`n Handelsmerk van
Februarie / Maart 2019
AGRIQUA: GWK steun opkomende boere Nuwe leier vir ‘n nuwe afdeling Verbou die regte gewasse saam met pekanneute Stoetbulle versterk Thaba Nchu-boere se toekoms
VEELSYDIGE KULTIVARS OM DIE GAPINGS IN ’N VOERVLOEISTELSEL TE VUL
Voergewasse met hoëproduksie, drakrag en smaaklikheid vir ’n verskeidenheid diereproduksiestelsels. Geskik vir melk-, vleisbees- en skaapproduksie. Ideaal vir skaapooie om op te lam en vir die afronding van speenkalwers en lammers. ONS VOERGEWASPAKKET Lu LLus ussern u ern rn
Int Int ntens ntens een ns nsiew iew ie ewe Grra Gra G rassse ssse se
Dro Dr D rro oël oëla ëëla llaand an nd d Wiiin Win W n nter teerrgew te ter rg geew gew ewas aass sssse
Eeeen Een E njja jar ar arige ig ig gee Sub SSu ub u btro ttrro rop piie pie iese se Gew G ew ewass aassssse
Dorrm Do rma maansi m ansi nssiieekl ns ekkkllaass sssse 7 en 9, 9, weid eid idin ing ing ng een nh ho hoo oo ooit iti iti tipe pes p eess
Eeeen E Een njar jjaar arig iige gee Ra g Raai aaig igras ig gras raass Mee Mee Me eerja erj rrja jjaarrig ig ige Raai aaaaaiig gra gr ra ras
Haw Ha Haw awer er Kor Ko K orog or ro og g Stoelr Sto St tto oelr eellrrog og Jap Jap apaann an nnes nn eese ssee R Raad dyyyss dys
Voe Vo V oeerso o rrssorgh sso orrg rgh gh g hum um Teef Tef T ef
® Registered trademarks of PANNAR SEED (PTY) LTD © 2019 PANNAR SEED (PTY) LTD
LW/2019/WEIDING/16SHEEP
Saam boer ons vir die toekoms™ infoserve@pannar.co.za www.pannar.com TM TM
14 18 50 55
AGRIQUA: GWK steun opkomende boere
Nuwe leier vir 'n nuwe afdeling
Stoetbulle versterk Thaba Nchu-boere se toekoms
8 10 12 20
Damme en temperature
Veilingskalender en -pryse
Landbouwenke
Is jou huis se gasinstallasies veilig en wettig?
GWK Oliesade dra by tot droogteverligting
24 28
Stemmingsbestuur belangrik vir mielieopbrengs
Aggregaatstabiliteit vir volhoubare boerdery
34 41 44 49 52 56
Landboukundige waarde vir produsent
Koringkultivar proefresultate 2018
Verbou die regte gewasse saam met pekanneute
Verhandelingsplatform vir 'n toekomsgerigte besigheid
Die impak van bek-en-klouseer
Wynmaker wil voortbou op Landzichtreputasie
59 62 64 65 66
Grondkartering lewer waardevolle inligting
KommuniekRAAI
Leefstyl: Manne, kry 'n nuwe stokperdjie hierdie jaar!
Resep: Gevulde beesfilet
Uit Piet se pen: Leen my asseblief R100
3
Direksie
Bestuur
Voorsitter Frank Lawrence
Besturende Direkteur: GWK Groep Llewellyn Brooks
Ondervoorsitter Hennie Coetzee
FinansiĂŤle Direkteur: GWK Groep Johan Geel
HF Cilliers Koos de Wet Johan Geel Wynand Human Frans Lubbe Tertius Marais Willem MĂźlke Eric Ramongalo Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Louis Wilken
Besturende Direkteur: GWK Agri Frans du Plessis Besturende Direkteur: GWK Farm Foods Wim van Rooyen Besturende Direkteur: GWK Trading Tom Meintjes Uitvoerende Hoof: Groep Menslike Hulpbronbestuur Gideon Jordaan Uitvoerende Hoof: Groep Bemarking en Kommunikasie Neil de Klerk
Ons is pioniers in die agri- en voedselwaardeketting en is toegewy daaraan om 'n volhoubare besigheid te bou, groei te dryf en 'n beter toekoms vir al ons belanghebbendes te verseker. We are pioneers in the agri and food value chain, committed to shaping a sustainable business, driving growth and providing a better future for all stakeholders.
Kanale na die internasionale mark is reeds gevestig. Jy kan net gebruik maak daarvan. GWK Lusern
Lusern- en veevoerbestuurder: Beyers Mallo | 082 600 8476 Bestuurder (Lusern-kontrakteursdienste): Albertus de Wet | 082 448 3463 Bestuurder (Lusernbemarking): Douw Steyn | 071 670 5883 Bestuurder (Lusernverkryging): Donnie Britz | 082 805 2468 Bemarking (Veevoer, Wes-Kaap): Daniel Breytenbach | 082 941 4817 Lusernverkryging (Barkly-Wes/Jan Kempdorp): Albe Badenhorst | 073 934 5148 Lusernverkryging (Hartswater): Albe Badenhorst | 073 934 5148 Lusernverkryging (Modderrivier/Rietrivier): AndrĂŠ Pool | 082 373 7732 Lusernverkryging (Hopetown): Michelle Peens | 076 460 2927 Lusernverkryging (Douglas/Upington): Jaco Marais | 082 430 3365
Redakteursbrief
Uitgewer namens GWK Neil de Klerk (Groep Bemarking en Kommunikasie)
Dit is darem lekker om hierdie brief te kan begin met ons omgewing wat so deurnat is ná die reën.
Redakteur Leana Bezuidenhout 072 601 9420 Advertensies en verspreiding Madri Scheepers 083 578 7198 Uitlegkunstenaar Reinard Louw Het jy iets om te deel? Gesels met ons: E-pos: LeanaB@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730 Hoofkantoor GWK De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf gwk.co.za Voorbladfoto: 'n Opkomende GWK-boer spog met sy katoen (foto: Conrad Bornman)
Vind ons aanlyn deur die QR-kodes met `n slimfoon te skandeer.
Kommuniek
6
Ek
hoop dit is ‘n aanduiding van wat 2019 vir ons inhou – reën, genade en geluk. Dit wil nogal vir my so lyk, as ek kyk na hoe die jaar afgeskop het. By GWK is ons nie met minder projekte besig as in vorige jare nie, maar daar is ‘n opgewondenheid waarmee ons hierdie jaar begin het. Een van die projekte waaroor ons regtig báie opgewonde is, is Agriqua. Ons kan die onderwerp oor transformasie in landbou die-kant-toe en daai-kant-toe debatteer, maar dit is onvermydelik. Dit word van ons bedryf verwag om meer mense toegang te gee tot boerdery, en dit is iets waarop die bedryf later gemeet gaan word. By GWK glo ons nog altyd in gesonde transformasiebeginsels en Agriqua is ons antwoord hierop. Hierdeur kry opkomende boere toegang tot landbou – tot grond, mentorskap en bemarkingskanale. Die besigheidsmodel is noukeurig ontwikkel om op die langtermyn volhoubaar te wees en resultate te toon. Lees gerus meer op bl. 14 hieroor. Vorentoe sal ons in Kommuniek verslag doen oor die vordering en groei van die projek. Benewens Agriqua, wat op die oomblik in die Taung-distrik gefokus is, het GWK Veilings ook belê in belowende
Leana Bezuidenhout
boere in Thaba Nchu en omliggende gebiede, deur die skenking van bulle wat op rotasiebasis onder die boere gebruik sal word hom hulle kuddes te bou en versterk. Verder verwelkom ons hartlik en warm – soos net ons Noord-Kapenaars kan – vir Chris Serfontein by GWK. Chris is ons nuwe Hoof van Kommersiële Finansiële Dienste en het in Februarie by ons aangesluit. Die politieke omgewing is maar ‘n bietjie onstuimig so op die vooraand van die verkiesing, maar dit is geen rede om stil te staan nie. Landbou sal altyd die fondament wees van ‘n ontwikkelende ekonomie, spesifiek in terme van werkskepping en voedselvoorsiening. Dit is vir ons ‘n voorreg om elke dag hiertoe te kan bydra, saam met boere waarin ons glo en waarop ons vertrou. In die volgende paar maande loods GWK nog ‘n klompie opwindende projekte waarna almal wat deel is van ons storie kan uitsien. Aan al ons Kommuniek-lesers, ek glo dat 2019 mooi dinge inhou. Mag die jaar baie vreugde bring. Dankie dat julle landbou saam met ons lekker maak.
Spesialisbestuurder: Inhoudsontwikkeling
Geestelike Akker Paradysblomme
“Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, en met jou hele siel en met al jou krag en my jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.” - Lukas 10:27 Die vrug van die Gees, daarenteen, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Galasiërs 5:22-23 Hoog bo in die klowe van Bettysbaai groei daar 'n skaars en baie gesogte blom – die Disa. Daar word baie oor die blom gepraat, maar nie almal doen die moeite om die opdraende voetpad deur distels en dorings uit te stap om dit met hulle eie oë te aanskou nie. Jy kan dit natuurlik op die brosjures sien maar dis nie heeltemal so mooi as om dit met jou eie oë te sien nie. In God se koninkryk is daar ook sulke besondere en gesogte plante wat moeilik sigbaar is vir die ongeërgde besoeker in die landskap van geloof. Baie het al daarvan gehoor maar doen nie moeite om dit self te gaan soek nie. Die eerste van hierdie flora is Genade. Dis 'n blom wat nie gekoop of verdien kan word nie. Dit word vrylik gegee maar moet met sorg behandel word. Dit word gevoed deur ander te voed. Dit word bemes deur liefde en toewyding en deur die randfigure, die uitgeworpenes en die wat die samelewing as onsigbaar beskou, te bedien. Dit groei in dieselfde grond waar jy genade en aanvaarding van God
ontvang het. 'n Tweede en baie gesogte blom is Verhouding. Hierdie plant is gewortel in ons verhouding met God wat menslike grense in 'n verdeelde samelewing oorskry om diegene wat deur ons geminag en verwerp word, te omarm. Die Joodse filosoof. Martin Buber, het geskryf dat dit noodsaaklik is vir ons om God se aard in ons verhouding met ander te reflekteer. 'n Derde plant wat God graag in sy tuin wil sien is Aanvaarding. Dit is die manier waarop ons ons eie identiteit teenoor ander beleef. Die vraag is: wie is ek en hoe beleef ek my verhouding met die wat vreemdelinge en anders as ek is? Hierdie blom bied 'n vêrgesig op 'n gebroke wêreld waar versoening deel is van 'n koninkryk waar God alles en in almal is. Die mooiste blom in hierdie geestelike tuin is egter Vergifnis. Dit is spruit uit versoening wat Christus op Golgota geplant het toe Hy gesterf het om ons te bevry van woede, haat, wraak en eiebelang. Wat moet ek dan doen om hierdie plante in my tuin te laat groei? Gaan uit en saai die Woord en alles wat daarmee saamgaan en bid dat God die werk van jou hande sal seën. Gebed: Hoe moeilik is dit nie om anders te leef as wat my menslike natuur van my vra nie. Here, help my iets van u natuur na te streef in my verhouding met ander. Amen Hennie Symington www.versndag.co.za
7
Damme en temperature
Huidige stand van damme Dam
Oranjerivier
% Vol
Gariepdam
69,70
Vanderkloofdam
69,80
Vaaldam
73,10
Bloemhofdam
61,80
Vaalharts Stuwal
81,60
Douglas Stuwal
55,19
Spitskopdam
49,10
Taungdam
82,30
Rietrivier
Kalkfonteindam
20,40
Modderrivier
Krugersdriftdam
36,60
Vaalrivier
Hartsrivier
250 200
ReĂŤn (mm)
Riviersisteem
Werklike vs. langtermyn reĂŤnval
150 100 50 0
Luneburg
Green Valley Nuts
Rietrivier
Hopetown
Jan Kempdorp ZOUTPANSDRIFT
Werklik Langtermyn
Werklike minimum en maksimum temperature vs. langtermyn temperatuur Douglas Lunenburg
Prieska Green Valley Nuts
45
45
40
40
35
35
30
30
25
25
20
20
15
15
10
10
5
5
0
20
27
4
11
18
25
1
8
15
22
0
20
27
4
11
Rietrivier 50
40
45
35
40
1
8
15
22
1
8
15
22
35
30
30
25
25
20
20
15
15
10
10
5
5 20
27
4
11
Maksimum
8
25
Hopetown
45
0
18
18
25
1
8
15
Maksimum langtermyn
22
0
20
Minimum
27
4
11
18
25
Minimum langtermyn
Ons kry die regte markte vir jou katoen sodat jy kan fokus op jou boerdery. GWK Katoen
GWK Katoen sien om na jou produkte, van voorbereiding, plant, verwerking, stoor tot bemarking. Gesels met ons span spesialiste om jou deur die proses by te staan en deur ons gevestigde markkanale te verseker dat jou produk in die regte hande beland. Fanus Linde | Hoof van GWK Voere en Vesel 082 888 0016 | fanusl@gwk.co.za
gwk.co.za 9
Veilingskalender en -pryse
12 Feb 13 Feb 14 Feb 19 Feb 20 Feb 21 Feb 21 Feb 26 Feb 27 Feb 28 Feb 28 Feb 28 Feb 05 Mar
Grootvee/kleinvee, Kimberley Griekwaland-Wes veiling, Postmasburg Kommersiële veiling, Thaba Nchu Grootvee/kleinvee, Kimberley Maandveiling, Wepener Kommersiële, Griekwastad Konsortium Merino-veiling, Victoria-Wes Grootvee/kleinvee, Kimberley Lucasdam Dorperveiling, Postmasburg Grootvee-veiling, Koopmansfontein Konsortium Merino, Steynsburg Mielieboere Bonsmaras-veiling, Viljoenskroon Grootvee/kleinvee, Kimberley
05 Mar 06 Mar 07 Mar 12 Mar 13 Mar 13 Mar 14 Mar 19 Mar 20 Mar 22 Mar 26 Mar 27 Mar 27 Mar
Vanstadensrus Landbou-veiling, Vanstadensrus Top 8 Boerbok-veiling, Kimberley Kommersiële veiling, Hertzogville Grootvee/kleinvee, Kimberley Konsortium Merino-veiling, Gariepdam Cronjé Dorperveiling, Kimberley Kommersiële veiling, Griekwastad Grootvee/kleinvee, Kimberley Maandveiling, Wepener Aanteelveiling, Kimberley Grootvee/kleinvee, Kimberley Sentrale Tuli Groepveiling, Bloemfontein Kommersiële veiling, Burgersdorp
Veilingspryse vir lewendehawe – Januarie 2019 07/01 - 11/01
21/01 - 25/01
28/01 - 01/02 Bees
Kby
Slagosse
R23,50
Slagkoeie
R19,00
R15,00
Maer beeste
R17,30
R27,50
Ligte kalwers (180-200kg)
R28,00
Swaar kalwers (201-250kg)
R24,00
Swaar kalwers (201-250kg)
R25,00
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
R28,37
Slaglammers
R28,50
Slaglammers
R29,00
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Slagosse
R23,50
Slagosse
R24,20
Slagosse
Slagkoeie
R20,30
Slagkoeie
R20,45
Slagkoeie
R17,50
Maer beeste
R17,40
Maer beeste
R17,15
Maer beeste
Ligte kalwers (180-200kg)
R30,00
Ligte kalwers (180-200kg)
R28,50
Ligte kalwers (180-200kg)
Swaar kalwers (201-250kg)
R29,40
Swaar kalwers (201-250kg)
R26,75
Skape
Kby
Skape
Slaglammers
R28,80
Slaglammers
Stoorlammers R29,20
Kby
Stoorlammers R30,55
Stoorlammers R27,00
Kruislammers
R28,20
Kruislammers
R25,50
Kruislammers
R27,00
R23,00
Slagooie
R21,00
Stoorlammers R29,50
Kruislammers
R26,80
Slagooie
R26,21
Slagooie
R26,00
Slagooie
Maer ooie
R26,00
Maer ooie
R23,65
Maer ooie
R20,00
Maer ooie
R11,50
Klein bokkies
R28,17
Klein bokkies
R32,93
Klein bokkies
R30,00
Klein bokkies
R32,00
Jong bokke
R31,00
Groot bokke
R26,00
Groot bokke
R28,50
Bokooie
R26,31
Bokooie
R 22,00
Bokooie
R21,70
Jong bokke Bokooie
10
14/01 - 18/01
R22,60
PRESIES WAT DIERE NODIG HET. uppe marketing A19385
By EPOL verstaan ons dat ’n boer se lewende hawe sy bestaan is ... sy toekoms. As een van die leiers in die dierevoerbedryf, verskaf ons topgehalte, wetenskaplik-geformuleerde en gebalanseerde voer vir ’n reeks spesies, insluitende braaikuikens, lêhoenders, varke, wild, perde, skape en volstruise. Daarbenewens, verskaf ons navorsingsen ontwikkelingspan, verkoopspanne en gekwalifiseerde dierevoedingkundiges uitstekende diens, tegniese advies en pasgemaakte oplossings om te verseker dat jy en jou diere net die beste uit ons reeks produkte kry. EPOL bied: Innoverende voer- en voedingstegnologie. Wetenskaplik-geformuleerde presisiediëte. Optimale koste gebaseer op die produksiedoelwit. Diereprestasie en -gesondheid.
Kontak jou naaste tegniese adviseur om jou te help om die beste oplossing vir jou behoeftes te bepaal. Vir meer inligting oor ons spesifieke voere en dienste: EPOL: +27 (0) 31 242-8600 | epolinfo@rclfoods.com | www.epol.co.za RCL FOODS: www.rclfoods.com
11
Landbouwenke
Katoen PIX-bespuiting is reeds gedoen of moet nou gedoen word. Kontak jou landboukundige om jou met hierdie besluit te ondersteun. Monitor aanplantings vir vlekbesie en stinkbesie en spuit vroegtydig. Hou lande onkruidvry. ‘n Oormaat onkruid kan die oesproses bemoeilik en invloed op gradering hê. KNO3-blaarbespuiting kan nou gedoen word. Dit verhoog kaliumvlakke in plant en sodoende kan gehalte van lint verbeter word.
Mielies Indien baie vogtige en reëntoestande heers kan swambespuitings voorkomend geskied . Heelwat aanplantings gaan in bestuiwing- en pitsetstadiums en moet geensins droogtestres ondervind nie. Waterverbruik is baie hoog tydens hierdie stadiums. Gaan aanplantings gereeld deur vir stronkboorders en spuit wanneer dit waargeneem word. Koppe kan ook later aangeval word. Bolwurm begin inkom by die pluimstadium en veral in die jong kopstadium. Motlokvalle kan uitgesit word om die motvlugte te monitor. Sodoende kan voorkomende bespuitings vroegtydig beplan word.
Doen opvolg-aalwurmbeheer, veral op grond met 'n geskiedenis daarvan (bly binne registrasie en neem onthoudingsperiode van aktiewe middel in ag, Vydate (oxamyl) het ‘n onthouding van 80 dae). Kalsiumtoedienings kan nog gedoen word om sekondêre peuldrag se pitkwaliteit te verbeter. Voorkomende beheer van blaarsiektes soos blaarvlek is belangrik om 'n goeie opbrengs, asook voldoende hooi, te verseker. Monitor lande vir swamsiekte soos Botrytis en Schlerotinia. Bolwurmbesmettings kan ook hoog raak en lande moet goed hiervoor gemonitor word. Waterverbruik is nog in sy piek-periode en skedulering moet gevolg word. Gee swaarder water minder gereeld.
Pekanneute Kalium-blaarvoeding kan toegedien word gedurende Februarie/Maart om neutvul te verbeter. Verseker ‘n hoeveelheid van nie meer as 50% ekstraksie van water uit die grond nie, aangesien bome nou besig is met neutvul. Gaan normaal voort met onkruidbeheer en lootpuntsnoei op die jong bome waar dit nodig is. Jong bome moet 1.5m aan weerskante van die boom onkruid vry gehou word om kompetisie te verminder. Plaagbeheer moet deurentyd toegepas word, veral vir stam- en basboorders, geel-pekanplantluise en skurfsiekte (meer vogtige areas). Blaar- en grondontledings is einde Januarie geneem en regstellings, afhangende van die element, moet nou of in die volgende seisoen gemaak word. Die eerste groei in die lente is vanaf reserwes en daarom moet sekere regstellings gemaak word.
Droëbone Aanplantings behoort in die jong gevestigde tot blomstadium te wees. Pas onkruidbeheer versigtig toe om wortelskade te voorkom. Volg skedulering noukeurig en maak seker plant ervaar nie droogtestres nie, omdat dit invloed op peulset kan hê. Droëbone is sensitief vir versuiptoestande en oorbesproeiing tydens reën moet vermy word. Mikroelemente soos boor en molibdeen kan tydens die vroeë blom- en peulstadiums toegedien word. Monitor aanplantings vir bolwurm en luise en spuit vroegtydig. Spuit voorkomend vir swamsiektes soos bruinroes, donsige skimmel en poeieragtige meeldou, veral tydens vogtige, nat periodes.
Grondbone
Aartappels Aartappels is in die jong, gevestigde stadium. Onthou dat uitgeloopte moere in opberging ook met virus en aartappelmot besmet kan word. Die beheer van opslag is krities om virusbesmetting te beperk. Maak implemente skoon wanneer van een land na 'n ander beweeg word tydens plant. Plantgereedheid van moere is van kardinale belang vir suksesvolle aartappelproduksie. Saad moet nie lank in die son lê voor plant nie. Maak seker kultivars en generasies word nie vermeng nie. Plant eerder 'n bietjie vlakker en erd op as om te diep te plant. Hoe vinniger die plante opkom, hoe beter. Wanneer plante opgeërd word (± 20 cm hoog), moet waterstres vermy word aangesien dit bruinskurf bevorder.
