`n Handelsmerk van
Junie/Julie 2016
Nature’s Farms bevestig GWK se vertroue in landboubedryf GWK se John Deereagentskap beste in Suid-Afrika KliÍnte kom eerste by Veilings Noord
Ons sorg vir jou toekoms sodat jy kan voortgaan om vir die wêreld te sorg.
GWK Lewensversekering Ons bied dekking vir enige versekerbare gevare wat kán gebeur.
Douglas Brits van den Berg (Uitvoerende Bestuurder: Versekering) 082 803 5190
Hopetown/Luckhoff Josef Pelster Krediet- en Lewensversekering 082 883 4474
Kimberley Willem Kruger Krediet- en Lewensversekering 082 490 9680
Douglas Lucas Holtzhausen Finansiële Adviseur: Beleggings 082 682 8201
Kimberley Jacques de Wet Krediet- en Lewensversekering 082 660 8209
Kimberley Jaco Janse van Rensburg Regskonsultant 082 333 3146
GWK is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185
14 24 33 54
Nature’s Farms bevestig GWK se vertroue in landboubedryf
6
Redaksioneel
GWK Irrigation innovates with AgSense
7
Geestelike akker: Die belofte van heerlikheid wat vir ewig bly
Pekanneute: Hoe beïnvloed soute my opbrengs?
Briewe aan 'n boer
8 10 12 21
Damme en temperature
Veilingskalender en -pryse
Landbouwenke
Wenke vir die winter
26 28 42 44 49 52
Saadgehalte: Die toekoms van grondboonproduksie in Suid-Afrika
Kliënte kom eerste by Veilings Noord
GWK se JDagentskap beste in Suid-Afrika
Herken blaaspootjie op uie
Gebruik grondwaterbalans vir effektiewe besproeiingskedulering
Uitskieterweidingstudent wen gesogte SP-trofee
58 60 62 66 68 70
Ontwikkeling van personeel die sleutel tot sukses
'n Gesonde leefstyl vir 'n gesonde gewig
Use colour to create positivity
Resep: Biltongsop teen die koue
KommuniekRAAI
Uit Piet se pen: Elke mens het 'n storie
3
Direksie Voorsitter Frank Lawrence
Ondervoorsitter Johan Jacobs Hennie Coetzee JP du Plessis Wynand Human
Frans Lubbe Tertius Marais Mattheus Maree Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid
Hoofbestuur Besturende Direkteur
Hoofbestuurder: Handel
Pieter Spies
Mark du Plessis
Finansiële Direkteur
Hoofbestuurder: Graanprodukte
Johann Klopper
Tom Meintjes
Hoofbestuurder: Spesialisprodukte
Hoofbestuurder: Veilings en Vleis
Llewellyn Brooks
Wim van Rooyen
Hoofbestuurder: Primêre Produksie Pieter Bekker
Uitvoerende Bestuur Regsdienste en Sekretariaat Juan Kotzé 076 430 5615
Finansies en Finansiële Landbou-advies Andri Bezuidenhout 071 686 8844
Vleis Alex Cilliers 082 808 3063
Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531
Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121
Finansiering Kobie Greyvensteyn 082 808 4178
Presisieboerdery en Produksienavorsing Dup Haarhoff 083 646 1111
Saad en Opkomende Produsente Jozua Haarhoff 082 808 8579
Graanbemarking Elmarie Jacobs 082 906 2383
Meganisasie Rocky le Roux 082 317 7656
Direkte Insette Rocky le Roux 082 317 7656
Veilings en GWK Properties Willie Meyer 071 680 4103
Inligtingstegnologie Rika Myburg 082 889 7821
Sidi Parani Cas Prinsloo 079 510 2710
Oliesade en Pekanneute Andreas Snyman 082 801 1849
GWK Farm Foods Eddie Ueckermann 082 804 7545
Versekering en FloTank Brits van den Berg 082 803 5190
KwaZulu-Natal Bemarking Terence van Dyk 082 885 4163
Mensekapitaal Gideon Jordaan 082 335 6711
Het jy ‘n blaaskans nodig? ‘n Laer deposito? Eerste paaiement eers in 2017?
Hoe klink dit?
Geldig vir alle nuwe John Deere-produkte. Vir meer inligting, kontak jou naaste John Deere-handelaar of John Deere Financial-bemarker.
BigDoor22018LWB
Finansiering gebou vir jou John Deere Financial word ondersteun deur Absa, ‘n lid van Barclays, ‘n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer en geregistreerde kredietverskaffer. Reg Nr NCRCP7. Bepalings en voorwaardes geld.
www.JohnDeere.co.za
Uitgewer namens GWK Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking) Redakteur: Inhoudsontwikkeling Leana Coetzee 072 601 9420 Uitlegkunstenaar Reinard Louw Advertensies en redaksioneel Tania Fourie 053 298 8200 / TaniaF@gwk.co.za Kontak ons Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: LeanaC@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730 Hoofkantoor GWK De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf gwk.co.za Voorbladfoto: GWK Meganisasie (Conrad Bornman)
Redakteursbrief In die kern van GWK is ‘n mosaïek van kreatiewe idees, kundige mense-mense en innoverende denke. Die maatskappy se bron van nuus vir Kommuniek is soos die weduwee se kruik. Bodemloos. Ek reken dat die gehalte van die bestanddele wat in die pot saamgeroer word, die rede vir die wenresep is. Dinamiese leierskap, bekwame personeel en ‘n ewige behoefte aan groei en innovering vorm ons korporatiewe kultuur. Dit alles terwyl ons hart steeds by ons mense lê. Die vooruitgang wat GWK maak op verskeie gebiede onder die stuur van hierdie dinamiese leierskap, beteken dat die maatskappy by ál hoe meer projekte betrokke raak. Dit lewer ‘n nimmereindigende stroom van nuus waarvoor daar nie altyd tyd of plek vir een Kommuniek beskikbaar is nie. Soos GWK voortbeweeg, hou dit ons ook op ons tone om werk van konstante hoë gehalte te lewer. ‘n Bestuursbesluit is geneem dat Kommuniek voortaan elke twee maande sal verskyn sodat ons waarlik ‘n relevante tydskrif kan lewer wat van waarde vir ons lesers is. ‘n Verskerpte fokus op die gemeenskapsprojekte waarby GWK betrokke is en waarvan ons meer in die volgende uitgawes sal vertel, maak deel uit van ons beweging vorentoe. Dié beweging sluit ons personeel, aandeel-
Tot volgende keer!
Leana Coetzee
Redakteur: Inhoudsontwikkeling Vind ons aanlyn deur die QR-kodes met `n slimfoon te skandeer.
Kommuniek
6
houers, produsente, vennote en gemeenskap in – daarom beweeg ons saam vorentoe As Een. Een van hierdie bewegings, die bekendstelling van Nature’s Farms se produkte, het plaasgevind op 7 April by die GWK Farm Foods-aanleg. Dit was weereens ‘n kleurvolle samevoeging van gaste en gebeure – ons gesels oor die motivering agter dié ontwikkeling in die hoofartikel. Verder stel ons GWK Veilings se bemarkers in die Noord-streek bekend, luister na Dr. Chris Schmidt se pekanwenke in sy opvolgartikel en deel ons Presisie-span weer waardevolle navorsingsinligting en wenke. ‘n Lekkerleeslandboutydskrif vir Junie en Julie! Selfs in vooruitgang is ons nie onbewus van uitdagings in die industrie nie. Ons besef dat hierdie winter bepalend sal wees vir baie van ons produsente – As Een sal ons hulle egter bystaan waar moontlik. Ek wil graag met ons lesers gesels. Stuur vir my ‘n e-pos as jy ‘n storie het, of selfs net insette oor die inhoud van Kommuniek – ek sien uit om van julle te hoor.
Geestelike Akker Die belofte van heerlikheid wat vir ewig bly Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. (2 Kor 4:17) Christen wees is nie 'n waarborg vir 'n sorgvrye lewe hier op aarde nie. Ons moet 'n bietjie langer daarvoor wag. Hoe vol probleme ons lewens ook al mag wees, dit verdwyn in die niet wanneer ons dit vergelyk met die heerlikheid wat daar op ons wag in die hiernamaals. Jesus self sê dat ons ons nie moet bekommer nie: “Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My." (Johannes 14:1) Die Here gee ons goeie raad, maar dit is nie raad wat ons maklik vind om te aanvaar nie. So dikwels gee ons ons probleme in gebed oor aan die Here, net om dit in angs weer terug te neem en van vooraf ons oor dieselfde ding te bekommer. Ons moet ook bewus wees daarvan dat wat ook al ons sorge en bekommernisse, daar is altyd iemand anders wat swaarder kry as ons. Helen Keller stel dit so mooi "Ek het gehuil omdat ek nie skoene het nie totdat ek 'n man sonder voete ontmoet het." Baie mense raak soms sonder enige grondige rede baie ontsteld. 'n Goeie voorbeeld is die ruspe in die klassieke
verhaal van "Alice in Wonderland". “Are you content now?” said the caterpillar. “Well I should like to be a little longer, sir, if you don’t mind,” said Alice, “three inches is such a wretched height to be.” “It’s a very good height indeed!” said the caterpillar angrily, rearing itself upright as it spoke. (It was exactly three inches high.) Dit gebeur dikwels in ons daaglikse lewe. Ons is soms so fyngevoelig en gegrief en niks maak ons kwater as wanneer mense op ons neerkyk of te kenne gee dat hulle beter as ons is nie. In ons harte begin ons dikwels 'n wrok koester en laat geen ruimte vir enige moontlike vriendskap of samewerking met hierdie mense nie. Dit is 'n groot fout. Ons moet nie toelaat dat ons bekommernisse of mense wat ons aanstoot gee, ons lewens oorneem nie. Ons is duur gekoop en is kosbaar in die aangesig van God. Hy sal ons in al ons krisisse help en in ons behoeftes voorsien. Hemelse Vader, ons dank U vir die gawe van ewige lewe. Gee dat u Heilige Gees ons elke dag sal help om tot u eer te leef. Ons bid dit in die Naam van Jesus. Amen Neville Turley
7
Damme en temperature
Huidige stand van damme Riviersisteem Oranjerivier
Vaalrivier
Dam Welbedachtdam Gariepdam Vanderkloofdam
Werklike vs. langtermyn reĂŤnval % Vol 107 55 60
Vaaldam Bloemhofdam Allemanskraaldam Erfenisdam
45 19 13 12
Hartsrivier
Spitskopdam
36
Rietrivier
Kalkfonteindam
6
Modderrivier
Krugersdriftdam
10
140.0 120.0 100.0 80.0 60.0 40.0 20.0 0.0 Douglas
Prieska
Hopetown Barkly-Wes
Werklik Langtermyn
Werklike minimum en maksimum temperature vs. langtermyn temperatuur 14 Maart 2015 tot 15 April 2016 Douglas Lunenburg
Prieska Green Valley Nut
45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5
45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5
Vaalharts Jan Kempdorp
Hopetown Lilydale 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5
45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5
Rietrivier
Maandelikse voorspelling Mei 2016
45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5
Maksimum
8
Maksimum langtermyn
Minimum
Minimum langtermyn
Rietrivier
Vaalharts
Kontantvloei oplossings van die
plaas tot die meule
Kom ons praat Agribesigheid. Ons Agribesigheidspan is nie alleen bankiers nie, maar inderdaad kenners van hierdie dinamiese sektor. Ons bied toegang tot bedryfskapitaal, asook die buigsaamheid wat jy nodig het om jou besigheid te bestuur. Dit is hoekom meer besighede Standard Bank as enige ander bank in Suid-Afrika kies. Vir meer inligting, besoek www.standardbank.co.za/business
Voluit Vorentoe
TM
Gemagtigde finansiĂŤledienste en geregistreerde kredietverskaffer (NCRCP15). Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk (Regnr. 1962/000738/06). SBSA 172406. 01/14 Voluit Vorentoe is ‘n handelsmerk van Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk.
9
conrad borman
Veilingskalender en -pryse
14 Mei 17 Mei 18 Mei 24 Mei 25 Mei 28 Mei 31 Mei 2 Junie 2 Junie 7 Junie 9 Junie 10 Junie 11 Junie 14 Junie 15 Junie 21 Junie
Jakalsdans Wildveiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Leon Strauss & C Havenga Dormers Kimberley Grootvee/Kleinvee Griekwastad Veiling Bul & Ram Trofee Wildveiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Bloemfontein Veiling Koopmansfontein - Speenkalf Veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Hertzogville Sentraal Bonsmara Groep Veiling Samekoms Wild & Johan Kruger Wildveiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Fauresmith Veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee
14 Junie 15 Junie 21 Junie 22 Junie 28 Junie 5 Julie 7 Julie 12 Julie 14 Julie 19 Julie 20 Julie 21 Julie 21 Julie 26 Julie 27 Julie 30 Julie
Kimberley Grootvee/Kleinvee Fauresmith Veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Griekwastad Veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Kimberley Grootvee/Kleinvee Bloemfontein Veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Hertzogville Veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Diamant Dorper Veiling GWK Bul & Aanteelveiling Boshof Suid Veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Griekwastad Boomrivier Wild Veiling Karos
Veilingspryse vir lewendehawe – April 2016 28/03 - 01/04
11/04 - 15/04
18/04 - 22/04
25/04 - 29/04
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Slagosse
R16.00
Slagosse
R16.40
Slagosse
R16.40
Slagosse
R16.60
Slagosse
R16.60
Slagkoeie
R14.80
Slagkoeie
R15.20
Slagkoeie
R15.00
Slagkoeie
R15.20
Slagkoeie
R15.00
Maer beeste
R10.50
Maer beeste
R11.00
Maer beeste
R12.00
Maer beeste
R12.20
Maer beeste
R12.20
R20.20
Ligte kalwers (180-200kg)
R12.20
Ligte kalwers (180-200kg)
R21.00
Ligte kalwers (180-200kg)
R21.80
Ligte kalwers (180-200kg)
R22.40
Ligte kalwers (180-200kg)
10
04/04 - 08/04
Swaar kalwers R19.00 (201-250kg)
Swaar kalwers R19.30 (201-250kg)
Swaar kalwers R18.50 (201-250kg)
Swaar kalwers R20.00 (201-250kg)
Swaar kalwers R21.30 (201-250kg)
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Slaglammers
R25.50
Slaglammers
R26.30
Slaglammers
R26.50
Slaglammers
R23.00
Slaglammers
R21.50
Stoorlammers R26.00
Stoorlammers R26.50
Stoorlammers R26.50
Stoorlammers R22.50
Stoorlammers R21.00
Kruislammers
R25.50
Kruislammers
R26.30
Kruislammers
R26.50
Kruislammers
R22.50
Kruislammers
R21.50
Slagooie
R17.00
Slagooie
R17.40
Slagooie
R18.00
Slagooie
R17.00
Slagooie
R15.80
Maer ooie
R15.00
Maer ooie
R15.00
Maer ooie
R15.00
Maer ooie
R15.00
Maer ooie
R14.00
Klein bokkies
R30.00
Klein bokkies
R30.00
Klein bokkies
R29.50
Klein bokkies
R30.50
Klein bokkies
R30.00
Jong bokke
R30.00
Jong bokke
R30.00
Jong bokke
R29.50
Jong bokke
R31.50
Jong bokke
R30.00
Bokooie
R19.00
Bokooie
R18.50
Bokooie
R18 .00
Bokooie
R18.00
Bokooie
R17.00
11
Landbouwenke Pekanneute
Koring
� Pekanneute moet steeds in die winter besproei word, maar die waterbehoefte is heelwat laer. � Twee goeie besproeiings tydens die winter behoort voldoende te wees. � Snoei van pekanneute word in Julie en Augustus gedoen. � Nuwe bome word ook in dié twee maande geplant. � Gate moet minstens een meter diep wees of 20 cm dieper as die penwortel. ‘n Gedeelte van die los grond moet onder in die gat teruggeplaas word voor plant. Die afgesteekte penwortel moet in los grond wees om vertikale wortelontwikkeling te bevorder. � Goed verrotte kompos en 0,5 kg van ‘n sinkbevattende bemestingstof (22% Zn) kan met die grond vermeng word en in die gat geplaas word. � Struktuurvorming van jong bome jonger as 5 jaar word gedoen en leierloot word gestimuleer om so sterk en so hoog as moontlik te groei. � Sylote moenie dikker as twee derdes van hoofstam by plek van aanhegting wees nie. � Die gewenste hoek met hoofstam moet kleiner as 90° en groter as 30° wees. � Verwyder een derde van loot net bokant ‘n ogie wat na buite weg van die boom wys. � Vryf leierloot se ogies af (behalwe die boonste ogie) op opwaartse groei te stimuleer. � Volwasse bome word ligter gesnoei aangesien die struktuur reeds gevorm is. Verwyder oortollige klein sylote en dooie takke.
� Koring-planttyd is amper verby en slegs kort groeiers kan van middel tot einde Julie geplant word. � Met laat aanplantings kan plantdigtheid tot 120-130 kg saad/ha aangepas word. � Bring duisendkorrelmassa in berekening aangesien dit ‘n aansienlike verskil kan maak. ‘n DKM van 37 het ‘n saadtelling van 27 000 sade/kg teenoor ‘n DKM van 44 met ‘n saadtelling van 22 000 sade/kg. � By ‘n plantdigtheid van 120 kg/ha sal die saad met die laer DKM (d.w.s. 37) ‘n stand van 600 000 plante/ha meer hê as ‘n lot van 44 DKM. � ‘n Te hoë plantestand verhoog die risiko vir omval en dit lei tot ‘n hoër persentasie sifsels en ‘n laer persentasie vetkorrels.
Gars � Gars is in die saailngstadium en moet net lig besproei word totdat die plante goed gevestig is. � Op ‘n katoen-wisselboustelsel en waar baie mieliereste net voor plant op die land teenwoordig was, moet ‘n hoër stikstofpeil toegedien word (ongeveer 20-30 kg meer, afhangend van die grondstruktuur). DIt moet verkieslik verdeel word om sodoende ‘n stikstofnegatiewe periode teen te werk. Op baie sanderige gronde word ± 20 N meer aanbeveel weens loging. � ‘n Verdeelde stikstoftoediening van 100 N met plant, 20-40 N op ses weke na opkoms (30 N vir Puma, maar 4060 N vir Cocktail) met melk- tot sagte deegstadium.
