Eikestadnuus - E-Edition - 24 April 2025

Page 1


Polisie weggejaag

Chaos het op Goeie Vrydag (18 April) in Idasvallei uitgebreek nadat die gemeenskap glo plaaslike polisiebeamptes uit die buurt verjaag het.

Die Stellenbosch-munisipaliteit se wetstoepassers en lede van die plaaslike polisie was glo in dié buurt, besig met patrollies, toe hulle ’n man in Kreefgat voorkeer en hom deursoek. Volgens die gemeenskap was beamptes hardhandig met dié inwoner. Dinge het na bewering uitgebrei toe hulle ’n paartjie ’n paar meter verder – in die veld naby Davystraat – genader en die man glo aangeval het.

Ooggetuies van Vrydag se gebeure het aan Eikestadnuus vertel dié paartjie sit elke week op die stuk gras agter hul woning en ontspan.

Verlede week het die twee glo weer daar gesit en ’n bier gedrink toe beamptes glo op die man toegesak en hom begin slaan het. Toe sy vriendin probeer keer het, het sy glo ook ’n hou in die proses gekry.

Jannie Willemse, wat op die dag naby gekuier het, beweer toe beamptes die paartjie “aangeval” het, was dit die laaste strooi vir die gemeenskap. Inwoners het glo begin om die beamptes met klippe te bestook in ’n poging om hulle uit die buurt te kry.

Stuart Grobbelaar, ’n woordvoerder vir die Stellenbosch-munisipaliteit, het by navraag gesê wetstoepassers was besig met ’n optrede toe hulle ’n man deursoek het. Dié man het gewelddadig begin raak en klippe na beamptes begin gooi, waarna hy gevlug en in die proses oor ’n muur gespring het.

Idasvallei-inwoners keelvol

vir die beamptes – veral die Rooimiere –moeilik gemaak om hul voertuie te bereik. Een Rooimiere-lid is beseer toe ’n klip sy helm getref het, maar geen ander personeel of voertuie is beskadig nie,” sê Grobbelaar.

“Gemeenskapslede het saam begin klipgooi, wat beamptes en die Rooimiere aangespoor het om nie-dodelike ammunisie in selfverdediging te gebruik.

“Die span het onder leiding van kapt. Sinyeke van die Cloetesville-polisie teruggetrek. Die vyandige skare het dit

AO. Joseph Swartbooi, provinsiale polisiewoordvoerder, het by navraag bevestig niemand is tydens die operasie in hegtenis geneem nie, maar beamptes het steeds lasbriewe uitgevoer.

Video’s en foto’s van Vrydag se gebeure is wyd op sosiale media versprei, met talle plaaslike inwoners wat die beamptes vir hul optrede kriti -

seer het.

Op die video’s kan gesien word hoe gewapende beamptes in Bloekomstraat agteruit loop terwyl gemeenskapslede klippe na hulle gooi.

Magmoed Kara, ’n Idasvallei-inwoner, sê die afgelope naweek se gebeure is bewys dat die gemeenskap moeg is van die behandeling wat hulle van die wetstoepassers en polisie ontvang. Hy meen die Cloetesville-polisie moet vir hul optrede antwoord.

Vrydagaand was die polisie glo terug in die buurt, op soek na diegene wat beamptes met klippe gegooi het.

Saterdagmiddag was Anthony Henry besig om Bradley Smith se hek reg te

maak nadat die polisie glo die vorige aand op soek na die klipgooiers by Smith se woning ingestorm het. Smith, soos talle inwoners, meen die manier wat beamptes met die gemeenskap omgaan, moet hersien word.

“Hulle het hier geraas en gesê hulle soek almal wat die middag klippe gegooi het,” sê Smith.

“Ek was nog besig om uit te kom met die heksleutels in my hand toe hulle die hek afbreek. Ons het verduidelik ons het nie klippe gegooi nie, maar hulle het aanhou raas.”

’n Saak van openbare geweld by die Cloetesville- polisie ná afloop van Vrydag geopen.

Die oorblyfselsels van die ammunisie wat gebruik is om die skare op Goeie Vrydag terug te hou.
Anthony Henry doen herstelwerk aan Bradley Smith (regs) se hek, wat glo Vrydagaand deur die polisie afgebreek is. Foto’s: Yaël Malgas
’n Foto wat op sosiale media versprei is van inwoners wat die polisie met klippe verjaag.

‘Illegal sand miners’ arrested

Two men, aged 21 and 28, were apparently caught in the act of illegal sand mining by officers of Stellenbosch Municipality’s Rapid Response Unit (RRU) around 12:00 on Monday (21 April). The incident occurred beneath the Bird Street/R304 bridge between Cloetesville and Khayamandi, where repairs are currently underway, after a section washed away during heavy rains earlier this month. The municipality warns the bridge is structurally vulnerable if illegal activities such as these continue. “The illegal activity directly threatens public safety and critical municipal infrastructure.” A case of damage to municipal infrastructure has been opened following the incident, which led to the temporary closure of a portion of Bird Street on Monday. The municipality urges residents to report illegal activities.

Stop-and-search yields results

On Saturday evening (19 April) the Stellenbosch Municipality’s Rapid Response Unit (RRU) responded to a shooting complaint in Klapmuts. During a stop-andsearch operation, officers spotted two suspicious-looking individuals who attempted to flee in Bell Street. They were searched and were found in possession op tik, a large quantity of Mandrax tablets and cash. The suspects were arrested and charged with possession of and dealing in drugs by Klapmuts police.

Appél kom oor

gat in Birdstraat

Die Stellenbosch-munisipaliteit wil teen die Kaapse hooggeregshof se uitspraak appelleer nadat die hof bevind het die eienaars van die oop stuk erf in Birdstraat, wat die Maties Leila Lees (18) en Ethan Kirkland (19) se lewe geëis het, nie verplig is om die grond te rehabiliteer nie.

