November 2021
HIER word stories gebou
Roadtrip om Lesotho
TOP 5 LEKKER KAMPPLEKKE in Vrystaat Voorblad foto deur Rikus by Grootvadersbosch Cape Nature Dit is die perfekte wegbreek 20km vanaf Heidelberg Wes-Kaap
Beskikbaar by
Bespreek vandag nog info@debakkesantos.co.za |0760587135 | WhatsApp 064 783 6486
LAAI VANDAG DIE GRATIS TOEP AF!
app.kampislekker.co.za
Beste Kamp Toep in SA
CONFIDENT READY SAFE EFFECTIVE PROTECTION ALWAYS READY ALERT less-lethal self-defence LESS-LETHAL SECURITY SAFE ALERT PREPARED SELF-DEFENCE CONTROL CONFIDENT READY SAFE EFFECTIVE PROTECTION ALWAYS READY ALERT LESS-LETHAL SECURITY SAFE ALERT PREPARED SELF-DEFENCE CONTROL CONFIDENT READY SAFE EFFECTIVE PROTECTION ALWAYS READY ALERT LESS-LETHAL SECURITY SAFE ALERT PREPARED
the byrna hd
A POWERFUL, EXTREMELY EFFECTIVE CO2-POWERED PERSONAL SECURITY DEVICE
The patented
mechanical piercing mechanism allows
the gas cylinder to sit
unpierced, ready to go.
When the trigger is pulled, it
simultaneously pierces the cylinder and shoots the first projectile.
The pepper filled ball projectile burst upon impact and neutralizes the threat.
GET YOURS AT WWW.BYRNA.AFRICA
NO PERMITS REQUIRED | NO BACKGROUND CHECKS | NO WAITING PERIODS
info@byrna.africa 086 182 0031 D’Urban Square, 26 Bella Rosa St, Rosenpark, Cape Town, 7550 @ByrnaAfrica
TM
Ons “trippie” rondom
Lesotho
Toe daardie laaste skoolklok lui vir die sluit van die derde kwartaal, kom my seun, Karlo, met ‘n groot glimlag verby gehardloop. Hy gaan skool op ‘n plaas net buite Riversdal, Hoër Landbouskool Oakdale. Na 2 minute is hy terug by die bakkie…”Ons kan maar ry pappa” – en ek sê vir hom…”Jy het dan nog jou skoolklere aan”, waarop Karlo antwoord: “Ek weet pappa, ek het net my skoolbaadjie in my koshuiskas gaan bêre, ons kan maar ry…ek wil nie tyd verloor nie – dis vakansie…ek sal êrens langs die pad gou ander klere aantrek.” En, op daardie opgewonde en positiewe noot het ons die 10 dae vakansie aangepak…Ons “trippie” rondom Lesotho – eindbestemming ATKV Drakensville en ATKV Natalia. Eerste stop by ‘n Padstal was by The Apple Crate Farmstall voor UNIONDALE. LEKKER ROOSTERKOEK
By Oppi Vlak padstal tussen Willowmore en Aberdeen kon ons nie anders on net gou weer te stop vir ‘n koffie nie.
By Graaf-Reinet het ons bietjie stil gestaan Recollection Rides om ns die ou motors te kyk.
CAROCHALET Ons eerste oornag stop was by Middelburg, net anderkant Graaf-Reinet – ons wou soveel as moontlik kilo’s agter ons sit vanaf Riversdal, sodat ons die volgende dag rustiger die pad kon geniet. Ons het vroegaand aangekom by Carochalet en die dame het gesê dat ons enige plek op die kampterrein kon staan, maar dat sy voorstel dat ons sommer digby die ablusiegeboudjie opslaan. Die geboudjie is toe eintlik baie oulik – ‘n klein sitkamergedeelte, ‘n kombuisie met opwasgeriewe, ‘n eetkamertafel met stoele waar ons lekker kon sit en eet en dan die badkamertjie met ‘n stort, wasbak en toilet. Buite die klein ablusieblok is ‘n sementblad met ‘n tuinstelletjie.
