Skip to main content

ProAgri 233

Page 1

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

Julie / July 2019 No / Nr 233 ISSN 1042 - 1558

Wenwerktuie:

Gratis / Free

Dis uithaal en wys by Val Boeredag

Slim planne met sonkrag

Akwaponika maak bakterieĂŤ jou vriende

Scania

Hier kom 'n ding! www.agri4all.com

www.proagri.co.za


Redakteursbrief Val Boeredag

A

gt jaar gelede het oom Piet van Patensie ’n nuwe lemoenboord uitgemerk, mooi gaan praat met die bankbestuurder, weer eens sy plaas as sekuriteit aangebied, studies gedoen om die beste kultivar te kies, die nuutste grondvoorbereiding- en planttegnieke ingespan, die beste besproeiingstelsel wat hy kon bekostig geïnstalleer en die boord vertroetel tot in volle produksie. Hy moet aanslae van witvlieg en sewe ander nuwe plae hanteer, nuwe uitvoerregulasies, stygende elektrisiteitstariewe vir die pakhuis, duurder diesel vir vervoer, hael en droogte en vele ander monsters. Uiteindelik is die trokke met ’n lieflike vrag lemoene weg hawe toe en oom Piet kan ontspan. Of kan hy? Nee, want die dokwerkers staak en die lemoene wat daar bly staan is net sy probleem… Landbou in Afrika het baie meer uitdagings as net produksieprobleme. Vandag praat ons nie eers oor polities

Op ons voorblad gestookte onrus, verkragting van eiendomsreg en die ontstellende moorde op boere nie, net oor ander probleme buite boere se beheer, soos dokwerkers se salarisgriewe en daardie ander wurggreep wat Afrika om die keel beet het ‒ burokratiese rompslomp en omkopery! Die nuwe vryhandelsooreenkoms (AfCFTA) wat volgende jaar in werking moet tree, klink baie opwindend; lees ook op bl 28 meer daaroor. Die probleme met handel tussen Afrikalande gaan egter oor veel meer as belastingheffings. Dit gaan oor onnodige papierwerk, gebrekkige inligting, ongeskikte en onopgeleide doanebeamptes, swak infrastruktuur en ’n algemene houding van “jy skuld my iets”. As die vryhandelsooreenkoms DIT kan verbeter dan kan Afrika intern groei en ontwikkel en sal beleggers ook meer gretig wees om betrokke te raak. Ondertussen moet ons begin dink aan die nuwe somerplantseisoen en nuwe tegnologie, en waar beter as Val Boeredag om alles in aksie te sien. ProAgri loer daar in vandag en ons het ook interessante artikels oor die bestuur van hulpbronne. Lekker lees en boer slim! Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za

Inhoudsopgawe / Contents Voorbladartikel 3 Scania se nuwe reeks trokke: Hier kom ’n ding! Val Boeredag 4 Boere sien wat regtig in werktuie steek 7 LEMKEN beïndruk boere met die nuwe Rubin 10 9 Falcon: Sny en skeur sonder sukkel met Amazone se Ceuz-2TX 10 Orthman maak die ideale saadbed 11 Gallagher: Jou vee doen net wat jy wil hê 13 Behaal ryk oeste met Link Seed se wenkultivars

3

7

Gewasproduksie 17 John Deere en Corteva span saam teen landbou-uitdagings Meganisasie 21 CLAAS: Toonbeeld van trekkertegnologie 27 Firestone: Gebruik jou bande reg vir maksimum waarde Hulpbronbestuur 28 Agribusiness Africa: Boere kan wen met vryhandel in Afrika 31 Sorg vir jou eie krag met Max Yield Energy 33 Kristaltegnologie: Hoekom gif gebruik as frekwensies beter werk? 34 Akwaponika: Bakterieë kan die wêreld red! 37 Water: is jy wettig?

11

17

21

Vee en wild 38 Merinoboer: 100% lampersentasie met presisieboerdery Gereeld 39 Agri4all.com

www.proagri.co.za

34

Scania is in ’n klas van sy eie met betrekking tot brandstofverbruik en dienslewering. Lees meer oor die nuwe modelle op bl3.

ProAgri Posbus 72707, Lynnwoodrif / Griseldastraat 202B Murrayfield, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

Business-to-business: Agriculture ABC Apr - Jun 2019 39 252

ProAgri Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner > 082-320-3642 >annemarie@proagri.co.za Verslaggewers Du Preez de Villiers > 082-598-7329 >dupreez@proagri.co.za Benine Ackermann > 073-105-6938 >benine@proagri.co.za Bemarkingsbestuurder: Diane Grobler > 082-555-6866 >diane@proagri.co.za Bemarkers: Xander Pieterse > 079-524-0934 >xander@proagri.co.za Tiny Smith > 082-698-3353 >tiny@proagri.co.za Anelda Strauss > 074-424-0055 >anelda@proagri.co.za Gerhard Potgieter > 083-320-8135 >gerhard@proagri.co.za Johan Swartz > 071-599-9417 >johan@proagri.co.za Uitleg en ontwerp Esta van Niekerk Navrae Engela Botha > 012-803-0782 >engela@proagri.co.za Kantoorassistent Izel Zeelie > 012-803-0667 >izel@proagri.co.za Rekeninge Ronel Keet > 012-803-0667 >accounts@proagri.co.za Verspreiding en intekening Nita Volmer-van Zyl > 012-803-0782 >versprei@proagri.co.za Sakebestuurder George Grobler

ProAgri 233 – Julie / July 2019 1


Die Nuwe Generasie Scania-trokke het vir ’n paar voltreffers op hulle plattelandse skourit gesorg.

en nou kan maatskappye hulle brandstofrekening nog verder besnoei.” Hy sê brandstofverbruik hang baie af van die paaie wat gery word en van die bestuurder, maar Scania kan ook help met die opleiding van bestuurders om so ekonomies as moontlik te ry. Nog ’n pluspunt wat baie positiewe komier blinknuwe Scania-trokke, mentaar uitgelok het is 2 256 spogrykilometer, een die elektroniese komgeesdriftige Scania-span en munikasievermoë. Elke plattelandse gasvryheid was die vragmotor se inligting suksesresep vir die New Geneword na ’n sentrale dataration Scania-skourit vanuit die basis gestuur waar daar Bloemfontein-streekkantoor. tred gehou word met die “Ons weet boere is in hulle lewensduur van kompobesige stroopseisoen, hulle bly nente en die algemene ver en kon nie maklik die groot gesondheidsprofiel van bekendstelling van die nuwe die vragmotor. reeks Scanias in Johannesburg “Ons kan byvoorbeeld bywoon nie, toe vat ons maar ’n kliënt bel en sê sy die lorries na hulle toe,” vertel vragmotor gaan binneMorné Botha, hoofbestuurder, kort ’n nuwe dieselfilter Sentraal- en Vrystaatstreek. benodig en daar is ’n filter Die roete het tussen die aargereed by sy volgende tappelplase van Christiana deur diensstasie waar hy net tot in Upington se veewêreld en hoef in te trek en dan toe al die pad Port Elizabeth toe kan hy 20 minute later geloop. weer op die pad wees,” sê “Dit was ook ons manier om Morné. ’n bietjie terug te ploeg in die Morné sê ondanks gemeenskappe wat ons onderekonomiese druk in die steun, met funksies by plaaslike landbousektor en progholfklubs en gastehuise. Dit bleme soos misdadigers was heerlik om saam met ons wat trokke voorlê en kliënte te kuier in ’n omgewing paaie beskadig, is daar ’n waar hulle gemaklik is, amper ondernemingslus en die Die nuwe Scanias het geskitter op hulle skourit van soos kerkbasaar,” sê Morné. nuwe reeks trokke is met 2 256 km deur die sentrale streek van die land. Die vier Nuwe Generasie langafope arms verwelkom. standtrokke wat die sterre van die Durban toe moet ry, sal die nuwe breër “Ons bestelboek lyk skourit was, is die R460, R560, G460 slaapbank ’n groot verskil maak. goed, selfs van voor die amptelike been G460XT. XT staan vir “eXtra Tough” Hy sê vlooteienaars en vervoerkendstelling af, en dit groei," sê hy. en boere het die ekstra versekering wat maatskappye verstaan die waarde van Soos altyd kan Scania met sy die hoër grondvryhoogte en staalgerieflike kajuite vir hulle vragmotorinhuisfinansieringsopsies mense ook stamper bied, baie waardeer. Om van bestuurders. ’n Bestuurder wat goed help met planne om hulle vloot op te die plaas tot op die naaste nasionale uitrus wanneer hy slaap, gerieflik sit gradeer en hulle bied selfs goeie inruilpad te vorder is nie sonder uitdagings wanneer hy bestuur, genoeg pakplek pryse aan vir tweedehandse trokke van nie en Scania het met dié model bewys het vir sy persoonlike goed en die ander fabrikate. dat hulle voorwaar die toekenning as kontroles en instrumentasie gebruiHerstel- en onderhoudspakkette Internasionale Trok van die Jaar verkersvriendelik vind, is ook ’n gelukkige word saamgestel volgens die kliënt dien het – nie net op Europa se bestuurder. Dit verminder uiteindelik se behoefte en vermoë en veral in die hoofweë nie, maar ook in Afrika! die totale risiko van ’n vragmotor op landbousektor word die rol van seisoeMorné sê die vaartbelynde voorkoms die pad. nale druk in ag geneem. van die nuwe kajuite het eerste die “Scania se tegnologie en dienskliënte se aandag getrek. Scania het Die Nuwe Generasie Scanias het dit ondersteuning is net eenvoudig ligjare reeds ’n bekende profiel gehad, maar alles en nog meer! vooruit,” sê hy. nou is die wentrokke nog meer uitkenDie ander groot pluspunt waaroor Vir meer inligting oor Scania baar, sê hy. mense by die skouritgeleenthede baie se vervoeroplossings, skakel Daar is ’n reeks kajuite in die uitgevra het, is brandstofbesparing. jou naaste Scania-handelaar of verskillende modelle beskikbaar, afMorné sê mense was verstom dat Scania se hoofkantoor by 011hangend van die gebruiker se behoefte. Scania dit kon regkry om nog meer 661-9600 of skakel Christopher Morné sê as jy net tussen die plaas brandstofbesparende eienskappe in te Magson by 072-122-5705, of en die silo ry, het jy nie ’n slaapkajuit bou. “Scania was alreeds bekend as die besoek www.scania.co.za. nodig nie, maar as jy van die silo af mees ekonomiese trok op die langpad,

Hier kom ’n ding!

V

www.proagri.co.za

ProAgri 233 – Julie / July 2019 3

Voorbladartikel

Scania se nuwe reeks trokke


Val Boeredag

Boere sien wat regtig in werktuie steek: Val Boeredag is steeds die grootste demonstrasie-skouspel

deur Du Preez de Villiers

S

ien is glo, lui die spreekwoord, en dit is presies wat boere doen wanneer hulle trekkers en werktuie moet kies. Maar vir die verstandige boer is dit nie genoeg om te sien hoe ’n ding LYK nie – hy wil ook sien hoe hy WERK. Waterval Boerevereniging se jaarlikse Val Boeredag is die plek waar verskaffers kan kom wys en boere kan kom sien hoe werktuie werk. Dit help boere om presies die toerusting wat die werk kan doen waarvoor hulle dit nodig het te kies... en dit help verskaffers om nuwe

tegnologie aan boere voor te stel. Boonop is die geleentheid ’n lekker gesellige boerekuierdag waar elkeen welkom voel en waar daar vir elkeen iets te leer en te ervaar is. Daarom is dit geen wonder dat Val Boeredag elke jaar groei nie – in sowel die getal boere wat kom kyk as die getal verskaffers wat kom demonstreer.

