Gazette-E-edition-6-May-2025

Page 1


Jo Dolphin bedank gemeenskap

Jo-Dolphin Swartland APD (vereniging vir mense met gestremdhede) pronk die eerste keer sedert 2016 weer met drie splinternuwe naamborde

Die naamborde, wat moontlik gemaak is deur die Mount Royal-landgoed se trustfonds en CK Signs se betrokkenheid by die dagsorgsentrum in Malmesbury, pronk nou by hul ingang in Albaniestraat, asook op die hoeke van St John- en Kochstraat Volgens ’n verklaring wat Jo-Dolphin uitgereik het, het die dagsorgsentrum, wat sedert 2006 gehaltediens aan mense met gestremdhede lewer, die afgelope tyd behoorlik aandag geniet namate inwoners van die plaaslike gemeenskap nie geskroom het om in te spring en hul hande vuil te maak nie

Die sentrum, wat tans 32 mense met gestremdhede in die dagsorg vir kinders en volwassenes huisves, het gewis ’n nuwe glans nadat Kobus van Aarde en sy span besluit het om die dakke skoon te was

Die plaaslike sentrum, wat

’n organisasie sonder winsbejag is, het hul dank teenoor alle skenkers, vrywilligers en borge uitgespreek wat gehelp het om die voortbestaan van Jo-Dolphin te verseker

Die mees onlangse opknappingswerk en projekte sluit onder meer hul nuwe

groentetuin in danksy die betrokkenheid van die plaaslike departement van korrektiewe dienste, onder die leiding van JP Lotter, vir die ontwikkeling- en instandhouding van Jo Dolphin se eie groentetuin “Deur hierdie inisiatief kan

Jo-Dolphin nou voorsien aan ons eie kombuis sowel as die Jo Dolphin-koffiewinkel ” Die dagsorgsentrum, wat boonop ’n beskutte werkswinkel vir die volwassenes insluit en ’n koffiewinkel wat oop is vir die publiek, woeker voortdurend met geldinsamel-

ingsprojekte om op verskeie terreine aan die behoeftes van die organisasie te voldoen en dus ’n volhoubare gehaltediens aan mense met gestremdhede te kan bly lewer “Daarom word staatgemaak op die ondersteuning van die gemeenskap,” voeg Heidi Myburgh, die voorsitter van Jo-Dolphin Swartland APD se bestuurskomitee, by Jo-Dolphin doen ’n beroep op alle plaaslike skole en sakelui deur hulle uit te nooi om by die dagsorgsentrum betrokke te raak

Sodoende kan hulle die nasionale Loslitdagplakker-projek ten bate van mense met gestremdhede via Jo Dolphin self ondersteun deur te verseker dat Jo-Dolphin Swartland APD direk voordeel uit die projek trek

Indien inwoners ’n positiewe bydrae wil maak of skenkings wil gee, of nog inligting nodig het, kan Jo-Dolphin se kantoor gekontak word by 022 487 1156 of deur ’n e-pos-navraag na jodolphincentremanager@ gmail com te stuur

Die plaaslike departement van korrektiewe dienste het onlangs besluit om by Jo-Dolphn betrokke te raak deur ‘n suksesvolle groentetuin op die been te bring
Plaaslike inwoner Kobus van Aarde en sy span het besluit om Jo-Dolphin se dakke skoon te spuit
Agter van links staan Petro Joseph (versorger), Marike Terblanche (voorsitter: Mount Royal -trustfonds), Heinrich Wentzel (versorger), Kate Jantjies (program-implementeerder) en Heidi Myburgh (voorsitter van die Jo Dolphin Swartland APD- bestuurskomitee) met Charlreeze White, Janevia Baadjies en Beanca Maarman heel voor

Swaar straf vir moorde

AlidaBuckle

’n Onwettige immigrant van Lesotho is in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op ’n bekende en geliefde egpaar van die Aurora-distrik in 2023

Phindile Khaya Pone, wat vir Pierre (59) en Belinda de Kock (56) op hul Holvlei-teeplaas gewerk het, is skuldig bevind op alle aanklagte teen hom – moord, roof met verswarende omstandighede en huisbraak met die opset om ’n misdaad te pleeg Regter Mark Sher het voorverlede Dinsdag (22 April) in sy uitspraak bevind Pone het die rooftog by die egpaar en hul uiteindelike moord met voorbedagte rade beplan en uitgevoer Sy twee vermeende medepligtiges, ook burgers van Lesotho en wat ook vir die De Kocks gewerk het, is nog op vrye voet

