






Die oorskot van ’n man is onlangs op die plaas Watervlei in die omgewing van Moorreesburg gevind.
Die polisiewoordvoerder AO Nicolette Visagie sê ’n werker, wat die gras gesny het, het op die lyk afgekom Die lyk, wat in daardie stadium reeds erg ontbind was, is verlede Saterdag (13 September) ontdek.
Die onbekende man se oorskot is na die polisie geneem, waar ’n grafiese voorstelling van sy gesig gemaak is.
Die polisie rig ’n versoek aan die publiek om na vore te kom as iemand die man herken Vir meer inligting wat moontlik tot sy uitkenning kan lei, kan speursers. André Brander by 0224338671 gebel word.
Die Moorreesburg-polisie vra die publiek om na vore te kom indien iemand die oorledene op die grafiese voorstelling herken
Die Moorreesburg-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) nooi alle inwoners na ’n spesiale vergadering waar terugvoering oor onder meer misdaad gedeel sal word. Die geleentheid beoog om die visie en die doelwitte van die forum en hul projekte met belanghebbendes te deel.
Die Moorreesburg-polisie sal ook die geleentheid gebruik om terugvoer oor misdaad in die gemeenskap te gee.
Bywoning, insette en oplossings vanuit die plaaslike gemeenskap word as waardevol beskou. “Kom ons vat hande om misdaad te voorkom,” moedig die GPF en polisie aan.
’n Geliefde jong man, seun en broer van Moorreesburg se lewe is verlede naweek met groot hartseer uit die plaaslike gemeenskap weggeruk.
Marvin-Lee Adams (20), ’n oud-leerder aan die Hoërskool Dirkie Uys, is Sondag 14 September in die vroeë oggendure dood nadat hy en nog ’n insittende in dié noodlottige motorongeluk betrokke was. Volgens AO Nicolette Visagie, ’n plaaslike woordvoerder vir die Moorreesburg-polisie, is lede na die toneel in die dorp se hoofstraat ontbied nadat ’n voertuig teen die stam van ’n boom op die munisipale biblioteek se perseel gebots het.
’n 16-jarige passasier was die enigste ander insittende in die motor en het ernstige beenbeserings opgedoen.
Dié tiener is na die plaaslike hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.
Adams se gedenkdiens het die afgelope Saterdag (20 September) in ’n stampvol gemeenskapsaal in Rozenhof plaasgevind Die dorp se sosialemediablad is ook kort nadat die nuus oor sy dood bekend geword het, oorstroom deur
huldeblyke en medelye aan Adams en sy familie wat hy agterlaat. Volgens sy ouer broer, Cameron Adams (33), was Marvin-Lee se roudiens baie moeilik.
In die huldeblyk wat gedurende die diens gedeel is, is vertel hoe sy ouers, broer, familie en talle vriende met dankbare harte breed geglimlag het toe hy op 28 Junie 2005 sy opwagting in die wêreld gemaak het. “Hy was een ernstige kalm jongman; altyd netjies en voorbeeldig en met die mooiste maniere; ’n fyn laggie hier en daar vir ’n flou grappie, maar tog kon hy in ’n diep gesprek vasgevang raak.”
Vriende en familie vertel hoe hy sy verpligtinge teenoor die kerk nogal ernstig vir ’n jong man opgevat het. Musiek was een van sy groot passies in die lewe.
“Hy was deel van die kerk se jeug asook die jeug-mannekoor, waar hy die kitaar met soveel passie gespeel het –ons kitaarman. Hy was lief vir musiek. Wie sou kon dink dat hy in die stilte van die nag sy ernstige, kalm, positiewe geaardheid aan ons sal nalaat – met soveel liefde, hartseer en vermisting.
“Rus sag, ons eie kitaarman.”
Charlotte Lesch
Aandskemering se tehuis vir bejaardes verwelkom ’n nuwe bestuurder al die pad van Noordwes. Ná byna twee maande in die stoel sê Frik Barnard (66) met ’n opregte hart, oorweldig deur plaaslike welwillendheid en passievolle personeel: “Dit is ’n ware voorreg.”
Dié voormalige sakeman het hom jare gelede nie hiér by ’n tehuis vir bejaardes sien die leisels neem nie. Die Barnards se nuwe begin in die Wes-Kaap kom met ’n wye draai soos die hoofsaaklike oorweging om na die Swartland te verhuis en nader aan sy en sy vrou se drie kinders en sewe kleinkinders te wees Barnard glo alles gebeur met ’n doel, soos die geleentheid by die tehuis “Ek glo ek is hier om glimlagte te kom maak en ek hoop ek kan dit regkry,” voeg hy by.
