Skip to main content

DiePapier-Wes-Kaap ~30102026

Page 1

Govan: ‘Ek is g’n ’n rassis’ – bl. 14

Net vir jou

Vrydag 30 Oktober 2026 (op die rak tot Donderdag 5 November 2026)

R35

Yanks moet nou besluit – bl. 4,6 SCENARIO’S VIR BBP-GROEI Scenario A: Suksesvolle strukturele hervormings en groter staatsen private investering stimuleer ekonomiese groei. Scenario B: Doeltreffender besteding aan infrastruktuur en beter samewerking met die private sektor ondersteun ekonomiese groei. Basislyn 3%

EKSKLUSIEF

Vir wie glimlag Marx so ondeund? – bl. 28

Malcolm Marx Foto: Gallo Images

Verkiesing: ‘Stem die diewe nóú uit’ • Wegblyers word bron van kommer – bl. 2; Dink, bl. 2

2.5% 2% 2.5% 1% 2025 2026 2027 2028 2029 2030 2031 2032 2033 2034 2035 Bron: Nasionale Tesourie

Grafika: Morné Schaap

SA se groei: Tesourie erken dis nie genoeg – bl. 9

Hooikoorshel: Waarom jy nou erger nies – bl. 12

Oppiwater: Wen ’n kajuit vir twee mense – bl. 15

Knysna-boek: Die waarheid oor die olifante – Dink, bl. 4


2

Die Papier Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026

Nuus

Rekordlae opkoms ’N Christiaan du Plessis christiaan.duplessis@diepapier.co.za

Rekordlae opkoms na die stembus in die komende plaaslike verkiesing op Woensdag 4 November word nou deur een van die land se voorste verkiesingsontleders verwag nadat ’n groter deelname aanvanklik voorsien is. Wayne Sussman, die direkteur van AJC Africa Institute, sê hy was aanvanklik positief dat meer kiesers sou uitkom om te stem, maar word Wayne Sussman nou al hoe meer pessimisties. “Kiesersopkoms is iets wat bitter moeilik is om te voorspel,” sê Sussman. “Ek dink nou dat daar dalk selfs minder geregistreerde kiesers stembus toe sal gaan, vergeleke met die vorige plaaslike verkiesing in 2021 tydens die Covid-19pandemie, toe ’n rekordlae kiesersopkoms aangeteken is.” Volgens hom kan ’n gebrek aan dienslewering mense – veral in landelike gebiede – ontmoedig om te gaan stem. Sussman sê die dalende kiesersopkoms strek ook tot nasionale en provinsiale verkiesings. “Hoewel ons appels met appels moet vergelyk, was die kiesersop-

Só lyk die uitslagbord van die Verkiesingskommissie by Gallagher-konferensiesentrum in Midrand. Dit is vandeesweek aan die media onthul. Foto: Sharon Seretlo, Gallo Images

koms in 2024 die laagste in ’n nasionale en provinsiale verkiesing. Dis hartseer, want kiesersopkoms is op ’n dalende trajek.” Dr. Oscar van Heerden, politieke ontleder, verwag ook dat

VF PLUS LYK STEWIG IN TSHWANE Wat die VF Plus betref, wys Sussman daarop dat dit die party se eerste verkiesing onder sy nuwe leier, dr. Corné Mulder, is. “Ek verwag dat die VF Plus in plekke soos Tshwane en moontlik ook in Mangaung sal groei,” sê Sussman. Volgens Mulder probeer hulle die afgelope maande met die party se veldtog deurgaans om ondersteuners te oortuig om te gaan stem. “Wat ons probeer sê, is: Jou stem maak ’n verskil; elke stem tel en jy kan dit net mors as jy nie op stemdag opdaag om te stem nie. Die terugvoering wat ek van potensiële kiesers kry, is dat die ouens gemotiveer is om in groot

baie ANC-ondersteuners weens ontnugtering met die party van die stembus sal wegbly. “Die ANC het niks verander aan sy manier van regeer sedert die vorige plaaslike verkiesing nie,” meen hy. Oscar van Heerden

“

Dr. Corné Mulder Foto: Gallo Imagers

getalle uit te kom om te stem,” sê Mulder. “Ons kiesers is tradisioneel mense wat nie van die stembus wegbly nie en ons is dankbaar daarvoor.”

Party mense bevraagteken waarom hulle moet stem as die mense vir wie hulle moet stem, hulle ignoreer die oomblik wanneer hulle die amp betree. – Dr. Ntsikelelo Breakfast

TSHWANE: VF PLUS WIL KOALISIE MET DA HÊ Politieke partye vry klaarblyklik hard na kiesers in die Tshwane-metro. Pres. Cyril Ramaphosa het vandeesweek daar vir die ANC veldtog gevoer, terwyl die DA en die VF Plus hul onderskeie laaste verkiesingsaamtrekke daar hou. Hill-Lewis sê sy party gaan Saterdag sy finale saamtrek in Mamelodi hou omdat dit ’n “natuurlike en goeie keuse” is. “Gauteng is die episen-

trum. Dis hierdie verkiesing in die kollig. Daarom is dit voor die hand liggend dat die finale saamtrek in Gauteng moes wees.” Hill-Lewis sê die DA het ’n aantal groot saamtrekke in Johannesburg gehad en voeg by dat daar groot mededinging in Tshwane is. “Ek dink daar is baie kiesers in Mamelodi spesifiek, wat DA in Tshwane gaan stem om daardie stad te laat werk,” sê Hill-Lewis.

Mulder sê hulle hou Vrydagaand hul laaste saamtrek in Hillcrest, Tshwane, omdat Pretoria vir hulle baie belangrik is. “Ons veldtog het ook in Pretoria begin en ons handel dit ook daar af om ’n sirkel te voltooi. “Ons sal graag ná die verkiesing ’n koalisie tussen die VF Plus en die DA wil saamstel om ’n stabiele regering daar te stel. Daarvoor benodig ons kiesers wat gaan stem.”

SAKP TOETS STEUNVLAKKE Van Heerden dink nie die SAKP gaan ’n groot invloed hê nie, selfs al neem hy vanjaar onafhanklik aan die plaaslike verkiesing deel. “Ek dink die SAKP wil toets wat sy steunvlakke is. Hy wil sy voelers uitsteek om te kyk hoeveel steun het hy onder werkers en ten opsigte van Cosatu, om te kyk of hy in die algemene verkiesing ook as ’n onafhanklike party kan deel-

neem,” sê Van Heerden. Dr. Ntsikelelo Breakfast, ’n politieke ontleder verbonde aan die Nelson Mandela-universiteit, sê die kiesersopkoms in plaaslike verkiesings is gewoonlik laer as in nasionale en provinsiale verkiesings. “Party mense bevraagteken waarom hulle moet stem as die mense vir wie hulle moet stem, hulle ignoreer die oomblik wanneer hulle die amp betree. Kiesers gebruik ook hul afwesigheid by die stembus as ’n vorm van protes om hul ontevredenheid te kenne te gee. Selfs as mense nie gaan stem nie, sal leiers verkies word, en daarom kan mense maar net sowel gaan stem.”

DA SE KANSE HANG OOK VAN OPKOMS AF Sussman verwag dat die DA se steun onder swart kiesers sal groei, hoewel “ek nie sien dat hulle die ligte gaan uitskiet nie”. “Dit gaan moeilik wees vir die DA om in ’n sterk posisie te wees om koalisieregerings te lei, tensy daar ’n groot kiesersopkoms in die voorstedelike gebiede is. Na my mening benodig die party minstens 43% in Johannesburg,” sê Sussman. Geordin Hill-Lewis, die DAleier en die burgemeester van die Kaapstad-metro, het Dinsdag op ’n verkiesingsaamtrek in Bloubergstrand, Kaapstad, sy vertroue uitgespreek dat sy party sal groei. Volgens ’n onlangse eNCA/ Markdata-peiling is die DA die grootste party in vyf van die land se agt metrogebiede: Kaapstad (met 52,6% van die steun), Johannesburg (35%), Tshwane (33,9%), Nelson Mandelabaai

Geordin Hill-Lewis Foto: Gallo Images

(37,7%) en Ekurhuleni (31,2%). “Ek is vol vertroue dat ons sal groei en dat daar letterlik honderdduisende mense is wat nog nooit vir ons gestem het nie, wat nou ernstig oorweeg om DA te stem,” sê Hill-Lewis. “Ons moet groei onder swart kiesers en dit moet ons missie wees vir die volgende drie jaar,” meen Hill-Lewis.


Nuus

Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026 Die Papier

voorspel

3

Izak du Plessis

‘JY SAL WEET AS JY ZUMA SIEN’ Terwyl ontleders oor kiesersopkoms bespiegel, probeer politieke partye hul ondersteuners mobiliseer. In KwaZulu-Natal kan oudpres. Jacob Zuma se vermoë om persoonlik steun te werf, volgens Sussman ’n belangrike rol in die mobilisering van MKP-kiesers speel. “Ek dink die miljoendollarvraag is die status van JZ se gesondheid, of hy gesond genoeg sou wees om stemme te werf en hoe dit ’n uitwerking op die kiesersopkoms kan hê,” sê Sussman. Zuma is vroeër vandeesmaand vir waarneming in ’n hospitaal in Pietermaritzburg opgeneem en is intussen ontslaan. Mzwanele Manyi, ’n woordvoerder van die Jacob G. Volgens Breakfast is mense ook keelvol vir water- en kragonderbrekings en ander probleme met dienslewering, wat nie behoorlik aangepak word nie. “Ek dink mense – veral jonger

Zuma-stigting, wou nie veel besonderhede oor Zuma se gesondheidstoestand gee of sê of die oud-staatshoof MKP-saamtrekke bywoon om steun te werf nie. “Jy sal weet as jy hom sien,” het Manyi gesê. Waar Zuma hom bevind, is volgens hom ook nie in die openbare belang nie. Volgens die onlangse eNCA/Markdata-peiling kan die MKP sowat 48% van die steun in die eThekwinimetro (Durban) op hom verenig en daar die grootste party word. Sussman meen die MKP kan ’n koalisieregering in eThekwini vorm as die party soortgelyk as in die 2024nasionale verkiesing vaar. “Ek dink ook Pietermaritz-

DIE PAPIER, NUUSPOD SAAI UIT Oudpres. Jacob Zuma Foto: Getty Images

burg is vir die MKP van belang. Ek dink die ANC sal goed vaar in dele soos die Harry Gwala-munisipaliteit in die suide van KwaZuluNatal. Die IVP sal waarskynlik weer goed vaar in groot dele van die Zoeloeland-distrik, hoewel ek ook dink die MKP hier steun sal afrokkel. “As JZ egter nie in die openbaar gesien word nie en daar is kommer oor sy gesondheid, kan ons dalk ’n uitwerking sien,” sê Sussman.

mense – gaan nie stem op grond van geskiedkundige oorwegings of nostalgie vir ’n spesifieke party nie.” Hy sê hoewel dit lyk asof die Verkiesingskommissie (OVK) goeie

Die Papier en sy susternuuswerf, NovaNews, het ’n opwindende vennootskap met Izak du Plessis, nuuspersoonlikheid van die YouTube-kanaal Nuuspod, vir verkiesingsdag aangegaan. Lesers sal deur Die Papier se webwerf, www.diepapier. co.za, die skakel na Nuuspod se dag lange uitsending van verkiesingsnuus kry. Joernaliste van NovaNews se uitgebreide netwerk plaaslike koerante in verskeie provinsies en Die Papier gaan van verskeie punte na die uitsending inskakel, wat deur Du Plessis aangebied word. Die Papier se webwerf en NovaNews (www.novanews.co.

za) gaan ook deurlopend verslag doen oor wat op verkiesingsdag gebeur. ’n Interaktiewe kaart sal beskikbaar wees sodat lesers verkiesingsuitslae dit selfs tot op wykvlak sal kan volg. “Du Plessis se interessante aanbiedingstyl, sy kennis en sy aanvoeling vir die storie agter die storie bring kleur na die dag se aktiwiteite. Die stereotipe uitsendings vir die dag op vele plekke is al so voorspelbaar. Ons hoop om dit opwindend en insiggewend te maak,” aldus Barnard Beukman, die redakteur van Die Papier. Skandeer die QR-kode hiernaas vir Die Papier se webwerf.

werk doen, hou politieke moorde ’n bedreiging vir vrye en regverdige verkiesings in. Minstens 43 mense is sedert die begin van die jaar in vermoedelik politieke moorde in Suid-Afrika

vermoor, sê die Global Initiative Against Transnational Organised Crime. Dit is byna dubbel die 23 politieke moorde, wat die liggaam in 2025 vir die ooreenstemmende tydperk aangeteken het.


4

Die Papier Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026

’n Week in die wêreld Republikein slaan munt uit teenstander se verlede ’n VerkiesingsadvertenHofrekords en nuusberigte van sie deur Vivek Ramaswamy, destyds steun sleutelelemente Republikeinse kandidaat vir van Acton se weergawe van haar goewerneur van Ohio, wat sy kinderjare. FactCheck.org het ook Demokratiese teenstander, Amy rekords gevind wat haar stiefpa Acton, teiken, het kritiek binne sy verbind met die kampterrein eie party uitgelok. waar Acton gesê het haar familie In die advertensie in ’n tent gewoon het, beskuldig Acton se wat Arthur se bewevervreemde ma haar ring weerspreek dat daarvan dat sy ’n die familie nooit daar leuenaar is. Donna gewoon het nie. Arthur suggereer ook Arthur was tot met dat haar dogter ’n sy dood met Acton se geestessiekte het. stiefpa getroud. Arthur het ook AcRamaswamy het ton se weergawe dat geweier om die Vivek Ramaswamy sy as kind dakloos advertensie terug te Foto: Facebook was en in ’n tent trek, selfs terwyl senior gewoon het, beRepublikeine dit geëis twis, terwyl sy Ohio se inwoners het. Dinsdag het Ramaswamy se aangemoedig het om nie vir haar veldtog bevestig dat hulle agter dogter te stem nie. die advertensie is en $4 miljoen Die advertensie aan die bevordering noem egter nie dat daarvan gaan bestee. die twee sedert 1978 Acton se veldtog het vervreemd is nie, toe Dinsdag ’n verklaring Acton 12 jaar oud was uitgereik waarin sy van en uit haar moeder haar kinderjare vertel. se sorg verwyder is Sy en haar broer, Phil nadat haar stiefpa Stearns, het ook ’n daarvan beskuldig is beantwoordende dat hy haar verkrag advertensie uitgereik. Amy Acton het. Pres. Donald Trump en Foto: Facebook Haar stiefpa het visepres. JD Vance het skuld ontken, maar is Ramaswamy verdedig, nooit verhoor nie. terwyl ander senior Republikeine Acton en haar broer het opengeëis het dat die advertensie lik beskryf hoe hulle as kinders teruggetrek word. mishandel is. – Al Jazeera, AFP, Reuters

Donald Trump prys Nicki Minaj se agterstewe Pres. Donald Trump het die laaste weke voor die tussentydse verkiesings oor die land heen verkiesingsveldtogte gehou, en van sy mees onvergeetlike oomblikke het niks met beleid te make gehad nie. Sondag het hy nog een bygevoeg. Hy het by ’n saamtrek in Port Huron, Michigan, die rapper Nicki Minaj uitgewys en haar “mooie” agterstewe geprys. Die opmerking is gemaak terwyl Trump oor Ohio se senator Jon Husted, ’n voormalige universiteitvoetbalster, gepraat het. Trump het vroeër vandeesmaand Husted se liggaam geprys. “Ek doen dit nie baie dikwels met mans nie,” het Trump toe gesê. “Ek het sy liggaam begin ondersoek omdat ek nie geweet het hy was ’n groot atleet nie.” Sondag het Trump daardie opmerkings herhaal toe hy deur nog ’n prominente agterstewe afgelei is: dié van Minaj. “Terloops, ek het net na een helse mooi agterstewe (ass)

Israel-verkiesing: Herzog moet besluit Israel se pres. Isaac Herzog is bekend om sy beskeie en saggeaarde maniere, maar alle oë sal binnekort op hom wees wanneer hy besluit wie om te vra om die volgende koalisieregering te vorm. Dit is ’n gewigtige besluit gegewe dat gedeeltelike uitslae toon dat nie Benjamin Netanyahu se kamp, of Gadi Eisenkot ’n meerderheid in die parlement behaal nie. Met 93% van die stemme getel teen Donderdag, het Netanyahu se kamp 53 setels en die opposisie, gelei deur Eisenkot, 48. Dit is heelwat minder as die 61 wat nodig is om ’n regering te vorm. Nadat die uitslae amptelik aangekondig is, sal Herzog met partyverteenwoordigers oorleg pleeg en ’n kandidaat benoem wat die beste kans het om ’n regering te vorm — nie noodwendig die een wie se party die meeste setels hou nie. Ingevolge die wet word aan die president, wie se pos andersins grootliks seremonieel is, breë

gekyk. Nicki Minaj. Dis moeilik om mis te kyk,” het Trump gesê. Trump het toe probeer om terug op die spoor te kom, terwyl hy dit duidelik gemaak het dat hy geen aanstoot bedoel het nie. “Goed, ek gaan terug na my storie, Nicki. “Ek hoop Nicki voel nie beledig nie, maar ons is lief vir Nicki,” het Trump gesê. Van daar af het hy teruggekeer na die oorspronklike onderwerp: Husted se lyf. – Yahoo News, AFP

✴ Nog oor die VSA-verkiesing op bl. 6 ✴

Studentebeweging beëindig bewind

Benjamin Netanyahu vandeesweek. Foto: AFP

diskresie verleen, sonder riglyne oor hoe om die keuse te maak. Net voor Dinsdag se beslissende verkiesing het Herzog erken dat daar geweldige druk sou wees, maar belowe om nie toe te laat dat buite-invloed, veral van Donald Trump, sy besluit beïnvloed nie. “Ek dink nie die president van die Verenigde State of enigiemand anders kan in my diskresie ingryp nie,” het hy gesê. Herzog het ook gesê hy sal alles in sy vermoë doen om ’n nuwe verkiesing te vermy — ’n moontlikheid as nie een van die kampe ’n koalisie bymekaar kan skraap nie — insluitend die steun van ’n eenheidsregering tussen Netanyahu en Eisenkot. – AFP

Wêreldleiers wens Lula geluk met verkiesing China het Brasilië se linkse pres. Luiz Inácio Lula da Silva (foto) met sy herverkiesing gelukgewens, al weier Flavio Bolsonaro, sy teenstander, om die nederlaag te aanvaar. Lula het die herverkiesing gewen met 51,8% van die stemme teenoor Bolsonaro se 48,2%. Mexiko se pres. Claudia Sheinbaum het op X gesê: “Lank lewe die demokrasie, die mense van Brasilië het gewen.” Kuba se pres. Miguel Díaz-Canel het Lula met die “historiese oorwinning” gelukgewens. Peru se regse pres. Keiko Fujimori het van ’n “demokratiese dag” gepraat en haar gewilligheid beklemtoon om die strategiese alliansie met Brasilië te versterk, veral rondom die volhoubare ontwikkeling van die Amasone-reënwoud wat hulle deel. Chili se pres. José Antonio Kast,

Helen Haines: Hulde terwyl sy aansterk

Trump en Minaj in Michigan. Foto: Getty Images

Nuus

Australië se premier en LP’s het Maandag hulde gebring aan Helen Haines (65), wat steeds in die hospitaal is nadat sy ’n week gelede deur ’n motor buite haar kantoor getref is. Die aanval op Haines, ’n onafhanklike LP wat bekend is daarvoor dat sy teen korrupsie is en vir optrede oor klimaatsverandering veg, het tot introspeksie gelei in ’n land waar politieke geweld selde voorkom. Premier Anthony Albanese het na haar leë sitplek gewys, terwyl hy hulde gebring het aan Haines se “vriendelikheid en deernis” toe Australië se parlement vir die eerste keer sedert die voorval byeengekom het. “Die skok oor wat verlede Maandag gebeur het, is soos ’n klip in ons harte,” het Albanese gesê. “Die koers van haar lewe en haar gesin se lewe is vir ewig veran-

’n bondgenoot van Bolsonaro, het gesê Chili en Brasilië het ’n groot gesamentlike toekoms. Ecuador se pres. Daniel Noboa het ’n beroep om samewerking met Lula deur sy vierde termyn gedoen en gesê die streek het gemeenskaplike uitdagings. Die EU-hoof Ursula von der Leyen het Lula se oorwinning as ’n wen vir “demokrasie en multilateralisme” bestempel. Spanje se premier Pedro Sánchez het dit as die begin van ’n “progressiewe terugkeer” gevier en gesê: “Wat in Brasilië gebeur het, sal in Spanje gebeur.” Frankryk se Emmanuel Macron en Indië se Narendra Modi het ook gelukwense gestuur. Die VSA-senator Bernie Sanders het gesê Lula “het opgestaan vir Brasiliaanse werkers en demokrasie en sal so aanhou doen in die volgende vier jaar”. – AFP Helen Haines Foto: AFP

der,” het hy gesê. Haines was teen Maandagoggend nog in ’n ernstige maar stabiele toestand in ’n hospitaal in Melbourne. Haar man, Phil, het gesê chirurge is gedwing om albei haar bene te amputeer in ’n poging om haar lewe te red. Haines se beweerde aanvaller, die 43-jarige Brendan Nugent, het verlede Woensdag vir die eerste keer in die hof verskyn. Sy motief bly onbekend. Maar die polisie het verlede week gesê hulle ondersoek alle moontlike leidrade, insluitend dat Nugent moontlik radikale anti-regeringsbeskouings gehad het. – AFP

Students’ List, Serwië se studentegeleide beweging, het Sondag in parlementêre verkiesings geseëvier en ’n einde gemaak aan 14 jaar se bewind van Aleksandar Vucic (foto) se regse populistiese party. Die oorwinning in die vroeë verkiesing kom ná byna twee jaar van anti-regeringsbetogings wat ontstaan het ná die ineenstorting in 2024 van ’n afdak by die Novi Sad-treinstasie, waarin 16 mense dood is. Die ramp het van Serwië se grootste betogings sedert die val van Slobodan Milosevic in 2000 ontlok. Kiesers het Sondag in groot getalle stemme uitgebring, met die land wat sy hoogste parlementêre verkiesingsopkoms in meer as drie dekades aangeteken het. Vucic het minder as twee uur nadat die stembusse gesluit is, die nederlaag erken. “Ek voel ongelooflik,” het Mila Martic, ’n student, gesê. “Ek voel asof ek uiteindelik in ’n vrye land woon.” – AFP

App sit met eier op gesig oor KI-prente Die Britse wegneem-ete-app, Just Eat, het om verskoning gevra nadat dit aanlyn bespot is oor ’n reeks foute met foto’s van geregte wat deur kunsmatige intelligensie gegenereer is. Just Eat het die tegnologie Cheese roll getoets om kos uit te beeld wat nog geen foto’s gehad het nie, maar nie alles het Jacket potato verloop soos beplan nie. In plaas daarvan het die KI verskeie bisarre skeppings uitgedink, van Bacon and egg spek en eiers soda wat in ’n glas koeldrank dryf – ’n verwarring tussen “soda” en “soda bread” – tot skyfies wat uit muffins steek. ’n Just Eat-woordvoerder sê: “Soos met enige nuwe tegnologie, is dit nie altyd heeltemal reg die eerste keer nie.” So is ’n cheese roll onverklaarbaar in soesji verander. ’n Kafee in Belfast het intussen sy spek-en-eier-broodgereg uitgebeeld as ’n glas koeldrank met ’n gaar eier en spek wat daarin dryf. Terwyl sommige mense op sosiale media gesê het hulle vind die prente “histeries”, was iemand anders minder geïnteresseerd en het gesê: “Wel, daardie spul het net my dieet gehelp.” – BBC, Al Jazeera


Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026 Die Papier

Advertensie

5

Seahorse Knysna

Arbour Nature Estate George

The Cliffs Mosselbaai

Advertensie-artikel

Besit 'n stukkie paradys Daar’s ‘n spesiale soort lig op die Tuinroete. Jy weet watter een, dié wat jy net in die vakansies sien. Laatmiddag lê dit laag oor die Outeniekwas, by Knysna maak dit die strandmeer groen soos ou bottelglas, en bo Mosselbaai smelt die see en die lug sommer saam.

landgoedbestuurder is daar, maar jy merk hulle eers op as jy hulle nodig het.

Seahorse in Knysna is kleiner en meer in die dorp. Jy’s minute van die Waterfront en die strandmeer af, so naby dat die lig op die water tot op jou balkon skyn. Die geboue is modern, As jy in die Wes-Kaap grootgeword maar hulle skree nie. Die Knysnahet, was daai rit ooswaarts nie sommer koppe en al die groen bly die ster van net ‘n rit nie. Dit was ‘n ritueel. Die kar die skou. Met ‘n braaiplek op die is die aand tevore gepak, jy’s balkon.. As jy al ooit vakansie op douvoordag wakker gemaak, en êrens Theseneiland gehou het. Dis ná Albertinia ruik jy vir die eerste keer tweeslaapkamerwoonstelle, en as jy die see. Teen die tyd dat jy by nie die hele jaar daar is nie, verhuur Mosselbaai afry, voel die hele jaar Perch dit korttermyn vir jou. skielik anders. Daai weke bly mos die maatstaf vir elke somer daarna. Mosselbaai het nog steeds sy wye strande en die vuurtoring wat vir jou gesê het jy’s amper daar. George het nog die koel lug en die berge agter die dorp wat ‘n doodgewone middag groot laat voel. En in Knysna is daar nog altyd daai oomblik wanneer die pad afdraai en die strandmeer voor jou oopgaan. Wat mens mis, is eintlik nie die vakansie self nie. Dis die gevoel dat tyd stadiger geloop het, en dat elke dag geëindig het met sand in die kar en die vensters oop. Signatura se ontwikkelings langs die roete probeer nie iets nuuts uitdink nie. Hulle pas net in by wat reeds daar is. Arbour Nature Estate in George lê langs die Malgasrivier, naby die dorp en net 2,5 km van Fancourt af. Die huise kyk uit oor bome en die berge. Hulle draai nie hul rug daarop nie.. Die leefstylsentrum, met ‘n verhitte swembad, gim, padelbaan en opelugteater, voel meer soos ‘n plek waar bure mekaar raakloop as ‘n lys ekstras. Die geboue hou hulle stil, sodat die bome en die rivier kan praat. Jy stap sommer by die voordeur uit en asem dieselfde vars lug in waarvoor jy vroeër ure op die N2 moes ry. Sekuriteit, kragopwekkers en ‘n

Verder wes, in Mosselbaai, sit The Cliffs hoog bo in Da Nova. Die tweeslaapkamerwoonstelle kyk noord oor die see. Jou eerste uitsig in die oggend is dieselfde stuk water wat vroeër vir jou gesê het die vakansie het begin. Elke woonstel het sy eie braaiplek, daar’s ‘n swembaddek vir inwoners bo-oor die dorp, en die winkels, die Santosstrand is net ‘n hoppie ver. Party woonstelle is reeds klaar en ander kom teen die einde van November 2026, so jy kan jou tyd vat met besluit. Daar’s 24/7 sekuriteit en ‘n motorhuis vir jou kar, maar met daai uitsig voel dit nie soos ‘n stopplek op pad nie. Nie een van die drie probeer jou kinderdae terugbring nie. Hulle sit net moderne huise die asemrowende blou lig en see is nog dieselfde. Die praktiese goed soos sekuriteit, krag en bestuur word vir jou gehanteer, sodat niks daai stadige Tuinroete-ritme kan opmors nie. En as jy nog steeds elke ander plek met daai ou vakansies vergelyk: die pad terug hoef nie meer net in Desember te wees nie. Die asmelig is daar. So kom kry jou vakansie plek by The Cliffs Geen oordragkoste op al drie ontwikkelings nie. Vir meer inligting besoek ons webverf by www.signatura.biz NM10079087-PA301026

NM10078029-PA301026


6

Die Papier Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026

Nuus

Trump besef glo Republikeine sal Huis verloor

P

res. Donald Trump is reeds deur sy raadgewers ingelig dat hy definitief die Huis van Verteenwoordigers in die Amerikaanse kongres op Dinsdag 3 November se middeltermynverkiesing gaan verloor; ook dat ’n toenemende waarskynlikheid bestaan dat die Demokrate die senaat gaan beheer. Trump self is nie meer ontkennend oor die moontlikheid nie. Hy het vandeesweek aan joernaliste gesê indien dit gebeur, sal hy staatmaak op die omvattende vetoreg van die president en ooreenkomste met Demokratiese kongresleiers onderhandel. Hy en visepres. JD Vance was die afgelope weke op ongekende bykomende veldtogtoere, wat veral daarop toespits om Republikeinse kandidate vir die Senaat te ondersteun. Trump, wat twee jaar gelede in die presidentsverkiesing verkies is, se termyn beloop vier jaar, met die volgende presidentsverkiesing in 2028. Volgens die politieke nuuswebtuiste RealClearPolitics, wat die gemiddelde van verskeie peilings saamstel, loop die Demokrate ver voor die Republikeine. Selfs die konserwatiewe nuusdiens Fox News voorspel dat die Demokrate 54% van die nasionale steun teenoor die Republikeine se 45% sal hê.

‘REPUBLIKEINE BEHOU DALK SENAAT’ Volgens Jaco Kleynhans, hoof

van internasionale skakeling by Solidariteit, beteken die nasionale voorsprong vir die Demokrate nie noodwendig dat die party die beheer van die hele Kongres by die Republikeine sal oorneem nie. “Dit is bykans ’n uitgemaakte saak dat die Demokrate die Huis van Verteenwoordigers sal oorneem, omdat die Huis se kiesdistrikte oor die hele land versprei is

Pres. Donald Trump en visepres. JD Vance in die Withuis in Washington. Foto: Saul Loeb, AFP

en die nasionale steun meer gelyk weerspieël,” sê Kleynhans. Volgens projeksies deur NBC News sal die Demokrate minstens drie setels moet bykry vir ’n vereiste meerderheid van 218 setels in die Huis van Verteenwoordigers. Volgens die projeksie is daar 227 setels wat die Demokrate sal wen, waarskynlik sal wen of wat effens na die party oorhel.

JEFFRIES DALK VOLGENDE SPEAKER Intussen word die naam van Hakeem Jeffries, leier van die Demokrate in die Huis van Verteenwoordigers, genoem as die gunsteling om tot die magtige posisie van speaker verkies te word as sy party ’n meerderheid kry. As sowel die president as die visepresident nie in staat is om te dien nie, is die speaker die volgende in die ry om die Amerikaanse president te word.

Hy beheer die kalender (watter wetgewing gedebatteer word en wanneer dit geskied) en beïnvloed die reëlskomitee om te besluit watter wetgewing oorweeg word. Die Amerikaanse Kongres bestaan uit twee wetgewende liggame – die Huis van Verteenwoordigers en die Senaat. Die Kongres bestaan uit 100 senatore (twee uit elke deelstaat) en 435 stemgeregtigde lede van

Hakeem Jeffries Foto: Getty Images

die Huis van Verteenwoordigers. Waar die hele Huis van Verteenwoordigers elke twee jaar verkies word, word net sowat ’n derde van die Senaat elke twee jaar verkies.