Carochalet is in die middel van die dorpie Middelburg, in die OosKaap op die N9 tussen Colesberg en Graaff-Reinet geleë. As jy eers by die hek van die terrein inry, kan jy nie jouself indink dat jy in die middel van ‘n dorp is nie. Daar is 6 ongemerkte staanplekke, almal met elektrisiteit. Die gronde is goed versorg en daar is selfs ‘n swembad waar kampeerders kan gaan afkoel na ‘n lang dag se konsentreer op die pad. Behalwe die kampterrein in daar ook ‘n verskeidenheid van selfsorgkamers en eenhede waarin jy kan oorbly oppad na jou bestemming. Carochalet is bekostigbaar en ons sal weer daar stop vir oornag in die toekoms. CAROCHALET Tel: 082 253 9911 www.carochalet.co.za S 31° 29.580" and E 24° 59.990"
Die volgende oggend het ons net na 6-uur die oggend in die pad geval – hierdie keer oppad na een van ons lekker kampplekke, Uithoek. Net voor Steynsburg het ons verby ‘n plaas gery – daar is ’n vreeslike groot fiets op die ingangsmuur aangebring. Ons te draai, want ons was eintlik al almal lus vir ‘n bietjie boeretroos. Toe ons op die plaaswerf stop, hoor ons ‘n rasperstem vanaf die plaashuis…”Hak maar af!! Die paaie is mooi en jy is lekker vroeg vir trap!” En daardie rasperstem was oom Charles, trotse eienaar en heerser oor die plaas. Rikus het gou vertel dat hy eintlik nie daar is vir fietsry nie (net nie nou nie – ons sal beslis weer kom), maar dat ons opsoek was na ‘n bietjie koffie. Oom Charles het toe met ‘n groot glimlag vertel dat ons op die regte dag en plek daar by hulle gestop het, want een keer ‘n maand, op ‘n Saterdag, hou hy en sy vroutjie ‘n boerebasaar op die plaas. Hy vertel dat hy eintlik alombekend is vir sy lekker hoendersosaties, maar dat die tannie se vars pasteie ook baie lekker is. Ons het toe lekker koffie bestel en terwyl ons die melk inroer, het die pasteie net uit die oond gekom. Jammer oom Charles, volgende keer is dit die sosaties…die pasteie se reuk was net te lekker en was ontbyt toe sommer lekker koffie en Trek-2-Teebus-Pasteie! Daarna moes ons groet, maar ons gaan beslis weer by oom Chales ‘n draai maak – die oom het laat ons belowe. Webblad: www.trek2teebus.co.za
Ons Lekker Kampplekke Isuzu het baie aandag getrek voor die Spar in Burgersdorp en ons moes maar vining leer om ons Spar sakkies styf vas te hou as jy stop om jou braaibroodjie bestandele te koop. Niemand gryp my Spar sakkie nie.
Caritas Werfbederf Geleë op die R26 en 23km vanaf Ladybrand Vrystaat.Die opstal bied sy gaste met akkommodasie opsies wat wissel van selfsorg woonwastaanplekke, Bekostigbare Akkommodasie, asook Troeteldier vriendelike Deluxe Eenhede. Elkeen van hierdie tipes akkommodasie het 'n toegeruste braaiplek beskikbaar, omring deur rustige en asemrowende uitsigte, met ontbyt & aandete as opsionele ekstras. Kontak: +27825701092 booking@caritaswerfbederf.co.za | www.caritaswerfbederf.co.za/
The Cabin Farmstall & Deli op die R26 voor Ficksburg was di tweet tyd vir kuier en koffie. Die Cabin bied die moeë reisiger 'n lekker etes, plaaslike produkte en handgemaakte kunsvlyt. 12345
K: 079 492 5976 | thecabinfarmstall.deli@gmail.com 1
2
5
Constantia Cherry Farmstall op die R26 Moes net gou stop vir ‘n melktertjie abc Oop: Maandag tot Sondag (en alle vakansiedae) 08H00 – 17H00 https://constantiafarmstall.co.za/ constantia@ntelecom.co.za
3
a b
4
c
UITHOEK Ons het laatmiddag by Uithoek aangekom.Wat ‘n pragtige kampplek! Al wat ek aan die eienaars kan sê is…Well done – julle vaar uitstekend. Uithoek is ‘n pragtige kampplek op ‘n plaas, geleë naby Fouriesburg in die Vrystaat – op die Bethlehem pad en ook naby die dorpie van Clarens. Met ons aankoms is ons baie vriendelik verwelkom deur Anne-Marie en De Wet. De Wet het dan ook vir ons ‘n inligtingsblad gegee vir die 5km staproete – maar natuurlik het Rikus en Karlo eerder die roete met die Darrvin e-bikes aangepak die volgende dag. Die uitsig vanaf die roete is asemrowend en beslis die moeite werd om die 5km aan te pak. Uithoek se Kampterrein is op lowergroen grasperke. Daar is genoeg staanplekke met genoegsame koeltebome. Daar is ook ‘n paar geboude lapa’s waarby kampeerders saam kan kuier. Met ons aankoms by Uithoek was daar hoeka ‘n lekker groot groep wat op verskillende staanplekke gekamp het, maar wat dan by een van die lapa’s saamgekom het om te kuier en lekker
