









• Femtosecond-LASIK en LALEX
• Korneale Laser prosedure PRK
• Kontaklens-inplantings
• Refraktiewe katarakchirurgie
• Refraktiewe lens vervanging
• Retinale-chirurgie
• Makula-chirurgie
• Ooglid-chirugie
• Pterygium chirurgie






• Femtosecond-LASIK en LALEX
• Korneale Laser prosedure PRK
• Kontaklens-inplantings
• Refraktiewe katarakchirurgie
• Refraktiewe lens vervanging
• Retinale-chirurgie
• Makula-chirurgie
• Ooglid-chirugie
• Pterygium chirurgie
Jana Scheepers
Die besluit ondermyn Suid-Afrika se demokrasie. Só sê Ian Cameron, die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie en ’n Paarl-inwoner, nadat agt lyfwagte van adj.pres. Paul Mashatile onlangs in ’n tugverhoor vrygespreek is. Hulle het in 2023 glo vier weermaglede aangerand.
Die agt lyfwagte, wat Cameron as “boewe” bestempel het, het op 2 Julie 2023 na bewering vier insittendes van ’n blou Volkswagen Polo op die N1-snelweg in Fourways, Johannesburg, aangerand
Die Volkswagen is blykbaar deur die lyfwagte tot stilstand gedwing omdat hulle glo “nie gou genoeg” vir ’n BBP-konvooi, wat Mashatile vervoer het, padgegee het nie
Die lyfwagte, wat almal volwaardige polisiebeamptes is, is Shadrack Kojoana, Johannes Mampuru, Pomso Mofokeng, Hermans Ramokhonami, Phineas Boshielo, Churchill Mkhize, Lesibana Rambau en Moses Tshidada.
Hulle is op 7 April vanjaar in ’n tugverhoor op alle klagte vrygespreek. Die rede vir hiérdie uitspraak, volgens ’n artikel in Rapport van 11 Mei – “Dís hoekom Mashatile se wagte vrygespreek is” – is omdat die voorsittende beampte, ene kol. Mashabela, nie die geloofwaardigheid van ’n video van die gebeure, wat deur ’n lid van die publiek afgeneem is, kon verifieer nie.
Cameron het aan Paarl Post gesê dit is vir hom “interessant” dat brig. Thulani Shabalala, die ondersoekbeampte, nie die video in die tugverhoor as bewysstuk toegelaat het nie, maar dat die landdros van die landdroshof in Randburg, waar die agt lyfwagte tereg staan op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, kwaadwillige saakbeskadiging, die onwettige rig van ’n vuurwapen
asook roekelose en /of nalatige bestuur, wel die video toegelaat het.
Shabalala was Bheki Cele, die voormalige minister van polisie, se lyfwag asook ’n strooijonker by Celese troue in 2010, het die Sunday Times destyds in Julie 2011 berig.
PRESEDENTGESKEP
Hy het na dié troue glo die pos as hoof van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se beskermings- en veiligheidsdienste aanvaar.
Dit het destyds groot reaksie ontlok, waarna die publiek Cele van kaderontplooiing beskuldig het.
Cameron voer aan dat Mashabela die tugverhoor “manipuleer om ’n verskoning te soek sodat die video nie as bewysstuk toegelaat word nie”.
“Dit [die video] is in Mei 2024 as bewysstuk in die [landdros]hof [in Randburg] toegelaat en geen rede is deur die landdros verskaf dat die oorspronklikheid daarvan eers vasgestel moet word nie,” het Cameron gesê
Volgens Cameron skep die uitspraak van die tugverhoor ’n slegte presedent as beslissings gemaak word wat teenstrydig is met die hoër howe.
“As die hof dit toelaat, hoekom nie die tugverhoor nie?” het Cameron gevra.
“Ons sit met ’n probleem in SuidAfrika. Te veel sake van polisiebeamptes met tugsake teen hulle word steeds in diens gehou.
“Hierdie spesifieke saak spreek boekdele oor die breër dissiplinêre krisis binne die polisie en is veral belangrik omdat dit oordie adjunk-president gaan.”
Hy sê dit is gevaarlik as die polisie
“net kan doen wat hulle wil” – veral as hulle “politieke ondersteuning van ’n hoër amp geniet”.