12
Ons wil die beste diens aan jou lewer en het jou hulp nodig Hoe ons dit doen:
•
Ná ses maande stuur John Deere ‘n e-pos met ‘n dokument (CSI-vorm) waar jy die diens en jou ervaring met John Deere, die handelaar en finansiering evalueer op ‘n punteskaal tussen 0-10
•
e Ge
utraal l: Ne
kig met di geluk we er ens/pr o varin On tie g) duk oi: (nega Ro
GWK Meganisasie kontak jou telefonies ná die aankoop van jou nuwe John Deere toerusting - hier het jy die geleentheid om ons in kennis te stel sou jy probleme ervaar
Gro e
n:
Ba i (p e o
duk/diens t pro me ring) kig rva luk e e ge itiew s
•
g: mmin liënt ige k lukk = Ge al nt 9 & 10 = Neutra kige klië k 7 & 8 Ongelu = 0–6
Opso
Die evaluasie en puntetoekenning is uiters belangrik om John Deere en handelaars aanspreeklik te hou
•
Indien jy ontevrede is met enige deel van jou ervaring, gee ‘n punt van 6 of minder (belangrik om die regte aksies te neem)
•
Indien jy baie tevrede is met die diens wat jy ontvang het, gee ‘n punt van 9 of 10 (belangrik om te weet wat ons reg doen)
Neutraal
G ro e
Opsomming: 9 & 10 = Gelukkige kliënt 7 & 8 = Neutraal 0 – 6 = Ongelukkige kliënt
t produk/d ig me ien s lukk ervaring) e ge ie itiew B a po s (
John Deere pas hierdie diensmeting wêreldwyd toe en ons volg John Deere se internasionale standaarde vir kliëntediens
G e el: uk
n:
•
i: Ongelukkig m Roo (negatiew et die e er va ns/p ri n g) rod
Hoekom ons graag van jou wil hoor:
Ontvang ‘n gratis banddrukmeter ter waarde van R400 vanaf GWK as jy die voltooide CSI-vorm aan John Deere terugstuur! Kontak ons vir meer inligting: Hendri Lamprecht | 082 860 0250 | hendril@gwk.co.za u jo t? op ie ee k d w dru ng ge nd rle en y a ve e t j b e w r ng e e e d l t Herrek ban se ind igti d r d ko ke an erm ver v d ie k D tre b on gr
Aktueel Madri Scheepers
AGRIQUA:
GWK steun opkomende boere
(foto's: Conrad Bornman)
Richard Moitshihanetsi, Nantie Fourie (GWK), Wilford Senokwane en Tertius Schoeman (Katoen SA)
“Ek
was aangenaam verras! Die lande lyk besonder goed.” Só sê Tertius Schoeman van Katoen Suid-Afrika se afdeling vir landbouontwikkeling en transformasie tydens sy besoek aan die Taung-omgewing Januarie vanjaar. Dié katoenlande is van die produsente onder die mentor-
14
skap van Agriqua Holdings. Agriqua Holdings is ‘n nuwe besigheid, in lyn met GWK se oorhoofse strategie, waarvoor die span in hierdie stadium besig is met die ontwikkeling, befondsing en goedkeuring van die besigheidsplan. Hoewel die administratiewe proses in die agtergrond
afspeel, is die eerste seisoen se katoen reeds in die Taung-omgewing geplant. Opkomende boere in die Taungomgewing word bygestaan deur ‘n voltydse mentor, Nantie Fourie, en verskillende ander spesialiste van GWK soos onder meer Landboudienste se presisiespan. Met die implementering van
presisieboerdery-tegnieke van voorbereiding en onderhoud tot pluktyd, is daar sedert Agriqua verlede jaar op die been gebring is reeds groot verbetering gesien in die gehalte van die lande en die potensiële opbrengs wat verwag word. Wat is Agriqua Holdings en waarom is dit tot stand gebring? Ondernemingsontwikkeling is een van die hulpbronne wat GWK kan gebruik om te voldoen aan regulasies vir BBBEE, spesifiek die ontwikkeling van opkomende boere. Voorheen is hierdie deel van die besigheid onder Owncrop bedryf, maar die nood het ontstaan om die projek te herontwerp in ‘n model wat meer waarde toevoeg vir die opkomende boere, asook vir GWK. Die span wat Agriqua bestuur is op
die oomblik besig om met vennote te onderhandel om die projek te befonds, wat uiteindelik sal verdeel word in drie afdelings, naamlik Agri, Trading en Farm Foods, wat elkeen op ‘n spesialisarea sal fokus. Agriqua Taung val onder die Agri-vaandel, Farm Foods sal veeproduksie en -verwerking insluit en Trading pekanneute. Die besigheid word operasioneel deur GWK bestuur, met die direksie wat sal bestaan uit verteenwoordigers van die vennote wat die projek befonds, GWK-bestuur en gemeenskapsleiers in die areas waar die projekte geloods word. Hierdie bestuurspan word ondersteun deur die
Dinake Kgwanyape en Nantie Fourie bespreek Kgwanyape se katoen.
15
Nantie Fourie, Richard Moitshihanetsi, James Mojaki, Wilford Senokwane en Tertius Schoeman
kundigheid, hulpbronne, waardeketting en markte wat GWK reeds tot sy beskikking het. Jaques Hugo, GWK se Hoof van Sentrale Aankope en die man agter die stuur van die Agriqua-besigheidsmodel, sê dat die hoofoogmerk van die projek is om befondsing te kry en opleiding te verskaf aan opkomende boere sodat hulle in die toekoms selfstandig kan boer. Hy sê verder dat dié boere die nuwe generasie is en Agriqua die hulpmiddel om hulle gereed te kry om uiteindelik kommersiële boere en deel van die groter GWK van die toekoms te wees. Vir ‘n opkomende boer om deel te word van Agriqua word potensiële boere geïdentifiseer en ‘n ondersoek geloods na die lewensvatbaarheid en moontlikhede vir omskakeling na ‘n kommersiële boerdery deur ontwikkeling. Ná só ‘n boer goedgekeur is, beweeg hy na die volgende fase van die program wat ‘n opleidingsproses van drie jaar is. Die boer se kennis word geëvalueer en opleidingsbehoeftes word daarvolgens bepaal om die gapings te vul wat oor die drie jaar aangespreek word. Tesame met die formele
16
opleiding, het elke faset van die projek ‘n voltydse mentor wat leiding gee op grondvlak. As die boer suksesvol ná die drie jaar deur die program beweeg het, word hy/sy deel van GWK as ‘n kommersiële boer en groei vandaar verder saam met die besigheid. Elkeen van die huidige Taung-produsente is geregistreer by Katoen Suid-Afrika sodat die bemarking van die katoen rég gedoen kan word, sê Hugo. Dit is ook waarom Katoen Suid-Afrika ‘n draai kom maak het om self te sien wat die potensiaal van die Agriqua-model is. “Affiliasie by Katoen Suid-Afrika maak die produk meer bemarkbaar en kan meer waarde vir die opbrengste verseker,” sê Hugo. Schoeman sê dat die drywer vir sukses van die Taung-projek beslis die duidelike insette is van Nantie Fourie van GWK (mentor) en die openlike kommunikasie met die boere, asook die aanvaarding van die leiding wat hul ontvang. “Geen projek van dié aard kan sonder mentorskap wees nie, uitsluitlik omdat kennis en roetines, asook oog vir detail ontbreek,” sê Schoeman. “Dis ‘n goeie begin en ek slaap lekker oor die
projek.” Hugo sê daar is tans nie ‘n soortgelyke model in Suid-Afrika wat werklik al tasbare, suksesvolle resultate gelewer het nie, maar Agriqua is ontwikkel op deeglike navorsing en sterk besigheidsbeginsels wat hom baie optimisties maak. Hy sê verder dat hulle nie te vroeg té opgewonde wil raak nie, maar alles dui in hierdie stadium daarop dat die eerste boere, onder die mentorskap van Agriqua Holdings in Taung, hierdie seisoen dié area se eerste kommersiële oes kan oplewer. Tot daardie tyd staan die werk in die agtergrond glad nie stil nie. Hugo en die operasionele span is hard aan die werk om onder meer befondsing te finaliseer, asook opleiding en ondersteuning vaartbelyn te maak ten einde te verseker dat die opvolgfases van die projek suksesvol kan uitrol en geïmplementeer word in die maande wat volg.
Die beste diere verdien die beste bemarking. GWK Veilings het ‘n nasionale voetspoor om te verseker dat kopers landwyd toegang tot topgehalte diere kry en verkopers toegang het tot die rĂŠgte mark. Skakel ons vir meer inligting of om 2019 se vee-, stoet- en wildveilingsdatums te kry. GWK Veilings
Willie Meyer Hoof van Veilings 071 680 4103
Sarel Cilliers Vrystaat 082 447 7450
Herman Laubscher Kuruman 083 288 8887
Schalk Erlank Stoetvee-adviseur 082 558 6891
Barco van Niekerk Kimberley 072 384 9057
Jan Erasmus Humansdorp 087 820 4532
17
Aktueel Madri Scheepers
NUWE LEIER vir ‘n nuwe afdeling
18
In
(foto: Conrad Bornman)
die snelbewegende era van besigheid waarin ons werk is dit uiters noodsaaklik om voortdurend aan te pas, te vernuwe en veranderinge te maak wat sal verseker dat die besigheid mededingend in die mark bly. GWK volg ook hierdie benadering en vir daardie rede is daar sedert 1 Februarie vanjaar ‘n aanpassing gemaak in die samestelling van twee bestaande besigheidseenhede, GWK Versekering en GWK Finansiering. Dié twee afdelings sal voortaan bekendstaan as GWK Kommersiële Finansiële Dienste onder leiding van ‘n nuwe hoof, Chris Serfontein. Frans du Plessis, Besturende Direkteur van GWK Agri, sê dat verbeterde bedryfseffektiwiteit ‘n voortdurende strategiese prioriteit bly en met die aftrede van GWK se voormalige Hoof van Versekering is ‘n geleentheid geskep om twee afdelings saam te voeg waar sinergieë ongetwyfeld ontsluit kan word deur die sentrale bestuur daarvan. “Die twee afdelings het weliswaar aparte fokusareas in terme van produkte en dienste, asook unieke vaardighede en kwalifikasies, maar daar bestaan verskeie komplementerende faktore wat die waardeproposisie van die gesamentlike besigheid sal ondersteun,” sê Du Plessis. “Die verwagting is dat ‘n gesamentlike fokus op bemarking, ten opsigte van kommersiële finansiële dienste, vir die kliënte verdere waarde sal toevoeg en GWK se spanpogings ook sal optimaliseer.” Om dit moontlik te maak was dit nodig om ‘n nuwe leier te werf wat verstaan hoe om hierdie twee wêrelde as ‘n eenheid te integreer en ‘n nuwe waardeproposisie te ontwikkel, sê Du Plessis. Serfontein kom met bewese suksesvolle ondervinding in die finansieringsveld met goeie blootstelling aan gesonde risikobestuurspraktyke in die landbousektor. Hy is gerat vir die uitdaging en sê hy sien uit na nuwe geleenthede, die ontdekking van nuwe horisonne, die bou van nuwe verhoudinge met nuwe kollegas en kliënte, asook die ontginning van nuwe idees en verwagtinge van kliënte en personeel in die soeke na ‘n unieke waarde-aanbod in hierdie twee besighede. Serfontein is gebore in Winburg en het grootgeword in die Theunissen-distrik waar hy laerskool voltooi het by die plaasskool, Nelsdrif. Hy sê dit is hier waar
sy liefde vir landbou en die platteland gekweek is. Hy het sy skoolloopbaan voltooi aan die Hoërskool Goudveld op Welkom, waarna hy sy klerkskap by PricewaterhouseCoopers (PwC) begin het terwyl hy deeltyds studeer het aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) om te kwalifiseer as ‘n geoktrooieerde rekenmeester. Daarna het hy finansiële bestuursrolle beklee by verskillende nasionale maatskappye en meer onlangs was hy bestuurder van kliëntefinansiering by OVK. Hy het self ook kennis van boerdery deur ‘n kleinskaalse skaapboerdery en -voerkraal wat hy bedryf het in sy vrye tyd. Sy ervaring in landbou het egter reeds lank voor sy studies, loopbaan en boerdery begin. “Ervaring binne landbou begin vir seker met blootstelling tydens kinderjare,” sê Serfontein. “Vir my was dit die grootword op ‘n proefplaas in die Sandvet-besproeiingsarea en my vroeë skooljare by ‘n plaasskool.” Die besluit om by GWK aan te sluit is gegrond op sy diep passie vir landbou. “Elke mens leer en groei waar hy geplant is, maar dit is selfs beter vir die een wat nie nét leer, inneem en groei nie, maar ook teruggee, bydra en uitleef (deur kennis en ervaring), op n platform wat nalatenskap bied,” sê hy. “Dit is my hart vir die landbou. Nalatenskap. Ek glo GWK bied my die geleentheid hiervoor.” Sy kerntake as Hoof van Kommersiële Finansiële Dienste sal onder meer insluit om die GWK Groep en filiale se versekeringsportefeuljes te fasiliteer, effektiewe finansiële en kommersiële kapitaalbestuur in lyn met GWK se beleid te handhaaf, effektiewe verlening, bestuur en invordering van krediet te behartig met die klem op die gesonde groei van die totale debiteureboek, effektiewe risikobestuur, asook die ontwikkeling en instandhouding van die GWK Groep se kredietbeleide, -prosesse en -prosedures. Serfontein, sy vrou Mariette, en hul drie kinders Christiaan, Jaco en E’lize is sedert Februarie in Douglas, vanwaar hy sal werk. Die gesin is ywerige kampeerders wat oor die algemeen lief is vir die buitelewe, speel tennis en lees graag oor enige onderwerp waarin hy belangstel. Hy sê dat tyd saam met familie, geliefdes en vriende uiters belangrik is. “Kliënte kan eerlikheid en openhartigheid van my verwag,” is sy belofte.
19
GWK Agri Versekering Jaco Janse van Rensburg
Is jou huis se gasinstallasies
Dit
WETTIG EN VEILIG?
is vir GWK Versekering belangrik dat ons kliënte weet wat volgens wet van hulle verwag word sodat hul versekeringspolisse geldig kan bly en ons enige eis suksesvol kan hanteer. Vir daardie rede kyk ons in hierdie uitgawe na die wetgewing rondom die gebruik van gastoestelle in en om die huis. Oor die afgelope paar jaar het die koste van elektrisiteit aansienlik toegeneem en daarom het meer en meer huiseienaars gas as alternatief gebruik. Maar hoeveel van ons weet regtig wat die spesifieke vereistes is waaraan gasinstallasies moet voldoen om seker te maak dat jou versekeringspolis steeds geldig bly? Volgens Private Property South Africa behoort alle huiseienaars die volgende te weet: Alle gasinsinstallasies moet ‘n sertifikaat van ooreenstemming (certificate of conformity) hê volgens die vereistes soos voorgeskryf deur die gebruik van hoëdruktoerusting, wat openbaargemaak is onder die Beroepsgesondheiden Veiligheidswetgewing (nr. 85 van 1993). Hierdie sertifikaat bevestig dat die installasie nagegaan en vasgestel is dat dit veilig en lekvry is. Dié sertifikaat moet deur ‘n gemagtigde persoon uitgereik word wat geregistreer is by die Liquefied Petroleum Gas Safety Association of South Africa (LPGAS). Die proses om ‘n sertifikaat te kry is baie maklik en eenvoudig mits die
installasies korrek gedoen is, soortgelyk aan die vereistes vir elektriese sertifikate. Watter tipe gasinstallasies vereis ‘n sertifikaat? Gasbraaiers of -kaggels Gasstowe en -oonde Gaswarmwatertoestelle (geysers) Wetlike vereistes vir gasinstallasies: Gasbottels mag nie geïnstalleer word:
Minder as een meter sywaarts van vensters en deure Minder as twee meter van drein- of ventilasiegate Minder as drie meter onder vensters (tensy ‘n nie-vlambare dak geïnstalleer is) Minder as een meter van die eiendom se grensmuur Minder as vyf meter sywaarts van ‘n elektriese punt Minder as een en ‘n half meter onder enige gloeilamp Ander vereistes: Slegs klas 1 of 2 koperpype, of ander goedgekeurde gaspype, mag gebruik word (let daarop dat hierdie nie dieselfde koperpype is wat loodgieters gebruik nie)
As koperpype deur ‘n muur gaan, moet dit ‘n omhulsel kry Die goedgekeurde buigbare gaspyp mag nie meer as twee meter lank wees nie en mag nie deur enige afskorting gaan nie
LPGAS gee die volgende wenke om veilig met gas te werk: Gebruik altyd ‘n geregistreerde installeerder Gebruik ‘n handelaar met die nodige kwalifikasies Gebruik slegs gasprodukte wat geverifieer en getoets is Kyk of die seël dieselfde is as die handelsmerk op die silinder Gaan jou toestelle na voor gebruik Indien jy vermoed dat enige van jou toestelle onveilig is, moet dit dadelik afgeskakel word en deur ‘n gekwalifiseerde persoon ondersoek word. Maak dadelik alle deure en vensters oop sodat die gas uit die vertrek kan ontsnap en maak die gastoevoer toe. Dit is uiters belangrik dat huiseienaars besef dat ‘n inspeksie en die daaropvolgende sertifikaat nie slegs nodig is vir hul versekeringspolis om geldig te wees nie, maar selfs meer belangrik vir die veiligheid van jou kosbare familie. Installasies wat nie op standaard gedoen is nie, hou ‘n reuse veiligheidsrisiko in.
Praat gerus met een van GWK Versekering se adviseurs indien jy onseker is oor iets of meer inligting benodig.
20
Advertorial
“OUT OF AFRICA, FOR AFRICA” Die Tuli is ‘n suiwer inheemse beesras, wat in die laat 1940’s deur Len Harvey, ‘n Suid-Afrikaans gebore landbouadviseur, veredel is. Harvey het ‘n beroep aan die destydse regering van Suid-Rhodesië gedoen, in plaas daarvan om Europese-bulle te gebruik om die plaaslike veestapel mee te verbeter, ‘n veeteelprogram met die plaaslike Tswana-tipe beeste wat volgens hom altyd in konstante goeie kondisie is, mee te begin. DNS-toetse het bewys dat hierdie beeste alreeds 2 000 jaar bestaan. Die Tuli het homself nie nét bewys aan boere in Suidelike-Afrika nie, maar ook in Australië, Argentinië en NoordAmerika. Plaaslik, asook noord van ons grense is daar tans hernude belangstelling in Suid-Afrikaanse genetika, nadat ‘n Tuli-bul die 2018 Vleissentraal – SA Stamboek Elite bulgroeitoets-klas-kompetisie in Bloemfontein tussen 17 vleisbeesrasse gewen het. Met die oog op aardverwarming, vertoon die Tuli uitstekende kwaliteite wat belangrik is vir ons geharde SuiderAfrikaanse ekstensiewe toestande: •0Gehard en aanpasbaar • 0Medium raam • 0Hoogs vrugbaar • 0Lansglewend • 0Uitstekende temperament
• Oorwegend poenskop • Maklike kalwing (27 – 36kg) • Lae onderhoudsbehoeftes • Uitstekende kruisteling met bos indicus, sowel as bos taurus
Om meer uit te vind oor hierdie “Vrugbare, Winsgewende, Veldbees” besoek gerus www.tulicattle.co.za
21
Oortref
die basiese beginsels.
| www.nuvance.co.za |
22
Advertorial
Oortref die basiese beginsels Klein Karoo Saad Bemarking (K2 Saad) staan vandag bekend as die "alles-in-een saadverskaffer" en het tot 'n toonaangewende onafhanklike Afrika-saadmaatskappy ontwikkel wat 'n wye verskeidenheid gehalte saad aan produsente oor die vasteland bied. K2 Saad se huidige fokus is hoofsaaklik op die Suid-Afrikaanse en SAOGgebiede met plaaslike bedrywighede in Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe. Deur sy eienaars, Zaad, wat ook belange in verskeie internasionale saadmaatskappye het (in meer as 60 lande), is K2 Saad wêreldwyd goed verbind. Aangesien ons voortdurend daarna streef om die besigheid te bevorder, is ons trots om u bekend te stel aan Nuvance (Edms) Bpk. Nuvance is 'n volfiliaal van K2 Saad en beoog om sy kliënte die nuutste vordering in die bedryf te bring. Nuvance sal 'n duidelike fokus op die verskaffing van hoë gehalte groentesaad, professionele dienste en ondersteuning aan produsente hê tot voordeel van ons huidige en toekomstige kliënte. Nuvance is geseën om ongelooflik kundige werknemers te hê, met ‘n passie vir wat hulle doen - "trots van Afrika vir Afrika". Ons is verbind tot passievolle alliansies deur uitstekende diens en 'n diep kennis van sake in die landbou. Wedersyds voordelige verhoudings met ons belanghebbendes is noodsaaklik vir ons bestaan. Vaste verhoudings met ons verskaffers bied ook Nuvance die geleentheid om ons kliënte 'n omvattende produkreeks aan te bied. Nuvance sal die enigste verspreider van groentesaad van Bejo Zaden, De Groot en Slot en sekere Seminis-variëteite in SuidAfrika en geselekteerde gebiede wees. Met Nuvance se saad- en diensaanbod wil ons graag bydra tot die volhoubaarheid van ons kliënte, wat weer 'n integrale rol in die bereiking van voedselsekuriteit speel. Met 'n toenemende wêreldbevolking is daar beslis 'n groeiende behoefte aan voedsel. As 'n verskaffer van insette in die voedselproduksiesektor, glo ons dat dit 'n opwindende sektor is, met enorme geleenthede vir onsself en ons kliënte. Sukses is egter in die besonderhede en by Nuvance belê ons voortdurend in navorsing om op hoogte te bly met die nuutste tendense en uitdagings om sodoende relevant en mededingend te bly. Om dit te bereik, het ons onlangs proewe begin in ons nuwe kweekhuiskompleks van 5 000m2. Hierdie moderne fasiliteit (saam met 'n proefplaas naby Brits) stel ons in staat om nuwe variëteite te identifiseer en voortdurend in te stel en te verseker dat ons relevant bly deur die beste moontlike groentesoorte aan U - ons kliënte - te bied. Net een van die maniere waarop Nuvance toegewyd is om "meer as net groentesaad" te bied. Die uitdagings wat die landboubedryf in die gesig staar, blyk voortdurend te styg en Nuvance beplan om saam met sy produsente te werk om te verseker dat ons 'n positiewe verskil op die plaas maak. Ons wil ook graag glo dat ons produsente, deur geloof, nie toelaat dat onsekerheid hul vasbeslotenheid ontmoedig nie. Een ding is altyd waar wanneer ons hoop het, het ons alles. Vir diegene wat suksesvol is met groente, is Nuvance die plaaslike groentesaadverspreider, wat dienslewering bied, 'n wye verskeidenheid toepaslike en kwaliteit groentesaad en persoonlike oplossings. Nuvance, as deel van K2 Saad, word gedryf deur die begeerte om gesamentlike suksesse met ons kliënte te vier en ons span van vertroude adviseurs sien uit daarna om van diens te wees. Nuvance – meer as net groentesaad!
