



![]()




’n Graanland en ’n vragmotor van Thys van Niekerk het Donderdag omstreeks 14:13 op sy plaas Oumuur in die omgewing van Koringberg aan die brand geslaan
Van Niekerk, wat op ’n kontrakbasis vir produsente koring vervoer, se vragmotor was op die landery geparkeer Die brand het in ’n koringland begin, hoewel die presiese oorsaak van die brand in hierdie stadium nog nie duidelik is nie
Willem Pretorius, wat die plaas huur,
sê behalwe vir die vragmotor het sowat 20ha van sy staankoring en 20ha se stoppelland afgebrand Sy buurman, Andries Serdyn, se plaas, Zanddrift, het ook brandskade opgedoen
Sowat ses produsente in die omgewing het onmiddellik reageer en met trekkers kom help Die brand is op die Koringberg-plaaswag se WhatsApp-groep geplaas, wat die Weskus-distrik se
’n Vragmotor van Afrisam het Maandag omstreeks 12:00 op die Piketbergweg-grondpad naby die plaas Tweefontein aan die brand geslaan.Brandweerdienste is na die toneel ontbied en het die brand so spoedig moontlik geblus Foto: Charlotte Lesch

brandweerdienste op hul beurt ontbied het Die brandweer het met twee brandweerwaens en nog ’n brandweervoertuig opgdaag, terwyl sowat 50 mense uiteindelik kom help het om die brand onder beheer te bring en te blus “Die staankoring met die sterk wind was maar ’n gemors,” voeg Pretorius by Die vragmotor het nie koring in gehad nie
In nog ’n voorval het ’n vragmotor wat aan die sementvervaardiger Afrisam behoort, verlede Maandag (3 November) omstreeks 12:00 uitgebrand Volgens Nthabeleng Nxiwa, H&I -konstruksiemaatskappy se beampte vir gesondheid, veiligheid en omgewing, het dié sementtrok op die grondpad in Piketbergweg aan die brand geslaan Geen beserings is aangemeld nie Die bestuurder het rook uit die instrumentpaneel gesien borrel ’n Elektriese kortsluiting blyk in hierdie stadium die oorsaak te wees





Charlotte Lesch
’n Positiewe geval van bek-en-klouseer (BKS) is verlede week op ’n eiendom in die omgewing van Gouda bevestig nadat ’n boer in die Vrystaat op 1 November simptome van dié siekte by sy kudde opgemerk en aangemeld het.
Die gebeure kom nadat die beeste onlangs vanuit die Gouda-omgewing na die betrokke plaas in die Vrystaat vervoer is. Veeartsenydienste is ontbied, wat die boer se plaas in kwarentyn geplaas het.
“Gedurende verdere ondersoek het veeartse mondletsels by die beeste opgemerk,” bevestig dr. Lesley van Helden, staatsveearts by die Wes-Kaap se departement van landbou.
Bek-en-klouseer is kort daarna in ’n laboratorium bevestig nadat monsters vir toetse gestuur is.
“Alle eiendom met gekloofde hoefdiere binne ’n 10 km radium van die uitbraak, is onder kwarentyn geplaas. Inspeksies en toesig word tans op die betrokke plase uitgevoer, voeg sy by. Twee addisionele eiendomme in Velddrif en Bredasdorp wat kuddes na die betrokke eiendom in Gouda gestuur het, is intussen ook onder kwarentyn geplaas en word ondersoek. Alle plase wat onlangs in kontak met die betrokke vee-vervoermaatskappy was, word ook opgevolg. Agri Wes-Kaap en die Rooivleis Produsente-organisasie (RPO) Wes-Kaap bevestig dat daar ’n omvattende operasionele plan saamgestel is in samewerking met die Wes-Kaapse departement van landbouveeartseny (DWLK) om die huidige bek- en-klouseer situasie (BKS) in die Gouda-area te bestuur.
Die plan fokus op die beheer, monitering en voorkoming van verdere verspreiding van die siekte, met spesifieke aandag aan die gebied rondom Gouda, waar ’n uitbraak van bek- en-klouseer bevestig is.
“Agri Wes-Kaap en alle rolspelers besef die risiko wat die verspreiding van dié siekte nie net vir die rooivleisbedryf inhou nie, maar ook die hele Wes-Kaapse landbousektor,” het die organisasie Vrydag (7 November) in ’n verklaring bevestig. “. Die bewegingsbeheerplan is spesifiek dien georganiseerde rolspelers beperk, definieer likhede
saamgestel die vennootskap bou ’n van handhawing vlak.” die klouseer

