Februarie 2021
HIER word stories gebou
Sand-Free Multimat Groundsheet Straight: Sizes: 1.5 x 1.5m 1.5 x 4.0m 3.0 x 3.6m 3.0 x 4.5m 3.0 x 5.4m 3.0 x 6.5m 3.0 x 7.5m Reversible: Green one side Grey other side
L-Shape: Sizes: 3m
3m 1.5m
5m
3.5m
2m 3.5m 1.5m
3m
3m
5m
3.5m
5m
2m
4x4
2m
Large
2m
Medium
6.5m
5m
Reversible: Grey Only
Visit our website for a variety of sand-free beach products available CGEAR Africa
cgear_africa
CGEAR Sand-Free Mul mat CGEAR Mul mat was originally designed as a deployable helimat to eliminate dirt, dust and debris from being kicked up by the helicopters rotors when landing. The product was so successful that we applied it to camping. The Mul mat is constructed with interna onally patented mul -layered kni ed technology. Using our technology, it allows sand and dirt to simply fall through the mat, returning to the ground underneath and not coming back up through the mat. Product Capabili es (Benefits)
Sand and dirt fall readily through the mat Lightweight, easy to setup & pack away Reversible – green on one side and grey on the other Can be used as a shade mat (Provides 90%+ UV protec on) Or as a windbreak mat for screening Liquid spills (drinks, etc.) go through the mat Easy to wipe clean or hose down Perfect for use under camp furniture Non-absorbent and will not rot or mold More environmentally friendly on the grass underneath the mat than tarpaulins Comes with its own drawstring carry bag
Technical Specifica ons UV Protec on for 10 years Mul layered Reinforced edges Rip stop technology, so any holes or tears do not increase in size Impervious to petro chemical spills Mul ple stainless steel triangle rings to peg the Mul mat down approximately every meter Hand made in SA under patent agreement
CGEAR Africa
cgear_africa
Sleep, of ry beter met nuwe tegnologie Alle nuwe voertuie word deesdae gedryf deur elektronika wat kommunikeer met verskillende parte deur seine te stuur vanaf ‘n spesifieke sensor na ‘n mikroskyfie, waarna ‘n blikbrein dit analiseer. Jou voertuig se versneller is geensins anders, en deur middel van ‘n “Sport” of “Eco” modus op jou fabriek standaard voertuig te selekteer, kan die voertuig ‘n geheel ander persoonlikheid ontwikkel. Indien jou voertuig standaard een van hierdie wonder knoppies het, weet jy dat wanneer jy hierdie opsie selekteer, dit ‘n nuwe lewe in jou alledaagse enjin blaas. Waarheid is, dat dieselfde hoeveel perde onder die kap beskikbaar is, maar slegs baie vroeër inskop. Hoe is dit moontlik, my voertuig voel dan soveel anders, vra jy? “Sport mode” vereenvoudig Om dit eenvoudig te verduidelik, is dat deur middel van elektroniese seine, die voertuig se versneller pedaal ‘n sein stuur wat vertel dat die voertuig vinniger moet reageer. Waar jy gewoonlik jou pedaal 60% moes intrap om ‘n goeie versnelling te kry, hoef jy nou slegs 30% te trap om dieselfde werkverrigting te bewerkstellig. Met turbo aangedrewe enjins, maak dit die turbo vinniger omspoel, en dus vat dit baie van
die turbo flouheid weg waarmee meeste van hierdie voertuie sukkel, en laat die toere vinniger klim. In gewoon geaspireerde voertuie, het dit ook dieselfde uitwerking om die toere vinniger te laat klim, en versnelling vinniger te laat plaasvind. Hierdie versterkte sein vanaf die elektroniese sensor, is dan ook hoekom jy dan weer met behulp van hierdie knoppie, jou voertuig na normaal kan laat terugkeer, selfs in die ry. “Eco mode” Soortgelyk aan die ‘Sport mode’ wat die voertuig vinniger laat versnel, vertraag die ‘Eco mode’ die versnelling, en verleen hulp om brandstof te bespaar deur die versneller te flous op dieselfde konsep as bo genoem. Dit sal ook hulp verleen met 4x4 voertuie wat dalk by tye stadiger versnelling verlang in moeilike hindernisse.
