Februarie 2022
HIER word stories gebou
Voorblad foto deur Rikus op Route 62 Die mees gewildste roete en doendinge in die Wes-Kaap
Beskikbaar by
Bespreek vandag nog info@debakkesantos.co.za |0760587135 | WhatsApp 064 783 6486
Oudtshoorn skud ná ’n afwesigheid van twee jaar sy vere reg om feesgangers van 29 Maart tot 3 April 2022 by die 26ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) te verwelkom. "Ons is baie opgewonde en staan gereed om feesgangers en kunstenaars van ver en wyd op Oudtshoorn te verwelkom en te vermaak. Soos oudergewoonte by alle byeenkomste gaan streng Covid-19-maatreëls toegepas word, sodat ons na die veiligheid van feesgangers, kunstenaars en personeel kan omsien en op ’n verantwoordelike manier kan saamkuier,” sê Crispin Sonn, voorsitter van die KKNK-direksie. Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK sê dat die feesprogram teen einde Februarie
bekendgestel sal word, met kaartjieverkope wat direk daarna open. “Kaartjies na vertonings word weens die veiligheidsmaatreëls beperk. Indien jy eerste die geleentheid wil hê om te bespreek, sluit aan by ons Vriende van die KKNK-klub. Kontak gerus vir Daleen Witbooi by info@kunste.org.za vir meer inligting.” Alle maatreëls, voorwaardes en prosedures wat voor en tydens die fees gevolg gaan word, word binnekort op die KKNK se webblad by www.kknk.co.za beskikbaar gestel. Hierdie riglyne gaan streng tydens die fees deur alle betrokkenes en besoekers gevolg moet word om sodoende almal se veiligheid te verseker.
Nou is jou kans om die kunste te ondersteun EN ook lekker te gaan kamp in die Klein Karoo. Maak vroegtydig jou bespreking by die volgende lekker kampplekke in die omgewing:
KLEINPLAAS VAKANSIE-OORD By Kleinplaas Vakansie-oord kan gaste uitsien na: ‘n Groot, boomryke kampeerterrein Waterpas staanplekke met kragpunte Gemeenskaplike swembad, Braaifasiliteite 4-Ster ablusiegeriewe Veilige, ruim perseel in lieflike, rustige omgewing Gerieflik geleë, stapafstand vanaf middedorp, restaurante en winkels Geleë naby al die besienswaardighede in die omgewing https://www.lekkerkampplekke.co.za/kampplek/kleinplaas-holiday-resort/
Kontak: 044 272 5811
KANGO BERGOORD Kango Bergoord het ‘n 3 ster gradering en is oppad na die Kango Grotte. ‘n Baie gewilde kampplek tydens die KKNK. Die grasstaanplekke is lekker groot, langs die rivier en omring deur die pragtige Swartberge. As jy nie lus het vir kamp nie, kan jy in een van die vele selfsorg eenhede oornag. Koel af in die groot swembad tydens die warm somer maande. Kango Bergoord het ‘n nagwag tot jou diens na ure. https://www.lekkerkampplekke.co.za/kampplek/kango-bergoord Kontak: 044 272 5811
OPPI DAM-OORD Oppi Dam-oord is 14km buite Oudtshoorn oppad na die Kango Grotte. By dié oord is daar 26 privaat kampplekke en het jy jou eie klein ablusieblok en kombuis by jou staanplek. Daar is ook 3 staanplekke vir tente wat ablusiegeriewe deel. Hierdie sakpas oord lê ook naby aan besiens waardighede soos die Kangogrotte en Kango-wildsplaas. Die stil omgewing is ideaal vir wegbreke. As die natuur jou bekoor, is dit nét die plek om te wees. https://www.lekkerkampplekke.co.za/kampplek/oppi-dam-oord
LAAI VANDAG DIE GRATIS TOEP AF!
app.kampislekker.co.za
Beste Kamp Toep in SA
t u o h t i w O G t ' n Do
Jack It
Jack your car up without additional energy spent. The 5 Ton Jack can lift a vehicle within 50 seconds by the push of a button. Pump It
Inflate your flat tyre easily and Wrench It quick with the build-in turn pump. With a torque rotation of 340N.m, you can have your wheel nuts loose in 20 seconds!
kcaj not 5
The BEST 5 ton Jack
071 708 4444 www.allthegear.co.za
CONFIDENT READY SAFE EFFECTIVE PROTECTION ALWAYS READY ALERT less-lethal self-defence LESS-LETHAL SECURITY SAFE ALERT PREPARED SELF-DEFENCE CONTROL CONFIDENT READY SAFE EFFECTIVE PROTECTION ALWAYS READY ALERT LESS-LETHAL SECURITY SAFE ALERT PREPARED SELF-DEFENCE CONTROL CONFIDENT READY SAFE EFFECTIVE PROTECTION ALWAYS READY ALERT LESS-LETHAL SECURITY SAFE ALERT PREPARED
the byrna hd
A POWERFUL, EXTREMELY EFFECTIVE CO2-POWERED PERSONAL SECURITY DEVICE
The patented
mechanical piercing mechanism allows
the gas cylinder to sit
unpierced, ready to go.
