Die jaarlikse Interskole-kragmeting tussen die Hoërskool Swartland en die Hugenote Hoërskool word die naweek in die Swartland beslis Die rosettemeisie, Kerryn Busch en die Rockie-mannetjie wys hul ondersteuning vir die eerstespan-rugbykaptein, Martin Neethling in aanloop tot die groot wedstryd Saterdag 16 Augustus Die voorstelling van die eerstespan vind om 13:45 plaas met die hoofwedstryd wat om 14:10 afskop Laai gerus die volledige Interskole e-boekie af by swartlandgazette co za/supplements/ Foto: Ernest Kilowan
Veediefstalraakalmeer
CharlotteLesch
Veediefstal in die omgewing van Malmesbury vier hoogty
Dit kom nadat 72 merino ooie tussen 30 Julie en 8 Augustus in afsonderlike voorvalle as gesteel aangemeld is Die
geskatte waarde van die vee wat gesteel is, is sowat R180 000 So het sers Henry du Randt, woordvoerder by Malmesbury-polisiekantoor bevestig Een koei is ook as gesteel aangemeld, maar die karkas is later die dag ontdek nadat dit op die plaas geslag is Die waarde van die koei was R17 000
Volgens Malmesbury se veediefstaleenheid word veediefstalle steeds aangemeld, hoewel hulle patrollies in samewerking met grondeienaars in die omgewing, opgeskerp het Dit kom nadat verskeie voorvalle van veediefstal reeds die afgelope maand aangemeld is Nog geen verdagtes is in die stadium in
Supporting Local at Swartland High Interschools
Visit
verband met die veediefstalle in hegtenis geneem nie Die ondersoek duur voort In nog 'n voorval is tien hoenders tussen 6 en 7 Augustus van 'n plaas in die omgewing van Riebeek-Wes gesteel Behalwe vir die pluimvee, is 'n windpomp ter waarde van R89 000 ook vanaf dieselfde plaas gesteel
Dahlia-sentrum oop vir slagoffers
Charlotte Lesch
Die Swartland-munisipaliteit het, as deel van sy verbintenis tot slagoffers van geslagsgebaseerde geweld en om geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord (GGGV) aan te spreek, onlangs die amptelike opening van die Dahliasentrum gevier. Die nuwe fasiliteit is daarop gemik om slagoffers van geslagsgebaseerde geweld ’n veilige ruimte en ondersteunende omgewing te bied.
Jo-Ann Krieger, die direkteur van ontwikkelingsdienste by die munisipaliteit het, gedurende die opening op 7 Augustus daarop klem gelê dat dit ’n program met langtermynvooruitsigte is Sy voeg ook by dat die program voorkomend van aard is deur bewusmaking rondom GGGV-kwessies te skep. Die program, wat die bestaande vennootskappe tussen die verskeie rolspelers sal versterk, is ontwerp om vertroulike ondersteuning, leiding en verwysings na die betrokke staatsdepartemente wat dienste aan vroue en kinders wat deur geweld geraak word, te lewer Die sentrum kan ook groepbesprekings en opvoedkundige programme fasiliteer, wat bydra tot die wyer gemeenskap se welstand en bewusmaking van GGGV. Hoewel die sentrum in Malmesbury gebaseer is, sal ander dorpe deur die munisipaliteit se GGGV-wykambassadeurs ondersteun word en hulle na die betrokke beampte verwys, verduidelik
Van links staan Hugo Blignaut en Christine van Zyl van Slimsun saam met die “Vriende van die Dahlia-sentrum”, Brenda van der Vyfer, Freda Smit en Sarie Nell, wat ook Van Zyl insluit. Heel regs staan Clerise du Plessis, senior koördineerder vir spesiale projekte by die Swartland-munisipaliteit
die munisipaliteit. Vandaar word die slagoffers en sake na die departement van maatskaplike ontwikkeling en ander toepaslike staatsdepartemente verwys.
