`n Handelsmerk van
Augustus Oktober // September November 2019
Ou MacDonald voed Katoen 'n vir jou, en vir jou, en vir jou uitstekende
wisselbougewas "Ons is hier om hoop te gee." Lekker Lanorma: Eersteklas gehalte en ekonomies Ons Boere, Ons Inspirasie 2019
40ste Agri NK kongres
NK Jongboer van die jaar: “Om te boer, is in my bloed.”
Geïnspireer deur ons boere
Perfect Water Management Solutions www.agriplas.co.za
nn
Agri plas
• Cost effective & high quality products • Excellent Technical knowledge & experience • Product training & Maintenance support
14 26 37 54
Ou MacDonald voed vir jou, en vir jou, en vir jou
Geïnspireer deur ons boere
ALFA 2019 laat die rekords spat
GWK Farmers Cup '19: Groot opwinding vir finaal ná die uitspeelrondte
8 10 12 17 23 29
Damme en temperature
Veilingskalender en -pryse
Landbouwenke
40ste Agri NKkongres
NK Jongboer van die Jaar: "Om te boer, is in my bloed."
Besproeiing: Laat elke druppel tel
33 38 43 48 51 56
Groenheuwel boeredag: 'n Dubbele sukses
Gradering van produkte op hoë standaard
Pekanneute en bemesting
Struktuur gefokus op ons produsente
André Spangenberg: "Dis my hele lewe om 'n boer te wees."
YES vir interns!
58 60 62 65 66
Ons spesialiste: Louis Nel
Leefstyl: Hoe rooier, hoe mooier!
KommuniekRAAI
Resep: Drukkoker hoender-en-rys
Uit Piet se pen: Oom Hansie sak uit
3
Direksie
Bestuur
Voorsitter Frank Lawrence
Besturende Direkteur: GWK Groep Llewellyn Brooks
Ondervoorsitter Hennie Coetzee
FinansiĂŤle Direkteur: GWK Groep Johan Geel
Llewellyn Brooks HF Cilliers Koos de Wet Johan Geel Wynand Human Nicolaas Kruger Frans Lubbe Tertius Marais Willem MĂźlke Eric Ramongalo Koos van der Ryst Louis Wilken
Besturende Direkteur: GWK Agri Frans du Plessis Besturende Direkteur: GWK Farm Foods Wim van Rooyen Besturende Direkteur: GWK Trading Tom Meintjes Uitvoerende Hoof: Groep Menslike Hulpbronbestuur Malcolm Jafta Uitvoerende Hoof: Groep Bemarking en Kommunikasie Neil de Klerk
Ons is pioniers in die agri- en voedselwaardeketting en is toegewy daaraan om 'n volhoubare besigheid te bou, groei te dryf en 'n beter toekoms vir al ons belanghebbendes te verseker. We are pioneers in the agri and food value chain, committed to shaping a sustainable business, driving growth and providing a better future for all stakeholders.
nn
Agricol
Uitgewer namens GWK Neil de Klerk (Groep Bemarking en Kommunikasie) Redakteur Leana Bezuidenhout 072 601 9420
Redakteursbrief Die afgelope maand was so ‘n warrelwind van dinge wat gebeur, dat ‘n mens vergeet van ‘n projek waarmee jy verlede week besig was.
Uitleg Leonore Louw Verspreiding Charné van der Merwe CharneVDM@gwk.co.za Advertensies ads@kommuniek.co.za Het jy iets om te deel? Gesels met ons: E-pos: LeanaB@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730 Hoofkantoor GWK De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf gwk.co.za Voorbladfoto: Ou MacDonald en sy seun, Frank
Vind ons aanlyn deur die QR-kodes met `n slimfoon te skandeer.
Kommuniek
6
En eintlik is dit só nodig dat ‘n mens soms stil staan en jouself ‘n kloppie op die skouer gee oor alles wat jy reggekry het, omstandighede waardeur jy is en uitdagings wat jy in geleenthede omgeswaai het. Die Agri Noord-Kaap Jongboer van die Jaar is ‘n voorbeeld hiervan. ‘n Boer wat, ten spyte van alle uitdagings wat na sy kant toe geslinger is, dit reggekry het om van sy boerdery ‘n groot sukses te maak. Ons joernalis praat met hom oor hierdie toekenning op bladsy 23. Daar is meer van hierdie stories in ons land as waarvan ons bewus is, die probleem is ons stoom net voort om te oorleef sonder aandag daaraan te gee. Ons hou binnekort GWK se Algemene Jaarvergadering (waaroor ons verslag sal doen in die volgende uitgawe van Kommuniek). Al die spanne in GWK het vir ‘n jaar lank toegewyd hard gewerk om die maatskappy op ‘n goeie plek te kry ná twee moeilike jare. Projek ná projek, uitdaging ná uitdaging, sonder om te rus en sonder om moedeloos te raak. Dit het resultate gelewer waarop ons bitter trots kan wees, maar die nuwe finansiële jaar het reeds in Junie afgeskop en ons is druk besig om te verbeter op hierdie goeie resultate. Koppe af, vorentoe.
Leana Bezuidenhout
Gelukkig is Kommuniek ‘n geleentheid om terugvoer te gee oor waarmee ons besig is en die impak wat ons projekte op GWK, boere en gemeenskappe het. Ons gee in hierdie uitgawe weer ‘n oorsig oor alles wat die afgelope tyd in ons area gebeur het. Die Agri NK-kongres was belaai met waardevolle inligting vir boere, en ons is baie trots op ons jarelange vennootskap met hierdie instelling. Ons nuwe TV-advertensie is amptelik bekendgestel en die publiek se reaksie daarop het ons weer laat besef hoe nodig dit is om die régte storie van landbou so wyd as moontlik te vertel. Verder neem ons ook deel aan ‘n regeringsprogram wat gefokus is op werklose jongmense en GWK het 60 jongmense, waarvan verskeie spog met goeie kwalifikasies, in verskeie besighede geplaas om werksondervinding te kry vir ‘n beter toekoms. Die impak hiervan op die gemeenskappe rondom ons, is enorm. ‘n Mens moenie onderskat wat dit vir jou gemoed beteken om trots te wees op jou bydrae tot die samelewing nie. In die bedryf waarin ons werk – landbou – is dit veral belangrik om te weet dat jy die ongelooflike regkry deur deel te wees van ‘n industrie wat kos aan die wêreld voorsien.
Spesialisbestuurder: Inhoudsontwikkeling
Geestelike Akker 'n Nuwe begin ... is moontlik Neom. Dít is die naam van die futuristiese stad in Saoedi-Arabië waaraan bouwerk onlangs begin is. Met die bekendstelling van die projek, wat gereken word as die "wêreld se mees ambisieuse projek" tot op hede, is genoem dat daar onder meer beplan word aan 'n eiland met robot dinosourusse, 'n strand wat in die donker gloei, 'n kunsmatige maan en ook vlieënde motors. As 'n mens vir die eerste keer van Neom hoor, klink dit amper te goed om waar te wees. Hoe op dees aarde kan 'n mens 'n land binne 'n land bou? Of 'n woestyn in 'n wonderwêreld omskep? Hierdie Neom-droom het geverg dat een persoon (of dalk 'n groep mense) moes uitstap om die onmoontlike op te droom. Nou, met verloop van tyd en toenemende video- en fotovoorstellings van hoe Neom behoort te lyk, word dit 'n al groter realiteit – 'n mens begin selfs uitsien na wat binnekort 'n realiteit behoort te wees. In ons eie lewens veroorsaak uitdagings soms dat 'n area soos 'n woestyn kan voel – 'n huwelik waarin konstant baklei word; 'n gesondheidstoestand wat jou liggaam daagliks laat verswak; finansies wat beroerd lyk; of dalk 'n reusagtige uitdaging by die werk. Te
midde hiervan benodig ons ook soms 'n "Neom"-oomblik – 'n oomblik waarin ons kyk na die realiteit, maar in ons geestesoog die uitkoms visualiseer. In Hebreërs 11:1 lees ons: "Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie." En in Matteus 19:26 sê Jesus: "Vir mense is dit onmoontlik, maar nie vir God nie, want vir God is alles moontlik." Wat is daardie woestynagtige areas in jou lewe? Trek jou pen en papier nader en begin neerskryf hoe jy graag wil sien dat God die situasie verander. Wat vandag vir jou onmoontlik lyk, mag dalk môre iets word waarna jy uitsien – nie omdat jy dit 'n werklikheid kan maak nie, maar omdat jy die Een aanbid wat spesialiseer daarin om die onmoontlike moontlik te maak. Sterkte. Gebed: Vader God, baie dankie dat U groter is as die hier en nou. Help my om my oe op U te hou en uit my gemaksone te stap om U te vertrou vir die deurbrake wat tans onmoontlik voel. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
Benescke Janse van Rensburg (versndag.co.za)
7
Damme en temperature
Huidige stand van damme 30
Vanderkloofdam
80,88
25
Vaaldam
50,73
Bloemhofdam
82,48
Vaalharts Stuwal
78,01
Douglas Stuwal
103,93
10
Spitskopdam
65,06
5
Taungdam
95,86
0
Rietrivier
Kalkfonteindam
24,79
Modderrivier
Krugersdriftdam
79,44
Douglas Lunenburg 40
35
35
30
) ID D
EL BU RG
(E C
N SD RI FT
rp do
25 Temp. °C
25 20
Temp. °C
LTM
Prieska Green Valley Nuts 40
30
15 10
20 15 10 5
5 0
0
-5
-5
15
22
29
5
12
19
26
3
10
-10
17
15
22
29
5
Dae
12
19
26
3
10
17
26
3
10
17
3
10
17
Dae
Rietrivier
Hopetown 60
40 35
50
30
40
25 20
Temp. °C
Temp. °C
Ke m p
M
2018-2019
45
-10
ZO UT PA
G re
en
Ja n
V
H
op et ow
er vi
n
15
eb ur g
Hartsrivier
20
Lu n
Vaalrivier
Reën (mm)
74,86
Ri et ri
% Vol
N ut s
Dam Gariepdam
Oranjerivier
al le y
Riviersisteem
Werklike vs. langtermyn reënval 35
15 10 5
30 20 10
0 0
-5 -10
15
22
29
5
12
19
26
3
10
-10
17
15
22
29
5
Dae
Middelburg Grootfontein 40
35
35
30
30
25
25
20
20
Temp. °C
Temp. °C
Jan Kempdorp
15 10 5
15 10 5
0
0
-5
-5
15
22
29
5
12
19
26
3
10
17
-10
15
Dae
8
19
Dae
40
-10
12
Maksimum
22
29
5
12
19
Dae
Maksimum langtermyn
Minimum
Minimum langtermyn
26
Bioinsectories
nn
GET RID OF FLIES INTELLIGENTLY GET GET RID OF FLIES INTELLIGENTLY GET GETRID RID RIDOF OF OFFLIES FLIES FLIESINTELLIGENTLY INTELLIGENTLY INTELLIGENTLY
Unrivalled Unrivalled quality quality and and professional professional service. service. BISA BISA breeds breeds and and distributes distributes parasitic parasitic wasps wasps to to control control flies flies in the pupa phase and therefore offers you fly control, the natural way. in the pupa phase and therefore offers you fly control, the natural way. Unrivalledquality qualityand andprofessional professionalservice. service.BISA BISAbreeds breedsand anddistributes distributesparasitic parasiticwasps waspstotocontrol controlflies flies Unrivalled Unrivalled Unrivalledquality qualityand andprofessional professionalservice. service.BISA BISA breeds breedsand and distributes distributesparasitic parasiticwasps waspstotocontrol controlflies flies Long-term economical benefits. thepupa pupaphase phaseand and therefore offersyou youfly flycontrol, control,the thenatural naturalway. way. ininthe therefore offers Long-term economical benefits. ininthe thepupa pupaphase phaseand andtherefore therefore offers offersyou youflyflycontrol, control,the thenatural naturalway. way. Less chemical pollution. Less chemical pollution. A by producing environmentally friendly products. A marketing marketing advantage advantage by producing environmentally Long-term economical benefits. friendly products. Long-term economical benefits. Long-term Long-termeconomical economicalbenefits. benefits. Lesschemical chemicalpollution. pollution. Less Less Lesschemical chemicalpollution. pollution. Contact us marketingadvantage advantagebybyproducing producing environmentally friendlyproducts. products. A Amarketing environmentally Contact us 2018 friendly STOCKFARM DECEMBER A Amarketing marketing advantage advantage bybyproducing environmentally environmentally friendly friendlyproducts. products. Arno •• producing Managing •• Cell: STOCKFARM DECEMBER 2018083 270 Arno Moore Moore (Ph.D) (Ph.D) Managing Director Director Cell: 083 270 4866 4866 Email: Email: arno@bioinsectsa.com arno@bioinsectsa.com •• bisa@bioinsectsa.com bisa@bioinsectsa.com Web: www.bioinsectsa.com www.bioinsectsa.com Contact Contactus us •• Web:
60 60
Contact Contactus us
9
Veilingskalender en -pryse
31 Okt 31 Okt 05 Nov 07 Nov 12 Nov 14 Nov
19 Nov 20 Nov 21 Nov 23 Nov 26 Nov 28 Nov
Karkas-kompetisie, Koopmansfontein Grootvee-veiling, Thaba Nchu Grootvee/kleinvee, Kimberley KommersiĂŤle veiling, Hertzorgville Grootvee/kleinvee, Kimberley Karoo Boerbokveiling, Groblershoop
Grootvee/kleinvee, Kimberley Grootvee-veiling, Thaba Nchu KommersiĂŤle veiling, Griekwastad Karoo Boerbokveiling, Lichtenburg Grootvee/kleinvee, Kimberley Maandveiling, Wepener
Veilingspryse vir lewendehawe - September / Oktober 2019 16/09 - 20/09
30/09 - 04/10
07/10 - 11/10
14/10 - 18/10
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Slagosse
R19,86
Slagosse
R18,30
Slagosse
R25,32
R17,50
Slagkoeie
R16,29
Slagkoeie
R18,66
Slagkoeie
R15,64
R15,23
Maer beeste
R15,50
Maer beeste
R15,87
Maer beeste
R17,65
Ligte kalwers (180-200kg)
R27,60
Ligte kalwers (180-200kg)
R28,00
Ligte kalwers (180-200kg)
R27,34
Ligte kalwers (180-200kg)
R29,27
R27,00
Swaar kalwers (201-250kg)
R25,00
Swaar kalwers (201-250kg)
R25,50
Swaar kalwers (201-250kg)
R27,63
Swaar kalwers (201-250kg)
R27,31
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Slaglammers
R32,00
Slaglammers
R28,15
Slaglammers
R27,21
Slaglammers
R28,57
Slaglammers
R29,22
Bees
Kby
Bees
Slagosse
R24,00
Slagosse
Slagkoeie
R17,30
Slagkoeie
Maer beeste
R16,80
Maer beeste
Ligte kalwers (180-200kg)
R28,50
Swaar kalwers (201-250kg)
Kby
Stoorlammers R30,89
Stoorlammers R31,94
Stoorlammers R34,22
Stoorlammers R30,40
Kruislammers
R30,00
Kruislammers
R30,79
Kruislammers
R31,00
Kruislammers
R33,00
Kruislammers
R30,10
Slagooie
R25,50
Slagooie
R21,05
Slagooie
R21,15
Slagooie
R24,60
Slagooie
R24,78
Maer ooie
R23,00
Maer ooie
R19,29
Maer ooie
R19,32
Maer ooie
R21,30
Maer ooie
R23,00
Klein bokkies
R55,00
Klein bokkies
R48,14
Klein bokkies
R42,32
Klein bokkies
R49,38
Klein bokkies
R41,83
Medium bokke
R48,00
Medium bokke
R39,50
Medium bokke
R39,90
Medium bokke
R40,89
Medium bokke
R33,68
Stoorlammers R33,00
Groot bokke Bokooie
10
23/09 - 27/09
Groot bokke
Groot bokke R27,00
Bokooie
R33,47
Bokooie
Groot bokke R30,48
Bokooie
Groot bokke R36,11
Bokooie
R35,32
Raak ontslae van
lastige peste lastige lastige peste peste Raak ontslae van Raak ontslae van
en geniet dit weer om buite te wees! en geniet dit weer om buite te wees! en geniet dit weer om buite te wees!
COOPERS ULTRAMATIC ECO TOEDIENER COOPERS Hoë kwaliteit en duursaam, ULTRAMATIC ECO COOPERS met chemies bestande TOEDIENER ULTRAMATIC ECO plastiek - gebruik saam met Hoë en Hoë kwaliteit kwaliteit en duursaam, duursaam, TOEDIENER COOPERS FLY KILLER met chemies met chemies bestande Hoë kwaliteit enbestande duursaam, RUIMTESPROEI. Maklike plastiek -- gebruik saam met plastiek gebruik saam met met chemies bestande gebruik 3 verstelbare COOPERS FLY KILLER COOPERS FLY KILLER plastiek -met gebruik saam met spuitintervalle. 2 Jaar RUIMTESPROEI. Maklike RUIMTESPROEI. Maklike COOPERS FLY KILLER waarborg. gebruik met gebruik met 3 3 verstelbare verstelbare RUIMTESPROEI. Maklike spuitintervalle. 2 spuitintervalle. 2 Jaar Jaar gebruik met 3 verstelbare waarborg. waarborg.2 Jaar spuitintervalle. waarborg.
FLYZONE REUSABLE
Vermindering van vlieë FLYZONE populasie by geboue REUSABLE FLYZONE wanneer buite geplaas Vermindering van vlieë Vermindering van vlieë REUSABLE word. Chemikalieë word populasie by geboue populasie by van geboue Vermindering vlieë minder gebruik. wanneer buite geplaas wanneer buite geplaas populasie by geboue word. Chemikalieë word word. Chemikalieë word wanneer buite geplaas minder gebruik. minder gebruik.word word. Chemikalieë minder gebruik.
Coopers
COOPERS ULTRAKILL FLY KILLER COOPERS nn ‘n Ruimtesproei mat ‘n ULTRAKILL FLY COOPERS outomatiese masjien soos KILLER ULTRAKILL FLY die ‘n COOPERS ULTRAMATIC Ruimtesproei mat ‘n Ruimtesproei mat ‘n KILLER ‘n TOEDOENER. outomatiese masjien outomatiese masjien soos ‘n Ruimtesproei matsoos ‘n die COOPERS ULTRAMATIC die COOPERSmasjien ULTRAMATIC outomatiese soos TOEDOENER. TOEDOENER. die COOPERS ULTRAMATIC TOEDOENER.
COOPERS ULTRAKILL WETTABLE COOPERS POWDER ULTRAKILL COOPERS Gebruik binnehuis waar WETTABLE ULTRAKILL kos WETTABLE hanteer word, soos POWDER fabrieke en hotelle, waar waar Gebruik binnehuis Gebruik binnehuis waar POWDER hoëhanteer higiene gehantaaf kos word, soos kos hanteer word, soos Gebruik binnehuis waar moet word. fabrieke en waar fabrieke en hotelle, hotelle, waar kos hanteer word, soos hoë gehantaaf hoë higiene higiene gehantaaf fabrieke en hotelle, waar moet word. moet word. hoë higiene gehantaaf moet word.
COOPERS ULTRAKILL D.B.M. DOUBLE COOPERS STRENGTH ULTRAKILL COOPERS Gebruik buite op D.B.M. DOUBLE ULTRAKILL vensterbanke, hondehokke STRENGTH D.B.M. DOUBLE en Gebruik soortgelyke buite op Gebruik buiteplekke op STRENGTH waar vlieë geneig is om vensterbanke, hondehokke vensterbanke, hondehokke Gebruik buite op saam te hondehokke drom. en plekke en soortgelyke soortgelyke plekke vensterbanke, waar vlieë geneig is waar vlieë geneig is om om en soortgelyke plekke drom. saam te drom.is om waarsaam vlieë te geneig saam te drom.
COOPERS MULTICARE HOME COOPERS ‘n Emulgeerbare konsentraat MULTICARE COOPERS insekdoder met vinnige HOME MULTICARE uitklop, uitspoel en ‘n konsentraat ‘n Emulgeerbare Emulgeerbare konsentraat HOME aksie virvinnige beheer insekdoder met insekdoder met vinnige ‘nresiduele Emulgeerbare konsentraat van kruipende en vinnige vlieënde uitklop, uitspoel en uitklop, uitspoel en insekdoder met insekte. Vir gebruik residuele vir residuele aksie vir beheer beheer uitklop,aksie uitspoel enin kombuise en tuine. van kruipende en vlieënde van kruipende en vlieënde residuele aksie vir beheer insekte. Vir gebruik in insekte. Vir gebruik in van kruipende en vlieënde kombuise en kombuise en tuine. tuine.in insekte. Vir gebruik kombuise en tuine.
COOPERS ULTRAKILL D-BUG COOPERS Kapsule suspensie, met ULTRAKILL COOPERS unieke voorddele. Vou, D-BUG ULTRAKILL breek en drup, geen Kapsule suspensie, met KapsuleD-BUG suspensie, met
afmeting nodig nie.Vou, Hou unieke unieke voorddele. voorddele. Vou, Kapsule suspensie, met totvoorddele. 3 mande. breek en drup, geen geen breek en drup, unieke Vou, afmeting nodig Hou afmeting nodig nie. Hou breek en drup,nie. geen tot mande. tot 3 3nodig mande. afmeting nie. Hou tot 3 mande.
