
















LIENTJIE MENTZ
Eienaars van vullisverwyderingsdienste is bekommerd oor die toekoms van hul ondernemings met die instel van tariewe by Bloemfontein se twee stortingsterreine.
Die Mangaung-metro se raad het op ’ n vergadering op 27 Mei die nuwe tariewe vir die stortingsterreine goedgekeur, en dit sal na verwagting van 1 Augustus af geld
Volgens ’ n kennisgewing van die metro word die weegbrûe by die stortingsterreine nou opgeknap en behoort dit gereed te wees vir ingebruikneming op dié datum
Die tariewe geld vir die geldjare van 2025 tot 2028
Inwoners wat algemene en nie-gevaarlike vullis minder as 500kg aflaai, sal dit steeds gratis kan doen
Inwoners wat meer as 500kg gaan aflaai, sal R130 betaal Kontrakteurs en sakelui sal R263 opdok
Marius Scholtz, van ’ n plaaslike vullisverwyderingsdiens, meen die nuwe tariewe is baie onregverdig
“Ons kon nou weer vir ses weke nie op die suidelike vullisterrein inkom nie As die weegbrug in werking is, gaan dit ons duur kos
“Ons lewer juis hierdie diens omdat
die Mangaung-metro nie gereeld vullis verwyder nie”
Nog ’ n kontrakteur, Jannie Bredenkamp, sê die redenasie dat mense by stortingsterreine in ander metro’s betaal om groot hoeveelhede vullis af te laai, geld nie vir Bloemfontein nie
“Mangaung se stortingsterreine se
standaard kan nie met dié van daardie terreine vergelyk word nie My voertuie en bande kry gereeld skade omdat die paaie op die suidelike of noordelike stortingsterrein nie behoorlik geskraap word nie As hulle tariewe hef, moet die diens by die terrein aansienlik verbeter”
Hy sê as almal eers oor die weegbrûe moet beweeg, gaan dit groot opeenhopings veroorsaak
“Daar is reeds geen ruimte om vullis af te laai nie en dit is baie moeilik om op die terreine om te draai As daar nou nog voertuie ophoop by die weegbrug, gaan dinge moeilik raak”
DA-raadslid Dirk Kotzé sê die weegbrûe is verouderd
“Hoekom sal die munisipaliteit geld uitgee wanneer hulle weet die vullisterreine se tyd is uitgedien?”
Kotzé sê as die weegbrûre in werking gestel word, moet dit elke dag gekalibreer word
Christo Groenewald van AfriForum sê hulle het van die nuwe tariewe kennis geneem
“Dit gaan ons meer kos om vullis af te laai, maar ek dink nie die tariewe is buitensporig nie,” sê hy
“Dit gaan wel kleiner ondernemings, wat nie daarvoor begroot het nie, benadeel”
Hy sê as die metro tariewe instel, sal die standaard van die stortingsterreine aansienlik moet verbeter, en dit sal aan wetgewing moet voldoen
“Daar is wel al begin met ’ n nuwe heining om die suidelike stortingsterrein, maar die metro sal die honderde sakgrawers wat hier bly, moet verwyder Die veiligheid en diens hier sal baie moet verbeter as mense tariewe moet betaal”
Volgens die kennisgewing gaan inwoners wat tuinafval aflaai, dit gratis doen, maar kontrakteurs van Mangaung wat meer as 500kg se tuinafval aflaai, sal R130 per vrag betaal
Inwoners van buite die grense van die Mangaung-metro sal R316 per vrag betaal Skoon boumateriaal en grond wat gebruik kan word om vullis te begrawe, kan gratis afgelaai word
TEBOHO SETENA
The high-profile fraud case involving eight accused persons from Bloemfontein and their luxury vehicles is ongoing in the Bloemfontein Magistrates’ Court until Friday, 18 July, having resumed on Monday, 14 July
This followed the Bloemfontein Hawks’ Serious Corruption Investigation team’s discovery that the cars had been purchased fraudulently
The accused are Mosa Harington Tseleli, Simon Cornelius Botha, Glen Ceasar Crouch, Jolene Crouch, Veronica Crouch, Crystal Natasha Arendse, Eagen Jean-Jacques Moses and Lehlohonolo Gilbert Rasoeu
