

Jana Scheepers
’n Egpaar van Klapmuts, wat op die Hoopenberg-bessieplaas naby die Proteapad woon, het verlede Woensdag (10 September) in die middernagtelike ure wakker geskrik nadat vensters van hul huurhuis gebreek is en drie inbrekers toegang tot hul huis verkry het.
Die voorval, wat plaaslike veiligheidstrukture as die eerste plaasaanval in 15 jaar in dié gebied beskryf, het die gemeenskap diep ontstel.
Erica de Villiers, ’n woordvoerder vir die Klapmuts-plaaswag, het die voorval bevestig en gesê die oortreders het in ’n oop sloot onder deur die plaas se geëlektrifiseerde heining gekruip. Hierdie opening is intussen toegemaak.
Volgens haar is die betrokke plaas nie lid van die plaaswag nie, maar die plaaswag is oor die voorval ingelig.
De Villiers het verduidelik die voorval het omstreeks 02:00 plaasgevind toe minstens drie mense toegang tot die plaashuis verkry terwyl die twee inwoners, ’n man en ’n vrou, geslaap het.
Die egpaar se slaapkamervenster is blykbaar eerste oopgebreek en stukke glas het op die vloer geval, waarop die egpaar hul voete gesny het toe hulle na die badkamer gevlug het.
Volgens kapt. Jacobus Moos, die stasiebevelvoerder van die Klapmuts-polisie, het ’n “onbekende man die [egpaar] deur [hul] slaapkamer se oop venster wakker gemaak”. Die inbreker het toe glo ’n skoot met ’n vuurwapen afgevuur, waarna die man hom deur die venster met ’n strykplank bygekom het.
In die badkamer kon hulle dadelik iemand oor die voorval inlig omdat hulle een selfoon na die badkamer gevat het. Die oortreders het toe ook hul aandag
op dié vertrek toegespits, waar hulle die venster oopgeslaan en die man se trouring deur die venster van sy hand probeer afruk het. Hulle het egter misluk, waarna die vrou haar ring gegee het, asook haar man se selfoon, wat hulle ook wou hê.
Volgens Moos wou die rower ook geld hê en het gevra oor ’n kluis. Die oortreders het met die aankoms van die persoon wat vir hulp gekontak is, gevlug nadat hy op die huis afgejaag het met sy motorligte aan terwyl hy op die toeter gedruk het.
Volgens hierdie persoon, wat anoniem wil bly, woon hy en die egpaar sowat 100 m uitmekaar op Hoopenberg en het hy met sy aankoms by hulle dadelik die plaas se sekuriteit in kennis gestel, wat toe die polisie ontbied het. Die aanvallers was glo gewapen met minstens ’n geweer, waarmee hulle skote afgevuur het.
Die Klapmuts-polisie het blykbaar later aan die egpaar bevestig dat die geweer net leë koeëldoppies in gehad het.
Deels van die rowwers se buit was tegnologiese apparaat en beursies.
De Villiers sê sowat drie tot vier ure voordat die voorval plaasgevind het, het die egpaar se honde onrustig geraak, maar toe weer ná ’n rukkie stil geword Volgens haar moet dit ’n aanduiding wees dat die oortreders toe al die inwoners dopgehou het. Die drie oortreders wat die egpaar gewaar het, het almal klapmusse gedra
Die polisie ondersoek die moontlikheid dat vier oortreders by die rooftog betrokke was, maar dit kon nie bevestig word nie.
Volgens De Villiers het kameras wat op die Proteapad kyk, geen voertuie gedurende die aanval en inbraak waargeneem nie en die polisie vermoed die verdagtes het met ’n motor weggery wat daar naby gestaan het.
The first Fynbos 5-miler (8,04 km) was held this past Saturday (13 September) with fun had by all participants According to Stellenbosch ward councillor Annemarie Ferns the event is set to become an annual event. Among the runners on the day were a few famous residents such as South African long-distance runner Elana Meyer (centre) She is flanked by Ferns and mayor Jeremy Fasser In honour of Arbor Month, the morning ended on a special note with the planting of a karree tree
Rasaad Adams
Die borgtogaansoek van die 55-jarige man van Franschhoek wat teregstaan op aanklagte wat met kinderpornografie verband hou, is tot Donderdag 2 Oktober uitgestel.