Volledige reeks beskikbaar op... Volledige reeks beskikbaar op... Volledige reeks beskikbaar op...
www.cooperses.com www.cooperses.com www.cooperses.com
+2786 030 3003 +2786 030 3003 +2786 030 3003 info@cooperses.co.za info@cooperses.co.za info@cooperses.co.za
REGISTRASIE HOUER: Starplex 83 CC Reg. Nr. 2004/015647/23 Posbus 14374, Bredell, 1623, SUID AFRIKA • NOODNOMMER: +2782 446 8946 VERSPREIDING DEUR: Coopers Environmental Science (Pty) Ltd REGISTRASIE REGISTRASIE HOUER: HOUER: Starplex Starplex 83 83 CC CC Reg. Reg. Nr. Nr. 2004/015647/23 2004/015647/23 Posbus Posbus 14374, 14374, Bredell, Bredell, 1623, 1623, SUID SUID AFRIKA AFRIKA • • NOODNOMMER: NOODNOMMER: +2782 +2782 446 446 8946 8946 DEUR: Environmental (Pty) Ltd REGISTRASIE HOUER: Starplex 83 CC VERSPREIDING Reg. Nr. 2004/015647/23 Posbus 14374, Bredell,Science 1623, SUID • NOODNOMMER: +2782 446 8946 VERSPREIDING DEUR: Coopers Coopers Environmental Science (Pty)AFRIKA Ltd VERSPREIDING DEUR:enCoopers Environmental Science (Pty) Ltd Fly Zone Ultimate Fly Trap Reg. Nr. L8778 Wet Nr. 36 van 1947 Aktiewe Bestanddeel: Vismeel, Eierwitte Brouergis (Geen aktiewe insekdoder bestanddele nie) • D.B.M. Double Strength Reg. Nr. L4576 Wet Nr. 36 van 1947 Namibiese
Reg. Nr. N-AR 0587 Aktiewe Bestanddeel: Bromchlorfos(organofosfaat) 960 g/ℓ SKADELIK • D-Bug Reg. Nr. L10095 Wet Nr. 36 van 1947 Aktiewe Bestanddeel: Deltametrien (piretroïed) 25 g/ℓ VERSIGTIG • Home Reg. Nr. L10292 Wet Nr. 36 van 1947 Aktiewe Bestanddeel: Permetrien (piretroïed) 25/75 cis/trans isomere 100 g/ℓ SKADELIK • Fly killer Ruimtesproei Reg. Nr. L8409 Wet Nr. 36 van 1947 Namibian Reg. Nr. N-AR 1247 Aktiewe Bestanddele: Piretriene 15 g/kg Fly Trap Reg. Nr. Nr. 1947 Aktiewe Vismeel, en (Geen aktiewe insekdoder bestanddele nie) •• D.B.M. Double Strength Reg. Nr. Nr. 1947 Namibiese Fly Zone Zone Ultimate Ultimate Fly Fly150 Trap Reg. Nr. L8778 L8778• Wet Wet Nr. 36 36 van van Aktiewe Bestanddeel: Bestanddeel: Vismeel, Eierwitte Eierwitte en Brouergis Brouergis (Geen aktiewe insekdoder nie)1947 D.B.M. Double Strength Reg. Nr. L4576 L4576 Wet Wet Nr. 36 36 van van 1947VERSIGTIG Namibiese Piperonielbutoksied g/kg SKADELIK Ultramatic Eco1947 Ruimtesproei Toediener Produkkode 810160 • Ultrakill Wettable Powder Reg. Nr. L10064bestanddele Wet Nr. 36 van Aktiewe Bestandeel: Alfa Cypermetrien (piretroïed) 50 g/kg Reg. Nr. 0587 Aktiewe Bestanddeel: Bromchlorfos(organofosfaat) 960 •• D-Bug Reg. L10095 Nr. 36 Aktiewe Bestanddeel: Deltametrien (piretroïed) 25 VERSIGTIG • Home Reg. Nr. L10292 Wet Reg.Zone Nr. N-AR N-AR 0587Fly Aktiewe Bestanddeel: Bromchlorfos(organofosfaat) 960 g/ℓ g/ℓ SKADELIK SKADELIK D-Bug Reg.enNr. Nr. L10095 Wet Wet Nr. aktiewe 36 van van 1947 1947 Aktiewebestanddele Bestanddeel: Deltametrien (piretroïed) 25 g/ℓ g/ℓ VERSIGTIG Home Nr.1947 L10292 Wet Nr. Nr. Fly Ultimate Trap Reg. Nr. L8778 Wet Nr. 36 van 1947 Aktiewe Bestanddeel: Vismeel, Eierwitte Brouergis (Geen insekdoder nie) • D.B.M. Double Strength Reg. Nr. L4576 •Wet Nr.Reg. 36 van Namibiese 36 van 1947 Aktiewe Bestanddeel: Permetrien (piretroïed) 25/75 cis/trans isomere 100 g/ℓ SKADELIK •• Fly killer Ruimtesproei Reg. Nr. L8409 Wet Nr. 36 van 1947 Namibian Reg. Nr. N-AR 1247 Aktiewe Bestanddele: Piretriene 15 g/kg 36 van 1947 Aktiewe Bestanddeel: Permetrien (piretroïed) 25/75 cis/trans isomere 100 g/ℓ SKADELIK Fly killer Ruimtesproei Reg. Nr. L8409 Wet Nr. 36 van 1947 Namibian Reg. Nr. N-AR 1247 Aktiewe Bestanddele: Piretriene Reg. Nr. N-AR 0587 Aktiewe Bestanddeel: Bromchlorfos(organofosfaat) 960 g/ℓ SKADELIK • D-Bug Reg. Nr. L10095 Wet Nr. 36 van 1947 Aktiewe Bestanddeel: Deltametrien (piretroïed) 25 g/ℓ VERSIGTIG • Home Reg. Nr. L10292 15 Wetg/kg Nr. Piperonielbutoksied 150 g/kg •• Ultramatic Eco Toediener Produkkode 810160 Wettable Powder Reg. Nr. L10064 Wet Nr. 36 van 1947 Aktiewe Alfa Cypermetrien (piretroïed) g/kg Piperonielbutoksied g/kg SKADELIK SKADELIK Ultramatic Eco Ruimtesproei Ruimtesproei Toediener 810160 ••• Ultrakill Ultrakill PowderReg. Reg.Nr. Nr.L8409 L10064 Wet van1947 1947Namibian Aktiewe Bestandeel: Bestandeel: Alfa1247 Cypermetrien (piretroïed) 50 50 g/kg VERSIGTIG VERSIGTIG 36 van 1947 Aktiewe150 Bestanddeel: Permetrien (piretroïed) 25/75 cis/trans isomereProdukkode 100 g/ℓ SKADELIK Fly killerWettable Ruimtesproei Wet Nr.Nr. 3636 van Reg. Nr. N-AR Aktiewe Bestanddele: Piretriene 15 g/kg Piperonielbutoksied 150 g/kg SKADELIK • Ultramatic Eco Ruimtesproei Toediener Produkkode 810160 • Ultrakill Wettable Powder Reg. Nr. L10064 Wet Nr. 36 van 1947 Aktiewe Bestandeel: Alfa Cypermetrien (piretroïed) 50 g/kg VERSIGTIG
11
Landbouwenke
Lusern en weiding
Grondbone
Lusern, veral laedormansie-kultivars, begin vinniger groei en besproeiing moet stelselmatig aangepas word. Fosfaatbemesting kan nou gedoen word. Vestiging van lusern in die lente word nie aanbeveel nie weens onkruiddruk en windskade. Indien lusern wel in die lente gevestig word, is dit raadsaam om dit saam met koring op sandgronde te plant om windskade te beperk. Die koring kan dan later doodgespuit word. Daar moet daarop gelet word dat koring nie te aggressief groei voordat dit doodgespuit word nie. Voersorghum kan aangeplant word sodra grond temperature bo 18°C is. Dis `n ideale, vinnig-groeiende, eenjarige somerweiding. Dien stikstofbemesting toe op meerjarige weidingmengsels om nuwe groei te stimuleer. Vermeerder besproeiing redelik drasties op hierdie mengsels, aangesien optimale groei in die lente en vroeë somer plaasvind. Kaliumontrekking wissel van 18-25kg/ha per ton lusernhooi wat afgehaal word. Mikroelemente soos sink, boor en molibdeen is net so belangrik vir lusernproduksie. Blaarmonsters kan geneem word wanneer lusern begin blom om te bepaal of daar enige tekorte is.
Begin grondvoorbereiding vir vroeë aanplantings wat in Oktober geskied. Indien baie mieliereste voorkom, moet dit verkieslik ingeploeg word om siektes te beperk. Gips kan ook voor planttyd toegedien en vlak ingewerk word. Die saadbed moet ferm en redelik fyn wees, maar nie te fyn nie om steeds windskade te beperk. `n Gelyk saadbed is belangrik sodat plantdiepte egalig is. `n Onegalige saadbed kan op-erding veroorsaak wat tot oesverliese lei. Maak seker die plant-rywydtes is dienooreenkomstig met die uithaaltoerusting aangepas.
Uie en saaduie Blaaspootjies begin aktief raak en moet beheer word. Dié plaag kan heelwat skade aanrig. Spuit voorkomend vir poeieragtige meeldou, veral in die vroeë lente as toestande vogtiger word.
Koring en gars Tesame met bemesting is onkruidbeheer die belangrikste praktyk. Gars en koring is gevoelig vir onkruiddruk, veral in `n jong stadium. Spuit slegs geregistreerde middels en hou streng by die aanbevole dosisse. Onkruiddoders moet verkieslik in gunstige weerstoestande gespuit word om optimale resultate te verkry. Vermy bespuiting met water wat `n hoë soutinhoud het. Dit beïnvloed die werking negatief. Indien die onkruiddoder sensitief is vir pH, moet `n buffer of versuurder bygevoeg word tot op die optimale pH-vlakke. Buffers of versuurders word voor die ander komponente in die spuittenk bygevoeg. Effektiewe stikstofbestuur deur die groeiseisoen stel die produsent in staat om hoë graanopbrengste met aanvaarbare proteïeninhoud te produseer. Lande moet gemonitor word vir vroeë infestasies van bladmyner. Hou in gedagte dat daar ‘n groot hoeveelheid bladmyner teenwoordig moet wees voordat daar skade sal wees. Sistemiese middels kan dan wel met sukses toegedien word.
12
Pekanneute Nuwe pekanneut-aanplantings kan in Augustus plaasvind. Sterk bome slegs met ‘n gesonde wortelsisteem moet geplant word. Tydens plant moet die penwortel en die sywortels geknip word (indien nie gedoen deur kwekery). Plantdiepte is belangrik, oppas vir te diep plant of dat boompies insak ná plant. Baie belangrik om op diepte te plant wat kwekery gemerk het. Goeie wortelgrondkontak direk na plant is noodsaaklik vir suksesvolle vestiging en daarom moet bome so gou as moontlik besproei word. Moet verkieslik nie kunsmis tydens plant in die plantgat toedien nie, aangesien die wortels maklik kan brand. Sinksulfaat kan wel tydens plant met die grond vermeng word (50g/boom). Die volgende aksies kan ook nou verrig word: Snoei en ‘hedge’ van gevestigde bome. Kyk uit vir stam- en basboorders. ‘Mulch’ gevestigde bome. Grondmonsters moet geneem word waar nuwe ontwikkeling volgende jaar gaan plaasvind, sodat grondregstellings gedoen kan word.
Ad: Montego
nn
V15914, V17614, V15913, V17612, V22165, V17492, V29157 (Act 36/1947)
Aktueel Leana Bezuidenhout
Ou MacDonald
voed vir jou, en vir jou, en vir jou Ou MacDonald het ‘n plaas gehad. En op sy plaas het ‘n paar koeie gewei... Dit is die eeu-oue storie van boerdery, van die mense wat met ploeg en skaar van oggend tot aand gewerk het om kos te produseer. En dit is waarop GWK se nuwe TV-advertensie gebaseer is. Ons het in die vorige uitgawe van Kommuniek ‘n vinnige kykie gegee na hierdie opvolg-advertensie. Dit volg op Hierdie Man Bou ‘n Ruimtetuig, ons animasie-advertensie wat in 2015 geloods is. Dit het die storie vertel van Frank (die boer), Frikkie (sy seun) en Flip (hulle plaashond) vertel. Dié advertensie is geskep om erkenning te gee aan Suid-Afrikaanse boere en ander mense wat in landbou werk om kos aan die land te voorsien. Die motivering agter hierdie film was juis om die publiek se fokus te verskuif na ons land se produsente. Die boodskap was duidelik: Boere bou r u i m t e t u i e, want sonder
14
hulle sal die res van die wêreld, soos wetenskaplikes en ingenieurs, nie die breinkos hê om ruimtetuie te bou, of die ander werk te doen wat die wêreld nodig het om ‘n beter toekoms te bou nie. Die reaksie hierop was oorweldigend. Aanlyn is die advertensie ongeveer 1,4 miljoen keer gekyk en het kykers sover as New York aangegryp. Die advertensie is uiteindelik bekroon met een Loerie- en drie Pendoring-toekennings – ‘n eerste vir ‘n Suid-Afrikaanse landboumaatskappy. Op 27 September vanjaar het die wêreld vir Ou MacDonald, Frank se pa, ontmoet. Ou MacDonald Het ‘n Plaas gee ‘n agtergrondkykie na waar Frank se passie vir landbou gebore is, hoe landbou oor tyd verander het, hoe tegnologie die wêreld van voedselverskaffing verander het, en hoe kennis tussen generasies verwissel word. Vir dié produksie het GWK weer die agentskap MullenLowe en die animasie-vervaardigers Bewilder TV genader, en met die ondersteuning van John Deere Financial en Valley Irrigation as
vennote, ‘n advertensie geskep wat, net soos die vorige een, harte aanraak. Die produksieproses was tydsaam, noukeurig en uiters kreatief. Dit het twee jaar geneem om al die karakters en items in die advertensie te ontwikkel en dan met verskillende animasietegnieke aanmekaar te sit. Kirk Gainsford, kreatiewe direkteur van MullenLowe, sê dat die proses tergelykertyd uitdagend en opwindend was. “Ons het geweet ons kan nie iets vervaardig wat net so goed is as die vorige een nie,” sê hy, “ons moes iets béter maak.” …maar die wêreld hou aan groei, met al hoe meer monde om te voer. En Ou MacDonald weet iemand moet voorsien. Hy gebruik tegnologie en leer van nuwe, beter maniere om te boer. Die advertensie fokus op die ewigveranderende landbou-omgewing en hoe Suid-Afrikaanse boere tegnologie inspan om volhoubare voedselsekerheid te verseker. “Ek hoop dat mense vir wie ons hierdie advertensie gemaak het, dit op dieselfde manier as ons sal ervaar,” sê Neil de Klerk (GWK se Uitvoerende Hoof van Groep Bemarking en Kommunikasie). “Die storie praat regtig met ons harte. Hiermee gee ons erkenning aan die ongelooflike mense wat werk vir ‘n beter toekoms vir ons almal.” Teen druktyd is die nuwe advertensie al meer as 120 000 keer aanlyn gekyk. Ons glo die rede hiervoor is omdat dit opreg, eerlik en geloofwaardig is. Omdat dit ‘n human truth is wat op elke liewe mens van toepassing is – as jy eet, het jy boere nodig. …en nou word hy elke dag wakker om vir jou en vir jou en vir jou te voed. Want, Ou MacDonald hét ‘n plaas, en dis maar net wat boere doen.
“This story is absolutely true words spoken.” – Thomas du Toit (Facebook)
“Absolutely BRILLIANT!! WOW!! Well done!!” – Margy Hinze (Facebook)
“Dankie aan ons land se BOERE.” – Piet van der Westhuizen (Facebook)
“This is really amazing and inspiring.” – ghostvill_beats (Instagram)
Skermgrepe uit die advertensie.
nn nn nn
Ad: Defensor, strip
15
Die beste diere verdien die beste veilings. GWK Veilings
16
Willie Meyer Hoof van Veilings 071 680 4103
Vrystaat Sarel Cilliers 082 447 7450
Kuruman Herman Laubscher 083 288 8887
Schalk Erlank Stoetvee-adviseur 082 558 6891
Kimberley Barco van Niekerk 072 384 9057
Humansdorp Jan Erasmus 087 820 4532
Aktueel Charné van der Merwe
40
STE
AGRI NOORD-KAAP
KONGRES Hoewel risiko’s altyd deel sal vorm van landbou kan die impak daarvan egter met tydige inligting sowel as goeie beplanning aansienlik verlaag word. Ongeveer 140 produsente het op 28 en 29 Augustus 2019 die jaarlikse Agri Noord-Kaap kongres bygewoon wat by die Horseshoe Inn in Kimberley gehou is. Oudergewoonte was GWK weer een van die hoofborge tydens hierdie kongres met die fokus Wees ingelig oor landbourisiko’s en beplan ‘n strategie, waartydens merkwaardige sprekers met produsente kom gesels het. President van Agri Noord-Kaap aan die woord “My mede-produsente in die NoordKaap kry baie swaar, was die woorde van my voorganger, Henk van Wyk, twee jaar gelede. Die rede hiervoor was die uitmergelende droogte as gevolg van ‘n jaarlikse reënval, wat gewissel het vanaf byna niks tot ver onder die gemiddelde reënval oor die grootste gedeeltes van die NoordKaap. Vyf dekades, ‘n halwe eeu en ‘n hele geslag later beleef 70% van die Noord-Kaap die ergste droogte nóg gedurende die afgelope vyftig jaar. Die Noord-Kaapse ekonomie het ook nog nooit die volle impak van hierdie droogte besef nie, aangesien die werklike effek daarvan eers in geskiedkundige syfers sigbaar sal word wanneer dit in retrospek beoordeel word,” het Nicol Jansen, President van Agri Noord-Kaap, gesê. Volgens Jansen is landbou die groot-
ste verskaffer van werk in die NoordKaap, wat die ekonomie van plattelandse dorpe onderhou, met 67% van die oppervlakte wat vir diereproduksie gebruik word. Die Noord-Kaap huisves verder ook 25% van die nasionale skaapkudde wat op die oomblik deur hierdie rampspoedige droogte bedreig word. Volgens Jansen is die infrastruktuur van die Noord-Kaapse paaie die verbindingsare waardeur die vloei van die ekonomie bewerkstellig word. “Dit bepaal nie slegs insette na die produksiesentrums en uitsette na die markte nie, maar ook die doeltreffendheid van reaksies op noodgevalle en die veiligheid van die publiek op ‘n daaglikse basis,” sê hy. Hy verduidelik verder dat die NoordKaap oor grondpaaie van sowat 24 000 km beskik, wat deur die departement van openbare werke en vervoer, onderhou moet word. Dit word egter bemoeilik deur die feit dat die finansiële toedeling aan die Noord-Kaapse departemente per kapita, en nie per kilometer, geskied nie. “Ek wil graag erkenning gee aan die departement van openbare werke en vervoer deur hulle te bedank vir die twintig nuwe skrapers wat tot die vloot toegevoeg is. Dit sal die ou skrapers vervang en kan as bystand ingespan word om te kan verseker dat ons grondpaaie in ‘n beter toestand is,” sê Jansen. “Moet nooit die belangrikheid van struktuur op grondvlak onderskat nie. Julle landbouvereniging is van onskatbare waarde, aangesien dit die vlak is
Nicol Jansen, President van Agri Noord-Kaap, oorhandig ‘n tjek van R2 miljoen as hulle bydrae tot Agri SA se Grond- en Omgewingsfonds aan hulle Adjunk-president, Pierre Vercueil, tydens die Agri Noord-Kaap kongres gedurende Augustus in Kimberley. (Foto: Johan Norval van Landbouweekblad)
Finaliste in die 2019 Noord-Kaap Jongboer van die jaar-kompetisie. Van links na regs is Hilton Megaw (Wenner van die Besproeiingsboerafdeling) asook Nicol Jansen en Phillip Botha (Wenners van die Veeboer-afdeling) sowel as Naas Fritz (Bestuurder van Toyota SA) en Liza Hanekom (Finalis in die Besproeiingsboerafdeling). (Foto: Johan Norval van Landbouweekblad)
17
waarop elke produsent hom/haarself in sy/haar gemeenskap kan organiseer. Elke produsent kan betrokke wees by die organisering van sy/haar onmiddellike omgewing deur aan landbouverenigings se aktiwiteite deel te neem, vergaderings by te woon en hulself beskikbaar te stel om vir ‘n termyn op hulle bestuur te dien. Julle moet sorg dat jul landbou-unies met kundige bestuur gevoed word en dat julle die diens, wat julle toekom, vanaf hulle eis. Julle is meer as welkom om ons te laat weet waar ons jul op provinsiale vlak kan help om weer momentum te verleen aan jul onderskeie landbouverenigings en -unies. Skakel gerus met jul plaaslike polisiestasies en munisipaliteite, maar wees altyd paraat om sodoende jouself, jou familie en jou bure te beskerm en te hulp te snel indien nodig,” het Jansen afgesluit. Onteiening sonder vergoeding Professor Danie Brand, direkteur van die Vrystaatse Sentrum vir Menseregte, het die debat oor grond gelei en die politieke risiko’s daaraan verbonde bespreek deur spesifiek te fokus op die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet. Hy het saam met gassprekers soos Pierre Vercueil, adjunkpresident van Agri SA, Wiaan van Rensburg van Agri Noord-Kaap Landelike Ontwikkeling, Yogis Saman, Hoof van Transformasie by Agriqua Holdings en Stolley Letshabo, ‘n opkomende produsent,
op die paneel gedien. Volgens Brand het die huidige debat oor grond reeds in Februarie 2018 ‘n aanvang geneem toe ‘n voorstel in die Parlement aanvaar is dat die moontlikheid ondersoek moet word om Artikel 25 van die Grondwet te wysig waardeur “onteiening sonder vergoeding” toelaatbaar sou wees. Daarna het ‘n grondwetlike hersieningspaneel in Desember 2018 aanbeveel dat Artikel 25 van die Grondwet wel gewysig moet word. ‘n Ad hockomitee is aangestel om teen einde Maart 2020 ‘n voorstel vir só ‘n wysiging te ontwikkel. Gegewe die politieke spel in hierdie verband tussen die ANC en die EFF, asook tussen verskillende faksies binne die regerende party, die ANC, is dit baie moeilik om met sekerheid te kan voorspel of Artikel 25 inderdaad teen Maart 2020 gewysig gaan kan word. Die aard van hierdie voorgestelde wysiging is egter baie duidelik en bepaal kortliks dat Artikel 25 sodanig gewysig moet word dat die Grondwet wel reeds onteiening teen vergoeding van ‘n nul bedrag toelaat,” het Brand gesê. “Afgesien van die onvermydelike negatiewe impak wat enige wysiging van Artikel 25 kan uitoefen op besigheidsvertroue en beleggersentiment, is dit egter bo alle verwagting vir produsente sowel as georganiseerde landbou-organisasies goeie nuus, weens twee redes. Eerstens beteken dit dat die nasionalisering van grond, soos voor-
gestel deur die EFF, asook onbeheersde grondbesetting glad nie meer vir die ANC as regerende party ‘n moontlikheid is nie en dit is beslis nie dié rigting wat hulle wil inslaan nie. Tweedens sal sodanige wysiging gering of selfs niksseggend wees met betrekking tot die wyse waarop dit grondeienaars se regsposisie gaan verander. Die onteiening teen vergoeding van ‘n nul bedrag is nog altyd deur die Grondwet toegelaat, soos dit baie duidelik in die huidige Onteieningswetsontwerp uiteengesit word. Die mees waarskynlike voorgestelde wysiging is dus niks meer as politieke posisionering wat nie enige werklike regsverandering inhou nie,” het hy verduidelik. Volgens Brand is dit kommerwekkend dat die voorstel van hierdie wysiging aandui dat die regering onteiening as ‘n sentrale metode beskou om grond te kan bekom vir grondhervormingsdoeleindes ten spyte daarvan dat landbougrond geredelik en relatief goedkoop beskikbaar is. Onteiening is ‘n uiters oneffektiewe en tydrowende metode vir die regering om grond te kan bekom, aangesien dit volgens ‘n lomp administratiewe proses geskied wat op verskillende maniere deur ‘n grondeienaar betwis en sodoende vertraag kan word,” verduidelik hy. Brand beklemtoon egter dat dit nodig is om ‘n wakende oog te hou oor die herstellende proses. “Daar is ‘n hernude fokus op die noodsaaklikheid van nuwe en herstellende eise, wat ingevolge daarvan ingestel is, en daar is ongeveer 124 000 sulke nuwe eise wat afgehandel moet word. Dié nuwe eise gaan egter nog vir baie lank die waarde van landbougrond, sowel as grondeienaars se vermoëns om hulle grond te kan hanteer, negatief beïnvloed,” het hy afgesluit. Ons moet bekommerd wees oor Eskom
Oorhandiging van die Postuum Oorkonde en Ere-presidentskap aan wyle Henk van Wyk se vrou en kinders wat dié spesiale toekenning namens hom ontvang het. (Foto: Johan Norval van Landbouweekblad)
18
Professor L.J. Grobler, dosent in meganiese ingenieurswese aan die Noordwes Universiteit, het tydens sy spreekbeurt hoofsaaklik gefokus op die elektrisiteitsvoorsiening in Suid-Afrika asook die ekonomiese risiko’s met betrekking tot energiekoste en -sekerheid. Buiten Grobler, wat die leier van die tweede besprekingspunt was, het hierdie paneel verder ook bestaan uit Dr. Requier Wait, Hoof van Ekonomie en Handel by Agri SA, Chris Schutte, Direkteur van Sonfin, Schalk Theron van S&L
