Eikestadnuus - E-Edition - 24 July 2025

Page 1


Spelers op pad huis toe Duur lesse ná sokkertoer

Die laaste van die BT Footballakademie se sokkerspelers wat in Portugal gestrand was, sal na verwagting vandag in Kaapstad land.

Die internasionale toer – ’n eerste vir baie van dié jong spelers – het die afgelope week die nuus gehaal nadat dit aan die lig gekom het dat die toerorganiseerder en voorsitter van die akademie, Brandon Timmy, nie vliegtuigkaartjies vir die groep terug na Suid-Afrika bespreek het nie.

“Die hele effêre was uitputtend – geestelik, emosioneel, fisiek alles.”

Só vertel Keeno Damons, ’n Cloetesviller en BT Football-afrigter, die afgelope Dinsdag (22 Julie) uit Lisabon. Dit is hier waar Damons en die res van die toergroep gestrand was na afloop van die Donostibeker-kompetisie, wat van 7 tot 13 Julie in San Sebastián, Spanje, aangebied is.

‘PROBLEME VAN DIE BEGIN AF’

“Die toer was uitmergelend en daar was probleme van die begin af. Dit was die derde toer wat ek saam met BT Football gedoen het en nou besef ek daar was baie haakplekke, maar ek het aanvanklik gevoel ek moet my werkgewer beskerm. Nou kan ek dit nie meer doen nie. Hy is nie ’n slegte mens nie, maar ek weet nie of ek hom kan vergewe vir wat hy aan die kinders gedoen het nie,” sê Damons, wat sedert 2021 met BT Football verbonde is. Hy was eers as ’n speler en later as voltydse afrigter betrokke. Die bom het verlede week gebars nadat Damons en sy mede-afrigters besef het Timmy het nie genoeg geld om vir die toergroep vliegtuigkaartjies terug huis toe te koop nie. Damons vertel ouers het hom reeds Saterdag 12 Julie gevra wanneer hul kinders huis toe sal keer en hy het geen reguit antwoord vir hulle gehad nie. ’n Paar dae later het die afrigters besluit om oop kaarte te speel en te sê daar was geen vliegtuigkaartjies nie.

“Ons het tot die heel laaste oomblik gewag om vir die kinders te sê wat die

Hoewel hul toer op ’n slegte noot geëindig het, was die BT Football-toergroep ’n gulde geleentheid vir vele van die spelers. Die BT Football-akademie se o.14- en o.19-spanne asook meisiespan het goed gevaar by die Donostibeker-kompetisie in Spanje. Bo is van die spelers in gelukkiger dae van die toer in San Sebastián. Foto: btfootballrecruitmentagency/Facebook

situasie was. Teen daardie tyd was hulle uitgeput en ons kon sien hulle wil net huis toe gaan, want van hulle is nog baie jonk – 13 en 14 jaar Van hulle het in trane uitgebars, maar ons fokus was om hulle so kalm as moontlik te hou en seker te maak ons het blyplek en iets om te eet.”

Damons sê daar was verskeie probleme toe die groep moes vertrek en uiteindelik het die spelers in twee groepe gegaan, met Damons wat met die grootste en laaste gereis het. Toe hy uiteindelik by die res van die span in Portugal aankom, het die afrigters besef daar is nie vervoer gereël om in San Sebastián – meer as ses ure weg – te kom nie. Die afrigters het toe self vir vervoer opgedok. Damons sê volgens sy berekeninge het die afrigters

saam sowat R100 000 van hul eie geld vir die toer uitgegee, met veral die afrigter Jesse James Julius wat bygedra het. Volgens Damons was daar ook probleme met die betaal van verblyf, tot op die punt waar die groep uitgesit is nadat Timmy nie betaal het nie. Hy sê daar was ook nie vervoer tydens die toernooi nie en die kinders moes in die hitte van hul verblyf na die toernooi-stadion stap – dit terwyl Spanje tans deur ’n hittegolf gaan.

’N WAARSKUWING AAN OUERS Vir ouers soos Mary-Anne van der Heever, die ouma van die 17-jarige Michael Dominee van Stellenbosch, was die swak organisering van die toer een te veel. “Daar was ouers op die [Whatsapp] groep wat siek daarvan was. Hoe kan

jy so iets aan kinders doen? Al wat ons wou gehad het, is om ons kinders ’n geleentheid te gee Hoe kon [Timmy] sê daar was ’n tekort aan geld nadat ons die R50 000 vir die toer betaal het? En dan het sommige ouers, ons inkluis, nog R15 000 betaal waarvoor hy gevra het toe hy sê daar was nie geld vir vliegtuigkaartjies nie?” wil sy weet.

Van der Heever sê die toergroep en ouers het Timmy nooit ontmoet nie en dit het vir haar die rooiligte laat flikker. Sy meen indien enigiets goed uit die saga gekom het, is dat dit ’n waarskuwing vir ander ouers moet wees.

Haar dankbaarheid vir almal wat gehelp het om geld in te samel, ken geen perke nie. “Daar is so baie mense wat gehelp het – ek kan hulle nie eens almal noem nie. Ek moet egter vir Virgil Martin uitsonder – sy seun was onder die eerstes wat teruggekeer het, maar steeds het hy die res van ons bygestaan. Hy het werklik die leiding geneem.”

Timmy het aan Eikestadnuus gesê hy was nie direk betrokke met die geldinsameling om vliegkaartjies vir die gestrande span aan te skaf nie, maar hy neem volle verantwoordelikheid vir die skeefloop van die toer.

