
GRATIS | FREE
Nuus net vir jou sedert 1950
Nuus net vir jou sedert 1950
Steyn du Toit
Aerolene Griebelaar se reis van skoonmaker in die gange van die Universiteit Stellenbosch (US) tot die oorsteek van die verhoog by die gradeplegtigheid is niks minder as inspirerend nie.
Ná jare se fyn voetwerk en bontstaan tussen werk, haar gesin en haar studie, het Griebelaar haar Baccalaureusgraad in Teologie die afgelope Vrydag (13 Desember) ontvang.
Dié ma van twee van Cloeteville moes die afgelope sewe jaar ’n uitmergelende program handhaaf om haar studie te voltooi. As ’n skoonmaker by die US – ’n pos wat sy sedert 2017 beklee –begin haar werksdag om 07:00 en eindig dit om 16:00. Om deur haar akademiese program te kom, het sy ná werk van 18:00 tot 20:00 aanlyn klasse bygewoon.
Haar akademiese reis, gemotiveer deur haar diep belangstelling daarin om geloof en spiritualiteit te verstaan, het begin toe sy vir die US se deeltydse Baccalaureus in Teologie-program ingeskryf het.
“My belangstelling in teologie het op ’n vroeë ouderdom begin. Op 15 het ek ’n roeping gevoel wat my lewe as jong volwassene gevorm het, en ek het besluit om by die Pinksterkerk aan te sluit. Ek het selfstudie beoefen en aktief by kerkgemeenskapsaktiwiteite betrokke geraak – aanvanklik met die oog daarop om ’n maatskaplike werker te word. Daardie planne het egter nie uitgewerk nie,” verduidelik sy.
“Ek is in 2019 oorgeplaas om by die fakulteit teologie te werk. Die dekaan, prof. Reggie
Nel, het my genader oor ’n deeltydse program en my aangemoedig om dit te oorweeg om daarvoor aansoek te doen. Dit het my belangstelling geprikkel en ek het besluit om my hand daaraan te waag, en só het ’n nuwe hoofstuk in my reis begin.”
Nel is vol lof vir sy student se sukses. “Ek onthou haar positiewe werksetiek as ’n skoonmaker in die geboue van die teologiese fakulteit. Sy het haar werk met soveel waardigheid en vreugde gedoen. Maar sy het ook daarna gestreef om ’n
belangriker rol in die samelewing te vervul. Die feit dat sy reeds voltyds gewerk en ’n lieflike gesin gehad het, het haar nie teruggehou wat haar hoër roeping in die lewe betref nie.”
Volgens Nel was die nuut geïmplementeerde Baccalaureusgraad in Teologie as ’n deeltydse, hibriede program die ideale geleentheid vir Griebelaar aangesien dit ontwerp is om toegang vir ouer potensiële studente te bied. “Sy het die uitnodiging en inisiatief met albei hande en ’n oop hart aangegryp. Wat ons met haar
graduering sien, is uitsluitlik aan haar harde werk en deursettingsvermoë te danke. En aangesien sy planne het om verder te studeer, wens ons haar alle sukses toe met die uitlewing van haar roeping. Sy inspireer ons almal. Sy verskuif grense. Sy droom oor en skep nuwe toekomste.”
Griebelaar moes haar studieloopbaan bestuur terwyl sy haar twee kinders – Chelsea Joy (8) en Caleb-Josh (17) – met die onwrikbare ondersteuning van haar man, Charlton, grootgemaak het. Om ’n balans tussen al haar verantwoordelikhede te handhaaf, was egter nie sonder uitdagings nie. Om die eise van ’n voltydse werk, ouerskap en aandklasse te bestuur, het dissipline en deursettingsvermoë vereis.
“Sommige dae was uiters uitdagend, aangesien my twee kinders ook aandag nodig gehad het vir hul skoolwerk. Ek moes ’n manier vind om hulle te help terwyl ek my eie klasse bywoon. Die kombuis het die beste oplossing geword: Ek het my skootrekenaar op die mikrogolfoond geplaas om by die klas aan te sluit, my seun het by die kombuistoonbank gewerk en my dogter het die vrieskas as haar lessenaar gebruik. Dit het my in staat gestel om hulle te help terwyl ek op die gasstoof kook,” onthou sy.