When the trigger is pulled, it
simultaneously pierces the cylinder and shoots the first projectile.
The pepper filled ball projectile burst upon impact and neutralizes the threat.
GET YOURS AT WWW.BYRNA.AFRICA
NO PERMITS REQUIRED | NO BACKGROUND CHECKS | NO WAITING PERIODS
info@byrna.africa 086 182 0031 D’Urban Square, 26 Bella Rosa St, Rosenpark, Cape Town, 7550 @ByrnaAfrica
TM
Crodinie – Swellendam Wes-Kaap
S
oos elke jaar, neem ons 10 dae vakansie oor Desember…en…ons gaan kamp altyd by dieselfde kampplek. Ook maar omdat daar nie sein is vir selfoon nie – so my man kan lekker ontspan sonder om elke uur na sy foon te gryp om te kyk of daar dalk belangrike boodskappe deurgekom het. En natuurlik is die ander rede dat ons rescue hondjie en haar hondjiekind saam kan gaan kamp – deur die jaar gaan hulle nie saam kamp wanneer ons gaan kamp nie. Dus het ons hierdie jaar weer by Crodinie, langs die Breederivier gaan kamp. En…weereens het ons lekker ontspan en die pragtige natuurskoon geniet!
Ons het hierdie jaar in een van die Crodinie-karavane gekamp. Die Karavaan is ingerig vir 4 gaste met ‘n lekker groot sementblad met afdak voor die karavaan opgerig. Daar is paslakens op die 2 dubbelbeddens in die Karavaan, maar jy moet andersens jou eie beddegoed saambring asseblief. Aan die agterkant van die Karavaan is ‘n kombuisarea met opwasbak. Die klein yskassie en stofie werk met gas en is die yskassie ideaal om jou dag tot dag kos koud te hou. Vir skottelgoed was gaan haal jy water by die nabygeleë ablusie en was jou skottelgoed by die opwasbak aan die agterkant van die Karavaan. Die ablusiegeriewe wat die naaste aan die Karavaan is bied 2 storte en 2 toilette en daar is ook ‘n
dubbel opwasbak aan die kant van die ablusie. Die water by die ablusie is warm, want die water word deur ‘n gas geyser verhit. By Crodinie kan mens nie laat opstaan nie – die uitsig oor die Breederivier is net te mooi! My man staan soggens vroeg op om koffie te maak en dan sit en kyk ons uit oor die rivier en geniet dit om hier en daar ‘n vis uit die water te sien spring. Aan die oorkant van die rivier is landerye en die skape se geblêr raak deel van die oggend-musiek van voëltjies wat die nuwe dag aankondig. Kampeerders geniet dit ook om te kom visvang by Crodinie. Die kampeerders wat naby ons gekamp het, het 9 visse gevang oor die tydperk van 2 dae wat hulle kom kamp het. En…hulle was nogal “size”visse. Wat lekker is, is dat jy elke oggend jou bestelling vir vars plaasmelk kan insit wanneer die plaasbakkie verbykom. Jy kan ook hout en ys bestel, so jy het nooit ‘n verskoning om uit iets koud te hardloop of om die vure te laat uitbrand nie. Die Karavaan waarin ons gebly het se naam is Uilenes – en met goeie rede. Elke aand, omtrent so tussen 7-na 8uur se kant, kan jy maar opkyk na die krans reg agter die Karavaan. Hoog bo teen die
krans is ‘n uilnes. Daar kom elke aand 3 groot uile te voorskyn om hulle aand se ete te gaan vang. Dis pragtige roofdiere en ons het dit omtrent geniet om elke aand te gaan sit by ons braaivleisvuurtjie en om dan geduldig te wag dat ons geveerde vriende hul opwagting teen die krans moet maak. Soos genoem, is daar ‘n gas yskassie en ’n gas 2-plaatstofie by die karavaantjie, maar die res van die kampplekke het nie elektrisiteit nie, dus moet jy voorsiening maak vir jou eie krag terwyl jy kamp – maar vir die meeste kampeerders is dit mos nie ‘n probleem nie. Die honde by die Kampterrein geniet ook elkeen hulle vakansie. Dit is mos maar kamp-etiket om jou hond aan ‘n leiband te hou as jy met hulle gaan stap en om skoon te maak as jou hondjie ‘n bol-draaitjie moes loop. As almal daardie reëls nakom – dan kamp almal lekker. Ons kampplek is weer bespreek vir die einde van die jaar – maar hierdie keer gaan ons weer in ons eie daktent slaap en kamp opslaan. My man geniet te veel sy Quick-Pitch daktent…bygesê…hy het ‘n paar aande in sy daktent geslaap terwyl ek in die Karavaan geslaap het, want in daardie daktent slaap jy beslis soos ‘n klip. Lekker!
