Gazette-E-edition-20-May-2025

Page 1


Fuelled by Sport, Driven by Community.

Hyundai Malmesbury Supports Swartland High School's Sports Event! Join us at Swartland High School's sports event, where Hyundai Malmesbury is proud to be a sponsor! Come check out our display of stunning Hyundai vehicles and meet our team. We're excited to support our local community and showcase our amazing cars.

When : 23 & 24 May 2025

Where : Swartland High School

Don't miss out on the action-packed event and the chance to explore our vehicles up close!

Driving licence printing machine operational again

The National Department of Transport (DoT) confirmed on Friday (9 May) that the country's only driving license card printing machine has been fixed and operations have resumed

The machine had reportedly been out of operation since 5 February, which has led to a backlog of 747 748 outstanding cards to be printed

Last week Paarl Post reported that of all 6 900 driver's-licence card and Public Driving Permits (PrDPs) applications Drakenstein Municipality had received since the start of the year not a single card had been issued by Pretoria

The processing of such an application falls with the DoT and it's done through the Driving Licence Card Account (DLCA) office situated in Pretoria

This Western Cape Department of Mobility this week said it had on several occasions made proposals for the driving-licence application process to be decentralised to allow for provinces to host card printing machines

Western Cape Mobility spokesperson Muneera Allie this week said the department had weekly engagements with the DoT and DLCA to encourgae an urgent resolution to the matter

"At these engagements the department addresses the matter on behalf of all municipalities in the Western Cape

The feedback received is that the matter is being addressed and is expected to be resolved soon

"The Western Cape has proposed decentralisation as well as having a card-printing machine, should the DoT

Ongelukkigheid oor taxikrisis

CharlotteLesch

Sekere rolspelers het midde die voortslepende taxi-krisis in Malmesbury en omliggende dorpe ’n ooreenkoms in oplossings tot voordeel van alle betrokke partye bereik

Taxibase het onder meer ooreengekom dat slegs wettig geregistreerde taxi’s en vervoer met die toepaslike permitte in die Swartland bedryf mag word

Dit volg nadat ’n vergadering op 13 Mei gehou is om na oplossings te kyk weens ’n kennisgewing wat deur die Malmesbury-taxivereniging pendelaars ontstoke gelaat het Die kennisgewing het gewaarsku dat vervoerdienste onder kontrak teen die einde van April sou verval

Die aksies het gelei tot ’n boikot wat teen die gebruik van taxi's geroep is

Die vergadering het tussen die Malmesbury-taxivereniging, die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die provinsiale regulerende entiteit (die entiteit binne die Wes-Kaapse departement van mobiliteit, wat verantwoordelik is vir lisensiëring van taxi’s en vervoerpermitte), Swartlandmunisipale wetstoepassing, die provinsiale verkeersdienste, gemeenskapsverteenwoordigers en die uitvoerende burgemeester, Harold Cleophas, plaasgevind

NETDIÉMETPERMITTE

In ’n gesamentlike verklaring deur die munisipaliteit, wat in sy hoedanigheid as voorsitter opgetree het, is bevestig die vergadering het spesifiek op die huidige taxi-vervoerkrisis in die Swartland-omgewing, die gebruik van gehuurde- en personeelvervoer en die uitwerking wat dit op plaaslike pendelaars het, gefokus het ’n Memorandum wat voor die begin van die vergadering aan die munisipaliteit voorgelê is, is ook bespreek Die memorandum lig die bekommernisse van die geaffekteerde pendelaars in Ná intensiewe besprekings, waartydens alle belanghebbendes die geleentheid gekry het om hul griewe en standpunte te lig, is ooreengekom dat taxi-operateurs slegs vervoerdienste mag lewer soos omskryf in hul permitte In die verklaring word verder uitgebrei oor die vier soorte permithouers wat toegelaat word om openbare vervoerdienste te lewer Die permitte sluit roetepermitte (gewoonlik vir standaard-taxi’s), leerdervervoerpermitte (vir skoolvervoer), gehuurde vervoerpermitte en personeelvervoerpermitte in Elke permit is onderhewig aan spesifieke voorwaardes wat duidelik gestipuleer word in die dokumentasie wat deur die Provinsiale Regulerende Entiteit (PRE) uitgereik word en niemand mag daarvan afwyk nie Dus mag geen houer van ’n roetepermit enige leerder- of personeelvervoerdienste lewer nie, tensy dit spesifiek in die PRE-permit, soos uitgereik deur die PRE, vermeld word , ” het die verklaring verduidelik “Alle permithouers moet die

