BloemNuus E-edition 7 Aug 2025

Page 1


’n Tydelike reëling is getref sodat besoekers aan die Langenhovenmark

Doen deeglike impakstudie in LHP, word wyd gevra

Skoolal‘gevoel’

Hoewel die skool wat vir Langenhovenpark beplan word talle voordele vir die woonbuurt inhou, is daar tog kommer dat dit infrastruktuur onder druk kan plaas as ’n behoorlike impakstudie nie gedoen word nie.

Jan-Hendrik Cronje, DA-wyksraadslid, asook Dulandi Leech, voormalige wyksraadslid en nou lid van die wetgewer, sê die DA is in gesprek met die departement van onderwys, die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) en die departement van openbare werke oor die vordering van die Langenhovenpark Comprehensive School

Dit volg op die oprigting van ’ n heining om die twee terreine wat vir die skool en sportterrein geoormerk is Die oop stukke veld het jare lank as parkeerplek vir besoekers aan die Langenhovenmark gedien

Die een terrein is op die stuk grond van 8ha noord van die terrein van die Langenhovenmark en strek van Dirk Oppermanstraat aan die een kant tot by Boerneefstraat; in die suide grens dit aan Jochem van Bruggenstraat Die ander stuk grond lê direk wes van die markterrein

Cronje sê hulle is dankbaar oor die netjiese heining wat nou hier opgerig is

“Ek het hard baklei vir die heining Daar was lank ’ n probleem met die bosbewoners teen die koppie wat inwoners en die kinders by EduPlus geterroriseer het Die die heining bring ’ n groter mate van veiligheid vir inwoners

“Ons wil nog net vra dat die laaste 36m van die heining ook voltooi word om die koppie van inwoners af te kamp”

Leech sê op haar beurt die vestiging van ’ n sportterrein sal positief vir die woonbuurt wees

Dié terreine is reeds in 1982 vir ’ n skool

gesoneer

“Daar is egter sedertdien talle meenthuiskomplekse gebou en die invloei van inwoners het aansienlik meer geword as die oorspronklike profiel van die woonbuurt Daar is dringend ’ n nuwe impakstudie nodig wat die druk op die infrastruktuur en die toekomstige insluiting van ’ n skool daarop, kan weergee, ” sê Cronje

“Die DA stem saam dat ’ n nuwe skool in die woonbuurt nodig is, maar dit is ook belangrik dat die beplanning reg gedoen word

“Ons wil nie sien dat dit nog ’ n voorbeeld van mislukte infrastruktuur in die Vrystaat is nie”

Leech sê die vestiging van ’ n skool hier sal kinders in die woonbuurt toegang gee tot ’ n skool

naby hulle; dit sal ook werkgeleenthede vir onderwysers wat in Langenhovenpark woon, beteken

“Dit is vir ons ’ n positiewe stap, maar ons hoop die geboue word van die begin af goed gebou en daar word nie eers net tydelike klaskamers opgerig nie”

Sedert die voltooiing van die grootste deel van die heining verlede week is parkeerplek by die mark minder as in die verlede

Ds Leon Oosthuizen, bedryfshoof van die mark, sê daar word planne gemaak

“Ons kan nog parkeerplek vir sowat 80 motors aan die oostekant van ons terrein inrig,” sê hy Hy sê hul frustrasie is dat hulle nie behoorlike kommunikasie vanaf die departement van onderwys kry om hul eie beplanning te doen nie

Cronje sê ’ n tussentydse reëling word getref dat besoekers aan die mark op die perseel van die skoolterrein in Jochem van Bruggenstraat kan parkeer

“Ons vra nou dat daar ’ n openbare vergadering met die gemeenskap gehou word om die invloed van die skool op die woongebied te bespreek,” sê Cronje

Daar is reeds leerlinge wat hulle by die Langenhovenpark Comprehensive School ingeskryf het en nou tydelik by die Laerskool Sand du Plessis skoolgaan

Saterdae nog agter die nuwe heining mag parkeer Foto s: Lientjie M
Kevin en Janet Chang is twee van die stalletjiehouers op die weeklikse Langenhovenmark Hulle verkoop varsgebraaide mielies
Jan-Hendrik Cronje en Dulandi Leech by die netjiese nuwe heining in Langenhovenpark
Motors staan geparkeer weerskante van die nuwe heining wat ’n skool-en-sportterrein langs die Langenhovenmark omhein

Vrae oor uitslae

Die stadsbestuurder van die Mangaung-metro het ’n verstommende 100% gekry vir sy sleutelprestasie-beoordeling (KPI) – dit terwyl die metro se verval vir almal sigbaar is.