Die lede van die Waterval Boerevereniging op wie se skouers die suksesvolle dag gerus het was Karin van der Linde, administratiewe beampte; Elizna Griesel, sekretaresse; Brett Gordon, ondervoorsitter; en Frederik Weites, voorsitter. Foto: Gerhard Potgieter

Chris Boshoff en sy seun Jan Hendrik Hertzog het een van hulle pragtige Bonsmara-bulle by Val Boeredag vertoon. Foto: Gerhard Potgieter

Larverson Naidoo van Dewalt Kraggereedskap wys hoe lekker sy elektriesebooraangedrewe fietsie ryeen van net twee in Suid Afrika. Foto: Gerhard Potgieter

Hoofborge vir die dag: • AFGRI • Toyota Standerton • LinkSeed • PANNAR • Pioneer • DEKALB

Gerhard Olivier van GeofarmSA (regs) en Derick van Eck, ’n boer, gesels oor die presisieboerderyhulpprogramme wat Geofarm aan boere bied. Foto: Gerhard Potgieter 4 ProAgri 233 – Julie / July 2019 NAMPO

Bo: Heinrich Ueckermann en Elize Watson van G&W Mineral Resources bied ’n verskeidenheid natuurlike produkte soos Envirobent Agri, ’n kaoliniet wat in rubberproduksie en landbouchemikalieë gebruik word en ’n tipe montmorilloniet wat in die afbreeken verfyningsprosesse van wyn en vrugtesap gebruik word. Vir dambouers bied hulle ’n klei-mineralemengsel, Envirobent AB50 om damme te seël. Vir skoonmakers bied hulle ’n gehidreerde Mg-Al silikaat-materiaalproduk wat gebruik word om oliemorsplekke op te ruim. www.proagri.co.za


John Deere se S700-stroperreeks het nou selfs videokameras om die pitte wat in die tenk ingaan af te neem en die stroper se werkende dele so daarvolgens aan te pas dat dit deurlopend die produk lewer soos die monster wat jy vir hom gewys het.

Die JCB Loadall 531-70 se balk kan sewe meter boontoe en 3,7 meter vorentoe strek en tel 3,1 ton op. Jy kan met al vier die wiele stuur, wat beteken dat dit ’n buitenste draaisirkel van 3,7 meter het. Die grondvryhoogte van 0,4 meter maak dit ’n plesier om dit op die plaas te gebruik.

New Holland se reeks pragtige blou trekkers het die boere by Val Boeredag beïndruk terwyl hulle kliphard gewerk het om die verskeie werktuie op te tel en vorentoe te trek. Valtrac se Pöttinger Terradisk 3001 werk uitstekend om na die oes die reste onder die grond in te werk. Dit kan ook vir saadbedvoorbereiding gebruik word. Die APV PS 300 bo-op die werktuig kan saad of kunsmis uitstrooi. Die M130X is Kubota se vlagskip-trekker. Dit lewer 96,9 kW en spog met ’n 8-spoed “powershift”-ratkas.

BHBW se gedugte vierwielaangedrewe Challenger MT975E-knaktrekker is toegerus met ’n 12-silinder, 16,8-liter, V12-enjin wat 440 kW lewer. Dit trek die 24-ry Equalizer 3019-24/762 Ultra-presisieplanter met gemak.

Rula Agri bied ’n uitkoms vir boere wat kalk blitsvinnig onder die grond moet inwerk. Hulle kalktoediener kan kalk of gips tot so diep as 900 mm onder die grond plaas deur dit net agter die tande onder die grond in te blaas soos die werktuig vorentoe beweeg.

Links: Inttrac Trading is die agent van die betroubare Brasiliaanse werktuigvervaardiger, Vence Tudo. Hulle SA 14600-planter kan koring, soja, mielies en weidingsaad plant en benodig slegs 75 kW trekkerkrag. Die kunsmisbak dra 396 kg of 444 liter kunsmis. www.proagri.co.za

ProAgri 232 – Junie / June 2019 5


Let op die hidrouliese trekstangkoppeling en die skottels wat simmetries gerangskik is.

B

y NAMPO kon boere die nuwe Rubin 10-skottelkombinasiewerktuig ontmoet, maar by Val Boeredag was die masjien in aksie en boere kon die werking bewonder. Christo Prinsloo van LEMKEN SA sê die Rubin 10 vervang die Rubin 9. Hy sê die veranderings begin sommer heel voor: “Die Rubin 10 se hidrouliese trekstang koppel aan die trekker se trekstang en nie meer aan die hyserarms nie. Dit is nou makliker om die masjien reg in te stel en daar is ook ’n hidrouliese verstelling vir dieptebeheer in die middel van die masjien.” Die hidrouliese verstelling werk saam met die rollers agter vir dieptebeheer om seker te maak dat die masjien mooi gelyk loop. Christo sê die volgende verandering is aan die skottels wat vergroot is van 620 na 645 cm. Elke skottel het steeds sy eie veer vir egalige, stabiele werking, maar vir die wegbreekaksie word die arms van die skottels nie meer met u-boute aan die balk gekoppel nie. Dit is vervang met ’n meganisme wat aan die hoofraam vasgesweis is. Die skottels self is vervang met Duramax-skottels wat nog meer verhard en stewiger is vir ’n nog langer leeftyd as die bestaande skottels.

Val Boeredag

deur Annemarie Bremner

LEMKEN beïndruk boere met die nuwe Rubin 10 Die twee balke is verder van mekaar af geplaas vir beter materiaalvloei en -vermenging, maar die skottels se werkswydte is steeds 12,5 cm. Die happe in die skottels is nie meer rond nie, maar hoekig, wat beteken dat dit baie meer aggressief deur materiaal sny. “Die skottels word ook nou simmetries rangskik Christo Prinsloo van LEMKEN SA het by Val na links en regs, wat die Boeredag verduidelik hoe die nuwe Rubin 10 sywaartse trekking op die boere gaan help om nog meer biologiese mamasjien verminder en dus teriaal in die bogrond van hulle lande te plaas voorkom dat daar banke vir beter vogbehoud, grondstruktuur en bemesgesny word. Die grond word ting. mooi gelyk gesny,” sê Christo. Vroeër het die voorste ry skottels een kant toe gekyk en die Die semi-gemonteerde Rubin 9 kon agterste ry anderkant toe. Dit het soms tot 6 meter wyd werk, maar die Rubin tot gevolg gehad dat dit moeilik was 10 kan nou 7 meter wyd werk. om die masjien teen skuinstes reguit te hou, of as dit in baie harde grond gewerk het, het die agterste skottels aansienlik makliker in die grond ingegaan en kon dit die masjien na ’n kant toe trek. Tussen die tweede stel skottels en die rollers is nou gelykmakers in plaas van ’n tweede stel harkies.

So lyk ’n ferm, goed bewerkte saadbed, trots en sorgsaam gemaak deur LEMKEN se Rubin 10.

Die skottels van die Rubin 10 is groter, harder EE en teleskopiese sny aggressiewer as die Die P40.17 hanteerder. Rubin 9. Die twee balke is ook verder van mekaar vir beter materiaalvloei. www.proagri.co.za

Kry meer inligting by Karel Munnik by 082-412-2577 of Blackie Swart by 082-404-9651 of besoek www.lemken.com. ProAgri 233 – Julie / July 2019 7


Sny en skeur sonder sukkel met Amazone se Ceus-2TX

P

www.proagri.co.za

ProAgri 233 – Julie / July 2019 9

VAL Boeredag

Elke skottelarm is onafhanklik geveer, en rubberbuffers bied beskerming teen klippe en sorg vir goeie kontoervolging.” Agter die skottels volg die tandgedeelte van die werktuig. “Die raamhoogte is 800 mm en daar is ՚n ruimte van 400 mm tussen die tande, wat sorg vir goeie materiaalvloei. Elke tand het ՚n 600 kg wegbreekaksie en as hy meer as 30 cm swaai, is daar ook ՚n breekboutjie ingebou om die werktuig te beskerm,” verduidelik Ruben. Die werkdiepte van die C-Mix Supertande is 300 mm en skare is beskikbaar vanaf 40 mm tot 350 mm, verhard of nie. Met die C-Mix-Clip kan die tande maklik en vinnig geruil word sonder om ՚n gereedskapskis saam te sleep. Vir die werktuie van 6 en 7 meter Die indrukwekkende Amazone Ceus-2TX is by Val Boeredag bekendgestel wyd is daar ՚n bykomende stel steunonder groot belangstelling van die boere. Dit is beskikbaar van 4 tot 7 m wyd. wiele om seker te maak die werktuig loop glad en lase word groter, bewerkingstyd word op die gestelde minder, diesel word duurder en bediepte. Vastrap waringsbewerking word al hoe belangdeur die wiele riker. Soms het ՚n boer nodig om deur word opgehef reste te sny, soms wil hy ՚n tandbewerdeur ՚n tand reg king doen en dikwels is albei nodig. agter elke wiel. Met die Amazone Ceus-2TX kan jy Die hele al die uitdagings vasvat en nog betyds tandeseksie klaarmaak om Saterdag rugby te kyk! kan ook opgelig Al die dele van die Ceus-2TX in werking. By Val Boeredag het die boere word as jy net ՚n omtrent kluite opgeskop om na dié skottelegaksie veelsydige masjien se werking te kyk. benodig. Ruben van der Merwe, produkspesialis Agter die van Falcon Agricultural Equipment, het tande is daar verduidelik dat Amazone hulle hoëtoemaakskotspoedskottelwerktuig, Catros, en hulle tels of geveerde tandwerktuig, Cenius, gekombineer het harke wat die om die alles-in-een-bewerker te maak. grond gelyk “Dit is perfek vir plase wat baie ormaak en dit So kan die tande gelig word vir saadbedvoorbereiding ganiese materiaal en stoppels het wat word gevolg deur met die skottels en rollers. ingewerk moet word, maar wat maklik ՚n stel rollers van ՚n tandwerktuig sal verstop,” verduidejou keuse, aflik Ruben. hangend van jou Die beste van alles is dat jy nie die grondtoestand. masjien in die skuur hoef te laat staan Die rollers word as jy in sekere lande net ՚n skottel- of ook gebruik vir tandbewerking wil doen nie, want jy dieptebeheer. kan dele van die masjien uit aksie stel! In werklike nat toestande kan Die masjien kan ook net vir ՚n tandbewerking en sonder Só werk die Ceus-2TX die masjien ook 'n roller gebruik word. Daar is twee rye skottels voor wat sonder rollers verspringend geposisioneer is vir ՚n werk, dan neem rywydte van 12,5 cm. Die voorste die wiele, en veral die middelgemonry skottels het ՚n aggressiewe 17° teerde oorgroot wiel, die dieptebeheer invalshoek en die agterste ry dring die oor. Hierdie wiel maak ook kort draaie grond teen 14° in. Dit beteken dat die op die wenakker en goeie padgedrag organiese materiaal intensief gesny en moontlik. versprei word om in die boonste lagie Die werktuig het ՚n werkspoed van 8 grond gemeng te word waar dit kan tot 15 km/u en benodig ՚n trekker van ontbind om grondtoestande vir ontomtrent 60 kW per meter werkswydte. kieming en groei te verbeter. Dit is beskikbaar in werkswydtes van 4 Die diepte en aggressiwiteit van die tot 7 meter. skottelbewerking word op die parallelskakeling gestel en kan wissel van 5 Kry jou alles-in-een-Amazonetot 14 cm, of dit kan heeltemal opgelig oplossing by jou naaste Falconword om nie te werk nie wanneer jy Ruben van der Merwe van Falcon handelaar of skakel 033-330net die tande wil gebruik. Die gehapte Agricultural Equipment sê, soos die 5787 vir meer inligting. Besoek skottels het ՚n deursnit van 510 mm. ander toerusting van Amazone, is ook www.falconequipment.co.za Ruben sê: “Die skottels voor het dubdaar voorsiening gemaak vir boere om na hulle ander toerustingbellaers met olie gevul en geseël. Dit se uitdagings en gerief met die minireekse te kyk. is ՚n duursame, onderhoudvrye produk. mum onderhoud.

Falcon Agricultural Equipment:


VAL Boeredag

Gallagher: Jou vee doen net wat jy wil hê deur Du Preez de Villiers

D

ekades se noue samewerking tussen Gallagher en boere het Gallagher se veehanteringsprodukte ontwikkel tot wêreldwye staatmakers in die landboubedryf. Gallagher steun steeds sterk op boere se insette en praktiese veldervaring om hulle produkte immer nog nuttiger vir die boer te maak. Boere het vanjaar lewendige belangstelling in Gallagher se uitstalling by Val Boeredag getoon. Hulle het saam met Havco, hulle agent in die Standerton-streek, gespan om boere met inligting en raad te bedien.

Gallagher se staatmaker-kragbronne vir elektriese heinings kan ook met sonkrag werk. Dit word saam met die batterye netjies in ՚n kas geplaas wat deur ՚n sonpaneel bedek word. Die ikoniese “stock-stick” in Jaco se hande is ՚n moet vir elke boer wat ՚n weerbarstige dier in sy kudde het.

Jaco Burger, Gallagher se verkoopsbestuurder vir diereprodukte in Suid-Afrika, het sy plek in die stalletjie volgestaan. Hulle jongste produk wat boere gaande het, is ՚n basiese intreevlakskaal. “Hierdie is ons eerste skaal en werk baie eenvoudig. Dit is ՚n mik-en-druk model wat tot 1,5 ton kan weeg en dit is maklik hanteerbaar en robuust genoeg om veld toe te neem om die vee vinnig te weeg. Die prys is baie mededingend,” sê hy.