Each of the accused face charges of fraud, money laundering, forgery, and the uttering of forged documents
The matter pertains to the alleged colluding to defraud two reputable banks of more than R6 million to purchase nine high-end vehicles
The cars include a Mercedes-Benz, BMW 220i, BMW 320d, BMW X-drive, and VW Golf GTIs
Mojalefa Senokoatsane, spokesperson for the National Prosecuting Authority (NPA) in the Free State, said the matter continued with the presentation of additional evidence against the remaining eight accused
In total, nine people were arrested in connection with the sophisticated fraud and money laundering case
The state secured the conviction of the ninth accused, Chilleroy Floyd Buys, sentenced on 28 September 2022
He received a 12-year suspended prison sentence, and an additional 12
months of correctional supervision
The court further ordered Buys to repay R300 000 to the two banks, Standard Bank and West Bank
This punishment was administered after he had pleaded guilty to the charges, and agreed to reimburse the two banks, paying R5 000 in monthly instalments
The Hawks team successfully arrested the suspects in February 2020 after uncovering evidence that the accused had colluded to allegedly defraud the two banks
Then, they went on a shopping spree, resulting in their purchasing of the aforementioned high-end vehicles
The police investigation further discovered they had acquired an estimated R800 000 in loans
The Hawks’ in-depth investigation revealed the accused had allegedly already orchestrated the scheme in 2017
The investigation discovered that the accused had allegedly defrauded the two banks through falsifying personal loan and vehicle finance applications
The Hawks’ investigation also discovered that in 2017, Tseleli, who was an employee of Standard Bank, had allegedly facilitated the process of completing applications for vehicle finance and personal loans
This was done, despite knowing that the other parties did not meet the requirements
All the accused, including Buys, were released in 2020 after the state had granted each of them bail set at R2 000 with strict conditions
Op ’ n koue wintersaand in Bloemfontein kon die temperatuur dalk so effens onverwags gestyg het met die Karen Zoid-vertoning
Zoid het met die openingsaand van die 25ste Vrystaat Kunstefees op Maandag 14 Julie met haar kenmerkende stem oorheers en die gehoor op hul voete gehad
Vir die meeste van haar aanhangers is haar musiek ’ n persoonlike reis, namate hulle die afgelope meer as twee dekades saam met haar grootgeword het
Dit was duidelik met die sing van haar groot jarelange treffer, “Afrikaners is plesierig”
Zoid se krag as rock-koningin lê in haar energie en haar vermoë om uiteenlopende genres moeiteloos te ingereer
Sy hou ook daarvan om te improviseer en het met groot humor en baie begrip haar interaksie met die gehoor boeiend gehou
Emile Swiegers, op kitaar en stem, wat meer as ’ n dekade al naam gemaak het op die Afrikaanse alternatiewemusiek-
toneel, het ’ n paar liedjies saam met Zoid gedoen Hulle het ook hul liedjie, “Dit is moeilik om ’ n mens te wees, ” vir die eerste keer voor ’ n gehoor gesing
Tussendeur die liedjies het Zoid stories vertel en lig gewerp op die temas wat haar musiek dryf: liefde en waarhede oor wat werklik in die lewe saak maak Zoid het beklemtoon dat mense aan die einde van die dag net mekaar het Sy het haar wense vir die gehoor uitgespreek in haar lirieke van “As musiek begin speel”: “En soek vir die reënboog langs die pad, my skat”
