Skip to main content

Kommuniek Maart 2016

Page 1

`n Handelsmerk van

Maart 2016

Ekonomie se invloed op landboumarkte

Kennis van mieliesiektes voordelig Risiko-evaluering belangrik vir akkurate advies Sidi Vloeibaar: Maklik, effektief en aanpasbaar


Gemoedsrus vir die mense wat die wêreld voed. GWK Korttermynversekering Ons bied dekking vir enige versekerbare gevare wat kán gebeur.

Douglas Brits van den Berg (Uitvoerende Bestuurder: Versekering) 082 803 5190

Prieska Kannetjies Kotze Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4773

Douglas Marietjie Vermeulen Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4775

Hopetown Janitha Viljoen Korttermyn- en Oesversekering 082 889 4602

Barkly-Wes/Jan Kempdorp René van der Westhuizen Korttermyn- en Oesversekering 082 907 8548

Modderrivier Riana Shergold Korttermyn- en Oesversekering 082 808 2911

Douglas Wilmarie van der Schyff Korttermyn Kommersieël 082 382 8123

Ficksburg/Mooirivier Chris Shergold Korttermyn- en Oesversekering 071 633 3659

GWK is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185

Prieska Sankie Scholtz Korttermynversekering en Administasie 083 643 7993

Humansdorp Hanro van Dyk Korttermyn- en Oesversekering 072 576 7007


12 22 34

Ekonomie se invloed op landboumarkte

6

Redaksioneel

Sidi Vloeibaar: Maklik, effektief en aanpasbaar

7

Geestelike akker: Nogtans

8

Damme en temperature

Oor Braaipap en Baarde

Voorkom katarakke deur gereelde toetste

9 10 16

Veilingskalender en -pryse

Landbouwenke

Kennis van mieliesiektes voordelig

21 26 28 30 32 36

Risiko-evaluering belangrik vir akkurate advies

Neigings in aartappelmark onder bespreking

Bestuur Green Snap om skade te beperk

Ameliorante beïnvloed infiltrasie van water in grond

Veiling laat rekords spat

Familieondersteuning noodsaaklik vir sukses

37 38 46 48 49 50

Vorentoe met deursettingsvermoë en doelgerigtheid

Kliëntediens onlosmaaklik deel van elke dag se werk

Leefstyl: Rek jou rande

KommuniekRAAI

Resep: Laatsomervrugtepons

Uit Piet se pen: Ons groet die land van motors en wafels

3


Direksie Voorsitter Frank Lawrence

Ondervoorsitter Johan Jacobs Hennie Coetzee JP du Plessis Wynand Human

Frans Lubbe Tertius Marais Mattheus Maree Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid

Hoofbestuur Besturende Direkteur

Hoofbestuurder: Handel

Pieter Spies

Mark du Plessis

Finansiële Direkteur

Hoofbestuurder: Graanprodukte

Johann Klopper

Tom Meintjes

Hoofbestuurder: Spesialisprodukte

Hoofbestuurder: Veilings en Vleis

Llewellyn Brooks

Wim van Rooyen

Hoofbestuurder: Primêre Produksie Pieter Bekker

Uitvoerende Bestuur Regsdienste en Sekretariaat Juan Kotzé 076 430 5615

Finansies en Finansiële Landbou-advies Andri Bezuidenhout 071 686 8844

Vleis Alex Cilliers 082 808 3063

Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531

Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121

Finansiering Kobie Greyvensteyn 082 808 4178

Presisieboerdery en Produksienavorsing Dup Haarhoff 083 646 1111

Saad en Opkomende Produsente Jozua Haarhoff 082 808 8579

Graanbemarking Elmarie Jacobs 082 906 2383

Meganisasie Rocky le Roux 082 317 7656

Direkte Insette Rocky le Roux 082 317 7656

Veilings en GWK Properties Willie Meyer 071 680 4103

Inligtingstegnologie Rika Myburg 082 889 7821

Sidi Parani Cas Prinsloo 079 510 2710

Oliesade en Pekanneute Andreas Snyman 082 801 1849

GWK Farm Foods Eddie Ueckermann 082 804 7545

Versekering en FloTank Brits van den Berg 082 803 5190

KwaZulu-Natal Bemarking Terence van Dyk 082 885 4163

Mensekapitaal Gideon Jordaan 082 335 6711


Uitgewer namens GWK Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking) Redakteur: Inhoudsontwikkeling Leana Coetzee 072 601 9420 Uitlegkunstenaar Reinard Louw Advertensies en redaksioneel Tania Fourie 053 298 8200 / TaniaF@gwk.co.za Kontak ons Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: LeanaC@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730 Hoofkantoor GWK De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf gwk.co.za Voorbladfoto: Sidi Parani Laboratorium (Conrad Bornman)

Redaksioneel Sedert 2015 is die 100% Braaipap-span in kontak met die span van Buffelsfontein Baardolie, met die voorneme om gesamentlik ‘n eksklusiewe reeks Braaipap-ontwerpe vir Maart te doen. Kommunikasie tussen GWK en Die Man Met Die Baard het sinsnedes ingesluit soos “die essensie van hom wat vooruit dans en staan en pieps”, “as jy een van daai vrouens is wat ook kan baard groei - olie die ding en kam hom uit, my magtag” en “niemand kan regtig lief word vir ’n drolkewerkarretjie nie”. Hierdie e-posse het die Braaipap-span maande se vermaak besorg en in hierdie uitgawe leer ons meer oor Meyer le Roux, die man ágter die baard. Op ‘n ernstiger noot fokus ons hierdie maand sterk op die invloed van eksterne faktore op die landboubedryf. Rechtus, een van ons landbouekonome, het gaan ondersoek instel oor wat die huidige stand van landboumarkte is en hoe dit geraak word deur die ekonomie, die droogte en ander invloede. Aartappels Suid-Afrika het terugvoer gegee oor dieselfde faktore se invloed op die aartappelbedryf tydens ‘n streeksvergadering wat op Douglas aangebied is. Na afloop van dié vergadering, is ‘n nederige Van Der Spuy Botes vereer vir jare se lojale bydrae en betrokkenheid by die bedryf. Dit is vir GWK ‘n voorreg dat een van ons produsente dié toekenning ontvang. In onstuimige landbou-omstandig-

Tot volgende keer! Vind ons aanlyn deur die QR-kodes met `n slimfoon te skandeer.

Kommuniek

6

Facebook

Leana Coetzee

Redakteur: Inhoudsontwikkeling

hede is daar egter steeds die dagtot-dag-bestuur van boerderye wat voortgaan en ons Presisieboerderyspan maak weer waardevolle inligting bekend wat deur navorsing gerugsteun word. Hulle fokus op mieliesiektes, “Green Snap” en hoe ameliorante die infiltrasie van water in grond beïnvloed. Groot ontwikkeling word by GWK Versekering geïmplementeer en dié besigheid spog met personeel wat werklik kundig is in hul onderskeie gebiede en akkurate aanbevelings kan maak om individuele versekeringsbehoeftes aan te spreek. Adviseurs besoek produsente om ‘n deeglike risikoprofiel saam te stel sodat die versekering daarvolgens aangepas word en regtig waarde toevoeg. Brits vertel meer daaroor. Ingesteldheid teenoor faktore buite jou beheer word al hoe belangriker. ‘n Positiewe gesindheid word gekweek en ons het baie bewondering vir mense wat hulle nie laat onderkry deur negatiewe gebeure nie en onverpoos voortgaan om kos in mense se borde te sit. Daarom sê ons dankie vir ons produsente wat nie in werksure werk nie, maar in hektare. By GWK staan ons elke dag saam met julle op om te doen wat ons passie is.


Geestelike Akker Nogtans

Dink vir ’n oomblik aan ’n tyd in jou lewe waarin jy ’n geweldige uitdaging beleef het (of dalk ’n reeks daarvan). Hoe het jou verhouding met God in hierdie tyd gelyk? Gee vir jouself ’n punt uit tien waar 0 ’n plek van totale godverlatenheid simboliseer en 10 ’n intieme verhouding met God. Dink nou vir ’n oomblik aan ’n tyd in jou lewe waarin jy op jou gelukkigste was – en oorvloed beleef het. Gee weer vir jouself ’n punt uit 10 op hierdie skaal wat jou verhouding met God uitbeeld. Waar lê jy vandag op hierdie skaal? Verskil hierdie punte? Was dit dalk 9 of 10 in die moeilike tyd omdat jy God werklik nodig gehad het en sy aangesig dag en nag vir jou deurbraak gesoek het? En was dit dalk 3 of 4 in die goeie tye omdat jy so besig was met ander dinge dat jy nie tyd gemaak het om in God se teenwoordigheid te gaan sit nie? In Suid-Afrika beleef ons tans ’n paar uitdagings. Sommige produsente ervaar die ergste droogte in hul jare op die plaas. Ander ervaar die impak van die swak rand in die besigheidswêreld en nog ander beleef vrees vir die toekoms. Het hierdie dinge ’n effek op jou puntetelling op die skaal? In die boek Habakuk smeek dié profeet God om nie van die Israeliete te vergeet nie – al het hulle van God afgedwaal en uitdagings begin beleef. Hy beskryf God se grootheid en wie God is en dan in Habakuk 3:17-19 lees ons sy bekende gebed:

“Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder. Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop.” (1983-vertaling) In ’n ander Bybelvertaling lees ons ook Habakuk se woorde as: “My vertroue in die Here is nie afhanklik daarvan dat dit met my goed gaan nie.” Hoe word jou puntetelling op die skaal geaffekteer deur goeie en slegte tye in jou lewe? Kan jy werklik soos Habakuk sê dat selfs al beleef jy uitdagings in die vorm van siekte, finansiële nood, werkloosheid, hartseer, verhoudings wat dreig om op te breek of droogte op jou plaas, dat jy nogtans sal kies om in God te jubel en Hom as Redder te aanbid? Dit is wanneer ons dít doen, dat ons sy krag begin beleef. Hy sluimer en slaap nooit nie en niks is vir Hom onmoontlik nie. Kom ons nader tot Hom, want dan doen Hy dieselfde. Vader God, baie dankie vir U liefde vir my. Help my om in die goeie en slegte tye my oë op U te hou met die wete dat U nooit verander nie. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen. Benescke Janse van Rensburg

7


Damme en temperature

Huidige stand van damme Riviersisteem Oranjerivier

Vaalrivier

Dam Welbedachtdam Gariepdam Vanderkloofdam

Werklike vs. langtermyn reĂŤnval % Vol

180.0 160.0

102 49 62

Vaaldam Bloemhofdam Allemanskraaldam Erfenisdam

50 19 15 11

Hartsrivier

Spitskopdam

32

Rietrivier

Kalkfonteindam

6

Modderrivier

Krugersdriftdam

7

140.0 120.0 100.0 80.0 60.0 40.0 20.0 0.0 Douglas

Prieska

Hopetown Barkly-Wes

Werklik Langtermyn

Werklike minimum en maksimum temperature vs. langtermyn temperatuur 15 Januarie 2016 tot 15 Februarie 2016 Prieska Green Valley Nut

Douglas Lunenburg 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

Barkly-Wes Ulco

Hopetown Lilydale 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

Rietrivier

Maandelikse voorspelling Februarie 2016

45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

Maksimum

8

Maksimum langtermyn

Minimum

Minimum langtermyn

Rietrivier

Vaalharts


conrad borman

Veilingskalender en -pryse

1 Maart 3 Maart 8 Maart 10 Maart 10 Maart 12 Maart 15 Maart 16 Maart

Kimberley Grootvee/Kleinvee Bloemfontein Veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Hertzogville veiling Fauresmith Choice Wildlife Group Wildveiling Kimberley Grootvee/ Kleinvee Cronje Dorpers

17 Maart 22 Maart 23 Maart 29 Maart 30 Maart 31 Maart 5 April

Rosbeef Beefmaster Veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Kruger Bonsmara & Leeuwheuvel Boerdery Produksieveiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Griekwastad Veiling Koopmansfontein Veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee

Veilingspryse vir lewendehawe – Februarie 2016 02/02 - 05/02

08/02 - 12/02

15/02 - 19/02

22/02 - 26/02

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Slagosse

R17.00

Slagosse

R17.00

Slagosse

R17.60

Slagosse

R17.50

Slagkoeie

R15.50

Slagkoeie

R16.40

Slagkoeie

R17.30

Slagkoeie

R17.30

Maer beeste

R11.00

Maer beeste

R11.40

Maer beeste

R11.50

Maer beeste

R10.50

Ligte kalwers (180-200kg)

R20.50

Ligte kalwers (180-200kg)

R21.20

Ligte kalwers (180-200kg)

R22.20

Ligte kalwers (180-200kg)

R21.30

Swaar kalwers R19.50 (201-250kg)

Swaar kalwers R20.60 (201-250kg)

Swaar kalwers R21.00 (201-250kg)

Swaar kalwers R20.50 (201-250kg)

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Slaglammers

R28.00

Slaglammers

R28.50

Slaglammers

R30.50

Slaglammers

R28.50

Stoorlammers R27.00

Stoorlammers R30.00

Stoorlammers R31.00

Stoorlammers R28.00

Kruislammers

R27.50

Kruislammers

R28.50

Kruislammers

R30.00

Kruislammers

R28.00

Slagooie

R19.00

Slagooie

R19.00

Slagooie

R19.30

Slagooie

R18.00

Maer ooie

R18.00

Maer ooie

R18.00

Maer ooie

R18.00

Maer ooie

R17.10

Klein bokkies

R31.50

Klein bokkies

R31.50

Klein bokkies

R31.50

Klein bokkies

R30.00

Jong bokke

R31.50

Jong bokke

R31.50

Jong bokke

R31.50

Jong bokke

R30.00

Bokooie

R19.00

Bokooie

R19.20

Bokooie

R20 .00

Bokooie

R19.00

9


Landbouwenke

Pekanneute

Grondbone

� Gedurende die laaste fase van neutvul tot en met oes kan die vog-ontrekking uit die grond rondom 50% gehandhaaf word. � Die korrektiewe grondbemesting en blaarvoeding kan in Maart tot middel April toegedien word. Die toediening is gebaseer op die blaaranalises van einde Januarie � Die boordvloer moet voor oestyd skoongemaak word om die oesproses te vergemaklik. Wees egter bewus dat kompaksie die wortelontwikkeling kan beïnvloed. � Grondklassifikasie en Boordbeplanning kan van Maart tot Julie behartig word. Gun genoeg tyd om die nodige grondvoorbereiding en regstellings te maak voor vestigiing. � Plaagbeheer moet deurentyd toegepas word, veral vir stam- en basboorders, geelpekanplantluis en skurfsiekte. � Rypwording van neute geskied vanaf April tot Julie en wissel na gelang van die gebied en kultivars.

� Grondbone is in die gevorderde peulstadium en besproeiing kan stelselmatig verminder word afhangende van klimaatstoestande. � Kyk uit vir Schlerotiumvrot – wit swamdrade wat klein, ronde swart vrugliggame produseer waar stamme uit die grond kom. Ankers word beskadig en peule kan totaal vernietig word of swambesmet en verkleur voorkom. Die eerste tekens is enkelplante of kolle in die land wat verlep begin vertoon. Enkeltakke of die hele plant begin afsterf. � Schlerotiumvrot kan voorkom onder nat toestande waar plante baie welig groei met min lugvloei, asook waar baie plantreste te vlak in die wortelsone ingewerk is. � Indien dit aanwesig is, moet besproeiing drasties verminder word om te verhinder dat dit verder versprei. In ernstige gevalle is dit raadsaam om vroeër as normaal te begin oes om verliese te beperk. � Rooi spinmyt kan voorkom, veral op aanplantings naby mielies of katoen. Spuit onmiddellik wanneer dit waar-geneem word, aangesien groot blaarverlies kan voorkom. � Laaste blaarvlekbespuiting kan gedoen word om loof teen laat blaarvlek te beskerm.