12
Lusern � Nuut gevestigde aanplantings moet veral op swaarder gronde oordeelkundig besproei word. Om wortelontwikkeling te optimaliseer, moet die profiel nie te nat wees nie. � Ouer aanplantings kan swaarder besproei word, veral lae-dormansie kultivars wat meer aktief is in die winter. � Vestiging van lusern in die winter word nie aanbeveel nie weens baie koue toestande wat ontkieming en opkoms erg kan vertraag. � Saailinge kan dan ook makliker versuip indien te veel besproei word.
Uie en saaduie � Ligte topbemesting (stikstof) kan toegedien word indien nodig. Volg ‘n bemestingsprogram en waak teen te veel stikstof op saaduie. � Uie benodig gemiddeld 150 N, 90 P en 80-140 K/ha. � Blaarvoedings met mikro-elemente soos Boor, Molibdeen, Sink en Koper kan van nou tot vroegsomer toegedien word. � Onkruidbeheer is belangrik en moet begin word terwyl onkruide nog klein is. � Spuit sistemiese swamdoders veral op saaduie om siektes te beheer voordat dit sigbaar word.
VAN LAND TOT FEES: PLAAS JY BROOD OP DIE TAFEL.
Die besproeiingskoringkultivars PAN 3400, PAN 3471 en PAN 3497 behaal groot sukses in die kommersiële aanplantings en beskik oor goeie siekteverdraagsaamheid en graderingseienskappe. Die wenkombinasie van droëland- en besproeiingkultivars is ’n goeie keuse.
Saam boer ons vir die toekoms™
www.pannar.com | infoserve@pannar.co.za
ULTRAMODERNE NAVORSING EN ONTWIKKELINGSTEGNOLOGIE 2016/WHEAT/A/23/LWB
UITSONDERLIKE PRODUKTE EN GEWASPAKKETTE
GEWASVOORSORG
OPTIMALISEER PRODUKSIE
GEWASBESKERMINGSBESTUURSPRAKTYKE
® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2016 PANNAR BPK
Aktueel Leana Coetzee
Nature's Farms
bevestig GWK se vertroue in landboubedryf
14
Tydens ‘n geleentheid wat simbolies was aan produsente wat die ongelooflike vermag, is GWK se gevorderde koringmeule en koekie- en pastafabriek op Modderrivier bekendgestel en is die maatskappy se vertroue in die toekoms van landbou opnuut bevestig. Dié aanleg, wat handel dryf onder die GWK Farm Foods-handelsmerk, is vir ‘n geruime tyd reeds in volle produksie maar die amptelike opening het plaasgevind op 7 April. Die bouwerk aan hierdie aanleg, wat waarskynlik die modernste en mees tegnologies gevorderde aanleg van sy soort in Afrika is, is begin in Augustus 2013 en in 2015 voltooi. Volgens Tom Meintjes (Hoofbestuurder: Graanprodukte) is die projek volledig afgehandel met ‘n afwyking van minder as 2% van die begroting. Produkte wat hier vervaardig word, gee verbruikers die geleent-
heid om werklike oorsprong op die plaas te proe, terwyl produsente nou die voordele van ‘n direkte kanaal na die verbruikersmark kan geniet. Koring vir die meule word gewerf op ons produsente se plase, wat beteken dat konsekwente gehalte koring aan die fabriek voorsien word. Die koringmeel, koekies en pasta onder die Nature’s Farms-handelsmerk word gevoeg by GWK se reeds bekende reeks mieliemeel. Pieter Spies (Besturende Direkteur) sê dat die bestuur seker gemaak het dat hulle ‘n omvattende begrip het van die pastamark om die ontwikkeling van die produk suksesvol te behartig. “Ook vir die koekiereeks het ons verseker dat ons op die regte geure en variasies besluit, die nuutste innovering aan die dag lê en werklik die béste smaakprofiele het,” sê Spies.
15
Die bestuur van BUHLER, die Switserse maatskappy wat toerusting verskaf het, het 'n groot staanhorlosie aan GWK Farm Foods geskenk. Hier is Pieter Spies by die horlosie. Op die foto in die middel vier die bestuur van GWK die aanleg se suksesvolle opening saam met BUHLER
“Vir ons koringmeel was die belangrikste oorweging goeie resultate vir die bakker. Ons sal aanhou innoveer met ons produkte om te verseker dat ons die leiers in die kategorieë bly.” Ander kosprodukte met hul oorsprong op die plaas, sal ook in die toekoms onder Nature’s Farms bemark word. Geleenthede hiervoor sal deur die GWK-span geïdentifiseer word of deur markbehoeftes bepaal word. GWK is baie selektief in die markkanale vir die nuwe produkreeks. Volgens Spies is samewerking met die regte vennote van kardinale belang. Nature’s Farms se produkte is van top-gehalte en vertel die storie van die plaas se heilsaamheid – daarom is dit noodsaaklik dat gehalte ook weerspieël word in die supermarkte waar dit beskikbaar sal wees. “As deel van GWK se besigheidstrategie, is dit noodsaaklik dat die heel beste tegnologie vir die produkte gebruik word en dat ons produsente vereer word vir die werk wat hulle doen. Tydens die beplanning het dit ons toegelaat om eienaarskap van die waardeketting te neem, om ons produkte te diversifiseer en gehalte-produkte te vervaardig, terwyl ons die koste so laag as moontlik gehou het,” sê Spies. Dit is vir GWK belangrik om volhoubare produksie te verseker en om in die gemeenskap te belê. Meer as 400
16
tydelike werksgeleenthede is geskep tydens konstruksie van die aanleg, terwyl 100 permanente poste geskep is. “Dit is vir ons belangrik om die gemeenskap te bemagtig deur nuwe en waardevolle besigheidsgeleenthede te skep,” sê Eddie Ueckermann (Uitvoerende Bestuurder: GWK Farm Foods). “Ons werk saam met plaaslike besighede om te verseker dat die produksie van Nature’s Farmsprodukte ook vir hulle voordelig sal wees. Ander werksgeleenthede wat deur die aanleg geskep is, sluit die dag-tot-dag ondersteuningsdienste soos tuinonderhoud, vullisverwydering en vervoerfasiliteite in.” Ueckermann sê verder dat plaaslike besighede reeds ‘n hupstoot in hul winste kon waarneem vanweë die groot aantal tydelike en permanente personeellede wat gedurende die konstruksiefase van die aanleg in die area tuisgegaan het. Die aanleg is ontwerp om natuurlike en ekologies veilige hulpbronne te gebruik, sodat GWK sy belofte van verantwoordelikheid teenoor die omgewing, gestand doen. Die bekendstelling wat in die fabriek se glansryk versierde verpakkingsaanleg plaasgevind het, is bygewoon deur rolspelers in die bedryf – vennote wat saam met GWK streef na volhoubare landbou en voedselvoorsiening. Die Noord-Kaapse pre-
mier, me. Sylvia Lucas, en die adjunkminister van handel en nywerheid, mnr. Mzwandile Masina, was sprekers by die geleentheid en albei het die geweldige, positiewe impak van GWK se belegging op die gemeenskap benadruk. Werkskepping en omgewingsvriendelike werkswyses en vervaardiging is veral eienskappe van GWK Farm Foods wat groot ondersteuning by die regering ontvang. Ook Me. Suzanne AckermanBerman, direkteur van transformasie vir die Pick n Pay-groep, het die gaste toegespreek met ‘n inspirerende boodskap van gemeenskapopheffing en het klem gelê op die belang van projekte soos hierdie in ‘n gemeenskap waar werkloosheid seëvier. Die aanleg kan, teen volle kapasiteit, 600 ton meel per dag, 580 ton koekies per maand en 550 ton pasta per maand produseer. Twintig interlink-vragmotors met produkte word daagliks uitgestuur. Ons is bevoorreg om van dié beste gehalte koring in Suid-Afrika te hê. Die koring wat in die GWK-area verbou word, bevat ‘n unieke proteïeninhoud en lewer konstante hoë opbrengste onder besproeiing. Die droë Noord-Kaapse klimaat beskerm gewasse teen siektes, terwyl die warm temperature bydra tot hoë opbrengste. Dit beteken dat die gehalte van die koring konstant hoog bly, en dit
is hiérdie koring wat ons vir ons produkte gebruik. Interessante feite oor Nature’s Farms se produkreeks sluit in: Die Nature’s Farms pastareeks sluit macaroni, spaghetti, penne, skroewe en elmbogies in wat in 500g-verpakkings beskikbaar is Die Nature’s Farms koekiereeks sluit die geure Black Forest, Choc Chip, Gemmerbeskuitjies en binnekort Cheese Cake in en is verpak in 125g-verpakkings Nature’s Farms se koringmeelreeks is ideaal vir die bakker en die meel voldoen aan al die moontlike bakbehoeftes Nature’s Farms se mieliemeel word vervaardig in die GWK Farm Foods-meule op Christiana
17
Gaste by die geleentheid
Die Noord-Kaapse Premier, me. Sylvia Lucas aan die woord
Me. Suzanne Ackerman-Berman van die Pick n Pay-groep
Italiaanse passie vir pasta in die Noord-Kaap
Adj.-minister Mzwandile Masina, Ackerman-Berman, Frank Lawrence (Direksievoorsitter), Lucas en Norman Shushu (LUR van Landbou en Grondhervorming, NK)
Nature's Farms se produkte word bekendgestel
Die verpakking wat die storie vertel van oorsprong op die plaas
Lede van GWK se Hoofbestuur tydens die bekendstelling. V.l.n.r: Pieter Spies, Wim van Rooyen, Llewellyn Brooks, Pieter Bekker, Tom Meintjes en Mark du Plessis
18
Nรก afloop van die perskonferensie
Ons mense voed mense. By GWK ontdek ons deurlopend nuwe moontlikhede om die grense van landbou te verskuif. Omdat ons die nuutste toerusting en tegnologie wat produsente benodig aan hulle voorsien - met slimmer en beter maniere van besigheid doen - kan hulle voortgaan om kos te voorsien aan diĂŠ mense wat die wĂŞreld ‘n beter plek maak.
19
Douglas Kobie Greyvensteyn Uitvoerende Bestuurder Tel: 053 298 8200 Douglas Johannes Celliers Admin Tel: 053 298 8200 Douglas Cobus Horn Bemarkingskantore Tel: 053 298 8200 Douglas Alice Kemp Tradisionele gebiede Tel: 053 298 8200 Douglas Paul Greyvensteyn Veilings en Vleisbedrywe Tel: 053 298 8200
Finansiering wat jou help om grense te verskuif. GWK Finansiering
Douglas Robert Twigge Kredietbestuurder Tel: 053 298 8200 Douglas Rita Page Kredietkontroleur Tel: 053 298 8200 Douglas Li-Mari Botha Kopers & Nie-Lede Tel: 053 298 8200 Douglas Jan Britz Filiale 053 298 8200 Vaalharts Veronica Stevens GWK Depot Jan Kempdorp Tel: 053 456 0193 Hopetown Christoff Koekemoer Industriëleweg Tel: 053 203 0865 Kimberley Fred Louw Kaapstadweg Tel: 053 831 2796 Luckhoff/Hopetown Karen Kruger Voortrekkerstraat Tel: 053 206 0071 Modderrivier Chris van Wyk Stasiestraat Tel: 053 581 0112 Underberg Karen van Lelyveld Shop 27, Troutwalk Centre Tel: 076 871 8150 Prieska Koos Slabbert Loots Boulevard Tel: 053 353 1151 Cradock James Louw Olea Straat 10 Tel: 042 295 2639 Ficksburg Alwyn Kruger Tattenheim Corner Tel: 051 250 4167 Christiana Cassie Aspeling Koöperasie straat 053 441 2231
20
Terwyl jy voortgaan om as ‘n skakel in die onbreekbare ketting van voedselvoorsiening ‘n positiewe verskil in landbou te maak, ontdek ons nuwe, innoverende finansieringsoplossings om jou te ondersteun. Kontak die GWK Finansieringspan.
Produsentefokus Leana Coetzee Neels Grobbelaar
Wenke vir die winter "Ek het twee grade, my oë en my ore."
‘n Taakspan, saamgestel deur Agri SA in samewerking met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, het onlangs ‘n plan vir droogtehulp voorgestel om druk op Suid-Afrikaanse produsente te verminder. Dit kom nadat Omri van Zyl, uitvoerende hoof van Agri SA, gewaarsku het dat die droogte onder meer geweldige werksverliese en voedselonsekerheid sal meebring indien daar nie aandag gegee word aan hulp vir produsente nie. Rolspelers in dié taakspan sluit Agbiz en AFASA in wat fokus dat ‘n grootskaalse hongersnood nie op Suid-Afrika wag nie. Die saamgestelde plan is reeds voorgelê aan pres. Jacob Zuma, die Nasionale Tessourie en die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, Senzeni Zokwana. Plaaslik is dit veral vee- en droëlandprodusente wat uitdagings in die gesig staar, met die wintermaande wat voorlê en onsekerheid vererger. GWK-produsent en GWK Icon-wenner in 2015, Neels Grobbelaar, het gedurende die droogte tot op datum nog geen lusern, pille of mielies
21
gevoer vir sy kudde nie – ons het gaan inloer om te hoor wat is sy geheim. Kwaliteit eerder as kwantiteit Grobbelaar, wat die GWK Icon gewen het vir die produsent met die hoogste gehalte skaap gelewer deur die jaar, boer met swartkopdorpers in die Groblershoop-distrik. “Ek bemark al my vleis deur GWK,” sê Grobbelaar. “En jy kan self by hulle hoor: Ek voer nie my diere nie.” Grobbelaar se skape het ‘n konstante hoë uitslaggewig op ‘n ouderdom van drie tot drie en ‘n half maande en volgens hom lê die geheim by die gehalte dier waarmee hy boer. “Twintig jaar gelede het ek ‘n prys gewen by ‘n dieregesondheidmaatskappy en hulle het my gevra wat my geheim vir sukses is. My geheim is nou steeds dieselfde as wat my antwoord daardie tyd was. Dissipline, beplanning en gehalte,” sê hy. Dit is uiters belangrik dat jou diere gesond is, sê hy verder. ‘n Dier wat nie die regte kos en die regte medisyne op die regte tyd kry nie, kan eenvoudig nie presteer nie. “Doseer jou diere,” sê Grobbelaar.
22
“As jy in die oggend opstaan en jy voel nie gesond nie, gaan jy nie ‘n groot ontbyt eet nie. Jy gaan nie ‘n eetlus hê nie. Dieselfde geld jou diere. As jou diere gesond is, sal hulle goed eet, selfs al is die weiding min. Hulle sal selfs aan minder smaakvolle bossies eet, want hulle is gesond. Hulle het guts.” Deur eerder te fokus op die gehalte van sy kudde as op die grootte daarvan, verseker dat Grobbelaar se winste tydens droogtetye dieselfde is as onder goeie toestande, indien nie meer nie. Beplan, beplan, beplan “Goeie beplanning is nie ‘n ding wat oornag kom en dadelik resultate wys nie,” sê Grobbelaar. “Dit is ‘n langtermynplan. Dan moet jy ook dissipline aan die dag lê en streng by jou beplanning hou wanneer jy dit uitvoer.” Volgens Grobbelaar is dit noodsaaklik dat weiding met goeie voorafbeplanning bestuur word en dat produsente spaarkampe gereed het vir droogtetye. “In ’86 en ’92 het ek moeilikheid gekry omdat my beplanning nie reg
was nie, maar ek het daaruit geleer. Beperk jou voorrade. Verminder jou diere as die weiding min is. Dissiplineer jouself en besluit: Ek gaan nou met nét soveel skape boer.” Hy vertel verder dat veeprodusente soms die fout maak om hul kuddes te vergroot as die area goeie reën gekry het, terwyl hulle eerder op die gehalte van hulle diere en weiding moet fokus. Om gronderosie te beheer en beperk, gebruik hy aanplantings. “Nou vra ‘n ou my die ander dag: Wat as hierdie plante nou die hele kamp oorneem? Toe vra ek hom: Wat as dit nié oorneem nie? Ek sorg vir my weiding deur vooruit te beplan want dit is die kern van jou infrastruktuur.” Grobbelaar besit tien plase waarop hy boer. “Ek het niks geërf nie, ek het gewerk vir alles wat ek het. Ek het ook twee grade, my oë en my ore. Ek leer by ander en ek leer deur my foute.” Hy herhaal weer sy raad. Boer met minder, fokus op gehalte en hou jou diere gesond. As deel van ons As Een-fokus is GWK saam met Agri NK betrokke by droogtehulpprogramme.
UITMUNTENDE LOGISTIEKE OPLOSSINGS
Spoor- en Padvervoer Brits van den Berg: 082 8035 190 Oproepsentrum: 086 1000 936
23
Irrigation Leana Coetzee
GWK IRRIGATION INNOVATES WITH AGSENSE SINCE 2003, AGSENSE HAS ALWAYS STRIVED TO DELIVER TOP-OF-THE-LINE REMOTE MANAGEMENT AGRICULTURE SOLUTIONS, AND NOW FORMS PART OF THE FAMILY OF BRANDS GWK PARTNERS WITH. As
GWK’s promise to always discover new and smarter ways of doing business, GWK Irrigation has added one more innovative solution to the list of services provided to our farmers. AgSense’s patented technology has facilitated the introduction of “precision agriculture” to the irrigation industry and is now available from GWK Irrigation. Valley Irrigation purchased a little over half of the AgSense business almost two years ago. AgSense continues to function as a separate business but works very closely with Valley, of which GWK Irrigation is also a dealer. All distribution outside of Northern America, is handled by Valley.
