Eikestadnuus - E-Edition - 16 October 2025

Page 1


Drie gegapste diertjies weer tuis

Fret-liefde loopskeef

Al drie die diertjies wat glo verlede Saterdag (4 Oktober) deur ’n vrywilliger van die Exotic Animal World Klapmuts gesteel is, is veilig “terug by die huis”

Dit volg nadat ’n vrou wat by die sentrum, voorheen bekend as Butterfly World, betrokke was, na aanleiding van haar omgewingsverrykingsprogram blykbaar gedink het sy kon drie frette “ ’n beter lewe gee”

Die personeel is geskok deur die vrywilliger se optrede, aangesien die sentrum die afgelope drie dekades nog nie ’n soortgelyke voorval gehad het nie

Die sentrum spesialiseer as ’n toevlugsoord vir onder meer spinnekoppe, ape, slange en voëls wat of deur hul eienaars oorgegee is of deur plaaslike owerhede afgevat en in die sentrum se sorg geplaas is Volgens Esther Van der Westhuizen, die eienaar van die sentrum, het hulle ’n paar minute nadat die vrywilliger huis toe is, besef die frette is weg

Die personeel, wat besig was met inleidings aan besoekers tussen die sessies met die diere, het haar toe geskakel om te vra of sy die frette van een hok na ’n ander geskuif het Sy het toe gebieg sy het die diertjies geneem en die hasepad gevat

“Frette is op CapeNature se swartlys en mag nie as troeteldiere in die provinsie aangehou word nie Hulle is klein, maar wrede roofdiere en het die vermoë om ’n vernietigende indringerspesies te wees, soos in Nieu-Seeland, waar hulle kleiner diere wat hulle as prooi jag, uitwis,” verduidelik Van der Westhuizen

Die sentrum het onmiddellik na die vrou begin soek

’n Klagte is aanvanklik by die Klapmuts-polisie weens die diefstal aangemeld en is intussen na die eenheid vir bedreigde spesies en veediefstal in Kuilsrivier oorgeplaas

AO André van Greunen van dié betrokke eenheid het gehelp om die frette op te spoor

Van der Westhuizen sê hoewel die vrywilliger aanvanklik gesê het een van die diertjies is in haar sorg oorlede, het die personeel haar nie geglo nie en al drie frette is gevind

Die frette is die afgelope Maandag (13 Oktober) aan die sentrum terugbesorg

“Eksotiese diere kan enigiets van papegaaie en slange of tarantulas en visse wees Die diere is vrylik by troeteldierwinkels beskikbaar

Frette is op CapeNature se swartlys en mag nie as troeteldiere in die provinsie aangehou word nie. “

“Die probleem is dat sommige eksotiese diere, wat as troeteldiere beskikbaar kan wees, dalk nie in die provinsie aangehou mag word nie Die spesies kan moontlik ’n indringerspesie word, of dit is skaars en beskermde spesies

“Baie diere word onwettig in die provinsie aangehou – hulle is óf op die swartlys en is dalk glad nie in die provinsie nie, óf hulle word sonder die nodige permitte aangehou

“Ons fasiliteit het van tyd tot tyd diere waarop beslag gelê is, ontvang om hulle veilig te bewaar terwyl hofsake aan die gang is ”

Diere wat uit onkunde verkeerdelik na omgesien word, kan siektes soos diabetes en orgaanversaking weens wanvoeding ontwikkeling

Van der Merwe sê hulle het baie diere oor die jare ontvang wat goed versorg is, maar weens onkunde probleme ontwikkel het “Ons sal nooit aan mense sê om nie ’n spesifieke dier as troeteldier te hê nie, maar om 100% seker te maak hulle weet wat die toekoms van daardie dier in hul sorg sal wees Ons sê gewoonlik vir besoekers dat daar duisende katte en honde in skuilings is – neem eerder een van hulle aan ”

Mense wat misdrywe teen beskermde of eksotiese diere pleeg, kan vervolg word.

