






![]()







Kailin Daniels
Two people were killed on Sunday afternoon (30 November) when a Sling 2 aircraft crashed shortly after take-off from Morningstar Airfield near Vissershok in Cape Town The South African Civil Aviation Authority’s Accidents and Incidents Investigations Division (AIID) has confirmed it has launched a full investigation into the fatal accident
According to the AIID, the aircraft departed at approximately 11:00 with a flight instructor and a private licence holder on board Moments later, it
crashed, leaving both occupants fatally injured and the aircraft substantially damaged
At the time of publication, police had not yet released the names of the deceased, pending formal notification of their families
EMERGENCY SERVICES RUSH TO SCENE
Police spokesperson Capt FC Van Wyk confirmed that emergency services responded swiftly to the scene
“This office can confirm a fatal aircraft crash on Sunday, at about 12:40 at Vissershok airfield, Philadelphia The two occupants died due to injuries sustained,” he said Philadelphia police have since regis-
tered an inquest case, which will run alongside the aviation investigation
MOTORISTS DESCRIBE SHOCK
Neville du Plessis, a motorist driving on the N7 towards Cape Town told TygerBurger: “I was driving past the Morningstar area when I saw smoke rising and emergency vehicles rushing in
At first, I thought it was a veld fire, but when I realised it was an aircraft down, my heart sank It’s devastating to know that two people lost their lives My thoughts are with their families.”
Motorist Angie Human said she was a few cars behind when traffic
slowed near Vissershok "We could see responders working urgently in the distance Even without knowing the details, you could feel something serious had happened Hearing now that both occupants died is truly heartbreaking It’s a sad day for the aviation community and for everyone who passed by ” AIID investigators were dispatched to the site, and a preliminary report is expected to be published within 30 days on the SACAA website
The division has extended its condolences to the families and friends of the deceased Kailin Daniels is a journalist for TygerBurger, sister publication to Swartland Gazette




Die nuutste verwikkeling rakende die bek-en-klouseer-uitbreking op die geïndekseerde plaas in Gouda dui op nóg beeste gevind wat nie teen die hoogs aansteeklike virussiekte ingeënt is nie Dít het ’n regstreekse invloed op die kwarantynperiode, kliniese inspeksies en die verdere hantering van die uitbreking
Só sê Agri Wes-Kaap (AWK) en die Rooivleis Produsente-organisasie, WesKaap (RPOWK), in hul jongste persverklaring hieroor.
Nóg diere is op 25 November op die indeksplaas ingeënt, wat dus die nuwe datum van waar die twee weke kliniese waarnemingsperiode getel sal word en die kwarentyntydperk met ’n verdere 28 dae sal verleng Verdere ondersoek toon egter steeds daar was geen verdere verspreiding van die siekte vanaf die indeksplaas nie “Alle inspeksies en ondersoeke toon dat die uitbreking steeds tot slegs die indeksplaas beperk is Hoewel die dag-0-datum aangeskuif het, is dit bemoedigend dat die beheermaatreëls doeltreffend is om die uitbreking te beperk,” verduidelik die organisasies
Die departement van landbou se veeartsenydienste is steeds besig om ’n abattoir vir die beheerde slagting van diere te oorweeg Daar moet verseker word dat die geïdentifiseerde abattoir aan alle vereistes voldoen voordat goedkeuring verleen kan word om die abattoir vir beheerde slagtings te akkrediteer
Verdere stappe sal met die Rooivleisabattoirvereniging en die departement gekoördineer word
Ten spyte van hierdie verwikkeling is dit belangrik om te beklemtoon die kwarantyngebied rondom die geïndekseerde plaas, alle bewegingsbeperkings, biosekerheidprotokolle en steun van wetstoepassing kontrolepunte onveranderd en in plek bly en streng toegepas sal word totdat die situasie
normaliseer het
“Ons standpunt is deursigtigheid, beheer en beskerming van die Wes-Kaap se veesektor,” sê Agri-Wes-Kaap se Louis Wessels
“AWK en RPOWK bly volledig verbind tot die veilige bekamping van bek-en-klouseer in die provinsie Hierdie voorval is ernstig en ons is ook bedag oor die feestyd wat op hande is, maar die optrede van die veeartsenykundespan en die aanpassings op die plaas verseker dat alle diere nou in die formele moniteringsiklus is, die siekte nie onopgemerk versprei nie en die integriteit van die Wes-Kaap se rooivleisbedryf beskerm word
“Ons sal voortgaan om saam met die departement van landbou, wetstoepassingsinstansies en die bedryf te werk om die uitbreking te beperk en te beheer totdat dit opgelos is ”
Die RPO het verlede week die aankondiging deur die minister van landbou, John Steenhuizen – dat die hele land se spleethoewige plaasdiere en wild teen beken-klouseer ingeënt sal word – verwelkom Volgens die organisasie is die grootste probleem met bek-en-klouseer vir primêre ekstensiewe veeprodusente nie die siekte self nie, maar die ekonomiese gevolge wat daarmee gepaardgaan
“Die virus het ’n beduidende impak op die res van die rooivleiswaardeketting, aangesien voerkrale vir lang tydperke in kwarantyn moet bly, wat markbottelnekke skep en prysontwrigtings veroorsaak Die bedryf as geheel word deur hierdie krisis verlam en het derhalwe ’n dringende oplossing nodig,” lui ’n verklaring uitgereik deur die organisasie op nasionale vlak
“Hierdie aksieplan beteken dat speenkalfprodusente marktoegang sal herwin, voerkrale sal hul bedrywighede hervat en ons kan terugkeer na ’n normale vloei van produkte in die rooivleiswaardeketting ”