Die Demokrate moet vier setels bykry om ’n meerderheid te kry. “Dit is boonop toevallig ook vanjaar die geval dat die meeste verkiesbare setels in Republikeinsgesinde provinsies is,” sê Kleynhans. TRUMP SE LEWE KAN MOEILIKER WORD Volgens Kleynhans is die groot rede waarom die Demokrate so ver voorloop wat nasionale steun betref, die hoë olieprys en inflasie. “Almal met wie ek praat, gee terugvoering oor woede onder kiesers oor die oliepryse en die stygende lewenskoste,” sê Kleynhans. “Dit skep omtrent die perfekte storm.” Ingevolge peilings deur CNN oor die presidentsverkiesing in 2024, toe Trump sy teenstander Kamala Harris verslaan het, het 70% van diegene wat vir Trump gestem het, gesê immigrasie (89%) en die ekonomie (81%) is belangriker as buitelandse beleid (56%), aborsie (24%) en demokrasie (18%). – Christiaan du Plessis, BBC, Fox News

Mafiastaat-status kruip nóg nader – Corruption Watch Kaylie Joubert kaylie.joubert@diepapier.co.za

rupsiesaak betrokke was nie, maar of die staat steeds die vermoë het om sy eie instellings “Ek dink ons is amper daar.” doeltreffend te ondersoek en Só waarsku Lebogang Raaanspreeklikheid op hulle af te mafoko, die direkteur van dwing. Corruption Watch, oor Ramafoko sê die Suid-Afrika se gevaarkommissie illustreer like nabyheid aan ’n hoe gemeenskappe se sogenaamde mafiaklagtes oor probleme staat waarin die binne die polisie in polisie eerder die ondie praktyk maniderwêreld as gewone festeer. “Ons siening is burgers dien. dat ons nog nie die verLebogang Ramafoko moë het om korrupsie Hoewel Ramafoko beklemtoon dat Suid-Afrika op te spoor en summier op te nog nie ’n mafiastaat is nie, tree nie. Dit maak nie saak in teken die getuienis voor die watter sektor jy is nie.” Madlanga-kommissie, saam met ander korrupsie-onderWANNEER DIE POLISIE SELF soeke en strafsake, volgens ONDER VERDENKING KOM kenners ’n ontstellende prentjie Willem Els, ’n voormalige van moontlike magsmisbruik, polisieman en misdaadkenner georganiseerde misdaad en verbonde aan die Security gebrekkige toesig. Initiative for Africa (SIA), meen Die groter vraag is nie meer die probleem strek verder as bloot wie by ’n bepaalde korenkele korrupte amptenare.

“Onbevoegdheid is baie wydbinnegevegte te voer, of om verspreid in die polisie, maar dossiere teen hoëprofielfigure te ek dink die verdwyning van versmoor of op te bou. spesifieke hoëprofieldossiere is byna altyd doelbewuste sabotaTAXIBASE SE ROL sie – teen ’n prys,” sê Els. Hy waarsku verder dat sekere Sy groter waarskuwing taxibase se private is egter dat korrupsie sekuriteitsnetwerke, sekuriteitsnetwerke, binne kritieke dele van volgens sy beoordemisdaadintelligensie ling, polisiekantore en ondersoeke kan onprovinsiale kommisdermyn, inligting kan sarisse finansieel finansieel kan laat uitlek en korrupte beïnvloed. belange kan beskerm. In die uiterste gevalle Willem Els tree die polisie nie meer as “As jy na misdaadintelligensie kyk, is dit tans so ’n onafhanklike wetstoegekaap dat hulle misdadigers passer op nie, maar as ’n private beskerm in plaas van om hulle mag wat kartelbelange beskerm, te jag,” sê Els. sê hy. Volgens hom het strategiese Hy beklemtoon dat nie alle dele van misdaadintelligensie polisielede korrup is nie, maar oor die afgelope dekade slagvoer aan dat probleme op leiersoffers van politieke faksiegevlak die instelling se vermoë vegte en die beskerming van om georganiseerde misdaad te korrupte belange geword. beveg, ernstig kan verswak. Hy voer aan intelligensie “Die gewone konstabel op word soms gebruik om politieke straat voel verraai,” sê Els.

Hy beskryf ’n situasie waarin lede onder moeilike omstandighede met gebrekkige voertuie en toerusting moet werk, terwyl hulle beweerde korrupsie en misbruik op senior vlak sien. Ramafoko waarsku eweneens teen die gevaar om die polisie as ’n verlore saak af te skryf. Daar is volgens haar steeds bekwame, professionele mense binne die diens wat ondersteuning nodig het. Die sleutel lê in leierskap, deursigtige aanstellings en sterker meganismes vir aanspreeklikheid. LEES MEER Vir die jongste verwikkelinge oor die hofsaak oor beweerde staatspioenasie op die EFF, die sakeman Suliman Carrim, die polisiekommissaris Fannie Mosemela en die Madlangakommissie, lees op www.diepapier.co.za.


Nuus

Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026 Die Papier

Hiér lol dit in Pretoria Hammanskraal

N1 Paardefontein Montana Kameeldrift-Oos

Ga-Rankuwa

Rietfontein Mamelodi Queenswood Hartbeespoort

Wapadrand Kilner Park Silverlakes Garsfontein Mooikloof

Morgloed

Moreleta Park

N12

N4

N1 Midrand Grafika: Morné Schaap

Pta-dienslewering: Dele sonder sein, krag of water Shanell Binedell shanell.binedell@diepapier.co.za Van langdurige kragonderbrekings en watertekorte tot onbetroubare selfoonsein: Inwoners van verskeie dele van Pretoria sukkel om op basiese dienste staat te maak, terwyl herstelwerk in sommige gebiede sloer en die oorsake van probleme nie altyd duidelik is nie. In Paardeberg en Kloppers-

bos, net buite Pretoria, is die selfoonsein eers Maandagaand 26 Oktober herstel nadat inwoners byna drie weke met onbetroubare opvangs gesukkel het. “Hulle kan hulle nie tot die herstel van die toring verbind nie en bly sê hulle eskaleer die situasie, tog is dit nou drie weke later,” het Vannessa Grobler, ’n inwoner van die omgewing, vroeër gesê. “Ons op plase is afhanklik

Die Tshwane-metro se vorde- KRAGONDERBREKINGS ringsverslae van Dinsdag 27 Oktober toon dat verskeie nie ’n hersteltyd aangedui nie. probleme teen die aand nog Die Broederstroom-substasie nie opgelos was nie en dat se BR- en SN-lyne, asook die hersteltye in sommige gevalle Flora-substasie se PD- en AEonbekend was. lyne, is deur vermoedelike Volgens die Atteridgeville132 kV-onderbrekings geraak. depot se verslag van 21:00 Die verslag het aangedui dat is ’n onderbreking by die die probleme aan Eskom se Zebra-substasie, wat Kalafong kant was en dat terugvoering Heights raak, ondersoek nadat afgewag is. Hersteltye was ’n PN1-lyn uitgeskop het. onbekend. ’n Verslag van die Diefstal is as ’n moontlike oorPrinsespark-depot om 17:00 op saak genoem. Die verslag het dié dag het onderbrekings by

van ’n goeie sein – ook vir veiligheidsdoeleindes. Ons het kameras op die plaas wat met wifi werk, en ons selfone benodig sein in geval van nood. Ons kan niemand bel as daar ’n noodgeval is nie.” Volgens e-poskorrespondensie wat Joelene Prinsloo, nog ’n inwoner, aan Die Papier verskaf het, het die probleem verband gehou met vandalisme en die diefstal van ’n kabel wat sowat 35 m lank is. “Kindly note that our checks indicate that the site is currently connected and operating on the MTN network,” lui die antwoord aan Pretorius op vrae oor die gebrekkige sein. Ná vier opvolgnavrae is daar volgens Prinsloo aangedui dat herstelwerk gereël word, maar geen spesifieke tydlyn is verskaf nie. Ná toenemende druk van inwoners is ’n kragopwekker beskikbaar gestel om die toring van krag te voorsien. Dit sou daagliks net van 08:00 tot 17:00 in werking wees. Prinsloo het egter gesê die kragopwekker het slegs twee ure per dag gewerk. Elmarie van Zyl, hoof van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in die Kloppersdalomgewing, het ook haar kommer uitgespreek oor kragprobleme wat kommunikasie en veiligheidsdienste raak. Volgens haar het MTN na Eskom se kragvoorsiening verwys as ’n rede vir die probleme by die toring. Die Papier het die Tshwane-metroraad en MTN om kommentaar oor die onderbreking en herstelwerk genader, maar het teen druktyd geen reaksie ontvang nie. Menlopark se Lower Terrace, Kilnerpark, Muckleneuk-Wes, Colbyn, Muckleneuk en Lynnwood aangeteken. Die oorsake het onder meer kabelprobleme, gesteelde oorhoofse kragdrade, ’n HRC-smeltdraad wat geblaas het en ’n uitgeskopte ODS ingesluit. Teen 17:00 was Brooklyn se krag in Andersonstraat en Erasmusrand se krag by Stokkiesdraai reeds herstel. Die ander genoemde voorvalle is nie as afgehandel gemerk nie.

Waterprobleme tref verskeie dele van Tshwane

Kragonderbrekings, lae reservoirvlakke en probleme by waterbehandelingsaanlegte het einde Oktober verskeie dele van Tshwane se watertoevoer ontwrig. Die Tshwane-metro het op 25 Oktober bevestig dat die Roodeplaat-wateraanleg weens ’n kragonderbreking op die Rooiwal-Pyramid-netwerk nie water kon bied nie. Montana Park, Magalieskruin, Sinoville, Annlin, Wonderboom en Doornpoort kon lae waterdruk of tekorte ervaar. Die stad het ook oor kritiek lae vlakke by die Garsfontein- en Klapperkopreservoirstelsels gewaarsku, wat verskeie oostelike en suidelike voorstede kon raak. In ’n verklaring op Dinsdag 27 Oktober het dr. Nasiphi Moya, die uitvoerende burgemeester, gesê die rehabilitasie van die Bronkhorstspruitwaterbehandelingsaanleg vorder. Die groter reservoir is skoongemaak en die kleiner een was nog aan die beurt. Die filtrasiestelsel was sowat 90% gereed, maar elektriese installasie- en toetswerk moes nog afgehandel word.

Nasiphi Moya

Waarskuwing

Onveilige kraanwater bly van krag vir gemeenskappe wat deur die Bronkhorstspruitwaterbehandelingsaanleg en Hammanskraal Fase 3 bedien word. Watertoevoer het volgens die stad geleidelik in laerliggende dele van die Garsfontein- en Eldarus Park-reservoirstelsels herstel. Hoërliggende gebiede, waaronder Moreletapark en dele van Elarduspark, moes wag totdat die reservoirvlakke hoog genoeg was om die stootpompe aan te skakel. Die stad het nie ’n datum vir die volle herstel van die aanleg en watertoevoer gegee nie. ’n Inwoner van Moreletapark sê sy gebied en omliggende woonbuurte was binne een week twee keer sonder water – telkens vir langer as drie dae. Hy vra waarom ’n afvaardiging nie die Garsfonteingrootmaatwaterreservoir besoek het om die situasie self te ondersoek nie. Die Tshwane-metro het ook bevestig dat nagtelike waterbeperkings in sekere gebiede sou voortduur om lae reservoirvlakke te herstel. ’n Waarskuwing oor onveilige kraanwater bly van krag vir gemeenskappe wat deur die Bronkhorstspruit-waterbehandelingsaanleg en Hammanskraal Fase 3 voorsien word. Inwoners in die Bronkhorstspruitvoorsieningsgebied is gewaarsku om nie die water te drink, vir kos te gebruik of vir persoonlike higiëne aan te wend nie. Om die water te kook, maak dit nie veilig nie.

7


8

Die Papier Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026

Noordwes-boer se ore afgesny in aanval ’n Boer veg in Potchefstroom in ’n hospitaal om sy lewe ná ’n plaasaanval tussen Potchefstroom en Ventersdorp. Donovan Marx (foto) is Woensdagoggend in die aanval geskiet, geslaan en gesteek. Marx is luidens ’n verklaring van die VF Plus in die rug geskiet en gemartel. Een van sy plaaswerkers, wat vasgebind is, het homself bevry en hulp ontbied. Die aanvallers het in Marx se bakkie gevlug. Ian Cameron, die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, het gesê Marx se ore is afgesny. Die DA sê in ’n verklaring Marx word in ’n hospitaal in Potchefstroom behandel. Die party veroordeel die aanval ten sterkste en sê plaasaanvalle en veediefstal bedreig die lewe en inkomste van boere en plaaswerkers. ’n Intensiewe soektog is dadelik na die aanvallers begin. “Die VF Plus wys herhaaldelik daarop dat plaasaanvalle meerendeels gepaardgaan met erge geweld en marteling, soos in hierdie geval, en dat dit daarom nie as gewone misdaad afgemaak kan word nie,” het die party gesê. – Redaksie

AC Blume gaan HJS in die Paarl lei Die skoolbestuur van die Hoër Jongenskool Paarl het die aanstelling van AC Blume (foto) as hoof aangekondig, met ingang van 1 Januarie 2027, ná bevestiging deur die Wes-Kaapse onderwysdepartement. Blume sal Derek Swart opvolg, wat in Desember 2024 ná meer as 17 jaar diens by die skool afgetree het. Sedert Swart se aftrede het Nollies de Vries as waarnemende hoof gedien. De Vries het Blume se aanstelling verwelkom en geesdrif vir die skool se toekoms uitgespreek. Blume dien tans as adjunkhoof by Paul Roos Gimnasium, ’n posisie wat hy sedert Januarie 2022 beklee. Hy was voorheen verbonde aan Hilton College en Woodridge College. Die skoolbestuur, personeel, leerders, ouers en oudleerders verwelkom Blume en sy gesin in die Paarl-gemeenskap. – Paarl Post, NovaNews

Die Papier Die Papier word uitgegee deur Novus Media. KONTAK ONS nuus@diepapier.co.za lesers@diepapier.co.za REDAKTEUR Barnard Beukman

Nuus

IN DIE NUUS

Branderplank-pret in die Kaap Pret in die branders tydens die Nexgen Surf en die Shumeez Scott-stigting se samewerking gedurende bewustheidsmaand vir Down-sindroom by Muizenberg Corner op 25 Oktober in Kaapstad. Die byeenkoms se doel is om branderplank-rylesse te bied en ’n inklusiewe geleentheid te skep wat individue met Down-sindroom vier en bewustheid verhoog. Foto: Brenton Geach, Gallo Images

Pasgetroude sterf op motorfiets ’n Welkom-gesin treur oor die skielike dood van die 27-jarige Ian Visagie (foto), wat Dinsdag 20 Oktober in ’n motorfietsongeluk buite Riebeeckstad oorlede is – net drie dae nadat hy met sy vrou, Elisma, getrou het. Die ongeluk het omstreeks 20:00 gebeur toe Ian se motorfiets teen ’n stilstaande vragmotor gebots het. Elisma is ’n onderwyseres aan die Hoërskool Wessel Maree in Odendaalsrus. Ian se gedenkdiens sal na verwagting Saterdag 31 Oktober om 11:00 in die NG kerk Welkom-Suid gehou word. – Marti Will, NovaNews

Só lyk luggehalte In Gauteng het Johannesburg vandeesweek ’n luggehalteindeks (LKI) van 75 aangeteken, terwyl Midrand op 99 gestaan het – wat hulle weer skuif na van die vuilste dorpe in dié tydperk. Kusgebiede soos Ballito (LKI 2 tot 13) en Kraaifontein (LKI 15 tot 17) het as die skoonste begin, maar Kraaifontein het later weens weerstoestande na ’n LKI van 82 versleg. Die grootste uitskieters was die nywerheidsdorpe Vanderbijlpark en Rustenburg. Vanderbijlpark het weens sterk wind ’n LKI van 10 aangeteken, terwyl Rustenburg tot 31 gedaal het. – Kaylie Joubert

ADVERTENSIES Jeannine van Zyl Bedryfsbestuurder jeannine.vanzyl@ diepapier.co.za Coleen Cilliers Advertensiebestuurder coleen.cilliers@ diepapier.co.za

Man in hof ná kapingspoging in Pinetown ’n Man wat daarvan beskuldig word dat hy deel was van ’n kapingspoging wat in ’n dodelike skietgeveg buite ’n huis in Pinetown geëindig het, het sy eerste hofverskyning gemaak. Snenhlanhla Myeza (35) het Dinsdag (27 Oktober) in die Pinetown-landdroshof op aanklagte van poging tot kaping, drie van poging tot moord en besit van ’n vuurwapen en ammunisie sonder ’n lisensie verskyn. Hy word aangehou tot 3 November terwyl die polisie hul ondersoek voortsit. Lt.kol. Paul Magwaza het bevestig dat Myeza op 25 Oktober in KwaDabeka in hegtenis geneem is. Die aanklagte spruit uit ’n gewelddadige voorval op 9 Oktober toe Sidney Hill (53) en sy twee kinders onder skoot gekom het terwyl hulle agteruit uit hul oprit in Lea Place, Pinetown, gery het. Die gesin het net vier dae tevore in die woning ingetrek. Hill, ’n bedryfsbestuurder met ’n agtergrond in veiligheid en

sekuriteit, het met sy dogter in sy Toyota Hilux gery toe vyf verdagtes in ’n Renault Kiger hul uitgang versper en begin skiet het. Hill het onmiddellik teruggeskiet terwyl hy sy dogter beskerm het. Die skietgeveg het net 14 sekondes geduur, maar 27 skote het geklap. Een verdagte is in die kop getref en is op die toneel dood. Die oorblywende vier verdagtes het gevlug. ’n Buurman het die toneel beskryf as “soos ’n oorlogsone met koeël ná koeël”. Die hele voorval is op motorkamerabeelde vasgelê, wat later op sosiale media versprei het. – NovaNews

Polisierekrute: Meer as 300 000 skep profiel Polisielid Karl Sander vereer AO Karl Sander, veteraanpolisieman (foto), is op 26 Oktober deur die niewinsgewende organisasie Public Interest SA met die Herotoekenning vereer by vanjaar se Fluitjieblaserstoekennings. Sanders het in Junie tydens sy getuienis by die Madlangakommissie die hele Suid-Afrika in trane gehad toe hy getuig het oor sy koffiemasjien wat uit die polisiekantoor gesteel is. Sander, wat in die Valke se narkotika-eenheid werk, moes getuig oor dwelms wat in 2021 uit hul kantoor in Port Shepstone gesteel is. Meer as ’n halfmiljoen rand is op die BackaBuddy-insamelingsblad vir hom ingesamel sodat hy sy koffiemasjien kon vervang. Sander het egter besluit om in die polisie se narkotikaeenheid te belê deur gespesialiseerde honde te kry om hulle met hul werk te help. Die Belgiese Malinois is ’n intelligente, atletiese herdershond wat gewoonlik as ’n polisiehond gebruik word. Die koste van so ’n hond beloop gewoonlik R200 000. – Bohemia HoffmeesterJumatt

VERSPREIDING Agentenavrae otdassistance@ onthedot.co.za HUISAFLEWERING 087 353 1291 diepapierintekening@ onthedot.co.za

VIND ONS BY

Meer as 300 000 profielregistrasies is in net drie dae op die nasionale werwingsportaal van die polisie aangeteken. Dit volg ná die aankondiging op 21 Oktober dat die polisie 5 500 mans en vroue as rekrute sou werf, met die oog op aansoekers uit onderverteenwoordigde rassegroepe. Kol. Amanda van Wyk het in ’n mediaverklaring gesê van die 300 000 registrasies het meer as 232 000 aansoekers die profielverifikasieproses voltooi, terwyl meer as 190 000 hul aansoeke begin het.

Tot op hede is 172 721 aansoeke suksesvol voltooi en via die SAPS eRecruitment-portaal ingedien vir die 5 500 beskikbare polisieleerlingposte. Volgens die verklaring is die aansoeke wat per rassegroep ontvang is, soos volg: swart 160 000; bruin 11 000; Indiër, 600; en wit, 150. Dit sluit in 95 000 aansoeke van vroue, terwyl mans meer as 76 000 aansoeke ingedien het sedert die werwingsveldtog geopen is. Die aanlyn werwingsveldtog sluit op Vrydag 13 November. – NovaNews

Eugene de Kock kap na vervolgingsgesag Die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder Eugene de Kock het die Nasionale Vervolgingsgesag daarvan beskuldig dat dit apartheidera-generaals en politici beskerm het deur opsetlik te versuim om diegene te vervolg wat opdrag gegee het vir van die regime se berugste misdade. Die man wat as “Prime Evil” bekend gestaan het, het Maandag by die Khampepe-kommissie beweer dat hy as ’n sondebok gebruik is terwyl diegene aan die bokant van die bevelstruktuur aan geregtigheid ontkom het. Die kommissie ondersoek of daar probeer is om die vervolging van apartheid-era-misdade wat verband hou met die Waarheids-

en-Versoeningskommissie te verhoed of te vertraag. De Kock het beweer dat die voormalige minister van wet en orde, Louis le Grange, die bomaanval op die ANC se Londen-kantoor goedgekeur het. Hy het ook beweer dat die voormalige minister Adriaan Vlok Vlakplaas twee keer besoek het om hom geluk te wens ná bomaanvalle. De Kock het gesê brig. Willem Schoon het hom vertel dat die opdrag om Cosatu-huis te bom “van baie hoog af gekom het”, blykbaar pres. PW Botha. Dit bly bewerings wat in getuienis aangebied is en is nie bevindings wat deur die kommissie vasgestel is nie. – Lise Beyers, NovaNews

PERSKODE Die Papier onderskryf die SuidAfrikaanse Perskode. As u meen ons het ’n fout begaan, kontak die nuusredakteur, Lucia Poolman, by lucia.poolman@ diepapier.co.za, of kontak ons ombudsman, George Claassen, by mediaombud@novusmedia. co.za, of 083 543 2471. Klagtes kan ook by die Suid-Afrikaanse persombudsman ingedien word by 011 484 3612 of enquiries@ ombudsman.org.za.

OUTEURSREG Die Papier is ’n lid van die Sirkulasieburo van Suid-Afrika. Die Papier word bestuur, gedruk en uitgegee deur Novus Media. Ingevolge Art. 12(7) van die Wet op Outeursreg 1978 mag geen berig, artikel of foto sonder verlof van die eienaar gereproduseer word nie.


Nuus Jana Marx jana.marx@diepapier.co.za Die nasionale tesourie is self bekommerd oor Suid-Afrika se hardnekkig swak ekonomiese groei en waarsku dat geen mate van begrotingsdissipline die land se staatsfinansies op die langtermyn volhoubaar kan maak as die ekonomie teen sowat 1% per jaar bly voortsukkel nie. “Natuurlik [is ons bekommerd], anders sou ons nie in 2020 saam met die presidensie met Operasie Vulindlela begin het nie,” sê dr. Duncan Pieterse, die direkteur-generaal van die tesourie, in ’n onderhoud met Die Papier. “Die rede waarom ons met Operasie Vulindlela begin het, is omdat ons geweet het dat, ondanks wat jy as fiskale owerheid doen om die geloofwaardigheid van jou finansies te herstel, die omstandighede vir langtermynvolhoubaarheid nooit daar sal wees as ekonomiese groei op 1% bly vassteek nie.” Die tesourie het verlede week met die bekendmaking van sy mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) sy groeivooruitsig verlaag van die 1,6%, wat in die Februarie-begroting aangekondig is, tot slegs 1,2%. Volgens die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) sal Suid-Afrika se ekonomie vanjaar met net 1% groei teenoor gemiddeld 3,7% vir ander ontluikende en ontwikkelende ekonomieë. Die regering van nasionale eenheid (RNE) se teiken van 3%-groei bly dus buite bereik vir die afsienbare toekoms. Selfs teen 2035 – ses jaar ná die RNE se teikendatum – sal die ekonomie volgens bykomende vooruitskattings, wat die tesourie aan Die Papier verskaf het, in die gunstigste scenario na verwagting net meer as 2,6% groei teenoor 2,2% in die basisvooruitskatting. “Dit (groei van 3%) is nie binne die vooruitskattingstydperk moontlik nie, tensy iets plaaslik of wêreldwyd gebeur wat dit verander.” HERVORMINGS Volgens Pieterse is dit nie ’n

Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026 Die Papier

Dr. Duncan Pieterse, die direkteur-generaal van die tesourie. Foto: GCIS

GRYSLYS

“

Die belangrikste vir fiskale geloofwaardigheid is nie wat jou anker is of wat jy sê jy gaan doen nie, maar wat jy werklik doen. – Dr. Duncan Pieterse

Tesourie erken kommer oor land se trae ekonomiese groei gebrek aan nuwe hervormings wat sterker ekonomiese groei in die wiele ry nie, maar eerder die trae tempo waarteen bestaande hervormings deurgevoer word. Hy stem egter nie noodwendig saam dat dit weens ’n gebrek aan politieke wil of bevoegdheid is nie. “My indruk is dat dit by baie van die hervormings juis die tegniese ingewikkeldheid daarvan is, wat dit moeilik maak om dit vinniger deur te voer. “Wat plaaslike regering betref, moet waarskynlik ander faktore in ag geneem word, want daar gaan dit oor dinge wat tegnies ingewikkeld is, maar ook oor die uitdaging om diepgewortelde probleme op plaaslike regeringsvlak te hanteer. [Dit sluit] kwessies soos vaardighede op grondvlak in.” ‘GEEN POLITIEKE INMENGING’ Die tesourie het verlede week ook ’n beginselgebaseerde fiskale anker aangekondig, wat daarop gemik is om groter begrotingsdissipline te verseker. Kritiek teen die voorstel sluit egter in dat dit nie ’n bindende numeriese skuldplafon of ’n gemeenskaplike langtermynteiken vir skuldvermindering bevat nie. Volgens ekonome kan die voorgestelde anker wél deursigtigheid en verantwoordbaarheid

SCENARIO’S VIR BBP-GROEI Scenario A: Suksesvolle strukturele hervormings en groter staatsen private investering stimuleer ekonomiese groei. Scenario B: Doeltreffender besteding aan infrastruktuur en beter samewerking met die private sektor ondersteun ekonomiese groei. Basislyn 3% 2.5% 2% 2.5% 1% 2025 2026 2027 2028 2029 2030 2031 2032 2033 2034 2035 Bron: Nasionale Tesourie

verbeter, maar dit laat toekomstige regerings steeds aansienlike ruimte om self te bepaal hoe vinnig staatskuld moet afneem, of selfs op watter vlak dit gestabiliseer moet word. Pieterse verwerp die vermoede dat die besluit om nie ’n bindende numeriese skuldplafon in te stel nie, ’n politieke kompromis was. “Ons voorstel vir ’n fiskale anker het niks met politiek te doen nie,” sê hy. “[Dit] gaan oor wat ons meen tegnies geskik is vir hierdie land.” Hy voer aan dat ’n fiskale

9

Grafika: Morné Schaap

anker die regte balans tussen dissipline en buigsaamheid moet handhaaf. “Dit help nie om ’n numeriese teiken te hê wat jy voortdurend mis nie.” Hy verwys onder meer na Frankryk, waar die begrotingstekort die Europese Unie se perk van 3% van bruto binnelandse produk (BBP) met 5,1% in 2025 oorskry. “Die belangrikste vir fiskale geloofwaardigheid is nie wat jou anker is of wat jy sê jy gaan doen nie, maar wat jy werklik doen.” Volgens Pieterse het SuidAfrika se fiskale geloofwaar-

Die getuienis voor die Madlanga-kommissie kan Suid-Afrika help om sy saak tydens die Finansiële Aksietaakmag (FATF) se nuwe evaluering te versterk, maar slegs indien dit bewyse oplewer wat aan die internasionale liggaam se spesifieke vereistes voldoen, sê Pieterse. Die FATF is ’n internasionale liggaam wat standaarde stel om geldwassery, terreurfinansiering en die finansiering van die verspreiding van massavernietigingswapens te bekamp. Lande met ernstige tekortkominge in hul stelsels om dié misdade te bekamp, loop gevaar om op die FATF se gryslys geplaas te word, wat internasionale finansiële transaksies kan bemoeilik en beleggingsvertroue kan knou. Suid-Afrika is in Oktober 2025 van die gryslys verwyder, maar is tans in ’n nuwe evalueringsproses gewikkel wat in Oktober 2027 afgehandel word. “In die mate waarin getuienis uit die Madlangakommissie ons saak kan versterk, sal ons dit natuurlik voorlê.” Die FATF vereis spesifieke bewyse dat die land se stelsel teen finansiële misdaad doeltreffend funksioneer, soos suksesvolle vervolgings van ernstige geldwassery-sake. Voel hy positief dat Suid-Afrika van die gryslys af sal bly? “Dit is nog vroeg in die proses, maar ons doen alles in ons vermoë om te verseker dat ons nie weer op die gryslys geplaas word nie.” digheid die afgelope paar jaar verbeter ondanks die afwesigheid van ’n formele fiskale anker. Die voorstel is tans vir openbare kommentaar oopgestel, waarna die tesourie dit sal hersien voordat ’n finale voorstel aan die kabinet voorgelê word.


10

Die Papier Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026

Nuus

Bouraad gaar miljarde op terwyl bouers oor fooie kla

KLEINER BOUERS ONDER DRUK Die kontrakteurs sê die NHBRC se registrasievereistes en jaarlikse hernuwings plaas veral kleiner ondernemings onder druk. Een ontwikkelaar met wie Jana Marx jana.marx@diepapier.co.za

D

ie nasionale registrasieraad van huisbouers (NHBRC) hef buitensporige fooie, maar bied nie voldoende waarde daarvoor nie, sê kontrakteurs en eiendomsontwikkelaars aan Die Papier. Hulle bevraagteken ook die NHBRC se rol in die beskerming van huiskopers en die verantwoordbaarheid van dié instelling. Die kontrakteurs en ontwikkelaars het anoniem met die koerant gepraat omdat hulle viktimisering deur die NHBRC vrees. Die klagtes kry nuwe betekenis nadat ’n amptenaar van die tesourie verlede week op ’n mediakonferensie oor die mini-begroting gesê het die NHBRC se opgehoopte oorskotte is buitensporig groot in verhouding tot sy moontlike toekomstige finansiële verpligtinge. Die NHBRC se mandaat strek verder as bou-inspeksies. Hy moet huisbouers registreer, boustandaarde afdwing en huiskopers teen bepaalde gebreke beskerm. Inskrywingsfooie finansier dié werksaamhede én die waarborgfonds, wat onder bepaalde omstandighede vir die herstel van bougebreke betaal wanneer die bouer dit nie kan of wil regstel nie. Volgens die NHBRC verreken bouers die fooie meestal in die verkoopprys van huise. Uiteindelik dra huiskopers dus die koste.

Die Papier gepraat het, sê: “Dis onmoontlik om ’n onderneming te bou met nuwe huisbouers wat net tot een huis beperk word. Hoe moet jy oorleef?” Die kontrakteurs bevraagteken egter of die beskerming en dienste wat die NHBRC in praktyk bied, sy hoë fooie regverdig. Die Papier verstaan ’n ontwikkeling van 40 huise, wat elk R1,8 miljoen kos, is volgens die NHBRC se gepubliseerde fooieskaal aan R700 000 se verpligte huisinskrywingsfooie onderworpe. Dit is R17 500 per huis. Die kontrakteurs sê hierdie fooie is slegs vir die registrasie van die projek “en dalk drie of vier terreininspeksies” – dit, terwyl ontwikkelaars reeds vir grondondersoeke, bouplanne en professionele ingenieurs se dienste moet betaal. MILJARDE IN DIE BANK EN ONVERKLAARBAAR MIN EISE Die NHBRC se jaarverslag vir 2025-’26 plaas dié klagtes in ’n groter konteks. Sy kontant en beleggings het van R11,22 miljard tot R12,62 miljard gestyg (ongeveer 12,5%). Die opgehoopte oorskot het R11,28 miljard bereik, teenoor R9,97 miljard die vorige jaar. Bruto huisinskrywingsfooie het van R632,3 miljoen tot R655,5 miljoen toegeneem, terwyl rente-inkomste van R777,5 miljoen tot R799,8 miljoen gestyg het. Personeelkoste het R630 miljoen beloop, teenoor R612,5 miljoen die vorige jaar. Tog – ten spyte van al die geld in die bank – het die NHBRC vanjaar slegs R25,5 miljoen aan waarborgeise uitbetaal en R14 miljoen in

40 wenners Wen R10 000 kontant! Geldig vir al ons gemeenskapskoerante

Sluit aan by

’n Ontwikkeling in Krugersdorp.

R17 500 ’n Ontwikkeling van 40 huise wat elk R1,8 miljoen kos, is volgens die NHBRC se gepubliseerde fooieskaal aan R700 000 se verpligte huisinskrywingsfooie onderworpe. Dit is R17 500 per huis.