Eikestadnuus het betroubaar verneem dat die staatsaanklaer wat die saak hanteer, ’n sterfgeval in haar familie ervaar het
Die C-hof in die Paarl-landdroshof gaan ook volgende week geen sake aanhoor nie, het die landdros die afgelope Dinsdag (16 September) gesê
AO James Smith, die ondersoekbeampte in die saak, sou Dinsdag deur die beskuldigde se regsverteenwoordiger in kruisondervraging geneem word
Die beskuldigde is verlede maand (op Saterdag 16 Augustus) by sy woning in Franschhoek in hegtenis geneem nadat
’n video op sosiale media die ronde gedoen het waarin hy glo met ’n tienermeisie in skooldrag seksueel verkeer
Smith het verlede week getuig dat die video vermoedelik in Oktober verlede jaar gemaak is toe die beweerde slagoffer 16 jaar oud was
Hy het ook onthul dat ’n nuwe saak intussen teen die beskuldigde aanhangig gemaak is nadat hy glo ook ’n 11-jarige meisie, wat nou 13 is, betas het Sy is volgens Smith een van die leerders wat deur die man vervoer is Smith het gesê die 13-jarige gaan ook ’n getuie in die lopende saak teen die man wees
Die beskuldigde het in sy vorige twee verskynings volgehou dat die tienermeisie die versoek gerig het dat die twee van hulle op minstens twee geleenthede seksueel verkeer en sy het, volgens hom, versoek dat die dade gedokumenteer word
Die beskuldigde het ook sowat twee
weke gelede getuig dat die tienermeisie die video’s met sy selfoon geneem het
Volgens die beskuldigde het hy minstens twee video’s op ’n hardeskyf gestoor en dit van sy foon af verwyder
Die hof het verlede week gehoor dat die polisie eersdaags ook op hierdie toestel gaan beslag lê
Die beskuldigde is ’n veroordeelde seksmidadiger wat in 2017 aan statutêre verkragting van ’n 17-jarige skuldig bevind is Hy is in daardie stadium deur die Paarl-streekhof ’n opgeskorte vonnis opgelê
“Die beskuldigde voor hierdie hof het duidelik geen berou getoon nadat hy voorheen op soortgelyke aanklagte skuldig bevind is nie
“Hy het geen respek vir hofprosesse nie, aangesien hy homself weer op minderjariges afgedwing het Hoekom hy kinders verkies om hierdie seksdade mee uit te voer, weet ek nie,” het Smith verlede week getuig
Policewomen set out to show that charity begins at own police station Charity begins at home, and for “the ladies in blue” that means charity begins at the police station. The regional SAPS Women’s Network had its first session in Stellenbosch on Thursday (11 September), an occasion for policewomen to show their appreciation of fellow members. According to Lt Col Shirleen Nagessur, chairperson of the Cape Winelands Women’s Network, being a woman in the police service means having to wear many hats and being able to multitask “This is why we have to put God first,” she said “This is how we start the day It is important for management t tude.” This, she made clear, was very good for mor is why we charity begins at our stations, among ou part of the Women’s Network, and will host variou
Cloetesville police are warning locals to sharpen up their online security after a recent rise in digital-banking fraud
Police spokesperson Warrant Officer Zenobia Sedeman says there has been a significant rise in online-based crime reported at the local station
“One should be as careful with your online security as you are with your security at home,” she says “If you are the victim of an online crime you should report it to your local police station Cybercrime, such as online fraud, is still a crime and must be reported in the same way as any crime that needs to be investigated Fraud has been the most frequently-recorded type of financial crime in South Africa ” How to protect yourself from fraud and scams:
• Never respond to emails or cellphone messages appearing to be from your bank, which request your personal details Remember, no bank will ever ask you to confirm or update your account details by email
• Never provide your online ID, password or pin to anyone, and never write these down or share them
• Do not save your internet banking password on your desktop
• Avoid doing internet banking in public areas such as internet cafés, or on any computer that can be accessed by people you do not know
• Provide your credit card details only to reputable companies
• Never send money or give credit card or online account details to anyone you do not know and trust
• Phishing and fraud scams are methods of deceitfully obtaining personal information such as passwords, identity numbers and credit card details by calling, sending emails or cellphone messages that look as if they come from trusted sources, such as banks or legitimate companies
“We urge the community to be very vigilant when doing transactions or buying goods (market place),” Sedeman implores
Die Wes-Kaapse departement van onderwys (WKOD) het vandeesweek ’n messtekery by ’n plaaslike hoërskool bevestig. ’n Gr.9-leerder van die Hoërskool Lückhoff het Maandag glo drie van haar mede-leerders met ’n mes te lyf gegaan en hulle gesteek. Volgens ’n woordvoerder vir die WKOD het die betrokke leerders ná die voorval mediese behandeling ontvang en is die saak by die polisie aangemeld.
