EikestadNUUS

Yaël Malgas
Eiendomseienaars in die Stellenbosch- munisipale gebied sal moontlik gereed moet maak vir ’n styging in hul eiendomsbelasting.
Inwoners het tot verlede Vrydag (17 Januarie) die kans gehad om hul insette oor die plaaslike eiendomswaardasies aan die Stellenbosch-munisipaliteit te lewer. Die algemene waardasielys vir 1 Julie 2025 tot 30 Junie 2029 was beskikbaar, met dié waardasies wat vir die volgende vyf jaar sal geld.
Die GOOD-party het verlede jaar reeds inwoners aangespoor om kommentaar te lewer om te verseker voorheen kwalifiserende huise word nie van die Lifeline-elektrisiteitstarief uitgesluit nie.
Huishoudings wat vir deernis-toelae gekwalifiseer het, kan ook geraak word
aangesien ’n eiendom wat op minder as R250 000 gewaardeer word, vir tot 100% kwytskelding kan kwalifiseer.
Hoewel dit lyk asof sekere inwoners se waardasies nie verander nie en ander s’n daal, sal sommige huiseienaars moontlik wel moet opdok.
“Ek verstaan nie hoe die waardasie van eiendomme in Idasvallei binne vyf jaar volgens die munisipaliteit só kon gestyg het nie. Het die waarde van eiendom met 60% gestyg? Dit is verregaande! Is dit nou weer ’n poging van die munisipaliteit om meer eiendomsbelasting uit reeds vuisvoos belastingbetalers te tap?” wou een leser weet.
Volgens die huidige lyste word die meeste eiendom met ’n gemiddelde van tussen 50% en 60% hoër gewaardeer. In andere buurte is die eiendomswaardasie dieselfde en in sommige gevalle selfs laer.
“Dit is natuurlik nie min nie, want ’n
60%-verhoging is gelyk aan ongeveer 10 persent per jaar,” verduidelik die inwoner Hans Eggers.
Eienaars wat vermoed die waardasie weerspieël nie die markwaarde nie, kon ’n beswaar indien.
Volgens Simon Wilson, die voorsitter van die Stellenbosch-belastingbetalersvereniging, is die uitdaging van die waardasieproses in die Wet op Munisipale Eiendomsbelasting vervat.
Die wet verklaar dat die munisipale waardasie van ’n eiendom die bedrag is wat die eiendom sou behaal indien dit op die datum van waardasie in die ope mark deur ’n gewillige verkoper aan ’n gewillige koper verkoop sou word.
“Dis onmoontlik vir die aangestelde waardeerder om al die eiendom te besoek. Hulle ry wel deur die buurte en kyk van buite. Hulle gebruik egter die aktekantoor-verkooppryse om ’n gemiddelde koers/m² vir spesifieke gebiede te bereken,” verduidelik Wilson.
Werklike markwaarde is egter ’n ander saak aangesien talle eiendomme dalk opknapping nodig sal hê om te verkoop. ’n Gemiddelde koers/m² is nie
ideaal nie en dit sou beter wees om “vergelykbare eiendom” te gebruik, meen Wilson. Hierdie proses is dalk, soos een Eikestadnuus-leser uitwys, hoekom eiendomswaardes in sommige strate nie styg nie, dieselfde bly of in sekere gevalle selfs daal. Wilson sê nadat hy verskeie gebiede bestudeer het, word eiendom hoër gewaardeer as wat die eiendomsmark dalk sou. “Waarde in die sakekern neem tussen 60% en 100% toe, terwyl in Property24 se eiendomstendensverslag vir Stellenbosch-sentraal die gemiddelde prys van ’n losstaande eiendom in die sakekern van R7 350 000 in 2020 tot R8 500 000 in 2024 gestyg het – ’n styging van 16% oor die tydperk.”
Die waardasie saam met ander faktore word deur ’n munisipaliteit gebruik om uiteindelik die jaarlikse eiendomsbelasting vir die munisipale gebied, wat met ’n nuwe boekjaar intree, te bepaal
Die begrotingskomitee sit na verwagting in Maart om te besluit oor die tarief vir die volgende boekjaar.
Yaël Malgas
Die Suid-Afrikaanse polisie kan dalk dink ’n nuwe polisiekantoor by die plaaslike veeldoelige sentrum is ’n goeie idee, maar dit blyk inwoners en die Stellenbosch-munisipaliteit is nie oortuig nie.
Die Klapmuts-polisie het reeds in 2019 ’n aansoek ingedien om 1,5 hektaar van munisipale erf 342 in Klapmuts te bekom om ’n nuwe polisiekantoor te bou. Volgens hul motivering het die polisie bevestig uitbreiding van die huidige kantoor in Ou Hoofweg is nie moontlik nie.
Die plan is dus om te skuif, maar blykbaar meen inwoners dit is nie die mees gepaste plek nie.
Die plaaslike polisie bedien die Klapmuts-gemeenskap sowel as plase wat binne die Stellenbosch- en die Drakenstein- munisipale gebiede val.
Volgens insae wat by die wyk se geïntegreerde-ontwikkelingsplanvergaderings geopper is, meen die gemeenskap die nuwe polisiekantoor moet liewer op erf 739, in Groenfonteinstraat oorkant die bestaande kantoor, kom. Dié erf is
Die Klapmuts-polisie kan dalk sy polisiekantoor skuif. Die plaaslike polisie het by die Stellenboschmunisipaliteit aansoek gedoen vir grond vir ’n groter perseel, maar ’n gepaste plek vir die verskuiwing is nog onder bespreking. Foto: Edrea du Toit vir Rapport/Netwerk24
vermoedelik meer sentraal as die polisie se beoogde ligging en munisipale dienste is reeds op dié erf beskikbaar.
In hul aansoek vra die polisie die munisipaliteit om die grond aan hulle te skenk of om ’n ruiltransaksie te oorweeg aangesien baie grond in die dorp in staatsbesit is. Hierdie grond kan moontlik dus geruil word vir die munisipale grond.
Die burgemeesterskomitee het hierdie saak Woensdag (22 Januarie) tydens hul maandelikse vergadering bespreek. Benewens die veeldoelige sentrum is die plaaslike kliniek en ’n skooltjie op die
Die Wes-Kaapse Bloeddiens (WKBD) begin die nuwe jaar deur sy dank uit te spreek teenoor alle bloedskenkers vir hul bydraes gedurende 2024. Danksy hul vrygewigheid is ’n indrukwekkende 148 664 eenhede bloed ingesamel en 13 957 nuwe skenkers is verwelkom. Elke skenking het ’n uitwerking op pasiënte en hul families gehad. ’n Spesiale woord van dank word gerig aan almal wat in die Desember-vakansie bloed geskenk het.
Met die oog op 2025 is die diens opgewonde om die jaar met sy veldtog “Wees Iemand
se Tipe” te begin, wat op die uitbreiding van sy skenkerbasis fokus. In plaas van tradisionele nuwejaarsvoornemens moedig die WKBD skenkers of diegene wat oorweeg om vir die eerste keer te skenk, aan om ’n betekenisvolle voorneme vir die jaar te maak – om bloedskenking ’n prioriteit en ’n tema vir 2025 te maak. Indien jy tussen 16 en 75 jaar oud is, 50 kg of meer weeg, in goeie algemene gesondheid verkeer en ’n veilige seksuele leefstyl handhaaf, behoort jy in staat te wees om bloed te skenk.
erf en die res van die perseel is vir verdere munisipale dienste geoormerk. ’n Nuwe pad is onlangs danksy die Stellenbosch Bridge-ontwikkeling langs die perseel gebou.
Inwoners het glo oor die afgelope twee jaar, by monde van die geïntegreerdeontwikkelingsplan-sessies, ook voorgestel dat ondersoek ingestel word om liewer bekostigbare huurwonings op erf 342 opgerig.
