Eikestadnuus - E-Edition - 31 July 2025

Page 1


Dorpleimetdiéhuise

Woonplek in die Stellenbosse munisipale gebied kan vir vele ’n uitdaging wees met almal – van gevestigde Stellenbossers tot studente en jappies – wat hul eie struikelblokke ervaar.

Daarvoor het die Stellenbosch-munisipaliteit die inklusiewe soneringsbeleid aangeneem in ’n poging om meer behuising meer toeganklik vir almal te maak. Hierdie beleid, wat as deel van ’n munisipale verordening ingestel is en toegepas word, vereis dat 20% van enige behuisings- of gemengde-gebruik-ontwikkelings met meer as 20 wooneenhede, aan bekostigbare behuising afgestaan word. Die beleid definieer bekostigbare behuising op ’n skaal waar eiendom ’n markwaarde van tussen R300 000 en R1,2 miljoen het. Sedert dit in Junie 2023 deur die Stellenbosch-munisipaliteit aanvaar is, is twee ontwikkelings goedgekeur. Hierdie twee, saam met die vyf wat in die tussentydse tydperk van beleid-imple-

mentering goedgekeur is, dra gesamentlik by tot 907 bekostigbare woonplekke wat beskikbaar gestel sal word in onder meer die Adam Tas-korridor en Klapmuts. Die Newinbosch-ontwikkeling alleen sal gevolglik 144 bekostigbare wooneenhede hê.

Met die ontwikkeling van die riglyne vir die Adam Tas-korridorontwikkeling het die munisipaliteit ook bekostigbare behuising deel van ontwikkelaars se beplanningsverpligting gemaak. Nou sal 343 bekostigbare behuisingseenhede as deel van dié projek gebou word.

Die plaaslike munisipaliteit is slegs die tweede munisipaliteit in die land, naas Johannesburg, en die enigste in die WesKaap om dié beleid in werking te stel.

Volgens die burgemeester, Jeremy Fasser, lewer die beleid reeds resultate.

“Deur hierdie beleid probeer ons die narratief oor bekostigbare en waardige behuising herskryf – om te wys dat toegang tot behuising geïntegreerd en toekomsgerig kan wees en dat plaaslike regering die voortou kan neem in die skep van herhaalbare modelle vir ander

gemeenskappe oor Suid-Afrika heen Dit gaan daaroor om beleid in aksie om te skep, en aksie in uitwerking,” het Fasser vroeër vandeesmaand by ’n dialooggeleentheid oor die beleid gesê

Die geleentheid is deur die munisipaliteit en die Ontwikkelingsaksiegroep (DAG) aangebied.

Hier het belangstellendes die geleentheid gekry om meer oor die beleid, die instelling en ontwikkeling daarvan te bespreek.

Die raadslid Marius van Staden van die GOOD-party het die beleid verwelkom, maar gemaan die toepassing daarvan “is uiters belangrik”.

“Dit is ’n noemenswaardige mylpaal, maar ons bly versigtig. Beleidsgoedkeuring is een ding. Om huise te lewer wat werklik bekostigbaar en toeganklik vir werkersklasinwoners is, is ’n ander,” het hy luidens ’n verklaring gesê

Die party is lank reeds krities oor die Wes-Kaapse regering se Inklusiewe-behuisings-raamwerk aangesien dit vrywillig en “onafdwingbaar en heeltemal geskei van betekenisvolle impak” is

“Ruimtelike transformasie kan nie net op papier gewettig word nie. Dit vereis politieke wil, deursigtige implementering en diep gemeenskapsdeelname Geraakte gemeenskappe moet mede-outeurs van behuisingsoplossings wees – nie net geraadpleegdes in ’n beleidsproses nie

“Die werklike toets van hierdie beleid sal nie gemeet word aan beplanningsgoedkeurings of publikasies nie, maar aan werklik goedgeleë huise wat gebou is vir mense wat lank reeds van die stedelike kern uitgesluit is,” meen hy In plaas daarvan om die beleid as slegs voorskriflik te sien, is die idee vir die munisipaliteit om grondgebruik te benut om die “verlore middel” te help om behuising te bekom. Die “verlore middel” is voortneme-nde huiseienaars wat nie vir staatsgesubsidieerde behuising of ’n huislening kwalifiseer nie. Helen Rourke, die programdirekteur by DAG, meen Stellenbosch se implementering toon dapperheid. “In ’n land waar ruimtelike en inkomsteverskille steeds die daaglikse lewe definieer, is dit hoe ware ruimtelike transformasie lyk.”

