Nuus net vir jou sedert 1950
EikestadNUUS
Jonges vier kultuur in Pniël Jonges vier kultuur in Pniël

Meer as 375 kinders van agt dorpies het Saterdag 25 Januarie by die Pniël-sportterrein opgetree in items wat gedurende die Stellenbosch-skoolvakansieprogramme van die e’Bosch-erfenisstigting ontwikkel is, met optredes in drama, musiek, sport en kuns. Hoogtepunte het Wemmershoek se musiekdrama en Khayamandi se tradisionele dans ingesluit. Ruim ondersteuning van die Jannie Mouton-stigting, Timberlea, die Stellenbosch-munisipaliteit en ander het die fees moontlik gemaak. Die viering het gemeenskapsgees versterk en jeugontwikkeling bevorder. Vir besonderhede van toekomstige skoolvakansieprogramme, kontak school.ebosch@gmail.com.
‘Wat van ons sportklubs?’
Yaël Malgas
Sportlui van wyd en syd is ontstoke nadat die Stellenbosch-munisipaliteit planne bekendgemaak het om die Van der Stel-terrein (VDS) se bestuur aan ’n derde party te oorhandig. ’n Kennisgewing vir openbare kommentaar is op 30 Januarie in Eikestadnuus gepubliseer. Hierin verduidelik die munisipaliteit sy planne om die bestuur van die meer as 85 jaar oue sportkompleks – wat onder meer twee rugbyvelde, ’n sokkerveld, twee krieketvelde, ’n hokkieveld, ’n swembad en funksielokale insluit – vir 30 jaar aan die Stellenbosch-sokkerklub te oorhandig. Volgens die munisipaliteit sal dit die finansiële uitgawe van dié kompleks se bestuur versag en die koffers ’n hupstoot gee danksy huur wat geïn sal word. Plaaslike sportlui meen egter die plan beteken eenvoudig die “verkoop” van ’n gemeenskaplike, openbare fasiliteit.
Sportlui ontstoke oor Van der Stel-plan
Pieter Lotz, die voorsitter van die Van der Stel-sportklub, sê sprake van die munisipaliteit se planne doen reeds langer as ’n jaar die ronde. Hy meen die gepubliseerde plan is nie in die belang van die gemeenskap of sportlui hier nie.
“Die sportklub het meer as 2 000 aktiewe lede wat alles van rugby, krieket tot crossfit insluit. Ná jare word daar ook nou gewerk om weer veerpyltjies terug te bring. Daar is daagliks atlete wat die sportkompleks gebruik,” verduidelik Lotz.
Onder die gebruikers van die Stellenbosch-veld is die o.20Springbokspan, plaaslike skole en twee kerke.
Lotz sê die beplande eksklusiwiteit wat die Stellenbosch-sokkerklub oor die geriewe sal hê, is kommerwekkend.
“Wat gebeur ná die 30 jaar? Indien dit ek was, hoekom sou ek dan ’n gerief wou oorhandig waarin ek miljoene rande belê
het? Eintlik is die huurkontrak ’n verkoopkontrak wat ons betref.”
Die Stellenbosch-sokkerklub beoog om R395 miljoen oor vyf tot 10 jaar in die kompleks te belê. Die munisipaliteit meen, luidens die kennisgewing, dit sal help om die sportkompleks ’n fasiliteit van wêreldgehalte te maak. Sporttoerisme sal aangewakker word, wat internasionale sportlui en beleggers sal lok, sê die munisipaliteit.
Internasionale toernooie in die VDSfasiliteit is egter nie ongewoon nie. In November is twee tennis-toernooie hier deur die Internasionale Tennisfederasie aangebied.
Die munisipaliteit bieg egter dit het nie die “vereiste operasionele infrastruktuur om die standaard van diens te lewer nie”.
By navraag het Stuart Grobbelaar, ’n munisipale woordvoerder, gesê hierdie is die tweede openbaredeelnameproses ná
vroeëre gesprekke met belanghebbendes en ’n tenderproses.
“Die doel van hierdie voorstel is om die kompleks tot ’n wêreldklas-sportfasiliteit te ontwikkel, wat nasionale en internasionale sportgeleenthede lok, terwyl dit steeds toeganklik bly vir alle inwoners van die munisipaliteit,” sê hy. Lotz sê die klub sou natuurlik ’n algemene belegging in die fasiliteit wou sien, maar meen die kostes van die belegging soos dit nou staan, is te hoog vir die gemeenskap.
Hy sê al die sportsoorte wat op die VDS-sportterrein beoefen word, speel in die premierligas van hul onderskeie sporte. Johan Breedt, ondervoorsitter van die klub, sê die geskiedenis en erfenis van die sportkompleks in die Eikestad moenie uit die oog verloor word nie. Hoe meer hy van die uiteindelike planne te hore kom, hoe meer bekommerd raak hy. V Na bladsy 2