Die plaaslike munisipaliteit het ’n aan-

soek na die hof gebring om die Cova Da Iria Trust, die eienaars van die grond, te verplig om binne drie maande ’n geotegniese ondersoek-verslag aan te vra. Hierdie verslag, wat deur die trust opgestel moet word, sal dan binne drie maande gebruik word om die nodige proses te lei, wat die rehabilitasie van die eiendom tot die natuurlike grondvlak sal beteken.

Die twee studente is dae lank gesoek voordat hulle in hul Subaru Forester in Oktober 2022 in die gat van die verlate bouperseel dood aangetref is. Die gat (steengroef) was in daardie stadium met water gevul.

Die gat op die perseel was deel van ’n ontwikkelingsprojek wat bykans drie dekades gelede gestaak is toe die ontwikkelaars glo nie aan sekere bouvereistes voldoen het nie.

Die munisipaliteit se poging om die eienaar te kry om die grond te ontwikkel of die gat te vul, was tot op hede onsuksesvol. Ná die ongeluk het die eienaars wel ’n tydelik omheining om die perseel opgerig.

Die munisipaliteit het gister (Woensdag 23 April) in ’n verklaring verduidelik die hof- aksie volg ná jare se “uitputtende pogings” om die probleem in die besige straat “vriendelik” op te los.

Die munisipaliteit het bevestig die uitspraak word nou deeglik hersien. “Ons kan egter kategories verklaar dat ons ten sterkste nie saamstem met die bevindings van die hof nie. Ons sal teen die uitspraak appelleer.”

ADVERTISEMENT IN TERMS OF SECTION 34(1) OF THE INSOLVENCY ACT 24 OF 1936

In terms of section 34(1) of the Insolvency Act, 1936 (Act 24 of 1936), as amended, the Nation Builder Trust (trust registration number IT2350/2013) represented by its trustees for the time being,

Die oop stuk grond in Birdstraat waaroor die Stellenbosch-munisipaliteit hom na die hof gewend het. Die munisiptaliteit wil die grondeienaars, die Cova Da Iria Trust, forseer om die groef tot grondvlak te rehabiliteer. Foto: Rasaad Adams

Prins tydelik deur KWDM geskors

Henry Prins, die munisipale bestuurder van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM), is verlede Woensdag (16 April) op ’n geslote raadsvergadering tydelik geskors hangende die uitkoms van ’n ondersoek en moontlike tugverhoor.

Sy skorsing hou verband met bewerings dat Prins en sy uitvoerende direkteur van gemeenskapsdienste, Piet Williams, glo aangedring het op ’n salarisverhoging en die raad van mening is dat die regte administratiewe prosesse vir só ’n verhoging nie gevolg is nie.

Daar word ook beweer Prins het die uitreiking van ’n tender vir die instandhouding van ’n streekstortingsterrein in Worcester gestop, ondanks die bevindings van ’n munisipale finansiële oorsigkomitee dat die tender wel aan al die verkrygingsprosesse voldoen het.

Die KWDM het Prins se tydelike skorsing Donderdag (17 April) by navraag bevestig en gesê Wilhelm Markus, die uitvoerende direkteur van gemeenskapsdienste by die Weskus-distriksmunisipaliteit, neem nou as munisipale bestuurder waar.

“Alle munisipale dienste funksioneer normaal en die ondersoek duur voort. Geen kommentaar met betrekking tot die ondersoek en raadsbesluite mag tans gelewer word nie.

“Die KWDM bly verbind tot deursigtigheid, goeie regering en ononderbroke diens aan sy gemeenskappe,” het die distrik in sy terugvoer gesê.

’n Distrikraadslid wat by Woensdag se geslote vergadering was, het op voorwaarde van anonimiteit gesê die raad het aan dr. Elna von Schlicht, die uitvoerende burgemeester, “die mandaat gegee” om namens Prins en Williams met die provinsie vir die salarisverhogings te onderhandel.

“Ander senior amptenare kry meer as die munisipale bestuurder, dus het die raad nie fout daarmee gesien om hierdie wanbalans in die salarisskaal uit te stryk nie.

“In die geval van die munisipale bestuurder het die provinsie die verhoging en betalings goedgekeur, op voorwaarde dat Prins se nuwe lone aan die salarisskaal van sy huidige termyn voldoen.

“Prins is egter toe ook betaal op grond van die 2017-’22-salarisskaal en die burgemeester het toe na die raad gekom vir hierdie betalings om goedgekeur te word –nadat die geld reeds betaal is en sy daarvoor geteken het.

“Sy [die burgemeester] het geensins

omsigtigheid toegepas nie.

Die munisipale bestuurder se verhogings moes aan die salarisskaal van sy huidige termyn voldoen.

“Sy het glo eers later besef die betalings was teen die beslissing wat deur die provinsie gemaak is,” het die raadslid Donderdag gesê.

Ingevolge die Wet op Munisipale Stelsels is ’n munisipale bestuurder se termyn vyf jaar. ’n Munisipale raad mag egter aansoek doen vir sy munisipale bestuurder om nog ’n termyn te dien, wat met Prins die geval was.

Hy dien dan sy tweede termyn nadat die raad in 2022 om ’n verlenging aansoek gedoen het.

Volgens die raadslid het Prins en Williams glo ingevolge die “dubbele salarisskaal” elk ’n selfoon-toelaag van R12 000 per maand ontvang. “Ander senior amptenare kry gewoonlik R3 000 op die meeste as selfoon-toelae; R12 000 is letterlik die volle salaris van sommige werkers.

“Die burgemeester staan nou uit die water uit en hou vol dat sy en haar adjunkburgemeester (wat namens die raad met die provinsie onderhandel) nie bewus was van hierdie teenstrydighede nie. Volgens haar het sy die munisipale bestuurder vertrou en dus bloot die dokumente onderteken sonder om dit deeglik te bestudeer.”

