

Jamestown aan die suidelike buitewyke van Stellenbosch het Saterdag (28 September) sy 100ste bestaansjaar amptelik gevier. Die eeufees het onder meer ’n staptog deur die dorp, ’n paneelbespreking en die opening van die Jamestown-museum ingesluit. ’n Fotosessie is gehou en soos die eerste inwoners van die dorp het inwoners Saterdag op die trappe van die Ou Skoolsaal bymekaar gekom om ’n geskiedkundige foto te neem. Lees meer op bl. 3.
Yaël Malgas
Speurwerk en vinnige optrede deur drie Klapmutspolisiebeamptes het vier verdagtes agter tralies laat beland nadat hulle vroegoggend na bewering ’n vrou beroof het.
Sers. PJ Pietersen en sy speurder-kollegas AO Brian Crozier en sers. Justin America was op die spoor van Jowayne Willemse, Jeremy Geland, Faseem Figliomend en Ethan Grewer omdat hulle verdink is van ’n rooftog op Woensdag 18 September.
Volgens die klaer was sy om 05:40 naby die Pinotage Villas onderweg toe sy deur vier mans genader en met ’n mes gedreig is.
Die vrou het dit goedgedink om liewer haar besittings aan
die groep te oorhandig en hulle is weg met haar rugsak wat onder meer haar bankkaarte en geld bevat het. ’n Lid van die plaaslike buurtwag meen rooftogte soos dié is ongelukkig die norm in die buurt.
“Douvoordag, soggens van 04:00 en later, loop die boewe met toegemaakte gesigte. Baie van ons mense moet soggens vroeg na die stasie en taxistaanplekke stap en dit is wanneer hulle geteiken word,” verduidelik die buurtwag-lid.
Op daardie betrokke Woensdag het die polisiebeamptes die verdagtes agternagesit en die groep aangekeer nog voordat hulle uit die buurt kon vlug.
Sedertdien het die verdagtes in die Paarlse hof verskyn en staan tereg op ’n aanklag van gewapende roof het Sers.
Madilyn Dombas, polisiewoordvoerder vir Klapmuts, bevestig.
“Ons as die Klapmutsbuurtwag kry heelwat klagtes van vroegoggend-rooftogte en vra die gemeenskap om asseblief hul besittings aan die rowers te oorhandig. Maar maak tog seker jy gee ’n goeie beskrywing aan die polisie sodat hulle die regte mense kan aankeer.”
In hierdie geval van die vier verdagtes het ’n goeie, akkurate beskrywing deur die klaer gehelp om die regte kwaaddoeners op te spoor.
Die Klapmuts-veiligheidsinisiatief is vanjaar gestig in ’n poging om ’n gemeenskaplike en gesamentlike misdaadbekamping te bewerkstellig.
Hierdeur werk die plaaslike polisie, buurtwagte en die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) saam om ook voorkomend op te tree.
Vier lede van die Klapmutsbuurtwag is ook onlangs deur die Stellenbosch-munisipaliteit aangestel as veiligheidsmonitors wat saam met wetstoepassingslede werk.
Die buurtwaglid sê inwoners word veral ingeloop met OTMbedrog by die Shopritesentrum.
Dit blyk veral op dae te wees
wanneer staatstoelaes uitbetaal word dat skelms toeslaan. “Wetstoepassers help om dadelik te reageer en hier ook help dit indien inwoners goeie beskrywings aan beamptes kan verskaf.”
. In ’n afsonderlike voorval het ’n wenk die Klapmuts-polisie na ’n onwettige vuurwapen gelei wat danksy hul optrede uit die strate verwyder is. Sers. Madilyn Dombas, het inligting ontvang dat ’n verdagte in besit van ’n vuurwapen is. Met die hulp van verkeersbeamptes en die Boland K9-eenheid was Domas op die spoor van Ashwin Visser.
Op Vrydag 27 September om 19:45 het die wetstoepassers Visser opgespoor en hom in hegtenis geneem op ’n aanklag van die besit van ’n onwettige vuurwapen.
’n Groep inwoners het onlangs skouer aan die wiel gesit en sakke vol gemors langs die Distillery-pad en -rivier opgetel.
Dié inisiatief is deur Alex Bischoff, ’n inwoner van die Bosmans Crossingwoonstelblok, van stapel gestuur en ’n paar ander plaaslike inwoners het vinnig ingespring om te help.
Saam het die groep in September byeengekom en rommel al langs die Kromrivier, langs die woonstelblok, opgetel.
Dit blyk dat rommel wat in die rivier beland, hier in die oorgroeide walle van die rivier ophoop.
Sewe inwoners – gewapen
met hul swartsakke en skenkings van versnaperings en energiedrankies – het begin skoonmaak, ten spyte van die uitdaging om by die rivierwalle in Papegaaiberg uit te kom.
Saam het die groep 25 sakke vol rommel opgetel.
Hulle het eers later uitgevind die Stellenbosch-munisipaliteit sou hierdie sakke gratis verwyder, maar die groep sê hulle sal dié reëling vir hul volgende skoonmaak onthou.
Die groep sê hulle het planne om plaaslike ondernemings te nader vir hulp en hoop om die optrede van die sewe inwoners uit te brei na ’n gemeenskapsinisiatief wat sal help om ’n skoon omgewing te handhaaf.
“In die Kaapse Wynlandedistrik herinner ons besoekers dat daar ’n duisend dinge is om te doen, en dan … ’n bietjie wyn!”
Dít was deel van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM), dr. Elna von Schlicht, se hoofrede by die jaarlikse Burgemeesters-toerismetoekennings.
Toerismemaand word in September gevier, met Toerismedag wat Saterdag (28 September) herdenk is. Deel van die plaaslike vierings was die toekennings.
“Die inskrywings vir hierdie jaar se Burgemeesters-toerismetoekennings is almal leiers op die gebied van universele toeganklikheid. Ek het nooit geweet dat ’n rolstoelgebruiker valskermspring kan doen nie!” het Von Schlicht verduidelik.
Visit Stellenbosch het met goud weggestap en sy deel van die R100 000-prysgeld gewen.
