
Donderdag 19 Junie 2025
Donderdag 19 Junie 2025
Die heengaan van Kobus Kotzé (86) op Maandag 16 Junie laat ’n groot leemte in die kunswêreld
Hy is oorlede nadat hy twee weke in ’ n hospitaal in Bloemfontein behandel is Hy sou op 14 Julie 87 jaar oud word
“Ons het al honderde boodskappe van mense gekry wat hul meegevoel met die familie betuig Mense sê hy was ’ n nederige, aangename en opregte mens, en dis hoe ek hom ook beleef het,” sê sy seun, Floris
“Daar is letterlik derduisende van sy skilderye oor die wêreld heen”
Hy sê daar is selfs van sy pa se skilderye in die Amerikaanse Ambassade Floris, wat ’ n kunsgalery in Bloemfontein het, sê hy het sedert 1997 nou saam met sy pa gewerk
“Dit was so ’ n voorreg ” Kobus en sy vrou, Joe, met wie hy 60 jaar getroud was, was in baie opsigte beste maats Floris sê hulle het jare lank saam hul stokperdjie, skilder, beoefen en was altwee ewe lief vir tuinmaak Kobus het in sy jongdae op ’ n plaas in die Aliwal-Noord-distrik geboer
“Hy skilder reeds van 1967 af,” vertel Floris “Met die ontstaan van kunstefeeste, soos die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, het hy na almal gegaan By die KKNK was hy elke jaar, en hy het nie een Vrystaat Kunstefees in 26 jaar gemis nie
“In die jare van die Volksblad-kunsmark in die roostuin in Bloemfontein het hy en my Ma om 04:00 in Aliwal gery om op die mark te kom uitstal Later het dié mark so gewild geraak dat hulle sommer in die motor in die park geslaap het om ’ n goeie plekkie op die mark te kry”
Floris sê sy pa het gereeld op allerlei markte oor die land heen uitgestal en was bekend daarvoor dat hy op amper elke kunstefees geskilder het
“Sy liefde vir natuurtonele kom van sy liefde vir die natuur Sy gun-
steling-boom was ’ n bloekomboom, en hy het graag rooidakhuisies en plaastonele geskilder
“Hy het geglo ’ n mens moet nooit ophou groei nie Jy kan by elkeen iets leer”
Benewens Floris is die egpaar se dogter Mariaan ook ’ n Bloemfonteinse kunstenaar Sy sê haar pa was ’ n stil, sterk man “met ’ n lekker ondeunde kant”
“My pa was altyd op ’ n diep vlak betrokke by ons as familie,” sê sy
“Hy was ’ n regte maat vir my ma en hy het haar altyd met baie respek behandel My pa was regverdig, eerlik, lojaal, hardwerkend en passievol oor sy kuns en tuin”
Joe skryf op Facebook: “Ons wil elkeen van sy kliënte, vriende en aanhangers bedank vir jul ondersteuning Elke aankoop, elke kompliment en interaksie het hom oor
die jare heen aangemoedig om sy kunsloopbaan met passie uit te leef “Derduisende skilderye uit sy hand hang in huise oor die werêld heen Kobus was ’ n nederige mens en het dit waardeer as iemand een van sy skilderye koop “Dis ongelooflik hoe dinge so vinnig gebeur, twee weke gelede was hy sterk en vrolik, hy het griep gekry, binne ’ n dag was hy gedisoriënteerd en nou is hy weg Ons waardeer almal se ondersteuning en liefde”
Joe en Kobus het vyf kinders gehad, waarvan Fida van Wijk op 41-jarige ouderdom oorlede is Die ander is Hanlie en Jaco Kotzé Jaco is die enigste wat nie in die kunsbedryf werk nie Hulle het 11 kleinkinders
’ n Gedenkdiens word op Vrydag 20 Junie om 11:00 in die Gereformeerde kerk Bloemfontein-suid in Gardeniapark gehou
LIENTJIE MENTZ
Dit is nie net Jeugdag wat op Maandag 16 Junie herdenk is nie – dit was ook op dié dag 125 jaar gelede dat die Verskroeideaardebeleid, wat daartoe gelei het dat plaashuise afgebrand is en vroue en kinders na konsentrasiekampe weggevoer is, ingestel is.