Foto ter illustrasie: ‘n Plaas in die Gouda-omgewing is positief vir bek-en-klouseer geïdentifiseer, terwyl nog twee plase in die Wes-Kaap in kwarentyn geplaas is.
rooivleisdbedryf, maar met dissipline, samewerking en deursigtigheid kan ons die impak daarvan beperk en uiteindelik die siekte uitroei.”
’n Versoek is aan alle rolspelers in die rooivleisbedryf gerig om nie diere van BKS-besmette gebiede of plekke onder bewegingsbeheer te koop of te vervoer nie. “Dit is riskant om diere op ’n veiling buite die Wes-Kaap provinsie te koop.
“Koop slegs by veilings wat aan APAC se voorskrifte voldoen,” vra die RPO. Ander voorsorgmaatreëls sluit in die was en ontsmetting van voertuie wat diere vervoer nadat diere afgelaai is en voordat ander weer opgelaai word Die prosedure sluit ’n sertifikaat in, wat die datum, tyd en ontsmettingsmiddel wat gebruik is, aandui en te alle tye dié voertuie vergesel “Voermateriaal wat diere vergesel, moet vernietig word. Verkry ’n gesondheidsertifikaat deur ’n private veearts van diere wat aangekoop word –veral diere wat buite die Wes-Kaap aangekoop is.”
’n Ernstige beroep word op betrokke rolspelers binne die bedryf gedoen om enige BKS-gevalle summier by hul naaste staatsveearts aan te meld. Die Wes-Kaapse Bek-en-klouseer-werkgroep het die afgelope Vrydag (7 November) vergader om te verseker die korrekte en verwante inligting word versprei.
AWK en RPOWK het reeds ’n naspeurbaarheidsplatform in die Wes-Kaap opgestel, wat enige veeprodusent kan

CharlotteLesch
Baie buitelanders wat op plase in die omgewing van die Swartland werk, is op Donderdag (6 November) en Vrydag (7 November) deur lede van die politieke party Operation Dudula voorgekeer om te probeer verhoed dat hulle gaan werk
Sommige produsente het Donderdagoggend gesukkel om hul werkers in Wesbank op te laai terwyl van die voertuie se sleutels Vrydagoggend deur dié lede by die betrokke motorbestuurders, wat die werkers na die onderskeie plase waar hulle werk, moes vervoer, afgeneem is Die oproer het naby die Wesbank-gesondheidskliniek plaasgevind waar werkers op hul vervoer gestaan en wag het Volgens die plaaslike polisiewoordvoerder sers Henry du Randt is die party
ontevrede oor sogenaamde buitelanders wat na bewering in die meerderheid deur Suid-Afrikaners in diens geneem word terwyl Suid-Afrikaanse burgers sonder werk sit. Die groep lede het Vrydag (7 November) met die plaaslike polisie vergader, wat op hul beurt die wetlike aspek van hulle optrede aan die lede oorgedra het, voeg DuRandt by Volgens die polisie was geen geweld betrokke nie “Geen strafsake van intimidasie of aanranding is tot dusver aangemeld nie,” het Du Randt gesê Produsente is Vrydagoggend vroeg deur ’n lid van Agri Malmesbury in kennis gestel en gevra om hul werkers op ’n veiliger plek op te laai nadat lede van Operation Dudula weer na dieselfde plek naby die kliniek opgeruk het om buitelanders voor te keer Talle inwoners het op sosiale media teen die optrede van die party uitgevaar, terwyl baie mense met hul optrede saamgestem het




Olympique se ‘Oscar Monde’ wen
Die nuus is Dinsdag (4 November) deur die Franse publikasie bekend gemaak nadat lesers vir Du Toit gestem het Hy volg in die voetspore van Cheslin Kolbe, wat in 2019 die wenner was, met Bakkies Botha en Victor Matfield wat die gesamentlike wenners in 2009 was Voormalige wenners sluit in Dan Carter (twee keer), Thierry Dusautoir, Richie McCaw en Leigh Halfpenny, om net ’n paar te noem
Die Springbokke het die afgelope naweek die Franse behoorlik op hul tuisveld by die Stade de France met ’n eindtelling van 32-17 geklop in die eerste kragmeting sedert daardie naelbytstryd van 15 Oktober 2023

