Skip to main content

Kamp is Lekker Maart 2022

Page 1

Maart 2022

HIER word stories gebou

Voorblad foto deur Rikus by Utopia Kampplek 12km buite Swellendam in die Wes-Kaap


Freshly brewed for life’s adventures Enjoy gourmet coffee on the go! w w w . p r o t e a c o f f e e . c o . z a


Kampplek van die Maand

Kom voel die groengras onder jou voete Utopia, Overberg, Wes-Kaap Deur: Loret Truter

A

s jy voel dat jy GLAD nie wil kamp opslaan nie, dan weet jy dat jy BESLIS by ‘n LEKKER kampplek kamp! Utopia is so ‘n kampplek. As jy hier gekamp het, sal jy weet wat ons bedoel! Utopia is in ‘n klas van sy eie en ons sal beslis weer by Utopia wil gaan kamp! Al die staanplekke het hoë natuurlike windskerms van bome en struike om – die skerms is dig – so jy het genoeg privaatheid by jou staanplek. Daar is ook meer as genoeg

skaduwee (van die staanplekke het selfs die hele dag skaduwee, maar tenspyte van die baie skaduwee is daardie staanplekke se grasperke ook grasgroen!). Verder is al die grasperke sagte dik lowergroen gras. Toe ons by ons staanplek aankom het ek my skoene dadelik uitgetrek – die lekkerte van groen gras onder my voete was sommer net ‘n lekker bederf (dit het my laat dink aan ‘n luukse persiese mat) …en ek het my skoene eers aangetrek toe ons moes begin oppak. Al die staanplekke is regtig lekker

groot en het elektrisiteit en ‘n waterkraan. Ons het teen die een kant van die kampplek gekamp wat uitkyk oor ‘n laagtetjie. Dit was maar moeilik om ‘n staanplek te kies, want al die staanplekke is lekker uitgesit. Dit was so lekker om na die beeste te kyk wat in die laagte kom wei wanneer die son begin sak het. Ons het lekker skemerkelkies en peuselhappies geniet terwyl die beeste die einde van die dag aankondig met hulle rustige bulk-geluide. Ons het toe ook vuurtjie aangesteek en lui-rustig om die braai gekuier. Die rustigheid van die


UTOPIA Kampplek Kampplek & Selfsorg NAASTE DORP: Swellendam STREEK: Overberg, Wes-Kaap GPS: -34.042263, 20.327500 Kontak: Wilna van der Merwe wilna@swdconnect.co.za https://www.lekkerkampplekke.co. za/kampplek/utopia Getal staanplekke: 18 Elektrieseteit: Ja Water: Ja Gemeenskaplike Ablusiegeriewe Braai: Ja Troeteldiervriendelik: Ja Selfoon onvangs: Ja Skaduwee: Ja Swembad: Ja Lapa/Braaiarea: Ja Visvang: Ja Plaasdiere: Ja Hoekom Utopia? Dit is ‘n droomwegbreek vir die hele gesin met die beste geriewe en skilderagtige uitsigte. Hier is baie groengras vir die kinders om te baljaar.


omgewing het veroorsaak dat ons tot laataand om die vuur gekuier het. Ons was boon-op ook nog bederf met ‘n volmaan wat natuurlike lig oor ons kampplek gegooi het – magiese oomblikke van kamplekkerte. Ek moet sê, die ablusiegeriewe is uniek – die storte het ‘n uitkykvenster sodat jy voel asof jy in die natuur stort terwyl jy uitkyk oor die natuurskoon aan die oorkant van die laagtetjie. Die storte het heerlike warm water en die waterdruk in die storte is ook lekker sterk. Beide die dames- en mansablusie het 2 storte, 2 toilette en 2 wasbakke. Die ablusie was pynlik netjies terwyl ons by Utopia gekamp het. Ek het BAIE lekker gestort! Daar is ook elektrisiteit in die ablusie, so jy kan jou haardroeër saamneem om jou hare droog te blaas. Vir skottelgoed en wasgoed is daar ‘n aparte oop geboudjie met ‘n afdak bo-oor. Daar is dubbele wasbakke sodat jy jou skottelgoed kan was en afspoel. Dan is daar ook ‘n diep wasbak om jou wasgoed te doen. Die water was ook vuurwarm sodat jy lekker jou skottelgoed skoon kan kry. Die Kampterrein het ook ‘n heerlike groot kuierlapa – wat veral ‘n lekker saamkom/kuierplek kan wees as ‘n groot groep vriende of familie besluit om saam te gaan kamp. Wat is dan nou lekkerder as om rustig om die groot vreugdevure te ontspan en die wêreld se probleme met ‘n koue enetjie op te los! Dan is daar ook ‘n aparte lekker groot afdak met tavernbankies waar jy kan ontspan. Hierdie afdak met sy bankies het ook ‘n verhogie met genoegsame elektriese punte. Wat vir my veral lekker van die kampplek is, is die swembad.