24
part of
Reliable results for the farmer are guaranteed by connecting your farm to a computer, controlling your irrigation systems from your remote device, monitoring your farm on the go, alerting you of any possible problems, reporting made easy and analysing successes and opportunities. According to Willie Wiggett (Area Manager: Irrigation) GWK clients making use of the technology are all satisfied and excited about the advanced accessibility to their pivots. “This technology makes controlling your systems just so much easier,” says Wiggett. “Since launching the test phase during November 2015, we have seen a great increase in cli-
ent interest. We support all our clients in their irrigation strategies to ensure their success. We are successful if our farmers are successful.” The AgSense Field Commander, powered by WagNet (Wireless Agricultural Network) is the next generation in remote field management. It is an advanced GPS driven pivot monitor/ control system that communicates via the digital cellular network to provide near real-time information and up to the minute alarms to your cell phone, smart phone or computer. This state-of-the-art patented technology economically provides the functionality of a digital panel while still working through a mechanical
panel. The technology is designed to allow incorporation of future developing applications, all the while saving you time and money right now by checking and controlling your pivots from your home computer or smart phone. Field Commander works on most brands and vintages of pivots and panels. The remote implementation of your irrigation prescriptions is efficient and reliable and turns your smart phone, tablet or desktop into a “virtual control panel”. AgSense’s philosophy of “knowledge is power” (The Power of Knowing) is echoed in the technology of Field Commander. Better information leads to better decisions, which in turn lead to better results. WagNet is the AgSense online software used by the AgSense solutions and empowers your entire irrigation operation to be remotely controlled
using the advanced GPS driven control system. WagNet not only tells you where you are and where you are going – powerful reporting tells you where you have been. Historical reports by Wagnet are comprehensive and customisable, giving you the power to make informed decisions. AgSense also promises ease of use working with WagNet. The simple, easy to understand user interface makes it possible to monitor and control all your AgSense devices from virtually anywhere in the world. WagNet features Google Maps and user configurable alarms that put you in control of when, why and who should be notified when a problem occurs. Wiggett and his experienced team at GWK Irrigation are ready to assist with any queries regarding the AgSense technology. They can be contacted at 053 298 8318.
Grundfos Boorgat Sonpompe • Grundfos SQFlex Sonpomp reeks • Axpert Omsetter/Laaier met ingeboude batterylaaier en reguleerder- 1KVA - 5KVA • ReneSola Sonpanele teen die beste pryse! 55W, 80W,125W,255W en 305W • Sonkrag Batterye 2V, 6V & 12V – Narada/Willard/ Sonic/Trojan (T) +27 (0) 21 555 2621/5 | info@solarsolved.co.za | www.solarsolved.co.za
25
Grondbone Tjaart Myburgh
Saadgehalte: Die toekoms van grondboonproduksie in Suid-Afrika Dinamika van grondboonproduksie Die saadbed is van kardinale belang vir behoorlike ontkieming en effektiewe groei. Dit is belangrik om goeie kontak tussen klam grond en saad te kry. Benewens saadgehalte, is plantdiepte een van die belangrikste faktore. Die voorbereiding van die saadbed word bepaal deur verskeie aspekte, naamlik grondtipe, vorige aanplantings en boerderypraktyke. Hierdie faktore moet goed bestuur word vir enige saad om suksesvol te ontkiem. As die mikro-klimaat en saadbedvoorbereiding rondom die saad reg is, kom die gehalte en vermoë van die saad in werking om ‘n sterk en gesonde plant te vorm. Saadgehalte is daarom vir GWK van kardinale belang en bly ‘n fokuspunt. Daar is nog nie ‘n duidelike praktyk in grondboonproduksie om die beste resultaat in planttyd te behaal nie. Die rol van saadgroottes en plantdigtheid bly belangrike besprekingspunte. Die vraag is: Hoe word saadgrootte gebruik vir aanplanting onder besproeiing om die opbrengs en die graad te beïnvloed? Nie-beperkende faktore sluit in: Saadbed, saadgehalte, saaddigtheid en saadgrootte, wat in ‘n groot mate die sukses in grondboonproduksie bepaal. GWK se doelwit is om deurlopend aan produsente die beste gehalte saad te verskaf vir die beste produksiepotensiaal. GWK het die afgelope jaar daarop gefokus om saad te plant met genetiese po-
26
tensiaal en suiwerheid om kultivarpotensiaal te verseker. Om optimale produksie te verseker, het GWK navorsing begin doen op saaddigtheid, saadvolwassenheid en saadgroottes. Verder het onkruidkompetisie ‘n baie groot en vernietigende invloed op opbrengs. Onnodige grondversteuring (bewerking) vererger die hoeveelheid onkruid in grond. Dit is ‘n skokkende feit dat opbrengs met 50% verminder waar onkruidkompetisie in die vroeë produksiestadium bestaan. Kanse op herstel is baie klein wanneer dit hierdie punt bereik, en dit maak onkruid ‘n baie groot probleem. Grondboonsaad benodig die perfekte temperatuur vir suksesvolle ontkieming. Onkruid het die vermoë om onder verskeie temperature te ontkiem, daarom sal swak voorbereide grondboonlande baie meer onkruidkompetisie tot gevolg hê. GWK Grondbone toets alle grondboonsaad vir aalwurm. Aalwurm is ‘n ewig-aanwesige probleem en het ‘n groot invloed op opbrengs en veral gehalte – gevolglik ook op uitvoergeleenthede. Aalwurmtoetse is prioriteit en ‘n positiewe resultaat word verkry deur besmette sade te elimineer. GWK verkoop slegs saad wat skoon toets vir aalwurm. Genetiese egtheid is die afgelope seisoen ondersoek en slegs vroeë generasie saad was beskikbaar gestel vir aanplanting. Hierdie twee stappe het ‘n baie groot invloed gehad op produsente se grondboonaanplan-
tings, wat daartoe gelei het dat gradering merkbaar verbeter het. Pitte was groter en is minder gevlek met ‘n hoër keurgraad 1. Die verandering in keuse van saad het daartoe gelei dat die beste keurgraad in vier jaar verkry is. Dinamika van saadgrootte GWK het ‘n belangrike proef uitgevoer om te bepaal wat die produksiepotensiaal en graad-persentasie is, waar verskillende saadgroottes in ‘n spesifieke lokaliteit aangeplant is. Dié lokaliteit was baie droog bestuur en dit het ‘n positiewe invloed getoon op die gemiddelde keurgraad-persentasie. Drie areas is onderskeidelik geplant met 40/50-, 60/70- en 70/80-saad. Die groottes van die areas was onderskeidelik 7,18, 10,66 en 9,99 hektaar. Plantdigtheid en bestuur was op al drie aanplantingareas dieselfde. Tabel 1 toon dat die beste saadgrootte om onder hierdie toestande te plant, die 60/70-saad is, met ‘n produksiepotensiaal van 5 ton per hektaar. Die 70/80-saadgrootte het die laagste opbrengs getoon. Keurgraad 1 was beter waar die 60/70- en die 40/50-saad geplant is, en swakker waar die 70/80-saad geplant is. Hoewel hierdie slegs een proef se resultate is, gee dit wel ‘n aanduiding dat dit beter is om 60/70-saadgroottes aan te plant. Die studie sal jaarliks herhaal moet word voordat die resultaat aanvaar kan word as die norm.
Opsomming Toekomstige navorsing moet fokus op die ideale saaddigtheid vir grondbone. Daar is vanjaar verlaagde opbrengste aangeteken, waar die stand swakker was en verder ondersoek sal moet word. Die verlies aan organiese materiaal in grond weens sekere boerderypraktyke moet ook ondersoek word.Grondverdigting blyk ook ‘n groot probleem te wees tydens grondboonproduksie, en moet dus gebreek word om te verseker dat water die grond beter infiltreer, asook om ‘n sterker wortelstelsel te verseker. Dit veroorsaak ook ‘n verbetering in waterverbruik-doeltreffendheid en vergemaklik besproeiingskedulering. Saadgehalte beïnvloed ontkieming, wat op sy beurt die plantdigtheid beïnvloed. Plantdigtheid is een van die primêre faktore wat opbrengspotensiaal beïnvloed. Die perfekte plantdigtheid behoort die beste keurgrade met die hoogste moontlike opbrengs te lewer, en dus die beste wins te verseker. Die Suid-Afrikaanse grondboonbedryf het uitstekende markte gevestig wat goeie premies betaal vir gehalte grondbone. Goeie opbrengste sal die gewas winsgewend maak.
Saadgroottes geplant Opbrengs ton/ha Keur 1 % 40/50 tot 60/70 Keur 2 % 70/80 Diverse % Pers eet % Pers Olie %
40/50 4.04 69.23 3.91 17.88 5.37 1.5
60/70 5.07 67.85 2.87 18.42 6.24 2.25
70/80 3.36 62.41 7.21 18.49 7.06 4.83
27
Veilings Leana Coetzee
Kliënte kom eerste by Veilings Noord Opmerklike positiewe veranderinge is aan die orde van die dag by GWK Veilings. Deurlopende hernuwing en innovering maak deel uit van dié besigheid se nuwe strategie wat skerp op kliëntediens fokus – ons gesels met Sarel Cilliers, wat aan die stuur van sake is. ‘n Herlewing
GWK Veilings Noord is duidelik sigbaar onder leiding van Sarel Cilliers (Bestuurder: Veilings Noord). Die doelwit om GWK Veilings as voorkeur verhandelingsvennoot van lewendehawe te vestig in GWK se bedieningsareas, sluit uitstekende kliëntediens as hooffokus in. Hoewel GWK Veilings geweldig uitbrei, is dit steeds vir die span belangrik om uitstekende diens te lewer aan bestaande kliënte in die tradisionele GWK-areas. “Dit sluit die totale dienspakket in,” sê Cilliers. “Van stoorlam- en speenkalfverhandeling, veilings, verslagtings en aanteelvee, tot wildverhandeling. Die industrie is baie mededingend en dit dwing ons om innoverend te dink en nuwe maniere te ontdek om uit te staan as voorkeurdiensverskaffer.” Die bestuur lei die fokus op kliëntediens met ‘n ervare span bemarkers en administrasiekantoor as ondersteuning. “Eerstens verseker ons dat ons
28
in
bestaande fasiliteite deurgaans onderhou en verbeter word. Tweedens verseker ons dat ons van die begin tot einde van ‘n transaksie topgehalte diens lewer deur die transaksie deur te voer, navrae effektief af te handel en probleme intyds op te los,” sê Cilliers. “My groot fokus is betrokkenheid by en uitreiking na produsente. Wanneer ons bemarkers en administrasiespan as een saamwerk, verhoog dit onmiddellik ons effektiwiteit. Daarom is dit belangrik om my span te motiveer tot produktiewe werksetiek.” Cilliers sê verder dat die uitbreidingsmoontlikhede wat hy identifiseer, getoets en geëvalueer sal word om te verseker dat dit tot die winsgewendheid van die maatskappy sal bydra. Veilings Noord se innoverende besigheidstrategie is gegrond op eerlike diens. In terme hiervan het hulle reeds kleinvee by Kimberley se veilingskrale op skaal begin verhandel. Die skaal is aangepas om as verkoopsring te dien
sodat kopers direkte toegang het tot die gewig van die vee voor hulle. Dit is ook 'n bestuursdoelwit om kontak te maak met soveel as moontlik kliënte deur gereelde besoeke, asook deur vergaderings van boereverenigings by te woon saam met die bemarkers wat vir daardie area verantwoordelik is. Nóg ‘n voorbeeld van nuwe denke in dié GWK-besigheid, is die uitbreiding van stoetvee. Hierdie afdeling word nou afsonderlik bestuur deur Schalk Erlank, wat die kostebeheer en onderhandelinge hiervan sal behartig. Cilliers sê dat Erlank se besondere hoë standaarde en breë kennis van die industrie, ‘n geweldige positiewe bydrae tot die besigheid maak. In dieselfde asem is die wildverhandelingsbeen van GWK Veilings Noord reeds op sosiale media (Facebook) in gebruik en sal binnekort verder verbeter. Die blad kan besoek word vir inligting rakende wildverhandeling deur te soek vir "GWK Stoetvee en Veilings" op Facebook. ‘n Suksesvolle veiling by die Balium Rui Development Forum op Thaba Nchu is reeds aangebied met 331
stuks vee wat verhandel is. Twee nuwe veilings is ook hier onderhandel en onderteken – dus is die moontlikheid van verdere groei uitstekend. Verder bied GWK ‘n eerste 1000 Bulkalf veiling op 6 Oktober aan in Kimberley waarop ons bo en behalwe ‘n duisend top bulkalwers, tweeduisend kalwers in totaal gaan aanbied. Die uitbreiding van GWK Veilings Noord bring mee dat ‘n skerper fokus geplaas word op die verantwoordelikhede van die bemarkers wat die onderskeie areas sal diens. “Ons bemarkers vorm die kern van die besigheid se kontak met produsente. Dit is daarom belangrik dat elkeen van hulle deel in GWK, en dus GWK Veilings, se visie en doelwitte. Die bemarkers, afslaers en personeel is verbind tot verantwoordbaarheid, integriteit en toewyding tot menswaardige diens aan ons kliënte,” sê Cilliers. GWK Veilings Noord se afslaers, Deon Klopper en Koos Visagie, vervul in hierdie opsig ook ‘n leidende rol om te verseker dat alle vee bemark word en dat voldoende koopkrag beskikbaar is om mededingende
pryse vir GWK-produsente te behaal. ‘n Funksie is in Maart aangebied om GWK Veilings Noord se visie en doelwitte onder die bemarkers te herbevestig. Hier het Jacques Faul, uitvoerende bestuurder van die Titans krieketklub, ‘n inspirerende toespraak aan die bemarkers gelewer oor die belangrikheid van persoonlike kontak met kliënte en uitstekende diens om die behoud van jou kliënte te verseker. Die bemarkers IG Zwiegers, Pierre Erasmus en Hannes van Schalkwyk is tydens dié funksie vereer vir hul onderskeie prestasies, naamlik hoogste inkomste gegenereer, grootste aantal vee verhandel en grootste omset behaal. GWK verseker kliënte ‘n positiewe ervaring wanneer hul met GWK Veilings Noord besigheid doen. “Ek wil graag sien dat ons deeglike terugvoer gee op alle navrae en dat ons deur behoorlike netwerkskakeling die beste moontlike pryse vir ons produsente kan beding,” sê Cilliers. “Alles hiervan word gedoen terwyl ons kopers kan staatmaak op topgehalte vee en wild.”
Willie Meyer Uitvoerende Bestuurder 071 680 4103 williem@gwk.co.za
Deon Klopper Afslaer 082 802 8483 deonk@gwk.co.za
Schalk Erlank Stoetvee 082 558 6891 lin-ca@mweb.co.za
Sarel Cilliers Bedryfshoof: Veilings Noord 082 447 7450 sarelc@gwk.co.za
Koos Visagie Afslaer 083 680 8929 koosv@gwk.co.za
Julize van Ronge Stoetvee 076 424 2791 julizevr@gwk.co.za
29
Bemarkers: Veilings Noord
1 2 3 4 5 6 7 8 30
Dirk Beukes Barkly-Wes 082 375 1849 dpbeukes@vodamail.co.za
Hawie Bosman Boshof 083 259 6100 lewendehawe@gwk.co.za
Japie van Bergen Hertzogville 082 803 2498 omegaplaas@gmail.com
Stefan Meades Jacobsdal/Kimberley 082 808 1280 meades.stefan@gmail.com
Jacques Steenkamp Griekwastad 082 809 9762 jacquessteenkamp@vodamail.co.za
Ig Zwiegers Hopetown 082 821 5797 igz@vodamail.co.za
Kobus Malherbe Bloemhof 072 757 4236 dvsontvangs@gmail.com
Hannes van Schalkwyk Douglas 082 808 3844 hansievs@gmail.com
9
10
Kobus Botha Fauresmith 072 836 4547 kobusbotha873@gmail.com
Hans Annandale Bloemfontein 082 441 2591 hansannandale10@gmail.com
Pierre Erasmus Bloemfontein 084 776 2507 elmine@remaxfirst.co.za
7
3 1 5
2
8 4
6
10
9
31
l
i a a
n e
t a a l
i a a w
DIE SAAD VAN SUKSES PNR-GW-01
Tel: +27 12 683 5700 | www.pioneer.com
© 2016 PHII. Die DuPont Ovaal Logo is ‘n geregistreerde handelsmark van DuPont. ®, SM, TM Geregistreerde handelsmerke van Pioneer.
32
Met Pioneer se revolusionêre ProBox stelsel plant jy vinniger en makliker. Dink net aan die spoed en gerief van vier ton saad in die grond, sonder om aan ‘n enkele sak mielies of sojas te raak!
Pekanneute Dr. Chris Schmidt
Pekanneute: Hoe beïnvloed soute my opbrengs? Pekanopbrengs is besig om af te neem in sekere gebiede, tesame met ‘n verswakking in gehalte (neutvul, -massa en –grootte). Die vraag is hoekom, en is dit tydelik of permanent?
unieke ligging in die landskap, geneig is tot die opbou van onderliggende watertafels as gevolg van langdurige watertoevoegings, soos besproeiing. Dit is veral sigbaar indien die grondprofiel deur ondeurdringbare rots, of klei, onderlê word en die gebied nie beskik oor natuurlike dreinering nie. Opbou
Versouting Dit is bekend dat gebiede weens
VERSOUTING VAN GROND
Waterpotensiaal verswak Plant lyk verdroog Opname van sout vind plaas Min
Baie
K en Na interaksie (diskriminasie) Min
Na-toksisiteit. Lae weefsel konsentrasies. Lae turgordruk.
Baie
Hoë interne soutkonsentrasie Weerstandbiedend
Osmotiese veranderings. Hoë turgordruk.
Sensitief
Skade aan membrane, organellas en ensieme.