Die munisipaliteit het intussen aansoek gedoen vir ’n voertuigregistrasiesentrum op die grond wat die polisie vir hul nuwe tuiste in gedagte
het. Teen druktyd het die munisipaliteit egter nie bevestig waar in die proses hierdie aansoek is nie.
Erica de Villiers, ’n die woordvoerder van Klapmuts-gemeenskapspolisiëringsforum, het by navraag gesê indien ’n nuwe, groter polisiekantoor beter dienslewering vir die gemeenskap beteken, sal ’n verskuiwing gewis ’n aanwins vir Klapmuts wees.
“Vir inwoners sal ’n skuif meer toeganklikheid beteken. Meer as enigiets hoop ons dat ’n groter polisiekantoor meer mannekrag sal beteken, want die polisiekantoor is geweldig onderbeman.”
De Villiers is ook deel van Klapmuts Farm Watch en bieg dat vir inwoners op plase sal die polisie se beplande skuif egter beteken beamptes is 250 m verder weg.
“Dit sal beteken diegene van die plase sal nog verder in dorp toe moet ry en dit maak die reaksietyd nog langer. Klapmuts is lank nie meer ’n gehuggie by die vierrigting-verkeerslig nie. Die dorp het só uitgebrei en meer beamptes is nodig,” verduidelik sy.
Eikestadnuus het na die Klapmutspolisie uitgereik, maar die stasiebevelvoerder was met siekverlof.
The ongoing controversy surrounding heavy vehicles using Franschhoek Pass has intensified following a 12-hour closure when a timber truck became stuck on a hairpin bend, defying current restrictions that prohibit vehicles over 5 tons from using the pass.
The incident, which occurred at 19:21 on Tuesday 7 January, left motorists stranded until 08:14 the following morning, marking the latest in a series of disruptions on the mountain route. The pass, which was severely damaged during the September 2023 floods, is still undergoing repairs.
Despite clear signage and current restrictions as a result of ongoing roadworks, heavy vehicles continue to traverse the pass illegally. Provincial authorities confirm that drivers ignoring these restrictions will face prosecution under the National Road Traffic Act 93/1996.
Franschhoek Pass was closed for more than 12 hours earlier this month due to another truck illegally using the pass and in doing so, getting stuck at the sharp hair-pin bend on the Franschhoek side of the pass.
involving trucks with brake failures on the steep mountain route.
effectiveness of current monitoring efforts. Both departments maintain they are employing “constant monitoring” and taking “immediate action” against transgressors.
The latest incident has also raised questions about the cost implications of salvage operations and additional damage to the already compromised infrastructure.
The provincial Department of Infrastructure has yet to comment on these concerns or address calls for a permanent ban on trucks using the pass.
The situation highlights the complex balance between preserving Franschhoek’s heritage and tourism value while maintaining crucial transport routes in the province. As repair work continues on the pass, the debate over its longterm management and access restrictions shows no signs of abating.
The incident has reignited calls from Franschhoek residents for a permanent ban on heavy vehicles using the pass, similar to restrictions already in place on Bainskloof Pass. These demands are fuelled by a history of fatal accidents
Local concerns extend beyond safety issues. As South Africa’s culinary capital and one of the country’s premier tourism destinations, Franschhoek’s residents argue that the constant flow of heavy vehicles through the historic town detracts from its charm and tourist appeal.
While Stellenbosch Traffic Services serves as the primary enforcement authority on the pass, with support from provincial Traffic Services, questions remain about the
Earlier this month, Franschhoek Pass was closed for more than 12 hours as a result of another truck illegally using the pass and, in doing so, getting stuck at the sharp hairpin bend on the Franschhoek side of the pass.
Yaël Malgas
Die Wes-Kaapse sportuitblinkers vir die afgelope jaar is Saterdag (18 Januarie) vir hul prestasies en bydraes by die Nederburgwynlandgoed in Paarl vereer.
Die departement van kultuursake en sport het toekennings aan presteerders van naskoolse programme tot inheemse sportkodes oorhandig. Onder diegene wat vereer is, was Ilhaam Groenewald, hoofdirekteur van Maties Sport by die Universiteit Stellenbosch.
Groenewald was een van vyf wat ’n ministeriële toekenning van die LUR Ricardo Mackenzie vir haar lewenslange bydrae tot sport ontvang het.
Haar meer as 30 jaar se ervaring in sport beteken dekades se aktiewe ondersteuning vir sport. Groenewald het op skool in haar tuisdorp, Keimoes, in die Noord-Kaap netbal gespeel en aan atletiek deelgeneem, wat haar liefde vir sport aangewakker het. Op universiteit was dit vlugbal. Sy het reeds as ’n tiener by die administratiewe kant van sport betrokke geraak en sedertdien nooit opgehou nie.
“Universiteitsport is waar ek my hele lewe lank gewerk het en waaroor ek werklik passievol is. Met opvoedkunde en die feit dat ’n diploma en graad [in die veld van sport] beskikbaar is, gee vir ons jongmense ’n toekoms.
“Sport het die mag om by te dra om van ons land ’n beter plek te maak,” meen Groenewald.
Destyds was die hoof van Wes-Kaapse sport se versoek dat sport insluitend en innoverend moet wees, asook dat sportlui moet deelneem en na mekaar moet uitreik. Groenewald het hierdie aanslag ter harte geneem en dit is hierdie beginsels wat haar loopbaan dryf.
“As erkenning en dankbaarheid vir
hierdie toekenning is my belofte om deur die werk wat ek doen, ’n verskil op hierdie gebiede te maak,” het sy gesê.
Wenners van die Kaapse Wynlande is ook uitgewys, met Kingdom Development Projects in Klapmuts wat vir die beste naskoolse program benoem is. Leticia Pietersen van dié organisasie sê dit is merkwaardig om die verskil te sien in die kinders wat die afgelope drie jaar deel van die program is.
“Ons fokus is sport en ons begin met kinders van nege tot 20 jaar oud.
Aanvanklik het ons netbal en sokker aangebied, maar vanjaar het ons atletiek bygevoeg. Ons netbalspelers het verlede jaar by die Kaapse Wynlande-toernooi kom speel en die verskil in hul vaardighede is ooglopend. Vier van hulle is vir die distrikspan gekies. Ons hou ’n wortel voor ons kinders se neuse om hulle te wys daar is geleenthede vir hulle,” vertel Pietersen.
Benewens die sport help Kingdom Development Projects met huiswerk, gebedsessies, vakansieprogramme, ’n voedingskema en biblioteekbesoeke.
Pietersen en haar span maak ook afrigters vir plaaslike skole beskikbaar om só Klapmuts-kinders se liefde vir sport aan te wakker.
Mackenzie het die sportlui bedank vir hul opoffering en vrywilligerswerk om sport in die provinsie aan die gang te hou. “Dit is altyd wonderlik om die prestasies van atlete, afrigters, administrateurs en sportliggame van reg oor die provinsie te vier. Dit is die individue wat ’n verandering in hul gemeenskappe bewerkstellig deur ander te inspireer om ’n aktiewe en gesonde leefstyl te lei en positiewe keuses te maak.”
Die wenners van die onderskeie afdelings dring nou deur na die nasionale sporttoekennings, waar die beste sportlui van die land gekroon sal word.
Yaël Malgas
Die gewilde kook-werklikheidsreeks
Kokkedoor Vuur & Vlam is terug en een Stellenbosser trotseer die vlamme om as die top-braaier gekroon te word.
Martin Steyn (53) sal van Donderdag 6 Februarie om 20:00 op kykNET op die kassie te sien wees.
Die jongste reeks is in die Overbergse stranddorp Struisbaai verfilm.
