Skip to main content

Kommuniek Oktober/November 2015

Page 1

Ons sorg vir jou toekoms sodat jy kan voortgaan om vir die wêreld te sorg.

GWK Lewensversekering Ons bied dekking vir enige versekerbare gevare wat kán gebeur.

Douglas Brits van den Berg (Uitvoerende Bestuurder: Versekering) 082 803 5190

Hopetown/Luckhoff Josef Pelster Krediet- en Lewensversekering 082 883 4474

Kimberley Willem Kruger Krediet- en Lewensversekering 082 490 9680

Douglas Lucas Holtzhausen Finansiële Adviseur: Beleggings 082 682 8201

GWK is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185


Ons gradeer, hanteer en berg jou graan. Elke seisoen, elke jaar.

14 20 46 58

GWK-prestasie plaas aandeelhouers weer aan die wenkant

6

Redaksioneel

Jongboer-finalis opgewonde oor die landbou

7

Geestelike akker Hanteer uitputting

GWK Graanfasiliteite

Oor beeste, karre en vroue . . .

Ken die risiko’s hierdie Movember

8 12 18 22

Damme en temperature

Landbouwenke

Effektetrusts plaas professionele batebestuur binne jou bereik

Landbou-unie en -vereniging raap pryse op

24 31 34 36 38 42

Presisieboerdery se reputasie spreek van sukses

Gehaltebeheer verseker die beste produk

GWK Icons ‘n Pa-en-seun -boerdery wat wérk

Sukses is gegrond op beginsels en positiwiteit

Aartappelnavorsing verseker ‘n gesonde bedryf

100% Braaipap ‘n wegholsukses

49 51 52 54 58

By ons graanfasiliteite beskik ons oor kundige personeel en die nuutste Kinderpret Resep graderingstegnologie om jou graan te Leefstyl hanteer KommuniekRAAI en te berg op ‘n Uit Piet se pen 100% BraaipapNeem slimfone Oor spoedhobbels manier wat jou gemoedsrus gee. Want as jyoor? een ding minder het om en taalgrense balle jou lewe jou oor te bekommer, kan jy voortgaan om saam met ons die grense na Amerika van landbou te verskuif en die wêreld van voedsel te voorsien.

3


Direksie Voorsitter Frank Lawrence

Ondervoorsitter Johan Jacobs Hennie Coetzee JP du Plessis Wynand Human

Frans Lubbe Tertius Marais Mattheus Maree Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid

Hoofbestuur Besturende Direkteur

Hoofbestuurder: Handel

Pieter Spies

Mark du Plessis

Finansiële Direkteur

Hoofbestuurder: Graanprodukte

Johann Klopper

Tom Meintjes

Hoofbestuurder: Spesialisprodukte

Hoofbestuurder: Veilings en Vleis

Llewellyn Brooks

Wim van Rooyen

Hoofbestuurder: Primêre Produksie Pieter Bekker

Uitvoerende Bestuur Regsdienste en Risikobestuur Juan Kotzé 076 430 5615

Finansies en Stelsels en Finansiële Landbou Advies Andri Bezuidenhout 071 686 8844

Vleis Alex Cilliers 082 808 3063

Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531

Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121

Finansiering Kobie Greyvensteyn 082 808 4178

Presisieboerdery en Produksienavorsing Dup Haarhoff 083 646 1111

Saad en Opkomende Produsente Jozua Haarhoff 082 808 8579

Graanbemarking Elmarie Jacobs 082 906 2383

Meganisasie Johan Kruger 082 809 4778

Direkte Insette Rocky le Roux 082 317 7656

Veilings en GWK Properties Willie Meyer 071 680 4103

Inligtingstegnologie Rika Myburg 082 889 7821

Sidi Parani Cas Prinsloo 079 510 2710

Oliesade en Pekanneute Andreas Snyman 082 801 1849

GWK Farm Foods Eddie Ueckermann 082 804 7545

Versekering en FloTank Brits van den Berg 082 803 5190

KwaZulu-Natal Bemarking Terence van Dyk 082 885 4163


Die inloopperiode op nuwe toerusting word nou verleng van 100 ure na 500 ure. S贸 voorsien ons jou van die toerusting en tegnologie wat jy nodig het om voedsel aan die w锚reld te voorsien. Kontak jou naaste John Deere-handelaar vir meer inligting. Bepalings en voorwaardes geld.


Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking)

Redaksioneel

Redakteur: Inhoudsontwikkeling Leana Coetzee 072 601 9420 Uitlegkunstenaar Reinard Louw Advertensies en redaksioneel Tania Fourie 053 298 8200 / TaniaF@gwk.co.za Kontak ons Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: LeanaC@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730 Hoofkantoor GWK Bpk. De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf gwk.co.za Voorbladfoto: Conrad Bornman Witdorper-ooi

Vind ons aanlyn deur die QR-kodes met `n slimfoon te skandeer.

Ons is nou in die laaste pylvak op pad na die einde van 2015 en die vooruitsig van die Kersvakansie bring hernude ywer. Daar is nog net ‘n paar projekte wat afgehandel moet word voordat (sommige van) ons ons voete in die seesand kan druk. In hierdie Kommuniek vir Oktober en November fokus ons op kortings vir aandeelhouers en die voordele daarvan, met die oog op die Algemene Jaarvergadering wat op 4 November in Prieska aangebied word. Dit is die eerste keer dat die Jaarvergadering hier sal plaasvind en ons sien uit daarna om op só ‘n manier nog nader aan ons produsente te beweeg. Lojale aandeelhouers wat by hierdie kortings baat, is die dryfveer agter GWK se sukses en die maatskappy se investering in die gemeenskap. Ons versekeringspan is besig met opwindende nuwe dinge. Met deurlopende navorsing oor neigings in die mark, pas hulle gereeld hulle produkte aan om pasmaak-oplossings aan hulle klante te kan bied. Lucas Holtzhausen vertel meer oor die finansiële voordele van effektetrusts. Presisieboerdery en Produksienavorsing vertel van die verskeie suksesse wat hulle oor die jare al bereik het en watter positiewe invloed dit gehad het op die manier hoe produsente dinge doen. Die deurbrake wat hierdie GWK-besigheid die afgelope tien

Tot volgende keer!

Leana Coetzee

Redakteur: Inhoudsontwikkeling Kommuniek

6

Facebook

jaar gemaak het, raak elke produsent – direk of indirek. Ons gesels ook met Michael Jacobs, ‘n produsent van Douglas en finalis in die Agri Noord-Kaap Jongboer van die Jaar-kompetisie, en vind uit hoe jonger produsente landbou en landboupraktyke benader om ‘n volhoubare toekoms te skep. Almal ken teen hierdie tyd al 100 % Braaipap - ‘n produk van GWK Farm Foods wat uiters gewild is onder die verbruikersmark. Lees gerus hoe die projek bestuur word en watter interessante planne die span het om hierdie unieke, oorspronklike produk selfs hoër hoogtes in te neem. GWK Saad fokus daarop om aan produsente saad van die hoogste gehalte te verskaf. Kallie Knox vertel meer hieroor in hierdie uitgawe en André Prins lewer insette oor produksienavorsing in aartappels. Dan gesels ons ook met DB en Danas Lubbe, wenners van twee GWK Icons en ons gaan kuier by ‘n baie interessante beesinligtingsdag waar al die produsente behoorlik op hulle stukke was.


Geestelike Akker Die jaar is op sy einde en jou liggaam begin die inspanning van maande se werk voel. Jy raak vinniger as normaalweg moedeloos en geïrriteerd. Alleentyd met God is net wat jy nou nodig het om positief te bly.

Elia het bang geword en ter wille van sy lewe gevlug. Toe hy by Berseba in Juda kom, het hy sy slaaf daar agtergelaat. Hy self het egter ‘n dagreis ver die woestyn in gegaan. Daar het hy onder ‘n besembos gaan sit en gewens hy gaan dood. Hy het gesê: “Nou is dit genoeg, Here! Neem my lewe, want ek is niks beter as my voorvaders nie.” Toe gaan hy lê en hy het daar onder die besembos aan die slaap geraak. (1 Konings 19:3-5) In 1 Konings 18 lees ons van die belangrike rol wat Elia gespeel het in ‘n skitterende oorwinning. Die gevolg was dat die profete van die vals god, Baäl, almal doodgemaak is. Maar nou lees ons dat Isebel Elia om die lewe wil bring (vers 2). Elia is bang en hy vlug vir sy lewe. Hy is egter nie net bang en uitgeput nie, hy voel ook dat alles wat hy tot sover vermag het, geen betekenis het nie en dat hy net sowel kon boedel oorgee. Hy verduidelik vir die Here hoe moeilik sy taak was en hoe min vordering hy gemaak het. Hy voel alleen, hy voel asof hy die enigste een is wat vir die waarheid veg. Dit is nie ongewoon in die Christelike lewe nie. Ons beleef dikwels ‘n wonderlike geestelike oorwinning of is intens betrokke by geestelike aktiwiteite, net om daarna moeg en uitgeput te voel. En dan is dit moontlik om, soos Elia, depressief te raak. Maar die Here het begrip vir Elia se gemoedstoestand en Hy gee om.

Eerstens benodig Elia sekere basiese dinge, hy moet eet en rus en die engel van die Here het vir hom kos en water gebring (vers 5-8a). Nog belangriker is dat hy tyd alleen met die Here nodig gehad het. (vers 8b). Nadat hy sy fisieke krag herwin het, stap hy na die berg Horeb waar die Here met hom praat en hom daaraan herinner dat hy nie alleen is nie. Elia het miskien gedink dat hy die enigste mens is wat God gehoorsaam, maar die Here sê vir hom dat daar in Israel 7 000 mense is “wat nie die Baälbeeld aanbid het nie.” (vers 18). Miskien voel jy vandag dat jy die enigste Christen by jou werk of skool is, of selfs in jou gesin. Miskien voel jy dat alles wat jy vir die Here doen tevergeefs is, maar onthou, jy is nie alleen nie! Spandeer tyd om na jouself om te sien. Spandeer tyd met God en sy Woord. Gebed: Here, ons is werklik baie swak en broos. Dit neem nie veel om ons te oorweldig nie. Dankie vir die voorbeeld van Elia. Help my asseblief om in tye van stres myself nie onnodig te bekommer nie, maar om eerder te rus in u teenwoordigheid en op U te vertrou. Amen

Xanthe Hancox

7


Damme en temperature Huidige stand van damme Riviersisteem Oranjerivier

Dam

Werklike vs. langtermyn reĂŤnval % Vol

Welbedachtdam Gariepdam Vanderkloofdam

88 60 93

Vaaldam Bloemhofdam Allemanskraaldam Erfenisdam

57 49 17 19

Hartsrivier

Spitskopdam

59

Rietrivier

Kalkfonteindam

11

Modderrivier

Krugersdriftdam

32

Vaalrivier

45.0 40.0 35.0 30.0 25.0 20.0 15.0 10.0 5.0 0.0 Douglas

Prieska

Hopetown Barkly-Wes

Werklik Langtermyn

Werklike minimum en maksimum temperature vs. langtermyn temperatuur 25 September tot 20 Oktober 2015 Prieska Green Valley Nut

Douglas Lunenburg 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

Barkly-Wes Ulco

Hopetown Lilydale 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

Rietrivier

Maandelikse voorspelling November 2015

45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

Maksimum

8

Maksimum langtermyn

Minimum

Minimum langtermyn

Rietrivier

Vaalharts


DIE SWAARGEWIG KAMPIOEN 'N UITKLOPHOU MET

Verdedig jou opbrengs • Beskerm opbrengs • Verhoog opbrengs Produk sluit subsidie vir swamdoder toediening in

Hoogste Oespotensiaal

L/5029/Pioneer

.co.za

DuPont Pioneer nooi jou uit om 'n wenner te wees met kampioenoeste

Tel: +27 12 683 5700 | www.pioneer.com © 2013 PHII. The DuPont Ovaal Logo is ‘n geregistreerde handelsmerk van DuPont. ®, SM, TM Geregistreerde handelsmerk van Pioneer.

YieldGard® en Roundup Ready® is geregistreerde handelsmerke en gelisensieer deur Monsanto BPK.


conrad borman

Veilingskalender en -pryse

16 Oktober 20 Oktober 22 Oktober 27 Oktober 28 Oktober 28 Oktober 29 Oktober 30 Oktober 30 Oktober 3 November

10 November 11 November 12 November 17 November 18 November 19 November 19 November 24 November 25 November 26 November 27 November

Trio B Brangus - Bloemfontein Kimberley Grootvee/Kleinvee Kalahari Nguni Veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Hencoe Bonsmara Griekwastad Boshof Bonrino Bonsmara Fauresmith Kimberley Grootvee/Kleinvee

Kimberley Grootvee/Kleinvee Leehan Bonsmara - Inligtingsdag Leehan Bonsmara Kimberley Grootvee/Kleinvee Penderis Veiling te Prieska Hertzogville Chaross Brangus Aanteelveiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Griekwastad Boshof Fauresmith

Veilingspryse vir lewendehawe – September/Oktober 2015 07/09 - 11/09

10

14/09 - 18/09

28/09 - 02/10

05/10 - 09 /10

12/10 - 16/10

19/10 - 23 /10

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Slagosse

R16.00

Slagosse

R16.00

Slagosse

R16.00

Slagosse

R16.00

Slagosse

R16.70

Slagosse

R16.50

Slagkoeie

R15.50

Slagkoeie

R15.30

Slagkoeie

R15.30

Slagkoeie

R15.50

Slagkoeie

R16.00

Slagkoeie

R16.00

Maer beeste

R12.00

Maer beeste

R12.00

Maer beeste

R12.80

Maer beeste

R12.30

Maer beeste

R13.40

Maer beeste

R13.50

Ligte kalwers (180-200kg)

R19.50

Ligte kalwers (180-200kg)

R19.50

Ligte kalwers (180-200kg)

R20.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R19.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R21.60

Ligte kalwers (180-200kg)

R20.80

Swaar kalwers R20.20 (201-250kg)

Swaar kalwers R20.20 (201-250kg)

Swaar kalwers R20.20 (201-250kg)

Swaar kalwers R20.10 (201-250kg)

Swaar kalwers R21.00 (201-250kg)

Swaar kalwers R20.50 (201-250kg)

Swaar kalwers R19.50 (250kg +)

Swaar kalwers R19.50 (250kg +)

Swaar kalwers R19.50 (250kg +)

Swaar kalwers R19.50 (250kg +)

Swaar kalwers R20.00 (250kg +)

Swaar kalwers R19.50 (250kg +)

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Slaglammers

R28.50

Slaglammers

R28.50

Slaglammers

R28.50

Slaglammers

R28.00

Slaglammers

R29.00

Slaglammers

R25.00

Stoorlammers R27.00

Stoorlammers R27.00

Stoorlammers R28.00

Stoorlammers R28.00

Stoorlammers R28.30

Stoorlammers R26.50

Kruislammers

R27.00

Kruislammers

R27.00

Kruislammers

R27.00

Kruislammers

R27.00

Kruislammers

R27.30

Kruislammers

R27.00

Slagooie

R18.00

Slagooie

R18.00

Slagooie

R17.00

Slagooie

R17.20

Slagooie

R17.50

Slagooie

R17.00

Maer ooie

R18.00

Maer ooie

R18.00

Maer ooie

R16.00

Maer ooie

R15.50

Maer ooie

R16.50

Maer ooie

R16.50

Klein bokkies

R35.00

Klein bokkies

R35.00

Klein bokkies

R35.00

Klein bokkies

R30.00

Klein bokkies

R30.50

Klein bokkies

R31.00

Jong bokke

R33.00

Jong bokke

R33.00

Jong bokke

R30.00

Jong bokke

R30.00

Jong bokke

R30.50

Jong bokke

R30.50

Bokooie

R19.00

Bokooie

R19.00

Bokooie

R19.00

Bokooie

R19.00

Bokooie

R19.30

Bokooie

R19.00


Landbouwenke

Groente en rankgewasse

12

Grondbone

Mielies

� Die meeste kortdag-uikultivars val tans en moet opgetrek word. Maak seker hopies word behoorlik gepak met bolle na binne om waterindringing te voorkom. � Uikultivars wat in Desember val, kan `n laaste koperbespuiting kry om skilkwaliteit te verbeter en swamgroei te onderdruk. � Skoffel meganies tussen rye terwyl plante nog jonk is om onkruiddruk te verminder. � Erte kan geoes word wanneer 75% van die peule geel verkleur het. � Sny plat en hark in windrye. Stroop teen ongeveer 16% vog en verkieslik deur die oggend wanneer materiaal nie te droog is nie; dit sal splitsing verminder.

