HIER word stories gebou
April 2022
LEKKER Kampplek!
tussenTulbagh en Ceres
Dis lekker by Silwerstrand
Kampwenke
Wat jy wil weet voor jy gaan kamp
22295 besoekers kuier by
die KykNET Buite Ekspo
Voorblad foto deur Rikus by Molenrivier op die Tuinroete in die Wes-Kaap
Bespreek vandag nog info@debakkesantos.co.za |0760587135 | WhatsApp 064 783 6486
FYNBOS GASTEPLAAS T
O
E
V
A
L
L
I
Wat is dan nou lekkerder as om sommer toevallig op ‘n kampplek af te kom! Ek en my vrou was oppad vanaf Heidelberg na die kykNET Buite Ekspo net buite Malmesbury. Soos die meeste van julle my maar ken, neem ek mos natuurlik eerder die meer “Scenic” roete om by my bestemming uit te kom. En…natuurlik kan ek mos nie ‘n padstal mis-ry nie, want padstal-koffies is mos gewoonlik jou lekkerste koffies! Net buite Wolseley het ek die pragtigste klein padstal raakgesien. Die padstal se naam is Fynbos Padstal. Die gebou is ‘n baie donker grys geverf en die vrolike bunting-vlaggies het verwelkomend in die ligte briesie gewapper. Ek moes stop en ‘n lekker koffie bestel!
G
L
E
K
K
E
R
K
A
M
P
P
L
E
K
Die eienaar en personeel was dadelik baie verwelkomend en vriendelik en terwyl ek gewag het vir my koffie, het ek toevallig gehoor dat die eienaar praat van ‘n kampterrein…en dadelik het my ore gespits. Ek vra toe vir hom of daar dan ‘n kampterrein in die omgewing is, waarop hy my geantwoord het dat die padstal deel is van onderandere ‘n kampterrein en ‘n diere “sanctuary” op die plaas. Ek was dadelik geïnteresseerd om na die kampplek te gaan kyk en die eienaar het dadelik ingestem dat ek na die kampplek kon gaan kyk - en was aangenaam verras met wat ek gesien het!
Daar is 10 kampplekke met elektrisiteit beskikbaar – elkeen redelik privaat omkamp met inheemse fynbos. Elke staanplek het sy eie geboude braai. Die staanplekke het nie gras nie, maar die grondbedekking is van gekompakteerde crusher chips aangesien die eienaars graag waterwys leef en van boorgatwater gebruik maak. Met my besoek aan die ablusie, was dit baie netjies en ek kan sien dat dit gereeld gediens word. Die ablusie is ook baie naby aan al die 10 staanplekke geleë. Daar is nie ‘n kraan by jou staanplek nie, maar jy kan water tap by die ablusieblok. Daar is ook ‘n aparte gemeenskaplike braaiarea met 2 klein plonspoele en dus ideaal vir wanneer julle ‘n groepbespreking maak om hier te kom kamp.
Die plonspoele is nie baie groot of diep nie en is dus net vir lekker afkoel as dit warm is. Daar is ook ‘n klein yskassie by die gemeenskaplike kuierarea. Omdat daar kampe met diere by die kampplekke is, word daar ‘n streng geenmusiek en geen-geraas beleid toegepas by die Fynbos Kampterrein. Ek het ‘n bietjie rondgeloop en behalwe vir die kampplekke is daar ook selfsorg huisies beskikbaar. Die kampe met diere is ook interessant – veral vir kinders. Daar is kampe met varke, skilpaaie, bokke, emu’s, ganse, poue ens. om te besigtig. ‘n Bietjie verder weg is daar ook kampe met springbokke, sebra’s ens – almal diere wat gered is van gewisse dood of verwaarlosing. Jy is ook welkom om ‘n dier te borg vir ‘n jaar – ‘n baie oulike konsep om te oorweeg!