Plaaslike toerismeverenigings, wat deur die distriksmunisipaliteit ondersteun word, is genooi om ’n gedetailleerde reisskema te ontwerp met geskikte verblyf en aktiwiteite vir ’n gesin wat uit ’n entoesiastiese bergfietsryer, ’n ma met ’n peuter en ’n vier maande oue baba, en ’n rolstoelgebruikende smaakmaker en
Raadslid Koos Steyn (portefeuljehouer: Toerisme, KWDM), saam met Mareletta Mundey (Ashton en Montagu Toerisme), die beoordelaar Louine Griessel, (WesKaapse Vereniging van en vir Mense met Gestremdhede), WKDM-burgemeester dr. Elna von Schlicht, Jenna Moses (Visit Stellenbosch), Cheryl Phillips (Drakenstein-munisipaliteit) en Chrismare Carse (Drakenstein-munisipaliteit). Voor is die uitvoerende hoof van Liveable and Able2Travel Accessible Travel, Tarryn Tomlinson.
haar assistent bestaan. Die toerismeverenigings moes al die behoeftes van hierdie besige en invloedryke gesin in ag neem. Visit Stellenbosch het goud ontvang vir hul avontuurlike en gastronomiese ervaring wat vir die hele gesin geskik is. Aktiwiteite het rolstoel-vriendelike E-fietsritte, ’n besoek aan die Elemental-speeltuin en verskeie avontuurlike aktiwiteite vir hierdie diverse gesin ingesluit. Volgens die beoordelaars het die gehalte van die inskrywings dit ’n moeilike taak gemaak om ’n wenner te kies. Die inskrywings moes die begrip van universele toeganklikheid op die
scenario toegepas het, en die passie en kennis van die deelnemers het uitgestaan, het die beoordelaars gesê. Die silwertoekenning het aan MontaguAshton gegaan vir hul aanbod van ’n trekkerrit op ’n spesiaal toegeruste wa na die bopunt van die Langeberge. Drakenstein Toerisme het brons ontvang vir hul aanbieding wat rolstoelvriendelike tandemvalskermspring en ’n piekniek op Paarl Rock ingesluit het. Koos Steyn, portefeuljehouer vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling en toerisme, het op sy beurt gesê hy is beïndruk deur die passie en kennis van die deelnemers.
Rasaad Adams
Die Stellenbosch-munisipaliteit wend hom nou na die hooggeregshof in Kaapstad om optrede te eis teen die eienaar van ’n verlate stuk grond in Birdstraat, waar twee studente in 2022 verongeluk het. Erf 7565 in Birdstraat was die toneel waar Leila Lees (18) en Ethan Kirkland (19) in Oktober 2022 gesterf het toe hul Subaru Forester hier onderstebo in ’n gat in die middedorp beland het. Die gat, ’n steengroef, was toe met water gevul. Die gat op die perseel was deel van ’n ontwikkelingsprojek wat bykans drie dekades gelede gestop is toe die ontwikkelaars glo nie aan sekere bouvereistes voldoen het nie.
Die voorval het in daardie stadium weer Stellenbossers, wat al jare lank kla oor die gevaar wat die verlate bouperseel inhou, aan die praat gehad. In die vroeë 1990’s is goedkeuring gegee vir ’n multi-residensiële gebou om op die grond ontwikkel te word. Die eienaar het glo nie aan vereistes voldoen nie en het geweier om ’n voorgeskrewe glipbaan te ontwikkel wat gebruik sou word om toegang tot die eiendom te kry.
Die munisipaliteit het verlede week in ’n verklaring gesê oor die jare was daar baie gesprekke oor erf 7565. “Die munisipaliteit het deurgaans met die eienaar van die eiendom geskakel in pogings om die ontwikkeling van die terrein te fasiliteer. Verskeie ingrypings en voorstelle is deur die munisipaliteit voorgehou om die proses te bespoedig.”
Die munisipaliteit het toe kennisgewings aan die eienaar van die eiendom uitgereik toe daar nie aan hul versoeke vir veranderinge gehoor gegee is nie. Hy het onder meer die herstel van die eiendom vereis, insluitend die rehabilitasie van die uitgrawings.
Die saak sal op 17 Oktober in die hooggeregshof in Kaapstad aangehoor word waar die munisipaliteit versoek dat ’n bevel uitgereik word om die eienaars te verplig om die uitgrawing te herstel en die veiligheid en stabiliteit van die terrein te herstel.
Yaël Malgas
Ná meer as ’n eeu van diens bedien die vrywilligers van ACVV Stellenbosch steeds die gemeenskap en bou voort vir die volgende 120 jaar.
Dié welsynorganisasie vier vandeesmaand sy 120ste verjaarsdag.
Stellenbosch se tak in Merrimanstraat is een van die oudstes in die land.
“Die geskiedenis wys dat min ondernemings, wat nog te sê welsyndienste, 100 jaar van bestaan oorleef en tog vier ons nie net die ACVV as vereniging nie, maar ook die ACVV Stellenbosch se 120ste bestaansjaar gedurende Oktober. [Dit is] voorwaar ’n prestasie, maar in groot erkentlikheid aan ons Hemelse Vader,” meen die plaaslike voorsitter, Belinda Mostert.
Die ACVV is in 1904 in Kaapstad deur ’n groep Christenvroue gestig, wat daadwerklik en prakties hulp aan slagoffers van die Anglo-Boereoorlog wou verleen. Op hul beurt was die ACVV Stellenbosch-tak ’n baanbreker op vele gebiede. Die tak het jare lank finansiële bydraes aan die plaaslike hospitaal sowel as aan die Groote Schuur- en Somerset-hospitaal gegee en só seggenskap in die aanstelling van die hospitaalbestuur gehad. Die Universiteit Stellenbosch (US) se Monica-koshuis is ook gebou met geld van die ACVV en die tak was instrumenteel in die ontstaan van die departement maatskaplike werk by die US.
Boekekennis is een ding, maar die ervaring wat ACVV Stellenbosch sedert sy stigting opgedoen het, is ook waardevolle praktiese kennis.
“Ons moet mense in ons 120ste jaar
opnuut aanmoedig om vrywillig by die nood in ons gemeenskap betrokke te raak. Dit is so dat baie vroue werk doen, wat die oorspronklike bron van vrywilligers vir die ACVV was.”
Die ACVV-span meen sukses is wanneer hulle ’n kwesbare mens in nood bystaan en met deernis en op bekostigbare wyse iemand se nood verlig asook wanneer leierskap op voetsoolvlak ontwikkel word. Sonder toegewyde bestuur, vrywilligers en personeel sou die dienste nooit gelewer kon word nie.