Die raadslid het nie uitgewei oor met hoeveel Prins en Williams se salarisse verhoog is nie.

Wat die tender vir die instandhouding van ’n streekstortingsterrein in Worcester betref, het die raadslid vertel dat Prins dit glo drie weke ná die uitreiking daarvan teruggetrek het.

“Hy het die tender gestop ten spyte van die feit dat die diensverskaffer reeds aangestel is.

“Die munisipale finansiële oorsigkomitee het ook bevind die tender het aan alle munisipale verkrygingsprosesse voldoen.

“Volgens hom moes hy die tender goedkeur aangesien dit R10 miljoen oorskry. Die diensverskaffer is toe skriftelik ingelig en dit is aan hulle as ’n administratiewe fout beskryf.

“Die distriksmunisipaliteit is intussen hof toe geneem oor hierdie einste tender,” het die raadslid beweer.

Donovan Joubert, die raad se Speaker, het verlede Woensdag by navraag gesê die items wat op geslote raadsvergaderings dien, word altyd vertroulik hanteer.

“Hoewel hierdie sake in dié stadium vertroulik bly, kan ons inwoners en belanghebbendes verseker dat dit met deernis, integriteit en die handhawing van die voorgestelde prosesse hanteer word,” het Joubert bevestig.

Tiere knip ’n uiltjie

Die kranige amateurfotograaf Cobus Germishuys het Vrydagmiddag 11 April dié foto van Kira en Fahari, twee wit tiere by die Roofdierpark op die Vredenheim-wynplaas buite Stellenbosch, geneem. Eikestadnuus nooi lesers om hul foto’s van tonele in en om die Stellenbosch-gebied vir moontlike publikasie te stuur. Foto’s moet minste 500 KG wees en teen 14:00 Maandae per e-pos na eikestadnuus@novusmedia.co.za gestuur word. Foto: Cobus Germishuys

Hofuitspraak stuit vir eers Botmaskop-ontwikkeling

Die ontwikkelaars van die luukse Botmaskop-behuisingsontwikkeling is deur die Kaapse hooggeregshof verbied om enige verdere bouwerk te doen totdat die omgewingsmagtiging, wat deur die Wes-Kaap se departement van omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning (DEADP) in Februarie 2021 vir die projek verleen is, ten volle hersien word.

Dit was die uitspraak wat regter Melanie Holderness verlede Woensdag (16 April) gelewer het nadat die Stellenbosch-belangegroep (SBG) hom in November 2024 na die hof gewend het om die omstrede ontwikkeling te stop.

Die Botmaskop-fynbos-landgoed, die Botmaskop-huiseienaarsvereniging en die Stellenbosch-munisipaliteit is onder die 32 respondente wat die SBG hof toe geneem het. Die plaaslike belangegroep betwis omgewingsmagtiging van die projek.

Die tussentydse interdik beteken die stopsit van bouwerk is nie permanent nie. Dit geld egter totdat die hoofaansoek beslis is.

SBG se aansoek het gevra dat die omgewingsgoedkeuring, en ander verwante besluite, insluitende die munisipaliteit se goedkeuring van ’n “grondruil” met die ontwikkelaars verlede jaar, hersien en tersyde gestel word.

“Die toestaan van ’n tussentydse interdik is nie appelleerbaar nie. Dit beteken dat geen bouwerk of ontwikkeling van

Polisie soek inligting ná voorval by Baldrick

Die Groot Drakenstein-polisie vra die gemeenskap se hulp ná die liggaam van ’n vrou op 9 Junie 2024 in die rivier op die plaas Baldrick in die Banhoek-gebied gekry is.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan sers. Clive Windvogel by 021 874 8000 bel.

enige aard mag voortgaan totdat die hofaansoek beslis is nie. SBG se doel met die hofaansoek is om die 2003-goedkeuring af te dwing, wat beteken die ontwikkeling word beperk tot sowat 1 ha in plaas van die ontwikkelaar se beplande 8,8 ha, op voorwaarde dat die res van die gebied as ’n fynbosreservaat gerehabiliteer word,” het die groep verduidelik.

Die SBG voer aan die omgewingsmagtiging, wat in 2021 deur die provinsiale departement van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning goedgekeur is, is nie geldig vir die huidige projek nie. Hulle meen ook die skade wat weens die ontwikkeling verder aan die berg aangerig sal word, sal “katastrofiese gevolge” hê.

Die saak is in Februarie deur regter Holderness aangehoor, wat haar uitspraak oor die saak voorbehou het. Die ontwikkelaar se plan is om onder meer 77 wooneenhede in die residensiële gedeelte te bou.

Teenstanders van die projek en ook die SBG meen die natuurskoon van Botmaskop, waar die ontwikkeling geleë is, sal in die slag bly.

Die plaaslike plantkundige dr. Brian du Preez het onlangs ’n bedreigde spesie van die Moraea-plantfamilie ontdek –slegs 50 m van die ontwikkeling af. Ander inwoners meen Stellenbosch se algemene en voortslepende behuisingstekort, veral vir lae tot middelklas-inwoners, moet eers aangespreek word voordat enige verdere luukse blyplekke gebou word.

Oud-Idasvalleier mik vir gesogte Mev. Heelal-kroon

Van Stellenbosch tot die wêreldwye loopplank –dit is die droom wat nou vir Candice Williams sal waar word.

Candice is op 22 Maart as Mev. Heelal SuidAfrika aangewys en sal in Oktober na die Filippyne reis waar sy aan die internasionale skoonheidskompetisie sal deelneem.

“Ek neem sedert kindsbeen aan skoonheidskompetisies deel, maar ek het nooit gewen nie,” bieg dié voormalige Idasvalleier.

Candice meen sy het destyds nie werklik verstaan hoe die skoonheidswêreld werk nie.

