`n Handelsmerk van
KliĂŤntediensweek verskerp weer fokus NK RPO-kongres bespreek die toekoms van die rooivleisbedryf Profarmer 'n moet vir elke produsent Mielie-invoere beĂŻnvloed die plaaslike mark
Junie / Julie 2019
GEELBASTERS UIT DIE BOONSTE RAKKE
PANNAR se geelmielies lewer uitsonderlike prestasie en is ’n goeie keuse vir droëland en besproeiing. Die verskeidenheid groeiklasse en eienskappe bied uitstekende basterkombinasies vir u unieke behoeftes.
ONS GEELMIELIEBASTERS Grro Gro G roeei roeis eis isseei eis is isoe oeen oen nkl kla kla la s las Ulllttravinn Ult U raav rrav avinn iin nn n nig g
BG B G 329 329 32 292 BG 334 BG 349 44992B 2B BG 335 BG 359 5992R 59 22R R BG B G 3379 3779 792BR 92B 22BR BR BR
PAN PPA AN A N 3A 3A-1 -124 -12 11224 PPA PAN AN 33R AN R--52 R-52 -555224R 4R PA PPAN AN A N 3R 3R-72 -72 -7 7244BR 4B BR B R PA PA PAN AN N 3R 3R-58 -555886R 6R PA PPAN AN A N 3R 3R-78 -7778886BR 6B 6B 6BR BR R PPA PAN AN A N 33R R--50 50 5000R R PAN PPA AN 3R AN 3R-70 -7770000BR 0B BR BR
Vin V Vi in innig niiig n g
PAN PPA AN 44A AN A-15 -15 -1 156 PAN PPA AN A N 4A 4A--17 -111772 PA PPAN AN A N 44R R R-67 -67 --6 672R 67 722R R PA PAN PA AN N 4R-72 4R-72 4R -7772288B 8BR BR B R
Meed Med M ediium iu um um-vi um-vi -vi -v vinni in nni nn nig ni
PAN PAN PA AN 55A A--15 -115 154 PAN PA PAN AN 5R-5 55R R--55 -555 554R 4R PAN PPA AN 5A AN 5A A-18 -11882 -1 -18 82 PPA PAN AN A N 5A 5A-19 --111990 PPA PAN AN 5R AN 5R-59 5R-59 -559900R -5 R
Med Me M ed ediium um um
PPA PAN AN A N 66B B-41 -441 4100B B PPAN PA AN A N 66R R-68 --668 6800R R PPAN PA AN 6R AN 6R R-71 --771 -71 7100BR 0B BR BR
Die ultravinnige pakket is versterk met drie nuwe uitsonderlike genetiese platforms, naamlik PAN 3R-724BR, PAN 3R-786BR en PAN 3R-700BR, wat ‘n aansienlike opbrengsverhoging onder besproeiing en hoëpotensiaaldroëlandtoestande bied. Die vinnige tot medium-groeiklasse word met die opwindende PAN 5A-182, PAN 4R-672R en PAN 6R-710BR platforms versterk. ® Registered trademarks of PANNAR SEED (PTY) LTD © 2019 PANNAR SEED (PTY) LTD
2019/YMAIZE/LW/03
Saam boer ons vir die toekoms™ infoserve@pannar.co.za www.pannar.com TM TM
14 20 35 38
KliĂŤntediensweek verskerp weer fokus
Profarmer 'n moet vir elke produsent
Kaliumbemesting op mielies: 'n GWK-gevallestudie
8 10 12 17
Damme en temperature
Veilingskalender en -pryse
Landbouwenke
Een man se toewyding
"Vivipary" in die pekanneutbedryf
18 26
NK RPO bespreek die toekoms van die rooivleisbedryf
Koring 101
31 40 43 46 48 50
Grondmikrobiologie se plek in die landbousektor
GWK verbind aan die katoenindustrie
Mielie-invoere beĂŻnvloed die plaaslike mark
Panne: 'n Besonderse spesiale ekologiese sisteem
Ses toekennings, een goue span
Mentor met passie vir grond, mense
51 52 54 56 58 2019 se toernooi op dreef
Leefstyl: Keto op almal se lippe
KommuniekRAAI
Resep: Heerlike herderspastei
Uit Piet se pen: 'n "Ding" het uit die lug geval
3
Direksie
Bestuur
Voorsitter Frank Lawrence
Besturende Direkteur: GWK Groep Llewellyn Brooks
Ondervoorsitter Hennie Coetzee
FinansiĂŤle Direkteur: GWK Groep Johan Geel
Llewellyn Brooks HF Cilliers Koos de Wet Johan Geel Wynand Human Frans Lubbe Tertius Marais Willem MĂźlke Eric Ramongalo Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Louis Wilken
Besturende Direkteur: GWK Agri Frans du Plessis Besturende Direkteur: GWK Farm Foods Wim van Rooyen Besturende Direkteur: GWK Trading Tom Meintjes Uitvoerende Hoof: Groep Menslike Hulpbronbestuur Gideon Jordaan Uitvoerende Hoof: Groep Bemarking en Kommunikasie Neil de Klerk
Ons is pioniers in die agri- en voedselwaardeketting en is toegewy daaraan om 'n volhoubare besigheid te bou, groei te dryf en 'n beter toekoms vir al ons belanghebbendes te verseker. We are pioneers in the agri and food value chain, committed to shaping a sustainable business, driving growth and providing a better future for all stakeholders.
Wees vandag al deel van die toekoms van pekanneute. GWK Pecans is pekanprodusente se antwoord op die internasionale mark se vraag na plaaslike pekanneute. Die besigheidsmodel is so saamgestel dat produsente deel kan wees van hul eie pekanbesigheid met langtermynmarkte, infrastruktuur en wêreldklas kraakfasiliteite wat van plant tot oes ondersteun word deur spesialiste.
Gesels met die span van GWK Pecans: Günter Hollenbach Verkrygingsbestuurder 082 883 9652 AJ Jansen van Vuuren Verkryger Benede-Oranje 084 408 1417
Anroux Pretorius Verkryger Vaalharts 071 312 6859 Corné Pieterse Verkryger Douglas 083 680 8789
Redakteursbrief
Uitgewer namens GWK Neil de Klerk (Groep Bemarking en Kommunikasie) Redakteur Leana Bezuidenhout 072 601 9420
Net die ander dag vertel ek my ouers hoe ek kláár is met grootmens-wees.
Uitleg Reinard Louw Verspreiding Charné van der Merwe CharneVDM@gwk.co.za Advertensies ads@kommuniek.co.za Het jy iets om te deel? Gesels met ons: E-pos: LeanaB@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730 Hoofkantoor GWK De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf gwk.co.za Voorbladfoto: Strooptyd (foto: Madri Scheepers)
Dat
ek by die huis gaan bly, prentjies inkleur, en as iemand my bel, ek vir hulle sal sê hulle kan met my ma praat. Tot ek weer gereed is vir verantwoordelikhede. Want as daar nou een ding is wat ek elke dag meer besef, is dit dat die grootmenswêreld ver verwyder is van die idilliese prentjie waarna ons as jongmense so uitgesien het. Dit is werksverpligtinge, rekeninge, konflik en moeilike besluite wat my kop pal besig hou. Tussenin moet daar tyd gemaak word vir familie en vriende. Ek het nog nie eens kinders wat ook tyd en aandag vereis nie. ‘n Ander nare realiteit as ‘n mens ouer word, is dat die kans dat jy mense na aan jou verloor, wesenlik vergroot. By GWK was dit met groot skok en hartseer dat ons afskeid moes neem van Ertjies van den Berg, Hoof van Besproeiing en Agri-bemarking. Ertjies was bekend as iemand wat altyd dieselfde was: Vriendelik, geselserig en reg vir ‘n grappie. Hy het sy afdelings bestuur op ‘n manier wat sy personeel gemotiveer en inspireer het, en hy laat ‘n groot leemte in die Douglas-gemeenskap en onder GWK se personeel. Gelukkig hou die grootmenslewe dinge in wat help met hartseer of bekommernis: Kameraadskap, begrip, ondersteuning en groter waardering vir die alledaagse – goed wat die lewe werklik die moeite werd maak.
‘n Voorbeeld is die boer van Griekwastad wat my bel met ‘n amper tasbare dankbaarheid vir ‘n droogtehulpskenking (sien Lesersfoto’s op bl. 24). Die GWK Streekspanne Rugbytoernooi het plaasgevind teen druktyd, en om te sien hoe plattelandse tieners die geleentheid kry om op ‘n groot platform aan streeksrugby deel te neem, is verblydend (meer daaroor in die volgende Kommuniek). Verder stop die winterkoue nie die GWK-span se bedrywighede nie. In hierdie uitgawe is ‘n oorsig oor alles waarmee ons besig is. Ons is ook besig om seker te maak dat Kommuniek se verspreiding reg gedoen word, en het ons lesers se hulp daarmee nodig. Indien jy die verkeerde aantal tydskrifte ontvang, ‘n adresverandering wil maak, of weet van iemand wat nie Kommuniek ontvang nie maar lid van GWK is, stuur asseblief vir ons ‘n e-pos sodat ons dit kan regstel. Hierdie is ‘n proses wat deurlopend opgedateer sal word om seker te maak dat julle nooit ‘n uitgawe mis nie. Intussen is daar seker geen meer omdraai aan grootmens-wees nie. Met elke bekommernis kom die besef dat ek sterker is as wat ek dink en die lewe nie so swaar is soos ek dit soms maak nie. Ten minste kan niemand my dwing om my groente te eet nie.
Vind ons aanlyn deur die QR-kodes met `n slimfoon te skandeer.
Leana Bezuidenhout
Spesialisbestuurder: Inhoudsontwikkeling Kommuniek
6
Geestelike Akker Vier genade: Die onbeskryflike goedheid van God Sonder ophou moet hulle u groot goedheid verkondig en oor u reddingsdade jubel. Genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en vol liefde. Die Here is vir almal goed en barmhartig oor alles wat Hy geskep het. - Psalm 145:7-9 God se goedheid en regverdigheid is elke dag rede om te vier. Ons benodig, en ontvang, sy onfeilbare ontferming en goedheid wat elke môre nuut is. (Klaagliedere 3:22-23) Hy gee aan ons 'n splinternuwe begin. Ons kry die geleentheid om erkenning te gee aan die goeie dinge wat ons gelukkig maak om te lewe: ons het lief en word liefgehê; ons bely ons sondes en ontvang sonder koste vergifnis; ons het 'n vrye wil en 'n doel in die lewe. Ons hoef nooit probleme alleen te hanteer nie, want God beloof om ons nooit te verlaat nie. Goeie dinge gebeur met ons wat ons graag wil vier en in blydskap en liefde met ander wil deel deur saam te eet, te lag en te dans en herinneringe te skep. Ons vreugde is groot en ons dank God want hierdie genot oorskry alle verwagtinge. Hierdie feesvieringe, in watter vorm ook al, lei tot herinneringe wat ons saambind en wat 'n deel van ons word. Hierdie element van suiwer genot en oorgawe is sigbaar in die beskrywing van Dawid in 2 Samuel 6:14-15: "Met volle oorgawe het Dawid voor die Here gedans met net 'n linneskouerkleed aan. Hy en die hele Israel het die ark van die Here met gejuig en onder die geklank van die ramshoring ingebring." Dit het niks te make gehad
met die feit dat Dawid belangrik of dronk was nie. Dit was 'n uitsonderlike viering van God se grootheid wat Israel met onbeskryflike vreugde vervul het en daartoe gelei het dat Dawid kos laat uitdeel het vir elke persoon in die skare, voordat hy huis toe is om sy gesin te seën. Is hierdie mate van Dawid se vrygewigheid van gees in reaksie op God se oorvloedige goedheid nie soortgelyk aan dit wat ons in die Kerstyd beleef nie? Die Koning van alle konings is gebore en regoor die wêreld word sy geboorte gevier, en ontelbare lewens word, in reaksie op God se kosbare geskenk, deur hierdie seisoen van liefde en vrygewigheid aangeraak. Ons beleef die waarheid van Jesus se woorde: "Om te gee, maak 'n mens gelukkiger as om te ontvang” (Handelinge 20:35) en ons vier sy genade. Hierdie godsdienstige feestyd en vakansiedae is 'n spesiale vreugdevolle tyd waarop ons soms baie geld en moeite spandeer, terwyl 'n gewone braai met familie net so 'n groot viering kan wees van ons liefde vir mekaar en die waardes wat ons deel. Want 'n ware fees is te danke aan God se goedheid. Dit het baie min te make met wat ons kan spandeer, maar alles met sy genade wat Hy oor ons uitstort en wat almal kan ondervind. Gebed: Liewe Vader, elke goeie gawe kom van U. Dankie dat U my so oor vloedig seën en my lewe vul met u eindelose liefde en genade. Gee dat ek dit elke dag sal vier. Amen Louise Gevers
7
Damme en temperature
Huidige stand van damme
Werklike vs. langtermyn reĂŤnval % Vol
80
Gariepdam
97,89
70
Vanderkloofdam
83,73
60
Vaaldam
69,77
Bloemhofdam
101,13
Vaalharts Stuwal
87,51
Douglas Stuwal
107,91
Spitskopdam
73,69
Taungdam
99,21
Rietrivier
Kalkfonteindam
31,35
Modderrivier
Krugersdriftdam
99,22
Riviersisteem
Dam
Oranjerivier
Vaalrivier
Hartsrivier
50 40 30 20 10 0
Luneburg
Green Valley Nuts
Rietrivier
Hopetown
Jan Kempdorp ZOUTPANSDRIFT
Werklik Langtermyn
Werklike minimum en maksimum temperature vs. langtermyn temperatuur Douglas Lunenburg 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5
20
27
3
10
17
24
1
8
15
Prieska Green Valley Nuts
22
Rietrivier
40
40
35
35
30
30
25
25
20 20 15 15
10
10
5
5
0 -5
20
27
3
10
Maksimum
8
17
24
1
8
Maksimum langtermyn
15
22
0
20
27
Minimum
3
10
17
24
Minimum langtermyn
1
8
15
22
9
Veilingskalender en -pryse
25 Junie 26 Junie 27 Junie 27 Junie 02 Julie 09 Julie 11 Julie 16 Julie
Grootvee/Kleinvee, Kimberley Veeveiling, Boshoff Speenkalf-veiling, Koopmansfontein Kommersiële veiling, Thaba-Nchu Grootvee/Kleinvee, Kimberley Grootvee/Kleinvee, Kimberley Kommersiële veiling, Hertzogville Grootvee/Kleinvee, Kimberley
17 Julie 18 Julie 23 Julie 24 Julie 27 Julie 30 Julie 30 Julie
Diamant Dorper-veiling, Kimberley Spesiale Feesveiling, Griekwastad Grootvee/Kleinvee, Kimberley Kommersiële veiling, Burgersdorp Wildveiling, Boshoff Grootvee/Kleinvee, Kimberley Schyff Beefmasters Produksieveiling, Bultfontein
Veilingspryse vir lewendehawe - Mei / Junie 2019 06/05 - 10/05
20/05 - 24/05
27/05 - 31/05
03/06 - 07/06
10/06 - 14/06
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Slagosse
R23,75
Slagosse
R22,43
Slagosse
R23,50
Slagosse
R19,37
Slagosse
R24,07
Slagosse
R16,16
Slagkoeie
R20,20
Slagkoeie
R20,00
Slagkoeie
R18,75
Slagkoeie
R18,35
Slagkoeie
R17,72
Slagkoeie
R17,50
Maer beeste
R19,00
Maer beeste
R19,00
Maer beeste
R17,00
Maer beeste
R16,71
Maer beeste
R20,33
Maer beeste
R15,00
Ligte kalwers (180-200kg)
R29,75
Ligte kalwers (180-200kg)
R27,53
Ligte kalwers (180-200kg)
R28,50
Ligte kalwers (180-200kg)
R25,04
Ligte kalwers (180-200kg)
R27,68
Ligte kalwers (180-200kg)
R27,02
Swaar kalwers (201-250kg)
R28,50
Swaar kalwers (201-250kg)
R27,00
Swaar kalwers (201-250kg)
R26,50
Swaar kalwers (201-250kg)
R23,52
Swaar kalwers (201-250kg)
R27,58
Swaar kalwers (201-250kg)
R27,69
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Slaglammers
R26,86
Slaglammers
R28,51
Slaglammers
R29,00
Slaglammers
R29,41
Slaglammers
R29,82
Slaglammers
R31,11
Stoorlammers R29,23
Stoorlammers R27,50
Stoorlammers R29,16
Stoorlammers R30,70
Stoorlammers R34,23
Kruislammers
R26,50
Kruislammers
R27,00
Kruislammers
R28,00
Kruislammers
R28,20
Kruislammers
R30,26
Kruislammers
R31,50
Slagooie
R23,50
Slagooie
R23,17
Slagooie
R26,00
Slagooie
R22,90
Slagooie
R22,58
Slagooie
R22,00
Maer ooie
R20,50
Maer ooie
Maer ooie
R23,00
Maer ooie
Maer ooie
R23,27
Maer ooie
Klein bokkies
R30,50
Klein bokkies
R34,00
Klein bokkies
R41,00
Klein bokkies
R33,51
Klein bokkies
R39,11
Klein bokkies
R36,37
Medium bokke
R41,00
Medium bokke
R38,00
Medium bokke
R29,30
Medium bokke
R20,79
Medium bokke
R31,75
Stoorlammers R29,86
Medium bokke
10
13/05 - 17/05
Groot bokke
R22,59
Groot bokke
R23,00
Groot bokke
R34,00
Groot bokke
R24,71
Groot bokke
Bokooie
R19,62
Bokooie
R19,75
Bokooie
R25,50
Bokooie
R19,77
Bokooie
Groot bokke R22,04
Bokooie
R23,95
11
Landbouwenke
Gars
Pekanneute
Gars word gevestig en is in die saailingstadium en moet net lig besproei word totdat die plante goed gevestig is. Op ‘n katoen-wisselboustelsel en waar baie mieliereste net voor plant op die land teenwoordig was, moet ‘n hoër stikstofpeil toegedien word (ongeveer 20-30 kg meer, afhangend van die grondstruktuur). Dit moet verkieslik verdeel word om sodoende ‘n stikstofnegatiewe periode teen te werk. Op baie sanderige gronde word ± 20 N meer aanbeveel weens loging.
