`n Handelsmerk van
Oktober / November 2018
Boere hou hul lyf model vir SARIE-tydskrif Nasionale RPO-kongres: Industrie-vooruitsigte bespreek
Bestuur jou boerdery effektief met tegnologie
GWK Farmers Cup: Uitspeelrondtes afgehandel
14 30 44 48
Boere hou hul lyf model vir SARIE-tydskrif
GWK en Triotrade besoek VSA
Sรณ lyk die toekoms van GWK Pecans
8 10 12 17
Damme en temperature
Veilingskalender en -pryse
Landbouwenke
Nasionale RPO-kongres
GWK Veilings fasiliteer top-veilings
21 25
Kalsium-enBestuur jou magnesium- boerdery effektief verhouding in met tegnologie die grond
28 33 37 42 47
24 uur-gerief op die platteland
GWK-proefdata vir 2018
Magtige magnesium
GWK besoek ALFA-ekspo
Verhoog koringopbrengs sรณ oestyd
51
Restorasie en verdigting van plantspesies
54 58 60 65 66
GWK Farmers Cup: Uirspeelrondtes afgehandel
Mense en finansies
Leefstyl: 10 gesonde wenke vir die somer!
Resep: Braaibroodjie, my ou vriend
Uit Piet se pen: Opwindend of ongepoets?
3
Direksie
Bestuur
Voorsitter Frank Lawrence
Besturende Direkteur: GWK Groep Llewellyn Brooks
Ondervoorsitter Hennie Coetzee
Finansiële Direkteur: GWK Groep Johan Geel
HF Cilliers Koos de Wet Johan Geel Wynand Human Frans Lubbe Tertius Marais Mattheus Maree Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Louis Wilken
Besturende Direkteur: GWK Agri Frans du Plessis Besturende Direkteur: GWK Farm Foods Wim van Rooyen Besturende Direkteur: GWK Trading Tom Meintjes Uitvoerende Hoof: Menslike Hulpbronne Gideon Jordaan Uitvoerende Hoof: Bemarking en Kommunikasie Neil de Klerk
Ons is pioniers in die agri- en voedselwaardeketting en is toegewy daaraan om ‘n volhoubare besigheid te bou, groei te dryf en ‘n beter toekoms vir al ons belanghebbendes te verseker. We are pioneers in the agri and food value chain, committed to shaping a sustainable business, driving growth and providing a better future for all stakeholders.
Die moderne boer staar talle uitdagings in die gesig en moet verskillende baadjies dra om hulle te oorkom. Jy sien om na jou plaas, jou werkers, jou bates, jou huis en jou gesin. Santam verstaan hoe baie van jou verwag word en daarom neem ons ’n wetenskaplike benadering tot die beskerming van jou oeste, sowel as jou persoonlike en boerderybates. Want ons glo jy verdien uitsonderlike versekering. Santam. Regte, egte versekering. Bel jou makelaar of gaan na www.santam.co.za/products/agriculture vir meer inligting.
Santam is ’n gemagtigde finansiële-diensverskaffer (lisensienommer 3416).
KINGJAMES 43708/A
VANDAG SE BOERE IS MEER AS NET BOERE.
Redakteursbrief
Uitgewer namens GWK Neil de Klerk (Groep Bemarking en Kommunikasie)
Ek sien myself en die kringe waarin ek beweeg nie as ‘n omgewing met baie negatiwiteit of swartgalligheid nie. Hoekom is dit deesdae dan so ‘n stryd om positief te probeer bly?
Redakteur Leana Bezuidenhout 072 601 9420 Advertensies en verspreiding Madri Scheepers 083 578 7198 Uitlegkunstenaar Reinard Louw Het jy iets om te deel? Gesels met ons: E-pos: LeanaB@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730 Hoofkantoor GWK De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf gwk.co.za Voorbladfoto: Boere hou hul lyf model vir Sarie-tydskrif
Dit
is die laaste tyd asof selfs die persone wat altyd straal van positiewe energie, fout met alles vind. Die diens by die kitskosrestaurant was so swak dat hulle nie eens die hoender behoorlik kon geniet nie. Die padwerke is sommer geldmors en ‘n onnodige oponthoud. Die land is so ‘n gemors, hulle emigreer sommer. En ek? Wel, ek voel dalk ‘n bietjie soos ‘n skoolkind op ‘n Sondagaand as Carte Blanche se temalied begin speel. Asof ek ‘n drukkie kort. En to add insult to injury is daar ingebreek by ons en my werkrekenaar is gesteel, wat die saamsit van hierdie Kommuniek ‘n uitdaging gemaak het. Dit is juis deur dié gesukkel wat ek tot my sinne gekom het. ‘n Mens is net so positief soos die omgewing waarin jy jou bevind. Entrepeneur Jim Rohn sê “elke mens is die gemiddeld van die vyf mense saam met wie hy die meeste tyd deurbring”. Is alles werklik so verkeerd soos sekere geselskappe jou wil laat glo? Ek twyfel. Hier sit ons met ‘n tydskrif vól lekker stories, alles oor dinge wat in die GWK-kamp aan die gang is. Wat ‘n belewenis was dit nie om saam met die span van SARIE-tydskrif ‘n fotosessie met ons boere te doen nie! As jy ooit gedink het ons mense in die land-
Leana Bezuidenhout Vind ons aanlyn deur die QR-kodes met `n slimfoon te skandeer.
Kommuniek
6
boubedryf ken net khaki, dink weer. Maak seker dat jy die Novemberuitgawe van SARIE koop… Ons het ook by ‘n paar landboukongresse gekuier die afgelope maand of twee. Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, het by dié kongres die gaste gevra om blad te skud met die persoon langs hom of haar. “Jy het so pas die hand geskud van een van die beste boere in die wêreld,” sê hy toe, “want geen ander boer in die wêreld kom die uitdagings teë wat in Suid-Afrika is nie. En ons is steeds suksesvol en positief.” Ons moet ophou om positiewe energie te ignoreer. Dit vat net één mens om terme soos “grondonteiening”, “petrolpryse” of “misdaad” rond te gooi om ons aandag van alles wat rég is, af te trek. Daarom besluit ek voortaan noukeurig waarmee ek myself omring. Sonder om ‘n kop-in-die-grond-volstruis-benadering te volg, sal ek dit ‘n bewustelike keuse maak om nie deur die klakouse in hulle donker put van negatiwiteit ingeslurp te word nie. Ek is darem te lief daarvoor om lekker te lag. Mense kan jou rekenaar steel. Moenie dat hulle jou geluk steel nie.
Spesialisbestuurder: Inhoudsontwikkeling
Geestelike Akker Daar is groot vreugde om op die regte pad te stap “‘n Pelgrimslied. Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien, en sy wil doen. Die vrug van jou arbeid sal jy geniet, gelukkig en voorspoedig sal jy wees.” - Psalm 128:1-2 Mense mag dalk verskillende redes hê waarom hulle op ‘n pelgrimstog vertrek. Elkeen wil graag gelukkig wees, elkeen wil die Here se seën ervaar. Wanneer die pelgrim op sy reis vertrek, het priesters hulle met hierdie lied se woorde geseën: Mag jy ontdek dat God saam met jou reis, elke tree van die pad. Die lied begin met ‘n groot stelling: Dit gaan goed met dié mens wat die Here dien, en gehoorsaam volg waar die Here lei. Die seën is bedoel vir mense wat besef hoe afhanklik hulle van die Here is. Wanneer jy die Here wil eer in alles wat jy doen, sal jou arbeid geseënd wees. Dit wat jy doen, maak ‘n verskil. Daarom ervaar jy dat jou lewe betekenis het, dit maak jou gelukkig. Omdat jy die Here toelaat om jou te lei, en jou te vorm soos Hy jou wil hê, raak dit ook jou huwelikslewe. In die Ou Testament se tye was die seën van die Here gesien in ‘n lang lewe, en om sommer baie kinders te hê. Hierdie lied is ook gebruik as seënbede wanneer die pelgrim by sy bestemming aankom. Die seën van die Here uit Sion is met jou. Die voorspoed van Jerusalem is maar ‘n beeld om te sê: mag jou reis ‘n wonderlike eindbestemming bereik, mag daar vrede en voorspoed op jou wag. Wat maak ons met hierdie Psalm
vandag? Dit is verseker so dat die meeste van ons op die oomblik in uitdagende tye lewe. Ons sou maklik kon vra: waar is die seën van die Here vandag? Baie mense leef dalk op die oomblik in woestyntye van hulle lewe se pelgrimsreis. Hierdie pelgrimslied wil ons verseker: God is met ons op pad. Die geluk wat ons in die lewe ervaar lê nie altyd in geld nie. Ook in uitdagende tye lei die Here ons deur hierdie tye heen, en sorg vir sy kinders op maniere wat nie altyd op bankstate sin maak nie. Hierdie Psalm is juis ‘n gebed vir jou wat die Here wil dien: mag Hy jou seën dat jy die vrug van jou arbeid sal geniet. Mag jy gelukkig wees in hierdie deurmekaar wêreld. Mag jy voorspoedig wees, mag die Here jou die geleenthede gee wat jy nodig het om voluit vir Hom te lewe. En mag jou verhoudingslewe getuig van die vrede en die geluk wat die Here graag gee. Gebed: Here, elke mens se diepste behoefte is om waarlik gelukkig te wees. Help ons om die lewe se geluk te ontdek wanneer ons ons lewenspad saam met U stap. Here, maak asseblief hierdie beloftes ook in u kind se lewe waar vandag. Mag u kind ervaar dat U die vrug op elkeen se arbeid gee. Mag u kinders gelukkig wees, en voorspoedig in dit wat hulle aanpak. Ons bid dit veral vir u kinders wat vandag in moeilike tye verkeer. Amen Ewald Schmidt www.versndag.co.za
7
Damme en temperature
Huidige stand van damme Riviersisteem
Werklike vs. langtermyn reĂŤnval
Dam
Oranjerivier
Vaalrivier
% Vol
Gariepdam
89,78
Vanderkloofdam
95,86
Vaaldam
90,22
Bloemhofdam
95,18
Vaalharts Stuwal
79,48
Douglas Stuwal
106,91
Spitskopdam
85,49
Taungdam
90,16
Rietrivier
Kalkfonteindam
32,56
Modderrivier
Krugersdriftdam
83,60
Hartsrivier
25
20
15
10
5
0 Lunenburg
Green Valley Nuts
Rietrivier
Hopetown
Jan Kempdorp
Zoutpansdrift
Werklik Langtermyn
Werklike minimum en maksimum temperature vs. langtermyn temperatuur 15 Julie 2018 tot 16 September 2018 Douglas Lunenburg
Prieska Green Valley Nuts
35
35
30
30
25
25
20
20
15
15
10
10
5
5
0
0
-5
-5
-10
-10 15
22
29
5
12
19
26
2
9
16
15
22
29
5
Rietrivier 35
30
30
25
25
20
20
15
15
10
10
5
5
0
0
-5
-5 15
22
29
Maksimum
8
5
12
19
19
26
2
9
16
26
2
9
16
Hopetown
35
-10
12
26
2
9
Maksimum langtermyn
16
-10
15
Minimum
22
29
5
12
19
Minimum langtermyn
9
Veilingskalender en -pryse
Grootvee/kleinvee weekveilingm, Kimberley Hencoe Bonsmaras stoetveiling, Prieska Grootvee/kleinvee weekveiling, Kimberley Kommersiële Maandveiling, Hertzogville Grootvee/kleinvee weekveiling, Kimberley Go West Tuli stoetveiling, Kimberley Kommersiële Maandveiling, Griekwastad Grootvee/kleinvee weekveiling, Kimberley Rosbeef Beefmaster stoetveiling, Kimberley Kommersiële Maandveiling, Thaba Nchu Grootvee/kleinvee weekveiling, Kimberley
02 Okt 03 Okt 09 Okt 11 Okt 16 Okt 18 Okt 18 Okt 23 Okt 24 Okt 25 Okt 30 Okt
06 Nov 07 Nov 08 Nov 08 Nov 13 Nov 15 Nov 20 Nov 27 Nov 28 Nov 29 Nov
Grootvee/kleinvee weekveiling, Kimberley Kommersiële veiling, Senekal Karoo Boerbok stoetveiling, Groblershoop Kommersiële Maandveiling, Hertzogville Grootvee/kleinvee weekveiling, Kimberley Bul-en Ram-veiling, Kimberley Grootvee/kleinvee weekveiling, Kimberley Grootvee/kleinvee weekveiling, Kimberley Kommersiële Maandveiling, Thaba Nchu Grootvee-veiling, Koopmansfontein
Veilingspryse vir lewendehawe – September 2018 10/09 - 14/09
03/09 - 07/09
10
17/09 -21/09
Bees
Kby
Skape
Kby
Bees
Kby
Skape
Kby
Bees
Kby
Skape
Kby
Slagosse
24.50
Slaglammers
36.00
Slagosse
24.50
Slaglammers
37.00
Slagosse
24.50
Slaglammers
37.00
Slagkoeie
20.00
Stoorlammers 37.00
Slagkoeie
21.00
Stoorlammers 37.00
Slagkoeie
20.00
Stoorlammers 37.00
Maer beeste
17.50
Kruislammers
35.00
Maer beeste
18.00
Kruislammers
36,5o
Maer beeste
18.00
Kruislammers
37.00
Slagooie
28.00
Ligte kalwers (180-200kg)
33.50
Slagooie
27.50
33.00
28.00
Maer ooie
22.00
Maer ooie
22.00
Ligte kalwers (180-200kg)
Slagooie
Swaar kalwers (201-250kg)
Maer ooie
24.00
32.50
Swaar kalwers (201-250kg)
31.50
Klein bokkies
40.00
Jong bokke
36.50
Bokooie
29.00
Ligte kalwers (180-200kg)
34.00
Swaar kalwers (201-250kg)
33.00 Klein bokkies
35.50
Klein bokkies
37.00
Jong bokke
37.00
Jong bokke
36.50
Bokooie
26.00
Bokooie
29.00
OMVATTENDE BEHEER VIR JOU KUNSMIS PROGRAM
SOURCE NBPT 20 N-(n-butyl) thiophosphoric triamide
14 TOT 21 DAE MAKSIMUM BESKERMING
Meer tyd om te besproei, of wag vir reën om dit in te was, of werk dit meganies in.
MEER BUIGBARE KUNSMIS BESTUURSPROGRAM
Gavilon South Africa (Pty)Ltd www.gavilon.co.za Adres: Grondvloer, Silky Oak House, Ballyoaks Office Park, Ballyclare Rylaan 35, Bryanston, Johannesburg, 2021 • Posbus 133, Cramerview, 2060
Kontak persone: Pieter Bekker 072 626 0419 • Willem Engelbrecht 082 825 7781 • Bryanston kantoor 011 367 8420
11
Landbouwenke
Mielies
Grondbone
Die waarde van goeie saad-grond-kontak kan nie oorbeklemtoon word nie. Swak saadkontak veroorsaak swak en oneweredige opkoms wat meebring dat laat kiemplante moeilik met ander kompeteer en `n swakker potensiaal het. Pas plantdiepte by grondtemperatuur aan. Vermy om mielies aan te plant wanneer grondtemperatuur nog onder 10 grade C is. Verkieslik moet temperature bo 15 grade C wees. Kunsmisplasing moet 5cm onder en 5cm weg van die saad geplaas word om kunsmisbrand te voorkom. Onthou om `n toevlugsoord by BT-aanplantings te plant.
Grondbone hou van lae-frekwensie hoëtoedieningstempo as dit by water kom. Grondbone benodig baie min besproeiing, indien enige, gedurende die eerste 30dae na opkoms, mits met ‘n vol profiel begin is. Grondbone is wel baie sensitief vir vogstremming 50 tot 100 dae na opkoms. Laat aanplantings moet verkieslik teen 5 Desember gedoen wees, hierna neem die opbrengspotensiaal heelwat af. Grondbone is gevoelig vir kalsium- en boortekorte. Indien grondbone suksesvol gebind het, benodig die gewas baie min stikstof indien enige. Indien groot windprobleme voorkom en die saadbed te fyn is, kan `n tandimplement gebruik word om versigtig tussen die rye te werk om `n growwe tekstuur op die oppervlak te skep. Pasop net vir operting vroeg in die seisoen.
Groente en rankgewasse Die meeste kortdag-uikultivars val tans en moet opgetrek word. Maak seker hopies word behoorlik gepak met bolle na binne om waterindringing te voorkom. Beheer blaaspootjie op uie, veral later aanplantings. Doen opvolgbespuitings. Erte kan geoes word wanneer 75-80% van die peule geel verkleur het. Plante kan dan doodgespuit word met Diquat.
Droëbone Planttyd is van 20 Desember tot 10 Januarie. Droëbone is baie sensitief vir aalwurm en goeie beheer is noodsaaklik. Bone is `n goeie wisselbougewas om grasgewasse se siektesiklusse te verminder en produksiekoste is relatief laag.
Katoen Vestig katoen met vol profiel en bestuur optimaal. Probeer profiel weer vol hê teen middel Desember. Beheer snywurm net na plant. Beheer blaaspootjie met eerste ware blare, voorkomend. Katoen is sensitief vir kaliumen sinktekorte. Probeer klaar maak met stikstofbemesting 7-8 weke na opkoms onder normale toestande.
Pekanneute Pas onkruidbeheer toe, identifiseer die onkruidspektrum en begin die bespuitingsprogram wanneer die onkruide nog jonk is. Probeer ten minste 2 vierkante meter rondom boom skoonhou eerste 3 jaar na vestiging. Moenie die stam en blare van bome bespuit nie, veral by jong bome. Gaan voort met sinkbespuiting met tussenposes van twee tot drie weke. Drie tot maksimum vyf bespuitings mag per seisoen nodig wees. Saailinge kan van November tot Februarie geokuleer word. Enting op raamtakke word tot in November gedoen.
12
OERE HOU HUL LYF MODEL VIR SARIETYDSKRIF
Mode-op-die-plaas – feit of fiksie? Ek sal elke leser sy eie mening laat vorm… Boerdery en mode is nie twee woorde wat meeste van ons sommer in dieselfde sin sal gebruik nie. Wat baie mense nie altyd besef nie is, dat mode en handelsmerke ‘n groot rol speel in ons almal se daaglikse lewens. Ja, selfs op die plaas. Baie boere (en meeste ander mense) sal nou met ‘n skewe kop na daardie stelling kyk en dink ek is van my sinne beroof. Maar as jy mooi daaroor dink, is die skoene, broek, hoed en hemp, selfs die khaki-hemde wat jy op die plaas dra as jy werk, heel moontlik gemaak deur een of ander bekende handelsmerk en jou besluit om dit te koop is beïnvloed deur een of ander modeneiging. Boere is deesdae in elk geval nie net meer boere nie. Hulle is betrokke by ander ondernemings en besighede, dien op direksies en woon gereeld kongresse en sosiale geleenthede by. Of dit nou ‘n braai by vriende is of ‘n glansryke funksie, mode is deel daarvan. Vir party is dit belangrik om stylvol te wees. Klerekeuses word beïnvloed deur die nuutste modegiere en -neigings en die beste handelsmerke op die mark, al is dit onbewustelik.