“My man was ongelooflik. Hy het my ondersteun deur die kinders soggens gereed te kry en by die skool af te laai, aangesien ek reeds by die werk was wanneer hulle wakker word. Sommige aande het ek tot 23:00 op kampus gebly om my opdragte te voltooi. Naweke het ek by plekke soos die Jan Mouton-leersentrum of die
Teologie-rekenaarlaboratorium deurgebring. Vrye tyd het iets van die verlede geword.” Benewens die ondersteuning wat sy van haar gesin ontvang het, skryf Griebelaar ook haar sukses toe aan haar vasberadenheid en tydsbestuursvaardighede. Ondanks die struikelblokke het sy onwankelbaar gebly om haar doelwit te bereik en oomblikke van vreugde en leer deur die hele proses gevind. “Hierdie graad is meer as ’n kwalifikasie. Hierdie reis het my nader aan God gebring. Dit het vir my nuwe wêrelde oopgemaak en my uitkyk op die lewe en myself verbeter. Ek het my identiteit ontdek – wie en wat ek is,” verklap sy trots. “Ek beskou dit as ’n uitmuntende prestasie en een van die hoogtepunte van my lewe. Om hierdie graad te ontvang, is ’n groot voorreg. Al het dit ’n prys gehad, was dit op die ou einde die moeite werd.”
Griebelaar beplan om op haar pad vorentoe ’n gemeenskapsprojek voort te sit wat sy gedurende haar studiejare begin het. “AG Bemagtiging floreer steeds, en ek werk tans saam met ’n groep jongmense in die gemeenskap om groei en ontwikkeling te bevorder. Ek wil geleenthede in berading ondersoek en ’n praktyk uit my huis bedryf. Hierdie onderneming sal my in staat stel om begrafnisdienste te verskaf en huwelike te voltrek en waardevolle dienste direk aan die gemeenskap te bied,” vertel sy.
“My doelwit sal egter altyd daarop gefokus bly om betekenisvolle bydraes tot die welstand van diegene rondom my te lewer.”
Officers stationed at Stellenbosch Police Station swopped their blue uniforms for glamorous evening wear as they attended the annual Stellenbosch Police Excellence Awards at Protea Hotel Technopark last Friday (6 December). The award ceremony, an initiative started by station commander Brigadier Sandile Sonjani last year, recognised and praised the hard work of police officers of the local station throughout the year. It also acted as the official farewell of Brigadier Brian Muller, former Vispol head of Stellenbosch police, who was promoted to station commander of Mitchells Plain police at the beginning of August. Muller was stationed at Stellenbosch Police Station from February 2019 and was an integral part of the station management team. Pictured is Sonjani handing over a special farewell gift to Muller. Photos: Francois Mouton/ Stellenbosch Academy of Design and Photography
Constable Peter Oliphant was named Policeman of the Year. He received his award from Stellenbosch Police Station commander Brigadier Sandile Sonjani. The Policewoman of the Year award went to Constable Ruzanne Harrison, who was not in attendance. The Crime Prevention Unit (CPU) – A team who included some of the big winners of the day, being awarded the trophy for Team of the Year and Catch of the Year. The crime-fighting team (from left) are Warrant Officer Mark Jacobs, Constable Junaid Anthony, Brigadier Sandile Sonjani, Constable Zinzan Curtley Truter, Constable Lee-Ashwin Lucas and Constable Peter Oliphant. Sergeant Cornel Wenn, Constable Ruzanne Harrison and Constable Bradley Eksteen were absent from the event. Constable Oliphant was named Policeman of the Year, while the Policewoman of the Year award went to Constable Harrison.
The 2024 Detective of the Year prize was awarded to Detective-Sergeant Clinton Malan, with Brigadier Sandile Sonjani doing the honour of presenting the award to him.
The CPU B team received an award for achieving targets together with CPU A. The team comprises (from left) Constable David Williams, Constable Stephenol Muller, Brigadier Sandile Sonjani, Sergeant Craig Mentoor, Constable Arlin Laubscher and Constable Lorenzo Jacobs.
The ceremony was also an opportunity for the local police to show their appreciation to their crimefighting partners, especially the local community policing forum (CPF). Sonjani presented André Pelser, chairperson of the Stellenbosch CPF, with a special token of gratitude. Pelser was instrumental in arranging the event and ensuring great sponsors. Station management thanked the following sponsors for the support: Stellenbosch CPF, Protea Hotel Technopark, ABC Security, Chill Beverages, Muldersbosch, Root44, Skilpadvlei, Aaldering, Wolwedans, Joubert Family, Polkadraai Farm Watch, Gino’s Stellenbosch and Old Mutual Technopark.