Footprint Performance verskaf ‘n eenheid, die Windbooster, wat dit nou moontlik maak om op enige voertuig wat ‘n elektroniese pedaal gebruik hierdie funksionaliteit te kan installeer. Dit maak die pret selfs meer deurdat jy nou nie net ‘n Sport, of Eco mode het soos in sommige standaard voertuie, maar vanaf 30 verskillende verstellings op die standaard model, en 50 op die luukse model beskikbaar om te verstel soos dit jou bestuurstyl, of situasie pas. Jy kan besluit of jy in die ‘Sport-mode’ wil ry wanneer jy sleep, ‘Racemode’ wanneer jy al die krane wil oopdraai, of dalk die meer ekonomiese verstelling verkies om brandstof te bespaar. Daar is selfs ‘n funksie wat jy op die eenheid kan verstel vir outomatiese of handrat voertuig optomisering. Die voertuig kan ook teruggestel word na normaal, en hoef nie heeltyd in een van hierdie modusse te funksioneer. Die eenheid is geskik vir diesel, of petrol voertuie met ‘n elektroniese versneller en kan saam met jou ‘Sport’ of ‘Eco’ funksie gebruik word indien die voertuig standaard daarmee uitkom. Dit bied slegs meer opsies vir hierdie tipe funksionaliteit as jy die Windbooster byvoeg. Om die vorige verduideliking te illustreer, is hierdie grafiek wat die vergelyking wys tussen ‘n gewone voertuig versnelling, en die modusse wat beskikbaar is op die Windbooster.
Die groot voordeel van die Windbooster is dat jy nie ’n graad in elektroniese ingenieurswese nodig het om dit te kan installeer nie. Dit is regtig ’n geval van prop-inen-speel. Die Windbooster vir jou kar of bakkie kom met die korrekte proppe vir die spesifieke voertuig en jy prop net in. Dit word geïnstalleer tussen die versnellerpedaalmodule en die standaard versneller sensor, en hoef nie gedoen te word deur ‘n werkswinkel.
Vir meer inligting gaan kyk gerus op www.footprintperformance.co.za/windbooster of kontak Jaco by info@footprintperformance.co.za vir ‘n lys van beskikbare voertuie.
CAMPING MADE EASY
https://bundutec.co.za
SnoMaster 60L Plastic
Fridge- Leisure outdoor series
D
ie Leisure reeks van Snomaster is spesiaal ontwerp om sterk en kompak genoeg te wees om enige buitelewe avontuur aan te pak. Of jy gaan kamp en of jy die wildste 4x4 roete wil aanpak, sal hierdie Snomaster 60l jou vleisie vars hou… en jou ys gevries! Die yskas se tempratuur het
gewissel tuusen -17⁰C tot 10⁰C. Nadat ek en Rikus (aka my pa…) vele lekker kampe aangepak het met die Snomaster, kan ons definitief hierdie yskas vir enige iemand aanbeveel. Die yskas is gemaak van baie sterk en duursame plastiek en weeg slegs 20kg, dus is die yskas ook heelwat ligter as die ander yskaste op die mark. Die yskas het binne ‘n enkel kompartement en werk op ‘n 220/12V stelsel. Die yskas het C-Pentane insulasie en bavat ‘n verwyderbare deksel
vir maklike skoonmaak. Die deksel kan dan ook gemaklik gepas word aan weerskante van die yskas om maklike toegang tot die inhoud te verseker. Na die toets van vele yskaste stem ons saam en kan met trots sê dat die SnoMaster 60L Plastic Fridge ‘n uitstekende koop is en waarde vir geld bied. #icecold anywhere
Forever
en vir altyd Mpumalanga
Badplaas A Forever Resort
Forever Hotel @ Badplaas
Rex’s Ranch A Forever Retreat
Amanzi Mountain Reserve, A Forever Lodge
Waterfall A Forever Lodge
Leopard’s Trail A Forever Retreat
Loskopdam A Forever Resort
Isiyala Game Lodge A Forever Lodge
Matombu A Forever Lodge
Silverfalls A Forever Retreat
Forever Hotel @ White River
Blyde Canyon A Forever Resort
Lapa Lodge A Forever Lodge
Warmbaths A Forever Resort
limpopo
Swadini A Forever Resort
Phalaborwa Safari Park
A Forever Resort
gauteng
Forever Hotel @ Centurion
Tshipise A Forever Resort