SAAMGESTEL EN UITGEREIK DEUR NUVANCE (EDMS) BPK. MEDIANAVRAE: Eugene Muller by 082 326 2528 of Jan van der Merwe by 083 629 3295
23
Stremmingsbestuur belangrik vir
mielie-opbrengs 24
GWK Agri Landboudienste André Prins
mielieseisoen is reeds sterk aan die gang en die belangrikste fase in die aanplant van die mielies, naamlik vestiging van ‘n goeie stand, is verby. Hoewel ‘n groot deel van ‘n suksesvolle oes voltooi is, is die bestuur van die mielies tydens die blomperiode net so krities. Hoewel die klimaat, waaraan die produsent niks kan doen nie, nou ‘n belangrike rol speel, is die bestuur van vog (dus besproeiing) van kritiese belang.
Verskil die verwagte klimaat vir die seisoen van vorige jare? Die gemiddelde mielieopbrengs het volgens die LBI-inligting oor die laaste drie jaar ‘n positiewe tendens getoon met opbrengste wat gestyg het vanaf 14,28 ton/ha tot 15,41 ton/ha in 2017/18. As die temperature vir die laaste jare vergelyk word teenoor die voorspelling vir 2019 (accuweather.com), is die vooruitsigte vir die nuwe jaar minder rooskleurig (Sien grafiek 1). Die temperature is gemiddeld 1,76°C hoër as die afgelope twee jaar met die grootste verskil van +3.9°C gedurende die laaste week van Januarie. Die maksimum temperature oor die periode vertoon nie baie warmer nie, maar die minimum temperature is heelwat warmer.
Watter bestuursfaktore is die belangrikste? Waterbestuur bly een van die mees kritiese faktore in die bepaling van opbrengs. Navorsing deur die FAO (Food and Agriculture Organization of the United States) toon die gevoeligheid van mielies vir verskillende tye van vogstremming (grafiek 3). Vanuit die grafiek is dit duidelik dat die reproduktiewe, en veral die blomperiode, die mees gevoelige stadium is. Die reproduktiewe stadium begin sodra die baard verskyn. Stuifmeelstorting vind tydens dié periode plaas en daar moet verseker word dat geen vog- en voedingstremming voorkom nie. Watter invloed het vogstremming op bestuiwing? Blom begin kort nadat die baard volledig ontwikkel het. Stuifmeelstorting vind gewoonlik binne vyf tot agt dae plaas met die hoogste storting drie dae ná blom. Stuifmeelstorting vind hoofsaaklik in die oggend plaas met ‘n tweede storting in die laatmiddag as temperature daal. Navorsing toon ‘n afname in stuifmeelstort as die temperature bo 30°C styg – volgens die weervoor-
Grafiek 1. Minimum en Maksimum temperature vir Douglas (2016/1672018/19)
45
Wat is die impak van die hoër temperature?
40
35
30
Temp (°C)
Om die impak van die temperatuur te evalueer, moet ons kyk na die groei en ontwikkeling van die mielieplant. Gemiddelde groeidae (GDD) word gebruik om teoreties die ontwikkeling van die mielieplant te bepaal (grafiek 2). Grafiek 2 toon dat die mielieplant in 2018/19 vinniger behoort te ontwikkel as in die vorige twee jaar. Die “fabriek” van die mielieplant kan dus kleiner wees as die vorige jare en weens die vinnige ontwikkeling kan druk op die bestuur van die produsent geplaas word.
spelling kom die toestande tydens al die dae rondom blom voor (grafiek 1). Baardvorming word beïnvloed as die temperature hoër as 35°C styg. Temperature wat baardvorming kan benadeel, kom in 19 van die 29 dae voor. Droë of warm toestande kan die oorlewing van die stuifmeel vanaf die normale 18 – 24 uur verkort tot ‘n paar uur. Temperature bo 37,7 °C kan veroorsaak dat geen vrugbare stuifmeel gestort word nie: Temperature bo 37,7°C word slegs in twee van die 29 dae in Douglas verwag. Vogstremming en hoë temperature kan veroorsaak dat baardvorming en stuifmeelstorting nie gesinkroniseer is nie en dit lei dus tot swak bestuiwing. Die mielie is die heel gevoeligste vir stremming vanaf twee weke voor baardverskyning tot twee weke ná bestuiwing. Voldoende vogbestuur tydens dié periode kan die nadelige effek op baardvorming en stuifmeel beperk. Stremming kan veroorsaak dat die pitte aan die punt van die kop begin afspeen. As blare in die oggend reeds weens vogstremming toedraai, kan oesverliese van 7% tot 9% per dag ondervind word. Kalium speel ’n belangrike rol in bestuiwing en graanvulling. As tekorte
25
20
15
10
5
0
12-11 12-13 12-15 12-17 12-19 12-21 12-23 12-25 12-27 12-29 12-31 1-2 1-4 1-6 1-8 1-10 1-12 1-14 1-16 1-18 1-20 1-22 1-24 1-26 1-28 1-30 2-1 2-3 2-5 2-7 2-9 2-11 2-13 2-15 2-17 2-19 2-21 2-23 2-25 2-27 3-1 3-3 3-5 3-7 3-9 3-11 3-13 3-15 3-17 3-19 3-21 3-23 3-25 3-27 3-29 3-31
Die
2016
2017
2018
2019-Vooruit
Grafiek 1: Minimum en Maksimum temperature vir Douglas (2016/1672018/19)
25
Grafiek 2. Groei en ontwikkeling van Ultrakort Mielies in Douglas
2000
GGD
1500
1000
OPKOMS
3-29
3-26
3-23
3-20
3-17
3-14
3-8
3-11
3-5
3-2
2-27
2-24
2-21
2-18
2-15
2-9
2-12
2-6
2-3
1-31
1-28
1-25
1-22
1-19
1-16
1-13
1-7
1-10
1-4
1-1
12-29
12-26
12-23
12-20
12-17
12-14
0
12-11
500
Grafiek 3. Potensiële oesverlies deurR6onder/oor besproeiing van2017/18 mielies 2018/19 VEG BAARD BLOM DEEG R5 DUIK FIS RYP AFDROOG 2016/17
Grafiek 2: Groei en ontwikkeling van Ultrakort Mielies in Douglas
Oesverlies (%)
80 70
Vegetatief(1)
60
Blom(2)
50
Graanvul(3)
40
Rypwording(4)
30
Veg(1)&Blom(2)
20
Blom(2)&Vul(3)
10 0
0
10 20 Vogstremming (Eto/Eta*)
30
Grafiek 3: Potensiële oesverlies deur onder/oor besproeiing van mielies
voorkom, kan dit baardverskyning vertraag en selfs daartoe bydra dat pitte op die punt van die kop nie vul nie. Die opname van stikstof en fosfor vind in hierdie stadium nog vinnig plaas. Die mielie begin om voedingstowwe uit ander dele van die plant na die kop te verplaas. Die plant gaan nou begin om koolhidrate in die endosperm op te gaar, en die stadium begin waar vaste stowwe vinnig in die pitte opbou.
26
Hoe groot is die impak van vogstremming tydens die graanvulperiode? Tydens die aktiewe graanvulstadium word koolhidrate na die kop verplaas. Plante wat in die vegetatiewe stadium geil ontwikkel het en stremming in die graanvullingsperiode ondervind, is meer geneig tot stam- en wortelvrot, en dus ’n vroeë dood. Stremming in dié stadium kan die aantal pitte, grootte en
gewig van die oesbare pitte verminder. Die stadium van pitontwikkeling is regstreeks gekoppel aan die potensiële skade wat gely kan word as stremming voorkom. As mielies binne die aangewese tyd geplant is, kan aanvaar word dat elke dag ná bestuiwing 2% tot graanvulling bydra. Daar is dus ten minste 50 dae nodig, met afwykings in die koeler en warmer gebiede. As na die weersvoorspelling gekyk word, kan die hoër ge-
Temperatuur
Dag
Vogtoestand
Nag
Biomassa (t/ha)
Opbrengs (t/ha)
Normaal*
37,39
15,70
75%
30,00
7,07
125%
27,08
9,44
+5°C vir 1 week
+3°C stuifmeelstort tot fis ryp
Normaal
17,44
8,24
+5°C vir 1 week
+3°C stuifmeelstort tot fis ryp
75%
12,82
8,05
+5°C vir 1 week
+3°C stuifmeelstort tot fis ryp
125%
10,81
3,53
Tabel 1: Totale vegetatiewe biomassa en graangewig van mielies blootgestel aan temperature en vogtoestande
middelde temperature veroorsaak dat die graanvulperiode vanjaar vier tot ses dae korter is as die vorige twee jaar. Wat is die “verwagte” impak van besproeiing op opbrengs? Hatfield en Prueger (2015) het die invloed van temperatuur op plantegroei en ontwikkeling ondersoek. Glashuisproewe is gedoen waar plante vir een week aan dagtemperature van 5°C hoër as normaal en 3°C hoër nagtemperature tydens stuifmeelstorting tot fisiologies ryp onder drie waterbestuurstoestande blootgestel is. Die data het geen invloed op die ontwikkeling van die plant getoon nie, hoewel dit die totale plantmassa betekenisvol benadeel het. Die korrekte waterbestuur het ‘n beter biomassa en opbrengs gelewer as 75% of 125% besproeiing (tabel 1). Dieselfde tendens het by die toename in temperature voorgekom hoewel die biomassa en opbrengs laer was. ‘n Belangrike afleiding vanuit die navorsing is dat hoër nagtemperature die tempo van afsterwing van die blare met tot 15 dae versnel het. Data van die weervoorspelling en
gemiddelde groei van plante is gebruik om die impak van vogstremming tydens blom en graanvulperiode te bereken. Plantontwikkeling toon blom op ongeveer die laaste week van Januarie (aanplanting tweede week Desember). Die waterbehoefte vir die vier weke, vanaf voor blom tot endblom is +90 mm/ha. Onderbesproeiing van 4 mm per week kan ‘n opbrengspotensiaal van 16 ton/ha verlaag na 13,6 ton/ha. Vogbestuur tydens die graanvulperiode kan net so ‘n groot impak op opbrengs hê en ‘n onderbesproeiing van 30mm/ha oor die tien weke vanaf blom tot fisiologies ryp kan die potensiaal met 4,7 ton/ha verlaag. Samevatting ‘n Mielieoes begin reeds tydens die aanplant van die mielies waar ‘n goeie stand van kritiese belang is. Die verdere bestuur van die mielies vereis egter net soveel aandag met ‘n fokus op die klimaat wat verwag word. Hoewel die produsent nie die klimaat kan verander nie kan hy deur korrekte vog- en bemestingsbestuur die mees gunstige toestande vir die mielieplante skep.
Meeste gewasse is die gevoeligste vanaf twee weke voor blom tot fisiologies ryp en speel die bestuur van vog seker die belangrikste rol. ‘n Klein afwyking in vogbestuur kan vining die potensiaal wat geskep is vernietig. Bronne Accuweather; https://www.accuweather.com/en/za/ south-africa-weather Channel; Agronomy Advice (2015): Pollination and Fertilization in Corn. DeKalb; agKnowledge Spotlight (2016): A closer look at corn pollination. DeKalb; agKnowledge Spotlight (2015): Effect of heat on corn pollination. FAO; CROP YIELD RESPONSE TO WATER; FAO - Irrigation and Drainage Paper 66 Hatfield J.L., Prueger J.H.; Weather and Climate Extremes 10(2015) 4-10: Temperature extremes: Effect on plant growth and development. Rademeyer P; Landbouweekblad (2017): Mielie se behoefte op V12 die hoogste.
27
GWK Agri Landboudienste Dup Haarhoff
Aggregaatstabiliteit vir volhoubare boerdery
As deel van grondgesondheid (wat uiters belangrik is vir volhoubare boerdery) moet die waarde van aggregaatstabiliteit nie misken word nie. Grond-aggregate
is groepe gronddeeltjies wat sterker aan mekaar gebind is as die aangrensende gronddeeltjies. Die spasies tussen die aggregate veroorsaak porie-ruimtes wat lug- en waterbeweging in die grond teweegbring en die belangrikheid hiérvan vir grondlewe is reeds baie bekend. Aggregaatstabiliteit is die vermoë van grond-aggregate om weerstand te bied wanneer buitekragte soos water toegepas word.
Waarom is dit belangrik vir besproeiingsprodusente? Hierdie onderwerp het ‘n invloed op beweging van water en lug in die grond, sowel as wortelontwikkeling. Onder besproeiingstoestande wil ons die water-infiltrasietempo optimaal hê om sodoende grondbenatting, beweging van kunsmis, deurlugting, ensovoorts te laat plaasvind. Ideale aggregate is stabiel en sal dus nie uitmekaar val (dispergeer) wanneer dit benat word en só porieë in die grond blok wat waterinfiltrasie belemmer nie. Groot variasie in poriegrootte-verspreiding skep optimale toestande wat effektiewe wortelgroei sal toelaat. Wat beïnvloed aggregaatstabiliteit? Grondtekstuur, kleimineralogie, uitruilbare yster, uitruilbare katione, die hoeveelheid en soort organiese materiaal, en die tipe en grootte van die mikrobiologiese populasie het alles ‘n invloed op die stabiliteit van aggre-
28
gate. Kalsium-ione wat met kleiminerale geassosieer is, sal oor die algemeen aggregaatstabiliteit verbeter, terwyl natrium-ione dit sal verswak. Mikro-organismes in die grond produseer baie soorte organiese verbindings wat die aggregate gebind kan hou. Aggregaatstabiliteit sal vinnig afneem in gronde wat skoon bewerk word. Die stabiliteit neem toe wanneer grond in sooie lê of wanneer dit onder ‘n permanente gewas soos lusern geplant is. Die ideaal is dus dat die grond so min as moontlik deur implemente versteur word om sodoende nie die aggregate te breek nie. Wat sien ons by GWK? Waarom is lusern as wisselbougewas ‘n wenner? Soos reeds genoem, sal geenbewerking van gronde vir lang periodes, sowel as die teenwoordigheid van organiese materiaal, veroorsaak dat die mikrobiologiese populasie gestimuleer word, wat dan weer op sy beurt ‘n bydrae kan maak tot aggregaatstabiliteit. Laasgenoemde veroorsaak dat deurlugting sowel as waterbeweging in en deur die grond optimaal is. Daar is natuurlik ‘n verskeidenheid ander bydraende faktore wat ‘n bydrae sal lewer tot goeie oeste ná lusern, maar dit gaan nie in hierdie artikel behandel word nie. Nog ‘n gesonde praktyk wat oor die jare posgevat het, is die plant van mielies (striptill of no-till) in reste van koring, hawer, gars, ensovoorts. Weereens bly die wortelstelsels (van die
vorige gewas) in plek, wat ‘n positiewe invloed het op aggregaatstabiliteit, wat weer ‘n groot invloed het op waterinfiltrasie. Uit data van die fokusklante van GWK, is dit duidelik dat rygewasse ná koring op onder meer die vaalkleurige Oranjerivier-sandleem sowel as die alluviale gronde goed vaar. Die rede hiervoor is dat daar ‘n verbetering van infiltrasie is deurdat aggregate meer stabiel is en nie deur bewerkings verwoes is nie. Laasgenoemde manier van plant doen veral goed op gronde met ‘n groot hoeveelheid fyn tekstuur (slik, klei en fyn sand) teenwoordig. Diep bewerkings op die regte tye in die meer sanderige gronde is noodsaaklik omdat verdigting oor tyd plaasvind weens onder meer stropers, planters, spuite en gronde wat te droog getrek word en tot verdigte lae in die grond lei. Opsommend Wanneer jy as produsent wisselbouen bewerkingpraktyke oorweeg, hou altyd in gedagte dat jy alles in jou vermoë moet doen om gronddeurlugting en waterbeweging te optimaliseer. Dit kan gedoen word deur te verseker dat jou grond se aggregaatstabiliteit goed is. Deur grond te fyn en nie by optimale waterinhoud te bewerk, sal die struktuur van veral sanderige grond ingee en sal die deurlugting en waterinfiltrasie daaronder begin lei.
Spoorverkeer is heel moontlik die oplossing vir verskeie van die probleme wat ondervind word met aggregaatvermindering. Deur dit toe te pas word ‘n groot deel van die oppervlak nie verdig deur werktuie nie en dus is daar min tot geen bewerkingsaksies nodig om verdigtingslae op te hef. Let wel, die area onder die spore sal verdig wees.
29
Hier is ‘n paar goeie voorbeelde van grond met aggregaatstabiliteit tot voordeel van lug- en waterbeweging.
30
Foto 2: Sandgronde mag min tot geen aggregaatstabiliteit hĂŞ weens lae klei-inhoud, lae KAV, min organiese materiaal, ensovoorts. ‘n Mate van aggregaatstabiliteit kan verkry word indien plantwortels nie versteur word nie (eerste foto).
The future is exciting.
Ready?
Get 100GB of business Internet and save on Voice calls Evolve with wireless technology that allows your business to connect to the Internet in no time.
Broadband Connect Wireless LiTE
999PMx24
R
100GB Data
R5000 Voucher
For more information visit Vodacom Shop Kimberley or call 082 511 9441
Terms and conditions apply. The 24-month Contract is on a 3-month promotion, where the installation charge is free. 30% savings on VoIP calls when you add on the service. The service is dependent on the LTE footprint availability. Broadband Connect Wireless LiTE is available with up to 2 optional IP Talk voice connections. You can use any analogue tone phone, or order a Vodacom supplied phone at an additional charge, to be delivered with your Broadband Connect Wireless LiTE service right to your doorstep. A once-off activation fee of R8.20 excluding VAT per IP Talk applies.
31
Ons mense voed mense. By GWK ontdek ons deurlopend nuwe moontlikhede om die grense van landbou te verskuif. Omdat ons die nuutste toerusting en tegnologie wat produsente benodig aan hulle voorsien - met slimmer en beter maniere van besigheid doen - kan hulle voortgaan om kos te voorsien aan diĂŠ mense wat die wĂŞreld ‘n beter plek maak.
32
43
Beweibare dekgewasmengsels maak
DEKGEWAS-SUKSES Hawer maak voervloeiprobleme iets van die verlede moontlik
Advertorial
Hawer (Avena sativa) is 'n veelsydige kleingraan wat in die verlede grootliks vir die graanmark aangeplant is. Weens die gewas se goeie
voedingswaarde, word dit deesdae grootliks as 'n weidingsgewas aangeplant. Veeprodusente kan hawer, wat ʼn hoë voedingswaarde het en Geskryf deur: Dawie du Plessis, Agricol relatiewe goeie hergroei-eienskappe besit, aanplant om voldoende groenvoer vir die winter te produseer. Wintergraangewasse soos hawer word jaarliks regdeur Suid-Afrika in groot hoeveelhede aangeplant as winterweiding vir skape, bokke en beeste. Kleingrane sluit die volgende gewasse in: Hawer, korog en stoelrog, koring en gars. Hawer kan in verskillende groeiklasse gedeel word, naamlik lente- (kortgroeiseisoen), Dekgewasseintermediêre is ‘n begrip wat deesdae op almal se lippe is en talle boere begin eksperimenteer daarmee. (mediumgroeiseisoen) en wintertipes (langgroeiseisoen). Hawer wat in die lentetipe-groeiklas val, is nie baie kouebehoeftig nie en sal vinniger weigereed wees as wintertipes. Lentetipe hawer produseer egter nie groot volumes voer nie en moet ook digter gesaai word, Die voordeleaangesien van die gebruik van dekgewasmengsels is reeds algemeen bekend sluit onder volgende in: sal dit raadsaam wees om ʼn gedeelte van die hul stoelvermoë laer is as dié van wintertipes. Indien en weiding baiemeer vinnigdiebenodig word, aanplanting met lentetipes te plant. Intermediêre1. Dekgewasse verhoog wortelmassa in verskillende grondlae. en wintertipes hawer het ʼn langer kouebehoefte (vernalisasie periode) voordat dit reproduktief hawer produseer groter volumes voer as gevolg van hul stoelvermoë en kan tot laat in die seisoen produseer. 2. Dit sorg virraak. beterIntermediêre deurlugting inen diewintertipes grond en beter mikrobe verspreiding.