“Dit het in die verlede gebeur dat ons vliegkaartjies vir spelers aangeskaf het en dan word hul visums nie goedgekeur nie. Ek het dus besluit om nie vroegtydig kaartjies te koop nie, maar omdat die kaartjies ’n week voor hul vertrek gekoop is, was dit duurder as wat ek verwag het,” verduidelik Timmy. Hy sê die hoë pryse was ook hoekom hy nie retoerkaartjies kon koop nie. “Ons het alles gedoen om nog geld te kry om die groep te bring. My eie sak is plat soos ek vir die groep geld gestuur het vir kos en verblyf. Elke toer het uitdagings, maar die logistiek van hierdie toer was bo my vuurmaakplek. Die groep was te groot; dit was die eerste keer dat ’n groep na Barcelona gereis het en die beplanning moes beter gewees het.”

Die ouers sê hulle sal kyk hoe die pad vorentoe loop om Timmy en BT Football verantwoordbaar te hou, maar wil eers hul kinders in hul arms terugverwelkom.

‘Please be proactive’

Residents of Khayamandi were urged to be proactive and help Stellenbosch police fight the escalating crime in the area.

The police, along with representatives of the Khayamandi Community Policing Forum (CPF), the district CPF, the Cape Winelands Police District and Correctional Services, participated in a Cape Winelands district imbizo last Wednesday (16 July).

Residents filled the local community hall airing their grievances, especially after the murder of two brothers the previous week in the very street they gathered in.

The siblings were gunned down in Makupula Street at their barber shop on Thursday 10 July (“Teens arrested for murder”, Eikestadnuus, 17 July).

Brigadier Sandile Sonjani, Stellenbosch police station commander, said they were confronted by criminals on Wednesday 9 July, who told them to pay

money so they could continue to operate the business. He said when the two refused, it seems suspects returned the next day and killed them.

“This extortion is one of the biggest current criminal issues in Khayamandi. These scoundrels are visiting barber shops, hair salons and spaza shops looking for money. But when we speak to the business owners, they say they are not willing to open cases because they fear for their safety,” he said.

“They would rather pay than take the risk. They will rather live with this sin than resolve it, and it will not end.”

Sonjani added the three teenagers who were originally arrested in connection with the brothers’ murder had since been released as there was no evidence to connect them to the crime. It is alleged the masterminds behind the brothers’ deaths were in prison.

Sonjani emphasised the importance of the community sharing information with police to help arrest and successfully convict criminals. He added it

is important for locals to work with police and not, as was the case with many instances of gender-based violence, withdraw cases.

Sonjani said criminals are terrorising the community and, by not speaking out, nothing will change.

Among residents’ complaints was the lack of police visibility, reactive crime-fighting and the need for more street lights. One resident claimed that simply coming to the imbizo was a safety concern, as criminals could note who attended it.

Brigadier Neville Malila, of the district, said residents must be willing to call the police on their own family members so that they ultimately stop committing their crimes. “We know it is not many people committing these crimes. Most of the community members are friendly and helpful, but there are small elements in our community, and we know who they are – some are our sons and daughters; they are in our homes,” Malila related.

He said if residents know family members are unemployed but come home with expensive goods, they should ask questions and contact the police if they suspect criminal activity.

Malila said local and district police are heeding the community’s concerns, while Sebastian Abrahams of the Cape Winelands CPF urged locals to join the Khayamandi CPF.

GPF maak skenking van radio’s moontlik

Die Stellenbosch-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het Halo-radio’s aan die plaaslike polisie en die Stellenbosch-munisipaliteit se wetstoepassers help skenk. Die radio’s is deel van Business Against Crime SA (BACSA) se Eyes and Ears-projek. Radio’s sal ook aan die Klapmuts- en Devonvallei-plaaswagte geskenk word. Die Halo-radio’s word in beheerkamers geplaas en is gekoppel aan die polisie se distriks-, provinsiale en nasionale opskamer, wat dadelik ’n blitspatrollie in reaksie op ernstige misdade uitstuur. Halo het sy radio’s geskenk, terwyl Narcus die lisensiekostes sal borg. By die oorhandiging is, van links, André Pelser (GPF-voorsitter), Jakobus Abrahams (SAPD), Clarissa Mantie (Halo), Daniël Jonkers (hoof van munisipale wetstoepassing) en Markus Oosthuizen. Foto: Yaël Malgas

For the record

The article “Hefty cash boost for Imbadu co-op” stated that the Imbadu Housing Enablement Primary Cooperative Limited was established in August 2023 with about 600 people ( Eikestadnuus , 17 July). The co-op was in fact established in August 2013, and wishes to clarify that its focus has not shifted to solely the Imbadu Community Bakery Primary Cooperative Limited. The organisation is still working on housing and meetings

are underway pertaining to housing developments. Imbadu Community Bakery Primary Cooperative Limited was not started from the co-op’s saving. It came from a proposal to the National Development Agency (NDA), from which various income generating cooperatives were started of which Imbadu Community Bakery Primary Cooperative Limited is one. Eikestadnuus apologises for the errors.

(muhammad.brinkhuis@novusmedia.co.za) 084 735 7866

Crime prevention stakeholders came together in Khayamandi last week to discuss various crime related issues the local community is facing. Photo: Yaël Malgas

‘Omgee kan kragtig wees’

Yaël Malgas

Talle plaaslikes het hul vrywillige 67 minute vir Mandela-dag (Vrydag 18 Julie) gebruik om ander van diens te wees en hul buurte op te knap.

In Khaymandi het Tony Sesman sy Mandela-dag gebruik om ou koeldrankbottels met herwinbare afval vol te maak. Volgens Sesman sal die bottels herwin word. Sy vrou, Winnie, het op haar beurt ’n pot sop vir hul bure gemaak.

In die middedorp het die Universiteit Stellenbosch se regskliniek besluit om inwoners en werkers met warm sop en brood te bederf. ’n Groep studente, gelei deur Magda Esau en Emily Anderson, het die maaltyd aan haweloses en werkers uitgedeel.

“Dit was nie net belangrik om vir die hawelose mense ’n koppie sop aan te bied nie,

die jaar komberse vir pasgebore babas en bejaardes. “Vanjaar is ons groep se fokus die Stellenbosch-nagskuiling en ons het ook skenkings aan die Somerset-Wes-skuilings vir gesinne gegee,” vertel sy.