Die beleid is op 16 Junie 1900 deur lord Roberts van Brittanje ingestel nadat hy ’ n plan beraam het om die oorlog teen die burgers, wat veel langer geduur het as wat die Britte verwag het, te beëindig
Hoewel Britse soldate in groot getalle na Suid-Afrika gekom het om teen die plaaslike inwoners te veg, het die kommando’s talle suksesse behaal omdat hulle by plaaswonings aangegaan het om voedselvoorraad te kry Só kon hulle lang tye in die veld oorleef
Die beleid het behels dat alle plaashuise in die Boererepublieke afgebrand word en vroue en kinders na
konsentrasiekampe weggevoer word
Die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke herdenk die tragiese gevolge van die beleid met ’ n kunsuitstalling wat Maandag geopen het
Die uitstalling Vuur en trane: Die smeulende kole van trauma en lyding is ’ n uitbeelding van vroue en kinders se ervaringe, met objekte en die gebruik van tegnologie om die storie te vertel
’n
Dr Vicky Heunis sê wat merkwaardig is, is dat een van die eerste kampe wat in die Anglo-Boereoorlog tot stand gekom het, juis die een in Bloemfontein is
Die kamp is in Augustus, kort ná die aankondiging van die beleid, ingerig
Braedon van Rooyen van die Oorlogsmuseum het hard gewerk om al die kampe wat in dié tydperk in Suid-Afrika was, op ’ n kaart aan te dui – met ’ n interaktiewe funksie met
Braedon van Rooyen van die Oorlogsmuseum by die interaktiewe kaart wat al die kampe van die Anglo-boereoorlog uitbeeld Foto: Lientjie Mentz
foto’s van die kampe
Op ’ n ander toepassing is meer inligting oor die kampe aangedui Hy
het foto’s van die terreine van destyds en ook hoe dit vandag lyk “Ek het nie geskroom om foto’s te
gebruik waar die terreine erg verwaarloos is nie,” sê hy “Ek wys met foto’s vir besoekers hoe dit vandag lyk Sommige, soos die monument waar die kamp was in Irene by Pretoria, word mooi onderhou Ander is vervalle” Heunis sê die fokus is nie slegs op konsentrasiekampe nie, maar ook op deurgangskampe waar vroue en kinders tydelik gebly het, asook kampe waar mans gehou is “Sommige van die kampe was beter as ander, omdat administrasie beter was Van die dodelikste kampe waar groot getalle vroue en kinders gesterf het, is dié van Bloemfontein, Bethulie en Brandfort,” sê sy Een van die besonderse kunswerke in die uitstalling is die hout-standbeeld deur Kaapse kunstenaar Jacques Müller Dit is een van 25 opdragwerke wat spesiaal gemaak word vir die 125ste herdenking van die Anglo-Boereoorlog in die Oorlogsmuseum
Die Vuur en trane-uitstalling in die museum se kunsgalery kan vir die volgende paar maande besigtig word
delike sekerheid aanvaar dat daar Wes-Kaap skole is sonder enige nente leierskap” owel die Oos-Kaap as KwaZual is daar meer as 5 000 vakante en in Gauteng meer as 4000 gt van die nege provinsies is meer van die beskikbare poste vakant e Oos-Kaap, Noord-Kaap en aap is dit meer as 10% In die -Kaap is meer as 16% van die baar poste nog nie gevul tesourie het alle betalingsfunksierdie provinsie oorgeneem onderwysdepartement is wel m agterstallige betalings te doen, ebruik nou vanjaar se geld vir e jaar se betalings” uitsondering is die Vrystaat, waar 17 poste vakant is Vrystaatse onderwysdeparteet ook die oordragbetalings aan oor die sperdatum gemaak con sê buiten dat KwaZulu-Natal en oordragbetalings gemaak het derduisende vakante onderwyshet, het die provinsiale onderwysement ook geruime tyd versuim mmige diensverskaffers van die oedingsprogram te betaal, wat ing dat duisende leerders nie ’ n maaltyd ontvang nie dit so duidelik as moontlik te KwaZulu-Natal is daar duisende r leerlinge in klaskamers sonder wysers in skole wat nie geld het ter en elektrisiteit te betaal nie is ’ n growwe skending van s se grondwetlike regte”
Te min onderwysers