Die getroude lewe en ma-wees het haar sedertdien ’n ryker mens gemaak en Candice meen dit het haar op die wenpad gesit. In 2017, ná haar troue met die Pniëllier Devon Williams, was Candice in Nelspruit, Mpumalanga, nadat haar man ’n kontrak met die Pumas gekry het. In 2023 het sy Mev. Mpumalanga gewen en die kroon as Mev. Heelal Suid-Afrika het gevolg. “ ’n Skoonheidskompetisie is baie werk. My gunstelingdeel van die kompetisie is die liefdadigheidswerk en die werk wat jy ná ’n wen verder kan vat. Dit gaan nie net oor ’n kroon of op die loopplank loop nie.

“Die kompetisie het my laat besef ek is sterker as wat ek gedink het en het my selfvertroue ’n hupstoot gegee. Die liefde wat ek vir myself het en my geloof in myself is iets wat ek elke vrou toewens,” sê dié entrepreneur en ma.

Selfvertroue en selfliefde is ná verskeie miskrame vir Candice juis belangrik.

Danksy die mediese wetenskap en gebede is die Williamse se wonderbaba vyf jaar gelede met die hulp van in vitrobevrugting gebore.

“Ek wou die boodskap aan ander gee dat jy van buite af oukei kan lyk, maar steeds binne gebroke kan wees – maar die Here kan jou weer heelmaak,” sê sy.

As deel van haar liefdadigheidswerk praat Candice oor haar pad na ma-wees, die belangrikheid van gelykheid vir vroue in sport, asook gesinsgeweld.

“As medestigter van die Rahab Beauty-stigting help ek om ’n veilige ruimte vir vroue en kinders te bied, en die hoop is om uiteindelik die werk vanuit Pretoria na ander provinsies uit te brei,” vertel sy.

Deesdae is die Williams-gesin in Pretoria, waar Devon vir die Bulle speel.

Candice maak reeds gereed vir die internasionale kompetisie en sê sy is opgewonde en dankbaar vir die geleentheid.

“Hierdie is die grootste skoonheidskompetisie vir getroude vroue, maar tog geniet dit nie dieselfde aandag as Mej. SA nie. Ek hoop om dit te verander.

“Om vir ’n skoonheidskompetisie in te skryf, gaan oor soveel meer as krone en rokke – dit gaan oor selfvertroue, moed en om die wêreld te wys wie jy is. Moenie toelaat dat iemand jou waarde deur jou voorkoms alleen bepaal nie. Ware skoonheid skyn uit jou vriendelikheid, jou stem, jou waardes en jou krag.”

Dié oud-Hoërskool Stellenbosch-leeder sê almal moet in hul sparkle glo en die wêreld dit te laat sien.

Plant-teater op Hazendal te sien

Die plant-teater Between Two Worlds, wat deur die bekroonde plantkundige en landskapper Leon Kluge geskep is, vertel ’n interessante storie.

Die tentoonstelling, wat nou op die Hazendal-landgoed te sien is, is Dinsdag op Aardedag (22 April) bekendgestel en bied ’n kykie na die skeppings wat Kluge onder meer vir die Chelsea-blommeskou en die Singapoer-tuinfees maak en waarvoor hy al talle pryse gekry het.

Between Two Worlds het by die laaste Singapoer-tuinfees, wat die grootste tropiese uitstalling van sy soort is, goud gewen.

Kluge is in 2014 vir die eerste keer na die Asiese blommefees genooi om aan die tentoonstelling deel te neem en het reeds toe beïndruk met African Thunder, wat die Afrika-landskap uitgebeeld het.

“Ons het voor die tentoonstellings maar min geslaap. Dit neem maande om te skep. In die geval van die Singapoer-tuinfees moet jy ’n jaar voor die fees jou konsep en ontwerp indien, wat dan goedgekeur moet word,” sê hy.

“Drie weke voor die fees begin die fisieke werk dan om die hele tentoonstelling, sonder enige plante, te bou en die beligting en klank wat daarmee saamgaan, op te stel.”

Die span wat die tentoonstelling skep. bestaan dus uit ingenieurs, loodgieters en vrywilligers wat Kluge se konsep ’n werklikheid maak. Elke element van die tentoonstelling word in ag geneem – van die klanke tot hoe die plante onder die verskillende ligte sal lyk en selfs die reuk wat besoekers kry. Die keuse van plante is ook uiters belangrik, aangesien

die tentoonstelling 10 dae lank behoue moet kan bly, verduidelik Kluge.

“Between Two Worlds is daardie oomblik, die millisekonde, wanneer jy in die werklikheid is en gaan slaap. Dis waar hierdie twee dinge byeenkom en waar werklikheid fantasie word. Ons het almal drome waarin ons vlieg en allerhande ongelooflike dinge doen. Die uitstalling is daardie oomblik waar alles so begin blur, maar dit voel vir jou soos werklikheid,” vertel hy.

Feetjies en paddastoeltjies van sy kinderdae was deel van die inspirasie, maar Kluge meen dit is vir die kyker om die storie te interpreteer soos hulle goeddink.

“Ja, hierdie is teater en storie, maar ek wil ook hê iemand wat van plante hou, moet inkom en interessante goedjies sien. Ons het baie Suid-Afrikaanse orgideë van die Drakensberg se somerreënvaldele, ons eie inheemse mangrove – ’n baie spesiale boom wat deur vlermuise bestuif word – en baie inheemse varings sowel as vleisetende plante.”

Om inspirasie vir sy skeppings te kry, loop Kluge gereeld in die bos en maak gereeld gebruik van inheemse plante vir sy skeppings. Vir die Singapoerse weergawe van Between Two Worlds het hy dus plaaslike plante daar gebruik en selfs takke van die lughawe ingespan. “Toe ek in Singapoer geland het, het ek gesien hulle snoei die bome by die lughawe. Ek het toe gevra of ons van daardie takke kan gebruik, en daardie uitstalling het selfs die bome van die lughawe bevat. “Hier by Hazendal het ons dieselfde gedoen en die indringer-bloekom-takke afgesaag en gebruik.” Kluge se skepping is tot Vrydag 2 Mei op Hazendal te sien.