“Al die rolspelers en organisasies wat ’n bydrae gelewer het en veral ons maatskaplikewerk-afdeling ondersteun en in staat stel om hul dienste te kan lewer – sonder hierdie instansies en organisasies sal ons nie dienste in Stellenbosch kan lewer nie.”
Mostert verduidelik sonder vriende kan ’n instansie ook nie sy werk doen nie. Die ACVV-span se vriende is hul skenkers, familielede, diegene wat in hul doen en late belangstel, kollegas met wie hulle saamwerk – elkeen wat ’n bydrae lewer, maak ’n verskil.
“Vir 120 jaar van dienslewering – aan God alle eer.”
Die koue windjie en reënweer kon nie die inwoners van Jamestown se gemoedere demp tydens hul eeufees die afgelope Saterdag (28 September) nie.
Feesvieringe is in die Rynse VGK Stellenbosch se kerksaal gehou, met die vieringe wat met ’n staptoer deur die buurt begin is. Daarna het inwoners by die Ou Skoolsaal bymekaargekom vir ’n foto en dié middag is die Jamestownmuseum geopen.
Die dorp is deur 25 stigtersfamilies gestig en was oorspronklik ’n plattelandse plaasdorpie, waar aarbeiboerdery ’n kenmerkende strewe geword het.
Die eerste fase van die museum is onder leiding van Jamestown Erfenis geopen. Hier word die “onvertelde” familie-verhale en foto’s gedeel.
Dale Simons, van Jamestown Trust, sê die geleentheid was ’n sukses.
“Hierdie doelwit van die museum kom reeds ’n hele paar jaar aan om ons erfenis te bewaar. Dit is die beginpunt en ons wil dit nou uitbrei oor die komende jare.
“Ons bedank veral die Rynse kerk vir hul tegemoetkoming om die museum in hul kerkgebou te laat uitstal,” sê Simons.
Kuier en praatjies was ook Saterdag op die program en die hoogtepunt van die dag was die paneelbespreking wat oor die toekoms van die dorp gehandel het. Simons verduidelik die bespreking is gereël deur die Jamestowngemeenskapstrust. Hy verduidelik die idee is om gemeenskappe op ’n doeltreffende manier aan die praat te kry, beter as die verskeie bestaande
WhatsApp-gemeenskapsgroepe.
“ ’n Plek waar mense opbouend kan praat, idees kan uitruil met empatie van wat in gemeenskappe aangaan en uiteindelik kan wegstap met die groter plan.”
Christo van der Rheede, voormalige uitvoerende hoof van Agri SA, was die hoofspreker by die geleentheid en het uitgelig hoe belangrik gemeenskapsinstansies is.
Simons sê die strewe is om aktiewe burgers in Jamestown te hê wat die dorp konstruktief opbou.
“Ons ervaar allerhande uitdagings, soos gentrifikasie, en ons as gemeenskap moet vorentoe beweeg deur ons toekoms in ons eie hande neem. Om so ons erfenis te bewaar,” sê Simons. Chrisben van der Rheede, ’n inwoner en die voorsitter van Jamestown Erfenis, het op sy beurt namens die nuwe Jamestown-museum gepraat. “ ’n Trotse gemeenskap met ’n ryk erfenis waar ’n verskeidenheid instellings en kundige mense bedrywig is om ’n verskil te maak. Een van die organisasies, Usiko, help byvoorbeeld om jongmense deur mentorskap te begelei om uitdagings te oorbrug en om hulle terug op skool te kry. Met die vestiging van die Jamestown Trust en onder leiding van visioenêre en toegewyde leierskap wink ’n blink toekoms,” sê Van der Rheede. Jamestown Erfenis nooi plaaslike skole, opvoedkundige instansies, kerke, groepe, sportorganisasies, kunstenaars, sakelui en bure om hul voorstelle en aanbeveling vir die museum, erfenis en kultuur-aktiwiteite te deel.
Dear Members and prospective Members of the Groot Drakenstein Community Police Forum, Be pleased to take notice that the Groot Drakenstein Community Police Forum shall hold its 2024Annual General Meeting ("AGM") on 7 November 2024 at 19:00 at the Simondium Country Lodge, R 45 road, Simondium. Any registered member-organization of the CPF who registered or member-organization whose membership
Please
for consideration and processing, namely:
Otto Benade: Email: stables.otto@gmail.com
PhysicalAddress: Security Control Room, Old Bethlehem Farm, Kylemore
Or Jan Schliemann: Email: jan@schliemann.co.za
PhysicalAddress: main entrance gate security Mountainwood Farm, R310, Banhoek
Or Captain Ross: Email: grootdrakensteinsaps.saps.gov.za
Groot Drakenstein SAPS Community Service Centre
Or Gert Swartz: Email: simondiumvgk@gmail.com
Community Service Centre
The Election process at theAGM is to be officiated by an official of the Department of Community Safety or an impartial 3rd
party subsequent to consultation with the Station Commissioner Cluster Commissioner or Provincial Commissioner
Should any further information be required, please contact the above. We look forward to your attendance.
Yours faithfully Groot Drakenstein Community Police Forum
Duly represented by JE Schliemann (Chairperson)
The 18th World Rabies Day (28 September) was observed on the theme “Breaking Rabies Boundaries”, highlighting that One Health is not for a select few but everyone.
World Rabies Day is also the commencement of the second Annual Provincial Veterinary Week (ending 5 October), which includes multiple veterinary-focused events and initiatives.
Dr Ivan Meyer, Western Cape Minister of Agriculture, Economic Development and Tourism, and a team of veterinarians were at the Kylemore Clinic last Saturday, when locals
brought their pets to receive a rabies shot.
According to Dr Ilse Trautman, Deputy Director-General of Agricultural Research and Regulatory Services, including Veterinary Services, this year’s theme highlights the need for progress and moving beyond the status quo.
“Rabies control programmes offer a great example of operationalising One Health,” she said, “building the structures and trust crucial to establishing systems for other zoonotic diseases. The theme calls for innovative strategies and collaboration across various sectors and regions, highlighting the importance of integrating human, animal and
environmental health efforts.
“We can overcome geographic, socioeconomic and educational barriers by breaking boundaries and ensuring widespread vaccination, awareness and access to medical care.”