GLIMLAGFABRIEK
Sy missie is eenvoudig: Om Aandskemering en die tak in ’n glimlagfabriek om te skep. Hy meen as hulle daarin slaag, sal dit in hul kernwaardes van deernis, rentmeesterskap, en uitnemende dienslewering weerspieël word. “As jy vir iemand ’n goeie bord kos kan gee, ’n skoon kamer handhaaf en toesien dat die inwoners die nodige versorging en daaglikse medikasie kry wat hulle nodig het en soggens opstaan met die uitgangspunt om te gaan glimlagte maak – en dit regkry – het ons uitgekom by wat ons wil bereik.”
Barnard het baie vinnig tot die gewaarwording gekom Pleinstraat 6 is dié inwoners se huis. Hulle het nie meer ’n ander adres nie met dié een wat heel waarskynlik hulle laaste sal wees. “Daarom móét ons dit vir hulle aangenaam maak,” sê hy.
GESKAAFVIRHIERDIEOOMBLIK
Barnard kyk vandag met net soveel dankbaarheid terug na sy universiteitsjare en loopbaan wat hy glo hom vir hierdie oomblik geskaaf het. Namate die tak tans met strategiese beplanning besig is, laat sy ondervinding in die onderwerp met sy MBA-skripsie daarin hom toe om as ’n nuweling terug te staan, vrae te vra en die pad vorentoe te help uitlê. Ná sy studies aan die Universiteit van Potchefstroom (Universiteit Noordwes), het hy soos baie ander eers ’n draai in die weermag gemaak. Sy loopbaan het as jong man in Eskom se pensioenfondsafdeling begin en later die eiendomsbeleggingskant. Daarna is hy terug na die universiteit se fakulteit vir ekonomiese wetenskappe as deel van die buro vir klein sake-ondernemings as sakeontwikkelingskonsultant – ’n ideale leerskool in sakelui, voeg hy by. Barnard was ook bevoorreg om deel te wees van Saambou se oorgangsjare na bankwese in die proses ná notering ’n Familie-onderneming in die mynwese het gevolg, waar hy deurlopend
finansieël, strategies en uitvoerend betrokke was.
Met die eiendomontwikkelingsagtergrond het sy pad met die Potchefstroom-dienssentrum gekruis. Daar het hy van bejaardes bewus geword en hoe verskillende generasies verskillende behoeftes het.
“Die mark van 40 jaar gelede het in terme van generasies geskuif. Jy sit nou met jou babyboomers wat hierheen kom. Jy sit ook met die eerste hippies in die ouetehuise wat nie reeds 17:30 wil aandete eet nie, maar eers sy gin op die stoep wil drink soos destyds. Dit is die ouens wat tradisioneel van 08:00 tot 17:00 in die staatsdiens of korporatiewe omgewing gewerk het – gedink hulle gaan nooit oud word nie.” Daarom is medium tot langtermynbeplanning belangrik ten opsigte van die migrasie na ’n ander mark namate generasies verskil
OUDWORDHETSYGEVARE
Barnard het geleer daar is gevare met oudword. “Hulle voel nutteloos en het te veel tyd.” Deur sy betrokkenheid by Touching Africa, ’n organisasie sonder winsoogmerk wat gemeenskappe ophef, het die konsep van wat hy “grysgoud” noem, vorendag gekom “As een inwoner sterf, is dit soos ’n biblioteek wat afbrand Daardie kennis moet ontgin word vir die jeug.”
Met sy passie vir entrepreneurskap gooi hy die uitdrukking “grannypreneurs” uit om daardie potensiaal van grysgoud te ontsluit. “Ek sien hoeveel grysgoud hier is,” spog hy met die inwoners by Aandskemering
Buiten sy verwondering vir die bejaardes, het die personeel en gemeenskap harte van goud, sê hy. “Die tehuis bestaan uit soveel meer as net die inwoners.” Hy sien daagliks die passie wat die personeel vir hul werk het. “Wanneer jy ’n kombuispersoneellid sien wat ’n inwoner troos, weet jy hulle is op die regte plek.
