Stellenbossers dring aan op aksie
Matie se steekmoord wek kommer
Yaël Malgas
Misdaad en veiligheid blyk op Stellenbossers se lippe te wees ná die dood van die eerstejaarstudent Jesse Mitchell.
Rudolf Hufke (19) het Maandag (20 Oktober) alleen in die Stellenbosch-hof verskyn waar hy sy borgtogaansoek laat vaar het. Hufke word verdink van die roof en moord op Mitchell, wat Woensdag 9 Oktober om 03:00 op sy 19de verjaarsdag in Borcherdstraat op sy fiets onderweg was.
Die vermoede is Mitchell is van sy rugsak en fiets beroof, in die nek gesteek en vir dood gelaat.
’n Sekuriteitswag het glo later die oggend op die Universiteit Stellenbosch (US)-student se liggaam afgekom.
Hufke is verlede Woensdag (16 Oktober) in verband met die voorval in hegtenis geneem en die volgende dag is nog drie verdagtes in Cloetesville aangekeer. Dié drie, onder wie ’n vrou, het nie Maandag in die hof verskyn nie. By navraag het die Stellenboschpolisie gesê die drie verdagtes is vrygelaat ingevolge ’n SAP-328-vorm, wat beteken hulle kan steeds vervolg word indien die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) dit goeddink.
Rio Fisher, wat saam met Mitchell in Nooitgedacht gewoon het, sê hoewel hy en Mitchell nie baie na aan mekaar was nie, het sy dood gewis die universiteitsgemeenskap geruk.
Die inwoners van Nooitgedacht beoog om vandag (Donderdag) ’n private gedenkdiens vir hom te hou terwyl daar sprake is dat Mitchell se gesin

vandeesweek na Stellenbosch sal reis. Mitchell se ma, Michelle, het vroeër aan die media gesê sy is nie gereed om die beskuldigdes te sien nie en beplan dus nie om hofverrigtinge by te woon nie.
Intussen het inwoners van onder meer die Niche, EDGE, Plumbago, Boschenpark, Dennebosch en Melrose Square ’n petisie begin om die Stellenbosch-munisipaliteit aan te moedig om misdaad in die dorp aan te pak. “Die afgelope drie jaar was daar talle voorvalle van roof, aanranding en ander misdadige aktiwiteite wat ons gemeenskap raak, wat ’n omgewing van vrees en kommer skep.
“Terwyl private sekuriteitsfirmas gepoog het om veiligheid te bied, is hul werksgebied beperk, wat openbare ruimtes – waar baie voorvalle voorkom – kwesbaar en onbeskerm laat,” meen hulle.
Dié groep voer aan groter polisieteenwoordigheid, beter straatligte en samewerking tussen die US, die munisipaliteit en private sekuriteit is nodig om die studente te help beveilig. Dit is ook in die lig van die ontvoering van ’n vrouestudent vandeesmaand.


Sakelui praat oor uitvoer by sessie
Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) en die provinsiale departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme was Donderdag 17 Oktober die gashere vir die jaarlikse beleggerswerksessie in Stellenbosch.
Onder die gaste was die eienaars van klein, mikro- en medium ondernemings (KMMO’s) wat graag meer wou uitvind oor hoe om hul produkte na ander lande uit te voer. Gassprekers het onder andere Nigel Jacobs van Jacobs Jam ingesluit.
Dié onderneming is in 2019 as ’n klein bedryf in Ceres begin en verskaf sedertdien konfyt internasionaal en plaaslik aan Checkers.
Pietie Williams, die uitvoerende direkteur van gemeenskapsontwikkeling en beplanningsdienste by die KWDM, en die raadslid Esther Groenewald (portefeuljehouer: korporatiewe dienste, KWDM) het genoem hoe die

Die raadslid Esther Groenewald (portefeuljehouer: korporatiewe dienste, KWDM) het belangrike inligting met sake-eienaars gedeel.



Pietie Williams, die uitvoerende direkteur van gemeenskapsontwikkeling en beplanningsdienste by die KWDM, het die gaste toegespreek.
ondersteuning van die munisipaliteit hulp kan verleen aan ondernemings wat hul produkte wil uitvoer.
Die konferensie het bykans 100 gaste van oor die distrik heen gelok.

Vrae het insiggewende gesprekke in die vraagen-antwoord-sessies ontlok.

A21’s Walk For Freedom spotlight on human trafficking
The annual A21’s 10th Walk For Freedom took place in Stellenbosch on Saturday (19 October). Participants took part in the walk aimed at shining a spotlight on human trafficking. This year locals carried posters in isiXhosa and Afrikaans, and the walk included some of the most vulnerable community members on farms and informal settlements that statistically fall victim to trafficking. The walkers were supported by the Stellenbosch Traffic Department, the Stellenbosch GBV Centre and the local ACVV. Co-hosts Bavani Naicker and Sarah Giles, both students of Stellenbosch University, were the Walk Captains for 2024. Visit www.a21.org for more information about human trafficking.
Eerstejaar verdrink in dam
Yaël Malgas
Nóg ’n student van die Universiteit Stellenbosch (US) is vandeesweek dood nadat hy in die Proefplaas-dam, Noord Wal-Oos, verdrink het.
reeds Sondag om 17:00 verdrink het. Vandeesweek se verdrinking volg nadat twee mans in Januarie vanjaar ook in die berggebied bo Coetzenburg in Stellenbosch gesterf het.
Die Stellenbosch-polisie het Maandag bevestig ’n geregtelike doodsondersoek is in die jongste voorval geopen. Die dam is glo ’n gewilde swemplek vir studente.









