Skip to main content

Kommuniek September 2015

Page 1

`n Handelsmerk van

September 2015

GWK vereer innoverende landbouers in samewerking met Landbouweekblad

GWK hou aan ontwikkel om voor te bly as innoverende produsente-besigheid

GWK gee die opwindende tree met nuwe produkte in die verbruikersmark

Landzicht as nasionale wenners aangewys tydens Jongwynskou 1


Ons sorg vir jou toekoms sodat jy kan voortgaan om vir die wêreld te sorg.

GWK Lewensversekering Ons bied dekking vir enige versekerbare gevare wat kán gebeur.

Douglas Brits van den Berg (Uitvoerende Bestuurder: Versekering) 082 803 5190

Hopetown/Luckhoff Josef Pelster Krediet- en Lewensversekering 082 883 4474

Kimberley Willem Kruger Krediet- en Lewensversekering 082 490 9680

Douglas Lucas Holtzhausen Finansiële Adviseur: Beleggings 082 682 8201

GWK is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185


Inhoud GWK- direksie en -bestuur.

4

6

Veilingskalender en -pryse.

8

10

Landbouwenke.

Redaksioneel GWK se produsente – ons icons.

12

13

Geestelike akker God se Q-boot.

Damme en temperature.

GWK vereer innoverende produsente in samewerking met Landbouweekblad.

16

19

GWK hou aan ontwikkel om voor te bly as innoverende produsentebesigheid.

Ons Besigheid GWK gee die opwindende tree met nuwe produkte in die verbruikersmark.

24

26

Ons Besigheid Landzicht is nasionale wenners.

29

Ons Spesialiste Derick gesout met jare ondervinding by GWK.

Gebiedsfokus Klante verdien slegs die beste diens. Presisieboerdery GWK ondersoek die invloed van kalsium op koring Veilings GWK en Konsortium Merino se veiling laat die rekords spot.

Pret op die plaas As die kat weg is, is die muis baas! Gesondheid Hou jou brein, bene en vel gesond met meer vitamien K.

Agterblad Help my net tot op de Aar . . .

28 32 36 44 48

34 38 46 49

Presisieboerdery DON (Vomitoxien) hou moontlike gevaar in vir wintergraanproduksie Produsentefokus Produsent van die jaar beskeie en nederig oor sy aanwysing. Leefstyl Smoor die vlamme as jou ma-lyf uitgebrand het. Resep Lek jou lippe af vir `n gebraaide varklies met mosterdsous.

50 3


Direksie Voorsitter

Frank Lawrence

Ondervoorsitter Johan Jacobs

Hennie Coetzee JP du Plessis

Wynand Human Frans Lubbe Tertius Marais Mattheus Maree Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid

Hoofbestuur Besturende Direkteur

Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121

Finansiering

Kobie Greyvensteyn 082 808 4178

Presisieboerdery en Produksienavorsing Dup Haarhoff 083 646 1111

Saad en Opkomende Produsente

Pieter Spies

Jozua Haarhoff 082 808 8579

Finansiële Direkteur

Graanbemarking

Johann Klopper

Hoofbestuurder: Spesialisprodukte Llewellyn Brooks

Hoofbestuurder: Primêre Produksie Pieter Bekker

Hoofbestuurder: Handel

Elmarie Jacobs 082 906 2383

Meganisasie

Johan Kruger 082 809 4778

Direkte Insette

Mark du Plessis

Rocky le Roux 082 317 7656

Hoofbestuurder: Graanprodukte

Veilings en GWK Properties

Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte

Inligtingstegnologie

Tom Meintjes

Wim van Rooyen

Uitvoerende Bestuur Regsdienste en Risikobestuur John Bell 076 430 5615

Finansies en Stelsels en Finansiële Landbou Advies Andri Bezuidenhout 071 686 8844

Vleis

Alex Cilliers 082 808 3063

Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531

Willie Meyer 071 680 4103

Rika Myburg 082 889 7821

Sidi Parani

Cas Prinsloo 079 510 2710

Oliesade en Pekanneute Andreas Snyman 082 801 1849

Farm Foods

Eddie Ueckerman 082 804 7545

Versekering en FloTank Brits van den Berg 082 803 5190

KwaZulu-Natal Bemarking Terence van Dyk 082 885 4163


Die inloopperiode op nuwe toerusting word nou verleng van 100 ure na 500 ure. S贸 voorsien ons jou van die toerusting en tegnologie wat jy nodig het om voedsel aan die w锚reld te voorsien. Kontak jou naaste John Deere-handelaar vir meer inligting. Bepalings en voorwaardes geld.


Damme en temperature Huidige stand van damme

Werklike vs. langtermyn reĂŤnval

Riviersisteem

Dam

Oranjerivier

Welbedachtdam Gariepdam Vanderkloofdam

56 69 99

Vaaldam Bloemhofdam Allemanskraaldam Erfenisdam

65 60 18 23

Hartsrivier

Spitskopdam

68

Rietrivier

Kalkfonteindam

14

Modderrivier

Krugersdriftdam

48

Vaalrivier

% Vol

16.0 14.0 12.0 10.0 8.0 6.0 4.0 2.0 0.0 Douglas

Prieska

Hopetown Barkly-Wes

Rietrivier

Werklik Langtermyn

Werklike minimum en maksimum temperature vs. langtermyn temperatuur 25 Julie tot 24 Augustus 2015 Douglas Lunenburg 30 25 20 15 10 5 0 -5

Prieska Green Valley Nuts 35 25 15 5 -5

Hopetown Lilydale

Barkly-Wes Ulco

35

35

25

25

15

15

5

5

-5

-5

Rietrivier 30 25 20 15 10 5 0 -5

Maksimum

6

Maksimum langtermyn

Maandelikse voorspelling September 2015

Minimum

Minimum langtermyn

Vaalharts


conrad borman

Veilingskalender en -pryse

25 September 29 September 30 September 30 September 1 Oktober 1 Oktober 6 Oktober

Fauresmith Kimberley Grootvee/Kleinvee Griekwastad Veiling Malherbe & Roberts Veiling Rosbeef Beefmaster Produksieveiling Bloemfontein Kimberley Grootvee/Kleinvee

7 Oktober 8 Oktober 13 Oktober 15 Oktober 15 Oktober 15 Oktober 15 Oktober

Cronje Dorper Veiling Kruger Bonsmara Produksieveiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Go West Tuli Hertzogville Mid Vrystaat Bonsmara Trio B Brangus - Bloemfontein

Veilingspryse vir lewendehawe – Augustus 2015 11/08 - 14/08

17/08 - 21/08

24/08 - 28/08

31/08 - 04/09

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Slagosse

R15.00

Slagosse

R16.50

Slagosse

R16.50

Slagosse

R16.00

Slagkoeie

R14.00

Slagkoeie

R15.00

Slagkoeie

R15.00

Slagkoeie

R15.50

Maer beeste

R11.50

Maer beeste

R12.00

Maer beeste

R12.50

Maer beeste

R12.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R19.80

Ligte kalwers (180-200kg)

R21.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R21.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R19.50

Swaar kalwers R19.50 (201-250kg)

Swaar kalwers R20.20 (201-250kg)

Swaar kalwers R20.20 (201-250kg)

Swaar kalwers R20.20 (201-250kg)

Swaar kalwers R17.00 (250kg +)

Swaar kalwers R19.50 (250kg +)

Swaar kalwers R19.50 (250kg +)

Swaar kalwers R19.50 (250kg +)

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Slaglammers

R27.00

Slaglammers

R29.00

Slaglammers

R29.00

Slaglammers

R28.50

Stoorlammers R27.00

Stoorlammers R27.00

Stoorlammers R28.00

Stoorlammers R27.00

Kruislammers

R26.00

Kruislammers

R27.00

Kruislammers

R27.00

Kruislammers

R27.00

Slagooie

R18.00

Slagooie

R18.00

Slagooie

R18.00

Slagooie

R18.00

Maer ooie

R18.00

Maer ooie

R18.00

Maer ooie

R18.00

Maer ooie

R18.00

Klein bokkies

R30.00

Klein bokkies

R31.00

Klein bokkies

R35.00

Klein bokkies

R35.00

Jong bokke

R30.00

Jong bokke

R32.00

Jong bokke

R33.00

Jong bokke

R33.00

Bokooie

R19.00

Bokooie

R19.00

Bokooie

R19.00

Bokooie

R19.00

8


Landbouwenke

Koring en gars � Onkruiddoders word nou gespuit. Maak seker spuittenks is goed uitgespoel om moontlike onkruiddoderskade te verhinder. Hou

Pekanneute streng by voorgeskrewe dosisse op etikette. � Sistemiese middels vir blaarmyner kan ook nou met sukses toegedien word.

Weiding en lusern � Plant voersorghum vanaf einde September. Dis `n ideale, vinnig groeiende, eenjarige somerweiding. � Dien stikstofbemesting toe op meerjarige weidingmengsels om nuwe groei te stimuleer. Vermeerder besproeiing redelik drasties op hierdie mengsels, aangesien optimale groei in die lente en vroeë somer plaasvind. � Lusernaanplantings kan in September en weer in Januarie bemes word. Veral kalium kan verkieslik in meer paaiemente toegedien word. Kaliumverbruik wissel van 18-

25kg/ha per ton lusernhooi wat afgehaal word. � Mikro-elemente soos sink, boor en molibdeen is net so belangrik vir lusernproduksie. `n Tekort aan sink het bv. net so `n groot invloed op opbrengs as fosfaat. � Swak groei, verpotte plante, ver-korte internodes, klein en geel blare is tekens van sinktekorte in lusern. � Vergeling van blare, asook bruin vlekkies op ouer blare is tekens van mangaantekort. Mangaan speel `n belangrike rol in wortelontwikkeling, fotosintese en siekteweerstand.

Grondbone � Begin grondvoorbereiding vir vroeë aanplantings wat in Oktober geskied. � Indien baie mieliereste voorkom, moet dit verkieslik ingeploeg word om siektes te beperk. � Gips kan ook voor planttyd toegedien en vlak ingewerk word. � Die saadbed moet ferm en redelik fyn wees, maar nie te

10

fyn nie om steeds windskade te beperk. � `n Gelyk saadbed is belangrik sodat plantdiepte egalig is. � `n Onegalige saadbed kan operding veroorsaak wat tot oesverliese lei. � Maak seker die plant-rywydtes is dienooreenkomstig met die uithaaltoerusting aangepas.