14
Wat is dít anders as mode? So, ‘n mens kan sover gaan om te sê dat mode-op-die-plaas eintlik nié so vergesog is soos jy gedink het nie. GWK het nog altyd anders gekyk na landbou en sy mense en het daarom besluit om sommige Suid-Afrikaners se persepsie van boere te verander en te wys dat boere nie net khaki-klere dra of geen waarde aan mode heg nie. Boere se klerekeuses is modern, net soos die toerusting en tegnologie wat hul elke dag op die plaas gebruik om seker te maak dat ons almal kos op ons borde het. Vir daardie rede het GWK, Agri SA, Shell en die land se voorste modetydskrif, SARIE, kragte saamgesnoer om ‘n modeprojek saam met SuidAfrika se boere te doen. Ons boere, Ons inspirasie is ‘n projek eie in sy soort en ‘n voorbeeld van hoe vier uiteenlopende besighede bymekaargekom het om vir die produsente van Suid-Afrika, op ‘n nasionale platform, blootstelling en erkenning te gee vir die werk wat hul elke dag doen – met styl. Dié idee van mode-op-die-plaas is gebore by GWK se Uitvoerende Hoof van Bemarking en Kommunikasie, Neil de Klerk. Hy sê dat die span by GWK
Aktueel Madri Scheepers gereeld aan kreatiewe maniere dink om die storie van landbou en sy mense te vertel en hierdie projek is weereens ‘n voorbeeld daarvan. “Ons is bevoorreg by GWK om elke dag by boere op hul plase te kom en die ervaring wat ons het, is dat hierdie moderne mense is met wonderlike besighede, wat ongelooflike goed vermag,” sê De Klerk. “Dit is vir ons belangrik om dit wat ons sien op plase met mense te deel en hulle te wys hoe die boere lyk en wat hulle doen.” Hy sê verder dat boere elke dag op die plaas die beste handelsmerke dra, nie net wanneer hul met vakansie gaan nie. Hy voeg by dat hierdie eintlik ‘n reusegeleentheid vir klerehandelsmerke is, want boere werk elke dag buite en dra elke dag daardie klere. “Behalwe vir hulle werk op die plaas woon boere, hul eggenote en kinders gereeld funksies by en lyk stylvol en modern, net soos enigiemand wat ‘n funksie in die stad sou bywoon en dít is die storie wat ons graag vir mense wil vertel,” sê hy. De Klerk het op ‘n geleentheid hierdie idee met Omri van Zyl, uitvoerende hoof van Agri SA, gedeel. Van Zyl het dadelik van die idee gehou en vandaar op ‘n ander geleentheid met SARIE daaroor gesels. SARIE se stylredakteur, Fanie Cronje, was dadelik mal oor die idee en almal het koppe bymekaar gesit en ‘n konsep vir die projek ontwikkel. Cronje sê een van die redes hoekom SARIE betrokke geraak het, is omdat die stereotipe van boere in die groter media as ‘vervelig’ oorgedra word, en dit is natuurlik vals. “In ‘n mate is dié projek 'n social movement in eie reg,” sê Cronje. Van Zyl stem saam en sê ‘n unieke projek soos hierdie help om ‘n ander klem op landbou en landbouers in spesifiek te sit. “Agri SA is deel van die projek want daar is soveel negatiewe sentiment in die land en die ekonomie en een van die goed wat ons wou doen, is om iets anders op die tafel sit. Ons wil ‘n ander klem op landbou sit. Die projek gee ‘n ander perspektief op landbouers en
die goeie goed wat ons in die bedryf doen,” sê van Zyl. Soos die projek gegroei het, Shell Downstream Suid Afrika ook besluit om aan te sluit by die boodskap aangesien die projek se kern – Suid-Afrikaanse boere en hul motivering – perfek inpas by hul siening van landbouers in Suid-Afrika. “Ons glo dat hierdie projek perfek belyn is met ons visie om Suid-Afrikaanse boere raak te sien en te vier as uiteenlopend, veelsydig en uniek,” sê Anton Niemann, algemene bestuurder van Lubricants Sales by Shell Downstream Suid-Afrika. “Shell glo ‘what matters is inside’. Ons sien raak wat boere vir ons doen, ons sien hul trots, passie en professionele aanslag.” Hy sê verder dat hulle as ‘n besigheid hul toewyding aan die boerderygemeenskap graag weer bevestig en benadruk dat die landbousektor ‘n lewensaar in die Suid-Afrikaanse ekonomie is. Niemann noem dat daar dele van die wêreld is waar mense nie die ongelooflike moeite en opofferings raaksien wat boere elke dag bydra tot hul gemeenskappe nie. Shell wil daarom deel wees daarvan om die persepsie te verander en Suid-Afrikaners te oortuig om raak te sien wat boere vir die land doen. “Die sukses van die sektor het ‘n groot invloed op die res van die land en dit is belangrik om die werk wat ons boere doen raak te sien. Ons is opgewonde om saam met SARIE, GWK en Agri SA te werk aan ‘n projek wat die diversiteit en kleurrykheid van SuidAfrikaanse boere tentoonstel en vier,” sê Niemann.
“Ons is bevoorreg by GWK om elke dag by boere op hul plase te kom en die ervaring wat ons het is dat hierdie moderne mense is met wonderlike besighede, wat ongelooflike goed vermag. Dit is vir ons belangrik om dit wat ons sien op plase met mense te deel en hul te wys hoe die boere lyk en wat hulle doen.”
Wat behels die modeprojek? In Augustus vanjaar was daar onderskeidelik op Douglas en in Kaapstad professionele fotosessies gedoen waar regte boere die modelle was op plase in die verskillende areas. Die fotosessies en die produksie daarvan is deur die kundige span fotograwe en stiliste van SARIE behartig. Cronje sê dat dit besonders was om die boere in hul eie omgewing te kon afneem en aan die boere ‘n uitsonderlike ervaring en pamperlang bied in ‘n omgewing waarin hulle gemaklik is. Oor die Noord-Kaapse deel van die fotosessies sê hy, “wat ‘n voorreg om deel te wees van ‘n wonderwêreld met mooi, dinamiese intelligente mense. Ek is verlief op die Noord-Kaap, die landskap en spesifiek die mense.” Hy skerts dat hy selfs sy nuwe gunstelingskoene, soos hy dit noem, “’n paar Tarzan-stewels,” by GWK se handelstak gekoop het tydens die fotosessies in ons geweste. Hierdie foto’s en onderhoude gaan in ‘n opwindende tienblad-insetsel, Ons boere, Ons inspirasie, in die November-uitgawe van SARIE verskyn – met die fokus van die projek op landbou, hoe mode daarby inpas en die moderne mens agter die boer. Kry jou kopie van SARIE-tydskrif, sien die boere in aksie en lees meer oor die projek – wie weet, dalk sien jy ‘n bekende gesig raak. Onthou, die November-uitgawe is reeds vanaf middelOktober beskikbaar op die rakke! Hou ook GWK, Agri SA, SARIE en Shell se sosiale media dop vir agter-dieskerms-aksie en meer inligting oor die projek. Al stem mense steeds nie saam met my siening dat mode-op-die-plaas ‘n feit is nie, is daar een ding waaroor ons almal beslis kan saamstem – ons boere ís ons inspirasie.
Neil de Klerk – GWK Uitvoerende Hoof van Bemarking en Kommunikasie
*GWK, Agri SA, Shell en SARIE bedank die boere agter die foto’s vir die projek, maar meer as dit ook elke boer in Suid-Afrika vir die werk wat hul elke dag doen!
15
Innoverend Genetika Kwaliteit
Die alles-in-een-saadverskaffer Vergemaklik voer vloeibeplanning met beproefde voergewasse Beide voersorghum en babala is waardevolle eenjarige somerproduserende voergewasse. Die smaaklikheid en hoë verteerbaarheid van hierdie gewasse dra daartoe by dat dit as voerbron vir produserende diere kan dien. Hierdie gewasse is veelsydig en kan as groenweiding, staande hooi of kuilvoer aangewend word. Die beoogte gebruik sal die boer se kultivarkeuse bepaal. Kontak gerus jou naaste verteenwoordiger vir meer inligting oor die verskeidenheid voersorghum- en babalaprodukte beskikbaar vanaf K2 Saad.
Posbus 159, Oudtshoorn, 6620, Suid-Afrika • Tel: 044 203 9800 • Tel: 018 293 1233 • Tel: 010 140 0839 • Tel: 012 252 6849 • www.saadbemarking.co.za
16
Nasionale RPO-kongres:
Industrie-vooruitsigte bespreek
Alex Cilliers
John Purchase
Ondertekening van Peritum-kontrak
Voorsitterstafel
Die Nasionale Rooivleisprodusente-orga-
dingende en volhoubare rooivleisbedryf te skep waarin daar vir produsente waarde toegevoeg word en hulle waarde kan ontsluit. Om hierdie droom ‘n werklikheid te maak, moet hulle saam werk om die regte vennootskappe te vestig en sodoende die toekoms van die bedryf te vorm. Daar moet verder ‘n bemagtigende omgewing geskep word waarin rooivleisprodusente toegerus word om vorentoe te boer. Hulle werk ook daaraan om die RPO se relevansie te groei, sodat hulle ‘n voorloper kan wees om die belange van die Suid-Afrikaanse rooivleisindustrie te verteenwoordig. Van der Ryst sê dat daar reeds baie vordering gemaak is met dié strategie ten opsigte van statutêre befondsing, gesprekke met rolspelers, evaluering van personeel en die aanstel van
nisasie (RPO) se 27ste jaarlikse kongres is in September vanjaar aangebied by die Royal Elephant Hotel in Centurion. Hier het die land se rooivleisprodusente, gassprekers en lede van die RPO byeengekom om te gesels oor die industrie, die toekoms, uitdagings, suksesse en die Nasionale RPO se strategie om ‘n sterker rooivleisbedryf vir die toekoms te bou. Koos van der Ryst, voorsitter van die Nasionale RPO en GWK-direkteur, wat ook op hierdie kongres vir nog ‘n termyn as voorsitter verkies is, het reeds op die provinsiale kongresdae vir die afgevaardigdes meer vertel oor die organisasie se strategie vir die toekoms, maar het weereens klem gelê op die planne wat in plek is. Die organisasie se visie is om ‘n mede-
Aktueel Madri Scheepers
verantwoordelike persone om prioriteite te dryf. Die oorhoofse RPO-strategie is verdeel in vier pilare: Wetgewende- en beleidsomgewing Volhoubare produksie-omgewing en ontwikkelende sektoruitbreiding Markomgewing/verbruikers Organisatoriese kapasiteit, finansies en menslike hulpbronne Hy sê die beleids- en wetgewende omgewing bestaan uit 46 instansies en organisasies waarmee hul in samesprekinge betrokke is. Hy noem dat daar ‘n magdom wette is wat landbou beïnvloed, waarvan die meeste onder hersiening is. Die grootste brandpunt in hierdie stadium is natuurlik artikel 25 van die Grondwet, maar hy noem ook dat die bedryf nie moet fokus verloor op die ander nie. By hom het ‘n reeks gassprekers aangesluit om ‘n oorsig oor die rooivleisindustrie te gee en te gesels oor die toekoms van die bedryf. Die sprekers, wat elkeen ‘n kenner is sy eie reg is, het almal hul optimisme oor die landbou-industrie uitgespreek, hoewel daar baie uitdagings daarmee gepaard gaan. John Purchase, uitvoerende hoof van Agbiz, sê dat Suid-Afrika ‘n relatiewe gesonde en sterk agri-voedselbedryf het met oop, mededingende markte wat effektiwiteit dryf en verseker dat voedselpryse relatief laag bly. Hy noem dat daar wel uitdagings is, maar alle industrieë gaan daaronder gebuk. “Ons het almal uitdagings, ‘n mens moet dit nie wegwens nie. Wat belangrik is is hoe ons dit gaan hanteer,” sê Purchase. Hy sê uitdagings wat bespreek moet word is onder meer die beleggingsomgewing, logistiek, beskikbaarheid en gehalte van water, omgewingsvolhoubaarheid, navorsing en ontwik-
17
keling, misdaad en sekuriteit, grondhervorming, arbeidsverhoudinge en wetgewing, klimaatsverandering, handelsooreenkomste en volhoubare transformasie. Hoewel hierdie uitdagings die land in die gesig staar, is hy nie negatief nie en sê dat Suid-Afrika wonderlike geleenthede het, insluitend nuwe markte (hoofsaaklik na Afrika en die Ooste), bevolkingsgroei, neigings in verbruikers se besteding, nuwe tegnologie en verhoogde produktiwiteit in die industrie. “Landbou het ‘n reusebydrae gemaak tot voedselsekuriteit, groei en werkskepping in Suid-Afrika en dit is waarom die regering besef dat die agri-voedselsektor een van die beste sektore is om groei in die ekonomie te dryf. Ons moet van hierdie geleentheid gebruik maak,” sê Purchase. Ferdie Meyer, direkteur van die Bureau for Food and Agricultural Policy (BFAP), sê ook dat daar baie geleenthede in die rooivleisindustrie is, al is daar ‘n paar struikelblokke. Hy noem dat bees- en skaapkuddes steeds besig is om te herbou na die droogtetye en dit het ‘n beduidende impak gehad op pryse en produksie. Hy sê egter dat die vraag na beesvleis verhoog het met meer mense wat na stedelike gebiede stroom. Hy verwag dat die rooivleisindustrie oor die volgende tien jaar goeie groei sal toon. Vir beesvleis word ‘n groeikoers van 24% verwag en vir skaap- en lamsvleis ‘n groeikoers van 12% oor die volgende tien jaar. Skaap- en lamsvleis verwag kleiner groei omdat dit ‘n nisproduk is en die marksegment heelwat kleiner is. Met hierdie verwagte groei sê Meyer dat daar goeie geleenthede vir die rooivleisindustrie in geheel bestaan. Hy lê klem daarop dat die effektiewe uitvoering van ‘n veeartseny-strategie om siektes te beheer en protokols in
18
plek te stel wel belangrik gaan wees vir die bedryf. “Siektebeheer is krities vir die toekomstige groei van die industrie, spesifiek vir die uitvoermark,” sê Meyer. Estelle van Reenen, Sparta se uitvoerende hoof, het met die afgevaardigdes gesels oor die uitvoer- en verbruikersmark in Suid-Afrika en glo dat daar groot potensiaal is vir uitvoere. Sy sê dat Suid-Afrika se uitvoere verhoog moet word en deur hande met opkomende boere te vat, kan dit bereik word. Sy noem as ‘n voorbeeld dat Australië tot 68% van hul beesvleis uitvoer, terwyl Suid-Afrika slegs 4,8% uitvoer, wat beteken daar is wel geleenthede in die internasionale mark. “Ons moet werk na ‘n sterk industrieliggaam wat ons industrie kan help, nie net reguleer nie, maar om te help dat ons almal vir mekaar daardie winning pass kan gee,” sê Van Reenen. “Hier is soveel potensiaal met ons huidige beeskudde in Suid-Afrika dat ons die industrie kan vergroot.” GWK se Hoof van Vleis, Alex Cilliers, is ook soos die ander sprekers optimisties oor die toekoms. Cilliers het hoofsaaklik gesels oor die skaapindustrie, die lesse wat hulle geleer het oor die laaste drie jaar en wat vir die volgende drie jaar verwag kan word. Hy sê die verbruikersvoorsieningsketting moet belyn word met die verbruiker se behoefte sodat die industrie kan vorentoe beweeg. Hy noem ook dat die effektiwiteit en samewerking in die industrie verbeter moet word om waarde toe te voeg en die skaapvleisindustrie te groei. Cilliers sien die volgende vereistes, en geleenthede om te ontgin, oor die volgende drie jaar: Verbeterde produksie en naspeurbaarheid regdeur die ketting (nispremies verhoog)
Vermindering van slagkapasiteit in Suid-Afrika Begrip vir wat die waarde van huide beïnvloed en optimaliseer inkomste Regulatoriese omgewing (grensbeheer en verbruikersvertroue) Konstante regulasies en toepassing daarvan ten opsigte van voedselveiligheid regdeur die ketting Voeg waarde toe deur konsolidasie, sentrale verpakking en gehalte Spreek verbruikers se behoeftes aan deur die oorsprong van vleis bekend te maak, tesame met die vertroue dat gehalte konstant gelewer kan word “Ons sal oor die volgende drie jaar die regte goed moet doen om seker te maak ons sit rooivleis op die verbruiker se bord as ‘n eerste keuse,” sê Cilliers. “Ek is optimisties: Daar is ‘n energie wat in die regte rigting beweeg. Ons moet momentum behou en dit vorentoe vat – dit is hoe ons volhoubaarheid gaan skep.” Van der Ryst sê verder dat dit vir die nasionale RPO belangrik is om inligting by die produsente te kry, daarom bied hul kongresse aan, woon kongresse by en doen roadshows om boere in die oë te kyk en te vertel waarmee die organisasie besig is. Op die kongres het Van der Ryst ook ‘n mandaat van die afgevaardigdes ontvang om die voorgestelde strategiese plan verder uit te rol en om verhogings op statutêre heffings te ondersoek – wat verder help om dié produsente-organisasie te bemagtig. “Ons weet wat ons moet doen, ons weet vir wie ons dit doen: Die boere. Ons weet hoekom ons dit moet doen: Om in die verbruiker se behoefte te voorsien, en ons weet ook hóé ons dit gaan doen,” sê van der Ryst.
PIO-GWK-01
19
20
GWK Agri Landboudienste Dries Bloem (Geolab) en Hannes Hattingh
Kalsium-en-magnesium-verhouding in grond: Hoe belangrik is dit vir mielie-opbrengs? Daar is baie verwarring oor die interpretasie van grondontledings met betrekking tot kalsium (Ca), magnesium (Mg), kalium (K) en natrium (Na) by boere en landboukundiges. In sekere gevalle word slegs na verhoudings en persentasies tussen hierdie elemente gekyk en in ander gevalle word na die absolute waarde van die betrokke element gekyk.
Die
benadering om verhoudings en persentasies te gebruik, kom vanuit waarnemings dat hierdie elemente mekaar se opname deur die plantwortel kan onderdruk. Die benadering dat absolute waardes gebruik moet word, kom ook uit waarnemings waar oprengsverliese waargeneem is by lae vlakke van die betrokke element. Metson (1974) gee byvoorbeeld verwysings waar verskeie navorsers bevind het dat magnesiumtekorte by plante ontstaan wanneer daar minder as 50 mg/kg uitruilbare Mg in grond is. Dit moet ook in gedagte gehou word dat die verhoudings van hierdie elemente tot mekaar die fisiese toestand van die grond kan verander en korsvorming en kompaksie kan veroorsaak. In ‘n studie met leemgronde van die Cradock-omgewing het Bloem (1992) byvoorbeeld gevind dat infiltrasietempo van die gronde drasties verlaag wanneer die uitruilbare Na-persentasie hoër as 4% is. Rengasamy, Green & Ford (1986) het bevind dat dispersie en korsvorming van grond in Australië toeneem by Ca:Mg-verhouding laer as 1.0.
Proef GWK het ‘n proef in Kimberley-omgewing gedoen op ‘n rooi sandgrond en verskillende Ca:Mg-verhoudings geskep deur gipstoedienings (CaSO4). Die volgende toedienings in kg/ha is gedoen en drie keer herhaal: 0 (kontrole), 750, 1500, 3000. Mielies is geplant, blaarontledings is op drie groei-
stadiums gedoen en graanopbrengs is bepaal. Die toediening van gips het die Ca:Mg-verhouding in grond van 1,6 tot 3,9 verhoog. Daar was geen betekenisvolle effek op graanopbrengs nie (Figuur 1). Die toediening van gips het die uitruilbare Ca% in grond van 54 tot 73% verhoog. Daar was geen betekenisvolle effek van Ca% op graanopbrengs nie (Figuur 2). Toediening van gips het die uitruilbare Mg% in grond van 33 tot 18% verlaag en dit het ook geen betekenisvolle effek op graanopbrengs gehad nie (Figuur 3). Die wye Ca:Mg-verhouding in grond het geen betekenisvolle effek op Ca-opname (Figuur 4) en Mg-opname (Figuur 5) van mielies gehad nie. Daar was ook geen effek van Ca% en Mg% op die opname van Ca of Mg deur die mielies nie. Hierdie resultate dui aan dat mielies ‘n wye verhouding van uitruilbare Ca:Mg in grond kan verdra sonder dat Ca en Mg mekaar se opname onderdruk. Daar bestaan ook nie ‘n ideale uitruilbare Ca% of Mg% nie, maar dat dieselfde opbrengs en Ca- en Mg-opname by ‘n wye spektrum behaal is. Dit sluit aan by die navorsing van Simson, Corey & Sumner (1979) wat bevind het dat geen verskil in opbrengs van mielies of lusern gevind was by uitruilbare Ca:Mg-vlakke in grond tussen 0,8 en 5,0 nie. Dit impliseer nie dat Ca en Mg nie mekaar se opname kan onderdruk nie, maar dat die onderdrukking slegs by uiterste verhoudings plaasvind
en dat daar ‘n wye Ca:Mg bereik is wat gunstig is vir opname van albei elemente. Met hierdie resultate en ook bestaande navorsingsresultate in gedagte, word ‘n bereik van uitruilbare Ca:Mg van 1,5 tot 4,5 voorgestel as optimum vlak vir mielies op rooi sandgrond. Uitruilbare Ca, Mg, K, en Na in grondmonsters word in die meeste gevalle met ammonium-asetaat of Mehlichekstrak bepaal. Hierdie ekstrakte kan Ca oplos wanneer daar kalk in die grondmonster is. Dit gee dan ‘n wanvoorstelling van die verhoudings en persentasies in die grond. GWK gebruik ‘n metode waar uitruilbare katione uit kalkgronde onttrek kan word sonder dat kalk opgelos word. Sodoende word korrekte verhoudings en persentasies ook vir kalkhoudende gronde (pH KCL > 7,0) verkry. Samevatting Gipstoediening verhoog uitruilbare Ca:Mg-vlakke in grond en ook uitruilbare Ca% in grond, maar verlaag uitruilbare Mg% in grond. Die wye bereik wat so geskep is, het geen betekenisvolle effek op opbrengs of opname van Ca of Mg deur mielies veroorsaak nie. Dit dui daarop dat daar nie ideale Ca:Mg of Ca% of Mg% in grond bestaan nie, maar dat mielies ‘n wye bereik daarvan kan verdra voordat opbrengs benadeel word. ‘n Bereik van uitruilbare Ca:Mg van 1,5 tot 4,5 word voorgestel as optimum vlak vir mielies op rooi sandgrond.