Bringing services to the people
Yaël Malgas
Giving residents back their dignity.
This was the aim of the outreach by the Department of Home Affairs when its officials visited Khayamandi over the past few weeks to assist in providing vital documents to locals who lost their possessions in a fire on New Year’s Eve.
Ward 13 councillor Mary Nkopane said many residents have been without benefits as their identity documents were destroyed in the blaze. “The outreach by the department has been fruitful. Many residents waited a long time for the materials to rebuild their homes, but this process has been a speedy one. They are so grateful because they can now get social relief from Sassa,” she related.
On Tuesday (10 February), Nkopane, Stellenbosch executive mayor Jeremy Fasser and residents welcomed Home Affairs minister Dr Leon Schreiber to the area as he handed over brand-new IDs to affected residents.
Van bladsy 1
“Daar is sprake om later woonstelle vir atlete te bou – om uiteindelik die hele gedeelte van die dorp om die sportfasiliteite te laat draai. Ons kan nie toelaat dat die ryk geskiedenis tot ’n einde kom nie. Hier het al talle Springbok-atlete oor hierdie velde gehardloop. Hoe kan die publiek kommentaar lewer indien ons nie toegang


Fire victim Thobeka Qwaka (49) said the process of applying for a free new ID at the mobile office was quick and easy, adding that her visit to the truck was much better than standing in a
het tot die omvattende planne vir die fasiliteit nie?” wil hy weet. Stellenbosch-sokkerklub het by navraag gesê hy sal nie in die stadium verdere kommentaar lewer nie en respekteer die openbare deelname proses. ’n Vergadering tussen die VDS-klubbestuur en die burgemeester, Jeremy Fasser, sou gister (Woensdag) geskied om die planne verder te bespreek. Intussen het belanghebbendes tot volgende Donderdag (20 Februarie) om hul insae te lewer.
long line to apply for new documents.
One- day-old Isiah Carelse of Cloetesville was the first recipient and his proud parents, Christin Taaibosch and Curtley Carlse, received his newly
minted birth certificate.
According to Schreiber the department is working to reduce the waiting times for all South Africans. “More than half of visitors to our offices are people picking up documents. We are looking at introducing delivery services. Bringing more services to communities through banks is also a priority to help make Home Affairs more accessible,” he said.
Accessibility is important, Schreiber added, especially for those like the Khayamandi residents. “Worrying about getting new IDs and documents when you have lost all your possessions in a fire adds to the burden. The department aims to help restore your dignity during this challenge,” he told residents.
Schreiber also has news for those hesitant to brave long queues to get the new smart card IDs. “Having a smart card means safer and secure identification. It is easy for anyone to simply replace the photograph on an ID book. The department is looking to digitise many of our services to make applications faster and simpler.”
Riool bly probleem in Pniël
Yaël Malgas
Die stank wat inwoners van Riverside Vrydag 31 Januarie geruik het, was weens ’n pyp wat gebars het en nie weens ’n “gewone” lekkasie nie.
Dit was die terugvoer van die Stellenbosch-munisipaliteit nadat die GOOD-party ’n verklaring uitgereik het oor inwoners se kommer oor die vermoedelike lekkasie van riool in die Dwarsrivier.
Volgens die raadslid Grechard Petersen is inwoners bekommerd oor die gesondheids- en omgewingsrisiko wat die lekkasie vir die gemeenskap kan inhou. Petersen sê inwoners het die oorweldigende stank van rou riool in die lug aangemeld terwyl besoedelingstowwe wat in die Dwarsrivier geloop het, sigbaar was.
“Dit was met ’n inspeksie duidelik dat rou riool uit ’n munisipale rioollyn naby die Pniël-substasie lek. Dit is kommerwekkend dat inwoners aangedui het dat dit die derde soortgelyke voorval binne die huidige boekjaar is, wat hul nood en frustrasie verder vererger,” sê Petersen in ’n verklaring.





