Die staat het die afgelope Maandag (18 Augustus) in die Paarl-landdroshof gesê hy sal volgende week borgtog teenstaan vir ’n 55-jarige man van Franschhoek wat vir die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie in hegtenis geneem is.
Volgens die staat het die twee beweerde slagoffers hom vertrou en die feit dat hy in 2017 aan ’n soortgelyke oortre- ding skuldig bevind is, is genoeg rede om hom nie op borgtog vry te laat nie.
Die man is die afgelope Saterdag (16 Augustus) omstreeks 07:00 by sy woning in Franschhoek in hegtenis geneem en het Maandag in die Paarl-landdroshof verskyn.
Sy identiteit word weerhou om die vermeende slagoffers te beskerm.
Hy het ook nog nie gepleit nie en sal aanstaande Dinsdag (26 Augustus) om borgtog aansoek doen.
Sy inhegtenisneming hou verband met video’s wat vroeër vanjaar aanlyn versprei is, waarin hy glo seksueel met twee tienermeisies verkeer. Een van die tienermeisies was in haar skooldrag.
Die polisie se eenheid teen reeks- en elektroniese misdade (SECI) het Saterdag op die man se selfoon beslag gelê, het kol. Frederick Rossouw, die bevelvoerder van die Franschhoek-polisiekantoor, by navraag gesê.
Eikestadnuus het betroubaar verneem dat die polisie die man se bewegings al vir ’n geruime tyd dophou.
Hy het in ’n stadium by vermoedelik familielede in Strand gaan kuier toe gemoedere in Franschhoek hoog geloop het nadat die video’s gesirkuleer het.
Die polisie het aanvanklik eers ’n lasbrief bekom om op sy selfoon beslag te lê en die inhoud daarvan af te laai.
“Hy was waarskynlik bewus dat die polisie op soek was na hom en dis hoekom hy Strand toe gevlug het – min wetende
dat die polisie presies geweet het waar hy was,” het ’n betroubare bron na aan die saak Saterdag gesê. “Al het hy ook daai video’s delete, het die polisie spesiale eenhede wat sal weet hoe om dit op te spoor, asook enige boodskappe wat tussen hom en die tienermeisies gestuur is.”
Die staat het Maandag aangevoer dat die man al voorheen aan statutêre verkragting skuldig bevind is. Die koerant kon by nadere ondersoek vasstel dat hy in 2017 deur die Paarl-streekhof vir statutêre verkragting van ’n 17-jarige skoolmeisie skuldig bevind is en ’n opgeskorte vonnis gekry het.
Die voorval het tot swangerskap gelei, maar die slagoffer het later die baba weens ’n miskraam verloor. Haar ma het ook Maandag se hofverskyning bygewoon.
Sy het aan die koerant vertel dat die man haar dogter al van 11-jarige ouderdom af glo seksueel voorberei het. Sy sê dit het uitgekom toe haar dogter 17 jaar oud was.
“Om daai man in die hof te sien, het net weer ou wonde oopgekrap. Hy toon baie duidelik geen berou nie,” het die ma gesê.
“Daar is baie kinders van wie ek weet aan wie hy soortgelyke dade gedoen het. Dit kom al vir baie jare aan en kan nie net elke keer onder die mat gevee word nie. As ek terugkyk, is ek vandag eintlik bly dat my dogter die babatjie verloor het.
“Ons sal volgende week weer hier by die hof wees. Ons hoop dat sy borgtogaansoek teengestaan sal word.”
Volgens haar het van die familielede van die verdagte haar glo Maandag by die hof sleggesê.
Eikestadnuus verneem die man het homself glo as ’n pastoor voorgedoen. “Hy doen homself al jare as ’n pastoor voor en dis een van die wyses waarop hy die gemeenskap manipuleer. Sy eie kerk het aan my bevestig dat hierdie man g’n pastoor is nie. Hulle [die kerk] sou nog aksie teen hom neem, maar dit het nog nie gebeur nie,” het ’n gemeenskaps-aktivis gesê.
Grafgrawe in nat weer nou verbied
Yaël Malgas
’n Stellenbosse begrafnisondernemer beweer die Stellenbosch-munisipaliteit ontneem hom van sy “brood en botter” nadat hy glo in kennis gestel is hy mag nie begrafnisse behartig alvorens hy vir ’n munisipale diens, waarvoor hy blykbaar nie gevra het nie, betaal nie.
Hayward Pietersen van Divine Funerals was Saterdag 5 Julie by die Jamestown-begraafplaas besig met voorbereidings vir ’n teraardestelling.
“Op versoek van die familie en om kostes te bespaar het ek aan die munisipale werkers by die begraafplaas verduidelik ons is self verantwoordelik vir die grawe van die gat. Die plek wat aan ons uitgewys is, was baie naby aan ’n ander graf, maar ons het voortgegaan,” het Pietersen verduidelik.
Tydens die uitdelf van sand vir die graf het die kante van die gat egter ingestort. Pietersen sê werkers by die begraafplaas het hom aangesê om eenkant toe te staan, waarna hulle self die gat met ’n masjien gegrawe het.
Dié diens was juis wat die familie nie wou hê nie, aangesien hulle nie die R300 daarvoor kon betaal nie.
Pietersen sê nou hou die munisipaliteit Divine Funerals vir dié koste verantwoordelik. Hy voer egter aan hy is nie van plan om te betaal vir ’n diens waarvoor hy nie gevra het nie.
Pietersen verduidelik nadat die graf aanvanklik ingeval het, was sy werkers gereed om die gat weer te grawe.
‘ONDERNEMER IS GEWAARSKU’
By navraag het Stuart Grobbelaar, ’n woordvoerder vir die Stellenboschmunisipaliteit, gesê munisipale werkers was weens die toestand van die grond genoodsaak om die gat self te grawe.
“Mnr. Pietersen is reeds Woensdag in kennis gestel van die uitdagings wat die munisipaliteit gedurende die wintermaande met grafvoorbereiding ervaar – veral weens swaar reënval. Nieteenstaande hierdie waarskuwing het hy aangedring om self die graf te grawe – ’n opsie wat families het om koste te bespaar. In sulke gevalle neem die munisipaliteit nie verantwoordelikheid vir die voorbereiding van grafte nie.
