
GRATIS
| FREE
Nuus net vir jou sedert 1950
| FREE
Nuus net vir jou sedert 1950
Yaël Malgas
Twintig pasiënte het Vrydag (11 Oktober) die geskenk van beter sig gekry danksy die span van Mediclinic Stellenbosch en Isoclear.
Oktober is Oogsorgbewusmakingsmaand en die span, onder leiding van die oogspesialis dr. Steve Steyn, het staatspasiënte pasella gehelp as deel van hul korporatiewe maatskaplike belegging. Dit was die derde pro bono-dag van sy soort.
Volgens Steyn was die dag ’n sukses met al die prosedures wat goed verloop het. Pasiënte het ’n katarak-operasie ondergaan om visie te herstel en lewensgehalte te verbeter, verduidelik Steyn. Hy was ook voorheen betrokke by die Right to Sight-organisasie, wat soortgelyke oogsorgwerk doen.
’n Katarak is wanneer iemand se natuurlike ooglens verswak en sy sig vervaag.
opgewonde om net weer helder te kan sien, want ek is lief vir my Bybel lees,” vertel sy. Danksy sy meer as twee dekades ervaring en die hulp van vele kollegas het Steyn een oog van elke pasiënt verhelder. Die pasiënte is een vir een na die teater waar die prosedure van 10 tot 15 minute voltooi is.
Dié kort operasie maak vir pasiënte soos Lena Jeffreys (62) die wêreld se verskil.
“Ek sukkel al vir vier jaar met my sig. My linkeroog is reeds in Januarie gedoen en ek sien uit om weer volkome te kan sien,” sy dié Kraaifonteininwoner.
Pasiënte vir die dag is deur onder meer die Tygerberghospitaal asook deur plaaslike oogkundiges verwys. Die meeste van die pasiënte is deur Tygerberg verwys, waar hulle reeds op die waglys was vir die operasie.
“Die mense wat ons vandag geopereer het, het beslis die operasie nodig gehad.”
Katarakte word veroorsaak deur die saamklont van proteïene in die lens wat mettertyd groter kan word en dowwe visie en later algehele blindheid veroorsaak. Dit was ook die geval vir die vele pasiënte wat Vrydag opereer is.
- Dr. Steve Steyn
Willemina Thomas (74) van Welgemoed sê na afloop van die operasie het sy die meeste uitgesien om weer goed te kan lees. “Hulle gaan my regteroog bietjie meer helder maak. Die ander een is ook nie nice nie, maar ek sal darem kan aangaan met die regteroog. Ek is baie
Benewens die mediese personeel het Isoclear ook ingespring om met skenkings te help.
Isoclear en Bausch & Lomb het die lense en die nodige viscoelastic voorsien.
Ryno Brynard van Isoclear sê die projek lê hulle na aan die hart en daarom is hulle jaarliks deel van die teruggee-dag.
Steyn sê die projek is ’n geleentheid om terug te gee aan die gemeenskap. “Die mense wat ons vandag opereer het, het gewis die operasie nodig gehad. Van die 20 was 10 so te sê blind. Met sulke digte katarakte kan jy niks sien nie – nie eens ’n mens wat voor jou staan nie. Vir ’n oumens om só te leef, toilet toe te gaan, pille te drink ... dit is
onmoontlik,” verduidelik Steyn. Hy het die personeel geprys vir hul “ongelooflike werk” asook Mediclinic wat ingestem het om weer deel van die geleentheid te wees. Marie Bok (76) van Elsiesrivier het haar ervaring gedeel en gesê hoewel sy bietjie bang was vir die prosedure, kan sy nie uitgepraat raak oor die goeie diens by die daghospitaal nie. “Dit is my eerste keer by die kliniek. Die ander oog is by Tygerberg-hospitaal gedoen, maar ek was ’n bietjie bang vir dié een omdat ek nie geweet het wat die uitslag sou wees nie. Maar ek sê vir die personeel baie dankie. Ons is goed ontvang en hul vriendelikheid spreek boekdele.”
On Thursday 10 October, during an integrated intelligence-driven operation led by the Paarl K9 Unit, police members pursued information about a white SUV transporting abalone from Hermanus in the direction of Franschhoek.
They spotted the suspicious-looking vehicle around 21:55 on the R45. When the driver spotted them he sped off, and police went in hot pursuit.
The high-speed chase ended when the driver of the SUV lost control and left the road.
Bags were ejected from the vehicle and were found to contain abalone; in all, police confiscated 4 963 units of abalone.
The estimated street value of the abalone is R250 000, according to police. They detained the 21-year-old male driver of the SUV for unlawful possession of abalone.
The suspect was expected to appear in the Paarl Magistrates’ Court this week.
The South African Police Service said the arrest of suspects in possession of abalone without a valid permit remained high on its priority list.
Voters in Stellenbosch’s Ward 8 are gearing-up for the upcoming by-election, which takes place on Wednesday 23 October.
The by-election in this ward, which includes Stellenbosch University campus and residences, Coetzenburg and parts of Koloniesland, is one of three taking place in the province on the day.
The three candidates contesting for the ward are Jacobus André Davids of the African National Congress (ANC); the Democratic Alliance’s Tamryn Olivia Kumm as well as Zwelithini Gwele, who represents the Truth And
Solidarity Movement (TRUTH).