Eikestadnuus het na die Cloetesville-polisie uitgereik, maar teen druktyd nog geen terugvoer ontvang nie
Die Son berig dat die pa van een van die meisies aanvoer die voorval spruit uit ’n geval van boelie-gedrag ná die opstel van ’n neerhalende lys.
Die Hoërskool Lückhoff het gesê die skool sal die voorval in ’n tugverhoor ondersoek.
Die WKOD se distrikskantoor sal ook beradingsdienste aan leerders verskaf.
Yaël Malgas
Die handjievol bewoners wat hulle in die Devonvalleinoodkamp gevestig het, beweer die min munisipale dienste wat hulle wel ontvang, is besig om hulle siek te maak.
Die Stellenbosch-munisipaliteit het die noodkamp in Mei 2021 gevestig om behuising aan ’n groep mense wat in Devonvallei geplak het, te verskaf. ’n Hofbevel is destyds aan die munisipaliteit uitgereik om alternatiewe verblyf aan 11 gesinne te verskaf.
Sedert die stigting van die noodkamp, wat bestaan uit Wendyhuise en twee chemiese toilette, het nog gesinne onder ’n afdak langs die Wendyhuise ingetrek – desperaat vir blyplek.
“Ek het nou vir die derde keer TB opgedoen Ek is nou weer op behandeling, maar ons slaap buite, so dit help nie dat ek gesond kan raak nie. Die winter was baie koud, maar ek kan nie na my ma gaan nie, want daar is nie plek vir ons nie,” vertel Marco Syster (30).
Marco, sy vriendin en hul tweemaande oue baba slaap saans onder ’n seil onder die afdak. Sy broer, Marshall (27), is ook onder die bewoners van die noodkamp en vertel op sy beurt hoe die klein gemeenskap weens ’n gebrek aan dienste swaarkry.
“Hier is niks elektrisiteit nie, hulle kom vat nie die vullis weg
nie en ons het net twee toilette vir ons almal, om nie eens van die water te praat nie. Die water het die meeste van ons al siek gemaak. Ons kry gereeld wurms in die water,” beweer hy.
BEWONERSBELANDINHOSPITAAL
Met Eikestadnuus se besoek aan die gemeenskap was die vullisdromme vol en vlieë was oral, ten spyte daarvan dat munisipale beamptes dieselfde oggend ’n hoop rommel, wat voor die toilette gestort is, kom verwyder het. Die toilette word twee keer ’n week deur die munisipaliteit skoongemaak.
Ten spyte van hul klagtes oor die watergehalte, gebruik inwoners steeds die enigste gemeenskaplike kraan.
Klagtes oor die onhigiëniese
toestand by die noodkamp en swak watergehalte is reeds in Februarie deur die GOOD-raadslid Marius van Staden onder die munisipale raad se aandag gebring Van Staden het later vanjaar weer na die munisipaliteit uitgereik nadat ’n bewoner, Arno Visagie (44), in Mei as gevolg van gastro-enteritis ’n noodoperasie by die Tygerberghospitaal moes ondergaan.
“Die dokters het verduidelik die bakterieë in my ingewande het veroorsaak dat my dikderm gebars het. Ek was langer as twee maande in die hospitaal.
“Hulle het my gevra oor my verblyf, wat ek eet en die water wat ek drink en daarvolgens het hulle gesê dit is gewis as gevolg van die omstandighede hier dat ek die bakterieë opgedoen
het,” verduidelik Visagie. Hy sê die dokters het hom verbied om weens sy gesondheid na die noodkamp terug te keer
WATERGEHALTEGEREELDGETOETS
Hy woon tans by sy ma, maar bieg daar is nie werklik plek vir hom nie. Visagie sê die operasie het sy lewe verander.
“Vir nou loop ek ook met ’n dreineringsakkie vir my ontlasting. Ek moet oor ’n paar weke teruggaan hospitaal toe om te hoor of dit permanent sal wees.”
