- en nooddienste wat daardie dag gereageer het, tot die gesondheidswerkers wat pasiënte veilig ontruim en steeds sorg gelewer het – almal

Kaapse Wynland distriKsmunisipaliteit d aliteit

KENNISGEWING

AANSUIWERINGSBEGROTING

TOENAME IN BEFONDSING VIR DIE 2026/2027 FINANSIËLE JAAR

Kennis geskied hiermee ingevolge artikel 28(2)(b) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur 2003 (Wet No. 56 van 2003) en regulasie 23(3) van die Munisipale Begrotings- en Versla gdoeningsregulasies 2008, da t die Raad by Item R.15.15 van 27 Julie 2026, ’n Aansuiweringsbegroting goedgekeur het vir ’n toename in befondsing vir die 2026/2027 finansiële jaar

Ingevolge artikel 21(A) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet No. 32 van 2000), gelees saam met regulasie 26 van die Munisipale Begrotings- en Versla gdoeningsregulasies 2008, lê die gemelde Raadsbesluit en alle ander tersaaklike dokumentasie ter insae by die ondergemelde kantore van die Kaa pse Wynland Distriksmunisipaliteit gedurende gewone kantoorure en is ook beskikbaar op die Kaa pse Wynland Distriksmunisipaliteit se webwerf by www.ca pewinelands.gov.za:

• Stellenbosch (Du Toitstraa t 29): Mnr C.J.M. Arangie

• Worcester (Tra ppesstraa t 51): Me. R.F.V Carelse

• Paarl (Hoofstraa t 194): Me. M. Marang

• Ceres (Munnikstraat 27): Me. C. Louw

• Robertson (Van Reenenstraa t 40): Mnr J. van Zyl

H.F PRINS

MUNISIPALE BESTUURDER Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit Alexanderstraat 46 Stellenbosch 7600

het saamgestaan toe dit die meeste saak gemaak het.”

Wenger, asook Van der Watt, het in haar toespraak ook die hospitaal se personeel en bestuur, die departement se infrastruktuur- en kliniese ingenieurspanne, die Drakenstein-munisipaliteit, Paarl-brandweer, die plaaslike media en gemeenskapsradiostasies bedank vir hul rol tydens die noodreaksie en om inwoners op hoogte te hou terwyl dienste tydelik elders in die hospitaal gelewer is.

het. Foto: Chantélle Hartebeest

“Ons is baie dankbaar vir die beslissende leierskap reg deur die stelsel tydens en ná die brand.

Dit het ons gehelp om die hersteltyd aansienlik te verkort en die ernstige kliniese en reputasierisiko wat met so ’n groot voorval gepaardgaan, te verminder,” sê Van der Watt.

Wenger meen die heropening van die afdeling is ’n bewys van wat bereik kan word wanneer verskillende rolspelers saamwerk.

“Die heropening van hierdie buitepasiëntafdeling behoort aan elke persoon wat tot die herstel bygedra het.

Paarl het sy ware karakter in ‘n tyd van krisis gewys, en hierdie herstelde fasiliteit is ‘n blywende herinnering aan wat ons kan vermag wanneer ons saamwerk.”

Cape Winelands C distriCt muniCipality distri

NOTICE

ADJUSTMENTS BUDGET INCREASE IN FUNDING

Die lint is geknip deur, van links, Francois van der Watt, Francis Jacobs, Prinsloo Daniels, suster Raelene Adams, Margaret Sampson, Stephen Korabie, en Mireille Wenger. Foto: Chantélle Hartebeest
Francis Jacobs, voorsitter van die Paarl-hospitaalraad, wys by watter gedeelte van die buitepasiënte-afdeling die brand uitgebreek

Moordverdagte bly agter tralies

Die verdagte in die moordsaak van Kotie Nel het verlede Woensdag (29 Julie) sy eerste verskyning in die Paarl-landdroshof gemaak.

Nkosibanile Mpangawa is verlede Maandag (27 Julie) in die Samora Machel-gebied in Kaapstad deur die polisie vasgetrek, nadat hy sedert Nel se wrede dood voortvlugtend was.

Nel is op 26 Maart in ’n woning in Pleinstraat in die Lemoenkloof-woonbuurt dood gevind.

Sers. Wesley Twigg, ’n woordvoerder vir die polisie in die Wes-Kaap, het voorheen bevestig dat beamptes verbonde aan die Paarl-polisie Nel in die huis met veelvuldige steekwonde gevind het.

Ten tyde van haar dood het die 57-jarige vrou haar susterskind se huis en dié se gastehuis, wat op dieselfde erf is, opgepas. Nel was eintlik woonagtig in Velddrif aan die Weskus.

Kort nadat die gru-ontdekking gemaak is, was Mpangawa nêrens te vind nie. Daar was verskeie leidrade op die toneel wat daarop gedui het dat hy moontlik verantwoordelik vir die moord kon wees. Dit sluit bebloede klere en voetspore in. Dit het ook aan die lig gekom dat die 39-jarige Mpangawa deur die Oos-Kaapse polisie in verband met die moord op sy broer gesoek word.

Mpangawa het verlede week gehoor hy staan tereg op aanklagte van roof met die doel om ernstig te beseer en moord in die Paarl-landdroshof.

Intussen het Ian Cameron, voorsitter van die portefeuljekomitee oor die polisie, die ingehtenisname verwelkom.

“Ek is baie dankbaar vir die arrestasie

en ook die feit dat hy positiewe inligting mag hê oor ’n moord in die Oos-Kaap. Ek dink dit skep ’n bietjie gemoedsrus, veral met die feit oor die wreedheid en wat hy [na bewering] gedoen het. Dit gaan baie interessant wees om te sien hoe hy kies om dit [die saak] voorts te benader. Gaan hy pleit of nie? Ek hoop dat hy die nodige swaar nagevolge sal hê vir sy [beweerde] aksies en dat dit as ’n voorbeeld vir ander sal dien.”

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag in die WesKaap, het by navraag gesê Mpangawa het gekies om nie aansoek om borgtog te doen nie. Die saak is tot 7 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel.

HOOP DAT MPANGWANA, DIE BESKULDIGDE, DIE NODIGE SWAAR NAGEVOLGE SAL HÊ VIR SY BEWEERDE AKSIES EN DAT DIT AS ’N VOORBEELD VIR ANDER BOOSWIGTE SAL DIEN.”

