BloemNuus - E-Edition - 23 Okt 2025

Page 1


Geld, gebede en steun vir ‘man met hart van goud’

OngelukinAmerikarukgesin

LIENTJIE MENTZ

Gebede gaan van oral op vir die Bloemfonteiner wat in ’ n ongeluk in Amerika ernstig beseer is en steeds in ’ n koma in ’ n hospitaal behandel word

Dries Botha (32), ’ n bouer wat die afgelope seisoen op ’ n plaas in Minnesota gewerk het, was op Sondag 12 Oktober saam met ’ n kollega in ’ n ongeluk

Dries en sy kollega het die Sondag met ’ n Razor-veldkar op die plaas naby Crookston gery toe die bestuurder beheer oor die voertuig verloor en dit omgeslaan het

Dries is per lugambulans na Minneapolis geneem, waar hy ’ n noodoperasie aan sy hoofslagaar moes ondergaan Sy maag en milt moes ook weer uit sy ribbekas in plek geskuif word

Ander beserings wat hy opgedoen het, sluit in: ’ n gebreekte femur en ’ n gebreekte linkergewrig; ’ n geskeurde diafragma; hy het gesig- en neusbreke; asook gebreekte ribbes Dries het ook ernstige hoofbeserings opgedoen

Sy vrou, Kayla, het nadat sy van die ongeluk gehoor het inderhaas na Amerika gevlieg om haar man in die hospitaal te gaan ondersteun

“Daar was al soveel wonderwerke sedert die ongeluk,” vertel Kayla “Dit was al donker toe die ongeluk gebeur het, maar die Here se engele was by Dries Iemand het die Razor se ligte gesien en gaan ondersoek instel”

Die kollega wat saam met Dries was, het ligte beserings opgedoen en intussen na Suid-Afrika teruggekeer ’ n Paar dae voor die ongeluk het Dries vir Kayla ’ n dagstukkie gestuur wat hy die dag gelees het: U, Here is ’ n skild rondom my U herstel my eer U lig my kop weer op Ek het tot die Here geroep Vanaf sy heilige berg het Hy my geantwoord Ek het gaan lê en slaap en weer wakker geword, want die Here het oor my wag gehou (Psalm 3: 4-6)

Intussen het ’ n vriendin, Le-Andre Myburg, ’ n Back-a-Buddy-rekening vir die egpaar oopgemaak om hulle met toenemende uitgawes te help

“Dries is ’ n geliefde man, pa, seun, boetie en ’ n vriend vir so baie Hy is ’ n man met ’ n hart van goud altyd gereed om ander te help Hy en Kayla het twee pragtige kinders wat baie graag wil hê hul pappa moet huis toe kom en gesond wees, ” skryf sy op die webblad

Le-André sê die lugambulans kos hulle $70 000 (sowat R1,2 miljoen rand) en die daaglikse rekenings vir die hospitaal en hoë sorg, is baie hoog

“Boonop werk nie Kayla of Dries nou wat beteken dat hulle nie ’ n inkomste het nie”

Kayla is ’ n skoonheidsterapeut in Bloemfontein en verdien geen inkomste terwyl sy daar is nie Boonop kos die verblyf wat sy daar het haar ongeveer R1 000 ’ n dag; vervoer kos sowat R500 met die Uber van en na die hospitaal Le-André het die rekening geopen om die egpaar met dié uitgawes te help, en ook hul uitgawes hier in Bloemfontein waar die kinders op hul ouers wag

Vriende, familie, kennisse en wildvreemde mense wat omgee, het al sowat R145 000 bygedra

Dries Botha van Bloemfontein is in ’n koma en sy ernstige beserings word in ’n hospitaal in Amerika behandel. Foto’s: Verskaf
Dries en Kayla Botha met hul twee kinders, Sion (3) en Hannah (10)

Skending van graf knou gedagtenis

’n Soliede marmer-grafsteen is van ’n graf in die Memorium-begraafplaas in Bloemfontein gesteel.

Susan Eloff-Joubert (89) sê sy is moedeloos nadat vandale nou die tweede keer dele van haar oorlede man se grafsteen gesteel het

“In 2021 moes ons die kopstuk weer vassit nadat die marmer waarop dit gestaan het, afgesteel is,” sê sy oor haar man, wyle Gawie Joubert wat in 2017 oorlede is, se graf

“Ek gaan gereeld saam met ’ n tuinwerker en my huurder om inspeksie te doen by sy graf,” sê sy Tannie Susan sê in Januarie was alles nog reg by die graf, maar toe sy nou verlede week daar ’ n draai gaan maak het om netjies te maak ná die baie reën, moes sy vind dat die marmersteen, wat die graf bedek het, weg is