CapeNature het vandeesmaand die uitspraak teen Gustigu Mthini (38) verwelkom nadat hy in Februarie ’n gevlekte ooruil, ’n beskermde spesie, op die Seepunt-promenade met ’n stok gemartel het. Mthini is in September deur in die Kaapse landdroshof skuldig bevind aan dieremishandeling, die jag van ’n bedreigde spesie en onwettige jag deur middel van ’n verbode jagmetode. ’n Vierde aanklag teen hom het met immigrasie-oortredings te doen gehad Mthini

is met ’n boete van R12000 of 12 maande tronkstraf gestraf.

“Hierdie skuldigbevinding stuur ’n sterk boodskap uit – dat die onwettige en wrede behandeling van ons wildlewe nie geduld sal word nie. CapeNature bly daartoe verbind om nou saam met ons vennote te werk om te verseker dat oortreders aanspreeklik gehou word. Elke dier het ’n rol in die handhawing van die balans van ons ekostelsels om te speel,” het dr. Ashley Naidoo, die hoof van CapeNature, gesê

Die plaaslike sentrum het intussen besluit om nie sy vrywilligersprogram te sluit nie.

“Aanvanklik het ons ’n skok-reaksie gehad waar ons die programme wou kanselleer, maar dit is die eerste keer in 30 jaar dat so iets gebeur Boonop is ons jongvrywilligers-program doeltreffend en werk dit sonder enige probleme, dus sal ons nie daaraan raak nie. Ons sal net beter beheer instel om ’n herhaling te voorkom,” sê Van der Westhuizen Sers Madilyn Dombas, ’n woordvoerder vir die Klapmuts-polisie, bevestig niemand is in verband met die saak in hegtenis geneem nie en die saak word steeds ondersoek.

 Om omgewingsmisdaad met betrekking tot wilde diere aan te meld, bel die die 24-uurtolvrye voorvallyn by 0800205005 of stuur ’n e-pos aan info@capenature co.za of law.enforcement@westerncape.gov.za.

Die personeel van Exotic Animal World was vandeesweek verheug om dié drie frette, wat na bewering deur ’n vrywillger gesteel is, terug te kry Foto: Exotic Animal World/Facebook

Asmootherdrive

As mobility month is celebrated countrywide, the provincial Department of Infrastructure (DOI) announced that work on a Klapmuts project is scheduled for completion next month.

“This R141,5 million project was initiated to upgrade 3,3km of Protea Road (Divisional Road (DR) 1098) near Klapmuts from a gravel road to a surfaced road, and to rehabilitate about 5,4km of Waarburgh Road (also DR1098) near Joostenbergvlakte,” explained Jandré Bakker, DOI director of operational support

“The upgrading of Protea Road to a surfaced road includes a 300m cut and a 330m fill to realign these sections of the road so that they are safe for travelling at the 80km/h design speed Only 1km of the surfacing work remains ” Bakker said auxiliary lanes will be built at the access points to three businesses on Waarburgh Road, along with a bus stop at Joostenberg Primary School “Drainage works will be undertaken, including the replacement of minor culverts and concrete and earth side drains,” he added “Erosion protection will be installed

Appurtenant works include fencing, road markings and road signs ”

A total of 223 short-term work opportunities were created though the project with 38468 person-days of work

Tertuis Simmers, provincial minister of Infrastructure, adds R43,2 million has been spent on procuring goods and services from targeted enterprises, and 12 local enterprises and eight emerging contractors have participated in the project so far

“Transport infrastructure like roads are enablers of economic growth and lay the foundations for future development,”

Simmers pointed out

“By improving access and mobility, we connect residents to opportunities, attract investment, and strengthen local economies This project reflects how infrastructure delivery directly supports the Western Cape government’s Growth for Jobs strategy, unlocking economic potential through targeted, sustainable investment ”

He commended all partners, contractors, and community for their contributions

“DOI is committed to infrastructure that builds the foundation for a more inclusive, resilient, and prosperous Western Cape ”