D

aar is ‘n lekker groot grasperk langs die swembad, so ons kon lekker in die water ontspan en daarna bietjie in die son op ons handdoeke ontspan. Weereens word daar nie afgeskeep met die versorging van die grasperke nie. Die hangbrug naby die swembad maak vir ‘n pragtige agtergrond vir foto’s neem en daarnaby is ook ‘n lekker groot dam met skadubome waar jy kan gaan sit en ontspan terwyl jy jou gratis kamptydskrif lees. Hier is saligheid en rus hoog op die prioriteitslys! Utopia is ‘n werkende plaas, dus is daar ook ‘n lekker groot kamp met plaasdiere. Toe ons daar gekamp het was daar die oulikste klein baba varkies in die kamp – en daar was ook ganse en skapies. Ek kan net dink hoe opgewonde ‘n stadskind moet wees om die diere van naby te sien. Die een ry kampplekke is so 30m vanaf – en kyk uit oor die diere-kamp – so jy gaan behoorlik voel of jy jou eie stukkie plaas het as jy hier bespreek by Utopia. Dan is daar baie grondpaaie om te gaan trap met jou fiets of om te voet te gaan verken. Aangesien Utopia kragpunte het, kan jy ook jou e-bike saamneem om die omliggende area te gaan verken. Die kampplek is slegs sowat 12km vanaf die immergewilde dorp van Swellendam. Daar is ‘n oulike markie (Under the Oaks Market) wat Saterdag aangebied word wat die mooiste handgemaakte goedere verkoop en daar is ook die heerlikste brode en snoepgoed. Somtyds is daar ‘n kunstenaar wat musiek maak. Maar natuurlik is daar ook baie lekker restaurante en oulike koffiewinkels om te gaan uitsnuffel in Swellendam. Dus as jy vir ‘n langer tydperk kamp by Utopia, kan jy ‘n dag uitry na Swellendam as deel van jou vakansie-kamp by Utopia. Wel, my terugvoer van Utopia doen regtig nie gestand aan hoe lekker ons daar gekamp het nie – jy sal definitief self die kampplek moet besoek om te sien dat dit regtig ‘n BAIE LEKKER kampplek is. Jy sal nie spyt wees nie!


CONFIDENT READY SAFE EFFECTIVE PROTECTION ALWAYS READY ALERT less-lethal self-defence LESS-LETHAL SECURITY SAFE ALERT PREPARED SELF-DEFENCE CONTROL CONFIDENT READY SAFE EFFECTIVE PROTECTION ALWAYS READY ALERT LESS-LETHAL SECURITY SAFE ALERT PREPARED SELF-DEFENCE CONTROL CONFIDENT READY SAFE EFFECTIVE PROTECTION ALWAYS READY ALERT LESS-LETHAL SECURITY SAFE ALERT PREPARED

the byrna hd

A POWERFUL, EXTREMELY EFFECTIVE CO2-POWERED PERSONAL SECURITY DEVICE

The patented

mechanical piercing mechanism allows

the gas cylinder to sit

unpierced, ready to go.

When the trigger is pulled, it

simultaneously pierces the cylinder and shoots the first projectile.

The pepper filled ball projectile burst upon impact and neutralizes the threat.

GET YOURS AT WWW.BYRNA.AFRICA

NO PERMITS REQUIRED | NO BACKGROUND CHECKS | NO WAITING PERIODS

 info@byrna.africa  086 182 0031 D’Urban Square, 26 Bella Rosa St, Rosenpark, Cape Town, 7550     @ByrnaAfrica

TM


t u o h t i w O G t ' n Do

Jack It

Jack your car up without additional energy spent. The 5 Ton Jack can lift a vehicle within 50 seconds by the push of a button. Pump It

Inflate your flat tyre easily and Wrench It quick with the build-in turn pump. With a torque rotation of 340N.m, you can have your wheel nuts loose in 20 seconds!

kcaj not 5

The BEST 5 ton Jack

071 708 4444 www.allthegear.co.za


Teks: Rikus van LekkeR Kampplekke

IT'S ALL IN THE GRIND

Die VSSL Java koffie maler is sinoniem aan absolute duursaamheid en kwaliteit. ‘n Produk wat jou maklik ‘n leeftyd kan hou. En vir my…jare se heerlike koppies vars gemaalde koffies. Hierdie produk sal beide die kampeerder sowel as die koffieconnoisseurs beïndruk. Hoekom sal ‘n mens jou uitstekende kwaliteit koppie koffie by die kamp hoef kwyt te wees as jy die VSSL Java koffie maler saam met jou kan inpak as jy gaan kamp. Julle wat my ken, sal natuurlik weet dat dit die eerste ding is wat ek in my kampkas sal inpak!!