Pekanneute moet steeds in die winter besproei word, alhoewel die waterbehoefte heelwat laer is. Profiele moet nogsteeds bestuur word. Snoei van pekanneute word in Julie en Augustus gedoen. Struktuurvorming van jonger bome moet plaasvind (6 jaar en jonger) deur die groei van ‘n sentrale leier te bevorder. Ouer bome word selektief gesnoei aangesien, die struktuur reeds gevorm is. Bome ouer as 8-10 jaar moet ‘gehedge’ word. Nuwe bome word ook in dié twee maande geplant (Julie en Augustus). Tydens plant moet bome dieselfde diepte as in die kwekery geplant word. Die afgesteekte penwortel met sywortels moet in los grond wees om vertikale en horisontale wortelontwikkeling te bevorder. Besproeiing hierna is noodsaaklik om lugholtes te verwyder. Indien regstellings gedoen was voor plant, is geen bemesting (in plantgat) nodig tydens plant nie.
Lusern Nuut gevestigde aanplantings moet veral op swaarder gronde oordeelkundig besproei word. Om wortelontwikkeling te optimaliseer, moet die profiel nie te nat wees nie. Ouer aanplantings kan swaarder besproei word, veral lae-dormansie kultivars wat meer aktief is in die winter. Vestiging van lusern in die winter word nie aanbeveel nie weens baie koue toestande wat ontkieming en opkoms erg kan vertraag.Saailinge kan dan ook makliker versuip indien te veel besproei word.
Uie en saaduie Ligte topbemesting (stikstof) kan toegedien word indien nodig. Volg ‘n bemestingsprogram en waak teen te veel stikstof op saaduie. Uie benodig gemiddeld 150 N, 90 P en 80-140 K/ha. Blaarvoedings met mikro-elemente soos Boor, Molibdeen, Sink en Koper kan van nou tot vroegsomer toegedien word. Onkruidbeheer is belangrik en moet begin word terwyl onkruide nog klein is. Spuit sistemiese swamdoders veral op saaduie om siektes te beheer voordat dit sigbaar word.
Koring Dit is Koring planttyd. Maak seker jy vestig die regte kultivar vir jou plantdatum. Hou by die kultivar se aanbevole plantdigtheid. Bring duisendkorrelmassa in berekening aangesien dit ‘n aansienlike verskil kan maak. ‘n DKM van 37 het ‘n saadtelling van 27 000 sade/kg teenoor ‘n DKM van 44 met ‘n saadtelling van 22 000 sade/kg. By ‘n plantdigtheid van 120 kg/ha sal die saad met die laer DKM (d.w.s. 37) ‘n stand van 600 000 plante/ha meer hê as ‘n lot van 44 DKM. ‘n Te hoë plantestand verhoog die risiko vir omval en dit lei tot ‘n hoër persentasie sifsels en ‘n laer persentasie vetkorrels.
12
Praat met die mense wat katoen verstaan. GWK Katoen
GWK Katoen sien om na jou produkte, van voorbereiding, plant, verwerking, stoor tot bemarking. Gesels met ons span spesialiste om jou deur die proses by te staan en deur ons gevestigde markkanale te verseker dat jou produk in die regte hande beland. Fanus Linde Hoof van GWK Voere en Vesel 082 888 0016 | fanusl@gwk.co.za
gwk.co.za
Aktueel Charné van der Merwe
Kliëntediensweek verskerp weer fokus
‘n Maatskappy
soos GWK se sukses word toegeskryf aan doelgerigte werknemers wat elkeen verantwoordelik is om eienaarskap te neem vir die diens wat hulle op ‘n daaglikse basis moet lewer. Hoewel kliëntediens vir vele pret sorg, gaan dit ook gepaard met uitdagings wat nuwe moontlikhede vir die senior bestuur skep wat hulle kan ondersoek en implementeer. Om voortdurend uitstaande kliëntediens te lewer, moet daar deurlopend gefokus en klem gelê word op interaksie tussen afdelings binne GWK sowel as na ons kliënte, verskaffers, produsente en gemeenskappe. Juis vir hierdie rede wy GWK jaarliks een week daaraan toe om hernude fokus op kliëntediens te plaas. Vanjaar se kliëntediensweek was vanaf 8 tot 12 April en het bestaan uit Connect Interact, Connect Give back, Connect Feedback, Connect Training en Connect Direct.
14
Dag 1: Connect Interact
Dag 2: Connect Give Back
Dag 3: Connect Feedback
Die doel van hierdie dag was om personeel, wat nie gewoonlik direk met mekaar werk nie, die geleentheid te gee om meer te leer oor hulle werksomgewing en begrip te hê vir elke werknemer se uitdagings in sy/haar spesifieke afdeling. Personeel kon deelneem aan kompetisies soos ‘n woordsoek, ‘n raaisel en ‘n selfie-kompetisie met groot pryse op spel. Hulle kon ook hul waardering vir iemand in die besigheid wys wat uit hul pad gaan om uitstaande diens intern te lewer.
Eksterne kliëntediens is ‘n reuse fokuspunt in GWK en word deur die jaar sterk gedryf. ‘n Besigheid is immers net so sterk soos sy gemeenskap en die hoofdoel van die dag was om die gemeenskap te bevorder en aktief daarby betrokke te raak. Werknemers van GWK het uitgereik na verskillende areas en plaaslike skole se geboue en terreine opgeknap. Op die manier gee ons terug aan die gemeenskap, wat die fondament van ons besigheid, en die land se toekoms is.
Volhoubare toewyding aan en belangstelling in ons kliënte is sterk gewortel in GWK se waardes. Die senior bestuurders van GWK het verskeie plase besoek en waardevolle terugvoer direk vanaf die kliënte ontvang. Senior bestuur kon op dié manier hul verhoudings met die kliënte bou en versterk, terwyl kliënte ook die geleentheid gehad het om hul behoeftes, wat geïmplementeer gaan word, te deel.
Dag 4: Connect Training Goeie kommunikasie en effektiewe bestuur van kliënte dra by tot suksesvolle kliëntediens. Personeellede van GWK het opleiding ontvang om met ons kliëntediensstelsel, Interconnect, te werk. Verskeie opleidingsessies is in Kimberley en in Douglas aangebied om sodoende die effektiewe gebruik van dié stelsel te kan bevorder.
Dag 5: Connect Direct Personeel wat in direkte diensareas werk, staar elke dag verskillende uitdagings in die gesig waarvan ons senior bestuurders en Exco-lede nie noodwendig bewus is nie. Die laaste dag van kliëntediensweek het gefokus op direkte kontak tussen bestuur en kliënte deur ons senior bestuurders en Exco-lede wat saam met ons personeel gewerk het om ‘n direkte diens aan kliënte te kan verskaf en omstandighede uit ‘n ander oogpunt te ervaar. GWK se hoë deelnamesyfers aan vanjaar se kliëntediensweek was net weereens ‘n bewys van die positiewe kultuur wat op die oomblik onder ons personeellede heers. Interne sowel as eksterne kliënte sal altyd GWK se belangrikste bate bly. Soos hulle sê, die een hand was die ander. Ons is opgewonde oor volgende jaar se kliëntediensweek wat selfs groter en beter gaan wees.
15
16
Aktueel Leana Bezuidenhout
Een man se toewyding, baie boere se verligting “Hierdie
ding maak ‘n mens nogal nederig,” sê Joe Scholtz, Griekwastadboer. Hy het hierdie jaar die laagste reënval in die afgelope 85 jaar gehad. Die boere in die omgewing kry swaar. Dit het hom egter slegs gemotiveer om hulp aan medeboere te verleen. In Maart vanjaar het hy “die noodkreet onder ons boere gehoor” en by GWK en Agri Noord-Kaap (Agri NK) gaan aanklop vir hulp. GWK het R50 000 bewillig vir die baal van ruvoer by besproeiingsboere in die omgewing, en Agri NK het ook bygedra tot die projek. Scholtz het hierna van boer tot boer besoeke afgelê om ruvoer in die hande te kry. “Boere van Douglas, Niekerkshoop en Marydale se besproeiingsgebiede het ongelooflik positief gereageer,” sê hy. “Wanneer ek gevra het vir ruvoer, het hulle nóg en nóg gegee.” Die fondse is verder gerek deur ‘n kontrakteur wat die ruvoer teen ‘n groot afslag gebaal het. Uiteindelik het Scholtz die fondse omgeskakel na droogtehulp van ongeveer R200 000. Die bale is so regverdig as moontlik verdeel onder GWK- en Agri NK-lede in
gebiede waar die boere raadop is en soms voel of daar nie meer uitkoms is nie – veral in die Griekwastad-, Volopen Koegas-distrikte. Scholtz beklemtoon egter dat die projek ‘n spanpoging was. “Die boere het ons gehelp, en hulle help ons steeds. Ná my besoek het ‘n klompie jongboere van Douglas bymekaar gekom en planne gemaak om verder hulp te verleen.” Scholtz raak bewoë en sy stem breek as hy praat oor die impak van die droogte op die streek se boere. “In sekere dele hou die droogte nou al vir sewe jaar aan – wat kan ‘n mens vir iemand sê wat moedeloos is? Hulle vra my wat om te doen, want hulle limiete is oral al vol. Al wat ek kan sê is ‘toemaar, myne ook’. Dit is nie ‘n mooi gesig om diere te sien vrek nie.” Dié projek is ‘n voorbeeld van die verskil wat een persoon se toewyding en meegevoel maak. “Ek het gedink ek gaan maar waag om te vra,” sê Scholtz, “en GWK het gereageer en bygedra wat hulle kon. Die boere vir wie ek om hulp gevra het, het aangebied om baie meer te gee.”
Hy sê dat 80% van die Noord-Kaap steeds geweldig swaar kry, veral aan die westekant van die provinsie. “’n Mens moet moet maar positief en op jou knieë bly. Ons glo en vertrou. Wat my baie moed gee is dat die WesKaap goeie reën kry op die regte tyd kry, dit is ‘n teken dat die natuur herstel.” Die aanhou en moedhou onder boere in die area is bewonderenswaardig. Joe is reg. Hierdie ding maak ‘n mens nederig.
17
Aktueel Charné van der Merwe
NK RPO-kongres bespreek die toekoms van die rooivleisbedryf Die fokuspunt by vanjaar se RPO-kongres wat op 5 en 6 Junie by die Horseshoe Inn Motel in Kimberley gehou is, was spesifiek gewy aan belangrike sake vir vleisprodusente wat 'n invloed op boerdery het. Die tema van die kongres, waarvan GWK weer die hoofborg was, was “Toekomsblik” en is deur ongeveer 74 gaste bygewoon. Die oorhoofse doel van die RPO se werk is om kommersiële boere te help in die handhawing van optimale winsgewendheid deur die koördinering van skakeling, ondersoeke, aanbiedings en onderhandelinge. So word kollektiewe belange van sy lede bedien, asook deur die verskaffing van inligting wat hul ondernemings kan verbeter. Die RPO beskerm en bevorder ook die belange van kommersiële rooivleis-
18
produsente in die waardeketting van die vleisbedryf in die Noord-Kaap. James Faber, eerste vise-voorsitter van die Nasionale RPO, het elkeen by RPO Noord-Kaap bedank vir die verskil wat hulle in die rooivleisbedryf maak. Die afgelope jaar was allesbehalwe maklik vir die rooivleisprodusente en hul moes verskeie uitdagings soos droogtes, politiek, onteiening sonder vergoeding en bek-en-klouseer in die gesig staar. Volgens Johan van der Colff, wat tydens die kongres weer as die voorsitter van die RPO aangewys is, het die uitdagings van die produsente raadop gelaat. Peestersiekte onder skape Onder die sprekers van die dag was dr. Helet Lambrechts wat verbonde is aan die departement veekunde aan die
Universiteit Stellenbosch. Sy het spesifiek oor die oorsake, voorkoming en behandeling van peestersiekte, wat nou landwyd voorkom, gepraat. Peestersiekte, wat bekend staan as ‘n aansteeklike siekte by skape, is die eerste keer in die 1970’s in Calviniadistrik aangemeld. Die siekte word oorgedra met dekking tussen die ooi en die ram, maar is wel minder ernstig by ooie. “Die onderste deel van die ooi se vulva raak rou en wanneer dit herstel, is die pienk en die skerp puntjie van die vulva weg,” verduidelik Lambrechts. Die siekte kan ook oorgedra word deur kunsmatige inseminasie en vlieë speel ‘n groot rol in verdere skade wat aangerig word. Ander bakterieë kan ook veroorsaak dat sere verder besmet word.
Die siekte, wat deur ’n groep kieme ontstaan, staan bekend as mikroplasmas. “Dit veroorsaak ‘n erge rooiheid en bloeiende rou sere op die geslagsdeel. In meerderheid van die gevalle is die peester so erg aangetas en geswel, dat dit nie kan terugtrek in die skede nie. Die slymvlies droog dan uit en dit kan ernstige skade laat,” sê Lambrechts. Diere met dié pynlike siekte word met inspuitbare antibiotika soos tetrasikliene, en ook plaaslike behandeling soos akriflavien in gliserien of getemde jodium, behandel. Die skade herstel redelik gou indien dit nie te ver gevorder is nie, maar daar is tans nog geen geregistreerde middel vir peestersiekte nie. Lambrecht se aanbeveling is dat ramme gedurende dekseisoen gereeld ondersoek moet word. Sy stel ook voor dat ramme, wat aangekoop is of uitgeleen is, in kwarantyn vir ongeveer twee tot drie weke geplaas moet word voordat hulle by troppe aansluit. “Die handhawing van biosekuriteit is van radikale belang om peestersiekte op ‘n plaas uit te roei.” “Die goed, die sleg en die lelik” Dr. Frikkie Maré, nuwe akademiese departementele hoof van die Departement Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat, het oor die goed, die sleg en die lelik van vleispryse gepraat. “Om rooivleis te kan koop, moet jy baie geld hê,” sê hy. Sedert Januarie, is hierdie die twaalfde geleentheid wat Maré bywoon. “Mense soek nie hulp as dit goed gaan nie, maar as dit sleg gaan, soek hulle antwoorde. Hierdie is ‘n lelike jaar.” Maré verduidelik dat die beesvleisprys in 2017 uitstekend was met ‘n 20%-verhoging in die prys, dit was goed. In 2018 was daar slegs ‘n 2%-verhoging, wat die sleg was, en 2019
gaan ‘n lelike jaar wees omdat daar ‘n daling in pryse gaan plaasvind. “Wat mense nie besef nie, is dat vark, hoender en vis ook ‘n invloed op die beesvleispryse het.” Volgens Maré was beesvleis in 2017 en 2018 die duurste wat dit nog in die geskiedenis was. “Skaapvleis was die duurste nóg sedert 1971.” Hy sê verder dat hoewel die ekonomie pla, en daar nog baie ander faktore ‘n rol speel, die pryse van vleis in ‘n afwaartse reële prysfase is. “Dis oor en oor in die geskiedenis bewys, en vir die volgende twee tot drie jaar sal daar nie ‘n reële styging in vleispryse gesien word nie.” “Ons het op die oomblik die tweedehoogste werkloosheidsyfer in die wêreld – Suid-Afrika het van 2011 se 24% gestyg met 3% tot 27% in 2019. “Ek besef die vleispryse is sleg, die ekonomie is sleg, dit is droog, en plaasmoorde neem toe, maar, moet steeds nie emigreer nie. Ons kan steeds ons toekoms op hoop bou,” verseker Maré. Die toekoms van die rooivleisbedryf Volgens Louw van Reenen, besturende direkteur van die Beefmaster-groep is daar drie faktore wat boerdery beïnvloed: Weersomstandighede soos droogtes, politiek en geloofsoortuigings. Van Reenen het oor die toekoms van die rooivleisbedryf tot 2030 gepraat, asook die nuwe tegnologie in voedselproduksie. “Hoewel daar klaar vleis is wat in laboratoriums vervaardig word, gaan dit nie boerdery vervang nie. Maar ons moet verstaan dat ons nooit aan Japan se standaarde sal voldoen nie.” Lewellyn Brooks, GWK se Groep Besturende Direkteur sê GWK is trots op hulle verhouding met Noord-Kaap RPO, en sien hul uit na 'n vennootskap wat net sal groei in die toekoms.
19
GWK Agri Landboudienste Charné van der Merwe
PROFARMER,
‘n moet vir elke produsent “Behalwe vir die feit dat ‘n produsent rekord kan hou van al sy eie produksiepraktyke en opbrengste per land in die LBI-program, kan die data in ‘n groot poel saamgevoeg word en kan ons data mining doen. Dit kan tot voordeel van die produsent aangewend word. Dit sluit aspekte soos die optimale kultivar en plantdatum per gebied in. Ons kan ook die produsent wat deelneem aan die fokusklantpakket help om te benchmark teenoor die res van die produsente om hom te help om optimaal te presteer."