Beeste wei in w

YaëlMalgas

Sonde met die bure is een ding, maar wanneer ’n trop beeste in die buurt rondhang, is dit ’n ander saak

Inwoners van Onderpapegaaiberg het verlede Sondagmiddag (27 Julie) glo 11 beeste in Distilleryweg by die Bosmanskruising gesien Volgens een inwoner, Karin Herbert, is die vermoede dat die diere uit die Papegaaiberg-natuurreservaat gekom het, waar boere van Khayamandi glo hul beeste laat wei

Die heining om die reservaat is voltooi, maar is weens onwettige aktiwiteite sedertdien beskadig

Die rondlopers is by die Stellenboschmunisipaliteit se wetstoepassers aangemeld, terwyl inwoners van die buurt en die nabye Devonvallei, die trop opgepas het in afwagting op die wetstoepassers Waarheen die beeste sou loop, was inwoners se grootste kommer

Slegs twee van die beeste was glo gemerk, wat die opspoor van die diere se eienaars nog meer bemoeilik het

Beeste het die afgelope Sondag ’n rustige draai in Onde

Klag teen sokkerakademie

YaëlMalgas

’n Ouer van een van die jong spelers wat vroeër vandeesmand in Portugal gestrand was, het vandeesweek ’n saak teen die BT Football-akademie aanhangig gemaak, met ander Stellenbosch-ouers wat sê hulle maak gereed om dieselfde te doen

Die publikasie Plainsman het Maandag berig dat ’n ouer ’n saak van bedrog by die Grassy Park-polisiekantoor teen BT Football se eienaar, Brandon Timmy, aanhangig gemaak het

Volgens ’n Stellenbosch-ouer wie se seun onder die 38 was wat na Spanje gereis het om aan die Donostibeker-kompetisie deel te neem, is sy en ander plaaslike ouers besig om alles gereed te kry om seker te maak daar is nagevolge vir die akademie Dit volg nadat die groep afrigters en sokkerspelers moes hoor daar was geen vliegtuigkaartjies vir hul terugkeer na Suid-Afrika nie BT Football het jaarliks verskeie groepe spelers wat na Portugal reis as deel van die BT Football-akademiespan wat proewe speel, met die hoop om deur ’n internasionale spankeurder raakgesien te word Vanjaar was egter die eerste keer wat spanne aan die Donostibeker-kompetisie in San Sebastián, Spanje deelgeneem het Timmy het voorheen aan Eikestadnuus

Die Stellenbossers

Williams op sosiale media geskryf

Die geldinsameling het veral ’n hupstoot gekry nadat Tracey Lange, mediapersoonlikheid en Kfm-omroeper, op Sondag 20Julie op haar sosialemediablad die publiek gevra het om te help sodat vliegtuigkaartjies vir die groep gekoop kon word

Volgens die provinsiale departement van sport en kultuursake is BT Football nie verbonde aan die departement nie en as sulks kan hulle nie teen die klub of bestuur optree nie

Tania Colyn, woordvoerder vir die departement, het by navraag gesê ’n sportklub is ’n private entiteit en hoef as sulks nie by die departement te registreer nie

“Die departement finansier sportklubs

Skietgoed gekry

Die Cloetesville-polisie het die afgelope week verskeie suksesse gehad om vuurwapens ná die onlangse skietdood van ’n tiener uit die strate te kry.

Volgens AO Zenobia Sedeman, ’n plaaslike polisiewoordvoerder, is verskeie optredes ná talle skietvoorvalle in die buurt van stapel gestuur.