Voters who applied and have been approved for special voting will be eligible to cast their votes at the Matie Sport Cricket House on Tuesday 22 October between 08:00 and 17:00. Home voters, due to health reasons, will be visited by the IEC at any time on the same day, also between 08:00 and 17:00. On voting day, Wednesday 23 October, the local voting station will open at 07:00 and close at 21:00. Voters must produce either a green barcoded ID book, a Smartcard ID or a valid Temporary Identity Certificate to be allowed to vote.
Yaël Malgas
Rolspelers van Stellenbosch tot Bellville het Vrydag (11 Oktober) in die Stellenbosch-stadsaal byeengekom om die uitdagings van haweloses te bespreek.
Wêreld- Hawelose Dag is op 10 Oktober gedenk en vandeesmaand kom verskeie organisasies byeen om mense wat sonder heenkome is, se lewe te probeer verbeter.
Benewens die hulporganisasies wat Vrydag byeengekom het, het plaaslike haweloses ook die geleentheid gehad om gesondheidsdienste te kry en om uit te vind waar hulle om hulp kan aanklop.
“Ons ondersoek inisiatiewe wat sorg en ondersteuning bied deur ons gesamentlike pogings om die kern van die probleem van haweloosheid te verstaan, terwyl ons deernisvol bly en bly omgee, en mense erken vir hul inherente individualiteit, menslikheid en waardigheid,” sê Priscilla Napoleon, ’n gemeenskapsontwikkelingskoördineerder van die Stellenboschgemeenskap.
Die dood van Ronnie Sikitasie op Donderdag 4 Julie het weer die aandag op plaaslike haweloses gevestig. Hy het vermoedelik in die dorpsgebied verkluim. Ná sy dood het plaaslike sakelui en die Stellenbosch-nagskuiling sowel as vrywilliges gewerk om kombers, klere en warm kos aan meer as 150 plaaslike haweloses te skenk.
Volgens André Pelser, wat by die Stellenbosch- hawelose forum betrokke
is, neem haweloosheid in die land weens ekonomiese toestande en swak regering toe. “Stellenbosch word allerweë as ’n welvarende gemeenskap en ook as ’n toeristebestemming beskou, tog neem die getal van bedelaars en haweloses toe. Vrydag se verrigtinge was daarop gemik om hoop en dienste aan die sowat 70 bywoners en ook iets te eet en drink te bied,” verduidelik hy. Pelser sê die dag was ’n suksesvolle geleentheid. Benewens die dienste was motiveringspraatjies en vermaak vir die bywoners aangebied.
Hulp vir haweloses is vir vele ’n tameletjie aangesien inwoners glo ’n geldjie sal net vir kwaad aangewend word. Inisiatiewe soos die Stellenboschmunisipaliteit se GiveResponsiblyveldtog streef dus om haweloses eerder deur middel van koepons te help. Volgens die munisipaliteit is meer as R250 000 se koepons teen Junie vanjaar verkoop sedert die veldtog van stapel gestuur is. Haweloses kan met dié R10koepon by die Stellenbosch-nagskuiling aanklop, waar hulle kos, ’n warm stort en ’n bed kan kry.
Pelser meen Jan Alleman kan sy mede-inwoners help deur ’n kopskuif te maak. “Die publiek kan help deur die haweloses as mense te sien, nie net as ’n irritasie nie, en die onderskeie instansies wat hulle uit hulle situasie probeer help, te ondersteun.” Hy sê voorts plaaslike organisasies doen baie goeie werk, insluitend die Stellenbosch Civil Advocacy Network, ABBA, die departement van maatskaplike dienste en die munisipaliteit.
Die Groot Drakenstein-polisiekantoor doen ’n beroep op inwoners om na vore te kom indien hulle inligting het oor die volgende sake wat die kantoor ondersoek.
Mense met inligting kan 021 874 8000 skakel:
. Op 13 Junie om 11:45 is menslike oorskot, onder meer beendere, naby die Meerlust Bosbou- informele nedersetting buite Simondium gevind. Iemand met inligting hieroor kan die kantoor skakel.
. Iemand het op 12 Januarie 2023 op die Boschendal-wynlandgoed inmekaargesak en is oorlede. Kontak die Groot Drakensteinpolisiekantoor.
. Iemand is op 16 April 2023 om 01:30 in Katstertstraat, Lanquedoc, doodgery. Enigiemand met inligting oor die voertuig wat die oorledene getref het, kan die polisiekantoor kontak.
. Op 15 Desember 2021 om 08:00 is iemand wat op die plaas Watervliet in Simondium gewoon het, in die Paarl-staatshospitaal oorlede. Indien iemand weet wie die oorledene is, kan hulle die polisiekantoor kontak.
. Op 4 Julie 2019 het iemand by Disastraat 335 in Lanquedoc gif gedrink. Enigiemand met inligting oor die oorsprong van die gif kan na vore kom.
. Op 5 Mei 2019 om 21:55 by Hoofstraat 25 in Lanquedoc het iemand inmekaargesak en is later dood verklaar. Indien iemand inligting oor die voorval het, kan die polisiekantoor gekontak word.
The annual general meeting of two local community policing forums (CPF) are taking place next week. The Cloetesville CPF invites all interested parties to StellCare on the Helshoogte Road on Saturday 26 October at 11:00. On Tuesday 22 October Stellenbosch CFP’s AGM will being held at 18:30 at the Stellenbosch Police Station. For more information contact Captain Nathalie Martin on 082 469 1351.
Yaël Malgas
Humor en geloof – dít is die twee boustene waarop ’n Idasvalleier haar pad na ’n kanker-vrye lewe gebou het.