Figuur 1: Fisiologiese effek van soute op plantfisiologie. Die rooi pyle dui die tipiese verloop aan van wat met ‘n pekan gebeur onder omstandighede geassosieer met die voorkoms van hoë soutvlakke in die grond.
van ‘n watertafel gebeur ook indien dreinering deur mensgemaakte strukture soos paaie en groot kanale afgesny word. Hierdie versamelde water beweeg soute onder invloed van kapillêre waterbeweging na die oppervlak, wat beteken dat die opbou van soute (verbrakking) plaasvind. Sekere gronde in die droër gebiede van sentraal Suid-Afrika is afkomstig uit natrium-bevattende moedermateriaal en is onderlê deur klei-ondergrond wat natuurlike waterdreinering baie stadig, of selfs glad nie, laat plaasvind. Indien besproeiingswater van ‘n swak gehalte op hierdie gronde gebruik word oor lang tydperke, teen lae toedieningspeile soos byvoorbeeld druppers, mikrospuite en selfs spilpunte, bou soute op en verbrakking vind plaas. In bogenoemde twee situasies vererger ‘n swak gehalte besproeiingswater die situasie. Droogte (die afwesigheid van groot hoeveelhede skoon reënwater) sal opbou van soute vererger. Ander gebiede is weens hul posisie in die landskap so geplaas dat
33
gedurige ondergrondse laterale dreinering plaasvind en sodoende kan swak gehalte water inbeweeg (veral teen ‘n hang en aanliggend tot ‘n pan of rivierbed). Tipies van al hierdie gronde, word ‘n hoë soutinhoud in die oppervlak-grondlaag
gemeet. Soute in ‘n grond verwys na die totale hoeveelheid oplosbare soute in die grond. Soute wat akkumuleer sluit onder meer in kalsium (Ca), natrium (Na), magnesium (Mg), chloried (Cl), sulfate (SO42-) en bikarbonate (HCO3-). Dit is belangrik om te besef dat die toevoeging van omtrent enige produk tot die grond ‘n verhoging in soutinhoud kan veroorsaak. Dit sluit in die verwering van moedergesteentes, toevoeging van anorganiese kunsmis, grondverbeteraars (gips, kompos, mis), asook besproeiingswater. Dit is wanneer soute in ‘n oormaat raak, dat dit probleme vir plantegroei skep. Die risiko van soutakkumulasie is altyd groter op gronde met ‘n fyn tekstuur, as op grond met ‘n growwe tekstuur. Die grond met die growwer tekstuur beskik oor groter porieë, geassosieer met beter en vinniger dreinering. Grond met hoë klei-inhoud-horisonte in die profiel/wortelsone, belemmer goeie dreinering en bevorder sout-
Figuur 2: Tipiese soutbrand op pekanblare wat op jong of ouer groei kan manifesteer.
Elektriese Geleiding (mS/m) Gewasreaksie 0 – 200
Meestal weglaatbaar
201 – 400
Groei van sensitiewe gewasse mag beperk word
401 – 800
Groei van die meeste gewasse word beperk
801 – 1600
Slegs weerstandbiedende gewasse groei bevredigend
>1600
Slegs enkele baie weerstandbiedende gewasse
Tabel 1: Gewasreaksie by verskillende vlakke van soute in die grond.
Pekan - Opbrengsverlies a.g.v. versouting 80
Boom sterf af
Opbrengsverlies (%)
70 60
Terugsterwing van takke 50% opbrengsverlies
50 40 30
25% opbrengsverlies
20
10% opbrengsverlies
10 0
0
100
200
300
400
500
Elektriese Geleiding (mS/m) Figuur 3: Invloed van versouting in die boonste 30.5 cm van grond op drag en groei van pekanbome.
34
600
akkumulasie. Gronde met ‘n hoë natriuminhoud sal waarskynlik ook geassosieer word met ‘n swak waterinfiltrasievermoë. So wat is die invloed hiervan op pekanneute? Die effek van soute op plantegroei met spesiale verwysing na pekan In houtagtige spesies veroorsaak hoë soute in die grond maklik blaarskroei, of selfs dat boomblare maklik afval (ontblaring). Byvoorbeeld in lusern, gee hoë soutvlakke aanleiding tot ‘n laer opbrengs weens ‘n wanbalans in die blaar-tot-stamverhouding (afname), met ‘n verlaging in voergehalte. So reageer afsonderlike spesies verskillend ten opsigte van hoë vlakke van soute. Pekanneute is sensitief vir 'n oormaat soute, waarvan natrium een is, hoewel chloried (Cl) in dieselfde lig gesien kan word. Wanneer die Na-konsentrasie in die grondwateroplossing verhoog, verlaag die osmotiese potensiaal en sal water geneig wees om vanuit die plant na die grond te beweeg. Met ander woorde, plante onttrek water al hoe moeiliker, wat dus onder droër toestande tekorte aan water sal vererger. Pekanbome sal dus op gronde met hoë vlakke van soute, vogtekorte ervaar, wat geassosieer word met verlaagde groeitempo, neutgrootte en opbrengs. Om hierdie rede is dit algemeen bekend dat voldoende effektiewe gronddreinering noodsaaklik is vir die loging van oormatige soute sodat optimale pekanproduksie kan realiseer. Hoë soutvlakke kan ook voedingswanbalanse in die plant veroorsaak, wat aanleiding gee tot toksiese hoeveelhede wat in die plantselle kan akkumuleer. In die plant beweeg water gewoonlik tussen selle van dié met hoër waterpotensiaal (minder negatief) na selle met 'n laer waterpotensiaal (meer negatief). Soute van enige aard verlaag die waterpotensiaal. In die sitoplasma van plantselle speel K egter 'n kardinale rol om teen spesifieke konsentrasies, selmetabolisme in stand te hou, asook om die selle se waterinhoud optimaal te hou. Dit beskerm dus die
Gronddiepte (mm)
pH(KCl)
Na (%)
EG (mS/m)
VH
MR
VH
MR
VH
MR
0-300
5.8
6.8
2.6
5.8
153
153
300-600
5.7
6.4
4.3
6.5
250
273
600-900
5.9
6.1
5.9
3.8
342
191
900-1200
5.9
6.0
5.8
2.8
357
134
Gemiddeld vir profiel
5.8
6.3
4.6
4.7
273
188
Tabel 2: Die gemiddelde pH(KCl), Na-persentasie en EG (versadigde pasta; mS/m) van gronde by twee verspreide lokaliteite, nl. Vaalharts-besproeiingskema (VH) en die Modderrivier-skema (MR).
sel teen plasmolise (die wegbeweeg van die selmembraan en selinhoud van selwand). Kalium balanseer ook die negatiewe ladings afkomstig van proteïene, nukleïensure en organiese sure. Derdens aktiveer K 'n groot aantal ensieme. Behalwe vir Mg, kan Na of enige ander katioon van die makroelementfamilie, nie hierdie funksie verrig nie. Om hierdie rede moet die Na- en Ca-konsentrasies in balans wees met K, aangesien hulle maklik toksiese effekte kan veroorsaak in die plantsel indien hul vlakke te hoog raak. Die fotosintese-apparaat moet byvoorbeeld deurentyd beskerm word teen te hoë Na- en Ca-konsentrasies. Omdat Na chemies baie met K ooreenstem, beskik dit oor die vermoë om K te verplaas en veroorsaak dit dat die normale werking van K, soos bo genoem, nie kan plaasvind nie en 'n versteuring in die plant vind plaas. Net so versteur te veel Ca ook die werking van K in die sitoplasma. Dit kan onder meer fosfate (P) laat presipiteer, wat die energie-metabolisme van die plant sal versteur. Normaalweg is plante meer weerstandbiedend teen die nadelige invloed
van te veel soute in die teenwoordigheid van hoë Ca-vlakke in die grond. Die fisiologiese reaksie van die plant op versouting word in Figuur 1 uitgebeeld. In plantwortels word die waterpotensiaal egter verlaag om aan te pas by die eksterne omstandighede en om dus die invloei van water toe te laat. Daarom beland soute, veral Na, in die wortel. Uiteindelik veroorsaak 'n oormaat soute skade aan selmembrane, organelle en ensieme. Bome wat deur 'n oormaat soute nadelig beïnvloed word, kan brand (afsterwing van plantweefsel) op blaarrande van ouer sowel as jonger groei vertoon. Die tipiese soutbrandsimptoom op ‘n pekanblaar word aangetoon in Figuur 2. Buiten bogenoemde skade, veroorsaak ‘n oormaat soute ook verdwerging. Klimaat en besproeiing beïnvloed soutverdraagsaamheid. Soos wat grond uitdroog, word soute in die grondoplossing meer gekonsentreerd, wat dus blootstelling aan soute verhoog en soutstres verhoog. Om hierdie rede sal die negatiewe impak van ‘n oormaat soute hoër
wees gedurende warm, droë toestande, as tydens koeler en natter toestande. ‘n Verhoging in besproeiingsfrekwensie en voorsiening van oormaat water ten opsigte van gewasbehoefte, mag help om soutstres te verlaag. Grondsoutinhoud word ondere meer bepaal deur die meting van die grond se elektriese geleidingsvermoë in ‘n versadigde pasta-ekstrak en word uitgedruk as geleiding in eenhede van millisiemens per meter, of desi-siemens per meter. Tabel 1 beskryf in die brëe gewasreaksie ten opsigte van verskillende vlakke van soute in die grond. Hoewel, volgens bostaande brëe indeling (Tabel 1) daar gereken word dat ‘n soutinhoud van 0 tot 200 mS/m meestal geen impak op gewasgroei het nie, is die pekan se drempelwaarde 190 mS/m (gemeet in ‘n versadigde pasta). ‘n Grond met soutinhoud (EG) van 250 mS/m in die boonste 30.5 cm, kan opbrengs met ongeveer 10% verlaag, 350 mS/m met ongeveer 25% en 490 mS/m met ongeveer 50%. Die terugsterwing van takke kan ook voorkom by soutvlakke van 500 mS/m. Bome kan vrek by ‘n soutinhoud van 600 mS/m. Hierdie waardes word grafies in Figuur 3 voorgestel. Dié syfers is slegs van toepassing op die bo-grond; indien die ondergrond ook te hoë vlakke van soute bevat, kan die negatiewe impak op opbrengs nie ooreenkomstig verreken word nie weens ‘n gebrek aan navorsingskennis. Die werklikheid is dus dat ons as produsente eerder anders sal moet dink oor pekanneute, as om net te aanvaar dat by “minder as 200 mS/m alles in orde is”. Bome
35
moet beter bestuur word en aanplantings moet beter beplan word met langtermynvolhoubaarheid as ‘n groter strewe! Wat gebeur tydens kritiese waterbehoefte-periodes? Dit is bekend dat die kritiese waterfase waar neutvergroting plaasvind en dopvul in aanvang begin neem, vir Suid-Afrikaanse toestande ongeveer tussen 1 Desember en 15 Januarie is. Hierdie is ook die periode geassosieer met piek maksimum temperature, met ander woorde atmosferiese aanvraag, en dinge wat tydens hierdie periode met water en voedingstofopname verkeerd gaan, het ‘n direkte negatiewe invloed op opbrengs en gehalte. Verder is dit ook die periode wanneer baie produsente se koppe Hartenbos se kant toe staan en boordbestuur dalk minder aandag geniet as wat nodig is. Neem hierdie kombinasie van gebeure in ag, tesame met hoë soutvlakke en dink wat die effektiewe uiteindelike opname van water en voeding deur die boom is? Omdat die water en grond alreeds ongunstig is en elke boom liters skoon water nodig het, hoeveel water kry die boom effektief opgeneem? Is swak neutvul en kleiner neute dan nie dalk resultate van hierdie gebeure nie? Hantering van hoë soutvlakke in die grond Normaalweg is die beheer van soute nie te moeilik nie, maar dit hang baie af van omstandighede soos grondtipe, beskikbaarheid van water, gehalte van water, tipe besproeiingsisteem en ondergrondse dreinering. Normale prosesse wat soute vertikaal afwaarts in die grond kan verplaas, is onder meer genoegsame skoon water. Indien ‘n gebied nie beskik oor genoegsame skoon water nie en dreinering is nie geïnstalleer nie of is oneffektief, sal die opbou van soute oor tyd problematiese afmetings aanneem. Loging met genoegsame water word as die primêre manier van soutverplasing beskou, op voorwaarde dat dreinering kan plaasvind. Loging word gedefiniëer
36
as die proses waar meer water aan die grond toegedien word as wat die grond in die wortelsone kan behou. Die water wat nie behou kan word nie, sal dieper af verby die wortelsone dreineer en soute meevoer. In Utah, Amerika, word soutinhoud slegs in die boonste 30,5 cm van die grond bepaal en aan die hand hiervan word aanvaar dat 152 mm water die soutinhoud van die grond in die betrokke laag sal halveer, ongeag die tipe besproeiing. Verder sal 305 mm en 610 mm water die soutinhoud van die grond onderskeidelik met 80% en ongeveer 90% verlaag. Die manier waarop water toegedien word, is ook belangrik: Die water moet die grond infiltreer en dreineer, en nie afloop nie. Om hierdie rede moet grond dus diep bewerk wees en alle beperkende lae moet opgebreek wees. Produsente en skeduleerders moet nou dink oor skedulering wat meestal plaaslik toegepas word en dit is meestal die terugplaas van water wat deur die gewas onttrek is tussen die boonste gedreineerde limiet, asook die onderste limiet. Die grond word dus meestal net voorsien van die nodige verskil aan water wat nodig is. Waar word die ekstra water geakkommodeer om loging te bewerkstellig? Die vraag is ook of ekstra water by elke benatting ingewerk moet word, of moet daar een of twee keer per seisoen spesiaal “loging” toegepas word? Die proses van soutverplasing kan ook aangehelp word deur die toevoeging van wateroplosbare Ca. Hou egter in gedagte dat ‘n effektiewe dreineringstelsel ‘n voorvereiste bly, want ‘n beeldspraak-voorbeeld om in gedagte te hou, is “vir ‘n bad om water uit te laat en leeg te loop, moet daar ‘n prop wees en dit moet uitgetrek wees”. Die vraag kan met reg gevra word tot watter mate elektrisiteitskoste, waterkoste, waterskaarste en “uiters akkurate skedulering” die opbou van soute beïnvloed. Veldondersoek Gedurende 2014 en 2015 is twee ondersoeke deur Sidi Parani uitge-
voer. Die ondersoeke was in die Vaalharts- en die Modderrivier-besproeiingskemas (laasgenoemde naby Jacobsdal) uitgevoer. Die ondersoeke by Vaalharts was roetine van aard, maar by die Modderrivierskema was dit deel van ‘n soeke na redes hoekom opbrengs gedaal het. In Vaalharts is grondmonsters by drie verspreide lokaliteite op vier plekke in en naby drupperpotte geneem op vier dieptes, naamlik 0-300, 300-600, 600-900 en 900-1200 mm. In totaal is 14 posisies gemonster. Een lokaliteit is naby Jan Kempdorp, een naby Hartswater en een by Magogong. Grondmonsters is op drie plekke by ‘n lokaliteit naby Jacobsdal in die Modderrivier-skema geneem. Besproeiing in Vaalharts vind plaas deur bogrondse en ondergrondse druppers, terwyl algehele makrobespuiting by die Modderrivier-lokaliteit toegepas word. In alle gevalle is grondmonsters afsonderlik ontleed, maar vir die doel van hierdie artikel word die gemiddelde waardes (omdat dit ooreenstem) vir elke gebied in Tabel 2 gerapporteer. Grond-pH(KCl) Waardes vir die Vaalharts-skema is tussen 5.7 en 5.9 (gemiddeld 5.8), met ander woorde grensend tot 6. Dieselfde waardes vir die Modderrivier-skema wissel tussen 6.0 en 6.8 (gemiddeld 6.3) wat dus effe hoër is, maar nie noodwendig nadelig is nie. Die grond-pH word in geen van die gebiede as problematies beskou nie. Natrium-persentasie Die drempelwaarde van Na, uitgedruk as ‘n persentasie-verhouding tot die ander basiese katione (K, Ca en Mg), word as 2% beskou. Waardes hoër as 2% is ‘n aanduiding van moontlike versouting, maar nie ‘n gegewe nie. Vir die Vaalhartsgebied is dié waardes gemaklik hoër as die drempel, beginnend by 2.6% in die bogrond en strek tot by 5.8% in die diepste grondlaag, met ‘n gemiddeld van 4.6% vir die hele profiel; dus gemiddeld 230% hoër as die drempel. Die waardes neem toe met diepte, met die ondergrond se
waarde dubbel dié van die bogrond. Vir die Modderrivier-skema lokaliteit is die gemiddelde waarde vir die profiel feitlik dieselfde as vir die Vaalharts-skema, naamlik 4.7%; dus 235% hoër as die drempelwaarde. By hierdie skema is die bogrond se waarde egter die hoogste, naamlik 5.8% en neem af met diepte (2.8% in die diepste grondlaag). Wat beteken hierdie inligting? Soos genoem, is hierdie hoë Na-verhoudings alreeds ‘n aanduiding dat soute moontlik opgebou het en deur verdere ontledings kan dit bevestig word, al dan nie. Elektriese geleiding Soos reeds genoem, is die pekan se drempelwaarde in terme van EG, 190 mS/m. Vergeleke met ander gewasse, is uie se drempelwaarde byvoorbeeld 200 mS/m, aartappels 250 mS/m, mielies 500 mS/m, koring 700 mS/m, katoen 1000 mS/m en gars 1200 mS/m. Dit is duidelik dat pekanneute van al die genoemde gewasse, die meeste sensitief is ten opsigte van versouting. Die enigste verskil is dat pekans ‘n permanente gewas is. Die gemiddelde waarde vir Vaalharts gedurende die spesifieke periode in die boonste 0-300 mm is 153 mS/m, wat minder as die drempel is. Al die ander gronddieptes, naamlik 300-600, 600-900 en 900-1200 mm se EG is hoër as die drempelwaarde, naamlik 39%, 90% en 98% hoër. Dit is duidelik dat hierdie gemiddelde grond ongunstig is vir pekanverbouing van die 300 mm tot die 1200 mm gronddiepte. Tydens monsterneming is by al die monsternemingspunte klip gevind op die 1200 mm diepte, of effe vlakker. Die implikasie hiervan is dat daar dus nie “ekstra” grond is wat oor ‘n laer EG beskik en waar die pekanboom andersins wortels kan ontwikkel nie. Indien wortels in hierdie grondlae teenwoordig is, wat meestal die geval is, beteken dit dat hierdie wortels sub-optimaal funksioneer. Dit is dus slegs die 0-300 mm laag wat gunstig is vir groei in terme van soutinhoud. Vaalharts se gemiddelde EG-waarde vir die grondprofiel is 273 mS/m. Amerikaanse syfers dui op ‘n
37
±15% oesverlies by 273 mS/m in die bogrond, sonder om die ondergrond se soutvlakke in berekening te bring. Wat is dan nou die werklike impak op opbrengs in die Vaalharts-gebied met EG-waardes van 153, 250, 342 en 357 mS/m in die 0-300, 300-600, 600-900 en 900-1200 mm grondlae, onderskeidelik? Die syfer van 15-20% is dalk ‘n duidelike indikasie. Elektriese geleiding in die Modderrivierskema is slegs in die 0-300 mm en 900-1200 mm grondlaag gunstig, naamlik 153 en 134 mS/m, onderskeidelik. Die 300-600 mm en 600-900 mm grondlae is onderskeidelik 52% en 6% hoër as die drempelwaarde. Dus is optimale wortelontwikkeling eintlik ook maar beperk tot die boonste grondlaag. Die gemiddelde waarde is 188 mS/m. Watse opbrengsonderdrukking sal hier te wagte wees? 0%, of 10%? Dit is onduidelik, maar wat duidelik is, is dat dit nie optimaal kan wees nie. Ten Slotte Die meeste vrugtebome (insluitend pekanneute) is soutsensitief, met blaarbrand as ‘n simptoom (grond- en blaarontledings is handig vir identifikasie). Indien blare se Na-inhoud normaal is, ondersoek dan ook die chloried-inhoud. Blaarbrand word deur beide Na en Cl veroorsaak. Onderstamme kan verskil in terme van soutverdraagsaamheid. Blare wat deur besproeiingswater benat word, kan weens swak gehalte besproeiingswater ook brand en afsterf. Gereelde besproeiing met ge-
38
noegsame water help om opbou van soute in die grond te beperk. Oormatige water behoort gereeld toegedien te word om loging te verkry. Goeie dreinering is noodsaaklik. Goeie bestuur en bemesting bevorder groeikragtigheid, wat soute in die gewas sal verdun en brand kan voorkom. Swak groei skep hoër soutkonsentrasies in die gewas wat groter moontlikhede van blaarbrand skep. Hierdie oorsig het nie ten doel het om elke pekanprodusent op hol te jaag met die idee dat ‘n hoë soutinhoud die oorsaak is van verlaagde of wisselende drag in alle omstandighede nie. Die oorsig het ten doel om die produsent bewus te maak van die opbou van soute, wat tesame met “akkurate” skedulering te min water aan bome beskikbaar stel met nadelige gevolge in terme van neutmassa en neutvul – en uiteindelik dus gehalte. Hierdie effek manifesteer moontlik deurlopend, maar met ‘n waarskynlike piek tydens kritiese groeiperiodes geassosieer met hoë temperature (atmosferiese aanvraag). Dit is nodig vir elke produsent om sy eie spesifieke sisteem goed te verstaan en dit mag selfs nodig wees om ekstra kostes aan te gaan om die grond-plant-water-sisteem deur ekstra ontledings beter te verstaan. Dit is welbekend dat te veel soute ‘n vernietigende effek op plantegroei het. Hierdie kennis is eeue gelede al aangewend deurdat vyande sout gebruik het om mekaar se aangeplantes deur “biologiese oorlogvoe-
ring” te beskadig en vernietig. Die produsent kan homself afvra of soute regtig ‘n impak op obrengs kan hê. In sommige gevalle kan matige soutvlakke ongesiens ‘n verlaging in opbrengs teweegbring omdat die invloed gelykmatig oor die hele aanplanting geskied. Wat kan gedoen word in elke onderskeie gebied om grondtoestande te verbeter? Dit is tipies dat soute gedurende droër periodes opbou en sodra goeie reën voorgekom het, baie soute hierdeur uitgewas word. Dit sal ook moontlik nodig wees om deur gewysigde bemestings/rehabilitasie-programme versouting te beveg. Dr. Chris Schmidt kan by Sidi Parani (chriss@sidip.co.za) gekontak word. Verwysings
Ayers, R.S. & Wescot, D.W., 1994. Water quality for agriculture. FAO IRRIGATION AND DRAINAGE PAPER. 29 Rev. 1. Food and Agriculture Organization of the United Nations Rome. Beckerman, J. & Lerner, B.R., Salt damage in landscape plants. ID-412-W. Purdue Extension. Purdue University. Bernstein, l., Salt tolerance of fruit crops. Bulletin 292, Unites States Department of Agriculture. Epstein, E. & Bloom, A.J., 2005. Mineral Nutrition of Plants: Principles and Perspectives. 2nd edition. Sinauer Associates, Inc. Sunderland, Massachusetts, USA. Grattan, S.R., Irrigation water salinity and crop production. Publication 8066, FWQP reference sheet 9.10. University of California. Heerema, R., Goldberg N. & Thomas, S., Diseases and other disorders of Pecan in New Mexico. Guide H-657. New Mexico State University Koenig, R., 2016. Personal communication. Kotuby-Amacher, J., Koenig, R. & Kitchen, B., 2000. Salanity and plant tolerance. AG-SO-03. Utah State University Extension. McEachern, G.R., 1995. Evaluating Pecan Problems. Fruit and Nut Resources. Texas A&M University. MVSA, 2007. Bemestingshandleiding. Die Misstofvereniging van Suid-Afrika. Pretoria. Walworth, J.K., Salinity management and soil amendments for Southwestern pecan orchards. AZ1411. Revised 10/11. Arizona Cooperative Extension. University of Arizona.