RAZZMATAZZ CIVILS JV

SUBCONTRACTS FOR THE ROUTINE ROAD MAINTENANCE OF NATIONAL ROUTE NATIONAL ROUTE 1

SECTIONS 1 TO 4 FROM JOOSTENBERGVLAKTE TO CONSTABLE WORK PACKAGE NO-RZ29 FOR GENERAL MOWING & VEGETATION WORKS

T1.1 TENDER NOTICE AND INVITATION TO TENDER (SBD1)

RAZZMATAZZ CIVILS JV invites tenders from experienced EME/QSE subcontractors for Contract SANRAL N.001-014-2022/1 & N.001-012-2022/1 for Routine Road Maintenance of National Route 1 Sections 1 to 4 from Joostenbergvlakte to Constable in accordance with the requirements of The South African National Roads Agency SOC Limited (SANRAL). This project is in the province of Western Cape and in the Cape Winelands District Municipality based on the target area for the package.

Subcontractors are required for the following subcontracts: 3 to 4 CE Contracts

N.001-014-2022/1 & N.001-012-2022/1-RZ29: Mowing & Vegetation Works of N1 Section 1 km 30,38 to Section 4 km 21,68, which includes the Toll section, Berg River (N1Section 1 km 54.10) to Florence (N1 Section 2 km 6.80).

The approximate duration is 3 months for CIDB-registered contractors. CIDB Regulation 25 (1B) will be applicable to these contracts.

Only tenderers who are at least 51% Black owned and who is an EME, EME-start up or QSE are eligible to tender

Only tenderers that meet all the eligibility criteria under clause 4.1.1 of the Tender Data will be considered.

Only tenderers who meet the minimum functionality score as stated in clause 5.11.9 will be evaluated further on price and preference.

It is estimated that tenderers should have a CIDB contractor grading designation as indicated in the table below:

&

Jong pa sterf as passasier in botsing ná ‘nog ’n soentjie’

Megan Adendorff

Toe Elderico Louw (32) Vrydagmiddag (31 Julie) sy ma, Theresa Louw (53) vir “nog ’n soentjie” vra, het sy nie geweet dis die heel laaste keer dat sy haar seun lewend sou sien nie.

Dié pa van twee is die aand in ’n botsing oorlede.

Volgens die polisie het die voorval om 22:40 op die hoek van Bo-Dalweg en Van der Stelstraat in die Paarl gebeur.

Kapt. Frederick van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het by navraag aan Paarl Post gesê berigte dui daarop dat die motor waarin Louw ’n passasier was, teen ’n minibustaxi gebots het. Hy is op die toneel dood verklaar.

Fredericks sê die bestuurder van die motor het kopbeserings opgedoen en is na ’n nabygeleë hospitaal vervoer. Die taxi het geen passasiers vervoer nie en die bestuurder is ongedeerd.

Louw en sy meisie van die afgelope ses jaar, Thamian Fortuin (22), het ’n paar huise van sy ouerhuis af gewoon.

Theresa sê haar seun het Vrydagmiddag oudergewoonte by hul familiehuis afgeklim en gevra vir iets om te eet. “Hy het gesê ek moet vir hom twee eiers bak en terwyl hy geëet het, het my tweede oudste, sy jonger broer Luciano (29), huis toe gekom en hulle het planne gemaak om by ons huis te kuier,” vertel sy. Nadat hy klaar geëet het, sou Louw net vinnig huis toe gaan en terugkom. “Mammie, gee ’n laaste soentjie, ek kom nou weer,” het hy gesê, en toe soen hy my en hy is by die deur uit. Luciano het vir hom gewag, maar Rico het nie weer teruggekom nie,” sê die bedroefde ma, Omstreeks 23:30 het Luciano se vrou, Mickayla Louw, ’n oproep van haar niggie ontvang, waarin sy haar van die botsing vertel het. Kort daarna het sy die nuus met Theresa gedeel. “Teen daardie tyd het ek nie geweet wat om te verwag nie; die nuus het my soos koue water getref, maar ek het God gevra om my kalm te hou,” sê sy. “En Hy het.” Theresa en haar jongste seun, Quinton (18), het onmiddellik in die rigting van die ongelukstoneel begin loop. Kort daarna het haar niggie se man, Nadeem

Only locally produced or locally manufactured products and components for construction with a stipulated minimum threshold for local content and production as stated in the Tender Data will be considered.

Preferences are offered to tenderers who comply with the criteria stated in the Tender Data. A tenderer's representative cannot represent more than one tenderer at the compulsory meeting.

SUBCONTRACT TENDER DOCUMENTS

Tender documents are available at no cost in electronic format. Tenderers may supply the Contractor with a flash drive to copy the Tender documents. The onus will rest on the Tenderer to confirm all files and documents were copied. Tenderers must have access to Microsoft Office © 2013 and Acrobat Adobe © 9.0, or similar compatible software.

The physical address for collecting tender documents is the RAZZMATAZZ CIVILS JV Site Office, 69 Stockenstrom Street, WORCESTER where tender documents may be collected from 03 August 2026 to 14 August 2026 during the hours 09:00 to 15:00 (Monday to Friday).

Tenderers are to schedule an appointment for the collection of documents by contacting Marius Strydom at marius@razz.co.za.

Tenderers must submit, the duly completed Form A1.1 Certificate of Intention to Submit a Tender at the Clarification meeting, only Failure to submit this certificate would result in the tenderer being non-responsive.

Please be advised that the route will not be travelled and that it will be the responsibility of each tenderer to acquaint themselves with the route and its condition for which they attend to tender

TENDERERS' BRIEFING

A compulsory tender clarification briefing with representatives of the Project Management Team will take place at 69 Stockenstrom Street, WORCESTER on 07 August 2026 at 10h00 for abovementioned contract.

Tenderers are to schedule an appointment for the collection and/or viewing of documents by contacting Marius Strydom at marius@razz.co.za.

Tenders from Late arrivals will not be allowed, and their submissions shall be declared non-responsive.

CLOSING TIME, COMPLETION AND DELIVERY OF TENDERS

The closing date and time for receipt of tenders is 10:00 on 28 August 2026. Tenders may only be submitted in the format as stated in the Tender Data.

Requirements for addressing, delivery opening and assessment of tenders are stated in the Tender Data.

Queries relating to issues arising from these documents may be addressed to the following: Enquiries

Contact Person: Marius Strydom

Tel No: 072 366 4694

E-mail: marius@razz.co.za

Johnson, hulle ’n rygeleentheid gegee. Toe hulle by die ongelukstoneel kom, was Louw se liggaam reeds bedek. Die familie het toe nog nie geweet hy is dood nie, “maar ek het hom aan sy skoene uitgeken, en hoewel ek in my hart geweet het dis hy wat daar lê, het ek steeds vir Quinton gevra om te gaan kyk, met die hoop dat hy sou kom sê dis nie Rico wat daar lê nie,” vertel Theresa hartseer. Toe word haar grootste vrees waar. “Ek het nooit gedink ek sou ’n kind aan die dood afstaan nie. Die pyn is onbeskryflik; ek het nie eens meer trane oor nie. Ek is leeg van binne. Dis asof ek lewe in ’n nagmerrie waaruit ek sukkel om wakker te word,” sê sy. Theresa beskryf Louw as iemand wat elke vertrek kon ophelder – “ ’n regte grapjas en terggees” en wat veral lief was om Quinton te terg. Sy sê hoewel haar moederhart dit soveel anders sou wou hê, weet sy van beter as om die werke van die Here te bevraagteken. “Ek is net dankbaar vir die tyd wat God hom wel aan ons geleen het,” sê sy. Volgens Theresa was haar seun ook ’n liefdevolle mens. “Hy was baie lief vir my, vir sy kinders, sy pa, sy broers, sy meisie en veral sy medemens.”

