


‘Beter lewe vir inwoners’ nie in praktyk ervaar
‘Beter lewe vir inwoners’ nie in praktyk ervaar
LIENTJIE MENTZ
Die Mangaung-metro het reeds talle stappe geneem om die eens wankelende administrasie reg te ruk met planne wat ingestel word om die lewe vir inwoners beter te maak.
Só het die metro se uitvoerende burgemeester, Gregory Nthatisi, op Dinsdag 27 Mei tydens die stadsrede by die Mangaung- binnenshuise sportsentrum in Rocklands gesê Nthatisi het op die bekendstelling van die 2025-’26 begroting gesê talle sleutelaanstellings is die afgelope maande gedoen en die stad se makro-struktuur gaan meer stabiliteit bring DA-raadslid Frans Bothma sê in antwoord meer as 4 000 amptenare neem waar in poste
“Die ANC se versuim om poste te
Die gaping tussen wat op papier belowe word en wat inwoners daagliks ervaar, word ál groter – DA-raadslid Frans Bothma
vul, ondermyn dienslewering en lei tot die aanstelling van duur kontrakwerkers”
Terwyl Nthatisi klem gelê het op die goeie werk wat met skuldinvordering gedoen word, het Bothma gemaan dat ’ n groot deel van die uitstaande skuld agterstallig van staatsdepartemente is
“Meer as R2,5 miljard van die uitstaande 9,5 miljard is historiese skuld wat waarskynlik nooit ingevorder sal word nie,” het hy gesê
Die metro het ’ n tydelike program waarvolgens inwoners aangemoedig word om hul munisipale rekeninge op
te betaal Die metro bied aan inwoners grasie tot 30 Junie om agterstallige skuld te betaal of ’ n reëling met die metro te tref
Nthatisi sê die program het tot April reeds R127 miljoen van agterstallige skuld ingevorder; R82 miljoen van R206 miljoen is afgeskryf
Hy sê met die hernude poging om invorderings te doen, mik die metro om 80% te behaal op invorderings om diensleweringsagterstande in te haal
Nthatisi sê daar word ook gekyk na toekomstige insentiewe om inwoners te beloon as hulle nie afterstallig raak met hul betalings aan die metro nie
Die nuwe tariewe is ook aangekondig Watertariewe styg met 11%; elektrisiteit verhoog met 13,5%, soos goedgekeur deur die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa); en eiendomsbelasting, sanitasie en vullisverwydering verhoog met 4,4%
Die VF Plus het die begroting verwerp en sê dit is bloot ’ n gepoleerde en misleidende samevatting om die werklike stand van dienslewering in die metro te verbloem
Valerie de Kock, VF Plus-raadslid, sê die metro gebruik tegniese taal en selektiewe data om sy mislukkings toe te smeer in stede daarvan om die probleme daadwerklik en verantwoordbaar te hanteer
Die VF Plus het skerp kritiek uitgespreek teen misleidende statistieke in die hersiene dienslewerings- en begrotingsinstellingsplan (SDBIP) wat onder meer aandui dat 95% van huishoudings in informele nedersettings sedert Julie 2023 basiese vullisverwyderingsdienste ontvang
“Dit is bloot nie die geval nie”
Die party eis dat die metro volle verantwoordelikheid neem vir die wanbestuur wat tot die verlies van voorwaardelike toekennings lei en
dringend maatreëls instel om die verlies van toekomstige toekennings te verhoed
Nthatisi het in sy toespraak verwys na voorwaardelike toekennings en waarvoor dit aangewend gaan word Hy sê R37 miljoen is vir die komende jaar beskikbaar vir die opknapping van die Maselspoortwatersuiweringsaanleg en in nog R118,4 miljoen is vir 2026 begroot Hy sê dit sal die gehalte van water wat aan gemeenskappe voorsien word, verbeter en die stad minder afhanklik maak van die Vaal Central Waterraad
Bothma sê die DA kan nie ’ n begroting ondersteun wat nie geloofwardig is nie
“Die gaping tussen wat op papier belowe word en wat inwoners daagliks ervaar, word ál groter,” sê hy ■ Lees nog berigte op die webblad bloemnuus co za
LIENTJIE MENTZ
Inwoners se klagtes oor die asbes wat op die terrein agter die Nasionale Hospitaal in George Holmesstraat in Wilgehof bly lê, is nou na die Menseregtrekommissie (MRK) verwys
BloemNuus het op 16 Mei berig dat die VF Plus se raadslede saam met inwoners ingespring het om die terrein netjies te maak en die gras te sny
Vroeër is ook berig oor die asbes en mediese afval wat op die terrein lê
Die geboue wat vroeër deur die departement gesondheid opgerig is met die doel om pasiënte te huisves, maar nooit gebruik is nie en intussen verval het, is afgebreek Die asbes waarmee die strukture gebou is, moet steeds verwyder word
Armand Cloete, provinsiale wetgewerlid van die VF Plus het al in Januarie ’ n brief aan Monyatso Mahlatsi, Vrystaatse LUR vir gesondheid, gerig oor die gesondheid- en veiligheidsrisiko’s wat die terrein