� Hoë frekwensie besproeiing kan gedoen word, bv. 25mm in ‘n tiendag-siklus en later � Grondbone benodig minder water as mielies en kan effens uitdroog voordat besproei word wanneer die plante goed gevestig het. � Laat aanplantings moet verkieslik teen 5 Desember gedoen wees, hierna neem die opbrengspotensiaal heelwat af. � Eerste vloeibare bemesting met mikro-elemente soos boor, molibdeen, sink en mangaan kan drie weke ná opkoms toegedien word. � Indien groot windprobleme voorkom en die saadbed te fyn is, kan `n tandimplement gebruik word om versigtig tussen die rye te werk om `n growwe tekstuur op die oppervlak te skep.

� Die waarde van `n goed voorbereide saadbed kan nie oorbeklemtoon word nie. Te growwe tekstuur soos `n klonterige saadbed veroorsaak swak saadkontak met die grond. Opkoms is oneweredig wat meebring dat laat kiemplante moeilik met ander kompeteer en `n swakker potensiaal het. � Kunsmisplasing moet 5cm onder die saad wees om kunsmisbrand te voorkom. � Onthou om `n toevlugsoord by BT-aanplantings te plant: 5% of 20% van die oppervlakte. Saad mag nie vermeng word nie, maar moet in stroke geplant word. Moenie die land omsoom nie.

Katoen

Pekanneute

Droëbone

� Die worteldiepte is nou ± 500600mm en waterbehoefte is nou 35-40 mm per week. � Dit is baie belangrik dat die profiel binne die volgende vier weke vol sal wees met die begin van blomtyd. Geen vogstres mag met die begin van blom voorkom nie. � Verkenning van bolwurm en suigende insekte – bladspringers (liggroen), vlekbesies en stinkbesies (plat groen) – moet nou twee keer per week plaasvind. Bolwurm van 8mm en groter oorleef en vreet plante. Selekteer chemiese middels sodat dit nie rooi spinmyt bevorder nie. � Vyf tot ses weke ná opkoms kan mikro elemente met trekkerspuit toegedien word.

� Pas onkruidbeheer toe, identifiseer die onkruidspektrum en begin die bespuitingsprogram wanneer die onkruide nog jonk is. � Moenie die stam en blare van bome bespuit nie, veral by jong bome. � Gaan voort met sinkbespuiting met tussenposes van twee tot drie weke. Drie tot maksimum vyf bespuitings mag per seisoen nodig wees. � Bemesting van bv. 8:1:3 (20) @ 1.5l per boom kan toegedien word, asook mikro-elemente @ ± 20g per boom. � Saailinge kan van November tot Februarie geokuleer word. � Enting op raamtakke word tot in November gedoen.

� Planttyd is vanaf 20 Desember tot 10 Januarie. � Droëbone is baie sensitief vir aalwurm en goeie beheer is noodsaaklik. � Bone is `n goeie wisselbougewas om grasgewasse se siektesiklusse te verminder en produksiekoste is relatief laag. � Vroeë aanplantings is in jong saailingstadium. Hoë frekwensie besproeiing kan gedoen word bv. 25mm in `n


uppe marketing A13058/GWK

Groei jou wins natuurlik met DEKALB® mielies! DEKALB® spog nou met nuwe geelmieliebasters wat by uitstek geskik is vir die besproeiingsgebiede. DEKALB® is sinoniem met innoverende idees, uitstekende kiemplasma en saad waarop jy kan vertrou. Uiters geskik vir besproeiingsgebiede Kultivars DKC62-80BR GEN DKC64-78BR GEN DKC62-84R DKC61-90 DKC64-54BR DKC65-52BR DKC63-53

Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.za Kontak gerus ons kliëntediens by: 011 790-8200 of customercare.sa@monsanto.com DEKALB® en Monsanto is geregistreerde handelsname van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.

U SUKSES

PLANT JO

®


Aktueel Johann Klopper Finansiële Direkteur

GWK-prestasie plaas aandeelhouers weer aan die wenkant Aandeelhouers van GWK wat die afgelope 16 jaar konsekwent met GWK besigheid gedoen het, het weereens hierdie jaar ‘n kontant-inspuiting ontvang gedurende September. Hierdie kontant sal jaarliks aan aandeelhouers wat lojaal met GWK besigheid doen, uitbetaal word aangesien die rotasie van GWK se aandeelhouersfondse reeds in 2014 begin het. Daar word op hierdie wyse oor die loop van die volgende vyf jaar meer as R100 miljoen aan aandeelhouers uitbetaal. Nóg goeie nuus is dat GWK, ondanks groot uitdagings in die landbou, in die finansiële jaar geëindig 31 Mei 2015 weereens uitstekend presteer het. Die Groep het jaar op jaar sy winste met meer as 57% verhoog. ‘n Baie groot gedeelte van hierdie wins is ekstern gegeneer, maar is te danke aan die volgehoue ondersteuning van ons aandeelhouers. Hierdeur is GWK in staat gestel om

aandeelhouers se produkte te gebruik om waarde vir alle belanghebbendes te ontsluit. Dít kan duidelik gesien word in die opsomming van die GWK Groep se prestasie wat in Tabel 1 (tabelle op bl. 15) getoon word. Hierdie prestasie het verseker dat kortings weer soos in die verlede verklaar is op grond van die besigheid wat produsente met GWK gedoen het. Dieselfde beginsel sal weer die huidige finansiële jaar (31 Mei 2016) geld. Die opsomming van toevallings aan produsente word in Tabel 2 uiteengesit. Mnr. Pieter Spies (Besturende Direkteur) voeg by dat GWK se kortingstelsel uniek bly en dat die voordeel vir aandeelhouers nie slegs die kortings is nie, maar ook die volgehoue investering wat geskep word in GWK se dorpe en fasiliteite. “Die model versterk ons gemeenskappe en daarby ook ons vermoëns om

markkanale en beter opbrengste te ontsluit vir ons landbouers se produkte. Die GWK kortingsmodel bly ‘n progressiewe model vir welvaartskepping,” sê Spies. Die kontantgedeelte wat uitbetaal word, 10% beloop van die toegevalde rente en aandeelhouerslenings en word uitbetaal gedurende Oktober. Die kortings van R81,7 miljoen is verdeel per GWK-besigheid volgens die besigheid wat produsente met daardie spesifieke besigheid gedoen het. Die toevallings aan produsente per GWK-besigheid word in Tabel 3 aangetoon. Verder bedank GWK graag alle klante en aandeelhouers wat die afgelope finansiële jaar tot die maatskappy se groei en sukses bygedra het. Die GWK-bestuur wens alle aandeelhouers ‘n geseënde feestyd en ‘n welverdiende ruskans saam met geliefdes toe.


Tabel 1. GWK Groep se prestasie. Omset

R 7 965 miljoen

Wins voor toevallings aan aandeelhouers

R 163,8 miljoen

Toevallings aan aandeelhouers

R 117,8 miljoen

Aandeelhouersfondse

R 924,3 miljoen

Totale bates

R 2 893 miljoen

Opbrengs op aandeelhouersfondse

21.8%

Tabel 2. `n Kort uiteensetting van toevallings aan produsente. Rente betaal op aandeelhouerslenings

R 36,1 miljoen

Korting betaal aan aandeelhouers

R 81,7 miljoen

Totale toevallings

R 117,8 miljoen

Kontantgedeelte uitbetaal van toevallings aan aandeelhouers

R 11,8 miljoen

Tabel 3. Kort uiteensetting van toevallings aan produsente per GWK-besigheid. Korting

Korting vir elke R1000 se besigheid gedoen

GWK Diensstasie

285,093.21

15.97

GWK Kleinhandel

7,520,454.43

25.24

GWK Versekering

5,289,967.40

39.68

GWK Besproeiing

587,578,58

12.66

GWK Meganisasie en Ingeneurswerke

6,698,396.52

23.08

Direkte Insetmiddele

9,526,671.75

11.16

GWK Geelmielies

8,275,708.74

11.40

GWK Brandstof depots

815,882.71

5.79

GWK Bande

179,7369.18

15.92

GWK Veilings

2,462,097.24

5.29

GWK Koring

10,119,923.80

16.51

GWK Sojabone en Sonneblom

72,685.38

2.35

GWK Katoen

49,388.94

0.68

GWK Lusern en Veevoere

4,574,483.52

18.38

GWK Saadproduksie, Verwerking en Bemarking

1,468,126.57

109.59

GWK Wyn

168,703.37

21.07

GWK Pekanneute

180,965.37

2.27

GWK Vleisbedrywe

7,208,826.87

34.23

GWK Kontrakteurs

101,138.95

10.90

Besigheid

GWK Waxymielies

432,749.34

18.74

GWK Oliesade

6,119,681.89

107.45

GWK Simbamielies

1,100,450.44

48.76

GWK Aartappels

2,548,647.81

23.51

GWK Gars

1,856,746.66

17.20

GWK Witmielies

3,441,997.80

47.06

682,418.54

15.05

81,768,472,.01

17.37

GWK Durum TOTAAL

15


16


Verdien gratis

AgriBonus punte eksklusief verkrygbaar vanaf

Geel

K2 Saad

Mielie

KKS 8326 B* KKS 4270 B KKS 8214 R Wit KKS 8216 BR KKS 4410 KKS 8301 KKS 4412 B KKS 4479 R KKS 4474 R KKS 8403 R KKS 8408 R KKS 8410 BR

Mielie Roundup Ready ® is 'n geregistreerde handelsmerk van Monsanto SA (Edms) Bpk.

Voersorghum Sugargraze - Kuilvoer Soetsorghum x Soetsorghum

Nutrifeed - Geen Blousuur

K

Sorghum (BMR) x Sudan

L

O

BMR 301 - Hoë voedingswaarde

N KAR O I E

2

Baster Pennisetum

Sentop - Weitipe Sorghum x Sudan Sudan x Sudan

PAC 8288 - Blaarryke weiding Sudan x Sudan

M BE

K2 Sudan - Puik hergroeier

A

RK

R KE

Ultra-laat blom Sorghum x Sudan

SA A D

Jumbo - Hoë biomassa

G

Soetsorghum (BMR) x Sudan

TIN

Nutritop Plus - Meerdoelig

ING

° SE

A M ED

DIE ALLES-IN-EEN SAAD VERSKAFFER Besoek ons gerus:

Posbus 159, Oudtshoorn, 6620, Suid-Afrika Tel: 018 293 1233 ● Tel: 012 252 6849 www.saadbemarking.co.za *Kultivar is tans onder proef en is of sal dan oorweeg word om binnekort ingedien te word vir registrasie.

KKSB is 'n vennoot van Agribonus Tel: 012 843 5660

17


Versekering Lucas Holtzhausen

Effektetrusts plaas professionele batebestuur binne jou bereik Daar

maniere om vir jou ‘n beleggingsportefeulje op die been te bring. Die eerste manier is wat ons noem “Direkte Beleggings”. ‘n Mens kan direk in verskillende bateklasse belê en jouself só diversifiseer teen negatiewe markbewegings in een spesifieke instrument of sektor. As jy hierdie opsie oorweeg, beteken dit dat jy ‘n paar aandele wil aanskaf, ‘n eiendom of twee buiten jou primêre woning wil besit en moontlik ‘n paar buitelandse beleggings wil maak, wat ook die bogenoemde (aandele en eiendom) insluit. Om direkte toegang te verkry tot aandele en eiendom is normaalweg ‘n duur oefening, maar vir hierdie doeleindes word kostes eers uit berekening gelaat en neem ons net die kapitaal in ag wat nodig is om so ‘n portefeulje te begin. Naspers (NPN) en British American Tobacco (BATS) se aandele het ten tyde van hierdie skrywe (09/10/2015) teen onderskeidelik R1909,00 en R768,00 per aandeel verhandel. Dit beteken dat, indien jy tien aandele per maand van hierdie maatskappye wil bekom, dit jou nagenoeg R26 000,00 per maand sal kos afhangende van die prysbewegings. Jou BATS-aandelebelegging sou dus gedurende die afgelope vyf jaar in totaal met 193% vermeerder en jou NPN-belegging met 474%. Dié beleggings sou dus onbetwisbaar die moeite werd gewees het. Wanneer ons kyk na eiendom, sou industriële en besigheidseenhede die beste gevaar het oor die afgelope paar jaar. Residensiële eiendom sou oor die algemeen nie so goed gevaar het wat kapitaalgroei aanbe-

18

is verskeie

tref nie, maar die huurinkomste wat jy verdien sou ‘n ander prentjie skets. In ‘n scenario waar jy eiendom finansier oor 15 jaar teen ‘n rentekoers van 10%, en die eiendom wat jy in jou portefeulje wil aanbring in die omgewing van R 3 miljoen is, sou jou maandelikse uitgawe hierop sowat R 32 000,00 wees. In hierdie stadium beskik jy oor een eiendom en twee aandele binne jou portefeulje, wat jou sowat R58 000 per maand uit die sak sal jaag. Dit is vanselfsprekend dat die proses om buitelandse bateklasse op hierdie wyse by te bring, duurder en meer ingewikkeld sal wees. Beleggings moontlik gemaak Ek kan egter die stelling maak dat jy toegang tot ‘n soortgelyke portefeulje kan kry, teen slegs R500 per maand. Dit klink dalk te goed om waar te wees, maar dit is presies wat effektetrusts jou bied. Effektetrusts bied die geleentheid om op ‘n indirekte wyse toegang te verkry tot die beste bateklasse in die wêreld... dit is korrek, die wêreld! Dít vir so min as R500 per maand én dit word aan enigiemand beskikbaar gestel. Verder is die fondse wat jy in slegs een effektetrustbelegging plaas, veel meer gediversifiseerd as die bogenoemde scenario. Die gemiddelde gebalanseerde effektetrustfonds se aandeleportefeulje bestaan uit enigiets van 20 tot 100 (en soms selfs meer) aandele. Hiermee saam sal só ‘n fonds ook blootgestel wees aan eiendom, plaaslike lang- en korttermyn staatseffekte, kontant en buitelandse aandele en eiendom.