Tydens vanjaar se borskankerbewustheidsmaand in Oktober deel die lewenslustige Lorainne Telemachus (80) haar verhaal.
Volgens Telemachus het sy jare lank gevoel iets is fout met haar linkerbors, maar vele doktersbesoeke en borsondersoeke later was daar geen uitsluitsel oor wat presies fout was nie.
“Een dag gaan ek na dokter Leon de Klerk toe en ek sê hier is iets verkeerd. Ek sê toe hy moet van onder af voel en toe hy voel, het ek onmiddellik sy hand weggeslaan. Die pyn was te erg,” sê sy. Skanderings by die plaaslike Mediclinic het gevolg en die volgende dag het De Klerk gevra Telemachus, toe 64 jaar oud, moet hom weer kom spreek.
“Hy het na my gekyk en gesê ‘Daar is iets fout’. ‘Gaan julle die bors afsit?’ is al wat ek wou weet. ‘Sit hom af, want ek sukkel al jare lank met die bors.’ Ek sê toe ek is op pad oorsee en hulle moet die bors verwyder, want as ek daar kom, wil ek dans,” vertel Telemachus skertsend.
Haar dokter het glad nie dié reaksie verwag nie – soveel so dat hy
Telemachus gemaan het om die situasie ernstig op te neem, maar dié bobaasstikster sê sy was doodernstig. Later die dag by die werk het sy toe haar kollegas vertel sy het borskanker, maar hulle was toe meer ontsteld as wat sy was. Haar plan was om die diagnose prontuit en sonder skroom aan te pak.
“Ek weet ek het iemand daarbo wat na my kyk,” is haar antwoord.
Kort daarna – twee dae later – is Telemachus weer na die hospitaal waar sy ’n mastektomie ondergaan het.
“Die saal was stampvol met my familie en vriende en die mense het gehuil. ‘Nee, dié is nog nie my begrafnis nie’, sê ek toe sommer. Die volgende dag ná die operasie, toe die mense weer kom, sit ek toe regop in die bed. Hulle wou toe weet wanneer die operasie is.
Ek het verduidelik die bors is toe reeds weg en daar is hulle weer aan die huil.”
Telemachus is ontslaan en met ’n positiewe gemoed huis toe.
“Dit het my egter op ’n dag net getref en ek begin toe huil. Ek huil en huil, ek kan nie ophou huil nie en ek bel die dokter. Hy verduidelik toe ’n deel van my is weg . . . ek besluit toe dit is genoeg gehuil. Die pad met die kanker het deel van my alledaagse lewe geword. Ek is te aan die gang en die Here is te goed vir my om in sak en as te gaan sit.
“Op 80 doen ek nog baie. Ek maak gordyne, my naaimasjien staan daar op die tafel en my kos vir die dag is reeds
Foto: Yaël Malgas
gemaak. Dit is net God’s grace.”
In die 16 jaar sedert haar eie stryd is kanker ook by twee van Telemachus se familielede gediagnoseer en sy het etlike vriende aan kanker verloor.
Telemachus sê spanning bring te veel mense se lewe tot ’n einde. Sy het lank gelede besef sy kan nie toelaat dat spanning en woede haar lewe oorheers nie. “Kanker en spanning is nie maats nie. Almal se gestel is nie dieselfde nie, maar die lewe wil geleef wees. Mense moet minder spanning toelaat en die lewe geniet. My raad vir enigeen wat dieselfde pad moet loop, is om biddend te bly en gefokus te wees op die wonderwerk wat Hy reeds vir ander gedoen het – dit is my inspirasie.”
In kruie en doepa glo Telemachus niks. Sy eet gesond, is daagliks opgewek, bly besig danksy haar naaldwerk en maak vir haar ’n nuwe rok vir ’n sangmiddag volgende week. “My dank is aan die Vader. Ek is dankbaar vir die dokters – De Klerk en Leon Meiring – en my kinders, my oorlede man, Freddie, en almal wat my oor die jare ondersteun het. Ek weet nie wat voorlê nie, maar ek is gesond.”
Local food-security efforts have been bolstered thanks to the donation of a hydroponic greenhouse tunnel to the Living Soils Community Learning Farm at Spier this week.
The donation, valued at R220 000, was made by growing solutions provider Vegtech Netafim ahead of World Food Day (Wednesday 16 October). The initiative is part of the company’s 2024 outreach programme to promote precision agriculture and support community projects.
The Vegtech Netafim hydroponic greenhouse tunnels empower farmers and communities to grow fresh produce regardless of external factors such as climate and soil conditions.
The donation will boost the Stellenbosch farm’s agricultural yields and serve as a rich educational platform for the agricultural management interns, farm employees and managers, allowing them to explore precision agriculture techniques that promote sustainability and efficiency.
The tunnel is equipped with precision-farming technology that allows crops to be grown in a hydroponic medium, reducing water usage and increasing yield, a powerful combination that aligns with the principles of regenerative farming.
The Living Soils farm is a partnership project among Woolworths, Spier Wine Farm and the Sustainability Institute.
Saturday (19 October) abolitionists all over the world will come together to shine a spotlight on human trafficking for A21’s 10th Walk For Freedom.
Locals are invited to take part in the annual walk, which serves as a collective effort led by A21, a global anti-human trafficking organisation dedicated to abolishing slavery everywhere, forever. Walkers from Stellenbosch and its surrounds simply have to register online and join the walk, which takes place at 09:00 at Coetzenburg Stadium.