Fedsas se omvattende Onderwys in Syfers-verslag, gegrond op die beskikbare data van die Departement van Basiese Onderwys van 2009 tot 2024, dui daarop dat daar sedert 2009 byna 960 000 meer leerlinge in die onderwysstelsel is Terselfdertyd het die aantal opvoeders wat deur die staat befonds word, met net minder as 5 500 gestyg Met ander woorde, vir elke bykomende 175 leerlinge is daar maar een bykomende onderwyspos geskep
“Terwyl die voorsiening van onderwysposte steeds hopeloos te kort skiet, dobbel provinsiale onderwysdepartemente met kinders se toekoms deur nie die beskikbare poste te vul nie,” meen Deacon
Fedsas het ’ n dringende beroep gedoen op die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, om hier in te gryp
“Daar is geen onderneming deur enige provinsiale onderwysdepartement, behalwe dié vam die Wes-Kaap, om vakante poste op posvlak 1 te adverteer nie
“Ons versoek die minister om onmiddellik op te tree sodat alle poste op deursigtige wyse geadverteer word om die verkoop van poste te verhoed,” sê Deacon
Hy sê provinsiale onderwysdepartemente tree al jare lank onverantwoordelik en dikwels onregmatig op, maar word op geen manier verantwoordbaar gehou nie
LIENTJIE MENTZ
Ná ’n vrugtelose poging van die DA om inspeksie van die Mangaung-metro se inligting- en kommunikasietegnologie- en verkrygingsafdelings uit te voer gaan die saak nou met die provinsiale tesourie opgeneem word
DA-raadslid Dirk Kotzé sê hy en mede-raadslede het verlede week ’n formele aansoek gerig om oorsig te doen van dié twee afdelings
Hy sê die DA het ’n konstitusionele verpligting om oorsig uit te voer soos uitgewys deur die ouditeur-generaal Kotzé verwys na die kuberaanval van Oktober 2023 wat swakhede in die metro se inligting- en kommunikasiestelsels uitgewys het
“Die uitvoerende tegnologie-beampte Motshidisi Mphatlhane is reeds meer as ’n jaar in die pos, maar
daar is nog min vordering om die stelsels te verbeter”
Die DA wou oorsig doen oor die data-rugsteun- en krisisherstel-stelsel; die netwerk-infrastruktuur en kubersekuriteit-protokolle; vordering met digitalisering en interne munisipale prosesse; e-posse en die kommunikasie-bediener; en die nakoming van verkrygingstandaarde
“Hierdie sake moet dringend aandag kry omdat die metro al die afgelope vyf jaar onder nasionale ingryping is In 2023-’24 is 111% van die begroting spandeer terwyl slegs 45% van werkverrigtingprestasie nagekom is Dit dui op oneffektiewe bestuur, onduidelike finansiële praktyke en onvoldoende gevolgbestuur”
Die DA gaan die stadsbestuurder versoek om die oorsigmandaat te respekteer en deursigtigheid te verseker
Musical theatre lovers in Bloemfontein can look forward to the acclaimed Rodgers and Hammerstein musical, Carousel, which will be staged as part of an international inter-university collaborative programme
The Meadows School of the Arts at the Southern Methodist University (SMU) in Dallas, Texas, the Odeion School of Music (OSM), and the Department of Drama and Theatre Arts at the University of the Free State (UFS) are all working in this collaborative production
The production will be directed by Dr Thys Heydenrych, with Prof Barbara Hill-Moore as music director, and Dr Albertus Engelbrecht as assistant music director Prof Anmari van der Westhuizen will conduct the OSM Camerata (OSMC)
Twelve SMU students, under HillMoore’s leadership, arrived in Bloemfontein on 25 May for a month’s residency at the UFS During their stay, they will work closely with students of the OSM and drama departments to prepare for the production Carousel premiered in 1945 and was the second major collaboration between composer Richard Rodgers and lyricist-librettist Oscar Hammerstein