regulasies in hul permitte streng nakom " Dienste sonder die verwante permit word as “kapingsdienste” beskryf en word na regte nie toegelaat om passasiers teen betaling te vervoer nie Die lede teenwoordig het ’n beroep op inwoners gedoen om verdagte aktiwiteite by die Swartland se munisipale wetstoepassing óf SAPD aan te meld Dit is ook tydens die vergadering bevestig dat geen ongemagtigde mens of vereniging enigeen mag voorkeur of verhinder om hul gekose of voorkeur vervoermiddel te gebruik nie

Dit het tydens die vergadering ook aan die lig gekom dat talle verslae van openbare intimidasie en mense wat onveilig voel weens ongemagtigde individue wat voertuie lukraak voorkeer om te kyk of die operateurs volgens wet optree, die ronde doen

REGMATIGEGEBRUIKVERDUIDELIK

Lede van plaaslike wetstoepassing en die polisie het dit daarom duidelik gestel dat slegs gemagtigde wetstoepassingsbeamptes (polisie), Swartland- verkeer- en wetstoepassingsbeamptes en die Wes-Kaapse Provinsiale verkeersbeamptes voertuie mag voorkeer of ten opsigte van permitte en lisensies evalueer

Die SAPD het beklemtoon dat geen individu ’n pendelaar mag intimideer, dreig of verhinder om hul grondwetlike reg tot vryheid van beweging en keuse uit te oefen nie “Indien enigiemand gedreig word, is dit belangrik om die betrokke voorval direk by die polisie aan te meld sodat ’n strafregtelike klagte teen die oortreder ondersoek kan word ”

Die stigting van ’n Openbare vervoerskakelkomitee is goedgekeer Die komitee sal bestaan uit alle betrokke rolspelers in die Swartland se openbare-vervoer-sektor, insluitend verenigings wat nie deel is van die huidige krisis nie en gehuurde, leerderen kontrakdienste en sakelui “Die komitee sal daarop fokus om vervoerverwante uitdagings die hoof te bied wanneer dit ontstaan en die Swartland-munisipaliteit bystaan met die beplanning van toekomstige openbare-vervoer-behoeftes ”

Die belanghebbendes het ooreengekom om so spoedig moontlik kommentaar en terugvoer aan die betrokke gemeenskappe te gee oor die kwessies wat in die memorandum geopper is

“Alle rolspelers is verbind tot samewerking om toekomstige krisisse te voorkom en onderneem hul volle samewerking rakende die resolusies soos ooreengekom, lui die verklaring ” Gerugte dat ’n betoging gister deur inwoners, onder wie pendelaars, in die omgewing van Malmesbury beplan word, was na bewering op plaaslike taxi’s gemik Volgens Malmesbury se polisiewoordvoerder sers Henry du Randt, is nog geen voorval met betrekking oor enige betoging aangemeld nie “Inwoners of pendelaars wat taxi’s wou verhinder om sake te doen, is egter bespeur,” voeg hy by

‘Polisie werk g’n só nie’

Verskeie inwoners in die omgewing van Malmesbury is onlangs deur mense wat hulle as lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens voordoen, gekontak oor dwelm- en mensehandel of bedrogverwante sake.