2025. Dit verteenwoordig minder as 4% van die jongste boekjaar se bruto huisinskrywingsfooie. Boukontrakteurs moet gebreke aanvanklik self herstel. Die waarborgfonds tree onder bepaalde omstandighede as laaste uitweg in en moet ook voorsiening maak vir toekomstige eise. Die kontrakteurs wil nietemin weet hoeveel gebrekkige bouwerk die NHBRC werklik help regstel en waarom inskrywingsfooie nie verlaag word as daar dan so min gebreke is nie – veral noudat selfs die tesourie onlangs ook die omvang van die raad se reserwes bevraagteken het. INSPEKSIES EN BEVOEGDHEID Die doeltreffendheid van die NHBRC se inspeksies is nog ’n twispunt. Een struktuuringenieur het aan Die Papier verduidelik hoe ’n inspekteur sy projek vir “nie-nakoming” aangegee het en hy aan die NHBRC moes verduidelik, deur

MOONTLIKE OPLOSSINGS Die kontrakteurs en ontwikkelaars stel voor dat inskrywingsfooie volgens vloeroppervlakte bereken word: R2 000 vir huise van hoogstens 100 m², R3 000 vir huise tot 200 m² en R4 000 vir groter huise. Vir ontwikkelings met meer as 20 eenhede

elk kry ’n

stel hulle ’n maksimum inskrywingsfooi van R30 000 voor. Kontrakteurs met ’n bewese goeie rekord behoort volgens hulle vir laer fooie te kwalifiseer. Hulle bepleit verder minder administrasie en vinniger uitreiking van inskrywingsertifikate.

R250 Loyalty en wen

R2 000 kontant Ondersoek jouself..

elke week in Oktober.

Bespreek jou skandering.

uit die NHBRC-bougids aan te haal, dat hul inspektoraat “nie op ontwerpveranderinge kan aandring nie, omdat [die NHBRC] nie die professionele verantwoordelikheid vir sulke veranderings dra nie”. “As ’n ingenieur van hul kode wil afwyk, dring hulle daarop aan dat ’n ‘rasionale ontwerp’ ingedien moet word vir húl goedkeuring. Maar hulle is nie bevoeg om die ontwerp te beoordeel nie en hulle kan volgens hul eie regulasies geen aanspreeklikheid vir hul goedkeuring aanvaar nie!” Die ouditeur-generaal het twee opeenvolgende boekjare die NHBRC se gerapporteerde inspeksies van gesubsidieerde huise bevraagteken. Volgens die NHBRC se 2025-’26-jaarverslag het die raad 29 419 inspeksies van gesubsidieerde huise aangemeld, teenoor ’n teiken van 24 000. “Die getuienisportefeulje het nie hierdie prestasie ondersteun nie. Ek kon nie die werklike prestasie vasstel nie, maar ek skat dat dit beduidend minder as die aangemelde getal is,” het die ouditeur-generaal gesê. Ook in 2024-’25 het die ouditeur-generaal die NHBRC se gerapporteerde inspeksiesyfer bevraagteken. Die Papier het die kontrakteurs se kwelpunte aan die NHBRC gestel. Die raad se woordvoerder het ontvangs erken, maar oor etlike weke en ná talle opvolge nie op navrae gereageer nie.

koopbewys

GRATIS om in te skryf. Dit neem ’n minuut

Sluitingsdatum 31 Oktober 2026 Trekkingsdatum 6 November 2026. B’s & V’s geld

SKANDEER HIER EN WEN. SAMXXX-PA091026


Nuus

Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026 Die Papier

Ja vir myn in Limpopo-kom Elise Tempelhoff nuus@diepapier.co.za Kooksteenkool mag nou in die Limpopo-kom, ’n geproklameerde bewaargebied, aan die noordelike hange van die Soutpansberg gemyn word. David Maynier, minister van bosbou, visserye en die omgewing, het toestemming gegee hiervoor, al probeer bewaringsbewustes al 14 jaar lank hul bes om die myne uit die Limpopokom te hou. Dít volg nadat Maynier die burgerlike gemeenskap se appèl teen die omgewingsgoedkeuring vir MC Mining se Makhado-myn verwerp het. MC Mining (voorheen Coal Of Africa, oftewel CoAL) en sy Chinese vennote, het ondanks

die feit dat sy omgewingsgoedkeuring onder appèl en sy bedrywighede opgeskort was, in November 2024 met sy mynbedrywighede begin. MC Mining het in 2015 ’n waterlisensie van die departement van water en sanitasie (DWS) ontvang – onder meer op grond van 14 boere in die Limpopokom wat hul waterregte uit die Nzhelele-dam aan die mynhuis verkoop het. Dié boere is nou in ’n regsgeding met MC Mining betrokke omdat hulle beweer hulle het tot dusver geen vergoeding ontvang nie. Lauren Liebenburg van Living Limpopo het gesê die gemeenskap in die Limpopokom is “bitterlik teleurgesteld” in Maynier se beslissing. Sy het gesê die gewone mense

MC Mining het reeds in November 2024 met sy “onwettige” mynbedrywighede in die Mudimeli-woongebied aan die voet van die Soutpansberg begin. Foto: Living Limpopo

van die Limpopo-kom gaan hulle op die Menseregtekommissie beroep. “Hierdie kwessie moet tot op die been oopgevlek word. “En noudat die myn reeds gebou is, kom Maynier en verwerp alle teenkanting teen die myn. “Hierdie Chinese maatskappy het onwettig opgetree deur met sy stootskrapers deur Suid-Afrika se natuurlike omgewing te ploeg. Ons dring daarop aan dat die mynhuis gestraf word.” Dié steenkool gaan glo gebruik word om die Chinese Kinetic Development Group, die

ankerbelegger van die Musina Makhado Ekonomiese Sone (MMSES), se nywerheidstad aan die gang te kry. Met hierdie stap het Maynier aan MC Mining en die Kinetic Group goedkeuring gegee “om die land se water, lug en grond te besoedel”, het Liebenberg gesê. Volgens Kgaotsang Ngoepe, die uitvoerende hoof van korporatiewe sake en volhoubaarheid by MC Mining, het die Makhado-projek ’n “lang regulatoriese proses deurgemaak”. Noudat die minister omgewingsgoedkeuring verleen het,

kan die myn in volle produksie gaan. Volgens Ngoepe het MC Mining ’n waterlisensie vir die Makhadoprojek, maar gebruik hy slegs water uit verskeie boorgate. Maynier het Dinsdag (27 Oktober) teruggekrabbel en gesê sy departement teken nie omgewingsgoedkeurings af nie. Dit is die taak van die departement van minerale en petroleumhulpbronne. Hy, as minister, is wel verantwoordelik vir die goed- of afkeur van appèlle. Sello Molekwa, die waarnemende hoofdirekteur van kommunikasie by die departement, het gesê van die kwessies wat die appellante, die Vhembe Mineral Resources Stakeholders Forum (VMRSF), die Mudimeli-gemeenskap en die Makhado-aksiegroep in hul appèl uitgewys het, val buite “wetgewing”. Een daarvan, wat die prokureur vir die VMRSF, Christo Reeders, uitgelig het, was dat MC Mining nie geld gaan hê om die gebied te rehabiliteer nie. • DWS het nie op navrae gereageer nie.

PUBLIC PARTICIPATION PROCESS THE PROPOSED DEVELOPMENT OF THE HOOGTE WIND ENERGY FACILITY AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE, LOCATED WITHIN THE FEZILE DABI AND THABO MOFUTSANYANE DISTRICT MUNICIPALITY, FREE STATE PROVINCE

TS'EBETSO EA HO NKA KAROLO HA SECHABASETLHA SA MATLA A MOYA SA HOOGTE SE SISINTSWENG LE MEAHO E AMANANG LE SONA, TSE FUMANEHANG KA HARA FEZILE DABI LE THABO MOFUTSANYANE DISTRICT MUNICIPALITY, PROFINSING EA FREE STATE

OPENBARE DEELNAMEPROSES DIE VOORGESTELDE ONTWIKKELING VAN DIE HOOGTE-WINDENERGIE-FASILITEIT EN GEPAARDGAANDE INFRASTRUKTUUR, GELEË BINNE DIE FEZILE DABI EN THABO MOFUTANYANEDISTRIKMUNISIPALITEITE, VRYSTAAT-PROVINSIE

DFFE REFERENCE: TBC

DINTLHA TSEBISO TSA DFFE: TBC

DFFE REFERENCE: TBC

Notice is hereby given in accordance with the National Environmental Management Act (NEMA), 1998 (Act No. 107 of 1998), the Environmental Impact Assessment Regulations, 2014 (as amended), of the commencement of the Scoping and Environmental Impact Assessment (S&EIA) Process and associated Public Participation Process. Applicant: Hoogte Wind Power (Pty) Ltd Project Description: Development of the 320 MW Hoogte Wind Energy Facility and Associated Infrastructure, located within the Fezile Dabi and Thabo Mofutsanyane District Municipality, Free State Province. Location: The development footprint will be within a 21 500 ha site located in the Ngwathe, Mafube, and Nketona Local Municipality, between the towns of Heilbron and Mamafubedu, Free State Province. A full S&EIA Process is required for the Environmental Authorisation Application, as the proposed development triggers Listed Activities in terms of the NEMA EIA Regulations, 2014, as amended, under Listing Notices 1, 2 and 3. The development may also trigger additional approvals, authorisations, licences or permits, as may be identified through the findings and recommendations of the specialist site investigations undertaken as part of the assessment process. Opportunity to Participate: A Background Information Document is available in English, Afrikaans, and Sesotho and can be accessed via the JG Afrika Website: www.jgafrika.com/public-participation. A Draft Scoping Report (DSR) is being compiled and will be released for a minimum 30-day public comment and review period. Written notification will be sent out to all Registered Interested and Affected Parties (I&APs) to inform them of the availability of the DSR for public review and comment. A hard copy of the DSR will be made available at accessible public venues in nearby towns and an electronic copy will be made available for download on the JG Afrika website: www.jgafrika.com/public-participation.

Ka hona ho fanoa ka tsebiso ho latela National Environmental Management Act (NEMA), 1998 (Act No. 107 of 1998) le Environmental Impact Assessment Regulations, 2014 (as amended), mabapi le ho qalisoa ha Ts'ebetso ea Scoping and Environmental Impact Assessment (S&EIA) hammoho le Ts'ebetso e amanang ea ho nka karolo ha sechaba. Mokopi: Hoogte Wind Power (Pty) Ltd Tlhaloso ea Morero: Ntlafatso ea Hoogte Wind Energy Facility ea 320 MW le Meaho ea Motheo e amanang le eona, e fumanehang ka har'a Fezile Dabi le Thabo Mofutsanyane District Municipality, Profinseng ea Free State. Sebaka: Sebaka seo morero o tla ahang ho sona se tla ba ka har'a sebaka sa dihekthere tse 21 500 se fumanehang ho Ngwathe, Mafube le Nketona Local Municipality, lipakeng tsa litoropo tsa Heilbron le Mamafubedu,ProfinsengeaFreeState. Ho hlokahala Ts'ebetso e felletseng ea S&EIA bakeng sa Kopo ea Environmental Authorisation, kaha morero o reriloeng o baka mesebetsi e thathamisitsoeng ho latela NEMA EIA Regulations, 2014, as amended, tlas'a Listing Notices 1, 2 le 3. Morero ona o ka boela oa hloka ditumello tse ling, tumello ea molao, lilaesense kapa diphemiti tse eketsehileng, tse ka 'nang tsa tsejoa ka liphetho le likhothaletso tsa liphuputso tse khethehileng tse entsoeng sebakeng sa morero e le karolo ea Ts'ebetso ea Tlhahlobo. Monyetla oa ho Nka Karolo: Tokomane ea Tlhahisoleseding ea Motheo e fumaneha ka Senyesemane, Seafrikanse, le Sesotho, 'me e ka fumaneha webosaeteng ea JG Afrika: www.jgafrika.com/publicparticipation. Tlaleho ea Moralo oa Scoping (DSR) ea hlophisoa 'me e tla phatlalatsoa bakeng sa nako e bonyane matsatsi a 30 ea ho fana ka maikutlo le ho e hlahloba ke sechaba. Tsebiso e ngotsoeng e tla romelloa ho bohle ba Ngolisitsoeng ba nang le Thahasello le ba Amehang (Interested and Affected Parties – I&APs) ho ba tsebisa ka ho fumaneha ha DSR bakeng sa tlhahlobo le ho fana ka maikutlo ke sechaba. Kopi e hatisitsoeng ea DSR e tla fumaneha libakeng tsa sechaba tse fumanehang habonolo litoropong tse haufi, 'me kopi ea elektroniki e tla fumaneha bakeng sa ho jarollwa webosaeteng ea JG Afrika: www.jgafrika.com/publicparticipation.

Kennis word hiermee gegee, ooreenkomstig die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (NEMA), 1998 (Wet Nr. 107 van 1998) en die Regulasies vir Omgewingsimpakbeoordeling, 2014 (soos gewysig), van die aanvang van die proses vir Omvangbepaling en Omgewingsimpakbeoordeling en die gepaardgaande proses vir openbare deelname. Aansoeker: Hoogte Wind Power (Edms) Bpk Projekbeskrywing: Ontwikkeling van die 320ss MW Hoogtewindenergie-aanleg en gepaardgaande infrastruktuur, geleë binne die Fezile Dabi en Thabo Mofutsanyane-Distriks Munisipaliteite, Vrystaat-Provinsie. Ligging: Die ontwikkelingsvoetspoor sal binne 'n terrein van 21 500 ha geleë wees, binne die Ngwathe, Mafube en Nketona-Plaaslike Munisipaliteite, tussen die dorpe Heilbron en Mamafubedu in die Vrystaat-Provinsie. 'n Volledige S&EIA-proses word vereis vir die aansoek om omgewingsmagtiging, aangesien die voorgestelde ontwikkeling aanleiding gee tot gelyste aktiwiteite ingevolge die NEMA-EIA-regulasies van 2014 (soos gewysig) kragtens Lyskennisgewings 1, 2 en 3. Die ontwikkeling kan ook aanleiding gee tot bykomende goedkeurings, magtigings, lisensies of permitte, soos geïdentifiseer deur die bevindinge en aanbevelings van die gespesialiseerde terrein-ondersoeke wat as deel van die beoordelingsproses uitgevoer is . Geleentheid om deel te neem: 'n Agtergrondinligtingsdokument is in Engels, Afrikaans, en Sesotho beskikbaar en kan via die JG Afrikawebwerf verkry word: www.jgafrika.com/public-participation. 'n Konsep-omvangbepalingsverslag (DSR) word tans opgestel en sal vrygestel word vir 'n openbare kommentaar- en hersieningstydperk van minstens 30 dae. Skriftelike kennisgewings sal aan alle geregistreerde belanghebbende en geaffekteerde partye (I&AP's) gestuur word om hulle in te lig oor die beskikbaarheid van die DSR vir openbare hersiening en kommentaar. 'n Gedrukte eksemplaar van die DSR sal by toeganklike openbare plekke in nabygeleë dorpe beskikbaar gestel word, en 'n elektroniese weergawe sal beskikbaar wees vir aflaai vanaf JG Afrika se webwerf: www.jgafrika.com/public-participation.

Interested and Affected Parties (I&APs) are invited to register. Registration is possible throughout the S&EIA Application Process.

Mahlakore a nang le thahasello le a amehang (I&APs) a mengoa ho ingolisa. Ho ingolisa ho ka etsoa nakong eohle ea ts'ebetso ea kopo ea S&EIA.

For more information, please contact JG Afrika (Pty) Ltd / Bakeng sa tlhahisoleseling e batsi, ka kopo ikopanye le JG Afrika (Pty) Ltd / Vir meer inligting, kontak asseblief JG Afrika (Pty) Ltd Contact Person | Motho eo ho ka Ikopanngoang le Eena ho | Kontak Persoon: Ms Aneesah Samodien

E-mail Imeile

ppp-ct@jgafrika.com

Telephone / Mohala / Telefoon:

e-Pos

+27 21 530 1800

Website

Facsimile / Fekese / Faks

Webosaete Webwerf

http://www.jgafrika.com/ public-participation/

11

Belangstellende en Geaffekteerde Partye (I&APs) word uitgenooi om te registreer. Registrasie is moontlik regdeur die S&EIA Proses.

Registration and commenting is also possible via a form using the link below or QR code to register. Ho a kgonahala hape ho ingodisa le ho fana ka ditshwaelo ka ho tlatsa foromo e fumanehang ka sehokelo se ka tlase kapa ka ho sekena khoutu ya QR ho ingodisa.

https://forms.cloud.microsoft/r/ 0xMrVrnqVG?origin=lprLink

Registrasie en die lewering van kommentaar is ook moontlik via 'n vorm deur die onderstaande skakel of QR-kode te gebruik.

+27 21 532 0950

NM10079195-PA301026


12

Die Papier Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026

Nuus

SYFERS Die eerste vyfjaar-stuifmeelkalenders van Sapnet is gegrond op data wat tussen 2019 en 2024 in sewe groot Suid-Afrikaanse stede ingesamel is. Die navorsing het 103 stuifmeeltipes geïdentifiseer. Bloemfontein het volgens die beskikbare opsomming die hoogste totale stuifmeellading aangeteken, teenoor Gqeberha met die laagste. In sommige binnelandse gebiede kan grasstuifmeel vir langer as 200 dae per jaar voorkom. Die syfers wys hooikoors is nie noodwendig tot ’n kort lenteseisoen beperk nie en die soort plantegroei en plaaslike klimaat speel ’n groot rol in blootstelling.

Atiesjoe! Nies jy ook meer? Kaylie Joubert kaylie.joubert@diepapier.co.za

D

aar is ’n rede hoekom meer mense tans met hooikoors sukkel: Nuwe navorsing toon dat die stuifmeellandskap in Suid-Afrika verander en dat boomstuifmeel in binnelandse stede verdubbel het. Klimaatsverandering, lugbesoedeling en uitheemse bome kan die las op mense met hooikoors verder verhoog. Die eerste vyfjaar-stuifmeelkalenders van die Suid-Afrikaanse Stuifmeelmoniteringsnetwerk (Sapnet) toon dat boomstuifmeel in stede soos Johannesburg en Pretoria sedert 2019 verdubbel het. Grasstuifmeelvlakke het in dié tyd in die meeste streke gedaal. Vir mense met allergiese rinitis – algemeen bekend as hooikoors – kan hierdie verskuiwing gevolge hê. Stuifmeel in die lug kan die immuunstelsel se allergiese reaksie ontketen, wat lei tot nies, ’n toe of lopende neus, jeukerige oë en soms ’n verergering van asmasimptome. Dr. Angelique Coetzee, ’n voormalige nasionale voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) en ondervoorsitter van Unity Forum for Family Practitioners, sê die veranderende stuifmeelblootstelling kan help verklaar waarom sommige mense se simptome moeiliker beheerbaar raak. “Dit kan help verduidelik waarom sommige pasiënte ervaar dat hul ‘hooikoorsseisoen’ vroeër begin, langer duur of moeiliker beheerbaar is. In die spreekkamer gaan dit ook nie net oor ’n loopneus nie. Pasiënte kom met erge neusverstopping, postnasale drup, oogsimptome, hoofpyn, nies,

slaapversteuring, moegheid en soms verergering van onderliggende asma.” Prof. Frank Harald Neumann, ’n NRF- gegradeerde geoloog en paleontoloog aan die NoordwesUniversiteit (NWU), sê warmer temperature en veranderende groeitoestande dra tot die verskuiwing by. “Hoër temperature beteken vroeër en langer stuifmeelseisoene. “Hoër CO₂-vlakke (koolstofdioksied) beteken sterker groei van bome, aangesien hulle C3-plante is (die groep waaraan die meeste algemene bome, struike en grane behoort). In ’n stedelike omgewing speel die aanplanting van uitheemse sierbome egter ’n groot rol.” Moerbeibome, platane en sipresse is van die bome wat tot hoë stuifmeelvlakke in stedelike gebiede kan bydra. Volgens Neumann kan die aanplanting van sulke spesies ’n ongewenste gesondheidsprobleem skep – selfs wanneer bome aanvanklik geplant word om stede groener en koeler te maak. “Bome word ook geplant om klimaatsverandering te versag, omdat hulle stedelike hitte verminder,” sê hy. Die probleem eindig egter nie by boomstuifmeel nie. Gras en onkruid kan ook hooikoors veroorsaak, terwyl uitheemse plante soos suidwesdoring (prosopis) en sprinkaanbos (ambrosia) in sekere gebiede ’n verdere bron van allergene kan wees. LUGBESOEDELING SE ROL Lugbesoedeling kan boonop die uitwerking van stuifmeel vererger. Prof. Rebecca Garland, ’n atmosfeerwetenskaplike aan die Universiteit van Pretoria (UP), verduidelik dat skadelike stowwe in die lug,

Prof. Frank Harald Neumann

Dr. Angelique Coetzee

Prof. Rebecca Garland

“

Pasiënte kom met erge neusverstopping, postnasale drip, oogsimptome, hoofpyn, nies, slaapversteuring, moegheid en soms verergering van onderliggende asma.

soos lugbesoedeling, met stuifmeel kan reageer en die allergiese reaksie kan versterk. “Besoedelstowwe soos osoon en NOx (’n hoogs reaktiewe groep gasse wat as stikstofoksiede bekend staan) kan chemies met stuifmeel in wisselwerking tree en die allergenisiteit daarvan verhoog,” sê sy. “Blootstelling aan lugbesoedeling sowel as stuifmeel kan ook negatiewe gesondheidsimpakte hê, soos op die asemhalingstelsel, en blootstelling aan albei kan dus die gevolge vererger.” Dit beteken dat mense wat in besoedelde stedelike gebiede woon, nie net deur stuifmeel geraak word nie, maar dat lugbesoedeling hul hooikoorssimptome ook kan vererger. Lugbesoedeling kan die asemhalingstelsel irriteer, terwyl stuifmeel ’n allergiese reaksie uitlok. Coetzee waarsku dat rook en damprook ’n verdere las op mense met hooikoors en asma kan plaas. “ ’n Pasiënt met hooikoors of asma het reeds ’n inflammatoriese en sensitiewe lugweg. Wanneer só iemand boonop aan sigaretrook, tweedehandse rook of damprookaerosol blootgestel word, voeg ons nóg ’n irritant by. Damprook kan die lugweg irriteer en inflammasie/ asmasimptome bevorder en dus die totale simptoomlas by ’n allergiese

TROETELDIERE Hooikoors by mense en omgewingsallergieë by diere word nie altyd op dieselfde manier ervaar nie. Honde en katte kan op stuifmeel reageer deur aan hul pote te lek of te kou, aan hul gesig en ore te krap, of ontsteekte vel en haarverlies te ontwikkel. Herhaaldelike oorprobleme

pasiënt vererger.” Coetzee sê herhaalde niesbuie kan ’n belangrike leidraad wees wanneer hooikoors gediagnoseer word. “Nies is ’n simptoom wat ons nie moet onderskat nie. Wanneer ’n pasiënt herhaaldelike niesbuie het – veral saam met ’n jeukerige neus, waterige oë, ’n helder loop- neus of neusverstopping — moet allergiese rinitis of hooikoors hoog op die lys wees. “Die gevaar is dat hierdie mense soms herhaaldelik vir sinus of ’n verkoue behandel word, terwyl die onderliggende probleem allergiese inflammasie is.” Neumann sê Suid-Afrika het nog nie voldoende beleide om die allergenisiteit van plante in stedelike boomaanplantings behoorlik in ag te neem nie. Navorsers aan verskeie universiteitsinstellings werk saam met kollegas in stedelike beplanning aan beleidsvoorstelle, terwyl Sapnet sy monitering na kleiner dorpe en landelike gemeenskappe uitbrei. Wanneer dit beter dopgehou word, kan dit help om mense betyds te waarsku wanneer stuifmeelvlakke styg. Dit kan veral belangrik wees vir mense wat jaarliks met hooikoors sukkel en nie altyd weet watter stuifmeelsoorte hul simptome veroorsaak nie. kan ook voorkom. Katte kan hulself so aanhoudend lek dat kaal kolle ontstaan, terwyl perde soms allergieverwante asemhalingsprobleme ontwikkel. Hierdie simptome kan egter ook ander oorsake hê. Indien ’n troeteldier aanhoudend jeuk, krap of asemhalingsprobleme toon, behoort ’n veearts dit te ondersoek.

Vir enige advertensienavrae, kontak ons asseblief: VRYSTAAT & NOORD-KAAP

Anche De Bruin 083 560 9184 anche.debruin@novusmedia.co.za

GAUTENG

Celeste Van Zyl 082 823 8442 celeste.vanzyl@diepapier.co.za

WESKAAP & KZN

Heidi Buchner 071 843 7932 heidi.buchner@diepapier.co.za


Nuus

Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026 Die Papier

GebouVirAvontuur

13

NM10077912-PA301026

Advertensie-artikel

Gewilde Buitelewe-en-avontuurekspo in November terug in Grabouw Buitelug- en avontuurliefhebbers kry volgende naweek (6 tot 8 November) weer kans om die beste vir die buitelug en gesinsavonture in Grabouw te kom geniet. Die ekspo is vanjaar amper dubbel so groot en word weer op die skouspelagtige terrein van die ElginGrabouw-sportklub aangebied. Die terrein aan die oewer van die Eikenhofdam, omring deur die Hottentots-Hollandberge, bied die perfekte omgewing vir ’n werklik onvergeetlike buitelewe-ervaring. Die Buitelewe-en-avontuur-ekspo is egter nie ’n musiekfees, ’n vlooimark of ’n landbouskou nie. Dit is ’n geleentheid wat spesifiek op ’n buitelewe-leefstyl gerig is, met die fokus uitsluitlik op avontuur, reis, ontspanning en verwante produkte en dienste. Dit is ook ’n gesinsvriendelike geleentheid waar honde aan leibande welkom is. Die ekspo, met uitgebreide uitstalruimte en aansienlik vergrote parkeerruimtes vir 2026, bied uitstallers en besoekers ’n

uitstekende geleentheid om met toonaangewende handelsmerke, produkte, bestemmings en ervarings in die buitelug-, ontspannings-, toerismeen avontuursektore te skakel. Toegewyde produksones behels gegroepeerde produkte en ’n praktiese deurloop-uitleg: • Alle 4x4-voertuie, sportnutse (SUV’s), bykomstighede, monteersentrums en avontuurtoerusting word saam in ’n toegewyde afdeling uitgestal. • Losstaande tente, veldrywoonwaens, sleepwaens, daktente, kampeertoerusting en verwante produkte word saam langs die voertuigafdeling gegroepeer. • Besoekers kan heerlike kosstalletjies, varsgemaalde koffie, ’n verskeidenheid deli-produkte en ’n lewendige atmosfeer in die biertent geniet, met oorgenoeg sitplek en vermaaklike agtergrondmusiek uit die 1970’s en 80’s. • Die Springbokwedstryd sal regstreeks in die biertent uitgesaai word, wat die perfekte atmosfeer vir rugbyliefhebbers skep.

• Die opwindende Bestemmings- en avontuursentrum vorm die hart van die ekspo; hier kan besoekers unieke reisbestemmings, buitelugervarings en opwindende avontuurgeleenthede in die saal by die sentrum Kampgoed: Die 2026- Buitelewe-en-avontuurekspo ontdek. Grabouw pronk vanjaar met dubbele uitstalruimte en sluit tente en talle nuwighede in. • ’n Toegewyde vermaakgebied hou jonger besoekers besig 2026/ terwyl die res van die gesin die ekspo verken. Kinders onder 7 jaar en honde aan ’n leiband geniet elke dag gratis Besoek https://lrclassic.com vir nog toegang. inligting oor die geleentheid, asook foto’s en video’s van die 2025-ekspo. Vrydag 6 November 2026 • R85 per besoeker • 2025-byeenkomshoogtepunte Saterdag 7 November en Sondag 8 (video): https://youtu.be/lIM66cMfiGs November 2026 • 2026-woonwaens-promosievideo: • R85 vir pensioentrekkers en kinders https://youtu.be/hAk6yWMqDu8 van 7 tot 18 Kaartjies vir dagbesoekers kan by die • R185 vir volwassenes hek of aanlyn via Quicket gekoop word: https://www.quicket.co.za/ of direk via Parkering https://www.quicket.co.za/events/4026 Parkering is gratis in die nuut 66-outdoor-adventure-expo-grabouwuitgebreide parkeerarea. NM10078034-PA301026


14

Die Papier Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026

Hy is g’n ’n rassis, sê Govan

Bohemia Hoffmeester-Jumatt bohemia.jumatt@diepapier.co.za

G

ovan Whittles, die aanbieder van Carte Blanche Sondagaande op M-Net en die dokkie Govan Ontbloot Dinsdae op kykNET, lyk vol selfvertroue voor die kamera, maar eintlik voel hy neerslagtig. Met Govan Ontbloot in sy tweede seisoen dink baie mense sy loopbaan is nou gevestig, maar dit is nie die geval nie. “Toe ek voel ek is op my hoogste in my loopbaan, toe voel ek terselfdertyd ek is op my laagste in my persoonlike lewe. Ek sukkel om my huwelik in stand te hou en ’n goeie man en ’n goeie pa vir my twee kinders te wees,” maak Whittles sy hart oop. Whittles sê dat hy die skuld eers op die moeilike stories wat hy as

Nuus

Govan Whittles

joernalis doen, wou pak, maar het vinnig besef die probleem lê by hom. Dis weens trauma van sy kinderjare af toe hy altyd aangesê is hy is nie goed genoeg nie. Hy voel ook soms magteloos. “Om mense se stories te vertel, is ’n verantwoordelikheid. Soms voel dit asof dit te groot is om te dra. Weet jy hoe voel dit om ’n swaar storie te vertel en aan die einde van die onderhoud is daar niks wat jy aan mense se omstandighede kan verander nie?” Whittles gaan gereeld vir terapie sodat hy homself kan verbeter om ’n beter pa vir sy kinders en ’n beter man vir sy vrou te wees, erken hy. Hy sukkel onder meer om te aanvaar dat mense hom op sosiale media as ’n rassis bestempel. Dit was ’n uitlating op Carte Blanche wat hy gemaak het en mense se reaksie het hom diep ontstel, het hy

“

Mense dink ek is ’n rassis omdat ek gesê het mense sal nie gif in strate aan wit kinders verkoop nie. Ek sien die kommentare op Facebook, dan dink ek hoe kan julle dink ek is ’n rassis? – Govan Whittles

aan Die Papier vertel. “Mense dink ek is ’n rassis omdat ek gesê het mense sal nie gif in strate aan wit kinders verkoop nie. Ek sien die kommentare op Facebook, dan dink ek hoe kan julle dink ek is ’n rassis? Julle sien dan hoe gaan ek uit my pad uit om mense se stories te vertel. Is ek dan nou in ’n ruimte van my lewe wat ek moet oplet wat ek sê? Ek sal nooit watch wat ek sê nie! Dalk moes ek dit nie op Carte Blanche gesê het nie, maar ek sal altyd sê wat op my hart is, en dis wat mense nie verstaan nie. “My tôppie (pa) was in die tronk om teen die struggle te baklei. Ek is baie bewus van Suid-Afrika se politiek en die onregverdigheid wat steeds teen swart mense in die land is, maar ek sal nooit stilbly daaroor nie! Vir wat het my pa-hulle ge-suffer? Teen wat het hulle dan baklei? Ek sal nooit stilbly oor daai ongeregtigheid wat ons land basies steeds op ’n rassebasis regeer nie.” Whittles – oorspronklik van Qonce in die Oos-Kaap – het aan Die Papier vertel sy pa is in die Apartheidsera tronk toe. Nie net sy pa nie, maar ook sy ma was aan die voorfront vir die vryheid van mense van kleur. Die egpaar het ontmoet toe die ANC sterk vroue gewerf het om saam met die party te staan. Die paartjie se paaie het in die kerk gekruis en gou was dit nie net meer ’n werwingsprojek nie en het hul

‘Ek is Gantane, nie Siya nie’ Kaylie Joubert kaylie.joubert@diepapier.co.za

Gantane Kusch vertolk die rol van Siya Thuli in Suidooster.