Hoe kry ons dit reg? Miskien lui die ou term “Stokvel” dalk ‘n klokkie. Die beginsel van hierdie produk was dat beleggers wat toegang tot duur bateklasse verlang het, maar dit nie kon bekostig nie, hul kapitaal saamgevoeg het om sulke bates aan te skaf. Hierdeur het hulle ‘n mate van mededinging vir hulself bewerkstellig. Effektetrusts werk op dieselfde beginsel. ‘n Aantal beleggers van regoor die land en die wêreld voeg hul geld saam en vertrou dit toe aan fondsbestuurders wat die kapitaal namens hul bestuur. Hierdie fondsbestuurders neem die geld en skaf daarmee top-gehalte bates aan. Die totale bates word verdeel in eenhede wat proporsioneel elke bateklas voorstel en die hoeveelheid kapitaal wat jy bydra, bepaal die hoeveelheid eenhede wat jy ontvang. Effektetrusts is en bly die mees kosteeffektiewe manier vir die normale individu om vir homself ‘n beleggingsportefeulje te vestig wat deur professionele batebestuurders hanteer word. Binne die spektrum van die plaaslike effektetrustmark, bestaan daar vir elke persoon ‘n pasmaak-oplossing in terme van risiko-aptyt en beleggingstermyn. Vir verdere inligting oor die geleenthede wat effektetrust bied, skakel GWK Versekering gerus vir kundige advies. Daar ís ‘n manier waarop effektetrusts kan help om jou finansiële doelwitte te bereik, maar dit verg egter deeglike beplanning en behoeftebepaling – iets waarmee ons graag help.


JDLink maak dit moontlik om foute op te spoor, die regte parte gereed te hĂŞ en toerusting te herstel. Sonder om jou plaas te verlaat. GWK Meganisasie

Onderhoudsdata en foutiewe toerusting kan nou deur middel van JDLink met afstandshulp getrek en herstel word. Dit stel jou in staat om jou toerusting te monitor met volle toegang tot die operateur se skerm en diensoproepe te maak sonder om jou toerusting na die handelaar te neem of om vir die diensadviseur te wag. Ons voorsien jou van die toerusting en tegnologie wat jy nodig het om voedsel aan die wĂŞreld te voorsien. Vir meer inligting oor die voordele van JDLink Select en JDLink Ultimate, kontak vir Johan Wolvaardt (AMS Bestuurder) by 072 331 3807 of JohanWolv@gwk.co.za


Jongboer-finalis opgewonde oor die landbou


Produsentefokus Leana Coetzee Mnr.

Michael Jacobs, finalis en tweedeplek-wenner in Agri NoordKaap se jaarlikse Jongboerkompetisie, glo dat die landbou op die oomblik die heel beste bedryf is om in te wees. “Daar ís op die oomblik uitdagings in landbou, soos hoë Eskom-tariewe en waterbeperkings, maar daar is soveel meer geleenthede,” sê Jacobs. “Mense leef gesonder en leef dus langer – en meer mense beteken dat daar altyd monde sal wees wat gevoed moet word.” Die 29-jarige Jacobs, wat buite Douglas op die plase Lüneburg, Nuweland en Paal se Werf boer, het in 2008 sy B.Com-graad in Menslike Hulpbronbestuur verwerf. Onsekerheid oor die land se grondhervormingsbeleid is een van die redes waarom dit vir hom belangrik was om ‘n kwalifikasie te verwerf voordat hy voltyds begin boer. Jacobs se besproeiingsboerdery bestaan uit die verbouing van mielies, koring, gars, katoen en lusern. “Katoen is die ideale wisselbougewas omdat dit minder water nodig het as die ander gewasse. Deur katoen aan te plant, verhoog ek ook my mielieen koringopbrengste,” sê hy. Met die oog daarop om jaarliks sy boerdery uit te brei, het Jacobs nou ook belê in veeboerdery en beeste aangeskaf. “GWK speel ‘n bitter groot rol in my boerdery en die sukses daarvan,” sê Jacobs. “Ek doen álles saam met GWK en vertrou hulle insette in my boerdery.” Graanbemarking, kunsmis, grondwaardering, saad en verskeie ander is onder die GWK-dienste waarvan hy gebruik maak. Die jaarlikse Agri Noord-Kaap en Toyota Jongboer van die Jaar-kompetisie word aangebied om jong produsente te vereer. Jacobs is benoem as finalis vir hierdie kompetisie en het besluit om die geleentheid met albei hande aan te gryp. “Daar is ‘n spe-

sifieke lys kriteria waarvolgens die genomineerdes geëvalueer word,” sê Jacobs, “en om myself aan hierdie vereistes te meet, was vir my ‘n geleentheid om uit te vind waar ek tekortskiet in my boerdery.” Hy voeg by dat hy huiwerig was om vir die kompetisie in te skryf omdat hy homself nie wou blootstel aan baie kritiek oor sy boerdery nie, maar dat hy ‘n wanindruk hieroor gehad het. Volgens Jacobs het die paneel van beoordelaars sy plaas besoek en net gekuier en gesels oor landbou en sy planne vir die toekoms.

“Ek leer báie by my pa. Ouer produsente het jare se ondervinding wat ek as leiding gebruik.” Op die vraag oor die verskil tussen jonger en ouer produsente se benadering tot boerdery, antwoord Jacobs dat nuwe kennis altyd teen ervaring te staan gaan kom. “Ouer produsente het ervaring waarmee jonger produsente nie kan kompeteer nie,” sê hy. “Meeste van die planne wat die jonges wil aanpak, het die ouer garde reeds probeer en is bewus van die voor- en nadele daarvan. Jonger produsente het egter kennis oor nuwe tegnologie en praktyke wat baie voordelig vir die boerdery is. Hulle het ook die waagmoed om risiko’s te neem wat gereeld goeie resultate meebring.” Jacobs se planne vir sy boerdery behels ‘n jaarlikse uitbreiding en hy beplan om volgende jaar ook aartappels aan te plant. Hy moedig ander jongboere aan om aan die kompetisie deel te neem en só die landbou-omgewing positief en suksesvol te maak.

21


V.l.n.r. is mnre. Gellie Geldenhuys (sekretaris van Douglas Landbouunie en Vaallus Landbouvereniging), Kolver Mülke (Agri NK Jongboer van die Jaar) en Koning Scholtz (voorsitter van Douglas Landbou-unie).

Aktueel Leana Coetzee

Landbou-unie en -vereniging raap pryse op Die Douglas Landbou-unie, sowel as Vaallus, een van sy geaffiliëerde landbouverenigings, het vanjaar die pryse opgeraap tydens Agri NoordKaap se kompetisie vir landbou-unies en –verenigings. Mnr. Gellie Geldenhuys, sekretaris van die Douglas Landbou-unie en die Vaallus Landbouvereniging, sê dit is voorwaar `n groot prestasie om albei pryse te ontvang. “Sover my kennis strek, het geen landbou-unie al in dieselfde jaar as een van sy landbouverenigings dié toekennings ontvang nie,” sê hy. Volgens Geldenhuys is die Douglas Landbou-unie ook trots om vanjaar weer `n finalis in die SA Toyota Jongboer-kompetisie te hê. Mnr. Kolver Mülke van Douglas, wat ook as Agri Noord-Kaap se jongboer van die jaar aangewys is, sal die Noord-Kaap verteenwoordig. Die Vaallus Landbouvereniging, waarvan mnr. Attie Scholtz die voorsitter is, is een van vier landbouverenigings wat by die Douglas Landbou-unie affilieer. Dié vereniging is

22

betrokke by verskeie projekte soos die instandhouding van paaie, padreserwes (die vereniging skakel nou met die departement paaie en publieke werke), landelike veiligheid, munisipale waardasies, ensovoorts. Scholtz dien ook as voorsitter van die plaaslike Oranje Vaal-watergebruikersvereniging. Geldenhuys noem dat die kompetisie ook `n rol speel in landbou-unies se verbintenis met Agri Noord-Kaap. “As landbou-unie is dit ons plig om in samewerking met GWK kommunikasie tussen produsente en Agri NoordKaap te laat vloei. Ons moet deurlopend produsente se behoeftes aan GWK sowel as die bestuur van Agri Noord-Kaap oordra. Ons is ook verantwoordelik om produsente ingelig te hou oor dié organisasie se verantwoordelikhede en betrokkenheid in georganiseerde landbou.” Geldenhuys sê die Douglas Landbou-unie ag sy verhoudings met produsente, landbou-instansies, asook gereelde vergaderings, van onskatbare waarde.

“Ons maak seker dat die belanghebbendes ingelig is oor verwikkelinge in die landbou-omgewing.” Hy vertel verder dat projekte deurlopend geïdentifiseer word om produsente te bevoordeel. Voorbeelde hiervan is om by die plaaslike munisipaliteit te beding vir aanvaarbare belastingheffings op landelike waardasies vir onderskeie termyne, die unie se betrokkenheid by die jaarlikse bulveiling in Kimberley, die finalisering van die brandbeskermingsvereniging (BBV), betrokkenheid by landelike beveiling om ‘n landelike beveiligingsstrategie vir die produsent en gemeenskap daar te stel, om net ‘n paar te noem. “Vergaderings en geleenthede van aangrensende en ander landbou-unies en landbouverenigings word gereeld bygewoon en waarde word ook hier toegevoeg,” sê Geldenhuys. “Ons visie is om deurlopend waarde toe te voeg vir die produsent en tot georganiseerde landbou in terme van ons doelstellings soos uiteengesit in ons grondwet.”


Kontantvloei oplossings van die

plaas tot die meule

Kom ons praat Agribesigheid. Ons Agribesigheidspan is nie alleen bankiers nie, maar inderdaad kenners van hierdie dinamiese sektor. Ons bied toegang tot bedryfskapitaal, asook die buigsaamheid wat jy nodig het om jou besigheid te bestuur. Dit is hoekom meer besighede Standard Bank as enige ander bank in Suid-Afrika kies. Vir meer inligting, besoek www.standardbank.co.za/business

Voluit Vorentoe Gemagtigde finansiĂŤledienste en geregistreerde kredietverskaffer (NCRCP15). Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk (Regnr. 1962/000738/06). SBSA 172406. 01/14 Voluit Vorentoe is ‘n handelsmerk van Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk.

TM


GWK Presisieboerdery se reputasie spreek van sukses

Ons Besigheid Dup Haarhoff

Die

vraag word soms gevra of dit die moeite werd is dat agribesighede, soos GWK, ‘n landboukundige (presisieboerdery en navorsing) besigheid moet hê. Die doel van hierdie besigheid is immers om volhoubare boerdery te verseker. Hoewel daar baie korttermyn-oplossings deur die span gevind word, moet daar beslis ook klem gelê word op die rigtinggewende langtermynidees wat die span genereer nie. Dit is lekker vir my om te rapporteer dat die GWK Presisieboerdery-span groot waarde toegevoeg het tot sy produsente gedurende die afgelope paar jaar. In samewerking met die Departement Landbou en die Landbou-navorsingsraad, is dit uiters belangrik dat daar iemand is wat met ‘n objektiewe benadering produsente (kommersiële sowel as opkomende) ondersteun ten opsigte van die nuutste tegnologie, sowel as om te verseker dat daar op ‘n volhoubare manier geboer word. In hierdie artikel word daar nie op toekomsplanne en beloftes gefokus nie, maar eerder op wat reeds deur