Rabies affects the central nervous system, the brain and spinal cord, and without appropriate medical care, rabies causes brain disease and death. Once symptoms of rabies appear, the disease is nearly always fatal. Preventing animal bites and receiving prompt medical care is especially important Western Cape Head of Veterinary Services, Dr Gininda Msiza, explained.
The rabies virus is transmitted through direct contact, such as broken
skin or mucous membranes, with saliva or brain/nervous system tissue. People usually get rabies from the bite of a rabid animal.
Over the past three years the department has vaccinated more than 400 000 cats and dogs thanks to its outreach engagements.
Meyer said: “Awareness of rabies disease engages communities and empowers people to save themselves by seeking the care they need. This includes understanding how to prevent rabies in animals, when to suspect rabies and what to do in case of a bite.
“We must foster a world where this disease no longer threatens humans and animals.”
The 2024 e’Bosch heritage awards ceremony, hosted by the offices of the Stellenbosch Mayor and the Rector of Stellenbosch University at the Stellenbosch University Museum on Wednesday 11 September, included The Department of Sports, Arts and Culture, Cape Winelands District Municipality, Stellenbosse Landbou Genootskap and Stellenbosch Municipality.
The Cape Wineland Farmworkers Sports Recreation Association; Casa Cervesa; CSV Construction; Eagle Towers; Gino’s Restaurant in Stellenbosch; KwikSpar Paul Roos in collaboration with the Hannah Foundation; and Neil Sauls Fresh Produce were all honoured for their various contributions to either heritage and cultural support of local organisations and clubs, aiding these organisations in their community work. The Pniël Congregational church, which supports the general conservation of heritage through the Pniël Heritage and Culture Trust (PEKT), was also highlighted. Photo: M31 Studios
Die Kaapse Koorakademie (KKA) is twee jaar oud en spog vanjaar met hul tweede deelname aan die jaarlikseToyota Stellenbosch Woordfees in die produksie, ‘n Kaapse Fantasie. ‘n Kaapse Fantasie weerspieël die misterie van die natuurskoon en ongesproke fantasieë en sprokies van die Kaap. Hierdie nuwe en opwindende koorwerk vir kinder- en jeugkore, met kindersoliste, ‘n strykorkes en orrel is gebasseer op verskeie gedigte geskryf deur leerders van die Kaapse Koorakademie. Die uitvoering is ‘n ware refleksie van die demografiese samestelling van die Kaap, en neem gehore op ‘n magiese reis van klank en kultuur, saamgevat inAfrikaans, Xhosa, Engels, enAfrikaaps. Die nuutgeskrewe koorwerk skakel ook treffend met die eerste werk van 'n jong W.A. Mozart, ‘n klein Mis vir koor, soliste, en strykers Hierdie uitvoering is 'n eerbetoon aan die kinders van Kaapstad wat die bergtoppe en skoonheid verstaan, en ook aan die Salzburgse kind wat uit 'n sprokiesagtige
wêreld kom: 'n herinnering dat musiek geen grense ken nie en die harte van mense van alle kulture kan raak.
Die KKAstreef daarna om leerders se holistiese ontwikkeling te bevorder deur meer as net hoë gehalte onderrig. Hier kry leerders die geleentheid tot entrepreneurskap- en leierskapsontwikkeling. Hulle word ondersteun deur n sisteem wat geskep is om hul vaardighede, denkswyse, en liggaamlike- en geestelike gesondheid te bevorder binne die raamwerk van kwaliteit musiek onderrig wat hierdie elemente saam bind.
Dit is veral die impak van die musiek onderrig op die leerders se ontwikkeling wat hierdie produksie moontlik maak. ‘n Besonderse spesiale aspek van die Kaapse Fantasie is dat die leerders ‘n integrale rol gespeel het tot die skep van hierdie nuwe koorwerk Die kantate se teks is gegrond op gedigte wat die leerders self geskryf, en die musiek is gekomponeer en saamgestel uit melodieë wat oorspronklik deur die leerders self
geskep is.
Die koor is ook bevoorreg om die verhoog te deel met kunstenaars soos Johanna Roos (viool), Estelle Kemp (tjello), Dr Diederick Basson (orrel), en Bea de Wit (klavier).Toni Rooms en Sung Jun Chung dien as assistent-dirigente en as lede van die koor terwyl jongelinge soos MarieElizabeth Roos en Dawid Botes (beide viool) ook ‘n unieke bydrae lewer tot die produksie. Xander Kritzinger is die dirigent
Die KKAhet in 2023 die voorreg gehad om hul Woordfees debuut te maak in die produksie, Bolandse Misse, wat saam met die Kaapse Barok Orkes in die Endler opgevoer is.Alhoewel die KKAse koor bestaan uit leerders tussen die ouderdomme van 12 en 17, kan hierdie koor kers opsteek van die beste kore in die land.
‘n Kaapse Fantasie word ook met trots deur die Ruperts Musiekstigting en die Accountability Group (PTY) Ltd ondersteun.
Meer oor die produksie soos beskryf in die programnotas:
Agtergrond
Die Kaapse Fantasie is deur die leerders en personeel van die Kaapse Koorakademie gekomponeer vir die Stellenbosse Woordfees in 2024 en word op die 5de Oktober 2024 vir die eerste keer uitgevoer in die Endlersaal, Stellenbosch. Die struktuur van hierdie werk is deur die kinders van CCA uisiteengesit in werkswinkelsessies gelei deur Xander Kritzinger en sy musiekpersoneel. Hulle is toe in groepe van twee gedeel. 10 groepe is verder verdeel onder Xander Kritzinger (Dele 1 (11)),(4, 6, 10),Toni Rooms (Dele 2, 3 en 8) en Sung Jun Chung (Dele 5, 7 en 9) om leiding te gee in die skryf van die tekste en dan die basiese melodiese en harmoniese toonsettings daarvan. Die musiek is hoofsaaklik genoteer, verwerk en georkestreer deurToni Rooms met bykomende komposisies en verwerkings deur Xander Kritzinger en Dr Diederick Basson.
Toni Rooms en Xander Kritzinger het die
finale redigering en samestelling van die partituur gedoen. Die proses het oor oor
vier maande gestrek vanaf Junie tot September 2024.