Aartappels � Om virusbesmetting te voorkom is beheer van plantluise uiters belangrik. Installeer minstens twee moniteringspunte in elke aanplanting. � Spuit wanneer luisbevolkingsdruk begin toeneem. � Operding kan ook gedoen word om groter drag te inisiëer.

Mielies � Die waterbehoefte van vroeë mielies neem af. Pas aan en stop water sodra vogtranslokasie in die pitte afgesny is (donker kleur naby kiemge-deelte van die pit). � Gaan aanplantings deur vir rooi spinmyt en spuit in `n vroeë stadium om opbrengsverlies te voorkom. Dié plaag vermeerder baie vinnig. � Stronkboorder kan steeds skade doen by laat aanplantings en moet gemonitor en gespuit word. � Bolwurm kan ook skade aan koppe aanrig deur veral aan die bopunt by die baard in te tonnel en te vreet.

10

Lusern � Vestig nuwe lusernaanplantings vanaf einde Maart tot Mei. � Die saadbed moet ferm wees: `n Mens moenie insak as hy oor die saad-bed loop nie. Sit `n dis met roller oor voor plant. � Plant in klam grond en rol vas sodat goeie saadkontak met die grond verkry word. Los grond bo die saad veroorsaak swak saad-grond-kontak wat tot swak opkoms en standprobleme kan lei. � Plant vlak, nie dieper as 10mm nie. � Indien die pH te laag (onder ses) is, moet landboukalk toegedien word. Dit verbeter ook die grondstruktuur, help om plantestand beter te vestig en langer te produseer. � Onkruidbeheer is belangrik om lusern suksesvol te vestig. � Vir gevestigde lusern, besproei swaar en laat redelik droog word voor volgende besproeiing.


KINGJAMES 34356A

VANDAG SE BOERE IS MEER AS NET BOERE.

Die moderne boer staar talle uitdagings in die gesig en moet verskillende baadjies dra om hulle te oorkom. Jy sien om na jou plaas, jou werkers, jou bates, jou huis en jou gesin. Santam verstaan hoe baie van jou verwag word en daarom neem ons ’n wetenskaplike benadering tot die beskerming van jou oeste, sowel as jou boerdery- en persoonlike bates. Want ons glo jy verdien uitsonderlike versekering. Vir meer inligting, bel jou makelaar of besoek www.santam.co.za/products/agriculture. Santam. Regte, egte versekering. Santam is ’n gemagtigde finansiële-diensverskaffer (lisensienommer 3416).


Aktueel Rechtus Steyn

Ekonomie se invloed op landboumarkte 12


Enige land se welstand is gegrond op die gesondheid van sy landbousektor, skryf Pieter Spies (Besturende Direkteur) in ‘n onlangse artikel oor landbouneigings in 2016. Daarom moet ons die nodige veranderinge maak om landbou volhoubaar te maak en kan ons nie voortgaan om dieselfde metodes en riglyne te volg in ‘n veranderende wêreld nie. Die wêreld het nou landbouers nodig wat werk op maniere wat ander nooit gedink het moontlik is nie, om te verseker dat almal toegang het tot voedsel. Volhoubare denke en die oorsprong van produkte word al hoe belangriker om aan die verbruikersmark se behoeftes te voldoen. Die skuiwe in hierdie markte in Suid-Afrika, sowel as internasionaal, moet ook gemonitor word sodat voedselproduksie daarby aangepas kan word. Beter opvoedingsgeleenthede en kommunikasie, verbeterde infrastruktuur en toeganklikheid tot basiese behoeftes lei daartoe dat die middelklas, plaaslik en wêreldwyd, groei toon. Landbouvooruitsigte word dus gemaak met hierdie veranderinge in gedagte. Ekonomiese faktore, die behoefte aan voedsel, die droogte en sosiale veranderinge in SuidAfrika sal verseker dat die landbou vir die res van 2016 in die nuus sal bly. Innovering in dié bedryf skep beleggingsgeleenthede en sal voortgaan om uit te brei. Voorts sal die ontwikkeling en vestiging van nuweling-produsente ook ‘n besprekingspunt bly en die kollig op produsente en die belangrike werk wat hulle verrig, sal vergroot. Die landbou-ekonome van GWK Finansiële Landbou-advies doen baanbrekerswerk in finansiële en landboubeplanning om produsente te ondersteun. Dié besigheid van GWK doen verslag oor die huidige marksituasie en bespreek die invloed van ekonomiese faktore op boerderye.

Internasionaal Die verskillende wêreldekonomieë, veral die ontwikkelende ekonomieë, kry op die oomblik swaar. Ontluikende markte ervaar grootskaalse kapitaal-uitvloeie, wat rentekoerse en aandelepryse laat verswak. Harde, sowel as sagte kommoditeitspryse toon afwaartse beweging die laaste twee jaar, terwyl oliepryse na aan rekordlaagtes bly.

"Vir volhoubare landbou is dit noodsaaklik om by die veranderende omgewing aan te pas." Netto uitvoerders van kommoditeite pas in die stadium aan by China se laer ekonomiese groei wat die kommoditeitsaanvraag betref. China, wat die wêrelddrywer is, verander van ‘n infrastruktuur-ekonomie na ‘n verbruikers-ekonomie. Nasionaal Die Suid-Afrikaanse ekonomie is in ‘n geweldige afswaai en word vererger deur een van die grootste droogtes sedert 1904. Die vooruitsigte vir die land se ekonomie toon dat produsente en verbruikers saam sal sweet in die komende jaar. Die mynbousektor is onder geweldige druk, sowel as die vervaardigings- en landbousektor, wat vir voedselverskaffing verantwoordelik is. Die vooruitsigte is negatief, met baie swak beleidsbesluite aan die orde van die dag. Inflasie bly onder sterk opwaartse druk, met verwagte plaaslike tekorte in baie van die basiese kommoditeite gedurende 2016. Hoër inflasie gaan ook aangehelp word deur die invoere van onder meer brandstof, onkruid-/ plaagdoders en kunsmis weens die

swakker Rand. Die meeste basiese landboukommoditeitspryse is op invoerpariteitsprysvlakke en beweeg al hoër met die swakker Rand. ‘n Resessie wag waarskynlik op ons in die toekoms, met negatiewe verbruikersbesteding, rentekoersverhogings, komende belastingverhogings, onsekerheid in die mark, politiese volatiliteit, lae beleggingsvertroue en hoë risiko's. Olie se Dollarprys is sowat $32 per vat. Solank as wat die Rand/Dollar-wisselkoers verswak, gaan ons nie regtig ‘n goeie voordeel trek uit die lae olieprys nie, maar dit kan verbeter indien die Rand sou versterk. In hierdie stadium is die wisselkoers baie onstabiel. Vooruitskattings deur sommige kenners is dat die olieprys op pad is na $10 per vat, as gevolg van die baie lae aanvraag na olie wêreldwyd. Dit beteken dat as die Rand/Dollar-wisselkoers stabiel bly, ons goedkoper kan betaal vir diesel en petrol. Sekere kenners is ook van mening dat die regering belasting op brandstof gaan verhoog op die begroting. Landbou Landbouskuld is die afgelope tyd gehefboom deur hoë grondpryse, ‘n toegeeflike monetêre beleid, goeie produksiejare en ‘n sterk kontantvloei. ‘n Strenger monetêre beleid word verwag met die resessionêre vooruitsig. Die toegang van krediet vir die nuwe 2016/2017-produksieseisoen gaan strenger wees weens die verwagte onderprestering van produksie-uitsette teenoor die laaste drie tot vier jaar se gemiddelde trendlyn. Weer Volgens reënvalsyfers is dit op die oomblik die droogste in meer as ‘n honderd jaar. Die groot bekommernis is om deur hierdie winter te kom tot die nuwe plantseisoen vir droëlandgebiede in Suid-Afrika. Die weerprofete

13


se voorspelling is dat die weer in April en Mei gaan begin draai en dat die land dan gaan begin reën kry. Baie produsente in die binnelandse groot droëlandgebiede beplan om koring te plant, mits dit reën. Mielies As die Amerikaanse oes en wêreldvoorrade in ag geneem word, is daar genoeg geelmielievoorrade. Die Dollarprys van mielies is op die oomblik laag en die eerste geleentheid vir ‘n prysbeweging word verwag in Junie/Julie wanneer die plantseisoen in Amerika begin. Indien die Dollarprys opwaarts beweeg, en ons Rand/Dollar-wisselkoers konstant bly, sal die plaaslike mielieprys ook duurder word. Dit beteken dat daar min verskansingsgeleenthede is op die hoë pryse waar mielies tans lê en die kans dat die prys in die volgende ses tot nege maande met R400 - R500 gaan afkom, is klein, mits die wisselkoers versterk na R14/Dollar. Die vooruitskatting vir mielie-aanplantings is 1,9 miljoen hektaar en die oesskatting is 7,4 miljoen ton. Die gevoel in die mark is dat hierdie mielie-oes oorskat is en dat hierdie syfer heel waarskynlik laer gaan wees. Gemiddelde opbrengste van die 2015/2016 mielieseisoen is nog onseker. Met hierdie alles genoem, is dit seker dat daar nie te veel prys-risiko in die mark is nie, maar wel baie produksierisiko. Produsente kan dus gemoedsrus hê oor die verkoop van hul produkte en uitsien na pryse wat op invoerpariteit bly. Hierdie, tesame met waargenome tekorte tot in 2017, beteken dat die hoë prysvlakke kan volhou. Met die hoë binnelandse prysvlakke op invoerpariteit en voorrade wat skaars raak, is die volgende vraag hoe hoog die meulenaars bereid is om te onderhandel bo invoerpariteit om voorraad in die hande te kry. Pryse lê hoog en die verwagte oes is klein. Die beskikbaarheid van witmielie-voorrade is nog voldoende, maar die lae verwagte produksie skep verwagtings van invoere. Dit is noodsaaklik vir meulenaars om fabrieke aan die gang te hou en hul handelsmerk in stand te hou. Witmieliemeel se verbruik is besig om te daal en so ook die maalsyfer van witmielies. Dit beteken dat ‘hominy chop’ se beskikbaarheid al hoe min-

14

der gaan raak en gaan dus duur en skaars sal bly. Meer geelmielies moet dan gebruik word in die veevoermark en sterk voerpryse is aan die orde van die dag. Besproeiingsgebiede in SuidAfrika trek voordeel uit die hoë pryse wat heers in die mark, maar is afhanklik van genoegsame waterreserwes om beperkings op watertoegang te voorkom. Koring Die wêreld het op die oomblik genoegsame koringvlakke. Koring se prys is hoog met die swak Rand/Dollar-wisselkoers en die kleiner oes van die vorige seisoen. Die invoertarief gaan baie hoog wees – R1 300 per ton word verwag. Ons sit dus met n koringprys van ongeveer R5 000 per ton op Safex. Daar is vroeë aanduidings dat ‘n groot produksieskuif van koring gaan plaasvind die volgende seisoen van die Wes-Kaap af na die Vrystaat. Die Oos- en Sentrale Vrystaat het groot ongeplante areas en indien genoegsame reënval sou voorkom en aanhou, sal boere oorgaan na vroeë koringaanplantings. Die hoë koringprys maak dit aanloklik vir Vrystaatse produsente om ongeplante en oorlêlande met koring te vestig, om sodoende druk op hul kontantvloei te verlig. ‘n Vroeë koringaanplanting sal genoeg tyd los vir mielie-aanplantings. Kommoditeite Lae huidige kommoditeitsvoorrade en laer verwagte binnelandse produksie in die jaar vorentoe, kan ‘n bottelnek veroorsaak by SuidAfrikaanse hawens as gevolg van die invoervolumes van kommoditeite wat die hanteringskapasiteit van ons infrastruktuur mag oorskry. Dit is duidelik dat die gesamentlike kommoditeite wat benodig word om aan die binnelandse vraag te voldoen, hoër gaan wees as die gesamentlike invoerkapasiteit van al ons hawens


aan die kusgebied (byvoorbeeld Kaapstad, Port Elizabeth, Oos-Londen en Durban). Daar word bereken dat ons hawens se invoerkapasiteit net so skraps bo die ses miljoen ton is, indien alles klopdisselboom sou verloop. Ons verwagte mielietekort van viertot vyfmiljoen ton, gaan staatmaak op invoere. Die dilemma is dat daar nog sowat 2,5 miljoen ton koring ook ingevoer moet word en moontlik ook meer oliekoek en rys. Dit is dus duidelik dat ‘n bottelnek-effek in ons hawens waargeneem mag word. Hierdie tekorte sal pryse opwaarts druk. Dit maak voedseltekorte ‘n realiteit vir die komende tydperk en ‘n nuwe bevolkingsbeweging mag waargeneem word. Landelike armoede is besig om te vermeerder omdat kommersiële boerderye geknou word en basiese dienslewering ineenstort in kleiner nedersettings en dorpies. Die gevolg is die moontlikheid van ‘n geografiese skuif, waar groot getalle van die bevolking (tot tweemiljoen mense) migreer na stedelike gebiede. Vee Die hoë mielieprys smoor die winsgewendheid van die veebedryf en maak die voer van beeste en ander vee onekonomies. Die vooruitsigte vir voerpryse lyk sleg weens hoë graanpryse. Voerkrale verminder die getalle vee wat gevoer word, wat dan die aanbod verlaag. Daar word in dié stadium sowat 5000 ton beesvleis per maand uitgevoer na Afrika en Arabiese lande. Die beter en hoër gehalte snitte word uitgevoer. Die uitvoermark subsidieer binnelandse pryse wat, as dit in Suid-Afrikaanse markte geplaas word, die pryse sekerlik afwaarts sou druk. Internasionale beesvleispryse het sterk opwaarts beweeg in 2015. Met skerp uitdunnings in Suid-Afrikaanse kuddes as gevolg van die droogte, word voorsien dat kudde-uitbreidings weer gaan ge-

skied in die derde kwartaal van 2016, wat speenkalfpryse skerp gaan laat styg na volgende jaar – soos die aanbod daal. Gedurende die heersende droogte was die slagtingsgetalle van lammers hoog (dit wil sê die aanbod was hoog), maar is geabsorbeer in die mark met pryse wat sywaarts en effens opwaarts beweeg het. Die vooruitsig van lae aanbod van lammers, met kudde-uitbreidings en duur invoere van vleis, lei daartoe dat baie sterk pryse verwag word. Die verwagting is dat die pryse hoog en stabiel gaan bly gedurende 2016. Uitdagings vir die wintertydperk Die uitdagings van die groot droogte bring mee dat produsente aktief besluite sal moet neem om die wintertydperk deur te maak. Wenke wat oorweeg kan word, sluit in: Om ‘n gesprek met jou gesin te hê en te bepaal wat elkeen se basiese behoeftes is en watter onkostes gesny kan word, Om ‘n behoorlike kontantvloei saam te stel vir die volgende 18 maande waarin jy probleemmaande identifiseer en dus proaktief kan optree, Om jou bates-en-laste-verhouding in heroënskou te neem, Om te verseker dat jou bates nie dubbeld verseker is nie, Om jou kredietbestuurder te raadpleeg oor opsies vir oorbruggingsfinansiering, Om voorbereid te wees op laagtepunte wat voorlê, Om jouself en jou besigheid te posisioneer vir ‘n ommeswaai in die mark.

Enige navrae kan gerig word aan GWK Finansiële Landbou-advies by 053 298 8200.