UITSPRAAKVERWELKOM
Die Polisie- en Gevangenisse-Burgerregte-Unie (Popcru) het Mashabela se
’n Klagte van ’n aanval op polisielede en aanranding met die doel om ernstig te beseer, word ondersoek nadat ’n voorval omstreeks 10:00 verlede Sondag (18 Mei) op ’n plaas in die omgewing van Moorreesburg plaasgevind het
’n Inwoner van Moorreesburg het na bewering lede van die plaaslike polisie van diefstal op sy plaas verdink
“Dié 75-jarige man het die polisie met vuurwapens gedreig en hulle daarna tot by die polisiekantoor gevolg,” het die Weskus-distrik se polisiewoordvoerder, kapt Tania Helfricht, gesê Volgens Helfrich het die betrokke man by die polisiekantoor ’n vuurwapen teen een van die beamptes se kop gedruk
Die misdaadvoorkomingseenheid van Malmesbury het onlangs daarin geslaag om ’n verdagte, wat na bewering met ’n poging-tot-moordsaak verbind word, vas te trek
Die 28-jarige verdagte van Chatsworth se inhegtenisneming volg nadat leidrade in samewerking met die gemeenskap van Chatsworth suksesvol opgevolg is “Lede van die gemeenskap het iemand as die verdagte geïdentifi-
’n Gelaaide haelgeweer en ’n pistool is direk daarna deur polisiebeamptes van die inwoner verwyder, gevolg deur sy inhegtenisneming
Die verdagte, wat van die aanval en aanranding om ernstig te beseer en die rig van ’n vuurwapen aangekla word, se identiteit is aan die Gazette bekend. Gazette se susterskoerant, Weslander, het vroeër berig die man ly blykbaar aan demensie Hy het op 21 Mei in die plaaslike landdroshof verskyn Volgens die polisie het hulle ’n man wat na bewering op die verdagte se plaas woon, na sy huis vergesel toe die voorval plaasgevind het Die datum van die man se volgende hofverskyning is nog nie bekend nie
seer Die verdagte is gedurende ’n polisiepatrollie gewaar en kort daarna voorgekeer Met verdere ondersoek is 35 rondes ammunisie in ’n pakkie skyfies gevind ’n 38 Special Taurusrewolwer, waarvan die reeksnommer afgevyl is, is kort daarna by die man se huis in Hopefieldstraat ontdek ” voeg die plaaslike polisiewoordvoerder Henry du Randt by Die man is gevolglik vir poging tot moord en weens die besit van ’n verbode vuurwapen en ammunisie gearresteer Sy volgende hofdatum is in dié stadium nog nie bekend nie
uitspraak in ’n verklaring verwelkom. “Hierdie uitspraak bevestig weer ons geloof in die beginsel van ’n behoorlike regsproses, wat gehandhaaf moet word ongeag die openbare mening of mediadruk."
CAMERONGEKAPOOR‘BOEWE’
Popcru het ’n sterk teregwysing uitgereik oor Cameron se verwysing na die polisiebeamptes as “boewe”.
“[Popcru] veroordeel ten sterkste die opmerkings wat Cameron gemaak het en wat Popcru valslik daarvan beskuldig dat hy regstappe blokkeer en polisiewreedheid verdedig
“Dit is nie net ongegrond en lasterlik nie, maar verteenwoordig ’n doelbewuste poging om die rol van georganiseerde arbeid in die verdediging van die regte van sy lede te ondermyn.”
Die Popcru-president, Thulani Ngwenya, het in die verklaring gesê Cameron se opmerkings is ’n misbruik van sy parlementêre toesigrol “Cameron se gedrag is roekeloos en oneties – veral omdat hierdie beamptes deur ’n behoorlike proses vrygespreek is
dat hulle aan wangedrag skuldig is Wie is hy om die behoorlike arbeidsbevindinge van die tugverhoor te ondermyn?”
In die verklaring doen Popcru ’n beroep op die parlement om Cameron as voorsitter te verwyder.
Cameron, op sy beurt, het gesê dat hy gaan nie [deur Popcru] “geïntimideer” word nie.
Hy skryf op Facebook: “Ek sal dus nie stilbly nie – nie as dit beteken burgers se regte word geskend sonder gevolge nie; nie as dit beteken dat die instellings wat ons veiligheid moet verseker, hulself bo die reg begin beskou nie; en gewis nie as dit beteken dat ons as parlement moet sit en wag vir toestemming van enige belangegroep voordat ons ons grondwetlike werk kan doen nie.
“Die blou ligte op ons paaie flits dalk helder, maar hulle sal nie die waarheid verdof nie.”
Charlotte Lesch
Niemand is nog ná die tragiese dood van Varonique Roman (30), ’n ma van ’n driejarige meisietjie van Abbotsdale, in hegtenis geneem nie. Roman is op Sondag 27April gedurende ’n perderesies wat na bewering onwettig van aard was, dood nadat ’n perd haar teen die kop en bors geskop het.
Roman het die perdewedrenne volgens haar suster Navorique die eerste keer bygewoon toe dit nog by die plaaslike sportveld in Abbotsdale plaasgevind het. Die renne het sedertdien na ’n gebied wat as die mopgat beskryf word, geskuif en nie soos voorheen berig by die Houmoedstalle nie. “Daardie Sondag was die tweede keer wat my suster die perderenne bygewoon het,” voeg Navorique by Roman het op 8 Mei – sowat twee weke ná die voorval – in die Tygeberg-hospitaal aan haar beserings beswyk. Volgens die plaaslike polisiewoordvoerder sers. Henry du Randt word die presiese omstandighede rakende
haar dood steeds ondersoek. ’n Geleentheid word na bewering volgens inwoners vir die komende naweek beplan, maar geen bevestiging oor waar of wanneer dit gaan plaasvind, kon voor druktyd bevestig word nie Navorique sê die familie suk-
kel nog om haar suster se dood te verwerk. “Om eerlik te wees – dit gaan nie goed nie, maar ons probeer ons bes.” Sy sê Abbotsdale het nie ’n geskikte plek vir perdewedrenne nie. “Die renne is onwettig. Baie van die perde is ook nie bevoeg om in daardie ren deel te neem nie, want niemand sien behoorlik na die perde om nie," het sy ontsteld bygevoeg.
Volgens Louise van Zyl, die bestuurder van die Swartlanden Weskus-DBV, is hulle nie van die gebeure in kennis gestel nie “Ons wil graag bevestig dat ons nie bewus is van enige onwettige perdewedrenne in Abbotsdale nie en dat niemand ons tot dusver hieroor gekontak het nie. Indien enige besorgdheid bestaan oor perde se welsyn of ’n spesifieke ligging waar perde aangehou word en wat ondersoek moet word, versoek ons dat dit aan ons verskaf word sodat ons die nodige stappe kan doen.”
’n Gedenkdiens vir Roman het op 15 Mei plaasgevind.