Haar optrede was ’ n belewenis en ’ n musikale vertelling wat diep geraak het Sy het vooraf gesê sy gaan die konsert laat tel, en sy het
As Zoid se vertoning enige aanduiding is, beloof dié jaar se fees om iets buitengewoons te wees
Die Vrystaat Kunstefees duur tot Saterdag 19 Julie op die hoofkampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV)
Karen van der Berg
’n Uitsonderlike aand waarop jong musikante se talent in massa vertoon word, vind op Saterdag 26 Julie plaas
Die OMS-Orkes-Extravaganza, ’ n aand wat die orkeskultuur in die stad vier, word in die M L Spies-saal by die Hoër Meisieskool Oranje aangebied Heinrich Lategan sê dit is die vierde jaar dat dié geleentheid in die stad gehou word, en dit beloof ’ n onvergeetlike ervaring
“Ná verlede jaar se groot sukses is hierdie konsert in dié formaat nou in sy tweede jaar, met die hoop om dit ’ n geliefde jaarlikse tradisie te maak,” sê hy
“Die aand bring orkeste van Bloemfonteinse skole bymekaar om elk hul eie nommers uit te voer, en sluit af met ’ n indrukwekkende massorkesoptrede van meer as 150 jong musikante uit die stad”
Die massorkes staan onder leiding van Lategan as dirigent Deelnemende orkeste sluit in die:
■ OMS-simfonieorkes;
■ OMS-beginnerorkeste;
■ Oranje Primêr-orkes;
■ Willem Postma-simfonieorkes;
■ Eunice Ensemble;
■ FSYO Sinfonietta;
■ Bochabela String Orchestra; en
■ MSP Royal Angels
Elke orkes sal twee werke uit sy eie program uitvoer voordat almal saamspan vir die groot afsluiting van die aand
“Hierdie geleentheid bied nie net vir jong orkeslede ’ n waardevolle verhoog om hul talent te wys nie, maar versterk ook die bande tussen Bloemfonteinse skole en gemeenskapsmusiekprojekte”
Dit is die vierde keer dat die konsert aangebied word vorige geleenthede was in 2016, 2017 en 2024
“Ons hoop is dat die OMS-Orkes-Extravaganza jaar ná jaar voortbou, en só ’ n inspirasie vir deelnemers én gehore sal wees, ” sê Lategan
DONDERDAG 17 JULIE
Die tweede aflewering in die Hulde aan die helde-reeks word aangebied, met die fokus op die digter Peter Blum Prof Henning Pieterse en prof Andries Visagie is die gesprekvoerders om 18:00 in die ATKV-boeke-oase op die hoofkampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) Dit is deel van die Vrystaat Kunstefees
Passport to the Universe - from Earth to the Milky Way narrated by Tom Hanks (English) and Magdaleen Schoch (Afrikaans), in a full-dome film at the Naval Hill Planetariums at 15:00 Tickets cost R40 each via Webtickets At 16:30 another film, Worlds Beyond Earth, follows in either English or Afrikaans Tickets cost R40, made available on Webtickets
VRYDAG 18 JULIE
Die Hulde aan die helde-reeks word voortgesit in die ATKV-boeke-oase op die Vrystaat Kunstefees, op die hoofkampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) Leana Lategaan gesels met Corlia Fourie (80) wat gehuldig word Die gesprek begin om 18:00
THURSDAY,24 JULY
Prof Jaco Joubert will deliver a talk on stem cell research at a meeting of the University of the Third Age (U3A) at 10:30 at the Sewe Damme Hall Members pay R10 and guests R20 Call Pam Gradwell on 083 253 6293
VRYDAG 25 JULIE
Die Afrikaanse sanger Nicholis Louw tree om 19:30 op by
Urth 'n Kontantkroeg en kos is van 17:30 af beskikbaar Kaartjies kos R200, R100 vir hoërskoolleerlinge, R20 vir kinders jonger as 12 jaar en R230 by die hek Koop op urth co za Net voor sy vertoning in Bloemfontein word sy nuutste liedjie vrygestel Aanhangers kan hom op sosialemediaplatforms volg vir inligting en die nuutste musiek
SATERDAG 26 JULIE