21
0,4 0,35
16,0
0,3
14,0
Mg in blaar%
Opbrengs ton/ha
20,0 18,0
12,0 10,0 8,0 6,0 4,0
0,25 0,2 0,15 0,1 0,05
2,0 0,0
1
1,5
2
2,5
3
3,5
0
4
Ca:Mg
Opbrengs ton/ha
18,0 16,0 14,0 12,0 10,0 8,0 6,0 4,0 2,0 55
60
2
2,5
3
3,5
4
Figuur 5: Effek van uitruilbare Ca:Mg-verhouding in grond op Mg-opname van mielies
20,0
50
1,5
Ca:Mg
Figuur 1: Effek van uitruilbare Ca:Mg-verhouding in grond op graanopbrengs van mielies
0,0
1
65
70
75
Ca% grond
Figuur 2: Effek van uitruilbare Ca% in grond op graanopbrengs van mielies
Bronne Bloem, A.A., 1992. Kriteria vir die aanpassing van die ontwerp en bestuur van oorhoofse besproeiingstelsels by die infiltreerbaarheid van gronde. M.Sc. Verhandeling, Universiteit Pretoria. Metson, A.J., 1974. Some factors governing the availability of soil magnesium: A review. New Zealand Journal of Experimental Agriculture. 2:3, 277-319. Regasamy, P., Greene, R.S.B. & Ford, G.W., 1986. Influence of magnesium on aggregate stability of sodic red-brown earths. Aust. J. Soil Res. 24, 229-237. Simson, C. R., Corey, R. B. & Sumner, M. E., 1979. Effect of varying Ca:Mg ratios on yield and composition of corn (Zea mays) and alfalfa (Medicago sativa). Commun. In Soil Science and Plant Analysis, 10(1&2), 153-162.
20,0
Opbrengs ton/ha
18,0 16,0
JY KAN ’N VERSKIL MAAK!
14,0 12,0 10,0
Sáám kan ons die tegnologie beskerm en die toekoms verseker.
8,0 6,0 4,0 2,0 0,0
15
20
25
30
Rentmeesterskap beteken om die beste tegnologie na die volgende generasie oor te dra. Dit is belangrik om ’n toevlugsarea aan te plant, want dit voorkom die natuurlike opbou van weerstand en beskerm die tegnologie.
35
Mg% grond
Figuur 3: Effek van uitruilbare Mg% in grond op graanopbrengs van mielies
0,9 0,8 Ca in blaar %
0,7 0,6 0,5 0,4 0,3
Oes die voordele van YieldGard® en YieldGard® MAIZE 2tegnologie en plant jou toevlugsarea aan!
0,2 0,1 0
1
1,5
2
2,5
3
3,5
4
Ca:Mg
Monsanto, YieldGard® en YieldGard® MAIZE 2 is geregistreerde handelsname van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.
22
A18727
Figuur 4: Effek van uitruilbare Ca:Mg-verhouding in grond op Ca-opname van mielies
Tel: +27 11 790-8200 Faks: +27 11 790-8350 www.monsanto.co.za
uppe marketing A18414/DK
DKC64-54BR Uitstaande eienskappe:
Uitstekende opbrengspotensiaal
Die opbrengspotensiaal van hierdie
Wyd aangepas vir kort groeiseisoene in die koeler streke asook onder hoë stand vol besproeiing
geelmieliekultivar is uitstekend met goeie graankwaliteit en uitstekende staanvermoë. Die kultivar toon sterk opkoms en saailing-
Goeie graankwaliteit
groeikragtigheid. Strestoleransie is goed. Die kultivar is wyd aangepas vir kort groeiseisoene in die koeler streke asook onder hoë stand vol besproeiing. DKC64-54BR
DKC64-54BR
bevat ook die bykomende voordele van
eienskappe 6 uitstaande
YieldGard® MAIZE 2 vir uitstekende insekbeheer en Roundup Ready® MAIZE 2 vir breëspektrum-onkruidbeheer.
Kombineer die voordele en plant ’n stapelgeenbaster. Goeie strestoleransie
Uitstekende staanvermoë
Sterk opkoms en saailinggroeikragtigheid
Kontak ons op: 011 790-8200 of customercare.sa@monsanto.com ES
OU SUKS
PLANT J
MAIZE
Monsanto , DEKALB®, Acceleron®, Roundup Ready® MAIZE 2 en YieldGard® MAIZE 2 is geregistreerde handelsmerke van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.
www.dekalb.co.za
DEKALB SA
@DEKALB_SA
23
GWK Greenstarpromosie
2630 Skerm
GS3 Autotrac
GS3 Pivot Pro
GS3 Section Control
Was: R81 250 | Nou: R68 250* Was: R19 599 | Nou: R18 814
Was: R47 286 | Nou: R45 388 Was: R40 526 | Nou: R38 904
Vir meer inligting kontak Chris Lewis by 082 805 4494 of Jason Prince by 082 906 1671 *Skerms slegs op promosie terwyl voorraad hou.
24
GWK Agri Meganisasie Madri Scheepers
BESTUUR JOU BOERDERY EFFEKTIEF MET TEGNOLOGIE Ons praat gereeld oor effektiewe werkswyses, hoe om tyd te spaar, ekstra geld in jou sak terug te sit en die rol wat tegnologie kan speel om dit moontlik te maak, maar die werklikheid is dat die meeste van ons nie heeltemal gemaklik is met die spoed waarteen tegnologie ontwikkel en uitbrei nie. Dit beteken egter nie dat ‘n mens moet wegskram van alle tegnologie nie. Sekere ontwikkelinge kan werklik ‘n verskil aan jou boerdery maak in terme van effektiwiteit, tyd en besparings. In die moderne era raak dit al hoe meer ‘n noodsaaklikheid om tegnologie in te span om meer effektief te boer. John Deere bied ‘n reeks oplossings wat pasgemaak is om jou boerdery se bestuur te vergemaklik. Een voorbeeld hiervan is die John Deere Operations Center en die beste van alles, dit kos jou nie ‘n sent nie. In vandag se ekonomiese toestande moet besighede en boerderye voortdurend vernuwe en vooruitgaan om ‘n mededingende voordeel te verseker, so hoekom nee sê vir ‘n produk wat jou kan ondersteun daarmee? Operations Center dien as ‘n bestuursoplossing wat jou boerdery se landboukundige- en toerustingdata op ‘n sentrale netwerkbediener (server) versamel en prosesseer. Die sagteware gee jou ‘n geheelbeeld oor jou totale boerdery en prosesseer data outomaties – van toerusting se verrigting en logistiek, tot agronomiese inligting wat pro-aktief saam met landboukundiges bestuur kan word. Omdat inligting gestoor word op ‘n sentrale databasis, is dit beskikbaar op jou vingerpunte vanaf ‘n slimfoon
of rekenaar, enige plek in die wêreld. Data word beskerm onder die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI), wat verseker dat geen ongemagtigde persone toegang daartoe het nie. Wat kan Operations Center vir jou doen? Hier is ‘n paar voordele: Maklike toegang tot akkurate landboukundige inligting oor jou boerdery Pro-aktiewe bestuur van risiko’s Versamel data van gemiddelde en totale van opbrengste Vergelyk lande se veranderlikes Vergelyking van data tussen lande, asook jaar-op-jaar Kontroleer brandstofvlakke van toerusting Verbeter effektiwiteit van operateurs Vergelyk toerusting se verrigting per land Toerusting se ligging en geskiedenis daarvan Sentraliseer en kombineer toerusting se data Jy mag dalk vra hoekom dit nodig is om dit te gebruik as jou toerusting reeds hierdie data versamel en jou landboukundige dit in elk geval by jou kom haal. In sekere gevalle stem die data van die toerusting nie honderd persent ooreen met die werklike data nie. Stroperdata en skaalkaarte van die silo’s se inligting kan soms verskil; dit beteken dat die landboukundige nie die regte
inligting tot sy beskikking het as hy slegs die stroperdata gebruik nie. As jy Operations Center gebruik, kan die korrekte en nuutste inligting daarop gestoor word. Akkurate inligting is ‘n uiters belangrike faktor in moderne boerderye, want dít kan die verskil wees tussen ‘n goeie en ‘n uitstekende jaar. Chris Lewis, Precision Ag (voorheen AMS) en Werkswinkelbestuurder van GWK, sê dat die stelsel verder ‘n geleentheid skep om sinergie tussen produsente, landboukundiges en die Precision Ag-span te bou. Die resultaat: Beter, meer effektiewe diens en tevrede produsente. Dit is natuurlik slegs een van die vele dienste en produkte wat John Deere beskikbaar het om die bestuur van jou boerdery te vergemaklik. Terwyl Operations Center jou ‘n basis gee om inligting akkuraat te stoor, kan die funksies daarvan verder uitgebrei en vergemaklik word met die toevoeging van subskripsies tot onder meer JDLink™, Connected Support™ en Connect Mobile. Connect Mobile is die nuutste tegnologie op die mark beskikbaar (lees meer in die insetsel hieroor). JDLink™ is die skakel (cellular) tussen toerusting, Operations Center en die werkswinkel. Dit beteken dat die bestuur van brandstofvlakke, verrigting, aanpassings van en na toerusting deur die produsent self of landboukundiges, werkswinkelondersteuning en vele meer nou toeganklik is vanaf ‘n slimfoon of rekenaar in die gemak van jou huis. Connected Support™ gebruik die bestaande JDLink™-skakeling en data-
25
"John Deere-tegnologie stel my in staat om besluite wat geneem moet word ná strooptyd, vinniger te neem. Opbrengskaarte is aan die einde van elke land se stroop op my slimfoon beskikbaar en ek kan reeds my beplanning vir grondbewerking doen en opdragte uitvoer. Ek sien uit om te sien hoe John Deere Precision Ag-tegnologie nog nuwe metodes gaan bring wat my in staat stel om meer tyd op die belangrike aspekte van my boerdery te spandeer." - Hein Mülke (GWK Produsent) analises. Deur gebruik te maak van algoritmes kan Connected Support™ onder meer diensbehoeftes voorspel, foutopsporing verkort en staantyd verminder. Wanneer die algoritmes ‘n sekere aantal foutkodes identifiseer, stuur die stelsel ‘n expert alert aan die handelaar. Hierdie waarskuwing verskaf al die besonderhede van die fout op die toerusting aan die handelaar. Dit stel die handelaar in staat om die produsent onmiddellik te kontak, voordat hy nog self weet dat daar ‘n fout is, en voorkomende maatreëls in plek te stel. Vervanging, onderdele, diens of herstel kan dan dadelik geskeduleer word voordat die toerusting breek. Dit laat handelaars soos GWK Meganisasie toe om pro-aktief ondersteuning te bied en verseker ook dat produsente beter beplanning kan doen en so ook staantyd verminder, of dit selfs vermy. Dit is tegnologie soos dié wat geld in jou sak terug sit, onnodige staan- en reistyd uitskakel en produsente in staat stel om meer tyd te spandeer aan wat werklik belangrik is: Om gehalte produkte te voorsien aan ‘n snelgroeiende verbruikersmark, teen die laagste insetkoste moontlik. Net soos John Deere aan die voorpunt van tegnologie bly, is GWK altyd daarop gefokus om innoverend en effektief te werk om ‘n volhoubare besigheid te bou wat ‘n beter toekoms vir ons produsente sal verseker. Terwyl tegnologie ons help om vorentoe te beweeg, is dit steeds belangrik om te weet dat daar ‘n span kundiges is wat hierdie tegnologie verstaan en ‘n gehalte diens lewer. Vir daardie rede ondersoek GWK Meganisasie gereeld nuwe strategieë om dit moontlik te maak. Een van daardie strategieë is onlangs geïmplementeer deur sewe tegnici in die verskillende streke te identifiseer om op te tree as Precision Ag-kampioene. In Augustus vanjaar het die span opleiding ontvang in die grondslagfase van Precision Ag op Gerrie Scholtz se plaas buite Douglas. Die verantwoordelikheid vir die basiese opstelling van toerusting gaan
dus nou grotendeels oorgeskuif word na die werkswinkel, met ondersteuning van die spesialiste van Precision Ag. Deur meer effektiewe samewerking tussen die afdelings, sowel as die span van GWK Landboudienste, bete-
ken dit dat GWK en John Deere se voetspoor uitgebrei kan word, terwyl daar steeds effektiewe, gehalte diens aan bestaande kliënte gelewer kan word.
Connect Mobile nou in Suid-Afrika beskikbaar
As die toekoms van landbou nie reeds hier was nie, het dit beslis nou opgedaag! Die vooruitgang van John Deere se tegnologie stel weereens nie teleur nie, dié keer met nog ‘n toevoeging tot die rits oplossings om boerderye meer effektief te maak en dit letterlik na jou vingerpunte te bring. John Deere Connect Mobile is sedert September vanjaar beskikbaar en beloof om die toegang na jou boerderybedrywighede en die bestuur daarvan selfs nog vinniger te maak. Connect Mobile is ‘n gratis toepassing (app) wat gebruik maak van ‘n iPad® wat ‘n reeks voordele vir produsente bied. Dit integreer met jou bestaande GreenStar™ 3 2630 en 4600 of 4640 CommandCenter™ skerms en kan tussen verskillende toerusting gebruik word om regstreeks (real-time) die agronomiese- en verrigtingsdata van al jou John Deere-toerusting te bestuur deur ‘n sentrale punt. Waar daar gewoonlik ‘n wagtydperk van tussen 1 tot 24 uur is vir die oordrag van inligting na Operations Center, kan produsente wat Connect Mobile het nou dadelik toegang verkry tot hul data deur middel van die iPad®. Voordele van Connect Mobile: Vinnige toegang tot data beteken dat dit gedeel kan word met operateurs of landboukundiges en aanpassings onmiddellik gemaak kan word Opbrengskaarte is verbeter en inligting is beskikbaar in meer besonderhede Alle inligting is op ‘n sentrale punt en daarom kan jy, onder meer, toerusting se verstellings sien en watter verliese op daardie oomblik is – regstellings kan vinniger gedoen word Beskikbaar as ‘n toepassing (app) – dit beteken geen koste behalwe vir die aflaai daarvan en die minimale datakoste vir die stuur van inligting Bestuur jou boerdery meer effektief met intydse inligting op jou vingerpunte Kry meer inligting oor Connect Mobile en al John Deere se ander dienste en produkte deur GWK se kenners by Precision Ag te kontak.
*GWK Meganisasie bedank Gerrie Scholtz vir sy gasvryheid en die gebruik van sy toerusting tydens die tegnici se opleiding in Augustus
26
Bevat 2 aktiewe bestanddele met kontak en sistemiese eienskappe vir langdurende beheer van 'n wye reeks siektes
15357/A IDEA ENGINEE ® S
reik vir die top Beide aktiewe bestanddele word opwaarts in die xileem vervoer om ook
nuwe groei te beskerm
Beter neutset en kwaliteit verseker optimale opbrengste
LEES DIE ETIKET VIR VOLLEDIGE BESONDERHEDE. AMISTAR® TOP bevat asoksistrobien 200g/L en difenokanosool 125g/L (Reg Nr. L7897, Wet Nr 36 van 1947) VERSIGTIG. AMISTAR® TOP is ’n geregistreerde handelsmerk van ’n Syngenta Groepmaatskappy. Syngenta Suid-Afrika (Edms) Beperk, Privaatsak X60, Halfway House, 1685. Tel. (011) 541 4000. www.syngenta.co.za © Syngenta Ag, 2000. Kopiereg op hierdie dokument word voorbehou. Alle ongemagtigde reproduksie word verbied.
@SyngentaSA
27
GWK Agri Handel en Diensstasies Madri Scheepers
24 uur-gerief op die platteland Deel van GWK se besigheidsbedrywighede is ons drie 24 uur-diensstasies op Douglas en Prieska, en die heel nuutste toevoeging, die Truck Stop op Upington. Hierdie diensstasies bied ‘n unieke diens aan die platteland, veral op Douglas en Prieska, in die vorm van toegang tot 24 uur-diens vir brandstof, wegneemetes en gerieflikheidswinkels. Terwyl die depots brandstof in grootmaat lewer vir ons produsente, is die diensstasies se fokus gerig op die algemene publiek, reisigers, inwoners en die dag-tot-dag-brandstofbehoeftes van ons produsente. Die diensstasie op Upington is ‘n moderne fasiliteit waar ongeveer 70 vragmotors veilig kan parkeer, met 24 uur-sekuriteit en netjiese ablusie- en waskamergeriewe. Al verskil die dienste wat beskikbaar is by die onderskeie diensstasies, is daar een gemeenskaplike eienskap wat almal deel – ‘n sterk fokus op uitstaande kliëntediens. Verder fokus hulle ook op die uitbreiding van die aanbod wat die kombuise beskikbaar het. Daar is reeds in die afgelope tyd sewe nuwe produklyne aangebring om beter te voorsien in kliënte se behoeftes en meer opsies beskikbaar te stel.
Ontmoet die span Pieter Marais, Operasionele Bestuurder van GWK se Diensstasies, sê die strategiese fokus van die Diensstasies is baie opwindend en hou groot uitdagings in. Die strategie is só belyn dat Diensstasies hulself strategies sal vestig as ‘n onmisbare deel van die gemeenskappe waar hulle gesetel is. ‘n Belangrike deel van hierdie strategie is om altyd uitstekende kliëntediens te lewer. “Ons fokus sterk op ons mededingendheid, effektiewe funksionering, personeelvereistes, asook groei tot voordeel van GWK en sy lede, maar ook om ‘n 24 uur-gerieflikheidsomgewing te skep wat vir kliënte ‘n “wow” inkopie-ervaring bied,” sê Marais. “Dit is duidelik dat die 24 uur-gerieflikheidsomgewing wesenlik verskil van die stad na die platteland en daar word juis op hierdie aspek ook gefokus in die volgende jaar se strategie.”
28
“Ek sien Vaalrivier as ‘n bestemming vir ‘n inkopie-ervaring in die platteland wat 24 uur vir reisigers, maar ook vir die gemeenskap, altyd iets spesiaals bied. Ek voel dat ‘n 24 uur gerieflikheidswinkel, veral op die platteland, ‘n groot pluspunt is en deur almal gekoester moet word.” – Clive Armstrong, Spanleier by Vaalrivier Diensstasie op Douglas
“My fokus is om kliënte uit hulle sokkies te bederf en te verseker dat die kompeterende voordeel vir GWK behoue kan bly. Die platteland bied baie uitdagings waarvan baie kliënte nooit eens bewus is nie en dit motiveer my as ons iets in die Diensstasie-omgewing regkry, veral waar ons ‘n groot uitdaging die hoof gebied het.”
“Ek ag myself en my span as baanbrekers deur een van ENGEN se vlagskepe, met ‘n baie moderne truck stop en een van die eerste OK Express winkels in die land, te kan bedryf. ‘n Truck Stop is soos ‘n nasionale advertensie vir enige besigheid vanweë die diversiteit van vervoermaatskappye regoor die land wat die fasiliteite besoek.”
– Schalk Pienaar, Spanleier by Prieska Diensstasie
– Hanno de Jongh, Spanleier by GWK Engen Truck Stop op Upington
Fokus op kliëntediens Een van die grootste uitdagings in ‘n 24 uur-omgewing is die behoud van personeel. Skofwerk is nie vir almal gerieflik nie en baie werknemers sukkel om daarby aan te pas. Die behoud van kundige personeel is uiters belangrik vir GWK Diensstasies omdat dit ‘n invloed op kliëntediens kan hê. Goeie kliëntediens is ‘n GWK-mantra regdeur die besigheid en daarom word daar gereeld na strategieë gekyk om hierdie uitdagings aan te spreek. Vir daardie rede het die span onlangs ‘n nuwe inisiatief geloods om werknemers te motiveer en geleenthede vir groei moontlik te maak. Die inisiatief, ‘need for speed’, se fokus is
om die personeel wat die rybane beman, op te lei en te bemagtig – nie net om goeie kliëntediens te lewer nie, maar ook sodat hulle kan verstaan wat hulle plek in die besigheid is, om produkkennis te verbeter asook nuwe vaardighede aan te leer. Die program is in drie fases verdeel. Fase een leer die personeel oor die besigheid, die waardes, kultuur en wat hulle plek in die organisatoriese struktuur is. Dit is ook hier waar produkkennis aangeraak word sodat hulle vertroud is met al die produkte waarmee hulle daagliks werk. Verder kyk hulle in diepte na kliëntediens en hoe om moeilike situasies of probleme te
hanteer op die regte manier om diens te verbeter. Fase twee handel oor positiewe versterking wat bou op wat hul geleer het in die vorige fase en hoe om dit prakties in die werksomgewing toe te pas. Gedurende dié fase evalueer personeel mekaar op die tien dienspunte wat geïdentifiseer is. Ná vier suksesvolle evaluasies word daardie persoon eers deur bestuur geëvalueer. Personeel wat uitblink in fase een en twee kry die geleentheid om as afrigters op te tree om nuwe personeel op te lei. Dit skep ‘n bemagtigende omgewing vir groei vir uitstaande presteerders. Verder gaan GWK Diensstasies ‘n unieke projek loods om die petroljoggies te help, maar ook om vir kliënte waarde toe te voeg deur plakkers vir diesel en petrol beskikbaar te stel wat aan die binnekant van die brandstofklap geplak kan word. Dit sal verseker dat die kliënte nie in ‘n aaklige situasie beland waar ‘n vulstasie die verkeerde brandstof in die motor gooi nie. In fase drie gaan die afrigters wat deur die program beweeg het die geleentheid kry om verdere opleiding te ontvang om lewensvaardighede te ontwikkel wat vir hul die geleentheid gaan gee vir groei, nie net as ‘n werknemer van GWK nie, maar ook in hul persoonlike lewens. Dit is die moeite werd om GWK se diensstasies te besoek. Behalwe vir kliëntediens-projekte, is daar ook gereeld promosies en kompetisies aan die gang. Moet dit nie misloop nie!