Die 19-jarige eerstejaarstudent, van die manskoshuis Dagbreek, is Maandagoggend (21 Oktober) gevind nadat hy die vorige dag gaan swem het. Volgens die Stellenbosch-polisie is die student se lyk om 09:05 gevind nadat hy vermoedelik


Mede-studente het hul medelye met die student se familie, vriende en die gemeenskap van Dagbreek uitgespreek.

















































Recode your meter now




























































Eskom is urging prepaid electricity customers to recode their meters by 24 November as no electricity tokens will be accepted by the meters without this change. The recode is required by the Standard Transfer Specification Association (STSA). Meters need to be updated to Key Revision Number (KRN) 2. In a statement this week Eskom confirmed there will be no extension to the 24 November deadline for the Token Identifier (TID) update. The recoding process affects approximately 6,9 million prepaid meters in Eskom-supplied areas. Failure to recode by the deadline will prevent customers from loading electricity tokens, rendering their meters inoperable.

The deadline is looming for Eskom customers to recode their electricity meters.
Eskom has already prepared 97% of the meters by pre-coding them, making it simple for customers to complete the process themselves. This DIY process requires customers to buy credit tokens from authorised vendors, after which they will receive two sets of 20-digit codes to enter into their meters for the update. Eskom is intensifying its awareness campaign to ensure all customers are informed and encourages those who have not yet recoded their meters to act quickly to avoid service disruptions. Eskom thanks those who have already completed the process and reassures customers that support teams are available for assistance. Customers needing help can call 0860 037 566.
For more information, updates and assistance, customers are encouraged to visit Eskom’s website, follow its socialmedia platforms, listen to radio announcements or participate in local engagement sessions.
Kinders inspireer storie
Yaël Malgas
Nadat sy jare lank Afrikaans en lees deur haar loopbaan bevorder het, het Chareldine van der Merwe besluit om haar eerste kinderboek by die biblioteek van Afrikaanse leesstof te voeg.
Van der Merwe het Saterdag (19 Oktober) amptelik haar kinderboek Huisies vir muisies op die plaas Bethlehem saam met familie, vriende en kollegas bekendgestel. Die geleentheid is deur Rene Arendse gelei.
“Ja, ek het gedroom oor hierdie dag, maar ek het nie geglo dit sou gebeur nie,” sê Van der Merwe, ’n projekbestuurder van die Vriende van Afrikaans.
Die idee vir Huisies vir muisies het gekom toe Van der Merwe saam met haar susterskinders Xavier (9) en Kendrick Kordom (6) in die veld in Pniël tydens die grendeltyd gestap het. Bring veldmuise ook geld soos die tandmuis? wou die twee by hul ousus weet nadat ’n veldmuis oor hul wandelpad gehardloop het.
Die saadjie is toe geplant.
Eers het Van der Merwe haar idee in ’n boekie geskryf, maar die boekie het weggeraak. Sy het gedink dit is die einde van dié verhaal, maar sedert 2020 het die veldmuisies by haar gebly.
“Vanjaar by die Adam Small-fees vra Marlene [Malan] wanneer ek ’n boek gaan skryf. Ek vertel haar toe my muise-verhaal en sy sê ek moet huis toe gaan en die storie neerskryf en dan vir haar stuur.”
’n Maand later, terwyl sy staan en sop maak, kom die muise se storie terug na Van der Merwe en uiteindelik doen sy

moeite om dit vas te vang – sommer as ’n stemnota op haar selfoon. Haar man, Edward, benadruk sy moet die storie vir Malan stuur en die res is geskiedenis.
Danksy ondersteuning, moed ingepraat en ’n geskuur en geskaaf aan die storie het Malan Huisies vir muisies deur haar onderneming, Turksvy Publikasies, laat uitgee. Ronell Lareman het die illustrasies gedoen.
Vir hul aandeel as inspirasie vir die verhaal is die hoofkarakters in die boek na Xavier en Kendrick vernoem. Saterdag het dié twee gesê hulle is opgewonde en meen dit is ’n groot eer om as inspirasie vir die twee seuntjies in die boek te dien. Kendrick het egter gebieg hy is steeds bang vir die veldmuise wanneer hy gaan stap.
Familie was ’n groot inspirasie vir die verhaal en benewens die twee seuns se aandeel het Van der Merwe ook haar kinders se ervaring met die tandmuis ingedagte gehou. Haar eie kinderdae
was ook ’n bron waarvan sy gebruik gemaak het.
Huisies vir muisies was egter nie Van der Merwe se eerste skryf-probeerslag nie. Sy het voorheen haar gedigte en verhale ingedien vir publikasie, maar ná vele verwerpings besluit skryf is haar dalk nie beskore nie.
Nou besef sy egter die nee’s was eintlik net voorbereiding vir die ware Jakob.
Van der Merwe meen skrywers is eerstens lesers. Haar liefde vir lees is deur haar ouers, grootouers en die res van haar familie aangewakker. Haar ma het haar gereeld na die Idasvalleibiblioteek geneem en haar familielede was bobaasstorievertellers.
Sy hoop haar boek sal ook die liefde vir lees by kinders aanwakker soos dit eens vir haar was. Lesers hoef ook nie lank te wag vir die volgende verhaal nie, want Van der Merwe is reeds besig om die tweede boek in die reeks oor die muise te skryf.






