Clerice du Plessis, ’n senior koördineer-
SWARTLAND MUNICIPALITY
NOTICE 12/2025/2026
PROPOSED REZONING, SUBDIVISION, CONSENT USE, DEPARTURE OF DEVELOPMENT PARAMETERS AND EXEMPTION OF ERF 4592, DARLING
Applicant: C K Rumboll & Partners, P O Box 211, Malmesbury, 7300 Tel nr 022-4879400
Owner: AT Darling Green Estate Pty Ltd., 20 Sir David Baird Drive, Blouberg, 7441. Tel no 0824648700
Reference number:
15/3/3-3/Erf_4592 / 15/3/4-3/Erf_4592
15/3/6-3/Erf_4592 / 15/3/10-3/Erf_4592
15/3/13-3/Erf_4592
Property descrip on: Erf 4592, Darling
Physical address: Conserva on Drive, Darling Green Estate, Darling
Detaileddescrip�onofproposal:
An applica on for rezoning of erf 4592, Darling in terms of sec on 25(2)(a) of Swartland Municipality : Municipal Land Use Planning By-Law (PG 8226 of 25 March 2020) has been received. It is proposed that erf 4592 (6,9208ha in extent) be rezoned from Subdivision area (restricted to General Residen al Zone 2) to Subdivision area which make provision for the following land uses, nl : General Residen al Zone 2, CommunityZone3andBusinessZone2.
Applica on for subdivision of erf 4592, Darling in terms of sec on 25(2)(d) of the Swartland Municipality Municipal Land Use Planning By-law (PG 8226 of 25 March 2020) has been received. It is proposedthaterf4592(6,9208hainextent)besubdividedinto2por onsandaremainder
The applica on for a consent use for a restaurant (Business Zone 2) on por on B of Erf 4592, Darling in termsofsec on25(2)(o)ofSwartlandMunicipality:MunicipalLandUsePlanningBy-law(PK8226of25 March2020)hasbeenreceived. Theapplica onforthedepartureofdevelopmentparametersonpor onBofErf4592,Darling,interms of sec on 25(2)(b) of Swartland Municipality : Municipal Land Use Planning By-Law (PK 8226 of 25 March2020)hasbeenreceived.Thedepartureentailsthedepartureoftherequired163on-siteparking baysbyonlyproviding107parkingbays.
o ce is hereby given in terms of sec on 55(1) of the By-law on Municipal Land Use Planning that the abovemen oned applica on has been received and is available for inspec on from Monday to Thursday between 08:00-13:00 and 13:45 - 17:00 and Friday 08:00-13:00 and 13:45 - 15:45 at the Department Development Management, office of the Senior Manager : Development Management, Municipal Office, Church Street, Malmesbury Anywri encommentswhetheranob ec�onorsupport maybeaddressedintermsofsec�on60ofthesaidlegisla�ontoTheMunicipalManager,PrivateBag X52,Malmesbury,7299/Fax–022-4879440/e-mail–swartlandmun@swartland.org.zaonorbefore 15 September 2025 at 17:00, uo�ng your name, address or contact details as well as the preferred method of communica�on, interest in the applica�on and reasons for comments. Telephonic enquiries can be made to the townplanning division (Alwyn Burger, Herman Olivieror Annelie de Jager) at 022-487 9400 The Municipality may refuse to accept comment received a�er the closing date. Any personwhocannotwritewillbeassistedbyamunicipalofficialbytranscribingtheircomments.
J J SCHOLTZ Municipal Manager
Dahlia-sentrum”, die Groovies-sanggroep en die orkes wat geld ingesamel het sowel as Flynet-internetdienste, wat almal tot die opening van die sentrum bygedra het.