Die Kostegids
is al ‘n huishoudelike naam onder produsente. Dis min dat jy in ‘n boer se bakkie klim en nie ‘n Kostegids voor in die bakkie kry nie. Maar, stel jou voor, iets nóg geriefliker, makliker en vinniger as die Kostegids: ‘n Program wat die berekeninge vir jou maak. Profarmer is ontwikkel om produsente se lewe te vergemaklik. Kommuniek het met Dup Haarhoff, Hoof van Landboudienste, en Bennie Badenhorst, Besigheidsinligtingsbestuurder, gesels om meer oor hierdie rekenaarprogram uit te vind en hoekom elke produsent daarvan gebruik moet maak.
Hoe is die Kostegids en die Profarmer aan mekaar verbind? “In die verlede was daar ‘n ‘Profarmer’program wat ‘n sagtewareprogram was. Dit was gebaseer op die Kostegids en die produsent kon hier sy eie inligting invul en stoor. Die program was nie baie gebruikersvriendelik nie en het stelselmatig begin uitfaseer. Ons het egter besluit om die Profarmerhandelsmerk te behou, maar ‘n heel nuwe baadjie daarvoor aan te trek.
20
Profarmer is nou die elektroniese platform waarop verskeie programme gehuisves kan word. Ons het tans die ‘Profarmer Landboubestuursinligting’ (LBI)-program waarop die produsent al sy gewasproduksie-inligting kan stoor. Dit sluit alle aspekte van die boerdery in, soos gewas, kultivar, plantdatum, satellietbeelde en opbrengskaarte. Produsente het toegang tot hierdie program en kan vanaf enige plek waar hy internettoegang het, sy plaas se data sien. “Die Kostegids is tans as ‘n gedrukte publikasie en ook in ‘n PDF-weergawe beskikbaar. Ons is tans besig om die Kostegids in ‘n elektroniese formaat op die Profarmer-platform vir die gebruiker beskikbaar te stel. In hierdie nuwe ‘Profarmer Kostegids’ sal die gebruiker dieselfde gewasproduksie- en meganisasie-inligting kan kry as wat tans in die gedrukte weergawe beskikbaar is, maar met ‘n paar bykomende voordele vir die produsent of gebruiker. Die gebruiker is in staat om sy eie produksiekostesyfers in te vul en dan te vergelyk met die Kostegids-syfers. In die meganisasie-afdeling van die Kostegids gaan die produsent die tota-
le koste van verskillende trekker- en implementkombnasies kan naslaan. Produsente kan ook hul eie ‘bewerkingsresep’ bepaal van byvoorbeeld brandstof-, herstel- en onderhoudskoste. Nog ‘n voordeel is dat pryse meer intyds opgedateer kan word en die gebruiker dus die nuutste pryse en kostes sal kan sien. “Profarmer is dus die platform (lisensienaam van die platform) waaruit verskillende programme/toepassings soos Profarmer LBI, Profarmer Kostegids, ensovoorts vertoon kan word.” Hoe verander ‘n boer se lewe deur van die Porfarmer-program gebruik te maak? “Die Profarmer LBI is ‘n uiters belangrike bron van inligting en ook ‘n bestuurstelsel vir die produsent. “Die stelsel gee die produsent elke vyfde dag toegang tot die nuutste satellietbeelde vir elke land op die plaas, sodat gewasontwikkeling deurentyd gemonitor kan word. Die program maak voorsiening vir bemestingsaanbevelings, chemiese spuitprogramme, besproeiingsrekordhouding,
waarnemings, foto’s en nog vele meer sodat al die produksie-insette op een platform gestoor kan word. Wanneer die produsent wisselboustelsels wil beplan, is die geskiedenis van elke land beskikbaar en kan probleme wat ondervind is in vorige seisoene, sowel as die opbrengs per land, noukeurig gemonitor word. Alle produksie-inligting is dus met die druk van ‘n knoppie beskikbaar vir die produsent, selfs terwyl die produsent met vakansie by die see is!” Wat is die voordele vir ‘n produsent om by die program aan te sluit? “Die Profarmer-program is een van baie min, of dalk die enigste program wat in Afrikaans beskikbaar is. Dit is spesiaal ontwikkel vir produsente se unieke behoeftes. “‘n Baie belangrike aspek vir GWK is ons produsente se data-sekuriteit. Produsente se data is streng vertroulik en sal nooit aan ‘n ander produsent of persoon vertoon word nie. Die data kan wel bymekaar gevoeg word (sonder name) om tendense in die groter gebiede te bepaal wat elke produsent kan help om optimale produksiepraktyke te volg. “Behalwe vir die feit dat ‘n produsent rekord kan hou van al sy eie produksiepraktyke en opbrengste per land in die LBI-program, kan die data in ‘n groot poel saamgevoeg word en kan ons data mining doen. Dit kan tot voordeel van die produsent aangewend word. Dit sluit aspekte soos die optimale kultivar en plantdatum per gebied in. Ons kan ook die produsent wat deelneem aan die fokusklantpakket help om te benchmark teenoor die res van die produsente om hom te help om optimaal te presteer. “Die Profarmer Kostegids gee die produsent toegang tot die nuutste gewasproduksiekostes sodat gewasbeplanning noukeurig voor die seisoen gedoen kan word. Verskillende gewas-scenarios kan opgestel word en met mekaar vergelyk word om sodoende die mees winsgewende opsie vir ‘n boerdery te bepaal. Indien ons genoeg werklike data kan vasvang op die stelsel, kan ons ook benchmarking begin doen sodat die produsent homself kan vergelyk met ander pro-
dusente in die res van die gebied.”
■■
Wat is die huidige funksionaliteite van die program?
■■
“‘n Gebruiker wat toegang tot die program wil hê, moet op die stelsel registreer. Die gebruiker kan sy taalkeuse aandui op die registrasievorm en die program kan dan in Afrikaans of Engels bedien word. “Die Profarmer LBI-program werk per besigheid, per plaas en per seisoen. Verder is daar ‘n paneelbord (dashboard) op plaasvlak en op landvlak. “Op plaasvlak verskyn ‘n kaart van die plaas, die nuutste satellietbeeld van die plaas (elke vyf dae indien daar geen wolke is nie), asook ‘n opsomming van al die lande met die basiese gewasinligting (oppervlak, gewas, kultivar en plantdatum). Daar is ook bladsye met verskillende tipe inligting op plaasvlak beskikbaar:
■■
■■
■■
Gewasrotasie: ‘n Opsomming van al die lande met gewasinligting van vorige seisoene Geografiese kaarte: Alle geografiese inligting per seisoen word hier vertoon, byvoorbeeld satellietbeelde, stroperopbrengskaarte, temperatuursensordata, ensovoorts. Beeldvergelykings: Hier kan geografiese inligting en kaarte van verskillende seisoene vertoon en met mekaar vergelyk word. Vergelyking: Produsente wat Sentinel-satellietbeelde ontvang, kan die groei van die gewas per land monitor teenoor al die ander lande in die gebied wat dieselfde gewas en kultivar in dieselfde week aangeplant het. Aksieverslag: Indien die bemestingsprogram, chemiese spuitprogram en fisiese aktiwiteite per land ingevul word, kan die produsent
21
■■
■■
per periode wat gekies word (vanaf ‘n datum tot ‘n datum) ‘n verslag kry van al die aktiwiteite wat per land moet plaasvind, asook detail soos produk en hoeveelhede wat toegedien moet word. Dokumente: Enige dokument wat op plaasvlak gestoor moet word, kan hier opgelaai en gestoor word. Dit kan dokumente soos kontrakte en seisoensbesprekings insluit en kan in PDF-, Word-, Excelof JPG-formaat wees. Pompstasies: Alle inligting rakende die pompstasies op die plaas kan hier ingevul en gestoor word. Dit sluit inligting soos pompe, pompfabrikaat, pompgrootte, motorfabrikaat, motorgrootte, moederlyntipe, -pypklas en -pypgrootte in.
Op landvlak is daar ook ‘n paneelbord waar basiese gewasinligting van die spesifieke land vertoon word. Hier sal jy ook die nuutste satellietbeeld van die land kan sien. Daar is ook bladsye met verskillende inligting per land beskikbaar: a. Data: Die meeste van die gewasdata vir die land word hier ingevul. b. Geskiedenis: ‘n Opsomming van inligting per seisoen van die land c. Geografiese kaarte: Alle geografiese inligting soos satellietbeelde en stroperopbrengskaarte van die betrokke land d. Bewerking: Grondbewerkingspraktyke per land e. Chemiese spuitprogram: Chemiese spuitprogram plus werklik toegedien f. Besproeiing: Besproeiing en reënvalsyfers per week plus ‘n ‘besproeiingsresep’; grafiek teenoor werklik toegedien g. Bemesting: Bemestingsaanbeveling plus werklik toegedien h. Aktiwiteitsbeplanning: Alle fisiese aktiwiteite wat die produsent per land beplan of wil uitvoer word hier aangeteken. i. Waarnemings: ‘n Waarneming of foto met ‘n beskrywing van byvoorbeeld onkruid, siektes, swak kolle in die land, ensovoorts kan hier gestoor word. j. Gewas-‘paspoort’: Vir gewasse soos Simba-mielies wat vir menslike gebruik aangewend word, word ‘n verslag benodig van chemiese stowwe wat gespuit is. Indien die chemiese spuit-
22
program volledig ingevul is, sal die verslag of ‘paspoort’ outomaties hier beskikbaar wees. k. Spilpunt: Alle inligting van die besproeiingstelsel/spilpunt, soos fabrikaat, senterkas, ensovoorts kan hier ingevul word. Daar kan ook dokumente soos byvoorbeeld spuitpakette hier opgelaai en gestoor word. l. Onkruid, plae en skade: Onkruid, siektes, insekte en skade soos hael, ryp, ensovoorts kan hier aangeteken word vir rekorddoeleindes. “Die program is op rekenaar, sowel as tablette en selfone beskikbaar. Die Profarmer Kostegids gaan ook binnekort beskikbaar wees. Dit bestaan uit ‘n gewasproduksie-afdeling en ‘n meganisasie-afdeling. “In die gewasproduksie-afdeling gaan daar per gewas, per publikasie, en per prysdatum die gemiddelde opbrengs en produkpryse, asook die verskillende insetkoste per gewas, vertoon word. Die bruto marge, gelykbreek-opbrengs en gelykbreek-gewasprys word ook bereken. Daar is ook ‘n sensitiwiteitsanalise waar die produsent kan sien wat die invloed van opbrengs en/of prys op sy marge is. Die produsent gaan ook die vermoë hê om sy eie produksiesyfers in te vul en die kostes en marge vir sy eie boerdery te bereken en te stoor. “Wat die meganisasie-afdeling betref, gaan daar ‘n lys van trekkerpryse en -inligting wees, implementpryse en -inligting, berekening van bewerkingskoste van ‘n spesifieke trekker-en-implement-kombinasie. Daar is ook plek vir ‘n ‘bewerkingsresep’ waar die produsent sy trekkers en implemente kan kies vir ‘n reeks bewerkings en die brandstofverbruik, asook die herstel en onderhoudskoste, kan bereken. “Die Profarmer LBI- sowel as die Profarmer Kostegids-programme is baie gebruikersvriendelik en maklik om mee te werk. Dit is spesifiek ontwerp om deur produsente gebruik te word. Ons wil graag vir die produsent ‘n hulpmiddel skep om sy boerdery te optimaliseer.” Wat is die koste verbonde aan die program? “Daar is verskillende modelle en opsies beskikbaar. Vir fokusklante wat deelneem aan die presisieboerderypakket gee ons tans gratis toegang tot die
Profarmer LBI-program. Vir produsente wat nie deelneem as fokusklant nie, en slegs die Profarmer LBI-program wil gebruik, is daar ‘n jaarlikse intekenfooi van R3 000. Ons is ook besig om pakkette saam te stel vir produsente buite die tradisionele GWK-gebied waar ons weeklikse satellietbeelde kan verskaf teen ‘n koste. Indien daar genoeg hektare ingeskryf word, kan die LBI-program ook gratis verskaf word. “Wat die Profarmer Kostegids betref, sal daar ‘n intekenfooi per gebruiker wees van R500 per jaar, wat die gebruiker toegang sal gee tot die nuutste publikasies en pryse, asook vorige publikasies. Ons is tans besig met die toetsfase van die Profarmer Kostegids en behoort dit binnekort aan die gebruikers beskikbaar te kan stel.” Daar is deurlopende ontwikkeling aan die program. Waaraan werk julle die res van die jaar? “Soos met enige ontwikkeling, kry ons gedurig nuwe vrae en voorstelle vir verbetering. Aan die Profarmer LBI het ons pas ‘n hele aantal ontwikkelinge en verbeteringe geïmplementeer wat vir die produsent tot voordeel is. Ons is ook besig om ‘n aflyn-gedeelte te ondersoek, waar waarnemings per land ingevul kan word en foto’s gestoor kan word, selfs wanneer daar nie internetopvangs beskikbaar is nie. “Die volgende ontwikkelingswerk is meer daarop gerig om die stelsel te verbeter om ons interne werk beter te kan doen. Dit gaan byvoorbeeld vir ‘n landboukundige die geleentheid bied om die lande wat vir fokusklantlande gediens word aan te dui, asook besproeiingskedulering-toerusting per land. Ons gaan ook die registrasieproses vergemaklik waar die produsent self op die stelsel kan aandui dat hy toegang tot sekere programme versoek of wil inteken vir die Profarmer Kostegids. “Met betrekking tot Profarmer Kostegids ondersoek ons die moontlikheid om ook ‘n vee-afdeling elektronies beskikbaar te maak. Daar is ook nog ander nuwe ontwikkelingswerk aan die gang waaroor ek nie nou al te veel kan uitbrei nie, maar hou die spasie dop!”
LE A I S E ! P ! S D O B N AA
McHale F5400: R 494 500 BTW inkl. McHale F5500: R 558 900 BTW inkl. McHale Fusion: R 1 299 500 BTW inkl.
!! ! W
O W
Betaal huidige pryse as jy jou 2019-McHale-rondebaler vooraf bestel en 20%-deposito betaal, vir aflewering tussen Oktober en Desember 2019.
Bepalings en voorwaardes: • Pryse sluit BTW in • Pryse sluit aflewering in • Terwyl voorraad hou ANDREOLI ENGINEERING
MACCHINE AGRICOLE E INDUSTRIALI
Noord-Kaap
Oos-Kaap
Vrystaat
Mpumalanga
KwaZulu-Natal
Produkspesialis: Suid- en Wes-Kaap
Produkspesialis: (Hooi en Kuilvoer)
Produkspesialis: (Strooiers en Spuite)
Produkspesialis: (Boorde)
Produkspesialis: (Bewerkbaar/ Saaiers)
Andre Pieters 082 338 6001
Craig Ivins 082 997 0179
Lerock Ingram 079 690 5665
Martin Bullock 071 480 5645
Terry Alexander 082 383 6700
Andre Van Der Vyver 083 703 3556
Nico Botes 072 175 4304
Frankie Joubert 072 725 7757
Jose De Nobrega 082 835 8507
JP Jonker 082 561 8893
www.jupidex.co.za 23
LESERSFOTO'S As jy mooi foto’s het van die plaaslewe, stuur dit vir ons na leanab@gwk.co.za
Wessel van der Vyver van die Griekwastad/Groblershoopomgewing het hierdie foto’s gestuur. “Die boere in ons omgewing wil graag vir álmal wat bygedra het tot die skenking, baie dankie sê.” Wessel sê die droogtehulpskenking het groot verligting gebring en dat hulle aan die jongboere van Douglas, wat hierby betrokke was, asook alle ander skenkers, hul innige waardering wil oordra. Vir almal wat bydrae lewer in dele van die land waar boere swaarkry weens die droogte, baie dankie!
24
Jou 360° vennoot Jou skakel tot sukses! 360° vennoot Jou skakel tot sukses! GWK Agri Bemarking
GWK Agri Bemarking
GWK Saad... Plant dit net!
