Skip to main content

DiePapier-Oos-Kaap~23102026

Page 1

VRK-syfers: Bulls, Stormers loop voor – bl. 24

Net vir jou

Vrydag 23 Oktober 2026 (op die rak tot Donderdag 29 Oktober 2026)

R35

‘Boer soek ’n vrou’ se nuwe aanbieder: ‘Ek ry al plaasbakkies vandat ek 8 jaar oud is’ – bl. 9

Kate Roothman

Begroting: Groeidroom nou verydel – bl. 2, 14, 15

KAAPSTAD, TSHWANE, JOHANNESBURG:

Besluit oor DA lê by wit en bruin

ANC kan steeds meer opsies hê vir koalisies, sê ontleder – bl. 3

Frankryk: Woede kook oor in strate – bl. 5

Oppiwater: Wen ’n kajuit vir twee – bl. 18

1994, 2006: Waar’s die liefde nou, vra André – Dink, bl.5


2

Die Papier Vrydag 23 Oktober tot Donderdag 29 Oktober 2026

Nuus

Tesourie se syfers knou RNE se 3%-groei-droom Jana Marx jana.marx@diepapier.co.za

SCENARIO’S VIR BBP-GROEI

noch Godongwana, minister van finansies, het dalk vandeesweek gesê Suid-Afrika se ekonomiese groei kan tot “meer as 3%” per jaar versnel indien die regering volhou met strukturele hervormings. Maar vooruitskattings wat die nasionale tesourie aan Die Papier verskaf het, toon dat ekonomiese groei selfs in die mees gunstige hervormingscenario tot en met 2035 onder dié vlak sal bly. Die 3% is die regering van nasionale eenheid se teiken teen 2029. Scenario’s vervat in die mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) wat Woensdag 21 Oktober ter tafel gelê is, toon egter dat die ekonomie volgens die tesourie se basisvooruitskatting in 2029 met slegs 2% sal groei. Selfs in die gunstigste scenario sal groei in daardie jaar net 2,3% beloop. Dié scenario (Scenario A in die grafiek), aanvaar dat hervormings in onder meer elektrisiteits- en watervoorsiening, spoor- en hawevervoer, toerisme, munisipale dienste, behuising en digitale infrastruktuur suksesvol deurgevoer word. Dit sal na verwagting groter staats- en private investering aanmoedig, wat ekonomiese groei, werkskepping en huishoudelike inkomste ’n hupstoot kan gee. Die oorspronklike grafiek strek net tot 2029, maar Die Papier het die tesourie om verdere vooruitskattings gevra. Selfs in 2035 sal ekonomiese groei volgens die bykomende syfers se Scenario A net meer as 2,6% beloop, teenoor 2,2% in die basisvooruitskatting – ses jaar ná die RNE se teikendatum. “Hoewel daar goeie vordering gemaak word met die stabilisering en bestuur van die land se finansies, toon die ekonomiese scenario’s wat tesourie voorhou dat meer gedoen sal moet word om by ’n volhoubare 3%-groeidroom uit te kom,” sê die onafhanklike ekonoom Elize Kruger. “Strukturele hervorming gebeur steeds te stadig en daar sal met meer erns en fokus gestreef moet word om struikelblokke uit die weg te ruim, die regte beleid in plek te kry en projekte geïmplementeer te kry.” Die tesourie het vanjaar se groeivooruitsig verlaag van 1,6% wat in die Februarie-begroting

Scenario A: Suksesvolle strukturele hervormings en groter staatsen private investering stimuleer ekonomiese groei. Scenario B: Doeltreffender besteding aan infrastruktuur en beter samewerking met die private sektor ondersteun ekonomiese groei. Scenario C: Hernude oorlog in die Midde-Ooste laat oliepryse skerp styg, wat inflasie aanwakker en ekonomiese groei vertraag. Basislyn

E

2,4%

2,3%

2,3%

2,2%

2,1% 2%

2%

1,9%

1,8%

1,7% 1,6%

1,5%

1,2%

1,9%

1,8%

1,5%

1,1%

1,2%

1,3%

1,1%

2,4%

2025

2026

2027

2028

2029

Godongwana het ook aangekondig dat R810 miljoen in 2027-’28 bestee sal word om die polisie se voertuigvloot te vernuwe. Die aangepaste begroting maak ook R516 miljoen in die huidige boekjaar beskikbaar vir die Madlanga-, Khampepe- en Nkabinde-ondersoekkommissies. Geld in die polisiebegroting word hertoegewys om forensiese laboratoriums en misdaadondersoeke te versterk en agterstande te verminder. Volgens syfers wat die Nasionale Forensiese Toesig- en Etiekraad aan die parlement voorgelê het, is slegs 3 471 van die 238 707 DNS-profiele wat in 2025-’26 opgestel is binne die vereiste 30 dae afgehandel. Dit vertraag strafsake met jare. Verder word R823 miljoen in 2026-’27 aan die weermag

beskikbaar gestel om die polisie te help om bendegeweld en onwettige mynbou te bekamp. Om geslagsgebaseerde geweld (GBV) te bestry, word R186 miljoen herbestem vir forensiese dienste, ondersoekvermoë en die vermindering van forensiese agterstande. GBV geniet weer aandag nadat ’n spul moorde op vroue tussen Julie en September in Ekurhuleni, Gauteng, plaasgevind het. Nog R3,8 miljard word oor die medium termyn herbestem om 3 552 maatskaplike werkers aan te stel vir voorkoming, vroeë ingryping en om GBV-slagoffers te ondersteun. ’n Bykomende R157,4 miljoen is aan die departement van vroue, jeug en mense met gestremdhede toegewys vir die koördinasie van GBV-ingrype.

Grafika: Morné Schaap

DOBBELTAKS

Die tesourie oorweeg steeds ’n nasionale belasting van 20% op aanlyn dobbeloperateurs se bruto dobbelinkomste, buiten bestaande provinsiale belastings. Die tesourie se Chris Axelson het tydens ’n mediainligtingsessie bevestig gesprekke met reguleerders, provinsies en die bedryf duur voort. Volgens Godongwana word die finale voorstel in Februarie 2027 se begroting verwag.

aangekondig is, tot slegs 1,2%. Dit stem ooreen met die Reserwebank se vooruitsig. Kevin Lings, Stanlib-hoofekonoom, waarsku dat volgehoue groei van meer as 3%, “ideaalgesproke 4%”, nodig is om ’n betekenisvolle verskil aan werkskepping en beleggings te maak. Volgens die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) sal Suid-Afrika se ekonomie vanjaar met net 1% groei, teenoor gemiddeld 3,7% vir ander ontluikende en ontwik-

Pres. Cyril Ramaphosa maak Enoch Godongwana, minister van finansies, se das reg voordat Godongwana sy mediumtermynbegrotingstoespraak lewer. Foto: GCIS

BRANDSTOFVERLIGTING HELP OM INFLASIE TE BETEUEL Nedbank het sy inflasievooruitskatting vir 2027 van 4,1% tot 3,6% verlaag omdat die regering se aangekondigde brandstofverligting van R10 miljard sal help om prysstygings te beperk. Die algemene brandstof-

MILJOENE VIR POLISIEVOERTUIE EN GBV

heffing daal van 4 November tot 1 Desember met R1,50 per liter petrol en R3 per liter diesel. Daarna, tot 5 Januarie, verminder die verligting onderskeidelik tot onderskeidelik R1 en R1,50. Duncan Pieterse, die di-

rekteur-generaal van die tesourie, sê verdere verligting sal oorweeg word mits dit nie die begrotingsdoelwitte ondermyn nie. AgriSA sê laer dieselkoste sal boere met produksiekoste help.

kelende ekonomieë. Verskeie ander lande in Suider-Afrika sal na verwagting heelwat vinniger groei, waaronder Zambië (5,6%), Tanzanië (6%) en Zimbabwe (5%). Prof. Raymond Parsons van die Noordwes-Universiteit se sakeskool wys ook op die plaaslike regering se gebrek aan behoorlike implementering van die hervormings: “Ons moet herken dat groei van onder (munisipaliteite) na bo

“

Strukturele hervorming gebeur steeds te stadig en daar sal met meer erns en fokus gestreef moet word om struikelblokke uit die weg te ruim. – Elize Kruger, ekonoom.

moet kom, nie net van bo (nasionale regering) na onder nie. Ons kan ook nie ons ekonomiese beleid en die implementering van hervormings bestuur op “ ’n more is nog ’n dag”-grondslag nie.”

STRENGER KONTROLE OOR TOELAES SPAAR Die tesourie verwag om R13,1 miljard oor die mediumtermyn te bespaar deur beter kontrole en verifikasie van maatskaplike toelae-ontvangers. Soortgelyke kontroles word ook by NSFAS-beurse en behuisingsubsidies ingestel. Die getal ontvangers van maatskaplike toelaes sal na

verwagting van 17,8 miljoen in 2026-’27 tot 17,1 miljoen in 2029-’30 daal, wat volgens die tesourie R6,2 miljard se besparings sal oplewer. Dié afname hou egter nie net met strenger kontrole verband nie. Dalende geboortesyfers dra ook by tot minder ontvangers van die kinderondersteuningstoelae.


4

Die Papier Vrydag 23 Oktober tot Donderdag 29 Oktober 2026

’n Week in die wêreld Kruisbeeld val Katolieke priester dood ’n Katolieke priester is dood nadat ’n kruisbeeld op hom geval het tydens ’n mis wat in Ecuador regstreeks uitgesaai is. Vader Patricio Alfredo Sánchez Molinari was besig met ’n preek oor die broosheid van die lewe in sy kerk in die stad Guayaquil, toe die kruis loskom en hom tref. Nooddienste het hulle na die toneel gehaas, maar hy is op die toneel dood verklaar. Die voorval het Saterdag by die Katolieke kerk Onze Lieve Vrouw van Altijddurende Bijvank gebeur. “Op ’n dag sal almal van ons hier ook

14 ’n Grondstorting by ’n onwettige goudmyn in die suidweste van Colombia het die lewe van 14 mense geëis en sewe is beseer. Gewapende groepe in Nariño, aan die grens met Ecuador, beheer die onwettige goudhandel, asook dwelmhandel en afpersing. Mynongelukke in Colombia is algemeen, veral by ongereguleerde plekke. – AFP

Foto: AFP

Vragmotor tref bus, eis 13, beseer 34 ’n Groot vragmotor het Dinsdag wes van die Egiptiese hoofstad in ’n toerbus vasgery, wat tot 13 mense se dood gelei en 34 beseer het. Die koerant Al-Ahram het berig dit was op die Kaïro-Asyut Weswoestynweg. ’n AFP-korrespondent het berig dat owerhede besig was om die snelweg skoon te maak. ’n Hyskraan het die groot bus opgelig. Passasiersitplekke is langs die pad gestrooi. Al-Ahram het berig dat die beseerdes in ’n hospitaal in Giza behandel word, en dat ’n ondersoek aan die gang is om die oorsaak van die ongeluk vas te stel. Volgens die departement van gesondheid het die Egiptiese ambulans-owerheid 28 ambulanse na die toneel gestuur. Altesame 30 beseerdes is na hospitale geneem. – AFP

sterf, en soms het die tyd wat ons aan dinge bestee, nie soveel betekenis soos die tyd wat ons aan God bestee nie. “Die gehaltetyd wat ons aan God, aan ons broers en susters, aan ons eggenote, kinders en familie gee – daardie tyd is die beste bestee,” het Molinari gesê. Hy het God gevra om die gemeente te seën en was besig met ’n ander gebed toe die groot kruisbeeld van die muur agter hom afval. Die Aartsbisdom van Guayaquil het die priester se dood bevestig. – YahooNews, The Independent

Prediker skuldig ná kultus-sterftes ’n Keniaanse prediker en 28 medewerkers is skuldig bevind aan die moord op 190 kinders en een volwassene in ’n berugte hongerdoodkultus. Honderde lyke is sedert 2023 by die kultusbasis naby die Keniaanse strandoord Malindi ontdek. Paul Mackenzie het na bewering sy volgelinge aangespoor om van honger te sterf om “Jesus te ontmoet”. Mackenzie en 28 ander is in ’n hof in Mombasa skuldig bevind aan moord. In die drie jaar sedert die grusame ontdekking is nog meer lyke van kinders, vroue en mans opgegrawe, wat die totaal op meer as 400 gebring het. – AFP

Pres. Emmanuel Macron Foto: AFP

Frankryk kry ekstra diesel uit M-Ooste Pres. Emmanuel Macron van Frankryk het die aflewering van ’n bykomende 200 000 ton diesel per maand uit die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) en Bahrein verseker tydens ’n besoek aan die Golf. Met die byvoeging van aflewerings uit Saoedi-Arabië, het Frankryk beloftes van 295 000 ton per maand, wat net meer as 10% van sy verbruik verteenwoordig, het die presidensie bygevoeg. Macron het die VAE, Bahrein en Katar besoek – almal wat sedert Februarie in beroering gedompel is deur die VSAIran-oorlog. Die olie sal via Oman gestuur word, verby die Seestraat van Hormoes. – AFP

Nuus

Skok nadat LP bene verloor in aanval Die onafhanklike Australiese LP Helen Haines (65) het albei bene verloor nadat sy herhaaldelik deur ’n twee-ton Toyota Land Cruiser getref is in die dorp Wangaratta. Haar man, Phil, sê die “goeie nuus is dat Helen leef”. Sy is in ’n stabiele toestand in ’n hospitaal in Melbourne. “Dit is die belangrikste vir ons gesin. Die twee belangrikste dele van Helen vir ons as gesin is haar hart en haar verstand,” het hy gesê. “Haar hart is enorm. Sy is ’n baie deernisvolle, sorgsame, liefdevolle mens.” Brendan Nugent (43), uit die nabygeleë Tarrawingee, het verbygery terwyl Haines iets uit die agterkant van haar motor gaan haal het, omgedraai en haar na

Helen Haines Foto: AFP

bewering opsetlik getref, en haar teen haar voertuig vasgedruk. Hy het daarna na bewering agteruit gery en haar weer getref. Nugent het Woensdagoggend in die hof verskyn op aanklagte van onder meer gevaarlike bestuur en die aanval van ’n openbare amptenaar. Hy het nie om borgtog aansoek gedoen nie en sal weer op 4 Februarie in die hof verskyn. Die motief vir die aanval is steeds onbekend en die owerhede het geweier om te bespiegel terwyl die ondersoek aan die gang is.

Japanse ruimtetuig op pad na Mars-maan ’n Japanse ruimtetuig is op pad na een van Mars se mane in ’n wêreldeerste sending om monsters te bekom, wat moontlik kan help om die oorsprong van die Sonnestelsel en lewe op aarde te ontsluit. Die vlagskip H3-vuurpyl wat die onbemande Martian Moons eXploration (MMX)-ruimtetuig vervoer het, het 21:41 Maandag (Suid-Afrikaanse tyd) in ’n pikdonker lug van die Tanegashima-ruimtesentrum opgestyg. Meer as ’n uur later het die Japanse ruimteagentskap (Jaxa) aangekondig dat die ruimtetuig suksesvol van die H3 geskei het en “sy reis na die Mars-stelsel begin”. Die ruimtetuig behoort ongeveer Augustus volgende jaar naby Mars aan te kom, waar dit om een van sy mane, Phobos, sal wentel. ’n Frans-Duitse verkenner genaamd IDEFIX – die Franse naam vir die strokiesheld Asterix se hond

Katie Zacharia sê oor afdanking, Trump Katie Zacharia (41) het net ’n paar dae as Withuis-woordvoerder gehou voordat sy laat gaan is. Zacharia het sedertdien ontken dat pres. Donald Trump haar in ’n moeilike posisie geplaas het. “Dit was ’n eer om te reageer op die president se versoek om te dien en my kinders kon sien hoe hul ma een van die mees gesogte posisies ter wêreld inneem,” het sy aan The New York Post gesê. Op ’n vraag of sy enige berou het: “Ek is trots dat ek gestaan het by wat ek glo en die president gesteun het, selfs toe die omstandighede nie ideaal was vir my nie,” het sy gesê. “Ek het my kinders gewys hoe lyk dapperheid te midde van kritiek.”

Afganistan: 19 m. gaan honger ly Die getal mense wat akute voedselonsekerheid in Afganistan in die gesig staar, sal in die komende winter tot meer as 19 miljoen styg, het die Verenigde Nasies Dinsdag gewaarsku. Die voedselkrisis wat Afganistan in sy greep hou, sal na verwagting in 2027 miljoene jong kinders raak, het die VN se humanitêre agentskap OCHA gesê. Meer as vier miljoen babas en kinders onder ses sal volgende jaar behandeling vir akute wanvoeding benodig, het dit gewaarsku. Tussen September en Oktober het 15,9 miljoen mense – of bykans een uit elke drie Afgane – voedselonsekerheid op krisisvlak of erger in die gesig gestaar, insluitend 3,4 miljoen in noodtoestande, het die agentskap gesê. – AFP

Die H3-vuurpyl styg op. Foto: AFP

– sal die eerste voertuig wees wat oor Phobos ry, wat oppervlakwaarnemings doen om ’n veilige landing te verseker. Sodra MMX op Phobos aankom, sal dit minstens 10 gram materiaal van die oppervlak versamel gedurende sy beplande drie jaar in die omgewing van die Rooi Planeet. – AFP Katie Zacharia Foto: AFP

Afgesien van haar stotterende eerste Withuis-mediakonferensie, was daar ook vrae oor haar beweerde regsagtergrond. Hoewel sy haarself ’n prokureur genoem het, het sy nie die toelatingseksamen tot die balie geslaag nie. Volgens Zacharia het sy kenners gevra oor die woord “prokureur”. Volgens hulle was dit in die haak om haarself so te noem, gegewe haar regsgraad van Pepperdine en haar ondervinding. – AFP, The New York Post

Visepres. JD Vance

JD Vance wil nie Netanyahu steun Visepres. JD Vance van Amerika het gesê hy sal nie pres. Donald Trump se voorbeeld volg en Benjamin Netanyahu, Israel se premier, ondersteun in Israel se komende verkiesing nie. “Ek is nie anti-onderskrywing van hom nie. Ek is nie pro-onderskrywing van hom nie. “Ek raak nie betrokke by Israelse verkiesings nie,” het Vance gesê. “Ek onderskryf Amerikaanse kandidate en dit is waarop ek gefokus is, die (Amerikaanse) tussentydse verkiesing,” het hy bygevoeg. Trump het Sondag ’n openbare onderskrywing van sy regse bondgenoot Netanyahu uitgereik, wat ’n nuwe termyn as premier in Israel se 27 Oktoberparlementêre verkiesing najaag. Vance, wat algemeen beskou word as iemand wat in 2029 Trump wil opvolg, het na bewering teenkanting uitgespreek teen die VSA-Israeliese oorlog met Iran, maar het sedertdien die veldtog verdedig. – AFP

Suid-Korea, Oekraïne haaks oor oorplaas van krygsgevangenes Suid-Korea se departement van buitelandse sake het gesê dit sal sommige personeel van sy ambassade in Oekraïne onttrek, terwyl ’n diplomatieke dispuut oor die oorplasing van Noord-Koreaanse krygsgevangenes na Seoel verdiep. Die twee lande is sedert verlede maand op slegte voet nadat pres.

Wolodimir Zelenski die oorplasing van krygsgevangenes bekend gemaak het. Suid-Korea sê die operasie moes vertroulik gebly het om hul families in Noord-Korea te beskerm. In reaksie het Oekraïne daarop aangedring dat “diplomasie bo emosies moet seëvier” in betrek-

Pres. Wolodimir Zelenski Foto: AFP

kinge tussen die lande en later gesê hulle beskou “die situasie as opgelos”. – AFP


Nuus

Vrydag 23 Oktober tot Donderdag 29 Oktober 2026 Die Papier

Kaylie Joubert kaylie.joubert@diepapier.co.za

SUID-AFRIKA TEENOOR FRANKRYK

Die moontlikheid dat die Franse nou vertroue in sentrumpartye verloor het en meer radikale partye gaan ondersteun, is een van die moontlike gevolge van die grootskaalse onluste wat daar uitgebreek het. Dit hou ook lesse vir Suid-Afrika in, meen kenners. Frankryk se strate het die afgelope weke in ’n kookpot openbare woede, plundery en politieke spanning verander. Wat as betogings oor swak skooltoestande en onderwyserstekorte begin het, het op 17 Oktober in ernstige stedelike geweld ontaard. Pres. Emmanuel Macron van Frankryk se regering word nou nie net oor openbare veiligheid nie, maar ook oor die staat se vermoë om in sy burgers se basiese behoeftes te voorsien, onder groter druk geplaas. Die onrus het uitgebrei tot ’n breër beweging teen stygende lewenskoste, hoë brandstofpryse en besnoeiings in openbare dienste. Volgens berigte het tussen 500 000 en 800 000 mense landwyd aan die betogings deelgeneem. Hoewel baie mense vreedsaam betoog het, het kleiner groepe winkels geplunder, openbare geboue beskadig en met die polisie gebots. Die historiese stadsaal in Limoges is deur ’n brand verwoes. Die onderskeid van die staat in ruil vir tussen vreedsame onder meer gehalte-onbetogers en plundederwys, gesondheidraars is belangrik. sorg, veiligheid veiligheid en Theo Neethling, ekonomiese beskerm’n politieke en ing. Wanneer mense militêre kenner vervoel dat hierdie dienste bonde aan Akademia in agteruitgaan terwyl hul die Paarl, waarsku dat Theo Neethling lewenskoste styg, word Frankryk se onrus nie vertroue in die regering onderas ’n enkele, verenigde opstand myn. beskou moet word nie. MACRON ONDER DRUK Regmatige ontevredenheid Macron se politieke posisie beoor onderwys, ekonomiese druk moeilik die krisis verder. Volgens en openbare dienste bestaan Neethling is die Franse president langs geweld deur groepe wat se posisie deur die parlementêre nie noodwendig dieselfde doelfragmentering ná die 2024-verwitte as die vreedsame betogers kiesing verswak. Met die presinastreef nie. densiële verkiesing van 2027 in Neethling verduidelik die die vooruitsig, kan die regering verhouding tussen die Franse se hantering van die onrus ook staat en sy burgers kan deur politieke gevolge inhou. die idee van die sosiale kontrak Macron het ook buitelandse verstaan word. Burgers betaal leiers gekritiseer, wat volgens belasting en aanvaar die gesag

Vir Suid-Afrika is die waarskuwing ewe belangrik. Neethling wys op die ooreenkomste tussen die twee lande se probleme: swak ekonomiese groei, fiskale beperkings, druk op openbare dienste en ’n groot aantal jongmense wat sukkel om ’n ekonomiese vastrapplek te kry. “Suid-Afrika sit met soortgelyke probleme dat die staat net eenvoudig nie die finansiële of die fiskale vermoë het om te kan lewer wat hy graag wil lewer nie.” Wanneer mense min hoop op werk, bekostigbare behuising en ’n beter toekoms het, kan frustrasie met die staat verdiep. Dit beteken nie dat Suid-Afrika noodwendig dieselfde pad as Frankryk sal volg nie, maar dit beklemtoon die belangrikheid van ’n regering wat op burgers se griewe reageer voordat dit in ’n groter politieke krisis ontaard. “Frankryk se betogings kan natuurlik mense in Suid-Afrika indirek in die toekoms tog wel aanspoor om dieselfde soort gedrag hier te openbaar of dieselfde soort teenstand teen die staat hier aan die dag te lê.”

Die Egalité-standbeeld (“gelykheid”) met swart trane en graffiti wat lui “Goue jeug” in die Monument à la République by die Place de la République in Parys, vier dae ná die onluste. Foto: Kenzo Tribouillard, AFP

Frankryk in vlamme

JONG KIESERS: BEWEEG FRANKRYK NA REGS? Die Franse jong kieserskorps raak al hoe meer verdeeld, met groter steun vir politieke alternatiewe aan die regtersowel as die linkerkant. Data oor parlementêre verkiesings toon dat die steun vir die Front National, wat in 2018 die Rassemblement National geword het, tussen 2002 en 2024 sterk onder jong kiesers toegeneem het. “Wanneer jongmense begin glo die bestaande politieke orde, die ekonomiese stelsel, bied jou nie meer ’n geloofwaardige toekoms nie, kan hierdie ontevredenheid oor-

gaan in wat ons nou inderdaad gesien het,” sê Neethling. In 2002 het 6% van Frankryk se kiesers tussen 18 en 24 jaar en 13% van kiesers tussen 25 en 34 jaar vir die party gestem. Teen 2024 het dié syfers onderskeidelik tot 33% en 32% gestyg. Die syfers vertel egter nie die hele verhaal nie. Die linkse Nuwe Volksfront-koalisie het in 2024 die steun van 48% van die kiesers tussen 18 en 24 jaar en 38% van dié tussen 25 en 34 jaar gekry. Jong kiesers beweeg dus nie almal in dieselfde politieke rigting nie.

Die stadsaal in Limoges in ligte laaie. Foto: AFP

Só lyk die stadsaal in Limoges nou. Foto: AFP

eweneens die noodsaaklikheid hom die Franse onrus vir hul eie politieke agendas uitbuit. Hy om vreedsame protes van het gewaarsku teen misleidende geweld te onderskei. Hy waarsku dat opportunisbewerings wat immigrante en tiese plunderaars en radikale Moslems sonder voldoende begroepe nie noodwendig die wyse vir die geweld blameer. breër bevolking verteenwoordig “Daar was buitelandse manie. nipulasie van inligting in die nadraai, wat gelei het tot onaanvaarbare en selfs dom kommen- IMMIGRASIE IN DIE taar deur baie mense, insluitend POLITIEKE SPERVUUR Die groter gevaar vir Europa buitelandse leiers,” het hy gesê. is moontlik nie net die Hy het bygevoeg beweonmiddellike skade aan rings dat Frankryk deur geboue en onderhordes immigrante en nemings nie, maar Islamiste binnegeval ook die politieke is, “heeltemal vals” is. gevolge wanneer Dr. Heinrich Matburgers vertroue in thee, ’n direkteur van tradisionele partye die Pionier Instituut verloor en hul steun na en wat in Nederland Heinrich Matthee meer radikale alterwoon, beklemtoon

natiewe verskuif. “Die dikwels ontnugterde Franse kiesers het al baie van die sentrumpartye se kandidate ’n kans gegee,” sê Matthee. Dit is veral relevant met die oog op Frankryk se presidentsverkiesing in 2027, waarin die regse Marine Le Pen se Rassemblement National ’n belangrike mededinger kan wees. Die geweld kan haar party se beroep op reg en orde versterk. Chrispin Phiri, ’n woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco), het aangedui die departement sal nie nou kommentaar lewer nie. Die Franse ambassade in Suid-Afrika het teen druktyd ook nie op navrae gereageer nie.

IMMIGRASIE: DIE OORSAAK VAN DIE ONRUS? Immigrasie is ’n belangrike en dikwels verdelende onderwerp in Frankryk se politiek, maar moenie sonder bewyse as die oorsaak van die betogings en geweld beskryf word nie. “Ons moenie die hele kwessie van godsdiens en openbare identiteit of die spanning tussen

godsdiens, spesifiek vanuit ’n Islamitiese oogpunt, en die republikeinse waardes hier heeltemal uit die prentjie laat nie,” sê Neethling. Die onrus het ontstaan weens swak skooltoestande, onderwysertekorte en stygende lewenskoste. Die daar-

opvolgende plundery het ’n afsonderlike veiligheidskrisis geskep. Sommige politici het die geweld aan immigrasie en mislukte integrasie probeer koppel, terwyl ander waarsku dat dié verklarings die ekonomiese en maatskaplike oorsake van die onrus verskuil.

PLUNDERY VERANDER IN WINSGEWENDE SWARTMARK Die plundery in Franse stede het volgens berigte ’n wending geneem, met bewerings dat gesteelde luuksegoedere teen groot afslag op straat en aanlyn verkoop word. Handelsmerke soos Louis Vuitton, Rolex en Sephora is onder die produkte wat na bewering te

koop aangebied word. Herverkoopplatforms soos Vinted en eBay het volgens dié berigte ook onder die loep gekom nadat verdagte advertensies vir nuwe ontwerpersgoedere verskyn het. Die moontlike herverkoop van produkte skep ’n verdere

5

probleem vir die Franse owerhede, wat reeds sukkel om die geweld en openbare wanorde te keer. Die Franse regering het na bewering ook druk op digitale platforms geplaas om verdagte profiele te ondersoek en advertensies vir moontlik gesteelde goedere te verwyder.