“Die Cloetesville-polisie, tesame met die Stellenbosch-munisipaliteit se wetstoepas- sers, die polisie se bende-eenheid en die Paarlse Openbare Orde Polisie-eenheid (POP) het wonings geïdentifiseer waar vuurwapens en dwelms moontlik versteek is,” verduidelik sy. “Inligting deur die gemeenskap, wat suksesvol was, is ook opgevolg.”

Tydens die optredes is op tien sakkies met kokaïen, een .45mm-vuurwapen en ’n .38 Special-rewolwer afgekom.

Die polisie het Sondag (27 Julie) nog welslae met die hulp van hul veiligheidsvennote behaal toe hulle in Primrosestraat patrolliewerk gedoen het.

Die beamptes het ’n groep mans, wat in die straat gestaan het, genader Toe die mans deursoek is, is ’n rewolwer met drie .38-rondes by hom gekry.

Dwelms en geld was van die produkte wat die Cloetesville-polisie tydens onlangse patrollies by verdagtes afgeneem het
Hierdie vuurwapen en ammunisie by ’n man gekry. ’n Rewolwer is by ’n 16-jarige afgeneem.
Chriszelda Williams en Hajiera Arnolds by die afrigter Keeno Damons (middel) op die Kaapstadse lughawe

Nuwe hoof is hier

James Isaacs het dalk aanvanklik nie geweet waar presies Brückner de Villiers Primêr geleë is nie, maar die nuut aangestelde hoof sê hy is gereed om die skool op die “map” te sit

Isaacs, wat op Dinsdag 1 Julie amptelik die leisels van die laerskool in Idasvallei by Gail Kortje oorgeneem het, sê hy is hartlik deur die personeel ontvang en meen met só ’n span kan die skool ver kom “Ek het reeds my buurmanne van Idasvallei Primêr en St Idas gewaarsku –binne twee jaar sal Brückner de Villiers die beste skool in Idasvallei wees Hierdie skool het van die beste onderwysers in die streek en ons het soveel potensiaal om te ontgin,” vertel Isaacs Hoewel hy deesdae in Strand woon, kom hy oorspronklik van Firgrove en dit was hier by die plaaslike laerskool waar hy ook tot onlangs adjunkhoof was Voorheen was hy vir twee dekades by Macassar Primêr Hy bieg hy is met ’n swaar hart weg van sy alma mater veral omdat hy “sy stout kinders” die meeste sal mis “Hulle het my die pa van die stout kinders genoem,” skerts hy “Dit begin alles met respek Ongelukkig word baie kinders by die huis afgebreek en die laaste ding wat jy as onderwyser dan kan doen is om met hulle te raas en te dink hulle sal na jou luister, maar hulle kry dit reeds by die huis Ons grootste werk as onderwysers is om kinders te help opbou Soek die goedheid in die leerders Indien jy gaan fout soek, sal jy dit altyd kry, maar indien jy ’n kind respek

Brückner de Villiers Primêr se nuwe

hoof, James Isaacs, wat verlede

Dinsdag (1Julie) sy amp ingeneem

het Foto: Yaël Malgas

kan gee en hy jou dan in sy vertroue kan neem, kan dit die wêreld se verskil in sy lewe maak ” Hierdie siening is hoekom Isaacs ’n oopdeur-beleid met personeel en leerders het Van uitdagings weet Isaacs self Hy was besig om gereed te maak vir sy Junie- matriekeksamen toe hy die tyding kry dat sy pa oorlede is Sy ma moes toe haar vier seuns alleen grootmaak, maar Isaacs sê dit was sy oom, wat ook ’n onderwyser was, wat hom in die beroep gekry het “Aanvanklik het ek ná matriek gaan werk om my ma te help, maar my oom het gesê ek moet gaan studeer Hy het my self na die onderwyskollege geneem en ingeskryf ”

Buiten sy oom meen Isaacs dit was sy voormalige hoof, Edeon Wyngaad, wat sy grootste mentor was Nou is hy egter self aan die stuur en hy sê hy het groot planne vir Brückner de Villiers Primêr Sedert verlede Dinsdag, toe die skole heropen het, het hy reeds verskeie vergaderings gehad om ondersteuning vir die skool te kry en programme vir leerders van stapel te stuur. Deel van die planne is om kultuur en musiek na die skool te bring