VF Plus-raadslid Henry Denner sê dit blyk uit die jongste kwartaalverslag oor dienslewering en die begrotingsimplementeringsplan wat Donderdag 31 Julie aan die raad voorgelê is

“Dit is ongelooflik dat ’ n hoof van ’ n metro wat sigbaar wanfunksioneel is, as foutloos en uitstaande geëvalueer kan word,” het hy op die verslag gesê Luidens die verslag is 67% van die metro se totale prestasies van “volledig effektief” tot uitsonderlik bogemiddeld” beoordeel

“Hierdie rooskleurige prentjie weerspieël geensins inwoners se daaglikse werklikheid van vervalle paaie, onbetroubare sanitasiedienste en vrot infrastruktuur nie

“Die verslag meld ook ’ n sogenaamde 80%-invorderingskoers vir dienste gelewer, maar terselfdertyd beplan die metro om skuld van R2,8 miljard af te skryf Reaksiesyfers op diensversoeke word aangegee as 96,9% vir sanitasie en 87,3% vir waterverwante probleme

“Dit is glad nie die ervaring van inwoners wat op gemeenskapsWhatsApp-groepe kan getuig oor klagtes wat dikwels geïgnoreer word en herstelwerk wat maande lank sloer nie

“Die metro se groot probleem is verkeerde prioriteite ’ n Voorbeeld is die R677 000 wat die metro aan tuinontwerp en grasperke rondom die Bram Fischer-gebou bestee het terwyl omliggende woonbuurte agteruitgaan en basiese dienslewering stilstaan,” sê Denner

“Die stadsbestuurder se prestasiebeoordeling is duidelik ’ n geval van self-evaluering – jy skryf die toets, merk dit self en gee jouself volpunte Hierdie soort selfverheerliking is tekenend van die ANC wat tred met die werklikheid verloor het”

Die Vrystaatse LUR vir gesondheid,Monyatso Mahlatsi,het op Maandag 4 Augustus ’n besoek gebring aan die tydelike noodgevalle-afdeling by die Nasionaal-distrikshospitaal Foto:

Die tydelike noodgevalle-afdeling by die Nasionaal-distrikshospitaal is nou gehuisves in dieselfde gebou as die Gateway-kliniek op die hospitaal se terrein.Die ingang tot die gebou is uit Rothlaan Foto: Verskaf

Reeks gesondheidsdienste gebied

Die Vrystaatse departement van gesondheid het ’ n tydelike plan gemaak om ’ n noodgevalle-afdeling by die Nasionaal-distrikshospitaal in Bloemfontein te open

Dit kom ná die brand op 7 Julie verlede jaar wat groot ontwrigting by dié hospitaal veroorsaak

Terwyl opknappings ná die brand voortduur, was

Miljoene

die noodgevalle-afdeling tydelik by die PelonomiAkademiese Hospitaal gehuisves, maar dié afdeling is sedert Maandag 4 Augustus terug by Nasionaal Die noodgevalle-afdeling is nou tydelik in die gebou waar die Gateway-kliniek op die terrein van Nasionaal is Toegang is vanaf Rothstraat langs die hoofhek Die Pediatriese kliniek is ook tydelik binne Gateway

Die dienste wat nou by Nasionaal beskikbaar is, is ’ n apteek, fisioterapie, arbeidsterapie, radiologie, beëindiging van ’ n swangerskap, hoërisiko swangerskapkliniek, pediatriese kliniek, buite-pasiënte, die Tshepong Thutuzela-sentrum, dieetkundiges, maatskaplike dienste, psigiatrie, kraamsaal nou in saal agt, die tandartskliniek en die manssaal in saal sewe

Ander dienste is onkologie, oftalmologie in die oogkliniek in saal 26 en optometrie

vir spyseniering, maar geen dienslewering

Terwyl gemeenskappe sukkel om basiese dienslewering te kry, het die Mangaung-metro die afgelope jaar meer as R6 miljoen bestee aan spyseniering alleen

Dit blyk uit die metro se verskaffingsbestuursverslag tot op 30 Junie, wat op Donderdag 31 Julie in die metro se raadsvergadering gedien het

DA-raadslid Dirk Kotzé sê in ’ n verklaring die verslag wys hoe geld spandeer word, maar meer as dit: ook hoe deursigtigheid, verantwoordbaar-

heid en openbare vertroue afgetakel word deur geld wat ongekontroleer en met swak oorsig bestee word Kotzé sê met die aanbied van die Cosafa-sokkertoernooi, waarvoor die metro R6 miljoen beskikbaar gestel het met die belofte van toerisme, internasionale sigbaarheid en ’ n ekonomiese hupstoot, is net R96 000 bestee – en dit vir spyseniering Geen aanduiding word gegee vir infrastruktuur, logistiek en operasionele koste nie Mare-Lize Wewege van die VF Plus sê die party kan nie die vae verslaggewing, ongereguleerde

uitkontrakterering van basiese dienste en voorturende vertroue op konsultante aanvaar nie Sy sê die verslag het talle onduidelikhede “Een inskrywing gee die begroting vir ’ n heining wat gebou moet word as R7,5 miljoen Watter soort heining is dit en wat word beskerm?’’