AfriForum se Paarl-tak het onlangs ’n inligtingsaand aangebied waartydens Firearms Guardian, die versekeringsfonds vir gelisensieerde vuurwapeneienaars, broodnodige inligting oor die wettige hantering van vuurwapens met AfriForum se lede en die breër publiek gedeel het.
Onder leiding van Ian Cameron, ’n DA-LP en die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, het drie leidende stemme uit die vuurwapengemeenskap, naamlik Gideon Joubert (Firearms Guardian), Henk Nolte (Firearms Guardian) en Damian Enslin (South African Gunowner’s Association) bestaande en toekomstige vuurwapeneienaars ingelig oor wanneer ’n vuurwapen gebruik mag word, hoe om op te tree as jy iemand in noodweer geskiet het en die regsaspekte en kultuur van verantwoordelike vuurwapenhantering. “AfriForum het hierdie aand gereël om
ons lede en gemeenskap met die regte kennis oor vuurwapenbesit en verdediging toe te rus,” het Rudi Spamers, die bedryfsleier vir AfriForum se Paarlbuurtwag, gesê “ ’n Gereguleerde en verantwoordelike benadering tot vuurwapens red lewens. Dit gaan nie net oor selfverdediging nie, maar oor dissipline, voorbereiding en veiligheid. Firearms Guardian se insette het AfriForum se Paarl-buurtwag gewis versterk en ek glo dit sal ’n blywende impak hê op hoe ons as gemeenskap veiligheid benader.” Hierdie geleentheid het die grondslag geskep vir ’n kultuur van verantwoordelike vuurwapenhantering én die gedeelde doelwit vir ’n veiliger en meer ingeligte vuurwapengemeenskap beaam
Die insiggewende geleentheid is in samewerking met Grey Man Operations, NARFO, Natshoot, CANiK Africa, Kaapjag, Burre Burger, Saai, Fidelity ADT en CHS Gun & Ammunition aangebied.

KENNISGEWING 43/2025/2026
VOORGESTELDE HERSONERING EN AFWYKING
VAN ONTWIKKELINGSPARAMETERS OP ERF 5184, MALMESBURY
Aansoeker: DenRicConstruc�on&Design,Suikerbosstraat15, Malmesbury,7300.Telno.0848996980
Eienaar: MMWagenstroom,Alfastraat130,Wesbank,Malmesbury,7300 Telno.0848996980
Verwysingsnommer: 15/3/3-8/Erf_5184 15/3/4-8/Erf_5184
Eiendomsbeskrywing: Erf5184,Malmesbury
FisieseAdres: Alfastraat130,Malmesbury
Volledigebeskrywingvanaansoek:
Die aansoek om hersonering van erf 5184, Malmesbury, ingevolge ar kel 25(2)(a) van Swartland Munisipaliteit: Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die voorstel is dat erf 5184 (groot 353m²) hersoneer word vanaf Residensiële sone 2 na Sakesone2teneindediebestaandewinkeltewe g.
Die aansoek om afwyking van ontwikkelingsparameters op erf 5184, Malmesbury, ingevolge ar kel 25(2)(b) van Swartland Munisipaliteit: Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226van25Maart2020),isontvang.Dieafwykingsbehelsdievolgende: •Afwykingvandie3msyboulyn(oostelikegrens)na0m; •Afwykingvandie3msyboulyn(westelikegrens)na2m •Afwykingvandievereiste4op-perseelparkeerplekkena1parkeerplektenopsigtevandiewinkel; Kennis word hiermee gegee ingevolge ar kel 55(1) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake MunisipaleGrondgebruikbeplanningdatbogenoemdeaansoekontvangisenbeskikbaarisvirinspeksie vanaf Maandag tot Donderdag tussen 08:00-13:00 en 13:45 - 17:00 en Vrydag 08:00-13:00 en 13:4515:45 by Departement Ontwikkelingsbestuur, kantoor van die Senior Bestuurder : Ontwikkelingsbestuur, Munisipale Kantoor, Kerkstraat, Malmesbury Enige skri�elike kommentaar hetsy ‘n beswaar of ondersteuning kan ingevolge ar kel 60 van genoemde wetgewing aan Die Munisipale Bestuurder, Privaatsak X52, Malmesbury, 7299/Faks – 022-487 9440/e-pos –swartlandmun@swartland.org.za gestuur word voor of op 23 Januarie 2026 om 17:00. Die kommentaarmoetassebliefunaam,adresenkontakbesonderhedeasookdievoorkeurwysewaarop daar met u gekommunikeer moet word aandui, sowel as u belang by die aansoek asook redes vir u kommentaar Telefoniese navrae kan gerig word aan die stadsbeplanningsafdeling (Alwyn Burger, Herman Olivier en Annelie de Jager) by 022-487 9400. Die Munisipaliteit mag kommentaar wat na die slui ngsdatum ontvang word weier Persone wat nie kan skryf nie sal deur ‘n munisipale amptenaar bygestaanwordomhullekommentaaropskriftestel
JJSCHOLTZ