Briewe van ons lesers

Sher het Pone tot lewenslange tronkstraf vir elke moord gevonnis, plus ’n verdere dertig jaar Die Holvlei-teeplaas het werk aan 32 mense verskaf Plaaswerkers het in die verhoor getuig oor die verwoestende uitwerking wat die moorde op hulle gehad het

Die De Kock-egpaar is op 2 Junie 2023 wreed aangerand, gemartel en vermoor

Hul lyke is eers twee dae later, nadat niemand hulle telefonies in die hande kon kry nie, ontdek ’n Werker het hulle by die plaasopstal gaan soek Daar het sy op Belinda se bebloede lyk in die hoofslaapkamer afgekom en die polisie ontbied Pierre se lyk is in die motorhuis gevind Volgens die klagstaat het plaaswerkers, wat die Vrydag goedere by die plaaswinkel gekoop het, Pierre die laaste keer omstreeks 19:00 gesien Pone en sy trawante was saam met hom in die winkel Voordat Pierre vermoor is, is hy

Hulle laat my spesiaal voel

Ek wil graag ’n positiewe ondervinding met die inwoners van Malmesbury deel. Nadat ek verlede jaar op straat aangerand is en my heup gebreek het, het my hele lewe verander – asook my denke! Ek was vroeër positief, opgeruimd, beskikbaar vir ander wat hulp nodig gehad het en ek het elke dag kilometers ver gestap Ek het ook my verlamde man tot met sy dood versorg

Ná die aanval het ek in ’n depressiewe, mismoedige ou vrou verander Ek het ook gevind alles wat ek doen, is ’n gesukkel! Ek was te bang om uit my woonstel te gaan, en was die hele tyd angstig

Toe word ek ’n eensame mens met min vriendinne wat by my kom kuier totdat

ek verlede week verkeersdepartement toe gegaan het om my lisensie te vernuwe. Die twee vroue wat my gehelp het, was vriendelik, respekvol en behulpsaam!

Die een het die vorm help invul en toe stap sy saam met my na die teller toe Ek hoef nie in die ry te gestaan het nie; sy het by my gebly totdat ek verder gehelp is Hulle was goedhartig en bereid om daai ekstra myl vir my te stap Ná baie gebede, trane en depressie het hierdie personeel –sonder dat hulle enigiets van my aaklige ondervinding geweet het – my laat spesiaal voel! Dit het my net weer laat besef daar is altyd iets om voor dankbaar te wees

Prys die Here!

LoretteCloete,MALMESBURY

SWARTLAND MUNISIPALITEIT

KENNISGEWING 79/2024/2025

VOORGESTELDE VERGUNNINGSGEBRUIKE EN REGISTRASIE

VAN 'N SERWITUUT OP RESTANT PLAAS THEEFONTEIN NO 384 & RESTANT PLAAS UILENKRAAL NO 441, AFDELING MALMESBURY

Aansoeker: CK Rumboll & Vennote, Posbus 211, Malmesbury Tel no 022-4821845

Eienaar: Restant plaas Theefontein no 384, Afdeling Malmesbury – Uilenkraal Pty Ltd, Posbus 69, Darling, 7345. Tel no 0824956925 Restant plaas Uilenkraal no 441, Afdeling Malmesbury – Coenie Uilenkraal Trust, Posbus 69, Darling, 7345. Tel no 0824956925

Verwysingsnommer: 15/3/10-15/Farm_384 15/3/6-15/Farm_384

Eiendomsbeskrywing: Restant plaas Theefontein no 384, Afdeling Malmesbury Restant plaas Uilenkraal no 441, Afdeling Malmesbury

Fisiese Adres: 17km noord van Darling

Volledige beskrywing van aansoek:

Die aansoek om vergunningsgebruike op plase 384/0 en 441/0, Afdeling Malmesbury, ingevolge ar kel 25(2)(o) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226van25Maart2020),isontvang.Dievergunningsgebruikebehelsdievolgende:

• 384/0 – Vergunningsgebruik vir ’n intensiewe voerboerdery – 10 hoender broeihokke – groot 8370m²