Regs: Strookbeweiding is slegs moontlik as jy ՚n stewige elektriese heining wat ՚n behoorlike skok kan gee gebruik. Dit moet ook maklik en vinnig verskuifbaar wees sodat vee gereeld kan roteer om die weiding vinnig en maksimaal te benut. www.proagri.co.za

Havco is Gallagher se verspreiders in die Standerton-streek. Die boere is reeds bekend met Havco se ander produkte. ՚n Paar jaar gelede het Havco ՚n gaping in die mark vir elektriese omheinings gesien en vir Gallagher genader. Hulle het reeds baie sukses met die verspreiding behaal en Gallagher se produkte boesem nou nog meer vertroue onder die boere in. Willie Liebenberg is verantwoordelik vir Havco se velddienste en Dolf Volschenk is hoofbestuurder en ՚n direkteur van Havco.

Havco vervaardig misstrooiers, lyfklampe, selfvoerders, ringvoerders en drukgange vir grootvee. Hou ՚n ysterhand oor jou vee met Gallagher se produkte. Skakel vir Jaco Burger by 083-297-6079 of 011-971-4200, of besoek hulle webwerf by www.gallagher.com. ProAgri 228 ProAgri – Februarie 233 /–February Julie / July2019 2019 11 11


deur Benine Ackermann

D

ie beste moontlike produkte en dienste vir die boer in ’n eerlike, betroubare sake-omgewing. Dit is wat Link Seed, ’n filiaal van Limagrain, bied in hulle strewe om die leier in die saadbedryf te wees. Die groot belangstelling van boere by die Link Seed-stalletjie by vanjaar se Val Boeredag, getuig weer eens dat Link Seed ’n invloedryke rolspeler in die saadbedryf is. “Ons kry baie goeie blootstelling by Val Boeredag,” sê Lambert Blom, gebiedsbestuurder vir Link Seed in die Oostelike Hoëveld. “Boere kom gesels met ons en het baie navrae oor ons kultivars, dus is die boeredag beslis die moeite werd vir ons.” Link Seed verskaf die regte saad, maar glo ook daaraan dat die regte boerderybeginsels in ag geneem moet word om die beste resultate te behaal. Een van die belangrike faktore is die plantdiepte van mielies. Lambert wys daarop dat mielies wat dieper geplant is, vinniger en sterker opkom as saad wat te vlak geplant is. Die redes hiervoor is: • Die saad het beter grondkontak en kan derhalwe beter vog opneem. • Die grondtemperature is meer konstant op diepte. Boere wat baie vroeg wil plant, moet egter in gedagte hou dat die grondtemperatuur op dieper vlakke te laag mag wees vir optimale ontkieming. Die ideale temperatuur vir ’n mielie om te ontkiem is 18 grade Celsius en hoër. Link Seed het opwindende nuus – hulle gaan binnekort ook die koringmark betree. “Ons is tans besig met die proewe, ook vir besproeiingsboere,” sê Lambert. Link Seed se verskeidenheid uitblinker-kultivars: Geelmielies LG 31.746 “Hierdie kultivar presteer baie goed in die proewe,” sê Francois de Villiers, Link Seed se verkoopsverteenwoordiger vir Delmas, Balfour en Bronkhorstspruit. • Dit is ’n mediumgroeiseisoenbaster • Uitstekende graanopbrengs in sy groeiklas

* ROUNDUP READY and YIELDGARD are registered trademarks of Monsanto Technology LLC

# Clearfield and Clearfield Plus are registered trademarks of BASF South Africa (Pty) Ltd

www.proagri.co.za

Gesien by Link Seed se stalletjie tydens die gewilde Val Boeredag: Van links na regs: Theunie Theron, verkoopsverteenwoordiger vir Bethal, Ermelo en Piet Retief. Francois de Villiers, verkoopsverteenwoordiger vir Delmas, Balfour en Bronkhorstspruit en Lambert Blom, gebiedsbestuurder vir die Oostelike Hoëveld. • Goeie blaarsiekteverdraagsaamheid • Goeie droogteverdraagsaamheid • Baie goeie staanvermoë LG 31.642 R* “Dis ons wenkultivar by vanjaar se proewe,” sê Francois. • Kortgroeiseisoenbaster • Uitstekende opbrengs – kort groeiseisoen onder besproeiing en in droëlandtoestande • Baie goeie staanvermoë

• Vinnige afdroging • Goeie aanpasbaarheid • Gemiddelde verdraagsaamheid teen roes en noordelike blaarskroei Witmielies LG 31.745 R* • Medium- tot kortgroeier • Uitstekende staanvermoë • Droog vinnig af • Goeie aanpasbaarheid • Uitstekende verdraagsaamheid teen roes Sojabone “Die mededinging in die sojamark is deesdae baie sterk, maar ons vaar goed met ons nuwe produkte,” sê Francois. LS 6161 R* • Medium groeiklas • ’n Smalblaarkultivar, goed aangepas vir droëland en besproeiing • Uitstekende staanvermoë LS 6851 R* • Medium groeiklas • Wyd aanpasbaar • Uitstekende opbrengs • ’n Smalblaarkultivar, goed aangepas vir droëland en besproeiing

Theunie Theron; verkoopsverteenwoordiger vir Bethal, Ermelo en Piet Retief, en Francois de Villiers; verkoopsverteenwoordiger vir Delmas, Balfour en Bronkhorstspruit by Val Boeredag.

Sonneblom: LG 5678 CLP# • Hoë opbrengs, medium groeier • Goeie aanpasbaarheid • Goeie stabiliteit Vir meer inligting oor Link Seed se betroubare saad vir jou plaas, kontak Riaan Van Zuydam by 033-417-1494 of stuur ’n e-pos na riaan.vanzuydam@linkseed.co.za of linkseed@linkseed.co.za. M-reeks M-r M --rre ee eek e ek k ks sh hamermeulens am ame a merrm me rme me m eul ule u lle ens ns ProAgri 233 – Julie / July 2019 13

Val Boeredag

Behaal ryk oeste met Link Seed se wenkultivars


deur Annemarie Bremner

Orthman maak die ideale saadbed Strookbewerking doen presies wat die naam sê. Net die plantstrook word bewerk en die res van die land bly lê met plantreste en al. By Val Boeredag het Brian Nieuwoudt, streekbestuurder van Orthman, die drie belangrikste beginsels van strookbewerking aan boere verduidelik.

Brian Nieuwoudt, streekbestuurder van Orthman, beduie by Val Boeredag hoe die Orthman 1tRiPr die ideale saadbed voorberei. Die beginsels is: 1. Ideale saadbed Geen kommersiële boer kan dit bekostig dat saad nie eenvormig ontkiem en groei nie. Teen strooptyd moet die mielies soos soldaatjies in rye regop staan met hulle koppe almal ewe hoog sodat die boer se pennies in die stroper val en nie op die grond nie. Dit beteken dat elke plantjie in die beste moontlike omstandighede moet ontkiem en groei en dit is wat die Orthman 1tRIPr vir jou bied. Die strook wat bewerk word vorm die ideale saadbed; dit is ferm, maar deurlug, sonder kluite en diep genoeg dat daar nie bankvorming is nie, en dit geniet al die voordele van die biologiese materiaal wat in die grond teruggeplaas word. 2. Ideale kunsmisplasing Die Orthman kan in almal se boer-

www.proagri.co.za

derypraktyke inpas, het Brian aan boere op Val Boeredag vertel: “Dit hang van jou af watter tyd van die jaar jy wil bewerk en kunsmis plaas; hierdie tyd net na stroop of net voor die plantseisoen. Jy kan die masjien gebruik om gas of stadig vrystellende kunsmis vooraf te plaas en die materiaal kans te gee om af te breek in die grond voor planttyd, of jy kan nader aan planttyd of selfs tydens planttyd bewerk en kunsmis plaas.” Met planttyd kan die kunsmis op die regte diepte geplaas word onder of skuins onder die saad om op die regte tyd beskikbaar te wees wanneer die plantjie se groeiende wortels dit nodig het. 3. Wortelsone-kondisionering Die kondisionering van die wortelsone is baie belangrik, want saam met sonenergie is dit die plek waar jou plant

sy voeding moet kry en homself moet anker. Die Orthman kan tot so diep as 350 mm bewerk, afhangende van die soort grond, en kunsmis kan van 300 tot 350 mm diep geplaas word. “Die diepte word op jou dieptebeheerband gestel, die kouter sny deur die reste en die grond en dan kry jy ’n stel ry-oopmakers wat jy ook kan stel afhangend van hoeveel reste op die grond is en of dit mielies of koring is. Jy kan dit ook afhaal as daar nie baie reste is nie,” sê Brian. Die tand breek verdigtingslae op en baan die weg vir goeie, eweredige kunsmisplasing. Elke tandeenheid het ’n verstelbare wegbreekaksie met blitsige outomatiese herstel, maar as daar nie kans is vir klipskade nie, kan jy hom vasbout. Twee gegolfde kouters rond die saadbedding vertikaal af en help om lugpakkies in die grond te breek en die saadbed fyn te maak. Brian sê hulle noem dit ’n “lift en pinch-aksie”. ’n Roller breek dan die kluite wat opgestoot het en vorm ’n ferm saadbed. Daar is verskillende soorte rollers wat gekies kan word vir jou soort grond. Die ry-eenhede is met parallelskakels aan die balk gemonteer om deurgaans die regte diepte te handhaaf. Die masjien is beskikbaar in wydtes van 4 tot 16 rye. Orthman het ook ’n spesiale kunsmiskas wat die strookbewerker tot sy volle potensiaal neem, of ’n boer kan sy eie houer vir die toediening van vloeibare kunsmis of korrelkunsmis gebruik. Die 8-ry Orthman 1tRIPr en die John Deere 1750-planter is ook ideale pasmaats waarmee jy in een beweging kan bewerk, bemes en plant. Die werktuig benodig ongeveer 20 kW trekkerkrag per ry en kan teen 9 km/u in een beweging bewerk, bemes en plant met groot besparings op jou dieselrekening. Kontak Brian Nieuwoudt vir jou strookbewerkingsoplossing by 076-283-0766, 012-940-2155. Besoek ook www.orthman.com en kyk na die video op www.proagri.co.za.

ProAgri232 233 ––Junie Julie / July ProAgri June2019 2019 15 15

Val Boeredag

Enige gewas se droom:


deur Du Preez de Villiers

Boere wat onlangs die Intelligenteboerdery-geleentheid by Corteva se Tegniese Sentrum in Delmas bygewoon het, luister na inligting oor die uitstekende produkte en dienste wat John Deere bied.

D

ie dae van vergrotings en uitbreidings van nuwe landbougrond in ontwikkelde lande is getel. Daar is net nie meer ruimte nie en politieke druk vanuit die geledere van omgewingsbewustes maak dat dit ’n rare verskynsel in die toekoms gaan wees. Ontwikkelende lande soos op die Afrika-vasteland se probleem is weer dat daar ’n gebrek aan die nodige meganisasie en tegnologie is om winsgewend te boer. Boere moet egter steeds kos vir ’n groeiende wêreldbevolking produseer en word deurlopend gekonfronteer met verhoogde insetkoste terwyl die prys wat boere vir hulle produkte ontvang nie teen dieselfde tempo styg nie. Landbou se enigste kans op oorlewing lê in verbeterde tegnologie. Dit is die enigste manier om opbrengste te verhoog. Boere leun al hoe sterker op data-inwinning en die ontleding daarvan om tydiger en beter besluite te neem. Dit loop hand aan hand met gevorderde ingenieurswese in produkontwikkeling ‒ aangedryf deur die internet van dinge (IoT), masjienleer en kunsmatige intelligensie. Twee internasionale maatskappye het onlangs kragte saamgesnoer om landbou ’n aansienlike hupstoot te gee. John Deere en Corteva Agriscience™ doen beide baanbrekerswerk in landbouprodukontwikkeling en - navorsing. Hulle het tydens NAMPO, ’n samewerkings-ooreenkoms en memorandum van verstandhouding onderteken om saam saad- en produkwww.proagri.co.za