As trompetspeler glo Isaacs die kunste kan vele deure vir leerders open Hy het reeds verseker dat koderingsklasse eersdaags by die skool aangebied sal word en dat musikale leerders by die Field Bandstigting kan aansluit

Wanneer hy nie planne beraam om sy skool die beste moontlike skool in Idasvallei te maak nie, bring Isaacs tyd saam met sy familie deur en geniet veral die geselskap van sy drie woelwater-kleinkinders

Jonker en Opperman gevier

YaëlMalgas

Die bydrae van twee groot Afrikaanse digters is met musiek en voorlesings in Sproeireën en kantelson gevier – ’n vertoning wat die werke van Ingrid Jonker en D J Opperman van nader bekyk het

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het voorverlede Saterdag (19 Julie) gaste by Die Laer verwelkom waar die akademikus-paar proff Wium en Dorothea van Zyl ’n gedenklesing oor die twee digters gelewer het Die akteurspaar Carel Trichardt en Petru Wessels het die poësie by die geleentheid voorgelees terwyl toonsettings van die digters se werke deur Grethe van der Merwe opgevoer is Ten spyte daarvan dat sy slegs twee digbundels in haar leeftyd gepubliseer het, het Jonker haar in die Afrikaanse literatuur gevestig, sê prof. Dorothea. Jonker se debuutbundel, Ontvlugting, het in 1956 verskyn en is gevolg deur Rook en Oker in 1963 “Sy was soveel meer as slegs hierdie tragiese femme fatale soos vele haar beskryf het,” sê Dorothea Sy het vertel van Jonker se onstabiele kinderdae met ’n ma wat geestesgesondheidsprobleme gehad het en ’n pa, Abraham Jonker, ’n Nasionale Party-parlementslid en later voorsitter van die sensuurraad, wat meer in sy politieke loopbaan as sy dogters belanggestel het

Jonker se liefdeslewe was stormagtig, met onder meer ’n mislukte huwelik met Pieter Venter en verhoudings met die skrywers Jack Cope en Andre P Brink Nou, 60 jaar ná haar selfdood, word Jonker onthou vir haar gedigte van egtheid en broosheid

“Sy was juis volwaardig vroulik Sy was ’n baanbeker in die Afrikaanse poësie juis omdat sy volwaardig sterk vroulik was Sy het vir die eerste keer sedert Hettie Smit se Sy kom met die sekelmaan verse gelewer wat meisie-, vrou- en ma-wees pragfyn en sensitief verbeeld Sy het ’n ander, eiesoortige stem as die meer robuuste Elisabeth Eybers Soms is sy speels en lig en soms is sy passievol, baie somber, maar inderdaad altyd intens,” sê Dorothea Sy het 19 van Jonker se gedigte bekyk, aangesien 19 ’n belangrike syfer in Jonker se lewe was. Sy is op 19 September 1933 gebore en is op 19 Julie 1965 dood Op sy beurt het prof Wium gesels oor Opperman, wat vanjaar 40 jaar gelede oorlede is Hy was self ’n student van dié digter en vertel hoewel Opperman mompelend klasgegee het en nie juis ’n goeie spreker was nie, hy ’n mentor vir vele digters was Hy het Opperman se gedig “Man met flits” van nader bekyk Elizma Smith, die FAK-kultuurkoördineerder in die Kaap, sê die FAK-span sal nog vele sulke geleenthede aanbied

Van links is die sanger Grethe van der Merwe, proff. Dorothea en Wium van Zyl en die akteurs
Carel Trichardt en Petru Wes-
sels Foto: Yaël Malgas