Menseregtekommissie
inhou
Verlede week het Cloete hom tot die MRK gewend In ' n brief aan die provinsiale kommissaris dr Henk Boshoff sê hy blootstelling aan asbes hou ernstige en goed gedokumenteerde gesondheidsrisiko's in, veral
wanneer vesels in die lug kom as gevolg van versteurde of afgebreekte materiale
Hy sê stukkende asbes lê minder as 100m van naburige huise
“Ná ’ n besoek vroeër vanjaar het ek ’ n formele brief aan die LUR vir
Hoewel die groot hoeveelheid munisipale afval wat op die terrein gelê het,verwyder is,was daar met BloemNuus se besoek aan die terrein verlede week weer mediese afval
gesondheid gestuur om hom te waarsku oor die openbare gesondheidsgevaar wat die blootgestelde asbes inhou
“In antwoord op ’ n daaropvolgende vraag in die Vrystaatse wetgewer het die LUR beweer dat die gebied buite die jurisdiksie van die departement van gesondheid val en eerder die verantwoordelikheid van die departement van openbare werke is Hy het verder gesê dat ’ n lêer deur die
Nasionale Hospitaal geopen is” Cloete sê egter die departement van gesondheid kan nie die verantwoordelikheid vir gevaarlike materiale in ’ n hospitaalgebied ignoreer nie
In reaksie op dieselfde kwessie het die LUR vir openbare werke, Dibolelo Mance, in ' n skriftelike antwoord erken dat haar departement destyds nie oor die saak ingelig is nie Sy het haar daartoe verbind om in te gryp deur ’ n gekwalifiseerde diensverskaffer aan te stel
“Ten spyte van hierdie versekering, het ek die terrein weer besoek en geen bewyse van remediëring of betekenisvolle ingryping gevind nie,” het Cloete verlede week gesê
“Die gebrek aan optrede deur die departemente van gesondheid en openbare werke weerspieël ' n ernstige versuim in sorgplig en kan ' n skending van die inwoners se grondwetlike regte op ' n veilige en gesonde omgewing wees
“Gevolglik versoek ek dat die MRK ’ n dringende ondersoek na hierdie saak begin Hierdie saak kan nie sonder gevolge voortduur nie”
urde lappe ie publiek aan menswaardigheid
eel van die m vir bejaardes ok die bewusog deurdat hulle ies dra makingsveldtog Mei tot 15 Junie bestuurder van ê dit is omdat s dat hulle meer beskerming nodig die Bloemfonvir bejaardes is dit
re to comply with these requireconstitutes a violation of the act ay result in corrective action art of this initiative, social grant nts for 11 692 affected beneficiaries ree State will be delayed in the 025 payment cycle e individuals are required to t themselves at their nearest Sassa ffice for a grant review, in accorwith Regulation 30 of the Social nce Act eficiaries who fail to comply with cess risk having their grants ded inued non-compliance may lead to manent lapsing of their grants
This initiative is aimed at ensuring that beneficiaries confirm any changes in their financial circumstances and for them to update their personal details
It also seeks to address potential inclusion errors in the current social security system
A certain beneficiary may well have qualified for a grant at the time of their application, but improved material conditions over time may render them ineligible for the grant
For more information on grant reviews, beneficiaries are urged to contact the Sassa toll-free customer care line on 0800 60 1011, or to alternatively send an email to GrantEnquiries@sassa gov za
The Free State MEC for Health, Monyatso Mahlatsi, convened an urgent bilateral engagement involving the management of the Free State Department of Health and the Free State Provincial Office of the Department of Labour and Employment on Monday, 26 May
This meeting aimed to address the outstanding issues delaying the lifting of the prohibition notice that led to the closure of the Bloemfontein Government Mortuary Mondli Mvambi spokesperson for the Free State Department of Health, said during the meeting, it was acknowledged that most of the issues prompting the prohibition notice had been satisfactorily resolved However, the heating, ventilation, and air conditioning system remains a critical concern
Furthermore, the meeting highlighted that the Forensic Pathology Services are currently managing a backlog of approximately 35 bodies awaiting autopsies, conducted at designated sites in Welkom, Kroonstad and Sasolburg The necessity for officials to travel to these sites has added strain to their workload
