Skip to main content

DiePapier-Oos-Kaap~16102026

Page 1

Net vir jou

R35

Vrydag 16 Oktober 2026 (op die rak tot Donderdag 22 Oktober 2026)

’n Gesprek met Cash – Dink, bl. 4

‘Ek lag vir Mashaba’: Helen Zille sê oor Goudstad se ‘laaste kans’ – bl. 6

SA se petrolbom • Smokkel beloop miljarde • Goedkoper oor grens • SA skarrel om self te maak • Gaan minister prys verlaag? – bl. 4, 5, 15 – Dink, bl. 2

‘Kill the Boer’: Onaanvaarbaar, sê Aucamp – bl. 2

Mikro-dramas: Robotte deel van ‘verslawing’ – bl. 11

“

Brandstof is nou vloeibare goud.

– Waal de Waal, bestuurshoof van Bidvest Protea Coin

Foto: Adobe Stock

Verbyvlug: Airlink moet op BLO reageer – bl. 13

Vuisvoos: Ackers: Spanne onder druk – bl. 24


2

Die Papier Vrydag 16 Oktober tot Donderdag 22 Oktober 2026

Nuus

Aucamp: ‘Jy vra nie vir

Ilse Salzwedel ilse.salzwedel@diepapier.co.za

D

ie omstredenheid oor die singery van die lied “Kill the Boer, Kill the Farmer” het vandeesweek ook op AgriSA se kongres in Pretoria weerklink. Willie Aucamp, die minister van landbou, wat as gasspreker opgetree het, het dit agterna in ’n gesprek met Die Papier as “onaanvaarbaar” beskryf. “Ek gee nie om wat wie sê nie – jy vra nie vir die doodmaak van mense nie.” Aucamp het ook die erns van die

plaasveiligheid benadruk. “Boere en hul werkers het die reg om veilig te voel. As ons nie meer boere gaan hê wat kos op ons tafel sit nie, gaan ons nie genoeg kos hê nie. Die algehele stabiliteit van Suid-Afrika is afhanklik van die bestendigheid wat boere ervaar.” Aucamp sê die wreedheid waarmee plaasaanvalle gepaard gaan, verdien dat dit met erns aangepak word. “Jy kan nie iets tot ’n prioriteitsmisdryf verklaar en dit in die Staatskoerant afkondig nie. Jy ag dit as ’n prioriteitsmisdryf deur middele in te stel om dit te bekamp.” Volgens Joe Scholtz, die hoof

BEK-EN-KLOUSEER: ‘NOG NIE EEN SENT GEKRY’ Aucamp het erken dat die staat boere in die steek gelaat het met die hantering van die bek-en-klouseerkrisis, maar het die versekering gegee dat inentingsveldtogte nou op dreef is. Die minister het die versekering gegee dat daar goeie vordering gemaak word in die stryd teen bek-en-klouseer. “Ons sal ons doel bereik om 80% van die nasionale kudde teen die einde van Desember in te ent. Ons kan dit selfs oorskry.” Aucamp sê hy het pres. Cyril

Ramaphosa gevra dat die uitbraak tot ’n ramp verklaar moet word. “Dis geklassifiseer as ’n ramp, maar nie as ’n ramp verklaar nie.” Sy departement het nog “nie een sent” van die nasionale regering gekry om die krisis te hanteer nie. “Ons moes regtig binne-in die departement geld rondskuif en krap en soek om geld te kry." Hy is egter vol hoop dat daar wel geld aan die departement toegewys gaan word in die komende mediumtermynbegrotingsraamwerk.

Willie Aucamp, minister van landbou, by die kongres.

van AgriSA se landelike beveiligingsafdeling, kos die sowat 20 000 gevalle van veediefstal, wat jaarliks aangemeld word, die bedryf meer as R1 miljard per jaar. Scholtz sê hierdie misdade is meer as net ’n strafregtelike kwessie. “Dis ’n ekonomiese kwessie wat boere, werkers en omliggende gemeenskappe ewe veel raak. Dit veroorsaak dat boere hul beleggings moet verskuif van produksie na veiligheidstelsels en -personeel.” Aucamp sê hy en Ian Cameron, die DA-LP en voorsitter van die portefeuljekomitee oor polisie, werk tans aan ’n aksieplan oor landelike veiligheid.

BOERE SE VYF PRIORITEITE UITGESTIPPEL AgriSA het op die kongres sy gekonsolideerde mandaat vir optrede in vyf beleidsareas uiteengesit. Dié vyf – grond en ontwikkeling, natuurlike hulpbronne, arbeid, landelike veiligheid sowel as ekonomie en handel – is volgens die organisasie van deurslaggewende belang vir die toekoms van die Suid-Afrikaanse landbou. Beter beleid, sterker instellings, duideliker aanspreeklikheid en meer doeltreffende samewerking tussen die regering, georganiseerde landbou, grondstoforganisasies, die sakegemeenskap en boere is as

‘LNR HET BOERE GEFAAL MET ENTSTOF’ Een van die grootste uitdagings waarvoor ’n oplossing gevind moes word, was die Landbounavorsingsraad (LNR) – eens ’n wêreldleier op dié gebied – se onvermoë om entstof vir die landbousektor te produseer. Dit het volgens Aucamp direk bygedra tot die bek-en-klouseerkrisis. Suid-Afrika benodig meer as 30 miljoen dosisse entstof om die nasionale kudde van 15,2 miljoen beeste twee maal per jaar in te ent. Dit

30 miljoen

Suid-Afrika benodig meer as 30 miljoen dosisse entstof om die nasionale kudde van 15,2 miljoen beeste twee maal per jaar in te ent. moet jaarliks gedoen word. “Die LNR het die publiek gefaal deur nie genoeg entstof te vervaardig nie.” Boonop het hulle geweier om saam met enige entstofvervaardigers uit die private sektor te werk.

Aucamp het beslis dat dit moet verander. ’n Samewerkingsooreenkoms – onder sekere voorwaardes – is intussen met die private sektor onderteken. Die LNR kry ’n gedeelte van die wins uit dié vervaardiging, wat gebruik moet word om entstofvervaardigingskapasiteit te herbou. “Hulle vervaardig nou weer so 20 000 eenhede entstof per maand. Maar ons kort meer as 2 miljoen eenhede per maand.”


Nuus

Vrydag 16 Oktober tot Donderdag 22 Oktober 2026 Die Papier

doodmaak van ander’ ‘ONS HET AGOA NODIG’ “Ek het ’n gesprek eersdaags met die Amerikaanse ambassadeur, Brent Leo Bozell III, waar Agoa uiteraard op die agenda gaan wees,” het Aucamp ook aan Die Papier gesê. “Ek gaan vir hom sê Suid-Afrika se boere het

Agoa nodig. Ons kan nie met alles wat ons trotseer, met die hoë insetkostes, brandstof, kunsmis, al hierdie dinge wat ons in die gesig staar, sonder Agoa nie.” Aucamp sê hy werk ook hard aan ander handelsooreenkomste. Tot dusver

noodsaaklik vir groei in die sektor gelys. “Jy kan op jou eie boer, maar jy kan landbou nie op jou eie laat groei nie,” het AgriSA se president, Willem de Chavonnes Vrugt, gesê. Die uitdagings waarmee boere daagliks gekonfronteer word, was ’n belangrike tema tydens besprekings. Dit sluit kommer oor grondhervorming, veiligheid, arbeidskwessies, voldoende finansiering en volhoubare produksiepraktyke in. Waterbestuur en infrastruktuur, die aanpassing by klimaatsverandering en die verval van die land se vervoer-infrastruktuur en hawens was nog belangrike punte op die sakelys. Aucamp het in sy toespraak gesê die regering en sy departement spesifiek is vir te lank in die verlede

in sy termyn het hy handelsooreenkomste beklink met Egipte (vir die uitvoer van rooivleis), Indië (sitrus) en China (kersies). Hy hoop om binne die volgende maand ook ’n ooreenkoms oor bloubessie-uitvoere met China te sluit.

Willem de Chavonnes Vrugt

as ’n struikelblok in die pad van sukses beskou. “Ons sal dit nie meer wees nie, maar ’n bemagtiger van sukses. Die departement van landbou bestaan om te luister en ons moet met boere saamwerk.” Hy het gesê dis die regering se verantwoordelikheid om ’n omgewing te skep waarin die landbou-

“

Jy kan op jou eie boer, maar jy kan landbou nie op jou eie groei nie. – Willem de Chavonnes Vrugt

sektor kan groei. “Die departement van landbou bestaan om te luister, en ons moet met boere saamwerk. Dit is belangrik dat wedersydse respek bestaan en dat ons mekaar verantwoordelik hou. As ons dit nie gaan doen nie, sal dit by praat bly, en ek haat dit om net te praat sonder om resultate te sien.” Die minister het gesê produksie en uitvoer is maar twee aspekte van landbou en dit bekommer hom dat soveel mense steeds honger ly – in ’n land wat ’n netto-uitvoerder van voedsel is. “Ons moet landbou omkeer en laat groei. Meer werkgeleenthede – veral in ons landelike gemeenskappe – sal help dat mense na hulself kan omsien.” Aucamp het aan die gehoor gesê landbou kan die land na nuwe hoogtes neem. “Ek glo dit vas.” Oor die baie uitdagings waardeur die landboubedryf in die gesig gestaar word, het die minister gesê dis belangrik om te besef geen enkele organisasie of die regering kan die uitdagings alleen oplos nie. Hy het die belangrikheid van vennootskappe tussen die staat en die private sektor beklemtoon en gesê interdepartementele samewerking in die regering is ewe noodsaaklik vir landbousukes.

3

“Dis maklik om iets te hanteer wat jy beheer, maar nie alles wat ons in landbou wil doen, val binne my portefeulje nie. Daarom spits ek my toe op interaksie met ander departemente.” Hy het benadruk almal moet doen wat nodig is om die werk gedoen te kry en gesê hy verwag hierdie ingesteldheid ook van ander departemente – hetsy dit nou gaan oor probleme met paaie, hawens of waterlisensies. “Ons is hier om saam te dien. Ek moet vandag sê ek dink dit gaan baie goed in daardie opsig.” Hy het onder meer verwys na suksesvolle interaksie met die minister van vervoer, Barbara Creecy, en gesê sy het nog “elke keer” opgetree as hy met haar oor vervoeraangeleenthede gepraat het. “Toe ek haar gevra het om met mense in die vrugtesektor te vergader om hul vrese te verstaan wat die Kaapstad-hawe betref, het sy dit gedoen.” Aucamp het ook ’n beroep gedoen vir groter eenheid in die landbousektor. “As ons saamstaan en met mekaar gesels in plaas van oor mekaar, sal ons soveel sterker wees. Ons moet verby persoonlikhede en ego’s en ideologiese verskille kom.”


4

Die Papier Vrydag 16 Oktober tot Donderdag 22 Oktober 2026

Nuus

SA brandstofswartmark

VERLIGTING HET GEVOLGE VIR STAATSINKOMSTE Prof. Jannie Rossouw, ’n ekonoom en die voormalige hoof van die Universiteit van die Witwatersrand se sakeskool, sê die inkomste uit die Padongelukfondsheffing (POF) word spesifiek vir dié fonds geoormerk. Die algemene brandstofhefChristiaan du Plessis en Kaylie Joubert nuus@diepapier.co.za

S

uid-Afrika het reeds ’n brandstof-swartmark van miljarde rande, wat weens hemelhoë brandstofpryse verder kan groei. Dit sluit die verkoop van diesel, wat met paraffien gemeng word, asook die ontduiking van invoerbelasting deur vervalste dokumente in. Drie van die kernpunte wat uitgestaan het in die brandpunt oor hoë petrolpryse, is: • Die vermenging van brandstof: Waal de Waal, die bestuurshoof van Bidvest Protea Coin, sê hulle het in ’n ondersoek sowat 150 brandstofdepots – hoofsaaklik in Mpumalanga en Limpopo – geïdentifiseer, waar brandstof vermoedelik met paraffien gemeng word om dit goedkoper te verkoop. “Brandstof is nou vloeibare goud,” sê hy. • Die groeiende brandstofmark: Die Vloeibare Brandstof-grootmaatverkopersvereniging (LFWA),

fing word daarenteen nie vir ’n spesifieke doel eenkant gesit nie. Volgens Rossouw betaal die SAID dié geld aan die staat se Nasionale Inkomstefonds. “Aanvanklik was die idee dat die brandstofheffing gebruik sou word vir vervoer- en padverwante doeleindes, maar dis nie tans die beleid van die

Suid-Afrikaanse regering nie. Of hierdie geld spesifiek vir vervoer- en padverwante doeleindes aangewend moet word, is iets waaroor debat gevoer kan word. “Vir my het dit egter logies sin dat die brandstofheffing en ander vorme van belasting gebruik moet word vir die bestedingsprioriteite van die staat in die geheel.” Wayne Duvenage, die

gebruik word vir kragopwekkers en ander meer robuuste gereedskap, is die uitwerking van gemengde brandstof minder erg, maar in die enjin van ’n dieselmotor sal hy binne die eerste twee kilometer begin rook,” sê hy. Volgens De Waal word die gemengde brandstof dikwels aan myne, boere en nywerhede gesmokkel of langs die pad verkoop. Motorryers moet volgens hom ook versigtig wees met die ingooi van brandstof by obskure vulstasies sonder enige handelsmerke om die risiko te verklein dat gemengde brandstof in hul enjin beland. Bidvest Protea Coin beveilig reeds geruime tyd ingevolge ’n

wat onafhanklike vulstasies landwyd verteenwoordig, sê sy lede verloor sake wanneer motorbestuurders, boere en sakeondernemings goedkoper, gemengde brandstof by ander verskaffers koop. Peter Morgan, die uitvoerende hoof van die LFWA, sê die brandstofswartmark in Suid-Afrika beloop miljarde rande: “Die swartmark gaan daaroor om van die nasionale tesourie te steel om ’n minderwaardige produk vir persoonlike gewin te verkoop.” • Buurlande se brandstofpryse: Suid-Afrikaners teen die grens met Botswana bevraagteken die land se heelwat laer brandstofpryse, veral met sprake dat dit dalk by Suid-Afrika gekoop word.

Petrol 95

Diesel 50ppm

Paraffien

Suid-Afrika Binneland: R29,88

Binneland:R30,25 p/l Binneland: R32,80 p/l Binneland:R31,95 p/l Kus: Nie beskikbaar Kus: R29,38 Kus: R32,03 p/l Kus: R31,08 p/l

Namibië

Nie beskikbaar

N$26,58 (R26,58)

N$27,86 (R27,86)

Nie beskikbaar

Mosambiek Nie beskikbaar

93.69 MT (R24,17)

116,25MT (R29,99)

97,56MT (R25,17)

Eswatini

Nie beskikbaar

E29,40 (R29,40)

E32,25 (R32,25)

E25,16 (R25,16)

Botswana

Nie beskikbaar

P18,21 (R22,00)

P20,93 (R25,29)

P18,33 (R22,11)

Lesotho

M28,20 (R28,20)

M28,60 (R28,60)

M34,90 (R34,90)

M25,90 (R25,90)

Bronne: Departement van minerale en petroleumbronne (DMPR) Sentrale Energiefonds (CEF) Automobiel-Assosiasie (AA) van Suid-Afrika Departement van myne en energie van Namibië

“

Brandstof is nou vloeibare goud. – Waal de Waal, bestuurshoof van Bidvest Protea Coin.

staatskontrak die pypleiding wat brandstof van KwaZulu-Natal na Gauteng vervoer. Die onderneming het aanvanklik die diefstal van brandstof uit dié pypleiding ondersoek. Intelligensie-optredes het daarna tot ’n groter ondersoek na die vermenging van brandstof by depots gelei. JAN TAKS ‘TREE OP’ WYL DIEFSTAL STYG Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) sê by navraag hy tree op om brandstofvervalsing en ander moontlike oortredings van belasting- en doeanewetgewing op te spoor. “In die uitvoering van sy wetlike mandaat werk die SAID,

POF-HEFFING ONDER DIE VERGROOTGLAS

DIESEL KRY 50% TOT 70% PARAFFIEN BY Volgens De Waal het toetse by sommige depots getoon dat diesel met tussen 50% en 70% paraffien vermeng word. Hy waarsku dat dié mengsels voertuigenjins kan beskadig. “Dit foeter die voertuie op. As dit

BRANDSTOFPRYSE IN SA EN BUURLANDE Petrol 93

uitvoerende hoof van die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa), waarsku dat die oplossing vir Suid-Afrika se brandstofkrisis nie bloot daarin lê om die POF-heffing op petrol en diesel af te skaf nie. Volgens hom moet die fonds se bestuur en besteding eerder reggestel word voordat oor ’n nuwe manier van finansiering besluit word.

Grafika: Morné Schaap

Een van die grootste debatspunte is die POF-heffing, wat op elke liter petrol en diesel gehef word om die fonds te finansier. Die heffing beloop tans R2,25 per liter en is een van die grootste belastingkomponente in die brandstofprys. Dit beteken dat ’n motoris wat 50 liter brandstof koop, R112,50 tot die POF bydra. Die fonds is veronderstel om mense te vergoed wat in padongelukke beseer word, asook afhanklikes van mense wat in ongelukke sterf. Dit kan onder meer mediese koste en verlies aan inkomste dek. Die probleem is dat die fonds, ondanks die miljarde rande wat jaarliks deur die heffing ingesamel word, steeds met finansiële en administratiewe uitdagings worstel. Inligting van Gert Nel Ingelyf,

’n regsfirma wat met POF-eise werk, toon dat die fonds tussen 2022 en 2024 sowat R145 miljard uit die brandstofheffing ingesamel het. Volgens dieselfde syfers het uitbetalings oor dié tydperk sowat R142,3 miljard beloop. Die regsfirma voer egter aan dat hierdie syfers nie die volle prentjie van die fonds se probleme weerspieël nie. Eise word volgens die firma soms jare lank vertraag, terwyl beseerde mense en hul gesinne met mediese rekeninge en verlies aan inkomste moet worstel. Die belangrike onderskeid is dat geld wat ingevorder word, nie noodwendig beteken alle goedgekeurde eise word betyds betaal of dat die fonds finansieel volhoubaar bestuur word nie.


Nuus

Vrydag 16 Oktober tot Donderdag 22 Oktober 2026 Die Papier

reeds miljarde werd SUID-AFRIKA

BOTSWANA Prys per liter

Persentasie van totaal

1. Basiese brandstofprys

P12,90

70,8%

~14,2%

2. Petroleumfondsheffing

P1,12

6,1%

R3.20

~10,6%

3. Kleinhandelmarge

P1,10

6%

4. Vervoer, berging en logistiek

R2.41

~8,0%

4. Padfondsheffing

P0,90

5%

5. Padongelukfonds (POF)

R2.25

~7,4%

5. Groothandelmarge

P0,75

4,1%

6. Staatsoliefondsheffing

R0.87

~2,9%

6. Sekuriteit van voorsiening

P0,43

2,4%

7. Groothandelmarge

R0.67

~2,2%

7. Doeane

P0,31

1,7%

8. Ander heffings en belastings

R0.35

~1,2%

8. Verspreiding

P0,P0,2043

1,1%

Totale pompprys

R30.25

100%

Totale pompprys

P18,21 (R21,85)

100%

Prys per liter

Persentasie van totaal

1. Basiese brandstofprys

R18.80

~62,1%

2. Algemene brandstofheffing

R4.29

3. Kleinhandelmarge

Komponent

Bronne: Departement van minerale en petroleumbronne (DMPR) Sentrale Energiefonds (CEF) Automobiel-Assosiasie (AA) van Suid-Afrika Departement van myne en energie van Namibië Grafika: Morné Schaap

Komponent

Bronne: Departement van minerale en petroleumbronne (DMPR) Sentrale Energiefonds (CEF) Automobiel-Assosiasie (AA) van Suid-Afrika Departement van myne en energie van Namibië Grafika: Morné Schaap

MOSAMBIEK

NAMIBIË

Prys per liter

Persentasie van totaal

1. Basiese brandstofprys

65,00 MT (R17,55)

70%

9%

2. Verspreiding

10,00 MT (R2,70)

11%

N$1,48

5,5%

3. Handelaarsmarge

8,50 MT (R2,30)

9%

4. Bedryfsmarge

N$1,15

4,3%

4. Brandstofbelasting

5,50 MT (R1,48)

6%

5. Nasionale energiefonds

N$1,08

4%

5. Stabiliseringskomponent

3,50 MT (R0,95)

3,5%

6. Brandstofbelasting

N$0,45

1,7%

6. Haweheffings en bankkoste

1,19 MT (R0,32)

1,3%

7. MVA-fondsheffing

N$0,40

1,5%

Totale pompprys

93,69 MT (R25,30)

100%

8. Logistiek en diverse heffings

N$1,04

4%

Bronne: Departement van minerale en petroleumbronne (DMPR) Sentrale Energiefonds (CEF) Automobiel-Assosiasie (AA) van Suid-Afrika Departement van myne en energie van Namibië Grafika: Morné Schaap

Totale pompprys

N$26,58

100%

Prys per liter

Persentasie van totaal

1. Basiese brandstofprys

N$17,80

67%

2. Handelaarsmarge

N$2,38

3. Padgebruikersheffing

Komponent

Bronne: Departement van minerale en petroleumbronne (DMPR) Sentrale Energiefonds (CEF) Automobiel-Assosiasie (AA) van Suid-Afrika Departement van myne en energie van Namibië Grafika: Morné Schaap

waar toepaslik, met die toepaslike staatsinstellings en ander belanghebbendes saam. Die SAID oorweeg ook inligting wat deur sy gevestigde kanale van lede van die publiek en ander bronne ontvang word. Waar moontlike nie-nakoming geïdentifiseer word, pas die SAID die toepaslike wetlike en afdwingingsmaatreëls tot sy beskikking toe,” lui die verklaring. Volgens De Waal word dokumente in Mosambiek ook vervals om minder invoerbelasting te betaal wanneer brandstof na SuidAfrika vervoer word. Hy sê by ’n hawe in Mosambiek ontvang vragmotorbestuurders ’n dokument wat aandui hoeveel liter brandstof hulle gelaai het. Aan die Mosambiekse kant van die grens bied iemand volgens hom vervalste dokumente aan, waarop ’n kleiner hoeveelheid brandstof aangedui word. Volgens hom gebruik die SAID dié dokumente om die invoerbelasting te bereken.

Komponent

“

“As die vervalste dokument wys dat daar 30% minder brandstof is, betaal die vragmotorbestuurder of sy onderneming dus 30% minder invoerbelasting,” sê De Waal. Omdat die prys van brandstof volgens hom in Mosambiek reeds laer is, bring die belastingontduiking die prys verder af wanneer dit Suid-Afrika binnekom. De Waal is ook bekommerd dat die skerp styging in brandstofpryse tot meer brandstofdiefstal kan lei. Brandstofpryse by Suid-Afrikaanse vulstasies het sedert die uitbreek van die oorlog tussen die VSA en Iran in Februarie met meer as 30% gestyg. Volgens Morgan kan hoër invoerpryse en die regering se brandstofheffings die vraag na goedkoper, gemengde brandstof verder aanwakker: “Die ouens wat dinge op die regte manier doen, kry slae. Die ouens in die swartmark doen weer die verkeerde ding om die verkeerde redes en word soms ryk daaruit.”

As die vervalste dokument wys dat daar 30% minder brandstof is, betaal die vragmotorbestuurder of sy onderneming dus 30% minder invoerbelasting. – Waal de Waal

GAAN OOR GRENS VIR BRANDSTOF Enkele inwoners van Lichtenburg en Mafikeng, wat verkies om nie hul naam te noem nie, het wel aan die redaksie bevestig dat hulle oor die grens gaan vir brandstof. Intussen sê boere naby die Groblersbrug-grenspos tussen Suid-Afrika en Botswana hulle is nie bewus van boere in die omgewing wat die grens oorsteek om brandstof teen ’n laer prys te koop nie. Volgens GlobalPetrolPrices.com was petrol in Botswana op 12 Oktober sowat $1,30 per liter, oftewel R21,40, en diesel $1,52 per liter, oftewel R25,22. Dit is aansienlik laer as die pryse in Suid-Afrika. Botswana het in April aangekondig dat hy brandstofheffings vir ses maande as ’n tydelike verligtingsmaatreël opskort. Bennie van Zyl, bestuurshoof van TLU SA, sê boere wat naby die grens met Botswana woon, het al in die verlede aangedui dat dit vir hulle finansieel sin maak om daar brandstof te gaan ingooi. Volgens hom bevraagteken boere die prysverskil, veral omdat daar beweer word dat Suid-Afrika brandstof aan Botswana verkoop. Hy sê hy kan dié bewering nie bevestig nie, maar vermoed dat die regering se brandstofheffings ’n rol in die verskil speel. Boere naby Groblersbrug sê egter aan Die Papier dat die wagtyd by die grenspos ’n struikelblok is. “Jy wag ure by die grenspos om deur te gaan,” sê een boer.

NOU WIL REGERING GESLOTE RAFFINADERYE HEROPEN

Luidens ’n nasionale verslag en bedryfsontleding, wat op 10 Oktober uitgereik is, dek binnelandse raffinering tans slegs ’n skokkende 39% van die nasionale brandstofbehoefte. Die res (’n massiewe 61%) moet nou as reeds klaar geraffineerde brandstof teen buitensporige koste ingevoer word – ’n verswakking sedert 2019, toe plaaslike produksie nog 78% gedek en invoer slegs 22% van die mark beslaan het. Hoe diep hierdie krisis die ekonomie tref, word weerspieël in data van Trade & Industrial Policy Strategies (TIPS) vir die tweede kwartaal van 2026: Ru-olie en petroleumprodukte het

opgeskiet tot ’n skokkende 24,5% van Suid-Afrika se totale invoer – die hoogste vlak sedert 1994. Om hierdie ekonomiese toestand te breek, het die staat se Sentrale Energiefonds (CEF) in September ’n strategiese herstelplan goedgekeur om twee geslote nasionale raffinaderye te laat herleef. Die totale program sal na raming omtrent R129,4 miljard tot R140 miljard kos. Die fokuspunt is Sapref in Durban – Suid-Afrika se grootste vloeibarebrandstofaanleg – wat in Mei 2024 deur die staat vir ’n bedrag van R1 by Shell en BP gekoop is nadat dit weens die 2022-vloedskade gesluit het.

Ayanda Noah, die voorsitter van die CEF, het in September bevestig die sakeplan is goedgekeur en dit gaan sowat R100 miljard kos om Sapref te herbou na ’n minimum kapasiteit van 400 000 vate per dag. Sy het gesê die CEF maak gereed vir ’n internasionale reisende vertoning om private beleggers en ontwikkelingsfinansieringsinstellings te betrek, aangesien die Nasionale Tesourie nie staatsgeld hiervoor gaan bewillig nie. Hierby sluit ’n verdere R5,8-miljard-plan aan om PetroSA se gas-totvloeistof-raffinadery in Mosselbaai in fases te herbou, met ’n eerste-fase-teiken van 18 000 vate per dag, wat die land ’n brandstofuitvoerder, eerder as invoerder, maak.