Benewens administratiewe beplanning het die inisiatief ook voordeel getrek uit geldinsamelingsprojekte wat deur die gemeenskap moontlik gemaak is Dit sluit vrywillige dienste in wat met ure se harde werk gepaard gegaan het om die sukses van die program ’n werklikheid te maak en te verseker dat die sentrum ten volle toegerus en funksioneel is
Die Dahlia-sentrum, wat wel nie ’n oornagfasiliteit is nie, sal ook ’n toegewyde ruimte bied vir die munisipaliteit se GGGV-ambassadeurs, wat in die voorste linie werk, heel eerste met slagoffers te doen kry en ondersteuning in gemeenskappe bied. Hier sal hulle toegang tot hulpbronne hê en leiding ontvang om hul werk doeltreffend voort te sit. Sedert sy bekendstelling in 2022 is die ambassadeurprogram as ’n beste-praktyk-model erken en is dit sedertdien deur munisipaliteite reg oor die Wes-Kaap uitgerol.
der van spesiale projekte binne die munisipaliteit, meen die sentrum gaan die versekering gee dat elke mens gehelp sal word. “Die sentrum is nie net vir ons nie
dit is vir die hele Swartland ” Krieger het statistiek ten opsigte van geweld teen vroue en kinders en
“Die opening van die Dahlia-sentrum is nog ’n stap vorentoe in ons langtermynstrategie om geslagsgebaseerde geweld en die uitwerking daarvan op gesinne en gemeenskappe aan te durf,” sê die onderburgemeester, Anet De Beer “Dit weerspieël ons fokus op volhoubare, gemeenskapsgebaseerde optrede wanneer dit by maatskaplike uitdagings kom ” Die munisipaliteit werk steeds nou saam met sleutelvennote, insluitend die Wes-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling, die Suid-Afrikaanse
Municipal Office Church Street
MALMESBURY 15 August 2025
SWARTLAND MUNICIPALITY
NOTICE 08/2025/2026
CALL FOR NOMINATIONS FOR MEMBER OF THE MUNICIPAL PLANNING TRIBUNAL
No�ce is hereby given that a vacancy on the Municipal Planning Tribunal occurred in terms of Sec�on 83(2)(b) of the Swartland Municipality: Municipal Land Use Planning By-Law (PG 8226 dated 25 March 2020).
Nomina�ons are therefore invited for a member of the public to be appointed on the Municipal Planning Tribunal effec�ve from 1 October 2025 The member will be responsible for taking decisions oncategoriesoflanduseandlanddevelopmentapplica�onsdesignatedbytheMunicipality
The Municipal Planning Tribunal consists of members from the public and officials with knowledge and experience of spa�al planning, land use management, land development or the law related thereto. Responsibili�es will include preparing for, par�cipa�ng in and a ending of mee�ngs of the Municipal PlanningTribunal,a endingsiteinspec�onsandotherdu�esandfunc�onsprovidedforinlegisla�on.
Interested par�es are invited to submit nomina�ons for a member who has knowledge, experience and/or qualifica�ons in one or more of the aforemen�oned fields to be appointed to the Swartland Municipality Municipal Planning Tribunal and must comply with sec�on 3(6) of the SPLUMA regula�ons. The member will be appointed for 5 years, subject to terms and condi�ons. For ordinary members it is a part-�me posi�on, es�mated to take four hours per month, with remunera�on nego�atedatanhourlyrate,butnottoexceedtheSACPLANtariffschedule
TheNomina�onformisavailableatwww.swartland.org.zaorcanberequestedviae-mailfrom Ms Delmary Stallenberg at stellenbergd@swartland.org.za. The completed nomina�on form must be accompaniedbyacurriculumvitaeofthenominee
The Municipal Manager, Swartland Municipality, Private Bag X52, MALMESBURY, 7299 or email:swartlandmun@swartland.org.za. ForenquiriesinthisregardcontactMrAlwynZaaymanat022-4879400
