Maart 2021
HIER word stories gebou
Sand-Free Multimat Groundsheet Straight: Sizes: 1.5 x 1.5m 1.5 x 4.0m 3.0 x 3.6m 3.0 x 4.5m 3.0 x 5.4m 3.0 x 6.5m 3.0 x 7.5m Reversible: Green one side Grey other side
L-Shape: Sizes: 3m
3m 1.5m
5m
3.5m
2m 3.5m 1.5m
3m
3m
5m
3.5m
5m
2m
4x4
2m
Large
2m
Medium
6.5m
5m
Reversible: Grey Only
Visit our website for a variety of sand-free beach products available CGEAR Africa
cgear_africa
Ice Cold Anywhere!
HOEKOM GAAN KAMP JY SO GRAAG? Foto: Rhina Strauss Pieterse
Emile Viljoen
Lucinda Liebenberg
Die term "kamp" is seker een van die wydste wat daar is. Die ou met sy slaapsak langs 'n kampvuur oopgerol kamp. Aan die ander kant kamp die ou met sy dubbel-as karavaan en privaat ablusie ook. So beide kamp maar met totaal verskillende verwagtinge uit die ervaring. Sommige mense gebruik die kamp ervaring om saam te kuier en tot laat nag te remoer...tot almal om hulle se frustrasie. Ek kamp om die rus en vrede van die natuur te ervaar..."experience His beauty" soos Bush Lapa sê.
Ons kamp vir sommer lang tye. Dit is baie moeiliker vir familie om n bewegende teiken raak te kuier!
Lindi Herbst Dis hoe ek groot geword het. Meeste vakansies was met die karavaan. Die hele familie het sommer saam gekamp, veral Desembervakansies. Almal kuier en swem saam - jy sal nerens soveel vriendelikheid kry nie.
Maretha Booyens Ek bly langs n hoofpad en na byna 5 jaar, hoor ek steeds al die verkeer. My woonstel bied nie werklik privaatheid nie. Kamp is bevryding. Daar hoor ek myself dink, ek word stil, geniet die natuur en eenvoud wat ek nodig het. Wanneer ek kamp, word my siel verkwik, my gedagtes se gemaal stil en waardeer ek weer wat ek het.
Monique Nelson "Fire feeds the soul" niks beter vir die siel as n kamp vuur nie
Petru Swanepoel Stilte, natuur, geen TV of radio. Die rustigheid, luister na die naggeluide. Asem die vars lug in en kyk na die sterre. Dit is wat my battery herlaai.
Reiks Barn Ons gaan kamp om saam vriende of familie of net as gesin in die natuur bymekaar te wees. Weg van elke dag se gejaagdheid, furtrasies en daaglikse pligte. Almal om jou is ontspanne en in ñ vrólike luim. Almal maak nuwe vriende. As die kinders gelukkig is, is ma en pa ook gelukkig! Jy bly vir n paar dae met net die nodigste, so jou werk is minimaal. Werk saam, speel saam. Wat is dan lekkerder, as om met dié wat jy lief het, so naby jou te hê, met n laat aand vuurtjie wat brand en te hoor hoe mense in verte lag & gesels. Dis hemels om na die see of voëltjies te luister en die vars lug in-teasem, om vroeë sonopkoms en sonondergang te sien en te bewonder. Ek is absoluut crazy mal oor kamp!!
Cecilia Smit Gaan kamp om een met die buite lewe te wees. Daar is geen pretensie net die natuurlike self. Rudi Nieuwoudt VETPRET
Foto: Heinrich Dewet
Foto: Sunet van Niekerk
Amanda Erasmus Jacobs
Megan Rorich Brogneri
Om die natuur se wi-fi te gebruik om te herlaai!!
Vir die klein tydjies op 'n slag wat ons gaan kamp, hoef ek nie huis skoon te maak, wasgoed te was of te stryk nie. Die manne is ook darem 90% van die tyd verantwoordelik vir aandete op die vuur. Absoluut hemels
Hannie Bayer Kamp is lekker. Na aan die natuur en weg van moderne tegnologie. Al kan jy op n kamp plek jou selfoon gebruik... Mens doen dit minder. Leer om mekaar weer te waardeer. Absoluut goed om net weg te breek van al die wereldse goed.
Jacques Desmond Theron Die niks wat so baie is
Thea Venter Kinders wat sorgloos rond beweeg, lag en vars suurstof inasem. Familie tyd, braaivleis in die natuur
Ina van Niekerk Natuur, vuurtjie en diere maak my rustig. So eenvoudig soos dit. Back to basics.