15


Presisieboerdery en Produksienavorsing Bertus Jacobs & Dr. Rikus Kloppers (PANNAR)

Kennis van

mieliesiektes Die status van 'n plaag in 'n landbou-omgewing is nie onveranderlik nie. Dieselfde spesie wat as plaag kan funksioneer en ekonomiese verliese veroorsaak, kan ook van geen betekenisvolle waarde wees nie. Faktore wat die status van 'n plaag beïnvloed, word in figuur 1 aangedui. Hiervolgens word die potensiële plaag-organisme eers 'n plaagprobleem wanneer ál die volgende faktore teenwoordig is: Figuur 1: Plaagpiramide aangepas uit Norris, Cashwell-Chen & Kogan (2003). 'n vatbare gunstige gasheer (gewas) moet beskikbaar wees, die betrokke plaag moet teenwoordig wees in ‘n omgewing wat gunstig is vir die plaag, sowel as die gasheer, en daar moet genoegsame tyd wees vir die plaag om die gasheer te infekteer. Dit beteken dat 'n patogeen, soos die swam wat Noordelike mielie-

voordelig blaarskroei veroorsaak, byvoorbeeld teenwoordig kan wees in 'n mielieland, maar indien die klimaatstoestande nie gunstig is nie en daar nie genoegsame tyd vir infeksie is nie, die patogeen nie ‘n epidemie tot gevolg sal hê en oesverliese kan veroorsaak nie. Dit is belangrik dat geïntegreerde plaagbeheer (Integrated Pest Management of IPM) altyd in ag geneem en toegepas word. IPM is 'n ondersteuningstelsel vir die seleksie en gebruik van moontlike plaagbeheermetodes. Hierdie metodes kan alleen gebruik of gekoördineer word en word gebruik in samewerking met ‘n bestuurstrategie wat berus op analises wat kostevoordeel bewerkstellig. Só ‘n bestuurstrategie neem ook die impak van IPM op produsente, gemeenskappe en die omgewing in ag. (Norris et al, 2003). IPM ondersteun die verbouing van gesonde gewasse met die minste moontlike versteuring in landbou-ekosisteme

Foto 1A: Noordelike Mielie Blaarskroei

Foto 1B: Noordelike Mielie Blaarskoei ver gevorder

TYD

GEWAS

PLAAG Figuur 1

16

OMGEWING Foto 2A: Grysblaarvlek


Foto 2B: Sonbrand skade

Foto 2C: Bakteriese Blaarvlek

en moedig natuurlike plaagbeheermetodes aan. In hierdie artikel word 'n paar belangrike siektes wat op mielies voorkom, uitgelig, asook die belangrikheid van wisselbou as beheermaatreël.

leef op die reste van vorige seisoen se geïnfekteerde plante. Letsels kom gewoonlik eerste op die onderste blare voor, vanwaar dit spore vrystel wat gedurig die nuwer blare in die plant infekteer en dus so teen die plant opbeweeg. Letsels kan tussen 2,5 cm en 15 cm lank wees, soos gesien kan word in foto’s 1a en 1b (Craven en Kloppers, 2012). Craven (2012) is dit ook eens dat bespuiting reeds onder besproeiing oorweeg kan word wanneer een letsel per plant waarneembaar is voor stuifmeelstorting. Dit is ook die blaarsiekte wat die moeilikste gestuit word as dit eers gevestig het en voorkomende beheer is ‘n beter strategie. Die voordeel in die gebruik van voorkomende swamdoders, is dat dit ook die ander belangrike blaarsiektes by mielies, soos grysblaarvlek en bruinroes, beheer. Indien infeksies later voorkom, moet faktore soos die groeistadium, asook die vermoë van die swamdoder om by die letsel self uit te kom, in ag geneem word. Daar is mieliebasters wat goeie natuurlike weerstand teen die siekte bied en wat oorweeg moet word wanneer die siekte ‘n groot impak het.

Noordelike Mielieblaarskroei Noordelike mielieblaarskroei (NMBS) word veroorsaak deur die swampatogeen Exserohilum tursicum en is waarskynlik die mees algemene en ernstige blaarsiekte wat tans op mielies in Suid-Afrika en in ander mielieverbouingstreke van die wêreld voorkom. Dit kom voor waar koel tot matige temperature en langdurige vogtige toestande gedurende die groeiseisoen heers (Van Staden, 2001;77). NMBS kan opbrengsverliese van tussen 25% en 50% tot gevolg hê (Craven en Kloppers, 2012). Langdurige nat toestande met temperature van tussen 17°C en 28°C is gunstig vir die ontwikkeling van NMBS (Craven, 2012). As temperature van verskillende gebiede van 15 tot 24 Januarie 2016 in ag geneem word (grafieke 1-4), kan gesien word dat, tesame met langdurige bewolkte weer en reënerige toestande, hierdie tydperk gunstig was vir infeksie. NMBS kan onderskei word van ander blaarsiektes deur sy lang ovaalvormige (sigaarvormige), grysgroen letsels wat later verbruin. Die patogeen oor-

Grysblaarvlek Grysblaarvlek (GBV) van mielies word veroorsaak deur die swam Cercospora zeina. Dit kom nie so wydverspreid as NMBS voor nie en is meer

Foto 3: Polysora roes vs bruinroes links is polysora roes en regs is bruinroes

Foto 4A: Erwinia

Foto 4B: Erwinia stamvrot

17


Maksimum Temperatuur Prieska Green Valley Nuts 01 Oktober tot 05 Februarie 45 40 35 30 25

15

01//10 `03/10 `05/10 `07/10 `09/10 `11/10 `13/10 `15/10 `17/10 `19/10 `21/10 `23/10 `25/10 `27/10 `29/10 `31/10 `02/11 `04/11 `06/11 `08/11 `10/11 `12/11 `14/11 `16/11 `18/11 `20/11 `22/11 `24/11 `26/11 `28/11 `30/11 `02/12 `04/12 `06/12 `08/12 `10/12 `12/12 `14/12 `16/12 `18/12 `20/12 `22/12 `24/12 `26/12 `28/12 `30/12 `01/01 `03/01 `05/01 `07/01 `09/01 `11/01 `13/01 `15/01 `17/01 `19/01 `21/01 `23/01 `25/01 `27/01 `29/01 `31/01 `02/02 `04/02

20

Langtermyn

Tmax 2015

TMax 2016

Grafiek 1: Prieska se maksimum temperature vergelyk somer 2015/16 met 2014/15 en langtermyn.

Maksimum Temperatuur Douglas 01 Oktober tot 05 Februarie 45 40 35 30 25

15

01//10 `03/10 `05/10 `07/10 `09/10 `11/10 `13/10 `15/10 `17/10 `19/10 `21/10 `23/10 `25/10 `27/10 `29/10 `31/10 `02/11 `04/11 `06/11 `08/11 `10/11 `12/11 `14/11 `16/11 `18/11 `20/11 `22/11 `24/11 `26/11 `28/11 `30/11 `02/12 `04/12 `06/12 `08/12 `10/12 `12/12 `14/12 `16/12 `18/12 `20/12 `22/12 `24/12 `26/12 `28/12 `30/12 `01/01 `03/01 `05/01 `07/01 `09/01 `11/01 `13/01 `15/01 `17/01 `19/01 `21/01 `23/01 `25/01 `27/01 `29/01 `31/01 `02/02 `04/02

20

Langtermyn

Tmax 2015

Tmax 2016

Grafiek 2: Douglas se maksimum temperature vergelyk somer 2015/16 met 2014/15 en langtermyn.

Maksimum Temperatuur Hopetown-Lillydale 01 Oktober tot 05 Februarie 45 40 35 30 25 20

10

01//10 `03/10 `05/10 `07/10 `09/10 `11/10 `13/10 `15/10 `17/10 `19/10 `21/10 `23/10 `25/10 `27/10 `29/10 `31/10 `02/11 `04/11 `06/11 `08/11 `10/11 `12/11 `14/11 `16/11 `18/11 `20/11 `22/11 `24/11 `26/11 `28/11 `30/11 `02/12 `04/12 `06/12 `08/12 `10/12 `12/12 `14/12 `16/12 `18/12 `20/12 `22/12 `24/12 `26/12 `28/12 `30/12 `01/01 `03/01 `05/01 `07/01 `09/01 `11/01 `13/01 `15/01 `17/01 `19/01 `21/01 `23/01 `25/01 `27/01 `29/01 `31/01 `02/02 `04/02

15

Langtermyn

Tmax 2015

Tmax 2016

Grafiek 3: Hopetown se maksimum temperature vergelyk somer 2015/16 met 2014/15 en langtermyn.

Maksimum Temperatuur Barkly Wes 01 Oktober tot 05 Februarie 45 40 35 30 25

15

01//10 `03/10 `05/10 `07/10 `09/10 `11/10 `13/10 `15/10 `17/10 `19/10 `21/10 `23/10 `25/10 `27/10 `29/10 `31/10 `02/11 `04/11 `06/11 `08/11 `10/11 `12/11 `14/11 `16/11 `18/11 `20/11 `22/11 `24/11 `26/11 `28/11 `30/11 `02/12 `04/12 `06/12 `08/12 `10/12 `12/12 `14/12 `16/12 `18/12 `20/12 `22/12 `24/12 `26/12 `28/12 `30/12 `01/01 `03/01 `05/01 `07/01 `09/01 `11/01 `13/01 `15/01 `17/01 `19/01 `21/01 `23/01 `25/01 `27/01 `29/01 `31/01 `02/02 `04/02

20

Langtermyn

Tmax 2015

Tmax 2016

Grafiek 4: Barkley Wes se maksimum temperature vergelyk somer 2015/16 met 2014/15 en langtermyn.

18

algemeen beperk tot areas waar hoë humiditeit en temperature die norm is. Nogtans word dit beskou as een van die vernaamste opbrengsbeperkende mieliesiektes wêreldwyd en kan opbrengsverliese van tot 60% tot gevolg hê (Lehmensiek A, 2000). Grysblaarvlek-letsels is 0,5 cm tot 5 cm lank en loop in parallelle lyne al tussen die are af soos op foto 2 (Craven en Kloppers, 2012). Dit word soms verwar met bakteriese blaarstreep en selfs sonbrandsimptome. Dit is daarom belangrik om die regte diagnose te maak voor chemiese bespuitings ten duurste gedoen word. Bakteriese siektes en sonbrand kan met swamdoders beheer word. Volgens PANNAR se mielieproduksiehandleiding is simptome van GBV langwerpige, vuurhoutjie-agtige, ligbruin letsels wat op die blare voorkom. Die letsels is tot die blaar-are beperk. Letsels kan later saamsmelt tot groot nekrotiese areas wat die hele plant ‘n grys voorkoms gee, en vandaar die naam. Die blaarskroei kan tot die afsterwe van al die blare lei (NA, 2016). Dié siekte ontwikkel indien temperature van 20°C tot 30°C, tesame met hoë relatiewe humiditeit, vir ’n aantal dae voorkom (Du Toit, 2016). Let op die gunstige tydperk vir infeksie in grafieke 1-4. Die siekte kan beheer word deur bestande kultivars te plant. Dit kan egter ook relatief maklik met ‘n goeie chemiese spuitprogram beheer word. GBV is uniek tot mielies en ‘n goeie wisselboustelsel kan die siekte inokulum afbring sodat die siekte nie opbou nie (Du Toit M, 2016). Bruinroes Bruinroes word deur die swam Puccinia sorghi veroorsaak. Opbrengsverliese kan tot 32% beloop en op suikermielies tot 50% (Flett en Pato, 2001). Dit staan ook bekend as gewone roes by mielies en word van ander egte roesspesies onderskei op grond van spoorvorm en gasheerspesifisteit. Bruinroes moenie met Polysora-roes (Puccinia polysora) verwar word nie. Laasgenoemde vorm ligtebruin tot kaneelkleurige roespuisies wat oor die hele blaaroppervlak versprei word in teenstelling met bruinroespuisies wat


donkerderbruin is en bande oor die blaar vorm. Polysora-roes kom toenemend voor in Suid-Afrika, veral in die warmer, droër dele en hoewel dit later in die seisoen voorkom, moet die impak daarvan nie onderskat word nie. Hoewel die oesverliese plaaslik nog nie bekend is nie, het die siekte die potensiaal om gewasse selfs vinniger en meer destruktief as bruinroes te beskadig. Bruinroes-simptome op blare is aanvanklik klein ronde tot effens lang, bruin, poeierige roespuisies wat ná die blomstadium swart word. Hierdie puisies kom op albei blaaroppervlaktes voor. Dié simptome kom soms in stroke op die blare bokant die blaarskede voor, vorm ‘n band of afsnydingslaag en laat die hele blaar vrek. Oormatige vergeling en die afsterf van blare en blaarskedes kan plaasvind en blaarverliese meebring (Flett en Pato, 2001). Foto 3 vergelyk Bruinroes en Polysora-roes. Volgens Du Toit (2016) verhoog die voorkoms van die siekte wanneer monokultuur-mielies verbou word. Die swam oorleef en besmet nie mielies vanuit die stoppel nie en die hoofbron van siekte is spore wat deur die wind versprei word. Gunstige klimaatstoestande is temperature tussen 16°C en 25°C, en hoë relatiewe humiditeit vir 'n aantal dae (Du Toit, 2016). Let weer op die tydperk vir gunstige infeksie soos aangedui deur grafieke 1-4. Dié siekte kan beheer word deur gewasse af te wissel sodat die siekte nie opbou nie. Daar is groot verskille tussen mieliebasters ten opsigte van roesweerstand. Basters met bruinroesweerstand sal nie noodwendig weerstand teen Polysora-roes hê nie. Chemiese beheer is ‘n baie effektiewe maatreël in roesbeheer mits die regte produk op die regte tydstip gebruik word. Dit is veral die strobilurien-tipe produkte wat roesswamme vinnig stop. Erwinia (Bakteriese stam- en kelkvrot) Erwinia chrysanthemi pv. zeae is 'n bakterie wat stam- en kelkvrot van mielies veroorsaak. (Sien foto 4 a en b.) Besmettings van tot 30% is al aange-

meld (Janse van Rensburg en Flett, 2014). Kloppers en Tweer (2009) meld dat 80% - 85% besmetting al aangemeld was in die Upington-area. Die bakterie kan in stamreste in die grond oorleef en kan ook in besproeiingswater voorkom. Dit kom ook makliker voor op swak gedreineerde gronde (Janse van Rensburg en Flett, 2014), dit wil sê daar waar water vir lang tye op die oppervlak van die grond versamel (Kloppers en Tweer, 2009). Dit is belangrik om nie plante te beskadig nie aangesien plantwonde wat veroorsaak is deur insekte soos stamboorders, meganiese skade, hael en sterk winde, openinge vir infeksie verskaf. Die siekte kan van een plant na die volgende versprei deur middel van 'n insek wat dit vektor (Kloppers en Tweer, 2009). Hoë temperature (32°C – 35°C) en relatiewe humiditeit bevorder die ontwikkeling van die siekte (Klopper en Tweer, 2009; Janse van Rensburg en Flett, 2014). Vog wat in die kelk versamel as gevolg van oorhoofse besproeiing (veral waar stikstof toegedien is), of oormatige reën of dou, is die hoofoorsaak van kelkvrot. Plaaslike kultivars is nog nie getoets vir vatbaarheid nie (Janse van Rensburg en Flett, 2014). Erwinia word baie moeilik beheer en daar is ook relatief min oor genetiese weerstand en ander beheeropsies bekend. ‘n Geïntegreerde beheerstrategie is hier belangrik, soos deur op goed gedreineerde gronde te plant. Waak teen besproeiing op die warmste tye van dag aangesien water in die kelk versamel en hitteskade kan bakterieë toegang tot die plant gee. Wees versigtig vir hoë stikstoftoedienings. Beheer insekte soos stamboorders en ploeg reste dieper in die grond in (Kloppers en Tweer, 2009; Janse van Rensburg en Flett, 2014). Volgens Kloppers en Tweer (2009) kan die byvoeging van chloor tot besproeiingswater besmetting verminder. Wisselbou Uit bostaande is dit duidelik dat wisselbou 'n groot bydrae kan lewer tydens die beheer van meeste mie-