5


6

Die Papier Vrydag 16 Oktober tot Donderdag 22 Oktober 2026

Nuus

Helen Zille praat met jongmense by ’n stukkende verkeerslig ten tyde van die bekendstelling van die DA se eerste verkiesingsplakkate in Mei in Johannesburg. Foto: Per-Anders Pettersson, Getty Images

LEKKER IN JOZI Zille sê sy geniet Johannesburg, veral die mense en die weer, en was nog nie vir ’n oomblik spyt dat sy die uitdaging aanvaar het om burgemeester van die stad te probeer word nie. “Dit was beslis die moeite werd om hierheen te kom. Ek moes dit net een keer probeer. As dit nie werk nie, dan werk dit nie. Dan het ek die gemoedsrus dat ek ten minste alles gedoen het wat ek moes.” Sy sê Johannesburgers is “can-do people”. “Hulle staan op en hulle doen ’n ding. En as daar ’n probleem is, kom hulle met ’n oplossing . . . Maar ek sê vir hulle: Julle is heeltemal te veerkragtig. Julle moenie so gewoond raak aan dinge wat nie werk nie.”

‘Dit is Jhb se laaste kans’

Jana Marx jana.marx@diepapier.co.za

D

it is Johannesburg se laaste kans. As kiesers nie nou die moed het om vir verandering te stem nie, sal dit te laat wees om die stad te red. Só waarsku Helen Zille, die DA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, in ’n onderhoud met Die Papier vandeesweek. Volgens die News24 / Sabimeningspeiling is Zille met 36% die gunstige burgemeesterskandidaat in Johannesburg, maar dis nie genoeg om alleen te regeer nie. Volgens die peiling staan die DA se steun as party op 29%. “Ons moet oor die 80%-uitkoms kry. Ons moet dit net doen, want alles is op die spel vir Johannesburg,” sê sy. Sy het reeds gesê sy stel nie belang in ’n negepartykoalisie nie en sal haar dan liewer na die opposisiebanke wend. Sy is ook op rekord dat 490 000 DAkiesers op albei stembriewe vir die DA moet stem om die volstrekte meerderheid in Johannesburg te kry. Hierdie kiesers woon volgens haar “oral in Johannesburg”. “Op die nuutste syfers, as al die Zille sê sy en haar man, prof. Johann Maree (83), het lankal beplan om af te tree en saam te reis, maar haar terugkeer na die politiek het dié planne uitgestel. “Hy herinner my dikwels daaraan, maar hy is ’n baie volwasse mens. Hy neem my nie kwalik nie. “As dit nie vir hom was

ActionSA-kiesers, die VF Pluskiesers en die PA-kiesers hulle agter die DA skaar, sal ons oor die 50% kry.” DA-kiesers is histories meer geneig om vir plaaslike verkiesings as ANC-ondersteuners op te daag. Tog bly Zille bekommerd: “Daar is derduisende in ons DAwyke wat nie in die laaste verkiesing gaan stem het nie.” Sy sê die DA het in 2021 sowat ses lyssetels in Johannesburg verloor omdat ondersteuners in Sandton nie gaan stem het nie. “Hulle dink as hulle in ’n veilige DA-wyk bly, hoef hulle nie te gaan stem nie . . . Maar hulle besef nie daar’s ’n tweede stem wat hulle moet uitbring vir die lys wat nié vir die wykskandidaat is nie. En daardie twee stemme word drie keer getel. Dit is dus nie net een stem wat ons verloor nie . . . ”

KOALISIES Oor haar voorwaardes vir koalisies sê Zille sy “gaan nie met die EFF en MK saamwerk nie”. Die News24 / Sabi-peiling toon dat 25% van respondente ’n ANCDA-koalisie verkies, teenoor 17% wat ’n koalisie tussen die DA, ActionSA, die IVP en die VF Plus steun.

Haar hoofonderneming aan Johannesburgers sou sy verkies word? “Eerlike regering wat basiese dienste vooropstel en korrupsie uitroei.” Sy sê dit sluit in: • Munisipale finansies stabiliseer deur ongemagtigde, onreëlmatige, vrugtelose en verkwiste uitgawes hok te slaan. • Inkomste afkamp om te

“

Ek het lekker gelag vir [Mashaba], want hy dink hy’s in ’n posisie om eise aan die DA te stel oor wie hulle kandidaat behoort te wees.

HAAR ‘MAYONNAISE’ meester word, maar erken nie, sou ek nie kon doen wat ek in my lewe gedoen het nie . . . Ek voel bitter sleg daaroor, maar hy verwyt my niks nie. Hy sê: ‘Julle doen baie belangrike werk. Gaan doen dit’.” Sy hoop Maree sal by haar aansluit indien sy burge-

dat hy sterk bande met sy kerkgemeenskap in die Kaap het en dat sy hom nie op sy hoë ouderdom wil ontwortel nie. “Toe ek ‘mayor’ was, het ons hom die ‘mayonnaise’ genoem,” skerts sy. “Nou sal hy dalk weer die ‘mayonnaise’ word.”

REGRUKPLAN verseker dat geld vir die bedoelde dienste aangewend word. • Die munisipale rekeningstelsel herstel om die stad se invordering van inkomste te verbeter. • Openbare-private-vennootskappe aangaan om munisipale dienste te ver-

Indien ’n ANC-DA-koalisie ’n werkbare meerderheid kan verseker, sal sy met hulle saamwerk? “Iemand moet vir my verduidelik hoe ons van korrupsie in Johannesburg ontslae kan raak . . . as ons in ’n koalisie met die ANC is. Die ANC is so diep in Johannesburg se korrupsie gewortel – hoe gaan ons korrupsie hokslaan met die ANC deel van die regering? Hoe kan jy die stelsel van binne af skoonmaak as jy saam met die ANC in regering is en elke keer wat jy probeer skoonmaak, sê hulle: ‘Nee, ons stem jou uit’?” Herman Mashaba, ActionSA se leier, het verlede week aan Die Papier gesê hy sal nie met Zille saamwerk nie. Michael Beaumont, ActionSA se nasionale voorsitter, het egter nie koalisie-onderhandelinge met die DA uitgesluit nie. Sal sy opsy staan om ’n moontlike DA-ActionSA-samewerking moontlik te maak? “Ek het lekker gelag vir [Mashaba], want hy dink hy’s in ’n posisie om eise aan die DA te stel oor wie hul kandidaat behoort te wees,” sê Zille. “Geen party kan toelaat dat ’n ander party bepaal wie hul kandidate is nie. As mense vir ons stem, weet

beter. • Tenderprosesse deursigtiger maak deur besonderhede oor tendervereistes, uitgeslote bieërs, suksesvolle ondernemings en subkontrakteurs bekend te maak. • Water- en elektrisiteitsverliese verminder, veral waar die stad dienste verskaf waarvoor hy geen inkomste ontvang nie.

hulle waarvoor hulle stem.” ‘EERLIKE CHIKANE’ Die ANC het aanvanklik Dada Morero, die huidige burgemeester in Johannesburg; Loyiso Masuku, die onderburgemeester en die struggleveteraan eerw. Frank Chikane in Augustus as sy drie finaliste vir Johannesburg se burgemeesterspos aangewys. Volgens ANC-bronne het Chikane die steun van die party se nasionale leiers gehad omdat hy as ’n moontlike kompromiskandidaat beskou is, wat die faksiegevegte tussen Morero en Masuku kon help besleg en met Zille sou kon saamwerk. “Ek ken Frank Chikane en ek dink hy’s ’n eerlike man,” sê Zille. Maar Chikane se naam het stilstil van die finale kandidatelys af verdwyn. Volgens die ANC was dit ’n administratiewe fout, maar Zille is nie so seker nie. “Dit was doelbewus. En dis ’n absolute klap in die gesig vir hom wat bereid was om te staan en die ANC te help. Hy’t dit nie verdien nie. Dis wat hulle doen. Hulle gee vir so ou, wat bereid was om vir hulle op te staan, net mooi ’n klap in die gesig.”


Nuus

Vrydag 16 Oktober tot Donderdag 22 Oktober 2026 Die Papier

7

Oplossing vir bobbejane in Skiereiland steeds onbereikbaar BOBBEJAANGEBIED

Elise Tempelhoff nuus@diepapier.co.za ’n Heining en twee primatoloë aan weerskante daarvan – twee teenoorgestelde menings oor “oplossings” vir die konflik tussen inwoners van die Kaapse Skiereiland en 60 chacmabobbejane. Intussen neem die aggressie en spanning tussen gemeenskappe, die Stad Kaapstad, CapeNature, SANParke en Cape Peninsula Baboon Management Joint Task Team (CPBMJTT) toe. Dít is die dilemma waarin owerhede en inwoners van die Kaapse Skiereiland hulle tans bevind rakende die konflik tussen mense en twee troppe wilde bobbejane, wat glo gedurig in Simonstad en omgewing amok maak. VANG EN PLAAS IN ‘SEMIWILDE, VEILIGE HAWE’ Aan die een kant is prof. Justin O’Riain, die direkteur van die Instituut vir Gemeenskappe en Natuurlewe in Afrika aan die Universiteit van Kaapstad. As wetenskaplike raadgewer van die Stad Kaapstad is hy “daarvan oortuig” dat die twee troppe bobbejane – die Seaforth-trop (16) en die Waterval-trop (44) – gevang en in ’n “semi-wilde, veilige hawe” geplaas moet word. Hy skryf in ’n meningstuk dít is die enigste manier waarop dié “halfmak”

Voorstanders daarvan dat 60 chacma-bobbejane in ’n semi-wilde omheinde gebied vir die res van hul lewe gehuisves word, meen die diere is nou te gewoond aan mense om gerehabiliteer te word. Foto’s van die bobbejane in die Kaapse Skiereiland wys hoe die bobbejane hekke oopmaak en tussen geboue in die strate in en om Simonstad rondloop. Omdat die bobbejane mense se kos vreet, is hul fisieke toestand ook swak, meen hulle.

bobbejane uit die vullisdromme, Simonstad se strate en inwoners se erwe, waar hulle “verwoesting saai”, gehou kan word. NEE, HEINING IS GENOEG Aan die ander kant is dr. Dave Gaynor, ’n primatoloog en navorsingsgenoot by die Soogdiernavorsingsinstituut aan die Universiteit van Pretoria. Hy meen ’n heining moet by die brandpad van Simonstad gespan word. Dan moet mense se gedrag oor hul afval drasties verander sodat dié 60 bobbejane van die Skiereiland wild kan bly. Hy beklemtoon die feit dat dit juis die bobbejane is wat die ekologie bewaar. Maar al is O’Riain se voorstel en navorsing reeds deur CPBMJTT se aksieplan aanvaar, stem Gaynor nie saam nie.

Voltooide kamp 2,52 ha

Simonstad

Kogelfontein

Waterval-trop: weidingsgebied 736,1 ha

Gaynor sê dit is bewys ’n heining kan help met die konflik tussen mens en bobbejaan, wat byna 30 jaar gelede begin het. Hy noem die voorbeeld van Zwaanswyk, ’n woonbuurt in Kaapstad, wat lank in konflik met bobbejane was, maar in 2013 reeds met ’n “ondeurdringbare heining van 2,3 km, spesifiek vir bobbejane”, beveilig is.

Gaynor se voorgestelde heining

Die konflik tussen die bobbejane en die mense daar het opgehou. Hy het aan Die Papier gesê hy het reeds finansierders vir ’n heining van 8,3 km al langs die brandpad, bokant Simonstad, gekry. Saam met die bobbejaan-moniteerders, wat reeds bestaan, “behoort hierdie konflik en spanning tussen die mense en die bobbejane iets van die verlede te wees”. ORGANISASIES TEEN GAYNOR Die CPBMJTT skop egter vas

WAAR IS BEWARING DAN? Intussen waarsku bewaringsorganisasies die CPBMJTT dat CapeNature sy mandaat as bewaringsorganisasie sal oortree as hy permitte uitreik om wilde bobbejane te laat vang om hul lewe in ’n hok deur te

bring. Bewaringsorganisasies is ook onthuts omdat die CPBMJTT beplan om die bobbejaanmannetjies te laat steriliseer en die wyfies voorbehoedmiddels in te gee sodat hulle nie aanteel nie.

Die Oktoberuitgawe is tot 22 Oktober op die rakke en kos R74,90

GROOT K Borskanker is die algemeenste kanker onder Suid-Afrikaanse vroue. Hoewel daar nie altyd ’n enkele oorsaak is nie, kan kennis, vroeë opsporing en die regte ondersteuning ’n groot verskil maak. Opgestel deur Vilien-Miri Coetzee, oorspronklik deur Christa Swanepoel geskryf Oktober is Borskankermaand, en dis ’n goeie tyd om jou borsgesondheid te ondersoek, te weet waarna om op te let en seker te maak jy kry die nodige hulp. Let op na die simptome In ’n baie vroeë stadium van borskanker is daar dikwels geen simptome nie, en dit is daarom belangrik om op enige veranderinge in jou borste bedag te wees.

Hoe vroeër borskanker opgespoor word, hoe beter is die kans op behandeling en herstel. Die waarskuwingstekens Algemene simptome sluit in: • ’n Knop of verdikking in of naby die bors of oksel • ’n Verandering in die grootte of vorm van die bors • ’n Lemoenskilvoorkoms • ’n Tepel wat intrek

40 wenners elk kry ’n

R250

koopbewys

GRATIS om in te skryf. Dit neem ’n minuut SKANDEER HIER EN WEN!

WEN R10 000 kontant!

Geldig vir al ons gemeenskapskoerante

Sluit aan by Pulse Loyalty en wen

R2 000 kontant elke week in Oktober.

NM10075722-PA091026

• Abnormale afskeiding • Skurwe, rooi of geswelde vel op die bors, tepel of areola

JY EN DIE

teen Gaynor se voorstel en het in antwoord op Die Papier se vrae gesê ’n sekuriteitsheining bokant Simonstad en die Vloot se basis sal minstens R40 miljoen kos om op te rig. Dié werk sal vier jaar duur en die “kwessie” moet nóú opgelos word. Boonop is die CPBMJTT “bekommerd” Gaynor se plan om Simonstad “af te sper”, is onprakties en sal misluk, en dan is al die geld vermors. Gaynor waarsku egter die beoogde “gevangenskap van die bobbejane” kan die reputasie van die Stad Kaapstad as toeristebestemming en sy Wêrelderfenisstatus knou. Die CPBMJTT sê hy het reeds R10 miljoen bestee om die geëlektrifiseerde “semi-wildernisomheining” van 2,5 ha by Kogelfontein buite Scarborough op te rig. CPBMJTT se plan was om al die bobbejane reeds einde September agter tralies te hê, maar dié spertyd is reeds verstreke.

SAMANTHA GRAHAM-MARÉ Parlementslid en die voormalige adjunkminister van elektrisiteit en energie Lees ons artikel oor die politikus Samantha GrahamMaré se reis met kanker ná twee borskankerdiagnoses in rooi rose se Oktober-uitgawe.

Jou geestesgesondheid ’n Borskankerdiagnose raak nie net die liggaam nie, maar kan ook jou én jou gesin se emosionele welstand beïnvloed. “Dit is nie maklik om te hoor dat jy kanker het nie. Dit gaan nie net oor die liggaam nie, maar ook oor die verstand,” sê Gretchen Minnaar, Kansa se bestuurder van dienslewering: Psigososiale ondersteuning. Sommige vroue ervaar angs, depressie of posttraumatiese stres tydens hul kankerreis. Chemoterapie kan ook die sogenaamde “chemobrein” veroorsaak, wat lyers se konsentrasie en geheue kan beïnvloed. ’n Mastektomie of komplikasies soos limfedeem kan verder ’n vrou se selfbeeld en emosionele welstand raak. “Wanneer jy te veel stres of gemoedskommelinge ervaar, is dit belangrik om ondersteuning te kry,” sê Gretchen. Kansa bied gratis ondersteuning deur gekwalifiseerde maatskaplike werkers via ’n teleberadingsdiens, asook aanlyn ondersteuningsgroepe en individuele of groepsterapie.

STYLVOL, SINVOL, PROPVOL

Kansa beveel ook aan dat ’n mens tyd in die natuur deurbring, jou gevoelens neerskryf, meditasie probeer en met jou mediese span oor geskikte beweging te praat. Vra ook vir ’n verwysing na ’n geestesgesondheidskenner as jy dit nodig het. Siftingstoetse maak saak “Siftingstoetse is baie belangrik om kanker vroeg te ontdek, wat behandeling makliker maak,” sê Gretchen. Dit is veral belangrik om te weet watter siftingstoetse beskikbaar is as jy ’n familiegeskiedenis van kanker het. Kliniese borsondersoeke kan by Kansa-sorgsentrums en gesondheidsklinieke gedoen word. Mammogramme kan by staatshospitale se borsklinieke met ’n verwysingsbrief gedoen word, of deur private radiologiese dienste. Borsselfondersoek is ook belangrik. Let op ongewone veranderinge. Leef gesond Daar is ook sekere leefstylkeuses wat jou risiko kan help verlaag. Vermy oormatige alkohol, moenie rook nie, oefen gereeld, eet gesond en handhaaf ’n gesonde gewig. Besoek www.cansa.org.za

VOLG ONS @ROOIROSE ROOIROSE.CO.ZA


8

Die Papier Vrydag 16 Oktober tot Donderdag 22 Oktober 2026

IN DIE NUUS Kempton-moorde: 3 in hof oor horlosie Drie mans het Maandag in die Kemptonpark-landdroshof verskyn in verband met die vermeende diefstal en herverkoop van ’n slimhorlosie, wat aan die vermoorde Elizabeth Moselakgomo (38, foto) behoort het. Kenneth Chibuzor, Stephen Mahlakwane Sekhukhune en Danial Anthony Moat word aangekla van geldwassery, diefstal en besit van gesteelde eiendom. Moselakgomo het op 9 September vermis geraak. Haar lyk is op 12 September in Rhodesfield gevind. Die staat beweer die slimhorlosie is minder as 24 uur nadat Moselakgomo laas gesien is, bekom en is vervolgens deur die beskuldigdes verkoop en herverkoop. Die hof het die saak tot 19 Oktober uitgestel vir Chibuzor se borgtogaansoek. – Lise Beyers, NovaNews

Creecy sê sy sal POF-versoek keer Barbara Creecy, die minister van vervoer (foto), is van plan om die Padongelukfonds (POF) se versoek vir ’n brandstofheffing van tot R3 per liter, te keer, en sê Suid-Afrikaners is reeds onder ernstige finansiële druk. Die POF het ’n versoek aan Nasionale Tesourie gerig vir ’n verhoging van 75c in die brandstofheffing. Dit kom te midde van brandstofpryse wat rekordvlakke van bo R30 per liter bereik het. “So lank as wat ek in hierdie werk is, sal ons nie by Nasionale Tesourie vir ’n verhoging in die brandstofheffing aansoek doen nie,” het Creecy aan eNCA gesê. “Verbruikers is reeds onder genoeg druk.” – Lise Beyers, NovaNews

Só lyk die luggehalte Suid-Afrika se luggehalte-indeks (LKI) het vandeesweek weer uiterstes opgelewer. Rustenburg en Benoni het as die vuilste gebiede uitgestaan, waar die LKI weens swaar nywerheidsbesoedeling tot ’n ongesonde 125-158 gestyg het. In kontras hiermee het Nieuwoudtville in die Noord-Kaap met die land se suiwerste lug en ’n bobaas-LKI van tussen 12 en 24 gepronk. Die groot uitskieter was Johannesburg. Dié metropool, wat gewoonlik onder dik rookmis gebuk gaan, het weens lentewinde en donderstorms skoon lug geniet met ’n skitterende LKI van 36-75. – Kaylie Joubert

Nuus

Vrou kritiek ná ongeluk waarin man sterf ’n Geldinsamelingsveldtog is begin om die mediese uitgawes van die 31-jarige Sunica Müller van Upington te help delg nadat sy ernstig in ’n motorongeluk beseer is. Haar man, Léhan Müller (33), is in die ongeluk dood. Die egpaar se voertuig het Dinsdag 6 Oktober omstreeks 18:00 buite Olifantshoek teen ’n aankomende vragmotor gebots. Léhan is op slag dood. Hul drie jong kinders was nie saam met hulle in die voertuig nie. Léhan en Sunica was sowat agt jaar getroud. Die gesin het blykbaar

‘Nie nóg olie op die vuur’ Extinction Rebellion Suid-Afrika neem deel aan die “Stop Adding Fuel To The Fire”-betoging buite die Kaapstad Internasionale Konvensiesentrum tydens Afrika-energieweek in Kaapstad. Die betoging het ten doel om regerings te dwing om onmiddellike optrede teen die klimaat- en ekologiese noodtoestand te neem deur niegewelddadige burgerlike ongehoorsaamheid. Foto: Brenton Geach, Gallo Images

Solidariteit wen saak teen kwotas vir reg

962 832

Weyers wil laaste dae in Rooiels deurbring Die veteraan-akteur Marius Weyers (81) het vandeesweek aangekondig terminale kanker is by hom gediagnoseer en hy het besluit om nie verdere behandeling te ondergaan nie. Weyers sê hy wil sy laaste dae by sy huis in Rooiels deurbring. Hy het vrede oor sy diagnose en sê hy is verlig dat sy lewe sonder sy geliefde vrou, Evette, nie meer te lank sal duur nie. Evette, ’n beeldhouer, is in 2023 aan Alzheimer se siekte dood. Weyers het haar versorg. Weyers is een van die bekendste

gesigte in die Afrikaanse toneelwêreld, met ’n loopbaan wat oor meer as 50 jaar strek. Hy het sy loopbaan op die verhoog begin, en sal veral onthou word vir sy vertolking van Jakes in Siener in die Suburbs, ’n rol wat hy ook later op die silwerdoek vertolk het. Weyers is plaaslik bekend vir verskeie televisiereekse en rolprente soos Paljas, Onder draai die duiwel rond en Fees van die ongenooides. ’n Biografie oor sy lewe, getiteld Marius Weyers, het in 2023 by Protea verskyn. – Ilse Salzwedel

Kaapse kunstenaar Theo Kleynhans sterf Theo Kleynhans, ’n bekende kunstenaar en kurator van Kaapstad, is Dinsdag dood nadat lewerkanker in Julie by hom gediagnoseer is. Kleynhans was ’n veelsydige kunstenaar en ewe bekend om sy unieke pottebakkery as vir sy skilderye. Hy was etlike jare by kunstefeeste soos die KKNK, Aardklop en die Woordfees as kunskurator betrokke. Kleynhans was ewe vaardig met

die pen en drie van sy dramas is by kunstefeeste opgevoer. Sy kuns het hom deur die jare verskeie toekennings, soos die Dreams-prys, die Plascon Painting-prys en die SA BroueryeBeeldhouprys besorg. Kleynhans was ook ’n finalis in die AbsaL’Atelier-toekennings, sowel as die Momentum Life- en die APSA Keramiek-toekennings. – Ilse Salzwedel

Bloem se water-aanlegte skok Jack Bloom Dr. Jack Bloom, die adjunkminister van water en sanitasie, het Maandag twee vervalle waterbehandelingsaanlegte in Mangaung besoek. Hy was geskok oor die toestand van die Sterkwater-afvalwateraanleg. Hoewel dit gedeeltelik in werking is, vloei onverwerkte rioolafval verby die aanleg en beland direk in die Renosterspruit. Ongeveer 10 jaar gelede is bouwerk aan ’n nuwe deel by Sterkwater begin, maar dit is nooit voltooi nie. Die ou aanleg wat intussen die werk moet doen, is ook buite werk-

ing. Solomzi Henge, sanitasiebestuurder van die Mangaung-metro, sê herstelwerk aan die ou aanleg sal teen Januarie gedoen word. In antwoord op ’n vraag deur Bloom sê Henge as die geld beskikbaar is, kan die nuwe aanleg binne ongeveer 18 maande in werking wees, met sommige van die toerusting wat nog bestel moet word. Henge het gesê sowat R2 miljard is nodig om die metro se 13 waterbehandelingsaanlegte ten volle in werking te stel. Hy het gesê die Sterkwater-aanleg benodig sowat R600 miljoen om die punt te bereik waar dit op

twee maande gelede na Upington verhuis. Sunica is aanvanklik in ’n hospitaal in Kathu opgeneem, maar is weens die erns van haar beserings per lugambulans na ’n private hospitaal in Kimberley oorgeplaas. Volgens inligting op ’n WhatsApp-kanaal wat deur Jenni van der Merwe, Sunica se suster, begin is, is haar suster se beserings baie ernstig. Daar is wel bemoedigende tekens, soos dat Sunica haar susters se hande gedruk het toe daar met haar gepraat is. – Helena Barnard, Noordkaap Bulletin

Soveel matriekleerders het vandeesweek met hul eindeksamen begin. Altesame 815 051 heeltydse en 147 781 deeltydse leerders skryf die eksamen vir die Nasionale Senior Sertifikaat. – NovaNews

Wiel kom af, tref negejarige teen kop

Solidariteit het ’n saak in die Pretoriase hooggeregshof teen die minister van handel, nywerheid en mededinging se raskwotas vir die regsberoepe gewen. Die raskodes is ongeldig verklaar, en die minister moet Solidariteit se regskoste betaal. Verskeie groot regsfirmas was saam met Solidariteit mede-applikante in die saak. Volgens dr. Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Solidariteit (foto), is die uitspraak ’n reuse-oorwinning oor die regering se roekelose rassebeleid. Solidariteit beskou die sektorkodes, wat in September 2024 uitgevaardig is, as ras-telkaarte vir die werkplek. Die hof het bevind dat die minister se besluit om die kodes uit te vaardig irrasioneel was en dat hy nie aan die statutêre en grondwetlike vereistes voldoen het nie. Die kodes is dus met koste tersyde gestel. – NovaNews

Die publiek se hulp word gevra in die ondersoek na die dood van ’n negejarige meisie van Eastridge in Mitchells Plain, ten tyde van ’n onwettige spinning-byeenkoms. Inwoners het op Facebook gesê ’n wiel van een van die motors wat aan die byeenkoms deelgeneem het, het vermoedelik losgekom en die negejarige teen die kop getref. Kapt. Lisa Munro, polisiewoordvoerder van die Atlantis-polisie, het die kind se dood bevestig. Die kind is in die Blaauwberghospitaal dood. Die Table View-polisie ondersoek die voorval. Die polisie vra dat enige videoopnames, selfoonmateriaal of anOudveldwagter, nog 1 der bewyse wat lig op die voorval skuldig aan stropery kan werp, met die polisie gedeel sal word. – Murphy Roberts, ’n Voormalige KrugerwildtuinWeskusNuus veldwagter en ’n staatsveeartsenykundige tegnikus is skuldig bevind aan die onwettige jag en doodmaak van ’n witrenoster in ’n beskermde gebied. Die Skukuza-streekhof het Vrydag Rodney Landela, wat as ’n streekveldwagter by Kruger gewerk het, en Kenneth Mochocho, ’n voormalige diergesondheidstegnikus by die staatsveeartsenykunDr. Jack Bloom by die Sterkdige diens, op twee aanklagte water-afvalwateraanleg. Foto: skuldig bevind. Die twee is skuldig Lientjie Mentz bevind aan die onwettige jag van ’n volle kapasiteit werk. beskermde spesie en die besit van Soos dit nou staan, is die ou ’n vuurwapen met die doel om ’n aanleg in ’n slegte toestand en is misdaad te pleeg. daar ’n goeie kans dat dit binneDie saak het omtrent ’n dekade kort weer sal ingee, het Henge lank deur die howe gesukkel. Die gewaarsku. twee mans is nog nie gevonnis nie. – Lientjie Mentz, NovaNews – Lise Beyers, NovaNews


Nuus

Vrydag 16 Oktober tot Donderdag 22 Oktober 2026 Die Papier

Verskillende kategorieë?