Ek het nog nie die kans gehad om by Fijnbos te gaan kamp nie, maar na my besoek aan die kamp, sal ek beslis daar gaan tentpenne vaskap as ek in die omgewing is. Die kampterrein is baie netjies en die Fynbos span doen uitstekende werk met die diere op die plaas. Besoek gerus vir Fynbos Gasteplaas en maak ‘n bespreking om hier te kom kamp. FYNBOS GASTEPLAAS in ‘n NEUTEDOP: Naaste dorp: 12km vanaf Tulbagh en 2km vanaf Wolseley GPS: -33.388413,19.194660 http://www.fynbosguestfarm.co.za/
Bespreek Nou
Webwerf
072 223 4674
5
WARRANTY
AWARD FOR DESIGN EXCELLENCE NORWEGIAN DESIGN COUNCIL
Freshly brewed for life’s adventures Enjoy gourmet coffee on the go! w w w . p r o t e a c o f f e e . c o . z a
QUICK PITCH DAKTENT
QUICK PITCH SA IS ALOMBEKEND VIR BUITENGEWONE BUITELUG- EN 4 X 4-PRODUKTE. HULLE DOEL IS OM NISPRODUKTE BEKEND TE STEL, WAT VOLGENS DIE HOOGSTE STANDAARDE GEMAAK WORD, WAT KAMPEER EN OORLAND VEREENVOUDIG. VERVAARDIGER: QUICK PITCH SA
WATTER ONTWERP ELEMENTE OF SPESIALE EIENSKAPPE ONDERSKEI DIE DAKTENT BO DIE ANDER? Die Quick Pitch-daktent is die eerste keer in 2019 vrygestel en het met ander oë gekyk na die tradisionele daktent-ontwerpe en die daktent het baie unieke eienskappe. Items soos afdakke, storte,ligte en enige ander benodighede kan direk aan die tent bygevoeg word.
MATERIAAL
Matrasdikte / -soort (cm): 75 mm Comfort-skuim bedek met ‘n ligte katoendoek. Dit is 'n goeie gehalte matras. Die Quick Pitch Daktent leer: 2.6km Teleskopiese leer, wat beteken geen verlengingstukke vir die leer word nodig nie.
IS DIE DAKTENT GROOT GENOEG VIR JOU? Geslote lengte / breedte / hoogte (mm): L2300mm x 1425mm x 260mm Binne slaapruimte lengte / breedte (mm): 2150mm x 1280mm Oop dakhoogte (mm): 1600mm Dakopeningmeganisme / -tipe: gasstutte wat met 40 kg op die dak kan oopgaan
OMVATTENDE LYS VAN STANDAARDFUNKSIES: • Dak isolasie deur hoë digtheid isolasie skuim, doekbedekking met opbergsakke vir boeke, skoene, handdoeke, medisyne, klere en nagbehoeftes in te hou. • Beskerming teen koue lug van onder met 'n hoë digtheid isolasie wat netjies bedek word met mat. • Groot sy- en agteropeninge met insekskerms wat geskik is om die kleinste insekte uit te hou. • Weerafdakke op al drie openinge. • Hoë en wye toegange met ritssluiting kan aan alle kante tot by die matras oopgemaak word, en hoër op beteken 'n aansienlike vermindering van kondensasie in die nag asook maklik in en uit klim. • 'n Behoorlike 75 mm hoë digtheid matras. • Laai van toestelle oornag met 2x USB-laaipunte. • Gebruik oornag apparate met die standaard 12v-uitlaat. • LED-naglig met lae krag gebruik met lang buigbare steel. • Weerskermafdakke aan al drie kante van die daktent, al drie kante beteken dat u die ingange oop kan laat vir vars lug, selfs in matige reën. • Die unieke ontwerp van die Quick Pitch daktent beteken dat selfs 'n kind hierdie kan oopmaak. En as daar 'n vrag op die tent is, kan dit steeds met gemak oopgemaak en toegemaak word. • Beddegoed kan in die tent gelaat word tydens reis. • Die leer is hoogte veranderlik en opvoubaar, wat beteken dat daar geen lastige verlenging stukke nodig is nie, dit kan selfs op baie hoë voertuie pas (tot 2,6 m) en dit kan maklik gestoor word in die tent of waar ook al in die voertuig.