gesellig te verkeer. Al die staanplekke het elektrisiteit en waterkrane. Die staanplekke is aan die voet van ‘n pragtige hoë krans en ek kon my verkyk aan die natuurskoon van die area om die kampterrein. Elke staanplek het ook ‘n los braaier wat jy kan rondskuif sodat jy lekker kan braai. Wat regtig ook uitstaan by Uithoek, is die netheid van hulle pragtige ablusiegeriewe. Ek gee vir hierdie kampplek volpunte vir die mooi ablusiegeriewe wat hulle aan kampeerders bied. Daar is selfs ‘n groot uitkyk-vensters dat jy op die pragtige krans kan opkyk terwyl jy by die wasbakke besig is. Die swembad se blink blou water is ook ‘n groot lafenis en mens kan luilekker om die swembad kuier voordat jy gaan vuurtjie aansteek vir die aand se lekker braai. Ek wil regtig vir kampeerders van die omliggende omgewing uitnooi om hierdie pragtige kampplek te besoek – so ook reisigers wat elders heen oppad is en vir Uithoek op jou pad vind na jou bestemming – hulle is beslis ‘n besoek werd. Behalwe die sowat 50 kampplekke, is daar ook pragtige selfsorg eenhede met die mooiste uitsigte, maar natuurlik het ons eerder gekamp. Uithoek – ons hoop om sommer gou weer by julle pragtige kampplek te kom tentpenne vasslaan. UITHOEK www.uithoek.com Tel: 062 505 6854 -25.5425838 , 28.2135354
Na ons veetrek by Uithoek, het ons by Clarens stilgehou, hierdie keer net om diesel in te gooi, want ons wou graag vinnig in die pad val om meer tyd te bestee deur die roete by Golden Gate. Golden Gate kry sy naam naam van die helder skakerings van goud wat deur die son op die sandsteen kranse gegooi word. Die imposante Brandwagrots is veral indrukwekkend. Die Golden Gate Nasionale Park is in 1963 gestig met die uitsluitlike doel om die sandsteenformasies te beskerm wat eens die skuiling vir Boesmans was. Ons het langs die roete gestop en eers die e-bikes afgelaai om ‘n entjie met die fietse te ry – wow – dit was ongelooflik…Golden Gate het beslis nie teleurgestel nie! En toe was dit net so 80km verder se ry na ons bestemming, ATKV Drakensville…LEKKER!!.
INNOVATIVE STORAGE SOLUTIONS Discover the pilgrim within you!
Ammo Cover 2-Up
Ammo Pouch Quarters
Multi-purpose Bag
SKU: CCB001
SKU: CCB004
SKU: CCL007
Clothing Bag Deluxe
Kitchen Caddy
Bundu Bag
SKU: CCL001
SKU: CCH009
SKU: CCK001
021 905 5005 | info@campcover.co.za www.campcover.co.za
CORPORATE BRANDING Our most popular corporate gift is our FLAT PACK basic Option 1 | R575 each | Minimum order of 20+ • R500 once off fee for new customers / artwork • R59 each to laser cut logo onto 1 panel • FREE branding on aluminium tongs & carry bag
Option 2 | R540 each | Minimum order of 50+ • R500 once off fee for new customers / artwork • R55 each to laser cut logo onto 1 panel • FREE branding on aluminium tongs & carry bag
Option 3 | R495 each | Minimum order of 100+ • No once off fee • FREE laser cut logo onto 1 panel • FREE branding on aluminium tongs & carry bag We recommend laser cut onto 1 panel only to ensure no heat loss. Aluminium tongs are laser engraved and carry bags are screen printed (1 colour only). Price is dependent on the items and quantities. All prices are excluding VAT. We design and manufacture according to YOUR NEEDS so please contact us for more options: Combining logos | Digital printing on the carry bags | Custom sizes | The possibilities are endless!
FLAT PACK MINI / biker
FLAT PACK camper
FLAT PACK deluxe
FLAT PACK deluxe long
boma
Or custom made to your needs
WWW.CAMPROD.CO.ZA INFO@CAMPROD.CO.ZA | 082 325 5043 | 38 Fabriek street, Gants Plaza, Strand, rsa
VET PRET
VA KAN SIE Waar anders as 'n ATKV-oord? See, berg of Bosveld. Daar is 'n ATKVoord wat aan jou wegbreekbehoeftes sal voldoen! Besoek ons webwerf vir opwindende promosies! www.atkvoorde.co.za atkvoorde www.facebook.com/ATKVOORDE
Sand-Free Multimat Groundsheet Straight: Sizes: 1.5 x 1.5m 1.5 x 4.0m 3.0 x 3.6m 3.0 x 4.5m 3.0 x 5.4m 3.0 x 6.5m 3.0 x 7.5m Reversible: Green one side Grey other side
L-Shape: Sizes: 3m
3m 1.5m
5m
3.5m
2m 3.5m 1.5m
3m
3m
5m
3.5m
5m
2m
4x4
2m
Large
2m
Medium
6.5m
5m
Reversible: Grey Only
Visit our website for a variety of sand-free beach products available CGEAR Africa
cgear_africa
ATKV DRAKENSVILLE
ATKV DRAKENSVILLE Goeie more en baie welkom by ATKV Drakensville!! Ons kon die spontane glimlag in die groet hoor en met daardie vriendelike verwelkoming het ons geweet…By ATKV Drakensville gaan ons sommer baie lekker kamp! Ons het vinnig probeer kamp opslaan, want ons wou gou deel voel van die gemoedelike atmosfeer wat deel is van die Drakensville kampterrein…Kampeerders wat verbykom en vriendelik groet, kinders wat met groot lekkerte verbyhardloop na een of ander kamp-aktiwiteit of ouma en oupa wat lui-lekker verbystap oppad na die Koswerf toe. Ons kon dadelik sien dat almal hulself vreeslik geniet en dat ATKV Drakensville beslis ‘n lekker kampplek is waar een en almal deel voel van die kamp – en daarom ook weer en weer hier kom tentpenne vaskap. Ons vriendelike kamp-buurman, ‘n skoolhoof van Lichtenburg, het vir ons vriendelik verwelkom en vir ons
kom se van watter kant af die wind waai, sodat ons kon besluit hoe om ons kamp op te slaan – dis altyd lekker as die bure dadelik kom kennis maak en bietjie advies gee…dit laat mens dadelik welkom voel by die