Dit gebeur nie sommer op ander plekke nie.” Hy staan verstom oor elkeen, asook die verpleegpersoneel se goedhartigheid. “Sommige inwoners het nie meer verwante nie of het dit nie breed nie. Dan koop hulle uit hul karige salaris benodigdhede, soos ’n skeermes, seep of panado’s.” Dít is wat Barnard in sy kort tyd by Aandskemering ervaar – ’n tehuis waar omgegee word. “As ons daarop kan voortbou, gee dit geleenthede vorentoe.”
Barnard sê die toets moet altyd wees: “Sal ek my ouers hier plaas? Ek sal dit doen. As jy dit kan sê, weet jy hier sal hulle versorg word.”
UITDAGINGS
Hy sê die infrastruktuur is oud en daar is uitdagings met instandhouding. Daarom is die ondersteuning van die gemeenskap en skenkers se hande nodig “Jy kan dit nie uit die tariewe verhaal nie. Geen instelling soos hierdie kan goed funksioneer sonder baie sterk ondersteuning uit die gemeenskap nie Dit is kardinaal.”
Barnard ervaar ongelooflike welwillendheid. “Die [ACVV-] tak is volgende jaar 120 jaar oud. Dit is ’n ou instelling wat dinge reg doen. Ek sê altyd jy moet nie iets fix wat nie gefix moet word nie.” Hy glo wel ’n mens moet altyd na uitnemendheid streef en sê dit is ’n deurlopende proses. “As ’n vars oog het ek baie lysies wat ek maak. Dit wissel van instandhouding tot diensleweringskontrakte .” Hy kyk eerder hoe iets beter gedoen kan word as om met sy aanstelling veranderinge aan te bring “Dit is ’n proses om ’n kultuur en klimaat te skep om daardie denke te vernuwe. Ons lees dit in Romeine, ons preek dit, maar doen dit nie.”
Barnard meen geen instelling soos dié kan van statutêre vereistes wegkom nie. “Ons word deur die departement van maatskaplike dienste ge-oudit. Daar is goed waarvan jy nie kan wegbeweeg
Die Toyota Stellenbosch Woordfees word van 11 tot 19 Oktober in die lente aangebied. Die fees vier 25 jaar se kuns, kultuur, stories, smaak en vermaak met ’n omvangryke program, winskopies en ’n tema wat jou nooi om “deel” te neem en “deel” te wees.
Met byna 400 aanbiedings in 12 afdelings gaan gesing, gedans, gekyk en gekuier word. Bring jou kampstoel, kombers en kuiermense vir die Toyotamusiekfees se gewilde opelugkonserte by die Jan Marais-natuurreservaat. Die musiekfees bring die vibe en die vibey na die ‘Bos met vertonings deur Will Linley, die Soweto String Quartet, Early B, Mandisi Dyantyis en Die Piesangskille. Gehore sal weer deur topkore bederf word. Voces Cordis is terug onder leiding van André van der Merwe, wat
ook die Stellenbosse universiteitskoor dirigeer. Die Tygerberg-kinderkoor, Voices+ en lede van die Universiteit van Johannesburg se koor, Miracle Tree, tree ook vanjaar op. Aurum Cantores vier Afrikaanse koorwerk met twee nuwe uitvoerings in Sing jou lied Ander kore is die Cape Town Camerata, Overberg Women’s Choir (O fire of the Spirit) en die bekroonde Zolani-jeugkoor (New South African Gems). Teaterhoogtepunte op die Spier-toneelprogram sluit in die terugkeer van Breyten Breytenbach se Boklied onder regie van Marthinus Basson, Die ander dogter met Sandra Prinsloo, Liefde, Lafras met Antoinette Kellermann en die wenner van die Reinet Nagtegaal-teksprys vir teater, Huis van sand, deur Dianne du Toit Albertze, sowel as die naas-
nie en wat groot finansiële druk met ’n reeds beperkte begroting beteken As ’n klokkie breek, is dit ’n krisis en dit moet dadelik herstel word. Die lys wissel tussen noodsaaklik, dringend en ’n wenslys Dit bly ’n balans.”