6

Die Papier Vrydag 23 Oktober tot Donderdag 29 Oktober 2026

Nuus

Shanell Binedell Shanell.Binedell@diepapier.co.za

BEKENDE SPELERS PRAAT DAAROOR

D

rankprobleme in Suid-Afrikaanse rugbyspanne is ’n werklikheid, maar ’n minderheid spelers is betrokke, hou diegene vol wat wel bereid is om daaroor te praat. Dié kwessie het weer opnuut in die soeklig gekom nadat dit bekend geword het dat die Springbokhaker Bongi Mbonambi op die uitslag van ’n tugproses by die Sharks wag. Na berig word het Mbonambi en ander spelers na bewering nie by die afrigter JP Pietersen se opdragte oor sosialisering gehou nie en tot vroeg in die oggendure gekuier. Die spelers sou toestemming gehad het om net die vorige aand te kuier. Die beskikbare berigte bevestig egter nie dat alkoholgebruik self die strafbare oortreding was nie. Die Sharks het vandeesweek geweier om oor die saak kommentaar te lewer terwyl die proses nog aan die gang is. Swys de Bruin, wat al op nasionale en provinsiale vlak afgerig het, het gedurende sy loopbaan by verskeie spanne met probleme rakende alkohol te doen gekry. Hy beklemtoon egter dit beteken nie dat die meeste spelers ’n probleem het nie. “Dit is gewoonlik 95% van die span of die groep wat nie ’n probleem het nie,” sê hy. Dié syfer is sy eie skatting en nie ’n statistiese bevinding nie. Prof. Charles Parry, die hoofspesialiswetenskaplike by die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad se eenheid vir navorsing oor geestesgesondheid, alkohol-, middel- en tabakgebruik, sê drankgebruik in sportomgewings soos rugby word nie net deur individuele keuses bepaal nie, maar ook deur groepsdruk, sosiale verwagtinge en ’n breër drinkkultuur. “Drink kan deel word van spanbou en die gevoel dat jy behoort,” sê Parry. “Dit kan dit vir spelers moeiliker maak om nee te sê – veral waar oormatige drankgebruik as normaal beskou word.” Volgens hom raak sosiale drinkery kommerwekkend wanneer dit herhaaldelik oormatig is, moeilik beheer kan word, tot riskante gedrag lei of ’n speler se gesondheid, verhoudings en daaglikse funksionering begin beïnvloed. Sportorganisasies moet ook krities kyk na spantradisies, die beskikbaarheid van alkohol en die rol van promosies en borgskappe. “Die doel behoort nie te wees om spelers wat alkoholprobleme ervaar, te stigmatiseer nie, maar eerder om ’n omgewing te skep waarin skadelike drinkery minder waarskynlik is en mense aangemoedig word om hulp te soek.” SA Rugby se gedragskode stel duidelike grense vir spelers se gedrag wanneer hulle onder die invloed van alkohol is, maar die toepassing van dié reëls berus ook op die rugbyliggame en spanne wat daarvoor verantwoordelik is. Volgens klousule 2.37 van SA Rugby se gedragskode mag spelers en ander mense, wat onder die

Die voorval is nie die eerste keer dat rugbyspelers se verhouding met alkohol onder die soeklig kom nie. Verskeie spelers, onder wie Seabelo Senatla, Siya Kolisi, James Dalton, asook die Australiërs James O’Connor en Kurtley Beale, het al in die openbaar oor hul persoonlike uitdagings met alkoholgebruik

gepraat. Cheslin Kolbe is in November 2013 op vermoede van dronkbestuur by ’n padversperring in hegtenis geneem. Die saak is egter nie verder gevoer nie. Die voormalige Springbok Joe van Niekerk het reeds in 2020 gewaarsku dat drank deel van die rugbykultuur was toe hy sy loopbaan begin het.

VERTROULIKE RUIMTE DEEL VAN OPLOSSING Die stigma rondom persoonlike probleme kan dit moeiliker maak om hulp te vra. MyPlayers, die organisasie wat spelerbelange verteenwoordig, sê hulle probeer die hindernisse verminder deur ’n veilige, vertroulike ruimte te skep waarin professionele rugbyspelers hul uitdagings kan bespreek sonder vrees vir veroordeling of dat hul inligting uitgelek sal word. Volgens Nicole Hayes, die nasionale spelerontwikkelingsbestuurder by MyPlayers, hanteer die organisasie alkohol- en ander middelmisbruik deur voortgesette opvoeding en bewusmakingsessies. Spelers kan ook deur ’n geestesgesondheidshulplyn toegang tot sielkundiges kry – onder meer vir ondersteuning Bongi Mbonambi Foto: Gallo Images

DRANK EN RUGBY:

‘Jy moet maar pa speel,’ sê Swys

kode val, nie onbehoorlik in die openbaar optree deur onder die invloed van alkohol of dwelms te wees terwyl hulle amptelik aan diens vir SA Rugby is of herkenbaar met die organisasie verbind kan word nie. Die kode bepaal ook dat rugbyliggame prosedures moet instel om nakoming te monitor en sanksies op te lê wanneer die reëls oortree word. NET EEN RUGBY-UNIE PRAAT Die Luiperds, Noordwes se professionele rugbyspan, is die enigste van menige wat by navraag oor die kwessie wou reageer. Die unie sê hulle hanteer alkoholmisbruik as ’n ernstige oortreding en het geen verdraagsaamheid teenoor spelers wat alkohol misbruik nie. Volgens Eugene Fourie, die span se uitvoerende hoof, is spelers se kontrakte in die verlede weens

alkoholmisbruik beëindig. Die verantwoordelike gebruik van alkohol tydens verlof word ook beklemtoon. “Jy moet jou liggaam oppas, want jou liggaam verdien jou salaris,” sê Fourie.

“

Dit gaan oor die kultuur wat jy skep. Jy kan dit beperk, maar jy kan dit nooit stop nie. – Swys de Bruin Foto: Gallo Images

DRINK KAN BEPERK WORD, MAAR NIE GESTOP WORD NIE De Bruin sê alkoholprobleme onder rugbyspelers moenie as ’n probleem van die hele span beskou word nie, maar hy meen ’n klein groepie spelers se gedrag kan steeds ’n invloed op die span se kultuur en reputasie hê. “Dit gaan oor die kultuur wat jy skep. Jy kan dit beperk, maar jy kan dit nooit stop nie,” sê De Bruin. Hy meen die oplossing lê grootliks by die waardes wat ’n span vestig, die voorbeeld wat senior spelers stel en die manier waarop

met alkoholgebruik of -misbruik. Hayes sê MyPlayers se benadering berus op vertrouensverhoudinge tussen spelers en hul spelerontwikkelingsbestuurders, met die speler se welstand as eerste prioriteit. Die sportsielkundige Shaun Landsberg sê die kultuur van ’n span is die dryfveer agter alkoholgebruik. “As drink, of oormatige drink, deel word van hoe die spelers sosialiseer en oorwinnings vier, kan individue gedruk voel om deel te neem, al is dit dalk teen hul persoonlike waardes.” Hy gaan verder: “Soms is die druk nie openlik nie, maar eerder ’n onuitgesproke verwagting van wat dit beteken om deel van ’n span te wees.” afrigters hul spelers begelei. Hoewel reëls nodig is, glo hy blote verbodsbepalings sal nie noodwendig die gewenste gedrag verseker nie. “Jy moet maar altyd opvoed en die vaderlike rol speel,” sê hy. Spelers moet volgens hom verstaan waarom verantwoordelike gedrag belangrik is, eerder as om bloot reëls te ontvang wat hulle moontlik sal probeer oortree. Hy sê die benadering tot alkohol verskil ook tussen spanne. Volgens sy ervaring het sommige ’n groter kuierkultuur as ander, wat die belang van bestuur en leierskap beklemtoon. De Bruin wys verder op spelers wat beseer is, hul plek in die span verloor het of nie meer deel van die kerngroep voel nie. Hulle kan volgens sy waarneming maklik buite die groep se gewone ondersteuningskring beland. REPUTASIE EN BORGE OOK OP DIE SPEL Die gedrag van individuele spelers kan volgens De Bruin ook gevolge vir die res van die span hê – veral wanneer dit met die waardes waarvoor ’n unie of organisasie staan, bots. De Bruin meen ’n span se kuierkultuur kan sy openbare beeld beïnvloed en moontlik ook kommer by borge wek, aangesien ondernemings hul name aan die waardes en reputasie van die organisasies wat hulle ondersteun, verbind. Die uitdaging vir rugbybestuurders is volgens hom om duidelike grense te stel, verantwoordelike gedrag te bevorder en spelers te help verstaan dat hul optrede van die veld af ook die span kan raak.


8

Die Papier Vrydag 23 Oktober tot Donderdag 29 Oktober 2026

Nuus

‘Nee vir datasentrum’

Elise Tempelhoff nuus@diepapier.co.za

D

ie gemeenskap van Moorreesburg skop vas teen planne vir die bou van ’n reuse-sonplaas en ’n dorstige datasentrum in dié Wes-Kaapse dorpie. Terwyl droogte dreig, slurp datasentrums derduisende liter water op – hoofsaaklik vir verkoeling. Green Opportunity skryf op sy webwerf ’n groot datasentrum kan daagliks 15 000 liter water verbruik. Dit is gelyk aan die daaglikse waterverbruik van 40 000 mense. Dit verbruik ook groot hoeveelhede krag – om ’n datasentrum aan die gang te hou, kan daagliks sowat 40 MW gebruik. Dit is soortgelyk aan die krag van sowat 100 000 gemiddelde huishoudings per dag. Weens die invloed op die omgewing het sowat 100 huisgesinne nou ’n versoekskrif onderteken om die Swartland-munisipaliteit te oorreed om ’n aansoek af te keur vir die hersonering van altesame 10 ha kleinhoewes na ’n nywerheidsgebied. Dit word geoormerk vir die oprigting van die sonplaas en datasentrum. Marius Posthumus, ’n marieneingenieur wat op ’n kleinhoewe in Hooikraal woon – reg langs die grond waar ontwikkelaars beplan om die datasentrum en sonplaas op te rig – sê hy het ’n brief oor ’n hersoneringsaansoek vir ses kleinhoewes na ’n spesiale nywerheidsgebied onder oë gehad. Hy en inwoners meen Moorreesburg is onder beleg van Amerikaanse maatskappye wat reg oor die wêreld datasentrums wil bou en die inwoners se water, grond en lug teiken. Die maatskappye het veral hul visier op klein dorpies omdat hulle dink die mense is oningelig, sê Posthumus. Diana van der Merwe, wat op ’n plaas buite Moorreesburg woon, sê inwoners het feitlik geen inligting oor die projek nie, maar moet teen Maandag (26 Oktober) kommentaar lewer. “Ons weet nie waarop ons kommentaar moet lewer nie, want ons weet nie wat die uitwerking van die projek op ons mense en natuurlike omgewing – veral ons water – gaan wees nie. “Ons dring daarom by die Swartland-munisipaliteit aan om ’n moratorium vir minstens ’n jaar op die hersoneringsplanne te plaas totdat al ons vrae beantwoord is.” Van der Merwe en Posthumus is

VOORGESTELDE LIGGING

INTERNASIONALE OPSTAND Die spoed waarteen datasentrums verrys, wat reuserekenaars vir die gebruik van kunsmatige intelligensie (KI) en stromingsdienste huisves, kom teen ’n groot omgewingskoste. KI-modelle verbruik geweldig baie krag. Daarmee saam verbruik dit massiewe hoeveelhede water. Terwyl ’n stryd teen klimaatsverandering woed, veroorsaak hierdie digitale vooruitgang juis dít waarteen die mensdom veg. Mense is op verskeie plekke in die wêreld besig

Voorgestelde ligging vir die sonplaas en datasentrum

Wes-Kaap R399

Saldanha R45

Langebaan

Piketberg Moorreesburg R311

Malmesbury

Moorreesburg

Paarl

dit eens dat die hersoneringsaansoek “onmiddellik” in sy spore gestuit moet word. Posthumus het die versoekskrif opgestel en gaan dit op 26 Oktober by die munisipaliteit indien. Hy sê as die projek goedgekeur word, sal die hittepluim wat die sentrum uitstraal, asook die water wat die aanleg vir verkoeling gebruik, ’n baie negatiewe invloed op boerderybedrywighede in die gebied hê. “Boonop gaan dit ons beperkte waterbronne opsuig. Die aanhoudende gedreun van die datasentrums se verkoelingstelsels, waaiers en dieselopwekkers gaan lug- en klankbesoedeling veroorsaak. Die invloed van ’n datasentrum in Moorreesburg gaan ’n vernietigende impak op die voortbestaan van die dorp hê,” waarsku Posthumus. Hy wys daarop dat die hersoneringsaansoek daarvan melding maak dat die sonplaas “bykomende” krag vir die dorp beskikbaar gaan maak. “Dit is onwaar. Die sonplaas gaan glo 12 MW krag opwek. Dit is skaars genoeg om die datasentrum dag en nag aan die gang te hou,” voorspel hy. NEE VIR DATASENTRUMS Intussen het David Harper van Langebaan onlangs ’n groep, No Kamil Daniel, ’n prokureur by die Regshulpraad (RHR), sê dié raad het namens vyf nie-regeringsorganisasies ’n brief aan die Menseregtekommissie (MRK) geskryf om druk op die regering te plaas om dringend regulasies op te stel waaraan datasentrums, “wat nou soos paddastoele” oral in die land verrys, moet voldoen. Luidens die brief is daar

“

Ons weet nie waarop ons kommentaar moet lewer nie, want ons weet nie wat die impak van die projek op ons mense en natuurlike omgewing – veral ons water – gaan wees nie. – Diana van der Merwe, inwoner van ’n plaas buite Moorreesburg.

to Data Centres, gestig. Die groep het reeds meer as 400 lede, wat inligting oor datasentrums – veral dié wat vir die Wes-Kaap beplan word – met mekaar deel. Harper sê dit blyk daar bestaan “ ’n oorweldigende haas” om datasentrums oor Suid-Afrika heen op te rig. “Dit is ’n heel nuwe konsep vir Suid-Afrikaners. Ons het nie al die inligting hieroor nie.” Hy meen dit is byna soos ’n tsoenami wat Suid-Afrika getref het. “Ons moet dit stop. Dit begin gewoonlik by plaaslike owerhede se hersoneringsplanne. Baie van die ontwikkelaars draai mense ’n rat voor oë deur voor te gee hulle gaan net ’n pakhuis op ’n stuk grond oprig. Die volgende oomblik is daar ’n klomp energievretende rekenaars binne-in die pakhuis.” Volgens Harper gaan dit die ver-

om meer inligting oor die omgewingimpak van dié datasentrums te verkry. Die New York Times skryf ’n plan om een van Europa se grootste datasentrums in ’n landelike gebied in Devon in die suidweste van Brittanje op te rig, kry nou die wind van voor van inwoners. Plakkate waarop staan “Devon-datamonster” hang in winkelvensters. Mense in dele van Amerika, Europa, Australië en Kanada kom nou in opstand teen die oprigting van datasentrums.

stand te bowe dat die Wes-Kaapse DA-regering reeds 13 kleiner datasentrums oral in Kaapstad laat oprig het, terwyl dié stad self nie eens genoeg water het nie. “Kaapstad was in 2017 en 2018 die eerste stad in die wêreld wat Dag Zero in die gesig gestaar het – en dié scenario is weer op pad,” waarsku hy. Volgens Harper bestaan geen regulasies – provinsiaal of nasionaal – waaraan datasentrums moet voldoen nie. • Martmarie Haasbroek, ’n woordvoerder van die Swartland- plaaslike owerheid, sê die advertensies vir die hersoneringsaansoek is in twee plaaslike koerante asook in die Provinsiale Staatskoerant gepubliseer. Die aansoek is nog onder oorweging, het sy gesê.

WAT SÊ MOORREESBURG SE VERSOEKSKRIF: Die gemeenskap erken die belang van tegnologiese vooruitgang, maar die voorgestelde projek vir Moorreesburg bedreig die welstand van die inwoners van die dorp, hul natuurlike omgewing en gedeelde hulpbronne. • Datasentrums verbruik

massiewe hoeveelhede water. Moorreesburg was in 2018 feitlik sonder drinkwater en baie mense is steeds van boorgatwater afhanklik. • Die projek gaan groot druk op die elektrisiteitsinfrastruktuur plaas. • Die konstruksie van die

BRIEF AAN MRK VIR REGULERING nou meer as 60 datasentrums wat wag om oor die land heen opgerig te word. “Die RHR besef datasentrums is onder meer die ruggraat van kunsmatige intelligensie, maar regulasies moet opgestel word waaraan hulle moet voldoen,” skryf Daniel. Die LRC, wat onder meer

Open Secrets, Housing Assembly en Foxglove, ’n Britse regsfirma, verteenwoordig, het in April gesorg vir ’n moratorium op die bou van Equinix se massiewe datasentrum naby die Kaapstadse lughawe, oorkant Gugulethu. • Luthando Tyhalibongo, die Stad Kaapstad se woordvoer-

projek gaan tot habitatvernietiging, verhoogde verkeersvloei, hittepluime en geraasbesoedeling lei. • Inwoners is nie behoorlik ingelig oor die doel van die projek nie. • Inwoners eis dat ’n behoorlike, deursigtige omgewingsimpakproses gevolg word. der, sê Kaapstad is bewus van mense se kommer en weerstand teen die ontwikkeling van die datasentrum by die lughawe. Die saak is tans “onder bespreking en deel van die appèlproses”. • Die Papier het geen reaksie van die verskillende WesKaapse staatsdepartemente ontvang nie.

Vir enige advertensienavrae, kontak ons asseblief: VRYSTAAT & NOORD-KAAP

Anche De Bruin 083 560 9184 anche.debruin@novusmedia.co.za

GAUTENG

Celeste Van Zyl 082 823 8442 celeste.vanzyl@diepapier.co.za

WESKAAP & KZN

Heidi Buchner 071 843 7932 heidi.buchner@diepapier.co.za


Nuus

Vrydag 23 Oktober tot Donderdag 29 Oktober 2026 Die Papier

‘Boer soek ’n vrou’ se Kate was self ’n plaaskind Franco Havenga franco.havenga@diepapier.co.za Die aktrise Kate Roothman (33) is vandeesweek as die agtste aanbieder van Boer soek ’n vrou aangekondig. Roothman vervang die aktrise Reandi Grey vir die 19de seisoen van die reeks. Die tien nuwe boere word op Donderdag 29 Oktober bekendgestel. “Ek sien die meeste uit na die mense, die stories en om die boere se wêrelde te betree en eerstehands te sien hoe die liefdesreise ontvou,” vertel Roothman aan Die Papier. Dit is juis die egtheid van die mense se stories wat die program ná al die jare steeds só gewild maak, meen sy. “In ’n wêreld wat dikwels so vinnig en gefiltreer kan wees, bied die program iets wat ’n mens se hart aanraak – rou, eerlike menslike verbintenis.” Tans is Roothman nog as dr. Nicolette Nortjé in die sepie Binnelanders te sien. Al is haar laaste tonele al in Julie verfilm, sal sy nog tot

“

is iemand wat waarde daaraan heg om vir mekaar te luister en net teenwoordig te wees,” sê Roothman. Ek is iemand wat waarde “Ek hoop hulle sien dat ek daaraan heg om vir mekaar te daar is om die boere en hul luister en net teenwoordig te pasmaats met ’n oop hart te wees. ondersteun, met ’n bietjie humor wanneer die spanning te einde November in hoog raak,” voeg sy by. Binneland-kliniek op Roothman het op ’n die kassie kuier. plaas naby Sannieshof in Onlangs moes die Noordwes grootgeword mediese uniforms vir en beskryf haar kinder’n tas met plaasstejare as wild, vry en vol wels in plek maak. avontuur. Roothman het “Ek kon al begin Oktober sommer van reeds haar agtjarige eerste tonele vir ouderdom af die nuwe reeks alleen met die verfilm en is bakkie op die tans op die pad plaas rondbesig om die ry,” skerts nuwe boere te sy. ontmoet. Dit is juis “Ek hoop hier tussen kykers sien ’n plaasdam my opregte en ’n hooibaal omgee en waar mense dikliefde vir wels onopgesmuk mense en hul optree en die grond Kate Roothman stories. Ek die vrugbaarste is

media

9

VOORMALIGE AANBIEDERS VERTEL: Nadia Beukes-de Villiers se raad aan Kate: “Geniet elke oomblik! Die tyd op die pad voel lank en kort op dieselfde tyd en voordat ’n mens jou oë uitvee, is die avontuur verby en is dit weer tyd vir ’n volgende een. Koester elke sonsopkoms, elke horison en elke kosbare gesprek met die boere en vroue teen die prentjiemooi-landskap wat SuidAfrika bied.” Wat Marciel Hopkins die meeste van die ervaring koester: “Ek verlang na die span saam met wie ek vir vier jaar aan vier seisoene gewerk het. Ek koester die mooi herinneringe van die duisende kilometers wat ek deur ons mooi land getoer het; wat ek geleer het van myself as aanbieder en die verhoudinge wat ek gebou het.” Watter eienskappe Minki van der Westhuizen dink belangrik is in die aanbieder: “ ’n Mens moet regtig in die mense belangstel en terwyl jy by die boere en vroue is, 100% op hulle fokus en hul emosies aanvoel. Dit is regtig nogal emosioneel, maar baie opwindend ook. Wees selfversekerd en weet jy is net die goue draadjie wat alles bymekaar hou.” vir nuwe liefde om te blom. “Wat my nog altyd die meeste van die reeks bybly, is nie net die groot romantiese gebare nie, maar juis die stil, oopkop-oomblikke wanneer ’n boer skielik

Die Papier

besef hy of sy het hul maat gevind,” vertel Roothman. “Dit herinner ’n mens daaraan dat liefde dikwels in die mees eenvoudige oomblikke gebeur.”


10

Die Papier Vrydag 23 Oktober tot Donderdag 29 Oktober 2026

Nuus

IN DIE NUUS Rodney Landela

2 kry tronkstraf ná renoster geskiet is

Beloning uitgeloof ná bobbejaan geskiet is ’n Beloning van tot R30 500 word aangebied vir inligting wat lei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die mens of mense verantwoordelik vir die skiet en dood van Thunder, die bobbejaan. Die groep Baboon Matters Trust het aanvanklik ’n beloning van altesame R1 000 uitgeloof vir enige getuie wie se inligting tot ’n inhegtenisneming en suksesvolle vervolging lei. Plaaslike inwoners en ondersteunende skenkers het die res bygedra. Die beloning bestaan uit R30 500, met ’n bykomende R20 000 wat ook aangekondig is. Thunder is op 19 September in Bettysbaai met ’n luggeweer geskiet. – Ishmael Mabena, NovaNews

Hein Kruger (96) sterf in Pta-tehuis Die oud-politikus Hein Kruger (96) is Dinsdag 20 Oktober in die Herfsblaar-aftreeoord in Pretoria oorlede. Hy was in die 1970’s en 80’s lid van die provinsiale raad in Transvaal vir die kiesafdeling Soutpansberg. Hy was ook ’n LUK en ondervoorsitter van die Presidentsraad. Hy was voorheen ’n prokureur in Tzaneen. Hy laat vier kinders, 12 kleinkinders en 12 agterkleinkinders, asook sy vrou, Ricky, na. Sy eerste vrou, Ronel, is in 2013 aan Alzheimersiekte oorlede. Sy seun Heinrich, besturende direkteur van Kruger-internasionaal, is ’n rubriekskrywer van Die Papier. Peet Kruger, ’n ander seun, was redakteur van Beeld. – Redaksie

Ballito se lug vuilste; Nieuwoudtville beste Die kusdorp Ballito het vandeesweek die vuilste lug aangeteken met ’n ongesonde luggehalte-indeks (LKI) van bo 110. Nieuwoudtville in die NoordKaap het die skoonste lug aangeteken met ’n byna skoon lesing van slegs 6. Die uitskieter vandeesweek was weer Gauteng se metropole. Johannesburg se gemiddelde daaglikse LKI-tellings het hoofsaaklik tussen 55 en 58 gewissel. Pretoria se tellings was meer wisselvallig, met daaglikse tellings wat tussen 48 en 66 beweeg het. – Kaylie Joubert

Só toets jy water se gehalte ’n Werknemer van die departement van water en sanitasie demonstreer ’n toestel wat die publiek kan gebruik om watergehalte te toets tydens die opruiming van die rivier by Kaalspruit in Clayville, Gauteng. Dr. Jack Bloom, adjunkminister van water en sanitasie, tesame met nieregeringsorganisasies en gemeenskapsvrywilligers, het opgeruim en amptelik ’n stel rommelvangers in die Kaalspruit gestel, wat deur Fresh NRO geïnstalleer is met die doel om besoedeling te keer deur afval vas te vang voordat dit stroomaf in die Hennopsrivier vloei. Foto: Alet Pretorius, Gallo Images

Moya sê daar is nie cholera in dié dorp Nasiphi Moya (foto), die uitvoerende burgemeester van Tshwane, ontken dat cholera in Bronkhorstspruit se watertoevoer opgespoor is. Die DA het beweer dit het fluitjieblaserinligting ontvang dat cholera-bakterieë in watermonsters by die Bronkhorstspruitwaterbehandelingsaanleg opgespoor is. Cilliers Brink, die party se Tshwane-burgemeesterskandidaat, het ook beweer die stad het R777 miljoen aan watertenkwaens gedurende 2024-’25 bestee, terwyl dit nie waterinfrastruktuur in stand hou nie, wat gelei het tot ’n krisis wat meer as 160 mense in die hospitaal geplaas het. Moya het gesê cholera is nie

Borgtog van R5 000 is in die Johannesburgse landdroshof aan genl.maj. Mulangi Mphego, die voormalige hoof van misdaadintelligensie, toegestaan. Hy het in die hof verskyn op aanklagte van die

as die oorsaak van die uitbreking van inwoners se maagprobleme geïdentifiseer nie. Moyo het Brink se syfer van R777 miljoen vir watertenkwaens verwerp en gesê die syfer sluit R156 miljoen in gekanselleerde, gedupliseerde of onverwerkte transaksies in. Die burgemeester het gesê ware besteding was R441 miljoen, waarvan R99 miljoen aangegaan is voordat die huidige administrasie aan bewind gekom het. Sy het gesê dat R180 miljoen in onbetaalde fakture vir watertenkwa-dienste van 2023-’24 onder Brink se administrasie in die daaropvolgende boekjaar vereffen moes word. – Lise Beyers, NovaNews

R5 000

onwettige besit van meer as 100 polisiepatrone. Die saak is uitgestel tot 3 November. – SAUK

Vakbondlede van SA Regshulpraad staak Werknemers van die Regshulpraad SA wat by die Suid-Afrikaanse Regslui en Verwante Werkersunie (Salawu) geaffilieer is, het Maandag aan ’n staking deelgeneem. Die redes is onbetaalde prestasiebonusse, bevrore vakatures en verswakkende werkomstandighede, terwyl werkers bekommerd is oor die impak daarvan op hul vermoë om die publiek te dien. Die werknemers wat staak, sluit steunpersoneel en regspraktisyns in. Betogings is by die Braamfon-

tein-kantore in Johannesburg en by die Gqeberha-kantore buite die landdroshof gehou, terwyl dié in Durban ’n memorandum ingedien het. Werknemers in Bloemfontein in die Vrystaat het by die landwye betoging aangesluit. Salawu het verlede Woensdag kennis gegee van die staking en hou voet by stuk dat die staking tot verdere kennisgewing sal voortduur. Die Regshulpraad het die publiek verseker dat dit ’n noodplan het om dienste te handhaaf. – Teboho Setena, NovaNews

’n Streekhof in Mpumalanga het twee voormalige natuurbewaarders tronkstraf van tien jaar opgelê nadat hulle byna ’n dekade gelede ’n witrenoster doodgemaak het. Die Skukuza-streekhof het Rodney Landela, wat by die Nasionale Krugerwildtuin gewerk het, en

Kenneth Mochocho, voorheen ’n dieregesondheidstegnikus by die Staatsveeartsenydiens, gevonnis. Die twee het die renoster in Julie 2016 geskiet met ’n vuurwapen wat deur die staat uitgereik is. Albei mans is skuldig bevind aan onwettige jag in ’n beskermde gebied en die besit van ’n vuurwapen met die opset om ’n misdaad te pleeg. Die landdros het Landela en Mochocho tien jaar gegee vir die hoofaanklag van die dood van die renoster en vier jaar vir die vuurwapen-oortreding. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word, wat beteken dat albei tien jaar agter tralies sal sit sonder die opsie van parool. – Lise Beyers, NovaNews

Transnet stel rekord op in die Noord-Kaap

Haai-aanval: Hulde stroom in vir vrou

Die 65-jarige vrou wat in ’n haaiaanval in die see by KuGompo-stad dood is, word as ’n kosbare lid van die gemeenskap onthou. Janine Lochrenberg het Dinsdagoggend by Orient-strand geswem toe se aangeval is. “Die see was Janine se gelukkige plek,” lui ’n verklaring deur die East London Open Water Swimming-groep. “Daar het sy haar vreugde gevind, waar so baie van ons gelukkig was om spesiale oomblikke met haar te deel.” Die Buffalo City-metro het ’n openbare kennisgewing uitgereik waarin strandgangers gewaarsku word om uit die water by die geraakte strande te bly. Die munisipaliteit het bevestig dat ’n haai-aanval by Orient-strand gebeur het. Lochrenberg is in huldeblyke onthou as ’n saggeaarde mens wat ’n onlosmaaklike deel van die oopwater-swemgroep was. “Sy was nooit een om die aandag te soek nie; sy het verkies om stilletjies aan te gaan met wat sy die graagste gedoen het – in die see swem. “Ons harte gaan uit na Janine se familie en veral na haar geliefde lewensmaat, Barbara, in hierdie ondenkbare tyd.” – Natasha Bezuidenhout, PE Express

1 600 Meer as 1 600 beeste en 730 skape is glo die afgelope maand in die Vrystaat gesteel, met ’n geraamde waarde van sowat R8 miljoen. Die VF Plus sê hy sal Jabu Mbalula, die Vrystaatse LUR vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, versoek om bekend te maak hoeveel veediefstalsake die afgelope 12 maande aangemeld is. – Marti Will, NovaNews

Transnet het ’n wêreldrekord vir vragtreine opgestel nadat dit ’n leë trein, bestaande uit 696 waens, op die Ystererts-uitvoerlyn van Saldanha na die Noord-Kaap op Sondag 18 Oktober bestuur het. Die trein het Lus 18 op die Sishen-Saldanha-spoorlyn by die 741 km-merk naby Witpan in die Noord-Kaap bereik, en sodoende die reis van die langste trein wat nog ooit op die korridor saamgestel en bestuur is, voltooi. Volgens Transnet gaan die prestasie verder as die opstel van ’n wêreldrekord, en toon dit Suid-Afrika se ingenieurskennis en vermoë om grootskaalse swaartrekvervoerbedrywighede met veiligheid uit te voer. – Weslander, NovaNews

McKenzie verbied mediakontak met PA Gayton McKenzie, die PA-leier, het plaaslike media verbied om onderhoude met partylede te voer. McKenzie het die media van bevooroordeeldheid beskuldig. Die partyleiers het Sondag 18 Oktober so besluit. McKenzie het gesê hy sal steeds onderhoude gee in sy hoedanigheid as minister van sport, kuns en kultuur, omdat “hierdie pos aan die staat behoort”. Die verbod kom te midde van verskerpte media-aandag op McKenzie se departement. In ’n uitgelekte dossier wat op Sondag 18 Oktober deur IOL gepubliseer is, word beweer daar is ’n uitgebreide netwerk van PA-gekoppelde aanstellings dwarsdeur nasionale kulturele entiteite en Johannesburgse munisipale agentskappe. Die berig het beweer dat PA-lede en medewerkers oorvleuelende raadsetels in liggame, insluitend die Johannesburg-padagentskap (JRA), beklee het. Kenny Kunene, PA-onderleier, het die bewerings as ’n lasterveldtog deur die DA afgemaak. – NovaNews


Nuus

Vrydag 23 Oktober tot Donderdag 29 Oktober 2026 Die Papier

VAN EMMA TOT EURIKA:

Jy gee hoop en kry dalk ’n kar in ruil

Bertha le Roux-Wahl is nog lank nie klaar

Bertha le Roux-Wahl

’N JONG TALENT WAT IN SY EIE BAAN SWEM Op net 13 is Jeandré Baard, seun van die aktrise Mandi Baard, wat self deel is van Diepe Waters se rolverdeling as Theresa, besig om indruk in die Afrikaanse televisiebedryf te maak. Die jong akteur vertolk Tobias Pereira in Diepe Waters: ’n Stil negejarige weeskind wat met

disleksie worstel, maar ’n natuurlike aanleg vir swem het. Tobias se pad kruis met dié van Eurika, die pleegma wat in hom glo en hom help om sy plek in die mededingende swemwêreld te vind.