“Teen Saterdagoggend het ons per-
soneel egter opgemerk dat die betrokke graf ingeval het as gevolg van die week se aanhoudende swaar reën. Indien die munisipaliteit nie onmiddellik ingegryp het nie, sou die graf nie betyds gereed wees vir die begrafnis nie, wat ook vertragings vir die daaropvolgende begrafnisse sou veroorsaak. Aangesien elke begrafnis ’n voorafbepaalde tydgleuf het, kon sulke vertragings ’n ernstige uitwerking op die dag se program hê,” het Grobbelaar gesê
SELF-GRAWE IN NAT WEER VERBIED Hy voer aan dit was daarom nodig dat die munisipale werkers drigend intree om die graf gereed te kry. Pietersen is glo deur die munisipaliteit verbied om enige verdere begrafnisdienste by begraafplase te behartig totdat hy die R300 betaal het.
Grobbelaar het nie bevestig of Divine Funerals mag voortgaan met werk by plaaslike begraafplase nie. Hy het wel gesê die “addisionele kostes” van die “onvoorsiene werk” beteken Pietersen word versoek om die geld op te dok. Pietersen sê intussen hy het verskeie kere by die Jamestown-begraafplaas opgedaag, maar is toegang geweier. Geen korrespondensie of bewyse is gelewer nadat hy munisipale werkers gevra het om bewys te lewer dat hy nie begrafnisdienste mag lewer nie.
Grobbelaar het op sy beurt gesê ná die herrie oor die graf se grawe verlede maand het die munisipaliteit besluit die self-grawe van grafte sal nie meer gedurende nat weer toegelaat word nie.
“Dit is om soortgelyke probleme in die toekoms te voorkom, aangesien die munisipaliteit oor die nodige kapasiteit beskik om vinnig en betyds op te tree – iets wat nie altyd vir families of ondernemers moontlik is nie – veral nie gedurende gure weersomstandighede en storms nie,” het Grobbelaar aangevoer. Pietersen meen dit is nie hy en sy kollegas wat weens die munisipaliteit se besluite ly nie – dit is families in rou.
“Die munisipaliteit kom my nie te na nie, hy kom families te na – die Stellenbosch-gemeenskap. Dit is asof ons ondernemers bang moet wees vir die munisipaliteit, want hulle dink die begraafplaas behoort aan hulle. Die munisipaliteit moet my aanvat indien daar ’n probleem is, nie families wat net hul geliefde te ruste wil lê nie,” sê Pietersen.
’n Graf wat deur Divine Funerals gegrawe is, het onlangs weens nat grond ingesak. Die grawe van dié graf het nou tot ’n herrie tussen die begrafnisondernemer en die Stellenbosch-munisipaliteit gelei.
CWDM honours strong women
Beginning with the powerful and inspiring poem “Phenomenal Woman” by the late American poet Maya Angelou, executive mayor of the Cape Winelands District (CWDM) Dr Elna von Schlicht paid tribute to the power of women in her address to the Phenomenal Women of the Winelands Awards gathering at Paarl Town Hall last Wednesday (13 August).
The annual event is held in partnership with the Afrikaanse Taalmuseum en Monument (ATM) and the Historium Trust.
“The purpose behind this function is to elevate and acknowledge leadership in women who do not normally have a public platform, leaders in communities who move through life anonymously, the ones who go unnoticed, the ones you do not think about,” Von Schlicht said. “We want to honour them for their achievements and also celebrate their presence.”
The event began with a heartfelt welcome from Michael Jonas, director of the ATM and Historium, setting the tone for a morning filled with inspiration and celebration. It also recognised other phenomenal women who shared their uplifting stories, including Beverley Farmer, co-founder and CEO of Women in Wine, and poet Petro Gordon.
A special moment of silence was held in honour of Joha van Dyk, a winner in 2024 and author from Stellenbosch who died earlier this year.
Through the awards the CWDM and its partners acknowledged and elevated the unsung heroines, those who give more of themselves to others, their time, care, guidance and, in some cases, even their protection, so others can accelerate their futures.
Members of the public nominated phenomenal women from their communities via a mobile friendly online form or by hand delivering the nomination. The third annual edition of the awards attracted nominations from all corners of the Cape Winelands.
“There are so many inspiring women in our district doing unbelievable work in their communities and careers, so choosing the winners and runners-up is no easy task,” said Farmer, who was also a judge.
“The competition gets tougher every time, and that really shows how much of a difference these women are making. They are truly living up to the ‘Accelerating Action’ theme of Women’s Month.”
Von Schlicht added: “There’s one part of the event that is especially close to my heart... With support from the municipal manager and his team I am allowed to choose one woman who might not be nominated through the usual process personally, but who still deserves recognition.
“This special honour is called the Mayoral Discretionary Award, which is given to someone who shows leadership in her own way.”
from Khayamandi
This year Von Schlicht chose Setta Pieters, a 78-year-old retired domestic worker who has been part of her employer’s household for most of her life. Their bond goes back many decades, and Pieters has played a key role in supporting the family over the years. Sadly, she couldn’t attend the event due to illness.
However, her 97-year-old employer and friend Annatjie van Wyk accepted the award on her behalf.
Von Schlict reminded all present how important it is to celebrate domestic workers, who are mostly invisible as they work behind the scenes facilitating other people’s lives, often making a huge difference in the lives of their employers.
The 2025 Phenomenal Women Awards saw 14 winners and runners-up, from different categories, recognised for their hard work and dedication to their communities.
The winners and runners-up were: Basic education
– Winner: Cathy Roodman (Worcester)
– Runner-up: Bernadine Uys (Worcester)
NGO sector
– Winner: Amanda Barnard (Montagu)
– Runner-up: Sara Mankapan (Ceres)
Entrepreneur
– Winners: Bronwen Bayman (Paarl) and Khanyisa Mhlakaza (Khayamandi)
– Runner-up: Nicolene Schoeman-Louw (Paarl)
Support
– Winner: Anne Davids (Robertson)
– Runner-up: Anneva van der Westerhuizen (Paarl)
Passion
– Winner: Monica Tiras (Robertson)
– Runners-up: Marieta Botma (Worcester) and Irma Stuurman (Worcester)
Promotion of Afrikaans
– Winner: Gaireyah Fredericks (Paarl) Mayoral Discretionary Award
– Setta Pieters (Paarl)
All the winners and runners-up of the 2025 Phenomenal Women Awards with municipal officials and partner-organisation representatives.
This year’s Phenomenal Women
Khanyisa Mhlakaza
was the winner in the Entrepreneur category.
Afrikaanse radio takel uitdagings
Yaël Malgas
Afrikaanspraters, -liefhebbers en vriende van die taal het verlede Donderdag (14 Augustus) by die Middelvlei-wynlandgoed byeengekom om te besin of daar ’n toekoms vir Afrikaanse radio is en hoe dit sal lyk.