Sinopsis
Die narratief van die Kaapse Fantasie neem ons op ‘n reis wat bo-op Stellenboschberg begin wat perspektief verteenwoordig. Daarna beweeg ons af tot in die Dennewoude net onder die kranse wat ‘n gevoel van verdwaaldheid versinnebeeld. In die woud ontdek ons ‘n grot.As gevolg van ons nuuskierigheid ondersoek ons die onheilspellende grot en alles wat dit moontlik kan inhou Ons word vasgevang in die onvoorspelde duister Dan kry ons dit reg om te ontsnap en ervaar ‘n versigtige vryheid ‘n Leer verskyn skielik en ons begin klim na bo terwyl ons soms sukkel en struikel wat simbolies is van ons konstante drang om bo uit te kom. Ons voete gly soms af, maar ons maak dit to heel-bo Bo-op die wolke staar ons in verwondering na die niks en ervaar ons ‘n kinderlike vrede net voordat onweer stadig begin broei tot ‘n reuse storm wat woed in al sy
mag en glorie. Dit alles terwyl ons in die wolke wegkruip Die donder ruk en die blitse skiet, die reën sak uit op die aarde met grasieuse wonder en dan is dit alles net skielik verby ‘n Dubbele reënboog verskyn wanneer die son en die laaste reëndruppels begin dans en ons gly by hom af tot in die wingerd in In die wingerd vier ons fees en oorrompel die wysheid ons met alles wat ons geleer het op die berg, in die woud, in die grot, op die leer, op die wolke, in die storm en weer af met die reënboog Die belangrikste ding is hoe om steeds fees te vier veral in die middel van die wingerde Die werk word afgesluit met die hoof fantasie-tema wat ‘n gevoel van verborgenheid vestig. Onder die helder Kaapse hemel strek die wingerde vol drome uit.
Die Kaapse Fantasie vierAfrikaans en sy dialekte se verhouding met Xhosa en Engels in ‘n smorgasbord bord van klanke, denke en kulture wat ons as samelewing in ‘n nuwe rigting instuur van hoop en samehorigheid
Datum en Optrede 05 Oktober 2024 Endler Saal 12h00 - 13h00
Ian Cameron event.
Due to last minute parliamentary scheduling
Ian Cameron had to cancel his obligation as advertised. We aim to reschedule this event to fit his tight schedule
We will keep you posted. Regards - Stellenbosch Business Forum.
Die potte het behoorlik geprut toe lede van die Stellenbosch-polisie en verteenwoordigers van ABC Security die afgelope Vrydag (27 September) hul kookvernuf in ’n potjiekoskompetisie ten toon gestel het. Die geleentheid is deur sers. Allister Marajh, bestuurder van die Sektor 2polisieringsgebied in Stellenbosch, ter viering van Erfenismaand gereël. Alle misdaadbekampingsvennote in die gebied is na die geleentheid by die Protea Hotel Technopark genooi. Marajh het sy dank aan Morné Uys van ABC Security uitgespreek, asook die dag se borge, KwikSpar Paradyskloof, Pick n Pay Stellenbosch Square en Protea Hotel Technopark. Sers. Lesley Dreyer (links) en Shamiel Allie was verantwoordelik om die potjie van die Stellenbosch-polisie aan die kook te hou. Foto: Tasmin Cupido
The annual general meeting of the Cloetesville Community Policing Forum is taking place at 11:00 on Saturday 26 October at Stellcare on the Helshoogte Road, Stellenbosch. All relevant role-players in Cloetesville and Ida’s Valley are
Tel. 021 887-2840
37 Mynhardt Street, Gants Centre, Strand
Redaksionele-uitgewer/Editorial publisher TASMIN CUPIDO (tasmin.cupido@media24.com)
Joernalis/Journalist Yaël Malgas (yael.malgas@media24.com) 076 967 6070
Verkoopsbestuurder/Sales manager MUHAMMAD BRINKHUIS (muhammad@helderberg.com)
Advertensies/Advertisements FRAN VAN NIEKERK (fran.vniekerk@eikestadnuus.com)
Geklassifiseerd/Classifieds GERALDINE ADENDORF (geraldine.adendorf@media24.com) 021 887 2840
welcome to attend the meeting. For more information contact André van der Westhuizen on 074 887 3375, Lt Col Monique Fortuin on 082 411 2911, or WO Zenobia Sedeman on 082 411 2915.
OPENBAREDEELNAMEPROSES
DIEVOORGESTELDEOPGRADERINGVAN'NGEDEELTEVANDIEHOOFWEG174(R304/ KOELENHOFWEG)ENGEASSOSIEERDEINFRASTRUKTUUR,STELLENBOSCH
PUBLICPARTICIPATIONPROCESS
THEPROPOSEDUPGRADINGOFASECTIONOFTHEMAINROAD174(R304/KOELENHOF ROAD)ANDASSOCIATEDINFRASTRUCTURE,STELLENBOSCH
Kennis gesked hiermee van n pub eke deelnameproses kragtens die Wet op Nasionae Omgewingsbestuur, 1998 (Wet Nr 107 van 1998), soos gewysig, en die Omgewingsinvloedbepaling (OIB)-Regulasies,2014(soosgewysig).
VoorstelDievoorstelisvirdieverbredingvan'nbrugendieverlengingvandietweeduikersasdeelvan dievoorgesteldeopgraderingvan'ngedeeltevanHoofweg174(R304/Koelenhofweg).
Ligging:DievoorgesteldeaktiwiteitesalgeleëweesopRestantvanGedeelte2vanPlaasWeltevredeNo. 82,Gedeelte2vanPlaasCloetesdalNo.81,enErf16451,Stellenbosch.
Aansoek:'nAansoekomomgewingsmagtigingsalonderneemwordvirdievolgendegelysteaktiwiteite: Noteringskennisgewing1(GNNo.R.983,soosgewysig):Aktiwiteit19.Dieproseduresvir'nBasiese Assesseringproses(BA-proses)wordgevolgasdeelvandieaansoekomOmgewingsmagtiging.