Die pasiënte van die Idasvallei-kliniek was in hul knoppies met hul serpe. Een pasiënt was so beïndruk met breiers soos Juanita Adams se handewerk dat hy beloof het om die organisasie in hul werk te ondersteun.

want daar is ook soveel mense wat blyplekke het en ook dalk honger ly. Baie van die werkers is ook in die koue weer besig en ’n bietjie sop is ’n lekker bederf vir hulle ook,” sê Anderson.

In Idasvallei is pasiënte van die plaaslike kliniek met warm serpe bederf danksy die span van 67 Scarfs for Nelson Mandela Day. Allysa Smith van dié plaaslike groep sê die nasionale organisasie sonder winsbejag brei en hekel deur

Die Stellenbosch-munisipaliteit se gemeenskapsontwikkelingspan het sy vrywilligersminute in Groendal deurgebring.

Volgens Priscilla Napoleon, die koördineerder van gemeenskapsontwikkeling, het 200 inwoners mussies, sokkies en ’n maaltyd gekry danksy die geleentheid wat in samewerking met Lord’s Acres Ministries en Feeding in Action aangebied is.

Sy het gesê die dag bewys hoe kragtig omgee kan wees.

Meals and more on Mandela Day

Skoonmaakaksie vir Mandela-dag vier ook eenheid

Shincheonji-vrywilligers, die vrywilligersarm van New Heaven New Earth, het die afgelope Saterdag (19 Julie) ’n skoonmaakveldtog in Idasvallei ter viering van Mandela-dag in vennootskap met Roy van Rooyen, die raadslid van wyk 5, gelei. Die inisiatief het plaaslike leiers, verskeie organisasies en inwoners byeengebring om gedeelde ruimtes te herstel. Vrywilligers het saam met gemeenskapslede en raadslede rommel opgetel en plekke skoongemaak. “Wat uitgestaan het, was die atmosfeer van samewerking,” sê Van Rooyen. “Dit het nie net oor rommel-optel gegaan nie, maar ook om weer as bure wat omgee vir ons omgewing, te verbind.” Die raadslid Nateshia Mcombring was ook aktief betrokke en het gedeel hoe seldsaam dit is om sulke vrywillige ondersteuning vir volgehoue opruimingspogings te sien. Haar aanmoediging en betrokkenheid het die belangrikheid van gedeelde verantwoordelikheid en openbare deelname in die bou van beter woonbuurte beklemtoon.

Magda Esau en studente van die US regskliniek deel sop en brood uit.
Foto: Yaël Malgas
Members of the Union of Jewish Women’s (UJW) Somerset West and Stellenbosch branch rolled their sleeves up and got active on Mandela Day (Friday 18 July). They provided hotdogs and numerous other food items for clients of the Somerset West Family Shelter. Pictured on the day (from left) are UJW member Claudette Schneider, the family shelter’s social worker Martha Roberts and UJW members Michelle Miller, Ingrid Edelson and Vicky Watson.

Sproeiers en planne vir gemeenskapstuin

Van links is Magmoed Kara (tuinier), Leon Thiart (SAIE) en Abraham Jacobs (tuinier) in die gemeenskapstuin by Idasvallei Primêr. Die tuiniers kry binnekort opleiding en sproeiers vir die tuin danksy die Suid-Afrikaanse Instituut vir Entrepreneurskap (SAIE). Die tuin is tans in Kara en Jacobs se hande, wat saam seker maak die groente groei goed. Thiart was Dinsdag (22 Julie) byderhand om die planne vir die tuin te bespreek. Dit is aanvanklik met skenkings ingerig, maar moet uiteindelik finansieel volhoubaar wees danksy die verkope van oeste.

Praise for ‘gentle giant’

Usiko Stellenbosch received heaps of praise for its community-building efforts at the Community Heroes Awards hosted by Stellenbosch Municipality at the town hall last Friday (18 July).

Described as “a quiet giant in the Jamestown community of Ward 21”, Usiko Stellenbosch is an NPO that uses a “rites-ofpassage” approach to provide guidance to at-risk youths who encounter psycho-social challenges emanating in their communities. Through mentoring, wilderness and group activities, young people are empowered to see the value of education and work towards a hopeful future.

“Over the past three years something remarkable has happened in this part of Stellenbosch,” a statement issued by the municipality said.

“A local ecosystem of kindness and collaboration has formed. It brings the riding club, flying club, golf club, Mediclinic Stellenbosch, Eagle Towers, chef Bertus Basson, Elwin September, Dale Simmonds, Chrisben February, Technopark businesses and many more together, all united for the greater good.

“This has made Ward 21, and Jamestown, the home of

the buurmanne and buurvroue Jamestown is a better place today because of this massive combining of efforts and kindness. In the midst of this ongoing labour of love towers Usiko, the NGO that manages much of the logistics, coordination and humanitarian work for the betterment of all residents.”

The organisation ensures 200 residents are fed warm meals every weekday, 130 children are cared for, supported and educated in after-care, 1 800 loaves of bread are distributed monthly, 130 personal hygiene packs are given to women monthly, 800 children go on life-changing self-discovery camps every year,

Jannie nog nie

Yaël Malgas

Eerlikheid, respek, geloofwaardigheid en integriteit was vir langer as vier dekades die hoeksteen van Jannie Louwrence se loopbaan as begrafnisondernemer.

Louwrence was vir jare aan die stuur van Avbob-begrafnisdienste en het gehelp om talle plaaslikes ter ruste te lê. Vir hom is sy loopbaan meer as net ’n werk – hy beskou wat hy doen, as ’n roeping; een wat ten spyte van sy vertrek van Avbob steeds nie voltooi is nie.

“Ek kan nog en wil nog tot diens wees vir my gemeenskap,” sê hy.

Louwrence (64) het nou planne om sy eie onderneming te begin en sien uit om sy roeping voort te sit.