CharlotteLesch
Die Loedolfhuis in Malmesbury, ’n historiese baken gekenmerk aan sy Viktoriaanse boustyl, ondergaan tans ’n betekenisvolle gedaanteverwisseling waar die bewaring van erfenis met praktiese onderwys gekombineer word, sê Ivan Swart, die openbare betrekkinge beampte van Weskus Kollege
Die Loedolfhuis, geleë op die hoek van Loedolf- en Kerkstraat, ondergaan bouwerk soos herstelen restourasiewerk aan dié geskiedkundige gebou, wat in 2020 en 2021 weens enorme waterskade en strukturele agteruitgang beskadig is
Die gebou dien volgens Swart al vir dekades as ’n herinnering aan die dorp se Viktoriaanse argitektuur van daardie era Vandag is die huis bestem om ’n spilpunt van onderrig en gemeenskapsbetrokkenheid deur Weskus Kollege te word, voeg hy by
Die restourasieprojek het ná goedkeuring in 2022 in fases begin Die eerste fase het op die beveiliging van die struktuur en die verwydering van onstabiele elemente ná die ineenstorting van die voor- en agterste gewels gefokus Fase twee het verlede jaar begin en die herbou en herontwikkeling van die eiendom binne streng erfenisbewaringsriglyne behels
Swart sê die Groot -en Klein-
handelsektor- onderwys- en opleidingsowerheid (W&RSETA) het ’n deurslaggewende rol in die projek gespeel danksy hul finansiële ondersteuning, wat die herstelproses van Loedolfhuis aan die rol gesit het “Hul bydrae beklemtoon die waarde van strategiese vennootskappe in die bevordering van erfenisbewaring én onderwys ” Loedolfhuis sal ná restourasie weer sy oorspronklike Viktoriaanse voorkoms aanneem, insluitend sy kenmerkende gewels en ysterdak Oorspronklike elemente soos die deure, vensters en houtwerk is waar moontlik tot hul volle glorie bewaar en behou
Volgens Swart werk die kollege steeds nou saam met Erfenis Wes-Kaap om te verseker dat historiese integriteit deurgaans gehandhaaf word
Met verwysing na die visie vir Loedolfhuis, het Lungisa Mbulawa, die hoof van Weskus Kollege, gesê die plan is om Loedolfhuis as ’n restaurant en gastehuis te bedryf, wat voortaan deur Weskus Kollege se gasvryheidskool bestuur sal word Dit sluit ’n ontmoeting- en konferensielokaal in waar studente met belanghebbendes en relevante rolspelers binne die bedryf in aanraking kan kom en sodoende praktiese ondervinding sal aanmoedig
Die aangrensende Loedolfanneks, wat tans ook aangebou word, sal hierdie visie aanvul deur ’n bakkery te huisves wat
Die historiese Loedolfhuis, oorspronklik in 1830 op die hoek van Loedolff- en Kerkstraat opgerig, ondergaan tans restourasie- en bouwerk nadat die huis se gewel in September 2021 meegegee het Restourasie het eers in 2024 begin.
spesialisopleiding in fyn patisserie sal aanbied en studente in die gasvryheidsbedryf se vaardighede dus verder bevorder
“Hierdie projek bewaar nie net ’n belangrike stukkie erfenis van die dorp nie, maar dien as ’n realistiese leeromgewing vir studente
“Deur Loedolfhuis tot sy volle glorie te herstel – danksy die ondersteuning van organisasies soos W&RSETA – belê Weskus Kollege terselfdertyd in sy studente en die gemeenskap deur ’n historiese terrein in ’n praktiese en inspirerende opvoedkundige ruimte om te skep ”
Bokomoweg 30, Malmesbury • Tel: 022 482 1511
Tuinstraat 6, Malmesbury • Tel: 022 487 1301
Hoofweg 84,Wellington • Tel: 021 864 3007
Kortstraat 4,Wellington Tel: 021 873 5837
The Western Cape Government minister of infrastructure, Tertuis Simmers and officials of the provincial department of Infrastructure continued their roadshow on the new Provincial Roads Delivery Model to road workers, officials, councillors and mayors of the West Coast District Municipality (WCDM). This follows similar sessions in the Garden Route, Central Karoo and Cape Winelands districts.The decision to rethink the current roads delivery model in the Western Cape through district municipalities is informed by a comprehensive assessment of value for money for the residents and performance over the last five years According to statement released after the event that took place in Moorreesburg on 20 May, it was clear that the district municipality had ensured that the message of the session had reached all staff and a full staff complement attended the session. “Unlike at another district municipality where staff were not informed, this was yet another example of the commitment of the West Coast District Municipality and testimony of their ‘can do’ approach to service delivery,” said minister Simmers. "The new Roads Delivery Model, that discontinues the road agency function of district municipalities in the province, is a significant shift in how road infrastructure will be managed going forward. "While standardisation is important, I treat every case on its own merit because it is about cost effectiveness, value
for money and service delivery for our residents," minister Simmers conveyed during the session.He made a distinction between the West Coast District Municipality and the three district municipalities he visited ahead of this session, by saying the WCMD delivers good quality work, delivers on their annual targets, and offers good value for money " In the case of WCDM I will therefore not absorb the function back into the department. The status quo will remain in place for WCDM but there will be a contractual re-evaluation and an even more rigid monitoring and evaluation system going forward." He added that the service levels by WCMD also brings good news for municipalities in the district because they can evaluate and investigate how, contractually, the department can expand the
support to the roa these municipaliti critical for accelera ery through partnerships farmers, the priva engagement with ipalities,” minister continued. He reitera serious damage suffered the road network Coast over the past years. "The district rose to the challenge above their daily and responsibilities. always proud of what achieved and continue but today, gave us external validation, (Boffie) Strydom, mayor of the West Municipality “Wha is the possibility much needed supp previously could We look forward district forward to of the entire regio continued.Minister concluded, "We loo to moving ahead roads delivery mo Simmers made an district municipalities with them, because will according to cantly improve roa ture delivery which, will improve service grow local economies job opportunities across the province. session again proves, good quality service, targets, and ensure give good value for we will support yo
Rasaad Adams
Die ontslape oud-Springbok-vleuel
Cornal Hendricks het so te sê ’n volmaakte rugbyloopbaan gehad. Hy het sy buiging by Boland Kavaliers in 2008 gemaak en elders professioneel rugby gaan speel voordat hy na sy eerste liefdeteruggekeer waar hy sy laaste dae op die rugbyveld deurgebring het Hendricks, ’n boorling van die Paarl en wat sy hoërskoolloopbaan aan die Bergrivier Sekondêre Skool in Wellington voltooi het, is op Donderdag (15 Mei) op 37-jarige ouderdom aan ’n hartaanval oorlede
Sy ontydige afsterwe het skokgolwe deur die internasionale rugbygemeenskap gestuur
Hendricks se professionele rugbyloopbaan het in 2008 begin toe hy ’n kontrak met Boland Kavaliers geteken het Hy het hom in 2012 by die Vrystaat Cheetahs aangesluit Hier is sy besondere talent raakgesien en hy is in 2014 in die Springbok-span opgeneem.