3. Vinniger opbou van humus- of organiese koolstofvlakke. 4. Bied beter beskerming teen peste en plae en sorg vir gesonder grond. 5. Bevoordeel toestande vir gewenste insekte bv. erdwurms. 6. Verhoog waterinfiltrasie en waterhouvermoë.
Plantdatums moet verkieslik versprei word om te verseker dat al die aanplantings nie gelyktydig gereed is om bewei te word nie. Beplanning is dus van uiterste belang. Die saaidigthede van lentetipes onder droëlandtoestande is 25 kg/ha tot 50 kg/ha en onder besproeiing 75 kg/ha tot 125 kg/ha (afhangende van die mate van besproeiing). Intermediêre en wintertipes se saaidigthede is ook 25 Een van die grootste dryfvere vir dekgewasaanplantings is beter benutting van beskikbare grondwater. is reeds bekend dat, deur en bedekking vantot die125 oppervlak kg/ha tot 40 kg/ha Dit onder droëlandtoestande 75 kg/ha kg/ha van onder (afhangende van dieresultate mate van vestigingstyd die grond met organiese materiaal, die temperatuur daal en minimum verdamping besproeiing vanuit die grond plaasvind. Die beste wordbesproeiing). verkry deur dieDie waterinfiltrasivan streek tot streek wissel, maar is normaalweg van middel Februarie etempo sowel as die waterhouvermoë van die grond te verhoog, maar daarvoor is sal organiese grondkoolstof nodig. Vir elke 0,5% verhoging in grondkoolstofvlakke in dietot middeldus Mei. die koue komponent areas eindig planttyd einde April. Hawer kan ook met grond kan die waterhouvermoë van die grond selfs verdubbel en dit maak grondkoolstof die In belangrikste in die grond-opbouproses. verskeie gewasse (insluitende peulgewasse) gekombineer word om produksie te verhoog en die verskeidenheid voer inname deur vee te verhoog. Hierdie gewasse Mikro-organismes leef van koolstof en dit vorm ‘n baie belangrike deel van die koolstof bied ook baie addisionele voordele vir die boer, byvoorbeeld: sluit maar in Japannese radyse, weiwieke en Persiese klawer.
• Rhizobium-bakterieë wat stikstof bind en dit vir die plant beskibaar stel. • Trichoderma wat om plantwortels groei en dit beskerm teen byvoorbeeld aalwurm. Groeikurwes van verskillende kleingrane gebasseer op • Mikorhiza wat aan die plantwortels heg en so die worteloppervlak vir voedingstowwe geweldig baie verhoog. 'n middel Maart plantdatum.
Kultivars werk op die volgende beginsel. Plante produseer suikers in hul blare en tot 50% hiervan word teruggevoer na die wortels waar dit uitgeruil word Dekgewas-aanplantings Agricol bekend as die leier voedingstowwe in somer- en winterweidingsgewasse. kan staatmaak op die volgende hawerkultivars vir kwaliteit vir minerale en anderisvoedinsgtowwe. Hierdie is afkomstig vanaf mikrobesProdusente soos fungi, protozoa, nematodes, mikorhiza wat dooie organiese materiaal in groenvoer hierdie winter: die grond afbreek. Saam vorm hulle die “Liquid Carbon Pathway.” Pallinup en Dunnart
Plante skei dan sekere suikers hawers af wat mikrobes lok enweigereed in ruil spesifieke voedingstowwe So bepaal plant dan deur watterdikker soort mikrobes hy minder wil benut. Met ander Hierdie lentetipe is gewoonlik ses tot agt weke naafbreek. plant. Hulle word die gekenmerk plante wat spruite produwoorde, plante se behoeftes raak mikrobe-spesifiek. seer. Pallinup en Dunnart kan gebruik word vir beweiding, kuilvoer en hooidoeleindes. Pallinup en Dunnart se graan is ook geskik vir die maak van ontbythawer.
Deur diversifikasie van plante op ‘n land te hê diversifiseer die mikrobes ook en hul populasie-getalle verhoog aansienlik. Ekosisteme word deur mikrobes gedryf en in stand gehou,Overberg maar hulle het koolstof nodig vir oorlewing. Hoe meer wortels in die grond voorkom, hoe vinniger kan die proses van koolstofvorming geskied. Dit beteken Wat‘n ʼn intermediêre-tipe betref, is grond Overberg in ʼn die klas van sy eie. Die kultivar het ʼn meer laer kouebehoefte as Die ʼn egte wintertipe en sal in ook dat indien daar groot diversifikasie vanhawer mikrobes in die voorkom, ekosisteem op daardie land soveel gesond sal wees. meeste landbougronde vroeër begin produseer. Overberg is geskik vir produksie onder droëland en besproeiing. Dit kan ook aangewend word vir beweiding, kuilvoer en Suid-Afrika het redelike lae koolstofwaardes en maksimum wortelmassa op verskillende lae is dus die eerste stap in die proses om grondkoolstof op te bou . hooiproduksie.
Die Agri-life grazer reeks is ontwikkel as goed gebalanseerde beweibare dekgewasmengsels. Magnifico Voordele vanHierdie die Agri-Life Grazer Reeks: egte wintertipe hawer het ʼn hoë kouebehoefte en produseer normaalweg smaaklike weiding vanaf Mei tot einde September. Een van die • Gespesialiseerde voldoen aan die behoeftes vanMagnifico die beginner as die gevorderde dekgewasboer. kultivar se grootmengsels voordelewat is sy hoë-opbrengspotensiaal. kansowel gebruik word vir beweiding, kuilvoer en hooiproduksie. • Vyf multi-spesie mengsels wat geformuleer is vir die opbou van gronde sowel as beweiding. Kleingranevan peulgewasse, knol- en ander gewasse bied voordele vanuit ‘n wye gewasspektrum. • Kombinasies Die volgende kleingrane is ook belangrik vir winterweiding: • Goed geformuleerde mengsels vir die daarstelling van die ideale 24:1 koolstof:stikstof balans. • Peulgewasse wat stikstof bind, bied ‘n verdere ekonomiese voordeel. Stoelrog (Agriblue en Echo) • Biologiese entstowwewintergraangewas maak deel uit van elk wat rhizobiumbinding en wortelgroei stimuleer. Dit is ʼn eenjarige watvan laatdieinvyf diemengsels somer gevestig kan word. Stoelrog word meestal gebruik as groenvoer vir die winter tot vroeë • Alle gewasse in die Agrilife-reeks het ‘n goeie weiwaarde. lente. Daar bestaan drie tipes stoelrog naamlik kort, medium en lang rotasietipes. • Afhangend van die spesifieke mengsel wat geplant word, is aanplantings reg deur die jaar ‘n moontlikheid. Korog (Rex, Ag Beacon, Ag Marcell, Cloc1)
Hierdie kruising Grazer tussen koring en rog word hoofsaaklik as ʼn wei- of voergewas gebruik. Korog kan geklassifiseer word as ʼn lente- of wintertipe Beskikbare Agri-Life Mengsels:
kleingraan wat aangepas by dieuitmeeste omgewingstoestande en grondtipes. Rex, Ag Beacon en Ag Marcell is Agricol se lentetipe korog Agri-Life 1: Beginner winter-mengsel wat is bestaan 4 komponente. kultivars terwyl Cloc1 'n ware wintertipe is. Agri-Life 2: Gevorderde winter-mengsel wat bestaan uit 6 komponente. Agri-Life 11: Beginner somer-mengsel wat bestaan uit 6 komponente. Oranjeriviermengsel Agri-Life 12: Die Gevorderde wat bestaan uit 8 komponente. mengselsomer-mengsel bestaan uit 24% Korog, 24% Pallinup, 24% Overberg en 28% Magnifico. Agricol het die OranjerivierAgri-Life 21+:mengsel Gekombineerde winteren somer-mengsel watdeur bestaan uit 21 en meer komponente. ontwikkel vir volhoubare produksie die wintermaande. Aangesien al die komponente in hierdie mengsel in verskillende groeiklasse val, verskil die piekproduksietyd ook vir elke gewas wat ʼn verlengde tyd van produksie beteken. Die mengsel kan as dekgewas tussen boorde en op lande gebruik word asook hoë gehalte weiding vir veeboere. Skakel ons gerus vir ‘n dekgewasaanbeveling in jou area.
Agricol Kimberley: 053 841 0675 Kontak ons Dawie du Plessis: 071 852gerus 1707 vir verdere navrae: Kimberley: 053 841 9675 | Dawie du Plessis: 071 852 1707 Pauline Gregory: 083 631 7716
33
GWK Agri SIDI Chris Schmidt en André Prins
LANDBOUKUNDIGE
WAARDE VIR PRODUSENT Mielie-opbrengs
onder besproeiingstoestande in die GWK-gebied het oor die afgelope jare ‘n positiewe ontwikkeling getoon. Vandag hoor ons ál meer van ‘n opbrengs meer as 16 ton per hektaar wat behaal word. Om dié tipe opbrengs te verseker, en selfs te verbeter, moet die produsent verseker dat so min as moontlik “foute” voorkom. Voeding bly een van die groot vereistes vir ‘n suksesvolle oes. ‘n Gebalanseerde voedingsprogram is nodig en die effektiewe toedien van voedingstowwe is van groot belang. Vir hierdie rede is die betrokkenheid van ‘n wakker landboukundige en goeie ondersteunende navorsingsdiens van groot belang. SIDI is opbrengsgefokus. Om opbrengsgefokus te wees, beteken nie dat die hoogste opbrengs met die hoogste moontlike bemesting nagejaag word nie. In die meeste gevalle beteken dit om die regte kunsmis, op die regte plek, op die regte tyd en teen die regte hoeveelheid toe te dien. Die landboukundige moet dus nie net weet hoeveel NPK kort nie, maar ook watter ander elemente krities van toepassing is in ‘n gegewe
34
situasie. Dit bring ons dus by die volgende bespreking. Die landboukundige SIDI vind dat baie fokus geplaas word op die goedkoopste bemestingsopsie om te volg. Hierdie is baie keer die dryf van die produsent self of van die landboukundige wat advies verskaf. Die goedkoopste opsie word onder meer op twee maniere bereik, naamlik (a) die manier hoe ‘n aanbeveling of bemestingsvoorstel gemaak word en (b) die gebruik van enkelvoudige kunsmisprodukte wat vir sproeibemesting aangewend word. Die vraag is nou: Wat is fout met hierdie benadering? Die antwoord is eintlik ook eenvoudig en dit is dat dit ook die landboukundige se rol is om die produsent te help om risiko’s uit te skakel vanuit die staanspoor. Dit beteken in baie gevalle dat die goedkoopste metode ook die metode met meer verskuilde risiko’s is. In die loop van hierdie oorsig word dit ten doel gestel om produsente bewus te maak van tegniese aspekte wat baie keer misgekyk word en ook van die waarde wat ‘n goeie
landboukundige jou kan bied. Die grootste slaggat waarin die deursnee-“aanbeveler” trap, is om te kyk wat plantverwydering vir die toepaslike gewas is volgens standaardtabelle. Die uiteindelike aanbeveling, vir ‘n spesifieke verwagte opbrengs, is dan die eenvoudige berekening van opbrengs vermenigvuldig met verwydering. Wanneer na syfers as sulks gekyk word, is dit seker die mees onverdraagsame medium om foute in te verskans, deurdat 1 + 1 = 2. Net so is 2,1 + 2,2 = 4,3. Daar is geen twyfel oor die antwoord nie, want daar is nie wegsteekplekke en holtes in die berekening nie. Die antwoord is absoluut presies, ongeag hoeveel syfers ná die komma akkommodeer word. So is brandstof in ‘n voertuig se tenk ook presies. ‘n Hoeveelheid word volgens ‘n uitmeetinstrument in die tenk getap en die sekerheid bestaan dat die instrument geyk is en dat die hoeveelheid gekoop ooreenstem met die hoeveelheid wat in die tenk getap is. In die verbruiksproses deur die masjien wat werkverrigting moet lewer, word spoed en krag oor tyd gelewer en dit speel uit in afstand
afgelê per tydsverloop volgens onder meer die hoeveelheid brandstof wat in die tenk is. Wanneer ons ook dink aan geld in balansstate en rekeninge, tel bedrae op soos bo uitgebeeld. Indien alle inkomste, uitgawes en kostes afgespeel word teen mekaar, word ‘n wiskundig korrekte antwoord verkry, met geen versteekte ruimtes in die korrekte berekening nie. Die vraag is dus: Wat het dit te doen met plantvoeding, hoeveelheid kunsmis benodig en hoeveelheid kunsmis om toe te dien? Die antwoord is belangrik om te verstaan, want dit is op hierdie punt waar ‘n goeie landboukundige homself bewys, bo ‘n “aanbeveler”. In veldtoestande is dit selde dat die plant in staat is om dieselfde hoeveelheid voeding op te neem as wat presies aan die plant uitgedeel is. Dit is waar die fout in die benadering van opbrengsverwydering insluip, want die voeding word eintlik in/aan die grond as groeimedium toegedien en die plant (of gewas) “kry” dit weer vanuit die groeimedium. Omdat die grond as medium optree, vind verskeie reaksies plaas tussen die elemente en die grond, elemente en suurstof in die grond, elemente en mikro-organismes in die grond, met ander elemente in die grond, met water, ensovoorts. Die grond bestaan uit water, suurstof, organiese oorskot, minerale, mikroorganismes en klei, slik en sanddeeltjies. Kortom, as gevolg van interaksies en reaksies gaan van die toegediende voedingselemente na ander bestemmings (hetsy tydelik, semi-permanent, of permanent), as na die plant se pens. Dus, indien een deel voeding aan die grond gegee word, gaan dieselfde volledige deel nie noodwendig deur die plant teruggekry word nie. Alle voedingselemente word verder volgens drie maniere uit die grond (groeimedium) verkry, naamlik direkte wortelopname, massavloei, of diffusie. Hierdie meganismes varieer vir elke element. Vir hierdie rede vind die beste “benutting” van ‘n element plaas deur hierdie meganismes vir elke element in gedagte te hou tydens die formulering van ‘n bemestingsvoorstel. In baie gevalle wil ‘n produsent graag eerder kunsmis voor aanplan-
ting uitstrooi om daarna met geen, of so min as moontlik plantermengsel te plant. Soms wil ‘n produsent slegs met MAP-korrels plant en dan is die plan om kalium later as bobemesting uit te strooi, deur die spilpunt te sproeibemes, of om dit voor die tyd uit te strooi. Om hierdie beginsel ‘n bietjie meer prakties te evalueer, kan ons dink aan ‘n kortafstandatleet wat ‘n wedloop gaan aflê. Daar is nie ‘n wet wat voorskryf dat ‘n atleet van wegspringblokke gebruik moet maak nie, maar tog word dit gebruik? Die atleet weet dat bane gewoonlik van begin tot einde mooi gelyk is en voldoen aan alle vereistes om ‘n wedloop korrek af te lê, maar tog word ‘n wegspringblok gebruik. Wel, die wegspringblok gaan oor die uitskakeling van ‘n oneffektiewe wegspring en bied aan die atleet die geleentheid om vinniger sy topspoed te kan bereik. Die blokke is dus ‘n baie belangrike hulpmiddel in die versnellingsproses, tot die res van die wedloop wat verder af in die baan, voorlê. Net so kan ons aan die gewas se groeiproses dink en onsself afvra hoekom ons dit nie vir die gewas wil doen nie? Hoekom wil ons dan nie met MAP alleen plant nie? Die antwoord lê daarin dat kalium grootliks opgeneem word deur diffusie en direkte wortelonderskepping. Hierdie twee meganismes vereis dat die wortel minder as 2cm vanaf ‘n “kunsmiskorrel” (hoë voedingskonsentrasie) moet wees. Dit verklaar dat kalium in die band met plant ‘n wegspringblok
is wat noodsaaklik is. Deur dit ver van die wortels te plaas, word die “atleet” gedwing om sonder wegspringblokke ‘n kortafstandwedloop te begin. Later in die oorsig gaan enkele opmerkings oor kultivars gemaak word, maar gewasse groei teen groter tempo’s as wat grondvoeding uit die grondoplossing en kleikristalle kan lewer. Dus kan daar nie altyd voldoende voeding oor kort ontwikkelingsperiodes verskaf word nie, en daarom is ons terug by die “wegspringblokke” in die grond deur ‘n element wat oor ‘n kortafstand opgeneem word, eerder naby die gewas se wortels te plaas. Kleigrond se kenmerk is dat dit ‘n hoër klei-inhoud en katioonuitruilkapasiteit (KUK) het as ‘n sandgrond (as die ander uiterste in die tekstuurverspreiding van grond). Met ander woorde, die kleigrond het ‘n groter bufferkapasiteit en hoewel dit meer voedingselemente kan huisves, hou dit die voeding “stywer” vas as die sandgrond. Sandgronde daarenteen het laer (en lae) KUK-waardes en hou baie minder voeding “vas” as ‘n kleigrond. Hierdie verskynsel is die rede dat beweeg word na die skedulering van kunsmisvoeding gedurende ‘n groeiseisoen sodat daar nie van die grond verwag word om volgens variërende voedingsaanvraag van die plant voldoende voeding te verskaf nie, want ons weet dit is nie altyd moontlik nie. Met ander woorde ons wil graag gebruik maak van verspreidings- en plasingsopsies om voeding van die regte soort en hoeveelheid, op die regte tyd,
Opname per dag kg/ha/d
Opname % R1
Biomassa
439
35
N
8,9
65
P
1,03
44
K
4,8
63
Mg
2,2
65
S
0,7
48
Meting
Bender R.R. et al, Agronomy Journal, 2013, 105.1 Nutrient Uptake, Partitioning, and Remobilization in Modern, Transgenic Insect-Protected Maize Hybrids Tabel 1: Toename in biomassa en plantvoedingopname tussen V10 en V14, en die persentasie opname tydens R1-stadium
35
op die regte plek te plaas. Indien die landboukundige bostaande beginsels rakende grond en voedingselemente verstaan, kan hy die produsent en die “gewasatleet” groot voordele in die produksiewedren besorg. Hoe vinnig ontwikkel ultrakort-mieliekultivars? Die biomassa van ultrakort-mieliekultivars neem gemiddeld 435kg per hektaar per dag vanaf V10 tot V14 toe. Saam met dié vinnige groei het die plant ‘n groot behoefte aan makro- en mikro-elemente. Tabel 1 toon die opname van voedingstowwe per dag en die persentasie opname tydens pluimstoot. Die koördinering van kunsmis tydens piekopnameperiodes, verseker die mees effektiewe gebruik van voedingstowwe met die laagste omgewingsimpak en maksimum gewasproduktiwiteit. Vloeibare kunsmis kan met gemak, deur die spilpunt, regdeur die hele seisoen toegedien word.
kunsmis wortelontwikkeling kan bevoordeel. Die hoë voedingsones van veral N en P, maar ook K, gee aanleiding tot ‘n vinnige toename in nuwe wortels. Hoe meer wortels daar is, hoe groter wortelkontak het die plant met die grond en hoe beter opname van voedingselemente word verkry. Die plant neem meeste van die voedingstowwe in eenvoudige ioniese vorm vanuit die grond, op. Dit sluit in makro-elemente soos kalium (K+), kalsium (Ca2+) en magnesium (Mg2+), asook verskeie mikro-elemente. Ander word in 'n meer komplekse ioniese
vorm opgeneem. Dit sluit stikstof (ammoniumnitraat; NH4+ of NO3-) en fosfor in, wat hoofsaaklik as H2PO4 opgeneem word. Navorsing uit die VSA oor loging/beweging van nitraat, ammonium en ureum op ‘n leemgrond toon die reaksie van stikstof in die grond hiernaas in die figuur. Die grond is in kolomme geplaas en elkeen met dieselfde hoeveelheid water benat. Die pers pyl dui die diepte aan tot waar die water vertikaal inbeweeg het, terwyl die ingekleurde horisontale rye die vertikale verspreiding van ammonium, ureum en nitraat aandui. Hierdie navorsing, soos verduidelik deur Gardner & Roth (1984,) kan verder interpreteer word om die vertikale verspreiding van ‘n element, volgens sy gedrageienskappe, te evalueer. Die logingstudie het bevind dat nitraat die diepste sal beweeg, ureum minder diep, en ammonium die vlakste. Hierdie verspreiding word in die tabel illustreer met die verkreë verspreiding in die laaste kolom vir UAN met 50% ureum-inhoud (Schmidt, 2017). Die gebruiksimplikasie vir enige besproeiingsboer is voor die hand liggend. Gebruik hierdie eienskappe onder toestande waar nooit oorbesproei word nie om ‘n vertikale N-verspreidingsfront in die grond te skep. Indien slegs ureum gebruik word, sal die verspreiding moontlik verskil van ‘n UAN-verspreiding. Hierdie front sal deurentyd ook verander soos wat ureum na ammonium na nitraat omskakel.