’n Bedrag geld word gevra sodat ’n staatsaanklaer na die betrokke inwoners, wat as verdagtes beskou word, na hul sake kan kyk en kwansuis laat verdwyn Sommige klaers het volgens die polisie wel vir die strik geval en is nou ’n paar duisend rand kwyt nadat by verdere ondersoek vasgestel is die beweerde beamptes, tesame met hul rang en posisie, wel in diens van die SAPD is Sers. Henry du Rand, ’n polisiewoordvoerder van die Malmesbury-polisie, het dit duidelik gestel geen lid van die SAPD

sal ’n klaer bel en betaling eis om ’n dossier voor ’n staatsaanklaer te bring of om ’n dossier te laat “wegraak” nie “As mense hulle as ’n polisiebeampte met so ’n versoek voordoen en inwoners skakel, moet hulle onmiddelik hul plaaslike stasiebevelvoerder en speurhoof besoek om ’n ondersoek te begin. Geen persoonlike inligting van ’n lid van die SAPD of die publiek word aan enigiemand uitgegee nie. Dit is maklik om inligting te kry van waar ’n lid werk – met sy rang en sy van Du Rand waarsku inwoners om paraat te wees wanneer hulle ’n verdagte oproep ontvang – veral wanneer beweer word dat hulle by enige misdryf betrokke is “Gaan na jou naaste polisiekantoor om jou te vergewis van so ’n misdryf en die waarheid daarin.”

Slaan eerste prys los

Pieter-Jans Dürr van Malmesbury het pas ’n eerste prys in die Suidoosterfees se talentkompetisie losgesing. Hiermee het hy ’n handige geldprys ontvang, plus ’n moontlike rol as agtergrondkarakter in ’n Suidooster-episode.

Pieter-Jans het verlede jaar vir hierdie kompetisie ingeskryf, en al die deelnemers het in Desember en Februarie saamgetrek vir gesamentlike optredes en werksessies. Hierna is ’n kerngroep deelnemers gekies.

’n Halfeindronde is in die middel van Maart by die Waterfront gehou. Die beoordelaars het 14 deelnemers gekies en die toeskouers die vyftiende vir die eindronde.

“Rockmusiek is my ding en ek het ’n liedjie van Imagine Dragons gesing,” sê Pieter-Jans.

Hy was nie in die beoordelaars se 14 nie, maar die toeskouers het hom soos een man as 15de deelnemer gekies. “Dit was ’n baie lekker gevoel.” onthou hy.

“Vir die finale kompetisie het ek ’n ander Imagine Dragonsliedjie, ‘Enemy’, gesing. Die twyfel is mos altyd daar, maar toe ek voor die mikrofoon staan, het ek ’n vlaag selfvertroue beleef en my hart uitgesing.”

Pieter-Jans raak-raak aan 26 en het reeds verskeie optredes op

Nell

sy kerfstok. “Die lekkerstes was drie aande as openingsanger vir Francois van Coke by Die Boer.”

Pieter-Jans se lewe is nie nét musiek en sang nie. “Ek en my sussies ly aan ’n seldsame oogsiekte en kort ná die pandemie is gevorderde nierversaking by my gediagnoseer; dis verwant aan die oogsiekte ”

Die volgende maande van sy lewe het bestaan uit dialises en ’n soektog na ’n skenkernier. “Ek was in my vroeë twintigs, maar ek moes vinnig grootraak. Ek moes my naalde-fobie oorwin en dadelik ophou rook. Vir my was die dialises erger as die nier-oorplantingsoperasie in Junie 2022.

“Terwyl ek ná die nieroperasie verveeld in die hospitaalbed lê, het ek my eie liedjies begin

skryf. Die volgende jaar het ons enkele liedere in Worcester opgeneem My debuut-enkellied is ‘The Outcast’, maar ‘Tien ton Konkreet’ doen die beste. Ek gee my liedjies uit onder PJ Dürr, op Instagram as PJ DURR en TikTok as @pj_durr_music.

“Ek en goeie vriende het ons eie rock-orkes, Die Gemorstes. Ons eerste naam was Duiwelspiek, maar dit het negatiewe reaksies uit ons redelik konserwatiewe gemeenskap ontlok.