‘Instandhouding beperk toegang tot grafte’
Yaël Malgas
Ronnie Farao van Jamestown was Woensdag 9 Oktober by die OnderPapegaaiberg-begraafplaas waar hy ’n begrafnis bygewoon het.
Farao het na afloop van die teraardebestelling besluit om ’n draai by sy twee susters se grafte te maak, maar het beide grafte onder ’n hoop saagsels aangetref.
Volgens Stuart Grobbelaar, ’n woordvoerder vir die Stellenboschmunisipaliteit, is die snoei van bome deel van die gereelde instandhoudingswerk by die begraafplaas. “Die vorige storm het baie takke gebreek en bome laat omval. As gevolg van die grootte van sommige van hierdie reusagtige ou bome moes ons wag op ’n gespesialiseerde kontrakteur

om in sekere gebiede te werk. Ons spanne werk hard daaraan om die werk so vinnig as moontlik af te handel terwyl takke en saagsels verwyder word,” sê Grobbelaar.
Farao meen egter die werkers se aksies is grafskending. Nadat hy die grafte effens skoongemaak het, het hy ’n stok in die grond gesteek om seker te maak enigeen kan sien waar die grafte is.
Grobbelaar sê die skoonmaak en instandhoudingswerk is vir besoekers se veiligheid. “Ons doen alles in ons vermoë om te voorkom dat grafte beïnvloed word of dat toegang beperk word,” sê hy.
Farao sê in reaksie hy is glad nie beïndruk met die munisipaliteit se terugvoer nie en “sal beslis die saak verder neem”. Teen Woensdag 23 Oktober was die saagsels steeds op die graftes.
Laboratorium motiveer leerders
Yaël Malgas
’n Honderd jaar van handel dryf vir Ford Suid-Afrika het daartoe gelei dat 100 Suid-Afrikaanse laerskole ’n wiskunde-en-wetenskap-laboratorium ryker is – en die laaste laboratorium is aan Vlottenburg Primêr buite Stellenbosch, oorhandig.
Die Ford Philanthropy, die Gift of the Givers-stigting, Maersk Suid-Afrika en die departement van basiese onderwys het saamgewerk om die skeepsvraghouer-laboratoriums te skenk aan skole wat dit die nodigste het.
Charmaine Abramse, die skoolhoof, sê sy en die skoolgemeenskap is verheug oor die belegging wat die rolspelers in die skool gemaak het.
“Die leerders was so nuuskierig oor wat alles in die skeepsvraghouer was. Ons moes hulle net weghou,” vertel sy.
Die 508 leerders hoef nou glad nie meer te wonder nie en kan die spesifieke wiskunde- en wetenskaptoerusting saam met hul onderwysers benut.
Lesse vir alle grade kan in die nuwe laboratorium geskied, met alles van ’n aardbol tot toerusting vir eksperimente wat nou beskikbaar is.
Volgens Neale Hill, die president van Ford Motor Company Africa, is dit slegs danksy die ondersteuning van hul medeorganisasies dat dit moontlik is om die toerusting aan minderbevoorregte skole te bied.






Hy sê die 100 laboratoriums sal sowat 20 000 leerders help en na raming sal dit 250 000 oor die volgende dekade




aanspoor om by wiskunde en wetenskap betrokke te raak.
Dr. Imtiaz Sooliman, stigter en voorsitter van die Gift of the Giversstigting, het die leerders aangespoor om ten volle van hul nuwe bate gebruik te maak.
“Hierdie laboratorium dien nie net as inspirasie vir die leerders nie, maar ook die onderwysers en die breër gemeenskap, en met sulke inspirasie beweeg ons weg van die negatiewe dinge in die samelewing,” meen Sooliman.
Sedert die projek verlede November van stapel gestuur is, het onderwysers ook die nodige opleiding gekry om die laboratoriums saam met die leerders te gebruik.






































































































































































