“Ek kry koue rillings indien ek ander begrafnisondernemers hoor sê dat hierdie ’n werk is soos enige ander, want dit is nie. Alles begin van die eerste oproep wat jy van ’n bedroefde familielid ontvang en die diens duur tot ná die begrafnis. Ek bel gereeld nog die families om te hoor hoe dit nou met hulle gaan en of alles goed afgeloop het.”

Hierdie uitsonderlike diens is nie verbasend vir dié selferkende perfeksionis nie.

om die onderneming na wense te kry, want die werk is veel meer as mooi woorde en blommeruikers. Hy meen om mense ter ruste te lê, raak elke aspek van jou menswees.

“Almal verdien respek. Daar is g’n verskil tussen ’n bergie en president [Cyril] Ramaphosa nie. Jy kan nie onderskeid tref tussen ryk en arm nie. Almal is dieselfde, want almal is skeppings van God.”

300 life-skills sessions and 45 enriching excursions are conducted, 120 adults are rehabilitated through court diversion programmes annually, and they actively drive events like the Jamestown Market and Strawberry Festival.

“Usiko is the glue that binds our Jamestown community together, quietly, powerfully and with endless compassion,” said Mynard Slabbert, deputy mayor and Ward 21 councillor, at the Community Heroes Awards.

“Thank you for being the change we all wish to see.”

For more information on Usiko Stellenbosch’s work or to become involved, visit www.usiko.org.za.

“Elke geval is so belangrik soos die ander. Ek hanteer elkeen asof hul my eie geliefde is en tot onlangs het ek al die sterfgevalle in my familie self hanteer, met my suster wat ek laaste begrawe het.

“In hierdie beroep is daar nie iets soos ’n tweede kans nie – jy doen dit die eerste keer reg,” sê Louwrence.

Hy is in 2005 deur Doves, waar hy voor Avbob gewerk het, met ’n nasionale toekenning vir voortreflikheid vir Tak van die Jaar in die Wes-Kaap vereer. “Dit was werlik een van die hoogtepunte van my loopbaan,” sê hy.

Louwrence het die plaaslike Avbob-tak in 2010 oorgeneem. Hy sê dit het twee jaar geneem

ACCREDITED CARPENTRY SKILLS TRAINING AT STELLEMPLOY

Stellemploy will train 12 unemployed young people (age 18 – 35 years) in basic carpentr y skills. The training includes constructing basic joints, erect a timber framed par tition and fit skir tings. The training will be conducted over a period of 40 working days (11 August to 5 September 2025). What does the training include? It includes all training, training material, refreshments and daily transpor t from

Stellemploy Training Centre and back Life Skills training is par t of the programme (no stipends will be paid).

What are the application criteria?

(able to do calculations, read, write and speak English)

How do you contact us to make an application appointment? (Banghoek Road, next to Babin Crèche) Closing date for application:

Oor die jare was daar stormagtige oomblikke. Louwrence bieg daar was tye wanneer hy een oomblik trane gestort het en die volgende ’n bedroefde familie moes troos en bystaan. Daar was ook sterftes wat hy nooit sal vergeet nie, soos gevalle van selfdood en moorde soos in die geval van die Matie wyle Inge Lotz. Dit is hoekom sy geloof vir hom belangrik is en hy sê hy is sedert sy dae as jongman in Worcester reeds ’n gelowige.

Teenoor sy kliënte en medewerkers spreek hy net dankbaarheid uit dat hulle hom in van hul moeilikste tye vertrou. Louwrence meen dit is ’n eer om die gemeenskap in sulke tye te help.

“Dit was vir my en my vrou, Rienie, en ons dogter, Bernadette, altyd ’n baie groot eer en voorreg om ons gemeenskap en die families en hul geliefdes oor die jare met die nodige respek en integriteit te hanteer. Ons het bykans ons hele lewe aan ons roeping gewy en was te alle tye beskikbaar.”

Lesersbrief

Wie trek werklik voordeel hieruit?

Die Stellenbosch-munisipaliteit se begroting vir 2025-’26 wys dat R59,8 miljoen vir Cloetesville geoormerk is. Op die oog af lyk dit na ’n ruim belegging – veral omdat R29,9 miljoen bestee gaan word om ’n derde 66 kV-transformator by die Cloetesville-substasie te installeer. Maar kyk ’n bietjie dieper en dit word gou duidelik dat Cloetesvilleinwoners min of liewer niks daarby gaan baat nie. Hoewel die transformator fisiek in Cloetesville gebou word, is dit nie hoofsaaklik om in die elektrisiteitsbehoeftes van die plaaslike gemeenskap te voorsien nie. Die projek dien eerder om die groeiende ontwikkelings aan die buitewyke, soos Newinbosch en Redwood, van krag te voorsien. Munisipale kontrakteurs is reeds besig met rigtingboorwerk en kabellegging om hierdie landgoedere direk aan Cloetesville se substasie te koppel. Is dit werklik R29,9 miljoen vir Cloetesville? Wat eintlik gebeur, is ’n belegging deur Cloetesville – ’n gemeenskap wat die las van grootskaalse infrastruktuur dra, maar min tasbare voordele ontvang. Ons verdien égte belegging – projekte wat in plaaslike behoeftes voorsien en lewens verbeter. Elektrisiteit vir wie? Cloetesville verdien beter as om bloot ’n afrit op die pad van uitbreiding te wees. Chris Januarie

At the Community Heroes Awards (from left) are José Cabral (Stellenbosch Academy of Sports, award recipient), Stellenbosch executive mayor Jeremy Fasser, deputy mayor Mynard Slabbert, Nizelle Fransman (Usiko Stellenbosch) and Tania Weideman (Usiko Stellenbosch).
Jannie Louwrence

Dani Villé sing op Delheim

Dani Villé, ’n veelsydige en talentvolle sangeres en liedjieskrywer van die Paarl, het onlangs haar nuutste enkelsnit, “Jy’s Okay”, vrygestel – ’n liedjie wat tydens ’n musiekreis na Berlyn, Duitsland, ontstaan het.