Emergency crews responded to a crash yesterday morning at 11:15 (Sunday 30 November) when a vehicle left the roadway on the N7 and landed on the R45 Hopefield Road near Malmesbury. One person, later identified as Sibalele Makhanda from Moorreesburg died at the scene, and an investigation has been launched to determine the cause of the accident. Makhanda (age unknown) presumably lost control over his vehicle
West Coast Medical Rescue was the first to come across the scene and immediately called for assistance. Metro EMS arrived quickly and provided critical on-site treatment. “Our crews assisted on scene stabilizing the injured before
they were taken to a nearby hospital for further care,” said a Metro EMS spokesperson. Unfortunately, one patient succumbed to their injuries at the scene.
Arrive Alive said: “Our crews assisted on scene stabilising the injured before they were taken to a nearby hospital for further care Great teamwork displayed on scene. Thank you to Metro EMS.” The two passangers, sustained serious injuries, police spokesperson Capt Tania Helfrich added. Authorities are investigating the cause of the crash.
- Kailin Daniels, journalist for Tygerburger, sister publication to
















Sarie Nell
Ná 41 jaar as huisarts het dr Steyn Neethling sy kantoordeur in Tuinstraat toegetrek. Toe hy sy private praktyk in Januarie 1985 in Malmesbury geopen het, het hy reeds vier jaar medies agter die rug gehad: Eerstens in die weermag plus twee jaar van chirurgie in Gqeberha se Livingstone-hospitaal.
“In Malmesbury was my eerste kollegas drs. Alec Louw en Pierre Vermeulen – daar waar Binnelandse Sake nou is Huisartse het alle ná-uurse werk in die hospitaal gedoen; ek en drs. Koos Wahl en Richard Davids het baie ure daar saamgewerk “Ek het geweldig baie by kollegas en spesialiste oor die toepassing van boekekennis geleer. Ek was nooit skaam om te sê as ek nie weet nie, maar dat ek sal verwys na iemand wat wel weet!”
OWill die Christelike (CPM) wanneer sluit. ders ber) aangebied, waartydens het. die het idsboodskap gedurende ouer 1999 voel maar skool
Huis- en plaasbesoeke was destyds nog tradisie “In ’n era sonder selfone, bly ’n mens saans en naweke eerder tuis wanneer jy aan diens is – jy moet die foon oppas Selfs as jy slaap, bly jy heelnag waaksaam, want die foon gaan dalk lui.
Dáárdie verantwoordelikheid het eers 40 jaar later van my skouers gelig toe Crestcare-hospitaal verlede jaar oopgemaak het.
“In 41 jaar op Malmesbury was daar net een keer toe ek of ’n kollega nie heelweek vir 24 uur per dag beskikbaar was nie; daardie vyf dae toe al drie van ons siek was weens Covid-19.”
Hy het bekommernisse oor pasiënte saamgedra huis toe: “Ek was soms meer onrustig oor ’n pasiënt as daardie persoon self!”
Terwyl dr. Neethling en sy vrou, Marthelé, se twee tweelinge deur die plaaslike skole ontwikkel en groei, was daar vele aanpassings in sy werksomgewing – nuwe dispenseringmaatreëls, die
jaar toe die Swartland-hospitaal gebrand het, die pandemie en tye toe hy en sy kollegas nog bevallings in die Swartland-hospitaal hanteer het. “Die geboortes was baie spesiaal; saam met die baba leer jy die hele gesin ken.”
Deesdae werk elke Neethlingspruit in ’n mediese rigting: Karin as fisioterapeut en Pieter, Gys en Manya as dokters Manya se New Now Aesthetics is ook in Malmesbury geleë.
Dr. Neethling se afskeidswoorde is bondig: “Hier in my kantoor is baie vriendskappe gebou en later voel jou pasiënte soos familie. Ek waardeer die gemeenskap se ondersteuning deur die jare.”
Die egpaar wil in Malmesbury aanbly en sien uit na hierdie nuwe era in hul lewe. Nadat hy dikwels sy kinders se interskole en ander belangrike geleenthede moes misloop, beoog hy om nou meer tyd met hul kleinkinders deur te bring en groter klem op sy boerdery te lê Dr