Ramoswe A Forever Lodge
wes-Kaap
VRYSTAAT
Plettenberg, A Forever Resort
Gariep, A Forever Resort
TEL: +27 (0)12 423 5600 EPOS: info@foreversa.co.za WEBTUISTE: www.foreversa.co.za
Richardsbaai Karavaanpark
TIPE AKKOMODASIE: NAASTE DORP: STREEK: PROVINSIE: GPS: OMGEWING: Kamp staanplekke Troeteldiervriendelik Visvang Swemplek Toeganklikheid Krag
Kampplek Richardsbaai 5km Zululand Kwazulu-Natal S 28.7904 E 32.10118 Kus 263 Ja – met vooraf reeling asb Ja - see Kouewater swembad & see Teerpad Ja
BESKRYWING: Richardsbaai Karavaanpark het ‘n 4 ster gradering en is geleë aan die idilliese subtropiese kus van Kwazulu-Natal. Die kampterrein is langs die warm waters van die Indiese Oseaan geleë en het direkte toegang tot die strand. Alkantstrand met sy Blouvlagstatus is ook slegs 1km vanaf die kampterrein. Richardsbaai Karavaanpark is ‘n gewilde bestemming dwarsdeur die jaar. Die skaduryke kampterrein is ‘n absolute voëlparadys en bied ‘n wonderlike keuse vir ‘n kamp-vakansie. Daar is sowat 263 ruim kampplekke beskikbaar met elektrisiteit en lopende water. Van die staanplekke is in privaat areas in die bos. Die oord se
ablusiegeriewe is netjies en word 24 uur per dag gediens. Daar is baie om te doen by Richardsbaai Karavaanpark – kom besoek die kiosk, kuier by die swembad, speelpark, trampoliens, buitelugskaak, tafeltennis en speletjieskamer. As jy lus is vir ‘n daguitstappie, kan jy die Groot Vyf in die Hluhluwe-Imfolozi wildtuin gaan kyk. Hierdie wildtuin is slegs 76km vanaf Richardsbaai Karavaanpark geleë. Doen gerus navraag oor die spesiale pakkette vir pensioenarisse. KONTAK: Die Bestuurder Tel: 035 753 1971
Baliesgat
TIPE AKKOMODASIE: NAASTE DORP: STREEK: PROVINSIE: GPS: OMGEWING: Kamp staanplekke Troeteldiervriendelik Visvang Swemplek Toeganklikheid Krag
Kampplek en Selfsorg Op-Die-Berg, Ceres, Citrusdal Sederberge Wes-Kaap S32 44.778 E19 17.541 Plaas, Rivier 4 Ja Ja - rivier Kouewater swembad, rivier Grondpad Ja
BESKRYWING: BaliesGat se kampterrein kan alleenlik met ‘n hoë grondvryhoogte voertuig bereik word. Hoef nie noodwending ‘n 4×4 te wees nie. Indien daar iets gesleep word verkieslik dan ‘n 4×4. Daar is geen elektrisiteit by BaliesGat nie. Vir ‘n natuurliefhebber en sterrekyker is dit die plek om te besoek. Hier is Boesmanstekeninge en ongelooflike rotsformasie. AANWYSINGS: N1 Van Ceres: Ry 80km op die R303. Draai Regs by Du Toit
Tandfontein Bordjie en ry 6km op die grondpad. Hou reguit aan by die BaliesGat Camping Site bordjie. Van Citrusdal: Ry 50km op die R303. Draai Links by Du Toit Tandfontein Bordjie (NIE die Onder Tandfontein Bordjie nie) en ry 6km op die grondpad. Hou reguit aan by die BaliesGat Camping Site bordjie. KONTAK: Yvonne Tel: 083 346 3994
Leeuwenboschfontein
TIPE AKKOMODASIE: NAASTE DORP: STREEK: PROVINSIE: GPS: OMGEWING:
Kampplekke Troeteldiervriendelik Visvang Swemplek Toeganklikheid Krag
Kamplek en Selfsorg Touwsrivier en Montagu Klein Karoo Kannaland Wes-Kaap 33° 34′ 00 / 19° 59′ 08 Plaas
19 Nee Ja - dam Kouewater swembad Grondpad Ja
BESKRYWING: Leeuwenboschfontein se kampterrein is geleë langs ‘n dam en onder heerlike wilgerbome vir skaduwee. Elke staanplek het water, elektrisiteit, ‘n ligpunt en ‘n werkstasie/tafel. ‘n Ruim skuur is beskikbaar vir geleenthede. Die skuur beskik oor ‘n groot vuurmaakplek, storte, toilette en ‘n kombuis. Fassiliteite sluit in warm water,
ablusiegeriewe, toilette, ‘n badkamer met ‘n bad en stort en ‘n kampkombuis. Vir gaste wat nie lus is vir kamp nie, is daar ‘n goeie verskeidenheid van 6 selfsorg eenhede om van te kies. AANWYSINGS: Leeuwenboschfontein is geleë tussen Worcester, Touwsriver en Montagu.