“Die gras het al hoog gegroei, wat seker wys dat dit ’ n paar maande terug gebeur het” Sy sê ’ n deel van die grafsteen was daar naby op ’ n ander graf, wat wys dat die boewe net met die helfte van die swaar marmersteen daar weg is Dirk Kotze, DA-wyksraadslid sê daar is baie probleme met grafte in Memorium wat geskend word “Een van die probleme is die grafte wat meer as 100 jaar oud is Al die grafte het ’ n 100 jaar pag op voordat dit weer gebruik mag word Ongelukkig is daar geen register van grafte nie en is dit baie moeilik om te bepaal wie waar begrawe is” Kotzé sê die Mangaung-metro het eindelik ná tien jaar begin om ’ n heining teen ’ n koste van R5,7 miljoen om die twee dele van die begraafplaas weerskante van Memoriumweg op te rig Volgens munisipale wetgewing moet die hekke saans om 18:00 gesluit word en in die oggend oopgesluit word, wat nie gedoen word nie Van die wagte waarvoor die Mangaung-metro R50 000 per maand betaal, is daar niemand by Memorium te sien nie, behalwe wagte by die krematorium

Tannie Susan vertel sy was 54 jaar oud toe sy met oom Gawie getrou het

“Toe ons jonk was, het ek vir hom gesê hy gaan nog horingoud word en ek gaan nog met hom trou Hy het drie vroue oorleef voordat ek met hom getrou het toe hy 72 was ”

Wyle Gawie Joubert,wie se graf geskend is,het in 1994 gehelp met die bou van die AP Kerk Moedergemeente in Bloemfontein

Tannie Susan Eloff-Joubert met ’n foto van haar oorlede man se graf voor en nadat die marmerblad gesteel is Foto: Lientjie Mentz

Sy sê hy het gehelp met die bou van die AP Kerk Moedergemeente in Bloemfontein

“Ek wil graag sy gedagtenis eer ” Eloff-Joubert sê sy het nou gereel dat die graf weer netjies gemaak word, maar sy kan nie die duur marmer wat daar eens was, bekostig nie

Herrie rondom fluitjieblasers

LIENTJIE MENTZ

Daar is verskeie onderwysers van die Dr Böhmer-vaardigheidskool in die stad wat beweer dat hul loopbane vernietig is nadat hulle die fluitjie op finansiële wanbestuur geblaas het

Nou is daar glo ’ n dawerende stilte van die nasionale minister van onderwys oor die aangeleentheid

Dr Wynand Boshoff, nasionale woordvoerder van die VL Plus oor onderwys, sê die onderwysers beweer hulle is sonder bewyse van rassisme en seksuele teistering beskuldig

Dit het tot hul skorsing en skade aan professionele reputasie gelei

Volgens die onderwysers probeer hulle reeds jare lank vergeefs om die hele saak deur die Vrystaatse onderwysdepartement te laat ondersoek

“Die VF Plus in die Vrystaat het die saak na die parlement verwys sodat die departement van basiese onderwys kan toesien dat die Vrystaatse departement van onderwys die nodige stappe neem, ” verduidelik Boshoff

“Op 5 Mei het die VF Plus hieroor uitgereik na die minister Siviwe Gwarube, deur haar persoonlike assistent Daarna

Dr.Wynand Boshoff

het die VF op 20 Mei ’ n skriftelike vraag aan die minister gerig wat sy reeds op 24 Mei geantwoord het

“Daarvolgens was sy tevore nie van die situasie bewus nie, maar het sy intussen korrespondensie met die provinsiale departement daaroor aangeknoop " Boshoff sê Gwarube het beloof om die VF Plus met enige verwikkeling op hoogte te hou en het gesê haar kantoor tref reëlings vir ’ n vergadering

“Verder het sy op die onaanvaarbaarheid van rassisme en seksuele teistering by skole gewys, ’ n oortuiging wat die VF Plus deel

“Dit is juis waarom valse aantygings baie ernstig is”

Op 9

Julie het die minister se persoonlike assistent kontak met die VF Plus gemaak en meer besonderhede gevra

Hy het die party ook genooi om die saak enige tyd op te volg

Op 13 Augustus is die VF Plus in kennis gestel dat die aangeleentheid formeel vir ondersoek verwys is en dat die party kennis van enige verwikkelinge sal ontvang Boshoff sê sedertdien het die VF Plus geen verdere inligting ontvang nie en die party se pogings om kontak te maak, is onsuksesvol

“WhatsApp-boodskappe en telefoonoproepe bly eenvoudig onbeantwoord Die VF Plus is nie in ’ n posisie om die meriete van die saak te beoordeel nie Wat wel rooi ligte laat flikker, is die stilte van die minister se kant af

“Die VF Plus sal dié week weer ’ n skriftelike navraag indien om formele terugvoer te vra, maar in die lig van vorige korrespondensie, behoort dit onnodig te wees

“Die skade wat die betrokkenes reeds gely het, is onherstelbaar Die minste waarop hulle kan aandring, is ’ n formele ondersoek, wat aandui of hulle aan enigiets skuldig is’’

SCAM PROMISES JOB IN RETURN FOR PAYMENT

The Free State police are warning members of the public about a scam currently circulating, through which unsuspecting victims are being defrauded of large sums of money

A senior official of the Department of Home

Affairs in Kroonstad recently discovered that her cellphone number had been hacked and was being used by unknown suspects to trick people into paying money in exchange for promised employment opportunities or government contracts

So far, police have been made aware of several victims who collectively lost about R150 000 through this fraudulent activity

Capt Loraine Earle, spokesperson for the SAPS in the Free State, urges community members to

remain vigilant and to never pay any money for employment opportunities or government tenders