oranjelandgoed, prieska pekankwekery GEFOKUS OP HOË GEHALTE KULTIVAR-EGTE BOME GEL VERPAK OM HOË VATPERSENTASIE TE VERSEKER GEHALTE OORSKRY SAPPA STANDAARDE GEKWEEK IN PRIESKA: GESKIK VIR NOORD-KAAP KLIMAAT FACEBOOK: ORANJELANDGOED
KULTIVARS BESKIKBAAR: WICHITA, CHOCTAW, NAVAHO
beskermd agriplus Vir persoonlike versekeringsdekking, plus boerdery-aktiwiteite, vee en toerusting Japie Huiseienaars (Geboue), Huisinhoud, Motorvoertuie, Transito, Persoonlike ongevalle, Vee, Geboue omvatt end, Besigheid alle risiko, Elektroniese toerusting, Persoonlike aanspreeklikheid, Stamboekvee, Besproeiingstelsels en spilpunte, Plus verskeie en ander risiko’s.
In die boerderybedryf bring elke nuwe dag sy eie uitdagings. Gaan dit reën? Sal ek nog ‘n jaar uit my ou trekker kan kry? Ons weet, want ons verseker boere al vir meer as 90 jaar. En omdat ons regtig verstaan, gee ons om. So, toe boer Johan de Lange vir ons vra om vir Japie, sy geliefde trekker, te spesifi seer, toe sê ons “Verseker.” Want as jy daarvoor omgee, sal ons dit verseker. Praat met een van ons spesialis-landbouadviseurs omtrent jou boerderyversekering.
RADAR/5829/KMUNK/A
KONTAK: JOHN LOOCK SEL NR: 082 330 2934 EPOS: ORANJELANDGOED@GMAIL.COM
Omdat daar soveel verskillende uitdagings kan opduik, is dit belangrik om die regte versekering te hê.
Praat met jou makelaar of SMS ‘Insure’ na 45200.*
*SMS kos R1. Hierdie produk word onderskryf deur Mutual & Federal Versekeringsmaatskappy Beperk (FSP12).
‘n Lid van die
Goedgekeurde Finansiële Diensverskaffer
Groep
39
40
Advertensie
Vinnige mieliebasters maak groot IMPAK… Daneel Fourie, Agricol gewasbestuurder: Mielies
In die 2015/2016 seisoen het die vraag na vinnige wit- en geelmieliebasters in Suid Afrika aansienlik toegeneem. Agricol se IMPAK-mieliereeks spreek hierdie behoefte aan en bied aan mielieprodusente ‘n top gehalte mieliepakket. Die IMPAK-mieliereeks bestaan uit vinnige wit- en geelmieliebasters van die beste genetika vir die Wes- en Oostelike produksiegebiede wat boere met gemoedsrus kan aanplant vir hul hoofaanplantings. Ultra-vinnig Die IMP 50-10 reeks het homself oor die afgelope 3 seisoene bewys as een van die top besproeiing mieliepakette in Suid Afrika. Hierdie geelmieliebasters val in die ultra-vinnige groeiklas, neem ongeveer 112- 114 dae tot fisologiese rypwording en het ‘n vinnige graan-afdroging tempo. Die IMP 50-10-reeks is uiters geskik vir ‘n rotasie sisteem met kleingrane en beskik oor uitstekende staanvermoë. Plantpopulasies van 80 000 - 100 000 plante per hektaar word aanbeveel onder ‘n vol besproeiingstelsel. Die IMP 50-10 reeks bied ook bo-gemiddelde toleransie teen blaarsiektes en hanteer hitte stremming goed. In gebiede waar siekte druk hoog is word daar steeds aanbeveel dat voorkomende middels gespuit moet word. Die IMPAK 50-10 reeks bestaan uit: IMP 50-10B, IMP 50-10R en IMP 50-10BR. Toevlugareas moet ten alle tye geplant word om hierdie tegnologie te beskerm. Vinnig Agricol se witmieliepakket bestaan uit die IMP 52-11 en die IMP 53-49 reekse. Beide hierdie reekse het die voordeel van stronkboorder beskermings tegnologie of bied toleransie teen glifosaat onkruiddoder. Die IMP 52-11 reeks is bekend vir sy uitstekende opbrengspotensiaal. Hierdie reeks val in die mediumvinnige groeiklas en neem ongeveer 122-124 dae tot fisologiese rypwording. Die IMP 52-11 reeks is medium meerkopping en beskik oor baie goeie graan kwaliteit. Die IMP 52-11 reeks is ook baie goed geskik vir aanvullende- tot vol besproeiingstelsels indien plant populasies nie die 65 000 merk oorskry nie. Onder aanvullende besproeiing word ‘n stand van 35000-50000 plante per hektaar aanbeveel. Die IMP 52-11-reeks bestaan uit IMP 52-11B en IMP 52-11R. Medium Agricol spits hom ook toe op die Suid-Afrikaanse kuilvoer mark. ‘n Goeie mieliekuilvoer-baster beskik oor die vermoë om hoë kwaliteit, sowel as goeie opbrengste kuilvoer te lewer. SC 608 word geklassifiseer as ‘n medium groeiseisoen mieliebaster. Hierdie baster lewer uitstekende graan opbregste wat sinoniem is aan hoë stysel vlakke in goeie gehalte kuilvoer. SC 608 beskik ook oor ‘n stadige graan afdroging tempo wat die snyproses wesenlik vergemaklik. Hierdie baster kan in enige produksiestreek aangeplant word. SC 608 verkies plant populasies van 18 000 tot 55 000. Goeie toleransie teen blaar- en kopsiektes is sekerlik een van SC 608 se groot voordele.
41
Meganisasie Leana Coetzee
GWK se John Deere-agentskap beste in Suid-Afrika GWK
Meganisasie is deur John Deere Suid-Afrika aangewys as John Deere-handelaar van die Jaar. GWK is gekies uit ‘n elite groep van tien John Deere-handelaars in die vierde jaar wat John Deere erkenning aan ‘n handelaar gee deur hierdie toekenning. Volgens John Deere se bestuur is dié Handelaar van die Jaar-toekenning die mees gesogte toekenning wat deur die maatskappy uitgereik word, en dra groot waarde en eer. Handelaars wat voorheen die toekenning ontvang het, tel onder die land se mees suksesvolle landbou-handelaars van John Deere en is ook bekend vir hul langtermyntoewyding aan John Deere in SuidAfrika. Die wenner van John Deere se Handelaar van die Jaar word bepaal deur faktore te oorweeg wat as vereistes dien vir alle John Deere-hande-
laars wêreldwyd. ‘n Baie streng prestasie-evaluering word oor ‘n tydperk van twaalf maande gedoen op alle John Deere-handelaars in Suid-Afrika om só te bereken wie die wenner sal wees. Uitnemende bestuur en kliëntediens word erken deur die toekenning van die John Deere Handelaar van die Jaar. Om hiervoor oorweeg te word, moet handelaars konsekwente groei toon in markaandeel met betrekking tot trekkers, sowel as verhoogde syfers in die gradering van kliëntediens. Dit is juis hierdie prestasies wat GWK verseker het van ‘n eerste plek vir 2015. Volgens John Deere het GWK die hoogste syfers getoon in terme van ‘n sterk verhoging in verkope, sowel as ‘n stewige markaandeel gedurende die jaar. GWK bied ook omvattende landbou-oplossings aan kliënte regoor die Noord-Kaap.
Verder het die bestuur van John Deere Suid-Afrika ook hul waardering teenoor GWK uitgespreek vir die kernrol wat die maatskappy speel in die voorsiening van kliënte se behoeftes en verwagtinge, en het personeel van GWK Meganisasie bedank vir hul volgehoue harde werk. Hierdie spog-prestasie is die resultaat van uitstekende verkoopsyfers en ‘n bewese reputasie van goeie kliëntediens en vorm deel van groot planne wat GWK Meganisasie implementeer. Die GWK-handelstak op Prieska kry ‘n nuwe baadjie wat sal verseker dat GWK in kliënte in dié area se behoeftes in terme van diens en voorraad, sal voorsien. Vergroting en opgradering van meganisasie, handel en besproeiing is reeds aan die gang, en die span is opgewonde oor die uitbreiding en meer voordele wat dit vir ons kliënte sal inhou.
Boekhouding Rekeningkundige dienste
Fokus op jou kernbesigheid terwyl ék jou finansiële administrasie hanteer. Kry ‘n GR(SA) aan jou kant - jou vennoot in sukses! Kontak vir Dougie Hellmuth. 42
Finansiële State Salarisadministrasie Maatskappybelasting Individue & Trusts
"Om aan die voorpunt van tegnologie te wees, ononderhandelbare en bewese gehalte en voortreflike diens, dryf ons waardeproposisie en passie. Dit is weer bewys deur hierdie toekenning." - Mark du Plessis Mark du Plessis (Hoofbestuurder: Handel) lei die ervare span van GWK Meganisasie.
43
Presisieboerdery en Produksienavorsing Hannes Hattingh
Herken blaaspootjie op uie Blaaspootjie behoort tot die unieke insekte-orde Thysanoptera. Hulle is baie klein en kan baie selde met die blote oog gesien word. Sommige is predatore wat voed op myte en ander blaaspootjies. Sekere blaaspootjies voed weer op swamme en verotte plantmateriaal. Party soorte blaaspootjies speel ‘n belangrike rol by die bestuiwing van blomme. Die meeste is egter plantvoedende spesies en val blare, blomme en vrugte aan. Daar is ongeveer 228 spesies wat in Suidelike Afrika voorkom. Omdat hulle so klein en moeilik onderskeibaar is, kan hul slegs deur kenners geïdentifiseer word. Daar is minstens ses spesies wat groente in Suid-Afrika aanval, naamlik: Frankliniella occidentalis – ”Western flower thrips” Frankliniella Schultzei – “Kromnek thrips” Heliothrips haemorrhoidalis – “Greenhouse thrips” Megalurotthrips sjostedti – “Bean flower thrips” Neohydatothrips adolfifriderici – “Bean thrips” Thrips tabaci – “Onion thrips” Die mees algemene blaaspootjie wat op groente in Suid-Afrika voorkom, is die “Onion thrips”, “Western flower” en Kromnek-blaaspootjie (Dr Diederich Visser: ARC). In hierdie artikel gaan hoofsaaklik na die uieen “Western flower”-blaaspootjie
44
gekyk word. Beskrywing van blaaspootjie Blaaspootjies is klein, dun insekte wat die beste met ‘n vergrootglas gesien kan word. Volwasse uie-blaaspootjies is 1,3 mm lank en Western flower-blaaspootjie is bietjie groter (1,5 mm lank). Die mees kenmerkende eienskappe van blaaspootjies is hul twee paar vlerke met haartjies wat soos fraiings lyk. Blaaspootjies is geel en sonder vlerke wanneer onvolwasse en bruin met vlerke wanneer volwasse. Wanneer onder ‘n mikroskoop gekyk word, kan onderskei word tussen die uie-blaaspootjie (Foto 1) en die Western flower (Foto 2). Die Western flower het rooi oë en agt-gesegmenteerde antennas terwyl die uie-blaaspootjie grys oë en sewe-gesegmenteerde antennas het. Albei hierdie blaaspootjies het ‘n wye reeks gashere, insluitend kleingrane en breëblaargewasse. Albei dié spesies val uie aan, maar daar word geglo dat die uie-blaaspootjie meer algemeen en skadelik op uie is. Uie-blaaspootjies floreer in warm, droë toestande en is gewoonlik meer skadelik in gebiede waar hierdie toestande vir die grootste deel van die seisoen voorkom (UC, IPM :2008). Die lewenssiklus kan so kort soos 10 – 15 dae wees, maar duur normaalweg drie weke. Die lewensduur van ‘n volwasse blaaspootjie is gewoonlik een
maand en ‘n vroulike blaaspootjie lê tussen 30 en 40 eiers. Tot tien generasies kan geproduseer word in een jaar, afhangende van die spesie en temperatuur.
Foto 1: Volwasse uie-blaaspootjie
Foto 2: Volwasse Western flower-blaaspootjie
Skade ‘n Hoë populasie blaaspootjies kan opbrengs, sowel as storing, van uie benadeel. Blaaspootjie is skadelikste in die vroeë bolstadium. Blaaspootjie kan bol-opbrengs met 30-50% verlaag (B. Nault 2011). Blaaspootjies het rasper-suigende monddele en voed deur die oppervlakte van blare te rasper en dan die plantsap op te suig. Hul voed onder die voue van die blare en binne die beskermde innerlike blare naby die bol (Foto 3). Wanneer groot hoeveelhede blaaspootjies voorkom, voed hul selfs op die buitenste blootgestelde blare. Volwasse blaaspootjies sowel as nimfe veroorsaak skade. Op uie met deurlopende blaargroei vertoon die voedingsplekke ‘n tipiese simptome van uie-blaaspootjie: Witterige kolle en strepe op blare. (Penn State). Wanneer baie skade op ‘n land voorkom, kry die hele land ‘n silwerige/wit voorkoms (Foto 4). Baie skade aan blare veroorsaak ook ‘n indringplek vir blaarsiektes. Blaaspootjies kan selfs die plant met “Iris yellow spot virus” besmet.
Foto 3: Blaaspootjie skuil in die nek van die plant net bo die bol.
Bestuurspraktyke Volg ‘n strategie om die hoeveelhede van blaaspootjies te bestuur, deur: 1.) Gewasbestuurprakyke 2) Begin die onderdrukking van blaaspootjie vroeg voor getalle opbou 3) Gebruik ‘n langtermyn-onderdrukkingstrategie wat al die lewenssiklusse van die blaaspootjies teiken (figuur 1).
Fig.1 Bronne en plekke waar blaaspootjie voorkom op die uie plant.