W b




MALMESBURY-TAKKE
Bokomoweg 30, Malmesbury Tel: 022 482 1511
Tuinstraat 6, Malmesbury Tel: 022 487 1301




Rasaad Adams
’n Familie op ’n plaas sowat 8 km buite Saron tel nog die stukke op en sê hulle sukkel om tot verhaal te kom nadat hul plaashuis verlede Sondag (23 November) in vlamme vernietig is, wat die lewe van twee kleuters geëis het
Jade Faroa (3) en sy niggie Lenicia Beukes (1) was volgens hul ouma Jacoba Links ten tyde van die brand in die plaashuis se badkamer vasgekeer Links, wat Maandag (24 November) nog weens die brand blase op haar vingers gehad het, vertel die brand het laat Sondagmiddag in een van die slaapkamers begin terwyl sy voor die familie se woning op die plaas D G Perold-boerdery gesit het
“Ons weet steeds nie hoe dit begin het nie My dogter, wie se meisiekind doodgebrand het, en haar vriendin het in die sitkamer gesit en TV kyk
“Toe hulle twee besef iets brand in die kamer, was die vlamme al hoog Die kinders se oupa [Thomas Links] het op die bed onder die venster gelê en slaap
“Ons kon hom darem betyds wakker maak Die twee kleintjies was in die badkamer Die vlamme en rook was so erg dat ons nie by hulle kon uitkom nie
“Ons het hulpeloos gevoel Ons het water probeer gooi, maar dit het nie gehelp nie,” het Links met trane in haar oë vertel toe Paarl Post verlede Maandag die plaashuis op die Halfmanshofpad buite Saron besoek het
Volgens Links is klein Lenicia se pa,


Rhonwin Beukes, verlede Sondag in die Tygerberg-hospitaal opgeneem nadat hy beseer is toe hy ook by die twee kleuters probeer uitkom het
Links het nie uitgewei of Beukes vir brandwonde of rookinaseming behandel word nie, maar het wel genoem dat hy in die waakeenheid van die Tygerberg-hospitaal behandel word.
Sy sê die familie het alles in die brand verloor
Konst Ndakhe Gwala, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, het by navraag bevestig dat die Porterville-polisie, in wie se gebied die plaas val, ’n geregtelike doodsondersoek geopen het
“Volgens inligting was twee kinders, die een drie en die ander een jaar oud, agter ’n matras in ’n brandende vertrek vasgekeer
“Die nooddienste is na die toneel ontbied en albei kinders is dood verklaar
“Die omstandighede rakende die voorval word ondersoek,” het Gwala gesê