Boerdery in Prieska en Sakkie Leimecke, Mede-hoof van Finansiering vir Energie by Nedbank. Volgens Grobler het Eskom gedurende die 2019 finansiële jaar ‘n verlies van ongeveer R20,7 miljard gely. “Een van die min positiewe aspekte in hierdie verband is egter dat Suid-Afrika oor die regte klimaat vir die benutting van sonenergie beskik,” het hy opgemerk. Agri SA en Fidelity ADT span saam teen plaasgeweld en landboumisdaad Agri SA het vroeg in 2017 reeds met Fidelity ADT ‘n ooreenkoms gesluit om ‘n reeks dienste en produkte vir gebruik deur die boerdery- en landelike gemeenskap beskikbaar te kan stel waardeur landelike veiligheid op ‘n meer praktiese wyse bevorder kan word. Dié vennootskap met ‘n filiaal van die Fidelity-diensverskaffer is aangegaan in ‘n poging om hoë vlakke van plaasaanvalle en ander landbouverwante misdaad aan te spreek. Die uitvoering daarvan word binne die raamwerk van die Landelike Beveiligingstrategie se doelstellings geïmplementeer en die polisie is ook ten volle ingelig van Agri SA se werksverhouding met Fidelity ADT. Volgens Agri SA het plaasaanvalle gedurende die 2017/2018-periode tot onaanvaarbare vlakke gestyg, terwyl aangemelde veediefstalsake ook met ‘n verdere 7,2% toegeneem het. Sewe uit elke tien landbou-eenhede het een of ander vorm van misdaad ervaar, terwyl 37,2% van produsente deurgeloop het onder diefstal van infrastruktuur. Die totale koste verbonde aan landbouverwante misdaad, wat R7,7 miljard beloop, dui daarop dat die Suid-Afrikaanse landbougemeenskap die herhaaldelike slagoffers van verskeie misdade is. Die erns van hierdie geweldsmisdade teen die landbougemeenskap het Agri SA genoop om dringend geleenthede te ondersoek om sodoende hulle veiligheid te kan verbeter sowel as om algemene misdaad aan bande te lê. Die probleem rakende die beveili ging van plase is té groot vir ‘n enkele organisasie, gemeenskap of selfs gesagstruktuur om te kan hanteer. Daarom bied Agri SA se ooreenkoms met Fidelity ADT verskeie samewerkingsmoontlikhede met hulle onderskeie provinsiale strukture, boereverenigings en plaaswagte, asook plaaslike sekuriteitsmaatskappye, waardeur Fidelity ADT se teg-
nologie en ander dienste ingespan kan word in die beskerming van die landbougemeenskap. Die realiteit is egter dat geweldsmisdaad in die landelike landbougebiede nie slegs die plaaslike gemeenskap raak nie, maar ook die voedselproduksie, nasionale stabiliteit en ekonomie van Suid-Afrika negatief beïnvloed. Daarom bly dit een van Agri SA se grootste prioriteite om oplossings te kan bied op ‘n meer tasbare wyse vir die landelike veiligheidsbedreiging as ‘n uitdaging wat deur verskeie produsente regoor Suid-Afrika in die gesig gestaar en aangespreek moet word. Hierdie vennootskap bied ‘n opwindende geleentheid aan Fidelity ADT om, danksy die aansienlike ondersteuningstruktuur van die Fidelity-diensverskaffer, ‘n magdom kennis en ervaring rakende sekuriteit aan die landbougemeenskap sowel as landelike kliënte beskikbaar te kan stel. Dit sal geskied deur ‘n meer geïntegreerde asook robuuste veiligheids- en sekuriteitsdiens te lewer wat ook aan korporatiewe lede van Agri SA sowel as ander landboubesighede beskikbaar sal wees. Agri SA en Fidelity ADT streef daarna om bekostigbare sowel as voordelige veiligheidsoplossings aan die uiters kwesbare landbougemeenskappe te kan bied in die vorm van ‘n gesentraliseerde inligtingsentrum vir fasilitering van verskeie misdaadondersoeke en -arrestasies. Die suksesvolle implementering van hulle vennootskap sal afhanklik wees van nouer samewerkingsooreenkoms met die onderskeie plaaswagte sowel as plaaslike veiligheidsmaatskappye en boereverenigings waardeur hulle vaardighede opgeskerp kan word. Hierdie vennootskap bied egter ‘n geleentheid vir ‘n enkele toegangspunt tot landboubesighede en plaaslike veiligheidsmaatskappye om sodoende sekuriteitsprodukte en -dienste teen ‘n heelwat meer bekostigbare en volhoubare prysstruktuur te kan bekom. Fidelity ADT sal geïntegreerde stelsels aanbied, soos Radio Frequency Identification (RFID)-kodering en Closed Circuit Television (CCTV), insluitend termiese en optiese Internet Protocol (IP) asook analoog, sowel as die License Plate Recognition (LPR)- en Automatic Numberplate Recognition (ANPR)-kameras. Hulle bied ook oplossings vir brand- en toegangsbeheer asook moniterings-, beheerkamer- en wagdienste, wat
geïntegreer kan word om ‘n volledig pasgemaakte en bestuurde oplossing vir risiko’s te verseker. Die Noord-Kaapse en Vrystaatse provinsies is egter reeds aktief besig met die beplanning vir die implementering van hierdie onderskeie tegnologie sowel as dienste wat Fidelity ADT aanbied en na gelang van die behoefte sal soortgelyke beplanningsessies ook in ander provinsies plaasvind. Daar is niks soos ’n natuurramp nie! Klimaatsgebonde risiko’s sowel as ondersteuning gedurende rampe was die fokus van die heel laaste besprekingsessie op die Agri Noord-Kaap kongres en is gelei deur professor Dewald van Niekerk, Hoof van die Afrika Sentrum vir Rampstudies aan die Noordwes Universiteit. Die paneel het verder ook bestaan uit Danie Jacobs, Voorsitter van Omgewingsake, en Hannes Gerber, Navorsingsbestuurder, wat albei in hulle onderskeie hoedanighede aan die Noord-Kaapse Departement van Landbou verbonde is. Volgens professor van Niekerk, het menslike ontwikkeling gestyg totdat dit ‘n vlak bereik het waar die mensdom nou oor die vermoë beskik om verskeie siklusse, prosesse en stelsels van die aarde merkwaardig sowel as vir ewig te kan verander. “In die nuwe era, Antroposeen, wat ook bekend staan as “die era van die mens”, word ongekende druk as gevolg van die menslike gedrag op die natuurlike omgewing geplaas. Volgens navorsing rakende globale klimaatsverandering, gaan ons in die toekoms al hoe meer ongekende natuurlike gevare ervaar, insluitend meer intense sowel as gereelde meteorologiese en hidrologiese gebeure. Die mensdom is egter ook nie altyd onskuldig en magteloos nie, aangesien die mensdom blameer moet word vir hierdie rampe wat plaasvind,” verduidelik hy. “Die vraag is egter of siklone, asook aardbewings, steeds sou plaasvind en of vloede sowel as droogtes steeds sou voorkom as daar geen menslike bewoning op aarde was nie. Hoewel hierdie gebeure glad nie die siklus van die aarde verteenwoordig nie, kan dit veroorsaak word deur die mensdom se keuse om hulpbronne op bepaalde maniere te benut en ontwikkel. Ons kies om onsself binne spesifieke areas te vestig, wat bepaalde risiko’s insluit,
19
aangesien ons die aarde se hulpbronne uitput en boonop nog nuwe en ongekende risiko’s deur ons tegnologiese ontwikkeling skep,” het hy nadenkend gesê. Armoede en ongelykheid dien dus as die bewys dat miljoene mense magteloos is wanneer hulle deur natuurlike gevare gekonfronteer word. Verstedeliking word gekenmerk deur die konsentrasie van mense in beperkte ruimtes met beperkte hulpbronne. Ons, as mense, maak hierdie besluite en daarom is dit naïef van ons om natuurrampe die skuld te gee vir die teëspoed wat ons nou ervaar. Die Antroposeen-era, wat nuwe en dikwels moeilike besluite vereis, laat ontstaan die vraag of ons met die normale besigheid moet voortgaan en of ons alternatiewe moontlikhede moet ondersoek, wat nie altyd baie gewild is nie,” het van Niekerk afgesluit. Wat word van ons landbou en die toekoms? “Landbou en ons gesamentlike toekoms is iets waaroor almal bekommerd is. Die voetspore van agteruitgang, wat duidelik oral in Suid-Afrika te bespeur is en met beleidsonsekerheid gepaard gaan, skep ‘n uiters giftige omgewing wat ons as Suid-Afrikaners nie kan bekostig nie,” sê Omri van Zyl, Uitvoerende Hoof van Agri SA. Volgens Van Zyl het Agri SA daarin geslaag om landbou op ‘n nasionale sowel as internasionale vlak te kon posisioneer as ‘n progressiewe bedryf
wat baie graag ‘n verskil wil maak. “Buiten vir die openlike bedrywighede waarmee ons voortdurend besig is, gebeur daar egter ook geweldig baie agter die skerms,” sê hy. Van Zyl het vertel hoe hul op kamera met baie hoë afgevaardigdes van Amerikaanse en Europese Unies gesels het oor verskeie aktuele kwessies soos plaasmoorde, onteiening sonder vergoeding en beleggingsmoontlikhede in Suid-Afrika. Hulle het verder ook saam met hierdie afgevaardigdes die moontlikhede vir die uitbreiding van die African Growth and Opportunity Act (AGOA) bespreek. “Ons het binne Suid-Afrikaanse howe heelwat oorwinnings beleef in verband met die verkenning van skaliegas- en grondwaardes, maar as toonaangewende beleidsorganisaie besef Agri SA wel dat dié speelveld intussen aansienlik verander het. Verskeie implementeringsprobleme, insluitend nasionale uitdagings soos bek-en-klouseer, asook uitvoermarkte en internasionale mededinging, wat nie vanself sal weggaan nie, veroorsaak dat dit nie meer besigheid soos gewoonlik is nie. “Ek wil produsente egter gerus stel dat ons elkeen van hierdie aangeleenthede baie ernstig opneem deur werklik slegs die heel beste kundigheid in die land tot julle voordeel aan te wend. Soms moet jy slim boks, want daar is altyd gevolge op grond van wat gedoen word. Ons is egter ‘n oplossingsgeoriënteerde organisasie wat met verskeie ander organisasies hande gevat het, soos byvoorbeeld Fidelity ADT om op
Die personeel van Agri Noord-Kaap. (Foto: Johan Norval van Landbouweekblad)
20
plaasveiligheid te fokus en Nedbank om ‘n groen fonds te stig vir geleenthede met betrekking tot sonkrag. Ons doen verder ook vir die afgelope vier jaar reeds ons bes om elke produsent met droogtehulp by te staan. Ten spyte van wesenlike uitdagings bly ons egter hoopvol dat Agri SA ons strategie dienooreenkomstig sal kan aanpas om by al die huidige veranderinge in ons bedryf te kan aanpas,” het Van Zyl afgesluit.
“Landbou en ons gesamentlike toekoms is iets waaroor almal bekommerd is. Die voetspore van agteruitgang, wat duidelik oral in Suid-Afrika te bespeur is en met beleidsonsekerheid gepaard gaan, skep ‘n uiters giftige omgewing wat ons as Suid-Afrikaners nie kan bekostig nie.” - Omri van Zyl Noord-Kaap Jongboer van die jaar Agri Noord-Kaap se finaliste vir Jongboer van die jaar in samewerking met Toyota, wat ook tydens hierdie kongres aangewys is, was Lisa Hanekom, Hilton Megaw en Philip Botha. Laasgenoemde is aangewys as die algehele Jongboer van die jaar in die Noord-Kaap asook as wenner van die vee-afdeling, terwyl Megaw aangewys is as wenner van die besproeiings-afdeling. Lees gerus meer oor die Noord-Kaap Jongboer van die jaar, Philip Botha, op bladsy 23.
21
GWK Trading Ons kry vir elke produk ‘n mark. Nasionaal en internasionaal.
Huis-ad
GWK Farm Foods Almal wil weet waar hul kos vandaan kom. Ons produkte het hul oorsprong op die plaas.
GWK Agri Alles wat jy nodig het op die plaas om van jou boerdery ‘n besigheid te maak.
Ons mense voed mense Die ware toekoms van landbou is nie in die groei van plante en diere nie; dit is om ons boere se besighede te groei. Ons ondersteun elke besluit oor elke aspek van boerdery, hetsy dit op die plaas, tydens die verhandeling van produkte of die kos op jou bord is. Skakel ons by 053 298 8200
22
Die 2019 Noord-Kaap Jongboer van die Jaar, Philip Botha saam met Zane, sy vrou en steunpilaar van die afgelope 16 jaar.
Produsentefokus Charné van der Merwe
NK JONGBOER VAN DIE JAAR:
“OM TE BOER, IS IN MY BLOED.” Philip Botha (39) van die plaas, Wildebeestkooi, net buite Strydenburg, is onlangs as die 2019 Noord-Kaap Jongboer van die Jaar in die veeproduksie-afdeling aangewys. “Tot vandag het ek steeds geen idee wie my vir hierdie kompetisie ingeskryf het nie, maar dis tog lekker om ‘n bietjie erkenning te kry en te sien dat ‘n mens se harde werk darem nie heeltemal verniet is nie,” vertel Botha. Botha is ‘n kommersiële merinoboer wat op die oomblik ‘n lamstelsel met ongeveer 4 000 merino’s op ‘n plaas van sowat 26 000 hektaar bedryf. “Hier in die Karoo vaar ons merino’s baie goed,” sê hy trots. Botha maak gebruik van ‘n sonkragaangedrewe voerstelsel in sy voerkrale asook volledig outomatiese lamhokke en ‘n gerekenariseerde identifise ringstelsel. “Ek dink die mees intensiewe gedeelte van die voerkrale en lamhokke gaan ons boerdery binne
die nabye toekoms waarskynlik nog heeltemal oorheers,” verduidelik hy. Hy het grootgeword in die omgewing van Strydenburg in die NoordKaap, maar het egter sy hoërskoolloopbaan by Paarl Gimnasium voltooi. Dis ook hier waar hy vir Zane, sy vrou en steunpilaar van die afgelope 16 jaar, ontmoet het. Dié egpaar is geseën met twee kinders wat absoluut mal is oor die plaaslewe. “Hulle begin al klaar vra wanneer ons by die see gaan bly sodat hulle die plaas kan oorneem en begin boer,” skerts Zane. Zane, wie se pa met vrugte sowel as wyndruiwe tussen Bonnievale en Robertson geboer het, is welbekend met die plaaslewe asook al die uitdagings wat met ‘n boerdery gepaard gaan. “Dit was egter ‘n baie groot aanpassing vir haar om vanaf daardie lowergroen vlaktes na só ‘n droë plek te trek,” vertel Philip. Botha het na afloop van sy skool-
loopbaan eers vir ‘n jaar na Australië toe gegaan voordat hy bemarking aan die Universiteit van Stellenbosch gaan studeer het. Hoewel hy reeds in 2001 op die familieplaas aangekom het, was dit nie te lank daarna voordat hy vir vyf jaar lank die land platgery het om saam met sy broer wild te gaan oes nie. Botha se pa het die plaas van ongeveer 6 424 hektaar, wat toe reeds Wildebeestkooi geheet het, in 2003 gekoop. Nadat hy in 2010 oorlede is, het Botha egter na die plaas terug gekeer en sedertdien is hy voltyds op dié stuk grond, wat vir ‘n geruime tyd eers ‘n veepos was. Sy suster bly ook op die familieplaas, nie té ver van hulle af nie. Botha erken dat hulle boerdery op die oomblik ‘n baie uitdagende stadium beleef as gevolg van die huidige droogte. “Ons beskik nie oor enige reserwes op ons veld nie, wat beteken
23
“Dis ‘n kopskuif wat jy moet maak en jy moet net eenvoudig aanhou om elke dag vir jouself te sê dat dit vandag gaan reën!” - Philip Botha dat ons nie kos het nie en daarom moet ons meestal voer vir die diere gee,” verduidelik hy. Buiten die uitdaging van dié ongekende droogte wat produsente nou beleef, is ongediertes een van Botha se grootste risiko’s. “Dit verg daaglikse beplanning om hierdie ongediertes te kan beveg. Hoewel ek tot ‘n mate sukses behaal het met die elektriese omheining rondom sommige blokke waarin ek my lammers sit, raak die vangery van die roofdiere soms steeds
buite beheer. Ek en my jagspanne kry soms ook ‘n helikopter in as ons hulle nie andersins in die hande kan kry nie en dan vlieg ons totdat ons hul vang,” verduidelik hy. Botha gee egter toe dat hierdie droogte vir alle produsente een van die ergste droogtes nóg tot op hede is. “Ons probeer maar om die merino’s so ver as moontlik te voer, want uiteraard is dit vir geen produsent lekker om te sien hoe jou diere vrek nie. Dié droogte breek ‘n mens dus nie net fi-
nansieel nie, maar ook emosioneel,” verduidelik hy. Botha erken dat dit nie altyd maklik is om positief te bly nie. “Dis ‘n kopskuif wat jy moet maak en jy moet net eenvoudig aanhou om elke dag vir jouself te sê dat dit vandag gaan reën!” sê hy. Botha is ‘n gebore produsent, wat baie lief is vir diere sowel as die buitelewe. "As ek vir ‘n naweek iewers heen gaan, mis ek die stilte van die plaas vreeslik baie. Mense wat nie die plaaslewe ken nie, sal dit nie verstaan nie,” vertel hy. Plaasmoorde As ‘n produsent, vertel Botha dat elke plaasmoord hom diep raak, ongeag of hy die mense ken of nie. “Elke keer as ‘n boer in hierdie land vermoor word, vra jy jouself af: Hoekom was dit nie ek nie of wanneer is dit my beurt? Ons is dus nie só naïef om te dink dat dit nooit met ons sal gebeur nie,” sê hy, duidelik emosioneel. Botha vertel dat hulle tot sowat drie jaar gelede nog geen omheining rondom hulle erf gehad het nie. “Deesdae hou ons alles gesluit en sorg dat daar oral op die plaas kameras is, maar ons probeer nietemin steeds om nie toe te laat dat dit ons lewens heeltemal oorheers nie. Ons is paraat, maar ons gaan ook nie onsself mal maak deur ons die hele tyd daaroor te bekommer nie,” sê hy vasberade. “Wat vir my seker die ergste is, is dat die mense tydens plaasmoorde só erg gemartel word asook dat vroue en kinders deesdae só weerloos is. Deesdae moet elke vrou sorg dat sy bemagtig is om ‘n vuurwapen te kan gebruik sodat sy haarself kan beskerm en dit was nooit veronderstel om die geval te wees nie!” gaan hy voort. “Om ‘n boer te wees, is nie elke dag maanskyn en rose nie. Omtrent 90% van die tyd werk jy buite. Afgesien daarvan dat dit ‘n leefstyl is wat lang ure en harde werk verg, is dit soms ook ‘n baie ondankbare werk. Jy moet bereid wees om elke dag vroeg op te staan en om tot baie laat in die aande te werk,” sê Botha. Sy raad aan ander jong produsente is egter heel eenvoudig: “Werk hard, byt vas, glo, hoop en wees altyd positief!” Links: Philip Botha van die plaas, Wildebeestkooi, net buite Strydenburg, wat as die 2019 Noord-Kaap Jongboer van die Jaar in die veeproduksie-afdeling aangewys is.
24
Gesels met ons vóór die plantseisoen. Ad: Oliesade
GWK Oliesade
Oorweeg grondbone in jou wisselboustelsel en sien die voordeel wat dit vir jou boerdery kan inhou. Ons spesialiste kan jou bystaan met kundige raad en oplossings. Gesels met die span vandag: GWK Douglas Cloete Nortjie Carl du Toit Francois Cilliers
082 803 0687 082 906 2121 079 510 8474
Triotrade Schweizer-Reneke
Triotrade Bela-Bela
Albé Koen Ivan Payne
Chris van Zyl 082 931 4204 Manne van Heerden 082 903 4004
083 298 8001 083 261 6458
25
Aktueel Madri Scheepers
Geïnspireer deur ons boere
Ons het in die vorige uitgawe van Kommuniek vertel van die nuwe TV-program op kykNET sowel as die fotoprojek saam met SARIE-tydskrif, naamlik Ons Boere, Ons Inspirasie. Dié program het op Donderdag, 3 Oktober, op kykNET begin wys met ‘n bekende GWK-produsent, HF Cilliers, wat ook een van GWK se direksielede is, sowel as die hele Cilliers-familie. Ek was self van die begin af deel van hierdie projek toe GWK in 2018 die eerste fotoprojek saam met SARIEtydskrif aangepak het, maar selfs ons het nie eens geweet wat om van dié TV-program te verwag nie. So, met die eerste episode se uitsending daardie Donderdag het ek, saam met die res
26
“Wat die hele proses vir my spesiaal gemaak het, was om dit met my familie en die mense van Douglas te kon deel.” - HF Cilliers van GWK én Suid-Afrika, op die punt van my stoel gesit. Gedeeltelik miskien as gevolg van die spanning oor of alles reg gaan verloop, maar grotendeels omdat ek só verskriklik trots is op GWK wat deel is van hierdie TV-program en bowenal omdat dit op een van óns boere gefokus het. En die Cilliers’s het glad nie teleur gestel nie: Met ‘n hegte familieband en ‘n passie vir dit wat hulle doen, kon ‘n mens werklik sien waarom hulle ná vyf generasies steeds in die regte rigting beweeg. HF Cilliers sê dat hy aanvanklik self gewonder het oor hoe dit sou uitdraai, maar was aangenaam verras, veral oor die gehalte van die filmspan se kamerawerk. “Ek was aanvanklik onseker oor hoe die program sou lyk, maar net soos in boerdery, kry jy met goeie insette en toewyding goeie eindresultate. Dit is presies wat die vervaardigers met hierdie program reg gekry het. Wat die hele proses vir my spesiaal gemaak het, was om dit met my familie en die mense van Douglas te kon deel,” het HF opgewonde vertel. Teen die tyd wat hierdie uitgawe van Kommuniek by ons lesers is, het daar reeds ‘n paar ander episodes van Ons Boere, Ons Inspirasie ook op TV verskyn, maar ek kan wel noem dat ons kykers kan uitsien na ‘n reeks uiteenlopende verhale van ander inspireren-
de boere regoor Suid-Afrika. Van die droogtegeteisterde gebiede, waar produsente deur genade en geloof nog hulle boerderye aan die gang hou, tot by Stellenbosch, Wesselsbron en alles tussenin. Daar word egter ook weer ‘n paar keer in die Noord-Kaap gedraai, waar selfs nóg bekende gesigte hulle stories gaan vertel. GWK gebruik ook hierdie TV-program as ‘n platform om ons splinternuwe advertensie, Ou MacDonald Het ‘n Plaas, bekend te stel, wat aansluit by die inspirerende stories van ons land (en die wêreld) se boere. Daarom word hierdie advertensie word opgedra aan ons produsente en die belangrike werk wat hulle elke dag doen. Hoewel die Cilliers’s se storie klaar op die kassie verskyn het, kan ons lesers ook uitsien na die November 2019-uitgawe van SARIE-tydskrif, waarin die foto’s van produsente in die eerste drie episodes van hierdie TV-program, sal verskyn, insluitend HF Cilliers. Daardie uitgawe van SARIE-tydskrif sal reeds vanaf 21 Oktober op die rakke beskikbaar wees. Hou GWK, kykNET en SARIE se sosiale mediaplatforms dop vir meer inligting oor hierdie TV-program sowel as die ander opwindende projekte waarmee ons besig is! Laastens, dankie aan ons boere, julle is werklik ons inspirasie. Elke dag!
Hooffoto: HF Cilliers op sy plaas tydens verfilming. Regs onder: Die fotograaf, Marijke Willems, wys vir HF Cilliers en die aanbieders, Fanie Cronje en Eloise Pretorius, die foto's wat in die November uitgawe van SARIE verskyn. (Foto's verskaf deur SARIE en kykNET)
27
Elke haelwolk kan ‘n silwer randjie hê Stormweer kan astronomiese gevolge inhou vir jou gewasse wat tans op die lande staan... veral as ‘n belowende oes in ‘n ommesientjie deur hael verwoes word. Klimaatselemente wat veranderlikheid asook risiko’s in landbouproduksie meebring, maak oesversekering onmisbaar. Kies dus slim en beskerm jou oes teen onvoorsiene katastrofes met AgriSeker se omvattende en volhoubare risikobestuursoplossings en -produkte. Maak AgriSeker die silwer randjie om die haelwolk op jou horison. Besoek ons aanlyn by agriseker.co.za of kontak jou Versekeringsmakelaar. 28
AGRISEKER ONDERSKRYWINGSBESTUURDER (EDMS) BPK. REG NO. 2014/235270/07 IS ‘N GEMAGTIGDE FINANSIËLE DIENSTE VERSKAFFER: FSP NO. 45767. ONDERSKRYF DEUR LAND BANK INSURANCE (SOC) BPK. REG NO. 2012/115426/30.