‘DIT SAL DRUK OP DIE REGERING VERHOOG’

‘Moord is moord’

Volgens die petisie van Amnestie Internasionaal Suid-Afrika sal die kriminalisering van vrouemoord ’n “belangrike stap (wees) in die erkenning van die geslagsgedrewe motief agter die misdaad”. Dié onderskeid, sê die organisasie, sal help dat die patrone van geslagsgeweld, wat vrouemoord voorafgaan – soos geweld deur lewensmaats, verkragting en agtervolging – nie as geïsoleerde voorvalle behandel word nie. Dr. Tegan Snyman van Amnestie Internasionaal SA erken wel dat aparte kategorisering nie vrouemoord sal voorkom nie. Volgens haar sal dit egter help met meer akkurate syfers en die identifisering van misdaadpatrone. “Dan sal ’n mens sien hoeveel vroue vermoor word, deur wie en onder watter omstandighede. Is dit weens

Ilse Salzwedel ilse.salzwedel@diepapier.co.za

Die menseregte-waghond Amnestie Internasionaal se Suid-Afrikaanse arm het onlangs ’n aanlyn petisie van stapel gestuur waarin hulle vra dat vrouemoord as ’n aparte misdaad gekategoriseer word. Verskeie burgerregte-organisasies, landbou-unies en politieke partye vra ook reeds jare dat plaasmoorde as ’n aparte misdaad en ’n prioriteitsmisdaad geklassifiseer moet word. Gevalle soos dié van Sarie de Villiers (71) van Wellington, wat in 2021 in die Bainskloofpas oor ’n afgrond gery het om haar drie agterkleinseuns “van hulle swaarkry te verlos”, gee ook stukrag aan argumente dat kindermoord apart geklassifiseer moet word. Al drie seuns is dood, maar daar was baie openbare simpatie vir De Villiers, wat skuld beken het en 20 jaar tronkstraf opgelê is. Maar sal die herkategorisering van moord – en die gepaardgaande verandering aan wetgewing – hoegenaamd help dat minder mense in Suid-Afrika vermoor word? Glad nie, sê dr. Llewelyn Curlewis, ’n strafregkenner van Pretoria. “Ons het genoeg wette en die reg is goed genoeg ontwikkel om voorsiening te maak vir elke situasie en soort misdaad waarmee ons te kampe het.” Nog wette gaan nie die samelewing “beter of veiliger” maak nie, sê Curlewis. “Moord is moord. Die reg is baie duidelik hieroor: Jy het óf moord gepleeg, óf jy het strafbare manslag gepleeg.” Die element van skuld bepaal die oortreding, verduidelik hy.

Caleb, Gradwell en Joshua Booysen.

“

Daar moet gekyk word na die impak op die slagoffer, maar ook na die agtergrond van die misdadiger. – Dr. Llewelyn Curlewis

ll de Vi Sarie

“As jy iemand opsetlik vermoor het, is dit moord. As jy nalatig was, is dit strafbare manslag.” Volgens Curlewis kan ’n onderverdeling van moorde selfs tot meer regsonsekerheid lei. VONNISSE MOET GEPAS WEES Curlewis verduidelik dat vonnisoplegging uiteindelik by die hof berus, wat verklaar hoekom verskillende howe verskillende strawwe vir dieselfde misdaad oplê.

9

iers

“Die hof moet kyk na die impak op die slagoffer, maar ook na die agtergrond van die misdadiger.” As die hof bevind dat daar versagtende omstandighede is, soos in die geval van De Villiers, mag ’n ligter straf as die maksimum vonnis opgelê word. De Villiers kon lewenslange tronkstraf op elke aanklag opgelê word. Verswarende omstandighede moet egter ook in ag geneem word. Curlewis meen howe kan wel soms meer doen om ’n gepaste vonnis te verseker.

‘STRAWWE MOET STRENGER TOEGEPAS WORD’ Tania Koen is ’n prokureur van Gqeberha en ’n bekende aktivis teen geslagsgeweld. Volgens haar is dit “hoogs onwaarskynlik” dat die kategorisering van vrouemoord as ’n aparte misdryf sal help dat minder vroue in Suid-Afrika sterf, of dat geslagsgeweld afneem. “Ek dink dit gaan net ’n bykomende bewyslas op die staat plaas. Daardie energie kan eerder gebruik word om tekortkominge in die polisie aan te vul, toe te sien dat DNS-uitslae vroeër bekendgemaak word en om ons vervolgingsgesag te versterk sodat ons meer skuldigbevindings kan kry.

huishoudelike geweld aan die hand van mense wat hulle ken, of word hulle deur onbekendes vermoor? Word hulle eers verkrag en word hul liggame dalk geskend?” Dit alles kan druk op die staat verhoog om toe te sien dat sake behoorlik ondersoek en [die skuldiges] vervolg word, meen Snyman. “Jy kan nie iets regstel as jy nie eers behoorlik rekord hou daarvan nie.” Prof. Christiaan Bezuidenhout, ’n kriminoloog verbonde aan die Universiteit van Pretoria, sê geen misdaad kan voorkom word deur dit ’n nuwe naam te gee nie. Maar dit kan help om meer betroubare syfers oor ’n spesifieke soort misdaad te kry, wat kan help dat dit beter bestuur word. Hy stem saam met Snyman dit kan help met druk op die regering – ook deur internasionale rolspelers.

“Tans is die straf vir moord en verkragting reeds lewenslank. Dit moet net by vonnisoplegging streng toegepas word.” STELSEL ÉN GEMEENSKAP MOET VERANDER Al die kenners met wie Die Papier gesels het, sê die misdaadsyfer in Suid-Afrika kan hoofsaaklik toegeskryf word aan verskeie sistemiese probleme. “Ons het die beste wette én baie goeie regslui, maar die wette word nie behoorlik toegepas nie. “Behoorlike vervolging bestaan omtrent nie meer nie, want die stelsel is net te vrot,” sê Bezuidenhout. “Ons kort ’n totale reset – nie net van ons polisie en regstelsel nie, maar ook van ons ekonomie, ons maatskaplike stelsel en ons opvoedingstelsel.” Hy benadruk dat die gemeenskap ook ’n belangrike rol het om te vervul. “Nóg die polisie, nóg die regstelsel kan die probleme alleen oplos. Dis nie net hul werk nie; die probleem lê ook by ons. “Ons kort ’n morele kompas.”


10

Die Papier Vrydag 16 Oktober tot Donderdag 22 Oktober 2026

Nuus

Bohemia Hoffmeester-Jumatt bohemia.jumatt@diepapier.co.za

B

Van die toertjies wat deur die

rolverdeling van Spinners raeden Buys (27) en gedoen word. Chelsea Thomas (26), twee van die hoofkarakters van die vreesaanjaende reeks Spinners op Mzansi Magic, het grootgeword met spinning in hul tuisdorp, Kraaifontein, in die noordelike voorstede van Braeden Buys Kaapstad. Spinning is wanneer jy teen ’n hoë spoed met ’n voertuig met tollende agterwiele in sirkels ry en allerhande toertjies doen. Nooit sou hulle kon dink dat hulle eendag deel sou wees van ’n suksesvolle, internasionale projek waarby spinning betrokke is nie, vertel hulle aan Die Papier. Spinners keer op 25 Oktober terug na die kassie vir ’n plofbare tweede seisoen. Dié seisoen gaan oor Buys, wat die rol van Trevor vertolk, wat saam met Ethan (Cantona James) van Kaapstad na Johannesburg verhuis op soek na roem, liefde en die moontlikheid van ’n meer stainsluit. Thomas sê hoewel spinning biele lewe. Thomas, wat die rol van nog altyd ’n groot deel van KraaiAmber vertolk, is ’n selfversekerde fontein was en sy daarmee bekend en buitengewoon talentvolle spinwas, het sy nooit regtig ’n belangner wat Ethan se wêreld as vriend stelling daarin gehad nie. en mededinger betree. “As ek mooi onthou, was ek seker Die eerste seisoen het internog net drie keer in my grootwordnasionale erkenning verwerf, jare by die pitch.” insluitend keuring vir die Interna’n Pitch is ’n teerblad waar mense sionale Reeksfees van Cannes, die bymekaar kom om te kyk hoe getoekenning vir Beste Buitelandse spin word. TV-reeks by die Shanghai- Inter“Ek het dit altyd as gevaarlik nasionale TV-fees se Magnolia-toe- beskou – iets waaraan slegs mans kennings, en drie toekennings by kon deelneem. die Dakar Series. Seisoen 2 brei “Selfs toe ek die rol in Spinners hierdie reis verder uit en word in losslaan, het ek gedink: Ek vat een meer as 45 lande uitgereik, wat groot kans. Ek weet nie waar om te Nederland, Switserland en België begin nie. Hoe gaan ek ooit my eie

Van ‘spinning’ in hul tuisdorp tot op die skerm

“

Ek het dit altyd as gevaarlik beskou – iets waaraan slegs mans kon deelneem. – Chelsea Thomas

stunts kan doen?” Hulle het afrigting ontvang. “En nou is ons gemaklik agter die wiel!” Dis ook in die reeks waar Thomas agtergekom het die spinning pitch is nie net ’n man se speelveld nie. “Spinners het my kom leer dat vroue soos Kayla Oliphant, Stacey-Lee May en baie ander ook nou die pitch dominate. Dis nie meer net ’n speelterrein vir mans nie.” Thomas, wat voorheen in Arendsvlei, Wyfie en Alles Malan te sien was, het haarself uitgedaag om nie meer die rol van jong onskuldige meisies soos voorheen te vertolk nie.

“Ek het nooit gedink ek sou ooit eens ’n oudisie vir ’n projek soos Spinners doen nie. Ek was nie altyd so ’n go getter soos nou nie, maar Spinners het my kom leer om nooit myself in te perk nie. Dis ’n ervaring wat ek vir niks sal verruil nie.” Buys vertel aan Die Papier absolute chaos het onder die rolverdeling uitgebreek toe hulle die omvang van die projek besef. “Dit was die Franse en Showmax. Dit was ’n absolute malligheid! Ek dink almal het geweet dit gaan ’n groot, groot, groot produksie wees en ek dink dis wat almal so opgewonde gemaak het om hul álles te gee.” Toe Buys, wat al vir 20 jaar akteur is en al in Wyfie, Skemergrond en Arendsvlei te sien was, aanvanklik ’n oudisie vir die rol van Trevor gedoen het, het dit vir hom gevoel asof hy ’n miljoen keer moes teruggaan om sy vernuf voor die kamera te vertoon. Uiteindelik het Jaco Bouwer, die regisseur, en Joachim Landau, die Franse vervaardiger, hom persoonlik gekontak met die goeie nuus dat hy die rol losgeslaan het, vertel hy. “Ek het my alles gegee en ek dink toe hulle dit sien, het hulle geweet Trevor is myne! Hulle het ’n voorsmakie gekry van wie ek is en wat ek tot die karakter kan bydra. “Met die tweede seisoen het ek observe en geleer om lief te hê en besef dit is ’n commitment om sulke egte stories te vertel. Dis so ’n authentic body of work wat slegs deur hierdie span gedoen kan word.” Hy is dankbaar hy kan die finale produk op TV en mense se reaksie sien. “Dit wys net hoe ver ons as Suid-Afrikaanse vermaak gekom het en die talent van bruines. Dis ’n mooi ding om te aanskou. “Ons maak geskiedenis!”

R200 000 of Toyota Vitz op die spel Kaylie Joubert kaylie.joubert@diepapier.co.za Wat sou jy met R200 000 doen? Skuld afbetaal, ’n droomvakansie aanpak of dalk jou ou motor vir ’n splinternuwe een verruil? Vir deelnemers aan vanjaar se RSGDie Papier en Die Kinderfondsprojek-kompetisie is dit meer as net ’n lekker gedagte – dit is ’n moontlikheid wat terselfdertyd ’n kind se lewe kan verander. Met die kompetisie wat op 7 November sluit, is net enkele weke oor om deel te neem. Die wenner kan kies tussen ’n geldprys van R200 000 en ’n Toyota Vitz, terwyl mense wat altesaam R1 800 of meer skenk, ook die kans staan om R20 000 te wen. Moet egter nie net vaskyk in die pryse nie – jy kan met jou

Die Papier Die Papier word uitgegee deur Novus Media. KONTAK ONS nuus@diepapier.co.za lesers@diepapier.co.za REDAKTEUR Barnard Beukman

bydrae kinders help om nie honger te gaan slaap nie en hul ontwikkeling ’n hupstoot te gee. Volgens Adrie van Staden, uitvoerende hoof van Die Kinderfonds, sluit al die organisasie se ondersteuningsprojekte voeding in. Dit beteken kinderhuise, gemeenskapskleuterskole, naskoolsorgprogramme en ontwikkelingsprogramme vir tieners help ook om ’n honger kol te stil. Vir sommige kinders is die kos wat hulle by ’n kleuterskool of nasorgsentrum ontvang die enigste behoorlike voeding wat hulle dié dag kry. Armoede is ’n groot faktor, terwyl kinders in sommige huishoudings ook onder omstandighede gebuk gaan waarin hul voedingsbehoeftes afgeskeep word.

ADVERTENSIES Jeannine van Zyl Bedryfsbestuurder jeannine.vanzyl@ diepapier.co.za Coleen Cilliers Advertensiebestuurder coleen.cilliers@ diepapier.co.za

Gesonde voeding is veral in ’n kind se eerste sewe jaar noodsaaklik omdat kardinale breinontwikkeling dan plaasvind. Dit lê dus ’n gesonde grondvlak vir onderrig. ’n Bydrae van slegs R50 kan reeds help om ’n kind vir ’n dag van voedsame kos te voorsien. Skenkers word boonop outomaties vir die kompetisie ingeskryf. ’n Skenking van R50 gee een inskrywing, R100 twee en R250 ses. Die kompetisie word moontlik gemaak deur RSG, Die Papier en Toyota Suid-Afrika. Skenkings kan aan Die Kinderfonds by Absa, rekeningnommer 2840157329, gegee word. Gebruik jou selfoonnommer as verwysing. Besoek diekinderfonds.co.za vir inligting.

VERSPREIDING Agentenavrae otdassistance@ onthedot.co.za HUISAFLEWERING 087 353 1291 diepapierintekening@ onthedot.co.za

VIND ONS BY

PERSKODE Die Papier onderskryf die SuidAfrikaanse Perskode. As u meen ons het ’n fout begaan, kontak die nuusredakteur, Lucia Poolman, by lucia.poolman@ diepapier.co.za, of kontak ons ombudsman, George Claassen, by mediaombud@novusmedia. co.za, of 083 543 2471. Klagtes kan ook by die Suid-Afrikaanse persombudsman ingedien word by 011 484 3612 of enquiries@ ombudsman.org.za.

OUTEURSREG Die Papier is ’n lid van die Sirkulasieburo van Suid-Afrika. Die Papier word bestuur, gedruk en uitgegee deur Novus Media. Ingevolge Art. 12(7) van die Wet op Outeursreg 1978 mag geen berig, artikel of foto sonder verlof van die eienaar gereproduseer word nie.


Nuus

Vrydag 16 Oktober tot Donderdag 22 Oktober 2026 Die Papier

11

BLITSIG, BITSIG EN BEKNOP

‘Robotte’ neem mikro-dramas oor

Voss is ’n gevierde pianis en komponis, wat ’n eksklusiewe nagklub vir kannibale bedryf. Evelyn – blind sedert haar kinderjare – herwin haar sig net voor hul troue en moet voorgee sy is nog blind om te oorleef . . . En dan is daar Carter, wat herhaaldelik deur ’n moordenaar in ’n hanswors-masker vermoor en elke keer in ’n oneindige tydherhaling wakker word. Nóg iemand wat in ’n nagmerrie wakker word, is Liam, wat in ’n alternatiewe New York, wat deur katte en honde regeer word en mense as troeteldiere verkoop, moet aanpas. Om nie van arme Martin te vergeet nie – hy word getransmigreer in ’n seekat en voorspel sokkeruitslae om geld te maak. Beslis belaglik, maar ook gewild. Reekse met draaiboeke soos dié is mikro-dramas: ’n Superkort sepie-agtige reeks op jou selfoon. Hoewel die konsep nie nuut is nie, is daar ’n nuwe element daaraan: Reekse wat vinniger, goedkoper en makliker deur kunsmatige intelligensie vervaardig word. WAT IS DIT? Mikro-dramas is vertikale, selfoon-eerste reekse van tot 60 episodes en ongeveer een minuut tot drie minute lank. Dit word ook “vertikale dramas” genoem omdat die kyker hul selfoon moet draai om die program die beste te kan kyk. Dit het in China begin ten tyde van die pandemie en oorgespoel na Amerika, waar maatskappye soos DramaBox, ReelShort en TikTok se PineDrama hul eie reekse vervaardig. Hollywood is ook nie juis agter nie, met rolprentmaatskappye wat al hoe meer daarin begin belê. Onder hulle is Bradley Bell, die hoofskrywer van die sepie The Bold and the Beautiful, en sy seun, Oliver. Hulle het Red Flair Entertainment gestig, wat die mikro-drama Hollywood Starlet vervaardig. Die regisseur Chris Baker sê: “Flieks is soos biefstuk-etes en mikro-dramas is die versnaperinge wat jy op die vliegtuig eet.” Intussen het die Amerikaanse sepiewêreld baie

In ’n studie deur Wei Li, Shijing Cheng, Jiwei Xiao, Heng Lan en Xiang Li is bevind dat KI-mikrodramas tot verslawende gebruik by ouer volwassenes lei. Volgens ’n artikel in Frontiers in Psychology is drie inhoudskenmerke ondersoek: emosionele realisme, narratiewe betrokkenheid en algoritmiese personalisering.

gekrimp – van 10 tot 12 sepies in die 1980’s, tot net sowat vyf vandag. WIE KYK DAARNA? Aanvanklik was die gehore ouer vroue, maar al meer mans en jonger vroue begin nou belangstel. DIE NAGEVOLGE EN VRESE Terwyl mikro-dramas nuwe gehore lok, begin KI-gegenereerde mikro-dramas die mark oorheers. Die gebruik van KI is ’n groot bron van kommer vir akteurs, skrywers en almal wat agter die skerms aan produksies werk. Die akteur Kylie Karson sê oudisies het van vyf tot 15 per week tot sowat twee gedaal. ’n Mikro-drama kos $100 000 tot $300 000, maar ’n KI-weer-

INTERNASIONALE APPS BESKIKBAAR IN SA: ReelShort: Gratis aflaai met in-app-aankope op App Store en Google Play, of kyk direk op reelshort.com in jou blaaier.

DramaBox: Gratis aflaai met in-app-aankope op App Store en Google Play, of kyk op dramabox.com.

gawe kos $60 000 tot $100 000. Sommige groot rolspelers, insluitend DramaBox, DramaWave en FlareFlow, begin al hoe meer sintetiese akteurs en omgewings omarm, waar geen menslike akteurs benodig word nie. Dit is ’n bitter pil vir ’n onderbenutte Hollywood-arbeidsmag, wat die veld eens as ’n werkredder beskou het. “Mense wat jare lank voltyds in hierdie ruimte gewerk het, gaan terug na hul daaglikse werk, gaan huis toe – en dit is rolverdeling, bemanning, vervaardigers,” sê Candace Mizga, ’n akteur in die vertikale

ruimte en medestigter van die mikrodrama-platform Chera TV, wat nie KI gebruik nie. “Dit was ’n reuse, reusesprong. Dit is nogal wild om te sien.” Hoewel ’n lewende-aksie-opname van ’n mikro-drama dalk 50 werkers vir sewe dae kan benodig, “sou ons nou vyf mense vir sewe dae nodig hê om een program te maak”, sê Guy Shimoni, die uitvoerende hoof en medestigter van die platform Shortical, wat lewende-aksie- en KI- vertikale video’s maak. Hoewel mikrodrama-

WAAR OM MIKRODRAMAS IN SUID-AFRIKA TE KYK: Hektik: Afrika se eerste toegewyde vertikale mikrodrama-stromingsapp. Beskikbaar as ’n selfoonapp met kort, portret-formaat episodes en ’n betaal-per-kyk-model. Hektik se debuut-reeks Exodus 20 het teen Oktober vanjaar meer as 1

miljoen betaalde kyke verbygesteek. Buka: ’n Kaapstad-gebaseerde mikrodrama-ateljee en stromingsdiens wat Suid-Afrikaanse vertikale reekse vervaardig in Engels, Xhosa en Zoeloe, met episodes van

60-90 sekondes. Buka stel sy reekse op sosiale media beskikbaar en op hul eie kykwerf. Dit bevat bekende titels soos After the Bell (meer as 5,26 miljoen kyke op TikTok en Facebook) en Mountain of Graves (Engelse riller).

Inligting is by 658 Chinese deelnemers van 60 jaar en ouer versamel deur middel van ’n vraelysopname. Die resultate toon dat al drie kenmerke nie net direk verslawende gebruik kan voorspel nie, maar ook ontsnappingsmotivering en vloei-ervaring aansienlik verbeter. Die studie bevestig die model: inhouds-

WAAROM SLAAG DIT?

sterkste direkte uitwerking op verslawende gebruik. Die navorsers bevind dat ouer volwassenes ’n geleidelike proses van “betree vir ontsnapping” na “moeilik om op te hou ná indompeling” ervaar. Emosionele realisme het die grootste effek, wat daarop dui dat KI-gegenereerde karakters wat as “regte mense” ervaar word, veral ’n

kenmerke versterk eers die behoefte om aan stres, eensaamheid of verveling te ontsnap, wat dan vloei-ervaring (diep indompeling met tydverlies en intense konsentrasie) bevorder, wat uiteindelik tot buite-beheer-gebruik lei. Vloei-ervaring het die

maatskappye al ’n geruime tyd met KI eksperimenteer, het die uitreiking van die Seedance 2.0-KI-videogenereerder in Februarie die aanvaarding van die tegnologie versnel, sê Shimoni. Volgens Shimoni was die “tegnologie regtig daar om ’n goeie storie te vertel en die kuns-effekte was nie te sleg nie”. DIE BEDRYF REAGEER Nogtans beweer sommige maatskappye dat hulle meer werkgeleenthede deur KI kan skep – nie minder nie. Shimoni sê platforms kan nou baie meer mikrodramas maak, in plaas daarvan om dieselfde aantal met minder mense te vervaardig. Hy voeg by: “Die besigheid is doeltreffender. Dus is ons eintlik onderbeman – ons werf meer; ons kort mense.” WAARHEEN LEI DIT? In China is meer as 95% van mikrodrama-titels in die eerste drie maande van 2026 na bewering met KI gemaak. Oor die Stille Oseaan sal kyker-aanvraag uiteindelik bepaal of KI- vertikale video’s ’n kortstondige nuuskierigheid of ’n hoeksteen van die formaat word. “Jy moet onthou – wie ook al hierdie dinge bestuur, bestuur syfers. “Hulle gee nie om vir jou gesig of my gesig nie,” sê die akteur Eli Jane, wat in sowat 30 vertikale video’s verskyn het. “As die gehoor nie vir KI opdaag nie, dan gaan hulle ophou om daardie inhoud te maak.” Bronne: The New York Times; Variety; NBC News; The Hollywood, AP News. sterk emosionele vergoedingsrol vervul. Die studie beveel aan dat platforms afkoelingsmeganismes en risiko-gevoelige aanbevelings implementeer, en dat families en gemeenskappe sosiale interaksie en digitale geletterdheidsopleiding aanbied om afhanklikheid te verminder.