Tierpoort VLU bied 'n Bingo-vroueoggend aan Die Bingo begin om 10:00 vir 10:30 by die Tevah Venue in Dominee Kokstraat 7 Driehoek aan Kaartjies kos R250 en sluit 'n ligte ete en gelukstrekkings asook kontantpryse vir die Bingo in Bespreek by Jenéne Coetzee by 083 725 1303
A Christmas in July event with a three-course dinner and a jazz show starts at 17:30 for 18:00 at Brandkop Estate Music is provided by Claire Röntsch (saxophone), Linda Mngoma (double bass) Ester van der Merwe (keyboard) and Angelo Mockie (drums) The dress code is formal with a "roaring 20's" theme Tickets cost R400 Dial 076 679 8076
Die OVS Filateliese Vereniging vergader om 10:00 in die personeelkamer van die Laerskool Sentraal 'n Praatjie oor die verband tussen DNS-toetse en seëls word bespreek Rig navare aan Voet du Plessis by 082 449 9488
VRYDAG 1 AUGUSTUS
Bok van Blerk sing by Be Human, Middelwater, vir n aand vol goeie musiek en lekker geselskap Hekke open om 18:00 Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by Computicket Kosstalletjies en kroeg beskikbaar
SATERDAG 9 AUGUSTUS
Franse Mark duur van 09:00 tot 15:00 by Villa Avianto Toegang kos R35 Uitstallers registreer by 083 329 4872
VRYDAG 15 AUGUSTUS
Die BloemNuus-rolbaldag by die Bloemfontein-rolbal-klub word ten bate van Engo aangebied Inskrywing kos R1 200 per span van vier en gee elke deelnemer een kans om te wen in die Projek van Hoop Bel Gerrie de Bruin by 083 264 2742
DINSDAG 19 AUGUSTUS
Portretskilder-werksessie word aangebied deur Elize Bezuidenhout Leer om portrette te verf van velkleure tot gesigseienskappe Die kursus kos R5 500 en dit word aangebied by die NG kerk Heuwelkruin Bespreek deur 'n e-pos te stuur na ataliastudio sa@gmail com
WOENSDAG 20 AUGUSTUS
Die Vriende van die Oorlogsmuseum bied 'n Sop en Sjerrie-aand met spreker Emile Coetzee aan Hy praat oor die tema “A Transvaler in New York City: The biography of Andries Geyer” South African War Veteran 1883-1970 Die kuiertjie begin om 18:00 vir 18:30 by die Oorlogsmuseum Bespreek voor 18 Augustus deur e-pos te stuur na museumvriende@gmail com Toegan is R20 Die praatjie kan ook aanlyn geluister word Stuur inskrywings voor Maandae om 12:00 per WhatsApp na 083 709 0809, of per e-pos na lientjie mentz@novusmedia co za
LIENTJIE MENTZ
Die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke het die afgelope vakansie kinders bederf met aktiwiteite soos pottebakkery, 'n skattejag en 'n dag waarin hulle meer oor die Anglo-Boereoorlog kon leer.
Reneé Veldsman, skrywer van die Verlepte Blomme-reeks, het die eerste dag van die vakansieprogram op 30 Junie uit die tweede van dié boeke vir die kinders voorgelees Die kinders is ook vermaak met ' n poppekas-vertoning deur Papadi Park
Op Dinsdag 1 Julie het die kinders geleer om teëls met pottebakkersklei te maak
Nog ' n kreatiewe dag het gevolg met Issie Steenberg wat die kinders leer hekel het
Die program op 3 Julie het seker gemaak dat die kinders baie van die terrein leer met ' n museum-skattejag
Die week is afgesluit met ' n smaak-toer waar kinders meer geleer het oor die tipe kos wat tydens die Anglo-Boereoorlog geëet is
Reneé Veldsman,skrywer van die Verlepte Blomme-reeks wat in Afrikaans, Engels en Sesotho uitgegee is,en die storie van die Anglo-Boereoorlog vir kinders vertel. Foto: Verskaf
Significant strides have been made to the water supply challenge of the greater Mangaung Metro with the completion of phase 1 of the Welbedacht pipeline project Entailing installation of a new steel pipeline, replacing the outdated asbestos pipeline, the work commenced in 2017.