Stuart Grobbelaar, ’n munisipale woordvoerder, het egter by navraag gesê die gebarste pyp was by ’n pypverbinding. “Die spesifieke voorval is op 31 Januarie aangemeld en herstel en beamptes van die departement van water en sanitasie is deurgaans van die proses in kennis gestel. Hulle was ook Vrydag 7 Februarie op die perseel –

saam met munisipale beamptes en die inwoners wat alarm gemaak het oor hul kommer oor die gebarste pyp,” sê Grobbelaar.
Petersen meen egter die situasie spreek tot Pniëllers se deurlopende frustrasies. Een só ’n gereelde kopseer is riool wat glo gereeld – vir die afgelope 15 jaar – uit man-gate in Riversidestraat en Eastendsingel vloei.
“Ten spyte van herhaalde versoeke van inwoners vir dringende opgradering van infrastruktuur en talle skakelings met beide die vorige [Gesie van Deventer] en huidige uitvoerende burgemeester [Jeremy Fasser] en topsenior munisipale amptenare in gemeenskapsvergaderings, is hul pleidooie vir begroting en doeltreffende optrede geïgnoreer. Hierdie voortdurende verwaarlosing het tot ’n toenemende gevoel van hopeloosheid en frustrasie gelei,” meen Petersen.
Die munisipaliteit sê op sy beurt hy is toegewy om “betroubare infrastruktuur wat aan die departement van water en sanitasie se voorskrifte voldoen” aan inwoners te verskaf.
“In ooreenstemming hiermee het ons die munisipale begroting vir die pypvervangingsprogram van R4 miljoen tot R8 miljoen verdubbel en hierdie werk is aktief aan die gang,” sê Grobbelaar.
Hy het ook bevestig ’n brief is by die kantoor van die Speaker ingedien en sal Woensdag 26 Februarie op die volgende raadsvergadering bespreek word.
















US-navorsers help antwoorde soek
Yaël Malgas
“Ons is vinnig om weg te draai van dinge en mense wat anders as ons is – dit is instink, en te verstane, maar iets waaroor ons moet nadink, en waarteen ons moet baklei.”
Só verduidelik dr. Marianne Gush, ’n ná-doktorale genoot en kwalitatiewe navorser vir die groep Seldsame-siektegenomika aan die Universiteit Stellenbosch (US).
Die werk wat Gush en die span navorsers doen, poog om meer antwoorde te bied aan diegene wat aan ’n seldsame siekte ly. Vandeesmaand is Seldsame Siekte-maand wat, soos die navorsingsgroep, meer inligting en bewusmaking wil skep.
Gush verduidelik wat presies ’n seldsame siekte is: “Dit is siektes wat op die meeste een uit elke 2 000 mense raak, maar party van hierdie siektes kom in een in 100 000 of in een in ’n miljoen voor. Hoewel hierdie siektes seldsaam is, bestaan tussen 8 000 en 10 000 verskillende soorte seldsame siektes, wat beteken dat ’n beduidende hoeveelheid mense aan skaars siektes ly – ongeveer 4,2 miljoen mense in SuidAfrika.”
Die navorsingsgroep staan onder leiding van prof. Shahida Moosa, wat ook die hoof van mediese genetika by die Tygerberg-hospitaal is. Die groep werk met pasiënte wat verskeie
toestande het. Mabry-sindroom, Kabukisindroom, lupus nefrities en bloedverwante siektes is net van die siektes wat hulle bestudeer. Meer inligting oor skaars siektes kan beter behandeling en ondersteuning beteken.
Gush verduidelik ’n diagnose bied verligting omdat dit lig werp in gevalle waar daar eers donkerte en onsekerheid was. Dit kan ook lewens red. “Een van ons MSc-studente het verlede jaar ’n diagnose gedoen wat ons mediese span bewus gemaak het van die risiko van ’n spesifieke soort kwaadaardige gewas. As gevolg van haar vroeë diagnose en die daaropvolgende ondersoek en behandeling is daardie pasiënt vandag kankervry.
“Diagnoses red inderdaad lewens en as ek dus gevra word wat heel boaan my wenslysie is, dan is dit dat die staat genetiese toetsing beskikbaar moet maak om vir die duisende pasiënte in die ‘Undiagnosed Disease Programme’ antwoorde en beter uitkomste te bied,” verduidelik Gush.
Sy sê die grootste struikelblokke bly egter om enigsins ’n diagnose te kry. Dit neem byna vyf jaar vir inwoners van hoë-inkomste-lande om ’n diagnose van ’n seldsame siekte te kry. Dit is daarom geen verrassing nie dat die meeste mense met seldsame siektes in Suid-Afrika, met sy kreunende openbare gesondheidsektor, nooit gediagnoseer word nie. “Vir diegene wat vir mediese sorg van die staat afhanklik is, is
genetiese toetsing slegs in drie van ons nege provinsies beskikbaar – en dan ook net met behulp van tersiêre hospitale waar navorsingsgeld help om die kostes te dek.
“Buiten die toegang tot ’n diagnose, wat natuurlik emosionele en gesondheidsgevolge inhou, ly mense met seldsame siektes dikwels onder ’n stigma en sukkel hulle om deur gesondheidsorgwerkers ernstig opgeneem te word.”
Gush verduidelik aangesien simptome nie altyd sinvol is of ’n duidelike patroon aandui nie, is dit eers wanneer ’n diagnose van ’n genetiese of seldsame toestand gedoen word, dat gefokusde behandeling en ondersteuning gebied kan word. Sy voeg by 70% van hierdie siektes word deur ’n pediater opgemerk.
“Die meeste van hierdie kindertjies het kroniese en aftakelende siektes wat dikwels permanente versorging benodig. Dit lei dus daartoe dat minstens een ouer of versorger sy werk moet verlaat om na die kleintjie om te sien. Dit het natuurlik ’n enorme finansiële impak.”
Sy voeg by in sommige gevalle word ouers van mishandeling aangekla weens hul kleintjie se simptome. “Dit sluit siektes soos epidermolysis bullosa (EB) en osteogenesis imperfecta (OI) in. In die geval van EB laat die velsiekte dit lyk of die kind gebrand het, en in die geval van OI breek die kind se beentjies so maklik dat dit dokters dadelik onraad laat vermoed.”
SPAR gives Project Flamingo solid boost
The coffers of Project Flamingo, founded by surgeon Dr Liana Roodt, were favourably boosted when they received donation of R30 000 from representatives of SPAR Western Cape.
The donation originated from SPAR Western Cape’s annual cancer charity event held last October. The event, attended by 600 women, supports Cancervive, an organisation that they have been supporting nationally for more than 10 years.
Cancervive’s annual cancer ride does great work to spread awareness, educate and deliver the message of hope and encouragement to communities, many who do not have access to this information.
At the handover to Project Flamingo, Elsabe van Zyl-Felix, advertising manager of SPAR Western Cape, said it was a privilege to be in a position where women can make a difference for women. “This donation was essentially made possible by Hannon [Bothma, owner of the Hannon skin-care, haircare and make-up brand], a guest speaker at our October event.” She said in view of the charity event, he waived the usual guest-speaker fee, and in lieu of his generosity SPAR was donating