12

Die Papier Vrydag 16 Oktober tot Donderdag 22 Oktober 2026

’n Week in die wêreld EU waarsku teen uitsaai van teregstelling Die Europese Unie (EU) het toelaat. Ingevolge EU-reëls moet Maandag digitale platforms platforms “hul eie voorwaardes gewaarsku om nie ’n en bepalings deeglik regstreekse uitsending handhaaf”, het Thomas van die teregstelling van ’n Regnier, EU-woordvoermassaskieter in Amerika der, gesê. uit te saai nie. “As jy na sommige Pete Hegseth, die platforms kyk, verbied Amerikaanse minister Meta uitdruklik die regvan verdediging, en die streekse uitsending van Pete Hegseth Pentagon het ’n plan voordoodstraf-teregstellings, Foto: AFP gestel om die dood deur en X en TikTok verbied ’n vuurpeleton van Nidal albei skokkende inhoud, Hasan, ’n weermag-psigien die verheerliking van ater, uit te saai. geweld,” het hy gesê. Hy het 13 mense dood“Geen kommentaar geskiet in ’n Al-Kaïdaoor wat hulle in die VSA geïnspireerde aanval op ’n doen nie, maar in Europa militêre basis in 2009. het ons duidelike riglyne,” Nidal Hasan Dit is vir 3 Desember het Regnier gesê. – AFP geskeduleer, maar dis nog onse• Alida Kok oor teregstellings ker of pres. Donald Trump dit sal – Dink, bl. 7

Gesteelde skilderye gevind; beskadig

Kuberkrakers sit winkel-yskaste af

Twee skilderye deur die impressionistiese meester Pierre-Auguste Renoir, wat uit ’n museum in suidelike Frankryk gesteel is, is later ontdek waar dit agter ’n muur weggesteek is. Volgens aanklaers het die skilderye ligte skade opgedoen. Diewe het verlede maand by die museum in die suidelike dorp Cagnes-sur-Mer ingebreek en met twee werke van Renoir weggekom. Ses verdagtes is verlede week in hegtenis geneem. Die owerhede het Vrydag aangekondig dat die twee vermiste gesteelde werke, ter waarde van €4,2 miljoen, gevind is. Nicolas Bessone, ’n staatsaanklaer, sê die skilderye is Donderdag in ’n huis in die suidelike dorp Clermont-l’Hérault gevind. Die skilderye was so goed agter ’n soliede sandsteenblok-muur versteek dat dit eers tydens ’n tweede deursoeking ontdek is. – AFP

Groot Franse supermarkkettings het Maandag gesê hulle is deur ’n kuberaanval getref wat veroorsaak het dat hul koelkaste in honderde winkels begin ontdooi het. Bederfde kos moes weggegooi word. E. Leclerc, Intermarché en Cooperative U het bevestig hulle is deur die aanval getref. Minstens 300 winkels van Intermarché of sy Netto-handelsmerk is geteiken, saam met meer as 100 Cooperative U-winkels, en verskeie E. Leclerc-winkels. BFM TV het gesê kuberkrakers het die verkoelstelsels van ’n afstand af afgeskakel. ’n Ingeligte naby die Franse premier Sébastien Lecornu het gesê Frankryk se kuberveiligheidsagentskap het reeds “ ’n kwesbaarheid in sagteware geïdentifiseer”. – AFP

Russiese oligarg kap terug na BBC Die Russiese oligarg Roman Abramowitsj het bewerings van belastingbedrog ontken, het sy prokureurs Dinsdag gesê, nadat ’n BBC-ondersoek beweer het dat dokumente vervals is om sy rykdom te verberg en om een van sy maatskappye te help om belasting te ontduik. “Daar is geen getuienis verskaf dat mnr. Abramowitsj geweet het van, gemagtig of gelas het die vervalsing of terugdatering van enige dokument nie, en hy ontken dat hy belasting ontduik of sy fortuin verberg het,” het die regsfirma wat Abramowitsj verteenwoordig gesê.

“Abramowitsj ontken enige wangedrag. Hy was nie betrokke by die daaglikse bedryf van die betrokke maatskappye nie,” het sy prokureurs bygevoeg. Die BBC het Maandag berig dat superskepe, private stralers en herehuise ter waarde van $672 miljoen uit Abramowitsj se maatskappyrekenings verdwyn het. Die BBC se aktualiteitsprogram Panorama het ook berig dat Abramowitsj se vennote die fortuine van twee van sy ander maatskappye vir die Sipriese owerhede verberg het. – AFP

Nuus

Susan Dell: Dís wat moontlik gebeur het Susan Dell, die vrou van die rekenaarmagnaat Michael Dell, het die internet en sosiale media die afgelope week aan die gons gehad met haar voorkoms. Die Dell-egpaar het verlede Dinsdag in die Oval Office langs pres. Donald Trump verskyn om te vertel van ’n trustfonds vir jong Amerikaners. Susan Dell se ingesinkte oë en vreemde postuur het die aandag getrek. Dr. Jennifer Armstrong, ’n beroemde kosmetiese dokter, het ’n gedetailleerde uiteensetting gedoen van die prosedures wat die 62-jarige Susan Dell moontlik ondergaan het. Armstrong het die voor- en

2008

2026

ná-foto van Susan vergelyk en opgemerk dat haar wenkbroue dieselfde is, terwyl dit as gevolg van natuurlike veroudering moes gesak het. Susan het ook moontlik ’n chirurgiese prosedure ondergaan wat oortollige vel, spiere en soms vet van die boonste ooglede verwyder. Armstrong het ook tot die gevolgtrekking gekom dat Susan waarskynlik ’n neusoperasie, vulmiddels, lipvulmiddels, ken-bo-

tox en wangvetverwydering laat doen het. Susan het nog nie op die reaksies gereageer nie. Eric Trump, die president se seun, het op X gesê mense is aaklig en die “bose aanvalle” op haar veroordeel. Mike Dell het op X gesê: “Julle het veels te veel te sê oor my vrou. Sy is nou mooier as ooit . . . Hou aan grappies maak as julle wil. Ek is die een wat in die oggend wakker word langs haar.” – Times of India, AFP

Die Withuis se nuwe woordvoerder loop deur

Thunberg sluit aan by Franse protes Die Sweedse aktivis Greta Thunberg (foto) het Dinsdag by hoërskoolleerders aangesluit wat beter leertoestande in Frankryk eis te midde van landwye betogings. Die 23-jarige het tussen leerders gestaan wat buite ’n skool in die hart van die beweging in die hoofstad se grootste voorstad, Saint-Denis, betoog het. Thunberg het by die Paul Eluard-hoërskool aangekom, terwyl prokureurs ’n menslike ketting gevorm het om tieners te beskerm ná talle bewerings van polisiegeweld. “Jong mense word nie by die gesprek ingesluit nie. Ons toekoms word ons ontneem,” het Thunberg aan AFP gesê. Franse owerhede het gehoop dat die betogings voor die halftermynvakansies sal begin afneem. “Ons behoort op ongeveer 200 skole te wees wat gesluit is, wat minder is as verlede week,” het Edouard Geffray, die minister van onderwys, Dinsdagoggend gesê. Franse skoolkinders sê hulle is vasbeslote om die regering te dwing om die probleme van te veel afwesige onderwysers, vervalle geboue, oorvol klasroosters en ander griewe op te los. Nagenoeg 161 500 mense het Dinsdag optogte oor Frankryk heen gehou. Hoewel die meeste vreedsaam was, het konflik met die polisie in Parys uitgebreek. – AFP

“Wel, dit was vreemd.” Dit was The Guardian se reaksie op die eerste optrede van Katie Zacharia as die Withuis-woordvoerder vandeesweek. “Sy het haar debuut op die podium gemaak met al die warmte, wysheid en politieke insig van ’n kunsmatige intelligensie-avatar.” Zacharia (41) het ’n verklaring stotterend voorgelees en net drie vrae van die joernaliste beantwoord. “Ek het gedink sy was baie goed,” het pres. Donald Trump aan verslaggewers gesê. Maar ander Withuis-amptenare het gewonder hoeveel sy voor die mediakonferensie voorberei het en bevraagteken hoe lank sy in die rol sal hou. Intussen probeer die Withuis wal gooi oor vrae oor Zacharia se regskwalifikasie. Trump het Zacharia “ ’n prokureur” genoem in sy aankondiging van haar aanstelling, en haar LinkedIn-profiel sê sy het as algemene regsraad vir Fix California gedien, ’n niewinsgewende orga-

nisasie gestig deur Ric Grenell, ’n hoëprofiel Trump-raadgewer. Toe sy Dinsdag gevra is waar sy tot die balie toegelaat is, het Zacharia China genoem – nie ’n VSA-deelstaat of die Distrik van Columbia nie, waar ’n mens toegelaat sou moes word om in die regte in die VSA te praktiseer. Op dieselfde vraag het die Withuis nie uitgewei oor of Zacharia ooit ’n praktiserende prokureur in Amerika was nie. Zacharia het ’n regsgraad van Pepperdine-Universiteit, wat die universiteit bevestig het. Die onafhanklike joernalis Judd Legum het eerste oor die vrae oor haar balie-toelatings berig en opgemerk dat Zacharia nie tot die balie in Kalifornië toegelaat is nie. – AFP

Akteur praat eerlik oor geestesgesondheid RJ Mitte, die jong akteur van Breaking Bad wat sy eie lewe geneem het, het dikwels vertel hoe hy met serebrale verlamming saamgeleef het. “Serebrale verlamming en geestesgesondheid gaan hand aan hand, want wanneer jy ’n fisieke gestremdheid het, is jy twee keer so geneig om geboelie te word,” het hy in 2015 gesê, volgens die Australian Broadcasting Corporation, en in dieselfde jaar aan Brain Health vertel: “Een ding wat ek uit my gestremdheid geleer het, is

dat wanneer daar ’n hindernis is, jy aanpas en groei. Jy kan nie toelaat dat daardie hindernis jou breek en ontmoedig nie.” Mitte (34) se jongste projek, ’n gruwelfliek, One Eye Open, word op Vrydag 16 Oktober uitgereik. Bryan Cranston, sy medester in Breaking Bad, het op Instagram gesê hy en Mitte het ’n paar weke gelede gesels oor wanneer hulle vir middagete kan ontmoet, wat nooit gebeur het nie: “Ek weet nie of daardie middagete sy toekoms sou verander het nie . . .” – AFP

Pillay vra VSA om weer verdediger te word Navi Pillay (foto), die wenner van die Nobelprys vir Vrede, het ’n beroep op Amerika gedoen om sy tradisionele rol as verdediger van menseregte en vryheid vir die res van die wêreld te hervat terwyl Amerika ’n veldtog voer om die Internasionale Strafhof te ondermyn. “My boodskap is: Julle moet terugkeer na jul ernstige rol as leier, om ’n bevrydende rol vir

die res van die wêreld te speel,” het Pillay (85) in Den Haag gesê, waar sy tans ’n regter by die Verenigde Nasies se hoogste regsliggaam, die Internasionale Geregshof, is. Ure nadat Pillay Vrydag as die wenner van die Vredesprys aangekondig is, het Amerika omvattende sanksies bekend gemaak wat op haar voormalige werkgewer, die Internasionale Strafhof, gemik was.

Sy het gesê die tydsberekening van die sanksies kon nie toevallig wees nie. “Ek dink dit is baie ongelukkig,” het Pillay gesê. – India Today


Nuus

Vrydag 16 Oktober tot Donderdag 22 Oktober 2026 Die Papier

‘G’n lasbrief vir March and March se Jacinta, kie’

Een van twee Airlink-vliegtuie vlieg in Augustus oor die DHL-stadion in Kaapstad. Foto: Ashley Vlotman, Gallo Images

Bohemia Hoffmeester-Jumatt bohemia.jumatt@diepapier.co.za

Verbyvlug: Airlink moet nou op die BLO reageer Christiaan du Plessis nuus@diepapier.co.za Al het die Burgerlugvaartowerheid (BLO) ’n verslag met bevindings aan Airlink oor sy omstrede verbyvlug by die Kaapstad-stadion gestuur, is dit nie te sê dié lugdiens het enige reëls oortree nie. Só sê Wouter Botes, ’n lugvaartkenner, nadat die BLO sy verslag oor die verbyvlug, wat op 29 Augustus plaasgevind het, aan Airlink gestuur het. Airlink moet nou op dié verslag kommentaar lewer. “Die feit dat daar bevindings is, beteken nie noodwendig Airlink het buite die reëls opgetree nie. Bevindings kan positief of negatief wees, maar gewoonlik word ’n bevinding nie gemaak as daar nié ’n probleem is nie,” sê Botes. Airlink en die BLO verskil egter oor die spertyd waarbinne die lugdiens op die bevindings moes reageer. Poppy Khoza, die direkteur van Burgerlugvaart, het vandeesweek op ’n mediakonferensie gesê Airlink het tot Donderdag 15 Oktober gehad om te reageer. Linden Birns, Airlink se woordvoerder, sê egter die

13

reëls gun hom 30 dae, gereken van 2 Oktober, toe die BLO die verslag aan Airlink gestuur en die uitnodiging vir kommentaar gerig het. Botes sê Airlink sal in sy reaksie op die BLO-verslag sterk bewyse en verduidelikings moet verskaf waar dit nodig geag word om die veiligheid van die vlug te bepaal. Hy benadruk dat die BLO se toestemming vir ’n verbyvlug nie die lugdiens daarvan onthef om aan die toepaslike reëls te voldoen nie. Volgens Botes kan die BLO se ondersoekproses binne ses maande afgehandel word. Indien Airlink hom tot die hof wend om die owerheid se optrede te betwis, kan die saak egter jare duur. Phutego Mojapele, ook ’n lugvaartkenner, meen die BLO is onder groot internasionale druk om sy ondersoek uit te voer. Die verbyvlug het nasionaal en internasionaal opslae gemaak nadat twee Airlink-vliegtuie voor ’n wedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks laag oor die stadion se dak gevlieg het. Beeldmateriaal daarvan is wyd op sosiale media versprei. Dit het veiligheidsvrae laat

ontstaan en of Airlink beplan het om so laag te vlieg. Airlink voer aan die vlieëniers het vooraf in vlugnabootsers geoefen en beplanning het reeds in Mei begin. Botes meen egter ’n risiko het bestaan dat iets kon skeefloop en tot ’n ramp kon lei. “Ek dink Airlink het ’n kans gewaag om só laag te vlieg. As hulle net ’n bietjie hoër gevlieg het, sou mense ook die vliegtuie vir langer kon sien.” Die verbyvlug by die Kaapstad-stadion was die tweede tydens die Greatest Rivalrytoer tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Airlink het later sy aansoek vir ’n derde verbyvlug onttrek – glo weens ongunstige weerstoestande. Airlink hou by navraag vol die verbyvlug in Kaapstad was in ooreenstemming met die BLO se goedkeuring en het aan alle veiligheidsvereistes voldoen. Birns sê die lugdiens het die opnames van albei vliegtuie se vlugdata-opnemer as deel van die ondersoek aan die BLO oorhandig. Dié opnemers teken onder meer die vliegtuie se hoogte aan.

’n “Is, is nie”-woordewisseling het Donderdag tussen die organisasie March and March en vervolgingsowerhede losgebars oor bewerings dat lasbriewe vir Jacinta Nogobese-Zuma, die leier van die beweging, en Xolani Zuma, haar man uitgereik is. Volgens Sandile Dube, die nasionale woordvoerder van March and March, het wetstoepassers, wat die beweging se werk ondersteun, aan hulle uitgelap ’n lasbrief is vir die egpaar se inhegtenisneming uitgereik. Volgens Dube glo sy organisasie die ANC sit daaragter. Intussen het brig. Athlende Mathe, ’n nasionale polisiewoordvoeder, sowel as Kaizer Kganyago, ’n woordvoerder vir die Nasionale Vervolginsgesag (NVG), by navraag bevestig hulle weet niks van enige lasbrief nie. Kganyago het dit ook duidelik gestel dat die NVG geen opdragte van politieke partye, ampsdraers of enigiemand anders met betrekking tot die uitvoering van sy vervolgingsfunksie ontvang nie. Die NVG neem onafhanklike en onpartydige vervolgingsbesluite, wat uitsluitlik op die Grondwet, wetgewing en die beskikbare getuienis gegrond is, voeg hy by. “Die NVG doen ’n beroep op individue en organisasies om hulle daarvan te weerhou om ongegronde bewerings te maak of kommentaar te lewer wat die strafregstelsel verkeerd kan voorstel en ondermyn. Die NVG bly daartoe verbind om sy werk sonder vrees, begunstiging of vooroordeel uit te voer.” Dube het aan Die Papier gesê die rede waarom die inligting met hulle gedeel is, is omdat hierdie fluitjieblaser-wetstoepassers nie gelukkig sal wees sou die egpaar in hegtenis geneem word nie. Volgens hom het hulle nog nie self na die owerhede uitgereik nie en moet die reg sy

gang gaan. Die egpaar is ook gereed om met die owerhede saam te werk. Dube sê egter hulle is daarvan oortuig dat die ANC agter hierdie politiek gedrewe aanval sit omdat hulle hul leiers met geld wou omkoop. Hy sê: “March and March is deur politieke leiers by die Uniegebou, waar hulle saam foto’s geneem het, genader, maar dis nie naastenby al wat gebeur het nie. “ ’n Vergadering is by ’n spesifieke hotel gehou om March and March se leiers met ’n geldinspuiting te beïnvloed. “ ’n Spesifieke invloedryke politieke leier in die ANC was by daardie vergadering teenwoordig, maar ek gaan nie enige name noem nie.” Dube sê hoewel die egpaar emosioneel is oor die hele aangeleentheid, gaan dit onder die omstandighede goed met hulle. “Dis moeiliker as jy nie ondersteuning het nie, maar hulle weet hulle het groot ondersteuning van [baie] Suid-Afrikaners,” sê hy. • Die ANC het teen druktyd nog nie kommentaar gelewer nie.

‘ONVERBONDE’ Nogobese-Zuma hou vol dat March and March politiek onverbonde is. Maar prof. André Duvenhage, ’n politieke ontleder verbonde aan die Noordwes-Universiteit, is egter van mening die beweging is ’n goed beplande en ondersteunde verkiesingsveldtog vir die MK-party. Duvenhage sê verder die beweging is ’n front wat niks anders doen as om vir die MK-party steun te bou nie. Hy is van mening March and March doen dit rondom ’n kwessie wat “baie, baie sensitief” is met verwysing na hul veldtog om ontslae te raak van alle onwettige immigrante in Suid-Afrika.

ANC wen kandidatelyssaak, maar DA waarsku oor presedent Christiaan du Plessis christiaan.duplessis@diepapier.co.za Die ANC het in die hof geslaag om sy “eie mislukking” om kandidatelyste betyds in te dien, ongedaan te maak. Só sê Ashor Sarupen, voorsitter van die DA se federale raad, nadat die konstitusionele hof Donderdag in ’n meerderheidsbeslissing gelas het dat die ANC se uitgeslote kandidate in ses munisipaliteite aan die plaaslike verkiesing op 4 November mag deelneem. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het die aansoek teengestaan. Fikile Mbalula, sekreta-

ris-generaal van die ANC, het teruggekap na die DA – wat ook teen die aansoek was – en gesê dit beteken die ANC sal sy samewerking met die DA binne die regering van nasionale eenheid (RNE) moet heroorweeg. Mbalula was so emosioneel, hy moes gaan sit, en het ná die uitspraak aan joernaliste gesê die “Grondwet het gepraat namens die mense van die land”. Sarupen sê hoewel die DA die uitspraak en die oppergesag van die reg respekteer, wek die beslissing ernstige kommer oor die presedent wat dit vir die nakoming van die OVK se spertye en vereistes stel.“Dit sal egter nie hul geluk

“

Foto: Gallo Images

Die Grondwet het gepraat namens die mense van die land. – Fikile Mbalula, sekretarisgeneraal van die ANC

by die stembus verander nie. Die ANC boer terminaal agteruit, en oor Suid-Afrika heen is

sy steun op rekordlae vlakke,” sê hy. Die saak spruit uit die ANC se versuim om die benoemings van 181 kandidate in ses munisipaliteite betyds af te handel. Die party het aangevoer dat hy die vereiste deposito betaal en die kandidate se besonderhede op die OVK se stelsel gelaai het, maar nie die knoppie vir die finale indiening gedruk het nie. Regter Rammaka Mathopo, wat Donderdag die hofbevel gelewer het, het gesê die OVK se besluit om die betrokke benoemings te weier, word tersyde gestel. Die ses munisipaliteite is Sundays River Valley, Walter Sisulu,

Ingquza Hill en Port St Johns in die Oos-Kaap, uMshwathi in KwaZulu-Natal en die Mangaung-metro in die Vrystaat. Die hof het die OVK gelas om alle nodige stappe te doen om die betrokke ANC-kandidatelyste en benoemings vir die verkiesing op 4 November in te sluit, onder meer op die stembriewe. Mathopo het gesê redes vir die bevel sal later verstrek word. Die ANC het die konstitusionele hof regstreeks genader om verlof tot appèl teen ’n uitspraak van die kieshof. Die kieshof het die OVK se besluit gehandhaaf om die betrokke benoemings nie te aanvaar nie.


14

Die Papier Vrydag 16 Oktober tot Donderdag 22 Oktober 2026

I

s daar enigiets meer veelsydig as die nederige eier? As bakker gebruik ek dosyne eiers per maand; daarom is ons besig om dit ernstig te oorweeg om hoenders in ons agtertuin aan te hou! Ek kan net dink hoe heerlik dit sal wees om in die oggende die hoenderhok te besoek en vars eiers by my henne te kry . . . Dan sal ek meer as genoeg hê om hierdie geurige frittatas gereeld vir my gesin te maak. Dit is ’n gesonde peuselhappie propvol proteïen en is ook eindeloos veelsydig – jy kan die smaak absoluut aanpas by dit waarvan jy van hou. Vandag deel ek twee van my gunstelingkombinasies, maar raak gerus kreatief!

Nuus

Frittatas propvol geur VINNIGE VYF

Foto: Karla Janse van Vuuren

Het jy geweet met net vyf bestanddele kan jy iets heerliks aanmekaarslaan? En as jy dalk een of twee ekstra bestanddele byvoeg, kan jy sommer maklik ’n hele paar geregte skep. Vandag se basisresep bestaan uit die volgende vyf bestanddele: tuna, pasta, mielies, cheddarkaas, ’n blikkie tamatie-en-uiemengsel. Met dié bestanddele kan jy die volgende maak:

MINI-FRITTATAS BESTANDDELE Vir die biltong-, botterskorsieen feta-frittatas: • 250 g botterskorsie, in klein blokkies gesny • 80 g biltong, in klein stukkies gesny • 100 g feta, gekrummel • 6 groot eiers • 60 ml melk • Sout en peper, na smaak

TUNA-PASTAGEBAK BESTANDDELE • 500 g rou pasta (skulpies werk goed) • 1 ½ k mieliepitte • 1 blikkie tamatie-en-uiemengsel • 1 blikkie tuna, gedreineer • 1½ k cheddarkaas, gerasper

Vir die spek, gekaramelliseerde uie en wit cheddar-frittatas: • 1 pakkie spek • 1 groot ui, in skyfies gesny • ’n groot handvol gerasperde wit cheddar • 6 groot eiers • 60 ml melk • Sout en peper, na smaak METODE 1. Vir die eerste smaakvariasie: Plaas die botterskorsie in ’n oondvaste bak en drup olyfolie oor. Geur met sout en peper. Rooster in ’n warm oond by 200 °C tot goudbruin en deurgaar. Verlaag die oond se hitte na 180 °C nadat jy die botterskorsie uitgehaal het. Bespuit ’n muffinpan met 12 holtes met kleefwerende kossproei, of voer dit uit met muffinpapiertjies (dan is dit sommer ook makliker om die pan agterna skoon te maak!). Klits die eiers, melk, sout en peper in ’n groot mengbak. Meng die botterskorsie, biltong en feta in ’n aparte mengbak. Verdeel die botterskorsiemengsel tussen ses van die holtes (jy kan dalk nog oorhê of meer muffins kan maak afhangende van die grootte van jou muffinpan. Gooi nou die geklitste eiermengsel by elke muffin – dit moet amper tot bo vol wees.) 2. Vir die tweede smaakvariasie: Braai die spek tot bros en snipper in klein stukkies. Gooi ’n bietjie olyfolie in die pan en braai die uie tot sag. Verlaag die hitte en voeg ’n bietjie sout en ’n skeut balsamiese asyn by (opsioneel). Braai die uie oor lae hitte tot gekaramelliseer

en roer elke nou en dan om te keer dat dit vasbrand. Klits nog ses eiers, melk en sout en peper in ’n mengbak. Meng die spek, uie en cheddar saam en verdeel hierdie mengsel nou tussen die ander ses muffinholtes. Vul met die geklitste eiermengsel. 3. Plaas die muffinpan in die warm oond en bak sowat 20 minute of totdat die bokante goudbruin is en die middel terugspring wanneer jy daarop druk. Laat die frittatas vir

40 wenners Wen R10 000 kontant! Geldig vir al ons gemeenskapskoerante

Sluit aan by

elk kry ’n

Karla Janse van Vuuren

’n paar minute in die pan afkoel voordat jy hulle uithaal. 4. Sit die frittatas onmiddellik voor as ’n peuselhappie, of saam met ’n groenslaai as ’n ligte maaltyd. Jy kan hulle ook heeltemal laat afkoel en dan vir tot vier dae in ’n lugdigte houer in die yskas bêre, of vir tot drie maande vries. Nog frittata-smaakkombinasies om te beproef: • Spinasie, feta en dille

R250 Loyalty en wen

R2 000 kontant Ondersoek jouself..

elke week in Oktober.

Bespreek jou skandering.

METODE 1. Voorverhit die oond tot 180 °C. 2. Smeer ’n groot oondvaste bak met botter of bespuit met kleefwerende kossproei. 3. Meng al die bestanddele (behalwe ½ k van die kaas) deeglik saam in ’n mengbak en skep in die voorbereide bak. Sprinkel die res van die kaas bo-oor. 4. Plaas in die warm oond en bak vir sowat 20 minute tot deurwarm. Sit voor saam met ’n groenslaai. Skandeer die volgende QR-kode vir nog drie variasies op die resep: 1. Tunapasta-happies 2. Geurige tunapasta-kasserol 3. Tuna, mielie en pasta-koekies • Sampioene en gruyere-kaas • Tamatie, basielkruid en mozzarella • Aspersie, bokmelkkaas en preie • Chorizo of salami en geroosterde rooisoetrissie • Bloukaas en peer • Soetpatat, rooiuie en beleë cheddar • Oorskiet- gebraaide boerewors en chakalaka

koopbewys

GRATIS om in te skryf. Dit neem ’n minuut

Sluitingsdatum 31 Oktober 2026 Trekkingsdatum 6 November 2026. B’s & V’s geld

SKANDEER HIER EN WEN. SAMXXX-PA091026


Sake Vrydag 16 Oktober tot Donderdag 22 Oktober 2026

MINI-BEGROTING:

Wie gaan vir olieskok betaal?

D

ie tesourie het in die begrotingsoorsig van Februarie ’n slegste scenario geskets – geopolitieke spanning, duurder olie en gas, ’n swakker rand en rentekoerse wat langer hoog bly. Hulle het dit “scenario B” genoem. Teen April was dit nie meer ’n scenario nie, maar die werklikheid. Die mini-begroting op 21 Oktober is die eerste kans om te sien hoe die regering die kosterekening hanteer. Die regering se enkele reaksie op die skok was om die brandstofheffing van April af met R3 per liter te verlaag en in Mei die dieselheffing heeltemal te skrap. Dit het R17,2 miljard se inkomste gekos. By die pomp het ’n mens dit skaars gemerk. In Gauteng was die groothandelprys van diesel in Maart R18,54 per liter. In Mei, sonder enige heffing, was dit R31,18. Ná die Oktober-aanpassing is dit R31,95, of 72% duurder as in Maart. ’n Mens sou dink hoër inflasie help die minister – pryse styg en belastinginkomste volg. Nie hierdie keer nie. Suid-Afrika voer sy olie in. As ’n vat olie duurder word, daal die prys van alles wat ons produseer relatief tot wat ons koop (invoer). Petrol en diesel is skaars deel van ’n arm huishouding se begroting. Die armste vyfde van huishoudings bestee 0,2% van hul begroting aan brandstof vir ’n eie voertuig, maar 6,9% aan taxi- en busgeld. Vir die rykste vyfde is dit andersom: 6,4% op brandstof en 0,8% op ander ritte.