� Neem grondmonsters vir volgende seisoen se aanplantings (nege maande voor grondvoorbereiding). � `n Bogrond-monster op 0300mm en ondergrondmonster van 300-500mm. Die monster moet uit tien submonsters bestaan. Die gebied wat deur `n saamgestelde monster verteenwoordig word, moet nie 3ha oorskry nie. � Laat boomaanplantings kan nog gedoen word indien die bome in die kwekery nog nie begin bot het nie. Grawe gate 1m diep en meng die grond goed met kompos. Sinkbemesting in die vorm van sinkpholate kan onder in elke gat gestrooi word @ 50g per boom. � Fosfaat vir wortelontwikkeling kan in die vorm van beenmeel ook in die plantgate met die grond gemeng word. � Moet verkieslik nie kunsmis tydens plant in die gat toedien nie, aangesien wortels maklik kan brand wat die boom sal laat afsterf. � Sinktoedienings kan maandeliks van September tot Januarie gedoen word aangesien sink nie mobiel in die plant is nie. Benat blare met `n oplossing van 150ml sinknitraat per 100l water. Spuit wanneer botsels 5cm lank is. Herhaal minstens twee keer met drie tot vier weke tussenposes. Tot vyf bespuitings mag soms nodig wees. � Boor kan elke twee jaar met 100g boraks of 75g Solubor/100l water met blaarbespuiting toegedien word.


Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking) Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 082 802 3628 Redakteur: Inhoudsontwikkeling Leana Coetzee 072 601 9420 Advertensies en redaksioneel Tania Fourie 053 298 8200 / TaniaF@gwk.co.za Kontak ons Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: carieng@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730 Hoofkantoor GWK Bpk. De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf gwk.co.za Voorblad Carien Grobler Grafika

Vind ons aanlyn deur die QR-kodes met `n slimfoon te skandeer.

Kommuniek Facebook

Redaksioneel Toe ek vier jaar gelede as redakteur by Kommuniek begin het, het ek my eerste uitgawe aan my pa opgedra. `n Landbouer in hart en siel wat op 78 steeds nie die tuig neergelê het nie. Ek dra my laaste graag aan ons aandeelhouers op, want dit is mense soos hulle wat landbou lééf en die grond liefhet, wat ons in dié uitgawe vereer. GWK se produsente – ons icons. Terwyl ek hierdie redakteursbrief skryf, bruis dit in my van opgewondenheid oor alles wat by GWK aan die gang is. Ons stories sal nooit opraak nie, want die mense in hierdie dinamiese en diverse maatskappy is met soveel opwindende projekte besig dat ons altyd nóg iets het om met ons lesers te deel. Ek het met die landbou grootgeword en as dit eenmaal vatplek gekry het aan jou, word dit deel van jou menswees. Daarom het ek die grootste waardering vir elke landbouer wat as `n GWK Icon aangewys is. Mense wat met passie die grond bewerk en altyd na nuwe maniere soek om opbrengste en produksie te verhoog om aan die toenemende vraag na voedsel te voorsien. Tydens ons gala-aand wys ons ons topprodusente aan, maar sê ook dankie aan elke ander produsent wat sy of haar lewe daaraan toewy om te innoveer, om nuut te dink en in `n uitdagende omgewing oplossings vind om net die beste uit die aarde te haal. Om hierdie produsente se landbouprodukte by die eindverbruiker uit te bring, raak GWK eersdaags in die verbruikersmark betrokke met die eerste van `n reeks nuwe produkte. `n Droom wat die GWKspan al baie lank droom het met harde werk en toewyding `n werklikheid geword . . . en hierdie is slegs die begin. Ek sien uit om ons produkte met hul unieke oorsprong op die winkelrakke te sien. Baie tyd, moeite en harde werk is ingesit om unieke resepte te ontwikkel, maar ook om ons produkte uniek te verpak en iets aan die verbruikersmark te lewer wat nog nooit voorheen op `n winkelrak verskyn het nie. Ons gesels ook in hierdie uitgawe oor GWK se handelsmerkvernuwing. Ek was deel van die span wat hieraan gewerk het en is trots op elke spanlid se toewyding om `n puik stuk werk te lewer. Met die implementering hiervan is ons werklik `n besigheid wat nie neigings navolg nie, maar die pas in die landbousektor aangee. Lekker lees!

Carien Grobler Redakteur

12


Geestelike Akker God se Q-boot Hy het 21 jaar lank met die polisie kat en muis gespeel. Hy was briljant. Sy strategie onoortreflik. Nooit het hy enige voetspore, vingerafdrukke of selfs hare op ’n inbraakperseel agtergelaat nie. Jare lank het die “onsigbare rower”, soos die polisie hom later gedoop het, voor die beste ondersoekbeamptes weggevlug. Toe, op `n dag, word Arthur toevallig vasgetrek. Die polisielede het verbaas na hierdie man gekyk wat op die oog af net soos enige gewone, middeljarige man lyk. As `n mens nie van beter geweet het nie, sou jy dink het dat Arthur`n suksesvolle sakeman is. In `n onderhoud ná Arthur se inhegtenisname het een van die ondersoekbeamptes, wat besonder baie tyd aan sy saak gespandeer het, nuuskierig vir Arthur gevra: “Arthur, 21 jaar lank het jy dit reggekry om voor ons weg te vlug. Ek moet erken, jy is briljant. Die beste wat ek nog ooit gesien het. Maar waarom het iemand met jou vaardighede nie `n ander beroep oorweeg nie?” Arthur het `n oomblik nagedink en toe geantwoord: “Konstabel, ek kom uit `n disfunksionele huisgesin. Niemand het ooit aan my aandag gegee nie. Nóg minder het enigiemand aan my leiding gegee om iets anders te doen as wat ek ken. Ek het daarom aangehou om te roof.” Inbrake is al wat Arthur ooit geken het en dit het sy lewe geword. Hoe maklik verval ons nie ook soos Arthur in dieselfde negatiewe patroon nie? Wanneer God dan iets nuuts in `n mens lewe wil doen, sien jy dit nie raak nie – of kies om dit nie raak te sien nie. Onwetend trek `n mens `n sluier oor jou oorlogskip en verander in `n handelskip. God het jou geskep om `n Q-SKIP te wees – `n oorlogskip en nie `n handelskip nie. Arthur het 21 jaar lank `n sluier oor sy lewe getrek terwyl hy geglo het dat hy gebore is om `n dief te wees. Mettertyd het hy geglo dat hy `n handelskip moet wees terwyl daar in sy skip se buik stapels ammunisie gelê het. Jy is ook met `n magdom potensiaal geskape. Moenie dieselfde fout as Arthur maak omdat jy bang is om jou gemaksone te verlaat nie. Haal die sluier af en vuur jou ammunisie. Jy is geskape om `n Q-skip te wees! Vader God, baie dankie dat U nooit beperk is tot my gemaksone nie, maar dat U altyd gereed is om iets nuuts te doen. Help my om vandag verby my eie beperkinge te kyk en myself oop te stel as U op die punt staan om iets nuuts te doen. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

13


GWK vereer innoverende landbouers in samewerking met Landbouweekblad Aktueel Carien Grobler

GWK gee vanjaar tydens `n gala-geleentheid erkenning aan die topprodusente, industrierolspelers, landbouvennote en personeel wat tot die sukses van landbou bydra.


Elke mens wat by landbou betrokke is, het die belangrike taak om kos aan mense in Suid-Afrika en ander dele van die wêreld te voorsien. Dit is `n rol waarvoor die betrokkenes in landbou baie meer erkenning en aansporing moet kry, sê mnr. Pieter Spies, besturende direkteur van GWK. “Ons maatskappy is `n suksesverhaal wat moontlik gemaak is deur die lojale ondersteuning van Suid-Afrikaanse produsente, sowel as die passie en toewyding van ons werknemers en ander landbouvennote. Dit was daarom vir ons `n voor-

reg om tydens vanjaar se GWK Icons-geleentheid aan ons produsente, vennote en personeel erkenning te kon gee. “Hierdie mense inspireer ons om voortdurend te innoveer sodat produsente grense kan verskuif in hul werk. Ons gee graag erkenning aan produsente vir die professionele en entrepreneuriese werk wat hulle daagliks doen.” Mnr. Frank Lawrence, voorsitter van GWK se direksie, sê die maatskappy is gemotiveerd om `n innoverende markleier te bly. “Ons kan dit egter nie sonder ons aandeelhouer-produsente

doen nie. “Die vennootskap en sterk verhoudings wat ons met ons produsente het, is die hoeksteen van ons maatskappy se sukses. Ons produsente is onlosmaaklik deel van ons maatskappy. “GWK Icons is `n platform om hulle vir hul harde werk te vereer. Ons wil hulle ook bedank vir die passie waarmee hulle die belangrike taak verrig om voedsel vir die wêreld te produseer.” Volgens Lawrence bewerkstellig GWK voortdurend nuwe markkanale om aandeelhouers se produkte tot by die eindverbruiker te bring.

15


“Ons maatskappy doen sake met produsente van wêreldgehalte wie se produkte ons in die waardeketting posisioneer om optimale waarde te ontsluit.” Spies verduidelik dat die GWK Icons-toekennings in verskillende kategorieë verdeel is. “Eerstens sal die topprodusent aangewys word vir elke gewas wat ons aankoop, asook ons topprodusente in die vleisbedryf. `n Algehele produsent van die jaar sal ook aangewys word. GWK Icons bied ook aan ons die geleentheid om erkenning te gee aan die verskaffer wat die grootste waarde tot GWK

16

se kleinhandel-besigheid toegevoeg het. “Die laaste kategorie is om ons werknemers te vereer wat op `n besonderse wyse innoveer en só tot die sukses van ons maatskappy bydra.” Landbouweekblad tree as mediaborg van die geleentheid op. “Dit is vir ons `n voorreg om as vennote met so `n groot rolspeler in die landbou saam te werk,” sê Spies. Mnr. Chris Burgess, redakteur van Landbouweekblad sê hy en sy span ondersoek altyd geleenthede om hul lesers beter te bedien en waarde tot hul be-

sighede toe te voeg. “Wanneer daardie lesers ook die kliënte is van `n toonaangewende landboubesigheid soos GWK waarmee ons oor jare `n wonderlike verhouding opgebou het, is dit vir ons besonder lekker om saam te werk. Ons het dieselfde doelwit: Om ons produsente te bedien sodat hulle meer winsgewend kan boer. “GWK doen dit al vir generasies vir die produsente in sy bedieningsgebied waar Landbouweekblad ons lesers weekliks met die jongste landbounuus bedien.” Verskeie borge vorm deel van hierdie prestige-geleentheid. “Ons is trots om met verskeie toonaangewende maatskappye en besighede saam te werk om hierdie geleentheid aan te bied wat `n jaarlikse instelling sal word,” sê Spies. “Hulle maak dit vir ons moontlik om aan landbouers die erkenning te gee wat hulle verdien.