the fee to Project Flamingo.
“I have often heard Dr Liana Roodt speaking on the radio, and I am so pleased this group of women, all making waves in their respective fields, could make it happen here today.”
Roodt founded Project Flamingo in 2010 after being deeply moved by the desperate need in public health. Her idea captured the hearts of friends and colleagues, and soon she had a trusted




At the handover (from left) are Magda Pretorius (Hannon: area manager), Elsabe van Zyl-Felix, (SPAR Western Cape and Namibia: advertising manager), Delia Wakeford (185 Solutions), Dr Liana Roodt (Project Flamingo founder), Melanie Jooste (SPAR), Anne Taylor (TaylorTalk PR) and Dominique Ward (TBWA).
team to help her make quality and compassionate cancer care available.
A specialist surgeon, she has achieved numerous research awards and was named one of the Top 10 Health-care Innovators of 2014 by the UCT Graduate School of Business. Roodt, currently in private practice, also works at Groote Schuur Hospital’s Breast and Endocrine Unit and heads up Project Flamingo with vision and passion.
Gush sê die kollektiewe “rare siektes” is meer algemeen as wat dit lyk en daar is derduisende siektes waarvan hulle miskien nog nooit gehoor het nie. “Net omdat jy dit nie ken of nie verstaan nie, maak dit nie verkeerd of minder van ’n werklikheid nie. Kom ons werk saam, as ’n samelewing, om mekaar te ondersteun deur positiewe woorde en helpende hande, waar ons kan.”
GERALDINE ADENDORF (geraldine.adendorf@media24.com) 021 887 2840
Rekeningnavrae/Account Enquiries CHANDRE LE ROUX (chandre.leroux@media24.com) 021 406 3346






Sevensstars inthemaking
Avril Fillies
The under-13 sevens rugby team of Franschhoek High School not only won the inaugural Devon Williams 7s tournament in Pniël on Saturday 1 February, but is very proud of E-Jay Werner and Jaylon Boonzaaier after they received the tournament’s two top awards.
E-Jay won the award for player of the tournament, while Jaylon was named the best forward.
What made the occasion so memorable was the fact Franschhoek beat the favourites Simondium Primary by 12-5 in the final (“Sewestoernooi ’n groot sukses”, Eikestadnuus, 6 February).
“Right from the start I realised successful participation in this tournament would require stamina and determination,” said Jaylon. “Practically it meant making use of power and speed, while getting the most out of each opportunity when one had possession of the ball.
“In addition, I now understand the advice my coach, Keith Cyster, gave me, namely that one can only achieve what you think is best for you. With this mindset I learnt a lot from the tournament and would like to extend my appreciation to everyone involved in it.”
E-Jay was impressed with