“The discussions concluded positively, with both departments expressing a commitment to ensuring that government facilities comply with Occupational Health and Safety regulations This aims to protect personnel while also being responsive to pressing service delivery needs
The Department of Health remains hopeful that continued collaboration will lead to timely resolutions, preventing any further delays,” Mvambi said
Sonder die sowat 100 vrywilligers is dit nie moontlik om jaarliks De Oude Kraal se WildsKOSfees aan te bied nie
Só sê Marie Lombard, sjef en mede-eienaar van De Oude Kraal, oor dié fees wat vanjaar op Saterdag 7 Junie ’ n 25ste keer aangebied word
“Die helpers is onmisbaar Hulle braai en bedien die kos by die stalletjies waar sowat 16 wildspesies bedien word,” sê Lombard
“Hulle is ’ n toegewyde groep mense wat die hele dag gratis werk om ons te help dat alles glad verloop”
Ian Palmer, een van dié wat al agt keer ’ n stalletjie help beman het, sê dit is vir hom heerlik om te help
“Dit is vir ons ’ n kuier-geleentheid so terwyl ons braai,” vertel hy Al die vrywilligers kry elke jaar ’ n voorskoot, en Palmer spog met agt van hulle wat steeds flink diens doen by sy eie braaiplek
“Ek het al ’ n hele paar keer gehelp by die stalletjie waar die swartwildebees bedien word Dit is die naaste aan beesvleis, so mense word redelik maklik oorreed om dit te proe
“Ons braai gewoonlik vyf verskillen-
de vleissnitte wat vooraf deur Marie en haar span voorberei is, asook wors ”
Dit is ook nie net sommer van braai nie
“Jy moet wildsvleis reg braai sodat dit sag en smaaklik is”
Hy sê hy keer elke jaar terug omdat dit so ' n lekker vriendelike atmosfeer is, en jy iets anders kan proe wat jou horisonne verbreed
Lombard sê die vrywilligers se passie vir die fees en hul gemeenskap maak van die Wildskosfees ’ n sukses
“Ons waardeer elkeen se bydrae baie en kan nie wag om hulle te verwelkom vir ' n fantastiese feesdag nie”
Benewens die vrywilligers wat op die dag help, het ’ n wynproespan saam met Lombard en Melanie Moolman ’ n fyn uitgewerkte spyskaart beplan wat wildsgeregte met die perfekte wyn kombineer
Elke wynstalletjie sal spesifiek gepaard gaan met ’ n bykos
Vir diegene wat op soek is na die volle ervaring, sal ’ n BBP-middagete beskikbaar wees
Hierdie luukse middagete sal saam met spesiaal uitgesoekte wyn bedien word
Vanjaar sal daar ook busse beskikbaar wees wat gaste van Bloemfontein tot by De Oude Kraal en terug sal vervoer
Benewens die voorste wyn wat bedien gaan word en die verskeidenheid wildsgeregte, word verskeie aktiwiteite vir besoekers van alle ouderdomme gebied
Besoekers kan uitsien na gholfwenke van Hendrik Buhrmann; skietgeleenthede, soos 22-skiet en kleiduifskiet; en perdry, of ’ n trekkerrit
Waaghalse kan selfs hul hand aan die gewilde koedoekuttelspoeg-kompetisie probeer
Kaartjies kos R595 of R1500 vir die BBP-ete en is beskikbaar op De Oude Kraal se webtuiste, deoudekraal com, asook by Delta-drankwinkel in Westdene, Crazy Daisy in Fleurdal Mall en Daisy & Co in Prellerplein Rig navrae by 071 679 6596
■ Een leser staan die kans om twee kaartjies vir vanjaar se De Oude Kraal WildsKOSfees te wen
Besoek BloemNuus se Facebookblad om in te skryf
Die wenner word op Maandag 2 Junie op BloemNuus se Facebook-blad aangekondig
LIENTJIE MENTZ
Vyf Bloemfonteinse skole se hoofde is op Woensdag 28 Mei amptelik aangekondig.
Gelukwense het die afgelope week ingestroom vir die nuut aangestelde hoofde van die Laerskool Willem Postma, Hoërskool Bloemfontein, Laerskool Onze Rust, Laerskool Sand du Plessis en Laerskool Olympia wat nou amptelik in dié poste diens doen
Sakkie Matthee het die afgelope twee jaar as hoof van Willem Postma waargeneem Voor dit was hy van 2019 af adjunkhoof by die skool
Matthee sê vanweë die ervaring wat hy die afgelope paar jaar opgedoen het en die vertoue wat die beheerliggaam in hom gehad het om besluite te neem, neem hy die pos met ’ n rustige hart in Opwindende planne by die skool sluit in ’ n splinternuwe kunshokkiebaan wat binnekort op die skoolterrein van die Hoërskool Sentraal vir Willem Postma gebou gaan word
“Wanneer die hokkiebaan voltooi is, sal dit ons die geleentheid bied om groot toernooie aan te bied,” sê Matthee
Willem Postma vier vanjaar sy 80ste bestaansjaar en kyk terug op ’ n lang en goeie tradisie
Die skool is vir die 2024- akademiese jaar as die Mangaung Metro-onderwysdistrik se toplaerskool aangewys Saam met die pre-primêre skool het Willem Postma nou 1 040 leerlinge
“Die hart van ons skool is Chris-