40 wenners elk kry ’n

R250

Gantane Kusch weet hoe om tussen werklikheid en fiksie te onderskei – selfs wanneer kykers op sosiale media hul teleurstelling uitspreek oor die man wat hy saans op die kassie vertolk. Terwyl sy karakter, pastoor Siya Thuli, se buite-egtelike verhouding met Elzette, Justin (Eden Classens) se ma, sy huwelik met Bianca (Simone Biscombe) op die spel plaas, is Kusch se benadering tot die kritiek eenvoudig: Hy moet onthou wie hy buite Ruiterbosch is. “Ek probeer dit nie persoonlik opneem nie. Ek het nog altyd geglo dat ek nie vir ander mense se goedkeuring leef nie,” sê hy. “Maar ek moet myself herinner dat ek Gantane is en nie Siya nie.” Vir dié akteur is kykers se woede nie noodwendig ’n aanval op hom nie, maar ’n teken dat hulle emosioneel in die storie belê

het. Hy verstaan waarom hulle teleurgesteld is in Siya, ’n pastoor wat veronderstel is om ’n morele voorbeeld te wees, maar wie se eie besluite nou die mense naaste aan hom seermaak. Om dié man geloofwaardig te vertolk, moet Kusch egter verstaan wat hom dryf, sonder om sy optrede te regverdig. Dit is ’n uitdaging wat nog interessanter is omdat sy eie grootwordjare hom ander lesse geleer het. Kusch is deur drie sterk vroue – sy ma, ouma en oumagrootjie – grootgemaak. Hul invloed het ’n belangrike rol gespeel in sy begrip van respek, liefde en verantwoordelikheid. “Hulle het my geleer om ander mense te respekteer, verantwoordelikheid te aanvaar en die mense in jou lewe te waardeer,” vertel hy. Dit is juis dié waardes wat Siya se huidige gedrag so ver van Gantane se eie verwysingsraamwerk plaas. Tog moet hy as akteur verby sy persoonlike oordeel beweeg om die karakter se emosionele tekort-

koopbewys

GRATIS om in te skryf. Dit neem ’n minuut SKANDEER HIER EN WEN!

WEN R10 000 kontant!

Geldig vir al ons gemeenskapskoerante

Sluit aan by Pulse Loyalty en wen

R2 000 kontant

Elzette en Siya.

elke week in Oktober.

NM10075722-PA091026

Siya en sy vrou, Bianca (Simone Biscombe).

storie in ’n liefdesverhaal verander, vertel Whittles. Hulle is getroud en Whittles en sy suster is uit die huwelik gebore. Sy gesin het baie swaargekry, maar toe sy pa as onderburgemeester in die Buffalo-munisipaliteit gedien het, het dit hulle toegang tot beter hulpbronne gegee, vertel hy. Nadat hy matriek voltooi het, wou hy aanvanklik ’n klankingenieur word en hy was reeds in sy gemeenskap as ’n rymkletser bekend. Hy het ook by verskeie talentkompetisies opgetree en hy en sy neef was groot hip-hop-aanhangers, wat hul “eie beats gemaak” het, spog Whittles. “Ek wou in Pretoria gaan studeer en toe my pa dit hoor, toe sê hy ek gaan hulle geld mors. Ek het toe maar joernalistiek gekies. Ek het gedink ek sou dalk ’n geleentheid kry om by ’n radiostasie te werk en dan sommer my album op te neem. Toe werk dit so uit dat ek eintlik ’n talent het vir storievertel. Die joernalistiek het vanself gekom. Maklik, man.” Vandag laai hy maar sy liedjies op SoundCloud, vertel Whittles. “Ken jy SoundCloud? Al die ouens wie se musiek dit nie gemaak het nie, is daar. Ek is ook daar,” skerts hy. Maar sy eerste liefde bly mense en hul stories, en hy sal dit nooit afskeep nie, erken hy – al beteken dit hy moet aanhou aan homself bly werk.

kominge te verstaan. “Die uitdaging is om sy menslikheid te wys sonder om sy optrede goed te praat,” sê hy. Dié emosionele eerlikheid is ook noodsaaklik wanneer hy die egpaar se huwelikstonele saam met Biscombe aanpak. Volgens Kusch verg sulke tonele ’n besondere mate van vertroue tussen twee akteurs, omdat hulle mekaar emosioneel moet kan uitdaag en terselfdertyd fyn op mekaar moet reageer. “Simone bring baie emosionele diepte na Bianca en dit gee my as akteur baie om op te reageer,” sê hy. Vir hom gaan dit nie bloot daaroor om woede of konfrontasie uit te beeld nie. Die tonele moet ook die liefde, teleurstelling en hartseer onder die oppervlak blootlê. “Soms lê die grootste seer juis in dit wat nie gesê word nie,” verduidelik hy. Wanneer die kameras ophou rol, keer Kusch terug na sy eie wêreld van skryf, fotografie en musiek – kreatiewe uitlaatkleppe wat hom help om weer sy ewewig ná ’n intensiewe dag te vind. En daar is ook ’n ligter kant aan die man agter die pastoor: Hy het in ’n stadium 37 paar tekkies besit – effens teenstrydig met die ernstige man wat kykers tans so graag kritiseer. Siya se toekoms, en of sy huwelik met Bianca die verraad sal oorleef, moet ons nog sien. Maar vir Kusch bly die onderskeid tussen akteur en karakter juis nou noodsaaklik.


Nuus “Daar is nie stukkende robotte, lang gras, politiek, verkiesings of padblokkades nie. Jou grootste uitdagings is om betyds by die opvoerings en etes uit te kom.” Só beskryf Frans Swart, die Oppiwater-feesdirekteur, “hierdie mees unieke kunstefees in die wêreld”. “Jy het al die teaterproduksies om na uit te sien, jou luukse verblyf en al jou etes is ingesluit, daar is heerlike mengeldrankies, laat kuiers en veral nuwe vriendskappe.” Volgende jaar se Oppiwaterkunstefees word van 14-19 Februarie op die luukse MSC Armonia aangebied en vaar van Durban na Mosambiek se tropiese eilande Pomene en die Portugese Eilande. Meer as 35 verskillende produksies word aangebied, wat wissel van komedie, drama, klug, musiek, sang, kuns en ander kunsvorms. Heelwat debuutproduksies word aangebied. Dit sluit die klug Stertjies en Tertjies in. Die drama Dit wat merke los, ’n huldeblykproduksie aan Johnny Cash en June Carter, Johnny’s June, ’n Tequila-proe-kompetisie en ’n huldeblykproduksie aan Chris Blignaut, Ou Ryperd!, is op die program. – Redaksie

Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026 Die Papier

Oppiwater: Wen ’n reis op dié boot

NEEM SÓ DEEL: Die sluitingsdatum vir deelname aan die kompetisie is Vrydag 6 November. Die wenner word op Vrydag 13 November aangekondig. Om deel te neem, SMS die volgende aan 37338: Papier, dan jou naam, van, e-pos en stad of dorp. Besprekings is by www. oppiwater.co.za of skakel 011 844 6073. Bel Monica Booysen by 011 815 3000 of stuur e-pos na oppiwater@ rsg.co.za vir nog inligting.

MSC Armonia

Johnny Cash

DIE GROOT LESERSKOMPETISIE

BEPALINGS EN VOORWAARDES:

Die groot prys bestaan uit: • ’n Binnekajuit vir twee mense. • Drie formele etes; deur die dag ook versnaperings en ’n pizza-stasie. • Koffie, tee, vrugtesap en water. • Vervoer van die Durban-

Wenners moet self by die Durban-lughawe of Durbanhawe kom. Die prys bestaan slegs uit die elemente hier links genoem. Ander koste soos enige ekstra verblyf op land, drankies, spesialiteitsetes en -drankies, data, telefoon,

Vinnig, vinniger, Aiden Andrews

lughawe tot by die Durbanhawe. • Alle kaartjies vir die vertonings wat die wenners wil bywoon. • ’n Uitnodiging na die Kunstenaars- en BBP-skemerkelkgeleentheid om al die kunstenaars te ontmoet.

hy nie meer presteer nie,” het hy verduidelik. Aiden se oefenprogram sluit krag- en kondisioneringsoefeninge in. Sy pa vertel dat sy afrigter, George Shanell Binedell die Goue LeeusHerwill, ook na shanell.binedell@diepapier.co.za liga gewen nie, Amerikaanse maar hy is ook oefenmetodes Vyf oefensessies per week, ’n as die speler gekyk het om duidelike droom en ’n pa wat met die meeste vas te stel wat hom van die kantlyn af onderdrieë aangewys. jong atlete daar steun – dit is deel van die Buiten dit, boks anders doen. resep agter die atletieksukses hy ook graag. Deur dié benavan die 10-jarige Aiden Vir Aiden is die dering toe te pas, Andrews, ’n leerder aan prestasie egter nie het hulle ’n oefendie Laerskool Kenmare in bloot ’n oomblik van program ontwikkel Krugersdorp. roem nie. Dit is deel wat volgens hom ’n Hoewel Aiden in ’n jaar ouer van ’n groter droom merkbare verskil ouderdomsgroep aan die Suwaarvoor hy hard gemaak het. per-12-kampioenskap deelgewerk. “Ek droom daarDie kombinasie neem het, het dit hom nie gevan om die SA’s-rekord van sportsoorte keer om ’n indruk te maak nie. te verbeter,” het Aiden verg goeie beplanDié jong atleet het op 24 Oktoaan Die Papier gesê. ning – veral wanber die o.11-rekord in die 80 m Toe hy gevra is of hy neer die atletiekmet ’n tyd van 9,83 sekondes besef het hoe groot die en rugbyseisoene by die Hoërskool Menlopark oomblik was toe hy die oorvleuel. verbeter – ’n fraksie beter as rekord verbeter het, het Andrews verlede jaar se rekord. hy erken: “Dit was steeds sr. meen die Aiden het op ’n ouderdom baie onverwags, maar ’n verskillende waarop baie kinders nog besig lekker gevoel.” Aiden Andrews sportsoorte is om hul sportbelangstellings Sy pa, Dwayne, speel pronk met sy bied steeds te ontdek, reeds bewys ouder’n belangrike rol in dié medaljes. ruimte vir dom hoef nie noodwendig ’n reis. balans, terwyl Aiden se skoolbeperking op groot drome te Andrews sr. sê hy het teen werk en die genot van sport plaas nie. die einde van Aiden se gr. 2belangrike oorwegings vir hom Sy rekordoorwinning het jaar begin besef sy seun het bly. heelwat aandag getrek. ’n ’n besondere aanleg vir Aiden neem na verwagting Video van sy prestasie is atletiek. Hy beklemtoon vroeg in Desember aan die al meer as 700 000 egter sy seun se liefde Suid-Afrikaanse atletiekkamkeer op Facebook vir sport moet altyd pioenskap vir laerskooljeuggekyk. eerste kom. atlete in Rustenburg deel, Boonop “Vir my gaan dit waar hy weer sal probeer om speel hy ook daaroor dat hy ’n rekord op te stel. vir sy skool se alles moet geniet. Dwayne Andrews en Ek wil hom nie Vir Aiden is die pad vorentoe o.10-A-span sy seun, Aiden, voor druk of dwing duidelik – aanhou oefen, sy as buitesenter, die Super 12-laerdrome najaag en kyk hoe ver en spog met om iets te doen skolekompetisie. sy talent hom kan neem. 55 drieë in 22 nie, want sodra Dit is ook die raad wat hy wedstryde. Sy hy dit nie meer aan ander jong atlete gee. span het nie net geniet nie, gaan

15

Frans Swart

uitstappings en meer is vir die wenner se eie koste. Die beslissing van die organiseerders is finaal en geen kommunikasie sal daaroor gevoer word nie. SMS’e kos R1,50 elk en geen beperking word op die hoeveelheid SMS’e geplaas nie.

Kinderfonds: Tyd raak min Kaylie Joubert kaylie.joubert@diepapier.co.za Met slegs enkele dae oor om aan die jaarlikse Die Kinderfonds-kompetisie deel te neem, is nog tyd beskikbaar om ’n verskil in ’n kind se lewe te maak én die kans te hê om R200 000 of ’n nuwe Toyota Vitz te wen. Die geldinsamelingsprojek, in samewerking met RSG en Die Papier, sluit op 7 November. Deelname is eenvoudig: ’n Skenking van R50 gee jou een inskrywing vir die trekking. Net R50 is genoeg om een kind vir ’n dag van voedsel by een van die fonds se projekte te voorsien. Gebruik jou selfoonnommer as betalingsverwysing om te verseker dat jou inskrywing geregistreer kan word. ’n Skenking van R250 bied ses inskrywings vir die kompetisie en kan help om ’n kind se kleuterskoolbywoning vir ’n week moontlik te maak. Die trekking

vind op 19 November plaas. Mense wat altesaam R1 800 of meer bygedra het, kwalifiseer boonop vir ’n afsonderlike trekking met ’n prys van R20 000. Die Kinderfonds bedank graag RSG 100-104 FM, Die Papier en Toyota Suid-Afrika, wat die projek moontlik maak. Skenkings kan in Die Kinderfonds se Absa-rekening, nommer 2840157329, inbetaal word. Skenkers moet hul selfoonnommer as verwysing gebruik. Kaartbetalings kan ook aanlyn gedoen word deur die beskikbare QR-kode te skandeer. Skenkers sal binne vyf werkdae ’n SMS ontvang om hul inskrywings te bevestig. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 7 November. Meer inligting is beskikbaar by diekinderfonds.co.za. Navrae kan aan Adrie van Staden, die uitvoerende hoof van Die Kinderfonds, by 061 479 4791 gerig word.


16

Die Papier Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026

Nuus

VIER FOCACCIA

Maklike focaccia D

Karla Janse van Vuuren Foto: Karla Janse van Vuuren

aar is iets so bevredigend en huislik om jou eie brood te bak. Ek het al verskeie brode probeer, maar ek dink ek het nou my gunsteling gekry: focaccia. Dié tradisionele Italiaanse platbrood is bekend vir sy sagte binnekant en goudbruin, effens bros kors. Die deeg is eenvoudig – meel, sout, gis en water, en olyfolie, growwe sout en roosmaryn word gebruik om dit mee af te rond. Jy kan ook kreatief raak en alles van olywe tot gekaramelliseerde uie en bloukaas bo-op die focaccia sit voordat jy dit bak, of selfs deur die deeg meng. Die beste van alles? Dit is verbasend maklik om te maak. Die belangrikste bestanddeel is genoeg tyd. Focaccia word tra-

disioneel as ’n eenvoudige, alledaagse brood geniet, maar is ook gewild as ’n bykos, peuselhappie of basis vir heerlike toebroodjies. Vandat ek dit self begin maak het, kan ek sien hoekom dit een van Italië se mees geliefde brode is: eenvoudig om te maak, maar propvol geur. Ek vul gereeld my focaccia met ’n heerlike suurlemoen-hoendermayonnaise vulsel en sit dit graag as ’n ligte middagete voor. Dit is ook smullekker saam met olyftapenade, of eenvoudig gedoop in ’n mengsel van balsamiese asyn en ekstrasuiwer olyfolie. En, ek kan nie wag om dit in die winter te bak en te verslind saam met ’n lekker bak botterskorsiesop nie!

VINNIGE VYF Het jy geweet met net vyf bestanddele kan jy iets heerliks aanmekaarslaan? En as jy dalk een of twee ekstra bestanddele byvoeg, kan jy sommer maklik ’n hele paar geregte skep. Vandag se basisresep bestaan uit die volgende vyf bestanddele: ontbeende hoenderdye, uie, botter, wit broodkrummels, en vars pietersielie. Met hierdie bestanddele kan jy die volgende maak:

GEROOSTERDE HOENDERDYE MET KRUIE-EN-UIE-VULSEL

BESTANDDELE • 25 g botter, plus bietjie ekstra vir smeer • 1 klein ui, fyngekap • 50 g vars wit broodkrummels • 8 ontbeende hoenderdye • 1 e vars Italiaanse pietersielie, fyngekap

METODE 1. Voorverhit die oond tot 180 °C. 2. Smelt die botter in ’n kleefwerende pan en soteer die uie vir ’n paar minute tot glasig. Roer die broodkrummels en pietersielie by en geur na smaak met sout en peper. 3. Verdeel die vulsel tussen die hoenderdye – plaas die vulsel in die middel en vou die vleis toe, maak vas met ’n tandestokkie of twee om te keer dat dit oopgaan tydens die gaarwordproses. 4. Smeer ’n klein oondvaste

bak met botter en pak die hoenderdye daarin. Geur die buitekante met sout en swartpeper. Rooster nou in die oond vir ongeveer 35 minute – bedruip halfpad deur die kooktyd met die souse wat in die bak versamel. Die vleis is gereed wanneer die velletjies bros is en die hoender deurgaar is. Sit dit dadelik voor saam met ’n stysel van jou keuse en ’n lekker slaai. – Resep uit Just Five Ingredients deur Ainsley Harriot. Skandeer die volgende QR-kode vir nog drie variasies op die resep: 1. Bros Parmesaan-enpietersielie-hoenderdye 2. Eenvoudige hoenderbredie 3. Hoenderschnitzels met pietersieliebotter

Focaccia se oorsprong kan teruggetrek word na die antieke Mediterreense wêreld, waar eenvoudige platbrode reeds duisende jare gelede gebak is. Die brood word veral met Italië verbind, en die naam focaccia is afgelei van die Latynse woord focus, wat na ’n vuurherd verwys. Dit herinner aan die vroeë gebruik om brood op warm klippe of naby die kole van ’n vuur te bak. Deur die eeue het verskillende Italiaanse streke hul eie weergawes ontwikkel. Die stad Genua, in die Ligurië-streek, is vandag veral bekend om sy focaccia genovese, ’n dunner, olyfolieryke weergawe van die brood. Bykomende bronne: https://fablesandfocaccia. com/the-fable-behind-focaccia/; visitgenoa.it

FOCACCIA BESTANDDELE • 4 koppies (512 g) koekmeel • 2-3 teelepels (10-15 g) growwe sout (kosher-sout) • 2 teelepels (8 g) kitsgis • 2 koppies (455 g) lou water – meng ½ koppie kookwater met 1½ koppies koue water • 4 eetlepels olyfolie, verdeel • Growwe seesoutvlokkies, soos Maldon • 1–2 teelepels roosmarynblare, grofgekap of net van die takkies afgestroop METODE 1. Meng die meel, sout en kitsgis in ’n groot mengbak. 2. Voeg die lou water by en meng alles met ’n deegskraper totdat al die water geabsorbeer is en ’n klewerige deegbal vorm. 3. Bedek die bak en laat die deeg vir 30 minute rus. 4. Maak nou jou hande nat en vat die deeg aan die een kant vas. Trek die deeg opwaarts en vou dit na die middel toe. Herhaal hierdie proses 8-10 keer. Draai die bak sodat jy die hele deegbal kan bewerk. Jy sal agterkom hoe die deeg van klewerig na gladder en meer elasties verander. 5. Smeer die oppervlak van die deeg liggies maar deeglik met olyfolie en bedek die mengbak met ’n deksel (verkieslik) of kleefplastiek. 6. Plaas die deeg dadelik in die yskas en laat dit vir minstens 12 uur stadig rys (jy kan dit selfs drie dae in die yskas los). Belangrik: Maak seker die hele bokant van die deeg is met olyfolie bedek. Dit voorkom dat die deeg uitdroog en ’n harde kors vorm, veral as jy kleefplastiek gebruik. 7. Smeer ’n kleefwerende, reghoekige pan van ongeveer 23 × 33 cm deeglik met olyfolie. Gooi 2 ekstra teelepels olyfolie in die middel van die pan. 8. Gebruik twee vurke om die deeg liggies van die kante van die mengbak los te maak. Trek die

deeg na die middel toe en draai die bak telkens in die rondte totdat die deeg min of meer ’n bal vorm. 9. Plaas die deegbal in die voorbereide pan. Rol die deeg liggies in die olyfolie sodat dit oral bedek is. Laat die deeg vir 3 tot 4 uur by kamertemperatuur rys, afhangend van hoe warm jou kombuis is. Jy hoef nie die deeg tydens hierdie rysproses toe te maak nie. 10. Voorverhit die oond tot 220 °C en plaas die oondrak in die middel van die oond. 11. Gooi 2 eetlepels olyfolie oor die deeg en smeer jou hande ook liggies met olyfolie. Gebruik al jou vingers om diep kuiltjies regaf in die deeg te druk. Rek die deeg terselfdertyd versigtig uit indien nodig, sodat dit die pan vul. Sprinkel growwe seesoutvlokkies en gekapte roosmaryn oor die hele oppervlak. 12. Plaas die pan in die voorverhitte oond en bak vir 25-30 minute, totdat die brood goudbruin is en die onderkant bros en goudkleurig is. Haal die focaccia uit die oond en plaas dit op ’n afkoelrak. Laat dit vir minstens 10 minute afkoel voordat jy dit sny en voorsit. Wenk: Indien jy die focaccia horisontaal wil deursny om toebroodjies te maak, laat dit eers heeltemal afkoel. HOE OM FOCACCIA TE BÊRE Sodra die brood heeltemal afgekoel het: • Kamertemperatuur: Bêre dit in ’n lugdigte houer of sakkie vir tot drie dae. • Vrieskas: Vries dit vir tot drie maande. • Om weer op te warm: Verhit die brood vir ongeveer 15 minute teen 175 °C om die kors weer lekker bros te maak (of vir ’n minuut of twee in jou lugbraaier). Resepbron: alexandracooks.com.


Sake Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026

Jana Marx jana.marx@diepapier.co.za

D

ie nasionale tesourie glo Suid-Afrika het ’n sterk saak vir verdere verhogings in sy kredietgradering. Dié optimisme kom nadat Moody’s die jongste mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) positief vir die land se kredietwaardigheid bestempel het. “Ons glo ons het ’n sterk saak vir verdere kredietgraderingsverhogings. Hoe en wanneer hulle daarop reageer, berus natuurlik by hulle,” sê dr. Duncan Pieterse, die direkteur-generaal van die tesourie, in ’n onderhoud met Die Papier. Hy is gevra of hy dink Suid-Afrika kan in die nabye toekoms weer beleggingstatus by minstens twee van die drie groot internasionale kredietgraderingsagentskappe bereik, soos sommige ekonome voorspel. Moody’s gradeer Suid-Afrika se langtermynskuld in buitelandse valuta tans op Ba2 met ’n positiewe vooruitsig, S&P Global Ratings op BB met ’n positiewe vooruitsig en Fitch Ratings op BB met ’n stabiele vooruitsig. Dit beteken die land is by al drie agentskappe steeds twee kerwe onder beleggingstatus. S&P se gradering van Suid-Afrika se langtermynskuld in plaaslike valuta is egter BB+ – net een kerf onder beleggingstatus. “ ’n Land se fiskale posisie word reeds duidelik lank voordat kredietgraderingsagentskappe hul gradering verhoog, omdat hul prosesse só ontwerp is dat verbeterings in die staatsfinansies nie onmiddellik tot kredietgraderingsverhogings lei nie,” sê Pieterse. Hy wys daarop dat Suid-Afrika se staatseffekte reeds teen laer opbrengskoerse as dié van sommige

NÓG KREDIETGRADERINGSVERHOGINGS

Tesourie meen SA het ’n sterk saak

Foto: Getty Images

lande met beleggingstatus verhandel. Mexiko is volgens hom een voorbeeld. Volgens Pieterse het die verbetering in die land se fiskale geloofwaardigheid reeds tot laer staatsleningskoste en kapitaalkoste gelei, wat noodsaaklik is vir sterker investering en ekonomiese groei. GRADERINGSVERHOGINGS WINK Johann Els, die hoofekonoom by

“

Die indiening van konsepwetgewing vir ’n fiskale anker saam met die MTBR is positief vir die land se kredietwaardigheid. – Moody’s

PSG Financial Services, verwag dat sowel S&P Global Ratings as Moody’s Suid-Afrika se kredietgradering sal verhoog. Volgens hom kan minstens een van dié agentskappe by sy volgende geskeduleerde hersiening optree, terwyl die ander moontlik tot ná die Februarie 2027-begroting sal wag. Albei agentskappe se volgende hersienings is vir 27 November geskeduleer, terwyl Fitch Ratings

se volgende hersiening vir 11 Desember 2026 geskeduleer is. MOODY’S VERWELKOM BEGROTINGSDISSIPLINE Moody’s sê die MTBR is “positief vir graderings” en bevestig dat Suid-Afrika vordering maak met die stabilisering van sy staatsfinansies, ondanks hoër oliepryse, strenger monetêre beleid en swakker nominale ekonomiese groei as wat in Februarie verwag is. Die agentskap verwelkom veral die tesourie se verlaging van die gekonsolideerde begrotingstekortvooruitskatting vir 2026-’27 van 4% tot 3,9% van die bruto binnelandse produk (BBP), ondersteun deur ’n opwaartse hersiening van R17,1 miljard in verwagte belastinginkomste. Volgens Moody’s toon die MTBR dat die regering se primêre begrotingsurplus na verwagting van 1,2% van BBP in 2025-’26 tot sowat 1,6% in 2026-’27 sal styg. Die agentskap meen staatskuld het waarskynlik reeds ’n hoogtepunt bereik, maar waarsku dat hoë rentekoste steeds ’n groot struikelblok is. Rentebetalings het in die vorige boekjaar 18,8% van algemene staatsinkomste opgeslurp. Oor die voorgestelde fiskale anker sê Moody’s: “Die indiening van konsepwetgewing vir ’n fiskale anker saam met die MTBR is positief vir die land se kredietwaardigheid, omdat dit sal help om verantwoordelike fiskale beleid deur die verkiesingsiklus van 2027 tot 2029 te handhaaf en die aansienlike verbetering in die staatsfinansies ook ná die huidige regering se ampstermyn te behou.” Maar, “omdat dit nie ’n wetsoortreding is om ’n teiken mis te loop nie, sal die geloofwaardigheid van die raamwerk na ons mening afhang van die bestendige toepassing daarvan en die invloed van die Finansiële en Fiskale Kommissie (FFC).”


18

Die Papier Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026

Sake

SA landbou bly skitter met uitvoer Die Suid-Afrikaanse landbousektor het in die tweede kwartaal van 2026 ’n handelsurplus van R40 miljard behaal, wat ’n verbetering van 11,6% teenoor dieselfde tydperk verlede jaar is. Algehele landbou-uitvoer het R70 miljard bereik, wat 9,1% hoër is as in die tweede kwartaal van 2025, terwyl invoer met 6,4% toegeneem het. Dit blyk uit die jongste kwartaallikse landbouhandelsverslag, die eerste uitgawe wat gesamentlik deur AgriCulture South Africa (AgriSA) en die Agricultural Business Chamber (Agbiz) gepubliseer is. Tuinbou was die ruggraat van die kwartaal se uitvoerekonomie en was verantwoordelik vir 51,3% van landbou-uitvoere namate die sitrusseisoen begin het en suurlemoenuitvoer aansienlik

HAWENS BLY KNELPUNT Wolfe Braude, ’n vrugtebestuurder by Agbiz, beklemtoon dat logistieke ondoeltreffendheid by hawens steeds ’n knelpunt is, veral terwyl sitrusuitvoere toeneem en uitvoere van kernvrugte (appels en pere) nog aan die gang is. Die verslag belig verder positiewe verwikkelings in uitvoerdiversifikasie en marktoegang. In vergelyking met

dieselfde tydperk verlede jaar, het landbou-uitvoere na Viëtnam met 153% jaar-op-jaar toegeneem en China met 30%, ondersteun deur belastingvrye toegang vir Afrika-landbouprodukte na China vanaf 1 Mei. Die verlenging van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa) tot aan die einde van 2028 bied ook sekerheid op die kort termyn.

toegeneem het. Sterk prestasies is ook in mielies, ru-rietsuiker, skaapvleis en tabak behaal, terwyl die lewendehawe-sektor die grootste proporsionele beweging getoon het met ’n groei van 27,9% kwartaal-op-kwartaal. Terselfdertyd bly strukturele uitdagings bestaan. Suid-Afrika ervaar die mees omvattende

uitbreking van bek-en-klouseer in sy opgetekende geskiedenis, wat veroorsaak dat sleutelmarkte vir Suid-Afrikaanse rooivleis gesluit bly. Uitvoer na die VSA het met 28% afgeneem – deels omdat besendings vooruit na die eerste kwartaal voor tariefverandering verskuif is. – Redaksie

BEPERKINGS MOET OPGELOS WORD KI ONWELKOM BY BANKE ’n Vliegtuig is vandeesweek sigbaar teen die maan bo die JPMorgan Chase-gebou in Manhattan, New York. Verskeie groot Amerikaanse banke keer derdeparty- kunsmatige intelligensieagente om transaksies te doen. Dit kom na aanleiding van ’n verslag dat KI-agente toegang tot bankrekeninge kry en onafhanklik van gebruikersinstruksies optree. Foto: Angela Weiss, AFP

“Die tweede kwartaal se resultate toon ’n bedryf wat by ’n moeilike wêreldwye handelsomgewing aanpas. Uitvoerders vind nuwe markte, maar daardie winste sal slegs behoue bly as ons die beperkings binne ons beheer oplos,” sê Johann Kotzé, AgriSA se

uitvoerende hoof. Charmaine ka Makhaya, ’n Agbiz-navorser, wys daarop dat “hoewel gevestigde markte relatiewe stabiliteit vir Suid-Afrika se landbou-uitvoere bied, beklemtoon ontluikende geleenthede in Asië en die Midde-Ooste die

belangrikheid van markdiversifikasie. “Om uitvoergroei te handhaaf, sal afhang van die verbetering van marktoegang, die oplos van handelsversperrings en die versterking van SuidAfrika se mededingendheid in internasionale markte.”

Tweepot is die dood in die pot Heinrich Kruger BATEBESTUURDER

Om korttermynverpligtinge met langtermynbesparings te betaal, is waarskynlik een van die grootste foute wat ’n mens kan maak. Trouens, dit grens aan die dodelike gebruik om meer uit te gee as wat jy verdien. Albei is die glybaan wat ’n mens laat verval in die oneindige put van skuld, waaruit mense lewenslank probeer ontsnap en slegs die minderheid daarin slaag. Dit is albei gebruike wat mense se beursies leeg hou. Om finansieel onafhanklik te wees, moet jy skuldvry wees. Eers wanneer jy skuldvry is, kan jy jou beursie begin vet maak – en dan volg die finansiële onafhanklikheid. Die meerderheid mense op aarde, en ook in Suid-Afrika, is finansieel ongeletterd – of tree op asof hulle is. ’n Mens kan nie genoeg

herhaal nie dat slegs mense met ’n maandelikse inkomste van R25 000 en meer inkomstebelasting in Suid-Afrika betaal. Dit is minder as 5% van die bevolking. Dan is daar nog in Suid-Afrika die sogenaamde grys of onsigbare ekonomie wat deur vooraanstaande kundiges uitgewys word, maar deur die owerheid en andere afgemaak word. Dit is die ekonomie waar mense onder die radar van die owerheid sluikhandel dryf en waar miljoene rande se winste skynbaar gemaak word, sonder dat daar ’n sent belasting gehef word. Intussen gaan die staat gebuk onder ’n krimpende belastingbasis, wat nie standhoudend is nie. Die wettiging van voortydige onttrekkings uit pensioenfondse, genaamd die Tweepotstelsel, is myns insiens een van die grootste foute wat nog gemaak is ten opsigte van pensioenfondswetgewing. Dit stel mense in staat om hul pensi-

Illustrasie: Adobe Stock

MY BEURSIE SE LEWE oengeld te erodeer in ’n stadium van hul lewe waar hulle nog moet bou aan die kapitale basis van hul pensioen, jare voor die ouderdom van 55 jaar, wanneer hulle kan aftree uit dié fondse. Dit is dus in dié tydperk waar ons al voorheen gewys het dat hoe vroeër ’n mens die kapitaal kan bou, hoe gouer en langer begin jou kapitaal groei vanweë kapitale groei, dividende en rente. Deur daarvan te onttrek om korttermyngate in jou daaglikse begroting toe te stop – of erger nog om nienoodsaaklike luuks-

hede aan te koop – is fataal. Jou geleentheid om die kapitaal weer in jou pensioenfonds te vervang asook die kumulatiewe verloorde groei, is bykans onmoontlik. Ek praat nie eers van die uitermatige hoë koste, asook bykomende belasting, wat moet betaal word op die pensioengeld wat jy van jouself “steel” nie. In die afgelope tyd, terwyl die land se groeikoers kwalik 1% was en die bevolking se aanwaskoers 1,4% , het kleinhandel-verbruiksbesteding met 3,9% gestyg. Daar is deur Stanlib se ekonome berig dat dié geld hoofsaaklik uit onttrekkings weens die Tweepotselsel uit pensioenfondse gekom het.