Só ook wanneer dit by die tariewe kom “Die tariewe word met groot omsigtigheid bereken. As deel daarvan om glimlagte op gesigte te sit, is om tariewe nie te skerp te verhoog nie en eerder na alternatiewe te kyk wat kostes laag sal hou, terwyl ons gehaltediens bly lewer.” Die bestuur is bewus van die nood daar buite, voeg hy by. “Van die inwoners kry net hul Sassa-geld. Aandskemering kry ook slegs subsidie vir 42 inwoners.” Hy verduidelik baie is nie bewus van die feit hoewel daar ’n tarief is, moet diegene wat ’n behoefte het, geakkomodeer word. “Daardie subsidie help geweldig baie vir die inwoners wat nie kan betaal nie. Tussen Sassa-geld en daardie subsidie kom daardie inwoners miskien by ’n gedeelte van die tarief uit. Dan hoop ons om daardie gedeelte deur ’n borg te dek.” Barnard sê ook dit is en bly ’n sakeonderneming “As ons net liefdadigheid doen, gaan ons die deure moet sluit.” Hy sê die tehuis kan egter nie soos enige ander onderneming bestuur word nie. “Ons moet hierdie balans handhaaf terwyl jy nie net inwoners wat wel die tarief kan betaal, inneem nie Dit is ’n gemeenskapstaak wat ons het.” Net soos Dawid die grote Goliat aangevat het, so sal hulle die uitdagings, voorkeure en wenslyste aanpak. “As jy vinnig wil loop, stap jy alleen; as jy ver wil stap, stap jy saam.” Barnard sien uit na wat die toekoms vir Aandskemering-tehuis vir bejaardes inhou – ’n glimlagfabriek in wording wat strewe na uitnemendheid.
wenner, Die kabinet, van André Gerber
Die Woordfees wil almal deel maak van ’n betekenisvolle ervaring met ’n rits gratis- en afslagitems. Die Diskoersprogram is gratis met gespreksreekse oor wetenskap, politiek, kuns, wyn en die groot 100 vir Afrikaans as amptelike taal. Jaco van der Merwe bewys met sy Filmfeesprogram – grotendeels gratis of billik geprys – daar is ’n behoefte om flieks op die grootskerm te sien. Die Clermont-Ferrand- internasionale kortfilmfees is die wêreld se grootste kortfilmfees – naas Cannes die grootste rolprentfees in Frankryk. ’n Aantal wenners is gratis by die Woordfees te sien. •Pensioentrekkers van 65 en ouer kry elke Dinsdag 10% afslag op ’n lys uitgesoekte programitems Besoek woordfees. co.za vir die hele program.
Charlotte Lesch
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) van Suid-Afrika ondersoek die moontlikheid om sy landsburgers elektronies te laat stem.
E-stemmery gaan egter nog lank nie toegepas word nie – ook nie in volgende jaar se munisipale verkiesing nie, sê die OVK se provinsiale verkiesingshoof, Michael Hendrickse.
Hendrickse het op Dinsdag 16September ’n openbare-deelname-proses in die Malmesbury-stadsaal gelei Die veldtog, wat op 12 September in die WesKaap begin het en waarin ander streke ook besoek word, duur tot die einde van die maand.
Die openbare werksessies en besprekings rakende ’n elektroniese stemproses is daarop gemik om die publiek se menings en insette te kry om sodoende ’n omvattende beleidsbesprekingsdokument oor elektroniese stemstelsels saam te stel.
’n Finale beleidsdokument sal uiteindelik aan die parlement voorgelê word vir verdere openbare deelname en besluitneming oor kiesers se lot in die toekoms.