Yaël Malgas
Stellenbosse lede van die burgerregteorganisasie AfriForum het die plaaslike rioolsuiweringswerke onlangs saam met beamptes van die Stellenbosch-munisipaliteit en die departement van water en sanitasie (DWS) besoek.
Die gesamentlike besoek op Maandag 9 Desember het gevolg nadat AfriForum vir ’n jaar gepoog het om inligting oor die stand van sake by die waterwerke van die munisipaliteit te kry. Twee Paiaaansoeke is ook deur AfriForum ingedien om spesifieke inligting te bekom omdat inwoners gekla het oor die watergehalte in die munisipale gebied.
Al drie partye het in November vergader, waar die departement versoek het dat ’n besoek gebring en monsters geneem word (“Groenlig vir toetsing”, Eikestadnuus, 28 November 2024).
Verlede Woensdag (12 Desember) het die plaaslike tak gesê op die vergadering tussen verteenwoordigers van die munisipaliteit, die departement, bestuurders van die rioolwerke en verteenwoordigers van die Raad vir Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsing (WNNR), is vele haakplekke bespreek.
“Op die vergadering is verduidelik watter stappe geneem is om die uitdagings van die vorige 18 maande met betrekking tot die doeltreffendheid van die rioolsuiweringsaanleg aan te pak en hoe dinge in die toekoms bestuur gaan word. AfriForum het ook as deel van die meer deursigtige verhouding in die toekoms aangebied om opleiding aan te bied waar nodig,” lui ’n verklaring van die Stellenbosch-tak.
AfriForum het verlede November private watergehaltetoetse laat doen ná gerugte van die storting van ongesuiwerde rioolwater in die riviere.
Dié watermonsters het glo op gevaarlike vlakke van rioolbesoedeling in die Plankenbrug-, Veldwagters- en Eersterivier gedui. Die organisasie sê nou hy is tevrede met die vordering wat gemaak is sedert die bekommernisse oor die swak watergehalte aangemeld is. Van die verbeterings was die vervanging van ’n verouderde mangat in Desember 2023. Volgens die munisipaliteit was dit nie onverwerkte riool wat in die rivier gevloei het nie, maar dit was eerder ’n “verkeerde interpretasie”.
Nuwe kontrakteurs is aangestel om die rioolwerke te bestuur volgens AfriForum, maar die munisipaliteit het verduidelik die aanleg bly onder munisipale bestuur, met ondersteuning van ’n diensverskaffer wat tydelik ingebring is om vakatures te vul en spesialiskundigheid te verskaf, soos dié van Klas V-prosesbeheerders, wat skaars is in Suid-Afrika, het Stuart
Paul Joubert, die huidige senior bestuurder van Stellenbosch se groot munisipale rioolaanleg, met Flip du Plessis (regs), die senior ingenieur wat AfriForum adviseer oor die onafhanklike monitering van die aanleg, die grootste moderne MBR-membraan-bio-reaktor van sy soort in SuidAfrika. Die aanleg van ongeveer ’n miljard rand het verlede jaar ernstige bedryfsprobleme gehad, wat deur AfriForum Stellenbosch uitgewys is.
Grobbelaar, munisipale woordvoerder, by navraag verduidelik.
Grobbelaar meen die onlangse besoek het die “uitstekende bedryfstatus” van die aanleg bevestig.
“Geen probleme of uitdagings is geïdentifiseer nie. Die aanleg werk optimaal, wat ondersteun word met gereelde instandhouding, en die verligting van beurtkrag verseker verder ononderbroke bedrywighede,” het hy gesê. Volgens die Stellenboschmunisipaliteit erken AfriForum die aanleg as ’n simbool van bedryfsuitnemendheid.
Jacques Benade, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland, sê die organisasie verskuif sy fokus na ander rioolwerke om te verseker dat gehalte gehandhaaf word. AfriForum het by drie punte watermonsters geneem, wat na ’n onafhanklike laboratorium vir ontleding gestuur sal word.