Die Vriende van Afrikaans (VVA) het vir ’n Ommietafelgesprek vir Frazer Barry, die gesoute joernalis Crystal Orderson, die RSG-aanbieder Martelize Brink en die eienaar en bestuurder van Paarl FM, Lynden Jafta, byeengebring om te gesels oor hoe en wat moontlik op die voortbestaan van Afrikaanse radio wag. “Radio bly ’n kragtige manier om met ’n massa mense te kommunikeer,” sê Jafta.
Hy het sewe jaar gelede die plaaslike kommersiële radiostasie Paarl FM begin omdat hy besef het daar was ’n behoefte vir Afrikaanse gemeenskapsradio in die streek. Hy meen daar is gewis ’n toekoms vir Afrikaanse radio, maar soos Orderson ook besin het, sal dié medium soos ander “tradisionele media” by die veranderende media-landskap moet aanpas. Orderson, wat haar loopbaan by die openbare uitsaaier begin het, sê vir radio om te oorleef sal diegene agter die skerms kreatief moet wees.
“Ons sal nuwe stories moet skep waarin verskillende gemeenskappe hulself sien. Tradisionele media ding mee met ’n nuwe generasie tegnologie. Die uitdaging is om hoe om generasies van luisteraars te behou en te laat groei,” sê sy. Brink, wat haar radio-loopbaan by die destydse MFM 92.6 begin het, sê vrese dat radio dieselfde afdraandepaadjie as die gedrukte media sal volg, was toe nie die
Die vermaak is deur die ATKV-Cresendo-musikant
Selby Williams verskaf. Hy is bygestaan deur
Jean-Marc Meyer op kitaar. Foto’s: Yaël Malgas
geval nie.
“Radio bly die toeganklikste manier vir Suid-Afrikaners om inligting te kry. Vir baie luisteraars wat in verafgeleë gemeenskappe woon, is dit moontlik die enigste plek waar hulle hoor wat in die wêreld aangaan,” verduidelik sy.
Hoe radio moet verander, is dalk ook nie so ’n komplekse uitdaging nie. Volgens Jafta sê die luisteraars wat hulle wil hê. Hy meen sosiale media moet deel van ’n radiostasie se aanbieding wees, want dis waar luisteraars is.
Daarom gebruik hy video’s op TikTok en regstreekse uitsendings op Facebook om luisteraars ’n multimedia-aanbieding te gee.
Brink voeg by radiostasies moet ruimte skep vir Afrikaans en beklemtoon dat dit die Afrikaans van alle Afrikaanse sprekers moet wees. “Soveel keer kry ek gaste wat vir hul Afrikaans verskoning maak,” sê sy.
Sy glo daar sal altyd luisteraars wees wat kla dat nie almal op die lug suiwer, standaard-Afrikaans praat nie, maar sê
Notice is hereby given in ter ms of Section 29, r e a d w i t h S e c t i o n 1 8 ( 2 ) o f t h e L o c a l Gover nment: Municipal Str uctures Act, 117 of 1998, as amended, that the 34th MEETING of t h e C O U N C I L o f S T E L L E N B O S C H MUNICIPALITY will be held in the COUNCIL CHAMBER, PLEIN STREET, STELLENBOSCH on MONDAY, 25 AUGUST 2025 at 10:00 to consider the items on the Agenda.
Geraldine Mettler
Kennis geskied hier mee ingevolge Ar tikel 29, saamgelees met Ar tikel 18(2) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Str ukture, 117 v a n 1 9 9 8 , s o o s g e w y s i g , d a t d i e 3 4 d e V E R G A D E R I N G v
n d i e R
v a n STELLENBOSCH MUNISIPALITEIT gehou sal word in die RAADKAMER, PLEIN STRAAT, S T E L L E N B O S C H M U N I S I P A L I T E I T o p MAANDAG, 25 AUGUSTUS 2025 om 10:00 om die items op die Agenda te oor weeg.
Geraldine Mettler
Municipal Manager Munisipale Bestuurder NM10024605-EN210825
son, die Paarl FM-eienaar Lynden Jafta en die RSG-aanbieder Martelize Brink.
die stories wat Afrikaanssprekendes het om te vertel, is belangriker as grammatika. Daarom sal sy as aanbieder altyd haar beste Afrikaanse voet voorsit, maar verwag dit nie van diegene wat hul stories met die luisteraars deel nie.
Die ATKV-Crescendo-kunstenaar Selby Williams en Jean-Marc Meyer het die gehoor met musiek vermaak. Williams het gaste bederf met “In die Stilte” – sy eerste enkelsnit wat op 29 Augustus bekendgestel word.
Mercia Eksteen, die ATKV se hoof van kommunikasie, sê die ATKV is gestig om die lekker van Afrikaans-wees te vier – ’n taak wat vir drie dekades deur die VVA voortgesit is en met die Ommietafelgesprekke op die erfenis van die taal voortbou.
Die gespreksleier, Frazer Barry, saam met die radio-kundiges. Van links is Barry, die joernalis Crystal Orden-
Florence Phillips gesels met Paarl FM se Lynden Jafta.
Nicole Sacco, Hakeen Ayeni en Gracia Louw het die geleentheid bygewoon.
Jong musici gaan in Endler meeding
Drie talentvolle musikante van die Universiteit Stellenbosch (US) en ’n jong pianis van Paul Roos Gimnasium (PRG) is onder die 24 opkomende sterre van oor die land heen wat as finaliste vir die 2025- nasionale jeugmusiekkompetisie (NJMK) gekies is.
Die pianis Helena Kriel (19), die marimba-speler Kyrah Adams (19) en die saksofonis James Cilliers (19) is die drie Matie-studente wat as finaliste gekies is.
Die talentvolle pianis Hermanus Schmidt van PRG is ook vir die gesogte musiekkompetisie gekies. Dié inwoner van SomersetWes, wat slegs vyf jaar gelede in die Covid-19-grendeltyd klavier begin speel het, sal hoop om vanjaar sy weg tot in die topdrie te baan nadat hy verlede jaar na die kompetisie se eindronde deurgedring het.
Die kompetisie vind van Maandag 1 tot Saterdag 6 Desember in die Endler-saal in Stellenbosch plaas. Die 24 finaliste is ná video-oudisies deur ’n paneel gevierde musici uit 35 inskrywings gekeur.
Dié kandidate, tussen die ouderdomme van 14 en 19 jaar, sal in die week lange kompetisie vir die prysgeld van R180 000, die gesogte wentitel sowel as goue, silweren bronsmedaljes meeding.