All legitimate recruitment and procurement processes within government departments follow official procedures and do not require any form of payment

Anyone who may have been contacted by or received suspicious messages from the cellphone number 073 523 1218 is urged to immediately contact the investigating officer, Sgt Samuel Seloana of the provincial Commercial Cyber Crime unit, on 073 925 4882

The police continue to investigate the matter and warn the public to be cautious of scams of this nature

Carols-atmosfeer die middag al in die lug

Vanjaar se Carols with the Stars-geleentheid op Vrydag 14

November by die Laerskool Willem Postma begin al om 13:00 met ’n Kersmark

Plek is reeds bespreek vir 40 stalletjies wat ’ n verskeid goed, klere, lekkernye en dukte te koop gaan aanb

Besoekers aan vanjaar

Carols word versoek om piekniekmandjies te brin en eerder eetgoed en iets drinke by die stalletjies te koop

Pick n Pay Preller

Walk bied vanjaar weer die geleentheid vir een klant om ’ n motor te wen, dié keer ’ n splinte nuwe Toyota Vitz 1 0MT

Om hiervoor in aanmerking te kom, kan klan inkopies van ’ n minimum van R300 doen en hul na en van, ID-nommer en se nommer agterop die stro skryf Gooi die strokie in spesiaal gemerkte houers

Pick n Pay Preller Walk

Dié wat ’ n kans wil staa om een van die vyf finalis te wees, wat elk ’ n sleutel gaan ontvang waarvan ee die Toyota Vitz gaan oopsluit, moet by die trekking wees ná die Carols-vertoning

Refentse is vanjaar se gaskunstenaar, met Mario Lategan en Cézanne Yzel wat die sing van Kersliedjies sal lei Die musiekvertoning begin om 19:00

Toegang na die Kersmark en die Carols with the Stars-vertoning kos vanjaar R10 Al die geld wat ingesamel word, gaan aan liefdadigheid

Teenage cancer patients embraced

Not only does the National District Hospital in Bloemfontein have first of its kind adolescent rooms, it now boasts a dedicated playroom for teenagers.

Reach for a Dream’s very first adolescent Dream Room were introduced on 10 October

Kerry Donkin, regional manager for the Reach for a Dream Foundation in the Free State, KwaZulu-Natal, and Northern Cape, opened this room at the hospital along with officials and Joshua Moela, managing executive of Cell C, the company that funded it

“Adolescents are often forgotten in a world where there are a lot of focus on pediatrics and treatment for adults When I heard that teenagers are spesifically cared for here in the Oncology unit at the National Hospital, we jumped at the opportunity to create a unique room, ” said Donkin Dr Anton van Aswegen, head of neurosurgery at the Department of Health, said the hospital realised the need for a dedicated space for teenagers Thanks to sponsorships two rooms were furnished and are now dedicated to teenage patients and their parents or caregivers, while they receive treatment for cancer here

“This is the first hospital, accross private and public hospitals, to dedicate space to adolescents,” said Van Aswegen

“Being a teenager is already a difficult period Put on top of that a cancer diagnosis; it really is tough Having a space where their needs are taken into account really makes a difference We tell them that there is a future They should not give up hoping”

Donkin says these Dream Rooms presents a creative opportunity for her team

“We have done several Dream Rooms - including one at pediatrics ward at the Universitas Academic Hospital We hope that future patients will enjoy this Dream Room at National especially catering for the needs of our young adults

At the launch of the unique Dream Room are from the left,front: Kerry Donkin (regional manager of Reach for a Dream); back: Dr Anton van Aswegen (head of neurosurgery),Dr Balekile Mzangwa (CEO of the Universitas Academic Hospital) and Joshua Moela (managing executive of Cell C) Photo: Lientjie Mentz
Cézanne Yzel en Mario Lategan

THURSDAY,23 OCTOBER

Dr Freek Bester will present a talk on diabetes: “The silent Epidemic , at the next meeting of the University of the Third Age (U3A), starting at 10:30 in the Sewe Damme Hall Members pay R10 and visitors pay R20 For more details contact Pam Gradwell on 083 253 6293

SATURDAY,25 OCTOBER

A High Tea fundraiser for Breast Cancer Awareness Month, in aid of Reach for Recovery, runs from 10:00 to 13:00 at Villa Avianto Gardens A ticket costs R300 and gives access to platters, live music and cancer awareness stalls Book on villa-avianto co za or dial 083 329 4872

Die OVS Filateliese Vereniging vergader om 10:00 in die personeelkamer van die Laerskool Sentraal Enigeen kan dit bywoon Die jaarvergadering word ook gehou Rig navrae aan Voet du Plessis by 082 449 9488

Die Bloem-Familie-Trekkerfees word van 08:00 tot 15:00 by die Ferreira-museum in Speserylaan Quaggafontein gehou Die program sluit in trekkerparades ’n skaapskeerdemonstrasie, n kabouterbraai, n skattejag en optredes deur Dazzling Dance Studio en Cheetah Cheerleader Feesgangers kan ook uitsien na ’n demonstrasie deur n ystersmid, n parade deur V-Models en n optrede deur die sanger Francois Bower Toegang kos R50 en R10 vir kinders Rig navrae by 082 815 1727