FOKUS OP KAMP QUICK PITCH SA
WAT BIED QUICK PITCH SA MAKLIK OM TE GEBRUIK MAKLIK OM TOEGANG TE KRY MONTEER OP ENIGE OPPERVLAK LIG EN AANTREKLIK
Logisties Gerieflik Hoë kwaliteit produk Multifunksioneel Altyd beskikbaar om te gebruik
ADRES 127 Mosaic Rd 127 Mosaic Rd, Silvertondale, Pretoria, 0184 + 27 82 839 2966 sales@quickpitchsa.co.za VIR EKSKLUSIEWE AANLYN-INHOUDBESOEK HTTPS://WWW.QUICKPITCHSA.CO.ZA/
OneNav vervang jou bestaande voertuigradio en bied jou die nuutste Android-tegnologie. Ek het in 2016 vir my ‘n nuwe Isuzu DC gekoop en gebruik dit meestal vir wanneer en gaan kamp. Dit is ook die voertuig wat ek geniet om te bestuur. Daar is vir my geen rede om ‘n nuwe en luukser voertuig te koop nie. Ek het so bietjie gaan soek en navorsing gedoen na ‘n toestel wat Android auto/Spotify/Google kaarte ens. kan gebruik en ‘n toestel wat die bestaande radio in my voertuig kan vervang sonder dat dit soos ‘n “aftemarket” installasie lyk. Ek het opgradeer na die OneNav 9inch vir Isuzu (2012+) toestel wat aan al my behoeftes voldoen. Ek het ook vir my ‘n Vodacom Wi-Fi router gekry met 10GIG per maand wat permanent gekoppel is met die OneNav.
Voordele: - Die toestel word deur ‘n geregistreerde OneNav verskaffer gratis geïnstalleer. Hulle sal die produk ondersteun en die waarborg eerbiedig. Wanneer jy jou aankoop doen, kies 'n datum vir installasie en die span sal kontak maak om die datum, tyd en plek te bevestig. Die beste van alles is dat die installasie by die prys van jou OneNav ingesluit is. - Die toestel pas perfek in die voertuig, asof dit 'n fabrieks installasie is. - Die toestel integreer met ‘n toegeruste tru kamera en dit skakel aan wanneer jou voertuig in trurat is. (Die kamera is ekstra) . - Die gebruikerskoppelvlak is glad en werk vinnig en gemaklik. - Die toestel het volledige Android-funksionaliteit en die vermoë om enige toepassings te installeer. Die kaarte werk uitstekend. - Die klank is uitstekend en werk perfek met die Isuzu se luidsprekers. Met ‘n ingeboude EQ is die klank ten volle verstelbaar. - Gevorderde Bluetooth laat jou toe om na musiek te luister of telefoonoproepe direk vanaf die radio te maak. Die musiek stop outomaties wanneer die stem op die navigasie kaart vir jou rigting aanwys of wanneer jy ‘n oproep ontvang. - Funksionaliteit is geïntegreer/programmeerbaar in die stuurwiel knoppies. My Isuzu het ongelukkig nie sulke knoppies nie. - 3 x USB -poorte Vanlyn kaarte laat jou toe om te kom waarheen jy oppad is, sonder die gebruik van jou mobiele toestel of internetverbinding.
Nadele: Omdat ek nie stuurwiel knoppies het nie, is die volume knoppie aan die toestel bietjie klein en maak dit vir my moeilik om te gebruik wanneer ek bestuur. Ek dink dit sal onregverdig wees om enige nadele te noem, want die toestel voldoen aan al my behoeftes en baie meer.
Oor die algemeen is dit 'n baie goeie premium gevoel produk. Die integrasie in die motor is uitstekend.
0860 65 64 63 sales@onenav.co.za https://onenav.co.za/ Facebook
DIS LEKKER BY SILWERSTRAND! SILWERSTRAND IS ‘N KLIPGOOI VAN DIE PRAGTIGE DORPIE ROBERTSON
Silwerstrand is ‘n pragtige oord aan die buitewyke van die pragtige dorpie Robertson. Die oord word deur Antonette Kotze besit en bestuur.Sodra jy by die oord se veiligheidshekke inry, kan jy sien dat hierdie oord uitstekend bestuur word en uitsonderlik baie moeite gedoen word om die oord in ‘n baie goeie toestand te hou. Die oord is teen die Breederivier geleë en met ons besoek aan Silwerstrand was daar ‘n paar manne wat besig was om luirustig te ontspan met die aas in die water opsoek na ‘n byt aan die lyn. Aangesien daar so baie bome by die oord is, is daar vollop voëllewe, wat bydra tot die rustige harmonie en rustigheid van die oord. Die kampeerders bring ook hulle bote saam om op die rivier te vaar en ski en die water is ook ‘n groot trekpleister vir mense wat kayak of wil swem by die gemaakte strandarea. Silwerstrand is geskik vir kampeerders wat wil kamp met ‘n tent of karavaan. Daar is sowat 60 staanplekke beskikbaar. Sommige staanplekke is geplavei en almal het elektrisiteit. Daar is gedeelde krane met drinkwater tussen die staanplekke. Die gras is lekker dik en lowergroen en die groot bome bied genoegsame koelte vir kampeerders om lekker in die koelte te ontspan.