Die o.15A-span van Paul Roos Gimnasium (PRG) na ’n oorwinning in hul wedstryd teen die Hoër Jongenskool Wynberg. Die krieketspanne van Paul Roos het onlangs kragte met die spanne van die Hoër Jongenskool Wynberg gemeet. Die spanne was in 15 wedstryde in aksie, met Paul Roos wat 10 seges behaal het, in twee gelykop gespeel, twee verloor het en die o.19Awedstryd wat onbeslis geëindig het.
the valuable techniques and skills the team cemented at the tournament. “The biggest attribute I am taking away from the tournament is the boost in confidence regarding my place in the game. I was pleasantly surprised about what I could achieve, not of my own accord, but due to the inspiration of teammates and opponents alike.”
E-Jay acknowledged the contribution of coach Cyster, who taught him to show pride in what he and the rest of the team do on the field and to never give up.
“This lesson was displayed in each match and served us well throughout the tournament. We are extremely thankful to have had the opportunity to take part at the 7s tournament and are grateful to all who made it possible.”



Wynlande
The athletics team of PRG participated in the annual Top Schools meet at Paarl Boys’ High School, claiming second place on Friday 31 January. The team won 31 medals in total, with 11 gold, 12 silver and eight bronze medals making up their haul. Some of the standout performances by PRG athletes include Johan Swart running the 100 m hurdles for under-14 boys in 15.00 seconds; Joey Calitz (under-15) throwing 52,75 m in discus and 15,41, in shotput; Nicholas Fillis and Geshem Pietersen crossing the line in 24.20 seconds in the under-15 200 m sprint; Marcus Viljoen winning the under-17 boys’ 110 m hurdles in 14.60 seconds; and Zak Hickman notching up a 15,43 m attempt to claim gold in the shotput event for under-19 boys.
se topmatrieks vereer
“Dit is ’n voorreg om vanaand voor julle te staan terwyl ons voortreflikheid, toewyding en die onwrikbare strewe na sukses in onderwys vier,” het dr. Elna von Schlicht, die burgemeester van die Kaapse Wynlanddistriksmunisipaliteit (KWDM), Donderdag 6 Februarie by die Paarl-stadsaal in haar toespraak by die KWDM-prysuitdelingseremonie vir toppresteerders aan die matriekklas van 2024 gesê.

Die pryswenners van skole in die Stellenbosch-gebied saam met, voor, van links, Noel Petersen (onderwysdepartement), Denise Wesso (onderwysdepartement), dr. Elna von Schlicht (burgemeester van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit), Jeremy Fasser (burgemeester van Stellenbosch), en Henry Prins (Kaapse Wynlanddistriksmunisipaliteit se munisipale bestuurder).
Sekondêr), Lea Stanford (Rhenish Girls’ High), Tatum Ferrier (Hoërskool Stellenbosch), Bruinice Thomas (Hoërskool Kylemore) en Chalene Steyn (Hoërskool Cloetesville).








“Die prestasies waaraan ons vanaand erkenning gee, is nie net individuele oorwinnings nie, maar ’n bewys van die verbintenis van ons skole, onderwysers en gemeenskappe om ’n beter toekoms vir ons jongmense in dié distrik te skep. Elke leerder wat vandag hier sit, behoort te weet dat ons ongelooflik trots is op julle. Julle is die toekomstige leiers, innoveerders en veranderingmakers van ons streek.”
Die jaarlikse seremonie het die prestasies van matrikulante in die distrik vereer.
TENDER GARDEN SERVICES
Capolavoro Homeowners Association, Kylemore, Stellenbosch, hereby invite interested Garden Services to tender for a contract.

date: 28 February 2025 For further details please send an email with references to status3@status-mark.co.za
Die pryswenners van skole in die Stellenbosch-gebied was Kodi Calvert (Hoërskool Lückhoff), Athule Lusithi (Hoërskool Makupula), Ruby Cochrane (Stellenbosch Waldorf-skool), Marco Pietersen (Stellenzicht Sekondêr), Lance Carolissen (Hoërskool Franschhoek), Kwakhanya Lenyana (Hoërskool Kayamandi), Sophia Botha en Helena du Plessis (Hoër Meisieskool Bloemhof), Keanu Meyer (Paul Roos Gimnasium), Tamia Phillips (Groendal
Elke leerder het ’n beduidende studiehulptoewysing van R20 000 ontvang wat direk na hul onderskeie instansies of kursusse oorgeplaas sal word.
Twee Paarlse opvoeders het ook spesiale burgemeestertoekennings van Von Schlicht ontvang.


