Gewasbestuurspraktyke Goeie bestuurspraktyke wat die uieplant gesond hou, sal die gewas se weerstand teen blaaspootjieskade beperk. Gewasbestuurspraktyke moet die eerste aksie wees om blaaspootjie te beheer. Posisie van land: Uie moet indien moontlik nie naby kleingrane of lusern geplant word nie, aangesien blaaspootjie getalle daarin opbou. Blaaspootjies oorwinter in hierdie gewasse en nabygeleë lande sal die migrasie van blaaspootjies na uielande verhoog. Probeer later aanplantings windop (heersende windrigting) vestig van vroeër aanplantings. Saailinge: Indien saailinge oorgeplant word, inspekteer vooraf vir blaaspootjie en beheer voor uitgeplant word. Stikstofbestuur Bestuur stikstof deurlopend gedurende die seisoen. Matige, konstante beskikbaarheid van stikstof word geassosieer met ‘n gesonde uieplant en verminder blaaspootjiedruk.
Foto 4: ‘n Land waar groot skade deur blaaspootjie sigbaar was.
B-BBEE Vlak 2
053 831 2808 reflecto@kimberley.co.za 72 Georgestraat
Veiligheids- & Padtekens • Nommerplate • Roterende Noodligte • Pad Keëls • Naambalkies • Stempels 45 Vir persoonlike drukwerk op bekers en borde...EN SOVEEL MEER. Skakel ons gerus
Strooi of “mulche”: Die plaas van strooi of “mulche” op die saadbed het getoon dat dit blaaspootjiegetalle onderdruk en die groei van uie bevorder. Die effek van strooi of “mulche” op blaaspootjies mag tot ‘n verhoging in biologiese beheer lei. Bevordering van predatore Verlaag grondtemperature, want dit sal die ontwikkeling van blaaspootjies beperk.
weerstand teen insekdoders is ‘n sleutelprobleem. Die groot rede hiervoor is lewensiklus-eienskappe van die uie-blaaspootjie: Reproduksie deur partenogenese (eierontwikkeling vind plaas sonder manlike bevrugting, so vroulike insekte dra al hul gene oor aan hul nageslag), hoë reproduktiewe potensiaal en kort generasiesiklus. Weerstand teen organofosfaat en sintetiese perotroied is reeds in die Westelike dele van die VSA aangeteken.
Sprinkelbesproeiing Oorhoofse besproeiing en reën help om getalle blaaspootjies te onderdruk. Die fisiese afwas van blaaspootjies en druppels op die oppervlak van die blare, is inhiberend vir blaaspootjies. Hoewel blaaspootjies warm en droë toestande verkies, is behandeling in die meeste gevalle steeds nodig. Sprinkelbesproeiing kan ook ‘n kors veroorsaak wat verhoed dat pre-papies en papies skuiling vind in die grond.
Weerstandbestuur Om die effektiwiteit van insekdoders te verleng, is dit belangrik dat die frekwensie van ‘n spesifieke tipe insekmiddel beperk word. Wissel tussen insekdoder van verskillende klasse en metode van werking. Dien insekdoders volgens registrasie toe. Spuittoediening moet met matige druk en groot hoeveelhede water met die regte spuite gedoen word om deeglike penetrasie te kry in die nek van die ui waar die blaaspootjie woon.
Voor-plant en na-oes sanitasie Verwyder of vernietig opslag-uieplante. Uiereste wat op die oppervlakte van die grond gelos word, kan dien as oorlewingsbron vir blaaspootjies. Verdraagsaamheid van uie-variëteit Uie het geen “ware weerstand” teen blaaspootjie nie. Daar is wel variëteite wat meer weerstandig is as ander teen opbrengsverlies. Variëteite met verdraagsaamheid teenoor blaaspootjies, benodig minder insekdodertoedienings. Verminderde insekdoder het minder kostes tot gevolg en die ontwikkeling van weerstand teen insekmiddels is stadiger. Laasgenoemde bevorder biologiese beheer omdat minder insekdoder gespuit word en predatoriese vyande kans kry om te vermeerder. Uie-variëteite met oop nekgroei en donker glansblare is minder aantreklik vir blaaspootjie as variëteite met stywe nekke en ligtergroen blare (Cranshaw 2004).
Toksisiteit van insekdoders by verskillende lewensfases van die blaaspootjie Meeste insekdoders is effektief in die beheer van blaaspootjie in die larwestadium (Instar I & II). Die rede hiervoor is dat die insek nog klein is en aktief voed. Sommige insekdoders werk weer in die volwasse stadia van die blaaspootjie, maar is nie eierdodend nie. ‘n Volwasse blaaspootjie het ‘n dikker kutikula (eksterne bedekking) as die larwe en vlieg vinnig as dit versteur word, en is daarom moeliker om te beheer as larwes. Eiers word binne die blare gelê en is daarom nie bereikbaar nie, behalwe vir sistemiese insekdoders wat geabsorbeer word deur die blaar (Foto 5). Ouer larwes (Instar III & IV) voed nie en soek skuiling in die grond en in die basis van die uieplant, daarom ontwyk dit kontak met die meeste insekdoders.
Insekdoders Insekdoders is die mees algemene manier om blaaspootjie op uie te bestuur. Die vinnige ontwikkeling van
46
Foto 5: Uie-blaaspootjie eier binne uieblaar wat pienk gekleur is.
Biologiese beheer Natuurlike vyande van blaaspootjie is baie vatbaar vir insekdoders en daarom nie van groot belang in lande waar insekmiddels gebruik word nie. Monsterneming en drempelwaarde New York-riglyne vir monsterneming is vyf plante op tien verskillende plekke op ‘n land om ‘n totaal van 50 plante per land te kry (Rueda and Shelton 1995). Drempelwaarde vroeg in die seisoen en vir sensitiewe variëteite is 15 blaaspootjies per plant. Later in die seisoen is die drempelwaarde 30 blaaspootjie per plant. Opsomming Volg ‘n holistiese benadering om blaaspootjie te beheer. Indien moontlik, vermy om uie te vestig naby lusern en lande met kleingrane. Hou heersende windrigting in gedagte indien dit nie vermy kan word nie. Gebruik geel en blou “sticky traps” waar uie langs lande met kleingrane en lusern gevestig word, om te bepaal wanneer die migrasie na die uie plaasvind. Beheer en vernietig opslagplante. Navorsing toon dat opslagplante met Iris yellow spot virus besmet kan wees. Selekteer variëteite met beter weerstand teen blaaspootjie. Gebruik die regte insekdoders op die regte tyd met die regte metode van werking. Wissel insekdoders (verskillende klasse en metode van werking) af om weerstand teen middels te voorkom. Gebruik die regte spuitkoppe en regte hoeveelheid water met middels wat oppervlak-indringing verbeter (B. Nault 2011). Verminder stikstoftoedienings tydens plant en versprei dit eerder gedurende die seisoen. Bronnelys
Visser, D. 2009. A Complete Guide to Vegetable Pests in South Africa. ARC-Roodeplaat, Vegetable and Ornamental Plant Institute, Pretoria. 316pp. Nault B.A. et al. 2011.How to win the battle against onion thrips. Department of Entomology. Cornell University, New York State Agricultural Experiment Station. Geneva, NY 14456 http://www.ipm.ucdavis.edu/PMG/r584300111. html%20-%20 http://ento.psu.edu/extension/factsheets/onion-thrips%20-%20portal-top-navigation Alston D.G. 2008. Onion Thrips. UTAH Pests fact sheet. Published by Utah State University Extension and Utah Plant Pest Diagnostic Laboratory. ENT117-08PR
uppe marketing A13643
Uiters geskik vir besproeiingsgebiede Kultivars DKC62-80BR GEN DKC64-78BR GEN DKC62-84R DKC61-90 DKC64-54BR DKC65-52BR DKC61-94BR DKC63-53
Groei jou wins natuurlik met DEKALB®-mielies! DEKALB® spog nou met nuwe mieliebasters wat by uitstek geskik is vir besproeiingsgebiede. DEKALB® is sinoniem met innoverende idees, uitstekende kiemplasma en saad waarop jy kan vertrou.
Kontak gerus ons kliëntediens by: 011 790-8200 of customercare.sa@monsanto.com DEKALB® en Monsanto is geregistreerde handelsname van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.
U SUKSES
PLANT JO
®
47
Wapens en ammunisie nou beskikbaar in ons handelstakke op Douglas en Prieska. GWK Handel
48
Presisieboerdery en Produksienavorsing JJ Gous
Gebruik grondwaterbalans vir effektiewe besproeiingskedulering
Deur
optimale toediening van water en effektiewe bestuur van die komponente van die waterbalans, kan gewasproduksie onder besproeiing verhoog word. Die vraag wanneer en hoeveel water om toe te dien, is so oud soos besproeiing self. Twee metodes wat ontwikkel is om hierdie vraag te beantwoord is, eerstens, deur gebruik te maak van beskikbare inligting soos evapotranspirasie, voorspelde reënval en ook besproeiings-
rekords. Die tweede metode waarop hierdie artikel fokus, is die meting van die grondwaterinhoud. Die grondwaterbalans bestaan uit verskillende komponente, naamlik: ∆W – Verandering in grondwaterinhoud R – Reënval I – Besproeiing A – Afloop P – Dreinering uit wortelssone
E – Verdamping T – Transpirasie Insette van water: (R) Reënval en (I) Besproeiing Die afgelope 2015/16-produksieseisoen wat deur ‘n uitgerekte droogte, tesame met hoë temperature, gekenmerk was, het daartoe gelei dat waterbestuur ‘n groot uitdaging geword het (veral in sekere droër dele van die GWK-gebied). Om effek-
49
% Suurstof
% Kalium
% Fosfaat
0.5
37
30
5
75
56
20
100
100
Figuur 1: Persentasie opneembaarheid van kalium en fosfaat by verskillende suurstofinhoude.
tiewe gebruik van besproeiingswater te verseker, is dit eerstens belangrik dat beskikbare water met die regte besproeiingstelsel na die betrokke gewas aangevul word. By spilpunte moet hoofsaaklik sterk klem gelê word op korrekte waterverspreiding, asook die waterdruk by sproeiers, aangesien dit die hoeveelheid water wat die grond bereik, sal beïnvloed. Volhoubare besproeiing moet voorsiening maak daarvoor om die regte hoeveelheid water op die regte tyd so effektief as moontlik aan die wortelsone van die plant te voorsien, binne perke van die besproeiingstyd. Om effektiewe besproeiingskedulering te verseker, is dit belangrik dat die besproeiingstelsel in stand gehou word. Meet die grondwaterinhoud By besproeiing is dit algemeen om die
50
grondwaterstatus te beskryf in terme van watertekorte. Die verskil in die grondwaterinhoud tussen “drained upper limit” (DUL) en “lower limit” (LL), word die totale beskikbare water genoem. Laasgenoemde is ‘n aanduiding van die plantbeskikbare water. Vry water in die makroporieë word oortollige water genoem, omdat dit geen voordeel vir die plant inhou nie. Aan die ander kant beskryf die term “ontoeganklike water” die grondwater wat so heg deur die grond gebind is dat plante dit nie kan benut nie. Die grondwaterinhoud word gewoonlik deur ‘n vogmeter gemeet wat gebruik word om die voortdurende waterbeweging in die grond grafies voor te stel. Besproeiing word geskeduleer deur gebruik te maak van ‘n toelaatbare grondwatertekort voordat water weer toegedien hoef te word. Gronde moet verkieslik benat word tot by die DUL en toegelaat word om uit te droog tot by die toelaatbare grondwatertekort, wat in die meeste gevalle 50% van plantbeskikbare water is, voordat ‘n besproeiing weer plaasvind. Die groot voordeel om ‘n toelaatbare grondwatertekort in ag te neem, is om suurstof tot so ‘n mate in die grond te bestuur dat waterverbruik en voedingstofopname deur die plant geoptimaliseer word. Daar word beraam dat by 0.5% suurstof teenwoordig in die grond net sowat
37% kalium en 30% fosfaat opneembaar is vir die plant (Figuur 1). Aan die ander kant is die opneembaarheid van voedingstowwe by 20% suurstof teenwoordig in die grond, baie meer positief. Beperk verliese deur die bestuur van die grondwaterbalans-komponente Die produksie van gewasse onder besproeiing kan erg benadeel word deur praktyke wat tot verliese van water sal lei. Ons moet aanvaar dat geen besproeiingstelsel 100% effektief gaan wees nie en dat daar altyd verliese van water sal wees. Die belangrikheid van jou besproeiingskeduleerder se rol is om hierdie waterverliese sover moontlik te beperk deur die beste praktyke te volg om water effektief tot in die wortelsone van die plant te kry vir optimale produksie. Daar is verskeie faktore wat ‘n bydrae lewer tot verliese van water onder besproeiing, naamlik afloop, verdamping, wind en ook diep dreinering van water uit die wortelsone. Infiltrasie van water bly uitdagend by sekere grondsoorte aangesien daar verskeie faktore is wat dit kan beïnvloed, onder meer klei- en slikinhoud, helling, korsvorming, ensovoorts. Hierdie probleem word in sekere gebiede oorkom deur middel van mimimum-bewerking, waar daar in die oesreste van vorige seisoen
geplant word wat die waterinfiltrasie van die grond verbeter. ‘n Redelike nuwe oplossing vir hierdie probleem is die gebruik van die sogenaamde grys “deflectors” op IWAP-spuite met ‘n effens kleiner druppelgrootte wat toeslaan (op veral swaarder gronde) minimaliseer. Watertoediening op die regte tyd, asook groter toedienings, het ‘n positiewe invloed op waterinfiltrasie. Gronde moet verkieslik benat word wanneer die waterinhoud by die toelaatbare grondwatertekort (hervul-lyn) is, aangesien die grond effens droër is en onversadigde vloei van water kan plaasvind. Dit is ook belangrik om in gedagte te hou dat die toedieningstempo van die stelsel nie die infiltrasietempo van die betrokke grond moet oorskry nie, omdat water sal begin opdam en tydens ‘n besproeiing sal afloop. Daar word beraam dat ongeveer 20-30% van die water wat deur evap-
otranspirasie verlore gaan, deur verdamping veroorsaak word vanaf die grondoppervlakte. Hoewel daar nie veel gedoen kan word aan verdampingswaterverliese nie, moet daar steeds gepoog word om dit te beperk. ‘n Suksesvolle praktyk wat gevolg word, is deur die oesreste van die vorige seisoen te gebruik om die grond te beskerm teen direkte sonlig. Die water onder die oesreste word deur die daaropvolgende besproeiing dieper in die grond gedring. Hoewel dit nie altyd moontlik is nie, kan daar gepoog word om grotendeels snags water toe dien. Die wind is dan gewoonlik stiller en verliese weens verdamping word verminder. Tydens ‘n groeiseisoen word 70-80% van evapotranspirasie toegeskryf aan transpirasie van plante. Daar moet gepoog word om hierdie proses te maksimaliseer deur lande vry te hou van onkruide wat met gewasse kompeteer vir vog. Die korrekte plan-
testand is ook belangrik om hierdie proses te optimaliseer sodat water nie vermors word deur ‘n te lae stand nie, en andersom, by ‘n te hoë stand dat water nie voldoende vir al die plante is nie. Opsommend Met die huidige El Nino-toestande wat ons op die oomblik ervaar, waar water ‘n uiterse skaars hulpbron geword het, is dit belangrik dat besproeiingsprodusente meer fokus plaas op waterbestuur. Daar moet veral klem gelê word op die effektiwiteit van besproeiingstelsels, die meting van die grondwaterinhoud en om waterverliese sover moontlik te beperk deur goeie bestuur van die grondwaterbalans. Die hoofdoel is om die maksimum hoeveelheid water wat die besproeiingstelsel verlaat in die wortelsone van die betrokke gewas aan te wend vir optimale produksie.
Kimberley 053 832 3681, Johannesburg 011 392 2181, Kaapstad 021 949 6862, George 044 878 0349, Durban 032 947 0291
www.sawafrica.co.za
Skakel ons gerus vir ‘n handelaar naby jou
Hoë Effektiewiteit Lae eienaarskap koste Uitstekende betroubaarheid Verlaagde koolstofvoetspoor 51 Verminderde energie verbruik
GWK Gemeenskap
Uitskieter-weidingstudent
wen gesogte Sidi Parani-trofee Op
die Universiteit van die Vrystaat se jaarlikse akademiese prysfunksie word die beste B./ BSc. Agric.-student in Aangeplante Weiding met ‘n gemiddelde punt van meer as 70% jaarliks beloon met ‘n trofee en prysgeld wat deur Sidi Parani oorhandig word. Die uitblinker-student wat hierdie jaar met die prys weggestap het, is Kobie van der Walt, wat die prys ontvang het vir sy prestasie in 2015. Kobie het grootgeword op ‘n plaas in die Noupoort-area waar sy ouers op 4000-hektaar met skaap en bees boer. Hy is gebore in Middelburg (Oos-Kaap) en het sy laerskooljare daar deurgebring. Sy hoërskooljare is aan die Hoër Landbouskool Marlow op Cradock deurgebring, vanwaar hy sy studies in landbou aan die Uni-
52
versiteit van die Vrystaat voortgesit het. Volgens Kobie is hul plaas sowat 300 km vanaf Bloemfontein. Net die grotere aankope en staalwerke vir die boerdery word in Bloemfontein gedoen, terwyl die normale dag-totdag-aankope en besigheid in Middelburg gedoen word. Op die plaas word ook met aangeplante weiding, waarvan lusern die grootste komponent is, geboer. Hierdie aanplantings is hoofsaaklik op sandkolle wat op die plaas voorkom, asook op turfgronde. Die voer word alles vir eie gebruik aangewend. Die weidings word benat uit boorgate en ‘n standhoudende spruit. Vee word bemark deur ‘n lewendehawe-agent en hulle bemark nie self direk nie.
Kobie beskryf hul omgewing as veilig en rustig en daarom staan sy kop sterk plaas toe. Hy glo dit is sy roeping om ‘n boer te wees. Hoewel sy ouers nou met skaap en bees boer, is dit Kobie se droom om eendag sy boerdery uit te brei na meer grond en ook na vleisbokke en meer besproeiing. Kobie hou daarvan om gesond te leef en draf graag. Hy kies gholf as sy voorkeursport en probeer om dit gereeld te beoefen. Sidi Parani is trots om dinamiese studente soos Kobie te vereer vir goeie prestasie, en wens hom die beste toe vir sy toekoms. Op die foto is v.l.n.r: Dr. Chris Schmidt van Sidi Parani, Kobie van der Walt en Stoffel Swanepoel (Bemarkingsbestuurder: Oosstreek).