Die ablusiegeriewe is baie netjies. Die mans en dames ablusiegeriewe bestaan elkeen uit 5 storte, een bad en 7 spoeltoilette. Die opwasgeriewe bestaan uit ‘n wasmasjien en tuimeldroeër, opwasbakke en wasbakke vir die was van klere. Daar is ook ‘n portable-loo spoelfassiliteite beskikbaar. Die swembad met glybaan is ‘n groot aantrekkingspunt vir kampeerders wat nie in die rivier wil gaan swem nie. Die kinders geniet ook die speletjieskamer en die speelparkie. Onthou om jou fiets saam te bring as jy kom ontspan – daar is heelwat roetes in die omgewing wat jy kan verken op jou fiets. As jy en jou familie lus is om te kom ontspan maar nie lus is om die karavaan of boswa saam te sleep nie, kan jy kom oorbly in een van die oord se baie gewilde karavane of in een van die netjiese selfsorgeenhede beskikbaar op terrein. Dus, as jy lus is om te kom penne vasslaan of om net te kom afpak vir ‘n naweek van selfsorg in een van die oord se eenhede, is Silwerstrand ‘n baie goeie keuse. Ek beveel beslis vir Silwerstrand aan as ‘n lekker kampplek en is dit beslis ‘n baie goeie keuse met waarde vir geld. Maak vandag nog jou volgende bespreking by Silwerstrand – jy sal nie spyt wees nie.
Bespreek Nou 023 626 3321 / 076 199 4085
CONFIDENT READY SAFE EFFECTIVE PROTECTION ALWAYS READY ALERT less-lethal self-defence LESS-LETHAL SECURITY SAFE ALERT PREPARED SELF-DEFENCE CONTROL CONFIDENT READY SAFE EFFECTIVE PROTECTION ALWAYS READY ALERT LESS-LETHAL SECURITY SAFE ALERT PREPARED SELF-DEFENCE CONTROL CONFIDENT READY SAFE EFFECTIVE PROTECTION ALWAYS READY ALERT LESS-LETHAL SECURITY SAFE ALERT PREPARED
the byrna hd
A POWERFUL, EXTREMELY EFFECTIVE CO2-POWERED PERSONAL SECURITY DEVICE
The patented
mechanical piercing mechanism allows
the gas cylinder to sit
unpierced, ready to go.
When the trigger is pulled, it
simultaneously pierces the cylinder and shoots the first projectile.
The pepper filled ball projectile burst upon impact and neutralizes the threat.
GET YOURS AT WWW.BYRNA.AFRICA
NO PERMITS REQUIRED | NO BACKGROUND CHECKS | NO WAITING PERIODS
info@byrna.africa 086 182 0031 D’Urban Square, 26 Bella Rosa St, Rosenpark, Cape Town, 7550 @ByrnaAfrica
TM
braai Anytime, Anywhere
WWW.CAMPROD.CO.ZA INFO@CAMPROD.CO.ZA | 082 325 5043 | 38 Fabriek street, Gants Plaza, Strand, rsa
INNOVATIVE STORAGE SOLUTIONS Discover the pilgrim within you!