Jonita Knoetze Ek kamp om my sintuie te herondek. Die see lyk net blouer, die voeltjies se sing klink net helderder, die vuurtjie se reuk is net anders en daai vleisie smaak net beter. Maar die beste van als, is die sonsopkoms met n warm beker koffie in die hand. Dis die herontdekking van God se genade...
Frida van der Spuy Ek het groot geword met kamp en my kinders ook. Nou gaan voort met die wonderlike tradisie met ons kleinkinders. Die HEEL BESTE manier van samesyn met familie, gesin en vriende. So sien mens ook jou eie land se beste kant!
Riëtte van Zyl Tanya Lubbe Om buite te wees, natuur en nag geluide waar jy absoluut nêrens anders kan hoor of voel, behalwe in jou tent, trailer tent of karavaan. Die rustigheid, gelag van kinders en geselsies tussen vriende. Die gras gevoel onder my moeg gewerkte voete en natuurlik die reuk van elke buurman se vleis op die kole.
Die wegkom en ander ervaring as huishou. Die spesiale bande en liefde wat tydens kamp gevorm word, kan nie tussen vier mure gebeur nie.Beste medisyne vir die siel....en natuurlik die spanwerk. Desna Pretorius Eers as jy weg is van die dag tot dag roetine, kan n mens ontspan en sterk bande vorm met die mense vir wie jy lief is.
Foto: Hans van der Westhuizen
Gina Theunissen Olivier
Louwtjie Beck
Om te ontspan van daaglikse gejaag en roetines, om net weer sonder die luukshede klaar te kom en net om my kinders in n ontspanne atmosfeer te sien blom.
Oh, die opwinding dat alles in die bakkie kon pas. Ons eerste stop vir ñ lekker ontbyt. Alles is net Lekker. Hoe nader ons aan die kamp kom, trek die maag op ñ knop. Ek ken mos die ou storie, baklei ,gaan ons baklei, en sommer lelik ook. Ek herinner van pale wat deur die ten duurste ingestikte (pockets) moet in. Daardie tent gaat nêrens, as alles net eers in ,of op is.
Tina Human Dis rustig en salig. Ek glo familie bande groei beter by die kamp plekke as wat mens braai by die huis. Bring familie nader aan mekaar. Geen verkeer en jy hoor die diere in die nag en vroeg soggens.
Jennifer Bands Ek was nooit een om te kamp nie...totdat ek gaan braai het as my seuntjie saam met my ouers kamp. Die genot wat kinders daaruit put - die terugkeer na kind wees van swem, speel, balskop en visvang; die nuwe maats maak binne minute van afpak, het my laat besef dat die die effense ongemak, ongerief en publieke geriewe nie naastenby so erg nie. Die nabyheid aan die natuur maak God se skeppingshand & liefde so duidelik - kamp nou elke kans wat ek het en aangesien ons in die Tuinroete is, is ons geseën met van die mooiste kampplekke! Hierby aangeheg is 'n foto geneem van die Touwsrivier by Ebb & Flow - Tuinroete Nasionale Park
Hoe meer daar gesukkel word, hoe stiller word ons. Pensinirs ,sukkel mos maar. Wanneer alles hul lê gekry het, en ons klim in die bakkie om gou KFC te gaan koop op Knysna, dan weet ons, alles gaan" fine" wees. Doodmoeg kom ons daar aan, en rasi wat! Liewe Eskom het ook ñ stokkie voor ons ete geplaas. Nou soek ons net ietsie om te eet. Op die u einde gaan eet ons brood en konfyt. Ja, ons kon net sit en lag. Die dag was lank. Vroeg by die huis weg, arriveer laat middag. Alles vergete as ons die nag instaar met die klank van die see.
Louis Le Roux Om weg te breek uit die gewoel van die beton oerwoud , n slag die kalmte van die natuur om jou te ervaar , om die kampvuur jou sorge tydelik te vergeet , om soggens gewek te word deur voël gesang bokant jou tent en te weet vandag ontspan ek sonder om my te haas . Na so kamp wegbreek voel ek weer gerecharge en kan ek die betonoerwoud weer verduur vir n rukkie tot die kampvuur weer roep vir n kopskoonmaak sessie.