24

GWK Presisieboerdery en Produksienavorsing vermag is en boekdele spreek oor ons toewyding en die gehalte van die diens wat ons lewer. Vorige en huidige suksesse kan slegs bereik word indien daar ‘n uiters profesionele en kundige span mense betrokke is wat goeie netwerkstelsels met die beste kundiges in die wêreld het. Keuring om deel te wees van hierdie span, word streng toegepas en alle tegnici en landboukundiges het kwalifikasies in landbourigtings verwerf. Die volle span is BASOS- gekwalifiseerd (bemestingsadviseur-kursus), met uitsondering van nuwe aanstellings. Op hierdie oomblik is die senior personeel in die span almal AFCASAgekwalifiseerd (Association of Veterinary and Crop Associations of South Africa), wat beteken dat hulle oor kundigheid beskik ten opsigte van die chemiese (gif-) bedryf. Daar moet natuurlik ‘n teenprestasie wees vir die finansiële koste van landboukundige afdelings. GWK is in die gelukkige posisie dat sy Presisieboerdery-span ‘n groot persentasie

van sy bedryfsuitgawes dek deur eksterne inkomstes te genereer vir dienste wat gelewer word. Selfs produsente wat nie aktief deelneem aan die verskillende projekte wat GWK Presisieboerdery loods nie, het oor die langtermyn die voordeel van tegnologiese ontwikkeling deur die span, omdat inligting gepubliseer word en produsente mekaar inlig. Die grafiek in figuur 1 is in 2011 deur onafhanklike navorsing (meestersgraad aan die Universiteit van Pretoria) by GWK gedoen. Hierdie unieke data wys watse voordeel GWK Presisieboerdery vir produsente ingehou het. (Die outeur het verskeie streke se data geëvalueer). Weens uitruiling van inligting tussen mekaar, sal so ‘n grafiek nooit weer ten opsigte van presisieboerdery getrek kan word nie. Alle produsente word vandag tot ‘n mate geraak deur die implementering van presisieboerdery in ons gebied en elders, met ander woorde die twee lyne sal nou heel waarskynlik baie nader aan mekaar lê. Hier volg ‘n paar fokusareas


waaraan hierdie span gewerk het en wat vandag algemeen aanvaar word as goeie gewasproduksie-praktyke of hulpmiddels tot goeie praktyke. Hiermee wil ek al die landboukundiges wat oor die jare betrokke by hierdie departement bedank vir die waarde wat hulle toegevoeg het tot onderstaande: Besproeiingskedulering Besproeiingskedulering is kommersiëel deur hierdie span ontwikkel in die GWK-gebied (Verskeie produsente sal nog die neutronvogmeter-era en die latere “continuous logging” -sisteme onthou). Vandag is besproeiingskedulering ‘n omvangryke bedryf in GWK wat ongeveer 25 000 ha per seisoen skeduleer. Deur voortdurende evaluasie van waterbeweging in die grond te doen, het hierdie span metodieke ontwikkel waarop besproeiing gedoen moet word vir optimale opbrengste (bv. daar is geweldig gefokus op suurstofbestuur tydens die saailingstadium van koring, wat heel waarskynlik ‘n groot bydrae gele-

Figuur 1

Figuur 2

25


“Jy kan die verskil ervaar wanneer ons by ‘n projek betrokke is.”

wer het tot die verhoogde opbrengste van die laaste paar jaar). Hierdie span het die groot dryf na suurstofbestuur by waterskedulering van stapel gestuur onder alle gewasse gedurende die afgelope drie jaar. GWK, die Departement van Landbou (Wes-Kaap) en die Suid-Afrikaanse Suiker Assosiasie was die enigste drie departemente/ besighede landwyd wat gekies is (2013) om ‘n projek van die Water Navorsingskommissie (WNK) te evalueer, naamlik “WATER USE EFFICIENCY OF IRRIGATED AGRICULTURAL CROPS DETERMINED WITH SATELLITE IMAGERY”. Hierdie projek het GWK Presisieboerdery baie gehelp om die toekomsvisie van skedulering te formuleer. Besproeiingskedulering soos wat dit vandag bekend is, gaan radikaal verander binne die volgende paar jaar. GWK is gelukkig om ten opsigte van laasgenoemde ‘n leier te wees en die ondervinding wat ons deurlopend kry gaan ons beslis baie help tydens implementering. Presisieboerdery Presisieboerdery soos wat dit vandag bedryf word in die Noord-Kaap, is begin deur GWK. Vandag is ons trots om te verklaar dat ons holistiese benadering (driehoekmodel) hoog aangeskryf word by verskeie universiteite. Hierdie span het in die laaste

26

paar jare by verskeie kongresse en tersiëre instansies opgetree met presisieverwante lesings. Satellietbeelde(NDVI-beelde) soos dit algemeen gebruik word, is deur hierdie span kommersiëel in plek gesit in die Noord-Kaap. Agt jaar gelede het ons begin met 20m x 20m-resolusies. Vandag doen GWK ongeveer 20 000 ha per seisoen (sommige beelde word twee keer per seisoen geneem) op ‘n 5m X 5m-resolusie (Ons roem onsself daarop dat die inligting binne 48 uur nadat dit deur die satelliet geneem is, aan ons produsente beskikbaar is,). Die blaarontledings gedurende ‘n seisoen wat deel is van die GWK Presisie-pakket, is deur die span tot kommersiële status gedryf (vandag word dit as algemene praktyk deur verskeie instansies gebruik). Ons beplan ook verdere ontwikkeling hierin. Die uurlikse monitering van temperatuur-inligting om sodoende ingeligte besluite te neem oor faktore wat ‘n invloed op oesgrootte gehad het, is kommersiëel deur hierdie span ongeveer ses jaar gelede in gebruik geneem. Vandag nog word hierdie data gebruik tydens seisoenbesprekings met produsente om seker te maak of koue of hitte nie dalk die oesopbrengs kon beïnvloed nie. Figuur 2 toon die steeds-groeiende vraag na die presisieboerderypakket wat GWK aanbied. Let op

dat die winterseisoen altyd laer is as die somerseisoene weens die verlaagde winter aanplantings. Bewerkingspraktyke en optimale wortelontwikkeling Met die holistiese benadering tot boerdery, het ons span vinnig besef dat daar verskeie faktore is wat die effektiewe gebruik van water beïnvloed. Die onlangse dryf na dieper bewerking om sodoende optimale water- en energiebenutting, sowel as optimale oeste te verseker, is ook deur hierdie span geïnisiëer. Die grootskaalse gebruik van penetrometers – daar is is op die oomblik vier in gebruik deur GWK in die Noord-Kaap – het alreeds geweldige voordele ingehou om bewerkingspraktyke te optimaliseer. Die kommersiële aanwending van penetrometers is ook ‘n eerste vir die Noord-Kaap. Nadat hierdie span na Brasilië was, kon dié wat in “no-till” belang gestel het, ondersteun word. Die redes waarom “no-till” in hierdie stadium nie optimaal in die NoordKaapse toestande geïmplementeer word nie, het ook uit hierdie besoek duidelik geword. Die “striptill”-implement is grootliks deur die GWK-presisiespan aan produsente van die gebied bekendgestel gedurende ‘n reeks boeredae. Vandag gebruik baie pro-


Links: Kleingraan-proewe word nou uitgebrei met die hulp van die perseelstroper.

dusente dit met groot sukses. Infiltrasieprobleme in groot areas van die GWK gebied is hierdeur die hoof gebied. Verder was die span gedurende 2014 in Australië en het teruggekeer met nuwe idees oor presisieboerdery, sowel as spoorverkeer. Ons gaan binnekort positiewe veranderinge in die toepassing van spoorverkeer aanwend en is baie opgewonde oor hierdie verwikkeling. Ook die grootskaalse gebruik van die “applicator” om byvoorbeeld voedingstowwe direk op die pit te plaas en sodoende effektiwiteit te verseker, is deur die span gepromoveer ná ‘n besoek aan Italië en word vandag deur verskeie suksesvolle produsente toegepas. Versouting In ‘n strewe na ‘n volhoubare toekoms vir die GWK-produsent, moes die span noodgedwonge fokus op die moontlike gevare wat versouting vir produsente inhou. Met die fluktuering van waterkwaliteit in sekere van ons riviersisteme is ‘n hele paar ondersoeke geloods om die impak van waterkwaliteit op die fisiese eienskappe van ons grond te evalueer. Dit was gepoog om ‘n protokol te skep om die situasie te bestuur. Dit is met groot sukses gedoen (met die hulp van Dr. Dries Bloem van Geolab) en riglyne is deur-

gegee tydens groepsbesprekings met die produsente. Die impak van bewerking op versouting van gronde is onlangs weer op die spits gedryf deur die span. Uitstekende werk is deur die span gedoen en word hoog op prys gestel deur bv. die Water Navorsingskommissie (WNK). GWK dien dan ook op verskeie WNK-panel) waar projekte gedoen word oor byvoorbeeld die monitering van soute. Projekte waar GWK Presisieboerdery verteenwoordig is by die WNK, sluit in: n METHODOLOGY TO MONITOR THE STATUS OF WATER LOGGING AND SALT AFFECTED SOILS ON SELECTED IRRIGATION SCHEMES IN SOUTH AFRICA n MANAGING SALINITY ASSOCIATED WITH IRRIGATION IN SELECTED AREAS OF SOUTH AFRICA n GUIDELINES FOR TECHNOLOGY TRANSFER TO MANAGE IRRIGATION INDUCED SALINITY WITH PRECISION AGRICULTURES Moontlike toekomstige WNK projek: Integrated land use and water use at country level, with a view on future climate and land use changes (hierdie projek gaan nog voorgelê word vir goedkeuring deur die WNK). Nog ‘n projek waarby die span betrokke was en wat op die oomblik deur verskeie landboukolleges gebruik word, is: THE DEVELOPMENT OF

TRAINING MATERIAL FOR EXTENSION IN IRRIGATION WATER MANAGEMENT Infiltrasie van water Effektiewe watertoediening onder spilpunte speel ‘n baie belangrike rol by optimale produksiepraktyke. Die span het onlangs nog goeie werk gedoen om hierdie effektiwiteit te verhoog. Daar is verskeie faktore wat die infiltrasie van water op gronde kan verbeter. Die ameliorant-proewe wat deur Geolab uitgeoefen is, het vir die span goeie riglyne gegee oor hoe om die probleme aan te spreek. Ons het ‘n lang pad met Valley gestap om die rol wat hulle kan speel om die effektiwiteit van waterinfiltrasie te verbeter, te ondersoek. Die nuutste oplossing vir die probleem, die grys “deflectors” op IWap-spuite, blyk in dié stadium baie goed te werk. Die sogenaamde druptoetser wat aan die punt van die spilpunte gemonteer word om sodoende die spilpuntdruk te toon, is deur hierdie span aangevra en in samewerking met Valley deurgevoer tot ‘n standaardpraktyk by leier-produsente. Produkevaluering en -toepassing: Die GWK-navorsingspan het die afgelope klompie jare baie nuwe produkte geëvalueer en aanbevelings gemaak wat van groot waarde was vir die GWK-produsent sowel as vir

27


Bo: Die jaarlikse boeredag wat Landboudal in samewerking met GWK Presisieboerdery aanbied, is ‘n voorbeeld van hoe ons belê in die toekoms van landbou.

28

Sidi Parani. Een voorbeeld van ‘n produk wat vandag algemeen gebruik word en wat deur die span geëvalueer is, is die Opti-reeks. Met die kostedruk wat daar op produsente is, is ondersoek ingestel na die meer effektiewe gebruik van kunsmis. Die Opti-reeks gebruik nano-tegnologie om opname van voedingstowwe te verhoog. Die reeks word reeds met groot sukses deur produsente gebruik. Dit was interessant om tydens ‘n besoek aan Amerika te sien dat die Amerikaners ook groot waarde heg aan nanotegnologie. GWK Produksienavorsing het ook evaluering gedoen in die gebruik van verskeie mikro-elemente, groeistimulante en die optimale gebruik van sekondêre elemente soos kalsium. Sidi Parani se produkreeks is deur die jare met bewese navorsing ondersteun en uitgebrei. GWK Produksienavorsing bied ook aan GWK Aartappels ondersteuning in die evaluering van kultivars en die aanpasbaarheid daarvan. Produsente is reeds bewus van die groot opgewondenheid oor die Eosen Lanorma-kultivars. Met die koms van die nuwe perseelstroper, het dit nou moontlik geraak om die kleingraan-proewe uit te brei en meer akkuraat en effektief te stroop. Die evaluering van verskeie koring-, gars- en durumkultivars is in die verlede uitgevoer. Produksiepraktyke om opbrengs te optimaliseer word oor die hele GWK-gebied

geëvalueer en aanbevelings word deur die GWK-landboukundiges aan produsente deurgegee. Objektiwiteit Ons produsente word gereeld toegegooi onder produkte wat nie noodwendig die regte wetenskaplike evaluasies ondergaan het om goedsmoeds toe te dien nie. Die GWK-navorsingspan speel ‘n kardinale rol om effektiewe gehalte-produkte van swakker produkte te skei om sodoende akkurate aanbevelings aan produsente te maak. Meer onlangs het die GWK-presisiespan baie goeie werk gedoen om die effektiwiteit rondom die verskillende ameliorante vir regstelling van natrium en magnesium in die grond na te vors. Resultate van laasgenoemde is deurgegee aan die produsente sodat hulle nie uitgelewer is aan die sogenaamde “pseudowetenskaplikes” nie. In Kommuniek van Mei 2015 word die waarde van gesuspendeerde gips teenoor ander bronne vergelyk sodat die produsent met wetenskaplike feite as basis ingeligte besluite kan neem ten opsigte van beskikbare produkte wat. Ons stap die pad GWK Presisieboerdery het die HTB (Hoë Tegnologie-boerdery) op die been gebring in 2006. Hierdie was ‘n uiters suksesvolle era in die benadering tot presisieboerdery. Landboukundiges sowel as produsente


’N NUWE, INNOVERENDE, OMVATTENDE EN EWIG GROEIENDE REEKS VAN ELEKTRIES EN VERWANTE PRODUKTE

het baie gebaat by die verwerking van inligting. Ongeveer drie jaar gelede is daar besluit om die benadering van presisieboerdery te verander na ‘n klant-gefokusde model. Ons het dus nie meer HTB nie, maar ondersteun deesdae elke fokusklant om sy bestuurspraktyke te optimaliseer, ongeag of dit konvensioneel, geen-bewerking of minimum-bewerking is. Op die oomblik het die GWK-presisiespan ongeveer 70 produsente wat fokusklante is. Aan hierdie produsente word die hele presisiepakket gebied en tydens seisoensbesprekings word die nuutste navorsing wat deur die span gedoen is, deurgegee. GWK Presisieboerdery dra by tot die ondersteuning van toekomstige produsente tydens opedae. Boeredae en inligtingsessies is onder meer aangebied by die Hoër Landbouskool Jacobsdal, De Aar Hoërskool en Vaalharts Landbouskool. Die toekoms Ons is opgewonde oor ‘n paar projekte waaraan ons op die oomblik werk. GWK Presisieboerdery en Produksienavorsing se verhouding met wetenskaplike instansies regoor Suid-Afrika, sowel as internasionaal, is besonder goed en dit hou die voordeel in dat ons altyd op die voorpunt van tegnologie bly tot voordeel van die produsent. Wanneer GWK Presisieboerdery en Produksienavorsing by ‘n projek betrokke is, word die verskil ervaar.

ELEKTRIES

SONKRAG

SEKURITEIT Kyk uit vir nog opwindende reekse in die Nexus kraal.

Nexus is beskikbaar by deelnemende GWK handelstakke. Eksklusief versprei deur

29


Ons vestig die kanale sodat jy rustig voedsel aan die wĂŞreld kan voorsien. GWK Vleis

Tri-Star Beesvoerkraal, Hartswater: 053 474 0499 Meat to Market: Albert Grundling 053 456 1004 Groblershoop Skaapabattoir: Kobus Buys 054 833 0041 Groblershoop Skaapvoerkraal: Anel Kitching 071 017 0182 De Aar Skaapabattoir: Johan Hanekom 053 631 0843 De Aar Skaapvoerkraal: AndrĂŠ van der Walt 082 379 3936 30


GWK Saad Kallie Knox

GWK Saad

streef daarna om slegs die beste gehalte saad aan produsente te verskaf.