VET PRET
VA KAN SIE Waar anders as 'n ATKV-oord? See, berg of Bosveld. Daar is 'n ATKVoord wat aan jou wegbreekbehoeftes sal voldoen! Besoek ons webwerf vir opwindende promosies! www.atkvoorde.co.za atkvoorde www.facebook.com/ATKVOORDE
SOLO op my BEEMER
“
Die lekker van alleen ry, is dat jy kan stop net wanneer jy wil, en net waar jy wil…
Ek hou ook van foto’s neem, en ek kon sommer díe geleetheid hiervoor ook gebruik. Ek wou die Karoo ervaar, en ek het `n paar stopplekke op my lysie gehad. Onder andere wou ek weer by die plek stop net buite Carnavon waar een van ons ry-vriende verongeluk het. Ek wou Loxton-toe ook gaan. (Ek het al Deon Meyer se boeke, en hy het ook `n huis daar wat hy gereeld besoek. Van die tonele uit sy vliek Jagveld is ook in en rondom Loxton geskiet. Daarna, die Gariepdam – SA se grootste dam wat meer as 374m2 beslaan. Ander dorpe waar ek wou aandoen was: Victoria-Wes, Richmond, Hanover, Colesberg, Norvalspont, Nieu Betesda en Middelburg…
Woorde & foto’s: GARTH HEWITT BO: Garth se BEEMER staan reg vir die pad op die Vanrhynspas.
V
andat ek my eerste BMW GS in 2010 goekoop het, het ek nog altyd gedroom van `n “solo”-trip – soos `n wafferse avonturier. So het ek net nog nooit die geleentheid gehad nie, en soos dit sekerlik `n man betaamhet ek nog elke keer so bietjie skuldig gevoel om my vroulief by die huis te los as ek dit sou doen. Sy ry ook motorfiets, en ek sou eers by mamma moes toestemmig vra om `n solo te kon doen… Sy stem in, en ek kon begin beplan! (Die roete het ek reeds al min of meer in my kop beplan gehad, want ek het al lank hieroor gedroom.)
Sy ry ook motorfiets, en ek sou eers by mamma moes toestemmig vra om `n solo te kon doen……
Saterdag 8 Julie: Ek vertek vanuit Brackenfell op `n mistige oggend. Tot op Piketberg, omternt 150km, was dit mistig, en ek kon skaars 100km per uur ry. Vier dae en meer as 2000km se ry het gewag. Ek was opgewonde, ek ek was op my geliefde GSA Adventure. Eerste stop: Kardoesie net voor Citrusdal, en ek betaal hier net R45 vir `n ontbyt – kan jy glo! Volgende stop: Vanrhynspas – en dis asemrowend mooi! Middagete was in Calvinia. Dit was reeds na 12h00, en ek kon geen winkel meer oop kry nie, so `n skaapvleispasteitjie en koffie moes doen. Williston en Carnavon het gewag, en by die ongelukstoneel kon ek `n oomblik van stilte hê. In Carnavon is daar `n tradisie: Jy moet by die Bikkies Bar stop vir `n koue een, en ek hou die tradisie gestand. 70km Later teen 16h00, kon ek in Loxton stop met `n totaal van 780km vir die dag; so rapsie meer as wat ek beplan het, maar dit was steeds lekker! Aand-ete: Goeiste! Lamstjops en –ribbetjie met `n stuk melktert daarna. Dit was perfek. Teen die volgende dag was ek voor sonop al uit om seker te maak ek beleef iets van die Karoo se sonsopkoms, en ek was nie teleurgesteld nie! (Ek kon nie help om vir die ouetehuis op Loxton te glimlag nie: “Kom Tot Rus”…)
Ontbyt: Ek besef in watter klein wêreld ons lewe. Ek ontmoet BJ Vosloo se ma daar, Kobie – wat toevallig ook die plaaslike NG Kerk se orreliste is. Ek loop ook vir Jackie Pienaar wat ek 15-jaar terug ontmoet het, raak - `n oud-joernalis kollega van my toe ons by Die Burger gewerk het. `n Karoo-ontbyt volg: maalvleis met eier en kaas op `n roosterbroodjie. Mens kon die Karoo proé in díe lekkerte: beste in jare! Tyd om pad te vat… Gariep-toe: 350km verder met `n eerste stop op Victoria-Wes, nie te ver daarvandaan nie. Ek kon egter nie vir Mannetjies Roux hier vind nie. Wat `n jammerte. Ek moes vir `n wyle op die N1 bly, en die hoeveelheid vragmotors was `n malligheid! So ook die wind, én die verstommende getal motors wat teen 160km per uur verbyswiep. Die skokkendste van alles was die motors wat die vragmotors op sperstrepe verbyjaag! Richmond, die boekedorp van die Karoo volg, en hier drink ek `n koffie nadat ek my brandstof weer opgetop het. Dis Sondag 13h00. Na die koffie is ek weer oppad. Die keer na Colesberg waar ek vinnig iets eet en toe die Oranjerivier oorsteek Vrystaat toe! Ek kom so teen 15h30 by die Gariepdam aan met groot opgewondenheid. Fototyd! Maar die foto’s doen nie gestand aan die volume en grootte van die watermassa voor my nie.
My akkommodasie by die dam was die Stijl Hotel – voorheen bekend as die Gariep Hotel. Hierdie hotel is intussen in 2010 opgknap, en ge-heropen deur Gary Player. Dié funky hotel is vol van Munro se kunswerke: een van SA se voorste plaaslike kunstenaars.