tegnologieë beskikbaar te stel. Tydens ’n gesamentlike driedag-bemarkingsberaad wat hulle onlangs gehou het, het hulle die tegnologie-oplossings en gereedskap wat hulle aanbied aan die boere bekendgestel en uitgelig. Dit beloof om nog beter waarde aan boere en gemeenskappe in Afrika te lewer. “Ons by John Deere glo dat daar drie vlakke is waarop landboutegnologie deurslaggewende hulp vir ’n boer kan bied,” sê Kevin Lesser, bemarkingskommunikasiebestuurder van John Deere. Dit behels: • Produksie: Vinniger en slimmer besluitneming, operasionele doeltreffendheid, en kostebesparings op insette en verhoogde uitsette. • Omgewing: Die verlaging van ’n plaas se koolstofvoetspoor, die optimale gebruik van chemikalieë, die vermindering van grondontwrigting en die optimale gebruik van water. • Maatskaplike verantwoordelikheid: Produkgehalte en volledige naspeurbaarheid. Volgens Jacques Taylor, besturende direkteur van John Deere vir Afrika suid van die Sahara, is daar wêreld-

wyd bewyse wat ’n sterk verband toon tussen die aanneming van nuutskeppende tegnologie en meganisasie en verbeterde produktiwiteit. “Landbou staan vandag voor die uitdaging om meer teen ’n aanvaarbare prys te produseer, sonder om skade aan die omgewing aan te rig. Ons sien dat landbou wegbeweeg van groter, vinniger en sterker na meer akkuraat, veerkragtig en meer aanpasbaar. John Deere belê voortdurend in die ontwikkeling van presisie-tegnologie, waarvan sommige voorbeelde by hierdie geleentheid vertoon word." "Ons is opgewonde oor die drie volle dae van samewerking, nuutskepping, leer en netwerk in Delmas," sê Jacques. Verskeie topsprekers het boere inligting oor nuwe maniere gebied om doeltreffendheid te verhoog en koste te bestuur deur die toepassing van nuutskeppings. John Deere-deskundiges het nuutskeppende produkte uitgestal wat waarde aan boere en gemeenskappe in Afrika bied, soos: • ExactApply™-oplossings: 'n Tegnologie wat spuittoerusting beheer vir beter onkruid- en plaagbeheer wat boere selfs in staat stel om enige potensiële neweldrywing te bestuur. Dit is beskikbaar vir selfaangedrewe spuite. • Die iPackage: ’n Oplossing vir gespesialiseerde sleepspuite wat opspoorbaarheid en inligting oor alle fasette van die toepassing bied. • Precision Ag: ’n Tegnologie wat oplossings aan boere bied om die weg te baan vir die toekoms van hulle boerderye. Dit help hulle om toerusting- en oesinligting te bestuur en diensverskaffers te kies om beter inligting te verskaf vir hoër produktiwiteit en winsgewendheid. • John Deere Connected Support: Koppel masjieninligting intyds aan die inligtingswolk (cloud) en verskaf proaktiewe diagnose om foute te ontdek voordat hulle opduik.

John Deere en Corteva het die landboumedia na die bemarkingsberaad uitgenooi om vrae te antwoord oor die pad saam vorentoe. ProAgri 233 – Julie / July 2019 17

Gewasproduksie

John Deere en Corteva span saam teen knellende landbou-uitdagings


Believe in greater


"Ons is ’n tegnologiemaatskappy en ons gereedskap stel boere in staat om ingeligte besluite te neem om doeltreffendheid te verbeter." Corteva se Afrika-streektegnologiesentrum is in Delmas geleë en hulle gebruik ’n netwerk van Boere kan uitsien na uitstekende tegnologiese vordebestaande naring nadat John Deere en Corteva ’n memorandum van vorsingsgeriewe en verstandhouding onderteken het om saam te werk om toetsstasies dwarslandbou te verbeter. deur Afrika. Hulle lewer ook Pioneer®• John Deere Finance-pakkette: en PANNAR®-saadprodukte. Landboufinansieringspakkette word "As 'n belangrike “Pure-play”-maatgestruktureer volgens boere se skappy in die landbou, weet ons dat spesifieke omstandighede en megaons dit nie op ons eie kan doen nie ‒ nisasievereistes. Hierdie unieke samewerking is ’n belangrike deel van finansieringsopsie is beskikbaar vir ons strategie en daarom werk ons saam enige nuwe en tweedehandse met ’n groot landbouspeler soos John boerderytoerusting, onderhewig Deere," verduidelik Tony. aan aankoop by ’n gemagtigde John Deere-handelaar. Corteva se Tegniese Sentrum in • John Deere ExactEmerge™ en Delmas bied die volgende aan MaxEmerge™ 5E: 'n Tegnologie boere: wat die eienskappe en voordele van • Die Inseklaboratorium, “The Insecdie nuwe plantertegnologie bied. tary”, is die grootste private fasiliteit van sy aard op die Afrika-kontinent en Corteva bied nuwerwetse doen baanbrekerswerk in die ontwikchemie-tegnologie keling van maniere om plaaslike Deur die krag van sy wêreldwye skaal insekplae te bestry, waarvan somen kundigheid, bied Corteva plaasmige uniek aan die vasteland is. Die like oplossings om die regte produk laboratorium speel ook ’n leidende rol vir die regte toepassing te gebruik. in tegnologiebemagtiging. Daar word Die maatskappy beskik oor bekwaook internasionale navorsing gedoen me navorsers en personeel in hulle wat spesifiek op die beheer van herfsnavorsingsgeriewe in Hawaii, Puerto kommandowurm fokus. Rico, Johnston (VSA), Suid-Afrika, • Gevorderde saadteling en genetiese Duitsland, Sjina, Indië, Brasilië en chromosoommerker-tegnieke soos Kanada. “Embrio Redding” en Molekulêre "Terwyl die wêreldbevolking steeds Merkers wat aansienlike waarde vir groei, is die tegnologie wat ons uitstal boere kan beteken, word ook hier noodsaaklik om in die wêreldwye ontwikkel. vraag na voedsel te voorsien," sê Tony • Presisie-fenotipering deur middel van Esmeraldo, sakedirekteur van hommeltuig- (drone) -tegnologie Corteva Agriscience, Suider-Afrika. word hier gedoen.

Andries Cornelius wys vir die boere hoe werk John Deere se ExactEmerge™- en MaxEmerge™ 5E- plantertegnologie. Digitale teeltstelsels, insluitend hoogs gesofistikeerde hommeltuie, toegerus met multispektrale kameras, lasersensors, en die vermoë om driedimensionele fotografie te lewer word by Delmas ingespan. Hierdie gevorderde gereedskap laat Corteva toe om teelen produkontwikkelingsaktiwiteite op ’n groter skaal toe te pas om genetiesbegronde wins uiters doeltreffend aan boere te lewer. Presisiekarakterisering word ook gedoen deur gebruik te maak van hommeltuig-tegnologie om data oor plantegroei, ontwikkeling en toestand in te samel sodat dit bruikbare inligting kan lewer. Dit sluit digitale gereedskap in, soos intelligente toerusting wat voorskrifte aan gereedskap stuur om beter oesopbrengste vir boere te bewerkstellig. “As deel van hierdie reis word John Deere geposisioneer om ’n sentrale rol te speel en om deurlopend te soek na geleenthede om saam met ander spelers in die bedryf te werk om 'n volhoubare oplossing te bied om voedselproduksie vir die vasteland te laat gedy,” sê Kevin.

Eugene Schwartz, opleidingsinstrukteur by John Deere, verduidelik hoe tegnologie soos ExactApply op die spuite werk, asook die iPackage op die spesialiteitspuite.

Produktiwiteit, akkurate toepassing, gebruiksgemak en eenvoudige dokumentasie is die kern van die iPackage wat op John Deere se spesialiteit spuite van toepassing is. www.proagri.co.za

Skakel Kevin Lesser by 082-8072603 of 011-437-2600 of e-pos LesserKevinJohn@JohnDeere.com om meer van John Deere se uitsonderlike produkte te wete te kom.

ProAgri 233 – Julie / July 2019 19


Alle CLAASmodelle

wat in die artikel bespreek word,

3-jaar, 3-jaar, 3 000 km

het ’n

waarborg!

CLAAS – toonbeeld van trekkertegnologie M

eer gevorderd en nuttiger kry jy nie – CLAAS se ARION 600- en AXION 800-reeks bied die boer alles waaroor hy kon droom en nog meer. En dit is ook geen wonder nie, want CLAAS vra behoorlik uit presies wat boere se behoeftes is en ontwikkel al hulle trekkers om eksieperfeksie aan daardie behoeftes te voldoen. Met hierdie beleid het CLAAS die afgelope 15 jaar 150 000 trekkers aan ingenome boere verkoop. Dit is ook hierdie beleid wat sorg dat die trekkerreekse talle nuwe voordele bied om die boer se werk makliker, lekkerder en doeltreffender te maak. Kyk net: ’n Nuwe ARION-voorlopermodel van 136 kW, ’n nuwe CEBIS-vertoonskerm met raakskermbeheer en ’n nuwe beheerarmleuning vir die CIS+-model. Maar dit is nie al nie – CLAAS bied ook die grootste operateursgerief en gebruikersvriendelikheid, intelligente en doeltreffende Powershift- en deurlopend wisselende kragoordragstelsels wat deurgaans sorg dat presies die regte enjinomwentelinge presies die regte krag na die wiele oordra, en vele verdere voordele wat die boer se taak makliker en lonender maak. Die boer kan uit verskillende opsies kies: CIS (CLAAS-inligtingstelsel) bied jou alles wat jy nodig het met 24-spoed HEXASHIFT Powershift-kragoordrag, meganiese skietkleppe (spool valves) en CIS-kleurskerm. Nuwe CIS+ bied jou nog meer met HEXASHIFT Powershift-kragoordrag of CMATIC deurlopende wisselaandrywing, elektroniese skietkleppe en CIS-kleurskerm. Nuwe CEBIS (CLAAS elektroniese aanboordinligtingstelsel) bied jou absoluut alles met HEXASHIFT Powershift-kragoordrag of CMATIC deurlowww.proagri.co.za

pende wisselaandrywing, elektroniese skietkleppe, CEBIS-terminaal met ’n 12-duimskerm en bykomende funksies. Die volgende ARION 600- en AXION 800-modelle is in SuidAfrika beskikbaar:

Model

Enjinkrag (kW)

ARION 610 CIS met DPS-enjin

107 kW

ARION 630 CIS met DPS-enjin

121 kW

ARION 650 CIS met DPS-enjin

136 kW

AXION 800 CIS met FPT-enjin

150 kW

AXION 830 CIS+ met FPT-enjin

173 kW

AXION 850 CIS+ met FPT-enjin AXION 870 CMATIC CEBIS met FPT-enjin

194 kW

206 kW

Kom ons bekyk ’n paar voordele van hierdie gevorderde trekkers van naderby: CLAAS se nuwe PROACTIV-voorasveerstelsel sorg vir perfekte stabiliteit en skakel onnodige stampe en stote tydens rem en versnelling uit. Die nuwe HEXASHIFT Powershiftkragoordragstelsel skakel outomaties tussen versnellings en sluit in SMART STOP wat jou toelaat om te stop sonder om die koppelaarpedaal te trap, HEXACTIV outomatiese ratoorskakeling met spoedbeheer en REVERSHIFT vorentoe- en truskakeling met ’n elektroniese parkeerrem. CLAAS se nuwe CMATIC deurlopende wisselaandrywing in die CEBIS- en CIS+-weergawes verhoog doeltreffendheid, bespaar brandstof en maak die operateur se taak ligter deurdat dit voortdurend vanself die enjinspoed en

trekkrag by die las aanpas. Dit het ook REVERSHIFT-skakeling, spoedbeheer en ’n elektroniese parkeerrem. CLAAS se gevorderde DPS Powertech-enjins en kragoordragstelsels is ontwerp om die meeste krag teen die laagste dieselverbruik te bied, en wringkrag teen ’n wye strek enjinomwentelinge te lewer. Daartoe werk die hoëwerkver-rigting-turbo-aanjaers saam. Die intelligente CLAAS POWER MANAGEMENT (CPM) is ’n elektroniese beheerstelsel wat bykomende enjinkrag optower wanneer dit vereis word. CLAAS dink vooruit en het monteerpunte aangebring vir boere wat later dinge soos ’n laaigraaf of voorste hyser en kragaftakker wil monteer. CLAAS se lang asafstand en gewigsverspreiding (50% voor en 50% agter) verseker hoë trekkrag, bestuursgerief, rygerief, veilige hantering, groter optelvermoë danksy groter stabiliteit, beter brandstofverbruik en minder nodigheid vir gewigte wat grondkompaktering sou bevorder. Daarby sorg die kort algehele lengte van die trekker vir goeie hanteerbaarheid, korter voertuig-sleepwakombinasies op die pad, goeie sig en maak dit maklik om met voorgemonteerde werktuie te werk. Trekkers word dikwels vir sleepwerk op die pad gebruik en daarvoor het CLAAS-modelle hidrouliese sleepwaremme. Die trekkers het remme wat die spoed kan hanteer terwyl die slim vooras outomaties by die verskil in die las aanpas om stabiliteit te behou en veiligheid te verseker. CLAAS-trekkers se kragaftakkerspoed word vooraf met die druk van ’n knoppie gekies en dan word die kragaftakker met die druk van ’n ander knoppie op die armrus aangeskakel. ProAgri 233 – Julie / July 2019 21

Meganisasie

Toptegnologie waarop jy kan reken:


Die hidrouliese koppelpunte het ontkoppelhefbome sodat hulle selfs onder druk gekoppel of ontkoppel kan word sonder om olie te vermors. Die vragvoelende hidrouliese stelsel is ’n toonbeeld van doeltreffendheid. Die driepunthysers hanteer die swaarste vragte lag-lag en verskillende konfigurasies kan vir verskillende behoeftes verskaf word. CLAAS-kajuite is enige operateur se droom met genoeg ruimte, ’n onbeperkte uitsig, gerieflike sitplek en slim, maar verstaanbare kontroles waarvan die meeste in die armrus gemonteer is. Die operateur hoef nooit na iets te soek of te sukkel om dit by te kom nie.