This is a project funded by the Department of Water and Sanitation through its Regional Bulk Infrastructure Grant to the tune of R595 744 836 70
The time frame to complete phase 1 was delayed The department blames this on various challenges such as community disruptions, landowners refusing to grant access and vandalism of equipment These challenges are water under the bridge
Pemmy Majodina, minister of Water and Sanitation, marked the significant progress on 27 June, handing over to Vaal Central Water in Bloemfontein
Attendees to witness the significant chapter of the water infrastructure handover include Premier Maqueen Letsoha-Mathae, MEC for Cooperative Governance and Traditional Affairs and Human Settlements, Saki Mokoena, and the executive mayor
of the Mangaung Metro, Gregory Nthatisi
Majodina has reemphasised the importance of maintenance of the Welbedacht Pipeline phase 1 project, which is fundamental to augment supply and enhance reliable water provision to residents of Mangaung
She has called on the Mangaung authorities to constantly ensure maintenance and operation of the infrastructure to guarantee future water security; calling on residents to play their part in terms rooting out vandal-
ism of important infrastructure
“This is a very huge project that will bring change in the lives of the people of Mangaung as far as water supply is concerned Reticulation of water to communities should also be priority,” said Majodina
The 50-year-old asbestos pipeline, which supplies 70% of water to the metro, has been experiencing regular bursts and leaks due to its fragility and pressure The new steel pipeline was fully tested in February last year
Construction work entailed the
LIENTJIE MENTZ
’ n Verdagte wat na bewering dwelms verkoop het, is op Donderdag 10 Julie deur AfriForum se veiligheidstrukture, in samewerking met die polisie, in hegtenis geneem Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder in Bloemfontein, sê die optrede wys opnuut dat gesamentlike optrede tussen gemeenskapslede en betrokkenes by veiligheid ’ n verskil kan maak in die stryd teen misdaad Die Bloemfontein-tak se AfriForum-buurtwag en die AfriForum911-reaksie-eenheid het in samewerking met wetstoepassers van die Parkweg-polisiekantoor ’ n verdagte vir dwelmhandel vasgetrek
AfriForum se Gemeenskapsveiligheidsentrum (GVS) in Langenhovenpark het om 11:28 ’ n oproep van ’ n buurtwaglid ontvang wat op groot hoeveelhede dagga afgekom het Die dwelms was in ’ n boom naby ’ n besigheidsentrum in Universitas versteek Ná verdere ondersoek het dit aan die lig gekom dat nog pakke dwelms versigtig op die toneel weggesteek is AfriForum911 se reaksie-eenheid het hulle dadelik na die toneel gehaas om bystand aan die buurtwaglid te bied Die polisie is ook ontbied en wetstoepassers verbonde aan die Parkweg-polisiestasie het binne minute op die toneel aangekom ’ n Verdagte is kort daarna in hegtenis geneem Hy het ’ n stalletjie onregmatig langs die pad bedryf, waarvandaan hy verskeie items aan die publiek verkoop het Die polisie het boodskappe op sy selfoon gevind wat hom vermoedelik met dwelmhandel verbind en daarop beslag gelê
Die polisie en AfriForum op 10 Julie op die toneel waar ’n dwelmhandel-verdagte in Universitas in hegtenis geneem is Foto: Verskaf
Die verdagte is in hegtenis geneem vir die besit van en handel in dwelms Die polisie ondersoek die saak verder “Dwelms en dwelmhandelaars is nie welkom in Bloemfonteinse woonbuurte nie Dwelmhandel lei tot ander vorme van misdaad en bedreig die veiligheid van ons gemeenskappe en jeug,”
sê Groenewald
Sy wenke aan lede van die gemeenskap om dwelms uit hul woonbuurt te hou, sluit in:
■ Wees waaksaam en meld ongewone bewegings en aktiwiteite in jou omgewing, veral by openbare plekke of verlate gebiede aan
■ Meld onmiddellik enige skynbare gebruik van dwelms of dwelmhandel aan by die polisie of by jou plaaslike buurtwag
■ Gesels met jou kinders oor die gevare van dwelmgebruik en hoe om groepsdruk te weerstaan
■ Raak by plaaslike gemeenskapsveiligheidsprojekte betrokke
reconstruction of a 33,7 km pipeline with a 1000 mm diameter bypass that stretches between Brandkop Reservoir and the R702, approximately 20km from Dewetsdorp
Construction work began with an additional pipeline route upstream of the existing Bloemwater control chamber on the Leeuwkop farm, crossing the R702 to the northern side of the road and then stretching parallel for approximately 10 km between the R702 and the Eskom power line servitude
It then follows the north-west direction crossing the M30 at the junction with the N6, before crossing under the N1, the railway line, Ferreira Road and finally under the R706
The pipeline project supplies potable water to an estimated 81 236 households
Completion of phase 1 paves the way for work to start phase 2, which will involve the construction of a 71,3 km bypass, 1 200 mm diameter, pipeline from Leeuwkop Chamber to Welbedacht
LIENTJIE MENTZ
’ n Nuwe operasionele bestuurder vir Vrystaat
Gholf is op 1 Julie aangestel
Richard Maree sê sy passie is om meer spelers aan provinsiale toernooie te laat deelneem
Sy pad met gholf kom van jongs af Hy het in 2007 die eerste keer aan die Vrystaat-toernooi deelgeneem, en het in 2008 die Vrystaat-span gehaal Daarna het hy tot in 2017 interprovinsiaal gespeel In 2017 was die Vrystaat-span waarvan hy deel was die wenner van die interprovinsiale B-afdeling en is dié span na die A-afdeling gepromoveer
Maree het professioneel gespeel totdat ’ n rugoperasie in 2019 ’ n einde aan dié droom gebring het
“Ek het besluit as ek nie kan speel nie, wil ek gholf op ’ n ander manier my loopbaan maak”
Hy het daarna ’ n PGA-diploma verwerf en het met afrigting van gholfspelers begin
“Ek is baie dankbaar vir die blootstelling wat Vrystaat Gholf my gegee het en die geleentheid om nou te help om die volgende geslag spelers te ontwikkel
“Ons as Vrystaat Gholf wil die spel beter maak en dit vir spelers lekkerder maak
“Dit is belangrik dat spelers en die administratiewe kant van ’ n sportsoort hande vat ter wille van die sportsoort,” meen Maree
“Ons moet vir spelers ’ n omgewing skep
waarin hulle kan groei en hul sport ontwikkel
“Dit is altyd goed vir spelers om mededingend te speel om vaardighede te slyp”
Hiermee in gedagte moedig Maree spelers van alle ouderdomme aan om aan provinsiale kompetisies deel te neem Dit sluit spelers op junior, senior en ope vlak in wat aan amateurtoernooie kan deelneem
“Daar is ook ’ n fokus op meisies in gholf
“Saam met spelers kan die sportsoort op mededingende vlak in die provinsie groei”
Two young talents from Bloemfontein, Amber Riddle and Liané Schmidt, are making waves in the international modeling and performance scene
Both girls, trained by V-Models South Africa, have earned invitations to participate in the prestigious New York Fashion Week this being an achievement many seasoned models only dream of These bright young stars celebrated a string of accomplishments at the South African Youth Ambassadors Awards ceremony on 15 June in Johannesburg, in this way marking their emergence as standout figures in the youth modeling circuit
Amber (13) impressed judges and audiences alike with her stage presence and versatility