Sakkies tik en pistool gekry

Polisiebeamptes van Cloetesville het vandeesmaand verskeie suksesse gehad nadat inligting vanuit die gemeenskap verkry is Volgens die plaaslike polisiewoordvoerder AO Zenobia Sedeman is inligting wat deur die gemeenskap verskaf is, onmiddellik opgevolg

Die polisie het onder meer 38 sakkies tik gevind en ook op ’n pistool beslag gelê Twee verdagtes – albei 24 jaar oud – het Vrydag (10 Oktober) in die Stellenbosch-landdroshof in verband met die twee afsonderlike vondste verskyn “Ons wil weer eens die gemeenskap vir hul samewerking bedank en moedig inwoners aan om inligting deur te gee,” het Sedeman gesê  Enigeenwatinligtingaandiepolisiewilverskaf, kandiepolisiekantoorby0218885940skakelof direkmetdiestasiebevelvoerder,lt.kol.Monique Fortuin,by082411 2911kontakmaak

Die pistool wat met die gemeenskap se hulp deur die Cloetesville-polisie gevind is

Die Cloetesville-polisie het vandeesweek op 38 sakkies tik beslag gelê

Top audit awards for CWDM

The Cape Winelands District Municipality (CWDM) was honoured with two prestigious awards at the National Good Governance Awards, hosted during the annual Local Government Indaba at the Gallagher Convention Centre in Midrand, Johannesburg, recently.

The awards recognise CWDM’s remarkable achievement of 11 consecutive clean audit outcomes as well as the municipality’s sustained record of maintaining sound, funded budgets over the past decade

In a national context, where many municipalities face significant governance and financial challenges, this recognition places CWDM among the country’s leading examples of transparency, accountability, and ethical leadership

Dr Elna von Schlicht, executive mayor

of CDWD, welcomed the announcement by Fiki Hlabisa, national minister of Cooperative Governance and Traditional Affairs

“The CWDM is proud to have received recognition for the financial management, 11 consecutive 'clean audits' and maintaining sound funded budgets,” she said.

“I extend my deep appreciation to our Budget and Treasury Office, and all officials who go the extra mile ”

The indaba, convened under the theme of revitalising municipalities and restoring public trust in local government and highlighted the urgent need for stability and reform in the sector CWDM’s consistent performance underscores its commitment to clean governance and positions the municipality as a trusted custodian of public resources in service of its communities

A gabion wall to support cut-slopes on Protea Road

‘Ja’ vir 2 se reis na wêreldberaad

“Ons wil ’n opbrengs op ons belegging hê.”

Dit was Dinsdag (14 Oktober) die sentiment van die opposisie op ’n spesiale raadsvergadering van die Stellenbosch-munisipale raad. Raadslede het vandeesweek bymekaargekom om goedkeuring te gee vir die raadslid Stephanie Heneke en Charl Kitching, senior bestuurder van beskermingsdienste, wat deur die Strong Cities Network na die Sesde Wêreldberaad in Toronto, Kanada van 9 tot 11Desember, genooi is Burgemeester Jeremy Fasser het die uitnodiging van die hand gewys en Heneke, wat die burgemeesterskomiteelid vir beskermingsdienste is, voorgestel om in sy plek te gaan.

“In beginsel ondersteun ons hierdie besoek gegewe die veiligheid van ons gemeenskappe en dit is iets wat waarde kan toevoeg. Dit is egter belangrik dat ons ’n opbrengs op die R50000-belegging ontvang,” het die ACDP-raadslid Otniel

Jooste verduidelik.

Die munisipaliteit het ’n uitnodiging vir beide Fasser en Kitching ontvang. Hoewel die organisasie die koste van een persoon dek, sal die munisipaliteit moet opdok vir die tweede beampte se reisuitgawes. Hiermee saam sal die twee ook ’n daaglikse toelaag ontvang

Die Stellenbosch-munisipaliteit is sedert Julie 2019 lid van die Strong Cities-netwerk. Die organisasie werk om kennis te deel oor misdaadbekamping.