Hy het die Springbokke in 2014 en 2015 in altesaam 12 toetse as vleuel verteenwoordig
Hendricks het ook vir die Blitsbokke en van 2019 tot onlangs vir die Bulle uitgedraf Benewens sy professionele loopbaan het hy ook graag deur inisiatiewe soos die Cornal Hendricks-stigting in sy gemeenskap teruggeploeg Die stigting het dikwels rugbyklinieke by veral landelike skole aangebied
“Ek onthou nog my skoolrugbydae soos gister Ek het baie pret gehad, maar groot gedroom,” het Hendricks in Mei 2018 aan leerders by ’n rugbykliniek by die Newton Primêre Skool in Wellington gesê “Julle is die rolmodelle en leiers van die toekoms Gebruik jul kanse in die lewe en julle sal suksesvol wees ”
Paarl Post het voorheen berig ’n harttoestand is in 2015 by Hendricks gediagnoseer Hy het in 2019 ná drie jaar se rehabilitasie en mediese konsultasies na die rugbyveld teruggekeer
MOESOPHOUSPEEL
Hendricks het in Oktober verlede jaar sy kontrak met die Bulle beëindig om na Boland Kavaliers terug te keer Die idee was dat hy sy rugbyloopbaan daar sou afsluit
Rapport het verlede Sondag berig die
Kavaliers het twee maande gelede besef Hendricks se harttoestand het tot só ’n mate vererger dat hy gesukkel het om ná strawwe oefening te herstel.
Volgens Rapport het die Kavaliers se mediese span hom ná sy laaste wedstryd op 22Maart teen die Valke in Kemptonpark aangesê om op te hou rugby speel
“Ons het gesien hy reageer nie goed op oefening nie en het daarna ’n volledige mediese ondersoek met hom gedoen Twee weke ná sy laaste wedstryd het ek by hom gaan sit en gesê dit lyk asof sy toestand besig is om te verswak,” het dr Byron Haupt, die Kavaliers se spandokter, verlede week gesê
“Ons kon dit waag en hom langer laat speel, maar ek het gevoel dis veiliger om die gordyn oor sy loopbaan te laat sak Met sy harttoestand soos dit was, sou ’n spel soos rugby, met soveel onderbrekings, nie voordelig vir hom wees nie
“Hy het ’n jong gesin gehad, ’n toekoms wat voorlê en ons het besluit om sy loopbaan te beëindig Ons het hom medies ongeskik laat verklaar ”
Volgens Rapport het Hendricks voorverlede Woensdag by sy huis in die Volendam-landgoed in Wellington inmekaargesak nadat hy van ’n brandpyn in die bors gekla het Hy is ná 21:00 in die hospitaal aan ’n hartaanval dood – minder as ’n maand nadat hy sy 37ste verjaardag op 18 April gevier het •Hy is Sondag (25 Mei) in Wellington ter ruste gelê
“Beyond the label” is nie net vanjaar se tema van die Loslitdag-inisiatief nie, maar eerder wat hulle beskryf as ’n revolusie deur erkenning te gee aan iemand met ’n gestremdheid wat nie gedefinieer word deur wat hulle nie kan doen nie, maar gevier word vir alles wat hulle wél kan doen. Daarom nooi Jo-Dolphin Swartland, ’n plaaslike organisasie vir mense met gestremdhede, almal uit om by die inisiatief betrokke te raak sodat die plaaslike dagsorg vir kinders en volwassenes met gestremdhede regstreeks voordeel uit die jaarlikse Loslitdag-inisiatief kan trek.
Volgens Heidi Myburgh, die voorsitter van Jo-Dolphin se bestuurskomitee, is dit egter slegs moontlik indien Loslitdag-plakkers deur Jo Dolphin verkoop word of indien ’n skool of ’n onderneming die plakkers in samewerking met Jo-Dolphin verkoop.