Address: Eikestad Mall, 81Andringa Street, Stellenbosch, 7600. Trading Hours: Monday – Friday: 08:00 - 19:00 Saturday 08:00 - 18:00 • Sunday 08:30 - 16:00

























































SMALLads

Contact Terence Electrical for all electrical work: 072 175 8424
BETREKKINGS 3600
ALGEMEEN 3680
GARDENER position available for a small complex in Stellenbosch. Full time basis (Mon. to Saturday). – Working under a Supervisor Gardening experience preferred with relevant references. Candidate to have Valid RSA ID or Proof of Residence permit or valid work Visa. If you are interested, please send your CV to susarah@jpstrust.co.za.

We attend to the following:
Sanitaryinstallations
Pressure&flowrate problems
Element&thermostat replacements
Draincamerainspection
Contact Bill Timmins
Cell:0825920336or plumbing.bt@gmail.com



The fourth annual Franschhoek Chamber Music Festival, which runs until Sunday 16 February, will showcase all the musicians of the Cape Philharmonic Orchestra (CPO) in an intimate setting in which each shines as a soloist. The event also features brilliant violinist Miclen LaiPang as the guest artist appearing in seven of the 10 concerts, which culminate in a sold-out finale of the “Triple Concerto” by Beethoven. Other highlights of the festival include the “Gran Partita” by Mozart (Friday 14 February), the “Schumann Piano Quintet” in E flat (Friday 14 February) and the “String Quintet in C, D 956” by Schubert (Sunday 16 February). Tickets for all concerts are available online through Quicket. Pictured are the CPO musicians practising the “Gran Partita” by Mozart ahead of the festival.
Vier die liefde in al sy fasette met Coenie
Re-Roofing • Roof Repairs
1810

X1YDBQU9-EN060225



Coenie de Villiers keer vir Valentynsdag (Vrydag 14 Februarie) na die Drostdy-teater terug met ’n program, Valentyn, ter ere van die liefde –op die einste dag wanneer die liefde wêreldwyd gevier en besing word. Aanhangers van De Villiers se werk ken hom as een van die skeppers van die mooiste liefdesliedere in Afrikaans. Uit sy pen en onder sy vingers vloei van die treffendste liriek en musiek oor die liefde. Daar is liedere wat wonder oor die aard van die liefde en komposisies wat die skoonheid daarvan besing. Maar dan is daar ook van die mees aangrypende werk in Afrikaans wat die verlies van liefde vasvang; wat sin maak van daardie ontwykende vlinder van geluk. In hierdie eenmalige Valentynsdagkonsert delf De Villiers vir die eerste keer diep in hierdie liedereskat om sy liefdesliedere in ’n enkele vertoning met die gehoor te deel. Valentyn begin om 20:15. Kaartjies kos R240 elk en kan aanlyn deur Webtickets bespreek word.
Dorpskalender/Town calendar
FRIDAY 14 FEBRUARY
) Stellenbosch: Singer Luna Paige starts her national tour, Oceanic Heart, with a special Valentine’s show at MURATIE WINE ESTATE. The show promises to satisfy all the senses with spectacular views, ambience, top-quality wine, food and a special music programme. The doors open at 18:30, with the show starting at 20:00 for 20:30. Tickets, at R195 each, include a complimentary drink on arrival. Book your place online at www.muratie.co.za.
) Stellenbosch: Make this Valentine’s Day extra special with a 3,5 km circular sunset hike at MURATIE WINE ESTATE. Hikers must arrive at the Dirtopia Trail Centre between 17:30 and 18:30, and then make their way up the scenic trail at their own pace. At the lookout, they will enjoy a complimentary glass of Muratie Johanna Dry Rosé, while indulging in their own packed picnics as the sun sets at 19:37. Take a torch and jacket along, and wear proper hiking shoes.
The cost of R155 per person includes a glass of dry rosé; children under 12 pay R70. Book online through www.dirtpass.co.za, Quicket or entryninja.com.
SATERDAG 15 FEBRUARIE
) Stellenbosch: Die eerste Rare Talent for Rare Disease-konsert word om 19:00 by die ENDLERSAAL gehou. Die inspirerende geldinsamelingskonsert bring mense met besonderse talente vir ’n betekenisvolle saak byeen. Kunstenaars sluit in dansers van die Cape Junior Ballet Company, sangers van die Cape Choral Academy, die Universiteit Stellenbosch-blaasorkes, die bekroonde pianis Gerhard Joubert en die jazzvirtuoos Jason Marshall. Kaartjies aanlyn by Webtickets beskikbaar.
Stuur gerus alle kalender-inskrywings per e-pos na tasmin.cupido@media24.com teen Maandae 14:00.
BODKENNISGEWING
Die Sekretariaat van die Wes-Kaapse Provinsiale Koördineringskomitee en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES) nooi ingevolge die “Customary Initiation Act” (Wet 2 van 2021) alle ouers, inisiasieskoolhoofde en inisiasieforums uit wat van voorneme is om seuns tydens die komende 2025 winterseisoen vir inisiasie te neem, om die inisiasieskole te registreer Registrasie sal vanaf 1tot 28 Februarie 2025 aanvaar word Alle aansoeke sal vertroulik hanteer word
Die Customary Initiation Act” (Wet 2 van 2021) artikel 26(2) bepaal: ’n Inisiasieskool moet minstens drie maande voor die aanvang van ’n inisiasieseisoen geregistreer wees en sodanige registrasie is slegs geldig vir n spesifieke inisiasieseisoen aangedui op die registrasiesertifikaat Inisiasieskoolhoofde en inisiasieforums moet die inisiasie-aansoekvorm voltooi onderteken en aan die DKES stuur om hul inisiasieskole te registreer Alle bykomende inligting wat op die aansoekvorm versoek word moet volledig wees Individue, ouers en gemeenskappe moet ook met hul plaaslike inisiasieforums skakel of direk met die Departement in verbinding tree vir bystand Vir