Selected to participate in the Universal Global pageant in America, and subsequently scouted for the New York Fashion Week, Amber has also been chosen to represent South Africa at the Disco World Championships in America
Not only is she turning heads on the runway, but her talent extends to dance as well
“She simply takes the runway by storm,” says her coach, V-Models’ Tegan Botes
Liané (12) has shown extraordinary
promise as a V-Model Named runner-up at the South African Youth Ambassadors Awards, Liané has already secured a place at the New York Fashion Week and will also represent South Africa on the Universal Global stage As with Amber, Liané’s dynamic range includes not only modeling, but also competitive dance
She has also been selected to compete in the Disco World Championships
According to Botes, Liané “turns a camera upside down in photographic modeling,” a nod to her expressive and camera-ready persona
LIENTJIE MENTZ
Inwoners in Quaggafontein het
Saterdag 12 Julie hul kampstoele op die verkeersaansluiting van Brendar- en Vinkelstraat opgeslaan uit pure radeloosheid weens water wat nou al sedert April hier afstroom en die pad onrybaar maak
Tania Nagel en haar gesin was van die inwoners wat hul kampstoele daar staangemaak het en bote en visstokke saamgebring het
‘‘Die water vloei in strome in Vinkelstraat af - vanuit Brendar dwarsdeur tot in Pimentstraat
‘‘Dit is duisende liters wat verlore gaan en dit verwoes ons paaie,’’ sê sy Sowat 11 inwoners woon in Vinkelstraat en moet nou al die afgelope vier maande deur modderpoele ry
‘‘Sommige kleiner motors word beskadig op hierdie paaie, sê Nagel “Dele van Brendarstraat se teer verbrokkel hier by die kruising met Vinkel waar die water oral uitstroom
Inwoners het Saterdag op die hoek van Brendarweg en Vinkelweg gesit om te betoog teen die reuse-waterlekke in die strate wat nie herstel word nie
Een van die inwoners se Nissan Navara se skokbreker het afgebreek weens Vinkelstraat se ruwe oppervlak weens die verspoelings
Nagel sê die woonbuurtvereniging het die waterlekke in Quaggafontein
Tania Nagel wys na een van die plekk op die hoek van Vinkelstraat en Brendarstraat waaruit water nou al maande lank borrel. Foto: Lientjie Mentz
al dikwels aangemeld ‘‘Sommige is reggemaak, maar van hulle het van voor af begin stroom’’ Alles is deeglik gedokumenteer ’ n Waterlek in Pimentstraat is op 4 Junie aangemeld en die metro het
‘n Nuwe lekplek het ondertussen in Brendarstraat ontwikkel Die water wat hier vloei veniel die teerpad.FOTO: Lientjie Mentz
mense uitgestuur om dit op 17 Junie net voor 16:00 reg te maak
Die eienaar sê egter water het die volgende oggend weer by dié lekplek uitgestroom en met BloemNuus se besoek aan die hoewegebied, het
water op Maandag 14 Julie steeds daar gelê ’ n Lekplek wat vroeër aan die oorkant van die een in Vinkelstraat in Brendar gelek het, is reggemaak, maar nou dam water laer in die straat op Greg van Noord, die DA-wyksraadslid van die wyk waarin Quaggafontein val, sê hy is bewus van die lekplekke hier en in talle ander dele in die stad
Hy sê net in Brendarstraat alleen is daar drie ernstige lekplekke In die lekplek naby die aansluiting by die N8, veroorsaak die lekplek daar erge skade aan die padoppervlakte
Boonop is daar talle voertuie en veral swaar vragmotors wat op hierdie stuk van die teerpad ry en die slaggate verder uitry
“Varswaterlekplekke in die stad is ’ n groot probleem Die metro se spanne kom nie by almal uit nie
“Die situasie word vererger om dat dit nou winter is en die koue lei tot meer gebarste waterpype”
MADIKGETLA DISTRICT
TROMPSBURG FREE STATE
PROVINCE which has been lost or destroyed. All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at Bloemfontein, at the office of the Registrar of Deeds, Room B29, within two weeks from the date of the