Om dit erger te maak is dit aangevul met verhoogde skuld. Dit is na berig word gelykstaande daaraan dat die Suid-Afrikaanse verbruiker optree asof die land se ekonomie teen 4% groei, wat allermins die geval is. Alexander Forbes, die grootste pensioenfondsmaatskappy in Suid-Afrika, het in dieselfde tyd berig dat hul uitvloeie uit die sogenaamde tweede pot vanjaar al op R4,6 miljard te staan kom. Soos ek voorheen gesê het, as jy geld uit jou eie beursie haal, gaan jy eendag ’n verarmde oumens wees omdat jy jouself in jou jong dae beroof het. • Kruger is die besturende direkteur van Kruger Internasionaal- bate- en welvaartbestuur.


Geklassifiseerd

Vrydag 30 Oktober 2026 Die Papier

19


20 Die Papier Vrydag 30 Oktober 2026

Geklassifiseerd


Geklassifiseerd

Vrydag 30 Oktober 2026 Die Papier 21


22 Die Papier Vrydag 30 Oktober 2026

Geklassifiseerd


Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026 Die Papier

Skolesport

Stuur gerus skolesport se aksiefoto’s

Die Papier publiseer elke week ’n fotoblad met verskeie skolesportsoorte. Skole, ouers, leerders en fotograwe word dus genooi om sportfoto’s vir moontlike publikasie aan te stuur.Alle fotograwe sal erkenning kry en

mag ’n kontaknommer, e-posadres of webwerf-adres saam met die foto’s laat publiseer. VEREISTES: Foto’s moet in JPG-formaat en

minstens 1MB groot wees. Onderskrifte moet so volledig as moontlik wees en moet die volgende inligting insluit: • Die volle name van spelers of

atlete, bv. Louis Oosthuizen en nie net L. Oosthuizen nie. • Die betrokke span se skool of klub se naam. • Waar en wanneer die

kragmeting plaasgevind het. • Die uitslag. • Ouderdomsgroep. • Die naam van die toernooi, indien van toepassing. • Die fotograaf se naam en van. Stuur alle foto’s na: skole@diepapier.co.za.

MENLOPARK SE SWEMGALA Hayleigh Sutherland (o.15) van die Hoërskool Menlopark het onder meer aan die 200 m-wisselslag-, 50 m-vlinderslag- en 200 m-vryslagaflos-items deelgeneem.

AUCTION IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA FREE STATE DIVISION, BLOEMFONTEIN In the matter between: FIRSTRAND BANK LIMITED

CASE NUMBER: 3978/2024 EXECUTION CREDITOR

and JULIAN VISSER

Christiaan Bornman (17) van die Hoërskool Menlopark het aan sy skool se uitnodigingsgala deelgeneem. Foto’s: Charmaine Visser

EXECUTION DEBTOR

NOTICE OF SALE IN PURSUANCE OF A JUDGMENT of the abovementioned Court and a Writ for Execution issued thereafter, the under mentioned property will be sold in execution on the 18th of NOVEMBER 2026 at 10h00 AM by the Sheriff of the High Court XHARIEP at the sheriff’s office Bloemfontein West situated at 6A THIRD STREET, ARBORETUM BLOEMFONTEIN WEST, FREE STATE to the highest bidder. AUnit consisting of – (a) Section No. 13 as shown and more fully described on Sectional Plan No. SS41/2013, in the scheme known as GARIEP AFTREEOORD in respect of the land and building or buildings situated at VERWOERD DAM KOPANONG LOCAL MUNICIPALITY of which section the floor area, according to the said sectional plan, is 62 (SIXTY TWO) SQUARE METERS in extent; and

BLINK TOEKOMS WINK VIR BOETIES Twee broers van die Curro Hillcrest Academy in Durban, Gabriel (8, inlas) en Grayson Howard (11), spog met besondere sporttalent. ’n Blink toekoms word vir hulle voorspel deurdat hulle in krieket, rugby, sokker, hokkie en atletiek uitblink. Gabriel is in gr. 2 en Grayson in gr. 5.

(b) An undivided share in the common property in the scheme apportioned to the said section in accordance with the participation quota as endorsed on the said sectional plan. Held by the DEED OF TRANSFER NUMBER ST15973/2019 AND SUBJECT TO THE CONDITIONS AS SET OUT IN THE AFORESAID DEED. (Better known as UNIT 13 OF THE SECTIONAL TITLE SCHEME, GARIEP AFTREEOORD, FREE STATE and hereinafter referred to as “the mortgaged property”) THE PROPERTY IS ZONED: RESIDENTIAL The property is situated at UNIT 13, GARIEP AFTREE OORD, FREE STATE and consist of 1 X LOUNGE, 1 X KITCHEN, 2 X BEDROOMS, 1 X BATHROOM. Nothing in this regard is guaranteed. 1. The sale shall be subject to a reserve price of R285 000.00. 2. The sale shall be subject of the terms and conditions of the High CourtAct and the Rules made thereunder. 3. The Purchaser shall pay a deposit of 10% (TEN PERCENT) of the purchase price and the auctioneer’s commission in cash immediately after the sale and the balance against transfer to be secured by a Bank or Building Society Guarantee, to be furnished to the Plaintiff’s attorneys within 21 (TWENTY ONE) days after the date of sale, to be approved by the Plaintiff’sAttorneys. 4. Transfer shall be effected by the attorneys for the Plaintiff and the Purchaser shall pay all transfer dues, including transfer duty, current and/or arrear levies/rates and/or Value Added Tax and other necessary charges to effect transfer upon request by the sale attorneys. 5. The property may be taken possession of after signature of the conditions of sale, payment of the Deposit and upon the balance of the purchase price being secured in terms of condition 4. 6. Should the purchaser receive possession of the property prior to registration of transfer of the property into the name of the purchaser, the purchaser shall be liable for occupational rental at the rate of 1% of the purchase price per month from date of occupation to date of transfer. 7. The full conditions of sale and rule of auction may be inspected at SHERIFF’S OFFICES, 6A THIRD STREET, ARBORETUM BLOEMFONTEIN WEST, FREE STATE and at 12 DAVID STREET TROMPSBURG. a. Registration as a buyer is a pre-requisite subject to conditions, inter alia: a) Directive of the Consumer Protection Act 68 of 2008 (URLhttp://www.info.gov.za/view/DownloadfileAction?id=99961) 8. The auction will be conducted by the Sheriff or her deputy. 10 All bidders are required to present their identity documents together with their proof of residence for FIC compliance. 11. Advertising costs at current publication tariff and sale costs according to court Rules will apply. DATED at MBOMBELA this 4TH day of SEPTEMBER 2026. ______________________________________ SEYMORE DU TOIT & BASSON ATTORNEYS Plaintiff’s Attorneys 12 Murray Street Nelspruit, 1200 Docex 42, Nelspruit Tel.: (013) 752 4459 E-mail: mahall@sdblaw.co.za Ref.: Melissa Maritz/mh/FV0082 CARE OF PHATSOANE HENNEY INC 35 Markgraaff Street Bloemfontein Tel: 051 400 4005 REF: FJH LE RICHE/274409 NM10077700-BX291026

CEDERBERG MUNISIPALITEIT • UMASIPALA • MUNICIPALITY

TENDER NUMBER: CED 23/2026-2027

PROVISION OF PROFESSIONAL ENGINEERING SERVICES FOR VARIOUS PROJECTS FOR A MULTI – YEAR PERIOD ENDING 30 JUNE 2029 NOTICE NO: 284/2026 Tender documents, in English, will be available from Friday, 30 October 2026, at the reception of Cederberg Municipality, 2A Voortrekker Street, Clanwilliam, during office hours (Monday to Thursday: 08:00–16:00 and Friday: 08:00–14:00). Alternatively, documents may be requested via email from Anneke Januarie at Cederberg Municipality (Tel: 027 482 8000 / Email: annekej@cederberg.gov.za). Documents will be provided electronically upon receipt of proof of payment of the tender participation fee. A non-refundable tender deposit of R1140.00 (VAT inclusive) is payable. The amount must be deposited into the Standard Bank account of Cederberg Municipality: Account Number: 082163324; Branch Code: 050106; Reference: CED 23/2026-2027 – Company Name Proof of payment must be provided when requesting or collecting tender documents. Tenders in sealed envelopes, clearly endorsed: “TENDER NO: CED 23/20262027: PROVISION OF PROFESSIONAL ENGINEERING SERVICES FOR VARIOUS PROJECTS FOR A MULTI- YEAR PERIOD ENDING 30 JUNE 2029”, must be deposited in the Tender Box at the Main Building of Cederberg Municipality, 2A Voortrekker Street, Clanwilliam. Bids may only be submitted on the official bid documentation issued by Cederberg Municipality. The closing date and time for tender submissions is Tuesday, 01 December 2026, at 12:00. Late submissions will not be accepted. Tenders will be opened immediately thereafter in the Supply Chain Management Committee Room, Clanwilliam Administration. The Municipality reserves the right to withdraw any invitation to tender and/or to re-advertise or reject any tender, or to accept a part thereof. The Municipality is not bound to accept the lowest or any tender. Technical enquiries may be directed to Mr. H. Wilson at Tel: 027 482 8000 or Email: hiltonw@cederberg.gov.za G MATTHYSE MUNICIPAL MANAGER

Cederberg Municipality Private Bag X2 CLANWILLIAM 8135 158028 www.ayandambanga.co.za

23

DIE TWEE ‘PARKE’ SE ATLETIEKBYEENKOMS Die laerskole Elarduspark en Wierdapark in Pretoria het onlangs ’n atletiekbyeenkoms gehou. Bo is Clarese Kruger (gr. 6) van die Laerskool Elarduspark in aksie tydens haar poging in die verspring.


24

Die Papier Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026

Sport

Die Rooi Duiwels moet nou walgooi teen Chelsea Manchester United se seisoen dreig om in ’n nagmerrie te ontaard wanneer hulle môre op Stamford Bridge teen Chelsea te staan kom. Die Rooi Duiwels het verlede Sondag met 3-0 teen Bournemouth vasgeval en sit ná agt wedstryde in die Engelse Premierliga in die 16de plek – net een punt bo die relegasiesone. Michael Carrick se posisie

as afrigter is toenemend onder druk. United het sedert 30 Augustus nie ’n ligawedstryd gewen nie, terwyl onenigheid oor taktiek en swak vertonings die onrustigheid by Old Trafford vererger. Vir United is die boodskap eenvoudig: ’n Nederlaag teen Chelsea sal die druk op Carrick verder verhoog. Die klub se ondersteuners wag nie meer

bloot op ’n goeie vertoning nie; hulle soek tekens dat die span weer ’n duidelike rigting het. Die naweek se grootste kragmeting vind egter Sondag op Anfield plaas wanneer Liverpool en Arsenal mekaar die stryd aansê. Arsenal het Everton met 2-0 geklop en is tweede op die punteleer; gelyk op 21 punte met Manchester City. Liverpool, vierde met 15

punte, sal hul opwaartse momentum ná hul oorwinning oor Brighton wil voortsit. Manchester City bly boaan die punteleer ondanks hul eerste nederlaag van die seisoen teen Aston Villa. Pep Guardiola se span sal môretuis teen Brighton wil terugslaan, maar die besoekers is derde en het reeds gewys hulle is ’n bedreiging vir eni-

ge teenstander. Tottenham se kragmeting met Crystal Palace is nog ’n interessante vooruitsig, terwyl Aston Villa en Fulham môreaand slaags raak. Bournemouth en Leeds, asook Brentford en Nottingham Forest, pak intussen belangrike wedstryde aan, wat die middelste en onderste deel van die puntelys kan beïnvloed. – Sportredaksie

Dalk dié naweek tyd vir Kimi se feesvieringe? Fritz Klaaste sport@diepapier.co.za

Die Northam Rhinos vier hul eerste titel in die Gouebeker-klubrugbyreeks verlede Sondag in Durban. Foto: Gallo Images

Rhinos se eerste titel; klubrugby groei steeds sterk

D

arryn Fortuin is die held van die Northam Rhinos (Limpopo) se verhaal wat sy span se eerste Gouebekertitel vir klubrugbyspanne besorg het – dít alles ’n volle dekade nadat hulle in 2016 die eerste keer aan die toernooi deelgeneem en sonder ’n oorwinning geëindig het. Dit was Fortuin se strafskop in die 77ste minuut verlede Sondagmiddag wat die tuisspan van College Rovers met 22-20 in Durban omgedop het. Vir Rovers, wat met ’n puik terugvegpoging drie minute voor die eindfluitjie met 20-19 voorgeloop het, was die nederlaag hul vierde in ’n eindstryd sedert die Gouebeker-era in 2013 aangebreek het. Dit het ook aan die Rhinoskaptein en agtsteman, Chaney

Willemse, ’n ideale afskeid besorg. Die eindstryd was waarskynlik die 33-jarige se laaste wedstryd voordat hy sy stewels wegbêre. Albei spanne verdien egter lof vir die lewering van een van die beste eindstryde in jare – voor ’n stampvol stadion. Die toernooi hou aan groei en die gewildheid én sukses daarvan word in die syfers weerspieël. Dit volg op data wat toon dat deelname op klubvlak landwyd tussen 2024 en 2025 met byna 14% toegeneem het. Suid-Afrika het nou bykans 120 000 geregistreerde klubspelers oor 15 provinsiale rugbyunies. Rhinos se oorwinning het hulle ook ’n besonderse driekuns besorg: Hulle het vroeër vanjaar die Sibanye-liga vir klubs uit die noordelike unies gewen, asook die Goue

Leeus se Grand-uitdaagreeks. Van Wellington tot Witrivier, Kathu tot Kariega en Saldanha tot Setaria sal vanjaar se toernooi ook onthou word vir rugby van hoogstaande gehalte. Die toernooi se aanlynteenwoordigheid het ook merkbaar gegroei. Die amptelike Gouebeker-bladsye op Facebook en Instagram het die afgelope maand gesamentlik drie miljoen kyke opgelewer. Die gewilde trofeetoere, wat verlede jaar begin het met besoeke aan Pick n Pay-winkels in Robertson, Kariega, Thabazimbi en Claremont, het in 2026 van krag tot krag gegaan. Ondersteuners van plekke so ver uitmekaar as Wellington, Witrivier, Brakpan, Pacaltsdorp, Saldanha en Durban kon hul foto's saam met die ikoniese trofee laat neem. – Sportredaksie

Vanjaar se Formule Een-sirkus skuif hierdie naweek na Mexikostad, waar die kampioenskap die eerste keer werklik tot ’n crescendo opbou. Ná ’n indrukwekkende vertoning in Austin, Texas, in die Amerikaanse Grand Prix, waar Kimi Antonelli sy naaste teenstander, Charles Leclerc, met ’n stewige marge geklop het, is die 20-jarige Mercedes-ster nou binne ’n aks van sy eerste en historiese wêreldtitel. Die Circuit of The Americas het weer eens ’n naweek vol verrassings opgelewer, maar die groot storie was Antonelli se volwassenheid en kalmte onder druk. Hy het Ferrari se Leclerc met 13 sekondes geklop en daarmee sy een hand letterlik op die kampioenskapstrofee geplaas. Ferrari het egter rede tot optimisme en elke tree vorentoe is ook ’n sprong met die oog op volgende jaar. Leclerc het ná die wedren erken dat hy in sy motor “iets ontsluit het” en voel dat hy weer in staat is om vir oorwinnings te veg voordat die seisoen tot ’n einde kom. Sy tweede plek in Austin, ná ’n vurige geveg met Max Verstappen en Lando Norris, het die opwindende renjaer van Moncao se selfvertroue duidelik gestuif. Verstappen (Red Bull), wat die hele naweek sy eie binnegevegte

gevoer het, bly ’n faktor, wat Antonelli se titelpad kan kompliseer – veral op ’n baan waar Red Bull tradisioneel sterk is. Die nuus uit die Red Bullkamp is egter minder rooskleurig. Laurent Mekies, die spanhoof, het bevestig dat die span se aanhoudende probleem met die wegspring eers volgende jaar opgelos sal kan word. Dit is ’n probleem wat Isack Hadjar se wedren in Austin direk beïnvloed het toe hy van derde op die wegspringrooster na vyfde teruggesak het. Dit laat die span kwesbaar op ’n baan waar ’n goeie wegspring kritiek is. Mexiko bring sy eie uitdagings – die dun lug op 2 200 meter bo seevlak, die lang pylvakke en vloeiende esse wat lae sleurkrag beloon, en die tegniese sportstadion wat perfeksie vereis. Mercedes behoort hier sterk te wees, maar Ferrari se nuwe klou-voordeel kan hulle weer na die voorpunt neem. Hamilton se aanval op Verstappen was byna verdoemend in Austin – hy was slegs een sekonde agter die Nederlander. Antonelli het verlede naweek in Austin bewys hy kan die druk hanteer en hy is nie net ’n gelukkige hierjytjie nie. Mexiko kan die plek wees waar hy die titel verseël – mits Leclerc se herontdekte vorm die tequilabottel laat breekval en Red Bull hul enjin uitsorteer vir ’n rooirissie-chili- con carne op Antonelli se bord.

Kimi Antonelli van Mercedes vier sy F1-oorwinning in Austin, Texas. Foto: Mario Renzi, Getty Images


Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026 Die Papier

Sport

Aussies maak droog op Nuweland Stehan Schoeman sport@diepapier.co.za

D

it gaan dr. Ali Bacher, ’n voormalige kaptein van Suid-Afrika se krieketspan, se verstand te bowe waarom Australië nie gekies het om eerste in die derde en laaste toets in Kaapstad te kolf nie. Die Proteas kon bloot op dié swak beslissing van die Aussiekaptein Pat Cummins as gunsteling beskou word om die toets én reeks te wen. Bacher het aan Die Papier gesê dis ’n gegewe en algemene kennis as jy die loot op Nuweland wen om eerste te kolf. “Ek sal graag wil hê een van die Australiërs moet die besluit aan my verduidelik. Die feit

dat hulle sleg op St. George-park in Gqeberha verloor het, sou jy dink hulle sou van die warm weer met min wind op ’n goeie blad wou kolf. Daar was nie baie gras op die blad nie. Daai besluit kan hulle nog duur te staan kom. “Daar is sekere dinge op Nuweland wat nie onderhandelbaar is nie. Die een ding is die suidooster wat van Muizenberg se kant stad toe waai. Jou draaibalbouler sal altyd van die Kelvin Grove-kant in die wind in boul.” Die geskiedenis wys dat draaiers uitstekend vaar in die Kaap. Dit is veral die geval op dae drie, vier en vyf van ’n toets. “Dis wanneer die blad ’n bietjie agteruitgaan en met tye kry jy ongelooflik baie draai en hier en daar oneweredige wip.” Aiden Markram en Marques

Drie oorsese spanne vir oulaas op pad na Velodrome

Marques Ackerman speel ’n trekhou op die eerste dag op Nuweland. Foto: Ashley Vlotman, Gallo Images

Ackerman het die situasie uitgebuit en 158 lopies om die eerste paaltjie aangeteken. Dit was die Proteas se eerste 100-lopie-vennootskap om die eerste paaltjie sedert Dean Elgar en Markram se 243 lopies teen Bangladesj in 2017. “Toe ek daai vennootskap van Aiden (78, 141 b) en Marques (95, 94 b) sien, toe dink ek hier kom minstens 400 lopies, maar dis die ding van toetskrieket. Dinge kan in ’n oogwink verander,” sê Bacher.

Die Proteas het gereeld paaltjies gebloei en nie weer momentum in die kolfbeurt gekry nie. Suid-Afrika was almal uit vir 329 lopies in die eerste beurt. As die blad sy nukke begin wys soos histories die geval is, gaan die Protea-draaier Simon Harmer moontlik ’n groot rol in die uitslag van die toets speel. Teen druktyd gistermiddag op die derde dag net ná middagete was die Aussies op 425/9 in hul eerste beurt met ’n voorsprong van 96 lopies.

Bok-vroue kan Ierland môre omdop Hennie Koortzen sport@diepapier.co.za Die enigste verskil tussen Ierland en die Springbokvrouespan is ervaring. Dít is die mening van Jakkie Cilliers, een van Suid-Afrika se veelsydige agterspelers. Die span kry Saterdag weer ’n kans in die Athlone-stadion in Kaapstad om die bordjies te verhang ná verlede naweek se 27-40 nederlaag in hul WXVwedstryd. Cilliers het aan Die Papier gesê hulle is deeglik bewus waar dinge skeefgeloop het. “Die Iere het nie regtig ’n

spesiale span nie. Die vyf drieë wat ons teen hulle gedruk het, is ’n bewys daarvan. Hul losskakel, Dannah O’Brein, beskik oor ’n goeie skopvoet en dit het hulle gereeld op die voorvoet geplaas. “Ons het veral in die tweede helfte nie in die regte gebiede gespeel nie en te veel foute begaan. Ons het met die bal in hand te veel hanteerfoute gemaak en strafskoppe afgestaan en hulle het dit uitgebuit. “Ons sal in die naweek se toets meer op onsself en ons spelpatroon wil fokus. Ons moet eenvoudig in die regte gebiede speel en minder onnodige foute maak.”

Jakkie Cilliers Foto: Gallo

Die mede-afrigter van die span, Laurian Johannes-Haupt, was vol lof vir die besoekers en

het gesê hulle is ’n goed afgerigte span wat die basiese dinge goed uitvoer met goeie vaardighede. “Dis veral by die afbreekpunte waar ons by hulle kan leer. Hul balhantering en vermoë om balbesit deur baie fases te behou, is ook goed. “Wat ons vertoning betref, het ons het geweet hoe ons in die eerste toets wou speel, maar nie altyd daarin geslaag om ons planne deur te voer nie. Ons sal in Saterdag (môre) se toets by die afbreekpunte beter wil vaar.” Die afrigter het gesê hulle is gelukkig dat die spelers in verlede naweek se toets geen beserings opgedoen het nie.

Monnas en Garsies beloon vir puik jaar Hannes Nienaber sport@diepapier.co.za

Monument en Garsfontein was die klinkklare wenners tydens die grootste skolerugbykompetisie ter wêreld, die Virseker Noordvaalbeker, se jaarlikse prysuitdeling. Albei skole het vyf spelers elk in die span van die toernooi gehad. Die span word gekies met die hulp van Statspro se ontledings. Boonop is Jannie du Plessis en Reinhard Gerber van Monnas met die toekenning van Afrigter van die Jaar beloon. Monument het die algehele Beker-afdeling gewen en is die kampioen op eerstespanvlak nadat hy Waterkloof met 52-22 in die eindstryd van die toernooi geklop het. Die Noordvaal-span het twee spelers in sy geledere, Stefan van der Vyver (haker) en Ruben

DIE NOORDVAAL SE SPAN VIR DIE JAAR 15 Drewyn Baron (Garsfontein), 14 Yuvrah George (Garsfontein), 13 Duwayne Zeekoei (EG Jansen), 12 Juandré Ehlers (Monument), 11 Ruan Genis (Monument), 10 Jaydon Viljoen (Monument), 9 Morné Noble (Monument), 8 Ryno van der Westhuizen (Monument), 7 Stefan Pieters (Waterkloof), 6 MJ Otto (Hoërskool Rustenburg), 5 Robert Hurn (Noordheuwel), 4 JJ Fourie (Garsfontein), 3 Ruben Lombaard (Garsfontein), 2 Stefan van der Vyver (Garsfontein), 1 Ruben Botes (Noordheuwel) Lombaard (vaskopstut), wat ook vroeër vanjaar die Suid-Afrikaanse Skole-span verteenwoordig het. Albei is van Garsies. Die ander drie Garsies wat dié Noordvaal-span gehaal het, is Drewyn Baron (heelagter), Yuvrah George (vleuel) en JJ Fourie (slot). Baron het wel die SA Skole A-span na afloop van die Cravenweek gehaal. Die vyf Monumentare in die Noordvaal-

25

span is Morné Noble (skrumskakel), Jaydon Viljoen (losskakel), Juandré Ehlers (binnesenter), Ryno van der Westhuizen (agtsteman) en Ruan Genis (vleuel). Viljoen en Genis was saam met Baron in die SA Skole A-span, wat die nasionale skolespan geklop het. Viljoen was ook die voorste puntemaker in vanjaar se toernooi met 126 punte, terwyl sy skakelmaat Noble met

15 drieë die voorste driedrukker was. Twee spelers wat die SA Skole A-span verteenwoordig het – Ruan Fluks (Garsfontein, losskakel) en Shaye Lourens (Helpmekaar, binnesenter) – kon nie die Noordvaal-span haal nie. Garsfontein se blitsige vleuel Yuvrah George, wat die Cravenweek weens ’n besering misgeloop het, se drie teen Noordheuwel is as die Drie van die Jaar aangewys. Nog drie afrigters is by die geleentheid vir hul spanne se uitsonderlike seisoene beloon – Christiaan Burger (Centurion), Corstiaan Vermaak (die Hoërskool Pietersburg) en David Gouws (Zwartkop). Henry Verster (Midstream College) en Hennie Muller (die Hoërskool Klerksdorp) het erkenning ontvang vir vyf jaar diens in die Noordvaal-bestuur.

’n Sterk Switserse baanfietsryspan sal op Vrydagaand 13 November deel wees van die verrigtinge wanneer amptelik van die Bellville Velodrome afskeid geneem word. Die deelname van ewe sterk Britse en Belgiese spanne om teen die room van Suid-Afrika in aksie te wees, is ook op pad. Die teenwoordigheid van dié twee spanne sal groot nostalgie onder Suid-Afrikaanse ondersteuners van dié sport teweeg bring. Met die eerste byeenkoms in die Velodrome in Maart 1992, was dit die Engelse en Belge wat die land ondersteun het met die einde van Apartheid in sig. Die Switsers se aanslag sal gelei word deur Alex Vogel, wat vanjaar by die Europese kampioenskap in Februarie in Turkye die gewilde scratch-wedren gewen het. Die ander lede van die span is Max Priemer, Pascal Tappeiner, Luca Bühlmann, Mats Poot en Noa Gremaud. Die suksesvolle en gewilde Franco Marvulli is die spanbestuurder. Wat egter opmerklik is, is hoe die organiseerders die swanesang van die Velodrome saamgestel het. Twee van die items, die 1500 m- en die 400 m-naelrit, is suiwer Suid-Afrikaanse uitvindings met wedrenne, wat nie in ander dele van die wêreld gehou word nie. Die 1 500 m veral, was en sal altyd, ’n groot gunsteling onder Suid-Afrikaanse ondersteuners bly. Die 400-m-naelrit, waar lootjies getrek word om jou posisie by die wegspring te bepaal en waar die helper met die beste stoottegniek vir ’n deelnemer die voordeel kan bewerkstellig, is lanklaas gesien. Die ander items is die internasionaal erkende 1 000 m-naelrit, die uitvalwedren en ook die 20 km-Madison. Dit is veral in dié drie renne waar die Europeërs die oorhand behoort te hê. Die samestelling van die Switserse span herinner sterk aan die 1982-byeenkoms toe ’n baie sterk span in Suid-Afrika in ’n reeks van drie toetse teen ’n Springbokspan deelgeneem het. Die Suid-Afrikaners het die reeks teen die verwagting met 3-0 beklink. Besprekings kan gedoen word deur Chris Willemse (083 640 4823) of Annerika Engelbrecht (082 776 7220) te kontak. Die ren begin om 19:00. – Colin Hoffmann


26 Die Papier Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026

Sport

VRK: Matfield en Kitsie verskil oor gehalte

Die 19-jarige heelagter van die Sharks, Zekhethelo Siyaya, glip verby Cardiff se Liam Belcher verlede Vrydagaand in Wallis. Foto: Gareth Everett, Gallo

“ D Hennie Koortzen sport@diepapier.co.za

ie voormalige Springbokke Victor Matfield en Steven Kitshoff stem saam oor baie dinge van die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) – maar nie oor die gehalte van dié toernooi nie. Albei oud-Bokke het met Die Papier gesels voor die naweek se vyfde ronde en het uiteenlopende menings. Matfield reken die gehalte is nie so hoog soos wat hy dit graag sal wil sien nie. “Jy moet onthou die oorsese spanne het nie volsterkte spanne hierheen gestuur nie. Namate die kompetisie vorder, sal sterker spanne gekies word, want almal besef indien jy die kompetisie wil wen, moet jy in halfeind- en eindstryde tuis speel.” Kitshoff het gesê die “kompetisie is die sterkste nog” en “waar in die verlede gevoel is ons spanne vaar nie goed oorsee nie, het die Sharks die teenoorgestelde teen Cardiff bewys”.

Namate die kompetisie vorder, sal sterker spanne gekies word, want almal besef indien jy die kompetisie wil wen, moet jy in halfeind- en eindstryde tuis speel.

Victor Matfield, voormalige Springbok-kaptein.

“Die plaaslike spanne is met die terugkeer van hul Springbokke ook besig om hul beste spelpeil vinnig te vind. Wat ons spanne betref, is die Bulls een van die sterkste spanne in die kompetisie. Hul vaste fasette, verdediging en hoe hulle aanval, maak van hulle ’n gevaarlike span vanjaar. “Die Stormers is warm en koud en hul verdediging en lynstaanspel het tot dusver nogal gelol. “Die Sharks het – met die uitsondering van die wedstryd teen die Stormers – goed vertoon en is gewis sterker as wat hulle in

vorige seisoene was. “Die Lions sukkel onder moeilike emosionele omstandighede met spelers wat in dié stadium liewer by die huis sal wil wees.” Matfield is dit eens dat die Lions ná die dood van hul slot Hyron Andrews in Frankryk deur ’n moeilike tydperk gaan. “Die Lions gaan deur ’n uitdagende tyd met wat in die kamp gebeur het. Hul selfvertroue het teen die Bulls op Loftus Versfeld ’n knak gevat. “Ek dink die Sharks het tot dusver goed gelyk met ’n kombinasie van jeug en ervare spelers, wat goed vir hulle werk. “Die Stormers lyk by tye baie gevaarlik, maar is baie wisselvallig en sal meer bestendig moet vertoon en foute beperk. Die Bulls speel goeie rugby, maar sal in die 22 m-gebied van hul teenstanders meer klinies moet wees en geleenthede in punte moet omskep, terwyl hulle skerper op verdediging sal moet wees.” Verskeie spelers het vir die twee SuperSport-kommentators tot dusver uitgestaan. Matfield sê die Stormers se vaste vyf is indrukwekkend,

“

Die kompetisie is die sterkste en waar in die verlede gevoel is ons spanne vaar nie goed oorsee nie, het die Sharks die teenoorgestelde teen Cardiff bewys. Steven Kitshoff, voormalige Springbok-stut.

terwyl Paul de Villiers deurgaans goeie rugby opdis. “Die Sharks-senter Jurenzo Julius en die jong, veelsydige Zekhethelo Siyaya kom baie goed deur. “Vir die Bulls maak Cameron Hanekom ook ’n groot impak en Sebastian de Klerk, Cheswill Jooste en Luan Giliomee vorm ’n indrukwekkende agterste drie.” Kitshoff stem saam dat veral Hanekom en De Villiers tot dusver die oog gevang het. Wat die naweek se wedstryde voor die November-pouse betref, het Kitshoff gesê Ulster het

goeie oomblikke teen die Bulls gehad en die Stormers behoort te wen, maar sal op hul beste moet wees. Matfield stem saam dat die Stormers teen Ulster meer klinies moet wees, maar hulle behoort voor hul tuisskare te wen. Hy voorspel ’n moeilike wegwedstryd vir die Sharks. “Munster het goed gelyk teen Leinster, maar die Sharks se selfvertroue behoort ná verlede week se vertoning goed te wees.” Kitshoff beaam dit. “Munster is ’n gewonde span ná hul nederlaag teen Leinster en André Esterhuizen se besering gaan dit vir die Sharks nog moeiliker maak. Wat die Bulls betref, behoort hulle ver teen Scarlets op Loftus te wen.” Matfield stem saam. “Die span van Pretoria behoort maklik teen Scarlets te wen as hulle hul momentum behou en beter afrond.” Die twee oud-Bokke reken die Glasgow Warriors het te veel skietgoed vir die Lions om die wedstryd te wen. Die sesde ronde hervat op Vrydag 4 Desember.