The event is not a protest, but a silent, single-file walk on behalf of the millions of men, women, and children who are trapped. Register at www.a21.org/content/walk-forfreedom-2024/gvk328.
Gants
Strand Redaksionele-uitgewer/Editorial publisher TASMIN CUPIDO (tasmin.cupido@media24.com)
Joernalis/Journalist YAËL MALGAS (yael.malgas@media24.com) 076 967 6070
Verkoopsbestuurder/Sales manager MUHAMMAD BRINKHUIS (muhammad@helderberg.com)
Advertensies/Advertisements FRAN VAN NIEKERK (fran.vniekerk@eikestadnuus.com)
Geklassifiseerd/Classifieds GERALDINE ADENDORF (geraldine.adendorf@media24.com) 021 887 2840
Rekeningnavrae/Account Enquiries CHANDRE LE ROUX (chandre.leroux@media24.com) 021 406 3346
It aims to improve long-term food security by providing a space to educate and empower young and emerging farmers, particularly women and youth, in food and farming livelihoods.
The nutritious food that the farm grows is sold, exchanged and donated to stakeholders who provide direct food security initiatives to at-risk children and households
“As we approach World Food Day, this donation is particularly meaningful,” said Namhla Skweyiya, project manager at the Living Soils farm. The tunnel will allow the farm to grow a variety of vegetable crops, including tomatoes and peppers, in a partially controlled environment yearround. The technology enables farming in coir – an artificial hydroponic medium – rather than traditional soil, ensuring optimal growth conditions.
Additionally Vegtech Netafim has committed to providing high-level technical and agronomical support to the farm.
truthful, accurate, fair and balanced. If we don’t live up to the Code, please contact the Public Advocate at 011 484 3612, fax: 011 4843619. You can also contact our Case Officer on khanyim@ombudsman.org.za or lodge
Garden Day will be celebrated across South Africa this Sunday (20 October). Pietman Diener, a resident of Stellenbosch and friend of Garden Day 2024, shares his passion and love for gardens and gardening with Eikestadnuus readers.
Gardens in every shape, form and size have the potential to bring us together, which is why Pietman Diener, head gardener at Rustenberg Wine Estate, is calling on all plant people to put on a flower crown and join the Garden Day movement by hosting a Garden Day party in their gardens or green spaces on Garden Day.
Can you share your youngest memory of being in a garden and what role this has had on your life? I remember my mother planting sweetpeas (although she is not really a gardener). My strongest earliest garden memory is being in my grandmother’s garden in Wittedrift. It was a large garden over three erven with a storybook vegetable garden, cannas, flowering daisies, purple Lantana, Lemon Verbena at the front steps, colourful Bougainvillea and Bartlettinia sordidum, a Loquat tree, and a large Cecile Brunner rosebush growing by the cattle grid at the bottom of her steep driveway where we would chase down in a go-cart, rolling down her steep lawn followed by itchy baths in the tea-coloured water of the South-Coast, her characterful gardener called Toen, and smoking an early-morning cigarette with him by the fire alongside the water tank. The smell of her toolroom with spades and forks oiled, onions and pumpkins drying in the generator room. It has had the most profound impact on my career and also what I aspire to most in leading a version of a simple life. Are there specific people who have encouraged and tended your love of gardens and gardening?
My maternal grandmother, two wonderful neighbours who encouraged me and shared my passion and interest in gardening, my father’s typist who would take me with her family on nursery visits as well as the Elgin Festival, Una van der Spuy and Jenny Ferreira.
What is your preferred kind of garden and favourite plant or flower, and why? I do love architecture in a garden, whether
formal or informal. For my own personal garden I need interest in plant material and variety. I love contrasting textures, I love shapes, and I especially enjoy the effect of scale in a garden. I enjoy experiencing the seasons through a garden and for that reason employ especially perennials that grow very fast and change throughout the seasons. I garden to cocoon myself and house in the environment, also to attract insects, birds and nature into my immediate environment and be amazed by it. How much time do you spend in your garden and would you say this has definite health benefits? I spend 90% of my time in the garden or outdoors. I need to make a sleeping pod in the garden so that I can spend 100% of my time there. People with whom I spend most of my time say I am a little crazy, so I’m not so sure about the health
benefitsof gardening. How would you describe the emotions and feelings you experience in your garden?
Wonder, amazement, sheer joy and immense gratitude; a childlike sense of excitement at discovering something new in the garden and extreme exhaustion in the heat of February!
Why is Garden Day important to you, and how would you encourage people to celebrate it?
I have been encouraging since the first Garden Day via a weekly radio talk. I experience the benefits of gardening every day and feel everyone can have those same benefits. Garden Day is a wonderful opportunity to share this. Do you have a favourite community garden you like to visit, and why? Not really a community garden, but I love visiting the Johnman Garden in Stellenbosch and enjoying this magical space. For those people who don’t have a garden or interest in gardening, what advice would you give them to take up gardening? Get outside in nature, whether hiking, cycling on the beach, anywhere. Observe nature and become intrigued by it. Sow seeds or plant something edible and usable, such as rosemary or parsley, and experience the joy and pleasure of using it. Visit gardens and discover what type or style of garden you enjoy.
If you could tell your younger self anything about gardening what would it be? I was a bit shy about my interest in gardens as a young boy, so I would really like to encourage anyone of a young age with a keen interest in nature or gardening to stay interested and follow your interests, and to dream big!