VisittheDaisyJonesBaratSummerhillEstateoutsideStellenboschthis Sunday(3August)at15:00foranAfricanFolkmusicexperience Itfeatures fivesinger-songwriterswithjusttheirinstrumentsandastorytotellwith theirsongs TheartistsareNickTurner,LunaPaige(left),StanleySibande, DivineMaharaandAvrilMkansi Eachperformerwillincorporatetheirhome languageintheirsets,coveringEnglish,Tsonga,Afrikaans,Shonaand Bemba,makingtheconcertmorespecialandpersonal Whileguestswill enjoyshortsetsofthreetofivesongsfromeachperformer,therewillalso becollaborations TicketsboughtonlineviaQuicketcostR160each,while thoseboughtatthedoorwillcostR190perperson.Fortablebookingsof fourtosixpeople,sendaWhatsAppmessageto0649682015

Dorpskalender | Town calendar

DONDERDAG31JULIE

Stellenbosch: Een van die land se mees geliefde akteurs,Frank Opperman,is om 20:00 in die eenman-verhoogprodukie Reünie by die KRUISKERK te sien Dis dieselfde skoolsaal,maar 43 jaar later by die reünie van die 1980-matriekgroep Adam Boshoff tree as verteller op maar deur die loop van die aand kry verskeie klasmaats ’n beurt agter die mikrofoon Lank terug het almal saam ’n tragedie beleef wat hulle nou vir die eerste keer regtig konfronteer Reünie is deur Dana Snyman geskryf,met De Klerk Oelofse as regisseur Die deure open om 17:30,met musiek, kos en wyn by Die Khaya te koop Kaartjiepryse begin by R180 elk Besoek Quicket om te bespreek

VRYDAG1AUGUSTUS

Stellenbosch: Mathys Roets,Liesl du Toit en Matthys Maree bring om 19:00 hulde aan Leonard Cohen by die DROSTDY-TEATER Roets is een van die min plaaslike kunstenaars wat Cohen werklik gestand kan doen In Songs of Leonard Cohen word outentieke Cohen gemeng met unieke Roets – so eenders,maar tog so anders Roets deel die verhoog met Maree op klavier en die sanger Du Toit Kaartjies kos R160 Besoek Webtickets om te bespreek

SATURDAY9AUGUST

Stellenbosch: Celebrate Women’s Day with The Wine Walk at MURATIEWINEESTATE,starting at the Dirtopia Trail Centre from 09:00 Participants will be welcomed with a mimosa before following signs to the look-out point on the mountain above the cellar,offering panoramic views of Simonsberg and Table Mountain At the top,guests will be treated to a tasting of four Muratie wines – two whites and two reds Children under 18 will receive a juice instead of wine The distance of the hike is 3,5km and the cost is R175 per adult Participants must wear closed walking or hiking shoes and take along a backpack with

water,a hat,jacket,and optional snacks The route includes over 200 wooden steps and varied terrain, so a reasonable fitness level is advised Bookings are essential by noon on Friday 8 August Limited tickets available Visit wwwdirtpass co za to book

SATURDAY16TOSUNDAY24AUGUST

Helderberg: The third annual INDIEAUTHORS RISEUP:FRINGEFIRESIDECHATS book festival will be held at various venues in Gordon’s Bay,Somerset West and Strand There will be enriching sessions with seasoned writing mentors,candid insights from experienced authors,legal guidance for writers, artists and other creatives,and a hands-on workshop unpacking AI’s role in the world of writing More than 40 talented independent authors and self-publishing service providers will be part of the event Whether you’re a fan of fiction,poetry or non-fiction,there’s something for everyone Most tickets cost R60 each and includes a glass of wine,while others offer free admission Visit www indieauthorsriseup co za for more information and the full programme

SATERDAG23AUGUSTUS

Lynedoch: Die Faith Fund-omgeedag word om 10:30 by VREDENHEIM-PLAAS gehou Die geleentheid word deur die Beyers Truter Fetal Alcohol Interrelated Treatment Help Fund (Faith Fund) in samewerking met Beyerskloof en Vredenheim aangebied Die sangeres Andriëtte Norman sal gaste met haar sang vermaak en wenke oor ingewandegesondheid deel,terwyl Leatitia Solomons as seremoniemeester sal seker maak die lagspiere kry genoeg oefening Kaartjies,teen R440 per persoon, sluit ’n laatontbyt,geskenksakkie en gelukkigstrekkings in Stuur e-pos na kershoff@mweb co za om jou tafel of kaartjie te bespreek Stuurallekalender-inskrywingsna eikestadnuus@novusmedia co za

Musiek by Endler

Die tweede seisoen van die Endlerkonsertreeks word van Augustus tot Desember in die Universiteit Stellenbosch (US) se Konservatorium aangebied.