“Baie moet nog gebeur voordat ’n besluit geneem kan word,” het Hendrickse dit duidelik aan belanghebbendes gestel – raadslede, studente en
Michael Hendrickse, die
verkiesingskommissie (OVK) se provinsiale verkiesingsbeampte Dinsdag (16 September) in Malmesbury se stadsaal
lede van die publiek in en om die Weskusstreek, wie se beurt dit Dinsdag was om hul insette te gee. Vereistes vir oorweging sluit in koste-doeltreffendheid, volhoubaarheid, inklusiwiteit, toeganklikheid, verbruikersvriendelikheid, privaatheid en verantwoordbaarheid. Hendrickse het in sy voorlegging twee afdelings in die proses vir oorweging uitgewys,
naamlik elektroniese stemmery (e-vote) en internet stemmery (i-vote). Elektroniese stemmery behels masjiene in stemlokale wat nie aan die internet gekoppel is nie. Dié elektroniese masjiene sal die stembriewe waarop tans nog met ’n pen ’n kruisie getrek word, vervang. Internet-stemmery behels op sy beurt weer om van enige plek ter wêreld jou stem te plaas. Verskeie toestelle wat reeds
KENNISGEWING 24/2025/2026
VOORGESTELDE HERSONERING EN AFWYKING VAN ONTWIKKELINGSPARAMETERS OP ERF 4310, MALMESBURY
Aansoeker: CK Rumboll & Vennote, Posbus 211, Malmesbury, 7299
Tel no 022-4821845
Eienaar: IM Hussein, Alfastraat 50, Malmesbury, 7300 Tel no 083 329 5432
Verwysingsnommer: 15/3/3-8/Erf 4310
15/3/4-8/Erf 4310
Eiendomsbeskrywing: Erf 4310, Malmesbury Fisiese Adres: Alfastraat 50, Malmesbury
Volledigebeskrywingvanaansoek:
Die aansoek om hersonering van erf 4310, Malmesbury, ingevolge ar kel 25(2)(a) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang Die hersonerings behels die hersonering van erf 4310 (groot 275m²) vanaf Residensiëlesone2naSakesone2teneindediebestaandewinkelenwoonsteltemag g
Die aansoek om afwyking van ontwikkelingsparameters op erf 4310, Malmesbury, ingevolge ar kel 25(2)(b) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226van25Maart2020),isontvang Dieafwykingsbehelsdievolgende:
• Afwykingvandie3msyboulyn(suidelikegrens)na0men1,5monderskeidelik,
• Afwykingvandievereiste2op-perseelparkeerplekkena1parkeerplektenopsigte vandiesakegebruik
Die afwykings word veroorsaak deur die plasing van bestaande geboue ten opsigte van die nuwe soneringsparameters
Kennis word hiermee gegee ingevolge ar kel 55(1) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning dat bogenoemde aansoek ontvang is en beskikbaar is vir inspeksie vanaf Maandag tot Donderdag tussen 08:00-13:00 en 13:45 - 17:00 en Vrydag 08:00-13:00 en 13:45 - 15:45 by Departement Ontwikkelingsbestuur, kantoor van die Senior Bestuurder : Ontwikkelingsbestuur, Munisipale Kantoor, Kerkstraat, Malmesbury Enige skri�elike kommentaar hetsy 'n beswaar of ondersteuning kan ingevolge ar kel 60 van genoemde wetgewing aan Die Munisipale Bestuurder, Privaatsak X52, Malmesbury, 7299/Faks – 022-487 9440/e-pos –swartlandmun@swartland org za gestuur word voor of op 18 Augustus 2025 om 17:00. Die kommentaar moet asseblief u naam, adres en kontakbesonderhede asook die voorkeurwyse waarop daar met u gekommunikeer moet word aandui, sowel as u belang by die aansoek asook redes vir u kommentaar Telefoniese navrae kan gerig word aan die stadsbeplanningsafdeling (Alwyn Burger, Herman Olivier en Annelie de Jager) by 022-487 9400 Die Munisipaliteit mag kommentaar wat na die slui ngsdatum ontvang word weier Persone wat nie kan skryf nie sal deur 'n munisipale amptenaarbygestaanwordomhullekommentaaropskriftestel
J J SCHOLTZ Munisipale Bestuurder
deur ander lande in gebruik is, word deur die OVK ondersoek. Volgens hom toon haalbaarheidstudies e-stemmery kan onder meer tot ’n verhoogde deelname onder ’n sekere demografie bydra. Hendrickse het ook verduidelik hoe e-stemmery die telproses kan bespoedig en vergemaklik. “Ons kan teen negeuur die aand al weet wie die land gaan regeer,” brei hy uit, aangesien stemme met die meeste toestelle dadelik verwerk sal kan word. Kostes verbonde aan stembriewe en personeel binne stemlokale sal ook afneem
Uitdagings rakende ’n regverdige en geloofwaardige verkiesing deur middel van e-stemmery en internet-stemmery, bestaan wel.
Hendrickse meen egter sonder die vertroue van Suid-Afrikaners kan maar vergeet word van ’n elektroniese stemstelsel “Ons moet ook toeganklikheid en tegnologiese geletterdheid onder die kiesers in ag neem Die stemproses gaan vinniger wees, maar opleiding onder personeel moet eers geskied.”
Buiten die OVK- personeel en vrywilligers, sal ’n landwye opvoedkundige veldtog onder voornemende kiesers van stapel gestuur moet word voordat ’n elektroniese stemproses in werking kan tree.