tenskap wat by ons voortleef Dit is vir ons baie belangrik dat die kinders gelukkig is – kinders wat nie gelukkig is nie, kan nie presteer nie”
Sakkie Meyer, wat die afgelope twee en ’ n half jaar as hoof by Sand du Plessis waargeneem het, is ook amptelik in dié pos aangestel
Meyer was sedert 2016 departementshoof by Sannies, en voor dit was hy van 2007 tot 2015 ’ n onderwyser by Grey-kollege (primêr)
Vir Meyer en sy span is 2025 ’ n groot jaar
“Ons het daarnatoe gewerk om van 2026 af ’ n paralelmediumskool te word Die proses is deur die departement van onderwys verhaas en ons het dié proses aan die begin van die jaar binne ’ n week gedoen”
Altesaam 110 kinders het hulle ingeskryf vir die laerskool wat in Langenhovenpark gebou word Dié Engelse leerlinge, van gr R tot gr 3, het gou ingepas
“Die samewerking van die beheerliggaam en personeel, asook die ouers van bestaande leerlinge, was ’ n riem onder die hart,” sê Meyer
“Hul aanpasbaarheid in dié tyd van verandering maak ’ n mens baie opgewonde oor die toekoms”
Die skool het nou 355 leerlinge
Hy sê die skool sal sy Afrikaanse kultuur en tradisies behou, maar ook bykomende tradisies vir die nuwe groep kinders skep
“Die trots en lojaliteit van ouers en kinders aan die skool is wat die Laerskool Sand du Plessis baie spesiaal maak”
Een van die ander skoolhoofde wat Woensdag amptelik aangestel is, is Jaco Richards by Onze Rust
Richards sê sy foon het Dinsdag nie ophou lui nie soos wat ouers van leerlinge en talle oudleerlinge hom met die aanstelling geluk gewens het
“Ek is baie dankbaar Dit voel vandag of ek 23 jaar gewerk het om te kom waar ek is”
Richards is, met onderbrekings, sedert 2005 by die skool betrokke
“Ons het wonderlike ouers Vroeër vanjaar het 1 200 leerlinge en hul ouers ’ n braai by die skool bygewoon Wat ’ n heerlike ervaring”
Die skool het 79 personeellede
“Hulle is die beste in die stad Hul entoesiasme is ongekend”
Hy het aan die begin van die jaar vir elke personeellid ’ n bonsai-boompie gegee wat hulle moet versorg
“Dit stel elke kind voor wat hier by ons groei en diep wortels moet kweek,” verduidelik hy Richards kan nie uitgepraat raak oor hoe goed Onze Rust se leerlinge vaar nie
Die skool se eerste rugbyspan is al in 16 wedstryde onoorwonne Boonop spog die skool met 42 provinsiale spanne en was verlede jaar vierde op die departement se lys van akademiese presteerders
Die vierde hoof wat Woensdag aangestel is, is Stephan Scott, as die nuwe hoof van die Hoërskool Bloemfontein
Nog ’ n aanstelling is Bernard Holzhausen, as die nuwe hoof by Olympia in Heidedal
LIENTJIE MENTZ
Drie vroulike ikone van Suid-Afrika se verhoog- en TV-wêreld sal van 15 tot 19 Julie deel wees van vanjaar se Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein
Tinarie van Wyk-Loots, Cintaine Schutte en Jane Mpholo-Mehlape gaan vanjaar in verskillende produksies hul bydrae lewer om die fees onvergeetlik te maak
Schutte sê sy het ’ n sagte plek vir die Vrystaat Kunstefees
“Dit is waar ek as jong kunstenaar kon woeker, nuwe kunstenaars ontmoet het, gehaltewerk kon sien en my wortels kon anker in die bedryf”
Sy sê die verskeidenheid van vanjaar se fees-program is opvallend
“Daar is altyd iets divers en vars ”
Vir haar is dit ’ n voorreg om saam met kunstenaars soos Van Wyk-Loots en Mpholo-Mehlape genoem te word
Sy is bekend vir haar vermoë om karakters met diepte en emosioneel gelaaide rolle te vertolk
Dit is ook die geval met haar twee rolle in produksies hiér
Dit is Annie+Helen, waarin Annie Sullivan (Schutte) en Helen Keller mekaar in 1887 ontmoet Wat volg is ’ n intens roerende oorlog tussen twee gebroke mense
Die skerpsinnige stuk ’ n Begin verken vrae oor wedersydse eensaamheid en die mens se soeke na betekenisvolle verhoudings
Van Wyk-Loots bied ’ n dapper stem wat met rou emosie aan elke karakter ’ n ongekende dimensie bied As regisseur van ’ n Begin slaag sy daarin om met sekure spelleiding die mens se weerloosheid aan te spreek
In Speenvark is sy regisseur en speler In dié produksie ondersoek Van Wyk-Loots die emosionele landskap van wat dit is om ’ n
Suid-Afrikaner te wees
Mpholo-Mehlape, met haar natuurlike verhoog-aanwesigheid en veelsydigheid, slaag altyd daarin om gehore te betower Sy is ’ n groot gunsteling uit die plaaslike toneelwêreld
Sy is vanjaar op die fees betrokke by Dimpho & the Catfish, as regisseur Sy is ook die skrywer van The Masks In Perspectives on Perspectives of Love is sy ’ n speler
Vroeg uit die vere-verkope vir die Vrystaat Kunstefees sluit op 30 Mei
