Gazette-ST-E-edition-9 December 2025

Page 1


En die skoonste polisiekantoor is ...

Die skoonste polisiekantoor in die Swartland is Malmesbury

Die Malmesbury-polisiekantoor is by die Weskus-distriksmunisipaliteit (WDM) se prysuitdelingseremonie as die algehele wenner in die afdeling vir die skoonste polisiekantoor in die Swartland se munisipale gebied aangewys. Volgens die WDM is Malmesbury se polisiekantoor ’n trotse voorbeeld van uitnemendheid, dissipline en toewyding tot dienslewering.

Die polisiekantoor wat ’n betekenisvolle verbetering in algehele netheid toon, is Darling, wat ongelooflike vordering ten opsigte van hul professionaliteit, netheid en uitnemende dienslewering gewys het.

Die Swartland pronk boonop met nóg ’n toekenning nadat sers. Glenville van der Merwe van die Moorreesburg-polisie ’n sertifikaat van erkenning ontvang het as die beste landelike veiligheidskoördineerder binne die streek se polisie Van der Merwe, wat die eerbewys as ’n voorreg beskryf het, het die prys danksy sy uitsonderlike toewyding en dienslewering ontvang.

Anroux Marais, die Wes-

Van links: lt kol Pierre Burger, (stasiebevelvoerder van die Moorreesburg-polisiekantoor), Boffie Strydom (uitvoerende burgemeester van die Weskus-distriksmunisipaliteit), Anroux Marais, (Wes-Kaapse LUR vir polisietoesig en gemeenskapsveiligheid), sers Glenville van der Merwe (landelike veiligheid; Moorreesburg-polisiekantoor), kol David Malong (stasiebevelvoerder in Malmesbury), Harold Cleophas (uitvoerende burgemeester van die Swartland), Archie Mbhele (Darling-GPF-voorsitter) kapt. JJ Otto (Darling-polisiekantoor) en die AK Warnick

Kaapse LUR vir polisietoesig en gemeenskapsveiligheid en wat die seremonie die afgelope Vrydagaand (5 Desember) by Meerhof bygewoon het, het die lede van die Suid-Afrikaanse

polisiediens geloof vir hul toewyding tot die bekamping van misdaad. “’n Polisiekantoor wat veilig, skoon en opbouend is, is meer as net ’n werksplek. Dit raak ’n toevlug, ruimte waar

lede kan herlaai en oomblikke van verligting te midde van veeleisende omstandighede kan ervaar. Dit raak ’n daaglikse herinnering dat polisielede se welstand saakmaak. Wanneer

ons ons polisielede ophef, hef ons ons plaaslike gemeenskap ook op.” Sy sê uitnemendheid van lede kan nie verwag word as hulle self afgeskeep voel nie “Daarom is die projek en die prestasies wat vandag gevier word, baie betekenisvol is. Dit weerspieël die moontlikhede wanneer gemeenskappe saam kom en wanneer regering, burgerlike samelewing en die sakesektor vir ’n gesamentlike doel byeenkom.”

Die projek is onder andere moontlik gemaak deur die WDM in samewerking met die SAPD, die Sakelui teen Misdaad Wes-Kaap-inisiatief, die Weskusdistrik se gemeenskapspolisiëringsforum en die WesKaap se departement van polisietoesig en gemeenskapsveiligheid.

Sy voeg by die projek gaan oor veel meer as bloot die verbetering van skoon en netjiese ruimtes. “Dit is ’n beweging –een wat die lede aanmoedig om trots te wees op hul werksomgewing en gemeenskappe en ondernemeings inspireer om saam met die polisiekantore te werk. Die projek het almal byeengebring – die grootste prestasie van almal.”

dit for SM

audit is the best possible outcome and reflects transparent and accountable governance "This consistent achievement underscores the municipality’s

Bringing Flats’ heartbeat to others

At just 22 years old Zoë Oosthuizen from Malmesbury is already making her mark in the world of theatre with the debut of her powerful production, Boys Vannie Flats. Oosthuizen recently completed her two-year studies in the performing arts at Northlink College (Panorama), a milestone that marks not just an academic achievement, but a return to her first love.

Oosthuizen’s passion for drama and theatre started long before she ever set foot on a stage. “I’ve loved performing since I was a little girl,” she recalled “I used to put shows on for my parents (Kevin and Brenda Oosthuizen) and tell them one day I would be big.”

Life took her in different directions for a while, but it was her mother who reminded her where her heart truly belonged. “Returning to the arts felt like returning home, and now I can’t imagine my life without it.”