Die innoverende VSSL Java koffie maler is in ‘n klas van sy eie. Hierdie maler is nie soos enige ander koffiemaler op die mark nie. Die fles pas gemaklik in jou hand en die maler se draai-aksie is moeiteloos en baie gemaklik. Al die onderdele en struktuur samestelling van die VSSL Java is met kwaliteit komponente opgebou en saamgestel en jy kan dadelik met die eerste oogopslag sien dat jy hier met ‘n kwaliteit produk te make het. Ek het growwe koffiebone in my VSSL Java gegooi. Daar is verskillende verstellings waarvolgens jy jou bone kan maal. Die maler se draai-aksie is moeiteloos en dit was nie eers 60 sekondes en my bone was gemaal tot die regte grein poeier – geskik vir my mokkapot. Die maler maal sowat 20g gemaalde koffie op ‘n keer – perfek vir een koppie koffie. Omdat daar tot 50 verskillende verstellings is, kan jy jou bone maal vir ‘n mokka-pot, ‘n perkuleerder of outydse flenniesak in die ou silwer koffiepot. Dimensie: Lengte 15.2cm Length x 5.1cm deursnit Weeg: 396g Ek kan met gerustheid die VSSL Java koffiemaler aanbeveel! Dit is ‘n uitstekende kwaliteit produk, geskik vir die buitelug entoesias wat ook nie wil inboet op die gerief van ‘n kwaliteit koppie koffie terwyl jy die natuur en kamp geniet.

Kontak: +27 21 762 9409 Epos: info@vsslgear.co.za

Webblad: https://vsslgear.co.za/


QUICK PITCH DAKTENT

QUICK PITCH SA IS ALOMBEKEND VIR BUITENGEWONE BUITELUG- EN 4 X 4-PRODUKTE. HULLE DOEL IS OM NISPRODUKTE BEKEND TE STEL, WAT VOLGENS DIE HOOGSTE STANDAARDE GEMAAK WORD, WAT KAMPEER EN OORLAND VEREENVOUDIG. VERVAARDIGER: QUICK PITCH SA


WATTER ONTWERP ELEMENTE OF SPESIALE EIENSKAPPE ONDERSKEI DIE DAKTENT BO DIE ANDER? Die Quick Pitch-daktent is die eerste keer in 2019 vrygestel en het met ander oë gekyk na die tradisionele daktent-ontwerpe en die daktent het baie unieke eienskappe. Items soos afdakke, storte,ligte en enige ander benodighede kan direk aan die tent bygevoeg word.

MATERIAAL

Matrasdikte / -soort (cm): 75 mm Comfort-skuim bedek met ‘n ligte katoendoek. Dit is 'n goeie gehalte matras. Die Quick Pitch Daktent leer: 2.6km Teleskopiese leer, wat beteken geen verlengingstukke vir die leer word nodig nie.


IS DIE DAKTENT GROOT GENOEG VIR JOU? Geslote lengte / breedte / hoogte (mm): L2300mm x 1425mm x 260mm Binne slaapruimte lengte / breedte (mm): 2150mm x 1280mm Oop dakhoogte (mm): 1600mm Dakopeningmeganisme / -tipe: gasstutte wat met 40 kg op die dak kan oopgaan

OMVATTENDE LYS VAN STANDAARDFUNKSIES: • Dak isolasie deur hoë digtheid isolasie skuim, doekbedekking met opbergsakke vir boeke, skoene, handdoeke, medisyne, klere en nagbehoeftes in te hou. • Beskerming teen koue lug van onder met 'n hoë digtheid isolasie wat netjies bedek word met mat. • Groot sy- en agteropeninge met insekskerms wat geskik is om die kleinste insekte uit te hou. • Weerafdakke op al drie openinge. • Hoë en wye toegange met ritssluiting kan aan alle kante tot by die matras oopgemaak word, en hoër op beteken 'n aansienlike vermindering van kondensasie in die nag asook maklik in en uit klim. • 'n Behoorlike 75 mm hoë digtheid matras. • Laai van toestelle oornag met 2x USB-laaipunte. • Gebruik oornag apparate met die standaard 12v-uitlaat. • LED-naglig met lae krag gebruik met lang buigbare steel. • Weerskermafdakke aan al drie kante van die daktent, al drie kante beteken dat u die ingange oop kan laat vir vars lug, selfs in matige reën. • Die unieke ontwerp van die Quick Pitch daktent beteken dat selfs 'n kind hierdie kan oopmaak. En as daar 'n vrag op die tent is, kan dit steeds met gemak oopgemaak en toegemaak word. • Beddegoed kan in die tent gelaat word tydens reis. • Die leer is hoogte veranderlik en opvoubaar, wat beteken dat daar geen lastige verlenging stukke nodig is nie, dit kan selfs op baie hoë voertuie pas (tot 2,6 m) en dit kan maklik gestoor word in die tent of waar ook al in die voertuig.