II The musical has enchanted audiences worldwide with its poignant love story and unforgettable score, including classics such as “You’ll Never Walk Alone,” “If I Loved You,” and “June Is Bustin’ Out All Over”
At the heart of the story is Billy Bigelow, a charismatic carousel barker whose impulsive love affair with millworker Julie Jordan results in both losing their jobs In a desperate effort to provide for Julie and their unborn child, Billy turns to crime, leading to tragic consequences
Given a second chance from beyond the grave, he seeks redemption and an opportunity to make things right
A parallel subplot follows Julie’s friend Carrie Pipperidge and her ro-
mance with the ambitious fisherman Enoch Snow
This production forms part of SMUin-South-Africa, an international study abroad initiative launched in 2011 by Hill-Moore The programme was first hosted by the Opera School and Choral Academy (OSCA) at the University of KwaZulu-Natal (UKZN) in Durban, where students performed West Side Story infused with South African dance, drums, and rhythms In 2013, students returned to the UKZN to perform South Pacific, followed by Carousel, to critical acclaim and a new presentation of West Side Story
More recently, the programme continued in 2019, 2022, and 2024 at Nelson Mandela University in Gqeberha, where SMU students staged Wading Home (an American opera by Mary Alice Rich, commemorating survivors of Hurricane Katrina), South Pacific, Oklahoma, and Ain’t Misbehavin’!
Dr Brad Klein (SMU) joins the 2025 Bloemfontein company, presenting a module on human rights and continuing the commitment to academic and performance excellence
Admission is free, but bookings are made on quicket co za The rehearsels can also be attended on 19 and 20 June at 15:00 The performances are on 21 June at 18:00 and 22 June at 14:00, in the Wynand Mouton Theatre at the UFS’ campus in Bloemfontein
THURSDAY,19 JUNE
Oefen solank jou lagspiere, want die Vrystaat Kunstefees bied vanjaar weer ’ n verskeidenheid van humor en ’ n skouspel van komedie
Met die aanbod wat wissel van gevestigde gunstelinge tot vars, jong stemme, is daar iets vir elke smaak
Dit is slim Dit snaaks Dis net wat ons almal nou nodig het
Die gesoute span bestaande uit Hannes van Wyk en Desiré Gardner het Magda en Erhard omskep as so te sê volksbesit Die twee gaan die gehoor aan hul voete hê met vanjaar se feesvertoning: Magda en haar Erhard, how Louw can you go
Hannes sê hy dink die rede vir die gewildheid van die reeks is omdat mense hulle met die twee karakters kan vereenselwig
“Mense herken hulself in die karakters Dit is nie uitsluitlik die humor nie, maar ook die waarhede wat hulle kwyt raak”
Hy sê daar is heelwat geheime wat oor Magda en Erhard uitgelap gaan word so maak seker jy kry jou kaartjies betyds Die Vrystaat Kunstefees het vir hulle ’ n besonderse plek in hulle harte
“Die mense se ondersteuning in Bloemfontein is altyd vir ons ongelooflik,” sê hy
In nog ’ n komedie beloof Keelvol om ’ n unieke teater-evaring te bied Germandt Geldenhuys en Je-ani Swiegelaar (bekend vir hulle rolle as Louis en Naomi Koster in Binnelanders), is vir die eerste keer saam op die verhoog in Bloemfontein
Die bittersoet vertoning beloof om gehore se traankliere, lagspiere en hart aan te raak Je-ani was nog nooit vantevore in die Rosestad nie en sê sy sien veral uit om die befaamde gasvryheid van die Vrystaatse mense te ervaar
Germandt sê Keelvol is iets anders, maar hulle is opgewonde om dit na die verhoog hier te bring Vir dié wat ’ n bietjie buite die boks en aweregs wil lag, is Tollie Parton: Hoofseun, ’ n vertoning wat gekyk móét word Dié is ’ n hoogs aansteeklike, semi-aanstootlike kykie na wat dit werklik beteken om ’ n klein Afrikaanse dorpie se verwagtinge te swaai
Wynand Kotze, Vanrhynsdorp se voormalige hoofseun, is nou die fopdosser Tollie Parton Hoe het dit gebeur?