Ek sukkel om te slaap, en die volgende oggend is ek vroeg op om `n manjefieke sonsopkoms te aanskou terwyl ek ontbyt geniet. Teen 08h00 verlaat ek die hotel oppad terug na Colesberg en Norvalspont. Met `n ysige oggend wys my termometer `n skamele 0 grade! `n Vinnige foto van die NG Kerk in Colesberg, en toe oppad na Middelburg waar ek my energievlakke weer oplig, nadat ek die vorige nag onrustig geslaap het. Nieu Bethesda was op die beurt, en die laaste 3 km was stamperig met `n slegte grondpad – sinkplaat op sy beste! Na `n paar lekker pannekoeke by `n padstal (die bordjie by die padstal sê “Hang aan die hek, en jy sal vrek!) Haha! - besoek ek die NG Kerk hier in die dorp vir nog `n foto of twee, en toe weer die langpad. Graaff-Reinette se Engen Garage was volgende in my visier. Hier het ek eers `n lekker lang gesprek met die eienaar van die vulstasie: `n mede GS-eienaar, voor ek myself en my motorfiets hervul. Amper daar! My volgende stop was die hotel in Willowmore. Die kroeg hier se naam is die “Laaste Watergat”, en hier drink ek `n koue een met `n paar salami-stokkies. Ek is mal oor die plaaslike inwoners wat mens in die dorpies se “watergate” ontmoet. Hulle stories is altyd interessant. Die kroegman is ook die eienaar van die hotel, en hy het so jaar terug die hele plek opgegradeer teen `n bedrag van R1m.
My bestemming vir die dag was die Schulteheim Hotel in Uniondale. Teen so 16h00 is ek daar na 540Km vir die dag. Die koste vir my reuse hotelkamer (maklik plek vir 6 mense) en ontbyt ingesluit was maar R400 - `n steel! Hier is ook `n imposante NG Kerk in Uniondale wat ek gou besoek het. Middag-ete was by die Hungry Ghost `n restaurant wat so twee weke terug sy deure geopen het.
BO: -3 Grade! Links: Richmond se mooi NG Kerk. Regs: The Hungry Ghost op Uniondale. Regs Onder: Die alombekende Ronnies!
Dis `n lekker plek! `n Glas wyn kos R13 (wat ek 2 maal kon hervul) en die pizza het maar R65 gekos! Wow! Die volgende oggend was weer ysig toe ek so teen 07h00 op is. (Die termometer op die fiets het weer 0 grade gewys, maar ek is seker dit was kouer!) Na ontbyt was dit tyd om huis se kant-toe te draai via die R62. So teen 08h00 was ek op die pad. Teen dié tyd was dit minus 3 grade! Ysig, en oral langs die pad het plaaswerkers by hulle vuurtjies gestaan om te probeer warm word. Dalk was dit die koue, of dalk was dit die feit dat ek oppad terug huistoe was, wat my ongemaklik gemaak het, en ek moes stop vir iets warm. Ek moes terug werktoe die volgende dag, so ek reken dit was maar die oorsaak van my gevoel. My avontuur het einde se kant toe gestaan, en dit het my krapperig gemaak… Warm koffie in Calitzdorp, volmaak in Ladismith en `n vinnige stop by die bekende Ronnies Sex Shop, oppad na Worcester waar ek bene gerek het en `n laaste happie. Teen 16h30 en 550km later, trek ek by de huis in. Alles verby!
En ek het my seun se goedkeuring vir die keuse van sy geskenkie: `n Klein skapie (speelding – nie `n regte een nie, haha) wat ek in Loxton vir hom gekoop het. Totale afstand: 2250km Gemiddelde spoed: 96km/h Gemiddelde brandstofverbruik: 6.4l/100km of 15.62km/l Likes op my Facebook: 1326 Smileys Hernuwe en verfris… My binneste is reg… (En my artikel wen die Ruslamere Monthly Trip Report Trophy Jul 2017).
HOE RY DIE BOERE
SIT-SIT-SO
“Wanneer jy jou 4x4 koop, n goeie een, het jy reeds heelwat uitgehaal om in die spogwa uit te hang, maar dit is wanneer jy begin opgradeer dat jou beursie knak.”
Woorde & Foto’s: THEUNIS NEL
N
ie net knak soos ‘n takkie nie maar knak sonder die n. Hoeveel manne en vroue sien jy deesdae op die pad met al wat n opgradering is, op hul 4x4. Enige iets van ‘n kappie, nuwe wiele en bande tot duur ingevoerde suspensie. Al die, om ‘n beter en gemakliker avontuur aan te pak. Is daar nie ‘n goedkoper en makliker manier om die vrotpad aan te pak nie? Nou praat ek net vrotpad want jou 4x4 kan wel gebruik word om kinders by die skool op en af te laai en om werk toe terug te ry. As dit jou ding is om met al die opgraderings in die stad rond te ry sodat almal kan sien jy is Camelman of vrou, is die volgende opsie dalk nie vir jou nie.