Met CEBIS kan tot 20 werktuie se besonderhede geprogrammeer word sodat alles nie elke keer wanneer ’n werktuig geruil word van voor af ingestel hoef te word nie. CLAAS TELEMATICS ontvang en stuur seine deur GPS-satelliete sodat alle inligting oor alle werk altyd beskikbaar is. Dit vergemaklik ook foutopsporing en onderhoud van die trekkers. Dit alles word rotsvas gerugsteun deur Kempston CLAAS sodat jou CLAAS-trekkers altyd net hulle allerbeste diens op jou plaas lewer.

AGRA-GPS het goeie nuus Jy kan nou jou trekkervloot na CLAAS oorskakel en steeds jou bestaande terminaal, rekenaarprogramme en stuursein behou: AGRA-GPS se ‘AUTOSTEER GUIDANCE’ is ’n oorbruggingsmodule wat sekere CLAAS-modelle met sekere ander partye se stuurstelsels en stuurseine laat werk. Praat met jou CLAAS-handelaar oor CLAAS ‘OPEN STEERING INTERFACE’ en AGRA-GPS se tegnologie. Vir meer inligting, praat met Michael Howell of Etienne van Wyk by 083-701-8779 of 043703-3100, of stuur ’n e-pos aan Michael.howell@kagri.co.za of etienne.vanwyk@kagri.co.za. Besoek ook www.claas.co.za vir meer inligting oor ander CLAASwerktuie vir jou plaas.

Nic Trailers verskuif horisonne

Tel:

018-673-0224 / 082-859-0904 COLIGNY, 2725 info@nictrailers.co.za / www.nictrailers.co.za

22

ProAgri 233 – Julie / July 2019 NAMPO

www.proagri.co.za


Veeboere verdien Ratsbrand se gereedskap.

Ratsbrand maak veewerk ‘n plesier 084-581-1599 / tegnies@ratsbrand.co.za www.proagri.co.za

ProAgri 233 – Julie / July 2019 23


B

oere het nie tyd vir stilstaan tydens besige tye op die plaas soos strooptye nie, daarom is dit uiters belangrik dat hulle net die beste bande vir hulle trekkers en ander werktuie moet aankoop. Dit is presies soos die gesegde sê: goedkoop is duurkoop. Dit geld nie net vir trekkers en ander werktuie nie, maar beslis ook vir bande. By vanjaar se NAMPO het Firestone van hulle standplaas af talle bande aan boere verkoop en dit boonop op die boere se plase gaan aflaai. Hierdie verkope bewys boere besef Firestone is gehalte bande waarop hulle kan staatmaak. Die waarborg van 9 jaar wys dat Firestone self volle vertroue in hulle bande het. Die waarborg geld vir bande wat in Amerika vervaardig is en vanaf 14 Mei 2018 aangekoop is. Dit is by verlede jaar se NAMPO bekendgestel. Kwalifiserende bande moet deur oorspronklike toerustingvervaardigers opgesit wees op voertuie wat verkoop is in Suid-Afrika, Swaziland, Lesotho, Namibië, Zambië en Botswana. Die enigste voorwaarde is dat die bande via die Firestone-webwerf geregistreer moet word. Die oomblik wat jy hom registreer begin die 9-jaar waarborg. Die Firestone-webwerf bied ook volledige inligting, plus ՚n lys van kwalifiserende bande: https://firestone. co.za/9-year-agricutural-tyre-warranty/. Sodra die registrasie voltooi is, sal die kliënt ՚n bevestiging per teksboodskap of e-pos ontvang. www.proagri.co.za

Firestone se Radial All-traction DT-band het ՚n 9-jaar waarborg. Firestone het ՚n kap van 23° op hulle band se skouer aangebring wat vir die boer op enige tydstip die meeste kappe op die grond neersit. Die 23°-kap op die skouer draai na die middel van die band om in 46° te eindig. Die 23°-kap werk die beste in droë gebiede en in nat omstandighede gee 46° die beste vastrap. “Dit veroorsaak dat jy deurentyd die beste vastrap kry en dit bespaar diesel en tyd op die land,” sê Stephan van Staden, nasionale landbouspesialis by Bridgestone, vervaardiger van Firestone

die landboubedryf gebruik, omdat hulle ՚n prestasieverbetering van 6 tot 14 persent bo kruislaagbande bied. Dit is belangrik om gereeld banddruk na te gaan om te verseker dat die bande op die korrekte druk bly. Dit moet minstens weekliks gedoen word. Firestone se bande werk net so hard soos boere. Besoek jou naaste Bridgestone/Firestonehandelaar of besoek www.firestonejourneys.com. ProAgri 233 – Julie / July 2019 27

Meganisasie

Firestone: Gebruik jou bande reg en kry die maksimum waarde

se gespesialiseerde landboubande. Stephan verduidelik dat bande verantwoordelik is vir 20 tot 40 persent verlies aan kilowatt. Hierdie verlies kan verminder word deur die bande se doeltreffendheid met die korrekte druk en balans te optimaliseer. Die sleutel hier is om te verseker dat die optimale persentasie bandoppervlak in aanraking kom met die grondoppervlak. ՚n Optimale voetspoor sal die doeltreffendheid van die trekker verhoog om sy taak te verrig, terwyl brandstofverbruik verminder word en die band se leeftyd verleng word. Die banddruk moet bereken word volgens die vrag wat dit in elke geval dra. In die korrekte opstelling van ՚n trekker, is die eerste stap natuurlik om te verseker dat bande van die regte grootte opgesit word. Dan is dit nodig om die korrekte gewigsverdeling tussen voor en agter te bepaal en dan die hoeveelheid gewig op elke band. Gewigte moet dalk bygevoeg word, afhangende van watter toerusting die trekker trek. Dit sal die gewigsverdeling beïnvloed. Terwyl water in bande tradisioneel as gewig gebruik en goedkoop is, het dit ՚n aantal nadele en is dit nie geskik vir gebruik met straallaagbande nie. Die moderne neiging is om op droë gewigte staat te maak. Straallaagbande word toenemend in


Hulpbronbestuur

Agribusiness Africa-konferensie:

Boere kan wen met vryhandel in Afrika V

oedselhandel tussen Afrikalande kan ’n groot hupstoot kry met die vryhandelsooreenkoms (AfCFTA of African Continental Free Trade Area) wat pas onderteken is. In 2015 is $63-miljard se kos van ander vastelande af ingevoer. ’n Groot deel van hierdie geld kan in Afrika bly as die lande hulle handelsbetrekkinge met mekaar opskerp. Die positiewe uitwerking van AfCFTA is deur ’n paar sprekers by die Agribusiness Africa-konferensie wat deur Farmer’s Weekly gereël is, uitgelig. Professor Sidi Osho, voorsitter van FANRPAN (Food, Agriculture and Natural Resources Policy Analysis Network), het die invloed van klimaatsverandering op streekshandel in Afrika bespreek. Sy sê die bykomende inkomste wat lande kan skep deur uitvoere en die toegang tot tegnologie, kan Afrikalande help om klimaatsverandering beter te hanteer. Die ooreenkoms is deur 54 lande onderteken met ’n totale bevolking van 1,2-miljard mense en ’n totale binnelandse produk van $3,4-biljoen. Daar word verwag dat veral die vervaardigingsektor en infrastruktuurontwikkeling baat sal vind by die ooreenkoms. Gebrekkige infrastruktuur is egter een van die groot struikelblokke vir voedselhandel tussen Afrikalande. Professor Osho sê die Wêreld Ekonomiese Forum het onlangs ’n lys vrygestel met die top tien risiko’s wat die wêreld in die gesig staar en uiterste weersomstandighede is bo aan die lysie. Afrika se boere is veral kwesbaar as gevolg van gebrekkige toegang tot tegnologie. Professor Osho sê die temperatuur kan in hierdie eeu met tussen 1,5 en 4°C styg. Voorspellings dui op ’n 50%-verla-

Ayanda Kanana

28

ProAgri 233 – Julie / July 2019 NAMPO

ging in opbrengs en inkomste wat tot 90% minder kan wees teen 2100. Stygende seetemperature kan ook ’n vermindering van 50 tot 60% in die produksie van seevisserye tot gevolg hê. Sy sê benewens vryhandel kan AfCFTA ook op ander vlakke help om klimaatsverandering te hanteer. Die wêreldhandelstelsel het getoon dat regerings beleidstandaarde en ekonoProfessor Sidi Osho miese aansporings kan instel, soos belastingvoordele en subsidies vir hanhupstoot kry met die Metroraad van del in tegnologie wat kan help met die Johannesburg se besluit om R300hantering van klimaatsverandering. miljoen toe te ken vir verbeterings en “Met die aanvaarding van klimaatslim uitbreidings aan die varsproduktemark. landboumodelle en minder handelsDie Mandela-mark wat reeds ’n tuiste versperrings, het Afrika die potensiaal bied aan kleinboere en -aankopers gaan om stapelvoedsel ter waarde van ’n uitgebrei word en daar is ambisieuse bykomende $20-miljard te produseer,” planne om verpakkingsaanlegte beskiksê prof Osho. baar te stel aan boere wat nie hulle eie Dr Tinashe Kapuya, handelsbeleidaanlegte kan bekostig nie sodat hulle op adviseur van Business Unity South gelyke voet in die formele sektor kan Africa (BUSA), sê groot verwagtings meeding. word gekoester van die vryhandelsooreenkoms. Handel tussen Afrikalande maak maar ongeveer 16% van die totale Afrika-handelsrekening uit. Dr Kapuya sê baie werk moet in Afrika gedoen word om markte en handel te konsolideer. Een van die grootste struikelblokke vir handel tussen Afrikalande is omslagtige logistieke prosedures. Hy sê om een vraghouer van Kaapstad tot Luanda te vervoer, het in 2016/17 die volgende benodig: 56 doanehandtekeninge 84 doanestempels 83 dokumente met altesaam 634 bladsye Die skyfie wat deur Ayanda Kanana 28 SAOG-sertifikate van Joburg Market vertoon is, wys dat 5 fakture 22% van die waarde van groente- en vrugteverhandeling deur varsprodukDie oorhoofse tema van die temarkte loop. Die grootste deel van die konfe-rensie was toegang tot res is uitvoere en regstreekse verkope markte van die plaas tot die bord van die plaas aan die kleinhandel. en die hoof van die Johannesburgse varsproduktemark (Joburg Market), Ayanda Kanana, het in ’n begeesterende toespraak vertel watter rol die mark speel in landbou en om boere en handelaars van klein tot groot te bemagtig. Hy het beklemtoon dat dit die Departement van Landbou se taak is om ontwikkelende boere by te staan met primêre produksie, maar dat die mark betrokke is by vele projekte en beplanning om die boere te help om hulle produkte te verkoop. Die projekte gaan ook ’n groot

Ander planne is groter toeganklikheid tot elektroniese rekords van pryse en verhandeling met WiFi by die mark, vervoer om kleinboere in die provinsie te help om hulle produkte by die mark te kry en meer sekondêre sakebedrywighede rondom die mark. Ayanda het die private sektor uitgenooi om betrokke te raak by al die planne. “Die produkte is reeds daar,” sê hy. Die mense is ook daar met ongeveer 11 000 aankopers wat elke dag op die mark rondbeweeg. www.proagri.co.za


Jaco Oosthuizen van RSA Markagentskap In hierdie stadium word 90% van al die produkte wat verhandel word steeds deur kommersiële boere voorsien en die oorblywende 10% deur sowat 200 000 kleinboere. Joburg Market het ’n markaandeel van 44% van die produkte wat op markte verkoop word en daar is verlede jaar R8,2-miljard se produkte verkoop. Jaco Oosthuizen van RSA Markagentskap het ’n vroegoggend draai by die mark gaan maak om vir konferensiegangers voorbeelde van produkte

www.proagri.co.za

saam te bring en te verduidelik hoe dit gebeur dat daar sekere houers vrugte teen R60 stuk verkoop word en ander teen R46. “Daar is plek vir almal op die mark,” sê hy. Aanbod en aanvraag bepaal die pryse en die inligting is alles tot boere se beskikking. Bepalende faktore wat die mark vir boere laat werk is gehalte, standvastigheid, handelsmerk en die feit dat dit onmiddellike kontant bied. Hy het gepraat oor ’n Paar interessante syfers rakende Joburg Market, die toeganklikheid tot die grootste mark van sy soort in Afrika. markte vir opkomende boere en kleiner aankopers en te aan die gang is, beteken dit daar is sê daar is plek vir plaaslike markte in toegang tot nog 20-miljoen gebruikers. gemeenskappe. RSA was by die vestigVan die ander sprekers by die koning van twee markte in die noorde van ferensie het gepraat oor die beskerdie land betrokke en binne 60 maande ming van plaaslike bedrywe wat steeds is daar ’n omset van R247-miljoen by belangrik sal bly, en dr Theo de die markte opgebou. Jager, president van die WêreldboereNet soos plaaslike markte, sal vryorganisasie, het gesê boere wat dit kan handel oor grense in Afrika ook baie regkry om die meeste produksie op deure vir boere oopmaak. RSA is tans die kleinste oppervlak met die minste betrokke by die vestiging van markte insette te lewer, sal die suksesvolle in Zambië en Rwanda. As hierdie markboere in die toekoms wees.

