Gazette-E-edition-13 May 2025

Page 1


van Ninety One, Avbob Mutual Assurance Society, Professional Provident Society (PPS) en Alexforbes besoek, waartydens die biblioteek- en geletterdheidsprogram in samewerking met The Bookery bekendgestel is

Belê nou in kinders se toekoms

In na wat begin het as ’n eenvoudige idee om leerders in die Klein Karoo te help, het ’n suksesvolle vennootskap daarin geslaag om een van die land se mees volhoubare maatskaplike beleggingsinisiatiewe daar te stel.

Dit volg danksy vier van Suid-Afrika se mees toonaangewende finansiëledienstemaatskappye, Ninety One, Avbob Mutual Assurance Society, Professional Provident Society (PPS) en Alexforbes wat ses jaar gelede bymekaar gekom het om hulle tot die land se onderwys en die opheffing van plaaslike gemeenskappe te verbind.

Vanjaar verskuif die beleggingsinisiatief se fokus na die Paardeberg- en Malmesburygemeenskappe deur hul “Bou aan ’n beter Boland”-inisiatief waar vroeëkinderontwikkeling en geletterdheid in die kollig is Die projekte, wat uit die inisiatief spruit, is op 8Mei amptelik bekendgestel en sluit ’n biblioteek- en geletterdheidsprogram by Anne Pienaar Gedenk Primêr in vennootskap met The Bookery in, asook die bou van ’n voorskoolse fasiliteit in die De Hoop-uitbreiding saam met die Maranatha Trust. Hierdie vennootskap het sedert hul ontstaan ses jaar gelede stelselmatig gegroei, vertel Dawie de Villiers van Alexforbes trots. “Die inisiatief se sukses van die afgelope vyf jaar is ’n bewys dat dit noodsaaklik is om in die plaasgemeenskappe van die land te belê,” het De

Villiers gesê.

“Vir ons by Ninety One is dit net die volgende hoofstuk in ’n vennootskap wat reeds soveel mense se lewe hier in die Klein-Karoo verander het,” vertel Natalie Phillips, adjunk- besturende direkteur van Ninety One, op haar beurt. “Saam met Avbob, PPS en Alexforbes brei ons nou ons ondersteuning na die Boland uit. Dit is ’n streek met ’n ryk geskiedenis en natuurskoon, maar soos soveel ander dele van ons land, steeds gekenmerk deur ongelyke toegang tot gehalte-onderrig,” verduidelik

Phillips, wat die dryffeer agter vanjaar se inisiatief was om hul aandag plaaslik te vestig. “Dit is presies waar ons ’n verskil wíl en kán maak – met ’n nuwe kleuterskool, Onse Hoop en ’n biblioteek- en geletterdheidsprogram by Anne Pienaar Gedenk Primêr.

“Dit is werklik ’n voorreg om hier te wees om die uitwerking van hierdie langtermyn-vennootskap eerstehands te sien – en dit saam met die gemeenskap te vier,” voeg sy opgewonde by

Die biblioteek- en geletterdheidsprogram by Anne Pienaar Gedenk Primêr op die plaas Jakkalsfontein buite Malmesbury in die Paardeberg is die afgelope Donderdag amptelik deur lede van die vennootskap besigtig. Die biblioteek en program wat in samewerking met The Bookery moontlik gemaak is en wat hulle voortaan sal bestuur, gee toegang tot geletterdheid waarby 216 leerders van die skool sal baatvind.

“The Bookery skep en ondersteun skoolbiblioteke om die ernstige tekort aan biblioteke in Suid-Afrikaanse skole die hoof te bied. Hulle kombineer inspirerende ruimtes, gepaste boeke, toegewyde bibliotekarisondersteuning en voortdurende ontwikkeling The Bookery het onder meer die bestaande biblioteekruimte opgeknap, fiksie- en niefiksie-boeke verskaf, noodsaaklike biblioteekbestuurstegnologie bygevoeg en voortaan geletterdheidsontwikkeling en mentorskap vir die skool se bibliotekaris sal bied deur terreinbesoeke en verdere opleiding.” Dit is die 99ste biblioteek wat The Bookery in hul 15 jaar se bestaan geskep het.

Die Onse Hoop-kleuterskool, die voorskoolse fasiliteit wat op vroeëkinderontwikkeling fokus, het sy deure verlede week amptelik vir kinders van inwoners wat voorheen in die Paardeberg op plase gebly het, geopen.

Die fasiliteit, geleë in die omgewing van die De Hoopbehuisingsontwikkeling waar baie van die gesinne hervestig is, is moontlik gemaak danksy die Maranatha Trust in samewerking met die betrokke finansiëledienstemaatskappye wat die behoefte vir vroeëkinderontwikkeling onder die plaasgemeenskap identifiseer het.

Die Maranatha Trust het omgesien na die eerste fase van ’n veeldoelige gebou, gegrond op hul suksesvolle “Onse Skool”-model.