Aansoeker:StellenboschMunisipaliteit Vrystellings/Afwykings:Geenaansoekgedoennie. Kommentaartydperk:DiekonsepBasieseAssesseringsverslagenkonsepOnderhoudsbestuursplansal beskikbaarweesvir'n30-daekommentaarvanafDonderdag,3Oktober2024totVryday,1November 2024.Dieverslaekanaanlynbesigtigwordbyhttps://www.dougjeff.co.za/download/koelenhof/ofdeurdie QR-kodehieronderteskandeer HardekopieëvandieverslaesalookbeskikbaarweesbyStellenbosch Openbare Biblioteek (Plein Straat, Stellenbosch,Tel: 021 808 8385). Enigeen wat nie toegang tot die verslae het nie, kan Doug Jeffery Environmental Consultants (DJEC) kontak vir bystand gedurende kantoorure.
GeleentheidomDeelname:Belanghebbendeengeaffekteerdepartye(B&GPe)worduitgenooiomte registreerenkommentaarophierdievoorsteltelewer Omteregistreerenkommentaarintedien,moet B&GPe hul naam, kontakbesonderhede en voorkeurmetode van kommunikasie skriftelik aan die kontakpersoon wat hieronder aangedui word, verskaf. B&GPe moet ook enige direkte besigheids-, finansiële,persoonlikeofanderbelangwathulleindievoorstelmaghê,openbaarmaak.B&GPeword aangemoedigomvroegtydigindieprosesteregistreeromteversekerdathulleophoogtegehouword. VerderekommunikasiemetbetrekkingtotdieBAprosessalslegsaangeregistreerdeB&GPegestuur word.
Enigepersoonwatniekanleesofskryfnie,ofhulpnodighetomhulkommentaaroordievoorstelintedien, kan bystand van 'n DJEC-personeellid versoek. Kontak asseblief DJEC om 'n afspraak gedurende kantoorureteskeduleer
KOMMENTAARMOETONSTEENVRYDAG,1NOVEMBER2024BEREIK.
DougJefferyEnvironmentalConsultants
Kontakpersoon:MaraisGeldenhuys E-pos:marais@dougjeff.co.za Posbus44,Klapmuts,7625 Tel:0218755272
Neem asseblief kennis: Wanneer u as 'n B&GP registreer, stem u in tot die wettige verwerking van persoonlike inligting met betrekking tot die beoogde doeleindes, soos beskryf deur die Wet op die BeskermingvanPersoonlikeInligting,2013(WetNo.4van2013).
NoticeisherebygivenofaPublicParticipationProcess(PPP)intermsoftheNationalEnvironmental Management Act, 1998 (Act No. 107 of 1998) (NEMA), as amended and the Environmental Impact Assessment(EIA)Regulations,2014(asamended).
Proposal:Theproposalisforthewideningofabridgeandtheextensionofthetwoculvertsaspartofthe proposedupgradeofasectionofMainRoad174(R304/KoelenhofRoad).
Location:TheproposedactivitieswillbelocatedonRemainderofPortion2ofFarmWeltevredeNo.82, Portion2ofFarmCloetesdalNo.81,andErf16451,Stellenbosch.
Application: An application for environmental authorisation will be undertake for the following listed activities: Listing Notice 1 (GN No. R. 983, as amended): Activity 19. The procedures for a Basic Assessment(BA)processarebeingfollowedaspartoftheapplicationforEnvironmentalAuthorisation.
Applicant:StellenboschMunicipality Exemptions/Deviations:Noneappliedfor CommentPeriod:ThedraftBasicAssessmentReportanddraftMaintenanceManagementPanwillbe availablefora30-daycommentfromThursday,3October2024untilFriday,1November2024.Viewthe reportsonlineathttps://www.dougjeff.co.za/download/koelenhof/orscantheQRcodebelow Hardcopies ofthereportswillbeavailableatStellenboschPublicLibrary(PleinStreet,StellenboschCentral,Tel:021 8088385).Anyoneunabletoaccessthereports,cancontactDougJefferyEnvironmentalConsultants (DJEC)forassistanceduringofficehours.
OpportunitytoParticipate:Interestedandaffectedparties(I&APs)areinvitedtoregisterandcomment onthisproposal.Tosubmitacomment,I&APsmustprovidetheirname,contactdetails,andpreferred methodofcommunicationinwritingtothecontactpersonindicatedbelow I&APsmustalsodiscloseany directbusiness,financial,personal,orotherinteresttheymayhaveintheproposal.I&APsareencouraged toregisterearlyinthePPPtoensuretheyarekeptinformed.FurthercommunicationsregardingtheBA processwillbesenttoregisteredI&APsonly
Anypersonunabletoreadorwrite,orneedingassistancetosubmittheircommentsontheproposal,may requestassistancefromaDJECstaffmember PleasecontactDJECtoscheduleanappointmentduring officehours.
COMMENTSMUSTREACHUSBY1NOVEMBER2024.
DougJefferyEnvironmentalConsultants
Contactperson:MaraisGeldenhuys
Email:marais@dougjeff.co.za
P.O.Box44,Klapmuts,7625 Tel:0218755272
PleaseNote:WhenregisteringasanI&APyouconsenttothelawfulprocessingofpersonalinformationfor theintendedpurposes,asdescribedbytheProtectionofPersonalInformationAct,2013(ActNo.4of 2013).
Die Sun Quintet tree môreaand (Vrydag 4 Oktober) as deel van die Jazz at the Konservekonsertreeks by die nuwe jazz-ruimte van die Universiteit Stellenbosch (US) se konservatorium op. Die konsertreeks is deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees. Die Sun Quintet is ’n opwindende jong groep – almal studente en alumni van die jazzafdeling van die US se departement musiek onder mentorskap van Ramon Alexander, wat die Suid-Afrikaanse jazztoneel stormgeloop het. Nadat hulle onlangs die pryse vir die beste jazz-album en beste jazz-snit by die 2024- Mzantsi Jazztoekennings in Soweto gewen het, het die groep vinnig ’n huishoudelike naam geword. Die pianis Melisizwe Plaatjies en die tromspeler Stuart Martin, albei lede van die National Youth Jazz Band in Makhanda in onderskeidelik 2023 en 2024, word deur die saksofoonspeler Sibonelo Kodisang, die tromboonspeler Aubrey Matsila en die baskitaarspeler Chadleigh Growar ondersteun om ’n onvergeetlike jazz-ervaring te skep. Van links is Martin, Plaatjies, Matsila, Growar en Lynch. Die konsert begin om 20:30, gevolg deur ’n jam-sessie van 22:00 tot 23:00, dus kan jy jou instrument saamneem en aansluit! Kaartjies kos R120 deur Quicket of R150 by die deur. Besoek www.woordfees.com vir meer inligting.