“Die Gemorstes het nog nie amptelik liedjies opgeneem nie, maar dis op pad. Ek skryf die lirieke en sing; die ander lede is Philip Venter (hoofkitaar), Martin Spamers (tromme) en Truter Basson (baskitaar).”

En die nuwe haarstyl? Hy glimlag en vryf oor sy kaalgeskeerde kop. “Toe my hare voorlangs begin dun raak, het ek besluit ek is te jonk om ’n ringkop te wees. Nou skeer ek gereeld skoon; dit pas in elk geval beter by die rock-image.”

Intussen bly hy soek na nuwe geleenthede om sy talent te ontwikkel. Hy is baie gelukkig met die meisie van die laaste drie jaar aan sy sy. “Ek het Deidré Smit kort voor my nieroperasie ontmoet. Sy het my deur alles ondersteun; ek is baie dankbaar vir haar.”

Pieter-Jans is gemaklik in sy eie vel. Sy talent skyn nog duideliker as tien ton konkreet.

Verpleegstersdag plaaslik gevier

CJ Langenhoven se rol in Afrikaans onthou

Die Malmesbury-biblioteek het die afgelope Donderdagaand (15 Mei) hulde gebring aan die rol wat CJ Langenhoven vervul het om Afrikaans in 1925 regtens as een van die amptelike Suid-Afrikaanselandstale te vestig. Vir hierdie geleentheid het die skrywer Daniël Lötter vertel watter rol hy in die

herbegrafnis van “Sagmoedige Neelsie” (soos Langenhoven ook genoem word) en sy vrou vervul het.

Omdat Lötter as kurator by Arbeidsgenot gewerk het, kon hy interessante verhale en staaltjies oor Langenhoven en sy lewe vertel.

Baie van hierdie inligting is nie algemeen bekend nie.

Agri’s Got Talent terug vir nog

Agri’s Got Talent (AGT) is terug vir die 12de seisoen – en inskrywings is nou amptelik oop!

AGT is nie net ’n sangkompetisie nie – dit is ’n lewensveranderende reis van selfontwikkeling, selfvertroue en gemeenskapsbemagtiging

Die projek word in samewerking met Hortgro, die Sitruskwekersvereniging, SA Wine, die SA Tafeldruif- vereniging en die Wes-Kaapse departement van landbou aangebied Enige landbouwerker in Suid-Afrika, wat in die sagtevrugte-, tafeldruif-, sitrus- en wynbedryf werk – voltyds of seisoenaal –kan inskryf

Finaliste ontvang professionele stem- en sosialemediaopleiding, woon selfontwikkelingswerksessies by, kry 'make-overs' en neem deel aan ’n opleidingsweek Dit alles lei tot ’n skouspelagtige AGT-galaeindronde

Om in te skryf, stuur ’n stemboodskap (maksimum 3 minute) teen 31Julie via WhatsApp na 0823721577 of per e-pos na info@ agrisgottalent com met jou volle naam, geboortedatum, selfoonnommer, naam van jou plaas / kelder / pakstoor, posbeskrywing, hoe lank jy daar werk, naaste dorp, en jou toesighouer se naam en nommer

Talita Viola (Malmesbury-biblioteek), Daniël Lötter, Leonita Coutts (Kaleidoskoop) en Bonita Cupido (Malmesbury-biblioteek)
Malmesbury se Pieter-Jans Dürr het verlede Sondag die Suidoostertalentkompetisie in Kaapstad gewen. Foto: Sarie

minister van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme), Verna Maarman (WKDM) en Jacqulene Melenephy (WKDM)

Swartland by Toerisme-indaba

Die Weskus-distriksmunisipaliteit, in samewerking met Weskus Toerisme, het hul deelname aan die jaarlikse Africa Travel Indaba 2025, Afrika se voorste reis- en toerismehandelskou, wat by die internasionale konferensiesentrum in Durban aangebied is, op ’n suksesvolle noot afgesluit.