Dani, wat as voltydse musikant floreer, tree gereeld by feeste, troues en korporatiewe gesellig-

hede op. Sy het in 2023 vir drie maande Berlyn toe gereis om haar musiek met internasionale gehore te deel. Hierdie ervaring het ’n groot invloed op haar kreatiewe proses gehad.

“Ek het ongelooflike nuwe musiekervarings in Berlyn beleef en baie mense in die internasionale musiekbedryf ontmoet,” vertel sy. “Maar ek het my kêrel en mense in Suid-Afrika vreeslik

LOCAL AUTHORITY: STELLENBOSCH MUNICIPALITY

PUBLIC NOTICE CALLING FOR INSPECTION OF THE SUPPLEMENTARY VALUATION ROLL 2025/01-02

No�ce is hereby given in terms of Sec�on 49(1)(a)(i) read together with sec�on 78(2) of the Local Government: Municipal Property Rates Act, 2004 (Act 6 of 2004), hereina�er referred to as the ‘Act ’ , that the Supplementary Valua�on roll for the financial years 2025-07-01 to 2029-06-30 is open for p u b l i c i n s p e c � o n a t t h e v a r i o u s m u n i c i p a l o ffi c e s a n d a t w e b s i t e www.stellenbosch.gov.za from 2025-07-31 to 2025-08-31.

An invita�on is hereby made in terms of Sec�on 49(1)(a)(ii) read together with sec�on 78(2) of the Act that any owner of property or other person who so desires should lodge an ob�ec�on with the municipal manager in respect of any ma�er reflected in, or omi�ed from, the Supplementary Valua�on roll within the above-men�oned period.

A�en�on is specifically drawn to the fact that in terms of Sec�on 50(2) of the Act an ob�ec�on must be in rela�on to a specific individual property and not against the Supplementary Valua�on roll as such.

The prescribed form for the lodging of an ob�ec�on is obtainable from the website www.stellenbosch.gov.za or at the following Municipal offices: Plein Street, Stellenbosch | Huguenot Road, Franschhoek | Main Road, Pniel

Office hours for enquiries: 08h00 – 15h30 (Mr M D Ngoasheng, 021 808 8662) (Ms E Standaar 021 808 8515)

The completed forms must be returned via email to: valua�ons.income�stellenbosch.gov.za or, posted to: Stellenbosch Municipality, Valua�on Office, PO Box 17, Stellenbosch, 7599

G Me�ler Municipal Manager

gemis. Ná ’n maand het ek gewonder of ek die regte ding doen. Dit was toe dat hy my gemotiveer het om deur te druk.” Die liedjie is op Vrydag 11 Julie uitgereik en is die eerste van verskeie nuwe werke wat sy in haar tydjie in Berlyn geskryf het. Sedertdien het sy nuwe enkelsnitte uitgereik, insluitend “Blinkers”, “Alles”, “Liefdeskind”

en “Ruled by You”. Tussen optredes en nuwe vrystellings het Dani ook in haar musiekonderneming belê en in 2020 ’n drie jaar diploma in musiekbesigheid aan die Campus of Performing Arts in Kaapstad voltooi. Dani Villé se musikale reis gaan met ’n vol optredekalender en verskeie nuwe liedjies wat binnekort vrygestel word, steeds van krag tot krag.

WEN! Kom smul aan

heerlike kos en wyn

Die gewilde Stellenboschwynfees bied wyn- en kosliefhebbers op Vrydag 1 en Saterdag 2 Augustus die geleentheid om deel te wees van ’n rondloopproe by die Eikestad se historiese stadsaal.

Die fees is deel van een van die land se grootste leefstylvierings van wyn, Wine Town Stellenbosch, wat van Saterdag 26 Julie tot Sondag 3 Augustus gehou word. Kaartjies vir die Stellenbosch-wynfees is nou te koop.

Die fees bied die perfekte geleentheid vir gaste om meer as 200 wynvariëteite van meer as 50 van die land se voorste produsente te proe, waaronder Simonsig, Alto, Spier, Rust en Vrede, Blaauwklippen, Kleine Zalze, Raats Familie, Hidden Valley en De Meye.

Die gewilde weelderige weitafel met eindelose, seisoenale en plaaslike happies en lekkernye, wat deur die sjef Adel Grewar van die Bertus Basson-restaurantegroep opgetower is, is vanjaar weer daar. Dit bied klein bordjies tradisionele gunstelinge en ’n buffet nageregte. Vermaak in lewende lywe sal tot die

NM10020833-EN240725

NOTICE OF LAND USE PLANNING APPLICATION IN THE STELLENBOSCH MUNICIPAL AREA : LYNEDOCH ECO VILLAGE

The following land use application in terms of the Stellenbosch Land Use Planning By-Law refers:

Application Property Address : Lynedoch Road, Lynedoch Eco Village, Stellenbosch 7603

Application Property Number : Erven 16, 17 and 58 Lyndoch

Applicant: David Hellig and Abrahamse Professional Land Surveyors Tel: 021 872 4086 • Email: plan@dhaa.co.za

Owner: Tracey Marea Brooks and Sarah Rosean Wilton

Application Reference: TP1050/2025

Application Type: Consolidation, Rezoning, Technical Approval, Land Use Departures and Registration of Servitude Parking Area

use planning application : Application is made in terms of

15(2) of the Stellenbosch Municipal Land Use

Die Stellenbosch-stadsaal sal op 1 en 2 Augustus ’n plek van fees en viering wees wanneer die Stellenbosch-wynfees hier gehou word. Foto: Vuurtoring Media

skouspel bydra. Die fees word Vrydag van 17:00 tot 21:00 aangebied en Saterdag van 14:00 tot 18:00. Kaartjies kos R550 elk aanlyn via Plankton en R600 by die deur. Die koste sluit wynproe-bewyse, vermaak en toegang tot die weitafel in. Vir nog inligting, stuur e-pos na info@wineroute.co.za of skakel 021 886 4310.