Besoek vrystaatkunstefees co za vir meer oor vanjaar se fees
BloemNuus het ’n bydrae gelewer tot die Lettie Fouché- Spesiale Skool se Tops&Tags-projek,waardeur veral koeldrankdoppies ingesamel word om vir een leerling ’n nuwe rolstoel te koop Saam met leerlinge van die skool op die oorhandiging is van links,voor: Elmarie Potgieter (Lettie Fouché) en Inge Strydom (BloemNuus); middel: Alexander Jordaan (skoolhoof),Madré Marais (BloemNuus) en Shirwan Newton (
Met iets so eenvoudig soos om koeldrankbotteldoppies en broodsakkieknippies bymekaar te maak, kan een leerling se lewe verbeter word
BloemNuus versamel nou al ’ n tweede jaar agtereenvolgens plastiekdoppies en -knippies in ’ n krat in sy subkantoor Vanjaar is dié plastiek aan die Lettie Fouché- Spesiale Skool geskenk
Lede van die redaksiespan het die skool op Donderdag 22 Mei besoek en drie sakke hiervan aan
Ilze van Zyl en die skoolhoof, Alexander Jordaan, oorhandig ’ n Leerling van Lettie Fouché is gekies om deur die Tops&Tags-projek van die SweetHearts-stigting eindelik ’ n nuwe rolstoel te bekom Die projek maak dit moontlik dat plastiek in ruil vir rolstoele gegee word, en ongeveer 13 422kg doppies en 2 684kg knippies moet ingesamel word om vir die leerling ’ n rolstoel van R26 844 te kan koop Volgens sweetheartsfoundation org is reeds 560 rolstoele aan behoeftiges oorhandig
LIENTJIE MENTZ
Die kompetisie om die hoogste bod op ’ n glas dubbelbrandewyn-en-Coke het op Vrydag 23 Mei op die Lettie Fouché- Spesiale Skool se manneaand ’ n allemintige R100 000 vir dié skool ingesamel
Janu de Beer, voorsitter van Lettie Fouché se beheerliggaam, sê die tradisie het so ’ n paar jaar gelede begin toe wyle sakeman Jacques Strydom ’ n “brannas en coke” vir R65 000 gekoop het
Die bod is verlede jaar op die Hoërskool Pres Steyn
VRYDAG 30 MEI
Jannie du Plessis en vriende tree om 18:00 op in die NG kerk Pellissier, ten bate van die Jean Webber-huis Kunstenaars sluit in Anton Esterhuyse (klavier en musiekleiding) Ella Kotze Martinette Spoelstra Riaan Naudé
Annelie du Plessis-Hoberg (fluit) en Kornelia von Eschwege (tjello) Kaartjies kos R210, maar R180 vir pensioentrekkers Bespreek bywoning per e-pos by jackie @ ncpd org za of bel die kerkkantoor by 051 422 4010
Die Woodland Hills-gemeenskapskerk hou van 16:00 af basaar Bekostigbare rou vleis kerrie-en-rys gebak en basaar-lekkernye word gebied Kry toegang by Woodland Hills se hek deur jou bestuurslisensie te toon
SATERDAG 31 MEI
Argitek Kobus du Preez praat om 10:00 in die Nasionale Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) oor die Ou Goewermentsgebou, waarin dié museum geleë is, en wat sy 150ste bestaansjaar vier Bespreek bywoning deur e-pos na annelien naln@gmail com te stuur
'n Potjiekoskompetisie ten bate van Solidariteit
Helpende Hand se studiefonds begin om 10:00 by die Vrystaat-nasorgsentrum Spanne van maksimum vier lede maak potjiekos in n nr 6-pot of groter (of twee nr 3-potte) en bring ’n gazebo, gasstofie of braaier Spanne verskaf bestanddele Bakkies met potjiekos word teen R50 verkoop Kos wat oorbly gaan aan diesentrum Bel Marli Buys by 082 977 3614
The Child Protection Walk hosted by Engo Free State Care in Action and Childline Free State starts at 08:00
se manneaand na R80 000 verhoog; met ’ n ronde R100 000 wat vanjaar op dié enkele artikel gebie is
De Beer sê hulle is baie tevrede met die wins van die veiling op die manneaand, waar Steve Hofmeyr die gaskunstenaar was Tussen 80 en 100 karkasse op die haak is op die aand opgeveil, asook wildspakette en ander ware Hy sê hulle wil nie die inkomste uit die aand bekend maak nie, maar “elke sent help baie” Vanjaar het 1 000 mans dié gewilde manneaand, ten bate van die skool, bygewoon
at Villa Avianto Registration starts at 07:30 Bring non-perishable foods or toiletries instead of an entry fee
The route is dog and toddler friendly Free entry to the Wellness Expo is granted Enquire at info@engo co za
An open evening is hosted at the Boyden Observatory from 17:00 to 21:00 Entry costs R100 per car Refreshments will be on sale Tickets are available from computicket com
Die NG kerk De Bloem hou van 10:00 tot 12:00 in die kerksaal ’n deurry-basaar Plaas bestellings teen 29 Mei by ds Jannie Smith by 083 282 8214
SONDAG 1 JUNIE
Piet Smit sing in die NG kerk De Bloem in Navalsig Dit begin om 09:00 en sal n musikale erediens wees