GWK Agri Besproeiing Charné van der Merwe
Besproeiing:
Laat elke druppel tel Min mense verstaan die uitdrukking, “Water is skaars”, so goed soos besproeiingsboere, aangesien hul immers die kunsmatige voorsiening van water gebruik vir die aanplanting van gewasse waar die reënval onvoldoende is vir die volhoubare groei en produksie daarvan. Buiten vir suiwer lug, is vars water die aarde se kosbaarste produk. Die ontwikkeling van water-slim bestuursmetodes en -stelsels waardeur water optimaal benut asook spaarsamig gebruik sal kan word, is daarom van kardinale belang. Oranje Vaal Watergebruikersvereniging, in samewerking met HDL Consulting en Valley Irrigation asook GWK Landboukundige Dienste en GWK Besproeiing, het op 3 September 2019 ‘n Beproeiersdag aangebied, waar verskeie kenners op die gebied van effektiewe waterbestuur besproeiers kom toespreek het. Volgens Matthys Saayman, Tegniese Bestuurder van GWK Besproeiing, is dit belangrik dat besproeiers sulke inligtingsdae bywoon om sodoende blootstelling te kan kry aan van die heel nuutste tegnologie sowel as die opskerp van
basiese goeie besproeiingspraktyke. “Vandag is dit uiters belangrik om die basiese praktyke van effektiewe waterbestuur op die plaas te kan toepas as gevolg van nuwe tegnologie wat deesdae al hoe meer gereeld in die landboubedryf bekend gestel word. Enige besproeiingstelsel moet voldoen aan drie pilare, naamlik kapasiteit, eenvormigheid en effektiwiteit. Kapasiteit word benodig om genoegsame water gedurende piek-tye by die plantwortels te plaas, terwyl eenvormigheid benodig word om dieselfde hoeveelheid water asook kunsmis regoor die land te versprei en effektiwiteit om water vanaf die bron tot by die plantwortels te vervoer,” het Saayman gesê. Buiten hoë energiekoste wat ‘n afsonderlike ondersoek of energie-ouditstudie op die plaas vereis, is daar basiese aspekte van ‘n besproeiingstelsel waarna elke produsent kan oplet, soos die ruheid van die pyp en die verwydering van lug binne die pypstelsels. “Eerstens is die effek van die pyp se ruheid ‘n beraamde faktor wat tydens die ontwerp daarvan deur die konsultant bepaal word. Die ruheid van die pyp sal egter ook weer met die
verloop van tyd verander, afhangende van die water se kwaliteit sowel as die ouderdom, sedimentasie en biofilm van die pyp. Hierdie bykomende ruheid van die pyp sal bydra tot ‘n groter wrywing tussen verliese asook behoefte aan druk by die pompstasie wat produsente uiteindelik meer geld gaan kos. Die sedimentasie en biofilm van die pyp kan verwyder word deur die pyplyn gereeld te spoel, of andersins deur gebruik te maak van die pipe pigging-proses. Tweedens, is konvensionele teenoor aanbevole praktyke met betrekking tot die verwydering van lug binne pypstelsels opgeweeg, asook voorbeelde bespreek van hoe probleme met die water-hamer aangespreek kan word,” het hy verduidelik. Saayman het sy voorlegging afgesluit deur die nuutste verwikkelinge binne die bedryf vir plastiekpype met groot diameters te deel met besproeiers. Hy het verder die belangrikheid beklemtoon daarvan om goeie kwaliteit plastiekpype, naamlik PVC- en/of Swartpype, te gebruik om sodoende ‘n lang leeftyd vir pype te kan verseker. Besproeiers word aanbeveel om verkieslik Southern African Plastic Pipe Manufac-
29
turers (SAPPMA)-geakkrediteerde PVCpype te gebruik, wat by GWK Besproeiing beskikbaar is. Hester Lyons, ’n afgetrede Waterwese-amptenaar, het met besproeiers kom gesels oor die vier wettige maniere waarop water, ingevolge die nasionale waterwet, gebruik mag word. Volgens haar is dit belangrik om daarvan kennis te dra dat registrasie nié ‘n wettige waterreg bevestig nie, maar slegs watergebruik op ‘n sentrale databasis plaas sodat die departement van water en sanitasie bewus kan wees van waar, deur wie en hoeveel water gebruik word. Sy het ook verduidelik dat waterbelastings op dié manier ingevorder kan word om sodoende waterbestuursinstellings te stig wat op plaaslike vlak beter beheer kan uitoefen oor water. Oranje Vaal WGV-skema se watergebruiksreg is reeds bevestig en permanente oordragte van watergebruiksreg, wat hierna gevolg het, word uitgereik as waterlisensies met bepaalde voorwaardes asook ’n datum waarop elkeen hernu moet word. “Hoewel die uitreiking van watergebruikslisensies binne die regulasies van die aansoekproses as ‘n totaal van 300 dae aangedui word, is daar egter nog nie bewyse dat enige lisensie binne hierdie voorgestelde tydperk uitgereik is nie,” het Lyons opgemerk. Lyons noem ook dat tydelike oordragte van watergebruiksreg binne ’n skema gedelegeer is aan die betrokke waterbestuursinstansie. Alhoewel tydelike oordragte van watergebruiksreg ingevolge van Artikel 25, Afdeling 2 van die nasionale waterwet van 1998 goedgekeur word, is dit slegs vir twee opeenvolgende jare. “Die doel van hierdie tydelike oordragte is slegs by dié wet ingesluit om geleentheid te bied vir die afhandeling van die permanente oordragte van watergebruiksregte waaroor daar nou geweldige onsekerheid heers,” het sy verduidelik. Na aanleiding van ’n regsgeleerde se mening wat deur die departement van waterwese en sanitasie ingewin is, word alle aansoeke vir permanente oordragte van watergebruiksregte deur ’n betrokke verkooptransaksie verbied. Volgens word hierdie beleidsverandering op 30 en 31 Oktober 2019 in die hof getoets, waarna die uitslag daarvan die pad vorentoe met betrekking tot wateroordragte sal aandui. “Die nasionale waterwet maak egter op die
30
oomblik nog voorsiening vir wateroordragte en totdat dit verander, moet daar aan die huidige wet se bepalings en voorwaardes gehoor gegee word,” verduidelik sy. Lyons verduidelik dat enige ansoek om ‘n waterlisensie moet voldoen aan al die vereistes, soos uiteengesit in Artikel 27 van die nasionale waterwet van 1998. Die grootste klem word egter geplaas op Artikel 27, Afdeling 1(b), wat vereis dat watergebruik die regstelling van die voorheen benadeeldes, met betrekking tot ras en geslag, moet bevorder deur ekonomiese sowel as sosiale voordele buite rekening te laat. Dit volg nadat die nuwe minister ook in haar mees onlangse begrotingsrede na die regstelling van water verwys het, wat op die oomblik meestal nog deur blanke besproeiers gebruik word. Gebruik water noukeurig Dup Haarhoff, Hoof van GWK Landboukundige Dienste, het spesifiek gefokus op die redes waarom water só noukeurig gebruik moet word. Watergebruiksdoeltreffendheid (WGD) se kwantifisering deur elke boerdery is besig om ‘n toenemend belangrike faktor te raak vir die voortbestaan van ons produsente. Water- en elektrisiteitskoste vir besproeiingsdoeleindes, wat ‘n groot deel van die totale insette per hektaar vorm, het by mielies gegroei vanaf 14,5% tydens die 2015/2016-periode tot 19,7% tydens die 2018/2019-periode,” het hy gesê. Haarhoff verduidelik dat die effektiewe verspreiding, infiltrasie, afloopbestuur en skedulering van water, asook goeie wortelontwikkeling die boustene van ‘n goeie oes is, aangesien dit voldoende suurstof in die grond plaas wat op sy beurt weer optimale opbrengste verseker. Volgens Haarhoff word kennis van die volgende vereis vir effektiewe waterbestuur: ■■ Sensitiwiteit met betrekking tot die bestuur van suurstof in die grond Te veel water is net só sleg soos te min water ■■ Boonste grens van opneembare water met ander woorde die hoeveelheid water wat die grond hou in millimeter per wortelsone ■■ Diepte van die wortelsone op ‘n gegewe groei-stadium ■■ Tempo van infiltrasie in die grond met ander woorde die hoeveel-
heid water wat op een slag gegee kan word voordat afloop plaasvind ■■ Gebruik van ‘n effektiewe stelsel - Maak seker die verspreiding van die water is korrek Verstaan die skedulering van besproeiing, want dit het ‘n reuse invloed op jou oes Haarhoff verskaf die volgende riglyne vir beter skedulering van besproeiing: ■■ Gebruik alle hulpmiddels tot jou beskikking om die skedulering van besproeiing te kan optimaliseer ■■ Gebruik satellietbeelde om seker te maak dat jou waarnemingspunt verteenwoordigend is ■■ Wees voorbereid deur ‘n beplanningsresep te gebruik om vooraf ‘n aanduiding van die weeklikse behoefte te kan verkry ■■ Laat lei jou deur ‘n aanbeveling, met betrekking tot outomatiese weerstasie teenoor die gewasfaktor, wat weekliks betyds per selfoon gemaak word ■■ Gebruik waarnemingspunte om die waterbeweging binne die grond te kan verstaan met behulp van probe-, neutron- en vogmeters asook ‘n grondboor ■■ Monitor jou hele land gereeld met satellietbeelde om te kan verseker dat die betrokke gewasse oral regoor die land optimale ontwikkeling toon Effektiewe toediening van water op spilpunte - Cobus Myburgh van Valley Irrigation Die spilpunt en die grond is interaktiewe entiteite en daarom sal die gewas op die land enige probleme met die grond of toediening van water weerspieël, soos aangedui word in Figuur 1.
Pivot Crop Soil Figuur 1: Die interaksie tussen die spilpunt, grond en gewas tydens besproeiing.
Volgens Cobus Myburg, gebiedsbestuurder by Valley Irrigation, is dit uiters belangrik om seker te maak dat jou
Eerste foto: Lizelle Beukes, hoof uitvoerende beampte van Oranje Vaal WGV saam met Hester Lyons Tweede foto: Matthys Saayman (GWK) en Beukes Derde foto: Dup Haarhoff (GWK) en Beukes Vierde foto: Cobus Myburgh, gebiedsbestuurder van Valley Irrigation en Beukes
spuite en drukreguleerders altyd in ‘n goeie toestand is om effektiewe sowel as eenvormige toediening van water te kan verseker. “Daar is drie belangrike sowel as bekostigbare hulpmiddels wat jou daarmee op die plaas kan help, naamlik drukmeters, spuitkaarte en die eienaars of bestuurders op die plaas. ‘n Drukmeter op die middel van die spilpunt sal ‘n aanduiding gee of die druk reg is volgens die spuitkaart, terwyl ‘n drukmeter op die punt sal aandui of daar genoegsame druk is tot op die einde van die spilpunt. Daar is ook verskeie selfoon toepassings beskikbaar,
soos byvoorbeeld die AgSense-produkreeks, om inligting oor dié druk betyds aan besproeiers te kan verskaf,” het hy verduidelik. Indien die druk op die spilpunt nie reg is nie, kan jy ‘n hele paar moontlike probleme nagaan op jou spuitkaart, wat die volgende inligting oor die spuitpakket van die spilpunt bevat: ■■ Vloei wat benodig word ■■ Druk wat op die middel en einde van die spilpunt benodig word ■■ Soorte spuite en drukreguleerders asook ‘n uiteensetting van spuitpunte wat gebruik is
■■ Bevordering van die grond ten opsigte van die middelste spilpunt ■■ Eenvormigheidskoëffisiënt van die spuitpakket op die spilpunt ‘n Visuele inspeksie van die verskillende spuite en gewasse in die grond deur die eienaar of bestuurder op die plaas kan jou baie vinnig waarsku indien daar enige toedieningsprobleme sou voorkom. Daar bestaan egter geen plaasvervanger vir ‘n produsent se voete in sy/ haar grond nie,” het Myburg benadruk.
O n s d i e nst e sl ui t d i e ve r sk affing en onderhoud van die volgende in :
Ad: Wow Scales
Weegbrue, Voerkarre, Veeskale, Siloskale, Toets trok, Sagteware & Parte nn
Kontak ons vir al jou Weegoplossings! BLOEMFONTEIN 051 432 9552
WILLIE 082 637 1340
RHYNO 083 292 2042
info@wowscales.co.za 11 Nico Le Roux Straat, Nuwe Oos Einde, Eenheid 7
www.wowscales.co.za
31
DIS TYD OM BETER TE OES
Het jy ‘n gedeelte kontant, geniet ‘n koers van so laag as 4.25%* Benodig jy ‘n blaaskans om jou kontantvloei te herstel, John Deere Financial kan jou help.*
Geïntegreerde masjien-optimaliseringstegnologie maak dit moontlik om geïntegreerde tegnologie te gebruik om te oes. Hierdie kenmerke dryf tegnologie wat ‘n aansienlike invloed op oesprestasie, brandstofdoeltreffendheid en masjien-optimalisering op veranderende terrein kan hê. Hierdie funksies is in die sagteware van die stroper ingebou.
Ad: GWK Meg
Voordele: • Verhoogde looptyd met geen operateurstyd bestee om die opbrengsmonitorstelsel te kalibreer nie • Verbeterde besluitneming omdat ActiveYield die akkuraatheid van die stroper se opbrengsdata verhoog
Finansiering gebou vir jou www.deere.com/sub-saharan/en | africa@johndeere.com | Kliëntediens: 080 098 3821 *Bepalings en voorwaardes geld (beskikbaar by www.deere.com/sub-saharan/en). Aanbod geldig tot 31 Oktober 2019, Ander modelle is ook beskikbaar. John Deere Financial word ondersteun deur Absa, ‘n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer en geregistreerde kredietverskaffer. Reg Nr NCRCP7.
BigDoor 24047
Volg ons op
32
Facebook,
Twitter,
YouTube en
Instagram – #johndeereafrica
GWK Agri Meganisasie Charné van der Merwe
Sprekers by die Groenheuwel Boeredag op Augrabies.
Groenheuwel Boeredag: ‘n Dubbele sukses
GWK Meganisasie
en John Deere het gedurende September vanjaar op Augrabies byeen gekom vir die bekendstelling en demonstrasie van John Deere-toerusting se plaaslike reeks, wat spesifiek vir die gebruik in boorde aan boere van die Benede-Oranjerivier aangepas is. Dit is reeds die tweede agtereenvolgende jaar wat hierdie Boeredag op André Spangenberg se plaas, Groenheuwel, gehou is. Die bywoningsgetalle het reeds verdubbel sedert verlede jaar soos baie duidelik blyk uit die 120 produsente wat dit vanjaar bygewoon het. Augrabies is wêreldwyd bekend vir sy uitvoergehalte wyn-, tafel-, en rosyntjiedruiwe asook sitrus en dadels sowel as prentjiemooi watervalle, maar dis egter die produsente aan hierdie kant van die wêreld wat selfs nog meer indrukwekkend is. GWK is die John Deere-handelaar in die Noord-Kaap en sedert 2016 is die Benede-Oranjerivier area, wat ‘n kerndeel van GWK se langtermyn beplanning vir die vestiging en uitbreiding van die John Deere-handelsmerk vorm, ook deel van die GWK-bedieningsarea. Volgens Hendri Lampbrecht, Bemarkingsbestuurder van GWK Meganisasie, wil hulle die fokus op dié area verhoog om sodoende GWK Meganisasie en John Deere se werksaamhede uit te brei. Volgens Wicus Blaauw, Senior Heelgoedere Bemarker by GWK Meganisasie, is die doel van hierdie Boeredae vir hulle om nog meer betrokke kan te raak by die kliënte se lewens. “Ons bou ‘n verhouding met elke produsent en
sy/haar boerdery. Dis vir ons by GWK baie belangrik om vir ons kliënte soos familie te word en in die proses ook aan die boerderye terug te kan gee,” verduidelik hy. “As GWK en John Deere wil hulle graag aan kliënte wys wat hulle kan bied en doen hulle dit ook baie goed langs die Benede-Oranjerivier. Die produsente ondersteun ons, as GWK, ongelooflik baie en daarom is dit vir ons belangrik om ook aan hulle terug te gee. Dae soos hierdie bied ‘n geleentheid vir die boerdery-gemeenskap om bymekaar te kom en gesellig te kan wees asook idees vir enige verbeteringe by GWK te kan uitruil sodat ons in die toekoms nog beter in hulle behoeftes sal kan voorsien,” sê Blaauw. In die omgewing van Augrabies word daar meestal met sitrus, tafeldruiwe en rosyne geboer, hoewel wisselbou ook hier plaasvind. Verskeie sprekers het op dié dag met die produsente kom gesels oor die huidige stand van landbou asook vir hulle ‘n oorsig gegee oor die invloed van die Suid-Afrikaanse politiek op boerdery. Blaauw wil André Spangenberg graag bedank vir die gebruik van sy plaas vir dié Boeredag. “Groenheuwel is gerieflik geleë en maklik bereikbaar vir al ons kliënte. Die gasvryheid sowel as behulpsaamheid van Oom André en sy span het al die reëlings en beplanning net soveel makliker gemaak. Ons is regtig baie dankbaar teenoor Oom André en die goeie verhouding wat ons met hom kan hê,” sê hy.
Politiek en ekonomie in die landbou Theo Venter, Politieke en Beleidspesialis van die NWU Besigheidskool, het spesifiek meer vertel oor die posisie waarin die Suid-Afrikaanse politiek en ekonomie nou verkeer. Volgens Venter kan dit vergelyk word met 1986 en is daar twee aspekte wat ongetwyfeld uitstaan. “Ekonomies verkeer ons in groter moeilikheid as wat ons besef en vanuit die ANC-geledere is daar niemand wat oor beter leierskap beskik as wat Cyril Ramaphosa op die oomblik aan ons bied nie, selfs al word hy dikwels vir sy stadige besluitneming sowel as sy gebrek aan kragdadige optrede gekritiseer. Suid-Afrika se pad in die toekoms word hoofsaaklik deur twee prosesse gedomineer, naamlik die positiewe kringloop en die negatiewe kringloop wat gesamentlik vir die totstandkoming van ‘n VUCA-omgewing verantwoordelik is. Hierdie omgewing, wat deur wisselvalligheid, onsekerheid, kompleksiteit en dubbelsinnigheid gekenmerk word, verteenwoordig egter die nuwe normale omgewing binne Suid-Afrika. Suid-Afrikaanse landbou produsente gedy egter in die VUCA-omgewing, aangesien hulle reeds vertroud is met ‘n onbestendige klimaat asook verskeie risiko’s in die markte sowel as grootskaalse veranderinge. Die BenedeOranjerivier is ‘n uitstekende voorbeeld van só ‘n omgewing,” verduidelik hy. “Ten spyte van die groot politieke onsekerheid waarin Suid-Afrika op die oomblik verkeer, dui alles egter daarop dat die Ramaphosa-administrasie geleidelik besig is om die negatiewe krin-
33
gloop, wat Suid-Afrika onder die Zumaadministrasie beleef het, te herstel. Die mees onlangse plan om die SuidAfrikaanse ekonomie reg te ruk, asook die onderskeie veldtogte teen korrupsie op verskillende terreine, is uitstekende voorbeelde hiervan. Landbou in Suid-Afrika asook konstruktiewe grondhervorming is deel van die positiewe kringloop,” sê Venter. Hoe John Deere Financial South Africa jou as produsent kan help Ferdie Marx, alliansiebestuurder vanJohn Deere Financial South Africa, het vertel dat die landboubedryf op die oomblik een van die mees dinamiese bedrywe is waarmee ‘n mens besigheid kan doen. “Die verwagte ekonomiese groeikoers, tesame met die groei van die middelklas in Afrika, suid van die Sahara, en die onontginde landboupotensiaal van hierdie kontinent bied enorme ekonomiese geleenthede aan verskeie rolspelers binne dié bedryf. Die keersy van hierdie munt is egter dat die koste van en toegang tot krediet nog steeds vir menige moderne landboubesighede ‘n bron van kommer bly,” sê Marx. Volgens hom wil John Deere Financial South Africa produsente help om hierdie hekkie te kan oorkom deur hulle kliënte met vinnige en maklike kredietprosesse vir die finansiering van die nuwe John Deere-toerusting te ondersteun. John Deere Financial South Africa se landboubate-finansieringspakkette word saamgestel om die unieke omstandighede en meganisasie-behoeftes van elke produsent in ag te neem. Hierdie besondere finansieringsopsie is van toepassing op die aankoop van enige nuwe landboutoerusting, mits dit van ‘n gemagtigde John Deerehandelaar bekom is. Sleutelvoordele vir die produsent 0 erieflike en buigsame terugbetalingG strukture John Deere Financial South Africa is 0 vertroud met die sikliese aard van landbou asook die feit dat kontantvloei die lewensaar van enige besigheid vorm. Hulle finansieringspakkette word saamgestel om gesonde kontantvloei te ondersteun en sodoende te help om die groei van elke landbou-onderneming te kan bevorder.
34
0 asgemaakte oplossings vir produsente P John Deere Financial South Africa verkoop nie slegs produkte nie, maar bied pasgemaakte oplossings wat elke produsent sal help om die hoogste moontlike vlak van doeltreffendheid te kan bereik. Met die samestelling van die produsent se leningspakket, oorweeg hulle dus nie slegs die huidige stand van sy/haar balansstaat nie, maar ook die produksiewaarde van die plaas in sy geheel. T0 oegang tot ‘n toegewyde verhoudingsbankier Met die samestelling van John Deere 0 Financial South Africa se finansieringspakkette word ‘n persoonlike verhoudingsbankier ook aan elke produsent toegewys op grond van sy/haar spesifieke finansieringsbehoeftes. 0Buigsame leningstydperk Buigsaamheid ten opsigte van John Deere Financial South Africa se terugbetalingstermyn maak die finansiering van nuwe landbou-toerusting bekostigbaar vir elke produsent. 0 ededingende rentekoerse op M alle nuwe John Deere-toerusting 0John Deere Financial South Africa streef daarna om aan elkeen van hulle kliënte uiters mededingende rentekoerse op die finansiering van hul bates te kan bied. 0 ndersteuning van produkte O John Deere bied deurlopende opleiding aan tegnici by hulle handelsnetwerk om sodoende voortgesette naverkope-diens aan elkeen van hul
kliënte te kan verseker. 0Wat bied John Deere nou? Volgens Jason Prince, Presisie-oplossingskonsultant by John Deere, bied hul nou Autotrac-oplossings vir oop-stasietrekkers. Die nuwe ATU 300-model vervang die trekker se huidige stuurwiel met ‘n motor-aangedrewe stuurwiel wat dit in staat stel om self te kan ry op die gidslyne wat op die John Deere 4240 se universele skerm geskep word. Satelietseine word ingespan om lasrye van so naby as 2,5cm te kan verseker. Dié toerusting, wat weerbestand en reeds op meer as 600 masjiene van verskillende kleure (nie slegs groen nie) goedgekeur is, bied ook funksionaliteit vir dokumentasie, wat die gebruiker in staat stel om data op die aanlyn bedryfsentrum-program te bestudeer en verder te verwerk,” verduidelik hy. 0 osynebedryf R Suid-Afrika
toon
sterk
groei
in
Volgens Ferdie Botha, Algemene Bestuurder van Raisins SA, het Turkye oor die afgelope vyf jaar met ‘n jaarlikse produksie van 330 000 ton die VSA verbygesteek as die wêreld se grootste rosyne-produserende land. “Die VSA se produksie het afgeneem met 100 000 ton rosyne soos duidelik blyk uit die feit dat hulle vandag slegs tussen 230 000 en 250 000 ton rosyne produseer. Ongeveer 1,3 miljoen ton rosyne word wêreldwyd geproduseer met ‘n jaarlikse verbruik van tussen 1,2 miljoen en 1,3 miljoen ton,” vertel hy. Figuur 1 toon die produksie van die
Figuur 1: Wêreldwye produksie van rosyne (2013/4 - 2018/19)
bare verhoudings met ons handelaars en hulle kliënte opgebou wat op eerlikheid, vertroue, respek en integriteit gegrond is,” sê Phillip Jansen van Rensburg, streeksverkoopsbestuurder by Falcon Agricultural Equipment. Volgens hom is hulle toerusting ontwerp om totale weerstand te kan bied teen die taai Suid-Afrikaanse weerstoestande waarmee produsente dikwels gekonfronteer word.