J J SCHOLTZ
MUNICIPAL MANAGER
MUNICIPALOFFICES
0000000-ST120825
Breinvliesontsteking eis student
Charlotte Lesch
Chris Scheffers (19), die matiestudent van Riebeek-Wes wat verlede Saterdag (2 Augustus) dood in sy kamer by die Dagbreek-koshuis gevind is, het weens breinvliesontsteking gesterf, het die Universiteit Stellenbosch in hul nuutste verklaring met betrekking tot Scheffers se dood bevestig
Scheffers, wat in die Swartland grootgeword het, was ’n tweedejaarteologiestudent Sy grootmaak-ma, Izolda Majiedt, wat hom saam met haar man, Fanie, reeds op die ouderdom van drie maande saam met sy biologiese ma (wat intussen oorlede is), in hul huis verwelkom het, sê Chris was ’n kind van die Here
“My enigste troos as ’n ma is om te weet hy is by die Here,” voeg sy hartseer by Haar aangenome seun het in die eerste kwartaal van sy onderwysstudies aan Majiedt gesê dit is nie vir hom nie Hy wil teologie studeer
Dié skielike verandering van loopbaan het as geen verrassing vir haar en almal wat hom geken het, gekom nie Die kinders op skool by Schoonspruit Sekondêr en die studente by Dagbreek- koshuis het hom “pastor” genoem aangesien hy die evangelie verkondig het, vertel sy laggend Scheffers se gawe om te kan sing, is op driejarige ouderdom in die VGK-gemeente in Riebeek-Kasteel ontbloot “Hy het basies in die kerk grootgeword en was ook in die kerkkoor waar ek betrokke is Ons albei het ’n passie vir kerkmusiek; daar het ons mekaar aangevul ” Sy musikale talent het nie by sy nootvaste stem opgehou nie Scheffers het die gawe gehad om verskeie musiekintrumente te speel, wat hy self aangeleer het
“Chris was ’n model-kind wat op skool altyd sy beste wou gee Hy was ’n uitstekende leerder ” Majiedt onthou met vreugde hoe Scheffers in die middae ná skool sy tas neergesit en eers op sy kitaar of trekklavier getokkel het voordat hy met die dag se huiswerk sou wegspring Hy het in Riebeek-Wes-primêr en Schoonspruit-sekondêr opgang gemaak toe hy aan vertonings deelgeneem en sy talent met ander gedeel het “Hy het verlede jaar in die universiteit se koor gesing,” vertel sy trots “Ek het hom my babakind genoem Hy het lig aan almal gebring Chris was die sonskyn in ons huis ” Volgens Madjiet het sy ná die skoknuus nog nie juis tyd gehad om behoorlik te rus terwyl mense haar huis se drumpel van soggens tot saans met goeie bedoelings deurtrap nie “Almal het hom geken. Dit is die soort mens wat hy was ” Raynard de Jager, die hoof by Schoonspruit Sekondêr, beskryf Scheffers as gevolg van sy mooi persoonlikheid en talent as die mees spontane leerder wat hulle geken het “Hy het só ’n borrelde geaardheid gehad In die Covid-19-tydperk was hy die kind wat soggens die leerders saam met die onderwysers verwelkom het Op ’n tyd het hy ’n musiekboksie gehad en opgewekte liedjies gespeel om leerders se gemoedstoestand in die donker tyd te lig ”
De Jager sê hy wou almal gelukkig maak “Hy was ook die leier van die skool se jazz-orkes Die skool se jazzorkes het met die inwyding van die sportveld by die geleentheid opgetree Ná die tyd het ons hom spontaan oor die luidsprekers hoor sing Scheffers het sy kitaar gegryp en begin sing en die mense vermaak Hy het ’n positiewe invloed op almal gehad ” Sy dood is ook deur die universiteit as ’n groot verlies bestempel
Grant Leukes, die koshuishoof van Dagbreek, het Scheffers as ’n energieke jong man wat die afgelope twee jaar ’n belangrike rol in Dagbreek se sêr-groep gespeel het, beskryf “Hy was aktief by die koshuis betrokke Ons gaan hom
baie mis en dra ons opregte meegevoel aan sy familie oor ”