Dit is weer daardie tyd van die jaar en die Paarlse Feesmark is in volle swang Dié jaarlikse feesmark het verlede Maandag (24 November) begin en duur nog tot hierdie Saterdag (6 Desember) Volgens
Margie du Plessis, die feesorganiseerder, bied die mark vanjaar 170 stalletjies met ’n verskeidenheid produkte te koop Dit sluit in houtgoed, juwele, klere, beskuit en selfs speelgoed vir die kleintjies Die feesmark sal deur die week van 09:30 tot 19:30 oop wees en Saterdag van 09:00 tot 15:00 Foto: Chantélle Hartebeest
Rasaad Adams
’n Dominee en boorling van Saron en wat in 2013 daarvan beskuldig is dat hy ’n minderjarige meisie tydens ’n kerk-jeugkamp seksueel mishandel het, is nie net vrygespreek van die bewerings en strafregtelike aanklagte nie, maar spog nou ook met ’n regsgraad wat hy verlede maand aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) verwerf het.
NOTICE 54/2025/2026
PROPOSED REZONING ON ERF 14204, MALMESBURY
Applicant: CKRumboll&Partners,POBox211,Malmesbury,7299 Telnr 022-4821845
Owner: STwane&WBooi-Twane,ArendStreet8923, Malmesbury,7300 Telnr 0810180060
Referencenumber: 15/3/3-8/Erf 14204
Propertydescription: Erf14204,Malmesbury
Physicaladdress: 8923ArendStreet,Malmesbury
Detaileddescriptionofproposal:
An application for rezoning of erf 14204, Malmesbury in terms of section 25(2)(a) of Swartland Municipality : Municipal Land Use Planning By-Law (PG 8226 of 25 March 2020) has been received It is proposed that erf 14204 (440m² in extent) be rezoned from Residential Zone 4 to ResidentialZone2
Notice is hereby given in terms of section 55(1) of the By-law on Municipal Land Use Planning that the abovementioned application has been received and is available for inspection from MondaytoThursdaybetween08:00-13:00and13:45-17:00andFriday08:00-13:00and13:45 - 15:45 at the Department Development Management, office of the Senior Manager : Development Management, Municipal Office, Church Street, Malmesbury Any written comments whether an objection or support may be addressed in terms of section 60 of the said legislation to The Municipal Manager, Private Bag X52, Malmesbury, 7299/Fax –022-487 9440/e-mail – swartlandmun@swartland org za on or before 23 January 2026 at 15:45, quoting your name, address or contact details as well as the preferred method of communication, interest in the application and reasons for comments Telephonic enquiries can be made to the town planning division (Alwyn Burger, Herman Olivier or Annelie de Jager) at 022-487 9400 The Municipality may refuse to accept comment received after the closing date Anyperson who cannot write will be assisted byamunicipal official bytranscribing theircomments
Municipal Office
J
J SCHOLTZ
Church Street Municipal Manager
MALMESBURY
December
Die Paarl-streekhof het ds. Frederick du Toit van die VGK-gemeente in Ashton in September verlede jaar op aanklagte van statutêre verkragting onskuldig bevind
Hy was in daardie stadium reeds besig om aan sy regsgraad te werk en vertel die plan was sodra hy sy onskuld bewys het, hy sy regsposisie sou gebruik om diegene wat ook onregmatig vervolg word, by te staan.
Du Toit is in 2009 as leier van die VGK in Ashton ingeseën.
Die bewerings was dat hy in 2010 tydens ’n jeugkamp in Bainskloof buite Wellington glo ’n minderjarige meisie, wat deel van ’n jeugprogram by die kerk was, seksueel mishandel het.
Hy is eers vroeg in 2013 aangekla.
Die saak is aanvanklik in die Wellington-landdroshof aangehoor, maar is toe na die streekhof in die Paarl oorgeplaas
Du Toit vertel hoe die saak sedertdien sy lewe letterlik hel gemaak het.
“Ek kan onthou hoe ek daardie dag (in 2013) in die kerkkantoor gesit het en die ouderling daar instap met ’n brief. Die dametjie het skynbaar vir hom [die ouderling] vertel wat volgens haar op die kamp gebeur het.
“Ek was stomgeslaan. Nooit sou ek dink dat ek van so iets beskuldig sou word nie.
“Nadat die ouderling die inligting

onder die polisie se aandag gebring het, het ek myself aan die polisie gaan oorgee en my volle ondersteuning aan die regsproses gegee.”
Du Toit vertel hy is deur die Wellington-landdroshof op borgtog vrygelaat.
Die saak het volgens hom vir etlike jare gesloer.
“Kan jy nou net indink watter impak dit op jou as gesinsman en Christelike leier het om so ’n las op jou skouers te dra?
“Ek is in ’n stadium onregmatig deur die kerk se ring uit my pos verwyder
“In 2017 het ek en my eggenoot egter besluit genoeg is genoeg. Ek moet my naam skoon kry en ons het daarin geslaag om die saak weer op die hofrol te kry.
Hy sê sy prokureur het ná die verhoor ’n aansoek gebring dat die hof moet beslis dat die staat nie daarin geslaag het om bo redelike twyfel te bewys dat die beweerde daad wel gepleeg is nie
Du Toit is gevolglik op 4 September verlede jaar vrygespreek.
“Ek het besluit om hierdie pad in die regte te stap omdat hierdie ervaring my weer eens geleer het ’n mens moenie bly lê as die duiwel jou platgooi nie
“Ek dink daar is soveel mense wat hulself in soortgelyke situasies bevind; mense wat dalk in die tronk sit en nie daar hoort nie. Ek wil graag ’n lig in hul lewe wees.”
Du Toit is vandag nog die dominee by die Ashton VGK en sê hy is vir ewig dankbaar vir die gemeente wat in sy onskuld geglo en hom en sy gesin deur die hofsaak ondersteun het.
Hy het in die vroeë jare 2 000 teologie aan die Universiteit van Wes-Kaapland begin studeer en die kursus later aan die Universiteit Stellenbosch voltooi