Die sjef Bertus Basson en die braaighoeroe Kobus Botha is op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en ’n kinkelbraaier. Deelnemers sal moet beïndruk met hul kookvernuf in die vlamme, oor die kole, binne-in die as of kos op die rooster moet voorberei.
Volgens Steyn het hy vir die kompetisie ingeskryf vir die liefde van braai.
“Hierdie is so deel van ons kultuur, maar tog ’n nuwe soort uitdaging – iets wat my buite my gemaksone sou vat,” verduidelik hy.
Steyn is lid van die groep onthoubraaiers – deelnemers sonder enige formele sjef-opleiding en professionele ondervinding.
“Die mededinging is rof, maar tog lekker. Almal kan braai en almal is goeie braaiers, maar jy weet nooit wat die volgende uitdaging is of wat gaan gebeur nie.”
Steyn sê om te wen sal ’n groot eer wees, maar indien hy nie as die bobaasbraaier gekroon word nie, was die besonderse ervaring om deel te neem, steeds daar.
Steyn is in eMkhondo, Mpumalanga gebore en ’n jaar later, in 1973, het die gesin na die Eikestad verhuis.
Hier het sy pa aan die Universiteit Stellenbosch as dominee studeer en sy ma was ’n huishoudkunde-onderwyser by Rhenish Girls’ High School.
Die gesin het redelik rondgetrek, maar Steyn is weer terug na Stellenbosch waar hy ook teologie kom studeer het.
“My liefde vir kos kom seker van my ma af. Daar was altyd ’n gebak in die huis en sy het destyds ook vir die tuisnywerheid in Andringastraat ook gebak. Die braaiery het later by die kerkbasaars ingeval en daar het alles begin,” vertel Steyn.
Danksy sy ma se bobaasvernuf het Steyn blykbaar ’n voorsprong vir kook gehad.
Hy het egter sy eie kosmaakvaardighede verskerp. Die dis waarmee hy gewoonlik spog, is seekos.
“Kyk, die dag wat jy dink jy beïndruk ander is wanneer alles verkeerd gaan, maar ek is lief vir calamari,” skerts Steyn.
“Ek vang self tjokka en vis. Ons het baie rondgetrek, dus kom my gunsteling-kontreikos nie noodwendig van een plek nie. Maar indien ek dink aan iets waarvoor ek veral lief is, dink
ek aan die Oos-Kaap.
“Die Zuurveld en die Humansdorpgebied gee ’n spesifieke smaak aan lam. Die seekos daar – vars van die bote af –is in ’n ander klas.”
Steyn meen braai is só eg SuidAfrikaans dat enige landsburger sou kon inskryf en goed vaar.
“Die plekke waar ons saam om ’n vuur sit, is amper vir my heilige grond. Dit is momentum; dit is tyd saam met jou kinders en jou familie; stories wat gedeel word.
“Dit is ’n groot deel van ons kultuur –dié tye om die vuur – en selfs in ’n kompetisie is daardie gevoel steeds daar.” ) KykNET se gewilde werklikheidsreeks Kokkedoor Vuur & Vlam begin Donderdag 6 Februarie om 20:00 op kykNET.
Die nuwe akademiese jaar is in volle gang, maar daar is nog ’n handjie vol graadeentjies wat steeds in die klaskamer moet kom.
Volgens Millicent Merton van die Wes-Kaapse onderwysdepartement was daar Maandag (21 Januarie) altesaam 31 gr.1- en gr.8-leerders in die Kaapse Wynlande wat nog geplaas moes word.
Die helfte van hierdie toekomstige leerders se skoolaansoeke is eers vanjaar ingedien. Hulle was deel van die 300 uiters laat aansoeke wat die departement vanjaar ontvang het.
“Ons verstaan dit is ’n stresvolle en angswekkende tyd vir ouers wat wag vir plasing en ons vra ouers om saam met ons te werk om hul kinders so gou as moontlik te akkommodeer. Ons vra enige ouers wat nog nie vir die 2025-skooljaar aansoek gedoen het nie om onmiddellik hul naaste distrikskantoor te besoek,” por Merton die betrokke ouers aan.
“Ouers moet seker maak dat die departement hul akkurate en
huidige kontakbesonderhede het. Ons sukkel soms om van die ouers wat aansoek gedoen het te bereik wanneer plek beskikbaar raak.”
David Maynier, provinsiale minister van onderwys, het verlede week gesê meer as 1,2 miljoen leerders is vanjaar in openbare skole geplaas, met 107 000 van hulle wat graadeentjies is wat vir die eerste keer “groot skool” toe is. Altesaam 100 000 gr.8-leerders het vanjaar met hul hoërskoolloopbaan begin.
Ouers van leerders wat volgende jaar vir die eerste keer skool of hoërskool toe gaan moet gereed maak, aangesien hul beurt binnekort kom.
Aansoeke vir gr.1- en gr.8leerders sal Dinsdag 11 Maart open. Aansoeke sal Dinsdag 15 April sluit.
Ouers moet die volgende dokumente byderhand hou: ) die laaste amptelike skoolverslagkaart of uitslae van die leerder, indien die leerder voorheen ’n skool bygewoon het; ) identiteitsdokument, geboortesertifikaat of paspoort
van die leerder; of in die geval van buitelandse leerders, ’n afskrif van die ouer, voog of versorger se vlugteling- of asielsoekerpermit waarop die leerder se naam moet verskyn; of indien die leerder nie in SuidAfrika gebore is nie, ’n vlugteling- of asielsoekerpermit uitgereik in die leerder se naam; of indien die leerder van buitelandse ouers, voogde of versorgers in SA gebore is, ’n handgeskrewe geboortesertifikaat; ) immuniseringskaart van die leerder (slegs van toepassing op laerskole); en ) bewys van verblyf (munisipale of belastingrekening, huurooreenkoms of eedsverklaring wat verblyf bevestig).
“Sommige skole is meer gewild as ander, met party skole wat duisende aansoeke ontvang vir slegs 100 plekke vir gr.8. Dit bied ’n groot uitdaging aangesien sommige ouers skole van keuse het en daarom ding hulle mee om ’n klein aantal plekke by hierdie skole,” verduidelik Merton.
In accordance with the provisions of Section 166 of the reporting and information Local Government: Municipal Finance ManagementAct(No56of2003),eachMunicipalityisrequiredtoconstituteanAuditCommitteethatwillserveasanindependent advisory body which must advise the Municipal Council, the Accounting Officer and the Management of the Municipality ApplicationsandnominationsareherebyinvitedfromMembersofthepublictoserveasAuditandPerformanceAuditCommittee MembersoftheStellenboschMunicipality TheMunicipalityrequires1memberfromthepublictoserveontheCommittee.Persons whomeetthebasicrequirementslistedbelowmayapplydirectlyorbenominatedforconsideration.
BASICREQUIREMENTS: Expertiseineitherofthefollowingareas:
- FinancialManagement,AccountingandAuditing
- InformationandCommunicationTechnology
- PerformanceManagement
- RiskManagement - LegalServices
Proven experience in serving as an Audit and Performance Audit Committee Member in a local government institution. Interestinlocalcommunityaffairsandtheabilitytocontributetotransparentadministrationandgoodgovernance Sound knowledgeandunderstandingoflocalgovernmentissuesandnationaldevelopmentimperatives.
Possessthefollowingqualities:
- Independence - Integrity
- Objectivity - WillingnesstodedicatetimeandvigourtoCouncilresponsibilities
- Excellentcommunicationskills
KEYFUNCTIONS:
Persons interested and who are eminently qualified will be expected to render amongst others advisory services in the following areas:
- InternalAudit
- Risk Management/ CombinedAssurance
- Performance Management - Information and CommunicationTechnology / ITGovernance
- Internal Financial Controls - Accounting Policies / mSCOA
- Adequacy, reliability and accuracy of financial reporting and information
- Effective governance / Compliance
- Review of the annual financial statements
- Reports of theAuditor-General - Investigations into financial affairs of the Municipality
Interested persons may not have any business or contractual dealings with the Stellenbosch Municipality This is to ensure that theAudit and PerformanceAudit Committee members remain independent from any Municipal activities during the period of appointment on theAudit Committee.