kampplek. Snaaks…’n aanknopingsgesprek oor die wind is meestal aan die orde van die dag as jy by jou nuwe staanplek aankom. Die ruim staanplekke by Drakensville het ‘n plaveiselblok sodat elkeen se kamp-opset lekker kan staan (elke staanplek is sowat 11m x 12m groot). Daar is ook heelwat staanplekke met genoegsame skaduwee. Alhoewel die oord met staanplekke baie groot is, voel kampeerders nie dat hulle op-mekaar staan nie en kry jy werklik die gevoel van ruimte en asem-skep. Die ablusiegeriewe word deurentyd baie skoon gehou – ek het een aand selfs 21h00 die ablusie besoek en daar was toe steeds ‘n personeellid wat besig was om seker te maak dat die ablusiegeriewe in ‘n uiters netjiese kondisie is. By hierdie oord word daar ook gesorg dat daar vroegoggend weer skoongemaak word, sodat ‘n mens skoon ablusiegeriewe kan geniet met jou eerste vroeg-oggend stort. Daar was deurentyd genoegsame warm water by die ablusie – so dit was ‘n lafenis om gou
in die oggend klaar te maak vir die dag se pret en plesier wat by die oord aangebied word. Dis asof almal oorgehaal is om die dag se aktiwiteite by die oord aan te pak en te geniet. By ATKV Drakensville is daar geen rede om verveeld te wees nie. Van monster-skaak, swem in die koue of onderdak warmwater swembad (lekker!!!), op die springmatte baljaar of om te gly met die waterwurm is maar ‘n paar doendinge om oud en jonk mee te vermaak. Daar word ook ‘n propvol vakansieprogram aangebied en op so ‘n wyse word die kinders aan mekaar bekendgestel en word daar sommer gou hegte vakansievriendskapbande gesmee. Die seuns was veral opgewonde om te kon spanne maak om teen mekaar rugby te speel…daar was ‘n dapper meisiespan wat ook deelgeneem het! En dan word daar ook Berg-spierkaskenades aangebied…en ek haal my hoed af vir die meisie wat daar vir die seuns en mans ‘n ding of twee gewys het. Dit is opvallend dat die personeel van ATKV Drakensville presies weet hoe om kampeerders aan die gang te hou…sodat almal later lekker moeg en met ‘n breë glimlag om die braaivleisvure kan sit om van die dag se verrigtinge te vertel. Vir die dames is daar ook ‘n lekker bederf - ‘n skoonheidsalon waar daar allerlei behandelings aangebied word terwyl jy by die oord kamp. Onthou dus om vroegtydig by pappa te skimp vir ‘n lekker massering by die oord se salon. Die oggend na die rugby wedstryde het ek vroegoggend wakker geword van iemand wat agter ons tent oor ‘n telefoon praat – ek kon agterkom dat dit ‘n tienermeisie was. Aan haar praat kon ek ook agterkom dat sy deel
was van die meisie-rugbyspan wat die vorige dag deelgeneem het aan die rugby-pret. Sy het gesê …”Ouma, ek weet nie waar hy bly nie en ek weet ook nie wat sy naam is nie, maar Ouma…in die rugbywedstryd was hy so stip gefokus op my as ek die bal kry…ek dink ons het nou iets aan.” Ek het stilweg net lag gekry vir die pure onskuld van die jong meisie – so het daar dalk al baie vakansieromanses ontstaan…Hierdie spesifieke meisie moes dalk net eers uitvind wie haar rugbyspeler is met wie sy nou “iets aanhet” en hoop haar rugbyspeler was wel op haar gefokus en nie op die rugbybal nie…Wonder wat haar ouma van haar romanse-storie gedink het. Dalk het dit haar herinner aan haar eie jongmeisie dae by een van die ATKV kamp-oorde waar sy vir oupa ontmoet het…ons sal nooit weet nie. Terug by die kamp… Ons skoolhoof-buurman en sy vrou het elke oggend vroeg klaargemaak en van die oulike kuier-plekkies in die omgewing gaan besoek voordat hulle dan bietjie later weer teruggekom het kamp toe. Hulle het ons vertel van die lekker pizza restaurantjie en
Ons was egter net lus om lekker by die oord self te ontspan. Ferdi Pieterse het ons ook een oggend met die golfkarretjie kom oplaai en vir ‘n toer deur die oord geneem. Hy is deel van die oordspan en het vir ons opgewonde vertel van die geskiedenis van Drakensville en van wat nog alles vir die oord beplan word. Hy het beslis ‘n passie vir die oord en om met mense te werk is ook vir hom baie lekker. Hy is beslis ‘n aanwins by ATKV Drakensville. Daar wag beslis nog groot en lekker dinge vir ATKV Drakensville – en ons is saam met Ferdi opgewonde oor die vooruitsigte! Die Lekker Kampplekke span het vanaf die Wes-Kaap gery om hierdie lekker oord in Kwazulu-Natal te kom besoek en sal beslis weer hier kom kamp. Die oord is egter slegs sowat 3 ure se ry vanaf Johannesburg of Bloemfontein – en slegs 2 en ‘n half uur se ry vanaf Durban. Kom kamp gerus hier, Lekker Kampplekke sal beslis hierdie kampplek as een van die lekker kampplekke in Suid-Afrika aanbeveel. Maak so gou as moontlik jou volgende bespreking by ATKV Drakensville – dit is die kamp die moeite werd! En onthou – as jy nie lus is vir kamp nie, is daar ook ‘n verskeidenheid van selfsorg akkomodasie waarin jy en jou familie kan kom ontspan. Ons was regtig nie lus om op te slaan by ATKV Drakensville nie, maar het darem die troos gehad dat ons aanskuif na ‘n volgende ATKV oord. ATKV Natalia was volgende op ons kamproete…LEKKER!