Wat internet-stemmery betref, moet nog baie water in die see loop, sê Hendrickse verder
Munisipale Kantoor
Kerkstraat 1
MALMESBURY 7300
September
“Ons moet kyk na die geloofwaardigheid van daardie stemproses, die naspeurbaarheid van stemme en kiesers en of in die geheim gestem word en of mense om kiesers sal staan wat sy of haar stem beïnvloed,” voeg hy by.
Die uitdaging rakende kuberkrakers is ook ’n groot werklikheid. Volgens hom bestaan oplossings wel en hy meen talle lande het daarin geslaag om die nodige sekuriteitsmaatreëls vir vlekvrye verkiesings toe te pas ’n Ander kopsorg wat oorweeg moet word, is die tegnologiese vooruitgang “Net soos ’n slimfoon of ’n skootrekenaar, gaan die masjiene opgegradeer en vervang moet word, wat kostes sal opstoot. Indien ’n land, soos Indië en Brasilië, hul eie masjienvervaardigingsregte of kontrole het, is so iets wel moontlik.”
Navraag en bekommernisse vanuit die gehoor het grootliks klem gelê op vertroue onder Suid-Afrikaners in die elektroniese stemproses, die uitdagings rakende spesiale stemme, tegnologiese ongeletterheid, die ontoeganklikheid van landelike gebiede en die uitskakeling van ’n dubbele stem.
Mense wat verdere insette wil lewer, kan dit stuur aan evoting@elections.org.za. Besoek https://www.elections org.za/pw/E-Voting/Engagingwith-South-Africas-E-Voting-Future, vir nog inligting
Rasaad Adams
’n Wellingtonse man, sy vyfjarige seuntjie en sy skoonma is ongedeerd nadat hulle Maandagaand (15 September) deur twee mans – van wie een gewapen was – by ’n spazawinkel naby hul woning in Springbokweg gekaap is.
Natano Koopman het aan Paarl Post vertel dat hulle omstreeks 21:00 by die spazawinkel gestop het om melk te koop toe die voorval gebeur het.
Hy sê die twee jong mans het met hul aankoms by die winkel daar naby rondgeskarrel.
“Hulle het my vir R5 kom vra, waarop ek gesê het ek het nie. Hulle het egter gesien ek koop melk met los geld.
“My seuntjie en my skoonma het op daardie tydstip nog in die motor gesit.”
Die volgende oomblik het Koopman die geskree van sy skoonma en seuntjie uit die motor gehoor.
Hy sê die twee mans het albei deure oopgemaak. Die een man, wat aan die bestuurderskant ingeklim het, was volgens hom gewapen.
Volgens Koopman was dit in daardie stadium vir hom nie net belangrik om sy familie uit die motor te kry nie, maar ook om die rowers af te skrik.
Hy sê die een rower het toe die vuurwapen op hom gerig en hy het vir sy eie veiligheid teruggestaan.
Sy seuntjie en skoonma het veilig uit die motor geklim voordat die twee rowers met die wit 2005- Toyota Corolla met die registrasienommer CN 10412 weggery het.
Koopman het daarna sy familie veilig by die huis gekry en dadelik die polisie ontbied.
Hy sê die polisie was binne twee minute by sy huis.
“Ek is kort voor die voorval uit die hospitaal ontslaan. Ons babatjie, wat maar net drie weke oud is, is nog in die hospitaal
“Met alles wat tans in my lewe gebeur, het ek nou regtig nie hierdie drama nodig gehad nie,” sê hy Volgens Koopman is die voertuig nie verseker nie.
“Ons hoop dus vir ’n positiewe uitkoms Hopelik is daar kameras by die spazawinkel wat kan help om die verdagtes te identifiseer.”
Hy sê sy skoonma is erg deur die skokkende voorval geraak.
“My seuntjie het vanoggend gesê hy mis die motor Hy het gesê hy was bang hulle sou my skiet.
“My skoonma het gisteraand gesukkel om te loop. Dit was waarskynlik weens die skok.”
•Die Wellington-polisie het by navraag bevestig dat ’n motorkapingsaak ondersoek word.
Talle personeellede van die ACVV Malmesbury is met dienstoekennings vir getroue diens aan die tak vereer
Personeel wat vyf, tien of meer jare daar werk, het erkenning vir hul diensjare ontvang. Dit sluit personeellede van al drie affiliale in, naamlik maatskaplike dienste, die ACVV-dienssentrum sowel as die Amandelrug-aftreeoord en Aandske-
mering-tehuis vir bejaardes in.