In Februarie het die tesourie sy slegste scenario vir die land geskets. Teen April was dit werklikheid. Op 21 Oktober, wanneer Enoch Godongwana sy mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBPS) indien, moet hy sê wat dit kos en wie die rekening dra, skryf Waldo Krugell en Raymond Parsons.

“

Met diesel 72% duurder as in Maart, werk voedselprysdruk van ’n paar persent nog deur die stelsel. Arm huishoudings het die skok dus eerste in die taxi gevoel. In Augustus was taxi- en bustariewe 11,6% hoër as ’n jaar tevore. Voedselinflasie het juis gedaal, tot 0,7%, omdat vleis- en graanpryse

Enoch Godongwana Foto: Brenton Geach, Gallo Images

gesak het. Ons het die verligting deur drie kanale gevolg – goedkoper brandstof vir eie motors, goedkoper ritte, saam met die kos wat stadiger duur geword het. Ongeveer R1 miljard – een rand

uit elke sewentien – het die armste 40% van huishoudings bereik. Die rykste 20% het R6,7 miljard gekry. Die skok op voedselpryse is dalk nog op pad. Met diesel 72% duurder as in Maart, werk voedselprysdruk van ’n paar persent nog deur die stelsel. Tot dusver is dit weggesteek deur goedkoper vleis en graan. WAT DIE MINISTER MOET DOEN Duncan Pieterse, die direkteurgeneraal van die tesourie, het in September geskryf die regering sal vanjaar ’n primêre surplus van sowat R131 miljard lewer – die vierde in ’n ry. Maar die grond onder daardie syfer het geskuif. Ons siening is dat die minister die primêre surplus moet behou. Die skok kan nie met besteding reggemaak word nie. Enige hulp aan arm huishoudings moet geteiken en tydelik wees en binne die bestaande bestedingsplafon betaal word – deur bestaande toelaes. Om te kommunikeer dat dit tydelik is, is die uitdaging. Daar is ook ’n stap wat byna niks kos nie. Die minister kan aankondig dat die regering die lank agterstallige hersiening van die maandelikse formule vir die berekening van brandstofpryse gaan bespoedig. Brandstof is een van die pryse wat inflasieverwagtinge die sterkste dryf. ’n Beter formule sal ’n strukturele bydrae tot prysstabiliteit lewer, en dit is iets wat geen heffingsverligting kan doen nie. • Prof. Krugell is ’n ekonoom aan die Noordwes-Universiteit. Prof. Parsons is verbonde aan die NWU Sakeskool.


16

Die Papier Vrydag 16 Oktober tot Donderdag 22 Oktober 2026

Sake

Nyweraars swig onder VSA-tariewe

beer,” het hy bygevoeg. “Dus absorbeer ons ’n aansienlike gedeelte.” Hierdie bykomende koste sluit hoër vervoergeld in, aangesien brandstofpryse met die VSA-Israeloorlog teen Iran die hoogte in geskiet het. Bybetalings beloop “meer as $6 500 per houer” vir goedere van verskaffers, het Rende gesê. As gevolg hiervan het hy werwing vir nuwe poste gestaak terwyl hy in meer robotiese montering belê. Sam Miller, ’n ander vervaardiger in Ohio wat kombuis- en badkamerprodukte maak, is aan albei fronte in Trump se handelsoorloë getref. Hy betaal tariewe op ingevoerde materiaal uit Asië, terwyl hy dit moeiliker vind om na Kanada uit te brei weens handelsspanning. “Dit was moeilik vir ondernemings om te bestuur,” het Miller aan AFP van sy fabrieksvloer in Warren gesê terwyl ’n masjien naby gedreun het om toonbankmateriaal te sny. “Ek dink wel dat daar ’n wegbeweging van Republikeinse standpunte sal wees.” Hoewel Miller terugbetalings ontvang het nadat die hooggeregshof baie van Trump se heffings tersyde gestel het, het die Amerikaanse leier sedertdien baie daarvan weer ingestel. Verswakkende VSA-Kanada-betrekkinge dra by tot sy probleme, met Washington en Ottawa wat tariewe op mekaar se produkte hef nadat handelsonderhandelings in Augustus misluk het. – AFP

V

ir Doug Rende, wat ’n vervaardiger van aluminiumprodukte in die Amerikaanse deelstaat Ohio bestuur, beteken pres. Donald Trump se invoertariewe miljoene dollars meer in jaarlikse koste – en onlangs het die oorlog met Iran verskeping nóg duurder gemaak. Rende is die uitvoerende hoof by Shapes Unlimited, een van talle Amerikaanse vervaardigers wat swaarkry onder Trump se ekonomiese beleid namate die middeltermynverkiesing nader kom. “Frustrerend sou een woord wees,” het Rende aan AFP gesê. “Ek dink dat ons ’n gebrek aan vertroue bemerk – nie net in die administrasie nie, maar ook in die regeringsproses en die rol van die kongres om die president se uitvoerende mag in toom te hou,” het hy bygevoeg. Sedert sy terugkeer na die presidentskap in Januarie 2025 het

Trump sy uitvoerende gesag gebruik om invoertariewe op verskeie produkte en lande te hef. Benewens aluminium tref die heffings ook staal en motors, terwyl Amerikaanse handelsvennote met bykomende tariewe te kampe het wat van land tot land verskil. Hoewel sommige Amerikaanse vervaardigers voordeel getrek het namate hul buitelandse mededingers hoër hindernisse teëkom, sukkel ander met stygende koste en aanhoudende onsekerheid. Trump se eskalerende handelstryd met Kanada en oorlog met Iran het die kommer net verder verdiep. Griewe oor Trump se handelsbeleid is onder die faktore wat

Doug Rende is die bestuurder van ’n vervaardiger van aluminiumprodukte in die Amerikaanse deelstaat Ohio. Foto: Chloe Ferreux, AFP

“

Net vanjaar is dit meer as $4,5 miljoen tot $5 miljoen aan bykomende koste. – Doug Rende

Demokrate hoop in hul guns sal tel in hul poging om beheer oor die Senaat en die Huis van Verteenwoordigers in November se verkiesing oor te neem. Rende se maatskappy in North Jackson, Ohio, vervaardig en versprei aluminium-bouprodukte wat in toebehore soos heinings gebruik word. Trump se tariewe op aluminium het bestendig gestyg – van 10% in sy eerste presidentskap tot 25% en toe 50% verlede jaar, en Rende het die impak gevoel: “Net vanjaar is dit meer as $4,5 miljoen tot $5 miljoen aan bykomende koste. “Daar is net soveel wat die eindverbruiker bereid is om te absor-

Moenie vallende mes met kaal hande probeer vang Heinrich Kruger BATEBESTUURDER

My oorlede oupa Petrus van Rooyen het my vroeg in my lewe al gewaarsku om nie met skerp messe te speel nie. Ek het eers nadat ek my linkerwysvinger op sewejarige ouderdom by die tweede lit tot op die been oopgesny het, met bloedstollende gille my les geleer. Nou, 65 jaar later, herinner kunsmatige intelligensie my aan daardie waarskuwings van my oupa. Oupa Petrus het een maal per week al die messe, wat hy gebruik het om die week se vleis te verwerk, skerp geslyp. Hiervoor het hy ’n slypwiel gebruik, wat met ’n voettrappie in die ronde gedraai het. Net soos met die weeklikse vuurmaak en vleisbraai, het hy my op ’n praktiese wyse geleer hoe om al daardie lesse op ’n vroeë ouderdom self toe te pas. Hy het

gereeld gewaarsku as ’n mens nie luister nie, gaan jy voel. Dit het beteken dat jou foute jou op die harde manier die les sal leer. Kunsmatige intelligensie is ’n skerp mes wat ’n handige instrument in ’n vaardige gebruiker se hande kan wees. In ’n onhandige gebruiker se hande kan dit egter onbedoelde skade aanrig en in die hande van ’n kwaadwillige gebruiker kan dit doelbewuste noodlottige gevolge hê. Ons sien al drie hierdie gevalle reeds in ons daaglikse lewe rondom ons gebeur. Indien nie, is dit belangrik om dadelik aandag hieraan te begin gee, anders gaan jy jou les dalk pynlik leer. Indien jy jou selfoon gereeld vir enigiets anders gebruik as om te bel, sou jy waarskynlik al agtergekom het

MY BEURSIE SE LEWE dat jou foon, of selfs rekenaar, vir jou telkens ongevraagde instruksies of hulp met allerlei

Illustrasie: Adobe Stock

aangeleenthede begin aanbied. Soms voeg die rekenaar of selfoon sonder om op jou goedkeuring te wag, die daad by die woord en help jou in ’n rigting waar jy nie wou gewees het nie. Dan is daar diegene wat deesdae geen vraag, waaroor ook al, onbeantwoord laat voordat hulle eers “kunsmatige intelligensie”, “ei-aai” of “kaa-ie” geraadpleeg het en dan hovaardig vir jou uitwys dat hulle nou die allerantwoord op die misterie van die heelal ontdek het nie. Moet ook nie dink dat dit net diegene van die sogenaamde X-, Y-, Z-generasie is nie. Baie van ons “Baby Boomers” speel saam! Op ’n buitelandse WhatsApp-groep vir Suid-Afrikaners juis in die buiteland, vra een van die deelnemers – onbekend aan my – vandeesweek ’n vraag oor spesifieke handelinge met Suid-Afrikaanse

finansiële instrumente in die buiteland. Ek waarsku toe vanweë my spesifieke kennis hieroor dat só ’n handeling per sé onwettig is. Blitsig kom die antwoord toe van ’n ander gebruiker, gestaaf met ’n skermgreep, dat volgens “ei-aai” dit wel wettig is. Nadat ek die skermgreep gelees het, kom ek agter dat die “ei-aai”-gebruiker duidelik nie die inligting deeglik gelees of verstaan het nie, maar net aan ’n enkele uitsondering in die verduideliking vasgehaak het. Die spreekwoord “moenie ’n vallende mes met jou kaal hande probeer vang nie” is hier gepas. Kunsmatige intelligensie maak foute. Indien jy nie ’n kenner is nie, gaan jy nie jou finansiële beplanning, regsaksies of gesondheidsprobleme met kunsmatige intelligensie oplos nie. Dit gaan jou net dommer laat klink of maak. • Kruger is die besturende direkteur van Kruger Internasionaal- bate- en welvaartbestuur.


Geklassifiseerd

Vrydag 16 Oktober 2026 Die Papier

17


18

Die Papier Vrydag 16 Oktober 2026

Geklassifiseerd


Vrydag 16 Oktober tot Donderdag 22 Oktober 2026 Die Papier

Skolesport

19

Maak gebruik van ons skolefotoblad

TEKSBOEK-DRYFHOU Luan Kapp, kaptein van die Laerskool Lorraine in Gqeberha se o.10-krieketspan, wat ook vir die Port Elizabeth Centurions speel, is vanjaar goed op dreef en spog met ’n hoogste telling van 44 nie uit nie.

Die Papier publiseer elke week ’n fotoblad met skolesport. Skole, ouers, leerders en fotograwe word dus genooi om sportfoto’s vir moontlike publikasie aan te stuur. Dit is ’n gratis aanbod. Alle fotograwe sal erkenning kry en mag ’n kontaknommer, e-posadres of webwerf-adres saam met die foto’s laat publiseer. Aksiefoto’s sal voorkeur geniet. VEREISTES: Foto’s moet in JPG-formaat en minstens 1MB groot wees. Onderskrifte moet so volledig as moontlik wees en die

volgende bevat: • Die volle name van spelers, bv. Louis Oosthuizen en nie net L. Oosthuizen nie. • Die betrokke skool se naam. • Waar en wanneer die kragmeting plaasgevind het. • Die uitslag. • Ouderdomsgroep. • Die naam van die toernooi, indien van toepassing. • Die fotograaf se naam. Ons wil graag skole se beste aksiefoto’s van die afgelope jaar publiseer. Stuur alle foto’s met volledige onderskrifte na: skole@ diepapier.co.za.

NOG AKSIEFOTO’S VAN BOKKIEWEEK SE SOMERWEEK Die Bokkieweek se Somerweek is onlangs in Pretoria aangebied. Ds. Peter Stans, uitvoerende hoof van Bokkieweek, het gesê die doel bly steeds dat die Afrikanerkind ’n veilige geleentheid kry om sy sporttalente te ontwikkel. Regs is Ariëlle Kriel (o.13) van die Laerskool Constantiapark in Pretoria in aksie op die netbalbaan. Foto’s: Charmaine Visser

Liané Koortzen (o.17) van die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein speel ’n hou in een van die wedstryde.

GHOLFLIGA BEGIN BY AKASIA Die 11-jarige Jacques Geustyn van die Laerskool Wonderboom speel Maandag ’n hou op die Akasia-gholfbaan in die Noord van die Berg-liga. Foto: Charmaine Visser

Larece Stols (o.17) het die Hoërskool Oos-Moot van Pretoria verteenwoordig.

Ruan Janse van Rensburg (o.14) van die Hoërskool Wilgerivier in Frankfort.


20 Die Papier Vrydag 16 Oktober tot Donderdag 22 Oktober 2026 Manchester City sal hul huidige voorsprong op die puntelys in die Engelse Premierliga môre teen Ipswich Town wil vergroot. Arsenal kom Sondag voor ’n moeilike wegwedstryd teen Nottingham Forest te staan. City is ná ses agtereenvolgende oorwinnings 18 punte voor op die puntelys. Die Gunners beklee tans die tweede plek met 15 punte. Brighton & Hove Albion is derde met 13 punte, terwyl Brentford, Everton en Chelsea elk 10 punte het. City se oorwinning van 3-0

City kan môre voorsprong rek oor Liverpool op Anfield verlede naweek is te danke aan Erling Haaland, Jérémy Doku en Rayan Cherki se doele. Dié span se goeie spelpeil kom te midde van die omstredenheid oor die onafhanklike kommissie se bevinding dat die klub 114 van die 115 beweerde oortredings van die Premierliga se finansiële reëls begaan het. Die klub het die bevinding betwis en appelleer daarteen. Die Gunners het Leeds United

Red Bull sal wéér oorleef en terugveg Fritz Klaaste sport@diepapier.co.za

D

ie podiumfoto’s van Red Bull se Max Verstappen en Gianpiero Lambiase in die Singapoer Grand Prix skets ’n storie wat veel dieper strek as net ’n oorwinning. Dit is die beeld van ’n vennootskap wat deur Formule Een gevorm is en nou, in ’n oorgangstadium, hul laaste groot oomblikke saam beleef. Verstappen het ná die ren opgemerk dat dit “heel moontlik hul laaste oorwinning saam” kon wees. Lambiase sal in 2028 McLaren se hoof- tegniese ingeneur word. Die spanbaas Laurent Mekies (Red Bull) ken alle lof aan Verstappen toe, wat probleme met hul motors ontdek en oplos nog lank voordat enige ingenieur of analis dit kan waarneem. Lambiase sal eersdaags uitgesluit word van spanbesprekings en tegniese vergaderings tot hy vertrek. Verstappen het die afgelope naweek oorheers: Hy wen die kitsren met gemak, en herhaal dit in die hoofren. En tog is die groter storie dié van ’n span wat al soveel keer die “dal van doodskaduwee” oorleef het. In die afge-

Sport

lope paar jaar het Red Bull afskeid geneem van figure wat as onmisbaar beskou is, soos Adrian Newey, Christian Horner, Rob Marshall, Jonathan Wheatley, Helmut Marko en nou Lambiase. Elke vertrek is deur die wêreldmedia as ’n krisis bestempel. Elke keer is voorspel dat Red Bull sou ineenstort, maar elke keer het die teenoorgestelde gebeur. Red Bull Racing het hul identiteit herontdek, hul tegniese struktuur herskik, hul prestasie verfyn tot ’n masjien wat nie afhanklik is van een genie nie, maar eerder ’n kultuur van aanpasbaarheid en vasberadenheid. En nou skuif die fokus na Austin, Texas volgende naweek, ’n baan wat sy eie unieke uitdagings bring. Mercedes kry ’n broodnodige blaaskans om te verstaan waarom hul opgraderings nie gewerk het nie. McLaren sal waarskynlik hul stelsel weer hersien, want die baan se kombinasie van hoëspoed-esse en -kurwes, ongelyke oppervlaktes en battery-intensiewe pylvakke verander die hele agenda. Een ding is seker, die historiese data van bane is nie betroubaar genoeg om vooruitskattings vanjaar te maak nie.

Max Verstappen en sy wedreningenieur Gianpiero Lambiase se pad saam kom nou tot ’n einde nadat dit in Mei 2016 begin het. Die twee was bekend vir hul reguit, soms keffende en geniepsige radioboodskappe tydens wedrenne. Foto: Clive Rose, Getty Images

Saterdag met 2-1 geklop, maar sal moet verbeter om City se pas vol te hou. Liverpool se nederlaag was hul eerste vir die seisoen en hulle is met nege punte tans in die negende posisie op die puntelys. Hulle kry môre die kans om terug te slaan in ’n wegwedstryd teen Brentford op die Gtech Community-stadion. Brentford is self onoorwonne ná ses wedstryde en sal môre se kragmeting as uiters belangrik

beskou om hul posisie op die puntelys te verstewig. Chelsea, wat Bournemouth Saterdag met 5-1 afgeransel het, speel ook weg teen Everton. Manchester United se probleme duur voort. Hulle het verlede naweek teen Tottenham Hotspur 1-1 gelykop gespeel en het ses punte ná ses wedstryde. Die Rooi Duiwels kon tot dusver slegs een oorwinning vermag. United se volgende uitdaging is Sondag se wegwedstryd teen

Leeds United, wat nege punte het en self ’n sterk begin tot die seisoen gemaak het. Newcastle United, wat agt punte het, ontvang Aston Villa môre in ’n wedstryd waarin albei spanne waardevolle punte nodig het. Villa het tot dusver gesukkel om bestendig te vertoon en het vyf punte. Brighton pak Crystal Palace Sondag in ’n plaaslike derby. Brighton se 13 punte en indrukwekkende 13 doele, die meeste sover, is een van die verrassings van die seisoen tot dusver. – Sportredaksie

Emile Damant van Durbanville-Bellville op die aanval in vanjaar se Goue Beker-reeks vir klubrugby. Die span van die Noordelike Voorstede in Kaapstad speel môre in die halfeindstryd teen College Rovers. Foto: Ashley Vlotman, Gallo Images

Laaste vier veg om oorlewing in Goue Beker se halfeind Dustin Wetdewich

dustin.wetdewich@novusmedia.co.za

Die twee halfeindstryde in vanjaar se Goue Beker-reeks vir klubrugby sal môre beslis word. Naka Bulle het Randfontein met 45-37 in ’n skrumfees geklop. Durbanville-Bellville het Roses United 52-17 verpletter. College Rovers het hul hoop op ’n titel hoog gehou met ’n genadelose 62-0-vernietiging van Gardens en Northam Rhinos het Brakpan 46-33 terug Oos-Rand toe gestuur. Die wedstryd van dié ronde het in Pretoria ontvou, waar Naka Bulle ’n manier gevind het om Randfontein te oorrompel, ten spyte daarvan dat hulle net 13 man was aan die einde van die eerste helfte. Die kwarteindstryd is gedefinieer deur ’n reuse-skrumgeveg, waar geen pak algehele oorheersing kon kry nie. Albei stelle voorspelers het verbete geveg. Randfontein was met die draaislag een punt voor. Naka Bulle het nie oorgegee nie. Hul groot pak voorspelers het egter in die tweede helfte die oorhand

gekry en Randfontein had geen antwoord vir die rolmaalbewegings nie. Die tuisspan se vermoë om die eerste helfte se druk te absorbeer terwyl hulle net 13 spelers op die veld was, was deurslaggewend. Nadat hulle weer op volle sterkte was, het hulle Randfontein met hul kragspel tot oorgawe gedwing. Hulle sal komende naweek na Northam Rhinos se tuisveld in Setaria in Limpopo reis. Northam Rhinos se pad na die halfeindstryd het ’n onverwagte ompad geneem toe hul kwarteindstryd teen Brakpan weens weerlig Saterdag uitgestel is. Die wedstryd is Sondag beslis in ’n kliniese vertoning van die Rhinos. Brakpan het hulle hard gedruk in ’n wedstryd wat 79 punte en baie aanvallende rugby gelewer het. Die Rhinos moet nou Naka Bulle se geharde pak in die halfeindronde aanpak. Durbanville-Bellville se vernietiging van Roses United het die belangrikheid van vaste fasette ten toon gestel. Die oorwinnaars het die skrum tot so ’n mate oorheers dat Roses nooit

’n platform gehad het waarvandaan hulle kon aanval nie. Toe die spel los en ongestruktureerd geraak het, het Roses oomblikke van hul gevaarlike vermoëns gewys en ruimte met spoed en vaardigheid uitgebuit. Die Kapenaars het ook indrukwekkende verdediging gewys en het telkens druk van Roses geabsorbeer voordat hulle vinnig van verdediging na aanval oorgegaan het. Hulle reis na Durban om College Rovers aan te pak. Wat College Rovers betref, het hul slagting van Gardens ’n duidelike boodskap aan die oorblywende spanne gestuur. Die Rovers se agterlyn beskik oor spoed en vaart. Hul voorspelers het ook die bal met mening in kontaksituasies gedra. Dit is ’n kombinasie wat te veel vir Gardens was. Naka Bulle teen Northam Rhinos beloof om ’n massiewe armdruk te wees. Albei spanne spog met kragtige pakke en nie een sal ’n tree terugstaan vir die ander nie. College Rovers en Durbanville-Bellville beloof ook om ’n fassinerende taktiese wedstryd te wees.


Vrydag 16 Oktober tot Donderdag 22 Oktober 2026 Die Papier

Sport Stehan Schoeman sport@diepapier.co.za

“

Toetsreeks reeds in weegskaal

D

ie Proteas sal van Sondag op St. George-park in Gqeberha van meet af aggressief en klinies moet wees om die reeks van drie toetse teen Australië lewend te hou. Shukri Conrad, afrigter van die Proteas, het slegs een verandering aan sy groep aangebring vir die tweede toets. Matthew Breetzke vervang Tristan Stubbs in ’n poging om die kolflys te versterk. Suid-Afrika het Dinsdag ’n reuse-loesing van 214 lopies in die eerste toets teen die Aussies in Durban op die lyf geloop. Sou die Aussies dus die toets in die Baai ook wen, is die reeks 2-0 beklink en sal die derde en laaste toets in Kaapstad wat op 27 Oktober begin, niksseggend wees. Sou die Proteas ’n gelykopuitslag behaal sal die Kaapstadtoets op ’n riller afstuur. Matt Renshaw se 190 lopies in die eerste beurt was verreweg die kolfvertoning van die wedstryd. Die Aussie-kolwer het in sy span se tweede kolfbeurt nog 82 lopies bygedra. Hy

Die mediese span het hom (Rabada) nog nie amptelik die groen lig gegee nie. Ons glo en vertrou hy sal reg wees vir Sondag. Temba Bavuma, kaptein van die Proteas-toetsspan.

PROTEA-GROEP VIR TWEEDE TOETS

Temba Bavuma (k), Marques Ackerman, David Bedingham, Matthew Breetzke, Corbin Bosch, Gerald Coetzee, Simon Harmer, Marco Jansen, Keshav Maharaj, Aiden Markram, Wiaan Mulder, Senuran Muthusamy, Anrich Nortje, Dane Paterson, Kagiso Rabada, Ryan Rickelton, Kyle Verreynne.

Die Proteas sal hoop Kagiso Rabada word fiks verklaar vir Sondag se tweede toets teen Australië in Gqeberha. Foto: Glyn Kirk, AFP

is as Speler van die Wedstryd aangewys. Kagiso Rabada is deel van die toetsgroep en sy moont-

like terugkeer na die beginspan vir Sondag se toets sal die Protea-boulaanval versterk, wat nie

21

in Durban lekker aan die gang kon kom nie. Was dit nie vir Aiden

Markram en David Bedingham se kolfbeurte nie, was die loesing dalk selfs groter. Markram se 37 en 75 lopies in die Proteas se twee kolfbeurte saam met Bedingham se 49 en 46, was die enigste ligpunte in ’n anders powere kolfvertoning. Van die Protea-staatmakers soos die kaptein, Temba Bavuma (3 en 1), en Ryan Rickelton (0 en 2) kon nie hond haaraf maak nie. Die res van die kolflys was maar ’n treurmare, waar niemand regtig aan die gang kon kom nie. Bavuma het na afloop van die toets gesê Rabada lyk goed. “Hy het as ’n voorsorgmaatreël nie in die toets gespeel nie. Ons wou vir hom ’n ekstra paar dae gee. Hy lyk baie goed en hy is aan die verbeter. Die mediese span het hom nog nie amptelik die groen lig gegee nie. Ons glo en vertrou hy sal reg wees vir Sondag.”

Begeerte om te presteer die Sharks se dryfveer

“

Die uitdaging is om jou goeie spelpeil te behou of selfs daarop te verbeter en aanhoudend te presteer, ongeag in watter kompetisie jy speel. Joey Mongalo, die Sharks se verdedigingsafrigter.

Joey Mongalo, die Sharks se verdedigingsafrigter, bespreek taktiek met sy span. Foto: Steve Haag Sports, Gallo Images

Hennie Koortzen sport@diepapier.co.za Dit maak nie saak of dit die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) of die Europese Uitdaagbeker is nie – die intensiteit en wil om te presteer, bly die groot-

ste voorkeur. Die Sharks speel môre in die eerste ronde van die Uitdaagbeker teen die Franse klubspan Lyon in Frankryk. Joey Mongalo, die Sharks se verdedigingsafrigter, het aan Die Papier gesê sy span wil goed

vaar in alle kompetisies. “Die uitdaging is om jou goeie spelpeil te behou of selfs daarop te verbeter en aanhoudend te presteer, ongeag in watter kompetisie jy speel. “Die Sharks wil goed vaar in al die kompetisies waaraan

ons deelneem, wat beteken ons groep en benadering gaan dieselfde bly. Ons wil die Sharksunie altyd as ’n mededingende span verteenwoordig.” Die span van Durban het ná ’n moeilike wedstryd die afgelope naweek teen die Stormers in die DHL-stadion min tyd om dinge reg te ruk. “Reis sal altyd deel van die pakket bly, maar die oomblik wanneer jy op die vliegtuig klim, het jy toegewings wat jy as deel van jou voorbereiding moet maak. Ons het net 28 spelers in ons toergroep, wat beteken ons

kan nie met 15 teen 15 spelers oefen nie. Dit is egter deel van die ooreenkoms en ons moet die beste probeer maak met wat ons tot ons beskikking het.” Mongalo is deeglik bewus dis ’n ander soort spel en uitdaging wat op die span wag. “Hulle is ’n baie fisieke span met groot voorspelers en beskik oor ’n agterlyn met baie vaardighede. Die Franse het ook ’n unieke aanvallende styl, wat uitdagings op verdediging bied. “Hul soort spel is nie dieselfde as dit waaraan ons by die VRK of plaaslike kompetisies gewoond is nie. Ek onthou hulle het ons verlede jaar in die ronde van 16 met 34-21 geklop.” Lyon het net drie van hul ses wedstryde in die Franse Top-14reeks gewen en is in die agtste plek op die puntelys. Die Sharks het in die 2023-’24-seisoen die eerste Suid-Afrikaanse span geword om dié Europese titel te wen.