’n Besoeker verkyk haar aan die Between Two Worlds-tentoonstelling wat nou op die Hazendal-landgoed te sien is. Die skepper van die blomme-uitstalling is die bekroonde landskapman Leon Kluge. Foto: Yaël Malgas
Candice Williams, mev. Heelal Suid-Afrika.

Lesersbrief

Botmaskop:

Houding grief

Die debat rondom die Botmaskopontwikkeling in Stellenbosch het gelei tot ’n verskeidenheid menings, wanvoorstellings en nuwe verdeeldhede.

As inwoner of belanghebbende is jy óf vir óf teen, met geen ruimte vir onderhandeling nie. Ek neem nogal aanstoot met die naratief wat geskep word deur die ondersteuners van die ontwikkeling, synde almal wat daarteen gekant is, konserwatief, verkramp, naiewe greenies en teen ontwikkeling en vooruitgang is.

Die neerhalende maniere waarop bekommerde inwoners in die gesprek aangespreek word, is verregaande en ’n teken van óf blinde arrogansie óf oningeligtheid. Ek is nie anti-ontwikkeling en -vooruitgang nie, ek is gewis nie anti-transformasie nie. Ek is nie blind vir die behuisings- en ander probleme in Stellenbosch nie. Ek kom nie uit “ou geld” nie en ek is nie eiegeregtig oor my aandeel in die dorp nie. Ek klou nie vas aan prentjies van die 1960’s en 1970’s nie, maar weet wel waarom ek ’n pophuis vol geld vir ’n onopgesmukte huis betaal het, en sal dié elemente wil beskerm. Ek is wel anti-rampokkery en teen boeliegedrag van ontwikkelaars wat maak asof hulle dié is wat weet wat die dorp nodig het. Ek is anti- private partye wat die reg uit owerhede en gemeenskappe se hande probeer neem met prosesse en praktyke wat ’n direkte invloed op die hele gemeenskap het. Ek is anti-ondermyning van gebalanseerde opinies. Ek is anti- hoogdrawende sakelui wat met vals feite intimideer. Ek is anti, maar ek is nie dom of naïef nie.

Anoniem, UNIEPARK

Afrikaans nie 100 jaar oud

Dr. Willem Botha

Afrikaans se honderdste jaar as amptelike landstaal word vanjaar gevier, maar dit beteken nie Afrikaans is ’n honderd jaar oud nie.

Maar hoe oud is Afrikaans dan? Kom ons begin by die begin:

Khoi-Afrikaans 1595 – 1658

Nederlandse skepe het reeds sedert 1590 die Kaapse kus aangedoen en met die inheemse Khoi-Khoin gekommunikeer.

Toe die Khoi-Khoin begin het om Hollandse woorde aan te leer, was dit die begin van Afrikaans.

Khoi-Afrikaans dateer van 1595 af en die volgende 50 jaar tot by die vestiging van die verversingstasie aan die Kaap was die eerste periode in die geskiedenis van Afrikaans.

In 1611 het ’n Nederlandse ekspedisie die plantnaam “kanna” by die Khoi-Khoin geleer en in die jare daarna ook “boegoe” (plant met medisinale nut) en “dagga” (hasj in Nederlands).

In 1647 het ’n groep van 62 Nederlanders vir meer as ’n jaar aan die Kaap oorgebly nadat hul skip gestrand het. Die Khoi-Khoin se kennis van Nederlands was toe al so goed dat daar reeds tolke onder hulle was (soos Herry [Autoshumato]) wat kommunikasie moontlik gemaak het.

In 1652 het Johan Anthoniszoon (“Jan”) van Riebeeck as 32-jarige Amster-

dammer in die Kaap voet aan wal gesit met ongeveer 90 Nederlandse koloniste. Hulle was hoofsaaklik van die provinsie Holland en het dus Hollands gepraat en nie Standaard-Nederlands nie. Weldra sou hulle kennis maak met Khoi-Afrikaans.

In 1655, drie jaar ná Van Riebeeck se koms, het ’n boot vir drie weke in Saldanabaai gelê.

Ene De Flacourt het toe ’n Khoi-woordelys van 221 woorde saamgestel, waarin baie Nederlandse woorde herken kan word, soos “kers”, “kis”, “knoop”, “tou en “koring”.

Die woord “môre” (in plaas van morgen) kom daarin voor soos dit vandag in Afrikaans bestaan, net soos “reën” (in

CONNECTWITHUS:

eikestadnuus.co.za

plaas van regen). In die lys was ook woorde met ’n uitspraak wat nog in Kaaps gehoor word, soos “wate” (water) en “vagiet” (vergeet). Dit lyk inderdaad na die eerste fase in die geskiedenis van Afrikaans. Dit is nie Nederlands nie, en dit is nie Khoi nie – dit is Khoi-Afrikaans, drie jaar ná Van Riebeeck se koms.

Koms van die slawe: 1658 – 1700 Slawe is van 1658 af na die Kaap ingevoer; hulle het die tale Maleis en Portugees saamgebring.

Dit het veroorsaak dat Afrikaans as ’n Kreoolse taal onder die invloed van Nederlands, Khoi, Khoi-Afrikaans en die gesproke taal van die slawe, veral Maleis, ontwikkel het.

Die invloed blyk uit Afrikaanse woorde soos “piesang” (Maleis), “baadjie” (Maleis), “gogga” (Khoi) en “baie dankie” (uit Nederlands hartelijk dank en Maleis banyak).

Ongeveer 1700, dus sowat 50 jaar ná die koms van Jan van Riebeeck, het ’n eiesoortige Nederlandse dialek aan die Kaap ontstaan, bekend as Kaaps, of Kaaps-Hollands of Krom-Hollands, wat die voorfinale fase in die ontwikkeling van Afrikaans was.