19


liesiektes. Gewasrotasie (wisselbou) kan gedefiniëer word as 'n stelsel waar verskillende gewasse agtereenvolgend verbou word in 'n definitiewe beplande volgorde op dieselfde land (Alleman, 2006). 'n Gewasrotasiestelsel kan as goed of swak geklassifiseer word op grond van die invloed daarvan op die grondproduktiwiteit of die ekonomiese winsgewendheid daarvan. Mielies lewer 'n beter opbrengs in 'n rotasiestelsel as in 'n monokultuurstelsel (De Koker, 1993). Volgens Arnon (1992) en Alleman (2006) het 'n gewasrotasiestelsel die volgende doelwitte: Behoud en verbetering van grondvrugbaarheid. Verhoed die opbou van peste, onkruide en grondgedraagde siektes. Beheer van gronderosie. Versekering van 'n gebalanseerde werksprogram regdeur die jaar. Versekering van eweredige gebruik van besproeiingswater. Verbetering van die biomassa van grondorganismes. Buigsaamheid om aan te pas by veranderende markomstandighede. 'n Gewas wat 'n ander opvolg in 'n gewasrotasiestelsel, moenie dieselfde effek op die grond hê nie en moet ook sover moontlik nie dieselfde bewerkingspraktyke benodig nie. Die invloed van insekte, plantpatogene, nematodes en onkruide word verminder in 'n gewasrotasiestelsel (Frances & Clegg, 1990). Dit gebeur omdat die reproduktiewe siklusse van hierdie spesie gebreek word, want verskillende spesies word op verskillende gewasse gevind. Daar is egter gewasse wat as gasheer van meer as een patogeen kan dien soos byvoorbeeld Blaarskroei, wat op mielies en sorghum kan voorkom. Die beste praktyk is om grasagtige spesies (byvoorbeeld mielies, koring en sorghum) met breëblaargewasse soos byvoorbeeld sojabone en sonneblomme af te wissel aangesien die patogeenspektrum van dié tipe gewasse die meeste verskil. Onkruide is moeiliker om te beheer omdat sommige onkruide se sade vir

20

jare in die grond kan oorleef. Nog ‘n voordeel van 'n rotasiestelsel is dat die opbouing van weerstand teen spesifieke plaagdoders verminder word aangesien verskillende gewasse verskillende peste huisves en elk met verskillende chemiese middels beheer word. Bedankings PANNAR vir die verskaf van foto's Verwysings Alleman J. (2006). Crop Rotation: Powerpoint presentation for MVL 761 Theme 1 . Bloemfontein, Free State, South Africa: Department of Agronomy, University of the Free State. Arnon I. (1992). Agriculture in dry lands: Principles and Practices. Amsterdam: Elsevier Science Publishers. Craven M. (2012, September). KULTIVARKEUSE en die bestuur van noordelike mielieblaarskroei. SA Graan. Craven M, Kloppers, R. (2012, September). Blaarskade op mielies in die 2011/2012-seisoen…hoeveel daarvan was werklik siektes? SA Graan, pp. 96-98. De Koker E. (1993). The Properties and Importance of Crop Rotation. Honours Seminar. Bloemfontein: Department of Agronomy, University of the Free State. Du Toit M. (2016, January 26). Siektes van mielieplante. Retrieved from landbou.com/.../09f7571e-4fe24b20-a93f-3fc67e8f5.: http://www. monsanto.co.za Flett B.C., Pato P. (2001, Februarie 9). Bruinroes: beheer groot verliese betyds. Landbou weekblad. Janse van Rensburg B. en Flett B. (2014, Maart). Bakteriese stam - en kelkvrot is dié seisoen weer problematies vir mielieprodusente. SA Graan. Kloppers R. en Tweer S. (2009). Maize Diseases: Erwinia Stalk Rot. Pannar

Seed (Pty) Ltd. Lehmensiek A. (2000). Genetic Mapping of Gray Leaf Spot Resistance Genes in Maize. Stellenbosch: University of Stellenbosch. NA. (2016, January 26). Pannar se Mielie Produksie Handleiding. Retrieved from Landbou.com: http:// www.landbou.com/.../00b0d61d2c8e-41ee-a96c-5087fea5... Norris RF, Caswell-Chen EP & Kogan M. (2003). Concepts in Integrated Pest Management. New Jersey: Prentice Hall. Van Staden D. (2001). AFLP and peR markers for the Ht1,Ht2, Ht3 and Htn1 resistance genes in maize. Stellenbosch: University of Stellenbosch.


Versekering Brits van den Berg

Risiko-evaluering belangrik vir akkurate advies

Wanneer ‘n

‘n produsent besoek, is dit van kardinale belang om alle inligting oor die boerdery te kry deur die regte vrae te vra. Ons glo dat geen twee kliënte se finansiële behoeftes dieselfde is nie omdat die risikoprofiel en –bestuurspraktyke verskil, daarom verseker ons dat al die boerderyprosesse en –aktiwiteite in ag geneem word tydens die evaluering. GWK Versekering bepaal dus tydens hierdie besoeke wat die kliënt se eie boerdery insluit en watter ander landbouverwante en nie-landbouverwante aktiwiteite deel uitmaak van die kliënt se portefeulje. Só identifiseer ons die risiko’s terwyl ons die impak daarvan op die kliënt analiseer en prioritiseer. Een van die belangrikste take van ‘n versekeringsadviseur, is om risikobestuur deeglik met kliënte te bespreek en om self saam met die kliënt sy bates te inspekteer. Ons lig graag ‘n paar belangrike raakpunte uit wat tydens hierdie besoeke bespreek moet word. versekeringsadviseur

Boerderybestuurspraktyke Dit is belangrik om vas te stel watter boerderypraktyke toegepas word. Gesonde boerderypraktyke sal risiko’s heelwat verminder, en dus ook die versekeringspremies. Ongesonde boerderypraktyke word nie verseker nie omdat dit verhoed kan word deur goeie bestuur. ‘n Eenvoudige voorbeeld hiervan is om materiaal wat hoogs vlambaar is, gereeld te verwyder of te stoor sodat dit nie onnodige brandgevaar skep nie. Onderhoud en instandhouding Die versekeringsadviseur is verantwoordelik daarvoor om onderhoud en instandhouding deeglik met die kliënt te bespreek, aangesien eise geweier kan word indien die onderhoud nie op standaard was nie. Gereelde onderhoud en instandhouding verlaag die moontlikheid van toerusting of geboue wat breek of skade opdoen. Voorbeelde hiervan sluit in geboue wat nie gereeld opgeknap word nie, spilpunte wat nie ná elke oes gediens word nie en spore wat uitgetrap is wat nie weer opgevul word nie. Gereelde onderhoud beteken minder eise, en dus kan premies daarvolgens afwaarts aangepas word.

Besigheidsprosesse Die manier waarop die kliënt besigheid doen, is van groot waarde vir adviseurs. Brondokumente en verslae kan byvoorbeeld tydens voorraadbeheer gebruik word om werklike skade akkuraat te bepaal. Verstaan risiko Risiko is die moontlike skade wat deur ’n proses, wat reeds aan die gang is, of ’n gebeurtenis wat moontlik in die toekoms kan plaasvind, veroorsaak kan word. Normaalweg word risiko slegs met waarskynlikheid geassosieer, maar tydens ‘n professionele risiko-evaluasie, word heelwat meer faktore oorweeg. Dit bereken die waarskynlikheid en frekwensie van ‘n nadelige gebeurtenis, asook die omvang van die skade. Daarom is dit duidelik dat begrip vir die gevaar van risiko vir enige sake-eienaar baie belangrik is, ongeag die bedryf of industrie. Vermindering van risiko Sake-eienaars is soms onkundig oor hoe om ‘n risiko te vermy. Die oplossing hiervoor is om risiko’s deeglik te ontleed en te bestuur. Risiko’s wat deur die kliënt self gedra word Dit is van uiterste belang om te bepaal watter risiko’s ’n kliënt finansiëel self dra en watter nie. Juis hierom is dit belangrik elke kliënt se risikoprofiel te verstaan en ‘n polis-aanbod daarvolgens kan aanpas. Wanneer al hierdie faktore bespreek en ontleed is, groepeer die versekeringsadviseurs die risiko’s in verskillende versekeringskategorieë en bepaal dan watter risiko’s verseker moet word. Hulle maak ook die nodige aanbevelings en indien nodig, wys hulle die leemtes en risiko’s aan die kliënt uit. GWK Versekering heg baie waarde aan hierdie risiko-ontledings om sodoende saam met die kliënt op produkoplossings te besluit wat sý individuele behoeftes en risikoblootstelling sal dek.

21


Kunsmis Leana Coetzee

Sidi Vloeibaar: Maklik, effektief en aanpasbaar

22


“Die

voordeel van Sidi Parani se vloeibare kunsmis, is dat ‘n mens dit kan toedien soos en waar die behoefte is, terwyl jy deurgaans aanpassings kan maak indien dit nodig sou wees,” sê Gerhard Bruwer, ‘n GWK-produsent, oor hierdie kunsmisproduk. Sidi Parani bied ‘n wye reeks vloeibare kunsmisprodukte wat volgens Cas Prinsloo (Uitvoerende Bestuurder: Sidi Parani) baie goeie kliënteterugvoer ontvang. “Die kunsmisagente wat die skakel tussen Sidi Parani en produsente is, het ook volle vertroue in die produk se gehalte,” sê Prinsloo. Sidi Parani se vloeibare kunsmis hou ‘n rits voordele in, en produsente getuig daarvan. Dié produk is beskikbaar in suspensies, sowel as helder oplossings. Die suspensie-produk bevat plantvoedingstowwe in die oplossing en bevat ook klein voedingstofdeeltjies wat deur ‘n draer in suspensie gehou word. Helder oplossings bevat geen vaste deeltjies nie en die voedingstowwe kom in die totale oplossing voor. Die voedingstowwe in albei hierde produkte stem ooreen met die voedingstowwe in korrelkunsmis. Johan Koster (Bemarkingsbestuurder: Sidi Parani) sluit hierby aan deur ander algemene voordele van Sidi Parani se vloeibare kunsmisreeks te beklemtoon. een grootste

Besparings “Dit is baie minder arbeidsintensief om met vloeibare kunsmis te plant as met korrels,” sê Koster, “en kan die proses met tot 25% bespoedig. Produsente bespaar verder in bergingskoste omdat die kunsmis by die aanleg gemeng word en direk by die toedieningspunt afgelewer word. Omdat dit in tenks vervoer word, het reën geen invloed of skade daarop wanneer dit wel geberg moet word nie.” Bruwer bevestig die besparingsvoordeel van die vloeibare produk en sê dat hoewel daar produkte op die mark beskikbaar is wat goedkoper is wanneer pryse vergelyk word, ‘n mens egter alle bykomende

koste ook moet bereken en dat jy dan uiteindelik koste bespaar met die Sidi-produk. “Vloeibare kunsmis is maklik om toe te dien en verg nie hoë insetkoste nie,” sê hy. “Behalwe dat jy deurlopend aanpassings kan maak om te verseker dat die gewasse die nodige voedingstowwe kry en tekorte kan aanspreek waar nodig, skakel die produk ook foute in jou toerusting uit. Sidi se vloeibare kunsmis is oor die jare al só verbeter dat daar nie verwering op jou spilpunte plaasvind nie. Ek vind ook dat my werkers baie minder moeilikheid daarmee ervaar.” Prinsloo noem dat sedert Sidi Parani se ontstaan, die vloeibare sowel as korrelprodukte deurgaans getoets en verbeter is. Die aanleg beskik oor die nuutste tegnologie waarmee produksie gemonitor word en die kunsmis beweeg deur ‘n multifase-filtreerproses om werklik die skoonste, hoogste gehalte produk te waarborg. Effektiwiteit van kunsmis word al hoe belangriker met die skuif na tegnologiese boerdery en bestuurspraktyke in die landbou, daarom maak dié aanleg gebruik van deurlopende toetse in hul laboratorium. Nie beperk tot spesifieke gewasse Produsente verkeer soms onder die indruk dat vloeibare kunsmis vir slegs sekere hoofstroomgewasse gebruik word, maar Reg Meintjies, agent vir

Sidi Parani, noem dat verskeie produsente waarvoor hy verantwoordelik is, dit ook suksesvol gebruik op gewasse soos lusern, aartappels, katoen, grondbone, uie en pekanneute. Sidi Parani se kunsmisverspreiding word hoofsaaklik behartig deur agente vir die maatskappy, daarom is dit belangrik dat die agente ook vertroue het in die produkte en kundig is oor alle gewasse om moontlike tekortsimptome te kan identifiseer. Anton van Wyk, GWK-produsent van Douglas, is al vir jare Meintjies se kliënt en vertrou dié agent se aanbevelings volkome. Hy boer grootliks met lusern en sê dat die verhouding tussen kunsmisagente en kliënte van groot waarde is. “Ek sê altyd dat jy nie jou ore aan enigiemand moet uitleen nie. Ek vertrou vir Reg omdat my opbrengs die resultate toon,” sê Van Wyk. “Ons het ‘n jarelange vertrouensverhouding omdat hy my oordeelkundig ondersteun en adviseer tydens kunsmistoediening – die voortbestaan van ‘n boerdery berus immers daarop.” Van Wyk is dit eens dat Sidi Parani se vloeibare kunsmis maklik is om te gebruik, terwyl dit ook baie effektief is. Soos Bruwer, sê hy dat Meintjies meer as een maal per week saam met hom sy lande besoek en dat dit nóg ‘n oog is wat moontlike probleme kan raaksien en dit dan aanspreek. Sidi

Johan Koster, Gerhard Bruwer, Reg Meintjies en Cas Prinsloo

23


Parani werk ook baie nou saam met die GWK Presisieboerdery- en Navorsingspan, wat beteken dat navorsing en analises deeglik gedoen word om kunsmistoediening te ondersteun en ingeligte, feitgebaseerde aanbevelings word dan gemaak. “Alle gewasse onder alle omstandighede trek dieselfde voordeel uit die tegnologie van vloeibare kunsmis,” sê van Wyk.

Gerhard Bruwer wys hoe mieliekoppe tot op die punt bestuif is.

Anton van Wyk en sy vrou, Cindy, in die lusernland.

Jot Human en Frank Lawrence

24

Opbrengs Van Wyk sê verder dat sy vertroue in Sidi Parani se vloeibare kunsmis direk gekoppel is aan die resultate van sy oeste. Nog ‘n produsent wat hiervan oortuig is, is Frank Lawrence, voorsitter van die GWK Direksie. Hy maak gebruik van vloeibare kunsmis sedert 1981 en het al die resultate daarvan getoets in terme van koste en opbrengs. “Dit is belangrik om jou gewasse se behoeftes te identifiseer en kunsmis daarvolgens aan te pas,” sê Lawrence. “Deur korrel- en vloeibare kunsmis af te wissel met die regte tydsbestuur, kan jy beter opbrengste verseker. My persoonlike mening is dat ‘n produsent domastrant is wanneer hy dit nié doen nie.” Lawrence gebruik Sidi Parani se vloeibare produk op al sy gewasse en Jot Human, sy plaasbestuurder, stem saam oor die voordele daarvan. Human sê dat die vryheid om tydige aanpassings in die samestelling van die kunsmis te maak, veral voordelig is vir gewasse wat geplant is op die arm sandgronde van die Noord-Kaap. Lawrence en Human sê verder dat die loging en vaslegging van die grond ook baie beter bestuur kan word. Vloeibare kunsmistoediening vereis noukeurige beplanning en bestuurspraktyke. Sidi Parani, tesame met die agente, ondersteun produsente in advies en besluitneming. Agente vir Sidi Parani diens onder meer die Noord-Kaap, Vrystaat, Noordwes en dele van Mpumalanga, KwaZuluNatal, Limpopo en die Oos-Kaap. Vir enige navrae of meer inligting oor die produkreeks, kontak vir Johan Koster by 053 298 2207 of 072 621 3597.