Enrico Claassen
’n Negentienjarige onderwysstudent van DeDoorns se lewe is op die vooraand van die 16 Dae van Aktivisme-veldtog vir Geen Geweld teenoor Vroue en Kinders wreed kortgekni toe ’n nabye vriend haar na bewering met ’n elektriese koord doodgemartel het.
Die oorledene is Jamie-Lee de Bruyn van die Ghost Towninformele nedersetting in Stofland, De Doorns. Sy was ten tyde van haar dood ’n eerstejaarstudent aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van tegnologie (KSUT)

vriendskap te beëindig. ens De Bruyn het ’n stryery tussen Jamie-Lee en die vriend ek, waarna hy hulle twee in ’n kamer toegesluit het. Volgens hom het die vriend volgende oggend glo aan ’n familielid van hom gesê Jamie-Lee “beweeg niks nie” De Bruyn sê ’n tweede familielid het ook kom ondersoek instel en gesê Jamie-Lee slaap. Hy sê die huismense het die ambulans omstreeks tienuur ontbied omdat Jamie-Lee nie wakker geword het nie. Volgens De Bruyn het paramedici sy susterskind op die toneel dood verklaar na
MunisipaleKantoor
Kerkstraat1 MunisipaleBestuurder
MALMESBURY
7300
14November2025



JanaScheepers
Susana de Villiers (70), die Wellingtonse oumagrootjie wat in 2021 met haar drie agterkleinkinders by die Bainskloofpas afgery het, het Dinsdag (4 November) in die streekshof in Worcester verskyn, waar sy die getuiebank ingeneem het
Sy het uitgebrei oor haar moeilike grootwordjare asook dié van haar agterkleinkinders
De Villiers het in Maart vanjaar skuldig gepleit op die moord op haar drie agterkleinkinders – Caleb (8), Gradwille (5), en Joshua (18 maande) Booysen
o o s r a g ’ k w h m P d n r i s h h t h d t s
De Villiers het tereggestaan


Twee oud-Swartlanders het onlangs – op Woensdag 29 Oktober – in Krieket SuidAfrika se provinsiale T20-wedstryd in Oudtshoorn saam as skeidsregters opgetree Die span van Garden Route Badgers het die loot gewen en gekies om teen die Oos-Kaapse Iinyathi-span eerste te kolf Hoewel die spelers beïndruk was dat Marais Erasmus, ’n befaamde internasionale skeidsregter, hul wedstryd sou help beslis, was sommiges onbewus daarvan dat hul twee skeidsregters mekaar 20 jaar gelede in ’n ander mileu leer ken het. Erasmus was Wilhelm Nell se onderwyser in Laerskool Swartland op Malmesbury.
Erasmus het later uit die onderwys bedank om sy loopbaan as internasionale krieketskeidsregter voort te sit