Dr. Willem Botha is ’n onderwys-, woordeboek- en radioman van Paarl.

Bronne: Carstens WAM en Raidt EH: Die storie van Afrikaans Deel 2, 2019; Van Rensburg C: So kry ons Afrikaans, 2012 en Van Afrikaans gepraat, 2018.

Lückhoff-leerders raak loopbaanwys

’n Polisieman, ’n bibliotekaris of dalk ’n spietkop?

Die leerders van die Hoërskool Lückhoff het verlede Donderdag (17 April) die kans gehad om eerstehands by verskillende beamptes meer oor dié beroepe uit te vind danksy ’n loopbaandag wat deur die Stellenbosch-munisipaliteit aangebied is.

Die plan was om die gr.10- en gr.11-leerders, asook die matrikulante opsies te bied wat om te doen wanneer hulle oor ’n jaar of meer skool verlaat.

Mohammed Shire, ’n gr.10-leerder, het veral belanggestel in die toerusting van die munisipale wetstoepassers. By die uitstalling van die reddingsbeamptes het Oliver Paulse verduidelik hoe hulle toerusting onder meer gebruik word om slagoffers van motor-

ongelukke uit wrakke te sny en hoe hulle hul kollegas tydens brande, ongelukke en polisietonele bystaan.

Die polisie-uitstalling het Juan Moos, ’n gr. 11-leerder, se aandag gelok, maar hy meen om brandweerman te wees, klink ook goed.

“Ek sal die fiksheidstoets slaag. Ek oefen gereeld by Virgin Active en om in ’n brandende gebou te hardloop, sal nie ’n probleem wees nie. Ek is ’n bietjie bang vir skiet as ek ’n polisieman sou word,” sê hy.

Die matrikulant Lee-Asië February sê hoewel brandweerbeamptes se werk interessant klink, sien sy nie kans vir die werk nie omdat sy asma het.

Haar klasmaat Jamey-Lee Scheepers sê die gewig van die brandweerklere is nie vir haar nie.

Sy voeg by sy het baie geleer oor polisiebeampte wees en besef die werk gaan nie net oor “mense skiet en

ADVERTISEMENT OF CALL FOR PUBLIC COMMENT ON THE STELLENBOSCH MUNICIPALITY PROBLEM PROPERTY BY-LAW, 2025

Notice is hereby given that Council intends to adopt the reviewed Stellenbosch Municipality Problem Property By-Law, 2025. Interested and affected parties are hereby invited to submit written comments during the 30-day advertising period.

T

(www.stellenbosch.gov.za) and hard copies will be available at the local libraries and satellite ofces as reected in the table below.

Area Place

Stellenbosch CBD Library, Plein Street, Stellenbosch Ward 7: Jan Marais Eco Centre

Franschhoek Ward Ofce: Ward 1 (Mooiwater Building) Ward Ofce: Ward 2 (Groendal Community Hall)

Kylemore Kylemore Ward Ofce Pniel Library, Main Road, Pniel Pniel Ward Ofce

Wemmershoek Ward 3: Wemmershoek Ward Ofce (Community Hall) Jamestown Jamestown Library Jamestown Ward Ofce Cloetesville Cloetesville Ward Ofces (Ward 16 and 17) Library, Vredelust Street, Cloetesville, Stellenbosch

Ida's Valley Library, Sonnebloem Street, Ida's Valley.

Kayamandi Kayamandi Ward Ofces (Kayamandi Corridor) Library, Masithandane Street, Kayamandi, Stellenbosch

Vlottenburg Vlottenburg Ward Ofce (Vlottenburg Primary School) Klapmuts Klapmuts Ward Ofce (Klapmuts Multi-Purpose Centre) Ward 19 De Novo Ward Ofce (Primary School in De Novo)

Comments, objections and representations in connection with the proposed By-law, if any must be lodged to rd the undersigned at 3 Floor, Main Building, Ofce of the Municipal Manager, Plein Street, Stellenbosch by no later than 16h00 on 24 May 2025.

Any person who cannot write and need assistance in this regard, may during normal hours, approach the C

(1st Floor), corner of Plein and Ryneveld Streets, Stellenbosch, for assistance with the lodging of comments, objections and representations, if any, in respect of the proposed By-Law.

Geraldine Mettler

MUNICIPAL MANAGER

Email: municipal.manager@stellenbosch.gov.za

dwelms nie”.

“Die beamptes het verduidelik hulle gaan na tonele waar mense dalk baklei het en hoe hulle dan moeite moet doen om almal te kalmeer en die mense te help om liewer dinge uit te praat,” verduidelik sy.

Volgens Sibusiso Mvakwendlu, senior superintendent vir verkeerswetstoepassing, was die doel van die geleentheid om die onderskeie beamptes se kennis en vaardighede ten toon te stel en ook om ’n groter begrip van die talle loopbaankeuses en die verskeie departemente se rol in die gemeenskap te kry.

Achumile Gongqo, ’n matrikulant, sê hoewel hy die loopbaandag geniet het, het hy reeds aansoek gedoen om onderwys te studeer.

“My sterkpunt is kommunikasie. My talent kan gebruik word om leerders te help.

“Ek is spraaksamige en sien uit na ’n onderwysloopbaan.” verduidelik hy.

ADVERTERING VAN OPROEP OM OPENBARE KOMMENTAAR OP STELLENBOSCH MUNISIPALITEIT PROBLEEM EIENDOM VERORDENING, 2025

Kennis word hiermee gegee dat die Raad van voorneme is om die hersiende Stellenbosch Munisipale Probleem Eiendom Verordening, 2025 aan te neem. Belanghebende partye word hiermee genooi om hul kommentaar op skrif binne die volgende 30 dae periode in te dien.