Ammo Cover 2-Up
Ammo Pouch Quarters
Multi-purpose Bag
SKU: CCB001
SKU: CCB004
SKU: CCL007
Clothing Bag Deluxe
Kitchen Caddy
Bundu Bag
SKU: CCL001
SKU: CCH009
SKU: CCK001
021 905 5005 | info@campcover.co.za www.campcover.co.za
KAMPWENK Belangrike dinge wat kampeerders hulself behoort af te vra voordat hulle ‘n bestemming kies, sluit in: • Is daar elektrisiteit en warm water by die kampplek? • Winter: is daar staanplek waar ek die meeste van die dag lekker in die sonnetjie kan bak? Somer: is daar bome vir skaduwee? • Is die kampterrein troeteldier-vriendelik? Dis immers lekker om so nou en dan die viervoetige vriende saam te neem om te kamp. • Wat is die toestand van die grondpad na die kampplek? Benodig ek ’n hoër grondvryhoogte of 4x4? • Wat is daar vir die kinders om te doen by die kampplek? • Is daar ‘n winkel vir die goetertjies wat tuis vergeet is? Kan ek hout uit die omgewing optel of of by die kampterrein koop?
Ice Cold Anywhere!
Kontak: Mark 0734252938
Tyd vir Kamp DIS
HIER
WAAR
DIE
LEKKER
Molenrivierplaas is in 'n groen kloof langs 'n plaasdam op 'n werkende plaas geleë. Die woudbedekte kloof onderhou 'n verskeidenheid voëlsoorte en verseker 'n natuurlike rustigheid by die kamp. Onthou dus jou stapskoene of fiets om die area te gaan verken. As jy wil swem, kan jy afkoel in die plaasdam wat by die kampterrein geleë is. Jy kan ook jou visstok saambring om te kyk of jy ‘n byt aan die lyn kan kry in die plaasdam. Die kampterrein is nie baie groot nie - daar is net 9 grasbedekte staanplekke met halfskadu. Jy is dus verseker van ‘n rustige kampervaring wanneer jy by Molenrivierplaas gaan kuier.
KAMPPLEKKE
IS
Die staanplekke het almal elektrisiteit. Die ablusiegeriewe is ook baie netjies en is half oor die dam gebou. Daar is altyd lekker warm water by die ablusiegeriewe en daar is meer as genoeg storte beskikbaar vir die 9 staanplekke by die kampterrein. Daar is nie selfoonontvangs by die kampterrein self nie (wat eintlik ‘n pluspunt is vir wanneer jy net goed wil gaan ontspan en wil wegkom van die bekommernisse van die kantoor), maar as jy ‘n entjie teen die bult uitstap sal jy gou goeie selfoon ontvangs kry. Tydens buite-seisoen periodes, is jy welkom om jou troeteldier saam te bring – tref net asb vooraf reëlings met die eienaars asb.
Doen ook gerus navraag rakende maandtariewe en mid-week spesiale aandbeidinge by die kampterrein. Dit is baie maklik om die kampterrein te bereik. Jy ry met die teerpad uit Grootbrakrivier na die dorpie Friemersheim. 10km buite Grootbrak is die afdraai na regs by die naambord: Molenrivier. Volg die grondpad/2 spoor betonpad vir 400meter tot in die kampplek. Die Kampterrein is bereikbaar met ‘n gewone sedan voertuig, dus is almal welkom om by Molenrivier te gaan kamp. Aangesien die kamp nie baie groot is nie, sal ek aanraai om vroegtydig aansoek te doen as jy by Molenrivier wil gaan kamp, want kampeerders kom altyd weer en weer hier kuier – met goeie rede…ons ook!
Tariewe
Webwerf
083 216 0018
VET PRET
VA KAN SIE Waar anders as 'n ATKV-oord? See, berg of Bosveld. Daar is 'n ATKVoord wat aan jou wegbreekbehoeftes sal voldoen! Besoek ons webwerf vir opwindende promosies! www.atkvoorde.co.za atkvoorde www.facebook.com/ATKVOORDE
Flexopower has launched the Lithium 555, an upgrade on the Lithium 444, showing a new design, new and improved ports, and Watts power. It gives you hours of convenience while camping, but also while at your home for household appliances – Dual functionality! The Lithium 555 is a portable power station that can be used to charge and run various items on an outdoor adventure, for example, fridges, lights, electronics at camp, and cameras to capture the moments. There might not always be power where you are traveling, but with the Flexopower Lithium 555, you can rest assured. Li555 is the only Lithium power station with a replaceable battery. Once the battery has reached the end of its service life, simply return to Flexopower or an authorized dealer and get a new Li-battery installed and continue using it for another couple of years. All other products are typically discarded. It is easy to charge, with solar panels, the cigarette lighter of your car, or the closest electricity port, giving you hours of convenience wherever you are and where is needed. The Lithium 555 is such a multi-functional product that you can use it for camping, in and around the house with household items, especially when load-shedding starts or working from home. The Li555 has 2 x SA 3 prong AC plugs. Pure convenience. All other power stations have to have an adapter first before AC can be used.