Die monsters is stroomop van die uitvloei van die waterwerke, by die uitvloei self en stroomaf in die rivier geneem. Die ander betrokkenes het hul eie monsters geneem vir toetsing en het ooreengekom om volgende jaar weer te vergader en die uitslae te bespreek. Volgens die munisipaliteit erken AfriForum die aanlag as ’n simbool van bedryfsuitnemendheid. Die plan is glo om die sukses van die Eikestad se aanleg as ’n model te gebruik vir die ontwikkeling van ’n metodologie om ander munisipaliteite wat met afvalwaterbestuur sukkel, by te staan. “Sedert die opknapping in 2017 het die aanleg bestendig uitsonderlike resultate gelewer. Die gehalte van behandelde afvalwater word onafhanklik deur beide die munisipaliteit en die WNNR getoets, en voldoen aan en oortref die standaarde soos in nasionale waterwetgewing uiteengesit is,” sê Grobbelaar.
CONTACT US/KONTAK ONS Tel. 021 887-2840 | 37 Mynhardt Street, Gants Centre, Strand
Redaksionele-uitgewer/Editorial publisher TASMIN CUPIDO (tasmin.cupido@media24.com)
Joernalis/Journalist YAËL MALGAS (yael.malgas@media24.com) 076 967 6070
Verkoopsbestuurder/Sales manager MUHAMMAD BRINKHUIS (muhammad@helderberg.com)
Advertensies/Advertisements FRAN VAN NIEKERK (fran.vniekerk@eikestadnuus.com)
Geklassifiseerd/Classifieds GERALDINE ADENDORF (geraldine.adendorf@media24.com) 021 887 2840
Rekeningnavrae/Account Enquiries CHANDRE LE ROUX (chandre.leroux@media24.com) 021 406 3346
Yaël Malgas
Prof. Hermann Giliomee (86) se aktiewe burgerskap en sy bydrae tot die plaaslike en internasionale geskiedenis en politiek het hom ’n munisipale ereburgerskap besorg.
Die Stellenboschmunisipaliteit het die toekenning Vrydag (13 Desember) tydens ’n spesiale seremonie oorhandig. Volgens die raadslid Esther Groenewald was die gehalte van Giliomee, ’n wêreldbekende historikus en politieke skrywer, se bydraes tydens die wyksvergaderings besonders. Dit was juis die komitee van wyk 22 wat Giliomee vir die munisipale eer benoem het.
“Tydens die huisvergaderings in Dalsig was sy bydraes ’n diepsinnige kyk oor die gebied. Eerlik, snydend en feitlik is die kenmerke van sy kennis. Hy is ’n skerp luisteraar, en sy kelders vol wysheid is ’n aanwins vir almal van Dalsig tot die internasionale gemeenskap,” sê Groenewald.
’n Ereburgerskap is ná ’n streng proses en deur ’n onafhanklike paneel toegeken.
Giliomee het op sy beurt die munisipaliteit vir dié eer bedank. Hy sê hoewel ’n historikus dikwels verwyt en blameer word, dit ’n voorreg was om Afrikaners sowel as bruinmense se geskiedenis te kon opskryf.
“Suid-Afrika is ’n moeilike land en om iets hier reg te kry verg vernuf, geduld en genade. Dit is waarom dit ook ’n voorreg was om die geskiedenis op te skryf,” meen hy.
Volgens sy dogter, Adrienne Giliomee, is die Eikestad en haar pa se lewe saam geweef.
“Vandag is ’n besonderse dag, veral omdat Stellenbosch so baie vir hom beteken. Dit was altyd vir hom belangrik om geskiedenis ‘reg’ en feitelik op te teken. Ek dink daarom beteken veral Nog altyd hier gewees so baie vir hom,” sê sy. Ná meer as 50 jaar in die dorp is Giliomee en sy vrou, Annette, deesdae inwoners van La Clémence-aftreeoord.
Yaël
Malgas
Republique Café started as an idea by a group of friends and is now the Best New Café, according to the Coffee Magazine Awards.
In Andringa Street the coffee shop brings a touch of France and has become a third space for many locals to quietly enjoy coffee since opening just over a year ago. According to manager Simnikiwe Mkhize the winning recipe for Republique is the excellent coffee, an inviting space and wonderful service from the team. “Working in a café like this gives us an opportunity to have a large footprint in a smaller town,” she said. “Creating a third space for friends to catch up or workers to go after the day. It has even become a place where people come when they visit Stellenbosch.”