29
Die 50ste Apres-kongres is bygewoon
GWK Trading Grondbone Pierre Ferreira
Dr. Kim Moore vertoon ‘n plant uit ‘n kultivar vermeerdering.
GWK en Triotrade besoek VSA Dit is noodsaaklik om vandag al planne in plek te hê om volhoubaar te kan voortbestaan in die toekoms. Om hierdie rede het GWK Grondbone al in 2012 ‘n posisie ingeneem deur ‘n samewerkingsooreenkoms te sluit met “The Peanut Company of Australia (PCA)”.
‘n Paar
jaar later is ‘n tweede samewerkingsooreenkoms ook met die universiteit van Texas A&M in die VSA gesluit. Grondboonkultivars is op ‘n jaarlikse basis uit hierdie teelprogramme na Suid-Afrika gestuur om te toets in ons omgewingstoestande. Tradisioneel word Spaanse-tipe grondbone met ‘n kleiner, ronde pit in Suid-Afrika verbou – grondbone waarvoor ‘n premie in Japan verdien word. Ons swakker geldeenheid maak dit ook sinvol om aan nismarkte deel te neem. Daarbenewens is Spaanse-tipes ook vinniger om ryp te word in die Suid-Afrikaanse omgewing waar hitte-eenhede soms ‘n probleem kan wees. Die rede hiervoor is kouefronte wat nog in Oktober en vroeg in November die land bereik en minimumtemperature wat laat in die seisoen begin daal. SuidAfrika is ook blootgestel aan wisselvallige reënval in die droëlandverbouingsgebiede. Hierdie droë periodes wat meer as ‘n maand kan duur, vertraag ook die rypwording van
30
grondbone. Die gehalte van die kleiner pitte is ook beter en vereis minder vog om te ontkiem wanneer vogtoestande nie optimaal is nie. Hoewel daar tans Spaanse-tipe grondbone uit die “PCA”-program met Kanadese agtergrond is wat groot belofte toon, is hulle program nie meer gefokus op die teel van Spaanse-tipe grondbone nie. Daar is slegs enkele telers in die wêreld wat nog Spaanse grondbone teel. Die redes hiervoor is dat dit ‘n klein mark is in vergelyking met die “snack food”- en grondboontjiebottermarkte wat groter pitte aankoop. Die sterker geldeenhede van hierdie lande maak dit vir hulle meer sinvol om eerder te konsentreer op opbrengs as pitgrootte. Die meer gunstige omgewingstoestande in lande soos die VSA en Australië skep ook vir hulle die geleentheid om ander tipes grondbone soos Virginia, Valencia en Runner te kan verbou. Om meer genetika te bekom, het personeel van GWK en Triotrade in Julie
vanjaar die VSA besoek. Triotrade, waarvan GWK ‘n aandeelhouer is, ontvang grondbone uit die droëlanden noordelike produksiegebiede van Suid-Afrika met verwerkingsaanlegte in Schweizer-Reneke (Noordwes) en Warmbad (Limpopo). In die eerste week van die tweeweke-besoek het Loureine Muller (Triotrade) en Pierre Ferreira (GWK) die American Peanut Research and Education Society (APRES)-kongres bygewoon. Die kongres het plaasgevind in die dorpie Williamsburg in die staat Virginia. Dit was ook die vyftigste bestaansjaar van APRES. Die instansie is gestig met die doel om grondboonopbrengste in die VSA te verhoog nadat waargeneem is dat die bedryf stagneer. Die doel was om alle telers en navorsers jaarliks bymekaar te bring om te fokus op uitdagings wat verband hou met produksiepraktyke en die teling van kultivars. APRES het ook gewild geword by navorsers van ander lande wat dit jaarliks bywoon. Daar was ‘n oomblik van verbasing toe die Suid-Afrikaners hulself aan die res van die kongreslede voorgestel het. Die bywoning van die kongres het vir ons direkte kanale na verskeie telers, navorsers en genebanke geskep. Dit het ook aan die res van die wêreld gewys dat ons ernstig is oor die volhoubaarheid van ons bedryf. Dit was insiggewend om op ‘n grafiese voorstelling te kon sien hoe grondboonopbrengste in die VSA verhoog het oor die afgelope 50 jaar ná die stigting van APRES. Kultivars met goeie weerstand teen blaarvlek, tomato wilt-virus, Sclerotinia
Besoek aan Algrano-grondbone in Texas. Van links na regs: Dylan Wann (Algrano), Loureine Muller (Triotrade), Pierre Ferreira (GWK), Albe Koen (Triotrade), Mark Gregory (Algrano) en Wessel Higgs (Triotrade).
en knopwortelaalwurm is intussen bekendgestel. Hoë-olienkultivars is ook ontwikkel wat beter presteer in die proewe as die normale olienkultivar waarvan tans die meeste hektare aangeplant word. Hoë-olienkultivars het ‘n olienpersentasie van 80-85%. Dit is hoog in mono-onversadigde vette, selfs beter as olyfolie. Normale olienkultivars se olienpersentasie is in die omgewing van 50-55%. Die ontwikkeling van merkers om spesifieke eienskappe soos hoë-olien, weerstand teen blaarvlek en knopwortelaalwurm vinnig te kan identifiseer, is ‘n groot hulpmiddel vir teling. Navorsingsresultate deur nagraadse studente, waaronder bemesting, skedulering en nodulering, is ook voorgedra. Tydens die kongres het GWK se personeel baie geleer en besef dat ons nie net op die ontwikkeling van kultivars moet fokus nie, maar ook meer navorsing moet doen ten opsigte van produksiepraktyke soos tussen- en binneryspasiëring, plantdieptes, ens. Ongelukkig het ons nie die befondsing tot ons beskikking wat lande soos die VSA het nie, maar Suid-Afrikaners is bekend daarvoor om hard te werk en ook ambisieus en kreatief te wees. Tydens die tweede week van die besoek het Albe Koen en Wessel Higgs (bestuurders van Triotrade) ook aangesluit by die res van die geselskap. Dr. Kim Moore, ‘n grondboonontleder gebaseer naby Tifton in die staat Georgia, se fasiliteite is eerste besoek. Dit is veral die Spaanse Runner-tipe grondbone uit sy program wat die aandag getrek het. Van die kultivars het prag-
tige ronde pitte. Op ‘n foto-voorlegging toon die kultivars ook ‘n indrukwekkende peuldrag. Moore het teelprogramme/toetslokaliteite in die VSA, China, Spanje, Portugal, Turkye, Griekeland, Egipte en Zambië. Die feit dat hy meestal sy eie program befonds het, is baie indrukwekkend en weereens ‘n bewys dat baie bereik kan word deur harde werk en deursettingsvermoë. Moore se vrou, Linda, doen die laboratoriumwerk vir die identifisering van sekere eienskappe, asook aflotoksientoetse vir produsente in die nabye omgewing. Die Moore’s het ons op die hande gedra tydens ons tweedagreis saam met hulle vanaf Virginia na Georgia. Vanaf Georgia het die span na die stad Lubbock in die staat Texas gereis. Wes-Texas is in skerp kontras met Virginia en Georgia in die sin dat dit glad nie boomryk is nie, baie plat en droog is. Temperature van 40°C is, soos in Suid-Afrika, nie ongewoon nie. Die gewasse word besproei vanuit ‘n groot ondergrondse meer. Skulpe word vandag nog opgetel wat aandui dat die omgewing eens baie watteryk was. Die gebied is ook ryk aan olie en dit was sommer vreemd om oliebore in die spilpunte te sien staan. Die gronde is tipies sand/sandleem en die groeiseisoen is ongeveer 150 dae. Die geselskap is hartlik ontvang deur Jim Gregory, sy seun Mark, en skoonseun Dylan Wann. Mark en Dylan is nes Jim ook albei grondboontelers. Hulle besproei ongeveer 800ha self en het ‘n eie grondboonverwerkingsaanleg in New Mexico wat ons ook besoek het. Die teelprogram fokus op die
ontwikkeling van Virginia-, Spaanse-, Valencia- en Runner-tipes. Daar word met ongeveer 4 000 – 4 500 populasies gewerk waarvan 350 baie gevorderde lyne is. Groot aandag word gegee om teen siektes te selekteer en kultivars te ontwikkel wat vir hulle markte aanvaarbaar is. Seleksie vir hoë-olien is ook ‘n baie belangrike prioriteit. Uit alle streke in die wêreld vergelyk die Texas-produksiearea waarskynlik die beste met ons omgewingstoestande in Suid-Afrika. Onderhandelinge is tans aan die gang met albei telers. GWK en Triotrade is baie positief oor die moontlikhede wat dit kan inhou. Hierdie vennootskappe sal albei maatskappye in staat stel om voortdurend nuwe kultivars in ons toetslokaliteite te kan evalueer. Die goeie verhouding wat gevestig is met PCA, en spesifiek Dr. Graeme Wright, dien beslis as ‘n advertensie vir ons maatskappye. Intussen kan produsente uitsien na die kultivar Ferbano wat al ver gevorderd in saadvermeerderings is. Hierdie kultivar kompeteer goed met die huidige kultivar Akwa. Dit het ‘n mooi keurgraad-pit en bied goeie weerstand teen Botrytis en Sclerotinia blight. Verder gaan die Spaanse-tipes uit Australië vanjaar verder vermeerder word. Een van hierdie kultivars het die potensiaal om opbrengste onder besproeiing aansienlik te verhoog met ‘n gemiddelde peultelling van 63 peule per plant vir drie plante gedoen. Daar is ook ‘n kultivar wat waarskynlik die belowendste is met ‘n baie goeie verhouding tussen bogrondse groei en ondergrondse peulproduksie (oesindeks). Hierdie kultivar is ook vinnig tot rypwording, wat meer ideaal vir droëlandproduksie sal wees. Die moontlikheid bestaan ook dat die kultivar nog ná koring geplant sal kan word, wat ‘n “game changer” sal wees. Die goeie nuus is ook dat albei kultivars hoë-olien is. ‘n Monster van ‘n groter pit kultivar wat moontlik kan kwalifiseer as ‘n Virginia-tipe, is reeds na Japan vir evaluering gestuur. Die Virginia-tipes behaal tans hoër pryse in Japan as die Spaanse-tipes. Intussen is die span van Triotrade ook hard aan die werk om beter seleksies uit ons reeds bestaande kultivars te maak. Geen klip word onaangeraak gelaat om ons bedryf te beskerm en te bou.
31
32
GWK Agri Pierre Ferreira
GWKproefdata vir 2018 GWK
is trots daarop om weereens vanjaar goeie data aan ons produsente beskikbaar te stel. Die beste vier mieliebasters en sojakultivars van elke maatskappy per streek is weer vir die 2017/18-seisoen getoets. GWK se landboukundiges was verantwoordelik vir die plantproses asook om die data korrek in te samel en te verwerk. Deel van die statistiese uitleg van die proewe is ook om kontroles van dieselfde genetika ná elke twee of drie inskrywings te plant. Die doel daarmee is om grond- en dreineringsverskille te neutraliseer. Die normale produksiepraktyke van die produsent is gevolg. Die opbrengs is na 12.5% vog verwerk. Die data word slegs aanvaar indien die kontroles <15% van mekaar verskil en ook goedgekeur is deur die saadmaatskappye. Personeel van die saadmaatskappye het ook die oesdae bygewoon. Vir interessantheid word genoem dat die land waar die proef geplant is by Douglas minder goed gevaar het in vergelyking met die produsent se ander lande. Die pro-
dusent skryf dit toe daaraan dat hy die land skoon gebrand het terwyl hy reste by sy ander lande ingewerk het. Vir die doel om elke maatskappy te akkomodeer, word die pitte per hektaar aangepas vir die mielieproewe tydens die plantproses soos aanbeveel. ‘n Kultivar x plantestand-interaksie beteken dat sekere kultivars beter presteer teen ‘n hoër stand, terwyl ander weer beter teen ‘n laer stand presteer. Dit is dus baie belangrik om die plantestand in ag te neem met die keuse van ‘n baster wat jy wil toets. Dit word aanbeveel dat jy ook met jou saadagent skakel vir verdere advies omtrent die aantal pitte per hektaar vir optimum produksie. GWK bied ook landbou-ekonomiese dienste wat jou kan help met margebo-koste-bepaling. Die sojakultivars is almal teen dieselfde stand geplant. Inligting omtrent die mielieproewe vir die 2017/18-seisoen word in Tabel 1 vervat en inligting omtrent die sojaboonlokaliteite word in Tabel 2 vervat.
33
Om interpretasie te vergemaklik, word die prestasie van elke genotipe ook as ‘n indeks (% van proef) aangedui. ‘n Indeks van 100 beteken dat die genotipe dieselfde as die gemiddeld van die proef presteer het. ‘n Indeks van 107 is dus 7% beter as die proefgemiddeld en ‘n indeks van 92 is 8% swakker as die proefgemiddeld.
Lokaliteit
Die voordeel vir produsente is dat GWK onafhanklik die evaluasie doen, daarom kan vergelykings getref word met proefdata van die saadmaatskappye. Vir die doel van hierdie artikel word slegs eenjaardata getoon. Indien jy ‘n vierjaar-opsomming verlang, kontak my gerus:
Bewerking (voor plant)
Tipe grond
Plantdatum
Pierre Ferreira Tel: 053 298 8375 Sel: 082 904 4769 e-pos: pierref@gwk.co.za
Oesdatum
Opmerkings
Prieska konvensioneel
Striptill
Sand
12 Des 2017
12 Junie 2018
Proefdata aanvaar
Cradock/ Cookhouse
Striptill
Kleileem
12 Des 2017
06 Junie 2018
Proefdata aanvaar
Douglas Oranjerivier
Skoon brand + Gerip
Sand
11 Des 2017
20 Junie 2018
Proefdata aanvaar
Hopetown
Koue brand + Kongskild bewerking
Sandleem
15 Des 2017
05 Julie 2018
Proefdata aanvaar
Jacobsdal
Super 25 + 2 Sandleem skottel bewerkings
31 Okt 2017
14 Mei 2018
Proefdata aanvaar
Magogong
Striptill
Sandleem
29 Nov 2017
17 Mei 2018
Proefdata aanvaar
Orania RR
Geenbewerking
Sand
20 Des 2017
14 Julie 2018
Proefdata aanvaar
Tabel 1: Beskrywing van mielielokaliteite
Lokaliteit
Bewerking (voor plant)
Tipe grond
Plantdatum
Oesdatum
Opmerkings
Vanderkloof
Skottel bewerking + Lemken Karaat
Klei
18 Okt 2017
04 Apr 2018
Kontroles varieer te veel. Data nie aanvaar
Cradock
Skottel bewerking + Lemken Karaat
Kleileem
15 Des 2017
04 Mei 2018
Proefdata aanvaar
Tabel 2: Beskrywing van sojalokaliteite
Bedankings Maatskappye wat saad voorsien het, asook hulp verleen het: Pannar, Du Pont Pioneer, Monsanto, Agricol, Link Seed en K2 (Klein Karoo Saad). ‘n Spesiale woord van dank aan die produsente en GWK-landboukundiges vir hulp verleen.
34
uppe marketing A18419
Maak staat op suksesvolle onkruidbeheer ... Met die regte kombinasie en gebruik van Roundup Ready®-produkte. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®mielies, -katoen en -soja verg bloot die perfekte kombinasie van puik produkte. Soos Monsanto se Roundup® PowerMAX wat deel uitmaak van ’n onoortreflike onkruidbeheerprogram in gewasse.
Vir doeltreffende onkruidweerstandsbestuur beveel Monsanto aan dat Roundup® PowerMAX met ander geregistreerde produkte gekombineer moet word in ’n onkruidbeheerprogram.
Roundup® PowerMAX: • Is effektief - as enkelproduk of in kombinasie met geregistreerde produkte! • Waarborg gewasveiligheid!
Vir effektiwiteit en gewasveiligheid, asook die korrekte gebruik van die produk, verwys na die produketiket vir volledige gebruiksaanwysings. Slegs met die korrekte en verantwoordelike gebruik van Roundup® PowerMAX, het jy uitstekende beheer oor onkruide en sal jou gewasse en jou wins groei.
Roundup® PowerMAX plaas jou in beheer. 011 790-8200 | www.monsanto.co.za Kliënte is welkom om ons op ons kliëntediens-telefoonnommer of e-posadres te kontak: 011 790-8200 of customercare.sa@monsanto.com Roundup® PowerMAX bevat glifosaat 540 g/ℓ. Versigtig. Reg. No. L7769 (Wet No. 36 van 1947). Gebruik onkruiddoders op ’n veilige manier. Lees altyd die etiket en produkinligting voor gebruik. Monsanto, Roundup®, Roundup Ready® en Roundup® PowerMAX is geregistreerde handelsmerke van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.
35
Opti-reeks
Verbeterde benutting van toegediende plantvoedingstowwe
Koring hou van kalium Kalium speel ‘n kardinale rol in byna al die kritiese prosesse in die plant. Kalium-opname word onderdruk in grond met hoë natrium- en magnesiumvlakke. Addisionele kalium toegedien as 'n kantbemesting deur die seisoen, lewer beter resultate as kalium toegedien net met plant.
115,0 110,0 105,0 100,0 95,0 90,0 85,0
Opti-Top en Opti-Pot vir topresultate.
0
20
40
60
SIDI. Meer as net kunsmis. Ons kombineer dít wat belangrik is om volhoubare plantvoeding en uitstekende opbrengs te verseker. +27(0)53 298 2817 De Villiersstraat, Industriële area | Douglas 36
Kg kalium topbemesting/ha
GWK Agri SIDI Jason Sparrow
MAGTIGE
MAGNESIUM Baie
navorsers verwys na magnesium (Mg2+) as die vergete plantvoedingselement, of soos Ismail Cakmak en Atilla Yazici gesê het, “the forgotten plant nutrient” in ‘n wetenskaplike artikel wat hulle in 2010 gepubliseer het. Daar word baie gefokus op ander plantvoedingselemente en dit lei soms tot ‘n debat oor watter voedingstof die belangrikste is. Die werklikheid is dat al die 16 essensiële plantvoedingselemente noodsaaklik is vir volhoubare gewasproduksie en dié denkwyse dra by tot SIDI se gebalanseerde plantvoedingsbenadering. Magnesium vorm ‘n groot deel van die voedingsbalans en moet ingesluit word om ‘n volledige gewasvoedingsprogram te formuleer. Dié artikel se fokus is om die mag van magnesium te beklemtoon deur te kyk na die dinamika rondom grondbeskikbaarheid, die rol wat magnesium speel op fisiologiese funskies in die plant, asook om unieke magnesium-bevattende produkte te bespreek.