Die seisoen bou voort op ’n sterk tradisie van musikale uitnemendheid en plaas die kollig op kragtige samewerking – plaaslik sowel as internasionaal en intertersiêr –met ’n besondere fokus op vokale uitvoering. Gehore kan tussen Augustus en Oktober na voortreflike vermaak uitsien Dit begin môre (Vrydag 1 Augustus), met die bekende pianis José Dias wat The Chopin Project I: The Piano Concertos saam met die Selene-strykkwartet en kontrabasspeler Zanelle Britz bekendstel Die konsert bied ’n intieme ervaring van Chopin se meesterwerke in ’n verwerking vir klavier en strykkwintet Hierdie vernuwende konsert is die begin van ’n reis om Chopin se volledige oeuvre te verken en op te neem Sondag (3Augustus) bied die US-kamerkoor sy lang verwagte galakonsert onder leiding van Lunathi Ncamani en Martin Berger met Afrika-koormusiek, klassieke meesterwerke en eietydse werke aan Die vokale uitnemendheid gaan voort met Schubert se geliefde “Die schöne Müllerin”, met die internasionaal erkende

rie Vassiliou, ’n professor in sang aan die Royal Academy of Music in Londen, en die pianis Nicolene Gibbons Die program, wat op Woensdag 13 Augustus aangebied word, strek oor Duitsland, Frankryk, Italië en die Amerikas

Die US-koor keer op Vrydag 15 Augustus triomfantlik terug ná sy onlangse sukses by die 2024-Wêreldkoorspele in Denemarke, waar die koor verskeie goue medaljes losgesing het Die koor, onder leiding van André van der Merwe, beloof ’n inspirerende aand van lewendige optredes

Die sterk tradisie van intertersiêre samewerking word op Saterdag 16 Augustus gevier met die jaarlikse US en die Universiteit van Kaapstad-klavieruitruil, getiteld Invitation to the Dance, waar die klavierafdelings van die twee universiteite se South African College of Music dansgeïnspireerde werke aanbied

Nog ’n boeiende vennootskap is dié tussen Opera UCT en die US-sangafdeling, wat op Maandag 25 Augustus saam die SuidAfrikaanse kunslied vier, met prof Jeremy Silver op klavier

Ander uitstaande vertonings sluit in die USSO-jeugkonsertfees op Donderdag 4 September met die Konservatorium se voorste studentesoliste, onder leiding van Rik Ghesquière, buitengewone professor aan

Van links: Zanelle Britz, Catherine Stiff, Rosamund Roth, José Dias, Jana Smit en Zoë Coetzee is Vrydag (1Augustus) op die verhoog van die Endler-saal as deel van die tweede seisoen van die Endler-konsertreeks

Primed for the skillet

Bergzicht Training and Development celebrated the graduation of its Cathsseta Professional Cookery National Certificate 1-Year Learnership in partnership with CTIA at the prestigious Lanzerac Estate last month

The event brought together industry partners, family and friends to honour the graduates’ dedication and growth over the past year.

Bergzicht CEO Michele Walker opened the ceremony by welcoming and thanking the graduates’ families for their ongoing support. “It wasn’t always easy on the families,” she acknowledged, recognising the sacrifices made behind the scenes to help the learners succeed.

Several graduates shared their journeys, reflecting on the challenges and triumphs they experienced. “The learnership wasn’t an easy ride, and I’m glad I wasn’t placed on my own at The Werf Restaurant at Boschendal. Lunathi, my fellow student, and I faced many challenges, but we always encouraged each other not to give up,” said Kamvelihle Ngqutwana

“I’m very grateful to Bergzicht. I got my first job at Blos Bakery after doing my initial Work Integrated Learning there. I gained valuable experience, but I realised I love cooking more than baking. That’s when I had the opportunity to further my studies through the learnership programme funded by The TK Foundation Going from being employed

back to being a student wasn’t easy, but I knew what I wanted and I went for it.”