Gemeenskapsveiligheid en welstand; teenwerking van haat en aanlyn skade; ekonomiese en digitale inklusiwiteit; versterking van nasionale-plaaslike samewerking; en die bou van Stellenbosch se internasionale profiel is op die sakelys vir die Desember-sessie. Volgens die munisipaliteit bied die besoek ’n geleentheid om onder meer oor “vernuwende veiligheidsoplossings” te leer.

Die GOOD-party meen egter daar is geen rede om ’n tweede beampte na die Desember-geleentheid te stuur nie, maar die raad het uiteindelik die reis met 35 uit 39 stemme goedgekeur.

Nog ’n rooftog laatnag op astepl in Fr chh k

De Zalze trees in pink

Internationally, October is recognised as Breast Cancer Awareness Month, and this year the De Zalze Winelands Golf Estate is proudly participating in this important initiative through a collaboration with Pink Trees for Pauline Several trees on the estate are wrapped in pink fabric as a visual symbol of solidarity with those affected by cancer – a reminder of hope, support and community. As part of the initiative, a donation was also made to the Stellenbosch Hospice to express appreciation for the incredible work it does every day to support patients and their families with dignity and compassion, and the immeasurable difference it makes in their lives Each pink tree is a beacon, reminding all to stand tall, stay grounded, embrace challenges and keep growing with courage! Adri Jansen van Nieuwenhuizen of Pink Trees for Pauline, Peet de Wet, CEO De Zalze Winelands Golf Estate HOA, and Jennilee Geduld, general manager of Stellenbosch Hospice, helped to make sure the estate lanes are lined in pink

The classical musical future is bright!

The 36th Hubert van der Spuy National Music Competition, where South Africa’s most talented young musicians gathered, was held at Stellenbosch University’s world-class Endler Hall from Tuesday 30 September to Saturday 4 October This prestigious competition, founded in 1989 by Professor Hubert van der Spuy, has grown into the nation’s premier platform for musicians aged 13 and under. After an intense week of competition, three exceptional young artists emerged victorious from a field of 43 competitors representing South Africa and Namibia Twelve-year-old pianist Agnes Huang from Johannesburg took home the gold medal and an impressive R39 700 in total prizes Silver medalist Victor Le Du, a 13-year-old pianist from Makanda (Grahamstown) and bronze medal winner Henning Bouwer, a 13-year-old flautist from Johannesburg, completed the winning trio For over three decades, this competition has celebrated young musical talent, offering dreams, discipline, and over R100 000 in prizes to nurture SA’s future musical stars With the winning trio (from left) are Prof Hubert van der Spuy, Dr Esthea Kruger, Victor Le Du (second), Agnes Huang (winner), Henning Bouwer (third), Dr Marlene le Roux, Junnan Sun and Denise Sutton

Boland bruis vir Afrikaans se groot mark en makietie

Die eeufeesjaar van Afrikaans as amptelike taal bereik Saterdag 25 Oktober sy hoogtepunt wanneer Afrikaans Amptelik 100 saam met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) die Feesmark en Makietie in die amfiteater teen die Paarlberg aanbied.

Hierdie fees vier nie net die afsluiting van n monumentale jaar van vieringe nie maar deel ook in die 50ste bestaansjaar van die Taalmonument –’ n simbool van Afrikaans se erfenis en toekoms.

Dié groot dag word moontlik gemaak deur die samewerking van verskeie vennote, wat die geleentheid n ware Bolandse viering maak: die Drakenstein-munisipaliteit, die Drakenstein-sakekamer, Enjoy Drakenstein, die ATKV, M4 Events en Nederburg Primêr

Die feesmark beloof ’ n dag vol Bolandse geure en klanke – van tradisionele rieldans en volkspele, wat die gees van gemeenskap aanwakker tot optredes deur Afrikaanse musiekkunstenaars wat die taal se diversiteit en kreatiwiteit vier Daarby wag

Bolandse kos, eksklusiewe wyne en unieke uitstallers wat aan feesgangers n eg plaaslike ervaring bied.