ProAgri 233 – Julie / July 2019 29


deur Annemarie Bremner

Met Max Yield Energy se hulp en ’n paar goeie boereplanne bespaar die melkplaas van Malmesbury tot 70% van sy Eskomkragverbruik.

“A

lles by ons wat in die dag loop, loop van sonkrag af en in die nag van Eskom af,” vertel Richard Hewett van Malmesbury. Richard melk 340 koeie en die onvoorspelbaarheid en koste van elektrisiteitsvoorsiening het al hoe meer tot die risiko van die boerdery begin bydra. Richard het die hulp van Max Yield Energy van Durbanville, Kaapstad, ingeroep om hom te help om sy risiko te verminder. Hy is nou sowat ’n maand lank op sonkrag en dit lyk of hy tot 70% van sy elektrisiteitsverbruiksrekening kan bespaar. “As dit so aanhou, sal ek waarskynlik die drie transformators op die plaas na een kan verminder vir ’n besparing op die vaste koste,” sê hy. Dit beteken dat die belegging in minder as vier jaar vir homself kan betaal. Hy was verbaas oor die gemak waarmee hy finansiering vir die projek kon kry. Die banke is baie positief daaroor. Daar is 270 sonpanele op die melkery se dak. Hulle verskaf al die krag wat op die plaas nodig is, en daar is nog uitbreidingsmoontlikhede. Die stelsel staan bekend as ’n netwerkgekoppelde stelsel (grid tied) wat beteken daar word outomaties geskakel tussen Eskomkrag en sonkrag, sonder die gebruik van batterye. Richard het wel met die ondersteuning van Hannes van Staden van Max Yield Energy ’n goeie boereplan gemaak om energie te berg vir latere gebruik. “Ek waardeer dit baie dat Hannes na www.proagri.co.za

my planne geluister het en gehelp het om dit tot uitvoer te bring,” sê hy. Die plan werk so: Met energie kan jy warm maak en koud maak. Deur die dag word sonkrag gebruik om die water in geysers warm te maak sodat daar selfs met die vroegoggendmelksessie nog warm waswater beskikbaar is. Terselfdertyd word daar deur die dag ’n “ysbank” opgebou wat deur die nag en tot die volgende dag die melk verkoel. “Verhitting en verkoeling gebruik die meeste krag en as jy die son daarvoor kan gebruik, bespaar jy,” sê Richard. Richard het dit oorweeg om ’n groot kragopwekker aan te skaf, maar dit is “dooie kapitaal” wat net daar staan en wag vir ’n krisis en dit gebruik diesel wat

Om heeltemal van die kragnetwerk af te gaan begin nou ook sin maak.

ook al hoe duurder word. Soos dit is, werk hy aan planne om sy dieselrekening te verlaag deur ’n elektriese kerwer te gebruik om voer voor te berei vir die koeie terwyl die son skyn. Richard sê: “Hannes-hulle het alles uitgewerk en kom installeer en daar is net geen pyne nie.” Hannes sê Max Yield Energy het kliënte van die Kaap tot so ver as Kamanjab in Namibië. “Ons fokus is mediumgrootte kommersiële sonkragstelsels. Ons doen baie netwerkgekoppelde stelsels, wat die goedkoopste stelsel is met tipiese terugbetaalperiodes van 4 tot 5 jaar. Die grootste nadeel van hierdie stelsels is dat dit nie beskerming bied teen kragonderbrekings wanneer netwerkkrag gebruik word nie. “Om hierdie rede het Max Yield Energy die afgelope jaar daarop gefokus om meer bekostigbare onafhanklike mini-netwerkstelsels te ontwikkel. Dit is stelsels wat met ’n kombinasie van sonkrag, ’n kragopwekker, batterye en soms windkrag ’n klein kragstasie vorm wat aan die kliënt se behoeftes voldoen.” Die koste van die batterye is vir baie mense die groot struikelblok. Max Yield Energy het ’n kostebesparende strategiese verhouding met een van die voorste litiumbatteryvervaardigers in Kaapstad. Vir die stelsels van 10 kW tot 150 kW word 48V litiumbatterye gebruik en vir die groot stelsels (wat met 250-kW driefase-omskakelaars werk) word 800V litiumbatterybanke spesiaal gebou. Een van die kliënte wat driefasekrag sonder netwerkondersteuning gebruik, is Ian Booysen van Agri Konstruksies by Malmesbury. Sy huis, kantoor en sewe huurders se krag word voorsien deur 124 panele, 18 batterye en ’n kragopwekker wat die batterye laai as die son nie skyn nie. Hy sê Hannes-hulle gaan hom ook nou help om ’n windlaaier deel van sy stelsel te maak. Ian sê: “Met al die plaasaanvalle en kabeldiefstal kan ons nie meer op Eskomkrag reken vir sekuriteit nie. Nou weet ek my elektriese heining, sekerheidsligte en boorgatpomp kan altyd werk.” Hy werk ook lekker saam met Max Yield Energy om die pakhuise wat hy op plase bou van die begin af energieslim te maak. Kontak Max Yield Energy vir jou kragoplossing. Bel Hannes van Staden by 082-419-3337 of stuur ’n e-pos na hannes@maxyield.co.za. Kyk ook na die opsies by www.maxyield.co.za.

ProAgri 233 – Julie / July 2019 31

Hulpbronbestuur

Sorg vir jou eie krag met Max Yield Energy


oekom sal ek gif gebruik as frekwensies beter werk?” So vra Arno Vlok, eienaar van Welgevonden op Riebeeck-Kasteel wat nektariens, druiwe en ander vrugte kweek. “Ons gebruik frekwensies om insekte, swamme, slakke en voëls te beheer. By my bure is daar talle slakke, maar op my plaas is daar amper niks. Baie boere is raadop, want gif is duur en ons mag dit in elk geval nie meer gebruik op die vrugte nie,” sê hy. Die vrugtevlieë is baie goed onder beheer op sy plaas en so ook die stinkluise, plantluise, blaaspootjies en ander insekspesies. Hy sê die frekwensies dra ook by tot beter vruggehalte en verhoogde opbrengs. Arno sê: “Die frekwensies bespaar water en ons gebruik sowat 30% minder water as voorheen. Selfs my pype bly skoon van aanpaksels en die damme bly skoon van alge. Dit was die tweede seisoen dat ek Agri Frequencies gebruik en my resultate verbeter steeds.” Die frekwensiebeheer is ook baie goedkoper as chemikalieë. Arno se volle pakket kos net R100 per hektaar per maand. Hy sê die uitvoermark verkies skoon vrugte wat nie met gif bespuit is nie en hy het geen probleem met chemikalieë op sy vrugte nie. “Hierdie tegnologie het net betyds gekom om ons boere te help. Die stelsel werk vir my; ek het net nodig om gereeld foto’s te stuur om seker te maak die stelsel is op datum met al die jongste peste en plae.” Die foto’s word per selfoon na Agri Frequencies gestuur waar die frekwensies wat deur die spesifieke insekte uitgestraal word, bepaal word en in kristalle geberg word. ’n Teenfrekwensie wat die peste dood of afskrik word dan deur ’n proses van kwantumfisika na die plaas teruggestuur. Slegs die koördinate of ’n lugfoto is nodig om die gebied akkuraat te teiken. Arno sê: “Ek kan enige tyd meet om te sien dat die frekwensies my wel bereik.” Figuur 1 wys die bedryfsresultate van vrugtevlieggetalle in die Riebeeck-

Kristaltegnologie: Hoekom GIF gebruik as frekwensies beter werk? Kasteel-omgewing. Die blou lyntjie is die gebiedsgemiddeld waar chemiese beheer toegepas is. Die bruin lyntjie is die plaas, Welgevonden, waar net frekwensies gebruik is om vrugtevlieg te beheer. Jan du Plessis van Agri Frequencies verduidelik wat is die voordele van frekwensies: - Frekwensies is goedkoop en doeltreffend, selfs meer doeltreffend as chemiese middels. - Elke organisme het ’n frekwensie en kan dus beheer word deur die regte frekwensies te gebruik. - Frekwensies is natuurlik en onskadelik vir alle ander organismes wat nie geteiken word nie. - Die proses kan baie akkuraat, in ’n spesifieke gebied die skadelike spesies beheer, sonder om predatore en bye aan te tas. - Van swamme en plantsiektes tot insekte, alge, voëls, rotte en jakkalse kan beheer word. - Watergehalte word verbeter met verhoogde suurstof en laer oppervlaktespanning om sodoende tot 30% water te bespaar, asook om pype en ketels skoon te hou. - Hierdie gestruktureerde water hou besondere voordele in vir sportlui, asook vliegduiwe en renperde. - Rypbestandheid met frekwensies word verkry deur te voorkom dat die water in die plante vries tot en met -6°C. - Die behandelings werk op enige plek in die wêreld en word selfs oorsee en in buurlande gebruik. - Kliënte kan self meet dat hulle die frekwensies ontvang en alle dienste het ’n geldterug-waarborg. - Agri Frequencies het ’n spesiale reeks

produkte vir die huis, kantoor en tuin wat al hierdie dienste op klein skaal, binne ’n straal van 40 m, lewer. Dit is ideaal om rotte, kakkerlakke, miere en termiete en ander lastige insekte weg te hou. - Hierdie produkte se frekwensies dring strukture binne en dood selfs rotte en insekte onder die grond. - Vir die swembad en visdam is daar ’n strokie wat alge dood en vir motors een wat 10% tot 15% brandstof bespaar. - Al hierdie huishoudelike produkte is gewaarborg om lewenslank te hou vir ’n eenmalige R800 elk. NUUT! - Met verbeterde toerusting en tegnieke kan swamme en klein insekte nou ook mikroskopies gefotografeer word. Dit help boere om hulle uitvoer-vrugte in kartonne swamvry te hou tot by die eindbestemming. - ’n Klein plakkertjie, die “Delay Decay” wat op die kartonne geplak word, hou die produkte vars. - Selfs boomkewers en swamme wat bome dood kan nou beheer word. Beheer die volgende peste met kristaltegnologie:

Blaaspootjies

Blaarvlekswam

Swamme op avokados

Figuur 1 www.proagri.co.za

Skakel Jan du Plessis by 082-4294055 of e-pos info@agrifrequencies.com vir meer inligting. Besoek ook www.agrifrequencies.com. ProAgri 233 – Julie / July 2019 33

Hulpbronbestuur

“H


Hulpbronbestuur

Akwaponika:

Bakterieë kan die wêreld red!

deur Annemarie Bremner, Kleinskuur Aquaponics

G

esond wees begin by gesond eet. Die sosiale media gons oor superkosse, oor allergieë wat moontlik deur gifstowwe veroorsaak kan word, oor diëte sonder stysel en suiker, oor die voordele en nadele van vleis en oor organiese produksie. In organiese produksie word die bakterieë in die grond aangemoedig om hulle werk te doen vir die voeding van plante. Die woord, bakterieë, laat dikwels mense se hare rys, want dit word omtrent altyd in ’n negatiewe sin gebruik, soos bakteriese infeksie; dis nou die deel van verkoue wat jou laat nies en proes. Onlangs was listeriose in die nuus en gereeld word van e.coli-vlakke gepraat. Dit het alles met bakterieë te doen. Mense sien bakterieë as kieme wat siekmaak. Huishoudelike ontsmettingsmiddels word bemark as middels wat bakterieë doodmaak en die bakterieë word uitgebeeld as nare klein goggas wat nie kan wag om jou aan te val nie. Bakterieë word doodgespuit, doodgebrand of doodbelig. Dit is een van die wonderwerke van die natuur dat bakterieë nog ’n manier vind om te oorleef in die totale aanslag teen hulle. Elkeen van ons moet dankbaar wees daarvoor, want sonder bakterieë kan ons nie leef nie. Al die prosesse in die natuur sal gaan stilstaan sonder bakterieë. Daar sal geen kos geproduseer kan word nie en jou liggaam sal geen voedingstowwe kan opneem nie. In die HG Wells se boek, The War of the Worlds (1898), wat deur Orson Welles se radiodramavertolking in 1938 bekend gemaak is, is bakterieë darem die wenners. Geen oorlogsmasjiene kon die aanvallers van Mars stuit nie, maar gewone bakterieë, waarteen hulle geen weerstand gehad het nie, het hulle ondergekry.