Magnesium se invloed en dinamika op grond-fisiochemiese eienskappe Dit is interessant dat die aarde se kors uit 1,9% magnesium bestaan, waarvan die meeste vasgevang is in moedergesteentes soos dolomiet. Magnesium vorm ook deel van sekondêre kleiminerale soos vermikuliet. Gedurende die verweringsproses word magnesium vrygestel in die grond waar dit reageer op die uitruilingskompleks van die grond, wat met tyd beweeg na die grondoplossing toe. Magnesium kan maklik loog deur die grond wat verliese veroorsaak. Dit gebeur veral in sandgronde en hoë reënvalgebiede. Magnesium word net deur plante opgeneem in ioonvorm (Mg2+) en moet in die grondoplosing wees sodat opname kan plaasvind. Magnesium word ook grootliks opgeneem deur die massa-vloeimeganisme of, met ander woorde, dit beweeg saam met die watervloei in die plant in. ‘n Paar van die hooffaktore wat magnesiumbeskikbaarheid beïn-
vloed, is: pH van die grond Gehalte van besproeiingswater Grondvog en suurstofbalans Hoeveelheid opgeloste magnesium in die grondoplossing Tipe klei-mineralogie en hoeveelheid Katioon-uitruilbare kapasiteit (KUK) Magnesiumversadiging op die KUK Teenwoordigheid van ander katione Hoewel magnesiumvlakke in die grond hoog mag wees, kan die beskikbaarheid vir plantopname nogsteeds baie onderdruk bly, veral onder besproeiingstoestande in ariede tot semiariede gebiede soos die Nood-Kaap. Magnesium het ‘n baie sterk invloed op grond-fisiochemiese eienskappe. Dit beteken dat magnesium nie net ‘n rol speel op ‘n chemiese vlak nie, maar ook ‘n impak kan hê op die struktuur van gronde. Chemies is magnesium ‘n alkalise katioon, soos kalsium,
37
en dit het ‘n invloed op die pH van die grond. Magnesium in die grond is ook higroskopies, so watermolekule word baie sterk aangetrek of geabsorbeer. Dié proses veroorsaak ‘n fisiese verbinding van die gronddeeltjies wat die struktuur van die grond verander. Dit is baie keer ‘n nadelige proses wat die verharding en verdigting van die grond veroorsaak. Die gronde waar magnesiumvlakke hoog is en die kalsium-tot-magnesium-verhouding laag is, sal tipies hard voorkom en die bewerkbaarheid daarvan sal dus moeiliker wees. Die besproeiingswater in ‘n groot mate by tot magnesiumvlakke in die grond, asook die beskikbaarheid daarvan. Die water waarmee produsente besproei, bevat ook magnesium, maar die tipe vorm en verbinding waarin die magnesium gekoppel is, is nie noodwendig toeganklik vir gewasse nie. Die bikarbonaat (HCO-3) en karbonaat (CO-3) vlakke van besproeiingswater in die Noord-Kaap is baie hoog. Dit veroorsaak dat die pH van die water baie keer alkalies is, tussen 8 en 8,5. Die gevolg is dat magnesium in die besproeiingswater presipiteer as magnesiumkarbonaat en magnesiumbikarbonaat in die grond. Die magnesium molekule in dié vorm los net op in sterk suurtoestande, maar bly onoplosbaar in die grond as gevolg van die alkaliese omstandighede in besproeiingsgronde. Magnesium kom ook voor as verskeie soutverbindings in die besproeiingswater soos magnesiumchloried (MgCl2). Dit het ook ‘n bydrae tot die totale opgesloste soute en die elektriese geleiding (EG) van die grond en water.
38
um en 15 - 20% van die totale magnesium ontleed in die plant, word gevind in die chlorofilmolekules. Tydens fotosintese gebeur daar twee prosesse, naamlik die oksidasie van water (H2O) en die redusering van koolstofdioksied (CO2). Daar word ‘n koolhidraatmolekule (C6H12O6) gevorm wat verder gebruik word as energie, of die ‘kos’ wat die plant nodig het om te groei. In Figuur 1 kan gesien word dat magnesium met stikstof bind om die chlorofilmolekule te vorm. Dit is die groot rede hoekom ‘n gewas dadelik ‘n heldergroen kleur vertoon nadat magnesium-voeding toegedien was. Magnesium verhoog dus die gebruik en doeltreffendheid van stikstof in die plant. Een van die groot voordele van
magnesiumtoediening is om die totale stikstof meer effektief te maak. Dit is ‘n meer omgewingsvriendelike benadering en sal ook die gehalte van graan verhoog in die vorm van proteïen. Tabel 1 toon die positiewe effek wat magnesium het op opbrengs, maar ook die verhoging van stikstofkonsentrasies in die graan. Stikstof is die boublok van aminosure wat proteïen vorm. Dit is baie keer die geval dat waar koringopbrengste hoog is, die graad laer is en die prys vir die produk dan swakker is. Omdat magnesium ‘n groot rol speel in proteïensintese, asook die translokasie van suikers tydens graanvul, kan gehalte en opbrengs beter bestuur word op hoëpotensiaal koring.
Figuur 1: Magnesium is die kern van die molekulêre struktuur van chlorofil
Species Nitrogen economy features
Control
Tillering BBCH28 Mg rates (kg ha-1)
Heading BBCH55 Mg rates (kg ha-1)
2.5
5.0
2.5
5.0
4.30
4.50
4.75
4.40
4.75
Magnesium, die drywer van fotosintese
Rye
Een van die mees kardinale funksies van magnesium in die plant is die belangrike rol wat dit speel in die fotosinteseproses van die plant. Magnesium word gereeld geag as die hartjie van die fotosinteseproses, soos kan gesien word in Figuur 1. Fotosintese is die proses waardeer sonlig-energie omgeskep word na organiese energie; die energiebron is koolhidrate of suikers. Die proses vind plaas in die chloroplast van die plantsel waar die chlorofilmolekules teenwoordig is. Elke chlorofilmolekule bestaan uit 6,7% magnesi-
N in grain, g kg-1
12.8 ±0.4
12.8 ±0.4
13.8 ±0.1
13.3 ±0.1
14.0 ±0.2
N uptake, kg ha-1
89.0
94.7
106.2
98.0
128.5
Unit nitrogen uptake*, kg N t-1****
20.7
21.0
22.4
22.3
27.1
5.30
5.50
5.75
5.55
5.90
N in grain, g kg-1
19.0 ±1.0
19.2 ±1.1
19.7 ±0.8
19.5 ±0.8
20.0 ±0.7
N uptake, kg ha-1
142.9
149.8
161.6
152.8
168.4
Unit nitrogen uptake*, kg N t-1****
27.0
27.2
28.1
27.5
28.5
Yield**, t ha-1
Wheat Yield**, t ha-1
Tabel 1: Die impak van magnesium op die stikstofinhoud van koring (Grzebisz et al, 2010).
Die waarde van magnesium is veral duidelik in groentegewasse soos aartappels en uie. Dit kan nadelig wees vir gehalte en raklewe om te veel stikstof op ‘n te laat stadium toe te dien op dié gewasse, maar gesonde groei en fotosintese is tog noodsaaklik. In die geval kan magnesium gebruik word as ‘n strategiese voedingselement om die gewas groen en gesond te hou, asook die respirasiesiklus te promoveer en die translokasie van suikers te stimuleer. Tabel 2 illustreer duidelik die impak wat magnesium op koolhidraat-akkumulasie in die plant het. Die kontrole het baie hoër droëmassa-waardes in die verskillende plantdele as gevolg van verhoogde magnesiumkonsentrasies in die plant. Droëmassa is ‘n goeie aanduiding van gesonde groei, maar die behandeling wat magnesiumtekorte het, toon baie lae droëmassawaardes. Tekortsimptome van magnesium kom tipies voor in die ouer blare omdat magnesium mobiel is en goed deur die plant translokeer. Simptome toon ook die kenmerkende vergeling tussen die nerwe van die blare, soos kan gesien word in die Figuur 2.
bewys in Tabel 3. Dit is interessant om waar te neem dat die konsentrasies van al die ander elemente noemenswaardig verhoog het in die plant waar magnesium toegedien was. Magnesiumsulfaat is gebruik in die proef en die data toon ook dat toedienings hoër as 120 kg/ha nie noodwendig groot verskille gemaak het nie. Die gevolgtrekking kan gemaak word dat magnesium die voedingopname-doeltreffendheid van gewasse verhoog, wat nog ‘n groot voordeel is vir produsente.
word gedryf deur magnesium wat gebruik word as ‘n koënsiem wat die reaksie laat plaasvind. Ensieme is ’n proteïenkatalisator wat die tempo van fisiologiese reaksies versnel, waar ‘n koënsiem ‘n nie-proteïensamestelling is wat die funskie van die ensiem verhoog. Magnesium is dus een van die belangrike koënsieme wat gevind word in die plant en daarvoor kan magnesium gesien word as die vonk wat die respirasiesiklus aansteek. Dié stelling word
Control
Plant parts
Low Mg supply
mean
± SD*
mean
± SD*
Shoots (S)
78.6
4.9
14.5
0.27
Roots (R)
8.2
0.81
1.1
0.01
Shoots/Roots ratio (S/R)
9.7
0.37
13.7
0.17
Young leaves
1.8
0.0
0.3
0.9
Old leaves
2.9
0.0
0.2
0.1
Dry matter yield, g plant-1
Magnesium concentration, mg g-1 dry weight
Tabel 2: Impak van magnesiumtekort in die droëmassa van die plant (Grzebisz et al, 2010)
Magnesium se integrale rol in plantsel-respirasieprosesse Dit was die wetenskaplike Witold Grzebisz wat die noodsaaklikheid van magnesium mooi beskryf het in een van sy artikels in 2010. “Therefore, the vigorous growth of any plants, particulary crops, requires a good supply of at least three basic elements: phosphorus, magnesium and potassium.” Dit is vanselfsprekend dat fosfaat en kalium bo-aan die lys sal wees, maar wat dié stelling interessant maak, is dat magnesium genoem word en nie noodwendig stikstof nie. Een van die redes daarvoor is die integrale rol wat magnesium speel in respirasieprosesse van die plantsel. Respirasieprosesse kan gesien word as die metabolisme of omskakeling van koolhidrate wat geproduseer is tydens fotosintese. Die afbreek en omskep van die suikers stel potensiële chemiese energie vry wat gebruik kan word as energie vir plantegroei. Tydens respirasie moet daar sekere energiegrense oorbrug word. Dit gebeur deur die omskakelingsproses van adenosien-trifosfaat (ATP) na adenosien-difosfaat (ADP) toe. Dié proses
Figuur 2: Magnesiumtekortsimptome (links is mielies en regs boontjies) Treatment
(mg plant-1) N
P
K
Ca
Mg
Na
23.85b
0.98a
14.03a
2.30a
1.12a
1.14ab
Soil amendment (kg ha-1) Control 60
31.8ed
1.39v
19.90b
3.28b
2.46e
1.25b
120
35.75e
1.38b
20.18b
3.52b
1.87d
1.13eb
180
33.13d
1.36b
19.90b
3.70b
1.76d
0.97a
Treatment
Nutrients (ug plant-1) Fe
Mn
Zn
Cu
Soil amendment (kg ha-1) Control
84b
14.1a
59.6a
3.75a
60
160d
20.3b
78.0b
5.38b
120
183e
19.4b
79.7b
5.65b
180
186e
20.4b
75.5b
4.98b
Tabel 3: Effek van magnesium op die opname van ander plantvoedingselemente in koring (El-Nour en Shaaban, 2012)
39
Magnesiumvoeding en opbrengs Die rol wat magnesium het op die fisiologiese funksies in ‘n gewas kan maklik opgesom word deur die vraag te vra, “wat is opbrengs?” Opbrengs is fotosintese minus respirasie, dus is magnesium gelykstaande aan opbrengs. Die rede is dat magnesium die tempo van fotosintese verhoog, terwyl dit die respirasiedoeltreffendheid verbeter. Die is ‘n wen-wen-situsaie. Nog ‘n groot rol wat magnesium in die plant speel, is die stimulasie van wortelontwikkeling. Dit word mooi getoon in die navorsingswerk van Cakmak en Yazici in Figuur 3. Die wortelmassa en -ontwikkeling is beter waar magnesium toegedien is wat ‘n groot voordeel is, want ons weet nou al ons boer met wortels. Dit maak dan sin vir produsente om magnesium vroeg in die seisoen te gee soos met ‘n plantmengsel. Die navorsingswerk van Witold Grzebisz in 2013 bewys die noemenswaardige verskille op koringopbrengs in Tabel 3 met verskeie magnesiumtoedienings, asook verskillende toedieningstye. Die grootste verskille kan gesien word waar daar 5 kg/ha magnesium toegedien is tydens aarverskyning of net voor blom.
tosintesetempo word gepromoveer in ‘n vroeër groeistadium. Grafiek 1 toon die waarde wat ‘n plantmengsel soos Ultra Starter kan toevoeg op ‘n gewas soos mielies. Die doel van die spesifieke proef was om die waardevolle invloed van kalium in ‘n plantmengsel te illustreer. Die proef het wel geslaag in sy doel, maar bykomende interessante inligting kan ook verkry word, soos die vraag waarom Ultra Starter beter gevaar het as die gewone 2:3:2-produk wat ook kalium in die mengsel bevat. Een van die redes mag dalk wees dat die Ultra Starter voldoende magnesium bevat waar die 2:3:2 geen bevat nie. Daar is wel ander voordele van Ultra Starter bo die ander produkte, soos ‘n beter
kaliumbron, 4,3% swael, asook hoogs gekonsentreerde, plantopneembare mikro-elemente. Daar is uitstekende vloeibare opsies wat toeganklike magnesium kan aanvul, soos Aquatech Plus wat 8% stikstof, 8% kalsium en 2% magnesium bevat, wat in die hoogs opneembare nitraatvorm is. Die Aquatech Plus word meer op groente, bome en ander spesialisgewasse gebruik word. Die kalsium-tot-magnesium verhouding in die produk is in gewenste hoeveelhede om grond- en plantgesondheid te promoveer. Ander voorskrifprodukte soos Opti Magnum asook die Opti Magnum Plus kan ekonomiese waardetoevoeging op graangewasse bied. Die
Figuur 3: Impak van magnesium op wortelontwikkeling (links is boontjies en regs is koring)
SIDI-spesialisprodukte wat beskikbare magnesium bevat Magnesium timing and rate, kg/ha-1
Met hierdie inligting maak dit sin om waardetoegevoegde produkte te formuleer wat gewas-beskikbare magnesium bevat. Produkte soos dié kan reuseverskille maak in opbrengs, asook op die gehalte van verskeie gewasse. Die produkte vorm deel van ‘n volledige gewasvoedingsprogram. Dit is ook beklemtoon dat magnesium in die hele groeisiklus van ‘n gewas benodig word en dus bied SIDI spesialisprodukte wat die hele produksieseisoen kan dek. Een van die gesogte plant-mengsels is die Ultra Starter. Ultra Starter is ‘n unieke korrelproduk wat spesifiek geformuleer is vir die gebruik as ‘n plantmengsel. Die produk bevat 1,5% magnesium in ‘n hoogs plantopneembare vorm. Ander voordele van die produk is die superieure kaliumbron en die uiterse laer soutindeks van die produk, wat die saailinge se ontwikkeling beskerm. Die magnesium in Ultra Starter stimuleer wortelontwikkeling en die effektiwiteit van die fo-
40
Yield component
Grain yield, tha-1
Number of ears (NE)
Grains per ear (GE)
Thousand grain weight (TGW),g
Statistical parmeter
NPK
Tilering, BBCH27
Heading, BBCH 51
2.5
5.0
2.5
5.0
Mean
4.768
+0.139
+0.339
+0.189
+0.486
SD a
0.698
0.053
0.070
0.066
0.056
CV b,%
15
39
20
35
11
Mean
604.3
+10.29
+32.71
+15.71
+45.71
SD a
46.40
3.15
5.28
5.12
8.04
CV b,%
8
31
16
33
17
Mean
43.57
+1.00
+2.29
+2.57
+4.71
SD a
9.66
1.15
1.11
0.79
1.25
CV b,%
22
115
49
31
27
Mean
41.42
+0.59
+1.70
+0.98
+2.39
SD a
7.33
0.42
0.43
0.50
0.44
CV b,%
18
72
25
51
19
Figuur 3: Impak van magnesium op wortelontwikkeling (links is boontjies en regs is koring)
Samevatting Magnesium is ‘n integrale voedingselement waaraan meer aandag gegee moet word. Daar kan baie waarde toegevoeg deur magnesium in te sluit as deel van ‘n volledige gewasvoedingsprogram, veral omdat die opname van magnesium in gronde onder besproeiingstoestande in die Noord-Kaap nie so effektief is nie. Magnesium vorm maklik onopneembare komplekse in die grond wat die profiel-voedingsvoorsieningstempo drasties vertraag. Daar word weereens verwys na die slagspreuk “voeding in die pens is beter as in die spens”. Dit is altyd interessant om te sien dat gewasse groot reaksies toon wanneer daar plantopneembare magnesium toegedien word, selfs op magnesiumryke gronde. Dit is belangrik om te besef dat die magnesium wat toegedien word, bloot net ‘n voedingsaanvulling is en hoegenaamd nie as ‘n grondregstelling nie. Dit wil sê dat die toegediende magnesium glad nie die grondwaardes en -verhoudings sal verander nie. Die negatiewe fisiochemiese eienskappe van die grond, wat magnesium veroorsaak, sal ook nie verswak met die toediening van mag-
18.2 18 Opbrengs (t/ha)
17.8 17.6 17.4 17.2 17 16.8 16.6 16.4 25
22
23.5
27
0
0
0
18
NP produk
Groen 1.2.0 Hoofeffek P
2.3.2(35)
20
22
13
19
16
Groen
Ultra
Hoofeffek
2.3.2(26)
Starter
PK
23
P (kg/ha)/K (kg/ha) / Produk
Figuur 3: Impak van magnesium op wortelontwikkeling (links is boontjies en regs is koring) 17000 16800 16600 16400 Yield (kg/ha)
plus-weergawe van die SIDI Magnum-reeks bevat magnesium en kalsium om verskeie behoeftes van die gewas aan te spreek. Die toediening van die produkte kan aanbeveel word ná die potensiaal van die huidige gewas bepaal word, asook op kritiese groeistadia soos byvoorbeeld voor blomen graanvulfases van gewasse. SIDI bied ook verskeie blaarvoedingopsies waar magnesium toegedien kan word. ‘n Produk wat uitstaan is die Prince of Wales. Dié produk is ‘n vloeibare plantvoedingstof wat kalsium en magnesium bewat. Die Prince of Wales bevat ook ingemengde bymiddels wat blaaropname deur die plantselmembraan bevorder en dus die effektiwiteit van die produk verhoog. SIDI Leaf of SIDI Maize is alternatiewe opsies in ‘n oplosbare poeiervorm wat ook gebruik kan word om magnesium as ‘n blaarvoeding aan te vul. Die SIDI Leaf bevat swael (S), mangaan (Mn) en boor (B) wat fotosintese stimuleer en die SIDI Maize bevat hoë vlakke sink (Zn). Al die produkte bespreek kan toegedien word deur besproeiingstelsels of as ‘n trekkerbespuiting.
16200 16000 16845
15800 15600
16487
15400 15200 15000 Control
Treatments
Prince of Wales®
Figuur 3: Impak van magnesium op wortelontwikkeling (links is boontjies en regs is koring)
nesium deur ‘n voedingsprogram nie. Intydse plantvoeding is ‘n goeie beginsel om te volg om magnesiumeffektiwiteit te verhoog deur die groeiseisoen. Dit word ook nie aanbeveel om magnesium vooruit te strooi nie omdat moontlike verliese kan plaasvind. Om meer inligting te bekom oor voedingsbegingsels kan jy gerus vir SIDI kontak of my direk skakel by 082 805 5177 of e-pos jasons@sidip.co.za . Bronne: Grzebisz, W. et al.,2010. Magnesium as a nutritional tool of nitrogen efficient management – Plant production and environment. Journal of Elementology, Vol: 15 (4), pp 771-788. Grzebisz, W.,2013. Crop response to magnesium fertilization as affected by nitrogen supply. Journal of plant and soil, Vol: 368, pp 23-39. El-Nour, A. and Shaaban, M.,2012. Response of wheat plants to magnesium sulfate fertilization. American journal of plant nutrition and fertilization
technology, Vol: 2 (2), pp 56-63. Cakmak, I. and Yazici, A.,2010. Magnesium: a forgotten element in crop production. Official publication for the University of Sabanci, Istanbul, Turkey. Tisdale et al., 1999. Soil fertility and fertilizers, 6 ed. Prentice-Hall, Inc, USA. Brady & Weil., 1996 . The nature and properties of soils, 11 ed. Prentice-Hall, Inc, USA. Bohn et al., 2001 . Soil Chemistry, 2nd ed. New York, USA. Mr. Andre Prins: Produksie Navorsings Bestuurder by GWK landboudienste. AgraForUm SA (Pty) Ltd Navorsing. Illustrasie 2: Foto van Magnesium tekort simptoom op koring, Jason Sparrow 2018. Internetverwysings: https://www.cropnutrition.com/ efu-secondary-nutrients https://www.pioneer.com/home/ site/us/agronomy/library/managing-soil-pH
41
GWK Trading Lusern Madri Scheepers
GWK besoek ALFA-ekspo
Poena van Niekerk (Van Eede boerdery), Fanus Linde (GWK) en Philip Swart (MPO) saam met die koningin van die ekspo – algehele wenner (koeie)
Die ALFA-ekspo (African Livestock Trade Fair) is September vanjaar aangebied by die Afridome in Parys en is een van Suid-Afrika se grootste vertoonvensters vir die veebedryf. Vanjaar se program het selfs meer uitgebrei met ‘n oorsig oor die hele waardeketting, wat insluit rooivleis, suiwel, natuurlike vesel en die internasionale mark. Die ekspo bestaan uit ‘n reeks uitstallers, konferensies, werkswinkels, demonstrasies en veilings. Hierdie jaar was werkshonde en –perde ook deel van die ekspo. Hier kon enige veeboer oplossings kry vir sy totale veeboerdery van meganisasie, finansiering, saad, versekering en bemesting, om net ‘n paar te noem. Vir hierdie rede is dit van uiterse belang vir GWK om deel van hierdie tipe platforms te wees om te verseker dat ons span altyd op hoogte bly. Só kan hulle produsente se produkte op die regte plek bemark en dit met die regte en nuutste metodes hanteer en verwerk. GWK het vanjaar vir die derde jaar die ekspo bygewoon 42
Grant Puttergill (teler), Sophia Hutcheson, Justin Hutcheson (eienaar), Fanus Linde (GWK) en Philip Swart (MPO) saam met die prinses van die ekspo – algehele wenner (verse)
wat jaar ná jaar uitbrei en groei in die temas wat hanteer word. Behalwe dat GWK ‘n uitstalling in die arena gehad het waar meeste ander korporatiewe besighede uitgestal het, was ons ook die borg van die GWK Suiwel-interraskompetisie wat tydens die ekspo aangebied is. Die kompetisie bestaan uit drie suiwelrasse – Holstein, Jersey en Ayrshire. Dié rasse se koeie het binne die onderskeie afdelings teen mekaar meegeding en die wenners is gekies op grond van uitstaande raseienskappe. Vandaar het die wenners onder die verskillende rasse teen mekaar meegeding om as die interraskampioen gekroon te word. Nog ‘n rede vir GWK se betrokkenheid by hierdie ekspo is om GWK se handelsmerk in die veebedryf te help vestig, sê Douw Steyn, Eenheidsbestuurder van GWK Lusern en Veevoere. Die suiwelbedryf is die enkel grootste bedryf in Suid-Afrika, wat lusernhooi by GWK aankoop. Hy noem verder dat dit ‘n geleentheid skep om op ‘n ander platform kontak te maak
met bestaande en voornemende kliënte soos veevoervervaardigers. Hierdeur kry personeel ook die geleentheid om die bedryf in aksie te sien en eerstehands te ervaar. Steyn lig die ALFA-galadinee as die hoogtepunt van die week uit, wat deur meer as 800 mense bygewoon is en waar die week se pryse, sertifikate en trofees oorhandig is. Hy sê wat opmerklik was, is die entoesiasme van veral die jonger mense oor die pryse wat hul ontvang het. Dit is ook by dié geleentheid wat Barco van Niekerk, een van GWK se afslaers, aangewys as die Toyota SA se nasionale jong-afslaer van die jaar in Suid-Afrika. Hierdie is slegs enkele van die hoogtepunte van die week, want met ‘n stampvol program is dit byna onmoontlik om oor alles verslag te doen. Met dié ekspo agter die rug kan die veebedryf die jaar wat voorlê, aanpak met nuwe inligting, tegnologie en produkte.