Die Feesmark & Makietie is meer as net ’ n viering – dit is n getuienis van wat moontlik is wanneer gemeenskappe instellings en vennote saamstaan vir Afrikaans

Ondersteun ’ n skool: Instansies of individue wat betrokke wil raak, kan n skool borg en jongmense se deelname moontlik maak. Kontak die organiseerders gerus deur n e-pos aan info@afrikaans100 org vir nog besonderhede te stuur

Die publiek word genooi om die historiese dag te beleef Bring jou gesin en vriende, kom dans saam, geniet die Boland se beste kos en wyn en wees deel van die Afrikaans Amptelik 100-afsluiting én die 50ste verjaardag van die Taalmonument. Die feesvierings word van 11:00 tot 19:00 aangebied. Kaartjiepryse beloop R60; kinders 13 jaar en jonger geniet gratis toegang Besoek www.afrikaans100 org en koop jou kaartjie aanlyn.

Plattelandse vroue ‘red SA’

Meer as 80% van Suid-Afrikaanse gr 4-leerders kan nie met begrip lees nie en teen gr 6 sukkel 70% steeds, volgens die Progress in International Reading Literacy Study (Pirls), ’n internasionale studie wat elke vyf jaar gedoen word om geletterdheid te meet

Wêreldonderwysersdag op Sondag 5Oktober is ’n ernstige wekroep aan die uitdagings in Suid-Afrika se onderwysstelsel, maar die Anna Foundation, ’n organisasie sonder winsbejag in Raithby, werk daaraan om deel van die oplossing te wees

Die stigting lei vroue van plattelandse gebiede deur hul 3R’s-program op om naskoolse projekte vir kinders aan te bied

“Wanneer ’n kind nie kan lees nie, is dit nie net sy opvoeding wat daaronder ly nie; deure gaan toe vir geleenthede, en gemeenskappe oor die land heen sit met potensiaal wat nie bereik word nie,” sê Marike Pienaar, ’n senior opvoedkundige projekbestuurder by die Anna Foundation

Die organisasie is 20 jaar gelede van stapel gestuur om die onderwyskrisis in SA aan te pak en leerders op plase geleenthede vir onderwyssteun, sport en lewensvaardighede te bied Altesaam 21 Anna Foundation-naskole bied tans elke dag ’n veilige hawe vir meer as 800 kinders oor die Wes-Kaap heen

“Baie skole sukkel met onvoldoende infrastruktuur, wat tot groot klasse lei en wat doeltreffende onderrig en leer belemmer Onderwysers dra dikwels swaar werklaste en werk met beperkte hulpbronne, wat die gehalte van hul onderrig beïnvloed,” sê Pienaar

Die stigting lei plattelandse vroue as opvoeders op en stel hulle aan om vir kinders van landelike- en plaasgemeenskappe ’n veilige plek te gee om te leer, sport te beoefen en sosiale vaardighede te ontwikkel

Vir die fasiliteerder Katy Booysen, wat die Neethlingshof-naskool al langer as 10 jaar lei, is die invloed van die naskool duidelik “Wanneer jy ’n kind help en hulle verstaan uiteindelik, sien jy hoe hul hele gesig ophelder,” sê sy

Haar seun, Wesley, is ’n bewys van die

program se langtermyn-uitwerking Hy was vroeër ’n leerder by ’n Anna Foundation-naskool in die Boland en is nou lid van die Stellenbosch-munisipaliteit se brand-en-reddingsdiens

Fasiliteerders ontvang elke twee weke opleiding in die vier streke waarin Anna Foundation se naskole geleë is: Stellenbosch, Rawsonville, Elgin en Langeberg Hierdie sessies berei hulle voor om lees en wiskunde, lewensvaardighede en sport op ’n prettige manier aan te bied.