FOKUS OP KAMP QUICK PITCH SA


WAT BIED QUICK PITCH SA MAKLIK OM TE GEBRUIK MAKLIK OM TOEGANG TE KRY MONTEER OP ENIGE OPPERVLAK LIG EN AANTREKLIK

Logisties Gerieflik Hoë kwaliteit produk Multifunksioneel Altyd beskikbaar om te gebruik

ADRES 127 Mosaic Rd 127 Mosaic Rd, Silvertondale, Pretoria, 0184 + 27 82 839 2966 sales@quickpitchsa.co.za VIR EKSKLUSIEWE AANLYN-INHOUDBESOEK HTTPS://WWW.QUICKPITCHSA.CO.ZA/


INNOVATIVE STORAGE SOLUTIONS Discover the pilgrim within you!

Ammo Cover 2-Up

Ammo Pouch Quarters

Multi-purpose Bag

SKU: CCB001

SKU: CCB004

SKU: CCL007

Clothing Bag Deluxe

Kitchen Caddy

Bundu Bag

SKU: CCL001

SKU: CCH009

SKU: CCK001

021 905 5005 | info@campcover.co.za www.campcover.co.za


Flexopower has launched the Lithium 555, an upgrade on the Lithium 444, showing a new design, new and improved ports, and Watts power. It gives you hours of convenience while camping, but also while at your home for household appliances – Dual functionality! The Lithium 555 is a portable power station that can be used to charge and run various items on an outdoor adventure, for example, fridges, lights, electronics at camp, and cameras to capture the moments. There might not always be power where you are traveling, but with the Flexopower Lithium 555, you can rest assured. Li555 is the only Lithium power station with a replaceable battery. Once the battery has reached the end of its service life, simply return to Flexopower or an authorized dealer and get a new Li-battery installed and continue using it for another couple of years. All other products are typically discarded. It is easy to charge, with solar panels, the cigarette lighter of your car, or the closest electricity port, giving you hours of convenience wherever you are and where is needed. The Lithium 555 is such a multi-functional product that you can use it for camping, in and around the house with household items, especially when load-shedding starts or working from home. The Li555 has 2 x SA 3 prong AC plugs. Pure convenience. All other power stations have to have an adapter first before AC can be used.

For more information, visit www.flexopower.co.za or email info@flexopower.com


ONS KAMP KRAG WORD MOONTLIK GEMAAK DEUR FLEXOPOWER SE MOJAVE 220W SONPANEEL


Fotos en teks deur: Angelique West


W

anneer dit tyd is om die kar te pak vir ‘n naweek, weg by die see of langs die rivier, maak eerstens seker jy pak ‘n reddingsbaadjie vir jou en jou geliefste vierbenige maatjie in. Nie elke hond is ‘n natuurlike swemmer nie - en al is jou hond ‘n stukkie “Chad le Clos”, raak hul ook moeg en kan sodoende in die moeilikheid beland in die water. Ek het sowat 6 maande gelede ‘n Golden Retriever, Daisy, in my huis en in my hart verwelkom en ons het baie gou ‘n noue band gevorm. As ‘n avontuurlustige paartjie, het ons op baie uitstappies gegaan na die see en in die berge en natuurlik moet my beste maatjie altyd saam gaan. Snaaks genoeg, wou my Daisy, niks weet van die water nie. Vreemd. Retrievers is mos mal oor die water – nie waar nie?