90 000 80 000
Production Tonnes
70 000 60 000 50 000 40 000 30 000 20 000
AGI Frost Fan is ‘n moet vir elke produsent
10 000
2020
2019
2018
2017
2016
2015
2014
2013
2012
2011
2010
2009
2008
2007
2006
2005
2004
2003
2002
2001
2000
1999
1998
1997
1996
-
Production Year
Figuur 2: Rosyne-produksie in Suid-Afrika (1996 - 2019) Rosyne Ongeblyk (OR)
2009
2010
2011
2012
2013
2014
2015
2016
2017
2018
2019
1,800
7,269
3,637
4,479
4,978
3,610
5,368
12,237
1,491
1,662
1,592
Goues
12,800
17,734
7,021
15,800
17,382
12,350
20,028
11,593
21,142
25,052
14,507
Thompsons
15,315
23,273
15,507
14,788
30,391
27,773
31,502
28,364
36,318
35,062
46,318
2,740
2,300
2,500
2,820
3,020
2,306
3,625
2,400
4,482
2,329
1,605
32,719
50,628
28,700
37,907
55,789
46,051
60,537
54,929
65,593
71,107
74,830
Korente Wingerdvrugte
Tabel 1: Produksie van rosyne-kultivars (2009 - 2019)
grootste rosyne-produserende lande oor die afgelope vyf seisoene. “Die Suid-Afrikaanse rosyne-bedryf het oor die afgelope vyf jaar nie slegs sterk groei getoon nie, maar ook rekordoeste behaal oor die afgelope drie seisoene,” sê Ferdie trots. Figuur 2 toon hoe die Suid-Afrikaanse bedryf vanaf sowat 40 000 en 50 000 ton bemarkbare produkte gegroei het tot ‘n meer konstante vlak van bokant 60 000 ton wat neig om oor die mediumtermyn selfs tot vlakke van bokant 70 000 ton te kan styg. Die jaarlikse omset van die rosynebedryf op plaasvlak, wat vir ongeveer 22 000 mense werksgeleenthede skep, wissel tussen R1,4 miljard en R1,7 miljard. Tabel 1 toon dat Suid-Afrika hoofsaaklik twee rosyne-kultivars produseer, naamlik Thompsons en Goues. Hoewel Thompsons, oftewel songedroogde rosyne, 50% verteenwoordig van die totale produk wat jaarliks gelewer word, het dit weens hoë pryse gedurende die afgelope seisoen slegs 62% van die totale produksie verteenwoordig. Tegnologie ontwikkel daagliks “Eksponensialiteit is oral,” het Louis Strydom, Bemarkingsdirekteur van Omnia Nutrilogie, tydens sy voorlegging op die Groenheuwel Boeredag gesê. Volgens hom beteken dit dat reglynige groei iets van die verlede is, terwyl bedui-
dende groei teen ‘n skerp opwaartse kurwe eerder die hedendaagse neiging is. “Ons sien dit in verskeie bedrywe, insluitend die landboubedryf, waar hoër opbrengste toenemend met minder hulpbronne tot stand gebring word, as die direkte gevolg van nuwe tegnologie wat dit moontlik maak om dié insette al hoe meer doeltreffend te bestuur. Indien eksponensialiteit die nuwe normaliteit verteenwoordig, moet die tegnologie ook verteenwoordigend wees daarvan. Met die astronomiese spoed waarteen die tegnologie nou ontwikkel, sal dit vir produsente al hoe moeiliker word om mededingend te bly en daarom kan hulle nie bekostig om agter te raak nie,” verduidelik hy.
Stiaan Hugo, projek ingenieur en tegniese direkteur by AGI Frost Fan, het produsente meer vertel oor AGI Frost Fans. Volgens hom bied dié waaiers doeltreffende sowel as betroubare beskerming teen skade wat deur ryp in verskillende omgewings en temperature veroorsaak word. “Hierdie pasgemaakte oop waaier verseker doeltreffendheid met betrekking tot die beskerming van rypgewasse, ongeag die landskap van die betrokke omgewing waarin dit voorkom. Hierdie roterende waaier verseker die beskerming van plante sowel as wingerde in 'n groter gebied met 'n tipiese bedekking van 6 tot 9 hektaar per waaier,” verduidelik hy. AGI Frost Fans, wat as 'n aantreklike en bekostigbare oplossing vir kleiner sowel as groter tuinbougewasse dien, is beskikbaar in elektriese motor weergawes van 15 of 30 kW met 'n toringlengte van 10m asook 'n dekking van 6 tot 9 hektaar per eenheid. “Dié waaiers word op bestelling vervaardig en dan in modulêre vorm by die perseel afgelewer voordat dit deur ons ervare spanne in die veld saamgestel word,” vertel Hugo.
Falcon Agricultural Equipment Falcon Agricultural Equipment (Pty) Ltd is die grootste vervaardiger van wentelsnyers in Afrika. Dié maatskappy, wat in 1985 reeds sy deure geopen het, vervaardig implemente vir die Falconen Locust-reekse op hulle perseel in Howick, KwaZulu-Natal. Hulle is verder ook die enigste invoerder van Amasone-produkte na Suid-Afrika en die res van Afrika, suid van die Sahara, insluitend strooiers, spuite, implemente vir grondbewerking en gespesialiseerde grassnyers. “Ons het deur die jare heen volhou-
André Spangenberg (Groenheuwel) en Wicus Blaauw (Senior Heelgoedere Bemarker van GWK Meganisasie)
35
Die tuiste van gehalte lusern. GWK Lusern hanteer die verkryging, veilige berging en plaaslike bemarking van lusern deur gevestigde markkanale om die beste markpryse vir ons produsente te verseker. Ons span kenners bied jou ondersteuning deur die hele proses.
Ad: GWK Lusern
GWK Lusern
Gesels met ons span spesialiste:
36
Fanus Linde Bestuurder 082 888 0016 fanusl@gwk.co.za
Beyers Mallo Bestuurder: Lusern en Veevoere 082 600 8476 beyersm@gwk.co.za
Donnie Brits Douglas 082 805 2468 donnieb@gwk.co.za
Douw Steyn Jan-Kempdorp 071 670 5883 douws@gwk.co.za
Albertus de Wet Modderrivier/Rietrivier 082 448 3463 albertusdw@gwk.co.za
Daniel Breytenbach Stellenbosch 082 941 4817 danielb@gwk.co.za
GWK Trading Lusern Charné van der Merwe
ALFA
2019 laat die rekords spat Die
jaarlikse ALFA-skou, wat vanaf 17 tot 19 September by Afridome op Parys in die Vrystaat plaasgevind het, was weer ‘n skouspel. Liefhebbers sowel as produsente van groot- en kleinvee kon hulle verkyk aan ‘n verskeidenheid rasse wat by dié skou uitgestal is. Vanjaar se ALFA-skou het gespog met ’n totaal van 5 813 besoekers wat die stalletjies besoek, diere besigtig en toegekyk het hoe die room van die land se vee beoordeel word. Ongeveer 134 telers het hulle diere na die ALFA-skou gebring, insluitend 311 vleisbeeste van 30 verskillende rasse, 29 melkbeeste van drie verskillende rasse en 221 kleinvee van 26 verskillende rasse. Belangstellendes kon hulle verder ook verkyk het aan verskillende varke, honde, perde, konyne, hoenders en selfs sierduiwe. Buiten hierdie uitstallings, is die ALFA-skou ook gekenmerk deur ’n volgepakte program, wat bestaan het uit verskillende demonstrasies, werkswinkels, konferensies en kompetisies, wat vir heelwat opwinding gesorg het. GWK Lusern was weer ‘n troste borg van die Hoëveld Suiwel Interras-kampioenskap wat vanjaar vir die vierde agtereenvolgende jaar aangebied is. Hierdie Suiwelprestasie-uitdaging het uit drie suiwelrasse, naamlik Holsteins,
Beyers Mallo (GWK), Poena van Niekerk van EDE Farming, Donovan Hawthorn van Janvos Landgoed, en Fanus Linde (GWK)
Jerseys en Suiwelswitsers bestaan. Prestasiedata is gebruik vir die evaluering van die totaal van 29 diere wat vanjaar hieraan deelgeneem het, die meeste inskrywings nóg. Die wenners is tydens die Suid-Afrikaanse Stamboek se Elite Suiweltoekenningsdinee by die ALFA-skou aangewys, waarna hulle aan die spogparade tydens die ALFAgaladinee op 18 September deelgeneem het. Die prinses sowel as koningin van die ekspo was egter albei Holsteins. EDE Farming se EDE Dreamweaver 18053 was die prinses van die ekspo, terwyl Lowerland Mookie 16052 van Janvos Landgoed die koningin van die ekspo was. Volgens Beyers Mallo, Bestuurder van Lusern en Voere by GWK Trading, was die ALFA-skou ‘n groot sukses wat oor die afgelope vier jaar aansienlik gegroei en verbeter het. “Die ALFA-skou het aan ons ‘n geleentheid gebied vir die uitbreiding van ons betrokkenheid in die suiwelbedryf, aangesien dit die primêre mark is waarin ons lusern verkoop word. Hoewel lusern slegs ‘n ruvoer is, speel dit ‘n baie belangrike rol in die formulering van suiwelrantsoene en daarom is die gehalte van uiterste belang. GWK onderskei homself op hierdie gebied van sy mededingers deur
die nuutste tegnologie, soos Naby Infra-rooi (NIR)-masjienerie, te gebruik vir die akkurate bepaling van lusern se gehalte. Hierdie skou was dus ‘n uitstekende platform om dié boodskap aan ons kliënte te kon uitdra,” sê Mallo. GWK Lusern is bekend vir sy uitstekende kwaliteit lusern wat verbou word in Suid-Afrika se sentrale areas met ‘n warm, droë klimaat wat geskik is vir lusernproduksie. Genoegsame water vanuit die Oranje- en Vaalrivier sowel as vrugbare grond in hierdie besproeiingsareas lewer ‘n belangrike bydrae tot die kwaliteit van die lusern, tesame met die ondersteuning van GWK Presisieboerdery rakende bemesting en rotasieprogramme vir gewasse. Die ALFA-skou is vanjaar afgesluit met ’n baie belangrike aankondiging in verband met die toekoms van dié ekspo. ALFA en Graan SA het besluit om hande te vat vir die heel eerste NAMPO ALFA Lewendehawe-, Jagen Buitelewe-ekspo wat gedurende September 2020 op die NAMPO-park net buitekant Bothaville aangebied sal word. Dis ’n belangrike stap in die groei van ALFA, wat aan hierdie ekspo die geleentheid bied om sy vlerke te sprei, asook om te voldoen aan die behoefte onder produsente vir ’n sentraal geleë jag- en buitelewe-ekspo.
37
GWK Trading Infrastruktuur Charné van der Merwe
Gradering
van produkte op hoë standaard Volgens Carl
du Toit, Hoof van Infrastruktuur by GWK Verhandeling, is graanproduksie wêreldwyd onderworpe aan die genade van die weer met al sy uiterstes en onvoorspelbaarheid. “Die afgelope witmielie- en grondboneseisoen het dit weer baie duidelik laat blyk. Selfs die mees moderne tegnologie kan nie vergoed vir die onbeheerbare groei toestande nie. Dit veroorsaak streeksgebonde veranderlikes in die kwaliteit en opbrengste van die oes van seisoen tot seisoen en van jaar tot jaar. ‘n Behoorlik funksionele graderingsisteem laat in hierdie omstandighede produkte van dieselfde tipe en kwaliteit fasiliteer vir die produsent, bemarker en hanteerder van die graan,” sê hy. Hierdie graderingsisteem dien ook as ‘n bepalende faktor vir die waarde van die graan wat gelewer word. Wêreldwyd word daar hoofsaaklik van twee graderingstelsels gebruik gemaak, naamlik die Redelike Gemiddelde Kwaliteitstelsel en die Numeriese Stelsel. Die Numeriese Stelsel is die mees algemene een wat gebruik word. “In Suid-Afrika gebruik ons die Numeriese Stelsel waar die produk in grade van kwaliteit verdeel word en in definisies van verskillende graderingsfaktore behoorlik uiteengesit word, wat dan in tabelle opgestel is waar die produk aan bepaalde kriteria moet voldoen om vir ‘n spesifieke graad te kan kwalifiseer.” Die afgelope jare het GWK Infrastruktuur baie kapitaal aan graderingstoe-
38
rusting, monsterneming en opleiding spandeer om te verseker dat produkte so akkuraat as moontlik gegradeer kan word. Inname en graderingsketting: 1. Weegbrûe: Wetgewing vereis dat die weegbrûe elke tweede jaar geyk moet word, maar ons weegbrûe word egter kwartaalliks gediens en jaarliks geyk. Dit is ook direk aan die inname-program gekoppel om inlees-foute uit te skakel. Daar word ook daaglikse weegbrug-toetse met dieselfde voertuig gedoen om te verseker dat daar nie enige afwykings is nie. 2. Monsterneming: Monsterneming word met behulp van ‘n Spiroprobe-, suigapparaat- of dubbelbuis-monsternemer gedoen deur opgeleide personeel wat te alle tye poog om ‘n verteenwoordigende monster van die besending te kan trek. Dié monster wat normaalweg 10kg is, word dan beskou as verteenwoordigend van die besending en dit word deur ‘n meergleuf-verdeler tot die werkgraderingsmonster verdeel, wat aan die gradeerder oorhandig word. Die gradeerder is dus net so goed soos die gradeermonster wat aan hom gebied word. 3. GWK se gradeerders word opgelei deur AGRISETA-geakrediteerde maatskappye. Ons verkies instruk-
teurs wat die teoretiese kursus aanbied waarna hulle die gradeerders eers vir praktiese ondervinding terugstuur en dan na afloop van ses maande die praktiese gedeelte kom evalueer. Die kandidaat ontvang eers sy/haar sertifikaat indien hy/sy hierdie kursus se teoretiese sowel as praktiese gedeeltes geslaag het. Naby Infrarooi (NIR) toerusting word vir die gradering van mielies, koring en gars gebruik. GWK gebruik FOSS-toerusting wat hierdie inligting direk na die stelsel stuur vir graaninname. Die gradeerder het dus geen invloed op die graan se hektoliter, vog en proteïenwaardes wat die kern van graadbepaling vorm nie. “Wat die bepaling van vog en proteïene betref, word die toetsmonster tien keer getoets en dan word die gemiddeld van die tien toetse as die vog en proteïene van die monster deurgegee. “Dit beteken dus dat 'n monsterwaarde met ‘n gemiddeld van 12,5% byvoorbeeld vanaf 15% tot 8% vog en proteïne kan bevat,” verduidelik Du Toit. Hierdie NIR-toerusting moet voor elke oes met ten minste vyf van die nuutste Suid-Afrikaanse Graanlaboratorium (SAGL)-getoetste graderingsmonsters deur die verskaffer gekalibreer word. “Daar word ook ‘n monster by elke NIR gelaat vir daaglikse toetse wat aangeteken word om enige verskille dadelik te kan bepaal,” sê hy.
In die geval van lusern word die Perten DA-reeks vir graadbepaling deur die NRI gebruik, alhoewel visuele inspeksie vir gras en kleur ook ‘n rol hierin speel. Die Perten-toerusting word jaarliks gedurende Augustus deur die diensverskaffer en Nasionale Lusernorganisasie (NLO) gediens sowel as gekalibreer. “Daar word soms gesê dat die gradeerders deesdae heelwat strenger te werk gaan. Dit blyk duidelik blyk uit die feit dat hulle nou vanaf ‘n stel behoorlik omskrewe definisies werk waaroor hulle kennis tydens ‘n eksamen getoets is asook dat hulle nou gereeld op opknappingskursusse gestuur word,” verduidelik Du Toit. Met betrekking tot katoen word daar tydens die inname daarvan ‘n verteenwoordigende monster getrek van die besending waarna die vog en mikronër asook die graad van witheid en vuilheid as gevolg van blare, stokkies en vlekke vir voorskotbetalingsdoeleindes gegradeer word. ‘n Monster word uit die pers gehaal wanneer die finale lintbaal uitkom en verpak met daardie spesifieke baal se strepieskode daarop wat dan terug verwys na ‘n spesifieke produsent. Hierdie monsters word volledig deur KatoenSA gegradeer wat vir die betaling van agterskotte gebruik word. Monsterneming en -gradering van grondbone Monsterneming en bepaling van nat vog: “Indien ‘n vragmotor uit twee bakke bestaan, word die vogbepaling afsonderlik op elke bak gedoen,” verduidelik Cloete Nortje, Bestuurder van Oliesade. “Die voorgeskrewe vorm, BRC601-2/2, word aan die monsternemer gegee wat dit volledig moet invul. Na die voltooiing daarvan moet dit deur die monsternemer afgeteken word,” sê hy. Die gradeerder, wat van ‘n dubbelbuis-steker gebruik maak, is verantwoordelik om toe te sien dat die proses reg verloop. Elke monster moet op ses verskillende plekke so diep as moontlik getrek word op elke afsonderlike bak. Daarna moet dit in polypro-sakke geplaas word terwyl die volledig voltooide vorms vir die onderskeie monsters in afsonderlike sakke geplaas moet word. Hierdie polypro-sakke word geneem na die gradeerders wat sal toesien dat
39
die onderskeie monsters daarin gedop word voordat die vog daarvan bepaal en op afsonderlike vorms vir elke monster aangeteken word. Nortje verduidelik dat daar drie vogbepalings op een nat monster gedoen word en ‘n gemiddeld van dié drie dan uitgewerk word waardeur vog in die betrokke monster verteenwoordig word. Die vog op nat sowel as droë grondbone word in hierdie stadium slegs bepaal deur die Shore-vogmeter wat oor ‘n funksie met twee kurwes beskik. Die hoë kurwe word vir die vogbepaling op nat grondbone gebruik terwyl die lae kurwe vir die vogbepaling op droë grondbone ingespan word. Die boodskap op die skerm lees, OUT OF REACH, indien die lesing buite spesifikasies is, hetsy té laag of té hoog, wat beteken dat die ander kurwe van die funksie gebruik moet word. Alhoewel ‘n minimum en maksimum toelaatbaarheid op die hoë sowel as lae kurwe voorkom, sal daar egter weer ‘n verteenwoordigende monster getrek moet word, indien enige afwykings tussen die drie verskillende monsters sou voorkom. Hierdie afwykings moet onmiddellik aan die bedryfshoof gerapporteer word en die grondbone, wat gebruik word om die vog te bepaal, moet nie meer enige vreemde materiaal bevat nie. Die gradeerder moet die gemiddelde vog op die voorgeskrewe vorm, BRC6-01-2/2, aanteken en die volledig voltooide vorms na die bedryfshoof neem wat dit sal gebruik om die tydperk vir die afdroog van grondbone te bepaal. Monsterneming en -gradering van losmaat grondbone Gedurende die tydperk vir die afdroog van grondbone in kuile, word daar deurlopend monsters getrek in die kuile om die afname van vog op die grondbone te kan bepaal. Drie polypro-sakke per kuil word vir elkeen van die 30 kuile gebruik met die volgende inligting op elke sak, naamlik die kuilnommer vir voor-middel-agter soos byvoorbeeld, kuilnommer 1-vog-voor, -vog-middel en -vog-agter met ander woorde die vog word op drie verskillende plekke in die kuile getrek. Die bedryfshoof sal die gradeerder in kennis stel van watter kuile se vogmonster getrek moet word. ‘n Afsonderlike vogbepaling sal op die voor-, middel- en agter-monsters gedoen
40
word waarna hierdie drie monsters saamgevoeg en gemeng sal word om weer ‘n vogbepaling te kan doen. Die gradeerder moet hierdie gesamentlike vog invul op die voorgeskrewe vorm, BRC6-01-2/7, dit onderteken en so gou as moontlik aan die bedryfshoof terug besorg. Die waaier sal afgeskakel word wanneer die grondbone ‘n persentasie vog van tussen 9% en 10% bereik. Die bedryfshoof sal die volledige dokumentasie van die betrokke produsent en kuile aan die gradeerder oorhandig waarna hy hom/haar in kennis sal stel van watter kuile gereed is om uitgelaai te word. Volgens Cloete is dit egter die gradeerder se verantwoordelikheid om die verteenwoordigende graderingsmonster van 20kg te trek, hetsy op een of twee kuile, afhangende van die aantal kuile wat oor dieselfde produsent se produk beskik. Die gradeerder moet een polypro-sak gebruik om dié graderingsmonster eweredig met ‘n dubbelbuis-steker op ses verskillende plekke so diep as moontlik te kan trek. Hierna word dié graderingsmonster van 20kg, bestaande uit 10kg vir die graderingsproses en 10kg vir die na-kontrole monster, na die graderingskantoor geneem waar dit deeglik gemeng asook verdeel sal word. Die 10kg na-kontrole monster word in ‘n polypro-sak geberg waarop die volgende inligting moet verskyn, naamlik nakontrole monster, datum, naam van produsent, kultivar, nommer van geleibrief, kuilnommer, skaalkaart of interim-nommer en volg-nommer soos dit op die vorm, BRC6-02-2/1, uiteengesit is. Die na-kontrole monsters, wat van kardinale belang is, moet tot na afloop van die inname geberg word vir enige navrae wat moontlik deur die produsent ontvang kan word in hierdie verband. Die gradeerder, wat altyd tydens die voorbereiding en gradering van grondbone teenwoordig moet wees, is ook verantwoordelik vir die weeg van grondbone. Die graderingskaal wat vir die weeg van grondbone gebruik word, moet aan die volgende vereistes voldoen: ■■ Daaglikse skaaltoetse moet met die geykte gewigte gedoen word waarvan die besonderhede op die vorm, BRC6-02-3/1, aangeteken moet word en indien daar enige verskille daarin sou
voorkom, moet dit dadelik aan die bedryfshoof gerapporteer word. ■■ Die lesing van die skaal op die skerm moet altyd nul wees voordat enige inhoud daarop geplaas word. ■■ Die gewig van die houers, waarin die grondbone gegooi word, moet altyd met behulp van die Tare-funksie op nul gestel word om te kan verseker dat hierdie houers se gewig outomaties aftrek sodra dit op die skaal geplaas word. Die monster van 10kg wat vir die graderingsproses gebruik word, moet op die graderingstafel oopgesprei word waarna alle vreemde materiaal daaruit verwyder moet word. Daarna moet die massa van hierdie vreemde materiaal bepaal en op die vorm, BRC6-01-14, aangeteken word. Volgens Cloete moet daar nou ‘n duplikaat-monster van 200g, wat geen vreemde materiaal sowel as heel en halwe pitte (buite die dop) bevat nie, vanuit die skoon peule geneem word. Hy verduidelik dat hierdie monster van 200g met die hand uitgedop moet word terwyl die doppe en pitte daarvan heeltemal afsonderlik gehou moet word. “Die massa van albei monsters se pitte moet bepaal word en dié twee monsters moet dan bymekaar getel en deur twee gedeel
word om die gemiddelde totaal te verkry, waarna dit op die graderingstaat aangeteken moet word. Die doppe moet egter ook geweeg word om te kan kontroleer of dié monsters wel 200g geweeg het. Enige groot afwykings wat tussen hierdie twee pitte se monsters voorkom, moet dadelik aan die bedryfshoof gerapporteer word, waarna daar weer ‘n verteenwoordigende monster van 200g getrek sal word,” sê hy. “Die aanpassing van die pit se inhoud moet volgens die voorgeskrewe tabel gedoen word wat deur die bedryfshoof opgestel en aan die gradeerders oorhandig is,” verduidelik Cloete. Die res van die oorblywende skoon peule in die monster van 10kg moet nou deur die graderingsdopper gedop word. Enige uitgedopte pitte wat moontlik nog steeds in dié monster voorkom, moet nie verwyder word nie, maar eerder saam deur die dopper gesit word, waartydens die korrekte siwwe vir die korrekte kultivars gebruik moet word: ■■ Akwa: 11mm ■■ Kwarts en Tufa: 10mm ■■ SA Juweel: 12-13mm Die uitgedopte pitte sal deur ‘n polypro-sak opgevang en na die graderingstafel geneem word, waar die nubbins en heel peule wat nie deur die dopper gedop is nie, uitgehaal sal word. Dié nubbins word met die hand
oopgebreek en stukkend gedruk voordat dit na die pers geneem word waar dit dan uiteindelik weer tussen die gedopte monster beland. Die heel peule sal ook met die hand uitgedop word voordat dit verdeel en in die monster terug geplaas sal word. Die gradeerder moet die bedryfshoof dadelik in kennis stel indien daar te veel heel peule deurkom. Die gradeerder moet die monster deeglik met die hand meng voordat 2kg daarvan in ‘n houer gegooi en daarna weer in ‘n graderingsmonster van 200g verdeel moet word. Die volgende siwwe word gebruik vir gradering van die monster van 200g: ■■ Boonste sif met ‘n gleuf van 7,5mm: 40/50; 50/60; 60/70 ■■ Tweede sif met ‘n gleuf van 6,5mm: 70/80 ■■ Derde sif met ‘n gleuf van 6mm: 80/100 ■■ Vierde sif met ‘n gleuf van 5,15mm: 100/130 en eet-pers ■■ Vyfde sif met ‘n ronde gat van 7,2mm: Die verdelings word hierop aangetref *Die pan waarin stukkend gedrukte grondbone opgevang is, word vir die pers van olie gebruik. Elkeen van die bogenoemde siwwe word as volg ontleed: ■■ Alle grondbone op die bogenoemde siwwe word apart
geweeg. ■■ Alle ongesonde, gevlekte, vuil en beskadigde pitte word uit die monsters, wat op die verskillende siwwe lê, uitgehaal en geweeg waarna die massa daarvan van die verskillende siwwe se massa afgetrek word. ■■ Daarna word die skoon monster uit die gleuf van 7,5mm weer gesif deur die onderskeie siwwe om die volgende persentasies van die vrag se pitgroottes te kan bepaal: ■■ - Sif van 9mm: 40/50 ■■ - Sif van 8,25mm: 50/60 ■■ - Sif van 7,5mm: 60/70 Elkeen van die bogenoemde siwwe se massa moet ooreenstem met die massa van die boonste sif met ‘n gleuf van 7,5mm nadat al die ongesonde, gevlekte, vuil en beskadigde pitte daarvan afgetrek is. Al die siwwe se gewigte moet nou opgetel en afgetrek word van die monster van 200g om die tekort op die siwwe te kan bepaal wat ook die gepersde totaal verteenwoordig. Die fisiese pitte moet egter ook geweeg word om te verseker dat die totaal van die som en die werklike gewig ooreenstem of ten minste nie te veel van mekaar verskil nie. Hierna neem die gradeerder die graderingstaat na die invoerders wat hierdie inligting dan op die KTS-stelsel sal invoer.