“Ek is nie baie goed met wiskunde nie, maar die speletjies maak dit maklik vir my om die kinders met wiskunde te help,” sê Ayola Noyakaza, ’n naskoolfasiliteerder Die sportelement wat die Anna Foundation aanbied, maak ook nuwe wêrelde vir leerders oop “Die Anna Foundation het vir my as kind die kans gegee om te reis en aan wedlope deel te neem, wat ek my nooit sou kon indink nie,” sê die 21-jarige Marius September

Hy was self ’n leerder en deelnemer in die Stigting se 3R’s-program Vandag studeer hy regte deur Rosebank College en is hy ook ’n fasiliteerder by die naskool waar hy as kind was Deur in fasiliteerders soos Booysen, Noyakaza en September te belê, skep die stigting ’n siklus van ondersteuning: Kinders kry die aandag wat hulle nodig het en fasiliteerders bou waardevolle vaardighede  DieAnnaFoundationisafhanklikvanskenkingsomsydeureooptehou.Ombetrokketeraak ofteskenk,stuur e-posnainfo@annafoundation comofbesoekwww annafoundation com

occur within quaternary catchment G22H The coordinates of the property are: 33°59'34.23"S

E Competent

and

(DWS)

and

of

hasbeenappointedasthe

Environmental Assessment

responsible for undertaking the

licence application and associated public participation Register as an Interested and Affected Party (I&AP) by submitting contact details to the contact person listed below by 15 December2025 I&AP'swillbeaddedtotheI&AP Register for final submission to DWS Personal information will be handled in terms of the POPI Act, Act 4 of 2013 Water Use Licence Application (WUL) Technical Report Commenting Period:The WULTechnical Report will be made available for review and comment from 16 October to 15 December 2025 All comments must therefore be submitted before or on 15 December 2025 Contact details: Prism EMSc/oDeWetBotha|Tel:0662081585 Email: prism@prismems.co.za DateofPublication:16 October2025

Katy Booysen help ’n groep kinders Foto: Carla Briers

Khayamandimournsleader

Alicia Mgijima, a resident and political stalwart of the Khayamandi community, died age 80 on Monday 29 September following a brief illness.

Mgijima was previously an ANC councillor in the Stellenbosch Municipality and the first woman in the Transitional Council, on which she served from November 1995 to April 1998

She was first elected as ward councillor of Khayamandi in the May 1998 municipal election, a position she held until her retirement in May 2011

During her tenure, Mgijima held various portfolios, but her most instrumental role was as Mayoral Committee member for Housing, as well as her role within the social development department

Under her guidance and leadership, the first HOP and RDP houses were built in Khayamandi, Klapmuts, Cloetesville, Franschhoek and Kylemore

Mgijima was granted aldermanship in 2010, after serving nearly 15 years in local politics and being a loyal member of the ANC

After stepping down from politics, she focused on the wellbeing of the elderly in Costa Land, Khayamandi, and focused on her religious work in the broader community

According to family members, Mgijima fell ill about six months ago and she was hospitalised at Stellenbosch Hospital and Stellenbosch Hospice before her passing

She was laid to rest following a funeral service at the People’s Church of Africa in Ida’s Valley on Saturday (11 October)

Promosie-artikel

‘Beste venue nóg!’ vir ’ n buitelewe-ekspo

“JYMISUITASJYNIEHIERISNIE!”

Hou Vrydag 7 tot Sondag 9 November 2025 oop vir dié beste Buitelewe-en-avontuur-ekspo om te besoek – in die oulike dorpie Grabouw

Die tuiste van die Buitelewe-en-avontuur-ekspo Grabouw is die Elgin Grabouw-sportklub langs die Eikenhoffdam, wat aan die Hottentots-Hollandnatuurreservaat naby Hermanus, Stellenbosch en Caledon grens en is 65 km van Kaapstad af (minder as ’ n uur se ry) Dagbesoekers is dol oor die buitelewe-en-avontuur-leefstyl-ekspo, die “suiwerste buitelewe-en-leefstyl-ekspo” om in die natuur met al die buitemuurse aktiwiteite te wees