De Oude Kraal se WildsKOSfees word gehou, met Herman Kleinhans as gaskunstenaar Kaartjies kos R595 en R1 500 vir BBP-kaartjies met ’n fynproewerete Kinders 13 tot 18 jaar betaal R250 Kry kaartjies by Crazy Daisy in Fleurdal Mall, Daisy & Co in Prellerplein en die Delta-bottelstoor in Westdene of op deoudekraal com
Die Franse Mark word van 09:00 tot 15:00 by Villa Avianto gehou Toegang kos R35 Rig navrae deur 083 329 8472 te skakel
VRYDAG 13 JUNIE
Frank Opperman is in sy eenmanvertoning Reünie te sien Dit begin om 18:30 vir 19:00 by die Laerskool Willem Postma Kaartjies kos R230 en is weekdae van 06:00 tot 14:00 by die Berg-en-Dal-kerkkantoor beskikbaar Trek n skoolbaadjie aan vir die vertoning
Toegang is gratis, maar vrywillige kollekte sal opgeneem word Rig navrae by 082 375 6793
THURSDAY,5 JUNE
The University of the Third Age (U3) meet at 10:30 at the Sewe Damme Hall in Gen Beyers Street to listen to a talk on snakes of Bloemfontein by Dr Cora Stobie
Members pay R10 and guests pay R20 For more details contact Pam Gradwell on 0832536293
SATURDAY,7 JUNE
The Rhapsody Orchestra presents Sentimental Cinema in the Wynand Mouton Theatre, starting at 19:00 Buy tickets selling at R100 or R50 on quicket co za or at the door
SATURDAY,14 JUNE
The World War 2 Weekend at Leeuwberg opens at 09:00 The firearm demonstration starts at 10:00 with the parade and drive-by at 11:30 The Airsoft Battle re-enactment takes place at 12:00 and the Kazerne Beer Fest will start at 12:30
Inskrywings oor konserte, kuns- en leefstylwerksessies, optredes van kunstenaars en gassprekers, vroue-oggende, manneaande en ander geleenthede word gratis in BloemNuus se dagboek geplaas Stuur inskrywings met volledige inligting voor Maandae om 12:00 per WhatsAppboodskap na 083 709 0809, of ’n e-pos na lientjie mentz@novusmedia co za
LIENTJIE MENTZ
Met groot belangstelling kyk Petrus Fourie (14) en sy boetie Louis (13) hoe Heinrich Lategaan en Ezelle Erasmus met vuil hande vroetel om Mariaan aan die gang te kry.
Lategaan, ' n lid van die Bloemfontein Vereniging van Modelingenieurs, het ' n modeltrein gekoop wat deur nog ' n liefhebber gerestoureer is Die afgelope vier weke bring hy en Erasmus dié treintjie na die weeklikse ritte Sondae by Modensopark in Bayswater waar kinders die geleentheid kry om op van die treintjies te ry en van nader meer te leer oor hoe dié enjins werk
"In die week is ons musikante," verduidelik Lategaan oor hom en Erasmus se stokperdjie
"Sondag is ons dag vir wegbreek en speel ons heerlik Dis ' n baie lekker stokperdjie wat jou wegneem van die alledaagse "
Dié modeltreintjie met sy stoomenjin is ' n wonderlike voorbeeld van hoe ' n treintjie ' n nuwe lewe kan kry en vir aanhangers groot pleiser kan verskaf Klublede het ' n verskeidenheid stoom-, petrol en elektriese lokomotiewe wat hulle gereeld bring om op die spoorlyne by Modensopark te ry
Oorsprong
Die klub is in 1957 deur Harold Marshall Smith gestig en het oor die jare ' n gewilde bymekaarkomplek vir liefhebbers van stoomenjins en modeltreintjies geword
Smith was ' n stigter van die Randse Vereniging van Modelingeneiurs en is in 1956 na Bloemfontein verplaas Hy was teleurgesteld toe daar nie ' n plaaslike vereniging was nie en het toe op 13 Julie 1957 saam met Goerge
Rhodes-Harrison ' n vergadering in die Cecil Hotel in Bloemfontein gehou Dit was die begin van ' n georganiseerde vereniging wat later ' n tuiste in Rhynstraat gekry het
Assie van Aswegen was vroeër jare vir ongeveer 30 jaar lank ' n lid en in ' n stadium ook die voorsitter van die klub Hy het die stad verlaat en het on-
LIENTJIE MENTZ
A group of volunteers comprised of the Friends of Franklin, the Free State branch of the Botanical Society (BotSoc), as well as staff members of the Mangaung Metro Municipality, assisted with a Weed Warrior Initiative in the Franklin Game Reserve on Naval Hill on Saturday, 24 May
Deon Potgieter from BotSoc showed the group some of the weeds that are alien and invasive in the reserve, which hamper the growth of grass on the plateau The group then went ahead and removed some of these invasive weeds
Andri Potgieter of Friends of Franklin said more than 20 refuse bags were filled with alien, invasive plants, removed from a section at the grassland at the back of the Naval Hill Planetarium
Everyone who participated in saving the local ecosystem by rooting out the green invaders, received a Weed Removal Warrior certificate for their efforts
One of Saturday’s voluteers,Tiffany Janse,with Rhulani Shivambu of the Mangaung Metro department responsible for