Fortuin sê “Rico was ’n mense-mens, altyd gereed om ander te help, en het nooit nee gesê nie. Hy sou sy laaste gee gee as hy iemand anders kon help.”Fortuin en Louw het ’n driejarige seuntjie vir wie sy nou nie woorde het oor hoekom die pa wat elke dag daar was, skielik net nie meer is nie. “Dis ’n seer waaraan ek nooit gewoond sal raak nie; een waaroor ek nooit sal kom nie,” beklemtoon sy.

Fortuin sê sy klou aan die mooi herinnering waarmee Louw haar gelos het, en sal seker maak dat hul seun nooit sy pa vergeet nie.

Louw laat sy ouers, broers, sy meisie, hul seun, sy dogter uit sy vorige verhouding en Quinton en Luciano se twee kinders agter.

Die familie het sy liggaam Dinsdag (4 Augustus) gaan uitken. Geen begrafnisreëlings is nog getref nie. Die polisie het ‘n saak van strafbare manslag aanhangig gemaak.

Shopping locally makes all the difference

Nel

Tulbagh-fabriek bevestig sluiting

Premier Foods het bevestig hy is besig om sy Tulbagh-onderneming, Fruit Products Western Cape (FPWC), ter waarde van R1 miljard, te sluit.

Appelkose, perskes en pere word by dié aanleg verwerk.

BusinessTech berig die maatskappy het die dalende wêreldwye aanvraag, prysdruk en stygende insetkoste as redes vir die besluit aangevoer, met die tariewe wat verlede jaar deur Amerika ingestel is, as ’n bydraende faktor.

Die fabriek het vroeër vanjaar deel van Premier Foods geword toe die verbruikersgoederegroep die verkryging en skrapping van die notering van RFG Holdings vir R6,5 miljard afgehandel het.

Die onderneming het egter steeds gesukkel namate uitvoermarkte verminder het.

Illustrasiekursus kom

Die eerste Illustrasiekursus van 2024 lewer groot sukses op met Jeaneldè Mouton en Tarien Schabort se prenteboeke wat reeds by die drukkers is en later vanjaar by Fantasi verskyn. In 2025 is ’n voltooide prenteboek-manuskrip ook aan ’n uitgewer voorgelê. Nou kan jy ook jou prenteboek voorlê. Ontdek die wonder van kuns en kindwees onder leiding van dr. Mia Oosthuizen en prof. Elizabeth Gunter. Die begindatum is 15 Augustus en die kursus duur 12 maande, met ’n keuse om aan te hou vir ’n verdere ses maande. Die koste is R2 500 per maand. Kontak Oosthuizen by miaoosthuizen@gmail.com. of Anne-Ghrett Erasmus Coetzee by galery@ breytenbachsentrum.co.za.

BusinessTech berig voorts dat RFG beleggers voor die oorname gewaarsku het dat sy internasionale afdeling weens Amerikaanse invoertariewe druk ervaar. Dit het sy produkte minder mededingend gemaak, terwyl ’n wêreldwye oorskot aan sagtevrugte pryse onder verdere druk geplaas het.

Die maatskappy sê internasionale inkomste het in die jaar tot September 2025 met 7,9% gedaal, terwyl uitvoervolumes met 6,8% afgeneem het.

Hoewel die internasionale afdeling slegs 19% van die totale inkomste gegenereer het, het dit die groep se swaks presterende segment geword.

Premier sê FPWC is blootgestel aan wêreldmarktoestande, aangesien sowat 90% van sy ingemaakte produkte uitgevoer word.

In ’n verkaring aan BusinessTech bevestig die maatskappy dat hy ’n kon-

sultasieproses ingevolge artikel 189 met werknemers en hul verteenwoordigers oor die voorgestelde sluiting begin het.

“Premier besef dat dit ’n uiters moeilike en onseker tyd vir die betrokke werknemers is, van wie baie jare lank diens aan FPWC gelewer het.”

Intussen sê die VF Plus in die Wynland in ’n verklaring die beoogde sluiting van die FPWC-aanleg in Tulbagh sal sowat 3 000 permanente en seisoenale werksgeleenthede by die aanleg, sowel as die poste van plaaswerkers, in die gedrang bring.

Volgens die party word die negatiewe impak van die sluiting vererger omdat ’n aanleg wat produkte vir die uitvoermark voorberei, daarby ingesluit is.

“Om aan hierdie markte te voorsien, is driejaarkontrakte met produsente gesluit. Premier Foods het aangedui dat hy nie dié kontrakte sal nakom nie. In so ’n geval sal produsente reeds in die 2026-’27-seisoen met

Boek bespreek

Die gewilde Paarlse skrywer Irma Joubert was onlangs die gas van die Breytenbach-boekklub by die Breytenbach-sentrum in Wellington om oor haar jongste historiese roman, Rebekka van Kameeldoornplaas, te gesels. Dit speel af teen die agtergrond van die Eerste Wêreldoorlog en die Groot Griep, en vertel hoe Rebekka van ’n plaas buite Kimberley op elfjarige ouderdom in Oxford ’n kinderoppasser raak. Die joernalis Engela Duvenage het die gesprek gelei.

die vrugte opgeskeep wees. Produsente het honderd duisende rande aan voorbereiding van grond en boorde vir die opkomende oes bestee om húl kant van die kontrakte na te kom. Hulle gaan met vrugte sit wat nie ingeneem kan word nie.”

Die VF Plus sê na raming sal nuwe markte vir 55 000 tot 60 000 ton vrugte gevind moet word.

Helping Her Return to the Life She Loves:

A Rehabilitation Journey at Nur ture

For 57-year-old social worker Mrs Cathrine Mc Krieling, life changed unexpec tedly when she was diagnosed with multiple brain tumours

Following surger y, she arrived at Nur ture Paarl to begin physical rehabilitation. Although she remained determined, weak ness in her right leg made walk ing difficult, turning even simple daily tasks into a challenge

From her very first day, Mrs Mc Krieling approached rehabilitation with remark able courage and determination. Work ing alongside Nur ture Paarl's physiotherapy and occupational therapy teams, she embraced ever y oppor tunity to rebuild her strength, mobility and confidence.

Her motivation was clear

More than anything, she wanted to walk independently again and return to the profession she loves, suppor ting people through some of the most difficult moments of their lives.