In Martindale en Lakeview word daar melding gemaak van ’ n omheining van R7,4 met slegs R1,9 miljoen wat beskikbaar is in die begroting Dit maak nie sin nie Is dit ’ n afwyking, oorbesteding of ’ n fout?” het sy gevra Kotzé sê die verslag laat ook kom-

mer oor die groot uitgawes op kontrakteurs wat loodgieterswerk doen “Met R14,9 miljoen wat spandeer word op nood-onderhoudwerk, is dit nie duidelik hoekom gemeenskappe dikwels lang tye wag wanneer pype bars, riolering lek en watertoevoer onbetroubaar is nie?” Hy sê die raad wag op die burgemeestersverslag oor die beleggingseminaar, ’ n volledige verslag van die spandering van die Cosafa-toernooi, ’ n forensiese oorsig van die nood-loodgieterswerk en ’ n oudit van die spysenierskontrakte en diensverskaffers

ving municipal issues inspires no hope

serious concerns about its y Mangaung, the situation is grim massive R12 6 billion in unpaid tly, the lack of a clear organial structure and regular reviews loyee skills makes it difficult to s issues such as ghost workers portedly, an organogram has been completed Its functionality ns to be seen, " Mc Kay says

Mc Kay says the long delay in appointing an ombudsman, a position meant to improve oversight, shows neglect in governance

Meanwhile, the rise in sewage spills and water leaks poses a dire threat to residents, with an estimated 50% of clean water going to waste

"Overall, the many unresolved issues create a disturbing picture of Mangaung ' s future, leaving little room for hope "

Wen groot kunsprys Christiaan van Vuuren (links) was
wenner van ’n kunswerk van Vrystaatse kunstenaar Pauline Gutter (regs) op die Monte Bello-wynfees op Vrydag 1 Augustus en Saterdag,waar Pauline se werke uitgestal is Die kunswerk heet Lemur
Teboho Setena

Eunice High School spog met pryse in die ATKV-Applous-kompetisie Van links is Leona Geldenhuys,Jackie Botma (waarnemende skoolhoof),Retha Visser en Anton Esterhuyse,wat die pryse namens die skool ontvang het Foto: Verskaf

Eunice verdien dubbele Applous

Die Eunice Vitae Cantamus-koor het twee pryse gewen in die ATKV-Applous-kompetisie, waarvan die eindronde op Saterdag 2 Augustus in Pretoria aangebied is

ATKV-Applous is die oudste skoolkoorkompetisie in Suid-Afrika Die eindronde is vanjaar ’ n 48ste keer aangebied en het van 30 Julie tot 2 Augustus in die ZK Matthews-saal by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) in Pretoria plaasgevind

In Mei, met ATKV-Applous se streekfeeste, het die beoordelaars na 292 kore geluister, wat meer as 20 000 hoër- en laerskoolleerlinge van oor Suid-Afrika en Namibië heen verteenwoordig Kore het sedert 30 Julie in verskillende afdelings meegeding, met die hoërskool-prestige-afdelings wat Saterdag beslis is Benewens erkenning aan die afdelingwenners, is sertifikate oorhandig vir die beste uitvoering van ’ n voorgeskrewe lied, die beste uitvoering van ’ n Afrikaanse komposisie en die beste uitvoering van ’ n Afrika-lied

Die koor van Eunice High School het die prys gewen vir die beste uitvoering van ’ n voorgeskrewe werk, wat die “Loflied van Debora ” deur Niel van der Watt, was; ook die prys vir die beste uitvoering van ’ n Afrikaanse lied Die

lied wat die koor gesing het, is Anton Esterhuyse se verwerking “Op my ou Ramkietjie” in ’ n lied “Ramkieriasies”

Algeheel was Eunice Vitae Cantamus tweede in die afdeling vir hoërskool-meisieskore, met ’ n cum laude-uitslag van 93,53%

Die koor van die Hoërskool Menlopark is die wenner in die Hoërskool-prestige-afdeling vir gemengde skole; dié van die Hoërskool Stellenberg is die meisieswenner in dié afdeling; en die koor van die Afrikaans Hoër Seunskool is die seunswenner in dieselfde afdeling

Die koor van die Hoërskool Ferrum is die wenner vir beste uitvoering van ’ n Afrika-liedjie Corneli Quinn, projekorganiseerder, meen ’ n skoolkoorkompetisie soos ATKV-Applous is van sleutelbelang Sy beklemtoon dat dié vooraanstaande kompetisie ’ n hoë peil in klankuitvoering, musikaliteit en interpretasie inspireer

“Kore word aangemoedig om hul tegniek te verfyn, met repertoire te eksperimenteer en saam te werk om gepoleerde optredes te lewer”