Michael Garbett, feesdirekteur, sê die program is saamgestel vir mense wat hou van iets met meer om die lyf “Met ons komedieprogram ontmoet wysheid en waagmoed mekaar Humor is iets wat mense verbind en herinner om werklik te leef”
Internasionale Jogadag word op Saterdag 21 Junie die eerste keer met ’n groot gebeurtenis in Bloemfontein gevier en almal is welkom om meer te kom leer en deel te neem Bloemfonteinse joga-instrukteurs het ’n spesiale program saamgestel sodat deelnemers meer kan leer oor die gesondheidsvoordele van joga
Daar is iets vir almal – van diep ontspanningsoefeninge en asemhalingsoefeninge, tot joga vir die hele gesin en ’n klas vir die gesoute jogi’s Sessies begin om 06:30 en duur tot 14:15 ’n Dagpas vir deelname aan al die sessies, kos R200 Lynne MacIntyre, een van die instrukteurs wat lid van die reëlingskomitee is, sê dit sal lekker wees as deelnemers aan Cityrun Naval Hill kom saam oefen
Die ander instrukteurs is Trudie Strauss, Chie Yamamoto, Darya Presnyakova, Martin Maree, John-Willy Pelser, Wendy van der Westhuizen en Cindy Greyling Johannes de Villiers, Louise Botha, Duola Barnard Kridiotis en Bongani Benedict Mbala sal praatjies lewer Bevestig bywoning deur 084 4344024 te skakel
du Plessis by 082 449 9488
Prof Nàomi Morgan is the guest speaker at a meeting of the University of the Third Age (U3A), starting at 10:30 in the Sewe Damme Hall She will present a talk on “The Art of Translation” Members pay R10 and guests R20 Call Pam Gradwell on 083 253 6293 for more information
The Rabbit Studio presents Robin in the Hood at 19:00 Tickets cost R120 and are available on rabbithouse co za The show will be repeated on 20 June at 19:00, and on 21 June at 12:00 15:00 and 18:00
VRYDAG 20 JUNIE
Fokofpolisiekar tree op by Be Human Middelwater Hekke open om 18:00, en kaartjies kos R250 op computicket com
Die Laerskool Willem Postma bied n grasbaandubbelspeltennisteornooi op die rugbyveld aan Kinders begin om 12:00 speel en volwassenes om 17:00 Inskrywings kos R300 per span van twee spelers Die drag is Wimbledon Spelers kan hulle vir deelname aan die toernooi inskryf deur Benita Jacobs by 076 059 1000 te bel
SATERDAG 21 JUNE
Internasionale Jogadag word in Bloemfontein gevier
Sessies word van 06:30 tot 14:15 by The Edge op Naval Hill aangebied Plaaslike instrukteurs bied programme van verskeie soorte joga aan ’n Dagpas vir onbeperkte sessies kos R200 Skakel 084 434 4024 met navrae
Red Eye to the Stars, a bilingual show presented at the Naval Hill Planetarium starts at 19:00 Ticket prices range from R30 to R60 Buy on computicket com
Carousel by Rodgers and Hammerstein starts at 18:00 at the Wynand Mouton Theatre Admission is free –however, book at quicket co za to reserve a seat The show will be repeated on 22 June at 14:00
SONDAG 22 JUNIE