KONTAK: Die Bestuurder Tel: 082 577 7169 / 023 004 1307
Blinkwater Camping & Cottages
TIPE AKKOMODASIE: NAASTE DORP: STREEK: PROVINSIE: GPS: OMGEWING:
Kampplekke Troeteldiervriendelik Visvang Swemplek Toeganklikheid Krag
Kampplek & Selfsorg Citrusdal (10km) Sederberge Wes-Kaap -32.63089, 19.09981 Rivier
14 Ja – vooraf reeling asb Nee Kouewater swembad, rivier Grondpad Ja
BESKRYWING: Blinkwater Camping and Cottages is geleë op ‘n 25 hektaar landskap waardeur die Boontjiesriver rustig kronkel. Die 14 kampplekke is langs die rivier geleë. Elke kampplek het water, elektrisiteit en braaigeriewe. Die ablusie beskik oor 4 ruim badkamers met groot storte (ideaal vir mammas met kinders). Daar is ook 2 aparte toilette. Blinkwater Camping and Cottages kan met gemak ook groter groepe akkomodeer. Daar is ‘n boma/lapa area wat
ideaal is vir groter groepe om te kuier. Die lapa area is geskik vir verjaarsdae, familie reunies, werksfunksies ens. Onthaaldienste is ook beskikbaar en sluit in spitbraai, potjiekos, biefstuk etes, drank ens. AANWYSINGS: Blinkwater Camping and Cottages is sowat 10km vanaf Citrusdal op die R303 in die rigting van Ceres.
KONTAK: Wian van der Vyver Tel: 083 603 5500 of 022 - 921 2221.
De Drinken
TIPE AKKOMODASIE: NAASTE DORP: STREEK: PROVINSIE: GPS: OMGEWING: Kamp staanplekke Troeteldiervriendelik Visvang Swemplek Toeganklikheid Krag
Kampplek & Selfsorg Moorreesburg 62km Swartland Wes-Kaap Sien GPS kaart Plaas, rivier 4 Persone, maks 25 Ja – maar doen vooraf navraag asb Ja - rivier Rivier Grondpad Nee (kampplek) Ja - glanstente
BESKRYWING: De Drinken is ideaal vir die moeë reisiger wat in die buitelug wil kom ontspan, visvang, swem, voëls kyk, luister na die roep van die visarend of met kano/boot wil roei. Kom ontspan privaat met jou eie tent en troeteldier in die Klein Lapa (sonder elektrisiteit) of maak gebruik van die De Drinken toegeruste tente wat op platforms staan. Elke platform het sy eie kombuis, toilet en stortgeriewe. Hierdie tente is toegerus met elektrisiteit. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat as jy in een van die De Drinken tente kom bly nie.
AANWYSINGS: Vanaf Kaapstad: Draai regs op die Gouda pad. Hou verby die Bridgetown Afdraai. Die teerpad word ‘n grondpad vir ongeveer 4.8km. Draai links by J.J.A. Bester, Drieheuwels naambord. Meld aan by die Plaashuis asb. KONTAK: Henrietta Bester Tel: 082 894 8512
Met die eerste oogopslag kan jy sien dat die 444 ontwerp is om 'n voertuiguitleg te kan hanteer. Sy lang smal vorm gly mooi langs 'n yskas of op die vloer agter die voorste sitplekke in. Daar is maklike toegang tot die kragpunte sonder om jou hele motor uit te pak. Die enigste punt aan die agterkant, is die standaard 12V sigaretuitlaat, wat jou yskasdrade van die res van die ander punte weghou. Selfs die punte aan die voorkant maak dit maklik om van voertuiglaaier na sonkrag te ruil as jy vir 'n lang periode kamp opslaan. Ek het gevind dat die Lithium444 die naweek vir my oorgenoeg krag kon voorsien.
Wat die gebruik van die 444 betref, werk alles presies soos ek dit sou verwag het. Jy skakel dit eenvoudig aan en druk alles wat krag benodig by die toestel in. Daar is geen moeilike knoppies oor hoe om dit te gebruik nie. Daar is slegs 'n ry blou LED-liggies wat 'n eenvoudige weergawe gee van die oorblywende batterylewe. Die agt proppe aan die voorkant bevat drie 110V- en drie USBpoorte, wat jou in staat stel om feitlik enigiets in te prop.
Nadat ek die Flexopower Lithium444 begin gebruik het, is ek regtig beïndruk. Hulle het nêrens afgeskeep nie, maar dit eenvoudig en so effektief moontlik gehou. As jy op soek is na 'n eenvoudige eenheid wat ontwerp is om die behoefte aan 'n dubbele batterystelsel te vervang, dan is die 444 'n uitstekende keuse.
Gewig: 5.5kg Groote(LBH): 30 x 13 x 18 cm Ekstras: 1 x AC herlaai kabel 1 x Car 12V herlaai kabel 1 x Sonpaneel kabel met Anderson grys aansluiting
ONS KAMP KRAG WORD MOONTLIK GEMAAK DEUR FLEXOPOWER SE MOJAVE 220W SONPANEEL
Our Seatcovers are made using a synthetic fabric which is incredibly tough, 100% waterproof and extremely comfortable to sit on. A range of colours is available to suit most modern design trends.
www.takla.co.za
Leeuloop in Botswana “Pa, kom gou! Leeu!” Hardus: “Waar?” Jaco: “Agter die bakkie!”