D

it was weer tyd vir ons volgende avontuur en ons was baie opgewonde oor die wateraktiwiteite wat ons sou aandurf by die kampterrein. Natuurlik moes Daisy saam en ek wou seker maak dat sy gemaklik voel as ons gaan kayak roei. Dit was toe ons besluit om vir haar ‘n reddingsbaadjie aan te skaf by Dog Life Jackets. Die digte material en helder kleure het my moed gegee om haar water toe te neem. Ek kon voel dat die material sterk genoeg was om haar te dra

in die water en as iets moes gebeur, sou ek haar gou in die water kon sien met die helder kleure waarin die reddingsbaadjies beskikbaar is. Nogsteeds angstig, sit ons toe Daisy se reddingsbaadjie aan… en daar hardloop my hondekind reguit water toe. Honderstebolder hardloop ek agterna, want onthou, sy het nog nooit geswem nie. Sy was maar ‘n skrale 5 maande oud. En daar swem sy, met al die selfvertroue in die wêreld! Die reddingsbaadjies was dalk al wat sy nodig gehad het - ‘n “Confidence booster”. Die handvatsel bo-aan die baadjie het dit maklik gemaak om haar te lei, maar sy het gou gesnap en was sy “die mooiste vis in die dam”. Daisy is nou 7 maande oud en ons kan haar nie uit ons swembad hou nie. Sy kan eenvoudig net nie ophou swem nie. Dan haal ons maar weer die reddingsbaadjie uit, want sy oefen asof die volgende Olimpiese Spele om die draai is. “Moral of the story”… kry vir jou liefste woef ‘n reddingsbaadjie – en nie sommer enige reddingsbaadjie nie – ‘n Dog Life Jacket! Dit is jou plig as eienaar om seker te maak jou troeteldier is veilig en dit lyk net te dierbaar as jou vierpotige vriend in die water ronddryf.

https://www.doglifejackets.co.za/

Hier is ‘n paar redes hoekom ons van die reddingsbaadjie van Dog Life Jackets hou: • • •

Helder kleure om jou hond so sigbaar as moontlik te hou. Reflektiewe stroke kan ook die sigbaarheidsfaktor vir jou hond verhoog, veral as jy teen dagbreek, skemer of in die nag wil gaan swem. ’n Duursame boonste handvatsel wat jou help om jou hond vas te gryp en op te lig uit die water of om hulle te help om in die water in te stuur.

•

Sterk D-ring vir die leiband

•

Maklik verstelbaar

Die grootte word bepaal deur die gewig van jou hond. Dog Life Jacket bied ses groottes - van 'n Chihuahua tot 'n Great Dane. XS 0kg – 3kg / Sl 3kg – 8kg / M 8kg – 15kg / L 15kg – 40kg / XL 40kg plus / XXL 40kg plus plus.


Wild View verskaf awnings, kantpanele, add-on-rooms, storthokkies en pasmaak canvas produkte. Wild View Camping Equipment bied kwaliteit produkte vir ons kampliefhebbers. Hulle maak kamp vinnig & makliker. Die vriendelike span loop die ekstra myl vir hul kliënte en verseker dat daar aan al hul vereistes voldoen word. By Wild View word ons kliënte nie as ‘n nommer beskou nie, maar as deel van die familie. Wild View spesialiseer in die bou van sonskerms “AWNINGS” vir enige voertuig, boswa of Karavaan.

Daar is 3 ontwerpe awnings beskikbaar: L Square front and back awning, 360 front and back awning, Octagon front and back awning.

Die awnings is beskikbaar in die volgende groottes: 2.5m /2 .85m / 3m en groter, Die awnings het almal 3 x tentpale, Kleure beskikbaar: Olyfgroen / Grys Aluminised. KLIEK HIER: https://wildviewcquip.co.za/


Sand-Free Multimat Groundsheet Straight: Sizes: 1.5 x 1.5m 1.5 x 4.0m 3.0 x 3.6m 3.0 x 4.5m 3.0 x 5.4m 3.0 x 6.5m 3.0 x 7.5m Reversible: Green one side Grey other side

L-Shape: Sizes: 3m

3m 1.5m

5m

3.5m

2m 3.5m 1.5m

3m

3m

5m

3.5m

5m

2m

4x4

2m

Large

2m

Medium

6.5m

5m

Reversible: Grey Only

Visit our website for a variety of sand-free beach products available CGEAR Africa

cgear_africa


VET PRET

VA KAN SIE Waar anders as 'n ATKV-oord? See, berg of Bosveld. Daar is 'n ATKVoord wat aan jou wegbreekbehoeftes sal voldoen! Besoek ons webwerf vir opwindende promosies! www.atkvoorde.co.za atkvoorde www.facebook.com/ATKVOORDE


Vyf goeie redes om te gaan kamp Teks deur Loret Truter

M

y familie het nooit ‘n verskoning nodig om te gaan kamp nie – wat is dan nou lekkerder as om in die natuur te gaan ontspan. Maar as ek aan ‘n paar redes moet dink om iemand te oortuig om te gaan kamp, sal dit dalk vir die volgende redes wees…