die lekker wynkelder wat nie te ver van die oord af is nie. Dus, as jy lus het om die dag ‘n bietjie uit te ry – is daar beslis ‘n paar plekke in die omgewing wat jy kan besoek.
ATKV DRAKENSVILLE WOONWA-EN-KAMPEERTERREIN (80 STAANPLEKKE) Kontak nommer: 036-4386287 Naaste dorp: Bergville (40km) GPS: S 28.613120 E 29.124420 Webblad: https://drakensville.co.za/
ATKV NATALIA
ATKV NATALIA Oppad na ATKV Natalia, het ek ‘n sms vanaf Natalia se oordbestuur ontvang met ‘n skakel na ‘n elektroniese intekenvorm. Loret kon dus sommer op die pad reeds inteken met al die besonderhede wat die oord benodig vir ons paar dae se kamp en ontspan by ATKV Natalia. Dit is toe ook so, toe ons indraai by ATKV Natalia, sê die man by die toegangsbeheer dat ons reeds ingeteken is en het ons maklik verduidelik waar ons staanplek was. Ek was beslis beïndruk met die flinke diens! Natalia is net 40 km suid van Durban en ‘n heerlike tropiese paradys! Behalwe vir die kampplekke, is daar ook ‘n blok selfsorg woonstelle vir gaste wat nie wil kamp nie. By ons staanplek aangekom, was die weer nog nie reg om op te slaan nie…ons was nie dadelik lus om in die reën tentpenne vas te slaan nie. Ons het toe besluit om eers by die oordbestuur te gaan inloer voordat ons iets lekker te ete by die Koswerf sou gaan nuttig. Phillip du Plessis is die vermaakkoördineerder / bemarker van ATKV Natalia. Sommer met die intrapslag
en kennismaking kon ons sien dat hierdie man ‘n onophoudbare lewenslus het en het hy dadelik vir ons van sy passie vir die oord vertel. Ons sou deur die loop van die paar dae se kamp presies sien hoe opgewonde Phillip regtig oor sy pligte by die oord is. By die Koswerf word die lekkerste pizza’s, spaghetti bolognaise, slap tjips, roomys, warm en koue drankies te koop aangebied – om maar ‘n paar te noem. Ons het op die stoep gesit en ons eetgoed geniet, toe ons ‘n bekende stem oor die luidsprekers hoor blêr …En dit was
toe welliswaar niemand anders as Phillip du Plessis nie! Alhoewel dit steeds gereën het, was Phillip weer op sy pos om die vakansiegangers aan die gang te hou…en hy het homself beslis goed van sy taak gekwyt. Een van die speletjies wat hulle gespeel het was NOOT VIR NOOT. Dit was baie komies om te sien hoe die ouer persone opvlieg en na Phillip toe hardloop as hulle een van die ou liedjies van toeka se dae herken het. Toe “Es ‘n dapper muis” begin speel, het daar sommer ‘n hele paar gryses-van-dae vorentoe gehardloop – die kinders moes maar bontstaan met die paar manne wat verwoerd vorentoe gebeur het om eerste by Phillip uit te kom…Die man wat die prys toe wen vir “Dapper Muis”, was BAIE opgewonde. Hy en sy vrou het later verby ons gestap waar ons by die Koswerf gesit het…sy vroutjie het vasberade vooruit gestap en hy agterna met ‘n groot glimlag op sy gesig (so asof hy ‘n bak room gekry het) en teen haar rug vasgesing…”Ek’s ‘n dapper muis”. O jitte, ek dink sy moeilikheid was naby, want mamma was nie baie ingenome met hom vir een of ander rede nie…Maar ag wat – as pappa vanaand se braaivleisvuurtjie aansteek en vir haar ietsie skink was alles seker weer reg…Ek hoop so vir die Dapper-MuisOmie se part. Die ontspanningsterrein by ATKV Natalia beskik oor ‘n lekker groot swembad met ‘n kleiner swembadjie vir die kleiner kinders. Die waterwurm is ook ‘n groot aantrekking en dan geniet oud en jonk ook om die puttputt te speel of om te kyk wie die beste skuiwe by die reuse-skaak kan maak – skaakmat! Die springmatte hou oud en jonk besig en die strand-volleyball hou die kompeterende kampeerders op hulle tone. Daar is ook ‘n lokaal waar die jong klomp teen mekaar kan pool speel. Wat ons veral geniet het, was die braaigeriewe wat by die swembadarea is. Daar is ‘n klomp braaiplekke langs mekaar met kuierbankies, dus kan kampeerders sommer by die swembadarea braai of potjie maak sodat
hulle steeds deel kan voel van die aktiwiteite wat by die swembadarea aangebied word.