Die internasionale mark op jou voorstoep. GWK Pecans is pekanprodusente se antwoord op die internasionale mark se vraag na plaaslike pekanneute. Uit die vennootskap tussen GWK en Kalahari Pecans is ‘n besigheid geskep wat produsente toegang gee tot langtermynmarkte, infrastruktuur en wêreldklas kraakfasiliteite. Aandeelhouding in GWK Pecans is beskikbaar aan produsente, sodat ons kan aanhou om die gehalte pekans waarvoor ons bekend is, aan die buiteland te lewer.
Gesels met GWK Pecans se verkrygers: Deon Gerber Douglas 082 255 0901
Merwe Grobbelaar Vaalharts 082 303 3497
Günter Hollenbach Vaalharts 082 883 9652
AJ Jansen van Vuuren Benede-Oranje 084 408 1417
43
SÓ LYK DIE TOEKOMS VAN GWK PECANS GWK Trading GWK Pecans Madri Scheepers GWK Pecans, ons unieke nuwe pekanbesigheid, is sterk op dreef met die eerste seisoen se lewerings wat onlangs suksesvol afgehandel is. Dié besigheid het tot stand gekom deur die samevoeging van GWK Pekanneute en Kalahari Pecans, in samewerking met pekanprodusente, om ‘n nuwe maatskappy te vorm. Dié twee besighede het elkeen hul bates en belange aan die nuwe besigheid verkoop om GWK Pecans tot stand te bring. GWK Pecans se besigheidsbedrywighede het op 1 Mei vanjaar amptelik afgeskop. GWK Pecans se besigheidsmodel is só saamgestel dat produsente bemagtig word deur die geleentheid om ‘n eienaar te wees in ‘n hul eie pekanbesigheid, met toegang tot moderne fasiliteite, die kernmark, gevestigde markkanale, geïntegreerde bemarkingsmodelle en sterk handelsmerke. Aanvanklik is 2 600 aandele uitgereik wat produsente kon opneem. Een aandeel verteenwoordig een hektaar.
44
Die hoeveelheid aandele wat beskikbaar gestel is, is bepaal sodat dit in verhouding is met die kapasiteit van die bestaande fasiliteite. Produsente het tydens die eerste fase 1 955 van dié aandele opgeneem, wat beteken dat aandeelhouers 1 955 hektaar produserende bome verteenwoordig vir die sentrale produksiestreek. Hierdie is slegs aspek een van die model, want beplanning vir die toekoms sluit in om verdere aandele uit te reik soos fasiliteite uitgebrei en opgegradeer word om die kapasiteit daarvan te verhoog. Verder word ‘n opsie-skema ondersoek om produsente, met jong bome wat nog nie in produksie is nie, die geleentheid te gee om aandele te reserveer in die besigheid. Die besigheid se Direksie is verkies in Julie vanjaar tydens die eerste aandeelhouersvergadering. By dié geleentheid is Douglas Crawford (produsent), Fourie du Plessis (GWK), Fanie Engelbrecht (produsent), Johann Mar-
shall (produsent), Tom Meintjes (GWK), Andreas Snyman (GWK) en Jill Whyte (Kalahari Pecans) aangewys is as die maatskappy se direkteure. Tom Meintjes is in September, by die eerste direksievergadering, aangewys as die voorsitter. Hoewel die besigheid eers in Mei begin handel dryf het, is daar reeds in die maande tot die oploop daarvan baie werk in die agtergrond gedoen om te verseker dat die stelsels en fasiliteite gereed is vir die eerste lewerings van die seisoen. Die eerste seisoen is pas agter die rug en hoewel dit goed verloop het, het dit beslis nie sonder uitdagings gekom nie, sê Andreas Snyman, Direksielid van GWK Pecans. Die grootste uitdaging was om die IT-stelsel gereed te kry dat innames en uitbetalings reg gedoen kan word. Werksprosesse is geïmplementeer om enige haakplekke of probleme effektief te hanteer en te bestuur. Hulle is egter reeds besig om ‘n splinternuwe, verbeterde stelsel op die been te bring. “Ons werk reeds om die nuwe kontrakbestuurstelsel in plek te kry vir die 2019-seisoen om die proses vir innames en uitbetalings te verbeter en te vergemaklik,” sê Snyman. Hy sê verder dat hulle tevrede is met die afgelope seisoen en die 27%-markaandeel wat GWK Pecans in die Suid-Afrikaanse mark gehandhaaf het. Daardie markaandeel stem ooreen met dié van GWK Pekanneute en Kalahari Pecans se gesamentlike aandeel in 2017, voordat die vennootskap gevestig is. Vanjaar was die in-dop-mark, wat vir China bestem is, onder druk as gevolg van die handelsoorlog waarin
hulle tans met die Verenigde State van Amerika (VSA) vasgevang is. Hoewel daardie mark minder kapitaal beskikbaar gehad het, met meer konserwatiewe aankope en banke wat hul beursies stywer vasgehou het, het die Suid-Afrikaanse mark steeds presteer. Snyman sê dit is te danke aan ‘n paar faktore waarvan die verskil in invoerheffing tussen Suid-Afrika en die VSA die vernaamste was. Hy noem dat dié jaar die eerste keer was dat alle Suid-Afrikaanse uitvoere na China deur die regte kanale gedoen is en daarom het Suid-Afrika 7% invoerheffing betaal, maar as gevolg van die handelsoorlog het die VSA ‘n heffing van 47% gehad. Dit het uiteraard in die guns van die Suid-Afrikaanse mark getel. Terwyl Suid-Afrika se pekanneute hoofsaaklik bestem is vir die Chinese mark, met 90 tot 95% daarvan wat daarheen uitgevoer word, differensieer GWK Pecans homself van ander pekanbesighede omdat hul die in-dop- sowel as die kernmark kan bedien. Vanjaar het GWK Pecans 80% van neute aan China vir die indopmark gelewer en ongeveer 20% vir die kernmark in Europa. Snyman sê dit is hier waar GWK Pecans ‘n voorsprong het, want hulle is nie totaal afhanklik van slegs een mark nie en hul het reeds sterk verhoudings met die Europese mark gebou. Soos die kernmark verder uitgebrei en versterk word, verminder die risiko’s vir die besigheid en aandeelhouers. “Een van die langtermyn strategieë van die besigheid is om die bestaande kraakfasiliteite se kapasiteit te verhoog ten einde die kernmark van Europa beter te bedien en die 20% wat tans daar gelewer word, te verhoog na 40 tot 50% oor die volgende tien jaar,” sê hy. Hoe lyk GWK Pecans se eerste seisoen in die mark? GWK Pecans het hierdie seisoen sowat
4 200 ton neute ontvang van die geskatte totale oes van 15 500 ton wat Suid-Afrika geproduseer het. Die oes is ontvang by ons inname-depots op Magogong, Douglas en Upington. Van hierdie 4 132 ton het GWK Pecans se aandeelhouers 70% gelewer en nie-aandeelhouers 30%. ‘n Belangrike deel van die besigheid se struktuur is om die markaandeel konstant te groei en daardie verantwoordelikheid lê by die verkrygers. Deon Gerber is verantwoordelik vir Douglas, Hopetown, Luckhoff, Rietrivier en Kwazulu-Natal. AJ Janse van Rensburg is verantwoordelik vir Marydale tot Kakamas, Wes- en Oos-Kaap, Günter Hollenbach vir Barkly-Wes tot Christiana en Vaalharts, Bloemfontein, Perdeberg, Limpopo en Mpumalanga en Merwe Grobbelaar vir Vaalharts, Noordwes en Vrystaat. Dié verkrygers sal produsente in buitegeleë areas soos die Wes- en Oos-Kaap, Natal en Mpumalanga vier keer per jaar besoek en dienste sal verder gelewer word in die vorm van studiegroepe. Hulle is verder verantwoordelik vir die akkurate opdatering van hektare wat aangeplant is en oesskattings. Daarmee saam kyk hul ook na die vestiging van verhoudings en om kommunikasie na produsente en aandeelhouers effektief te dryf. Een van daardie kommunikasiekanale sal gereelde bydraes tot waardevolle landboukundige artikels vir ons publikasies wees, asook om produsente te ondersteun met kundigheid wat gebaseer is op wetenskaplike navorsing en proewe. Die plan is ook om produsente van voor oestyd af met gereelde markverslae ingelig te hou sodat hulle ‘n ingeligte besluit kan neem en sodoende hul oeste teen gunstige pryse te kontrakteer. Hierdie strategieë word in plek gesit om die besigheid te rat vir die pekanindustrie van die toekoms. Met 27 596 hektaar pekanneute wat in Suid-Afrika aangeplant is tot en met 2018, wat
almal in produksie sal wees teen 2028, moet die besigheid nou reeds geposisioneer wees om daardie groei te kan ondersteun. Snyman sê hulle verwag teen 2023 ‘n totale produksie van 27 105 ton vir Suid-Afrika en 56 523 ton teen 2028. Laasgenoemde is ‘n allemintige 40 000 ton méér as wat 2018 opgelewer het. Vir daardie rede is GWK Pecans pro-aktief besig om ‘n strategiese plan saam te stel vir die uitbreiding van die besigheid se fasiliteite. Deel hiervan is om Jan Kempdorp en Magogong se voorskoonfasiliteite uit te brei. Daar word verder gekyk om groter skoonmaakfasiliteite in die Vaalharts-distrik op te rig – moontlik by die bestaande Jan Kempdorp-fasiliteite. By Douglas gaan die fasiliteite opgegradeer word en in Upington, waar die kraakfasiliteite is, gaan die huidige kapasiteit optimaal benut word en vandaar sal dit verder uitgebrei word. In Upington ondersoek die span moontlikhede om ‘n voorskoonfasiliteit by te voeg. Daar is reeds vir die 2018-seisoen intensief belê in verbeteringe by Magogong en Douglas wat die fabrieke se effektiwiteit verbeter het deur produksie te verhoog en ‘n beter gehalte produk te lewer – om te verseker dat daar aan die mark se behoefte voldoen word. GWK was nog altyd pioniers in die landboubedryf met ‘n innoverende benadering tot besigheidsmodelle én vennootskappe wat toegewy is daaraan om welvaart vir ons produsente te skep. GWK Pecans deel beslis daardie visie. Snyman sê hulle is opgewonde oor die toekoms van die besigheid, met personeel wat met ‘n gedeelde visie saam werk as ‘n eenheid om die besigheid te posisioneer as ‘n leier in die bedryf. Met ‘n positiewe benadering en ‘n rotsvaste strategie is GWK Pecans gereed om die pekan-industrie na nuwe hoogtes te vat – gewortel in dieselfde sterk waardes as waaruit dit gebore is.
45
Ons neem die hantering van jou produkte ernstig op. GWK Infrastruktuur Kapasiteit vir voedselveiligheid. Ons maak meer kapasiteit om meer produkte veilig te kan berg. Gewasse soos graan, lusern, katoen, pekanneute en grondbone word hanteer volgens sertifiseringstandaarde. Kliënte kom eerste. Ons is suksesvol wanneer jý tevrede is met hoe ons jou produk hanteer. Ons luister na die behoeftes van ons kliënte in al die areas wat ons besigheid doen, van Douglas tot Stoffelshoek, Prieska tot Jan Kempdorp, en pas dan daarby aan om die beste diens te lewer.
Vinnig en maklik. Ons werk teen spoed as ons open aflaai, sodat ons jou tyd kan spaar en jy geld kan spaar.
Hoogste standaarde, nuutste tegnologie. Jou produkte is niks minder werd as van die wêreld se beste graderingstoerusting nie ons maak seker ons gebruik die akkuraatste tegnologie.
Carl du Toit Hoof van Infrastruktuur carldt@gwk.co.za 082 906 2121
46
GWK Trading Infrastruktuur Madri Scheepers
Verhoog koringopbrengs só voor oestyd Produsente werk seisoen ná seisoen hard om te verseker dat hulle die beste boerderypraktyke toepas in hul boerderye ten einde die hoogste opbrengste te lewer van die hoogste graad – om dít teen die beste pryse moontlik te kan verhandel. Om te verseker dat dit kan gebeur, werk verskillende afdelings binne GWK saam om produsente by te staan deur die proses, van voorbereiding, plant, stroop, verhandeling tot berging. GWK Landboudienste se span landboukundiges en -ekonome gebruik die nuutste tegnologie en inligting om voortdurend die regte en beste boerderypraktyke te ondersoek en toe te pas. Dit stel produsente in staat om deur verbeterde praktyke hoër opbrengste te verseker teen die beste graad. GWK Graan se verkrygers en bemarkers staan produsente by om hierdie graan te kontrakteer op die mark en die regte prysvasstellings te maak. Natuurlik moet die graan gestoor word totdat dit vir die mark bestem is en met al die harde werk wat in boerderye ingaan wil ‘n mens verkieslik wêreldklas-fasiliteite daarvoor hê – GWK Infrastruktuur bied dit vir jou graan. Met koring en gars wat eersdaags gelewer word, staan die silo’s slaggereed om so effektief as moontlik diens te lewer, maar voordat daardie dag aanbreek is daar egter ‘n wenk of twee van GWK se landboukundiges wat produsente kan toepas om moontlik hul opbrengs te verhoog en graad te verbeter. Johann Sounes, Streeksbestuurder by GWK Landboudienste, sê dit is uiters belangrik dat produsente nie water te vroeg wegvat nie; koring moet genoegsame water kry tot aan die einde, anders kan die oes negatief beïnvloed
word en opbrengste laer wees. Om die graad van koring te verhoog in die laaste maand voor lewering, noem hy dat dit nou (middel September tot middel Oktober) ‘n goeie tyd is om stikstof toe te dien, afhangend van waar die koring in die groeistadium is. Hy stel voor dat stikstof so gou moontlik toegedien moet word, teen die laatste op die sagtedeegstadium. Sounes sê dat stikstof geen invloed sal hê indien dit te laat toegedien word wanneer die koring reeds droog is nie. Sou die graad van die koring van B2 na B1 verhoog, sal die prys vir die verbeterde graad natuurlik hoër wees, wat die koste van die toediening van stikstof die moeite werd maak. Sounes sê as stikstof betyds toegedien word en koring genoegsame water kry, is dit moontlik vir produsente om hul tonne per hektaar te verhoog en die graad daarvan verbeter voor oestyd. Produsente wat hul graan by GWK se fasiliteite lewer, kan gerus wees dat dit met sorg hanteer word deur ‘n fasiliteit wat die regte prosesse volg met kundige, opgeleide personeel. GWK Infrastruktuur streef daarna om graan veilig en met kundigheid te hanteer, asof dit hul eie is. Maar ‘veilig’ en ‘kundigheid’ is twee woorde wat soveel meer beteken as slegs dít. Een element wat die woord ‘veilig’ verteenwoordig, is dat graan wat by GWK se fasiliteite gelewer word, só geberg word dat daar nie vermenging tussen gewasse of selfs graad plaasvind nie. Verder word streng insekbeheer toegepas en metodes om waterskade te verhoed, sodat die gehalte van die graan dieselfde is die dag wanneer dit uitgelaai word na die markte as die dag toe dit by die fasiliteit gelewer is, sê Carl du Toit, Hoof van GWK Infrastruktuur.
‘Kundigheid’ verwys na die personeel, graderingstoerusting en onderhoud van fasilitieite. Du Toit sê hulle perk nie in op die onderhoud van die fasiliteite nie. Die graderingstoerusting word elke jaar voor die seisoen gediens en om die ekstra myl te stap, verkry hul geverifieerde monsters van SAGL (Southern African Grain Laboratory), om honderd persent seker te maak dat die toerusting wat reeds gediens is, wel akkuraat is. Verder word GWK Infrastruktuur se weegbrûe elke jaar geyk, hoewel die wet dit slegs elke twee jaar vereis. “Ons werk met die boere se beursie en dit is uiters belangrik dat ons toerusting akkuraat is,” sê Du Toit. “Ons moet weet dat ons reg weeg en reg gradeer om ons produsente die gerusstelling te gee dat ons die regte uitbetalings maak. Verder sorg ons ook dat trokke so vinnig as moontlik afgelaai word, sodat dit kan terugkom op die plaas vir die volgende vrag.” Met elf graanfasiliteite oor die streek met ‘n totale bergingskapasiteit van 480 000 ton is daar regoor die streek wêreldklas-fasiliteite op jou voorstoep. Dit sluit in Prieska, Douglas, Modderrivier, Hopetown (Trans-Oranje en Stoffelshoek), Rietrivier, Marydale, Luckhoff, Barkly-Wes, Jan Kempdorp en Christiana. Regdeur die proses is daar ‘n GWKkundige om ons produsente by te staan. Met ‘n sterk ketting wat hierdie proses bymekaar hou, beteken dit dat landboukundiges die verbeterde praktyke wat hul navors kan toepas sodat produsente se opbrengste kan verhoog. Dit beteken weer verkrygers en bemarkers het toegang tot groter volumes om te bemark en uiteindelik verhoogde volumes deur die silo’s kan voer.
47
GWK Farm Foods GWK Veilings Madri Scheepers
GWK Veilings
fasiliteer top-veilings Die
afgelope paar maande was ‘n besige tyd vir die span van GWK Veilings met ‘n rits veilings wat suksesvol aangebied is regoor die sentrale streek van Julie tot September. Deel van GWK Veilings se strategie is om hul geografiese gebiede uit te brei en die bestaande areas optimaal te benut terwyl dienslewering effektief en innoverend is met dinamiese leierskap om hul te vestig as die nommer een veilings- besigheid in SuidAfrika. Deel van die sukses van GWK Veilings is nie net ‘n strategie en visie nie, maar ook die gehalte van die mense wat daar werk. Een voorbeeld hiervan is Barco van Niekerk wat September vanjaar by ALFA-ekspo, by die Afridome in Parys, as die land se beste jong-afslaer bekroon is. Van Niekerk is tydens ‘n spoggeleentheid by die ekspo met die eerbewys gekroon. Deur hul strategie, personeel en ‘n besigheid wat aanpas by veranderende marksomstandighede en behoeftes het GWK Veilings die laaste paar jaar gewys waarvan hulle aanmekaar gesit is. Hier is ‘n oorsig van ‘n paar van die suksesvolle veilings wat onlangs aangebied is.
