Bloemnuus - E-edition - 8 Mei 2025

Page 1


Geesdrif vir enjins en wiele bly groot

LIENTJIE MENTZ

Duisende Bloemfonteiners en besoekers van elders kon hulle op Donderdag 1 Mei verlustig aan ’ n wonderwêreld van motors op die jaarlikse Cars in the Park-geleentheid

Soos gebruiklik is dit by die Martie du Plessis-skool in Fichardtpark aangebied

Die gereelde uitstalling van motors was ’ n reuse-sukses nadat deurdringende reën die vorige aand die organiseerders ’ n bietjie bekommerd gehad het

“Die sportveld waar ons altyd die motors uitstal, was vroeg Donderdag soos ’ n vleiland,” sê René Greenland van die Vrystaatse Veteraanmotorklub

“Gelukkig kon ons vinnig aanpassings doen en die motors na die fietswedrenveld oorskuif”

Die nuwe uitstalruimte was so ’ n sukses dat Greenland sê hulle sal waarskynlik weer daar uitstal Besoekers kon kyk na die uitstalling van lede van die veteraanmotorklub, ’ n uitstalling van die Triomf-klub, die

Besoekers loer na dié 1961 Chevrolet Biscayne op Cars in the Park Veteraanmotors,ovaalbaanmotors en ander vuurwaens was vanjaar op die motorskou te sien Foto s: Lientjie Mentz

Alfa Romeo-klub, die Morris-klub, ovaalbaanmotors, handelaars se nuwe voertuie, asook heelwat 1400-bakkies

“Wanneer ons op pad is, vra die seuns my heeltyd uit na die motors

Die Cars in the Park-geleentheid is Donderdag op die sportterrein van die Martie du Plessis-skool aangebied

wat by ons verbyry,” het Franco Wansbury van sy tweeling Michael en Alexander (7) gesê Dié twee leerlinge aan die Hoërskool Staatspresident Swart in Brand-

fort het dit geniet om saam met hul pa en ma, Lee, na die vuurwaens te kyk

In die skool se sale is ook ’ n groot verskeidenheid modelmotors en ander speelgoed uitgestal

Jongmense moet hul elf bema tig

AfriForum Jeug se Kovsies-tak in Bloemfontein het Saterdag 3 Mei Veiligheid 101, ’ n AfriForum-program wat op verskeie aspekte van veiligheid fokus, vir studente aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) en die plaaslike gemeenskap, aangebied

Die jeugorganisasie se missie is om veilige bymekaarkomplekke op kampusse en in dorpe te vestig waar jong Afrikaners met selfvertroue kan leer, leef en blywende vriendskappe bou AfriForum

Jeug wil jongmense bemagtig om met selfvertroue hul toekoms in eie hande te neem

– om op te staan vir wat reg is, nuwe vaardighede aan te leer

en aktief by hul gemeenskappe betrokke te wees ’ n Valke-spesialis het ’ n praatjie aangebied oor hoe om oplettend te wees en tekens van mensehandel en kubermisdaad te identifiseer

Daarna het AfriForum Jeug, in samewerking met AfriForum se afdeling vir Gemeenskapsveiligheid, ’ n praktiese sessie aangebied om studente vaardighede in selfverdediging te leer

“Veiligheid op kampusse is nie ’ n luukse nie – dit is ’ n basiese reg Studente is nie veronderstel om in vrees te leef terwyl hulle studeer of hulself as jong volwassenes probeer vestig nie,” sê Kayla de Klerk,

beampt Forum

Ná di 101 in B daar be weer ’ n “Die insluite del en k noodsa net bew nie, ma prakties hulself t AfriForu igheid ’ n student en veilig te rus, ” s AfriForu struktur

Oceanic thrills await

The whole family is invited to a high-flying, seafaring adventure into the wondrous world of Sinbad and the Secrets of the Lamp, a new version of the classic tale

This family theatre production, brought to the stage by the second-year drama and theater art students of the University of the Free State (UFS), brings the wellknown hero from Arabian Nights and throws him into a dazzling live-action show

In this thrilling adventure, the legendary Sinbad and his crew set sail for a mysterious island that holds the secrets of the lamp