Koringsaadproduksies Basissaad word direk vanaf goedgekeurde verskaffers uit hul telersprogramme gekoop om kultivarsuiwerheid en -egtheid te waarborg. Hierdie basissaad word op sy beurt by uitgekose saadkwekers wat aan al die vereistes van n saadproduksie voldoen, gekontrakteer. Gekontrakteerde kwekers moet aan isolasie- en bestuursvereistes voldoen en ook buite die Karnal Bunt risiko-area, soos deur Sansor in plek gestel, geleë wees. Daar word gefokus op areas soos Perdeberg, Jacobsdal, Modderrivier en die Barkly-Wesomgewing. Hierdie is almal geïsoleerde gebiede waar skadelike en oordraagbare patogene en siektes nie voorheen voorgekom het nie nie en waar kontaminasie van ‘n ander aanplanting beperk word – só

Gehaltebeheer verseker die beste produk word die risiko van oordraagbaarheid verlaag en die absolute beste gehalte saadproduk verkry. Saadproduksies word deurlopend gemonitor en amptelike Sansor landinspeksies word deur ‘n gemagtigde Sansor-inspekteur uitgevoer waar daar gekyk word na vasgestelde riglyne soos die tipe plante, skadelike sade, siektes en vermenging weens onvoldoende isolasie. Saadkwekers word ook blootgestel aan ‘n keuringsproses voordat hul gekontrakteer word om vir GWK saad te produseer. Daarom kan ons sonder twyfel die stelling maak dat GWK saad van die hoogste gehalte lewer. Goedgekeurde produksies word geoes en in massa-sakke aan die Modderrivier-depot gelewer. Hier word dit deur gekwalifiseerde gradeerders gegradeer volgens streng regulasies van saadkoring. ‘n Verteenwoordigende monster van elke aanplanting se rouproduk word geneem en die monster word weg-

gestuur vir toetsing by n geakkrediteerde laboratorium. Toetse sluit Karnal Bunt (KB) en kiemingstoetse in. Indien die betrokke produksie se saad vry van KB-teliospore getoets word en dit ‘n kiemingspersentasie van minstens 90% behaal, sal dit as saad ingeneem word. Verwerking is die volgende stap en hier word vreemde materiaal sowel as dowwe en insekgevrete sade verwyder. Saadbehandeling vorm ook deel van die verwerkingsproses en die produk word met goedgekeurde swam- en insekmiddels behandel. Die behandelde produk word versak, geëtiketteer met die nodige etikette en toegestik. 25 kg-sakkies word in lotte van 1000 sakkies soos per produksiekode en kultivar gepak en ‘n verteenwoordigende monster van elke lot verwerkte saad word weereens geneem en weggestuur vir ‘n tweede kiemingstoets sowel as ‘n suiwerheidstoets. Indien hierdie toetse aan die vereistes voldoen

31


soos in plek gestel deur aanhangsel 51 van die SA Saad Sertifiseringskema, ingesluit wysigings tot en met R.519 van 18 Junie 2010, word die lot deur n Sansor-gemagtige persoon afgeteken en eers daarna word dit beskikbaar gestel vir verkope. Die spesifieke lotnommer wat toegeken is, verseker ook die naspeurbaarheid van elke sakkie saad tot by die oorspronklike saadproduksie waar die saad geproduseer was. Ons belê in navorsing GWK saad het ook ‘n ekstensiewe navorsingsprogram wat deur mnr. Pierre Ferreira (Bedryfshoof: Kultivarontwikkeling) gelei word. Hier word die top koringkultivars wat op die mark beskikbaar is in strookproewe aangeplant by verskillen-

de lokaliteite in die GWK-gebied. Die data word deur produsente van baie hoë waarde geag wanneer dit by gewas- en kultivarseleksie vir hul spesifieke behoeftes kom. Onafhanklike strookproewe word gedoen waarin mielies, koring en sojaboonkultivars van plaaslike saadmaatskappye getoets word. Verder word kultivars vir nismarkte ingevoer en geproef, waaronder wasagtige mielies, grondbone, durum en sagtekoringkultivars. Ons bly dus op hoogte van die nuutste genetika in die industrie en wil die produsent graag bystaan om die beste kultivarpakket vir sy plaas te identifiseer. Volhoubare graanproduksie in die GWK-gebied By GWK Saad doen ons alles in ons vermoë om saadoordraagbare siek-

tes soos die gevreesde Karnal Buntsiekte wat ‘n bedreiging vir volhoubare koringproduksie in ons gebied inhou, te beperk en te voorkom. Ons wil produsente egter noodsaak om ons hand in dié verband te neem en nie saad van kommersiële aanplantings terug te hou nie. Die plant van gehalte saad is deel van die belegging in ‘n optimale, volhoubare opbrengs en toekomstige welstand. Ten slotte Die GWK Saad-span streef daarna om deur middel van goeie praktyke, innoverende denke en uitstekende navorsing – met die nuutste tegnologie – die beste gehalte saad vir jou behoeftes te voorsien. Plant Dit Net!

DIe gehaltebeheerproses word deurlopend gemonitor om ‘n hoë produkstandaard te verseker.

32


UITMUNTENDE LOGISTIEKE OPLOSSINGS

Spoor- en Padvervoer Brits van den Berg: 082 8035 190 Oproepsentrum: 086 1000 936

33


GWK Icons Tania Fourie Mnr. DB Lubbe en sy pa Danas, het op die GWK Icons gala-aand in Augustus weggestap met twee toekennings. Hulle het die GWK Icons ontvang vir die Broodkoringprodusent van die Jaar (meer as 120 ha), sowel as die Geelmielieprodusent van die Jaar (meer as 150 ha). “Ons boer met mielies, koring, bees en ‘n paar skape, maar besproeiing is ons primêre boerdery – ons brood en botter. Ons belê in die beesboerdery vir die liefde daarvan en die rustigheid wat daarmee saamgaan,” sê hulle op hulle plaas, Danrika Boerdery, in die Prieskadistrik. Oor hul twee GWK Icons is hul baie beskeie. “’n Mens boer nie daarvoor nie, maar dit was ‘n aangename verrassing en dis lekker om daardie erkenning te kry, veral omdat ons dit glád nie verwag het nie.” Volgens die Lubbes speel GWK ‘n 100%-rol in hul boerdery. “Ons doen alles deur GWK sover dit vir ons

‘n Pa-en-seun-boerdery wat wérk moontlik is. Deur die jare het ons verskillende praktyke aangewend en geleer hoe om beheer toe te pas, onder meer in terme van bemesting. Ons gebruik tot ‘n mate presisieboerdery, maar op ons plaas is daar meer strukturele uitdagings as chemiese probleme. Elke produsent se plaas verskil in daardie opsig. ‘n Mens moet net die resep kry wat vir jou werk.” Danas is positief oor die landbou. “ ’n Mens moet positief wees. Hoewel daar baie negatiewe dinge in die bedryf is, moet jy vorentoe gaan en alles hanteer soos dit oor jou pad kom.” Oor die boerdery self is hulle ook positief. Hulle probeer elke jaar verbeter en om saam met die natuur en tegnologie te groei. “Elke dag is ‘n uitdaging, maar dis lekker om op te kan staan en te weet jy is so afhanklik van die Here en die natuur.” DB sê verder dat dit vir hom ‘n groot voorreg is om saam met sy

pa te kan boer. Volgens hom is daar min boerderye wat werk wanneer ‘n pa en seun dit saam bestuur. Danas voeg by dat dit fantasties is om te weet dat sy seun by hom sal oorneem en voortgaan om die boerdery te bestuur soos hyself dit sou doen. “Nie almal is so bevoorreg nie,” sê hy. “Dit is vir my lekker dat ek my kinders kan grootmaak op die plaas. Dit is hoe ek grootgeword het en om elke dag hier te kan wakker word is net ‘n seëning. As mens ‘n liefde het vir wat jy doen, leef jy dit uit en dit kan gesien word in die manier hoe jy elke dag aanpak. Hoe moeiliker dit gaan, hoe nader leef ‘n mens aan die Here en hoe meer besef jy hoe afhanklik jy van Hom en die natuur is. So leer jy elke dag – jy is nooit te oud om te leer nie,” sê DB oor sy passie vir die boerdery. Danas is getroud met Erika, en DB en sy vrou, Liz-Maré, het twee seuntjies: die tweejarige DB en Lafras (8 maande).

Die Lubbe-gesin. V.l.n.r. is DB met klein DB in sy arms, Liz-Maré, Erika en Danas wat vir klein Lafrassie vashou. (foto: Jan Koen)

34


Koop ‘n nuwe John Deere Saltillo 5E reeks trekker en finansier dit teen

prima minus 9% gekoppel*

Kontak jou naaste handelaar of John Deere Financial-bemarker vandag nog!

Finansiering gebou vir jou *Bepalings en voorwaardes geld. Geldig tot 31 Oktober 2015.

BigDoor21810LWB

John Deere Financial word ondersteun deur Absa, ‘n lid van Barclays, ‘n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer en geregistreerde kredietverskaffer. Reg Nr NCRCP7.

www.Deere.com


Ons spesialiste Leana Coetzee

Sukses is gegrond op beginsels en positiwiteit Mev. Louisa Thomas, ‘n bemarkingsbestuurder wat die GWK Direkte Insette-span in die groter Hopetown-distrik verteenwoordig, streef daarna om mense met wie sy te doen kry, te inspireer. Thomas is een van die skakels tussen produsente en GWK-besighede en daarom is kliëntediens ‘n groot fokus in die werk wat sy doen. Thomas werk die afgelope sewe jaar by GWK en het ‘n passie vir die maatskappy. “GWK is ‘n innoverende maatskappy – ‘n leier in die industrie en altyd eerste om te ontwikkel as ‘n produsente-besigheid,” sê Thomas. Ná bykans 30 jaar in die korporatiewe wêreld, dra Thomas hope kennis en ervaring by tot Direkte Insette. Haar agtergrond in die bedryf sluit jare se ondervinding by onder meer Hopetown Koöperasie en ander besighede in. “Ek geniet my werk met entoesiasme, passie en geesdrif,” sê Thomas. “Om mense te inspireer om die beste te wees, maak my wie ek is. Ek ag elke mens as waardevol en sien hulle as genote op my lewensreis.” Dit is juis hiérdie benadering wat Thomas so gewild onder produsente en ander klante maak. ‘n Positiewe uitkyk, tesame met kundigheid in

36

haar veld, maak van haar ‘n vennoot op produsente se plase. Breë kennis van die hele GWK en al sy besighede stel haar in staat om akkurate inligting en advies aan klante te kan bied. Volgens Thomas dra haar geloofsoortuiging, gesin en waardes haar elke dag. “Ek laat my ook deur my waardes lei in die werksomgewing. Ek is doelgerig en beginselvas en ek leef voluit met volharding en toewyding.” Soos vir die res van die bemarkingsbestuurders in die Direkte Insettespan, is geen probleem wat ‘n produsent het ooit te groot om op te los nie. Dit is vir Thomas belangrik om vinnig te reageer en die betrokke GWK-besigheid te nader om probleme te hanteer. Sy sê verder dat die kliëntediensstelsel wat eersdaags geïmplementeer word, groot waarde tot haar werk sal toevoeg. “Klanteverhoudinge is die hart van ons besigheid en daarom word die stelsel eerste deur ons span getoets,” sê Thomas. Volgens Thomas spruit haar positiewe benadering uit selfaanvaarding. “Ek omhels wie ek is met innerlike vrede en aanvaarding en daarom is dit vir my maklik om ‘n verskil te maak.”


uppe marketing A13063/GWK

Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready ®-mielies, -katoen en -soja verg bloot die perfekte kombinasie van puik produkte. Soos Monsanto se Roundup PowerMAX®-produk wat deel uitmaak van ‘n onoortreflike onkruidbeheerprogram in mielies, katoen en soja. Roundup PowerMAX® • Is effektief – as enkelproduk of in kombinasie met geregistreerde produkte! • Waarborg gewasveiligheid! • Is reënvas binne een uur na toediening – effektiewe, vinnige opname selfs onder ongunstige toestande! Roundup PowerMAX® plaas jou in beheer. Vir doeltreffende onkruidweerstandsbestuur, beveel Monsanto aan dat Roundup PowerMAX® met ander geregistreerde produkte gekombineer moet word in ‘n onkruidbeheerprogram.

Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.za Kliënte is welkom om ons op ons kliëntediens-telefoonnommer of e-posadres te kontak: 011 790-8200 of customercare.sa@monsanto.com Roundup PowerMAX® bevat glifosaat 540 g/l. Versigtig. Reg. No. L7769 (Wet No. 36 van 1947). Gebruik onkruiddoders op ’n veilige manier. Lees altyd die etiket en produkinligting voor gebruik. Monsanto, Roundup Ready® en Roundup PowerMAX® is geregistreerde handelsmerke van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.