The idea of her debut play came unexpectedly during a simple drive through the neighbourhood of the cousin of a friend. As he pointed out familiar hangout spots and shared memories of laughter, heartbreak and real conversations something resonated deeply with her “I realised that the moments we truly connect with people happen through honest conversations,” she said That moment sparked a desire to explore the untold emotional landscape young coloured men in the Cape Flats face

“There are so many pressures and unspoken feelings that weigh on them. I wanted to dive deeper into what each young man carries, how he feels, why he may feel stuck and how stereotypes shape his experience.”

The rest of the story took shape from

festivals, performing on both screen and stage, and contributing creatively behind the scenes. She also dreams of establishing her own media brand or theatre company, a space for young coloured artists to explore their talent and share stories

duction home when they performed for local residents in Malmesbury last week.
The cast of Boys Vannie Flats
Zoë Oosthuizen (22) from Malmesbury

Die misdaadskrywer Deon Meyer was by sy laaste boekbekendstelling vir 2025 die gas van Malmesbury se Boekklub. Van links is Lydia Kastel (Funky Ouma en borg), Leonita Coutts (’n skrywer van Malmesbury), Talita Viola (die biblioteekhoof), Meyer en Eben Pienaar, die reklamebestuurder by Jonathan Ball Uitgewers Foto: Sarie Nell

Meyer se laaste

Deon Meyer, die skrywer van 17 romans en drie verdere publikasies, het Donderdag sy laaste boekbekendstelling vir 2025 as gas van Malmesbury Boekklub aangebied.

Sy prestasies is ’n lang lys: Sy romans is in 28 tale en 40 lande te lees; sommiges is reeds televisiereekse en ’n TV-reeks oor Koors is op pad Hy het ook honderde boekbekendstellings (plaaslik en oorsee) plus ritse toekennings agter sy naam. Die uitgewer en gespreksleier Etienne Bloemhof het Meyer Donderdag geloof vir sy “ongelooflike navorsing en bloedsweet wat hy inploeg om elke keer ’n uiters relevante en geloofwaardige produk te lewer” Meyer het vertel waarom hy in Skorpio, sy nuutste in die Bennie Griessel-reeks, die karakters van Griessel en sy teenpool, Vaughn Cupido, meer uitbou en hulle volronde ménse maak Hy beskryf Cupido se humor, sy lig en lag as spanningsverligting teenoor Griessel se probleme en voortdurende dranklus Meyer, wat in Paarl gebore is, het vertel waarom Skorpio aan die personeel van ’n Duitse treinstasie opgedra is nadat hulle sy verlore rugsak met sy drarekenaar, tablet en Apple-oorfone opgespoor het Eie aan sy aard gebruik hy net die beste bronne vir sy navorsing Hy het die land

se beste speurder wat aanlyn swendelaars vastrek, in Stellenbosch opgespoor en destyds het die bekende Madeleine van Biljon as lid van Alkoholiste Anoniem hom met toestemming na AA-ondersteunersbyeenkomste geneem Hierdie ondervinding het Meyer gehelp om Griessel se drankverslawing aangrypend te beskryf

Meyer se jong volwasse kinders stuur ook vir hom nuutskeppings oor terme wat jongmense deesdae gebruik

Meyer en sy vrou, Marianne, besit ’n klein woonstel in Italië, naby aan hul Italiaansgebore kleinseun, Matteo. Hierdie vierjarige praat suiwer Afrikaans en Italiaans en is versot op Kurt Darren

“Ons het eenkeer in Italië só hard saam met Matteo na “Hop Hop Spinnekop” in ons gehuurde elektriese motor geluister dat ons nie die berugte Italiaanse verkeerspolisie se sirenes kon hoor nie Hierdie ‘selfbelangrike’ polisielede was vasberade om ons weens ’n gefabriseerde oortreding te ‘vervolg’, maar danksy hierdie selfbelangrike mense se toegewing is ons wel terug in Suid-Afrika en vanaand hier in Malmesbury,” het hy gespot

Hoe sou Meyer se ideale Kersfees lyk?