Ons gaan die grens oor by McCarthys Rest. By die grenspos word al die formaliteite afgehandel. Eers besluit hulle ons tamaties moet uit, maar dan gee hulle toe en dit mag saam. Vol nonsens! By Tsabong neem ons brandstof in en besoek ‘n winkel vir ‘n paar benodigdhede en dan is ons op pad na die park. Die pad is skaflik totdat ons die sand tref en daarvandaan is dit klippe kou, of moet ek sê sand sluk. Dis warm en die sand vreeslik dik en los. Ons beur voort, ent-ent is dit net genade wat die wiele aan die draai hou… totdat die Prado nou regtig vassteek. Die boswa wat rem help ook nou nie juis om die saak te verbeter nie.
Die Mabuasehube-avontuur. 30 Okt tot 3 Nov 2014 Die soektog na die koning van die diere (Leeus)
Oppad na Mabuasehube 30 Oktober
Dis Donderdagmôre dou voor dag toe ons uit Kathu vertrek na Mabuasehube in Botswana. Ons ry met die teerpad, maar heel gou is ons op ‘n skurwe grondpad en voel ons die stem van die wildernis roep. Ons stop om bande af te blaas vir die skurwe grondpad.
Woorde & Foto’s :
Jaco sien ons dilemma en kom kyk. Hy besluit om sy boswa af te haak en ons uit te sleep. So gesê, so gedaan. Die sand is so warm dat dit ‘n stryd is om staande te bly, maar sonder te veel moeite is ons uit en daar kry Jakkals die eretitel van “Official Recovery Vehicle for Prados”. Ons motor het sowaar gebloos, maar daar gaan ons toe darem weer en dit sonder enige verdere verleentheid vir bestuuder of voertuig. By die die ingangshek na die park kry ons die nodige formaliteite agter die rug en vat die “hop-along” pad na ons betemming by Mpayathutlwa pan. Dit is nou 14h30 en snikheet. Tot ons teleurstelling is daar ander mense op ons plek. Hardus het eers gedink dat hy die staanpleknommers verkeerd gehad het en ry na die volgende staanplek, maar nee, dit was tog reg. Ons het intussen die mense geïdentifiseer as ons vriende van Bosveldsig. Ons gesels eers ‘n rukkie en verneem dat hulle vorige dag die leeus daar by die stortuitlaat by die staanplek gesien drink het en toe daar naby gaan lê het. Hulle slaan toe hulle tente af en verskuif na Mabuasehube pan waar hulle bespreek was. Ons het gemsbokke, springbokke, volstruise en steenbokkies langs die pad en in die pan gesien. Dis
baie droog in die Kalahari, want dis waar ons amptelik nou is. Teen laatmiddag staan ons kamp en ons is baie tevrede met die resultaat. Jaco se tent staan teen die A-raam, sodat dit deel vorm van hulle stoepie. Ons braai en ek en Cas was die skottelgoed, terwyl Hardus en Jaco gaan stort. Hulle ry met die bakkie vir veiligheid, maar eintlik terwille van die ligte. Dis nou ongeveer 20h00 en Jaco staan met die kollig en rondlig vir ogies, tewyl Hardus gaan stort. Meteens roep Jaco: “Pa, kom gou! Leeu!” Hardus: “Waar?” Jaco: “Agter die bakkie!” Hardus storm uit in sy geboortepakkie, swaai die handdoek soos ‘n huladanser rond en skree: “Hiert, hiert!” terwyl Jaco die kollig in die rondte draai dat dit soos ‘n vuurtoring se waarskuwingslig lyk. Hardus duik agter in die bakkie met sy nat bas, terwyl Jaco roep: “Oupa, Leeu!” Ons spring in die Prado en ry ook daarheen, en jou waarlik; ‘n yslike maanhaarleeu lê en water drink by die stort se uitlaat. Ons neem foto’s vir ‘n vale terwyl Hardus maar so stilstil agter in die bakkie sit met die handdoek oor hom om sy naaktheid te bedek. Agterna sou Jaco die hele petalje met kleur en geur aan ons oorvertel. Ons het gelê soos ons lag, maar hy het besluit om liewers vuil te gaan slaap aangesien die leeu besluit het om sommer sy lêplek vir die nag daar te maak. Ons gaan later terug woonwa toe en ons stort in die boswa, Cas eerste. Elke keer as ek die stortkraan oopdraai maak die pomp ‘n knorgeluid en dan brul die leeu. Ek maak die ‘logiese’ afleiding dat die leeu dink ek terg hom en besluit om nie te stort nie en vang net ‘n vinnige was en afspoel met die stort.