“Hier is ‘n oplossing, ‘n veeldoel voertuig wat beslis ‘n tweede kyk werd is.” Dit is geen geheim dat Polaris die mark regeer wanneer dit kom by Side-by-sides (SxS) of soos ons goed gedink het – ‘n sit-sit. Met hul nuwe General wat sedert 2016 in die mark kompeteer, het hul nou die leemte tussen resiesperd en werk esel gevul. Die Resiesperd is Polaris se RZR, wat gemik is op die mark wat Dakar slaafs volg en graag baie vinnig sonder te veel talent, die sand en vrotpad aandurf. Dit is hul super vinnige 1000cc turbo aangedrewe twee silinder monster. As jy gedink het jy kan nie 140 km/h op ‘n vrotpad vlieg nie dan het jy nog nie die RZR
gery nie. Gepraat van Dakar, in die SxS klas het polaris se Factory Team ‘n tweede, derde en vierde plek behaal in die sieldodende Dakar wedren. Die werksesel, Polaris se Ranger, is die kanniedood hulp vir enige plaasboer, wilbewaarder, jagter en nog ander buitelewe-werk. Die Ranger se enjingroote begin van 500cc en gaan op na 1000cc. Jy kan verskillinde modelle aanskaf na gelang van toepassing, daar is self’s ‘n diesel weergawe! Die Ranger se bak agter kan tip, sodat jy voer – of ander - kan aanry en maklik tilt by die aflaaiplek. Wanneer dit by die sit-sit kom gaan dit oor wat jy daarmee wil doen wat jou keuse gaan beïnvloed. Die Polaris General is n kruis tussen die RZR en die Ranger. Die ongelooflike 1000cc enjin – nie turbo aangedrewe – is in die General. So ook die gemaklike ryposisie en kajuit baie soortgelyk aan die RZR alhoewel die General se sitplekke effens hoër gemonteer is vir maklike in-en-uit wanneer jy die sit-sit gebruik om te werk. Die Ranger het ‘n baie meer regop ryposisie en is beslis nie so gemaklik as die ander twee nie. ‘n Ander voordeel van die General is sy deure wat groter is as die van die RZR met die Ranger wat nie met deure uitkom nie. Die beskerming wat dit bied teen takke en klippe en gemak in draaie en ongelyke vrotpad help baie. Daar is genoeg pakplek binne in die kajuit met n paneelkissie en middelkonsole wat diep en beskerm is met ‘n deksel. Daar is ook ‘n usb prop om alle sooste elektroniese katoeters te laai. Soos die Ranger het die General ook die laaibak wat kan tip. Dit maak in my opinie van die General die ideale sit-sit. Moenie vergeet van al die opgraderings wat op die General gepas kan word nie. Van groter wiele en oorverdowend-waterdigte klank asook elektronies verstelbare suspensie. Dit stop nie daar nie want Polaris het aan als gedink, windskerms van verskillende grootes, volgrote deure, ligte, dakrak, verdrote stampraam voor en agter en natuurlik als in verskillende kleure. Ons moet ook nie vergeet dat die General ‘n almintige 2500kg kan sleep en 960kg in die laaibak kan dra. Die automatiese ratkas het opsies wat elektronies verstel kan word van tweewiel aandrywing tot vierwiel aandrywing. Die viewiel aandrywing is ongelooflik en maak die sit-sit onregverdig maklik veral oor klip-vrotpad. Natuurlik help die EPS (Electronic Steering System) om als maklik hanteerbaar te maak. Die stuurwiel verstel op en af maar die feit dat die klokke vas is aan die stuurwiel se meganisme help dat jy van enige posisie duidelik alles op die klok kan sien. Natuurlik is die klok digitaal en kan jy met die druk van ‘n knoppie van die een na die ander lesing spring. Al die polaris modelle kan bestel word in ‘n 4 sitplek weergawe ook. Die langer wielbasis het sy nadele maar beslis ook n voordeel in dat jy twee extra passasiers kan karwy. Ek het heelwat al 4x4 gery, nog meer motorfiets maar het nog nooit ‘n rit so gemaklik gevind as die Polaris General nie. Die sit-sit is eenvoudig net glad soos seep, hy eet die vrotpad op. Die gemaklike ryposisie, vrag en gladde automatiese aandrywing maak dat enige nuweling dadelik kan inklim en ry! Die
Polaris sit-sit maak dit baie maklik vir mamma om ook saam op jul vierwiel avontuur te kan gaan, die gevoel van sekuriteit wat die voertuig jou gee, sal haar gou die prinses van vrotpad maak. Die pryse tussen die verskeie modelle verskil en jou handelaar sal vir jou ‘n paket kan uitwerk wat jou sak sal pas As jy nog meer genot uit jou volgende avontuur wil put is die sit-sit dalk jou antwoord.
vra: “Maar kan hy koffie maak?” Nee, dis sommer `n tong-in-die-kies-ek-trek-jou-been-vraag! Ons sal nogal wat wou gee om ons hande op só sit-sit te kry vir `n LekkerKamptoetsrit…
Sand-Free Multimat Groundsheet Straight: Sizes: 1.5 x 1.5m 1.5 x 4.0m 3.0 x 3.6m 3.0 x 4.5m 3.0 x 5.4m 3.0 x 6.5m 3.0 x 7.5m Reversible: Green one side Grey other side
L-Shape: Sizes: 3m
3m 1.5m
5m
3.5m
2m 3.5m 1.5m
3m
3m
5m
3.5m
5m
2m
4x4
2m
Large
2m
Medium
6.5m
5m
Reversible: Grey Only
Visit our website for a variety of sand-free beach products available CGEAR Africa
cgear_africa
The EDGE above the rest… Nuwe tegnologie met die behoefte om te ontsnap.