Produksienavorsing André Prins

Aartappelnavorsing verseker ’n gesonde bedryf Aartappels bly een van die basiese voedselsoorte vir Suid-Afrika se groeiende bevolking. Dit is dus baie belangrik dat die produksie daarvan optimaal bestuur word. Vir dié doel bedryf Aartappels Suid-Afrika (ASA) ’n navorsingsprogram regoor die land. Die program word bestuur deur 16 verskillende werkgroepe waarvan die Noord-Kaap Werkgroep een is. Die proewe in die Noord-Kaap word deur GWK Produksienavorsing beplan en bestuur. ASA hou jaarliks ’n navorsingsimposium waar die werkgroepe die geleentheid kry om terugvoer oor hulle proewe aan ’n gehoor van ongeveer 200 mense te lewer. ASA ondersteun baie navor-

38

singsprojekte by universiteite. Tydens die simposium is daar geleentheid vir terugvoer aangaande die nuutste ontwikkelinge in die aartappelbedryf. Die simposium is deur die personeel van die GWK Aartappels en Hannes Hattingh (Bedryfshoof: Presisieboerdery) bygewoon en terugvoer oor die 2014-seisoen is deur André Prins (Bestuurder: Produksienavorsing) voorgelê. Noord-Kaap aartappel-werkgroep Die Noord-Kaap aartappel-werkgroep evalueer vir die afgelope agt jaar kultivars en produksiepraktyke op die plaas Leeukuil van mnr. Jan Steenkamp. Op die plaas is vier 1,2 ha


Kultivars

Figuur 1: Opbrengs en bemarkingsindeks van aartapel kultivars vir 2014 Sinergy Everest ElMundo Darius Lanorma Eos Valor Laperla Mondial Golf Labadia 0

20

40

60

80

100

120

140

160

Opbrengs en bemarkingsindeks as % van proefgemiddeld Bemarkingsindeks %

Opbrengs %

Figuur 2: Invloed van kultivars op grootteverspreiding van aartappels 100% 90% 80% Persentasie

sirkels ontwikkel met ’n aanplantingsrotasie van vier jaar. Die evaluering van kultivars is die basis van die proewe en daar word jaarliks tussen agt en tien kultivars geëvalueer. In die 2014-seisoen was Lanorma, Eos, Labadia, Laperla, Darius en Golf van GWK saam met Synergy, Elmundo, Everest, Valor en Mondial (as verwysingskultivar) by die proewe ingesluit. Die 2014-seisoen was ’n baie goeie seisoen en vroeë ryp het nie skade aan die kultivars aangerig nie. Die kultivars het dus die geleentheid gehad om natuurlik volwassenheid te bereik. Die gemiddelde opbrengs van die proef was 60,2 ton/ha. Die opbrengs en bemarkingsindeks van die individuele kultivars word deur die proefgemiddeld gedeel en elke kultivar se prestasie word as ’n persentasie van die proefgemiddeld uitgedruk. Om die prestasie van die kultivars in terme van opbrengs en kwaliteit te bepaal, is die opbrengs (figuur 1) en grootteverspreiding (figuur 2) gebruik om teen die gemiddelde markpryse vir die betrokke dag ‘n bemarkingsindeks te bereken. Die opbrengs vermenigvuldig met die prys gee die bemarkingsindeks. Die kultivar Synergy het die hoogste opbrengs behaal - beduidend hoër as die ander kultivars. Labadia het in die laagste opbrengste-groep geval, maar nie beduidend verskil van al die ander kultivars behalwe Synergy, Everest en Elmundo. Die kultivars Synergy, Everest, Elmundo en Lanorma het opbrengste hoër as die proefgemiddeld behaal. Met die vol seisoen was die persentasie groot aartappels hoog, met sommige kul-

70% 60% 50% 40% 30% 20% 10% 0%

Kultivar Large

Medium

Small

Uitval

39


tivars tot 1,69 kg per knol. Slegs vier kultivars is al vir drie seisoene of meer in die proewe ingesluit en die langtermyn-vergelyking toon dat Lanorma ‘n baie goeie opbrengspotensiaal het, terwyl Eos ‘n stabiele opbrengspotensiaal toon (figuur 3).

4 jr. Gemiddeld (100 = proefgemiddeld)

Produksiepraktyke In die 2014-seisoen is Lanorma op die res van die spilpunt geplant en het dit die geleentheid gelewer om fosfor- en kaliumbemesting se invloed op opbrengs te evalueer. Die bemesting van 220 N, 105 P en 181 K soos deur die medewerker toegedien, is as basis gebruik. Fosfor- en kaliumbemesting is drie weke ná opkoms bykomend toegedien en die opbrengs is gemeet. Deur gebruik te maak van produksiefunksies is die ekonomiese reaksie van aartappels op die bemesting bereken. Vanuit die eerste-jaar data is ’n punt van maksimum wins by 166 kg P/ha (grondontleding 22 mg/kg P Bray 1) en 237 kg K/ha (grondontleding 106 mg/kg K) bereken (figuur 4). Die proef word vanjaar herhaal om die

data te verifieer. Gedagtes vanuit die navorsingsimposium Wat kultivars aanbetref was daar by die werkgroepe ’n groot opgewondenheid oor Lanorma en word ’n blink toekoms vir die kultivar voorspel. Watergebruikseffektiwiteit is ’n ander onderwerp wat baie aandag geniet. Aartappels is een van die gewasse wat die effektiefste is ten opsigte van waterverbruik. Die bestuur van water op aartappels is belangrik en projekte fokus op verskillende metodes van skedulering. ’n Volgende fokusarea is op insekpeste, nematodes en grondgedraagde siektes. Soos in baie ander gewasse is nematodes ’n kopseer in aartappels. Dr. Diedrich Visser (LNR) is besig om ’n volledige kaart van verskillende aartappelpeste vir SuidAfrika op te stel. Die data sal van groot hulp wees in die bestuur van die insekte en plae. ’n Geïntegreerde bestuur van peste, nematodes en siektes vorm die basis van baie pro-

Figuur 3: Risiko van aartappel opbrengs by verskillende kultivars 130 120 110 100 90 80 70 60 Valor

Eos

Lanorma Kultivars

40

jekte. Die gedagte is om meer holisties na die bestuur van die aartappels te kyk. Plantluisbestuur, virusse en virusopsporing is steeds een van die groot vrae binne aartappelproduksie. Die areas word deur baie van die universiteite ondersoek en bestuur. Dr. Dirk Bellstedt (Universiteit van Stellenbosch) het ’n samevatting gegee oor ontwikkelinge aangaande die bepaling van PVY-weerstand en watter toetse ontwikkel is vir vroeë evaluering. Plantvoeding het ook plek gekry in die bespreking. Projekte fokus op stikstof, fosfor, kalium, kalsium en mikroelemente. Daar is ’n groot dryf om bemestingsriglyne vir nuwe aartappelkultivars vas te stel. Die ander voorleggings het gefokus op die beheer van opslag by aartappels en die plek van aartappels binne ’n bewaringsboerdery-opset. Die simposium was ’n sukses - dit is ’n riem onder die hart om te sien dat die aartappelbedryf soveel fondse beskikbaar maak vir die ontwikkeling en uitbreiding van die bedryf.

Mondial


Verlies (Ton/ha)

Figuur 4: Verlieskurwe vir Fosfor en Kalium op Lanorma 50 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0

90

100 110 120 130 140 150 160 170 180 190 200 210 220 230 240 250 260 270 280 290

Peil (kg/ha) Kalium

B ees b o e re d a g

11 November 2015 - 14:30 “Weiveldbestuur vir volhoubare produksie” Sprekers: Gerrit van Zyl & Urbanus Badenhorst

Schalk Erlank 082 558 6891 Johan & Colleen Jacobs 082 553 1108 johan@douglas.co.za

Lucky Valley, Douglas GPS: S 29.13295° E 023.62895°

BON

Lucky Valley, Douglas

EH

AN

LE

’

S

Fosfor

S M ARA

Met Passie

Willie Meyer (Uitvoerende Bes Deon Klopper (Bedryfsbestuur Jan Erasmus (Bedryfsbestuurd Willie Snyman (Stoetvee Advis Schalk Erlank (Stoetvee Advise

41


42


GWK Farm Foods Leana Coetzee

100 % Braaipap ‘n wegholsukses ‘n “Proeflopie”

waaroor Kommuniek in Julie berig het, het binne die bestek van vyf maande gegroei tot een van GWK Farm Foods se grootste suksesverhale. 100% Braaipap is gebore as ‘n informele idee toe drie personeellede van GWK Farm Foods ‘n dinkskrum gehou het met die fokus daarop om ‘n produk te loods wat spesifiek op die produsentemark geteiken is. Om dié idee lewe te gee, het hulle die GWK Korporatiewe Bemarkingspan genader en gesamentlik is die oorspronklike doelwit vinnig bereik en oorskry. Met vier reekse wat reeds versprei en uitverkoop is, het die verkope gestyg van drie ton in die eerste maand na meer as twaalf ton per maand. Een van die reekse, die “Afrikaanse Legendes”, is uitverkoop op bestelling nog voordat dit aan die onderskeie afsetpunte versprei kon word. Die sukses van hierdie projek slaan steeds die betrokkenes stom. “Ek glo dat dit die outentieke gevoel daaragter is,” sê mnr. Eddie Ueckermann (Uitvoerende Bestuurder: GWK Farm Foods). “100% Braaipap is ‘n suiwer produk met oorsprong – ons verwerk self die meel en gebruik verpakking wat die teikenmark na aan die hart lê.” Omdat die projek se sukses soveel groter is as waarvoor daar aanvanklik beplan is, is die span nou besig

om beplanning te doen om die projek gestruktureerd verder uit te brei en genoeg 100% Braaipap te produseer om aan die mark se behoeftes te voldoen. Vooruitbeplanning vir die ontwerpe wat maandeliks verander, die vermeerdering van afsetpunte en die bestuur van produksie is bo-aan die lys van prioriteite. Hoewel die eerste ronde 100% Braaipap slegs in sekere GWK-handelstakke beskikbaar gestel is, het Suidwes-handelstakke reeds in die volgende maand daarvan bestel en die produk aangehou. Die verspreidingsvoetspoor het intussen vergroot van die NoordKaap na sover as Limpopo, Gauteng en Noordwes waarheen aanlynbestellings versend is. Mnr. Trompie Brynard (Fabrieksbestuurder: GWK Farm Foods op Christiana) noem dat die fabriek ook onlangs ‘n versending na Nieu-Seeland gestuur het en dat hulle al navrae vanuit Texas in die VSA en Uruguay in Suid-Amerika ontvang het. Die produksie van 100% Braaipap is drasties opgestoot en om verspreiding ‘n verdere hupstoot te gee, is die span besig met onderhandelinge met nasionale supermarkgroepe om dit ook op hulle rakke te plaas. “Wanneer ons die idee aan een groep voorgelê het, het hulle nie juis opgewonde voorgekom nie,”

sê mnr. JH Cilliers (Nasionale Kliëntebestuurder: GWK Farm Foods), “maar hulle het van plan verander die oomblik toe hulle die verpakking onder oë kry. Die belangstelling in die produk is baie groot.” Cilliers sê verder dat die 100% Braaipap-projek deur een so ‘n verspreider bestempel is as “die grootste innovering nóg in die meelbedryf.” Volgens die span is die publiek opgewonde oor die verpakking en bly dit steeds ‘n groot trekpleister, maar dat die verbruiker gou leer dat die meel heerlike braaipap maak. Die verpakking sal steeds ontwerp word met ‘n plaaslike resep op die rugkant – daardie “ekstra iets” wat die verbruiker terugneem na die oorsprong van die meel. Foto’s en resepte van verbruikers wat die meel gekoop het, stroom van oral in. ‘n Klompie studente aan die Noordwes Universiteit het ‘n funksie bygewoon met hulle spesiale 100% Braaipap T-hemde en die foto aan GWK gestuur. Op die oomblik word die strategie vir die produksie en verspreiding verfyn om so gou as moontlik aan die geweldige vraag na die produk te voldoen, maar beplanning is reeds in plek om voort te bou op die grondslag wat reeds gelê is. Opwindende dinge lê nog voor en die span sien uit om die verbruikersmark elke maand te verras met dié unieke, gewilde produk.

43


Aktueel Leana Coetzee

Oor beeste, karre en vroue . . . Die jaarlikse bees-inligtingsdag op At Last het weer gesorg vir interessante besprekings, ‘n lekker kuier en ‘n klompie kwinkslae.

“Mooi

mooi, maar mooi het ook maar sy dinge.” Só het een van die produsente opgemerk gedurende ‘n bespreking oor teelwaardes op die onlangse bees-inligtingsdag wat jaarliks op mnr. James Faber se plaas, At Last, aangebied word. In bloedige hitte het ongeveer 50 produsente aandagtig geluister na mnr. Bobby van der Westhuizen van SA Stamboek en sy gesprek oor teelwaardes by beeste. Groot klem is gelê op die eienskappe van beeste wat in ag geneem moet word voordat beeste op veilings aangekoop word en dat beeste wat op die oog af mooi en vet is, nie noodwendig die beste bees is om tot jou kudde toe te voeg nie. Van der Westhuizen het beeskoop met karkoop vergelyk en genoem dat ‘n mens nie ‘n

44

is dalk

kar koop sonder om die geskiedenis daarvan te ken en om te weet wat onder die enjinkap aangaan nie.

“‘n Bul moenie ‘n borskassie hê wat rondswaai soos ‘n interlink-trok nie.” “Dieselfde geld jou kudde,” sê hy. “Jy kan nie beeste op ‘n veiling selekteer deur slegs aandag aan een kenmerk te gee nie. Wanneer jy op ‘n veiling is, is dit van kardinale belang dat jy die bees se ras, ouderdom, geslag, die jaar se klimaat, die

seisoen en die plaas waarvandaan dit kom, in ag neem.” Kuddegesondheid, genetika, inteling en bulseleksie was alles onderwerpe onder bespreking op dié inligtingsdag waartydens belangrike inligting en tendense in die vleisbedryf met produsente van die area bespreek is. Van der Westhuizen het verder gesels oor die verskille tussen gewig en teelwaarde. “Die gewig wat jy op die skaal sien, is die resultaat van genetika sowel as die omgewing wat ‘n invloed op die bees het. Die teelwaarde van die bees word suiwer deur genetika bepaal en bepaal dus ook die oorerflike eienskappe van die bees. Hoe minder oorerflike eienskappe die bees het, hoe groter sal die invloed van die omgewing op daardie spesifieke bees wees.” An-


der eienskappe wat hy uitgelig het om te oorweeg tydens beesseleksie, sluit die aanpasbaarheid en funksionaliteit van die bees in. Mnr. John Rafferty, direkteur van die Suid-Afrikaanse Brangus-teelgenootskap, het ook die produsente toegespreek. Hy het aangesluit by van der Westhuizen oor die bedrieglikheid van sigbare kenmerke en het verduidelik hoe hý bulle evalueer voor hy die besluit maak om te koop. Rafferty meen dat dit belangrik is om ‘n bul te oordeel deur na die liggaamsdele te kyk waar daar geen vetneerlegging is nie, naamlik die voorarm, skilpadspier en oog. “’n Koper moet die vermoë hê om ‘n vet dier maer te evalueer om ‘n ingeligte besluit te kan neem,” sê hy. “Moenie die oorvet diere koop nie – win raad in as jy onseker is en koop

by ‘n bekende verkoper en vanuit ‘n kredietwaardige stelsel.” Rafferty sê verder dat hy ‘n bul ook evalueer deur sy hoewe te inspekteer. “’n Dier moet kan lóóp. Daarom ondersoek ek sy hakke. As ek klaar is, beweeg ek na die gearbox toe: die skede en testes.” Hy verduidelik dat ‘n baie stywe skede aan ‘n bul nie noodwendig positief is nie. Rafferty het die produsente se opinie gevra oor bulskede wat laer as die dier se hakke hang en hoewel een antwoord was dat “dit orraait is, moet hom net nie te vinnig aanja’ nie!”, het hy verduidelik dat ‘n mens aan die nek van die skrotum dadelik kan sien of die dier oorvoer is. Ander belangrike bees-eienskappe om te evalueer, is die vel, haarkwaliteit, lengte van die kruis, borskas en die spoed waarmee hare in

die somer afgegooi word. Rafferty sê daar is verskeie kwessies waaroor produsentevan mekaar verskil, soos die kalfpersentasie van jou kudde (hy glo dat indien dit laer as 75% is, ‘n produsent risiko’s neem met die kudde se oorlewendheid) sowel as die ouderdom waarop ‘n koei die eerste keer kalf. “Hierdie kan ‘n produsent se grootste kalenderuitdaging wees en moet reg bestuur word.” Op een vraag van ‘n produsent oor die ouderdom waarop koeie moet ophou kalf en dat hyself ‘n 22-jarige koei het, het Rafferty geantwoord dat hy kennis dra van ‘n 17-jarige koei wat gekalf het en aan die produsent gevra hoe die koei se tande daar uitsien. “Nee, haar tande is kláár, maar sy kalf mos nie deur haar bek nie!” Die dag is afgesluit met ‘n heerlike kuier en steak-ete.