Die kompetisie word oor vier rondes in vyf afdelings vir orkes-musiekinstrumente beslis – klavier, stryk-, houtblaas-, koperblaas- en ander orkesinstrumente (harp, slagwerk, marimba, xilofoon, ens). Vanjaar kraai die pianiste koning met 11 mededingers, gevolg deur vyf tjelliste, drie saxofoonspelers, twee violiste en ’n fluit-, ’n
hobo- en ’n marimbaspeler.
“Die 13 nuwelinge onder vanjaar se deelnemers illustreer die diepte van klassiekemusiekonderrig in Suid-Afrika,” sê prof. Mario Nell, direkteur van die NJMK. “Die drie pilare van hierdie kompetisie is om die land se opkomende klassieke sterre te identifiseer, bloot te stel en te ontwikkel.”
In die vyf dae lange wedstryd moet die deelnemers ’n wye repertoire van hul eie keuse speel. Dit dek verskillende stylperiodes en Suid-Afrikaanse komposisies. Al die mededingers sal in die eerste twee rondes speel. Daarna sal 12 semi-finaliste in die derde ronde (halfeindronde) meeding om die voorste ses musici aan te wys.
Die leidende ses kandidate sal dan sake by ’n galakonsert op Saterdag 6 Desember uitspook, begelei deur die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO).
Die wenner en finale ranglys van die NJMK word kumulatief oor vier rondes bepaal. Dit is die enigste kompetisie in SA waar die ses finaliste, begelei deur die KFO, sake vir die louere uitspook.
Die vierde ronde se galakonsert sal regstreeks op die NJMK se webblad gestroom word.
Die jongste sterre (15 jaar oud) kom uit die Wes-Kaap. Sewe mededingers is eerstejaarstudente van die Universiteit van Kaapstad, die Universiteit van Pretoria en die US, terwyl die res van die kandidate ’n verskeidenheid streke verteenwoordig.
Die beoordelaars en kaartjiepryse vir die galakonsert sal nader aan die kompetisie aangekondig word. Toegang tot die eerste drie rondes van 1 tot 4 Desember is gratis.
Benoemings vir mediawerk
Skryf nou in vir 2025 se e’Bosch-erfenistoekennings. e’Bosch se erfenistoekennings gaan vanjaar aan mense wat ’n betekenisvolle invloed op die mediabedryf in Stellenbosch en omgewing gehad het.
Die publiek word gevra om kandidate te benoem wat oor ’n tydperk van langer as tien jaar hulself aan die een of ander vorm van die media gewy en deur middel van hul werk ’n positiewe invloed op die gemeenskap gehad het.
Hierby kan ingesluit word voortreflike
joernalistiek, akkurate beriggewing, invloedryke artikels, ’n sensitiwiteit vir hul gemeenskap en goed versorgde taalgebruik – hetsy in Afrikaans, Engels of isiXhosa.
Benoemings sluit Vrydag 29 Augustus met die aankondiging van finaliste wat op Vrydag 5 September sal geskied. Die prysuitdelingsgeleendheid vind op Woensdag 10 September plaas. Vir inligting en benoemings, kontak Belinda Foster by 061 595 4085 of stuur ’n e-pos na heritage.ebosch@gmail.com.
Vrouwees in Idasvallei gevier
Vrouemaand is die afgelope Vrydag (15 Augustus) by die Idasvallei-biblioteek gevier. Die Stellenboschmunisipaliteit se raadslid Nateshia Mcombring het die geleentheid aangebied en is bygestaan deur lede van die plaaslike wykskomitee. Die vroue van Wyk 6 en bibioteek-personeel het die geleentheid bygewoon.
DEPARTMENT OF CULTURAL AFFAIRS AND SPORT
L I B R A RY A I D : L I B R A RY S E RV I C E ( ST E L L
Salary: R138 486 - R163 131 per annum (Salary level 2)
Component: Library Service, Programme 3
Enquiries person: Mr S Booysen at (021) 483 2332
Reference number: CAS 32/2025
Job purpose: Support the Regional Librarian by rendering general assistance
Key performance areas: Processing and handling library stock and equipment
• Postage and messenger tasks • Auxiliary Service
Competencies: A good understanding of stock, stores, control measures
• Computer Literacy • Numeracy • Ability to work independently and as part of a team
• Communication skill (written and verbal) • Interpersonal skills • It will advantageous to a valid (Code B or higher) driving licence NB: People with disabilities that restrict driving abilities but who have reasonabl e access to transport may also apply
NB: Applicants from relevant local communities will receive preferences The selection process will be guided by the EE targets of the employing department Candidates will be subjected to a medical fitness test as prescribed by the Construction Regulations as contained in OHS Act 85/ 1993 Candidates will also be required to complete practical exercise as part of the interview process
To apply, please complete an application form (Z 83) and current CV (5 pages maximum) together with copies of ID academic qualifications and proof of other requirements as indicated in the advertisement The post being applied for and the reference number must be clearly indicated on the Z83 application form
To submit your application, there are 3 methods in which you can apply please only use 1 of the following:
1 Hand deliver your application for Attention: Western Cape Government Jobs 44 G annet Street Pelican Heights Cape Town (From Monday to Friday between 07:00am to 17:00pm) • Or
2 Post your application for Attention: Western Cape Government Jobs PO Box 22432 Fish Hoek 7974 Or
3 Email your application to, westerncape@respond co za Clearly indicate the reference number of post in email subject line and ensure attachments are in the appropriate format (MS Word or PDF)
Applications not submitted on or before the closing date as well as faxed copies will not be considered If you did not receive any correspondence within 3 months of closing date consider your application as unsuccessful
Hermanus Schmidt Kylah Adams
James Cilliers Helena Kriel
Dorpskalender | Town calendar
SATERDAG 23 AUGUSTUS
Lynedoch: Die Faith Fund-omgeedag word om 10:30 op die VREDENHEIM-PLAAS gehou. Die geleentheid word deur die Beyers Truter Fetal Alcohol Interrelated Treatment Help Fund (Faith Fund) in samewerking met Beyerskloof en Vredenheim aangebied. Die sangeres Andriëtte Norman sal gaste met haar vermaak en wenke oor ingewande-gesondheid deel, terwyl Leatitia Solomons as seremoniemeester sal optree. Kaartjies, teen R440 elk, sluit ’n laatontbyt, geskenksakkie en gelukstrekkings in. Om jou tafel of kaartjie te bespreek, stuur e-pos na kershoff@mweb.co.za.