48
Claude Cloete van Felix, Dordrecht, het hierdie ram vir die hoogste prys van R44 000 op Konsortium-Merino se 35ste veiling gekoop.
koop. Die hoogste prys per ooi van R4 100 is behaal vir dragtige handelsmerkooie met sewe maande wol. Hierdie ooie is aangekoop deur Pietie Roux van Noblesfontein, Victoria-Wes. Al 296 ramme is teen ‘n gemiddelde prys van R10 716 verkoop, 135 daarvan teen ‘n gemiddeld van R15 037 stuk op die gewone veiling, en die 161 ramme op die stilveiling is teen R7 093 gemiddeld stuk verkoop. Die hoogste prys vir ‘n ram was R44 000 en is gekoop deur Claude Cloete van Felix, Dordrecht. Konsortium-Merino het vanjaar altesaam 1 140 ramme op vyf veilings teen ‘n gemiddeld van R9 564 verkoop.
Konsortium Merino – 35ste produksieveiling op Dombietersfontein, Victoria-Wes Konsortium Merino se veilings is altyd ‘n hoogtepunt op die kalender en die 35ste produksieveiling in September is geen uitsondering nie. Hierdie keer was daar 1 092 ooie en 296 ramme aangebied. Ooie is teen ‘n gemiddelde prys van R3 203 stuk ver-
1092 Ooie wat by die veiling verkoop is
Duurste bul by die veiling wat deur Clark Rattray gekoop is.
Schyff Beefmasters – veiling op Rietfontein, Bultfontein Hierdie veiling is in Julie vanjaar aangebied en het gesorg vir opwinding met ‘n reuse-omset, wat amper twee keer meer is as verlede jaar. ‘n Indrukwekkende omset van R6 728 750 is
behaal. Die duurste bul van die GW van der Schyff-vennootskap is teen R220 000 aan Clark Rattray van Pleasant View Beefmasters, Swartberg, verkoop. Die naasduurste bul is vir R185 000 verkoop aan Chris Dwen van Superbeef, Underberg. Die gemiddelde prys van bulle was R80 129, dragtige stoetkoeie was R20 875, dragtige stoetverse R22 416 en dragtige koeie ‘n gemiddeld van R19 743. Dragtige verse was R19 726 en koei-plus-kalf se gemiddeld was R23 567 stuk.
stuk verkoop terwyl die Witdorperstoetramme teen ‘n gemiddeld van R11 085 verkoop is. Witdorper tipe5-ramme is teen ‘n gemiddeld van R19 750 verkoop. Dorper-kudderamme behaal ‘n gemiddeld van R6 000 stuk, Dorper-stoetramme ‘n gemiddeld van R9 488 en Dorper-tipe 5 ramme R9 642 stuk. Die Witdorper-ooikudde en stoetooie is teen ‘n gemiddeld van R4 000 stuk verkoop en die Witdorper tipe-5ooie teen ‘n gemiddeld van R5 160.
Toni Cahi Dorpers – veiling op die Soon le Roux jeugkamp, Prieska In September vanjaar het Toni Cahi weereens ‘n suksesvolle Dorper-veiling aangebied. Die duurste ram is verkoop teen R40 000 aan Pierre Blaauw van Morgenson boerdery, Namibië. Die Witdorper-kudderamme op aanbod is teen ‘n gemiddeld van R10 153
Duurste ram by die veiling gekoop deur Pierre Blaauw.
49
Ons weet hoe om water rĂŠg te gebruik. GWK Besproeiing
Ertjies van den Berg Hoof van Agri Bemarking | 053 298 8213 | 082 459 5004 | ertjiesvdb@gwk.co.za Matthys Saayman Tegniese Bestuurder: Besproeiing | 053 298 8318 | 063 696 9390 | matthyss@gwk.co.za Anton Visagie Spesialisbestuurder: Bemarking en Besproeiing (Cradock) 048 881 3931 083 462 4976 antonv@gwk.co.za
50
Gert Engelbrecht Konsultant/Ontwerper: Besproeiing (Westelike Streek) 053 298 8237 082 923 3440 gerte@gwk.co.za
Stefan Vermeulen Konsultant/Ontwerper: Besproeiing (Cradock) 048 881 3931 065 896 1519 stefanv@gwk.co.za
Hugo Bezuidenhout SANparke
RESTORASIE EN VERDIGTING VAN PLANTSPESIES: Wanneer moet die produsent ingryp en hoe? ‘n Mens is geneig om te dink dat rehabilitasie van die omgewing slegs nodig is wanneer ‘n ekosisteem totaal versteur is en kaal, oop stukke grond die gevolg daarvan is. Hierdie oop kolle of versteurde plantgemeenskappe skep die ideale situasie wat deur óf plantverdigters of plantindringers (Kommuniek Augustus / September 2018) benut kan word. Daar is twee terme wat hier belangrik is naamlik restorasie en rehabilitasie. Eersgenoemde impliseer dat die landskap se terreinvorme eers herstel moet word voordat dit gerehabiliteer kan word deur die plantegroei te hervestig. Soos in vorige uitgawes van Kommuniek genoem, is die natuur in ‘n ongelooflike fyn balans en enige versteuring, hoe klein ook al, kan groot en langtermyn gevolge inhou vir die ekosisteme. Plantspesies is soos mense: Elke plant het ‘n unieke naam, asook unieke karakteristieke eienskappe (Figuur 1). Hierdie eienskappe stel die plant in staat om spesifieke habitatte te benut. Sommige plantspesies is aangepas om
vinnig te reageer wanneer geskikte omstandighede hulself voordoen en sal opportunisties optree. Wanneer die habitat negatief geïmpakteer word deur swak bestuur, wat kan lei tot die voorkoms van oop kaal kolle, sal dié opportunistiese plantspesies hierdie habitat gebruik en as pioniers daar vestig. In sommige gevalle sal die plant ná ’n kort rukkie blom en saad produseer waarna dit blare uitstoot, voedsel produseer en dit dan stoor in ondergrondse bolle. Die bolplante kan dan vir baie jare onder die grond oorleef in ‘n rusfase totdat die gunstige omstandighede weer plaasvind. In die GWK-streek word die swarthaak (Senegalia mellifera) as voorbeeld van verdigting gebruik. Hierdie plantspesie se goed-ontwikkelde, vlak wortelsisteem, asook die skaduwee daaronder maak dit moeilik vir kompeteerders. Meeste van die beskikbare water word vinnig deur die swarthaakplante opgeneem terwyl dit kompetisie skep vir lig en gevolglike fotosintese, sowel as oorlewing van ander spesies
bemoeilik. Die belangrike aspekte bly egter om vas te stel wat die inisiële aanleidende faktore was wat die wanbalans en gevolglike versteuring veroorsaak het, en daarna om te besluit of menslike optrede nodig is om herstel toe te pas, al dan nie. Daar moet gewaak word daarteen om die simptoom te behandel en die oorsaak van die probleem te ignoreer. ‘n Belangrike vraag wat in hierdie situasie oorweeg moet word, is of ander smaaklike plantspesies in hierdie habitat suksesvol oor ‘n langtermyn sal kan groei? Dink byvoorbeeld aan die swarthake van die Ghaap se plato, naby Campbell. Die habitat van vlak klipperige grond of soms geen grond, waar klip dagsoom saam met die uiterste klimaatstoestande van hoë dagtemperature en lae reënval, maak die verskeidenheid plantspesies wat hier kan groei min. Indien die swarthake in hierdie omgewing verwyder of minder gemaak gaan word, sou daar werklik smaakliker plantspesies groei?
51
Word daar dan nie juis meer versteur wat sal lei tot onnatuurlike erosie nie? Indien daar wel besluit sou word dat dit nodig is om verdigting aan te spreek, is dit belangrik om die vooren nadele van elk van die metodes te oorweeg voordat ‘n keuse gemaak kan word. Sou die gebruik van chemiese middels oorweeg word, is dit baie belangrik om ’n spesialis te raadpleeg om die regte chemiese middel te identifiseer. Of die beheermiddel nou sistemies of direk op die blaar toegedien word, beland dit uiteindelik in die grond en moet die leeftyd van die aktiewe bestanddeel in ag geneem word. In hoë reënvalgebiede kan dit dalk uit die grond geloog word maar met die lae gemiddelde reënval in die Noord-Kaap-streek mag dit dalk nie gebeur nie. Die mees algemene metodes van toediening van chemiese middels is of per vliegtuig wanneer groot gedeeltes behandel moet word, of per hand met ’n handspuit. Die grootste voordeel van toediening uit die lug is tydeffektiwiteit, maar die middel word dan onselektief toegedien en wenslike spesies mag dan ook vergiftig word. Met toediening of bespuiting per hand is die voordeel dat spesifieke spesies individueel behandel kan word, maar die koste-effektiwiteit kan nadelig wees. Dit is verder belangrik dat genoeg tyd toegelaat moet word vir die chemiese middel om ’n impak te maak en oorhaastige oortoediening kan tot nadeel van die omgewing wees (Kommuniek Augustus/September 2018). Eksperimente het drie verskillende
52
doringboomspesies met dieselfde chemiese behandeling op dieselfde grondtipe tussen 19 tot 42 dae geneem om ‘n effek te toon. Sou behandeling van selektiewe individue binne ’n plantgemeenskap oorweeg word, is dit ook nodig dat die kundigheid van ’n plantegroeispesialis gebruik word. Deur na plantegroeistruktuur te kyk van ander dele in die gebied waar die plantspesie nie verdig het nie, kan besluit word hoeveel van die spesifieke boom of struik wel in die plantgemeenskap oorgelaat moet word ná behandeling sodat die balans weer kan herstel. Sekere hoogteklasse van die verdigtingsplant kan ook selektief chemies behandel word deur die plantegroeistruktuur in ag te neem (Kommuniek Mei/April 2018). Om plante meganies te verwyder, is sekerlik die mees omgewingsvriendelike metode, maar dit moet versig-
tig benader word sodat erosie nie ‘n probleem word nie. Bome of struike kan fisies verwyder word of indien dit nie haalbaar is nie, afgesny word en die oorblywende stompe kan dan met chemiese middels behandel word. Opvolgwerk is in hierdie geval baie belangrik. In sommige gevalle waar verdigting plaasvind, kan dit oorweeg word om boerbokke as beheermaatreël in die gebied in te bring. Boerbokke se bestuur het egter sy eie kundigheid nodig en moet deeglik en oordeelkundig bestuur word anders, kan dit die verdigtingsprobleem vergroot. Dit is altyd moeilik om in ‘n kort mededeling alle aspekte aan te spreek en te verduidelik, maar hopelik gee hierdie paar idees ’n riglyn wanneer daar besluite geneem moet word oor rehabilitasie-metodes.
Verskillende plantgemeenskappe assosieer met verskillende landskappe / habitatte: - Kompetisie tussen plantspesies - Opportunistiese plantspesies - Dominant / Sub-dominant plantspesies - Suksessie plantspesies: Pionier / Sub-klimaks / Klimaks - Smaaklikheid van plantspesies: Afnemers / Toenemers - Eenjariges / Tweejariges / Meerjariges plantspesies
Figuur 1
Ons hanteer jou produk asof dit ons eie is. Met sorg. GWK Graan
Hoof van Graan: Fritz Bartsch | 053 298 8426 Bestuurder: Graanaankope Dewald Burger 082 900 8736
Bestuurder: Bemarking Sheridan Theron 053 298 8471
Witmielie-aankope: Noordwes Tiaan Nieuwoudt 076 020 1705
Bedryfshoof: Graanaankope (Hopetown) Steven Storey 082 906 1676
Bedryfshoof: Graanaankope (Prieska) Japie Nortje 071 680 1046
Bedryfshoof: Graanaankope (Douglas) Jaco Voges 082 883 9433
Bedryfshoof: Graanaankope (Oos-Kaap) Eben Vermeulen 082 881 1926
Bedryfshoof: Graanaankope (Oos-Vrystaat) Esperansza van der Walt 082 805 9911
Bedryfshoof: Graanaankope (Modderrivier) Helena Pool 079 502 5859
Jou 360° vennoot Jou skakel tot sukses! GWK Agri Bemarking
GWK Saad... Plant dit net! Marius van der Schyff Saadbestuurder: GWK Noord-Kaap Sel: 082 804 2505
Ertjies van den Berg Hoof van Agri Bemarking Sel: 082 459 5004
Louisa Thomas Hopetown en Luckhoff Sel: 071 680 6805
Anton Visagie Cradock Sel: 083 462 4976
Derick Payne Modderrivier, Kimberley, Petrusburg en Barkly Wes Sel: 082 884 4584
Louis Coetzee Magogong, Hartsvallei en Vaalharts Sel: 071623 7507
Louis Nel Douglas, Prieska en Marydale Sel: 082 904 6394
53
Produsentefokus Madri Scheepers
GWK Farmers Cup: Uitspeelrondtes afgehandel Die beste van die bestes het op 14 September 2018 bymekaargekom vir die uitspeelrondte van die GWK Farmers Cup wat by Kimberley-gholfbaan aangebied is. Op dié dag het die top GWK-lede, wat deurgedring het na afloop van die kwalifiseringsrondtes wat vroeër vanjaar op die verskillende dorpe in die GWK-bedieningsarea aangebied is, teen mekaar sake uitgespook om in aanmerking te kom vir die finaal van die toernooi. Lede van GWK se Direksie, EXCO, borge en ander komitee-lede het hierby aangesluit vir ‘n opwindende dag van gholf. Die GWK-lede wat deurgedring het na die finaal wat van 18-20 Oktober op Clarens gespeel word, is: Frans van Niekerk, PG van Deventer, Piet Olwage, Willem Strauss, Burger Heckroodt, Pieter Fourie Jnr, Drikus Gous, Okkie Vermeulen, Danie Jacobs, Dirk Bekker, Martin Haigh, Pieter Myburg, Klasie Jacobs, Jouke van Bergen, Rossouw van Bergen, Henry Du Toit en Pieter Fourie Snr Hier is die dag vasgevang in ‘n paar aksiefoto’s.
54
Hier is die top 17 GWK-lede saam met lede van GWK se Direksie en EXCO wat deurdring na die finaal op Clarens van 18-20 Oktober.
55
BANK
Is die uitbreiding van jou
boerdery
onderneming volgende? LEEN SPAAR VERDIEN
Kom ons praat agribesigheid. Ons agribesigheid span is nie alleen bankiers nie, maar inderdaad kenners van hierdie dinamiese sektor. Ons bied toegang tot bedryfskapitaal, asook die buigsaamheid wat jy nodig het om jou besigheid te bestuur. Dit is hoekom meer besighede Standard Bank as enige ander bank in Suid-Afrika kies. Vir meer inligting, besoek www.standardbank.co.za/business
56
Gemagtigde finansiĂŤledienste- en geregistreerde kredietverskaffer (NCRCP15). Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk (Regnr.1962/000738/06). Voluit Vorentoe is ‘n handelsmerk van Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk. SBSA GMSA-824 01/18
Standard Bank | Agriculture exports in Africa
Advertorial
African trade agreements could increase SA’s share of agricultural products across Africa Although South African agriculture contributed about US $ 10 billion to the nation’s exports at the end of 2017, it has yet to benefit fully from exports to African nations that spend more than US $ 60 billion annually on food imports. But, says Standard Bank, discussions on the removal of trade barriers and creation of future trade zones, could result in this situation changing. So says Nico Groenewald, Head of Agribusiness at Standard Bank, who states that agricultural trade barriers in Africa, which take the form of geographical borders and high import tariffs, have been instrumental in limiting trade in food and food products. Presently, only about 16% of the continent’s agricultural production is traded between African countries. The rest is exported. “There is no doubt that agricultural exports have for many years been artificially constrained by tariffs and border controls. We cannot, therefore, take advantage of the lower logistic costs associated with intra-Africa trade that would benefit us- particularly in sub-Saharan Africa countries.” “It is hoped that initiatives such as the African Continental Free Trade Area (AfCFTA) and the Tripartite Free Trade Area (TFTA) could change this picture in the future. The AfCFTA agreement that was recently signed by 44 of the 55 African Union member states will improve matters. The agreement commits countries to removing tariffs on 90 percent of goods, with 10 percent of ‘sensitive items’ to be phased in later. It will also liberalise trade in services and might in the future include free movement of people and a single currency. “ “AfCFTA will now have to be ratified by each country. By creating a free-trade zone significant strides could be made in ensuring that food produced in Africa stays in Africa. The beneficiaries would be local and regional economies and the continent’s burgeoning population.” “Loosening the controls over agricultural imports could also give a boost to creating production facilities for the local beneficiation of imported crops. Significant economic and job opportunities could be created by in-country food processing factories meeting the needs of consumers in participating countries. Estimates by the African Centre for African Transformation say that about 1.2 billion people and states with a combined GDP of US $ 2.2 trillion could be impacted on. The opportunities for South Africa exporters would be massive.” However, says Mr Groenewald, the promise offered by the AfCFTA agreement could be muted by the non-participation of some major countries. Concerns about the impact that creating a trade zone would have on employment, particularly low-level jobs, could delay introducing the ground-breaking agreement in member countries. Discussing the Tripartite Free Trade Area (TFTA), launched in June 2015 in Egypt, as a basis for engaging in the ongoing AfCFTA negotiations, Mr Groenewald said that South Africa became signatories in 2017.The parties for the agreement are the Common Market for Eastern and Southern Africa (COMESA),the East African Community (EAC) and Southern African Development Community (SADC). South Africa signed the Agreement in July 2017 which will only come into force once ratification is received by 14 member states. “The TFTA has been used as a basis for engaging in the ongoing African Continental Free Trade Area (AfCFTA) negotiations. Ratification by South Africa will send a strong signal of South Africa’s commitment to regional integration. It will also bring South African exporters a step closer to enjoying preferential treatment under the TFTA.” “Both these trade agreements have the potential to transform intra-African trade in agricultural products and related goods. As negotiations between countries are complex and involve the consideration of local and international issues, finalisation of these accords may take several years to conclude. The results, as far as South African agriculture is concerned, will be worth waiting for,” he says. 57
Ons spesialiste Madri Scheepers
Mense
en finansies “Alles gebeur met ’n doel. God sal my in staat stel om enige iets te hanteer wat oor my pad kom.”
58
Mense, mense en weer mense. Dít
is wat belangrik is vir Kobie Greyvensteyn, Agri Finansiering se Besigheidsvennoot. Sy het nie net ‘n kop vir besigheid en syfers nie, maar is ook passievol om deel te wees van ‘n span en om elke dag ‘n positiewe bydrae te maak aan daardie span, sowel as ons produsente. “Ek is ongelooflik lief vir ons produsente. Hoewel ek nie meer operasioneel by die hulle betrokke is nie, is daar steeds dié wat my direk kontak.” Greyvensteyn is oorspronklik van Heilbron in die Noord-Vrystaat waar haar pa geboer het. In 1995 het hulle na Bethlehem verhuis waar sy gematrikuleer het aan Hoërskool Witteberg. Daarna het sy B.Compt studeer aan die Universiteit van Noordwes (Pukke) op Potchefstroom. Dit is ook hier waar sy haar man Paul ontmoet het. Na afloop van haar studies het sy teruggekeer na Bethlehem en haar klerkskap by Enslins op dié dorp voltooi. Haar paaie met GWK gekruis toe sy in 2005 deel was van die span van Enslins wat ‘n jaareind-oudit by GWK kom doen het. Tydens die oudit het Louis Fourie, wat destyds die Hoof van Krediet by GWK was, vir Greyvensteyn ‘n pos aangebied as administratiewe bestuurder van krediet by GWK en om ‘n hand by te sit om die nasionale kredietwet by GWK te implementeer. En soos sy sê, “die res is geskiedenis.” Oor die jare het sy haarself opgewerk tot verskillende bestuursposisies en dit is hier waar sy hegte verhoudings met produsente gebou het, vandaar haar liefde vir landbou en sy mense. In 2011 het sy die eerste vrou geword om ‘n senior bestuursposisie in GWK te beklee toe sy bevorder is na Uitvoerende Bestuurder van Finansiering. Sy skerts dat dit aanvanklik effens
eensaam was as die enigste vrou, maar gelukkig het Andri Bezuidenhout, Hoof van Korporatiewe Finansies en Rika Myburgh, Hoof van IT, kort daarna hul by haar aangesluit deel van senior bestuur. Sedert 2016 is sy ‘n Besigheidsvennoot vir GWK Agri en vervul basies die pligte van ‘n finansiële bestuurder vir die Agri-divisie. “Die een aspek wat ek die meeste mis as Besigheidsvennoot, is die interaksie met die produsente en om daadwerklik ’n verskil in hul lewens te maak,” sê sy. “Daar is steeds niks lekkerder as wanneer jy gehelp het om ’n plan te implementeer wat meegebring het dat ’n kliënt finansieel kon oorleef in baie moeilike ekonomiese omstandighede nie.” Met ‘n magdom verantwoordelikhede lyk geen dag dieselfde in Greyvensteyn se lewe nie. Sy is verantwoordelik vir alle aspekte van finansiële bestuur binne GWK Agri soos onder meer finansiële ontleding, beplanning, optimalisering van doelwitte, nakoming van wetgewing, opstel van kontrakte, beleide en prosedures, bywoning van Direksie- en bestuursvergaderings, asook die dag-tot-dag bestuur van die finansiële span. Een van haar grootste uitdagings is tyd. “Tyd bly my grootste uitdaging en Agri is ’n groot pakkie. Daar is soveel wat ek nog wil doen en implementeer, maar is daar nie noodwendig genoeg ure in ’n dag nie.” Beperkte tyd beteken nie dat Greyvensteyn nie groot drome vir die afdeling het nie. Sy sê die span kyk na die verbetering van korporatiewe beheer deur die hersiening van prosesse en beleide, asook die uitrol van nuwe
mandate. Verder word daar gekyk na effektiewe bestuursmetodes (spesifiek afwykings), die verbetering van interne oudits en om risiko’s pro-aktief te bestuur terwyl hul terselfdertyd die debiteureboek groei. Dié droom stem ooreen met die res van GWK se uitkyk om so effektief as moontlik diens aan ons produsente te lewer sodat hulle meer ure in die dag beskikbaar het om sorgvry die belangrike take in hul boerderye te kan uitvoer. Dit is vir Greyvensteyn uiters belangrik is om ‘n goeie balans te behou met die tyd tot haar beskikking. Behalwe dat sy ‘n ystervrou by die werk is, is sy ook die ma van drie kinders en dit is vir haar belangrik om nooit ten koste van hulle en haar man na-ure te werk nie. “My man Paul, en my kinders, Madri (7), Lienke (4) en SJ (9 maande) is my grootste stokperdjie. Voorwaar ’n voorreg en groot genade van bo.” Sy sê sy spandeer enige ekstra tyd tot haar beskikking saam met hulle. As ‘n gesin is hulle lief om oor naweke, veral in die somer, tyd langs die rivier te spandeer. Sy sê haar man en kinders is almal groot kampeerders wat elke geleentheid aangryp om die karavaan te haak en te gaan kamp. Geloof is ‘n ander belangrike faktor in Greyvensteyn se lewe en sy glo dat ‘n mens tyd moet maak vir die Here, of dit nou vir kerk, ‘n selgroep of net alleentyd in Sy teenwoordigheid is. Haar positiewe uitkyk is onmiskenbaar, met ‘n standvastige geloof is daar niks waarvoor haar hande nie gereed staan nie. “Alles gebeur met ’n doel. God sal my in staat stel om enige iets te hanteer wat oor my pad kom.”