• 441/0–Vergunningsgebruikvir’nhernubareenergiestruktuur–biogasaanleg–groot2600m²

Die aansoek om registrasie van ’n reg-van-weg serwituut op plaas 441/0 ten gunste van plaas 384/0, Afdeling Malmesbury, ingevolge ar kel 25(2)(d) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake MunisipaleGrondgebruikbeplanning(PK8226van25Maart2020),isontvang

Kennis word hiermee gegee ingevolge ar kel 55(1) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake MunisipaleGrondgebruikbeplanningdatbogenoemdeaansoekontvangisenbeskikbaarisvirinspeksie vanaf Maandag tot Donderdag tussen 08:00-13:00 en 13:45 - 17:00 en Vrydag 08:00-13:00 en 13:4515:45byDepartment Ontwikkelingsbestuur, kantoor van die SeniorBestuurder : Ontwikkelingsbestuur, Munisipale Kantoor, Kerkstraat, Malmesbury Enige skri�elike kommentaar hetsy ‘n beswaar of ondersteuning kan ingevolge ar kel 60 van genoemde wetgewing aan Die Munisipale Bestuurder, Privaatsak X52, Malmesbury, 7299/Faks – 022-487 9440/e-pos – swartlandmun@swartland.org.za gestuur word voor of op 9 Junie 2025 om 17:00. Die kommentaar moet asseblief u naam, adres en kontakbesonderhede asook die voorkeurwyse waarop daar met u gekommunikeer moet word aandui, sowel as u belang by die aansoek asook redes vir u kommentaar Telefoniese navrae kan gerig word aan die stadsbeplanningsafdeling (Alwyn Burger, Herman Olivier en Annelie de Jager) by 022-487 9400. Die Munisipaliteit mag kommentaar wat na die slui ngsdatum ontvang word weier Persone wat niekanskryfniesaldeur‘nmunisipaleamptenaarbygestaanwordomhullekommentaaropskriftestel.

MunisipaleKantoor

Kerkstraat1

MALMESBURY

JJSCHOLTZ

MunisipaleBestuurder

9Mei2025

NM10010603-ST060525

gedwing om sowat R230 000 in verskeie kleiner bedrae in Pone se bankrekening oor te betaal

Belinda het eers later die aand by die huis gekom en is reguit na die slaapkamer, waar haar moordenaars haar ingewag het

Sy het nog die klere aangehad waarmee sy dié dag by Droomland, haar onderneming in Piketberg, gewerk het Dié onderneming het ook werk aan verskeie mense verskaf

Dr Nadene-Louise Scherman se lykskouing op die De Kocks op 7 Junie 2023 het bevind dat Pierre dood is as gevolg van bloedverlies weens ’n diep snywond voor aan sy nek Belinda is op ’n soortgelyke wyse vermoor – met ’n diep snywond aan die nek

Die moordenaars is nooit weer ná die Vrydag op die plaas gesien nie

Pone se saak is eers in die Laaipleklanddroshof aangehoor voordat dit na die

hooggeregshof in Kaapstad geskuif is Dié moord raak die gemeenskap diep Net soos wat medelye ná die skokkende moorde van oral af ingestroom het, het verteenwoordigers uit verskillende sektore van die Sandveld- en Weskusgemeenskap vroeër petisies met duisende handtekeninge laat instroom om borgtog vir Pone teen te staan Die petisies verwys veral na die DeKocks se ekonomiese bydrae tot die plaaslike gemeenskap

High Court rules on VAT

The Western Cape High Court on Sunday 27 April ruled in favour of the Democratic Alliance (DA) and Economic Freedom Fighters (EFF), effectively halting the government’s proposed increase in Value-Added Tax (VAT) of 0,5%.

The National Treasury’s plan to raise VAT from 15% to 16% over two years was aimed at addressing a R75 billion budget shortfall.

The proposal faced strong opposition from various political parties and civil society groups, which argued that the increase would disproportionately affect the poor, especially given South Africa’s high unemployment rate of over 32% and reliance of more than 20 million citizens on welfare grants

The DA and EFF challenged the VAT increase in court, asserting it was unconstitutional and lacked adequate public engagement and transparency, which rendered it procedurally flawed

The court ordered that Godongwana pay half the DA’s legal costs and the Speaker of the National Assembly and Chairperson of the National Council of Provinces the other half. The same cost arrangement was imposed in favour of the EFF, News24 reported.