Die internasionale platform het ’n betekenisvolle geleentheid vir die besoekers van die Weskus ingehou waartydens hulle die streek se uiteenlopende toerisme-aantreklikhede ten toon kon stel, strategiese vennootskappe binne die bedryf kon vorm en waardevolle kennis met toerismeleiers van oor die vasteland en verder kon deel.

“Vanjaar se Indaba het die wêreldwye vraag na egte, gemeenskapsgedrewe toer-

isme-ervarings bevestig. Ons bly daartoe verbind om vennootskappe te koester wat toerisme versterk en langtermynvoordele aan al ons gemeenskappe bring,” sê Jacqulene Melenephy, toerismebemarkingsbeampte van die Weskus-distriksmunisipaliteit. Namate die geleentheid vir nog ’n jaar tot ’n einde kom, keer die Weskusspan met nuwe inspirasie en energie terug – gereed om voort te bou op die verhoudinge wat hierdie insiggewende week gesmee is Hoogtepunte gedurende die Indaba sluit in strategiese netwerksessies, bevordering van toerismebestemmings, die aktivering van die Swartland se wynroete, die uitruil van kennis met betrekking tot toerisme tussen die Weskus en Mosambiek en die daarstelling van ’n platform vir volhoubare groei

SWARTLAND MUNISIPALITEIT

KENNISGEWING 82/2024/2025

VOORGESTELDE HERSONERING EN AFWYKING VAN ONTWIKKELINGSPARAMETERS OP ERF 8813, MALMESBURY

Aansoeker: CKRumboll&Vennote,Posbus211,Malmesbury,7299 Telno.022-4821845

Eienaar: TedesseJomolaLabido,Alfastraat162,MALMESBURY,7300 Telno.0780178120

Verwysingsnommer: 15/3/3-8/Erf_8813 15/3/4-8/Erf_8813

Eiendomsbeskrywing: Erf8813,Malmesbury FisieseAdres: Alfastraat162,MALMESBURY,7300.

Volledigebeskrywingvanaansoek:

‘n Aansoek om hersonering van erf 8813, Malmesbury vanaf Residensiële sone 2 na Sakesone 2 is ingevolge ar kel 25(2)(a) van Swartland Munisipaliteit: Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning(PK8226van25Maart2020),ontvang.

Aansoek word ook gedoen vir die afwyking van ontwikkelingsparameters op erf 8813, Malmesbury, ingevolge ar kel 25(2)(b) van Swartland Munisipaliteit: Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning(PK8226van25Maart2020).Dieafwykingsbehelsdievolgende:

• Afwykingvandie5mstraatboulynteneindediebestaandewinkel±2mvandiestraatgrenste akkommodeer

• Afwykingvandie3mkantboulyn(westelikegrens)teneindediebestaandewinkel±2.5mvandie erfgrensteakkommodeer

Kennis word hiermee gegee ingevolge ar kel 55(1) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning dat bogenoemde aansoek ontvang is en beskikbaar is vir inspeksie vanaf Maandag tot Donderdag tussen 08:00-13:00 en 13:45 - 17:00 en Vrydag 08:00-13:00 en 13:45 - 15:45 by Department Ontwikkelingsbestuur, kantoor van die Senior Bestuurder : Ontwikkelingsbestuur, Munisipale Kantoor, Kerkstraat, Malmesbury Enige skri�elike kommentaar hetsy ‘n beswaar of ondersteuning kan ingevolge ar kel 60 van genoemde wetgewing aan Die Munisipale Bestuurder, Privaatsak X52, Malmesbury, 7299/Faks – 022-487 9440/e-pos –swartlandmun@swartland.org.za gestuur word voor of op 23 Junie 2025 om 17:00. Die kommentaar moet asseblief u naam, adres en kontakbesonderhede asook die voorkeurwyse waarop daar met u gekommunikeer moet word aandui, sowel as u belang by die aansoek asook redes vir u kommentaar Telefoniese navrae kan gerig word aan die stadsbeplanningsafdeling (Alwyn Burger, Herman Olivier of Annelie de Jager) by 022-487 9400. Die Munisipaliteit mag kommentaar wat na die slui ngsdatum ontvangwordweier Personewatniekanskryfniesaldeur‘nmunisipaleamptenaarbygestaanwordom hullekommentaaropskriftestel