“Plakkers wat nie deur Jo-Dolphin bekom is nie, se totale opbrengs van R20 elk word in die geheel aan die nasionale raad vir mense met gestremdhede (NRPG) oorbetaal. Jo-Dolphin trek dus geen voordeel deur hierdie verkope nie,” verduidelik Myburgh
Jo-Dolphin, ’n organisasie sonder winsbejag, brei verder uit oor hoe skole, inwoners of ondernemings kan seker maak dat die plaaslike organisasie wel voordeel uit die inisiatief geniet.
“Jo-Dolphin kan ’n direkte bestelling vir plakkers by die NRPG plaas Indien ’n skool, organisasie of ondernemings plakkers by Jo-Dolphin bestel om te
verkoop of individue direk by Jo-Dolphin plakkers koop, word Jo-Dolphin bevoordeel.”
Volgens haar gaan R9 van elke plakker wat verkoop word, direk aan Jo-Dolphin. Die oorblywende R11 word aan die NRPG oorbetaal.
“Iemand met ’n gestremdheid word dikwels deur die gestremdheid geïdentifiseer en indien van toepassing, enige sigbare hulpmiddels Die samelewing sien dikwels eers die gestremdheid en hulpmiddels raak en plaas dan ’n etiket op so iemand. Gevolglik word die gestremde dikwels gedefinieer deur hul gestremdheid eerder as om erken en waardeer te word.
Met hierdie tema doen die Nasionale Loslitdag ’n beroep op die publiek om mense met gestremdhede werklik te sien, te waardeer, te erken en as volwaardige mense te respekteer – gelyk aan alle mense en geregtig op dieselfde menseregte en vryheid – en verby die etiket en persepsies te beweeg.
Om by hierdie projek betrokke te raak, kan Heidi Myburgh by 0828988154 of per e-pos by heidimyburgh64@gmail.com gekontak word.
Bestellings vir plakkers moet voor of op 17 Junie 2025 geplaas wees. Volgens haar moet Jo-Dolphin reeds in Junie Loslitdag of Casual Dayplakkers by nasionale organisasies vir mense met gestremdhede bestel ten einde te verseker dat ’n voldoende aantal plakkers betyds voorsien kan word vir verkope voor 5 September later vanjaar.
Die agste VN-wêreld-padveiligheidsweek, wat van 12 tot 18 Mei gehou is, het ’n hernude fokus op die veiligheid van voetgangers en fietsryers geplaas. Padongelukke is wêreldwyd een van die hoofoorsake van sterftes en gestremdhede, met byna 1,2 miljoen sterfgevalle en tot 50 miljoen beserings jaarliks. Dit is die grootste oorsaak van sterftes onder jongmense tussen 5 en 29 jaar.
In die Wes-Kaap is voetgangers en fietsryers besonder kwesbaar en verteenwoordig meer as die helfte van alle padsterftes in die provinsie. Die aanhoudend hoë aantal dronkbestuurders , soos deur stringe inhegtenisnemings gewys, vererger die probleem verder “Elke lewe wat op ons paaie verlore gaan, is een te veel. Voetgangers en fietsryers bly van die kwesbaarste padgebruikers en die aantal dronkbestuur-inhegtenisnemings is uiters kommerwekkend. Agter elke voorval is ’n werklike mens – ’n ouer, ’n kind, ’n vriend, buurman of kollega,” het Muneera Allie, die Wes-Kaapse departement van mobiliteit se hoof van kommunikasie, gesê
“Ons doen ’n beroep op alle padgebruikers om stadiger te ry, waaksaam te bly en persoonlike verantwoordelikheid te neem om ons paaie veiliger te maak vir almal.”
Veiligheidswenke vir voetgangers:
•Steek slegs by aangewese voetgangeroorgange en brûe oor
•Moenie op snelweë en besige paaie stap nie.
•Dra sigbare of weerkaatsende klere –veral snags of in swak weerstoestande Bly waaksaam – moenie goed soos fone of oorfone naby verkeer gebruik nie
Veiligheidswenke vir fietsryers
•Ry in fietsbane waar beskikbaar.
•Bly aan die linkerkant van die pad
•Volg die verkeerstekens en -seine
•Ry saam met die vloei van verkeer
•Wees sigbaar. Dra helder klere gedurende die dag en weerkaatsende toerusting in die nag.
•Gebruik voor- en agterligte wanneer jy in die donker ry of wanneer sigbaarheid swak is
•Wys met jou hande wanneer jy draai of van baan verwissel.
•Wees op die uitkyk vir padgevare en ander padgebruikers – veral by kruisings
•Dra altyd ’n behoorlik passende veiligheidshelm.
•Moenie oorfone gebruik terwyl jy fietsry nie.
“Die Wes-Kaapse regering is toegewy om padveiligheid te verbeter en paaie in die provinsie vir almal veiliger te maak.
“Kom ons doen almal ons deel om verdere tragedies te voorkom,” pleit Allie
Agri’s Got Talent (AGT) is terug vir die 12de seisoen – en inskrywings is nou amptelik oop. As jy in die vrugte-, wyn- of sitrusbedryf werk en ’n passie vir sang het, is dit jou kans om te skitter.