TERM OF OFFICE: 3 years
REMUNERATION:
Members who are appointed will be remunerated for attending meetings in accordance with the tariff/stipend per meeting as approved by Council.Applicants should also be willing to meet during office hours.
CLOSING DATE: 3 February 2025
Adetailedcurriculumvitae,accompaniedbyacoveringletter,statingthepostforwhichapplicationisbeingmade,istobe forwarded to the Municipal Manager, P.O. Box 17, Stellenbosch, 7599. Please mark the envelope clearly withAudit and Performance Audit Committee application. A pro forma application form is not necessary You can also email your applicationtoMunicipal.Manager@stellenbosch.gov.za.FurtherinformationisavailablefromMari-LiseKrigeon021808 8296.
Please note: 1) No faxes will be accepted. 2)All applications must be accompanied by certified copies of qualifications anddriver’slicences.
Vrou met onwettige vuurwapen gevang
’n Vrou is agter tralies en sal na verwagting in die Stellenboschlanddroshof op aanklagte van die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie verskyn ná haar inhegtenisneming Dinsdag (21 Januarie) in Cloetesville. Adjudant-offisier Joseph Swartbooi, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, sê inligting wat deur die Cloetesvillepolisie ontvang is, het hulle na ’n eiendom in Jakarandastraat gelei. “Die polisiebeamptes het die eiendom takties benader en die woning in Jakarandastraat betree. Hulle het die perseel sowel as die inwoners deursoek en ’n 9 mm-pistool met ammunisie gevind en daarop beslag gelê. Hulle het ’n volwasse vrou op aanklagte vir die besit van ’n verbode vuurwapen en ammunisie in hegtenis geneem,” verduidelik hy. Die vrou sal na verwagting in die hof verskyn sodra sy vir die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie aangekla word.
Die Klapmuts-polisie doen ’n beroep op die publiek om hom te help met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van drie mans wat vermoedelik by ’n vragmotorkaping betrokke was.
Volgens die polisiewoordvoerder sers. Madilyn Dombas het die voorval verlede Donderdag (16 Januarie) naby ’n konstruksieterrein in Ou Paarlweg om 11:45 plaasgevind.
“Die klaer en drie assistente het eiers in ’n wit Isuzu-vragmotor in Ou Paarlweg vervoer,” sê sy.
“Op pad na die Muldersvlei-afdraai het hulle ’n wit Opel Corsa-bakkie langs die pad opgemerk.
“Die voertuig was klaarblyklik toegerus met ’n oranje lig, wat aandui dat daar padwerke aan die gang was.”
Dombas sê die klaer het aangevoer dat twee onbekende mans langs die voertuig gestaan het, terwyl ’n ander man in die proses was om ’n veiligheidskeël in die pad neer te sit.
“Volgens die klaer het die man wat die keël vasgehou het, aan hom geskree om die vragmotor te stop, en hy het onmiddellik gehoor gegee,” sê sy.
“Toe die vragmotor stop, het een van die mans na die
bestuurder se kant van die vragmotor gestap en die deur oopgemaak. Die klaer het gesien hoe die man ’n voorwerp wat soos ’n vuurwapen lyk, uithaal. Om homself te verdedig, het die klaer die deur oopgeskop en die verdagte het grond toe geval.
“Hy het uit die voertuig gespring en in die rigting van die N1-snelweg gehardloop en sy kollegas in die voertuig gelaat, maar hulle het ook daarin geslaag om te ontsnap en agter hom aan gehardloop.
“Hulle het die vragmotor met die drie verdagtes agtergelaat.”
Dombas sê die slagoffers het gesien hoe die Isuzuvragmotor, met die Rosendal Poultry-handelsmerk en ’n CJ-registrasie, in die rigting van Kraaifontein ry.
Die vrag het 480 bokse eiers ingesluit, met ’n geskatte waarde van nagenoeg R300 000.
“Een van die slagoffers is in die voorval beseer en vir mediese behandeling na ’n nabye hospitaal geneem.”
Die Klapmuts-polisie ondersoek ’n saak van vragmotorkaping en het ’n beroep op hulp van die gemeenskap gedoen om die verdagtes op te spoor.
) Kontak die ondersoekbeampte, sers. AJ Pietersen, by 079894 1769 met enige inligting.
Five students of Stellenbosch University (SU) have embarked on the next step of their education journey thanks to a collaboration between the institution and international digital performance marketing agency R17 Ventures AG.
The students have joined the company’s Cape Town office at the V&A Waterfront as interns.
This milestone celebrates the company’s strong and collaborative relationship with SU, which was further strengthened during a dynamic challenge hosted on-campus last September.
The initiative, part of SU’s centenary celebration of business education, blended academic rigour with real-world application, culminating in an opportunity for students to secure internships with R17 Ventures.
The agency hosted a workshop that challenged the Maties students to craft go-to-market strategies for a Swiss brand, targeting generational markets. Working in teams, the BCom students tackled the complexities of marketing, finance and innovation, presenting fresh perspectives and creative solutions.
After a rigorous evaluation, one team emerged victorious, earning paid internships at R17, which exemplifies the company’s effort to empower the next generation of marketing professionals by bridging the gap between academic theory and professional practice.
“With such a high calibre of students in the participating teams, the competition was tough,” said Chanté Brand, academy lead at R17 Ventures.
“It’s reassuring to see such a strong student base getting ready to enter the workforce.”
Over the next four weeks, the group of interns, under the instruction of Brand and R17 leadership, will receive hands-on training in performance marketing, gaining invaluable skills that align with global industry standards.
Raphael Rohner, CEO of R17 Ventures, added: “This initiative highlights our broader dedication to fostering young talent across South Africa. In addition to our partnership with SU, we have our own in-house academy and also maintain robust relationships with other leading institutions.”
Stellenbosch will host the DID: UNCONF AFRICA 2025 two-day workshop at the prestigious Stellenbosch Institute for Advanced Study (STIAS) from Tuesday 18 to Thursday 20 February.
As organisations and governments across Africa embrace digital transformation, reshaping how we connect and transact, the need for innovative digital identity solutions made by Africans for Africans has never been more critical. This “unconference” aims to address this challenge by bringing experts together to collaborate on African-led solutions.
This collaboration between local digital identity start-up DIDx and the Internet Identity Workshop (IIW) will bring local and international innovators, leaders and activists together to reshape the future of digital identity in the Southern African Development community (SADC).
The event fosters innovation, collaboration and interoperability, making a significant impact on the inclusive development of digital identity in Africa.
Launched in 2005 by the IIW, this event takes place twice a year in Silicon Valley, USA.
Keeping it relevant to Africa, Day 1
Excitement is building as the iconic Stellenbosch Harvest Parade returns to the streets of the country’s wine capital on Saturday 1 February.
The beloved tradition brings together the vibrant Stellenbosch community to celebrate the start of the grape-harvest season with a spectacular procession of floats, music and joy. It has been a feature of the town for almost half a century and has consistently coloured the streets in its the current format since 2013.
starts with an African-focused Digital Identity Programme, which will explore the current state of digital identity in South Africa and the SADC region through insightful presentations and engaging panel discussions, focusing on local challenges, opportunities and innovations.
From here on it takes on a slightly unconventional approach, with the Open Space UnConferences, which are participant driven. Together with a professional facilitator, the delegates will co-create the agenda live each day of the event. There are no keynotes or panels; it’s all about exploring the topic with professional peers from a range of identity areas.