22

Die Papier Vrydag 16 Oktober tot Donderdag 22 Oktober 2026

Sport

Cheetahs weet wat om te verwag Jake moet Fidji red

Hennie Koortzen sport@diepapier.co.za

Walt, wat nog van ’n dyspierbesering herstel. Pienaar is deeglik bewus dat erwag veel beter dié kompetisie ’n perd van ’n vertonings van die ander kleur gaan wees. Cheetahs in vanjaar “Om teen Franse klubs te se Europese Uitspeel, sal as gevolg van hul daagbeker-reeks. begrotings en die soort spelers Dié span van Bloemfontein wat vir hulle speel, altyd ’n groot speel Sondag in die eerste ronde uitdaging wees. teen Bayonne in Frankryk. “Ons is nie altyd blootRuan Pienaar, ’n voormagestel aan daardie gehalte lige Springbok-skrumskakel wedstryde in ons plaaslike en hulpafrigter van die kompetisies nie en dit maak Cheetahs, het aan Die die uitdaging nog groter. Papier gesê hul deelOns is egter baie opgename aan die Toyotawonde en beuitdaagreeks en die voorreg om deel Tbilisi-beker was van só ’n geleent’n goeie en harde heid te wees leerskool. en beskou dit “Die twee komas een van die petisies vanjaar beste komhet ons ’n beter petisies in die span gemaak. ’n Groot wêreld.” groep van ons senior Frans Steyn, hoofspelers het nie onlangs afrigter van die Cheesaam met die res van tahs, verwelkom die die span vir die Tbilisiskuif na die opgeknapte beker se wedstryde na St. Helen’s-stadion Ruan Pienaar, hulpafGeorgië gereis nie. in Swansea, Walrigter van die Cheetahs. lis, wat as sy span “Ons het ter voorbereiding vir die Foto: Steve Haag, Gallo se tuisveld sal Europese Uitdaagdien. beker besluit om hulle in Bloem “Dis ’n voorreg om die state hou. Ons het kliphard aan dion, wat herontwikkel is en ’n fiksheid gewerk. Die ouens is en trotse geskiedenis het, as ons het goed voorberei en ons sien nuwe tuiste te beleef en om op uit na ’n goeie vertoning teen dié veld te speel. Op daardie Bayonne.” noot – dit gaan oor veel meer. Die Cheetahs is op ’n goeie “Die tuisveld maak nie werklik plek wat beserings betref met saak nie. Die span moet steeds slegs hul losskakel, Jaco van der by die wedstrydplan hou.”

Stehan Schoeman sport@diepapier.co.za

V

Sport op TV Vrydag 16 Oktober Rugby (SS, 211) Europese Kampioenebeker 20:00 Gloucester t. Bordeaux Krieket (SS, 212) Pro20-beker 12:50 Garden Route Badgers t. Warriors Gholf (SS, 213) 05:00 LPGA-reeks: Buick Shanghai, dag 2 08:30 DP World-reeks: Indiese Kampioenskap, dag 2 12:00 Sonskynreeks: Blu Label Unlimited-uitdaag, dag 3 20:00 PGA-kampioenereeks: SAS-kampioenskap, dag 1 Tennis (SS, 214) Wuhan Ope 05:00 Eerste kwarteindstryd 07:00 Tweede kwarteindstryd (SS, 217) 09:00 Derde kwarteindstryd (SS, 217) 14:00 Vierde kwarteindstryd Shanghai-meesters 08:30 Derde kwarteindstryd 12:00 Vierde kwarteindstryd Swem (SS, 210) 14:50 Wêreldbeker-byeenkoms, Astana, dag 2

Saterdag 17 Oktober Rugby (SS, 211) WXV-reeks 00:50 Kanada t. Engeland

Jake White het slegs dae om Fidji se nasionale rugbyspan ná ’n spul power vertonings vanjaar weer op die wenpad te kry. Die voormalige Springbok-afrigter is vandeesweek as die eilandnasie se nuwe hoofafrigter aangestel. Die aankondiging was dus geen skok nie. White se behoefte om weer tot die internasionale arena toe te tree, was geen geheim nie. Sy eerste toets is reeds volgende Saterdag teen Japan in Tokio. Senirusi Seruvakula, wat as tussentydse afrigter waargeneem het nadat Mick Byrne in April bedank het, gee die leisels aan White.

FIDJI SE UITSLAE VANJAAR

Verloor 24-39 teen Wallis Verloor 8-73 teen Engeland Verloor 17-33 teen Skotland Wen 45-29 teen Kanada Verloor 15-20 teen Japan

Lions reg vir Kampioenebeker Die Lions kan met ’n moeilike wegwedstryd wat môre teen La Rochelle in die Europese Kampioenebeker wag, nie bekosig om nog nukkerig te wees oor hul eerste nederlaag van die seisoen teen die Bulls in die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) op Loftus Versfeld nie. Ivan van Rooyen, die afrigter van die Lions, en sy span moet nou vorentoe kyk. Dit sal die

03:50 Australië t. Skotland (SS, 217) 03:55 Nieu-Seeland t. Frankryk 23:50 Amerika t. Italië Internasionale toets 06:45 Australië t. Nieu-Seeland SA o.20-beker 11:55 Luiperds t. Sharks Europese Uitdaagbeker 13:55 Lyon t. Sharks Europese Kampioenebeker 13:30 Bulls t. Stade FranÇais (SS, 201) 16:10 Stormers t. Bristol Bears 16:10 Clermont t. Leinster (SS, 217) 18:25 La Rochelle t. Lions 18:25 Connacht t. Saracens (SS, 217) 20:55 Munster t. Racing 92 20:55 Bath t. Montpellier (SS, 217) Krieket (SS, 212) 15:20 Indië t. Wes Indiese-Eilande: 5de T20wedstryd Gholf (SS, 213) 05:00 LPGA-reeks: Buick Shanghai, dag 3 08:30 DP World-reeks: Indiese Kampioenskap, dag 3 11:00 Sonskynreeks: Blu Label Unlimited-uitdaag, dag 4 20:00 PGA-kampioenereeks: SAS-kampioenskap, dag 2 Tennis (SS, 214) Shanghai-meesters 10:30 Eerste halfeindstryd 12:30 Tweede halfeindstryd Wuhan Ope 11:00 Eerste halfeindstryd 13:00 Tweede halfeindstryd

Fidji kon vanjaar slegs een oorwinning uit vyf toetswedstryde behaal. White het vandeesweek gesê hy besef die grootsheid van die oomblik. “Fidji het ongelooflike potensiaal en dit maak my opgewonde. Dié nasie het reeds op verskeie geleenthede gewys dat hulle teen die voorste lande in die wêreld kan meeding. “Dit is nou my verantwoordelikheid om met die spelers, afrigters en almal betrokke te werk. Ons moet nou op daai grondslag bou en die potensiaal in konstante vertonings ontsluit.” Ná die Japannese volg groot toetse teen Frankryk (7 November), Ierland (14 November) en Italië (21 November).

Leeus se eerste wedstryd in dié kompetisie wees. Die terugkeer van verskeie Springbokke kan verlede naweek se sorge demp. Vir die Leeus is dit ’n lang toer van drie weke, wat ook ’n besoek aan Skotland insluit, waar hulle teen Edinburgh en die Glasgow Warriors sal kragte meet. “Dis ons heel eerste wedstryd in die Kampioenebeker en daarom sal ons sterk wil begin

en ’n goeie indruk skep. Daarna pak ons Edinburgh en Glasgow, waar dit koud en nat is. “Ons weet ook die pas gaan met ’n ander soort spel vinnig wees. Ja, dis drie groot weke wat vir ons voorlê,” sê van Rooyen. “Ons sal egter moet aanpas en goed op die uitdaging reageer. Ons kan steeds dikmond wees oor die nederlaag teen die Bulls, of onsself regruk.” – Kickoff

Sokker (SS, 203) Engelse Premierliga 13:20 Everton t. Chelsea 15:50 Brentford t. Liverpool 15:50 Manchester City t. Ipswich Town (SS, 206) 15:55 Fulham t. Hull City (SS, 209) 18:20 Newcastle t. Aston Villa

Sokker (SS, 203) Engelse Premierliga 14:50 Leeds t. Manchester United 14:50 Bournemouth t. Sunderland (SS, 206) 14:55 Brighton t. Crystal Palace (SS, 205) 17:20 Nottingham Forest t. Arsenal

Swem (SS, 210) 14:50 Wêreldbeker-byeenkoms, Astana, dag 3

Krieket (SS, 212) 09:50 Suid-Afrika t. Australië: 2de toets, dag 2

Sondag 18 Oktober

Sokker (SS, 203) Engelse Premierliga 20:50 Tottenham Hotspur t. Coventry City

Rugby (SS, 211) Europese Uitdaagbeker 13:55 Beyonne t. Cheetahs Europese Kampioenebeker 16:10 Toulouse t. Exeter Chiefs 18:25 Northampton Saints t. Cardiff Krieket (SS, 212) 09:50 Suid-Afrika t. Australië: 2de toets, dag 1 Pro20-beker 13:50 Lions t. Northen Cape Heat Gholf (SS, 213) 05:00 LPGA-reeks: Buick Shanghai, dag 4 08:00 DP World-reeks: Indiese Kampioenskap, dag 4 20:00 PGA-kampioenereeks: SAS-kampioenskap, dag 3 Tennis (SS, 214) Shanghai-meesters 10:30 Eindstryd Wuhan Ope (SS, 217) 12:30 Eindstryd

Maandag 19 Oktober

Dinsdag 20 Oktober Krieket (SS, 212) 09:50 Suid-Afrika t. Australië: 2de toets, dag 3 Pro20-beker 17:50 Dolphins t. Warriors

Woensdag 21 Oktober Krieket (SS, 212) 09:50 Suid-Afrika t. Australië: 2de toets, dag 4 Pro20-beker 12: 50 Northern Cape Heat t. Garden Route Badgers

Donderdag 22 Oktober Krieket (SS, 212) 09:50 Suid-Afrika t. Australië: 2de toets, dag 5 Gholf (SS, 213) 04:00 LPGA-reeks: BMW-kampioenskap, dag 1 05:00 DP World-reeks: Genesis-kampioenskap, dag 1 19:00 PGA-reeks: Bermuda-kampioenskap, dag 1


Vrydag 16 Oktober tot Donderdag 22 Oktober 2026 Die Papier

Sport

23

“

Hulle sal soos teen die Sharks verlede naweek in meer van hulle wedstryde druk van die begin af moet toepas met genoeg en goeie balbesit en moet gebiedsvoordeel oorheers.

Jean de Villiers, voormalige Springbok-kaptein.

Die Stormers se Paul de Villiers storm ’n skop van die Sharks-vleuel Ethan Hooker af. Foto: Ashley Vlotman, Gallo Images

Stormers-lostrio dalk VRK se beste?

Hennie Koortzen sport@diepapier.co.za

D

ie Stormers se Hacjivah Dayimani, Siya Kolisi, Paul de Villiers en Evan Roos kan moontlik die beste lostrio in vanjaar se Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) wees. Dit is die mening van Jean de Villiers, ’n voormalige Spring-

bok-kaptein, wat reken sy ou span kan vanjaar weer goed vaar in dié kompetisie. “Die Stormers beskik vanjaar oor ’n groep wat vir seker welslae kan behaal, maar ’n lang seisoen lê voor en hulle sal deurlopend met goeie vertonings vorendag moet kom. “Hulle sal soos teen die Sharks verlede naweek in meer van hul wedstryde druk van die begin af moet toepas – mét genoeg en

goeie balbesit – en sal gebiedsvoordeel moet oorheers.” Volgende de Villiers het die Kapenaars reeds gewys hulle kan in die skrums baie sterk wees en sal dit as een van hul groot wapens moet gebruik. Die voormalige Bok-kaptein sê party individue skitter en is indrukwekkend. “Damien Willemse se waarde onder die hoë bal en sy X-faktor is uitstaande. Wilco Louw het net weer opnuut

gewys dat hy een van die beste stutte in die wêreld is. “Dayimani, Kolisi, De Villiers en Roos kan op die beste tye uiters gevaarlik en doeltreffend wees. Min spanne gaan by dié lostrio kan byhou.” Die Sharks het met tye goed vertoon, maar soms op die aanval eendimensioneel voorgekom. “Die Sharks is goed in die 22-m-gebied van hul teenstanders, maar tussen die twee

kwartgebiede gebeur nie veel nie. Hulle beskik ook oor ’n fantastiese agterlyn, maar gebruik dit nie heeltemal tot hul volle voordeel nie,” sê De Villiers. Die Sharks se voorspelers is as ’n eenheid nog nie waar hulle moet wees nie en met spelers soos Ox Nché, Thomas du Toit en Vincent Koch beskik hulle oor die talent, maar het aspekte waaraan hulle sal moet werk, aldus De Villiers. Nog ’n voormalige Springbokkaptein en haker, Adriaan Strauss, is positief oor die begin van die Bulls in vanjaar se kompetisie. “Die Bulls het gewys hulle kan – veral met hul Springbokke nou terug – weer ’n krag wees. Hul fisieke spel, sterk voorspelers en vermoë om geleenthede in punte om te skep, staan uit. “Hulle sal daardie klas spel en standard week ná week moet handhaaf – veral oorsee. Dit is waar goeie spelbestuur en dissipline deurslaggewend gaan wees.” Volgens Strauss was Cameron Hanekom verlede naweek een van die Bulls se uitstaande spelers. Wat die Lions betref, is Strauss ook opgewonde oor wat hy van dié span gesien het en beklemtoon die Johannersburgers se positiewe en aanvallende spel en nuwelinge wat ’n indruk maak. “Die nederlaag teen die Bulls was nou wel ’n terugslag, maar hulle het teen Leinster en Ospreys gewys waartoe hulle in staat is. Hulle sal egter moet verbeter en meer bestendig in die fisieke stryd moet wees. Hier sal Francke Horn deurlopend ’n groot rol moet speel. Die diepte van die span gaan oor die lang seisoen getoets word, maar ek sal hulle nie onderskat nie.”

PROMOSIE ARTIKEL

Mimosa Mall-marathon groei tot nasionale hardloophoogtepunt Die Mimosa Mall Marathon word op 27 Februarie 2027 weer in Bloemfontein aangebied en bring hardlopers van oor Suid-Afrika heen in die hartjie van die Vrystaat bymekaar. Wat as 'n gemeenskapsgerigte pretdraf vir gesinne begin het, het ontwikkel in een van Bloemfontein se voorste padwedlope. Deelname aan die marathon het gegroei van 998

inskrywings in 2024 na 2 044 in 2025; voordat dit in 2026 sy vasgestelde kapasiteit van 3 500 deelnemers bereik het. Elke jaar se beskikbare inskrywings is uitverkoop, wat die toenemende vraag na, en momentum van, die wedloop bevestig. Die 2027-byeenkoms bied wedlope oor vier afstande: 42,2 km (marathon), 21 km

(halfmarathon), 10 km en 5 km (pretdraf). As 'n kwalifiseringswedloop vir die Comrades Marathon, bied dit atlete 'n belangrike geleentheid om kwalifiseringstye na te jaag; terwyl gesinne, sosiale hardlopers en beginners ook verwelkom word. Hoewel die marathon stewig in die Vrystaat gewortel is, ontlok dit toenemend wyer belangstelling. Die 2026-deelname het hardlopers uit al nege provinsies, asook Lesotho, ingesluit. Dit beklemtoon die marathon se potensiaal om 'n al hoe belangriker plek op Suid-Afrika se wedloopkalender in te neem.

Met sy gemeenskapsgees, groeiende nasionale reikwydte en gevestigde kwalifiseringstatus is die Mimosa Mall Marathon gereed vir sy grootste wegspring tot nog toe.

Teken die datum aan: 27 Februarie 2027.

NM10076924-PA161026


Cheetahs weet wat om te verwag – bl. 22

Hennie Koortzen sport@diepapier.co.za

Sport

Vrydag 16 Oktober tot Donderdag 22 Oktober 2026

Die Bulls-flank Cameron Hanekom is een van talle Springbokke wat die Bulls kan help om dié span op die wenpad te hou. Foto: Alché Greeff, Gallo Images

D

ie Suid-Afrikaanse rugby-franchises beleef geweldige druk dié tyd van die jaar wanneer twee Europese kompetisies met mekaar vervleg word. Die een naweek speel spanne soos die Bulls, Stormers en Lions in die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) en die volgende naweek in die Europese Kampioenebeker, net om die volgende naweek weer in die VRK uit te draf. Johan Ackermann, die afrigter van die Bulls, reken dis ’n fyn balanseertoertjie wat moet afspeel om sukses in albei te behaal. “Twee Europese kompetisies wat gelyk gespeel word, plaas druk op ons spanne. Die Europese Kampioenebeker is baie kort en laat geen ruimte vir foute nie. “As jy jou tuiswedstryde verloor, is dit basies neusie verby. Aan die ander kant moet jy steeds jou wegwedstryde speel, wat ekstra druk op spanne en spelers plaas wat die VRK betref.” Ackermann het dalk ’n oplossing vir die probleem en reken dit sal makliker wees as die Kampioenebeker-wedstryde drie of selfs vier weke in ’n ry gespeel word sonder VRK onderbrekings tussenin. “Dit is vir my sinvol, maar tans moet ons dinge hanteer soos dit nou die geval is.” Die bestuur van Ackermann se spelers en kontinuïteit is deurslaggewend in ’n veeleisende seisoen. “Vir die Kampioenebeker moet jy ’n groep van 42 spelers aankondig, wat noodgedwonge jou Springbokke en senior spelers moet insluit. Ons gaan die Springbokke wat nou beskikbaar is, gebruik en spelers later roteer.

Stormers se lostrio dalk beste? – bl. 23

“

Die spelers weet wanneer hulle gaan speel en wanneer hulle ’n ruskans gaan hê. In die stadium is die Springbokke nog deel van ons span, maar hulle sal in Februarie redelike ruskans kry. Dawie Snyman, die Stormers se agterlyn- en aanvalsafrigter.

Spanne onder druk, sê Ackers “Jy wil nie elke week te veel aan jou span verander nie. Elke span is goed in sekere aspekte waaraan jy werk en jy wil dit ten volle benut.” Met verwysing na hul teenstanders die naweek op Loftus Versfeld het Ackermann gesê: “Stade Francaise is ’n moeilike span, maar het die laaste ruk redelik wisselvallig vertoon. Hulle het ’n goeie pak voorspelers en beskik oor groot senters, wat hulle op aanval en die vaste fassette gevaarlik maak. “Wat ons benadering vir die wedstryd betref, sal ons ’n paar verstellings wil maak wat die

“

Twee Europese kompetisies wat gelyk gespeel word, plaas druk op ons spanne. Die Europese Kampioenebeker is baie kort en laat geen ruimte vir foute nie. Johan Ackermann, afrigter van die Bulls.

afskoppe en ons algemene spel betref. Ons sal ’n goeie span op die veld wil hê vir ons tuisskare en sal die kompetisie op ’n

hoogtepunt kan begin.” Dawie Snyman, die Stormers se agterlyn- en aanvalsafrigter, volg ’n soortgelyk benadering as die Bulls. “Ons wil ons beste span moontlik tuis gebruik, aangesien dit so ’n kort kompetisie is en dit belangrik is om ritme te behou en aan die wenkant te bly. Ons doen aan die begin van die seisoen ons beplanning – nie net vir die groep nie, maar ook vir die individuele spelers – en ons het ’n jaarprogram. “Die spelers weet wanneer hulle gaan speel en wanneer hulle ’n ruskans gaan hê. In

hierdie stadium is die Springbokke nog deel van ons span, maar hulle sal in Februarie redelike ruskans kry. Met twee strawwe Europese kompetisies wat gelyktydig plaasvind, is deeglike beplanning nodig.” Volgens Snyman is die grootste uitdaging met die twee kompetisies nie die toernooie self nie, maar die reisprogram. Spanne in Europa is binne twee tot drie ure by hul bestemming, maar vir ander spanne is dit soms ’n logistieke nagmerrie. “Omdat ons binne ses dae teen spanne in Europa moet speel en binne ses dae weer tuis op die veld moet draf, is dit ’n uitdaging.” Snyman beskou die Bristol Bears dié naweek in Kaapstad as waardige teenstanders en sê hulle beskik oor goeie spelers wat daarvan hou om met die bal te hardloop. “Hulle sal gewis probeer om ons met die bal in die hand onder druk te plaas. Hul rolmaalbewegings word moeilik gestuit, terwyl hulle ook goed verdedig. Ons wil egter op ons eie spel fokus. Ons het fasette waaraan ons werk en verder wil ontwikkel.” • Die Lions maak hul buiging in die Kampioeneliga en speel môre in Frankryk teen La Rochelle. 03326

6 0 0 9 80 3 84 9 21 6


Dink Vrydag 16 Oktober tot Donderdag 22 Oktober 2026

Waarom Afrikaans nie gaan uitsterf – bl. 6

Teregstellings in VSA vul met afgryse – bl. 7

’n Brief uit die Suid-Kaap Die huis wat ons steeds dra 29 Augustus 2026

A

lmal van ons heg seker nie dieselfde waarde aan reünies nie. ’n Reünie van oud-koshuisbewoners van ’n universiteit sal meestal groot nostalgie oproep – veral as sulke koshuisjare van meer as vyftig jaar gelede dateer. Reünies gee opnuut gestalte aan periodes in ons geskiedenis. Dit is kort tydperke op ons lewenspad wat diep delf in herinneringe totdat sekere lêers, verbasend, stukkie vir stukkie, met behulp van jou tydgenote, uiteindelik weer oopgemaak word. Self behoort ek tot ’n groep wat jaarliks steeds bymekaarkom in die vorm van ’n kuiergeleentheid. Die groep was almal inwoners van die destydse (1970’s) Klooster-koshuis van die Potchefstroomse Universiteit (PUK). Hierdie keer kon ek nie bywoon nie, maar besluit toe maar om ’n brief hier uit die suidpunt van Afrika te stuur. Hiernaas is die brief wat voorgelees is.

Mede-Kloosterbroers, Daar is ’n besondere waarheid wat ’n mens eers ná baie jare ontdek: Ons onthou nie geboue nie; ons onthou mense. Bakstene verweer, gange word stil en kamers kry nuwe bewoners, maar die eggo van stemme, lag en vriendskap bly merkwaardig lewendig. In die Klooster het ons drome gevorm, teleurstellings verwerk, ons eerste groot afskeide beleef en, baie belangrik, ook ontdek dat kameraadskap dikwels die sterkste vorm van rykdom is. Ons vyftigjarige reünie van 2023 het iets besonders bevestig: Tyd skei mense, maar dit vernietig nie egte verbondenheid nie. Nou staan ons aan die begin van ons sewentigerjare en ons is dankbaar. Dankbaarheid is waarskynlik die edelste taal van ouderdom. Ons is dankbaar vir almal wat ons paaie deur die jare gekruis en help vorm het. En ja, ook dankbaar vir vriende wat oor meer as vyftig jaar steeds bereid is om aan ’n tafel te sit en herinneringe te deel. Ons weet ook dat sommige stoele leeg is. Kloostermanne wat vroeër ver-

trek het, maar steeds vandag in ons herinneringe voortleef. Hulle is nie heeltemal weg nie. Hulle leef voort in die woorde wat hulle gepraat het, in die studenteleefwêreld waarby hulle betrokke was en in die spore wat hulle in ons lewe gelaat het. Om hulle te onthou, is ook ’n vorm van dankbaarheid. My wens vir elkeen van julle is eenvoudig: Mag ons oud word en altyd daardie wonderlike herinneringe behou van ’n kort tyd in ons lewe; ’n paar jaar waartydens jou verbeelding, kreatiwiteit en vryheid op die vleuels van die wind geen beperkinge gehad het nie; ook ’n tydperk van interessante mense en vermaaklike karakters, van broederskappe wat gesmee is en in baie gevalle, nog steeds voortleef. Ná ons Klooster-tydperk sou die lewe ons in gange indruk, ons vryheid inperk en ons optredes grootliks dikteer. Die Klooster het ons eens gehuisves. Vandag dra ons die Klooster binne ons. Solank ons herinneringe het, name onthou, handdrukke gee, vir mekaar kan glimlag, bly die Klooster bestaan. Mag ons nooit ons waarde meet aan dit wat ons besit of vermag het Koos van die nie, maar aan die liefde wat ons Waterberge nalaat.


2

Vrydag 16 Oktober tot Donderdag 22 Oktober 2026

Dink

KOMMENTAAR HOOFNAR IN POLITIEKE SIRKUS

‘Deeltydse’ Mashaba moet uit

D

at Herman Mashaba, leier van ActionSA, steeds sy persoonlike vete met Helen Zille, DA-burgemeesterskandidaat in Johannesburg, lewendig wil hou, is sy saak. Om dit egter te verhef tot die akte van voorwaardes vir politieke samewerking om ’n ANC/EFF/MKP-alliansie uit die kussings te hou, maak hom ’n hoofnar in die politieke sirkus. Mashaba het vroeër aangedui as ActionSA en die DA in Johannesburg moet saamwerk, sal Zille nie as burgemeester aangestel kan word nie. Hy is ook sy party se burgemeesterskandidaat daar. Boonop het Michael Beaumont, voorsitter en de facto-leier van ActionSA, verklaar dat hulle met “alle partye” praat. Ewe knus het hulle midde-in die huidige termyn besluit om die DA-geleide koalisie-

regering in Tshwane tot ’n val te bring. In ruil vir die burgemeesterskap is hulle in die bed saam met die ANC daar – wat al deur twee oudstryders van die ANC, Thabo Mbeki en Kgalema Motlanthe, as van die misdadigste in die organisasie bestempel is. Ook die EFF is deel van die politieke orgie. Mashaba, wat interne partyleiers steeds self aanstel eerder as om verkiesings te hou, het die afgelope termyn verkies om in geen staatspos te dien nie. Beaumont is maar grootliks verantwoordelik vir die daaglikse bestuur van die party. Mashaba se persoonlike oorsese vakansies (met geld wat hy inderdaad deur harde werk as suksesvolle sakeman verdien het) dra by tot die idee dat hy hoogstens ’n “deeltydse” leier is. Gaan hy ooit in die Johannesburgse metroraad

OOGPUNT

Barnard Beukman Redakteur van Die Papier

dien ná die verkiesing? Nadat hy uit die DA weg is, het hy homself en ActionSA as die ware groot alternatief tot die ANC aangebied. Die resultaat is egter steeds dat dit ’n klein partytjie gebly het. Tog is daar bepaalde munisipale substreke waar die party se steun dubbelsyfers bereik en hy inderdaad as koningsmaker kan optree. Objektief gesproke dus ’n party wat deur kiesers oorweeg sou kon word indien dit nie vir Mashaba se persoonlike obsessie met Zille, een van die mees suksesvolle politici sedert 1994, was nie. Hoe die ANC en genote – ook die EFF en die MKP – enige owerheid stroop waar hulle vastrapplek kry, gaan Mashaba tog sekerlik nie verby nie. Of reken hy dit is nou anders in Tshwane? Die eerste prys, vir alle owerheidsgebiede

in die land, is om soveel stabiele regerings moontlik sonder ANC-, EFF- of MKP-betrokkenheid te kry. Indien Mashaba daardie moontlikheid in Johannesburg ongedaan wil maak, moet hy eerder uit. Hopelik seëvier gesonde verstand, indien ActionSA wel ’n koningsmaker in die Goudstad is. Talle meningspeilings wys dat die ANC erg steun verloor, maar dat sy eertydse kiesers wantrouig na alternatiewe kyk. Of eerder die afdraaipad na links kies – nie juis meer die EFF nie, maar wel na die MKP en in klein hoeveelhede, dalk die SAKP. Sentrumpartye soos die DA, VF Plus, wat oor is van die IVP en meer, se uitdaging bly om duideliker tuistes vir politieke haweloses te bied. Meer nog, om elke moontlike bestaande ondersteuner te motiveer om te gaan stem.