Industrie-kategorieë Landbouweekblad Industrierolspeler van die jaar John Purchase

Finaliste WF Bloem Tiaan Mülke

Produsent van die jaar Charl de Villiers

Broodkoring-produsent van die jaar (minder as 120 hektaar) Wenner Kolver Mülke

Meeste graan aan GWK gelewer Charl de Villiers Verskaffer van die jaar Afrisam Finaliste Agriwire Valley Irrigation JF Paints Lubern veevoere Aartappelprodusent van die jaar Wenner Gerhard en Vicky Bruwer Finaliste Frank Lawrence Kolver Mülke Beesslagter van die jaar Wenner Alfons Visser

Finaliste Abraham Espach Willem Mülke Certified Natural-produsent van die jaar Wenner Salmon en Hendri Groenewald

Finaliste Klasie Jacobs Schalk Human Garsprodusent van die jaar (minder as 110 hektaar) Wenner Gerhard en Hans Krause Finaliste Attie Scholtz Johan Swiegers

Finaliste AJB Avenant Flip van der Westhuizen

Geelmielie-produsent van die jaar (meer as 150 hektaar) DB en Danas Lubbe

Druiweprodusent van die jaar Wenner Mahoebe Eiendomme

Finaliste Kurt Loots Jouke en Wim van Bergen

Finaliste Tebogo Ditsebe Grenfell Bdy

Geelmielie-produsent van die jaar (minder as 150 hektaar) Wenner Walter Bold

Finaliste Bruce Hunt Jan van Heerden en seuns

Durumprodusent van die jaar (meer as 110 hektaar) Wenner Kurt Loots

Nuwe produsent van die jaar Wenner Norman Cornellisen

Finaliste André Gous Bernie en Christo Groenewald

Finaliste Ismael Taole Mnr. Sebogodi

Durumprodusent van die jaar (minder as 110 hektaar) Wenner Schalk Theron

Broodkoring-produsent van die jaar (meer as 120 hektaar) Wenner DB en Danas Lubbe

Garsprodusent van die jaar (meer as 110 hektaar) Wenner Paul de Villiers

Finaliste Connie Coetzee Dirk Loots

Finaliste Norman en David Cornellisen Schalk Human Grootvee-produsent van die jaar Wenner Sakkie Steynberg Finaliste Schalk Buitendag Saag en Morné Jonker Gert Malherbe Katoenprodusent van die jaar Wenner Petrus Groenewald

17


Finaliste Frank Lawrence Grobbie Pienaar

Finaliste Dries Wiese Johan Botha

jaar (minder as 30 hektaar) Wenner Jan Steenkamp

Lusernprodusent van die jaar Wenner Fanus en Petrus Groenewald

Simbamielie-produsent van die jaar (meer as 110 hektaar) Wenner Frank Lawrence - Idstone Farming

Finaliste Heinrich Mülke Johan Venter

Finaliste Lieb Du Raan Anton van Wyk Oliesade-produsent van die jaar Wenner Jan Steenkamp Finaliste Garth McGraw Kolver Mülke Pekanneut-produsent van die jaar Wenner Barend Bouwer Finaliste Douglas Crawford Charl de Villiers en Johan Marshall Produsent met hoogste gehalte skaap gelewer deur die jaar Wenner Neels Grobbelaar en Cecil Wiley

Personeel-kategorieë GWK-besigheid van die jaar GWK Veilings GWK-filiaal van die jaar Westra Bedryfspunte van die jaar Graanprodukte Prieska graandepot Spesialisprodukte Aartappel-kweekhuis Primêre Produksie Direkte Insette Hopetown Veilings en Vleis Veilings Suid Handel Barkly-Wes Onderdele

18

Finaliste Klasie Jacobs Jan Steenkamp Simbamielie-produsent van die jaar (minder as 110 hektaar) Wenner Hein Mülke Finaliste Abraham Espach Johan Venter Waxymielie-produsent van die jaar (meer as 30 hektaar) Wenner Jan Cilliers Finaliste André Coetzee Frank Lawrence

Witmielie-produsent van die jaar (besproeiing) Wenner Fanus en Petrus Groenewald Finaliste Ben Visser Witmielie-produsent van die jaar (meer as 500 hektaar) Wenner Lighty Greef Finaliste Johan van Wyk Izak (jnr. en snr.) van Zyl Witmielie-produsent van die jaar (minder as 500 hektaar) Wenner Pieter van den Berg

Waxymielie-produsent van die

Finaliste Markus Labuschagne Japie van den Berg

Korporatiewe Dienste Finansiering (tradisionele gebied)

Beste “corporate citizenship” Wilna Richter

Besturende Direkteur-toekenning Eugene Champion

Landboukundige van die jaar Hannes Hattingh

Topverkrygers van die jaar Graanprodukte Tiaan Nieuwoudt Spesialisprodukte Hein Janse van Rensburg Veilings Andri Visser (Veilings Suid) Vleis Karel van Zyl (De Aar)

Icon vir Ondersteuningsdienste Landbank-transaksie (span)

Topbemarker van die jaar Andrè Botha (Heelgoedere)

Inno15 vir winsgroei Johandrè Schreuder Inno15 vir besparing Christo Jordaan


JDLink maak dit moontlik om foute op te spoor, die regte parte gereed te hĂŞ en toerusting te herstel. Sonder om jou plaas te verlaat. GWK Meganisasie

Onderhoudsdata en foutiewe toerusting kan nou deur middel van JDLink met afstandshulp getrek en herstel word. Dit stel jou in staat om jou toerusting te monitor met volle toegang tot die operateur se skerm en diensoproepe te maak sonder om jou toerusting na die handelaar te neem of om vir die diensadviseur te wag. Ons voorsien jou van die toerusting en tegnologie wat jy nodig het om voedsel aan die wĂŞreld te voorsien. Vir meer inligting oor die voordele van JDLink Select en JDLink Ultimate, kontak vir Johan Wolvaardt (AMS Bestuurder) by 072 331 3807 of JohanWolv@gwk.co.za


GWK hou aan ontwikkel om voor te bly as innoverende produsente-besigheid Aktueel Carien Grobler

Die maatskappy se nuwe handelsmerkposisionering is tydens die GWK Icons Gala-aand in Kimberley bekendgestel.


GWK het van 29 Augustus 2015 `n nuwe handelsmerk met `n nuwe handelsmerk-ikoon. Die maatskappy se nuwe handelsmerk-posisionering is tydens die GWK Icons Gala-aand in Kimberley bekendgestel. Mnr. Neil de Klerk, GWK se Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking, sĂŞ die verandering kom nadat GWK werklik na sy aandeelhouers, klante en ander belanghebbendes geluister het oor wat van `n maatskappy soos GWK verwag word. Ons het onsself gevra hoe GWK van `n handelsmerk-pers-

pektief kan aanhou ontwikkel om aan die voorpunt te bly as die mees innoverende produsentebesigheid. Om nie bloot relevant te bly nie, maar om diĂŠ besigheid te wees wat landbou werklik innoveer. `n Besigheid wat nie neigings navolg nie, maar werklik die pas in die sektor aangee. Ons het hierdie vrae vir ons aandeelhouers, klante en ander vennote gevra in uitgebreide navorsing oor GWK se handelsmerk en wat dit vir mense beteken. Ons het met belanghebbendes regoor die land gesels, van

produsente tot georganiseerde landbou en van akademici tot verskaffers, groot korporasies, die media en ons eie werknemers. Dit is duidelik uit die navorsingsresultate dat Suid-Afrikaanse landbou `n moderne vennoot wil hĂŞ wat die pad na die toekoms help bepaal en seker maak dat die regte roetes na die mark vir landbouprodukte bewerkstellig word. Die uitslag van die navorsing was die kompas wat ons gebruik het om die nodige veranderinge te beplan en nou te begin implementeer.

21


Ontdekking vind plaas waar verskillende elemente bymekaarkom

Ons nuwe handelsmerk is die eerste sigbare uitvloeisel hiervan. Ons produsente hou nooit op om nuwe metodes en tegnologie te ontdek nie, want dit dryf hulle vorentoe. By GWK doen ons dieselfde - om te bly innoveer en ontdek en om onsself toe te wy aan een ding: om as besigheid dié mense te voed wat die wêreld voed. Ons werk aktief om die volhoubaarheid van landbou te verseker om so saam met ons produsente die volle waarde te ontsluit wat die natuur aan ons bied. Ons het landbouers nodig wat werk op maniere wat mense nooit gedink het is moontlik nie, meer as ooit tevore. Hul werk inspireer ons by GWK om aan te hou innoveer – saam met hulle

22

Die intimiteit tussen produsente en GWK is die basis van nuwe ontwikkeling

op die plaas en met die verwerking en verspreiding van die beste gehalte produkte. Ons doen dit sodat ons saam grense kan verskuif om kos volhoubaar te bly voorsien op die manier wat mense dit nou en in die toekoms nodig het. Hierdie samewerking en intimiteit tussen produsente en GWK is die oorsprong van ons nuwe handelsmerk-ikoon. Die spanne van Lowe & Partners en Oil wat die nuwe handelsmerk ontwerp het, het begin by die samevloeiing van die Vaal- en Oranjerivier as inspirasie vir GWK se nuwe handelsmerkikoon. “Ons het al hoe meer besef innovering en groei word op soveel plekke veroorsaak deur verskillende elemente in die

natuur wat bymekaarkom en saam iets beter vorm. “Dit het vir ons die verhouding tussen GWK en produsente vasgevang, want GWK is `n produsente-maatskappy. Die sukses van GWK kan direk toegeskryf word aan die sukses wat ons aandeelhouers oor tyd in hul boerderybedrywighede behaal het en ook in die toekoms gaan behaal. Die verhouding met produsente is vir ons iets besonders. “Die middelpunt van ons nuwe handelsmerk-ikoon is waar produsente en GWK bymekaarkom om saam iets beter vir die toekoms te vorm. “Die middelpunt van die nuwe handelsmerk-ikoon is die punt van ontdekking vanwaar ons landbou saam met ons produsente innoveer.”