Petronel Baard en Jannie Moolman tree om 13:00 in die Aasvoëlklub op met Wat die hart van vol is Middagete is om 12:00 beskikbaar en die vertoning begin om 13:00 Kaartjies is teen R150 beskikbaar; skakel 084 559 8991
WOENSDAG 25 JUNIE
Die Rapportryersbeweging vier die 100ste jaar van Afrikaans as amptelike taal van 17:00 tot 19:00 by die Hillandale-rolbalklub op die Woodland Hills-wildlandgoed Toegang is gratis maar bevestig bywoning vooraf by Marli Havinga by 071 682 7683
VRYDAG 27 JUNIE
Jan Rhaap tree in die Wietzbaden Brauhaus op, om 19:00 Kaartjies kos R100 – skakel 073 196 8887
Mars: The Ultimate Voyage an English show presented at the Naval Hill Planetarium, starts at 19:00 Ticket prices range from R30 to R60 Buy on computicket com
SATURDAY 5 JULY
Springbok Radio Hits and Lines starts at 20:00 at the Aasvoëlklub Tickets cost R150 and are available by dialing 084 559 8991
Die Ysbeerswem-uitdaging vind by Doringbos naby die Krugersdriftdam plaas Dit begin om 12:00 n Versnelrit vir agri-voertuie word ook aangepak, en sowat 40 uitstallers word verwag Die Bloemfontein-mesmakers bied ’n mesgooi-kompetisie aan; gooimesse word verskaf Toegang kos R100 per voertuig, wedrenne kos R250 per bestuurder, en om aan die swemuitdaging deel te neem kos R100 Deelnemers moet tien jaar oud of ouer wees Rig navrae aan Felix Burry by 082 851 4584
SATURDAY 12 JULY
Piekfijn Paint Night – Paint and Sip starts at 16:30 for 17:00 at Villa Avianto Tickets cost R320; wine, paint and brushes are provided Book at 071 826 0428
SATERDAG 28 JUNIE
Die OVS Filateliese Vereniging vergader om 10:00 in die personeelkamer van die Laerskool Sentraal Alle belangstellendes kan dit bywoon Rig navrae aan Voet
Inskrywings oor konserte, kuns- en leefstyl-werksessies, optredes van kunstenaars en gassprekers, vroue-oggende, manne-aande en geleenthede ten bate van niewinsgewende organisasies word gratis in die dagboek geplaas Stuur inskrywings voor Maandae om 12:00 per WhatsApp na 083 709 0809 of stuur ’n e-pos na lientjie mentz@novusmedia co za
EK KOOP GOEIE
gebruikte klere, skoene, linne, gordyne, komberse & kombuisware kontant. Ek besoek u tuis. Skakel 072 185 8217
D.M & M Moniruzz
ABBREVIATED SUMMONS IN THE REGIONAL COURT FOR THE REGIONAL DIVISION OF FREE STATE, held at Bloemfontein, Case-no
FS/BFN/RC/819/2020(D).in
The matter between DINEO ALICE MONIR4UZZ (born PITSO), ID-no. 860513 0710088
0 8 , P l a i n t i f f a n d MOHAMMAD MONIRUZZ, DOB 1980/01/01
Defendant, To Mohammad Moniruzz, a major male whose Current occupation and Address are unknown to
MANGAUNG
MUNISIPALE GRONDGE
BRUIK-BEPLANNING BY-WET (PROVINSIALE
KOERANT NOMMER 84 VAN NOVEMBER 2021)
D i
Munisipaliteit gee hiermee vir algemene inligting kennis in terme van Artikel 50 (1)(a) van die Mangaung munisipale grondgebruik by-wet, gelees tesame met die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2013, dat die volgende aansoek vanaf JC SQR (PTY) Ltd ontvang is.