Daarbenewens, sê Quinn, bevorder ’ n kompetisie soos ATKV-Applous lewensvaardighede soos spanwerk, dissipline en deursettingsvermoë By ATKV-Applous word die kore aangemoedig om musiek in inheemse tale, tradisionele liedere én kontemporêre werke te sing Sodoende word kulturele erfenis bewaar en gevier terwyl diversiteit en inklusiwiteit bevorder word

Jong stemme gaan bekoor

LIENTJIE MENTZ

Hoërskoolkore van oor Bloemfontein heen neem op Dinsdag 12 Augustus deel aan ’ n musiekvertoning wat eer bring aan die prag van koormusiek

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) bied die Hoërskool-koorvertoning aan met vier hoërskoolkore, asook die Bloemfontein-kampuskoor van die UV, wat in die Odeion-ouditorium op die hoofkampus gaan optree

Werner Stander, dirigent van die UV-koor, sê dit bied ’ n platform om uitstekende hoërskoolkore in die stad te eer, terwyl dit vir hulle ’ n geleentheid gee om in die stad op te tree

Die kore wat gaan deelneem, is die skoolkoor van St Andrew’s School, die kapelkoor van

St Michael School for Girls, die skoolkoor van die Hoër Meisieskool Oranje en Eunice Vitae Cantamus Laasgenoemde was ’ n pryswenner in die ATKV-Applous-kompetisie

“Ons is geïnspireer deur die passie en dissipline wat deur dié hoërskoolkore in Bloemfontein getoon word,” sê Stander

“Die fees is nie net ’ n platform sodat hulle kan optree nie, maar ook ’ n lofbetuiging vir die jong stemme wat die toekoms van koormusiek in Suid-Afrika vorm ”

Stander en die UV-koor nooi die gemeenskap van Bloemfontein, musiekonderwysers en ondersteuners van die kunste na die musikale aand

Die uitvoering begin om 18:30 Kaartjies kos R80 en is beskikbaar op quicket co za

Ouditeurs van ARC Sakhile het namens die kantoor van die ouditeur-generaal (OG) ’n trofee aan die personeel in die finansies-afdeling van die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke oorhandig,wat drie jaar agtereenvolgens ’n skoon oudit ontvang het Van links is Sunet Myburg,Tokkie Pretorius (direkteur van die Oorlogsmuseum),Ernst Relling (ARC Sakhile),Elzaan van Wyngaardt (finansiële hoof van die Oorlogsmuseum),Angelique Joubert,Zelda Potgieter en Quintin Norris (raadsvoorsitter van ARC Sakhile) Foto: Verskaf

Museum kry oudit-pluimpie

In ’n tyd dat staatsinstellings sukkel om goeie oudits te verwerf, is die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke beloon omdat dié instelling die afgelope drie jaar ’n skoon oudit ontvang het.

Ernst Relling van ARC Sakhile wat die oudit namens die ouditeur-generaal (OG) uitgevoer het, het op ’ n gelukwensingsgeleentheid op Donderdag 31 Julie by die museum gesê die skoon oudit, drie jaar agtereenvolgens, is ’ n sterk aanduiding van goeie bestuur

“Die Oorlogsmuseum het ’ n skoon oudit ontvang met geen bevindinge vir die derde jaar ’ n prestasie wat in die Suid-Afrikaanse openbare sektor toenemend skaars word,” sê Relling

“ ’ n Skoon oudit beteken dat die finansiële

Diary

DONDERDAG 7 AUGUSTUS

Anton Goosen is die hoofkunstenaar op die Laerskool Willem Postma se musiekfees: 80 jaar van Roem en Faam Drie vertonings word in die Sand du Plessis-teater aangebied met die eerste om 18:30 Kaartjies kos R350 en is beskikbaar op webtickets co za Daar is nog vertonings op 8 en 9 Augustus, telkens om 18:30

Prof Jannie Rossouw praat om 18:00 by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) oor die tema “Suid-Afrika: Hoe bou ons ’n toekoms - ekonomies en andersins” Die geleentheid word aangebied in samewerking met die Werkgemeenskap Vrystaat van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Bespreek vooraf by annelien naln@gmail com

Adv Vic de Bruyn (senior state advocate) and Ashley Wilson (FNB) will adress a meeting of the University of the Third Age (U3A) on Cyber Crime The meeting will start at 10:30 in the Sewe Damme Hall

SATERDAG 9 AUGUSTUS

Die Franse Mark duur van 09:00 tot 15:00 by Villa Avianto Toegang kos R35

Die Laerskool Universitas (Tjokkies) bied ’n Baby Tjoklits sport- en pretdag vir kinders van 3 tot 6 jaar aan Dit begin om 09:00 Rig navrae aan Suzane Will by 079 622 7535

Die Bloemfonteinse Mannekoor bied ’n koorfees by die Geloofsentrum in Universitas aan Optredes deur

die Take Note, die George-mannekoor, die Bloemfontein-mannekoor, die Indomitus-koor van Grey-kollege, die koor van Grey-kollege (primêr) en ’n massakoor deur al die kore Gaskunstenaars is die singende chirurg dr Wilhelm Lichtenberg en Mario Lategan Die geleentheid begin om 19:00 in die Geloofsentrum Universitas Kaartjies kos R120 en is op Phoenixpro co za of by die deur beskikbaar