1.As ons gaan kamp, dan vra my seun: “Wat gaan ons alles doen?” Maar ek dink weer: ”Wat gaan ons alles eet!!…lol”. Maar kom ons bly eerder by die aktiewe motivering om te gaan kamp…Wanneer ons gaan kamp, dan gaan ons kayak altyd saam. Almal is mal daaroor om op die dam of rivier te gaan roei – gesonde lekker vars lug. Ek weer hou daarvan om ‘n entjie te gaan stap in die mooi natuur. Somtyds is ek gelukkig om ‘n bokkie of hasie te sien op my wandeling, maar dis ‘n lekker bonus tot die gesonde oefening wat ek inkry. Mens besef eintlik nie hoeveel oefening jy werklik inkry as jy gaan kamp nie – van kamp opslaan en afslaan, van hout kap, stap na die ablusiegeriewe ens. Al hierdie aktiwiteite dra by tot gesonde oefening tydens ‘n lekker kampnaweek.

2.Wanneer jy kamp, spandeer jy meer tyd in die natuurlike sonlig – en so kry jy jou gesonde dosis Vitamien D in. ‘n Goeie skoot sonlig help om jou melatonien vlakke in jou liggaan te reguleer. As jou melatonien vlakke weer herstel is, sal jy sien dat jy sommer weer meer energiek voel en ook sommer baie lekkerder slaap snags…wat ‘n bonus!

3.Hierdie een is vir my – wat al baie jare sukkel met hoë bloeddruk. Kamp het ‘n natuurlike rustige uitwerking op ‘n mens se gestel. Wat is dan nou lekkerder om rustig om die kampvuur te ontspan en om net te vergeet van die daaglikse stressors wat jou bloeddruk onnodig opjaag. Jou streshormoon verlaag wanneer jy tyd in die natuur spandeer en dit is dus net nog motivering om te gaan kamp!

4.As jy meer tyd in die natuur deurbring, dan is jy meer ingestel en gefokus op die mooi van die natuur om jou. Dis asof jou “brain-fog” wonderbaarlik opklaar na ‘n


naweek se rus en vrede in die natuur. Lekker – Lekkerder – Lekkerste – KAMP!!!

5.Dan, die euwel van ons tyd…kinders wat hulself nie kan wegskeur van die televisie of hulle rekenaarskerm nie. Kamp is die beste terapie om kinders buite te kry en weer kind te wees. Wat is dan nou lekkerder om as gesin saam te gaan visvang, om bordspeletjies te speel en om malvalekkers op ‘n stokkie te braai – dan is die televisie lank reeds vergete! Wel…hierdie is nou ‘n paar geldige redes om te gaan kamp…MAAR….sommige mense het nie enige rede nodig om te gaan kamp nie…En ons familie is sulke mense!!

Foto geneem by Kambati


Beskikbaar by


Bespreek vandag nog info@debakkesantos.co.za |0760587135 | WhatsApp 064 783 6486


VLOEDBOS Vloedbos is ‘n pragtige kampplek op ‘n plaas in die hartjie van die Overberg, tussen Caledon en Bredasdorp en sowat 45km vanaf Hermanus. Hierdie kampterrein is ideaal vir ‘n heerlike familie vakansie, want hier is die lys van doendinge sommer lekker lank. Daar is ‘n waterwurm, onderdak verhitte swembad, speletjieskamer, minigholfbaan en braailapa. Vir kinders jonger as 7 jaar is daar ook ‘n miniwaterwurm van 2m lank om op te baljaar. Dit maak nie saak watter kampplek jy by die oord bespreek nie, jy sal nooit meer as ‘n minuut of twee se stap van die ablusieblok of ontspanningsgeriewe wees nie. Die ablusiegeriewe word pynlik netjies gehou en is in ‘n baie goeie toestand. Daar is aparte ablusie vir die mans en dames. Daar is egter ook ‘n familiebadkamer vir ekstra privaatheid of as jy die kinders almal saam in die bad wil skrop na ‘n lekker dag se kuier en speel op die kampterrein. Vir kampers se gerief is daar ‘n oordwinkel waar jy lekkernye, hout, ys en ander basiese benodigdhede kan aankoop. Kom kuier gerus by Vloedbos! Maak vroegtydig jou bespreking, want hierdie oord is baie gewild!

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg NAASTE DORP: Caledon 30km STREEK: Overberg PROVINSIE: Wes Kaap GPS: -34.333237, 19.694745 OMGEWING: Plaas TEL: 083 359 1505 https://www.lekkerkampplekke.co.za/kampplek/vloedbos/


BOSVELD OASE Bosveld Oase is ‘n woonwa park slegs 15 minute se ry buite Brits in die stil, rustige en intieme bosveld omgewing van Mamogaleskraal. Bosveld Oase bied 110 staanplekke met uitstekende ablusie geriewe, wat ook rolstoelvriendelik is. Alle staanplekke is oordek met groen grasperke en het geplaveide paadjies. ‘n Unieke voëllewe met verskillende wild spesies, asook ‘n “vang en laat gaan” dam vir die visvang entoesias. By Bosveld Oase kan jy ook stap en fietsry, swem in die groot onderdak verhitte swembad of koue water swembad .