Douglas Kobie Greyvensteyn Uitvoerende Bestuurder Tel: 053 298 8200 Douglas Johannes Celliers Admin Tel: 053 298 8200 Douglas Cobus Horn Bemarkingskantore Tel: 053 298 8200 Douglas Alice Kemp Tradisionele gebiede Tel: 053 298 8200

Finansiering wat jou help om grense te verskuif.

Douglas Paul Greyvensteyn Veilings en Vleisbedrywe Tel: 053 298 8200

GWK Finansiering

Douglas Robert Twigge Kredietbestuurder Tel: 053 298 8200 Douglas Rita Page Kredietkontroleur Tel: 053 298 8200 Douglas Li-Mari Botha Kopers & Nie-Lede Tel: 053 298 8200 Vaalharts Andre Pretorius Perseel 320 Tel: 053 456 0293 Hopetown Christoff Koekemoer Industriëleweg Tel: 053 203 0865 Kimberley/Noordwes Fred Louw Kaapstadweg Tel: 053 831 2796 Luckhoff/Hopetown Karen Kruger Voortrekkerstraat Tel: 053 206 0071 Modderrivier Chris van Wyk Stasiestraat Tel: 053 581 0112 Mooirivier Warren Daines 19 Alexander Terrace Tel: 033 263 2768 Prieska Koos Slabbert Loots Boulevard Tel: 053 353 1151 Cradock James Louw Frere Straat 83 Tel: 087 820 4606 Ficksburg Lydia Harmse Plaas Tattenham Tel: 051 250 4167

Terwyl jy voortgaan om as ‘n skakel in die onbreekbare ketting van voedselvoorsiening ‘n positiewe verskil in landbou te maak, ontdek ons nuwe, innoverende finansieringsoplossings om jou te ondersteun. Kontak die GWK Finansieringspan.


GWK gee die opwindende tree met nuwe produkte in die verbruikersmark Ons Besigheid Leana Coetzee

Produsente se landbouprodukte word verwerk en na die eindverbruiker geneem.

GWK gee eersdaags die opwindende tree met nuwe produkte in die verbruikersmark. As `n maatskappy wat werklik trots is op die oorsprong van ons verbruikersprodukte, is GWK opgewonde om `n handelsmerk bekend te stel wat die oorsprong van hierdie produkte verder sal beklemtoon. GWK se nuwe aanleg by Modderrivier begin eersdaags met produksie en daar word beplan om later vanjaar koekies pasta em koringmeel te begin vervaardig. Die rou produkte wat hiervoor gebruik word, word alles deur GWK se produsente verskaf en

24

bring dus in der waarheid die plaas tot by die verbruiker. Mnr. Eddie Ueckermann (Uitvoerende Bestuurder: GWK Farm Foods) verduidelik hoe daar op die handelsmerk hiervoor besluit is. “GWK Farm Foods, `n divisie van GWK, sal die sambreel wees waaronder ons verbruikersprodukte geloods word. Ná baie navorsing oor handelsmerke wat aanklank by die verbruiker vind, is besluit om die koekie- en pastareekse onder die handelsmerk Nature’s Farms te bemark. Behalwe dat hierdie handelsmerk die heilsaamheid van die

produkte beskryf, sal dit ook die verbruiker terugneem na die oorsprong daarvan: ons produsente se plase.” Die pastafabriek, wat toegerus is om alle kort pastas te vervaardig, sal dan die onderskeie pastas noem na die plase waar die bestanddele vandaankom. Verbruikers kan dus uitsien na pastas soos Little Hut-skulpies, Greenfields-spaghetti en Woodlands-macaroni. Wat die koekies betref, word met verskeie resepte geëksperimenteer om te verseker dat die uiteindelike produk vars en uniek is. Moontlikhede soos `n swart-


woudkoek-koekie en outydse gemmerkoekies word ondersoek, maar ander voorstelle word ook oorweeg en getoets. Die teikenmark vir hierdie verbruikersprodukte val in die hoër LSM-groepe en die produkte sal onder meer by bekende kleinhandelwinkels beskikbaar wees. Die koringmeel sal grootliks aan die industriële mark gelewer word. “Daar is twee maniere om die verbruikersmark te betree,” sê Ueckermann. “Een daarvan is om dieselfde produk as jou mededingers te lewer en dan te veg vir `n plek in die mark.

“Die ander manier is om iets te doen wat jou werklik van die res onderskei.” Daarom het die span op grond van die handelsmerknavorsing `n verpakking vir die koekies en pasta ontwerp wat uniek en opvallend is. Ueckermann sê dat hierdie benadering GWK Farm Foods sal toelaat om moontlik in die toekoms verskeie ander produkte, soos onder meer aartappels en pekanneute, onder die Nature’s Farms-handelsmerk te bemark. Die moderne, vars ontwerpe sal aanklank vind by `n groot verskeidenheid teikenmarkte,

ongeag die ouderdom, taal of etnisiteit. Produsente se belangrike rol in voedselvoorsiening sal deur Nature’s Farms herbevestig word. “Om ons eie produsente se produkte te kan verwerk en na die verbruikersmark te neem, beteken dat ons `n belangrike skakel geskep het wat nie voorheen daar was nie,” sê Ueckermann. “Ons is opgewonde en bevoorreg om hierdie diens en geleentheid aan produsente te kan lewer. “Hulle is immers verantwoordelik vir die kos in elk-een van ons se borde.”

25


Mnre. Hein Janse van Rensburg (Wingerdboukundige) en Ian Sieg (Bestuurder: Wyn) van GWK Landzicht het die trofee ontvang vir die Nasionale Kampioen Dessertwyn.

Landzicht is nasionale wenners Ons Besigheid Leana Coetzee GWK se wynkelder, Landzicht, is nou as nasionale kampioene aangewys op die SA Jongwynskou wat op 21 Augustus aangebied is. Hier het Landzicht drie goue medaljes ontvang, wat later aangewys is as klaswenners. Die goue medaljes was onderskeidelik vir die Petit Verdot (rooi ongehout), Tannat (rooi ongehout) en die Hanepoot Jerepigo. Landzicht het egter ook weggestap met twee silwer medaljes vir die Ruby Cabernet /Petit versnit (rooi ongehout versnit) en die Rooi Muskadel Jerepigo, en was ook die wenner van twaalf brons medaljes. Mnre. Ian Sieg (Bestuurder: Wyn) en Hein Janse van Rensburg (Wingerdboukundige) het

26

hierdie spoggeleentheid bygewoon wat die eerste keer in ons tuisprovinsie aangebied is. Hulle het dan ook die trofee ontvang vir die nasionale kampioen wat uit die klaswenners aangewys is. Landzicht se Hanepoot Jerepigo het die toekenning ontvang vir Nasionale Kampioen Dessertwyn en Janse van Rensburg skryf die sukses toe aan die omgewing en die passie waarmee druiwe verbou word. “Die gebiede waaruit druiwe ontvang word is baie divers en die gronde en mikroklimaat van elke streek word so sorgvuldig moontlik weerspieel in elke wyn,” Janse van Rensburg. Op die SA Jongwynskou het Landzicht gekompeteer met groot name in die wynbedryf,

insluitend Spier Landgoed van Stellenbosch en Boplaas Wynkelder. Landzicht se wynreeks bied iets vir elke smaak: van vrugtige en vars witwyne, elegante rooiwyne tot bekroonde soetwyne. Muskadel SA het reeds gedurende Mei ‘n goue toekenning oorhandig aan Landzicht se Rooi Muskadel. Ander toekennings sluit `n silwer medalje vir die Cabernet Sauvignon Reserve 2012 tydens die 2015 Old Mutual Trophy Wine Show in. Die wye reeks bekroonde wyne, `n geesdrifte span en ondersteuning van GWK is alles faktore wat bydra tot Landzicht se sukses en die hoë gehalte wyne wat vervaardig word.


Gebiedsfokus Leana Coetzee

Op die Noord-Kaapse grens, amper deel van Noordwes, lê Hartsvallei – `n gebied waarin GWK al 12 jaar suksesvol by die verbouing van verskeie gewasse betrokke is. GWK het alreeds in 2003 `n tak in hierdie gebied gevestig en ná amper twaalf jaar se bestaan, word daar steeds toenemende groei in die tak en die ondersteuning aan produsente waargeneem. Mev. Veronica Stevens (Bemarkingsbestuurder) is GWK Direkte Insette se verteenwoordiger in die gebied en neem die bedrywighede waar tesame met verskeie ander GWK-personeellede. “Daar is verskeie redes waarom produsente GWK se dienste belangrik ag in hierdie gebied,” sê Stevens. “Ons kundige, vriendelike en behulpsame personeel bied uitstekende naverkope- en kliëntediens en is altyd bereid om meer te doen as wat van hulle verwag word. “Ons streef daarna om alle administrasie foutloos af te handel sodat ons kliënte `n seepgladde, aangename ervaring kry elke keer wanneer hulle met ons besigheid doen.” GWK Hartsvallei bied ook `n omvattende reeks dienste en produkte wat gefokus is op die spesifieke behoeftes van produsente in hierdie gebied. Hierdie dienste sluit alles in van die handelstak met sy produkte, veevoer-verkope, bande en brandstof, Direkte Insette, en `n weegskaal tot alle besproeiingsbehoeftes en -ondersteu-