WEDNESDAY,29 OCTOBER

The University of the Free State’s Bloemfontein Choir Gala Concert starts at 18:00 in the Odeion Auditorium on the main campus Ticket prices start at R50, and tickets are available on quicket co za and at the doors

VRYDAG 31 OKTOBER

Die Heuwelkruin-kuierfees duur van 16:00 tot 21:00 by

die NG kerk Heuwelkruin in Stratfordstraat, met kosstalletjies speletjies vir kinders ’n witolifanttafel en meer

SATERDAG 1 NOVEMBER

Die Afrikaanse Protestantse Kerk in Rooiwalsingel Uitsig, bied van 09:00 af n basaar aan Verwag alles van handgemaakte produkte tot eetgoed en vars vleis

Vrystaat-Versorging in Aksie bied die Golden Twilight Ball om 18:00 vir 18:30 by Tevah in Ferreira aan Dit beloof om ’n spoggerige geleentheid te wees, met musiek en ’n ete Kaartjies kos R300 en is beskikbaar deur 072 645 6172 te skakel

WEDNESDAY,5 NOVEMBER

CityRun 5km MoonlightRun starts at 18:30 for 18:45 on Naval Hill Entrance costs R70, and R40 for children younger than 12 years Donations of non-perishable food

FOKUS

OP: CITYMED DAGHOSPITAAL VIER 30 JAAR

are welcome Pancakes and burgers, as well as coffee and cold drinks will be on sale Call Elize-Maré Cilliers on 082 414 4565 for more information

SATERDAG 8 NOVEMBER

n Vroueoggend saam met die akteur Lindie Strydom begin om 10:00 vir 10:30 op die Monte Bello-landgoed Die geleetheid word gehou ten bate van die NG kerk Bainsvlei Kaartjies kos R250; ligte ontbyt word bedien Koop kaartjies op quicket co za

WEDNESDAY,5 NOVEMBER

The Westdene Neighbourhood Association is holding its Annual General Meeting at 17:30 for 18:00 at the Saints Club in Reid Street Stuur dagboek-inskrywings vir gratis plasing in BloemNuus teen Maandae om 12:00 na lientjie mentz@novusmedia co za

Sorg toon oor drie dekades gesonde groei

Van ’n beskeie begin in 1995, na ’n 40-bed-daghospitaal met vier teaters

Dit is die merkwaardige groei wat CityMed Daghospitaal, wat by Prellerplein gevestig is, die afgelope 30 jaar beleef het

CityMed het soos die naam aandui in 1995 in Bloemfontein se middestad ontstaan om private gesondheidsorg bekostigbaar en toeganklik te maak vir meer Suid-Afrikaners

Die daghospitaal wat later na Prellerplein verhuis het, en aanvanklik 20 beddens en twee teaters gehad het bied die geleentheid aan medici om chirurgiese prosedures te doen waarvoor pasiënte geen oornaggeriewe benodig nie Die geriewe is mettertyd uitgebrei na die 40-bed-hospitaal wat vandag op die boonste verdieping van Prellerplein geleë is

Ook, van n gerief wat hoofsaaklik gefokus het op tandheelkundige prosedures is die dienste deur die jare uitgebrei om multidissiplinêre prosedures moontlik te maak

CityMed is lid van die Daghospitaalvereniging van Suid-Afrika (DHASA) Al die prosedures wat hier gedoen word, word deur geregistreerde medici uitgevoer

Die dissiplines wat deesdae algemeen hier hanteer word, sluit in: dermatologie oor- neus- en keelchirurgie, ginekologie, ortopedie, urologie, plastiese chirurgie tandheelkunde mond- en kaakchirugie asook algemene chirurgie

Jana Britz, hospitaalbestuurder, sê namate tegnologie vorder, word al hoe meer prosedures hier gedoen

Deesdae word heup- en knievervangings algemeen in n daghospitaal gedoen, sê sy “Een van die talle voordele van n daghospitaal is dat daar nie siek mense is nie die risiko vir infeksie is heelwat minder

“Die hospitaal is nie deel van ’ n korporatiewe struktuur nie almal wat hier werk is soos een groot familie Dokters geniet dit om hier hul operasies te doen, verduidelik Britz

Dit is vir ons as personeel n groot voorreg om al 30 jaar lank hierdie diens te lewer ”

Die daghospitaal spog reeds met een laminêre-vloeiteteaer, met n tweede een wat binnekort ingerig word

Benewens die goed toegeruste teaters is die herstelsale vir volwassenes en kinders huislik ingerig

Vir kinders is daar ’ n speelkamer

Britz sê die diens aan die gemeenskap is in 2022 uitgebrei met die opening van n 32-bed- fisieke rehabilitasiesentrum wat naas die daghospitaal by Preller-plein geleë is

Deel hiervan is vyf hoësorgbeddens

Pasiente wat byvoorbeeld in n motorongeluk was, ’ n beroerte gehad het of amputasies moes ondergaan of wat van ander ernstige siektes of beserings moet herstel, word hier deur n multidissiplinêre span versorg, bevestig Britz

speelkamer in CityMed Daghospitaal by die kindersaal,waar kinders kan speel terwyl hulle wag vir operasies wat hulle moet ondergaan Foto: Verskaf