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg NAASTE DORP: Brits (20km) STREEK: Brits PROVINSIE: Noordwes GPS:S 25.531148 E 27.827033 OMGEWING: Dam TEL: 072 215 2114 https://www.lekkerkampplekke.co.za/kampplek/bosveld-oase/


ONVERWAGS KARAVAANPARK Onverwags Karavaanpark is in die Brits omgewing geleë – in die Noord-Wes provinsie. Die Karavaanpark is in ‘n rustige bosveld omgewing geleë, weg van die stadsgewoel. Daar is sowat 16 spesies inheemse bome op die wldsplaas en die mak wild sluit die volgende in: Kameelperde, Kudu, Rooihartbees, Swartwitpens en vele meer. Onverwags Karavaanpark is ook baie gewild onder voël-liefhebbers, aangesien die omgewing ongerep is met ‘n groot verskeidenheid voëls en watervoëls by die plaasdam (pragtige uitsigte). 45 Staanplekke in totaal, waarvan daar 40 lowergroen gras staanplekke is en ‘n verdere 5 staanplekke met grondbedekking. Die ablusie geriewe is 5 ster kwaliteit. Die staanplekke is geskik vir vir woonwaens, boswaens, motorwoonwaens of tente.

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg NAASTE DORP: Brits (23km) Pretoria (78km) STREEK: Brits PROVINSIE: Noordwes GPS:S 25.458988 E 27.786087 OMGEWING: Bosveld TEL: 082 899 1900 https://www.lekkerkampplekke.co.za/kampplek/onverwags-wildsplaas/


THABA MORULA Thaba Morula is ‘n oord in ‘n natuurreservaat op ‘n wildplaas. Daar is 90 grasbedekte kampstaanplekke, almal toegerus met elektrisiteit en waterpunte. Omtrent die helfte van Thaba Morula se staanplekke het skaduwee. Daar is nabygeleë gemeenskaplike ablusiegeriewe en ook individuele badkamers – Individuele badkamers – as jy die deur agter jou toetrek het jy alleenlik toegang tot die stort, wasbak en toilet. Daar is ook voldoende opwasgeriewe beskikbaar. Die Kampterrein word omring deur ‘n geëlektrifiseerde heining en daar is ‘n sekuriteitswag aan diens. Die oord dien as basis om dagritte te onderneem na Sun City (70km) en die Pilansberg Wildtuin (70km). As jy wil gaan hengel is die Roodekopjies en Vaalkopdamme slegs 3km weg. Kuier gerus by die groot verhitte buitenshuise swembad. Daar is ook plaspoele, jacuzzi’s.

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg NAASTE DORP: Brits (40km) / Sun City (70km) / Pilansberg Wildtuin (70km) STREEK: Brits PROVINSIE: Noordwes GPS: S 25.382083 E 27.555367 OMGEWING: Bosveld TEL: 086 299 0299 https://www.lekkerkampplekke.co.za/kampplek/thaba-morula/


MONTAGU OORD KARAVAANPARK Montagu Oord Karavaanpark is ‘n pragtige kampplek in die hartjie van Montagu, op die wêreldbekende Route 62. Hierdie oord het ‘n 3 ster gradering en die eienaars doen alles in hulle vermoë om jou kampervaring lekker te maak. Daar is sowat 85 staanplekke, almal op gras. Elke staanplek het ook 15 A elektrisiteit, ‘n kraan en ‘n braaiplek – onthou net om jou eie rooster saam te bring. Daar is 2 ablusieblokke wat baie netjies is en deurentyd gediens word. Daar is ‘n dam in die oord waarop jy met ‘n trapbootjie kan vaar en waar jy ook kan visvang. Kom kyk gerus of jy ‘n lekker groot karp aan die lyn kan kry! Daar is ook baie ander aktiwiteite beskikbaar vir oud en jonk, soos die verhitte binneshuise swembaddens, kouewater swembaddens en ontspanningsarea vir die kinders. Vir gaste wat nie wil kamp nie, is daar ook ‘n verskeidenheid selfsorg eenhede beskikbaar – van chalets tot houthuise en basiese verblyf vir rugsakreisigers. Dit is beslis die moeite werd om jou tentpenne by Montagu Oord Karavaanpark in te slaan!