Hy het in 398 hoëprofiel- internasionale wedstryde vir die internasionale krieketraad (IKR) opgetree en is drie keer as die beste internasionale skeidsregter van die jaar aangewys Nadat Erasmus verlede jaar uit die internasionale krieketdomein getree het, het hy en sy gesin uit Malmesbury na Hermanus verhuis Hy werk tans saam met Krieket Suid-Afrika (KSA) as mentor vir opkomende skeidsregters Wilhelm Nell het hom ná sy skool- en universiteitstudies as krieketskeidsregter bekwaam en dien as skeidsregter vir KSA se Divisie 2 Hy woon in Durbanville •Die Iinyathi-span het die Badgers verlede Woensdag met ses paaltjies geklop



Die leerlingraad van die Laerskool Swartland vir 2026 is gedurende die Prestigeaand bekend gemaak. Agter van links: Henko Swanepoel, Daniel Theart, Robbie Eksteen, Johannes Kriek, Danté Dudley, JJ Claassen, De Wet Bothma (hoofseun), Matthew Bezuidenhout, Everd Fouche, Simon Carstens, Wilhelm Sadie en Joshua Cloete Voor: Emily Stoffberg, Madri Zeeman, Ann Dreyer, Dia van Tonder, Lily Willers, Liné Booysen, Celia Frick (hoofmeisie), Cari Nelson, Annie Willers, Mali van Wyk, Stefnay Leander en Layla-Mae Liedeman

Dian Visagie (gr. 7) is as die Sportman van die Jaar 2025 aangewys en blink uit as die mees veelsydige seun op die gebied van sport in skoolsporte vir 2025
KENNISGEWING 44/2025/2026
VOORGESTELDE SLUITING VAN ’N OPENBARE
PLEK EN HERSONERING VAN ERF 4052, DARLING
Aansoeker: CKRumboll&Vennote,Posbus211,Malmesbury,7299
Telno.022-4821845
Eienaar: SwartlandMunisipaliteit,PrivaatsakX52,Malmesbury,7299
Telno.022-4879400
Verwysingsnommer: 15/3/3-3/Erf_4052 15/3/7-3/Erf_4052
Eiendomsbeskrywing: Erf4052
FisieseAdres: H/vCimbidium-enBloekomboomlaan,Darling
Volledigebeskrywingvanaansoek:
Die aansoek om slui ng van ’n openbare plek op erf 4052, Darling, ingevolge ar kel 25(2)(n) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die voorstel is dat erf 4052 (groot 9210m²) gesluit word as ’n publieke oopruimte.
Die aansoek om hersonering van erf 4052, Darling, ingevolge ar kel 25(2)(a) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die voorstel is dat erf 4052 (groot 9210m²) hersoneer word vanaf Oopruimtesone 2 na Gemeenskapsone3teneindedieperseelaantewendvirinrig ngsdoeleindes(gemeenskapfasiliteite). Kennis word hiermee gegee ingevolge ar kel 55(1) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake MunisipaleGrondgebruikbeplanningdatbogenoemdeaansoekontvangisenbeskikbaarisvirinspeksie vanaf Maandag tot Donderdag tussen 08:00-13:00 en 13:45 - 17:00 en Vrydag 08:00-13:00 en 13:4515:45 by Departement Ontwikkelingsbestuur, kantoor van die Senior Bestuurder : Ontwikkelingsbestuur, Munisipale Kantoor, Kerkstraat, Malmesbury Enige skri�elike kommentaar hetsy ‘n beswaar of ondersteuning kan ingevolge ar kel 60 van genoemde wetgewing aan Die Munisipale Bestuurder, Privaatsak X52, Malmesbury, 7299/Faks – 022-487 9440/e-pos –swartlandmun@swartland.org.za gestuur word voor of op 23 Januarie 2026 om 17:00. Die kommentaarmoetassebliefunaam,adresenkontakbesonderhedeasookdievoorkeurwysewaarop daar met u gekommunikeer moet word aandui, sowel as u belang by die aansoek asook redes vir u kommentaar Telefoniese navrae kan gerig word aan die stadsbeplanningsafdeling (Alwyn Burger Herman Olivier en Annelie de Jager) by 022-487 9400. Die Munisipaliteit mag kommentaar wat na die slui ngsdatum ontvang word weier Persone wat nie kan skryf nie sal deur ‘n munisipale amptenaar bygestaanwordomhullekommentaaropskriftestel
MunisipaleKantoor