The winners of the 2024 Stellenbosch Pageant (behind from left) are Clayton Appolis (Mr LGBT Stellenbosch), Queen Enigma von Hamburg (director), Aiden le Roux (Mr Teen Stellenbosch) and Brooklyn Swartz (Mr Pre-Teen Stellenbosch). Front: Bryson Basson (Mr Tiny Stellenbosch), Cracelin Frits (Miss Tiny Stellenbosch), Inathi Zwelinjani (Miss Pre-Teen Stellenbosch), Layton Loggenberg, (Mr Stellenbosch), Camryn Davids (Miss Stellenbosch), Sherlin Kleinschmidt (Mrs Stellenbosch), Tawanda Dolovagos (Miss LGBT Stellenbosch), Denesha Lukas (Miss Teen Stellenbosch), Ayesha Adonis (Miss Toddler Stellenbosch) and Matthew September (Mr Toddler Stellenbosch).
42 finalists vie for the crown
The 2024 Stellenbosch Pageant culminated in a dazzling crowning gala where 42 finalists vied for top honours in various competing categories at the Stellenbosch Town Hall on Saturday (12 October).
This event celebrated community service and empowerment, showcasing the finalists’ incredible work.
The judging panel included KeenanLee Adams (former Mr Stellenbosch, Mr Cape Town, Mr Western Cape); Carin Bailey (former Miss Stellenbosch, Miss Cloetesville and Miss Western Province) and Zandile Masuku (South African women’s sevens rugby player and fitness
instructor). The evening’s proceedings were led by Queen Enigma von Hamburg, who shared heartfelt stories that touched the audience.
The event shone a spotlight on the outstanding community service of the outgoing kings and queens. The pinnacle moment of the evening was the coronation of the new royalties for the greater Stellenbosch area, who will continue supporting the Stellenbosch Night Shelter and launch their own community initiatives, driving positive change in the region.
Anyone wishing to get involved or support the initiatives can contact Von Hamburg on 078 515 9645 or communityupliftment@evhempire.co.za
NOTICE OF LAND DEVELOPMENTAPPLICATION
DATE: 24 OCTOBER 2024
APPLICATION FOR REZONINGAND SUBDIVISION:
THE REMAINDER OF PORTION 28 OF FARM WELMOED ESTATE NO. 468, LYNEDOCH, STELLENBOSCH
ThefollowingLandUseApplicationintermsoftheStellenboschBy-lawonMunicipalLandUsePlanningof2023 (By-law),refers:
ApplicationPropertyAddress:FarmWelmoedNo.468/RemainderofPortion28,LynedochRoad,Stellenbosch
ApplicationPropertyNumber:RemainderofPortion28ofFarmWelmoedNo.468,Lynedoch,Stellenbosch
Applicant: J Samson Consultancy duly authorized and acting on behalf of Virdus Works (Pty) Ltd – J Samson (Contactdetail-+27824673748)
Owner: The Trustees for the time being of the Billy Visser Trust (IT 5284/96) duly represented by Uniqon Developers(Pty)Ltd–E.Coetzer(Contactdetail:+27128090262)
ApplicationReference:TP752/2024
Descriptionofthelanddevelopmentproposal:
Applicationismadei.t.o.theBy-lawinrespectoftheRemainderofPortion28ofFarmWelmoedEstateNo.468, Lynedoch,Stellenbosch,forthefollowing:
1) ApplicationintermsofSection15(2)(a)forarezoning;and
2) ApplicationintermsofSection15(2)(d)forsubdivision,inclusiveofconsiderationofcancellationand creationofservitudesforvariouspurposes
3) ApplicationintermsofSection29fortheestablishmentofanowners association.
4) ApplicationintermsofSection98forapprovalofstreetnames InordertobringaboutaPhasedMixed-UseDevelopmentconsistingpredominantlyofresidential housingtypologieswithancillarycommercialand/orsubservientuses.
NoticeisherebygivenintermsoftheprovisionsofthesaidBy-lawthattheabovementionedApplicationhasbeen submitted to the Stellenbosch Municipality for consideration. The Application is available for inspection on the PlanningPortaloftheStellenboschMunicipalandJSamsonConsultancywebsitesforthedurationofthepublic participationprocessatthefollowingaddresses: https://www.stellenbosch.qov.za/planning/documents/planning-notices/land-use-applicationsadvertisment https://jacquisamson.co.za/-land-use-applications-advertisements
Ifthewebsiteordocumentscannotbeaccessed,anelectroniccopyoftheApplicationmustberequestedfromthe Applicant. Youareherebyinvitedtosubmitcommentsand/orobjectionsontheApplicationintermsofSection50ofthesaid By-law Written comment, which must include the reference to the Application, the name, contact details and physicaladdressofthepersonwhosubmitthecomments,thereasonsforthecomments,andtheinterestofthe personwhosubmitsthecommentinrespectoftheApplication maybesubmittedtotheApplicantbyelectronicmail asfollows:JSamsonConsultancy -JSamsone-mailaddress:jacqui@jsamsonconsultancy.combylodging anobjection,commentorrepresentation,thepersondoingsoacknowledgesthatsuchinformationmaybemade availabletothepublic.
Thecommentsmustbesubmittedwithin30daysfromthedateofthisnoticetobereceivedbytheApplicanton/or beforetheclosingdateof25November2024
The Municipality in terms of Section 50(5) of the said By-law may refuse to accept any comments/ objection receivedaftertheclosingdateorifsamedonotcontainthedetail/particularsrequiredabove.
Kindly take note that any person who commented on the Application, will be notified of the decision on the Application,andthatthedecisionwillalsobepublishedontheMunicipality'swebsite,ascontemplatedinsection 61(1)oftheBy-law
For any enquiries regarding theApplication or the above requirements, or if you are unable to read, write and/or unable to submit your comments as provided for, you may in terms of Section 21 of the Local Government: Municipal Systems Act, Act 32 of 2000 contact the Applicant for assistance at the e-mail address provided or telephonicallyat0218613800duringnormalofficehours.
Yourssincerely JacquiSamson
JSamsonConsultancy
Sportraad reik uit na vroue
Die Idasvallei-sportraad het Saterdag (19 Oktober) ’n eerste poging aangewend om meer aandag te skenk aan die belangrikheid van vroue – veral jong meisies – in die gemeenskap.
Die plaaslike sportraad was geëerd om hul omgee ten toon te stel by die netbalorganisasie se laaste reeks wedstryde en kon aan ’n hele paar meisies en jonger vroue die aandag gee “wat hulle toekom”.
Spanne uit die kontrei van so ver as Klapmuts was teenwoordig, asook die sportraad se bure van Cloetesville.
Die geleentheid was bestem om sanitêre items aan skole in die buurt te oorhandig, wat dankbaar was vir die ondersteuning. Die skole is deur Idasvallei Primêr se skoolhoof, Anton Williams, verteenwoordig.
Die sportraad sê hulle is bederf met die teenwoordigheid van Geraldine de Vos, wat ’n fenomenale toespraak gelewer het as hoof van die
geslagsgeweld-eenheid in Idasvallei. Die manier hoe De Vos die jongmense kon boei, inlig en opvoed oor die kwessie van geweld teenoor vroue, kinders en mans, was veral treffend Die sportraad beoog om meer sulke projekte van stapel te stuur.
“En met behulp van rolspelers weet ons dat sukses behaal kan word. Ons wil graag ons Bafana Bafana-ster Luke le Roux bedank vir sy mildelike bydrae vir die geleentheid. Hierdie projek het ons ook geleer dat verskeie individue met verkillende agtergronde saam kan werk en ons bedank die komiteelede wat hul rol so doeltreffend vervul het,” het Brian Minnis, sekretaris van die sportraad, gesê.
Minnis meen deur die bewusmakingsinisiatief sal die belangrikheid van vroue in ons gemeenskap uitgelig word en sal dus nou ook ’n permanente item op die raad se kalender word.