Is daar ‘n verskil in die tipe kunsmis wat gebruik word? Wanneer vloeibare kunsmis as plantermengsel toegedien word, sal die voedingstowwe wat reeds opgelos en vermeng is met water, dadelik met die water in die grond meng en grondreaksies veroorsaak. Beweging sal volgens massavloei en konsentrasieverskille plaasvind en die kunsmisband sal enkele sentimeters in deursnee vergroot. Hoe meer makro-porieë daar bestaan (sand en gruis), hoe verder sal die vloeibare kunsmis na alle kante versprei. Opname kan baie vinnig geskied aangesien die grond die kunsmis teen uiterste pH's sal buffer en die kunsmisband dan dadelik plantbeskikbaar wees. Sproeibemesting (bemesting deur die spilpunt waar kunsmis reeds in die water opgelos en deeglik vermeng is) op groter plante veroorsaak dat baie van die water teen die plante afloop en sodoende ‘n groter konsentrasie om die basis van die plant vorm. Navorsing deur Hodge (2004) het getoon dat konsentrasiepunte van
36
Verspreiding van draers (%) by verskillende dieptes as gevolg van logingseienskappe
-Diepte (cm)
Ammonium
Ureum
Nitraat
UAN
0 - 3,50
89
0
0
22
3,50 - 7,50
4
1
3
2
7,5 - 11,25
3
12
8
9
11,25 - 15,00
2
25
8
15
15,00 - 18,75
1
34
25
24
18,75 - 22,50
1
28
56
28
Tabel 2: Die vertikale verspreiding van ureum, ammonium en nitraat in die grond nadat die grond met dieselfde hoeveelheid water benat is
Is daar gevare in die oplos van ureum of ammoniumsulfaat? Opgeloste ureum kan aanleiding gee tot ’n aanvanklike toename in grondpH weens urease-aktiwiteite. Met die toedien van ureum in die grond word dit binne 24 tot 48 uur omgeskakel na ammoniak (NH3) en koolstofdioksied (CO2). Die ammoniak reageer met water om ammoniumhidroksied te vorm wat die pH verhoog (Court et al., 1962). Ammoniakvrystelling in die grond kan jong worteltjies soos by saailinge beskadig. Ganmore-Newman and Kafkafi (1983) het met aarbeie goeie groei gevind as die grondtemperature benede 17°C gehou word, maar sodra die grondtemperatuur verhoog
tot 32°C, het al die wortels binne vier weke afgesterf. Kommersiële ureum word onder verskillende toestande vervaardig. Buiret kan in die vervaardigingsproses gevorm word, wat kan aanleiding gee tot blaarskade van gewasse. Hierdie gevaar is veral as lae dosisse water gebruik word soos gewoonlik gebeur in die vroeë stadium van plantontwikkeling. Tisdale et al. (1985) het bewys dat ontkiemende en jong plante ‘n maksimum van 2% buiret kan oorleef. Die oplos van kunsmis langs die spilpunt kan aanleiding gee tot onegalige toediening. Satellietbeelde gedurende die seisoen toon duidelike kunsmispatrone weens onakkurate
toediening. Kan die effektiwiteit van sproeibemesting verhoog word? Navorsing oor die opname van voedingstowwe het aanleiding gegee tot die ontstaan van opname-verbeteraars. Voedingsmolekules in die kunsmis word omhul/gepak met 'n opname-verbeteraar (Schmidt, 2017). Opname-verbeteraars funksioneer as ‘n draer wat eers chemikalieë insluit en dit dan teen ‘n hoër tempo oor plantmembrane vervoer. Langtermyn proewe deur SIDI, om die effektiwiteit en voordeel van opname-verbeteraars te toets, het ‘n positiewe reaksie
Vergelyking van stikstofdraers op Mielies +10%
120 Relatiewe % (Ureum = 100)
Studies het op nie-kalkryke gronde getoon dat ureum swakker opbrengs lewer as ammoniumsoute. Hierdie verskille is egter nie so duideik op kalkryke gronde nie. Met die toedien van ureum word die hoeveelheid verlies bepaal deur die tempo waarteen dit kan omskakel na ammonium (Broadbent, California Agriculture, 1958). Die verlies kan toegeskryf word aan NH3+ vervlugtiging. Ureum toon die grootste verliese teenoor UAN en ammoniumsulfaat (NH4)2SO4. Op kalkryke gronde is gevind dat ammoniumsulfaat groter verliese as ureum en UAN toon. Onder besproeiingstoestande verminder die gevare, aangesien stikstof in oplossing saam met die waterfront in die grond inbeweeg. Van Tuil (1965) het bevind dat onder sekere omstandighede, waar ammonium teenoor nitraat as stikstofbron gebruik is, die opname van Ca en Mg onderdruk word. Verliese van NH3 vanuit ureumoplossings word sterk beïnvloed deur die grond-pH en -temperatuur. Die moontlikheid vir verliese is dus groter tydens somermaande as tydens wintermaande. Helder vloeibare mengsels van SIDI het ammoniumnitraat as basis wat die effektiwiteit kan verhoog. Die samestelling van die vloeibare mengsels soos Opti-Top is ontwikkel om die korrekte verhouding tussen N, P en K aan die plant te voorsien.
115
+2.9%
110 105 100 95 90 85 80 75
70
2009
2010
2010
2011
2011
2011
2012
2012
2012
2012
Prieska
Orania
Prieska
Vaalharts
Orania
Prieska
Orania
Jacobsdal
Douglas
Vaalharts
Hoofeffek
Lokaliteit en Jare Ureum
UAN
Opti-N
Figuur 1
37
op opbrengs getoon en vandaar is die OPTI-vloeibare reeks ontwikkel. Mielies en koring toon ‘n positiewe reaksie van 8% en 7,2% onderskeidelik na die gebruik van opname-verbeteraars in sproeibemesting. Is dit ekonomies om fosfor in sproeibemesting te gebruik? Die beskikbaarheid van P in alkaliese en kalkryke gronde kan onderdruk word deur die vorming van lae-oplosb a re - ka l s i u m - fo s fa a t - ko m p l e k s e. Breedwerpige toedien van P onder die toestande kan veroorsaak dat optimale opbrengs en opname van P nie verkry word nie. Navorsing deur Lewis en Quirk (1965) toon dat met ’n toename van pH (water) bo 8, die beskikbaarheid van P verlaag tot slegs 10% van P in die profiel. Die opname van ammonium deur die plantwortels veroorsaak ’n suuromgewing rondom die wortel, wat P-opname onderdruk. Nitraat-opname vorm ‘n basiese (pH 6-7) rondom die wortel wat P-opname nie sal beïnvloed nie. Gedurende die eerste drie tot vier weke ná opkoms het plante die grootste behoefte aan P. Alam et al. (1999) het ’n vinnige opname van P, na sproeibemesting, tydens dié fase waargeneem. Figuur 1 (op bladsy 37) toon die verhouding tussen wortels en Fosfaat op twee tye gedurende die seisoen. Dit is duidelik dat die verspreiding met vloeibare P baie meer effektief is as met korrels. Metode van P-bemesting beïnvloed die effektiwiteit van die opname van P in alkaliese, kalkryke gronde. In ‘n driejaar-studie op koring en mielies is gevind dat P-toediening in die besproeiingswater die opbrengs, P-opname en effektiwiteit verhoog het. By koring met P-sproeibemesting het die opbrengs met tussen 12 en 18% verhoog, P-opname met 4 - 32% en P-effektiwiteit met 2 - 13% onderskeidelik, teenoor breedwerpig toegediende P. By mielies is ’n positiewe reaksie van 11% op opbrengs, 18% op P-opname en 90% in effektiwiteit waargeneem. Is dit nodig om kalium te sproeibemes? Die "vaslegging" en "vrystelling" van kalium vanaf die kleikompleks is stadig en kan nie voldoen aan die K+ behoefte van plantwortels nie (Kafkafi et
38
al., 1978). Weens die stadige vrystelling van die K vanaf die kompleks is dit dus nodig om kalium tydens die piekopnameperiode te voorsien. Kalium het ’n direkte invloed op gehalte. K-sproeibemesting deur die seisoen ondersteun die opname tydens piek-behoeftes. Om kalium op te los is egter nie maklik nie. Die oplosbaarheid van KCl is laag en by 10°C, met minimum roer van die oplossing, kan slegs ‘n 14%-oplossing verkry word.
45 tot 73% van die NH3 onder sulke toestande kan voorkom. Die byvoeging van suur in die mengsel, soos fosforsuur (SIDI helder-vloeibaremengsels) kan die potensiaal vir verliese betekenisvol verlaag. Navorsing met mengsels later in die seisoen het ‘n positiewe reaksie op opbrengs van graangewasse getoon.
Is daar ’n voordeel om mengsels verspreid deur die seisoen te gebruik?
Navorsing oor agt seisoene by tien lokaliteite toon dat SIDI se vloeibarehelderoplossings ekonomiese voordele vir die produsent inhou. Andre Prins is werksaam by GWK en SIDI en kan gekontak word by 083 628 5320 of andrep@sidip.co.za
Is die premie op SIDI se opti-reeks die moeite werd?
Die oplos van ureum deur produsente kom al meer voor. Gevare bestaan in die Vaal- en Oranjerivierstelsels, waar die pH baie hoog is, dat verliese van
Ekonomie van Bemesting
Opbrengs* Potensiële opbrengsverhoging** Produkprys (R/ton) Potensiële Inkomste
R R
3 100 48 701
R R
4 403 30 821
UAN Mielies 16,46 2,90% R 3 100 R 51 026
Insetkoste (uitsluit N) Potensiële Wins voor N
R R
24 052 24 649
R R
19 039 11 782
R R
Bemesting - N Koste van N Vervoer (80km) Oploskoste van Ureum Arbeid/ha Verlies in produk (2%) Totale Koste van stikstof Potensiële Wins Voordeel van UAN 32 vs Ureum Voordeel van Opti-N vs Ureum
Ureum Mielies 15,71
Koring 7
R R
361 5 856 R 210 R
186 3 020 R 210 R
R R R
32 R 117 R 6 215 R
32 60 3 322 R
R
18 434
R
8 460
R R
24 052 26 974
Koring 7,43 6,10% R 4 403 R 32 714
Opti-N Mielies 17,11 8,90% R 3 100 R 53 041
Koring 7,9 12,70% R 4 403 R 34 784
R R
R R
R R
19 039 15 745
361 7 692 R 265 R
186 3 962 265
361 7 267 R 265 R
19 039 13 675
186 3 744 R 265 R
24 052 28 989
7 532
R
4 009
R
7 957
R
4 227
19 442 1 008
R R
9 666 1 206
R
21 032
R
11 518
R
2 598
R
3 058
R
6 819
*Opbrengs Mielies - Gemid vir 12 proefjare, Koring - Gemid vir 14 proefjare **Potensiële opbrengsverhoging Gemiddelde opbrengsverhoging oor die proewe Prys/ton Januarie 2019 Insetkoste: Kostegids Oktober 2018 Prys van N (lysprys Januarie 2019) Ureum R 7 496 UAN R 6 442 Opti-N
23402
29043
LESERSFOTO'S As jy mooi foto’s het van die plaaslewe, stuur dit vir ons na leanab@gwk.co.za
Anjo Joseph het hierdie ongelooflike foto geneem by Backhouse naby Douglas se vliegveld.
Plaaskinders het ‘n spesiale voorreg om groot te word in die buitelug. Hier is Wicus (4) en Hendrik (amper 2) Bekker hard aan die speel op die plaas Rainbow’s End tussen Steynsburg en Middelburg in die Oos-Kaap.
39
Van die plaas, tot in die bord. Met spesialiste en fasiliteite verbind ons jou direk met die verbruiker. GWK Vleis
Groblershoop Abattoir Kobus Buys 083 659 5458
Tristar Custom Feeders Albert Botes 073 282 2492
De Aar Abattoir Kevin Vermaak 063 199 2227
Landbou-adviseur (Weidingsbestuur): Riaan Dames 084 273 8666
Afrekeningstate De Aar Leandri Myburgh 053 298 8200
FinansiĂŤle Administrasie Afrekeningstate Groblershoop Lorraine Reichert 054 833 0041
Groblershoop Voerfabriek Francois Marais 071 680 0295
Beeswerwing en verslagtingsbesprekings Anel Muller 071 017 0182
3de ILE DE FRANCE Genootskap Produksieveiling
PANTONE 179 C PANTONE 280 C
Veiling onder die beskerming van die genootskap
Vir kruisteling For cross breeding
50 Stoet- en kudderamme 60 Stoetooie 100 Kudde-ooie
Saterdag, 6 April 2019 | 11:00 | Bloemfontein Skougronde GWK Veilingskompleks Schalk Erlank Deon Klopper (Afslaer) Willie Oosthuizen gwk.co.za
40
053 832 5227 082 558 6891 082 802 8483 082 452 1520
Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling afgehandel is. Let wel: FICA nakoming is ‘n vereiste om deel te neem in alle veilings.
GWK Agri Landboudienste Pierre Ferreira
KORINGKULTIVAR PROEFRESULTATE (2018) Inleiding GWK Landboudienste, in samewerking met produsente, GWK-landboukundiges en saadmaatskappye, evalueer jaarliks koringkultivars met die aanplant van strookproewe oor verskeie lokaliteite. Die voordeel vir produsente is dat GWK die evaluasies onafhanklik doen en oor ‘n meerjarige databasis per streek beskik. Kultivars verskil ten opsigte van aanpasbaarheid en opbrengspotensiaal. Hierde eiesoortigheid stel elke produsent in staat om die kultivars te plant wat die beste in sy streek aangepas is. Kultivarkeuse behoort jaarliks hersien te word. Die saadmaatskappy Sensako het versoek om nie deel te wees van vanjaar se publikasie nie. Metodiek Vir die 2018-seisoen is nege strookproewe aangeplant by die die volgende lokaliteite: Douglas (2), Prieska (2), Jacobsdal (1), Hopetown (1), Magogong (1), Barkly-Wes (1) en Schoombee (1). Vir Prieska is die kultivars opgedeel volgens lengte van die groeiseisoen in ’n vroeë en laat aanplanting. Ten minste 200m van elke strook is gestroop. Elke vierde aan-
planting was ’n kontrole-kultivar (produsent se kultivar), om die stabiliteit van die proef te bepaal en regstellings te maak om kultivars regverdig te vergelyk. Laasgenoemde help dus om moonlike grondverskille, hellings, ensovoorts te neutraliseer. Die kultivars is ewekansig versprei by elke lokaliteit. Die voordeel met ’n ewekansige steekproef is dat kultivars nie altyd langs dieselfde kultivars staan nie. Alle kultivars is volgens dieselfde stand geplant na aanleiding van die kalibrering van die produsent se planter. Elke kultivar en kontroles word gestroop en ’n monster word geneem wat binne 24 uur by ’n GWK-silo gradeer word. Alle opbrengste is volledig gegradeer en sifsels word afgetrek en dan na 12,5% vog verwerk. Die data word na die betrokke saadmaatskappye gestuur nadat dit verwerk is en eers gepubliseer as daar geen probleme gevind word nie.
dusente verkoop word in die praktyk.
Saadbehandelings
Maatskappye wat saad voorsien het – Sensako, Pannar & K2 ’n Spesiale woord van dank aan die produsente, medewerkers en GWK-landboukundiges vir die bystand en hulp met die navorsing. Navrae kan gerig word aan: Pierre Ferreira (GWK): 082 904 4769
Die saad wat ontvang word vanaf die saadmaatskappye is reeds behandel. Vir die 2018-seisoen is alle Pannarkultivars behandel met Galmano en alle K2-kultivars met Anchor + K-Obiol. Dit is ook hoe die saad aan die pro-
Om interpretasie te vergemaklik word elke kultivar se prestasie ook as ‘n indeks (% van proef) aangedui. ‘n Indeks van 100 beteken dat die kultivar dieselfde as die gemiddeld van die proef presteer het. ‘n Indeks van 107 beteken dus dat die kultivar 7% beter as die proefgemiddeld presteer het. ‘n Indeks van 92 beteken weer dat die kultivar 8% swakker as die proefgemiddeld presteer het. Vir die doel van hierdie artikel word slegs eenjaar-data getoon. Koringkultivars is gevoelig vir plantdatum weens verskille in dae tot oesgereedheid Vir hierdie rede is dit ook raadsaam om meerjarige data in ag te neem. Indien produsente ‘n meerjarige opsomming verlang, kan hul my direk kontak. Bedankings
Lokaliteit
Kilogram Saad/ha
Plantdatum
Oesdatum
Haelskade getakseer
Voorkoms van vrotpootjie
Voorkoms van Fusarium
Prieska vroeg
87 kg
14 Junie
05 Desember
0%
Nee
Nee
Prieska laat
70 kg
02 Julie
11 Desember
0%
Nee
Nee
Schoombee
100 kg
28 Junie
04 Desember
0%
Nee
Ja
Douglas Oranjerivier
90 kg
03 Julie
10 Desember
0%
Ja
Nee
Jacobsdal
100 kg
22 Junie
17 Desember
0%
Nee
Nee
Douglas Rietrivier
75 kg
13 Junie
03 Desember
0%
Nee
Nee
Magogong
80 kg
12 Junie
06 Desember
0%
Nee
Nee
Barkly-Wes
85 kg
26 Junie
07 Desember
0%
Nee
Nee
Hopetown
90 kg
05 Julie
08 Desember
0%
Nee
Nee
Tabel 1: Beskrywing van lokaliteite. (Voorkoms van vrotpootjie en Fusarium word slegs van melding gemaak indien die besmetting hoog was). Erge vreetskade deur voëls is op die kultivars met ‘n kort groeiseisoenlengte vir Douglas Oranjerivier opgemerk.
41
Rangorde
Kultivar
Maatskappy
Tipe
Oesgereedheid: Vinnig/Medium/Lank
Ton/ha
% Van Proef
Graad
1
PAN 3497
Pannar
Broodkoring
Lank
13,5
118
B2
2
PAN 3541
Pannar
Broodkoring
Medium
12,1
106
B1
3
PAN 3400
Pannar
Broodkoring
Medium/Vinnig
12,0
105
B1
4
Renoster
K2
Broodkoring
Vinnig
11,2
98
B1
5
PAN 3644
Pannar
Broodkoring
Vinnig
11,0
96
B1
Douglas Rietrivier (KV 3.35) Rangorde
Kultivar
Maatskappy
Tipe
Oesgereedheid: Vinnig/Medium/Lank
Ton/ha
% Van Proef
Graad
1
Koedoes
K2
Broodkoring
Vinnig
11,2
107
B1
2
Renoster
K2
Broodkoring
Vinnig
11,1
106
B1
3
PAN 3644
Pannar
Broodkoring
Vinnig
10,9
104
B1
4
PAN 3497
Pannar
Broodkoring
Lank
10,6
101
B1
5
PAN 3471
Pannar
Broodkoring
Medium
10,4
100
B1
6
PAN 3400
Pannar
Broodkoring
Medium/Vinnig
10,4
99
B1
7
PAN 3541
Pannar
Broodkoring
Medium
9,3
89
B1
Douglas Oranjerivier (KV 3.48) Rangorde
Kultivar
Maatskappy
Tipe
Oesgereedheid: Vinnig/Medium/Lank
Ton/ha
% Van Proef
Graad
1
PAN 3497
Pannar
Broodkoring
Lank
11,9
104
B1
2
PAN 3400
Pannar
Broodkoring
Medium/Vinnig
11,7
102
B1
3
PAN 3541
Pannar
Broodkoring
Medium
11,7
102
B1
4
PAN 3471
Pannar
Broodkoring
Medium
11,4
99
B1
Prieska vroeg (KV 0.48) Rangorde
Kultivar
Maatskappy
Tipe
Oesgereedheid: Vinnig/Medium/Lank
Ton/ha
% Van Proef
Graad
1
PAN 3497
Pannar
Broodkoring
Lank
12,7
108
B2
2
PAN 3400
Pannar
Broodkoring
Medium/Vinnig
12,6
108
B2
3
Koedoes
K2
Broodkoring
Vinnig
12,4
106
B2
4
PAN 3541
Pannar
Broodkoring
Medium
11,9
102
B2
5
PAN 3644
Pannar
Broodkoring
Vinnig
11,7
101
B2
6
Renoster
K2
Broodkoring
Vinnig
11,3
97
B2
7
PAN 3471
Pannar
Broodkoring
Medium
10,8
92
B3
Barkly-Wes (KV 9.5) Rangorde
Kultivar
Maatskappy
Tipe
Oesgereedheid: Vinnig/Medium/Lank
Ton/ha
% Van Proef
Graad
1
PAN 3541
Pannar
Broodkoring
Medium
13
108
B1
2
Koedoes
K2
Broodkoring
Vinnig
12,9
107
B1
3
PAN 3644
Pannar
Broodkoring
Vinnig
12,6
105
B2
4
PAN 3400
Pannar
Broodkoring
Medium/Vinnig
12,6
105
B1
5
Renoster
K2
Broodkoring
Vinnig
12,1
101
B1
6
PAN 3497
Pannar
Broodkoring
Lank
12
100
B1
7
PAN 3471
Pannar
Broodkoring
Medium
11,6
96
B1
Magogong (KV 5.37) Rangorde
Kultivar
Maatskappy
Tipe
Oesgereedheid: Vinnig/Medium/Lank
Ton/ha
% Van Proef
Graad
1
Koedoes
K2
Broodkoring
Vinnig
10,7
103
B3
2
PAN 3471
Pannar
Broodkoring
Medium
10,6
103
B4
3
Renoster
K2
Broodkoring
Vinnig
10,6
103
B4
4
PAN 3400
Pannar
Broodkoring
Medium/Vinnig
10,6
103
B4
5
PAN 3497
Pannar
Broodkoring
Lank
10,5
101
B3
6
PAN 3644
Pannar
Broodkoring
Vinnig
10,4
101
UT
7
PAN 3541
Pannar
Broodkoring
Medium
10
97
B3
Jacobsdal (KV 2.10)
42
Rangorde
Kultivar
Maatskappy
Tipe
Oesgereedheid: Vinnig/Medium/Lank
Ton/ha
% Van Proef
Graad
1
Renoster
K2
Broodkoring
Vinnig
10,2
104
B2
2
PAN 3471
Pannar
Broodkoring
Medium
10,1
102
B3
3
Koedoes
K2
Broodkoring
Vinnig
9,9
101
B3
4
PAN 3400
Pannar
Broodkoring
Medium/Vinnig
9,9
101
B2
5
PAN 3541
Pannar
Broodkoring
Medium
9,8
100
B2
6
PAN 3497
Pannar
Broodkoring
Lank
9,8
99
B3
7
PAN 3644
Pannar
Broodkoring
Vinnig
9,7
99
B3
Hopetown (KV 4.7) Rangorde
Kultivar
Maatskappy
Tipe
Oesgereedheid: Vinnig/Medium/Lank
Ton/ha
% Van Proef
Graad
1
Koedoes
K2
Broodkoring
Vinnig
9,1
103
B1
2
PAN 3497
Pannar
Broodkoring
Lank
9,1
103
B2
3
PAN 3471
Pannar
Broodkoring
Medium
9
103
B2
4
Renoster
K2
Broodkoring
Vinnig
9
102
B2
5
PAN 3644
Pannar
Broodkoring
Vinnig
9
102
B2
6
PAN 3400
Pannar
Broodkoring
Medium/Vinnig
8,6
98
B2
7
PAN 3541
Pannar
Broodkoring
Medium
8,2
93
B2
Schoombee (KV 4.6) Rangorde
Kultivar
Maatskappy
Tipe
Oesgereedheid: Vinnig/Medium/Lank
Ton/ha
% Van Proef
Graad
1
PAN 3644
Pannar
Broodkoring
Vinnig
10,9
104
B1
2
Renoster
K2
Broodkoring
Vinnig
10,7
102
B1
3
Koedoes
K2
Broodkoring
Vinnig
10,5
100
B1
Prieska laat (KV 1.27)
Ontsluit jou potensiaal met
DEKALB®-innovasie
ES
OU SUKS
PLANT J
DEKALB® saad bied die genetika en innovasie vir jou oes terwyl jy kan staatmaak op al die ondersteuning en kundige advies wat jy benodig. Maak staat op DEKALB® ^ die innovasieleier.