Die Wes-Kaapse mobiliteitsdepartement het ’n ernstige waarskuwing aan motoriste gerig nadat ’n skokkende 24 mense binne net een week weens bestuur onder die invloed van alkohol in hegtenis geneem is
Tussen 17 en 23 November het die

In ’n tydperk waar talle Afrikaanse koerante hul deure gesluit het, het Novus Media aangekondig dat ’n nuwe weeklikse Afrikaanse koerant, Die Papier, op 6Maart 2026 bekendgestel sal word Hierdie inisiatief volg op die skielike sluiting van toonaangewende Afrikaanse titels soos Beeld en Rapport verlede jaar Die aankondiging bring nuwe hoop vir Afrikaanse joernalistiek en spreek ’n duidelike leemte in die drukmedia aan
DRUKMEDIASTAANSYMAN
Ondanks die oorheersing van digitale platforms, het bedryfskenners uitgelig dat Afrikaanssprekendes steeds ’n groot behoefte aan gedrukte koerante het Die Papier – wat deur Novus Media, ’n filiaal van die JSE-genoteerde Novus Holdings, uitgegee word – sal elke Vrydag in sowel druk- as digitale formaat beskikbaar wees Die fokus sal wees op omvattende nuus, gemeenskapsverhale, sake- en sportnuus, asook kultuur- en leefstylinhoud, toegespits op die behoeftes van die Afrikaanse gemeenskap
INPASMETDIEMARK
André van der Veen, die hoof van Novus Holdings, beklemtoon die markpotensiaal “Die geleentheid om gedrukte publikasies in gefokusde markte te laat groei, bly relevant, mits [op vernuwende wyse] en met deeglike begrip na die leser se behoeftes geluister word Vir baie Afrikaanse lesers is die formaat van die koerant onmiskenbaar en ons glo Die Papier gaan breed aanvaar word ” Novus Media het met ’n Afrikaanse mark van meer as sewe miljoen mense in Suid-Afrika die besluit geneem om waarde aan hierdie onderbediende segment te bied “Die Papier is ’n mylpaal vir ons – dit is ons eerste nasionale nuuskoerant en neem gehalte- Afrikaanse joernalistiek na ’n nuwe vlak, met ’n bereik wat al die provin-
sies insluit,” sê Esmé Smit, ’n direkteur van Novus Media
ERVARESPANAANDIESTUUR
Die weekblad sal bestuur word deur die ervare joernalis en voormalige Beeld-redakteur Barnard Beukman Sy loopbaan sluit hoëprofielposte by Oosterlig, Die Burger en Rapport in Hy is in 2024 deur die FAK vir sy bydrae tot Afrikaanse joernalistiek vereer
Beukman sien die projek as ’n historiese keerpunt “Die stigting van ’n nuwe Afrikaanse koerant is ’n besondere en historiese gebeurtenis Dit spreek ’n diep behoefte aan om weer ’n platform te hê waar Afrikaanse Suid-Afrikaners met mekaar in gesprek kan tree, soos Arthur Miller dit gestel het: ‘A good newspaper is a nation in dialogue with itself’ ”
FOKUSOPGEHALTE-JOERNALISTIEK
Volgens Beukman is Die Papier se identiteit gegrond op gehalte eerder as blote verslaggewing “Ons wil die gemeenskap betrek en saamsnoer rakende sake wat vir lesers werklik saak maak Jonger lesers gaan ook ’n tuiste vind, aangesien ons formate en inhoud aanbied wat aan hul behoeftes voldoen ” Novus Media is in 2024 gestig en bedien miljoene lesers landswyd met 21 gemeenskapstitels, waaronder Paarl Post, en gesogte publikasies soos Rooi Rose en Soccer Laduma, asook die Novanewsdigitale platvorm Die koms van Die Papier is deel van die maatskappy se strategiese verbintenis om sinergie tussen bestaande titels en nuwe aanwinste te skep
NUWEHOOFSTUKWINK
“6 Maart 2026 beteken ’n nuwe hoofstuk – vir die Afrikaanse drukmedia en joernalistiek Ons sien uit om ’n platform te bou waar gemeenskappe sinvol aan die demokratiese gesprek deelneem,” sê Smit