45


R 8 900 000

R 11 400 000

FARM IN Modder River

GWK PROPERTIES - 053 832 0734 RESIDENSIEEL | KOMMERSIEEL | PLASE

ONS KYK NA ONS VERKOPERS, LYS ASSEBLIEF JOU EIENDOM MET ONS.

R 8 900 000

R 11 400 000 MODDERRIVIER

Parkings : 1

t bome - 1 jaar oud. nk stoor. 2 Eskom 1 Boorgat met

P24-103227700

SwiftPrint 75218

35 ha besproeiingsplaas met 30.1 ha inlysting. 51 ha Besproeiingsplaas met 40 ha inlysting. 90 pekanneut bome - 1 jaar oud. 16 ha lusern 220 Pekanneut bome - 2 Jaar oud. onder spilpunt. 4 Slaapkamer, 2 badkamer 40 ha lusern onder spilpunt. 4 Arbeidershuise. woonhuis. 1 Sink stoor. 2 Eskom krag punte Boorgat - nie toegerus. Eskom krag - 1 x 50 KVA 1 x 50 KVA ruraflex, 1 x 16 KVA enkelfase. MODDERruraflex. RIVIER BESPROEINGSPLAAS R11 900 000 1 Boorgat met dompelpomp vir huishoudelike Bedrooms : 0 Bathrooms : 0 Garages : 0 Parkings : 0 gebruik.

S R8 900 000

s:1

MODDERRIVIER

51ha Besproeingsplaas met 40ha inlysting. 220 Pekaneut bome - 2 Jaar oud. 40ha lusern onder spilpunt. 4 Arbeidershuise. Boorgat - nie toegerus. Eskom krag - 1 x 50 KVA ruraflex.

P24-103227771

NATASSIA ROETS 082 933 4030

Natassia | 082 933 4030

natassiar@gwk.co.za

NATASSIA ROETS 082 933 4030

natassiar@gwk.co.za

Property24 web ref 103227700

Property24 web ref 103227771 Erf Size 51 hectares

6 de P r o d u k s i e V e i l i n g Kimberley - 053 832 0734 -

Although all details are believed to be correct, we cannot always guarantee the validity of the information found here.

12 November 2015 - 11:00

BON

Lucky Valley, Douglas

EH

AN

LE

’

S

alidity of the information found here.

S M ARA

Met Passie Aa n b od

35 Bulle | 200 Vroulike Diere (10 POENA BULLE, 50 Jong Koeie met Kalwers, 110 Dragtige Koeie en Verse, 30 Oop Verse,10 Dragtige Stoet Verse )

Schalk Erlank 082 558 6891 Johan & Colleen Jacobs 082 553 1108 johan@douglas.co.za

Lucky Valley, Douglas GPS: S 29.13295° E 023.62895°

Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling afgehandel is. Let wel: FICA nakoming is ‘n vereiste om deel te neem in alle veilings

Willie Meyer (Uitvoerende Bes Deon Klopper (Bedryfsbestuu Jan Erasmus (Bedryfsbestuurd Willie Snyman (Stoetvee Advi Schalk Erlank (Stoetvee Advis


stuurder) urder: Noord) der: Suid) iseur) seur)

Stoetvee, vee en wild. Ons is die kenners in veeverhandeling.

is like a Bath without GWK Veilings

071 680 4103 082 802 8483 082 820 4532 082 375 2524 082 558 6891


BESKIKBARE SAAD

‘n Wye reeks saad van weidings,

voer en akkerbou gewasse

Lusern*

Hawer

Oop Bestuifde Mieliesaad

ten einde jou boerdery praktyke te rugsteun.

Grondbone Droë Bone Akkerbone

Witbuffel Gras*

Blou Buffel Gras* Borseltjie Gras*

Smutsvinger Gras *

Rhodes Gras *

Eragrostis*

Tef

Verbeter jou oeste deur gebruik te maak van Agricote® omhulde saad, wat beter saad tot grond kontak bewerkstellig, oorlewing van saailinge word verbeter deur toegevoegde voedingswaarde.

Kropaar Gras Raaigras Klawer

Voersorghum

Graan Sorghum

Sonhennop

Dolichos Boon Babala

Japanese Radys

Weiwieke

Kikuyu*

Bermuda Gras*

Rog

Paspalum* *Agricote omhulde saad

Johannesburg: Jacobs Straat 8, Chamdor, Krugersdorp, Suid Afrika, 1740 Tel: +27 11 762 5261 • Fax: +27 11 762 4111 Kaapstad: Tel: +27 21 552 0456 sales@advanceseed.com • www.advanceseed.com


Kinderpret

Verbind die kolletjies en kleur in!


Spyskaart GWK Vaalrivier en Prieska Diensstasies H/v Loch Roper- & Arnotstraat, Douglas / Loots Boulevard, Prieska

Vaalrivier, Douglas: 053 298 8371 / Prieska: 053 353 1151

Vars toebroodjies

Ham, kaas & tamatie / hoender-mayonnaise / Spek, blaarslaai & tamatie / gesondeheidsbroodjie

Geroosterde toebroodjies

Ham, kaas & tamatie / hoender-mayonnaise / spek, eier & kaas

Muffins

Karamel-fudge / bosbessie / volgraan met rosyne

Burgers

Beesvleis / hoender Hawaiin hoender Dagwood Bunny chow Kerrievleis / kerriehoender Boereworsrol* Samoesas Russians Slaptjips

Southern Fried Chicken Hoenderboudjies & -repies Hoender-voupakkie (wrap)*

Slaai

Hoender / steak* / tuna*

Nagereg

Kaaskoek / peppermint crisp-tert / sjokolademousse / vrugteslaai / koeksisters / malva poeding* / oliebolle

Koffie (Caturra* - kafeĂŻenvry ook beskikbaar) (NescafĂŠ Premium - Prieska) Americano / latte / cappuccino / mochaccino / espresso / warm sjokolade

Daaglikse middagete*

Tuisgemaakte etes sewe dae per week 50

Slegs beskikbaar by Vaalrivier Diensstasie*


Resep

100% Braaipap-balle (Nettie Cilliers) Pap: 1 Liter kookwater 120 g (750 ml) growwe mieliemeel 12.5 ml sout 12.5 ml botter 10 ml olyfolie 1 blikkie van 410 g suikermieliepitte 2 pakkies spek van 250 g elk 1 blikkie van 410 g tamatieen-uiesmoor 100 g (250 ml) gerasperde Cheddarkaas

Sous: 500 ml room ½ pakkie sampioenroomsop 1 blikkie van 410 g tamatie-en-uiesmoor Blatjang, braaivleisspesserye en Worcestersous na smaak ekstra gerasperde Kaas en gekapte vars of gedroogde origanum om bo-oor te strooi

Metode n Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n oondvaste bak of oondpan goed. n Maak lekker stywe mieliepap met die growwe mieliemeel, kookwater en sout. Laat die water kook, voeg sout by. Roer dan die mieliemeel, botter en olyfolie met ‘n draad-handklitser in. Laat prut vir 20min. n Meng daarby in: suikermielies, gebraaide spek, die helfte van ‘n blikkie tamatie-en-uiemengsel gerasperde Cheddarkaas. n Rol dan frikkadelgrootte balle en pak dit in ‘n gesmeerde oondvaste bakskottel of oondpan as die mengsel bietjie afgekoel het. n Maak die sous: • Meng die room met die sampioensoppoeier en voeg die oorbly wende tamatie-en-uiemengsel daarby. • Geur na smaak met blatjang, braaivleisspeserye en Worcestersous. • Gooi die sous oor die papballe en maak seker dat die papballe goed bedek is, en gooi dan ekstra gerasperde kaas en fyngekapte vars of gedroogde origanum bo-op. • Bak vir ongeveer 45 minute of tot die room begin dik word. Geniet saam met braaivleis.

51


Leefstyl Leana Coetzee

Neem slimfone jou lewe oor? Sukkel jy om jou handpalm sonder ‘n selfoon daarin voor te stel? Jy is maar net een van vele wat van tegnologie afhanklik geword het, maar daar is hoop!

52

Jy sien hulle elke dag: slimfoonbeheptes wat só op hul selfone fokus dat hulle onbewus is van die wêreld rondom hulle. En as jy eerlik met jouself is, sukkel jy self soms om nie te veel ure van die dag op jou selfoon te spandeer nie. Dr. Suzanne Gelb, sielkundige en lewensinstrukteur, vertel op haar blog van ‘n vriendin se onlangse ervaring by ‘n gewilde plaaslike restaurant. Hierdie vriendin en haar metgesel het, terwyl hulle vir hulle kos wag, iets kommerwekkend opgemerk. Oral in die restaurant, met slegs ‘n paar uitsonderings, het mense met geboë hoofde intens op hulle selfone gefokus. Hulle tik en hulle twiet. Hulle laai foto’s van hulle heerlike kos op Instagram. Hulle rol deur Facebook terwyl hulle af en toe bo-oor hul fone na hul vriende loer. Wanneer iemand nie aktief op sy selfoon besig is nie, lê die foon op die tafel of op sy skoot – reg om te gryp! Die vriendin het opgemerk dat hoewel almal lank gewag het om sitplek in die restaurant te kry, het hulle die oomblik wat hulle plek ingeneem het, hul selfone opgetel. Het die mensdom obsessief oor selfone


geraak? Ouers merk gereeld op dat hul kinders selde sonder ‘n slimfoon in die hand gesien word. Gesinstyd word bederf deur tieners wat onbetrokke is en verdiep raak in teks-gesprekke. Baie van ons verlang na eenvoudiger tye sónder selfone, maar is terselfdertyd dankbaar vir die gemak van “’n rekenaar in jou handpalm” met vinnige toegang tot inligting. Slimfone is nie noodwendig sleg nie, sê Dr. Gelb, maar mense sukkel om ‘n balans te vind tussen die werklikheid en die virtuele selfoon-wêreld. So wat is die oplossing hiervoor? Jy sal bly wees om te hoor dat dinge nie altyd swart en wit is nie en dat dit nie nodig is om jou of jou kinders se slimfone teen ‘n hoë spoed by die motorvenster uit te gooi nie. ‘n Gebalanseerde verhouding met tegnologie is al wat nodig is – Dr. Gelb stel ‘n paar oplossings voor: Maak ‘n plan. Kies spesifieke tye (bv. 08h00, 12h00 en 16h00) om jou foon te gebruik, op te vang met sosiale media, te antwoord op boodskappe, ens. Skep ‘n selfoonroetine wat jou help om ‘n

dag te spandeer op ‘n manier wat goed is vir jou, en hou so getrou as moontlik by daardie roetine. Geniet die stilte. As jou foon piep elke keer wanneer daar iets gebeur, raak dit moeilik om te fokus op wat jy doen en die versoeking om te kyk wat aangaan, sal telkens jou aandag aflei. Stel jou foon op “stil” of sit selfs jou foon af gedurende sekere tye van die dag. Indien jy bang is dat jy belangrike oproepe of boodskappe sal mis, kan jy ‘n “call filter” skep sodat slegs sekere oproepe deurkom. Maak etenstyd ‘n foonvrye tyd. Vir baie paartjies en gesinne is etenstyd die enigste tyd van die dag wanneer almal bymekaar is. Maak dit dus spesiaal – géén selfone word by die tafel toegelaat nie. As jou tieners verveeld of kriewelrig raak, begin ‘n interessante gesprek en vra interessante vrae. Selfs wanneer jy alleen eet, is dit beter om dit sonder tegnologiese afleidings te doen. Skep foonvrye avonture. Probeer om jou selfoon ‘n paar keer

‘n week tuis te los. Gaan vir ‘n vinnige foonvrye stappie met die hond, of op ‘n foonvrye afspraak met jou geliefde, of ‘n foonvrye besoek aan die winkel. Wanneer laas het jy dit gedoen? Kyk hoe jy voel sonder ‘n digitale metgesel en geniet die waardevolle alleentyd! Vra jouself: “Wat het ek nóú nodig?” Hierdie is ‘n wonderlike vraag om jouself weer perspektief te gee. Het jy geselskap nodig? Opwinding of vermaak? Inspirasie? ‘n Geselsie met ‘n vriendin? Energie vir die res van die dag? Aandag of liefde? Wat ook al die geval mag wees, kyk of jy ‘n manier kan vind om dit sonder die hulp van jou slimfoon te bekom. Skryf ‘n brief, gaan draf, luister na musiek, lees ‘n boek. Op hierdie manier voed jy weer jou gees. Nadat jy jou behoeftes bevredig het in die “regte wêreld”, kan jy moontlik vind dat die “slimfoon-wêreld” glad nie meer so aantreklik lyk nie. Daar is verskeie maniere om ‘n gelukkige, gebalanseerde verhouding met tegnologie te bou. Praat oor hierdie verandering met die mense vir wie jy lief is, en skakel ‘n bietjie die selfone af. Julle sal almal bly wees julle het.