Which would be your dream garden to visit? I always enjoy visiting Great Dixter, and I would love to visit the Garden of Ninfa and live there for a year to experience it truly. Most of all, I would like to revisit my grandmother and her garden as a three- or four-year-old boy.
Dear Matriculants of 2024,
As you prepare for your final exams, I want to extend my heartfelt wishes of success to each one of you This moment marks the culmination of your hard work, dedication, and perseverance over the past years. It is a significant milestone not only in your academic journey but in shaping your future
I encourage you to stay focused, believe in your abilities, and give your best effort Remember, challenges are stepping stones to growth, and this is your opportunity to shine
The Cape Winelands District Municipality is proud of your achievements thus far, and we are rooting for your success in these final exams. Stay calm, confident, and take one step at a time
Best of luck, and may your results reflect the excellence that lies within each of you!
You can do it!
Ald (Dr)
The Bottelary Hills Renosterveld Conservancy (BHRC) has a fun-filled line-up for nature lovers during the upcoming Garden Town Stellenbosch festivities from Friday 25 October to Sunday 3 November.
All funds raised through the respective events will go towards conservation –specifically Renosterveld Rewilding projects as well as community development.
Outdoor enthusiasts and nature lovers can look forward to:
) Koopmanskloof-guided hike and wine tasting –Saturday 26 October
The guided hike through the 98 ha Koopmanskloof private nature reserve will take hikers to the highest point in the Bottelary Hills. It offers uninterrupted views from Table Mountain to Paarlberg, and the Drakenstein and Stellenbosch mountains. After the circular hike guests can enjoy an exclusive tank tasting hosted by winemaker Stephan Smit. Tickets are R230 and limited to 20 guests.
) Vineyard walk in Devon Valley – Sunday 27 October Devon Valley offers a treasure trove of wineries and restaurants as you meander through this quaint valley of scenic vineyards and farms.
The leisurely walk will start at the Devon Valley Hotel at 08:00 and finishes at 11:00. Tickets, at R250, include a breakfast snack with coffee or tea, snacks and tastings on route. All funds raised will go towards local NPO Froggies Aftercare. Only 100 spots are available.
) Discover Renosterveld walk and talk – Tuesday 29 October
Lynda Muller, founder of Discover Renosterveld, will lead an informative discussion on Renosterveld, a hidden and nearly lost world. Learn more about why conserving this critically endangered vegetation type found nowhere else on earth and how you can make a difference. Enjoy a short walk from the Devon Valley Hotel to explore. Tickets cost R150 and include the walk and talk, a shopping bag, health muffin and coffee or tea.
) Hazendal garden tour –Wednesday 30 October Enjoy a one-hour guided
walk from 10:00 to 11:00 to explore the historic Hazendal Wine Estate, including the Marvol gallery, classic car collection, pristine gardens and historical buildings followed by a wine tasting accompanied by a cheese or charcuterie platter. Tickets (R200) include a wine tasting and cheese platter, and are limited to 30 guests. ) Mooiplaas guided hike –Saturday 2 November
Enjoy a guided three-hour hike and wine tasting led by Tielman Roos, owner and viticulturist of Mooiplaas wine estate and BHRC chairperson. Mooiplaas Private Nature Reserve was registered in 1995. The 5,6 km circular trail meanders through the reserve. Limited tickets (R200) include a wine tasting and cheese platter.
) Garden Town wrap-up MTB ride – Sunday 3 November
Join the 2024 Wrap-up Ride for Renosterveld that starts and ends at Jordan Wine Estate. It offers two exhilarating routes: a challenging 34 km route with 800 m elevation and a shorter 22 km route with 600 m elevation. The tracks are not for beginners. Great prizes are up for grabs. After the race there will be a selection of delectable eats, fine wines, and music on offer. A portion of funds raised from entries will go to the BHRC. E-bikes are allowed but won’t be eligible for podium prizes. Entries (R350) are limited to 150 and include a goodie bag. Bike rentals are available and must be arranged at least seven days in advance via reservations@jordanwines.com. ) DeMorgenzon Open Garden – Friday 25 October to Sunday 3 November) In Spring, specially chosen wildflowers flourish between the vines. DeMorgenzon does not doubt that a biodiverse and ecologically sensitive environment produces infinitely better grapes, and the beauty of their gardens is captured in every bottle of their wine.
) All tickets for BHRC events can be booked online through plakton.mobi.
) View the full Garden Town Stellenbosch programme online at www.gardentown.visitstellenbosch.org.
Die Endler-saal verwelkom môre (Vrydag 18 Oktober) die Franz Trio van Berlyn in ’n betowerende program getiteld Musique pour faire Plaisir! – ’n aand gewy aan vreugde en skoonheid in klassieke musiek. Die trio, saamgestel uit (van links) die altviolis Ernst-Martin Schmidt, die violis Avigail Bushakevitz en die tjellis Constance Ricard, sal ’n bekoorlike en lewendige uitvoering lewer met Beethoven se vroeë “Serenade”, Jean Francaix se spitsvondige en elegante stryktrio, en Jean Cras se ontluikende werk, geïnspireer deur sy lewe as vlootbevelvoerder. Die trio se optrede beloof om die gehoor na klankwêrelde vol spitsvondigheid, skoonheid en avontuur te voer, aangesien elke stuk ’n unieke reis deur klassieke bemeestering bied. Die Franz Trio, wat in 2017 gestig is, het al op gesogte plekke opgetree, insluitend die Berlynse Filharmonie en Royal Albert Hall, en bring nou hul kenmerkende vertolkings na Suid-Afrika as deel van die Endler-konsertreeks. Gehore kan uitsien na ’n aand wat die wese van musiek as “plesier” in sy suiwerste vorm vier. Die konsert begin om 19:00. Kaartjies kan aanlyn via www.webtickets.co.za bespreek word. Foto: Binh Truong
Die Geestelike Ambassadeurs vir Jesus Christus bied op Saterdag 26 Oktober om 18:00 die Gospelextravaganza Volume 2 by die Laerskool Devonvallei aan.