Renowned facilitator Heidi Nobantu Saul and local experts from DIDx will guide the process of the ‘unconference’ proceedings.
“We are excited to bring the first IIW-inspired event to Africa,” says DIDx chief operations officer Gideon Lombard. “DID:UNCONF AFRICA is a unique platform for innovation and collaboration in digital identity, offering attendees the chance to actively shape the future of this crucial field.”
) For further details, registration and sponsorship opportunities, visit:https:// didunconf.africa.
Visitors and residents are again invited to witness the parade as it follows its traditional route from Market Street and winding its way along oak-lined avenues. The high point is its arrival at the Stellenbosch Town Hall, where a brief ceremony will take place to bless the coming harvest and express gratitude for the contributions of all agri-workers who make the industry thrive.
Saturday
February.
agriculture and wine tourism make to the region’s economy and heritage. The event is also supported by the Cape Winelands District Municipality, Paul Roos KwikSpar and Aquasky Water.
“The Harvest Parade is one of the most beautiful expressions of our wine culture and community spirit,” said Elmarie Rabe, manager of Stellenbosch Wine Routes. “It’s a day to celebrate not only the vineyards and the wines we are so proud of, but also the incredible people behind the scenes who bring the magic to life. We’re thrilled to welcome visitors to Stellenbosch to experience this unforgettable event.”
Raising the prominence of the occasion is the support of the Stellenbosch Municipality. A steadfast patron of the parade, its backing recognises the important contribution
Furthermore, the parade coincides with another significant date for South African agriculture: the official birthday of our wine industry. On 2 February 1659 the first wine was produced in the Cape, marking the beginning of a rich viticultural legacy that continues to flourish.
The parade gets underway at 09:00 from the town’s Toy and Miniature Museum in Market Street. It then makes its way along Alexander, Bird, Church and Plein streets to arrive at the town hall at 09:30 for the official blessing of the harvest. Once completed, the procession will return along its route to the starting point.
) For more information, email info@wineroute.co.za or call 021 886 4310
NOTICE No.: 8/ 2025
CLOSURE OF THE NAGTEGAAL ROAD INTERSECTION WITH DEVEON VALLEY ROAD
The Municipality is considering the closure of the Nagtegaal Road Intersection with Devon Valley Road, Onder-Papegaaiberg
The intersection closure under consideration prohibits direct acces from Devon Valley Road to Nagtegaal Road Nagtegaal Road remains open and accesible via Tarentaal Road and Hoep-Hoep Road.
Notice is given in terms Council’s Resolution, Item 10.6.3 of the 27th Council Meeting held on the 27 November 2024, to advertise the proposed closure for public comment.
The community and travelling public is therefore invited to provide comment. Comments must clearly state “Closure of the Nagtegaal Road Intersection with Devon Valley Road” and may be forwarded to: Engineering services@stellenbosch gov za or may be submitted to the Municipal Ofce located at 71 Plein Street, Ecclesia Building, Second Floor.
Any person, unable to read or write or, having any sight disability, will be assisted by an ofcial at the above-mentioned ofce, should they not be able to provide comments on their own accord.
The Council item and associated report can be downloaded from Stellenbosch Municipality’s website (www.stellenbosch.gov.za).
Comments / inputs must be submitted on or before 28th of February 2025.
Infrastructure Services 21/1/2025
Carte Blanche se program die afgelope Sondag (19 Januarie) oor misdaad in die middedorp van Stellenbosch was baie ontstellend.
Die gevare waaraan jong mense laatnag in die middedorp blootgestel word, is ’n riller en heeltemal onaanvaarbaar. Dit is asof rowers letterlik buite kuierplekke wag om jong mense aan te rand, te beroof en deesdae ook te ontvoer.
Bedags lei klagtes op die Middedorpapp dat wetstoespassingsbeamptes en private-sekuriteit-organisasies elke boemelaar wat lastig is, oppik en waarsku teen wangedrag.
Vanjaar word maatreëls vir die spesiale heffingsgebied (Special Rates Area), wat reeds in die JonkershoekMostertsdrif-gebied toegepas word, uitgebrei om ook die middedorp in te sluit. Inwoners sal ’n groter finansiële bydrae aan die munisipaliteit lewer in ruil vir ekstra kameras en meer veiligheidsvoertuie in die middedorp. Dit behoort ’n groter mate van veiligheid in die middedorp teweeg te bring – veral wat nagtelike bedrywighede betref.
Intussen gaan dit in een van Stellenbosch se dorpies, Cloetesville, soos in die Wilde Weste, waar tot bykans 100 skote in ’n nag net in Primrosestraat alleen afgevuur word. Almal in daardie spesifieke gebied is dag en nag ’n moontlike teiken, maar by die owerhede ontbreek die wil om hierdie probleem daadwerklik op te los.
Wanneer ’n bekende en onskuldige bystander getref word, is die kollig kortstondig op daardie straat, gebied en individu, en dan beweeg hulle aan. My hart gaan uit na mense wat vasgevang word in ’n koeëlreën en nie biblioteek toe kan gaan nie, want dan moet hulle verby bendelede se huise loop. Hulle kan nie van een straat na ’n ander straat in hul eie woonbuurt beweeg nie, anders word hulle as ’n vyand van ’n ander bende gereken en ’n teiken van ’n jeukerige vinger op ’n sneller. Kinders moet soggens in ’n oorlogsgebied skool toe – onseker of hulle ná skool die huis gaan haal.
Só som ’n vriendin van Cloetesville hul situasie op: “Daar is nie meer ’n veilige gebied in Cloetesville nie, want die bendes recruit nou die jong skoolverlaters en hulle skuil in ‘Soekmekaar’ en beroof ons mense helder oordag. Hulle beweeg in groepe en ons ken hulle nou al as ‘rowers’ wanneer ons hulle hier sien rondloop. Hulle kom van Primrose- en Pinestraat ... en die res van Rhodestraat se ‘Bruin Flatse’.
“Ek loop self glad nie meer met ’n selfoon rond nie en ek is altyd op die uitkyk vir skelms as ek tussen strate en en die taxi in Langstraat loop.
“Ons skoolkinders leef soos kluisenaars. Hulle weier om die huis te verlaat, want hulle word geteiken daarbuite.
“Hiervan kan ek getuig, want my susterskind lewe in sy kamer en gaan
nêrens heen nie! Hy weier om sport te doen, want dit beteken hy moet die huis verlaat.”
Volgens Bettie Nieuwoudt, die direkteur van Stellsorg, kan niemand hulle indink in die ongelooflike trauma wat mense in Cloetesville beleef nie. “Weet jy, my telefoon hou nie op lui nie – en die vrees in die mense se stemme is om van mal te word. Dit is almal smekend – help asseblief, bel die polisie. Daar is ’n groot, baie groot fout.” Cloetesvillers werk saam met jou en my in plaaslike ondernemings, dien in plaaslike komitees, kerkrade en die stadsraad, gee onderrig in skole oral in die dorp en pas ook ons kinders op terwyl hul eie onveilig is. Die res van Stellenbosch se inwoners kan nie gerus slaap terwyl ons wéét ons bure in Cloetesville is nie veilig nie.
Cloetesville verdien ons almal se ondersteuning. ’n Honderd skote per nag in Primrosestraat is gewis te veel vir die plaaslike polisie om te hanteer –hul gebrek aan optrede en deursettingsvermoë is reeds uitgewys in die middedorp – maar sekerlik kan ’n eenheid van buite die dorp kom help skoonmaak, want almal weet presies waar die bendes woon! Sowat 40 jaar gelede het die vroue van Idasvallei hul besems en stoffers opgeneem en die bendes uit hul woongebied verjaag. Dis hoog tyd vir daadwerklike, gesamentlike aksie in Cloetesville.