JJSCHOLTZ
Kerkstraat1 MunisipaleBestuurder
MALMESBURY
7300 14November2025





4)het’nwiselltrofeevirhaaruitsonderlikeprestasieopkultuurgebiedontvang










Theincumbentwillberespons bleforallelectricalmaintenancefunctionsandtasks
Minimumrequirements
•MinimumN3orequivalentelectricalqualification.
•AccreditedTradeTestCertificate(“RedSeal”)asElectrician
ElectricalInstallation(“Wireman`s”)licensewillbeanadvantage.
• 3 – 5 years applicable, post trade test, experience in maintenance within a manufacturing workenvironment.
FullybilingualinEnglishandAfrikaanswithgoodcommunicationskills.
•Mustbeabletoworkovertime(planned&unplanned)andperformstandby/calloutduties
•HoldavalidSouthAfricandriver`slicense.
Meetthephysicalrequirementsoftheposition.
•Energetic timeconsciousandresultsdriven,highlyself-disciplined,deliverqualitywork.



David Rossouw
Nadat Roses United hul eerste nederlaag van die seisoen op verrassende wyse teen Botrivier gely het, het die span hul fokus verskuif na hul laaste wedstryd van die Sanlam-Boland-Top-12-reeks teen Wesbank, wat die afgelope Saterdag (8 November) op die Wesbank-sportterrein beslis is.
Die wedstryd is in versengende hitte in Malmesbury gespeel.
Roses het ’n strafskop in die eerste minuut gekry en kantlyn toe geskop en daarna met ’n rolmaalbeweging begin vanaf ’n lynstaan wat hulle gewen het. Roses het eerste bloed geproe toe hul kaptein, El-shaun Davids, gedruk het. Xavier Solomon se doelskop was in die kol en die telling was 7-0 in Roses se guns. Roses het met nog twee drieë geantwoord toe Chantler Davids en André Manuel gaan druk het. Solomon was weer in die kol met sy skoppe en die telling het tot 21-0 gestyg
Sherwin Cupido van Wes-
bank het in die 20ste minuut ’n geelkaart ontvang nadat hy ’n Roses-speler van die verkeerde kant af gespeel het, wat hom 10 minute laat afkoel het. Met ’n speler kort het Wesbank steeds daarin geslaag om punte op die telbord te plaas toe Jaydon Boltney hul eerste drie in die 24ste minuut gedruk het. Dashton Wellman se doelskop was mis en Wesbank was 21-5 agter. Roses het egter voor rustyd nog twee drieë gaan druk, wat ook hul bonusdrie ingesluit en die voorsprong tot 28 punte vergroot het – met die telling nou 33-5. In die tweede helfte het Wesbank aansienlik beter gevaar en Roses vir groot dele van die tweede helfte onder druk geplaas. Ralton du Toit, Romeal Swartz en Mihle Nelani (2) het vier drieë vir Wesbank gedruk. Hoewel Wesbank vier drieë in die tweede helfte aangeteken het, was die agterstand te groot om in te haal. Roses kon slegs agt punte by hul totaal van 33 voeg, maar dit was genoeg om die wedstryd te beklink om tweede op die punteleer te eindig. Die uitslag was ook genoeg om hulle vir die
halfeindstryd teen Robertson op Saterdag 15 November op die Boland Stadion in Wellington te laat kwalifiseer Vir Abbotsdale Lillies, die ander Swartland-span, het dinge nie volgens verwagtinge verloop nie. Hulle is ’n tweede agtereenvolgende week met ’n 50 gelooi deur Safcol United Vir Denna Koopman en sy span was die 2025-Sanlam-Boland-Top-12 ’n teleurstelling aangesien hulle nie aan die verwagtinge voldoen het nie. Nietemin kan hulle die ervaring wat hulle opgedoen het, gebruik om volgende jaar sterker terug te keer •Die Top 12-reeks het weer eens bewys dat alles oor geleenthede gaan en jy dit moet aangryp, want daar is nie weer ’n tweede kans nie. Met die semi-finaliste nou bevestig, kan ondersteuners uitsien na ’n opwindende afsluiting van die Boland-rugbyunie se seisoen, die Sanlam-Boland-Super 8, -10 en -16 en die Top-12. Wedstrydbepalings vir Saterdag (15 November): Robertson Town teen Roses United en Villagers Worcester teen Saldanhabaai