AGT is nie net ’n sangkompetisie nie – dit is ’n lewensveranderende reis van selfontwikkeling, selfvertroue en gemeenskapsbemagtiging. Dié projek word in samewerking met Hortgro, die Sitrus-kwekersvereniging, SA Wine, die Suid-Afrikaanse Tafeldruifvereniging en die Wes-Kaapse departement van landbou aangebied. Enige landbouwerker wat in die sagtevrugte-, tafeldruif-, sitrus- en wynbedrywe in Suid-Afrika werk – voltyds of seisoenaal – kan inskryf Finaliste ontvang professionele stem- en sosialemedia-opleiding, woon self-ontwikkelingswerksessies by, kry make-overs en sal van 14 tot 19 September aan ’n opleidingsweek in die WesKaap deelneem. Dit alles lei tot ’n skouspelagtige AGT-gala-eindronde, waar die Top-10 op die verhoog voor ’n paneel beoordelaars en die gehoor optree. Baie voormalige deelnemers het persoonlik, kreatief en professioneel gegroei op maniere wat hulle nooit sou kon voorsien nie – danksy hul deursettingsvermoë en die platform wat AGT bied Victor Fredericks, ’n produksievoorman op die Speenvlei-plaas in Wolseley, is met ’n pen in die hand gebore. Hy is ’n gepubliseerde skrywer en liedjieskrywer wie se literêre werk sy debuutdigbundel, Ons stryd was ook in Afrikaans (2001), Voetpad oor Witzenberg (2020), en Laat Pa vertel (2022) insluit. Hy was ’n Top-10-finalis in AGT 2018 en in 2023 ’n bekroonde kunstenaar by AGT se 10-jaarreünie-konsert by die ikoniese Afrikaanse Taalmonument-amfiteater.
Sedertdien het Victor by die ATKVmentorskapprogram aangesluit en enkelsnitte opgeneem, insluitend “Boland Blues” en “Blackberry Juice & Jin” (uitgereik op 2 Mei). Hy het op 16 Mei vanjaar saam met Corlea Botha, Eulanda Wagner en Riku Lätti by die Daisy Jones-teater opgetree
“AGT was vir my ’n goeie wegspringblok om groter dinge te bereik,” sê Victor. “Moenie dat jou omstandighede jou terughou nie. Gebruik elke geleentheid, glo in jouself en werk hard.”
Jason Baartman, ’n produksie-assistent
by Laastedrift in Ceres en ’n ouddeelnemer van AGT, inspireer steeds. Hy is in 2023 vir die gesogte ATKV-Crescendo-program gekies. Teen 2024 het hy na AGT teruggekeer – nie as deelnemer nie, maar as mentor en beoordelaar. Hy het ook die tweede keer saam met Frieda van den Heever by die Woordfees opgetree – ’n ervaring wat hom na aan die hart lê.
In 2025 was hy weer op die Oesfees-verhoog en het aan die Suidoosterfees-kompetisie deelgeneem. Al het hy nie gewen nie, het hy vriendskappe en kreatiewe vennootskappe gevorm wat ’n leeftyd sal hou. “Soveel mense glo in my musiek,” sê Jason. “Ek kan nou nie opgee nie. Gryp jou drome vas – want as jy wakker word, is hulle dalk weg.”
Chanthel Boonzaaier, die naaswenner in AGT 2024, tree nou internasionaal op. Sy het die wingerde van Franschhoek vir die gasvryheidsverhoë van Griekeland verruil, waar sy in ’n trio, genaamd Legends, optree en Whitney Houstonliedjies saam met kunstenaars wat ook hulde bring aan Wilson Pickett en Lionel Richie, sing.
Chanthel beskryf AGT se opleidingsweek as ’n oomblik van diepe transformasie. Met ondersteuning van Procare se Petra Nel het sy weer helderheid en selfvertroue gekry oor hoe sy haarself in die wêreld wil bewys.
“AGT het my gehelp om die mens te sien wie ek streef om te wees,” sê sy Inskrywings sluit op 31 Julie.
Om in te skryf, stuur ’n stemboodskap (maksimum 3 minute) via WhatsApp na 082 372 1577 of stuur jou opname per e-pos na info@agrisgottalent.com met jou volle naam, geboortedatum, selfoonnommer, naam van jou plaas / kelder / pakstoor, posbeskrywing, hoe lank jy daar werk, naaste dorp, en jou toesighouer se naam en selfoonnommer.
Bigger, better and more wellness-focused, the Good Life Show returns
Africa's Premier Event for Conscious Living is Coming to Cape Town The Good Life Show, now in its 5th year, is back with an expanded focus on wellness, plant-based cuisine, and sustainable living
The event will take place at the Cape Town International Convention Centre from May 30 to June 1
Originally launched as The Plant Powered Show in 2020, this event has grown to become Southern Africa's largest showcase for conscious living
Visitors can explore innovative products, attend chef demonstrations, participate in hands-on masterclasses, and receive expert wellness advice
The 2025 edition features six dedicated segments: Plant-Based Natural & Organic
Free-From Sustainable Living Health, Fitness & Wellness
Beauty & Personal Care
"We're beyond thrilled to host the Good Life Show once again," says event producer Heidi Warricker
"This year we're creating meaningful content around health, wellness, and sus-
Got a camera or smartphone? Love South Africa's awesome landscapes? Here's your chance to shine! WWF South Africa has just kicked off a super cool photo competition called "Our country, through your lens" that's all about showing off the incredible natural beauty around us.
Let's face it – South Africa is dropdead gorgeous. We've got it all: stunning wildlife, breathtaking landscapes, and natural wonders that'll make your jaw drop. That's exactly what WWF wants everyone to capture and celebrate.
TV personality and heartthrob Masego "Maps" Maponyane is backing the campaign all the way "Look around us," Maps says. "We've got fynbos you won't find anywhere else on the planet, wide open spaces packed with unique critters, oceans full of amazing sea life, and communities with deep connections to nature. But hey, none of this is guaranteed to stick around forever."