Douglas Kobie Greyvensteyn Uitvoerende Bestuurder Tel: 053 298 8391 Douglas Johannes Celliers Admin Tel: 053 298 8200 Douglas Cobus Horn Bemarkingskantore Tel: 053 298 8200 Douglas Alice Kemp Tradisionele gebiede Tel: 053 298 8200 Douglas Paul Greyvensteyn Veilings en Vleisbedrywe Tel: 053 298 8200

Finansiering wat jou help om grense te verskuif.

Douglas Robert Twigge Kredietbestuurder Tel: 053 298 8200

GWK Finansiering

Douglas Rita Page Kredietkontroleur Tel: 053 298 8200 Douglas Li-Mari Botha Kopers & Nie-Lede Tel: 053 298 8200 Douglas David van der Westhuizen Langtermyn Tel: 053 298 8365 Vaalharts Veronica Stevens Perseel 320 Tel: 053 456 0293 Hopetown Christoff Koekemoer Industriëleweg Tel: 053 203 0865 Kimberley Fred Louw Kaapstadweg Tel: 053 831 2796 Luckhoff/Hopetown Karen Kruger Voortrekkerstraat Tel: 053 206 0071 Modderrivier Chris van Wyk Stasiestraat Tel: 053 581 0112 Mooirivier James Louw 19 Alexander Terrace Tel: 087 820 4606 Prieska Koos Slabbert Loots Boulevard Tel: 053 353 1151 Cradock James Louw Frere Straat 83 Tel: 087 820 4606 Ficksburg Lydia Harmse Plaas Tattenham Tel: 051 250 4167 Christiana Cassie Aspeling Koöperasie Straat Tel: 053 441 2231

Terwyl jy voortgaan om as ‘n skakel in die onbreekbare ketting van voedselvoorsiening ‘n positiewe verskil in landbou te maak, ontdek ons nuwe, innoverende finansieringsoplossings om jou te ondersteun. Kontak die GWK Finansieringspan.

25


Aartappels Leana Coetzee

Ernst Yzel en André Coetzee oorhandig die toekenning en GWK Brandewyn aan Van Der Spuy Botes

Ernst Yzel gesels oor Van Der Spuy Botes se toekenning

Neigings in aartappelmark onder bespreking Afgesien van belangrike inligting oor markneigings, navorsing, produksie en bemarking wat bespreek is tydens die Noord- en Oos-Kaap Moerkweker- en Gebiedsbestuurvergadering, is dié geleentheid ook spesiaal gemaak deur die verering van een van GWK se aartappelprodusente. Die vergadering is op 10 Februarie by Broadwater naby Douglas gehou deur Aartappels Suid-Afrika (ASA) en is afgesluit met ‘n geselligheid waar Van Der Spuy Botes van Douglas ‘n spesiale toekenning

26

ontvang het. Die Solanum Tuberorumtoekenning word deur ASA toegeken aan persone wat oor ‘n lang tydperk ‘n uitsonderlike bydrae tot die aartappelbedryf gelewer het. André Coetzee (Bedryfshoof: Aartappels) sê dat GWK Aartappels en NoordKaapse aartappelprodusente baie dankbaar is vir Botes se bydrae. “Botes is ‘n GWK-moerkweker wat meer as 14 dae per jaar opgeoffer het om aartappelprodusente van die Noord-Kaap op verskeie komitees te verteenwoordig,” sê


Lede van ASA, GWK-personeellede en GWK-produsente kuier saam ná die vergadering

Coetzee. “Daar het baie verandering in die bedryf plaasgevind oor die afgelope 20 jaar en ons waardeer sy betrokkenheid ongelooflik baie.” Tydens die oorhandiging het Ernst Yzel opgemerk dat dit wel moontlik is om “té nederig” te wees en dat Botes só ‘n persoon is. “Ons moes eintlik hierdie toekenning lank gelede al aan Van Der Spuy gemaak het, maar het eers onlangs sy CV ontvang waarin ons sy indrukwekkende bydrae tot die aartappelbedryf raakgesien het,” het Yzel aan die bywoners gesê. “Van Der Spuy is genader om een van ons konferensiedae te open en só het ons sy CV onder oë gekry. Hy is ‘n baie waardige ontvanger van die toekenning en moenie té nederig wees oor die erkenning wat hy verdien nie.” Tydens die vergadering wat die middag plaasgevind het, is navorsing in die bedryf bespreek wat verskeie navorsingsprojekte oor aartap-

pelsiektes insluit. Die voorkoms en inligting oor siektes soos spleetskurf, bakteriese verwelk, silwerskurf (swartspikkel), tamatieblaarmyner, aartappelblaarmyner en aartappelmot was onder meer onder bespreking. Wat aartappelproduksie betref, is die invloede van die huidige ekonomie, die droogte en warm toestande op die bedryf ook aangeraak. Die realiteite van die afgelope twee jaar wat ‘n rol speel, sluit in die lae ekonomiese groei, wisselvallige ekonomie, hoë inflasie en die hoë werkloosheidsyfer lei daartoe dat die gemiddelde weeklikse aartappelprys die hoogste ooit bereik het, terwyl aandele die laagtepunt sedert 2009 bereik het. Volgens ASA was die markpryse van aartappels onder geweldige druk gedurende 2015 weens bogenoemde faktore, asook die rekordvolumes aartappels wat in die verbruikersmark verkoop is. Coetzee sê ver-

der dat die seisoen uitdagings inhou omdat vroeë aanplantings moontlik hitteskade kon opdoen en omdat die veranderende klimaat ook struikelblokke kan inhou. Hy voorspel egter dat die tafelprys van aartappels sal verbeter en dat die prysveranderinge moontlik die sleutel sal wees tot die sukses van die bedryf. GWK Aartappels se reeks eksklusiewe kultivars presteer in verskeie areas en omstandighede en groei maandeliks in gewildheid. Gedurende Maart sal hierdie besigheid ook gasheer speel vir ‘n besoek van UNECE (United Nations Economic Commission for Europe) – ‘n eerste vir ‘n forum wat hul jaarlikse byeenkomste in Geneva, Switserland, aanbied. Die vooruitgang van GWK Aartappels in moeilike landbou-omstandighede is ‘n voorbeeld van innovering en die dryf om deurlopend nuwe, beter oplossings vir produsente te vind.

27


Presisieboerdery en Produksienavorsing Bertus Jacobs

Green Snap

Bestuur om skade te beperk “Green Snap” by mielies is 'n toestand wat veroorsaak word wanneer vinniggroeiende stamme gebreek word deur sterk winde. Tydens hierdie vinniggroeiende periode is selwande baie sensitief en stamweefsel staan 'n groter kans om te breek in vergelyking met ander groeistadiums. Dit is baie belangrik om ingelig te wees oor die moontlikheid en voorkoms hiervan, om sodoende voorkomend of regstellend te kan optree wanneer dit wel voorkom. Wat veroorsaak “Green Snap”? Die tyd en snelheid van winde, tesame met die kultivar, is die hoofoorsaak van “Green Snap”. Sterk winde gedurende koel oggendure sal groter skade by plante veroorsaak as winde op tye van die dag wanneer dit die warmste is. Toestande wat verantwoordelik is vir vinnige, skielike groei, sal die voorkoms van “Green snap” verhoog. Sommige van hierdie toestande sluit in genoegsame stikstof, hoë temperature, goeie grondvogtoestande en die gebruik van groeihormoon-onkruiddoders soos 2,4 D, dicamba en chlopyralid.

Simptome van Green Snap op mielies

28

Wanneer kom “Green Snap” voor? Gedurende die plant se vegetatiewe groeistadium, is vinniggroeiende internodes soms bros en vatbaar vir breek. Die twee mees algemene periodes vir voorkoms, is groeistadiums V5 tot V8 en V12 tot R1 (wat omtrent twee weke voor pluim is, net ná baardstoot). Vinnige, skielike groei beteken dat selwande dunner word

en dan meer vatbaar is vir breek. Wanneer plante volgroeid is, versterk plantselle en is daar 'n afname in die voorkoms van “Green snap”. Hoe bestuur jy “Green Snap”? Plant jaarliks meer as een kultivar om risiko’s te versprei. Bestuur die toedieningstyd van groei-regulerende onkruiddoders. Lees die etiket deeglik en volg die instruksies! Konvensionele bewerkingspraktyke (brand en plant) kan grondtemperature vinniger laat verwarm wat groei stimuleer. Dit kan dus die voorkoms van “Green Snap” vererger in vergelyking met geenbewerkingspraktyke. Hoë organiese materiaalinhoud in gronde kan die voorkoms van “Green Snap” verhoog. Plantdiepte is baie belangrik. Wanneer te vlak geplant word, kan die voorkoms van “Green Snap” ook verhoog. Die bes bestuurde lande is volgens Amerikaanse literatuur die vatbaarste vir “Green Snap”. Mielies wat sojabone (en moontlik dan ook lusern en grondbone) opvolg, is meer vatbaar vir “Green Snap” as gevolg van weliger en vinniger groei. Landerye met 'n baie hoë plantestand is meer vatbaar vir die voorkoms van “Green Snap”. Vir meer inligting oor hierdie toestand en die bestuur daarvan, skakel gerus vir Bertus Jacobs by 053 298 8413.


Hier kan Green Snap op mielies duidelik waargeneem word

Dit is tyd vir Winterlek Van herfs tot vroeg somer kan jou kudde ‘n verskeidenheid SA Feed Phosphates proteïenaanvullings geniet. • • • •

Beeslek 42 (vroeg winter) Bees & Skaap Winterlek (middel winter tot dit reën) Volledige Skaaplek (deur die jaar) Skaaplekkonsentraat (vir ‘n verskeidenheid voermengsels)

Ons produkte verseker jou kudde se liggaamsonderhoud asook die reproduksiedoeltreffendheid van teeldiere. Vir verdere navrae, skakel ons gerus by (053) 441-3300 of stuur ‘n e-pos na info@safp.co.za.

29


Presisieboerdery en Produksienavorsing De Bruyn Myburgh

Ameliorante beïnvloed infiltrasie van water in grond

30

deur 'n proses genaamd flokulasie. Flokulasie bevorder waterinfiltrasie en dreinering en verhoed korsvorming op die oppervlak. Die dominante grondkatione wat in medium tot hoë pH-gronde voorkom, is Na+, K+ (wat monovalente katione genoem word) en Mg 2+ en Ca 2+ (wat divalente katione genoem word). Elk van die katione het ‘n flokuleringseienskap wat bepaal word deur hul molekulêre grootte en lading. Soos gesien in tabel 1, is Na die katioon met die kleinste flokulasie-eienskap tewyl Ca die grooste flokulasie-eienskap het. Kalsium help met die stabilisering van grond-aggregate en bevorder nie noodwendig net gronde se chemie en fisiese eienskappe nie. Kalsiumbronne wat onder medium tot hoë pH-gronde die beste resultate lewer, is gips (CaSO4), soos bewys in ‘n vorige artikel in Kommuniek. (Laboratorium-ondersoek na die doeltreffenheid van gips en kalk om natrium en magnesium uit die grond Sanderige Leem Infiltrasietempo (cm/h)

Die tempo van waterinfiltrasie in die grond onder besproeiingstoestande is een van die mees belangrike grondeienskappe wat ‘n invloed het op die optimale groei van plante. Die definisie van infiltrasie word beskryf as die proses waar water die grond binnedring deur ‘n afwaartse vloei deur die hele profiel. Indien die grondprofiel droog is, sal aanvankilke infiltrasie van water teen ‘n hoë tempo plaasvind. Soos die profiel versadig raak, neem die infiltrasietempo geleidelik af. Watervloei (of hidroliese geleiding) in die profiel vind plaas van ‘n hoë konsentrasie na ‘n lae konsentrasie. Met ander woorde, water beweeg van dele met min stuurstofgevulde porieë (nat grond) na dele met baie suurstofgevulde porieë (droë grond). Wanneer alle lae van die grondprofiel versadig is, sal die water die grond infiltreer teen ‘n konstante tempo. Hierdie tempo word die versadigde vloeitempo genoem en word in milliemeter per uur (mm/h) gemeet. In grafiek 1 word die proses grafies uitgebeeld en word die effek van deeltjiegrootte (van gronddeeltjies) duidelik gesien. Grond-aggregate en aggregaatstabiliteit is die primêre boustene van goeie grondstruktuur. Water, lug en plantwortels beweeg maklik tussen grond-aggregate, omdat daar relatiewe groot porieë tussen aggregate voorkom. Die vorming van stabiele grond-aggregate word bevorder

4 3.5 3 2.5 2 1.5 1 0.5 0

1

Grafiek 1

4

8

te verplaas en uit te loog – Maart 2015 bl. 31-35). Verdigting in grond kan veroorsaak dat die grond vinniger gedwing word tot sy konstante infiltrasietempo, omdat die profiel se grootte in diepte beperk word. Verdigting in ‘n grond is wanneer daar ‘n laag in die grond voorkom waar deeltjie baie dig teen mekaar gepak is. Dus is daar min makroporieë of suurstofgevulde spasies in die verdigte laag en die vloei van water in dié laag is baie stadig. ‘n Diep bewerking van grond skep dus ‘n egalige verspreiding van gronddeeltjies in die grondprofiel wat help met die vloei van water van een horison na ‘n ander. Grafiek 2 illustreer die effek van bewerking op die grond se infiltrasietempo. Daar kan gesien word dat die aanvanklike infiltrasie van die twee bewerkingsmetodes grootliks verskil en kan dus afgelei word dat die vlak bewerkte grond vinniger versuip kan raak in vergelyking met die dieper bewerking. Deur slegs gronde Klei Leem

Leem

12 16 Tyd in ure

20

24

28


dieper te bewerk of gronde te bewerk wat wel verdigte lae het, gee jou alreeds ‘n voordeel in die infiltrasietempo van jou grond. Gevallestudie In ‘n studie wat gedoen is op ‘n tipiese geel sandgrond (fyn tekstuur) langs die Oranjerivier, is gefokus op die verbetering van infiltrasietempo deur twee moontlike ameliorante (grondverbeteringsmiddels) te toets en terselftertyd ‘n diep bewerking te doen. Die ameliorante is uitgestrooi op afsonderlike plotte, waarna ‘n diep bewerking gevolg het. Die proef-area is gedoen in ‘n verdeelde perseelontwerp. Die oppervlakte is gelyk gemaak soos ná ‘n saadbedbewerking. Hierna is van die dubbelring-tegniek gebruik gemaak om infiltrasie te meet. In die studie was bewerking en kalsiumtoedienings gekombineer. Kalsiumbronne wat gebruik was, is kalk en gips. In die grafiek kan gesien word dat die gipsbehandeling saam met diep bewerking die beste resultate getoon het in die aanvanklike infiltrasietempo en dat kalkbehandeling saam met die diep bewerking geen verbetering getoon het in die aanvanklike infiltrasietempo nie.

