
1 minute read
Versuikerde pekanneute: maklik en heerlik
Bestanddele:
Anti-kleefsproei (soos Spray and Cook)
Advertisement
• 1 x eierwit
• 1 x eetlepel water
• 1 x koppie witsuiker
• ¾ teelepel sout
• ½ teelepel kaneel
• 2 kg pekanneuthalwes
Metode:
Voorverhit die oond na 120°C en spuit ʼn oondbak met Spray and Cook. Klits die eierwit en water in ʼn medium-grootte mengbak totdat dit lekker skuim. Meng die suiker, sout en kaneel in ʼn aparte bak.
Voeg die pekanneute by die eierwitmengsel en meng tot neute bedek is. Gooi die neute in die suikermengsel en meng. Gooi nou die neute in die oondbak en versprei eweredig. Sit in die oond vir ongeveer ʼn uur of totdat die suiker hard gebak is – meng/draai elke 15 minute.
Reeds in 2021 het Diode Digital, ʼn digitale produksiemaatskappy, waargeneem dat videobemarking vir sekere doeleindes tot 600% meer effektief is as ander tradisionele bemarkingselemente. GWK se bemarking-en kommunikasiespan kan hierdie waarneming dubbel en dwars beaam slegs uit terugvoer van besighede waarvoor daar videoprojekte gedoen is. Nóg ʼn bewys hiervan is die geweldige toename in videoversoeke wat die span ontvang.
Behalwe vir ons TV-advertensies (die animasies Hierdie Man Bou ‘n Ruimtetuig en Ou MacDonald Het ‘n Plaas) is alle videoproduksies binne GWK deur die bemarkingspan gedoen. Dit sluit alles in van Meganisasie se gereelde inligtingsvideo’s, Aartappels se resepvideo’s, Landboudienste se boeredae-video’s, tot informatiewe video’s wat deur besighede gebruik word om personeel ingelig te hou, soos Risikobestuur se bedrogvideo’s, Menslike Hulpbronne se prestasiemetingvideo, en IT en Finansies se inligtingsvideo’s. Verder maak die span seker om GWK se aktiwiteite te dokumenteer, wat ge-