In just one week , her progress was already evident. She progressed to

walk ing with a frame and was able to bear full weight through her right leg, an encouraging milestone that reflec ted both her perseverance and the value of specialised physical rehabilitation. Despite the uncer tainty she has faced, Mrs Mc Krieling continues to inspire ever yone around her with her unwavering optimism and faith.

When asked what she would say to others facing similar challenges, she smiled and replied, "Things can easily change

However, it's impor tant to stay motivated and never lose hope. Always trust in the Lord."

Her journey is a reminder that rehabilitation is about far more than physical recovery It is about restoring confidence, rebuilding independence and helping people return to the lives, and the purpose, they love

Contact Us

Nur ture Paarl

Email: referrals@nur turehealth.net Tel: 021 871 1249

Address: C/o 62 Optenhorst, Berlyn, &, Paarl, 7620

Klassiek op Vrouedag

Op Vrouedag (Sondag 9 Augustus) is Take Four, ’n ensemble bestaande uit vier van Suid-Afrika se mees gerekende klassieke musici – Elna van der Merwe (klavier), Zanta Hofmeyr (viool), Jeanne-Louise Moolman (altviool) en Susan Mouton (tjello) – op die verhoog van die Goodnow-saal in Wellington.

Hul optrede is deel van die Breytenbach Klassieke Konsertreeks se Winterprogram wat Sondag begin het. Al vier kunstenaars beskik oor interna-

Die vroue van Take Four: Elna van der Merwe (klavier), Zanta Hofmeyr (viool), Jeanne-Louise Moolman (altviool) en Susan Mouton (tjello).

sionale uitvoerings- en onderrigervaring. Die konsert begin om 16:00. Besoek Quicket vir kaartjies.

INVITATION TO TENDER

Paarlse kerkleier

dien as kapelaan

Megan Adendorff

Graham Taff is die afgelope Saterdag (1 Augustus) as kapelaan deur die organisasie Chaplains Alert South Africa bevestig. Die aanstelling volg nadat Taff byna 30 jaar as die pastoor van die Full Gospel Church Rivers of Joy in die Paarl gedien het.

Kapelane bied emosionele, geestelike en praktiese ondersteuning en werk dikwels saam met nooddienste, gemeenskapsorganisasies en ander instansies.

Volgens Taff bied sy nuwe rol hom nóg ’n geleentheid om mense tydens trauma, siekte, verlies en ander uitdagings by te staan.

Hy het ook voorheen as streeksopsiener van die Skiereilandstreek van die Full Gospel Church of God South Africa gedien, waar hy gemeentes en kerkleiers ondersteun het.

Full details of tender notices are available on www.drakenstein.gov.za, www.etenders.gov.za and www.cidb.org.za (construction related tenders) and on the municipal notice board. A non-refundable fee of R450.00 is payable to Drakenstein Municipality for collection

closing or as specified in the tender document.

Sy betrokkenheid by die gemeenskap strek reeds verder as die kerk. Bykans twee jaar gelede het hy die Graham M. Taff Community Counselling Clinic in die Paarl gestig, waar hy berading, geestelike begeleiding, gebed en ondersteuning aan individue en gesinne bied.

“God het ons geroep om mense te dien, en solank Hy my krag gee, sal ek aanhou om dit te doen,” sê Taff.

Hy sê die bevestiging as kapelaan verander nie sy roeping nie, maar skep nog ’n geleentheid om mense in die Paarl by te staan wanneer hulle dit die nodigste het.

Graham Taff (67), ’n kerkleier van die Paarl, het onlangs die gemeenskap op ’n nuwe wyse begin dien.

Rugbygemeenskap treur oor John

Die Wellingtonse rugbygemeenskap treur ná die skielike afsterwe van die plaaslike inwoner John Minnaar, wat Sondag (2 Augustus) oorlede is nadat hy tydens ’n Curriebeker-wedstryd ’n mediese noodgeval beleef het.

Minnaar (72) het die Carling Curriebeker-wedstryd tussen die Sanlam-Boland-Kavaliers en die Airlink-Pumas by die Boland-rugbystadion in Wellington bygewoon toe hy ’n hartvoorval op die pawiljoen gehad het. Hy is na ’n hospitaal geneem, waar hy later oorlede is.

verder met ander gedeel.”

Sy sê haar pa was ’n ware staatmaker. “Hy laat ons nou met ’n logistieke probleem,” spot Lizelle. “Hy was die een op wie jy kon staatmaak as jy ’n rygeleentheid nodig gehad het. Hy het die mense kliniek toe, skool toe of waar jy ook al moet wees, aangery. Hy was gaande oor rugby en het destyds vir die Roslinds-rugbyklub –nou bekend as Roses United – uitgedraf. Hy het ook graag gholf gespeel.”

hele familie, veral Monique, Alshaun en hul geliefdes, terwyl hulle hierdie verwoestende verlies probeer verwerk. Ons betuig ons innige meegevoel aan hulle en

aan almal wat mnr. Minnaar geken en liefgehad het.”

• Minnaar word op 16 Augustus vanuit die VGK Wellington-gemeente begrawe.

Volgens ’n verklaring, wat deur Boland Rugby (Edms.) Bpk. en die Boland-rugbyunie uitgereik is, het die voorval tydens die derderondewedstryd plaasgevind.

Sy suster, Patricia Bruintjies, het die voorval bevestig.

“Net nadat hy inmekaargesak het, het ’n dokter asook ’n paramedikus, op die pawiljoen, noodhulp verleen. Hy is ’n paar keer op die pawiljoen en selfs in die ambulans bygebring. Hulle het hom na die Mediclinic Paarl gehaas en ons as familie is agterna. Daar het dokters verder gedoen wat hulle kon, maar dit was te laat.”

Lizelle Minaar vertel dat hulle die nuus mooi aan haar ma, Francis, moes oordra omdat sy onlangs uit die hospitaal ontslaan is. Die paartjie sou in Desember vanjaar 48 jaar getroud wees.

“Ek gaan my pa onthou as iemand wat sy familie altyd eerste geplaas het. Die bietjie wat hy gehad het, het hy nog

Met haar pa se dood vertel baie mense staaltjies oor hoe hulle Minnaar ervaar het, sê Lizelle. “Soms het jy nie geweet of hy ’n grap maak of ernstig was nie –dan moes jy maar mooi kyk. Hy en my ma het ook saam liefdadigheidswerk gedoen.”

Minnaar was die pa van Monique Bock en die skoonpa van die voormalige Sanlam-Boland-Kavaliers-speler en huidige aanvallende afrigter, Alshaun Bock.

Monique was ook by die wedstryd toe haar pa inmekaargesak het.

“Ons wil net ons diepe dank betuig aan Boland Rugby, die dokter en almal wat kort ná die voorval gehelp het. Ons waardeer dit opreg.”