Die spesiale oggend het verlede Dinsdag (16 September) by Aandskemering se tehuis plaasgevind.
Zelda Esterhuizen, Aandskemering se bedryfsbestuurder, het die sertifikate en ’n geskenk aan elkeen oorhandig, gevolg deur gelukwense deur die ACVV Malmesbury se bestuur en lede van die beheerraad.
KENNISGEWING 25/2025/2026
VOORGESTELDE HERSONERING EN ONDERVERDELING VAN ERF 208, YZERFONTEIN
Aansoeker: CK Rumboll & Vennote, Posbus 211, Malmesbury, 7299 Tel no 022-4821845
Eienaar: Swartland Munisipaliteit, Privaatsak X52, Malmesbury, 7299 Tel no 022-4879400
Verwysingsnommer: 15/3/3-14/Erf 208 15/3/6-14/Erf 208
Eiendomsbeskrywing: Erf 208, Yzerfontein
Fisiese Adres: H/v Buitenkant Street en Dolphinrylaan, Yzerfontein
Volledigebeskrywingvanaansoek:
Die aansoek om hersonering van erf 208, Yzerfontein, ingevolge ar kel 25(2)(a) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020),isontvang Dievoorstelisdat gedeeltesvanerf208hersoneerwordsoosvolg:
• HersoneervanafOopruimtesone2naOordsone(groot669m²);
• HersoneervanafOordsonenaOopruimtesone2(groot607m²)
Die aansoek om onderverdeling van erf 208, Yzerfontein, ingevolge ar kel 25(2)(d) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang Die voorstel is dat erf 208 (groot 10,3905ha) onderverdeel word in 'n restant (groot 8,1105ha),gedeelteA(groot1,37ha),gedeelteB(groot0,49ha)engedeelteC(groot0,42ha) Kennis word hiermee gegee ingevolge ar kel 55(1) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning dat bogenoemde aansoek ontvang is en beskikbaar is vir inspeksie vanaf Maandag tot Donderdag tussen 08:00-13:00 en 13:45 - 17:00 en Vrydag 08:00-13:00 en 13:45 - 15:45 by Department Ontwikkelingsbestuur, kantoor van die Senior Bestuurder : Ontwikkelingsbestuur, Munisipale Kantoor, Kerkstraat, Malmesbury Enige skri�elike kommentaar hetsy 'n beswaar of ondersteuning kan ingevolge ar kel 60 van genoemde wetgewing aan Die Munisipale Bestuurder, Privaatsak X52, Malmesbury, 7299/Faks – 022-487 9440/e-pos –swartlandmun@swartland org.za gestuur word voor of op 27 Oktober 2025 om 17:00 Die kommentaar moet asseblief u naam, adres en kontakbesonderhede asook die voorkeurwyse waarop daar met u gekommunikeer moet word aandui, sowel as u belang by die aansoek asook redes vir u kommentaar Telefoniese navrae kan gerig word aan die stadsbeplanningsafdeling (Alwyn Burger, Herman Olivier en Annelie de Jager) by 022-487 9400 Die Munisipaliteit mag kommentaar wat na die slui ngsdatum ontvang word weier Persone wat nie kan skryf nie sal deur 'n munisipale amptenaarbygestaanwordomhullekommentaaropskriftestel.
J J SCHOLTZ Munisipale Bestuurder
Die Abbotsdale-jeugontwikkelingsorganisasie het onlangs saam met hul geslagsbaseerde-geweld- en vrouemoord-ambassadeur, Gavin Sampson, opspraak in Abbotsdale verwek toe hulle die meeste bome nog op een dag geplant het.
Altesaam 10 bome, wat deur die Weskus-distriksmunisipaliteit geskenk is, is op 3September by verskeie sleutelplekke in Abbotsdale geplant, gevolg deur die aflegging van die GBG-belofte as ’n teken van die gemeenskap se eenheid teen geweld vir ’n veiliger toekoms Sampson beskryf hierdie dag as ’n mylpaal vir die plaaslike gemeenskap.
“Só ’n grootskaalse boomplantdag is nog nie in die geskiedenis van Abbotsdale gehou nie. Voorheen is slegs een boom op ’n keer geplant, maar vandag het ons as ’n gemeenskap saam ’n daadwerklike verskil gemaak.”
Die jeugorganisasie het hul dankbaarheid teenoor alle betrokke instellings, borge en individue, wat die dag moontlik gemaak het, uitgespreek.