Kane is eerste Engelsman in 25 jaar Die Engelse sokkerster Harry Kane, wat Maandagaand die gesogte Ballon d’Or vir die wêreld se beste speler die eerste keer in sy loopbaan gewen het, het nou nuwe doelwitte in sy visier. Sy onmiddellike doelwit is glorie in die Kampioeneliga en om Engeland se wendroogte in groot internasionale toernooie te breek. Kane is die eerste Engelse speler in 25 jaar wat met

die toekenning wegstap nadat hy Kylian Mbappe en Lamine Yamal om die titel geklop het. Michael Owen was die laaste Engelsman wat die titel in 2001 gewen het. Die 33-jarige ster het verlede seisoen ’n merkwaardige 73 doele in 65 wedstryde vir sy klub en land aangeteken toe hy Bayern Munich tot die Duitse liga- en bekerdubbel aangevuur het. “Dis ’n droom wat waar

geword het. Ek het dit nie in my wildste drome verwag nie. Dis net ongelooflik. Ons het te lank vir die trofee gewag, maar nou is ons terug in die kollig. Ek is baie trots,” sê Kane. Hy is Engeland en Tottenham se grootste doelskieter van alle tye, maar sy versameling trofeë is beperk weens Duitse klubverpligtinge sedert hy in 2023 by Bayern aangesluit het. – AFP

’n Reuseskerm in Londen het Harry Kane, die kaptein van die Engelse sokkerspan, vertoon nadat hy Maandag as die beste manssokkerspeler ter wêreld aangewys is. Foto: Leon Neal, Getty Images


Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026 Die Papier

Sport

27

‘Rassie vat raak,’ sê Heyneke

Stehan Schoeman en Hennie Koortzen sport@diepapier.co.za

SPRINGBOK-TOERGROEP

S

es groentjies is te danke aan beserings deel van Rassie Erasmus, die Springbokafrigter, se 37-speler-toergroep vir die laaste deel van die Nasieskampioenskap. Luan Giliomee, Sebastian de Klerk, Markus Muller, Emmanuel Tshituka, Riley Norton en Yaqeen Ahmed kan almal dalk hul eerste smakie van toetsrugby te wagte wees. Die Bok-ysters Cheslin Kolbe (vleuel), André Esterhuizen (senter, flank), Handré Pollard (losskakel) en Eben Etzebeth (slot) bly almal weens beserings tuis. Giliomee, Muller en Ahmed was vroeër vanjaar in Gqeberha in aksie vir die SA A-span teen Zimbabwe. Norton het ure later vir die Bokke teen die Barbarians uitgedraf. Siya Kolisi, Pieter-Steph du Toit, Damian de Allende, Malcolm Marx en Cobus Reinach se ervaring sal kalmte vir die nuwelinge bring. Heyneke Meyer, ’n voormalige Bok-afrigter, reken Erasmus het raakgevat met die toergroep. “In plaas van gemiddelde spelers het Rassie ’n paar ongelooflike jong spelers gekies, wat hy ’n kans wil gee.

Voorspelers: Thomas du Toit, Ox Nché, Wilco Louw, Ntuthuko Mchunu, Zachary Porthen, Gerhard Steenekamp, Malcolm Marx, Jan-Hendrik Wessels, Lood de Jager, Salmaan Moerat, Ruan Nortjé, Riley Norton, Franco Mostert, Paul de Villiers, Siya Kolisi, Cameron Hanekom, Emmanuel Tshituka, Jasper Wiese, Pieter-Steph du Toit, Marco van Staden. Agterspelers: Cobus Reinach, Morné van den Berg, Grant Williams, Yaqeen Ahmed, Sacha Feinberg-Mngomezulu, Luan Giliomee, Manie Libbok, Damian de Allende, Jesse Kriel, Markus Muller, Canan Moodie, Sebastian de Klerk, Aphelele Fassi, Ethan Hooker, Edwill van der Merwe, Kurt-Lee Arendse, Damian Willemse.

Riley Norton vroeër vanjaar in aksie vir die Springbokke teen die Barbarbians. Foto: Anton Geyser, Gallo Images

“Ek hou van die samestelling van die groep, wat steeds oor genoeg diepte en ervaring beskik. Daar is soveel talent in ons land en met hierdie groep kan die Springbokke die toetse teen Italië, Frankryk en Ierland wen. “Die enigste posisie waar ons effens dun gesaai is, is op haker, maar spelers kan ontbied word.” Meyer is veral opgewonde oor die insluiting van die 20-jarige Norton. “Hy beskik oor goeie leierseienskappe met ’n goeie rugbybrein, ’n uitstekende werktempo en hy is ’n sterk verdediger wat op slot of flank kan uitdraf. Hy moet nog wys hy kan fisiek teen die wêreld se beste voorspelers oorheers, maar hy

Sport op TV Vrydag 30 Oktober Rugby (SS, 211) Verenigde Rugbykampioenskap 21:40 Glasgow t. Lions Krieket (SS, 212) 08:50 Nieu-Seeland t. Indië, 4de T20wedstryd 10:20 Suid-Afrika t. Australië, 3de toets, dag 4 Gholf (SS, 213) DP World-reeks 13:00 Rolex Grand Final, dag 2 PGA-kampioenereeks 19:00 Simmons Bank-kampioenskap, dag 1 PGA-reeks 22:00 Mexikaanse Ope, dag 2 Tennis (SS, 214) ATP 500 14:30 Erste Bank Ope, kwarteindstryd Motorsport (SS, 215) Mexikaanse Formule Een (GP) 20:25 Eerste oefenronde 23:30 Tweede oefenronde Saterdag 31 Oktober Rugby (SS, 211) WXV-reeks 08:00 Nieu-Seeland t. Frankryk 08:50 Japan t. Wallis (SS, 217) 14:50 Suid-Afrika t. Ierland (SS, 217) Verenigde Rugbykampioenskap 14:40 Stormers t. Ulster

beskik oor die nodige potensiaal en is ’n uitstekende belegging vir die toekoms.” Die oud-Bok-afrigter is ook verheug oor Tshituka se insluiting. “Hy is ’n uitstekende atleet met baie krag, spoed en goeie balvaardighede en hy is baie gevaarlik met die bal in die hand.” Meyer sê die Bulls se De Klerk lyk gereed vir toetsrugby. “Sebastian is sterk, vinnig en ’n direkte aanvaller en beskik oor uitstekende vaartversnelling. Hy is sterk in kontak en gevaarlik wanneer hy ruimte het om in te beweeg. “As jy na Luan kyk, is hy baie opwindende speler met goeie voetwerk en ’n natuurlike gevoel

16:55 Bulls t. Scarlets 16:55 Benetton t. Edinburgh (SS, 217) 19:25 Munster t. Sharks 19:25 Dragons t. Zebre (SS, 217) 21:40 Ospreys t. Cardiff Krieket (SS, 212) 10:20 Suid-Afrika t. Australië, 3de toets, dag 5 Gholf (SS, 213) LPGA-reeks 03:30 Maybank-kampioenskap, dag 3 LET-reeks 08:30 Wistron Ope, dag 3 DP World-reeks 13:00 Rolex Grand Final, dag 3 PGA-kampioenereeks 19:00 Simmons Bank-kampioenskap, dag 2 PGA-reeks 22:00 Mexiko Ope, dag 3 Sokker (SS, 203) Engelse Premierliga 14:20 Chelsea t. Manchester United 16:50 Manchester City t. Brighton 16:50 Coventry City t. Sunderland (SS, 205) 16:50 Brentford t. Nottingham Forrest (SS, 206) 16:50 Hull City t. Ipswich Town (SS, 209) 19:20 Tottenham Hotspur t. Crystal Palace 21:50 Aston Villa t. Fulham Tennis (SS, 214) WTA 500 05:00 Pan Pasifiese Ope, halfeindstryde ATP 500

op die aanval. Sy sewes-agtergrond help hom om ruimtes raak te sien en maak hom baie kreatief en gevaarlik wat gebroke spel betref.” Wat die twee Stormers-spelers betref, dink Meyer Muller beskik oor die eienskappe om internasionaal suksesvol te wees. “Markus is ’n volledige senter en hy het alles wat nodig is om ’n uitstekende Springbok te word. “Yaqeen het vir die SA A-span gewys dat hy geleenthede in punte kan omskep. Die groot toets gaan wees of hy wedstryde kan beheer wanneer sy voorspelers onder druk is en dit sal help as sy taktiese skopwerk, besluitneming en bestendigheid as deel van die Bok-groep verder ontwikkel kan word.” Erasmus sê die nuwelinge se insluiting is welverdiend. “Ons hou die ses spelers al ’n geruime

tyd dop en hulle het die afgelope twee seisoene deurgaans goeie vertonings vir hul onderskeie franchises gelewer. “Hulle verdien dit. Ons het vroeër vanjaar en by ons oefenkampe eerstehands gesien waartoe die meeste van hulle in staat is. Ons kan nie wag om te sien wat hulle tydens hierdie toer kan bied. “Die uitbou van ons groep se diepte was nog altyd een van ons belangrikste boustene as ’n span, en al hierdie spelers het bewys dat hulle op die hoogste franchisevlak kan meeding.” Suid-Afrika se eerste wedstryd op die Europese toer is teen Italië op 7 November. Daarna wag Frankryk (13 November) en Ierland (21 November) voor die naweek se eindstryde tussen 27 en 29 November bepaal wie die trofee lig.

16:00 Eerste Bank Ope, halfeindstryde

21:50 Newcastle United t. Everton

Motorsport (SS, 215) Mexikaanse Formule Een (GP) 19:15 Derde oefenronde 22:55 Kwalifisering

Tennis (SS, 214) ATP 1000 12:00 Parys-meester, dag 1

Sondag 1 November Krieket (SS, 212) 08:50 Nieu-Seeland t. Indië, 5de T20wedstryd PRO20-beker 09:50 Super 8, uitspeelwedstryd 14:20 Super 8, uitspeelwedstryd Gholf (SS, 213) LPGA-reeks 03:30 Maybank-kampioenskap, dag 4 LET-reeks 08:30 Wistron Ope, dag 4 DP World-reeks 12:30 Rolex Grand Final, dag 4 PGA-reeks 21:00 Mexikaanse Ope, dag 4 Tennis (SS, 214) WTA 500 05:00 Pan Pasifiese Ope, eindstryd ATP 500 15:00 Eerste Bank Ope, eindstryd Motorsport (SS, 215) Mexikaanse Formule Een (GP) 21:55 Hoofren

Dinsdag 3 November Krieket (SS, 212) Pro20-beker 17:50 Super 8, uitspeelwedstryd Tennis (SS, 214) ATP 1000 12:00 Parys-meesters, dag 2 Woensdag 4 November Krieket (SS, 212) 03:50 Nieu-Seeland t. Indië, 1ste eendagwedstryd Tennis (SS, 214) ATP 1000 12:00 Parys-meesters, dag 3 Donderdag 5 November Krieket (SS, 210) Pro20-beker 12:50 Super 8, uitspeelwedstryd 17:50 Super 8, uitspeelwedstryd

Sokker (SS, 203) Engelse Premierliga 18:20 Liverpool t. Arsenal

Gholf (SS, 213) LPGA-reeks 04:00 Japan Classic, dag 1 DP World-reeks 09:00 Abu Dhabi-kampioenskap, dag 1 PGA-reeks 22:00 WWT-kampioenskap, dag 1

Maandag 2 November Sokker (SS, 203) Engelse Premierliga

Tennis (SS, 214) ATP 1000 12:00 Parys-meesters, dag 4


Matfield en Kitsie verskil oor gehalte – bl. 26

Sport

Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026

Malcolm is ’n Bul Malcolm Marx Foto: Gallo

Hennie Koortzen en Stehan Schoeman sport@diepapier.co.za

M

alcolm Marx verhuis volgende jaar Pretoria toe om hom by die Bulls aan te

sluit. Die Papier het by twee onberispelike bronne bevestig dat die Springbok-haker teen April reeds by Loftus Versfeld kan aanmeld. “Malcolm het geteken en hy is amptelik aan die einde van die seisoen ’n Bul. Hy sal – soos dinge tans staan – in April, Mei of Junie volgende jaar in Pretoria wees.” Die onthulling volg kort nadat die Springbok-voorspeler Kwagga Smith reeds vandeesweek by die Bulls aangemeld het. Marx, wat verlede jaar as Wêreldrugby se Speler van

die Jaar aangewys is, was ook een van die Springbokke se uitstaande spelers tydens die Greatest Rivalry-reeks vroeër vanjaar teen Nieu-Seeland. Dié tweemalige Wêreldbekerwenner se kontrak met die Japanse klubspan Kubota Spears, waar hy sedert 2021 uitdraf, verstryk aan die einde van die seisoen. Marx, wat sy toetsbuiging vir die Springbokke in 2016 teen

Nieu-Seeland gemaak het, het reeds 94 toetse op sy kerfstok. Hy het 29 drieë gedruk – die meeste toetsdrieë as haker vir Suid-Afrika. Smith, wat vir die volgende drie jaar onder Johan Ackermann, die hoofafrigter van die Bulls, gaan speel, fokus vir nou op sy rehabilitasieprogram ná ’n kniebesering. Willem Strauss, die president van die Bulls-rugbyunie, het aan Die Papier gesê Smith is ’n ongelooflik waardevolle speler en dis ’n eer om ’n speler van sy kaliber te verwelkom. “Kwagga is ’n groot aanwins. Hy het in sy 63 toetse by die Springbokke telkens bewys hy kan die gang van ’n wedstryd verander. “Die feit dat hy deel van Johan se span by die Lions was, is een van die hoofredes waarom hy vir die volgende drie jaar in Pretoria kom speel. “Die Bulls beskik nou oor baie losvoorspelers, maar dit is ’n posisie waar beserings kan lol, soos wat al bewys is,” sê Strauss. Dit het ook vandeesweek aan die lig gekom dat die Springbokhaker Bongi Mbonambi weer ’n Stormer is. Dié haker se verhouding met die Sharks het skipbreuk gely ná beweerde

STRAUSS BEKOMMERD OOR JONG TALENT Strauss het egter kommerwekkende vrae oor die toekoms van jong talent in die land. “Ek is baie bekommerd dat jong talent verlore sal gaan. Dit maak nie sin dat daar net ses professionele o.20-spanne in die land is nie. “Dit beteken dat in twee jaar van ons beste skolespelers

in net ses spanne opgeneem moet word. “Ons het minstens agt tot tien van hierdie spanne nodig en van die ander provinsies sal ook hoë-prestasie sentrums moet inrig om al die junior talent ordentlik te ontwikkel dat hulle in die strukture opgeneem kan word.”

wangedrag tydens ’n spanbousessie in die voorseisoen. Hy is môre reeds vir die Kapenaars op die plaasvervangerbank. Die kontraktering van spelers kan ’n uitmergelende proses van onderhandeling wees en miljoene rande beloop. Strauss het egter geen probleem met dié proses nie. “Spanne soos die Bulls, Stormers, Sharks en Lions het ’n vasgestelde bedrag wat ten opsigte van spelers se vergoeding bestee mag word. Spanne mag ook net 56 spelers op senior vlak kontrakteer. “Dit bly ’n deurlopende proses om te bepaal waar spelers benodig word en watter spelers beskikbaar is. “Daar is verskeie redes en verskillende tye waarop spelers van oorsee wil terugkeer. “Ons maak soms van ’n leenproses gebruik met spelers van spanne soos die Pumas en

Rassie vat raak, sê Heyneke – bl. 27

Kwagga Smith

Griekwas en dit gee ons ’n geleentheid om hul vermoëns op ’n volgende vlak te toets.” Geen span is immuun teen die uitdagings wat met ’n deurlopende rugbykalender, wat oor die hele jaar strek, gepaard gaan nie. “Die feit dat ons vir 12 maande van die jaar rugby speel, is nie volhoubaar nie. “Die Curriebeker word op die oomblik ingedruk wanneer spelers ’n ruskans behoort te kry voordat die volgende Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) moet begin. “ ’n Oplossing is dat dié rugbykampioenskap dieselfde tyd as die Sesnasies gespeel moet word sodat ons spanne ’n goeie voorseisoen vir die VRK kan hê.” 03526

6 0 0 9 80 3 84 9 21 6


Nepotisme ons Latynse neef – bl. 10

E

Dink Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026

Cornelia de Kock

k neem my motor op ’n yskoue Augustusoggend na die werkwinkel vir sy jaarlikse versiening. Om van die Stellenboschoggendverkeer te vergeet, sing die bestuurder wat my terug huis toe bring, ’n slaapliedjie. Sy ma het dit altyd vir hom gesing en deesdae sing hy dit vir sy kleinkind. Dit is in der waarheid ’n liedjie wat Min Shaw gesing het: “Elke aand as ek gaan slapies “Hoor ek hoe my mammie sing “Van die sand van Min Shaw ou Klaasvakie “Hoe hy sand vir kinders bring.’’ Wiegeliedjies, kosbare kleinode, breek alle grense; alle skeidslyne. Dit maak nie saak in watter taal dit gesing word nie – dit bly kosbaar: Wiegeliedjie in Afrikaans, “Wiegenlied’’ in Duits, “Lullaby’’ in Engels, “Berceuse’’ in Frans en “Ninne Nanna’’ in Italiaans. Wanneer Nonhlanhla (Pretty) Yende “Thula Mama’’ met haar klokhelderstem sing, word ek weer ’n Vrystaatse meisietjie aan die voet van Platberg en hoor ek steeds die Zoeloevroue sing: “Thula thul, thulababa thula sana; “thul’ u bab’ uzo fika eku Pretty Yende

Illustrasie: Adobe Stock

Die digter Jan FE Celliers het Afrikaans verryk met sy vertaling van hierdie Brahms-slaapliedjie: “Slaap my kindjie slaap sag, “onder rose vannag . . .” Die melodie en universele woorde in Frans of Engels van Benjamin Louis Paul Godard se “Berceuse’’ uit sy opera, “Jocelyn’’, kan geen ouer koud laat nie; nogeens wanneer ’n man, die Ierse tenoor John McCormack, dit sing: “Ah! Wake not yet from thy repose . . . “Sleep love, it is not yet the dawn, “Angels guard thee, sweet love, till morn.’’ Langenhoven se wiegeliedjie bly steeds ’n kragtoer. In hierdie geval swaai Mimi Coertse Mimi Coertse die septer as dit by die uitvoering van dié lied kom: “Lamtietie, damtietie, doedoe my liefstetjie. “Moederhartrowertjie, dierbaarste diefstetjie. “Luister hoe fluister die wind deur die boompietjies . . .’’ Onlangs vertel ’n vriend van sy hartseer omdat hy eersdaags sy kinders en kleinkinders, wat na die VSA emigreer, moet groet. Dit het my laat wonder hoeveel ouers het jare gelede by ’n babawiegie gestaan en Langenhoven se wyse woorde gesing en gewonder: “Wie weet hoe ver moet my “almal ons skapies en bokkies kleintjie nog ganetjies! Ver deur “môre vroeg kry jy van soetpap ’n die wêreld se kronkels en gangemaal en tjies . . .’’ “ ’n paar spierwitte sokkies . . .’’ Min het hulle geweet dat die Vroue en slaapliedjies is seker kronkels en gange op ’n dag in sinoniem. Tog dink ek altyd aan die VSA, Australië, Nieu-Zeeland. my ma se woorde: “Die mooiste Kanada, Brittanje, of iewers anders wiegeliedjie in die wêreld is deur sou wees. Hierdie “liefstetjies’’ het, ’n man geskryf en hy het self nooit helaas, nie “kleintjies’’ gebly nie. kinders gehad nie.’’ Op ’n dag sal hulle iewers op ’n Sy het verwys na Johannes pawiljoen, in ’n groen trui, staan Brahms se wiegelied, “Guten en juig. Hulle sal onopsigtelik die Abend, gut’nacht.’’ Boonop sing trane probeer afvee – presies soos min mense dit so mooi soos ’n destyds, toe hul klein was, en nie man (!), soos die ster-tenoor Jonas voor hul ouers wou huil nie. Kaufmann. Wiegeliedjies breek dus • De Kock is ’n afgetrede kultuurselfs deur stereotipes. historikus van Stellenbosch.

Wiegeliedjies wat alle grense afbreek seni; “thula seni khukh’ in kanyezi ziholel’ u baba.” “Wees stil, my kind, wees stil, my baba. Pappa kom teen dagbreek terug. ’n Ster sal hom veilig lei.” Nooit kan ’n mens vergeet hoe die weesdogter, Trudi, in die 1955-fliek Vadertjie Langbeen die wesies met die Duitsgebore Walter Spiethoff se liedjie aan die slaap gesing het: “Slaap Pikaninie ons vee is in die kraal.

Johannes Brahms

Benjamin Louis Paul Godard

Franz Kafka en SA se Jan Taks – bl. 11

NOU OP DIE RAKKE Ons is steeds stylvol, sinvol, propvol met aktuele artikels, stories oor bekendes, inspirasiestories, mode, dekor, resepte, blokraaie, verhale en ’n paar toevoegings soos nuwe rubriekskrywers, hekelpatrone en nog meer. Dit als vir slegs R74.90!

Volg ons op Facebook, Instagram en TikTok, of besoek www.rooirose.co.za


2

Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026

Dink

KOMMENTAAR VERKIESING 2026

Stem diewe uit; finish en klaar

“Verkiesings behoort aan die mense. Dit is hul besluit. Indien hulle besluit om hul rug te draai op die vuur en hul agterstewe brand, gaan hulle op hul wonde moet sit.” – Abraham Lincoln

I

ndien twyfel nog by enige Suid-Afrikaners bestaan oor hoe hulle deur vele plaaslike regerings besteel word, gaan hulle aanhou om vir die gelag te betaal. Dié wat in owerheidsgebiede woon en tans nog buite die kloue van berugte politieke diewe en hul sindikate val, kan weens oorgerust- heid ook daarin beland. ’n Belangrike feit oor die demokrasie is – dit verteenwoordig nie die wil van die meerderheid nie, maar die wil van die meerderheid wat gaan stem. Midde-in ’n lustelose kieserskorps plaas dit groter mag in die hande van elkeen wat opdaag. Jammer, maar plaaslike verkiesings is nie ’n hartsaak om vir verkondigde politieke beginsels, tradisie en meer te stem nie. Dit is ’n taktiese oorweging met gesonde verstand om die beste uitkoms moontlik vir bestendige regering en volgehoue dienslewering te kry.

WIE NIE ’N STEM VERDIEN Partye soos die ANC, MKP, EFF en die nuwe stembrief-opportuniste, die SAKP, verdien geen regdenkende se stem nie. Die sentrum van korrupsie, bedrog, diefstal en haglike dienslewering is in dié partye gesetel. As dit nie selfverryking is nie, is dit die mors van geld aan luukse voertuie, lyfwagte, ongemagtigde reise en altyd salarisverhogings. Werklikhede kan voorskryf dat die ANC ná stemdag wel betrek moet word as enigste uitweg vir stabiliteit. Maar hoe swakker die organisasie op enige plek is, hoe beter vir goeie regering . . . en hoe minder die kans vir ’n verskriklike alliansie deur die bogenoemdes. ActionSA sal in ruil vir ’n metroburgemeesterskap weer by die ANC-kamp inval. Nasiphi Moya, die ActionSA- burgemeester in Tshwane, verdrink dae voor die verkiesing in die water aan inwoners sonder chloorbehandeling. Hulle moet haar eenvoudig uitstem. Baie bruin mense voel hulle was nog altyd tweedeklasburgers in enige staatkundige opset of party. Watter vrae daar ook al rondom Gayton McKenzie is, beleef sommige deur sy PA ’n stem “om dit te sê soos dit is”. Dit sal kiesers egter baat om seker te maak dit is nie net sy vriende en hul omringende handlangers wat beloon word nie. Dit lyk so.

VIR WIE ’N STEM OORWEEG KAN WORD Selfs in die Kaapse metro is die DA nie sonder foute nie. Hemelhoë eiendomsbelasting het die glans verdof. Dit sou egter sinloos wees om die party se volstrekte meerderheid daar in gedrang te bring “bloot omdat koalisies die toekoms is”. Dit sal Kapenaars loon om stabiliteit te behou. Geordin Hill-Lewis, DA-burgemeesterskandidaat, se geloofwaardigheid as DA-leier is op die spel indien ’n volstrekte meerderheid nie behaal word nie. In Johannesburg het Helen Zille die politieke geveg van die dekade gevoer om die siel van die amper terminale stad. Verskeie bekendes, oor ’n uiteenlopende front, het reeds hul steun verklaar – by implikasie selfs Flip Buys, die voorsitter van Solidariteit. Enige kans wat sy het om te wen, moet haar gegun word. Dit kan groter politieke verandering begin. In Tshwane sal Cilliers Brink – voorheen ’n suksesvolle DA-burgemeester – met reg dieselfde aanspraak maak. Tog het die VF Plus daar ’n relatief sterk teenwoordigheid, wat mense – wat andersins nie sou gaan stem nie – stembus toe vat. Interessant is Willie Spies, hul leierskandidaat daar, uitdruklik dat

Barnard Beukman Redakteur van Die Papier

hy met die DA wil saamwerk. Blou, of blou en groen – enigiets om die ANC daar uit te hou. In Nelson Mandelabaai het 10 splinterpartye tans saam 16 lede in die raad – letterlik die stert wat die hond swaai en in ruil vir poste die metroraad in ’n oogwink tot ’n val bring. Die DA loop tans voor daar – weer eens ’n taktiese oorweging. “Maar wat van die platteland?” laat weet Theo Venter uit Potchefstroom, waar hy sy rol as politieke ontleder vir ’n blou T-hemp verruil het: “Dit klink asof die hele 2026-

plaaslike verkiesing net oor die agt metro’s uit 257 plaaslike owerhede gaan.” ’n Besluit oor ’n stem op die platteland of in ander stedelike gebiede kan aan die hand van die vier metro-voorbeelde hierbo geneem word. Kyk na die plaaslike dinamika, gehalte van kandidate en ’n aptyt om oplossings buiten die ANC/MKP/EFF/SAKP te soek. In sommige gebiede kan dit dalk partye soos die IVP insluit. Bowenal, gaan stem. Stem vroeg en stem reg.

“

Kyk na die plaaslike dinamika, gehalte van kandidate en ’n aptyt om oplossings buiten die ANC/MKP/EFF/ SAKP te soek. In sommige gebiede kan dit dalk partye soos die IVP insluit.

Voorbereidings vir die verkiesing is aan die gang by die Gallagher-konferensiesentrum in Midrand. Foto: Sharon Seretlo, Gallo Images


Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026

Dink

3

JOU MENING Volksmoord deel van SA moordsyfer Frans Calitz, Lambertsbaai Gelukkig is daar verskillende sienings oor die onlangse besprekingonderwerp by die Woordfees in Stellenbosch se aktuele besprekings: “Veroordeel die lied en die volksmoordleuen.” Eendragtigheid sal vir ewig ontbreek, maar dis egter kardinaal om tot die nuwe paradigma oor te gaan sonder mantras van “kill” en waar ’n staatshoof verseg om die “kill credo” te veroordeel. Linkses en idealiste blameer regse elemente dat hulle “kill the Boer” en volksmoord lewend hou. Die werklikheid is egter: Hannetjie van Zyl en duisende ander onder die grond wat nie die Woordfees kan bywoon nie, hou dit lewend. Volksmoord per se is wel debatteerbaar, maar dis ’n massiewe komponent van die moord-pandemie. Soos gehoor tydens die Woordfees-debat is daar verskillende sentimente, maar geen oplossings nie. Linkses veroordeel “kill”, maar ontbreek die moed om dit vir pres. Cyril Ramaphosa uit te spel. Die landwye misdaad raak mense van alle kulture.

Foto: Adobe Stock

RNE watwou! Die ANC beheer buitelandse beleid Hardus Mynhardt, Mosselbaai Die hantering van die Agoaooreenkoms deur die SuidAfrikaanse regering is besig om ’n ernstige toets vir ons land se ekonomiese toekoms te word. Met die hersiening van die ooreenkoms wat op 1 November ter sprake kom, behoort die regering al die moontlike te doen om Suid-Afrika se posisie as voordeeltrekkende lid te beskerm.

Pleks daarvan word die publiek blootgestel aan ’n kommerwekkende mengsel van traagheid, arrogansie en diplomatieke onverantwoordelikheid. Volgens verskeie ramings kan Suid-Afrika se uitsluiting uit Agoa verreikende gevolge hê. Daar word gewaarsku dat tot ongeveer 576 000 werkgeleenthede in gevaar kan wees en dat uitvoer ter waarde van sowat R156 miljard nadelig geraak kan word. Dit is nie

bloot statistieke nie. Dit verteenwoordig werkers, gesinne en ondernemings wat afhanklik is van toegang tot die Amerikaanse mark. Wat die situasie des te meer ontstellend maak, is die indruk dat die regering nie die erns van die uitdagings begryp nie. Terwyl die VSA reeds vir maande pogings aanwend om die bilaterale verhouding te normaliseer, lyk dit asof belangrike kwessies óf geïgnoreer, óf met min dringendheid benader word. In ’n tyd waarin ekonomiese diplomasie van deurslaggewende belang is, kan Suid-Afrika dit eenvoudig nie bekostig om ideologiese posturering bo nasionale ekonomiese belange te plaas nie. Die regering van nasionale eenheid (RNE) is veronderstel om ’n breër en meer inklusiewe benadering tot beleidsvorming te verteenwoordig. Tog ontstaan die indruk dat buitelandse beleid steeds deur ’n beperkte ANC-benadering gedryf word, eerder as deur ’n werklike nasionale konsensus. Dit wek vrae oor wie werklik die land se buitelandse agenda bepaal en of voldoende aandag aan die ekonomiese gevolge van daardie beleid gegee word.

Dr. Willem Pretorius, Pretoria

Kommissies dra boodskap groter as die argumente

Die impak van die Madlangakommissie, sowel as die Zondokommissie, sal in die geskiedenis van Suid-Afrika opgeteken word as gebeure wat ’n direkte impak op die land se geskiedenis gehad het. Hierdie impak sal natuurlik direk wees, mense word uitgevang oor korrupsie. Die wyse waarop hierdie kommissies, veral die Madlangakommissie, ’n boodskap dra wat

groter is as die argumente wat gevoer word, mag nie ontken word nie. Die logiese of regsberedenering van die kommissie getuig van ’n deeglike kennis van die reg. Die metodiese, sistematiese afbreek van gebeure getuig van deeglike voorbereiding – ’n handboekvoorbeeld wat sekerlik in menige regs- en ander bedrywe as voorbeeld gebruik kan word.