D
aar is ‘n nuwe kampwa op die mark wat omtrent opslae maak! Met voorpunt tegnologie en deskundige ontwerp is die Edgeout teardrop kampwa in ‘n klas van sy eie om sodoende vir kampeerders ‘n uitsondelike kampervaring te verseker. Die Edgeout teardrop kampwa is uniek deurdat dit van plastiek en herwonne materiaal vervaardig word – anders as enige ander kampwa in SA…of selfs in die wêreld! Dit is duidelik dat hierdie kampwa – nou beskikbaar by Tuinroete Woonwaens – ‘n absolute sukses gaan wees! Tuinroete Woonwaens het dan ook binne ‘n paar dae nadat hierdie unieke kampwa by hulle agentskap geloods is, die eerste eenheid verkoop.
Die Edgeout bestaan uit 2 aparte gemonteerde eenhede – ‘n slaapeenheid en ‘n kombuisgedeelte wat aan die agterkant van die wa is. Die slaapeenheid word saamgestel uit ‘n drie-dubbele omhulsel wat uit ‘n polimeer samestelling vervaardig word, dan is daar ‘n isolasie polimeer samestelling en laastens word die binnekant van die wa uitgelê met akoestiese panele wat van herwonne materiaal vervaardig word. Hierdie kombinasie verseker ‘n goed geïsoleerde eenheid. Die wa is gebou op ‘n onderstel wat spesiaal ontwerp en gebou word deur Burquip. Soos met vele ander goeie idees, het die idee rondom die Edgeout begin met ‘n jaarlikse kampvakansie. Vonnie Heyns en sy kampvriende het gekamp by Jamaka, toe iemand hom vra: “Hoekom bou jy
nie ‘n plastiek karavaan nie?” Vonnie, die eienaar van 4EVR Plastic Products, het dadelik begin droom en planne maak rondom die moontlikheid van ‘n plastiek karavaan/boswa. Sy maatskappy maak reeds verskeie produkte vir die nasionale en internasionale mark en synde hy ‘n ywerige kampeerder is, het hy dadelik die uitdaging van hierdie projek met albei hande aangegryp. Vonnie het die nodige navorsing gedoen en op die einde van die dag het Vonnie en sy span begin kyk na ‘n tegniek wat gebruik word om groot bote vanuit polimeer te “roto-mould”. Edgeout gebruik dieselfde tegniek as “in-mould foaming” – wat verseker dat die kampwa ekstra sterk, liggewig en rigied is. Met die toenemende belangstelling wêreldwyd in teardrop waentjies, het
Vonnie besluit om die spesiale polimeer foaming tegnologie te kombineer met hierdie nuwe teardrop tendens en om so ‘n nuwe teardrop kampwa te bou in SuidAfrika - vir Suid-Afrika! Alhoewel Vonnie gedroom het van ‘n teardrop kampwa wat vir kampeerders alles kon bied wat hulle
benodig, het hy ook besef dat hy ‘n uitsonderlike ontwerp sou moes prakseer vir die Edgeout Teardrop en daarom het hy vir Retief Krige van RKID, ‘n bekroonde Industriële ontwerp maatskappy van Stellenbosch, genader. Nodeloos om te sê… Edgeout Teardrop het toe die lig gesien.
Standaard Edgeout Kampwa – spesifikasies: • • • • • • • • •
• • • • •
15″ mag wheels (x 3) 2 x rear stabilizers Extra big nose cone Roof rails Roof vent Luxury Queen-size mattress 2000(L) x 1450(W) x 140(H) LED lights (inside and outside) 220V, USB, Hella & cigarette lighter connections (inside & outside) HCdP MK6 12v/220v charging system (compatible for solar panel input and in transit vehicle charging) Deep cycle battery Microwave 2-burner gas stove with glass top 110L water tank (incl 12v water pump) Geyser, Basin with tap
The Edgeout slaap 2 persone, maar daar is ook die opsie om ‘n daktent te monteer vir addisionele slaapplek.
Tare 750kg GVM 1 300kg
Prys vanaf: R229 000
FIND ANYWHERE GRABOUW, WESTERN CAPE SLIMLINE II ROOF RACK
ROOF TOP TENT GAS BOTTLE HOLDER WATER TANK & MOUNT DOUBLE JERRY CAN HOLDER
YOUR JOURNEY CONTINUES WITH OFF-ROAD TOUGH ADVENTURE GEAR, SO YOU CAN FIND YOUR ANYWHERE. #FINDANYWHERE FRONTRUNNEROUTFITTERS.COM
ROOF RACKS | ACCESSORIES | ADVENTURE GEAR
INNOVATIVE STORAGE SOLUTIONS Discover the pilgrim within you!