Elsabé Retief, E-POS
The talented composer Owen Dalton is one of five young South African composers who have been shortlisted for the finals of the Cape Town Philharmonic Orchestra’s (CPO) third SA Composers’ Competition.
The Stellenbosch local’s “Ramblings of the Mind” secured him a place in the final round of the prestigious competition. The other finalists are Anthonie Jansen van Rensburg (“People, Space Time”), Chesney Palmer (“Spectrums of Hues and Obscure Shapes”), Caryn Jessica Pretorius (“The Watcher of the South”) and Hein Roelofse (“Sunset Hues”). The final-round concert will be performed under the direction of Jeremy Silver at the Hugo Lambrechts Music Centre in Parow on Sunday 15 March at 19:00; it will be streamed live. The judges are composers Pieter Bezuidenhout, Amy Crankshaw, Arthur Feder, Clare Loveday and Lise Morrison with non-voting chairperson Hendrik Hofmeyr and panel convenor Antoni Schonken. “This year’s competition highlights a particularly exciting trend:
young composers are showing a growing interest in writing for orchestra.
“What stands out even more is the stronger focus on exploring local South African styles and techniques in their work. This is a promising sign for the future of composition in South Africa, as it reflected both innovation and a deep engagement with our unique musical heritage.”
The competition is aimed at young composers to develop skills and recognise talent in the local creative music industry and will provide soughtafter performance opportunities for composers. The two previous winners were Conrad Asman and Lise Briel.
The first prize is R20 000, a one-year appointment as resident composer of the CPO, which comprises a performance of the winning composition in a CPO concert, and one new commission to be performed at a later date.
Second prize is R10 000 with at least one public performance of the composition; and third prize is R5 000 with at least one public performance of the composition.
Jannie du Toit
bring aanstaande maand drie nuwe produksies na die Drostdyteater in Stellenbosch.
Dit belowe om ’n uiteenlopende mallemeule passievolle gehalte-musiek te wees waartydens Du Toit en sy kitaar die gehoor sal betower.
Dit begin Saterdag 1 Februarie om 19:00 met Oppiekitaar, wanneer Du Toit die gehoor met net sy kitaar op die verhoog vermaak met ’n keur uit die talle liedjies wat hy oor die afgelope halfeeu geskryf het.
Sy werk is nog altyd gemik op die fynproewer, maar soos ’n Liedjie vir jou van 1978 al bewys het, lê daardie woorde en akkoorde ook lekker op die “gewone” oor.
Du Toit bied Margaretastraat op Saterdag 2 Februarie om 11:00 aan. In dié konsert vertel hy die verhaal van die legendariese “liedjie-aande” van 1981 en 1982 by sy huis in Pretoria.
Na dié aande in Margaretastraat 28 is deur die jare dikwels in proefskrifte, dokumentêre programme en deur musikante daarna verwys.
Later die middag (15:00) is dit die beurt van De wals van de liefde, sy splinternuwe program wat bestaan uit sy persoonlike gunstelinge uit die Nederlandstalige kleinkuns van die twintigste eeu.
Kaartjies vir al drie produksies is aanlyn deur Webtickets te koop.
FRIDAY 24 JANUARY
) Stellenbosch: Saxophonist Andrew Young is set to captivate the audience with his soulful sounds when he brings his latest show, Rhythm & Blues, to the DROSTDY THEATRE. Known for his mastery of the saxophone, Young will perform a selection of iconic R&B hits including “Sweet Home Chicago”, “Georgia On My Mind,” and “Walking By Myself”. He will be will be accompanied by renowned Cape pianist Tony Drake and percussionist Jason Ward. The show starts at 20:15, and tickets cost R260 each through Webtickets.
FRIDAY 7 FEBRUARY
) Jamestown: STELLENBOSCH CRICKET CLUB presents a snack dance with popular Cape band Cool Sounds at Weber Gedenk Primary School hall at 19:00. The cost of R150 per person includes a cheese and wine in the foyer. Guests may take along their own platters and XYZ. For more details or tickets, phone Shirle Cornelissen on 083 412 3670 or Brian Minnis on 084 392 3296.
SONDAG 16 FEBRUARIE
) Cloetesville: Die gemeenskapswerker Sonja Adonis bied om 13:00 haar jaarlikse Valentyn’sgeleentheid by die EIKESTAD-SAAL aan. Kaartjies kos R250 elk en die prys sluit ’n viergangmaaltyd, gelukstrekkings en ’n modeparade in. Kontak Sonja by 084 068 7738.
VRYDAG 21 TOT SONDAG 23 FEBRUARIE
) Pniël: Die Pniël- Erfenis- en Kultuurtrust, in samewerking met die ATKV en Sigbaar Afrikaans, bied weer die jaarlikse ADAM SMALL-FEES aan. Vanjaar word spesiale hulde gebring aan die onlangs ontslape skrywer Breyten Breytenbach. Sessies word by die Pniëlmuseum en in die Pniël Congregational-kerksaal aangebied. Kontak Janine by 072 245 1415, per e-pos by pnielmuseum@gmail.com of besoek www.adamsmallfees.co.za vir meer inligting.
Calling Academy’s matriculants of 2024 shone in the National Senior Certificate exams, achieving an outstanding 93,3% pass rate with star-performer Gugulethu Jalisa the top learner.
The third group of 60 Grade 12s of this young school also achieved 24 subject distinction and a bachelor’s pass rate of 50%, lower than the 56% of their 2023 predecessors. Less than half the class, 47% of the learners, had mathematics as a subject, the rest taking mathematical literacy, a subject in which the school achieved a 100% pass rate for the third consecutive year. Given that roughly half the learners of the school do not speak Afrikaans as a first or second language, the 68,3% average and 100% pass rate for Afrikaans first additional language is a further remarkable achievement.
The school’s top learner is Gugulethu Jalisa, who achieved extraordinary results. Raised by a single grandmother in Khayamandi, Gugulethu achieved six distinctions and an average of 83%. His distinctions included 84% for information technology, 84% for mathematics and 87% for computer applications technology. He has been accepted to study BSc Computer Science at Stellenbosch University.
Gugulethu attributes his success to his high levels of self-motivation. “Working hard on my academics is just something I always knew I needed to do. No-one had to remind me of it.” He added his teachers not only gave
him outstanding academic tuition, but also invested in him on a personal level.
Apart from Calling Academy in Stellenbosch, which opened in 2018, Calling Education has opened independent high schools in Kroonstad (2022) and Paarl (2025).
Ses onderwysers het verlede week as deel van die personeel by Paul Roos Gimnasium aangesluit. Agter van links is Janko Dreyer (ekonomie en ekonomiese en bestuurswetenskappe), Ryno Niemand (atletiekhoof) en Dewald Raath (geografie en geskiedenis). Voor is Calista de Lange (lewensoriëntering en sportassistent), Susan Erasmus (Afrikaans) en Elena Vorster (Afrikaans).
Die 2024-matriekklas van Paul Roos Gimnasium het uitstekende uitslae in die Nasionale Seniorsertifikaat-eksamen (NSS) opgelewer. Die seuns het ’n slaagsyfer van 99,6% behaal – ’n verbetering teenoor die 98,8% wat die skool se 2023-matrieks behaal het. “Baie geluk aan die 2024-matrieks met hul puik uitslae,” het die skool in ’n verklaring gesê.
Yaël Malgas
Die Kaapse Wynlande se onderwysdistrik pronk dalk met ’n slaagsyfer van 83,44% vir 2024, maar nie al die kandidate het die paal gehaal nie.
Kylemore Sekondêre Skool se skoolhoof, Tertia Jefthas, het met die uitreik van uitslae druipelinge aangemoedig om nie moed op te gee nie. “Dit is net ’n struikelblok en jy gaan opstaan,” het sy Dinsdag 14 Januarie aan die 2024-matriekklas gesê.