59
Ja, dit raak baie warm en niemand is lus om sy tekkies op die teerpad te laat smelt nie, maar oefening is steeds belangrik. Pas jou roetine aan, oefen vroegoggend of laatmiddag of oefen binnenshuis by ‘n gimnasium of voor jou televisie.
10
Swem
Dit skakel in by die vorige punt – ruil jou tekkies vir jou baaikostuum. Swem is uitstekende oefening, maar as op-en-af swem te vervelig is vir jou, maak dit interessant deur dit af te wissel met skêrspronge of ‘n drafstappie in die swembad. Jy sal boonop koel bly.
Gebruik olyfolie Olyfolie is ‘n gesonde vet met belangrike vetsure wat ‘n mens se vel help beskerm teen UV-skade. Om jou vel gesond te hou hierdie somer, eet daagliks ongeveer een eetlepel olyfolie. Gooi dit oor ‘n gesonde slaai of enige van jou gunsteling-disse.
Gesonde wenke vir die somer!
Die
Beskerm jou hare Konstante hitte, sonbeskadiging en chloor kan jou hare in ‘n slegte toestand laat. Probeer om so min as moontlik haardroërs, warmkrultange en soortgelyke items te gebruik. Maak jou hare met ‘n handdoek droog, sit ‘n bevogtiger in en laat dit natuurlik droog word.
is uiteindelik agter die rug en ons kan nou weer uitsien na tyd langs die swembad of by die see, met ‘n braaivleisvuurtjie wat in die agtergrond brand. Somer het egter heelwat versoekings en ons almal probeer reeds om ons lywe swembroek-gereed te hou, daarom het ons die internet gaan raadpleeg vir ‘n paar gesonde wenke. Volgens hellomagazine.com sal dié tien maklike wenke help om ‘n gesonde leefwyse deel van ons daaglikse roetines te maak: koue wintermaande
E
I
A
S
S W A C H L E T
60
T R O O S
O M T R E K
M O P E S I E L U H A O T E U S N A O A M E I E M T L E D E R M E M P E R O D E R G A M
L E A B E E T M S P R A K E G E B A B A F E K R A A K S G A L A K I R D A E E T W A N T A A F O P G A P O M P E S E E I K E R O L L E T S E V H E W E L E E E U R A I N E I S B E D K E W E P I K R A L E G S K
I I M P B E E T K U E S N D O S A T S E E L S
Eet gesond Wanneer jy langs die swembad lê en die son se strale geniet, is dit baie maklik om na die naaste roomys te gryp. Wees eerder gereed en pak ‘n paar gesonde alternatiewe in om aan te peusel en gesonde drankies om jou dors te les. Vrugte, groentestokkies, gesonde toebroodjies en laevet-jogurt is alles goeie opsies.
Kry ‘n nuwe stokperdjie
6 7 8 9 10
Somer is die perfekte tyd om iets nuut te probeer. Tuinmaak is ‘n wonderlike manier om die buitelewe te geniet, en dit help sommer ook om ‘n paar kalorieë te verbrand. Nog ‘n alternatief is om ‘n kruietuin te plant – dit beteken dat jy altyd vars, gesonde kruie tot jou beskikking het om jou geregte op te helder. As jy nie daarvan jou om in die grond te krap nie, probeer dalk tennis of gholf. Daar is ‘n magdom opsies om jou brein aan die gang te hou!
Drink baie water Wanneer dit baie warm is, kan hitte en sweet veroorsaak dat jy maklik dehidreer. ‘n Tekort aan water kan skadelik wees vir jou liggaam en jou inderwaarheid laat honger voel, al is jy nie eintlik nie. As die smaak van water jou afsit, geur dit met ‘n natuurlike gesonde alternatief soos groentee, kokosneutwater, suurlemoen of enige ander vrugte.
oplossing: Augustus / September A B E S N E U I T O S E P S N E S A E M M E S K K O U O O R U I K
1 2 3 4 5
Hou aan oefen
Leefstyl Madri Scheepers
I E L
P P K R
A L K M I R O P A P E R S T S E A A L
Wees versigtig vir “gesonde” smoothies Smoothies is ‘n uitstekende manier om jou porsie vrugte vir die dag in te kry, maar wees seker dat jy weet waarvan dit gemaak is. Roomys en sekere jogurt kan baie versteekte kalorieë bevat. ‘n Gesonde smoothie moet eerder met vars vrugtesap, laevet jogurt en ys gemaak word. Enige vrugte werk perfek vir ‘n gesonde smoothie.
Gebruik skroproom! Dit is belangrik om jou vel te skrop in die somermaande om dit glad en sag te hou. Dit is nie nodig om duur produkte te koop nie, maak sommer jou eie deur ‘n handvol hawermout, melk en ‘n bietjie jogurt te meng.
Gebruik altyd sonroom Dit is belangrik om sonbeskerming van ten minste SPF30 te gebruik om jou te beskerm teen skadelike UV-strale. Mense met ‘n sensitiewe vel kan ‘n sonskerm met ‘n mineraalbasis oorweeg. Vermy die son of wees versigtig wanneer dit die warmste is tussen 10:00 en 16:00.
PLACE YOUR ORDER AS SOON AS POSSIBLE FOR THE 2019 SEASON SAPPA Associated Member | DAFF Registration Number: 78340001
Barend Bouwer : 082 823 1814 | E-mail: admin@bafp.co.za Plot 2JX2 | HARTSWATER | Northern Cape
www.bouwernursery.co.za
61
ORANJELANDGOED , PRIESKA
PEKANKWEKERY GEFOKUS OP HOë KWALITEIT KULTIVAR-EGTE BOME GEL VERPAK OM HOë VATPERSENTASIE TE VERSEKER GEHALTE OORSKRY SAPPA STANDAARDE GEKWEEK IN PRIESKA: GESKIK VIR NOORD-KAAP KLIMAAT FACEBOOK: ORANJELANDGOED
KULTIVARS BESKIKBAAR:
WICHITA, CHOCTAW, NAVAHO
KONTAK : JOHN LOOCK SEL NR : 0823302934 EPOS : ORANJELANDGOED@GMAIL.COM
“Running a business comes with many interruptions, which makes reliable connectivity a must-have.” - Samantha Withers, CEO of AAL Logistic
Connections are the start of unlimited potential
Broadband Connect Wireless Premium uncapped Specifically designed for small and medium businesses to deliver the perfect combination of connectivity, speed and affordability. Fully scalable as your business grows, there is no waiting for line installation and no risk of cable theft. Get your office the connectivity it needs.
1571PMx24
R
10Mbps Uncapped
+ FREE installation
62Visit Vodacom Shop Kimberley or call 0825119441 for more information. Terms and conditions apply. *Available in selected LTE-A coverage areas
The future is exciting.
Ready?
Kinderpret
s i r a Wa ? e i k k i Fr
63
RAAI
Kommuniek Sterk kaas
Tafeldruiwe
Efesiërs
Vrou van Esau
Vyf in rugby
Woordeboek
Vrees aanjaag
Oprig
Male
Slaapgroet
Skraler
Onderoffisier Tweede kleinste kontinent
Primitief Operasangstuk Sleeptuig
Hierdie
Donkie
Tropiese graan
Alleenloper
Eskimohut
Nie duidelik nie
Ma se man
Stemmer Diere se skutting
Aanmoedig
Bybelvers
Edik
Ester
Siekte onder __ hê
Diertjie wat in grond lewe Vyfde maand
Ongekook
Dwelm
Opdam Oostenryk se hoofstad
Kwessies
Van die ouderdom
Klein kus Nuwe Testament
Vir die Ná zèta
Groot wildsbok
Beeldradio
Ten gunste van
Koerse
Intoom
Handwerk Rooi Buigsaam kleurstof
Sanger, __ Carstens
Bek
Ontbind
Reuk Seuntjie van jou ouers
Asook
Ná Jul.
Skuit
Veiligheidslot
Smoorverlief Kranksinnig
Met
Inham
Op dié tyd
Metaalwerker Menings
Onsindelik Beknop
Rusplek in woestyn
Klavier
Tugtig
Oormaat
Heuningmakers
Glad nie!
Ribonukleïnesuur
Rondreis
Dele
Katoengaas
Vark
Stembuiging Tydvakke
Terug!
Blomstroop
Turkse mus
Verby Gawe aan 'n god
Nuut-
Asemtog
Oplossing vir KommuniekRAAI (Augustus / September) op bladsy 60.
64
Geldstuk
Kykers
Inligting
Dan en wan
Stormvoëls
Duisend maal duisend
Uitaseming
Benede
Warmbad
Rgt. pres.
Geldsakkies
Afpraat
Boos word
Projektiel
Mense se eie ek
Oorlede
Onder wie
Bedank
100 jaar
Geslagte
Agterkante
Resep
Braaibroodjie,
my ou vriend
Hoe warmer dit word, hoe vinniger steek Suid-Afrikaners die braaivleisvuur op. Hier is ‘n paar variasies van die mees getroue braai-bykos: Die Braaibroodjie.
Die getroue oue: Botter Blatjang (baie dun gesmeer) Gerasperde cheddarkaas Tamatieskywe Uieringe (baie dun gesny)
Die “iets anders”: Maaskaas (krummelrig) Tamatieskywe Agurkies (dun gesny) Vars basilie-blare (opsioneel) Uieringe (dun gesny) Blatjang
Die “ek-lyk-soos-‘n-chef”: Meng botter/margarien met fyn parmesaan-kaas en ‘n gekapte knoffelhuisie (smeer lekker dik) Gekapte peppadews Uieringe (dun gesny) Mozzarella-kaas ‘n Dun lagie mayonnaise Blatjang
Jan Braai se Griekse braaibroodjie (bron: Vrouekeur) Soteer 1 groen soetrissie (gekap) en 1 rooi ui (gekap) tot sag Verf 8 snye witbrood met olyfolie, plaas 4 snye op ‘n toeklaprooster met die olie-kant na onder Pak ½ koppie olywe (ontpit en halveer), 2 ringe fetakaas (gekrummel), die gaar uie en soetrissie, 1 koppie cheddarkaas en 2 tamaties (in skywe gesny) op die snye brood. Geur met sout en peper Braai tot kaas gesmelt is
Braaibroodjiewenke: Sorg altyd dat botter, blatjang of enige ander smeersel tot op die hoekies van die toebroodjie gesmeer is. Uie, tamaties en ander vulsels is altyd lekkerder as dit baie dun gesny en goed op die broodjie versprei is. Oorskiet-braaibroodjies kan die volgende oggend in geklitste eier gedoop en vlakgebraai word. Maak altyd seker dat die braaier wéét hoe ‘n braaibroodjie gebraai moet word.
65
Uit Piet se pen
Opwindend of ongepoets? Het jy al opgemerk? Selfoon teen die oor. Selfoon in die hand. Almal al vroetelend met dié anti-sosiale apparaat. Kobus Etsebeth het die eerste selfoon op ons dorp gehad. ‘n Baksteen. Nokia. Swaer Piet en skoonsuster Hanlie van die Kaap en hulle kinders kuier die afgelope vakansie by ons. Christiaan en Ansonette is nog op hoërskool. Die kinders al selfonend die hele vakansie. Dit is verstommend hoe selfone ook deel van kinders se lewe geword het. (Grootmense word natuurlik nie heeltemal uitgesluit nie.) Onafskeidbaar. Hulle deel hulle doen en late binne sekondes met hulle maats by die huis. Beleef mekaar se vakansies intens saam. Dadelik. My gedagtes gaan terug na kommunikasie in die verlede. Wonder hoe die ouer generasie hierdie tegnologie sou benut het. Sou dit van ons ander mense gemaak het? Sou ons ander beroepe gekies het? Sou ons met dieselfde mense getroud gewees het? Sou dit ons ander besluite laat neem het? Was die beperkings in tyd nie juis tot ons voordeel nie? Het dit ons nie anders laat dink oor dinge nie? Ek probeer aan Christiaan verduidelik hoe kommunikasie in die verlede was. My oupa het te perd na die naaste winkel en hotel op Omdraaisvlei gery. Net om te hoor of daar nog nie ‘n brief van sy nooi van Hanover af gekom het nie. Vryery was ‘n tydsame proses. ‘n Nooi kon al lankal ‘n ander kêrel gehad het, dan het die afsêbrief hom nog nie bereik nie. Net om bymekaar uit te kom was ‘n uitgerekte affêre. Dit kon tot meer as ‘n maand geduur het. ‘n Week vir brief om afgelewer te word. ‘n Week om die kêrel te laat wag en nie te angstig te lyk nie. Nog ‘n week vir ‘n antwoord
66
terug. Dan moet tyd en plek gereël word. Nog ‘n twee week heen en weer. Ek raak moeg net om daaraan te dink. Ek weet nie of Christiaan hom hoegenaamd in hierdie posisie kan indink nie. Die frons op sy voorkop raak net al groter. Hy wys my ‘n foto, op sy selfoon, van ‘n maat wat so pas ‘n springbok in die Kalahari geskiet het. Die bok nog nie eens koud nie. Hy neem ‘n selfie waar hy saam met my in die bakkie ry en stuur dit aan. Alles dadelik, binne sekondes, elektronies beskikbaar. Hy het vrede met my tydsame verlede. Sy selfoon ping. ‘n Foto van sy vriendin besig om te roei op die Oranjerivier naby Vioolsdrift. Sy ma sê hy mag nie van sy meisie praat nie. In matriek kan hy net ‘n vriendin hê. “Mag jy ‘n vriendin soen, Christiaan?” vra ek. “Oom, ek WhatsApp net gou my ma om by haar te hoor,” lewer hy droogweg kommentaar. Ons lag lekker. Intussen gee ek hom die regte raad… Ek verduidelik aan hom die proses net om by ‘n meisie te kon uitkom in ons dae op skool. Ons het nog briefies geskryf. ‘n Kysbrief. Wat is kys? wil hy weet. “Kys soos in relationship,” verduidelik ek. Voordat jy die moed gehad het om die briefie te skryf, was die meisie al joune. Ongelukkig het net jy daarvan geweet. Vry soos ’n reundonkie met die wind, het pa altyd gesê. Dit het baie geverg om daai briefie te skryf. Gewoonlik sommer op ‘n stukkie papier wat uit jou huiswerkboek geskeur is. ‘n Paar keer opgeskeur en oorgeskryf. Net om maar weer te skryf “Wil jy met my kys?” Dicky het droëwors belowe in ruil vir kys met ‘n meisie. Sy pick up line het hom onsuksesvol gemaak. Jy moes
ook versigtig wees met dit wat jy kon bied. Die briefie is ‘n week lank in jou Bybel weggesteek om finale sekerheid te kry. Om dit afgelewer te kry, was ‘n verdere proses. Gewoonlik deur ‘n maat van haar. Dan die onrustigheid tot die antwoord kom. ‘n Ja-antwoord moes opgevolg word met ‘n foto. Nog ‘n proses wat ‘n maand kon duur, indien ‘n foto nie beskikbaar was nie. Intussen kon jy jou darem verlaat op die vorige jaar se klasfoto. (Nee, ons planne het nie opgeraak nie.) Christiaan kan hom beslis nie indink in ons posisie nie. Sy selfoon ping. Ansonette laat weet so en so is nou ‘n item. Hulle status het verander na involved. Alles klink so maklik. So vinnig. Ook om te eindig…? Sy wil weet of Christiaan lekker met my bond in die bakkie. Ping-ping kom en gaan die vraag en antwoord. Wanneer sy en Sonja van die dorp af kom, het sy niks gemis wat tussen my en Christiaan gesê is nie. My gedagtes gaan terug na ons weermagdae. Die in rye wag by die tiekieboks. Uiterste frustrasie. Die goed was meestal stukkend. Menigmaal het ‘n vuisgeveg uitgebreek wanneer iemand die telefoon uit frustrasie beskadig het, veral wanneer ‘n meisie hom afgesê het. Môre was nog ‘n dag. Dit was hoe dit was. Interaksie is deesdae anders. Elke aspek van ons bestaan is onherroeplik verander. Tussen twee duime en ‘n selfoon bly mense intyds in verbinding met die wêreld. Verskeie platforms om jou sê te sê. Maklik om te skuil agter gesigloosheid. Nog makliker om goed te sê wat andersins ongesê sou gebly het. ‘n Onbeskofte apparaat?
Maak
PESTE jou mal?
Ons het die antwoord...
MAKLIKE MEETBARE DOSERING
BUITE
BINNE
Volledige reeks beskikbaar op...
+2786 030 3003 www.cooperses.com
info@cooperses.co.za
beheer balanseer beskerm D-Bug Snap Pack Reg. Nr. L10095 Wet Nr. 36 van 1947 Aktiewe bestanddeel: Deltametrien 25 g/ℓ VERSIGTIG • Multicare Ant Reg. Nr. 10292 Wet Nr. 36 van 1947 Aktiewe bestanddeel: Permetrien 100 g/ℓ SKADELIK • Fly Killer Aerosol Reg. Nr. L8409 Wet Nr. 36 van 1947 Namibiese Reg. Nr. N-AR 1247 Aktiewe bestanddele: pyrethrien 15 g/kg piperonielbutoksied 150 g/kg VERSIGTIG • Coopers Ultramatic Outomatiese Aërosol Toediener L10095 Wet Nr. 1947
REGISTRASIEHOUER: Starplex 83 CC Reg. Nr. 2004/015647/23 Posbus 14374, Bredell, 1623, Suid-Afrika • NOODNOMMER: +2782 446 8946 VERSPREIDING DEUR: Coopers Environmental Science (Pty) Ltd
67
Vergeet alles wat jy weet van versekering. GWK Versekering doen dit ánders. Ons glo dat ‘n boerdery suksesvol moet kan voortgaan selfs in die geval van onverwagse, versekerbare gebeure. Daarom dink ons nie tradisioneel oor versekering nie, maar ontwerp ‘n allesomvattende diens en produk sodat jy verseker kan wees dat daar na jou belange omgesien word. Dit sluit in: • • • • • • •
Omvattende finansiële beplanning, boedelbeplanning en versekeringsprodukte Boedelbestuur, welvaartbestuur en regsdienste Lewensversekering Bateversekering Oesversekering ’n Verskeidenheid nis produkte Een ervare, landbou-gefokusde adviseur wat jy vertrou en wat na alles omsien
Alles onder een dak.
Altyd ’n versekerde toekoms Skakel vandag 053 298 8359/90 om ’n afspraak te maak. Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer FSP Lisensie 1185
68