Ammo Cover 2-Up
Ammo Pouch Quarters
Multi-purpose Bag
SKU: CCB001
SKU: CCB004
SKU: CCL007
Clothing Bag Deluxe
Kitchen Caddy
Bundu Bag
SKU: CCL001
SKU: CCH009
SKU: CCK001
021 905 5005 | info@campcover.co.za www.campcover.co.za
Jonathan Small se Kamp storie
O
ns liefde vir kamp is in ons bloed. Daar is niks beter as om net jou wa te pak, en vir ma en kinders te laai en bos toe te mik. Dit doen ons so veel as moontlik so gereeld as moontlik. Die Small's moet 1 keer ʼn maand gaan kamp. Ons kamp met ʼn Conqueror Comfort en as ons aan kom by ons kamp plek dan spring ons almal in ʼn rat en dan word daar opgeslaan. Kleinboet haal die penne en toue uit ouboet hou als vas sodat pa kan opslaan en ma wel ma hou ons dop en maak seker als loop soos stroop. Die manne weet voordat hulle kan pad vat om die kamp te verken moet die wa eers staan en die dak moet op wees. Sodra ons by daai punt kom dan sien jy net ʼn stof
streep soos hulle daai fietse trap om die plek te verken. Dis net hier waar ʼn mens dan besef dat die kinders net so lief is vir God se skepping soos ons en dat hulle uit hulle vel klim as dit by kamp kom. Hierdie land van ons het soveel om te gee en ons wil soveel gedoen kry as wat ons kan. Kamp maak jou los van als en almal en dis net hier waar ons al ons goed agter ons sit en die buitelug in asem en lewe. Kamp is ons lewe en om lekker te kamp maak als net soveel beter. Ons sal kamp tot ons nie meer kan nie en as ons eendag daar by ons skepper sit gaan ons net verder kamp want ons glo dat ons nooit genoeg sal kan kamp nie.
Ice Cold Anywhere!
Kontak: Mark 0734252938
Wild View verskaf awnings, kantpanele, add-on-rooms, storthokkies en pasmaak canvas produkte. Wild View Camping Equipment bied kwaliteit produkte vir ons kampliefhebbers. Hulle maak kamp vinnig & makliker. Die vriendelike span loop die ekstra myl vir hul kliënte en verseker dat daar aan al hul vereistes voldoen word. By Wild View word ons kliënte nie as ‘n nommer beskou nie, maar as deel van die familie. Wild View spesialiseer in die bou van sonskerms “AWNINGS” vir enige voertuig, boswa of Karavaan.
Daar is 3 ontwerpe awnings beskikbaar: L Square front and back awning, 360 front and back awning, Octagon front and back awning.
Die awnings is beskikbaar in die volgende groottes: 2.5m /2 .85m / 3m en groter, Die awnings het almal 3 x tentpale, Kleure beskikbaar: Olyfgroen / Grys Aluminised. KLIEK HIER: https://wildviewcquip.co.za/
Trudie Maree MY Kampstorie
M
y verjaardag is om die draai. Lekker. Ek word 50. Ek is baie opgewonde. "Wat wil jy graag doen met jou verjaardag?" vra manlief. " Ek wil gaan kamp. Kom ons maak ‘n paar vriende bymekaar dan gaan ons Skuilkrans toe. Groot asseblief." Skuilkrans is ń private plaas. Daar is nie eintlik kampplek nie. Boere vroue en kinders het daar geskuil in die Anglo boereoorlog. Die eienaar van die plaas het ook boeke geskryf oor die oorlog en die omgewing. Manlief reël met die eienaar, en hy stem in. Jippiieee! Geen waens word saam gesleep nie, net tent kamp. Almal stem in en Vrydag word
voertuie gepak. Vrydagaand om die vuur word lekker stories uitgeruil en almal is vroeggerig bed toe. Saterdag oggend is ek eerste op en begin koffie maak. Na lekker koffie en tuisgebakte beskuit sing almal " geluk liewe maatjie,". Ons besluit om teen die koppie op te klim en kry ń ongelooflike uitsig Villiers se kant toe. Toe die manne begin honger raak, kies een vriend ‘n kort paadjie af van die koppie af. Tussen ‘n bos bome loop hy in ’n botter spinnekop web vas, doen die spider vastrap en draai vinnig om. Ons het gelag en omtrent gedans tot terug in di kamp. Die aand was die sterre so naby, ek kon daaraan raak. Ons het tot baie laat satteliete gesoek, gesels en gekuier en baie gelag. Sondag oggend was dit ontbyt en oppak. Dit was ń onvergeetlike naweek saam met beste vriende.
nou gaan ons lekker kamp!
FLAT PACK CAMPER
Includes 4 wall panels, the baseplate, double grid, a ribstand and tongs, as well as a convenient carrier bag. Braai with wood, charcoal or briquettes.