Die Genealogiese Genootskap lewer ’n gesamentlike gratis aanbieding met die Oorlogsmuseum om 14:00 by die Oorlogsmuseum oor familievoetspore in die Anglo-Boereoorlog deur dr Vickey Heunis en dr Johan van Zij aanl

Vrouedag-praatjie by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum met Prof Matildie Wium wat gesels oor indrukke van musiek in Bloemfontein in 1875 Die praatjie begin om 10:00 en dit is gratis Bespreek by vriendevannaln@gmail com

DINSDAG 12 AUGUSTUS

Jacobus Silwer bied om 10:00 ’n penskets-werksessie in die kerksaal van die NG kerk Fauna aan Dit kos R400 en sluit ’n ligte middagete in Bespreek by Winnie Ward by 084 407 1139

VRYDAG 15 AUGUSTUS

Die BloemNuus-rolbaldag gespeel by die Bloemfontein-rolbalklub, word ten bate van Engo aangebied Inskrywing kos R1 200 per span van vier en gee elke deelnemer een kans om te wen in die Projek van Hoop Bel Gerrie de Bruin by 083 264 2742 vir meer

state regverdig, en in alle wesenlike opsigte akkuraat weergee, hoe die instelling sy geld bestuur, sonder enige bevindings van nie-nakoming aan wetgewing of beduidende swakhede in interne beheer”

Relling sê verder deursigtigheid en verantwoordbaarheid, veral in ’ n tyd dat sulke uitkomste by openbare entiteite uitsonderlik is, is ’ n prestasie

“Dit getuig van van die museum se verbintenis tot korrekte finansiële praktyke, ondanks uitdagings wat instansies in die kultuur- en erfenissektor het”

Dit is ’ n groot pluimpie vir een van Bloemfonteinse se spog-museums, wat voortdurend nuwe projekte onderneem

Die ouditorium is onlangs opgeknap en die museum bou nou ’ n besonderse replika van Tierpoort se blokhuis, wat in September geopen gaan word

inligting

SATERDAG 16 AUGUSTUS

Die Vrystaat Cheetahs speel om 14:00 teen die Westelike Provinsie in die Toyota-stadion Kaartjies kos R60 op die hoofpaviljoen R40 op die oop paviljoen en kinders betaal R30 Dit is aanlyn beskikbaar op ticketpro co za of by die kaartjiekantoor by die Toyota-stadion

Die sopraan Marie Vassiliou begelei deur Nicolene Gimmons op klavier tree op in die vertoning: A Songmaker's Journey Die vertoning begin om 19:00 Kaartjies vanaf R50 is op quicket co za beskikbaar

MONDAY,18 AUGUST

The Odeion School of Music (OSM) presents a evening in tribute of composer Jan Coetzee, starting at 18:00 in the Odeion on the main campus of the University of the Free State (UFS) Admission is Free

DINSDAG 19 AUGUSTUS

n Portretskilder-werksessie word deur Elize Bezuidenhout aangebied Leer om portrette te verf van velkleure tot gesigseienskappe Deelname kos R5 500 Dit word by die NG kerk Heuwelkruin aangebied Bespreek deelname per e-pos by ataliastudio sa@gmail com

Stuur inskrywings vir BloemNuus se dagboek voor Maandae om 12:00 per WhatsApp na 083 709 0809,of per e-pos na lientjie mentz@ novusmedia co za

257 4565

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA FREE STATE DIVISION, BLOEMFONTEIN

Case No:2955/2025

Before the Honourable Judge PJ LOUBSER

On the 10TH day of JULY 2025

In the matter between: ITAU MILLING (PTY) LTD APPLICANT and M E L K W E G

K O M M O D I T E

RESPONDENT

Registration number: 2017/527597/07

Having considered the documents filed of record and having heard the legal practitioner for the Applicant, IT IS ORDERED THAT:

1. The Respondent is plaed under provisional liquidation in the hands of the Master of the High Court of South Africa (Free State Division).

2. A rule nisi is issued calling upon all interested parties to show cause, if any, to this Court on 28 August 2025 at 09h30 or at such time when counsel may be heard why a final order of liquidation should not be granted against the said Respondent.

3. The rule nisi together with a copy of the notice of motion and annexures must b e s e r v e d o n t h e Respondent's registered address or principal business address.