Isabella Dewet
Roné Langenhoven
Kamp is lekker. Ontmoet nuwe mense. Waar gaan jy by jou buurman vroeg koffie drink in jou slaap klere en niemand worry oor dit nie. In die stad beslis nie. Kuier in jou slaap klere en niemand kyk jou skeef aan nie. Eet slaap, kuier,braai, ontspan en herhaal. Dis n salige en sorgvrye lewe.
As ek terug dink aan my kinderdae is van my beste herinneringe ons kamp vakansies! Ek wil graag ook die avonture vir my kinders skep dat hulle ook eendag kan sê dit was hulle beste herinneringe.
Hester Sophia Van Dyk An van Leeuwen Toen ik nog in Nederland woonde heb ik nog nooit gekampeerd. Maar nu ik in Zuid Afrika woon heb ik helemaal de smaak te pakken. Met onze off-road trailer en rooftop tent trekken we zo vaak als mogelijk de natuur in. Het mooiste is kamperen zonder fences , midden in de Bush ! Hoe primitiever hoe beter. Geen TV geen internet en alleen maar de prachtige natuur en vogels en dieren van Afrika. Wij lusten er wel pap van. We voelen ons zeer bevoorrecht dat we dit allemaal kunnen doen als gepensioneerden hier in Afrika.
Gerhard du Toit Ek kamp graag omdat dit in 'n gejaagde lewe, nodig is dat jou liggaam siel en gees kans kan kry om weer 'n slag weer één te word.
Fred Viljoen Waar begin jy 1) Sterre Hemel 2) So naby God se skepping 3) Tye om die vuur veskieslik met vroende of familie. 4)Die stilte net die dag en nag geluide.
Vir die wind wat die tent waai die reendruppels sag op die karavaan die water kook n groot swart ketel op die gasstoof as die son sy kop uitsteek die rustig op my stoel met hekelwerk die voels om my die vuur wat dans in die nag en voor ek aan die slaap raak my liefling se rustige asemhaling langs my Kamp my tonic.
Phyllis Groves net om te recover van die gewoel by jou huis omgewing....n heerlike hemel se stilte ... die natuurskoon varslug en konsdesmelk koffie.. die braai vleis vuur ... die koel aandluggie. saam net jou geliefdes wat heerlik gesels.....n heerlike kuier atmosfeer..
Alida Müller Ek kamp Somer, Herfs, Winter en Lente om bietjie weg te kom van die daaglikse gewoel en gewerk. Om bietjie stil te word in die natuur, om my Skepper te ontmoet en om te luister na die naggeluide, rustig, amper gehipnotiseerd. Niks so lekker as om om 'n kampvuur te kuier een één met die natuur te raak nie.
Foto: Roné Langenhoven
Deidre Retief Vir my is dit beter as om n gaste huis te bly, want hulle wys altyd hierdie mooi fotos en as jy daar kom is dit nie wat jy gedink het dit gaan wees nie ,maar met kamp weet jy presies wat om teverwag en dis jou eie goed wat jy saam kan vat ,beste van als is jy hoor nie kare op en af jaag of niks nie, dis lekker stil
Chantel Reyneke Om as gesin weg te kom van die stad se gejaag en net te ontspan. Kinders wat baljaar en kan kind wees, braaivuur wat brand, sterrehemel oop bo ons. Soveel blessings.
Cheryldine Prinsloo Ek en my man gaan kamp graag met vriende waar ons heerlik op die strand stap, lekker saam braai, om die vuur onder die sterre mekaar se geselskap geniet. Ons kuier nie graag by mekaar se huise nie, ons respek mekaar se familie tyd.
Foto: Edwin Fellows
Foto: Ronelle Firmani
Is die trotse borg vir
www.lekkerkampplekke.co.za
De Kleine Akker
TIPE AKKOMODASIE: NAASTE DORP: STREEK: PROVINSIE: GPS: OMGEWING:
Kampplek Elim Overberg Wes-Kaap Sien aanwysings Kus
Kampplekke Troeteldiervriendelik Visvang Swemplek Toeganklikheid Krag
19 Nee Nee Dam Grondpad Nee
BESKRYWING: Die Kleine Akker is ‘n klein kampplekkie en is ideaal vir die persoon wat wil wegbreek uit die stad, of vir die fietsryer, 4×4 man of buitelewe entoesias. Daar is ‘n speelpark vir die kinders en ‘n lekker swemgat om in aft e koel. Al die staanplekke het ‘n braaidrom.