 WEN! WEN! Een gelukkige Eikestadnuus-leser het ’n kans om ’n stel dubbelkaartjies vir die Stellenbosch-wynfees te wen. Om jou naam in die hoed te gooi, besoek www.eikestadnuus.co.za, klik op die “Competitions”-oortjie, vind die wynfees-kompetisie en voltooi die vorm. Die kompetisie sluit 13:00 op Maandag 28 Julie.

Foto: Julius Bekker/Refined Photography

Dani tree Sondag (27 Julie) by die Delheim-wynlandgoed

Dorpskalender | Town calendar

THURSDAY 24 JULY

Stellenbosch: The next in-person meeting of the STELLENBOSCH TOASTMASTERS will be held at Ertfurthuis in Ryneveld Street at 18:30. Whether you’re looking to enhance your public speaking skills, share ideas or connect with fellow enthusiasts, this is the perfect opportunity for you.

SATERDAG 26 JULIE

 Jamestown: Die maandelikse JAMESTOWNSTRAATMARK vind om 09:00 plaas. Stalletjies met alles van vars groente en vrugte tot handgemaakte produkte en smaaklike eetgoed sal in Webervalleiweg wees. Kom geniet ’n prettige dag en ontmoet die inwoners van Jamestown.

Stellenbosch: Join OUDE WERF HOTEL for an evening of fine food, acclaimed wines and live music from 18:30 to 21:00. Guests will enjoy four expertly curated courses paired with wines from Bosman Family Vineyards, while renowned musician Desnin Williams performs. Known for his blend of classics and original compositions, Williams brings over 15 years of soulful performance to this intimate setting. Expect a seasonal menu. The cost is R525 per person. Book via Dineplan or send an email to reservations@oudewerf.co.za.

SUNDAY 27 JULY

Stellenbosch: Trail enthusiasts are invited to lace up for the Winter Trail Run at Knorhoek Wine Farm. Presented by Sportsmans Warehouse and Dirtopia, the event offers 6 km (starting at 09:00), 11 km (09:10), and 18 km (09:20) trail options, with routes winding through forested singletrack and vineyard trails usually closed to the public – perfect for both seasoned runners and first-time trail seekers. Visit www.dirtpass.co.za to book online; entries close on Friday 25 July.

Stuur e-pos met jou kalender-inskrywings na eikestadnuus@novusmedia.co.za.

VAN GRONDGEBRUIKBEPLANNING AANSOEK IN DIE STELLENBOSCH MUNISIPALE GEBIED: LYNEDOCH EKO-DORP

Die volgende grondgebruiksaansoek in terme van Stellenbosch se Verordeninge op Grondgebruikbeplanning verwys:

Adres van aansoek eiendom: Lynedoch Road, Lynedoch Eco Village, Stellenbosch, 7603

Aansoek eiendom beskrywing: Erwe 16, 17 en 58 Lyndoch

Aansoeker: David Hellig en Abrahamse Professionele Landmeters Tel: 021 872 4086 • E-pos: plan@dhaa.co.za

Eienaar: Tracey Marea Brooks and Sarah Rosean Wilton

Aansoek Verwysing: TP1050/2025

Tipe Aansoek: Konsolidasie, Hersonering, Tegniese Goedkeruing, Grondgebruik Afwykings en Registrasie van Serwituut Paarkeer Area

Beskrywing van die grondgebruikbeplanningsaansoek:

Aansoek word ingevolge Artikel 15(2) van die Stellenbosch Munisipale Grondgebruikbeplanningsverordening, 2023, op Erwe 16, 17 en 58 Lyndoch gedoen vir die volgende:

a) Konsolidasie ingevolge Artikel 15(2)(e) van die genoemde Verordening van Erwe 16 en 17 Lyndoch onderskeidelik 84

vierkante meter groot en 89 vierkante meter groot om een gekonsolideerde grondeenheid te skep wat 173 vierkante meter groot is.

b) Hersonering ingevolge Artikel 15(2)(a) van die gekonsolideerde grondeenheid van Konvensionele Residensiële Behuisingsone na Gemeenskapsone, wat 'n "gemeenskapsresidensiële gebou" as 'n primêre reg toelaat.

c) Permanente Afwyking ingevolge Artikel 15(2)(b) om die dekkingsfaktor van die gekonsolideerde grondeenheid van 50% tot 70% te verhoog

d) Permanente Afwyking ingevolge Artikel 15(2)(b) om die boulyne van 5 meter tot 0 meter te verslap, van toepassing op al vier kadastrale grense.

e) Registrasie van serwituut ingevolge Artikel 15(2)(d) vir serwituutparkering van 55 vierkante meter bestaande uit

3 parkeerplekke oor Erf 58 Lyndoch ten gunste van die gekonsolideerde grondeenheid.

f) Toestemming/Tegniese Goedkeuring ingevolge Artikel 15(2)(g) vir werknemersbehuising om ateljeewoonsteleenhede vir opsigter/inwonende voog en personeellede te akkommodeer

Kennis word hiermee gegee in terme van die voorskrifte van die Artikel 46 van die genoemde Verordeninge dat bovermelde aansoek by die Stellenbosch Munisipaliteit ingedien is vir oorweging. Die aansoek is beskikbaar vir insae op die Beplannings Portaal van die Stellenbosch

Munisipaliteit se Webtuiste vir die tydsduur van die publieke deelname proses by die volgende adres:

https://www stellenbosch gov za/planning/documents/planning-notices/land-use-applicat ons-advertisements Indien die webtuiste of tersaaklike dokumente nie toeganglik is nie, kan die Aansoeker versoek word om ‘n elektroniese kopie van die aansoek beskikbaar te stel. Kommentaar en/ of besware kan vervolgens gedien word op die aansoek in terme van Artikel 50 van die tersaakl ke Verordening wat die volgende vereistes en besonderhede moet bevat:

Die kommentaar moet skriftelik wees;

Die kommentaar moet die aansoek se verwysings nommer en adres insluit;

Die naam van die persoon wat die kommentaar lewer;

Die fisiese adres en kontak besonderhede van die persoon wat die kommentaar lewer

• Die belang wat die persoon wat die kommentaar lewer in die aansoek het.