uppe marketing A19250/GDK
MAIZE
DEKALB®, Acceleron®, Roundup Ready® MAIZE 2 en YieldGard® MAIZE 2 is geregistreerde handelsmerke van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021. www.dekalb.co.za DEKALB SA
DEKALB South Africa
dekalbsa
@DEKALB_SA
43
GWK Trading Pekanneute AJ Jansen van Vuuren
Verbou die regte gewasse
saam met pekanneute As daar na moderne gewasverbouing gekyk word, is daar verskeie uitdagings wat daarmee gepaard gaan, insluitend uitdagings soos die ekonomie, klimaat, tegnologie, waterbronne, arbeid, peste en plae. Al hierdie faktore en uitdagings is net so belangrik as dit by pekanneutverbouing kom. Hierdie uitdagings is baie meer geïntegreerd as wat ‘n mens sou dink: Gewasse wat verbou word, moet kan meeding met hierdie uitdagings met die produsent se hulp, anders is die verbouing van sekere gewasse nie lewensvatbaar nie. ‘n Voorbeeld daarvan is die verbouing van pekanneute eerder as wisselbougewasse en wingerde in die Benede-Oranjerivier-gebied. Dit is duidelik dat ekonomiese belange die grootste invloed is in die keuse van gewasverbouing oor die meerderheid van Suid-Afrika se besproeiingsgebiede. In baie gevalle veroorsaak hierdie tendens dat produsente nie gewasse afwissel op rotasiebasis nie. Dit lei dan tot monokultuur wat vele nadelige invloede kan hê oor die kort- en langtermyn. Pekanneute, soos alle ander permanente gewasse, word verbou binne ‘n monokultuur indien daar nie dekgewasse of alternatiewe gewasse tussenin verbou word vir die duur van die permanente gewas se leeftyd nie. Soos in grafiek 1 gesien kan word, is ses nadelige fakore wat ek na verwys met die verbouing van gewasse deur ‘n monokultuursisteem.
44
Verlies aan organiese materiaal
Verswakking van grondstruktuur
Verdigting van grondporieë Monokultuureienskappe Koolstofinhoud verlaag
Waterhouvermoë verswak
Opbou van siektes, peste en onkruide is sigbaar Grafiek 1
Hierdie is bome wat in hul vierde blad is en saam met lusern verbou word. Die bome groei uiters sterk en was teen die winter van hul derde blad ‘n gemiddelde hoogte van 3,5m. Dit kan grootliks toegeskryf word aan die ekstra stikstof wat verkry word vanaf die lusern. Die produsent voel dat die geheim in die korrekte bemesting van albei gewasse lê en om nie lusern te vestig in die boomry nie. Die pekanneute en lusern het aparte bemestingsprogramme wat presies gevolg word. Dit voorkom dat die gewasse met mekaar kompeteer vir voedingstowwe en net sekere elemente uit die grond myn.
Hierdie faktore dra by tot die verlies aan produksie en die vernietiging van landbougrond en die vrugbaarheid daarvan. As daar gekyk word na die verlies aan produksie, is dit nie altyd onmiddellik of in die aanvangsjare van monokultuur sigbaar nie, maar (afhangend van die soort gewas wat verbou word) sal die gevolge een of ander tyd wel sigbaar word. Die invloed van monokultuur het reeds getoon dat peste, plantsiektes en onkruide geweldig kan toeneem terwyl grondvrugbaarheid afneem. Die antwoord lê egter in korrekte wisselbou of gelyktydige gewasverbouingstelsels. In die geval van pekanboorde is die verbouing van alternatiewe gewasse tussen pekanneute ‘n uitdaging, maar kan wel baie voordele inhou tot jou boord se welstand. Wat is wisselbou en hoe implementeer mens dit in pekanboorde? Wisselbou is hoofsaaklik ‘n sisteem wat in plek gestel word om sekere gewasse opeenvolgend te verbou en te roteer in ‘n gegewe tyd. Hierdie rotasiesisteem kan positiewe of negatiewe uitwerkings hê op fisiese, chemiese en biologiese belange in die grond en ekosisteme. Goeie gewasrotasiestelsels sal die grondvrugbaarheid en ekosisteme positief aanvul. Binne só ‘n stelsel moet gewasse wat mekaar opvolg of afwissel nie dieselfde uitwerking op die grond hê of dieselfde
bewerkingspraktyke benodig nie. Dit wil sê wisselbougewasse hoef nie net eenjarige gewasse met vlak wortelstelsels te wees nie, maar afwisseling met meerjarige gewasse is ook moontlik. In gevalle waar wisselbou of dekgewasse in boorde oorweeg word sal die volgende faktore ‘n rol speel in die keuse van gewasse: Grondsoort Grondvrugbaarheidstatus Klimaat Beskikbare sonlig op die boordvloer Water Meganisasie Ekonomiese belange Peste, onkruide en plantsiektes teenwoordig Om sodoende ‘n wisselboustelsel in plek te sit of ‘n dekgewas te kies, moet pekanneutprodusente die bogenoemde faktore oorweeg. Met aanhoudende bewerking van gronde en monokultuuraksies word baie organiese materiaal verloor uit gronde. Hierdie tendens is algemeen by pekanneutboorde waar geen alternatiewe gewasse tussen pekanneute geplant word nie en die grond onderhewig is aan skoonbewerking. Die verlore materiaal veroorsaak dat gronde verarm en het reuse-invloede op die grondstruktuur en die koolstofinhoud. Met goeie wisselboustelsels kan die organiese inhoud van die gronde
voldoende opgebou word om plante gesond te hou en optimale produksie te bevorder deur die ondersteuning van gesonde wortelstelsels. Daarom is die keuse van gewasse binne ‘n wisselboustelsel baie belangrik vir verskeie redes, soos: om stikstofvlakke aan te vul met ‘n effektiewe peulgewas om stikstof te bind vir die gewasse wat daarop gaan volg of saam verbou word, om koolstofvlakke te verhoog wat ‘n invloed het op die vermoë van katioon-uitruiling in gronde, om vlakke van organiese materiaal te verhoog, om struktuur en waterhouvermoë te verbeter, en om te waak daarteen om gewasse binne ‘n stelsel te integreer waar antagonistiese werking kan plaasvind. Die toevoeging van organiese materiaal, soos genoem, sal die grond van genoegsame rumateriaal en koolstof voorsien om die vrugbaarheid, mikro-organisme-aktiwiteit en struktuur positief aan te vul. Let daarop dat al hierdie positiewe uitwerkings uitgeskakel kan word deur die verkeerde gewas op die verkeerde tyd te probeer verbou. Die keuse van gewasse in ‘n wisselboustelsel is dus baie belangrik, asook die volgorde waarin dit verbou of gesamentlik verbou word. ‘n Algemene
45
Hier kan gesien word hoe pekanneute saam met uie verbou word. Weereens is die boomry vry van enige gewasverbouing en daar word ekstra kompos toegedien rondom die bome. Hierdie boord het ook aparte besproeiing vir die pekanneute en die tussenry-gewasse onderskeidelik. Die keuse om uie hier te verbou, is suiwer vir ekonomiese redes en sal dan afgewissel word met ‘n ander gewas sodra die uie geoes word.
verskynsel is die gesamentlike verbouing van pekanneute en lusern. Baie sal voel dat hierdie ‘n uitstekende kombinasie is en ander sal voel dat lusern te veel meeding met jong pekanneutbome, gegewe lusern se diep wortelstelsel. Die boodskap wat deur die foto’s in hierdie artikel oorgedra word, is dat die korrekte beplanning en uitvoering van wisselboustelsels en dekgewasse baie belangrik is om die positiewe eienskappe daarvan te geniet. Om ‘n wisselboustelsel te formuleer en in te stel met noukeurige beplanning hou altyd ‘n positiewe resultaat in vir die grond. Indien gewasse mekaar opvolg in die regte volgorde sal die grond verbeter word deur die korrekte
46
koolstofvlakke binne die grond op te bou, toevoeging van korrekte organiese materiaal, populasiegroei van korrekte mikro-organismes, vrystelling van elemente aan plante, verbetering van die grondstruktuur, verbetering van dreinering en waterinfiltrasie, en laastens die beperking van onkruide, peste en plantsiektes. Plante moet sterk immuunstelsels hê om insekte en plantsiektes af te weer. Dit kan slegs plaasvind indien die grondvrugbaarheidstatus optimaal is en plantwortels optimaal kan ontwikkel om sodoende buffereienskappe te toon en voedingstowwe op te neem. Met monokultuur sal dit nie kan plaasvind op ‘n volhoubare manier nie en peste, plantsiektes en onkruide
sal toeneem. Gevolglik sal die toenemende gebruik van chemiese middels benodig word, wat weer kostes sal opjaag en die moontlikheid van weerstandbiedendheid kan ontstaan. Wisselbou moet egter nie die bestuur van onkruide, peste en plantsiektes verwar met die totale uitwissing daarvan nie. Wisselbou kan hulp bied om hierdie getalle te bestuur maar om byvoorbeeld insekte ten volle uit te wis by ‘n sekere gewas, moet chemiese hulp of die totale verwydering van ‘n sekere gasheer geskied om getalle sodoende af te bestuur. Wisselbou se invloed op die bestryding van peste soos aalwurms is soms moeilik om te beplan, maar baie belangrik. Die beste metode om aal-
In hierdie foto word hawer verbou tussen die pekanneute. Hierdie hawer is in ‘n wisselboustelsel met lusern. Die hawer is gevestig met die doel om dit terug in die grond te bewerk vir ‘n organiese-materiaal-komponent. Soos in die ander foto’s word die boomry redelik skoon gehou van onkruide en alternatiewe gewasverbouing.
wurmgetalle te beperk deur die gebruik van wisselbougewasse, is deur die gasheer van sekere gewasse uit te sny om sodoende die getal afwaarts te bestuur deur die uitsterwing van die aalwurms. Die verbouing van permanente gewasse soos pekanneute het vele uitdagings as dit kom by die bogenoemde wisselbou- en monokultuurtendense: Uitdagings soos meganisering, wat die verbouing van dekgewasse grootliks beïnvloed en tot ‘n groot mate verhoed. Die hoeveelheid skaduwee op die boordvloer kan ook die verbouing van dekgewasse grootliks beïnvloed en die beperkende faktore wat sekere besproeiingstelsels veroorsaak, speel ook ‘n rol. In die ver-
skillende streke In Suid-Afrika waar pekanneute verbou word, sal die uitdagings rondom korrekte wisselbou tussen pekanneutboorde radikaal kan verskil as gevolg van klimatologieseen grondverskille. Soos genoem, die invloed van monokultuurverbouingspraktyke by pekanneute is miskien nie dadelik sigbaar nie, maar soos ons weet is pekanneute ‘n baie langtermyngewas, indien nie een van die langste nie. Gevolglik is dit krities dat alle pekanprodusente, afgesien van die uitdagings in hul boorde, nogtans moet probeer om ‘n mate van wisselbou en dekgewasse toe te pas of ten minste organiese materiaal toe te voeg tot hul boorde om in die langtermyn
grondvrugbaarheid en grondgesondheid te bevorder en deur middel van grondgesondheidstoetse die grondvrugbaarheidstatus van boorde kan kwantifiseer. Indien enige pekanneutprodusent vrae het rondom die vestiging van dekgewasse of alternatiewe gewasse in boorde, kontak gerus een van GWK se verkrygers of landboukundiges. Verwysings Edwards CA, L. R. (1990). Sustainable cropping systems. Iowa. Koker, E. D. (1993). Die eienskappe en belangrikheid van wisselbou. Dept. agronomie UOVS.
47
Die internasionale mark op jou voorstoep.
GWK Pecans is pekanprodusente se antwoord op die internasionale mark se vraag na plaaslike pekanneute. Uit die vennootskap tussen GWK en Kalahari Pecans is ‘n besigheid geskep wat produsente toegang gee tot langtermynmarkte, infrastruktuur en wêreldklas kraakfasiliteite. Aandeelhouding in GWK Pecans is beskikbaar aan produsente, sodat ons kan aanhou om die gehalte pekans waarvoor ons bekend is, aan die buiteland te lewer.
Gesels met GWK Pecans se verkrygers: Günter Hollenbach 082 883 9652
48
AJ Jansen van Vuuren 084 408 1417
gwk.co.za
GWK Trading Fourie du Plessis
Verhandelingsplatform vir ‘n toekomsgerigte besigheid GWK
se uitvoerbesigheid het aansienlik gegroei gedurende die laaste dekade: Van die eerste skeepshouer lusern in 2008, tot meer as 4 400 skeepshouers katoen, pekanneute, grondbone en lusern in 2018 na verskeie lande in die Midde Ooste, Asië en Europa. Hierdie uitbreiding het ons genoodsaak om in nuwe sagteware te belê wat die risikobestuur van kommoditeitsverhandeling aanspreek. Vir daardie rede is daar ondersoek ingestel na sagteware wat die groei in die mark kan ondersteun en sedert 2018 werk die projekspan van GWK Trading reeds aan die suksesvolle implementering daarvan. Dié sagteware is op ‘n internasionale standaard, waarvan die diensverskaffer in 2018 aangewys is as die voorste internasionale verskaffer van digitale kommoditeitsverhandelingsagteware tydens die Global Grains-konferensie in Switserland. Die sagteware word reeds in meer as 15 lande deur van die mees toonaangewende internasionale verhandelingshuise, soos Cargill, Bunge en Louis Dreyfus, gebruik. Die sagteware fokus op die plaas-na-vurk-waardeketting van kontraktering, produsenteverkryging, logistieke bestuur, verwerking, opberging, internasionale bemarking en kommoditeit-prysrisikobestuur.
GWK het ‘n mededingende voordeel in die verhandeling van nisprodukte wat tipies slegs in besproeiingsareas geproduseer word en waarvan ‘n groot gedeelte binne die tradisionele GWK-gebied geleë is. Dit sluit onder meer pekanneute, uitvoer-lusern, en nis-GMO-vrye mielies in. Dit plaas ons in ‘n ander kategorie as van die ander Suid-Afrikaanse landbou-organisasies. Sodoende is daar reeds ‘n internasionale netwerk opgebou van kopers van nisprodukte waaraan nie net GWKbesighede blootgestel is nie, maar ook ander landbou-organisasies waarvan die internasionale-bemarkingspan van GWK die bemarkingsaktiwiteite behartig. Selfs nis-graanprodukte wat voorheen tipies slegs in Suid-Afrika verhandel is, word teen kompeterende premies in die buiteland verhandel. Dit is ‘n strategie waarop GWK verder wil bou en die implementering van die nuwe sagteware stel GWK in staat om produsente selfs verder bloot te stel aan internasionale markte. Dit is egter nie net die produsente van produkte wat internasionaal bemark word wat blootgestel sal word aan die nuwe verhandelingsplatform nie, maar so ook graanprodusente. Die verwagting is dat die gebruik van die sagteware graanverhandeling op ‘n totale nuwe vlak sal plaas. Op die
langtermyn beoog GWK om ‘n selfoontoepassing beskikbaar te stel aan produsente waarop alle kontrakte, lewering, markblootstelling ensovoorts gemonitor sal kan word. Daar word selfs beoog om elektroniese verhandeling vanaf die toepassing in die toekoms moontlik te maak. Die eerste fase van die sagteware sal gedurende 2019 uitgerol word. Veranderinge wat produsente kan verwag sluit in ‘n nuwe kontrakteringsprosedure, asook ‘n verandering in die formaat van skriftelike bevestigings en leweringsadvies. Alle dokumentasie sal voortaan in Engels wees om seker te maak ons dokumentasie is in lyn met internasionale verwagtinge om sodoende produsente direk bloot te stel aan ‘n plaas-tot-vurk internasionale bemarkingskanaal. Pekanneut-, katoen- en aartappelprodusente sal eersdaags bekendgestel word aan die tegnologie, terwyl graan-, lusernen grondboonprodusente later in die jaar geraak sal word. Produsente kan gerus wees dat GWK se verkrygers van die onderskeie kommoditeite persoonlik die veranderinge en impak van die nuwe platform sal verduidelik. Hou ook die volgende uitgawe van Kommuniek dop waar ons die spesifieke tydslyne vir die uitrol en implementering van die stelsel in meer besonderhede sal kommunikeer.
49
GWK Farm Foods Veilings Madri Scheepers
STOETBULLE VERSTERK THABA NCHU-BOERE SE TOEKOMS
Balimi – mense in landbou, Rui – beesboere, Forum – ons doen dit saam. Dit
is waarvoor die Balimi-Rui ontwikkelingsforum staan in die Thaba Nchu-distrik, ‘n klipgooi van Bloemfontein. Hierdie forum is vyf jaar gelede tot stand gebring deur ‘n groep mense wat besluit het om self verantwoordelikheid te neem vir die sukses van hul boerderye.
(foto's: Madri Scheepers)
50
Die forum bestaan uit ongeveer 20 lede, waarvan die meeste hul eie grond besit en ander wat huur by die regering om hul boerderye te bedryf. In die area fokus hulle hoofsaaklik op beesboerderye. Soos met enige boerdery het hulle unieke uitdagings om te oorkom. Een daarvan is om hul kuddes
te versterk om beter pryse vir hul diere te kry in die mark. Om dit moontlik te maak is dit nodig om top-genetika
Sarel Cilliers (GWK Veilings) oorhandig hier die bulle aan Ernest Gaetsewe (voorsitter van Balimi-Rui). By hulle is Nic Zaayman (GWK Veilings), Constance Moletsane (sekretaris van Balimi-Rui), John Mokhuoa (tesourier van Balimi-Rui) en Mosoaka Nephthaly.
stoetbulle by hulle kuddes te voeg. GWK Veilings is reeds ‘n ruk lank betrokke in dié gemeenskap sedert daar ‘n paar jaar gelede besluit is om veilings na die area te bring. Veilings word op ‘n gereelde basis aangebied by die Cultural Hall, Ramakgari Ratau, op Thaba Nchu die afgelope paar jaar. Dit beteken onder meer dat die plaaslike boere ‘n geleentheid het om hul diere op veiling aan te bied teen mededingende pryse, sonder om vervoerkostes na Bloemfontein aan te gaan om dit daar te verkoop. Só ook het GWK Veilings besluit om die boere in die omgewing verder by te staan met hul droom vir beter kuddes en in Januarie vanjaar het GWK drie stoetbulle aan die forum geskenk. Die twee Bonsmara-bulle is aangekoop by Johan Goosen en ‘n wit Brahman-bul by Piet Calitz, wat hul ondersteuning gewys het deur die bulle teen uiters goeie tariewe aan GWK te verkoop. Sarel Cilliers, Veilingsbestuurder van die Vrystaat-streek, sê GWK Veilings het die behoefte van die area se boere raakgesien om beter te boer ten opsigte van veeproduksie, asook om hul kuddes te verbeter, en daarom is die besluit geneem om hulle te ondersteun. Die drie bulle is in Januarie vanjaar afgelewer deur die span van GWK
Veilings op die plase van Ernest Gaetsewe (voorsitter van Balimi-Rui), John Mokhuoa (tesourier van Balimi-Rui) en Constance Moletsane (sekretaris van Balimi-Rui). Die opgewondenheid was groot. Die verteenwoordigers van die forum het gereed gestaan vir die ontvangs van die bulle en op Gaetsewe se plaas is die koeie nader gebring om die eerste Bonsmara-bul te verwelkom by sy nuwe tuiste. Gaetsewe sê dat hierdie bulle ‘n enorme verskil gaan maak in hul boerderye. Daar is ‘n plan saamgestel om die bulle optimaal te benut deur hulle op ‘n rotasiebasis tussen die lede van die forum te gebruik. Hy sê verder dat hulle hierdeur die lede wil aanmoedig om later hul eie bulle te koop, en nie te wag vir hulp van buite nie. Hy noem ook dat die bulle hulle in staat gaan stel om die gehalte van hul kuddes te verhoog en daardeur kan hulle verder belê in hul boerderye, sowel as in die gemeenskap. “Ons moes in die verlede na Bloemfontein reis om ons diere op veiling aan te bied en het nie altyd die beste pryse daar gekry nie. Vandat GWK die veilings op Thaba Nchu aanbied, is dit baie makliker en meer gerieflik,” sê Gaetsewe. “Ons het die ondersteuning van die privaat sektor nodig, want sover het GWK se betrokkenheid nog
net ons boerderye en mense beter gemaak.” Willie Meyer, Hoof van GWK Veilings, sê dat die veilings wat hulle die afgelope paar jaar suksesvol hier aanbied het nie nét die platform vir die Thaba Nchu boere skep om hulle diere te bemark nie, maar hulle het ook daarin geslaag om hul bemarkingskostes te verlaag deurdat die koste van vervoer en gewigsverliese van diere tydens vervoer na Bloemfontein verminder is. “Sarel en sy span doen veral moeite met koopkrag vir hierdie veilings en die hoogste speenkalfprys vir ligte kalwers, R45,30/kg in 2018 vir GWK Veilings, is op een van hierdie veilings behaal,” sê Meyer. “Met die skenking van dié bulle wil GWK sy ons-doen-dit-saam met die Balimi-Rui-ontwikkelingsforum bevestig.”