Enige persoon wat beswaar wil aanteken teen die goedkeuring van die aansoek, word versoek om hul beswaar skriftelik in te dien by Mnr George Masuabi, Stadsbeplanning
D.J.A JOUBERT
In die boedel van wyle:
DAVID JOHANNES ANDRIES
JOUBERT
Boedelnommer. 3343/2025
BLOEMFONTEIN
Identiteitsnommer: 470322
5090 088
Datum van afsterwe: 22 APRIL 2025
Geboortedatum: 22 MAART
1947
Laaste adres: 69 BRAND STRAAT, BRANDFORT
Huwelikstatus: ONGETROUD Krediteure en Debiteure in bogemelde boedel word versoek om hul vorderings in te lewer en hulle skuld te betaal by die kantoor van die
BOEDEL WYLE HESTER
MARIA MAGDALENA ERASMUSBOEDELNOMMER 003712/2025
In die boedel van wyle, H
S
E R M A R I A MAGDALENA ERASMUS, identiteitsnommer 330304 0044 08 8 van
, BLOEMFONTEIN, 9301, boedelnommer 003712/2025. Krediteure en Debiteure in bogemelde boedel word versoek om hut vorderings in te lewer by en hul skulde te b e t a
ondergetekende binne 'n tydperk van 30 dae vanaf 19 JUNIE 2025. P C BRUWER EN VENNOTE, Posbus 32875, Fichardtpark, 9317, Eksekuteur
T19001/2002 LOST OR DESTROYED DEED
Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 47/1937 of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer T19001/2002 passed by the Executors in
Number 3922/2001 in favour of The Trustees of the J EN N Trust Registration Number IT1418/1999 in respect of certain Remainder of portion 3 (DELECTUS) of the Farm Mooiwater Nr. 2799 district Bloemfontein Province Free State which has been lost or destroyed.
T7084/2016 LOST OR DESTROYED DEED
Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer T7084/2016 passed by PIETER JOZUA ERASMUS Identity Number 780822 5027 08 4 Married out of Community of Property in favour
BOEDELKENNISGEWINGS
BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE 4205
E.Z.Mfebe IN THE ESTATE OF THE LATE ELIAS ZIFUZILE
MFEBE NO. 3250 2023
Notice is hereby given that the First and Final Liquidation and Distribution account in the estate of the
I. PAGE LIQUIDATION AND DISTRIBUTION ACCOUNTS IN DECEASED ESTATES LYING FOR INSPECTION
In terms of section 35 (5) of the Administration of Estates Act, No 66 of 1965, notice is hereby given that copies of the liquidation and d i s t r i b u t i o n a c c o u n t s (amended first and final, unless otherwise stated) in the estates specified below will be open for the inspection of all persons with an interest therein for a period of 21 days (or shorter or longer if specially stated) from the date
J.L. Bekker
LIKWIDASIE-EN DISTRIBUSIEREKENINGS IN BESTORWE BOEDELS
WAT TER INSAE Lê
Ingevolge artikel 35(5) van Wet 66 van 1965 word hierby kennis gegee dat duplikate van die likwidasie en distribusierekenings (eerste en finale tensy anders vermeld) in die boedels hieronder vermeld, in die kantore van die Meesters en Landdroste soos vermeld en gedurende
R. DU RAND
BOEDELKENNISGEWING
In die boedel van wyle: RUTH
DU RAND
Identiteitsnommer: 380804 0002 084
In lewe van REDDERSRUS TEHUIS VIR BEJAARDES, REDDERSBURG Boedel No: 008485/2024
Die Eerste en finale l i k w i d a s i e e n distribusierekening in bogenoemde Boedel sal TER INSAE lê by die Meester va die Hoogeregshof te Bloemfontein en by die
L a n d d r o s k a n t o o r t e
Dewetsdorp vir die periode van 21 (een en twintig) dae vanaf die 20ste Junie 2025
ADRES: MNRE CARROLL VAN DE WALL & JOUBERT
Kerkstraat 20
Posbus 10
DEWETSDORP. 9940
The iconic Naval Hill Planetarium played host to a sold-out event in support of the Champions Club at Reign Church on Sunday, 1 June
Drawing together families, advocates, and community members passionate about inclusion for children and adults with special needs, an event was held that included a movie screening of Max Goes To The Moon, a puppet show, and various prizes sponsored by local restaurants Black Sheep and Bossa