C.L SIMON
BOEDELKENNISGEWING
In die boedel van wyle CECIL
LOUIS SIMON
Identiteitsnommer 340429 5017 082 van Martinstraat 32, Bethulie, 9992 Vrystaat Provinsie
Boedel nr 4107/2025
Krediteure en debiteure in bogemelde boedel word versoek om hul vorderinge in te lewer en hul skuld te betaal by die kantoor van die ondergetekende binne 'n tydperk van 30 dae vanaf die 17DE dag van JULIE 2025
Huweluk status: GETROUD BINNE GEMEENSKAP Laaste adres: 15 DEARLE STREET, HAMILTON HIL, WA,6163, A U S T R A L I A G a d e : PETRONELLA SUSANNA VAN NIEKERK
within 30 days (or as indicated) from date of publication hereof Late estate: JACOBUS ALBERTUS VAN ZYL BRINK , ID-no. 810201 5117 084, date of death 2025-03-30 , last address: 42B DANIE
Hoë M. ROESTORFF KENNISGEWING
L I K W I D A S I E - E N
DISTRIBUSIEREKENING IN BESTORWE BOEDEL WAT TER INSAE Lê INGEVOLGE DIE BEPALINGS VAN
ARTIKEL 35(5) VAN DIE
BOEDELWET, WET 66 VAN 1965 Die Eerste en Finale
L i k w i d a s i e - e n
Distribusierekening in die bogenoemde boedel sal ter i n s a e l ê b y d i e
L a n d d r o s k a n t o o r t e
BLOEMFONTEIN provinsie
VRYSTAAT gedurende 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 18
JULIE 2025 vir alle persone wat daarby belang het. Indien binne die genoemde tydperk geen beswaar daarteen by die betrokke Meesterskantoor ingedien word nie, gaan die Eksekuteurs oor tot die uitbetaling ingevolge die gemelde Likwidasie- en D i s t r i b u s i e r e k e n i n g : REGISTRASIENOMMER VAN BOEDEL: 7014/2022 VAN:
ROESTORFF VOORNAME: M
: 520220 0011 085 LAASTE WOONADRES: EENHEID 4, WESTCLIFF, 7 SIERAAD S T R A A T F L E U R D A L BLOEMFONTEIN PROVINSIE VRYSTAAT DIE EKSEKUTEUR: R AHRENS VAN WYK & PRELLER ING
P R E S P A U L KRUGERRYLAAN 67 UNIVERSITAS BLOEMFONTEIN
A D R E S : P o t g i e t e r s Prokureurs Posbus 90 SMITHFIELD 9966
Identiteitsnommer: 671207 0049 089 Krediteure en debiteure in bogemelde boedel word hiermee versoek om hul vorderings in te lewer en hul skulde te betaal by die ondergenoemde adres binne 'n tydperk van 30 (dertig) dae vanaf publikasie van hierdie kennisgewing KRAMER, WEIHMANN INC. POSBUS 12322 BRANDHOF 9324
en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae sal lê ten kantore van die Meester van die H o o g g e r e g s h o f Bloemfontein vir 'n tydperk van een en twintig (21) dae vanaf 18-07-2025. Naam en adres van eksekuteur of gemagtigde: Marietjie Norval nominee or PSG Trust (Pty) Ltd Preller Walk Genl Hertzog Drive Dan Pienaar Bloemfontein
Verw: L VISSER/CR/K02868 and Final Period of Inspection (if other than 21 days) Magistrate's Office: Bloemfontein, Master's Office: Bloemfontein. Estate No: 007240/2024
K , BLOEMFONTEIN Period allowed for lodgement of claims, if other than 30 days. Estate-no. 003447/2025. Advertiser Name: ALETTA JOHANNA BRINK Address: 7 COLLINS ROAD, A R B O R E T U M BLOEMFONTEIN Email: atalia@hmhi.co.za Telephone: 0514472171
Advertiser Name: ALETTA JOHANNA VILJOEN 7 C O L L I N S R O A D , A R B O R E T U M , BLOEMFONTEIN atalia@hmhi.co.za 0514472171
Die Vrystaat Cheetahs het op Vrydag 11 Julie ’n geskiedkundige oorwinning oor die nasionale span van Georgië behaal Die kragmeting is gereël as deel van die plaaslike span se 130ste bestaansjaarvieringe Die spanning in die Toyota-stadion was voelbaar toe Ntokozo Makhaza (met die bal) oorgaan vir ’n drie om seker te maak die Cheetahs wen met 24 – 20.Makhaza,wat in dié wedstryd sy debuut vir die Cheetahs gemaak het,het ook die eerste drie van die wedstryd gedruk Die Cheetahs pak Boland Kawaliers op 27 Julie in die Boland-stadion in Wellington in’n Curriebeker-stryd Foto: Johan Pretorius