Die Probleem Eiendom Verordening, 2025 vir die Stellenbosch Munisipaliteit is beskikbaar op die webtuiste vir Stellenbosch Munisipaliteit (www.stellenbosch.gov.za) en afskrifte sal beskikbaar wees by plaaslike biblioteke en satelliet kantore gelys hieronder.

Gebied Plek

Stellenbosch Sentrale Sakekern Biblioteek, Plein Straat, Stellenbosch Wyk 7: Jan Marais Ekosentrum

Franschhoek

Kylemore

Pniel

Wyk Kantoor: Wyk 1 (Mooiwater Gebou) Wyk Kantoor: Wyk 2 (Groendal Gemeenskap Saal)

Kylemore Wyk Kantoor

Biblioteek, Hoofstraat, Pniel Pniel Wyk Kantoor

Wemmershoek Wyk 3: Wemmershoek Wyk Kantoor (Gemeenskap Saal)

Jamestown Jamestown Biblioteek

Jamestown Wyk Kantoor

Cloetesville Cloetesville Wyk Kantoor (Wyk 16 en 17)

Biblioteek, Vredelust Straat, Cloetesville, Stellenbosch

Idas Vallei

Biblioteek, Sonnebloem Straat, Idas Vallei, Kayamandi Kayamandi Wyk Kantoor (Kayamandi Korridor)

Biblioteek, Masithandane Straat, Kayamandi, Stellenbosch Vlottenburg Vlottenburg Wyk Kantoor (Vlottenburg Laerskool)

Klapmuts Klapmuts Wyk Kantoor (Klapmuts Veeldoenige Sentrum)

Wyk 19 De Novo Wyk Kantoor (Laerskool in De Novo)

Kommentare, besware en voorleggings met betrekking tot die voorgestelde Verordening, indien enige, moet rde deur die ondergetekende te 3 Vloer, Hoofgebou, Kantoor van die Munisipale Bestuurder, Pleinstraat, Stellenbosch ontvang word voor of teen 16h00 op 24 Me i 2025.

Enige persoon wat nie kan skryf nie en hulp benodig in hierdie verband, kan gedurende gewone kantoor ure, die Kliëntesorg kantoor van Bouontwikkelingsbestuur, NPK- Gebou (1ste Vloer), hoek van Plein en Ryneveldstraat, Stellenbosch, nader vir hulp indien hulle enige kommentare, besware en voorleggings met betrekkiing tot die voorgestelde verordering wil indien.

Geraldine Mettler

MUNISIPALE BESTUURDER

Email: municipal.manager@stellenbosch.gov.za

Kantoor van die Munisipale Bestuurder, Pleinstraat, Stellenbosch

Posbus 17, Stellenbosch, 7599 www.stellenbosch.gov.za

Die leerders Mikhei Beneke, Veronique Julies en Juray Theron het veral die Stellenbosch-brandweer se uitstalling geniet. Foto’s: Yaël Malgas
Jurgen Williams verduidelik aan leerders wat brandweerman wees, behels.
Juan Moos (gr.11) bekyk van die reddingsdienste se toerusting van nader.

SMALLads

Administratiewe werk - privaat

BUY ALL CARS FOR

Ek is op soek na iemand wat my kan ondersteun met persoonlike admin werk.. Hierdie persoon sal kan van eie perseel werk of van my privaat woning. Dit sal slegs paar uur per week wees. Moet in Stellenbosch woon, goed rekenaarvaardig. Ideaal is dit 'n dame wat reeds elders administratiewe werk doen en ekstra kapasiteit tyd het. Indien jy hieraan voldoen, mail gerus kort opsomming van wat jy doen en kontaknommer na stellenboscher1000

FORM 3A - NOTICE OF APPLICATIONS FOR LIQUOR LICENCES IN TERMS OF SECTION 37(1) OF THE WESTERN CAPE LIQUOR ACT,2008 – [REG. 10(1)]

Notice is hereby given that the following applications for liquor licences have been lodged with the Wester n Cape Liquor Authority (the Authority) and with the designated liquor officers at the indicated South African Police Service offices The applications concer ned may up to and including the 28th day from the date of publication of the application upon request and free of charge be inspected by any person at the offices of the Authority or the designated liquor officer listedhereunder Copies of an application can be obtained from the Authority after payment of the prescribed fee Objections and representations must be lodged in writing with the Authority and the designated liquor officer in accordance with section 39 of the Act

VORM 3A - KENNISGEWING VAN AANSOEKE OM DRANKLISENSIES INGEVOLGE ARTIKEL 37(1) VAN DIE WES-KAAPSE DRANKWET,2008 – [REG 10(1)]

Hier mee word kennis gegee dat die volgende aansoeke om dranklisensies ingedien is by die Wes-Kaapse Drankower heid (die Ower heid) en] by die aangewese drankbeamptes by die aangeduide Suid-Afrikaanse Polisiedienskantore Die betrokke aansoeke kan, tot en met die 28ste dag vanaf die datum van publikasie van die aansoek, op versoek en gratis deur enige persoon besigtig word by die kantore van die Ower heid of die aangewese drankbeampte hieronder gelys Afskrifte van ’n aansoek kan by die Ower heid verkry word na betaling van die voorgeskrewe fooi Besware en vertoë moet ooreenkomstig artikel 39 van die Wet skriftelik by die Ower heid en die aangewese drankbeampte ingedien word

IFOMU 3A - ISAZISO SOKUFAKWA KWESICELO SEPHEPHA MVUME NGOKWECANDELO 37(1) LOMTHETHO WOTYWALA WENTSHONA KOLONI KA-2008 – [UMGAQO 10(1)]