Medici was so bekommerd oor die omstandighede van Amber Jacobs (26) en haar kinders se blyplek in die noodkamp dat ’n plaaslike maatskaplike werker ’n brief aan die Stellenboschmunisipaliteit se behuisingsafdeling gerig het vir alternatiewe behuising vir die gesin
Jacobs het in 2023 op 29 weke aan twee seuntjies geboorte geskenk. Isaiah en Malachai is in April 2023 met verskeie gesondheidsprobleme gebore en die hospitaal het Jacobs aangeraai om nie na die tydelike blyplek in Devonvallei terug te keer nie. Malachai is sedertdien weens sy gesondheid oorlede, terwyl dit blyk Isahai (2) sal vir altyd gesondheidsprobleme hê
“Omdat hulle vroeg gebore is, was hulle natuurlik baie vatbaar vir siektes en Isaiah sukkel steeds. Hy het al long- en nierinfeksies opgedoen, maar wat kan ek doen?” vra ’n emosionele Jacobs.
Sy sê sy is op die munisipale
behuisingswaglys, maar het nog nie weer terugvoer ontvang nadat sy haar naam op die lys gesit het nie.
By navraag het Stuart Grobbelaar, ’n woordvoerder vir die munisipaltieit, bevestig vyf inwoners van die noodkamp is op die munisipale behuisingswaglys. “Op die goedgekeurde munisipale behuisingspyplyn is grond in die Devonvallei-gebied geïdentifiseer, wat vir behuisingsdoeleindes aangewend kan word.
“Die grond behoort egter aan die nasionale departement van openbare werke en infrastruktuur Die munisipaliteit is in gesprek om moontlik toegang tot die grond vir toekomstige ontwikkeling te verseker,” sê Grobbelaar.
Hy sê voorts die watergehalte word voortdurend gemonitor en waar probleme voorkom, word dit onmiddellik reggestel. “Amptenare het die drinkbare water uit die staanpyp getoets en bevind dat die water van ’n veilige drinkgehalte is. Daar is ook dienste in die aangrensende gebied, insluitend 17 ablusiegeriewe en verskeie waterpunte.”
Volgens Van Staden is gehoor gegee aan sy klagtes aan die munisipaliteit om die noodkamp skoon te maak, maar “die gebied is nie volgens aanvaarbare standaarde skoongemaak nie”
Hy sê die gebrek aan gereelde dienslewering verger die gesondheids- en veiligheidskrisis verder
The local cycling and mountainbiking community is in mourning following the sudden death of Dirtopia founder Meurant Botha in an accident on Saturday 13 September
The 50-year-old Stellenbosch resident and his close friend and fellow cycling icon JP van Zyl of Recycles Bike Shop were involved in the fatal accident near Calvinia. Botha’s death marks the end of an era for South African mountain biking, a sport he helped transform from a niche pursuit into a mainstream phenomenon.
“Meurant’s life was dedicated to the trails, the people who rode them, and the communities they brought together,” said his wife and business partner, Arina.
Tributes from across the cycling community have poured in since the announcement of Botha and Van Zyl’s passing.
On its Facebook page, Western Cape Schools Cycling described Botha as “a visionary and a pioneer” in local MTB. “Among his many contributions, he was the founder of the National Schools MTB Series, a legacy that continues to inspire and grow the sport among young riders across the country. JP was also a passionate advocate for cycling, known for his work at Recycled Bikes.”
Schools Cycling SA posted: “We remember his remarkable passion for mountain biking and his tireless efforts to bring opportunities to diverse communities.”
Growing up in Bellville, Botha was
among the first to explore the Tygerberg Hills before building some of the country’s greatest trails. His early work included constructing SA’s first downhill track and the renowned Botmaskop trails, which would later host the prestigious 1997-1998 UCI World Cup races
Working alongside Arina, Botha staged SA’s first national MTB event in Citrusdal in 1999 and the country’s first MTB festival in Greyton. He also designed the first Cape Epic route, cementing his reputation as the country’s premier trail designer
Through Dirtopia, established in 2000 as South Africa’s oldest MTB event company, and Amarider, which advocated for sustainable trail access, Botha became the country’s most experienced trail builder and event organiser. His innovations included the Trail Tag system and Stellenbosch trails like the Never-ending Story series, Spur Schools MTB League and the Bicycle League.
Botha is survived by wife Arina, children Kaylee and Meurant, parents Carol and Meurant, and brother Almuir.
Dit is met diepe hartseer dat familie en vriende van Wolfgang Heuer, ’n bekende en geliefde figuur in die Suid-Afrikaanse musiekgemeenskap, afskeid neem
Heuer is Vrydag 5 September ná ’n tydperk van siekte in Kleinmond oorlede.
Hy was die eienaar en dryfkrag agter die bekende Musikhaus W. Heuer in Stellenbosch.