Ons staanplek het ‘n uitsig oor die see gehad en was ‘n entjie van die spoorlyn, maar ek kan julle verseker dat die treine wat soms nou en dan verbykom regtig nie enige steurnis is nie. Daar is ‘n sekuriteitskantoor by die brugoorgang wat oor die treinspoor na die strand lei. Dan as jy aan die anderkant van die brug is, is daar ‘n houtpaadjie tot by die strand waar jy lekker tussen die branders kan baljaar. Die oord is nogal groot, so daar is ook heelwat staanplekke wat selfs op ‘n ander terras geleë is. Die tuine by die oord is goed versorg en dit was vir ons lekker om te gaan stap deur die oord se kampterrein om te sien hoe die ander kampeerders hulle kamp uitsit en opslaan.
Terug by ons staanplek het die weer opgeklaar en kon ons gou kamp opslaan en ons vuurtjie aan die gang kry – saligheid. Ons het toe ook met al die buurkampeerders rondom ons kennis gemaak…en weliswaar, een van ons bure is toe weereens ‘n skoolhoof. Ons wil graag die kinders van SA bedank dat hulle die skoolhoofde van die land aan die kamp hou…lol.
Daar is verskeie ablusieblokke in die oord. Die ablusie wat ons gebruik het, was digby ons staanplek. Die ablusie was deurentyd pynlik netjies gehou deur die personeel aan diens. Daar is ook ‘n munt-wassery vir wasgoed en droog sodat jy nie met vuil klere hoef terug te keer huis toe nie. Te gou was ons paar dae by ATKV Natalia op ‘n einde – as mens mos pret het gaan die tyd net te vinnig verby, maar ons gaan beslis weer binnekort by hierdie pragtige oord gaan kamp. Maak vir jou en jou gesin ‘n bespreking by ATKV Natalia – jy sal beslis nie spyt wees nie. Volpunte vir ATKV Natalia!
Kontak nommer: 031 - 916 4545 Naaste dorp: Winkelspruit (3km) Durban (40km) GPS: S 30.12193 E 30.84570 Webblad: https://natalia.co.za/
FIND ANYWHERE GRABOUW, WESTERN CAPE SLIMLINE II ROOF RACK
ROOF TOP TENT GAS BOTTLE HOLDER WATER TANK & MOUNT DOUBLE JERRY CAN HOLDER
YOUR JOURNEY CONTINUES WITH OFF-ROAD TOUGH ADVENTURE GEAR, SO YOU CAN FIND YOUR ANYWHERE. #FINDANYWHERE FRONTRUNNEROUTFITTERS.COM
ROOF RACKS | ACCESSORIES | ADVENTURE GEAR
https://www.skemer.shop/ sales@skemer.shop
VALSCHFONTEIN Vroeg die 9de Oktober, het ons weer die pad aangedurf, terug Wes-Kaap toe. Ons oornagstop was by Valschfontein Karavaanpark. Die karavaanpark is ‘n oornagstop op ‘n plaas in die Sterkfontein omgewing, sowat 60km vanaf Queenstown. Die plaas is naby die N6 en ideaal vir gaste op die Route 56 tussen Molteno en Dordrecht of vir gaste wat reis op roete tussen Gauteng en Oos-Londen. Behalwe vir die kampplekke is daar ook selfsorg fassiliteite beskikbaar. Die ablusie en kombuis was pynlik netjies. Met ons besoek het die oom op die plaas aangebied dat ons sommer in sy karavaan oorslaap, synde ons die volgende oggend bitter vroeg weer in die pad moes val. Ons het die gebaar baie waardeer en het beslis gebruik gemaak van die aanbod. Die volgende oggend kon ons vroeg opstaan en net die paar goedjies in die bakkie laai. Dit was bitter koud daardie oggend en die oom vertel ons dat dit al -19 grade op die plaas gemeet was. VALSCHFONTEIN +2782 928 0442
Ons het laatmiddag weer by die huis gearriveer – moeg van die lang dag se ry op die pad, maar met dankbare harte vir 10 dae se lekker kamp. Ons maak weer so!