Klante verdien slegs die beste diens

ning. Volgens Stevens is lusern steeds die gewas wat op die grootste skaal in die gebied verbou word. “Ander gewasse wat hier aangeplant word is mielies, koring, gars, grondbone, sojabone, katoen, sitrus en pekanneute. “Ons voorsien dat pekanneute oor die loop van die volgende vyf jaar `n baie groot invloed sal hê op die Vaalharts-skema,” sê Stevens. “Honderde hektare pekanneute word jaarliks aangeplant omdat dit so `n winsgewende bedryf geword het.” Dié GWK-tak staan ook vir die waardes van die GWK Groep en betrokkenheid by die gemeenskap is uiters belangrik. Daarom ondersteun hulle waar moontlik boereverenigings en ander geleenthede wat deur die gemeenskap aangebied word. Die personeel se doelwit is om werklik die omgewing se volle potensiaal te ontgin deur voortgesette ondersteuning en diens aan produsente te bied. Daar sal ook veral daarop gefokus word om te spesialiseer in pekanneutverbouing. Stevens sê verder dat elke gebied se produsente en hul behoeftes verskil en dat hulle

moeite doen om hierdie spesifieke behoeftes aan te spreek. Gewasverbouing hier is baie divers en word ook grootliks gedoen op minder hektare wat meer intensief bewerk word. Daar word van die personeel verwag om alle klante se finansieringsbehoeftes sensitief en effektief te hanteer omdat alle klante vir hulle ewe belangrik is en die goeie diens kan kry wat hulle verwag. Die personeel wat verantwoordelik is vir tevrede klante en goeie diens by GWK Hartsvallei is: nn Veronica Stevens: Bemarkingsbestuurder (Direkte Insette) nn Mirda Malan: Bestelklerk (Direkte Insette) nn Lizette Basson: Takbestuurder. nn Ignelde Nortje: Bedryfshoof: Administrasie nn Pieter Smal: Bedryfshoof: Store, Bande en Brandstof nn Roche vd Merwe: Handelskassiere nn Nadia Maritz: Handelskassiere nn Cobus van der Westhuizen: Bestellingsklerk nn Freddie Peers: Handelsassistent (jnr.) nn Marietjie Sinye: Algemene Werker (jnr.) nn Ruben Seleke: Laaiwerker nn Moses Mogorossi: Laaiwerker nn Solomon Loete: Pompjoggie nn Hendrik Motshedi: Bande Vir enige navrae oor GWK in die gebied, skakel gerus die tak by 053 456 0293.

27


Versekering Leana Coetzee

“Ons bied `n ongeëwenaarde pakket. Jy kry `n goeie produk, maar jy word ook ondersteun deur `n span spesialiste.” Só sê mnr. Brits van den Berg (Uitvoerende Bestuurder: Versekering) oor die dienste wat GWK Versekering aan kliënte bied. Hierdie besigheid se dienste is wyd beskikbaar met adviseurs oral in GWK se primêre bedieningsgebied, sowel op Ficksburg- en Mooirivier-omgewing. “GWK se status as `n leier in agribesigheid, asook die verhouding wat GWK Versekering reeds met versekeraars opgebou en gevestig het, stel ons in staat om te onderhandel vir die beste premies vir ons kliënte,” sê mnr. Willem Kruger (Adviseur Lewensversekering). Hierdie mededingende premies is egter slegs een van die bykomende voordele wat GWK Versekering bied. Volgens van den Berg en Kruger is die wye reeks produkte wat hulle aanbied en die spesialiste wat dit ondersteun, die eienskap wat hulle onderskei van die res. GWK Versekering bied alle produkte wat binne lewens- en korttermynversekering omvat word.

28

Stop net hier vir al jou versekering en méér Vir produsente dien hulle dus as `n een-stop-diens vir versekering wat alles insluit wat moontlik vir `n boerdery nodig sal wees. “GWK Versekering kan ook met sekerheid sê dat die gehalte diens wat ons lewer, verder waarde aan ons produkte toevoeg. “Ons beskik oor `n span spesialiste wat werklik kenners is op die gebiede waarvoor hulle verantwoordelik is,” sê van den Berg. “Hierdie spesialiste maak seker om altyd op hoogte te bly van nuwe neigings in die versekeringsmark, om sodoende hul kliënte altyd van die nuutste produkte te kan inlig. Van den Berg sê verder dat hulle `n opwindende tyd by GWK Versekering ervaar. Verskeie nuwe produkte en dienste word vir die nabye toekoms beplan om `n selfs meer omvattende pakket aan kliënte te kan voorsien. “Die rede hoekom ons uitbrei en móét groei, is omdat ons in `n veranderende omgewing werk. “Die wêreld van versekering ontwikkel baie vinnig en dit is belangrik om by te hou. Dit is al hoe ons ons belofte aan ons

kliënte sal kan nakom: om die volle versekeringspakket en die ondersteuning van spesialiste aan te bied.” GWK Versekering gebruik hierdie vinnig veranderende besigheid om produkte te vind wat die GWK-versekeringspakket eksklusief en uniek maak. Op die oomblik bestaan die span van GWK Versekering uit 28 lede wat versekeringsadvies en –administrasie in die onderskeie streke hanteer. “Hierdie span is verantwoordelik vir onderskrywingsaksies, die kliënte-inligting op die stelsels, die hantering van eise en die nakoming van wetgewing tydens die prosesse. “Met die oog op die geleenthede vir groei, word daar beplan om die span kundiges verder vergroot. Kruger sê dat hulle deurlopend die mark sal bly hersien en ondersoek vir nuwe geleenthede, sowel as voortgesette goeie diens sal lewer. “Hy sê ook dat dit verstommend is om te weet presies hoeveel produkte GWK Versekering bied. “Of dit met jou kán gebeur en of dit met jou gáán gebeur, GWK Versekering bied dekking daarvoor.”


Ons Spesialiste Leana Coetzee

Met ongeveer 17 jaar se diens by GWK as agtergrond, is mnr. Derick Payne (Bemarkingsbestuurder: Direkte Insette) al gesout wat die maatskappy se besighede en prosesse betref. Daarom is hy deel van die suksesvolle Direkte Insette-span, wat as skakel tussen GWK se besighede en sy produsente dien. Payne is gebore en getoë op Warrenton, noord van Kimberley. Nadat hy hier sy skoolloopbaan voltooi het, het hy by Suidwes Koöperasie begin werk en later `n landboudiploma verwerf. Daarna het hy sy loopbaan by Suidwes voortgesit deur onder meer interne oudit te doen en is later as takbestuurder op Barkly-Wes aangestel. Toe GWK die Suidwes-takke oorgeneem het, is Payne later as takbestuurder op Modderrivier aangestel. “Ek is nou vir vier jaar by Direkte Insette en hoewel dit `n aanpassing was, is dit weer `n lekker nuwe uitdaging,” sê Payne oor sy pos waar gesonde klanteverhoudinge van kardinale belang is. “My werk behels om ons produsente te laat weet dat ek en GWK werklik hulle belange op die hart dra. Dit is vir my belangrik om gereeld die produsente in my gebied te besoek, na hulle te luister en as daar enige klagtes is, dit op te los en vinnige terugvoer te gee.” Payne sê verder dat hy baie passievol is oor die werk wat hy doen en die maatskappy waarvoor hy werk. Die wye, diverse reeks produkte en dienste wat GWK bied, vereis dat hy breedvoerige ken-

Derick gesout met jare ondervinding by GWK

Mnr. Derick Payne (Bemarkingsbestuurder: Direkte Insette) nis van die hele maatskappy moet hê om sodoende waardevolle inligting akkuraat aan klante te kan oordra. Die uitstekende terugvoer wat hy van produsente kry oor die onlangse GWK Icons galaaand, maak hom trots om vir `n maatskappy soos GWK te werk. “Behalwe dat daar oral duidelike tekens is van hoe GWK omgee vir die gemeenskap, is dit ook `n eenstop-maatskappy waar al jou landboubehoeftes onder een dak aangespreek kan word. Ons bied álles, wat beteken dat ons altyd gereed sal wees met alternatiewe

oplossings.” Payne se gebied beslaan Kimberley-, die Barkly-Wes- en Modderrivier-gebied, maar het nou ook vergroot na Perdeberg en Petrusburg. GWK Direkte Insette beskik oor sewe bemarkingsbestuurders wat elk vir sekere gebiede verantwoordelik is. Hierdie gebiede word gereeld vergroot om behoeftes van meer produsente te kan aanspreek. “Ons tree proaktief op,” sê Payne. “As ons probleme raaksien, spreek ons dit dadelik aan en verhinder só enige moeilikheid vir ons produsente of GWK.”

29


conrad borman

Presisieboerdery

Hannes Hattingh

GWK ondersoek die invloed van kalsiumbemesting op koring GWK Presisieboerdery en Produksienavorsing het tydens die 2014koringseisoen die invloed van kalsiumbemesting op koring in reaksie tot kalsiumtekorte volgens blaarontledings ondersoek. Die vraag het ontstaan of enige opbrengsreaksie sou voorkom as kalsiumbemesting toegedien word na aanleiding van blaarontledingstekorte tydens die koring-groeiseisoen. Funksie van kalsium Kalsium kom in die middellamella van selwande in die vorm van kalsiumpektaat voor en is nie mobiel in die plant

30

nie. Daarom sal tekorte in jong blare voorkom. Dit bevorder die vorming van proteïene en is noodsaaklik vir selgroei (MVSA Bemestingshandleiding 2003). “Kalsium-beskikbaarheid is noodsaaklik in die biochemie van plante en, soos ons leer, in die stikstofkunsmis doeltreffendheid van oppervlak-toegediende stikstof. “Ons moet nie die rol van belangrike ameliorante soos kalk en gips verwar met die behoefte van oplosbare kalsium deur hoëwaarde-gewasse nie. Albei is uiters belangrik in grondvrugbaarheid en plantvoeding en

moet mekaar aanvul (Calsium’s role in plant nutrition .Dr. G.W. Easterwood; 2002). Persele en proefuitleg Die proef is op drie persele gedoen naamlik Penta, Zuurgat en Skanskoppie. Proefuitleg: Latynse vierkant met vyf herhalings per behandeling. Behandelings Kontrole Gips @ 500 kg/ha Ca(NO3)2 @ 50 kg/ha Ca(NO3)2 @ 100 kg/ha Ca(NO3)2 @ 150 kg/ha


Blaarontledings Skankoppie

Penta

Zuurgat

Elemente

Ontleding

N%

4.04

4.97

4.37

P%

0.8

0.54

0.53

K%

5.12

4 .76

3.43

Ca %

0.36

0.35

0.26

Mg %

0.13

0.21

0.16

S%

0.42

0.31

0.27

Na %

0.044

0.103

0.015

Mn (mg/kg)

93

45

44

Fe (mg/kg)

122

135

81

Cu (mg/kg)

8

20

4

Zn (Mg/kg)

40

94

33

Mo (mg/kg)

0.04

4.47

0.02

B (mg/kg)

2

25

4


Hoofeffek van kalsium op opbrengs van koring 115.0

Relatiewe opbrengs (%)

110.0

105.0

100.0

95.0

90.0 Kontrole

50 Ca(NO3)2 Penta

Zuurgat

100 Ca(NO3)2

Gips

150 Ca(NO3)2

Skanskoppie

Hoofeffek

Figuur 2. Die effek van kalsiumbemesting op die opbrengs van koring by die verskillende persele.