J J SCHOLTZ Munisipale Bestuurder MunisipaleKantoor

Kerkstraat1

MALMESBURY

7300

23Mei2025

ARTHSS wenners gekies

Die Hoërskool Swartland in Malmesbury se gewilde ARTHSS-geleentheid het op 14 Mei in die stadsaal plaasgevind Vanjaar se wenners onder die meisies is Annine Beukes (2de prinses), Mila Maritz (1ste prinses) en Kerryn Busch as

Mej. HSS Onder die seuns is Callum Liedeman (2de prins), Zachary Arendse (1ste prins) en Justin Vermeulen as Mnr HSS as die wenners aangekondig. Die hooforganiseerder van die spoggeleentheid was die onderwyseres Elmien de Clerk.

Die ARTHSS-wenners vir 2025 vier die geleentheid saam met die beoordelaars Die spoggeleentheid het op 14 Mei in die stadsaal plaasgevind Van links staan Callum Liedeman (2de prins), Annine Beukes (2de prinses), Zachary Arendse (1ste prins), Mila Maritz (1ste prinses), die beoordelaars Anya Botha, Bea

en Graeme Watson, met Kerryn Busch as Mej HSS en Justin

Lions, Huis van Heerde en HDU maak dorp skoon

Gemeenskapsdiens: Leerders van die Hoërskool Dirkie Uys het saam met lede van Moorreesburg se Lionsklub én kinders van die Huis van Heerdekinderhuis die strate van hul dorp in-

gevaar en rommel opgetel. Die leerders en klublede hoop om bewustheid oor rommelstrooi te skep, maar ook om ’n gevoel van trots danksy ’n skoner dorp onder inwoners te kweek.

Van links: Heinrich Robertson van die Weskus-distriksmunisipaliteit, die raadslid Monde Stemele, die Speaker, Kallie Louw (WKDM), dr Ivan Meyer (Wes-Kaapse
Malan
Vermeulen as Mnr HSS heel regs
Die wenners saam
Leerders van die Hoërskool Dirkie Uys het die strate van Moorreesburg saam met lede van hul dorp se Lionsklub en kinders van die Huis van Heerde-kinderhuis ingevaar en rommel opgetel

Kreatiewe herwinning wen harte by B’Landbouskool

Volhoubaarheid word in die hartjie van die Boland op ’n vars en verbeeldingryke manier lewend gemaak. Hesmari van Deventer (42), ’n ma van Montagu, het weggooi- Sixty60- en Checkers-sakke in slegs vier dae in ’n verbluffende, pryswenneruitrusting omgeskep – en selfs ’n bypassende blomruiker Van Deventer – geïnspireer deur haar seun se ondersteuning vir sy vriendin –het ’n werklik opvallende herbewerkte rok en ’n passende jas geskep Die 17-jarige Beate van Wyk sou aan die Meneer en Mejuffrou Boland-modekompetisie deelneem en haar ma was vasberade om iets buitengewoons te lewer. “Beate wou oorspronklik iets met Sixty60-sakke doen en het aanvanklik oorpakke in gedagte gehad. Maar ek het gesê nee, jy moet punte kry vir kreatiwiteit; ons moet groot dink! Dit was ’n wonderlike uitdaging, want ek is dol daaroor om kreatief te wees,” vertel Van Deventer opgewonde.

Beate, ’n matriekleerder van die Hoër Meisieskool Paarl, en haar modelmaat, Jacques Brand (18), ’n Boland Land-

bouskool-leerder, het die gehoor by voorverlede Donderdagaand se geleentheid volkome verstom Die twee het heel toepaslik op ’n bromponie opgedaag met ’n uitrusting wat uitsluitlik uit herbewerkte Sixty60-sakke bestaan het.