Wyle Wolfgang Heuer
Dié musiekwinkel, deesdae bekend as Heuer Pianos, is in die historiese Dorpstraat geleë en het deur die jare sinoniem geword met gehalte, vakmanskap en ’n liefde vir die musiekkuns
Onder Heuer se leiding is nie net instrumente daar verkoop en herstel nie, maar die winkel het ook as ’n kulturele spilpunt gedien waar musici, studente en musiekliefhebbers bymekaargekom het.
Heuer is in 1949 in Duitsland gebore en hy en sy ouers het hulle later in Suid-Afrika gevestig, waar hy ’n onuitwisbare indruk op die plaaslike musiektoneel gemaak het.
Sy passie vir klassieke musiek en toewyding aan gehalte het van hom ’n gerespekteerde naam in musiekkringe gemaak. Klaviere wat uit sy winkel gekom het, is in konsertsale, kerke, skole en huise aangetref. Vriende en familie beskryf hom as ’n unieke en sosiale mens, met ’n diep liefde vir die mooi in die lewe.
Die Suid-Afrikaanse musiekwêreld is aansienlik ryker danksy sy bydrae
Die musiekman word oorleef deur sy eggenote, Quarta, hul kinders Helga, Walter en Inge en hul kleinkinders ’n Gedenkdiens word Dinsdag 30September by die Kleinmond NG kerk gehou.
’n Legende van rugby en die wynbedryf is hoe vriende en familie die voormalige Matie-klubrugbyspeler en oud-Springbok Jan “Boland” Coetzee (80) beskryf, wat Vrydag (12 September) oorlede is.
Sy familie het Vrydag in ’n verklaring sy afsterwe bevestig.
“Ons pa is vroeg vanoggend ná ’n kort siekte in sy Stellenbosch-huis oorlede Hoewel Jan se gesondheid onder druk was die laaste paar jaar, het hy tot en met die einde sy kenmerkende vasberadenheid getoon.
“Jan, ’n Weskus-boorling, was ’n pio-
enier: as rugbyspeler, vir Maties, WP en die Springbokke, maar veral as boer en wynmaker – eers by Kanonkop in Stellenbosch en toe op Vriesenhof, wat ons familie vir baie jare ’n tuiste kon noem.” Voor Coetzee vir die eerste keer as flank vir die Bokke in 1974 uitgedraf het, het hy vir Maties uitgedraf. As deel van die WPspan, waarby hy in 1967 aangesluit het, het Coetzee ses toetse en 127 wedstryde gespeel.
Volgens sy familie sal hulle sy unieke uitkyk en onwrikbaarheid onthou
Vroue van Cloetesville en Idasvallei, wat gemeenskapswerk verrig, is verlede Woensdag (10 September) deur die plaaslike gemeen- skapspolisiëringsforum (GPF) en Stellsorg bederf Buurtwaglede, vrywilligers en ander gemeenskapswerkers het die dankie-sêgeleentheid by StellSorg bygewoon. Junicka Paulse het as deel van die verrigtinge ’n sangitem gelewer en die vroue het verskeie bederfies ontvang Foto’s: Yaël Malgas
Oral health is most often only prioritised when discomfort or pain has already set in.
Tooth decay and gum disease are widespread issues which can significantly impact your overall health
September is Oral Health Month, an important time to reflect on dental health and raise awareness about how crucial it is to access quality dental care. Tooth decay doesn’t just compromise your smile; it’s also linked to various serious conditions such as heart disease, stroke, and diabetes.
Research has shown that untreated oral health problems can lead to systemic issues, making it even more important to take proactive steps in caring for your teeth and gums.
This month, the provincial health department is encouraging everyone to learn about government dental services available to them and take the necessary steps toward better oral health.
Residents of Groendal and Klapmuts can look forward to outreaches by the department in the coming weeks The dental outreach bus will visit Groendal Clinic from 09:00 to 14:00 on Monday 29 and Tuesday 30 September, as well as on Monday 6 and Tuesday 7 October.
The dental outreach bus will visit Klapmuts Clinic from 09:00 to 14:00 on Wednesday 1 and Thursday 2 October, as well as Monday 8 and Tuesday 9 October.
During the visits, locals can get fillings, have extractions done and their teeth cleaned. Questions can be directed to the two clinics. If you haven’t visited a dentist in a while or are unsure about
the services available, now is the perfect time to take action
The department is encouraging all residents to use the services offered by designated local clinics. These services include consultations, where a dentist will assess your oral health and discuss treatment options, as well as oral health education to help patients maintain proper hygiene and prevent disease.