’n Operasie word in CityMed Daghospitaal uitgevoer. Foto: Verskaf
Personeel in CityMed se kindersaal is van links Deidre Myburgh (versorger),Esther van Neel (verpleegkundige) en sr Patience Melato (geregistreerde verpleegkundige). Foto: Lientjie Mentz
Die
Johannes Thaaso,CityMed Daghospitaal se assistent- administratiewe bestuurder Foto: Lientjie Mentz

Spel-slim leerders ryg die letters een ná die ander reg in

Die eindronde van die ATKV en Akademia se Uitklopspel is op 15 Oktober by Grey-kollege aangebied

Leerders van ses provinsies en 55 skole het deelgeneem aan die spelkompetisie, waarvan die algehele wenners op verlede week se geleentheid bepaal is Die uitslae is:

■ Gr 6 en gr 7, Afrikaans eerste addisionele taal (23 spellers) Noah Kennedy (St Andrew’s School) as wenner; Hlalefang Aaron (Laerskool Onze Rust) tweede; en Tandowethu Tshoniswa (Laerskool Brandwag) derde

■ Gr 6 en gr 7, Afrikaans huistaal (47 spellers) Gea March (Laerskool Oranje Noord in Upington) as

wenner; Daniël Joubert (Laerskool Fontainebleau in Gauteng) tweede; en Anneri Rossouw (Laerskool Die Rots in Gauteng) derde

■ Gr 8 en gr 9, Afrikaans eerste addisionele taal (28 spellers) Alondrea Flooks (St Michael’s School) as wenner; Precious Mkhefa (Brebner High School) tweede; en Ayathandwa Dlayedwa (Hoërskool Van Reede in Oudtshoorn) derde

■ Gr 8 en gr 9, Afrikaans huistaal (54 spellers): Mischka Fourie (Hoërskool Fichardtpark) as wenner; Mia van der Merwe (Hoërskool Dundee) tweede; en Josua Potgieter (Grey-kollege) derde

■ Gr 10, gr 11 en gr 12, Afrikaans huistaal (50 spellers) Mari-Lize Roos (Hoërskool Ferdinand Postma in Noordwes) as wenner; Megan Cruickshank (Hoërskool Linden in Gauteng) tweede; en Thomas Rossouw (Hoërskool Sentraal) derde

Die presteerders in die afdeling vir gr 6 en gr7,eerste addisionele taal,is van links Tandolwethu Tshoniswa (derde,Laerskool Brandwag),Noah Kennedy (wenner,St Andrew’s School),Hlalefang Aaron (Laerskool Onze Rust) en Nellie de Beer (organiseerder) Foto: Lientjie Mentz

‘Rookies’ pak Bull Run by die horings

Twee Bloemfonteiners se kreatiwiteit en harde werk het hulle

’n prys besorg tussen 60 ander nuwelinge in die tydskrif Weg Ry & Wegsleep se Bull Run op Van Wyksvlei in die Noord-Kaap

Debbie en Dirk Conradie droom al jare daarvan om aan hierdie prettige naweek deel te neem

Die Bull Run behels dat spanne met motors wat ouer as 40 jaar is, maar wat ten volle geregistreer is en nie meer as R50 000 kos nie, aan die naweeklange uitdaging deelneem Die bedrag sluit die waarde van die motor, asook die lisensiekoste, herstelwerk, bande, verf, plakkers selfs die “fur” op die “dashboard” in

Die uitdaging het vanjaar van 9 tot 13 Oktober plaasgevind

Toe die Conradie-egpaar in 2023 albei 50 jaar oud word, het hulle vir vriende gevra om in die plek van geskenke eerder vir hulle geld te skenk om deel van die Bull Run te wees

“Dit het daardie jaar nie uitgewerk nie,” vertel Debbie

“Daar het die heeltyd iets voorgeval en verlede jaar het ons van die plaas af stad toe getrek, so daar was nooit regtig tyd nie”

Intussen het hulle in Januarie ’ n oulike 1976 Datsun 14Y in die hande gekry by ’ n “Uncle” op Roodewal

Die werk aan die Datsun het begin Harde handewerk wat hulle

in ’ n blits-tyd van drie maande oor naweke gedoen het Dirk het gebou en Debbie het geverf tot ounag toe

“Dinge het nog op die nippertjie gebeur,” vertel Debbie

“Ons het Woensdag 8 Oktober hier uit Bloemfontein weggetrek en die kar is eers die middag 15:00 deur die toets gesit waarna ons ’ n groen lig gehad het om die lang pad aan te durf”

Sy sê die meeste van die sowat 160 deelnemers verkies om hul motors na Vanwyksvlei te sleep

“Nie ons nie Die rit tot in Vanwyksvlei was deel van ons journey

Die Datsun het nuwe skokbrekers, so die laaste 80km-grondpad was niks,” vertel Debbie

“Ons het klein bietjie moeil-

ikheid gehad met die wegry uit die stad Ons het eers so 19:30 weg gekom en was skaars op die N1, toe die ligte skielik vrek Dirk het uitgespring en gou was ons weer op pad Gelukkig kan Dirkie enige ding doen,” sê Debbie