Vanjaar stel die uitstallers weer alles vir die buitelewe ten toon – woonwaens, sleepwaens, 4x4-voertuie en 4x4-toerusting, kamptoerusting, braaiers, bergfietse, e-fietse buiteklere en baie meer

Al die koswaens, ’ n biertent en ’ n kinderspeelruimte is reg langs die uitstalruimte

Die Buitelewe-en-avontuur-ekspo

Die Buitelewe-en-avontuur-ekspo is die naweek van 9-11 November by die Elgin Grabouw-sportklub langs die Eikenhoffdam

Grabouw het geweldig gegroei sedert sy bekendstelling in 2023 en het elke jaar verdubbel Ons kernsukses lê in die unieke produkaanbod by asemrowende plekke in die natuur; gefokus op suiwer buiteleweleefstyl, avontuur en aktiwiteite, sê André Verster, die organiseerder van die geleentheid

“Dit is NIE ’ n musiekfees nie; dit is nie ’ n vlooimark nie; dit is nie ’ n landbouskou nie – dit is n outentieke buitelewe-ervaring Ons het ’ n nuwe Bestemmings-enavontuursentrum by die Grabouwgeleentheid vir 2025 bygevoeg, met uitstallers vir ontspanningsbestemmings avonture soos ziplyne, voetslaan en 4x4en veldryfiets-vriendelike roetes

Die Buitelewe-en-avontuur-ekspo is n wonderlike dag-uitstappie vir die hele gesin, terwyl honde aan leibande welkom is

Hoëgehalte-uitstallers is byderhand en wys die jongste toerusting – alles van kampeergoed en tente tot praktiese en deftige veldrywaens en -sleepwaens tot watersport-toerusting soos kajakke.

Die Buitelug-en-avotuur-ekspo is ’ n hondevriendelike byeenkoms. Bring gerus jou woef aan ’ n leiband saam (onthou sy brakkiesakkie as hy tuingemaak het)

The late Alicia Mgijima.
VOERTUIE

Die krieketseisoen is weer die afgelope paar weke in volle gang in die Boland, met plaaslike klubs wat hul T20-veldtogte in verskeie kompetisies begin het.

In die Boland-gemeenskapsbeker was die eerste spanne van die Stellenbosch-, Van der Stel- en Coronations-krieketklubs die afgelope Saterdag 11 en Sondag 12 Oktober in aksie, met Van der Stel en Coronations wat in albei hul wedstryde geseëvier het. Stellenbosch moes in albei sy wedstryde die knie buig.

Die eerste span van Spes Bona-krieketklub het gemengde welslae in sy drie Boland-superliga-kragmetings behaal, met een sege en twee verliese die afgelope naweek.

Van der Stel het sy onoorwonne status

vier uit vier – behou en beklee tans die eerste plek in Groep A, gevolg deur Coronations in die derde plek met drie oorwinnings en een verlies. In Groep B is Stellenbosch onder aan die punteleer met slegs een sege in sy drie wedstryde.

VDS en Corries loop voor

Spes Bona lê ook in die laaste plek van Groep 2 in sy kompetisie, met net een sege in sy drie wedstryde.

Wedstryduitslae vir 11 Oktober:

 Van der Stel t. Worcester United, Worcester: Worcester United – 103/6 in 20 boulbeurte: Connor Batt 2/21.

Van der Stel – 106/4 in 17.1 boulbeurte: André Hanekom 38*.

Van der Stel wen met 6 paaltjies.

 Coronations t. Caledon, Pniël: Coronations – 122/8 in 20 boulbeurte: Hilliard Myburgh 34; Zenile Adams 33. Caledon – 105/10 in 19.5 boulbeurte: Leighton Dennis 3/19; Sanele Qubuda 2/17; Rodwin September 2/17. Coronations wen met 17 lopies.