NOTICE 53/2025/2026
PROPOSED REZONING AND DEPARTURE OF DEVELOPMENT PARAMETERS ON ERF 482, DARLING
Applicant: CKRumboll&Partners,P.O.Box211,Malmesbury,7299 Telnr 022-4821845
Owner: JFKirstenPropPtyLtd,P.O.Box99,Darling,7345 Telnr0826585557
Referencenumber: 15/3/3-3/Erf_482 15/3/4-3/Erf_482
Propertydescription: Erf482,Darling
Physicaladdress: H/vVoortrekker-enNemesiastrate,Darling
Detaileddescriptionofproposal:
An application for rezoning of erf 482, Darling, in terms of section 25(2)(a) of Swartland Municipality : Municipal Land Use Planning By-Law (PG 8226 of 25 March 2020) has been received Itisproposedthaterf482(902m²inextent)berezonedfromResidentialZone1to GeneralResidentialZone3inordertoconverttheexistinghouseinto3apartments
The application for the departure of development parameters on erf 482,Darling, in terms of section25(2)(b)ofSwartlandMunicipality:MunicipalLandUsePlanningBy-law(PK8226of25 March2020)hasbeenreceived Thedepartureentailsthefollowing:
· departureofthe5mstreetbuildingline(NemesiaStreet)to0m;
· departureofthe5msidebuildingline(southernboundary)to1.5m;
· departureofthe5msidebuildingline(westernboundary)to1,5m
(Thedeparturesarecausedbythepositionoftheexistingbuildingswithregardtotheproposed zoningparameters )
Noticeisherebygivenintermsofsection55(1)oftheBy-lawonMunicipalLandUsePlanning that the abovementioned application has been received and is available for inspection from MondaytoThursdaybetween08:00-13:00and13:45-17:00andFriday08:00-13:00and13:45 - 15:45 at the Department Development Management, office of the Senior Manager : Development Management, Municipal Office Church Street, Malmesbury Any written commentswhetheranobjectionorsupportmaybeaddressedintermsofsection60of thesaidlegislationtoTheMunicipalManager,PrivateBagX52,Malmesbury,7299/Fax–022-4879440/e-mail–swartlandmun@swartland.org.zaonorbefore23January2026at 15:45,quotingyourname,addressorcontactdetailsaswellasthepreferredmethodof communication, interest in the application and reasons for comments Telephonic enquiriescanbemadetothetownplanningdivision(AlwynBurger,HermanOlivierorAnnelie deJager)at022-4879400 TheMunicipalitymayrefusetoacceptcommentreceivedafterthe closingdate Anypersonwhocannotwritewillbeassistedbyamunicipalofficialbytranscribing theircomments
MunicipalOffice JJSCHOLTZ ChurchStreet MunicipalManager MALMESBURY





Micha Africa (16), die rekordbrekeratleet van Malmesbury, het sy pad oopgehardloop na die Afrika-jeugspele waar hy Suid-Afrika in die 100m sal verteenwoordig Die atletiekbyeenkoms vind eersdaags vanaf 10 Desember tot 20 Desember in Luanda, Angola, plaas Micah is een van nege hoërskoolseuns en -meisies wat in die byeenkoms op internasionale vlak teen ander lande se atlete sal meeding Volgens Hezekiel Sepeng van Atletiek Suid-Afrika (SA) is die atlete se deelname oorweeg danksy hul prestasies gelys volgens Wêreld-atletiek en wat tussen 2009 en 2011 gebore is Micah, ’n leerling aan die Hoër Jongenskool Paarl Boys High en die o.16 SA kampioen, sal danksy sy rekordtyd van 10,59sek. aan die 100-m-item deelneem
Volgens sy ma, Chantell Goliath, is sy toewyding tot die sport ’n prestasie om op trots te wees. Sy haal haar seun se woorde aan: “Ek is lief vir rugby, maar atletiek is my passie.”