51
GWK Farm Foods GWK Vleis Madri Scheepers
DIE IMPAK VAN
BEK-EN-KLOUSEER Bek-en-klouseer is ‘n brandpunt in die media te midde van die uitbreking van dié siekte in Limpopo. Dit is natuurlik nie gevaarlik vir mense nie, maar is hoogs aansteeklik by hoofsaaklik beeste, maar ook varke, bokke, skape en ander spleethoewige diere, insluitend wild. Volgens Gerhard Schutte, uitvoerende hoof van die Nasionale Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) is daar tot en met 30 Januarie 2019 vier gebiede waar daar positief vir bek-enklouseer getoets is, wat by die OIE (World Organisation for Animal Health) aangemeld is. “Dié gebiede is met PCR- en serologiese toetse bevestig wat deur die oorgrens-dieresiekte-program van die Onderstepoort Veterinêre Navorsingsinstituut uitgevoer is,” sê hy. Volgens hom is die area binne ‘n radius van 20km en daar word beraam dat 15 000 beeste geaffekteer is. Die enigste manier om die verspreiding van die siekte te voorkom, is om te verseker dat diere wat besmet is nie met gesonde diere in aanraking kom nie. Hoewel bek-en-klouseer nie die diere in die sentrale streek direk beïn-
52
vloed in hierdie stadium nie, het dit natuurlik ‘n sekondêre invloed vir veeboerderye regoor die land aangesien uitvoere ná die aankondiging totaal gestaak is totdat die siekte onder beheer gebring kan word en die minimum-wagperiodes verby is. Wat is die tekens van bek-en-klouseer? (Bron: Departement van Landbou, Bosbou en Visserye) nn
nn
nn
Blase en sere in die mond (tandvleis, lippe en tong), wat rou en gevoelig is. Hierdie maak dit uiters moeilik vir die dier om te eet en veroorsaak gereeld dat die diere kwyl. Blase en sere tussen die tone waar die hoef en die vel bymekaarkom. Hierdie kan veroorsaak dat die dier mank loop of glad nie wil loop nie. In uiterste gevalle kan die dier selfs die hoef verloor. Koeie kan seerplekke op hul spene ontwikkel, wat ‘n afname in melkproduksie tot gevolg het.
Watter pro-aktiewe oplossings is daar vir die toekoms? Volgens ‘n opiniestuk van Dr. Tania Prinsloo, ‘n dosent aan die Universiteit van Pretoria, wat gepubliseer is in TheConversation Januarie vanjaar, is een manier waarop waarop beken-klouseer beheer kan word binne ons landsgrense ‘n effektiewe en opgedateerde naspeurbaarheidstelsel (Livestock Identification and Traceability System of LIT-stelsel). Sy noem onder meer in die artikel dat hierdie sisteem kan help om besmette diere te identifiseer en onder kwarantyn te plaas om te verseker dat gesonde diere nie in daardie areas inbeweeg nie. Schutte sê dat ‘n naspeurbaarheidstelsel in die toekoms van groot waarde sal wees en kan help met die beheer van vele ander dieresiektes. Ná die uitbreking van bek-en-klouseer het dit nou meer duidelik geword waarom Suid-Afrika so ‘n stelsel nodig het. Hy noem egter dat Suid-Afrika se LIT-stelsel ver agter is in die implementering daarvan en dat die bestuur van só ‘n stelsel ingewikkeld kan raak, omdat
elke dier se beweging gemonitor moet word. Hy sê dit gaan egter samewerking tussen industrieë en die polisie verg, maar as almal hande vat en saamwerk is dit moontlik om die LIT-stelsel in volle werking te kry. “Gelukkig vir ons beweeg tussen 70% en 80% van Suid-Afrika se speenkalwers deur voerkrale,” sê Schutte. “Die naspeurbaarheid vanaf voerkrale na die abattoirs is reeds beskikbaar.” Hy noem ook dat naspeurbaarheidstelsels moontlik binnekort ‘n vereiste vir uitvoere gaan word, omdat die invoerder presies wil weet waar die produkte vandaan kom. Die beplanning en uitrol van ‘n LIT-stelsel vir Suid-Afrika moet deur die Nasionale Dieregesondheidsforum (NAHF) gedryf word. Daar is ‘n komitee gestig om hierdie proses te dryf, waarvan die RPO verteenwoordig word deur Schutte en Willie Clack. In hierdie stadium is daar ‘n tender uit vir die uitrol van die LIT-stelsel, waarna die NAHF die instansie sal aanwys wat geleentheid sal kry om ‘n besigheidsplan voort te bou.
weging van diere met ‘n gesplete hoef in of uit die besmette gebied toegelaat nie en enige vervoerpermitte is opgeskort. “Produkte van diere met ‘n gesplete hoef word toegelaat om binne die ge-
Wat is bek-enklouseer?
Bek-en-klouseer is ‘n ernstige virale infeksie wat maklik oordraagbaar is. Die virus kom voor in alle liggaamsvloeistowwe soos speeksel, uriene, ontlasting en melk. Dit oorleef ook in die lug en daarom word dit uitgeasem deur alle besmette diere.
Hoe word diere daarmee besmet?
Diere kan die siekte kry wanneer hulle besmette liggaamsvloeistowwe inkry of as hulle die virus inasem. Mense kan ook die virus oordra deur vuil klere, skoene, hande en selfs voertuie se bande waar die virus teenwoordig is. Beeste word hoofsaaklik geraak deur die siekte, maar varke, bokke, skape en ander spleethoewige diere, insluitend wild, kan ook besmet word met die siekte.
Wat is die tekens?
Blase en sere in die mond (tandvleis, lippe en tong), wat rou en gevoelig is en dit moeilik maak om te eet. Blase en sere tussen die tone waar die hoef by die vel bymekaarkom wat beweging belemmer. In uiterste gevalle kan die dier selfs die hoef verloor. Koeie kan seerplekke op hul spene ontwikkel wat ‘n afname in melkproduksie tot gevolg het.
Hoe word dit voorkom?
Buffels in die Kruger Nasionale wildtuin is draers van die siekte, maar wys geen simptome nie en soms kan die beeste rondom die wildtuin die siekte kry. Om te verhoed dat die siekte versprei, is dié area afgebaken om die beeste van die res van die land te skei. Dit word die Protection Zone genoem. Alle beeste in die area word ondersoek en sommige word ingeënt om verspreiding van die siekte te voorkom.
Hoe word die krisis in die korttermyn aangespreek? Terwyl die LIT-stelsel op die langtermyn siektebeheer kan verbeter, word die huidige krisis aangespreek deur ‘n gesamentlike operasionele taakspan wat daagliks vergader en verteenwoordigers van die verkeersdepartement, rampbestuur, die polisie, rooivleisbedryf insluit, asook provinsiale- en departementele veeartse, sê Schutte. “Die taakspan het toegesien dat 15 padblokkades op strategiese punte in plek geplaas is om die beweging van diere te beperk. Die veterinêre taakspan vergader daagliks en is in beheer van inspeksies, inenting en die beweging van diere,” sê hy verder. Die inenting van beeste het op 14 Januarie 2019 afgeskop waartydens beeste in besmette nedersettings eerste ingeënt is, sowel as die in die 20km-radius rondom dié nedersettings. Schutte sê dat daar tot die begin van Februarie meer as 10 000 beeste reeds ingeënt is. Behalwe vir inentings word geen be-
bied te beweeg, maar enige bewegings uit die gebied sal op meriete beoordeel word en slegs toegelaat word ingevolge ‘n permit wat deur die plaaslike staatsveearts en na gelang van die voorwaardes uitgereik is,” sê
53
54
hy. Schutte noem verder dat die beweging van diere met ‘n gesplete hoef, sowel as onverwerkte produkte uit die Mopani-, Vhembe- en Capricorndistrikte en die Molemole-munisipale gebied, tot verdere kennisgewing afgeraai word. “Slegs verwerkte produkte wat met sodanige metodes behandel is wat verseker dat die bek-en-klouseer-virus nie aktief is nie, is veilig om uit die gebied verwyder te word.” Hy sê hoewel die Nasionale RPO in hierdie stadium gelukkig is met die verloop van die bestuur van die krisis, voel hy dat die rooivleisbedryf sy toekoms in eie hande moet neem en eerder voorkomend as reaktief optree deur ‘n permanente strategie vas te stel in
Limpopo, Mpumalanga en KwaZuluNatal. “Die hooffokus is egter nou om Suid-Afrika se bek-en-klouseer-vrye status terug te kry,” sê hy. “Ons moedig produsente aan om met die provinsiale dieregesondheidsforums te skakel om ingelig te bly oor wat in hulle omgewings aangaan.”
Die dalende tendens het ook in Desember, wat tradisioneel beter slagpryse bied, voortgeduur – ‘n baie duidelike aanduiding van ‘n sukkelende mark. Verwagtinge was ook dat beesslagpryse gedurende Desember sou piek, maar die slagpryse vir A-graad bees het gedurende Desember 2018 op nagenoeg R44,00/ kg voortgesukkel nadat dit in Oktober 2018 rondom die R46,00/kg-merk begin spoed verloor het. Hierdie slagpryse was, in teenstelling met verwagtinge, tussen 11% en 15% laer as die ooreenstemmende periode ‘n jaar gelede. Indien daar wesenlik meer slagdiere aangebied was, sou ‘n mens nog kon redeneer dat die aanbod van slagdiere beter was en derhalwe afwaartse druk op slagpryse
geplaas het. Die aanduiding is egter dat die aanbod van slagdiere ten beste soortgelyk as die ooreenstemmende periode ‘n jaar gelede was en dat die afwaartse druk grotendeels as gevolg van ‘n sagte vraag ontstaan het. Benewens die sagter vraag na vleis, is die waarde van velle en huide ook heelwat laer as ‘n jaar gelede en ‘n groot deel van die bruto-inkomste uit ‘n slagdier het ook so verlore gegaan. Die uitvoerbeperking het verder tot hierdie ellende bygedra, terwyl die styging in mieliepryse ook bydra tot verhoogde voerkoste wat ‘n impak op kalf- en lampryse het. Die impak bek-en-klouseer was dus eintlik maar die laaste spyker in die kis in ‘n sameloop van omstandighede
Hoe beïnvloed dit produsente in GWK se bedieningsareas? Alex Cilliers, Hoof van GWK Vleis, vertel meer: Die aankondiging van die uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo het ‘n negatiewe impak op die hele vleiswaardeketting in Suid-Afrika ge-
had met die uitvoere van vleis, huide en velle wat onmiddellik gestaak is. Die gevolglike daling in slagpryse vir bees en skaap, asook die aanbodpryse vir stoorlammers en speenkalwers kan egter nie net toegeskryf word aan hierdie insident nie, maar moet eerder as ‘n toevoeging tot reeds bestaande uitdagings in die ketting gesien word. Die swak ekonomiese toestande in veral die tweede helfte van 2018 het ‘n demper geplaas op die verbruikersvraag na rooivleis. Die dalende tendens in slagpryse van skaap is reeds sedert September 2018 ‘n realiteit, met die verbruikersvraag wat stadig maar seker gekwyn het. Die volgende prysgrafiek toon hierdie tendens baie duidelik aan:
waarin die produsent (met die enorme uitdaging van ‘n voortslepende droogte) verder bloedneus geslaan word en daar in die industrie ‘n hele klomp uitdagings in die kollig geplaas is. Dit is duidelik dat die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf sy manier van dink en doen sal moet aanpas en oplossings moet vind deur saam te werk ten einde hierdie tipe van uitdagings die hoof te kan bied om alle rolspelers in die ketting se volhoubaarheid beter te kan verseker. Die verwagting is dat sekere geprosesseerde vleis, huide en velle vroeër eerder as later weer uitgevoer sal kan word. Wanneer die uitvoerverbod op verpakte vleis gelig sal kan word is egter ‘n groter vraagstuk en sal waarskynlik langer duur as bloot weke.
Produsentefokus Madri Scheepers
GWK OLIESADE DRA BY TOT
DROOGTEVERLIGTING Met die droogte wat groot dele van die land op sy knieë dwing, is daar baie boere in die streek wat voer vir hul diere broodnodig het. Behalwe vir die ander inisiatiewe waarby GWK betrokke is saam met landbou-organisasies om in droogtehulp te voorsien, het een van die besigheid se afdelings, GWK Oliesade, die nood raakgesien en besluit om ‘n ekstra bydrae te maak aan ons streek se boere. Dié afdeling het die surplus koringkafbale, wat by Grondbone gebruik was, geskenk aan areas waar dit die nodigste is. Die ongeveer 540 bale is bestem vir die Griekwastad-, Williston- en Calivinia-distrikte. Die eerste vrag is op 23 Januarie 2019 gelaai en in samewerking met Agri Noord-Kaap versprei na die areas waar daar onmiddellik hulp benodig word. Johan Els, Eenheidsbestuurder van GWK Pecans, wat die koördinering van die laai en versending doen, sê dat hoewel hierdie nie ‘n reuseverskil gaan maak aan die droogtegeteisterde gebiede nie, daar darem ‘n klompie diere is wat iets gaan hê om te vreet sonder om etlike kilometers ver te loop en soek.
55
(foto: Conrad Bornman)
Ons spesialiste Madri Scheepers
56
Soos
“Dit gaan ‘n uitdaging wees as Ian weg gaan, maar is ook ‘n ongelooflike geleentheid om my eie stempel op die Landzicht-wyne te sit.”
die meeste mense van die NoordKaap reeds weet, is ons groot wynmaker, Ian Sieg, al ‘n paar jaar agter die stuur van Landzicht-kelders en het oor die jare ‘n rits toekennings ingepalm vir die wyne van dié kelder op die mees gesogte wynskoue in SuidAfrika. Om te verseker dat daar op dié suksesse voortgebou word, het daar sowat ‘n jaar gelede ‘n nuwe wynmaker by Sieg aangesluit – Sanmari Snyman. Sy gaan uiteindelik die verantwoordelikheid van hoof-wynmaker van Landzicht oorneem by Sieg wanneer die tyd aanbreek om sy wynmaakdae te verruil vir die rustigheid van afgetrede lewe. Gedurende die afgelope jaar het Snyman die geleentheid gekry om haar kennis oor die kuns van gehalte Noord-Kaapse wyne te verskerp saam met Sieg, ‘n tyd waarin daar ‘n heelwat wyne gebottel is wat nasionale toekennings ontvang het. Snyman is ‘n Noord-Kaapenaar in murg en been, sy het grootgeword in die Petrusville-distrik en later het hulle verhuis na Vanderkloof. Sy het gematrikuleer aan Hoërskool Hopetown voordat sy die Noord-Kaap vir ‘n wyle verlaat het om te gaan studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. Daar het sy haar graad in BSc Agric met wingerd- en wynkunde voltooi voordat sy by die kelder op Jacobsdal gaan werk het vir ‘n paar seisoene. Hier het sy ook saam met Sieg gewerk en haar eerste ondervinding van die uniekheid van die Vrystaatse en Noord-Kaapse wynlande gehad. Sy sê die besluit om ‘n wynmaker te word, het begin by die soeke na ‘n beroep wat by haar liefde vir die buitelewe kon pas. In haar eie woorde, “om in ‘n kantoor te werk, is net nie vir my nie.” Met haar ma se familie wat op Robertson in die Kaapse wynlande gebly het, het sy reeds vroeg die mooi van die wynbedryf raakgesien. Vandaar het sy besluit om ondersoek in te stel en besef dit is iets wat perfek by haar lewe en passie gaan pas. Snyman het verder haar vaardighede geslyp toe sy vir Overhex Wines International op Worcester gewerk het. Hier het sy die geleentheid gekry om op ‘n internasionale vlak blootstelling
te kry en het selfs haar kennis in lande soos Duitsland en Australië verder verskerp. Oor haar ondervinding tussen die verskillende wynlande van SuidAfrika sê sy dat die Noord-Kaap en die Kaapse wynlande natuurlik wêrelde van mekaar verskil, selfs tussen kelders in dieselfde streke. Dit het egter baie gehelp dat sy in albei wêrelde kon werk en met haar kennis van die Noord-Kaap het sy immers in geweet wat om te verwag van die omgewing, weerpatrone en unieke grondeienskappe. Sy noem verder dat die wynbedryf baie uitdagend is, maar tog iets is wat sy elke dag geniet. “Daar is nie twee dae wat dieselfde is nie – wat gister gewerk het, gaan nie noodwendig vandag werk nie,” sê Snyman. “Dit is soos om heeltyd ‘n legkaart te bou.” Dit is veral uitdagend in ‘n gebied soos die Noord-Kaap wat nie tradisioneel bekend is vir gehalte wyne wat kan kers opsteek by die voorste wynkelders in die land nie. Dít het egter nog nooit vir Landzicht ingeperk nie, wat weerspieël word in die toekennings wat die kelder reeds ontvang het. Snyman sê verder dat die produsente in ons area verbind is tot die kelder se sukses en ‘n integrale deel is van die gehalte wyne wat hier geproduseer word. Daar word steeds wingerd aangeplant om in die kelder se behoefte te voorsien en die span werk nou saam met produsente om die beste produk te verseker. Haar liefde vir die buitelewe maak dit geen verrassing dat sy en haar twee dogters die natuurskoon van die Douglas-omgewing geniet nie. As sy nie by die kelder besig is nie, spandeer hulle graag tyd langs die rivier of enige plek waar hulle rustig onder die blou lug kan ontspan. Snyman sê sy is dankbaar vir die tyd wat sy saam met Sieg kon werk om haar voor te berei vir die pad wat voorlê wanneer sy die leisels gaan oorneem. Sy sê dat uitsien daarna om voort te bou op die kelder se sukses en gehalte wyne wat hulle tans by die kelder beskikbaar het en ook goeie waarde vir geld is. Sy noem verder dat hierdie voortbou beslis moontlik is saam met die span by die kelder wat nou saam werk om dit te realiseer.