Plaaslike gaskunstenaars sal saam met die musikant-evangelis Dawid Claasen asook bekende Psalmdigters soos Remalia Esau, Wildene Bosman, Marchelle van Wyk, Granville Abrahams en meer optree. Apostel Jerome Skippers is die aand se seremoniemeester.
Kaartjies kos R60 en R30 vir kinders (gr.1 to gr.7) by die deur. Daar sal ook ’n gelukstrekking wees.
Rig alle navrae Gurton en Mandy Engelbrecht by 081 067 7516 of 084 038 9961.
resides at NOOITGEDACHT FARM, KOELENHOFROAD,WESTERNCAPE,claimsfromyou:
a) Adecreeofdivorce;
b) An order that each party retains the movable property currentlyintheirpossession;
c) Anorderthateachpartyberesponsibleforpaymentof thedebtsincurredinhis/herownname;
d) An order that
and e) Furtherand/oralternativerelief.
TAKE FURTHER NOTICE thatifyoufailtogivesuchnotice,judgmentmaybe grantedinyourabsence.
SignedatSTELLENBOSCHonthis25THdayofMARCH2024
LegalAidSouthAfrica, StellenboschLocalOffice
Per: TMoerat Suite201,2ndFloor EikestadMall Stellenbosch REF:X999236223
TO:THEREGISTRAROFTHEREGIONALCOURT STELLENBOSCH
X1YAF1M9-EN171024
DONDERDAG 17 OKTOBER
) Stellenbosch: CIRCLE FOR NATURAL AID TO LIFE bied aan ’n gesprek met Melanie Jacob, PhD, en Hinrich Jacob by die LifeShine Wellness-sentrum (op die hoek van Klein Helderbergweg en die R44, Stellenbosch) om 18:30. Toegang is gratis, maar skenkings is welkom. Vir meer inligting stuur e-pos na southafrica@bruno-groening.org.
) Stellenbosch: The monthly meeting and speakathon of STELLENBOSCH
TOASTMASTERS will be held at Erfurthuis at 37 Ryneveldt Street at 18:30. The meeting is open to the public. For more information, contact Thamu on 076 606 0038 or stellenboschtoastmasters@gmail.com.
) Stellenbosch: STELLENBOSCH ALCOHOLICS ANONYMOUS as well as the Al-Anon group meet in the rooms of the Stellenbosch Baptist church at 6 Merriman Avenue every Thursday at 19:30.
VRYDAG 18 OKTOBER
) Stellenbosch: CIRCLE FOR NATURAL AID TO LIFE bied aan ’n dokumentêre film by die LifeShine Wellness-sentrum (op die hoek van Klein Helderbergweg en die R44, Stellenbosch) tussen 17:30 en 21:30. Toegang is gratis, maar skenkings is welkom. Vir meer inligting stuur e-pos na south-africa@bruno-groening.org.
SATERDAG 19 OKTOBER
) Stellenbosch: Die FRIENDS OF STELLENBOSCH MOUNTAIN (FSM) hou van 13:30 sy maandelikse hack vir ongeveer drie ure in die Paradyskloofnatuurgebied. Die groep vergader by die Paradyskloof-hoofhek en gaan help om fynbos te beskerm deur Port Jacksons, denne, wattels, bugweed en ander indringerplante te verwyder. Ontspan in die natuurskoon en kry terselfdertyd praktiese ervaring. FSM verskaf die nodige gereedskap; neem ’n beker, water en peuselhappies saam. Hou fsmountain.org se hack-blad of die FSM-Facebookblad dop indien die tye as gevolg van die weer verander. Rig alle navrae per e-pos aan fsm.spring474@passfwd.com.
) Pniël: Die ATKVONDERWYSAFDELING en die Afrikaanse Onderwysnetwerk
(AON) vier onderwysers en gee erkenning aan die uitnemende werk wat deur onderwysers oor die wêreld heen gedoen word deur ’n glansgeleentheid aan te bied. Die geleentheid beloof om onderwysers te bederf met optredes van sprekers, gaskunstenaars en ’n driegangmaaltyd. Beperkte kaartjies is nog beskikbaar. Bel André Hendricks, die projekorganiseerder by ATKV-onderwys, by 082 411 1333 vir besprekings en meer.
) Somerset-Wes: Die Stellenbosse musikante Bennie van Eeden (pianis) en Winand Grundling (orrelis) tree saam met die Klassieke Klanke-orkes en Canticum Novum-koor by die NG KERK HELDERBERG in Firmount-weg op. Hermanus Schmidt en Paul Lessing is ook deel van die konserte wat om 10:30 (Saterdag) en 16:00 (Sondag 20 Oktober) plaasvind. Toegang is gratis, maar skenkings word verwelkom. Enige kinders wat deel van die opvoering van Prince of Egypt en You Raise Me Up wil wees, kan e-pos na helderbergconcerts@gmail.com stuur.