Boland Rugby (Edms.) Bpk. en die Boland-rugbyunie het hul innige meegevoel met die Minnaar- en Bock-families uitgespreek en gesê Minnaar se afsterwe het die hele Boland-rugbyfamilie diep geraak.

“Dit het my diep getref toe ons die tragiese nuus van mnr. Minnaar se afsterwe ontvang het,” het Quintin van Rooyen, die uitvoerende hoof van Boland Rugby (Edms.) Bpk., gesê.

“Ons gedagtes en gebede is met die

NOTICE:CANCELLATIONOFTENDERINVITATIONSINTERMSOF PARAGRAPH 60(1)(C)OFTHESUPPLYCHAINMANAGEMENTPOLICYOFDRAKENSTEIN MUNICIPALITY

TENDERNO: COMMAR1/2025

TENDERDESCRIPTION:CENTRALISEDCUSTOMERCARE COMMUNICATION PORTAL FORBULKSMS DATABASESOLUTION

Noticeisherebygiventhattheabove-mentionedtenderswascancelledbytheBid AdjudicationCommitteeon26June2026intermsofthetermsofparagraph60(1)(c)ofthe SupplyChainManagementPolicy.

DRJHLEIBBRANDT CITYMANAGER PaarlPost;Cape Times–06August2026

PPHS060826-PL060826

Cape Winelands C distriCt muniCipality

KENNISGEWING

AANSUIWERINGSBEGROTINGVIRDIE 2026/2027FINANSIËLE JAAR

Kennisgeskiedhiermeeingevolgeartikel 21(A) vandie Wet op PlaaslikeRegering:MunisipaleStelsels, 2000(WetNo. 32 van2000),geleessaammetregulasie26 vandie Munisipale Begrotings-en Verslagdoeningsregulasies,2008da t die Raad byItem R.15.8 van27Julie2026,’nAansuiweringsbegroting goedgekeurhetvirdieoorrolvanonbestedefondse vanafdie 2025/2026 finansiëlejaar nadie2026/2027finansiële jaar DiegemeldeRaadsbesluitenalleandertersaaklikedokumentasie is terinsaebydieondergemeldekantorevandie KaapseWynland Distriksmunisipaliteitgedurende gewonekantoorureen is ook beskikbaaropdieKaapseWynland Distriksmunisipal teit se webwerfbywww.capewinelands.gov.za:

• Stellenbosch(Du Toitstraa t 29):Mnr C.J.M.Arangie

• Worcester(Trappesstraa t 51): Me.R.F.V Carelse

• Paarl(Hoofstraa t 194):Me.M.Marang

• Ceres(Munnikstraat 27):Me.C.Louw

• Robertson(VanReenenstraa t 40):Mnr J.vanZy

H.F PRINS

MUNISIPALEBESTUURDER

KaapseWynland

Distriksmunisipaliteit

Alexanderstraat46

Stellenbosch7600

NOTICE

ADJUSTMENTSBUDGETFORTHE 2026/2027FINANCIALYEAR

Noticeishereby givenintermsofsection21(A)oftheLocal Government: MunicipalSystemsAct,2000(ActNo.32of 2000) readwithregulation26oftheMunicipalBudgetand ReportingRegulations 2008tha t Council at ItemC.15.8 of 27 July 2026, approvedanAdjustmentsBudgetfortherolloverofunspentfundsfromthe 2025/2026 financialyeartothe 2026/2027financialyear

ThesaidCouncilresolutionandallotherrelevantdocuments maybeinspected at theunder-mentionedofficesofthe Cape WinelandsDistrictMunicipalityduringnormalofficehoursand isalso availableontheCapeWinelandsDistrictMunicipality’s website at www.capewinelands.gov.za:

• Stellenbosch(29 du ToitStreet):Mr C.J.M.Arangie

• Worcester(51 TrappesStreet):Ms.R.F.V Carelse

• Paarl(194 MainStreet):Ms.M.Marang

• Ceres(27MunnikStreet):Ms.C.Louw

• Robertson(40 Van ReenenStreet):Mr J.vanZyl

H.F PRINS MUNICIPALMANAGER Cape Winelands DistrictMunicipality 46AlexanderStreet Stellenbosch 7600

Wyle John Minnaar
Kaapse Wynland distriKsmunisipaliteit

Nuwe skoolhoof vertel van passie

Nico Burger, nuwe skoolhoof van Hugenote Hoërskool in Wellington, kan groot én klein oomblikke raaksien en waardeer, en verewig dit gereeld met foto’s. Hy verskyn egter selde alleen op dié foto’s wat hy dikwels op sosiale media deel, want hy besef terdeë dat besonderse oomblikke meestal die resultaat is van baie mense se deursettingsvermoë, beplanning en geesdrif, en gebou is op beide die verlede én die toekoms.

Hy het sedert 2022 as Hugenote se onderhoof reeds portefeuljes soos kultuur, sport, bemarking en die skoolkoshuis Huis Hugenote suksesvol bestuur. Daarby was hy waarnemende skoolhoof sedert Wikus Naude aan die einde van 2025 afgetree het.

Mnr. Nico, soos hy wyd bekend is, ken daarom reeds Hugenote se hart: “Met 940 leerders is Hugenote groot genoeg om kompeterend te wees, maar klein genoeg dat ons mekaar se name ken en plek kan maak vir individue. Die skool streef jare lank al uitnemendheid op alle vlakke na, van akademie tot kultuur en sport, maar streef ook na balans. Dis ’n plek waar ’n kind nog kind mag wees, en wat vir leerders oorgenoeg geleenthede bied om te ontwikkel én uit te styg.”

Teen sy kantoormuur hang ’n foto waarop ’n mengelmoes leerders in wit T-hemde om hom saamdrom: “Dis die Leerlingraad van 2024. Een van die lede, Kieran de Villiers, het daardie jaar die skool se nie-amptelike leuse, “Almal wil voel dat hulle êrens hóórt... Jou êrens is hier”, uitgedink,” wys hy trots.

Dan volg die verhaal agter ’n foto van ’n see donkerblou gestreepte baadjies wat hy in April 2022 van die skoolverhoog af geneem het, ná sy eerste saalbyeenkoms by die Blackies (Hugenote se bynaam).

“Die gr. 8’s wat voor sit op die foto is vanjaar in matriek. Dié leerders het

my geleer wat dit beteken om ’n trotse Hugenoter te wees, en van #BlackieExcellence,” vertel Burger terwyl hy nog ’n slagspreuk aanhaal wat die skool die afgelope jare rig.

“Dit was nog covid-tyd, en ek moes die leerders vra om hul maskers af te haal sodat ek darem vir my ma-hulle kon wys met wie ek nou gaan saamwerk!” onthou hy.