“Die leeu het die hele nag daar gelê en gebrul sodat al wat leef en beef daarvan moes kennis neem. Daar het later in die nag nog 2 of 3 leeus by hom aangesluit. Hardus en Jaco het hulle die hele nag gemonitor, maar ons het net gehoor as die spulletjie te erg gebrul het en ons uit ons slaap gewek het.” Daar het ook ander leeus uit die omgewing teruggebrul vir hulle. Die vuilbaarde het reg deur ons kamp gestap, tussen die woonwaens en die A-raam deur. Op een stadium het daar ook ‘n bruin hiëna kom water drink. Die volgende môre het net die groot leeuspore deur die kamp gewys waarlangs hulle geloop het. Dit was nou regtig ‘n nag om nooit te vergeet nie!
31 Oktober
Die manne ry uit en vind 3 leeus in die pan. Een van hulle was diselfde leeu wat die vorige aand by die water was. Hulle kon hom aan die hap in sy een oor herken. Volgens Jaco het hulle by nadere ondersoek gevind dat die ander twee tieners was, besig met lelike dinge. Hulle het skynbaar nog nie gehoor van die bevolkingsontploffing nie. Hulle sien
weer gemsbokke, een blouwildebees, springbokke, volstruise, een bruin hiëna en vroeër ook drie jakkalse by ‘n watergat. Die aand sien ons ‘n bont/bruin hiëna by die drinkplek by die kamp. Later die nag het daar weer ‘n leeu kom water drink, maar ons slaapkouse het hom nie gesien nie, net gehoor. Die leeus het weer die hele nag deur gebrul dat die aarde om ons sidder. Die volgende môre sou ons sien dat een se spoor teenaan die woonwa verbygaan, net langs die sonpaneel verby. Mensig, daardie groot poot sal ‘n mens darem hard klap!
1 November
Cas is vroeg op en sien twee groot leeus by die drinkplekkie. Hy roep en ons ander vlieg op om te kom kyk en kiek. Hulle is gou klaar gedrink en stap weg. Dis ‘n mannetjie en ‘n wyfie en Jaco herken hulle as die twee stoute tieners. Hulle stap net ‘n entjie weg en gaan lê in die gras. Hulle lawaai met mekaar en stap later ‘n entjie verder weg en gaan lê langs die pad, waar hulle die hele dag sou bly lê, al bakleiende en knorrende vir mekaar. Cas sien dat die yskas en vrieskas hulle temperatuur goed gehou het en besluit om die motor te koppel sodat die batterye kan laai voordat ons weer sou ry. Toe hy wil koffie maak, sien hy eers dat die krag nou af is in die woonwa. Hulle maak die kragkas oop en vind dat ‘n draad gebrand het wat hulle nie kan herstel nie. Ons is baie teleurgesteld want die hele opset het so fantasties goed gewerk. Vroeër het ‘n man met ‘n Amarok Jaco se sonkragliggie by die drinkplek stukkend gery. Die Vermeulens kom groet en maak hulle watertenk vol voordat hulle oor die duine na Nossob vertrek. Hulle sien die stukkende liggie en toe hulle hoor dis die Amarok-man, sê Connie dat dit Jan Coetzee is en sy adres is 820 Governmentlaan, Pretoria. Ons het baie gelag oor die eksakte kennis wat hy van die man gehad het Ons pak op en trek na die privaatkamp langs dieselfde pan. Nou het ons g’n stort, toilet of water nie, maar ons
kyk uit op die watergat. Heel gou vind ons egter uit dat die roofdiere nie hou van die vrot water in die watergat nie, so ons leeutande is getrek. Ons slaan tent op in die sweet van ons aangesig. Ons kry warm en toe word ons dors. Toe ons later uitry, sien ons volgens Jaco ook maar net kol-kol iets.
sien ons die mooiste twee voëls in ‘n boompie vlak by die pad, nie baie groot nie, dalk valkies. Ons het foto’s geneem en sal later probeer om hulle te identifiseer. Ons sien ook ‘n koedoe en vind ‘n mooi kampplek by Lesholoago, kompleet met rooi trekker en al. Die toilet is egter totaal horribaal!
Ons ry om die pan en vind weer die twee stoute tieners waar ons hulle die oggend gelaat het. Hulle lyk net moeër en maerder en lê nou binne-in die pad, op hulle rugge. Ons laat hulle in vrede en ry verder. By die watergat sien ons ‘n bruinhiëna. Lelik maar lieflik. Die natuur is so veelsydig!