57
58
Hugo Bezuidenhout SANparke
Grondkartering
lewer waardevolle inligting Die behoefte aan ‘n plantegroeikaart en beskrywing is onmisbaar vir volhoubare bestuur van natuurlike hulpbronne. Ek
dink dat meeste van die GWKprodusente vertroud is met grondkartering van landbougrond. Groot tegnologiese vordering is gemaak sedert dié gronde vroeër jare met behulp van ‘n grondboor deur die navorser geïdentifiseer is en dan op grond daarvan gekarteer is sodat besluite ten opsigte van besproeiing en die keuse van gewasse gemaak kon word. Ons het gevorder tot waar grond vandag met behulp van ‘n apparaat wat agterop ‘n motorfiets gemonteer, verskille opgetel en op grond van die geleidingsvermoë van die grondtipes, gekarteer kan word. Hierdie inligting maak dit dan moontlik om intensief op ‘n klein grondoppervlak die behoefte aan water en bemestingstowwe te bepaal. Ongelukkig word die plantegroei, wat natuurlik bo-op hierdie grond voorkom, nie so goed en deeglik beskryf nie, wat dikwels tot die agteruitgang van die natuurlike veld lei. Die term plantegroei is die saamgestelde verwysing na plantgemeenskappe soos wat flora ‘n saamgestelde verwysing na die totale aantal plantspesies is. Een van die eerste informele plantegroeibeskrywings van Afrika is deur Vasco Da Gama in Desember 1479 gedoen, toe hy in ‘n oostelike rigting verby (nou bekend as) Mosselbaai gevaar het. Hy het nie die Afrika-soogdiere soos renosters, leeus en olifante aangeteken nie, maar eerder die landskap met die plantegroei beskryf sodat hy later op sy terugvaart hierdie inligting kon gebruik om onder meer vas te stel waar hy vars water van riviere kon kry. Sedert Da Gama verbygevaar het, het verskeie ontdekkers
bygedra tot die beskrywing van die plantegroeilandskap na die beste van hulle vermoë. In ‘n vroeër uitgawe (Kommuniek, Februarie 2018) is daar na plantegroei en die belang van korrekte bestuur van ekosisteme verwys. Dit is voor die hand liggend dat die natuurlike plantegroei die eerste aanduiders van enige verandering in die grond, geologie of klimaat is. Plante het maar, soos enige lewende organisme, grense van verdraagsaamheid waarbinne dit kan oorleef. Hoe nouer hierdie grense aan mekaar en hoe meer spesifiek die behoeftes, hoe groter is die organisme se kans om uit te sterf as gevolg van veranderende faktore, soos byvoorbeeld verlies aan habitat. Deur die plantegroei te klassifiseer en karteer kan langtermyn veranderinge gemonitor word en sikliese seisoenale veranderinge geïnterpreteer word. Net soos mense, het plantspesies ook hulle voorkeure van waar hulle wil groei en met wie wil hulle assosieer. So is daar plante wat hou van hoë reënval-areas in Suid-Afrika, maar ook – gelukkig vir ons – plante wat van droër areas hou. Dan is daar dié wat baie spesifiek ‘n lys van voorkeure het: Baie van dié plantspesies is bedreig en sekeres kom glad nie meer voor nie, want deur hulle seleksie het hulle hulself “uitgesterf” en weens tekort of geen habitat, verdwyn van die aardbol. In Suid-Afrika word daar tans, volgens die breedste klassifikasiesisteem (Mucina & Rutherford 2006), nege Biome onderskei, naamlik die Savanne, Woestyn, Sukkulente Karoo, NamaKaroo, Grasveld, Woud, Fynbos, Albanie Ruigte en laastens die Indiese
Oseaan Kusbelt. Die volgende klassifikasievlak is om plantgemeenskappe of plantegroeitipes in noue assosiasie met die landskap of habitat te identifiseer. Die eerste persoon wat so ‘n plantegroeilandskap gekarteer en beskryf het, was Acocks in 1951. Voor Acocks het Pole Evans (1936), Adamson (1938) en Pentz (1945) die Unie van Suid-Afrika se plantegroei baie breedweg probeer beskryf met onderskeidelik 19, 14 en 21 plantegroeitipes. Acocks het egter ‘n landbou-agtergrond gehad en het derhalwe die plantegroei van Suid-Afrika uit ‘n landbou-oogpunt beskou en die landbouvoordele van elke veldtipe uitgelig. Uit sy werk is 70 veldtipes beskryf met 75 moontlike variasies daarvan. Met die variasies het hy soms bespiegel of die grasveld nie dalk ‘n kruidveld of bossieveld moes wees nie, of dalk moes dit ‘n bosveld gewees het. Hy het goeie werk gedoen en daar word vandag nog na sy kaart en sy memoirs¹ verwys. Ongelukkig is hy in 1979 oorlede voor hy die hersiening van sy 1953-kaart en -beskrywing kon doen, want hoewel dit meer deeglik was as dié van sy voorgangers, was daar steeds groot leemtes met gebiede wat hy nooit kon besoek nie. Eers in 1996 het Low en Rebelo ‘n meer “suiwer” plantegroeiklassifikasie van Suid-Afrika, Lesotho en Swaziland aangepak.² Hulle het 68 plantegroeitipes geïdentifiseer en beskryf. Tien jaar ná Low en Rebelo se werk, het Mucina en Rutherford in 2006 die plantegroei van Suid-Afrika, Lesotho en Swaziland gekarteer en beskryf.³ Hulle het van verskeie medewerkers en data wat regoor die land versamel is, gebruik gemaak om die huidige plantegroei-
59
kaart saam te stel en te publiseer. Die beskrywing van die gekarteerde plantgemeenskappe is van kardinale belang en die kaart sal weinig waarde hê sonder habitat- en omgewingsbeskrywing. Mucina en Rutherford het 435 plantegroei-eenhede gekarteer en beskryf met reeds bestaande data tot hulle beskikking. Hierdie kaart word gereeld opgedateer soos nuwe inligting uit onlangse studies beskikbaar word. Uit hierdie studie is dit baie duidelik dat elke plantgemeenskap binne ‘n plantegroei-eenheid, binne ‘n groter Bio-streek, en laastens binne-in ‘n bioom pas. Met ander woorde, binne die groter raamwerk is daar talle mikro-habitatte, byvoorbeeld klipkoppies of dreineringsbane, elk met sy geassosieerde plantgemeenskappe. Wanneer daar dus na plantegroeikartering op wild-, bees- of skaapplase gekyk word, is die skaal van kartering baie belangrik. Elke produsent weet dat daar op sommige plekke op die plaas in ‘n kort afstand verskeie plantgemeenskappe en mikro-habitatte kan voorkom en daar ‘n streep getrek moet word en besluit word op watter skaal die plaas gekarteer moet word. Dit hoef nie in die fynste besonderhede gedoen te word soos binne ‘n bewaringsgebied (soos Nasionale Parke waar sensitiewe plantgemeenskappe, of skaars en bedreigde plantspesies voorkom) nie. Vir die produsent is dit belangrik dat die geologie, grond en plantegroei homogeen moet wees in die breër sin. Dit kan dan as hulpmiddel gebruik word om seker te maak dat oor- of onderbenutting wat tot verdigting van sekere plantspesies kan lei, nie plaasvind nie. Plantegroeikartering en -beskrywing is die mees algemene hulpmiddel om ingewikkelde ekosisteme te probeer verstaan, bestuur of om probleme op te los. Plantegroei is direk of indirek die natuurlike hulpbron wat voedsel verskaf, en indien die funksionering daarvan nie reg verstaan en tot voordeel gebruik word nie, gaan ongelooflik baie waardevolle riglyne om jou plaas te bestuur verlore. Verder is dit ewe belangrik as daar na die grondhulpbron gekyk word in terme van siklisering van voedingselemente, stabilisering en erosievoorkoming, skepping van habitat vir fauna en nog vele meer. Huidige wetgewing vereis egter
60
dat indien die grondgebruik van natuurlike plantegroei verander sou word deur byvoorbeeld ‘n dam te bou of ‘n besproeiingsland te maak, ‘n impakstudie deur ‘n geregistreerde persoon moet doen vir die aansoek om ‘n toestemmingspermit te bekom. Die gebruike van plantegroeikartering is velerlei en in bewaringsorganisasies soos SANParke word dit ook gebruik vir lugsensus, bepaling van habitatbeskikbaarheid vir dierspesies en om getalbeheer sinvol toe te pas. Verder voorsien dit inligting aan restorasieprojekte van grond/plantegroei wat geërodeer is of omgeploeg was en weer herstel moet word na plantgemeenskap-cum-habitat soos dit voorheen was. Ten opsigte van bestuursbeplanning oor die bou van toeristepaaie, ruskampe en piekniekplekke, is hierdie inligting onontbeerlik. In baie gevalle is hierdie data van die plantegroei die enigste wat nog oor is van die plantgemeenskap aangesien dit reeds buite die park gemyn, geploeg of oorbewei is. Die inligting sal ook help met die voorspelde klimaatsveranderinge. Soos hierbo verwys is na die skaal waarop plase gekarteer moet word, is dit in die geval van bewaringsgebiede net so belangrik. Die Biomekaart en plantegroei-eenhede van die mees onlangse plantegroeikaart van Suid-Afrika, Lesotho en Swaziland (2006) is ver te grof vir plaas- of reservaatbeplanning met ‘n grootte van plus minus 10 000 hektaar, soos gesien word in die voorbeeld van Mokala Nasionale Park. Aan die ander kant wil ‘n mens ook nie die klein mikro-habitatte van ‘n Suurkareestand uitkarteer nie. Daarom is die voorstel dat hanteerbare bestuurseenhede wat landskaptipes genoem word, gebruik word. ¹ Acocks, J.P.H., 1953, ‘Veld types of South Africa’, Memoirs of the Botanical Survey of South Africa 28, 1–92. ² Low, A.B. & Rebelo, A.G. (redakteurs) 1996. Vegetation of South Africa, Lesotho and Swaziland. Dept. Environmental Affairs & Tourism, Pretoria. ³ Mucina, L. & Rutherford, M.C. (redakteurs) 2006. The vegetation of South Africa, Lesotho and Swaziland. Strelitzia 19. South African National Biodiversity Institute, Pretoria.
Mokala Nasionale Park: plantegroei-eenhede
Biome van Suider-Afrika Fynbos Sukkulente Karoo Nama-Karoo Woestyn Savanne Grasveld Albanie Ruigte Indiese Oseaan Kusbelt Woud
61
RAAI
Kommuniek Talloos
Toegang Infrarooi
Kolosse
En so meer
Gewig
Houers van goiing
Beskik oor
Treinstoppe
Militêre groet Slotwoord
Wyn se vrugte
Insake
Yster of lood
Adjunk-
Met min geld
Geseënde
Bestaan Versterkte kaste
Olm
Sakesentrum is hier Ná Vr.
Beslis nie
Erwe
Lugstroom
Hemelbol
Daad van te kies
Skryfstof Gebeurtenis Nie op regte tyd nie
Engelse bier
Treurige
Gleuf in die grond
Korreltjies klip
Met eg inwerk
Saam Nas. Kankerver.
Sewe Oorskot
Houer om petrol in te bewaar
Sesde noot
Kykorgane
60 minute
Songod
1000 kg
Vate Egipte
Buiten
Andante Spreek keiser só aan
Huisdier wat blaf
Die sykant dek
Ek en jy Na sig
Bedspreie
Bedaard
Berg op Kreta
Afsku hê
Turkse mus
Nie oop nie
Koopman
Boere bid hiervoor
Besoekers
Tor
Vark
Ry dinge in orde
Hartlik
Staties
Veryste reëndruppels
Sigaar
Leesteken vir stop
droog Klassieke Slagbees Nienie ou kar
Bobbejane
Luiseiers
Kalaharigras
Afgod
Vreet Argon
Oplossing vir KommuniekRAAI (Desember 2018/Januarie 2019) op bladsy 64.
62
Gewese ega
Houvas kry Tronkkamer
Skraal
Tot die slotsom kom
Onvrugbaar
Toevoeg
Gedaal
Skat
Sikloon
Toegangsweg
Bakplekke
Tydperk
Lopende rek. Geurige saad
Wend
Iedereen
Mak Immers swemvoël
Kookwater se damp
Koue wit vlokkies
Broeiplek
Pouse
Nagvoëls
Onder die mond
Erediensgebou
Weier
Versier
Nagmaalsbeker
Graveer
Katoenstof
Doktorandus
Kinderpret
Help Meneer Mol tot bo!
63
Leefstyl Madri Scheepers Bron: hiconsumption.com
In Suid-Afrika braai ons almal graag saam vriende, gaan vang vis, ry bergfiets of perd, speel ‘n rondte gholf of gaan jag in die wintermaande vir ontspanning. Volgens verskeie studies is daar keer op keer bewys dat dit goed vir die siel en gesondheid is om ‘n stokperdjie te beoefen. So, dit kan seker nie skade doen om nog een of twee te ondersoek nie. Dalk is jy lus vir ‘n nuwe avontuur, maar het nog nie die kans gehad om te kyk watter interessante stokperdjies daar is wat jy kan probeer nie.
Ons het ‘n paar artikels op die internet gaan lees en hier is vyf opsies:
1. Brou jou eie bier
Druk jou eie stempel af op ‘n koue enetjie. Met ‘n bietjie inligting en ‘n magdom opsies beskikbaar op die internet, is jou eerste ale, lager of stout nie ‘n moeilike projek om aan te pak nie. Daar is heelwat webwerwe waar jy die toerusting kan aankoop om dié stokperdjie te begin.
2. Radio-beheerde vliegtuie
oplossing: Desember 2018 / Januarie 2019 R U G B M Y S P P A N E B A A I N S K O E T P E R
64
D N I E R E N T N S E V L A A S T O N E N B R E A N G K E E W K R E R I N O E M P K E L S A
S T M O E R S E M O E T E K G E R S K E S G A R M A G I N L V E E V A L G A D I E P T E E A R P A T Z E R O E S L E G L G K L A O L Y E D U N K B E E
L A S S K E A R A T R P E T K O L E R Y S I E E S S E N T G S O N R A R S
B G R A A S E U I K T T E N E R N V G L B A A K P A T A A T I N A E T I M N E E
O N N D E K R A S T
O N D O O I E R M A M P L E I E R K
Met drones wat deesdae die manier waarop dinge gedoen word heeltemal verander, is dit geen verrassing dat baie mense na vliegkuns draai as ‘n stokperdjie nie. Of jy nou jou drome uitleef om ‘n vegvliegtuig-vlieënier te wees of jou vaardighede as ‘n lugfotograaf wil uitoefen, hierdie is ‘n opwindende manier om die natuur van verder af te bewonder. Die produkte is ook maklik beskikbaar op ‘n paar e-handel webtuistes, so jou drone of vliegtuig is dalk net ‘n kliek weg. In van die groter dorpe en stede is daar selfs klubs wat gereeld bymekaarkom om die sport saam te geniet.
3. Horlosiemaker
Lus vir ‘n uitdaging? As jy iemand is met ‘n oog vir fynere detail, is die kuns van horlosies maak beslis vir jou. Die bou, werking en herstel van antieke horlosies is uiters kompleks. Die ratte en meganismes in hierdie klassieke horlosies sal jou vir ure kan besig hou.
4. Verfbal
Elke klein seuntjie het seker in een of ander stadium in sy lewe oorlog-oorlog gespeel. Verfbal kan jou daardie opwinding gee om ‘n regte oorlog-situasie te wees, sonder die gevare van ‘n werklike vuurgeveg (behalwe vir die kneusplekke, natuurlik). Dit leer jou strategie, tegnieke en spanwerk en gee jou die kans om dit saam met vriende te geniet.
5. Leer om ‘n instrument te speel
Of jy nou al jare getroud is of nou eers kersopsteek, mense is oor die algemeen geïnteresseerd in iemand wat ‘n instrument kan speel. Kitaar, saxofoon, klavier, maak nie saak nie. Verras dalk jou vriende, of ander helfte, by die volgende braai!
Resep
GEVULDE BEESFILET MET SONGEDROOGDE TAMATIES EN FETAKAAS Bestanddele 1 kg Beesfilet Sout en peper 100 g Fetakaas 1 Pakkie songedroogde tamaties in olie – gooi die olie af maar hou dit eenkant 45 ml Basiliekruid-pesto Tou
Metode Voorverhit oond tot 200°C. Sny die filet van bo tot onder oop sodat dit ‘n pakkie maak, wees versigtig om nie deur te sny aan die ander kant nie. Maak die vleis oop en smeer die pesto aan die binnekant. Pak nou die songedroogde tamaties in die middel en krummel die fetakaas oor die tamaties. Sny vier tot ses stukkies tou, maak die vleispakkie toe en bind dit vas met die tou om die vulsel binne te hou. Smeer die filet met die olie van die tamaties en geur met sout en peper. Verhit ‘n pan op ‘n plaat en verbruin die vleis aan alle kante. Sit die pan in die oond (of in ‘n oondvaste bak) en bak vir 15 tot 20 minute afhangend van hoe gaar jy jou vleis geniet. In die laaste agt minute, sit ‘n paar tamaties en uie by die filet. Notas: • Jy kan ander snitte biefstuk ook gebruik • Jy kan selfs varkfilet gebruik • Wissel jou vulsel af elke nou en dan en gebruik ingelegde vye en Camembert-kaas Bron: my-easy-cooking.com
65
Uit Piet se pen
0 0 1 R F E I L B E S S A Y M N E E L Die boodskap is van Sally. Ek is stomgeslaan. Kyk weer op my foon. Het ek reg gelees het? Sally? Kan nie wees nie. Sy kort geld. Sally het op 30 alles van haar familie geërf. ‘n Klein fortuin van haar konserwatiewe ouers. Dadelik haar betrekking bedank en by die huis gaan sit. 30 jaar oud. Slimmer as slim. Ronder as rond. Raad gevra, maar haar eie kop gevolg. Dit het lekker gegaan. Té lekker. ‘n Nuwe kar gekoop. Top of the range. Links en regs geld uitgeleen. Die versekeringsmanne het soos aasvoëls op haar toegesak. Sien nou nog hoe troos ‘n makelaar haar op die begrafnis. Ellende? Was nie lank nie of sy was ‘n huurder in haar eie agterplaas. Huis verkoop en haar “eie” buitekamer teruggehuur. Daar was nuwe geld en die proses kon van voor af begin. Weer raad gevra, maar haar besluite was klaar geneem. Die familie is te dom vir haar. My waarskuwing tot spaarsamigheid is met ‘n kort sms geantwoord. Ha-ha Piet, ons sal maar sien, cheers, Sally. Ons het later ál minder van haar gehoor. Toe skielik die boodskap van die R100. Wat kan sy met R100 doen? is die onmiddellike vraag. Sally was vaag om te verduidelik. Ek sal nie verstaan nie. Sigarette, lugtyd, krag en petrol. Alles kos geld. Weet ek dan nie hoe duur is die lewe nie? By nadere ondersoek vind ons toe uit sy bly nou in die township. Op ‘n dag is ons in die omtes en besluit om vir Sally te gaan opsoek. ‘n Rare ondervinding. Sy het aan ons verduidelik waar sy bly. “Nee, julle sal die plek maklik kry, kyk net uit vir ‘n groen
66
motor onder die boom…” Hoe verder ons die township in is, hoe meer armoedig die huisies. Honde, kinders en bedelaars oral te sien. Eindelik die groen motor onder die boom. Die kleur is eintlik nader aan bruin. Opgeroes. Net een ruit wat kan opdraai. Die voor- en agterruit goudgeel gebrand. Bande seepglad. Die bandspore op die grond lyk soos slangsleepsels. Die agtersitplek uitgehaal, dié staan langs die motor. Sitplek vir besoekers? Dit lyk of iemand snags in die motor slaap. Die voorkant loer skeeloog in ons rigting. Die lig stukkend. Net ‘n ligte stampie gewees. Remme is glo onklaar. Sally sit voor die huis op ‘n ou rusbank. Selfoon in die hand. Sigaret in die mond. Langs haar op die leuning ‘n pakkie goedkoop ingevoerde sigarette en ‘n dosie vuurhoutjies. Sy krap met ‘n vuurhoutjie in haar tande. Haar landlord hang kaalbolyf oor die onderdeur. Sally staan nie op nie. Sy is nou groter as groot. Yslik. Massief. Sy beduie ons moet uitklim en kom sit. Waar? Op die bank is nie plek nie. Sy beduie na ‘n paar omgekeerde verfblikke. Dulux interior blyk die beste opsie te wees. Ons voel nie na sit nie. Die honde het intussen op my wiele begin skryf. Ek haat dit! Traag beweeg ons nader. Ons wil nie eintlik veel nader as die skewe houthek nie. “Nee-nee, kom nader,” beveel Sally. “Voertsek Basjan,” verjaag sy ‘n hond. Die sigaret wip op en af in haar mond. “Wat bring julle hier?” wil sy verbaas weet. Voor ons nog kan antwoord, meld Sally dat sy dringend onder in die dorp moet kom. Kan ons haar nie
gou dorp toe neem nie, sy moet haar geld by ‘n eetplek gaan haal wat haar skuld. Sy het destyds ‘n belegging daar gemaak en kan elke Sondagmiddag R150 kom haal as dividend. Dividend, nogal. ‘n Groot woord vir min geld, dink ek. Voor sy ons weer kan nooi om te sit, stem ek in tot die versoek. Kan Gert die buurman ook saamry? wil sy dadelik weet. Sy gee nie die rede vir sy reisplanne nie. Sy wink vir Gert. Mank kom hy nader. ‘n Vuil verband skeef om sy kop gedraai. Hy druk sy sigarettopper versigtig terug in die vuurhoutjieboksie. Gert is gereed. Gert kort tande. Sally stuur ons vreeslik rond. Gaan hiernatoe. Stop daar. Maak sus, maak so. Eindelik by die eetplek. Sally vra vir Sonja om die geld te gaan haal. Sy sit nou te lekker. Kan jy glo? Die eienaar stap saam met Sonja terug. Terwyl hulle naderkom is daar ‘n geskarrel agterin die motor. Gert sukkel om die deur oop te kry. Ek vrees vir die deurknip. Die volgende oomblik slaan hy op vlug. Hardloop soos ‘n vlakhaas om die hoek. Geen teken van ‘n mankbeen. Sy voete raas behoorlik. Die vuil verband bly op die sypaadjie agter. En nou? wonder ek hardop. Sally skud soos sy lag. Moenie bekommer nie, Gert sal nie te ver hardloop nie. Gert het Braam glo ingeloop met ‘n transaksie. Braam soek sy dividend. Ons gewaar Gert agter ‘n pilaar in die hoofstraat. Ons kan terug township toe. Ek wonder by myself of dit nie beter met Sally sou gegaan het as sy niks geërf het nie?
Die eni verskaff gste er v K O M B I an die NASIE BALER EN TO E D R AAI Suid Af E R in rika!!
Fusion 3 Integrated Baler Wrapper
• 2m optel-bed • McHale Fusion 3 rotor • 25 lem snyer-eenheid • Lem-druk monitor • Lem posisie sensor • Valdeur ontblokkeer stelsel • Valdeur sensor • 18 roller baal kamer • 50mm baal kamer draaglaer • 1’-1/4” ketting op die baal kamer • Aanhoudende ketting olie smeer stelsel • Outomatiese gevorderde ghries smeermiddel stelsel • Vertikale toedraaier ring • Plastiek snyer sensor • 560/60R - 22.5 bande ANDREOLI ENGINEERING
MACCHINE AGRICOLE E INDUSTRIALI
Tel: 033 386 3574 | info@jupidex.co.za | www.jupidex.co.za
67
Vergeet van tradisionele makelaars. Vertrou ons om ál jou finansiële beplanning te doen. Alles onder een dak.
Altyd ’n versekerde toekoms Skakel vandag 053 298 8359/90 om ’n afspraak te maak. Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer FSB Lisensie 1185
68