Ndipiwe Olayi, guest speaker and Mayoral Committee member for Corporate Services, addressed the graduates with a heartfelt message of encouragement and recognition. “Your journey has been one of growth, resilience and determination You’ve faced the demands of training and the challenges of real-world application, and you’ve come through stronger, ready to take on the next chapter

“Graduation is not the end, but a beginning The skills, knowledge and experience you’ve gained are a foundation; it’s now up to you to keep building, keep learning, growing and adapting.

“As you step into the world of work, remember: every challenge is a chance to grow, every setback a lesson. Stay connected, seek support and uplift those around you The industry needs your talent, ideas and passion The future is yours to shape Step forward with confidence and pride; you’ve earned it.”

Bergzicht board member Dr Hannes Koornhof congratulated the group on reaching the milestone, challenging them to think ahead He reminded them that, while external factors may influence their paths, having a clear goal is key

“What will carry you through and help you overcome difficulties is the goal you have set for yourself,” he said.

“Do not be afraid to dream big. Shoot for the moon. Even if you miss, you’ll land among the stars.”

StudentePlein kraai weer koning

Marlé-Zanne Barnard

Die Stellenbosse Afrikaanse organisasie sonder winsoogmerk StudentePlein Metakampus het vandeesmaand die derde opeenvolgende jaar by AfriForum se nasionale universiteitsdebatkompetisie koning gekraai.

Die spanne het Vrydag 18 en Saterdag 19Julie by die Hoërskool Montana in Pretoria meegeding, waar 14 spanne van oor die land heen bymekaargekom het. Ná die uitdunrondes is die agt beste spanne aangewys, met al drie StudentePlein-spanne wat deurgedring het – iets wat by ander universiteite opslae gemaak het. Teen Saterdag het drie StudentePlein-spanne die top-vyf gehaal, en dit het op ’n alles-Stellenbosch-stryd neergekom: StudentePlein 1 teen StudentePlein 2 in die eindronde.

Die debattema was: “Hierdie huis glo dat die prioritisering van Engels as lingua franca in Suid-Afrika ’n voortsetting van koloniale hegemonie is, ten koste van ware meertaligheid en kulturele regverdigheid”.

Die StudentePlein 1-span (Ignus Ferreira, Righardt Pretorius, Neelsie van Dyk en Stephan Ehlers) het as regering opgetree, terwyl StudentePlein 2 (Megan Jones, Megan Kruger, Isabella Burgers en Simoné Shirley) die opposisie verdedig het.

“Dit was baie lekker om te weet dat ons ’n nommer een en twee in die eindronde gehad het omdat dit toe die ronde makliker gemaak het. Ons kon net lekker sit en luister na die spanne sonder om ons oor ’n oorwinning te bekommer; ons het darem geweet ons het ’n StudentePlein-prys in die sakkie,” het die debatafrigter, Milda van Dyk, gesê StudentePlein 2 is uiteindelik as die

wenner aangewys, met StudentePlein 1 tweede en StudentePlein 3 in die top-vyf. Van Dyk is entoesiasties oor StudentePlein 3: “Ons is opgewonde oor wat hulle gaan behaal omdat dit hul eerste jaar van debat was en hulle nie regtig op skool aan debat deelgeneem het nie Ons sien uit om hulle binne die volgende jaar of wat op die podium te sien.”

Megan Kruger is as beste spreker aangewys, terwyl Megan Jones die retoriekprys gewen het. Jones sê die waarde van dié kompetisie is vir haar “die samekoms en vriendskappe wat dit fasiliteer, die ruimte wat dit skep vir leer en probeer, en die viering van Afrikaans as taal wat dit voorstaan”.

“Om hierdie rede was my debat-ervaring ’n oorwinning die oomblik toe ek die laaste woorde (‘die krag van kommunikasie’) van my toespraak met selfversekerdheid en oortuiging kon sê en nie eers toe ons as die wenners aangekondig is nie. Ek is eintlik oorweldig met dankbaarheid dat ons spannetjie ’n pad met StudentePlein kon stap.”