Onsuksesvolle kandidate het verskeie opsies vir wat volgende kom. Kandidate kan hul eksamenvraestelle laat hermerk of hul punte laat oortel.
Diegene wat beplan om vakke in die komende aanvullende eksamen te skryf, kan aan die 2025-Tweedekansprogram deelneem, waar klasse vir leerondersteuning aangebied sal word. Tydens hierdie klasse kry kandidate weer les oor die spesifieke vakke wat hulle weer skryf.
Diegene wat wil registreer om nasionale senior sertifikaat-vakke in Junie te herskryf, moet aansoek doen Kandidate kan slegs vakke herskryf wat hulle voorheen geneem het.
Voormalige leerders van Kylemore Sekondêre Skool het ’n paar wenke vir kandidate, hetsy dit diegene is wat aanvullende eksamens aanpak of die klas van 2025.
Diego Mitchell (18) sê hy is baie tevrede met sy uitslae. “Konsekwentheid is die belangrikste ding. Jy moet ’n
kopskuif maak waar jou studies en leer vir jou die belangrikste is. Tye wanneer my vriende dalk wou kuier of uitgaan, het ek dit duidelik gestel dit was nie ’n gepaste tyd nie. Ons het liewer besluit om tyd in studiegroepe by mekaar deur te bring. Begin ’n studiegroep en ondersteun mekaar só,” spoor Mitchell matrikulante aan.
Algun Coetzee (18) van Lanquedoc meen matrikulante se eerste stap na sukses is om God eerste te stel. “Wanneer ek swaargetrek of neergeval het, het ek opgestaan en God genader,” vertel hy.
Shadé Fortuin (18) van Lanquedoc sê indien kandidate hul alles insit, sal hulle, soos sy, trots wees op hul prestasies ten spyte van die angs wat die eksamen kan meebring. ) Besoek https:// wcedonline.westerncape.gov.za/secondchance-matric-programme vir meer inligting en alle belangrike datums.
Leerders van Paul Roos Gimnasium het die eerste dag van die 2025- akademiese jaar met ’n spesiale saalbyeenkoms begin, waartydens die oudleerder en minister van binnelandse sake, dr. Leon Schreiber (links), hulle met ’n toespraak oor hul toekoms in Suid-Afrika inspireer het. Die toespraak is gevolg deur die tradisionele PRGdasseremonie vir gr. 12-leerders. Tydens die geleentheid verlede Woensdag (15 Januarie) is Schreiber se PRG-skoolbaadjie ook by die skoolargief ingehuldig. Met hom is die PRGrektor André van Staden.
Die Hoër Meisieskool Bloemhof se matriekklas van 2024 spog weer met ’n 100%-slaagsyfer, met al dié skool se 142 kandidate wat die Nasionale Seniorsertifikaat (NSS)-eksamen geslaag het. Altesaam 141 leerders (99,3%) het boonop met universiteitvrystelling geslaag.
Die klas se graadgemiddelde is 77,14% en 79,5% Bloemhof-matrieks spog met ’n gemiddelde B-simbool of hoër. Boonop het die leerders 63 A-gemiddeldes behaal en 50 B-gemiddeldes. Hierdie graadgroep het ook 583 vakonderskeidings (3,82 per leerder) behaal.
Een kandidaat, Femke Boegman, het
met agt onderskeidings geslaag: Afrikaans huistaal; English home language; wiskunde; lewenswetenskappe; fisiese wetenskappe; ingeneursgrafika en ontwerp; lewensoriëntering; en ontwerpkuns.
Altesaam 27 kandidate het met sewe vakonderskeidings geslaag; 10 met ses vakonderskeidings; 21 met vyf vakonderskeidings; en 16 kandidate met vier vakonderskeidings.
Bloemhof is ook vanjaar dubbel trots op die skool se twee toppresteerders, Sophia Botha (hoofmeisie in 2024) en Helena du Plessis, wat elk ’n gemiddelde punt van 93,5% behaal het.
In ’n opwindende wedstryd tussen die o.19A-krieketspanne van die Hoërskool
Stellenbosch (HSS) en Westerford High, het HSS Saterdag 18
Januarie sy vaardighede op die veld gewys. HSS het die loot gewen en besluit om eerste te boul. Die span het
Westerford se kolfbeurt tot slegs 61 lopies
beperk. HSS het die teiken van 62 lopies in sy kolfbeurt gemaklik bereik –met die verlies van net drie paaltjies. Sy oorwinning met sewe paaltjies beklemtoon die span se sterk samewerking en strategie. Bo is die paaltjiewagter, Antonie de Beer, en Drew Houdson (agter hom) in aksie.
Avril Fillies
Three coaches from training4changeS were selected to travel to São Paulo, Brazil in November for an exciting learning exchange with organisations that are committed to empowering young people through sport.
Cloetesville resident Lorenzo Claassen, Azola Vetezo and Steve Qangule were hosted by ACER, a global leader in safeguarding children, and teamed up with Liga Paulista de Futsal as well as legendary football club São Paulo FC.
This thrilling opportunity was made possible by support from the FIFA Foundation Community Programme, which uses football as a tool for social change to improve the lives of underprivileged people around the world.
“Seeing other organisations around the world, and seeing the challenges they are facing in their communities was a great opportunity,” said Qangule. “Seeing how they work was quite interesting, and gave me a lot of ideas that I am looking forward to implement now that I am back home working with kids in our context.”
Vetezo added: “It was fascinating to see everything that was happening. The people in São Paulo were so down to earth and so welcoming. It was a huge honour the way they allowed us into their spaces and served us well. We learned so much from their organisations and structures,”
Daniel Graça, Liga Paulista coordinator said representatives of training4changeS will always be welcome. “We are impressed by the work they are doing to change communities through sport, so this was
also a good opportunity for us to learn from them,” he pointed out
For Claassen, the experience of travelling abroad and meeting other soccer coaches were highlights of the trip. “It was great to meet other coaches, to interact on the field and share ideas. One highlight was visiting some of the girls’ teams like São Paulo FC and Fenix Futsal,” he said.
“I have never seen girls playing on such a high level, and it inspires me for our girls in South Africa. Another highlight was learning more about the work Liga Paulista does with young people with Down Syndrome and intellectual disabilities, because that is something I am very passionate about.”
training4changeS provides a unique blend of high-level soccer coaching, quality education, and mentorship to empower young changemakers. It is was the first African NGO to earn accreditation in Education Outside the Classroom, and has twice been ranked the top African NGO using sport for peace and social justice.
The organisation boasts a boys’ soccer academy and school teams for girls. ) Visit www.training4changes.org or the training4changeS’ social media platforms for further details.
The countdown is on for the country’s most exciting and competitive student rugby tournaments, with the FNB Varsity Shield set to kick-off on Friday 14 February and the FNB Varsity Cup staring on Monday 17 February.
The country’s top universities are gearing up to deliver next-level rugby action as the best student players go head-to-head in front of passionate fans at packed stadiums nationwide. More than 50 Varsity Cup and Shield players have gone on to wear the green and gold, proving these platforms are a critical stepping stone in South African rugby.
FNB Varsity Cup founder and CEO, Francois Pienaar, is enthusiastic about the tournament’s impact: “The 2025 Varsity Cup is going to the next level. We’re stepping up on all fronts, creating great moments and inspiring the future stars of South African rugby. This year, we celebrate the FNB Varsity Cup and Shield as the perfect springboard for talent, bridging university and professional rugby, while shining a brighter spotlight on the rapid growth of women’s rugby.
“The tournaments have become synonymous with producing world-class talent, but it’s more than a rugby competition; it’s where student athletes grow, thrive, and dream big. I can’t wait to see what this season has in store!”
This year brings some exciting updates, with most Varsity Shield matches taking place on Fridays, team mascots returning to bring vibrant energy to every game, and the 2025 edition of FNB Varsity Cup Women’s competition seeing the top six women’s teams compete for glory with several matches being broadcast for the first time.