Sel: 082 804 2505 Marius van der Schyff Saadbestuurder: Anton Visagie GWK Noord-Kaap Cradock Sel: 083 082 462 804 4976 2505
Sel: 082 884 4584 Derick Payne Modderrivier, Louisa ThomasKimberley, Petrusburg en Luckhoff Barkly Wes Hopetown Sel: 071 082 680 884 6805 4584
Louis Coetzee Magogong, Hartsvallei en Vaalharts Sel: 071623 7507 Louis Coetzee Magogong, Hartsvallei Louis Nel en Vaalharts Douglas, Prieska en Marydale Sel: 071623 082 9047507 6394
Anton Visagie Cradock Sel: 083 462 4976
Louisa Thomas Hopetown en Luckhoff Sel: 071 680 6805
Louis Nel Douglas, Prieska en Marydale Sel: 082 904 6394
Marius van der Schyff
Derick Payne
Saadbestuurder: Modderrivier, Kimberley, GWK Saad... Plant dit net! GWK Noord-Kaap Petrusburg en Barkly Wes
Ons weet hoe om water rég te gebruik. GWK Besproeiing
Matthys Saayman Pr.Ing. Tegniese Bestuurder: Besproeiing 053 298 8318 | 063 696 9390 matthyss@gwk.co.za
Wilhelm Backhoff Tak Bestuurder: Besproeiing 053 298 8472 | 066 264 6860 wilhelmb@gwk.co.za
Anton Visagie Spesialisbestuurder: Bemarking en Besproeiing (Cradock) 048 881 3931 | 083 462 4976 antonv@gwk.co.za
Morné Maass Konsultant/Ontwerper: Besproeiing (Oostelike Streek) 072 571 0860 mornema@gwk.co.za
Stefan Vermeulen Konsultant/Ontwerper: Besproeiing (Cradock) 048 881 3931 | 065 896 1519 stefanv@gwk.co.za
Gert Engelbrecht Konsultant/Ontwerper: Besproeiing (Westelike Streek) 053 298 8237 | 082 923 3440 gerte@gwk.co.za
gwk.co.za
25
GWK Agri Landboudienste André Prins
Koring 101
Saadbed Goeie ontkieming geskied waar sade in goeie kontak met die grond rondom die saad is. Om dit te verseker, is ‘n ferm saadbed nodig. Indien die saadbed te los is, kan dit aanleiding gee tot onegalige plantdiepte, wat weer halmontwikkeling kan benadeel. Dis algemeen dat saad wat te diep geplant is, geneig is om geen halms te vorm nie
26
25
20
20
15
15
10
10
5
5
0
0
A
Fis
le Ve r Ha lm
Ry p
25
Vl a ar gb ve l a sk a yn r in g Bl om Sa gt e D ee Ha g rd e De eg
30
ng in g
Biomassa (t/ha)
35
30
Pl an t
Grondvoorbereiding Die fokus van bewerking is om die mees gunstige omstandighede vir wortelontwikkeling te skep. Wortels bly die belangrikste bron van opname van substrate soos water en voedingstowwe. Navorsing toon dat koring se wortelstelsel in ‘n vroeë stadium baie vinnig begin ontwikkel. Die data op Grafiek 1 toon dat die plant op halmverlenging reeds 15 km wortels per kubieke meter benodig. Gedurende blom word 31 km wortels/m -3 vereis. Bewerking is een van die belangrikste maniere om wortelgroei te bevoordeel. Dit help nie net om die volume grond te skep waarin wortels kan ontwikkel nie, maar ook vir die optimale suurstof binne die grond. Suurstof speel ‘n belangrike rol in die ontkieming van saad. Sade word gereeld gestik (by oorversadigde gronde), maar wat eintlik gebeur is dat suurstof binne die grond te min raak vir opname en die saad doodgaan.
35
St oe l
GWK-gebied toon oor die afgelope jare ‘n positiewe tendens. Produksiepraktyke en insette word op ‘n intensiewe manier bestuur en min foute kan bekostig word as die opbrengsmikpunt in die dubbelsyfers gaan. Tog bly basiese beginsels van toepassing. binne die
Wortellengte (km/kub m)
Wortellengte en biomassa vir 11 ton koring/ha Koringproduksie
Groeistadium Totale Droë Materiaal
Wortellengte
Grafiek 1: Wortellengte en Biomassa op verskillende groeistadiums by koring
(Foto 2). Data uit navorsing toon dat die diepte van plant ‘n invloed op oorlewing van die plante asook die tyd van plant tot opkoms het (Grafiek 2). ‘n Ferm saadbed kan deur die hele seisoen ‘n invloed op die groei en ontwikkeling van die koring hê (Foto 2 en 3). Die foto toon vrotpootjie wat op die land waargeneem is. Verdere ondersoek het getoon dat die bewerking voor die aanplant van die koring ‘n onegalige saadbed tot gevolg gehad het. Die gevolg was dat water en kunsmis in die voortjies akkumuleer en ‘n gunstige omgewing vir siektes geskep het. Hoe kan wortelontwikkeling bevorder word? Navorsing toon dat voedingselemente soos N, P, K, Ca, Mg en Mn die grootste invloed op vroeë wortelontwikkeling het (Grafiek 3). Die keuse van bemesting vir bandplaas tydens plant, is dus van groot belang om te verseker die plant kry die mees gunstige wegspring.
Gedurende plant is mangaan een van die belangrikste mikro-elemente. Dit ondersteun gesonde wortelontwikkeling, wat die plant minder vatbaar maak vir siektes (Grafiek 4). Goos and Johnson (2001) het die invloed van P op die oorlewing van halms ondersoek en bevind dat die plasing van P by die pit ‘n positiewe invloed op halms gehad het, asook dat die hoofhalm, plus die eerste twee halms (H1 & H2), 97% van die oes verteenwoordig (Grafiek 5). Plantdatum Aanplantings van koring in die GWKgebied vind hoofsaaklik vanaf die begin van Junie tot einde Julie plaas. Die kultivars wat beskikbaar is, word verdeel in langer groeiers (aanplanting hoofsaaklik in Junie), medium groeiers en kort groeiers (aanplantings in Julie). Die produsent moet seker maak van die optimale datum soos deur die landbounavorsingsraad in hulle handleiding aanbeveel is. Hierdie datums
is belangrik aangesien versekering op koring deur hierdie datums gerig word en geen versekering buite die datums moontlik is nie. Opbrengsdata uit die GWK-bestuursinligtingstelsel toon dat die plantdatum ‘n invloed op die opbrengste het. Langer groeiers toon ‘n opbrengstoename tot middel Junie, waarna die opbrengste ‘n negatiewe tendens volg. Kort groeiers toon ‘n optimale plantdatum van middel Julie (Grafiek 6).
Besproeiing vroeg in die seisoen Dit is baie belangrik om ‘n aanplanting op ‘n grond soos veldwaterkapasiteit (vol profiel) te plant. Die praktyk is om ná aanplantings ‘n swaar water toe te dien om goeie grond-saad-kontak te verseker. Produsente moet egter versigtig wees vir versuiptoestande wat aanleiding kan gee tot swak stand en die opname van voedingstowwe kan onderdruk (Grafiek 7). Die data toon dat biomassa tot en met 55% op koring
Foto 1
Invloed van plantdiepte op opkoms van koring
100 90 80
Plantdiepte (mm)
70
Opkoms (%)
Saaidigtheid en planterspoed Planterspoed is ‘n belangrike faktor wat maklik uit die oog verloor kan word. Daar is heelwat navorsing oor die optimale stand gedoen. Die optimum vir die vroeër aanplantings is ongeveer 2 miljoen pitte per hektaar, terwyl daar gewoonlik vir 2,5 miljoen pitte tydens ‘n later aanplanting gemik word. Om die kilogram saad per hektaar te bepaal, moet die 1000-korrelmassa (DKM) van die saad bekend wees. Alle saadmaatskappye dui die DKM op die sakke aan, vanwaar dit gebruik kan word in die planterkalibrasie. Kultivars soos PAN 3497 het ‘n DKM van 45, dit wil sê, indien jy 2 miljoen sade plant, is 95 kg saad/ha (95% ontkieming) nodig. PAN 3400 het egter ‘n DKM van 37, dus is die kalibrasie 78 kg saad/ha nodig. Die aantal sade en die planterspoed is ook belangrik. Op ‘n planter van 4 m wyd en ‘n spoed van 6 km/uur, word 1 333 sade per sekond op ‘n stand van 2 miljoen plante geplant. Indien die planter slegs 1 minuut misplant het, het dit ‘n potensiële verlies van 415 kg opbrengs/ha tot gevolg. Indien die planterspoed na 10 km/ha toeneem, word 2 222 pitte geplant en is die potensiële verlies 691 kg/ha.
60
10-15
50
25-30
40
50-60 75-80
30
100-105
20 10 0
0
7
14
21
28
31
Dae na Plant Grafiek 2: Invloed van plantdiepte op opkoms van koring
Foto 2
27
onderdruk kan word. Voedingstowwe wat die meeste deur versuiptoestande onderdruk word, is mangaan (wortelsiektes), sink (opname van P) en magnesium (chlorofiel). VroeĂŤ groeistadiums van koring is redelik laag gevoelig vir waterstres, maar daar moet nĂĄ halmverlenging (rondom 1 September) verseker word dat geen tekorte voorkom nie. Samevatting Die plantproses van grane bly steeds
die basis waarop opbrengs gebou kan word en die produsent moet verseker dat alles moontlik gedoen word om die mees optimale potensiaal te skep. Die koring wat gestroop word, word bepaal deur hoe suksesvol die plante aan die begin van die seisoen gevestig is. Bronne AHBD Cereals and oilseeds. (2015). Wheat growth guide. B.D. Gruber (2001). Plasticity of the
Foto 3
Arabidopsis root system under nutrient deficiencies. D. Steffens, B.W. Hutch, T. Eschholz, S. Schubert (2000). Water logging may inhibit plant growth primarily by nutrient deficiency rather than nutrient toxicity. R. J. Goos, B.E. Johnson (2001). Response of spring wheat to phosphorus and sulphur starter fertilizers of differing acidification potential. Data: GWK landboubestuursinligting Data: GWK gewasnavorsing.
Grafiek 3
Invloed van P op halmontwikkeling by koring 8.4
8.2
Inisiasie (%)
Opbrengs (t/ha)
8.3
8.1 8 7.9 7.8 7.7 7.6
Kontrole
Seed 2.5
Man 7.5
S/Man 5
S/Man 7.5
H1
H2
H3
Grafiek 5: Invloed van P bemesting op halminisiasie by koring
Interaksie tussen groeilengte en plantdatum van koring
9
Opbrengs (t/ha)
H0
P 15 kg/ha
H4
Grondontleding: 10 mg/kg Olsen P; P is by saad geplaas Goos and Johnson, 2001: Response of spring wheat to phosphorus and sulphur starter fertilizers of differing acidification potential
9,5
8,5 8 7,5
43250
43299
Plantdatum Kort
Lank
Medium
Poly. (Kort)
Poly. (Lank)
Grafiek 6: Interaksie tussen groeilengte en plantdatum van koring
28
P 0 kg/ha
Halms
Grafiek 4: Evaluasie van saadbehandelings op koring Seed = Sidi Seed / gram per kg saad Man = Sidi MAN 300 / gram per kg saad
7
100 90 80 70 60 50 40 30 20 10 0
Poly. (Medium)
Advertorial
Sensako koringkultivars – Wenners vir elke streek! Die regte kultivarkeuse wat opbrengs, graankwaliteit en stabiliteit in opbrengsreaksie oor jare insluit, is ‘n belangrike produksiebesluit om winsgewend te kan produseer. Sensako, ’n bekende naam in die saadbedryf en ’n trots Suid-Afrikaanse maatskappy, is op die voorpunt van die ontwikkeling van verbeterde koringkultivars alreeds vir 60 jaar. Benewens die nuwe wenners is daar die beproefde kultivars wat steeds die ruggraat van suksesvolle koringaanplantings uitmaak. Die nuutste inligting oor die kultivarreeks is beskikbaar in die nuutste Kultivargids van Sensako. Verskeie kultivars met goeie aanpasbaarheid, opbrengs en goeie kwaliteit- en siekte-eienskappe is beskikbaar vir besproeiing oor ’n wye planttydspektrum. • • • • • • •
SST 8135 - ‘n NUWE hoë potensiaal kultivar met ‘n medium-kort groeiperiode, goeie staanvermoë en uitstekende graderingskwaliteit. Goeie toleransie teen aarskroei en ideaal vir water- en kragbesparings. SST 8154 en SST 8156 is nuwe kultivars wat infaseer word met uitstekende opbrengspotensiaal, siekte- en omvalweerstand. SST 895 en SST 875 het ‘n medium-kort groeiperiodes, hoë opbrengspotensiaal, goeie staanvermoë, met droogteverdraagsaamheid en graaneienskappe. SST 835 en SST 806 is bekende kultivars beskik oor goeie opbrengspotensiaal, wye aanpassing en goeie graankwaliteit. SST 884 - ’n topverkoper - het uitstekende opbrengspotensiaal met wye aanpassing, blaar- en geelroesweerstand, goeie droogteverdraagsaamheid met goeie staanvermoë. Ideaal vir water- en kragbesparings. SST 843 is 'n dubbel-dwerg kultivar met 'n kort groeiperiode aangepas vir laat aanplantings. Toon verdraagsaamheid vir droogte- en souttoestande met goeie graankwaliteit en omvalweerstand. Ideaal vir water- en kragbesparings. Sensako se hawer- (SSH) en rogkultivars (SSR) het uitstekende biomassa-produksie en goeie hergroei oor ‘n wye planttydspektrum. Nuwe hawerkultivars (SSH 4185, SSH 4186 en SSH 4187) asook ‘n rog- (SSR 789) en voergarskultivar (SSG 066V) is vrygestel vir weidingsaanplantings asook sny en baal aanwendings.
Onthou dat die agronomiese praktyke asook klimaatsomstandighede tydens die seisoen, die uitdrukking van die genetiese potensiaal van enige kultivar sal bepaal. Optimale gewasbestuur moet kultivarkeuse ondersteun veral as die kultivar spesifieke bestuurspraktyke vereis om genetiese potensiaal te verwesenlik. Die kombinasie van al die kultivar-eienskappe en bestuursinsette word versinnebeeld in die verhoogde opbrengste wat behaal word – ‘Presterende saad met beproefde genetika’. Sensako kultivars word direk versprei asook deur uitgesoekte agri-besighede. Bethlehem 058 303 4690; www.sensako.co.za
29
As die leier in korttermynversekering vir oor 100 jaar verstaan Santam die boerderybedryf. Daarom verseker ons alles van jou vee en oeste tot jou persoonlike en boerderybates onder een sambreel. Santam. Regte, egte versekering.
Vir meer inligting, bel jou makelaar of besoek www.santam.co.za/products/agriculture.
30
Santam is ’n gemagtigde finansiÍle-diensverskaffer (lisensienommer 3416).
KINGJAMES 47780/A
Versekering wat koning kraai op die plaaswerf.
GWK Agri Landboudienste Evert Bergh
Grondmikrobiologie se plek in die landbousektor:
Die noodsaaklikheid van 'n gesonde grondmikrobioom en alternatiewe vir aalwurmbeheer As ‘n mens die grootheid van ons skepping wil vasvang, is daar geen beter maatstaf as die mikrobiologiese diversiteit op aarde nie. Die veld van mikrobiologie word soms misgekyk omdat dit iets is wat nie met die blote oog waargeem kan word nie, maar nietemin is dit enorm en oneindig divers. Sedert universiteitsdae het hierdie onderwerp my geïnteresseer en dit fassineer my steeds. Van bierbrou tot landbou – mikrobiologie is oral betrokke in ons alledaagse bestaan. In Figuur 1 word die komponente van grondgesondheid uitgebeeld. Mikrobiologie en die grondmikrobiome val onder meer onder die biologiese gesondheid van grond, en soos die figuur voorstel, kan die een komponent nie sonder die ander nie. Die res van die artikel sal op die biologiese gesondheid van grond fokus en meer spesifiek, die voordele wat goeie grondmikrobiome vir landbou inhou. Grondmikrobiologie vorm een van die belangrikste skakels in algehele grondgesondheid van enige gewas. Mikrobes maak voedingstowwe en minerale in die grond beskikbaar aan plante, produseer hormone wat groei stimuleer, stimuleer die plant se immuunstelsel en demp stresreaksies. Oor die algemeen lei 'n meer diverse grondmikrobioom tot minder plantsiektes en hoër opbrengs. Dus is 'n goeie grondmikrobioom net so belangrik soos die korrekte kunsmis, besproeiing, saadspasiëring, kultivar, bewerking, ensovoorts.