108 106 104 102 100 98 96 94 92

Ekonomiese evaluering Die relatiewe opbrengs van die gemiddelde opbrengs by elke perseel is gebruik om `n produksiefunksie te pas en die volgende vergelyking is afgelei: Opbrengs = 100.22 + 0.1986 CaPeil – 0.00116 CaPeil 2 R2 = 53.43 Met `n kosteprysverhouding van 2.210 is die punt van maksimum wins op 75.9 kg Ca(NO3)2 / ha bereken. Hierdie optimum stem goed in die onderskeie proewe ooreen.

32

ip

G

3) 2 O

15

0

C a

(N

O (N C a 0 10

50 C a(

N O

3) 2

3) 2

s

90 Ko nt ro le

Oesmetode en resultate Persele is met GWK Navorsing se proefstroper geoes. Hoewel positiewe opbrengsreaksie tussen die verskillende behandelings van kalsium verkry is, is geen statisties betekenisvolle verskil gevind nie. Sien Figuur 2 en 3.

110

Relatiewe opbrengs (%)

Metode van toediening Persele is geïdentifiseer na aanleiding van blaarmonsters wat geneem is op stamverlenging en dan tekorte volgens blaarnorme getoon het. Behandelings is in blokke uitgestrooi volgens proefuitleg in reaksie tot blaarontledings.

Figuur 3. Die hoofeffek van kalsiumbemesting op opbrengs van koring oor al drie persele. Gevolgtrekking `n Baie positiewe opbrengsreaksie is op koring waargeneem met die toediening van kalsium na aanleiding van blaarontledings. Die reaksie was egter nie statisties betekenisvol nie, maar daar was wel finansiële rendement.

Verwerking van data: mnr. André Prins (GWK Navoring). Medewerkers: mnre. Chris Hugo en Clint Misdorf (Carmel Farms), Nico Jacobs (Pentaboerdery), Hannes Bruwer (Genade boerdery) en Renier du Raan (GWK Presisieboerdery), Hennie Cloete en Armand van Eck van GWK Presisieboerdery).


Goeie produksiepraktyke is van uiterste belang om Fusarium te voorkom

Presisieboerdery

Dup Haarhoff en André Prins Produksienavorsing

DON (Vomitoxien) hou moontlike gevaar in vir wintergraanproduksie Deoxynivalenol (DON) word in die algemeen “vomitoksien” genoem. Dit is `n mikotoksien wat onder meer deur Fusarium-aarskroei geproduseer kan word. Waardes bokant die norm (1 dpm) mag veroorsaak dat graan nie verkoop kan word nie weens die feit dat die kopers (meulenaars) nie graan met hierdie hoeveelhede DON aanvaar nie. GWK gaan dus dienooreenkomstig ook vir DON toets hierdie jaar. Die voorkoms van Fusariumaarskroei beteken nie dat DON

34

outomaties sal voorkom nie. Die voorkoms van DON word ook nie noodwendig gekorreleer met die fisieke skade van pitte nie. In teenstelling met aflatoksien (by mielies), het DON nie karsinogeniese eienskappe nie. Grane wat DON bevat, sal in groot hoeveelhede deur mense ingeneem moet word voordat dit enige gesondheidsrisiko sal inhou. Dit kan egter geure en die verwerkingsproses negatief beïnvloed. Die konsentrasie van DON in grane word uitgedruk in dele per

miljoen (dpm). In Suid Afrika is die afsnypunt vir DON vir menslike gebruik 1 dpm. Opberging Deurlugting van grane is uiters noodsaaklik in die opbergingsproses. Die toelaatbare stoortydperk van koring sonder DON is langer as die met DON. Tydens oes moet alles binne die produsent se vermoë gedoen word om die DON-vrye koring van die moonlik besmette koring te skei. Dr. Tom Wolf, Application Specialist with ArgiMetrix Research


Behandeling

Saadbehandeling

Gewasrotasie

Wanneer

Aksie

Met plant. Saadbehandeling het geen beheer op infestasie tydens blom.

Fusarium in sade kan aanleidng gee tot swak ontkieming, afsterf van saailinge en swak halmvorming

Plant gesertifiseerde saad aan, laat toets saad vir Fusarium (moet verkieslik nie saad terughou nie)

Beplanning voor seisoen

Gewasrotasie help met die breek van die infeksiesiklus

Vermy grasrotasie (mielie/koring) vir minstens twee jaar en beheer grasonkruide

Voor seisoen

Patogeen kan op reste oorleef. Effektiewe verspreiding en kerwing kan kompostering verhoog

Inploeg van reste sal kompostering van reste verhaas. Patogene kan begrawe word

Voor seisoen

Kultivars verskil in hul vatbaarheid vir Fusarium. Volgens die literatuur is Durum die mees vatbare gevolg deur koring, gars met hawer die mees weerstandbiedende

Kultivarkeuse is belangrik. Plant kultivars met verskillende blomdatums om risiko te versprei

Ideale omstandighede vir Fusarium graminearum is `n humiditeit van > 80% en temperature tussen 25 en 30oC

Bespuiting op die korrekte tyd (blomme in middel van aar vertoon geel). Begin bespuiting as 75% van are sigbaar is. Verseker bespuiting is afgehandel voor 15% blom

Sekere produkte vir beheer van KB kan `n onderdrukkende effek op Fusarium hĂŞ. Produkte met prothioconazole en propiconazole kan oorweeg word (kontak u gifagent)

Tydens blomfase

Besproeiingsiklus wat afdroog van blaredak toelaat, kan siektedruk verlaag

Groter hoeveelhede water op `n slag sodat genoeg afdroging kan plaasvind

Tydens oes

Verwyder ligte, swak gevulde pitte

Stel lugvloei deur stroper hoog om besmette pitte uit te blaas. Wees versigtig vir verhoogte infestasie weens pitte wat op die land agterbly

Reste bestuur

Kultivarkeuse

Blaarbespuitings

Impak

Besproeiing

Oespraktyke

and Training beveel die volgende vir bespuiting van Fusarium aan: 1. Draai die rigting van spuitpunt na vore of gebruik dubbel spuitpunte. `n Groter hoek is meer effektief. 2. Gebruik growwe spuitdruppels om are goed te benat. Handhaaf lae spuitbalk hoogte. 3. Spuit stadig om volkome bedekking van are te verseker. Bespuiting tot binne blaredak word verkies. 4. Handhaaf watervolumes

van minstens 200 liter/ha om plante volkome te benat. Opsommend Goeie produksiepraktyke is van uiterste belang om Fusarium te voorkom. Doen goeie waterbestuur op lande om sodoende infiltrasie te maksimaliseer en afloop te minimaliseer. Onder spilpunt- toestande en met swak wisselbou kan `n ideale omgewing vir die uitbreek van DON geskep word. Dit is dus belangrik dat die produsent alles moontlik doen om Fusarium te

voorkom. Die implikasie van DON met hoĂŤr waardes as 1 dpm is groot en lewering van koring en gars mag geweier word. Bronne nn Wegulo, SN, University of Nabbraska, 2008. nn Purdue University, Diseases of Wheat: Fusarium Head Blight (Head Scab), Purdue Extention, 2010. nn NDSU Extension Service, North Dakota State University, Fargo, North Dakota, September 2005.

35


GWK en Konsortium Merino se veiling laat die rekords spat Veilings Leana Coetzee Foto’s verskaf deur Konsortium Merino

GWK Veilings en Konsortium Merino het onlangs `n vennootskap gesmee en die eerste gesamentlike veiling suksesvol aangebied “Soos `n warm mes wat deur botter sny,” beskryf mev. Madelaine van Heerden van Konsortium-Merino die seepgladde verloop van hul jaarlikse lenteveiling. Die idee vir Konsortium Merino het in 1996 toevallig om `n braaivleisvuur ontstaan toe vier Merinotelers van Victoria-Wes die behoefte geïdentifiseer het vir `n Merino-handelsmerk wat – deur praktiese en wetenskaplike teelmetodes – topdiere en wolprodukte aan die plaaslike en internasionale mark kan lewer. Sedertdien het Konsortium Merino gegroei om uiteindelik die meeste Merino-ramme in Suid-

36

Afrika op amptelike verkope-platforms te verkoop. Hulle spog ook met die Suid-Afrikaanse rekord vir die grootste omset tydens Merinoram-verkope. Mnr. Willie Meyer, Uitvoerende Bestuurder van GWK Veilings en Eiendomme, sê dat die vennootskap met Konsortium Merino beslis die regte besluit was en dat dit `n voorreg is om saam met mense te werk wat werklik trots is op hul produk. Dié veiling op mnr. Gawie van Heerden, direkteur van KonsortiumMerino, se plaas Dombietersfontein, is op 3 September aangebied en het sowat 300 belangstel-


lendes hierheen gelok. Die veiling het 372 ramme en 748 ooie aangebied en volgens Madelaine, wat die bemarking van Konsortium Merino hanteer, het die skape bitter mooi vertoon. “Daar het in Junie en Julie lekker reën in dié Karoowêreld uitgesak,” sê sy. Twee Suid-Afrikaanse rekords is verbeter tydens hierdie 29ste produksieveiling wat Konsortium Merino aangebied het. Hier het hulle die meeste ramme nóg op een Merinoveiling verkoop, asook hul omset verbeter. Altesaam 345 ramme is verkoop teen `n gemiddelde prys van R6 467, wat `n

“Hierdie mense is werklik trots op hul produk” nuwe Suid-Afrikaanse rekordomset van R2 230 950 beloop. Konsortium Merino se vorige hoogstes was 337 Merinoramme, maar hierdie was die eerste keer wat hul deur die tweemiljoen-grens gebars het. Die bestuur skryf die sukses toe aan slegs een ding: Konsortium Merino se produsente. Mnr. Cobus Vivier, stoetraadgewer, meen Konsortium Merino se produsente is die hart van elke

veiling. “Hulle geloof in die Konsortium-soort is die beste advertensie vir ons skaap.” Meyer sê verder dat hierdie `n eerste tree vir GWK in die Merinowêreld is. “Ons is opgewonde om ons diens aan die veeprodusent uit te brei.” Gawie voeg by dat GWK se ratte geolie was vir die veiling. “GWK se positiewe gesindheid, hulp en die gesellige manier waarop hulle saam met almal gekuier het, het bygedra tot die dag se sukses.” “Die aanbod was uitsonderlik,” sê Meyer. “Om die Konsortiummanne aan te haal: die veld het mooi vir die diere gesorg.”