Dis met ongeloof dat die land na pres. Cyril Ramaphosa se skielike beloftes om die ineenstorting van munisipaliteite “reg te maak”, luister. In die aanloop tot die 2026-verkiesing word skielik hard gepraat oor aanspreeklikheid, asof die ANC hierdie gemors gister geërf het. – Joe, Villieria

Die feit dat Amerika, die wêreld se oudste demokrasie – voorheen bekend as die “leier van die vrye wêreld” – sy rug toenemend op demokratiese beginsels en die oppergesag van die reg draai; tradisionele bondgenote vervreem; en uitreik na diktators, skud die fondamente van die reëlsgebaseerde internasionale stelsel. – Dawie Jacobs, Pretoria

Die 3 000 wit kruise in Washington met die name van slagoffers van plaasmoorde was vir my persoonlik baie emosioneel – veral omdat dit in hierdie land net as gewone misdaad onder die mat gevee word. Ek dink aan my vermoorde oom, Tienie Nel, van Hartswater. – Hendrik, Centurion

Dis nou ruim ’n jaar sedert Charlie Kirk, die stigter van Turning Point USA, vermoor is. Sedert sy dood het dinge myns insiens net agteruit gegaan – betogings, oorloë, brandstofpryse en politieke frustrasie wêreldwyd. Sy stem sou sonder twyfel kon help. Vir konserwatiewe kiesers bly daar min tuiste oor. Ek wonder wat Charlie hieroor sou doen. Sy

Mbuyiseli Madlanga Foto: Gallo Images

Die wyse waarop die kommissielede die vrae stel, formuleer en sonder emosionele bagasie

062 533 2049

KORTLIKS (WHATSAPP EN SOSIALE MEDIA)

idees leef voort, maar nie meer in vandag se Withuis nie. – B Millar, Somerset-Wes “Ons moet bid dat pres. Donald Trump en sy party die middeltermynverkiesing wen. Ons regering wag net vir die Demokrate om die volgende presidentsverkiesing in Amerika te wen. Dan is dit ons einde,” reken SV van Komatipoort. Bid jou dit aan! Hoe het ons dan oorleef toe die Demokrate onder Obama en Biden aan bewind was? – Tom Ferreira, RiebeekWes

aan die getuies stel, getuig van professionaliteit. Daar is geen aggressie, venyn of sarkasme wat deur enige vraesteller gebruik word om antwoorde uit die getuies te dwing nie. Die kommissie daag nie laat op nie, begin betyds en hou by sy skedule – voorwaar ’n voorbeeld vir baie politici. Ek dink die grootste verandering is dat die kommissie ons help om te verstaan dat

Lesersbriewe speel ’n kritieke rol in die media-ekostelsel en die breër samelewing. Dit dien as ’n openbare forum waar gewone burgers hul stem kan laat hoor. Dit gee ook aan die “gewone man op straat” ’n stem om openbare griewe te lug. – Richard Harding, Sinoville Pes-oproepe: Ek ignoreer daardie onbekende nommer tot hy ophou. As dit so belangrik is, stuur vir my ’n SMS. Dan kan ek daaroor besluit. – Sielie Bruyns Frankryk brand: Die een se sentrum is die ander kant se radikaal. Dit hang af vanwaar jou beginpunt is. Wat in Frankryk gebeur, is radikaal – en dit is nie die regses nie. – Chris Bezuidenhout

Baie partye: Ideaal is tussen uiterstes Ernst van Niekerk Demokrasie is die gonswoord in baie lande, maar is daar ’n maksimum hoeveelheid partye wat daar kan wees? Vir ’n begin is dit dikwels nodig om eers na die uiterstes te kyk. Indien daar net een party is, is dit ’n outokrasie wat nie as ’n demokrasie kan bestaan nie. Aan die ander kant, as elke persoon sy eie party het, sal ’n regering nooit gevorm kan word nie. Dus moet die ideaal iewers tussen die twee uiterstes wees. Vir my, met ons verskeidenheid van kulture, sou ek voel dat vyf of ses partye die beste sal wees. Dat ons by 100 en meer kan uitkom, beteken vir my dat ons wetgewing die pot ver mis sit. SKRYF AAN:

lesers@diepapier.co.za. Briewe moet die skrywer se naam, adres en kontaknommer bevat. Die Papier publiseer nie briewe wat elders verskyn het nie.

korrupsie vrot is. Dit vernietig samelewings en verwoes mense – in baie gevalle onskuldige mense. Dit bied hoop: Daar ís tog ander mense wat professioneel is, met die hoogste intellek en vlymskerp, wat ons samelewing help om weerstand te ontwikkel teenoor mense wat korrup, selfsugtig en gierig is. Dit is nie meer koel om omkoopgeld te betaal nie. Dit is nie meer koel om skelm te wees nie.

Kate Roothman gaan na Boer Soek ’n Vrou, maar ons wil Nicolette terug in Binnelanders kry. – Ina Laas Het die SAUK ooit net naastenby na die wetlik voorgeskrewe kwotas gekyk toe hulle die klomp veld-verslaggewers aangestel het wat nie Afrikaans magtig is nie? En op die Afrikaanse kanale en nuus Engels pleeg – selfs só erg dat heelwat onderhoude met Afrikaanssprekendes vir die Afrikaanse nuus of aktualiteitsprogramme in slegs Engels gevoer en uitgesaai word. – Herman Toerien Daar is so ongelooflik baie rugby. Ondersteuners sukkel om by te hou. – Willie van der Merwe


4

Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026

Dink

PROFIEL Elise Tempelhoff nuus@diepapier.co.za

D

it is eerste pouse by die gekombineerde skool Noorderlig in Benoni. Ryno Joubert (36) sit op die rugbyveld, selfoon teen die oor en gesels oor die reuse-navorsingsprojek wat hy onlangs afgehandel het. Dié projek, waaraan hy sedert 2018 gewerk het – The Knysna Elephants: A Journey to the Last Forest Giants – het pas in boekvorm verskyn. “Ek voel na dese soos ’n eko loog, maar ek is net ’n onderwyser met ’n passie vir die geskiedenis, die natuur, navorsing, skryf en stories vertel.” Die gogga om navorsing oor die Knysna-olifante te doen, het hom in 2001 gebyt. Hy was toe ’n tjokkertjie van 11 aan die Laerskool Bredell in Kempton Park. Dit was tydens ’n opvoedkundige skooltoer na die Tuinroete dat hy van die “enkele, eensame olifant” in die Knysnawoud gehoor het. As seuntjie het hy soveel vrae gehad. Hoe is dit dat daar net een olifant in die woud rondloop? Wat het van die ander geword? Daar moes tog meer van hulle gewees het?

Ryno ontdek die kringe in ’n bos

Ná skool wou hy eers ’n wildbewaarder word, maar is afgeraai omdat mense gewaarsku het hy sou nie ’n lewe uit dié beroep kon maak nie. “My ouers het my aangeraai om ’n onderwyser te word omdat ek van krieket

Ryno Joubert met sy boek.

Die enigste foto wat ooit geneem is van Oupoot en haar ouers in die Knysnawoud. Die foto is in 1974 geneem. Oupoot was toe sowat 4 jaar oud. Foto: André Viljoen

VERHAAL VAN OORLEWING Die boek vertel die verhaal van Suid-Afrika se savanne-olifante (Loxodonta africana), dieselfde wat in die Krugerwildtuin en die Addo-olifantpark voorkom. Duisende van die diere het voor die koloniale tyd van die Kaapse Skiereiland na die Oos-Kaap tot in Limpopo beweeg. Hul verspreiding het afgeneem weens trofeejag, die massa-uitskiet van die diere omdat hulle “probleme” vir mense veroorsaak het en habitatverlies weens stedelike uitbreiding. Dit ondersoek die geskiedenis en agteruitgang van die Knysnaolifantbevolking, asook die

verhaal van die laaste bekende oorlewende olifant, bekend as Strangefoot, oftewel Oupoot, wat nou sowat 56 jaar oud is. Dit is ook ’n verhaal van oorlewing, verlies, menslike invloed en onverdraagsaamheid teenoor sy mede-aardbewoners en die noodsaaklikheid daarvan om Suid-Afrika se oorblywende natuurlike omgewing en wild te beskerm. Joubert vertel wat die geskiedenis van die Knysna-olifante so besonders maak, is die manier waarop hulle in die inheemse woud en fynbos van die Suid-Kaap oorleef het en stadigaan uitgesterf het.

Die voor-en agterblad van Ryno Joubert se omvattende boek oor die geskiedenis van die Knysna-olifante, The Knysna Elephants, A Journey to the Last Forest Giants. Op die voorblad is ’n foto van Oupoot. Die foto is geneem deur Hylton Herd. Die boek is nou as e-boek beskikbaar op Amazon en Takealot.

en rugby hou.” Ryno is nou al etlike jare by die skool. Hy vertel die leerders hang aan sy lippe as hy oor die geskiedenis en geografie met hulle gesels. Dit is sy gunstelingvakke en hy ag homself gelukkig dat hy daarin onderrig kan gee. KNYPENDE VRAE OOR DIE KNYSA-OLIFANT Toe sy vrae oor die Knysna-olifant later net al hoe meer raak, het hy in 2018 die bul by die horings gepak en besluit om navorsing oor

olifante te doen. “Omdat ek nie in Knysna woon nie, het ek uitdagings gehad. Ek kon nie net in my motor klim, na iemand toe ry of ’n plek self besoek nie.” Hy was wel ’n paar keer in die Knysnawoud, maar beklemtoon dat hy nie na Knysna se laaste olifant gaan soek het nie. “Ek wou haar nie steur nie.” Hy wou net die ekologie van die gebied bestudeer. Hierdie reis – in argiewe, die bestudering van ou dokumente en vertellings – het hom diep die verlede in geneem. “Langs die pad het ek die voorreg gehad om onderhoude te voer met mense wat regstreekse historiese verbintenisse met die Knysnaolifante gehad het.” Joubert vertel hy het met afgetrede bosbouers, SANParke-werknemers, plaaslike varingplukkers en die afgetrede olifantspoorsnyers Wilfred Oraai en Karel Maswati onderhoude gevoer. “Baie van hierdie mense is al in hul negentigs en dit is vir my ’n besondere eer om hul onskatbare herinneringe en insigte te bewaar. “Ek het met die hulp van Gill Thomas, van Sedgefield, toegang verkry tot onskatbare rekords in biblioteke en museums in Knysna en George. Verdere materiaal is met die hulp van ’n toegewyde bibliotekaris by die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika in Kaapstad opgespoor.” Sosiale media, veral die Facebookblad “The Knysna Elephant and Forests”, het ook baie met sy navorsing gehelp. Hoe meer inligting hy versamel het, hoe meer vasberade het hy geraak om die bloedige en tragiese geskiedenis van die Knysna-olifante neer te skryf. Hy het soms ná skool tot 03:00 soggens gewerk. By die lees van die massaslagtings was hy diep geskok en dikwels ontnugter.

OUPOOT Oupoot, die Knysna-olifant, is nie ’n aparte spesie of subspesie nie. Honderde olifante wat vry in die Suid-Kaap beweeg het, is in die laat 1800’s deur grootwildjagters en wildstropers die digte woude ingedwing. Joubert vertel die diere is op so ’n manier uitgeskiet, dat hulle weens trauma as’t ware in die Knysnawoud vir mense gaan wegkruip het. Hier het ’n groep uniek aangepas om te oorleef. Deurdat hulle savanne-olifante was, het die woud- en fynbosomgewing nie die nodige voedingswaarde gehad vir normale voortplanting nie. Dit het gelei tot ’n lae geboortesyfer wat nie met natuurlike sterftes kon tred hou nie. Joubert beantwoord ook die vraag oor waarom die owerheid nie nog olifante in die Knysnawoud hervestig nie. Hy maan tot omsigtigheid en verwys na die mislukte “eksperiment”

Aftand is in 1971 in opdrag van die owerheid deur ’n Duitse bosbouer doodgeskiet. Die dier was al bejaard en het glo op boere se plase “sagte kos” gaan soek. Hulle het hom as ’n “hinderlike ongedierte” bestempel. Foto: Prof. B. Bredenkamp

in 1994 toe drie koeie – wat wees gelaat is ná ’n massa-uitdunning in die Krugerwildtuin – in die Knysnawoud vrygelaat is. Een van hulle, die jongste van sewe jaar, is weens uitputting, stres en longontsteking dood nadat Oupoot hulle teen ’n vinnige pas (vermoedelik die ou tradisionele migrasieroete van haar ouers en voorouers) ver deur die woud gelei het.

Die ander twee het die woud verlaat en is in die Shamwari- private natuurreservaat hervestig, waar hulle met welslae in ’n savanne-omgewing geïntegreer is. Die laaste keer dat ’n “Knysna-olifant”, Aftand, doodgeskiet is, was in 1971. ’n Jong Duitse bosbouer het destyds dié “hartverskeurende” opdrag gekry, sê Joubert.


Top Skole

Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026 Die Papier

SKOLE

Van saad tot sukses. Waar Topskole die toekoms bou.

I


II

Die Papier Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026

Top Skole

PROMOSIE

Met byna 25 000 skole:

Só kies jy die regte hoërskool

Shanell Binedell shanell.binedell@diepapier.co.za

D

ie regte hoërskool kan ’n kind se akademiese én persoonlike ontwikkeling help vorm. Maar met byna 25 000 openbare en onafhanklike skole in Suid-Afrika, kan dit vir ouers ’n uitdaging wees om te bepaal watter skool die beste by hul kind sal pas. Dr. Juané van der Merwe-Mocke van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) en dr. Leandie Bräsler, wat by die Solidariteit-skoleondersteuningsentrum (SOS) betrokke is, gee raad oor waarop ouers moet let wanneer hulle dié belangrike besluit neem. “Die belangrikste vraag is: Wat het my kind nodig en hoe pas dit by wat die skool bied?” sê Van der Merwe-Mocke. Elke kind het unieke sterkpunte, belangstellings en behoeftes. Sommige floreer in ’n groot, mededingende omgewing, terwyl ander beter vaar waar meer individuele aandag moontlik is. Daarom is die skool met die grootste naam nie noodwendig die beste keuse vir elke kind nie.

Van der Merwe-Mocke moedig ouers ondersoek hoeveel leerders wiskunde en identifiseer, leerders ondersteun en dié aan om saam met hul kind skole te befisiese wetenskap neem, hoe hulle daarin wat goed presteer, verder uitdaag.” soek en op die skoolkultuur en waardes presteer en of die skool oor verskeie jare Die taal van onderrig is nog ’n belangte let. goeie resultate behaal het. rike oorweging. Bräsler beskou moederKyk hoe leerders met mekaar en hul Volgens Bräsler begin akademiese suk- taalonderrig as ’n belangrike bousteen onderwysers omgaan en vra hoe die ses lank voor matriek. “Leesbegrip, taalvan gehalteonderwys, omdat leerders skool boeliegedrag hanteer en leerders vaardigheid en basiese syfervaardighede ingewikkelde konsepte makliker kan ondersteun wanneer hulle akademies of vorm die grondslag vir latere begryp wanneer hulle in ’n taal leer wat emosioneel sukkel. Sport, musiek, kuns leer. Ouers kan dus vra hoe hulle goed verstaan. en leierskapgeleenthede verdien ook ’n skool leeragterstande Die kind self behoort deel van die aandag. besluit te wees. Dit bied kinders die kans om hul Ouers kan saam met hul kind talente te ontdek, vriendskappe te bou skole besoek, verskillende opsies en selfvertroue te ontwikkel. bespreek en luister na wat hom of Onderrigtaal, klasgroottes, skoolhaar opgewonde maak. geld en vervoer behoort eweneens Tog behoort die besluit nie deel van die besluit te wees. uitsluitlik op vriende, sport of Akademiese prestasie is ’n ’n skool se reputasie gegrond te belangrike maatstaf, maar ’n word nie. Uiteindelik gaan dit hoë matriek-slaagsyfer vertel oor meer as ’n skool se uitslae nie noodwendig die volle of prestasies – dit gaan oor ’n verhaal nie. plek waar ’n kind veilig voel, Bräsler beklemtoon ouers sy of haar potensiaal kan moet verder as die algemene ontwikkel en die kennis en slaagsyfer kyk. vaardighede opbou om die “Universiteitstoelating, toekoms met selfvertroue vakprestasie en onderskeitegemoet te gaan. dings kan ’n vollediger beeld Die beste keuse is die van ’n skool se akademiese skool waar akademiese geuitkomste gee.” halte en persoonlike groei Dr. Leandie Bräsler Dr. Juané van der Merwe-Mocke Dit is ook nuttig om te hand aan hand gaan. ADVERTENSIE-ARTIKEL

NUWE AFRIKAANSE HOËRSKOOL IN DIE NOORDE VAN PRETORIA HERDEFINIEER ONDERWYS: ENSÕ AKADEMIE FOKUS OP WIE JONGMENSE VANDAG IS

W

at as skool nie net gaan oor wie 'n kind eendag gaan word nie, maar ook oor wie hulle vandag reeds is?

Hierdie is die leidinggevende vraag agter ENSÕ Akademie, 'n innoverende nuwe Afrikaanse hoërskool in die Noorde van Pretoria, wat wegbreek van tradisionele onderwysmodelle om 'n ruimte te skep waar akademiese groei en persoonlike ontwikkeling hand aan hand gaan. By ENSÕ Akademie word daar geglo dat skool nie bloot voorbereiding vir eendag is nie. Jongmense leef vandag. Daarom is die akademie doelbewus gestig om 'n omgewing te bied waar selfkennis, verantwoordelikheid, kreatiwiteit en 'n sterk gevoel van behoort sentraal staan. Die skool se benadering is uniek: ENSÕ bestaan nie om vir jongmense te sê wie hulle móét wees nie, maar eerder om saam met hulle te ontdek wie hulle is, wie hulle besig is om te word, waar hulle behoort en hoe hulle 'n betekenisvolle bydrae tot die wêreld kan lewer.

‘n Grondslag van Eienaarskap en Innovasie Die akademiese omgewing by ENSÕ word aangedryf deur die innoverende MOS-leerstelsel en die beginsels van selfgereguleerde leer. Leerders word toegerus met toekomsgerigte vaardighede deur te leer hoe om doelwitte te stel, hul eie werk te beplan, vordering te monitor, met vrymoedigheid hulp te vra, en toenemend volle eienaarskap van hul leerproses te neem. Leer by ENSÕ word egter nie tot die akademiese program en die klaskamer beperk nie. Daar word doelbewus geleenthede geskep vir leerders om vrae te vra, te debatteer en te skep. Deur die bou van besighede en die aanpak van gemeenskapsprojekte, bied die akademie 'n veilige platform waar jongmense kan probeer, foute maak, reflekteer en met nuwe insig weer probeer. Drie Rigtinggewende Vrae Die kern van ENSÕ Akademie se filosofie word deur drie eenvoudige, tog diepgaande vrae gedryf wat leerders deur hul hoërskoolloopbaan vergesel:

• • •

Wie is ek? Waar behoort ek? Hoe dra ek by?

By ENSÕ hoef 'n jongmens nie klaar of perfek te wees nie. Hulle hoef ook nie al die antwoorde te hê nie. Die akademie is ontwerp om juis die ruimte te bied waar leerders die vryheid het om daardie volgende tree te ontdek. ENSÕ Akademie – Volmaak in ons onvoltooidheid. Inskrywings vir die komende skooljaar is amptelik oop. Ouers en voornemende leerders wat deel wil word van 'n skool wat werklik na die individu kyk, word genooi om vandag nog in verbinding te tree. ENSÕ Akademie is 'n toonaangewende Afrikaanse hoërskool in die Noorde van Pretoria, gedryf deur die MOS-leerstelsel, wat fokus op holistiese leerderontwikkeling, selfkennis, en gemeenskaps-betrokkenheid. Vir medianavrae, onderhoude of inskrywingsbesonderhede, kontak asseblief: Lerina van Rensburg, Skoolhoof by hoof@ensoakademie.co.za NM10077622-PA301026

Toekomsgerigte Afrikaanse Hoërskool vir die leiers van môre ensoakademie.co.za NM10076382-PA301026


Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026 Die Papier III

Top Skole

ADVERTENSIE-ARTIKEL

MERENSKY LANDBOU AKADEMIE: 90 JAAR VAN TROTS, TRADISIE EN UITNEMENDHEID Van 'n beskeie begin in 1936 tot een van Suid-Afrika se voorste landbouskole. Merensky Landbou Akademie in Tzaneen vier vanjaar 90 jaar van uitnemendheid, prestasies en 'n besondere skoolgees wat geslagte lank reeds voortleef. Op 30 Januarie 1936 het die deure van 'n skool oopgegaan wat oor die volgende nege dekades duisende jongmense sou help vorm. Vandag, 90 jaar later, staan Merensky Landbou Akademie, met meer as 1 300 leerders, steeds trots as 'n baken van gehalteonderwys in Limpopo. Dié dubbelmediumskool bied veel meer as bloot akademiese onderrig. Met 'n indrukwekkende 100%-matriekslaagsyfer en 'n onderwysbenadering wat elke leerder se unieke potensiaal erken, skep Merensky geleenthede vir jongmense om op akademiese, landboukundige, sport- én kultuurgebied te ontwikkel. ‘n Wêreld van geleenthede Wat Merensky besonders maak, is die buitengewone verskeidenheid leergeleenthede wat op een plaas aangebied word. Leerders kan hulself binne drie hoofrigtings uitleef: Algemene Akademie, Agri-Wetenskappe en Musiek, Dans, Drama en Kuns (MDDK). Die MDDK, wat as 'n skool binne 'n skool funksioneer, bied opleiding in klavier, kitaar, ukulele, dromme, sang, dans, drama, keramiekkuns, fotografie, skryfkuns, redenaars en debat. Hier word kreatiwiteit gekoester en jong kunstenaars die geleentheid gebied om hul talente tot op nasionale vlak te ontwikkel.

varke, pluimvee en konyne, asook hekelwerk, afslaerskompetisies, suiwelbereiding en die kulinêre kunste. 2026: 'n Jaar van uitsonderlike prestasies Merensky se 90ste bestaansjaar is gekenmerk deur 'n indrukwekkende reeks prestasies. Op sportgebied het die Plasies die Soutpansberg-atletiekinterhoër gewen en boonop die geesbeker, toekenning vir beste dogtersdirigent en beste dirigentegroep ingepalm. Die skool het ook die Soutpansberg-landloopinterhoër gewen. Die swemmers is as Mopani-interhoërkampioene gekroon en het die senior Victor en Victrix Ludorum opgelewer. Merensky se tennisdogters het die Noordstreek se A-liga gewen, terwyl die hokkieprogram nege Limpopo-ligawenspanne opgelewer het. Die o.14A-hokkiedogters is boonop as Noordvaal Groot A-kampioene gekroon. Die eerste rugbyspan het die gewilde Hansieweek gewen, terwyl die o.17-sewesrugbyspan as Noordvaal Plaatwenners geëindig het. Op internasionale vlak het Merensky 'n wêreldkampioen by die World Field Archery-kampioenskappe in Amerika opgelewer, waar ook 'n nuwe Amerikaanse rekord in die Field Round opgestel is. Altesaam 95 Merensky-leerders is in 2026 in Limpoposportspanne opgeneem, 'n merkwaardige bewys van die skool se sportdiepte.

Landbou bly egter die trotse kern van Merensky se identiteit. Die skool se Agri-Merenskykampus beskik oor 'n wêreldklaslandboulaboratorium, moderne tegniese sentrums, 'n goed toegeruste kleinveeopleidingsfasiliteit en 'n moderne landboulosie.

Ook op landbougebied is geskiedenis gemaak toe Limpopo, verteenwoordig deur Agri-Merensky, die Nasionale Jeugskou gewen het. Dié prestasie is besonder betekenisvol omdat Merensky die enigste skool is wat die hele Limpopo-provinsie by hierdie kompetisie verteenwoordig het. Kultuur en akademiese innovasie het eweneens geskitter. Merensky het nasionale wenners in ATKV-Digispel, Oppie Tong Af-redenaars en Kansvatter-redenaars opgelewer.

Merensky Landbou Akademie vanuit die lug — waar landbou,

akademie en natuur saamkom. Landbouleerders neem op nasionale vlak deel aan jeugskoukompetisies met beeste, skape, bokke,

Die tienertoneel Melk en Heuning het by die nasionale Allegretto-toneelfees uitgeblink met toekennings vir onder meer die beste dramaproduksie, beste byspeler, beste manlike en vroulike hoofrolle en beste algehele teks.

'n Argitektoniese en simboliese baken wat nou verweef is met die skool se ryke geskiedenis en sy stigtersidentiteit.

Merensky het ook die beste junior- én seniorprojekte by die nasionale Tritech-kompetisie opgelewer. Die kykNET-reeks Ideemakers, wat op die interprovinsiale Tritech-kompetisie gebaseer is, is gedeeltelik op Merensky se kampus verfilm. Tradisies wat 'n familie bind Ten spyte van al die prestasies bly Merensky se mense en tradisies die hart van die skool. Een van die mees unieke gebruike is die legendariese MooPootradisie. Elke graad 8-leerder, nuwe leerder en onderwyser lui 'n klok voordat hulle deur 'n moddergat, gemeng met beesmis, gaan. Daarna ontvang hulle hul amptelike Bloublou Plasie-sertifikaat. Wanneer leerders ná matriek die skool verlaat, lui hulle weer dieselfde klok, 'n simboliese afsluiting van hul Merensky-reis. Die Colosseum-koshuis, met nagenoeg 500 inwoners, vorm op sy beurt 'n belangrike deel van die skool se hartklop. Hier word lewenslange vriendskappe gesmee en die besondere Plasiefamiliegees daagliks uitgeleef. Een groot Plasie-familie Merensky se sukses lê nie bloot in trofeë, rekords of akademiese uitslae nie, maar in die oortuiging dat elke leerder iewers behoort en die geleentheid verdien om sy of haar volle potensiaal te bereik. Negentig jaar ná sy ontstaan bly dié landbouskool getrou aan sy wortels, terwyl dit met selfvertroue die toekoms tegemoetgaan. Hulle noem hulself die Plasies, want by Merensky is jy nie bloot deel van 'n skool nie. Jy is deel van een groot familie op die plaas, met die trotse erfenis van SuidAfrika se beste landbouskool. NM10077624-PA301026


IV Die Papier Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026

Waar uitnemendheid, tradisie en vooruitgang hand aan hand loop

M

iddelburg Hoërskool, beter bekend as Middies, is 'n skool waar akademiese uitnemendheid, sport, kultuur en karaktervorming saam die grondslag van 'n besondere skoolgemeenskap vorm. Met sterk tradisies, moderne fasiliteite en 'n doelgerigte fokus op die ontwikkeling van elke leerder, bly die skool daarop ingestel om jongmense toe te rus vir die uitdagings en geleenthede van die toekoms. Akademiese prestasie is een van Middelburg Hoërskool se sterkpunte. Die skool se toewyding aan gehalteonderrig en die harde werk van leerders en opvoeders word weerspieël in die matriekuitslae en die erkenning wat die skool op verskillende vlakke ontvang. Die Matriekklas van 2025 het 'n gemiddelde persentasie van 65,2% behaal. Van die 265 matrikulante het 231 (87%) met universiteitsvrystelling geslaag, terwyl nog 32 leerders vir diplomastudies kwalifiseer. Dit beteken dat die oorgrote meerderheid van die matriekklas met 'n stewige grondslag hul volgende studiefase kan aanpak. Die skool het 'n 100%-slaagsyfer behaal en is tydens die Nkangala-prysuitdeling as die beste skool in die distrik aangewys. Verskeie individuele prestasies is erken, met toekennings vir die beste opvoeder in Rekeningkunde, die beste opvoeders in Wiskunde, die beste opvoeder in Besigheidstudies en die beste opvoeders in Wiskundige Geletterdheid. Hierdie prestasies beklemtoon die kundigheid en toewyding van die skool se akademiese personeel, wat 'n belangrike rol in leerders se sukses speel. MHS se akademiese prestasies strek ook oor die grense van die distrik. By die National Excellence Awards is die skool as die derde beste presterende openbare skool in Suid-Afrika in Kwintiel 4 aangewys. Hierdie nasionale erkenning bevestig die skool se strewe na hoë standaarde en volhoubare prestasie. Agter elke uitslag lê ure se voorbereiding, harde werk, ondersteuning en deursettingsvermoë. Dit is 'n gesamentlike prestasie waarin leerders, opvoeders en ouers elkeen 'n belangrike rol speel. Op sportgebied bied Middelburg Hoërskool aan leerders die geleentheid om hul talent te ontdek en verder te ontwikkel. Die skool se sportfasiliteite ondersteun deelname asook prestasie, en skep 'n omgewing waarin sportlui op verskillende vlakke kan groei. Die Middies Sport Spesifieke Instituut (MSSI) is 'n goed toegeruste gimnasium met topklastoerusting waar spelers in spanverband saam oefen vir sport spesifieke

Top Skole

Advertensie-Artikel

oefeninge. MHS beskik ook oor 'n Analise Sentrum wat tot die ontwikkeling en verfyning van sportvaardighede bydra. Hierdie fasiliteite stel leerders in staat om doelgerig te oefen, hul prestasie te evalueer, en aan hul tegniek en fiksheid te werk. Krieketspelers kan vanaf vanjaar ook gebruik maak van 'n krieketveld met ligte, wat die aanbieding van aandreekse moontlik maak. Onderdak-krieketnette bied verdere oefengeleenthede, terwyl die onlangs oorgedoen netbal- en tennisbane die skool se sportaanbod verder versterk. MHS het reeds provinsiale en nasionale toernooie aangebied, wat getuig van die gehalte van sy fasiliteite en die skool se vermoë om sport op 'n hoë vlak te huisves. Sport by Middies gaan egter oor meer as uitslae en trofeë. Dit bied leerders die geleentheid om dissipline, spanwerk, verantwoordelikheid en deursettingsvermoë te ontwikkel. Die skool se sportkultuur skep ruimte vir die ontwikkelende sportster asook die leerder wat bloot deel van 'n span wil wees. Kultuur vorm eweneens 'n belangrike deel van die Middies-identiteit. Die skool glo daarin om leerders se kreatiwiteit aan te moedig en geleenthede te skep waar hulle hul talente kan ontdek en ontwikkel. 'n Besonderse toevoeging tot die skool se kultuur is die Middies Harmonia Sentrum, waar leerders verdere opleiding in drama, sang en instrumentale musiek ontvang. Die sentrum bied aan jong kunstenaars die geleentheid om hul vaardighede onder leiding van kundiges te ontwikkel en met groter selfvertroue hul talente uit te leef. Die Harmonia Sentrum dien ook as 'n UNISAeksamensentrum waar leerders uit die omliggende gemeenskap hul teorie- en praktiese musiekeksamens kan aflê. Die sentrum skep dus nie net verdere geleenthede vir Middie-leerders nie, maar lewer ook 'n waardevolle bydrae tot die breër gemeenskap. Deur kultuur word leerders aangemoedig om buite hul gemaksone te beweeg, saam te werk en hul individualiteit te ontwikkel. Só word akademie, sport en kultuur deel van 'n gebalanseerde skoolervaring. Alhoewel prestasies en fasiliteite 'n belangrike deel van Middelburg Hoërskool se suksesverhaal vorm, strek die skool se rol verder as akademiese uitslae, sportprestasies en kulturele hoogtepunte. Die vorming van jongmense en die waardes waarmee hulle die wêreld tegemoetgaan, bly net so belangrik.

By Middelburg Hoërskool lê die fokus op harde werk, geleenthede en die aanmoediging om groot te droom. Mieke Knoesen is een van die Middies wat saam droom.

Respek, integriteit, verantwoordelikheid en uitnemendheid gee rigting aan die skoolgemeenskap. Hierdie waardes is nie net op die sportveld, in die klaskamer of op die verhoog van belang nie, maar vorm ook die grondslag van gesonde verhoudings en verantwoordelike optrede in die toekoms. Die skool se benadering berus op die oortuiging dat sukses nie bloot aan uitslae of prestasies gemeet kan word nie. Die karakter waarmee 'n leerder uitdagings aanpak, ander mense behandel en verantwoordelikheid aanvaar, is ewe belangrik. Met 'n sterk Christelike grondslag en 'n kultuur van omgee word leerders aangemoedig om met waardes en doelgerigtheid te leef. Middelburg Hoërskool se geskiedenis en tradisies vorm die fondament waarop die skool voortbou. Tradisie beteken hier egter nie stilstand nie. Die voortdurende ontwikkeling van fasiliteite, die skep van nuwe geleenthede en die strewe na verbetering wys dat die Middies-gemeenskap met selfvertroue vorentoe kyk. Die doel is om 'n omgewing te skep waarin leerders hul potensiaal kan bereik, hul belangstellings kan uitleef en met selfvertroue hul plek in die wêreld kan inneem. Middelburg Hoërskool se verhaal is uiteindelik dié van mense wat saamwerk aan 'n groter prentjie: opvoeders wat met toewyding onderrig, ouers wat ondersteun, leerders wat hard werk en 'n gemeenskap wat trots is op sy skool. Met sterk akademiese resultate, erkenning op distrik- en nasionale vlak, uitstekende sportfasiliteite en groeiende kultuurgeleenthede bou die Middies voort op 'n stewige fondament. Rotsvas sedert 1918 bly Middelburg Hoërskool verbind tot tradisie én vooruitgang, met die oog gevestig op die geleenthede van môre en die ontwikkeling van elke Middie. NM10078877-PA301026


Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026

Dink

9

AKTUEEL Spekboom as deel van natuurlike groei tussen ander plante in die Oos-Kaap, waar dit die waardevolste is.