For those who need restorative care, fillings are provided to repair cavities, while scaling and polishing are available to clean plaque and tartar buildup.
Extractions may be recommended when teeth cannot be saved, while fissure sealants offer protection against decay For diagnostic purposes, intra-oral radiographs (X-rays) are used to uncover hidden problems, and minor oral surgery can be performed for specific dental issues.
If more advanced care is needed, patients may be referred to specialised clinics for treatments such as wisdom teeth removal or care for jaw fractures.
If you are looking to use these services, schedule an appointment in advance by calling or visiting your local clinic. Once your appointment is scheduled, you will receive a set date and time for treatment, ensuring that your visit is as efficient as possible
Remember to take identity document or clinic card along, and for those under 18, parental consent is required for procedures like extractions.
Pregnant women are advised to consult with a dentist before receiving treatment to ensure that it is safe for both the mother and baby
Diereliefhebbers in en om Klapmuts is welkom om komende Dinsdag (23 September) hul katte en honde gratis teen hondsdolheid te laat inent
Die dienste word deur die staatsveearts in die gebied gelewer.
Die veeaarts-span sal tussen 09:00 en 12:30 by die oop stuk grond op die hoek van Alexander- en Adamstraat wees en dan later die middag op die hoek van Jojo- en Adamstraat tussen 13:30 en 15:30. Almal is welkom.
Sophia
het
Die e’Bosch-erfenisprojek bied vandeesmaand met trots sy 2025-Erfenismaandprogram aan – ’n energieke viering van erfenis, gemeenskap en leierskap oor Stellenbosch en sy omliggende dorpies heen
Die e’Bosch-verklaring van voorneme herinner inwoners dat erfenis nie net oor die verlede gaan nie – dit gaan oor die skep van ’n toekomserfenis saam.
“Deur kultuur te vier, gemeenskap te versterk en leierskap te bemagtig, lê ons die grondslag vir ’n Stellenbosch waar almal hoort,” sê dr. Sias Mostert, direkteur van e’Bosch. “Erfenis is meer as net herinnering – dit is die geskenk wat ons skep vir dié wat ná ons kom Wanneer ons saam vier, versterk ons ons gemeenskap en ontsluit die leierskap binne elkeen van ons. Só bou ons ’n toekomserfenis wat sal voortleef.”
Die hoogtepunt vanjaar is die erfenisdagviering aanstaande Woensdag (24September), met ’n hele dag vol aktiwiteite vir jonk en oud
Dit begin om 09:00 met die Fees van Talente by die Stellenbosch-stadsaal en duur tot 18:00.
Kitsrym-gevegte, poësie, drama, stories, dans, solo- en groep-sang en ’n spesiale gospel-uur is deel daarvan. Die program sluit af met die prysuitdeling vir talente met BBP-gaste, asook die première van die oorspronklike musiekblyspel Beautiful World, uitgevoer deur die Big Five-groep, by die Drostdy-teater om 15:00 en 20:00.
Stellenbosch sal ook leef met saam-eetgeleenthede en feesvierings, met die Voortrekkers-braaidagviering by Die Laer, die Stokbroodbraai in Lapland en verskeie ander plaaslike gemeenskapsbraaie reg oor die dorp. Die stadsaal sal
die gasheer wees vir plaaslike markstalletjies, kinders as entrepreneurs en dorpsentrepreneurs
Die erfenisdagviering vorm deel van ’n maand lange program wat insluit die hoërskool- en laerskoolkoorfeeste (18 en 21 September); ’n erfenislesing; ’n plaaslike erfenisskouspel in Khayamandi (27 September); ’n gemeenskapsportdag in Meerlust (27 September); die Fees van Wêreldwye Kultuurtradisies (27September); en die rektor- en burgemeester-erfenistoekennings (22 Oktober) wat leiers in die media vereer
Die e’Bosch-voorsitter, prof. Matilda Burden, voeg by: “Die aktiwiteite weerspieël die e’Bosch-verklaring van voorneme: Om mekaar te leer ken, waardeer, respekteer en daarmee ’n gedeelde Stellenbosch-identiteit te bou, welkom en geborge te voel en te floreer; uiteindelik om 'n gemeenskapslewe te versterk en leierskap te ontwikkel om die erfenis na te laat waarop ons trots is vir geslagte wat kom ”