“Ons gaan almal saam wees in Italië, waar my oudste dogter en haar gesin woon Tóg wens ek my ouers kon daar wees en vir Matteo ontmoet My pa is kort voor my eerste boek in 1994 oorlede; hy kon nooit ’n eksemplaar vashou nie ”

Ou trekkers brul weer

Die Swartland-veteraneklub se trekkers en ander voertuie is die afgelope naweek (6Desember) met allerhande Kersversierings opgemaak en het die Kersfeesgees behoorlik vasgevang terwyl hulle hul jaarlikse Kersliggie-optog deur die strate van Malmesbury onderneem het Pieter van Aswegen, die voorsitter van die veteraneklub, het vanjaar se byeenkoms as ’n groot sukses bestempel met ’n groter optog, meer toeskouers en boonop ’n lekkerder roete

Pieter van Aswegen, die voorsitter en organiseerder, op een van die versierde trekkers by die skouterrein, vanwaar die groep vertrek het.
Briewe van ons lesers

SWARTLAND MUNISIPALITEIT

NOTICE 59/2025/2026

PROPOSED REZONING AND SUBDIVISION OF ERF 551, DARLING

Applicant: CKRumboll&Partners,POBox211,Malmesbury,7299.Telnr 022-4821845

Owner: Swartland Municipality, Private Bag X52, Malmesbury, 7299. Tel nr 0224879400

Referencenumber: 15/3/3-3/Erf_551 15/3/6-3/Erf_551

Propertydescription: Erf551,Darling

Physicaladdress: CaledonStreet,Darling

Detaileddescriptionofproposal:

An application for rezoning of erf 551, Darling in terms of section 25(2)(a) of Swartland Municipality : MunicipalLandUsePlanningBy-Law(PG8226of25March2020)hasbeenreceived. Itisproposedthat erf551berezonedfromSplitZoningtoSubdivisionareainordertoprovideforthefollowinglanduses,nl: SplitsZoningandCommunityZone1.

An application for subdivision of erf 551, Darling, in terms of section 25(2)(d) of Swartland Municipality : MunicipalLandUsePlanningBy-Law(PG 8226of25March2020),hasbeenreceived.Itisproposedthat erf551(371,615ha inextent)besubdividedintoaremainder(371,3634hainextent)andportionA(2520m2 inextent).

An application for the registration of a service servitude on portion A, in terms of section 25(2)(d) of Swartland Municipality : Municipal Land Use Planning By-Law (PG 8226 of 25 March 2020), has been received. Theserviceservitudewillaccommodateanexistingsewerline.

Notice is hereby given in terms of section 55(1) of the By-law on Municipal Land Use Planning that the abovementioned application has been received and is available for inspection from Monday to Thursday between 08:00-13:00 and 13:45 - 17:00 and Friday 08:00-13:00 and 13:45 - 15:45 at the Department Development Management, office of the Senior Manager : Development Management, Municipal Office, Church Street, Malmesbury Any written comments whether an objection or support may be addressedintermsofsection60ofthesaidlegislationtoTheMunicipalManager,PrivateBagX52, Malmesbury, 7299/Fax – 022-487 9440/e-mail – swartlandmun@swartland.org.za on or before 23 January 2026 at 15:45, quoting your name, address or contact details as well as the preferred method of communication, interest in the application and reasons for comments. Telephonic enquiriescanbemadetothetownplanningdivision(AlwynBurger,HermanOlivierorAnneliedeJager)at 022-4879400.TheMunicipalitymayrefusetoacceptcommentreceivedaftertheclosingdate.Anyperson whocannotwritewillbeassistedbyamunicipalofficialbytranscribingtheircomments. Municipal Office J J SCHOLTZ ChurchStreet MunicipalManager MALMESBURY 12December 2025

SWARTLAND MUNISIPALITEIT

NOTICE 56/2025/2026

PROPOSED CLOSURE OF PUBLIC PLACE ON FARM GROENE RIVIER NR 637, DIVISION MALMESBURY AND EXEMPTION OF SUBDIVISION AND CONSOLIDATION OF ERF 1995, RIEBEEK WES

Applicant: CK Rumboll & Partners, P O Box 211, Malmesbury, 7299 Telno.022-4821845

Owner: Farm Groene Rivier nr 637, division Malmesbury: Swartland Municipality, Private Bag X52, Malmesbury, 7299. Tel. nr 022-4879400

Erf 1995, Riebeek Wes: FD Colmaire, 45 Avenue Leonard de Vinci, Courbevole,France,92400.Epos:florent.colmaire@wanadoo.fr

Referencenumber: 15/3/7-12/Erf_1995,637 15/3/13-12/Erf_1995,637

Propertydescription: RemainderfarmGroeneRiviernr 637,divisionMalmesbury Erf1995,RiebeekWes

Physicaladdress: North-WesternsideofRiebeekWestattheendofLongStreet

Detaileddescriptionofproposal:

TheapplicationforclosureofpublicplaceonaportionoffarmGroeneRivierno637,divisionMalmesbury, Darlingintermsofsection25(2)(n)ofSwartlandMunicipality:MunicipalLandUsePlanningBy-Law(PG 8226of25March2020)hasbeenreceived,Itisproposedthataportionoffarm637/0(2811m²inextent)be closedasapublicopenstreet.