37


Mnr. Charl de Villiers en sy vrou, Annatjie, op hul plaas Remhoogte in die Prieska-distrik.

Produsentefokus

Tania Fourie

Produsent van die jaar beskeie en nederig oor sy aanwysing GWK vereer produsent van Prieska vir sy volgehoue fokus om `n suksesvolle landbou-besigheid te bedryf. Mnr. Charl de Villiers van Prieska is tydens GWK se Icons-toekennings as produsent van die jaar aangewys. Tydens hierdie geleentheid het GWK in samewerking met Landbouweekblad landbouers en rolspelers vereer wat in `n moeilike omgewing innoveer om

38

die beste opbrengste en produksie te lewer. Kommuniek het by De Villiers op die plaas gaan kuier na die geleentheid. De Villiers het grootgeword in Bonnievale in die Boland, sy pa het geboer en dit was vir hom die enigste opsie om ook in die boerdery betrokke te raak. Hy

het in 1964 martikuleer en daarna vir ‘n jaar militĂŞre opleiding ontvang. Na afloop van sy opleiding het hy saam met sy pa begin boer. In 1973 het hy sy plaas in Prieska gekoop waar hy tans nog woonagtig is. Gevra waaraan hy sy sukses kan toeskryf vertel De Villiers lag-


gend die ou gesegde van agter elke man is daar `n vrou. “Dit is `n familie-besigheid en mens kan net krediet gee aan die hele span, die familie en die plaasbestuurders. Dít, en baie genade.” Verder vertel De Villiers dat Christo Wiese onlangs hierdie selfde vraag gevra was en sy antwoord het baie aanklank gevind by hom. Hy het gesê sy sukses kan net toegeskryf word aan een vierletter woordjie: WERK. De Villiers vertel dat Gerhard de Kock, `n dosent aan die Grootfontein Landboukollege altyd gepraat het van “knieëwerk”. Letterlike en figuurlike knieë-werk is dit wat bydra tot die sukses van enige besigheid. De Villiers sê hy is passievol oor die landbou omdat `n mens so na aan die natuur lewe en so afhanklik is van die natuur en klimaat. “Die boerdery is elke dag vol nuwe uitdagings. Ek dink

“WERK is die sleutel tot sukses,” vertel GWK se produsent van die jaar. Suid-Afrikaners kan positief wees oor die landboubedryf. Daar sal moet verandering kom van die regering se kant af, maar dit blyk darm besig om te gebeur. Die regering moet die belangrikheid van die landbou begin besef. Ons plant nog pekanneutbome en dis ‘n langtermyn verbintenis. `n Mens kan nie kortsigtig wees nie en moet hoop hê vir die toekoms.” De Villiers se benadering tot die boerdery is om alles betyds te laat gebeur. “Daar is `n landbou-skrywer van Engeland (Nieedham), wat heelwat artikels oor die verbouing van

graan skryf. “Die skrywer se pa het altyd gesê die verskil tussen `n goeie en `n swak produsent is net `n week. “Nieedham sê egter dit is net twee dae. Dinge op `n plaas moet betyds gebeur, dit is waar die verskil inkom.” De Villiers volg ook hierdie beginsel. Volgens hom moet alles op ‘n plaas in tyd gebeur, net twee dae se wag kan `n beduidende verskil maak. Oor die aanwysing as GWK se Produsent van die jaar is De Villiers baie beskeie. “Dit was `n groot verrassing en ook `n groot eer. Ek aanvaar dit met nederigheid en met baie groot dank, veral die groot geskenk wat daarmee saamgegaan het. “Dit was vir almal `n besonderse geleentheid, al was jy nie `n pryswenner nie. “Ek sal soos in die verlede GWK se goeie naam hoog hou oral waar ek gaan.”

Nóg ‘n innoverende oplossing deur GWK GWK Katoen

GWK Katoen ontdek deurlopend nuwe maniere om wisselbou suksesvol te maak. Ondersoeke na die regte kultivars en boerderypraktyke verseker ons produsente van volhoubare katoenproduksie. Wilber Rudman (Bestuurder: Katoen)

082 881 2281


Pret op die plaas

As die kat weg is, is die muis baas!

44


Kos met oorsprong By GWK is ons รกltyd op soek na maniere om die grense van landbou te verskuif. Een hiervan is om ons produsente se rou produkte self te verwerk en uiteindelik verbruikersprodukte wat hulle oorsprong op die plaas het, op winkelrakke te sit.


Leefstyl Carien Grobler

Smoor die vlamme wanneer jou ma-lyf uitgebrand het

Ek het drie wonderlike kinders. Hulle is liefdevol, kreatief en spelerig en bring groot vreugde in my lewe. Die laaste tyd geniet ek hulle egter nie meer nie. Ek weet dit klink verskriklik, maar soms wens ek hulle wil my net uitlos. My vriendinne vertel gereeld vir my hoe oulik my kinders is. Dit laat my baie skuldig voel, maar ek weet nie hoe om uit hierdie groef te kom om mawees weer te geniet nie. * Uitbranding is `n algemene term in die beroepswêreld, maar kom ook algemeen onder ma`s voor. Soos Kelly*, verkeer `n uitgebrande ma in `n toestand van

46

emosionele uitputting omdat moederskap `n mens se wêreld `n tyd lank op sy kop keer. Min slaap, die groot verantwoordelikheid van ouerskap en die groot hoeveelheid energie wat die versorging van `n baba vereis, kan `n ma laat voel dat sy niks oor het om te gee nie. Nietemin het haar baba haar nodig en kan ma`s nie verlof insit wanneer hulle uitgeput is nie! Die bekende Amerikaanse pediater dr. William Sears, staan in sy boek The Fussy Baby Book, `n hele hoofstuk aan uitbranding af. Sears en sy vrou, Martha, het agt kinders grootge-

maak en hy het gereeld gesien hoe moederskap in sy eie gesin sy tol eis. “As `n ma van agt kinders was ek al meer kere uitgebrand as wat ek kan onthou,” vertel Martha. “Ek het geleer hoekom dit gebeur, hoe om daaruit te kom en meer onlangs hoe om dit te voorkom. “Ek beskou uitbranding as die hoogste hekkie wat `n ma moet oorkom. As sy daarin slaag om dit te oorkom, te bemeester en te voorkom, sal sy as ma slaag.” Martha verduidelik dat uitbranding nie in een sin opgesom


kan word nie. “`n Goeie wegspringplek sou wees om te sê dat `n uitgebrande ma oorweldig voel deur haar omstandighede en dat sy min of geen reserwes het om die eise aan haar tyd, haar energie en haar menswees in geheel – fisiek, mentaal, emosioneel en geestelik – te hanteer nie.” Volgens Martha kom uitbranding in verskillende grade voor – van die toestand waarin `n mens verkeer wanneer jy die hele nag op was met `n siek kind en niemand het om jou die volgende dag te help nie – tot die uiterste van postpartum psigose. “Ongeag die graad van uitbranding wat `n ma ervaar, het sy hulp nodig.”

Die olie op die vuur

“Om `n probleem op te los is dit belangrik dat ons die versteekte oorsake identifiseer,” sê Sears. Hoewel ons nou en dan `n mate van verligting mag ervaar, sal die probleem altyd weer sy kop uitsteek as dit nie aangespreek word nie.” Hy het die volgende oorsake van uitbranding onder ma`s geïdentifiseer: Te veel, te vinnig. “Die meeste fisieke eise word gewoonlik aan `n ma gestel wanneer haar baba pasgebore is,” sê Sears. “Sy is pas deur die veeleisendste tyd in haar lewe en net daarna moet sy `n reeks uitputtende take aanpak.” Hy verduidelik dat sommige kulture glo dat `n nuwe ma hulp nodig het. In die westerse wêreld word egter van `n ma verwag om alles self te doen. “Sy sukkel dan alleen met `n tekort aan slaap, hormone wat moet normaliseer, uitgestelde etenstye, ekstra voedingsbehoeftes, ekstra wasgoed, asook die behoeftes van haar ander kinders.” Bekommernis. “Bekommernis kan `n groot deel van `n ma se ener-

gie in beslag neem en haar uitgebrand laat voel,” verduidelik Sears. “Daar is so baie dinge waaroor `n nuwe ma haarself kan bekommer. Sal sy `n goeie ma wees? Hoekom is haar maat skielik so gespanne? As die baba meer wakker word as wat sy verwag het, wonder sy of iets verkeerd is.” `n Tekort aan hulpbronne. Sears meen dat alle ma`s glo hul babas het koestering nodig, maar dat hulle dit nie altyd geniet nie. “`n Ma mag vind dat haar emosionele tenk leeg is wanneer haar omstandighede haar leegtap. Selfs die mees gefokusde ma kan verby haar vermoëns gedryf word.” Hy verduidelik dat dit vir sommige ma`s min neem om hulle oor die rant te stoot. Selfs `n uitgestelde ete of `n stort kan vir hulle te veel wees. Vir ander neem dit heelwat meer, soos `n trek én `n uitgestelde ete of stort. Nietemin is die gevoel van uitbranding vir albei ewe werklik. Verydelde verwagtings. “Wanneer ons verwagtings nie vervul word nie, voel ons dikwels wrewelig,” sê Sears. “Wreweligheid kan `n ma vinniger uitput as fisieke werk. Nietemin is `n ma se dag vol verydelde verwagtings: My baba moet langer slaap, korter slaap, meer slaap, minder slaap. Ek wil my kos eet wanneer dit warm is, sonder enige onderbrekings. Ek moet nou al my figuur terughê. Ander mense moet aanvaar en ondersteun wat ek as ma doen.” Bou jou kragte op. In die eerste paar maande is dit belangrik dat `n ma soveel as moontlik rus. “`n Mens moet nooit die verwoestende effek van aanhoudende min slaap onderskat nie,” sê Sears. “Vra hulp van familie, vriende, jou bure of huur `n oppasser.” Hy beveel ook aan dat ma`s