Loon

Chemiese simbool

Natrium

Na+

Relatiewe Flokulerings krag 1

Kalium

K+

1.7

Magnesium

Mg2+

27

Kalsium

Ca2+

43

Tabel 1: Flokuleringseienskappe van Katione (Rengasamy and Sumner, 1998)

Infiltrasie (mm)

Die vergelyking van diep bewerkings vs vlak bewerkings se infiltrasie tempo oor tyd van 'n sandleem grond 50 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0

30

60

90

120

150

180

210

240

Tyd (min) Diep Bewerking (Kontrole)

Vlak Bewerking (Kontrole)

Grafiek 2

Die invloed van Kalk en Gips op die infiltrasie tempo van 'n diep bewerkte sandleem grond 60

Infiltrasie (mm)

50 40 30 20 10

Gevolgtrekking Diep bewerking (“rip”) is die eerste stap in die regte rigting om infiltrasie te verbeter indien daar verdigte lae in die grondprofiel voorkom. Regoor die GWK-gebied word baie goeie resultate hiermee verkry. In die proewe wat gedoen is, het die toediening van kalsium (in die vorm van gips) ‘n invloed op die aanvanklike infiltrasietempo van die grond gehad, terwyl die toediening van kalk geen effek

0 30

60

90

120

150

180

210

240

Tyd (min) Diep Bewerking (Kontrole)

Klak+Diep Bewerking

gehad het nie. Die eienskappe van die kalsiumbron (gips) moet bepaal word deur ‘n grondontleding voordat die hoeveelheid wat toegedien word, aanbeveel kan word. Verskillende gronde het verskillende kalsiumbehoeftes om aggregaatstabiliteit

Gips+Diep Bewerking

te verseker. Wees dus oordeelkundig wanneer kalsiumtoedienings oorweeg word en hou in gedagte dat dit ‘n sout is wat beslis ‘n groot invloed op die elektriese geleiding van grond tot gevolg kan hê.

Ammonium Asetaat Elstrak Monster no

Lab no

pH(KCI)

K

P(Bray1) mg kg-1

cmol kg-1

Ca mg kg-1

cmol kg-1

Mg

mg kg-1

cmol kg-1

Na

mg kg-1

cmol kg-1

mg kg-1

KUK

UNP

KUK/100g klei

cmol kg-1

%

cmol kg-1

L5-1 Kors

M978

5.0

57

0.869

339

8.658

1732

3.883

470

0.258

59

9.34

1.71

124.23

L5-1 Kors

M979

5.2

41

0.412

161

9.687

1937

3.939

477

0.237

55

8.92

1.90

117.39

L5-1 Kors

M980

5.8

37

0.173

67

9.924

1985

3.736

452

0.268

62

8.14

2.58

162.91

L5-1 Kors

M981

5.4

56

1.043

407

8.660

1732

4.134

500

0.330

76

8.01

2.17

105.83

L5-1 Kors

M982

5.1

50

0.411

160

9.178

1836

3.817

462

0.197

45

8.46

1.76

108.49

L5-1 Kors

M983

6.1

27

0.176

69

10.369

2047

3.635

440

0.232

53

9.16

2.02

186.78

Gevallestudie

31


Veilings Leana Coetzee

Veiling laat rekords spat Op 18 Februarie is die dertigste produksieveiling op die plaas Dombietersfontein naby Victoria-Wes aangebied deur Konsortium-Merino en GWK Veilings.

Sedert

in 2015 gesluit is, is verskeie suksesvolle veilings saam aangebied en Willie Meyer (Uitvoerende Bestuurder: Veilings en Eiendomme) sê dat hulle trots en opgewonde is oor hulle verbintenis met Konsortium-Merino. “Voertuie van regoor die land was te bespeur op die Dombietersfontein-werf,” sê Meyer. “Van Mpumalanga, Kalahari (Van Zylrus), Suid- en Wes Kaap – ‘n duidelike teken van die belangstelling in Konsortium se aanbod. Die gehalte van die ramme en ooie was weereens uitstekend, veral met die laaste paar maande se moeilike omstandighede.” Madelaine van Heerden van Konsortium Merino sluit hierby aan. “Die Februarie-veiling was great!,” sê sy. “As ons die rimpel-effek van die droogte in Suid-Afrika in ag neem, kan ons amper nie glo dat dit so

32

hierdie

vennootskap

goed gegaan het nie.” Van Heerden sê verder dat die vorige hoogste prys vir ‘n Merino-ram, op hierdie veiling gesneuwel het. Jacques Strydom Boerdery van Bloemfontein en Hennie van Heerden van Jasfontein, Victoria-Wes, het saamgespan en R80 000 vir ‘n Poenskopram betaal. Dit is die duurste ram wat nóg op ‘n Konsortium-Merinoveiling verkoop is. Die vorige hoogste prys was R60 000 in September 2013. Die naashoogste prys wat op die veiling behaal is, was R36 000. Die koper is Mikneiah-boerdery van Johan en Roelof Theron van Murraysburg. Al 337 Konsortium-ramme het teen ‘n gemiddelde prys van R6 151 baas gekry. Die top 162 ramme, op die “Geraas”-veiling in die skeerhok, is teen R8 065 stuk verkoop en die 175 kudderamme, op die “Stil”-veiling, het ‘n gemiddeld van R4 415 behaal.

Die 440 ooie op die veiling het ‘n gemiddelde prys van R1 495 behaal, waarvan die hoogste prys R2 150 per ooi was vir ‘n groep dragtige handelsmerkooie. Andries du Raan van Langford, Hopetown, het hierdie groep aangeskaf. Meyer sê dat die allemintige omset van meer as R2 miljoen op die veiling, skitter in ‘n tyd waarin veeprodusente deur droogtetoestande geteister word. “Tydens my reis die vorige dag van Bloemfontein af, was die weer amper net so wisselvallig soos my gemoed oor hoe hierdie veiling sou verloop,” sê Meyer. “Van kurkdroog tot harde donderbuie wat ons plek-plek van die pad gedwing het, met groot droë dele terwyl ander dele van die Karoo lowergroen is, kan hierdie voorwaar beskryf word as ‘n lowergroen Konsortium-veiling.”


Jacques Strydom Boerdery van Bloemfontein en Hennie van Heerden, Jasfontein, VictoriaWes, het die topprys betaal. Agter van links staan Willie Meyer, Gerio du Plessis (KonsortiumMerinoteler), Nicolene van Heerden van Jasfontein-boerdery, Marica Strydom van Jacques Strydom Boerdery en Jakkie Nel, afslaer. Thulane Tatebane hanteer die ram.

Hierdie ram is vir die naashoogste prys van R36 000 die produksieveiling verkoop. Van links staan Clarence Friskin (uitvoerende hoof van Segard Masurel, Port Elizabeth), Koos Visagie (GWK Veilings), Roelof en Johan Theron (kopers van Mikneiah-boerdery, Murraysburg) en Gerio du Plessis (Konsortium-Merinoteler). Breyten Tulpies hanteer die ram.

33


OOR BRAAIPAP EN BAARDE

Maartmaand is Baardmaand en die 100% Braaipap-projekspan het dit goedgedink om ‘n meelsakkie-reeks te ontwerp om daarby in te skakel. Wanneer jy oor baarde praat, is die gewilde Buffelsfontein Baardolie dadelik deel van die onderwerp en die opgewondenheid was groot toe die span instem om deel te neem aan ons projek. Ek gesels met Meyer le Roux, een van die meesterbreine agter die Baardolie-projek en die skepper van die boodskappe wat agter op diĂŠ reeks meelsakke verskyn. 34


GWK Farm Foods Leana Coetzee

Leana: Vertel ons meer oor Meyer en die Baardolie-span. Meyer: Ek en my vennoot, Mark Eybers, het altwee baarde gehad en ek het ‘n ander maatskappy se olie gebruik. Mark het niks van die olie gehou nie en het besluit om sy eie te begin maak. Perfeksionis wat hy is, het hy ná so twee maande se navorsing en ‘n gemengery van epiese proporsies, met ‘n produk vorendag gekom wat vir ons baie beter gewerk het as enigiets anders op die mark. Ek het toe voorgestel dat ons ‘n webblad skep en dit daarop verkoop. Een aand tydens ‘n kuier, het ek vir Adam Tas vertel van ons nuwe besigheid en hy het voorgestel dat ons ‘n advertensie skiet. Wat ons ook toe sommer dadelik, net daar in sy sitkamer, gedoen het. Die dag ná die video gepubliseer is, is ons toegegooi onder die bestellings en die res is geskiedenis. L: Wanneer was dit? M: Seker so ses maande terug.

L: Wat dink jy van ons 100% Braaipap? M: Ek dink dis ’n wonderlike geleentheid om mooi Afrikaans op ’n pret manier na baie mense te neem. Boonop is dit nog vrek lekker ook. Ek hou veral van die ougat sakkies waarin julle dit verpak. L: En van die idee dat ons en julle ‘n reeks saam doen? M: Ons groot mark is Afrikaans en baie van hulle is boere, so dit pas by mekaar soos boude. Vreemd genoeg is 60% van ons kliënte dames wat ons produkte vir hulle mans koop. Ek is seker dat dit met die pap ook gaan gebeur, sodat die mans vir ’n slag die pot moet roer. L: Gaan jy bietjie by ons in die NoordKaap kom kuier en met die manne oor behoorlike baardsorg gesels? M: Ons is op die oomblik so besig dat ek nie weet wat kruis of munt is nie, maar ek sal my bes probeer om daar uit te kom.

L: Ons is ‘n maatskappy wat staan vir die landbou. Ons doelwit is om elke dag te innoveer en nuwe moontlikhede te ontdek om dit vir ons produsente makliker te maak om kos aan die wêreld te voorsien. Hoe vereenselwig die Baardolie-span daarmee? M: Vir ons is die belangrikste bedryf in die land, die landbou. ‘n Mens kan nog sonder boontjietellers en spietkops lewe, maar sonder kos gaan jy swaar trek. L: Gee vir ons so twee man-wenke. M: Respekteer dames en hou op skeer. L: Wat is die heel beste “pick up line” om ‘n meisie te laat swymel? M: As sy jou baard bewonder: “Jammer juffie, my oë is hier bo.”

Die 100% Braaipap-ontwerpe vir Maart:

35


Familieondersteuning noodsaaklik vir sukses

Pieter van den Berg is in 2015 as GWK se Witmielieprodusent van die Jaar (vir minder as 500 hektaar) aangewys. “Dié toekenning beteken ongelooflik baie vir my, dit laat ‘n mens goed voel. Dit is harde werk, maar die erkenning laat ‘n mens net besef jy doen iets reg. Ek dink dit is baie goed van GWK dat hulle so ‘n geleentheid skep en die produsente raaksien en vereer. Hopelik, ás dit weer reën, kan ek weer in aanmerking kom,” sê Van den Berg oor die prestasie. Van den Berg boer in die Hertzogville-omgewing met mielies, sonneblom, skape en ook ‘n melkery-besigheid. “GWK speel ‘n belangrike rol in my boerdery. Ek plant net witmielies en met die hulp van GWK se proewe kon ek bepaal dat dit baie beter by ons aard as geelmielies. Ek kry ook by GWK Farm Foods ‘n goeie prys daarvoor, so wat witmielies betref, is GWK ‘n baie groot deel van my boerdery.” Die droogte is natuurlik op die oomblik ‘n groot realiteit in ons land, maar Van den Berg is steeds positief oor die toekoms in landbou. “Al is dit moeilik om positief te wees, glo ek steeds dit is die beste bedryf om in te wees. As ons goeie reënval kan kry, is die toekoms nog rooskleurig. Ek is nie te veel bekommerd oor die politiek nie. As produsent moet jy ekonomies gedrewe wees, indien dit reën. Bemarking en reën is op die oomblik die twee grootste uitdagings vir produsente.” Goeie en deurlopende ondersteuning van jou gesin is ‘n aspek waarsonder Van den Berg nie sy sukses kon behaal nie. “My gesin hou my positief. My vrou ondersteun my met die finansies en daarom is dit noodsaaklik vir jou en jou vrou om as ‘n span saam te werk. Jy kry advies by verskeie kenners, maar neem altyd besluite saam met jou vrou. Jou kinders moet jou ook ondersteun en weet waaroor die boerdery gaan. Dit is lekker as hulle saam met jou leef en elke aspek van die boer-

36

GWK Icons Tania Fourie

dery ervaar.” Van den Berg se vrou, Tracy, is ‘n onderwyseres en hulle het drie dogters, Rochelle (19) wat tans studeer aan die Universiteit van die Vrystaat, René (16) en Taryn (11). Vir ontspanning is Van den Berg baie lief vir jag en om betrokke te wees in die gemeenskap. “Ek is die ondervoorsitter van die Cheetah Jagtersvereniging en dit is vir my lekker dat my dogters ook my liefde vir skiet deel.” Van den Berg het vir 12 jaar op die privaatskool in Hertzogville se beheerraad gedien en is altyd bereid om mense in die gemeenskap te help. “Ek het grootgeword op die plaas en ek het al van kleins af ‘n groot liefde vir die boerdery. My liefde het net al hoe groter geraak vir saaiery, lande en die grond. As Christen is dit my passie om die land te kan bewerk en alles wat die Here geskep het te kan beleef. Dit is regtig ‘n voorreg en so bevredigend om die resultate van jou handewerk te kan sien.” Volgens Van den Berg moet mens net altyd nederig bly as dit met jou goed gaan en ten alle tye dankbaar wees. “As jy dit só sien, sal jy altyd voorspoedig wees.”


Vorentoe met deursettingsvermoë en doelgerigtheid John Leukes (Senior Interne

Ons Spesialiste Leana Coetzee

Ouditeur) is oortuig dat deursettingsvermoë die sleutel is tot ‘n suksesvolle loopbaan. “Robin Sharma het gesê ‘it’s not the most talented who wins, it’s the most relentless who does’, en ek rig my loopbaan volgens daardie woorde,” sê Leukes. Hierdie doelgerigte senior interne ouditeur werk sedert 2011 met passie daaraan om te groei in GWK deur vir homself doelwitte te stel en te verseker dat hy dit bereik. “Ek het in 2011 ‘n paar dae ná ek my laaste universiteitseksamen geskryf het, by GWK begin werk as Leerling Interne Ouditeur omdat ek ‘n GWK-beurs ontvang het,” sê hy. “Al was oudit nie ‘n loopbaanrigting wat ek ondersoek het nie, is ek bitter dankbaar vir die geleentheid wat ek gekry het – ek hou báie van my werk.” Leukes het sy kwalifikasie in B. Com. Finansiële Bestuur verwerf aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy het ná matriek elke studievakansie gebruik om vakansiewerk by GWK te doen, meestal in die finansiële afdelings. “Ek het baie vrae gevra. Dit beteken dat ek bekend geraak het met die besigheidskultuur en daarom baie maklik ingeskakel het toe ek permanent hier begin werk.” Gebore in Douglas, het Leukes ook sy skoolloopbaan aan Hoërskool Douglas voltooi. Daarna het hy ingeskryf vir B. Com. Regte by Kovsies,

maar in sy tweedejaar sy studierigting na Finansiële Bestuur verander. “My morele waardes is die maatstaf waaraan ek alles meet,” sê hy. “Ek het besef dat ‘n mens in die regsbedryf soms baie moeilike besluite gaan moet maak waarmee jy nie noodwendig saamstem nie en dit sou vir my te moeilik wees. Integriteit is vir my bitter belangrik.” Leukes is ‘n sportliefhebber wat jaarliks aan die GWK Sokkertoernooi deelneem en sê hy wens hy het meer tyd gehad om sporte soos rugby en krieket te beoefen. Hy is wel ‘n kranige drawwer en mik daarna om binnekort die Two Oceans Marathon te hardloop. By GWK is Leukes deel van die span wat daarvoor verantwoordelik is dat die besigheidsprosesse en –praktyke op die regte manier uitgevoer word. Hierdeur word die maatskappy se risiko’s bestuur en beheer. “Risiko’s is soos energie. Dit sal áltyd daar wees, maar deur dit te identifiseer en reg te bestuur, maak jy die gevaar vir enige maatskappy soveel laer,” sê Leukes. “In ons bedryf is dit belangrik om die besigheid en sy mense baie goed te leer ken en te weet hoe die besighede se prosesse van mekaar verskil. Ons hou dan kontrole van hierdie prosesse en maak voorstelle vir die verbetering daarvan.” Leukes sê dat die manier waarop GWK se bestuur inkoop by die ouditspan se voorstelle, hom baie opgewonde maak. Só verseker hulle dat die maatskappy se besigheidsaktiwiteite deurgaans verbeter word.