4 The Sheriff must establish whether the employees are represented by a registered trade union and determine whether there is a notice board inside the employer's premises to which the employees have access

5. A copy of the rule nisi must be served on:

5.1. any trade union

r e p r e s e n t i n g t h e Respondent's employees;

5 2 the Respondent's employees, by affixing a copy of the notice of motion to any notice board to which the employees have access inside the Respondent's premises, or if there is not access to the premises by the employees, affixing a copy to the front gate, where applicable, failing which the front door of the premises from wich the Respondent conducted any business at the time of the presentation of the notice of motion;

5.3. The South African Revenue Services.

6. The rule nisi must be published in the Government Gazette and Bloemnuus.

7. Costs of this application are costs in the Liquidation. BY ORDER OF THIS COURT

NOTICE IS GIVEN IN TERMS OF SECTION 41(4) OF THE NATIONAL WATER ACT, 1998 (ACT NO. 36 OF 1998) FOR THE WATER USE LICENSE APPLICATION IN TERMS OF SECTION 40 OF THE ACT Project title: APPLICATION F O R P

, 3 HECTARES OF WATER RIGHTS FROM REMAINDER OF THE FARM KOEDOE'S RAND NUMBER 391, DISTRICT BOSHOF TO THE FARM EUODIA NUMBER 227, DISTRICT BOSHOF

P r o j e c t d e s c r i p t i o n :

A P P L I C A T I O N F O R PERMANENT TRANSFER OF WATER RIGHTS FOR IRRIGATION ON THE FARM

EUODIA NUMBER 227, DISTRICT BOSHOF

Size of site and project: 5,3

HECTARES OF IRRIGATION FROM RIVER

Applicant: WILLIE JACOBUS

GELDENHUYS

Co-ordinates:

28°56'54"S 25°10'57"E

All comments must be lodged in writing or verbally if unable to write to the b e l o w m e n t i o n e d consultants: Consultant name: WILMIE

WESSELS AT TERBLANCHE

LEGAL INC

Tel: 053 574 0006

Cell phone: 067 769 6863 / 073 918 4442

E-mail: wilmie@ditsim.co.za / tax@ditsim.co.za

Postal Address: No Post

O f f i c e f a c i l i t i e s i n Petrusburg. Courier original documents to our Office at 9 P R E T O R I U S S T R E E T , PETRUSBURG 9932

The Water Use License Application (WULA) will be s u b m i t t e d t o t h e Department of Water and Sanitation. In order to ensure that you are identified as an interested andr affected party please submit your name, contact information and interest in the matter, in writing or verbally to the contact person given above within 6 0 d a y s o f t h i s advertisement/notice

ST5493/2011 LOST OR DESTROYED DEED

Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of DEED OF TRANSFER NUMBER ST5493 /2011 passed by: LAND BREEZE TRADING 594 CC Registration Number CK2008 /081510/23

In favour of: JAN ADRIAAN VORSTER Identity Number 590701 5059 083

Unmarried is the registered owner in respect of certain:

A Unit consisting of (a) Section No. 88 as shown and more fully described on Sectional Plan No SS 209/2010 in the scheme known as SARATOGA in respect of the land and building or buildings situated

a t B L O E M F O N T E I N EXTENSION 39, MANGAUNG

M E T R O P O L I T A N

MUNICIPALITY, of which

section the floor area, according to the said sectional plan is 64 (Sixty Four) square metres in extent and (b) An undivided share in the common property in the scheme apportioned to the said section in accordance with the participation quota as endorsed on the said sectional plan.

HELD BY Deed of Transfer Number ST5493/2011 which has been lost or destroyed.

All person having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at BLOEMFONTEIN within two weeks after the date of the publication of this notice

DATED at BLOEMFONTEIN on this 4th day of August 2025

Attorneys

Address: 14 Dirk Opperman Street, BLOEMFONTEIN

Email address: ronel@gdlaw.co.za Ref: J01165

Contact number: 051 446 3913

T12332/2007 LOST OR DESTROYED DEED

Notice is hereby given in terms of regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of DEED OF TRANSFER

T12332/2007 passed by K O P A N O N G L O C A L

MUNICIPALITY in favour of MEMKE MARIA TAFANE in respect of certain ERF 844 MADIKGETLA EXTENSION 1 DISTRICT TROMPSBURG FREE STATE PROVINCE which has been lost or destroyed.

All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at Bloemfontein, at the office of the Registrar of Deeds, Room B29, within two weeks from the date of the publication of this notice

Dated at TROMPSBURG this 06th day of AUGUST 2025 JVR ATTORNEYS Prokureur/ Attorney Cell: 072 380 1563 Email: jvrattorneys24@gmail.com 17 Kerk Street Trompsburg 9913

T684/1996 LOST OR DESTROYED DEED

Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer Number T684/1996 p a s s e d b y T h e Representative in the Estate of the Late ANNIE ELIZABETH BROOKSHAW, No 2366/95 in favour of ELIZABETH DINA DORETHIA BROOKSHAW, Identity Number: 421205 0050 00 1, Unmarried of property in respect of ERF 405 situate in the town JAGERSFONTEIN, DISTRICT FAURESMITH, PROVINCE FREE STATE, IN EXTENT 604 (SIX HUNDRED AND FOUR) square metres which has been lost or destroyed.