gereeld ontspan deur diep asemhaling en strekoefeninge te doen. Eet genoeg groente en vrugte, volgraanbrood en graankos, minder vet en suiker en drink meer water. Stop die kommer. Martha meen ander ma`s kan `n mens help om jouself minder te bekommer. “Vra raad van ervare ma`s met dieselfde waardes en `n ouerskapstyl wat soortgelyk is aan jou eie. Op hierdie manier is jy seker dat jy goeie raad kry en jou waardes en ouerskapstyl nie gekritiseer word nie.” Koester jouself. Volgens Sears vind ma`s dikwels dat hul emosionele tenks weer gevul word wanneer hulle gekoester word op dieselfde manier as wat hulle hul babas koester. “As jy leeggetap voel, vra jouself af: `Hoe koester ek my baba? `n Baba word vasgehou, gevoed, sy ma staar liefdevol in sy oë, sy gaan stap met hom, swaai hom in `n wiegie en sing vir hom wiegeliedjies.” Klop die wrewel. Martha meen elke ma moet die verydelde verwagtings in haar lewe identifiseer. Voorbeelde hiervan is: Ek het verwag my lewe sou dieselfde wees ná die geboorte van my baba. Ek het verwag dat ek glad nie met borsvoeding sou sukkel nie. Ek het verwag dat alles ná ses weke na normaal sou terugkeer. Die volgende stap is om jou verwagtings te laat gaan. “Dit kan moeilik wees as jy nie jou benadering aanpas nie. Vra jouself af of jou verwagting realisties is en gesels ook met ander ma`s wat soortgelyke frustrasies het. Jy sal agterkom dat jy nie alleen is nie en dat die vreugdevure hoog kan brand as jy jou verwagtings aanpas. *Skuilnaam

47


Gesondheid Leana Coetzee

Hou jou brein, jou bene en vel gesond met meer vitamien K Voordele van die relatief onbekende Vitamien K is onlangs uitgewys in `n studie deur die European Prospective Investigation into Cancer and Nutrition (EPIC), waar vitamiene K2 veral genoem is vir die voorkoming van prostaatkanker. Altesaam 11 000 mans het aan hierdie studie deelgeneem wat getoon het dat vitamiene K2 `n man se kans op prostaatkanker met 35% kan verminder. Hierdie vitamien word grootliks deur die lewer gebruik om die proteïene wat bloedstolling beheer, te aktiveer. Die studie deur EPIC het egter ook getoon dat vitamiene K2 `n groot rol speel om hartsiektes te voorkom, `n gesonde vel te verseker, sterk bene te vorm, breinfunksie te versterk en groei te ondersteun. `n Aanvulling van vitamiene K2 kan ook die kanse op Alzheimer se siekte en insulienweerstandigheid verminder. Hoeveel vitamiene is genoeg? Sommige kenners is van mening dat `n gebalanseerde maaltyd genoeg voedingswaarde bied om `n gesonde leefstyl te verseker, maar in vandag se gejaag is dit ongelukkig nie meer moontlik om drie keer per dag `n gesonde, ge-

48

balanseerde bord kos vir jou en jou gesin voor te sit nie. Daarom maak ons gebruik van plan B: vitamienaanvullings. Meeste van ons glo dat dit onskadelik is om te veel vitamiene in te neem omdat daar vir ons vertel word dat die liggaam in elk geval oortollige vitamiene weer uitskei. Dr. Tim Byers van die University of Colorado Cancer Centre sê egter studies toon dat mense wat meer vitamienaanvullings neem as wat nodig is, `n hoër risiko loop om ernstige siektes te ontwikkel. Te veel vitamiene C kan byvoorbeeld maagsiektes en mondsere tot gevolg hê. Hy beveel aan dat jy soveel vitamiene as moontlik inneem deur `n gesonde, gebalanseerde dieet. Vir meer ernstige tekorte is dit veilig om jou huisdokter te raadpleeg oor watter vitamienaanvullings die die beste vir jou sal wees.


Resep

Lek jou lippe af vir `n gebraaide varklies met mosterdsous Mosterdsous 3 eiers 160 ml suiker 20 ml mosterdpoeier 250 ml wynasyn 15 ml (1 e) vars gekapte grasuie 125 ml suurroom sout na smaak Vleis 1 heel varklies van 1 kg, swoerd ingesny sout en peper Metode n Klits die eiers en voeg die suiker en mosterd by. Klits goed. n Voeg die asyn geleidelik by en klits goed. n Geur met die sout en voeg die kruie by. n Klits oor `n kastrol met kookwater (wees versigtig dat die bak nie aan die water raak nie) tot die mengsel verdik het en net begin prut. n Laat afkoel en roer die suurroom by. n Geur die varklies met sout en peper en braai ongeveer 40 minute lank op warm kole tot gaar. n Sny in skywe en bedien met patats of suurkool.

49


Uit Piet se pen

Die ou omie staan en hike by Britstown. Ek ry eers verby en besluit om terug te draai. Miskien moet hy dringend iewers wees. Ek hou stil en die ou man vra baie beleefd `n saamry net tot op De Aar. In sy hand hou hy `n plastieksak met `n paar lemoene in vas. Die omie lyk oud en verniel. Sy dik swartraam bril se oor is met `n pleister vasgemaak. Hy dra `n verbleikte donkergroen nylon sweetpaktop. Sy bruin broek is al blink gestryk. `n Paar blink gepolitoerde swart skoene steek onder uit. “Ag, meneer ek so dankbaar vir hierdie liffie. My suster is siek op Britstown. Die lewe is maar hard vir ons ou pensioenarisse. Heen en weer kan ek nie ry nie, my motor is gedaan. Vandat ek weg is by Spoornet het dinge vir ons net agteruitgegaan. Meneer weet mos wat het hulle met ons pensioengeld aangevang,” sêvra hy. Tussen die gesels deur vind ek uit sy naam is Jan. Oom Jan Kok van De Aar. Sy vriende noem hom Kokkie. Die oom begin vertel hoe hy hom opgewerk het by die destydse spoorweë. Van wielklopper tot rangeerder binne vyf jaar. Stadig deur die range gekom tot by kondukteur. Sy lekkerste tyd was as kruier op die stasie. De Aar was daardie jare die plek om te wees. Dit het gedreun van die treine en gewemel van passasiers. Praat nou nie eers van die bekende bar op De Aar nie. Hier het menige passasier sy trein verpas. Ai, hy verlang na daardie

50

Help my tot op De Aar . . . dae. Deesdae is dit maar `n treurige verhaal. Hy was gelukkig om `n spoorweghuisie te kon koop. Dinge het aan die begin heel goed gegaan totdat hulle geld opgeraak het. “Meneer, wat het jy vandag oor van `n duisend rand as jy nog belastings en water en ligte moet betaal,” wil die oom weet? “By my huis is dit heeldag beurtkrag,” vervolg hy. Sy grootste probleem is twee kinders wat weer terug by hom in die huis is. Sy dogter se man het haar net so met die vier kinders gelos. Aan die begin het hy darem onderhoud betaal, maar dit was nie lank nie. Hy het skoon van die aardbol verdwyn. Vandag nog soek. Weg, soos in heeltemal weg. Ook maar `n regte ou nikswerd wat net heeldag wou sit en suip. Hy het haar destyds gewaarsku oor die man se ducktail-maniere, maar sy wou niks weet nie. Het hy hom maar daai aand wat hy sy dogter geslaan het, goed geklop, dan was dinge dalk anders. Vandag is hy spyt oor dié geleentheid wat hy deur sy vingers laat glip het. Seker ook maar goed, want hulle sou hom van moord aangekla het. Sy seun het weer sy werk op die myne verloor. Sy vrou ook gelos en met `n regte slet hier by hulle kom intrek. Lê heeldag en slaap en beskinder sy vrou. “Nee meneer, dinge gaan maar druk.” Hy het vir hom gesê om van haar ontslae te raak, maar nee, hy hang aan haar soos `n hommelby. Oom Jan lyk moedeloos. Ek

bied aan om hom sommer by sy huis af te laai. Nuuskierig oor die familie waaroor hy so uitwei. Op die stoepmuurtjie sit `n vrou met bloedrooi lippe en rook. Dogter of slet? Vra liewer nie. In die agterplaas ry kinders op `n tyre-swaai. `n Basterhond lê langs die huis met `n swetterjoel kleintjies. `n Ou vrou vee die jaart met vuilgesig-kindertjies wat aan haar bene hang. Seun is besig om `n aan `n ou Mazda 323 te werk. `n Halfgedrinkte bier staan op die Mazda se dak. Black Label. Hy lê laag oor die modderskerm met net sy vet agterstewe wat uitsteek. Sy boude loer soos twee halfmane by sy broek uit. Die motor se een agterwiel is opgelig. `n Dik uitlaatpyp sigbaar. Pikswart gebrand. Oom Jan sê sy seun sukkel al maande om die kar aan die gang te kry. Hy wil liewer nie inmeng nie, want seun dink hy weet niks van karre af nie. Ek laai die oom af. Nee, ek verstaan nou. Terwyl ek wegry maal baie dinge deur my kop. Ons kla so maklik? Die oom Janne in die lewe is meer as wat ons dink!


Gemoedsrus vir die mense wat die wêreld voed. GWK Korttermynversekering Ons bied dekking vir enige versekerbare gevare wat kán gebeur.

Douglas Brits van den Berg (Uitvoerende Bestuurder: Versekering) 082 803 5190

Prieska Kannetjies Kotze Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4773

Douglas Marietjie Vermeulen Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4775

Hopetown Janitha Viljoen Korttermyn- en Oesversekering 082 889 4602

Barkly-Wes/Jan Kempdorp René van der Westhuizen Korttermyn- en Oesversekering 082 907 8548

Modderrivier Riana Shergold Korttermyn- en Oesversekering 082 808 2911

Douglas Wilmarie van der Schyff Korttermyn Kommersieël 082 382 8123

Ficksburg/Mooirivier Chris Shergold Korttermyn- en Oesversekering 071 633 3659

GWK is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Kommuniek September 2015 by GWK Kommuniek - Issuu