DIENSBAARHEID

Burger kom uit ’n huis waarin baie tyd aan die opbou en ondersteuning van andere gewy is. Sy ma, Alna, was ’n laerskoolonderwyseres, en sy pa, Wilhelm, ’n dominee op wie mense swaar gesteun het vir raad en daad.

“My ouerhuis het my geheel en al gevorm wie ek vandag is, en my geleer van roeping en van diensbaarheid. Mý roeping is die onderwys,” beklemtoon Burger, wat in 2002 aan die Hoërskool Overberg in Caledon gematrikuleer het.

“Overberg is ’n gemeenskapskool met ongelooflike mentors wat in my belê het,

“MY OUERHUIS HET MY GEHEEL EN AL GEVORM WIE EK VANDAG IS, EN MY GELEER VAN ROEPING EN VAN DIENSBAARHEID.”

my waardig laat voel het en ’n fondasie gegee het vir enigiets wat ek wil aanpak. Overberg het my ook geleer dat ’n skool nie die beste in die land hoef te wees nie, maar eerder die beste skool vir jóú moet wees,” verduidelik hy.

Hy het in 2005 ’n BA Sportwetenskap-graad aan die Universiteit Stellenbosch (US) behaal, en in 2006 ’n nagraadse onderwyskwalifikasie voltooi. Dis in dié einste opvoedkundeklas waar die voormalige Maties Sewes-rugbyspeler sy vrou, Lizelle, ontmoet het. Die Burgers het twee dogters – Isabella, ’n gr. 8-leerder by Hugenote Hoërskool, en Nina, in gr. 6 by die naburige Laerskool Hugenote.

Dié 42-jarige geografie- en sosiale wetenskappe-onderwyser het in 2023 ’n gevorderde diploma in skoolleierskap en bestuur aan die US voltooi, en onderwyservaring in Londen, aan die Hoërskool Overberg in Caledon, die Hoër Landbouskool Boland, by Paarl Gimnasium en as skoolhoof van Rûens Kollege opgedoen. Elkeen van dié stopplekke langs sy loopbaanpad het geslyp aan sy vermoëns en mensekennis.

“Ek voel baiekeer soos die outjie in die fliek Slumdog Millionaire, wat, terwyl hy op pad was na ’n vasvraprogram se miljoenrandvraag, eenvoudig al die regte vrae gekry het danksy ervarings waaraan hy sy hele lewe lank blootgestel is. Asof dit juis so bepaal was dat hy daardie miljoen moes wen,” verduidelik Burger met sy gebruiklike vonkel in die oog. “Dis net Genade.

“Londen het my geleer watter impak die afwesigheid of verwrongenheid van waardes het, en hoe belangrik kinders se inkoop en die bou van verhoudinge is om dissipline in ’n skool te verseker. By my alma mater, Overberg, het ek eksponensiële groei gesien wanneer ’n mens inploeg in kinders wat gewillig eerder as ‘entitled’ is.

“By Boland Landbou kon ek my passie vir rugby uitleef, maar ek het die dimensies van ’n skool met seuns en meisies gemis. By Rûens Kollege is ek blootgestel aan die bestuur van mense en finansies, en hoe om eintlik ’n skool se uitvoerende hoof of ‘CEO’ te wees.

“En by Paarl Gimnasium het ek geleer hoeveel harde werk dit verg om topprestasie te handhaaf en aan verwagtinge te voldoen.

WAARDES EN MIKPUNTE

“Ek implementeer nou die beste, uiteenlopende komponente van al dié skole hier by Hugenote,” verduidelik hy geesdriftig. “Een van Hugenote se sterk punte is juis dat dit ’n samekomsplek van uiteenlopendhede is. As die enigste dubbelmedium hoërskool in die groter Drakensteingebied funksioneer Hugenote op ’n hoë vlak van uitnemendheid en volhoubaarheid, omdat ons sovele verskillende veranderlikes kan saamtrek rondom ’n gesamentlike stel waardes en mikpunte. Ons personeel streef om volronde, goed aangepaste leerders te

vorm. Daarom word hulle blootgestel aan verskillende veranderlikes en geleer hoe om karaktereienskappe van gehalte in mekaar raak te sien, ongeag wat. Hy voeg ook by: “Ons leerders kry die vryheid om in te koop en besluite te neem binne die grense van ’n gesamentlike stel waardes, wat enigiets van hul gedrag teenoor skeidsregters of tydens saalbyeenkomste tot selfoongebruik in die klas of in geselskap rig.”

Oor hom sê sy leerders: “Hy’s ’n bok vir sports en kan grappies oor homself maak.” “Mnr. Nico ken omtrent almal se name.” “Sy strewe vir die skool is #Blackieexcellence.” “Sy fokus is op impak maak.” “Hy wil die skool, die leerders en hul toekoms voortdurend verbeter.”

Sulke opmerkings bring hom egter terug by die beginsel van onderwys as ’n spansport, en sy hoë agting vir sy sterk personeelkorps.

“Ek is ook baie dankbaar vir die ondersteuning wat Hugenote van ouers, alumni, ons onlangse beheerliggame, sakelui en die breër gemeenskap kry,” sê hy .“Wellington is so ’n lekker dorp om in te werk. Ek glo die dorp groei en beleef ’n rewolusie. Ek sien uit na dit wat vir die dorp voorlê, maar waak tog ook jaloers daaroor.”

INTERSKOLE KOM

Burger was die afgelope twee seisoene hoofafrigter van die eerste rugbyspan. Afrigting is vir hom ’n natuurlike uitvloeisel van onderwys en die help bou aan leerders se karakter en durf. Een van sy hoogtepunte was dat die o.19’s vanjaar onoorwonne van Pretoria teruggekeer het ná hul eerste deelname aan die bekende Noord-Suid-toernooi.

As skoolhoof raak sy tafel nou te vol vir voltyds rugbystrategie bedink, en wil hy eerder selfs meer van Hugenote se ander sportspanne en -aktiwiteite breëbors ondersteun en van foto’s neem.

“Die skool as geheel is my passie,” beklemtoon Burger.

Buite sy kantoor gaan staan hy voor rye foto’s wat die skool se vormingsjare sedert 1868 vanuit die destydse Hoër Jongenskool Wellington en later ook die Hugenote Seminarium vir meisies vergestalt.

Nog ’n stukkie geskiedenis wag op 14 en 15 Augustus, met Hugenote en Hoërskool Swartland se 50ste Interskole in Wellington.

“Albei skole droom dat ons Interskole nie net oor sport of wen gaan nie, maar die hartklop van samesyn in ons twee gemeenskappe is. Ons groei hierin saam met ons oudleerders, borge en ander betrokkenes,” vertel hy.

Ander kalenderhoogtepunte is die Suid-Kaap-toer van die skool se geliefde koor, die Montagu-toneelfees, die Blackies T20 Smash-toernooi en Hugenote se Prestige-atletiekbyeenkoms. In Desember is Hugenote ook weer venue-gasheer en mede-aanbieder van die Six Gun Grill Summer Sport Festival.