KONTAK: Marietjie De Wet-Swart Tel: 082 349 7336 of 028 4821751.
AANWYSINGS: Vanaf Baardskeerdersbos, ry die teerpad op pad na Elim. Draai voor Elim op die Napier grondpad links. Hou aan vir 10km, draai regs by die bord Akkersdrift. Dan nog 2km tot by Akkersdrift, de Kleine Akker. Vanaf Napier, ry 22km grondpad op dir Baardskeerdersbos/Gansbaai pad. Draai links by die bord Akkersdrift. Dan nog 2km tot by Akkersdrift, de Kleine Akker.
Kam’Bati Rivieroord
TIPE AKKOMODASIE: NAASTE DORP: STREEK: PROVINSIE: GPS: OMGEWING: Kamp staanplekke Troeteldiervriendelik Visvang Swemplek Toeganklikheid Krag
Kampplek & Selfsorg Swellendam 23km Overberg Wes-Kaap S 34.079945 E 20.285904 Plaas, Rivier 96 Nee Ja - rivier Kouewater swembad met glybane Grondpad Ja
BESKRYWING: Kam’Bati is ‘n heerlike kampplek sowat 20 km wes van Swellendam. Die Sonderend en die Breederivier vloei verby die eiendom en die meeste staanplekke bied pragtige uitsigte oor die rivier. Al die staanplekke het lieflike gras en daar is genoegsame skaduwee. Die kampplek is veral gewild onder families met kinders. Die swempark met swembaddens is ‘n groot aantrekkingskrag vir oud en jonk. Kam’Bati is beslis ‘n besoek werd as jy wil kom kamp. Vir gaste wat nie wil kamp nie, is
daar ook verskeie selfsorg opsies beskikbaar by die oord. AANWYSINGS: Vanaf Swellendam, neem die N2 in die rigting van Kaapstad vir sowat 20km. Draai af by die Kam’Bati afdraai aan jou regterkant. Volg die 3km grondpad en bordjies tot by die kampterrein. KONTAK: Loret Truter Tel: 079 712 7595
CAMPING MADE EASY
https://bundutec.co.za
Suikerbossie Gasteplaas
TIPE AKKOMODASIE: NAASTE DORP: STREEK: PROVINSIE: GPS: OMGEWING: Kampplekke Troeteldiervriendelik Visvang Swemplek Toeganklikheid Krag
Kamplek en Selfsorg Citrusdal (35km) Olifantsriviervallei Wes-Kaap S 32.66818 E 19.25545 Plaas, Rivier 18 Ja Ja Rivier Grondpad Ja
BESKRYWING: Suikerbossie Gasteplaas beskik oor 18 kampplekke, almal by die water. Die kampterrein het verskeie rotspoele en watervalle. Waterval Kamp is privaat en aan die bokant van die watervalle en rotspoele. Hierdie kamp het sy eie ablusie. Ghoeboontjie Kamp is by die rivier geleë en meer rustiek. Hierdie kamp is geskik vir 8 persone. 4 Persone in die stilstaande karavaan en ‘n verdere 4 in hul eie tente. ‘n Klipgooi verder is die Kuil Kamp (waar 12 of meer mense kan kamp). By Waterfront Kamp kan 2 tot 6 mense kamp en by Bo Tarzaan Swing kan daar 6-8 mense kamp. Al hierdie kampplekke het ‘n grasdak gazebo vir koelte
en toegang tot yskasgeriewe. Rivier Kamp is ‘n privaat staanplek op groen gras terasse. Hierdie staanplek is onder ‘n enorme groot Denneboom geleë. Die groot ablusieblok is nabygeleë. Die ablusieblok het 6 toilette, 6 storte, warm water, krag, en opwasgeriewe vir skottelgoed. AANWYSINGS: Vanaf Ceres neem jy die R 303 tot by Citrusdal. Ry verby Op-die-Berg en na 42 km is daar 1km grondpad (sowat 27km vanaf Citrusdal). Draai regs. Ry sowat 4.5 km na die plaashuis – draai af na die bord wat na die plaashuis toe wys.
KONTAK: Karin Hanekom Tel: 084 953 3314 / 022 - 921 3537.