Volgens die voorsitter, Tian Alberts, is hierdie oorwinning meer as net ’n trofee “StudentePlein is uitermate trots op ons spanne wat met uitstaande gehalte oorheersende uitslae op die nasionale studentedebatterrein behaal het. Dit is verkwiklik dat Afrikaanse studentedebat in Stellenbosch onder StudentePlein se sambreel kan voortleef en as baken vir uitstaande Afrikaanse intellektuele afronding kan dien te midde van geldige kommer oor ’n verlies daaraan onder Afrikaanse jongmense,” het Alberts gesê

Met hierdie derde opeenvolgende oorwinning het StudentePlein sy status as een van die land se voorste Afrikaanse debatinstansies bevestig

All dressed up to celebrate the milestone are (from left) Olwethu Masango, Mbalentle Tyopo, Kamvelihle Ngqutwana, Animarie van Breukelen (learnership facilitator), Avuyile Yantolo, Jaydeen Greeff and Lunathi Qhaji

JamestowntoLondon

Local signs for Queens Park Rangers

Tylon Smith, the young soccer star who made headlines during the recent CAF Under-20 Africa Cup of Nations (Afcon), is donning the colours of EFL Championship side Queens Park Rangers (QPR)

Last Wednesday (23 July) Stellenbosch FC confirmed the completion of Smith’s permanent transfer to the West London club. Since the announcement, Smith has already jetted off to London and is settling in as part of the Championship club’s development squad

His transfer to the United Kingdom represents a landmark moment for Stellenbosch FC and its development structures, as the 20-year-old becomes the first player to progress through the club’s under-14, under-16, under-18 and reserve teams before securing a move abroad

“This is a very proud moment for everyone at the club, the town, and his family,” Stellenbosch FC CEO Rob Benadie said “We’ve watched Tylon grow from a young boy in Jamestown into a player ready to take on the world stage We have every confidence that he’ll thrive at QPR ”

With Smith signing with the English club, Benadie highlighted the local PSL club’s drive to unearth, cultivate and nurture local footballing flair to achieve greater heights “At Stellenbosch FC, we’ve always believed in creating real opportunities for young talent, and Tylon’s journey is proof that the pathways we are building are working,” he pointed out

“His move is a reward for years of hard work, not just from him, but from everyone involved in his development, and we hope it inspires the next generation to dream even bigger ”

The alumnus of Stellenzicht Secondary School’s rise to football fame is nothing short of a fairytale The talented defender, who signed his first professional contract with the Maroons last October, made waves across

footballing circles during the under-20 Afcon competition in Egypt in May

Apart from being part of the South African team that claimed a 1-0 victory over Morocco in the final, he also received the coveted Player of the Tournament award (“No stopping young Tylon”, Eikestadnuus, 29 May)

The Stellies local was instrumental in the team’s journey to the final, especially in the team’s semi-final clash against their Nigerian counterparts

The youngster with the characteristic mop of black and blond curls scored Amajita’s only goal in the encounter, securing the team’s spot in the final and instantly getting those in soccer circles talking about his undeniable talent He was also nominated for the DStv Diski Challenge Player of the Season award

QPR shared the news of it acquiring the services of the South African star on its website and social media channels, noting Smith’s “incredible rise over the last 12 months”

The club’s CEO Christian Nourry said: “We are happy to beat significant competition to land the services of Tylon today His raw attributes give him every opportunity to become a successful central defender and we are excited that the player feels, as we do, that we are best placed to develop and extract that potential from him We will take it step by step ”

Smith had this to say: “I’m very happy to be here I’m really proud and grateful for the opportunity QPR has given me to showcase my talent QPR is well-known for developing young players The style of play here is similar to how we play in South Africa and it’s a style that I really like My main focus now is QPR I’m going to give my all for this club and hopefully, together, we can be successful ”

Tylon Smith from Jamestown has signed a deal with EFL Championship side Queens Park Rangers

Photo: Stellenbosch FC

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.