HOOFARTIKEL

Herbesin oor petrol se prys in SA Die huidige stygende brandstofpryse is ’n wêreldwye probleem, met die sinlose oorlog tussen Amerika en Iran as die groot dryfveer. Pres. Donald Trump het hom oorhaastig deur Israel daarin laat sleep met ’n fantasie-projeksie dat die Iranse bevolking in opstand sou kom en die onderdrukkende regime omverwerp. Dit het nie gebeur nie. Intussen betaal Suid-Afrikaners ook die prys. Maar hier is plaaslike dinamika oor die brandstofprys wat ’n bitter smaak in die mond laat. Brandstofheffings maak ’n tenk petrol of diesel nóg duurder. In beginsel is dit ’n goeie manier om die belastinglas onder ’n groter deel van die bevolking te versprei; ook indirek na byvoorbeeld taxigebruikers. Vrae ontstaan egter oor die integriteit van sommige van die heffings en die omvang daarvan – byvoorbeeld dié aan die wanbestuurde Padongelukkefonds. Wat vuisvoos verbruikers verder die josie in sal maak, is dat Suid-Afrika brandstof uitvoer na buurlande wat dit teen ’n heelwat laer pompprys beskikbaar kan stel. Sommige Suid-Afrikaners ry nou oor die grens om in Botswana te gaan brandstof ingooi. Dit is absurd. Die komende mediumtermynbegrotingsraamwerk op 21 Oktober is ’n gepaste geleentheid om ’n algehele hersiening van die land se brandstofprys te begin. Dit behoort ’n ope proses met kundige deelname te wees, sonder dat gesondheid, welsyn of onderwys die prys deur begrotingsnitte hoef te betaal.

Uit die bloute hoor ons toe weer van Gwede Vanwaar Gehasi? Ná ’n lange oorgewig vakbondkongreslede stilte, het kameraad Gwede dit dat hulle Mantashe se onMantashe, ANC-voorsitter, duidelike en eentonige geteem skielik weer op die politieke gespaar is. Nugter weet wat hy toneel gestorm. Dit deur sou kwytraak. Soos toe hy in roemloos te weier om 2019 fopnuus voorgelees het sy geskeduleerde dat daar ’n “nuwe mineraal in toespraak by Cosatu die Kangogrotte ontdek is”. se kongres te hou. Inkvlieg stel wel heelWoedend omhartig saam met een dat van jare lange van Mantashe se ander INKVLIEG uitlatings. In ’n openprotokol afgewyk is en die SAKP voor die ANC bare geskil met Fikile Mbalula ’n spreekbeurt gegee is. ’n in 2024 het hy gesê die ANC se Sensitiewe kwessie, noudat die sekretaris-generaal raak “opgeSAKP onder sy eie vaandel aan wonde en meegevoer wanneer die plaaslike verkiesing deelhy TV-kameras sien en sê dan neem. Inkvlieg gun die lui en goed wat hy nie moet sê nie”.

MENSE VAN DIE WEEK SLIMKOPPE SOT Kom ons gee Herman dit vir die DA, Mashaba kan omdat hulle beter doen van hul kamas om die DA ma-dokter, Abse Helen Zille sy hoofteiken dulkader Elyas, op hul Kaapse te maak eerder as die ANC. metrokandidatelys ontslae ActionSA, ’n sameflansing van geraak het. Met behulp van politieke gewoonte-oorlopers, die alewige drukkersduiwel hou ook omtrent reeds die rehet Inkvlieg verlede week nog kord vir politieke weglopers. oor hom gekla nadat hy reeds Ook omdat die party se die deur gewys is. Laat dit nou Johannesburgse metro-koukusvir almal ’n les wees en geluk lede gedwing is om ’n ooreenaan Inkvlieg se DA-kontakte koms te onderteken om ’n boete wat die binnegeveg loshande van R200 000 te betaal as hulle gewen het. voor die verkiesing oorloop.


Vrydag 16 Oktober tot Donderdag 22 Oktober 2026

Dink

3

JOU MENING Markus Momberg, Pretoria

Takel stygende brandstofprys met burgerlike verset

Dat die ANC-regering skielik R10 miljard kon vind om “brandstofverligting” aan te bied, wys hoe groot die brandstofprysdruk op Suid-Afrikaanse huishoudings is. Ook dat brandstofkoste die vlam kan wees wat die ANC-verkiesingshooimied finaal tot op die grond afbrand. Suid-Afrikaners is keelvol vir

die regering se verduidelikings oor brandstofpryssamestellings. Veral wanneer Suid-Afrikaanse brandstof in buurlande soos Eswatini, Lesotho, die DRK, Zambië en Botswana teen ’n aansienlik laer prys verkoop word. Die vraag is eenvoudig: Waarom betaal Suid-Afrikaners ten duurste vir brandstof terwyl dieselfde brandstof vir ’n appel

Stem nie altyd met Roets saam, maar . . . Victor Best, vrotsige oud-diplomaat en aweregse aktivis, Langebaan Die relaas van die afgetrede diplomaat Dawie Jacobs (02.10) op die Witkruisplanting in die VSA verdien kommentaar. Die refrein van die sogenaamde progressiewe aktiviste soos Dawie Jacobs is presies dieselfde deuntjie as wat die ANC oor en oor teem: 1. Dat rassediskriminasie van die verlede die primêre drywer van ons hele geskiedenis en ons toekoms in Suid-Afrika moet wees; 2. Dat enige gesprekke of handelinge van en oor Suid-Afrika, binnelands en buitelands, slegs sentraal

Die stelling dat Suid-Afrikaanse regse bewegings ’n plaaslike weergawe van Donald Trump se Maga-beweging is, is ’n eensydige voorstelling van ’n meer komplekse werklikheid. Kwessies waarop konserwatiewe Suid-Afrikaners fokus, spruit uit plaaslike omstandighede: misdaad, ekonomiese agteruitgang, swak dienslewering, eiendomsreg en gebruik van ras as maatstaf in beleid en wetgewing. – Hardus Mynhardt, Mosselbaai Kom ons vergeet vir ’n oomblik van Donald Trump. Sy uurglas loop vinnig leeg. Die olieprys sal hopelik weer daal. Maar wat van ons land? Minder as ’n maand voor die verkiesing lyk die prentjie pikdonker. Geen party sal ’n verskil maak nie. – Vrystater

bedryf kan word en dit hoofsaaklik deur monde van die ou Sowjet-denke van die ANC en sy naprater-aktiviste; 3. Dat ras die enigste sentrale lens moet wees waarmee die gemeenskap van Suid-Afrika tans gesien en regeer moet word tot in die verre toekoms. Bogemelde standpunte moet verslaan word om ’n vrye mark van idees en menings oor die huidige sake in Suid-Afrika te vestig. Ek stem nie met alles saam wat Ernst Roets doen nie, maar welgedaan aan Lex Libertas oor jul advocatia (voorspraak) en praktiese aktivisme, binnelands en buitelands.

en ei na buurlande uitgevoer en teen ’n heelwat laer prys daar verkoop word? Moet ons nie minstens in ons eie behoeftes kan voorsien nie? Vuisvoos verbruikers kan ook nie onbepaald die verregaande gelag hiervoor bly betaal nie. Die tyd het aangebreek dat burgerlike organisasies hul stem dik maak namens gewone

Alles al probeer met plaasmoorde Hannes Swart, Zastron Die afgelope tyd is baie geskryf en gesê oor die wit kruise in Washington. Dit wil vir my voorkom asof alles wat gedoen word om die Afrikaanse gemeenskap in Suid-Afrika te help van alle kante af aangeval en veroordeel word. Veral in die koerante en sosiale media. Vir die afgelope minstens 20 jaar is daar vergaderings met die regering gehou oor landelike veiligheid. Julius Malema se “Kill the boer, kill the farmer” hits mense aan om plaasaanvalle te

KORTLIKS

Gryskrag vra dat van die brandstofreserwes verkoop word. Dit is reeds verkoop en iemand het die geld in hul gatsak gesit. – Thinus Pretorius Verkiesing, gaan partye dié keer saamwerk? Kom ons wag vir die uitslae dan praat ons eenkeer. – Attie du Plessis

pleeg. Moorde op plase is van die wreedste wat in die land gepleeg word. In die meeste gevalle word slagoffers wreed gemartel voordat hulle vermoor word. Uit desperaatheid is na die buiteland uitgereik om die Suid-Afrikaanse regering te dwing om aandag aan die probleem te gee. Nou kritiseer almal. Aan al die kritici, wat is jul oplossing vir die probleem om plaasmoorde te beëindig en landelike veiligheid te bevorder? Die regering weier om te help.

Die wit kruise wat onlangs op die grasperk van Washington se National Mall – ’n nasionale park wat vir 3,2 km van die Amerikaanse kongresgebou tot by die Lincoln-gedenkmonument strek – aangebring is. Foto’s: X

062 533 2049 Ek hoor die skelms vind maniere om aksyns op petrol en diesel op allerhande maniere te ontduik. Een manier is om brandstof onwettig vanuit buurlande, soos Mosambiek, in te voer. Die petrol word teen laer pryse as die wettige brandstof van die hand gesit. – Charl Heydenrych, Randburg

Suid-Afrikaners wie se lewe eksistensieel deur brandstofprysdruk bedreig word. Op hierdie manier is die stryd teen die gewraakte e-tolstelsel uiteindelik gewen deur burgerlike verset. Brandstofprysdruk raak egter élke Suid-Afrikaner. Daarom behoort ons elkeen ons stemme oor hierdie kwes-

(WHATSAPP EN SOSIALE MEDIA)

Herman Mashaba is duidelik bang vir Helen Zille. – Piet van Zyl Waarom is Herman Mashaba so gekant teen Helen Zille? Dit is baie hartseer. – Barend Summers En raai wat Herman? Die DA het jou nie nodig nie. – Rita Marais Die Papier Praat: Die

doodstraf kan werk vir veral moord, verkragting en roof met verswarende omstandighede. – Wessie van der Westhuizen

Laat die EFF kom. Ons Boere is nie bang nie. Ons het hard gewerk vir wat ons het. – Koos Pieterse Wat gaan hulle oor die EFF se plakkaat doen? Die EFF mag doen wat hulle wil. – Dawie Ludick Julius Malema maak net wat hy wil. Niemand maak hom niks nie. – Johan Havenga

sie nou hard en duidelik dik te maak. As Suid-Afrikaanse 95-oktaan-petrol in Botswana by die pomp (ná regeringsheffings en winsbyvoegings vir die handelaar) slegs R21,95 en diesel R25,23 kan kos, hoekom moet Suid-Afrikaners amper 30% méér daarvoor betaal én dan nog die ANC op die rug klop vir ’n maand of twee se “brandstofverligting”? Genoeg is genoeg. SKRYF AAN: lesers@diepapier.co.za. Briewe moet die skrywer se naam, adres en kontaknommer bevat. Die Papier publiseer nie briewe wat elders verskyn het nie.

Die Papier nugter en gebalanseerd Hennie Scholtz, Ridgeworth As ’n daaglikse leser in Kaapse papierformaat is dit vir my ’n gebeurtenis om Vrydae ook Die Papier onder my vingers te voel. Die nuus- en sportdekking is ongelooflik wyd, die politieke kommentaar nugter en gebalanseerd, in teenstelling met ’n Afrikaanse betaalwebwerf en politieke redakteur wat gereeld histeriese aanvalle op “regses” uitvoer. Die meningstukke is deurlopend van hoë gehalte, met Alexa Strachan se huldeblyk aan haar ontslape broer wat spesiale vermelding verdien. Vir Dawie Jacobs wil ek darem net vra: Wie is jou “ons”? Waar kry die sportblaaie “prysloos” vandaan, dalk van “priceless” af? En mens kan ’n knoop deurhak, dis net ’n haker wat kan haak. Verder ek wil niks opfoeter nie, maar dis teenvoeter met ’n v! Nietemin, lank lewe Die Papier!

Baie geluk aan Tobie Cronjé met sy Akademie-toekenning. Jy het ons jare lank laat lag en huil. Jy is enig in jou soort. – Ben Nagel Herman van Umhlanga hoop die Springbokke se nederlaag teen die Wallabies sal vir ons almal ’n les wees om nie sport op ’n Sabbatdag te beoefen nie. Synde die Wallabies gewen het, geld dié les dus net vir Suid-Afrika? – Tom Ferreira, Riebeek-Wes Tappe Henning is heeltemal reg: Rugby moet vloei. As rugbybase die spel wel vinniger wil maak, is daar eenvoudige raad: Speel die bal, en nooit die man nie. As die bal die fokus bly, sal die spel outomaties veiliger wees en die spelvloei dramaties verbeter. – Joe Kleinhans, Villieria


4

Dink

Vrydag 16 Oktober tot Donderdag 22 Oktober 2026

PROFIEL

‘Ek hoop dit hou nog lank’

G

V: So, jy het in Skukuza grootgeword? IvR: Onder meer. GV: Onder meer? IvR: My pa en ma het albei vir die bank gewerk vir omtrent 36, nee 38 jaar. Hy was ’n bankbestuurder, so ons het elke drie jaar getrek. Ek het begin in die Laerskool JJ van der Merwe in Ermelo, toe in st. 2 is ek na die Laerskool Witrivier – ek is nog oud genoeg om van standerds te kan praat. Aan die einde van my st. 2-jaar is my pa verplaas na die Wildtuin, wat beteken het dat ek van st. 3 tot 5 in die Wildtuin was. Ongelooflike voorreg, nie net die plek nie, maar ook die mense. Ons was maar 12 kinders in st. 5. Agt van die 12 het in meer as drie sporte provinsiale kleure gehad. As ’n groep was ons baie suksesvol. Ook nou. Jaco Ahlers speel vandag professionele gholf. Die ander was almal suksesvol tot vandag toe.

GV: Dit moes ’n belewenis wees om daar groot te word. IvR: Kom ek vertel jou van ons eerste aand in die Wildtuin. Ons het die middag begin intrek. Ek was 10 jaar oud, en my jonger broer was 6 jaar oud. Ons het heel aand uitgepak, en toe, teen middernag ’n klop (Ivan klop met sy vingers op die houttafel in die padstal waar ons sit) aan die voordeur gehoor. Ons het geskrik, want almal sê as jy daar kom, moet jy jou hek toemaak. Niemand mag oop hekke hê nie. Dis toe die buurman wat homself voorstel en sê: “Klim in die kombi.” Hy het letterlik 300 meter om die hoek gery, waar daar toe ’n trop leeus in die pad lê. So, dít was ons eerste belewenis – ons was regtig in die Wildtuin. GV: As jy terugdink aan daardie tyd in jou laerskool. Jy was ’n natuurlike sportman wat enige sport kon doen, maar rugby het uitgestaan.

“

Skoolwedstryde is nie die Wêreldbeker nie. Die ouers dink soms dit is soos die Wêreldbeker, maar dit is nie. Kry jou kinders lief vir sport. Dis die belangrikste.

Ek en Ivan van Rooyen (IvR) het mekaar hier in Midstream leer ken. Wanneer hy nie naweke weg is vir wedstryde as Lions-afrigter nie, is hy by ons gemeente se eredienste. Ek het altyd gewonder hoe dit voel om ’n professionele rugbyspan af te rig, maar wat my geïnteresseer het, was sy toewyding. En ek wou weet oor hom. Oor Ivan. Cash, soos hy deur baie mense genoem word, skryf Gerrit Visser (GV). IvR: Ek mag seker nie vloek in hierdie onderhoud nie? GV: Jy kan. Jy kan . . . (ons albei lag, en hy vloek ook nie). IvR: Rugby was nog altyd iets waarin ek myself moes bewys. Gewig en lengte maak nie saak in krieket nie. Ek was ’n middel- en langafstand atleet, soms te breed vir die een item en te kort vir die ander item. In rugby was ek altyd die klein outjie wat myself moes bewys. Dit het die passie in my wakker gemaak. In 2005 het ek Curriebeker gespeel vir die Valke, die enigste jaar wat ek nie by die Leeus was nie. Ek het ongelukkig ’n hardegatgeit aan my. Nooit gerook nie, nie gedrink nie, maar ook nie gegym nie. Ek moes sportwetenskap studeer om te besef dat dit nie die regte manier is nie. Nadat ek dit gestudeer het, het ek verstaan hoe belangrik die opbou van jou liggaam is, veral vir rugby. Ek het tien-teen-een ook in die verkeerde posisie gespeel. GV: Jy was losskakel? IvR: Ja, ek het 10 (losskakel) gespeel. So ’n rukkie in st. 9 skrumskakel gespeel. Meestal 10 gespeel – o.19, o.21. My Curriebeker-debuut was op 15 (heelagter) en ek het daarna vleuel ook gespeel. As ons daardie tyd rugby gespeel het soos ons dit vandag doen, moes ek 9 (skrumskakel) gespeel het. GV: Iets wat ek agtergekom het, is dat afrigters soms spelers in ander posisies speel as wat vir hulle die beste is.

Visser is ’n predikant by Kerksondermure (Centurion en Midstream) en het die onderhoud vir sy persoonlike webwerf gevoer. Hierdie is ’n uittreksel. Vir die volledige onderhoud gaan na www. gerritvisser.org/ onderhoude--interviews/ivancash-van-rooyen.

“

Ek was ongelooflik bevoorreg. My ouers het ons voluit liefgehad en ondersteun. Albei het voltyds gewerk, maar hulle het sover moontlik nooit ’n wedstryd misgeloop nie.

Ek het vir ons seuntjie gesê dat hy nie moet luister vir ’n afrigter wat sê: ‘Ag kom speel gou haker’, of iets soos dit nie. Veral in die laer spanne soos D- of E-spanne sien ’n mens dit soms. IvR: Ek dink dit gebeur albei kante toe. Afrigters dink soms hierdie outjie is weer groot, so hy moet 12 (binnesenter) speel, of 8 (agtsteman). Ek wil nie omstrede klink nie, maar afrigters is soms kortsigtig in hul denke rondom die ontwikkeling van spelers. Ons sien soms o.19-spelers wat as losvoorspelers by ons opdaag, maar wat nie in die lynstane kan spring nie. Hulle moes net crash balls hardloop. Spelers skuif ook rond tussen die voorspelers en die agterspelers. Wanneer ek by skole moet gesels, fokus ek altyd op die totale sportontwikkeling van kinders en om hulle ’n liefde te gee vir sport. Ek sien dit met ons meisies. Skoolwedstryde is nie die Wêreldbeker nie. Die ouers dink soms dit is soos die Wêreldbeker, maar dit is nie. Kry jou kinders lief vir sport. Dis die belangrikste. GV: En daardie liefde het jy gekry in die gesin waar jy grootgeword het. IvR: Ja. Ek was ongelooflik bevoorreg. My ouers het ons voluit liefgehad en ondersteun. Albei het voltyds gewerk, maar hulle het sover moontlik nooit ’n wedstryd misgeloop nie. Toe ek op hoërskool in die koshuis was, het hulle naweke ingery vir wedstryde, en selfs in die week wanneer hulle kon. Hulle het ons ondersteun

sonder om druk op ons te sit. GV: Dit sluit aan by professionele rugby vandag. Spelers bly nie noodwendig vir vyf of tien jaar by dieselfde span nie. Hoe skep ’n mens in daardie omstandighede ’n gevoel dat hulle behoort? IvR: Dis presies die punt. My hoop, en ons doel by die Lions, is dat ’n speler meer ervaar as net die nommer op sy rug en ’n salaris aan die einde van die maand. Die groep verander voortdurend. Daar is spelers wat vertrek, nuwe spelers wat inkom en juniors wat deurkom. Die dinamika is dus nie twee seisoene lank dieselfde nie. Elke nuwe speler moet verstaan wie ons is, hoe ons funksioneer en waarom ons dinge doen soos ons dit doen. Ek dink my eie ervarings het my gehelp om daardie kant van ’n span raak te sien. Elke speler het baie invloede van vorige afrigters gehad, asook hul eie pa’s of ooms. Dit help ook om spelers beter te verstaan. GV: Dis ongewoon dat iemand so lank in een stelsel bly, veral in so ’n groot rol. Wat hou jou daar? IvR: ’n Deel van wat my honger hou, is dat ek verskillende rolle kon vervul. Aanvanklik het ek by die juniors gehelp, terwyl ek ook ander werk gehad het. Ek het vroegoggend en weer laatmiddag gewerk. ’n Jaar later was ek voltyds by die juniors, en sowat twee jaar daarna by die seniors. My verantwoordelikhede het later weer verander, onder meer rondom prestasie en die mediese span. Daarna het ek die hoofafrigterspos gekry. Toe kom Covid, en ons moes in baie opsigte weer begin. Ons het ’n groot aantal senior spelers verloor — 42 spelers, van wie 18 Springbokke was. Dit was rof. Maar ek glo my doel is om mense beter te maak. Mense vra waarom ek steeds by die Lions is, of waarom ek nie elders gaan afrig nie. My antwoord is dat ek met my hele hart glo ek is nog nie klaar hier nie. Die rol verander, die uitdagings verander, en daar is steeds werk om te doen. Vyf jaar as hoofafrigter is lank in hierdie werk. Ek is dankbaar vir die mense wat my vertrou, en ek hoop dit kan nog lank voortgaan. GV: Wat maak jou opgewonde oor die toekoms? IvR: Soms staan ons self in ons pad – deur ons vrese en die beperkings wat ons vir onsself stel. Ek dink ons is soms selfs bang om suksesvol te wees. Ek sien byvoorbeeld ’n verskil wanneer ek spelers vra om hul sterk en swak punte te noem: Sommige begin met hul sterk punte, terwyl Afrikaanse spelers dikwels eers hul swak punte noem. Die lens waardeur ek na ’n speler kyk, is sy potensiaal. Ek wil hom help om dit raak te sien en saam met hom die pad stap om daarby uit te kom. Dikwels is die grootste beperking die grens wat ons self gestel het.


Vrydag 16 Oktober tot Donderdag 22 Oktober 2026

Dink

5

AKTUEEL Cassie du Plessis Erdegoed en vase vir die tafels van die base maar die Here se genade is in bottels en in glase So het Ronnie Belcher op ’n keer in een van sy vele kwatryne gedig. Vandag sou hy sekerlik verbaas wees om te weet dat daardie beskeie, gewese wynplaas van hom letterlik honderde gegoede base gaan kry – as eienaars van ’n weelderige residensiële landgoed in die Paarlvallei. “Die lewe ontvou as poësie,” is die leuse vir bemarking van Zanddrift Lifestyle Estate, waar Fase 5 nou met 36 luukse, argitek-ontwerpte deeltitel-suites van stapel gestuur is, met ’n intreeprys van R5,1 miljoen elk – naas die sogenaamde Senior Living Hub met 139 huise, asook 127 enkeltitel-eenhede, albei fases reeds uitverkoop teen R2,7 miljoen tot R4,3 miljoen op ’n plot- en-plan soort basis. Volgens die ontwikkelaars verteenwoordig Zanddrift, wat van 1757 dateer,’n “testament tot tyd, waar die verlede, huidige en toekoms saamkom”. Daar, by die vervalle Klipkapelkelder (Chapel Cellar), wat oor die jare in Italiaanse styl advertensiemateriaal, films en talle besoekersfoto’s verskyn het, sal die nuwe eienaars van heinde en ver vandag weinig weet van die kleurvolle vorige kunstenaar-eienaar se skeppings. ’n Skatkis, meestal van prettige en pretensielose gedigte in Afrikaans, onder meer in 11 digbundels en talle kinderverse, asook eksentrieke wynmaak- en wynbenamings. Met my onlangse besoek op die skilderagtige 43 hektaar perseel aan die voet van die Klein-Drakenstein-berge – waarheen deesdae ’n ongekende golf van kopers na nuwe residensiële landgoedere semigreer – was daar geen teken van wyle Ronald Kenneth Belcher se woorde of naam in die ontwikkeling te bespeur nie; vandag ’n teleurstelling vir sy gesinslede. Dít, hoewel hy en talle bekende kunstenaarspersoonlikhede tydens die plaas se kortstondige fleur, tydens musiek- en skrywersaande spontane woorde op die mure geskryf het. In ’n vervalle ou klipstoor het ek wel een leesbare, tipies ondeunde Ronnie-rympie teen die muur gevind: “My keel is droog Ek roep omhoog Die reier (skyt) spoeg So in my oog.” My onlangse geselsie met ene Marcel Hoogebeen van Synergy in Developments het die indruk gelaat dat die penny gedrop het by hom en sy vennote, Leon Buter en Hermann Schreuder, wie se gewig ook agter ’n aangrensende sekuriteitslandgoed, Azalea Acres en Blouvlei by Wellington staan.

Een van Belcher se rympies teen die muur van ’n ou stoor.

’n Deel van die nuwe ontwikkeling.

Wyle Ronnie Belcher

Om Ronnie se egte Paarl-plek te herontdek

Die oue en die nuwe: Die ou Belcher-gesinshuis wat gesloop gaan word. Die ingang van die nuwe Zandrift-ontwikkeling.

Wat oor is van die oorspronklike wynkelder.