SUNDAY 20 OCTOBER ) Faure: VERGENOEGD LÖW will host a plethora of activities in October, celebrating wine, food, music and community. Visit the farm from 12:00 to 14:00 on Sundays to celebrate Spring. The Vergenoegd Löw Homestead Wine Lounge will be open until 17:00. Live music will be presented by guitarist Riaan Nieuwenhuis on 20 and 27 October. To book or for more information, visit vergenoegd.co.za.
WOENSDAG 23 OKTOBER ) Stellenbosch: Die ledevergadering van die STELLENBOSSE HEEMKRING vind om 19:00 in die konferensiekamer van die NG kerk Stellenbosch-Wes plaas. Die gasspreker, prof. Matilda Burden, emeritusprofessor aan die Universiteit Stellenbosch, gesels oor “Fonteine, fontijne, vonteine – ’n kort oorsig van fonteinname rondom Stellenbosch, Paarl en Wellington”. Belangstellendes is welkom. Aansoekvorms vir nuwe aansluitings sal ook beskikbaar wees.
Ter viering van die uitvinding van die akkordeon 195 jaar gelede, in 1829, kan Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers uitsien na ’n reeks konserte deur ’n professionele internasionale trekklavierorkes.
Die Landes Jugend Akkordeon Orchester Nordrhein-Westfalen (LJAO NRW) sal onder meer vandeesmaand in Gauteng en KwaZulu-Natal optree en maak vandag (Donderdag 17 Oktober) sy Kaapse draai in Stellenbosch.
LJAO NRW, die federale jeugtrekklavierorkes van die NoordrynWesfale-streek in Duitsland, sal plaaslike gehore vermaak op uitnodiging van die Suid-Afrikaanse Vryrietvereniging (Safra). Dié plaaslike organisasie sonder winsbejag poog om vryrietinstrumente soos die trekklavier, konsertina en mondfluitjie in SuiderAfrika te bevorder.
Safra het vroeër vanjaar aangekondig dat die akkordeon nou beskikbaar is as ’n musiekinstrument vir leerdoeleindes
op sekondêre en tersiêre vlak. Die eerste akkordeonstudent het reeds by die Universiteit van Kaapstad ingeskryf. Suid-Afrika het ’n ryk erfenis van trekklavierfamilie-musiek wat die Zoeloe-maskandi, Lesotho se famo, boeremusiek en Kersfeeskore insluit. Die trekklavierorkes uit Duitsland bestaan uit meer as 25 trekklavierspelers. Onder leiding van die dirigent, Silke D’Inka van die Duitse Harmonikavereniging en lid van die Duitse Musiekraad, sal die orkes ’n wye verskeidenheid musiek uitvoer wat wissel van verwerkings van die vorige eeue se klassieke tot eietydse oorspronklike komposisies vir trekklavierorkeste.
Gehore kan ’n verrassing of twee verwag met ’n paar plaaslike liedjies en samewerking met Suid-Afrikaanse musikante tydens die toer.
) Donderdag se vertoning by die Endlersaal by die Universiteit Stellenboschkonservatorium begin om 13:10.
Die gewilde Hope Hike vind Sondag 27 Oktober by die Delvera-landgoed in Stellenbosch plaas.
Die jaarlikse geleentheid word deur die Ithemba-stigting, ’n organisasie sonder winsbejag wat navorsing oor psigiese gesondheid doen en op die bewusmaking van depressie fokus, ondersteun. Dit word elke jaar in Oktober, wat WêreldPsigiesegesondheidsmaand is, gehou en die geld wat ingesamel word, gaan aan die stigting.
Die publiek word aangemoedig om deur Oktober – ook bekend as HOOPtober – hul hemelsblou-vir-hoopstrikkie te dra. Blou is bekend as die kleur vir optimisme, vrede, positiwiteit, rustigheid, kalmte en hoop.
Deelnemers aan die Hope Hike kan of
self of virtueel deelneem. Drie roetes waaraan deelnemers kan deelneem, is by Delvera beskikbaar: die 7 kmKlapmutskop-roete (07:30); die 10 kmroete (07:35); en die 5 km-roete (07:45). Mense wat elders (virtueel) deelneem, kan in enige tyd en op enige plek hul eie roete voltooi.
Deelnemers word aangemoedig om iets blou te dra en selfies met hul inskrywingsnommer op die Ithembastigting se Facebook- en Instagram-blad te deel. Fantastiese pryse is vir beide geleenthede op die spel.
Die inskrywingsfooi is R80 vir volwassenes of R50 vir leerders en studente. Inskrywings sluit Vrydag 25 Oktober vir al twee geleenthede. ) Besoek www.entryninja.com/events/ om in te skryf.
Good times and great vibes are guaranteed with the return of Stellenbosch Street Soirées this month!
Join the traditional throng of merrymakers for this year’s calendar highlight of open-air food, wine and music beneath the Cape wine capital’s famous oak trees.
The pop-up series on Drostdy Street takes place on specific days from October to March with the first soirée taking place on Wednesday 30 October.
“Street Soirées have become the region’s de facto welcome to what is arguably one of the best seasons in the winelands,” declared Stellenbosch Wine Routes manager Elmarie Rabe.
“Each soirée is limited to two hours, from 18:00 to 20:00, making it the ideal precursor to a great evening out. Guests and visitors often join friends here to sample some great pre-dinner wines with top street-food snacking ahead of a meal at one of Stellenbosch’s many fine restaurants.”
The Stellenbosch Street Soirées are intentionally held at a time when dusk temperatures and light conditions make it the best time to be out for mingling and sundowners. Drostdy Street is closed off and decorated in elegant festive style, creating a great vibe.