Ons verskuif die grense van veeverhandeling. GWK Lewendehawe
Uitvoerende Bestuurder: GWK Veilings Willie Meyer 051 250 4077 071 680 4103 williem@gwk.co.za
Bedryfshoof-Oos, Senekal M.C Campher 083 259 8528 MCC@gwk.co.za
Bedryfshoof-Noord, Kimberley Sarel Cilliers 082 447 7450 sarelc@gwk.co.za
Bedryfshoof-Suid, Humansdorp Jan Erasmus 087 820 4532/ 082 924 6096 jane@gwk.co.za
Bloemfontein Willie Snyman (Stoetvee) Pr.Sci.Nat. 082 375 2524 jacusta@mweb.co.za
Kimberley Schalk Erlank (Stoetvee) 082 558 6891 schalke@gwk.co.za
53
54
BRIEWE AAN 'N BOER
Leerlinge aan Hoërskool Prieska (Gr. 1 – Gr. 12) het briewe aan GWK en produsente geskryf om dankie te sê vir elke dag se harde werk wat verseker dat elkeen van ons kos op ons bord het. Ons publiseer (sonder redigering) ‘n paar briewe van die Gr. 4 en Gr. 5-klasse.
Graad 4 Keegan: Wat is ‘n boer? ‘n Boer is ‘n mens met ‘n leeuw hart, wat nie skrik vir harde werk of harde tye nie. ‘n Boer is wat ek graag wil wees en is my rolmoedel. Dankie vir alles wat julle vir my doen en sonder julle is hie nie ‘n land nie. Abigail: Geagte GWK, Ons wil net baie dankie sê vir al die mielies en koring. Vir al die boere wat plant en die werkers wat help om dit te versorg. Elkeen van julle het ‘n deel in die oes. Dankie dat julle ons nasie voed. Mag ons Hemelse Vader elkeen se hande seën wat betrokke is by die plant, oes en bewerk. Van al die mielies en koring. Jesusliefde. Kris-Mari: Ek sê baie dankie vir GWK want hulle is altyd oulik in die winkel. Ek sê ook baie dankie vir al die goed wat julle verkoop vir ons. Ek sê dankie vir die laer pryse. Ons hele skool sê dankie vir alles wat julle doen. Baie dankie vir al die moeite wat julle doen vir die boere van Prieska. Baie Dankie.
Mariam: Baie dankie aan SA se boere. Dankie vir alles wat julle vir SA doen. In my familie is daar drie boere en ek vir hulle ook dankie sê aan Matthew Williams, Romeo Williams en Ettiene Williams. Julle is SA se helde. Dankie vir julle harde werk. Liefde Anika: Dankie dat al Prieska se boere vir ons sorg. Dankie vir groente, vrugte en vleis ales is ons voor dank baar. Al julle boere is die beste julle versorg ons. Ons moet dankie sê baie baie dankie ons is dank baar vir alles. Ons is versklik lief vir julle. Boere is alles wat ons nodig het, ek sê net DANKIE. Al ons mense sê DANKIE Baie vir alles. Boere maak ons groot en slimer en slimer. Dankie. I love boere. Sewie: Hiermee wil ek Sewie Jansen van Vuuren net Baie Baie dankie sê vir al ons boere… Baie dankie vir al julle harde werk wat julle doen om vir ons koring en mielies te plant! Baie dankie ook vir die groot borg om ons skool groter te maak!!! Sjoe dit is Baie geld! Dit is lekker om te weet dat ons dorp se boere vir ons skool kinders omgee. Dit is lekker om in is skool te wees waar mens is wat vir ons kinders omgee. Caitlin: Hallo my naam is Caitlin. Baie dankie vir die donasie aan ons skool. Julle bydrae maak ‘n groot verskil. Ons is ook trots op julle wat help om ons skool ‘n beter plek te maak. GWK is Tops!
55
Carel: Vir die boere. Dankie dat al die boere vir ons kos gee soos mielies, koring en vleis. Dankie. Mari-Lo: Liewe boere, ek wil julle bedank vir al julle harde werk. Dankie dat julle elke dag vir ons voorsien van kos. Dankie aan die veeboere vir heerlike vars vleis. Dankie vir die vrugte en groente boere vir kraakvars produkte. Dankie vir die mielie en koringboere vir ontbyt. Julle boere is die beste.
Graad 5
Marné
Wicus: Baie dankie GWK. Ons hou baie baie van julle. Dankie Dankie. Mooi Mooi Mooi Mooi. Wilmé: Liewe GWK: Julle werk baie hard. Julle is baie goed vir ons. Ons warder dit baie. As my pa daar gewerk het het ek vir hom elke dag ‘n drik en soen gegee! Julle doen baie moeite vir almal! Ek hou baie van boer. As ek daar gewerk het, het ek elke dag saam julle geboer! GWK is baie cool. Ek wens ek het saam julle daar gewerk. Stuur groete vir almal in GWK! Elandri: Liewe Boere, Baie dankie vir jul hulp ons warder dit baie. Hoop julle dae wat voorlê sal lekker wees en hoop julle kry baie reën. Kirsten: GWK, Dankie vir alles wat julle vir ons doen. Dankie vir die boere ok. Dankie dat GWK ons help. Ons is baie bly julle help ons. Dankie vir alles. L.O.V.E. Anke: GWK! Baie Dankie dat julle mense ons mense voedsel voorsien. Baie Dankie ook aan Alle borge wat jul vir Prieska gee. Liefde en groete… Lindsay: GWK, Ek waardeer alles wat julle vir ons skool doen. Baie dankie van die diepte van my hart.
56
Maurique
Mariam
Keegan
57
Foto: Quentin Viljoen
Ontwikkeling van personeel die sleutel tot sukses
58
Ons Spesialiste Leana Coetzee
C l e a r wa t e r
Game Breeders T U I S T E VA N
CALIBER
Branson 44 4/8”
formele werknemerverhoudinge en kultuur- en leierskapontwikkeling. “Daar is ‘n paar goed wat vir my uitstaan in GWK,” sê Jordaan. “Die bereidwilligheid van ons leiers, op alle vlakke van die besigheid, om ons mense te ontwikkel. Die innoverende kultuur is ook opvallend, en ons moet dit toepas in die ontwikkeling van mense.” Jordaan sluit hierby aan deur te sê dat sy doelwitte vir die divisie belyn is met die bestaande kultuur van innovering en uitnemendheid. Hy noem dat voedselsekerheid in Suid-Afrika steeds een van die belangrikste risikofaktore van die toekoms is en dat GWK en sy mense geposisioneer is om hierdie risiko te bestuur. “Ons word deur verskeie uitdagings in die gesig gestaar en moet daarom onsself reg instel en transformeer om voort te gaan om kos te voorsien aan ‘n groeiende vraag na gesonde, gehalte en bekostigbare voedsel,” sê hy. “GWK het die besigheidsmodel om produsente en verbruikers bymekaar te bring. In die kern van dié model lê ons mense en talent. Ons sukses sal afhang van die ontwikkeling van dié talent in ‘n ewig-veranderende, vinnig-bewegende industrie – ‘n industrie met komplekse veranderlikes. Deur hierdie talent te ontgin, sal ons langtermyn volhoubaarheid vir ons
Sakkie 31 1/8”
Op 15 Februarie 2016 het Gideon Jordaan by GWK aangesluit as Uitvoerende Bestuurder: Mensekapitaal – die die persoon aan die stuur van die GWK-mense. “Ek geniet die diversiteit van die maatskappy,” sê Jordaan oor GWK. “Sy mense, die produsente en al die verskillende produkte wat ons aan die mark lewer. GWK beskik oor baie goeie talent en dit is almal in die maatskappy – individue en leiers – se verantwoordelikheid om te verseker dat personeel tot hul volle potensiaal ontwikkel. Die sukses van GWK is direk gekoppel aan die sukses van ons mense, in terme van effektiwiteit, produktiwiteit en optimale leierskap.” Jordaan is getroud met Rulene en hulle het twee seuns, Dean (5) en Kian (3). “Vir eers is stokperdjies op die agtergrond, die twee mannetjies hou ons net te besig!” sê hy. “Ons is wel almal baie lief vir die buitelewe. Ons kamp graag en spandeer soveel tyd as moontlik in die natuur en probeer om soveel as moontlik geografiese dele van ons mooi, diverse land besoek.” Die verantwoordelikhede wat Jordaan behartig, sluit onder meer talentbestuur in: Die verkryging, behoud en ontwikkeling van bekwame personeel. Hy is ook verantwoordelik vir vergoedingstelsels, formele en in-
produsente kan verseker, en sodoende voortgaan om produkte effektief aan die mark te lewer.” Deur die regte talent vir poste in GWK aan te trek, te behou en te ontwikkel, verseker dat die besighede binne GWK effektief funksioneer, volgens Jordaan. Dit sal beteken dat GWK sy produsente effektief kan ondersteun en só volhoubare voedselproduksie verseker. “Ons móét belê in ons mense om te verseker dat ons die leier in die industrie bly, dat ons intern sowel as ekstern kompeterend bly en dat ons ons uitdagings en probleme kan oorkom.” Jordaan sê dat die verdere ontwikkeling van GWK se kultuur ondersteun word deur inisiatiewe vir personeelontwikkeling, hoewel dit nie as ‘n “quick fix” gesien moet word nie. Dit verg volgehoue harde werk. “Die Mensekapitaal-divisie ondersteun al hierdie prosesse regdeur die werknemersiklus, van indiensname, die identifisering van groeibehoeftes, vergoeding en risikobestuur, tot die implementering van langtermynstrategieë,” sê Jordaan. “Ons onmiddellike fokusarea is eienaarskap. ‘We have to own, live and improve it.’ Intern sowel as ekstern fokus ons op dienslewering, skakeling en kommunikasie – met mekaar, met ons produsente en met ons verbruikers.”
uitsoek genetika Larry Schoeman — 083 276 7015 —
larry.schoeman@vodamail.co.za59
4
Drink groentee
3
Drink koffie
14
Eet meer vesel, vrugte en groente
12
8
Eet kos met baie speserye
Gebruik kleiner borde
5
Maak kos met klapperolie
2
Eet eiers vir ontbyt
17
Eet meer prote誰ene 60
10
Hou gesonde kos in die huis
Gesondheid Leana Coetzee
‘n Gesonde leefstyl vir ‘n gesonde gewig Die alewige stryd teen daardie ongewenste kilogramme is dalk veel makliker om te wen as wat jy gedink het. Kris Gunners, skrywer op die forum authoritynutrition. com, gee ‘n paar beproefde wenke wat slegs klein leefstylveranderinge verg om gewigsverlies makliker te maak. 1. Drink water, veral voor etes: Deur water te drink, kan jy jou metabolisme met 24-30% vinniger maak oor ‘n periode van 1-1,5 ure, wat beteken dat jy meer kalorieë verbrand. 2. Eet eiers vir ontbyt: Eiers hou verskeie voordele in, waarvan gewigsverlies een is. Wanneer jy jou graangebaseerde ontbyt vervang met eiers, kan dit jou help om vir die volgende 36 uur minder kalorieë in te neem en liggaamsvet te verloor. Indien jy nie eiers eet nie, sal enige bron van proteïene voldoende wees. 3. Drink koffie (verkieslik swart): ‘n Goeie gehalte koffie bevat gewoonlik baie antioksidante en kan ook gesondheidsvoordele inhou. Studies toon dat die kafeïene in koffie jou metabolisme ‘n hupstoot kan gee, asook vetverbranding met 10-29% verbeter. Dit is egter belangrik om nie baie suiker of hoë-kalorie bestanddele by te voeg nie. 4. Drink groentee: Groentee bevat ‘n klein hoeveelheid kafeïne, maar is vol antioksidante wat saam met die kafeïene werk om vetverbranding te verbeter. 5. Maak kos met klapperolie (“coconut oil”): Klapperolie is baie gesond omdat dit ryk is in die gesonde vette wat makliker verteer as ander. Klapperolie moet nie by jou kos gevoeg word nie, maar eerder die ander olies of vette vervang. 6. Sny suiker uit: Bygevoegde suiker is die enkel grootste sondebok in moderne diëte en meeste mense neem gans te veel daarvan in. Behalwe vir die risiko van obesiteit wat suiker inhou, kan dit ook lei tot tipe 2 diabetes en hartprobleme. Maak seker om produkte se etikette te lees om die hoeveelheid bygevoegde suiker te be-
paal (selfs gesondheidsprodukte bevat soms hiervan). 7. Eet minder verfynde koolhidrate: Verfynde koolhidrate is gewoonlik suiker of graan wat ontneem is van hul veselryke, gesonde voedingstowwe (soos brood en pasta). Studies toon dat verfynde koolhidrate bloedsuiker kan laat opskiet, wat daartoe lei dat jy honger raak en meer eet as gewoonlik. 8. Gebruik kleiner borde: Kleiner borde help jou om minder kalorieë in te neem. Vreemd, maar dit werk! 9. Beheer jou porsies: Dit kan tot jou voordeel wees om ‘n “kos-dagboek” te hou en alles wat jy eet, neer te skryf. Hoe meer bewus jy is van wat jy eet, hoe makliker sal jy dit kan beheer. 10. Hou gesonde kos in die huis vir daardie hongerpyne: Wanneer jy gesonde kos het om aan te peusel, verhoed dit jou om iets ongesond te eet wanneer jy honger raak. Vrugte, neute, wortels, joghurt en ‘n hardgekookte eier of twee is baie gesond. 11. Borsel jou tande ná ete: Hoewel daar geen studies hieroor bekend is nie, beveel verskeie mense aan dat jy tande borsel as jy klaar geëet het. Dit sal keer dat jy in die versoeking gelei word om laatnag te peusel. 12. Eet kos met baie speserye: Speserye soos rooipeper bevat samestellings wat jou aptyt beheer en jou metabolisme aanhelp. 13. Doen aerobiese oefeninge en tel gewigte op: Oefeninge wat jou hartklop opjaag, verbrand kalorieë en verbeter jou fisieke en verstandelike gesondheid omdat dit aangepakte vet rondom jou organe verbrand. Oefeninge met gewigte (weerstandsoefeninge) beveg spierverlies tydens diëte en help vir ‘n vinnige metabolisme.
14. Eet meer vesel, vrugte en groente: Vesel kan jou meer versadig laat voel en is baie voordelig vir jou spysverteringstelsel, terwyl vrugte en groente ryk is in vesel en water, maar min kalorieë bevat. Vrugte en groente hou ook verskeie ander gesondheidsvoordele in. 15. Kou stadiger: Dit neem jou brein ‘n rukkie om te registreer dat jy genoeg geëet het. 16. Kry ‘n goeie nagrus: Baie mense onderskat die waarde van behoorlike slaap, terwyl dit net so belangrik is soos ‘n gesonde dieet en oefenprogram. Studies trek ‘n direkte lyn tussen te min slaap en obesiteit. 17. Eet meer proteïene: Proteïene is die belangrikste bestanddeel wanneer jy gewig wil verloor. Jou metabolisme word vinniger gemaak hierdeur, terwyl proteïene jou ook vinnig versadig laat voel. Studies toon selfs dat proteïene kan help om daardie obsessiewe behoefte aan peusel, te bedwing. 18. Vermy drankies met kalorieë, veral sodas en vrugtesappe: Suiker is sleg vir jou, maar suiker in drankies is selfs slegter. 19. Eet enkel-bestanddeel-voedsel: Onthou altyd dat kos gesonder is hoe minder bestanddele jy daarby voeg. Regte kos het nie ekstra bestanddele nodig nie, en dit laat jou versadig en gesond voel. 20. Moenie dieet nie, eet gesond: Amper geen dieet werk ooit oor die langtermyn nie en gewoonlik tel jy selfs meer gewig op ná die dieet. Maak dit eerder jou doelwit om gesonder, gelukkiger en fikser te wees. Fokus daarop om vir jou liggaam te sorg, eerder as om dit van iets te ontneem. Gewigsverlies is ‘n algemene simptoom van ‘n gesonde leefstyl.
61
Use colour to create positivity While the grey chills of winter are creeping up on us, it might be a good idea to add some warm colours to your day! Lifestyle Leana Coetzee
62
Kendra Cherry,
on verywell. com, explains colour psychology. “While perceptions of colour are somewhat subjective, there are some colour effects that have universal meaning. Colours in the red area of the colour spectrum are known as warm colours and include red, orange and yellow. These warm colours evoke emotions ranging from feelings of warmth and comfort to feelings of anger and hostility. Colours on the blue side of the spectrum are known as cool colours and include blue, purple and green. These colours are often described as calm, but can also call to mind feelings of sadness or indifference.� Most psychologists view colour therapy with skepticism and point out that the supposed effects of colour are often grossly exaggerated. Colours also have different meanings in different cultures. Research has demonstrated in many cases that the mood-altering effects of colour may only be temporary. A blue room may initially cause feelings of calm, but the effect dissipates after a short period of time. However, the existing research has found that colour can impact people in a variety of surprising ways: One study found that warm-coloured placebo pills were reported as more effective author
than cool-coloured placebo pills. Anecdotal evidence has suggested that installing blue-coloured streetlights can lead to a reduction of crime in those areas. The temperature of the environment might play a role in colour preference. People who are warm tend to list cool colours as their favorites, while people who are cold prefer warmer colours. More recently, researchers discovered that the colour red causes people to react with greater speed and force, something that might prove useful during athletic activities. One study that looked at historical data found that sports teams dressed in mostly black uniforms are more likely to receive penalties and that students were more likely to associate negative qualities with a player wearing a black uniform. Studies have also shown that certain colours can have an impact on performance. No one likes to see a graded test covered in red ink, but one study found that seeing the colour red before taking an exam actually hurt test performance. While the colour red is often described as threatening, arousing or exciting, many previous studies on the impact of the colour red have been largely
inconclusive. The study found, however, that exposing students to the colour red prior to an exam has been shown to have a negative impact on test performance. It is clear that colour can be used to brighten up your life, leading to more positive experiences. How do I apply colour to lighten my mood? Apartmenttherapy.com provides a list of 17 easy, affordable, non-permanent ways to colour your home. 1. Pillows: This is one of the simplest, fastest and cheapest ways to bring in colour. Pillows are also easy to make yourself. 2. Tablecloth or runner: whether it's a hand-me-down from Grandma or a piece of fabric you picked up inexpensively, a tablecloth can add a bright note to an otherwise neutral room. Throw a matching pair over your nightstands for a quick burst of change. 3. Slipcovers: From a full on slipcover to a quick reupholster, they can change the look of a whole room. 4. Rugs: A rug is an easy way to add a dramatic swath of colour. And, for those of you who are nervous when it comes to colour, adding it to the floor is the least jarring way of bringing it in. 5. Throws: Throws in a contrasting colour are an inviting look tossed across a couch, a chair or over an ottoman.