Sy familie is omstreeks 18:00 van sy dood ingelig nadat niemand Scheffers Vrydag gesien het nie Toe hy steeds die volgende dag vermis is, is die kampus sekuriteit ontbied om sy kamer
studente en personeel in,” het Martin Viljoen, ’n woordvoerder vir die US, vroeër verlede week gesê Viljoen het aan die Gazette gesê sy kamermaat het nog nie hierdie kwartaal in die koshuis gebly nie “Hy is ’n onderwysstudent wat tans sy prakties elders doen ” het
teit, wat geleidelik vererger Dit sluit hoë koors, erge hoofpyn, ’n stywe nek, braking, diarree of maagpyn in, sowel as pynlike gewrigte, koue hande en voete en aanvalle of slaperige gedrag in, wat in ’n koma kan verander ’n Rooi of pers uitslag wat nie verdwyn wanneer daarop gedruk word nie, kan ook een van die simptome wees, het die kampus se gesondheidsdienste uitgebrei
Breinvliesontsteking is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit meer algemeen gedurende die wintermaande voorkom Die meeste gevalle ontstaan sonder ’n duidelik identifiseerbare bron van kontak, verduidelik die gesondheidsdiens verder
Aangesien hierdie stam van breinvliesontsteking in omgewings met noue kontak kan versprei en as ernstig beskou word, werk die universiteit se kampusgesondheidsdiens nou saam met die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement om te verseker dat alle relevante prosedures en voorkomende maatreëls nagekom word “Dit is belangrik dat ons nie net die familie en vriende van Scheffers die nodige ruimte en tyd gee om die verlies te verwerk nie, maar ook dat die nodige prosedures afgehandel kan word,” het prof Richard Stevens, die waarnemende viserektor van Leer en Onderrig, gesê Volgens prof Stevens is hulle dankbaar vir die spoedige reaksie van ER24 en ander rolspelers soos die Suid-Afrikaanse Polisiediens tydens hierdie moeilike tyd Scheffers se roudiens vind môre (Woensdag 13 Augustus) om 19:00 by die VGK-gemeente in Riebeek-Wes plaas Die begrafnis is Saterdag 16 Augustus om 09:00
Chris Scheffers as student by die Universiteit Stellenbosch.
2025
SWARTLAND-KAPTEINE AAN DIE WOORD
Danielle Schwartz
Juriaan Schreuder
Martin Neethling
Eduan weer veilig
Charlotte Lesch
Eduan Kruger (40), ‘n voormalige inwoner van Malmesbury en oudleerder van Hoërskool Swartland, het hom in Julie in die konflikgeteisterde gebied op die grens van Thailand en Kambodja bevind Geweld tussen dié twee lande het op 24 Julie weer opgevlam te midde van ‘n jare lange dispuut oor die grens
Minstens 12 mense is op die dag dood
Eduan en ‘n kameraman, wat saam met hom uit Singapoer na Kambodja gereis het, was sowat 20km van waar die geweld uitgebreek het Hulle was vir werksdoeleindes na ‘n nabygeleë woud onderweg
Eduan is steeds in Kambodja by ‘n plaaslike distileringsaanleg, waarheen hy en die kameraman op 20 Julie gereis het Volgens sy pa, Rico Kruger van Malmesbury, was sy seun in daardie stadium onbewus van die situasie wat in die tussentyd vererger het. Spanning oor die grensgeskil, wat eeue gelede begin het, het glo in Mei weer opgevlam nadat ‘n soldaat van Kambodja in ‘n geveg dood is, berig die BBC ‘n Soldaat van Thailand het in Julie sy been in ‘n landmynontploffing verloor, wat Thailand aangespoor het om sy grensposte te sluit, Kambodja se ambassadeur te verjaag en sy eie terug te roep Dit het ‘n ooren-weer-geskietery deur [soldate
van] beide
lande ontketen