Die grootste uitdaging met haar terugkeer na die sepiestel was nie noodwendig om weer voor die kameras te staan nie, maar om haar woorde te leer. Ná 12 en ’n half jaar by 7de Laan het die ritme van sepieproduksies egter vinnig teruggekeer. Wat haar verder gehelp het, was die verwelkomende span by Diepe Waters, waar sy ook bekende gesigte uit haar vorige televisiehoofstuk raakgeloop het. Tog lê haar verhaal nie net in die karakters wat sy vertolk nie. Wahl het in 2012 saam met die tydskrif Finesse en Revlon

’n Guinness-wêreldrekordpoging aangepak deur binne een uur lipstiffie by 535 vroue aan te wend. “Ek sê dit nou altyd op my CV as mense my moet voorstel,” lag sy. Deesdae lê ’n groot deel van haar passie ook by jong akteurs. Met haar dramaklasse wil sy kinders nie bloot leer om voor ’n gehoor te staan nie, maar om hul talent te ontwikkel, selfvertroue te bou en hul eie stemme te vind. Haar raad aan aspirantakteurs is eenvoudig: “As jy nie probeer nie, gaan dit nie gebeur nie.” Dit is ’n les wat sy self bly uitleef. Vir Wahl gaan sukses nie daaroor om gemaklik in een geliefde rol vas te steek nie, maar om die moed te hê om weer van voor af te begin. En vir diegene wat wonder of Eurika die gehoor gaan verras, het Wahl ’n duidelike boodskap: Moenie dié karakter onderskat nie. “Sy is ’n krag om mee rekening te hou,” sê sy. “Ek hoop haar hart sal deurskyn in die manier waarop ek haar gespeel het.” • Wahl is van 28 Oktober af in Diepe Waters om 18:30 op kykNET te sien.

VAN EMMA EN JAN-HENDRIK TOT ’N NUWE HOOFSTUK Vir aanhangers van 7de Laan wag daar ’n nostalgiese verrassing in Diepe Waters. Wahl en Waldemar Schultz, die akteur agter die ikoniese Jan-Hendrik Terreblanche, se paaie kruis weer op die kassie. Schultz sluit op 19 November by die rolverdeling aan as Alexander Smith, ’n universiteitsdosent en skrywer wat

Die Papier Die Papier word uitgegee deur Novus Media. KONTAK ONS nuus@diepapier.co.za lesers@diepapier.co.za REDAKTEUR Barnard Beukman

Waldemar Schultz

die lewe deur ’n romantiese, poëtiese bril beskou. Agter sy elegante voorkoms en konflikvermydende geaardheid lê ingewikkelde bande met sy verlede.

ADVERTENSIES Jeannine van Zyl Bedryfsbestuurder jeannine.vanzyl@ diepapier.co.za Coleen Cilliers Advertensiebestuurder coleen.cilliers@ diepapier.co.za

natuurreservaat, is bekend om sy natuurlike warmwaterbronne en ’n verskeidenheid ontspanningsgeriewe. ’n Skenking aan Die KinderBesoekers kan onder meer fonds kan meer as net ’n die warmwater- en hidro-binfinansiële bydrae wees – dit nenshuise swembaddens, kan ook hoop gee vir kinders waterglybane en spa-geriewe in nood én jou die kans bied geniet, terwyl die omliggenom met ’n besonderse prys de natuurreservaat ook talle weg te stap. wildspesies huisves. Die jaarlikse geldinsameDie trekking word op 19 lingsprojek van RSG, Die November gedoen. Papier en Die Kinderfonds Elke skenker kwalifiseer vir is in sy laaste fase, met die die kompetisie, met verskilsluitingsdatum op 7 Novemlende inskryber. Diegene wat wingsvlakke ’n bydrae gee, het na gelang van nie net die kans die bedrag wat om groot pryse geskenk word. te wen nie, maar ’n Skenking help ook om ’n van R50 gee een verskil in kinders inskrywing, R100 se lewens te gee twee en R250 maak. gee ses inskryVanjaar se projek bied verskeie Skandeer hier om te skenk wings. Die projek aansporings word moontlik vir skenkers. gemaak deur Een gelukkige RSG, Die Papier deelnemer kan en Toyota Suid-Afrika. R200 000 of ’n Toyota Vitz Skenkings kan in Die van dieselfde waarde wen. Kinderfonds se Absa-rekeDaar is ook ’n kans om R20 000 te wen vir mense wie ning, 2840157329, inbetaal word. Skenkers moet hul se totale bydraes minstens selfoonnommer as verwysing R1 800 beloop. gebruik. Die pryse sluit ook ’n Skenkers behoort binne vyf wegbreek by Forever Resorts Badplaas in, waar een skenker werkdae ’n SMS of WhatsAppboodskap van Die Kinder’n naweek vir vier mense kan fonds af te ontvang om hul wen. Die prys sluit twee nagte inskrywings te bevestig. se verblyf in ’n selfsorgeen• Besoek diekinderfonds.co.za heid en ’n wildrit in die aanof kontak Adrie van Staden by grensende wildreservaat in. 061 479 4791 vir nog inligting. Badplaas, in die EmanzanaKaylie Joubert kaylie.joubert@diepapier.co.za

Kaylie Joubert kaylie.joubert@diepapier.co.za Bertha le Roux-Wahl was vir talle kykers langer as ’n dekade sinoniem met Emma le Roux van 7de Laan. Dié vriendelike meisie met die opregte hart het ’n besondere plek in kykers se huise ingeneem. Maar die aktrise agter dié geliefde karakter het nooit ophou droom oor wat nóg moontlik is nie. Nou betree sy die wêreld van Diepe Waters as Eurika Janse van Rensburg, ’n kleurvolle, uitbundige weduwee met ’n groot persoonlikheid, ’n mond sonder ’n filter en ’n hart wat, ten spyte van haar soms oorweldigende geaardheid, op die regte plek sit. “Hierdie lyk na groot pret,” was Wahl se eerste gedagte toe sy van die karakter lees, vertel sy. En pret is dit gewis. Eurika se uitspattige klerekas, lang naels en gewaagde persoonlikheid verskil hemelsbreed van Wahl se eie styl. Vir die aktrise was dit juis deel van die aantrekkingskrag. “Sy vra nie verskoning vir haar uitspattigheid nie,” vertel Wahl. “Haar klerekas sê: ‘Ek is hier en ek geniet dit.’ ” Agter dié kleurvolle buitekant sien Wahl egter ook ’n vrou wat moontlik haar eie pyn probeer wegsteek. Dit is hierdie menslikheid wat die karakter vir haar interessant maak: Eurika se bedoelings is goed, al loop dinge nie altyd soos sy beplan nie. “Een van die grootste dinge wat tussen my en haar ooreenstem, is dat ek ook altyd net die beste vir die mense om my wil hê,” sê Wahl. “Ek sit partykeer my voet in my mond, maar my bedoelings is nooit lelik of om iemand seer te maak nie.” Hoewel Emma vir altyd deel van haar geskiedenis sal wees, is Wahl opgewonde om vir kykers ’n ander kant van haar talent te wys.

11

Jeandré Baard Foto: Mandi Baard, Facebook

VERSPREIDING Agentenavrae otdassistance@ onthedot.co.za HUISAFLEWERING 087 353 1291 diepapierintekening@ onthedot.co.za

VIND ONS BY

PERSKODE Die Papier onderskryf die SuidAfrikaanse Perskode. As u meen ons het ’n fout begaan, kontak die nuusredakteur, Lucia Poolman, by lucia.poolman@ diepapier.co.za, of kontak ons ombudsman, George Claassen, by mediaombud@novusmedia. co.za, of 083 543 2471. Klagtes kan ook by die Suid-Afrikaanse persombudsman ingedien word by 011 484 3612 of enquiries@ ombudsman.org.za.

OUTEURSREG Die Papier is ’n lid van die Sirkulasieburo van Suid-Afrika. Die Papier word bestuur, gedruk en uitgegee deur Novus Media. Ingevolge Art. 12(7) van die Wet op Outeursreg 1978 mag geen berig, artikel of foto sonder verlof van die eienaar gereproduseer word nie.


12

Die Papier Vrydag 23 Oktober tot Donderdag 29 Oktober 2026

Nuus

VINNIGE VYF

Foto: Karla Janse van Vuuren

Drie hoera’s vir rooibos!

Bak rooibos Basquekaaskoek

W

ie kan nou nee sê vir ’n snytjie ryk, romerige kaaskoek? Vir my is dit dié gereg om mee fees te vier. My sussie en haar gesin het onlangs ná drie jaar in Nederland teruggekeer na Suid-Afrika en my swaer het versoek dat ek vir hulle ’n rooibos-Basque-kaaskoek bak om dié langverwagte geleentheid te vier. Ek kon nie ’n resep opspoor wat my opgewonde gemaak het nie, toe het ek vandag se resep uit ’n paar idees wat ek aanlyn gevind het, saamgestel. En wat is ’n Basque-kaaskoek, hoor ek jou vra? Wel, Basque-kaaskoek, ook bekend as Basque burnt cheesecake, is ’n besonderse nagereg wat sy oorsprong in die Baskeland in BESTANDDELE • 500 g medium-vet ongegeurde roomkaas, by kamertemperatuur • ¾ k plus 1 t witsuiker • 3 groot eiers, by kamertemperatuur • 1 e suurlemoensap • ½ t vanieljegeursel • ¼ t sout • 250 ml room • 50 ml volroommelk • 4 rooibosteesakkies • 2 e meel METODE 1. Gooi die room en die melk

die noorde van Spanje het. Dié romerige kaaskoek is in die 1990’s deur die sjef Santiago Rivera by die bekende La Viña-restaurant in San Sebastián gewild gemaak en het sedertdien wêreldwyd ’n gunsteling geword (gaan kyk maar net op sosiale media!). Anders as tradisionele kaaskoek het Basque-kaaskoek geen beskuitjiekors nie en word dit teen ’n baie hoë temperatuur gebak, wat aan die bokant sy kenmerkende donker, byna gebrande voorkoms gee. Die diep gekaramelliseerde buitekant gee ’n effens bittersoet geur wat heerlik met die sagte, ryk en fluweelagtige binnekant kontrasteer. Basque-kaaskoek word dikwels sonder enige versiering voorgesit, maar pas ook uitstekend by vars bessies, ’n vrugtesousie of ’n skeut karamel. Die rooibosgeur wat ek in ’n klein kastrol en verhit tot kookpunt. Verwyder van die hitte en voeg die teesakkies by. Laat trek vir sowat ’n uur. Druk dan die sakkies goed uit (pasop dat dit nie skeur nie) sodat die melk behoorlik met die rooibos gegeur is. Plaas die kastrol in die yskas vir ongeveer ’n uur sodat dit heeltemal kan afkoel. 2. Voorverhit die oond tot 220 °C. Voer ’n 20 cm kleefwerende, losbodem pan uit met twee lae oorvleuelende stukke bakpapier. Maak seker die papier steek bo verby die pan se kante en dat daar geen gapings

40 wenners Wen R10 000 kontant! Geldig vir al ons gemeenskapskoerante

Sluit aan by

Rooibos is ’n wonderlike bestanddeel in jou kombuis, nie net om te drink nie, maar ook om mee te kook. Rooibos is ’n trots Suid-Afrikaanse kruietee wat inheems aan die Sederbergstreek van die Wes-Kaap is. Met sy oorsprong in die tradisionele kennis van die Khoi- en San-gemeenskappe, het rooibos van ’n plaaslike geheim tot ’n internasionaal gewilde produk ontwikkel wat vir sy kulturele erfenis, ekonomiese waarde en natuurlike gesondheidsvoordele bekend is. Rooibos is van nature kafeïenvry en ryk Foto: Adobe Stock

Karla Janse van Vuuren

by my kaaskoek gevoeg het, was subtiel, maar smullekker, en het niks meer nodig nie – die perfekte manier om ’n tuiskoms te vier! Bronne: basqueculture.eus, cntraveler.com, theguardian.com/ food

BASQUE-KAASKOEK MET ROOIBOS is nie – die vulsel gaan loperig wees wanneer jy dit ingooi. 3. Plaas die roomkaas in ’n groot mengbak en klits met jou elektriese klitser tot glad. Klits die ¾ koppie suiker bietjiesbietjies by en klits goed tussen elke byvoeging. Klits tot die mengsel baie glad en romerig is. Skraap die kante van die mengbak skoon met ’n deegskraper om seker te maak alles meng behoorlik. 4. Klits die eiers een vir een by

elk kry ’n

aan antioksidante. Dit is bekend vir sy aangename, aromatiese en effens soet smaak met subtiele ondertone van heuning, karamel, hout en blomme. Die lae tannien-inhoud maak dit besonder sag op die tong en veelsydig om in geregte te gebruik. Buiten sy gewildheid as drankie (warm of koud), het rooibos ook sy plek in die kombuis as ’n eg Suid-Afrikaanse bestanddeel gevind. Sy subtiele, aardse soetheid is uitstekend in alles van marinades en sop tot gebak, nageregte en geposjeerde vrugte. Rooibos vat veral lekker hande met sitrus, heuning, vanielje en speserye, soos kaneel en gemmer. Rooibos bied aan sjefs en tuiskokke ’n heerlike geleentheid om ’n tikkie Suid-Afrikaanse erfenis en geur aan sowel tradisionele as moderne geregte te verleen. Addisionele bron: sarooibos.co.za.

en klits goed ná elke byvoeging (skraap weer die kante skoon). Klits ook die suurlemoensap, vanieljegeursel en sout by. 5. Klits die meel, die res van die suiker en die helfte van die rooibosroom saam tot glad. Voeg dit by die roomkaasmengsel en klits tot glad. Klits die res van die rooibosroom geleidelik by. Die vulsel moet glad en sonder klonte wees. 6. Giet die vulsel deur ’n sif (om doodseker te maak daar is geen klonte nie) in die voorbereide pan. Bak vir 22-30 minute tot baie donkerbruin

R250 Loyalty en wen

R2 000 kontant Ondersoek jouself..

elke week in Oktober.

Bespreek jou skandering.

Het jy geweet met net vyf bestanddele kan jy iets heerliks aanmekaarslaan? En as jy dalk een of twee ekstra bestanddele byvoeg, kan jy sommer maklik ’n hele paar geregte skep. Vandag se basisresep bestaan uit die volgende vyf bestanddele: beesmaalvleis, basielkruidpesto, geblikte, gekapte tamaties, mozzarella, hamburgerrolletjies. Met dié bestanddele kan jy die volgende maak:

MORSIGE FRIKKADELROLLETJIES

BESTANDDELE • 400 g beesmaalvleis • 8 opgehoopte eetlepels basielkruidpesto • 1 blik gekapte tamaties • 125 g mozzarella • 4 groot, sagte hamburgerrolletjies

METODE 1. Meng die maalvleis met die helfte van die pesto en ’n bietjie sout en peper na smaak. Verdeel die vleis om 12 frikkadelle te vorm. Braai die vleisballetjies in ’n bietjie olyfolie in ’n groot kleefwerende pan tot bruin buite-om. 2. Voeg die tamaties by en sowat 125 ml water. Laat opkook. Sprinkel die gerasperde mozzarella bo-oor, sit ’n deksel op die pan en laat 5 minute prut. 3. Sny die broodjies oop en smeer die res van die pesto op die een helfte. Skep die frikkadelle-en-tamatiemengsel boop die brood (drie frikkadelle per broodjie) en sit die ander helfte van die broodjie bo-op. Sit dadelik voor. – Aangepas van ’n resep in Five Ingredients deur Jamie Oliver. Skandeer die volgende QR-kode vir nog drie variasies op die resep. bo-op en met ’n lekker jellie-agtige dril in die middel (dit moet glad nie solied gebak wees nie). 7. Plaas die pan op ’n oondrak om af te koel (die kaaskoek sal inmekaarsak soos dit afkoel, dit is hoe dit moet wees). Sodra dit koel is, plaas in die yskas vir minstens agt ure, of verkieslik oornag. 8. Wanneer jy gereed is om dit voor te sit, haal dit versigtig uit die pan, trek die bakpapier af en sny in skyfies. Die kaaskoek proe die beste by kamertemperatuur, saam met ’n koppie rooibostee, natuurlik!

koopbewys

GRATIS om in te skryf. Dit neem ’n minuut

Sluitingsdatum 31 Oktober 2026 Trekkingsdatum 6 November 2026. B’s & V’s geld

SKANDEER HIER EN WEN. SAMXXX-PA091026


Vrydag 23 Oktober tot Donderdag 29 Oktober 2026 Die Papier

Nuus

Ministers met die meeste laat antwoorde Laat antwoorde

Totale vrae

Polisie

673

988

Basiese onderwys

444

623

Gesondheid

440

705

Verdediging en militêre veterane

376

499

Justisie en konstitusionele ontwikkeling

344

425

Finansies

338

545

Maatskaplike ontwikkeling

306

427

13

“

Die speaker kan die moontlikheid oorweeg om eerder die kwessie regstreeks met die president op te neem. – Keith Khoza, Mashatile se woordvoerder.

Bron: Outa

Pres. Cyril Ramaphosa Foto: Facebook

Siviwe Gwarube Foto: Facebook

Adj.pres. Paul Mashatile Foto: Facebook

ONSEKERHEID OOR WIE DIT MOET OPLOS:

Hierdie is die ministers wat nie vrae beantwoord Christiaan du Plessis christiaan.duplessis@diepapier.co.za Adj.pres. Paul Mashatile se kantoor meen die speaker kan ministers se herhaalde versuim om parlementêre vrae betyds te beantwoord, regstreeks met pres. Cyril Ramaphosa opneem. Die presidensie sê egter die kwessie moet eers deur Mashatile hanteer word voordat dit na die president geëskaleer word. Dit volg nadat Lawson Naidoo van die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Casac) gesê het

Mashatile moet as leier van regeringsake verantwoordelikheid aanvaar om te verseker dat ministers hul vrae betyds beantwoord. “Dit blyk ’n strukturele probleem te wees, wat al lank aankom,” sê Naidoo. Volgens hom is die beantwoording van parlementêre vrae ’n belangrike manier waarop die parlement oor die uitvoerende gesag toesig hou. “Dit kan nie anders as om die vinger na Mashatile te wys nie, omdat hy as die leier van regeringsake in die parlement die verantwoordelikheid het om

te verseker die ministers in die kabinet beantwoord hul vrae betyds,” sê hy. Keith Khoza, Mashatile se woordvoerder, sê egter die adjunkpresident kan ministers aanmoedig om hul antwoorde betyds in te dien, maar het nie die gesag om hulle te straf nie. “Al wat die adjunkpresident kan doen, is om ’n verslag oor kwessies rakende parlementêre toesig aan die kabinet ter tafel te lê en nie veel meer as dit nie. “Die speaker kan ook die moontlikheid oorweeg om die kwessie eerder regstreeks met

Thoko Didiza, speaker. Foto: Facebook

STRENGER STRAWWE WORD OORWEEG Mothapo sê die speaker kan ministers, wat herhaaldelik versuim om vrae te beantwoord, tydens ’n sitting van die NV berispe. Die huidige stelsel vir die monitering en beantwoording van vrae lewer volgens hom egter nie die gewenste resultate nie. Didiza het die kwessie daarom na die subkomitee vir die hersiening van die parlementêre reëls verwys om die stelsel te versterk en moontlik strenger strawwe te oorweeg. Rachel Fischer, ’n parle-

mentêre navorser van Outa, meen vertragings beteken nie noodwendig dat ministers parlementêre toesig minag nie. Volgens haar moet die individuele omstandighede van ministers, asook die toestand en omvang van hul departemente, in ag geneem word. Sy sê die beantwoording van vrae is een van verskeie toesigmeganismes. Ander sluit die bywoning van parlementêre komiteevergaderings en die indiening van verslae in.

die president president op te neem,” sê Khoza. Volgens hom kan Thoko Didiza, die speaker van die Nasionale Vergadering (NV), ook interne parlementêre stappe doen om groter aanspreek-

likheid van ministers te verseker. Vincent Magwenya, Ramaphosa se woordvoerder, sê egter Mashatile sal die kwessie eers hanteer voordat dit na Ramaphosa geëskaleer word.

MEER AS ’N DUISEND ANTWOORDE UITSTAANDE

GWARUBE SE KANTOOR SÊ OOR AGTERSTAND

Volgens ’n onlangse voorlegging oor die parlement se jaarverslag vir die 2025-’26-boekjaar aan die gesamentlike staande komitee oor die finansiële bestuur van die parlement, was antwoorde op 1 196 vrae in die NV en 84 in die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) uitstaande. Die oorgrote meerderheid was antwoorde op skriftelike vrae. Moloto Mothapo, ’n parlementêre woordvoerder,

Lukhanyo Vangqa, Gwarube se woordvoerder, sê die NV se lys het op Maandag 19 Oktober getoon dat 32 skriftelike vrae aan haar laat of onbeantwoord was. Volgens die jongste beskikbare NRVP-lys, van September, was vier vrae uitstaande. Vangqa sê die ministerie ontvang ’n groot aantal vrae en het reeds ’n beduidende aantal beantwoord. Volgens hom weerspieël die volume vrae die omvang van parlementêre toesig oor ’n portefeulje, wat saam met die provinsiale onderwysdepartemente vir

sê Siviwe Gwarube, die minister van basiese onderwys, het op die betrokke verslagdoeningsdatum die meeste onbeantwoorde vrae gehad. Sy is gevolg deur dr. Leon Schreiber, die minister van binnelandse sake, en dr. Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit en energie. Gwarube en Schreiber is albei DA-ministers in die regering van nasionale eenheid (RNE). Mothapo benadruk dat

die syfers die situasie op die betrokke tydstip weerspieël. Die ministers het sedertdien van die antwoorde ingedien, hoewel dit laat was. Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) se ParliMeter-webtuiste toon dat prof. Firoz Cachalia, die waarnemende minister van polisie, die meeste laat antwoorde het, gevolg deur Gwarube en Angie Motshekga, die minister van verdediging en militêre veterane.

die nasionale onderwysstelsel verantwoordelik is. “Anders as ander portefeuljes, maak dit staat op provinsies om hom van die bedryfsinligting waaroor LP’s vra, te voorsien,” sê Vangqa. Hy sê die ministerie werk daaraan om alle uitstaande antwoorde te finaliseer. “Die ministerie erken dat elke parlementêre vraag ’n belangrike instrument van aanspreeklikheid is en is daartoe verbind om te verseker dat lede van die parlement die inligting ontvang wat hulle vereis,” sê hy.


Sake Vrydag 23 Oktober tot Donderdag 29 Oktober 2026

Jana Marx jana.marx@diepapier.co.za

T

erwyl Suid-Afrika hom staal vir moontlike droogte weens El Niño, toon die jongste begrotingsyfers natuurrampe het die land die afgelope 25 jaar reeds sowat R165 miljard aan ekonomiese verliese gekos. Volgens syfers in die mediumtermyn-begrotingsraamwerk (MTBR) is dit gelykstaande aan sowat 2% van die land se bruto binnelandse produk (BBP). Die enorme bedrag beklemtoon die bedreiging wat uiterste weerstoestande vir die land se ekonomie inhou. Die verliese sluit skade weens oorstromings, droogtes en veldbrande in. Suid-Afrika is weens sy ligging in die Suidelike Halfrond en beperkte hulpbronne om daarop te reageer, hoogs kwesbaar vir klimaatverwante rampe. Die tesourie het daarom die regering se gebeurlikheidsreserwe vir die 2026-’27-boekjaar van R5 miljard tot R10 miljard verdubbel. Dit beteken nóg R5 miljard word opsygesit om onverwagte skokke die hoof te bied. Die geld is volgens die tesourie egter nie uitsluitlik vir El Niño of droogtehulp bestem nie en kan ook gebruik word indien energiepryse verder skerp styg. Die aansuiweringsbegrotingswetsontwerp maak ook voorsiening vir R6,2 miljard se onvoorsiene en onvermydelike uitgawes, hoofsaaklik vir ramphulp en die herstel van beskadigde infrastruktuur. Dit is dus nie alles nuwe geld wat reeds spesifiek aan droogtebestryding toegewys is nie. Die tesourie waarsku dat El Niño landbouproduksiekoste kan opstoot en produksie van laat 2026 tot in 2027 kan laat daal. Só ’n terugslag kan ook voedsel-

Natuurrampe kos die land al R165 mjd.