All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at BLOEMFONTEIN within two weeks from the date of publication of this notice. Dated at BLOEMFONTEIN on this 4th day of AUGUST 2025. BEZUIDENHOUTS INC. 104 KELLNER STREET WESTDENE BLOEMFONTEIN Per: MARIKA VAN HEERDEN E-mail: deeds@bezuidenhouts.co.za Tel: 051 448 9755

A.J HIGGINS

NOTICE TO CREDITORS IN DECEASED ESTATES

All persons having claims against the under-mentioned estate must lodge it with the Executor concerned within 30 days (or as indicated) from date of publication hereof. Late estate: ANNETTA JOHANNA HIGGINS ID-no.: 461112 0016 084, date of birth: 12/11/1946, date of death: 22/02/2025, last address: 11 Amie P r e t o r i u s R o a d Bloemfontein, Province of the Master's Office Free State, Bloemfontein. Estate-no. 3280/2025

TERBLANCHE LEGAL INC, DJ Terblanche, Executor, 9 Pretorius Street, Petrusburg, 9 9 3 2 E m a i l : l e g a l @ditsim.co.za, Tel. 0739184442

BLOEMFONTEIN OORLEDE OP 21 OCTOBER 2023 Alle persone wat vordering het teen die boedel hieronder vermeld, word versoek om sodanige vorderinge binne 'n tydperk van 30 (DERTIG) DAE VANAF DATUM VAN

PUBLIKASIE hiervan by die Eksekuteur in te lewer. SJ VAN BILJON EKSEKUTEUR p.a. JG KRIEK & CLOETE ATTORNEYS 9 (B) 3 SOWDEN STREET WAVERLEY BLOEMFONTEIN 9301

TEL: 051 – 4444 233 Epos: kriek044@gmail.com M.A GAILELE

BOEDELKENNISGEWING

WYLE: MODIEGI

: 410115 0235 085 In lewe van PLOT 186, BLOEMSPRUIT, BLOEMFONTEIN, 9364 Boedel No: 032284/2022 Krediteure en Debiteure in bogemelde boedel word versoek om hul vorderinge in te lewer en hul skuld te betaal by die kantoor van die ondergetekende binne 'n tydperk van 30 dae vanaf 8 AUGUSTUS 2025 ADRES: MNRE CARROLL VAN DE WALL & JOUBERT Kerkstraat 20 Posbus 10 DEWETSDORP 9940 carrollenvennote@gmail com

EK KOOP NETJIESE
gebruikte klere, skoene, linne, gordyne, komberse & kombuisware kontant.
Ek besoek u tuis. Skakel 072

Thurs

Spanne oorheers

LIENTJIE MENTZ

Die laaste wedstryde vir die 2025-seisoen van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks het op 1 en 2 Augustus op ’n hoogtepunt geëindig.

Die Hoërskool Fichardtpark (Fichies) het gasheer gespeel vir die sportlui van die Hoërskool Voortrekker (Trekkers) van Bethlehem Fichies se eerste rugbyspan het die beste vir laaste gehou Met die gevaarlike skrumskakel J M Rensburg aan die stuur, het Fichies die Trekkers met 26 –19 geklop

In hokkie het Fichies se seunshokkiespan met 3 – 0 geseëvier, terwyl Trekkers se meisieshokkiespan met 2 – 0 gewen het

Op die netbalbaan het Fichies met al die junior spanne oorheers Trekkers se eerste netbalspan was egter te sterk vir Fichies en het met 51

– 20 geseëvier Uit Welkom het die Goudveld-Hoërskool se spanne hul laaste wedstryde by die Hoërskool Jim Fouché (JF) gespeel

JF se eerste netbalspan het 50 - 40 gewen en ook 12 ander wedstryde gewen, met Goudveld wat twee gewen het Minke Labuschagne was die speler van die wedstryd in die eerstespan-kragmeting In seunshokkie het JF se spanne drie wedstryde gewen en een gelykop gespeel Gurshwin Matebesi was die speler van die wedstryd toe die eerste span met ’ n telling van 3-0 gewen het

JF se meisieshokkiespanne het vyf van hul wedstryde gewen en die eerste span het teen Goudveld 2 - 1 verloor

Die eerste rugbyspen

Goudveld 44 - 38 geklop

Aan die ander kant va die stad het die Hoërsko Sentraal gasheer gespee die Hoërskool Witteberg van Bethlehem Sentraa se netbalspanne het die meeste van die wedstryd gewen met die eerste sp 40 - 20 tops was Hoewel Sentraal se ee rugbyspan swaargetrek het dit goed gegaan met ander wedstryde Die o A- en B-spanne het met goeie punte gewen Sentraal se hokkiemeisies het vyf van hul sewe wedstryde gewen Die seuns het vier van hul vyf wedstryde gewen, met die eerste span wat wedstryd 2 - 1 gewen he Maritz van Witteberg wa beste speler in die meisieshokkie en die kaptei Sentraal Miggie Liebenberg is aangewys as die seunshokkie se beste speler van die dag