Nico Burger, die nuwe hoof van Hugenote Hoërskool.

Wine Walk at Muratie

Celebrate the Women’s Day public holiday with a scenic Wine Walk at Muratie Wine Estate on Monday 10 August.

Hosted by Dirtopia, this relaxed social hike combines beautiful Winelands scenery with four Muratie wine tastings at a spectacular mountain viewpoint.

Participants will enjoy a welcome mimosa before following the marked 3,5 km route through the vineyards and up the mountain to the lookout point, offering panoramic views of Simonsberg and Table Mountain.

The leisurely walk includes tastings of

Muratie Rosé, Laurens Campher Chenin Blanc, Blended Red and Merlot, while under-18s receive juice.

Registration opens at 09:00 at the Dirtopia Trail Centre, with the walk starting at 09:30. Tickets cost R245 (R100 for under-18s) and include the day permit and wine tasting.

Participants should wear comfortable closed walking shoes and bring water, a light jacket and, if they wish, snacks or a picnic blanket to enjoy at the viewpoint. Numbers are limited and online bookings close on Saturday 8 August. For more information and entries visit www. dirtopia.co.za.

Join the wine walk at Dirtopia this public holiday Monday 10 August.
Plumbing
Dienste:

Badisa Paarl is 'n Kinderbeskermings organisasie wat fokus op kinderbeskermingsdienste (beste belang van die kind). Die volgende persone is onopspoorbaar en dringend opsoek ten einde hof verrigtinge te kan finaliseer: Chrisando Titus Kontak asb die maatskaplike werkers Me. P Lategan, Me. H. Herandien & Me. S Grootboom op 021 870 1697.

The Department of Social Development ATLANTIS LOCAL OFFICE is requesting anyone who knows the whereabouts of Mr. Reinhardt Rajah to please contact the social worker, Mrs. Holayi-Bashe on (021) 572 3124 / (021) 572 3815 during office hours (07:30 -16:00).

INGA, a motivated analytical chemistry graduate with experience in laboratory work, customer service and mathematics tutoring, offering strong attention to detail, is looking for work. I have contactable references. 078 495 9741.

LUNGILE is an experienced domestic worker. I still need work for 3 days, Monday, Wednesday & Saturday. I have a reference available. Call me on 079 915 5927.

PHUMLA is looking for domestic work for 3 days; (Monday, Tuesday & Thursday). I have many years of experience and am hardworking. Call 073 031 5853 /071 053 4094.

In die boedel van wyle: CLAUDE GILBERT DE JAGER

Geboortedatum: 15 AUGUSTUS 1955

Persoonsnommer: 550815 5044 08 1 van GHWARRIELAAN 3, PAARL

Boedelnommer: 2936/2025

Di e EE RS TE & FI NA LE Li kw id as ie - en Verdelingsrekening in bogenoemde boedel sal oor 'n tydperk van 21 (een-en-twintig) dae vanaf die 7DE dag van AUGUSTUS 2026 ter insae lê in die kantoor van die Weesheer van die Wes-Kaap Hoë Hof te KAAPSTAD en in die kantoor van die Landdros te PAARL.

Geteken te PAARL op hierdie 30STE dag van JULIE 2026.

FRED VAN WYK ING.

Prokureurs vir Eksekuteur/trise

Adres: Jan Van Riebeeckweg 57B PAARL, 7646

0000000-PL060826

OPHEFFING VAN BEPERKINGS

VERORDENING, 2018: ONDERVERDELING VAN ERWE 2395, 2396 EN 2397, PAARL: MUNISIPALE VERWYSING 15/4/1 (2395 - 2397) P Ke nn is ge ski ed hi erm ee in gevo lg e di e Dr

is

ik

pl an ni ng Verordening, 2018 dat ʼn aansoek soos hieronder uiteengesit ingedien is by die Drakenstein Munisipaliteit Grondgebruikbeplanning Afdeling ʼn Volledige afskrif van die aansoek is beskikbaar en ka n versoek word van die aansoeker met epos aan dupre.lombaard@vird us.com, of deur telefonies kontak te maak Alternatiewelik kan kontak gemaak word met Me Liepollo Kuali by telefoon 021 807 4500, of epos liepollo.kuali@drakenstein.gov.za.

Eiendom Erwe 2395, 2396 en 2397, Paarl

Aansoeker Dupré Lombaard vir Virdus Works (Edms) Bpk (Sel: +27 82 895 6362)

Eienaar Treurnich Property (Pty) Ltd, Verteenwoordiger: Mr Barend Landman (Sel: +27 82 575 5988)

Ligging Treurnichstraat 2, 2A en 4, Paarl

Grootte Erf 2395, 822m²; Erf 2396, 824m²; Erf 2397, 825m²

Sonering Konvensionele Woon Sone

Voorstel Die eienaar van die eiendomme wil die drie erwe afsonderlik herontwikkel deur die bestaande huise te sloop en twee straatfront huise op elkeen te bou. Die beperkende titelvoorwaardes van toepassing op elke eiendom moet opgehef word ten einde die onderverdeling moontlik te maak en weg te doen met die meer beperkende grondgebruik parameters vervat in die akte. Aansoek word gedoen om elke erf in twee gelyke dele (Restant en Gedeelte A), met ʼn oppervlakte van ongeveer 412m² elk en ʼn straatfront van ongeveer 11m, te deel.

Aansoek In ooreenstemming met Artikel 15 van die Drakenstein Munisipaliteit: Verordening op Munisipale Grondgebruikbeplanning, 2018, op elk van die drie erwe. 1. Aansoek ingevolge Artikel 15(2)(d) vir die onderverdeling van elke erf in twee nuwe erwe; en 2. Aansoek ingevolge Artikel 15(2)(f ) vir die opheffing of opskorting van titel beperkings wat die voorgenoemde beperk.

Titel voorwaardes Die titelakte vir Erf 2395 (T10462/2025) en Erf 2397 (T50677/2023) bevat soortgelyke beperkings in Klousule B soos hierna vir uiteengesit vir Erf 2396. In titelakte T30931/2023 vir Erf 2396 verskyn die titelvoorwaardes wat gewysig moet word deur die oplegging van ontwikkelings voorwaardes of verwyder moet word, in Klousule C. Die voorwaardes vir dorpstigting wat opgelê is ingevolge die Dorpe Ordonnansie Nr 33 van 1934, met die goedkeuring van die dorp Vrykyk op 24 Julie 1957, is: “C. 4 This erf shall be subject to the following conditions provided especially that where, in the opinion of the Administrator after consultation with the Township Board and the Local Authority, it is expedient that the restriction in any such condition should at any time be suspended or relaxed, he may authorise the necessary suspension or relaxation subject to compliance with such conditions as he may impose:”

a. It shall not be subdivided;

b. It shall be used only for the purpose of erecting thereon one dwelling together with such outbuildings as are ordinarily required to be used therewith;

c. Not more than half the area thereof shall be built upon;

(2395 - 2397) P

given in terms of the Drakenstein Bylaw on

that an application as set out below has been submitted to the Drakenstein Municipality

Use Planning Section. A comprehensive copy of the application is available and can be requested by sending an email to dupre.lombaard@virdus.com, or by contacting the applicant telephonically Alternatively, Ms Liepollo Kuali, Drakenstein Department of Planning and Development,

of the Drakenstein Municipality: Bylaw on Municipal Land Use Planning, 2018 on each of the three Erven.