Die redes vir die kommentaar wat gelewer word, welke redes genoegsame besonderhede moet bevat ten opsite van die volgende aspekte:

o Die feite en omstandighede aantoon wat die die kommentaar toelig;

o Indien toepaslik, aantoon wat die onwensl ke resultaat sal wees indien die aansoek goedgekeur word;

o Waar toepaslik moet aangetoon word indien enige aspek van die aansoek strydig geag word met enige relevante beleid;

o Dat die insette voldoende inlgting sal gee wat die aansoeker in staat sal stel om kommentaar daarop te lewer

Die kommentaar moet by wyse van elektroniese pos aan die Aansoeker gestuur word as volg: David Hellig en Abrahamse Professionele Landmeters (E-pos: plan@dhaa.co.za) Deur 'n beswaar kommentaar of vertoë te rig, erken die persoon wat

by die gewilde Delheim Live Music and Cheese Fondue Sunday-reeks op. Kaartjies is aanlyn by Quicket te koop. Dani Villé is Sondag by die Delheim-wynlandgoed op die verhoog.

PAARL PART-TIME Non-technical rental property inspections. Own transport & good smartphone required. Full training provided. Visit www.inspectorp.co.za/jobs for more info.

KRUIEKENNER

IMPORTANT NOTICE

FORM 3A - NOTICE OF APPLICATIONS FOR LIQUOR LICENCES IN TERMS OF SECTION 37(1) OF THE WESTERN CAPE LIQUOR ACT,2008 – [REG 10(1)]

Notice is hereby given that the following applications for liquor licences have been lodged with the Wester n Cape Liquor Authority (the Authority) and with the designated liquor officers at the indicated South African Police Service offices The applications concer ned may up to and including the 28th day from the date of publication of the application, upon request and free of charge, be inspected by any person, at the offices of the Authority or the designated liquor officer listedhereunder Copies of an application can be obtained from the Authority after payment of the prescribed fee Objections and representations must be lodged in writing with the Authority and the designated liquor officer in accordance with section 39 of the Act

VORM 3A - KENNISGEWING VAN AANSOEKE OM DRANKLISENSIES INGEVOLGE ARTIKEL 37(1) VAN DIE WES-KAAPSE DRANKWET,2008 – [REG. 10(1)]

Hier mee word kennis gegee dat die volgende aansoeke om dranklisensies ingedien is by die Wes-Kaapse Drankower heid (die Ower heid) en] by die aangewese drankbeamptes by die aangeduide Suid-Afrikaanse Polisiedienskantore Die betrokke aansoeke kan, tot en met die 28ste dag vanaf die datum van publikasie van die aansoek op versoek en gratis deur enige persoon besigtig word by die kantore van die Ower heid of die aangewese drankbeampte hieronder gelys Afskrifte van ’n aansoek kan by die Ower heid verkry word na betaling van die voorgeskrewe fooi Besware en vertoë moet ooreenkomstig artikel 39 van die Wet skriftelik by die Ower heid en die aangewese drankbeampte ingedien word

IFOMU 3A - ISAZISO SOKUFAKWA KWESICELO SEPHEPHA MVUME NGOKWECANDELO 37(1)

LOMTHETHO WOTYWALA WENTSHONA KOLONI KA-2008 – [UMGAQO 10(1)]

Isaziso siyanikezelwa ukuba ezi zicelo zilandelayo zamaphepha mvume otywala zifakiwe kwabasemaGunyeni ezoTywala eNtshona Koloni (abasemaGunyeni) nakumagosa ajongene nemiba engotywala kwii-ofisi ezixeliweyo zeeNkonzo zamaPolisa aseMzantsi Afrika Izicelo ekubhekiselelwa kuzo zingakwazi kwiintsuku ezingamashumi amabini anesibhozo (28) ukususela ngomhla wokupapashwa kwesi sicelo, xa eceliwe kwaye simahla, ziye kuhlolwa nguye nawuphi umntu okwi-Ofisi esemaGunyeni okanye yegosa elijongene nemiba engotywala elixelwe apha ngezantsi Iikopi zesicelo zingafumaneka kwabasemaGunyeni emva kwentlawulo emiselweyo Uchaso neengxelo ezixhasayo ezibhaliweyo zingafakwa kwabasemaGunyeni nakwigosa elijongene nemiba engotywala ngokwecandelo 39 loMthetho

No Full name of applicant

Volle naam van aansoeker

Igama elipheleleyo lomfaki-sicelo

Name under which business will be conducted

Naam waaronder besigheid bedryf sal word

Igama ishishini eza kushishina phantsi kwalo

Address of the proposed premises

Adres van die voorgenome perseel Idilesi yesakhiwo

Kind of licence applied for T ipe lisensie waarom aansoek gedoen word Uhlobo lwephepha mvume olucelayo

South African Police Services designated liquor officer office where the application has been lodged

Suid-Afrikaanse Polisiedienskantoor van die aangewese drankbeampte waar die aansoek ingedien is i-Ofisi yeGosa elijongene nemiba engotywala yeeNkonzo zamaPolisa eMzantsi Afrika apho isicelo sifakwe khona

Los oor die dwarslat – en nie eens sy persoonlike beste

Matao vier sy goue-sprong

Mitzi Buys

Matao le Roux het Woensdag 16 Julie as lid van die Suid-Afrikaanse junior atletiekspan, wat aan die CAA o.18en o.20-kampioenskap in Abeokuta, Nigerië, deelgeneem het, ’n goue medalje losgespring.