For more information, visit www.flexopower.co.za or email info@flexopower.com
ONS KAMP KRAG WORD MOONTLIK GEMAAK DEUR FLEXOPOWER SE MOJAVE 220W SONPANEEL
t u o h t i w O G t ' n Do
Jack It
Jack your car up without additional energy spent. The 5 Ton Jack can lift a vehicle within 50 seconds by the push of a button. Pump It
Inflate your flat tyre easily and Wrench It quick with the build-in turn pump. With a torque rotation of 340N.m, you can have your wheel nuts loose in 20 seconds!
kcaj not 5
The BEST 5 ton Jack
071 708 4444 www.allthegear.co.za
UITSPAN IN DIE BAVIAANSKLOOF
D
it is een van baie lekker kampplekke in die Baviaans en hier doen ‘n mens net wat die naam sê - uitspan! Omdat ons by die see woon vermy ons gewoonlik die malligheid van ‘n Desember vakansie by die see en kies eerder koers binneland toe. Karoo toe. En waar meer kry jy Karoo as in die Baviaanskloof? Hier is dit boeklees-tyd, koffie-tyd, gesels-tyd en
vriende maak-tyd weg van tegnologie en die gewoel van die stad. Die staanplekke is met groot sorg uitgelê sodat elkeen ‘n koelte kolletjie het, wat belangrik is in die somer, maar tog nie so ingedruk dat jy oor mekaar kamp nie. Dit is nogal iets wat vir ons baie punte tel. Hier is oorgenoeg om te doen, as jy iets wil doen! Jy word begroet met ‘n blouste blou plaasdam
swembad met ‘n groen grassie wat sorgvuldig elke dag nat gemaak word en waar die kinders bal skop en speel terwyl die grootmense in en rondom die dam kuier. Wat is nou lekkerder as dit? As jy die oggend energiek voel kan jy met die paadjie stap tot bo op die kop en die wêreld bespied tot daar ver. Begin maar vroeg, want hier word dit warm in die somer.
I
ndien jy wil weet in die buitewêreld aangaan kan jy data koop en op die regte kolletjie opvangs kry. Omdat die kloof afgeleë is, is tegnologiese konneksies uitdagend hierso, so hou moed. Die klein winkeltjie het die mees basiese goed en ietsie koud, maar bring maar jou luukses saam vanaf die huis. In die droogte tyd is die kampplek en winkeltjie vir die mense ‘n lewensaar so ondersteun hulle. Jy kan ook jou fiets pak om die paaie in die kloof verder te verken. Ons gesin het egter heelwat tyd spandeer om die kleiner voël lewe dop te hou en te identifiseer terwyl ons agter die koelte aan geskuif het.
Die weer verander vinnig hier. Ons het in die hitte van die somer gekamp, maar een middag het die weer vinnig ‘n ander neiging betoon toe ‘n ysige wind instoot en ons moes skuiling gaan soek in die lapa teen bakke vol reën. Wees maar voorbereid vir alles! Uitspan is ook ‘n lekker oornag stop vir ‘n eerste of laaste aand wanneer jy ver reis, want dit is aan die westelike ingang van die Baviaanskloof geleë. Daar is ook chalets indien jy wil vroeg roer omdat die pad nog lank is.
Akkommodasie: Kamp, Boskamp en Chalets Waar: Westelike ingang na die Baviaanskloof (• Longitude: 23.7008 • Latitude: -33.51585) Naaste dorp: Willowmore (45 km) Kontak: Nico & Alta Smith (0440 923 1511)
TEKS & FOTOS: Felicity Triegaardt http://travelbucket.co.za/
Wild View verskaf awnings, kantpanele, add-on-rooms, storthokkies en pasmaak canvas produkte. Wild View Camping Equipment bied kwaliteit produkte vir ons kampliefhebbers. Hulle maak kamp vinnig & makliker. Die vriendelike span loop die ekstra myl vir hul kliënte en verseker dat daar aan al hul vereistes voldoen word. By Wild View word ons kliënte nie as ‘n nommer beskou nie, maar as deel van die familie. Wild View spesialiseer in die bou van sonskerms “AWNINGS” vir enige voertuig, boswa of Karavaan.