WOENSDAG 27 AUGUSTUS
Stellenbosch: Die konstertreeks Unlock the Violin Sonata bied om 18:30 “Strauss op.18 in E-mol majeur” by die JOHNMAN COTTAGE aan. Die konsert is die laaste kans vir plaaslike musiekliefhebbers om die pianis Gerhard Joubert in aksie te sien voordat hy vir studie na Switserland vertrek. Die violis Johanna Roos gesels vooraf oor die werk en agtergrondgeskiedenis en daarna volg ’n uitvoering van hierdie uitmuntende laat-romantiese sonate. Kaartjies is aanlyn deur Quicket te koop; kinders onder 12 jaar geniet gratis toegang.
THURSDAY 28 AUGUST
Franschhoek: The monthly Unlock the Violin Sonata concert series presents Strauss’ op. 18 in E-flat major at the FRANSCHHOEK DUTCH REFORMED CHURCH at 11:00. The concert will feature the pianist Gerhard Joubert and violinist Johanna Roos, who will discuss the work and history of the music before the performance. Tickets are available online through Quicket.
Stellenbosch: Fundamano 3 unpacks the secrets of creativity across mathematics, music and several other artforms, including quantum physics, at the DROSTDY THEATRE at 20:15. The Fundamano production celebrates and showcases the creative side of maths, while the storyline of each show takes the audience on a journey of discovery, surprise laughter and unveiling of maths that you might not have known to exist. Ticket
prices range from R80 to R160 via Webtickets.
VRYDAG 29 AUGUSTUS
Stellenbosch: Elke laaste Vrydag van die maand verkoop ACVV UTOPIA lemoenkoek en sjokolade brownies, gebak deur sy sjef. Die verkope word om 10:30 by Utopia se ingang in Dorpstraat gedoen.
SATURDAY 30 AUGUST
Stellenbosch: OUDE WERF HOTEL hosts an evening where soulful music meets great food and wine. The voice Maxine Ceasar will fill the room and a four-course meal will be paired with wines from Neethlingshof Estate. Known for her warm, expressive tone and easy stage presence, Ceasar brings a mix of soul, jazz, and heartfelt storytelling. The menu is made up of salmon mousse, buttery risotto, tender char siu pork belly, and apple tarte tatin, all served with wines chosen to complement it. The event runs from 18:00 to 21:00. Tickets cost R595 per person. Book on reservations@oudewerf.co.za or via Dineplan.
WEDNESDAY 3 TO FRIDAY 5 SEPTEMBER
Stellenbosch: The Stellenbosch University Drama Department presents Atrocious Incarnation by Moniq Gouws, featuring Mateo Komlosy and Lukona Mkunyana, at the ADAM SMALL LAB THEATRE at 19:30 daily. The production centres on two scientists, two secrets and two sides. In a wartime laboratory where logic meets lunacy, the brilliant buffoons discover consciousness can be bottled, transferred, and thoroughly botched. Armed with tin-can telephones, cold irons, and catastrophically bad judgment, they’ll stop at nothing to cheat death. Between philosophical feuds about feathers and anatomical exchanges gone wrong, watch as creators become creatures in this darkly comic dance of desperate doctors. They’ve mastered murder but can they master mortality? Some experiments should stay buried. Some incarnations are truly atrocious. Tickets, at R80 each, are on sale online via Quicket.
Stuur alle kalender-inskrywings na eikestadnuus@novusmedia.co.za.
Choir festival brings harmony
The spirit of music and community will fill the Stellenbosch air tonight (Thursday 21 August) as the e’Bosch High School Choir Festival takes centre stage in the hall of Idas Valley Primary School.
The much-anticipated event, which starts at 19:00, will showcase the exceptional talent and dedication of young singers from five local high schools: Cloetesville High, Klapmuts Secondary, Lückhoff High, Stellenzicht Secondary and Paul Roos Gymnasium.
The e’Bosch Heritage Project, founded in 2011, is a response to decades of social exclusion. It stands for respecting human dignity, eliminating social injustices and forging social inclusion for all.
The organisation also encourages everyone to celebrate their own heritage and build bridges among different social and cultural groups.
“This festival is about more than just music; it’s about building bridges between schools, celebrating our heritage and giving our youth a platform to
shine,” says John Frans, e’Bosch project manager for the festival.
Part of the e’Bosch Heritage Project’s annual programme, the festival celebrates unity through music, bringing learners from diverse backgrounds together to perform in harmony. Each choir will present unique songs, from soulful harmonies to energetic, uplifting arrangements.
Frans adds that the evening’s choral programme will end with the singing of “United Light”, a song composed by Xander Kritzinger, a conductor, tenor, vocal pedagogue, composer and pianist from Stellenbosch.
The e’Bosch High School Choir Festival is an inspiring example of how music can unite communities and nurture young talent. All music lovers, parents, and community members are warmly invited to attend and experience the joy of choral harmony.
Admission costs R50 per person. Contact Frans on 084 824 5611 or jfrans12@icloud.com, or Stacy Swartz on 074 732 0338 or school. ebosch@gmail.com for more information.
Plaaslike groep stel nuwe musiekalbum vry
Die Stellenbosse musiekgroep Francis Na Die Maan het Vrydag (15 Augustus) hul tweede vollengte album, Johanna van Ark, op alle digitale platforms vrygestel. Johanna van Ark is ’n konsep-album wat ’n storie van liefde en verlies vertel. Die hele fiktiewe storielyn vind plaas op ’n Middeleeuse slagveld. Francis Na Die Maan bestaan al sedert 2022 met Wielan du Plessis (regs; baskitaar, stem en kitaar) en Kobus Erasmus (links; stem, kitaar en vervaardiging) as lede. Die groep het hul eerste album vincent in April 2024 vrygestel, en kort daarna reeds aan hul tweede album begin werk. In die oploop tot die vrystelling van Johanna van Ark het die groep vier enkelsnitte vrygestel waarmee hulle hulself op die Stellenbosch-toneel gevestig het. Francis Na Die Maan is ’n onafhanklike musiekgroep wat al hul musiek self opneem, vervaardig en vrystel. Volg gerus die groep op Instagram (@FrancisNaDieMaan). Foto: Jandré Erasmus
Reviving hits from yesteryear
Get ready for a proper “Saffrican” consert complete with nostalgia, parody and all the lekker tunes you forgot you loved at the Daisy Jones Bar at Summerhill Estate outside Stellenbosch on Friday 29 and Saturday 30 August. It’s Not Inside, It’s... is a high-energy concert to South African chart toppers of the ’70s and early ’80s, with a cheeky nod to the TV ads of the time. Expect legendary hits such as “Hasie Hoekom is Jou Stert So Kort”, “Pretty Belinda”, “Clap Your Hands and Stamp Your Feet”, “Save Me”
by Clout, “Paradise Road”, “Timothy” and plenty more old favourites. It will be performed by the Theatrix Singers at 20:00 on both nights. The show blends powerful vocals, musical parody and lots of laugh-out-loud comedy, all brought to life with dazzling lights, superb sound and some unforgettable ’70s flair.