With climate change throwing punches at our environment, this photo competition comes at just the right time It's calling on all South Africans
whether you're a pro with a fancy camera or just love snapping pics on your phone – to document what makes our country so special.
WWF's top boss, Dr Morné du Plessis, gets pretty passionate about it: "We're choosing to believe things can get better – not because we're wearing rose-colored glasses, but because we're already seeing positive changes happening From fixing up rivers in the Drakensberg to boosting rhino numbers and creating green jobs for young people, the good stuff is already happening!
"This is all about getting people to hit pause on their busy lives and really see the amazing stuff around them," he adds. "Whether it's a kid planting a tree or a gorgeous sunrise over the beach – if it makes you feel hopeful, snap it and share it!"
How to join the fun:
Get snapping now as the WWF awaits your photographs of our beautiful country
• When? May 12 – June 6, 2025
How? Super easy! Just post your photo as a comment on WWF South Africa's Facebook page or upload it to Instagram or TikTok – tag @WWFSouthAfrica and use #BelieveInBetter
A panel of photography hotshots –including an internationally published photojournalist, a humanitarian storyteller, and an award-winning creative director – will pick 20 standout images Then from June 9 to 27, everyone gets to vote for their favourites. Winners will be announced on July 2, followed by a public exhibition showcasing the best shots.
The goodies up for grabs:
• Main prize: An incredible two-night luxury photo safari for two at Madwaleni River Lodge in the Babanango Game Reserve (KwaZulu-Natal). You'll get meals, accommodation, and daily game drives with a pro photographer by your side!
• Runners-up: Four lucky people will each score a large Recycled Buddy Backpack from Sealand Gear, worth R2 695.
Maps puts it perfectly: "Your camera has way more power than you think. It shows what matters to you And if we don't tell our own story, who will?"
Grab your camera, head outdoors, and start capturing what makes South Africa so special!
Check out WWF South Africa's website ( https://www.wwf.org.za/) or their social media pages.
tainability while adding more joy and fun to the mix If 2025 is the year you aim to reach your wellness goals, this show is for you "
New for 2025 is star-studded culinary talent such as Dr Aris LaTham, pioneer of gourmet ethical raw foods cuisine in the United States, and UK Plant Centric & Wellness Chef Bettina Campolucci Bordi headline the Cape Town event alongside celebrated South African chefs
This year's show emphasises balanced living with expert advice on sustainable lifestyle choices and mental health strategies
Discover brands leading with eco-friendly business practices and products that improve quality of life while promoting positive daily habits
Engage with industry leaders through insightful talks on health, wellness, business, and sustainability
The global plant-based sector is forecast to reach US$13 billion by 2026, while the natural and organic food market is projected to hit US$568,82 billion by 2029 The health and wellness sector, particularly corporate wellness, is expected to grow to US$434,8 million by 2030
For tickets and more information: goodlifeshowafrica com
Die produksie van Ingrid: ’n Vlam in die Sneeu toer nou ná ’n uitverkoopte en skitterende buiging by Die Centurionteater na die Kaap met ’n beperkte aantal vertonings van 29 Mei tot 1 Junie. Teaters in Durbanville, Paternoster, Strand en Stellenbosch sal gasheer wees vir hierdie roerende produksie wat geïnspireer is deur die liefdesbriewe van Ingrid Jonker en André P. Brink. Hierdie teaterstuk, wat deur Scenarioproduksies en Die Centurion-teater aangebied word, herdenk nie net Jonker se lewe nie, maar bring haar wêreld –haar digkuns, haar passie, en haar soeke na vryheid en menswees – na die verhoog met intesiteit en natuurlike poësie
Die produksie is gegrond op die geliefde boek Vlam in die Sneeu: Die liefdesbriewe tussen Jonker en Brink, en gebruik hul intieme korrespondensie in ’n teater- en musiekervaring wat harte diep raak.
Die bekroonde aktrise Lizelle Pike vertolk die rol van Ingrid Jonker met hartroerende oorgawe en bring die kompleksiteit van die digter met passie en broosheid tot lewe.
’n Meesleurende en liriese vertelling word onder die regie van Nadia Beukes, Tiaan Kirsten-Lubbe en Lian Sachse geskep en vier liefde, verlange en die menslike gees. “My hoop vir hierdie produksie is dat dit sal word wat dit moet wees om twee mense se storie te eer en sodoende elke kyker te inspireer,” sê Beukes, wat haar regisseursbuiging met diée stuk maak.
Die teks en nuwe musiekverwerking is deur die bekroonde digter en skrywer Jak J Brits geskep. “Om die storie van ’n legende te vertel, haar woorde en poësie te verwerk en te toonset, is ’n groot voorreg,” sê Brits Sy werk bring nuwe lewe
Lizelle Pike
aan Jonker se digkuns, veral uit haar bundel Rook en Oker, met oorspronklike komposisies wat die emosionele landskap verryk.
Chanie Jonker, die musiekregisseur en pianis, lei die musikale reis wat Jonker se wêreld oopvou – ’n wêreld waar liefde brand, twyfel fluister en elke woord met dringendheid sing.
Ingrid: ’n Vlam in die Sneeu is veel meer as ’n liefdesverhaal Dit is ’n huldeblyk aan Jonker se stem, ’n uitnodiging om haar gees te beleef en ’n herinnering aan die krag van woorde en musiek.
Kaapstad-toerdatums:
29Mei – Die Boer- teater en restaurant, Durbanville
Kaartjies: www.dieboer.com
•30Mei – Die Koelkamers-teater, Paternoster
Kaartjies: www.diekoelkamers.com
•31Mei – The Drama Factory, Strand
Kaartjies: www.dramafactory.co.za
•1Junie – Drostdy Boutique Teater, Stellenbosch
Kaartjies: www.drostdyteater.co.za
Afrikaans vier 100 jaar as amptelike taal met ’n gedenkmunt wat geskiedenis leef en vier.