KENNISGEWING VAN GRONDONTWIKKELINGSAANSOEK
DATUM: 24 OKTOBER 2024
AANSOEK VIR HERSONERING EN ONDERVERDELING: DIE RESTANT VAN GEDEELTE 28 VAN DIE PLAAS WELMOED ESTATE NO. 468, LYNEDOCH, STELLENBOSCH
Die onderstaande Grondgebruiksaansoek in terme van Stellenbosch se Verordening op Munisipale Grondgebruikbeplanningvan2023(Verordening),verwys:
AdresvanAansoekeiendom:DieRestantvanGedeelte28vandiePlaasWelmoedEstateNr468,LynedochPad, Stellenbosch
Aansoek eiendom beskrywing: Die Restant van Gedeelte 28 van die Plaas Welmoed Estate Nr 468, Lynedoch, Stellenbosch
Aansoeker: J Samson Consultancy behoorlik gemagtig en namens Virdus Works (Pty) Ltd – J Samson (Kontak nommer:+27824673748)
Eienaar:DieTrusteesvandieBillyVisserTrust(IT5284/96)verteenwoordigdeurUniqonDevelopers(Pty)Ltd–E. Coetzer(Kontaknommer:+27128090262)
AansoekVerwysing:TP752/2024
BesonderhedevandieGrondgebruiksaansoek:
Aansoek word gedoen i.t.v van die Verordening op die Restant van Gedeelte 28 van die Plaas Welmoed Nr 468, RegistrasieAfdelingStellenbosch,Wes-Kaapvirdievolgende:
1) Aansoeki.t.v ofArtikel15(2)(a)vir'nhersonering;en
2) Aansoeki.t.v ofArtikel15(2)(d)foronderverdeling,insluitendeoorwegingvankansellasieenskeppingvan serwitutevirverskeiedoeleindes.
3) Aansoeki.t.v ofArtikel29virdievestigingvan'neienaarsvereniging.
4) Aansoeki.t.v ofArtikel98virgoedkeuringvanstraatname
Teneinde'ngefasseerdeontwikkelingvirgemengdegebruiktebewerkstelligwathoofsaaklikbestaanuit residensiëlebehuisingstipesmetsekondêrekommersiëleen/ofondergeskiktegebruike.
KenniswordhiermeegegeeintermevandievoorskriftevandietoepaslikeVerordeningdatbovermeldeAansoekby die Stellenbosch Munisipaliteit ingedien is vir oorweging Die Aansoek is beskikbaar vir insae op die BeplanningsplatvormvandieStellenboschMunisipaliteitenJSamsonConsultancysewebtuistevirdietydsduurvan diepubliekedeelnameprosesbydievolgendeadresse: https://www.stellenbosch.qov.za/planninq/documents/planning-notices/land-use-applications advertisements. https://jacquisamson.co.za/-land-use-applications-advertisments
lndien die webtuiste of tersaaklike dokumente nie toeganklik is nie, moet die Aansoeker versoek word om 'n elektronieseafskrifvandieAansoekbeskikbaartestel. Kommentaar en/ of besware met betrekking tot die Aansoek kan ingedien word in terme van Artikel 50 van die Verordening Skriftelike kommentaar moet die volgende inligting bevat, naamlik die verwysingsnommer vir die Aansoek,dienaam(e),fisieseadresenkontakbesonderhedevandiepersoonwatdiekommentaarlewer,dieredesvir die kommentaar, en die belang van die persoon wat die kommentaar lewer met betrekking tot die Aansoek. Laasgenoemde moet by wyse van elektroniese pos aan die Aansoeker as volg gerig word soos volg: J Samson Consultancy -JSamsone-posadres:jacqui@jsamsonconsultancy.comdeur'nbeswaar kommentaarofvertoë terig,stemdiebeswaarmakerdaartoeindatdiebetrokkeinligtingaandiepubliekbeskikbaargestelmagword. Kommentaar moet binne 30 dae vanaf die datum van hierdie kennisgewing aan dieAansoeker gerig word en moet deurdieAansoekerontvangwordvoor/ofopdiesluitingsdatumwelke25November2024salwees. NeemkennisdatdieMunisipaliteit,intermevanArtikel50(5)vandieVerordening magweieromenigekommentaar/ beswaarteaanvaarwatnadiesluitingsdatumontvangwordofwatniedievereistedetailofvereisteinligtingbevatnie. Neemverderkennisdatenigepersoonwat'nbeswaarteendieAansoekgeliasseerhetofkommentaarmetbetrekking totdieAansoekgelewerhet,inkennisgestelsalwordrakendediebesluitendatdiebesluitookgepubliseersalwordop dieMunisipaliteitsewebtuisteintermevanArtikel61(1)vandieVerordening.
lndien daar enige navrae insake dieAansoek of bovermelde vereistes is, of indien dit nie moontlik is om geskrewe kommentaar te lewer of die kommentaar op die wyse te lewer soos waarvoor voorsiening gemaak is nie, kan die AansoekerintermevanArtikel21vandiePlaaslikeRegering:WetopMunisipaleStelsels,Wet32van2000gekontak word vir bystand by die vermelde elektroniese pos adres of telefonies by 021 861 3800 gedurende normale kantoorure.
Dieuwe, JacquiSamson JSamsonConsultancy