Dit sluit kleuterskole, die biblioteek, die ACVV, die Malmesbury-polisie, die Swartland-munisipaliteit (Clerise du Plessis) en gemeenskapslede in “Hierdie dag sal onthou word as ’n historiese oomblik wat hoop en samewerking in Abbotsdale se gemeenskap verpersoonlik het,” voeg hy trots by.
Munisipale Kantoor
Kerkstraat 1
MALMESBURY
7300 26 September 2025
D Saterdag rugbywedst ’n geme water-stadion die wedstryd was maar nalatenska invloe
nie Bellvill woners voorbeeld Sy spelers, en het toew
lede,” Bellvill met het nie vir weerspieël. aangebied met waar van reed digh
stryd van gelykes, helfte het Mcneil nk-span die oorhand geseëvier terug na Swartland –van oorwinning herinnering aan waar
David Hendricks se hart gelê het.
Vir Wesbank was die wedstryd veel meer as net voorbereiding vir die Sanlam-Boland-Top-12 wat op 11 Oktober begin. Dit was ’n bevestiging van hul gereedheid en ’n waardige eerbetoon aan ’n man wie se nalatenskap steeds rigting
gee aan die pad vorentoe – ’n pad wat nou duidelik op koers is vir iets groots David Hendricks se nalatenskap leef voort – nie net in punte en trofeë nie, maar in die manier waarop rugby gemeenskappe bou, jongmense vorm en herinneringe skep wat dekades lank hou.
David Rossouw
Met die rugbyseisoen wat pas ten einde geloop het, verskuif die fokus nou na die krieketvelde van die Boland en die Westelike Provinsie. Klubkrieket maak gereed vir ’n opwindende seisoen en die Swartland-spanne staan gereed om hul merk te maak. Die Swartland T20-toernooi, wat Saterdag (27September) begin, dien as die laaste losmaker voordat die amptelike krieketseisoen die Saterdag daarna (4Oktober) met die gewilde CalypsoT20-liga begin. Hierdie toernooi vier ook die ryk sporterfenis van die streek.
Piketberg – die verdedigende T20-kampioen – sal gasheer speel vir Darling, die huidige BolandPromosie-Weskus-eendagkampioen. Intussen sal Essex van Clanwilliam Malmesbury tuis ontvang terwyl Hopefield Wanders ’n loslootjie het.
Albei wedstryde begin om 14:00, en ondersteuners kan uitsien na ’n middag wanneer die wilgelatte behoorlik geswaai en energieke krieket gespeel gaan word. Malmesbury het ’n indrukwekkende 187 lopies in sy vriendskaplike T20-wedstryd teen Moorreesburg se krieketspan op die telbord geplaas, met Krisnan Oostehuizen wat ’n briljante
Darling het teen Bishop Lavis en St Helenabaai in ’n driehoekige byeenkoms gespeel en al twee wedstryde gewen. Hier is die spelers en bestuurslede.
76* (nie uit nie) aangeteken het. Donovan Dudley het ook met die kolf uitgeblink en 41 waardevolle lopies bygedra. Gershwin Herrings het skitterend geboul en vyf paaltjies platgetrek, wat Moorreesburg se kolfbeurt laat wankel het. Malmesbury het met ’n oortuigende 71 lopies gewen. Op die Darling-ovaal het die plaaslike span uitstekende rekenskap van hulself in twee wedstryde teen Bishop Lavis en St. Helenabaai gegee Met oorwinnings in al twee ontmoetings het Darling duidelik gewys dat hulle honger is vir die nuwe krieketseisoen en gereed is om die veld met selfvertroue te betree. Vredenburg-Saldanha se
Krewe, wat die afgelope seisoen in verskeie Boland-krieketuniekompetisies sterk vertoon het, sal hul seisoen in die T20 Gemeenskapbeker begin Hulle reis aanstaande Saterdag (4Oktober) na Wellington vir hul openingswedstryd en Sondag 5 Oktober verwelkom hulle Paarl-Oos op Krewepark. Hierdie dubbelprogram beloof om die pas aan te gee vir wat ’n kragtige seisoen kan wees. Die Krewe het reeds bewys dat hulle ’n mededingende en goed georganiseerde span is, en daar is groot hoop dat hulle hierdie seisoen selfs beter sal vaar as verlede jaar. Met ’n kombinasie van ervare spelers en jong talent, is die atmosfeer in die kamp positief en gefokus