The subdivision of farm 637/0 and consolidation of erf 1995, Riebeek West is exempted from approval in termsofsection34ofSwartlandMunicipality:MunicipalLandUsePlanningBy-Law(PG8226of25March 2020)andveststhezoningofAgriculturalZone1intermsofChapter12.9–DeemedZoningontheformer portionofpublicstreet.

Notice is hereby given in terms of section 55(1) of the By-law on Municipal Land Use Planning that the abovementioned application has been received and is available for inspection from Monday to Thursday between 08:00-13:00 and 13:45 - 17:00 and Friday 08:00-13:00 and 13:45 - 15:45 at the Department Development Management, office of the Senior Manager : Development Management, Municipal Office, Church Street, Malmesbury Any written comments whether an objection or support may be addressedintermsofsection60ofthesaidlegislationtoTheMunicipalManager,PrivateBagX52, Malmesbury, 7299/Fax – 022-487 9440/e-mail – swartlandmun@swartland.org.za on or before 23 January 2026 at 15:45, quoting your name, address or contact details as well as the preferred method of communication, interest in the application and reasons for comments. Telephonic enquiriescanbemadetothetownplanningdivision(AlwynBurger,HermanOlivierorAnneliedeJager)at 022-4879400.TheMunicipalitymayrefusetoacceptcommentreceivedaftertheclosingdate.Anyperson whocannotwritewillbeassistedbyamunicipalofficialbytranscribingtheircomments

Seniors geniet hulle gate uit

Hope pret en plesier, vriendskaplike mededinging en gemeenskapsgees was aan die orde van die dag toe meer as 220 senior burgers van reg oor die streek aan vanjaar se Swartland Mayoral Golden Games/Goue Spele in Malmesbury deelgeneem het

Die Goue Spele, ’n sportgeleentheid wat spesifiek op senior burgers 60 jaar en ouer gemik is, het onlangs op 27November plaasgevind

Die senior burgers wat aan die byeenkoms deelgeneem het, het die geleentheid gehad om aan verskeie sportitems deel te neem Dit het stap en draf, jukskei en ander geskikte sportgeleenthede ingesluit

Senior klubs van reg oor die streek het die dag bygewoon “Nog voor die sports begin het, het al die deelnemers ’n basiese mediese ondersoek ontvang om seker te maak hulle is reg vir al die aksie,” lui ’n verklaring oor die dag se verrigtinge, uitgereik deur die Swartland-munisipaliteit

Elke deelnemer is deur die uitvoerende burgemeester, die raadsheer Harold Cleophas, verwelkom,

Die spele is geopen deur ’n parade waar al die klubs se deelnemers hul spankleure en vlae met trots vertoon het “Die klubs het mekaar die stryd aangesê en het met elke item gewys dat oud glad nie koud beteken nie Elke deelnemer het met elke item hul bes gegee en stof in die jonger garde om die baan se oë geskop – keer op keer ” Na afloop van die verrigtinge het Cleophas die deelnemers in die stadsaal onthaal met ’n ete en ’n prysuitdeling,

Opgee was g’n opsie met bejaardes se deelname aan vanjaar se Swartland Goue Spele nie

waar al die deelnemers Swartland-sakke en medaljes ontvang het Cleophas het die deelnemers verseker dat hierdie die eerste stap is om meer geleenthede vir senior inwoners in die Swartland te skep

“Ek was vanoggend met my aankoms oorweldig om te sien hoe baie mense hier vandag is Ons ouer inwoners lê my na aan die hart Ons kan nog so baie by hulle leer en tog vergeet die samelewing so maklik van hulle Hierdie inwoners het almal ’n bydrae tot die bou van die Swartland gelewer en verdien ons respek en sorg,” het hy tydens die opening gesê

As deel van die burgemeester se projekte sal nog geleenthede in die nuwe jaar geskep word waar senior burgers kan saamkom en op ’n positiewe manier tot die breër Swartland bydra

Deelnemers aan vanjaar se Swartland Goue Spele.
Deelnemers aan vanjaar se Swartland Goue Spele.
Bejaardes wys hul staal tydens vanjaar se Swartland Goue Spele.

K Koonntak

L Loorraine Malaan n v viir r a addveerrtennssiies

Tel: 022 482 4669 • Sel: 071 492 9797

d b n S e s s w G p 1 5 v e v r s B N d J l B v v L k s o h F t t B s

Die jaarlikse OK-Mamre-gemeenskap-7’stoernooi is verlede Saterdag (29 November) in Mamre beslis.