Founded by Mandi Hart and friends Republique Café provides special coffee and locally-sourced eats. All the special coffees served are traceable to the international farms and the farmers. When it comes to using those beans Mkhize explained precision is the secret to constantly making the perfect coffee. “So that the brews are constant no matter who is manning the machine on a daily basis.”
The annual Coffee Magazine Awards, held in Stellenbosch on Saturday 7 December, saw
winners in 16 categories including Best Alternative Brewing Experience and Coffee Team of the Year.
The criteria for the Best New Café everything from great high quality beverages to good bathrooms. “It is about always finding those little bits of information to share with our customers,” Mkhize explained. “Even for us it is about learning every day as equipment is evolving and techniques are changing. We need to stay up to date about what the market is doing.”
This is important when it comes to pricing because speciality coffee comes at a price, but Mkhize said coffee lovers a willing to pay for their liquid gold if they understand the expense. “We had an Ethiopia geisha, a very rare, expensive bean, we bought on auction. Then of course the shop has to put it mark up on and a cup ended up costing a R100. If
you know the back story it can be a nice experience for some. But there is a balance; we want everyone in the value chain to be able to eat but not have the price be daylight robbery for the customer.”
Much like wine, coffee has profiles. Customers can book a cupping to learn more about these nuances and roasting the beans at Republique. The team also focuses on alternative brewing methods like AeroPress, a brewing method that uses air pressure to brew coffee, and Hario V60 which is a pour over brewing device with a coneshaped dripper at a 60º angle.
The Hario V60 is a favourite technique of some team members, but there are also outliers like barista Jordan Alberto, who says despite working with speciality coffee all day, she prefers drinking Ricoffy. It may be best to visit Republique Café and decide for yourself.
Kingdom Development Projects, ’n organisasie sonder winsbejag in Klapmuts, het die jaar op ’n hoë noot afgesluit deur sy uitblinkers vir 2024 op Vrydag 6 Desember te vereer. Die organisasie het by die Klapmuts-veeldoelsentrum erkenning vir die prestasies en harde werk van sy nasorg-leerders sowel as sy sokker- en netbalspelers gegee. Die prysuitdelingsaand se tema was “Glo in jouself”. Die organisasie het ten doel om kinders en jeug van die Klapmuts-gemeenskap in sport en opvoeding te dien. “Ons kon die leerders en sportvroue met die hulp van skenkers ’n ongelooflike aand bied,” het die stigter, Leticia Pietersen, gesê. Die aand se gassprekers was Nicolene Martin, die afrigter van die Southern Stings-netbalspan en ’n bestuurslid van die Kaapse Wynland-netbalfederasie en Lorenzo Arendse, die president van die Kaapse Wynland-sportraad en ondervoorsitter van die Wes-Kaapsportraad. Pietersen het alle ondersteuners van Kingdom Development Projects bedank – veral die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit vir die ete en Zukile Mfengu van die 7de Laan Tavern vir die huur van die saal.
Bid farewell to 2024 in a truly memorable way with the New Year’s Eve Sunset Hike at Muratie Wine Estate on Tuesday 31 December.
Enjoy a magical evening with family and friends as you hike to a scenic lookout point, toasting the final sunset of the year with a glass of Muratie’s Lady Alice MCC in hand.
The trail, starting from the Dirtopia Trail Centre, is a 3,5 km circular route leading to breathtaking views of Table Mountain and the surrounding Winelands. The hike takes 30 to 45 minutes to reach the summit, so ensure you arrive by 19:00 to complete the ascent before sunset.
Take along a blanket to relax at the lookout while you wait for the sunset and the moon to rise, all under the
majestic Simonsberg Mountain. Pack your own picnic or enjoy a glass or bottle of Muratie’s premium wines, available for purchase at the summit. The experience concludes by 20:30, with the wine farm closing at 22:00. Hikers are urged to arrive from 18:00 and no later than 19:00 to begin the hike. The cost is R165 per person and R80 for children under 10 (includes a glass of MCC for adults and juice for children). Wear sturdy hiking shoes and take a torch, warm clothing, and a picnic blanket along. Snacks and cold drinks can be bought at the trail centre. Space is limited, and booking is essential on www.dirtpass.co.za. ) For more information, contact the Dirtopia Trail Centre on 078 343 3572 ot info@dirtopia.co.za, or visit www.dirtopia.co.za.
The Passenger Rail Agency of South Africa (Prasa) and Metrorail Western Cape has announced its festive season train service, designed to cater for the leisure needs of commuters during the holiday period.