Expect safari suits, platform shoes, crimplene mini-dresses, long socks (with combs) and, of course, hot pants! Tickets can be booked online through Quicket.
Choral music and unity will take centre stage when the choirs of five local schools perform at the hall of Ida’s Valley Primary tonight (21 August).
VAKANTE POS:
NG GEMEENTE FRANSCHHOEK VAKATURE: ADMINISTRATIEWE BESTUURDER - VOLDAG POS
Navrae: Ryno Els A
kwalifikasies en diensrekord en twee onlangse referente.
Minimum vereistes: gepaste driejarige graad of diploma, gevorderde rekenaarvaardigheid, geldige rybewys en onafhanklike fisiese mobiliteit.
Per epos: rynojels@gmail.com
Die werkgewer behou die reg voor om aansoekers se CV en inligting te verifieer en vaardighede te toets.
Sluitingsdatum: 2 September 2025
Diensaanvaarding: 1 Oktober 2025
NM10024978-EN210825
U word vriendelik uitgenooi na die
ALGEMENE JAARVERGADERING VAN DIE STELLENBOSCH NAGSKUILING op Dinsdag 2 September 2025 om 10:00 by die Stellenbosch Nagskuiling te Tennantstraat 3, Tennantville, Stellenbosch. Almal welkom.
You are cordially invited to the ANNUAL GENERAL MEETING OF THE STELLENBOSCH NIGHT SHELTER on Tuesday 2 September 2025 at 10:00 at the Stellenbosch Night Shelter at 3 Tennant Street, Tennantville, Stellenbosch. All welcome.
SAPO has a vacancy for a Specialized Pruner (General Worker) in the Production Unit. The appointment date is 1 October 2025.
C a n d i d a t e s m u s t h a v e a g o o d g e n e r a l knowledge of plant and horticulture, as well as pruning of pome and stone fruit trees. Possession of an C1 license will be an advantage.
Closing date: 29 August 2025
Send CV to: Plant Material Manager: SAPO. Physical Address: SAPO, Van Reede Street, Stellenbosch, 7599. Email: info@saplant.co.za
Inquiries: Khaya Ngoshe, Tel: 021 887 6823.
GENERAL MANAGER: SAPO
NM10025073-EN210825
PAPEGAAIBERG SPECIAL RATES AREA
INVITATION TO PUCLIC PARTICIPATION MEETING
Place: The Woodmill, Conurban Boardroom
(On site directions can be obtained from security)
Date: 29 August 2025
Time: 13:00
Purpose of meeting:
Hosting a public participation meeting to facilitate the creation and implementation of a Special Ratings Area (SRA) for the areas surrounding the Papegaaiberg, Stellenbosch.
The areas include Onder Papegaaiberg, Devonvallei Industria, Heineken (Old Distell), Bosmans Crossing, Plankenbrug Industria and Tenantville Industria.
Kindly make contact at admin@psra.org.za
Or join our WhatsApp group at:
Proud Pieter to represent SA Racing the globe
Yaël Malgas
By his his own admission 18year old Pieter Venter is an adrenaline junkie.
The Paul Roos Gymnasium’s thrill seeking has secured him a place at the Downhill World Championships as part of the South African junior team in Champéry, Switzerland early next month.
The Grade 12 learner is one of only two qualifying juniors and he is proud to represent his country. “Mountain-biking is the most thrilling type of cycling. I was on a bike as soon as I could peddle, but it got boring real quickly.”
At 10 years old he started competing in cross-country cycling, no doubt bolstered by his father, an avid mountain biker himself.
Now, eight years later, Pieter is the South African junior champion and on the cusp of competing against a senior rider, a benchmark he always strives to achieve. “MTB is a small but close-knit community,” he explained.
“I would love to see more people join the sport; it is the most fun a rider can have. MTB is truly the F1 of cycling. The technology of the sport is so advanced and most cyclists ride prototypes, so there is always development and change.”
Pieter is frank about the costs of the sport. To make his way to Switzerland he has had to pay his own way, which is why he is grateful for the continued support and sponsorship of his Stellenbosch riding club Unbound MTB.
“Being part of the national team comes with more pressure.
The junior champ is off to Switzerland.
Training has definitely ramped up. I’m focusing on conditioning and power training for the champs.”
Europe has some of the best MTB tracks, he adds, with enough inclines and drops yet safe enough to make it to the finish line. DarkFest is an annual event, hosted at Hellsend Dirt Compound in the Vuurberg mountains near Stellenbosch, which sees some of the world’s best riders for close to a week.
“I hope to take on the track myself one day.”
But he’s sure his mother, Nicorien, doesn’t relish the prospect. “Yet, she and my dad continue to support me,” Pieter points out.
The Venter clan, along with fellow Unbound MTB riders Frankie du Toit and Matt Lombardi, will head to the four-day time-trial competition, which starts on Thursday 4 September.
Despite plans to study agriculture at Stellenbosch University after matriculating, the young thrill seeker intends to continue MTB, hopefully as part of the national senior team.
Saterdag sal deurslag gee
Avril Fillies
vir Stellenbossers
Die kragmeting tussen Van der Stel-Evergreens (VDE) en Tygerberg op Floridapark in Ravensmead Saterdag (23 Augustus) is van kardinale belang vir die Stellenbossers om te bepaal of hulle vir die topses-kompetisie wat op Saterdag 6 September op City Park in Athlone afskop, sal kwalifiseer.
VDE moet met ’n bonuspunt wen om die prestasie te behaal, maar dit gaan nie so maklik wees om die Tiere op hul tuisbodem te klop nie. Ongeag of VDE gaan kwalifiseer of nie – hulle het vriend en vyand in Superliga A verras om in die eerste jaar van deelname onder die topagt op die punteleer te eindig.
Maties het Woensdagaand teen Ikeys op die Green Mile gespeel – ’n herhaling van die Varsitybekereindstryd waar Maties die knie moes buig. Teen druktyd was die uitslag nog nie bekend nie, maar dit was voor die wedstryd duidelik dat Maties nie gaan toelaat dat oor hulle geloop word nie. Die hele klubrugbyseisoen moes die Maroentruie inhaal op hul agterstallige wedstryde.
In Superliga B het Franschhoek derde geëindig en vir die topses kwalifiseer, waar hulle Collegians gaan pak.
In Superliga C het Pniël Villagers vyfde geëindig en hy speel teen Rangers van Athlone in die topses.