Die Trust, aanvanklik begin

Kleuters by die Onse Hoop-crèche, wat op vroeëkinderontwikkeling fokus, het splinternuwe balle om mee te speel en hul groot motoriese vaardighede te help ontwikkel, gedurende die geleentheid ontvang

deur die Sadie-familie en nou ’n onafhanklike organisasie sonder winsbejag, werk al langer as ’n dekade met die Paardeberg se plaasgemeenskap Die trust, wat aanvanlik plaaswerkers se kinders wou ophef en bemagtig, is in 2011 in die lewe geroep. Die ontwikkeling van die fasiliteit wat tans slegs 30 kleuters huisves, se tweede fase hoop om uiteindelik 100 kinders meer te kan ontvang Die fasiliteit sluit verder ’n hoëgehaltevoorafvervaardigde struktuur met ’n veeldoelige biblioteek en ruimte vir die gemeenskap in, doeltreffende veiligheidsheinings en ’n sonkragstelsel vir volhoubaarheid. Die bemagtiging en opleiding van vroue uit

die omliggende omgewing as voorskoolonderwysers, is ook in die pyplyn. Fritz Hendriks (65), een van die voormalige inwoners van ’n plaas in die Paardeberg, het by die geleentheid hul dankbaarheid teenoor die Maranatha Trust en die verteenwoordigers van die vennootskap uitgespreek. Volgens hom het die voorskoolse fasiliteit, Onse Hoop, weer hoop vir inwoners gebring Hy is dankbaar vir wat die trust vir sy seun Angelo (15), nou reeds in graad 9, se grondslag by hul voormalige skool in die Paardeberg beteken het en is bly om te sien dat hul kinders nou kan staatmaak op dieselfde hoëgehalte-onderrig en ontwikkeling.

Die Anne Pienaar Gedenk Primêr op die plaas Jakkelsfontein buite Malmesbury is Donderdag (8 Mei) deur verteenwoordigers

Sport

Wesbankknak AbbotsdaleLillies

Wesbank en Abbotsdale Lillies het mekaar Saterdag (10 Mei) op die Alfastraat-rugbyveld in Wesbank in een van die taaiste derby-wedstryde in ’n baie lang tyd ontmoet Die skare het die wedstryd ondanks gietende reën elke oomblik geniet.

Lillies het eerste punte danksy ’n strafskop aangeteken, maar Wesbank het vinnig teruggeslaan met ’n strafskop om die telling 3-3 gelykop te maak.

’n Titaniese stryd het tussen die twee pak voorspelers gewoed, wat nie ’n millimeter vir mekaar teruggestaan het nie. Drie skrale punte was met rustyd die verskil tussen Wesbank en Lillies, met Wesbank die voorloper op 6-3.

Ná rustyd het Wesbank die tempo verskerp en die senter Devon van Niekerk het sy eerste van twee drieë gedruk, wat die telling tot 13-3 verhoog het. Lillies

het egter teruggeveg en sy eerste drie aangeteken. Twee geelkaarte en ’n rooikaart teen die verloop van die wedstryd het Lillies egter gekortwiek wat in ’n stadium met 12 man Wesbank se aanslae moes weerstaan en hulle moes hergroepeer

In dié tydperk het Lillies twee pragtige drieë gedruk en die eerste keer met 15-13 voorgeloop. Wesbank het vinnig geantwoord met ’n tweede drie deur Van Niekerk, verdoel deur Gavern Skippers, wat die telling tot 20-15 laat groei het. Dashton Wellman se skepdoel het Wesbank ’n verdere voorsprong van 23-15 gegee.

’n Aanval van Lillies het uitgeloop op ’n onverdoelde drie, wat die telling tot drie punte verklein het. Met ’n paar minute speeltyd oor het Wesbank Lillies tot foute gedwing, wat tot ’n strafskop gelei het. Skippers se suksesvolle strafskop het Lillies finaal gesink en Wesbank het met 26-20 gewen

“Behalwe die geel- en rooikaarte het ons steeds goed teen Wesbank meegeding en twee pragtige drieë gedurende daardie periodes behaal,” het Denna Koopman, Lillies se afrigter. na afloop van die wedstryd laat hoor

“Wesbank het egter hul kanse beter as ons benut en was op die dag beter gedissiplineerd as ons, wat hul oorwinning welverdiend gemaak het. Volledige naweek-uitslae:

•Swartland: Wesbank 26-20 Abbotsdale, Darling 10-15 Porterville, Riebeeck United 19 -18 Moorreesburg, Villagers Wittewater 29-16 Mamre, Voorberg 22- 23 Never Despairs, Saron 20-36 Goodhopes •Weskus Vredenburg 9-27 St. Helena, Piketberg 22-25 Hopefield, Goedverwacht 20-52 Paternoster, Langebaan 40-42 Velddrif en Steenberg Cove 13-34 Young Hearts Saldanha het die afgelope naweek gerus

David Rossouw
Zuan Arendse word deur twee Wesbank-spelers in ’n klipharde Grootuitdaagbeker-derbystryd van die Boland-rugbyunie tussen Wesbank en die Abbotsdale Lillies getakel Foto: Manfred Erasmus

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.