Volgens die NRP-nuuskannaal het Thailand beweer Kambodja met vuurpyle afgevuur terwyl Kambodja vir Thailand van lugaanvalle beskuldig het Thailand het 28 Julie ná vredesonderhandelinge op ‘n onmiddellike en onvoorwaardelike skietstilstand ooreengekom Dit het gevolg nadat minstens 35 mense oor die kort tydperk in gevegte dood is en meer as 300 hul huise moes verlaat, berig
The Gaurdian
Die gevegte het Maandag (28 Julie) nog voortgeduur - ure voordat onderhandelinge sou plaasvind
Eduan het met hul aankoms in Kambodja in ‘n videogreep op sosiale media vertel hoe die lughawe in Singapoer heeltemal leeg was, wat vreemd is vir daardie lughawe Volgens Rico het Eduan vertel hoe die plaaslike inwoners van Thailand met hul aankoms daar aangesê is om pad te gee “Hy sê hul lewens was nooit in gevaar nie, maar in sy WhatsApp-boodskappe aan ons het hy bang geklink,” voeg Kruger wel by Eduan het in ‘n boodskap verduidelik dat ‘n krygswet afgekondig is, wat duisende mense na veiliger dele laat vlug het Eduan-hulle was op 25 Julie 20km weg van die konflik op die grens naby ‘n lodge in Thailand en was die enigste mense buiten die eienaar wat daar was Kosvoorraad was wel ‘n probleem aangesien alle winkels
gesluit was ” Eduan woon en werk al 17 jaar lank in Amman, die hoofstad van Jordanië, vanwaar hy die handelsmerk Ensar Oud, ‘n eksklusiewe en duur parfuum, bestuur en hul produkte versprei Die parfuumonderneming waar hy werk, koop ‘n spesifieke boom, genaamd die Aquilaria, in die Ooste Dit kom onder meer in Thailand, Kambodja, Maleisië en Vietnam voor, verduidelik sy pa “Die bome is baie skaars,” voeg hy by Die hout word tot pulp verwerk en dan gedistilleer om ‘n olie te verkry wat baie geld werd is Volgens hom skei die boom ‘n swam af wat ‘n besonderse geur aan die boom se pulp en olie gee “Sy woorde was ‘hulle kan nie omdraai sonder die olie nie, dit is te veel werd’ ” Eduan verduidelik hulle was gedurende die konflik aan twee dele van die grens “Ons was eers by die “Koh Kong”-grensreg op die grens - net toe dinge begin het en voordat ons geweet het daarvan Ons was egter in Borai, omtrent 20 minute van die grens af, toe ons die nuus hoor ”
Die nuus van die geweld het soos ‘n veldbrand versprei terwyl alle inwoners op pad uit was “Ek dink hulle het aanbeveel dat almal binne 50km tot 80km van die grens af moet vlug ” Hy sê verder hulle het eers laat die aand van die krygswet, wat ingestel is, op pad na Borai
Eduan Kruger (40) saam met een van die personeellede in Kambodja by die distileringsfasiliteit
Eduan Kruger (40) in Singapoer kort voor hul vertrek na Kambodja
in hul motor uitgevind “Ons was [Maandag 28 Julie] in Trat op pad na Bangkok en net buite die gevaarsone toe die skietstilstand afgekondig is Daarna is ons Kambodja toe, maar nie via die grens soos ons aanvanklik beplan het nie ” Eduan het ná sy matriekjaar by HSS eers vir ‘n jaar in Engeland vertoef en daarna sy studies aan die Universiteit Stellenbosch begin “Eduan het van kleintyd al ‘n belangstelling in die piramides, Egipte en farao’s gehad Van sy eerste jaar op universiteit het hy private klasse in Arabies geneem ” Ná sy studies
in Stellenbosch het hy hom by ‘n Arabiese kollege in Yemen ingeskryf. Vandag praat, skryf en lees hy Arabies vlot, voeg Rico trots by Met sy verblyf daar was hy volgens sy ouers gedurig aan die konflik daar blootgestel Hy het op 1 Augustus weer ‘n video op Facebook geplaas waarin hy almal se ondersteuning en gebede vir hul veiligheid bedank het Hulle het op 5 Augustus veilig met die olie in Singapoer aangekom nadat hulle die vorige dag vanuit Kambodja vertrek het
groot
Die span het goud in die DCAS-toernooi in Desember gewen Sy speel skrumskakel wanneer sy haar sewesspan verteenwoordig, asook wanneer sy in die 15-spelerkode uitdraf