“

Ons ekonomie sal in duie stort as waterprobleme nie op alle regeringsvlakke opgelos word nie. – Gillian Hamilton, ekonomiese navorser

pryse onder druk plaas. Om die skade van toekomstige rampe te beperk, gaan die tesourie sy riglyne vir infrastruktuurbeplanning hersien om die risiko van oorstromings, droogtes en ander uiterste weerstoestande in ag te neem. Ekonomiese groei: Die tesourie het sy groeivooruitsig vir 2026 van 1,6% tot 1,2% verlaag. Groei behoort tot 1,6% in 2027, 1,8% in 2028 en 2% in 2029 te herstel. Belastingmeevaller: Belastinginkomste vir 2026-’27 is met R17,1 miljard opwaarts aangepas tot R2,144 biljoen (miljoen miljoen). Die staat se totale hoofbegrotingsinkom-

’n Droë deel van die Theewaterskloofdam in 2018 in Kaapstad. Foto: Getty Images

Die regering gaan ook twee bestaande munisipale ramptoelaes saamsmelt. Die doel is om munisipaliteite vinniger toegang tot noodgeld te gee wanneer ’n ramp toeslaan. Gillian Hamilton, ’n ekonomiese

ANDER BELANGRIKE SYFERS ste is R54,1 miljard hoër as in Februarie geraam. Hoër belasting op maatskappywinste, BTW en dividende dra hiertoe by, veral danksy hoër goud- en platinumpryse. Begrotingstekort: Die tekort word op 3,9% van die bruto binnelandse produk (BBP) geraam, teenoor Febru-

arie se 4%. Dit behoort teen 2029-’30 tot 2,5% te daal. Staatskuld: Bruto staatskuld sal na verwagting R6,35 biljoen, oftewel 78,2% van die BBP, in 2026-’27 beloop. Die skuldverhouding behoort teen 2029-’30 tot 76,6% te daal. Rentekoste: Die staat se skuldterugbetalingskoste styg

navorser by The Green Connection, sê aan Die Papier die tesourie se erkenning van klimaatskade en sy voorneme om klimaatrisiko’s by infrastruktuurbesluite in te reken, is bemoedigend. Sy beklemtoon egter dat sterker munisipaliteite noodsaaklik is om die land teen klimaatsrampe te beskerm. “Ons ekonomie sal in duie stort as waterprobleme nie op alle regeringsvlakke opgelos word nie,” waarsku sy. Volgens Hamilton vorder die oplossing van die waterkrisis, die hervorming van goedere-spoorvervoer en die verbetering van elektrisiteitsverspreiding te stadig. Die MTBR kom voor COP31, die jaarlikse internasionale klimaatberaad, wat in November in Antalya, Turkye, gehou word. David Maynier, die minister van bosbou, visserye en die omgewing, het verlede week gesê Suid-Afrika sal hom in sy COP31-onderhandelings beywer vir meer geld om ontwikkelende lande te help om by klimaatsverandering aan te pas en van natuurrampe te herstel. Suid-Afrika het reeds ’n finansieringsvoorstel van $20 miljoen by die internasionale fonds vir die hantering van verlies en skade ingedien om die Krugerwildtuin en omliggende gebiede ná die oorstromings in Januarie vanjaar te herstel. met R9 miljard tot R441,5 miljard vanjaar en kan teen 2029-’30 R509,3 miljard bereik. Infrastruktuur: Besteding aan geboue en ander kapitaalbates sal na verwagting van R91,3 miljard in 2025-’26 tot R139,7 miljard in 2029-’30 styg. Nog sowat R20 miljard is voorlopig vir infrastruktuurprojekte opsygesit.


Vrydag 23 Oktober tot Donderdag 29 Oktober 2026 Die Papier

Sake Jana Marx jana.marx@diepapier.co.za Toekomstige regerings sal moet verduidelik hoe hulle die staatsfinansies volhoubaar wil bestuur en aan die parlement rekenskap moet gee wanneer hulle wesenlik van hul planne afwyk. Dis volgens ’n nuwe beginselgedrewe fiskale anker wat Woensdag saam met die mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) aangekondig is. Fiskale ankers moet help keer dat regerings oor die langtermyn meer geld bestee en leen as wat die land kan bekostig. Die staat betaal tans honderd miljarde rand aan rente op dié skuld – geld wat andersins vir openbare dienste beskikbaar kon wees. Volgens die tesourie het die staat se bruto skuldlas in die 2025-’26-boekjaar op 78,4% van die bruto binnelandse produk (BBP) gestabiliseer. Skulddienskoste sal na verwagting egter vanjaar R441,5 miljard beloop – meer as wat die regering afsonderlik aan die ganse gesondheidsektor of die basiese onderwys-sektor bestee. BEGINSELGEBASEERDE PLEKS VAN NUMERIESE ANKER Anders as fiskale reëls wat sekere beperkings plaas, sal die voorgestelde fiskale anker elke nuwe regering toelaat om sy eie doelwitte te stel, mits hy kan aantoon dat sy planne finansieel

NUWE BEGROTINGSREËLS:

Regering sal voorts moet verduidelik

aankondiging, maar meen die gebrek aan ’n duidelike, meetbare teiken maak dit minder oortuigend. “Hoewel die instelling van ’n fiskale anker ’n positiewe ontwikkeling is, bied die minister se gekose anker nie ’n duidelike, meetbare en objektiewe teiken waarteen fiskale beleid beoordeel kan word nie.” Volgens Lings sal kredietgraderingsagentskappe dit waarskynlik as ’n betreklik “sagte” fiskale anker beskou wat die regering heelwat speelruimte bied.

SÓ WERK DIT Ná elke algemene verkiesing sal die nuwe kabinet ’n fiskale plan moet goedkeur waarin die regering se doelwitte, strategie, ekonomiese aannames en risiko’s uiteengesit word. Die regering sal ook moet verduidelik hoe sy beleidsbesluite dié doelwitte ondersteun. Vordering sal jaarliks in die begrotingsoorsig en die MTBR gerapporteer moet word. Enige wesenlike afwyking van die plan sal verduidelik moet word, asook wat die regering beoog om daaraan te doen.

Annabel Bishop, die hoofekonoom van Investec, is meer positief. Volgens haar verwag finansiële markte dat die staatsfinansies ná die instelling daarvan verder sal verbeter.

lik hoe hulle daarop reageer. Die kommissie sal nie die mag hê om ’n begroting te keer nie. Dr. Duncan Pieterse, die direkteur-generaal by die tesourie, het Woensdag by ’n mediainligtingsessie beklemtoon die FFC “sal nie vetoreg oor enige begroting hê nie”. Hy het gesê die parlement sal sy bestaande toesigbevoegdhede oor die begroting behou.

TOESIG Die Finansiële en Fiskale Kommissie (FFC) sal die regering se fiskale plan onafhanklik beoordeel en kyk of die aannames en vooruitskattings waarop dit berus, geloofwaardig is. Die regering en die parlement sal die kommissie se aanbevelings moet oorweeg en verduide-

HOE NOU VERDER? Die voorstel sal deur wetswysigings in werking gestel word. Konsepwysigings is Woensdag vir openbare kommentaar bekendgemaak, maar nog nie formeel by die parlement ingedien nie. Die regering beoog om die wetsontwerpe in 2027 in te dien.

Enoch Godongwana, minister van finansies, praat met die media voor die aanbieding van die mediumtermynbegrotingsraamwerk in Kaapstad. Foto: Brenton Geach, Gallo Images

volhoubaar is. Op ’n joernalis se vraag of die kabinet eenparig ten gunste van ’n beginselgebaseerde anker, eerder as ’n numeriese een, gestem het, het Enoch Godongwana, minister van finansies, geantwoord: “Ek het geen meningsverskil opgemerk nie.” Trouens, volgens hom het een of twee kabinetslede eerder gevra of die voorgestelde fiskale anker nie toekomstige regerings se beleidskeuses sou voorskryf nie. Kevin Lings, die hoofekonoom van Stanlib, verwelkom die

15

Die miljoendollarvraag: Gaan jou beursie oorleef? Heinrich Kruger BATEBESTUURDER

Gaan jou beursie jou oorleef, of nie? Dít is die miljoendollarvraag – en net jy kan die antwoord hierop bepaal. Die meeste mense onderskat hul eie lewensverwagting. Dit is my ervaring oor die afgelope veertig jaar. Die probleem is dus as jy jou beursie volgemaak het om jou tot op die ouderdom van 70 te hou en jy leef tot op die ouderdom van 75, beteken dit jy gaan van die honger sterf. Dit is waarom ons mense aanbeveel om hul beursies vol te maak asof hulle 110 jaar oud gaan word. Dit kan vir jou ’n bietjie te dik vir ’n daalder klink, maar daar is goeie argumente daarvoor. Eerstens dui die data daarop

dat die lewensverwagting van mense in die vorige eeu – dus tot met die aanbreek van die jaar 2000 – in die VSA met 30 jaar toegeneem het. Ek weet ons woon in SuidAfrika en nie in die VSA nie, maar as jy kan bekostig om een maal per week Die Papier te kan koop, beteken dit dat jy in die top5% verdieners in Suid-Afrika is. Dit beteken jy kan jou min of meer vereenselwig met die breë Amerikaanse bevolking se lewensverwagting. Ongeag die wrede onderbreking van Covid ’n paar jaar gelede, is die verouderingstendens steeds besig om stelselmatig te styg. Elke jaar namate jy ouer word, styg jou lewensverwagting dus. Al hoe meer mense in ons land en in die wêreld begin ouer as 90 word. Dit is weliswaar nie 110 nie, maar benewens jou ouderdom-

MY BEURSIE SE LEWE verwagting wat al voor jou uithardloop, moet ’n mens ook voorsiening maak vir onverwagse markskommelings of onvoorsiene uitgawes, wat jou uitgawes kan verhoog of jou spaargeld kan verminder – of selfs al twee. Net ná die eeuwisseling het dr. Piet Muller en ek heelwat navorsing gedoen oor die verouderingstendens onder mense. Muller was in die tagtigs my

baas by Beeld in Pretoria. Ons twee het tussen die jare 2000 en 2010 ’n bewusmakingsveldtog van stapel gestuur om mense op die stygende lewensverwagting voor te berei. Ons het egter nie daarmee tred gehou dat ouderdomme vinniger sou styg as die ontwikkeling en beskikbaarheid van mediese sorg nie. Die Covid-pandemie tussen 2020 en 2023 het egter nuwe perspektiewe daaroor gebring. Vandag is dit duidelik dat baie meer mense ouer word as voorheen. Die werklikheid is dus ook baie meer mense ly aan ouderdomsverwante siektes. Dit plaas ’n geweldige druk op openbare mediese sorg, mediese versorgers, gesinne en die gemeenskap. Dit plaas ook onverwagse druk op die beursies van mense, wat nie daarvoor voorsiening gemaak het dat die gepaardgaande

mediese versorgingskoste groter is as wat voorheen bereken is nie. Wêreldwyd stort sentrale gereguleerde sorg soos Brittanje se NHS in duie omdat hierdie golf van veroudering groter druk op die stelsel plaas as waarvoor die stelsel ontwerp is. Só ook is die druk op staatspensioenfondse groter omdat mense se stygende lewensverwagting hoër is as waarvoor aktuarisse bereken het. Dit is duidelik dat ’n mens se koste ná aftrede hoër gaan word as wat jy verwag het. Daarom moet ’n mens langer bydraes tot jou beursie maak as onttrekkings. Ná aftrede sal ’n mens dus voorsiening moet maak om vir langer ’n inkomste te genereer om nie jou beursie te vroeg leeg te tap nie. • Kruger is die besturende direkteur van Kruger Internasionaal- bate- en welvaarbestuur.


16 Die Papier Vrydag 23 Oktober 2026

ST31538/2004 Form JJJ LOST OR DESTROYED DEED

1024/97 Form JJJ LOST OR DESTROYED DEED Notice is hereby given in terms of regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Certificate of Registered Grant of Leasehold (Regulation 13) CERTIFICATE NO: 1024/97 passed by U I T E N H A G E TRANSITIONAL LOCAL COUNCIL, in favour of LUDWE LINCOLN MJULENI, ID NO: 491204 5324 086, UNMARRIED in respect of SITE NUMBER 14358 KWANOBUHLE in the ADMINSTRATIVE DISTRICT OF UITENHAGE, MEASURING: 255m2 (TWO HUNDRED AND FIFTY FIVE SQUARE METRES) , which has been lost or destroyed. All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds KING WILLIAM'S TOWN, NO 113 ALEXANDER ROAD, QONCE, 5600 within two weeks after the date of the publication of this notice. Dated at King William's Town on this 15 day of October 2026 Applicant: BOQWANA BURNS INC Address: 1ST FLOOR, SUTTON SQUARE NO 8 QUEENS ROAD KING WILLIAM'S TOWN Email address: corne@boqwanaburns.com Contact number: 043 642 2070

-((+ "((,

Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer Number ST31538/2004 passed by The Trustees for the time being of CARDINAL TRUST, REGISTRATION NUMBER IT10971/8985, in favour of HAWK EYE INVESTRADE 1 CC, REGISTRATION NUMBER 2004/039509/23, in respect of certain A Unit consisting of – (a) Section No.4 as shown and more fully described on Sectional Plan SS53/2000 in the scheme known as BISHOP'S BAY in respect of the land and building or buildings situate at PARYS NGWATHE LOCAL MUNICIPALITY, of which section the floor area, according to the said sectional plan is 469 (Four Hundred and Sixty Nine) square metres in extent; and (b) An undivided share in the common property in the scheme apportioned to the said section in accordance with the participation quota as endorsed on the said sectional plan Held by Deed of Transfer No.ST31538/2004 which have been lost or destroyed. All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds: Free State at Bloemfontein within two weeks from the date of publication of this notice. Dated at BLOEMFONTEIN on this 20 day of OCTOBER 2026. UYLETA CLAUDINE NEL-MARAIS (LPCM – 60595) CONVEYANCER elsabe@lvba.co.za Applicant Lovius Block Inc Attorneys Notaries Conveyancers Est 1911 31 FIRST AVENUE BLOEMFONTEIN 9301 12196 BRANDHOF 9324 051 430 3874 051 447 6441

Geklassifiseerd

ST3985/2017 FORM JJJ LOST OR DESTROYED DEED

ST4364/2003 FORM JJJ LOST OR DESTROYED DEED

Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds of Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer ST3985/2017 passed by K2014231014 (SOUTH AFRICA) PROPRIETARY LIMITED, Registration Number 2014/231014/07 in favour of RIAAN SCHONKEN VAN ROOYEN, Identity Number 680902 5169 085 and ELIZABETH JOHANNA VAN ROOYEN, Identity Number 720705 0171 085, Married out of Community of Property in respect of Unit 103 as shown and more fully described on Sectional Plan No SS460/2016 in the scheme known as BEACH CLUB in respect of the land and building or buildings situated at HARTENBOS, IN THE MUNICIPALITY AND DIVISION OF MOSSEL BAY, PROVINCE WESTERN CAPE, IN EXTENT 124 (ONE HUNDRED AND TWENTY FOUR) SQUARE METRES which has been lost or destroyed. All persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds: Western Cape at Cape Town at Foreshore Place, 2 Riebeek Street, Cape Town Central Business District within two (2) weeks after the date of the publication of this notice.

Notice is hereby given in terms of regulation 68(1) of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer ST4364/2003 in favour of DARIUS JOHANNES STEENKAMP in respect of certain Section No. 2 as shown and more fully described on Sectional Plan No SS25/2003 in the scheme known as SS FAERIE 28 in respect of the land and building or buildings situated at FAERIE GLEN EXTENSION 28 TOWNSHIP, Local Authority: City of Tshwane Metropolitan Municipality, of which section the floor area, according to the said sectional plan is 285 (Two Hundred and Eighty Five) square meters in extent; and, which has been lost or destroyed. All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds, North Gauteng at Pretoria within two weeks from the date of the publication of this notice. Dated at Pretoria on this 21 day of October 2026. Applicant's duly authorised agent: Laäs Döman Inc, 449 Albert Street, Waterkloof, Pretoria, Tel: (012) 346 8696, E-mail address: daleenh@laasdoman.co.za

Dated at VANDERBIJLPARK on this 16th day of OCTOBER 2026 APPLICANT(S) H J VAN RENSBURG INC ATTORNEYS. POSBUS 1534 VANDERBIJLPARK wilna@hjvrlaw.co.za Tel. 016 – 933 4030 Ref. AJVR/Wilna/VAN ROOYEN

,#%&/, 6&* '"& '3&7 36 '"& 0'(&/*&5,"& 50 '"& -32)5* (05 '"& !70,,"4!0,"&.7#, *& ,!)"%1 ", ,*/&5$ (&/-3'&+

T13213/1996 LOST OR DESTROYED DEED Notice is hereby given in terms of regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer T13213/1996 passed by 1. TAMAR EMIL YAZBEK Identity Number: 290116 5052 009 Married Out of Community of Property 2. DOUGLAS IAN XENOPHON YAZBEK Identity Number: 320825 5053 007 Married Out of Community of Property 3. EUNICE EMILY SMITH Identity Number: 320825 0010 002 Married Out of Community of Property in favour of THE TRUSTEES FOR THE TIME BEING OF HEYMAN FAMILIE TRUST Registration Number IT849/1996 in respect of certain ERF 476 KROONSTAD, DISTRICT KROONSTAD, PROVINCE FREE STATE IN EXTENT: 919 (NINE HUNDRED AND NINETEEN) SQUARE METRES which has been lost or destroyed. All persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the REGISTRAR OF DEEDS: FREE STATE at BLOEMFONTEIN within two weeks after the date of the publication of this notice. Dated at KROONSTAD on 19th day of October 2026 CONVEYANCER MELIZE KACHELHOFFER LPCM 59380 DU RANDT & LOUW INCORPORATED 25 PRESIDENT STREET KROONSTAD 9499 TEL: 056 212 4275 E-MAIL: melize@drl.co.za REF: CKH025

T16837/1992 FORM JJJ LOST OR DESTROYED DEED Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds of Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer Number T16837 /1992 passed PIETER STEPHANUS DU TOIT, IDENTITY NUMBER 351009 5014 002, MARRIED OUT OF COMMUNITY OF PROPERTY in favour of THE TRUSTEES OF THE KLOOVENBURG TRUST, NUMBER T65/1983 in respect of following properties: REMAINDER OF THE FARM CLOOVENBURG NO 663, SITUATED IN THE MALMESBURY DIVISION, IN EXTENT: 29,7541 (TWENTY NINE COMMA SEVEN FIVE FOUR ONE) HECTARES and THE REMAINDER OF THE FARM BOTMAS KLOOF NO 661, SITUATED IN THE MALMESBURY DIVISION, IN EXTENT: 258,4671 (TWO FIVE EIGHT COMMA FOUR SIX SEVEN ONE) HECTARES and THE FARM BOTMANS KLOOF ANNEXE NO 632, SITUATED IN THE MALMESBURY DIVISION, IN EXTENT: 38,5653 (THIRTY EIGHT COMMA FIVE SIX FIVE THREE) HECTARES which has been lost or destroyed. All persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds: Western Cape at Cape Town at Foreshore Place, 2 Riebeek Street, Cape Town Central Business District within two (2) weeks after the date of the publication of this notice. Dated at BELLVILLE on this 19TH day of OCTOBER 2026 VAN ZYL KRUGER ATTORNEYS ADDRESS: P O BOX 4019, TYGER VALLEY, 7536 Email address: giny @vzk.co.za Contact Number: 021 1804550

T98724/2007 FORM JJJ LOST OR DESTROYED DEED Notice is hereby given in terms of regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937 of the intention to apply for the issue of a certified copy of the Deed of Transfer VA8355/2014 (T98724/2007) in favour of ZUKILE TISANI, IDENTITY NUMBER: 820402 5278 08 6 and MISIWE TISANI, IDENTITY NUMBER: 820913 0386 08 8, married in community of property to each other, in respect of certain ERF 6033 KWANONQABA, IN THE MUNICIPALITY AND DIVISION OF MOSSEL BAY, PROVINCE OF THE WESTERN CAPE, IN EXTENT: 96 (NINETY-SIX) Square Meters, which has been lost or destroyed. All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds: Western Cape at Cape Town, Cape Town Deeds Office Information Section, 2 Riebeek St, Cape Town City Centre, Cape Town, 8000, contact details (021) 464-7741, within two weeks from the date of publication of this notice. Dated at CAPE TOWN on 20 AUGUST 2026. APPLICANT: LC LAMBRECHTS-BOTES c/o DTL INC ADDRESS: 16 Marsh Street, Mossel Bay, 6500 EMAIL: carel@dtllaw.co.za CONTACT: 044 690 3666

TE13941/2016 FORM JJJ LOST OR DESTROYED DEED Notice is hereby given in terms of regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of DEED OF TRANSFER TE13941/2016 passed by MOQHAKA LOCAL MUNICIPALITY in favour of MASEABATA ELIZABETH THATELO Identity number 401013 0245 08 2 married out of community of property, in respect ofERF 2329 MAOKENG, DISTRICT KROONSTAD, PROVINCE FREE STATE; MEASURING: 236 square metres; which has been lost or destroyed. All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the REGISTRAR OF DEEDS: FREE STATE at BLOEMFONTEIN within two weeks from the date of the publication of this notice. Dated at KROONSTAD on 19TH OCTOBER 2026 Applicant: DU PLESSIS LE ROUX ATTORNEYS 33 STEYN STREET, KROONSTAD email: info@dpl.co.za Tel. 056-2126541

#Q'+Q>>@:C) @=

R.1 75;.19

4191.B 5B-.1(1 (19B8<1B198 <<9 ),.2G%09.B5 /11=J ><=-5B :.3< O?.1-<<9 NHM INI EDLF =.3<J6.1-<<9A2.1;5;.19J3<J"5

!1?18-1 *5= P$?

NDL DLK DIIL 31?18-1J*5="$?A2.1;5;.19J3<J"5

*() &$, #!'

'''%(#&!)!#&+%*"%$)

7$'+)+5%(',+)'9*&'!

# * !<43%$,< !%<><* ?1?&@%((? %$ /?1+1&> #)!:!8"

..*) 57()90)1 -!))1$ 36)8

::51 -61 '++)2&0 OF+ 1I0 *F +,, H+,F 452L2//Q3PC@"5QEHL!/2

56--7-;9722 >0<)'-: 50-)8,-

<PMK/NGP </PQP3& 8 %>-8$$ 'PPMKPN ;PNG %N& .++(JFIFB

%(&.6.87 /+) $=#;?;;;

56-30<) $0<4A !,4:.6<; 5,689),3-:A "2.'<8,<PMK/NGP </PQP3& % ?9>)> 'PPMKPN ;PNG %N& IH*FIHJFIFD

%(&.6.87 /+) $=;;?;;;

<PMK/NGP </PQP3& :% '%6=%'PPMKPN ;PNG %N& HIH(*JFIFB

%(&.6.87 /+) $=#;?;;;

'!)8 ()!:!8" (771&221*)/ )8 +)19)/ 0$ 0!*%.4,79

=7;920-) =722:A $7-'8,3-

+,-' =722A 50-)8,-

<PMK/NGP </PQP3& # :>AA-'

<PMK/NGP </PQP3& 7 '>#=%8=

'PPMKPN ;PNG %N&

'PPMKPN ;PNG %N& HF(HBJFIFH

%(&.6.87 /+) $";;?;;;

%(&.6.87 /+) $9?;;;?;;;


Vrydag 23 Oktober 2026 Die Papier 17

Geklassifiseerd

M. MDUKISO NOTICE TO CREDITORS IN DECEASED ESTATES

A.C.S. VAN DEN BERG NOTICE TO CREDITORS IN DECEASED ESTATES All persons having claims a g a i n s t t h e under-mentioned estate must lodge it with the Executor concerned within 30 days (or as indicated) from date of publication hereof. In the Late Estate of: ANNA CATHARINA SUSANNA VAN DEN BERG, Date of Birth: 1952-12-13, Id no: 5212130160084, Date of Death: 2026-08-25, Last Address: 11 OWL STREET, G R E E N H I L L S , RANDFONTEIN., Period allowed for lodgement of claims, if other than 30 days at Master's Office: JOHANNESBURG, Estate no: 21545/2026 Advertiser name: VENTER & VON ABO ATTORNEYS Advertiser Address: 7 MAC GREGOR STREET, WESTONARIA. Email: venabo@global.co.za Tel: 0117531155

F.W. BUYTENDACH IN DIE BOEDEL VAN WYLE, FREDERICK WILHELM BUYTENDACH, Identiteitsnommer, 5911125013089 woonagtig te ST FRANCIS HEAVEN WOONSTEL NO 6, HAMLETSTRAAT, LAKEVIEW, WELKOM, 9469. BOEDELNOMMER: 6843/2026 Krediteure en Debiteure in bogemelde boedel word hiermee versoek om hul rekenings in te dien en hul rekenings te betaal by ondergetekende binne dertig dae gereken vanaf 23 OKTOBER 2026. WYNAND JOSEPH BOTHA Prokureur vir die Eksekuteur Du Randt & Louw Ingelyf Posbus 26 KROONSTAD BRB027

HUBERTHA WILHELMINA JOHANNA LE ROUX In the estate of the late HUBERTHA WILHELMINA JOHANNA LE ROUX, Identity no. 451201 0015 08 9, of Munro Kirk, 4 Seymour Road, South End, Port Elizabeth who died on 3 July 2026 at Port Elizabeth. Estate no. 004411/2026. Creditors and Debtors in the above estate are hereby requested to file their claims with, and pay their debts to, the undersigned within thirty (30) days of the date of publication hereof on 23 October 2026. GREYVENSTEINS INC St George's House 104 Park Drive Port Elizabeth Tel. 041 501 5530 E-Mail: karmal@ greyvensteins.co.za E-Mail: nadine@ greyvensteins.co.za

All persons having claims against the under-mentioned estate must lodge it with the Executor concerned within 30 days (or as indicated) from date of publication hereof: Late Estate: MLANDELI MDUKISO, Id no: 7405055449080, Date of Birth: 1974-05-05, Date of Death: 2021-12-29. Last Address: 26 MENZE STREET , ZWIDE , PORT ELIZABETH , 6201 Period allowed for lodgement of claims, if other than 30 days at the Master's Office: PORT ELIZABETH Estate no: 001631/2022 Advertiser name: WYNAND DU PREEZ Address:73 SIXTH AVENUE, NEWTON PARK, PORT ELIZABETH email: wynand@themg.co.za Tel no: 041-3916130

KENNISGEWING MAREMANE MANGANESE (EDMS) BEPERK IN LIKWIDASIE (2021/418545/07) Meesters verwysing: T1563/2025 Kennis geskied hiermee dat die ondergenoemde as likwidateure aangestel is en dat persone wat enigiets aan die boedel verskuldig is onmiddellik hul skulde by die genoemde likwidateure moet vereffen. 'n TWEEDE Vergadering van Krediteure van bogenoemde boedel sal plaasvind op DINSDAG 3 NOVEMBER 2026 om 09:00 te die Landdroshof in Kempton Park vir die volgende doeleindes: 1. Bewys van Eise; 2. Verslag van likwidateure te aanvaar en 3. Om besluite en opdragte te aanvaar. DT MAJIEDT & LA LOUBSER – C.O HONEY CORPORATE RECOVERY & INSOLVENCY, NORTHRIDGE MALL, BLOEMFONTEIN. TEL 051 403 6600

M.C. DEMETROPULO Boedel wyle MARIA C O R N E L I A DEMETROPULO oorlede op 19 AUGUSTUS 2026, ID 3602280033 085 van Tulbach House,49 Peter Road, Lou-Marina, Randfontein,Gauteng Boedelnommer 008103/2026. Weduwee. Enige debiteure en krediteure word hiermee versoek om alle eise aan te meld of debiteure hulle skuld te betaal by die eksekuteur JOHANNES FOURIE van HANKE FOURIE INGELYF Posbus 36007, Menlopark, 0102 of (082) 553 0210 of hanke@hankefourie.co.za M.G. PIENAAR NOTICE TO CREDITORS IN DECEASED ESTATES All persons having claims against the under-mentioned estate must lodge it with the Executor concerned within 30 days (or as indicated) from date of publication hereof. Late Estate: MICHIEL GERHARDUS PIENAAR, Date of Birth: 1950-07-28, Id no: 5007285048088, Date of Death: 2022-01-02, Last Address:1 WESLEY STREET, GLEN HURD PORT ELIZABETH,6045, Period allowed for lodgement of claims, if other than 30 days at the Master's Office; PORT ELIZABETH Estate no: 0000002666/2025 Advertiser Name: Christo Minnaar Attorneys Address: 73 6TH AVENUE NEWTON PARK PORT ELIZABETH email: christo@cm-law.co.za Tel no: (041)-3640171

B.A. MOTSITSI Notice is hereby given that the First and Final Liquidation and Distribution account in the estate of the late BALEKILE ANNA MOTSITSI (Identity Number: 481021 0163 08 3), resided at 3329 Matwabeng Street, Senekal, will lie open for the inspection of all interested persons at the office of the Master of the High Court in Bloemfontein and the Magistrate Court in Senekal for a period of 21 days from 23 October 2026. Should no objection thereto be lodged with the Master during the specified period, the executor will proceed to make payments in accordance with the said account. NO. 8225/2024 Dr C Cilliers c/o Webbers P.O. Box 501 Bloemfontein 9300