Bakterieë hoef nie jou vyand te wees nie. In plaas daarvan dat bakterieë as internasionale lewensredders vereer is, het die aanslag teen hulle in felheid toegeneem na die Tweede Wêreldoorlog toe daar ’n afset gevind moes word vir die chemiese neweprodukte wat plofstoffabrieke opgelewer het. Daar is weggedoen met natuurlike bemestingstowwe en kunsmis is bemark as die enigste pad vorentoe. Dit was ook die begin van die era van chemiese beheer van onkruid en peste. Boere wat in ’n uiters mededingende mark ekonomies wil oorleef, het nie werklik veel van ’n keuse nie. Hulle gee kunsmis en hulle spuit, want die winsgrense is klein en aankopers verwag perfekte produkte. Meganisasie, outomatisasie, presisieboerdery, elektroniese ontledingskaarte

In tradisionele akwakultuur moet water dikwels vervang word om dit skoon te hou vir die visse, maar in akwaponika suiwer die plante die hele tyd die water en lewe die visse in vishemel. Foto: Kleinskuur Aquaponics 34

ProAgri 233 – Julie / July 2019 NAMPO

en satellietbeelde het landbou na die voorpunt van tegnologiese ontwikkeling geneem, maar dit alles kon nog nie daarin slaag om produksiepraktyke so te verander dat ons kos sonder chemiese ingryping verbou kan word nie. Met toenemende druk vir volhoubaarheid en gesondheid, het dit tyd geword vir nuwe denke en nuwe produksiemetodes wat op ekonomiese skaal uitgevoer kan word. Een van die metodes is akwaponika. Akwaponika is ’n produksiemetode wat ’n natuurlike rivierstelsel naboots met ’n balans tussen visse, plante en bakterieë. Akwaponika word baie keer verwar met tradisionele akwakultuur en hidroponika, want dit bevat elemente van altwee, met die groot verskil dat ’n bakteriestelsel die derde element vorm wat alles in harmonie laat saamwerk. Hier is die verskille en hoe dit werk: 1. Akwakultuur Akwakultuur is boerdery met vis, skulpdiere, plante, alge en enige ander organismes wat in water leef. Natuurlike seevisbronne word al hoe minder en visboerdery is besig om wêreldwyd dramatiese groei te toon. In Suid-Afrika is akwakultuur ook deur die regering aangewys as ’n sleutelontwikkelingsbedryf in landbou, maar dit groei baie stadiger as in die res van die wêreld. Die potensiaal vir groei is tans eindeloos. Een van die groot uitdagings vir visboere is watergebruik. In ’n tradisionele akwakultuurstelsel moet tot ’n derde van die water gereeld vervang word en alles moet skoon en steriel gehou word. ’n Verskeidenheid filters, ultravioletligte en ontsoutingsaanlegte word gebruik sodat die water kan hersirkuleer. In ’n akwaponiese stelsel moet jy baie van die tradisionele reëls vir akwakultuur by die deur uitgooi. Geen water word ooit weggegooi nie en skielik is bakterieë jou beste vriende! 2. Hidroponika Hidroponika is die verbouing van plante sonder om grond te gebruik. Voeding van plante geskied deur die toediening van groeimengsels en chemiese voedingstowwe. Dit is gewoonlik ’n enkelgewasstelsel omdat die voedingstowwe spesifiek vir een plantsoort op ’n slag gemeng word. Van die waterstelsels wat gebruik word, is drupbesproeiing, geutstelsels soos NFT (Nutrient Film Technique), dryfstelsels soos DWC (Deep Water Culture), AeroPonics en gruisbedekkings. Hidroponika geskied meesal in beskutte omstandighede, soos tonnels en nethuise met grade van klimaatbewww.proagri.co.za


nitriete is, begin hierdie bakterieë groei en verander die nitriete in nitrate (NO³); die voedingstof wat plante nodig het. Te veel ammoniak en nitriete in die water maak visse dood! Dit is noodsaaklik vir die visse dat hierdie bakterieë hulle werk moet doen. In tradisionele hidroponika word chemiese voedingstowwe gemeng en gebruik om die plante te laat groei. In akwaponika sorg die visse vir die voedingstowwe. heer. Dit is intensief, benodig heelwat aanvangskapitaal, maar lewer baie meer produksie per vierkante meter as tradisionele stelsels. In ’n tradisionele hidroponiese stelsel moet alles steriel en skoon gehou word. Nog ’n uitdaging vir hidroponiese boere is watergebruik. As die water deur die stelsel gevloei het, moet dit weggegooi of heeltemal gesuiwer word, anders kan sekere voedingstowwe opbou tot gevaarlike vlakke vir die plante. Die water kan ook skadelike patogene bevat. So, skoon water en nuwe kunsmismengsels is telkens nodig. In ’n akwaponiese stelsel moet jy ook baie van die tradisionele reëls van hidroponika by die deur uitgooi. Dieselfde water sirkuleer die hele tyd deur die stelsel en ook hier is bakterieë van jou beste vriende!

3.2 Denitrifikasiestelsel: Dis die omgekeerde proses waar nitrate omgeskakel word in stikstofgas en alkaliese toestande veroorsaak. Dit gebeur gewoonlik wanneer anaerobiese bakterieë oorneem. Dit is skadelike bakterieë wat kan ontstaan as ’n stelsel nie in balans is of reg opgestel is met voldoende watervloei nie.

Mikrobes: Daar is nog baie ander vorms van mikrolewe wat ʼn rol speel om balans in die natuur te behou en in ’n akwaponiese stelsel nooi ons hulle in. Die organismes sluit in alge, soöplankton, fitoplankton, nematodes en nog vele ander. Dit is die prag van akwaponika – dit is ’n natuurlike ekostelsel met ’n verskeidenheid van biologiese materiaal wat in die natuur voorkom. Uiteindelik dra al die elemente by tot die voeding van die plante. Die mikrobes in ’n akwaponiese stelsel is ook nie beperk tot ’n sekere plek of tenk nie – hulle werk deur die hele stelsel en vele studies het al bewys hulle maak jou nie siek nie.

3.3 Heterotrofiese bakteriestelsel: Dit is die afbreek van soliede organiese materiaal, soos visontlasting en onge-

In ’n akwaponiese stelsel LEWE die water!

3. Bakterieë en ander mikrobes Daar is drie bakteriestelsels of -prosesse om van kennis te neem: 3.1 Nitrifikasiestelsel: Dit is die omskakeling van die ammoniak wat deur die visse uitgeasem word in bruikbare nitrate. Twee tipes bakterieë is altyd aan die werk in die natuur wanneer daar ammoniak (NH³) teenwoordig is. Hoe meer ammoniak daar is, hoe meer word die bakterieë. Nitrosamines bakterieë: Dit verander die ammonium in nitriete (NO²). Nitrobakterie bakterieë: Sodra daar

bruikte viskos, om koolstofdioksied, ammoniak en anorganiese stowwe vry te laat. Die water wat agterbly nadat die soliede stowwe opgelos is of uitgehaal is, is uiters mineraalryk en goed vir die plante. Mineralisering is ’n belangrike deel van die akwaponiese proses.

Die artikel het oorspronklik op www.kragdag.co.za verskyn.

Wanneer ’n akwaponiese stelsel in balans is, is die plante ook gesond en vol voedingskrag. Foto: Kleinskuur Aquaponics.

Jy kan ook leer hoe om gesonde kos te verbou vir jou gesin of kommersieel vir ’n gesonde inkomste. Op 31 Augustus 2019 bied Kleinskuur Aquaponics naby Pretoria ’n kursus aan waar jy al die nodige agtergrond en inligting kan kry oor akwaponika. Bespreek by sales@ksba.co.za of besoek www.ksba.co.za vir meer inligting.

Kleinskuur Aquaponics se kommersiële stelsel is ideaal vir boere wat wil diversifiseer. LEER HOE! Produksie: 4 ton tilapia-vis per maand 50 000 plante, soos slaai, spinasie en kruie in die dryfstelsel 4 000 plante, soos tamaties, komkommers en soetrissies in die gruisstelsel Gebruik net 75 m X 65 m Kleiner stelsels ook beskikbaar

Kursus op 31 Augustus 2019 by Kleinskuur Boerdery Aquaponics, net oos van Pretoria. R1 300 per persoon. Spesiale afslagprys vir ProAgri-lesers: R1 200. Stuur ‘n e-pos na sales@ksba.co.za en sê jy het die advertensie in ProAgri gesien.

www.proagri.co.za

ww.ksba.co.za

/

colin@ksba.co.za

/

071-412-4207 ProAgri 233 – Julie / July 2019 35


Gelisensieërde Groothandelaars in Brandstofverspreiding

HOOFKANTOOR 082-323-0695 winkelhaak@mweb.co.za nico@winkelhaak.co.za

www.winkelhaak.co.za

36

ProAgri 233 – Julie / July 2019 NAMPO

www.proagri.co.za


ater gaan in die toekoms een van ons grootste uitdagings wees. Die Nasionale Waterwet bepaal dat water in Suid-Afrika ’n nasionale hulpbron is wat aan geen persoon of instansie behoort nie. Die gebruik daarvan, selfs op jou eie eiendom, kan dus slegs deur vergunning geskied. Waar waterdienste deur munisipaliteite of ander diensverskaffers behartig word, word die vergunning aan hulle toegestaan, maar waar water regstreeks deur ’n persoon of grondeienaar gebruik word, is dit hierdie verbruiker se verantwoordelikheid om vergunning te bekom. Artikel 21 van die Wet omskryf elf watergebruike wat te make het met die neem, berging, uitstorting, besoedeling, versteuring en ontspanningsgebruik daarvan. Dit beteken dat enige pomp of uitleiding van water uit damme, riviere en boorgate, die oprig van damme en reservoirs, die uitstorting van afvalwater, of die versteuring van riviere en vleilande, gereken word as watergebruik. Artikel 22 maak voorsiening vir maniere waarop vergunning bekom kan word: • Watergebruik in terme van Skedule 1: Dit beteken gebruik vir redelike huishoudelike doeleindes, mits dit nie gekoppel is aan kommersiële bedrywighede nie. Sodanige gebruik is wettig en geen verdere aansoek is nodig nie. • Voortsetting van ’n Bestaande Wettige Watergebruik: Dit beteken dat water wettig gebruik kan word indien dit in

www.proagri.co.za

Water: Is jy wettig?

die twee jaar voor inwerkstelling van die Waterwet geskied het, en wettig was. Dit sluit in toekennings in terme van vorige wetgewing, waterhoftoekennings, inlystings in skemas en besproeiingsrade en geldige serwituutbepalings. • Watergebruik in terme van ’n Algemene Vergunning: Die Wet maak voorsiening vir die onttrekking, berging, uitstorting en ander gebruike van sekere volumes en onder sekere omstandighede in spesifieke opvanggebiede. Om dit te bepaal, moet die gebruik vir die spesifieke gebied nagegaan word en indien ’n Algemene Vergunning van toepassing is, moet dit geregistreer word. • Indien ’n gebruik nie gemagtig kan word in terme van die bogemelde

metodes nie, moet aansoek om ’n waterlisensie gedoen word. Dit behels ondersoeke na die aard van die gebruik, die gebied en die regmatige gebruik van ander partye. Die registrasieveldtog wat in 1999 van stapel laat loop is, het gelei tot die uitreik van registrasiesertifikate, waarvolgens watergebruike erken is, hetsy of die gebruik wettig, onwettig, onder- of oorgeregistreer was. So ’n sertifikaat is nie ’n wettiging van watergebruik nie, totdat die wetlikheid en omvang van die gebruike bevestig word. Vir hulp met jou watergebruik, kontak gerus vir AquaEco. English article at www.proagri.co.za / www.agri4all.com