In addition to the normal weekday service, the region’s trains will operate on public holidays and Sundays, until Sunday 5 January 2025.
Normal services will resume on the Monday 6 January 2025.
This special arrangement has been put in place to accommodate commuters’ requests for additional trains for those travelling to popular beach destinations and other places of leisure.
Metrorail will operate on the following public holidays and Sundays (a time-table will follow, but you can visit your nearest train station ticket office for more information):
. Thursday 26 December 2024;
. Sunday 29 December 2024; . Saturday 28 December 2024; the service will be extended to 18:30
. Wednesday 1 January 2025;
. Saturday 4 January 2025; the service will be extended to 18:30
. Sunday 5 January 2025
Customers are also advised to arrive early at stations to secure parking and seating. There will be security on board our trains and stations; the safety and security of our customers are a priority.
or
Acting regional manager Raymond Maseko said that the region is excited to offer a convenient and safe travel experience for our commuters during the festive season. He added that he encourages everyone to plan ahead, check our service schedules, and enjoy the holiday period. Hope on a train
favourite trusted grocery store OK Foods Stellenbosch is
After the recent upgrade the store is ready to welcome the community back with its famous fresh produce and excellent service.
Now that the dust has settled after the recent renovations you can expect an elevated shopping experience, with easyto-navigate aisles, beautiful displays and the excellent service the Stellenbosch team is known for.
Whether you are shopping for your family or for meals to prepare in your home kitchen, OK Foods Stellenbosch’s low prices and weekly specials will suit your budget. No need to shop around because OK Foods Stellenbosch has everything you need under one roof. Nothing beats OK Foods Stellenbosch deals so be sure to come and get all the treats for your Christmas table, your XY and Z for the braai next to the pool and even toys for the little ones to put under the tree. Be it everyday staples such as milk and bread or must-have appliances such as a steam iron and hairdryer, you will find it all here.
OK Foods has been a cornerstone for
local communities since 1927, and the team at OK Foods Stellenbosch carries on this rich tradition.
Die Eikestadnuus-span groet vir die jaar.
Ons laaste uitgawe vir 2024 verskyn vandag, Donderdag 19 Desember. Die volgende Eikestadnuus sal op Donderdag 16 Januarie 2025 verskyn, hoewel die redaksie en advertensiespan van Maandag 13 Januarie reeds weer beskikbaar sal wees. Stuur gerus steeds enige nuus en foto’s na
eikestad@eikestadnuus.com vir publikasie-oorweging in die nuwe jaar.
Ons bedank graag ons getroue lesers en lojale adverteerders vir hul volgehoue ondersteuning die afgelope jaar.
Ons wens almal ’n wonderlike en veilige feestyd saam met u geliefdes toe en sien uit daarna om die nuwe kalenderjaar saam met u aan te pak.
Die bekendstelling van Pieter van der Westhuizen se debuutbundel kortverhale, Wie weet wat mens nooit weet nie, is Vrydag 23 November by Erfurthuis in Stellenbosch gehou. Van der Westhuizen is in Februarie vanjaar oorlede. Die verhale speel in die 1950’s en 1960’s in die spoorweg- en myndorp Langlaagte af. Tydens die gesprek oor die bundel het Daniel Hugo (links) aan Marlene Malan van Turksvy Publikasies vertel dat die versameling verhale saam as ’n roman gelees kan word, en dat dit die sosiale en politieke werklikheid van daardie jare “op ’n outentieke en oortuigende wyse” uitbeeld. Foto: Engela Duvenage
Briewe van ons lesers
Notice is hereby given of the availability of the Draft Stellenbosch Municipality CCTV Policy for comment. The document is available on the municipal website (https://www.stellenbosch.gov.za/). Hard copies are available at the municipal information desk (Main building - Plein street) in Stellenbosch, as well as the libraries in Stellenbosch (Plein Street) and Ida’s Valley (Sonnebloem Road) Comment on the document must be submitted in writing to Daniel Jonkers, P O. Box 17, Stellenbosch, 7599, or sent to Daniel.Jonkers@stellenbosch.gov.za The closing date for receipt of comment is 31 January 2025.