For the defending Varsity Cup
. Monday 17 February: FNB UFS Shimlas, Danie Craven Stadium at 19:00; . Monday 24 February: FNB NWU Eagles, Fanie du Toit Sports Ground at 19:00; . Monday 3 March:
champions, the FNB UFS Shimlas, the season starts with high expectations after their dramatic win over FNB UCT Ikeys in last year’s final.
Meanwhile, FNB UP-Tuks, who dominated last year’s Shield competition, are ready to return and make their mark once back in the premier competition after winning backto-back titles in 2021 and 2022.
The Shield competition will also see the addition of FNB Sol Plaatjes, who replace FNB TUT, after winning the promotion-relegation play-off. The Kimberley-based unit is chomping at the bit to show why they should be taken seriously as a potential title contender.
With the best young talent on display, thrilling matches, and an electric atmosphere that only Varsity Rugby can offer, 2025 promises to be another unforgettable season of next level action. Tickets for all the matches will go on sale soon.
) For a full list of this year’s fixtures, visit www.varsitycup.co.za.
Avril Fillies
Die opgewondenheid is groot en die adrenalien pomp onder die sewesspanne van die agt laerskole in die Dwarsriviervallei van Pniël en omgewing. Hulle sal Saterdag 1 Februarie aan die Devon Williams-o.13-toernooi deelneem.
Die agt skole is die laerskole Pniël, Simondium, Wemmershoek, PC Pietersen, Nondzami, Groendal, Franschhoek en West End. Die wenner van die toernooi sal die spogreg hê dat hy die beste is. Williams, ’n trotse boorling van Pniël en oud-leerder van die Hoër Jongenskool Paarl, het sy eerste rugbytree op sewejarige ouderdom by die juniors van die Pniël Villagersrugbyklub gegee. Hy speel tans die wêreld aan die brand vir die Blou Bulle in die Verenigde Rugbykampioenskap en die Europese Uitdaagbeker.
“My pa en sy broers het
almal vir Pniël Villagers gespeel en ek wil graag ’n positiewe bydrae lewer tot die sukses, groei en voortbestaan van die klub,” sê Williams. “Ek wil ook ’n bydrae lewer tot rugbyontwikkeling in die gebied, wat die Dwarsriviervallei en omliggende laerskole insluit. Pniël was nog altyd bekend vir sy uitsonderlike rugbytalent wat vroeër jare ongekende sukses vir die klub en die dorp verseker het. Dis nou tyd om terug te ploeg, want die blink toekoms vir ons jeug waarna almal hunker, is binne ons bereik mits ons bereid is om saam te werk en geleenthede vir ons jeug – môre se leiers –te skep.”
Williams is oortuig dat die Dwarsriviervallei ongekende talent het wat hopelik deur die geleentheid om aan sy o.13sewestoernooi deel te neem, raakgesien kan word en hulle dan ook dieselfde hoogtes kan bereik wat hy in sy rugbyloopbaan tot dusver
Die Black Pumas-netbalklub hou Vrydag 7 Februarie om 17:00 sy jaarvergadering by die Cloetesville-sportterrein. Alle belanghebbendes word genooi om die byeenkoms by te woon. Die klub is in 2023 gestig om jong mense van die gebied uit die strate te hou en ’n positiewe alternatief tot sosiale probleme soos alkohol- en dwelmmisbruik te bied. Die klub is aan die Stellenbosch-Wynland-netbalunie geaffilieer. Die Black Pumasprysuitdeling vir 2024 is onlangs gehou. Van links staan Carlene NoblePetersen (hoofafrigter), Porcia Philander (o.15-spanbestuurder) en Vernon Petersen (voorsitter). Netbalspelers van alle ouderdomme word genooi om by die klub aan te sluit. Bel Carlene by 084 995 0263 of Vernon by 064 464 4118 vir meer inligting.
bereik het.
“Na afloop van die toernooi sal ’n Drakensteinuitnodigingspan gekies word, wat later vanjaar aan die Boland-rugbyunie se o.13sewesproewe gaan deelneem. Jong spelers soek en hunker na geleenthede en hierdie toernooi sal ongetwyfeld die spelers die kans bied om ook die prestasies wat ek as jong speler bereik het, eerstehands te ervaar.”
Williams is ’n talentvolle vleuel en heelagter en was lid van die SA skolespan en WP se o.19- en o.21-spanne en het ook vir die WP Curriebeker- en die Stormers-spanne uitgedraf voordat hy na die Pumas is en nou een van die Blou Bulle se staatmakers is. In 2014 was hy lid van die SA sewesakademiespan in Stellenbosch.
“Ek hoop om die sewestoernooi ’n jaarlikse instelling te maak met die hulp en samewerking van die Pniëlgemeenskap, oudspelers en plaaslike sakeondernemings,” sê Williams.
sementwerke cement works Sedert 1954 Since
(
Avril Fillies
Die Cloetesville-rugbyklub speel vanjaar in die Bolandrugbyunie nadat dié klub verlede jaar gestig is toe Alfonzo September met die idee vorendag gekom het.
September se oogmerk was om juniors te ontwikkel, want talle ervare spelers wou steeds in die gemeenskap betrokke raak om die jeug uit die strate te hou. Derhalwe is besluit om ’n nuwe klub te stig om iets nuuts na die gemeenskap te bring.
Die ander stigterslede is Ronald Adendorf, Christopher Thys, Lambert Louw en August Williams en hulle is deel van die bestuur.
“Eers is die voelers uitgesteek oor die moontlikheid om in 2023 by die plaaslike junior unie aan te sluit, en die klub is verlede jaar aanvaar. Senior spelers het navraag gedoen oor die deelname van ’n senior span en Jeremie Adams (klubkaptein) het met die werwing van spelers gehelp. Aan die einde van 2023 het ons by die Boland-rugbyunie vir deelname aansoek gedoen, wat onsuksesvol was,” se Adendorf.
Die klub is gedwing om ’n alternatiewe plan te maak om die huidige spelers vir die 2024seisoen bymekaar te hou. Cloetesville het toe as die derde span van Morningstar in Durbanville in die Westelike Provinsie se ligakompetisie gespeel.
Die Cloetesville-rugbyklub, wat onlangs gestig is, se bestuur is (agter van links): August Williams (wedstrydsekretaris), Lambert Louw (sekretaris), Andrew Greef (tesourier) en Jeremie Adams (klubkaptein). Voor is Ronald Adendorf (voorsitter), Bianca Jacobs (hulpsekretaris) en Christopher Thys (president). Afwesig: Melt Koegelenberg (ondervoorsitter) en Alfonzo September (sosiale media).
Die klub het toe weer by Boland aansoek gedoen vir deelname vanjaar en die aansoek is aanvaar. Die klub se twee spanne sal aan Boland se Gemeenskapskild-kompetisie, wat uit 10 spanne bestaan, deelneem.
Die Cloetesville-rugbyklub se juniors neem deel aan die Wynland-unie se kompetisies in die ouderdomsgroepe o.10, o.12, o.14, o.16 en o.18. Die klub oefen Dinsdae om 18:00 by die Nietvoorbijsportterrein en nuwelinge is welkom.
Intussen is vriendskaplike wedstryde ook as voorbereiding voordat die liga begin, gereël. Die vriendskaplike wedstryde is tuis teen Dennegeur (Saterdag 25 Januarie); weg teen Klipdrift (Saterdag 1 Februarie); weg teen La Motte Wanderers (Saterdag 15 Februarie); en tuis teen Lanquedoc All Stars (Saterdag 1 Maart). ’n Vriendskaplike wedstryd word ook vir Saterdag 8 Februarie beplan. ) Kontak Ronald Adendorf by 064 253 6850 vir meer inligting.