Food is supplied in the form of stalls selling light bites while each evening also features a varying selection of wineries. This means that wines available throughout the series will change, and you can attend every event
to experience something new. Tickets include 10 tasting tokens and this year introduces a different token to be used for a special tasting of premium wines.
Added to the setting is the allimportant ingredient of live music, provided by talented local performers. The soirées will be held on Wednesday 30 October, 13 and 27 November, 11 December, 15 and 29 January, 12 and 26 February, and 12 and 26 March.
Entry costs R220 per person and includes a glass and 10 wine tasting tokens. Book online at plankton.mobi; limited sales at gate.
) For more information, send an email to info@wineroute.co.za or call 021 886 4310.
) Learn more about Stellenbosch’s reputation for food, wine, history and culture at www.wineroute.co.za or www.visitstellenbosch.org.
Mountain bikers will again have a chance to reignite their passion for the sport at South Africa’s “MTB Party of the Year”, the Savanna Origin of Trails MTB Experience, in Stellenbosch on Saturday 16 and Sunday 17 November. Riders will be treated to the most iconic and exclusive mountain-biking trails in the City of Oaks. The twoday individual MTB stage race will start and finish at Coetzenburg. Riders can choose between the Full Marathon (about 50 km per day) and the Half Marathon (about 30 km per day). Entry costs R2 100 (full) and R1 900 (half), and includes an exclusive First Ascent rider jersey, finisher cotton tee, finisher medal, spectacular enroute experience, access to world-class trails usually not open to the public, a light breakfast with coffee on both days, lunch on both days, complimentary drinks and refreshments, well-stocked water points, entertainment, exciting competitions and giveaways, and comedic acts. The event proudly supports the Stellenbosch Trail Fund (STF), a registered NPO entirely funded by donations from local trail users and corporate sponsors. For more information or to enter, send an email to entries@stillwatersports.com or visit https://bit.ly/2024SavannaOOTOnlineEntries.
Photo: David Sullivan
2/29, Kieran Dreyden 2/43).
Wellington 130/10 in 28.2 boulbeurte.
Tasmin Cupido
Die tweede ronde ligawedstryde in die Premierliga van Krieket Boland het groot opwinding opgelewer, met twee derbystryde vir vier spanne van die Stellenbosch-streek.
Die Stellenbosch-krieketklub het in sy naelbytwedstryd teen die Coronationskrieketklub in Pniël geseëvier, terwyl die Maties-krieketklub ligte werk van die Van der Stel-krieketklub op Coetzenburg gemaak het. Die Victoriane was ook aan die wenkant in hul kragmeting met die Wellingtonkrieketklub.
. Coronations t. Stellenbosch op Pniël-sportterrein
Stellenbosch 192/10 in 40 boulbeurte.
(Brandon Layman 73*, Michael Copeland 52; Alfredo Adams 3/28, Frederick Hendricks 2/33, Danico Philemon 2/13).
Coronations 181/10 in 45.5 boulbeurte.
(Julio Meyer 57, Rodwin September 20; Peter Cyster 4/33, Copeland 2/32).
Stellenbosch wen met 11 lopies.
. Victoriane t. Wellington op Pen Basson-ovaal, Wellington Victoriane 184/10 in 42.4 boulbeurte.
(Corby van Heerden 43, Connor Batt 28, James Kennedy 24, Ethan Cunningham 20; Tiaan Cloete 3/26, Roché du Plooy
(Monilico Williams 38*, Junaid Cassiem 35, Marvin Booysen 21; Fayaad Daniels 5/6, Cunningham 3/23). Victoriane wen met 54 lopies.
. Maties t. Van der Stel op Coetzenburg-ovaal
Maties 227/10 in 50 boulbeurte. (Riaaz Paleker 74, Salmaan Ajam 28, Ross Boast 26, Daniel Ristow 22; Divan Swanepoel 4/22, Riyaad Henry 4/24).
Van der Stel 166/10 in 41.5 boulbeurte.
(Pieter Malan 34, Henry 22; Ristow 3/46, Caleb Prins 3/25).
Maties wen met 61 lopies.
Die komende naweek is dit ’n stryd tussen die studente, met Maties en Victoriane wat Saterdag 19 Oktober op die Tassies-ovaal in die enigste 50-
boulbeurt-ligawedstryd kragte meet. Die ander Stellenbosse spanne in dié liga skuif nou hul fokus na die T20Premier- A-gemeenskapskompetisie –Coronations reis na die Pen Bassonovaal om teen Wellington te speel, terwyl Van der Stel op Bergsig gasheer speel vir Robertson. Albei wedstryde begin om 14:00.
Stellenbosch geniet die naweek ’n loslootjie.
Ligawedstryde in die Kaapse Wynlande- suidelike liga (50 boulbeurte) begin ook Saterdag. Excelsior speel gasheer vir Spes Bona, terwyl Klapmuts op sy tuisveld teen Stellenbosch III te staan kom. Wemmershoek is in sy tuisdorp in aksie teen Franschhoek, en Van der Stel III sal op Bergsig die manne van Raithby die stryd aansê.
By hom, van links, is Rozelda Mansfield, Granville Myburgh, Ivor Myburgh, Elmarie Parks, Lisa Myburgh en Winston Stubbs (klubvoorsitter).
Ruben November (links) het die beker vir die Speler van die Jaar en ook die waardevolste speler aan Herchelle van Ryn oorhandig.