Crochet or knit a square
The bi-annual Kamers Makers event, the country’s largest retail pop-up phenomenon, has begun at Blaauwklippen Wine Farm in Stellenbosch.
The popular pop-up will run until Sunday 27 October.
With something for everyone, Blaauwklippen will add to the market of crafting wonders with the launch of its Crochet Corner, also fondly referred to as the Hekel Hoekie. Situated at the Blaauwklippen Bike Park, crocheting and knitting enthusiasts are invited to crochet or knit a square for a cause.
The wool and relevant hooks

or needles will be supplied, and all guests need to provide is their skills and time.
Participants can enjoy a glass of wine and something to eat while doing what they love.
The goal is to collect at least 80 squares by the end of the week, which will be enough to make up a comfy knee blanket for an adult or cosy cuddler for a child.
The project doesn’t stop when Kamers Makers ends, though; it will become an additional offering for all visitors to the estate. Eager learners of the art of crocheting are also welcome to join on the official launch of the Hekel Hoekie on Friday 25 October.
Dorpskalender | Town Calendar
SATERDAG 26 OKTOBER
) Cloetesville: The annual general meeting of the CLOETESVILLE COMMUNITY POLICING FORUM will be held at StellCare at 10:00. All relevant role-players in Cloetesville and Ida’s Valley are invited. Contact André van der Westhuizen on 074 887 3375, Lt Col Monique Fortuin on 082 411 2911, or WO Zenobia Sedeman on 082 411 2915 for more information.
) Devonvallei: Die GEESTELIKE AMBASSADEURS VIR JESUS CHRISTUS bied om 18:00 die Gospel extravaganza, volume 2, by die Laerskool Devonvallei aan. Plaaslike gaskunstenaars sal optree. Apostel Jerome Skippers is die seremoniemeester. Kaartjies kos R60 en R30 vir kinders (gr. 1 tot gr. 7) by die deur. ’n Gelukstrekking sal gehou word. Rig alle navrae aan Gurton en Mandy Engelbrecht by 081 067 7516 of 084 038 9961.
) Stellenbosch: The social 3,5 km Wine Walk will be held at MURATIE WINE ESTATE at 09:00. Upon arrival, enjoy a glass of MCC at 08:30 before heading out on a trail. Along
the route, taste two of Muratie’s red plus two white wines. Tickets are R150 for adults and R60 for children (a juice included). Visit www.dirtpass.co.za/product/tickets for essential pre-booking. Visit www.dirtopia.co.za for information.
SONDAG 27 OKTOBER
) Stellenbosch: Luna Paige tree om 15:00 by die DAISY JONES-KROEG as deel van haar Tuiskoms-toer op. Die konsert bied musiekliefhebbers die geleentheid om haar musiek in sy mees outentieke vorm te ervaar. Die deure open om 13:00. Koop kaartjies, teen R175 elk, aanlyn by Quicket.
) Stellenbosch: Die gewilde Hope Hike vind op die DELVERALANDGOED plaas. Deelnemers kan óf in lewende lywe óf virtueel deelneem. Drie roetes wag by die geleentheid op Delvera – die 7 km-Klapmutskop-roete (07:30); die 10 km-roete (07:35) en die 5 km-roete (07:45). Diegene wat virtueel deelneem, kan hul eie roete enige tyd en op enige plek voltooi. Deelnemers word aangemoedig om iets blou te dra en selfies op die Ithemba-stigting se Facebook- en
Instagram-blad te deel. Die inskrywingsfooi vir alle roetes is R80 per persoon en R50 vir leerders en studente. Inskrywings sluit Vrydag 25 Oktober. Besoek www.entryninja.com/ events/ om in te skryf.
TUESDAY 29 OCTOBER
) Stellenbosch: The annual general meeting of the STELLENBOSCH COMMUNITY POLICING FORUM will be held at Stellenbosch Police Station at 18:30. Contact Capt Nathalie Martin on 082 469 1351 for more information.
MAANDAG 4 NOVEMBER
) Pniël: Die PNIËL GEMEENSKAPLIKE EIENDOMSVERENIGING (PGEV) hou om 19:00 ’n vergadering in die Pniël-banketsaal. Die status van die PGEV en die bevestiging van grond of eiendom om oorgedra te word sal bespreek word. Skakel 066 222 2154 vir meer besonderhede.
Stuur alle kalender-inskrywings voor 14:00 Maandae per e-pos na tasmin.cupido@media24.com.
Johnny Cash show at Drostdy
Sin and Salvation, the story of Johnny Cash, will be staged at the Drostdy Theatre in Stellenbosch on Friday 25 October. The show is a dynamic staging of the highs and lows of the singer’s life, featuring four performers who can deliver those foot-stomping hits, as well as delicate – and
occasionally comic – ballads that aim to delight Cash fans, and create new ones.
The musicians are absolutely mind-blowing and the show is so much more than just a tribute to Cash.
It features the incredible Jamie Jupiter as Johnny Cash, Sarah Macharthur as Cash’s daughter and June Carter (on