C.G. MULLER LIQUIDATION AND DISTRIBUTION ACCOUNTS IN DECEASED ESTATES LYING FOR INSPECTION

J. VAN ROOYEN LIQUIDATION AND DISTRIBUTION ACCOUNTS IN DECEASED ESTATES LYING FOR INSPECTION

In terms of section 35 (5) of the Administration of Estates Act, No. 66 of 1965, notice is hereby given that copies of the liquidation and distribution accounts (first and final, unless otherwise stated) in the estates specified below will be open for the inspection of all persons with an interest therein for a period of 21 days (or shorter or longer if specially stated) from the date specified or from the date of publication hereof, whichever may be the later, and at the offices of the Masters of the High Court and Magistrates as stated. Should no objection thereto be lodged with the Masters concerned during the specified period, the executors will proceed to make payments in accordance with the accounts. Late Estate: CARLO GEORGE MULLER, Id no: 7303065083082, Last Address: 3 RUANNE STREET,BROADWOOD,P ORT ELIZABETH ,6070 Description of Account if other than First and Final Period of Inspection (if other than 21 days) at the Master's Office: PORT ELIZABETH Estate no: 002308/2026

In terms of section 35 (5) of the Administration of Estates Act, No. 66 of 1965, notice is hereby given that copies of the liquidation and distribution accounts (first and final, unless otherwise stated) in the estates specified below will be open for the inspection of all persons with an interest therein for a period of 21 days (or shorter or longer if specially stated) from the date specified or from the date of publication hereof, whichever may be the later, and at the offices of the Masters of the High Court and Magistrates as stated. Should no objection thereto be lodged with the Masters concerned during the specified period, the executors will proceed to make payments in accordance with the accounts. Late Estate: JOHANNA VAN ROOYEN , Id no: 4810040141085, Last Address: 54 B E L G U I M STREET,TIMOTHY VALLEY , BLOEMENDAL , PORT ELIZABETH , 6001, Description of Account if other than First and Final: Period of Inspection (if other than 21 days at the Master's Office: PORT ELIZABETH, Estate no: 5436/2021

Advertiser name: WYNAND DU PREEZ Address: 73 SIXTH AVENUE, NEWTON PARK, PORT ELIZABETH, 6045 email: wynand@themg.co.za Tel no: 041-3916130

C.W. MEYER LIKWIDASIE- EN DISTRIBUSIE REKENING IN BESTORWE BOEDEL WAT TER INSAE LÊ In die boedel van wyle: COENRAAD WILHELMUS MEYER Boedelnommer: 003623/2024 Identiteitsnommer: 2811155002080 Adres: BULTFONTEIN AFTREE OORD, BULTFONTEIN Datum van afsterwe: 26/04/2024 Die Eerste en Finale Likwidasie en Distribusierekening in die bogenoemde boedel sal ten kantore van die Meester van Hooggeregshof BLOEMFONTEIN, en die landdros BULTFONTEIN, ter insae lê vir die tydperk van 21 dae vanaf 23 Oktober 2026 Naam en adres van Eksekuteur ANDRE JACOBUS SMIT 38 PRESIDENT STEYN STRAAT WESSELSBRON 9680 Tel: 057-899 2719 E-pos: Debbie@btrek.co.za VERWYSING: D VAN WYK

Advertiser name: WYNAND DU PREEZ Advertiser Address:73, 6TH AVENUE, NEWTON PARK, PORT ELIZABETH, 6055 Email: w y n a n d @themeadowgroup.co.za Tel no: 041-3916130

J.I. GROBBELAAR In the estate of late: JANIS INGRID GROBBELAAR Born: 31 October 1949 Identity Number: 491031 0018 086 From : Buh-Rein Memory Clinic, Buh-Rein Retirement Village, Kraaifontein, Wes Kaap, 7570, Estate Number: 005795/2024 Date of Death: 12 December 2023 In terms of section 35(5) of the Administration of Estate Act, No 66 of 1965, notice is hereby given that copies of the Liquidation and Distribution accounts (First and Final) in the estate specified above will be open for inspection of all persons with an interest therein for a period of 21 days of the date of this publication hereof, which ever will be later, at the offices of the Master of Pretoria and the Magistrate's Court of Pretoria. Name of the Executor : Johannes Fourie Hanke Fourie Incorporated P.O. Box 36007, Menlo Park, 0102, Pretoria (082) 553 0210 e x e c u t o r @hankefourie.co.za

!PLS III GDA@ DB %#A@BD(#% %##% NY.8"@ 82 9@3@$E :8K@[ 8[ .@3\2 Y> H@:O](.8Y[ 0? Y> .9@ %@@`2 H@:82.38@2 ,".b XZS1b Y> .9@ 8[.@[.8Y[ .Y (WW]E >Y3 .9@ 822O@ Y> ( "@3.8=@` "YWE Y> %@@` Y> D3([2>@3 NO\$@3 FTXA0Z/QAA; W(22@` $E D9@ D3O2.@@2 >Y3 .9@ .8\@ $@8[: Y> ',B%TE,G @B-A@b H@: 8 2 . 3( . 8 Y [ N O \ $ @ 3 _DXAZ1/ XZ?<b 8[ >(KYO3 Y> V,)H #(# TE+#A@B,%# O ''b H@:82.3(.8Y[ NO\$@3 QAA;/ASZ<AZ/QSb 8[ 3@2W@". Y> "@3.(8[ X6 ,[ #0W62K71> -K> ,L>& `@2"38$@` (2 F; VF+_PP_Nc JLLRU \@(2O38[: ZQ VN8[@.E DIYU 24O(3@ \@.3@2b $@8[: (2 2O"9 W(3. Y> .9@ "Y\\Y[ W3YW@3.Eb "Y\W3828[: .9@ ]([` ([` .9@ 2"9@\@ ^[YI[ (2 *TAVDCMA *,( 8[ 3@2W@". Y> .9@ ]([` ([` $O8]`8[: Y3 $O8]`8[:2 28.O(.@ (. C,B(AU EX),@V#U GD',G F-ET'TC,GT@(U (2 29YI[ ([` \Y3@ >O]]E `@2"38$@` Y[ F@".8Y[(] J]([ NY6 FF <S/QAAAF V#G% *( ED@,BT,G %##% D! '#AATDE E-F*#B AHO.JQ53..:A Q6 ,[ #0W62K71> -K> ,L>& `@2"38$@` (2 )? V),H%U \@(2O38[: XS VD983.@@[U 24O(3@ \@.3@2b $@8[: (2 2O"9 W(3. Y> .9@ "Y\\Y[ W3YW@3.Eb "Y\W3828[: .9@ ]([` ([` .9@ 2"9@\@ ^[YI[ (2 *TAVDCMA *,( 8[ 3@2W@". Y> .9@ ]([` ([` $O8]`8[: Y3 $O8]`8[:2 28.O(.@ (. C,B(AU EX),@V# GD',G F-ET'TC,GT@(U (2 29YI[ ([` \Y3@ >O]]E `@2"38$@` Y[ F@".8Y[(] J]([ NY6 FF <S/QAAA V#G% *( EP4&L7&6 %>>? P< '>KK7PR E2S$>L AHO.JQ53..:A S6 ,[ #0W62K71> -K> ,L>& `@2"38$@` (2 )1 V),H%U \@(2O38[: 0< VF8G.E !8K@U 24O(3@ \@.3@2b $@8[: (2 2O"9 W(3. Y> .9@ "Y\\Y[ W3YW@3.Eb "Y\W3828[: .9@ ]([` ([` .9@ 2"9@\@ ^[YI[ (2 *TAVDCMA *,( 8[ 3@2W@". Y> .9@ ]([` ([` $O8]`8[: Y3 $O8]`8[:2 28.O(.@ ( . C, B ( A U E X ) ,@ V # U GD',G F-ET'TC,GT@(U (2 29YI[ ([` \Y3@ >O]]E `@2"38$@` Y[ F@".8Y[(] J]([ NY6FF <S/QAAAF

#(;((96@()( C0 H1DO6;D9) U39>N>SD;>6(>6 *(N>V6>V )>( 27;;()>V( D)2(O6(9N>(+ S7N2(O(>N6(N (9 )>( DD9N7(<SO7N()3O( C0 111PN1DO6;D9)P7OVP/D 7" N<D<(; IDA@(;;( 2D9 E0; C0 .44 X&M 8X..P

'>O(<6(3OY7OS7OD6>(1( '>(9N6( '>O(<67ODD6- Y7OS7OD6>(1( '>(9N6( B F(O10N>9VN97::(O- 'Y4K4L B HD;DO>N- IT XT8 L4T $ IT XZ5 L84 $ IT X&& Z&. $ IT Z4X 5.L $ IT ZL. &8. SP=P G76D;( Y7N6( 2D9 !9)>(9N9(:>9V >9V(27;V( *779N6( W>:>(6<(99>NV(1>9V 2D9 TX ,SO>; 4.4L RYD6(V7O>( X?:39>N>SD;>6(>6Q 7" N77N 2D9 67(SDNN>9V 7S )>( DD9N6(;;>9VN)D63:P '>( N3<N(N27;;( <D9)>)DD6 ND; S(O:D9(96 >9 )>(9N V(9((: 17O)P

'>O(<6(3O- %;(<6O>(N( !9V(9>(3ON)>(9N6( '>O(<67ODD6- %;(<6O>(N( !9V(9>(3ON)>(9N6( B F(O10N>9VN97::(O-'%5K4L B HD;DO>N- IT XT8 L4T $ IT XZ5 L84 $ IT X&& Z&. $ IT Z4X 5.L $ IT ZL. &8. SP=P G76D;( Y7N6( 2D9 !9)>(9N9(:>9V >9V(27;V( *779N6( W>:>(6<(99>NV(1>9V 2D9 TX ,SO>; 4.4L RYD6(V7O>( X?:39>N>SD;>6(>6Q 7" N77N 2D9 67(SDNN>9V 7S )>( DD9N6(;;>9VN)D63:P '>( N3<N(N27;;( <D9)>)DD6 ND; S(O:D9(96 >9 )>(9N V(9((: 17O)P H;3>6>9VN)D63:- L J72(:C(O 4.4L 7: T4-.. ,-$%/%")#%.&%. ( ,-$%'%")#%.+ ( *!)/%")#) ...$"'(*+%)#*#&!+%-$*#$,+

%!$&"#

V#G% *( ED@,BT,G %##% D! '#AATDE E-F*#B AHO.JQ53..:A ;6 ,[ #0W62K71> -K> ,L>& `@2"38$@` (2 #; VFDL#JU \ @ ( 2 O 3 8 [ : Q A V DI @ [ . E U 24O(3@ \@.3@2b $@8[: (2 2O"9 W(3. Y> .9@ "Y\\Y[ W3YW@3.Eb "Y\W3828[: .9@ ]([` ([` .9@ 2"9@\@ ^[YI[ (2 *TAVDCMA *,( 8[ 3@2W@". Y> .9@ ]([` ([` $O86?7R9 PL $276?7R9K K 7 4 2 & 4 > & 4 C, B(A U EX),@V#U GD',G F-ET'TC,GT@(U (2 29YI[ ([` \Y3@ >O]]E `@2"38$@` Y[ F@".8Y[(] J]([ NY6 FF <S/QAAAF V#G% *( ED@,BT,G %##% D! '#AATDE E-F*#B AHO.JQ53..:A I98"9 9(2 $@@[ ]Y2. Y3 `@2.3YE@`6 ,]] 8[.@3@2.@` W@32Y[2 9(K8[: Y$7@".8Y[ .Y .9@ 822O@ Y> 2O"9 "YWE (3@ 9@3@$E 3@4O83@` .Y ]Y`:@ .9@ 2(\@ 8[ I38.8[: I8.9 .9@ H@:82.3(3 Y> %@@`2d !3@@ F.(.@ (. *]Y@\>Y[.@8[ I8.98[ .IY I@@^2 >3Y\ .9@ `(.@ Y> WO$]8"(.8Y[ Y> .982 [Y.8"@6 %(.@` (. *GD#F!DE@#TE Y[ .982 3. ?&/ Y> D'@D*#B 3.3JN MMMMMMMMMMMMMMMMMMMMMMMMMMMMM -(G#@, 'G,-%TE# E#G8 F,B,TA "GC'F = J.;Q;Y 'LN-#),N'#H @]2($@&]K$(6"Y6C( ,WW]8"([.

RYK8O2 *]Y"^ _[" ,..Y3[@E2 NY.(38@2 'Y[K@E(["@32 #2. XZXX SX !_HFD ,-#NB# *RL#P!LND#_N ZSAX XQXZ0 *H,N%aL! ZSQ; 5Q1 <X ;SA S?1; 5Q1 <X ;;1 0;;X 8"0//.41/.26#130/1-

8"0//../4-26#130/1-


18

Die Papier Vrydag 23 Oktober 2026

Geklassifiseerd

Form JJJ LOST OR DESTROYED DEED Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certied copy of DEED OF TRANSFER NUMBER ST1762/2004 passed by: COLLEEN MAYTHAM Identity Number 7202090022083 Married out of community of property In favour of: 1 HERMAN JOHAN LOUWRENS Identity Number 421217 5030 086 Married out of community of property 2 H E R C U L E S FREDERICK VENTER Identity Number 670322 5104 085 Married out of community of property are the registered owners in respect of certain: AUnit consisting of (a) Section No. 15 as shown and more fully described on Sectional Plan No SS 79/1984 in the scheme known as CHANTEL in respect of the land and building or buildings situated at LANGENHOVENPAR K, MANGAUNG M E T R O P O L I TA N M U N I C I PA L I T Y, o f which section the oor area, according to the said sectional plan is 47 (Forty Seven) square metres in extent and (b) An undivided share in the common property in t h e s c h e m e apportioned to the said section in accordance with the participation quota as endorsed on the said sectional plan. HELD BY Deed of Transfer Number ST1762/2004 which has been lost or destroyed. All person having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at BLOEMFONTEIN within two weeks after the date of the publication of this notice. DATED at BLOEMFONTEIN on this 22nd day of October 2026

NM10078357-PA231026

Die MSC Armonia

Wen ’n kajuit vir Oppiwater en ‘Moord aan Boord’

Die 13de Oppiwater-kunstefees vaar van 14-19 Februarie 2027 op die MSC Armonia van Durban na Mosambiek se tropiese eilande, Pomene en die Portugese Eilande. En ’n leser van Die Papier kan ’n kajuit vir twee, alle etes en gratis toegang tot alle vertonings van sy of haar keuse wen – dit ter waarde van R50 000. Frans Swart, die feesdirekteur en hoof van Lefra Produksies, sê “dit is vir my belangrik dat die Oppiwater-kunstefees steeds ’n kunstefees in die ware sin van die woord bly. Juis daarom is ons baie opgewonde oor die debuutproduksies wat op die MSC Armonia première.” Daar is ’n splinternuwe klug – “Sterretjies en Stertjies”; ’n nuwe drama deur Kobus van der Schyff-Smal; “Dit wat merke los”, en ’n huldeblykproduksie aan Johnny Cash en June Carter, “Johnny’s June!” Vanjaar word ook die eerste moord-misterie-speletjie, “Moord aan Boord” gespeel, waaraan feesgangers kan deelneem. Die sluitingsdatum vir deelname aan die kompetisie is Vrydag 7 November – lesers kan onbeperkte inskrywings stuur. Die wenner word op Vrydag 13 November aangekondig. Die goeie nuus is dat mense wat intussen besluit om te bespreek, ook vir die prys in aanmerking kom as hulle aan die kompetisie deelneem. Om deel te neem, SMS die volgende aan 37338: Papier, dan jou naam, van, e-posadres en jou stad of dorp. Diegene wat seker wil maak hulle het plek, kan solank by www.oppiwater.co.za bespreek of 011 844 6073 skakel. ’n Deposito van R3 000 is al wat nou nodig is; die res moet 75 dae voor vertrek betaal word. Die pryse is op die webwerf. Feeskaartjiebesprekings is by www. LTickets.co.za. Bel Monica Booysen by 011 815 3000 of stuur e-pos na oppiwater@rsg.co.za vir nog inligting. RSG is die fees se uitsaaivennoot. Die groot prys bestaan uit: • ’n Binnekajuit vir twee mense. • Drie formele etes en deur die dag ook versnapperinge en ’n pizza-stasie. • Koffie, tee, vrugtesap en water. • Vervoer van Durban Internasionale Hawe tot by die Durban-hawe. • Alle kaartjies vir die vertonings wat deur die wenners bygewoon wil word. • ’n BB-uitnodiging na die daaglikse “Ontmoet die kunstenaars”-geselligheid. • ’n Uitnodiging na die Kunstenaars- en VIP-skemerkelkgeselligheid om al die kunstenaars te ontmoet. Bepalings en voorwaardes: • Wenners moet self by die Durban- internasionale lughawe of die Durbanse hawe kom. Die prys bestaan slegs uit die elemente hierbo genoem. Ander koste soos enige ekstra verblyf aan land, drankies, spesialiteitsetes en -drankies, data, telefoon, ekskursies en meer is vir die wenner se eie koste. Die beslissing van die organiseerders is finaal en geen kommunikasie sal gevoer word nie. SMS’e kos R1,50 elk en daar is geen beperking op die hoeveelheid SMS’e nie.


Vrydag 23 Oktober tot Donderdag 29 Oktober 2026 Die Papier

Skolesport Die Papier publiseer elke week ’n fotoblad met skolesport. Skole, ouers, leerders en fotograwe word dus genooi om sportfoto’s vir moontlike publikasie aan te stuur. Dit is ’n gratis aanbod. Alle fotograwe sal erkenning kry en mag ’n kontaknommer,

Die Papier soek jou aksiefoto’s e-posadres of webwerf-adres saam met die foto’s laat publiseer. Aksiefoto’s sal voorkeur geniet. VEREISTES:

Foto’s moet in JPG-formaat en minstens 1MB groot wees. Onderskrifte moet so volledig as moontlik wees en die volgende bevat:

• Die volle name van spelers, bv. Louis Oosthuizen en nie net L. Oosthuizen nie. • Die betrokke skool se naam. • Waar en wanneer die

WATERPOLO-TOERNOOI LOK TOPSKOLE Malachi Smith van Woodridge College buite die Baai in aksie in hul jaarlikse waterpolo-toernooi. Seunsspanne van Andrews College, Glenwood House (George) en Selborne College het deelgeneem, terwyl Clarendon Girls (Oos-Londen, nou KuGompo-stad), Pearson en Glenwood House (George) deur meisiespanne verteenwoordig is. Foto: TeamPhotoSA

VRIENDSKAPLIKE INTERSKOLE MET GOEIE GEES

AFRIKA-KAMPIOENE Jordan van Tonder, ’n gr. 10-leerder aan die Gracefield-sentrum in Benoni, in aksie vir die Suid-Afrikaanse o.19-pluimbalspan wat pas die Afrika-kampioenskap in Egipte gewen het. Ten spyte daarvan dat hulle hul openingswedstryd mer 42-55 teen Algerië verloor het, het die span sterk teruggeveg om die titel te wen.

Die Laerskool Concordia in Boksburg se leerders het verlede week ’n vriendskaplike atletiekbyeenkoms teen die Laerskool Die President (Germiston) gehou. Luca Barrish (o.11) van die Laerskool Concordia behaal in haar eerste poging ’n hoogte van 1,05 m in die hoogspring-item.

Aiden Wiese (o.10) van die Laerskool Concordia seil oor die lat en behaal ’n hoogte van 1,15 m.

Minki Lotter (o.10) van die Laerskool Concordia gee haar alles in die verspring-item. Foto’s: Tayla Smit

19

kragmeting plaasgevind het. • Die uitslag. • Ouderdomsgroep. • Die naam van die toernooi, indien van toepassing. • Die fotograaf se naam. Stuur alle foto’s met volledige onderskrifte na: skole@diepapier.co.za.


20 Die Papier Vrydag 23 Oktober tot Donderdag 29 Oktober 2026 Fritz Klaaste sport@diepapier.co.za

H

oe betroubaar is vorige data van Circuit of the Americas (Cota) in Austin, Texas om vir die naweek te beplan? Die 2026-grondeffek-motors het nou ’n wyer ryhoogtevenster, meer stabiele vloerkanale en verfynde syspaan-ontwerpe. Dit beteken die motors se gedrag stem nie meer presies ooreen met die patrone van die vorige twee jaar nie. Die geskiedenis bly relevant, maar nie meer deurslaggewend vir die uitslag van die naweek nie. Die baan se karakter is onveranderd en die motors se reaksie daarop het verander. Mercedes se W17 is ’n duidelike verbetering op sy voorgangers, met bruikbare verstellings en ’n vloer wat goeie balans verseker. Tog bly die motor sensitief vir ryhoogte, veral op ’n baan waar die oppervlak ongelyk is en randsteennate aggressief gebruik moet word. Wanneer Mercedes hul onderstel hoër lig, verloor die ondervloer ’n mate van sy doeltreffendheid. Die span kan dit probeer balanseer, maar die kompromie word sigbaar in laespoeddraaie en in die pylvakke. McLaren se MCL40 toon ’n meer afgeronde balans as sy voorganger, met beter laespoedrotasie en minder sleureffek. Die motor se hoëspoedstabiliteit bly ’n sterk eienskap wat hom goed laat presteer deur die eerste sektor se esse. Tog bly die pakket effens hoë-

Red Bull wil aanhou vlieg in die VSA

Die Circuit of The Americas in Austin, Texas. Foto: Clive Rose, Getty Images

spoed georiënteerd, wat beteken dat die sigsag-draaie en haarnaalde ’n wanbalans kan ontbloot. McLaren is mededingend, maar Texas vereis ’n motor wat in elke sektor ewe sterk is. Ferrari se SF-26 is meer konsekwent en voorspelbaar, met beter korrelasie tussen fabriek en baan. Die agterkant skop sy hakke vas soos ’n wafferse agsteman, en die ondervloer hanteer “rock-

Brighton het Liverpool in sy visier Brighton & Hove Albion se aanvallende vertoning het die Engelse Premierliga behoorlik aan die gons, en Liverpool wag Sondag op Anfield met die moeilike taak om die doelskieters in bedwang te hou. Brighton het ná sewe ligawedstryde reeds 23 doele aangeteken – die meeste van enige span in die liga. Hul indrukwekkende doelsaldo onderstreep die doeltreffendheid van ’n span wat nie net kanse skep nie, maar dit ook meedoënloos benut. Die Seemeeue het Sondag hul bure en aartsvyande Crystal Palace met 5-0 afgeransel. Liverpool sal egter ’n ernstige struikelblok wees. Die kragmeting op Anfield bied Brighton die kans om hul aanspraak as een van die opwindendste spanne in die liga te bevestig. Manchester United se sukkelende begin van die seisoen duur voort nadat hulle slegs een van hul eerste sewe wedstryde kon wen. Die gelykopuitslag van 1-1 teen Leeds United Sondag

Sport

en-roll” beter as voorheen. Tog bly die motor se gedrag oor randstene en in mediumspoedsigsag-draaie wisselvallig. Ferrari het die spoed om hier te presteer, maar die motor se sensitiwiteit vir opstelveranderinge kan sy rondetyd sleg beïnvloed. Ons vermoed Ferrari is in ’n geveg met Red Bull en sal steeds hul motor opgradeer, terwyl die res van die spanne reeds op

volgende jaar konsentreer. Red Bull se RB22 het oor die laaste paar Grand Prix’s tot dié maatstaf ontwikkel. Die vloer is gemaklik op uiteenlopende oppervlaktes, wat die motor geskik maak vir Texas se gesplete persoonlikheid. Die RB22 bly stabiel wanneer ryhoogte aangepas word en dans gemaklik oor ongelyke dele van die baan. En dit is nie net ’n Verstap-

pen-verskynsel nie. Isack Hadjar het in Singapoer uit die kuipe weggespring en tiende geëindig, wat ’n aanduiding is dat die pakket self sterk is. McLaren se oorwinnings was vroeg in die seisoen, Mercedes het in die middel opgang gemaak, maar afgeplat. Ferrari het altyd sporadies goed gevaar, en Red Bull is tans sonder twyfel in ’n sterk opwaartse kurwe.

Rovers en Rhinos veg Sondag vir eerste Goue Beker-titel Dustin Wetdewich dustin.wetdewich@novusmedia.co.za

Brighton & Hove Albion se Yasin Ayari op die aanval teen Crystal Palace die afgelope naweek. Foto: Mike Hewitt, Getty Images

het Michael Carrick se span op sewe punte en die 13de plek op die puntelys gelaat. Arsenal beklee die tweede plek met 18 punte en ontvang Everton. Manchester City beklee steeds die topposisie op 21 punte en al sewe wedstryde gewen. – Sportredaksie

Nie een van die twee spanne in Sondag se eindstryd van die Goue Beker-reeks vir klubrugbyspanne het al dié trofee gelig nie. Die drome van Pretoria se Naka Bulle lê ook aan skerwe vir ’n vierde opeenvolgende titel. College Rovers (KwaZulu-Natal) of Northam Rhinos van Limpopo sal in die eindstryd op Kingspark in Durban geskiedenis maak. Die halfeindstryde het die soort skouspel gelewer wat selde in uitkloprondes gesien word. Northam Rhinos het die Naka Bulle met 49-22 geklop in ’n vertoning wat die Naka Bulle se merkwaardige lopie van 18 onoorwonne wedstryde tot ’n einde gebring het. College Rovers het in Durban hul plek bespreek deur die span van Durban-

ville-Bellville met 48-11 uit te skakel. Die grondslag vir Northam se oorheersing is voorlangs gelê. Die Rhinos het die Naka Bulle oorheers in die skrums en strafskop ná strafskop gewen om ’n platform te skep wat hul agterspelers toegelaat het om te oorheers. In rugby begin momentum by die voorspelers, en Northam se pak het dit in oorvloed gelewer. Die Pretorianers het by tye gevaarlik gelyk, maar keer op keer is hul aanvalle ongedaan gemaak deur hanteringsfoute op kritieke oomblikke. Miskien het die grootste aanduiding van Naka se middelmatige vertoning gekom toe Northam met slegs 13 spelers ná twee geelkaarte verminder is. Die meeste spanne sou desperaat hul lyn verdedig en vir tyd speel. Nie die Rhinos nie, hulle het die telbord aan die rol te hou. Die Rhinos was eenvoudig te goed en te

kragtig voor en klinies op die aanval en kalm onder druk. College Rovers se 48-11 vernietiging van Durbell is hoofsaaklik te danke aan rotsvaste verdediging en indrukwekkende spel op die aanval. Durbell het op die harde manier geleer hoe moeilik dit is om goed georganiseerde verdedigingslyne af te breek. Toe Durbell wel daarin geslaag het om in die 22 meter-gebied te kom, het hulle ten minste strafskoppe afgedwing. Maar toe Durbanville-Bellville se agtsteman André Hanekom ’n rooi kaart ontvang, was dit reeds ’n onbegonne taak. Om 20 minute met 14 man teen ’n taai Rovers-span te speel was ’n nagmerriescenario, en die tuisspan was klinies. Rovers het die geleentheid met albei hande gegryp, drieë aangeteken en die punte opgestapel, terwyl die Kapenaars se verdediging onder meedoënlose druk geknak het.