Their mission is to break an ancient curse and free a newfound friend

Facing danger at every turn and armed only with their wits, they battle a wild array of mythical creatures and cunning foes, each more formidable than the last Join them on a breathtaking journey into wonder and the unknown

Nic Beukes, writer and director, claims the production is “ an adventure like no other, exploring the power of determination and friendship”

He says these beautiful tales of adventure and wonder are now more needed than ever

“Tales that value honesty, determination and compassion are universal We, as the audience, not only crave this but need it so that

will be on stage from 14 to 17 May. Photo: Supplied

we can see that the bad in everyday life can be overcome with hard work and good friends”

Featuring a talented cast, mesmerising stage effects, and a whimsical set design, this production is a must-see for families, schools, and anyone who loves the magic of theatre

The shows are from 14 to 17 May, daily, at 11:00 with an extra show on 16 May at 18:00 at the Rehearsal Room on the UFS’ main campus Tickets cost R60, R40 for students, and R25 for pensioners and groups

Bookings for school groups can be made by sending an email to combrinckk@ufs ac za, or calling 051 401 2160 Tickets are also available on webtickets co za

Betsie Roux van die Old Dolls and Toys-klub, wat ’ n uitstalling op die skoolsaal se verhoog beman het, sê dit was ’ n heerlike dag en lekker om hul stokperdjie met besoekers te deel

Caleb Schroeder (left) and Siphelele Sonti
Die tweelingboeties Michael en Alexander Wansbury van Brandfort het Cars in the Park baie geniet

Mooiste liedere vier Afrikaans

Die mezzo-sopraan Teresa de Wit

sing vanaand, op 8 Mei, in die Odeion van die mooiste Afrikaanse liedere ter viering van Afrikaans se 100 jaar as amptelike taal

De Wit word begelei deur Lesley-Ann Mathews op klavier in die vertoning Mooi(ste) Afrikaanse Liedere, wat geliefde Afrikaanse kunsliedjies bevat – van die melodië van S Le Roux Marais en die nostagie van Koos du Plessis, tot dié van die poëtiese komponiste soos Arnold van Wyk, Gideon Fagan en Pieter de Villiers

Die gehoor kan ’ n liedjie-reis van emosie, herinneringe en erfenis verwag Van die hoogtepunte op die program is sewe Boerneef-liedjies deur Pieter de Villiers, vier weemodige liedjies geskryf deur Arnold van Wyk; “Kinders van die Wind” en “Skadu’s teen die muur ” van Koos du Plessis, asook gunstelinge deur Koos Kombuis, Laurika Rauch en baie ander

De Wit is ’ n lektor aan die Odeion Skool vir Musiek (OSM), asook die Kimberley Musiek-akademie (KMA) Sy het haar Unisa uitvoeringslisensiaat met onderskeid ontvang en is opgelei by die Kaapse Opera Studio en Mimi Coertse se

Theresa de Wit is Donderdag op die verhoog in Mooi(ste) Afrikaanse Liedere

Foto: Facebook

bekende Black-Tie Ensemble Sy was al in hoofrolle in operas soos

Carmen en La Traviata en het al in werke soos Handel se Messias en Jenkins se The Armed Man opgetree

Die vertoning begin om 19:00 in die Odeion op die hoofkampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) Koop kaartjies teen R100 op quicket co za en by die deur Leerlinge, studente en pensioentrekkers betaal R50

’n Oog vir kuns ’n kans vir wen

LIENTJIE MENTZ

Kunstenaars van alle ouderdomme kan weer vanjaar kunswerke indien vir die Pasteur-ooghospitaal se kunskompetisie

Die kompetisie, wat vanjaar ’ n derde keer aangebied word, is in samewerking met die ATKV-tak Gemeenskapsteater en Signo

Ebeth Wilson van dié ATKV-tak sê daar is elke jaar meer belangstelling in die kompetisie

“Ons sien baie uit na vanjaar se kunswerke”

Vanjaar se tema is “Die wêreld deur my oë”

Benewens dat verlede jaar se wenners op ’ n spesiale geselligheid vereer is, is hul kunswerke is op verskillende wyses vertoon

Drie van die kunswerke het op die Oftalmologiese Vereniging van Suid-Afrika se kongresprogram verskyn Die drie kunstenaars wie se werk op die program verskyn het, is: Kayla Fourie (wenner in die afdeling vir spesiale erkenning), Carien Marais (wenner in die volwasse afdeling) en Catherine Koupis (wenner in die laerskool-afdeling)