Draf ’n myl kaf
Maak gereed vir die eerste Fynbos5Miler, wat Saterdag 13 September in Wyk 7 aangebied word.
Die wedloop begin om 08:00 by die Hoërskool Stellenbosch.
In die Promosieliga beklee Raithby Universals die tweede plek op die punteleer ná sy 1537 teen Rocklands in Mitchells Plain die afgelope naweek. Die ander plaaslike span in dié liga, Blue Stars United van Klapmuts, is vyfde en moes Saterdag op tuisbodem die knie teen die ligavoorloper, Watsonia Warriors, met 17-39 buig.
Albei spanne is Saterdag 30 Augustus weer in aksie, met Raithby wat kragte met Elsierivier op laasgenoemde se tuisveld meet en Blue Stars wat gasheer vir Fisantekraal sal speel.
In die Challengerbekerkompetisie is drie Stellenbosse spanne betrokke, StellenboschCoronations, Excelsior, Blakes en Cloetesville, en al drie het die afgelope naweek bloutjies geloop. Excelsior het in Paarl naelskraaps met 24-21 teen Windmeul United verloor, Titans was in Grassypark met 21-13 te sterk vir Corries en Blakes is met sy hoed in die hand terug Stellenbosch toe gestuur ná sy 28-0-loesing teen Khayelitsha.
Al drie spanne is weens die toets tussen die Springbokke en Wallabies in die DHL-stadion eers weer op 30 Augustus in aksie. Cloetesville speel dan in Groep B teen Retreat. In Groep C speel Corries teen Windmeul United in Idasvallei, Excelsior teen Khayelitsha op laasgenoemde se tuisveld, en Blakes reis na die Helderberg vir hul stryd teen Faure.
Stellenbossers word ook genooi om ’n 5-km-pretloop aan te pak, of ’n 8-km-wedloop kaf te draf. Atlete wat die myl wil aanpak, moet minstens 13 jaar oud wees. Inskrywings moet voor Sondag 31 Augustus gedoen word. Besoek https://secure.onreg.com/ onreg2 om in te skryf.
Unbound MTB rider Pieter Venter his heading to Switzerand to represent SA at the Downhill World Championships. Photo: Eric Plamer
Dr Buisman loves treating all ages from babies to the elderly.
Reg vir die groot stryd
Die spankapteine van die Hoërskool Lückhoff en Hoërskool Cloetesville is gereed vir derby-week. Die eerste spanne het vandag (Donderdag 21 Augustus) met hul derby begin met landloop, skaak, hokkie en netbal wat aan die beurt is. Saterdag (23 Augustus) is die groot dag met die skole se sokker- en rugbyspanne wat op die Van der Stel-sportterrein sal kragte meet. Saam met die kapteine is die koninklike hof van die onderskeie skole. Foto: Yaël Malgas
Dal en Vlei se skole meet weer kragte
Saterdag sal die gedreun van die skare reg oor Stellenbosch gehoor kan word wanneer die skoolgemeenskappe van die Hoërskool Lückhoff en die Hoërskool Cloetesville mekaar by die Van der Stel-sportterrein die stryd aansê.
Die jaarlikse instelling waartydens Idas- vallei en Cloetesville se hoërskole kragte meet, is die eerste keer in 2000 deur die Hoërskool Cloetesville aangebied. Aanvanklik het die onderskeie skole se rugby-, netbal- en sokkerspanne kragte gemeet. Deesdae kan toeskouers ook uitsien na landloop, hokkie en skaak. Vanjaar is ’n besonderse jaar vir die Hoërskool Lückhoff – hy is die gasheer én die skool vier sy 90ste bestaansjaar.
Die Lückhoff Sekondêre Skool is in 1935 in Stellenbosch se middedorp gestig in wat nou as die ou Lückhoff-skoolgebou op die hoek van Ryneveldstraat en Banghoekweg bekend staan.
Vandag is dié skool ’n hoeksteun in die Idasvallei-gemeenskap.
Die gasheerskool sal wil voortbou op sy vertoning van 2024 toe hy koning gekraai het toe die derby die eerste keer by die Van der Stel-sportterrein aangebied is.
Vir die gemeenskap was dit ’n historiese gebeurtenis, met beide skole wat ’n uitnodiging na die burgemeestersraadsaal deur die destydse burgemeester, Gesie van Deventer, en toe die adjunkburgemeester maar nou die eerste burger, Jeremy Fasser, ontvang het.
Vanjaar se spankapteins en die koninglike gevolg het gister (Woensdag 20 Augustus) weer by die raadsaal byeengekom, waar die huidige adjunkburgemeester, Mynard Slabbert, hul voorspoed vir die derby toegewens het.
Hoewel Lückhoff vanjaar weer wil seëvier, het die Hoërskool Cloetesville iets om te bewys en pronk as die skool wat die meeste derby’s oor die jare gewen het.
Die Covid-inperking het die kompetisie tussen die buurskole in 2020 en 2021 verhoed. Sedertien is daar geen keer aan die gewilde bymekaarkoms vir die Dal en Vlei se hoërskole nie.
Geesbou het die afgelope week geheers, met pretdae by albei skole, sowel as die gewilde Mnr. en Mej. Lückhoff-kompetisie, wat verlede Saterdag (16 Augustus) plaasgevind het. Warda Gezwint het as mej. Lückhoff weggestap en Paul Beukes as mnr. Lückhoff. Hul Cloetesville-eweknië is reeds in Maart gekroon. Chleo Daniels en Enrico Isaacs dra onderskeidelik die kroon van mej. en mnr. Cloetesville.
Die eerste kragmetings tussen die skole se sportsterre begin vandag (Donderdag 21 Augustus) met hokkie, landloop, skaak en netbal. Die groot stryd vind Saterdag plaas en verrigtinge begin om 09:15.
Leef jou skoolgees langs die veld uit op die 24ste Hoërskool Lückhoff en Cloetesville-derby!
DERBY 2025 LÜCKHOFF VS CLOETESVILLE
Thursday 21 August 2025
14:00 Hockey Girls Maties Hockey 14:00 Cross Country
Saturday 23 August 2025 09:15 Opening prayer & Singing of National Anthem
SOCCER OLD
11:30 SOCCER U17 B 12:35 RUGBY U19 A 13:50 Singing of School Anthems 14:00 SOCCER BOYS U19 A
DERBY 2025 LÜCKHOFF VS CLOETESVILLE
‘Blou gevaar’ slaggereed vir jaarlikse interskole-stryd
Dit is met trots en opgewondenheid dat ek hierdie voorwoord skryf in afwagting op een van die grootste sportgeleenheide op ons skool se sportkalender – die interskole-derby tussen die Hoërskool Lückhoff en die Hoërskool Cloetesville.