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg NAASTE DORP: Montagu STREEK: Breederiviervallei PROVINSIE: Wes Kaap GPS: S 33.7874 E 20.113 TEL: 023 614 3034 https://www.lekkerkampplekke.co.za/kampplek/montagu-oord-karavaanpark/


Ice Cold Anywhere!


Kontak: Mark 0734252938


braai Anytime, Anywhere

WWW.CAMPROD.CO.ZA INFO@CAMPROD.CO.ZA | 082 325 5043 | 38 Fabriek street, Gants Plaza, Strand, rsa


JAN BRAAI BILTONGPASTAPOTJIE

LEKKER KAMPKOS Fotos deur: Chantelle Grobler Hierdie resep kom uit die Jan Braai Shisanyama resepte boek. •


Wat jy nodig het: (vir 4-6 mense) 250g biltong 500g pasta (penne of skulpies) 2 sopies olyfolie 2 uie (opgekap) 3 knoffelhuisies (opgekap) 1 pakkie spek (200g) in blokkies gesny 250g sampioene 1 blokkie beesvleisaftreksel 2 koppies kookwater 1/2 koppie witwyn 1 pakkie (50g) tamatiepasta 1 koppie volroommelk 250g of meer cheddar-kaas (gerasper) 250ml vars room sout en peper na smaak Metode: 1.Verhit die olie in jou potjie en braai dan die uie tot hulle deurskynend is. Gooi dan die knoffel, spek en sampioene by en hou aan met braai todat die spek gaar is. 2.Los die blokkie beesvleisaftreksel in 2 koppies kookwater op en gooi dit, die wyn en tamatiepasta by die potjie. Meng alles nou deeglik. 3.Gooi die pasta en die biltong by. Roer alles deeglik en sit die deksel op die pot. Laat prut vir 5 minute en haal dan die deksel af. 4.Roer die melk, kaas en room by. Laat dit nou verder prut vir so 10-15 minute tot die pasta gaar is en jy tevrede is dat die sous dik genoeg is. Natuurlik moet jy tussendeur in die potjie loer. As hy te droog raak en lyk of hy wil aanbrand, kan jy nog biejie water bygooi. 5.Sodra die pasta gaar is in jy tevrede is dat die sous dik genoeg is, is die maaltyd reg om op te skep.

https://www.easterncapecaravans.co.za/


FACEBOOK PRAATJIES LekkeR Kampplekke

Stefan Wessel Louw Mense wat kla en kerm oor elke liewe ding in die kampplek. Dis ‘n kampoord, nie ‘n 5 ster hotel nie. Slaan op jou tent, steek aan die vuur en haal uit jou bier. Ontspan, die lewe is nie so erg nie.

Mariska Booyens Badkamers wat nie skoon gehou word deur bestuur van die oord nie. Ons was al by oord waar die badkamers net een keer ‘n dag op Desember vakansie skoon gemaak word.

Schalk Louw As daar ander arrogante kampeerders op jou bespreekte kampplek staan en dan maak asof dit hulle kampplek is.

LekkeR Kampplekke

Wat is daai een ding wat jou sal omkrap as jy by 'n Kampeerterrein is?

647 comments Belinda Spencer As ons wil kamp opslaan en mense parkeer op jou staanplek en hulle is nie by hul kamplek nie! Dan moet jy wag tot hul terugkom.

Om almal se kommentaar te lees besoek die Lekker Kampplekke Facebookblad MEER...

MaryAnn Darkrayven Lailvaux Musiek uit karre wat blêr. Kan letterlik met enigiets anders werk maar nie geraas nie. Veral nie musiek wat heel dag of nag doef-doef nie.

Zanthia Doubell Cronje Mense wat 8uur gaan slaap en verwag almal rondom hulle moet tjoepstil wees...bly by die ouetehuis sodat die jonger mense hulself kan geniet asb.

Christelene van Wyk Stompies, want op my erf is nerens nie. My man het opgehou rook...en ek skel enige een wat dit op die grond gooi...


Top 10 Travel & Holiday Guides

BESKIKBAAR

BY:


Adverteer jou besigheid hier volblad advertensie vanaf R995pm Stuur n epos aan: admi n@l ekkerkamppl ekke.co.za

Kamp Paklys

Rikus Truter 29,400 223,000 F o l l o w e r s followers

Customers (77 256) Downloads

Page Views 3,184,385 oor 12mde tydperk Webblad gebruikers 512,653

165429 Views aanlyn tydskrif Jan. 2020

91% van ons gebruikers en Lede woon in Suid-Afrka Gegrond op statistiek en databasis van 300 000 plus lede

Jy is welkom om met ons kontak te maak om jou kampverwante besigheid te adverteer.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Kamp is Lekker Maart 2022 by Kamp is Lekker - Issuu