THURSDAY 18 SEPTEMBER
Stellenbosch: Friends in Concert will be presented at JOHNMAN COTTAGE in Herte Street at 18:30 It features Junnan Sun (clarinet), Johanna Roos (violin), and Jose Dias (piano) Sun, a Chinese clarinetist, returns to South Africa for a short tour, and will join Roos and Dias for an extraordinary blend of musical lyricism and fire Tickets can be bought online through Quicket
FRIDAY 19 SEPTEMBER
Stellenbosch: The e’Bosch Heritage Lecture will be held at the STELLENBOSCH UNIVERSITY MUSEUM at 18:00 The guest speaker will be Dr Ruben Richards, a South African leader, author and peacebuilder He was the former executive secretary of the Truth and Reconciliation Commission deputy director-general of the Scorpions, founder of the Ruben Richards Foundation, an academic, farmer and author of the acclaimed book Bastards or Humans RSVP to Belinda Foster on 083 402 1856 or heritage ebosch@gmail com
DINSDAG 23 SEPTEMBER
Stellenbosch: Die Unlock the Violin-sonatareeks
bied Schubert Duo Sonata D 574 met die violis Johanna Roos en die pianis Chanda Lumpambo van 18:30 tot 19:30 by die JOHNMAN COTTAGE aan Word vir ’n oomblik deel van Schubert se leefwêreld in die 1800's Kaartjies kan aanlyn deur Quicket gekoop word
Stellenbosch: The STELLENBOSCH BUSINESS FORUM will host a talk by entrepreneur and investor Rob Hersov at Root44 at 18:00 for 18:30 Admission for members is free; guests pay R150 Email info@stellenboschbusinessforum org za
THURSDAY 25 SEPTEMBER
Franschhoek: The Unlock the Violin sonata series presents Schubert Duo Sonata D 574 with violinist Johanna Roos and pianist Chanda Lumpambo at FRANCHHOEK DUTCH REFORMED CHURCH from 11:00 to 12:00 Purchase tickets for the concert and discussion through Quicket
VRYDAG 26 SEPTEMBER
Stellenbosch: ACVV UTOPIA verkoop lemoenkoek en sjokolade-brownies, gebak deur die tehuis se sjef Die verkope word by Utopia se hoofingang Dorpstraat 162, om 10:30, gedoen
Avril Fillies
Twee o.20-spelers van die Van der Stel-Evergreensrugbyklub is deur die Griffons in Welkom en die Griekwas in Kimberley opgeraap om hul provinsiale o.20spanne te verteenwoordig.
Jeffwin Wesso (20) van Groot-Brakrivier het by die Griffons aangesluit en DeAndre Mouwers (20) van Raithby by die Griekwas. Jeffwin het al in twee wedstryde gespeel en in albei het die Griffons hul teenstanders goed afgeransel DeAndre het die afgelope Saterdag (13 September) in Kimberley aangemeld en wag nog om sy
buiging te maak.
Jeffwin is ’n produk van die Hoërskool Outeniqua in George en DeAndre van die Hoërskool Hottentots-Holland in Somerset-Wes. Albei was die senterpaar by VDE, maar Jeffwin het sy buiging onder die afrigter Jacques Juries op flank gemaak. “Dit was vir my ’n groot eer om net in die groep te wees – en toe ek gekies word om my buiging teen die Griekwas te maak.
Ek is op flank gekies omdat ek ’n veelsydige voor- en agterspeler is, maar ’n beter bydrae as flank tot die speelpatroon van die Griffons kan lewer,” sê hy.
Die afrigter wat die grootste invloed op hom en sy spel gehad het, is Jaco Jansen van Rens-
Avril Fillies
Franschhoek en Primrose pak mekaar Saterdag (20 September) in die Superliga Beindstryd op City Park om die wenner van dié afdeling te bepaal.
Albei spanne het reeds vir Superliga A in 2026 gekwalifiseer nadat hulle hul onderskeie kragmetings die afgelope naweek teen onderskeidelik Kraaifontein (33-18) en Belhar (46-34) gewen het. In Superliga A kom Villagers teen Hamiltons te staan om die ligawenner te kroon. In Superliga C pak Young Peoples en All Saints mekaar.
In die halfeindstryde vir die vroueliga was Van der Stel-Evergreens te sterk vir Busy Bee en het met 32-15 geseëvier, terwyl Brackenfell met 39-12 met Blue Jets afgereken het. VDE en Brackenfell pak mekaar in die eindstryd om die wenner van die vrouekompetisie te bepaal.