 Stellenbosch t. Robertson, Robertson: Robertson – 212/3 in 20 boulbeurte: Lishan Meyer 1/30; Bradley Jephtas 1/15. Stellenbosch – 101/6 in 20 boulbeurte:

Reagan Carolissen 33*; Curt Oliver 29. Stellenbosch verloor met 111 lopies

 Spes Bona t. Bredasdorp, Hermanus: Bredasdorp – 105/7 in 17 boulbeurte: Henry Petersen 2/12; Saeed Cornellison 2/17; Abraham Poole 2/22.

Spes Bona – 73/10 in 15.1 boulbeurte: Stanlet Parsley 25.

Spes Bona verloor met 32 lopies

 Spes Bona t. Montagu, Hermanus: Spes Bona – 85/10 in 17 boulbeurte: Abdul-Khaaliq Rass 13. Montagu – 74/10 in 14 boulbeurte: Henry Petersen 3/22; Abdul-Khaaliq Rass 2/6; Saeed Cornellison 2/7; Abraham Poole 2/19.

Spes Bona wen met 11 lopies Wedstryduitslae vir 12 Oktober:

 Van der Stel t. Caledon, Caledon: Van der Stel – 133/8 in 20 boulbeurte: Werner Brand 58.

Caledon – 25/10 in 9 boulbeurte:

Rayyaan Rhode 7/9; Aiden Hanekom 2/4. Van der Stel wen met 108 lopies

 Stellenbosch t. Vredenburg-Saldanha, Idasvallei: Vredenburg-Saldanha – 164/5 in 20 boulbeurte: Navan Samuels 2/35; Lishan Meyer 1/33.

Stellenbosch – 134/7 in 20 boulbeurte: Peter Minnis 38; Brandon Layman 35. Stellenbosch verloor met 30 lopies  Coronations t. Young Peoples, Dal Josafat: Young Peoples – 108/7 in 20 boulbeurte: Leighton Dennis 3/22; Sanele Qubuda 2/23. Coronations – 111/6 in 19.4 boulbeurte: Rodwin September 31*; Hilliard Myburgh 25.

Coronations wen met 4 paaltjies  Spes Bona t. Swellendam, Hermanus: Swellendam – 114/10 in 18.4 boulbeurte: Elvezo Jumath 4/20; Henry Petersen 3/15. Spes Bona – 82/10 in 13.1 boulbeurte: Yusri Jeneke 26. Spes Bona verloor met 32 lopies

Stellenbosch Municipality through its Department Local Economic Development (LED) &Tourism will soon

ApplicationformsareavailablefromtheLOCALECONOMICDEVELOPMENT(LED)OfficesatCnrRyneveldandPleinStreet,Stellenbosch ALL APPLICANTS ARE ENCOURAGED TO APPLYIFINTERESTEDINBEINGGRANTEDATRADINGSTALLAT THEKAYAMANDIBRIDGESITE APPLICATIONFORMSAREAVAILABLEATTHESECTION:ECONOMICDEVELOPMENT&TOURISMOFFICESCNRRYNEVELDANDPLEINSTREET,STELLENBOSCH,FROM 16October2025

Onlyapplicationssubmittedwithalltherequiredinformationwillbeconsidered •Non-SouthAfricanCitizen(S)applicant(s)areURGEDtosubmitsupportingdocumentsforverificationpurposes •ALLApplicantsneedtosubmittheapplicationformwithacertifiedcopyoftheirID/Passport,asmallIDPhoto(Forbothowner&assistant(IfthereisanAssistant)andproofofaddressofboth employerandemployee[Assistant(s)] Non-SouthAfricanApplicantstosubmitallthenecessarydocumentation Enquiriescanbedirectedto,andapplicationformscanbeobtainedfromCarmenSavilleon0218088151oratCarmen Saville@stellenbosch govza Alternatively,youcanvisitourofficesatCnrRyneveldandPleinStreet,Stellenbosch

TheClosingdateforapplications:30October2025at12h00pm

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.