1. Application in terms of Section 15(2)(d) for the subdivision of each erf into two new erven; and 2. Application in terms of Section 15(2)(f ) for the removal or suspension of title deed restrictions that restrict the aforementioned.

Title conditions The title deeds for Erf 2395 (T10462/2025) and Erf 2397 (T50677/2023) contain similar restrictions in Clause B as referenced hereafter for Erf 2396. In

d. No building or structure or any portion thereof except boundary walls and fences shall be erected nearer than 6,30 metres to the streetline which forms a boundary of this erf nor within 3,5 metres of the rear or 1,57 metres of the lateral boundary common to any adjoining erf, provided that with the consent, of the Local Authority, an outbuilding rot exceeding 3,05 metres in height measured from the floor to the wall plate and no portion of which will be used for human habitation, may be erected within the prescribed rear space. On, consolidation of any two or more erven this condition shall apply to the consolidated area as one erf; DRAKENSTEIN MUNICIPALITY NOTI CE OF APP LI CATIO N FO R SU BD IV IS IO N AND RE MOVA L OF RESTRICTIONS IN TERMS OF SECTION 15(2) OF THE DRAKENSTEIN BYLAW ON MUNICIPAL LAND USE PLANNING, 2018: SUBDIVISION OF ER VE N 23 95, 23 96, 239 7, PA AR L MU

Ten volle gemotiveerde kommentaar en beswaar mag aan die Munisipale Bestuurder gestuur word, vir aandag die Bestuurder: Grondgebruikbeplanning en Opmeting, teen laatste 06 September 2026 by wyse van een van die volgende drie opsies: • Per pos na Posbus 1, Paarl, 7622; Per hand by die Paarl Burgersentrum, Bergrivier Boulevard, Paarl; of Per Epos aan customercare@drakenstein.gov.za met kopie aan liepollo.kuali@drakenstein.gov.za. Gebruik asseblief die opskrif van die kennisgewing as opskrif vir enige kommentaar of beswaar Neem kennis dat enige skrywes moet voldoen aan Artikel 50 van die Drakenstein Munisipale Grondgebruik

Beplanning Verordening, 2018, wat beskikbaar is by voormelde amptenaar DATUM VAN KENNISGEWING: 06 Augustus 2026

Paarl Gim byt vas vir sege

Die Hoërskool Gimnasium Paarl het Saterdag met 25-11 oor die Hoër Jongenskool Paarl (HJS) geseëvier in ’n titaniese stryd in die King Price Derby- reeks by Faurestraat, ná ’n teleurstellende tweepuntnederlaag verlede jaar toe HJS in die doodsnikke van die wedstryd ’n haas uit die hoed gepluk het.

Vanjaar se eindtelling dui op beheer. Die werklikheid? Dit was ’n taai stryd wat in die laaste minute beslis is, met Boishaai wat geweier het om oor te gee en Gim wat desperaat vasgeklou het aan ’n voorsprong wat wankelrig gevoel het – tot Mickyle Booise se laatdrie die stryd finaal beslis het.

’n Verheugde o.19A-rugbyspan van die

die

Bergrivier tevrede ná stryd teen HS Weltevrede

Charl Williams

Bergrivier Senior Sekondêr het Sondag (2 Augustus) hul FNB Classic Clashes-derby teen hul buurspan, die Hoërskool Weltevrede, met 20-3 op die KSUT-sportterrein in Wellington gewen en die plaaslike spogregte verdien. Hoewel die wedstryd nie altyd vloeiend was nie en deur verskeie hanteerfoute aan albei kante gekenmerk is, het dit niks aan intensiteit en fisieke spel ontbreek nie. Die twee buurspanne het mekaar geen ruimte gegee nie en die toeskouers is met skolerugby van hoë gehalte bederf. Bergrivier het die eerste hou ingekry toe sy vleuel Keenan Luikies die doellyn oorsteek. Kort daarna het die regtervleuel, Wade Bird, ’n verdedigingsfout deur Weltevre-

de genadeloos uitgebuit en in akrobatiese styl gaan druk. Die suksesvolle doelskop het Bergrivier met ’n 12-0-voorsprong tot rustyd gedra. Weltevrede het ná die pouse met nuwe ywer teruggeveg en verskeie belowende aanvalle afgestuur, maar kon nie hul kanse in punte omskep nie. Bergrivier se verdediging was rotsvas, met die plaasvervanger Igshaan Cupido, wat ’n merkwaardige bydrae gelewer het. Sy harde duikslae het Weltevrede keer op keer in hul spore gestuit. Die besoekers het uiteindelik hul enigste punte aangeteken toe Waylon Rooi met ’n strafdoel slaag om die agterstand te verklein. Ethan Appollis van Bergrivier het met ’n strafdoel geslaag voordat die kaptein, Nehemia Fredericks, wat deurentyd met sterk leierskap en ywer van voor gelei

het, die wedstryd met sy span se derde drie beklink het. Die eindtelling (20-3) was ’n puik weerspieëling van Bergrivier se oorheersing, veral danksy hul gedissiplineerde verdediging en vermoë om sleutelgeleenthede te benut. Albei spanne sal egter weet dat hulle nog werk aan hul doelskopwerk moet doen. Beide Appollis en Rooi het verskeie skopgeleenthede verbrou, wat die telling aansienlik hoër kon laat lyk het.

Puntemakers

Bergrivier (20)

Drieë: Keenan Luikies, Wade Bird, Nehemia Fredericks. Doelskop: Ethan Appollis.

Strafdoel: Ethan Appollis.

Weltevrede (3)

Strafdoel: Waylon Rooi.

gingsfout deur Weltevrede genadeloos uitgebuit en in akrobatiese styl gaan druk het. Foto: Reginald Afrikaner

Bergrivier se regtervleuel, Wade Bird, op pad doellyn toe nadat hy ’n verdedi-
Hoërskool Gimnasium Paarl ná hul 25-11 oorwinning oor
Hoër Jongenskool Paarl in dié twee spanne se jaarlikse Interskolewedstryd.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Paarl Post - E-edition - 6 August 2026 by Novus Media - Issuu