En nou – ’n eeu nadat hy amptelik as een van die land se tale erken is – vier Afrikaans sy eeufees op gepaste wyse deur ’n eksklusiewe insiatief: Die Afrikaans is 100®-gedenkmunt
Afrimunt (Edms ) Bpk in vennootskap met Bassaniafslaers en iTickets, stel die Afrikaans is 100®- gedenkmunt bekend
Hierdie unieke munte stel
Suid-Afrikaners in staat om, simbolies én tasbaar, ’n stukkie geskiedenis in besit te neem Dit is nie bloot ’n muntstuk nie – dit is ’n huldeblyk aan ’n taal, ’n kultuur, ’n gemeenskap en ’n volk se reis oor honderd jaar
“Die idee agter hierdie munt is om iets te skep wat ’n taal en sy mense vier – iets wat nie net mooi is om te besit nie, maar werklike waarde het,” sê Landon Coleske, die projekbestuurder van die gedenkmunt en ook lid van Bassani-afslaers se bestuur
“Elke element van die ontwerp dra betekenis en elke metaalkeuse vertel ’n ander storie van waarde ”
Die Afrikaans is 100®-munt is ’n simboliese eerbetoon aan Afrikaans se amptelike erkenning in 1925 en getuig van die taal se groei, veerkragtigheid
en die onuitwisbare invloed wat dit op geslagte gehad het Elke munt word beskikbaar gestel in een van drie edelmetale – goud, silwer of brons – en kom in ’n stylvolle houer met ’n sertifikaat van egtheid, sê Colekse
Hierdie gedenkmunt is deel van ’n groter veldtog om bewusmaking te skep oor die waarde van kultuurerfenis en om die nuwe geslag aan te moedig om hul taal en geskiedenis te vier en te bewaar, voeg Coleske by
Die amptelike bekendstelling van die gedenkmunt vind binnekort plaas by ’n spoggeleentheid wat die ryk nalatenskap van Afrikaans sal vier Dié viering sluit bydraes in soos legendariese Springbokke asook optredes deur geliefde Afrikaanse kunstenaars – ’n kombinasie van nostalgie, kultuur en viering
As ekstra bederf ontvang die kopers van die 100 goue gedenkmunte elk twee kaartjies in die presidensiële
losie vir die Afrikaans is 100 jaar groot-konsert en is R10 000 werd
Die konsert vind plaas op 20 September 2025 by die DHL-stadion in Kaapstad en gaan ’n musiekkonsert soos min wees
“Die goue munt van een ons word van 99,999% suiwer goud vervaardig – ’n standaard wat selfs die Kruger-rand oortref,” sê Coleske “Vir versamelaars en beleggers beteken dit jy koop nie net geskiedenis nie, jy dra dit oor – saam met waarde wat kan groei ”
Ter viering van Afrikaans se 100ste verjaardag, bied Bassani-afslaers ’n eksklusiewe reeks munte van 99,999% suiwer goud aan, volledig geakkrediteer deur
SAAND – South African Association of Numismatic Dealers (https://www saand co za/)
Die persdrukvorm word ná vervaardiging vernietig, wat hierdie ’n eenmalige belegging maak
Slegs 100 goue munte is beskikbaar – elkeen met ’n unieke reeksnommer
Belangstellendes word uitgenooi om via iTickets (https://itickets co za/register/ new/483361) of Bassaniafslaers (www bassani co za) te registreer en op 29 Mei aan die veiling vir hierdie unieke versamelstuk deel te neem Silwer- en bronsmunte sal ook binnekort beskikbaar wees
A ground-breaking book addressing South Africa's severe reading-comprehension challenges has been released by Emeritus Professor Michael le Cordeur, a well-known Wellington academic, recently retired from Stellenbosch University.
The book, entitled Reading for Comprehension, tackles the alarming literacy crisis revealed by the 2021 Progress in International Reading Literacy Study (PIRLS), which found that 81% of Grade 4 learners in South Africa cannot read at the required literacy level and lack comprehension of what they read.
"Reading is the skill on which all other knowledge skills depend," Le Cordeur noted, the editor of the publication and author of two of its chapters. The book is a collaborative effort from both Stellenbosch and Wits University, providing practical solutions and guidance for educators
Sponsored by the National Research Foundation (NRF), the project drew on expertise from Le Cordeur and eight of his former master's and doctoral students. Co-authors had local connections, including Wellington residents Mia Nieuwoudt and Jeanne-Alex Gerber (now teaching in Durbanville), who contributed chapters 2 and 7 respectively. Chapter 4 was written by renowned Paarl educator Dr Mitchell Messina
Professor of education
Jonathan Jansen praised the work as "a powerful account of the literacy problem in South Africa's schools and its resolution in practice". He recommended it for "every teacher whether in pre- or in-service education".Professor Carisma Nel of North-West University described the book as "an essential guide to improving reading outcomes and unlocking academic success," noting its practical solutions, including "fostering a culture of reading, leveraging multilingual teaching practices, and integrating literacy across the curriculum".
CK BLINDS Vervaardigers en verskaffers van alle tipe blindings. Gratis kwotasies. Doen ook herstelwerk Kontak Elsabé 072 126 2394.
GEORGE HERBALIST For most of your problems and unfinished jobs by other herbalists. Pay after work is done. WhatsApp 069 718 2220