Gesonde grondmikrobiologie dra ook voordelig by tot goeie aggregaatstabiliteit, omdat die bakterieë in die grondmetaboliete, soos polisakkariedes, afskei wat as ‘n kleefmiddel dien en sodoende gronddeeltjies bymekaar hou deur adhesie te verhoog. Fungi dra ook by tot aggregaatsta-
biliteit deur die verstrengeling van gronddeeltjies in filamentagtige fungi (Lynch and Bragg, 1985, Robert and Chenu, 1992). In Figuur 2 word daar op mikroskopiese vlak verwys na die veselagtige materiaal wat deur fungi afgeskei word. Aggregaatstabiliteit is belangrik in
Figuur 1: Komponente van grondgesondheid (die figuur is aangepas vanaf https://www.netwerk24. com/landbou/Kunsmis/grondgesondheid-gaan-oor-meer-as-net-grondvrugbaarheid-20171208, 2019)
31
boerdery omdat stabiele aggregate goeie waterinfiltrasie in grond verseker. Onstabiele aggregate (lae aggregaatstabiliteit) veroorsaak dat grond verdig en/of toeslaan indien die grond blootgestel word aan waterdruppels (besproeiing of reën). Grondmikrobes soos Rhizobakterieë verander ook die pH rondom wortels om mikro-elemente se opname te verbeter en kompeteer ook vir voedsel met patogeniese bakterieë en aalwurms in die grond. Ander organismes soos trichoderma is ‘n voordelige fungus wat natuurlik in die grond voorkom en stimuleer die plant om sy verdedigingsmeganismes te versterk deur selwande te verdik en opname in die plant te verbeter. Aan die anderkant is biologiese stikstof-fiksering of -binding ‘n proses wat deur ‘n groep gespesialiseerde bakterieë uitgevoer word. Die bakterieë skakel atmosferiese stikstof om na ammonium en nitrate. Plante kan dan die ammonium en nitrate van stikstof makliker opneem, wat as boustene dien van proteïene vir plantegroei. Die proses is baie kompleks, maar ‘n paar groepe bakterieë is hoofsaaklik hiervoor verantwoordelik, soos die Azospirillum- en Bacillus-spesies. Figuur 3 is 'n illustrasie van verskeie interaksies. Organiese materiaal wat weer teruggewerk word ná ‘n seisoen dra goed by tot die bevordering van mikrobes in die grond deur gunstige toestande te skep en ook as koolstofbron te dien waarop die mikrobes kan voed. Nematodes, of beter bekend as aalwurms, is ook van die mikro-fauna wat ons in grond aantref en soms is radikale behandelings nodig vir patogeniese aalwurms. Aa l w u r m b eh a n d e l i n g s p rod u k te soos etileenmetielbromied (EDB) is baie keer nodig om ‘n land te behandel, veral by hoë aalwurmgetalle en indien die spesifieke aalwurm kwaadaardig is, maar is baie nadelig vir nie-patogeniese grondmikrobes ook. Dit is basies soos om van nuuts af te begin en die grond moet dan weer van voor af opgebou word en voordelige mikrobes se populasies weer herstel. Dis wel nie altyd nodig om des-
32
Figuur 2: Elektronmikroskoopfoto toonbeeld ‘n grondmakro-aggregaat wat omring is met veselagtige materiaal wat deur fungi afgeskei word. Die pyltjie wys die brûe wat tussen gronddeeltjies gevorm word.
perate stappe te neem om skadelike aalwurms te beheer nie ‘n Studie deur dr. Wood (2010) het getoon dat biologiese aalwurmbeheer effektief kan wees op pekanneutbome met die gebruik van ‘n sekere bakterieë wat parasiteer op knopwortelaalwurm, genaamd Pasteuria penetrans. Laboratoriumresultate het bewys dat Pasteuria penetrans suksesvol kan heg en doeltreffend kan wees om aalwurm te beheer wanneer dit nog in sy onvolwasse fase is. Dit is duidelik vanuit die studies dat die besmette pekanneutbome wat biologiese aalwurmbeheer ontvang het, beter gevaar het as bome wat geen biologiese middel ontvang het nie en dat biologiese beheer wel effektief kan wees in die nabye toekoms. As ‘n mens fokus om die toestande in ons gronde meer gunstig te maak vir mikro-organismes met alles wat reeds genoem is in ag genome, kan jy ‘n gesonde balans handhaaf van natuurlike grond-fauna, wat die gebruik van harde chemikalieë soos aalwurmdoders kan verminder, uitgawes spaar en ook grond meer volhoubaar
benut vir die toekoms. Samevatting In opsomming is dit duidelik dat deurlopende nuwe navorsing in mikrobiese patologie en ekologie nodig is om siektebeheer op gewasse te verbeter. Dit is ook nodig om op hoogte te bly van veranderinge wat gepaard gaan met konstante evolusie en beweging van plantpatogene, asook veranderinge in landboupraktyke. Plant-geassosieerde mikrobiese diversiteit is ‘n baie belangrike faktor vir plantgesondheid en die toestande in grond moet gunstig gehou word vir hierdie biodiversiteit om te floreer. Die vraag lê egter by ons om te bepaal watter faktore spesifiek bydra tot ‘n gesonde mikrobioom in grond, sodat mikrobiese diversiteit as ‘n maatstaf gebruik kan word as ‘n biomerker vir gesonde mikrobiome en hierdie faktore aanspreek sover moontlik. Bronnelys 1. Jansson, J.K. & Hofmockel, K.S. 2018. The soil microbiome- from metagenomics to metaphenom-
2.
3.
4.
5.
6.
ics. Current opinion in microbiology, Elsevier, 43: 162-198. Lynch, J.M. & Bragg, E. 1985. Microorganisms and soil aggregate stability. Advances in soil sciences, 2:133-171. Robert, M. & Chenu, C. 1992. Interactions between microorganisms and soil minerals. Soil biochemistry, 7: 333-360. Unknown.https://www.google.com/search?rlz=1C1CYCH_ enZA652ZA653&biw=1920&bih=920&tbm=isch&sa=1&ei=VXLaXJWLFZeFjLsPyZCdyAE&q=soil+microbiome&oq=soil+microbiome&gs_l=img0i19.114312.119 098..119550...0.0..0.363.4602.26j9......1....1..gws-wiz img.......0j35i39j0i30j0i8i30i19.MfW2ITgmzzw#imgrc=6cnHvBmC9ZnDbM:, 14/05/2019. van Eeden, D. 1967. Mikrobiologiese aktiwiteit tot voordeel van die mens. Bulletin for Christian Scholarship, 35:120-132. Wood, B. & Nyczepir, A.P. 2010. Nematode management in Pecans. Slideshow: https://www. grainsa.co.za/stikstofbinders:-jou-vennoot-in-volhoubare-gewasproduksie, 12/05/2019.
Figuur 3: Oorsig van tipes grondmikrobiese gemeenskap en molekulêre interaksies (Jansson, J.K. & Hofmockel, K.S., 2018).
Figuur 4: A: Onvolwasse M.partityla aalwurm mikroskoopfoto, B: P.penetrans bakterieë wat suksesvol heg aan M.partityla aalwurm spesie, C: Dwarssnitfoto van ‘n elektronmikroskoop waar Pasteuria penetrans-bakterieë suksesvol heg aan M.partityla-aalwurmspesie (Wood, B. 2010).
33
™
By BASF loop boer sterk deur ons are en word ons gedryf deur ’n passie vir wat ons die beste doen: boer! Ons ken die land en verstaan die klimaat ... daarom is volhoubare plaasbestuursoplossings vír Suid-Afrikaners, déúr Suid-Afrikaners, nodig. Met die oog op die toekoms is dit nóú die tyd om verantwoordelik om te gaan met hulpbronne, doeltreffend te produseer en voortdurend na volhoubaarheid te strewe. Waarvoor wag jy? Skakel vandag nog jou BASF-verteenwoordiger en word deel van die oplossing.
uppe marketing A19892
Saam boer is beter boer.
34
BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk • Sestiende Straat 852, Midrand, 1685 • Posbus 2801, Halfway House, 1685 • Tel: +27 11 203 2400 Faks: +27 11 203 2461 • Webblad: www.agro.basf.co.za • Mobielewebblad: m.agro.basf.co.za
GWK Agri Landboudienste Johann Sounes
Kaliumbemesting op mielies:
‘n GWK-gevallestudie Inleiding Kalium (K) is een van die 11 belangrike elemente nodig vir normale groei en ontwikkeling van mielieplante. Dit speel ‘n belangrike rol by die oop- en toemaak van die huidmondjies en is daarom krities om waterverlies deur transpirasie te beperk. Dit word algemeen geassosieer met die vervoer van water, voedingstowwe en koolhidrate in die plant. Kalium het ook ‘n groot invloed op ensiem-aktiwiteite in die mielieplant en kan help met siektebeheer, asook stamsterkte. Al hierdie funksies sal help om vroeë groei te stimuleer, proteïenproduksie te verhoog, en waterverbruiksdoeltreffendheid (WGD) en siekteweerstand verbeter. Oormatige stikstoftoedienings met lae kaliumbeskikbaarheid vir die plant kan veroorsaak dat mielies baie vinnig groei maar struktureel nie sterk genoeg is om die stam teen patogene en omval te beskerm nie. Die plant kan dan makliker blootgestel word aan siektes soos bakteriese stamvrot en omval. Mielies het ‘n hoë kaliumbehoefte en vir elke ton graan word omtrent 3,5 – 4,2 kilogram kalium benodig. Bemestingspeile en kalium in die grond moet in hierdie behoefte voorsien. Daar moet ook altyd in gedagte gehou word dat wanneer ‘n produsent besluit om te baal of reste van ‘n land verwy-
Foto 1: ‘n Tipiese voorbeeld van kaliumtekorte op mielieplante (Bron: GraanSA 2016)
der, die hoeveelheid kalium wat hiermee saam verwyder word, baie hoër is as wanneer net graan verwyder word. Die waarde kan tussen 12 – 20 kilogram kalium per ton droë materiaal wees. Neem kennis dat produsente hulle grondstatus in ag moet neem wanneer bemestingpeile bereken word. Die kaliumopname van mielies verhoog baie ná die V6-groeistadium en piek net ná die pluimstadium (VT),
waarna die opname voltooi word. Wanneer die kaliumbehoefte in hierdie tyd baie hoog is en die plant nie vinnig genoeg kalium kan opneem nie, sal die plant tekorte ervaar en in baie erge gevalle simptome begin toon. Tipiese kaliumtekortsimptome word gekenmerk aan vergeling van die rante van die blaar en word op die ouer blare eerste waargeneem (Foto 1).
35
Veldwaarnemings Visuele kaliumtekortsimptome op mielieblare tydens pluim-, oftewel VT-stadium het die GWK-presisieboerderyspan genoop om ondersoek in te stel. Blaarontledings word gewoonlik tydens die V5-groeistadium op mielies getrek. Daar is waargeneem dat kaliumtekortsimptome op lande verskyn het wat op hierdie V5-groeistadium genoegsame kalium in die blare getoon het. Hierdie verskynsel is in ‘n groot verskeidenheid praktyke waargeneem en geen spesifieke praktyk kon hieraan gekoppel word nie. Veldprojek Tydens die 2017/2018-somerseisoen is daar by 30 lande verspreid oor die GWK-bedieningsgebied op verskillende grondsoorte blaar- en grondontledings getrek tydens V5-groeistadium en ook tydens die pluimstadium (VT). By die V5-stadium het slegs een land ‘n K-tekort in blare getoon in vergelyking met agt lande wat K-tekorte getoon het tydens die pluimstadium. Figuur 1, 2 en 3 toon die kaliumwaarde in die blaarontledings van die 2017/2018-seisoen aan. Dit het die vermoede laat ontstaan dat die kalium wat met plant gebandplaas is, voldoende voorsien in die jong plant se behoefte, maar nie voldoende is om te voorsien in die ouer plant se behoefte nie. Die resultate van die projek het toe as motivering gedien om tydens die 2018/2019-mielieseisoen ‘n proef te doen waar kalium met ‘n Orthmanstriptill in die grond geplaas word om sodoende meer kalium in die wortelsone van die plant te kry. Hierdie proef het op ‘n laat mielie-aanplanting ná ‘n koringoes plaas gevind. Die land is met ‘n Orthman-striptill bewerk voor die mielies geplant is en 100 kg monoammoniumfosfaat (MAP) is op die land en 100 kg kaliumchloried (KCL) op die proefarea tydens hierdie bewerking ongeveer 20 cm diep geplaas. 32 kg kalium is op die land uitgestrooi voordat die striptill-aksie plaasgevind het. Tydens plant is 35 kg in die band geplaas en deur die loop van die seisoen is ‘n bykomende 47 kg deur die spilpunt toegedien. Die kaliumchloried-gedeelte het in effek 164 kg kalium ontvang teenoor die 114 kg kalium in die res van die land.
36
Waarnemings en resultate: Somer 2018/2019 Figuur 4 dui die grondontleding aan wat op die land getrek is voor die aanvang van die mielieplantseisoen. Dit is ‘n tipiese rooi kalaharisand. Die kalium ontleding lê onder die waarde wat as voldoende beskryf word vir rooi sandgronde. Dit sou dus ideaal wees om hier ‘n bietjie ekstra kalium toe te dien. Die kaliumblaarontledings van die proef, asook ontleding van nog ‘n veldvoorbeeld, word in Figuur 5 aan-
gedui. Die ontledings op die land tydens die V5-stadium (V5- proefland) was hoog bo die norm van 2%. Tydens die pluimstadium was die waardes van die KCL-perseel (VT-KCL-perseel) en die MAP-perseel (VT-MAP-perseel) onder die kritiese waarde van 2%. Die KCL-perseel het wel ‘n effense hoër ontleding gehad as die res van die land. Die V5- en VT-voorbeeldwaardes is nog ‘n voorbeeld van die verskeie blare wat getrek is in die veld.
Mielies V5 K ontleding (Rooi sandgronde)
%
3.91
3.92
4.24
3.24
3.87
4.79
5.09
3.34
4.18
4.67
5.42
Pluim K (Rooi Sandgronde)
%
2.80
2.43
2.64
2.13
2.19
1.99
2.22
2.36
1.90
1.86
2.86
Figuur 1: Kalium-blaarontledings (%) op rooi sandgronde
Mielies V5 K ontleding (Oranjerivier sandgronde)
4.29
3.65
3.4
3.1
2.83
1.36
2.75
2.67
2.3
5.41
Pluim K (Oranjerivier Sandgronde)
1.97
2.65
2.01
2.03
2.25
2.64
1.86
1.22
2.21
2.30
Figuur 2: Kalium-blaarontledings (%) op Oranjerivier-gronde
Mielies V5 K ontleding (Alluviale gronde)
5.5
3.7
3.74
3.56
3.5
3
3.05
2.2
2.66
4.48
Pluim K (Alluviale gronde)
2.83
2.71
2.26
2.83
2.51
2.03
1.47
1.59
3.14
2.68
Figuur 3: Kalium-blaarontledings (%) op alluviale gronde
Ammonium Asetaat
Lab no
pH (KCI)
R 3 484
6.7
P (Bray1)
K
Ca
Mg
Na
mg kg-1
cmol kg-1
mg kg-1
cmol kg-1
mg kg-1
cmol kg-1
mg kg-1
cmol kg-1
mg kg-1
27
0.203
79
2.432
486
1.778
215
0.467
107
Fig 4: Grondontleding van land waar proef gedoen is. Die kaliumontleding is laag op hierdie land.
Resultate van 2018/2019-proef Drie persele waar KCL ge-striptill is en drie persele waar MAP ge-striptill is van 100 m lank, is gestroop en die opbrengste is met ‘n weegwa geweeg. Figuur 6 toon die opbrengste wat verwerk is na ton per hektaar, asook die aangepaste ton per hektaar by 12,5% vog. By die eerste perseel, KCL 1, was daar ‘n hele ry waar die stand baie swak was en vir die hele 100 m was daar slegs enkele plante wat hier gestaan het. Dit het waarskynlik ‘n groot invloed op die opbrengs van hierdie perseel gehad. Die resultate toon ook geen noemenswaardige verskil in opbrengste van die KCL- en MAP-persele nie. Die mobiliteit van kalium in GWK-gronde Die GWK-span het oor jare verskeie grondmonsters in die veld geneem en waarnemings begin maak dat die boonste 2 cm van grond ‘n hoë konsentrasie voedingstowwe bevat. Die fosfaat- en sinkontledings wat in hierdie sone hoog ontleed het, was te verwagte maar die hoeveelheid kalium in hierdie sone het verdere ondersoek geëis. Dit is met nog baie grondontledings en labratoriumtoetse deur GEOLAB bevind dat die kalium nie baie diep in ons grond inbeweeg nie. Figuur 7 wys so ‘n tipiese ontleding wat in die veld getrek is. Die fosfate in die 0 - 2 cm sone is hoër as in die 2 - 20 cm, maar let op hoeveel hoër die kalium in hierdie sone is as in die 2 - 20 cm sone. Opsomming Mielieprodusente volg almal hul eie praktyke en grondeienskappe verskil. Ten spyte van hierdie groot verskeidenheid praktyke word die waarneming van lae kaliumontledings in die pluimstadium baie wyd oor die GWK-gebied gemaak. Tydens die proef van die 2018/2019-seisoen is ‘n groot hoeveelheid kalium toegedien, maar dit reflekteer nie in die blare nie. Die manier waarop kalium toegedien word en nie net die hoeveelheid kalium nie, moet heroorweeg word. Die opbrengsdata in Figuur 6 dui ook dat nie kalium óf fosfaat ‘n beperkende faktor op die opbrengste van hierdie land was nie. ‘n Groot deel van kalium se beweging tussen grond en wortels vind deur middel van diffusie plaas en dit lei daartoe dat hoër konsentrasies ‘n beter invloed mag hê op opname.
Soos reeds bo bespreek, beweeg kalium ook nie baie effektief dieper in die grond in nie. Die mikpunt moet daarom wees om genoegsame kalium in die wortelsone van die plant te kry. Moontlike oplossings ■■ Begin altyd deur gereeld grondontledings te trek en te kyk wat die status van die grond is. Jou GWKlandboukundige kan hiermee behulpsaam wees. ■■ Plaas ‘n kaliumbron met ‘n implement soos ‘n striptill in die grond – dieper as die saailing se wortels om brand te vermy. ■■ Gebruik ‘n plantmengsel met kalium in: Maak seker die norme en aanbevelings vir die plasing van kunsmis by die pit word gevolg, anders kan osmotiese skade plaasvind. ■■ Die kaliumbron kan uitgestrooi word/deur spilpunt toegedien voordat die saadbed gemaak word. Dit is belangrik dat dit gedoen word voordat die saadbedbewerking plaasvind sodat beter verspreiding van kalium in die grond kan plaasvind. Bedankings Baie dankie aan Hein Mülke en sy span vir die plant en stroop van die proef,
die GWK-landboudienstespan vir hul insette en weeg van die opbrengste, en Dries Bloem van Geolab vir sy insette en ontledings. Verwysings 1) https://www.aganytime.com/ Pages/Article.aspx?name=Importance-of-P-and-K-in-Corn-and-Soybean-Development&fields=article&article=1265 Importance of P and K in Corn and Soybean Development 2) https://www.pioneer.co.nz/ maize-silage/product-information/silage-technical-insights/fertiliser-application-for-maize-crops.html MAIZE FOR SILAGE TECHNICAL INSIGHT 332 FERTILISER APPLICATION FOR MAIZE CROPS 3) Role of Nitrogen, Phosphorus and Potassium Fertilizers • In Continuous Corn Culture on Nicollet and Webster Soils: by A. J. Englehorn, John Pesek and W. D. Shrader 4) Bemestingshandleiding: MVSA 2007 5) Potasium management powerpoint 6) No-Till and striptill corn production with broadcast and subsurface- band Phosphorous and potassium: Fernandez, G 7) Nutrient Losses From Field Fires: Purdue Univ. and The Ohio State Univ.