#supportlocal
Shopping locally makes all the difference
EikestadNuus
Sport

sementwerke cement works Sedert 1954 Since


Coronations-vroue wen
Tasmin Cupido
Ná ses wedstryde en ses seges is die vrouespan van die Coronationskrieketklub die afgelope Sondag (9 Februarie) as die wenner van die 50-boulbeurtliga van Krieket Boland vir 2024-’25 gekroon.
Die span van die Dwarsriviervallei het met die kolf, in die veld en met die bal in die hand in hul wedstryd teen die Maties-vrouespan op die Coetzenbergovaal oorheers en met 167 lopies geseëvier. Die span pronk dié seisoen met ’n onoorwonne status en sal hoop om hul lopie in die T20-liga die komende naweek voort te sit.
Coronations het die loot Sondag gewen en besluit om eerste te kolf. Die kolwers het van die begin van die kolfbeurt hul stempel op die wedstryd
Koninginne van Boland se 50-beurt-liga
afgedwing en die Maties-boulers het gesukkel om hul ritme te vind.
Die Pniëllers het hul volle 50 boulbeurte gekolf en die telbord tot by 249/7 geneem. Dit was veral die kolfvernuf van Moesie Daniels wat beïndruk het. Sy het die meeste van haar beurt gemaak en korte mette met die Maties-boulwerk gemaak.
Daniels was Coronations se hoogste lopiemaker met 86 lopies, gevolg deur Chantelle van Schoor (36*) en Mialize van der Vyver (31).
Vir Maties was dit ’n moeilike dag in die veld, maar die boulwerk van hul kaptein Melissa van der Merwe (3/25, en die speler/afrigter Ilse van die Westhuizen (2/40) was indrukwekkend.