Kennis geskied hiermee van die beskikbaarheid van die Konsep Stellenbosch Munisipaliteit CCTV-beleid vir kommentaar Die dokument is beskikbaar op die munisipale webtuiste (https://www.stellenbosch.gov.za/). Harde kopieë is beskikbaar by die munisipale voor portaal informasie toonbank ( hoof gebou – Plein straat) Stellenbosch, asook die biblioteke in Stellenbosch (Pleinstraat) en Ida’s Valley (Sonnebloemweg). Kommentaar op die dokument moet skriftelik ingedien word by Daniel Jonkers, Posbus 17, Stellenbosch, 7599, of gestuur word aan Daniel.Jonkers@stellenbosch.gov.za
Die sluitingsdatum vir ontvangs van kommentaar is 31 Januarie 2025.
Die lesersbrief in Eikestadnuus van Donderdag 5 Desember getiteld “An open letter to executive mayor Fasser” deur “Concerned residents” verwys.
Hoekom is die skrywer of skrywers nie bereid om hul name bekend te maak nie? Dit laat wenkbroue lig.
Natuurlik stem ek saam dat die parkeergarage in die middedorp ’n euwel is wat geensins met die wetgewing en die Stellenbosse Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (ROR, MSDF) vereenselwig kan word nie. Ek stem ook saam dat “park-and-ride” ’n deel van die oplossing is. Ek verskil egter met die skrywer se oordeel dat die Comprehensive Integrated Transport Plan (CITP) “goed deurdagte oplossings aanbied om die uitdagings van verkeer in Stellenbosch aan te durf”. Die CITP soos in 2023 goedgekeur is eintlik net ’n versteekte legitimering van die groot padbouplanne van die Roads Master Plan. Die Roads Master Plan is die dryfkrag van die CITP, nie volhoubaarheid of tersaaklike wetgewing nie. Die CITP bevat allerlei mooi stellings en drome oor openbare vervoer, NMT, busroetes en volhoubaarheid,
maar wat saak maak is nie mooi woorde nie, maar finansiering. Friends of Stellenbosch Mountain het in 2023 uitgewys dat 95% van die driejarige begroting vir mobiliteit van ongeveer R1,173 miljard op paaie en motors gespandeer word. Die bietjie wat tans op sypaadjies en ’n fietsroete hier en daar gespandeer word, is goed, maar voorsien nie regtig in die behoefte aan openbare vervoer nie.
Die 2023 CITP moet teruggetrek word, ’n nuwe CITP moet van meet af opgestel word, en die munisipale en provinsiale begroting vir mobiliteit moet fundamenteel verander om nie paaie nie, maar noodsaaklike infrastruktuur vir openbare vervoer te finansier. Byvoorbeeld moet die munisipaliteit goeie en gerieflike openbarevervoer-verbindings tussen Droë Dyke, die treinstasie en die middedorp vinnig en deeglik finansier en implementeer. “Park-andride”-fasiliteite moet ook as prioriteit gefinansier word. ’n Paar honderd miljoen rand oorgeplaas van die huidige paaie-begroting sou dit kan bewerkstellig.
HC Eggers, FRIENDS OF STELLENBOSCH MOUNTAIN
Tweekamp lok van 7 tot 70
Tweekamp, word gereeld gesê, is voorwaar ’n sport vir jonk en oud. By die onlangse Boland-Tweekamp-ligabyeenkoms in Bonnievale op Saterdag 7 Desember het van sewejariges tot mans ouer as 70 jaar deelgeneem. Onder die oudste atlete was die oud-Paul Roos Gimnasium- onderwyser Coenie van Vuuren van Stellenbosch, wat as meestersatleet steeds ’n 400 m in 1:47,70 kafdraf en saam met sy 50 m-swemitem ’n stewige puntetelling van 2 043 ingesamel het. Die volgende ligabyeenkoms is op Saterdag 18 Januarie by Paarl Gimnasium. Vir meer inligting oor die sport, besoek www.bolandtweekamp.org.za. Foto: Engela Duvenage
Huis Horison het op Saterdag 30 November sy eerste Padel for Purpose-toernooi as geldinsameling vir die sentrum by Club Padel by die Woodmill-sentrum in Stellenbosch aangebied. “Ons was baie dankbaar dat van die voorste vrouespelers in die omgewing kom deelneem en sodoende die dag ondersteun het,” sê Elzabi van Wyk, die bestuurder van ontwikkeling by Huis Horison. Die wenspan was Elizma Slabbert (links) en Martie Wahl.