Die toernooi, wat vier jaar gelede ontstaan het, het tot ’n merkwaardige toernooi gegroei en word as een van die bes-georganiseerde 7’s-toernooie in die Wes-Kaap beskou.

Die groepwedstryde het net ná 09:00 afgeskop en dit was uit die staanspoor duidelik dat die spanne honger is vir 7’s-rugby in die koeler weersomstandighede vroeg die oggend.

Wesbank, van Malmesbury, het ook aan die byeenkoms deelgeneem en in sy groepwedstryde gewys hy is reg toe hy Darling B met 33-0 afgeransel het. In die Sweet 16-afdeling het Wesbank die span van Caledon 21-12 verslaan en na die beker-kwarteindstryd teen Hamlets B, een van die gunstelinge en die gasheer span, deurgedring.

Wesbank het die tuisspan in ’n opwindende wedstryd harde bene laat kou en op kritieke oomblikke die bal laat val, wat Hamlets B benoud gehad wanneer hulle aangeval het. Ongelukkig moes hulle die

Gemengde uitslae in 7’s

knie buig toe hulle met 21-5 verloor het en huiswaarts moes keer. Die jong span is gewis op die regte pad en kan vorentoe net verbeter met meer ondervinding en ontwikkel in ’n goeie 7’s-span.

Mamre B het vir Hands & Heart in die eerste plaat-afdeling-halfeindwedstryd met 17-7 verslaan terwyl Atlantis A in die tweede halfeindwedtryd amper teen Caledon gestruikel het. Atlantis kon eers laat in die tweede helfte die uitklophou plant om die wedstryd met 21-19 te wen. In die eerste Beker-halfeindronde het Connect NTK met Watsonia, van Strand, slaags geraak terwyl Hamlets B en St.Georges in die ander halfeindronde teen Hamlets B slaags was om te bepaal watter van die vier dring deur na die laaste twee posisies in die eindronde. NTK het egter teen Watsonia vasgeval met Hamlets B wat St.Georges (Lulu Boys) met 19-10 geklop het en teen Watsonia te staan gekom, wat hulle in die groepwedstryde met 14-5 geklop het.

Reho Falcon en Hamlets A het mekaar

in die Bowl-eindstryd ontmoet. Hamlets A was te sterk vir Reho Falcons en het met 33-14 gewen en die Bowltrofee gewen Mamre B en Atlantis A het mekaar in die Plaat-eindstryd aangedurf. Hoewel Mamre B in die eerste helfte sterk weerstand gebied het, kon hy nie in die tweede helfte die pas hou nie en het die knie 17-7 gebuig. Atlantis het met dié oorwinning seker gemaak hy wen die plaattrofee die eerste keer.

In die Beker-eindronde was dit ’n herhaling van die eerste groep wedstryde, maar in dié geval het Watsonia seker gemaak hy teken eerste punte aan. Al twee spanne het ’n onverdoelde drie voor rustyd gedruk en ná rustyd het elke span nog ’n drie druk, maar Hamlets B het die kop voor gekry toe hy die doelskop oorklits en 12-10 voor was.

’n Strafskop, wat veronderstel was om na die kantlyn te skop en dan met ’n lystaan-aanval te begin, het nie gematerialiseer nie. Met die telling 12-10 en 15 sekondes nog oor, was dit enige span se

E-pos: lorainne malan@novusmmeedia c co o za a

NM10026652-ST021225

kans, maar toe verloor Hamlets die bal 15 m van sy doellyn af en Watsonia tel dit op en gaan druk langs die pale om die eindstyd met 17-12 in die eerste OK-Mamre-gemeenskaps-7’s-toernooi en ook ’n stewige R30 000 te wen.

Dit is die tweede jaar dat Hamlets in die eindstryd geklop word. Verlede jaar moes hy sien hoe Marme hom in ekstra tyd in sudden death klop toe Edwill Okkers ’n skepskop van die halfgebied af deur die pale jaag om die beker die tweede keer te wen. Ongelukkig is Mamre in die tweede kwarteindstryd deur die Lulu Boys uitgeskakel en sy hoop op ’n derde eindstryd was daarmee heen

Volgens die organiseerders is die toernooi goed deur die gemeenskap en spanne ondersteun Hoewel vier spanne hulle onttrek het, was die rugbygehalte van die toernooi baie goed. Individuele toekennings

•Speler van die dag – Cleto Sunduza (NTK)

•Span van die toernooi – Atlantis A

•Beste driedrukker – Duwayne Raubenheimer (St. Georges)

•Speler van die toernooi – Bradley Robertson (Watsonia)

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Gazette-ST-E-edition-9 December 2025 by Novus Media - Issuu