Bou gees op vir Bou gees op vir Raakrugbydag Raakrugbydag
AfriForum Jeug hou eerskomende
Saterdag (15 Februarie) ’n
Raakrugbydag by die Middelvleiwynplaas om die nuwe akademiese jaar op ’n hoë en aktiewe noot in te lui.
Mans en vroue tussen 18 en 30 jaar oud kan spanne inskryf en kragte meet om te bepaal wie Saterdag met die R10 000-prysgeld gaan wegstap. Inskrywings is reeds oop. Vir diegene wat nie raakrugby-fiks is nie, is ondersteunerskaartjies te koop.
’n Geesbeker-prys van R2 000 is ook op die spel.
Dié dag word in samewerking met Studenteplein, Middelvlei-wynplaas, Stellies Blue Bottle Liquors en Nu’Bar aangebied.
Benewens die hoofprys is R8 000 ook vir die span in die tweede plek en R5 000 vir die span in die derde plek beskikbaar
Nog R5 000 is op die spel vir die koshuis wat die meeste ondersteunerskaartjies verkoop. Toeskouers kan ook lekker pryse losslaan.
Die jeugorganisasie beoog om die Raakrugbydag ’n jaarlikse instelling te maak en sodoende ’n veilige bymekaarkomplek vir veral studente
te skep om pret te hê en heerlik saam met vriende en medestudente te kuier.
In die gees van verantwoordelike, veilige joligheid het AfriForum Jeug ook pendeldienste wat tussen Victoriastraat en Middelvleiwynplaas sal ry.
Kosstalletjies sal ook beskikbaar wees en selfs stalletjies met ’n bietjie voggies vir ’n droë keel.
“Selfs by die Tuks-tak is ons vol bewondering vir Maties se Raakrugbydag – die verwagting alleen is genoeg om enigeen opgewonde te maak. Van ons gaan selfs al die pad van Tukkies af kom om dié dag te beleef,” sê Maree van den Berg, voorsitter van AfriForum Jeug se Tuks-tak.
“’n Groot leemte heers onder die Maties-studente om in ’n veilige omgewing sosiaal te verkeer. Buiten Studenteplein is daar nie veel ander instellings wat studente se belange op die hart dra nie.
“Daarom het AfriForum Jeug besluit om hierdie Raakrugbydag in samewerking met ander rolspelers te vestig. Die doel is om hierdie as ’n tradisie op kampus en onder die studente te vestig,” sê Yvonne Gerber, die lid vir jeugontwikkeling by AfriForum Jeug.
Op hul beurt het die Maties met die kolf gesukkel en gereeld paaltjies verloor. Hulle is uiteindelik in die 32ste boulbeurt vir slegs 83 lopies uitgeboender, met slegs Megan Emslie (25) wat ’n noemenswaardige kolfbeurt gelewer het.
Op pad na ’n oorheersende oorwinning was die akkuraatheid, lyn en lengte van Doni Lin (6/17) vir Coronations in die kol, asook die uitstekende veldwerk deur die paaltjiewagter Stacey Lackay, wat twee kolwers gestonk en een uitgehardloop het.
Al die klubs se vrouespanne in die Boland verskuif nou hul aandag na die T20-kompetisie, wat Sondag
(16 Februarie) begin. In dié kompetisie is Coronations in Groep A met Caledonen Grabouw-krieketklub gegroepeer, met die vrouespanne van Maties, Worcester United, Stellenbosch en Brandvlei wat Groep B opmaak.
Coronations reis Sondag na Caledon om kragte met die gasheer te meet (09:00) voordat hulle om 12:45 teen Grabouw te staan kom.
In Groep B moet Maties en Stellenbosch na Worcester reis om daar in twee wedstryde te speel – om 10:00 speel Maties teen Brandvlei en Stellenbosch teen Worcester United voordat die twee Eikestad-spanne mekaar om 14:00 die stryd aansê. Die eindstryd van die T20-kompetisie word Sondag 16 Maart gespeel, met die uiteindelike wenner wat as Krieket Boland se klubkampioen gekroon sal word.
MTB action in Khayamandi
The streets and fields of Khayamandi will host the 10th edition of the songo.info Champions Race, presented by fibertime on Wednesday 12 March.
Renowned as a spectacular spectatorfriendly urban mountain-biking event, it has seen riders of the calibre of Alan Hatherly, Jaroslav Kulhavy, Sam Gaze, Anna van der Breggen, Annika Langvad, Anne Terpstra and songo.info founder Christoph Sauser claiming victories over the years.
This year will be no different, with a stellar field of elite athletes expected to test their form ahead of the Untamed African Mountain Bike race.
Hosted on the Khayamandi Sports Fields, just below the songo.info Clubhouse, the race takes place on a 2,5 km-long track featuring a mix of single-track, BMX track, and urban riding on roads and footpaths.
The action will begin with an open race for all comers, which is the perfect opportunity for juniors and amateurs to test themselves on the same course as the elites will race later in the afternoon.
At 17:00, it is the e-MTB racers’ turn to take to the course and test their metal on a track with very few flat sections, which makes it ideal for highpowered e-bikes. At 17:30 some of the world’s best women’s mountain bikers will do battle for the songo.info
Champions Race title, before the elite men wrap up the racing with a showcase of power and skill.
“I’m looking forward to coming back to Khayamandi and giving my all to try to defend my songo.info Champions Race title,” said Matt Beers, the defending men’s elite champion.
“It’s always an exciting event, with so much going on. And it’s a great opportunity to represent the sponsors, and support songo.info ahead of the Absa Cape Epic.”
Entry to the event is free for spectators, though a donation to songo.info will be welcome. Amateur or age-group riders wishing to participate in the open or e-MTB races can enter via Quicket for a R350 donation. Men and women with UCI elite racing licences can reach out to the songo.info team for race entries.
All races will follow a 20-minute plus one-lap format and the prize-giving will take place after the final event at 18:30. MTB fans who are unable to attend can watch the broadcast live on the fibertime.tv YouTube channel.
Along with the presenting sponsors, fibertime, the event will also be supported by the INEOS Grenadier and Ninety One asset management.
) For updates on the event, follow @songoinfo on Instagram or like the songo.info Facebook page.