Spekboom is deel van Addoolifante se stapelvoedsel.

Wikus Engelbrecht Spekboom (Portulacaria afra) is ’n geharde, inheemse Suid-Afrikaanse struik met dik, vlesige, eetbare blare wat ’n suurlemoenagtige smaak het. In Engels word dit onder meer “bacon tree” of “porkbush” genoem. Vanweë die beweerde vermoë daarvan om kweekhuisgasvrystellings vas te vang, beskou sommige beleggers in koolstofkrediete dit tans as ’n soort messias in vetplantvorm. Hoewel die spesie kan help om gedegradeerde grond in sy natuurlike verspreidingsgebied in die Oos-Kaap te herstel, meen sommige kenners dat dit nie die buitengewone klimaatoplossing is waarvoor dit dikwels voorgehou word nie. Intussen het ’n Wêreldbank-effekte-uitgifte van R2,1 miljard en ’n langtermyn-aankoopooreenkoms met Amazon vanjaar, koolstofkrediete wat met die plant verband hou, in ’n belangrike finansiële produk omgeskep. Suid-Afrikaners word al langer as ’n dekade vertel dat die aanplant van spekboom ’n wondermiddel is om die planeet te help afkoel. Vanjaar het dié idee die groot internasionale kapitaalmarkte bereik. Die Wêreldbank het in April ’n spekboomhersteleffekte geprys; ’n ontwikkelaar met sy hoofkantoor in Singapoer, Imperative Global Solutions, plant die vetplant oor tienduisende hektaar in die Oos-Kaap as sy vlagskipprojek; en Amazon het ingestem om ’n deel van die koolstofkrediete wat daaruit voortvloei, te koop. Navorsers wat die plant bestudeer, sê die gewilde verhaal oordryf wat dit kan vermag. Die aansienlike beleggings wat nou daarin vloei, verhoog die risiko: óf die wetenskap moet reg toegepas word, óf geld word vermors.

Spekboom

Spekboom ‘misbruik in twyfelagtige modeparade’

Ekoloë sê die spekboomplant se waarde as ’n atmosferiese herstelhulpmiddel is ’n feit, maar die aansprake wat daarvoor gemaak word, en die optimistiese handelsmark wat nou op dié aansprake gebou word, verg noukeuriger ondersoek, meen Wikus Engelbrecht van Wild Rescue. WAARIN SPEKBOOM UITBLINK EN WANKEL Die spekboom is ’n droogtebestande vetplant wat ’n belangrike rol speel in die Albany-ruigte, ’n digte plantegroeitipe in die Oos-Kaapse suidooste van die land. ’n Studie van 2021 in PLOS ONE deur navorsers aan Nelson Mandela-universiteit en die Universiteit Stellenbosch verwys na vroeëre navorsing wat beraam dat ongeskonde spekboomruigte ongeveer 200 ton koolstof per hektaar stoor: ’n betreklik hoë syfer vir ’n droë ekosisteem. Maar spekboom onttrek nie meer atmosferiese koolstof as ander bome in die ruigtegemeenskap nie. Die praktyk van grootskaalse aanplanting het nie oorspronklik uit koolstofaansprake ontstaan nie; die verhaal oor spekboom as ’n koolstofstoor is

later daaraan gekoppel. Dr. Christina Mars van die Hessequa-herbarium sê: “Spekboom groei gewoonlik in groot plate verder oos, in die rigting van die Oos-Kaap. Hierdie hele spekboom-koolstofverhaal het baie skade aangerig. Skielik is spekboom oral geplant, selfs by die Pauline Bohnen-natuurreservaat, waar dit glad nie hoort nie. Spekboom is beslis nie die beste koolstofstoor nie. Dit is uitstekend waar dit natuurlik in groot hoeveelhede voorkom. Die geheim van herstel is diversiteit, nie ’n monokultuur nie. Dit gaan eerder oor koolstofkrediete, ’n verskriklike kapitalistiese uitvloeisel van natuurbewaring. Dit doen niks vir die natuur nie, maar stel groot maatskappye in staat om hulself en hul projekte groen te was. Dink maar aan die belaglike beeld van datasentrums wat

TWYFELAGTIGE OPLOSSINGS ’n Spekboomheining is nie ’n koolstofkompensasieprojek nie, en geen enkele spesie kan die klimaatkrisis oplos nie. Plant wat hoort waar jy woon, en wees versigtig vir enige wonderaansprake waaraan ’n prysetiket hang. Gill Simpson, stigter en direkteur van die Wild Rescuenatuurreservaat, sê: “Die klimaatkrisis is te dringend om ons aandag te laat aflei deur ’n

modeparade van twyfelagtige oplossings. Namate die krisis vererger en die wêreld kritieke kantelpunte nader, kan ons dit nie bekostig om tyd, geld en openbare vertroue te mors op oplossings wat meer belowe as wat hulle lewer nie. “Spekboom speel ’n geldige rol in die herstel van gedegradeerde Albany-ruigte, maar die potensiaal daarvan is opgeblaas tot ’n klimaatreddende

deur spekboomaanplantings omring word. ’n Kompensasieprojek verminder niemand se kweekhuisgasvrystellings nie.” MODEGIERE RIG SKADE AAN Die spekboomverhaal is nie uniek nie. ’n Ondersoek van 2021 na die wêreldwye oplewing in boomplantveldtogte het bevind dat baie veldtogte bome plant op plekke waar hulle nooit natuurlik voorgekom het nie – in grasvelde, savannes en struiklande – en dikwels vinniggroeiende uitheemse spesies bo inheemse spesies verkies. Die aanplant van die verkeerde spesie op die verkeerde plek kan inheemse biodiversiteit én die koolstofberging wat die aanplanting juis moes bevorder, beskadig. Avokado het byvoorbeeld ’n simbool van gesond leef geword, terwyl sy groot waterbehoefte

NIE WONDERPLANT Dr. Christina Mars van die Hessequa-herbarium wys daarop dat sedert die eerste spekboomstories sowat 15 jaar gelede die ronde begin doen het, glo sy dat dit meer skade as positiewe resultate opgelewer het. In die regte Albanyruigtehabitat in die OosKaap kan dit beslis werk, maar dit moet baie plaaslik en spesifiek toegepas word. In die regte omgewing floreer talle spesies onder spekboomplante. Die plante blom daar ook pragtig. Buite hul natuurlike omgewing blom hulle selde, indien ooit. Wat koolstof betref, is spekboom nie ’n wonderplant nie. Dit is nie beter as ander plante nie, en modieuse voorstedelike heinings van net spekboom lok nie die insekte wat inheemse plante nodig het nie. en die verband daarvan met die skoonmaak van woude in dele van Mexiko grootliks onbespreek gebly het. Dis nie juis ’n partytjie as die guacamole uit omgewingsverwoesting kom nie. Spekboom beland ook op die bord. Die blare is eetbaar, suur en suurlemoenagtig van smaak, en ryk aan vitamien C. Veldkoskenners en sjefs gebruik dit al jare lank. Minstens een vooraanstaande Suid-Afrikaanse restaurant het geregte daarom gebou en spekboom as “die verlore bestanddeel” bemark – terwyl dit terselfdertyd die plant se vermoë om koolstof op te neem, geprys het. Die twee verhale loop hand aan hand. ’n Artikel oor veldkos uit 2015 op ’n kleinhandelaar se blog het selfs beweer dat een plant “die koolstofvaslegging van ’n gesin van vier oor hul hele leeftyd vergoed”. Die mite groei namate dit oorvertel word. Niks hiervan beteken dat dit verkeerd is om spekboom te eet nie. Dit was veldkos lank voordat dit ’n tendens geword het, en navorsers aan die Universiteit van die Vrystaat meen dit verdien ’n plek as ’n stapelgroente. • Engelbrecht is verbonde aan die nie-winsgewende organisasie Wild Rescue wat ook ’n geproklameerde natuurreservaat tussen Stilbaai en Riversdal bedryf.

FOKUS OP INDRINGERPLANTE wondermiddel waarvoor dit nooit bedoel was nie. Dit is nie die tyd vir grillige beleggings wat deur ophef eerder as bewyse gedryf word nie. Ons het werklike, wetenskaplik gegronde oplossings nodig wat meetbare resultate lewer en op ekologiese werklikhede berus – met die beginsel dat die regte inheemse biodiversiteit op die regte plek herstel moet word.”

Dr. Wilhelm de Beer van die Gouritz Cluster Biosfeerreservaat in Riversdal meen in sy natuurlike verspreidingsgebied is spekboom heeltemal gepas. “Maar in ons streek sal jy op lang termyn veel groter voordele behaal deur indringerplante te verwyder as deur ’n spesie soos spekboom hier aan te plant. Ek dink daar is baie meer waarde daarin om veld na sy natuurlike toestand, met

sy natuurlike biodiversiteit, te herstel en ons pogings op die verwydering van indringerplante toe te spits. Die skade wat indringerplante aanrig, is duidelik en aansienlik. “As ek moes kies tussen geld bestee aan die verwydering van indringerplante of aan die vermeerdering van spekboom, sou ek beslis eerder op die beheer van indringerplante fokus,” sê hy.


10

Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026

Dink

MENSE GELD TERUG, GELDTEKORT:

Nepotisme ons Latynse neef

’n Skreiende teenstrydigheid

Die terugbetaling van sowat R630 miljoen se onbestede onderwysgeld aan die tesourie, te midde van ernstige finansiële druk op skole, plaas opnuut die soeklig op die bestuur van Suid-Afrika se onderwysbegroting, meen Melanie Buys.

Illustrasie: Adobe Stock

Willem Botha

O

ns woorde regeer en regering kom van Nederlands regeren, wat teruggaan op Latyn regere, wat oorspronklik beteken het “om ’n reguit lyn te trek” en later “om te lei, te bestuur” of “om te heers”. Ek wens ons regering kan ’n slag ’n reguit lyn trek . . . Vox populi, vox dei, die Latynse spreekwoord wat beteken “Die stem van die volk is die stem van God”, word dikwels in politieke ontledings of debatte in Afrikaans aangehaal om te wys op die krag of deurslaggewendheid van die openbare mening. Dit is meer bekend in die verkorte vorm vox populi. In die Middeleeue is die spreuk gebruik, of misbruik, om te beweer dat die massa altyd reg het en om te waarsku dat ’n skare of ’n ontevrede massa hulle maklik tot irrasionele of gewelddadige gedrag kan wend. Klink dit bekend? ’n Stappie verder as nepotisme (uit Latyn nepos, “neef”), die begunstiging van familie en vriende, veral ten opsigte van aanstellings en bevordering, is nepotokrasie. Nepotokrasie is ’n regeringsvorm waarin mag, voordeel of hoë posisies aan familielede

ONS PRAAT ALMAL LATYN soos neefs gegee word, sonder inagneming van verdienste of kwalifikasies. Nepotokrasie is saamgestel uit Latyn nepos “neef” en Grieks kratos “regering”. Ons kry die woord uit ’n praktyk van die Middeleeue in die Rooms-Katolieke Kerk. Katolieke pouse en biskoppe moes ’n eed van selibaatskap aflê en het daarom nie amptelik seuns gehad nie, maar wel soms seuns “in sonde ontvang en gebore”. Ten einde mag, titels en besittings te laat vererf, het hulle hul neefs of hul nie-amptelike seuns, wat hulle eufemisties “neefs” genoem het, tot hoë posisies soos dié van kardinaal verhef. Is daar iets nuuts onder die son? ’n Kleptokrasie is ’n regering met leiers wat hul mag gebruik om ’n land se rykdom

en natuurlike hulpbronne te steel. Ons kry kleptokrasie uit Laatlatyn via Grieks kleptein “om te steel”. Uit Die Burger van 25 Maart 2010 kom hierdie baie beskrywende voorbeeldsin: Kleptokrasieë spring oral op, nou net soos in die verlede. Die kenmerke is korrupsie, verryking van familie en self, allerlei vorme van tenderpreneurskap, sommer plein stelery ook. ’n Fallokrasie is ’n regering of sosiale of politieke stelsel waarin mans oor die mag beskik en manlike dominansie genormaliseer is. Fallo is afgelei van Latyn phallus, “penis”. As studente het ons gespot dat ’n das net ’n falliese simbool is. ’n Hibriede (Latyn hibrida, “hibried-, baster-”) regering is ’n regering wat uiterlik nog die voorkoms van ’n demokrasie het (soos die hou van verkiesings), maar korrupsie en staatsbeheer loop so diep dat die politieke stelsel nie langer regtig vry of demokraties is nie. Enige herkenbare parallelle tussen die regeringsvorme wat in hierdie rubriek beskryf word en ons werklikheid is toevallig. • Botha is ’n onderwys-, woordeboek- en radioman met ’n honneursgraad in Latyn en ’n kwalifikasie as mediator.

Dié terugbetaling is onaanvaarbaar terwyl skole sukkel om noodsaaklike uitgawes te dek en provinsiale onderwysdepartemente versuim om hul finansiële verpligtinge na te kom. Dit help nie die regering bewillig miljarde rande vir onderwys as die geld nie uiteindelik die skole en leerders, waarvoor dit bedoel is, bereik nie. Elke rand wat weens swak beplanning en bestuur onbestee bly, verteenwoordig ’n verlore geleentheid om onderwys te verbeter. Die parlementêre gekose komitee oor onderwys, wetenskap en die kreatiewe nywerhede het op 21 Oktober sy kommer uitgespreek oor die R630 miljoen aan voorwaardelike toelaes wat die departement van basiese onderwys (DBO) aan die tesourie terugbetaal het. Die komitee verlang antwoorde oor waarom die geld nie bestee of, waar toepaslik, herprioritiseer is om dringende onderwysbehoeftes die hoof te bied nie. Hieronder tel skoolinfrastruktuur, sanitasie, die nakoming van norme en standaarde en ondersteuning aan die grondslagfase. Die omvang van die bedrag is kommerwekkend. Teen ’n beraamde jaarlikse indiensnemingskoste van sowat R700 000 per onderwyser is R630 miljoen gelykstaande aan die koste van ongeveer 900 onderwysposte vir ’n jaar. Die probleem word vererger deur provinsiale onderwysdepartemente wat nie hul statutêre

betalingsverpligtinge teenoor skole nakom nie. Melanie Buys In Gauteng het talle skole teen die voorgeskrewe betaaldatum van 15 Mei 2026 minder as 3% van hul jaarlikse staatstoewysings ontvang. Dit volg nadat die Gautengse onderwysdepartement reeds toewysings aan kwintiel-5-skole met ongeveer twee derdes verminder het. Die gevolge word daagliks in klaskamers en skoolbegrotings gevoel. Noodsaaklike instandhouding word uitgestel, aankope van handboeke en leermateriaal word beperk en skole moet hul reserwefondse gebruik om bedryfskoste te dek. Selfs poste van onderwysers, wat deur skoolbeheerliggame aangestel word, kom onder druk. Dit is ’n skreiende teenstrydigheid. Op nasionale vlak word miljoene rande terugbetaal omdat dit nie bestee is nie, terwyl skole op provinsiale vlak moet baklei om geld te ontvang waarop hulle wetlik geregtig is. Swak finansiële bestuur in die onderwys is nie bloot ’n administratiewe mislukking nie. Dit ontneem kinders van onderwysgeleenthede wat hulle nooit weer kan terugkry nie. Die tyd vir verskonings is verby. Amptenare moet verantwoordelikheid aanvaar wanneer hulle nie hul pligte nakom nie. • Buys is die hoof van ontwikkeling aan die Solidariteitskoleondersteuningsentrum (SOS).

Ryk of arm, 0ral waar jy gaan, sien jy menslikheid Zander van der Westhuizen Die troue is in Hartbeespoort. Dit is ’n warm somer-Saterdagmiddag en ek sit my gunstelingmusiek in die bakkie aan. Ek besluit om vir ’n slag deur die middestad te ry. In ons kompleks kuier mense. Voertuie staan voor huise en oral sien ek kinders speel en swem. My oog vang die rook van braaivleisvure wat bo grensmure uitstyg, voor ek by die hek uitry. Langs die pad is die atmosfeer jolig. Taxi’s stop by klein spazas wat koeldrank, vrugte en lekkers verkoop. Daar staan drie vroue en lag terwyl hulle nartjies afskil en gesels. Voor die ingang van

’n winkel bondel ’n groep mans wat ’n bordspel speel. Hulle sit elkeen op die punt van ’n plastiekkrat, terwyl almal tergend met mekaar skerts. Nader aan die universiteit is daar studente op hul fietse met sportsakke op hul rug. ’n Paar sekuriteitswagte waai vir hulle by die hoofingang terwyl die manne verby die slagboomhekke die kampus binnery. Deur Arcadia sien ek die ou bekende plekke waar ek as student nog gaan kuier en wegneemetes gekoop het. Nou is daar mense wat op die sypaadjies wag om gou hul hare te laat sny – net daar op ’n plastiekstoel. Intussen speel musiek deur ou luidsprekers en ’n paar vroue sing saam terwyl hulle op

IN DIE OOMBLIK die straathoek dans. In Pretoriusstraat sien ek nie ’n papier op ’n sypaadjie nie en mense is in en uit die groot en klein winkels. Dit word stiller na die westekant van die stad toe. ’n Man wat in sy motor langs my by die verkeerslig stop, groet

my vriendelik en twee verliefdes hou hande vas terwyl hulle voor my bakkie oor die voetgangeroorgang stap. Net voor die tolhek, aan die linkerkant, staan ’n bakkie onder ’n boom op ’n plot aan die ander kant van die draad. Die agterklap van die bak is oop en hulle het twee klein kampstoeltjies opgeslaan met ’n draagbare braaier tussen hulle. Die wors word gaar terwyl hulle land en sand gesels. Toe tref dit my. Deur al die gemeenskappe waardeur ek vanmiddag ry, is daar ’n gemene deler – menslikheid. In die ryker gebiede met die komplekse en die hoë mure, in die woonstelle van Sunnyside, deur die middestad en langs

die Pretoria-Wes-begraafplaas, waar die boemelaars lê en slaap, tot by die plot aan die ander kant van Atteridgeville, sien jy die menslikheid van gesels, kuier, eet, lag en interaksie. Maak nie saak of die stoel by ’n duur winkel gekoop of op ’n ashoop opgetel is nie – ons almal het ’n stoel. Daar lê ’n diep stuk waarheid oor wie God is in die feit dat Hy mens geword het. En ek wonder oor wat dít my leer oor ander mense en oor Hom. Ek stop voor die trou-venue. Die bruidegom groet my vrolik en al die mense sit op hul stoele. Die erediens kan begin. • Van der Westhuizen is ’n predikant, radio-omroeper, skrywer en musikant van Pretoria.


Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026

Dink

11

AKTUEEL

Ek sien in my geestesoog die My Skare-plakkate Annemarie van der Walt Asof dit nie erg genoeg is dat Kersfeesversierings vroeër in die winkels opgehang word nie, word ons tans geseën met iedere lamppaal getooi in kleurvolle foto’s met bolwang-politici. Met die eersgenoemde versiersels weet ons darem Kersfees is gewaarborg. Die ander se Krismisse is jare reeds soos die geheimsinnige kaptein waarop almal wag – met apologie aan wyle Elsa Joubert. Ek woon in ’n landelike kiesafdeling in die munisipaliteit van Mbombela, waar ’n stem teen die heersende party soos ’n disselblom in die wind is – dit

land nêrens nie. Maar stem sal hoeka na ’n goeie naam vir ’n ek stem, so is ons mos geleer. party. Anders mag jy nie moan nie. Sou ek die party op die been Ieder geval is daar ’n mooie bring, sal My Skare vanselfsprekuitsig van ons stemlokaal oor die end vroulik wees. Die ou berge, almal is vriendelik grappie om ’n vrou vir ’n en daar is nooit ’n lang halfdag aan te stel sodat ry nie. sy vier mans se werk in Daar was wel die daardie tyd kan jaar toe ek op ’n afhandel, is eintlik baie stil tyd opnie ’n grappie daag, ’n vingernie. Vra enige alleen-stemmer, huisvrou wat werk en en toe by die eerste kinders het. Maar daar is naaste deur wil nog afdelings. inhop, maar vriendeEk sien al in my WYD & SYD geestesoog lik, dog ferm, gewys die stemword na die ware ingang, waar plakkate van My Skare. ’n enorme plakkaat hang met Daar is die yummy-mammies woorde in vet gedruk: “Crowd met hul puik gemanikuurde control”. wenkbroue. Moenie geflous My Crowd / My Skare klink word deur die gawe glimlag nie.

Jan Taks gebruik gesiglose KI-tirannie Alida Kok

Franz Kafka Foto: Adobe Stock

In die Suid-Afrikaanse staat – noreer die inkomstediens nou wat in die politieke wetenskap prosedures van die belastingas, onder meer, “mafia-”, administrasiewet wanneer “mislukte”, “mislukkende”, geld ingevorder word. Die “gekaapte” en “gefragmenSAID gebruik KI om groot dateerde” staat beskryf word – is taverwerking te doen en bedit ’n verrassing en ’n nagpaal dan dat ’n ongekende merrie om as doodgewone hoeveelheid mense die inkommiddelklasburger skielik in stediens geld skuld. Werkdie visier van die mislukkende gewers en banke word dan staat se wêreldklas-inkomstedeur die SAID as derdepartydiens te wees. invorderaars aangestel. Met die Suid-Afrikaanse Derdepartyaanstellings Inkomstediens (SAID) word ingevolge die se nuwe mowet verplig om geld derniseringsprosonder kennisgewing jek, wat SARS van werknemers Modernisation se salarisse te 3.0 genoem verhaal of word en wat uit bankrekunsmatige keninge te vat en intelligensie (KI aan die inkomstediens of intelligensieoor te betaal. Derdesimulasie) volgens partyaanstellings – RAAKVAT veral in die geval waar die nuutste standaarde van die Organisasie vir werkgewers skuldbedrae van Ekonomiese Samewerking en salarisse moet aftrek – veroorOntwikkeling (OECD) gebruik saak geweldige vrees en angs om geld in te vorder, word onder werknemers. Suid-Afrika se belastingbasis, Die grense tussen die perwat ongesien klein is, soos ’n soonlike, private en openbare droë waslap gewring om nóg vervaag, want ’n werkgewer ’n paar druppels vir die staat word gedwing om die staat se kontantvloei te kry. Dit is se aggressiewe eise teenoor nou nóg ’n paar druppels vir individue te stel. In gevalle ’n staat waarin korrupsie en waar banke geld sonder misdadigheid hoogty vier, kennisgewing uit rekeninge geldwassery stewig toeneem en vat, lei dit byvoorbeeld tot die voorste staatsamptenaar en kleinsakeondernemings wat sy familie miljardêrs is. vou of skielik nie personeel se In die konteks hiervan igsalarisse kan betaal nie.

Buiten die erg outoritêre aard hiervan, gebeur dit dikwels dat outomatiese assesserings en die skuldbedrae waarmee KI vorendag kom, verkeerd is. Belastingpraktisyns bevestig dié tendens. Dit veroorsaak dat ʼn gewone mens van belastingontduiking beskuldig word en die onus dan op daardie mens rus om sy onskuld binne tien dae te bewys om te keer dat ’n bedrag van ’n salaris afgetrek word. Telkens moet mense dan geld bestee om rekenmeesters dringend aan te stel of sukkel om ’n afspraak by die SAID te maak. Die wagtyd vir afsprake by sommige sentrums is 60 tot 90 dae. Om só kwesbaar in ’n staat se arbitrêre administratiewe magsorde te wees, is soortgelyk aan ʼn konteks wat Franz Kafka, die Duitstalige skrywer uit die 20ste eeu, in sy roman Der Process (The Trial) beskryf. Dit is uit dié roman en Kafka se ander skrywes wat die term “Kafkaesk” kom – om iets oor te dra van die ervaring van gewone mense wanneer mag ontaard in ’n gesiglose orde en mense aan prosesse onderwerp word wat nie deur geregtigheid of redelikheid begrens word nie. KI vererger die tirannieke aard van die gesiglose magsorde. Nes Josef K. een oggend wakker word en hoor hy is in hegtenis en die twee amptenare wat hom in hegtenis neem, meen dit is nie hul plig om te weet wat die rede daarvoor is nie, word geld nou uit die bloute uit mense se salaris en bankrekeninge gevat en die private instellings wat die staatsburokrasie se derdepartyopdrag uitvoer, sê dit is nie hul verantwoordelikheid om belastingpligtiges se skuld te bevraagteken nie. • Kok is ʼn dosent in politiek aan Akademia.

Wat jy nie sien nie, is die geoefende logistieke masjien wat ’n huishouding, verskeie klubs, haar skoonheidsroetine en dalk selfs haar man se minnares woerts-warts in ’n roetine inklits en sorg dat hulle deliver soos en wanneer dit moet. Die plakkate met die vroue wat nie kon bôdder met grimering of ’n bra nie (genadelik is dit portretfoto’s) was dalk eens yummy, maar is tans grumpy. Hulle is span In-die-bek-rukker en kan “menosoupaal” agteruit spel. Moenie ’n lang storie spin nie, eerbare raadslid – kom tot die punt en doen dit onmiddellik. Ruim ook agter jouself op, van jou spreekwoordelike slaapkamer tot jou werf en sommer die straat ook. En nee, moenie

’n selfie neem of linte knip nie – pleeg daardie onsigbare silent continuity soos ’n ware vrou. Ons wag vir jou. A, en dan die galery geplooides, lamppaal ná lamppaal. Die gogo’s, die oumas, die VLU-tannies, die sopkombuis-sterre, die afgetrede onderwyseresse. Sy wat ’n stout kind sekuur met ’n plakkie kon raak gooi óm ’n hoek, het nou altyd ’n ietsie te ete vir ’n honger mens, samel wintertyd komberse in en lag oor die dag wat kom. Sy’t al als gesien en weet as dit goed gaan met die vroue en kinders, sal dit goed gaan met die land. En dít is wat ons, skares van ons, wil hê. • Van der Walt is ’n vryskutskrywer van Kaapsehoop.

Langnekke en lang woordreise

Dan is daar die dier se ander naam. Toe ’n jong ma ’n paar jaar gelede deur ’n kameelperd beseer is, is die korter naam, “giraf”, in koerantopskrifte “Mamma, is ’n kameelperd gebruik. Heelwat lesers het dit regtig?” wou een van my seuns dadelik as ’n anglisisme beskou. ’n paar jaar gelede weet. Tog erken die AWS al Ek moes glimlag. Die naam sedert 1917 “giraf, girafs” as klink immers opgemaak, asof Standaardafrikaans, terwyl die iemand ’n kameel en ’n perd HAT en WAT dit as sinoniem probeer saamvoeg het. As jy vir “kameelperd” opdaardie lang nek, lang bene en geneem het. Volgens gevlekte lyf sien, kan jy die EWA het “giraf” uit verstaan waarom Engels én uit Nederdié dier mense se lands in Afrikaans verbeelding so beland. Die woord aangryp. se oorsprong Die naam is veel ouer het ’n fassineas enige van hierdie rende geskiedetale. Die woord is reeds nis. Die antieke eeue gelede as “zarāGrieke het die fa” in Arabies gebruik, ’n dier “kamelopardalis” naam wat hulle ver(καμηλοπάρδαλις) TAALSMID moedelik uit ’n ouer genoem. Dié mondAfrikataal geleen het. In Europa vol is saamgestel uit “kamelos” het die Italianers die woord as (kameel) en “pardos” (luiperd “giraffa” oorgeneem. Van daar of panter). Die kameelperd was af het dit via die Franse “girafe” dus oorspronklik ’n kameeltot in Engels en Nederlands panter! Hoe het die bloeddorsgestap. ’n Ware wêreldreisiger! tige, gevlekte kat in ’n mak My seun se vraag het ’n hoefdier verander? Die spoor interessante antwoord: Die loop via die Nederlandse “kakameelperd bestaan beslis. Die meelpaard” na ons Afrikaanse perd in sy naam? Dít is een van kameelperd. “Pardus”, wat na die verrassende verdwaalpaaie die panter verwys, was vir taalgewat woorde soms met lang treë bruikers destyds onbekend. tot in ’n taal loop. Hulle het dit bloot deur volks• Van Helden is VivA se taaladetimologie met die Nederlandse viseur. “paard” (perd) vervang. Maureen van Helden


12

DINK

Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026

SPELETJIES FOTOBLOKRAAI 35 L E I D R A D E V I R K R I P T I E S E BLOKRAAI 35: DWARS: 1. Soort skildluis (6) 4. Blaps (6) 8. Pitlose lemoene (6) 10. Openbare weivelde (6) 11. Soort growwe wol (5) 12. Aanvanklik (4) 14. Wegsit (4) 15. Verkwistend (9) 17. Vredemaker (9) 20. Vals (4) 21. Organiseer (4) 22. Diep (5) 24. Redenering (6) 25. In die toekoms (6) 26. Metale saamsmelt (6) 27. Die tuig neerlê (6)

AF: 1. Oneerlik te werk gaan (6) 2. Diewe (6) 3. Verdikking op die vel (4) 5. Verdriet (4) 6. Klokkie se geluid (6) 7. Megafoon (6) 9. Digter se laaste gedig voor sy dood (9) 10. Versameling wilde diere in hokke (9) 13. Speeksel (5) 14. Trofee (5) 16. Geld verwed op iets (6) 17. Oprig (6) 18. Verlosser (6) 19. Beswaar (6) 22. Elektries gelaaide gasmolekules (4) 23. Bondel koring (4)

L E I D R A D E

OPLOSSINGS VIR 23 OKTOBER 2026

FOTOBLOKRAAI 34

V I R

S U D O K U 35

E N G E L S E BLOKRAAI 35: ACROSS: 1. Obtain for temporary use (6) 4. Between (6) 8. Edible berry that is eaten as a vegetable (6) 10. Use it to take photos (6) 11. A person (5) 12. Active volcano in Sicily (4) 14. Mixture of smoke and fog (4) 15. He strongly disagrees with government (9) 17. Drunkard (9) 20. Netted material (4) 21. Opposite of hate (4) 22 Hair that grows on a man’s face (5) 24. Bowed, stringed instrument (6) 25. Period of ten years (6) 26. Mom’s other daughter (6) 27. Arachnid with eight legs (6)

DOWN: 1. To annoy (6) 2. To make someone think about something again (6) 3. A solemn promise (4) 5. Complaint (4) 6. Fantasized (6) 7. With a sharp, vibrating tone of a plucked string (6) 9. Direct and open in speech (9) 10. Material made from cellulose fibre (9) 13. Passage in a theatre (5) 14. Slow-moving animal (5) 16. Owned workers (6) 17. Film stars (6) 18. A person who avoids danger or pain (6) 19. Shooting star (6) 22. Bicycle (4) 23. Extending far down (4)

ANTWOORDE BLOKRAAI 34: Dwars: 5. Front; 7. Uitbuit; 8. Sopie; 9. Tas; 10. Tor; 11. Reken; 12. Modeontwerper; 15. Bôgom: 16. Lys; 18. Wys; 20. Drank; 22. Illusie; 23. Strik. Af: 1. Kluit; 2. Lotus; 3. Spuit; 4. Agterstallige; 5. Fes; 6. Oopskop; 11. Rûe; 13. Dagvaar; 14. Olm; 17. Salie; 18. Wasem; 19. Skeef; 21. Kok. ENGELSE BLOKRAAI 34: Across: 5. Canoe; 7. Avocado; 8. Thumb; 9. Nag; 10. All; 11. Arrow; 12. Perpendicular; 15. Folio: 16. Elf; 18. Dot; 20. Stall; 22. Blunder; 23. Theme. Down: 1. Drain; 2. Wrong; 3. Drama; 4. Knowledgeable; 5. Cat; 6. Neutral; 11. Arc; 13. Release; 14. Ego; 17. Flute; 18. Daddy; 19. Torch; 21. Lie.

S U D O K U 34 A N T W O O R D

Saamgestel deur: Heidri Mittendorf


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
DiePapier-Wes-Kaap ~30102026 by Novus Media - Issuu