41
“ Voermol ... Sukses keer op keer ” Ons mense Madri Scheepers
s u t r e B urgers B
nn nn
Jou voerkraal in die veld •
Bevorder vrugbaarheid
•
Bevorder groei
•
Bevorder toename
•
Eenvoudig, prakties en winsgewend
•
Geen vermenging met graan is nodig op groenweiding nie
Ad voermol
VOERMOL SUPERMOL
Vir meer inligting skakel 032 439 5599 of stuur 'n e-pos aan info@voermol.co.za
Voermol Supermol, Regnr. V7267, (Wet 36/1947). Registrasiehouer: Voermol Voere (Edms) Bpk. Posbus 13, Maidstone, 4380. 42
www.voermol.co.za
GWK Trading Pekanneute AJ Jansen van Vuuren
Pekanneute en bemesting Meeste
produsente wat al pekanneute geplant het, was verantwoordelik vir die bemesting sowel as die blaarvoeding daarvan. Hulle sal ook maar alte goed weet dat die formulering van die korrekte en effektiewe programme ‘n redelike uitdaging is, gegewe ons uitdagende grondtoestande in SuidAfrika. Die pH-vlak van die grond in die primêre pekanareas is die grootste uitdaging met betrekking tot die bemesting asook toediening van verskeie mikro-elemente, gegewe die opneembaarheid daarvan, soos aangedui in die tabel 1. Dertien voedingselemente is noodsaaklik vir effektiewe plantproduksie, naamlik Stikstof (N), Fosfor (P), Kalium (K), Kalsium (Ca), Magnesium (Mg) en Swael (S), wat as makro-elemente beskou word, gegewe hulle hoë teenwoordigheidsvlakke binne die plante, asook Sink (Zn), Yster (Fe), Koper (Cu),
Boor (B), Nikkel (Ni) en Molibdeen (Mo), wat as mikro-elemente beskou word. Pekanneutbome benodig 'n minimum hoeveelheid van elkeen van hierdie voedingstowwe om normale groei, blom en neutproduksie te kan verseker. Sodra die konsentrasies daarvan egter onder hulle noodsaaklike vlakke daal, word dit as tekorte beskou en enige vlakke wat aansienlik hoër is as hierdie vlakke word as ‘n toksisiteit beskou. Albei hierdie tendense, wat ‘n groot impak kan hê op die normale groei en produksie van pekanneute, moet te alle tye deur middel van blaar- sowel as grondontledings gemonitor word. Produsente moet verstaan dat geweldige verskille tussen die groei en gedrag van boorde kan voorkom, indien hulle gebruik maak van aanbevelings ten opsigte van die bemesting en blaarvoeding, wat nie op die blaar- en grondonledings van ‘n bepaalde boord
Tabel 1: Die pH-vlak van die grond in die primêre pekanareas met betrekking tot die bemesting asook toediening van verskeie mikro-elemente, gegewe die opneembaarheid daarvan.
gegrond is nie. Die grond in primêre pekanareas is baie heterogeen en verskil geweldig baie ten opsigte van die samestelling daarvan. Gegewe hierdie verskynsel moet die aanbevelings aangepas word om pekanneutbome te alle tye van genoeg beskikbare voedingselemente te kan voorsien, afgesien van die grondkundige samestelling en ligging daarvan. Lig, hitte, meganiese ondersteuning en organiese materiaal, asook Fosfor, Potassium, Stikstof en ander voedingstowwe, sowel as water en lug sal in die pekanneutplant aanwesig wees, indien die korrekte bemesting toegedien is. Selfs al volg die produsente die korrekte praktyke, kan die wantoediening van ‘n enkele voedingselement die haalbaarheid van ‘n beoogde oes in gedrang bring, soos dit duidelik uiteengesit word, in Figuur 1.
Figuur 1: Die elemente wat in die pekanneutplant aanwesig sal wees, indien die korrekte bemesting toegedien is.
43
Wat is die funksies van die verskillende elemente in ‘n pekanneutboom?
Figuur 2: Die Mulder-kaart toon hoe die verskillende elemente in wisselwerking met mekaar verkeer. Die stippellyne dui aan watter elemente mekaar verbeter terwyl die soliede lyne aandui watter elemente vyandig op mekaar inwerk.
Die belangrikheid van grond- en blaarontledings se teenwoordigheid tydens die formulering van bemestings- en blaarvoedingsprogramme is egter ook baie belangrik om te verseker dat daar nie enige oormatige of onnodige vyandige inwerkings op die grond voorkom nie, soos dit duidelik uiteengesit word, in die Mulder-kaart hieronder. Geïnduseerde tekorte kan egter in sommige gevalle ontstaan weens wanpraktyke met die toediening van bepaalde elemente as gevolg van hulle vyandige inwerking op mekaar. Kalsium kan byvoorbeeld ‘n tekort aan Magnesium veroorsaak, terwyl Stikstof dié tekort kan oplos en daarom is dit nie nodig om ekstra Magnesium by te voeg nie. Hierdie geïnduseerde tekorte sal egter nie slegs tydelike tekorte in die betrokke voedingselemente veroorsaak nie, maar wel ook ‘n beduidende effek uitoefen op die pekanneutbome wat so ver as moontlik heeltemal vermy moet word. Afgesien van die monitering van hierdie tekorte deur middel van blaarontledings, waarvan een in November en die ander een in Februarie plaasvind, moet produsente ook altyd oplet na die moontlike simptome van enige visuele tekorte. Bepaalde voedingselemente
44
beskik oor kenmerkende simptome, soos dit baie duidelik uiteengesit word, in die onderstaande figuur. Produsente moet egter altyd onthou dat, indien ‘n pekanneutboom ‘n tekort aan Sink toon, daar wel ook ander verskuilde tekorte in die pekanneutplant aanwesig kan wees, selfs al is dit nie sigbaar nie en daarom is dit altyd raadsaam om terug te val op ‘n blaarontleding.
Figuur 3: Die Voedingstoftekort-kaart toon kenmerkende simptome van verskillende voedingstekorte waaroor elkeen van die onderskeie voedingselemente kan beskik.
Stikstof (N) Stikstof (N) is verantwoordelik vir genoegsame groei sowel as die lowergroen kleur waaroor pekanneutplante moet beskik. Daar moet egter ook genoeg stikstof aanwesig wees in dié plante sodat hul blare onder normale toestande kan fotosinteer en hul neute onder normale metaboliese toestande geproduseer kan word. Stikstof is ‘n baie belangrike komponent in die vorming van DNA en RNA (amminosuur samestellings) asook verskeie planthormone soos gibbereliensuur en ouksiene. Stikstof word gedurende twee afsonderlike stadiums in die seisoen van die pekanneutboom in hoë konsentrasies benodig, naamlik baie vroeg in die seisoen om genoegsame loof te kan produseer, wat die neute effektief sal kan vul, sowel as later in die seisoen tydens neutvul, wanneer die neute se proteiënkomponente gevorm word. Produsente moet egter ook in gedagte hou dat stikstof deurlopend uit die grond kan loog en vervlugtig. Stikstof, wat ook voortdurend deur grondmikrobes vir omskakeling van organiese materiaal benut word, kan ‘n beduidende effek hê op die hoeveelheid stikstof wat jaarliks toegedien word. ‘n Tekort aan Stikstof sal veroorsaak dat die blare ‘n geel voorkoms het en swak algehele groei toon asook dat dit klein en swak gevulde neute kan voortbring. ‘n Oormatige toediening van Stikstof veroorsaak nie slegs dat bome oorgeil groei en verdig nie, maar ook dat plantweefsel té vinnig groei en baie swak is, wat tot gevolg het dat oorgeil groeiende bome maklik breek. Bome, wat oorgeil groei, kan egter ook té laat in die seisoen aanhou groei, wat sal veroorsaak dat die weefsel nie genoegsaam afgehard het met die aanvang
van die winter nie en dat die bome as gevolg daarvan koueskade kan opdoen. Fosfor (P) Fosfor (P) speel dwarsdeur die groeiseisoen ‘n baie belangrike rol in die vorming van ATP- en ADP-bindings, wat beskou word as die beweging van energie binne die pekanneutplant. Fosfor is ‘n belangrike komponent in die totstandkoming van RNA en DNA met die vorming van lipiede en selmembrane. Fosfor lewer verder ook ‘n belangrike bydrae tot wortelvorming en is uiters belangrik om wortelmassas en buffervermoëns vir pekanneutplante te kan skep. Fosfor kan egter maklik vasgelê word in gronde met ‘n hoë pH-vlak wat die toeganklikheid daarvan vir die pekanneutplant beperk. Die vlakke van Fosfaat wat vir die pekanneutplant toeganklik is, is nie waarneembaar op grondontledings wat Fosfor as Bray 2 of Olsen uitdruk nie. Daarom is dit raadsaam om te alle tye genoeg Fosfor in die grond te hê wat toeganklik is vir die pekanneutplant om te kan verseker dat dit oor genoeg energieverbindings beskik. Kalium (K) Kalium (K) speel ‘n uiters belangrike rol in die regulering van water binne die plantselle. Die regulering geskied deur die beheer van die stomata van die blare soos duidelik blyk uit die pekanneutboom wat die oop- en toemaak van stomatas beheer deur die hoeveelheid Kalium wat as gevolg hiervan in die wande ophoop. Kalium speel ‘n baie belangrike rol tydens die neutvul as ‘n vervoermiddel wat die suikers of koolhidrate vervoer tydens die vullingsproses. Talle planthormone benodig genoeg Kalium sodat dit behoorlik gevorm kan word, aangesien daar tydens die neut se vergroting ‘n redelike toe-
name plaasvind in die plant se verbruik daarvan, veral tydens ‘n groot oes, aangesien die neut se omhulsels heelwat Kalium bevat. Kalsium (Ca) Kalsium (Ca) speel ‘n kenmerkende rol in die versterking van pekanneutplante se selwande om dit meer rigied te kan maak. Kalsium speel ook ‘n belangrike rol in die vervaardiging van ensieme binne die plant om bepaalde planthormone vry te stel, wat vir die normale groei van die plant benodig word. Net soos Kalium, is Kalsium ‘n belangrike rolspeler met betrekking tot die effektiewe en korrekte beheer van stomata. Kalsium speel verder ook ‘n belangrike rol in die vorming van gesonde stuifmeelbuise sowel as wortelhare. Die meeste grond, waarin daar hoofsaaklik pekanneute geproduseer word, benodig egter geen aktiewe toediening van Kalsium nie, aangesien dit reeds oor redelike hoë vlakke daarvan beskik. Magnesium (Mg) Magnesium (Mg) speel ‘n uiters belangrike rol in die kern van die Chlorofil-molekule, wat vir die opname van ligenergie verantwoordelik is. Dié ligenergie, wat afkomstig is vanaf sonlig onderskepping, kan dus beskou word as die plant se brandstof vir fotosintese. Tekorte aan Magnesium sal dus veroorsaak dat die blare ‘n tussen-nerfse vergeling sowel as beperkte groei toon as gevolg van die pekanneutplant se onvermoë om te kan fotosinteer. Magnesium speel ook ‘n sentrale rol in die aktivering van verskeie ensieme asook die vorming van ADP- en ATP-bindings soos Fosfor. Magnesium en Fosfaat kan as blaarvoedings gegee word om impulse vir groei te skep sowel as om die beweging van energie in die plant te bevoordeel.
Swael (S) Swael (S) is betrokke by amper alle dele van die pekanneutplant in sy elementêre vorm, aangesien dit ‘n groot deel uitmaak van die amminosuurstrukture binne die pekanneutplant. Hoewel tekorte aan Swael nie eintlik gereeld voorkom nie, moet produsente egter onthou dat elementêre Swael nie beskikbaar is vir plante nie en dat sulfate dus die hoofbron daarvan is. Sink (Zn) Sink (Zn) aktiveer ensieme wat verantwoordelik is vir die sintese van bepaalde proteïene in die pekanneutplant. Sink word gebruik in die vorming van Chlorofil en sommige koolhidrate, asook die omskakeling van stysel in suikers, aangesien die teenwoordigheid daarvan in die plantweefsel die pekanneutplant help om koue temperature te kan weerstaan. Sink is verder ook noodsaaklik vir die vorming van ouksiene, wat sal help met die regulering van die plant se groei en die verlenging van sy selle. Tekorte aan Sink veroorsaak dat pekanneutplante se blare begin vergeel en effense chlorose op die bokant daarvan vorm. Hierdie toestande, wat uiteraard ook ‘n groot impak het op pekanneutplante se vermoë om te groei, veroorsaak dat verdwergde groei en verkorte onternodes in sommige gevalle ook waargeneem kan word. ‘n Redelike hoër inhoud van Sink word vereis vir pekanneutbome in vergelyking met ander vrugte- en neutbome. Die onvermoë van die pekanneutplant se wortels om Sink op te neem in grond met ‘n hoë pH-vlak, waarin dit meestal aangeplant word, is een van die faktore wat tot die voortdurende tekorte aan Sink in pekanneute bydra. Die hoeveelhede Sink, wat wel deur die wortels opgeneem kan word, is egter nie genoeg om aan die pekanneutboom se
45
behoefte te voldoen nie. Daarom moet dit reeds vanaf ‘n vroeë stadium in die groeiseisoen aangevul word deur ‘n blaarvoeding van effektiewe opneembare Sink, asook die gebruik van ‘n goeie pH-buffer, gegewe die pH-vlak van die water wat meestal hopeloos te hoog is. Produsente moet egter tydens Sink-bespuitings daarop let dat die pekanneutbome se loof 100% spuitbedekking moet ontvang om te kan voorkom dat dit op sommige dele bepaalde tekote toon, selfs al is daar genoeg Sink toegedien. Die hoeveelheid Sink-bespuitings gaan dus grootliks bepaal word deur die liggings sowel as kultivars van pekanneutbome. Daarom is dit uiters belangrik dat produsente moet fokus op wat deur die blaarontledings aangetoon word en hul voedingsprogramme ook daarvolgens moet aanpas. Kultivars soos Wichita, wat baie meer geneig is tot tekorte aan Sink in vergelyking met ‘n kultivar soos Western, sal dus ‘n hoër aanvraag na Sink tot gevolg hê. Produsente moet egter waak teen enige oormatige toedienings daarvan, aangesien Sink en Nikkel vyandig op mekaar inwerk, wat op sy beurt weer maklik bepaalde tekorte aan Nikkel kan veroorsaak. Mangaan (Mn) Mangaan (Mn) se belangrikste funksie in die pekanneutplant is om die katalisator te wees in die proses waar suurstof van waterstof geskei word om sodoende suurstof vry te stel tydens fotosintese, wanneer ligenergie onderskep word. Dié proses, waarin koolhidrate en voedsel gevorm word om pekanneutplante se groei en produksie te kan verseker, word dus hierdeur voortgesit. Tekorte
46
aan Mangaan kan ook gesien word as effense chlorose en tussennerfse vegeling van die pekanneutboom se blare. Hierdie tekorte aan Mangaan, wat nie algemeen voorkom nie, word hoofsaaklik toegedien deur mengsels van mikro-elemente in die vorm van blaarvoeding tydens die groeiseisoen. Yster (Fe) Yster (Fe), wat soos die meeste ander voedingselemente ‘n belangrike rol tydens fotosintese speel, het ‘n groot impak op die sintese van chlorofil om ‘n groen kleur aan plante te verskaf. Yster is dus ‘n belangrike komponent van plantvoeding, soos dit duidelik blyk uit die feit dat ‘n tekort daaraan ‘n vertraging in die groei van pekanneutplante kan veroorsaak, aangesien fotosintese nie heeltemal daarsonder kan voortgaan nie. Tekorte aan Yster, wat hoofsaaklik waarneembaar is in die vergeling van die pekanneutplant se blare, kan aangespreek word deur blaarvoedings. Produsente moet egter daarop let dat verskuilde tekorte aan Yster heel waarskynlik in die pekanneutplant ook voorkom, indien die boom tekorte aan Sink toon. Koper (Cu) Koper (Cu) is ‘n rolspeler in verskeie reaksies van ensieme wat ‘n impak het op fotosintese en respirasie in die pekanneutplant. Koper se beskikbaarheid word ook belemmer deur grond met ‘n hoë pH-vlak net soos Sink en kan tydens die groeiseisoen toegedien word. Boor (B) Boor (B) verleen struktuur aan die pekanneutplant se selwande, wat net
soos Kalsium, op hulle beurt weer stabiliteit aan plante en plantselle verleen. Die opneembaarheid van Boor word egter belemmer deur grond met ‘n hoë pH-vlak wat dwarsdeur die groeiseisoen as ‘n blaarvoeding toegedien moet word. Boor speel ‘n belangrike rol tydens die pekanneutboom se blomen bestuiwingsprosesse. Tekorte aan Boor, wat hoofsaaklik waarneembaar is as blaarskroei, moet te alle tye vermy word. Produsente moet egter versigtig wees om dit nie te verwar met blaarskroei as gevolg van soute nie. Nikkel (Ni) Nikkel (Ni) aktiveer die ensiem, urease, wat by die omskakeling van Stikstof na ‘n bruikbare vorm betrokke is. Hoewel tekorte aan Nikkel hoofsaaklik in jonger boorde waargeneem kan word, kom dit egter ook al hoe meer gereeld in ouer boorde voor as gevolg van oormatige toedienings van Sink, wat op sy beurt weer die opneembaarheid van Nikkel onderdruk. Dié tekorte is hoofaaklik waarneembaar in die pekanneutplant se blare wat die kenmerkende muisore vorm en nooit tot hulle volle potensiaal ontwikkel nie. Molibdeen (Mo) Molibdeen (Mo) is ‘n mikro-element wat direk by die vervaardiging van absesiensuur in die pekanneutplant betrokke is. Dis baie belangrik vir produsente om op te let na die vlakke van Molibdeen tydens neutvul, aangesien optimale vervaardiging van absesiensuur ‘n sentrale rol speel in die vivipariteit van pekanneute. Molibdeen, wat meer geredelik beskikbaar is in grond met ‘n hoë pH-vlak, behoort egter nie algemeen as ‘n tekort waargeneem te word nie.
KOMMERVRYE BENUTTING VAN VOERSORGHUM Topgehalte ruvoer (weiding) wat self geproduseer word, is ongetwyfeld die sleutel tot sukses. Diere doen self die sny-, insamelen voer-aksie, terwyl kragvoer graanaanvulling tot die minimum beperk word. Daar is geen hantering-, verwerking- of bergingskostes ter sprake wat uitgawes verder kan opjaag nie. Voersorghum is ’n eenjarige subtropiese voergewas wat nagelang van die baster eienskappe as weiding, staandehooi of kuilvoer benut. Sentop – (Sorghum x Sudan baster) – Vir vinnige beweiding en/of “greenchop” met goeie hergroei. Sugargraze – (Soetsorghum x Soetsorghum baster) – Hoë suikerinhoud van 36%. Sugargraze is die beste staandehooi-gewas en maak uitstekende kuilvoer. Dis die gewas wat by jou aanpas! Sugargraze is uitmuntend. Sugargraze het geen gelyke. Voergewasse word in die algemeen minder geag as graangewasse. “Ag dit is maar net ’n voer.” Honderde hektaar word jaarliks onder voersorghum geplant en bewerk; onder verskeie seisoenale kondisies.
Onder sekere kondisies kan voersorghum komponente bevat wat ’n ernstige effek op die dier kan hê. Die algemeenste toksiese komponent is blousuur. WAT IS BLOUSUUR? Sianied glukosiedes – teenwoordig in baie plantspesies. Sianied glukosiede is ’n natuurlike komponent van die plant wat omgeskakel word na waterstof sianied (HCN) wanneer dit deur die dier geëet word. Genoegsame hoeveelhede HCN kan aanleiding gee tot blousuurvergiftiging. Jong plante en plante onder stres het ’n hoër risiko. PRAKTYK OM BLOUSUURVERGIFTIGING TE VOORKOM Die risiko van blousuurvergiftiging kan feitlik uitgeskakel word deur die volgende praktyke te volg: •
Moenie gewas bewei wanneer dit onderworpe is aan stres as gevolg van lae grondvog, koue of ryp nie. Sorg dat grondfosfaat op verlangde vlak is. Moenie honger diere laat wei nie. Voorsien soutlekke met voldoende swael. Moenie begin bewei voordat gewas ten minste 800 mm hoog staan nie.
• • • •
Lusern is ’n meerjarige peulgewas met ’n goed ontwikkelde penwortelstelsel. Kultivars word in dormansie groepe geklassifiseer op ’n skaal van 1 tot 11, waar Dormansie groep 1 - Minder winter aktief, aangepas vir baie koue toestande, en Dormansie groep 11 - Meer winter aktief, aangepas by warm, gunstige toestande, hoogs produserend.
LUSERN VERBOUING
Rüdi Kuschke 082 775 1779 | www.k2.co.za
• • • • • •
Dormansie 6 – Matig Winter aktief: SA Standaard / Aurora Dormansie 7 – Matig Winter aktief: SA Select Dormansie 8 – Meer Winter aktief: WL 525 HQ Dormansie 9 – Meer Winter aktief: KKS 9612 Dormansie 10 – Hoogs Winter aktief: WL 711 Dormansie 11 – Hoogs Winter aktief: WL 1111
Lusernsaad moet te alle tye geënt word met Rhizobium bakterieë met plant of direk voor plant. BELANGRIK: Enige stikstof bemesting is ’n 100% negatief op die Rhizobium bakterieë. Moet nie met stikstof bemesting by lusern peuter nie. Goeie lusern stand en groeikragtige plante is die basis van winsgewende produksie.
Gronde wat goed dreineer en waarvan die voedingstatus ekonomies reggestel kan word, kan gebruik word om lusern te verbou. Riglyne vir bekalking moet gegrond wees op die uitruilbare anione van die grond en nie bloot op pH en tekstuur van die grond nie. VOORDELE VAN BEKALKING VIR LUSERN SLUIT DIE VOLGENDE IN: • • • • • • • • •
Help om lusern optimaal te laat produseer Skep gunstige toestande vir die beskikbaarheid van ander elemente Verbeter vestiging van die stand Laat stand langer produseer Stikstofbindende Rhizobium bakterieë is meer aktief Verskaf kalsium en magnesium Verbeter grondtekstuur en grondbewerking Verhoog die beskikbaarheid van fosfor en molibdeen Verminder mangaan -, yster - en alluminiumtoksisiteit.