Tasmin Cupido
Die droom om die Groen en Goud by ’n Wêreldbekertoernooi te dra, sal vir vier plaaslike krieketspelers ’n werklikheid word wanneer hulle die land in Februarie 2025 in die SuidAfrikaanse veteranespan (bo 50) in Sri-Lanka sal verteenwoordig.
Riaan van de Rheede, Dave Bakker en Wian Smit sal as lid van die Proteaveteranespan in Colombo uitdraf, terwyl Hennie Fourie as die spanbestuurder aangestel is. Al vier is lede van die Scorpions-krieketklub wat hul krieket by die Oude Libertas-sportterrein speel. Hulle is vroeër vandeesmaand tot die Proteaspan verkies, nadat hulle in November uitstekende vertonings by die Afrika-beker in Namibië gelewer het. Tydens dié toernooi vir die bo-50’sspanne van Zimbabwe, die gasheer, en twee SA spanne (Proteas en SA A-span), het hulle die keurders met hul kolf- en boulvernuf beïndruk, wat uiteindelik tot hul insluiting in die Protea-span gelei het.
Vir Van de Rheede, ’n inwoner van Jamestown, is sy keuring tot die span ’n jarelange droom wat waar word. Dié 58-jarige bouler is die afgelope 28 jaar lid van die Scorpions-klub en hy dra nou ook die voorsittershoed.
Hy was in 2018 deel van die SA Rhinos-span wat aan die eerste Krieketwêreldbeker vir spelers 50 jaar en ouer in Sydney, Australië, deelgeneem het. Toe was hy een van drie Suid-Afrikaners wat die Wêreldelftal gehaal het en die enigste wat nooit die voorreg gehad het om vir Suid-Afrika krieket te speel nie. Die ander twee wat die span gehaal het, is Brandon Nash en Alan Dawson.
“Dit was ’n groot oomblik vir my, veral omdat ek as ’n persoon van kleur in Apartheid nie die geleentheid gehad het om provinsiale of internasionale krieket te speel nie,” sê Van de Rheede.
“Ek was die enigste speler in die span wat nie ’n baadjie as internasionale speler gehad nie. Dit was ’n hartseer, maar trotse en emosionele oomblik.”
Hy is nie vir die 2020-
Wêreldbekerspan gekies nie, maar dié toernooi, wat in Kaapstad gehou sou word, is weens die Covid-19-pandemie ná twee rondes tot Maart 2023 uitgestel.
Van de Rheede, ’n onderwyser en hoof van sport by Bridge House in Franschhoek, het as 12-jarige vir die Burnley-krieketklub in Jamestown begin speel. In sy krieketloopbaan het hy vir die Westelike Provinsieskolespan, SA skolespan en SA universiteitspan vir spelers van kleur gespeel.
“Sport was altyd deel van ons gesin –veral krieket. My groot droom was nog altyd om die Groen en Goud te dra; met dit het ek oor die jare ’n aanhaling van dr. Myles Munroe by my gedra: ‘The poorest person in the world is the person without a dream’. Nou het my droom uiteindelik ’n werklikheid geword,” sê Van de Rheede, die oudste speler in die SA span.
“Ek beplan om die toernooi en elke paaltjie wat ek daar neem, aan my oorlede pa, Jacky, en my oorlede vriend, AD Visser, op te dra. Ek sien
werklik uit na die geleentheid om vir die eerste keer die Protea op my bors te dra en Suid-Afrika op internasionale vlak te verteenwoordig.”
Die SA span is saam met Pakistan, Wallis, Indië, die Wes-Indiese Eilande, Kanada en Australië in ’n groep, en sal dus ses groepwedstryde speel. Van der Rheede se deelname aan die toernooi hang in die weegskaal, met elke speler wat R80 000 vir klere-, reisen verblyfkostes moet opdok. Hy, tesame met sy Scorpions-spanmaats, is hard aan die werk met geldinsamelings en op soek na borgskappe om hul deelname moontlik te maak.
“Ongelukkig is daar nie veel ondersteuning vir veteraankrieketspelers in Suid-Afrika nie; ons moet maar met elke toernooi ons eie onkostes dek,” sê Van de Rheede.
“Daarom doen ek ’n beroep aan die gemeenskap om asseblief my droom te ondersteun; enige skenkings en borgskappe sal hoogs waardeer word.” ) Kontak Van der Rheede by 082 516 0805 vir nog inligting.