vocals, keyboards, guitar and percussion), double bass player
Daniel Frank as Cash’s agent, and guitarist and banjo player Jonny Blundell as narrator. Sin and Salvation is directed by Nigel Vermaas.
The show will be staged at 20:15.
Tickets can be booked online through Webtickets.





































Fynbos gymnasts show their mettle at national championships


Eleven gymnasts of Fynbos Gymnastics Club represented the Western Cape in the annual National Gymnastics Championships, hosted by Gymnastics South Africa, in Cape Town from Thursday 19 to Sunday 29 September. The Stellenbosch club’s gymnasts excelled, bringing home a total of 14 medals across various levels and age groups, along with three overall placements. These include Zahra Ferreira, placing first in Level 5 u-12, Izandri du Toit achieving second place overall in Level 5 u-12 and Hannah Krynauw, placing second overall in Level 4 u-10. Additionally, the club also had apparatus-medal winners: Ella Krynauw, Mische Comerma, Hannah Krynauw, Izandri du Toit, Zahra Ferreira, and Hannah Griffioen. “This was an incredible experience for Fynbos Gymnastics,” said club founder and coach Simone Philips, “and our gymnasts have made our club and province immensely proud.” Pictured (from left) are some of the club’s provincial representatives, Nika Naude, Zahra Ferreira, Hannah Griffioen, Mische Comerma, Milla le Roux, Eva Baptiste, Hannah Krynauw, Aza-Lea Wentzel, Ella Krynauw. Fynbos Gymnastics welcomes gymnasts of all levels, from pre-school to voluntary level, offering both competitive and recreational programmes. Classes are offered to gymnasts aged 3 and older. For enquiries, send an email to simone@fynbosgymnastics.co.za.
Pre-Origin of Trails cycle








Mountain biking enthusiasts are invited to join the Savanna Origin of Trails MTB Experience team for the exciting Warm-Up Ride #1 at Bloemendal Trail Park in Durbanville on Saturday (26 October).
Cyclists can enjoy a cup of coffee from 07:00 before hitting the trails at 08:00 for a morning
of sensational mountain biking.
The event is aimed at preparing MTB riders for the upcoming Origin of Trails MTB Experience, which will be held in Stellenbosch on Saturday 16 and Sunday 17 November. It is open to all 2024 Savanna Origin of Trails MTB Experience entrants and Tygerberg MTB Club members.
Riders can take on the 25 km
trail or choose from a selection of shorter routes. Participants must take all their regular riding equipment along, including tools and clothing. For more information or to enter the Savanna Origin of Trails, send an email to entries@stillwatersports.com or visit https:// bit.ly/2024SavannaOOTOnlineEnt ries.
Burnley FC makes history against visiting rivals

The Burnley Football Club of Jamestown made history this month by winning the recent Stellenbosch Local Football Association Top 8 competition. The competition was held at the Jamestown sports grounds. The two local teams came to a head with Burnley FC playing the derby against Jamestown AFC on Wednesday evening (2 October) in the quarterfinal which they won 1-0. The semi-finals and final were played on Saturday 12 October where Burnley FC played against Lokxion Stars FC, and won 3-2, and came up against Nelsons FC in the final. They beat the visitors 3-1.


Sport



Jonges laat die speke sing
Yaël Malgas
Dit was Saterdag (19 Oktober) in Idasvallei ’n geval van trippe trappe trone danksy Cycle2Ride en Dirtopia se kortbaan- fietsren.
Jong fietsryers van wyd en syd het na die plaaslike sportterrein gekom om aan die onderskeie wedrenne deel te neem. Die doel van die geleentheid was onder meer om fietsry in die gemeenskap ’n hupstoot te gee. Talle plaaslike kinders is na die geleentheid genooi en diegene wat nie self ’n fiets gehad het nie, is deur Avalanche SA met ’n ryding vir die dag gehelp.
Eon Hendrickse van Idasvalleigemeenskapsroetes sê dié organisasie probeer kinders deur middel van fietsryprogramme aktief besig hou met fietsry in Stellenbosch.
“Stellenbosch is bekend as die mekka van fietsry, maar omdat dit so ’n duur sport is, is dit moeilik vir ons om toegang te kry tot dae soos hierdie en selfs goeie fietse.
“Hierdie geleentheid is bewys dat Idasvallei ’n mulitsport-gemeenskap is en in staat is om kompetisies soos
Kinders van Idasvallei kom trap