WWW.CAMPROD.CO.ZA INFO@CAMPROD.CO.ZA | 082 325 5043 | 38 Fabriek street, Gants Plaza, Strand, rsa
Vertaalfoutjie K
an jy glo die Franse is mal oor kamp? Le camping, noem hulle dit. En dis nie so ‘n gesellige affêre soos hier nie – jy pak jou tent en gaan sit stoksiel-alleen by die le campinggrond vir die hele le weekend sonder om met ‘n siel te praat. Ek was nogal ‘n bok vir kamp en moes die kans vat om dit te beleef al is dit nou Oorsee. (Hotelpryse in Europa is ook nie ‘n grap nie). Eers moet ons die spyskaart probeer ontsyfer. Oisirs is pretkamp, so ‘n mengsel woonhuise en kampplekkies. Tourisme meng weer karavaanstaanplekkies en tente. Aire naturelle is net vir tente. Dan moet jy nog net besluit tussen camping à la ferme (plaaskamp) en camping sauvage (natuurkamp). Ek kies toe maar die natuurkamp in die nasionale park by ForezLivradois en daar sit ek af met my eenmantentjie, ‘n rooster en ‘n sakkie met klere.
hou hy op die vuur. Ek sien die vet begin swart brand. “I think you must take it off the braai,” sê ek senuweeagtig. Ek is mos geleer ‘n vleisie moet so gebraai word dat ‘n goeie veearts hom nog kan deurhaal as hy moet. “Brai, oui.” Na so ‘n rukkie is die tjop oordentlik gebrand en pikswart. Hy sit dit versigtig op ‘n bordjie, met twee snye bagette en kaas, groenvye. En wragtig, sal hy nou vir mý die gebrande vleis gee? Die twee eet te smaaklik terwyl ek my doodwurg aan my stuk droë swart houtskool.
Die kampterrein is heel netjies en beskaafd, so tussen die bome. Ongelukkig is die lug grys en reënerig en nog voor ek my tentjie kon opslaan begin dit te stort. Gelukkig kamp daar nog twee sauvages daar langs my om te help en ek sit gou genoeg lekker binne in my tentjie. Die aand haal ek my rooster uit en begin my hout pak. Die Fransmanne het ook toe al begin uitpak – lang brode, kase, confitures en ‘n bottel wyn. Ek kon sien hulle kyk maar hongerig na my roostertjie tjops en wink hulle toe maar nader. In my swak Frans en hulle swak Engels kan ons darem op ‘n manier kommunikeer en die een laaitie bied aan om die rooster vir my te hanteer.
Maandag toe ek weer selfoon-ontvangs het speel ek maar weer op my Franse-taal-toep. Een van die woordeskat-woorde wat ek terloops raaklees: brai. Dit beteken glo “teer” – soos in swart soos teer!
“Braai,” sê ek vir hom. “Brai?” Hy lyk heel verbaas.
Volgende keer sal ek maar vir tjops á la rouge vra. Naam en Van
“Braai,” verduidelik ek weer en hy trek sy skouers op.
MY Kampstorie Estelle Nagel
Na so ‘n rukkie haal hy die eerste tjoppies af en sit dit op twee border, maar die laaste tjoppies
As ek deesdae gaan kamp – is my Kaalfööt skoene die eerste wat ingepak word! As jy nou eenmaal bederf is met Kaalfööt skoene, gaan jy beslis nie weer iets anders by die kampterrein wil dra nie. Soos die skoene se naam opreg sê…jy voel letterlik of jy kaalvoet loop. Dit is regtig die gemaklikste kamp-skoene wat ek nog ooit gehad het en ek sal dit regtig vir enige kampeerder aanbeveel. Jy voel nie dat jy enige skoene aanhet nie, so ek het al die fout gemaak om met my skoene in die kooi te klim.
http://www.kaalfoot.com/
Dit is ook lekker om net jou Kaalfööt skoene aan te glip as jy in die nag gou moet badkamer toe hardloop. Ek is ‘n diabeet en soos almal weet, moet jy dan jou voete ongelooflik goed oppas – anders het jy probleme met seerplekkies wat net nie gesond wil word nie – so kaalvoet loop was nog nooit ‘n opsie nie maar nou met my Kaalfööt skoene is ek ook bederf met “kaalvoet” loop. Die skoene laat my voete toe om “asem te haal” en ek het die gerusstelling dat my voete beskerm is terwyl ek lekker kamp saam met my familie.
Top 10 Travel & Holiday Guides
BESKIKBAAR
BY:
Adverteer jou besigheid hier volblad advertensie vanaf R995pm Stuur n epos aan: admi n@l ekkerkamppl ekke.co.za
Kamp Paklys
Rikus Truter 29,000 223,000 F o l l o w e r s followers
Customers (77 256) Downloads
Page Views 3,184,385 oor 12mde tydperk Webblad gebruikers 512,653
165429 Views aanlyn tydskrif Jan. 2020
91% van ons gebruikers en Lede woon in Suid-Afrka Gegrond op statistiek en databasis van 300 000 plus lede
Jy is welkom om met ons kontak te maak om jou kampverwante besigheid te adverteer.