Groeistadium / Lokaliteit VT - KCL Perseel
V5-Proefland Kalium % in blaar
3.58
VT - MAP Perseel
1.8
1.73
V5 Voorbeeld 4.31
VT Voorbeeld 1.8
Figuur 5: Kaliumblaarontledingwaardes (%) Perseel
Ton/ha
Vog %
Ton/ha (Vog @12.5%)
KCL 1
15.9
14.2
15.5
KCL 2
16.3
14.3
16.0
KCL 3
16.1
14.4
15.8
MAP 1
16.3
14.8
15.8
MAP 2
16.2
14.7
15.8
MAP 3
16.5
14.8
16.1
Figuur 6: Opbrengsdata van die mono-ammoniumfosfaat en kaliumchloried ge-striptill op verskillende persele teen 100 kg elk. Ammonium Asetaat Ekstrak Monster no
Lab no
pH (KCI)
3T 0-2cm
S783
3T 2-20cm
S784
P(Bray1)
K
Ca
Mg
Na
mg kg-1
cmol kg-1
mg kg-1
cmol kg-1
mg kg-1
cmol kg-1
mg kg-1
cmol kg-1
mg kg-1
6.7
45
0.511
199
6.888
1378
1.741
211
0.090
21
6.6
32
0.204
80
6.621
1324
2.033
246
0.118
27
Fig 7: Tipiese ontledings wat in die veld waargeneem word waar kalium baie hoog is in die 0 - 2 cm sone en aansienlik laer in die 2 – 20 cm sone.
37
GWK Trading Pekanneute AJ Jansen van Vuuren
“Vivipary”
in die pekanneutbedryf Figuur 1: Voorbeelde van vivipary
In die vroeë stadiums van die 2019-oesperiode het verskeie produsente en kundiges die tendens gesien waar pekanneute ontkiem terwyl die neut nog binne die groen omhulsel aan die boom geheg is. Hierdie verskynsel staan in die bedryf bekend as “vivipary”. Vivipary se definisie is die ontkieming van sade terwyl dit nog in ‘n vrugomhulsel geleë is en aan die moederplant geheg is. Dit moet egter nie verwar word met neute wat op die grond val en dan ontkiem nie. Daar is egter baie bespiegeling rondom hierdie tendens wanneer ‘n mens opmerkings hoor soos: “Die seisoen is laat en dit bly te warm”, “die ryp bly te lank weg”, “het ons nie miskien oorbemes nie?”en “is daar nie iets wat ons kan spuit nie?”. Hoewel al hierdie bogenoemde stellings in ‘n mate waar is, is dit baie belangrik om presies die rede vir vivipary, of dan vroeë ontkieming, te verstaan. Ná vele navorsing kan die volgende wel die bevestig word: Twee faktore wat nodig is vir vir sade om te ontkiem, is die teenwoordigheid van genoegsame vog en gunstige temperature. Indien die ontkiemingsproses plaasgevind het, word daar van die opgebergde voedingstowwe ge-
38
bruik gemaak om die vroeë stadiums van groei te ondersteun totdat blare ontwikkel vir fotosintese. In die ontkiemingsproses is daar wel ook ander faktore wat ‘n rol speel. Die teenwoordigheid van genoegsame vog wat deur die pekanneut geabsorbeer word, aktiveer ensieme wat die ontkiemingsproses aktiveer. As gevolg van die temperature wat tot laat in Mei vanjaar redelik gunstig gebly het, kon die pekanneutbome langer aanhou groei. Dít het veroorsaak dat die groen omhulsels waarin die neute is, nie oopgaan nie en baie langer as gewoonlik toegebly of net effense krake gemaak het en nie afgespeen word van die moederplant nie. Soos die seisoen verloop het, het die pekanneute wel fisiologiese rypheid bereik en dit is waar die vivipary begin het. Soos reeds genoem, was die temperature hoog, wat veroorsaak het dat kondensasie plaasgevind het in die spasie tussen die neut en die omhulsel, wat dan opgeneem kan word deur die pekanneut. Hierdie is genoegsame vog vir ontkieming, soos gesien kan word in Figure 2 – 4. Sodra hierdie vog opgeneem word deur die pekanneut, gesamentlik met die gunstige temperature, word daar fitohormone (gibbereliensuur) geaktiveer wat die embrio binne die pekan-
neut laat ontkiem. Hierdie gibbereliensuur beweeg na die buitenste laag van die pekanneutkern, waar dit as die katalis optree vir die sintese van hidrolitiese ensieme, wat die gestoorde voedingstowwe beskikbaar stel vir die groei van die embrio. In die proses van ontkieming is daar twee belangrike planthormone ter sprake: Absesiensuur (ABA) en gibbereliersuur (GA) wat ‘n antagonistiese werking op mekaar het. ABA is die hormoon wat dormansie veroorsaak en GA is die hormoon wat ontkieming veroorsaak. Soos die pekanneut fisiologiese rypheid bereik, is dit veronderstel dat die ABA-vlakke in die pekanneut teenoor die GAvlakke van só ‘n aard moet wees dat dit die neut dormant hou en ontkieming voorkom. Die hoë temperature laat in die seisoen het veroorsaak dat die pekanneutboom te lank aanhou groei het. Hierdie aanhoudende aktiewe groei is gepaardgaande met die sintetisering van GA wat opgevang word binne die pekanneut wat nog geheg is aan die moederplant. Die absorpsie van water deur die pekanneut veroorsaak dat die ABA sy invloed op die dormansie van die embrio verloor. Gegewe die hoë vlakke van GA teenoor ABA en die teenwoordigheid van vog en gunstige temperature, kan
Figure 2 – 4
ontkieming plaasvind omdat die ABA in die neut nie voldoende is om die embrio te weerhou van ontkieming nie. Dit wil sê dat al het die pekanneut genoegsame ABA teenoor GA bevat teen optimale rypheid, die vogopname van die neut die ABA se dormante werking op die embrio gestaak het en die GA veroorsaak die ontkieming. Te min ABA-sintese gedurende die groeiseisoen kan veroorsaak dat die vlakke van ABA teenoor GA wel uit verhouding is teen optimale rypheid en ook dan ontkieming veroorsaak. Dit kan nou gestaaf word dat die verhouding van absesiensuur teenoor gibbereliensuur die hoofdryf is agter die ontkiemingsproses. Sodra die pekanneut optimale rypheid bereik het en die neut nie meer geheg is aan die voedingstelsel vanaf die moederplant nie, is dit baie moeilik om die vlakke van ABA en GA te manipuleer. Sodra vivipary in ‘n boord waargeneem word, is dit te laat om werklik die invloed te stop deur die toevoeging van ABA of die sintetisering daarvan. Om die sintetisering van ABA gedurende die seisoen te optimaliseer, is dit belangrik om die vlakke van molibdeen (Mo) te monitor en te bestuur indien nodig. Mo is ‘n mikro-element wat ‘n direkte rol in die vervaardiging van
ABA in die plant speel. Daarom is dit baie belangrik vir die produsente om op te let na die Mo-vlakke tydens neutvul. Indien produsente gebruik maak van blaarontledings, is dit belangrik om te onthou om die toets van Mo spesifiek aan te vra. Verskeie produsente maak reeds gebruik van spuitprogramme waar Mo-toedienings teenwoordig is. Mo is ‘n sinergis vir die opname van stikstof so onreëlmatige toediening kan weer lei tot oorgeil groei, wat die vervaardiging van gibbereliensuur sal bevorder. Die toediening van Mo moet goed beplan wees. Raadpleeg ook ‘n chemiese verskaffer. Probeer in alle situasies die toediening van ABA op pekanneutbome vermy en eerder die natuurlike vervaardiging daarvan verhoog. Die rede hiervoor is dat ABA ‘n planthormoon is en daar kan baie maklik te veel toegedien word, wat die boom sal benadeel. Wat is die opsies en wat kan hieraan gedoen word? 1. Om die proses te stop, moet die neut so gou as moontlik vanuit die groen omhulsel verwyder word indien die neut fisiologies ryp is, en gedroog word op ‘n manier wat nie die neut of die kern sal beskadig nie.
2. Dit is moontlik om die boom in rus te forseer en “shucksplit” te veroorsaak met ‘n etileentoediening om sodoende die gunstige ontkiemingstoestande te vermy, maar raadpleeg ‘n kundige oor hierdie taktiek. 3. Indien hierdie ‘n jaarlikse probleem word, kyk meer in diepe na die volgende: 3.1 Beheer groei en vermy oorgeil groei laat in die seisoen (beheer oormatige GA-sintese). 3.2 Vermy oorbesproeiing en bestuur vogopname laat in die seisoen. 3.3 Korrekte toediening van mikroelemente(optimale ABA-sintese): Die hoë temperature laat in die seisoen van 2019 is nie noodwendig ‘n jaarlikse tendens nie. Hierdie seisoen se sameloop van hoë temperature, asook die pekanneutbome wat laat aktief aangehou groei het, het die verskynsel van vivipary net bevoordeel. Produsente hoef nie paniekbevange te raak oor die toediening van Mo nie, aangesien dit in vele vorme beskikbaar is in die grond, en veral in gronde met hoër pH meer toeganklik is vir die plant.
39
GWK VERBIND AAN DIE
KATOENINDUSTRIE
40
GWK Trading Katoen Madri Scheepers Volgens K atoen SA se April-verslag word daar vir die 2018/19-seisoen 235 019 lintbale verwag uit Suid-Afrika. Daar is 21% meer besproeiingshektare vanjaar en 33% meer droëlandhektare as verlede seisoen. Die rede hiervoor is die meer gunstige pryse vir katoen teenoor mededingende kommoditeite, maar ook die hernude belangstelling in katoenproduksie. Volgens Katoen SA se verslag voorspel die International Cotton Advisory Committee (ICAC) dat daar vir die 2019/2020seisoen die hoogste verbruik van katoen in die wêreld gaan wees, met 27,3 miljoen ton. GWK ondersteun reeds jare die aanplanting van katoen in ons area en om produsente by te staan om dié gewas effektief en rég van die land af te haal, is spesialistoerusting nodig en daarom het GWK Katoen ‘n vloot John Deere-plukkers om die werk te verrig. In vandag se besigheidswêreld is dit is natuurlik belangrik vir GWK sowel as produsente om hektare te verhoog en so die beste opbrengs vir die insetkoste te verseker, maar dit is ook belangrik om die regte infrastruktuur in plek te sit om dit moontlik te maak. Vir daardie rede het GWK Katoen vanjaar die splinternuwe John Deere CP690katoenplukker tot die bestaande vloot gevoeg. Hoewel John Deere nie die enigste vervaardiger van katoenplukkers in die wêreld is nie, is hulle wel die enigste vervaardiger van ‘n plukker wat toegerus kom met die tegnologie en verrigting van die CP690. Die CP690 maak gebruik van ‘n 426KW 13,5 liter John Deere-enjin, wat verseker dat daar genoeg krag is om die beste verrigting te kry. Dié plukker staan basies nooit stil nie, in teenstelling met tradisionele mandjieplukkers wat 20% of meer van die tyd spandeer om af te laai, of op en af te beweeg tussen modulebouers. Die CP690 sorg dat die operateur in die
kajuit bly – waar die waarde vir die produsente is – besig om katoen te pluk, selfs wanneer die toestande nie gunstig is nie. Die CP690 maak gebruik van John Deere se Pro 16-plukkerkoppe wat ‘n hoër plukvermoë het. Die koppe beskik oor 560 spindles per kop, wat verseker dat katoen effektief gepluk kan word deurdat dit min plantmateriaal en onvolwasse bolle pluk. Vandaar word die katoen in ‘n mandjie geblaas waar die baalkamer geaktiveer word deur sensors. Die baalkamer aktiveer eerste, daarna die voerbelt en laastens die rollers in die mandjie, wat verseker dat die katoenlint nie beskadig word nie. Die baalkamer stel die plukker in staat om deurlopend die katoen te kompakteer tot die baal die regte grootte van 240cm bereik. Die hele proses word deur die nuutste tegnologie ondersteun wat dit deurlopend
kontroleer om intydse (real time) inligting beskikbaar te stel aan die operateur. Sodra die baal die regte grootte bereik, aktiveer die aanboordsisteem outomaties die spesialismateriaal waarin dit toegedraai word (wrap), wat om die baal gerol word om dit te beskerm. Die plukker kan die baal wat tot 2,4 ton weeg agter op die hanteerder dra tot aan die einde van die land. Dit stel die produsent in staat om dadelik met voorbereiding van die land te begin aangesien daar geen bale op die land agterbly nie. GWK Katoen is verbind tot ons produsente, om hul by te staan met toerusting en kundigheid om te verseker dat hul die beste gehalte katoen kan lewer in vir ‘n groeiende verbruikersmark. Die nuwe plukker is slegs een van die maniere hoe dit moontlik gemaak word.
41
42
GWK Trading Graanverhandeling Sheridan Theron
Mielie-invoere beïnvloed die plaaslike mark Net
soos die loop van ‘n rivier na ‘n seemonding, het mielies in elke area ‘n natuurlike vloei na eindverbruikers as gevolg van hul ligging tot dié van die eindverbruiker. Indien hierdie harmonie versteur word en die natuurlike vloei deur invoer mielies verander word, verander dit die vloei en plaas dit druk op die basis waarteen plaaslike mielies moet kompeteer teenoor die koste van invoermielies. Jare waarin daar mielies ingevoer word, word gekenmerk deur prys-volatiliteit en ‘n verskuiwing van basis, wat tot gevolg het dat daar onsekerheid onder produsente is ten opsigte van die basis wat hulle vir hul mielies kan verwag. Die basis vir mielies in elke streek word bepaal deur onder meer ligging, vervoerkoste na eindverbruikers en hul bereidwilligheid van om voorraad aan te koop teen ‘n sekere gelewerde basis of prys. Jaarlikse ver-
hogings in vervoerkoste weens inflasieverhogings, soos dieselkostes, plaas ook druk op die basis. Hoewel almal weet dat ‘n tekort in mielies invoere stimuleer, verstaan meeste mense nie altyd die impak wat dit op die plaaslike mark vir mielies het nie. Invoere het gewoonlik tot gevolg dat die onderliggende prys van mielies verhoog, maar dat die basis vir plaaslike mielies in sekere areas aangepas moet word om kompeterend te wees teenoor die totale prys van ingevoerde mielies by die eindverbruiker. ‘n Voorbeeld hiervan is mielies wat tradisioneel na die Wes-Kaap beweeg, wat dan heel moontlik na ander verbruikers moet gaan as gevolg van invoere wat die Kaapse mark versadig, aangesien dit goedkoper geland word as die plaaslike mielies. Só word die basis van die plaaslike mielies
in hierdie gebiede negatief beïnvloed deurdat dit kan kompeteer met goedkoper invoere of na ‘n ander mark/verbruiker moet vervoer word, waar dit dan ook moet kompeteer met daardie punte se tradisionele mielievoorsiening. Daar sal altyd in invoer- sowel as uitvoerjaarstruwelinge tussen die basis- en die termynbeursprys wees. Uitvoerjare (oorproduksie) word gekenmerk deur lae termynbeurspryse en ‘n hoër basis vir mielies, terwyl invoerjare (lae produksie) gekenmerk word deur hoë termynbeurs pryse en ‘n lae basis vir mielies. Invoere word dus gedoen om die tekort van plaaslike aanbod te balanseer teenoor verbruik en genoegsame oordragvoorraad te vestig na die nuwe produksieseisoen.