Ons ry terug kamp toe en gaan maak ‘brunch’ waarna ons in die bed spring om warm te word, want mensig, dis koud. Dit het intussen ook begin reën.
Hardus en Jaco neem twee ‘Solar Champion Showers’, elk met 20l water na die storte waar ons vroeër was en maak hulle bo-aan die staander vas en daar het ons ‘n heelike warm stort, stukkende kragkabel of nie. Daar is ‘n klein openinkie in die paalomheining om die stort en ek is baie bang dat die nuwe bewoners van die plek dalk deur die openinkie mag loer. Van die kamp af sien ons ‘n rooihartbees in die pan stap. Ons sou hom die volgende môre weer daar sien. Ons maak potjie, maar die wind waai ons amper deurmekaar. Daardie nag klap die seile op die tent soos die Nuwelandskare as die Stormers tog ‘n slag ook ‘n drie druk. Dit het kort-kort ook ‘n bietjie gedrup, maar nooit juis gereën nie. Net die wind wat tekere gaan asof duisend duiwels hom jaag.
Vroeg-vroeg maak ons vuur om te braai, want die hout is nat. Hulle gebruik houtskool om die vuur te begin en sit dan dun stokkies bo-oor. Hardus en Jaco ry gou om te gaan kyk hoe die water blink op die klipbanke in die pan. Intussen sien ek en Cas hoedat drie bakkies op ‘n ry staan en kyk na iets aan die oorkant van die pan. Ons het nie ‘n verkyker nie en wonder waarna die mense so lank kyk. Later sien ons hoedat Jaco-hulle terugkom, maar dan ry hulle verby. Ons besluit om ook te gaan kyk, al is ons baie bang dat die vuur gaan uitbrand. Ons lus vir leeu-kyk wen en ons ry. Ons ry almal na die plek en sien net twee pronkende poue en volstruise, geen leeus! Toe ons by die kampplek terugkom, het die vuur heerlik gebrand, net reg om die stompe op te sit. Ons neem die pragtige sonsondergang na die reën af. Jaco en Hardus gaan gou toilet en stort toe. Die vrou wat daar kamp, kom met ‘n flits aan en vra wat hulle kom maak en of hulle nou gaan stort. Ons lag lekker oor soveel nuuskierigheid. Daarna het ons lekker gebraai, twak gepraat, bietjie in die dagboek geskryf en toe die mooi groot vuur bewonder, doodgegooi en gaan slaap, want dit was te koud vir kampvuur-sit.
2 November
Ons ry vroegoggend, en ek bedoel vroeg, 6h15 uit. Ons ry rondom Mayathutlwa en kry niks, net vir Jan Coetzee en toe weet ons waarom hy die lig stukkend gery het! Sy bril het net halwe lense en hy het duidelik deur die verkeerde plek gekyk. Toemaar Jan, ons is nie meer kwaad nie. Dan ry ons om Mabuasehube pan. Hier kry ons volstruise, een het in die droeë grond gesink want hy loop borshoogte in die sand, aldus Hardus. Natuurlik maar net die voël wat koud kry en vir hom ‘n diep nes geskrop om in te skuil. Hierna ry ons na Lesholoago pan en op pad daarheen
3 November
Die volgende oggend het ons 05h00 opgestaan en begin om ons kamp af te breek vir die terugtog. Gelukkig het die reën oornag gewyk en ons tente was droog. Die manne het flink gehelp solank ek binne reggepak het. Teen 7h30 het ons vertrek, maar weer oor die wippende paadjie. Om en by 09h00 het ons die park verlaat en die terugtog aangepak. Gelukkig het die reën die sand hard gemaak sodat die
voertuie sommer ligvoets oor die sand gedraf het. Aan die park se grens het ons gestop en eers geëet. Daarna was dit maar weer aanstoot.
By Tsabong het ons eers weer die winkel besoek vir koeldrankies en die spesiale stortseep waarna ek gesoek het. Teen 12h30 was ons by die grens. Dit het gelukkig nie te lank geneem nie en heel gou was ons weer op pad. Teen 15h00 was ons veilig tuis. Dit was ‘n heerlike wegbreek geleentheid en wie weet, as die geleentheid hom voordoen, maak ons dalk weer so. 30 Okt tot 3 Nov 2014
Diesel Tech is presies dit wat opkom wanneer jy die naam sien, of is dit?
Die naam keuse was redelik van self sprekend, dit moes kort en tot die punt wees omdat ‘n stempel net soveel spasie vir letters toelaat. Nie enige stempel nie, die stempel waarmee ons die voertuie se diens boeke mee kon stempel wanneer hulle gediens was om sodoende te wys dat die diens op sy tyd gedoen was. Oorspronklik is ek, Stephan Myburgh gekwalifiseerde grondverskuiwings tegnikus, die geel masjiene vir die wat nie seker is nie,
slootgrawers of excavators, dozers, die groot geel ysters. Maar om dit kort te hou het ons besluit op Diesel Tech omdat dit redelik verband hou met diesel werktuigkundige.