Hul verbluffende optrede het hulle die titel as Meneer en Mejuffrou Kreatief in die “Van Rommel tot Prag”-afdeling van die kompetisie besorg.

Die gehoor was besonders beïndruk met die vernuwende wyse waarop die papier- en plastieksakke in ’n modevertoonstuk omgeskep is.

’n Interessante feit is dat Sixty60 se papiersakke deur die Forest Stewardship Council (FSC) gesertifiseer is.

Checkers het in 2021 selfs ’n baanbreker-herwinningsinisiatief begin wat klante in staat stel om gebruikte sakke terug aan Sixty60-bestuurders terug te gee vir herwinning

Beate en Hesmari se uitrustings beklemtoon nie net kreatiwiteit nie, maar ook die belangrikheid van volhoubare modepraktyke en vernuf in die Suid-Afrikaanse gemeenskap.

Agri Wes-Kaap wys finaliste vir Jongboer aan

Agri Wes-Kaap het pas die agt finaliste vir die 2025 Agri Wes-Kaap se Santam- Jongboer van die Jaar-kompetisie aangekondig – ’n toekenning wat uitnemendheid, leierskap en volgehoue toewyding in die landboubedryf vier Twee van dié finaliste is van die Breedevallei en Langeberg. Een kom van Tulbagh en nog een van die Ceres-vallei

Dié finaliste is nie net jonk nie, maar reeds gevestigde produsente wat ’n waardevolle bydrae tot hul gemeenskappe en die Wes-Kaapse landbou-ekonomie lewer Dié agt uitgesoekte jongboere is: André Swanepoel (28), wat reeds sewe jaar in die Langeberg-gebied met sitrus, steenvrugte, wingerd en groente boer

• Francois Rossouw (30), met ses en ’n half jaar ondervinding in die Hexriviervallei, waar hy tafeldruiwe op 310 hektaar produseer

• Gordon Anderson (36), wat al 16 jaar met appels en pere op 83 hektaar in die Overberg boer

• Hermann Heins (25), wat 125 hektaar i d k ô i di St ll

pere, appelkose, suurlemoene en pampoene boer

• Mario Lombard (39), ’n ervare boer van George, wat al vir 19 jaar met avokado’s en vleisbeeste boer

• Musa Mfengu (39) van Tulbagh, wat bloubessies op 36,6 hektaar produseer en reeds 13 jaar in die bedryf is

• Niel Bruwer (37) van die Ceres/Hamlet-gebied, met 15 jaar ervaring Sy onderneming sluit in droëvrugte op 90 hektaar en kernvrugte op 145 hektaar

Volgens die beoordelaars se sameroeper, Inus Oosthuizen, is die paneel opgewonde oor hul besoeke aan die finaliste se plase: “Elke jaar word ons verras deur die gehalte van jongboere in ons provinsie – en vanjaar is geen uitsondering nie Wat hierdie groep besonders maak, is die diversiteit van boerderye wat ons gaan besoek – van bloubessies tot varke, en van tafeldruiwe tot avokado’s Ek sien uit om eerstehands te beleef hoe hierdie boere in hul onderskeie velde uitblink ”

Die wenner van die 2025- Agri WesKaap se Santam- Jongboer van die Jaar-kompetisie sal op 11 Junie aangekondig word Die provinsiale wenner l di W K d i di i l

Beate van Wyk en Jacques Brand met hul Sixty60 herwinde drag op die verhoog by Boland Landbouskool se Meneer en Mejuffrou Boland Mode-kompetisie
Die Agri Wes-Kaap se Jongboer van die Jaar finaliste vir 2025 Van links: Hermann Heins, Mario Lombard, Jaco Bruwer, Francois Rossouw, Musa Mfengu, Gordon Anderson, André Swanrpoel en Niel Bruwer

jaydene.sampson@novusmedia.co.za

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.