Vrydag 23 Oktober tot Donderdag 29 Oktober 2026 Die Papier

Sport

Ysbere wen derde titel in Kimberley

Tony Brown, die aanvalsafrigter van die Springbokke. Foto: Grant Down, AFP

Hannes Nienaber sport@diepapier.co.za

D Hittete of Brown was by Poemas

Tony Brown het onlangs onthul dat hy amper nooit deel van die Springbok-afrigtingsgroep geword het nie. Brown vervul ’n sleutelrol in die uitbreiding van Suid-Afrika se aanvallende spel sedert sy aanstelling as aanvalsafrigter in 2024. Hy is tot ná die Wêreldbekerrugby van 2027 gekontrakteer, waarna hy by die All Blacks sal aansluit. Brown was ’n gas op die Plumtree Uncut Podcast, aangebied deur die voormalige Sharks-afrigter en Nieu-Seelander John Plumtree, waar hy bevestig het dat Felipe Contepomi hom genader het om by Argentinië aan te sluit terwyl hy op ’n aanbod van Suid-Afrika gewag het. Brown het meer lig gewerp op sy besluit om Suid-Afrika toe te kom. “Dit was saam met Jamie Joseph en ek het ná die Wêreldbeker van 2023 met Japan klaargemaak. Rassie

21

het my reeds gebel oor die moontlikheid om by SuidAfrika aan te sluit, maar toe breek Kersfees aan en ek het nog nie ’n kontrak gehad nie. “Ek het vir ’n paar maande niks van hom gehoor nie, en toe dink ek die geleentheid het dalk verbygegaan. “Ek het ook nog ’n aanbod van Argentinië gekry, met Contepomi wat wou hê ek moes by hulle aansluit, maar ek het eintlik gewag dat Rassie my weer bel. “Toe bel hy en sê: ‘Ons wil jou graag kontrakteer as jy belangstel’ en ek het sommer dadelik gesê: ‘Ja, ek teken onmiddellik.’” Brown glo hy het die regte besluit geneem.“Ek is bly ek het. Dit is ’n ongelooflike span om af te rig en natuurlik ook ’n wonderlike land om baie tyd in deur te bring. “Dit is ’n rugbyland, en selfs toe ek nog gespeel en hier getoer het, was dit iets besonders.” – Craig Taylor, KickOff

ie Hoërskool Waterkloof se eerste krieketspan is ’n skamele vyf lopies kort van ’n vierde titel as kampioen in die Wildeklawer Noord / Suid T20-toernooi gestuit. Die Klofies het met vier lopies in die eindstryd op Camp Discovery se hoofveld teen King Edward VII van Johannesburg die knie gebuig. Die verdedigende kampioen se stertkantkolwers, Vorster de Villiers (31*) en Juan Cloete (25*), het amper daarin geslaag om met hul onoorwonne vennootskap van 52 lopies om die agtste paaltjie, die knoop deur te haak. De Villiers is die seun van die voormalige Protea-snelbouler Fanie de Villiers, terwyl Cloete die seun van Johan Cloete, die voormalige internasionale skeidsregter is. Vorster se ouer

broer, AJ de Villiers (16), was een van die aanvangskolwers. Die Klofies is in 2022, 2023 en 2025 as kampioen gekroon. Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria het in 2024 die kroon gedra, terwyl Menlopark (2018) en Centurion (2019) ook as kampioene gekroon is. KES se held in die oorwinning in die eindstryd was Troy Gordon, wat met sy 78 lopies sy span tot 148 / 7 in sy toegelate 20 boulbeurte gehelp het. Na afloop van die toernooi is St David’s Marist se Jason Rowles as die Speler van die Toernooi aangewys. Rowles het op die vooraand van die toernooi die hoogste bod tydens die SA20-reeks se veiling met ’n allemintige R2,9 miljoen ontvang. Hy het 231 lopies in die Noord / Suid T20-toernooi teen ’n gemiddelde van 38,5 lopies per beurt aangeteken. Hy het ook 12 paaltjies laat kantel. Die kolwer van die toernooi was die 14-jarige Gilmer Horn

van die Hoër Jongenskool Paarl, wat 251 lopies teen ’n gemiddelde van 50,20 lopies per beurt aangeteken het. Hy het ook met sy 110 lopies teen Affies die enigste honderdtal van die toernooi gemoker. ● In Kimberley het die Hoërskool Garsfontein se Ysbere wel ’n driekuns aan titels behaal by die Wildeklawer T20-toernooi, wat deur Diamantveld aangebied word. Die Ysbere het vir Boland Landbou met 85 lopies in die eindstryd verslaan. Die Ysbere, wat in Kimberley in aksie was, is die mees ervare span in die geskiedenis van dié skool. Ruan Coetsee en Riaan Boshoff het in hul span se kragmeting teen Kempton Park hul honderdste wedstryd gespeel. Die span se kaptein, Wikus du Preez, Righardt Joubert en Charl van Staden het ook al meer as 100 keer die Ysbere verteenwoordig.

Die Hoërskool Garsfontein vier hul titel in Kimberley.

Bok-vroue wil voortbou op momentum teen Iere Hennie Koortzen sport@diepapier.co.za Die Springbok-vrouespan sal môre in die Athlone-stadion in Kaapstad met goeie momentum die Iere aandurf ná goeie oorwinnings oor Italië en Spanje in die WXV-reeks. Suid-Afrika het binne die laaste maand op hul Europese toer met Italië (41-29) en Spanje (20-0) afgereken. Franzel September, medehoofafrigter, saam met Laurian Johannes-Haupt, het aan Die Papier gesê hulle is tevrede met die sessies wat die span vir drie dae in Stellenbosch gehad het voor die finale voorbereiding in

alle erns begin het. “Ons kon fokus op wat ons goed gedoen en geleer het op die Europese toer. Ons het hoofsaaklik aandag gegee aan hoe ons die naweek se wedstryd wil benader en wat ons moet doen om ’n goeie resultaat te verseker.” Franzel wil dié naweek voortbou op sy span se onlangse suksesse maar is deeglik bewus van haakplekke wat uitgestryk moet word. “Die oorwinnings oor Italië en Spanje het aan die span goeie momentum verleen. Ons moes die wedstryde onder verskillende toestande en met uiteenlopende benaderings wen.

Sizophila Solontsi sal môremiddag as kaptein teen die Iere uitdraf. Foto: Ashley Vlotman, Gallo Images

“Die spelers het gewys dat hulle oor goeie kreatiwiteit beskik om vinnig en goed aan te pas en die nodige regstellings te

maak. Ons het baie aandag aan ons dissipline gegee en het veral op die onkantlyne en hoogvatte gefokus, omdat ons foute tot die minimum sal moet beperk.” Ierland, wat tans die vyfde plek op die wêreldranglys beklee, gaan egter veel strawwer kompetisie wees. Suid-Afrika is tans tiende. “Die Iere gebruik hul skopspel om in die regte areas te speel. Hulle probeer gereeld die bal dra en as hulle nie momentum kry nie, is dit juis wanneer hulle takties begin skop. “Met goeie taktiese skopwerk en veral dwarsskoppe van hul skakelpaar en heelagter gaan hulle jou onder geweldige druk

plaas.” September is tevrede met die diepte in hul groep. Die stutte, Babalwa Latsha en Nombuyekezo Mdliki, is egter weens onderskeidelik enkel- en ribbeserings nie beskikbaar nie. “Ons het genoeg spelers gedurende die jaar geleentheid gegee om die diepte van die span uit te brei. Spelers was ook deel van die akademie om fiks te bly en ons kan op enige lid van die groep staatmaak om hul deel teen Ierland by te dra,” sê September. Sizophila Solontsi sal die kapteinskap by Latsha oorneem met Unam Tose, wat as onderkaptein sal diens doen.


22

Die Papier Vrydag 23 Oktober tot Donderdag 29 Oktober 2026

Sport

Bavuma herstel naam in ere met puik kolfbeurt Stehan Schoeman sport@diepapier.co.za

K

olfwerk kan een van die wreedste en mees ongenaakbare aspekte in enige sport wees. Temba Bavuma, die kaptein van die Proteas, se swak vertoning met die kolf in die eerste toets teen Australië in Durban het Ali Bacher, ’n voormalige grootbaas van Suid-Afrikaanse krieket, opnuut hieraan herinner. Bacher het aan Die Papier gesê hy onthou daai nare gevoel soos gister. “Ek het twaalf toetse vir Suid-Afrika gespeel en ek het net in een toets regtig geflop. Dit was teen Australië op Nuweland in 1966 toe ek ’n nulletjie en vier lopies aangeteken het. Ek was nie op ’n goeie plek ná afloop van daai toets nie. “Dis nie soos ’n tenniswedstryd waar jy ’n paar stelle agter kan loop en steeds terugveg om die wedstryd te wen nie. Jy moet wag tot die volgende toets en dit steek in jou kop vas. Vat dit van my – vir ’n kolwer is dit baie traumaties. Dit was die slegste gevoel van my lewe.” Bavuma het die einste nagmerrie in Durban beleef toe hy slegs vier lopies in sy twee kolfbeurte kon aanteken. Volgens Bacher het die kaptein onge-

“

Temba se kolfbeurt het ongelooflike deursettingsvermoë, karakter en ’n koelkop onder druk gewys.

Ali Bacher, voormalige grootbaas van Suid-Afrikaanse krieket.

looflike karakter in die tweede toets in Gqberha gewys. Nadat reën die eerste twee dae se spel grotendeels gestaak het, was die Proteas vroeg op 40/4 in die knyp. Die kaptein se kolfbeurt van 179 lopies van 334 balle het die momentum van die wedstryd geswaai. “Temba se kolfbeurt het ongelooflike deursettingsvermoë, karakter en ’n koelkop onder druk gewys. Dié ou verdien al die krediet en lof wat hom toegeswaai word.” Die 84-jarige Bacher leef steeds vir krieket en het Bavuma se kolfbeurt met groot belangstelling dopgehou. “Ek het sy hele kolfbeurt gekyk. Die rede hoekom hy homself só gou in só kort tydjie kon regruk, is sy tegniek. “Baie kolwers beweeg rond in die kolfkampie wanner die bouler ingehardloop kom en staan nie stil nie. Die wêreld se beste kolwers staan almal doodstil en beweeg laat. Dit stel hulle in staat om die bal onder hul oë te

Temba Bavuma vier Dinsdag sy honderdtal in die tweede toets teen Australië in Gqeberha. Foto: Richard Huggard, Gallo

speel. Hulle val nie oor nie en dis een van die kenmerke wat al die beste kolwers oor die jare heen deel. Temba is een.” Twee van die beste kolwers wat Bacher ooit in aksie gesien het, is die Suid-Afrikaners Barry Richards en Jacques Kallis. “Ek is vol vertroue dat Temba nog baie lopies vir die Proteas gaan moker. Of ons hom eendag in dieselfde asem as Richards en Kallis kan noem, weet ek nie. Hulle is legendaries in enige era.

Die tyd sal leer. Daai twee ouens was ’n ‘eenkeer-in-’n-generasie’gebeurtenis.” Marco Jansen se blitsige 85 lopies van 100 het vir die soveelste keer sy waarde as veelsydige speler beklemtoon. “Marco is soos ’n vars briesie. Hy kolf positief en is nie bang om die boulers aan te durf en groot houe te speel nie. Sy boulwerk is vanselfsprekend puik en sy lengte het die vermoë om kolwers ongemaklik te maak. Kortom – hy is

’n speler van wêreldgehalte.” Reën het weer ’n rol gespeel op die laaste dag met spel wat eers in die tweede sessie kon begin. Die Aussies was gistermiddag teen druktyd op 213/5 en nog 133 lopies agter in hul opvolgbeurt ná hulle almal in die eerstebeurt uit is vir 99 lopies. Die Proteas het hul eerste kolfbeurt op 425/9 gesluit verklaar. Die derde en laaste toets begin Dinsdag op Nuweland in Kaapstad.

Ollie wil sien dat die Vrystaat weer floreer

“

Hennie Koortzen sport@diepapier.co.za Vir die Cheetahs om weer ’n krag in Suid-Afrikaanse rugby te word, moet ’n gesamentlike plan tussen die Vrystaat-rugbyunie, Shimlas, Ixias, klubs en skole bewerk word. Dis hoe Ollie le Roux, ’n oud-Springbok, in ’n gesprek met Die Papier oor die saak dink. “Elke instelling kan sy identiteit en verantwoordelikhede behou, maar almal moet saamwerk ten opsigte van spelerontwikkeling, die ondersteuning van afrigters, geriewe en die samestelling van ’n wedstrydkalender. “Twee universiteite, wat deel van die Varsitybeker-reeks is, is ’n besondere bate en belowende jong spelers moet geloofwaardige aanbiedinge ontvang. Dit moet saam met die rugby ook studies insluit op pad na ’n professionele loopbaan.” Le Roux voel sterk daaroor

Ek wil sien dat Frans Steyn (hoofafrigter van die Cheetahs) en Ruan Pienaar (hulpafrigter) deur ’n sterk netwerk kundigheid ondersteun word en dat hulle kennis en kundigheid ook die universiteite, klubs en skole moet bereik. Ollie le Roux, voormalige Springbok-stut. Faf de Klerk, die skrumskakel van die Cheetahs, het verlede Sondag ’n enkelbesering teen Bayonne in Frankryk opgedoen. Hy sal vandeesweek ’n skandering ondergaan om die erns daarvan te bepaal. Foto: Dirk Kotze, Gallo Images

dat die Vrystaat nie aanhoudend talent kan ontwikkel sonder om genoeg waarde vir die provinsie terug te hou nie. Dié oudstut se idees strek nog verder met afrigters wat op alle vlakke behoorlike ondersteuning, mentorskap en geleenthede moet geniet. “Ek wil sien dat Frans Steyn (hoofafrigter van die Cheetahs)

en Ruan Pienaar (hulpafrigter) deur ’n sterk netwerk kundigheid ondersteun word en dat hul kennis en kundigheid ook die universiteite, klubs en skole moet bereik. “Ek sou ’n tegniese- en erfenisadviesraad wou sien met mense soos André Venter, Jannie du Plessis en ander voormalige Vrystaat-spelers wat hulself

met mentorskap, afrigtersontwikkeling en opvolgbeplanning beskikbaar stel.” Le Roux is ook ’n voorstander dat die spel weer aantreklik gemaak word en sê iets moet aan ondersteuners en borge gegee word waarin hulle wil belê. “Goedgeorganiseerde derbies, klubrugby wat aandag trek, universiteitswedstryde met atmosfeer en rugby-gesinsdae by skole kan mense in groter getalle na die spel terugbring.”

Wat die Cheetahs se deelname aan die Uitdaagbeker-reeks betref, het Le Roux gesê dit is moeilik om internasionaal mededigend te wees sonder ’n volhoubare program teen sterk teenstanders. Die Vrystaters het verlede Sondag ’n hartverskeurende nederlaag van twee punte (2729) teen Bayonne in die eerste ronde in Frankryk gely. “Wanneer jou sogenaamde tuiswedstryde in Europa plaasvind, verloor jy die voordeel om voor jou eie mense te speel en die inkomste en blootstelling wat daarmee gepaard gaan. “Ek sal wil sien dat Saru ’n geloofwaardige toegangspad vir sterk unies buite die huidige internasionale groep moet ondersoek. “Een van die moontlikhede is ’n promosie- en relegasiemodel waarin plaaslike prestasies ’n rol kan speel.” • Die Cheetahs se volgende wedstryd in dié reeks is op 13 Desember teen die Dragons.


Vrydag 23 Oktober tot Donderdag 29 Oktober 2026 Die Papier

Sport

23

Heroorweeg kalender, sê Meyer Hennie Koortzen sport@diepapier.co.za

D

ie Kampioenebeker moet die beste klubkompetisie in die wêreld wees, maar die formaat en struktuur kan met ’n internasionale seisoen verbeter word om dit selfs nog meer gewild te maak. Dit is die mening van Heyneke Meyer, voormalige Springbok-afrigter, wat eerstehandse ervaring in Europese kompetisies het. Meyer was die afrigter van Leicester Tigers en Stade Francais. Hy was ook betrokke by die Franse Top-14-reeks, die Engelse liga en die voorloper van die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK), die Heinekenbeker, asook die Kampioenebeker-reeks. Die hoofafrigter van die SWD-Arende het aan Die Papier gesê hy wil nie kritiek teen die huidige struktuur uitspreek nie. “Met ’n internasionale seisoen kan die spanne in een toernooi soos die Kampioenebeker speel, gevolg deur die toetse in Julie en daarna kan die VRK begin. Die Lions het Woensdagmiddag (21 Oktober) in ’n mediaverklaring bevestig dat die slot Hyron Andrews weens ’n skeur in die binnewand van sy hoofslagaar dood is. Andrews is verlede Vrydag in sy hotelkamer aangetref waar die span by die Sainte-Marie-deRé in Frankryk tuisgegaan het.

JF van Heerden, Bulls-slot, op die aanval verlede Saterdag teen Stade Francais in die eerste ronde van die Kampioenebeker op Loftus Versfeld. ’n See van oop stoele is duidelik sigbaar in die agtergrond. Volgens die Blou Bul-rugbyunie was daar slegs 8 942 toeskouers. Foto: Anton Geyser, Gallo Images

“Dit sal meer aanloklik vir die toeskouers wees en daar sal minder verwarring wees oor watter kompetisie wanneer aan die gang is.” Ná afloop van die Kampioenebeker se eerste ronde die afgelope naweek, het ses van die agt VRK-spanne oorwinnings behaal. Slegs vier van die agt Franse Top-14-spanne kon die knoop deurhaak. Die Northampton Saints was die enigste van agt Engelse Premierliga-spanne wat gewen het. Meyer reken die bywoning van wedstryde is ietwat kommer-

stelsels nie so nie, want hulle maak van ’n volle jaar gebruik. Spelers word meer betaal. Daar is meer wedstryde en televisieregte, wat noodsaaklik is om die salarisse te kan betaal. Dit beteken egter dat spanne ongelooflik baie diepte moet hê om gehaltespelers te roteer en die kompetisie te kan wen.” Die Franse se benadering is egter anders en fokus eerste op die Top-14-liga en dan kom die res. “Die Franse sal altyd eerste op hul eie liga fokus om seker te maak dat hulle hul plek in die

Aorta-disseksie eis Hyron se lewe “Die Lions Rugbyunie bevestig namens die Andrews-familie die lykskouingsverslag het aangedui Hyron se dood is deur ’n aorta-disseksie veroorsaak. Die disseksie het waarskynlik by ’n aorta-aneurisme ontstaan,” lui

Sport op TV Vrydag 23 Oktober Rugby (SS, 211) WXV-reeks 10:35 Australië t. Skotland Verenigde Rugbykampioenskap 20:40 Edinburgh t. Lions 20:40 Cardiff t. Sharks (SS, 201) 20:40 Connacht t. Zebre (SS, 217) Krieket (SS, 209) Pro20-beker 17:50 Dolphins t. Garden Route Badgers Gholf (SS, 213) PGA-reeks 19:00 Bermuda-kampioenskap, dag 2 PGA-kampioenereeks 22:00 Stifel Charity Classic, dag 2 Motorsport (SS, 215) Amerikaanse Formule Een (GP) 19:25 Eerste oefenronde 22:30 Tweede oefenronde Sokker (SS, 203) Engelse Premierliga 20:50 Ipswich Town t. Nottingham Forest Saterdag 24 Oktober Rugby (SS, 211) WXV-reeks 00:50 Kanada t. Engeland

wekkend. Dit is iets wat egter reggestel kan word. “Ek is bekommerd oor hoe die spel in Frankryk groei met vol pawiljoene, teenoor die redelik klein skare wat ons op Loftus Versfeld gesien het. “Die strukture van dié kompetisie moet op so ’n manier aangepas word dat ondersteuners altyd krag teen krag kan verwag. Dink aan die destydse Superrugby-reeks, waar spanne beboet is as hulle nie hul beste spanne gespeel het nie. “Tradisioneel werk Europese

die verklaring. Volgens die Franse owerhede, wat die lykskouing uitgevoer het en steeds in beheer van Andrews se oorskot is, was die oorsaak van sy dood “ ’n skeur in die aorta (weens natuurlike oorsake),

wat tot ’n aansienlike ophoping van bloed in die bloedvatwand gelei het”. Die familie het gevra hul privaatheid moet gerespekteer word. Hulle moet tyd en ruimte gegun word terwyl hulle deur dié

kompetisie behou. Hulle kan nie bekostig om na ’n laer liga af te skuif nie. “Daar is te veel op die spel wat geld en borgskappe betref.” Wat die Suid-Afrikaanse spanne betref het Meyer gesê die oorsese spanne het veel groter begrotings tot hul beskikking. Dus moet Suid-Afrikaners nie hul spanne se vertonings in die VRK as barometer gebruik nie. “In die Kampioenebeker is die Franse en Engelse deel van die prentjie wat in die twee moeilikste plaaslike klubkompetisies in die wêreld speel. “Wat dit nog moeiliker maak, is dat van ons Springbokke in Japan en Europa speel, terwyl spanne soos Toulouse en Leinster al hul internasionale spelers tot hul beskikking het wanneer dit in die uitspeelwedstryde deurslaggewend gaan wees.” Meyer het na die aanvanklike Superrugby-reeks as ’n sneltrein verwys en dit vergelyk met die Kampioenebeker. “Dit is meer soos ’n marathon. Afrigters weet nie nou watter spelers oor so ’n lang periode as gevolg van internasionale verpligtinge en beserings beskikbaar gaan wees nie.” moeilike tyd gaan en die proses begin om Andrews se oorskot na Suid-Afrika terug te bring. “ ’n Tydlyn vir die terugkeer van Hyron se oorskot na Suid-Afrika is nog nie bepaal nie. Verdere inligting sal in oorleg met die familie bekend gemaak word,” lui die verklaring. – Sportredaksie

03:55 Nieu-Seeland t. Frankryk 11:20 Japan t. Wallis 14:50 Suid-Afrika t. Ierland 22:05 VSA t. Italië Verenigde Rugbykampioenskap 13:40 Bulls t. Ulster 15:55 Stormers t. Scarlets 15:55 Benetton t. Glasgow (SS, 217) 18:55 Leinster t. Munster 19:55 Ospreys t. Dragons (SS, 217)

Engelse Premierliga 13:20 Aston Villa t. Manchester City 15:50 Arsenal t. Everton 15:50 Coventry City t. Fulham (SS, 206) 18:20 Chelsea t. Tottenham Hotspur

Maandag 26 Oktober Krieket (SS, 212) Pro20-beker 17:50 Super 8

Sondag 25 Oktober Krieket (SS, 212) Pro20-beker 12:50 Dragons t. Northern Cape Heat

Krieket (SS, 212) T20 08:50 Nieu-Seeland t. Indië Pro20-beker 12:50 Iinyathi t. Warriors

Gholf (SS, 213) DP World-reeks 04:30 Genesis-kampioenskap, dag 4 Asiese reeks (SS, 217) 06:30 Hong Kong Ope Sonskynreeks 11:00 Spelerskampioenskap, dag 4 PGA-reeks 19:00 Bermuda-kampioenskap, dag 4 PGA-kampioenereeks 22:00 Stifel Charity Classic, dag 3

Krieket (SS, 212) Toetskrieket 10:20 SA t. Australië, 3de toets, dag 1 T20 08:50 Nieu-Seeland t. Indië Pro20-beker 17:50 Super 8

Gholf (SS, 213) DP World-reeks 05:30 Genesis-kampioenskap, dag 3 Asiese reeks (SS, 217) 06:30 Hong Kong Ope, dag 3 Sonskynreeks 12:00 Spelerskampioenskap, dag 3 PGA-reeks 19:00 Bermuda-kampioenskap, dag 3 PGA-kampioenereeks 22:00 Stifel Charity Classic, dag 2 Motorsport (SS, 215) Amerikaanse Formule Een (GP) 19:15 Derde oefenronde 22:55 Kwalifisering Sokker (SS, 203)

Motorsport (SS, 215) Amerikaanse Formule Een (GP) 21:55 Hoofren Sokker (SS, 203) Engelse Premierliga 15:50 Liverpool t. Brighton & Hove Albion 15:50 Hull City t. Brentford (SS, 209) 15:50 Crystal Palace t. Newcastle (SS, 210) 15:55 Man United t. Bournemouth (SS, 206) 18:20 Sunderland t. Leeds United

Dinsdag 27 Oktober

Woensdag 28 Oktober Krieket (SS, 212) Toetskrieket 10:20 SA t. Australië, 3de toets, dag 2 Pro20-beker 17:50 Super 8 Donderdag 29 Oktober Krieket (SS, 212) Toetskrieket 10:20 SA t. Australië, 3de toets, dag 3 Pro20-beker 17:50 Super 8 Gholf (SS, 213) LPGA-reeks 03:30 Maybank-kampioenskap, dag 1 DP World-reeks 13:00 Rolex Grand Final, dag 1 PGA-reeks 22:00 Mexiko Ope, dag 1


Bacher raak liries oor Bavuma – bl. 22

Die Bulls se nuwe aanwins Luan Giliomee gaan sy span se agterlyn selfs meer byt op die aanval gee. Foto: Sydney Seshibedi, Gallo Images

Hennie Koortzen sport@diepapier.co.za

D

ie Bulls en die Stormers is voor op ’n spesifieke statistiek wat later in die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) moontlik die verskil tussen ’n weg- of tuiswedstryd in die uitspeelrondes kan bepaal. Die Pretorianers is loshande voor met 72 punte. Dit is 45 punte meer as die Stormers in die tweede plek (27 punte). Die Sharks het ses punte, maar die Lions sal ná die eerste drie rondes reeds ’n negatiewe punteverskil van 25 vinnig moet uitwis. Nog ’n statistiek wat hulle volgens Johan Ackermann, die afrigter van die Bulls, vroeg reeds laat oorheers, is hul 19 drieë. Ackermann het aan Die Papier gesê dit bly van kritieke belang om geleenthede in punte om te skep. “Ons speel – soos die

Sport

Vrydag 23 Oktober tot Donderdag 29 Oktober 2026

Heroorweeg kalender, sê Meyer – bl. 23 Hacjivah Dayimani wat sover uitblink vir die Stormers het van sy harsingskudding herstel. Foto: Cole Cruickshank, Gallo Images

Bulls oorheers statistieke

“

Ons was verlede seisoen ook die span met die meeste drieë totdat ons in die eindstryd teen Leinster verloor het. Johan Ackermann, afrigter van die Bulls.

meeste ander spanne – meer aanvallende rugby. Ons was verlede seisoen ook die span met die meeste drieë totdat ons in die eindstryd teen Leinster verloor het. Die uitdaging bly om die balans in jou spelpatroon reg te kry en om geleenthede wat jy skep, in punte om te skep.” Die Bulls-breier het ook weer na die Munster-wedstryd verwys, waar talle geleenthede geskep is. Te veel hanteerfoute was egter sy span se ondergang. Ulster besoek Loftus Versfeld vroeg môremiddag en Ackermann het sy huiswerk deeglik gedoen. “Hulle (Ulster) is ’n goed afgerigte span met groot agterspelers soos Stuart McCloskey, Robert Baloucoune en Jacob Stockdale. “Hul voorspelers gaan gewis ook ’n uitdaging wees. Hoewel ons lynstane oor die algemeen goed is, het ons in die laaste wedstryd lynstaanballe op die aanval verloor, wat ons moet uitsorteer.

“Om die hitte op Loftus tot ons voordeel te gebruik, moet ons die spel vinning maak en die bal skuif. Ons kan nie hanteerfoute bekostig nie.” Behalwe vir die Stormers se goeie punteverskil is hulle slegs een van drie spanne wat net sewe drieë afgestaan het. Volgens Norman Laker, die verdedigingsafrigter, het hulle klein verstellings ten opsigte van die vorige seisoen aangebring en die spelers het dit goed bemeester. “Hoewel elke wedstryd ander uitdagings bied, pas ons nie noodwendig ons verdedigingspatroon aan nie, maar probeer dit verbeter. Ons weet die Scarlets se Albert van den Berg (hulpafrigter) ken ons spel goed en hulle het ons nog altyd opdraande gegee. “Hulle is ’n baie goeie aanvallende span met die bal in die hand en kan veral met hul teenaanvalle baie gevaarlik wees en ons verdediging op die proef

stel.” Laker reken een van hul sterkpunte is die groep se diepte en dit speel ’n groot rol in hul sukses. Die voormalige Springbokagterspeler en agterlynafrigter van die Lions, Ricardo Loubsher, speel hul eerste oorsese wedstryd van die kompetisie in Skotland. “Ons sien ’n nuwe Edinburghspan wat jou onder druk kan plaas met hul voorspelers, agtereenvolgende fases op die aanval en hoë balle om omgekeerde besit te bewerkstellig. Hulle is ook goed by die afbreekpunte.” Die 16 drieë wat die Lions sover afgestaan het, is egter ’n bron van kommer. “Ons het veranderings aan ons planne op die verdediging aangebring, wat ongelukkig tyd en geduld sal verg om onder die knie te kry. “Ons maak vordering ten spyte van die foute en dit maak ons opgewonde.”