37


Connect Leana Coetzee

Kliëntediens onlosmaaklik deel van elke dag se werk GWK se CONNECT -veldtog is gebou op drie fondamente: Bou, bied en behou. Ons personeel streef daarna om verhoudings met kliënte te bou, om oplossings te bied vir hul behoeftes en om die kliënt te behou en sodoende ‘n langtermynverhouding

38

te vestig. Die gesamentlike doelwit is ongeëwenaarde kliëntediens, iets wat Ignus Pretorius daagliks toepas in sy werk as Bedryfsbestuurder: Besproeiing op Luckhoff. Op Kersdag verlede jaar, het een produsent in die area die ongeluk-

kige voorval gehad van ‘n spilpunt waarvan die oorhang afgebreek het. Om in Kerstyd dringend gehelp te word met voorraad en oprigting, is ‘n probleem wat menige produsent jou sal verseker kort duskant onmoontlik is. Dié produsent het egter om 15h00 een oproep na Pretorius gemaak en om 20h00 was die nodige voorraad by die spilpunt afgelewer. “Ek was eintlik maar net gelukkig dat alles so mooi in plek geval het,” sê Pretorius beskeie, maar dié ekstra moeite op ‘n dag wat normaalweg as gesinne saam gevier word, het hom die titel van Connect Champ vir Januarie besorg. Pretorius is die enigste personeellid in die besproeiing-afdeling op Luckhoff en behartig dus alle take binne die afdeling. Oor CONNECT, sê hy dat die beginsel eintlik baie eenvoudig is. “CONNECT gee ons die geleentheid om álle terugvoer te hoor – positief sowel as negatief. Dit beteken dat ons kan hoor wat ons reg doen, waarvan kliënte hou, maar ook wat die areas is waar daar spasie vir verbetering is. Daarom moet die negatiewe terugvoer nie noodwen-


dig negatief opgeneem word nie en eerder gesien word as ‘n geleentheid om positiewe veranderinge te maak. Hierdie kliëntediensforum skep ook die geleentheid vir personeel om individueel genoem en vereer te word, ‘n doelwit om na te streef.” Die gebeure op 25 Desember 2015, beskryf Pretorius as deel van sy werk. Hy sê dat ‘n aksie wat positiewe terugvoer van kliënte meebring, ewe negatief sou wees as die aksie nié gebeur het nie. Nie net die kliënt ly daaronder wanneer ‘n mens nie moeite doen nie, maar jou eie vooruitgang word ook geknou. Indien hy nie intyds die regte voorraad aan die produsent gelewer het nie, sou daar groot skade aan die oes wees, wat ook vir GWK as maatskappy tot na-

deel sou wees. “Ek het hom gehelp om myself te help,” verduidelik Pretorius dit kortliks. Pretorius sê verder dat ‘n kliënt se gemoed ‘n groot rol speel in wanneer hy ‘n besigheid sal aanbeveel. Daarom moet personeel op só ‘n manier optree dat kliënte altyd ‘n positiewe gesindheid teenoor GWK het.

“Kliëntediens kan kort opgesom word deur te sê dat ek altyd probeer om kliënte sover as moontlik, so vin-

nig as moontlik, te help,” sê hy. “Soms is daar faktore buite my beheer wat my kliëntediens beïnvloed, maar dan is dit steeds my plig om my kliënt se behoeftes te verstaan en hom gerus te stel dat ek alles in my vermoë doen om daaraan te voldoen.” Volgens Pretorius speel samewerking ook ‘n groot rol in goeie kliëntediens. Hy sê dat dit belangrik is vir GWK-takke om die regte voorraad beskikbaar te hê en ook om te weet watter voorraad by ander takke beskikbaar is. Gelukkige kliënte is vir Pretorius net so belangrik soos die GWK-waardes wat hy uitleef en hy glo dat dit deel van sy daaglikse pligte is om uitstekende kliëntediens te lewer.

39


GWK PROPERTIES - 051 444 2416 RESIDENSIEEL | KOMMERSIEEL | PLASE

ORANIA

Burger | 082 553 0638

Vrystaat

R 42m VAALHARTS R 35m BOTSWANA R 120m

— 160 ha —

Besproeiing uit Oranje Rivier.

gertvn@gwk.co.za | braamh@gwk.co.za Ons doen ook veilings van plase

— 80 ha —

Pekanneut plaas. Jong boord – Bome: 2 - 4 jaar Burger | 082 553 0638

— 60 000 ha —

Goed ontwikkelde wildsplaas met nuwe lodge. Burger | 082 553 0638

Kry die kwaliteit om jou lewenstyl te komplementeer.

[AM]_KO_P_HP_GWK_19.02.2016

Kaufmann Buitelewe ontspanningsprodukte word al sedert 1995 deskundig ontwikkel met die nuutste materiale en ontwerpe om aan die behoeftes van die buitelewe-entoesias te voldoen.

Kaufmann Buitelewe is beskikbaar by deelnemende GWK Handelstakke.

40

Eksklusief versprei deur

SwiftPrint 77202

Vrystaat

ONS KYK NA ONS VERKOPERS, LYS ASSEBLIEF JOU EIENDOM MET ONS.


oranjelandgoed, prieska pekankwekery KULTIVARS BESKIKBAAR: WICHITA, CHOCTAW, NAVAHO

GEFOKUS OP HOË GEHALTE KULTIVAR-EGTE BOME GEL VERPAK OM HOË VATPERSENTASIE TE VERSEKER GEHALTE OORSKRY SAPPA STANDAARDE GEKWEEK IN PRIESKA: GESKIK VIR NOORD-KAAP KLIMAAT FACEBOOK: ORANJELANDGOED

uppe marketing A13762/KOM

KONTAK: JOHN LOOCK SEL NR: 082 330 2934 EPOS: ORANJELANDGOED@GMAIL.COM

Ons nooi jou hartlik uit na ons Hopetown-tegnologiedag waar ons kundiges hul kennis oor ons nuutste kultivars en proefuitslae, gewasbeskerming en saadbehandeling met jou gaan deel. Geniet ’n heerlike aandete na afloop van verrigtinge. Hoop om jou daar te sien!

Datum: Woensdag, 13 April 2016 Tyd: 14:00 Plek: Hopetown by Hannes Bruwer (Plaas Zuurgat) GPS: S-29.553044 E-24.003442 Gasspreker: Theo Vorster Gaskunstenaar: Piet Pompies

Proewe besoek: • Nuwe kommersiele kultivars • Pitgroottes • Plantdigtheid • Saadbehandeling • Chemiese skade • Stremmingsproef • Bewerking • Plantdatum

Vir meer inligting skakel Ben/Nolene Cronje by 083 701 7476, Anton Swanepoel by 082 821 6832 of Hennie Stander by 071 304 1165 .

Kontak ons gerus by: 011 790-8200 of customercare.sa@monsanto.com DEKALB® en Monsanto is geregistreerde handelsname van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.

U SUKSES

PLANT JO

®

41


Kinderpret

Vind tien verskille tussen die twee prentjies.

42


Ons mense voed mense. By GWK ontdek ons deurlopend nuwe moontlikhede om die grense van landbou te verskuif. Omdat ons die nuutste toerusting en tegnologie wat produsente benodig aan hulle voorsien - met slimmer en beter maniere van besigheid doen - kan hulle voortgaan om kos te voorsien aan diĂŠ mense wat die wĂŞreld ‘n beter plek maak.

43


Gesondheid Carla van der Merwe Optometris

Voorkom katarakke deur gereelde toetse Katarakke is ‘n baie bekende verskysel waarvan meeste van ons al gehoor het, of waarvan ons eerstehandse ervaring het. Wat is ‘n katarak? ‘n Katarak kom voor wanneer die lens binne in ‘n persoon se oog, wat deursigtig is, sy deursigtigheid verloor. Dit voel vir ‘n persoon met ‘n katarak asof hy deur ‘n vuil venster kyk – asof sy visie wasig is. Die oog se lens is deurskynend sodat die lig daardeur kan beweeg na jou oogsenuwees toe, wat jou toelaat om te kan sien. In die begin stadium van ‘n katarak begin die lens eers melkerig raak en affekteer dit nog nie die sig in só ‘n mate dat die pasiënt daaroor kla nie. Wanneer die

44

“melkerigheid” digter en meer solied word om onreëlmatige hartklop te raak, begin die pasiënt visie verloor reguleer, Goud wat in sekere artrien word dit dan ‘n katarak genoem. tis medikasie voorkom en Alopurinol wat gebruik word om suurvlakke te beheer (veral by pasiënte wat sukkel Wat veroorsaak n katarak? Meeste katarakke (ongeveer 80%) met gewrigspyne). Hierdie is afhanklik word veroorsaak deur die son se UV- van die pasiënt se ouderdom, die strale. Die ander ongeveer 20% word tydsduur wat die medikasie gebruik veroorsaak deur ongekontroleerde word, asook die dosis grootte van die suiker, soos byvoorbeeld diabete met medikasie wat hy gebruik. Katarakke wat deur UV-strale versuikerprobleme, maar trauma en sekere soorte medikasie kan ook kata- oorsaak word, groei stadig en vererger oor jare. Die UV-strale verhard en rakke tot gevolg hê. Trauma sluit enigiets in van ‘n harde verdig die lens sodat dit sy deursighou teen die kop, ‘n motorongeluk tigheid verloor. Dit is ook gewoonlik met hoofbeserings, ‘n stok of draad dieselfde “grootte” in albei oë. Katawat ‘n oogbesering veroorsaak het, rakke wat vorm as gevolg van ongeof selfs ‘n oog-operasie. Medikasie kontroleerde suiker en trauma, kan wat geneig is tot katarakvorming is letterlik binne ‘n paar dae vorm en steroïedes, Amiodarone wat gebruik groei dat die persoon drasties sig


verloor. So dit kom nie net in “ou” mense voor nie? Katarakke kom wel meer voor by mense ouer as 65 jaar, bloot omdat hulle al langer aan sonlig blootgestel is. In vandag se tyd waar die osoonlaag al hoe kleiner raak en UV-skade al hoe erger, kom dit al hoe meer gereeld by jonger mense voor – veral by produsente wat heeldag buite in die son werk sonder enige oogbeskerming. Ons sien dit ook by mense wat baie sweiswerk doen sonder die nodige beskerming (omdat sweiswerk gekonsentreerde UV-strale is). Soms word babas daarmee gebore, veral as die ma sekere siektes tydens swangerskap gehad het. Dus is dit baie belangrik om katarakke uit te skakel met geboorte. Hoe voorkom jy ‘n katarak? Maklik – jy dra ‘n sonbril! Aangesien meeste van die katarakke veroorsaak word deur die skadelike UV-strale, is dit die maklikste om te voorkom deur ‘n sonbril te dra wanneer jy buite werk. Baie pasiënte antwoord dat hulle slegs ‘n sonbril dra wanneer hulle bestuur, maar nie wanneer hulle uitklim nie. Dit is glad nie effektief nie. Die windskerm van jou voertuig bevat reeds sowat 80% UV-beskerming. So, hoewel die lig wat deur die voorruit kom skerp is, is daar nie noemenswaardige UV-skade betrokke nie. Die skade word veroorsaak wanneer jy uit jou voertuig uit klim in die direkte sonlig. Die ander redelik algemene oorsaak, suiker (diabetes), kom voor wanneer dit nie onder beheer is nie. Die enigste manier om dit te voorkom, is om jou suiker gereeld te laat toets.

Carla van der Merwe 053 861 2346 | carla@ncsis.co.za 5 Swanns Way Hadison Park Kimberley | 8301

As jy slegs een keer elke twee weke getoets word, of erger nog, net as jy sleg voel, gaan jy nie weet wat jou gemiddelde suiker telling normaalweg is nie. Dit beteken dat jy nie voorkomend kan optree om dit laag te hou nie, want jy is nie eens bewus daarvan dat dit hoog is nie Is katarakke oorerflik? Nee, nie regtig nie. Deur na die oorsake te kyk, is dit duidelik dat dit nie noodwendig oorerflik is nie. In baie skaars gevalle waar kinders daarmee gebore word as gevolg van een of ander afwyking, kan dit wel oorerflik wees, maar dit is nie die norm nie. Baie pasiënte is onder die indruk dat hulle moontlik katarakke kan ontwikkel as hulle ouers dit gehad het, wanneer dit in der waarheid grootliks afhang van goeie oogsorg en beskerming deur jou lewe. Hoe stel mens dit reg? Katarak-operasies is baie algemeen en is feitlik altyd suksesvol. Tydens die operasie word die “vuil” lens verwyder en vervang met ‘n silikoon-lens wat weer deurskynend is. Dit word alles gedoen deur ‘n klein 4mm-snytjie wat nie eens met steke geheg hoef te word nie. Niks kan op die silikoon groei nie, so as jy dit een keer laat doen het hoef jy dit nooit weer te doen nie. Katarak-operasies word soms lensvervangings genoem, omdat dit in beginsel die proses beskryf. Waar katarakke betrokke is, kan ons dus sonder twyfel sê dat jou afname in visie 100% omkeerbaar is, mits jy nie ander oogsiektes het nie. Onthou om jou oë op ‘n gereelde basis te laat toets en maak seker dat jou oogkundige die tegnologie het om jou lens se toestand op ‘n foto vas te vang, sodat dit met jou volgende besoek gekontroleer en vergelyk kan word om vas te stel of dit verswak het.

RAAI

Kommuniek Maart 2016 Kommuniek

oplossing: Februarie Oplossing B O E S S D O F R S M H A S J I E N K L O G G G E

E R D E N T I N E A S R S G P L I O E L O N E R A R K G U S I L L E G A T T E R E U R I R E T O K P S W E E V A R E Y K T N E S E

A R G E L O O S

Y B E M M O E F S

R U E M E M R Y W E E L E E R

Vir die sub:

O S S E G E K E K K E L

S T E D R Y F D O A L E T E R A R H O M T O F M M S E R V E O S I E R U S A R K E P A R A L S N Y M P L E U F E T O R A I S P E N N A W A B E L A S E G O P O L A G E R E T I N E E E E

K I B B O E T S

R A U

E R A T E S T E

S W A R T E R

E E N D E R S

45


Leefstyl Leana Coetzee

Rek

Jy is nie alleen as jy voel dat jy al hoe harder werk, terwyl jou spaargeld al hoe minder word nie. Ons kry almal ‘n knop op die maag as die sms’e op ‘n streep begin deurkom soos die debietorders jou bankrekening aanval en dit is ‘n ewige stryd om in die supermark te moet besluit wát is nodig, en wát is ‘n luukse bederfie.

jou rande! Dit is onnodig om die inflasiekoers, rentestygings, verhoogde mediese fondse en dies meer in detail te bespreek, omdat die impak daarvan op jou bankrekening ‘n universele, welbekende probleem is. Kenners op dié gebied blameer ook onmiddellike bevrediging (“instant gratification”) as ‘n faktor wat spandering negatief beïnvloed. “Onmiddellike bevrediging” is die behoefte om dadelik ‘n aangename ervaring te hê – sonder vertraging of inmenging. In gewone taal beteken dit dat jy iets wil hê, en jy wil dit nóú hê. Tye en omstandighede dwing ons egter om “uitgestelde bevrediging” te bewerkstellig – om werklik ons persoonlike begrotings te herevalueer en met nuwe, vindingryke spaarplanne vorendag te kom. Nie alle spaarwenke werk vir almal nie, maar hier volg ‘n paar wat jy kan oorweeg. Kry ‘n spaarvarkie! Gooi elke dag die kleingeld in jou beursie daarin. Gebruik saamrygeleenthede. Dit is goedkoper om saam met ‘n vriendin of kollega te ry, en die omgewing baat by die verminderde uitlaatgasse. Eet weekliks ‘n paar vegetariese maaltye. Vleislose maaltye is goedkoper!