“Net voor Tom’s Place het die kar begin kook Weer het Dirkie uitgespring en sy ding gedoen Ek het net gebid dat ons dit veilig tot in Richmond maak

“Nadat hulle die aand in Richmond oornag het, is hulle die Donderdag verder Dirk sê toe hulle op Van Wyksvlei aankom, was dit soos om jare gelede op intervarsity aan te kom Almal kuier en gesels met mekaar Daar was ’ n vrek lekker vibe” Vrydag het hulle twee en Wen-

dy, ’ n winkelpop wat hulle so ewe op die agterste sitplek langs Engel – die yskas – staangemaak het, die rally voltooi

“Die atmosfeer op die Bull Run is ongelooflik,” sê Dirk

“Mense kom verby en plak plakkers op jou kar, of skryf vir jou boodskappe”

Met Saterdag se drag racing het die twee hulself gate uit geniet

Hulle het beslis iets reg gedoen en is beloon as Rookie-span van die jaar

“Nou moet ons nog iets aan die trofee vas swys sodat ons dit volgende jaar kan terugneem,” sê

Dirk met ’ n groot glimlag oor dié heerlike ervaring

“Ons het reeds ’ n ander enjin wat ons wil insit”

’n Lugfoto van vanjaar se kampeerterrein tydens die Bull Run op Van Wyksvlei se skouterrein

Dirk en Debbie Conradie,en ook Wendy die pop,op Van Wyksvlei. Die 3D’s Debbie,Dirk en die Datsun op Van Wyksvlei. Foto’s: Verskaf

APD in Vrystaat kry nuwe voorsitter

Die Vereniging vir Mense met Gestremdhede in die Vrystaat (APD) het Dinsdag 30 September ’n nuwe voorsitter tydens die jaarlikse vergadering aangewys

Andrew Hofmeyr, Suid-Afrika se nasionale projekleier vir die G20 se Disability 20-projek, is aangewys as die voorsitter van dié APD Hofmeyr, wat self sedert ’ n ongeluk 31 jaar gelede met ’ n gestremdheid leef, is reeds geruime tyd aktief betrokke by die ondersteuning van die APD en Jean Webber op verskeie maniere

Daar word nou daaraan gewerk om die drie huise waaruit Jean Webber bestaan en verblyf aan erg gestremde mense verskaf, te verbeter sodat dit waardige en veilige verblyf is

Therina Wentzel, direkteur van die nasionale vereniging, sê daar word hard

gewerk om beter sinergie te skep tussen al APD se projekte

Die Kopanong-werkswinkel waar 86 mense met gestremdhede ’ n wye verskeidenheid produkte maak, skep ’ n waardige werkplek vir mense in die gemeenskap

Van die ander inkomstestrome, sluit in studenteverblyf wat verskaf word

Daar word ook ’ n nuwe klerewasonderneming in die vooruitsig gestel asook die oproepsentrum vir Centlec Van die inwoners werk ook as veiligheidswagte Hofmeyr sê dit is belangrik dat die gemeenskap weer bewus word van Jean Webber “Daar is enorme uitdagings, maar dit is ook ’ n wonderlike storie van ’ n sentrum waar mense met gestremdhede versorg word en planne beraam word om die toekoms van die sentrum te verseker”

Die nuwe raadslede wat verkies of herkies is, is Hofmeyr, David Uwah, Pamela Mayiyane, Mpho Molemela, Lekhotla Sethole, Anel Louw, Gert Klopper en Hannes de Jager

Drie vroue wat al ’n groot rol gespeel het in die Vereniging vir Mense met Gestremdhede (APD in die Vrystaat) as provinsiale direkteur is van links Stef Pretorius (voormalige direkteur (1983 tot 1989),Nthabiseng Molongoana (huidige direkteur) en Therina Wentzel (1995 tot 2006) FOTO: Lientjie Mentz
Andrew Hofmeyr,die nuwe voorsitter van APD se raad

EK KOOP NETJIESE gebruikte klere, skoene, linne, gordyne, komberse & kombuisware kontant. Ek besoek u tuis. Skakel 072 185 8217

ST10427/2014 Notice is hereby given in terms of regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer ST10427/2014 passed by THE TRUSTEES

ST18113/2017 LOST OR DESTROYED DEED Notice is hereby given in terms of regulation 68 of

J.D. VAN WYK

In die boedel van wyle (volle name en van)

JACOBUS DANIEL VAN

WYK Identiteitsnommer 550102 5116 080

Gebore 02/01/1955, Oorlede 05/08/2025, van (laaste adres) 33

CHRISTIAAN RUDOLPH

R Y L A A N , H O S P I T A A L P A R K , BLOEMFONTEIN FREE STATE, 9301 en nagelate eggenoot /eggenote (indien getroud binne gemeenskap van

g o e d e r e ) C E C I L I A

SUSANNA VAN WYK

i d e n t i t e i t s n o m m e r

530719 0081 087, gebore 1 9 / 0 7 / 1 9 5 3 , Boedelnommer:

007262/2025, Krediteure en debiteure in bogemelde boedel word versoek om hulle vorderinge in te lewer en hulle skuld te betaal by die kantoor van die ondergetekende binne 'n tydperk van dertig (30) dae. Naam en adres van eksekuteur of g e m a g t i g d e : EKSEKUTEUR MARK

JOHN AZAR 23 DONALD

MURRAY AVENUE, PARK WEST, BLOEMFONTEIN, FREE STATE, 9301

M.E. PETZER NOTICE TO CREDITORS IN DECEASED ESTATES

All persons having claims against the under-mentioned estate must lodge it with the Executor concerned within 30 days (or as indicated) from date of publication hereof Late estate

MARIA

ELIZABETH PETZER, ID-no. 391031 0020 08 3, date of birth 31 OCTOBER 1939, date of death 12 JULY 2025, last address: 61 RONTGEN AVENUE, BLOEMFONTEIN, Province of the FREE STATE,

Estate-no. 5763/2025

, BLOEMFONTEIN Email:

Telephone: 051 448 9755

R.E BARNARD

BOEDEL NR : 6309/2025

IDENTITEITS NR: 370322 0019 08 3 OORLEDE OP: 28 JULIE 2025 Kennnis geskied hiermee ingevolge

Artikel 29 van die Boedelwet dat: ROZINA

ELIZABETH BARNARD

IDENTITEITS NR: 370322 0019 08 3

Voorheen woonagtig te EENHEID 20, SERENITAS, BLOEMFONTEIN, Enige persoon wat enige gelde aan die boedel verskuldig is word versoek om sodanige gelde in te b e t a a l b y d i e o n d e r g e m e l d e gevolmagtigde agent van die Eksekuteur en enige persoon wat 'n eis teen die boedel het word versoek om sodanige eis in te handig by die E k s e k u t e u r / gevolmagtigde agent vir die Eksekuteur binne 30 (DERTIG) DAE na publikasie van hierdie kennisgewing PAUL DE LANGE

GEVOLMAGTIGDE AGENT S A L V O F I D U C I A R Y SERVICES (PTY) LTD NOBELSTRAAT 4 BRANDWAG

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE 4205

LIQUIDATION AND DISTRIBUTION ACCOUNTS IN DECEASED ESTATES LYING FOR INSPECTION

In terms of section 35(5) of Act 66 of 1965 notice is hereby given that copies of the liquidation and distribution account (first a n d f i n a l , u n l e s s otherwise stated) in the estates specified below will be open for inspection of all persons with an interest therein for a period of 21 days (or shorter or longer if specially stated) from the date specified of from the date of publication hereof, whichever may be the later, and at the offices of the Masters and Magistrates as stated. Should no objection thereto be lodged with the Masters concerned during the specified period, the executors will p

payments in accordance with the accounts Late E s

: M

i u s Germishuys, Identity number: 670722 5047 087 Last address: 30 Nardus Street,

KURATORSKAP 4210

Thursday, 23 October 2025

Atletiek kry hupstoot

Afrigters en onderwysers van oor die sentrale streek heen het die vakansie ’n atletiek-afrigtingskursus by die Hoërskool Jim Fouché bygewoon

Die Vrystaatse skoleatletiekvereniging, wat twee keer per jaar ’ n atletiek-afrigtingskursus in die provinsie aanbied, gee opleiding aan afrigters oor hoe om hul atlete se tegniek te verbeter

Danie Nieuwenhuisen sê sewe hoofafrigters het 45 afrigters van die Vrystaat, Oos-Kaap en Noord-Kaap tydens die kursus van Woensdag 8 Oktober tot Vrydag 10 Oktober die fynere kunsies van afrigting geleer

Die voorsitter van die Vrystaatse Afrigtersvereniging Spanjool Wessels sê talle van die afrigters het ook hul atlete saamgebring sodat atlete saam met afrigters nuwe tegnieke kon leer

“Dit is meer as net tegniek Elke

Tersius Liebenberg met een van sy ster-atlete Ewald Jansen.FOTO: Lientjie Mentz

afrigter skryf uiteindelik ’ n eksamen voordat hulle na ’ n volgende vlak kan aanbeweeg

“Ons doel is om atletiek oral in die Vrystaat te bevorder Ook leerlinge van klein skole soos Koffiefontein moet die geleenthede kry om afrigting in atletiek te kry,” sê hy

Een van die land se top-atlete Ewald Jansen van die Noordwes-Universiteit (NWU) het saam met sy afriger, Tersius Liebenberg van Potchefstroom die kursus bygewoon

Ewald neem van gr 6 aan spiesgooi deel en moes kies tussen rugby en spiesgooi sy atletiek en rugby

Hy het reeds in gr 11 aan die o 18-Afrika Spele gaan deelneem en het in 2023 aan die Jeug-statebondspele in Trinidad en Tobago deelgeneem

Die jong atleet het vanjaar behoorlik uitgeblink en is as die Afrika-kampioen in die o 20-afdeling aangewys

Op die Wêreld-universiteitspele in Duitsland het hy ’ n sewende plek behaal

Jansen mik vanjaar om sy stempel op senior vlak af te druk

Vrystaat maak skoonskip op toernooi

Die Vrystaters het die Pluimbal nasionale individuele- en spankompetisie vanaf 11 tot 18 Oktober in Bloemfontein oorheers