Die Sharks speel vanaand op die bekende Cardiff Arms Park in Wallis teen Cardiff. Joey Mongalo, die Sharks se aanvalsafrigter, weet wat op hulle wag. “Hulle beskik oor feitlik ’n toetsspan en speel nie baie rugby in hul eie helfte nie. “Hulle vaar goed in die skrums, lynstane en losgemale en lewer gewoonlik ’n soliede vertoning, wat moeilik ontwrig word. Takties skop hulle ook uiters goed.” Volgens Mongalo maak hulle die beste van alle uitdagings ondanks die feit dat hulle nie krag teen krag op toer kan oefen nie. “Ons probeer ons ritme behou en daarop verbeter. Ons diepte is versterk met die jong spelers wat goed teen Lyon vertoon het. Van ons Springbokke het die week weer by die groep aangesluit, wat positief is.” 03426

6 0 0 9 80 3 84 9 21 6


Dink Vrydag 23 Oktober tot Donderdag 29 Oktober 2026

Latyn en die regering van idiote – bl. 6

‘Dis ’n Transvaal in kleine’ – bl. 6

‘Dankie dat jy gehelp het’

‘A

sseblief,” kerm-pleit die man saggies. Hy staan verskrik weg asof sy nabyheid aan dié wit vrou hom onverhoeds betrap. “Het jy dit nou al gekry? Ek ry nie hier voordat ek nie álle besonderhede het nie,” sê die vrou wat in die teerpad voor hom sit. Haar rooi, bonkige krale lyk na bloedspatsels teen haar wit bloes in die dowwe straatlige op die hoek van Jeanlaan en Gerhardstraat in Centurion. Mense jaag ongeduldig verby, maar die vrou sit byna versteen voor die man se taxi. Langs die taxi, met ’n diep duik aan die voorkant, staan die vrou se karretjie. Dit het skade aan die kant waar metaal teen metaal geskuur het. In die passasiersitplek sit ’n ouer vrou kiertsregop. “Jy moet my dogter kalmeer. Ek wil net huis toe gaan. Asseblief!” vra sy deur die oop venster. Die vrou wat voor die taxi sit, praat ongeduldig: “Hy het in my vasgery. Dit was sy skuld! Nou wil hy nie sy besonderhede vir my gee nie. Hy wil niks doen nie en ek ry nie hier voor-

dat ek nie alles het nie!” Sy spoeg vuur. Die woordewisseling tussen haar en die taxibestuurder raak beledigend. “Ek wil net polisiestasie toe gaan,” verduidelik hy skielik met kalm bravade. Sy hande bewe. Dan bal hy sy vuiste asof hy nie hierdie swakheid vir die wit vroue gaan wys nie. “Ek belowe ek sal agter julle aanry. As ek wou wegjaag, dan het ek mos nou al! Ek staan nog hier!” Dit lyk of sy lyf begin bewe. Die vrou sit. 'JY KAN NIE RY NIE' “Jy kan nie ry nie, want ek sit voor jou wiel! Idioot! As jy so gewillig is, gee net vir my jou besonderhede. Waar is jou lisensie? “Dis al wat ek soek. Gaan jy my nog langer hier in die straat in die halfdonker laat sit?” vra sy en roep dan na haar ma wat begin huil: “Mamma, ontspan tog net. Het iemand vir my ma water? Hoekom stop hier niemand anders nie?” Sy vra dit nes nog ’n groot 4x4-bakkie verbyry en die bestuurder sy kop doelbewus wegdraai van die toneel wat afspeel.

Lucia Poolman

“

Dis nie my taxi nie. Ek weet nie wat gaan nou gebeur nie. Wat moet ek doen? Maar hier is alles wat ek vir jou kan gee.

Die vrou se lippe is nou onversetlik saamgepers; arms gevou oor haar bors. Sy sit kruisbeen; vat dankbaar die baadjie wat uitgehou word. Die taxibestuurder kyk na die vrou. Hy praat vir die eerste keer af na haar toe: “Dan wag ons maar hier totdat die polisie kom.” Sy Afrikaans is perfek. Ten spyte van sy verslete klere is hy netjies; skouers terug. “Dis Johnny,” fluister hy wanneer hy van haar af wegdraai op die vraag wat sy naam is. Sy blik is deurdringend, asof hy ’n boodskap wil oordra – sonder woorde. Die sittende vrou vat ’n rooi gelpen en skryf op die wit A4-papier haar lisensienommer, name, tyd, plek; teken die ongelukstoneel. “Sien jy! Dis al wat jy hoef te doen. Dis al wat die polisie gaan soek. Ek sal hier sit en wag, maar die polisie gaan nie kom nie. Selfs al het jy my geskiet sal hulle nie kom nie!” “Hoekom sal ek skiet?” vra Johnny. “Jy ry ’n taxi, so jy kan seker skiet. Wat is fout met jou? Gee net vir my jou donnerse besonderhede!

“Dis net vir die versekering!” NEE, EK MOET SKRYF Hy draai sy rug op haar en haal sy lisensie en ID-kaart uit ’n beursie van nagemaakte leer. “Dis nie my taxi nie. Ek weet nie wat gaan nou gebeur nie. Wat moet ek doen? Maar hier is alles wat ek vir jou kan gee.” Nee, beduie hy, ek moet skryf. Die ruiltransaksie is emosieloos – sy A4-folio met rooi aantekeninge, die vrou s’n met hare. “So, ek gee net hierdie in by die polisiestasie? Niemand gaan my vra vir geld nie? Want ek het nie. Moet ek dit nou gaan aangee of kan dit wag tot môre? Wat doen ek as hulle meer wil weet?” Hy lyk verskrik en bang in sy hoofligte wat nog aan is. Die vrou ry, haar ma waai deur die venster en skree weer ’n “dankie”. Johnny hou sy hand uit om te skud. “Dankie. Dankie dat jy gehelp het. Dankie dat jy gestop het. Ek wou nie lelik wees met die vrou nie. Maar sien, ek kan nie lees en skryf nie.” • Poolman is nuusredakteur van Die Papier.


2

Vrydag 23 Oktober tot Donderdag 29 Oktober 2026

Dink

KOMMENTAAR FRANSE ‘REVOLUSIE’

Romantiseer mense diktatuur?

N

ou – langer as 237 jaar ná die uitbreek van die Franse revolusie – lyk dit of minstens dele van die Franse bevolking weer in so ’n bui is. Hoewel betogings, wat ook soms gewelddadig raak, niks nuut in Frankryk is nie, is hier ’n nuwe intensiteit. Die betogers teiken republikeinse simbole, onder meer historiese standbeelde en stadsale – dié op Limoges is afgebrand. Of dit net skoolleerders of studente wat swaarkry, opstokery vir politieke doeleindes, algehele ekonomiese frustrasies van die breër bevolking, of wat ook al is – dit het Europa geskud. Dit het ook reeds na ander lande, veral Spanje en Portugal, oorgewaai; ook in ’n mate na Griekeland, België, Albanië en Italië. Al aanduidings is dat ekonomiese swaarkry en griewe die hoofoorsaak

is – ook met meer linksgesinde vakbonde, wat betrokke is, en misdadige plunderaars, wat ’n geleentheid gesien het. Hoewel griewe oor immigrante nie voorop was nie, het regse politici soos Marine le Pen dit in die retoriek ingebring. Sy is die vroeë voorloper vir April 2027 se presidentsverkiesing. Van die retoriek deur linkse, regse en ander groepe wat aan die betoging deelneem, is dat die bestaande politieke staatsorde nie meer werk nie en vervang moet word: “Daar is minder demokrasie en ’n konsentrasie van mag. Daar is ’n opbou van rykdom vir sommige, wat buite beheer is,” het van die betogers voor TV-kameras op die toneel gesê. Die politiek beleërde pres. Emmanuel Macron het ’n ystervuis-reaksie belowe – ook dat plunderaars en mense wat eiendom beskadig, opgespoor en gedwing gaan word om vir hul skade te betaal.

OOGPUNT

Barnard Beukman Redakteur van Die Papier

Die een vraag is of die soort optrede verder kan oorwaai, byvoorbeeld na Suid-Afrika? Ja, reken prof. Jonathan Jansen, ’n Stellenbosse akademikus, in ’n meningstuk by ’n ander mediatitel. Insiggewend van sy kommentaar, wat meermale die skuldlas vir enigiets wat verkeerd loop, op die verlede pak, wys hy op ’n oorlewingsprobleem vir studente weens NSFAS-probleme – universeel dus swak regering, korrupsie en selfverryking. Die tweede vraag: Is hier ’n universele keelvolheid met bestaande demokratiese politieke ordes? Mense op voetsoolvlak kry al hoe swaarder, maar ervaar argeloosheid en selfverryking onder die politieke elite – toenemend ’n spesie beroepspolitici wat nie elders kon werk kry nie. Die ekonomiese groeikoers in Rwanda van 9,4% en 6,3% in Uganda is trekpleisters vir ongekende

ontwikkeling, modernisering en lok steeds verdere beleggers. Demokrasie is lankal al baie relatief in dié lande en politieke teenstanders van die regerings beland gereeld in die tronk. Aspekte van menseregte word ook makliker onderdruk. Verkiesings is toenemend skynoefeninge. Maar Rwanda het pas die eerste Afrika-F1-Grand Prix in dekades losgeslaan. Hoewel armoede gewis nie heeltemal in dié twee lande uitgeroei is nie, is armoedevlakke verlaag. Diegene in die gange van mag en ekonomiese voorspoed oral oor, moet pasop dat massas wat swaarkry, nie ’n “effektiewe diktatuur” tot voordeel van ’n gefokusde groeibeleid wil herverbeel nie – enigiets om hongerpyne en ellende te ontsnap, of selfs vir middelklasse om kop bo water te hou. In Suid-Afrika skuif die mag op 4 November na alle kiesers. Dit is in ’n stembrief gesetel.

HOOFARTIKEL

Begryp die gevolge van wegbly Met die plaaslike verkiesing op 4 November om die draai, sal Suid-Afrikaners begin dink oor óf en vir wie hulle gaan stem. Indien hulle nie hernude energie uit partye se verkiesingsveldtogte gekry het nie, kan hulle nie noodwendig verkwalik word nie. Meestal is dit maar dieselfde ou karakters met dieselfde ou beloftes. Dit blyk ook heelwat kiesers glo dit is nie nodig om te gaan stem nie, “want my munisipale wykskandidaat gaan in elk geval wen”. Voordat ’n wegblybesluit geneem word, moet die volle impak verstaan word. Mense vergeet skynbaar ’n proporsionele stembrief, met partye se name op, word ook uitgedeel. Boonop word die stem vir ’n wykskandidaat ook vir die proporsionele lys getel. Dit gaan uiteindelik ’n groot rol speel om te bepaal watter partye die meerderheid kry om in ’n bepaalde gebied te regeer. Kiesers weet watter partye se politici hulle besteel en dienste in duie laat stort. Nog vyf jaar daarvan in die stuurkajuit van metro- en munisipale rade en die finale ineenstorting is noodwendig om die draai. Opposisiepartye het nie ’n beherende aandeel in die regering van nasionale eenheid nie, maar kon byvoorbeeld ’n rampspoedige BTW-verhoging afweer. Hoe sterker hulle ingestem word, hoe swakker kan die destruktiewe invloed van partye soos die ANC, SAKP, EFF en MKP wees. ’n Wegblyery op stemdag kan dit ondermyn.

Cyril bang vir eie burgemeesterskandidate Die spoed waarteen die ANC met kandidatelyste – Inkvlieg nou voor ons oë uitmekaar val, glo niks anders nie – en interne is só verbysterend dat ’n mens dreigemente en omkopery het dit party dae nie kan glo nie. tot dié toedrag van sake gelei. Die asemhalingsmasjien van My-salaris-jou-tender bly die toegang tot die staatskas heersende mantra in die misis al wat keer dat die daadorganisasie en almal politieke karkas nie sy wou kandidaat wees. Geen laaste asem uitblaas kameraad was bereid nie. Tensy die kiesers om uit te val nie. Vraag die masjien op ’n kol is net, hoe gaan hulle INKVLIEG ná die verkiesing kies? afskakel. Só erg is die binnegevegte dat Tensy CR-hulle besef enige hoofkameraad Cyril Ramaphosa aanwysing van burgemeestersen kie heeltemal weggevlug het kandidate is van akademiese van die idee om burgemeestersbelang. Hulle kry dalk nie veel kandidate vir die plaaslike verburgemeesterskappe nie. Oor kiesing aan te wys. ’n Gekonkel na die kiesers.

MENSE VAN DIE WEEK SLIMKOP Wladimir Poetin. Inkvlieg is geen bewonderaar van die narsistiese despoot nie, maar hy het ’n goeie week agter die rug. In ruil vir olieverkope aan Amerika het pres. Donald Trump bepaalde sanksies teen die Russe verlig. Boonop kyk hy toe terwyl die Amerikaners en die Oekraïners mekaar al hoe meer in die hare vlieg. Ook is die Russiese oorlogsaanvalle op Oekraïne al hoe hewiger.

SOT Alweer ou Krokodiltraan Fikile Mbalula, hoofmisplaaste van die ANC. Die messe was reeds uit vir hom weens die kandidatelysfiasko. Die hofbeslissing dat laat ANC-lyste toelaatbaar is, het half sy bas vir nou gered. Die vertoning waarin hy ná die uitspraak deur emosie oorval is, is krokodiltrane, terwyl hy juig oor sy eie oorlewing. Nou mag hy boonop af kry, omdat CR daarvoor geval het.


Vrydag 23 Oktober tot Donderdag 29 Oktober 2026

Dink

JOU MENING Brei mediese gapingsdekking dringend uit Joe Kleinhans, Villieria

Wat van pienk kruise plant? Erika Ochse, Queenswood Die witkruis-uitstalling in Washington om die aandag op plaasmoorde te vestig: Ek dink dis ’n goeie ding dat die buiteland kennis neem en die breër gemeenskap beter ingelig is. As dit moet gebeur deur kruise te plant, laat dit gedoen word. Die ANC-regering se reaksie op die gemeenskap se aandrang om misdaad byvoorbeeld plaasmoorde, te prioritiseer, verklap argeloosheid. Paai met algemene misdaad en almal wat geraak word. Juis daarom verwag ’n mens ferm maatreëls en optrede. Ongelukkig word geweldenaars nie afgeskrik nie. So, laat ons dan kruise plant. Geslagsgebaseerde geweld en die onlangse reeks moorde op vroue verwys. Wat van pienk kruise?

SKRYF AAN:

Mediese gapingsdekking moet dringend uitgebrei word om die totale spektrum van pasiëntsorg in te sluit. Dit is lankal tyd dat hierdie versekering nie net tot hospitalisasie beperk word nie, maar ook tekorte op spesialiteitsbesoeke, bloedtoetse en die alledaagse koste van duur medisyne dek. Vir pasiënte met veelvuldige chroniese siektetoestande is die bestaande voordelepakkette van

Prof. Pieter Pansegrouw, Pretoria Dit help nie dat ons as stemgeregtigde kiesers heeltyd net ernstig kla oor ons swak dienste nie. Maar ons stel nie ons eise op skrif voor ’n plaaslike verkiesing nie en die partye antwoord ons nie kort en bondig en glashelder nie. Die koerante moet ons ook asseblief help om antwoorde uit die partye te dwing, want anders sit baie van ons weer in die nabye toekoms sonder water in ons krane, met baie water- en kragonderbrekings, met gate in ons paaie, met vullis in ons strate, met rioolvuil in ons strate en swak klinieke sonder medikasie. Dan het ons ons kruisies klaar getrek en dan help dit nie om elke dag net elle lange klagtes te hê en ongelukkig te voel nie, maar niks verander of niks gebeur nie. As jy onseker is, moenie tuis bly en nie stem nie. Stem dan vir die party wat jy reken die beste dienste aan jou sal lewer.

Marisa Wilcocks, Germiston

Daar kan gerus gewerk word aan die groot klomp slaggate Daar was onlangs weer ’n groot van Vereeniging af tot by Sasolongeluk op die R59/R57-padburg, met klem op die deel naby kruising noord van Sasolburg. Vaalpark. Dit is baie moontlik dat een Dit is ’n gevaarlike pad met van die voertuie in die noodbaie botsings reg van voor lottige ongeluk vir slaggate weens motorbestuurders wat moes uitswaai, of selfs ’n band roekeloos verbysteek. beskadig het. Nou moet bestuurders ook My seun woon in die omgenog vir slaggate uitswaai. wing en hy het al gesien dat Die kruising by daar tot drie voertuie op Sasolburg Zak van ’n slag langs die pad eis ook geNiekerk staan om bande te reeld lewens. vervang. Dis ook hier Om slegte slaggate waar die sanger Zak teë te kom net ná so van Niekerk sy lewe ’n gevaarlike afrit verloor het. Hoeveel soos hierdie een, mense moet nog verhoog die kans hier sterf voor iets op ongelukke. gedoen word?

Verkiesingsplakkate in Kaapstad. Foto: Gallo Images

Dit is Die Wilgers, nie The Willows nie Fanie de Meillon, Die Wilgers, Pretoria Die Papier (09.10) gee ’n lys van woonbuurte wat deur die brand by die Waltloo-substasie geraak is, onder meer “The Willows”. Die geregistreerde naam van die woonbuurt is Die Wilgers. Baie van die straatname, soos Kapkar-, Remskoen-, Wakis- in

Indien al die beloftes wat alle politieke partye nou so mildelik maak voor die verkiesing, waar word, verander Suid-Afrika se naam beslis na Die Paradys. – Es, Johannesburg

Plaasmoorde is onaanvaarbaar. Dit moet veroordeel word deur die regering. Die kommando’s moet terugkom en klaar. – Wessel van Zyl

Ongeag die ANC se volgehoue steun aan al die olierampokkers van die wêreld, waaronder Rusland, kry Suid-Afrika nie goedkoper olie-invoer in ruil daarvoor nie. – Joe Kleinhans

Moenie by huis bly; gaan stem

Slaggate in dié gebied hou aan lewens eis

lesers@diepapier.co.za. Briewe moet die skrywer se naam, adres en kontaknommer bevat. Die Papier publiseer nie briewe wat elders verskyn het nie.

Die Woordfees 2026 se slagspreuk, “Dis hoog tyd”, verwoord my frustrasie oor die brandstofprys. Dit is hoog tyd dat al ons Suid-Afrikaners saamstaan. Bring jou leë petrolkan en ’n groot lepel op ’n dag wat ons besluit en slaan die kan by elke petrolstasie in die land. – Ilza Engelbrecht

siekefondse eenvoudig ontoereikend. Die gevreesde “tweede helfte van die jaar” word gereeld ’n finansiële nagmerrie wanneer basiese limiete uitgeput raak. Om verbruikers te help om kop bo water te hou, is dit boonop noodsaaklik dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gapingdekkingspremies ten volle belastingaftrekbaar maak. Dit sal verligting bring vir landsburgers wat reeds swaar betaal om na hul eie gesondheid om te sien.

Dit is baie hartseer dat ons boere so vermoor word. Ek glo nie diegene wat die moorde pleeg, weet waar hul kos vandaan kom nie. – Ina Muller Ek stem 100% saam met Willie Aucamp, minister van landbou. Dit is ’n skreiende skande dat die “Kill the Boer”-slagspreuk toegelaat word. Dit druis in teen die Grondwet waarin menseregte en die waardigheid van lewe verskans word. Die dae van stilbly is verby. – Ina Wilken, Gryskrag

die buurt verwys na ossewaens en hul onderdele, maar daar is ook name soos Verkenner-, Ramkieoord, en Swaardlelielaan. Hier is ’n mooi stukkie kultuurgeskiedenis wat kan verdwyn met die voortgesette gebruik van “The Willows”. Daar is selfs nou ’n taxidiens met bordjies wat aandui dat hul bestemming “The Willows” is.

062 533 2049

KORTLIKS (WHATSAPP EN SOSIALE MEDIA)

Ons moet bid dat pres. Donald Trump en sy party die middeltermynverkiesing wen. En ook met die volgende presidentsverkiesing aan bewind bly. Ons regering wag net vir die Demokrate om te wen. Dan is dit ons einde. – SV, Komatipoort Baie dankie aan Dawie Jacobs vir sy ewewigte uiteensetting van die Witkruisprojek. – Max Köhler Diegene wat so aangaan oor “regses dit of linkses dat”. Genade, klim ’n bietjie van Facebook af en maak tog so nou en dan kontak met regte mense daar buite ook. – George, Johannesburg

Hartbeespoort is Kwêla se Dorp van die Jaar: Ek ry kruis en dwars deur ons dorpie wat die kroon dra. Ek sien niks wat dit regverdig nie. Hoop van daardie wengeld word vir die Kosmos-gebied ook gebruik. Dit lyk vieslik en gaan met rasse skrede agteruit. Of is ons nie deel van die dorp nie? – Linda Snyman TV-reekse soos Beter as Gister en Gastehuisrevolusie verdien goeie kommentaar. Gee vir ons nog sulke wonderlike kykgenot. – Ann, Alberton Wie is wie? Daar draf die Stormers onlangs in die Kaap uit in swart en die Sharks in wit. Praat van truiverwarring. – Zelda, Waterkloofpark

Ek mis nie ’n enkele uitgawe van dié koerant nie. Die Papier is elke week ’n moet. Hou asseblief aan met die uitstekende inhoud en goeie werk. – Jassie, George Tien uit tien vir Lucia Poolman se onlangse Oogpuntrubriek. Kan sy nie meer skryf nie? Haar Dink-voorblad van die gesprek met die Uber-bestuurder was uitsonderlik. Sy kan skryf. – Christo, Pretoria Die Papier (09.10). Ek lees elke artikel aandagtig. Op elke bladsy, met die uitsondering van so twee of drie, het die woord “korrup” of sprake daarvan ter sprake gekom. Waar het dinge in ons samelewing fout gegaan? – Louis, Antiqua Bay

3


4

Vrydag 23 Oktober tot Donderdag 29 Oktober 2026

Dink

AKTUEEL Foto: Adobe Stock

BEVRYDINGSBEWEGINGS Talle bevrydingsbewegings aan bewind, soos die ANC, Zanu-PF in Zimbabwe of Frelimo in Mosambiek, bly dikwels aan bewind – selfs te midde van buitengewone korrupsie, onbevoegdheid en ’n gebrek aan empatie vir hul ondersteuners – omdat hulle suksesvol daarin slaag om dié bewegings met hul swart of Afrika-identiteit te vereenselwig. Wanneer hierdie partye in die regering misluk, bly ondersteuners hulle dus verdedig omdat hulle die party se mislukking as ’n kollektiewe swart mislukking ervaar. Dié bevrydingsbewegings verhef hul ekonomiese beleid, veral oor regstelling, tot deel van hul identiteit. Dit maak hierdie beleid dogmaties, byna soos ’n heilige koei wat nooit bevraagteken mag word nie.

Bemagtiging: ANC wil swart identiteit só bevorder

D

ie werklikheid is dat SEB maar net een van vele beleidsopsies is wat Suid-Afrika tot sy beskikking het om ekonomiese transformasie te bewerkstellig. Die waarheid is dat talryke alternatiewe bestaan om ekonomiese transformasie vir voorheen benadeeldes te verwesenlik. Dit is waarom oudpres. Thabo Mbeki fundamenteel verkeerd is in sy onlangse bewering dat die prysgawe van SEB Suid-Afrika aan maatskaplike onstabiliteit, rasseverdelings en ’n onbeheerbare maatskaplike ontploffing gaan blootstel. Aangesien SEB nie die enigste pad na ekonomiese transformasie is nie, kan die beëindiging daarvan onmoontlik tot maatskaplike onstabiliteit, rasseverdelings of enige ontploffing lei. Inteendeel – die versuim om alternatiewe modelle te ondersoek, hou werklik die gevaar in van maatskaplike onstabiliteit en onbeheerbare chaos. Dit is omdat SEB slegs ’n klein elitegroep van swart en wit individue, maatskappye en trusts verryk het, terwyl dit terselfdertyd korrupsie aangevuur, dienslewering geknak en beleidsfokus van meer volhoubare modelle vir werklike transformasie weggelei het. Nie alle ANC-leiers steun die huidige eliterrykmaak-model van SEB nie, al word dit dikwels as ’n integrale deel van swart identiteit voorgehou. Sommige leiers, huidige bevoordeeldes en diegene

Swart identiteit is die ANC se hoofdoelwit met sy beleid van swart ekonomiese bemagtiging (SEB). Daarom werk die organisasie hard om dit die enigste roete na ekonomiese transformasie te maak, skryf William Gumede. wat in die toekoms daarop hoop, verdedig die gebrekkige model egter verbete omdat dit ’n klein groepie ten koste van die res bevoordeel. Hierdie model van elite-verryking het diepe wrewel by Suid-Afrikaners van alle rasse, wat van die voordele uitgesluit word, ontlok. ANC-leiers het dit boonop reggekry om die beleid van SEB as ’n sleutelaspek van die party se eie identiteit te posisioneer. HEILIGE GRAAL Die ANC het SEB vir baie van sy swart ondersteuners in ’n emosionele identiteitsmerk omgeskep en dit het vir baie leiers en volgelinge die “heilige graal” geword. Omdat die ANC boonop volhou dat huidige eliterrykmaak-SEB die enigste manier tot ekonomiese transformasie is, kan leiers nie hul mislukkings erken nie, want dit sou gelykstaande wees aan die erkenning dat “transformasie” self misluk het. Weens hierdie emosionele verbintenis en dogmatiese vasklou aan die beleid, volhard ANC-leiers daarmee – ondanks die duidelike gebrek aan breëgebaseerde bemagtiging vir hulle wat dit die nodigste het. Selfs empiriese bewyse van mislukking word met morele ver-

William Gumede

ontwaardiging eerder as rasionele beleidsaanpassings bejeën. Hierdie verbete verdediging van ’n gebrekkige model bedreig nou rasseverhoudinge, sosiale samehorigheid en verlam die beleidskepping wat nodig is om die land se ekonomiese krisisse die hoof te bied. Regeringsbeleid behoort nooit deel van ’n spesifieke groep, kleur, etnisiteit of gemeenskapsidentiteit te word nie. Meer volhoubare prioriteite vir ekonomiese transformasie sluit in gehalte-onderwys in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde; die bou van klein- en medium grootte ondernemings in die vervaardigingsektor en die uitbreiding van nuwe

tegnologiese nywerhede waarvoor wêreldwye aanvraag bestaan. Die bevordering van tegniese, beroeps- en ambagsvaardighede, asook die uitbreiding van basiese onderwys vir volwassenes en vroeëkinderontwikkeling, sal voorheen benadeelde gemeenskappe op ’n meer volhoubare wyse bemagtig. Die bou van ekonomieë rondom sport, musiek, kuns en kultuur sal op sy beurt breëgebaseerde bemagtiging bewerkstellig. Die uitrol van ’n moderne openbare vervoerstelsel, die uitbreiding van massabehuising, die toekenning van titelaktes aan gesinne op gemeenskapsgrond en die oordrag van surplus staatsgrond aan die armes, sal alles doeltreffender vorme van bemagtiging wees. • Gumede is medeprofessor aan die Skool vir Regering aan die Universiteit van die Witwatersrand en skrywer van South Africa in Brics.

‘HANDPOPPE EN RASSISTE’ ’n Verslag in 2016 deur die Verenigde Nasies se spesiale beriggewer, Maina Kiai, het reeds gewaarsku teen die gevaar om beleid met groepidentiteit te versmelt: “Die beleid word dan ’n onbetwisbare leerstuk of ’n sleutelkomponent van politieke identiteit, wat dit byna onmoontlik maak om te wysig, selfs al behaal dit nie

sy doelwitte nie.” word nie beSodra ’n beleid skou as mense deel word van ’n met ander, gemeenskap se goedbedoelde identiteit, voel dit idees nie, maar vir baie soos die word gedemoverraad van hulself niseer – dié as die beleid prysgegee Maina Kiai wat wit is, word as word. Pogings om rassiste bestempel, en kompromisse aan te gaan of dié wat swart is, as verraaialternatiewe te vind, word ers of “handpoppe” van wit onmoontlik gemaak. Kritici belange.


Vrydag 23 Oktober tot Donderdag 29 Oktober 2026

Dink

5

MENINGS Toe ek onlangs “Met Liefde”, ’n lied uit 1994, weer sing, tref dit my hoe relevant die woorde steeds is. Het ons werklik nader aan mekaar beweeg, of het ons verleer om te luister? Ek het ’n splinternuwe vertoning, Lief vir Alles Hier. Dit is ’n nostalgiese reis deur van die liedjies wat oor die jare deel van my sangidentiteit geword en in die volksmond kom lê het. Dit is nogal skrikwekkend om te besef my eerste Afrikaanse album het in 1991 verskyn. Ek was 28. Ek het toe onder meer liedjies oor die liefde opgeneem. Wat op dees aarde het ek op daardie ouderdom van liefde geweet? Tydens die vertoning het ek die lied “Met Liefde” herbesoek. Dit het in 1994 verskyn, toe Suid-Afrika op die drumpel van ’n nuwe demokratiese bedeling gestaan het. Ons het uit ’n ingewikkelde en gewelddadige geskiedenis gekom, maar daar was skielik ruimte vir hoop. Die meeste van ons het geglo dat ’n nuwe begin moontlik is; dat ons dalk kon leer om anders met mekaar saam te leef. Die lied het gevra of liefde, begrip, vergifnis en omgee ’n verskil kon maak . . . of ons ons hande in liefde kon vat en ’n wêreld met minder haat, vrees en vernietiging kon bou. Een van die verse vra: “En ek huil oor al die bomme wat breek en oral letsels laat. “Hoeveel beter sou dit net nie wees as ons blomme saai en nie haat.” Uiteraard nie ’n poging tot digkuns nie – slegs ’n lied wat probeer verwoord wat ek rondom my gesien en gevoel het.