Isaziso siyanikezelwa ukuba ezi zicelo zilandelayo zamaphepha mvume otywala zifakiwe kwabasemaGunyeni ezoTywala eNtshona Koloni (abasemaGunyeni) nakumagosa ajongene nemiba engotywala kwii-ofisi ezixeliweyo zeeNkonzo zamaPolisa aseMzantsi Afrika Izicelo ekubhekiselelwa kuzo zingakwazi kwiintsuku ezingamashumi amabini anesibhozo (28) ukususela ngomhla wokupapashwa kwesi sicelo xa eceliwe kwaye simahla ziye kuhlolwa nguye nawuphi umntu okwi-Ofisi esemaGunyeni okanye yegosa elijongene nemiba engotywala elixelwe apha ngezantsi Iikopi zesicelo zingafumaneka kwabasemaGunyeni emva kwentlawulo emiselweyo Uchaso neengxelo ezixhasayo ezibhaliweyo zingafakwa kwabasemaGunyeni nakwigosa elijongene nemiba engotywala ngokwecandelo 39 loMthetho

No Full name of applicant

Volle naam van aansoeker Igama elipheleleyo lomfaki-sicelo

Name under which business will be conducted

Naam waaronder besigheid bedryf sal word

Igama ishishini eza kushishina phantsi kwalo

Address of the proposed premises

Adres van die voorgenome perseel Idilesi yesakhiwo

Kind of licence applied

Breaking barriers

Rugby ‘rebels’ mark 40 years

In the shadow of apartheid South Africa’s rigid segregation laws, a remarkable rugby team emerged from Stellenbosch University (SU) in 1985 that would challenge the status quo.

Known as “De Akker Vyftiental”, this team became the first from Stellenbosch to break protocol by competing in Western Cape leagues designated for black and coloured players, at a time when such integration was not only frowned on but actively discouraged by authorities.

Some of the original De Akker XV team members recently revisited their home field, none other than Mbekweni Stadium, between Paarl and Wellington, as part of the team’s 40th anniversary celebrations.

Named after the popular Stellenbosch pub of the same name, the De Akker XV formation was born by a few like-minded SU students purely for the love of the game of rugby and to be inclusive in society.

And what began as conversations over drinks would evolve into a powerful statement against the segregated sporting landscape of 1980s South Africa.

Perhaps most surprising was the blessing given to the team by Dr Danie Craven, a towering figure in South African rugby

who served as president of the South African Rugby Board from 1956 to 1993. Despite the political climate, Craven’s endorsement provided the team with a degree of legitimacy that few other integration efforts received during this period.

A previous Akker player, Prof Ronnie Donaldson said although many thought this initiative was purely political at the time, it was actually only a group of students who wanted to see the game of rugby rolled out to a more inclusive platform.

Other students who played a key role in Akker XV were Donaldson’s brother John, political commentator Professor Piet Croukamp, writer Emile Joubert and journalist Louis de Villiers.

The Akker XV didn’t just play rugby; they did so during the apartheid regime’s State of Emergency, a period of heightened political tension and increased powers for security forces.

Their Sunday matches at township venues often took place with Casspir military vehicles stationed at the fields.

“It was a difficult time in the country’s history and SU was then also under the reign of conservatives such as PW Botha and rector Mike de Vries. But Doc Craven gave us his blessing and we were mostly accepted.”

Donaldson said the team did,

however, not represent SU.

He added that there was only one stumbling block, and that was that the university did not want them playing rugby on a Sunday. But these were the only days that the team could get together.

They then opted for Mbekweni as a homeground, where they played against numerous teams of colour. In doing so, they were welcomed into the community, despite the presence of the security police, who where not overly excited in seeing young “white boys” playing against the “enemy”.

Donaldson is also involved in a Showmax documentary which is being filmed about the Akker XV team and their efforts.

The Akker XV was an important example of how sport can sometimes transcend political barriers.

Their willingness to cross the colour line in sport, demonstrated that integration was not only possible, but could be embraced by some within even the most conservative institutions, one former player reflected.

“Another time, another country,” Donaldson declared.

Yet the courage shown by these Stellenbosch players to defy convention and play the sport across racial boundaries provides an important chapter in the complex history of SA sport during apartheid.

Athletic ‘royalty’ at local parkrun

More than 600 parkrunners and 25 volunteers enjoyed the weekly R44 parkrun on Saturday (19 April) but for one special runner, it was a special day. Dame Kelly Holmes (pictured), two-time Olympic medallist of the United Kingdom, celebrated her 55th birthday this past weekend, which also meant she competed in her new age catergory for the the first time. It was no surprise the British middle distance athlete was the first female over the finish line at the

Wine Farm in a time of 22 minutes 44 seconds. The

every Saturday and is open

La Motte en unies in regsgeding betrokke

Avril Fillies

Die stof rondom die plek waar Franschhoek se La Motte-rugbyklub vanjaar gaan speel, het nog nie gaan lê nie. Dié klub is tans in ’n regstryd met die Westelike Provinsie- en Boland-rugbyunies gewikkel, sê Darryl Farmer, ’n woordvoerder van die klub, aan Eikestadnuus op ’n vraag of die verskille tussen die unies en die klub al bygelê is.

“Die saak is in die hande van ons regsverteenwoordigers. Ons, as klub, het besluit om by die Boland-rugbyunie aan te sluit . . .

“Ons aansoek is op die jaar-

vergadering van die Bolandrugbyunie op 30 November verlede jaar vir affiliasie by Boland bekragtig.

“WP het egter geweier ... en sonder ons toestemming of ooreenkoms besluit om ons in sy noordelike liga te plaas.”

Die seisoen het op 1 April in die WP begin en La Motte het nog geen wedstryde in die noordelike liga gespeel nie. Farmer sê dat die klub sal voortgaan met sy stryd om binne die strukture van die Boland-rugbyunie erken te word.

Die Boland- en WP-rugbyunies wou nie kommentaar lewer nie.

Audacia
Root44 parkrun takes place
Photo: Francois Malan/Root44 parkrun
De Akker rugby team made news headlines in the ’80s with their ‘illicit’

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.