Dit is voorwaar meer as net ’n sportgeleentheid waar ons leerders hul talente gaan tentoonstel – dis ’n dag waarop twee gemeenskappe bankvas agter hul onderskeie skole sal staan om te wys dat hul kinders die beste op alle gebiede is, hetsy sport, kultuur of gees.
In ons skool se 90ste bestaansjaar, met al sy ryke tradisies, vier ons die geleentheid om Lückhoff se naam weer eens hoog te hou en te wys dat ons leerders voorwaar gedissiplineerd is op gebiede waar dit baie mededingend is.
Met al die uitdagings wat ons leerders elke dag in die gesig staar, bied dit hulle die geleentheid om die waardes wat hulle nastreef, onder leiding van die skool, te wys en te wys dat sport ’n geleentheid is om elke struikelblok te oorkom.
Al is die derby ’n hewige wedywering tussen twee tradisionele “aartsvyande”, word hierdie geleentheid gebruik om
hegte bande te bou tussen leerders, opvoeders en die gemeenskappe.
Aan al ons ouers, borge, alumni en fanatiese ondersteuners, baie dankie vir u volgehoue ondersteuning.
Mag ons die bande versterk sodat Lückhoff ’n baken van hoop in die Idasvallei-gemeenskap bly, waar ons daagliks uitdagings in die gesig staar wat ons toekoms positief of negatief beïnvloed.
Lückhoff het ’n ryk tradisie van sportsterre –nie net in Suid-Afrika nie, maar ook oorsee. Wees die ambassadeur en wys die wêreld die waardes wat Lückhoff in julle ingeboesem het.
Aan Cloetesville, baie dankie dat julle altyd waardige teenstanders is – nie net op die sportveld nie, maar op elke gebied waar ons as skole teen mekaar wedywer.
Aan my skool, die “Blou gevaar”, onthou ons leuse: “Opvoeding is lig”. Wys op en langs die verskillende sportvelde en in die paviljoene dat julle ware ambassadeurs is wat altyd Lückhoff-trots is.
Mag die beste skool seëvier.
Mnr. G.B. Petersen, Hoërskool Lückhoff
Maak geskiedenis, spanne!
Hiermee wil ons graag ons hartlike gelukwense aan die Hoërskool Lückhoff met sy 90ste verjaarsdagviering uitspreek.
Hierdie belangrike mylpaal weerspieël nie net die blywende nalatenskap en toewyding aan uitnemendheid wat die Hoërskool Lückhoff oor dekades heen bevorder het nie, maar beklemtoon ook die deurslaggewende rol wat hy in die vorming van die opvoedkundige landskap van ons gemeenskap vervul het.
Die derby tussen die Hoërskool Cloetesville en die Hoërskool Lückhoff oortref blote sportmededinging. Dit beklemtoon ’n sosiale en kulturele geleentheid wat gemeenskapsgees, skooltrots en plaaslike identiteit bevorder.
Hierdie jaarlikse ontmoeting is nie net ’n vertoonkas van sporttalent nie, maar dien ook as ’n geleentheid vir alumni, leerders, families en ondersteuners om in die viering van hul onderskeie skole te verenig.
Die wedywering vestig waardes soos spanwerk, dissipline en respek onder deelnemers terwyl dit vriendskapsbande tussen die skole se gemeenskappe bevorder.
Benewens die tellings en toekennings weerspieël die derby dieper narratiewe
van sosio-ekonomiese agtergronde, opvoedkundige hoop en dorpsverbintenisse.
Die langdurige tradisie beklemtoon beide skole se toewyding aan uitnemendheid in onderwys en sport terwyl dit ’n omgewing bevorder waar wedersydse respek te midde van gesonde kompetisie heers.
Terwyl ons hierdie dubbele geleentheid vier, herbevestig ons ons toewyding om ’n lewendige akademiese en buitemuurse kultuur te bevorder wat alle leerders bevoordeel.
Die Hoërskool Cloetesville is gereed om die uitdaging aan te pak en geskiedenis te maak!
Geskiedenis word nie net per toeval geskryf nie; dit word geskep deur meedoënlose moeite, spanwerk en onwrikbare toewyding – eienskappe wat ons definieer.
Ons dank aan elke ouer, afrigter, oudleerder, oudonderwyser, personeellid en borg wat in ons leerders se toekoms en die geleentheid belê.
Die opwinding kan in elke huis gevoel word. Elke leerder van ons skool is gereed om “net jou beste” te gee.
Kom ons laat dit gebeur!
B.A. du Plessis, Hoërskool Cloetesville
Die Hoërskool Lückhoff se waarnemende hoof, George Petersen.
Die Hoërskool Cloetesville se hoof, Brand du Plessis.
Spanne tree aan vir vurige kragmetings
VURING EN SLAGGEREED: Die Hoërskool Cloetesville se eerste rugbyspan.
SPOED OP DIE LANGPAD: Die Hoërskool Luckhoff se landloopspan.
FIKS EN UITDAGEND: Die Hoërskool Luckhoff o.19-netbalspan.
“BLOU GEVAAR” SKRIK VIR NIKS: Die Hoërskool Luckhoff se eerste rugbyspan.
LANGASEMS: Die Hoërskool Cloetesville se landloopspan.
PROPVOL GEES EN WOEMNA: Die Hoërskool Cloetesville se o.19-netbalspan.
DERBY 2025 LÜCKHOFF VS CLOETESVILLE
Die Hoërskool Cloetsville se skoonhede is vroeër vanjaar gekroon. Die koninklike hof was Luyanda Claasen (2de prins, mnr. Fotogenies), Aaliyah Lindoor (2de prins), Enrico Isaacs (1ste prins), Kiarah Arnolds (1ste prinses), mnr. en mej. Cloetesville, Curtley Kerwel en Chleó Daniels, Alupheli Xinwya (mej. Fotogenies), Connor Witbooi (mnr. Persoonlikheid) en Shaneqay Miggel (mej. Persoonlikheid).
Die gees loop . . .
Die Hoërskool Lückhoff se koninklike hof was opgetooi vir die geleentheid met die skool se skoonhede wat op die loopplank was. Foto: I&J’s Photography
’n Kruiwa, piekniekmaatjie en selfs ’n stootwaentjie om die skoolboeke te dra tydens Geesweek – enigiets behalwe ’n rugsak!
Leerders is Sondag (17 Augustus) sterkte toegewens vir derby-week met ’n spesiale diens by die Volkskerk in Stellenbosch.