group of volunteers,students,members
langs teruggekeer Nou kuier hy weer Sondae lekker saam met die klublede
"Ek het destyds daarop aangedring dat ons ' n klubhuis bou," vertel hy "Dit het nodig geraak om geriewe te hê wanneer ons so bymekaarkom," het hy Sondag om die vleisbraaivuur gesê
Die jonger lede van die klub kom vra gereeld raad by oom Assie en hy help graag Klublede kom elke Sondag hier byeen en bied dan van 12:00 af die geleentheid vir die publiek om teen R10 per rit op van die treintjies te ry Klublede bring hul eie treintjies saam om op die spore te loop of om die waentjies waarop besoekers ry, te trek Tewie Fourie het Saterdag sy twee
seuns gebring om te kom kyk hoe die treintjies werk
Lategaan het met groot geduld aan die twee verduidelik hoe die skaalmodel stoomtrein werk
Tewie sê dit is jammer dat kinders in Suid-Afrika nie dikwels treine sien nie en dit is vir hom wonderlik dat hulle hier meer kan leer oor dié enjins
Dit is egter nie net op Sondae waar kinders pret op die spoorlyn het nie Skooluitstappies en partytjies word ook gereeld Vrydae en Saterdae op bespreking hier aangebied Lategaan sê kinders geniet die treintjie-partytjies sommer baie Rig navrae oor lidmaatskap en die uitstappies en partytjies aan Erasmus by 073 651 2611
Dapper manne en vroue kan op 5 Julie by Doringbos buite
Bloemfontein deelneem aan die jaarlikse Ysbeerswem-uitdaging in die Modderrivier Felix Burri, organiseerder van die geleentheid, sê daar sal vanjaar ’ n spesiale swemgat voorberei word ’ n Uitgebreide program wag, met aktiwiteite wat insluit versnelritte van lanbouvoertuie
(Bloem Agri Drags) – trekkers, bakkies en sportnutsvoertuie gaan deelneem oor ’ n kwartmyl
Burri sê daar gaan sowat 40 uitstallers en kostalletjies wees
Boeresport met ’ n kinkel word aangebied, vir alle ouderdomsgroepe ’ n Mesgooikompetisie in samewerking met die Bloemfontein-messmakersklub gaan ook aangebied word ’ n Grootkampioen sal aangewys word en jaarliks sy of haar titel moet verdedig Gooimesse word voorsien
Pryse in elke resiesklas van die snelritte, elke boeresport-nommer en mesgooi is op die spel
Die dag se bedrywighede begin om 08:00, met die Ysbeerswem-uitdaging om 12:00 en die middernagswem-uitdaging wat om 23:00 aangedurf word
Vir laasgenoemde is ’ n yslike medalje op die spel
Tussen 50 en 100 swemmers word verwag
Op die pretveiling tydens die prysuitdeling gaan verskeie
Dapper swemmers kan uitsien na die pret van die Ysbeerswem-uitdaging by Doringbos,vanjaar op Saterdag 5 Julie. Foto: Lientjie
bruikbare en versamelbare artikels opgeveil word
Die jaarlikse Ysbeer-baardveiling gaan ook weer vanjaar plaasvind Die langste baard het verlede jaar R5 800 opgelewer
Na afloop van die veilings en prysuitdeling sal ’ n vermaaklikheidskunstenaar optree
Hekgeld vir die dag is ’ n skenking van R100 per voertuig Deelname aan die wedrenne
kos R250 per bestuurder
Die swem kos R100 vir die dagswem en is net vir swemmers tien jaar en ouer Belangstellendes kan Burri by 082 851 4584 kontak vir meer inligting ■ Die begunstigdes van die geleentheid is diens- of welsynorganisasies soos Search and Rescue South Africa (Sarza) se takke in Bloemfontein en die Goudveld, en die CHOC-huis en Bloemfontein Hospice
EK KOOP GOEIE gebruikte klere, skoene, linne, gordyne, komberse & kombuisware kontant. Ek besoek u tuis. Skakel 072 185 8217
T6388/2017
TITELBEWYS
BOEDELKENNISGEWINGS
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE 4201
C.P. Du Preez In the Estate of the Late: Carel Pieter Du Preez, Id nr: 4504245084089, date of death: 17/07/2024 laste address: 50 Constantia Park, ST24835/2007VERLORE
T10611/1988 LOST OR DESTROYED DEED
Hiermee word kennis gegee dat kragtens die bepalings van Regulasie 68 van die Registrasie van Aktes Wet, 1937, dit die voorneme is om aansoek te doen om die
gesertifiseerde afskrif van
W.J. KIRSTEN LIKWIDASIE-EN
KURATORSKAP 4210
siale pickleball-kampioenskapsbyeenkoms vind dié fontein plaas Foto: Verskaf
idelike Afrika se moontlike plek ker-toernooi kan hulle in ’ n skryf, of vir deelerdomsgroep ar en ouer Dit pel, dubbelspel ubbelspel n opwindende
sport vir toeskouers, en die publiek kan die wedstryde op Picklers Park in Groenvlei en by Ultimate Pickleball by die Fichardtpark-sportterrein ondersteun Meer as 60 spelers gaan in verskeie afdelings teen mekaar meeding Rig navrae aan compete@ pickleballsa com