KAMPWENK Belangrike dinge wat kampeerders hulself behoort af te vra voordat hulle ‘n bestemming kies, sluit in: • Is daar elektrisiteit en warm water by die kampplek? • Winter: is daar staanplek waar ek die meeste van die dag lekker in die sonnetjie kan bak? Somer: is daar bome vir skaduwee? • Is die kampterrein troeteldier-vriendelik? Dis immers lekker om so nou en dan die viervoetige vriende saam te neem om te kamp. • Wat is die toestand van die grondpad na die kampplek? Benodig ek ’n hoër grondvryhoogte of 4x4? • Wat is daar vir die kinders om te doen by die kampplek? • Is daar ‘n winkel vir die goetertjies wat tuis vergeet is? Kan ek hout uit die omgewing optel of of by die kampterrein koop?
Freshly brewed for life’s adventures Enjoy gourmet coffee on the go! w w w . p r o t e a c o f f e e . c o . z a
Die trotse bande borg vir Lekker Kampplekke se Isuzu bakkie
www.lekkerkampplekke.co.za
Ice Cold Anywhere!
Kontak: Mark 0734252938
Our Seatcovers are made using a synthetic fabric which is incredibly tough, 100% waterproof and extremely comfortable to sit on. A range of colours is available to suit most modern design trends.
www.takla.co.za
Vrystaat Vlaktes LEKKER KAMPPLEKKE | Top 5: Limpopo Suid-Afrika is bekend as ‘n land met van die héél mooiste natuurskoon ter wêreld en Rikus van Lekker Kampplekke meen die beste manier om dit te ervaar, is natuurlik om te kamp
1. Tava Lingwe Game Lodge Tava Lingwe Game Lodge is heerlik verwyder van die stadsgeraas en bied besoekers saligheid vir die siel. Elkeen van die 80 staanplekke beskik oor sy eie kragpunt en die gemeenskaplike ablusiegeriewe word netjies onderhou (daar is ook twee familie badkamers). Die jongklomp word heerlik besig gehou met ‘n groot swembad, speelarea, tafeltennis, minigholf, snoekertafels, buitelug-skaak en ’n vlugbalbaan. Verder is daar heelwat staproetes vir besoekers asook wildsritte. NAASTE DORP: Vredefort / Viljoenskroon (25 km) WINKEL: Ja TROETELDIERVRIENDELIK: Nee VISVANG: Nee SELFOONOPVANGS: Beperk TOEGANKLIKHEID: Teer TARIEWE: R400 per nag, per staanplek vir een voertuig en vier mense per nag (tot ses mense per staanplek word toegelaat – addisionele koste word tydens bespreking bevestig). *Verskeie selfsorgeenhede is beskikbaar wat wissel vanaf R520 per nag. KONTAK: +27 71 179 5833 | info@tavalingwe.co.za | www.tavalingwe.co.za
2. Bassfeather Country Lodge Bassfeather Country Lodge is ‘n weggesteekte juweel, sowat 2 ure se ry vanaf Johannesburg. Die kampterrein is sowat 9km buite die dorpie Reitz aan die Noord-oos Vrystaat geleë. Die omgewing is pragtig en die groot dam by die Lodge is ‘n groot aantrekkingskrag vir kampers. Bring gerus jou boot saam om op die dam te geniet. NAASTE DORP: Reitz (9km) 45min se ry na Clarens WINKEL: Ja TROETELDIERVRIENDELIK: Vooraf reëling VISVANG: Ja (dam en rivier) SELFOONOPVANGS: Ja TOEGANKLIKHEID: Grondpad TARIEWE: Vanaf R160.00 KONTAK: +27 82 378 6991| www.lekkerkampplekke.co.za/kampplek/bassfeather-country-lodge/
3. Riverrun Vakansieoord Riverrun Vakansieoord is op die Vaalrivier geleë met asemrowende natuurskoonen heerlike aktiwiteite wat ook hengel insluit. Elkeen van die 31 staanplekke (16 daarvan op die rivieroewer) het ‘n 6 x 6 m plaveiselblok, braai, water en kragpunte. Daar is twee swembaddens en die rivier binnebande (tubes) bied ure se pret vir oud en jonk – kom dryf lekker rustig af met die rivier of spat mekaar nat vir pret en plesier. NAASTE DORP: Parys / Potchefstroom (35 km) WINKEL: Ja TROETELDIERVRIENDELIK: Ja VISVANG: Ja (rivier) SELFOONOPVANGS: Ja TOEGANKLIKHEID: Grondpad (begaanbaar vir nie-vierwielaangedrewe voertuie, maar motors met ‘n hoër grondvryhoogte vaar beter op die 16 km grondpad) TARIEWE: Vanaf R400 per staanplek KONTAK: +27 71 584 2160 | bookings@riverrunresort.co.za | www.riverrunresort.co.za