Bemes fosfaat in die vorm van superfosfaat (nie MAP of DAP – bevat stikstof) na winter (vroeg in die lente) en kalium in die vorm van kalium-sulfaat na elke snysel. Rüdi Kuschke: 082 775 1779 www.k2.co.za
47
GWK Trading Graan Madri Scheepers
Struktuur gefokus op ons produsente Die nuwe struktuur:
HOOF VAN GRAAN
Fritz Bartsch
SENIOR GRAAN EN OLIESADE VERHANDELAAR Prieska, Douglas, Modderrivier en Luckhoff
SENIOR GRAAN EN OLIESADE VERHANDELAAR Barkly-Wes, Hopetown, Vaalharts, Christiana, Oos-Vrystaat en Luckhoff
Sheridan Theron
Dewald Burger
GRAAN EN OLIESADE VERHANDELAAR Oos-Kaap
GRAAN EN OLIESADE VERHANDELAAR Sentraal Vrystaat
Vakant
Albe Mouton
GRAAN EN OLIESADE VERKRYGER Hopetown/Luckhoff
GRAAN EN OLIESADE VERKRYGER Oos-Vrystaat
GRAAN EN OLIESADE VERKRYGER Barkly-Wes, Vaalharts, Christiana, Noordwes
AFGELEIDE INSTRUMENTE VERHANDELAAR
Steven Storey
Vakant
Mynard Kritzinger
Vakant
GRAAN EN OLIESADE VERKRYGER Douglas
GRAAN EN OLIESADE VERKRYGER Prieska
GRAAN EN OLIESADE VERKRYGER Modderrivier/Luckhoff
AFGELEIDE INSTRUMENTE VERHANDELAAR
Jaco Voges
Japie Nortje
Helena Pool
Franco Geldenhuys
GWK Graan het sedert 1 Oktober 2019 die personeelstruktuur van die span aangepas om diens aan graanprodusente en -kliënte meer effektief te maak. Kliëntediens is ‘n belangrike punt vir die groter GWK en die nuwe graanstruktuur ondersteun daardie strewe – om vir ons produsente voortdurend die beste diens te lewer. Die span van GWK Graan se fokus is nou op ‘n spesifieke area en hulle is verantwoordelik vir die verkryging, bemarking en verhandeling van produkte en dienste in daardie area. Só word verantwoordelikhede gedeel, maar produsente kry die voordeel van ‘n gefokusde diens deur een persoon. Die areas is as volg verdeel: ■■ Prieska, Douglas, Modderrivier en Luckhoff ■■ Barkly-Wes, Hopetown, Vaalharts, Christiana, Oos-Vrystaat en Luckhoff ■■ Oos-Kaap ■■ Sentraal Vrystaat Volgens Fritz Bartsch, Hoof van Graan, sal die struktuur personeel in staat stel om ‘n omvattende, effektiewe diens aan kliënte te lewer. “Ons vertrou dat dít waardevolle bydraes gaan maak tot ons kliënte se besighede en ons sien uit na die voordele wat dit gaan inhou vir kliënte en GWK,” sê Bartsch.
Kontak die span van GWK Graan vir meer inligting oor die struktuur, produkte en dienste: SENIOR GRAAN- EN OLIESADE-VERHANDELAAR Prieska, Douglas, Modderrivier en Luckhoff Sheridan Theron sheridant@gwk.co.za | 053 298 8471
48
SENIOR GRAAN- EN OLIESADEVERHANDELAAR Barkly-Wes, Hopetown, Vaalharts, Christiana, Oos-Vrystaat en Luckhoff Dewald Burger dewaldb@gwk.co.za | 082 900 8736
gwk.co.za
Diens vir produsente en kopers alles op eenGraan plek. GWK Graanverhandeling
Ons span kan jou bystaan deur die totale proses van graanverhandeling. Kry raad by die spesialiste wat daagliks navorsing doen om aan die voorpunt van die mark te bly. SENIOR GRAAN EN OLIESADE VERHANDELAAR Barkly-Wes, Hopetown, Vaalharts, Christiana, Oos-Vrystaat en Luckhoff Dewald Burger | 082 900 8736
SENIOR GRAAN EN OLIESADE VERHANDELAAR Prieska, Douglas, Modderrivier en Luckhoff Sheridan Theron | 053 298 8471
gwk.co.za
Advertensie ‘Prestasie-saad met beproefde genetika’ - Sensako wenners vir elke streek!
Sensako spits hom toe op die ontwikkeling van ‘n produkreeks vir die Suid-Afrikaanse mark om ons plaaslike boere winsgewend in bedryf te hou. Elke produsent besef terdeë dat die regte kultivarkeuse (opbrengs en stabiliteit oor jare) ‘n krities belangrike produksiebesluit is. Om winsgewend te kan produseer, moet die kultivarkeuse by elke produksiestelsel se vereistes inpas. Sensako se sojaboonkultivars – SSS 5449tuc, SSS 5052tuc en SSS 6560tuc – word reeds kommersieël aangeplant met goeie opbrengsprestasies in al die produksie-gebiede. Die kultivars is onbepaalde groeiers, met glifosaatweerstand en goeie agronomiese en siekte-eienskappe. Syngenta se bekende sonneblom Clearfield-baster - SY 3970CL word deur Sensako versprei. Die kultivar spog met kompeterende kommersiële en strookproef-opbrengste, wye gebiedsaanpassing en die voordeel van Clearfield tegnologie in onkruidbeheer. ’n Wenner-kombinasie in verbouing. Uit Sensako se konvensionele mielieteeltprogram is die geelmieliebaster SNK 2768 vrygestel. Die mediumgroeiperiode kultivar is vergelykbaar met die beste konvensionele basters in die mark wat opbrengsprestasie aanbetref. Agronomiese kenmerke sluit in meerkoppigheid, is oorwegend enkelstammig en het goeie siekteverdraagsaamheid. ‘n Witmielie-kultivar SNK 61 is ook beskikbaar. Die oop-bestuifde kultivar met ’n medium-lang groeiperiode, is geskik vir graanproduksie, weimielies en kuilvoer spesifiek vir lae tot medium opbrengspotensiaal gebiede. Onthou dat die agronomiese bestuurspraktyke en klimaatsomstandighede die uitdrukking van die genetiese potensiaal van enige kultivar sal bepaal. Optimale gewasbestuur moet die keuse van ‘n kultivar ondersteun om genetiese potensiaal te verwesenlik. Om saam te vat – Sensako kultivars het hulself herhaaldelik bewys as staatmakers onder ‘n wye reeks produksie toestande – ‘Prestasie saad met beproefde genetika’ Sensako kultivars word direk versprei asook deur uitgesoekte agri-besighede. Bethlehem 058 3034690; www.sensako.co.za. 49
GWK Agri Landboudienste Pierre Ferreira
Ad: Sensako nn
50
Produsentefokus Charné van der Merwe
ANDRÉ SPANGENBERG
“Dis my hele wese om ‘n boer te wees!” Al
langs die pad vanaf Upington na Augrabies, word jy begroet met oorvloedige wingerde en sitrusboorde. Dis egter hier waar jy ook die plaas, Groenheuwel, langs die Oranjerivieren Rooipad-area sal aantref. André Smit Spangenberg (62), ‘n welbekende produsent van die Augrabies distrik asook die eienaar van die plaas, Groenheuwel, boer al vir die afgelope 36 jaar in hierdie omgewing. Op die oomblik word daar op sy grond van sowat 470 hektaar effektief geboer met verskeie permanente gewasse, insluitend tafeldruiwe, wyndruiwe, rosyne, granate en sitrusvrugte. Spangenberg het die afgelope twee jaar sy plaas, Groenheuwel, beskikbaar gestel vir die jaarlikse Boeredag op Augrabies. “Ek boer nie slegs vir myself nie, maar vir ‘n gemeenskap en daarom is dit vir my belangrik om my kennis ook met my medemens en die ander produsente te kan deel. Ek dink definitief dis ‘n groot voordeel om elke jaar soveel inligting op ‘n mens se
voorstoep te kan ontvang,” sê hy. Waar het alles begin? Spangenberg vertel dat hy sy liefde vir die natuur en landbou by sy pa geërf het. “My pa was ‘n natuurmens, maar daardie jare was die besproeiingsgronde nog baie klein en daarom het hy ook ‘n veeplaas besit. Ons kinders was nog altyd deel van die druiwe-oes. Boerdery is in ons bloed en loop beslis sterk deur ons almal se are,” vertel hy opgewonde. Spangenberg het na afloop van sy matriekjaar in 1975 sy diensplig in die weermag voltooi waarna hy tot 1982 as ‘n assistent wynmaker by die Oranjerivier Wynkelders op Kakamas gewerk het. Hierna het hy sy eerste twee persele van onderskeidelik tien en vyf hektaar elk gekoop vir die vervaardiging van rosyne. Hy het die vyf hektaar grond egter eers ’n bietjie getem met die plant van pampoene voordat die wingerd vir rosyne sowel as wisselbou
André Spangenberg, ‘n welbekende produsent van die Augrabies-distrik en die eienaar van die plaas Groenheuwel.
in 1983 gevolg en hy uiteindelik in 1989 met tafeldruiwe ook begin boer het. Gedurende 1985 het Spangenberg begin om hierdie grond gedeeltelik voor te berei vir die produksie van tafeldruiwe terwyl hy ook die druiwepersele van baie ander produsente in die omgewing vir die voorbereiding van tafeldruiwe gehuur het. Intussen het hy ’n bykomende wingerd van tien hektaar vir wynmaak asook die produksie van rosyne aangekoop. Nadat die vloedwaters van die Oranjerivier in 1988 letterlik alles kom platvee het, moes al hierdie landerye egter weer van voor af gelyk gesleep word. Boonop is Spangenberg se pa ook gedurende hierdie tydperk oorlede, waarna hy begin het om die 13 hektaar ongerepte grond op hulle familieplaas vir die produksie van tafeldruiwe te ontwikkel deur die aanplanting van twee hektaar Flame sowel as vyf hektaar Thompson. Kort hierna het hy begin uitbrei met die aankoop van ander plase soos Overkruin in 1996, asook
51
Hoogland van die plaas, Groenheuwel, wat tussen Upington en Augrabies langs die Oranjerivier- en Rooipad-areas geleë is. Links bo: Groenheuwel se Star Ruby-sitrusvrugte wat na konvensionele markte regoor die wêreld uitgevoer word. Links onder: Star Ruby-sitrusvrugte wat op die plaas, Groenheuwel, verbou word.
“As ek terugkyk oor my lewenspad, was dit goeie gesondheid en arbeidsverhoudinge sowel as die vermoë om saam te werk, saam te dink, saam te doen en saam te droom, maar bowenal was dit groot genade vanuit die Vader se hand, wat my gebring het tot waar ek vandag is.” - André Spangenberg Hoogland en Wydkyk albei in 2001. “My vrou is reeds sedert ons troue in 1981 betrokke op die plaas as deel van die span wat al die administrasie rondom die pakhuise sowel as die finansiële-afdeling behartig. My jongste seun het egter ook in 2015 by die boerdery aangesluit. Ons is ‘n baie goed saamgestelde span hier wat die arbeiders, produksie-bestuurders en administratiewe personeel betref. Ek kan nie en wil ook nie sonder my span hierdie wa deur die drif trek nie,” sê hy trots. Spangenberg erken egter dat boerdery ook vir hom, net soos vir menige ander produsente, beslis uitdagend is. “Hoewel die boerdery afhanklik is van natuur- en weersomstandighede, is dit nog steeds uiters vervullend as jou hele wese daarin is,” sê hy. Oestyd Volgens Spangenberg begin hy elke jaar gedurende middel November om die tafeldruiwe te pak wat gewoonlik tot middel Januarie duur, waarna die pars van wyndruiwe en die droging van rosyne jaarliks tot ongeveer middel Maart duur. Daarna begin die oes en verpakking van granate wat gewoonlik tot middel April duur. “Dis alewig ‘n gespottery, want teen die tyd wanneer die eerste trok teen middel
52
April ry om die laaste granate by die hawe op Kaapstad te gaan aflaai, laai die ander trokke alweer die eerste vragte sitrusvrugte op om dit ook na die Kaapstad-hawe te neem,” vertel hy laggend. Die oes en verpakking van sitrusvrugte vind dus elke jaar plaas vanaf middel April tot middel Augustus. Intussen is sy ander spanne reeds besig met die snoei van die druiwe as deel van die voorbereiding vir die daaropvolgende jaar se tafeldruiwe. Spangenberg vertel dat dit deur al die jare heen nog altyd sy droom was om die hele jaar lank te kon oes en dat hy nou, 36 jaar later, byna daardie mikpunt bereik het. “Dit verseker nie slegs ‘n meer vasgestelde arbeidsmag nie, maar ook meer werkverskaffing vir elkeen van hulle dwarsdeur die jaar,” verduidelik hy. Sy druiwe sowel as granate word regoor die wêreld na konvensionele markte uitgevoer terwyl sy sitrusvrugte hoofsaaklik na Europese markte uitgevoer word waar dit organies verbou en verkoop word. Selfs die Valencia-bloeisels en klein gedroogte Star Ruby-sitrusvrugte word uitgevoer. Die aanplanting van druiwe geskied elke jaar teen middel Julie en einde Augustus, waarna die aanplanting van sitrusvrugte teen middel Septem-
ber ‘n aanvang neem, afhangende van die aantal hektare wat aangeplant moet word. Spangenberg verduidelik dat ‘n druiwestok ongeveer twee jaar neem vandat dit geplant is totdat dit geoes kan word, terwyl ‘n sitrusboom, afhangende van die betrokke kultivar, selfs vier tot vyf jaar kan neem voordat dit gereed is vir die oes. Vra jy egter vir Spangenberg wanneer hy gaan aftree, dan antwoord hy jou met ‘n groot glimlag en sê dat aftree vir hom ‘n uitgedinkte woord is. “As die liewe Here jou seën met goeie gesondheid en ‘n positiewe gesindheid, kan jy nie agteroor gaan sit en die lewe by jou laat verbygaan nie. God se genade het my nog altyd staande gehou en in moeilike tye hoop gegee het. Ek boer in volle afhanklikheid van Hom,” sê hy opreg dankbaar. Spangenberg skryf sy sukses verder ook toe aan goeie gesondheid en deursettingsvermoë asook die vermoë om goed binne spanverband te kan saamwerk. “As ek terugkyk oor my lewenspad, was dit goeie gesondheid en arbeidsverhoudinge sowel as die vermoë om saam te werk, saam te dink, saam te doen en saam te droom, maar bowenal was dit groot genade vanuit die Vader se hand, wat my gebring het tot waar ek vandag is,” sê hy.
Ad: hollard nn
Ad: Rosepark
nn
53
Ons mense Charné van der Merwe
GWK Farmers Cup 2019:
Groot opwinding vir finaal ná die uitspeelrondte Die GWK Farmers Cup uitklop-gholftoernooi is ongetwyfeld ‘n baie opwindende gebeurtenis op die GWK-kalender. Vanjaar het 75 spelers op 4 Oktober aan die uitspeelrondte by die Kimberley Gholfbaan deelgeneem en mekaar die stryd aangesê om in aanmerking te kom vir die finaal, wat vanaf 29 Oktober tot 1 November, by Fish River Resort naby Port-Alfred beslis sal word. GWK-lede moes gedurende die jaar aan die onderskeie gholfdae op die verskillende dorpe deelgeneem het om te kon kwalifiseer vir hierdie uitspeelrondte en uiteindelik ook die finaal. Die top tien spelers van die onderskeie gholfdae op die verskillende dorpe binne die GWK-bedieningsarea het deurgedring na die uitspeelrondte, waar hulle dit moes uitspook vir ‘n plek in die finaal. Henry du Toit, wat reeds vir die afgelope twintig jaar net buite Douglas in die Noord-Kaap boer, kan nie uitgepraat raak oor dié uitspeelrondte en verlede jaar se finaal op Clarens nie. “Ons GWK-gemeenskap het die finaal verlede jaar vreeslik baie geniet. Dit was só ‘n groot sukses dat die ouens vanjaar behoorlik gestoei het vir hulle plek in die uitspeelrondte. Ek voel dat gholf ‘n groot deel is van die plattelandse dorpies, aangesien die meeste van ons produsente gholf speel. Vandag se uitspeelrondte is vir my ‘n uitsonderlike dag, selfs nog beter as dié van verlede jaar. GWK kan regtig besonder trots wees op dit wat hulle met die GWK Farmers Cup bereik,” het hy entoesiasties vertel. “Dis ‘n fantastiese GWK-inisiatief en ‘n onbetwiste
54
hoogtepunt op ons jaarlikse kalender. Al my medespelers het die uitspeelrondte ongelooflik baie geniet en ek wil graag GWK Groep Bemarking en Kommunikasie bedank vir hulle uitstekende reëlings. Ek glo dat die Farmers Cup sal aanhou groei en elke jaar net van krag tot krag sal gaan. Daar is immers min dinge in die lewe só lekker soos goeie, gesonde kompetisie,” het Jacques de Wet, Finansiële Adviseur: Lewensversekering en Beleggings by GWK,” opgewonde gesê. GWK wil hulle produsente, direksie, komiteelede en personeel geluk wens wat vir hulself ‘n plek in die Farmers Cupfinaal verseker het deur uitstekende gholf te speel. Die GWKlede wat uiteindelik na die finaal deurgedring het, is Pieter Myburgh, DB Lubbe, Jacques Faber, Nico Schmal, Andries du Raan, Driekus Gous, PG van Deventer, Dolf Swiegers, Johan Pienaar, Kolver Mülke, Piet Olwage, Jouke van Bergen, Tjaart Schutte, Rossouw van Bergen, Abe Cilliers, Martin Haigh en Anne-Marie Mülke. Direksielede, Wynand Human, HF Cilliers en Willem Mülke asook komiteelede, Jacques de Wet, Chris Shergold, Albertus de Wet en Kannetjies Kotzé, sowel as personeellede, André Coetzee en Günter Hollenbach sal ook hulle plek in die finaal volstaan.
In samewerking met SAFIRE Versekering FDV nommer 2092
Die top 17 GWK-lede saam met lede van GWK se Direksie en EXCO wat deurgedring het na die 2019 Farmers Cup finaal.
55
Ons mense Charné van der Merwe
YES
Marcus Phabian Sebusang (21) werk by die pastafabriek op Modderrivier. Hy beskryf sy ervaring by GWK tot dusver as baie opwindend en leersaam. “Die voedselbedryf gaan eintlik oor soveel meer as wat ek verwag het, maar ek is nou baie meer ingelig daaroor,” sê hy. "Not every closed eye is sleeping, and not every open eye is seeing.” Foto: Van links na regs is Chemelle James (GWK Veilings: Administrasie), Smamkele “Sima” Oliphant (Groep Bemarking en Kommunikasie) en Ramokone “Aden” Masisi (Groep Bemarking en Kommunikasie).
VIR INTERNS! GWK
is baie opgewonde om deel te kan wees van die Youth Employment Service (YES)-program waartydens 60 jongmense die geleentheid gebied word om verskeie vaardighede en ondervinding op te bou binne die korporatiewe omgewing van ‘n groot maatskappy. Volgens Hughlandi Theron, menslikehulpbron besigheidsvennoot: Korporatiewe Dienste by GWK, verstaan hulle die uiters belangrike rol wat die jeug in die vorming van die land sowel as die ekonomie speel. “Ons, as GWK, is voortdurend opsoek na maniere waarop ons kan terug gee aan die onderskeie gemeenskappe wat ons dien en daarom het ons begin met die soeke na nuwe geleenthede vir die Noord-Kaapse jeug. Ons soektog het ons dus gelei na die Yes4Youthprogram waar produktiewe jongmense nie slegs die geleentheid kry om hulleself op te hef nie, maar ook om tot die vorming van die land se ekonomiese en sosiale toekoms by te dra,” verduidelik sy. GWK spog op die oomblik met ‘n totaal van 60 jongmense van regoor die Noord-Kaap, wat binne verskillende afdelings van hierdie dinamiese maatskappy die geleentheid gebied word om waardevolle werkservaring op te doen. Hulle betrokkenheid by die YES-program stel hul in staat om verskeie gemeenskappe binne die
56
GWK-bedieningsarea, insluitend Kimberley, Douglas, Prieska, Barkly-Wes, Modderrivier en Ritchie te bevoordeel. Afdelings binne GWK waar die YESinterns werk: ■■ Kommersiële Finansiële Dienste (1) ■■ Meganisasie (4) ■■ Kleinhandel (11) ■■ Vulstasies (2) ■■ Interne Oudit- en Risikobestuur (6) ■■ Bemarking en Kommunikasie (2) ■■ Finansiële Dienste (1) ■■ Menslike Hulpbronne (1) ■■ Graan Verhandeling (1) ■■ Simba-aanleg (1) ■■ Christiana: Administrasie (1) ■■ Kimberley Veilings: Administrasie (1) ■■ Modderrivier: Administrasie (1) ■■ Silo’s en Pastafabriek (23) ■■ Middelbestuur: Kantooradministrasie (4) Die YES-program streef daarna om een miljoen werksgeleenthede vir die Suid-Afrikaanse jeug te kan skep deur middel van baanbreker-inisiatiewe met betrekking tot innovering en die beste gebruik van tegnologie in die praktyk. Hulle hoofdoelwit is om die ongelykheid van die verlede binne die arbeidsmag te verminder deur ‘n hand uit te reik om sodoende almal te help om ‘n werk te kry, ‘n inkomste op te bou en dit te belê.
Chemelle James (22) werk op die oomblik by GWK Veilings: Administrasie in Kimberley binne die GWK Farm Foods-divisie. “Ek is vanaf die heel eerste dag met ope arms verwelkom deur al my kollegas by GWK,” vertel sy met groot waardering. “Don’t gain the world and lose your soul; wisdom is better than silver or gold.” - Bob Marley Valarie Abrahams (25) is verbaas oor al die interessante dinge wat sy tot dusver by die Douglas Handelstak kon leer. “Selfs die fakture is eintlik heelwat meer pret as wat ek aanvanklik gedink het die geval sou wees,” vertel sy. “Work today and change tomorrow.” Smamkele “Sima” Oliphant (24) werk op die oomblik as deel van Groep Bemarking en Kommunikasie binne die Korporatiewe Dienste-afdeling. “My ervaring by GWK die afgelope paar maande was fantasties! Ek leer ongelooflik baie hier en sien regtig uit na die res van die tydperk wat nog voorlê,” sê sy entoesiasties. “Man is like an onion. His potential is exposed one layer at a time until all he is, is known by all.” - Dr Myles Munroe Ramokone “Aden” Masisi (28) vertel dat hy sy werk binne die Groep Bemarking en Kommunikasie vreeslik baie geniet, hoewel hy soms nog probeer om binne die korporatiewe wêreld aan te pas. “Ek sien geweldig baie uit na die res van die pad sowel as die toekoms saam met GWK,” sê hy opgewonde. “You can’t judge people by their appearance, because people wear different faces at different occasions.”
Ad: United Seeds
nn
57
Ons spesialiste Charné van der Merwe
Nel was deel van die eerste groep GWKleiers wat die GWK Orion Leadership Programme voltooi het. V.l.n.r. is Ilze de Leeuw (fasiliteerder), Louis Nel en Frans du Plessis (Besturende Direkteur: GWK Agri).
LOUIS NEL 'n Spesialis met 'n passie vir sy werk en familie GWK
“Ek leef elke dag asof dit my heel laaste is - voluit en met passie!”
58
is bekend vir sy uiters bekwame spesialiste en Louis Nel (37), wat al byna ‘n dekade lank vir GWK werk, is geen uitsondering nie. As bemarkingsbestuurder vir GWK Agri Bemarking: Sentrale Streek, is sy hoofdoel om die kunsmis-, saad- en chemiese mark vir GWK te laat groei. Sy ander verantwoordelikhede sluit in enige navrae in verband met verkope, soos byvoorbeeld handel, graan en finansiering, maar dit stop egter nie daar nie. Hy is ook in beheer van kliënte se navrae en indien enigeen van hulle ‘n probleem ondervind, probeer hy om dit so gou as moontlik op te los en af te handel. “Ek glo hierdeur lewer ek ‘n persoonlike diens aan ons lede,” verduidelik hy. Nel het op 1 Mei 2008 by die GWKspan aangesluit as takbestuurder op Marydale, maar het dié maatskappy in 2015 verlaat om by die koöperasie in Humansdorp te gaan werk, waar hy
‘n nuwe stedelike tak geopen het. Hy is egter vroeg in 2016 deur drie van sy oud-kollegas, Willie Wiggett, Mark du Plessis en wyle Ertjies van den Berg, genader om weer by die GWK-span aan te sluit, maar hierdie keer as bestuurder op Douglas. Dit het hom in staat gestel om sy oorspronklike doelwit te kon bereik wat hy reeds sedert 2008 vir homself in die vooruitsig gestel het. Gedurende die afgelope nege jaar het Nel nie slegs binne sy werksomgewing gegroei nie, maar ook verskeie kwalifikasies, insluitend UNISA se Bestuursontwikkelingsprogram (BOP) en die Universiteit van die Vrystaat se Sertifikaat in Projekbestuur sowel as GWK se Orion Leadership Programme voltooi. Nel is op 27 Februarie 1982 gebore op Aliwal-Noord in die Oos-Kaap, maar het groot geword op Rouxville. Hoewel hy sy skoolloopbaan op dié Oos-Vrystaatse dorpie begin het, voltooi hy dit egter op sy geboortedorp.