Catherine se kunswerk is ook op die voorblad van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se boek oor die geskiedenis van die Departement Oftalmologie gebruik

Inskrywings kan nog tot 31 Julie gedoen word, en die kunswerke moet teen 29 Augustus by suite 106 van die

Pasteur-ooghospitaal ingehandig word Enige medium kan gebruik word, op ’ n A3-skilderdoek-paneel

Knap storiemense maak vertellers touwys met skryfwerksessie

Twee skrywers bied op Saterdag 10 Mei ’ n werksessie by die Protea-Artistata-boekwinkel by die Bloemgate-sentrum in Brandwag aan

Bloemfonteinse rubriekskrywer en skrywer van boeke soos Die geraas van visse en Light on Leadership, Igno van Niekerk, asook Tosca de Villiers, skrywer van moderne romantiese verhale, gaan skrywers, bloggers, storievertellers, rubriekskrywers en enigeen wat meer wil leer, help om hul storie beter te vertel

Die tema van die werksessie is “Jou storie, jou ‘ superpower ’ ”

Mense wat meen dat hulle ’ n storie het en dit graag wil vertel, sal baat vind by die werksessie

“Elke publikasie begin met ’ n vonkel in die oog Maar hoe vang jy die vonkel vas en omtower dit tot woorde wat mense kan voel, onthou en deel?” sê De Villiers

Deelnemers aan die werksessie sal leer oor hoe om hul eie, unieke storie te identifiseer, hoe om hul storie aangrypend en met ’ n eie stem te vertel en hoe om dit met die wêreld te deel en te laat leef

Die sessie begin om 10:00 en duur tot 12:00 Bevestig bywoning vooraf by 084 586 7436

Diary

THURSDAY,8 MAY

Dr Will Archer speaks at a meeting of the University of the Third Age (U3A), at 10:30 at the Sewe Damme Hall His talk is on the Later Human Evolution in South Africa, with a view from the Fynbos Biome Members pay R10; guests R20 Call Pam Gradwell on 083 253 6293

VRYDAG 9 MEI

Die NG kerk Fichardtpark bied Hannes van Wyk en Coenraad Rall se Hartsbriewe om 18:30 aan Kaartjies kos R150 Gaan na ngkerkfichardtpark co za

Mel die Storieverteller tree om 20:00 in die Aasvoëlklub op Kaartjies kos R150 op meldiestorievertellerco za of doen bespreking by 084 559 8991

Die Fichies Vroue-kuieraand met die pretprater Elsabe Aldrich begin om 18:00 in die Laerskool Fichardtpark se skoolsaal Kaartjies kos R260 n Ligte ete word bedien Geen kinders word toegelaat nie Doen bespreking by 082 567 4032 of stuur ’n e-pos na ann@fichies co za

SATURDAY,10 MAY

The Mothers Creative Workshop with fun activities a guest speaker and a brunch is hosted from 09:00 to 13:00 at Villa Avianto Tickets cost R660 on quicket co za Direct inquiries to Emily Dangwa on 079 012 0551

A mother and daughter tea party is presented from 11:00 to 13:00 by the Martie du Plessis Parents Forum Supporters Chantell Hewitt is the guest speaker Tickets cost R120 Book by 8 May by dialling 071 881 1102

Luister na Afrikaanse liedjies in Ilse Fourie en Petro Engelbrecht se vertoning Afrikaans op ons Manier 3 om 17:30 by A little guesthouse in Groenvlei Kaartjies kos R100 Doen bespreking by 082 824 5507 Bring n stoel en eet- en drinkgoed, en kuier saam om konkavure

SUNDAY,11 MAY

R50, and wiskey tasting, which costs R120 Tickets cost R230, covering tea with pastries and scones The dress code is Scottish or classic hunting attire Book by calling Diandra Steenekamp on 072 726 8052

La Belle Époque celebrating the golden era of music and art in Europe starts in the St Michael’s Chapel at 16:00 Tickets are available on quicket co za, as well as at the door, at R100 Pensioners and children 12 to 18 years old pay R50 Children younger than 12 years enter for free ’n Moedersdag-buffet-ete word op die Onze Rust-landgoed buite Bloemfontein voorgesit Dit sluit ’n begeleide toer van die geskiedkundige plaas in Ete is om 12:00 en kos R280 Bespreek by Jackie Steyn by 082 577 7323