4. Kasteelkop Gasteplaas As jy hou van stilte en afsondering, is Kasteelkop Gasteplaas die ideale plek vir jou. Die gasteplaas bied ‘n unieke plaaservaring, slegs ‘n klipgooi vanaf Gauteng (170km). Daar is vyf staanplekke (elkeen met ‘n kragpunt) en ablusiegeriewe in ‘n historiese ou skuur. Warm water word verkry deur die donkie wat daagliks gestook word. Aktiwiteite sluit perdry, bergfiets roetes, staproetes en voëlkyk in. Jy kan ook afkoel in die plaasdam. NAASTE DORP: Frankfort (25 km) WINKEL: Nee TROETELDIERVRIENDELIK: Ja – vooraf reëling VISVANG: Ja (rivier) SELFOONOPVANGS: Ja TOEGANKLIKHEID: Grondpad (begaanbaar vir nie-vierwielaangedrewe voertuie). TARIEWE: R100 per persoon per nag en R100 per staanplek (koste sluit hout in). *Selfsorgeenhede is beskikbaar teen R1 500 per nag. KONTAK: +27 82 8500 170 | kasteelkopguestfarm@gmail.com | www.kasteelkopguestfarm.net 5 Deelfontein Boskamp & Gasteplaas Die boskamp op die plaas Deelfontein is in die hart van die Vredefort Koepel, weggesteek in die ruie bosveld van die Koepel. Die boskamp in hierdie wêreldnatuurerfenisgebied – sowat 140 km vanaf Johannesburg – bestaan uit drie grasdakhutte met altesaam 16 stapelbeddens, ‘n toegeruste lapa, ‘n boma, ‘n swembad en wasgeriewe. Deelfontein Boskamp is ingerig vir stappers op die meerdaagse staproete (Vredefort Meteoriet Staproetes) en beskik oor beperkte plek vir kampeerders (slegs een staanplek vir ‘n boswa en ’n paar tente). NAASTE DORP: Vredefort (14 km) / Parys (20 km) WINKEL: Nee TROETELDIERVRIENDELIK: Ja – vooraf reëling VISVANG: Nee SELFOONOPVANGS: Beperk TOEGANKLIKHEID: Grondpad (begaanbaar vir nie-vierwielaangedrewe voertuie) TARIEWE: Vanaf R180 per persoon per nag KONTAK: +27 83 280 9784 | gerhard@deelfontein.co.za | www.deelfontein.co.za
* Pryse en geriewe uiteengesit is gebaseer op inligting ontvang – dit is onderhewig aan verandering sonder kennisgewing. – Red. Dankie aan Avontuur Afrika wat die Artikel saamgestel het. https://4x4afrika.com/
Flexopower has launched the Lithium 555, an upgrade on the Lithium 444, showing a new design, new and improved ports, and Watts power. It gives you hours of convenience while camping, but also while at your home for household appliances – Dual functionality! The Lithium 555 is a portable power station that can be used to charge and run various items on an outdoor adventure, for example, fridges, lights, electronics at camp, and cameras to capture the moments. There might not always be power where you are traveling, but with the Flexopower Lithium 555, you can rest assured. Li555 is the only Lithium power station with a replaceable battery. Once the battery has reached the end of its service life, simply return to Flexopower or an authorized dealer and get a new Li-battery installed and continue using it for another couple of years. All other products are typically discarded. It is easy to charge, with solar panels, the cigarette lighter of your car, or the closest electricity port, giving you hours of convenience wherever you are and where is needed. The Lithium 555 is such a multi-functional product that you can use it for camping, in and around the house with household items, especially when load-shedding starts or working from home. The Li555 has 2 x SA 3 prong AC plugs. Pure convenience. All other power stations have to have an adapter first before AC can be used.
For more information, visit www.flexopower.co.za or email info@flexopower.com
ONS KAMP KRAG WORD MOONTLIK GEMAAK DEUR FLEXOPOWER SE MOJAVE 220W SONPANEEL
With You For The Long Run
EXPLORE THE ISUZU RANGE The Isuzu bakkie is a stand out performer on or off the road. With the legendary Isuzu engines, beefed up torque, power and intuitive transmission, the ISUZU is all you need to pump up any business or adventure.
www.bolandmotorgroup.co.za
Top 10 Travel & Holiday
Guides
BESKIKBAAR
BY:
Adverteer jou besigheid hier volblad advertensie vanaf R995pm Stuur n epos aan: admi n@l ekkerkamppl ekke.co.za
Kamp Paklys
Rikus Truter 28,444 222,900 F o l l o w e r s followers
Customers (77 256) Downloads
Page Views
3,184,385 oor
12mde tydperk Webblad
gebruikers
512,653
165429 Views aanlyn tydskrif Jan. 2020
91% van ons gebruikers en Lede woon in Suid-Afrka Gegrond op statistiek en databasis van 300 000 plus lede
Jy is welkom om met ons kontak te maak om jou
kampverwante besigheid te adverteer.