53


RAAI

Kommuniek Hertzoggie of Smutsie

Vee na Nieregekraal ringsorlaat loop ganisasie

In so 'n hoë graad

Tuie vir perde

Orania Landzicht- Bagdad se geld- wyne se se eenheid tuiste burgers

Staalstiffies

Eiland

Godin van wysheid

Noodtoestande

WaardeOnheilvolle brengend jasse

Behoorlik

Ligte houe Vlek om koeipokke

Dorheid Gedurig Kilokalorie

Brombees

Mev. in Frankryk

Gestolde vleissap Bepaling

Dakrand Behoorlik Peulvrug Namibië se Plek se saad- van Droë korrel Water

Swemvoël op eiers

Hebreërs se eerste maand

Iets te sien kry Omtrent

Ekstrak

Antenne

Behoeftig

FilatePoseidon liste se tuiste samelverdit

Landstreek Ateljee

Deurtoggeld

Fr. se buurland

Klag inbring

Bergleeus Griekse god van oorlog

Laagtes

Etmaal

Sweis

Komposi- Hulle besies vir hoort aan soldate 'n koöp. 3 vir Caesar

Teenoor WNW

Nie iets nie

Sers.maj.

Kalkoen se keelvel

Duitse mark Tuitkan Hokkie Reaksie van snuif

IndoGermaanse

Plofstof

’n Nuwigheid invoer Swaksinniges

Onsin

Ignoreer

Tallinn se inwoners Boere Baguette, wat oeste Ciabatta lewer Brioche

Kreng

Ook êe

__ Agassi

Niger se buurland

Draal

Na Num. Fyn reën

Swart legering Wolhouer

Oorkom Suilegang Nominaal

Latyns vir god

Skerm

Getuigskrif

Aktiewe vulkaan op Sisilië

Baljaar

Huwelik ontbind

Dublin se inwoners

Nulpunt

Niks Omkering

Onjuis neute genoem

54

Kloaka

GWK s'n is nuut Neon

Betreklik

Een of ander

Muur

Protokol Ligging

Werklikwaar

Skelmstreke

Eendaags

Belugting

Graveer


Ons verskuif die grense van veeverhandeling. GWK Veilings

Hoofbestuurder: GWK Veilings en Vleis Wim van Rooyen 053 298 8200 083 444 3411 wimvr@gwk.co.za

Uitvoerende Bestuurder: GWK Veilings Willie Meyer 051 250 4077 071 680 4103 williem@gwk.co.za

Bedryfshoof-Suid, Humansdorp Jan Erasmus 087 820 4532/ 082 924 6096 jane@gwk.co.za

Kimberley Koos Visagie (Afslaer) 053 832 5227 083 680 8929 koosv@gwk.co.za

Bloemfontein Willie Snyman (Stoetvee) Pr.Sci.Nat. 082 375 2524 jacusta@mweb.co.za

Humansdorp Renier Zietsman (Afslaer) 082 491 5182 renierz@gwk.co.za

Kimberley Schalk Erlank (Stoetvee) 082 558 6891 schalke@gwk.co.za

55


Gesondheid Leana Coetzee

Ken die risiko’s hierdie Movember Novembermaand is bekend vir manne en hulle liplapa’s. Maar is jy ingelig oor die gesondheidsgevare waarvoor die Movember-bewusmakingsveldtog geloods is?

In 1999

independent.co.uk

56

Seven Nightly News ‘n storie uitgesaai oor twee jong manne van Suid-Australië, wat een aand in ‘n kroeg met die term “Movember” vorendag gekom het. Daarmee saam die idee om snorre te groei gedurende November en só geld in te samel vir onder meer dierebeskerming. Hul “Growing whiskers for whiskers”veldtog het gou ‘n wêreldwye gevolg gekry en in 2004 het die fokus verskuif om ‘n bewusmakingsveldtog vir mansgesondheid van stapel te stuur. Sedertdien is meer as $174 miljoen ingesamel vir hierdie doel. Suid-Afrika het amptelik in 2010 by dié beweging aangesluit in samewerking met CANSA. Volgens die Suid-Afrikaanse Movember-webblad is algemene gesondheid, prostaatkanker, testikulêre kanker en geestesgesondheid by mans areas wat by dié liefdadigheidsfonds baat. het

Prostaatkanker Die prostaat is ‘n klier reg onder die blaas wat vloeistof vervaardig wat spermselle verryk en beskerm. Prostaatkanker ontstaan wanneer selle in hierdie klier vinniger as normaalweg vermeerder en dan ‘n kankergewas veroorsaak. As dit nie behandel word nie, kan dit versprei na verskeie dele van die liggaam soos die limfkliere en skelet. Die kommerwekkende deel hiervan is dat mans gewoonlik nie simptome ervaar in vroeë stadia van die siekte nie. Volgens Movember-statistieke, sal een uit elke 23 Suid-Afrikaanse mans in hul leeftyd prostaatkanker ontwikkel en vyf Suid-Afrikaanse mans sal daagliks daaraan sterf. Ouderdom en familiegeskiedenis is risikofaktore wat in ag geneem moet word en daar word aanbeveel dat mans jaarliks hiervoor ondersoek


word om te verseker dat dit reeds in die vroeë stadium van ontwikkeling behandel kan word. Testikulêre kanker Testikulêre kanker kom mees algemeen voor onder mans tussen die ouderdomme van 15 en 39 jaar. Meer as 90% van testikulêre kanker ontwikkel vanuit kiemselle wat verantwoordelik is vir die vervaardiging van sperm. Simptome hiervan sluit in: n ‘n Swelling of knop in een of albei testikels (normaalweg nie pynlik nie) n ‘n Verandering in die vorm of grootte van die testikels n Pyn of krampe in die buik n Pyn of ongemak in ‘n testikel of die skrotum n Vergroting of sensitiwiteit van die borsweefsel Dit is belangrik om jou dokter te kontak indien jy enige van hierdie simptome ervaar.

Geestesgesondheid Baie mans vind dit moeilik om oor probleme te praat en verkies om “stil en sterk” te bly daaroor eerder as om die nodige ondersteuning te kry. Dit is egter belangrik om pro-aktief te wees ten opsigte van geestesgesondheid en om bewus te wees van die risikofaktore en simptome. Een uit vier mense sal in een of ander stadium in hulle lewe geaffekteer word deur ‘n geestesgesondheidsprobleem en wêreldwyd sterf jaarliks 510 000 mans aan selfdood – gewoonlik ‘n resultaat van depressie. Hulp word gratis aangebied deur LifeLine, by 0861 322 322. Neem deel! Beplan jy om deel te neem aan Movember? Hier is ‘n paar wenke om jou manjifieke snor die onderwerp van bewondering te maak: 1. Reinig en skrop: Nes jou hare, vereis jou snor ook gereelde reiniging. Vuilheid en kos kan aan jou snor vaskleef en selfs ‘n onaangename geur veroor-

saak. Gebruik jou gewone gesigreiniger om jou snor te was. 2. Skeer en knip: Daar is verskeie snorstyle waaruit jy kan kies – sommige meer ingewikkeld as ander, maar almal sal die nodige toerusting vereis om te behou. ‘n Baardknipper kan gebruik word om jou snor te vorm. Vir opspring-haartjies kan jy ‘n skêrtjie gebruik. Wanneer jy jou snor skeer, word ‘n jel aanbeveel eerder as skuim. 3. Bevog en knap op: Hare in die gesig neig om vog uit jou vel te onttrek, met droë skilferagtige vel as gevolg. Koop ‘n bevogtiger wat spesifiek vir ‘n baard of snor ontwikkel is om hierdie probleem vinnig op te los. 4. Kam en stileer: Gebruik ‘n snorkam om vuilheid en droë velletjies uit jou snor te verwyder. Dit sal ook jou snor netjies en in plek hou. 5. Wakseer en vorm: Belê in ‘n goeie snor-waks, ongeag die styl wat jy kies. Dit sal verseker dat jou haartjies in jou snor nie uit plek spring nie en altyd netjies en getem lyk.

Nóg ‘n innoverende oplossing deur GWK GWK Katoen

Wilber Rudman (Bestuurder: Katoen)

082 881 2281

57


Uit Piet se pen

Oor spoedhobbels en taalgrense na Amerika Ons jongste au pair tans in Amerika. My vrou wil baie graag gaan kuier. Ek gooi wye draaie en dink aan al wat verskoning is. My lys is lank. Ongelukkig glad nie opgewasse teen my opponente nie. Wilmien laat weet haar huismense vertrek met vakansie en ons kan hulle huis en motor gebruik. “Pa, hierdie geleentheid sal julle nooit weer kry nie. Kom asseblief, ek sal julle rondry.” Traag stem ek in. Daar is net een voorwaarde: julle reël alles self. Daar is baie wat gereël moet word. Die visum-aansoek word sommer op die internet ingevul. Die Amerikaners is deeglik en wil alles van jou weet. Daar is selfs ‘n afdeling oor weermagopleiding. ‘n Flikkering van hoop. Moontlik is ek ‘n sekerheidsrisiko, dan móét ek bly. Dieselfde dag nog bel die ambassade, die visums is voorlopig goedgekeur. Nou moet ons vir ‘n persoonlike onderhoud Johannesburg toe. ‘n Hele lys dokumente volg wat saamgebring moet word. Dit neem amper ‘n week om alles bymekaar te maak. Op ‘n Maandagoggend 9 uur is ons afspraak. Voor 8 is ons reeds daar. Die ry mense voor die hek is amper 200 meter lank. Dit kan mos nie wees nie, dink ek. Waarom wil almal nou juis vanoggend Amerika toe? Persone word een-een by die hek ingelaat. Personeel beweeg op en af in die rye, om te kyk of almal die regte inligting het voordat hulle deurgelaat word. Daar is ‘n probleem met ons foto’s. Myne se agtergrond is te lig en Sonja se ore is nie sigbaar genoeg nie. Lekker bakore sou hier in haar guns getel het. Met ‘n “you can take a chance, but I’m not sure” word die besluit in ons hande gelaat.

58

Ons besluit om liewer nuwe foto’s te laat neem. Na 15 minute is ons terug in die ry met al wat oor is sigbaar. Die ene ore. Teen 9h30 is ons deur die hek. Binne loop alles soos ‘n geoliede masjien. Voorbereid op elke moontlike vraag word ons nader geroep. Die onderhoud verloop as volg: “Good morning, how are you? What are you going to do in the USA?” Die laaste vraag is aan my. “Sir, and your profession?” Die man kyk my stip aan. Hier kom dit nou, dink ek. Nee, ek wil ek nie meer bly nie, flits dit deur my gedagtes. In my beste Engels antwoord ek, “I’m a farmer.” Die man antwoord saaklik, “Thank you sir, your visas are approved”. Alles afgehandel. Sommer net so. Ek kry nie eers kans om my Engels te oefen nie. Op ‘n Maandagoggend vertrek ons van die plaas. Tussen Prieska en Douglas gaan die motor se petrolliggie aan. Die padpredikant dui Douglas 60 km aan en die motor wys ons kan nog 50 km ry. Groot moeilikheid. Ek verwag ‘n vraag-en-antwoord-sessie. Niks gebeur nie en ek worstel maar met my eie gedagtes. Ja, ek waarsku hulle altyd oor die onverantwoordelikheid van sonder petrol gaan staan en hier trap ek in dieselfde strik. ‘n Doodse stilte langs my. Stilte voor die storm? Ons kruie die brug by Douglas oor teen 50 km/h. Die hoop beskaam nie, die motor beweeg nog vorentoe. Ons haal die petrolpomp net-net. Dankie tog, sug ek by myself. Op Kimberley is die vliegtuig meer as twee ure vertraag (ou nuus.) ‘n Ouerige vrou wat in Moskou Engels gee, vra my om te help met haar Wi-Fi. (Darem nie in Russies nie.) Ek wil weet of sy afgetree is, waarop sy my amper

‘n oorveeg gee. “I’ll smack you sonny, do I look that old?” vra sy, darem met ‘n glimlag. Ons vlieg met die Nederlandse lugdiens KLM via Amsterdam na New York. Die loods is niemand anders nie as kaptein Simon van der Stel. Gelukkig nie Jan van Riebeeck nie. Na 11 ure, wat soos ‘n ewigheid voel, land ons op Schiphol. (‘n Gunsteling speelplek van ‘n hooggeplaaste op ons dorp.) Daar is verskillende weergawes van die naam. In Engels vertaal dit na “Ship Grave”. Die “hol”gedeelte verwys in Nederlands na ‘n holte of laagliggende area. Die lughawe is laer as seevlak. Na dese verstaan ek die betekenis van die woord “hol” baie beter. Hier kry ons ‘n aansluitingsvlug. Die heknommers is reeds op ons instapkaarte aangedui. Gou is ons by die regte hek en daar is nie ‘n siel in sig nie. Ons begin rondvra en vind die heknommer het intussen verander. Die man wat ons help maak of ons vreeslik onnosel is en wil weet of ons nie elektroniese borde ken nie. Ek is lus en snou hom iets toe. Kaaskop! (Die benaming verwys na Nederlanders met groot ronde koppe wat soos ronde kase lyk.) “Moenie so hard praat nie,” waarsku Sonja, “hulle kan jou verstaan.” Binne ‘n halfdag vorder ons van winter na somer. Eindelik is ons by die regte hek en ons wag geduldig vir ons volgende vlug. Hulle sê mos “if you’ve got time to spare, you must fly”. (Word vervolg.)


Ons gradeer, hanteer en berg jou graan. Elke seisoen, elke jaar. GWK Graanfasiliteite

By ons graanfasiliteite beskik ons oor kundige personeel en die nuutste graderingstegnologie om jou graan te hanteer en te berg op ‘n manier wat jou gemoedsrus gee. Want as jy een ding minder het om jou oor te bekommer, kan jy voortgaan om saam met ons die grense van landbou te verskuif en die wĂŞreld van voedsel te voorsien.

59


Gemoedsrus vir die mense wat die wêreld voed. GWK Korttermynversekering Ons bied dekking vir enige versekerbare gevare wat kán gebeur.

Douglas Brits van den Berg (Uitvoerende Bestuurder: Versekering) 082 803 5190

Prieska Kannetjies Kotze Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4773

Douglas Marietjie Vermeulen Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4775

Hopetown Janitha Viljoen Korttermyn- en Oesversekering 082 889 4602

Barkly-Wes/Jan Kempdorp René van der Westhuizen Korttermyn- en Oesversekering 082 907 8548

Modderrivier Riana Shergold Korttermyn- en Oesversekering 082 808 2911

Douglas Wilmarie van der Schyff Korttermyn Kommersieël 082 382 8123

Ficksburg/Mooirivier Chris Shergold Korttermyn- en Oesversekering 071 633 3659

GWK is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185

60


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Kommuniek Oktober/November 2015 by GWK Kommuniek - Issuu