hierdie aan te bied,” meen hy.
Die dag het ook as die amptelike einde van die Cycle2Ride se Wes-Kaapse kortbaan-liga gedien. “ ’n Hartlike dankie aan ons borg, EduInnov8 Foundation, wie se vrygewige ondersteuning hierdie geleenthede moontlik gemaak het. Ons betuig ook
ons diepste waardering aan die toegewyde span agter die skerms, wie se harde werk hierdie gebeurtenisse ’n werklikheid gemaak het,” het die organisasie in ’n verklaring gesê.
Onder die plaaslikes wat op die podium geëindig het, was Orlando de Koker van Idasvallei Primêr, wat in die
sub juniors – primêre skool –deelgeneem het.
Dominique Taljaard, van die Hoërskool Stellenbosch, het silwer in die meisies-hoërskoolafdeling losgery en Chuma Mdlungu en Kelvin Falinya van die Hoërskool Prochorus het onderskeidelik silwer en goud in die seuns-hoërskoolafdeling verower.
Hendrickse meen die glimlagte op kinders se gesig en die samesyn van ouers was die hoogtepunt van die dag. “Ons besef weer die krag van sport om mense van alle oorde bymekaar te bring en hoop te gee aan kinders van veral voorheen benadeelde gemeenskappe.”
Hy meen die buurt is een trap nader om fietsry as sportsoort in die gemeenskap te vestig.
Hendrickse bedank die Idasvalleisportraad wat die dag moontlik gemaak het sowel as Dirtopia se Meurant Botha, Cycle2Ride asook al die kinders en hul ouers wat die dag bygewoon het.
“Ons hoop om op dieselfde vlak te kom soos Song.info in Khayamandi en Procherus in Jonkershoek. Ons hoop om samewerking te kry van fietswinkels en die fietsry-netwerke in Stellenbosch,” verduidelik Hendrickse.
Victoriane-krieketklub kolf en boul Maties vir ’n ses
Tasmin Cupido
Die Victoriane-krieketklub het die afgelope naweek sy ouer broer, die Maties-krieketklub, laat klippe kou en behoorlik vir ’n ses geklap in ’n Bolandkrieket- Premier A-ligawedstryd op die Tassies-ovaal in Stellenbosch.
Vics het Saterdag (19 Oktober) die loot in die 50boulbeurtwedstryd gewen en Maties ingestuur om te kolf.
Ross Boast (71*; 6x4, 2x6) het ’n goeie beurt gelewer en was die Maties se top-lopiemaker in hul 270/7 (50 boulbeurte). Hy is goed ondersteun deur Daniël Ristow (50*; 5x4), Kent Goedeke (41; 6x4) en Maahir Josephs (32; 5x4).


Vir Vics het Boaga Gaoraelwa (3/31) en Fayaad Daniels (3/45) die Matieskolwers met uitstekende boulwerk omtrent laat rondstaan.
Op hul beurt het Vics (274/2) klinies en met ’n aanvalsplan te werke gegaan om die teiken te jaag.
Hulle het net 46 boulbeurte nodig gehad om die teiken te haal en het slegs twee paaltjies plat gehad.
Jason Muirhead het die aanval gelei en 124* lopies (10x4, 4x6) aangeteken, met waardevolle bydraes deur David Botes (67*; 7x4) en Corby van Heerden (44; 4x4, 3x6) in die agt-paaltjie-oorwinning.
Drie ander klubspanne in die
Stellenbosch-streek het Saterdag en Sondag hul veldtogte in die T20Gemeenskapsbekertoernooi se Premier A-reeks van stapel gestuur, terwyl ander hul ligaverpligtinge begin of voortgesit het.
. Wellington t. Coronations op die Pen Basson-ovaal: Wellington 145/8 in 20 boulbeurte: Garreth Wolmarans (56; 2x4, 3x6); Shaun Wolmarans (43; 3x4, 3x6); en Frederick Hendricks 2/12 en Alfredo Adams 2/20.
Coronations 127/7 in 20 boulbeurte: Julio Meyer (67* 4x4, 2x6); Lishan Meyer (30; 2x4, 1x6), Kieran Dreyden 2/17; Roché du Plooy 2/16. Coronations verloor met
18 lopies.
. Van der Stel t. Robertson op Bergsig: Robertson 132/7 in 20 boulbeurte: Amré Konstabel (38; 4x4); Leolin Davids (32; 3x4, 1x6); JJ Lambrechts 3/19; Rayyaan Rhode 2/21. Van der Stel 136/7 in 19 boulbeurte: Pieter Malan (71*; 4x4, 2x6); André Hanekom (20); Lefran Snyders 2/23.
Van der Stel wen met sewe paaltjies.
. Excelsior t. Spes Bona op die Idasvallei-sportveld: Spes Bona 134/10 in 45
boulbeurte: Edgar Fortuin (50*); Charl Christians (32); Joeydrine April (25); Jean-Pierre Anthony 5/24; Doriano Claasen 5/26. Excelsior 135/0 in 24.3
boulbeurte: Melvin Jaftas (70*); Yusuf Khan (43*). Excelsior wen met 10 paaltjies.
. Coronations-vroue t. Stellenbosch-vroue op die Markötter-sportterrein: Coronations 274/5 in 50 boulbeurte: Mia-Liz van der Vyfer (110*); Delmari Hoffman (59); Jolene Hendricks (26); Tinita van Zyl 2/60. Stellenbosch 228/10 in 28.1 boulbeurte: Christen Hanekom (74); Chimeka Williams (32); Van Zyl (28); Maudeen Dampies 3/53; Esha Groenewald 3/19. Coronations wen met 46 lopies.
) Die komende naweek se ligabepalings is op Eikestadnuus se Facebookblad beskikbaar.





























































