Megan het in Desember verlede jaar gehoor sy word as ‘n skakel in die nasionale Junior Raakrugbyspan vir 2025 opgeneem, terwyl sy vroeër vanjaar vir WCTA se Vroue Opespan in die seniorliga in Pretoria uitgedraf het Die span het ook ‘n brons medalje gewen Die Atlantic Youth Touch Cup-toernooi wat sy as ‘n groot leerervaring beskryf het, was haar eerste internasionale toernooi “Sy het geleer om nooit op te gee nie,” voeg haar ma trots by “Megan was baie aangedaan toe sy ons bedank vir die geleentheid wat ons haar gegee het. Dit was ‘n belewenis vir haar ” Haar span was in ‘n stadium 1-4 agter
teen Wallis toe hulle vir die bronsmedalje meegeding het Hulle het uiteindelik die wedstryd met 7-6 gewen Megan, wat graag eendag professionele rugby wil speel, droom daarvan om vir die 15-tal vrouerugbyspan uit te draf, hoewel sy sal voortgaan om raakrugby te speel
Mamre koel, kalm teen
DavidRossouw
Mamre het Saterdag (9Augustus) koel en kalm gebly in ’n harde stryd van die Boland-Grootuitdaagbeker-kompetisie in die Swartland-liga toe hy Saron gewys het jy moet jou kanse benut as dit jou kant toe kom en die belangrike wedstryd met 25-20 gewen het Saron is ná net drie minute deur Mamre onkant betrap en Edwill Okkers het geen fout gemaak nie en die bal suiwer deur die pale gejaag vir ’n vroeë voorsprong van 3-0 Saron het met ’n sterk skrum in sy 22m-gebied vorendag gekom en met ’n sterk aanval deur sy voor- en agterspelers meters gewen, maar swak afronding het die span gekniehalter toe die bal aangeslaan is ’n Geelkaart aan Mamre se Bradwin Prins het Saron ’n gulde geleentheid gegee en die besluit om ’n skrum teen die wind te kies, het van taktiese durf getuig Tog het Mamre die bal gesteel en Okkers het weer die verskil gemaak deur die lyn reguit te trek en sy agterlyn gevoer, wat Iwaan Bloys langs die pale afgerond het Okkers se doelskop was suksesvol en het Mamre laat 10-0 voorloop Skitterende agterlynspel is opgedis toe die opwinde Keaton Bam meters deur Mamre se verdediging gesny het voortdat sy spanmaat dit met ’n drie afgerond en die telling na 10-5 verander het Na ’n paar aanvalle aan beide kante deur die bal die praatwerk te laat doen, het Mamre weer gereageer toe hy ’n losbal in Saron se 22m-gebied oppik en Kirsten Adams ná
goeie spel wegstuur om onder die pale af te rond (17-5) ’n Strafskop deur Okkers het dit verder tot 20-5 geneem Saron se agterlyn het in die laaste kwart begin vlamvat en Re-John van der Ventel het met ’n sierlike duikbeweging agter die pale afgerond (20-12) Kort daarna het hulle weer Mamre se verdediging oopgekloof en langs die linkerpaal gaan druk (20-17) Die momentum het geswaai Maar Mamre het sy ervaring laat tel ’n Kliniese aanval het die telling tot 25-17 verhoog ’n Tweede geelkaart vir Mamre het Saron terug in die wedstryd gebring met ’n strafskop om die telling tot 25-20 te laat krimp
In die slotminute het Saron alles gegooi, maar twee strafskoppe is nie na die pale geneem nie, wat op die ou einde die verskil kon gemaak het Ook het Mamre vier lynstaanballe op kritieke oomblike afgeneem toe Saron op die aanval was “Ons kon die wedstryd beklink het, maar ons het nie ons kanse benut nie Ons kan net onsself blameer en niemand anders nie Dit was deel van God se plan, maar ons bly gefokus op ons droom vir 2025,” het hy gesê
Puntemakers vir Saron:
Drieë: Edjerin Salmon, Re-John van der Ventel en Ethan Albertus,
Doelskop: Ethan Albertus (1)
Strafdoel: Ethan Albertus (1)
Puntemakers vir Mamre:
Drieë: Iwaan Bloys, Kirsten Adams en Darren Jonkers