Die spanne wat in die halfeindstryde in SLA en SLB verloor het, is Saterdag weer in aksie in uitspeelwedstryde om te bepaal wie outomaties promosie wen en wie later vir promosie/regelasie moet speel. In SLC word die laaste drie spanne op die punteleer outomaties gerelegeer.
burg. Hy het Jeffwin geleer om die rugby wat hy vandag speel, toe te pas.
Hy bewonder Josua Tuisova van Fidji se spel en hoe hy met die bal hardloop.
“Wat ek by die twee afrigters by VDE – Riaan Timmie en Stefan van der Hoven – geleer het, is dat jy nie altyd gaan wen nie, maar dat jy jou kop hoog moet hou, want daar sal wel ’n volgende wedstryd wees waar jy beter kan doen en jy moet altyd vir jou spanmaats speel,” sê hy. VDE het vanjaar het in SuperligaA gespeel en hul teenstanders het nie juis dinge op die veld vir hulle maklik gemaak nie. Sy boodskap aan sy VDE-spanmaats is dat hulle net
kan verbeter op die posisie waar hulle op die punteleer geëindig het en dat van hulle hopelik ook volgende jaar vir provinsiale spanne kan uitdraf.
DeAndre is ’n volbloed-senter en die afrigters wat hom geslyp het, is Clayton Daniels, Randy Brinkhuis en Hein Gordon.
“My droom is om jonger spelers te inspireer, want ongeag waar jy vandaan kom, kan jy steeds jou drome en doelwitte bereik. My ma is my grootste inspirasie – nie ’n rugbyspeler nie. Dit maak nie saak of sy goed of sleg voel nie; sy gee elke dag haar beste en alles om my te help dat ek my drome kan verwesenlik,” sê DeAndre Hy deel dieselfde sentiment
oor VDE se o.20-afrigters as Jeffwin, maar voeg by dat hulle hom ook geleer het dat harde werk nie ongesiens verbygaan nie en dat jy eendag die vrugte daarvan sal pluk.
“My boodskap aan my VDEo.20-spanmaats is om dankie te sê dat hulle my altyd ondersteun en deur lekker en moeilike tye aangemoedig het.
“Ons het saam swaargekry teen die groot kanonne in Superliga A, maar ons kon mekaar op en weg van die veld af aanmoedig en optel om net ons beste te gee. Volgende jaar moet hulle net voortbou op dit wat hulle vanjaar geleer het, want hulle kan verbeter op waar ons geëindig het,” sê DeAndre.
Die o 16-span van Van der StelEvergreens is Saterdag 6September in Franschhoek as ligakampioen gekroon. Die span (agter van links) is: Kyle Joseph, Immanuel Lewies, Leevandre Jooste, Evaan van Kerwel, Anrique Esau, Shyloh Davids, Braidley Buys, Willin Fortuin, Keadon van Wyk, Keathan van Wyk, Hyron Jack, Caden September, Leighton Withlow, Cohan van Niekerk, John Engelbrecht, Marius van Niekerk (hoofafrighter) en Chantal-Lee van Kerwel (voorsitter) Middel: Juandre Williams, Waylin Titus, Aiden le Roux, Andre September, Darren Booysen, Reed Donkerman, Jessreël de Bruin en Corbin Moses. Voor: Delia Adams (medikus), Jaco Makaleni (kaptein) en Brian Anthony (onderkaptein)
The Maties netball team has advanced to the semi-finals of the Varsity Netball 2025 competition, following the final round of league fixtures on Monday evening (15 September)
They will travel to Bloemfontein to take on defending champions UFS Kovies in the semi-finals at Callie Human Hall at 19:00 on Monday 22 September
There they will look to overturning their fate, after suffering a 47-55 defeat at the hands of Kovsies in round seven, yet they did not go down without a fight
Both teams delivered high-intensity netball from the start
The Maroon Machine was on fire and ended the first quarter leading 12-10 Maties picked up where they
left off in the second quarter, dominating play and scoring quick goals to maintain and extend their lead Cheered on by their bench, Kovsies tried to fight back
Brilliant intercepts by Maties’ Syntiche Kabuya, however, denied UFS the chance capitalise on their chances (HT: 29-23)
In the third quarter Kovsies staged a remarkable comeback
Playing at high tempo and gunning for every ball, they pushed Maties on the backfoot and led 37-40 after the third stanza
The final 15 minutes produced a physical and intense battle, with both sides pushing hard for a win
Maties put up a fight, but Kovsies didn’t slow down their attacking dominance and they secured the vital triumph
On Sunday (14 September), Maties secured a commanding 61-28 victory over Varsity College in the two sides’ round six meeting