43
Hoe word die prys van ingevoerde mielies bereken? Kom ons kyk eers na die terminologie: Cost, Insurance and Freight (CIF): Hierdie sluit die koste om die produk op ‘n skip te kry (FOB – free on board), uitvoer-hawekoste, versekering en verskeping, wat gekwoteer word in Amerikaanse Dollar (USD), in. Dit beteken alle kostes is ingesluit vir mielies tot by die invoerhawe; die koper betaal dus die vervoerkoste van die mielies na sy fasiliteit. Kwaliteitsafslag: Die eindverbruiker moet die risiko in die verskil in grade tussen Suid-Afrikaanse YM1 en die gehalte van die ingevoerde mielies in ag neem tydens die berekening van invoerpariteit. In sommige gevalle word Ingevoerde mielies laer gegradeer as Suid Afrika se YM1. Die verskil in koste tussen grade word dus in berekening gebring tydens die bepaling van invoerpariteit. Berekening: Kopers sal tipies die vergelyking in Figuur 1 gebruik om te bepaal of plaaslike of ingevoerde mielies gebruik gaan word. Ingevoerde mielies word in USD aangebied en omgeskakel na Rand per ton teen die huidige Rand/ Dollar (R$)-wisselkoers. In die vergelyking in Figuur 1 is dit goedkoper vir die verbruiker om ingevoerde mielies te gebruik teenoor plaaslike mielies, gedurende Julie 2019 en is plaaslike mielies bo invoerpariteit. Dit sal ook vir die tydperk van Augustus tot September goedkoper vir die verbruiker wees om ingevoerde mielies te gebruik. Die basis van plaaslike mielies sal dus die balanserende syfer wees in die vergelyking tussen die mielies, gegewe dat vervoer konstant bly en termynbeurspryse die R$-wisselkoers-geïmpliseerde beweging volg. Invoerpariteit bly ‘n bewegende teiken weens veranderinge in plaaslike en internasionale markte wat pryse beïnvloed, bv R$-wisselkoers, termynbeurspryse, oorsese mieliepryse en die plaaslike mielies-balansstaat. Invoer-
44
Die oorweldigende meerderheid van Suid-Afrika se invoere kom van Argentinië, Brasilië en Oekraïne. Die ligging, oestyd en oormaat produksie is van die vernaamste redes dat hierdie lande die hoogste invoere na Suid-Afrika het.
pariteit na Kaapstad sal egter altyd eerste bereik word as gevolg van sy ligging teenoor uitvoerende lande en die koste van verskeping. Hoe duurder die prys van plaaslike mielies op die termynbeursprys teenoor dié van invoere, hoe verder beweeg invoerpariteit om die Suid-Afrikaanse kuslyn: Van Port Elizabeth en Durban, tot dit uiteindelik Randfontein bereik. Dit het weereens ‘n verdere negatiewe invloed op die mieliebasis wat meer produserende gebiede beïnvloed hoe verder dit teen die kuslyn opbeweeg. Port Elizabeth se invoerpariteit volg ná Kaapstad, normaalweg R80 – R100 per ton duurder. Sodra dit behaal word en invoere plaasvind, beteken dit ook dat invoere vanaf Kaapstad so bietjie verder as Kaap-
stad kan vervoer word om te kompeteer met plaaslike mielies. Mielies wat tradisioneel na die WesKaap beweeg, se basis sal dus met R80 – R100 per ton moet verswak om te kan kompeteer met ingevoerde mielies indien dit Port Elizabeth se invoerpariteit bereik. Só sal die basis ook verder moet verswak as Durban-invoerpariteit bereik word. Daar is uiteraard baie faktore wat die pryse van kommoditeite beïnvloed. Produsente moet ‘n holistiese uitkyk op die mark hê om te verseker dat hul die beste pryse vir hul mielies in die mark kan beding. Gesels met die span by GWK Graanverhandeling vir meer inligting en hou Kommuniek dop vir meer artikels.
Figuur 1
R$14.13 Invoere July Aug Sep CIF Kaapstad R2 811.87 R2 812.18 R 2 817.84 Vervoer R 120.00 R 120.00 R 120.00 Gehalte Afslag R 80.00 R 80.00 R 80.00 Gelewer Kaapstad R3 011.87 R3 012.18 R 3 017.84 Plaaslik July Aug Sep Termyn Beurs R2 785.00 R2 785.00 R 2 836.00 Gelewerde Basis R 375.00 R 375.00 R 375.00 Gelewer Kaapstad R3 160.00 R3 160.00 R 3 211.00 *Let wel dat waardes in die berekening teen druktyd mag verander het
Ons benader verhandeling só dat dit vir jou ‘n verskil maak. Want ware gemoedsrus kan slegs gewaarborg word deur ‘n span wat prysingstrategieë, verskansing, opberging, logistiek, finansiering en langtermyn voorsieningskontrakte kan bied. Vir ons produsente, en vir ons kopers - alles op een plek.
GWK Graanverhandeling Dewald Burger Bestuurder: Graanaankope 082 900 8736
Sheridan Theron Bestuurder: Bemarking 053 298 8471
Ons d ie n ste slu it die ve rskaffi ng en onderhoud van di e vol g ende in:
Weegbrue, Voerkarre, Veeskale, Siloskale, Toets trok, Sagteware & Parte
Kontak ons vir al jou Weegoplossings! BLOEMFONTEIN 051 432 9552
WILLIE 082 637 1340
RHYNO 083 292 2042
info@wowscales.co.za 11 Nico Le Roux Straat, Nuwe Oos Einde, Eenheid 7
www.wowscales.co.za
45
European water net
Fairy shrimps
'n Kaal pan
SANparke Hugo Bezuidenhout
Panne: ‘n Besonder spesiale en hoogs sensitiewe ekologiese sisteem Meeste mense wat in sentraal Suid-Afrika rond gereis het, het al panne gesien. Dit word nasionaal as ‘n sogenaamde “wetland” (vleiland) beskou en word spesiaal beskerm deur wetgewing. Ongelukkig is panne meestal sigbaar as groot oop kaal kolle. Dink maar aan Verneukpan naby Brandvlei, Florisbadpan met sy ryk argeologiese vondse en die bekende Hakskeenpan, waarop daar met die “Blue Bird” gejaag wil word. Maar sekerlik die bekendste pan in ons omgewing (wat onlangs baie nuusdekking met die flaminke gekry het) is Kamfersdam! Ongelukkig het die mens reeds by al hierdie panne
46
groot skade aangerig wat in sommige gevalle, soos by Kamfersdam, rampe tot gevolg het en hoe meer die mens dit probeer regmaak, hoe meer skade word gedoen! Die panne is egter nie net beperk tot die Noord-Kaap en Noordwes nie, maar dit kom van Zaïre in die noorde van Afrika tot in die Wes-Kaap by Kaap Agulhas, die mees suidelike punt in suider Afrika, voor. Maitland Seaman (2011) vertel dat die transportryers baie keer hulle roete volgens die panne beplan het, omdat hulle geweet het dat daar moontlik water sal wees. Die definisie vir ‘n pan is nogal moei-
lik en eintlik kan enige laagliggende deel, wat tydelik gevul word met water, as ‘n pan geklassifiseer word. Persoonlik word verkies om laagliggende gedeeltes te verdeel in ‘n depressie, met ander woorde ‘n “holte” in die landskap sonder water en dan waar water vir ‘n paar dae tot maande vergader, is dan ‘n pan. Die ander deel van die definisie is dan dat die pan ook vir tye droog moet wees, anders is dit ‘n vleiland. Die biologiese belangrikheid van panne is nog nie baie nagevors nie, maar dat dit ‘n belangrike ekologiese funksie vervul, is seker. Die maklikste en mees algemene waarneembare be-
'n Jong brulpadda
Dabner's Lithops
Soutpan (Kaap Agulhas)
langrikheid is die watervoëls wat met hierdie tydelike waterbronne geassosieer word. In landbou word die panne meestal as oop kaal kolle, wat geen potensiaal het vir landerye of weiding nie, gesien. Daar is egter verskillende soorte panne en is dit nie noodwendig oop kaal kolle altyd nie. Op ‘n klein stukkie grond (4 000 hektaar) van SANParke (Gras- en Holpan) is daar panne wat met verskillende soorte grasse bedek word en ander wat weer kaal kolle is. Die panne van die Noord-Kaap-streek word slegs deur reënwater gevoed en dié stelsel is uitgelewer aan die baie wisselvallige klimaat van die ariede westelike dele van die land. In ‘n studie deur Mark Berry (1991) op die Rooipoort Natuurreservaat is bevind dat die panne met grasbedekking baie goeie weiding aan grasvreters verskaf. Volgens Seaman (2011) is die panne wat groter en vermoedelik ouer as 5 000 jaar is, baie brak. Die brakwater (soutwater) is ryk in natriumchloried, maar bevat ook sulfate van natrium, kalsium en magnesium. Baie van hierdie panne word vir sout en ander minerale ontgin, waar die soutwater deur boorgate (windpompe op die pan)in soutdamme op die pan gepomp word. Die onlangse goeie reënval in die Kimberley-omgewing, waar meer as 50mm in ‘n paar dae geval het, het die panne op Gras- en Holpan vir die eerste keer ná 2013 weer gevul. Dit was en is altyd ‘n ongelooflike mooi gesig. Al die panne het opgevul tot maksi-
mum en selfs die plantegroei op die rante van die panne het lewe gekry. Een van die baie interessante habitatte van die panne, is die panrante waar die kalkreet-dagsome en die pragtige Lithops hookeri (Dabner’s Lithops), wat ‘n skaars vetplantjie is, tussen die kalkklippies voorkom. Op Gras- en Holpan kom twee biome bymekaar, naamlik die Savanna en Nama-Karoo. In elkeen van die biome kom panne voor en daar word tans navorsing gedoen om die impak van die twee biome se geologie en grond op die panne te bestudeer. Twee kollegas, Hendrik Sithole en Nkabeng Mzileni, is tans besig om inligting rondom die panne op Gras- en Holpan in te samel. Hierdie panne vorm ook deel van ‘n groot internasionale navorsingsaksie om die uitbreek van slenkdalkoors te monitor. Slenkdalkoors word baie nou geassosieer met die “floodwater” Aedes sp.-muskiet, wat die geleentheid van water in die panne aangryp om uit te broei en voort te plant, en ook ongelukkig die draer van slenkdalkoors kan wees. ‘n Uitheemse waternetplant van Europa, naamlik die “European water net” (Hydrodictyon reticulatum), is ook opgemerk en sommer in groot hoeveelhede. Dit is ongelooflik hoe vinnig, ná ‘n droogtetyd van ses jaar, die water in die panne in ‘n krioelende massa organismes kan verander. Van die Groot Brulpadda (Pyxicephalus adspersus), tot die “fairy shrimps, tadpole shrimps” en “clam shrimps”. Volgens Kok (2011)
kan hierdie diertjies temperature van -80 C tot 600 C oorleef, en moet die hele lewensiklus voltooi word voordat die panne weer uitdroog. Om oorlewing te verseker, moet hierdie organismes dan dormant bly totdat die volgende geleentheid aanbreek en die panne weer met water gevul word… Dit kan baie jare neem! Om van watervoëls nie eens te praat nie. ‘n Volledige voedselketting in eie reg, maar in ‘n baie kort tydperk. Die panne speel ‘n belangrike ekologiese rol in die groter natuurprentjie en die diep skat van kennis daarrondom is nog baie onontgin. Slegs deur dit te bewaar en nie sonder meer paaie daardeur te maak of drade te span nie, kan meer geleer word oor die ekologiese rol daarvan in die natuur. Ongelukkig, soos reeds genoem, het mense ‘n baie negatiewe impak op baie van die panne, veral die kaal panne, waar paaie en kampdrade sommer in die helfte van die pan deurgemaak word. Hopelik sal hierdie artikel ‘n mens wel twee keer kan laat dink voor drade gespan of paaie gemaak word deur die panne. Literatuur Berry, M.P.S., 1991. Rainfall orientated management for a multiherbivore grazing system. DSc. thesis, University of the Witwatersrand. Kok, D.J. 2011. Invertebrate inhabitants of temporary pans. African Wildlife, 41 (5): 239. Seaman, Maitland. 2011. Panne van die Oranje-Vrystaat. African Wildlife, 41 (5): 237-238.
47
Ons mense voed mense. By GWK ontdek ons deurlopend nuwe moontlikhede om die grense van landbou te verskuif. Omdat ons die nuutste toerusting en tegnologie wat produsente benodig aan hulle voorsien - met slimmer en beter maniere van besigheid doen - kan hulle voortgaan om kos te voorsien aan diĂŠ mense wat die wĂŞreld ‘n beter plek maak.
48
43
GWK Trading Wyn Charné van der Merwe
SES TOEKENNINGS, een goue span GWK
se L andzicht-kelder ryg al vir die afgelope paar jaar die pryse in en hierdie jaar was geen uitsondering. Tydens vanjaar se Women's Wine & Spirt Awards, wat op 6 Junie by die Nietvoorbij-kampus in Stellenbosch aangebied is, het ses van die agt wyne wat Landzicht ingeskryf het, goud verower. Volgens Ian Sieg, voormalige wynmaker by die kelder, sou al hierdie toekennings nie moontlik gewees het as Cobus Nel, een van die pioniers, nie ‘n visie gehad het om die eerste Cabernet Sauvignon op Jacobsdal te plant nie. "Dit het ons in staat gestel om te begin en die wyne as kultivar eg by SAWIS te laat sertifiseer," sê Sieg. Landzicht se Cabernet Sauvignon 2015, het in 2017 die gesogte Old Mutual-trofee vir beste Cabernet Sauvignon in die land gewen. Volgens Sieg kan slegs ‘n ingewikkelde, Godgegewe druif hulle eie unieke DNA vorm vir wyne van dié gehalte. “Gronde, kultivar, opleistelsel, snoei, somerloof, chemie, sapskeiding, gisting en wynmakers-kundigheid is alles deel van die sukses van ‘n wyn.” “Die kelder, wat eers bekend gestaan het as Bloemdal (‘n kombinasie van Bloemfontein en Jacobsdal), se sukses word dus toegeskryf aan jare se eksperimente in ‘n deel van die land met uiterste klimaatstoestande om in harmonie saam met die natuur die beste rankplant van die tuin van Eden te vervolmaak na wyne wat van wêreld-gehalte is,” sê Sieg, wat die naam Landzicht voorgestel het, “veral ons rooiwyne, wat Bolanders vir baie jare gesê het nooit hier gemaak sal
kan word nie.” “Bloemdal het nie goed gevaar onder wynkopers nie, en veral nie in oorsese uitvoere nie,” sê hy verder. “Die buitelandse kopers wil weet wat die naam van die wyn wat hulle koop, beteken.” Om voortdurend goeie gehalte wyn te lewer, is dit belangrik dat werknemers inkoop in jou visie en weet waaroor gehalte gaan, beaam Sieg. “Gedurende parstyd is daar nie ‘n ding soos ure en naweke nie. Dit verg baie dissipline en ongelukkig gaan die gehalte van die wyn agteruit indien dit nie dadelik verwerk word nie. Kundige persone kan nie in parstyd vervang word nie. Ná parstyd is ons moeg, maar dan hou ons partytjie, gesels oor die
harde werk, die sukses daarvan, en drink self ‘n paar wyne!” Buiten al die verpligtinge en verantwoordelikhede van die werknemers, het die Landzicht wel begrip vir balans tussen werk en persoonlike lewens, en besef hul mense is hulle grootste bate. “Ons gee baie om vir ons mense en hul welstand. Ons help graag waar ons kan.”
“Die verskeidenheid wyne sal enige geleentheid pas, en as daar geen geleentheid is nie, regverdig die wyne beslis een.”
Die Landzicht-wyne wat goud verower het: Landzicht Cape Ruby 2015 Landzicht Petit Verdot Reserve 2016 Landzicht Wit Muskadel 2016 Landzicht Cabernet Sauvignon Reserve 2017 Landzicht Tannat 2017 Landzicht Rooi Muskadel 2017
49
Ons spesialiste Madri Scheepers
Mentor met passie
vir grond, mense
In GWK
is daar ‘n verskeidenheid spesialiste, elkeen in sy eie veld, met sy eie vaardighede en die meeste van daardie mense het ‘n diep geskiedenis en liefde vir landbou. Nantie Fourie is een van daardie mense, maar in sý spesialiteitsveld is iets wat min ander mense kan ewenaar. Fourie is een van die kragte agter ‘n nuwe GWK-onderneming, Agriqua. Hy werk as ‘n mentor vir die opkomende boere van die Taung-omgewing op ‘n daaglikse basis, op grondvlak – van voorbereiding, plant en oes, tot in die mark. In die Februarie/Maart-uitgawe van Kommuniek het ons reeds meer vertel oor dié besigheid waarvan die hoofoogmerk is om opkomende boere deur ‘n gestruktureerde driejaar-program te lei om hulle te ontwikkel en daarna as volwaardige kommersiële boere deel van GWK se besigheid te maak. Fourie is oorspronklik van Oudtshoorn in die Klein Karoo waar sy ouers geboer het en waar hy sy skoolloopbaan voltooi het aan Hoërskool Oudtshoorn. Sy ouer broer boer steeds vandag op dié plaas met skape, boerbokke, beeste en lusern. Ná hy gematrikuleer het, is hy weermag toe, eers in Bloemfontein by Tempe en vandaar weer terug na die infanterieskool op Oudtshoorn, waar hy ‘n junior leierskapkursus voltooi het. Ná drie jaar in die weermag
50
het hy gaan studeer aan die Elsenburg Landboukollege en sy diploma verwerf in wingerdbou en veeteelt. Mense, die buitelug, landbou en om fisies in die grond te werk, is deel van sy wese en daarom is hierdie geleentheid om elke dag as mentor met die boere op hul plase te werk, glad nie iets wat hy werk noem nie, maar eerder ‘n passie. “Dit is vir my terapeuties om in die grond te krap en om my kennis wat ek in landbou oor die jare opgebou het, met ander te kan deel,” sê Fourie. Deel van Fourie se werk is om opleiding en mentorskap aan 52 boere te bied en deur die driejaar-program te ondersteun. Een van die metodes wat toegepas word, is gewasrotasie, waarvan die eerste gewas in hierdie rotasie katoen is. Hy sê die boere is goed vertroud met lusernproduksie, maar ongelukkig is die lande oud en die produksies is laag, daarom is hierdie rotasie baie belangrik. Hy noem dat die dag-tot-dag mentorskap van uiterste belang is vir die sukses van hierdie boere tesame met die ondersteuning en kundige voorskrifte van GWK Landboudienste se presisieboerdery oor voorbereiding, bemesting en plaagbeheer. Verskille in taal en boerderypraktyke het dit aanvanklik uitdagend gemaak om met die boere te werk. Dit was
egter nie lank voordat die boere vir Fourie begin vertrou en besef het dat GWK daar is om hul te ondersteun om die beste produksies uit hul grond te kry nie. Vandag neem die boere self verantwoordelikheid vir hul grond en verstaan beter dat dit optimaal benut moet word om beter produksie, en uiteindelik beter inkomste, te verseker. Fourie sê verder dat die Agriquamodel uitstekend is en ‘n belangrike deel van landbou in Suid-Afrika uitmaak, aangesien die benutting van marginale grond in die lang termyn ‘n belangrike rol gaan speel in voedselsekuriteit vir ons land. Daarom is die werk wat hy doen in die Taung-area belangrik en iets waaraan hy baie waarde heg. Fourie het drie kinders, twee dogters en ‘n seun, wat almal reeds uit die huis is. “Uit die huis, maar nie uit die sak,” skerts hy. Sy vrou Adél bly nog op Oudtshoorn en hoewel die afstand met uitdagings gepaard gaan, is dit nie iets wat hom stuit nie. Fourie se positiewe uitkyk op die lewe se uitdagings, asook die besonderse band wat hy met die boere van Taung het, is tasbaar. So ook sy liefde vir landbou en sy mense, die natuur en ‘n gesonde fikse lewe. Die woorde waarvolgens hy lewe: “Life has two rules: 1. Never quit. 2 Always remember number 1.”