Rivierplaas Kamp
TIPE AKKOMODASIE: NAASTE DORP: STREEK: PROVINSIE: GPS: OMGEWING:
Kamp staanplekke Troeteldiervriendelik Visvang Swemplek Toeganklikheid Krag
Kampplek Worcester (25km) Breederiviervallei Wes-Kaap S 33.774083 E 19.521267 Rivier
33 Ja – bespreek vir jou hond asb Ja - rivier Rivier Grondpad Nee
BESKRYWING: Rivierplaas Kamp is ‘n privaat kamp op ‘n werkende plaas langs die Breërivier, ongeveer 25 km buite Worcester. Die staanplekke het meestal gras. Die Witstinkhoutkamp het ‘n area sonder gras, maar baie skaduwee onder die bome. Hierdie is ‘n diere-vriendelike kampterrein. Die kampterrein bied groot oop grasperke vir die kinders om op te speel. Kom geniet die diep swemarea en die foefie slide (Flying Fox). Daar is warmwater storte (gestook met KONTAK: Die BestuurderTel: 084 710 0139
‘n donkie) en spoeltoilette. Daar is nie elektrisiteit by die kamp nie, maar daar is wel ligte in die badkamers. Die winkeltjie verkoop basiese kamp benodighede. Geen musiek word toegelaat nie asb. Rivierplaas Kamp bied ‘n pragtige rusplek waar jy jouself in die natuur kan verlustig. Kom geniet jou volgende vakansie by Rivierplaas. AANWYSINGS: Rivierplaas langs die Breërivier, 25 km buite Worcester.
I
n die hartjie van die Klein Karoo, is ‘n kamp-oase…‘n Klipgooi vanaf Calitzdorp en Oudtshoorn, sal jy die kampplek Karoowater Gasteplaas kry. Soos die naam aflei, is Karoowater ‘n heerlike lafenis in die dorre Karoo. Hierdie kampplek het beslis nie teleurgestel nie. Met aankoms is al die nodige covidregulasies nagekom en het Carla by ontvangs ons meer van die kampplek vertel en wat ons alles van die oord kon verwag. Ons was baie opgewonde om kamp op te slaan, terwyl die Springbokkies lui-lekker op die graswalle gewei het. Die Springbokkies is baie mak en dit was tog te lekker om hulle van so naby te kan sien. Agter ons kampplek was ‘n laning met riete en die voëls het omtrent basaar daarin gehou.
Ons was net klaar kamp opgeslaan, toe ons bure opdaag…’n man en vrou en 4 meisiekinders – almal in een voertuig…en een kleinerige tent. Ons het gewonder hoe hulle alles in die kar gelaai kon kry, maar toe die kar se voordeur oopgaan en die mamma sit met 2 sakke
hout op haar skoot, het alles vir ons sin gemaak. Hulle was nou die spreekwoordelike “one happy family”. Hulle het op die ingewing van die oomblik besluit dat hulle wil kom kamp – en dis mos daardie onverwagse kamp-kuiers wat die lekkerste herrinneringe bou. Ons het die res van die naweek nie baie van die 4 kinders gesien nie, wel ons seun was ook nooit by die staanplek nie – hulle het net kom inloer as dit tyd was vir eet, in ons geval as dit tyd was vir braai. Die kampplek het baie doendinge vir die kinders…en ook vir ons volwsssenes. Daar is 2 binneshuise swembaddens, elkeen met warm mineraalwater. Die kleiner swembad se water was baie
warm, ongeveer 40 grade Celsius! Die warmwater swembaddens sal beslis ‘n groot aantrekking wees vir die koue wintermaande. Dan is daar ook ‘n groot swembad met kouewater met ‘n lekker glybaan. Daar is ook braaiplekke by die swembad, wat lekker is om te gebruik as jy ogie oor die kinders wil hou maar tog vuurtjie wil aansteek en rustig wil kuier. Verder is daar ‘n groot hok met apies en dan ook kleiner hokke met verskillende voëls. Die kampplek het ook sy eie restaurant met ‘n lekker dek wat oor ‘n dam gebou is. Ons het ‘n lekker pizza bestel en luilekker op die stoep gekuier. In die dam is daar
Koi-visse en Carla het ons vertel dat die oudste vis reeds ouer as 20jaar oud is. Soos enige ander lekker naweek, het ons kamp-naweek by Karoowater ook te gou tot ‘n einde gekom. Wat egter lekker is, is dat jy nogsteeds die dag by die swembaddens kan spandeer nadat jy op die Sondag opgepak het – ‘n ekstra lekkerte om die kamp-naweek net nog lekkerder te maak. Ons sal beslis weer tentpenne vasslaan by Karoowater Gasteplaas. Ek dink hierdie staanplek kan maar gelys word as ‘n lekker kampplek.