“Ná die afsterwe van my moeder het ek nie die geleentheid gehad om te gaan studeer nie en werk was dus my voorland. Ek het in 2001 as oorloopstoor-koördineerder by OVK op Rouxville begin werk waar ek die geleentheid gebruik het om myself geleidelik vanaf posisies soos winkelassistent, kassier en administratiewe assistent op te werk na takbestuurder.” Soos die meeste hedendaagse jongmense, het Nel in 2004 oorsee gegaan waar hy aan die weskus van Skotland gewerk en ook vir ‘n Skotse rugbyklub, OBAN RFC, rugby gespeel het. Gedurende hierdie tydperk is Nel se pa oorlede en moes hy terugkeer na SuidAfrika, waar hy weer die kans gekry het om as kassier by OVK te werk, maar ná twee jaar het hy homself uiteindelik opgewerk na assistent-takbestuurder. Harde werk word beloon en in 2007 het Nel ‘n oproep ontvang van Rocky le Roux om by die GWK Groep aan te sluit. “Ek het in daardie stadium besluit dat dit dalk nou uiteindelik my kans is om my vlerke te sprei, aangesien ek toe reeds byna ‘n leeftyd lank op Rouxville gebly het,” sê hy. Nel het saam met sy vrou, Elanie (Koen) Nel asook hulle twee kinders, Lené (7) en Louis-Jean, oftewel LJ (5) na die Noord-Kaap verhuis, waar hulle nou op Douglas woon.
besigheid in ‘n moeilike situasie geplaas, maar die wiel het nietemin weer in ‘n positiewe rigting gedraai. Dit het maar net weereens opnuut bewys dat al die betrokke bestuur en personeel nooit sal ophou om vir GWK en sy kliënte te baklei nie. Ek is ongelooflik positief en weet dat GWK op die regte pad is,” sê hy met ‘n groot glimlag. Wat is jou toekomsvisie vir GWK binne jou veld? Volgens Nel is dit van onskatbare waarde om iemand in dié veld te hê wat die kommunikasie tussen GWK en die kliënt kan bevorder. “Kommunikasie is een van die heel grootste brûe tussen die kliënt en die besigheid om uiteindelik sukses te kan bereik. Daarom is my toekomsvisie vir GWK dat ons kliënte al die ins en outs van ons besigheid ten volle sal verstaan asook dat die beroep wat op ons gedoen word slegs aan die onderskeie GWK-verteenwoordigers gerig sal word,” verduidelik hy. Wie is Nel as hy nie by GWK is nie?
kleinskole-liga vir die eerste keer in 13 jaar gewen, die tweede jaar ‘n derde plek behaal en hierdie jaar was die kersie op die koek toe ons, vir die eerste keer in dié skool se 123-jarige bestaan, daarin geslaag het om die kleinskolesowel as die Kovsie-liga te kon wen.” Nel vertel trots dat hy as sekretaris by Samevloei Landbouvereniging en as bedryfsleier by Douglas Buurtwag betrokke is, terwyl hy ook as GWK-verteenwoordiger dien op die Douglas Veiligheidsforum. Hy vertel dat hy absoluut mal is oor vlieghengel en visvang langs die Vaalrivier saam met sy vrou en kinders. “Ek geniet die buitelewe met ‘n groot vuur en braaivleis. Wat is die Noord-Kaap in elk geval sonder ‘n staanrib op die kole?” vra hy. Sy gesin was nog altyd sy onwrikbare steunpilaar in die lewe en sy kinders sy grootste inspirasie om elke dag aan te hou. Hy streef daarna om altyd ‘n energieke, eerlike, hardwerkende en passievolle gesinsman, medemens en kollega te wees. “Ek leef elke dag asof dit my heel laaste is - voluit en met passie!”
Nel het ‘n groot liefde vir rugby en is vir die afgelope drie jaar reeds die trotse afrigter van Hoërskool Douglas se eerste rugbyspan. “Die eerste jaar het ons die
Grootste uitdaging terug by GWK Nel vertel sy grootste uitdaging terug by GWK was om weer saam te werk as ‘n eenheid. “Toe ek destyds by GWK begin het, het dit bekend gestaan as ‘n familie-besigheid. Die korporatiewe wêreld het die vermoë om ‘n mens so maklik in te sluk en jou dan te laat vergeet van waar jou prioriteite teenoor jou mededingers en kliënte nou eintlik behoort te lê,” sê hy. Wat geniet jy die meeste van GWK? “In my oë is GWK die risikonemers van die landbou-wêreld. Hoewel hulle in ‘n mate konserwatief is, skep hul nietemin vir jou die geleentheid om jouself ten volle te kan uitleef en in die proses ook die besigheid te kan bevorder,” sê hy. Wat is Nel se siening oor GWK? “GWK het ‘n baie moeilike twee jaar agter die rug. Besluite, wat dalk nie altyd die regte besluite was nie, het dié
Besig met een van sy grootste passies.
59
Leefstyl Saamgestel deur Charné van der Merwe
HOE ROOIER, HOE MOOIER! (Bron: afrikahealth888.blogspot.com)
Tamaties staan algemeen bekend as die gesondste groentevrug. Alhoewel dit dikwels as 'n groente beskryf word, is dit eintlik in werklikheid 'n vrug. Tamaties bevat heelwat Vitamiene A, C, en K, asook Folaat, Kalium, Tiamien, Niasien, Vitamien B6, Magnesium, Fosfor en Koper. Die beste voordeel van tamaties is egter dat dit laag in Natrium, oftewel sout, asook versadigde vette, cholesterol en kalorieë is. Of jy dit nou 'n vrug of 'n groente noem, tamaties beskik oor reusevoedingswaarde wat geweldige voordele vir jou gesondheid kan inhou. Hier is tien redes waarom jy tamaties by jou dieet moet insluit:
1. Hou jou vel gesond Die inhoud van Likopeen, 'n anti-oksidant in tamaties, kan jou help om jou vel teen sonskade te beskerm. Dit verminder ook jou vel se sensitiwiteit vir moontlike skade weens ultraviolet ligstrale, wat een van die hoofoorsake is van fyn lyne en plooie op jou gesig. Tamaties kan verder gebruik word om vergrote porieë te verklein en aknee te genees, sowel as om enige veluitslag of geringe brandwonde te behandel.
2. Ondersteun die gesondheid van jou bene Te danke aan die groot hoeveelhede Vitamien K en Kalsium wat tamaties bevat, bied dit uitstekende hulp vir die bevordering en herstel van jou bene. Die anti-oksidant, Likopeen, verbeter jou beenmassa om sodoende ook osteoporose, gestremdheid en misvorming te kan beveg.
3. Verbeter jou visie As gevolg van die hoë inhoud Vitamiene A en C wat tamaties bevat, kan dit jou ook help om jou visie te verbeter, asook om nagblindheid te voorkom. Dit verminder verder die risiko van 'n ernstige, onherstelbare toestand van die oë, naamlik Makulêre Degenerasie. Tamaties kan die risiko verbonde aan die ontwikkeling van katarakte op jou oë verminder asook jou oë teen enige skade as gevolg van lig beskerm.
60
4. Verminder jou haarprobleme Die verskillende vitamienes asook yster wat in tamaties voorkom, help jou om jou hare te versterk asook om glans aan jou beskadigde, dowwe en lewelose lokke te verleen. Die suur in tamaties help om die pH-vlakke in jou hare te balanseer, wat op sy beurt jou weer help om enige haarkleursels sowel as -kleurstowwe uit jou hare te kan verwyder en sodoende die natuurlike daarvan te kan herstel. Wend vars tamatiesap aan op jou kopvel sowel as hare nadat jy dit gewas het en spoel dit na vyf minute weer af met koue water as jy 'n jeukerige kopvel en/of skilfers het. Wees egter versigtig om tamaties nie té dikwels op jou hare te gebruik nie, aangesien die suur daarin jou hare kan uitdroog.
5. Verlaag jou bloedsuikervlakke Tamaties is ‘n uitstekende voedselkeuse vir diabete, aangesien dit hulle sal kan help om hul bloedsuikervlakke te verlaag. Dit bevat verder besonder min koolhidrate wat jou sal help om die glukosevlakke van jou urine te kan beheer. Die verskeie antioksidante, wat in tamaties voorkom, beskerm ook jou niere en bloedstroom.
6. Beveg kanker Die anti-oksidant, Likopeen, wat in tamaties voorkom, verlaag risiko’s van prostaat- asook verskeie ander vorme van kanker. Die anti-kanker voordele van tamaties word egter nog verder verhoog wanneer dit in olyfolie gaargemaak word.
7. Beheer jou gewig Tamaties, wat laag is in vet asook geen cholesterol bevat nie, bestaan uit ‘n besonder hoë konsentrasie water en vesel wat help om jou maag vining vol te maak sonder baie kalorieë.
8. Bevorder gesonde slaap Navorsing toon dat die anti-oksidant, Likopeen, asook Vitamien C, wat in tamaties aangetref word, jou kan help om gesonde slaap te bevorder.
oplossing: Augustus/September 2019
9. Verlaag jou bloeddruk Tamaties is ryk aan Kalium wat kan help om jou bloeddruk te verlaag. ‘n Mens se bloeddruk styg gewoonlik wanneer Kalium, ook bekend as Potassium, in jou dieet ontbreek, veral as jy te veel Natrium, oftewel sout, inneem. Kalium help dus om die aantal Natrium in jou liggaam te balanseer. Een koppie vars tamaties bevat 11,4% van jou daaglikse vereiste Kalium en verminder terselfdertyd ook die risiko van verskeie hartstoestande.
S
B
O
10. Verminder chroniese pyn Anti-inflammatoriese middels soos Bioflavonoïed en Karotenoïede wat in tamaties voorkom, kan jou selfs help om chroniese pyn ook te verminder. Maak seker dat jy volgende keer wanneer jy gaan inkopies doen, heel eerste ‘n stewige pak tamaties in jou winkeltrollie laai!
B
B O S E K O R N A G S T O O R K O D M E N L U S R S A N E G E S O
S F E R O M E T
L U R O G R E E N T
A A A N I N G N S T E E K E S E S P S K A O O L U O S I P E R S I S G T E E R T P E M
W G S
A G E S E L S A L F
R L A N N S T R O G E W E K O R L E K O D E P N D R O E F K A A L F A G E E P S R T O E G E L
Y W O S T A G O O I A L R E G K R Y E S E L S I R U K S B U L T E U R M S S O R A A L S A A L I A R I G L U I T E I P E R D R O K E R O O R S E E E N T K S T R A M S E R O S E T E R S
61
RAAI
Kommuniek Vase
Musiekkomposi- Kragtens sie
Blou katoenstof
Teenoor jongerige
Doktorandus
Die boer se aarde
Koel
Verwyder natheid Snuite van olifante
Besieling
Heel voor
Natuurgees
Kykorgane
Luidier
Middelpunt
Alleenspel
Sikloon
Destyds
In die verlede
Nimmer Ten gunste van
Stellenbosch
Vrees aanjaag
Adellik Verlang Negatief
Towergodin
Naald se opening
Hindernis
Met
Voet se loopvlak
Vyfde maand
Sukses behaal Star
Bemoedig
Voltooi
Middelbare Greenwichtyd
Doellose
Skurk
Ritte
Siekerig
Aäron se broer Triomf
Uitdruk
Nie hard nie Dier wat miaau
2de noot
Soen
Verorber
Verklaar
Ligte stamp
Vuurpyl
Weiering om te koop
Roofdiere
Getande werktuie
Hard roep
Lui
Bakkop Resident ing. Treiter
Pakplek
Tegelyk
Vuisgeveg
Koffer
Hondjie
Opdam
Vries
Edelstene met strepe
Koelkas
Berillium
Ná Mrt. Bestaan
Oplossing vir KommuniekRAAI (Augustus/September 2019) op bladsy 61.
62
Waar
Onderoffisier Werklus
Musici wat saam speel
Stormvoëls
Groei op nat klippe
Dog Bevalling
Seemyl
Behoeftes Vent
Tallium
Gedaan
Droog
Vermoed
Sies!
Vol krag
Kese
Kalant
Afskrif aan Uitroep vir iets slegs
Afdruk
Tweesang Openinge
Plaasdiere
Met mes geskei
Knol
Vulkaan op Sisilië
Boesmanvolk
Gallium
Bravo in Spanje
Pynlik
Rygtoue
Seilwedstryd
Maaltye
Te kenne gee
Hou vir
Voedsel uit die oseaan
Mes se snyblad
Platsak
Kinderpret
Help die seerower om die skatkis te vind.
63
JAAR IN
KUNSMIS BEDRYF VERSPREI JAARLIKS, MEER AS 7
MIL JOEN METRIEKE TON WÊRELDWYD
GAVILON SOUTH AFRICA (PTY) LTD
VERSPREI KWALITEIT KUNSMIS NA DIE AFRIKA KONTINENT
ADDISIONELE STOOR KAPASITIEIT BY 4 STRATEGIESE HAWENS IN SUIDELIKE AFRIKA: KAAPSTAD, PORT ELIZABETH, RICHARDSBAAI EN BEIRA IN MOZAMBIQUE
Ad: Gavilon
nn
DURBAN 70,000MT DROË STOOR KAPASITEIT 70MT P/UUR KAPASITEIT NPK VERMENGING DEEL VAN DIE GROEP R958.5 BILJ. OMSET VIR JAAR EINDE MAART, 2018
www.gavilon.co.za
S T R O N G A DV E R T I S I N G 1 9 0 6 0
FOKUS OP DIE GEBRUIK VAN HOË KWALITEIT BESTANDDELE VIR NPK MENGSELS
Gavilon South Africa (Pty) Ltd
T +27 11 367 8420
F +27 11 706 9043
Grondvloer, Silky Oak House, Ballyoaks Office Park, Ballyclare Rylaan 35, Bryanston, Johannesburg, 2021 / Posbus 133, Cramerview, 2060 Pieter Bekker 072 626 0419 / Willem Engelbrecht 082 825 7781 / Terence Van Dyk 082 885 4163 / Cas Prinsloo 079 510 2710
64
Resep
Bron: Delish.com
BESTANDDELE:
As jou idees vir aandete op is en jy is gelukkig genoeg om ‘n drukkoker te besit, is hierdie vinnige wenner vir jou!
• 1 eetlepel olyfolie • 1/2 ui, opgekap • 2 knoffelhuisies, fyngedruk of -gerasper • 1 teelepel gedroogte origanum • 1 teelepel gerookte paprika • 1 koppie witrys • Sout • Varsgemaalde swartpeper • 1 ¼ koppie hoenderaftreksel (of water) • 2 mediumgrootte wortels, in klein blokkies gesny • 1 rooi soetpeper, opgekap • 3 ontbeende, ontvelde hoenderborsies • Varsgekapte pietersielie, vir garnering
AANWYSINGS: 1. Voorverhit die drukkoker op die sauté-funksie. Gooi die olie in en braai tot sag, 3 tot 4 minute. Voeg die knoffel, origanum en paprika by en braai tot geurig, 1 minuut. 2. Roer die rys en aftreksel by, en geur met sout en peper. Voeg die wortels, soetpeper en hoender by en geur mildelik met sout en peper. 3. Sit die deksel op, verander die funksie na “Manual” of “Pressure Cook” en stel op hoog vir 8 minute. Wanneer 8 minute verby is, laat die pot natuurlik stoom afblaas vir 10 minute, verlig dan die druk, haal deksel af en vlok die hoender. Strooi pietersielie oor voor bedien.
65
Uit Piet se pen
Oom Hansie sak uit Ma
was lanklaas op die plaas. Sy kom kuier slegs op háár voorwaardes. Vlieg is uit. Vergeet van ‘n bus. Ek kom haar haal of sy bly tuis. Ons reël vooraf vir ‘n datum. Nee, sy kan nie dan al kom nie, want sy moet nog die nagmaal organiseer by die oord. Die naweek daarna sal haar pas. Geen probleem, laat ek weet, ‘n mens se kerk kom eerste. Sy hou nie daarvan nie, reken ek is sarkasties. ‘n Vriend kom saam, stuur sy ‘n boodskap. Nee, dit is nie wat ons dink nie. En moet tog nie weer vra of daar ‘n vryery is nie. Hou jou vrae vir jouself, waarsku sy. Ons gaan laai vir ma en oom Hansie op. Terwyl ons wegry, gee ma rekenskap van elke leë parkeerplek by die oord. ‘n Haasbek-besigheid. Die kinders vat die karre weg as dinge handuit ruk. Ma is bly as die kinders ingryp. Die oumense rev die goed vreeslik en jy weet nooit of hulle vorentoe of agtertoe gaan ry nie. ‘n Ou man het die ander dag twee vrouens omgery wat agter sy motor verbygeloop het. ‘n Helse storie gewees. ER24 en ambulanse net waar jy kyk. By die ingang is daar net so ‘n groot probleem. Die hek word gedurig van sy spoor gestamp. Hoekom hulle nie betyds kan briek nie, slaan haar dronk. Eindelik kry oom Hansie ‘n spreekbeurt. Hy lig ons dadelik in oor sy mediese geskiedenis. Oumense hou om een of ander duistere rede baie hiervan. Ek het geen idee hoekom nie. ‘n Handvol pille om al sy skete in toom te hou. Ons sal nie glo nie, maar hy was al 20 ure dood, vertel hy gou. ‘n Prosedure met stent wat verkeerd geloop het. Ek is nuuskierig en besluit
66
om tóg maar ‘n vraag of twee te vra. “Het oom enige boodskap gekry of iets vreemd ervaar in die tyd?” wil ek weet. Niks, absoluut niks, antwoord hy. Het hy dalk iemand gesien? Oom Hansie twyfel. Dink so ‘n rukkie en bevestig dat hy geen so-iets ondervind het nie. Ma maak groot-oë in die truspieël. Ek hou liewer op. Die twee wonder wat die ander oumense vandag gaan doen. Ou Seppie is ‘n karakter. Hy was al drie keer getroud en al drie vrouens lewe nog. Hy praat van sy eerste, middelste en laaste vrou. Seppie is die aftreeoord se nie-amptelike liefdesraadgewer. Vertel glo ou Stoffeltjie, sy buurman, het ‘n groot probleem. Hy het hom gewaarsku om nie halsoorkop verlief te raak op enige vrou nie. Dáár is nege vrouens vir elke man. Op tagtig kan dinge lelik skeefloop, selfs jou dood beteken. Stoffel wou nie hoor nie en sit nou met ‘n dilemma. Sy meisie wil handjies vashou, veral as hulle kerk toe gaan. Hy weet nie hoe om dit te stel nie, maar sy verwag meer as wat hy kan gee. Oom Hansie reken dit het iets met geld te doen. Ma knip oog en lag uit haar maag. Ma vra uit oor Facebook en WhatsApp. Ou Ester van langsaan vertel glo jy kan vry oor die internet. Sy wonder hoe dit nou sal werk met iemand wat jy nie sien nie. Nee, die wêreld het vir haar nou te anderster geword. Oom Hansie skud net sy kop en gee ‘n laggie. Hy waarsku ma om nou nie weer oor die detail te bespiegel nie. Ek verander liefs die onderwerp. Oom Hansie is haastig om op die plaas te kom. Hy het was nog nooit op
‘n karooplaas nie. Môreoggend val hy saam met my in. Vroeg die volgende oggend drink ons saam koffie. Die ou het sy plaasklere aan. ‘n Blokkieshemp met ‘n kabeltruitjie. Sy oorlede vrou het nog die trui gebrei. Hy het nog twee van dié modelle in sy kas, lig hy my in. Sy jean is hoog opgetrek tot onder sy blaaie. Onder steek ‘n paar grys seilskoene uit. Hy het nog ‘n bruin paar wat hy net by die oord dra. Lieflike skoentjies wat hy by Friedman & Cohen in die Strand gekoop het. ‘n Kakie-hoedjie maak net sy hare toe. Die dag se werksaamhede handel alles rondom die voer van die diere. Terwyl die mense voer maal, ry ek en oom Hansie lek uit. Hy wil self die hekke oopmaak. By die laaste hek merk ek op sy broek het heelwat laer afgesak. Sy spoed is 'n bietjie minder. Foeitog, 83 is nie ‘n man se maat nie. Ek moet gaan voerpille haal op die dorp en hy wil saamry. Ma wil ook saam. Die enigste probleem is hoe ons haar in die vragmotor gaan kry. Maklik, die laaibank werk vir mense ook. Skaars weggetrek of oom Hansie raak aan die slaap. Ek is bekommerd. Ma reken hy makeer niks. Hy sit glo aan. Terug by die huis is die oumense gedaan. Hulle is haastig vir die sepies sodat hulle kan gaan slaap. Oom Hansie vra ek moet hom asseblief môre verskoon. Sy tas is nog nie uitgepak nie en hy moet ‘n paar “wash ups” (WhatsApps) stuur. Ma is dik van die lag… “Lyk my die ou se gô is uit,” sê sy saggies.
Effektiewe onkruidbeheer … elke keer Roundup® – steeds die effektiefste oplossing.
Wanneer dit kom by breëspektrum-onkruidbeheer as deel van ’n oesbeskermingsprogram, bly Roundup® se konsekwente kwaliteit steeds onoortreflik. Roundup® is mengbaar met ’n wye reeks ander oesbeskermingsprodukte. Dit is die ideale produk wat bewaringslandbou moontlik maak en hou jou grense, landerye en meerjarige gewasse onkruidvry. So help dit jou gewasse om hul volle potensiaal te bereik.
• Bevat Transorb™-tegnologie vir vinniger absorpsie en translokasie
TURBO • Gebruik dit as ’n voor-plant onkruiddoder vir gemoedsrus. • Maak bewaringslandbou moontlik. • Is reënvas binne twee ure na toediening.
• Toedieningsaanpasbaarheid volgens individuele etiketaanbevelings
Ad: Monsanto
nn
• Breëspektrum-onkruidbeheer
uppe marketing A20427/GWK
• Verseker oesveiligheid. • In Roundup Ready®-gewasse kan dit na opkoms bo-oor die gewas gespuit word of as ’n gerigte bespuiting op bv. mielies, soja en katoen. • Is reënvas binne een uur na toediening.
Vir doeltreffendheid en oesbeskerming, asook die korrekte gebruik van die produkte, lees die produketikette vir volledige gebruiksaanwysings. Slegs die korrekte en verantwoordelike gebruik van hierdie onkruiddoders sal uitstekende onkruidbeheer verseker wat die groei van jou oes en profyt tot gevolg sal hê.
Roundup® bevat 360 g glifosaat/ℓ. Wees versigtig. Reg.nr. L0407 (Wetnr. 36 van 1947), Roundup® PowerMAX bevat 540 g glifosaat/ℓ. Wees versigtig. Reg.nr. L7769 (Wetnr. 36 van 1947), Roundup® TURBO bevat 450 g glifosaat/ℓ. Reg.nr. L7166 (Wetnr. 36 van 1947), is Groep G-onkruiddoders en is geregistreerde handelsmerke van Monsanto Technology LLC. Gebruik die onkruiddoder op ’n veilige manier. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.
67
Die internasionale mark op jou voorstoep. Ad: GWK Pecans
GWK Pecans is pekanprodusente se antwoord op die internasionale mark se vraag na plaaslike pekanneute. Uit die vennootskap tussen GWK en Kalahari Pecans is ‘n besigheid geskep wat produsente toegang gee tot langtermynmarkte, infrastruktuur en wêreldklas kraakfasiliteite. Aandeelhouding in GWK Pecans is beskikbaar aan produsente, sodat ons kan aanhou om die gehalte pekans waarvoor ons bekend is, aan die buiteland te lewer. Gesels met die span van GWK Pecans: Günter Hollenbach Verkryger Vaalharts | 082 883 9652 Corné Pieterse Verkryger Douglas | 083 680 8789
68
Anroux Pretorius Verkryger Vaalharts | 071 312 6859
gwk.co.za