Stellenbosch muso Tebogo Louw will be the opening act for Zolani Mahola and The Feminine Force at the inaugural Hazendal Festival: SOIL Edition on Saturday 5 October from 21:00 to 22:30. The festival runs from Friday 4 to Sunday 6 October and is dedicated to soil, life-fostering organic material. The line-up includes a sculpture commission, live interventions, art installations, film screenings, wine tasting, a symposium, workshops, family-friendly activities, live music and much more. Louw has been making waves on the South African music scene since the start of his professional career in 2010. He competed in South African Idols in 2014 and 2015, reaching the top 30 both times. In 2016 he advanced to the top 3 of the television show. The talented musician is a self-taught guitarist and pianist. For more information on the festival and to book your tickets, visit www.hazendal.co.za.
THURSDAY 3 OCTOBER
) Stellenbosch: STELLENBOSCH ALCOHOLICS ANONYMOUS as well as the AlAnon group meet in the rooms of the Stellenbosch Baptist church at 6 Merriman Avenue every Thursday at 19:30.
SATURDAY 5 OCTOBER
) Stellenbosch: STELLIES CAR
ENTHUSIASTS is hosting a park-off at the parking area behind Babin Pre-School in Hammanshand Road. The event starts at 11:00 and is in aid of the Lisa Educentre school for children with special need. The entry fee is R10. Strictly no revving, no spinning and no alcohol will be allowed.
) Cloetsville: Die Dal meet kragte teen die Vlei tussen 08:00-18:00 op die Cloetesvillesportgronde vir die VLAKTE-ERFENIS BEKER Alles van trompoppies tot duiwe-wedrenne sal gehou word. Toegangsfooi: R10 vir volwassenes en R5 kinders.
SUNDAY 6 OCTOBER
) Faure: VERGENOEGD LÖW will host a plethora of activities in October, celebrating wine, food, music and community. Visit the farm from 12:00 to 14:00 on Sundays to celebrate Spring. The Vergenoegd Löw Homestead Wine Lounge will be open until 17:00. Live music will be presented by accordionist André van Vuuren on 6 October, while Riaan Nieuwenhuis will strum the guitar on 13, 20 and 27 October. To book or for more information, visit vergenoegd.co.za.
DINSDAG 8 OKTOBER
) Stellenbosch: Die STELLENBOSCHSAKEFORUM nooi die publiek na ’n praatjie deur die parlementslid Ian Cameron, voorsitter van die portefeuljekomitee vir polisie, by die
Root44-mark om 18:30. Cameron se praatjie sal handel oor die impak van openbare deelname op die veiligheid in gemeenskappe. Belangstellendes moet teen Donderdag 3 Oktober hul plekke by stellenboschbusinessforum.org.za bespreek.
THURSDAY 10 OCTOBER
) Stellenbosch: ACVV STELLENBOSCH invites stakeholders, interested parties and journalists to attend its annual general meeting and the celebration of 120 years of excellence at the ACVV Centre in Merriman Avenue. RSVP by emailing ontvangs@acvvstell.org.za by Monday 7 October.
THURSDAY 17 OCTOBER
) Stellenbosch: The monthly meeting and speakathon of STELLENBOSCH TOASTMASTERS will be held at Erfurthuis at 37 Ryneveldt Street at 18:30. The meeting is open to the public. For more information, contact Thamu on 076 606 0038 or stellenboschtoastmasters@gmail.com.
SATERDAG 19 OKTOBER
) Pniël: Die ATKV-ONDERWYSAFDELING en die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON) vier onderwysers en gee erkenning aan die uitnemende werk wat deur onderwysers oor die wêreld heen gedoen word deur ’n glansgeleentheid aan te bied. Die geleentheid beloof om onderwysers te bederf met optredes van sprekers, gaskunstenaars en ’n driegangmaaltyd. Beperkte kaartjies is nog beskikbaar. Bel André Hendricks, die projekorganiseerder by ATKV-onderwys, by 082 411 1333 vir besprekings en meer.
E-pos tasmin.cupido@media24.com met kalender-inskrywings voor 14:00 Maandae.
Avril Fillies
Die klubrugbyseisoen van die Westelike Provinsierugbyunie is byna agter die rug nadat die wenners van die Superligas aangekondig is. Vir Stellenbosch en omgewing was Saterdag (28 September) se wedstryd tussen Stellenbosch Coronations en Raithby Universals ’n naelbyter om die Challenger-beker, wat Corries met 18-11 gewen het. Raithby se derde span het Elsiesrivier net-net 15-14 geklop en is die nuwe WPkampioen.
In die promosierelegasiekompetisie het Blue Stars van Klapmuts uit die bus geval nadat hy die grootste deel van die seisoen die botoon gevier het. Blue Stars het nie die halfeindstryd gehaal nie en sal dus weer volgende jaar in die soneliga, of die begrafnisliga, speel.
Die vier topspanne is Violets, Delft, Watsonia en Caledonian Roses. Violets het ná Saterdag se oorwinning van 12-7 oor Sir Lowrians Superliga C-status verwerf.
Callies het Albions met 6814 geklop, Delft het Young Wesleys met 8-0 geklop, en Watsonias vir Silvertree met 24-5. Soos sake nou staan, sal Van der Stel-Evergreens (VDE) en Maties in 2025 in Superliga A speel, terwyl Franschhoek en Kylemore weer sal probeer om uit Superliga B te vorder. VDE het in die eindstryd om die wenner van Superliga B te bepaal, teen
UWK vasgeval en UWK is as die kampioen gekroon.
Hamiltons is die Superliga A-kampioen nadat hy met Durbell afgereken het, terwyl Primrose die Superliga C-kampioen met sy oorwinning oor Macassar is.
Pniël Villagers is weer in aksie in Superliga C, terwyl Excelsior, Coronations, Raithby Universals en Blakes weer in die sones sal speel.
Alle oë is nou gevestig op die Score 7’s-toernooi wat binnekort afskop en spanne is reeds besig om vir die toernooi voor te berei.
St. George’s van Strand, ook bekend as die Lulu Boys, het vir die 2023-’24seisoen in al die 7’stoernooie waaraan hy deelgeneem het, skoonskip gemaak en is gewis die gunsteling in die Score 7’s.