e Cosafa Cup Tournament fixtures on Wednesday are c Mdlokovane (Safa president in the Free State),David ootball player),Sue Destombes (executive director bizanele Sifuba (Free State MEC for Sport),Gregory of the Mangaung Metro Municipality),Elizabeth de dent in Thabo Mofutsanyana),Hleza Mofedi (retired dward Saunderson (president of the Free State Sport
Photo: Teboho Setena
egory Nthatisi, r of the Manescribed the 14 tition as an opofile Mangaung nd positioning rism attraction
is cue from a ' s famous “Sport has the e the world It o inspire It has nite people in a
way that little else does” Nthatisi repeated the metro was taking advantage of Bloemfontein being central in South Africa to hosting big sporting events The metro’s commitment to hosting the football tournament is reportedly to the tune of R6 million
Despite this, Nthatisi conceded the appalling conditions and serious problems the municipality is facing
Exclusive for women athletes, the annual Spar Women’s Challenge race has open entries for those interested in registering ahead of theTshwane event scheduled to take place in August
One of this year’s events is set for 2 August at SuperSport Park, Centurion, starting at 14:00
The theme for this year is #Twenty20Thrive, encouraging women across all walks of life to embrace their journey of growth and well-being
The launch in August will be marked by a significant R60 000 charity donation to various organisations dedicated to women’s empowerment
“For 28 years, the Spar Women’s Challenge Tshwane has been more than just a race; it is a movement that champions women, fosters community spirit, and inspires holistic well-being,” said Ralph Rajagopaul divisional marketing director of Spar in North Rand and Botswana
Adding to the excitement, one lucky participant will drive away in a brand-new Hyundai Exter Entries are open and are limited to 17 000 participants Enter on sparwomenschallenge co za/ tshwane, through the SPAR2U App, or by visiting selected Spar stores More details are available on sparwomenschallenge co za
Thursday, 29 May 2025
Johnathan Duarte van die Hoërskool Fichardtp Diamantveld in Saterdag se Wesgrow Sentrale Foto: JJ Photo s
Die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks staan einde se kant toe, met net nog enkele wedstryde wat die naweek beslis word en die laaste rondes wat in Julie en Augustus plaasvind
Die afgelope naweek het die Hoërskool Diamantveld van Kimberley na Bloemfontein getoer om op 23 en 24 Mei teen die Hoërskool Fichardtpark mee te ding
Karla Pretorius, voormalige Protea-kaptein en Fichies se direkteur van netbal, sal veral tevrede wees met die vordering wat met haar netbalpro-
Vrystaatse dansers wat in die Protea-diskodansspan ingesluit is om van 19 tot 22 Junie in die Internasionale Dansorganisasie (IDO) se disko-wêreldkampioenskap mee te ding is van links,voor: Liezl Luyt (Just Dance),Denise Breytenbach (10),Sizolwethu Ngidi (12),Marilize Griffiths (Dance Domination),Tholoana Mabope (14),Leané de Smidt (15) en Senicia du Toit Breytenbach (Dance Domination); agter: Sedi Mosala (15), Leané Swart (17),Orefile Kgamanyane (14),Anzel Raath (17),Shellie Griffiths (18), Hayley van Wyk (15),Nthati Theko (15) en Milan Brandt (14) Du Toit Breytenbach is as internasionale beoordelaar vir dié kampioenskap gekies en dien in ’n paneel van 11 beoordelaars van verskeie lande Meer as 3000 dansers neem jaarliks aan dié wêreldkampioenskapsbyeenkoms deel.Dit word vanjaar in Pole aangebied. Foto: Verskaf
gram gemaak is Fichies se eerste netbalspan het met 34 – 29 geseëvier en boonop het die o 14A-span met 29 – 18 en die o 15A-span met 21 – 19 as oorwinnaar van die baan gestap Wat die hokkie betref, het Fichies die bordjies verhang Onlangs, in die Wildeklawer-toernooi, was Diamantveld aan die wenkant Hierdie keer het Fichies egter sterk
d e ee stespa ugby edst yd reuseoorwinning van 61 – 5 behaal Alle aanduidings is dat dié Diamantveld-span moeilik gaan wees om in vanjaar se Wesgrow-reeks te klop Wat wel positief vir Fichies is, is dat die o 14A-rugbyspan met 15 – 7 gewen het
Die naweek wat voorlê, reis die leerlinge van die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein na Kimberley om daar teen Diamantveld in hokkie, netbal en rugby mee te ding
Heidedal parkrun het op Saterdag 24 Mei sy agtste verjaardag gevier.Van die vrywilligers wat help om alles by dié parkrun te laat vlot,is van links Ashara Barlow,Nontsizi Lemoen,Hendrik Hattingh,Cyril Maasdorp,Sarah Maasdorp,Gavin du Plessis,Charmaine Maasdorp,Sanna Hattingh en Rudolf Hoffman Foto: Verskaf