Maar in die naam Diesel Tech, verwys ‘Diesel’ na my agtergrond as ambagsman of meganies en ‘Tech’ nie noodwendig na ‘Technician’ of Tegnikus nie, maar liewer na ‘Technology’ in die sin van elektronika. My agtergrond hou baie verband met ‘auto electrical’ kennis wat beide 12 & 24 volt sisteme in sluit en om dit nog meer interessant
te maak het ek ook redelik baie geleer oor instrumentasie tydens my helikoper kommersiële loots kursus. (‘n Storie vir ‘n volgende keer.)
Dan natuurlik is ons ook groot op die buitelug lewe en vandat ons die Toyota Hilux gekry het, het ons kampery & verkenning van die buitelug lewe net mee ren meer gegroei, en wat dan nou beter as om jou eie elektroniese installasie te probeer maak, toets en aan te pas, ‘n hele paar keer totdat dit voldoende is aan ons belange. Hier het ons besef dat daar ‘n redelik groot aanvraag is nie net vir 2’e battery stelsels of 12 sisteme vir kamp nie, maar meer spesifiek ‘custom build’ aanvraag spesifiek tot elke individuele klient se
benodighede. Dit alles teen ‘n regverdig pry sook by gese. So hier met al die dinge in ag geneem het die naam en meer spesifiek die ‘produk’ DIESEL TECH ontstaan. Die naam wat nie net sy stempel kan afdruk na ‘n diens van ‘n voertuig nie, maar ook sy stempel kan afdruk in die wereld van tegnologie wat elektriese kamp & ‘over landing’ stelsels aanbetref. Ons bou & verskaf ‘battery boxes’ beide in solar beheer alleenlik asook DC na DC verband is. Deep Cycle & Lithium batterye, ‘custom’ installasies of selfs aanpassings of op gradering aan bestaande stelsels.
Ons is ook die verspreider van die wereld beroemde ‘Flexopower’ son paneel produkte in en om die Kaap
omgewing. Dan is daar natuurlik ons eie uniek ontwerpte ‘power distribution box’ wat sover ons beste verkoper is. Seker omdat dit ‘n alles in een en kompakte produk is wat presies dit is, kompak & effektief. Ons nuutste byvoeging is ons ‘UPS battery box’ wat ideaal is vir ons Suid Afrikaanse load shedding tye wat Eskom op so gereelde basis vir ons gratis gee.
Ons glo sterk aan persoonlike kliente diens & hou van die motto ‘ kwaliteit oor kwantiteit’ wanneer dit kom by ons werk.
Ons deel ook graag ons Namibia, 4x4 & kamp ekspidisies op ons You Tube kanaal asook ons Instagram profiel met die mense wat belangstel, waar daar ook bietjie ‘DYI tips & tricks’ gedeel word asook van ons produkte asook ander interessante leersame inligting rondom produkte wat op die mark beskikbaar is deesdae.
Vir meer van ons produkte en diens besoek gerus ons aanlyn winkel by www.dieseltechstore.co.za
Ons You Tube kanaal by https://www.youtube.com/channel /UCF3fyO4WntuxjobVZrOH6iA Of kontak gerus vir Stephan by 079 7655 617 vir enige navrae.
Hoop om al Lekker Kampplekke se lesers eendag langs die pad iewers op ‘n 4x4 roete of kamp plek te sien!
https://byrna.africa/
Stoftrappers 14 dag Botswana Delta toer
Datums 26 Maart - 8 April 22 Mei - 4 Junie 16 Aug - 29 Aug 16 Okt - 29 Okt Prys.R10500.00 p/p Skakel Mari 0826601765 mari@stoftrappers.com
Werner Pretorius 0829290824 info@borderx.co.za
With You For The Long Run
http://bolandisuzu.co.za/
Top 10 Travel & Holiday Guides
Adverteer jou besigheid hier volblad advertensie vanaf R995pm Stuur n epos aan: admi n@l ekkerkamppl ekke.co.za
Kamp Paklys
Rikus Truter 24,700 217,716 F o l l o w e r s followers
Customers (77 256) Downloads
165429 Views aanlyn tydskrif Jan. 2020 91% van ons gebruikers en Lede woon in Suid-Afrka Page Views 3,184,385 oor 12mde tydperk Webblad gebruikers 512,653
Gegrond op statistiek en databasis van 300 000 plus lede
Jy is welkom om met ons kontak te maak om jou kampverwante besigheid te adverteer.