ProAgri 233 – Julie / July 2019 37

Hulpbronbestuur

W


Vee en Wild

Merinoboer:

deur Benine Ackermann

100% lampersentasie met presisieboerdery ’n

Skaapboer se sukses hang af van die aantal ooie in verhouding tot die aantal lammers wat bemark word. ’n Boer veg alreeds teen die droogte, ongediertes en misdaad, daarom kan hy nie bekostig om nie ’n 100% lampersentasie te hê nie. “Soveel lammers word verloor tydens die geboorteproses en deur ooie wat lammers weggooi, want merino-ooie is geneig om hulle lammers te los veral as dit net effens droog is en dit is nou al ’n lang ruk droog by ons,” sê Jannie Lotz, merinoboer van die plaas Tevredenheid buite Hopetown. Hy het nou ’n 100% lampersentasie te danke aan die presisieboerdery-stelsel wat hy self beplan het sodat sy ooie nie die lammers weggooi nie, want hy kon nie meer die verliese hanteer nie. Voordat hy die stelsel gebruik het, het hy baie lammers verloor. Jannie sê: “Die eerste vyf dae na ’n lam se geboorte is ’n kritieke tyd van sy oorlewing en met die konsep het ek eers agtergekom hoeveel foute kan insluip waarvan die omvang groot verliese kan meebring, soos ooie se spene is toe, die ooi het net te min melk, ooi lam swaar of kan vassit of party lammers is net te dom om te begin drink.” Dit is hoekom hy met die konsep begin het om vir die vyf volle dae beheer oor sy ooie en lammers te neem om elke lam wat gebore word later te kan bemark. Na vyf dae is die lam sterk genoeg om saam met die ooi te loop. Daar word ook net vir 35 dae ramme by ooie gesit om die lamtydperk so kort as moontlik te hou.

Jannie se stelsel werk só: Hy het een van sy kampe in nege dele van ongeveer 8 hektaar en vier dele van ongeveer 2 hektaar verdeel. Elke

kampie het sy eie water. Drie dae voor lamtyd verdeel hy sy ooie tussen die nege groter kampe. “Elke dag word kamp een tot nege se ooie afsonderlik bymekaargemaak en gemoniteer. Elke kamp se ooie wat op dag 1 gelam het, word met hulle lammers na kamp 10 verplaas. “As kamp een twee ooie, kamp vier drie ooie en kamp sewe een ooi het wat gelam het, sal daar op dag een sewe ooie na kamp tien verplaas word,” sê Jannie. Op dag 2 word die proses herhaal en word kampe een tot nege weer nagegaan en die ooi wat gelam het, word na kamp 11 verplaas. Kamp tien se ooie met lammers word ook gemoniteer om seker te maak die lammers kry genoeg melk. Op dag 3 word kamp een tot nege se ooie wat gelam het na kamp 12 verplaas. Kamp 10 en 11 word ook dan weer gemoniteer om seker te maak die lammers in die kampe drink genoeg. Dag 4 se ooie wat gelam het, word na kamp 13 geplaas en die vordering van kamp 10, 11 en 12 se lammers word weer nagegaan. Op dag 5 is die ooie met lammers in kamp 10 al vyf dae bymekaar en dan word hulle verplaas na ’n groter

aangrensende kamp wat geëlektrifiseer is om die skape binne en die roofdiere buite te hou. “Nou is daardie lammers sterk genoeg en hulle kan heeltyd saam met die ooi loop. Hulle kans op oorlewing is baie goed,” sê hy. “So word die ooie in die stelsel ook minder.” Nuwe ooie met lammers word op dag 5 in die plek van die uitgejaagde ooie in kamp 10 gesit en so herhaal die proses homself tot al die ooie gelam het. “Geen voer is met die stelsel nodig nie, want die stelsel word net een keer per jaar na die reënseisoen gebruik en die hele lamproses geskied natuurlik. Indien ’n boer twee lamseisoene het, moet daar verkieslik twee sulke stelsels op die been gebring word om ooie doeltreffend te laat lam sonder enige voeruitgawes,” voeg Jannie by. Hy noem ook dat ooie wat tweelinge lam dadelik huis toe geneem word, in ’n ander kamp geplaas word en voer kry. Jannie hou elke dag op sy rekenaar rekord van die aantal lammers wat aankom en in sy stelsel geskuif word. “Met die stelsel behaal ek baie goeie sukses en verloor ek net ’n lam as hy doodgebore word,” sê hy.

Dit is hoe Jannie Lotz sy een stuk veld in 13 kampe verdeel het om sy merino-ooie en lammers te beheer vir ’n 100% lampersentasie. Die ooie word verdeel in die eerste nege kampe en sodra die lammetjies bykom word die lam en die ooi na kampe 10 tot 13 geneem todat die lam sterk genoeg is om saam met die ooi te loop.

38

ProAgri 233 – Julie / July 2019

5 000 l watertenk

2,7 m hek

krippe

1,2 m hek

www.

.com


Agri4all

www.

.com

ProAgri 233 – Julie / July 2019

39


Agri4all 40

ProAgri 233 – Julie / July 2019

www.

.com


Agri4all

www.

.com

ProAgri 233 – Julie / July 2019

41


Agri4all 42

ProAgri 233 – Julie / July 2019

www.

.com


Agri4all

www.

.com

ProAgri 233 – Julie / July 2019

43


Agri4all 44

ProAgri 233 – Julie / July 2019

www.

.com


Agri4all

www.

.com

ProAgri 233 – Julie / July 2019

45


Agri4all 46

ProAgri 233 – Julie / July 2019

www.

.com


Agri4all

-

www.

.com

ProAgri 233 – Julie / July 2019

47


Agri4all 48

ProAgri 233 – Julie / July 2019

www.

.com


Agri4all

www.

.com

ProAgri 233 – Julie / July 2019

49


Agri4all

DIE VOLGENDE VLAK VAN VEELDOELIGHEID MAAK JOU LASTE LIG

TF42.7 - 100 -

Rowweterrein-teleskopiesehanteerder 4 200 kg laaikapasiteit 7,1 m maksimum optelhoogte 40 km/uur padspoed Hidrouliese transmissie 74 kW Kubota turbo-enjin (Tier 3) 405/70-24” bande

MF40.7T - CS -

Multifarmer, teleskopiese trekker 4 000 kg laaikapasiteit 6,8 m maksimum optelhoogte Standaard 3-punt hyser (Cat.3) Standaard PTO en trekstang 40 km/uur padspoed 115 kW Interim-enjin (Tier 4)

P40.17EE -

Alle terrein teleskopiesehanteerder 4 000 kg laaikapasiteit 16,7 m maksimum optelhoogte 40 km/uur padspoed Hidrouliese transmissie 75 kW Kubota turbo-enjin (Tier 3) 405/70-24” 14PR bande

Tel: 014 597 1010 Faks: 086 531 4796 sales@forkliftsnw.co.za shawn@forkliftsnw.co.za

50

ProAgri 233 – Julie / July 2019

www.

.com


Agri4all

www.

.com

ProAgri 233 – Julie / July 2019

51


Agri4all 52

ProAgri 233 – Julie / July 2019

www.

.com


Agri4all

www.

.com

ProAgri 233 – Julie / July 2019

53


Agri4all 54

ProAgri 233 – Julie / July 2019

www.

.com


Agri4all

www.

.com

ProAgri 233 – Julie / July 2019

55


Agri4all 56

ProAgri 233 – Julie / July 2019

www.

.com


Agri4all

www.

.com

ProAgri 233 – Julie / July 2019

57


Agri4all 58

ProAgri 233 – Julie / July 2019

www.

.com


ROLEGTAND/ ROTARY HOE

Rolegtand/ Rotary Hoe * Complete Implement: * Beams: Solid or Hydraulic Foldable: 3meter to 16meter * Roller Sizes Available: 250 mm - 400 mm

WINDROLLERS

Windkeer * Complete Implement: * Beams: Solid or Hydraulic foldable: 3 meter to 16 meter * Roller Sizes Available: 300 mm - 600 mm

Agri4all

Dis Hoe ons Rol!

VEELSYDIGHEID/VERSATILITY

Custom Made Designs

Like ons ook op facebook/rippertillage

Bestel betyds jou Rolegtand/Windroller by Christine 082-773-9297

www.

.com

ProAgri 233 – Julie / July 2019

59


Agri4all 60

ProAgri 233 – Julie / July 2019

www.

.com


Agri4all

www.

.com

ProAgri 233 – Julie / July 2019

61


Agri4all

ProAgri

Dinamiese landboujoernalis gesoek ProAgri Media is op soek na ‘n flink junior joernalis wat oor die volgende eienskappe beskik: • Kennis van die landboubedryf • Uitstekende skryfvermoë in Afrikaans en Engels • Vermoë om onderhoude te doen en kort videos op te neem • Grondige kennis van die gebruik van digitale media • Vermoë om vinnig en op eie stoom te werk • Geldige voertuiglisensie en eie vervoer • Bereid om op kort kennisgewing te reis • Verkieslik twee jaar ondervinding as landboujoernalis • Toepaslike diploma of graad is ‘n aanbeveling • Gretigheid om te groei en ontwikkel en nuwe projekte deur te voer • Salaris is aanpasbaar volgens die waardetoevoeging tot ProAgri

Stuur ‘n kort lewenskets na engela@proagri.co.za en skryf vir ons waarom jy spesifiek by ProAgri wil werk. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Julie.

www.

TheSunPays co.za Solar panels

R569

from per Watt

100L Low pressure solar geyser from

R3 290

200 Ah Amp Auxiliary tank AGM included. Gel batteries

R4 595

12/24V 12 2/ Submersible pump,

5kVA / 4kW 80 Ah Amp mp p 48V MPPT inverter from @

R8 795

from R395 can can n wo work r from 1 or 2 x 280Watt rk panels, (± 1500l/h @ 8.5m)

082-515-1655 / 012-734-0915 shop.thesunpays.co.za

No installa on included

All prices include VAT / Free delivery 100 km from Cullinan /

Full prices and specs on website

DAMVOERINGS en SEILE

DAM LINERS & TARPS

Silage Covers / Kuilvoer Seile

Jasper Hewitt Cell: 082-773-7544 Email: jasper@rotrixafrica.co.za Andries Bothma Cell: 079-959-3356 Tel: 023-342-3438 Email: sales@rotixafrica.co.za

Earth Dam Liners / Gronddamvoerings

Gauteng Tobie van den Heever Cell: 082 658 6054. Tel: +27(0)12-736-2121/2103/2323 tobie@iunlimited.co.za

Reservoir Liners / Reservoir voerings

Welded Mesh Dams / Maasdraad Damme

www.rotrixafrica.co.za 62

ProAgri 233 – Julie / July 2019

Kantoor: 072-562-2658

Chicken Run Curtains / Hoenderhok gordyne

www.rainbowtarps.co.za

www.

.com


Agri4all

www.

.com

ProAgri 233 – Julie / July 2019

63


Agri4all

Above is our Wright Ride on Mower, Ritlee 750 Industrial walk behind lawnmower, Ritlee slashers and mulchers, Ritlee wood shaver to make soft animal bedding, and the Ritlee 225 wood chipper also available in PTO, electric, diesel and petrol.

Join us at NAMPO 2019, Stand no E27A and B

MEGANISASIEGIDS 2019

DIE GIDS BEVAT INLIGTING SOOS: • 31 trekker kW klasse van 30 kW tot meer as 400 kW • Werkstempo en brandstofverbruik • Koste per uur of per hektaar • Koste van selfaangedrewe stropers, spuite & kuilvoerkerwers • Voorbeeld om koste van hooimaak en kuilvoer te bereken • Voorbeeld van Meganisasie-beplanning

PRYS R350 Posgeld

uitgesluit

KONTAK KOOS LE ROUX BY koosleroux@live.co.za OF SKAKEL 082-828-9531 64

ProAgri 233 – Julie / July 2019

www.

.com


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
ProAgri 233 by ProAgri - Issuu