6. Accessories: From a collection of glassware to a large dramatic vase, accesories are an easy and inexpensive way to add colour. 7. Lamp Shades: are one of the most unexpected ways to add colour to your home. A solid colour is great but why not try a bold floral or a stripe? 8. Photos and Art: Bring in colour through the art or photographs you choose or the frames they're displayed in. 9. Furniture: Whether it's one striking piece in your living room or a collection of brightly coloured chairs in your dining room, painting selected pieces of furniture is another way to bring colour into your home. 10. Bookshelves: Paint the inside of a bookcase to add a hint of colour without a full commitment. 11. Flowers: Don't forget Mother Nature when you're deciding on ways to add colour to a room. It's the easiest and most inexpensive way to add colour. 12. Headboard: Use paint to create the illusion of a headboard in your bedroom. 13. One Wall or a Portion of a Wall: Use paint to highlight or create architectural interest in your home. 14. A door: we love the look in some Swedish homes of painting each door a unique but complementary colour. 15. Ceiling: Like adding it to the floor,
adding it to the ceiling brings in a lot of colour without it being in your face. 16. Moldings: The usual way is to go for a coloured wall and white molding. Why not turn this idea on its head by keeping your walls white and painting your molding that colour you've been eyeing in the store? 17. Curtains and Shades: are an easy way to add a big impact of colour which can swapped out seasonally.
RAAI oplossing: April
Kommuniek R O P B R V E N G S
O E R S T E R K
D O M S E T
L A T E I
M E G O I S
V E L D E
A H F B O U V P L U M A A D U I N A S A D L A M I F E S A S A R I A A P B O E N A R P L O E G L P R A A M G E L N D E N S T I Y S I L E E G W E E R K A I E K O N K E E M E T R T P E E
R E I E R S K R I P P E
R B D E R A G M E E R U S N S E R E R
G T R A A M S A A T A F I R E
B O U K A S I E
I N V E T
I E T S
E N N E
B E E S R A S S E
K N I K
N I E R E
G E E E R
L A K S M A B A S L A N D M A R A L E A P A S O I E T S E I E S N E E N
63
64
Kinderpret
Hierdie muis is honger! Help hom om tot by die kaas te kom.
65
Resep
Biltongsop e ou k e i en d 2 uie, gekap 100 g botter
te
2 knoffelhuisies, fyn gedruk 60 ml koekmeelblom 500 ml ligte hoenderaftreksel 250 ml warm volroommelk 125 g beesbiltong, fyn gekap 60 ml bloukaas, gekrummel 60 ml fetakaas, gekrummel Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Braai die uie in die botter tot sag. Voeg die knoffelhuisies by en braai tot geurig. Voeg die meel by en braai tot die mengsel borrel. Voeg die hoenderaftreksel by en verhit, terwyl dit geroer word, tot kookpunt. Voeg die warm melk by en verhit weer tot kookpunt. Laat prut tot dit gaar proe. Voeg die biltong by en verpulp tot glad. Verhit net voor opdiening weer tot kookpunt, roer die kaas deur, geur met sout en peper en sit dadelik voor.
66
GWK PROPERTIES - 051 444 2416 RESIDENSIEEL | KOMMERSIEEL | PLASE
ORANIA
gertvn@gwk.co.za | braamh@gwk.co.za Ons doen ook veilings van plase
R 42m
VAALHARTS
R 38.5 m
2 090 ha 132 ha lusern onder besproeiing en 1 958 ha lowergroen weiding.
160 ha Besproeiings plaas
Pomp uit Oranjerivier. 106.5 ha waterregte 53.5 ha ontwikkel sonder waterregte. 262 ha weiveld. Suurstof masjiene dien al die spilpunte behalwe die 3 toring teen rivier. 9 toring in 2014 gedreineer. 60 ha lusern waarvan 30 ha in 2015 gevestig is. 60 ha onder mielies Mielie oes uitgesluit .
Burger | 082 553 0638 Trusty Final Art work - Best value.pdf 1 2016/05/04 5:47:30 PM
JAN KEMPDORP R 25.5 m 1 100 ha 100 ha besproeiing en 1 000 ha baie goeie weiveld. Geen diere op die veld die somer.
Frans | 083 944 9621
Vrystaat
HOPETOWN P.O.A. 124ha onder spilpunt 95 ha water ingelys. 1 silo (450 ton). 2 pomp stasies 100kva elk. 1 opgaardam. 2 groot skure. 1 Woonhuis.
108 ha onder spilpunt 71 ha water ingelys. 800 ha weiveld. 1 x Skuur ( 22 x 16). 2.4m reeds twee kante toegespan. 1 woonhuis. Burger | 082 553 0638 SwiftPrint 78215
Vrystaat
ONS KYK NA ONS VERKOPERS, LYS ASSEBLIEF JOU EIENDOM MET ONS.
Cherie | 084 681 7897
C
M
Y
CM
MY
CY
CMY
K
67
RAAI
Kommuniek Boere in Landbou- Agrosto- China se kunde loog produk
Spekulant met beeste
Ná OT
Ryp gesaaides insamel
Werktuig Regtens; wat grond __ jure fynmaak
Breë sloot water
Huldig
Rivier in China
Elektrokardiogram
Duitse masels
Geelbruin siersteen
Opreg geteelde bees
Houding Ploegdeel wat sooie omkeer
__ bolke riebiestolke
Alg. Sinodale Komm.
Hy's dekade ouer as 50 Landbouers met hoenders
'n Lepel vol
Dele van koringhalms
Boere se Eiergeel vrugte is voorbeeld Bestaan Trek dier se kyker
Want Koeie se melkorgane
Hy besit 'n plaas
Wrede tiran Dwaaltuin
Ibidem
Groenteboer se produkte
Blus
Nou Thailand
Vrolik wees
Blatjang
Koel
Lig ontroer
Luth. Kerk
Reginald Kenneth Dwight Kamma
Graansoort met pitte Agt
Wiskunde
Fyn aantrek
Wat bestaan
Wyn lok die insekte
Vrede
Paragraaf Beknopte
Snytuie vir lusern
52 per jaar
Langsig
__ sonder tal
Dun leerstrokies
Jakob se vrou
Nare
Proefeksamen
Inlegwerk van teëls
Presies
Rooibos
Hele
Welgesteld Karwei
Afgevaardigde lid
Orals Vlaams
Lewe
Snytuie vir lusern Beslote korp.
Oplossing vir KommuniekRAAI (April) op bladsy 63.
68
Baar of staaf
Sekonde
Rangskik
Kusvorm 16de Griekse letter
Deel
Baronet
Bokjol
En so meer
Verhaar
Onaktief
Boer se grond by see
Groengeel papegaai
As __ kom tot iets Les __, die laaste
Voegwoord Jersey en Nguni
Boere bid hiervoor
Albastertjie
Vars skoon lug
OosIndië
Doktor
Argon
Prysenswaardig
Kolwer Bladsy Dorp in NoordFrankryk Delikate
Sout van suringsuur
Donkiemerries
Teken op lyf
Halfdonker
Totale Uitverkoping van
SPRINGBOKVLAKTE BOERDERY Dinsdag 7 Junie 2016 - 11:00
op die plaas Springbokvlakte, Steytlerville
AANBOD - 5130 KLEINVEE - VOERTUIE EN IMPLEMENTE BOERBOKKE 25-40KG 1300 Bokkies 800 Ooie 40 Ramme 50 Jong Ramme ANGORA BOKKE 330 Ooie 12 Ramme 119 Bokkies MERINO 500 Merino Ooie Dragtig
DORMER 15 Dormer Ramme 200 Dormer Ooie Dragtig DOHNE 1060 Dohne Ooie Dragtig 35 Dohne Ramme DORPER 190 Wit Dorper Ooie 4 Dorper Ramme 40 Dorper Lammers 315 120
Jong Ooi Lammers Stoorlammers
HART
WAT AREA ER
Skape het 5 mnde wol bokke sowel as skape dragtig geskandeer
VOERTUIE EN IMPLEMENTE 1. 2015 Volvo FM400 Dubbeldek vee vragmotor – 65 000km 2. 2011 Volvo FH400 Voorhaker – 607 000km 3. 2007 Fuso FP 18.340 Veevragmotor – 320 000km 4. 3-as Talbert dubbeldek leenwa 5. Dubbeldek Talbert Veekalfie (9m) 6. Dubbeldek Talbert Veekalfie (10m) 7. Seko 13m3 voermenger – SOOS NUUT 8. 10 000L watertenker 9. 2014 Toyota Landcruiser V8 Diesel – 45 000km – BAIE EKSTRA’S 10. 2014 Toyota Hilux SRX – 83 000km 11. 2007 Toyota Hilux 4x4 – 200 000km 12. 2013 Nissan NP300 Diesel bakkie – 9200km 13. JCB 455 laaigraaf – NUUT 14. JCB 422 laaigraaf – NUUT 15. JCB 3CX TLB (320 uur)
16. 2.5 ton Toyota vurkhyser 17. 2014 Landini Power Farm 110 4x4 trekker (586 uur) 18. New Holland 6610S Trekker met Safmech lem (680uur) 19. John Deere 5410 4x4 trekker (2100 uur) 20. New Holland TT75 4x2 trekker (2480 uur) 21. New Holland 3630 trekker (1295 uur) 22. 4-Ton Tip Sleepwa 23. 4-Wiel Sleepwa 24. Hidroliese padskraper 25. Honda Bushlander AG CTX 200 Motorfiets (3700km) 26. F40/150 Falcon bossiekapper x 2 27. Sementmenger 350L 28. Dieseltenke 3 x 2200L & 1 x 4500L 29. 2 Ton Bees Sleepwa (3.5m) 30. Dubbel hidroliese wolpers
Sien www.gwk.co.za vir verdere foto’s van voertuie en implemente VERVOER LANDWYD BESKIKBAAR VIR IMPLEMENTE & LEWENDEHAWE LIGGING: Vanaf Port Elizabeth neem die Uitenhage-Jansenville teerpad. 80km uit Uitenhage Kleinpoort padstal draai links en volg wegwysers vir 15km grondpad
GWK Veilings Humansdorp Schalk van der Merwe (Navrae) Jaco Joubert (Vee) Jan Erasmus (Bedryfshoof) Renier Zietsman (Afslaer)
087 820 4532 082 568 0015 082 895 1738 082 924 6096 082 491 5182
Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling afgehandel is. Let wel: FICA nakoming is ‘n vereiste om deel te neem in alle veilings
Willie Meyer (Uitvoerende Bestuurder) Deon Klopper (Bedryfsbestuurder: Noord Jan Erasmus (Bedryfsbestuurder: Suid) Willie Snyman (Stoetvee Adviseur) Schalk Erlank (Stoetvee Adviseur)
69
Uit Piet se pen
Elke mens het ‘n storie Mense
is interessant. Hulle laat my wonder. Ons sit en wag vir ons kos. Dit is vroegaand en die restaurant is stadig besig om vol te loop. Sonja vra hoekom staar ek so? Ek kan myself nie help nie. Ek wonder oor elkeen wat die restaurant binnekom. Links van ons kom sit ‘n bleskopman. Hy is alleen. Middeljarig. Bestel ‘n bier. Staar emosieloos voor hom uit. Sy eerste bier drink hy vinnig. Hy wuif die kelner nader vir ‘n tweede. Vir ‘n wyle lyk dit of hy die mense om hom raaksien. Hy drink nou effe stadiger. Wat sou in sy kop aangaan? Waaraan dink hy? Het sy vrou hom gelos? Het hy ‘n vrou? Verlang hy dalk na sy kinders of is hy maar net alleen? Hy staan op. Betaal en stap die nag in. In die agtergrond sing Ronan Keating, “If tomorrow never comes”. Dof hoor ek verder ”avoid that circumstance, where there’s no second chance to tell her how I feel.” Intussen het ‘n redelike groot man en twee vroue hulle plek skuins voor ons ingeneem. Ag, dit klink so lelik om te sê hulle is vet. Kom ons bly by oorgewig. Nogal heelwat. Wat hulle vir die kelner sê, kan ons nie hoor nie. Aan hulle handgebare lei ek af dit moet groot porsies wees. Die kelner bring twee biere vir die man en vir die vroue elkeen een. Hulle skuif reg. Ek vrees vir die meublement. Nie lank nie of die spul is vrolik. Ná nog ‘n bier of twee daag hulle kos op. Ons kyk rond om te sien of hulle vir iemand anders ook bestel het. Nee, toe nie. Elkeen kry twee pizzas en ‘n bak skyfies. Die man parkeer sy pizzas weerskante van hom. Hy gooi sy skyfies rooi met die tamatiesous en val weg. Die vroue laat ook nie op hulle wag nie. Wat ‘n gesig!
70
Die pizzas word in repe gesny, bokant hulle koppe gehou en stadig in hul monde laat sak. Die kaas loop langs hulle wange af. Elke nou en dan word die ergste met die servet afgevee. Aan hulle eet is dit duidelik min dinge in die lewe pla. Geen gestaar. Net geëet. ‘n Jong paartjie sit langs ons. Lyk na buitelanders. Die man lyk jonger as die vrou. Darem nie sy ma nie. Cougar? Ek glo nie. Die vrou is goed gebou. Sy pas soos ‘n handskoen in haar lyfkous. Haar toppie is effe gewaagd. Darem nie só dat ek wil wegkyk nie. Haar pienk toonnaels blink in die son. Sy het ‘n welige bos bruin hare. ‘n Interessante gesig. Sy is swaar grimeer. Haar wimpers wapper parmantig in haar vriend se rigting. Haar bolippie effens gepunt na vore. Botox? Ek kan nie besluit of sy mooi is nie. Lelik is sy nié! Op haar linkerskouer het sy ‘n klein tatoëermerkie. Vir my lyk dit oulik, my vrou reken anders. Bokant haar ribbekas, onder haar bo-arm, is nog ‘n geskrif. Ek wil nie te rof kyk nie. Eers sien ek net ever. Vrou sê, nee daar staan van die voorkant af geskryf “Yours forever”. Sy het baie ringe aan haar vingers en tone. Net ‘n trouring kort. “Yours forever” het dit moontlik nie gemaak nie. Waarmee sou sy haar besig hou? Lyk of sy gereeld by ‘n gim uitkom. Onderwyseres? Nee. (Ek sou daarvan gehou het om so ‘n juffrou te hê.) Miskien ‘n personal trainer? Ja, heel moontlik. Sirkus? Dalk! Ek wonder in die stilligheid of die kêrel by haar hom nou gelukkig moet ag. Hoe sal dit wees om so ‘n meisie te hê? Dit het eintlik niks met my te doen nie. Ek wonder sommer maar net.
Intussen is ‘n spiertier besig om op en af te stap. Hy lyk rusteloos. Sy mense sit alleen by die tafel. Hy leun oor die reling en bekyk sy bo-arms. Sy spiere galop op en af as hy sy arms beweeg. Voor hy gaan sit maak hy ‘n wye draai deur die vertrek. Maak doodseker almal het gesien. Ouerige mense en ‘n jong seun sit agter ons. By hulle is twee woelige peuters. Tommy en Nellie. Die kleintjies kan skaars praat en is omtrent ewe oud. Die pappa en mamma kom duidelik uit. Hulle kan onmoontlik die ma en pa wees. Sonja roep vir Tommy nader. Tommy dra nog ‘n doek en is baie skaam. Kop onderstebo kom hy by haar staan en mompel iets onverstaanbaar. Tommy se “pa” sê hy sê kitaar. Sy “boetie” speel kitaar. Tommy aanbid hom. Tommy en Nellie is twee kinders in pleegsorg. Nellie is al twee jaar by hulle en Tommy nou reeds 6 maande. Tommy bestaan eintlik nie. Geen geboortesertifikaat. Niks. Dit is ‘n hartseer storie. Tommy en Nellie is van die gelukkiges. Hulle is op die oomblik in goeie hande. Tommy is dalk die volgende Jimi Hendrix. Hugh Masekela? Die hartseer is dat rompslomp dié twee kinders sonder toekoms kan laat. Oor die lewe sal ek nooit ophou wonder nie.
KINGJAMES 34356A
VANDAG SE BOERE IS MEER AS NET BOERE.
Die moderne boer staar talle uitdagings in die gesig en moet verskillende baadjies dra om hulle te oorkom. Jy sien om na jou plaas, jou werkers, jou bates, jou huis en jou gesin. Santam verstaan hoe baie van jou verwag word en daarom neem ons ’n wetenskaplike benadering tot die beskerming van jou oeste, sowel as jou boerdery- en persoonlike bates. Want ons glo jy verdien uitsonderlike versekering. Vir meer inligting, bel jou makelaar of besoek www.santam.co.za/products/agriculture. Santam. Regte, egte versekering. Santam is ’n gemagtigde finansiële-diensverskaffer (lisensienommer 3416).
71
Gemoedsrus vir die mense wat die wêreld voed. GWK Korttermynversekering Ons bied dekking vir enige versekerbare gevare wat kán gebeur.
Douglas Brits van den Berg (Uitvoerende Bestuurder: Versekering) 082 803 5190
Prieska Kannetjies Kotze Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4773
Douglas Marietjie Vermeulen Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4775
Hopetown Janitha Viljoen Korttermyn- en Oesversekering 082 889 4602
Barkly-Wes/Jan Kempdorp René van der Westhuizen Korttermyn- en Oesversekering 082 907 8548
Modderrivier Riana Shergold Korttermyn- en Oesversekering 082 808 2911
Douglas Wilmarie van der Schyff Korttermyn Kommersieël 082 382 8123
Underberg Jemima Stay Korttermyn- en Oesversekering 033 701 1109
GWK is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185
72
Prieska Sankie Scholtz Korttermynversekering en Administasie 083 643 7993