The event was the vision of senior pastor Cindy Postman’s in 2024, when families with special needes children began visiting Reign Church prior to its official launch in September that year
“I realised we could not
simply offer babysitting,” said Postman “These children deserve an intentional space where they can be ministered to and developed in ways that honour their unique design”
This heartcry found direction when Postman attended an Alliance for REsponsible Citzenship (ARC) Conference in Johannesburg, where she was introduced to the Champions Club Curriculum - a 19-yearold programme developed in collaboration with doctors, occupational therapists, professors, and churches worldwide The curriculum is designed to help people with special needs learn, grow, and actively participate in church life
The event on Naval Hill was graced by Beulah van Aswegen of Beudene, a local centre known for its work with individuals with disabilities In her
address, Beulah emphasised the importance of creating communities that do not just include people with special needs, but truly foster their development and dignity
Adding a powerful and personal voice was Karabelo Senatle, a 21-year-old graduate of the University of the Free State (UFS) and a Champions Club ambassador at the church Living with albinism, Karabelo passionately shared:
“It is not enough to include people with special needs - we must integrate them into the fabric of our society, value their presence, and celebrate their contribution”
As the church continues to grow, it brings hope to families navigating the complexities of raising children with special needs, and reminds all that every person has a purpose
The Free State Crinums remain on track in defending their Telkom Netball League title in division A
They fought gallantly to retain the second place with 14 points and have put pressure on the Golden Fireballs, who are leading the log standing with 18 points
The Free State women closed off their day with a dominant 70 – 42 victory over the Flames, showcasing their championship pedigree The spirited match has inspired confidence in the illustrious coach, Martha Mosoahle-Samm
Her charges are rising to the challenge against Gauteng rivals, the Fireballs and Jaguars, with the latter third on the log
table with ten points
Mosoahle-Samm's target is to ensure her team remains in the top four to qualify for the semifinals, which is key to bringing them closer toward defending the crown
The crinums are now second on the log with 14 points
They are heading into the last edition from 14 to 20 July, compelled to pull out all the stops to retain their crown
The Crinums have displayed some determination Evidence thereof is the two players who won the player of the match (POTM) award The deserving recipients are captain Refiloe Nketsa and Liamé de Lange
Die o 14-netbalspan van die Hoërskool Fichardtpark is die naweek in die Vrystaatse Topskole-toernooi as die beste in die Vrystaat aangewys
Fichies was onoorwonne in al die poelwedstryde wat dié span op Saterdag 14 Junie by die Hoërskool Jim Fouché gespeel het
Die span van die Hoërskool Wessel Maree is met 34 – 6 uitgestof; die Hoërskool Wilgerivier met 21 – 8; en Eunice High School met 14 – 4 In die halfeindstryd is die Hoërskool Witteberg met 21 – 6 getroef, en in die eindstryd het Fichies die Hoër Meisieskool Oranje naelskraap, 12 – 11 geklop
Die o 14-netbalspan van die Hoërskool Fichardtpark is van links,voor:
Rautenbach en Chika Okere; agter: Danica du Buisson (spanbestuurder),Elandri Lamprecht,Karla Pretorius (afrigter),Zandri Fourie,Adeley Conradie,Nthabiseng Sello,Minke Stevenson en Roelé de Beer