DINSDAG 13 MEI

Die Klinkklaar-ensemble bied Afrikaans 100 vlugskrifte om 18:00 in die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) aan Bespreek bywoning vooraf by anneline naln@gmail com

VRYDAG 16 MEI

Die NG kerk Aandbloem Westerbloem hou om 09:00 basaar Bel Christo van Nieuwenhuizen by 082 928 2839

SATURDAY,17 MAY

A Gentlemen’s Tea is hosted from 14:00 to 19:00 at the Onze Rust Estate, with clay pigeon shooting, which costs

Die Vrystaat-tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika bied om 14:00 n praatjie oor familiewapens en heraldiek by die Vrystaat-argief aan Die spreker is Willem Greyvenstein Bel Petrus Krige by 082 781 7926

Die Bittereinder-gedenklesing en kranslegging begin om 09:00 by die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke Die spreker is dr Nicol Stassen oor Paul Kruger Bevestig bywoning voor 15 Mei by museumvriende@gmail com

SATERDAG 24 MEI

Die Hand-aan-hand-geselligheid duur van 09:00 tot 11:00 by Bloemcare Verskillende sprekers praat oor “My raamwerk bepaal my draadwerk” Spekers en onderwerpe sluit in Vanessa Marais, oor breinoefeninge; Herma Loubser – verbeter artritis met eetgewoontes; Marna Coetzee – voeldselaanvullings en algemene gesondheid; en Willem Fourie – persoonlike raamwerk Bevestig bywoning voor 21 Mei by Marais by 082 821 1529

Inskrywings oor konserte,kuns- en leefstyl-werksessies,optredes van kunstenaars en gassprekers, vroue-oggende,manne-aande en ander geleenthede ten bate van niewinsgewende organisasies word gratis in BloemNuus se dagboek geplaas Stuur inskrywings met inligting,asook kontakname en -nommers,voor Maandae om 12:00 per WhatsApp na 083 709 0809,of ’n e-pos met inligting na lientjie mentz@novusmedia co za

Helen Wessels (links) en Johanette Strauss met hul inskrywings vir verlede jaar se kunskompetisie van die Pasteur-ooghospitaal Foto: Lientjie Mentz
Igno van Niekerk,skrywer en rubriekskrywer Foto’s: Verskaf Tosca de Villiers,skrywer van romantiese verhale

TE KOOP

BREEKBEENKOLK

5000ha – Veld - Gemengde Gras en Bossieveld

Hierdie plaas val in 'n ander klas as omliggende plase –gevestigde Olyfbome, Granaatbome, verskeie variëteite Turksvye - gesofistikeerde drupbesproeiing stelsel –geregistreerde bo-grondse en ondergrondse waterregteSentrifugale pomp uit opgaardam 30 000lpu met 3-fase sonkrag

- Woonhuis met sonkrag en songeyser

- Werkershuis met sonkrag en songeyser

Toerusting ingesluit as 'n lopende saak - moderne olyfpers en toebehore en mobiele kragopwekker (15kva)

Ander toerusting op aanvraag

Prys: R6.8m – Finansiering vir goedgekeurde koper

Spesialeaanbod:

Geldig vir 3(drie) weke vanaf datum – ingesluit by koopprys is 200 jong ooie – Dorper of Meatmasters volgens koper se keuse.

Kontakbesonderhede:

Epos: mnbooysen@ott.co za Telnr: 0128077611(08h00-17h00weeksdae)

VOëLVLEI

5000ha – Veld - Gemengde Gras en Bossieveld

• Met vleie en Gannaveld

• Moderne woonhuis met sonkrag en songeyser

Prys: R4.3m

Spesiale aanbod: Geldig vir 3(drie) weke vanaf datum – ingesluit by die koopprys is 150 jong ooie – Dorpers of Meatmasters volgens koper se keuse

Resente foto's op aanvraag

Kontakbesonderhede:

Epos: mnbooysen@ott.co.za Tel nr: 012 807 7611 (08h00-17h00 weeksdae)

Donderdag 8 Mei 2025

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.