St. George’s is ook een van die spanne wat volgende jaar met VDE en Maties in Superliga A sal kragte meet en het sedert hy in 2014 tot Superliga A gevorder het, onder die top10 in die liga geëindig.
Vanjaar het die Lulu Boys met al die universiteitspanne afgereken en met UWK en VDE, wat die nuwelinge is, word interessante stryde verwag.
Hopelik is Blakes se raadsaalprobleme nou verby en sal hy as ’n volwaardige klub in 2025 rekenskap van homself kan gee.
Blakes is een van die oudste klubs in Stellenbosch; net die Excelsior-klub is ouer as hy.
PUBLIC COMMENT OPPORTUNITY MAINTENANCE MANAGEMENT PLAN FOR THE REHABILITATIONAND CONTINUED MAINTENACE OF THE RIPARIANAREAAND RIVER CHANNELOF THE JONKERSHOEK RIVER, JONKERDRIFT FARMS, STELLENBOSCH
STONEY MEADOW INVESTMENTS 11 (Pty) Ltd, UHAMBO PROPERTY INVESTMENTS (Pty) Ltd and JG SOLMS is planning the maintenance along a 2,3 km reach of the Jonkershoek River tributary within the Stellenbosch Municipal boundary as part of the clearing, rehabilitation and conservation of the riparian areas and river channel along the banks of the Jonkersdrift farms The farm portions affected is Portion 4 Farm 1308 Mount Happy, Farm Bengale 1440, Farm Jonkersdrift 1441, Farm 1620 Stellenbosch and RE of Farm Herberg 1086,Stellenbosch.
Theprojectmayinvolvethemovingofmorethan10cubicmetersofsand androckinawatercourseandclearanceofindigenousvegetation,which arelistedactivitiesintermsoftheNationalEnvironmentalManagement Act(No.107of1998)(NEMA)-ListingNotice1Nr19andListingNotice3 Nr 12. The draft Maintenance Management Plan in this regard is availableat:www.Greenfireenviro.co za/currentprojects
Persons wishing to register as interested and affected parties and/or comment on the draft MMP can do so by sending an email to admin@greenfireenviro.co.zaby4November2024
Placedon:3October2024
sementwerke cement works Sedert 1954 Since
Yaël Malgas
Ses dansers van Six Steps Studio in Stellenbosch het vanjaar die eerste keer aan die SA kampioenskap vir uitvoerende kunste deelgeneem en uitgeblink.
Die dansers Nolan Jacobs (30), Johan Cilliers (15), Tallukah Reyneke (17), Lesha Myburgh (17), Björn Walters (25) en Caite Pieterse (16) het van 20 tot 28 September in Rustenburg aan die nasionale kompetisie deelgeneem. Nolan is ’n tweemalige wêreldkampioen met ervaring in beide nasionale en internasionale kompetisies en aan die stuur van die groep.
In Rustenburg het die groep onder meer in hip-hop en kontemporêre hip-hop in albei groepe en as individue deelgeneem. Uiteindelik het hulle vier goue medaljes, een silwer en een brons verower. Die ses dansers het verskillende vertolkings as Six Dimension, Twinkle Toez, Total Eclipse, Fourtify en False Confidence gelewer, terwyl Caite ’n brons vertoning in die kontemporêre solodans-afdeling vir 16- tot 17 jariges opgelewer het.
Hulle is saam as die beste dansgroep aangewys en het die trofee as die algehele wenner en die grand champion-trofee vir die dansgroep met die hoogste telling vir die hele kompetisie ontvang. Die klub se kleiner groep, Fortify – Nolan, Jacobs, Tallulah en Lesha – het ook geskitter en die groep is in die Suid-Afrikaanse span opgeneem om aan die wêreldkampioenskap, wat in Los Angeles plaasvind, deel te neem. Die SuidAfrikaanse span sal in Julie 2025
se
in Amerika dans.
Hoewel die plaaslike span ’n skitterende vertoning gelewer het, was die pad na Rustenburg nie sonder sy struikelblokke nie.
Nolan en die groep het in Augustus vir oudisies gegaan, waar hulle gekies is om die provinsie te verteenwoordig.
Nolan se choreografie as afrigter moes egter geskrap word omdat die danse te lank was.
Met slegs een maand voor die kompetisie moes nuwe choreografie geskep word en die dansers moes dit onder die knie kry. Dit het drie oefensessies van twee tot vier ure per week geverg.
Six Step Studio het in 2019 begin toe Nolan uit sy ouerhuis in Idasvallei begin hip-hop-klasse
gee het. In 2023 het die klasse na De Laer, die Ou Voortrekkersaal, verskuif. Deesdae is sy spesialiteit hip-hop vir beginners en gesoute dansers, B-boy en break dance, sowel as kontemporêre hop en dans spesifiek vir kompetisies en vertonings.
Die dansgroep meen dit was hul kommunikasie, band en die vertroue wat hulle in mekaar het wat vir hul wenresep gesorg het.
“Dit het dit vir ons moontlik gemaak om aan te pas, te improviseer en vir mekaar toe te gee. Eerlikheid, harde werk en om mekaar te ondersteun het ’n goeie omgewing geskep om in so ’n kort tydperk te leer,” het die dansers gesê.
Die Early Education-sentrum in Cloetesville het van Maandag 23 tot Vrydag 27 September altesaam 27 kinders aan sy vakansieprogram by die Laerskool Rietenbosch laat deelneem. Die program is geborg deur die hulpfonds van die Stellenboschmunisipaliteit en die kinders het ontbyt, ’n snoepdingetjie, middagete en ’n geskenkpakkie ontvang. Die vakansieprogram het gefokus op gesondheid, fiksheid en sport en bekende sportlui soos die voormalige Springbok-skrumskakel Bolla Conradie, die voormalige Saru-senter Ivan Jacobs en die atletiekafrigter Wilfred Daniels, wat die kinders in rugby en atletiek touwys gemaak het. Peter Daniels, ’n onderwyser by die Laerskool Rietenbosch, het die vakansieprogram in samewerking met die personeel van die Early Education-sentrum gereël en die kinders kon speletjies speel en ook van hul oortollige energie in die onderskeie sportsoorte ontslae raak. Die sentrumbestuur het