MET LIEFDE

Dié lied vra nou ‘wat het van ons geword?’ André Schwartz, soos ons hom destyds leer ken het.

ANC-onderHOOR DIE WOORDE steuners by NOU ANDERS die Uniegebou Dertig jaar later hoor ek dié in Pretoria in woorde anders. 1994. Foto: In 1994 het “Met Liefde” gevra Paul Weinberg, wat ons saam kon word. Vandag Gallo Images vra dit wat van ons geword het. Ons het politieke vryheid en grondwetlike regte gekry. Wat ons nie gekry het nie, was Thabo Mbeki ’n waarborg dat ons vanself sou leer om beter met mekaar om te plek in die nuwe Suid-Afrika is MOET STANDPUNT INNEEM, gaan. Dit bly ’n keuse. pertinent op die voorgrond. KWAAD WORD Hoe die aarde vinnig draai. Die Thabo Mbeki-stigting Dit is nie ’n draadsittermenDie aarde draai inderdaad se uitsprake oor die Afrikataliteit nie. Ons moet natuurlik vinnig. Oorloë en verwoesting ner-vraagstuk het opnuut standpunt inneem, kwaad word speel regstreeks op ons selvrae laat ontstaan oor wanneer dit nodig is en opdaag foonskerms af terwyl ons taalregte, kulturele wanneer iets op die spel is. koffie drink. Tusidentiteit, transforMaar daar is ook mense wat sen die beelde van masie en nasionale eenvoudig hul taal wil praat, hul lyding verskyn samehorigheid. kinders daarin wil grootmaak, ’n advertensie Dit is belangrike boeke lees, toneelstukke kyk vir skoene, kwessies en liedjies sing – mense wat iemand se wat verdien Afrikaans wil wees sonder om vakansiefoto’s om ernstig dit as verskoning vir uitsluiting en ’n video van ’n bespreek te word. Tog te gebruik en sonder om telkens hond wat iets belyk dit soms asof ons hul liefde vir die taal te moet lagliks aanvang – vinniger is om etikette verdedig asof dit ’n politieke alles op dieselfde skerm. ENCORE uit te deel as om te belydenis is. Die wêreld het nog luister. Ek het nie die antwoorde nooit so naby en so ver gevoel Links. Regs. Radikaal. Maar nie. En ek glo ook nie stilbly nie. wat het van diesulkes iewers in is ’n antwoord nie. Daarom En hier tuis raak ek kleindie middel geword – dié wat nie skryf ek daaroor. Maar ek glo kindbang wanneer ek sien hoe noodwendig by elke politieke ons moet kan praat sonder om ons met mekaar omgaan – veral slagspreuk aanklank vind nie, mekaar onmiddellik as vyande wanneer dit by Afrikaans en maar wel omgee en bereid is om te beskou. Afrikanerskap kom. op te staan vir dit waarin hulle Ek sien Afrikaans as ’n vrou – Die gesprek oor Afrikaans se glo? immers ons moedertaal; sterk

en veerkragtig; gevorm deur ’n komplekse geskiedenis. Maar waarom moet ons haar weerbaarheid voortdurend beproef? Waarom moet Moederafrikaans telkens ’n speelbal word waarmee politieke punte aangeteken word? Behandel haar soos jy jou ma sou wou behandel. Sy behoort nie aan een politieke party, een ras of een ideologie nie. Sy behoort aan die mense wat haar praat, skryf, sing, lees en liefhet. En juis hier raak die debat oor Afrikaans en die uitsprake van die Thabo Mbeki-stigting vir my groter as taal alleen. Dit raak aan ’n beginsel wat ook sentraal staan in “Met Liefde”: Menswaardigheid moenie afhang van wie jy is, aan watter groep jy behoort of hoe gerieflik gerieflik jou saak vir die politiek is nie. KAN KRITIEK LEWER SONDER STRYD Politieke besluite het werklike gevolge. Dit raak gesinne, kinders en die toekoms. Daarom moet ons bereid wees om moeilike vrae te vra – ook aan leiers en instellings met wie ons op ander terreine saamstem. Dit geld vir almal. Ons kan Afrikaans se regmatige plek verdedig én eerlik oor ons geskiedenis praat. Ons kan transformasie bevraagteken waar ons meen dit nodig is, sonder om die waardigheid van ander mense te ontken. En ons kan kritiek lewer sonder om die gesprek in ’n stryd tussen groepe te verander. Een van die beelde in “Met Liefde” wat my besonder tref, is dié van sagte woorde wat deur sterk storms klink. Dalk is dit juis wat ons nodig het – nie nóg harder stemme nie, maar die vermoë om mekaar te hoor, selfs wanneer ons verskil. Dit vra moeilike gesprekke, nie maklike etikette nie. • Schwartz is ’n sanger van Johannesburg.

WAT BLY UITEINDELIK OOR Dit bring my terug by die vraag wat deur die lied loop: Wat bly uiteindelik oor? “Met Liefde” kyk na reëndruppels wat die aarde dankbaar drink, na die reënboog se kleure en na die wêreld wat ons vir ons kinders agterlaat. Hulle moet ’n taal erf wat sterk genoeg is om eerlik oor sy verlede te praat, ruim genoeg is om mense in te sluit en

lewendig genoeg is om nuwe stories te vertel. Ek weet dat liefde nie alles kan verander nie. Liefde alleen beëindig nie korrupsie en los nie politieke probleme op nie. Dit vra optrede, verantwoordbaarheid en soms moeilike besluite. Maar sonder ’n basiese respek vir mekaar word selfs die beste oplossings moeiliker om te bereik.

HOOR DIE WAARSKUWING Toe ek “Met Liefde” in 1994 gesing het, het ek die hoop daarin gehoor. Vandag hoor ek ook die waarskuwing. Die lied het nie verander nie; ons het. Ons het meer ervaar, meer verloor en hopelik meer verstaan van hoe broos die wêreld is wat ons probeer bou.

Miskien is dit die werklike betekenis van “Met Liefde” vandag: nie ’n maklike antwoord op ingewikkelde probleme nie, maar ’n herinnering aan die menslikheid wat ons nodig het om hulle aan te pak. In 1994 was dit vir my ’n lied van hoop. Vandag klink dit amper soos ’n opdrag. Met liefde. Vrede vir almal.


6

Vrydag 23 Oktober tot Donderdag 29 Oktober 2026

Dink

MENSE

Om iemand raak te sien, kan hul wêreld verander Zander van der Westhuizen Ek kan my indink hoe Jerigo in Jesus se tyd moes gelyk het. ’n Besige, welvarende stad vol dadelpalms en tuine, met volop water en bedrywige strate. Dit was op een van die belangrikste handelsroetes in die Jordaanvallei geleë en baie mense het daardeur gereis. Herodes het indrukwekkende paleiskomplekse daar laat bou, met swembaddens, binnehowe en tuine. Hier stap Jesus deur dié besige stad. Hy trek self skares wat Hom nuuskierig volg en word waarskynlik oorval deur mense wat Sy aandag soek. Tussen dit alles is daar hierdie kort man. ’n Tollenaar. Ryk.

Nuuskierig. Hy probeer Jesus sien en klim uiteindelik in ’n boom. Te midde van al die geraas, mense en stof sien Jesus hóm raak. Daar lê vir my soveel opgesluit in die woord “sien”. Wanneer ek op sekere dae op besige plekke kom, veral tydens spitstye, voel dit soms of ek niemand raaksien nie. Ek fokus net op dit wat voor my is, wil so gou moontlik daar wegkom en eerder iewers rustig sit waar daar nie soveel mense is wat my aandag vra nie. Ander dae probeer ek doelbewus oplet na al die mense wat ek gewoonlik nie raaksien nie. Die vrou agter die toonbank by McDonald’s. Die kassier by Pick n Pay. Die man wat by die uitgang sit en ’n stuk brood eet.

IN DIE OOMBLIK Die motorwag by my bakkie. Ek wonder soms of ek die mense met wie ek baie tyd deurbring, werklik raaksien. Die kollega. Die skoonmaker by die kantoor. Die vriendin wat nooit veel sê nie. Ons is só selfgerig. Só besig. Al wat ons raaksien, is ons eie wêreld. Jesus roep die man op sy naam: “Saggeus!” Hy

sien hom persoonlik raak. Hy behandel hom as iemand wat saak maak. En dan gaan eet Hy by hom aan huis. Tot groot ontsteltenis van baie mense. Om in die antieke wêreld saam met iemand te eet, was nie sommer net ’n ete nie. Dit was ’n gebaar van aanvaarding en verbondenheid. Dit het gesê: “Ek vereenselwig my met jou. Ek betree jou wêreld.” Daarom die ontsteltenis dat Jesus by iemand soos Saggeus, die sondaar, gaan eet. Mense bly maar mense. Asof dié wat so ontsteld is, nie self ook sondaars is nie. Maar Jesus doen meer as om Saggeus net raak te sien. Hy maak vir hom tyd. Hy luister, kuier en beleef sy omge-

wing. En hierdie daad van liefde verander Saggeus se lewe. Die ontmoeting maak só ’n indruk op hom dat sy lewe nooit weer dieselfde is nie. Dit het my onlangs geraak toe ek op sosiale media sien hoe ander skole boodskappe van medelye aan Affies en Kéan Botha se familie rig. Skole wat gewoonlik teen mekaar meeding en soms as spreekwoordelike “vyande” beskou word, staan skielik saam in deernis. Om iemand werklik raak te sien, gewone menslikheid te betoon en vir ’n oomblik minder met jouself besig te wees, kan soms iemand se hele wêreld verander. • Van der Westhuizen is ’n predikant, radio-omroeper, skrywer en musikant van Pretoria.

Dis ’n Transvaal in die kleine . . .

Illustrasie: Adobe Stock

Willem Botha

Latyn en ‘die regering van idiote’ van Latynse oorsprong nie. Daar is vernietigende Latynse Afrikaans het parlement woorde vir ’n swak regering en via Middelnederlands gekry dié woorde is ook in die Afriuit Frans (’n telg van Latyn). kaanse woordeskat opgeneem. In Middelnederlands het ’n Idiokrasie (saamgestel uit parlement beteken “luide die Latyn idio “idioot” en cragepraat”, “samespreking”, tia “regering”) is ’n regering bestaande uit idiote. Hierteen- “vergadering van geestelikes” en ook “vergadering beklee oor is ’n ideokrasie (saamgemet staatsgesag”. Die Franse stel uit ideo “idee” en cratia, parlement het ontwikkel uit “regering”) ’n regering wat die die werkwoord parler, “om beginsels van ’n bepaalde idete praat”. Frans parler kan ologie aanhang. Merkwaardig teruggevoer word na Latyn pawat kan gebeur as jy ’n “i” met rabolare, “om te praat”. ’n “e” omruil. Van ’n klomp Die Latynse woord vir idiote na aanhangers van “praat”, parabolare, ’n ideologie. wat parler in Frans Allerverskrikliks geword het en is ’n kakistokrauiteindelik vir sie, ’n regering ons parlement bestaande uit gegee het, laat die slegste my dink aan mense. Dit ons eie skertsende lyk na nog ’n woord vir die parlevernietigende ment, nl. praathuis. Latynse beskryIn Beeld van 26 wing van ’n ONS PRAAT Junie 2008 kry regering, maar dit is inderALMAL LATYN ons hierdie pragtige voorbeeld daad ’n Engelse van die gebruik van praathuis: skepping van die 17de eeu uit Daai praathuis is mos ’n plek twee Griekse komponente, nl. waar ’n man opstaan om te kakistos, die oortreffende trap praat, dan niks sê nie terwyl van kakos wat “sleg” beteken, niemand luister nie en as hy en krato wat “regering” beteklaar gepraat het, verskil almal ken. ’n Kakistokrasie is dus met hom. ’n regering bestaande uit die Die parlement word dikwels slegste mense, maar dit is nie

beskryf as ’n sirkus (uit Latyn circus) met ’n paar welbekende narre (moontlik afgelei van Latyn naris “neusgate”). Oorspronklik het circus in Latyn verwys na ’n ring of die ovaalbaan waar met strydwaens wedrenne gehou is, soos die Circus Maximus in Rome. ’n Verouderde woord vir regering is goewerment, wat ’n verafrikaansing van die Engels government is wat ons teruglei na Latyn gubernare “om te bestuur, te regeer of te stuur”. Alle paaie lei inderdaad na Rome. Jy kan baie dinge van die regering sê, maar jy moet altyd in gedagte hou dat jy sonder enige gevolge van hulle mag sê wat jy wil, en dit was nie altyd so in Suid-Afrika nie. In dié opsig is ons seker ’n ware demokrasie. Demokrasie het deur die Latynse democratia in Nederlands en ander Wes-Europese tale gekom, maar die Latynse democratia is ’n leenwoord uit die Griekse demokratia wat uit demos “die volk” en kratos “heers” saamgestel is: “Die volk heers”. • Dr. Botha is ’n onderwys-, woordeboek- en radioman met ’n honneursgraad in Latyn en ’n kwalifikasie as mediator.

Dié plakkaat verlede naweek op sosiale media, was oor Paarliet Cassie du Plessis se artikel in Dink (16.10) oor nóg ’n wynplaas, Zanddrift, wat vir ontwikkeling omgedolwe word. Die plakkaat het ’n lewendige diskoers op Facebook ontlok. Ook deur diegene wat nie noodwendig die artikel gelees het nie, maar iewers is hartsnare geroer. Hedwig Moore reken die mooi karakter van die Drakensteingebied, wat mense soontoe lok, is besig om teen ’n spoed te verdwyn. Maar Riette Moller hou vol “dit is die heel beste plek om te bly – ’n nuwe hospitaal, ’n nuwe kampus – die dorp floreer”. Stellenbosch loop ook deur, laat hoor Wendi de Vries: “Veg vir jul mooi, historiese dorp voor dit te laat is,” pleit sy. Eintlik ’n “hartseer, verlore stryd”, volgens haar. Jackie Hancke draai nie doekies om nie: “Stellenbosch is vrot van die ontwikkeling” en Bettysbaai en Pringlebaai het gereelde kragonderbrekings weens die aanvraag wat te groot is. “Soos paddastoele skiet komplekse in die Paarl op. Die N1 raak besiger en waterverbruik word meer, maar die damme bly dieselfde,” is Gene Louw se kommer. Melcher van den Berg waarsku dis Mammon wat agter alles sit en vrees die Paarl het reeds sy sjarme verloor: “Hoeveel mense moet nog daar gaan bly voor genoeg, genoeg is?” “Melcher, dis orals in die Wesen Suid-Kaap. Jy moet Mossel-

baai sien. Dis ’n mini-Transvaal. Wonder of daar nog mense in Gauteng oor is,” gesels Hennie Louw saam. Boonop is skole oorvol en plaaslike ouers se kinders kry nie plek nie, kla Piet Schoeman. Hermanus het volgens Bets Bothma ’n ministad geword: “So hartseer! Ons dorpies verloor hul siel!” “Maar,” vra Chris Viljoen, “wat is die probleem? Verdigting, uitbreiding? Wat is die alternatiewe?” “Hopeloos te veel wyn en dit verkoop nie,” probeer Frederik Johannes dit opsom. Johannes Louw wil weet wat dit nou met ontwikkeling in die Paarl te doen het. Die grond is immers meer werd as wat ’n wynoes ooit kan oplewer, beduie Salome Bester en Leon de Rouxbai borduur voort, “die wynboere sukkel om uit hul oeste te oorleef weens insetkoste”. Iewers tussen al die walgooi of verwyt, weerklink wyle Ronnie Belcher, die eertydse Zandriftwynmaker en taalman, se kwatryn op soos deur Du Plessis aangehaal: Erdegoed en vase vir die tafels van die base maar die Here se genade is in bottels en in glase – Redaksie


Vrydag 23 Oktober tot Donderdag 29 Oktober 2026

Dink

7

AKTUEEL

Pollie, ons gaan Stilbaai toe

Wanneer ’n eselsbrug ons laat verdwaal altyd vriendelik groet”, “die kind wie verjaar”. Waar kom dié gewoonte vandaan? Die antwoord lê heel moontlik “Wie is vir mense, wat is vir by Engels. Engels gebruik “who” dinge.” vir mense, ’n patroon wat maklik Dit is een van daardie eselsongesiens oor die taalgrens tot brûe wat ’n mens op skool leer in Afrikaanse sinne gesluip het. en jare later steeds onthou. Dis Wanneer word “wie” dan wel kort, maklik en, soos enige goeie gebruik? eselsbrug, bedoel om ons vinnig In Afrikaans word “wie” onder oor ’n moeilike deel van die pad meer saam met ’n voorte help. setsel gebruik. Dink aan Wat gebeur wan“die kind van wie ek jou neer dié brug ons nie vertel het”, “die meisie bring waar ons vir wie ek blomme moet wees nie? wil gee”. Ons geDink byvoorbruik “wie” ook beeld aan die saam met “se” frase “Ons om eienaarskap Vader wat in die aan te dui, byvoorbeeld hemel is”. Die “die afrigter wie se span meeste van ons gewen het”. TAALSMID Die werklikheid is ken dit van kleins af, maar “wat” pas glad nie by die dus ryker en ingewikkelder as eenvoudige skoolreël nie. die aanvanklike eselsbrug. Ons In Afrikaans is die gebruik van sien hier dat selfs die eenvou“wat” veel wyer as die relings van digste reël soms ’n voetnoot hierdie nou eselsbrug. “Wat” kan nodig het. ewe gemaklik na mense én dinge Gelukkig hoef ons nie elke verwys: “die man wat hier werk”, eselsbrug af te breek nie. Ons “die vrou wat altyd laat is”, “die moet net onthou dat ’n brug ons water wat in die rivier vloei”. veilig oor die pad kan help, maar Tog hoor en lees ons al hoe dit is nie die hele padkaart nie. meer sinne soos “die pa wie • Van Helden is VivA se taaladdie span afrig”, “die meisie wie viseur. Maureen van Helden

Shanell Binedell Die langpad, verkeer en nimmereindigende stoppe vir badkamerbreke en verversings was nog nooit iets waarna ek opgesien het nie. Buiten dat ’n mens nooit ’n langpad met ’n klakous moet aandurf nie, is jou kanse op vermaak byna gewaarborg. Die lekkerste deel van die wêreld deur ’n motor se vensters bekyk? Die pragtige Suid-Afrika, natuurlik. Daar is iets aan ’n langpad wat jou elke keer opnuut verlief laat raak op die land. Maar die belangrikste is: Het jy genoeg beenruimte, ’n sorgvuldig gekose musiekspeellys en geselskap wat die lang passe vinnig laat verbyflits? En waaroor gesels ’n mens werklik in die vierdeur-boks? Politiek kan jou so briesend maak dat jy ’n geliefde padstal miskyk. Of dalk is dit juis die gesprekke wat jou aandag aftrek terwyl jy deur die spookagtige Uniondale ry – Maria Charlotte Roux sou dalk self oor die onderwerp vlug. Jy kan dit natuurlik lig hou en oor die goeie ou dae gesels. Maar een ding van die langpad – en ek lê klem daarop – is dat ons in een van die mooiste

lande ter wêreld bly. kies wat soos graad-eentjies in Skielik is die krag wat twee ’n ry stap. Dit is nie die dorre dae lank af was en die water landskap wat ’n mens verwag wat bruin uit die krane spoel, het nie. iets van die verlede. Die sein Wanneer die Wes-Kaap se wat verdwyn keer kennisverwelkomingsbord verskyn, gewings oor nóg ’n tragedie, soek almal onmiddellik na nóg ’n geveg en nóg slegte die spoedgrensbordjie. Ons nuus oor brandstofpryse. Ja, weet darem: In die Kaap draai die jongklomp kort ook so nou hulle nie doekies om nie. Die en dan ’n ruskans van die soafdraai-borde lyk soos Kerssialemedia-kloue. Alles is ewe bome, vol plakkers. Dit skielik idillies. is seker maar vanDie stop-en-ry dalisme, maar dit lyk bewys skielik hoe amper feestelik. daar aan die paaie Dit voel nadergewerk word. hand asof ons Die motor wat deur vier seivoor jou sloer, soene tegelyk kry selfs ’n ry. Een oomblik dankie wanneer jy versmoor die hitte jou, verby hom rits. die volgende is daar Die padstal met ses reën, hael en mis. opsies is sjarmant, al WYD & SYD Dan maak die kon jy nie jou spesifieke water wolke oop om groen valleie te kry nie. ontbloot. ’n Ent verder herinEk het my liefde vir Suidner droë grond jou egter dat Afrika weer gevind. Ek kan net jy moet dankbaar bly vir die nie vasstel of dit by die eerste reën. padstal, bergpas of reënbui Hoe dieper ons die Weswas nie. Soos ons die Klein Kaap inry, hoe duideliker word Karoo binnekom, word die die Hollandse invloed. lugversorging kouer gestel. Die s’e word skielik z’s Tussen die klippe en groen en selfs die plekname klink gras steek Karoo-viooltjies asof hulle met ’n ander tong hul koppies uit. Die Karoo lyk uitgespreek moet word. En egter vreemd. Die gras is groen Stilbaai? Dié wag nog vir my. en die ruitveërs werk oortyd. • Binedell is ’n verslaggewer In die berge sien ek wit bokvan Die Papier.

Plakkate se fokus moet reg wees Johannes Froneman Politieke plakkate wat landwyd teen pale hang, kondig die verkiesing aan soos wat Kersversierings ’n bepaalde atmosfeer help skep. Maar wat is die nut van hierdie politieke advertensies? In haar PhD-tesis het prof. Lynnette Fourie van die Noordwes-Universiteit tereg geskryf: “Hoewel politieke plakkate hoofsaaklik bydra tot beeldbou, die versterking van steun vir ’n party en die sigbaarheid van die party, dien plakkate as die agendaskeppers of opskrifte van ’n party se veldtog.” Verder moet politieke plakkate op ’n verantwoordelike wyse die demokrasie handhaaf en uitbou, in alle geval nie on-

dermyn nie. Is dit hoe plakkate hulle het elders alternatiewe in hierdie verkiesing lyk? Kyk boodskappe. Die aard van maar om jou rond en besluit self. verkiesingsveldtogte sal natuurWaar ek in die Wes-Kaap woon lik van plek tot plek verskil. So en reis, is die pale maar taamlik word in Pretoria ’n kaal. Die DA het wel plakietwat vreemde stryd kate op wat voldoen tussen die DA en VF aan die vereistes soos Plus gevoer, partye hierbo gestel: Dit wat uiteindetoon aan almal lik daar en op dat die party talle ander hier kandidate plekke in het én dat hul koalisies sal fokus op diensmoet saamwerk. lewering is. Ongelukkig is hier Deur in Afrikaans, minder as ’n maand Engels en Xhosa te sê dat RAAKVAT voor die verkiesing in die DA diens aan almal wil lemy kontrei nog min plakkate wer en dat die party die dorp of met die kandidate se foto’s op. stad wil laat aanhou werk, word Die VF Plus en DA het ’n nuwe ’n duidelike agenda gestel. Dit is vlaag van plakkate begin hang ook Helen Zille se benadering in wat fokus op die kandidate. Dit die Goudstad. Daarteenoor vind is goed, want hierdie is tog ’n ek die VF Plus se “Dit is tyd” be- plaaslike verkiesing! Gelukkig sonder oninspirerend. Ek hoop stem mense kwalik op grond

Verkiesingsplakkate in Pretoria. Foto: Gallo Images

van ’n plakkaat of twee. Wel herinner die plakkate ondersteuners om wakker te word. Om entoesiasme aan te wakker is belangrik, want jy moet jou kiesers by die stembus kry — veral in ’n plaaslike verkiesing waar mense soms traag is om te gaan stem. In ’n vorige, nie-partypolitieke era het munisipale verkiesings stilweg verbygegaan. Nou is dit heel anders. Dorpe en stede sterf onder swak, korrupte bestuur. ’n Aktiewe burgery is dus nodig. Mens hoop dat demokratiese waardes en gesonde verstand ’n deurslaggewende rol sal

speel. Die belangrikste een is dat ons nie politieke opponente doodmaak nie. Tog was daar reeds in KwaZulu-Natal verskeie politieke moorde in die aanloop tot die verkiesing. Dit help nie juis as die EFF kom met die slagspreuk “Oorwinning of die dood” nie — selfs op ’n Sondagaand op RSG se operaprogram! Dit help kwalik om ’n demokratiese kultuur in stand te hou of te bou. Maar diesulke advertensies moet gratis ingevolge die Okosa-regulasies deur die openbare uitsaaier uitgesaai word. Raar maar waar. • Froneman is ’n kieser van Kleinmond.


8

DINK

Vrydag 23 Oktober tot Donderdag 29 Oktober 2026

SPELETJIES L E I D R A D E

FOTOBLOKRAAI 34

V I R K R I P T I E S E BLOKRAAI 34: DWARS: 5. ’n Fort se voorkant (5) 7. Begin buite, eindig buite en trek skelm voordeel (7) 8. Net een snapsie is nie ’n opsie by ’n partytjie (5) 9. Voel aan die mooi nuwe reiskoffer (3) 10. Hierdie kewer is baie kleiner as ’n rot (3) 11. Die student erken om met syfers te werk is baie moeilik (5) 12. Errol Arendz of Dior (13) 15. Voertsek maak saam met Kees hierdie geluid (5) 16. Plaas die name onder mekaar op dierol (3) 18. Die slim ou toon sy skranderheid (3) 20. Dit kan alkohol bevat en kan gesluk word (5) 22. ’n Lui siel wat vir jou ’n droombeeld gee (7) 23. Tooi die hare met ’n vangtou (5)

AF: 1. ’n Stuk grond wat met ’n tokkelinstrument eindig (5) 2. Vir dié Egiptiese waterlelie is die ot baie lus (5) 3. Inenting word hiermee gedoen (5) 4. Die laat skulde sal jy nie voor perde se huise vind (13) 5. Rooi Moslem-mus (3) 6. ’n Deur gewelddadig met die voet ontsluit (7) 11. Dit neem ure om die boeke se agterkante te herstel (3) 13. 24 Uur se bootreis daag jou voor die hof (7) 14. Mol maak hom tuis onder ’n iep (3) 17. Die papbroekige Jan kan voor dié tuinblom staan (5) 18. Damp wat uit ’n pot ontsnap (5) 19. Die lelike feeks se mond is vertrek (5) 21. Meer as een bederf die bredie (3)

L E I D R A D E

OPLOSSINGS VIR 16 OKTOBER 2026

FOTOBLOKRAAI 33

S U D O K U 34

V I R E N G E L S E BLOKRAAI 34: ACROSS: 5. Paddle boat (5) 7. Pulpy green-to purpleskinned nutty-flavoured fruit (7) 8. Shortest finger (5) 9. Irritate by constant scolding (3) 10. The whole lot (3) 11. Shoot it with a bow (5) 12. Exactly upright (13) 15. A sheet of paper (5) 16. Small fairytale character (3) 18. Small spot (3) 20. Small stand for the sale of goods (5) 22. Stupid mistake (7) 23. Subject matter (5)

DOWN: 1. Sewage pipe (5) 2. Incorrect (5) 3. Theatrical piece (5) 4. Well-informed (13) 5. Popular pet (3) 6. Not siding with any party (7) 11. Curve (3) 13. Free from captivity (7) 14. The self (3) 17. Woodwind instrument (5) 18. Mommy’s husband (5) 19. Small, portable lamp (5) 21. Untruth (3)

ANTWOORDE BLOKRAAI 33: Dwars: 7. Toetree; 8. Breek; 9. Perpleks; 10. Fier; 15. Afstel; 16. Stingel; 19. Verstaan; 22. Wiele; 23. Dar; 24. Aspersies. Af: 1. Sterf; 2. Perlé; 3. Trop; 4. Beurt; 5. Beskuit; 6. Sku; 8. Beleefd; 11. Bulk; 12. Toe; 13. Stories; 14. Ongeleë; 17. Loer; 18. Bard; 20. Soms; 21. Norm. ENGELSE BLOKRAAI 33: Across: 7. Attract; 8. Salad; 9. Pontoons; 10. Rage; 15. Oyster; 16. Maxilla; 19. Blizzard; 22. Begin; 23. Sir; 24. Enigmatic. Down: 1. Later; 2. Sting; 3. Wasp; 4. Stone; 5. Blanket; 6. Add; 8. Storeys; 11. Firm; 12. Eel; 13. Lantern; 14. Witting; 17. Able; 18. Cars; 20. Zinc; 21. Dark.

S U D O K U 33 A N T W O O R D

Saamgestel deur: Heidri Mittendorf


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
DiePapier-Oos-Kaap~23102026 by Novus Media - Issuu