Hy het sodoende die Afrika-hoogspringkampioen danksy ’n allemintige sprong van 2,06 m geword.

Hoewel Matao net 16 jaar oud is, het hy in die o.18-afdeling deelgeneem.

“Ek is baie trots op myself en voel baie tevrede omdat ek nou die African champ is,” sê Matao oor sy goue medalje.

“Ek het voor die kompetisie wel ’n bietjie getwyfel, maar in die kompetisie self het ek my mindset verander en sodoende geslaag.”

Matao neem al sedert graad vyf in sy dae by Swartberg Primêr in Caledon aan hoogspring deel. By die Hoërskool Overberg, waar hy skoolgegaan het voordat hy ’n beurs vir die Hoërskool Stellenbosch losgespring het, het hy ook rugby gespeel, maar deesdae spits hy hom op hoogspring toe.

Matao se ma, Maeve Jonkers, sê sy is baie trots op hom.

“Matao se harde werk en deursettingsvermoë het vrugte afgewerp . Ek wil net dankie sê aan God vir my seun se talente. Deur Hom is alles moontlik.

“Dankie ook aan my familie wat ons ondersteun en my dank ook aan sy afrigter, Heinrich Fortuin, wat hom vanjaar afgerig en toegesien het dat hy deur die 2 m-grens breek. Ek weet Matao wou graag sy persoonlike beste van 2,10 m

ewenaar, maar 2,06 m het hom ook goud laat wen. Dankie aan ’n ieder en ’n elk wat die geldinsameling ondersteun het, asook elkeen wat ’n bydrae gegee het.”

Fortuin, Matao se afrigter sedert die begin van die jaar, sê hy het verwag dat Matao gaan wen “omdat hy hierdie jaar baie verbeter het”.

“Hy het die talent en alles wat dit verg om ’n kampioen te wees. Ek is regtig baie trots op hom.”

Op ’n vraag of Matao se oefenprogram aangepas is, sê Fortuin: “Matao hou nie van hardloop nie, maar ek het hom baie meer laat hardloop. Ons het aan sy spoed, sy aanloop en sy vastrap gewerk. ’n Mens wil nie te veel te vinnig aan sy natuurlike talent verander nie. Iets wat min mense weet, is dat ek, nes Matao, ’n Caledonner is en ook ’n leerder aan die Hoërskool Overberg was. Ons het ook by dieselfde hoogspring-afrigter, Réleen Swart, geoefen, maar natuurlik in verskillende jare. Ons het ’n baie soortgelyke atletiekreis gehad. Dit is ’n bestiering dat ons mekaar nou hier in Stellenbosch ontmoet het.”

Oor wat die toekoms vir Matao kan inhou, sê Fortuin: “Hy het vanjaar met leaps and bounds verbeter. As hy kophou en aanhou hard werk, kan hy ’n loopbaan hieruit maak en is die 2028Olimpiese Spele ’n moontlikheid.”

In ’n onderhoud met Making of Champions, ’n Nigeriese sporttalent-agentskap, sê Matao die voormalige Olimpiese hoogspringkampioen van Katar, Mutaz Barsham, is sy rolmodel.

Hy sê ook hy dra sy goue medalje aan sy ma op, “want sy is die beste en my grootste ondersteuner”.

Norton leads Boks to victory

The Junior Springboks, led by Stellenbosch local Riley Norton, returned to South African soil as conquering heroes on Monday (21 July), greeted by euphoric fans and SA Rugby top brass after ending a torturous 13-year title drought with a masterful 23-15 triumph over New Zealand’s Junior All Blacks in Italy on Saturday.

Under the astute guidance of head coach Kevin Foote, the Baby Boks delivered when it mattered most, outmuscling their fierce rivals in the scorching summer heat of Rovigo to reclaim the World Rugby Under-20 Championship crown that had eluded them since their last victory in Cape Town in 2012.

Norton, a multi-talented sportsman who has represented SA in both cricket and rugby, is a Paul Roos Gymnasium and Rhenish Primary School old boy and current Stellenbosch University student. The lock forward was head boy of PRG last year and captained the school’s under-19A rugby and cricket teams.

Oliver Reid, prop forward and another PRG old boy, was also part of the matchday 23 that clinched the coveted trophy.

SA Rugby president Mark Alexander couldn’t contain his pride as he welcomed the victorious squad home, declaring it “a very proud day” for rugby in South Africa. “Kevin and the team delivered an outstanding performance throughout the tournament,” Alexander beamed. “This group has been welded into a formidable unit over the course

of this year, and many of them have the potential to go on to higher honours.”

The triumph represents a complete vindication of the decision to appoint Foote, whose franchise experience proved invaluable in molding this talented group into world champions.

The Junior Boks’ route to the final was nothing short of spectacular. They demolished Australia 73-12, overpowered England 32-22, and crushed Scotland 7314 in pool play before dismantling Argentina 48-24 in a semifinal masterclass.

In Saturday’s showpiece, SA seized control from the third minute and never looked back. Winger Xola Nyali and powerhouse Gilermo Mentoe crossed the whitewash, while boot magician Vusi Moyo contributed a crucial 13 points to seal victory.

Moyo finished as the tournament’s leading points scorer with 63, while speedster Haashim Pead terrorised defenses throughout, crossing for six tries to finish second only to Georgia’s Mikheili Shioshvili (7) in the try-scoring charts.

The victory is a testament to the grassroots development work happening across SA rugby, from high school level through to the provincial unions that nurtured these future stars. “This victory is a tribute to all the hard work done at high school level by educators and coaches, and at our provincial unions,” Alexander said, also thanking the sponsors who backed the team.

Matao le Roux is die nuwe Afrikakampioen in o.18-hoogspring.
Riley Norton, captain of the Junior Springboks, raises the coveted trophy of the World Rugby Under-20 Championship while his teammates, including another PRG old boy Oliver Reid (to Norton’s right), celebrates the team’s victory. Photo: SA Rugby

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.