Met die eerste oogopslag kan jy sien dat die 444 ontwerp is om 'n voertuiguitleg te kan hanteer. Sy lang smal vorm gly mooi langs 'n yskas of op die vloer agter die voorste sitplekke in. Daar is maklike toegang tot die kragpunte sonder om jou hele motor uit te pak. Die enigste punt aan die agterkant, is die standaard 12V sigaretuitlaat, wat jou yskasdrade van die res van die ander punte weghou. Selfs die punte aan die voorkant maak dit maklik om van voertuiglaaier na sonkrag te ruil as jy vir 'n lang periode kamp opslaan. Ek het gevind dat die Lithium444 die naweek vir my oorgenoeg krag kon voorsien.
Wat die gebruik van die 444 betref, werk alles presies soos ek dit sou verwag het. Jy skakel dit eenvoudig aan en druk alles wat krag benodig by die toestel in. Daar is geen moeilike knoppies oor hoe om dit te gebruik nie. Daar is slegs 'n ry blou LED-liggies wat 'n eenvoudige weergawe gee van die oorblywende batterylewe. Die agt proppe aan die voorkant bevat drie 110V- en drie USBpoorte, wat jou in staat stel om feitlik enigiets in te prop.
Nadat ek die Flexopower Lithium444 begin gebruik het, is ek regtig beïndruk. Hulle het nêrens afgeskeep nie, maar dit eenvoudig en so effektief moontlik gehou. As jy op soek is na 'n eenvoudige eenheid wat ontwerp is om die behoefte aan 'n dubbele batterystelsel te vervang, dan is die 444 'n uitstekende keuse.
Gewig: 5.5kg Groote(LBH): 30 x 13 x 18 cm Ekstras: 1 x AC herlaai kabel 1 x Car 12V herlaai kabel 1 x Sonpaneel kabel met Anderson grys aansluiting
ONS KAMP KRAG WORD MOONTLIK GEMAAK DEUR FLEXOPOWER SE MOJAVE 220W SONPANEEL
Our Seatcovers are made using a synthetic fabric which is incredibly tough, 100% waterproof and extremely comfortable to sit on. A range of colours is available to suit most modern design trends.
www.takla.co.za
Forever
en vir altyd Mpumalanga
Badplaas A Forever Resort
Forever Hotel @ Badplaas
Rex’s Ranch A Forever Retreat
Amanzi Mountain Reserve, A Forever Lodge
Waterfall A Forever Lodge
Leopard’s Trail A Forever Retreat
Loskopdam A Forever Resort
Isiyala Game Lodge A Forever Lodge
Matombu A Forever Lodge
Silverfalls A Forever Retreat
Forever Hotel @ White River
Blyde Canyon A Forever Resort
Lapa Lodge A Forever Lodge
Warmbaths A Forever Resort
limpopo
Swadini A Forever Resort
Phalaborwa Safari Park
A Forever Resort
gauteng
Forever Hotel @ Centurion
Tshipise A Forever Resort
Ramoswe A Forever Lodge
wes-Kaap
VRYSTAAT
Plettenberg, A Forever Resort
Gariep, A Forever Resort
TEL: +27 (0)12 423 5600 EPOS: info@foreversa.co.za WEBTUISTE: www.foreversa.co.za
https://byrna.africa/
Stoftrappers 14 dag Botswana Delta toer
Datums 26 Maart - 8 April 22 Mei - 4 Junie 16 Aug - 29 Aug 16 Okt - 29 Okt Prys.R10500.00 p/p Skakel Mari 0826601765 mari@stoftrappers.com
Werner Pretorius 0829290824 info@borderx.co.za
With You For The Long Run
http://bolandisuzu.co.za/
Top 10 Travel & Holiday Guides
Adverteer jou besigheid hier volblad advertensie vanaf R995pm Stuur n epos aan: admi n@l ekkerkamppl ekke.co.za
Kamp Paklys
Rikus Truter 24,700 217,716 F o l l o w e r s followers
Customers (77 256) Downloads
165429 Views aanlyn tydskrif Jan. 2020 91% van ons gebruikers en Lede woon in Suid-Afrka Page Views 3,184,385 oor 12mde tydperk Webblad gebruikers 512,653
Gegrond op statistiek en databasis van 300 000 plus lede
Jy is welkom om met ons kontak te maak om jou kampverwante besigheid te adverteer.