Die kampioenskap wat by die Fichardtpark-sportlub beslis is, was ’ n voortsetting van ’ n patroon van die afgelope twee dekades met die Vrystaters wat uitblink

Met spelers soos Nita Scholtz-Albertse en Caden Kakora wat nou die enkelsspelkampioene in Suid Afrika is en ook dubbelspel en gemengde dubbelspel op die hoogste vlak kan speel, is dit te verstane hoekom die Vrystaters uitblink Daarby is daar nog Elme de Villiers (ook die nasionale kaptein) en Chris Dednam met hulle magdom ondervinding, Anicka Nel wat as junior vir Suid-Afrika gespeel het en nou terugkeer na die spel, en dan Francois Claasen wat sy potensiaal begin bereik, kan dit nie anders wees nie

Ironies genoeg was dit slegs die Vrystaat se B-span en dan die uiteindelike naaswenners Oos-Gauteng waaraan Vrystaat se A-span ’ n punt kon afstaan in die groepwedstryde

In die finaal het Oos-Gauteng egter goed geveg, maar Vrystaat het steeds die finaal 3-0 gewen

In die individuele kampioenskappe het Nita teen Elme gespeel in die

vroue-finaal en hoewel Elme goed vertoon het, was die Olimpiese speler eenvoudig net ’ n vlak hoër

Caden was in die mansenkelspel baas

Nita en Caden het ook die dubbelstitel gemaklik gewen, met Nita wat saam met haar Akrika-kampioen maat, Amy Ackerman saamgespan het Caden het saam met sy ou Bloemfonteinse en Vrystaatse spanmaat, Robert Summers gewen

Robert is nou in Kimberley nadat hy sy studies voltooi het In die gemengde dubbels moes Nita en Caden wat saam

gespeel het egter die knie buig teen die gemeng spesialiste van Robert en Amy

Johan Kleingeld, die sameroeper van die toernooi, sê die kampioekappe was ’ n reuse-sukses met prysgeld van meer as R42 000

Caden en Nita het elk R10 000 vir hul Suid-Afrikaanse enkelpeltitels gewen

Talle van dié spelers het Vrydag en Saterdag in Mimosa Mall pluimbal gespeel om die spel aan die publiek te vertoon

Die finaal van die individuele en spankompetisie is direk op DiscoverySport se kanale uitgesaai

Gimnast wen goud

Gimnaste van die Bloem tein- Gimnastiekklub het a lede van die Vrystaatspan twee verskillende kampioenskappe gaan deelneem en goue medaljes huis toe gebring

Die tuimel en trampolien-gimnaste het van 7 tot 10 Oktober in Gqeberha deelgeneem

Artisties en Parkour-gimnaste het van 2 tot 9 Oktober in Centurion (Gauteng) aan die nasionale kampioenskappe in die Nationale Gimnastieksentrum deelgeneem

Jannie Janse van Vuuren was die direkteur by die mans- artistiese kompetisie, waarby Luca Klopper ook beoordeel het

Ben-Arthur Stander het as afrigter op die vloer opgetree in Gqeberha terwyl Lynelle de Villiers as afrigter die kampioenskap in Centurio bygewoon het

Die utiblinkers was: Arti ties: Annabelle Naude (vla 6/14jaar): Bronsmedalje o die balk

Tuimel: Lyndon Ludik (vlak 4/13 14jaar: silwer medalje; Charlotte Hartman (vlak 6/1314 jaar): bronsmedalje; en Bophelo Mahlangu (vlak 5/1112 jaar): silwer medalje

Parkour: Nolan Maré (vlak 4/11-12 jaar): silwer medalje vir free style; Mia du Preez (vlak 4/11-12 jaar): goue medaljes vir free style en spoed; Annabelle Ras (vlak 5/11-12 jaar): goue medaljes vir free style en spoed; en Joshua Wahl (vlak 7/18 jaar en ouer): goue medaljes vir free style en spoed

Trampolien: Amy Slabber en Miané du Toit (vlak 4/11-12 jaar) het ' n bronsmedalje ontvang in die gesinchroniseerde beweging; Lyndon Ludik (vlak 5/13-14 jaar): silwer medalje vir Eu-

ro-trampolien, bronsmedalje vir double mini asook goue medalje gesinchroniseerde beweging; Emmanual Girmay (vlak 6/17 jaar en ouer): goue medaljes vir Euro-trampolien en double mini asook gous vir gesinchroniseerde beweging; Handré Pretorius (vlak 7/11-12 jaar): goue medalje vir double mini, goue medaljes vir Euro-trampolien en gesinchroniseerde beweging; Reinhard Kotze (vlak 7/11-12 jaar): brons medalje vir double mini en goue medalje vir gesinchroniseerde beweging; en Jandré Vermeulen (vlak 8/11-12 jaar): goue medalje vir euro trampolien en brons medalje vir double mini

Vrystaat-span het die toernooi oorheers Van links is Francois Claassen,Chris Dednam, Johanita Scholtz,Anicka Nel,Elme de Villiers (kaptein) en Caden Kakora FOTO: Verskaf
Annabelle Naude op die vloer FOTO: Verskaf

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.