Helen Zille, DA Federal Council chairperson, hailed the court order halting VAT as a “victory for all South Africans” She said in a statement following the ruling: “The court’s decision ensures any changes to the VAT rate must be properly approved by Parliament before taking effect, and sets aside the unlawful support lent to this VAT hike by a number of parties.”

Only two days after the court heard the application Finance Minister Enoch Godongwana on Thursday 24 April announced the withdrawal of the controversial increase, a move experts described as an acknowledgment by the National Treasury of its weak case

Help ek of is my GPS verkeerd?

Laasjaar gesels ek met ’n verpleegster wat vir Dokters

sonder Grense (MSF)* in gevaarlike lande werk.

“Sekuriteitsmotors begelei ons elke dag werk toe

Selfs wanneer ons op afdae mark toe gaan, kry ons beskermers. Ek werk tans in ’n droewe land, waar selfs die hoendertjies in ons agterplaas nie vetraak nie Maar soggens op pad werk toe gee twee rye sonneblomme vir my hoop ” vertel sy

Dit bly in my kop draai hoe sonneblomme ’n simbool van hoop en positiwiteit in ’n barre omgewing kan wees Terwyl sonneblomme daagliks hul koppe na die son draai, is hulle mooi en inspirerend én elke blom bied voeding vir mens en dier

Verlede week het sonneblomme vir my nuwe hoop gebring toe ons ná ’n vreeslike verdwalery uiteindelik die pad uit Johannesburg kon vind en sonneblomme midde-in die Hoëveldse onweer sien blom.

Die verdwalery was onnodig. Eers tik ons Bloemfontein as bestemming in maar toe neem Google Maps ons na ’n plot met die naam Bloemfontein, regoor ’n woonbuurt vol geroeste sinkplaathuise en wapperende plastieksakke

Heeltemal gestres, vra ons Google Maps om ons na die N1 te neem, maar Vriend Google wys ’n bestemming iewers teen die Lesotho-grens, vier ure verder Met ons volgende pogings verduidelik die soekfunksie hoe ons moet ry sodra ons die N1 bereik.

“Verduidelik my net hoé om die N1 te vind, demmit, hoor ek hier langsaan my “Kry tog net common sense, ” brom ons kinders later

En ek wonder: Hoeveel mense sukkel met dieselfde probleem – hulle weet hulle moet matriek of hul kursus slaag, of ’n nuwe werk of kerk kry, maar hulle weet glad nie hóé om daardie lewensdoel te bereik nie

Ons almal beleef tye wanneer die lewe se GPS jou uitgooi by ’n onveilige plot wanneer jy weet waar jy wil uitkom, maar ’n kraaines vol probleme maak jou kop

UIT DIE STAANSPOOR

- Sarie Nell

deurmekaar

Wanneer mense ná ’n egskeiding of die dood van ’n geliefde ’n nuwe lewe bou, maar geen doeltreffende GPS het oor hoé om uitdagings te oorwin nie, sukkel hulle Hulle wil; hulle weet wat hul beoogde doelwit is, maar dis moeilik om hul nuwe ‘N1’ te vind.

En ek besef hoe dikwels het mense klein stukkies praktiese hulp nodig om hul doel te bereik – hulp om jou CV op te dateer; blyplek vir ’n maand; ’n rygeleentheid of hulp met ’n aansoek by Binnelandse Sake; iemand wat regtig luister en prakties help wanneer tye skielik rof raak; dalk net ’n bed met ’n sagte kussing waar jy kan gaan lê en huil En ek wonder: Is my ondersteuning vir die mense rondom my positief of tree ek soms dalk op soos ’n foutiewe GPS? Gee ek

Pierre en Belinda de Kock
Finance Minister Enoch Godongwana Photo: GCIS

GENERAL & HOME SERVICES

HUISVERBETERINGS BINNE 1835

CK BLINDS

Vervaardigers en verskaffers van alle tipe blindings. Gratis kwotasies Doen ook herstelwerk. Kontak Elsabé 072 126 2394

PERSOONLIKE DIENSTE

KRUIEKENNER 1435

Tel: 082 554 2754.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.