Daar is 3 ontwerpe awnings beskikbaar: L Square front and back awning, 360 front and back awning, Octagon front and back awning.
Die awnings is beskikbaar in die volgende groottes: 2.5m /2 .85m / 3m en groter, Die awnings het almal 3 x tentpale, Kleure beskikbaar: Olyfgroen / Grys Aluminised. KLIEK HIER: https://wildviewcquip.co.za/
Welkom by
Hier is almal wenners Baie dankie aan almal wat vir ons kom kuier het by die kykNET Buite Ekspo. Hier is die name van die persone wat die pryse gewen het. Maak gerus gebruik van die Shop Now knoppie om meer uit te vind van die produkte.
Maak gebruik van die Afslagbewyse
dash cam mini 2
Baie geluk aan: Karin du Plessis
WOLF PACK PRO
Baie geluk aan: Johan du Preez David Jones
Baie geluk aan: Koos Loots
Afslag-kode "lekkerkamp10" 10% afslag
PROTEA COFFEE
HR30 950 Lumen
Baie geluk aan: Ashanti Mesias
Baie geluk aan: Susan Vermaak
ROK Light
Baie geluk aan: Karin Labuschagne
Baie geluk aan: Johannes Louw
Large variety of canvas dash covers, 4x4 canvas products Contact: Mark 4x4assist@gmail.com or 0734252938
Baie geluk aan: Hanlie Bruwer
KOMPETISIEPRYS: 1 x Kampstaanplek vir 2 nagte by Fleckvieh Gasteplaas Geldig vir 2022 Uitsluitend Desember vakansie en Paasnaweek. Wenner sal gekontak word met verwysingskode
Baie geluk aan: Willie Visagie
KOMPETISIEPRYS: 1 x Naweek (2 nagte) in Crodini se Sielhuis (selfsorg) Swellendam Geldig vir 2022 - uitsluitend Desember vakansie en Paasnaweek. Wenner sal gekontak word met verwysingskode
Baie geluk aan: Chase Weir
KOMPETISIEPRYS: 2 Nagte Kampverblyf by Rooiberg Lodge – geldig vir 2 persone, 1 kampplek Sluit 2 pizzas en 2 siders in Geldig tot Maart 2023
Wenner sal gekontak word met verwysingskode
Baie geluk aan:: John Hitchcock
AFSLAGBEWYS: 5% afslag by BYRNA AFRICA Slegs geldig vir persone wat die Byrna Afrika aanlynwinkel gebruik. Gebruik kode "LekkerKamp"
AFSLAGBEWYS: 50% afslag vir almal wat by Crodini kamp/selfsorg tydens die Junie/Julie vakansie. Geldig vir 2022
BESPREEK
AFSLAGBEWYS: 10% afslag by Kam'Bati River Resort vir almal wat Lekker Kampplekke se uitstalarea besoek het. Geldig vir 2022 Vakansies, langnaweke en weeksdae. Uitsluitend Desember vakansie en Paasnaweek. Gebruik kode "KAMP10"
BESPREEK
AFSLAGBEWYS: 15% afslag vir almal wat deel is van Lekker Kampplekke Geldig vir 2022 Vakansies, langnaweke en weeksdae. Uitsluitend Desember vakansie en Paasnaweek.
BESPREEK
Wen Gratis lidmaatskap vir 6maande
Baie geluk aan: Ewan van Fex Adventure
Amplify your adventures.
FIND ANYWHERE GRABOUW, WESTERN CAPE SLIMLINE II ROOF RACK
ROOF TOP TENT GAS BOTTLE HOLDER WATER TANK & MOUNT DOUBLE JERRY CAN HOLDER
YOUR JOURNEY CONTINUES WITH OFF-ROAD TOUGH ADVENTURE GEAR, SO YOU CAN FIND YOUR ANYWHERE. #FINDANYWHERE FRONTRUNNEROUTFITTERS.COM
ROOF RACKS | ACCESSORIES | ADVENTURE GEAR