Madri Scheepers
2019 se toernooi op dreef
Verlede
jaar het GWK die eerste Farmers Cup aangebied – ‘n uitklop-gholftoernooi vir ons produsente. Vanjaar bou ons voort op die suksesse daarvan en die 2019-toernooi het reeds in Mei afgeskop. Die eerste gholfdae is op Underberg, Hopetown en Cradock beslis met die eerste 30 spelers wat hul plek oopgespeel het na die uitspeelrondte later vanjaar in Kimberley.
Hoe werk die toernooi? Daar is agt kwalifiserende GWK-gholfdae wat reg oor ons streek plaasvind van Mei tot September. Enige GWK-lid (dit sluit afhanklikes wat aktief betrokke by die boerdery is asook plaasbestuurders in) wat lid van ‘n gholfklub is en geaffilieer is by SAGU (Suid-Afrikaanse Gholf-unie) kan tydens een van hierdie gholfdae kwalifiseer. By elke dag dring die top 10 spelers deur na die uitspeelrondte wat Oktober in Kimberley aangebied word. Vandaar gaan die top 16 spelers na die finaal wat dan later vanjaar sal plaasvind. GWK se Direksie asook Exco, bestuur, personeel, organiseerders en borge sluit op al die gholfdae aan by produsente om in die opwinding te deel. Wees deel van enige van die onderstaande GWK-gholfdae om te kwalifiseer, of gesels met die organiseerder in jou area vir meer inligting:
Jan Kempdorp Chris Shergold 082 758 8247
Prieska Kannetjies Kotzé 082 809 4773
De Aar Johan Koen 053 631 3691
Douglas Jaco Voges 082 883 9433
Jacobsdal Albertus de Wet 082 448 3463
Ons sien uit daarna om ons produsente by hierdie gholfdae te ontvang!
51
Leefstyl
Om ‘n
gesonde leefstyl te volg, is nie altyd maklik nie. Jy moet deeglik bewus wees van die hoeveelheid kalorieë wat jy inneem, maar, indien jy reg eet, maak die tipe dieet wat jy kies nie werklik ‘n verskil nie. Die Keto-dieet, wat meestal bestaan uit hoë inname vette, proteïen en lae koolhidrate, is deesdae op almal se lippe, maar dit kan moeilik volhoubaar wees indien jy ‘n gewone 8-tot-5-werk het. Volgens die standaard ketogeniese dieet moet jy slegs 20-25 g koolhidrate per dag inneem, tesame met 167 g vet en 100 g proteïen as die inname van die totale 2 000 kalorieë oorweeg word. Daarom is dit noodsaaklik om kos by die dieet in te sluit wat die minste koolhidrate en die maksimum hoeveelheid goeie vet bevat. Om te verhoed dat jy honger word, het ons dit goedgedink om ‘n paar wenke met die Keto-aanhangers te deel.
Hier is ‘n paar gesonde, vullende peuselhappies wat jy sommer bedags saam met jou kan dra. Bron: Ahmer Shaikh
FRAMBOSE Frambose is een van die voedsaamste vrugte met 'n netto koolhidraat-telling van slegs 5,4 g per 100 g. Die vrug is Keto-vriendelik en bevat baie min suiker in vergelyking met ander hoë suikervrugte.
Die helfte van 'n avokadopeer ‘n Avokado is ryk aan mono-onversadigde vette, wat help om slegte LDLcholesterol te verminder. Volgens die American Heart Association, kan gereelde inname van avokado die kanse op beroerte en hartsiektes verminder.
Donker sjokolade Goeie nuus vir al die sjokolade-liefhebbers! Donker sjokolade bestaan 85% uit kakao, wat beteken dat sy suikerinhoud baie laag is. 2-3 blokkies donker sjoklade is die perfekte Keto-happie waaroor jy nie eens skuldig hoef te voel nie.
52
Hardgekookte eiers Hierdie hoë-proteïen-versnaperinge is maklik en vinnig om te kook, en is baie gesond. Eiers is 'n nie-koolhidraat-happie wat vol proteïene en gesonde vette is.
KAAS Cheddar-, Blou-, Feta- en Mozzarella-kaas is alles kase wat jy mag eet indien jy die Keto-dieet volg. Dit is hoog in vet en ook ryk aan kalsium.
Makadamianeute Hierdie neut, wat bekend staan as die gesonde vet vir jou hart, is hoog in oliensuur. Afgesien van die voedingswaarde, kan hierdie neut gesien word as die beste keto-peuselhappie omdat dit maklik is om by jou te hou en nie verkoeling benodig nie.
OLYWE Net soos ‘n avokado's, is olywe ryk aan enkelversadigde vette met antioksidante-eienskappe. Olywe bestaan meestal net uit goeie vette en is baie laag in koolhidrate.
Pekanneute Pekanneute is ryk aan magnesium, wat die immuniteitsfunksies ondersteun. Dit verbeter die gesondheid van jou bene en verminder inflammasie.
Of die Keto-dieet voordelig is of nie, word gedurig gedebateer, maar jy kan wel verseker wees van ‘n gesonder, fikser liggaam as jy hierdie happies werk toe neem. (Hierdie artikel is slegs vir inligtingsdoeleindes geskryf en moet nie as plaasvervanger gebruik word vir mediese advies nie.)
oplossing: April/Mei 2019 B E V O L M U S I E
K R U I S
E U F N E O B R I K W E Y E N T M O A W K E V E R R
V E L E E N O O E G D O E I N I D P A S E T R O S E E A T S K R W E L S K A S E T A S W E T S E I E R M E E S A V E O S O T E T R E U N T E E R E L D E R S L A N G E B S T E
T E N K
B L E E K E R E G A S
E F A I S I E G L S E D A A S O R N O L N D R O O G T E R V A A K A S S A A F A L A K R S R O E K A M P K E R S V E E T E N T S E L E K S E B O O D R O L B E A R O E L A D M I E L I E
E N G E R A
K E P S
G E T A S
53
RAAI
Kommuniek Mense wat erf
Onderwys
Onsin!
Verbond
Drukstof
8 en VIII
Water se damp
Huid
Bly wees
Ontstaan
Dors laaf
Vat
Voortreflik Filosoof
Dratoestelle vir siekes
Hoofkaas
Gewese gades
Sonder ophou
Periodes
Aantoon
Arena
Twis
Sê nou
Besigtiging
Regtig?
Stampe
Handskrif Rusplekke
Vashou
Watermassas by boere
Astaat
Knol Drankkop
Triomfe
Bedrag Skommel Peru se hoofstad
Skets Opbrings
Kiesafdelings
Bod maak
Punt
Koel Bybelvers
Male
Ragel se suster Bostaande
Kontant by afl.
Gaarmaak deur hitte
Kriesels brood
Abel se broer
Bankbiljet
Stelle Embrio statutêre omhulsels bepalings
Paljas Ten __ male
Rivier se kant
Indo-Eur.
Plantkiem En elders
Gelyke
Skuilnaam
Eetbare knolle
Oormaat
Sonder dit sukkel boere
Seeswael Teenoor
Swyne
Gewese
Swemvoëls Besmet- Gewasse Middels like teen maag- wat diere vreet siekte siekte
Eier in Holland
Links na regs
Merlot
Moeder
Skande
Oplossing vir KommuniekRAAI (April/Mei 2019) op bladsy 53.
Syrivier
Selde of __
Immers
Vinnige
Oseaan
Dut
Die __ skop
Presies
Vreemde
Ribonukleïnesuur
Primitief
Kykers
Heining
Afbrokkel
54
Populier
Digkuns Amerikaanse buffel
Met mes geskei
Gehoorsaal
Resies
Suster se man
Droë NoordKaapse streek
Reënhael Onwettige wins
Afdruk
Bejaarde
Oukei Ma-bok
Asyn
Bogenoemde
Glad nie!
Kragtig
Saam
Vaartuig
Kinderpret
Watter vlieĂŤr pas by watter maatjie? 55
herderspastei Heerlike
Herderspastei (shepherd’s pie) word tradisioneel van lamsvleis gemaak, terwyl cottage pie verwys na dieselfde dis, maar met beesvleis. Watter vleis jy ook al verkies, dit bly ‘n bederfkos op ‘n wintersdag!
56
Resep
Bestanddele: Vleis: 2 eetlepels olyfolie 1 koppie fyngekapte ui 500g maer maalvleis (bees of lam) 2 teelepels gedroogte pietersielie 1 teelepel gedroogte roosmaryn 1 teelepel gedroogte tiemie ½ teelepel sout ½ teelepel gemaalde swartpeper 1 eetlepel Worcestershire-sous 2 knoffelhuisies, fyngedruk 2 eetlepels veeldoelige meel 2 eetlepels tamatiepasta 1 koppie biefaftreksel 1 ½ koppie gevriesde ertjies, wortels en mielies
Aartappel-bolaag: Ongeveer 2 groot aartappels, geskil en in 2cm-stukke gesny 8 eetlepels ongesoute botter 1/3 koppie melk ½ teelepel knoffelpoeier ½ teelepel sout ¼ teelepel gemaalde swartpeper ¼ koppie parmesaankaas
Aanwysings: Die vleis 1.
Gooi die olie in ‘n groot braaipan op medium hitte vir 2 minute. Voeg die uie by en braai vir 5 minute. 2. Voeg die maalvleis by en maak fyn met ‘n houtlepel. Voeg die pietersielie, roosmaryn, tiemie, sout en peper by. Meng goed. Braai vir 6-8 minute tot die vleis bruin is, roer nou en dan. 3. Voeg die Worcestershire-sous en knoffel by en roer, braai vir 1 minuut. 4. Roer die meel en tamatiepasta by tot goed gemeng. 5. Voeg die aftreksel en gevriesde groente by. Bring tot kookpunt, draai hitte af en laat prut vir 5 minute terwyl jy dit nou en dan roer. Plaas die vleismengsel eenkant. Voorverhit die oond op 200˚C. Die aartappel-bolaag 1.
Plaas die aartappels in ‘n groot kastrol en bedek met water. Bring tot kookpunt, verminder die hitte en laat prut tot die aartappels met ‘n vurk saggedruk kan word. 2. Dreineer aartappels en plaas vir 1 minuut terug in die warm kastrol om oortollige vog te laat verdamp. 3. Voeg die botter, melk, knoffelpoeier, sout en peper by. Maak fyn en roer tot goed gemeng. 4. Voeg die parmesaan by en meng goed. Sit alles saam 1. 2.
Gooi die vleismengsel in ‘n 20x20cm oondvaste bak en versprei tot ‘n egalige laag. Skep lepelsvol van die kapokaartappels bo-op, versprei versigtig tot ‘n egalige laag. As die bak baie vol lyk, plaas dit bo-op ‘n bakplaat sodat die vulsel nie in die oond uitkook nie. Bak vir 25-30 minute en laat vir 15 minute afkoel voor dit bedien word.
57
Uit Piet se pen
‘N “DING” HET
UIT DIE LUG GEVAL Chaos
as jy nie weet wat nie. Daar is baie dinge wat uit die lug kan val. Die Karoovlaktes is wyd. Pieter Jacobs van Carnarvon bel vir Sanda de Jager met die boodskap dat Albertus Vermeulen haar dringend soek. Volgens gerugte het ‘n “ding” uit die lug geval tussen Drielingspan en Jonkerwater. Albertus reken dit is ‘n vliegtuig, maar niemand weet nie. Sanda sit twee en twee bymekaar. Hulle het juis vanoggend ‘n klomp CEO’s trakteer op Copperton. Potensiële beleggers in die nuwe myn. Sy het self gesien hoe groot die vliegtuig was wat die mense gebring het. Sy bel vir Petro op Boesmansberg om haar vermoede te bevestig. Volgens die tydskedule is dit beslis dié vliegtuig. Hulle sal moet gou speel, die mense het dringend hulp nodig. Al die naburige plase word dadelik gekontak. Op Drielingspan word vinnig planne gemaak. Die skeerdery word dadelik gestop. Hoe meer mense hulp kan verleen, hoe beter. Elke siel is vandag nodig. Waterkanne word volgemaak. Vir dors en om bloed mee af te was. Sal die mense honger wees? wil een weet. Niemand glo dat die oorlewendes sal wil eet nie. Kom ons los liewer die roosters en die hout, is Koos se aanbeveling. Ons kan by die huis kom braai, sê Mannetjie. ‘n Braai bly maar altyd deel van enige beplanning. Gert laai ‘n bakkie vol ou houtpalette. Met so baie mense wat seergekry het, is hier nou genoeg spalke, is sy verweer. Hout is skaars op hierdie kaal vlaktes. Daar is nie tyd vir draai nie. Elkeen dink aan iets. Kry ‘n draadtang, beveel ou Wampie. Daar is nie oral hekke nie en die lyndraad sal geknip moet word.
58
"Wat van ou voersakke vir afgebreekte arms en bene wat rondlê?" wil ‘n ander weet. Die ledemate moet opgetel word. Onthou tog dat die arms en bene gemerk moet word, is Koos se raad. Die dokter kan nie verkeerde arms en bene aanwerk nie. Hoe sal dit nou lyk as ‘n persoon wakker word met twee regtervoete? In die voerstoor is baie sakke, laat ou Jan hoor tussen die geskarrel deur. Dankie tog, vandag is hier ‘n doel vir al hierdie voersakke, sug hy. Die droogte kom al lank. Berge voersakke wat oral rondlê. Kry sommer ‘n laken by ouma Lettie vir verbande. Miskien twee, die mense kan bloei, skreeu Filander. Drieling se mense laai drie plaasbakkies vol proviand. Abrie Smit van Vrede sal sorg vir matrasse. Beseerdes kan nie op kaal bakkies vervoer word nie. Platsambok se mense bring ou handdoeke en komberse. Dokter Schoeman sal ontbied word sodra die ramptoneel bereik is. Kyk uit vir rook, is die eerste opdrag. Die “ding” behoort te brand. Nêrens is enige rooksein sigbaar nie. Die soektog is in volle swang. Die bakkies jaag dik stofstrepe uit. Almal op pad in die rigting van Houthaalberg. Dit is die kop waar die plase Vrede, Jonkerwater, Platsambok en Drielingspan bymekaar kom. Sanda koördineer die geselskap per WhatsApp. Nie so maklik in hierdie wêreld nie. Daar is net sein op die hoogste rant. Die boodskap word onder die rant geskryf. Hierna hardloop iemand teen die kop uit met die foon. Wanneer die foon klaar gebiep het, word daar teruggehardloop met die nuutste vraag of antwoord. Elke tweede tog word deur ‘n vars boodskapper aagepak. Nooit gedink daar kan per
voet ge-WhatsApp word nie. Seker net in die Karoo moontlik? Intussen word die wêreld gefynkam vir die ongelukstoneel. ‘n Boodskap kom deur dat Albertus se verlore bokooi gevind is in die buurman se veld. Nogal met tweelinglammers. Daar het alreeds ‘n voetpad ontstaan soos daar ge-WhatsApp word. Wynand van Platsambok het twee jakkalse geskiet wat hom lankal pla. Die meeste rapporte wat deurkom gaan oor ongediertespore in die veld. Daar word behoorlik spoorgesny en sommer fluks geboer. Die “ding” steeds soek. Dan die boodskap. Die “ding” is gevind. ‘n Paraglider. Sy wind het opgeraak. Hy het veilig geland. Toe nie ‘n parapleeg, soos Wilhette gehoor het nie. Die recovery-voertuig, met ‘n Zimbabwiër in beheer, het verdwaal en by André van Rensburg op die plaas Who-can-tell uitgekom. Met die GPS kon hulle tot by die man ry. Perdfris en gesond het hy hulle ingewag. Gelukkig geen ledemate om op te tel of bloed om af te was nie. Paragliders beskou die Coppertongebied as ideaal om sweefrekords te probeer opstel. Sunette, van Platsambok, vertel dat hulle maar sukkel om in die lug te bly. Hulle hardloop gereeld uit wind uit op die plase in die omgewing. Hoewel die wêreld ongerep en verlate is, sal niemand sommer hier ongesiens wegraak nie. Hier kyk die mense fyn en ver. Ten minste twee weke die toekoms in. Selfs ‘n Boeiing kan maar kom. Met ‘n bakkievrag palette kan baie mense gespalk word. Enige “ding” kan maar val.
PIO-GW-300419
59
Vergeet van onsekerheid in jou besigheid. Produsente is meer as net boere, hulle bou wêreldklas besighede. Daarom kyk ons spesialiste anders hierna en bied ‘n diens wat voorsien vir alle onverwagse, versekerbare gebeure. Alles onder een dak. GWK Versekering
Altyd ’n versekerde toekoms Skakel vandag 053 298 8359/90 om ’n afspraak te maak. Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer FSB Lisensie 1185
60