46


Bel jou motorversekeraar. Onderhandel oor premies. Meeste versekeraars sal premies verlaag om kliënte te behou. Koop by tweedehandse winkels. Klere, en selfs meubels, van verbasend hoë gehalte word gereeld aan tweedehandse winkels geskenk of verkoop. Leer hoe om meubels te restoureer. ‘n Klein veranderinkie aan ‘n meubelstuk kan dit onmiddellik nuwe lewe gee en verhoed dat jy dit hoef te vervang. Plant ‘n groentetuin. Begin ‘n kruietuin. ‘n Kruietuin kan binnenshuis onderhou word en jou eie, vars kruie smaak gewoonlik beter as dié van ‘n supermark.

water te filtreer werk goedkoper uit as om gebottelde water aan te koop.

te werd om ‘n lojaliteitskaart vir elke moontlike winkel te besit.

Kry ‘n griepinspuiting. Dit verhoed dat jy siek word, doktersonkostes moet aangaan en baie siekverlofdae by die werk moet neem.

Bemeester die “30-dag-reël”. Vertraagde bevrediging kan bewerkstellig word as jy 30 dae wag voor jy iets koop. Dit gee jou ook genoeg tyd om te besluit of jy dit werklik nodig het.

Koop kwaliteit, nie kwantiteit nie. ‘n Duurder item van ‘n hoër gehalte is gewoonlik goedkoper oor die langtermyn.

Vermy dit om uit te eet. Nooi jou vriende oor!

Leer om nee te sê. Vir jou vriende, gesin en veral vir jouself.

Probeer om ‘n “zero spanderingsdag” te hê. Jy sal verbaas wees om uit te vind dat dit bitter moeilik is om vir ‘n dag lank geen geld uit te gee nie, maar probeer dit en kyk hoe jy vaar.

Maak pizza by die huis. Vir die prys van een afgelewerde pizza, kan jy ‘n hele paar pizzas tuis maak.

Koop in grootmaat. Dit is goedkoper om nie-bederfbare kos in grootmaat aan te koop. Gebruik generiese voorskrifmedisyne. Konsulteer jou dokter oor die beskikbare generiese produkte. Probeer e-boeke. Aanlyn-boeke is heelwat goedkoper as dié in boekwinkels. “Maak reg” eerder as “gooi weg”. Herstel eerder klere of tegnologiese artikels as om nuwes aan te skaf. Koop ‘n waterfiltreerder. Om kraan-

Oefen gereeld. ‘n Gesonde liggaam beteken minder doktersrekeninge. Lees verskeie blogs oor persoonlike finansies. Bloggers deel soms uitstekende idees oor hoe op te spaar. Skuif jou bankrekening. Sorg dat jy jou geld bank waar jy die meeste voordele kry en die meeste rente verdien. Skakel die televisie af. Jy word só minder in die versoeking gelei vir onmiddellike bevrediging. Sluit aan by elke moontlike lojaliteitsprogram. Deur kaartpunte te verdien tydens aankope, kan jy oor die langtermyn baie spaar. Dit is die moei-

Maak ‘n inkopielysie en hou daarby. Dit sal ook verhoed dat jy kos koop wat dalk gemors mag word. Moenie baie geld spandeer om jou kinders te vermaak nie. ‘n Rol ongedrukte koerantpapier kan kinders vir ure besig hou met kreatiewe tekeninge. Plant ‘n blomtuin, speel krieket in die erf of gaan ry fiets saam met hulle. Beplan die week se etes vooruit. Om ‘n uur of twee vir beplanning en inkopies uit te sit, kan baie geld spaar. Só kan jy die regte bestanddele en items koop, sonder om geld te mors op onnodige aankope. Maak ‘n weeklikse “geld-afspraak”. Maak ‘n belofte om weekliks met jou geldsake te sit waartydens jy jou begroting opdateer, jou rekeninge nagaan en jou vordering in terme van finansiële doelwitte meet. Dit is baie waardevol (en goeie motivering!) om gereeld jou vordering dop te hou. Kenners stel voor dat 20% van jou geld gespaar moet word, maar die realiteit is dat die meeste van ons nader aan 5% spaar. Eerder as kom skaam te wees oor jou gebrek aan besparing, begin deur slegs iéts te spaar. Die beste is om uit die vele geldspaarmetodes dié te kies wat vir jou werk en dit stelselmatig in jou alledaagse lewe te begin toepas.

47


RAAI

Kommuniek

Kommuniek Maart 2016

1

BLOKRAAI Nr. 02

Verskaf deur Xword.co.za xword@xword.co.za

Landbou

Stroper

ArbeidsvermoĂŤ

Radiotelefonie

Knop, saad of vrug

Te goeder trou

Ensovoorts

Vrugbaar maak

Diere se voerbakke

Sinds

Vierde toon

Kommuneplaas

Infrarooi

Omheinde area vir skapies Oorplanting

Damara of fries Dit meet lug van longe

Vermeld

__ Dhabi

Streekdiensteraad

Silwer medalje in SA

Skelm kyk

Nou UJ

Yster Rhesus

Lekker slaap!

Fries

Vreetkaart

Ontmande beeste

Madame

Doekie by ete

Delfstowwe

Misbrood

Blomboer se oleander

Vanuit Dublin

Dit krap graan bymekaar

Tydperk

Digbegroeide veld

In __, gebruiklik

Eerwaarde Bergwildsbokke

Standaarduitspraak

Stukke sout vir vee

Sanik

Dissel

Mindere Ydel gebabbel Perdry

Afdruk

Ook s/s

__ Cruywagen

Spleet En elders

Vullis Sing binnensmonds Lompe

Pad aanwys

Onderstebo stamp Flous

Geskik vir veevoer

IndoGerm.

Raad v. Kerke in SA

Gereed

Ginnegappery

In 'n hoop

Afvalliges

Smul

__ et labora

Krat

Met pootjies is dit afval

Barste Peulgewas se sade

Geweer

Portugese eilande

Uitgegis

Wiele se middelstukke

Sagte vleismassa

Vurige ywer

Van binne af uitdy

Cheddar en gouda

Lyfband

Risiko's

Bekende dierekos

Voor neges

Afgesaagde

Klimtuie

Geil groei

Politoer

Gebreide diervel

Gesond- Teenoor Oplossing vir KommuniekRAAI (Februarie) op bladsy 45. maker

48

Dieselfde

Dinamiet byvoorbeeld

Spytuitroep

Groot oorlosie

Skrywer, __ Bouwer

Edisie

ja

Vooraf

Konvergensie

Aetatis

Eks. vir prok.

Teenoor witter

Dieselfde


Resep

LAATSOMER-VRUGTEPONS

Ewe skielik is die herfs hier, maar gelukkig weet ons al van beter as om nou al ons wintersklere uit die kas te haal. ‘n Lekker vrugtepons om die warm aande mee af te koel, is presies wat nou nodig is! Vir die ligte drinkers…

Ment-en-tee-pons Bestanddele: 2/3 koppie water 2/3 koppie suiker 3 koppies vars framboosbessies (enige ander of gemengde bessies werk ook) 2 koppies vars lemoensap 2 koppies pynappelsap 1 koppie donker rum 1 koppie ligte rum 1 lemoen, geskil en in blokkies gesny 1 pynappel, geskil en in blokkies gesny ½ teelepel vanielje Ysblokkies

Aanwysings: Kook die water en suiker in ‘n kastrol en roer tot suiker opgelos is. Verwyder van hitte en laat die stroop heeltemal afkoel. Verwerk 2 koppies bessies tot puree in ‘n voedselverwerker en meng met die stroop. Meng al die ander bestanddele daarby saam met die orige koppie bessies. Laat afkoel vir vier ure tot ‘n dag en bedien met ysblokkies. (bron: Simple & Delicious)

…en ‘n pons met 'n bietjie skop

Rum-en-bessie-pons Bestanddele: 2/3 koppie water 2/3 koppie suiker 3 koppies vars framboosbessies (enige ander of gemengde bessies werk ook) 2 koppies vars lemoensap 2 koppies pynappelsap 1 koppie donker rum 1 koppie ligte rum 1 lemoen, geskil en in blokkies gesny 1 pynappel, geskil en in blokkies gesny ½ teelepel vanielje Ysblokkies

Aanwysings: Kook die water en suiker in ‘n kastrol en roer tot suiker opgelos is. Verwyder van hitte en laat die stroop heeltemal afkoel. Verwerk 2 koppies bessies tot puree in ‘n voedselverwerker en meng met die stroop. Meng al die ander bestanddele daarby saam met die orige koppie bessies. Laat afkoel vir vier ure tot ‘n dag en bedien met ysblokkies. (bron: epicurious.com)

49


Uit Piet se pen

Ons groet die land van motors en wafels Ons

beweeg af deur die staat Wisconsin in die rigting van Chicago en ry deur Oshkosh waar die grootste lugskou ter wêreld gehou word. Duskant Chicago slaap ons oor. Vroeg die volgende oggend is ons weer op pad. Die verkeer is ‘n nagmerrie. Ons vertrou net op die GPS. Ek sê nie ‘n woord nie. Een verkeerde afdraai en jy is verlore. Ons bestuurder is op auto pilot. Alles gebeur teen ‘n hoë spoed. Ek sukkel om stil te bly. Wilmien neem ons presies tot daar waar ons wil wees. Hoe sy dit reggekry het, weet ek nie. Chicago is ‘n besige stad met ‘n oorhoofse treinstelsel en ‘n pragtige rivierstraat. Bakermat van die Illinois universiteit. Parkeerplek is ‘n probleem en dit kos heelwat net om te parkeer. Om die waarheid te sê, in Amerika betaal jy letterlik vir alles. Selfs om jou motor se bande te pomp. Ons ry deur Indiana voor ons huiswaarts keer. Terug by ons basis, besoek ons die Ford-fabriek in die voorstad Dearborne, digby Detroit. Dit is hier in die Rouge waar die motornywerheid van die wêreld ontstaan het. Die Rouge-gebied is by die samevloeiing van die Rouge- en Detroitriviere geleë. Henry Ford het hier die nywerheidontwikkeling tussen 1917 en 1928 tot stand gebring. Sy entrepreneuriese denke het gelei tot die oprig van ‘n reeks fabrieke waar grondstowwe, binne 72 uur, vir onderdele in motors gebruik kon word sonder dat dit in pakhuise gestoor of opgeberg hoef te word. Gedurende die eerste wêreldoorlog gee Rooseveldt opdrag dat Eagle Boats hier gebou word vir die vernietiging van die Duitse duikbote. Gedurende die tweede wêreld-

50

oorlog word die motorfabriek gebruik om oorlogstuie te vervaardig. Terwyl die mans oorlog toe is, het die vroue in die fabriek gaan werk sodat die vervaardiging kon voortgaan. Rookwolke het in daardie jare ontwikkeling en vooruitgang beteken. Hierdie erge besoedeling het aanleiding gegee tot die uitwissing van die hele omgewing se voël- en natuurlewe. Bill Ford, kleinseun van Henry Ford, het miljarde belê om die Rouge-gebied te rehabiliteer. Vandag is die voëllewe weer terug en vir die eerste keer in jare word bye weer gesien. Ons besoek ook die stad Detroit self – in Amerika bekend as die “Motor City”. Au pairs word glad nie toegelaat om Detroit te besoek nie weens die verval en die ruwe aard daarvan. Terug by die huis in Canton, het Wilmien se Amerikaanse familie teruggekeer van vakansie. Ons besluit om die laaste dag saam met haar te deel “in die lewe van ‘n au pair”. Haar familie is hoogs gekwalifiseerd. Die ma is ‘n ginekoloog en die pa ‘n ingenieur by Bosch. Die twee seuntjies is onderskeidelik 4 en 7 jaar oud. Sy het vasgestelde werksure. Wanneer sy af is, word ‘n ander oppasser ingespan om na die kinders te kyk. Hierdie spesifieke ouers versorg glad nie self hulle kinders nie. Ons besluit om hulle na ‘n McDonald’s te neem waar die au pairs in spesiale speelkamers na die kinders kan kyk. Die seuntjies is bekkig en vra of hulle Sonja “granny” mag noem. (Seker naaste wat sy aan granny sal kom.) Jackson, die oudste, deel my ewe kordaat mee: “nobody‘s perfect”. Hiermee stem ek saam, maar wil by hom weet wie hy dink is “perfect.” “Perfect’s only in heaven”, ant-

woord hy. “Nou waar is ‘heaven’?,” vra ek verder. “It’s much further than space”, is sy onmiddellike antwoord. Ek besluit om liewer nie verder op die onderwerp in te gaan nie. Om heeldag na kinders te kyk, lyk allesbehalwe lekker. Die laaste oggend eet ons almal saam ontbyt. Alles hier is selfhelp en selfdoen. Die Amerikaners hou van hulle kos. ‘n Gesette vrou kom die eetsaal binne gewaggel. Ek skat haar so in die omgewing van 200 kg. Sy loop moeilik en knyp ‘n handsak onder haar blad vas. Reguit na die wafels toe. (Wafels is toevallig een van die hoofgeregte op Amerikaners se ontbyt-spyskaart.) Sy gaan staan voor die wafels. Bekyk die affêre op en af en toe spring sy aan die werk. Eers gooi sy die wafel papnat met die stroop. Hierna volg ‘n volledige laag room. Sy lek die mes af en sny die spul in blokke. Met ‘n oorvol bord beweeg sy na ‘n tafel reg langs ons. Net om te gaan sit is ‘n proses. Die stoel word teruggeskuif tot min of meer op sy plek. Sy gaan staan voor die stoel en kyk vir oulaas terug in die stoel se rigting. Kompleet soos 'n rugbyspeler wat pale toe mik. Die volgende oomblik val sy terug. Sy tref die stoel mooi in die middel. Die stoel beweeg amper ‘n meter agteruit. Sy kry die tafel aan sy pote beet, trek hom tot teenaan haar en begin dadelik eet. Die room en stroop vlieg die hele tafel vol. “Ons beter gou loop,” is my aanbeveling. Sy gaan hulp nodig hê om weer op te kom. Nie dat ons onwillig is om te help nie. Ek skat ons is bloot net te lig in die broek. Ná ontbyt vertrek ons lughawe toe. Ons groet en los ons au pair-kind met ‘n seer hart agter.


UITMUNTENDE LOGISTIEKE OPLOSSINGS

VOL

Spoor- en Padvervoer Brits van den Berg: 082 8035 190 Oproepsentrum: 086 1000 936

51


Ons sorg vir jou toekoms sodat jy kan voortgaan om vir die wêreld te sorg.

VOL GWK Lewensversekering Ons bied dekking vir enige versekerbare gevare wat kán gebeur.

Douglas Brits van den Berg (Uitvoerende Bestuurder: Versekering) 082 803 5190

Hopetown/Luckhoff Josef Pelster Krediet- en Lewensversekering 082 883 4474

Douglas/Prieska Willem Kruger Krediet- en Lewensversekering 082 490 9680

Douglas Lucas Holtzhausen Finansiële Adviseur: Beleggings 082 682 8201

GWK is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185

52

Hartswater/ Jan Kempdorp Jacques de Wet Krediet- en Lewensversekering 082 660 8209


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Kommuniek Maart 2016 by GWK Kommuniek - Issuu