En moontlikhede om die Belcher-naam en erfenis te betrek, word nou oorweeg. Hulle beplan om die geskiedkundige, maar vervalle kern van die Chapel-kelder en aangrensende klipgeboue op te knap, saam met nabygeleë wonings van Italiaanse krygsgevangenes uit die jaar 1943. Die argitekte se groot uitdaging is om hierdie murasies volledig met nuwe woonhuise te integreer, het Marcel vertel. Die projek word vandag onder die slagspreuk “Life unfolding as poetry” bemark – alles in afwagting van bou-goedkeurings deur die plaaslike owerheid en die Drakensteinerfeniskomitee. Intussen kon ek self as Paarlse vryskut-wynskrywer my eie woorde van ’n rubriek in die

Italiaanse krygsgevangenes het in die 1940’s in die huise gebly.

Die Kapel-klipkelder bly behoue. Links: Een van Belcher se destydse wyne.

Beeld van 1992 gaan opdiep – wat kosbare herinneringe uit die verlede na vore gebring het. Want op ’n keer – eintlik te min van hulle – het ek daar op Zanddrift aan huis by wyle die larger than life Ronnie, wederhelf Ella en hul tienerkinders, Ronnie en Renée, gekuier. Ja, assosiasies van groot gesels, lekker wyn reg uit die keldertjie en saksofoonklanke van

Renée, wat later ’n MMus-graad verwerf het en as veelsydige musikant, met saksofoon, klarinet, marimba en blokfluit, ’n musiek-terapeut sou word. Sy is vandag verbonde aan Curro Somerset-Wes, waar sy en haar gesin woon, terwyl Ronnie jr., ’n juweliersontwerper, tatoeeerkunstenaar, tromspeler en fotograaf in Kaapstad is. Die destydse kuierplesier het letterlik uit die hart en uit die

vat gekom. Daar was ’n “Wenvat”, so met bordkryt op die stawe handgeskryf, “Dal-josavat” (vir Daljosaphat-buurt in die Paarl), “Yassar Arra-vat, Boud-vat, Parra-vat” en “Vrouvat”. Volgens Renée het Ronnie en die plaaswerkers die kapelkelder met die hand klaar gebou ná Italiaanse krygsgevangenes se werk daarmee. As afgetrede professor en hoof van die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Bophuthatswana (later deel van die Noordwes-Universiteit), het Ronnie Belcher in 1990 hom en sy gesin op Eendevlei, oorspronklik Zanddrift, in die Paarl gevestig – vir R1 miljoen bekom – en vir vyf jaar sy eie wyn gemaak. Hy verkoop die plaas in 1995 aan ’n Singapoerse konglomeraat, wat dit 30 lank jaar in onbruik gelaat het, voor dit in die omvattende nuwe ontwikkeling opgeneem is. Hy is in 2006 op 73 jaar oorlede . . . en vandag is sy spore oënskynlik weggewaai op Zanddrift – met spogfasiliteite in die vooruitsig, soos ’n restaurant, brouery, wynmakery, rolbalbaan, tennisbane, fietsry- en drafroetes en top- mediese fasiliteite vir ouer garde, wat meer op die skoonheid en ontspanning van die eikehoutbome en twee bergstrome in ’n skilderagtige berglandskap gefokus sal wees. Op die langer termyn word die aanplant van nuwe wingerd en ’n wynmakery met opknapping van die sogenaamde Chapel-kelder beplan, waarin vandag nog sowat 30 ou vlekvryestaaltenks as deel van die Belcher-erfenis staan, ongelukkig sonder daardie vrolike vate. Maar dalk talm daar êrens die nasmaak van ’n Belcher Blanc de Blanc (van Sémillon, Riesling en Chenin Blanc) of sy gunsteling edel laatoes, destyds so beskryf met sy poëtiese flair: ’n Eksotiese wyn met groot diepte van karakter, sorgsaam geskep uit son-versoete botritis-geseënde druiwe, en daarna toegelaat om tot sy edelste volmaaktheid in nuwe Franse eikehoutvate te ontwikkel. Eksoties gebotteleer. • Du Plessis is ’n onder meer ’n wynskrywer van die Paarl, voorheen kommunikasiebestuurder van KWV en later Vinpro, oud-redakteur van Wynboer, WynLand- en Fynproe-tydskrifte en wynrubriekskrywer van onder meer Beeld.


6

Vrydag 16 Oktober tot Donderdag 22 Oktober 2026

Dink

MENSE

Die verligting om te erken: Ek is nie in beheer nie Zander van der Westhuizen Jare gelede besoek ek die Christelik-ekumeniese kloostergemeenskap in Taizé in Frankryk. Ek is daar oor Paastyd en bly vir die Paasnaweek in stilte in ’n huis in die dorp – weg van die besige koshuise en tentedorp naby die groot kerkgebou. Duisende jongmense uit verskillende lande en denominasies kom daar bymekaar, maar Paasnaweek is besonder besig. Vir die hele langnaweek praat niemand in die huis met mekaar nie. Ek stap, spandeer tyd in die dorpie se klein kerkie en geniet die rus. Elke dag woon ons steeds die drie eenvoudige eredienste van die Taizé-ge-

meenskap by. Op Stilsaterdag besoek ’n priester ons ná die oggenddiens. Hy lewer die kortste boodskap wat ek nog beleef het: “Soms is daar tye in jou lewe wat jy niks kan doen nie. Dan moet jy oorgee en wag dat God iets doen.” Dié woorde, binne die konteks van die kruisiging op Vrydag en die opstanding eers op Sondag, het my diep getref. Onlangs moes ons die moeilike besluit neem om ons gemeenskapsfees uit te stel. Die fees word jaarliks op die sportvelde van die laerskool gehou, met ’n groot buitelugverhoog en stalletjies. Dit is natuurlik afhanklik van goeie weer. Vir die eerste keer het die weer nie saamgespeel nie. Ons moes uitskuif. Met baie finansiële

IN DIE OOMBLIK implikasies het die priester se woorde telkens by my opgekom. Ons is nie altyd in beheer nie. Te midde van die worsteling oor die uitstel, was dit vir my ’n bevrydende besef. Ons leef in ’n wêreld waarin ’n mens maklik voel jy vir alles moet verantwoordelikheid

Waarom Afrikaans nie gaan uitsterf: Die redes

Daar bestaan die persepsie dat Latyn dood is, of in elk geval nooit regtig gepraat is nie. Dit is ’n persepsie gebore uit onkunde. Latyn is nie dood nie, want ’n taal word nie sommer ’n museumtaal of ’n fossieltaal nie. Dit leef voort in ’n ander vorm. Hiermee wil ek ook die doemprofesie besweer dat Afrikaans eendag gaan uitsterf. Vulgêrlatyn, Volkslatyn of informele Latyn, was die spreektaal in Rome en is die opvoedkunde, in as voertaal van gepraat deur die man in die amptelike toesprake, geleerdheid, van straat: die soldate, die landebriewe, die politiek die wetenskappe like bevolking en ander lede en in die letterkunde en kunste, die Willem Botha van die werkersklas. gebruik is. universiteite en die Vulgêrlatyn leef vandag Hoewel Klassieke kerk. Meer as ’n voort in ’n moderne formaat as Latyn nie meer gepraat word duisend jaar lank, dwarsdeur Italiaans, met spore van Klasnie, word dit nog bestudeer op die Middeleeue, het Latyn sieke Latyn. skool en universiteit die Westerse beskawing op Spaans word wêrelden dit leef ook voort sy skouers gedra. Daarna het wyd deur meer as in alle moderne tale Latyn ’n geweldige invloed 500 miljoen mense in regs-, botanie- en op die Germaanse tale gehad, gepraat en is anatomieterme waarin Afrikaans ook, veral geanker in en in die deur Nederlands, gedeel het. die Iberiese terminologie Ons “praat” baie meer Latyn Skiereiland van verskeie as wat ons besef en oor die se evolusie ander vakgevolgende paar weke gaan ons van Vulgêrlatyn. biede. kyk na Afrikaanse woorde van Portugees het Dit word selfs Latynse oorsprong. saam met Spaans beraam dat tot 60% van Ons loop of kyk ons daagontwikkel uit die Engelse liks in Latyn vas: Latyn is elke Vulgêrlatyn in dag op die voorblad van die OMNES LATINE woordeskat die westelike van Klassieke koerant, oor die radio en op LOQUIMUR deel van die Latyn afgelei die kassie. Dit is in alles wat Iberiese Skieris, so ook ’n ons doen, van die kombuis tot eiland. Frans het ontstaan uit groot deel van die Nederlandse in die hof, van die klaskamer ’n vermenging van Vulgêrlatyn woordeskat, en daarom ook tot in die kerk, van die plaas en die plaaslike tale in Gallië van die Afrikaanse woordetot by die dokter, van die par(die huidige Frankryk) nadat skat. lement tot in die sirkus (!) en die Romeine Gallië verower So leef Latyn voort in ander in ons sport – elke dag breek het. Klassieke Latyn, soos tale, selfs Germaanse tale soos inderwaarheid in Latyn aan … gebruik deur die klassieke Engels en Afrikaans. • Dr. Botha is ’n onderwys-, skrywers Vergilius, Cicero, Die sterk Latynse invloed woordeboek- en radioman Juvenalis en Tacitus was die op Westerse tale spruit voort met ’n honneursgraad in standaardtaal wat in die reg, uit die gebruik van Latyn Latyn.

neem. Jy moet in beheer wees. Jy moet die regte besluit neem. Verkieslik een wat alle kritiek kan weerstaan. Daar is ’n wonderlike sug van verligting wanneer jy kan erken: Ek is nie in beheer nie. Tussen die kruisiging en die opstanding moes die dissipels dit op ’n veel dieper vlak beleef: Nou kan net God ingryp. En terwyl dit daardie week reën – en selfs sneeu – in die noorde van die land, moes ek besef: Die weer is nie in my beheer nie. In ’n sekere sin is beheer in elk geval ’n illusie. Hoeveel van my spanning en bekommernis was werklik die moeite werd? Is ek uiteindelik werklik die een wat in beheer is? Daardie Paassondag stap ek

Rhys Evans Die geweldige uitwerking wat die komende Aarto-stelsel vir individue en maatskappye sal hê, word nog onderskat. Onder Aarto, die nuwe stelsel vir verkeerregulering, begin elke bestuurder met nul punte. Punte bou op met elke verkeersoortreding, en sodra ’n bestuurder 15 strafpunte oorskry, word die rybewys vir drie maande opgeskort vir elke punt bo die drempel. Dit beteken dat enige punte bo 15 tot ’n bykomende drie maande se skorsing per punt lei. Omdat ’n oortreding vir bestuur onder die invloed van alkohol tot ses strafpunte kan lei, kan ’n bestuurder wat reeds punte opgebou het weens ander oortredings vinnig met ’n rybewysskorsing gekonfronteer word. Vir private bestuurders skep die verlies van ’n rybewys onmiddellike chaos en onvoorsiene koste. Om by die werk te kom, kinders skool toe te neem en daaglikse take te verrig, vereis skielik hulp van familie of duur ritte met e-vervoerdienste. Vir ondernemings kan die gevolge selfs groter wees. Wanneer ’n personeellid wat vir ’n lewe bestuur, sy rybewys verloor, kan daardie individu nie meer sy kerntake uitvoer nie. Omdat dit ’n regskwessie is wat deur die bestuurder se wangedrag veroorsaak is, moet die werkgewer dalk komplekse menslike-hulpbronne-prosesse hanteer om werk te herverdeel of ontslagprosedures te begin. Om bloot die skorsing te ignoreer en ’n werknemer toe te laat om voort te bestuur, is nie ’n opsie nie. Om met ’n opgeskorte rybewys te bestuur, is ’n strafregtelike oortreding wat tot inhegtenisneming en

vroegoggend na die kerkgebou. Dit is gevul met mense. Die klokke lui en vir die eerste keer die week is die musiek in majeur. ’n Groot kers brand in die middel van die gebou en by die deur kry elkeen ’n kleiner kers. Tydens die liturgie word die vlam van die groot kers af aangegee. Van kers tot kers versprei die lig totdat duisende kerse brand en die hele gebou verhelder. Ná die tyd eet ons sjokolade en vars brood met egte Franse kaas. Ek stap terug dorp toe met ’n stukkie geloof wat ek vandag nog probeer onthou: Ek hoef nie altyd in beheer te wees nie. Want Iemand anders is. • Van der Westhuizen is ’n predikant, radio-omroeper, skrywer en musikant van Pretoria.

Alkohol die groot ramp met Aarto tronkstraf kan lei. Vir die werkgewer kan die toelating van ’n ongelisensieerde of opgeskorte bestuurder daartoe lei dat die versekeraar ’n eis afkeur of dekking verwerp, afhangende van die polisvoorwaardes. Indien ’n ongeluk sou gebeur, kan die maatskappy selfs vir alle skade en eise verantwoordelik wees. Die strafpuntstelsel teiken nie net individuele bestuurders nie; dit geld ook vir die bedryfskaarte wat aan sakevoertuie gekoppel is. As ’n kommersiële voertuig te veel strafpunte opbou, word die bedryfskaart opgeskort, wat daardie voertuig vir drie maande per ekstra punt van die pad af hou. Om slegs op personeel staat te maak om hulself te reguleer nadat hulle gedrink het, is ’n swak risikobestuurstrategie, aangesien alkohol natuurlik die vermoë om gesonde besluite te neem, belemmer. Suid-Afrika se wetlike perke is laag, wat beteken dat selfs minimale verbruik kan veroorsaak dat ’n bestuurder ’n asemtoets druip. Om vlootbates te beskerm en bedrywighede aan die gang te hou, moet werkgewers ophou om op probleme te reageer en begin om dit te voorkom. Maatskappye moet ’n duidelike, geen-verdraagsaamheid-alkoholbeleid instel. Vir ondernemings met ’n sentrale werf of depot, moet verpligte asemtoetse elke keer uitgevoer word wanneer ’n bestuurder wegtrek en wanneer hy aan die einde van die dag terugkeer. Voorts moet ondernemings hul voertuigbedryfskaarte deur streng administratiewe beheer beskerm. • Evans is die besturende direkteur van ALCO-Safe.


Vrydag 16 Oktober tot Donderdag 22 Oktober 2026

Dink

7

AKTUEEL

Oordeelkundige gebruik van mag neem menslike siel in ag Alida Kok Omstandighede rondom teregstellings van veroordeelde moordenaars in die Verenigde State is kenmerkend van die verlies aan ’n morele ekwilibrium in die uitoefening van mag wat in die beleid van die Weste se hegemoon teenwoordig moet wees. Die mislukte teregstelling van Christa Pike en die komende teregstelling van Nidal Hasan, wat volgens die Amerikaanse minister van oorlog, Pete Hegseth, regstreeks uitgesaai gaan word, vul ’n mens met afgryse. Pike, wat Boeddhisme beoefen en al 31 jaar lank ’n gevangene is, word deur Amerikaanse owerhede as ’n stuk blote materie sonder ’n siel behandel. Sy het twee dodelike dosisse van ’n middel wat vir teregstellings gebruik word, oorleef. Die middel waarmee sy ingespuit is, het skade aan haar liggaam veroorsaak en sy is steeds vasgeketting aan ’n hospitaalbed terug tronk toe geneem. Dit is onduidelik of ’n derde poging aangewend gaan word om haar tereg te stel. En met die plan om Hasan se teregstelling aanlyn uit te saai, meen besluitnemers in die Trump-administrasie dat die impak van openbare teregstellings op die samelewing goed sal wees. Met Marco Rubio, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, se onlangse toespraak in Athene, beroep die Amerikaanse regering hom nou op die antieke Grieke in Amerikaanse buitelandse beleid. Sommiges noem dit nou die “paganistiese nasionalis-

’n siel te maak en die barbaarse praktyk van openbare teregstellings in te stel, en of dit is om neokonserwatiewe uitbreiding en oorloë voort te sit. Wat Rubio nie besef nie, is dat die antieke Grieke juis ’n diep insig in die begrensde en oordeelkundige gebruik van mag gehad het. Die teoloog, filosoof en aktivis van die 20ste eeu, Simone Weil, verduidelik in van die mees skeppende werk oor dié tema hoe die onderliggende morele orde van die Weste bepaal dat niemand Christa Pike onbegrensde mag kan hê nie. Diegene wat mag het en dit gebruik om mense se lewens te beëindig of om grense onverskrokke te versit, sal later aan daardie selfde mag onderworFoto: Adobe Stock pe wees. Dit is, byvoorbeeld, me” van die Verenigde State die sentrale les in die Weste se – hierdie misbruik van antieke oudste epiese gedig, die “Ilias” Griekeland om die herontdeur Homeros. Die “Ilias” is ’n dekking van waardes soos meditasie oor ekwilibrium in verkenning en verowering, wat mag, of oor die begrensvolgens Rubio eens op de gebruik van mag. ’n tyd eeue van uitbreiBesef ’n mens dit, dan ding aangedryf het, sien jy hoe ironies te motiveer. Rubio se onlangse Rubio se lens toespraak met op die antiedie Akroke Grieke is polis in die by uitstek agtergrond ’n moderne is. Sy vertolking een. Die antieke van beskawingsGrieke het juis bronne stroop dit van nie die latere die vaste morele orde RAAKVAT waaruit dit geskep Westerse Faustiese drif gehad om hul is en waarvan dit ’n grense te versit en uitbreiding spieëlbeeld is. aan te dryf nie. Die Griekse Die begrensde en oordeelstadstaat is bekend vir al die kundige gebruik van mag wyses waarop konseptuele en neem in ag dat ’n mens en konkrete grense getrek is. ’n samelewing ’n siel het. Só Die Amerikaners gebruik word mag ook weer in samenou beskawingsbronne om die hang met gesag geplaas en onoordeelkundige gebruik van word nuwe beskawingsbronne mag – of magsmisbruik – te geskep. regverdig. Of dit nou is om ’n • Kok is ’n dosent in politiek mens soos Pike ’n ding sonder aan Akademia.

Fyn sydrade wat weef deur ons taal

“mori” (uit Latyn) “van die moerbeiboom” beteken. Sywurms is nie juis selfstandig nie. Ná eeue se mak maak kan hulle Kort ná die winter haal ek ’n nie meer sonder menslike sorg skoenboks uit die kas om te kyk oorleef nie. of die speldekopklein sywurmDie gedagte aan iets wat deur pies al uitgebroei het. Sodra mense se sorg voortbestaan, hulle verskyn, begin die blarelaat my dink aan my liefde vir jag. As kind het ek op my fiets woorde wat in die Latynklas deur die buurt gery op soek na begin het. Latyn word ’n moerbeiblare. dooie taal genoem, omNou is dit my kinders se dat dit nie meer enige beurt om sywurmkos moedertaalsprekers het op te spoor. nie. Tog bestudeer Die Engelse mense dit steeds “silk” loop via en leef sy Oudengels spore voort in terug na Latyn wetenskaplike “sericum” en name en moderne tale. Grieks “sērikos”, Die sywurm het wat met die mense nodig om te TAALSMID oorleef; Latyn het Oosterse volk Sēres verbind word. Die Afrikaanse mense nodig om aan volgende “sy” het via Nederlands “zijde” geslagte oorgedra te word. van die Latynse “saeta” (‘dierEk kyk na my kinders wat haar’) gereis. Dieselfde matedie ruspes voer en wonder wat riaal, verskillende woordreise. hulle eendag sal oordra. Ek Die soeke na sy en speserye hoop hulle hoef nie Afrikaans het Europese skepe om die Kaap net in ’n klaskamer as iets uit gelok. Met die VOC se ververdie verlede te bestudeer nie. Ek singspos het mense, tale en kulhoop hulle praat Afrikaans, lees ture hier ontmoet, deel van die Afrikaans, speel en lag in Afrigeskiedenis waaruit Afrikaans kaans. Ná die seisoen bêre ons geweef sou word. die skoenboks met eiertjies tot Ons skoenboksbewoners se volgende jaar. Mag Afrikaans wetenskaplike naam is “Bombyx nooit so weggebêre word nie. mori”: “Bombyx” (uit Grieks) • Van Helden is VivA se taaladbeteken “sywurm” of “sy”, terwyl viseur. Maureen van Helden

Gedagtestroom vertroebel tussen brein en tong Annemarie van der Walt In ’n wêreld vol rigiede menings is dit ’n daaglikse uitdaging om nie ’n mens se eie opinie te veel openbare lugtyd te gee nie. Almal van ons het mos iets te sê én sê dit. Heeldag en aldag. Soos wat wraggies in dié rubriek ook nou gedoen word. O, die ironie. Tog is die kruisvaarder-era hopelik verby om ander teen en wil en dank te oortuig. So rats ek was om deur die toue te klim om te woordboks oor die susterskerke, Afrikanerskap, die voordele van natuurlik kraam en die nadele van ’n onderwysstelsel wat in die 1800’s

vasgesteek het, so gooi ek nou maklik die spreekwoordelike handdoek in die kryt voor die eerste houe val. Dit klink en voel na bloot te veel moeite om die handskoene aan te trek. Jare gelede, toe die vriendekring nog aan die studeer was en ieder op soek was na ’n Rede vir Lewe, was die retoriese vraag waarheen ons dikwels teruggekeer het wanneer ons onvermydelik vasval op soek na die Groot Antwoord: “Maar wie stel belang in die sekslewe van die wangsakmuis en hoe gaan die wêreld daarby baat vind?” Nou ja, so voel ek steeds wanneer sekere kwessies só innig en kamstig dringend onder die vergrootglas geplaas word dat dit naderhand aan die brand

slaan: is dit nou nodig? te onthou: “Patriotisme: te veel Dis miskien waarom sommige vlag en te min aarde.” Maar mense – self ingesluit – lyk ag, dan lei dit maar na ’n nuwe asof ons met ’n mond vol tande haaspaadjie om mee af te draf. sit wanneer gawe gesprekke Dis die drang wat ontspoor in argumente waar soveel mense het jy slegs reg of verkeerd om te praat en praat kan wees, bôdder die en praat oor als groot grysgebied van waaraan hulle twyfel, soekend of dink wat my skepties wees. toenemend Wanneer dit so muilband. Al is rondom my blaker, oes ek soms diep oortuig ek inligting en insigte van my eie mening met my ore. Dra dan se- WYD & SYD oor ’n onderwerp, kere kerngedagtes met is ek dieper oortuig my saam soos ’n eekhovan hoe ’n gering sy winterkos en skryf dit in dagtestroom vertroebel tussen notaboeke of op flertse papier brein en tong. vir later se oor pieker op my eie Want mense het verskillentrant. Dié notas kan egter soms de woordeskatte. Woorde dra té kripties wees om die konteks aan verskillende waardes. So

soek ek die veiligheid op van my eie klein eggokamer met die dogters, wanneer ek werklik ten diepste oor iets wil praat. Gelukkig het ons lewens al so ver van mekaar uitgewaaier dat daar telkens onverwagse nuutheid op die praattafel gedek kan word. Maar ons woordeskat is bekend, herkenbaar, vertroud. Dit is veilig; ’n plek waarna ek toenemend soek in hierdie strydlustige wêreld vol onjuiste woorde. Belangriker nog: die stiltes terwyl gedagtes geformuleer word, is heilig. Dit is deel van die mening. In ’n oorverdowende meningslandskap, is dit juis waarna geluister moet word. • Van der Walt is ’n vryskutskrywer van Kaapsehoop.


8

DINK

Vrydag 16 Oktober tot Donderdag 22 Oktober 2026

SPELETJIES FOTOBLOKRAAI 33

L E I D R A D E V I R BLOKRAAI 33: DWARS: 7. Begin deelneem aan (7) 8. Stukkend maak (5) 9. Dronkgeslaan (8) 10. Met ’n trotse houding (4) 15. Kanselleer (6) 16. Spriet (7) 19. Deeglik vertroud wees met (8) 22. ’n Motor het vier (5) 23. Hommelby (3) 24. Plante met sappige, eetbare spruite (9)

AF: 1. Die laaste asem uitblaas (5) 2. Witwyn met ’n effense vonkel (5) 3. Klomp skape bymekaar (4) 4. Kans (5) 5. Gebak wat jy in koffie doop (7) 6. Skamerig (3) 8. Met goeie maniere (7) 11. Geluid maak soos ’n bees (4) 12. Gesluit (3) 13. Verhale (7) 14. Nie op ’n gepaste tyd nie (7) 17. Skelm kyk (4) 18. Volksdigter (4) 20. Partykeer (4) 21. Maatstaf (4)

L E I D R A D E

OPLOSSINGS VIR 9 OKTOBER 2026

FOTOBLOKRAAI 32

V I R

S U D O K U 33

E N G E L S E BLOKRAAI 33: ACROSS: 7. Draw attention (7) 8. Mixed greens and vegetables (5) 9. Flat bottomed boats (8) 10. Intense anger (4) 15. Sea creature that have a rough shell and can produce a pearl (6) 16. The upper jawbone in vertebrates (7) 19. Long severe snowstorm (8) 22. Start (5) 23. British title (3) 24. Mysterious (9)

DOWN: 1. Not now (5) 2. Prick (5) 3. Insect with a black and-yellow body (4) 4. Hard piece of earth’s surface (5) 5. Woven fabric used as a bed covering (7) 6. Opposite of subtract (3) 8. Floors of a building (7) 11. Securely in position (4) 12. Snakelike marine fish (3) 13. Lamp (7) 14. Deliberate (7) 17. Capable (4) 18. Automobiles (4) 20. Bluish-white metallic element (4) 21. Lacking light (4)

ANTWOORDE BLOKRAAI 32: Dwars: 1. Bokspoot; 7. Roeper; 8. Onpaar; 9. Omsien; 11. Raai; 12. Spog; 14. Trots; 16. Aard; 18. Inlê; 19. Aandik; 22. Seeman; 23. Geween; 24. Kronieke. Af: 1. Bloukraan; 2. Kapenaar; 3. Plato; 4. Tragiet; 5. Tekens; 6. Keur; 10. Egtelinge; 13. Pandemie; 15. Rinkink; 17. Dapper; 20. Klein; 21. Fles. ENGELSE BLOKRAAI 32: Across: 1. Neurosis; 7. Mother; 8. Goblin; 9. Nectar; 11. Gate; 12. Even; 14. Crane; 16. Nine; 18. Acne; 19. Fringe; 22. Canine; 23. Falcon; 24. Schooner. Down: 1. Negligent; 2. Unbeaten; 3. Onion; 4. Smitten; 5. Attire; 6. Lean; 10. Underwear; 13. Vacation; 15. Raisins; 17. Effect; 20. Erato; 21. Clam.

S U D O K U 32 A N T W O O R D

Saamgestel deur: Heidri Mittendorf


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
DiePapier-Oos-Kaap~16102026 by Novus Media - Issuu