Wêreldgehalte-talent hiér geslyp om nog rekords te verbeter

LIENTJIE MENTZ

Bloemfonteinse diskusgooiers het

’ n atleet in hul midde wat aan twee

Olimpiese Speles gaan deelneem het

Elizna Pretorius (née Naudé) wat al die afgelope 17 jaar ’ n afrigter in dié atletieknommer is, hou ook die Suid-Afrikaanse diskus-rekord van 64 87m wat sy in 2007 opgestel het

Oorspronklik van Sasolburg, het sy in 2018 na Bloemfontein verhuis waar sy nou ’ n wiskunde-onderwyser by die Laerskool Willem Postma is

‘‘Die Here het my hierheen gestuur,’’ gesels sy oor haar loopbaan Van die hoogtepunte in haar loopbaan is die 2004 Olimpiese Spele in Athene en die 2008 Spele in Beijing, maar veral die Statebondspele in 2006 waar sy goud gewen het

Elizna Pretorius se atlete is van links,voor: Mareli Earle; tweede ry: Marli Jacobs,Iske le Roux,Elizna Pretorius (afrigter),Nehan Vermaak,Judith Watson en Wian Bredenkamp; agter: Yolandi Stander,Tyla Wasmüth,Conrad van der Zwaard,Aron Alvarez Aranda, W M Pretorius en Teboho Motloung Foto: Lientjie Mentz

by die Hoërskool Fichardtpark, was die Suid-Afrikaanse kampioen van 2022 tot 2024 en was in 2023 tweede in die Wêreldstudentekampioenskap

Sy het vanjaar weens ’ n besering nie deelgeneem nie

Nog ’ n senior uitblinker is Tyla Wasmüth wat ’ n persoonlike beste van 50 94m het en pas elfde gekom het in die Wêreldstudentespele in Duitsland

Sy het ’ n derde plek behaal Marli Jacobs (o 15) het ’ n tweede plek op die Suid-Afrikane kampioenskappe in 2024 behaal met ’ n afstand van 38 83m en het vanjaar weer deelgeneem Conrad van der Zwaard het vanjaar op die SA Skole ’ n derde plek vir o 18-seuns behaal met ’ n persoonlike beste van 49 49m Nog ’ n atleet wat afrigting by haar ontvang, is Nehan Vermaak Sy persoonlike beste in die SA's is 37 71m vir seuns o 13 Wian Bredenkamp (seuns o 14) was eerste op die Vrystaatse kampioenskap in die o 15-afdeling met ’ n afstand van 56 99m Iske le Roux was op die Vrystaatse kampioenskap eerste in die afdeling vir meisies o 14 met ’ n afstand van 34 12m

Sy sê elke atleet is anders en as afrigter moet ’ n mens daarby aanpas

‘‘Ek is daar om te help met hul tegniek As hy of sy die perfekte gooi uitvoer, vra ek: Hoe het dit gevoel? Onthou dit wanneer jy gooi’’

Sy het tot in 2014 aktief in dié sport deelgeneem, en het in haar loopbaan van 17 jaar talle goue medaljes in internasionale byeenkomste behaal “Dit is vir my nou lekker om terug te gee Danksy my ondervinding kan ek help om hulle reg voor te berei vir kompetisies’’

Vandag rig sy talle diskus-atlete in die stad af waarvan talle goed presteer

Een van die uitblinkers is Yolandi Stander wie se persoonlike beste afstand van 58 80m, haar afrigter se rekord bekruip Sy en Pretorius het lank saam geoefen Stander, ’ n onderwyser

Judith Watson was eerste in die o 18-afdeling op die Suid-Afrikaanse Skole-byeenkoms in Bloemfontein met ’ n persoonlike beste van 51 67m Aaron Alvarez Aranda wie se persoonlike beste in die 2kg nou 61 14m is, het ’ n agtste plek behaal op die Amerikaanse Atletiekkampioenskap vir Universiteite en by die Wêreldspele vir Universiteite in Duitsland was hy negende

Dit is egter nie net senior atlete wat danksy hierdie ervare afrigter presteer nie Mareli Earle het op die Suid-Afrikaaanse Kampioenskappe in Germiston vroeër vanjaar 32 75m gegooi in die o 12-afdeling vir meisies

Teboho Motloung (o 15) was eerste op die Vrystaat-kampioenskappe Sy persoonlike beste is 51 23m WM Pretorius neem deel in die ouderdomsgroep o 16 en het ’ n eerste plek op die Vrystaatse Skolebyeenkoms behaal met ’ n afstand van 48m

Jonathan Duarte van die Hoërskool Fichardpark se eerste span met die bal teen die span van Bethlehem Voortrekker Hoërskool Foto: JJ Photo s

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.